url
stringlengths
14
2k
content
stringlengths
341
584k
pics
sequencelengths
0
334
https://maroelamedia.co.za/nuus/sa-nuus/polisieman-twee-verdagtes-dood-na-rooftog/
ʼn Polisiebeampte en twee verdagtes is dood nadat ʼn rooftog by ʼn winkel in Engcobo in die Oos-Kaap in ʼn skietgeveg ontaard het. Sers. Vakele Mark Mjoli (43) is noodlottig gewond tydens die voorval wat Saterdagoggend plaasgevind het. Hy en drie kollegas het op die rooftog reageer. Volgens brig. Tembinkosi Kinana, polisiewoordvoerder, het Mjoli een van die rowers as ʼn veiligheidswag aangesien. “Die rower het voor die deur van die winkel gestaan en het ʼn veiligheidswaguniform aangehad. Mjoli het hom gevra waar die verdagtes is en hy het na die deur gewys. Terwyl Mjoli na die deur gestap het, het die verdagte omgedraai en hom doodgeskiet.” Die ander polisiebeamptes is in die winkel in waar ʼn skietgeveg uitgebreek het. Konst. Mfundiso Ndede (35) is geskiet en ernstig gewond en is na ʼn hospitaal gehaas vir mediese behandeling. Twee verdagtes is ook noodlottig gewond tydens die voorval. “Daar is op twee vuurwapens en ʼn voertuig beslag gelê. Een verdagte is in hegtenis geneem en nog twee kon daarin slaag om te ontsnap.” Die polisie ondersoek sake van moord en poging tot moord en het ook ʼn geregtelike doodsondersoek geopen. Geen kontant is tydens die voorval gebuit nie. Lt.genl. Nomthetheleli Mene, provinsiale polisiekommissaris, het haar medelye met Mjoli se familie, vriende en kollegas betuig. Sy het gesê die polisie sal nie rus voor al die ander verdagtes in hegtenis geneem is nie. Mene het die beseerde polisiebeampte ʼn spoedige herstel toegewens.
[]
https://maroelamedia.co.za/nuus/sa-nuus/rusland-plaas-internasionale-strafhof-aanklaer-op-gesoekte-lys/
Russiese owerhede het die Internasionale Strafhof-aanklaer Karim Khan op ’n “gesoekte” lys geplaas nadat die hof in Maart ’n lasbrief vir president Wladimir Poetin se inhegtenisneming uitgereik het. Khan se foto het Vrydag in die Russiese ministerie van binnelandse sake se databasis verskyn. Die kennisgewing beskryf hom as ’n man wat op 30 Maart 1970 in Edinburgh, Skotland, gebore is, maar spesifiseer nie sy oortreding nie. Rusland het in Maart ’n kriminele ondersoek na Khan ingestel nadat die Internasionale Strafhof die lasbrief vir Poetin aangekondig het. Rusland se ondersoekkomitee het in Maart gesê dat Khan ondersoek word vir die “kriminele vervolging van ’n persoon wat onskuldig is”. Rusland, wat nie ’n lid van die Internasionale Strafhof is nie, het gesê die lasbrief is “ongeldig”. Oekraïne se pres. Wolodimir Zelenski het die lasbrief as ’n “historiese besluit” bestempel. Amerika se president Joe Biden het gesê die lasbrief vir Poetin se inhegtenisneming is “geregverdig”. SA gaan ‘nie kant kies’ Pres. Cyril Ramaphosa het die week opnuut bevestig dat Suid-Afrika nie kant gaan kies in die voortslepende oorlog tussen Rusland en Oekraïne, wat in wese “ʼn stryd tussen Rusland en die Weste” is nie. Dit ondanks “voortgesette druk” wat op hom en ander Afrika-lande geplaas word om dit te doen. Die Amerikaanse ambassadeur na Suid-Afrika, Reuben Brigety, het verlede week beweer dat Suid-Afrika wapens aan Rusland verskaf het. Suid-Afrika sal in Augustus gasheer wees vir die Brics-beraad waar die leiers van Brasilië, Indië, China en Rusland byeen sal kom. Daar was onlangs groot verwarring oor of Poetin in hegtenis geneem sou word, sou hy in Suid-Afrika aankom vir die beraad. Die ANC se nasionale uitvoerende komitee (NUK) het onlangs aangekondig dat Suid-Afrika die Internasionale Strafhof moet verlaat, maar Ramaphosa het kort daarna teruggekrabbel en gesê dit was bloot ʼn “kommunikasiefout”. Dit is egter steeds onduidelik wat die regering se hantering van die situasie gaan behels, sou Poetin wél vir die beraad na Suid-Afrika reis. SARegering weet blukbaar nie wat ” Neutraal” beteken nie… Hulle het reeds duidelik kant gekoed Ek steun nie die DA of ANC nie ,maar ondersteun die keer Rhamaposa se besluit . Klink soos ‘n OPRAH show…jy kry ‘n lasbrief….jy kry’n lasbrief…almal kry ‘n lasbrief!
[]
https://maroelamedia.co.za/leefstyl/motors/koebaai-stormtrak-ons-sal-jou-mis/
Ford het vir ons ’n Ranger Stormtrak vir ses maande geleen en ons het in dié tyd meer as 16 000 km met hom afgelê. Hy het die Kaap twee keer met sloertoere gaan besoek, een keer die hof in Pofadder, ʼn gholftoer meegemaak, klomp tuinvullis weggery, kinders heen en weer skool toe karwei en ʼn bietjie gaan 4×4. Dit is ongelukkig daar waar nie nét ons geliefde Stormtrak seergekry het nie, maar ook my ego. Ek moes seker nie die hindernis by Hennops aangedurf het nie, dalk ʼn raps te dapper gewees weens ons laaste toertogte met die Raptors in Lesotho – maar, helaas ons Ranger is beskadig. ʼn Duik regs agter en die inklimtrappie aan die linkerkant is beskadig. So tussen my skuldgevoelens deur dink ek terug aan ons tyd met die Ranger. Daar is niks wat iemand hom gevra het wat hy geweier het nie – oukei, behalwe daai laaste hindernis. Die enigste foefie is dalk die elektriese rolluik wat nie meer mooi oop‑ en toemaak nie wat aandag kort. Die ontwerp is netjies en die binneruim luuks. Die leersitplekke met hul verwarmers is lieflik gemaklik. Die Ford Sync3‑inligtingstelsel werk puik en bied Apple CarPlay sowel as Android Auto. Dít, saam met die Ford Pass‑app op jou foon, bied puik slim tegnologieë wat in dié segment ongehoord is. Die 2.0‑dubbelturbodieselenjin bied ʼn lekker 157 kW en 500 Nm. Saam met Ford se 10-spoed‑outo maak die Ranger lekker in die dorpsverkeer, óf die oop pad. Ons het 9,4 ℓ/100 km gehandhaaf oor ons 16 000 km met die Ranger – nie te versmaai nie. Ons het al berig oor die aanleg hier in Silverton wat tans Rangers bou teen ʼn puik 11 foute per 1 000 – waar dit ʼn paar jaar gelede oor die 400 was. Dit wys hoe betroubaar die Ranger nou is, en afgesien van wielsporing, het ons Ranger niks aandag gekort nie. Die wielsporing is seker vanweë die afskuwelike toestand van ons land se paaie. Ford maak intussen gereed om later vanjaar sy nuwe Ranger bekend te stel. Ek self kan nie wag om die voertuig in lewende lywe te sien nie. Ons sal sy bekendstelling aan die einde van die jaar bywoon. Tot dan… koebaai Ranger, jy was fantasties. Voorwaar
[]
https://maroelamedia.co.za/nuus/sa-nuus/inkomstediens-bevestig-omvattende-soektog-lewer-geen-rekord/
Die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) het Maandag bevestig dat hy geen rekord van die verklaring van buitelandse valuta, wat die Soedannese sakeman Hazim Mustafa glo met sy aankoms in Suid-Afrika ingevul het, kon vind nie. Mustafa het die $580 000 (sowat R10,5 miljoen) glo gebruik om 20 buffels op pres. Cyril Ramaphosa se Phala Phala-wildsplaas in Limpopo te koop. Hy het vroeër luidens mediaberigte aangedui dat hy die geld wel verklaar het. Die DA het Maandag gesê die SAID kon – nadat die party ʼn aansoek ingevolge die Wet op die Bevordering van Toegang tot Inligting ingedien het – egter geen rekord opspoor wat wys dat Mustafa die geld wel met sy aankoms by die OR Tambo-lughawe verklaar het nie. Die inkomstediens sê ook dat sy inligtingsbeampte ná ʼn “omvattende soektog” na die rekord bevind het dat die “rekord nie gevind kan word nie/moontlik nie bestaan nie”. “Die SAID kom sy mandaat sonder vrees, guns of vooroordeel na in alle sake wat hy hanteer. Hy sal voortgaan om dit in hierdie saak ook te doen,” lui ʼn verklaring van die inkomstediens. Die SAID sê hy sal ook voortgaan om aan Paia-wetgewing te voldoen en indien die rekord later gevind word, sal dit aan Steenhuisen verskaf word – tensy daar wettige gronde is om dit nie te doen nie. Soos ons vermoed het en Cyril ook weet en noudat dit uitkom het hy skielik kamma verkoue en is vir die phale na Phala om iemand se vingerafdrukke te gaan afvee of wat? Ons sit in ‘n Marxistiese mafia-staat met ‘n miljarder aan die stuur van die trog van sake. Geniet vanaand se show maar drink jul bloeddrukpille sommer vroegaand eers… ‘n Soetetjie vir die ander terwyl daar nog is. en mense het gedink Zuma is erg, kyk bietjie met hoeveel cyril gaan loskom Soos altyd lieg Squiral alweer vir ons! Ja ne. Net weer bla-bla-bla. Het die SAID regtig vertroue in CR om ‘n soektog op tou se sit? As mens lees as hulle mag wel ons gee nie n hel om nie n hof sal bevel gee.Sy sake presies net soos zumpie sin uitstel en vertraag wie is hy????Ek wonder net waarvoor die uitstelle en koop van tyd waarmee is hulle besig???????.Ek meen die hele vrot staat. Die ou gesegde….”vra my broer Jack….” dink ek is van pas. Vergeet van buffels! Hierdie geld is insentiewe van popmeesters – “gift that keeps on giving”. Was dit nie dalk omkoop geld nie? Weereens word dit bevestig, CR het geen morële waardes wanneer dit by deursigtigheid en eerlikheid kom nie, die waarheid haal almal maar tog uiteindelik in, maak nie saak of jy dink dat jy bo die wet verhewe is. My bekommernis is nie CR nie, maar wel die meederheid wat hom tans ondersteun, skep hy nie dalk tans die kultuur dat enige iemand kan baat vind deur oneerlikheid nie? Net soos ons al lankal vermied het, dit is nie verklaar nie!!!!! Lyk my die polisie en hofe speel nie meer ‘n rol in SA as dit by die ANC kom nie – ANC ondersoek ANC en vind ANC onskuldig. In baie ander lande sou die betrokke persoon bedank het, maar nie in die disfunksionele Suid-Afrika nie. Hier glo elke kader hy is ontskuldig, en die hof was teen hom. Dit sal my glad nie verbaas as daar baie skielik ‘n teruggedateerde verklaring van die geld, met nat ink iewers opduik nie. En dis wat ons van weet. Kan net dink waar en hoeveel hy skep en vat en wegsteek en verduister om sy eie miljardêr status te handhaaf EN die bankrot ANC te fund? Of nog erger hoeveel hy en sy comrades saam verduister? Hazim Mustafa is voorgese wat om te lieg!! Dankie DA!! Die reel van Afrika stem in met ‘n kruis en neem weg met ‘n teleskopiese kruis is al wat werk Is die finansiele wetgewing van die land wat deur die regering goedgekeur en geimplimenteer is en wat swaar strawwe en/of tronkstraf voorskryf tov nie nakoming van die reels soos buitelandse valuta verkaring, geldwassery, fica,poca ens nie hier van toepassing nie? Hoekom vat dit so lank vir daadwerklike optrede? geld mos net vir sekere mense, ander is verhewe bo die reg kan Afriforum en Solidariteit asb hier help met privaat vervolging dat reg kan geskied want anders sal nooit in ewigheid iets gebeur nie Ja hy lieg nog al die pad vir ons oor alles hom nog nooit vertrou nie Bosasa Ja nee kyk! $580 000 betaal vir buffels en ‘n jaar later nog nie eers ‘n vraag gevra oor waar hulle is nie. Klink meer soos betaling vir ietsie anders wat klaar ontvang kon wees.
[]
https://maroelamedia.co.za/nuus/sa-nuus/valskermswewer-sterf-op-berg/
’n Valskermswewer is die naweek op ’n berg in die omgewing van Wolseley in die Wes-Kaap dood gevind nadat hy in ’n groep gaan valskermsweef en toe vermis geraak het. Die man se liggaam kon weens sterk wind egter eers Sondag vanaf die berg gebring word. Russel Meiring, woordvoerder van ER24, sê reddingswerkers en paramedici is Saterdagaand per helikopter na die berg uitgestuur nadat die man se vriende opgemerk het dat hy vermis word en sy ligging met ’n GPS-toestel kon bepaal. Die reddingswerkers en paramedici is omstreeks 19:00 met hul aankoms aan die kant van die berg tot by die lewelose man laat sak om hom te hulp te snel. Die man het egter geen teken van lewe getoon nie en is kort daarna dood verklaar. Die presiese besonderhede rakende sy dood is nie bekend nie. Plaaslike owerhede is na die berg ontplooi om ondersoek in te stel.
[]
https://mail.theportugalnews.com/af/nuus/2023-11-30/salarispremie-vir-jongmense/83798
“Die dekreet-wet wat 'n salarispremie skep wat toegeken moet word aan jongmense wat hoër onderwys voltooi en in Portugal bly werk, is goedgekeur”, kan in 'n verklaring van die Raad van Ministers gelees word. Die Staatsbegroting vir 2024 (OE2024) voorspel dat die waarde van onderrigfooie geen veranderinge sal ondergaan nie, maar studente sal op 'n ander manier kan voordeel trek, solank hulle in Portugal bly werk nadat hulle die kursus voltooi het. “Met die dubbele doel om die voortsetting van hoër studies te beloon en die mees gekwalifiseerde jongmense aan te moedig om in die land te bly, sal die regering vanaf 2024 'n aansporing vir jongmense wat onlangs gegradueer het in die bedrag wat ooreenstem met een jaar onderrig per elke jaar van verklaarde werk in Portugal,” sê die verslag wat die OE2024-voorstel vergesel het. Met 'n begroting van ongeveer €215 miljoen sal die maatreël die 250 000 studente dek wat vanjaar 'n bakalaureusgraad, geïntegreerde meestersgraad of graad in openbare en private hoëronderwysinstellings voltooi het. Jongmense sal geregtig wees op 'n terugbetaling van die bedrag gelykstaande aan die onderrigfooi oor 'n tydperk gelykstaande aan die aantal jare van die kursus, tot vier jaar vir gegradueerdes, tot ses jaar in die geval van geïntegreerde meestersgrade en twee jaar vir meestersgrade. Die enigste voorwaarde is dat hulle gedurende daardie tydperk in Portugal werk. “Die maksimum bedrag sal tot €697 miljoen wees vir elke jaar van werk vir geïntegreerde meestersgrade en meestersgrade en tot €1,500 vir meestersgrade”, sê die verslag. “Salarispremie” vir jongmense Stuur vir ons jou kommentaar of mening oor hierdie artikel.
[]
https://www.hessequa.gov.za/konsep-geintegreerde-hessequa-skemaregulasies/
Die konsep Geïntegreerde Hessequa Skemaregulasies is vir 60 dae, vanaf 1 Februarie tot einde Maart 2018, vir publieke kommentaar en insette geadverteer. Voorgestelde sonering, kaarte en eiendomsbeskrywing vir alle eiendomme is beskikbaar vir besigtiging by die onderskeie munisipale kantore vanaf 5 Maart 2018 tot einde Maart 2018. Die publiek word genooi om insette en kommentaar met betrekking tot die regulasies, skriftelik voor te lê en in te dien teen nie later as Vrydag, 30 Maart 2018 om 12H00. ‘n Verdere verlenging word toegestaan tot Vrydag 20 April 2018 vir kommentaar. Bepaalde kommentaarvorms sal beskikbaar wees by die onderskeie munisipale kantore en moet alle skriftelike kommentaar in die kommentaarvorm vervat word. Gemeenskapslede word versoek om die voltooide kommentaarvorms in die diensooreenkomstige geallokeerde boks te plaas by die onderskeie munisipale kantore. Navrae kan gerig word aan Mnr Paul Louw by (028) 713 8000. Persone wat nie kan lees of skryf nie word versoek om gedurende normale kantoorure die munisipale kantoor op Riversdal te besoek, waar u bygestaan sal word om u kommentaar op skrif te stel.
[]
https://www.proteinresearch.net/index.php?page=2014-projekte-afgehandel
Navorsingsverslag 2014/2015 6. Projekte wat suksesvol afgehandel is of waarmee vordering gemaak is (Bylae I en II) Lys van projekte Projek titels Evaluasie van PNS-sojaboonelitelyne onder SuidAfrikaanse toestande Nasionale sojaboonkultivarproewe Etiologie en populasie struktuur van Macrophomina phaseolina (houtskoolvrot) van sonneblom en sojabone in Suid-Afrika Bestuurstrategieë vir sojaboonsiektes wat in Suid- Afrika in die grond oorgedra word Studies op Lecanicillium muscarium as 'n mikoparasiet van sojaboon roesswam, Phakopsora pachyrhizi Kultivarevaluasie van olie- en proteïensade in die winterreënstreek Boor vereistes vir canola Swawel (S) en stikstof (N) bemesting van canola Evaluasie van verkorte canolaproduksie periodes en die gebruik van alternatiewe gewasse op die volhoubaarheid van wintergraanproduksie onder bewaringslandbou praktyke op die Riversdal vlaktes Die bevordering van canola as wisselbougewas binne 'n bewaringsboerderystelsel in die droëland saaigebied van die Swartland, deur middel van 'n produsente kompetisie Die bevordering van canola as wisselbougewas binne 'n bewaringsboerderystelsel in die droëland saaigebied van die Suid-Kaap, deur middel van 'n produsente kompetisie Die ontwikkeling van 'n bio-beheer agent vir slakke in Suid-Afrika Ontwikkeling van proteïen en fosfor voerbestanddele vanuit vis prosesseringsafval vir die dierevoer industrie Inkomste- en kosteramings van sojabone en canola en enkele mededingende gewasse PNS webtuiste 6.1 Evaluasie van PNS-sojaboonelitelyne onder Suid-Afrikaanse toestande GP de Beer en WF van Wyk Die PNS-sojabooneliteproewe (2014/15) was geplant op 6 lokaliteite: Stoffberg – Verteenwoordigend van die hoërliggende Noordelike Hoëveld UP (Hatfield) – Verteenwoordigende van die Suidelike Hoëveld Brits – Vol besproeiing, verteenwoordigende van die warm Noordelike besproeiingsgebiede Potchefstroom – Verteenwoordigend van die Westelike produksiegebied Bethlehem – Verteenwoordigend van Oos- en Noord-Vrystaat Ukulinga (Pietermaritzburg) – Verteenwoordigend van KwaZulu-Natal Sestig (60) lyne van vyf verskillende instansies uit Suid-Amerika is saam met vyf plaaslike kontroles op die ses lokaliteite aangeplant vir evaluering van aanpasbaarheid by plaaslike toestande. Die groeiseisoenlengte van die lyne het gewissel tussen M.G. 4.0 tot M.G. 7.0. Sommige van die lyne het beter graanopbrengste gelewer as die vyf plaaslike cultivars wat as kontroles gebruik is en kan dus oorweeg word vir registrasie in Suid-Afrika om hier bemark te word. Hierdie projek lewer beslis inligting wat die plaaslike sojaboonsaadmark kan versterk en behoort voortgesit te word. 6.2 AS de Beer, N de Klerk, NN Mogapi, HSJ Vermeulen en RC Ramatlotlo Sewe-en-twintig en een-en-dertig kultivars is gedurende die verslagperiode 2012/13 en 2013/14 in 45 proewe, verteenwoordigend van die koel, matig en warm produksiegebiede geëvalueer. Konvensionele sowel as geneties gemodifiseerde (GM) kultivars is in die proewe ingesluit, maar is op 'n konvensionele basis bestuur m.a.w geen glifosaat is toegedien nie. Die proewe is uitgelê volgens 'n ewekansige blok ontwerp met drie herhalings. Die dae tot 50% blom, aantal dae tot oesryp, lengte van die groeiseisoen, planthoogte, peulhoogte, persentasie groenstam, omval, oopspring, 100 saadmassa, persentasie ongewenste sade, proteien- en olie %, saadopbrengs asook die oessekerheid van die verskillende kultivars is bereken. Die oessekerheidswaarde speel 'n belangrik rol by die keuse van 'n kultivar. Die gemiddelde aantal dae tot blom vir die koel gebiede was 74 dae, 66 vir die matige en 48 vir die warm gebiede. Die gemiddelde olieinhoud (%) was onderskeidelik 17.97%, 19.19% en 19.83% vir die koel, matig en warm gebiede, terwyl die proteieninhoud (%) onderskeidelik 37.63%, 37.26% en 37.03% was. Die gemiddelde opbrengs bereken oor kultivars en seisoene was 3003 kg/ha vir die koel, 2773 kg/ha vir die matig en 3185 kg/ha vir die warm gebiede. Kultivars met 'n hoë stabiliteit gedurende die verslag periode was Heron, Ibis 2000 en Dundee vir die koeler gebiede. Kultivars met 'n hoë stabliteit vir die matigde gebiede sowel as die warm gebiede was Marula en Sonop. Die volgende kultivars het 'n bogemiddelde oessekerheidswaarde vir opbrengste van 1000 tot 4000 kg getoon en verdien spesiale vermelding. Vir die koel gebiede het LS 6164 R 'n bogemiddelde oessekerheidswaarde gehad, LS 6161 R, Sonop, PAN 1583 R en Marula vir die matigde gebiede terwyl Egret, LS 6161 R, PAN 1666 R en PHB 95 Y 40 R in die warm gebiede bogemiddelde oessekerheid getoon het. 6.3 E Jordaan en JE van der Waals Hierdie navorsing poog om antwoorde te kry rondom die diversiteit van die Macrophomina phaseolina populasie in sonneblom en sojaboongroeistreke in Suid-Afrika; en om te bepaal of die diversiteit toegeskryf kan word aan geografie, omgewingstoestande en/of verbouingspraktyke. Meer as 'n 100 isolate sal verkry word van besmette sonneblom en sojaboonplante. Genetiese diversiteit sal geëvalueer word met behulp van mikrosatelliet merkers en sal vergelyk word met die diversiteit verkry vanaf ander in vitro evaluasie proewe. Hierdie in vitro proewe sal die groeitempo van die patogeen bepaal onder verskillende temperature en pH waardes, en in die teenwoordigheid van koper+/chloor. Elke isolaat sal dan vergelyk word in terme van hulle patogenisiteit en virulensie op sonneblom en sojabone in potproewe en in vitro op saadontkieming. Ons sal dan 'n skatting kan maak of die groepering van die isolate gebaseer is op geografie, omgewingstoestande of verbouingspraktyke. Terwyl ons monsters getrek het is die in vitro proewe geoptimiseer met sewe M. phaseolina isolate wat geïsoleer is, vanaf mielies (2), aartappels (3), wortel en 'n olyfboom om te bepaal of die proewe variasie tussen die isolate kan optel. Tot dusver is daar monsters verkry vanaf Dwaalboom in Greytown, Koedoeskop in Limpopo, Bronkhorstspruit, Petrus Steyn, Settlers, Bothaville, Wesselsbron, Frankfort en Brits. Meer as 150 M. phaseolina isolate is al geisoleer vanuit hierdie areas oor Suid-Afrika. Die resultate vir die groeitempo vs. temperatuur loodsstudie het gewys dat die Suid-Afrikaanse isolate vinniger groei as wat in die literatuur genoem word. Geen isolate het gegroei by 4ºC nie, terwyl die wortelisolaat die hoogste groeitempo gehad het by 45ºC, gevolg deur een van die aartappelisolate en die olyfisolaat. Die ander isolate het nie by 45ºC gegroei nie. Die optimale groeitemperatuur vir al die isolate was tussen 25ºC en 28ºC gewees. Met die groeitempo vs. pH loodsstudie het die sewe isolate in twee groepe gegroepeer. Groep een het 20-30mm/dag gegroei (olyf, altwee mielie en een aartappel isolaat) ongeag die pH, groep twee het 40-55mm/dag gegroei (wortel en twee aartappel isolate) en het 'n verhoogde groeitempo getoon soos die pH verhoog het van 4.5 tot 7.5. Die groeitempo vs. koper+/chloor konsentrasie loodsstudie wys dat daar 'n inhiberende effek op groeitempo is by 'n koperkonsentrasie van 2.4mM op al die isolate. Kalium en sulfaat het geen invloed op groeitempo gehad nie, terwyl chloried eers groeitempo beinvloed by baie hoër konsentrasies. Laastens is 'n visuele ergheidsgraad assesseringsleutel ontwikkel vir M. phaseolina op sonneblom en sojabone wat betref saadontkieming. Gevolglik het hierdie patogenisiteit / virulensie loodsstudie vir saad gewys dat aartappel, wortel en olyf isolate tussen 50-85% siekte ergheidsgraad veroorsaak ongeag of sonneblom of sojabone die gasheer is. Die mielie isolate het egter 20-50% siekte ergheidsgraad op sonneblom en 65-70% siekte ergheidsgraad op sojabone veroorsaak. Hierdie navorsing sal ander navorsers en die industrie 'n beter idee gee van die groeitempo van die patogeen onder verskillende temperature en pH waardes. 'n Beter begrip van die diversiteit in die Macrophomina populasie sal insig gee by weerstandteling teen houtskoolvrot. Patogenisiteits en virulensieproewe sal inligting verskaf oor gasheer voorkeure en sal lei tot meer effektiewe gewasrotasie strategieë. Dit sal ook help met die ontwikkeling van vinnige seleksieproewe in terme van kultivar vatbaarheid vir houtskoolvrot. Die resultate sal ook 'n beter idee gee van die effek van infeksie (latent of andersins) op die opbrengste en ook die effek van verbouingspraktyke, geografie en omgewingstoestande op die patogeen en gevolglik op die siekte insidensie en ergheidsgraad. Toekomstige navorsing kan weerstandteling of seleksie vir weerstandbiedende sonneblom- en sojaboonkultivars insluit. Met 'n beter idee van die populasiestruktuur, kan die beweging van die patogeen gemonitor word. Sou 'n biologiese of chemiese beheer middel op die mark kom, sal hierdie navorsing kan help om te bepaal of en wanneer beheer genoodsaak is. Na voltooing van die projek sal die inligting gepubliseer word in wetenskaplikke joernale, artikels in die plaaslike media soos byvoorbeeld die Landbouweekblad en dit sal aangebied word by boeredae. 6.4 YT Tewoldemedhin en SC Lamprecht In die opnames wat in Suid-Afrika gedoen is tydens kultivarproewe en in boere se landerye, is 71 fungus- en oömesietspesies waargeneem in sojaboonkrone, -hipokotiele, -saadlobbe en -wortels. Van die 71 fungus- en oömesietspesies is Fusarium (F. begoniae, F. graminearum, F. oxysporum en F. solani) onder die spesies wat wortelvrot veroorsaak, terwyl Pythium spp. en R. solani (P. aphanidermatum, P. heterothallicum, P. irregulare, P. ultimum, R. solani AG-2-2 IIIB en R. solani AG-4 HGIII) wortelvrot en/of saailingverwelk veroorsaak. Sclerotium rolfsii is egter aangemeld as oorsaak vir suidelike roes en Diaporthe / Phomopsis spp-kompleks lei tot stamroes in Suid-Afrika. Die sojaboonsiektes wat in die grond oorgedra word, veroorsaak na mening opbrengsverliese van tot 70%. In sekere gevalle veroorsaak dit selfs plantverlies en opbrengsverliese van tot 100% wat aangemeld is by uiters vatbare sojaboonkultivars. In ander lande is dit duidelik dat geïntegreerde bestuurstrategieë, wat minstens saadbehandeling, weerstand / verdraagsaamheid en behoorlike wisselbou insluit, noodsaaklik is om sojaboonsiektes wat in die grond oorgedra word volhoubaar te bestuur en dat dit dus net so noodsaaklik is in Suid-Afrika. Hoewel bestuurstrategieë in ander lande getoets is, is dit nog nie behoorlik getoets en toegepas in Suid-Afrika nie. Om opbrengs te verbeter deur die bestuur van siektes wat in die grond oorgedra word, is dit noodsaaklik om die strategieë onder plaaslike omstandighede te toets. Die doelwitte van die huidige studie is dus om kweekhuisbio-essaieertoetse te doen vir die beheer van verwelking voor en na opkoms, wortelvrot, suidelike roes en stamroes by sojabone deur ondersoek te doen na swamdodersaadbehandeling, siftingstoetse wat kommersieel beskikbaar is vir Suid-Afrikaanse sojaboonkultivars ten opsigte van weerstand / verdraagsaamheid; en siftingstoetse van voorafgande gewasse as wisselbougewasse om die druk van siektes te verlig. Apron XL (aktiewe bestanddeel mefenoksaam), Celest XL (aktiewe bestanddele fludioksoniel + mefenoksaam), DynastyCST (aktiewe bestanddele asoksistrobien + fludioksoniel + mefenoksaam), Maxim Quatro (aktiewe bestanddele tiabendasool + asoksistrobien + fludioksoniel + mefenoksaam), EverGol Energy (aktiewe bestanddele penflufen + protiokonasool + metalaksiel) en mengsel van Apron XL (aktiewe bestanddeel mefenoksaam) + Celest XL (aktiewe bestanddeel fludioksoniel + mefenoksaam) is evalueer as swamdoders wat gebruik word as saadbehandeling om te bepaal wat die invloed daarvan is op oorlewing, groei en wortelvrot onder saailinge in grond wat besmet is met Fusarium spp. (F. begoniae, F. graminearum, F. negundis, F. oxysporum, F. solani), Pythium spp. (P. aphanidermatum, P. heterothallicum, P. irregulare, P. ultimum) en Rhizoctonia solani (AG-2-2 IIIB and AG-4 HG-III). Die resultate wat verkry is tydens die proewe met saad wat behandel is met swamdoder dui daarop dat verwelking, voor en na opkoms van sojabone wat veroorsaak word deur belangrike patogene wat in die grond voorkom, doeltreffend beheer kan word met die mengsel van Apron XL en Celest XL, indien dit toegedien word as saadbehandeling. Hoewel die toedien van Apron XL doeltreffend is om skade wat veroorsaak word deur Pythium-spesies te voorkom, is dit nie doeltreffend teen skade wat veroorsaak word deur R. solani AG-4 HGIII nie. Dit kan hoofsaaklik toegeskryf word daaraan dat mefenoksaam die enigste aktiewe bestanddeel is in Apron XL, wat ontwikkel is om oömesiete, insluitend Pythium-spesies te beheer. Verder was Celest XL ook doeltreffend om skade wat veroorsaak word deur R. solani AG-4 HGIII te verminder. Hoewel Celest XL egter verwelking wat veroorsaak word deur Pythium-spesies verminder het by sojabone, was dit nie so doeltreffend as die mengsel van Apron XL en Celest XL nie. Dit beteken dat produsente die meeste baat sal vind met saadbehandeling indien die twee chemiese middels saam toegedien sou word. Dié resultate moet egter bevestig word in die volgende seisoen. DynastyCST en Maxim Quatro het nie dieselfde doeltreffende resultate getoon as die mengsel van Apron XL en Celest XL nie, hoewel die aktiewe bestanddele ook fludioksoniel en mefenoksaam behels. Tydens die besoek aan die Argentiniese saadbehandelingsfasiliteit, het dr M. Scandiani daarop gewys dat die aktiewe bestanddeel asoksistrobien in DynastyCST én Maxim Quatro 'n nadelige invloed het op die ontkieming van saad. In Argentinië gebruik hulle dus die produk, Maxim Evolution, wat dieselfde drie aktiewe bestanddele bevat as Maxim Quatro, maar nie asoksistrobien nie. Daar is aangedui dat dit baie doeltreffender is as Maxim Quatro. Ons pogings om 'n monster van Maxim Evolution uit Argentinië in te voer vir navorsingsdoeleindes was ongelukkig nie suksesvol nie. Sewe-en-twintig sojaboonkultivars is evalueer ten opsigte van sojaboonpatogene (Diaporthe phaseolorum var. meridionale, Phomopsis longicolla, F. begoniae, F. graminearum, F. negundis, F. oxysporum, F. solani, F. virguliforme, P. aphanidermatum, P. heterothallicum, P. irregulare, P. ultimum), R. solani AG-2-2 IIIB and R. solani AG-4 HGIII, Sclerotinia sclerotiorum and Sclerotium rolfsii wat in die grond oorgedra word. Dit is evalueer in kweekhuistoestande om weerstand / verdraagsaamheid onder kultivars wat kommersieel beskikbaar is in Suid-Afrika te bepaal. Die resultate dui duidelik daarop dat daar verskille is tussen die kultivars se weerstand / verdraagsaamheid in geval van die belangrikste siektepatogene wat sojabone aantas en in die grond oorgedra word. Kultivar soy8 is byvoorbeeld uiters vatbaar vir F. begoniae, F. negundis, F. oxyporum en alle Pythium- en Rhizoctonia-spesies. Verder verskil die verdraagsaamheidsreaksie van kultivars ten opsigte van verskillende spesies. Kultivar soy14 het byvoorbeeld die hoogste weerstand gehad teen R. solani AG-4 HGIII, maar was vatbaar vir P. ultimum en Sclerotium rolfsii. Kultivar soy21 het weerstand / verdraagsaamheid getoon teen al die patogene wat evalueer is. Al die kultivars wat evalueer is, blyk vatbaar te wees vir F. virguliforme en S. sclerotiorum. Dit is dus uiters belangrik om te weet watter van die belangrikste organismes wat siektes veroorsaak teenwoordig is in die grond wanneer 'n kultivar met weerstand / verdraagbaarheid gekies word. Dis belangrik omdat die meeste van die kultivars eie kenmerkende reaksies het op verskillende patogeenspesies wat in die grond teenwoordig is. In die proses om te bepaal of sojaboonpatogene in die grond (F. begoniae, F. graminearum, F. negundis, F. oxysporum, F. solani, P. aphanidermatum, P. heterothallicum, P. irregulare, P. ultimum), R. solani AG-2-2 IIIB en R. solani AG-4 HG-III die gewas wat voor sojabone (wisselbou) aangeplant word kan beïnvloed, is ses wisselgewasse geïdentifiseer en beoordeel volgens kweekhuisbio-essaieertoetse. Die resultate van die studie het getoon dat droëbone beïnvloed word deur al die Pythium-spesies wat belangrike patogene in die grond is en wat sojabone aantas. Verder is aangedui dat sonneblomme, sorgum en koring ook beïnvloed word deur Pythium en R. solani AG-4 HGIII. Dié patogene veroorsaak aansienlike verwelking en wortelvrot in laasgenoemde wisselbougewasse. Dit is interessant om te noem dat waargeneem is dat belangrike sojaboonpatogene wat in die grond teenwoordig is, soos P. aphanidermatum, P. heterothallicum, P. ultimum var. ultimum en R. solani AG-2-2 ook beduidende verwelking veroorsaak by geelmielies (Maize1). Witmielies (Maize2) is egter nie beïnvloed deur die teenwoordigheid van die spesifieke patogene in die grond nie. Indien daar dus nie ander bestuurstrategieë toegepas word nie, is dit belangrik om sojabone af te wissel met witmielies om die besmettingsdruk vir die daaropvolgende sojaboonaanplanting te verminder sonder om die produksie van die voorgewas te benadeel. Drie bestuurstrategieë is evalueer. Onder die swamdoders wat evalueer is, is potensiële swamdoders wat geskik en doeltreffend is as saadbehandeling vir sojabone geïdentifiseer. In geval van die kultivars wat evalueer is, is kultivars wat bestand is en weerstand bied of verdraagsaam is ten opsigte van die belangrikste sojaboonpatogene ook geïdentifiseer. Voorgewasse (wisselbougewasse) wat nie gashere is nie, of wat 'n mate van weerstand bied teen die sojaboonpatogene is ook geïdentifiseer en daardie gewasse is dus geskik as wisselbougewasse. Die ideale praktyk om sojaboonsiektes wat in die grond oorgedra word te bestry, is om die beste van die drie strategieë te kombineer. Dit verseker die volhoubaarheid van die bestuurspraktyk met aansienlike laer insetkoste. Die resultate van die studie moet egter geverifieer word om te bevestig dat dit betroubaar is. Die herhaling van die navorsingsprojek het reeds begin en inligting daaroor sal beskikbaar wees vir die volgende vorderingsverslag. 6.5 KS Yobo Die sojaboonroesfungus (SBR), Phakopsora pachyrhizi, veroorsaak aansienlike gewasverliese in baie gebiede waar sojabone in die wêreld verbou word. Verskillende siektebestuurstrategieë om SBR te beheer, is getoets. Dit behels onder andere die gebruik van swamdoders, kulturele praktyke en genetiese weerstand. Op die oomblik lyk dit asof die gebruik van swamdoders die enigste doeltreffende benadering is vir die beheer van die siekte. In Suid-Afrika word meestal triasool- en strobilurienswamdoders gebruik vir die beheer van SBR. In Brasilië is weerstand teen triasool aangemeld. 'n Paar biobeheermaatreëls is getoets om SBR te beheer in 'n poging om 'n doeltreffender benadering vir die bestuur van die siekte te vind. Dit sluit toetse met agente soos Simplicillium lanosoniveum in. Koffieblare wat besmet is met koffieroes is gehiperparasiteer met Lecanicillium sp. wat verkry is van die Assagay Coffee Farm in Cato Ridge, Suid-Afrika. Die potensiële mikoparasiet L. muscarium is geïsoleer uit die monsters. Sabourauddekstrosegisekstrakagar is gebruik as semi-selektiewe medium. Die fungus is geïdentifiseer as Lecanicillium muscarium op grond van sy ITS-sekwensies en morfologiese aspekte. Bio-essaieernavorsing op geplukte sojaboonblare wat geënt is met P. pachyrhizi is gedoen onder beheerde laboratoriumtoestande. Die navorsing het patogenese deur L. muscarium-hifes getoon op SBR-sori. Die eerste navorsing oor gesamentlike enting met L. muscarium en P. pachyrhizi op sojabone is gedoen by die Universiteit van KwaZulu-Natal se Plantpatologie-afdeling se siektetuin. Waarneming is gedoen met 'n Omgewingskanderingselektronmikroskoop (ESEM). Die mikroskoop het interaksies tussen die urediniospore van L. muscarium en P. pachyrhizi opgeneem. Lang L. muscarium-fialide is waargeneem. Dit het die urediniospore van die P. pachyrhizi binnegedring en die spoorketting het homself styf om die P. pachyrhizi gewring (Fig. 3 A en B). Figuur 3(A): Spoorketting van L. muscarium wat styf om die SBR-urediniospore wikkel en wring. (B): L. muscarium dring binne urediniospore in. Navorsing is gedoen oor optimale groeitoestande vir L. muscarium ten opsigte van die groei van miselia en spoorvorming. Vier verskillende media (maltekstrakagar, aartappeldekstrose-agar, Sabourauddekstrose-agar en V-8-tamatiesapagar) is gebruik teen vyf verskillende temperature (18, 21, 24, 25 en 28 grade Celcius). Miseliumgroei is elke tweede dag gemeet oor 'n tydperk van 30 dae. Teen 24ºC was die V-8-sapagar die beste medium vir miseliumgroei teen 'n gemiddeld van 52.2mm radiale miseliumgroei. 'n Temperatuur van 24ºC was die beste temperatuur vir miseliumgroei in al vier die verskillende media. Vir konidiaproduksie is ses verskillende substraatbronne, naamlik rys, giersgraan, pêrelgars, digestiewe koringvesel en hawermout gebruik. Konidia is met behulp van 'n hemositometer getel. Die beste substraat vir die produksie van konidia was giersgraan teen 'n gemiddeld van 4.15×109 konidia ml-1. Kweekhuisproewe is gedoen om die doeltreffendste entdosis vir L. muscarium te bepaal vir gebruik in landerye. Drie dosisse L. muscarium is gebruik (104, 106 en 108 konidia ml-1). Daar is bevind dat 106 and 108 konidia ml-1 die doeltreffendste is vir vermindering van besmetting met roes onder kweekhuistoestande. Al drie dosisse L. muscarium word nietemin gebruik vir aanwending in landerye. Veldstudies Drie behandelings (104, 106 en 108 L. muscarium conidia ml-1) is gebruik om die uitwerking van Lecanicillium muscarium in landerye te toets. Die algemeenste swamdoder (Score) is ingesluit as positiewe beheer vir vergelyking met L. muscarium. Die swamdoder is twee keer aangewend. Dit is die eerste keer gespuit na die eerste tekens van roes en weer 14 dae daarna. Die biobeheeragent is aangewend op dieselfde stadia as wat die swamdoder gespuit is. Die siekte is weekliks vir sewe weke gemonitor. Die data is ontleed volgens die Vorderingskurwe vir die siekte binne die gebied (Area Under the Disease Progress Curve) voordat dit ontleed is volgens ANOVA (Analysis of Variance) met SAS (weergawe 9.3). Daar was geen beduidende verskil tussen die resultate met die swamdoder (Score) en die twee dosisse L. muscarium (106 en 108) nie. Die drie aanwendingsdosisse van L. muscarium (104, 106 en 108) en Score het die AUDPC-eenhede van die beheerbehandeling met P. pachyrhizi verlaag van 1 716 tot onderskeidelik 457, 202, 1186 en 172 AUDPC-eenhede. L. muscarium en Score het die siektevlakke in landerye effektief verlaag. Dit was egter die eerste veldstudie en sal later vanjaar herhaal word. 6.6 PJA Lombard, L Smorenburg en JA Strauss Nasionale kultivarproewe Die Wes-Kaapse Departement van Landbou het gedurende die 2014 seisoen 'n reeks kultivarproewe in die Wes en Suid-Kaap uitgevoer. In die Suid-Kaap is agt proewe aangeplant waarvan sewe proewe se data ingesamel is (2 van die 7 proewe was nie statisties betekenisvol nie). In die Swartland is agt proewe aangeplant op sewe lokaliteite waarvan slegs een proef nie geoes is nie (onkruiddoder skade). Op Langgewens was die reënval gedurende die groeiseisoen ondergemiddeld met Junie en Augustus wat bogemiddeld was. Gedurende September en Oktober het vogstremming voorgekom. Ondergemiddelde reënval gedurende die lente in Swartland en Rûens, tesame met bogemiddelde minimum temperature in Augustus (+1.5ºC), het die groeiseisoen verkort. Op Tygerhoek was die totale reënval gedurende die groeiseisoen bogemiddeld. Gedurende Januarie en April het bogemiddelde reënval voorgekom wat gunstige saadbed toestande geskep het en dus die ontkieming van saad bevoordeel het. Gedurende Junie het dubbel die langtermyn gemiddelde reënval voorgekom maar is opgevolg deur 'n lae reënval gedurende Augustus en September. Gedurende Augustus was die minimum temperatuur op Tygerhoek 1.95ºC hoër as die langtermyn gemiddeld. Gedurende September het min verskil in temperature vergeleke met langtermyn gemiddeldes, voorgekom. Hoewel witblaarvlek weer by Grasrug en enkele ander lokaliteite voorgekom het, is die siekte chemies beheer en die resultaat was baie goed na 'n aanvanklike blaarverlies. In die Swartland was die gemiddelde opbrengste van 2468 kg ha-1 hoër as in 2013 (2003 kg ha-1). Dit kan toegeskryf word aan baie goeie kultivars en minder TT kultivars in die proef. Die proefgemiddeldes vir die Swartland het gewissel tussen 2135.5 kg ha-1 vir Eendekuil en 2867 kg ha-1 vir Langgewens, (eerste aanplanting). Belinda was die konvensionele kultivar met die hoogste opbrengs in 2014, gevolg deur Hyola 50, wat in 2012 en 2013 die kultivar met die hoogste gemiddelde opbrengs was. Die CL-kultivar 45Y88 het die hoogste opbrengs in die Swartland gelewer. Die beste TT kultivar was die baster CB Atomic HT. Die opbrengs van die TT-kultivars was egter gemiddeld 17.3% laer as die konvensionele kultivars. In die Rûens het die proefgemiddeldes gewissel tussen 1302.2 kg ha-1 op Swellendam en 2855 kg ha-1 op Tygerhoek, (2de saaityd). Die opbrengs van die 2de saaityd was hoër as saaityd 1 (saaityd 1 het die siekte witblaarvlek gehad). Gedurende September het daar 64.9mm reën geval na ondergemiddelde reënval in Julie en September. Dit het waarskynlik bygedra tot die beter opbrengs by saaityd 2. Die konvensionele kultivar Belinda het die hoogste gemiddelde opbrengs in die konvensionele groep gelewer, gevolg deur die kultivar Hyola 50. Die kultivar 45Y88 het die hoogste opbrengste in die CL-groep gelewer. In die TT-groep het Hyola 559TT die hoogste opbrengs gelewer gevolg deur CB Atomic HT. Die gemiddelde opbrengs van TT-kultivars was 8.1% laer as die gemiddelde van die konvensionele kultivars. 6.7 GA Agenbag en E Kempen Lae (< 5 mg kg-1 warm water ekstraksie) boorinhoude kom dikwels voor in die grond in die canola produksiegebiede van die Weskaap. Omdat boor een van die agt essensiële mikro-voedingstowwe is wat benodig word vir die groei en ontwikkeling van die meerderheid gewasse en canola (Brassica napus) 'n hoë boorbehoefte het, mag boor graanopbrengs van canola in genoemde gebiede beperk. Om hierdie rede is 'n studie gedurende die 2012-2014 groeiseisoene op Altona en Langgewens in die Swartland en Roodebloem in die Suidkaap onderneem waartydens blaartoedienings van 0.5, 1.0 en 1.5 kg Solubor® (20.5% boor) per hektaar op 40, 60 of 40 en 60 dae na plant vergelyk is met kontroles waar geen boor toegedien is nie. Toedienings op 40 en 60 dae na plant, het in meeste jare ooreengestem met die periode vanaf die begin van stamverlenging tot voor die begin van blomstadium. Hoewel onbespuite (kontrole) plante in hierdie studie ten spyte van lae en selfs gebrekkige boorinhoude in die sanderige-leem grond geen tekort simptome van boor tydens die blomstadium getoon het nie, het die toediening van boor wel die boorinhoud van die plante op alle lokaliteite verhoog. Reaksies het egter baie gevarieer en het nie 'n duidelike tendens met toenemende boorpeile of 'n verband met die boorinhoud van die grond getoon nie. Dit is waarskynlik omdat selfs die hoogste toediening van 1.5 kg Solubor® op beide 40 en 60 dae na plant slegs 0.62 kg B ha-1 toegdien het. Dit is laag in vergelyking met aanbevole peile in lande soos Kanada en verduidelik waarskynlik ook waarom geen toksiese simptome op die vegetatiewe plantegroei waargeneem is nie. Boron (Solubor®) toedienings het egter wel die graanopbrengs en olie-inhoud van die sade verhoog en optimum peile het gevarieer tussen 0.5 en 1.5 kg Solubor® ha-1 vir verskillende jare en lokaliteite. Hoewel toedieningspeile van 2.0 en 3.0 kg Solubor® (toedienings van1.0 en 1.5 kg op beide 40 en 60 dae na plant) geen duidelike tekens van toksisiteit op die plante getoon het nie, het dit ook nie deurgaans betekenisvolle hoër opbrengste tot gevolg gehad nie en in sommige jare selfs laer opbrengste veroorsaak. Vir hierdie rede word toedieniningspeile van 1.0 kg ha-1 Solubor® algemeen aanbeveel as 'n blaarbespuiting tussen 40 en 60 dae na plant maar nie later as die begin van blomstadium nie. Hierdie studie toon duidelik dat blaartoedienings van boor beslis sal bydra tot die verhoogde graanopbrengs en olie-inhoud van canola wat in die Wes-Kaap op grond met lae boorinhoude geproduseer word. Nogtans mag aspekte soos grondtoedienings met plant en hoër toedieningspeile soos in sommige ander lande aanbeveel word, in die toekoms ondersoek word. Resultate van hierdie studie is reeds op verskeie boere-inligtingsdae voorgedra en het daartoe bygedra dat boorbespuitings nou as algemene praktyk aan canola toegedien word. Resultate sal egter ook as wetenskaplike artikel in die Suid-Afrikaanse Joernaal vir Plant en Grond gepubliseer word. 6.8 Swawelbemesting is 'n baie belangrike produksiefaktor wat die opbrengs van canola in die produksiegebiede van die Weskaap beïnvloed omdat canola 'n baie hoë swawelbehoefte het en omdat grondontledings toon dat die swawelinhoud van die grond in genoemde produksie-gebiede meestal laag is. Boonop beïnvloed die voorsiening van swawel ook die doeltreffendheid waarmee stikstof deur canola benut word. Gedurende die 2012 tot 2014 produksiejare is aspekte soos optimale swawel- en stikstoftoedieningspeile, tye van swawel toediening asook swawelbronne op drie lokalteite in die Swartland en Suidkaap nagevors. Onderstaande resultate wat reeds op verskeie inligtingsdae aan produsente oorgedra is het bygedra tot die bevordering van canola in hierdie gebiede. Die toediening van swawel het op alle lokaliteite en in alle jare 'n betekenisvolle verhoging in graanopbrengs tot gevolg gehad, maar 'n verhoging in swawelbemesting vanaf 30 tot 60 kg S ha-1 het oor die algemeen geen statisties betekenisvolle verhoging in graanopbrengs veroorsaak nie. Dit kan dus aanvaar word dat 'n toediening van 30 kg S ha-1 in die behoeftes van canola in die Weskaap sal voorsien. Volgens internasionale literatuur kan swawel wel met goeie resultate as bobemesting gedurende die groeiseisoen van canola toegedien word. In die studie wat oor 3 jare uitgevoer is en waar gips (CaSO4) as bron van swawel gebruik is, het die verdeling van die swawel om benewens die toediening met planttyd ook swawel op 30 en 60 dae na plant toe te dien, nie deurgaans tot hoër opbrengste gelei nie. Waar gips as bron van swawel gebruik word, word 'n eenmalige toediening voor of tydens plant van die canola dus aanbeveel. Waar swawel as komponent van die stikstofbemesting toegedien word en dus nie addisionele toedieningskoste meebring nie kan dit egter wel sonder nadelige gevolge verdeel word om 'n gedeelte as bobemesting saam met die stikstof toe te dien. Geen opbrengsverskille as gevolg van die bron van swawel is waargeneem nie. Toenames in stikstof toedieningspeile het die graanopbrengs betekenisvol verhoog, maar die opbrengsreaksie op stikstofbemesting was groter waar stikstof in kombinasie met swawel toegedien is. Die effektiwiteit van die stikstofbemesting is gevolglik verhoog deur ook met swawel te bemes en graanopbrengste het toegeneem. Hoewel verderre navorsing nodig is om die optimale toedieningstye te bepaal, het hierdie navorsing alreeds 'n beduidende bydrae gelewer tot die doelwitte van die Proteiennavorsingstigting naamlik 'n verhoging in die produksie van canola. 6.9 JA Strauss en W Langenhoven Die 2014-seisoen was die derde produksiejaar van die nuwe proewe. Ses kontantgewasstelsels, insluitend verkorte canolarotasies en dekkingsgewasse, is getoets. 'n Totaal van 60 veldproewe is aangeplant. Die ses stelsels wat getoets is, is drie keer herhaal en alle gewasse binne elke stelsel is elke jaar op elke land verteenwoordig. Alle proeflanderye is aangeplant en bestuur volgens die beplande protokolle (insluitend gepaste onkruid-, siekte- en insekbeheermaatreëls). Riversdal het in die voorseisoen bogemiddelde reënval gehad, maar hoewel daar genoeg vog beskikbaar was gedurende die eerste deel van die seisoen, het gebrekkige hoë reënval in die na-seisoen met gevolglike vroeë sny en windrye gelei tot laer opbrengste as die algehele 2013-seisoen. Canolaproduksie Hyola 571 is in Riversdal aangeplant teen 3 kg/ha. 'n Totaal van 58 kg N/ha is aangewend vir elke land (23 kg N/ha met aanplant en 38 kg N/ha as bogrondse laag). Canola-opbrengste by Riversdal was gemiddeld 1 430 kg/ha en al die lande het 'n olie-inhoud van meer as 40% opgelewer. Die gemiddelde opbrengs was 899 kg/ha minder as in 2013. Koringproduksie SST027 is in Riversdal aangeplant teen 60 kg/ha. 'n Totaal van 61 kg N/ha is aangewend vir elke land (20 kg N/ha met aanplant en 38 kg N/ha bogrondse laag). Koringopbrengste by Riversdal was gemiddeld 2 657 kg/ha. Garsproduksie Erica is in Riversdal aangeplant teen 53 kg/ha. Garsopbrengste by Riversdal was gemiddeld 3 770 kg/ha. Lupinproduksie Geen Mandelup was beskikbaar nie en 'n bitterlupinmengsel is aangeplant by Riversdal teen 100 kg/ha. Lupinopbrengste by Riversdal was gemiddeld 974 kg/ha. Dekkingsgewasse Saia-hawer en voerertjiemengsels is aangeplant by Riversdal teen onderskeidelik 30 kg/ha en 100 kg/ha. Geen ander insetkoste is aangegaan gedurende die seisoen nie, buiten vir die onkruiddoderkoste wat aangegaan is om die dekkingsgewas uit te roei na die inligtingsdag. Tegnologie-oordrag Die volgende is 'n opsomming van die voorleggings, verslae en publikasies wat gebaseer is op die gewasproduksieproewe by Riversdal, volgens die data wat bekom is in 2014. 1 boeredag 1 tegniese vergadering en verslaggewingsessie 6.10 IF Slabbert Veertien (14) Produsente het ingeskryf en almal is geevalueer. Daar was 3 deelnemers in die Malmesbury voorligtingswyk, 4 in die Moorreesburg wyk, 3 in die Piketberg wyk, 3 in die Hermon wyk en 1 naby Durbanville. Dit was oor die algemeen n goeie seisoen. Aanvanklik het die seisoen normaal begin met rëen vanaf begin Mei. Die reenval was ongelukkig laer as normaal tydens September.Die temperature was ook effens bo normaal in die hoof blomtyd gedurende Augustus. Tydens die September SKOG-dag is demonstrasieproewe en kultivarproewe besigtig. Die hoofspreker by hierdie dag was Dr Briedenhann wat gepraat het oor Canola as voergewas. Verskeie plase waar canola geplant is, is besoek om die boere van advies te bedien. Die gemiddelde opbrengs vir 2014 was 1,66 ton per hektaar terwyl 2013 se gemiddelde opbrengs was 1,61 ton per hektaar. Alhoewel hierdie kompetisie se gemiddelde opbrengs effens hoër was as die vorige jaar, was die algemene opbrengstes laer. Pryse uitgeloof vir 2014 was net vir die deelnemers met die hoogste opbrengs, beste bruto marge en beste opbrengs per mm reën. Geen pryse is uitgeloof vir die deelnemers wat naasbeste presteer het. Daar was slegs een deelnemer wat aldrie pryse gewen het. Dit was Dirk Lesch van Malmesbury. Sy opbrengs was 2.35 ton/ha en sy bruto marge was R5431/ha.Sy opbrengs per mm reën was 8,27 kg. 6.11 JG Loubser Dertig canola produsente het in 2014 ingeskryf vir die Suid-Kaap Canola Kompetisie. Al die deelnemers se inligting is verwerk en in die verslag ingesluit. Die uitslae is op 12 Maart 2015 tydens die jaarlikse Overberg Agri voorsaai inligtingsdag te Rietpoel naby Caledon vrygestel en bespreek. Die 2014-seisoen is gekenmerk deur baie wisselvallige vogtoestande. Gedurende Augustus was die minimum temperatuur 1.95ºC hoër as die langtermyn gemiddelde temperatuur. September se minimum temperatuur het min verskil van die langtermyn gemiddelde temperatuur. Die ondergemiddelde reënval gedurende die lente, tesame met bogemiddelde minimum temperature in Augustus het die groeiseisoen verkort. Die toename in voorkoms van Sclerotinia het in sommige gebiede die canola opbrengs nadelig beїnvloed. Die gemiddelde canola produsente-prys was R4150 per ton, die gemiddelde opbrengs 1.65 ton per hektaar (2013 opbrengs 2,26 ton per hektaar) en die gemiddelde bruto marge R2808 per hektaar. Die deelnemer wat die hoogste opbrengs van 2.160 ton per hektaar behaal het was mnr Pieter Dreyer van Raka Boerdery naby Caledon. Die deelnemer wat die reënval die effektiefste bestuur het, met 'n opbrengs van 9,022kg saad per millimeter reënval was mnr Niel Neethling van Verfheuwel Boerdery naby Malgas. Die deelnemer wat die beste bruto marge van R5171 per hektaar behaal het, was mnr Willie Smal van Hammansdal Boerdery naby Caledon. 6.12 A Pieterse, JL Ross en AP Malan Europese slakke (dopslakke en naakslakke) het beduidende ekonomiese peste geword in Suid-Afrika, en het 'n voorkeur vir canola wat 'n belangrike gewas is in die vervaardiging van dierevoer proteïen en olie vir menslike gebruik. Die huidige metodes vir die beheer van slakke is grootliks afhanklik van chemiese molluskisiedes, wat in sommige gevalle nie goed werk nie en kan skadelik wees vir nie teiken organismes. Dit is dus belangrik om 'n biologiese beheer metode vir hulle te identifiseer. Die mees doeltreffende metodes vir die biologiese beheer van slakke in Europa is die slak-parasitiese nematode, Phasmarhabditis hermaphrodita. As gevolg van laasgenoemde se hoë effektiwiteit en wye gasheer-reeks, is P. hermaphrodita in Europa as 'n biologiese slakdoder gekommersialiseer, waar dit onder die Nemaslug® handelsnaam verkoop word. Phasmarhabditis hermaphrodita is teen baie landlewende slakke 'n dodelike parasiet, insluitende Agriolimacidae, Arionidae, Limacidae, Milacidae en Vagnulidae. Die produk is nog nie in Suid-Afrika te koop nie, weens huidige wetgewing (wysiging van Wet 18 van 1989, onder die Landbou-Pes Wet 36 van 1947), en daarom moet 'n inheemse produk vir biologiese beheer ontwikkel word. Die doelwit van hierdie projek is om 'n plaaslike, inheemse nematode isolaat te identifiseer, wat as 'n bio-beheer agent ontwikkel kan word teen weekdiere in Suid-Afrika. Verskeie nematodes is al geïdentifiseer tydens opnames wat in die Wes-Kaap provinsie onderneem is. Hierdie isolate is deur middel van molekulêre- en morfologiese tegnieke geïdentifiseer, en het patogeniese toetse ondergaan om hul doeltreffendheid in die beheer van slakke te bepaal. Een nematode, wat belowend lyk vir die beheer van slakke, ondergaan tans pogings om dit te ontwikkel en kulture daarvan te vervaardig (met die optimale beheer van temperatuur, oorbevolking, inokulum digtheid en bakteriese groei). Boonop het ons voortgegaan met opnames in die provinsie om verdere isolate te identifiseer. Ons vergelyk ook die patogeniteit van plaaslike isolate met die van die Nemaslug® produk. Ter afsluiting, mik hierdie projek om 'n inheemse biologiese slakdoder te ontwikkel, wat 'n deurslaggewende impak sal hê op die landbou, tuinbou en wingerdbou industrieë in Suid-Afrika. 6.13 N Goosen Die doel van die navorsing is om tegnologie te ontwikkel wat aangewend kan word om hoë-kwaliteit proteïen- en fosfor dierevoerbestanddele te vervaardig vanuit lae waarde vis prosseseringsafval wat afkomstig is vanaf visserye of akwakultuur. Deur die gepaste tegnologie tot stand te bring wat hoër-waarde dierevoerbestanddele vervaardig vanuit afvalprodukte, kan ekonomiese aansporing geskep word wat die benutting van afvalprodukte kan bevorder. Deur hierdie benadering te volg word daar gehoop dat die huidige projek sal bydra tot meer doeltreffende benutting van natuurlike hulpbronne en 'n verhoging in die beskikbaarheid van hoë-kwaliteit dierevoerbestanddele wat benodig word om uitbreiding van intensiewe diereproduksie te ondersteun. Die oorhoofse ondersoek is onderverdeel in drie aparte projekte en elkeen van hierdie projekte vorm die basis van 'n Meestersgraad studie. Eerstens word die optimale prosesseringstoestande tans bepaal om proteïene en olies selektief vanuit vis prosesseringsafval te herwin, deur gebruik te maak van ensiemtegnologie. Tweedens word die ekstraksie van essensiële makrominerale (met klem op fosfor) vanuit benerige materiaal deur suurloging ge-optimeer. Die derde projek skop in 2016 af en beoog om die kwaliteit van die bogenoemde voerbestanddele te bepaal in diereproewe. Goeie vordering word tans gemaak in die twee projekte wat reeds begin het. In die eerste projek is alle eksperimentele toerusting aangeskaf en opgestel en eksperimentele werk het reeds belangrike data ingewin. Verskillende proteolitiese ensieme word getoets om hul geskiktheid te bepaal vir behandeling van 'n spesifieke roumateriaal wat afkomstig is van 'n kommersiële vissery, terwyl die produkte wat herwin word vanuit die proses ook gekarakteriseer word. In die derde projek (wat in 2016 'n aanvang sal neem) is alle eksperimente reeds beplan en verbruikbare materiaal en chemikalieë is aangekoop vir die eerste gedeelte van eksperimentele werk. 6.14 JSG Joubert en SG Ferreira As ʼn deurlopende projek is inkomste- en kosteramings weer gedurende die verslagjaar vir geselekteerde gewasse en streke binne die Somer- en Winterreënstreke gedoen. Inkomste- en kosteramings word as ʼn belangrike hulpmiddel beskou vir voorligtingsdoeleindes asook vir die produsent vir beplanningsdoeleindes. Dit kan ook aangewend word vir strategiese beplanning en beleidsdoeleindes. Agriconcept (Edms) Bpk. (Mnr SG Ferreira) is gekontrakteer om die taak op 'n jaarlikse grondslag vir die PNS te onderneem. Om die inligting in te samel word samewerking verkry van Agri-besighede binne die Somer- en die Winterreënvalgebied. Die inligting wat bekom word, word herverpak en op 'n vergelykbare en verbruikersvriendelike basis in harde sowel as in elektroniese formaat beskikbaar gestel vir 'n verskeidenheid individue en organisasies wat dit wil benut. Pryse van insette en uitsette en uitsette word van 'n verskeidenheid bronne bekom en waar Agri-besighede nie inligting kan voorsien vir die opstel van begrotings nie word dit deur middel van groepbesprekings bekom. Die gebiede en gewasse waarvoor inkomste- en kosteramings bereken is word in Tabelle 1 en 2 aangedui. Table 1Gebied | Besproeiing / Droëland | Mielies | Sojas | Koring | Canola | Grondbone | Sonneblomme | Mpumalanga | Loskop besproeiingskema | Besproeiing | X | X | X | Noordwes Provinsie / GWK Gebied | Brits/Koedoeskop / Makoppa | Besproeiing | X | X | X | KwaZulu-Natal | Bergville | Besproeiing | X | X | X | GWK gebied | Sentrale Besproeiingsgebied | Besproeiing | X | X | X | X | X | Oos-Vrystaat VKB gebied | Reitz / Petrussteyn / Bethlehem / Warden | Droëland | X | X | X | X | Frankfort / Vrede | Droëland | X | X | Piet Retief | Droëland | X | X | Kinross | Droëland | X | X | Bloedrivier | Droëland | X | X | Noordwes Provinsie / NWK gebied | Koster Hoëveld | Droëland | X | X | X | Lichtenburg / Ottosdal / Sannieshof / Delareyville | Droëland | X | X | X | Table 2 Gebied | Koring | Gars | Canola | Swartland | Sandveld | X | X | Suid-Swartland | X | X | Middel-Swartland | X | X | RooiKaroo | X | X | Overberg Agri Gebied | Caledon / Riviersonderend | X | X | X | Bredasdorp / Napier | X | X | X | Sentraal-Suid Koöperasie Gebied | Swellendam / Heidelberg | X | X | X | 6.15 JSG Joubert, M du Preez en Y Papadimitropoulos Die Proteïennavorsingstigting se webblad kan vergelyk word met 'n lewende, groeiende "gemeenskap" deurdat inhoud soos nuusbriewe, statistieke, oesskattings, nuusbrokkies, werkgroep notules en so meer, wat op gereëlde basis vernuwe, tydig opdateer word. Daar is dus altyd iets nuuts vir die besoeker om te ondersoek. POEMS en webblad inhoud 2014/2015 was 'n besondere jaar vir beide PNS-personeel en die webblad-meesters met die voltooiing van 'n uitgebreide sisteem met die naam POEMS, wat middel-2014 voltooi is. POEMS is ʼn akroniem vir "PRF OPDT Electronic Management System" en die sisteem is uniek ontwikkel om lopende sowel as afgehandelde navorsingsprojekte te bestuur vanuit die PNS-kantoor. Hoewel die grootste funksionaliteit van hierdie sisteem eintlik agter die skerms plaasvind, het dit 'n outomatiese, direkte invloed op gedeeltes van inligting wat op die PNS webblad verskyn. Die sisteem word in fases met die webblad geïntegreer. Die eerste fase wat tydens 2014/2015 voltooi is, is die gekategoriseerde navorsingsdatabasis ("research database") waar bestuuropsommings, artikels, populêre en wetenskaplike publikasies en algemene inligtingstukke van projekte outomaties op die webblad aanpas en geplaas word soos die status van projekte op die sisteem in die PNS-kantoor opdateer word. Die volgende fase is reeds in ontwikkeling om die PDF-artikels, -pamflette en -dokumente wat by die onderskeie gewasse ("crops") op die webblad ingedeel is dinamies vanuit die sisteem op die webblad te plaas en behoort teen middel-2015 in werking te wees. Werk is ook reeds begin om teen middel-2015 afgehandelde projekte in die gekategoriseerde navorsingsdatabasis ("research database") se foto's met die huidige foto galery op die webblad te integreer met skakels wat terug verwys na die spesifiekgekoppelde projek in die navorsingsdatabasis. Webblad struktuur As gevolg van programmeringstale soos HTML, PHP en inligtingsbeheertale soos MySQL wat gereeld opdateer met nuwe weergawes, is die webblad-meesters konstant besig om die struktuur van PNS se webblad op te gradeer met die nuutste programmeringsintakses en -kodes. Soekenjin sigbaarheid Om die sigbaarheid van PNS se webblad op soek-enjins soos byvoorbeeld Google en Bing te bevorder word algoritmes en tendense wat deur die soek-enjins ingestel word oortdurend gemonitor. Hierdie algoritmes beïnvloed hoe unieke bladsy-titels, -beskrywings en -sleutelwoorde van individuele web bladsye geskep word en is, met uitsondering van die bladsy-titels wat bo-aan webbladsye verskyn ("tabs"), slegs in soekenjins te sien. Webblad inhoud word byvoorbeeld op die volgende punte deur soek-enjins evalueer: Inhoud: 'n minimum van 300 woorde per bladsy (waar moontlik); Paragrawe en sinne word vir leesbaarheid ondersoek en gradeer; Inhoud op bladsye, asook bladsy-titels en -beskrywings, word deursoek vir repetering; Bladsye met foto's of video's word bevoordeel; Bladsye met interne sowel as eksterne skakels word bevoordeel; en Unieke sleutelwoorde of -frases moet verbatim in die inhoud vervat wees. Bogenoemde is slegs 6 van die sowat 500+ algoritmes wat gemiddeld per jaar deur soekenjins aangepas word. Dit is met trots dat PNS se webblad 'n "Google page ranking" van 5 het. Dit dui op 'n gesonde samestelling van inligting, skakels en visuele elemente. Daar is natuurlik altyd ruimte vir verbetering en die webbladmeesters het voorstelle ingedien om PNS se webblad visueel meer modern te maak en ook meer met sosiale media te integreer. Een van die maatstawwe om die gebruikerswaarde van die webblad te bepaal is die aantal besoekers asook tyd gespandeer op die webblad en aantal bladsye besoek. Onderstaande statistieke dui die getal besoekers per verslagjaar aan sedert die aanvang van die webblad. Verslag jaar | Unieke besoekersRou waardes * Unieke besoekersGoogle waardes Visitors | Bladsye | Bladsye per besoek | 2004 | 1 691 | 2005 | 3 285 | 2006 | 4 552 | 2007 | 5 404 | 3 041 | 10 838 | 2.79 | 2008 | 11 104 | 5 274 | 18 829 | 2.82 | 2009 | 10 194 | 6 610 | 27 341 | 3.18 | 2010 | 11 812 | 6 054 | 23 347 | 2.98 | 2011 | 12 357 | 5 511 | 24 258 | 3.29 | 2012 | 16 306 | 6 909 | 28 206 | 3.12 | 2013 | 54 739 | 8 767 | 34 284 | 2.97 | 2014** | 54 590 | 10 189 | 39 363 | 3.03 | * Rou waardes dui op die totale interaksies soos gemeet deur die webbediener terwyl die Google waardes slegs die besoekers meet wat deur middel van 'n webblaaier koppel aan die webwerf. Besoekers wat weer aan die webwerf koppel word nie weer getel as hulle met dieselfde webblaaier koppel nie. ** Gedeeltelike waardes gemeet vanaf 1 Januarie 2014 tot 28 Februarie 2015. Uit bogenoemde tabel is dit duidelik die hoeveelheid unieke besoekers volgens die Google waardes geleidelik toeneem per jaar. Ten opsigte van die aantal bladsye wat besoek is dui dit 8,216 wat gedurende die 2014 verslag jaar besoek is. Gedurende die aanvang van die webblad in 2004 tot 2006 was die Google waardes nog nie bekend nie.
[]
https://af.gov-civil-beja.pt/trap-god
Trap God Gucci Mane is konserwatief as dit by verandering kom, en dit neem 'n paar draaie Trap God voordat die verskille tussen die vorige rekords in fokus kom. Maar sodra hulle dit doen, pas hulle saam in 'n portret van 'n kunstenaar te midde van 'n estetiese metamorfose. Dit is eers die 20ste en laaste liedjie Gucci Mane se derde mengelmoes van die jaar, Trap God , dat jy 'n vers raakloop wat gebaseer is op Gucci wat met sy mond motorgeluide maak. Dit lyk na 'n onbeduidende detail, maar in Gucci-terme is dit 'n belangrike evolusionêre gebeurtenis. Desondanks is hy versigtig en konserwatief as dit by verandering kom, en dit neem 'n paar draaie Trap God voordat die verskille tussen die vorige rekords in fokus kom. Maar sodra hulle dit doen, pas hulle saam in 'n portret van 'n kunstenaar te midde van 'n estetiese metamorfose. Gucci is nie geneig tot die soort gewaagde innovasies wat Kanye tot die rap-speletjie Apple Inc. gemaak het nie, 'n markheersende reus wat een keer per jaar 'n produk verander wat die tydgeest verander. Hy is meer soos 'n nisonderneming wat toestelle vir hardcore-gamers bou en 'n groter verskeidenheid goedere aanbied wat net inkrementeel van mekaar verskil, maar wat daarop gemik is om aan die behoeftes van 'n meer spesialis-skare te voldoen. En indien enigiets, was Gucci amper te konsekwent goed om te lewer. Sedert hy in 2009 die eerste keer op nasionale skaal begin aandag kry het, tydens 'n baie produktiewe periode waarin hy agt langspeelplate in 12 maande gespandeer het, kon hy daarop reken dat hy albums, mengsels en gasverse sou vrystel. teen so 'n verblindende tempo en wat al die punte wat sy gehoor so betroubaar bereik, so betroubaar maak - die motorgeluide, die 's'Gucci' ad libs, die goeie, maar nie-ongelooflike lirieke, gevul met die nodige aantal punchlines - dat hulle geneig is om saam te vervaag. Trap God het die lirieke en die punchline-frekwensie (sowel as die nasale druk, marmerbek-vloei), maar dit is kort op die handelsmerk Gucci-vokale tics. In werklikheid lyk dit soms asof daar nie genoeg Gucci in die algemeen is nie - as die kort 'Intro' nie getel word nie, is daar net vier snitte wat nie 'n rapper of sanger is nie, en drie daarvan kom in die agterste helfte. van die rekord. En op sommige van die snitte voel hy nie heeltemal aanwesig nie, 'n effek wat vererger word as hy saamwerk met Meek Mill, Rick Ross en sy voormalige protégé Waka Flocka Flame, drie kunstenaars met buitensporige persoonlikhede wat tans boaan hul onderskeie speletjies. En die spore waar hy boonop ondubbelsinnig uitkom - insluitend die handjievol saam met die nuut ondertekende Young Scooter van die tweespeler van die 1017 Brick Squad - die wedstryde voel skeef. Die blink kant is dat Trap God se beste liedjies is van die beste in Gucci se katalogus. Waarskynlik nie toevallig nie, is dit ook diegene waar Gucci homself die meeste uitdaag. Op die chiptune-buigende 'Suckaz' (vervaardig deur Shawty Redd) en 'Act Up' (vervaardig deur T-Pain, wat ook 'n moordenaarstem op die koor lewer), klink hy energiek en los, terwyl hy gewigloos oor die maat sweef. En as hy met Waka Flocka en die internetmengselsensasie Kirko Bangz op die 808-Mafia-vervaardigde ode aan seks sonder enige snare, 'Fawk Something', afkom, kom hy deur met 'n merkwaardige profane vers wat 'n kort en totaal skreeusnaakse draai insluit om 'n danshall-rapper na te maak. Wanneer Gucci hom deesdae daarop toespits om 'n refrein te skryf, kom hy met beter dinge as ooit tevore. 'Rolly Up' kan die irriterendste onwrikbare haak hier aan die kant van Jibbs 'Chain Hang Low' hê, maar die rug-aan-rug-snitte 'Money Habits' en 'Crazy' word uitgespook met eksentrieke pakkende, onbelangrike lekkergoed-popgedeeltes wat daarop dui dat hy die geestelike erfgenaam van Ol 'Dirty Bastard op sy beste karaoke-crooner kan wees. Tog, terwyl Gucci Mane onlangs in 'n besonder aangename groef vasgeval het, is 'n groef steeds 'n groef. Dit is goed om te sien dat hy homself daaruit begin trek, al is dit stadig, duim vir duim. Terug huistoe
[]
https://www.testpapers.co.za/product-page/gr-12-rtt-afrikaans
Gr 12 RTT [Afrikaans] Inhoud Extra information Ons Graad 12 Rekenaartoepassingstegnologie (R.T.T) notastel is die perfekte hulpbron vir studente wat op soek is om uit te blink in hul NSS-eksamen. Met gedetailleerde kantnotas en kleurvolle interpretasies sal studente die kursusmateriaal met gemak kan leer en hersien. Ons notas bevat ook ekstra eksamenbrokkies vir bykomende oefening. Die notas vir kwartaal 1 tot 4 stem ooreen met die DBO en IEB, wat verseker dat studente goed voorbereid is vir hul eksamens. Gaan vooruit en behaal sukses met ons Graad 12 R.T.T-notastel. Dit SLUIT egter NIE enige praktiese inligting en oefeninge in nie, raadpleeg asseblief ons C.A.T How To Booklets vir hierdie notastelle! STERKTE MATRIEK!
[]
https://www.proteinresearch.net/index.php?page=2001-projekte-afgehandel
Navorsingsverslag 2001/2002 5. Projekte wat suksesvol afgehandel is of waarmee vordering gemaak is (Bylae I en II) Lys van projekte Projek titels Die ontwikkeling en toepassing van genetiese merkers wat gekoppel is aan aalwurmweerstand in sojabone Die ontwikkeling van sojaboonkultivars met beter aanpassing en saadkwaliteit Versnelde generasievordering in sojaboonteling Sojaboonstrookdemonstrasies in verskillende produksiegebiede Nasionale sojaboonkultivarproewe Supersoja opbrengskompetisie Super Sojakompetisie vir KwaZulu-Natal Effek van verhoogde prolien sintese in sojabone Die ontwikkeling van die produksietegnologie van soet witlupiene Teling vir antraknose weerstand in lupiene Optimale plantmetodes vir olie- en proteïensaadgewasse Ekonomiese kortrotasie wisselbougewasse vir koring Die omvang en rol van canola en lupien grondgedraagde siektes op opbrengs Enting van lupiene in Suid-Afrika Genetiese manipulering van lupiene antraknose Kultivarevaluasie van olie- en proteëenryke sade in die winterreënvalstreek 'n Ondersoek na die produksiedinamika van 8 wisselboustelsels Epidemiologie en beheer van swartstam van canola in die winterreënvalstreek van Suid-Afrika Kultivarevaluasie van olie- en proteïensade in die winterreënvalstreek (canola) Aanwending van voerensieme om die diëte vir hoenders en varke te verbeter Optimale rywydtes en saaidigthede vir canola Invloed van prosessering op energie en aminosuur beskikbaarheid vir jong pluimvee Chemiese beheer van antraknose op lupiene Ontwikkeling van beter aangepaste lupien kultivars vir die Wes-Kaap Die meting van die reaksie van braaikuikens op dieët-lisien en metionien Bepaling van genetiese parameters van sommige algemene varkrasse in Suid-Afrika Effek van grond Rhizobia op die sukses van sojaboon-entstof ras WB74 Konstruk vir die verwydering van die BAR geen na transformasie en isolasie van die promoter van Lupinus albus Die ekonomiese / finansiële interpretasie van gewaswisselboustelsels wat sojabone insluit Akkerboukundige evaluasie van canola onder besproeiing in die somerreënvalstreek Registrasie van Simazine op lupiene Onkruidbeheer in soetlupien geplant in nou rye 5.1 CMS Mienie Meer as een knopwortelaalwurmspesie is betrokke by die skade wat aangerig word aan sojaboonaanplantings, met die addisionele komplikasie van verskillende rasse van dieselfde spesie wat in Suid-Afrikaanse gronde voorkom. Veral twee spesies is oorheersend in Suid-Afrika op sojabone, naamlik Meloidogyne javanica en M. incognita ras 2. Tamulonis et al (1995) het drie RFLP merkers wat gekoppel is aan weerstand teen Mi ras 3 geïdentifiseer. Hierdie merkers sal waarskynlik nie in die Suid-Afrikaanse situasie van toepassing wees nie, aangesien ras 2 in Suid-Afrika oorheersend is. Dit is gevolglik nodig om merkers vir die weerstand teen Mi ras 2 te ontwikkel om die seleksie van weerstand teen beide predominante knopwortelaalwurms plaaslik moontlik te maak, aangesien verskillende gene die uitdrukking van weerstand beheer. Die doelwitte van hierdie studie is drievoudig: Die identifikasie van 'n molekulêre merker gekoppel aan weerstand teen M. incognita ras 2 in 'n segregerende populasie met die gebruik van AFLP, mikro-sateliet en RFLP analises. Sifting van kiemplasma materiaal vir die teenwoordigheid van M.javanica en M. incognita ras 2 merker gene met molekulêre tegnieke. Verifikasie van die potensiële weerstand teen M. incognita ras 2 in sojaboon cultivars in veldproewe. Evaluasie van die aalwurm weerstand word in glashuis of mikroplot proewe uitgevoer. Die finale evaluasie van die weerstandbiedende cultivars word in veldproewe uitgevoer. Standaard wetenskaplike prosedures word gevolg. Kruisings is reeds gemaak en die F2 populasie word geëvalueer vir die identifikasie van genetiese merkers met mikrosatelliete en AFLP analise. Toepassing van die bestaande merkers sal met PCR analise gedoen word. Molekulêre merkers met koppeling aan weerstand teen Meloidogyne javanica is in 'n vorige studie ontwikkel, en getoets vir konsekwentheid oor generasies, asook teen materiaal uit die kiemplasma bank wat met tradisionele tegnieke gesif is vir weerstand. F3 en F4 nageslagtoetse het stabiele oorerwing van die merkers bevestig. 'n Korrelasie van 80% is tussen glashuis toetse en molekulêre merker sifting met 35 sojaboon cultivars verkry. 'n Uitgebreide seleksie van genotipes uit die kiemplasma bank sowel as cultivars wat tans op die variëteitslys verskyn, is gesif vir die teenwoordigheid van die bestaande merkers om potensiële teelmateriaal met weerstand teen M. javanica te identifiseer. Lyne wat positief vir die merkers toets, sal in die glashuis geverifieer word om die gebruik van die merkers in die verskillende genetiese agtergronde na te gaan. Die merkers is ook getoets vir die moontlike toepasbaarheid vir die toets van ander weer-standsgene wat in dieselfde groep op LG-F voorkom. Die merkers is toepasbaar vir ten minste drie ander siekteweerstandsgene in dieselfde gene groep op LG-F. Hoof gene vir die weerstand teen sojaboon mosaïek virus en Meloidogyne arenaria is naby geleë aan SOJA6 en SOJA7, asook 'n QTL vir ntixenose weerstand teen mieliekopwurm met 'n 20% bydrae tot weerstand soos gevind in 'n vatbare genotipe. Die ander weerstandsgene in dieselfde groep blyk minder belangrik te wees. Nege-en-sestig sojaboon hibriede is as gasheer vir M. incognita ras 2 in die glashuis geëvalueer. Die hibriede S5995, Potties, PAN660 en TXS89/10/29 is as swak gashere geïdentifiseer en het RF-waardes van minder as een vertoon. Hierdie hibriede, asook Prima (vatbare kontrole), is in 'n mikroplot en veldproef ingesluit gedurende die 2000/2001 seisoen om die resultate te verifieer. S5995 het die laagste getalle van M. incognita ras 2 in beide proewe vertoon, gevolg deur PAN660, TXS89/10/29 en Potties, en het betekenisvol van die positiewe kontrole (Prima) verskil. Kruisings tussen die swak gasheer cultivars en die vatbare cultivars vir die ontwikkeling van 'n karteringspopulasie is onderweg. Die invoer van oliekoek het reeds die R1b merk oorskry en plaaslike produksie van sojaboon as die ideale bron van proteïen word sterk aanbeveel. Die oppervlak onder sojaboonverbouing sal moet uitbrei na gebiede met 'n hoë risiko van aalwurminfestasie en ander sub-optimale kondisies soos ongebalanseerde grond vrugbaarheid, lae grond temperature, ens. Slegs enkele cultivars met 'n mate van weerstand teen aalwurms is tans beskikbaar vir verbouing in Suid-Afrika. Geen van hierdie cultivars is aangepas vir die omgewingstoestande van die groter deel van die tradisionele mieliedriehoek nie. Insluiting van 'n weerstandbiedende cultivar gekombineer met lae intensiteit chemiese beheer sal die enigste strategie wees om die knopwortelaalwurm getalle effektief te beheer. 5.2 AJ de Lange Die doel van hierdie projek is om segregerende materiaal te skep sodat die maksimum diversiteit, vir die gekose eienskap, in die kortste tyd moontlik behaal kan word. Die nuwe materiaal moet ook goeie agronomiese eienskappe besit. Daar is slegs 'n paar sojaboonteelprogramme in Suid-Afrika wat konsentreer op die aanpasbaarheid en kwaliteit van sojabone. Hierdie teelprogram gebruik die enkelsaadnageslag-seleksiemetode, wat die mees algemene seleksiemetode vir sojabone is. Daar is geen geneties gemodifiseerde organismes in hierdie program nie. Twee kontrole ryproewe, op twee lokaliteite, ses loodsproewe op vier lokaliteite en drie elite proewe op drie lokaliteite is gedurende die 2000/2001 seisoen aangeplant. Saadlotte van die cultivars Dundee, Glencoe, Jimmy en Nqutu is op Potchefstroom aangeplant. Die segregerende materiaal (186 F2 populasies en 264 F3 populasies) is op Potchefstroom vir generasievordering aangeplant. Drie opbrengsproewe met materiaal van Mnr Jimmy Chapman se program is aangeplant op Potchefstroom, Dundee en Cedara. Die kontroleryproewe het ± 500 inskrywings en geen herhalings, met PAN 494 as die kontrolekultivar. Die elite proewe het 66 inskrywings en drie herhalings, en vyf van die inskrywings in elke herhaling is kontrole-cultivars. Twee loodsproewe, een met 27 teellyne en sewe kontrole cultivars en die ander met 54 teellyne en ses kontrolekultivars, is aangeplant. Die proeflokaliteite was Bethlehem, Potchefstroom, Brits, Memel, Dundee en Cedara. Die loodsproewe op Memel was nie suksesvol nie as gevolg van haelskade op drie verskillende datums en een geval van sneeu op 10 Januarie 2001. Die Jimmy Chapman-materiaal proewe by Potchefstroom is afgeskryf as gevolg van swak plantestand. Die opbrengs van die verskillende teellyne wat ingeskryf is in die opbrengsproewe het aangedui dat daar goeie potensiaal in die materiaal is. Een-en-veertig teellyne met goeie opbrengspotensiaal is getoets vir aalwurmweerstand. Die voorlopige resultate toon dat daar goeie weerstand in die teelmateriaal is. Een cultivar (Egret) is geregistreer met plantetelersregte in 2000 en een cultivar (Stork) is aangebied vir registrasie in 2001. 5.3 Tradisionele plantteling behels die selfbestuiwing van sojaboonlyne vir ses tot sewe generasies om homosigositeit te verkry. Daar is 'n behoefte by planttelers vir 'n lae kostetegniek om die generasie-interval te verkort en sodoende nuwe cultivars vinniger en meer koste-effektief te produseer. Vanweë die fotoperiodiese sensitiwiteit van sojaboon kan die vegetatiewe siklus verkort word deur manipulering van die daglengte. Die reproduktiewe siklus verteenwoordig meer as 50% van die totale lewensiklus en kan verkort word indien die saadvul Pen rypwordingsperiode verkort kan word. Die doel van hierdie studie was die ontwikkeling van 'n koste-effektiewe prosedure om die generasie-interval te verkort, met die reproduktiewe fase as die hoof onderwerp. 'n Tweeledige benadering is gevolg waar die moontlikheid van die gebruik van in vitro kultuur ondersoek is, of alternatiewelik die oes van onryp saad. Basiese plantteling en weefselkultuur prosedures is gevolg. Peule is vir weefselkultuur geoes op verskillende tydsintervalle na blom en die embrios is geïsoleer en op kunsmatige medium gekweek. Hierdie resultate is vergelyk met saad van dieselfde ouderdom wat in die intakte peule gedroog en in 'n glashuis geplant is. Resultate dui daarop dat direkte plant van onvolwasse saad baie meer effektief as weefselkultuurtegnieke is. Saad wat so vroeg as 18 dae na blom geoes is, het tot 80% ontkieming na stadige droging vertoon. Die tyd van oes, asook die drogingstyd, het met verskillende genotipes gevarieer en kon met volwassenheidsgroepering verbind word. Waar die daglengte tot 10 ure verkort is, kon die generasie-siklus gehalveer word. Kort groeiseisoen genotipes het 80% ontkieming getoon wanneer dit ongeveer 20 dae na blom geoes is, gevolg deur vier dae droging in intakte peule. Langer groeiseisoen tipes het stadiger ontwikkel en is 28-30 dae na blom geoes, gevolg deur tien dae droging. Die kombinering van hierdie prosedure met 'n kort daglengte (10 ure), soos wat plaaslik in die winter ondervind word, het die generasie tyd verkort tot 63-70 dae en ongeveer vyf generasies kon in een jaar voltooi word. Geen verlies aan groeikrag is waargeneem oor vyf agtereenvolgende generasies nie. Saad wat hierna in die veld uitgeplant is, vertoon 'n normale groeipatroon. Die gebruik van versnelde generasievordering kan die tyd en koste van die ontwikkeling van nuwe cultivars met ongeveer die helfte verminder. 5.4 GP de Beer Sojabone (Glycine max L Merr) demonstreer gewoonlik 'n hoogs betekenisvolle interaksie met omgewing in terme van groei en ontwikkeling. Planthoogte en lengte van die groeiseisoen verleng met 'n toename in breedtegraad en groeitempo vertraag met 'n toename in hoogte bo seespieël. Verskille in groeigedrag sal toekomstige kultivarkeuse verder bemoeilik. Betekenisvolle verskille vir reaksie op fotoperiode, temperatuur, grondvrugbaarheid, stadium van vogstremming en ligstremming kan ook gedemonstreer word vir cultivars op die Suid-Afrikaanse varieteitslys. Vir suksesvolle en winsgewende produksie is dit dus noodsaaklik om cultivars te plant wat goed aangepas is by die omgewingstoestande en praktyk, en is karakterisering van cultivars dus nodig. Aanplantings is suksesvol uitgevoer te Bergville, Koedoeskop, Lichtenburg, Bethlehem, Bethal, Oranjeville en Bloemfontein. Waarnemings, insluitend planthoogte, peulhoogte, planttelling, omval, opbrengs, 100 sademassa en oesindeks, is gedoen. Elke perseel is verdeel en met entstof behandel. Die koëffisiënt van variasie vir die hoogste opbrengs aanplantings te Koedoeskop en Naboomspruit was 6% en 9% onderskeidelik, en bo 20% te Bloemfontein en Oranjeville. Gemiddelde saadopbrengs het gewissel van 0,9 t/ha te Bethlehem tot 4,0 t/ha te Naboomspruit. Rywydte het as hoofeffek betekenisvol getoets (P=0,05) by drie verskillende lokaliteite. By Koedoeskop (besproeiing) en Bloemfontein (gedeeltelike besproeiing) het die 45cm rywydte aanplantings betekenisvol beter presteer, en by Bethlehem (droëland) het die 90 cm rywydte beter presteer. Beperkte interaksie tussen cultivar en rywydte is gerapporteer die afgelope seisoen. Slegs by Bethal het enkele cultivars betekenisvol beter presteer by 'n spesifieke rywydte. 5.5 'n Totaal van 30 cultivars is nasionaal geëvalueer, asook 'n addisionele 13 cultivars in Fase 1 proewe by 10 lokaliteite. Aanplantings is gedoen by navorsingstasies waar die nodige infrastruktuur bestaan om 'n omvattende akkerboukundige studie te doen. Navorsingstasies het as navorsingsagente opgetree. Aanplantings is ook so geplaas waar 'n behoefte vir inligting bestaan en waar 'n minimum datastel geneem kon word. 'n Volledige fenologiese datastel is noodsaaklik met data soos dae tot opkoms, blomdatum, fisiologies- en oesryp, maksimum planthoogte en minimum peulhoogte, omval, oopspring en groenstam, relatiewe siekte- of plaagvatbaarheid, saadkarakterisering en opbrengs, fisiese en chemiese kwaliteit, en grond en weerdata. Alle data word benut en in 'n gerekenariseerde databasis opgeneem. Data van individuele lokaliteite is aan variasie-analise onderwerp en gekombineerde opbrengsdata is met behulp van die "Additive Main effects and Multiplicative Interaction" (AMMI) statistiese model ontleed. By die kultivarevaluasie-komiteevergadering wat gedurende September 2000 gehou is, is 8 inskrywings goedgekeur vir registrasie op die variëteitslys, naamlik Dundee, Nqutu, Jimmy, LS 599, LS 669, LS 677, NC 4005 en Prima 2000. Die 99/00 verslag van die Nasionale Sojaboonkultivarproewe is ook aanvaar vir publikasie. Die gemiddelde saadopbrengs vir al die lokaliteite getoets was 2 462 kg/ha (2 200 kg/ha vir 1999 en 2 448kg/ha vir 1998). Die beste opbrengste is te Greytown (3 833 kg/ha), Groblersdal (3 933 kg/ha) en Naboomspruit (3 747 kg/ha) behaal. Die AMMI IPCA 1-waarde, wat goed korreleer met die foto-periode reaksie, het aangetoon dat CRN 5550, SNK 300 en PAN 494 die kort groeiseisoen inskrywings, en Ibis, SCS1 en JF80 die lang groeiseisoen inskrywings is. 5.6 APJ de Beer In Suid-Afrika word nie voldoende sojabone geproduseer om aan die plaaslike vraag na proteïenmeel te voldoen nie. Groot hoeveelhede sojaboonoliekoek word vanaf die buiteland ingevoer. Suid-Afrika besit die potensiaal om meer sojabone as wat plaaslik benodig word te produseer. Hierdie verhoging in produksie moet vertikaal en horisontaal plaasvind. Daar is 'n groot behoefte aan produsente-opleiding in produksietegnologie en die integrasie van sojabone in tipiese Suid-Afrikaanse produksiestelsels. Navorsers organiseer en neem deel aan boeredae, radiopraatjies en televisie-opnames, werkswinkels oor produksie tegnologie, skryf artikels vir produsentetydskrifte en is beskikbaar om deur die loop van die seisoen advies en inligting te gee. Met die hulp van streekskoördineerders word 'n opbrengskompetisie jaarliks in verskillende streke vir sojaboonboere aangebied. Produksiepraktyke en opbrengs word volgens aanvaarde wetenskaplike norme en kennis beoordeel. Verskeie aksies is aangebied om die sojaboonbedryf te ondersteun: 'n Uitstalling by NAMPO-Oesdag (Mei 2000) Sojakoningdag te Ermelo Sojaboonproduksiewerkswinkels (8) Werkswinkels met betrekking tot sojaboonroes Lesings en praatjies op versoek (12) Konsultasies (2) Lesing by UP (1) Inligtingburo by NAMPO-Oesdag Kantoor en telefoonkonsultasies (± 20 per maand) NAMPO-televisie (3) Kongresse / simposia (2) Spesialiskomitees (5) Studenteleiding (6) Die Supersojategnologie-oordragprojek bied 'n basis vir die bediening van die sojaboonbedryf met betrekking tot huidige spesialiskennis van sojaboonproduksietegnologie. Dit bied ook die geleentheid vir direkte implementering van navorsingsresultate en verspreiding van spesialiskennis rakende sojaboonproduksie-tegnologie. 5.7 C Havenga Die Supersoja-kompetisie is 'n voorligtingsaksie om verbouing van sojabone in KwaZulu-Natal te bevorder. Hierdie kompetisie in Noord KwaZulu-Natal (N-KZN), is nou in sy twaalfde jaar en belangstelling is nog steeds baie goed. Die aantal inskrywings was weereens goed maar moes weens personeel tekorte tot 43 beperk word. Nogtans is dit die tweede hoogste getal inskrywings sedert die ontstaan van hierdie kompetisie. Die Supersoja-kompetisie in Suid KwaZulu-Natal (S-KZN), is nou in sy tweede jaar en inskrywings het vanaf 14 gedurende die eerste seisoen tot 24 hierdie seisoen toegeneem. Opbrengsgemiddelde van deelnemers in N-KZN hierdie seisoen was 2,89t/ha teenoor verlede seisoen se 2,93 t/ha. In S-KZN was die gemiddelde opbrengs 2,88 t/ha, wat merkbaar laer as die vorige seisoen se 3,57 t/ha is. Die hoofoorsaak van hierdie opbrengsverlaging kan heelwaarskynlik toegeskryf word aan Sojaboonroes en haelskade wat die afgelope seisoen daar voorgekom het. Proteïengehalte was weereens, vir KwaZulu-Natal, heeltemal bevredigend. Die gemiddelde proteïen persentasie in N-KZN was 40,1% en het tussen 36,8% en 43,9% (vogvry) gewissel. In S-KZN het die proteïengehalte tussen 41,0% en 46,0% gewissel met 'n gemiddelde ontleding van 43,2% op 'n vogvrye basis. Dit wil dus voorkom of die probleem van lae proteïengehalte in sojabone van KwaZulu-Natal in die verlede, tot 'n groot mate opgelos is. Die geleentheid wat hierdie kompetisie aan boere bied om onder mekaar kennis en ondervinding uit te ruil, dra beslis by tot die ooglopende verbetering in die verbouing van Sojabone in KwaZulu-Natal. 5.8 Die effek van verhoogde prolien sintese in sojabone, met spesiale verwysing na droogtestremming, met die vergelyking van sense en antisense tegnologie JA de Ronde Die toleransie meganisme van transgeniese sojaboon plante, cultivar Ibis, is geëvalueer. Dit het plaasgevind met die vergelyking van transgeniese Ibis (sense en antisense) met ongetransformeerde Ibis, deur verskeie metodes. Die volgende fisiologiese metodes is gebruik: relatiewe water inhoud, vry prolien akkumulasie, anti-oksidatiewe ensieme (Cu/Zn superoksied dismutase), glutathione reduktase en askorbaat peroksidase, sel membraan stabiliteit en koolhidraat metings. Fenotipiese evaluasies is ook gedoen. Die sense plante (T2) se prolien vlakke het meer verhoog na 'n droogte skok as die ongetransformeerde plante s'n alhoewel daar geen verskille in die relatiewe water inhoud was nie. Resultate het ook gewys dat die anti-oksidatiewe ensieme nie veel geaffekteer is met die verhoogde kopie aantal van die prolien geen nie. Die koolhidraatkonsentrasie het verhoog in die sojabone na 'n droogte-stres. Na die voor behandeling het die sense plante glukose en sukrose vlakke verhoog en die droogte stres die fruktose. 'n Pot stres van T3 plante het gewys dat 40% van die sense plante die droogte nie so erg gevind het nie en na 2 dae rehidrasie ten volle herstel het, 39% van die ander sense plante het ook beter herstel as die ongetransformeerde plante. Sade van hierdie plante is geoes en geplant vir evaluasies (T4). Daar is 'n positiewe korrelasie gevind tussen tempo van verlepping, herstel en hoër kopie aantal van die prolien geen tot by die vierde transgeniese generasie. Saad vermeerdering word nou gedoen vir veldproewe in 2002. 5.9 JAM van der Mey Lupiene is 'n groep hoë proteïen- en energiespesies wat in die koeler seisoene van suider Afrika aangeplant kan word. Soet cultivars van hierdie groep is ontwikkel vir gebruik in die Suid-Afrikaanse veevoernywerheid wat op hierdie stadium meer as R1 biljoen plantaardige proteïen invoer. Soetlupiene, op voorwaarde dat dit soet bly, kan as hoë proteïen- en energievoer in beide groot en kleinboerderye aangewend word. Hierdie projek bestaan tans uit die volgende drie groepe aktiwiteite: Lupienpromosie oor 'n wye gebied, maar spesifiek in die Noordwes-provinsie. In hierdie provinsie is aanvanklik 175 ha soetlupiene aangeplant, maar dit het gedurende die 2001 seisoen gestyg tot 225 ha. Tot dusver het antraknose nog nie in hierdie provinsie voorgekom nie. Twee breëblaarkultivars, naamlik CED 6150 en Hantie, is aangeplant. Kleiner toetsaanplantings van Australiese smalblaarkultivars Wonga en Merrit is gedoen. Tydens die verslagperiode het drie uitgawes van LUPTEC in Afrikaans en Engels verskyn. Die nasionale lupienkultivarproewe is nou in hul vierde seisoen (2001); 18 proewe is opgemaak waarvan 12 na die Wes-Kaap gestuur is. In 'n variansie-analise oor drie seisoene, met 42 lokaliteite, is die volgende parameters bereken genetiese koëffisiënt van variasie, intraklas-korrelasie en inskrywingsherhaalbaarheid. Aanvaarbare proewe uit hierdie data is gebruik en regressielyn-parameters vir oessekerheid vir elke cultivar is bepaal. Die volgende ses cultivars is die wydste aangepas: Ronell (1,84 t/ha); Vladimer (1,83 t/ha); CED 6150 (1,83 t/ha); Gail (1,78 t/ha); Kiev (1,75 t/ha); Astra (1,72 t/ha). Die teellyn E16 het die beste vertoon in die 2000 seisoen. Proteïenontledings by vier somerreënvallokaliteite het gewys dat die volgende cultivars die hoogste proteïenopbrengs gelewer het: Ronell (1,14 t/ha); Vladimer (1,11 t/ha); Kiev (1,07 t/ha); CED 6150 (1,04 t/ha); Hantie (1,00 t/ha); E16 (1,00 t/ha). Vier van die cultivars was ook die wydste aangepas in die nasionale kultivarproewe. Saadvermeerdering en vrystelling van cultivars: Ten einde die nasionale lupienkultivarproewe op te maak, is dit belangrik dat hoë standaarde ten opsigte van saad gehandhaaf word. Telersaad van 'n aantal van die LNR en oop cultivars moet geproduseer word om aan die saadmaatskappye te voorsien. Wanneer 'n nuwe cultivar vrygestel moet word, moet daar minstens 4 ton telersaad beskikbaar wees voordat maatskappye in die cultivar sal belangstel. Die toewyding van personeel betrokke by saadvermeerdering het meegebring dat die voorkoms van bitter sade verlaag is to 0%. LNR-basissaad is antraknose-vry aangesien hoë standaarde van isolasie en higiëne gehandhaaf word. Op versoek van die PNS, wat aanvanklik die smalblaarkultivar (Merrit) ingevoer het, is hierdie cultivar deur die LNR-IGG aangebied vir registrasie nadat toestemming van die Wes-Australiese Departement van Landbou verkry is. Na twee jaar se toetsing, het die Direktoraat Genebronne van die Nasionale Departement van Landbou die Australiese smalblaarkultivar Merrit vrygestel vir produksie in Suid-Afrika in 2002. Bemarkingsregte is deur 'n saadmaatskappy uitgeneem vir die LNR-IGG-cultivar Ronell op grond van die cultivar se uitstekende opbrengs en aangesien daar reeds aansienlike vordering met telersaadproduksie gemaak is. 5.10 Antraknose (Colletotrichum gloeosporioides) is 'n vernietigende siekte wat in die vroeë 1990's in Europa, Australië en Suid-Afrika versprei het. Hierdie swamsiekte kan tot die totale vernietiging van die besmette plant lei. Aangesien soetlupiene ontwikkel word as 'n bron van proteïen- en energieryke voer vir die Suid-Afrikaanse veebedryf is dit belangrik om lupiene met weerstand teen antraknose te identifiseer en te ontwikkel. Aanvanklik is twee populasies (SAL 60 en SAL 160) met verhoogde bestandheid in die breëblaar-lupiengroep (Lupinus albus) geïdentifiseer. Die Australiërs het hoë vlakke van weerstand in sommige soet smalblaarkultivars (L.angustifolius) en in Chile is goeie bestandheid in breëblaarlupiene gevind. Gedurende die 4de generasie seleksies (2000 seisoen) was dit moontlik om uit enkelplante rye met verhoogde weerstand te evalueer. Hierdie enkelrye, met vatbare kontrole, is op Potchefstroom (glashuis), Potchefstroom (lande), Caledon/Roodebloem (lande), Bethlehem (lande) en Ermelo (lande) geplant. In die Potchefstroom glashuis is kunsmatige inokulasie met 0,5 x 106 spore/ml toegepas. Caledon is ook kunsmatig besmet, maar natuurlike besmetting het ook voorgekom. By Ermelo, wat 'n geskiedenis van natuurlike infeksie het, het geen antraknose gedurende die 2000 seisoen voorgekom nie. Die Potchefstroom en Bethlehem landaanplantings, waar geen antraknose voorgekom het nie, is gebruik vir saadvermeerdering en om die agronomiese eienskappe van die lyne te evalueer. Gedurende die 2001 seisoen is 9m2 persele van die seleksies, met vatbare kontroles by al die lokaliteite geplant asook 'n tweede proef by Caledon. In die Potchefstroom glashuis is 'n proef met 12 inskrywings en 4 herhalings geplant, en naby Ermelo moet 'n kleiner proef nog aangeplant word. By Caledon is in die 2000 seisoen enkelplantseleksies gemaak vir nageslagevaluasie gedurende die 5de siklus van evaluasie van saailinge ouer plante. Dieselfde populasies, wat by Caledon goeie weerstand getoon het, is op Potchefstroom en Bethlehem geoes vir landaanplantings. Hierdie massaseleksies is gebruik vir die 5de generasie aanplantings in die 2001 seisoen. Ondertussen het antraknose weer in Roodebloem/Caledon voorgekom na natuurlike en kunsmatige besmetting, alhoewel die besmetting eers na die begin van die blomstadium posgevat het. Verskeie waarnemings is hier van toepassing: In teenstelling met 'n nabygeleë proef vir chemiese beheer van antraknose in 'n vatbare cultivar, waar antraknose spontaan voorgekom het, moes die proef met weerstandbiedende lyne kunsmatig besmet word. Die vatbare kantrye van die antraknoseproef het slegs 30-50% stand gehad, terwyl die lyne, geselekteer vir antraknose weerstand, 'n goeie stand en beter plantontwikkeling vertoon het. Hierdie waarneming toon die belangrikheid van skoon, antraknose-vrye saad, soos wat in die proef gebruik is. Die resultate van proewe gedurende die 4de en 5de generasies (2000 en 2001) het aangetoon dat die volgende populasies die beste weerstand getoon het: Wonga (Australië, smalblaar), Typtop-B (Chile), SAL 60/55, SAL 60/88, SAL 160/2 en SAL 160/3 (LNR-IGG, breëblaar). In veldevaluasies het Wonga die hoogste weerstand getoon met lesings van gemiddeld 1,terwyl ander lesings 'n gemiddeld van 4 op die 1-9 skaal getoon. In terme van saailinginfeksies, het SAL 60/55 in die enkelplantnageslag 27% weerstandbiedende plante gehad met lesings <2, alhoewel die populasies tweemaal geïnokuleer is. Die nageslagte van SAL 60/67 (20%), SAL 160/3 (16%) en SAL 160/2 (7%) het in die 5de generasie-evaluasie getoon dat, hoewel vooruitgang plaasgevind het, verdere seleksie sal verseker dat beter homosigose vir weerstand (ongetwyfeld poligenies) verkry word. 'n Bykomende infeksie, van die saailing getoetste groep tydens die blomstadium het ongeveer dieselfde siektelesings gehad by Roodebloem wat aantoon dat die plante meer gevoelig is vir antraknose tydens peulvorming. In 'n proef met herhalings in die glashuis is bevind dat, behalwe vir genotipe en stadium van plant-ontwikkeling, die mikro-klimaat ook 'n belangrike faktor is in siekteontwik-keling. Afhangend van skaduwee (van omliggende geboue) oor herhalings, het siektelesings van Typtop-B gevarieer van 1,3-3,9, in SAL 60/55 tussen 2,1-6,5 en die vatbare cultivar CED6150 het tellings tussen 6,1-7,4 gegee. 'n Holistiese benadering met betrekking tot die beheer van antrak-nose is noodsaaklik: verhoogde weerstand, skoon saad gekombineer met saadbehandelings, optimale plantdatum gekombineer met cultivars vir 'n spesifieke tydgleuf en lokaliteit en indien nodig, chemiese beheer gedurende die kritiese plantontwikkelingstadia. Alhoewel die vrystelling van weerstandbiedende cultivars ons eerste prioriteit is, moet dit gekombineer word met die ontwikkeling van 'n stelsel van verbeterde agronomiese praktyke. 5.11 Optimale plantmetodes vir olie- en proteïensaadgewasse vir die Wes- en Suid-Kaap GA Agenbag Die vestiging van canola en lupiene wat in wisselbou met kleingrane verbou word is 'n belangrike faktor wat die sukses van hierdie gewasse in die Wes-Kaap produksie-gebiede kortwiek. Aangesien bogenoemde gewasse deel uitmaak van produksiestelsels is dit belangrik dat 'n plantmetode gevind word wat met sukses in alle gewasse gebruik kan word. In 'n projek wat die afgelope drie seisoene op twee lokaliteite in die Wes-Kaap uitgevoer is, is vier plantmetodes vergelyk vir die vestiging van koring, lupiene en canola. Hoewel resultate oor seisoene en lokaliteite gewissel het as gevolg van klimaatsvariasie het die gebruik van 'n drukwiel planter oor die algemeen beter plantestande tot gevolg gehad as plantmetodes waar die saad uitgestrooi en daarna geëg, gerol of met 'n tandimplement toegekrap is. Hoewel onkruidprobleme veroorsaak het dat opbrengste met lupiene en canola in die meeste gevalle teleurstellend was, het die beter plantestand wat met die planter verkry is, in die algemeen tot hoër opbrengste aanleiding gegee. In hierdie projek is 'n stelsel van minimum bewerking met 'n vlak tandbewerking deurgaans gebruik om die saadbed voor te berei. Hoewel meer intensiewe metodes van saadbedvoorbereiding waarskynlik breedwerpige plantmetodes sou bevoordeel, word stelsels van minimum bewerking weens biologiese en ekonomiese redes aanbeveel. Onder sodanige toestande word die gebruik van planters op grond van hierdie resultate dus aanbeveel. 5.12 PJ Pieterse Gedurende 2001 is die studie ten opsigte van die effek van verskillende rotasiegewasse op die stikstofdinamika in die grond en die groei van koring in die daaropvolgende jaar voortgesit. Wat die stiksstofdinamika betref, was die variasie in die data weereens van so 'n aard dat min statisties betekenisvolle verskille waargeneem kon word. Soos in die vorige twee jare, het die persele wat die vorige jaar met lupiene beplant was, vir ongeveer 5 weke na die plantdatum 'n heelwat (ongeveer 40mg/kg) hoër nitraatinhoud in die bogrond gehad as die ander persele. Die verskil was op 5 weke statisties betekenisvol by die 5% peil. Twee weke later, na swaar reën, was daar egter geen verskil tussen die nitraatvlakke van die verskillende persele nie. In alle gevalle het die nitraatvlakke in die grond met ongeveer 80 tot 90% gedaal na onder 20mg/kg. Wat die groei van die koringplante betref, was daar aanvanklik ook groter plante in die lupienpersele, maar weereens was dit nie moontlik om statisties betekenisvolle verskille te bemerk nie. Dieselfde neiging geld vir die oesopbrengs. Wat kwaliteit betref, was daar nie noemenswaardige verskille tussen die behandelings nie. 5.13 Die omvang en rol van canola en lupien grondgedraagde siektes op opbrengs: 'n voorloper vir die ontwikkeling van 'n effektiewe en volhoubare beheerstrategie SC Lamprecht Saailingafsterf is 'n groot beperking op beide die volhoubaarheid en uitbreiding van canola- en lupienproduksie in die winterreënvalstreek van Suid-Afrika. Hierdie siekte speel 'n rol in swak saailingvestiging en siektevoorkoms mag so hoog soos 80-100% wees met oesverliese wêreldwyd van meer as 20%. Daar is egter min of geen inligting in verband met hierdie siektes in Suid-Afrika beskikbaar. Gedurende 1999 is die voorkoms en omvang van grondgedraagde siektes in die hoof produksiegebiede van die winterreënvalstreek van Suid-Afrika bepaal. Resultate van hierdie opname het getoon dat saailingafsterf as die tweede belangrikste siekte van canola en die belangrikste grondgedraagde siekte van lupiene beskou kan word, met besmettingsvlakke van tot 43%. In sulke gevalle is groot oop kolle in geaffekteerde lande waargeneem. Verskeie swamme wat patogenies op ander gewasse is, is met saailingafsterf geassosieer, naamlik Fusarium avenaceum, Pythium spp., Phytophthora megasperma en Rhizoctonia spp. In 2000 is die patogenisiteit van swamisolate wat uit plante met saailingafsterfsimptome geïsoleer is, in potproewe bepaal. 'n Sand-semel inokulum van elke isolaat is voorberei, en 'n gepasteuriseerde bogrond, sand en perliet mengsel (1:1:1) teen 0,5% m/m geïnokuleer. In die kontroles is sand-semel mengsel nie geïnokuleer nie. Twee canola cultivars (Dunkeld en Monty) en twee lupien cultivars (Esta en Wonga), met drie herhalings van elk, is in die geïnokuleerde en ongeïnokuleerde grondmengsels geplant en in 'n beheerde omgewing geïnkubeer. Persentasie oorlewing is twee weke na plant bepaal. Van die Pythium spp. wat getoets is, was Pythium F-groep, P.colloratum en P.dissotocum hoogs aggressief op canola. Pythium HS-groep, P.irregulare, P.mamillatum, en P.tracheiphilum het saailingafsterf van canola- en lupien-saailinge veroorsaak, terwyl P.nunn slegs afsterf van canolasaailinge veroorsaak het. Pythium ultimum var. sporangiiferum en P.ultimum var. ultimum het saailingafsterf van cultivars Dunkeld, Monty en Esta veroorsaak, maar min of geen afsterf van cultivar Wonga. Pythium T-groep, P.aristosporum, P.acanthicum, P.connatum, P.erinaceus en P.vanterpoolii was nie patogenies op canola- en lupiensaailinge nie. Fusarium avenaceum was patogenies op canola cultivar Dunkeld en beide lupien cultivars; simptome het gewissel van saailingafsterf tot hipokotielvrot. Phytophthora megasperma was hoogs aggressief op lupiene, maar nie op canola nie. Van die 24 Rhizoctonia isolate wat getoets is, het slegs ses saailingafsterf van beide gewasse veroorsaak. Hierdie resultate dui daarop dat saailingafsterf deur 'n kompleks van swamme veroorsaak word. Aangesien daar geen beheerstrategie vir saailingafsterf besikbaar is nie, is 'n saadbehandeling in 2001 ondersoek. 'n Kombinasie van saadbehandelingsmiddels bestaande uit metalaksiel, thiram en iprodioon is onder beheerde toestande in grond kunsmatig besmet met swamme wat saailingafsterf veroorsaak, en in vyf natuurlik besmette gronde getoets. Hierdie kombinasie van middels het die persentasie oorlewing van beide canola (cultivars Dunkeld en Monty) en lupien (cultivars Esta en Wonga) betekenisvol verhoog in grond wat kunsmatig besmet is. Met die uitsondering van een natuurlik-besmette grond het die saadbehandeling die persentasie oorlewing van canola- en lupiensaailinge betekenisvol verhoog. Alhoewel hierdie saadbehandeling effektief is onder beheerde toestande, moet dit ook in die veld onder verskillende klimaatstoestande, verteenwoordigend van die hoof produksiegebiede, getoets word. Evaluasie onder veldtoestande is ook noodsaaklik vir die registrasie van die swamdoders as saadbehandeling vir die beheer van saailingafsterf van canola en lupien. 5.14 IJ Law Wydverspreide verbouing van lupiene het gelei tot die vestiging van gebied van Suid-Afrika. Veldproewe is by vyf lokaliteite in die area uitgevoer om te bepaal of enting met ras VK10 (kommersiële entstofras), voordelig was vir opbrengste van Lupinus angustifolius. Rhizobia populasies het varieer van 380 selle.g-1 in 'n gematigde alkaliese grond (pH 7,6) tot meer as 5000 selle.g-1 in vier gematigde suur gronde (pH 5,5 - 5,8). Isolate uit die grond was oor die algemeen dieselfde as die entstofras VK10 in stikstofbindings-effektiwiteit, maar die gemiddelde effektiwiteit van isolate tussen die gronde, het betekenisvol verskil. In suur gronde met 'n hoë rhizobia populasie, kon enting nie besetting van knoppies deur ras VK10 verhoog nie, alhoewel knoppie-besetting tot 98% verhoog het in die alkaliese grond met 'n lae gevestigde populasie. Laasgenoemde lokaliteit is ongelukkig nie aan die einde van die seisoen geoes nie, as gevolg van plantsiektes. By die ander lokaliteite het die opbrengs (droë saadmassa) en analise van proteïen-inhoud nie betekenisvol verhoog met enting, toediening van stikstofbemesting (45 kg N.ha-1) of na behandeling met molibdeen nie. Genoom-DNA analise het getoon dat isolate uit die vier gronde geneties divers was, maar in kontras het isolate uit alkaliese grond 'n homogene groepering gevorm. Resultate dui aan dat enting onwaarskynlik tot voordeel van lupien-verbouing dien in suur gronde wat hoogs-kompeterende en effektiewe rhizobia populasies bevat. Die bevinding dat die entstofras VK10 hoogs suksesvol is teen rhizobia populasies in alkaliese gronde, dui aan dat enting van lupiene voordelig mag wees onder hierdie grondtoestande in die winterreënval gebied. Hierdie aspek benodig verdere ondersoek. 5.15 Genetiese manipulering van lupiene (Lupinus sp) vir weerstandbiedendheid teen antraknose TG Watson Hierdie studie is 'n gesamentlike projek tussen WNNR Bio/Chemtek en LNR-Roodeplaat. Die doel van hierdie projek is om lupiene geneties te manipuleer vir weerstandbiedendheid teen antraknose wat deur 'n spesifieke Colletotrichum sp. veroorsaak word. Vorige werk het gekonsentreer op die verbetering van transformasie en identifikasie van die swam, asook die verhoging in doeltreffendheid van die teen-swam proteïen, appel PGIP en die peroxidase geen, vir die inhibering van Colletotrichum sp. groei. Soos met meeste ander peulgewasse is dit baie moeilik om Lupinus sp. te regenereer en transformeer. In 'n poging om die probleme met weefselkultuur sisteme op te los het ons eksperimente gedoen om Agrobacterium - lupiene transformasie te optimaliseer met die gebruik van vakuum filtrasie. Tydelike transformasie frekwensies het aangetoon dat die lengte van die tyd benodig vir saad ontkieming, verwydering van die saadom-hulsel, en die insluiting van 'n sonikeer stap transformasie verbeter het. Hierdie parameters is in ag geneem vir die gesamentlike transformasie van L.albus cv Esta en L.angustifolius cv Helderberg sade met Agrobacterium rasse AGL1 (pCambia 3301-virg) en AGL1 (pCambia 0390-PGIP) wat die bar- en PGIP gene onderskeidelik in hulle T-DNA areas bevat. In totaal is meer as 3000 sade aan die A.tumefaciens rasse blootgestel. Behandelde sade is in houers in 'n misbed ontkiem om hulle lewensvatbaarheid na transformasie te verhoog voor oorplasing na houers in die glashuis. Sade is versamel na blom en saadvorming en weer ontkiem op 'n medium wat ammonium glufosinaat bevat om te toets vir die teenwoordigheid van die bar transgeen. Potensiële transgeniese plante is na die glashuis verskuif vir saadvorming. Teenwoordigheid van die PGIP geen sal deur PKR en DNA hibridisasie (Southern blots) studies bevestig word. Die peroxidase geen (Shpx6a) is uit Stylosanthes humilis cv. Patterson geïsoleer. S.humilis plante is met metiel jasmonaat besproei om uitdrukking van die peroxidase geen te induseer. RNA ekstraksies is 24 en 28 uur na behandeling gedoen. "Reverse transcriptase PCR" met peroxidase spesifieke oligonukleotiede is gebruik om die peroxidase geen te isoleer. Die geen is gekloon en die nukleotied volgorde is bepaal. Die peroxidase geen is in die pCAMBIA 0390: appel PGIP plasmied gekloon vir transformasie in A.tumefaciens wat dan later na lupiene oorgedra kan word. 'n Kombinasie van die appel PGIP en peroxidase gene, wat albei verskillende anti-swam werking toon, sal aangepas word om lang-termyn weerstand-biedendheid teen Colletotrichum te verkry. 5.16 Kultivarevaluasie van olie- en proteëenryke sade in die winterreënvalstreek (lupiene) DJ Hanekom Die afgelope seisoen (2001) is gekenmerk deur ernstige droogte in die Rûens en Suid-Kaap wat produksie van lupiene negatief beïnvloed het. Die Swartland het egter 'n baie goeie reënseisoen beleef, maar die baie nat toestande, met gepaardgaande wortelsiektes en antraknose, het sy tol geëis, veral by die baie gevoelige breëblaar (Lupinus albus) cultivars. Hoewel antraknose ook by smalblaar (L.angustifolius) cultivars voorgekom het, was oesverliese nie so ernstig nie. Volgens beraming is ongeveer 14000 ha soetlupiene in die Wes- en Suid-Kaap gesaai. Die Hoofdirektoraat Landbou, Wes-Kaap, het gedurende die 2001 seisoen 'n reeks kultivarproewe in die Suid- en Wes-Kaap streke uitgevoer. Ses lokaliteite wat strek van George tot Caledon is in die Suid-Kaap streek uitgevoer terwyl daar ook ses lokaliteite in die Wes-Kaap van Philadelphia tot Eendekuil aangeplant is. Verskeie redes, waaronder droogte, wortel en loofsiektes asook sulfonielureum oordrag in gronde het daartoe gelei dat van die proewe nie voltooi is nie. Opbrengste by die Caledon proef toon dat veral die breëblaarlupiene (L.albus) goed gevaar het en dat opbrengssyfers van tot 2,59 t/ha (Kiev) behaal is. Van die smalblaar-lupiene (L.agustifolius) het veral Bolivia (1,98t/ha) en Merrit (1,8 t/ha), Jindalee (1,75 t/ha), Boltensia (1,74 t/ha) en Wonga (1,71 t/ha) goeie opbrengste gelewer. 'n Proef-gemiddelde van 1,58 t/ha is behaal. Lae reënval het die opbrengs by Tygerhoek benadeel. Nieteenstaande het die cultivar Bolivia 'n relatief goeie opbrengs van 1,62 t/ha gelewer. Die cultivars Ronell, Kiev, KS-3 en Vladimer het opbrengste bokant 1,35 t/ha gehad wat heelwat beter as Cedara (0,82 t/ha) was. Die smalblaar cultivars Boltensia (1,27 t/ha) en Jindalee (1,05 t/ha) het opbrengste bokant die proefgemiddelde (0,94) gelewer. Opbrengste van die geellupien cultivars was baie laag. By die Napier proef is 'n gemiddelde opbrengs van 1,07 t/ha behaal. Opbrengste van die smalblaar cultivars was oorwegend beter as die breëblaar tipes en het gewissel van 1,78 t/ha (Boltensia) tot 1,11 t/ha (Sonet). Die laer opbrengste van die breëblaar cultivars word hoofsaaklik toegeskryf aan wortelsiektes. Swak opbrengste is deur die geellupien cultivars behaal. 'n Proefgemiddelde van 1,33 t/ha is by die George proef behaal. Goeie opbrengste is veral deur die cultivar CED6150 (2,1 t/ha) behaal, maar ook deur die cultivars Astra, Sonet, KS-3, Vladimer, Ronell en Kiev, wat opbrengste van 1,52 tot 1,95 t/ha behaal het. Die smalblaar cultivars het oorwegend swakker gedoen, waarskynlik as gevolg van 'n hoë witroes siektedruk. Die geellupien cultivar Juno het 'n goeie opbrengs van 1,15t/ha behaal. Opbrengste van die meeste cultivars by die Langgewens lokaliteit is erg benadeel deur swaar besmetting van antraknose. Slegs die smalblaar cultivar Tanjil (1,16 t/ha) het 'n opbrengs gelewer wat ooreenstem met verwagting van die relatief goeie seisoen van 2001. Die vatbaarheid van die breëblaar en geellupien cultivars vir antraknose het meegebring dat opbrengste in die orde van slegs 300kg/ha tot so laag as 20 kg/ha gerealiseer is. By die tweede saaityd is die plante op 'n veel jonger stadium aan antraknose blootgestel en was die omvang van die siekte van so 'n aard dat van die persele totaal uitgewis is. By die Hopefield lokaliteit het die cultivar Bolivia (2,46 t/ha) die beste gevaar gevolg deur Tanjil, Wonga, Boltensia en Merrit wat almal meer as 2 t/ha gelewer het. Die perseel waar die proef uitgevoer is, is op 'n plaas waar lupien in 'n kort rotasie met koring verbou word. Hierdie kort rotasie het egter veroorsaak dat die siektedruk van wortelsiektes redelik hoog was. Veral die breëblaar cultivars is redelik straf deur die wortelsiektes benadeel wat swak opbrengste tot gevolg gehad het. Opbrengste by die Eendekuil proef is benadeel deur swak grondvogtoestande wat vir 'n wesentlike tydperk aan die begin van die seisoen geheers het en wat weerspïeel word in 'n proefgemiddelde van 0,79 t/ha. Die smalblaar cultivars Tanjil (1,44 t/ha), Bolivia (1,12 t/ha) Merrit (1,06 t/ha) en Jindalee (1,03 t/ha) het beter gevaar met opbrengste bokant 1 t/ha. 5.17 'n Ondersoek na die produksiedinamika van agt wisselboustelsels, insluitende koring, canola, lupiene en weidingspesies in die Swartland, Wes-Kaap MB Hardy Die effek van wisselbou op die langtermyn-winsgewendheid van produksiestelsels in die Middel-Swartland is geëvalueer. Die doel was om inligting te voorsien ten opsigte van die potensiële ekonomiese implikasies van die implementering van wisselboustelsels wat canola (C), lupiene (L), medicweiding (M), 'n gemengde medic / klawerweiding (Mc) en soutbos (S) op 'n tipiese plaas in die omgewing insluit. Ekonomiese- en produksiedata is verkry van 'n langtermyn wisselbouproef wat in 1996 gevestig is op Langgewensproefplaas, van plaaslike produsente-organisasies en leierboere. Die wisselboustelsels wat geëvalueer is, elk in 'n vierjaarsiklus, was: WWWW; WWWC; WCWL; WWLC; MWMW; McWMcW; MWMC en McWMcW+S. Gedetailleerde ekonomiese- en produksiedata vir die periode 1996 tot 1999 is verkry van die Langgewensproef. Hierdie data is gebruik om 'n tipiese plaasmodel te ontwikkel. Die Delphitegniek is gebruik om inligting van spesialiste te verkry om die model te verfyn asook die omvang van die opbrengsverwagting vir die spesifieke produksieomgewing. Reënval en reënvalverspreiding is geïdentifiseer as die mees belangrike omgewingsfaktore wat gewasopbrengs beïnvloed. Goeie, gemiddelde en swak reënvaljare is gedefinieer in terme van gewasproduksiepotensiaal. Reënvaldata van die afgelope 20 jaar (1980-1999) is geanaliseer. Ooreenkomstig met die definisies, was daar nege gemiddelde, ses swak en vyf goeie produksiejare. Gewasopbrengs in elke wisselboustelsel wat bestudeer is, is gebaseer op opbrengsverwagtinge soos beraam met die Delphitegniek (insluitende posisie in die wisselbou) en die reënvalpatroon. Die "tipiese" plaas is gedefinieer en die vaste (of langtermyn) en intermediêre (of mediumtermyn) kapitaalbelegging, en die oorhoofse onkoste benodig vir die "tipiese" plaas is bepaal soos beïnvloed deur die wisselboustelsel wat toegepas sal word op die plaas. 'n Ekonomiese model is vir elke wisselboustelsel getoets vir die 20-jaar tydperk, met inagneming van die invloed van reënval op opbrengs. Jaarlikse kontantvloei is bereken en die resultate is gebruik om die interne opbrengskoers van kapitaal (IOK) te bereken vir elke wisselboustelsel. 'n Sensitiwiteitsanalise is uitgevoer op die jaarlikse kontantvloeidata om die uitwerking van die skuldlas op die plaas se verwagte kontantvloei te beraam soos weerspieël deur die gelykbreekjaar. Verdere sensitiwiteitsanalise het die uitwerking van wisselende koringpryse en die verhouding van goeie, gemiddeld en swak produksieseisoene oor 'n twintigjaar periode geëvalueer. Resultate Die resultate toon baie duidelik dat die insluiting van canola en lupiene in wisselbou met koring (die WCWL stelsel), na verwagting meer winsgewend (met 'n hoër IOK) en 'n meer volhoubare praktyd (verbeterde kontantvloei) sal wees in vergelyking met koringproduksie in 'n koringmonokultuurstelsel. Die WCWL-stelsel was ook geneig om meer winsgewend te wees as die ander stelsels wat getoets is. Wisselboustelsels wat koring en medic of medic/klawerweidings insluit, nader die winsgewendheid van die WCWL-stelsel. Bowendien verminder wisselbou die wisseling in plaasinkomste wat dikwels voorkom a.g.v. die wisselende koringpryse (bv. die koringprys het met meer as 50% gewissel oor die Periode 1996 tot 1999, terwyl lupiene, canola en skaapvleispryse relatief stabiel gebly het). Dit is belangrik om aan te dui dat die skuldlas wat deur die plaas gedra word, 'n kritieke uitwerking op die finansiële volhoubaarheid van die produksiestelsel het. Vir 'n gegewe skuldlas sal die WCWL stelsel en die wisselboustelsels wat koring en medic of medic / klawerweidings insluit (WMWM & WMcWMc), die beste langtermyn finansiële volhoubaarheid toon. Verhoging of verlaging van die koringprys (20% na enige kant) het min uitwerking getoon op die verwagte relatiewe winsgewendheid van die stelsels. Die IOK van die WCWL en die WMWM of WMcWMc-stelsels was deurgaans hoër as vir die WWWW-stelsel. 'n Soort-gelyke resultaat is verkry toe die uitwerking van verskillende verhoudings in die voorkoms van onderskeidelik goeie, gemiddelde en swak reënvaljare beraam is. Die WCWL, WMWM en WMcWMc-stelsels toon relatief meer potensiaal om swakker reënvalpatrone te absorbeer in vergelyking met die WWWW (koringmonokultuur). Dit was slegs in die hoogs onwaarskynlike geval van nege (9) goeie jare en twee (2) swak jare in 'n twintigjaarsiklus dat die IOK vir 'n koringmonokultuur beter was as die vir die ander wisselboustelsels wat getoets is. Wisselbou wat canola en lupiene insluit, is nie net meer winsgewend as koringmonokultuur nie, maar dit behoort ook 'n meer stabiele inkomste met minder risiko vir die boer te voorsien. Versigtigheid moet egter aan die dag gelê word wanneer daar van 'n stelsel van monokultuur na 'n wisselboustelsel oorgeskakel word, aangesien groter vaardigheid en meer bestuursinsette vereis word vir die suksesvolle produksie van die alternatiewe gewasse. Verder sal die grond en omgewing van die spesifieke plaas die gewas bepaal wat in die wisselboustelsel ingesluit sal kan word, asook die bestuur- en finansiële insette benodig vir die suksesvolle produksie van die gewas. Aanbevelings Hierdie resultate het waardevolle insig gegee in die ekonomiese implikasies van die gebruik van wisselbou (insluitende canola en lupiene of eenjarige peulgewasweidings) in vergelyking met koringmonokultuur in die Swartland-streek van die Wes-Kaap. Die langtermyn navorsingsprogram met realistiese velddata as die basis vir die verfyning van ekonomiese ontledings, moet voortgaan. Met verloop van tyd het wisselboustelsels verskillende biologiese en fisiese uitwerkings op die grond, veral gekoppel aan die volgorde van gewastipes / spesies wat in 'n stelsel gebruik word asook die agronomiese praktyke wat vir elke gewas toegepas word. Hierdie uitwerkings beïnvloed die insetvereistes vir optimale gewasproduksie en dus ook die ekonomiese volhoubaarheid van elke produksiestelsel. Dit is dus belangrik om voortdurend die uitwerkings van die verskillende wisselboustelsels in terme van die ekonomiese aspekte te opdateer en te analiseer. Befondsing moet van so 'n aard wees dat dit deurlopende ekonomiese analises sal toelaat. Voorlegging van resultate Verdere besonderhede van die doelwitte, studietegnieke, ingesamelde data en bespreking van die resultate van hierdie ekonomiese studie is beskikbaar in die M.Sc-Agric (Landbou-Ekonomie) tesis van Mnr Willem Hoffmann, soos voorgelê aan die Universiteit van Stellenbosch. 'n Artikel is voorgelê vir publikasie in Agrekon (Tydskrif van die Landbou-ekonomiese Vereniging van Suid-Afrika). Die resultate van die studie is ook by boeredae (3), studiegroepvergaderings (2) en die streekskongresse van die GSA (2) voorgelê, terwyl dit ook gepubliseer is in die handelinge van die jaarlikse SKOG-boeredag. Agrobacterium tumefaciens ras AGL1 met plasmiede pCambia 3301 en pCambia 0390 is gegroei in 100 ml vloeibare medium. Acetosyringone (0,01%) is by die kulture bygevoeg na 1 dag se groei. Die bakterieë is ge-oes deur sentrifugering en geresuspendeer in fosfaat buffer. Die 2 kulture is in 'n 1:1 verhouding gemeng en die benattingsmiddel is bygevoeg. Terselfdertyd is Lupinus albus (Esta) se sade oppervlakkig gesteriliseer en toegelaat om te ontkiem by 29°C. Vir die vakuum transformasieproses is die gedeeltelike ontkiemde sade en die kulture bymekaar gevoeg in 'n fles en gevakuum. Daarna is die Agrobacterium kultuur afgegooi en sade is gewas in fosfaat buffer voordat dit in die glashuis geplant is. Die plante is gegroei tot saad setting en ongeveer 5000 sade is geoes. Na saaddroging is die sade gegroei op seleksie media wat die onkruiddoder IgniteR bevat het, vir 'n pre-seleksie van transformante. Na die weefselkultuur stap is die saailinge uitgeplant in die glashuis. Al die sade het nie ontkiem nie, as gevolg van 'n laer ontkiemingstempo na die transformasie proses en a.g.v. fungi infeksie. Die infeksie is opgelos deur 'n was stap met Benlite. Al die saailinge (500) het ook nie die uitplantingsproses oorleef nie as gevolg van verskeie redes. Sommige saailingwortels is beskadig deur die Ignite in die medium en sommiges se wortels het seergekry na 'n hipochloride sterlisasie proses. Ongeveer 950 plantjies is tans in die glashuis en sal eersdaags gespuit word met Ignite, waarna die oorlewendes getoets sal word vir die teenwoordigheid van die PGIP geen. 5.18 EE Auret Alhoewel canola wêreldwyd beskou word as 'n ou gewas, is dit eers in 1995 in Suid-Afrika aangeplant deur boere as 'n alternatiewe gewas om hulle afhanklikheid van grane te verminder. In 2001 is 26 000 ha canola in die winterreënvalstreek aangeplant, terwyl die bedryf in die somerreënvalstreek met aanplantings van 2000 ha gevestig is. Beperkings wat die uitbreiding van die canolabedryf belemmer sluit in groot verliese as gevolg van verspilling tydens oes, siektes en onkruide. 'n Opname wat in 1999 in die winterreënvalstreek gedoen is, het getoon dat swartstam (veroorsaak deur Leptosphaeria maculans) die belangrikste siekte van canola is, met besmettings van tot 100%. Om 'n toename in die produksie van canola te verseker moet nuwe cultivars / lyne geëvalueer word vir weerstand / toleransie teen plaaslike rasse van swartstam. Swartstamsiektetuine is daarom op die proefplase Langgewens (Moorreesburg), Outeniqua (George) en Tygerhoek (Riviersonderend) gevestig. Drie herhalings van 22 en 29 cultivars / lyne is by elke lokaliteit in onderskeidelik 2000 en 2001, aangeplant. Na aanplanting is stoppel met swartstam besmet oor die proef versprei. Die voorkoms van swartstam is op verskeie plantgroeistadiums aangeteken, naamlik die saailing (saadlobinfeksie), vegetatiewe stadiums (blaar- en krooninfeksie), blomstadiums (kroon- en staminfeksie) en peulstadiums (kroon- en peulinfeksie). Saadlob- en krooninfeksie word as die belangrikste stadiums van hierdie siekte beskou en veroorsaak onderskeidelik die hoogste saailing en volwasse plantafsterwing. As gevolg van onvoldoende reënval in 2000 op die Langgewens en Outeniqua proefplase was saailingvestiging swak en lae spoorvrystelling vanaf besmette stoppel het voorgekom. Gevolglik is besluit om die siektetuine die volgende seisoen te besproei. Alhoewel die saailingvestiging in 2001 uitstekend was by die Langgewens proefplaas, is die proefpersele per ongeluk gespuit met Muster (gekontamineer met 'n ander chemiese middel) om onkruide te beheer, en 100% saailingafsterf het voorgekom. 'n Opvolg aanplanting op hierdie proefperseel het 'n swak saailingstand gehad. Pogings om 'n siektetuin op Outeniqua proefplaas te vestig het weereens misluk, wat gelei het tot die gevolgtrekking dat die swak saailingvestiging waarskynlik deur 'n onkruiddoderresidu veroorsaak is. Alhoewel voldoende reën in 2000 op Tygerhoek proefplaas voorgekom het om uitstekende saailingvestiging te verseker, het hierdie situasie later in die seisoen verander. Min reën het gelei tot 'n lae voorkoms van swartstaminfeksie van plantkrone en -stamme van die meer weerstandbiedende / tolerante cultivars / lyne en 'n onbeduidende peulinfeksie is aangeteken. Die hoogste voorkoms van swartstam is op cultivar Hyola 420 by al die groeistadiums waargeneem en dit het 'n lae opbrengs en 'n swartstam infeksielesing van 1 (0 = vatbaar en 10 = weerstandbiedend / tolerant) tot gevolg gehad. Saadlob- en blaarinfeksie van cultivar Varola 48 CL was die laagste in 2000. In 2001 het min of geen saadlobinfeksie voorgekom, waarskynlik as gevolg van kouer weerstoestande, terwyl blaarinfeksie van cultivars Varola 44 en Hyola 60 die laagste was. In albei jare het kroon- en staminfeksie toegeneem na die peulstadium, met die hoogste voorkoms op cultivars / lyne Hylite 200TT, Hyola 42 en Hyola 420 in 2000 en Hylite 200 TT, Hyola 420, Karoo, Scoop, N503736, 44C71, 44C73 en 45C75 in 2001. Peulinfeksie is waargeneem op alle cultivars/lyne maar die persentasie infeksie was die hoogste by cultivars met 'n hoë kroon- en staminfeksie. Cultivars wat gedurende 2000 en 2001 in die winterreënvalstreek aangeplant is, was Charlton, Dunkeld, Grousse, Hylite 200 TT, Hyola 42, Karoo, Monty, Oscar, Rainbow, Scoop, Varola 50 en 54. Alhoewel lae swartstaminsidensies by meeste van hierdie cultivars waargeneem is, het hoë saadlobinfeksie by Hylite 200 TT, Hyola 42 en Varola 54, en hoë krooninfeksie by Hylite 200 TT, Hyola 42, Karoo en Scoop voorgekom. Dit is daarom belangrik dat slegs swartstam weerstandbiedende / tolerante cultivars aanbeveel word om 'n volhoubare canolaproduksie te bevorder en 'n toename in produksie in die winterreënvalstreek van Suid-Afrika te verseker. Behalwe vir die plant van weerstandbiedende / tolerante cultivars, word chemiese behandeling vir die beheer van swartstam wêreldwyd ondersoek. In 'n siektetuin op Tygerhoek proefplaas is vyf chemikalieë nl. Benlate (1000 g/ha), Duet (900 ml/ha), Folicur (750ml/ha), Tilt (400 ml/ha) en seep (Sunlight liquid - 25 ml/10L) vir beheer van swartstam op kulitvars Dunkeld, Hyola 420 en Monty geëvalueer. Drie herhalings van elke chemikalië is op elke cultivar in die vegetatiewe stadium en blomstadium toegedien. Veertig plante is by elke proefperseel gemonster en vir swartstam infeksie van plantstamme, -krone en -peule geëvalueer. Alhoewel nie in alle gevalle betekenisvol nie, was Duet die mees effektiewe behandeling op al die cultivars en wat tot die laagste infeksie gelei het. Met die uitsondering van cultivar Monty behandel met Benlate, het behandeling met Duet die hoogste opbrengs gelewer, alhoewel dit nie in alle gevalle statisties betekenisvol hoër was nie. Voordat so 'n chemiese middel egter aanbeveel word moet die ekonomiese haalbaarheid en die optimale tyd van toediening bepaal word deur gebruik te maak van 'n siektevoorspellingsisteem. 5.19 Die afgelope 2001 seisoen is gekenmerk deur 'n besondere goeie reënval in die Swartland terwyl groot dele van die Suid-Kaap gebuk gegaan het onder knellende droogte toestande vir 'n groot gedeelte van die seisoen. Die vinnige opbou van insek-populasies as gevolg van die buiten normale hoë temperature aan die begin van die seisoen asook die feit dat plante onder stres verkeer het, as gevolg van vogtekorte, het dikwels gelei dat aansienlike skade deur veral sandmyte en plantluise aan aanplantings aangerig is. Dit, tesame met die swak opkoms wat wyd ervaar is, het verskeie produsente laat besluit om maar eerder hul vee in te jaag. Die buitengewoon hoë reënvalsyfers van Julie en Augustus het plek-plek versuiping in die Swartland veroorsaak asook die effektiwiteit van veral stikstofbe-mesting verlaag. Die Hoofdirektoraat Landbou, Wes-Kaap, het gedurende die 2001 seisoen 'n reeks kultivarproewe in die Suid- en Wes-Kaap streke uitgevoer. Ses lokaliteite wat strek van George tot Caledon is in die Suid-Kaap streek uitgevoer terwyl daar ook ses lokaliteite in die Wes-Kaap van Philadelphia tot Eendekuil aangeplant is. Verskeie redes, waaronder droogte, eksperimentele fout en sulfonielureum oordrag in gronde het gelei daartoe dat verskeie proewe laat vaar is en dat proewe by slegs twee lokaliteite in die Suid- en Wes-Kaap onderskeidelik voltooi is. Opbrengste by die Caledon proef is benadeel deur suboptimale vogtoestande aan die begin van die groeiseisoen. Goeie reënval het egter na die einde van die seisoen voorgekom, maar die verlies aan potensiaal is duidelik te sien in die lae opbrengste wat behaal is, asook die feit dat daar weinig verskil in opbrengs tussen die cultivars is. Die opbrengste het gewissel van 1,21 t/ha (Oscar) tot so laag as 0,37 t/h (Hylite 200 TT) met 'n proefgemiddelde van 1,1 t/ha. 'n Proefgemiddelde van 1,78 t/ha is by die George proef aangeteken. Die cultivar Hyola 60 het die beste opbrengs gelewer met 2,25 t/ha gevolg deur ATR Hyden, Varola 50 en Emblem wat almal meer as 2 t/ha geproduseer het. Die res van die opbrengste het gewissel van 1,99 t/ha (Varola 44) tot 1,01 t/ha (Hylite 200 TT). Opbrengste by die Malmesbury proef het gewissel van effe meer as 'n half ton (Hylite 200 TT) tot sowat 1,8 t/ha (Varola 50 en Hyola 60). Die gemiddelde opbrengs van die proef het gelê by sowat 1,6 t/ha. Al die cultivars met die uitsondering van die Hylite 200 TT cultivar het 1,2 ton en meer gelewer. Alhoewel daar redelik skade deur wilde makoue op 'n vroeë stadium aan van die cultivars aangerig is, kon geen effek daarvan op opbrengs waargeneem word nie. Die hoeveelheid skade per perseel is aangeteken en het in sommige gevalle hoër opbrengste gelewer as persele van dieselfde cultivar wat nie beskadig is nie. By die Langgewens proef in die Moorresburg area het die cultivars Hyola 60 en Varola 44 die beste opbrengste gelewer van onder-skeidelik 2,24 en 2,22 t/ha. Van die cultivars naamlik Bugle, Karoo en Hylite 200 TT het uiters swak opbrengste gelewer. Die res van die cultivars se opbrengste het gewissel van 1,23 t/ha (Grousse) tot 1,95 t/ha (Varola 48 CL). Die gemiddelde opbrengs van alle cultivars was 1,54 t/ha. Die triasien bestande cultivar, ATR Hyden het 'n uitstekende opbrengs gelewer veral in die lig van die feit dat hierdie groep van cultivars tradisioneel laer opbrengste gelewer het. 5.20 Aanwending van voerensieme om die benutting van soet-lupiene, volvet canola en canola oliekoek-bevattende diëte vir hoenders en varke te verbeter TS Brand In 'n studie uitgevoer op Hoofdirektoraat Landbou, Wes-Kaap, is varke 'n vrye keuse van 4 diëte gegee. Die diëte het elk 25% sojaboon oliekoek, canola oliekoek, volvet canola of soetlupiene (lupinus angustifolius) as proteïenbron bevat. Diëte was saamgestel om gelyk in voedingswaarde te wees. Betekenisvolle verskille in inname deur diere van die verskillende diëte is waargeneem. Varke het die diëte in die volgende rangorde verkies: Sojaboon oliekoek bevattende dieet (1 523 g/d), lupien bevattende dieet (891 g/d), canola oliekoek bevattende dieet (458 g/d) en die volvet canola bevattende dieet (91 g/d). Resultate het daarop gedui dat varke teen die canola bevattende diëte gediskrimineer het wanneer hulle 'n keuse gebied is. Die lae alkaloïed lupiene dieët was ook meer smaaklik as die canola bevattende diëte. Varke het die sojaboon oliekoek bevattende diëte bo al die ander diëte verkies. In 'n verdere studie is 50% van volvet canola, canola oliekoek en lupien bevattende diëte gesupplementeer met 'n eksterne verteringsensiem. Die diëte is aan groepe varke voorsien. Die ensiemmengsel was 'n kommersiële byvoegingsmengsel vir plant-proteïen bevattende diëte. Geen invloed van ensiembyvoeging op produksie is waargeneem nie. 'n Soortgelyke studie is by die Hoofdirektoraat Landbou, Wes-Kaap en die Universiteit van Stellenbosch op braaikuikens uitgevoer. Lupiene (lupinus angustifolius), volvet canola en canola oliekoekbevattende diëte (20% insluitingspeil) is aan braaikuikens gevoer. Eksterne verteringsensieme is by 50% van die diëte ingesluit. Die byvoeging van ensieme kon nie waarde tot die benutting van die proteïenbronne toevoeg nie. Geen betekenisvolle verbetering in benutting van die proteïenbronne is as gevolg van ensiembyvoeging gevind nie. Die vervanging van sojaboon oliekoek met 20% lupiene, volvet canola of canola oliekoek het beide die groei en voeromset van braaikuikens verlaag. 5.21 Weens biologiese en finansiële redes neem belangstelling toe in die toepassing van bewaringsbewerking en gepaardgaande gebruik van planters in die Wes- en Suid-Kaap. Oesreste wat in sodanige stelsels op die grondoppervlakte gelaat word, bemoeilik die saai-proses. Wyer ryspasiërings sal bogenoemde probleem oplos, maar mag optimale plantdigthede en opbrengs van canola beïnvloed. Aanplantings op Langgewens en Roodebloem Proefplase waarin twee cultivars in drie rywydtes en teen drie saaidigthede vergelyk is, het getoon dat cultivars verskillend reageer. Monty het byvoorbeeld op beide lokaliteite 'n verlies in opbrengs met toename in rywydte getoon. Daarteenoor het 'n toename in rywydte van 170mm tot 340mm nie die opbrengs van Varola 54 beïnvloed nie. In die algemeen het optimum saaidigthede afgeneem met 'n toename in rywydte. Maksimum opbrengste met Monty is gevolglik gedurende 2001 verkry met rywydtes van 170mm en saaidigthede van 8 kg/ha. In die geval van Varola 54 het 'n toename in rywydte na 340mm en afname in saaidigtheid na 6 kg/ha egter geen verskil gemaak nie. 5.22 Die invloed van prosessering van sojabone, sonneblomsaad, lupiene en canola op die energie en aminosuurbeskikbaarheid vir jong volwasse pluimvee LG Ekermans Sonneblomsaad is die grootste oliesaadtipe wat in Suid-Afrika geproduseer word. Dit word gevolg deur sojabone, katoensaad, grondbone (vir olieprosessering), lupiene en canola. Die oorgrote meerderheid van die sonneblomsaad word gepers vir olie, terwyl die meeste van die ander sade in die volvet vorm aangewend word. Bo en behalwe verwagte voordele om ook die sonneblomsaad as sulks aan te wend, word heel soja en canola aan hittebehandeling blootgestel, maar nie ontdop nie. Hierdie projek het ten doel om die voordeel van ontdopping, met of sonder hittebehandeling te ondersoek. Die ontdopping van die sonneblomsaad, lupiene en sojabone is reeds gedoen deur gebruik te maak van kommersiële apparaat. Hierdie apparaat is ook in staat om groot hoeveelhede vir die kommersiële mark voor te berei. Daarna is die sojabone aan ekstrusie blootgestel, terwyl die sonneblomsaad deur 'n kommersiële "expander" aan hitte blootgestel is. Die produkte is aan jong groeiende kuikens volgens die voorskrifte vir energie en aminosuur beskikbaarhede gevoer, terwyl proksimale chemiese analises ook reeds uitgevoer is. Die resultate van die energie en aminosuur beskikbaarhede sal bekend wees na afhandeling van verdere chemiese analises. 5.23 AB van Jaarsveld Na-opkoms beheer Gedurende die 2000 seisoen is 20 verskillende middels vir beheer van antraknose op lupiene getoets. Die proef was op Roodebloem geplant en die cultivar Swartland is gebruik. Antraknose het baie laat in die seisoen begin ontwikkel maar daar kon nogtans ses middels vir verdere toetsing geselekteer word. Vir die 2001 seisoen is slegs die volgende middels teen verskillende konsentrasies gebruik naamlik Folicur C, Alto Ambel, Punch C en Phyton ('n nuwe koper bevattende middel). Die lang droogte en toe die skielike nat weer gepaard met sterk wind het die toedieningstye erg in die wiele gery. Nogtans kon die vertragende effek van Alto Ambel (600 ml/ha) en Phyton (400 ml/ha) duidelik aangetoon word. Hierdie twee middels gaan in die 2002 seisoen in kombinasie, afsonderlik en op verskillende tye gespuit word. Dit moet beklemtoon word dat chemiese beheer op hierdie stadium slegs vir die produksie van skoon saad aangewend sal kan word. Voor-opkoms beheer Chemiese beheer na opkoms is altyd gemik op die voorkoming en/of regstelling van sekondêre besmetting. Saadbesmetting d.w.s. inokulum wat in of op die saad voorkom, is verantwoordelik vir direkte plasing van die siekte veroorsakende organisme in enige aanplanting. Met gepaste saadbehandeling kan die inokulumbron voor saai reeds verminder word. Een kilogram saad is vir elke behandeling gebruik. Die middels is op die saad in plastieksakke gevoeg en deeglik gemeng. Elke sak is vooraf met dieselfde middel benat sodat middelversadiging nie die toegediende konsentrasie te veel kon verlaag nie. Die middels Celest XL, Thiram, Carbonil en Benlate is as enkel middel of in kombinasie met ander aangewend op saad wat gedurende die 2000 seisoen van besmette lande geoes is. Celest XL teen 100 ml/100 kg saad het die beste presteer gevolg deur Benlate (wat nie 'n erkende saadbehandelingsmiddel is nie) 100 g/100 kg saad. Thiram teen 200 g/100 kg saad, wat algemeen volgens inligting van oorsee aanbeveel word, het derde geëindig. Hierdie middels sal in die komende seisoen weer teen verskillende konsentrasies en kombinasies getoets word. 5.24 Met die algehele staking van die lupien teelprogram (Lupinus angustifolius) deur Monsanto / Sensako en die terughouding van teelmateriaal / lyne en kiemplasma was die eerste doel van hierdie projek om teelmateriaal met wye oorsprong in die hande te kry. Teelmateriaal kan omskryf word as enige inskrywing in die versameling wat direk in die evaluasie proewe geplaas kan word (cultivars en / of gevorderde suiwer telende lyne) of segregerende lyne met goeie genetiese agtergrond wat dan gebruik kan word om bestaande cultivars te verbeter t.o.v. verskillende eienskappe volgens die behoeftes van die bedryf. Gedurende die 2000 seisoen is materiaal in die lupienproewe gereeld besoek en vir aanwending geëvalueer. Die gevolgtrekking is gemaak dat kombinasies van die beskikbare materiaal tot seleksie van beter aangepaste cultivars sal lei. Hiervoor is dit nodig dat kruisings daarmee gemaak word. Samewerking ooreenkomste is met 'n maatskappy in Denemarke en die "Crop Improvement Institute (The Australian Lupin Collection) Agriculture Western Australia" aangegaan. Van eersgenoemde is 13 lyne verkry en van laasgenoemde twee wilde lyne met bewese weerstand teen poeieragtige meeldou plus 'n reeks van cultivars wat reeds ontvang is. Een en veertig inskrywings is in die glashuis aangeplant waaronder vyf L.luteus cultivars is. Die lyne vanaf Denemarke is ook direk in elite proewe op twee lokaliteite aangeplant. Tydens hierdie opname is die voorkoms en omvang van grondgedraagde siektes van canola en lupiene in die winterreënvalstreek, asook organismes geassosieër met hierdie siektes, bepaal. Hierdie inligting is noodsaaklik vir die ontwikkeling van volhoubare siektebestuurstrategieë. Die ontwikkelingsprogram in die glashuis het 49 kombinasies (100 kruisings) opgelewer waarvan die helfte van die F1 saad nou reeds in volpeul stadium is. Hierdie F2 saad kan in die komende seisoen in die glashuis verder vermeerder word, of direk op land uitgeplant word vir seleksie van resessiewe eienskappe. Eersgenoemde weg sal eerder gevolg word. Beter seleksies kan in die F3 generasies gedoen word. Drie lyne vanaf Denemarke het onder redelik ongunstige toestande baie na aan die opbrengs van Wonga, wat as kontrole cultivar gebruik is, gekom. Al drie lyne beskik oor die gewensde eienskap van 'n kort groeiseisoen (80-85 dae teenoor die 92 dae van Wonga). Een van die inskrywings het beter weerstand teen antraknose as Wonga getoon. Al drie is reeds in die glashuis ontwikkelingsprogram opgeneem en sal verder as teelouers aangewend word. 5.25 Die meting van die reaksie van braaikuikens op dieët-lisien en metionien, soos gemeet in batteryhokke en vloerhokke RM Gous In vergelyking met 30 jaar gelede, word daar vandag in verhouding tot energie, hoër aminosuurkonsentrasies in braaikuikenvoere benodig, ten einde die behoeftes vir groei te bevredig. Namate groeitempo deur seleksie verbeter word, is daar 'n dienooreenkomstige toename in die relatiewe groeitempo by 'n gegewe (liggaams-) proteïengewig. Dit lei tot 'n hoër behoefte aan elkeen van die essensiële aminosure. Gevolglik moet die braaikuiken meer aminosure inneem om die verhoogde behoefte te bevredig, ondanks die feit dat die kapasiteit van die spysverteringskanaal ongeveer dieselfde gebly het as die van braaikuikens van vergelykbare grootte 'n paar dekades gelede. Daar is dus geen moontlikheid dat die moderne braaikuiken groter hoeveelhede voer as dieselfde grootte braaikuiken van die verlede kan vreet nie. Dus moet die beskikbare voer hoër konsentrasies aminosure bevat as die voere van die verlede. Dit is nie algemeen die geval met braaikuikenvoere wat tans gebruik word nie, wat meebring dat die braaikuikenkarkasse meer as die verlangde hoeveelheid vet bevat. Voorts moet onthou word dat hierdie hoë aminosuurkonsentrasies nie vir dieselfde lang tydperke as in die verlede gevoer hoef te word nie, aangesien die groeitempo van moderne braaikuikens so snel is dat voerinname ook teen 'n vinniger tempo toeneem as wat in die verlede die geval was. Aangesien die aminosuurinhoud van die voer 'n funksie is van sowel die braaikuiken se behoefte vir elke aminosuur en van die tempo van voerinname, is daar 'n aanmerklike verskil in die aminosuurbehoefte van moderne braaikuikens teenoor die van die verlede. Een van die hoof beperkende faktore wat braaikuikens verhoed om hul genetiese potensiaal te bereik, is die onvermoë om genoegsaam van hitte ontslae te raak. Hierdie hitte is afkomstig van die groeiproses en die prosessering van voedsel na inname daarvan deur die braaikuiken. Hierdie hitte moet deur die braaikuiken aan die omgewing afgestaan word. In hierdie studie wat in 2001 begin is, is die braaikuiken se reaksie op sowel lisien as M+S gemeet oor 'n reeks van eksperimentele toestande. Vir elke aminosuur is drie eksperimente tydens die aanvangsperiode en twee eksperimente gedurende die afrondingsperiode uitgevoer. Eksperimente is in batteryhokfasiliteite, met groepe braaikuikens per hok of met individueel gehokte braaikuikens uitgevoer. Eksperimente is ook in vloerhokke gedoen. Daar is deurgaans van geslagsgeskeide groepe gebruik gemaak sodat die reaksie van hane en henne apart gemeet kon word. Waar individueel gehokte braaikuikens gebruik is, is die voëls in klimaatkabinette gehuisves. Die klimaatkabinette is teen verskillende temperature onderhou ten einde vas te stel of braaikuikens in staat is om vinniger as normaal te groei teen 'n laer omgewingstemperatuur. Braaikuikens vanuit al bogenoemde eksperimente is vir karkasontleding gemonster. Liggaamswater, proteïen, as en vet word tans ontleed. Liggaams- en veerproteïentoename sal met behulp van die Reading model aan regressie teen aminosuurinname onderwerp word. Dit sal waardevolle inligting oplewer omtrent die waarde van die koëffisiënt van proteïentoename-respons, die hoeveelheid lisien en / of M+S wat vir maksimum groei benodig word, asook die invloed van dieët-aminosuurkonsentrasie op voerinname en karkasvetinhoud. Die belangrikste voordeel sal spruit uit die wete of die konvensionele lisien en M+S behoeftes soos vir braaikuikens tydens die aanvangs- en afrondingsperiodes aanbeveel word, hersien behoort te word. Hierdie wete sal gebaseer word op 'n voorspelling gegrond op 'n teoretiese evaluasie van hierdie aminosuurbehoeftes. Op hierdie wyse kan seker gemaak word dat hierdie aminosure teen maksimum doeltreffendheid benut word waardeur skaars en duur proteïenbronne op die mees doeltreffende wyse benut word. 5.26 RM Gous 'n Eksperiment om die invloed van veedigtheid (verhoogde aantal varke per hok) op die lisienvereistes van varke wat oor 'n gewigsreeks van 25 tot 60kg lewende massa gevoer is, is uitgevoer. Tweehonderd-vier-en-sestig vroulike Groot Wit X Landras varke is teen 25kg lewende gewig toegesê aan een van vier lisienvoerbehandelings (13,3 (L1); 11,4 (L2); 9,5 (L3) en 7,6 (L4) g/kg) en / of 7 of 13 varke per hok (of 1,0 en 0,5m2/vark respektiewelik). 'n Aanvullende behandeling van een vark per hok (2m2/hok) is ingesluit om die reaksie van enkel teenoor groepe varke te vergelyk. Die diere is 'n ad lib toegang tot die dieëtbehandelings van die gemiddelde hokaanvangsgewig van 26,1 kg tot 'n gemiddelde afrondingsgewig van 63,4 kg lewende gewig toegelaat. Daar was geen noemenswaardige interaksie tussen die lisieninhoud van die dieët en vloerspasie per vark op voerinname (VI), die gemiddelde daaglikse gewigstoename (GDT), die hoeveelheid voer per eenheid van gewigstoename (voeromskakelingstempo, VOT) en die tempo van proteïenretensie (PR) nie. Noemenswaardige interaksie vir liggaams-samestelling en die tempo van lipiedretensie (LR) is waargeneem. Oor die gewigsreeks 25-40 kg was daar 'n noemenswaardige verskil in VI (P<0,01) en VOT (P<0,001) tussen die dieët lisienbehandelings, maar meeste van hierdie verskille het verdwyn in die 40-60 kg lewende gewigsreeks. Enkel diere het aansienlik hoër VI en GDT gehad as die diere in die groepe. Daar was egter geen verskil tussen die 7 en 13 varke / hok behandelings nie. Veedigtheid het geen invloed gehad op LR of liggaamsproteïeninhoud nie, maar het 'n noemenswaardige afname in PR (P<0,001) en 'n verhoging in liggaamsvetinhoud (P<0,05) gehad soos die hoeveelheid varke / hok verhoog het van 7 tot 13. Dit kan dus gesien word asof die lisien-vereistes (uitgedruk in g/d) verminder soos die veedigtheid verhoog. Hoewel die lisieninname in groepe varke verminder is, regverdig die vermindering in daaglikse behoeftes egter nie die vermindering in die lisieninhoud van die voer nie. Voeding na aanleiding van die vereistes vir maksimum PR sal steeds die beste karkas en groeiprestasie lewer, ongeag die grootte van die groep. Die verhoging in PR wat met die hoër voedingstofvlakke geassosieër word, het nie heeltemal opgeweeg teen die nadelige fisiologiese effekte van die hoër veedigtheid nie, maar kan heel waarskynlik die effek van die verminderde lisieninname gedeeltelik teëwerk. Daar is egter aanduidings dat die voer van 'n laer lisienkonsentrasie in die dieet aan digbevolkte varke nie die reeds bestaande verminderde proteïen (lisien) groeitempo verder sal verminder nie. 'n Verdere eksperiment om vas te stel of die aantal voerbakke die voedselinname en daarom die groei in die groepe varke beïnvloed het, is ook uitgevoer. Die resultate van hierdie eksperiment het getoon dat die aantal voerbakke geen beduidende invloed op die VI, GDT, en VOT in groepe varke gehad het nie. Daarom is 'n enkel voerbak nie as 'n remmende faktor vir varke wat op 'n beperkende vloerspasie aangehou word, oorweeg nie. 5.27 IJ Law Suksesvolle enting van peulgewasse is dikwels afhanklik van die vermoë van die geënte ras om te kompeteer met bestaande of gevestigde rhizobia grondpopulasies. Daar is gevind dat die vorige sojaboon-entstofras 'n baie klein deel van grondpopulasies vorm, alhoewel dit reeds vir 19 jaar toegedien is. Bradyrhizobium japonicum ras WB 74 is sedert 1998 in plaaslike sojaboonentstof ingesluit, as gevolg van beter simbiotiese eienskappe. Die aanvanklike doel van die huidige studie was om te bepaal tot watter mate ras WB 74 reeds in sojaboonproduksie-areas gevestig het. Aan die einde van die 2000/2001 seisoen, is grondmonsters versamel vanaf 10 sojaboonlande in KwaZulu-Natal, Mpumulanga en die Noord (Limpopo) Provinsie. Meeste grondmonsters was vanaf gevestigde produksieareas en het groot rhizobia populasies (104 tot >105 selle.g-1) bevat, alhoewel een grondmonster (Amersfoort, Mp) waar sojas vir die eerste keer geplant is, slegs 33 rhizobia.g-1 bevat het. Serologiese identifikasies het getoon dat slegs ras WB 74 in die Amersfoort (Mp) grond en in twee gronde vanaf Bethal (Mp) en Naboom-spruit (NP) voorgekom het. In ander gronde het die fraksie van die ras gevarieër. By Lothair (Mp) en Newcastle (K-N) het ras WB 74 tussen 60 en 80% van die rhizobia populasie beset, maar by die twee Bergville (K-N) lokaliteite was die fraksie onderskeidelik 15% en 60%. By Koedoes-kop (NP) het minder as 20% van die rhizobia populasie uit ras WB 74 bestaan, terwyl dit by Morgenzon (Mp) minder as 10% van die populasie was. Ongeag die WB 74 inhoud, was al die grondpopulasies dieselfde as ras WB 74 in stikstofbindingsvermoë onder glashuistoestande. Bogenoemde resultate dui aan dat ras WB 74 binne drie jaar reeds 'n aansienlike gedeelte van die rhizobia populasie vorm in die meeste gronde wat ondersoek is. Dit dui aan dat voortdurende enting met ras WB 74, die dominansie van die ras in meeste grond populasie sal verhoog. Werk word tans uitgevoer om die sukses van enting te bepaal in drie gronde waar ras WB 74 slegs 'n klein gedeelte van die bestaande rhizobia populasie uitmaak. 5.28 D Oelofse Isolering van 'n Unieke Induseerbare Promoter vanaf Lupinus Sp Die doel van hierdie werk is om en induseerbare promoter vanaf lupiene te isoleer vir gebruik in transgeniese lupien plante vir weerstandbiedenheid teen antraknose. Geen besonderhede van die promoter kan bekend gemaak word nie, aangesien dit in die nabye toekoms gepatenteer gaan word. Lupien DNA is geïsoleer en verteer met die restriksie ensieme Dral, EcoRV en Stul. "Nested" PCR is uitgevoer met behulp van die Genome Walker "kit" en voorvoerders wat ontwerp is om aan die voorkant van die geen te bind en met verlenging wat sou plaasvind na die promoterkant van die geen. Drie van die reaksies het die korrekte grootte DNA fragmente gelewer wat die promoter fragment kon bevat. Die 4,2kb fragment is suksesvol in die pGEM-Teasy plasmied (Promega) gekloneer, en is na Mycrosynth, Switserland gestuur vir DNA volgorde bepaling. Die volgorde wat verkry is, is met bekende sekwense in die GENBANK databasis by www.ncbi.nlm.nih.gov/genbank vergelyk. Hierdie soektog het 5 moontlike promoter sekwense binne die 4,2kb fragment geïdentifiseer. Fragmente wat die voorspelde promoter sekwense bevat sal apart gekloneer word voor die GUS geen in die pDM 327 vektor vir mikropartikel transformasie van plant weefsels. Die fragment wat die hoogste vlakke van uitdrukking opgelewer het, sal die promoter fragment wees wat gepatenteer sal word sodra die nodige addisionele eksperimente uitgevoer is. Konstruk vir die verwydering van die Bar geen na transformasie: Klonering van Appel PGIP in pCAMBIA 0390 vir transformasie van lupiene Australiese navorsers, wat transgeniese lupiene geproduseer het met weerstandbiedenheid teen onkruiddoder (bar geen), is deur die eienaars van die bar geen verbied om die lupiene kommersieël vry te stel, aangesien hulle die geen slegs in meer kosbare kommoditeite soos koring en canola wil gebruik. Daar is dus voorgestel dat konstrukte saamgestel moet word waar die bar geen nie gekoppel is aan die PGIP geen nie. Die transgeniese lupien plante sou dan verkry word deur die gesamentlike transformasie van twee plasmiede, wat daartoe sou lei dat die gene op aparte dele van die chromosoom geïntegreer word. Die bar geen kan dan verwyder word deur segregasie, na kruising met 'n ongetransformeerde lupien lyn. Nageslagte wat dan net die swam-werende gene bevat sal dan geskik wees vir kommersiële vrystelling. 'n T-DNA konstruk wat slegs die appel PGIP geen bevat, en nie die bar geen nie, is voorberei vir lupien transformasie. Die konstruk wat die bar geen bevat, sal na transformasie verwyder word. Die appel PGIP onder die genetiese beheer van die verrykte CaMV 35S promoter, is in die plant transformasie vektor gekloneer. Die korrekte klonering van die appel PGIP geen in die plant transformasie vektor is met behulp van DNA volgorde bepaling bevestig. Hierdie plant transformasie vektor is suksesvol in Agrobacterium tumefaciens getransformeer vir uiteindelike transformasie van lupiene en is vir hierdie doel beskikbaar gestel aan Me Bridgette Campbell (WNNR) en Dr Kobie de Ronde (LNR – Roodeplaat). 5.29 MT Viljoen en RJ Armour Die vermoede het bestaan dat sojabone in 'n medium- tot langtermyn wisselboustelsel met ander somergewasse soos mielies onder andere 'n inkomste verhogende effek op boerderye kan hê. 'n Projek is toe geldelik ondersteun met die oogmerke om 'n finansiële en ekonomiese studie in die Bethlehem en Viljoenskroon distrikte te onderneem op tipiese voerdery eenhede. Spesifieke opdragte was om die volgende te ondersoek: Die winsgewendheid van geïdentifiseerde wisselboustelsels vir elke gebied op bruto marge basis, en Die ekonomiese en finansiële implikasies van die implimentering van sodanige wisselboustelsels vir die tipiese plaas in elke gebied. Faktore in dié verband wat ondersoek is, is winsgewendheid, kontantvloei, finansiële risikos, invloed op die masjinerie en implemente kompliment en die bekostigbaarheid om te skakel. Die bevindings uit die studie was baie positief naamlik dat wisselboustelsels wat sojabone insluit baie beter presteer as stelsels wat nie sojabone insluit nie. Mielie monokultuur het byvoorbeeld die swakste resultate oor 'n 5 tot 8 jaar periode getoon. Faktore wat bygedra het tot die beter finansiële ekonomiese resultate van wisselstelsels wat sojabone insluit is onder andere die volgende: Verminderde stikstof toediening vir opvolg gewasse. Makliker grondbewerking na sojabone (grondstruktuur word verbeter deur sojabone). Beter verspreiding van meganisasie aksies wat kleiner trekkers benodig. Vermindering in onkruid- en plaagdoder behoeftes. Verbeterde kontant vloei na 'n paar jaar. Netto teenwoordige waarde en brutomarges na 5 tot 8 jaar verhoog as gevolg van insluiting van sojas in 'n wisselboustelsel. 5.30 'n Akkerboukundige evaluasie van canola onder besproeiing in die somerreënvalstreek AA Nel Meer as 500 000 ton oliekoek word jaarliks ingevoer teen 'n koste van meer as eenduisend miljoen rand om aan die vraag van die veevoernywerheid te voldoen. Besproeide koring in die somerreënvalgebied is dikwels 'n ekonomiese mislukking weens onder meer wortelsiektes wat opbrengste benadeel of lae graankwaliteit tot gevolg het. Indien canola suksesvol in die somerreënvalgebied verbou word, kan dit die veevoernywerheid se vraag na proteïen tot 'n mate verlig en ook as 'n alternatief vir koring dien. Die doel is om gedurende die 2001 seisoen 'n akkerboukundige evaluasie van besproeide canola by vier lokaliteite gedurende die winter en 'n somer-aanplanting in die koeler dele van Mpumalanga te maak. Saadopbrengs, insette en probleme met die produksie sal bepaal word. Enkele cultivars is gedurende die winter by Atlanta, Potchefstroom, Vaalharts en Villiers geplant. Die verwagte oesdatums is die einde van Oktober tot die begin van November 2001. 5.31 AEJ Saayman-Du Toit Die doel van die studie is om Simazol (aktiewe bestanddeel simazine) en Terbusip (aktiewe bestanddeel tebuthylazine) op lupiene deur middel van statistiese veldproewe, wat vir die registrateur aanvaarbaar sal wees, te evalueer. In veldproewe te Potchefstroom en Bethlehem is sewe onkruiddoderbehandelings toegedien aan vier lupien cultivars. Te Potchefstroom is cultivars Hantie, CED6150, Wonga en Uno op 15 Mei 2001 geplant. 'n Soortgelyke proef is op 12 Junie 2001 te Bethlehem met cultivars Esta, CED6150, Wonga en Alida herhaal. Te Potchefstroom en Bethlehem, is sewe onkruiddoderbehand-elings, insluitende 'n kontrolebehandeling, op lupienkultivars direk na plant (voor opkoms) toegedien. Die onkruiddoderbehandelings was soos volg: Simazine, enkeldosis, voor opkoms; Simazine dubbeldosis, voor opkoms; Terbuthylazine, enkeldosis, voor opkoms; Terbuthylazine dubbeldosis, voor opkoms; imazine enkeldosis, voor opkoms gevolg deur 'n halfdosis simazine toegedien ses weke na plant; n Kontrolebehandeling waar geen onkruiddoder toegedien is nie, en Lasso, voor opkoms toegedien. Behandelings is drie keer herhaal. Effektiwiteit en fitotoksisiteit is gemoniteer op 14, 42 en 56 dae na onkruiddoder toediening. Fitotoksisiteits- en effektiwiteitsresultate is afsonderlik geanaliseer vir elke tydsinterval (week) na onkruiddoder toediening en onderwerp aan 'n variansie-analise. Data sal gebruik word in die registrasie van simazol en terbusip op lupiene in die somerreënvalgebied. 5.32 Op aanbeveling van die Proteïennavorsings-trust (PNT) en chemiese maatskappye is veldproewe geplant waartydens verskeie onkruiddoders geëvalueer is teen 'n herhalende standaard (Lasso). Die doel van die studie was om kommersieël aanvaarbare onkruiddoders vir die lupienmark te identifiseer. Waar ongeregistreerde onkruiddoders gebruik is, was chemiese maatskappye betrokke by die bepaling van onkruiddoderdosisse. In gevalle waar effektiwiteits- en selektiwiteitstoetse se resultate op ongeregistreerde doders kommersieël aanvaarbaar was, sal maatskappye versoek word om registrasie van die spesifieke middels te oorweeg. In die veldproewe is cultivars Hantie en Esta op 15 Mei 2001 te Potchefstroom, 29 Mei 2001 te Brits en 12 Junie 2001 te Bethlehem aangeplant. Veertien onkruiddoderbehandelings, wat algemeen in lupiene gebruik word, is op genoemde lupienkultivars toegedien. Fitotoksisiteit (selektiwiteit) en effektiwiteit is gemoniteer op 7, 14, 28, 42 en 56 dae na onkruiddodertoediening. Fitotoksisiteits- en effektiwiteitsresultate verkry uit die proewe sal afsonderlik geanaliseer word vir elke tydsinterval (weke) na onkruiddoder toediening deur middel van 'n variansie-analise.
[]
https://yourrecipeblog.com/recipes/corinne-se-pavlova-nagereg/
CORINNE SE PAVLOVA NAGEREG Ek het dit jare gelede by iemand geëet wat graag kamp, bietjie aanpassings gemaak en dit het CORINNE SE NAGEREG onder ons vriende geword. 1 groot pavlova dop - 1 groot blik koejawels - 1 blikkie karamel kondensmelk - 1 blik swart ontpitte kersies - 1 houer ultramel vla - Breek stukkies van die pavlovadop (gewone skuimpies word te gou pap) in ‘n groot plat bak, sny die koejawels kleiner en versprei dit tussen die gebreekte pavlova. Skep teelepels karamel kondensmelt tussen die vrugte, dreineer die kersies en versprei dit ook tussen al die ander en voeg laastens die vla bo-oor. Jy kan enige vrugte gebruik, vars aarbeie of ander bessies, soos wat ek hier gedoen het bo-op en bietjie neute is ook lekker en lyk mooi. Resep en foto: Corinne Munro
[]
https://preview.mailerlite.com/d8s7p0
Hallo weereens! Weer tyd vir 'n nuusbrief. Al middel Maart, né? Met ons huidige reeks oordenkings, Naam bo alle name, is ons tans by die Name en beelde van Jesus Christus in die Nuwe Testament. In ons voorbereiding is ons egter al besig met die Name van die Heilige Gees - twee maande vooruit! Ons het vertrek met die Name van God in die Ou Testament, bv. die tientalle verbindings met El en Jahweh, waarna ons na beelde vir God in die Ou Testament gekyk het, en toe die Name van die beloofde Messias. Daarna het ons na die Nuwe Testament beweeg, waar ons nou nog is. Kliek hier om meer oor hierdie reeks te lees! Vriend, jy't seker gesien ons oordenkings is vaste spys, nie net beloftes of mooi Bybelverse nie. Dis lering, werklike groei - en dis in elk geval vol beloftes en seëninge! Ons wil veral hê dat dit vir jou 'n praktiese stiltyd uitmaak. |
[]
https://showme.co.za/plett/news/sports-news/blou-bull-legende-pedrie-wannenburg-sterf-tragies/
Blou Bull-Legende Pedrie Wannenburg Sterf Tragies Suid-Afrikaanse rugbygeesdriftiges – en meer spesifiek dié in die Suid-Kaap waar hy gebore is en skoolgegaan het – het vanoggend met skok verneem van die tragiese dood van die oud-Springbokrugbyspeler Pedrie Wannenburg. Wannenburg is glo in ‘n motorongeluk in Texas in Amerika oorlede. Sy seun is in ‘n kritieke toestand in die hospital opgeneem, maar sy vrou, Evette, en hul dogter het net ligte beserings ogedoen. Hy het op 20-jarige ouderdom sy eerste wedstryd vir die Blou Bulle gespeel en in 2002 maak hy sy debuut in ‘n Springboktrui in die toets teen Frankryk op die Bokke se jaareindtoer na Europa. Source: Knysnaplettherald
[]
https://af.brokercheck.co.za/broker/capex-com/
Capex.com Hersien, toets en gradering in 2024 Skrywer: Florian Fendt - Opgedateer in April 2024 Capex.com Trader Gradering Opsomming oor Capex.com Ons Capex-oorsig word gemeng met baie positiewe en 'n paar negatiewe ook. Capex is geskik vir beginners wat wil trade aandele, ETF's en versnitte. Met meer as 2000 aandele alleen bied hulle 'n groot verskeidenheid bates. Ongelukkig kan die effens verwarrende handelstoestande een of ander verwar trader. Traders wat Capex wil probeer, moet eers in die demo-rekening spring om te kyk watter handelsplatform meer geskik is. Minimum deposito in USD | $100 | Trade kommissie in USD | $0 | Onttrekking fooi bedrag in USD | $0 | Beskikbare handelsinstrumente | 2500 | Wat is die voor- en nadele van Capex.com? Waarvan ons hou Capex.com In ons Capex.com resensie, ons het daarvan gehou die buigsame handel gereedskap die meeste. Met interne en eksterne instrumente soos handelsentrale, insiders se warm aandele, daaglikse ontledergraderings, bloggersmening sowel as verskansingsfondsaktiwiteit traders is in staat om die nuus sentiment vinnig en doeltreffend te peil. Die beste is dat dit gratis beskikbaar is sonder enige vaste fooie. Met meer as 2100 beskikbare handelsbates bied Capex nogal 'n wye reeks en veral - baie CFDs op aandele. Nuwelinge kan met hul ondersteuningspan in aanraking kom en selfs een-tot-een-handel-/handelsessies skeduleer. Met SMS-kennisgewings van Trading Central, die ekonomiese kalender en bygewerkte blogplasings, traders is altyd op hoogte van huidige en mark-bewegende gebeure. Meer as 2100 handelsbates - CFD Futures beskikbaar - Baie handel gereedskap - Hoogs gereguleer broker - Waaroor ons nie hou nie Capex.com In ons Capex.com resensie, ons het nie gehou nie die verskillende verspreidings op die CAPEX-webtrader en metatrader 5 die meeste. Dit is selfs vir ons 'n bietjie verwarrend om die verspreidings te hersien, aangesien dit verskil afhangende van die platform. Die verspreidings op die MT5 is goedkoper as op die webtrader. Die DAX-verspreidings is bv. 2,6 punte op die webtrader, terwyl die MT5 DAX-verspreidings slegs 1 punt is. Persoonlik hou ons ook nie van rekeningvlakke nie, aangesien die enigste doel daarvan is om mense te kry om meer te deponeer. Die verduideliking is bloot a trader met 'n hoër deposito gewoonlik trades meer volume. Dit is egter dikwels 'n bietjie onregverdig teenoor die baie klein rekening traders. Rekeningvlakke - Geen 24/7 handel ondersteuning - Verwarrende handelstoestande - Effens hoër verspreidings op die webtrader - Beskikbare handelsinstrumente by Capex.com Capex.com bied meer as 2100 verskillende handelsinstrumente. Wat effens meer is as die gemiddelde broker. CFD Termynkontrakte op kommoditeite is ook beskikbaar. By Capex kan jy trade 'n verskeidenheid internasionale markte soos indeks CFDs, voorraad CFDs, buitelandse valuta CFDs, kommoditeit CFDs, edelmetaal CFDs, cryptocurrency CFDs sowel as CFDs op effekte, versnitte en ETF. Capex bied nogal 'n groot hoeveelheid aandele, maar bied ook ETF en versnitte aan wat 'n spesifieke mengsel van aandele is (bv. maatskappye wat koronavirus-entstowwe navors, kan in een mengsel saamgevoeg word). Dit laat die trader te belê of trade-spesifieke sektore ongeag die maatskappy se nasionaliteit. Onder die beskikbare instrumente is: +55 forex/geldeenheidspare - +14 kommoditeit - +26 indekse - +2000 aandele - +40 ETF - +5 kripto-geldeenhede - +19 versnitte - +4 verbande - Voorwaardes & gedetailleerde hersiening van Capex.com ons Capex.com resensie is gemeng (soos met enige genuanseerde resensie). Capex is steeds 'n "nuwe" broker maar het skynbaar gegroei om meer as 10.000 XNUMX aktiewe mense te bedien traders. Hulle het 'n moderne infrastruktuur, insiggewende webwerf en twee handelsplatforms. Hul selfstandige webtrader is geskik vir traders wat wil trade weg van die huis af en wil nie die Meta gebruik nieTrader 5. Verwarrend genoeg het albei verskillende verspreidings, maar die MT5 het goedkoper toestande. Intussen het hul rekeningvlakke is negatief in ons oë, want ons hou nie van aansporings om meer te deponeer nie. Capex skei kliënte in drie verskillende rekeninge: Essential, Original, Signature en hul min. deposito is $100. Die verspreidings en swaps hang ook af van die status van die rekening. Oorspronklik en handtekening traders kry spesiale voorwaardes. Capex hef geen handelskommissies nie en gee 'n plat 0% kommissie belofte. Die teregstelling spoed is gemiddeld minder as 12 millisekondes. Die uitvoeringstipe is markuitvoering en STP (Straight Through Processing). Die handelsbates wat aangebied word, dek 'n wye verskeidenheid internasionale markte. Capex bied selfs eksotiese forex pare met geldeenhede soos die Hongaarse forint, Singapoer dollar of Suid-Afrikaanse rand. Hulle bied aan CFDs slegs op die gewildste kripto-geldeenhede. CFD Termynkontrakte met weeklikse/maandelikse oorrol is ook beskikbaar. Capex bied heelwat ondersteunende handelsinstrumente. Veral handelsentrum, insiders se warm aandele, daaglikse ontledersgraderings, bloggersmening sowel as verskansingsfondsaktiwiteit traders. SMS-kennisgewings van Trading Central en 'n ekonomiese kalender is ook toeganklik. Sagteware & verhandelingsplatform van Capex.com Capex.com bied 2 handel platforms. Hulle eie webTrader - metaTrader 5 (rekenaar/selfoon) - As 'n webTrader gebruiker, kry jy ook toegang tot Trading Central, wat ontleding en aanbevelings van regte finansiële kundiges lewer. Boonop kry u waardevolle markinligting van TipRanks*: Daaglikse ontledergraderings, Bloggers-menings, insiders se warm aandele, verskansingsfondsaktiwiteite en nuussentiment. Die bekende MetaTrader 5 is uiters veelsydig. Of jy handel dryf op rekenaar, selfoon of tablet, Android of iOS, MT5 is universeel versoenbaar en gereed vir aksie. Almal moet na albei platforms kyk en dit op 'n demo-rekening vergelyk om te sien watter een hulle verkies, aangesien die handelstoestande en gereedskap verskil. Jou rekening by Capex.com Daar is vyf verskillende tipes rekeninge by Capex: Basies, noodsaaklik, oorspronklik, premium, handtekening. Elke status bied verskillende voorwaardes en gratis toegang tot bykomende dienste. Watter tipe rekeninge jy het, sal afhang van jou deposito's, kapitaal en handelsgedrag. Nadat jy geregistreer het, sal jou rekeningbestuurder jou bel om jou te help met opstelling en enigiets anders wat jy nodig het om vinnig te begin. Meer inligting is beskikbaar in die volgende tabel en vir die volledige lys kenmerke, sien asseblief die Capex-webwerf. Basiese | noodsaaklik | Oorspronklike | Premium | Handtekening | Min. Deposito | $ 100-$ 999 | $ 1,000-$ 4,999 | $ 5,000-$ 9,999 | $ 10,000-$ 24,999 | ≥ $ 25,000 | Kliëntediensverteenwoordiger sessies / week per telefoon | 1 sessie / week | 2 sessies/week | 3 sessies/week | 4 sessies/week | 5 sessies/week | Toegang tot kliëntediensverteenwoordiger via Whatsapp in plaaslike taal | ✘ | ✘ | ✓ | ✓ | ✓ | Opleidingspakket | Basiese | noodsaaklik | Oorspronklike | Premium | Handtekening | 1 op 1 opleidingsessies via Zoom | ✘ | tot een elke 2 weke | tot een per week | tot twee per week | tot drie per week | Leer om trade biblioteek aan CAPEX.com | Beperk | Beperk | Beperk | Unlimited | Unlimited | Kennissentrum op CAPEX WebTrader | Beperk | Beperk | Beperk | Unlimited | Unlimited | Toegang tot maandelikse webinars wat deur plaaslike markkundiges gehou word | ✘ | ✓ | ✓ | ✓ | ✓ | Uitnodigings na plaaslike seminare en geleenthede gehou deur bekende markkundiges | ✘ | ✘ | ✓ | ✓ | ✓ | Aangesig tot aangesig vergaderings met die Verhoudingsbestuurders | ✘ | ✘ | ✘ | ✘ | ✓ | Hoe kan ek 'n rekening oopmaak met Capex.com? Deur regulasie moet elke nuwe kliënt deur 'n paar basiese nakomingskontroles gaan om te verseker dat jy die risiko's van handel verstaan en tot handel toegelaat word. Wanneer jy 'n rekening oopmaak, sal jy waarskynlik vir die volgende items gevra word, so dit is goed om dit byderhand te hê: 'n Geskandeerde kleurkopie van jou paspoort of nasionale ID 'n Nutsrekening of bankstaat van die afgelope ses maande met jou adres. sal ook 'n paar basiese nakomingsvrae moet beantwoord om te bevestig hoeveel handelservaring jy het. Dit is dus die beste om ten minste 10 minute te neem om die rekeningopeningsproses te voltooi. Alhoewel u die demo-rekening onmiddellik kan verken, is dit belangrik om daarop te let dat u geen werklike handelstransaksies kan maak voordat u voldoening geslaag het nie, wat tot 'n paar dae kan neem, afhangende van u situasie. Hoe om jou Capex.com rekening? Deposito's en onttrekkings by Capex.com Betaal opsies: Capex.com bied 'n wye verskeidenheid betaalopsies. Sy betaalopsies sluit Trustly, Sofort en bankoorplasing in. Daarbenewens het jy die vermoë om 'n deposito te maak via Neteller, Visa, Mastercard, Maestro, SafeCharge, Paysafe, Skrill en Neosurf. Fondsekuriteit: Capex.com glo dat rekeningsegregasie belangrik is om die privaatheid, fondse en bates van die individu te beskerm trader. Daarbenewens word fondse van hul korporatiewe bedryfsrekeninge geskei en in goed gevestigde internasionale banke gedeponeer. Fondsebeskerming: Capex het 'n beleggersvergoedingskema tot 20,000 XNUMX EUR per kliënt Sekuriteit: Capex gebruik die nuutste hardeware en sagteware om alle datastelsels te beskerm. Streng firewall-reëls en Secure Sockets Layer (SSL)-sagteware word gebruik om alle data tydens transmissie te beskerm. Transaksies word gemodereer deur Vlak 1 PCI-voldoeningsdienste om al jou vorms veilig te stoor en te bestuur. Soos enige ander gereguleerde broker, sal onttrekkings slegs teenoor die kliënt gedoen word. Capex sal nie onttrekkings doen na enige ander derde party of anonieme rekening nie. Die uitbetaling van fondse word beheer deur die terugbetaling-uitbetalingsbeleid, wat op die webwerf beskikbaar is. Vir hierdie doel moet die kliënt 'n amptelike onttrekkingsversoek in sy/haar rekening indien. Daar moet onder andere aan die volgende voorwaardes voldoen word: Die volle naam (insluitend voornaam en van) op die begunstigderekening stem ooreen met die naam op die handelsrekening. - 'n Gratis marge van minstens 100% is beskikbaar. - Die onttrekkingsbedrag is minder as of gelyk aan die rekeningsaldo. - Volledige besonderhede van die metode van deposito, insluitend stawende dokumente wat nodig is om die onttrekking te ondersteun in ooreenstemming met die metode wat vir die deposito gebruik word. - Volledige besonderhede van die metode van onttrekking. - Hoe is die diens by Capex.com Capex se kliëntediens is dikwels beskikbaar. In ons toetse het ons al twee keer probeer om Capex-ondersteuning te kontak en elke keer kon ons vinnig kontak maak. As jy hulp nodig het of wil hê, is daar 'n paar moontlike maniere om die Capex-diens te kontak. Hul telefoondiens is beskikbaar van Maandag tot Donderdag – 07:00 AM GMT – 01:00 AM GMT en Vrydag – 07:00 AM – 00.00:357 AM. Ondersteuning beskikbaar via e-pos en hul toegewyde telefoonnommers, bv. +22 000 358 24. Die ondersteuning kan uitgebrei word na 7/XNUMX ondersteuning as 'n voorstel van ons kant. Ondersteunde tale is Engels Italiaans, Spaans, Duits Capex het verskeie kantore (ligging/land): Ciprus Hoofkantoor - Roemenië tak - Spanje tak - Abu Dhabi hoofkantoor - Suid-Afrika Hoofkantoor - Regulasie & Veiligheid by Capex.com Wanneer dit by regulering kom, Capex.com is 'n gereguleerde handelsmerk onder die CySec (Ciprus / EU) regulasie. Daarbenewens word hulle gereguleer deur die FSCA en ADGM (FSRA). Wat regulasie betref, is Capex 'n gereguleerde en veilige broker. CAPEX.com is 'n webwerf wat deur Key Way Investments Limited bedryf word, wat gemagtig en gereguleer word deur die Cyprus Securities and Exchange Commission, lisensienommer 292/16. Administratiewe adres: Spyrou Kyprianoulaan 18, Suite 101, Nicosia 1075, Ciprus. Hoogtepunte van Capex.com Vind die regte broker want jy is nie maklik nie, maar hopelik weet jy nou of Capex.com is die beste keuse vir jou. As jy nog onseker is, kan jy ons gebruik forex broker vergelyking om 'n vinnige oorsig te kry. ✔️ Gratis demo-rekening - ✔️ Maks. hefboom 1:300 vir pro rekeninge - ✔️ +2100 handelsbates - ✔️ $100 min. deposito - Gereelde vrae oor Capex.com Is Capex.com 'n goeie broker? Capex.com handhaaf 'n mededingende handelsomgewing en bied meer as 2100 handelsbates sowel as 'n eie webtrader, wat baie traders waardevol vind. Is Capex.com 'n bedrogspul broker? Capex.com is 'n wettige broker onder veelvuldige regulasies werk. Hulle is onder toesig van die CySEC, FSCA en ADGM (FSRA). Geen bedrogspulwaarskuwings is uitgereik nie. Is Capex.com gereguleer en betroubaar? XXX bly ten volle voldoen aan CySEC reëls en regulasies. Traders moet dit as 'n veilige en betroubare beskou broker. Wat is die minimum deposito by Capex.com? Die minimum deposito by Capex.com om 'n lewendige rekening oop te maak, is $100. Watter handelsplatform is beskikbaar by Capex.com? Capex.com bied die MetaTrader 5 (MT5) verhandelingsplatform en 'n eie webTrader. Is Capex.com bied 'n gratis demo-rekening aan? Ja. XXX bied 'n onbeperkte demo-rekening vir beginners- of toetsdoeleindes. At BrokerCheck, is ons trots daarop om ons lesers van die mees akkurate en onbevooroordeelde inligting beskikbaar te voorsien. Danksy ons span se jare se ondervinding in die finansiële sektor en terugvoer van ons lesers, het ons 'n omvattende bron van betroubare data geskep. U kan dus met vertroue die kundigheid en strengheid van ons navorsing by BrokerCheck. Wat is jou gradering van Capex.com?
[ [ "[capex-logo]", "http://brokercheck.co.za/(https://www.brokercheck.co.za/wp-content/uploads/2020/10/capex-logo.png)" ], [ "[Pro & Kontra van Capex.com]", "http://brokercheck.co.za/(https://www.brokercheck.co.za/wp-content/uploads/2023/07/Ventajas-e-inconvenientes.jpg)" ], [ "[Beskikbare instrumente by Capex.com]", "http://brokercheck.co.za/(https://www.brokercheck.co.za/wp-content/uploads/2023/07/activos-de-negociacion.jpg)" ], [ "[Hersiening van Capex.com]", "http://brokercheck.co.za/(https://www.brokercheck.co.za/wp-content/uploads/2023/07/Revision-y-condiciones-de-negociacion.jpg)" ], [ "[Handelsplatform by Capex.com]", "http://brokercheck.co.za/(https://www.brokercheck.co.za/wp-content/uploads/2023/07/Software-y-plataforma-de-negociacion-disponibles.jpg)" ], [ "[Maak rekening oop en vee uit by Capex.com]", "http://brokercheck.co.za/(https://www.brokercheck.co.za/wp-content/uploads/2023/07/Su-cuenta-de-negociacion.jpg)" ], [ "[Deposito's & Onttrekkings by Capex.com]", "http://brokercheck.co.za/(https://www.brokercheck.co.za/wp-content/uploads/2023/07/Depositos-y-reintegros.jpg)" ], [ "[Hoe is die diens by Capex.com]", "http://brokercheck.co.za/(https://www.brokercheck.co.za/wp-content/uploads/2023/07/servicio.jpg)" ], [ "[Is Capex.com veilig en gereguleer of 'n bedrogspul?]", "http://brokercheck.co.za/(https://www.brokercheck.co.za/wp-content/uploads/2023/07/Reglamentacion-seguridad-incidentes-de-pirateria-informatica-1.jpg)" ], [ "[capex-logo]", "http://brokercheck.co.za/(https://www.brokercheck.co.za/wp-content/uploads/2020/10/capex-logo.png)" ] ]
https://maroelamedia.co.za/vermaak/musiek/brendan-weer-boaan-top-20/
Brendan Peyper se jongste enkelsnit, “Nee of ja”, het binne ʼn week van vyfde tot eerste plek op die Maroela Media Afrikaanse Top-20 gespring. “Nee of ja” pronk nog net ʼn week op dié trefferlys. Brendan se “Toer om die vloer” het ook van sewende na vyfde plek geklim terwyl “Insomnia” vir ʼn tweede week in die 15de plek is. Die rasperstemsangers Adam Tas en Neil Somers se tong-in-die-kies-lied, “Vleisvreters” behou vir eers die 20ste posisie. Vandeesweek is daar vyf liedjies wat klim, 11 wat hul plek verloor, drie wat onveranderd bly en een nuwe liedjie wat die Top-20 betree. Brendan Peyper – “Nee of ja” - Barto – “Impulsief” - Bernice West – “Lyfie” - Die Heuwels Fantasties en Appel – “Nora Vlok” - Brendan Peyper – “Toer om die vloer” - Droomsindroom – “Ek ly aan” - Barto – “H2Oë” - Dodo Nyoka — “Foto’s” - Eloff – “ATKV” - Prop – “Kwaaitjie” - Eloff – “Witblits” - Droomsindroom – “Hey sonneblom” - Eloff – “Johnnie Blou” - Irene-Louise van Wyk – “Ek sê so” - Brendan Peyper – “Insomnia” - Eloff – “Swipe regs” - Fatman en Lianie May – “Ditjies en datjies” - Riaan Benadé – “Spontaan” - Irene-Louise van Wyk – “Tekkies brand” - Neil Somers en Adam Tas – “Vleisvreters” - * Die Maroela Media Afrikaanse Top-20 word saamgestel deur enkelsnituitreikings en verskeie datafaktore word in ag geneem: Apple Music- en Spotify-stromings, YouTube-kykbeurte (spesifiek week-tot-week-data) asook radiospeeltyd. Fisieke albumverkope het geen invloed op dié treffersparade nie. Nuwe uitreikings Dit is duidelik hoorbaar in Jan Bloukaas (Jean du Plessis) se musiek dat dié sanger die afgelope paar maande ʼn nuwe en ernstiger baadjie aangetrek het. Jean is in September 2022 met breinkanker gediagnoseer, ’n gebeurtenis wat ’n reuse-omwenteling in sy lewe veroorsaak het. Ondanks dié diagnose en die behandeling wat hy daarvoor moet ondergaan, werk hy steeds hard aan nuwe musiek. Jean het vroeër aan Maroela Media vertel dat hoewel dit blyk asof dié ernstige album uit sy kankerdiagnose spruit, hy reeds sowat drie jaar daaraan werk. “Heilig” is die derde enkelsnit van sy nuwe album “Vreemdeling” af, en is reeds in 2018 saam met die kunstenaar Almero neergepen. Vir die musiekvideo is die kontras tussen lig en donker gebruik om die woord “heilig” te simboliseer. Die sanger, skrywer en vervaardiger, Johan Vorster van Inhoud Huis Musiek was die regisseur van dié video wat in die ooste van Pretoria deur Daniël Rademeyer verfilm is. “Met dié konsep wou ons die boodskap oordra dat elkeen kan kies waarmee hy sy lewenspad wil verlig,” verduidelik Jean. “Ek wou iets heeltemal anders skep as met my vorige video en het daarom ’n rustige liedjie en video gekies. Ek is baie dankbaar vir die geleentheid om deur hierdie liedjie en die video te wys dat ek ook in ander genres kan musiek skep, en ek hoop dit word goed ontvang deur die publiek.”
[]
https://maroelamedia.co.za/goeiegoed/stiltetyd/neem-goeie-besluite/
Foto: pixabay.com Wie is die een wat die HERE dien? Hy sal hom wys watter pad hy moet kies. (Psalm 25:12) Die Bybel sê as jy die Here dien, sal Hy jou op jou lewenspad lei. Om Hom te dien beteken om Hom soveel te respekteer dat jy Hom in alles gehoorsaam. Wanneer jy Hom gehoorsaam, sal jy Hom volg. En wanneer jy Hom volg, sal Hy jou lei na die plekke en geleenthede waar jy Hom en ander mense die beste kan dien. Indien jy goeie besluite wil neem, besluit eerste om God te gehoorsaam. Dan kan jy seker wees dat jou ander besluite ook in die regte rigting sal wees. Het jy besluit om God te gehoorsaam en te volg? Hoe beïnvloed dit die manier waarop jy besluite neem? Dankie my Here en my Leidsman….van die weg wil ek nie afwyk nie..,ooit nie….Amen
[ [ "[bid_hande_stiltetyd.jpg]", "http://maroelamedia.co.za/(https://maroelamedia.co.za/wp-content/uploads/2019/08/bid_hande_stiltetyd-320x213.jpg?x66032)" ] ]
https://maroelamedia.co.za/nuus/sa-nuus/dstv-pryse-styg-minimaal/
Minder goeie nuus vir DStv-intekenare is dat MultiChoice se prysverhogings, wat op Saterdag 1 April in werking tree, nié ʼn Gekkedag-grap is nie. Kykers sal R40 meer vir die DStv Premium-pakket moet opdok. Compact Plus word met R30 per maand duurder (5,5%-verhoging), Compact met R20 duurder (4,7%-verhoging), Family met R10 duurder (3,2%-verhoging) en Acces met R9 duurder (7,5%-verhoging). Toegangsfooie vir bykomende dienste soos DStv Catch Up en PVR word ook met R5 per maand verhoog (4,5%-verhoging), terwyl stromingsdiens-pakkette, wat onder meer DStv EasyView en BoxOffice insluit, se pryse onveranderd bly. Die ADD Movies-byvoeging se prys het die afgelope jaar met 20% gedaal, dit is R20 per maand minder, en daar sal in 2023 nie ʼn prysverhoging vir dié diens wees nie. Volgens BussinessTech het MultiChoice in ʼn verklaring gesê dat die gemiddelde styging van 4,3% heelwat laer as die geprojekteerde verbruikersprysindeks vir 2023 is. “Ons verstaan dat gebruikers ná die pandemie steeds onder druk is, en die voortslepende beurtkrag maak dit nie makliker nie.” “Hierdie nominale prysverhogings help DStv om te verseker dat Suid-Afrikaners op enige tyd en plek die beste waarde en ongeëwenaarde toegang tot topgehalte vermaak kan geniet, teen die bekostigbaarste prys.” So lyk DStv se pryse vir 2023: Pakket | 2022 | 2023 | DStv Premium | R839 | R879 | DStv Compact Plus | R549 | R579 | DStv Compact | R429 | R449 | DStv Family | R309 | R319 | DStv Access | R120 | R129 | DStv EasyView | R29 | R29 | Wie het nog dstv ? Ek het en Ekke Ek ook. Al plek waar ek kyknet en Supersport 1 kan kyk. Ek respekteer julle keuses maar hoop en glo dstv verhoog sy pryse kwartaalliks met 20% DStv se tyd is verby. Gee hulle nog twee jaar. 2022 se pryse of 2023 beide word weergegee Soos alles anders, nie verbasend nie. Wereldwyd. Gelukkig is ék ARM genoeg , MAAR oop-kop om NIÉ DSTV te gebruik mààr INTERNET gebruik om ALLES te kan sien! Het destyds persoonlik met President Donald Trump gesels in ENGELS op ONENATION Platform, DEKADE GELEDE Ja en meer en meer moet mens ou gemors oor en oor kyk maar aanhou betaal om police academy, friends en big bang vir die 100ste keer oor te kyk. Moenie vergeet van ons “national hero” Kolisi advertensie nie. Nee dankie – As ek na iets wil luister wat die hele tyd herhaal kan ek gratis vir my skoonma gaan kuier. Grapgat. hahahahahahahaha. By haar kry jy waarskynlik nog koek of ‘n stukkie lekker melktert ook daarby! Ons het nog Dstv, sodat ons afrikaanse programme en sport te kan kyk. Gee ons asb n ander voorstel? Ja, die internet stromingsdienste het nie so baie Afrikaanse programme nie (wel sommige flieks). Maar sodra mens dit OPHOU kyk, besef jy hoe ERG die propagande in AL die Afrikaanse programme is. Ek mis nie Kyknet, die sepies, nuus of enige so iets nie. Ek luister Youtube video’s van onafhanklike Afrikaanse voorsieners vir aktualiteit en nuus, verniet! My ervaring dieselfde, Nettie. Was vir my ‘n sware gedagte om nie meer Kyknet te kon kyk nie, maar ek kan onomwonde sê dat ek dit glad nie mis nie. Soek VIPBox Dis NET sport Kwaliteit en herhalings van absolute swak gehalte! Kyknet se kort stories is skokend swak en die res blaai jy stasie na stasie en niks nuut of interessant nie. MAAR PRYSE GAAN OP EN ONS DOEN NIKS DAAROOR NIE! Jy kan iets doen. Kanseleer. Waarom wil jy jouself so sit en frustreer. Nee wat. Jy kan verskeie dienste stroom met beter inhoud, minder propaganda en vir ‘n kwart of minder van die prys. Hoekom sal mens nog DSTV wil hê? my “pakket” onmiddelik afgegradeer Dit is bog dat dit minimaal is. Minder nuwe programme, meer herhalings, meer advertensies. As dit alles in ag geneem word, is die verhoging tussen 40% en 50%. Nou hoekom betaal ek al klaar R949 pm? Sterkte die wat dstv ondersteun. Plaas “repeat” hulle ook die prys die hele tyd… Hoekom style met hul patetiese diens Pryse gaan op en kwaliteit gaan af. Die wêreld se nuwe besigheidsmodel KYKNET val in geen van die goedkoper pakkette nie. Vir al die ander “taal”groepe is daar goedkoper opsies. Dit is uiters swak van DSTV om die Afrikaanse populasie so uit te buit. Gee vir ons ook goedkoper opsies…. Die beste oplossing is om ‘n bedrag aan elke kanaal te koppel, dan kan ek kies en betaal vir dit wat ek wil kyk. Ek stel nie belang in al die gemors nie. Dit word reeds oorsee gedoen. 200%
[]
https://vaandel.co.za/tag/paul-prinsloo/
(Die onderstaande gebeure het op Maandagmiddag 7 September 2009 plaasgevind.) Ek het pas van George af teruggekeer toe die voordeurklokkie lui. Ek was nog op pad daarheen toe my dogter, Engela, die deur oopmaak. ’n Ou dame van 71 jaar (sy het my dit later meegedeel), het op die drumpel gestaan — doodmoeg, natgesweet en bloedrooi in die gesig. Asof sy my dogter nie daar was nie het nie, het sy by haar verbygekyk, met haar vinger na my gewys en uitasem gehyg: “Ek ken jou en ek het ’n boodskap van God vir jou.” Sy het haarself net voorgestel as Elize. Ek neem haar toe na die rusbank en sê sy moet solank sit dan gaan haal ek gou vir haar iets om te drink. Later hoor ek dat sy van onder uit die dorp na ons huis toe geloop het — dis byna twee kilometer vêr en al die pad opdraand. Iemand het haar van George af tot in Mosselbaai gebring. Op my vraag waarom sy my nie net gebel het nie, dan sou ek haar gaan haal het, was haar antwoord dat sy nie ’n telefoon het nie en ook my telefoonnommer ken nie. In die daaropvolgende uur vertel sy my toe nie net haar droewige lewensverhaal nie, maar ook hoedat God haar in haar grootste ellende op haar knieë neergedwing het en gesê het sy sal daar bly lê totdat Hy haar weer optel. “En dit was met die optelslag dat Hy my die visioen laat sien het en ook vertel het wat ek vir Hom moes doen.” Sy het geen vaste blyplek, geen bankrekening, en ook geen voertuig nie, maar sedertdien het Hy haar al dwarsoor die land geneem. So beland sy toe een aand in ’n woonstelletjie in ’n gastehuis (“die eienares het my verniet laat bly”). In ’n boekrak ontdek sy toe Siener van Rensburg se verhaal, Boodskapper van God. Sy het dit daardie nag deurgelees en die volgende oggend aan God gesê: “As hierdie dinge waar is, neem my na Lüderitz en die spoorlyn sodat ek dit met my eie oë kan sien.” Skaars ’n maand later staan sy toe ook op Lüderitzbaai en kyk na die talle skepe in die nuwe, vergrote hawe. Eers nadat sy die herboude spoorlyn ook gesien het, het sy geweet die gesigte van Siener is besig om waar te word. “En toe,” sê sy, “kry ek die visioen met ’n boodskap om dit aan jou bekend te maak. Ek het amper ’n maand lank gesukkel om hier uit te kom…” Terwyl sy die visioen aan my beskryf het, het sy haarself kort-kort in die rede geval, haar kop agteroor gegooi, dit met albei hande vasgegryp en uitgeroep: “O, my God, hier kom ’n verskriklike oorlog in die land!” Ek was nog besig om aan haar te verduidelik dat ek reeds daarvan weet omdat Siener dit voorspel het, toe sy my in die rede val en uitroep: “Nee, nee! Jy sal nooit weet hoe verskriklik dit gaan wees nie!” Die uitdrukking op haar gesig, het my yskoud laat word. In die visioen het sy haar in ’n groot, leë vertrek bevind. Links van haar het ’n horde toi-toiende swartes verskyn; hulle het rondgespring, geskreeu en stokke en knopkieries rondgeswaai en was besig om alles te verwoes. Sy het nog geskok na hulle gestaar, toe die stem wat altyd met haar praat, sê: “Kyk agter jou.” Sy het omgekyk en ’n reuse-slang vlak agter haar gewaar. Sy boosaardige oë was skaars sentimeters van haar gesig af. Doodsbenoud en verskrik het sy besef sy gaan vandag sterf. Maar toe verskyn daar skielik ’n man se voorarms bokant die slang se kop. Die volgende oomblik sluit sy hande om die adder se dik nek en begin hy hom te verwurg. Toe sê die stem hard en duidelik: “Dit is die einde!” Hoewel sy nie meer gekyk het nie, het sy geweet die slang is doodgemaak en die bedreiging het verdwyn. Nadat ons gesels het, het sy my gevra om haar in die dorp te gaan aflaai. Ek wou weet of sy nie ‘n tydjie by ons bly om eers uit te rus nie, maar sy het gesê sy het ‘n ander afspraak en moet gaan, en ‘n engel ry haar taxi en sal sorg altyd dat sy moet kom waar sy moet wees. Ek het haar daarna nooit weer van haar gehoor nie. Siener van Rensburg het ’n merkwaardige gesig gehad wat Elize se visioen bevestig. In 1990 besoek ek my suster Wilmien oom Paul Prinsloo in Eloffsdal, Pretoria. Hy het Siener persoonlik geken en daardie hele dag net oor hom en sy gesigte gepraat. Ek het ook bandopnames daarvan gemaak. Ons was op die punt om te vertrek, toe hy na my kyk en sê: Daar is nog ’n visioen, maar ek weet nie of jy dit in jou boek moet skryf nie. Oom Niklaas het ’n gesig gehad van groot swart op swart geweld wat nog eendag gaan plaasvind. En dan,” het hy gesê, “gaan dinge in die land baie verander.” Dit het mooi praat en pleit gekos voordat oom Paul die visioen aan ons vertel het. “Siener het gesê ek kyk in ’n geweer se bek (ek is die Boervolk) en ek sien ’n swart vinger op die sneller en ek weet dat as daardie sneller getrek word, dan is dit verby met ons en sal die Boervolk nie meer bestaan nie. Maar met my ander oog sien ek toe ’n man se voorarm bokant my in die lug verskyn. Die man se hand klap toe die geweerloop weg sodat dit na die anderkant toe swaai en die volgende oomblik sien ek ander swartes wat hardloop, maar net daarna begin hulle op mekaar te skiet. Ek staan toe en kyk hoe hulle mekaar uitwis…” Kort voor sy dood op 11 Maart 1926 het Nicolaas van Rensburg een middag aan eettafel aan sy gesin gesê: “Ek sien ons gaan weer groot moeilikheid met die swartes hê. (Hy het die K-woord gebruik). Na die oorlog (2de Vryheidsoorlog) het ek ’n klein, maer swartetjie halflyf verrys uit die aarde sien opkom — en gister het ek weer ’n visioen gehad. Ek sien dat hy gegroei het tot ’n magtige kryger wat heeltemal uit die aarde te voorskyn kom, en die assegaai en skildvel wat hy bokant sy kop uitstoot se skaduwee val dwarsoor ons land. Dis vér vorentoe, en dan sien ek dat hy agter ’n newel verdwyn. Maar voor sy verdwyning, het ek ’n donkerte oor die land sien neerdaal…” Daardie donkerte is nou met ons! Die ANC wat in 1912 gestig is, was die “klein, maer swartetjie wat hy halflyf uit die aarde sien opkom het.” In daardie stadium was die ANC nog geen faktor of bedreiging nie; en net soos die “klein, maer swartetjie”, was hy ook heeltemal onskadelik. Maar intussen het hy gegroei tot die “magtige kryger” wat ons vandag oorheers en bedreig; en Jacob Zuma is die een met die skild en assegaai waarvan die skaduwee nóú eers oor ons land val, en daardie skaduwee raak by die dag al hoe donkerder. Kom ons kyk net wat het in die afgelope week gebeur. Dit voel byna soos ʼn aaklige nagmerriedroom waaruit jy nie kan wakker skrik nie. Die plundering het in Natal begin en na Johannesburg oorgespoel. Tot sover is minstens 32 skole in KwaZulu-Natal alleen tydens onluste in die provinsie geplunder en gevandaliseer. - Suikerrietplasie is afgebrand. Die grootste en ook ander rafinadery in Natal het gesluit. Binne ʼn week of twee sal daar nêrens meer suiker te koop wees nie. - Daar is byna nie meer ʼn winkel of vulstasie wat oop is nie. - Mense staan nou voor die enkele winkels met die hoop dat daar nog kos te koop is. - By sommige vulstasies is staan die karre ook in toue. - Ons verneem van ʼn dame in Pretoria dat persone met privaat vliegtuie kosvoorrade na familielede in Natal wou neem, maar hulle is voorgekeer en verbied om dit af te lewer. Die voorraad moet glo na die agtergebelwenes gaan – hulle wat alles verwoes het! - Johannesburg: Binne die eerste ses dae is meer as 1.50 miljard rand se verliese gely. - Sowat 800 winkels is net op Woensdag geplunder. - Die skade aan eiendom en toerusting beloop reeds R15 miljard rand. - Sowat 50 000 informele handelaars is in Johannesburg en Natal deur hierdie onluste geraak. - Meer as 40 000 besighede is verwoes, en hulle sal nooit weer kan funksioneer nie. - Daar word bereken dat 129 000 werksgeleenthede verlore is. - En meer as 1.5 miljoen mense sit vandag by die huis sonder inkomste. - Siener het ons vroegtydig oor hierdie dinge gewaarsku toe hy gesê dit sal begin net na die grootste droogte in ons geskiedenis. (Volgens verskeie kenners was die afgelope 6 jaar se droogte veel erger as dié van 1933). Siener het op 2 Oktober 1915, 19 Oktober 1919 en 12 Desember 1915 die volgende gesigte gehad in verband met kosskaarste: “Ons sit nog en eet, dan raak die kos weg … die melkskottels is leeg, en ons vrouens is nakend”. Daar is nie net ‘n ernstige gebrek aan voedsel nie, maar melk sal ook skaars wees en ons vrouens gaan weer bitter swaar kry in hierdie tyd van groot ellende en armoede (hulle is nakend). Ook op die wingerd- en vrugte- boere wag daar donker tye en groot misoeste: “Ek sien leë druiwemandjies en perskes wat in ’n sloot lê”. Terselfdertyd sien hy ook ʼn groot brandstof tekort, want die karre staan teen die rooi bulte. ‘Rooi bulte’ is ʼn aanduiding van Kommunisme óf bloedvergieting op ons paaie – m.a.w. daar word op moteriste geskiet. Binne 2 weke sal daar geen groente en vleis meer te koop wees nie. Doen dit asseblief nou terwyl daar nog beskikbaar is! Die voedselverspreidingsketting is reeds nie meer daar nie, want dit is saam met die brandstofketting totaal vernietig! Dat die karre moontlik gaan staan, is besig om bewaarheid te word. Gwede Mantashe, minister van minerale bronne en energie, het pas aangekondig dat dit nou onwettig is om brandstof in houers te koop, jy kan dit net in jou voertuig laat gooi. Dit gaan nie net motoriste raak nie, maar veral mense wat afhanklik is van kragopwekkers wanneer Eskomkrag nie meer beskikbaar is nie. Ons boere wat die land van voedsel moet voorsien, moet nie net brandstof in draagbare houers kan koop om hul plase aan die gang te hou nie, maar ook het hulle diesel nodig om brande te bestry, want dis ook nou winter en die veldbrandseisoen. Werkloosheid het in die eerste kwartaal van 2021op ʼn rekordhoogte van 32.6 persent gestaan. Ramapohosa het verlede maand dinge vererger deur skole, restaurante, gimnasiums en besighede te sluit weens Covid-19. Dit beteken dat 20 miljoen mense op die oomblik sonder werk sit. In die afgelope week is 53 takke (30 groot takke) van Nedbak gestroop, asook 300 kitsbanke. Ons gaan binnekort kontantprobleme ondervind. Moenie wag nie, kry so gou moontlik ekstra kontant! ʼn Apteek-franchise het altesaam 160 apteke binne 48 uur landswyd verloor. Net in Natal is 50 supermarkte gestroop. Een van die heel grootste supermark-groepe in Suid-Afrika het Sondagaand 40 van sy groot winkels verloor. Die bekende ekonoom Magnus Heystek, het hom soos volg uitgelaat oor die plundering van die land: “Verlede jaar is 70 000 troepe (i.v.m. Covid-19) ontplooi om mense te verneder, in hegtenis te neem, te skiet en dood te slaan omdat hulle kruideniersware gekoop het, strand toe gegaan het of ‘n drankie in hul eie agterplase geniet het. Nou word ons stede geplunder en tot op die grond afgebrand en daardie troepe is nêrens te sien nie.” Ons het reeds in 2011 gewaarsku Vaandel Uitgewers het reeds op 21 Julie 2011 in ‘n blog artikel gewaarsku dat Siener in etlike gesigte gesien het die plundering van die land gaan in Natal begin en daarna wag groot ellendes op ons, want die aarde word swart (teken van ‘n oorlogtoestand wat haglik word – Siener se verklaring aan Boy Mussmann): Geweld in Natal sal toneem, het hy gesê – “Van die Ooste kom ’n vuur en brand Noord-Wes.(In die afgelope tyd is drie senior Zulu-leiers in Natal vermoor). Die aarde is swart (dis moord en doodslag en voorspel groot moeilikheid vir Natal). - Kosskaarste – “Daar staan ’n tafel gedek en daar is koue gestampte mielies in ’n skottel, en ’n skottel koue pap kom ook op die tafel… Die papskottel is leeg …Die laaste word uitgeskep…Ons sit nog en eet toe raak die kos weg.” In verskeie ander gesigte het hy ook ʼn kosskaarste voorspel. - Die mynstaking – “Toe kom mense uit dieselfde richting (Johannesburg) met grawwe agter hul rûe”. - Staatsbeheerde dienste stort in duie, daar is geldskaarste, goudmyne sluit omdat hulle nie meer winsgewend bedryf kan word ne, en daar is niemand wat nog daar werk nie, want – “By Johannesburg sien ek ’n groot hoop grond (gouderts) maar nie een mens is te sien nie” - Vir Johannesburg het Siener ʼn veel erger ramp voorspel as net die geweld. Hy “sien by Johannesburg lê ‘n ontsaglike groot hoop vuurmaakhout en die mense het net ‘koue pap en stampmielies’ om te eet. Dit kan net één ding beteken. Daar sal in ‘n stadium geen krag in Johannesnurg beskikbaar wees nie. Die 3de Wêreldoorlog En nie lank nadat al hierdie dinge gebeur het, sien hy die uitbreek van die Derde Wêreldoorlog. In Maart 1955 skryf mnr. Boy Mussmann in ’n brief aan die Volksblad oor wat die Siener aan hom gesê het aangaande sekere uitstaande gebeurtenisse wat nog moet plaasvind voordat die laaste Groot Oorlog gaan begin, en die Getroue Afrikaner sy land, vryheid en Vierkleur weer gaan terugkry. Hy skryf: “Oom Nicolaas het ook vir ons die tekens gegee ‘sodat julle kan weet wanneer die oorlog gaan begin’: Kyk, die treine sal staan. Die myne staan. Die motorvoertuie staan op die rooi bulte — gebrek aan petrol. Die Nie-Blanke mynwerkers is weg huis toe gestuur. Die treine staan oor gebrek aan smeerolie…” Siener beskryf die oorlog as ‘n ontsaglike vuur wat die ganse wêreld in vlamme sal laat opgaan: “…Dan slaan die aarde brand en sien ek ’n gesig van ’n aaklige oorlog; van perde met bloed wat van die perde se stange sal afloop.” (Dis die 3de en laaste Wêreldoorlog). Hierdie gesig sluit aan by wat ons in Openbaring 14:19-20 lees: “En die engel het sy sekel oor die aarde laat gaan en die wingerdstok (die mensdom) van die aarde afgeoes en dit gegooi in die groot parskuip van die grimmigheid van God. En die parskuip is buitekant die stad getrap, en bloed het uit die parskuip gekom tot aan die tooms van die perde, twee honderd myl ver…” Ten slotte lyk dit of nog ʼn visioen van hom op pad is om in vervulling te gaan, want ons het pas inligting ontvang dat ʼn sterk afdeling van die Amerikaanse magte wat in 12 basise in Duitsland gestasioneer is, stil-stil in Suid-Afrika aangekom het. Dit is beslis nie sonder rede nie. En ons weet mos wat Siener hieroor gesê het. So, kom ons kyk!
[ [ "[]", "http://vaandel.co.za/(https://vaandel.co.za/wp-content/uploads/2021/07/Siener-weer-in-die-kol.jpg)" ], [ "[Brookside Mall - Pietermaritzburg]", "http://vaandel.co.za/(https://vaandel.co.za/wp-content/uploads/2021/07/Kwazulu-Natal-plundering-in-2021-1.jpg)" ], [ "[Gauteng Plundering]", "http://vaandel.co.za/(https://vaandel.co.za/wp-content/uploads/2021/07/Kwazulu-Natal-plundering-in-2021-3.jpg)" ] ]
https://www.rsgplus.org/magnetiese-storms-in-die-ruimte/
As mens snags opkyk na die sterrehemel, lyk alles kalm en rustig, maar eintlik kan die ruimte ‘n rowwe plek wees. Een van die verskynsels wat die Aarde bedreig, is magnetiese storms. In die verlede was daar twee sulke storms wat opspraak verwek het. Die storm in 1859, bekend as die Carrington-voorval, het groot dele van die VSA en Europa sonder krag gelaat. Meer onlangs het ‘n storm Quebec in Kanada getref en ook aansienlike skade aan kragnetwerke aangerig. Privacy Overview This website uses cookies so that we can provide you with the best user experience possible. Cookie information is stored in your browser and performs functions such as recognising you when you return to our website and helping our team to understand which sections of the website you find most interesting and useful.
[]
https://www.hessequa.gov.za/waterbesparingsmaatreels-vir-hessequa-2/
WATERBESPARINGSMAATREëLS Waterbesparingsmaatreëls is gemik op verantwoordelike watergebruik en nie as beperkend op die publiek nie. 1.1 Natmaak van tuine, parke of enige gras-area, word verbied tussen 10:00 en 16:00. (Bona fide kwekerye, duine rehabilitasie projekte, sekere sportvelde, sowel as karwas dienste, slagpale en persele vir die voorbereiding van voedsel, word vrygestel van hierdie bepaling.) 1.2 Spreiers word toegelaat, maar tuinslange mag nie onversorg gebruik word nie (dit wil sê sonder toesig gelos word nie). 1.3 Afspuit van plaveisel en sementoppervlaktes word nie toegelaat nie. (Die afwas van sekere oppervlaktes in karwas dienste, slagpale en persele vir die voorbereiding van voedsel, word vrygestel van hierdie bepaling). 1.4 Voertuie, bote en karavane moet verkieslik met emmers gewas word. Waar ʼn tuinslang gebruik word, moet dit toegepas wees met ʼn outomatiese afsluit spuitkop. 1.5 Die Munisipaliteit behou die reg om, na oorweging van ʼn gemotiveerde aansoek, skriftelike goedkeuring te verleen vir vrystelling van spesifieke beperkings vir sekere verbruikers. Alle inwoners word gemaan om water spaarsamig te gebruik. Water is kosbaar, hanteer dit so.
[]
https://www.thebookbox.co.za/product/die-slym-boek/
Spaghetti tussen jou Tone 25th May 2018 Grilgrypers #1: Die Vloek Van Vreesbaai 15th June 2018Die Slym Boek R170.00 Meer as 30 glibberige, glyerige, grillerige, kleurvolle resepte wat die jongklomp wys hoe maak jy … slym! Al die projekte word met behulp van duidelike stap vir stap foto’s verduidelik. Vind ook in die feitekassies meer uit oor die wetenskap agter jou slymerige skeppings, en eksperimenteer met verskillende variasies van die resepte. Die nuutste aktiwiteitsgier vir kinders is klewerig, klouerig – en tonne pret. So, waarvoor wag jy – begin maak jou eie slym! Al die slymresepte in die boek is boraksvry. 1 in stock
[ [ "[]", "http://thebookbox.co.za/(https://www.thebookbox.co.za/wp-content/uploads/2018/05/spaghetti-80x80.jpg)" ], [ "[]", "http://thebookbox.co.za/(https://www.thebookbox.co.za/wp-content/uploads/2018/06/grilgrypers-1-die-vloek-van-vreesbaai-80x80.jpg)" ] ]
https://agrink.co.za/af/tag/transformasie/
Agri Noord-Kaap Uiters Teleurgesteld In Die Parlementêre Komitee Aanbeveling Nicol Jansen - President van Agri Noord-Kaap Nicol Jansen Nicol Jansen, President van Agri Noord-Kaap sê die klok lui vir rondte nommer een in geveg vir die behoud van Artikel 25 soos in die Grondwet vervat. Die aanbeveling van die Grondwetlike Hersieningskomitee rakende die wysiging van Artikel 25 is duidelik gegrond op politieke oorwegings inaggenome die delikate voor verkiesing prosesse. Die aanbeveling van die komitee is nie belyn met ekonomiese realiteite soos eiendomsreg as basis van die ekonomie, daarstel van beleggersvertroue, ekonomiese groei en werkskepping nie. Dit bevorder ook nie ekonomiese vryheid vir die opkomende sektor en begunstigdes van grondhervorming nie. Onteiening sonder Vergoeding vernietig ekonomiese waarde vir almal. Die aankondiging vandag neem duidelik nie die feite en argumente van die skriftelike kommentaar in ag nie en maak van die publieke deelname proses ‘n referendum na aanleiding van die mondelingse bydraes op die openbare verhore. Daar is baie gronde om die wetlikheid van die openbare proses uit te daag binne die reg alvorens daar voortgegaan kan word met die proses vir voorlegging aan die parlement. Agri Noord-Kaap sal sy volle steun toesê aan Agri SA se prosesse om die aangeleentheid te bestuur en konstruktief deelneem om die stem van die landbouers van die Noord-Kaap te verteenwoordig. “Ons het reeds voorbrand gemaak om effektief op te tree en sal addisionele hulpbronne in die stryd werp,” sê Dan Kriek, Agri SA President. “Agri SA glo in gesprekvoering met alle belanghebbendes, maar dit is nou tyd om ‘n duidelike lyn te trek.” Agri SA sal in die komende dae: Sy regsstrategie uitrol en met sy regspan oor moontlike litigasie raadpleeg; - Gesprekke met binnelandse en buitelandse rolspelers verskerp, insluitend Amerikaanse en Europese handelsvennote; - Die prosedurele en administratief-regtelike nakoming van die Grondwetlike Hersieningskomitee se konsultasieproses hersien; - Strategiese vennootskappe met verskeie organisasies verstewig en mobiliseer. - Dié voorgestelde wysiging is polities-gemotiveerd en sal grootskaalse skade aan die Suid-Afrikaanse ekonomie aanrig. Die prioriteit vir miljoene Suid-Afrikaners is werkskepping, behuising, misdaadbekamping en gehalte onderwys. Dit behoort die fokus van die regering te wees, eerder as roekelose en populistiese grondwetlike wysigings. “Agri SA win deurentyd regsadvies in en litigasie is onder oorweging,” sê Annelize Crosby, Agri SA Beleidshoof: Grond. “Die aanbeveling is slegs die eerste stap in ‘n lang en moeisame proses om die Grondwet en verwante wetgewing te wysig. Agri SA sal in dié proses deurentyd sy standpunte voorhou.” Agri Noord-Kaap staan Onteiening Sonder Vergoeding teë tot die bitter einde en sal eiendomsreg beskerm met alles wat ons het, volgens Wiaan van Rensburg, dagbestuurslid Grond en Transformasie.
[ [ "[Agri Noord-Kaap Uiters Teleurgesteld In Die Parlementêre Komitee Aanbeveling Nicol Jansen - President van Agri Noord-Kaap]", "http://agrink.co.za/(https://agrink.co.za/wp-content/uploads/2018/11/Nicol-Jansen-02-800x675.jpg)" ], [ "[Nicol Jansen - Agri Noord-Kaap]", "http://agrink.co.za/(https://agrink.co.za/wp-content/uploads/2018/10/Nicol-Jansen-01.jpg)" ] ]
https://everitt-capeagulhas.co.za/top-eiendoms-agente-vir-wes-kaap-chas-everitt/
Chas Everitt Kaap Agulhas is onder die Top 10 vir Agente Kommissie, Agente Eenhede, Kantoor Kommissie en Kantoor Eenhede, vir die periode Julie tot September 2019 in die Wes Kaap. Maar wat maak ‘n Top Eiendoms Agent? Vir die Chas Everitt Kaap Agulhas span is kliënte die heel belangrikste. Dit is dan ook geen wonder dat 50% van hul verkope kliënte is wat reeds op hul boeke is, en keer op keer terugkeer en hul vertrou met al hul eiendoms transaksies. Strepies is al vir amper drie dekades in die eiendoms bedryf en het geleer dat kliëntebehoud een van die grootste geheime is vir sukses. Spanwerk bevorder beter produktiwiteit en effektiwiteit. Ons werk almal uitstekend saam as span, ons het dieselfde doelwitte, en dit beteken dat take vinniger afgehandel word met meer doeltreffendheid. Ons administratiewe span lewer uitstaande werk en elke dag verloop soos 'n fyn geoliede masjien! Ons is veral baie trots op ons Napier agent, Vicky Butler, wat onlangs ten volle gekwalifiseer is as 'n eiendomskonsultant en ook onder die Top 10 agente was vir September maand. Chas Everitt Kaap Agulhas verkoop eiendomme op Struisbaai, Agulhas, Suiderstrand, Bredasdorp, Napier, Arniston asook omliggende plase. In Maart 2019 het hul oorgeskuif na die Chas Everitt Internasionale Groep. Dit was ‘n groot sprong om te neem, een waaroor hul glad nie spyt is nie. “Die Chas Everitt groep het dit moontlik gemaak dat ons as span ons bestaande vaardighede na ‘n nuwe vlak van dienslewering kon bring en daardeur nog meer vir ons kliënte kan bied. Chas Everitt Internasionaal is ‘n dinamiese groep mense met familie waardes en hul voorsien ongelooflike ondersteuning.” Strepies van Wyk Dit is vir ons as span by Chas Everitt Kaap Agulhas belangrik om kliënt gefokus te wees. Dit is ons passie om vir ons kliënte die beste transaksie te beding en om die perfekte huis vir kopers te vind. Dit is in ons grein om altyd die ekstra myl te loop vir ons kliënte en baie belangrik om die etiese kodes van die eiendoms bedryf te volg. Ons raai ook ons kliënte aan om eerder ‘n ekslusiewe mandaat te neem, dit maak die agent 100% verantwoordelik vir die bemarking van daardie eiendom, en plaas die agent in volle diens van die verkoper. Vir ons gaan dit oor baie meer as net die verkoops transaksie - die verhouding met die kliënt, spoedige dienslewering, die beste advies sonder onnodige risikos. Ons is trots daarop om onder die Top 10 kantore en agente te val, en diep dankbaar vir elke kliënt se ondersteuning. Kom praat gerus met ons indien jy eiendom wil verkoop of koop. Ons is leiers in die Eiendoms mark en jou vennoot in eiendom wat jy kan vertrou.
[ [ "[Chas Everitt Cape Agulhas Top Agents]", "http://everitt-capeagulhas.co.za/(https://everitt-capeagulhas.co.za/wp-content/uploads/2019/10/0001-724x1024.jpg)" ] ]
https://agrink.co.za/af/ogiesdraad-verkoop-soos-soetkoek/
Sedert ’n aankondiging vroeër vanjaar dat verskeie landboumaatskappye ogiesdraad teen afslagpryse gaan verkoop ter ondersteuning van boere se stryd om probleemdiere te bekamp, het dit soos soetkoek verkoop. By BKB, wat aanvanklik 6 000 rolle (1,2 m x 90 mm x 50 m) teen R564,24 per rol (BTW ingesluit) beskikbaar gestel het, het die aanvraag die aanbod drie keer oorskry. Die maatskappy het binne enkele weke bestellings vir 18 000 rolle ontvang. Altesame 5 000 rolle is reeds aan boere gelewer en die res sal oor die volgende drie maande ook teen die spesiale prys afgelewer word, sê mnr. Ronnie Smith, BKB se bedryfsdirekteur. Mnr. Johan du Plessis, hoofbestuurder vir handel by Die Koöperasie op Humansdorp, sê bestellings vir meer as 10 000 rolle is voor die sperdatum van 30 April ontvang. Dié onderneming was die eerste wat aan die Roofdierbestuursforum se versoek oor goedkoper draad voldoen het.
[]
https://maroelamedia.co.za/goeiegoed/stiltetyd/toekomsvenster-n-klub-vir-ware-here/
“Of weet julle nie dat julle liggaam ʼn tempel is van die Heilige Gees wat in julle is, wat julle van God het, en dat julle nie aan julself behoort nie?” – 1 Korinthiërs 6:19 (AFR 53) Suid-Afrika is ʼn land geteister deur geweld. Verkragting, misbruik, aanranding en selfs moord op vroue is nie onbekend nie. Hoe ʼn sogenaamde Christelike land die pad so ver byster kon raak, is onverstaanbaar. Tog is geweld teen vroue en kinders ʼn realiteit en iets waaroor ons behoort skaam te kry. Ons is geneig om die vinger na mense aan die anderkant van die treinspoor te wys en onsself te verontskuldig. Dit gaan egter nie die toets van die praktyk deurstaan nie. Die onverkwiklike misbruik vind onder alle mense plaas. Mans veral sal moet bykom wat hierdie saak betref. Vroue is, net soos manne, beelddraers van die lewende God. Hulle word eweneens geroep om die Koninkryk van die Here op aarde te vergestalt en te verkondig. Vroue staan op geen terrein terug nie. Hulle is ewe bekwaam en ewe gesog as enige manspersoon. Dat vroue so verniel word, is tragies en oortreders wat onbekeerd daarmee voortgaan sal hulself nie voor die troon van God kan verontskuldig nie. Vroue speel ʼn belangrike rol in die Bybel, trouens, ʼn vrou het aan die Verlosser van die wêreld geboorte geskenk. Elke persoon wat hier lees is sy of haar lewe aan ʼn vrou te danke. Vroue behoort op die hande gedra te word. Die geskiedenis bewys hoedat vroue, kaalvoet oor die Drakensberge, die pad na ʼn nuwe toekoms gekloof het. Ek sien ʼn groot advertensie bord met die woorde: “Gentlemans’ Club” en ʼn foto van ʼn skamele geklede vrou daarop. Dat dié betrokke vrou dalk nie met wysheid optree deur haar so ten toon te stel nie, mag so wees. Dit gee egter aan niemand die reg om vroue op hierdie wyse te na te kom nie. Wat is dit wat gevoed word deur advertensies soos hierdie? Ek sukkel om die woord “gentleman” en die advertensie bymekaar uit te bring. ʼn Ware heer tree nie so op nie. Soos hy respek het vir sy eie menswees en liggaamlikheid en dit nie ter wille van finansiële gewin sal uitstal nie, net so vir die vrou. Manne, vaders, kollegas, sportmanne, ensovoorts moet let op hoe hulle praat, die grappe wat hulle vertel, die name wat hulle gebruik wanneer daar na ʼn dame verwys word. Vaders moet hul seuns leer om vroue te respekteer. Seuns moet teenoor vroue optree soos hul pa teenoor hulle ma optree. Manne, ons moet ons getuienis wat hierdie saak betref, helder en duidelik laat hoor. Amen…..ek is dankbaar vir elke voorbeeldige ouer
[]
https://maroelamedia.co.za/nuus/sa-nuus/putfonteinweg-moordenaars-swaar-gestraf/
Byna drie jaar nadat Johanco Fleischman (19) en Jess Kuhn (23) koelbloedig by Putfonteinweg in Benoni doodgeskiet is, is hul moordenaars lewenslank tronk toe gestuur. Malosi Gift Shima en Ishmael Hlabati is Maandag in die Benoni-landdroshof elkeen tot twee keer lewenslank gevonnis vir die moord op Johanco en Jess nadat hulle verlede week van moord met voorbedagte rade skuldig bevind is. Landdros Ian Cox het vanmiddag tydens die vonnisoplegging gesê die genadelose wyse waarop Johanco en Jess vermoor is, is “onvergeeflik”. “Daar word gereeld gesê ons lewe in ʼn gewelddadige samelewing. Daar word gereeld gesê dat ʼn lewe goedkoop geword het. Dié voorval is tekenend daarvan. Hierdie kinders het geen regverdige kans gehad nie. Hulle was weerloos en hul moord was gevoelloos.” Maroela Media het vroeër berig Johanco en Jess se voertuig het in Mei 2019 op die N12 by die berugte Putfonteinweg sonder brandstof – sowat 300 m van ʼn vulstasie – gaan staan voordat hulle koelbloedig doodgeskiet is. Hul moord het destyds “skokgolwe” deur die Oos-Rand gestuur. Shima en Hlabati is in Junie 2020 in verband met die paartjie se moord aangekeer. ʼn Ooggetuie wat Shima en Hlabati op die toneel geplaas het, het uiteindelik daartoe gelei dat die twee mans skuldig bevind is. ʼn Derde verdagte wat glo die betrokke dag op die toneel gewaar is, is nog op vrye voet. Cox het die moorde as wreed en sinneloos bestempel. Jess is die betrokke dag in die gesig geskiet, terwyl Johanco agter in die kop geskiet is. “Die bedoeling was baie duidelik. Dit was om dood te maak.” Die landdros het voorts gesê geen vonnis sal egter die seer van Johanco en Jess se families ongedaan maak nie. “Die families se vraag oor ‘waarom’ sal nooit beantwoord word nie. ‘Hoekom moes dit daardie dag gebeur?’ ‘Waarom juis dáár sonder brandstof gaan staan?’ Ek is seker al hierdie vrae maal deur hul kop. “Die slagoffers was nog kinders. “Hulle het geen bedreiging vir enigiemand ingehou nie. En in ʼn oogwink is albei van hierdie lewende wêreld weggeruk.” Die trane het vanmiddag buite die landdroshof geloop waar die verligte ouerpare mekaar omhels het. “Ek is baie tevrede met die vonnis sodat hulle dit nooit weer aan enigiemand anders of enigiemand anders se kinders kan doen nie,” het Marika Fleischman, Johanco se ma, aan Maroela Media gesê. Lewenslank ??? Uit op parool na 15 jaar… Om plek te maak vir die wat vir 15 mde gevonis is om 2 mde in luuksheid te gaan us. Baie bly hierdie wesens het uiteindelik gekry wat hulle toekom. Die straf wat hulle eintlik verdien sal nooit vir hulle gegee word nie want hulle is van die uitverkose volk. Sterkte aan die ouers vorentoe Moes dieselfde behandeling gekry het wat hul aan die slagoffers uitgedeel het. Ek dink nie enige straf sal ooit genoeg wees om die seer by ‘n ouer weg te vat nie. Daar is ‘n spesiale plekking in hel vir die moordenaars bespreek Ek sal nooit vergeet nie…ek het sowat n uur voordat hierdie gebeure afgespeel het, daardie afrit geneem. Ek dink gereeld ; As ek daar sonder brandstof gaan staan het, of n onklaar voertuig…Ongelukkig was dit hierdie 2 kinders. Heel onskuldig en geen bedoeling om enige iemand iets aan te doen nie. Hierdie gemorste is nie mense nie.Hulle moes die doodstraf gekry het. Hoop hierdie skuim vrot in die tronk! Bring terug die doodstraf !!!! Moord is strafbaar met die dood. Wanneer onskuldige bloed vergiet word sal God die Skepper self intree want dit is deel van Sy skeppings werk.
[]
https://maroelamedia.co.za/nuus/sa-nuus/raadslid-vas-wat-glo-premier-wou-vermoor/
ʼn Vrou is Dinsdag in hegtenis geneem nadat sy saamgesweer het om die Noordwes-premier Supra Mahumapelo en die uitvoerende burgemeester van Mahikeng, Gosiame Seatlholo, te vermoor, het die Valke gesê. “Die 42-jarige raadslid is in die vroeë oggendure in Mmasebudule in hegtenis geneem,” het Paul Ramaloko, woordvoerder van die Valke, gesê. Die vrou het ʼn tradisionele geneser op 21 November genader en hom om hulp gevra om Mahumapelo en Seatlholo met moetie te vermoor. Hy het teësinnig ingestem, maar op 28 November die polisie van haar planne in kennis gestel. “Sy is Dinsdag in hegtenis geneem toe sy die tradisionele geneser vir die tweede keer gaan besoek het,” het hy bygevoeg. Sy sal Woensdag in die Lehurutshe-landdroshof verskyn. Die premier se kantoor het hul skok uitgespreek oor die inhegtenisneming. “Die kantoor van die premier verneem met skok kennis oor die inhegtenisneming van ʼn verdagte wat premier Mahumapelo wou vermoor,” lui ʼn verklaring. Die woordvoerder het ook die polisie bedank vir hul vinnige reaksie op die saak. “Intussen kan ons lede van die publiek verseker dat premier Mahumapelo veilig is en met sy gewone amptelike take voortgaan.” Hy het haar seker kwaad gemaak… haha
[]
https://yourrecipeblog.com/recipes/kerriemarinade/
KERRIEMARINADE 1 koppie blatjang - 1 koppie asyn - 1 eetlepel borrie - 1 eetlepel suiker - 2 eetlepels kerriepoeier - ½ koppie appelkooskonfyt - 3 groot uie, gesny - Braai uie in olie oor stadige hitte tot sag. Meng die borrie en kerrie by en braai tot goed gemeng. Voeg so ‘n halwe koppie water by, roer deur en sit deksel op sodat uie bietjie kan stowe vir so 2 minute. Voeg res van bestanddele by uie en kook goed deur. Haal van hitte af en bottel dit vir latere gebruik. Of laat afkoel, plaas die vleis (varktjops/hoender/sosaties) in marinade en laat ten minste oornag in yskas staan. Resep en foto: Mariaan Le Roux Hanekom
[]
https://passport.world.rugby/af/login/?action=register&ReturnUrl=/ru/login/?ReturnUrl=/es/login/?ReturnUrl=/match-day-staff/match-commissioner-programme/follow-up/
Teken aan Registreer World Rugby Passport is op 3 Mei 2021 opgegradeer. As jy voor 3 Mei 2021 op World Rugby Passport geregistreer het, dan moet jy eers jou gebruikersrekening aktiveer voor jy kan aanteken. Vir bykomende sekuriteit, sal jy moet bevestig dat jou e-posadres geldig is, en sal jy weer jou persoonlike besonderhede en voorkeure moet invoer. Belangrik! Jy moet dieselfde e-posadres invoer waarmee jy voorheen geregistreer het. Moenie met 'n ander adres registreer nie. Dit is om te verseker dat jou akademiese rekord behoue bly. Indien jy sedert 3 Mei 2021 reeds jou rekening geaktiveer het, kan jy hier aanteken.
[]
https://www.dstv.com/kyknet/af-za/video/en-die-wenner-is-maak-my-famous-2
En die wenner is… – Maak my famous 2 Video 28 September kykNET Digitaal het na die finaal van die tweede seisoen van Maak my famous, eksklusief met die wenner, Nicoleen Saal en Emo Adams gesels oor wat die toekoms vir haar inhou… Teken in en KYK Up Next Van een deelnemer na ‘n ander – Maak my famous 2 "Stoppit jy’s te oppit" deur Reggie B – Maak My Famous 2 26 September "A song for you" deur Nicoleen Saal – Maak My Famous 2 "Pyn Is Tydelik" deur Rotas the Rapper – Maak My Famous 2 "Don’t you worry about a thing" deur Daylin Sass – Maak My Famous 2 DFEATSA tree uit – Maak My Famous 2 Jy sal ook hiervan hou Video Voorskou: 4 Januarie 2024 – Die brug Kan die span die brug betyds klaar maak? En gaan die wenner die geld deel? Nuus Maak my famous en nou Arendsvlei se Rodney: ‘Als het uitgewerk soos dit moes’ – Arendsvlei Rodney Goliath speel die rol van Gio wat onlangs saam met Emile en Tereska in die 'Vlei opgedaag het. Video “My asem” – Magda Louw Erhard gaan nie self ’n skenker kan wees nie, maar Magda is trots dat hy bereid was om sy eie lewe moeiliker te maak om te help. Video #OpMyEish - Top Drie - Brendan Peyper Ons het met Brendan Peyper gesels om te hoor waar sy kop nou staan voor hy sy besluit bekend maak môreaand op #OpMyEish!
[]
https://yourrecipeblog.com/recipes/keto-onwerklike-tert/
KETO ONWERKLIKE TERT Nadat julle die Impossible Pie resep gedeel het, het ek besluit dat ek dit gaan maak omdat dit so eenvoudig en maklik lyk…en natuurlik dit ook low carb/keto maak. So dié weergawe is diabeet-vriendelik en bevat ook geen suiwel nie (dairy free!). 4 jumbo eiers - versoeter na smaak (pas dit aan na gelang van die versoeter wat jy gebruik – soetheidsgrade van versoeters verskil) - 125 ml amandelmeel - 1 teelepel bakpoeier - 2 teelepels vanilla geursel - knippie sout - 250 ml fyn klapper - 1 blik klapperroom (ongeveer 480 ml) - Meng al die bestanddele goed saam. Giet die beslag in ‘n 30 x 7 cm ronde tertbak en bak vir 50 – 55 minute by 170ºC totdat die vulsel gestol het. Laat dit afkoel, sny en bedien. Nota: Jou versoeter sal die finale kleur van die tert bo-op bepaal – party sal ‘n ligter tert lewer. Resep aangepas en foto: Ilze Jacobs
[]
https://yourrecipeblog.com/recipes/varkskenkels/
VARKSKENKELS ‘n Heerlike oosterse sous. Verwerk in ‘n voedselverwerker : - 125 ml tertappels - 60 ml olyfolie - 125 ml tamatiepuree - 45 ml appelasyn - 60 ml sojasous - 60 ml bruinsuiker - 60 ml heuning - 15 ml paprika - 10 ml mosterdpoeier - 5 ml fyn gemmer - Ekstra: - 4 x 500 g varkskenkels - Voorverhit die oond tot 180 ºC. Vryf die mengsel oor die varkskenkels wat kepe in die vel gemaak is en in ‘n groot genoeg oondbak geplaas is en bedek met foelie. Bak vir drie ure in die oond tot die vleis sag is. Draai die vleis twee maal om gedurende die bakproses en bedruip met die sous wat in die bak is. Haal dan die foelie af en grill vir 10 min. Ons het dit geniet saam met gekookte pampoen en rys en avokado. Dit was heeeerlik en die vleis heerlik sag. Resep en Foto : Gideon Louw
[]
https://agrink.co.za/af/tag/douglas/
Hierdie sprinkane bedreig groot dele van die gesaaides binne die Douglas omgewing en het ‘’n groep jong boere van die Douglas Landbou-Unie Agri Noord-Kaap genader vir finansiële bystand met die bespuiting van die sprinkane met ‘’n helikopter. Agri Noord-Kaap het Santam genader vir ‘n borg en Santam het R 20 000 geskenk om die boere by te staan in hulle poging om die gesaaides binne die Douglas omgewing te beskerm. Agri Noord-Kaap spreek daarom hulle opregte dank uit teenoor Santam vir hulle bereidwilligheid om te help om die sprinkaanplaag te bestry. Die sprinkane hou natuurlik ook ‘’n groot bedreiging in vir gesaaides in die Vrystaat sou die Noord-Kaap nie daarin slaag om hulle effektief te bestry nie. Kliek hier om ‘n pdf dokument (2MB) af te laai met fotos van die sprinkane.
[ [ "[Sprinkaan Projek in Douglas Petrus Boshoff]", "http://agrink.co.za/(https://agrink.co.za/wp-content/uploads/2021/02/Springkaan.jpg)" ] ]
https://agrink.co.za/af/ons-moet-glo-dat-ons-eersteklas-2/
Dit was die droogte wat Omri van Zyl weer gewys het: Daar’s ’n karakter, ’n taaiheid, in Suid-Afrikaners wat groter is as al die negatiewe goed wat ons nou in die politiek so platslaan. Dis die boer wat hom gebel het om te sê: Ek het voer wat ek graag vir ’n ander boer wil gee, want 20 jaar terug toe ék in die moeilikheid was, het ’n boer dit vir mý gedoen. Dis die tannies in ouetehuise wat gehekel en gebrei het vir Agri SA se droogtefonds, die kinders van ’n swart skooltjie in die Oos-Kaap wat R1 000 onder mekaar ingesamel het. Dit was handevat in nood, saam met banke en maatskappye. “Dis die karakter van ons mense.”
[]
https://www.proteinresearch.net/index.php?page=30-november-2006
Notule Canola- en Lupienwerkgroepvergadering gehou op 30 November 2006 te Elsenburg Opening en verwelkoming Dr De Kock open die vergadering met gebed. Dr Griessel neem waar as Voorsitter en verwelkom almal teenwoordig. Presensie Teenwoordig Dr M Griessel PNS (Waarnemende Voorsitter) Dr J de Kock PNS Mnr H Agenbag PNS Wes-Kaap Mnr P Lombard DLWK Mnr H Cerfonteyn DLWK Mnr C van Rooyen DLWK Caledon Mnr I Slabbert DLWK Moorreesburg Mnr G Conradie DLWK Moorreesburg Mnr W Hoffmann DLWK Me A Swanepoel DLWK Me L Smorenburg DLWK Dr T Brand DLWK Dr M Hardy DLWK Mnr D Koch CBK Mnr A Haasbroek Kaap Agri Mnr JJ Bruwer SSK Mnr P Laubscher Overberg Agri Mnr J Lusse Overberg Agri Mnr JJ Bester GSA Mnr C Cumming Bayer Crop Science Mnr J McDermott Du Pont Mnr H Kotzé Nova Voere Mnr L Swartz Canola Saad Produkte Dr N Kotzé Agricol Dr G Tribe LNR-NIPB Dr S Lamprecht LNR-NIPB Dr A Nel LNR-IGG Me L van Zyl Sekretariaat Verskonings Mnr GJH Scholtemeijer Voorsitter Dr I Trautmann DLWK Dr J Booysen DLWK Mnr G van Coller DLWK Prof A Agenbag US Mnr JCG van Niekerk MKB Mnr J Loubser Nova Voere Mnr N Hawkins GSA Mnr S van Zyl GSA Mnr P Fouché K2 Saad Me A Enslin SAGIS Me R Beukes NDL - NOK Me F Ferguson NDL - NOK Dr J Pieterse US Mnr K Schonken GSA Mnr K Becker SOILL Mnr N Murray Canola Saad Produkte Personalia Geen. Vasstelling van sakelys 11.2 – Studietoer na Australië Notule van die vorige vergadering Die notule van die vergadering gehou op 17 Augustus 2006 word goedgekeur. Algemene oorsig Winterreënvalstreek Canola Swartland / Suid-Kaap Die oes was bevredigend alhoewel die opbrengs baie van streek tot streek gewissel het en kleiner was as wat aanvanklik verwag is. Weens die koeler weer tydens oestyd, moes platgesnyde canola langer lê voordat dit opgetel kon word. Canola het oor die algemeen die reën in oestyd beter as ander grane hanteer. Van die oorspronklike aanplantings is baie vir weiding gebruik. Die volgende gemiddelde opbrengs per hektaar het in die onderskeie streke gerealiseer: Streek Opbrengs Ontvang tot op datum SSK 1,25 ton/ha 13 259 ton Overberg Agri 1,4 ton/ha 10 400 ton Tygerhoek proewe 1,4 ton/ha MKB 1,2 ton/ha 1 800 ton Overberg Agri 1,1 ton/ha 7 600 ton Langgewens proewe 1,4 ton/ha Min insekprobleme is ondervind, maar kommer word uitgespreek oor Sclerotinia en stamboorders wat in die Suid-Kaap voorgekom het. Tot op datum is daar geen beheermaatreëls (anders as biologiese beheer) vir stamboorders beskikbaar nie. Daar word besluit dat die inligting (oor voorkoms van stamboorders) beskikbaar uit die navorsingswerk wat deur Me Kellerman (DLWK) gedoen is, saamgevat en beskikbaar gemaak moet word; en Dr Tribe die voorkoms en moontlike beheermaatreëls teen stamboorders sal navors en aan die vergadering terugrapporteer. Dr Tribe Dr LamprechtOos-Kaap Volgens inligting is daar ongeveer 600 ha geplant. Die PNS bly in gesprek met die betrokkenes en vordering sal rapporteer word. Lupiene Dit was oor die algemeen 'n goeie jaar vir lupiene, alhoewel meer Sclerotinia waargeneem is. Sekere gebiede het skade gely weens te veel reën. Die totale opbrengs is nog nie bekend nie, maar die gemiddelde opbrengs per hektaar word rapporteer: Langgewens 1,5 ton/ha Kaap Agri 1 ton/ha MKB 1,5 ton/ha Overberg Agri 1,5 ton/ha SSK 1,5 ton/ha Die gebrek aan 'n mark vir lupiene raak 'n probleem, wat soetlupien produksie in die toekoms gaan beperk. Die afgelope seisoen was daar 'n toename in bitterlupien produksie vir eie gebruik op die plaas. Besluit dat Dr Lamprecht versoek word om inligting oor die behandeling van Sclerotinia te versamel en aan die Werkgroep te rapporteer; en daar oor verdere optrede ten opsigte van die voorkoms en beheer van Sclerotinia besin moet word. Dr Lamprecht Somerreënvalstreek Geen kommersiële aanplantings is in die somerreënval gebied gemaak nie. Dit was nogtans 'n goeie jaar vir canolaverbouing. Die rol van temperatuur in canolaverbouing moet nie buite rekening gelaat word nie. Dr Nel Weervooruitskatting Mnr Cerfonteyn verskaf die weervooruitskouing vir die komende periode. Ondergemiddelde reënval word vir Desember tot Maart 2007 voorspel en vanaf April 2007 word bogemiddelde reënval voorspel. Mnr Cerfonteyn Oesskatting Neem kennis dat daar volgens die NOK se derde produksieskatting vir die 2006-seisoen 41 640 ton canola en 16 000 ton soetlupiene verwag word. Besluit dat die terugvoering insake die versoek dat die oppervlakte hawer en medics gesaai ook in die oesskatting ingesluit moet word, van die NOK afgewag word. Me Beukes SAGIS Inligting Die jongste markinligting soos deur SAGIS verskaf is vir kennisname by die sakelys aangeheg. Neem kennis dat die CBK 'n versoek rig dat die invoerpariteitsprys van canola ook in die SAGIS-graanmarkverslag weergegee moet word. Besluit dat daar met SAGIS onderhandel word oor die moontlikheid dat die invoerpariteitsprys van canola ter inligting van produsente ook in die SAGIS-graanmarkverslag ingesluit moet word. Daar sal oor die mees praktiese prys (byvoorbeeld Australië of Kanada) besin moet word. Voorsitter Prysvooruitskatting Dr Griessel rapporteer oor die internasionale marksituasie. Wêreldvoorsiening en vraag van oliesade: 2005/2006 2006/2007 Openingsvoorraad 64,5 miljoen ton 70,6 miljoen ton Produksie 380,8 miljoen 385,5 miljoen Totale voorsiening 445,3 miljoen 456,1 miljoen Verbruik 374,7 miljoen 389,20 miljoen Eindvoorraad 70,6 miljoen 66,9 miljoen Voorraad / verbruik 18,8% 17,2% Die wêreldvoorraad van graan, dit wil sê mielies en koring is laag. Graanpryse styg, dit wil sê oliesade styg om mark te behou, graan meer krities as oliesade. Laer olie voorrade lei tot groter vraag na oliesade. Groter vraag na sojas as gevolg van skaarste aan vismeel. Die jongste gelande prys van sojaboon-oliekoek (47% proteïen) in Kaapstad beloop R2 092 / ton. Wisselkoers = R7.14 Die afgeleide waarde van volvet canola is soos volg: Pluimvee (94%) R1 966 Varke (100%) R2 092 Suiwel (58%) R1 213 Die relatiewe waarde van canola oliekoek is dus soos volg: Pluimvee (53%) R1 109 Varke (65%) R1 360 Suiwel (60%) R1 255 Die relatiewe waarde van lupiene is soos volg L. albus (Esta) Pluimvee (75%) Suiwel (80%)R1 569 R1 674L. angustifolious (Merrit) Pluimvee (53%) Suiwel (52%)R1 109 R1 088L. luteus (Juno) Pluimvee (63%) Suiwel (73%)R1 318 R1 527 Produsentepryse Die volgende pryse het die afgelope seisoen gerealiseer: Canola SOILL Canola Saad ProdukteR2 060 / ton R2 100 / tonLupiene R1 000 / ton Navorsing Canola Nasionale cultivarproewe (winterreënvalstreek) Cultivarproewe Wes- en Suid-Kaap 'n Opsomming van die 2005 data oor die olie- en ru-proteïeninhoud van canola in die Swartland en Suid-Kaap word aan die vergadering rapporteer en deur Mnr Lombard toegelig. In die Suid-Kaap het die olie-inhoud van 37.6% tot 33,6% gewissel terwyl dit effens laer in die Swartland was met 35,7% tot 30,7%. Die ru-proteïen varieer minder en wissel in beide gebiede slegs met 1,6%. Die Swartland het die hoogste gemiddelde ru-proteïeninhoud van 25,2% teenoor die Suid-Kaap se 23,7% realiseer. Die volgende gevolgtrekkings word rapporteer: Cultivar speel 'n belangrike rol in opbrengs en olie-inhoud; Omgewing speel 'n rol, gevolglik is Suid-Kaap meer gunstig vir olievorming; Kg olie per hektaar word hoofsaaklik deur saadopbrengs bepaal; Gunstige klimaat gee 'n hoë opbrengs; 'n Hoë opbrengs neig na hoër olie-inhoud. Neem kennis dat die CBK navraag omtrent die toets van olie-inhoud van canola en die faktore wat daarin 'n rol speel gedoen het. Uit die bespreking blyk dit dat verskeie faktore in interaksie met mekaar die olie en proteïeninhoud van canola bepaal, byvoorbeeld: Omgewingsfaktore en gehalte van grond; Bemesting toegedien vroeg in die plant se groeistadium teenoor latere toediening; Plantdatum – bepaal blomtyd; Klimaatstoestande / temperatuur tydens blomtyd tot oestyd speel 'n rol. Besluit dat Dr Nel versoek word om 'n samevatting van die faktore wat 'n rol op olie-inhoud kan speel soos verkry uit sy navorsingsdata en uit literatuur ter inligting by 'n volgende vergadering aan die Werkgroep sal voorlê. Dr Nel Mnr LombardVoorlopige statistieke ten opsigte van die opbrengs per cultivar in die 2006 cultivarproewe word ter inligting aan die vergadering verskaf. Besluit dat terugvoering oor die 2006 cultivarproewe by 'n volgende vergadering rapporteer sal word en volledige inligting in die Januarie uitgawe van die Canolafokus gepubliseer sal word. Mnr Lombard Redaksie Canola cultivaraanbevelings onder besproeiing in die somerreënval gebied Dr Nel rapporteer dat die omstandighede die afgelope seisoen baie gunstig was, ten spyte van skade deur voëls en hael. Die proewe word tans geoes en resultate sal by 'n later geleentheid beskikbaar wees. Besluit dat terugvoering oor die 2006 proewe in die somerreënval area rapporteer sal word. Dr Nel Bemesting Terugvoering vanaf Bemestingtaakspan Neem kennis dat geen kommentaar op die bemestingsriglyne soos tydens die vorige vergadering voorgelê, ontvang is nie. Mnr Van Rooyen rapporteer oor die blaarontledings wat in die Suid-Kaap gedoen is. Daar is blaarmonsters van 22 lande ontleed, en geen tekorte is geïdentifiseer nie. Meeste van die blare het 'n hoë natrium inhoud gehad. Geen grondmonsters van die betrokke lande is ontleed nie. Daar word aanbeveel dat die grondmonsters ook ontleed word en met die blaarontledings vergelyk word. Daar is versoek dat Prof Agenbag binne sy navorsing ("Soil N as a norm for N-fertilization programmes of winter cereals in the Western Cape") grond- en blaarmonsters tydens verskillende groeistadiums van die plante moet neem en ontleed. Volgens die inligting wat daaruit verkry sal word, kan verdere aksies ten opsigte van spoor-elemente oorweeg word. Besluit dat die ontleding van grond- en blaarmonsters by prof Agenbag (US) se stikstof-bemestingsproef ingesluit moet word en die resultate daaruit verkry met die resultate uit Dr Nel (somerreënvalstreek) se resultate gekoördineer word en verdere optrede na aanleiding daarvan oorweeg sal word. Prof Agenbag Dr Nel Wisselbou-projek somerreënval gebied Neem kennis dat afgesien daarvan dat die proef deur hael beskadig is, interessante (onverwagte) resultate behaal is. Die volledige resultate sal per dokument aan die Werkgroep rapporteer word. Besluit dat vordering met die wisselbou-projek in die somerreënval area rapporteer word soos die projek vorder. Dr Nel THRIP-projek Geen vordering word rapporteer nie. Besluit dat terugvoering oor die aanwending van die THRIP fondse rapporteer sal word. Saadbehandeling teen swamme en insekte by canola Geen vordering word rapporteer nie. Besluit dat daar by Syngenta omtrent die vordering met die registrasie van Cruiser as saadbehandelingsmiddel teen swamme en insekte navraag gedoen moet word en terugvoering rapporteer word. PNS Sekretaresse Lupiene Nasionale cultivarproewe 'n Opsomming van die 2005 data oor die proteïen-inhoud van lupiene in die Swartland en Suid-Kaap word aan die vergadering rapporteer en deur Mnr Lombard toegelig. Die voorlopige opbrengste van die cultivars in die 2006 proewe word ter inligting aan die vergadering voorsien. Besluit dat resultate van die 2006 cultivarproewe by 'n volgende vergadering rapporteer sal word en in die Januarie uitgawe van die Lupino gepubliseer sal word. Saadbehandeling teen swamme en insekte by lupiene Neem kennis en besluit dat die saak as afgehandel beskou word. Weerstandbiedende raaigras Neem kennis dat die CBK hulle kommer uitspreek oor die feit dat die raaigras-probleem onrusbarende afmetings aanneem, en versoek dat die Weerstandbiedendheidswerkgroep dringend die probleem moet aanspreek en terugvoering aan die bedryf kommunikeer. Volgens die Werkgroep is Dr Pieterse (US) in die proses om 'n navorsingstrategie ten opsigte van raaigrasweerstandbiedendheid saam te stel. 'n Simposium oor Onkruidweerstand word vir 2007 beplan. Produsente word intussen aangeraai om die reeds bekende teen-weerstandstrategieë (kombinasie tussen chemiese beheer, veefaktor, wisselboustelsels) toe te pas. Verwys ook na die September uitgawe van Canolafokus. Besluit dat terugvoering insake die navorsingstrategie ten opsigte van raaigrasweerstandbiedendheid van die Werkgroep afgewag word. Me Swanepoel Pes- en plaagbeheer Stoppelbestuur van canola / swartstam Besluit dat vordering met die Swartstam-projekte rapporteer sal word soos dit beskikbaar raak en die saak voorlopig daar gelaat word. Voorkoms en monitering van bogrondse insekte, plae, slakke en bolwurms Neem kennis en besluit dat die werksaamhede van die Werkgroep vir beter vestiging van canola voorlopig gestaak word. Monitering van insekte op canola Daar word kennis geneem van die vorderingsverslag deur Dr Tribe insake die projek oor insekte op canola. Besluit dat Dr Tribe verdere inligting by 'n volgende vergadering sal rapporteer. Dr Tribe Neem kennis en besluit dat Dr Hardy die voorkoms van duine slakke by die Swellendam proefperseel en in die Heidelberg area direk met Dr Tribe sal opvolg. Dr Hardy Dr Tribe Biobrandstowwe Geen verdere inligting is beskikbaar nie. Besluit dat vordering insake moontlike vervaardiging van biobrandstowwe uit graan rapporteer sal word soos die proses vorder. Dr Troskie (DLWK) Navorsingsprojekte Daar word kennis geneem van die navorsingsprojekte wat deur PNS gefinansier word - soos by die sakelys aangeheg. Projekte: DLWK Neem kennis van die navorsingsprojekte wat deur die DLWK uitgevoer word soos by die sakelys aangeheg. Tegnologie-oordrag Canolafokus Die jongste uitgawe het in September verskyn. Besluit dat die volgende vir publikasie in volgende uitgawes oorweeg word, naamlik: Terugvoering van cultivarproewe 2006; Insekte op canola: Terugvoering van Dr Tribe se proef; Dr Griessel se verslag van studie reis. Verskeie opsies hoe die nuusbrief direk aan individuele produsente gepos of e-pos kan word, word oorweeg. Agricol sal die moontlikheid om met die versending van die posstukke behulpsaam te wees, ondersoek. moontlikhede hoe die Canolafokus direk aan individuele produsente versend kan word verder ondersoek moet word; en die moontlikheid dat Agricol kan help met die verspreiding van die nuusbriewe ondersoek moet word. PNS Dr Kotzé Lupino Neem kennis dat die jongste uitgawe in September verskyn het en dat die resultate van die cultivarproewe in die Januarie uitgawe gepubliseer sal word. Inligtingsdae 2007 13 Maart SKOG Voorsaai Inligtingsdag 9-11 Augustus Canolafees, Swellendam / CBK Boeredag sal hiermee saamval 29-31 Augustus Agri Megaweek Bredasdorp Neem kennis dat die PNS genooi word om hulle Augustus vergadering te skeduleer vir die week van die Canolafees. Besluit dat die versoek om die Augustus vergadering datum te verander deur die PNS bestuur oorweeg sal word. Terugvoering word afgewag. PNS Kommunikasie van navorsingsresultate Neem kennis dat die PNS nog oor die versoek insake die effektiewe kommunikasie van navorsingsresultate moet besin. Besluit dat terugvoering oor die versoek aan die PNS insake die verspreiding van navorsingsresultate in produsent-vriendelike formaat afgewag word. Behoeftes van Mark – Canola Statutêre Graderingsregulasies Neem kennis dat die Graderingsregulasies wat na konsensus in die bedryf goedgekeur en in praktyk geëvalueer is, na die Departement Landbou vir afkondiging verwys is. Na herhaalde navrae is GSA meegedeel dat die Departement volgens hulle nie in die proses geken is nie en dit eers aan die Kwaliteitstandaarde Komitee vir oorweging wil voorlê. Die proses is nou vertraag, maar GSA sal dit deurlopend monitor en terugvoering deurgee. Mnr Koch Mnr Hawkins Mark - Lupiene Produsente – Canola Produsente – Lupiene Super Canolakompetisie Die opsomming van die afgelope vyf jaar se Super Canolakompetisie resultate is ter inligting by die sakelys aangeheg en word deur Mnre Van Rooyen en Slabbert toegelig. Terugvoering oor die 2006 kompetisie sal vroeg in 2007 beskikbaar wees (onderskeidelik by die GSA Jaarvergadering op 6 Febraurie en die SKOG Voorsaai Inligtingsdag op 14 Maart 2007). Mnr Van Rooyen Mnr Slabbert Saad Canola Daar word rapporteer dat genoeg saad beskikbaar is. Lupiene Ander sake LNR President en Hoof Uitvoerende Beampte Neem kennis dat Dr S Moephuli as Hoof Uitvoerende Beampte van LNR aangewys is. Studietoer na Australië Dr De Kock gee kortliks terugvoering van die afgelope studietoer na Australië. Die volledige verslag sal aan die Werkgroep beskikbaar gestel word. Simposium: grondgedraagde siektes Dr Lamprecht gee 'n kort oorsig oor die afgelope simposium oor grondgedraagde siektes. CD's oor die verrigtinge is vir lede beskikbaar. Datums van volgende vergaderings 8 Februarie 2007 12 April 2007 13 Junie 2007 16 Augustus 2007 – datum sal met werkgroep bevestig word 28-30 Augustus 2007 – besigtiging van proewe 28 November 2007 – afsluitingsfunksie 29 November 2007 Afsluiting Die Voorsitter bedank die lede vir hul bydraes tydens die vergadering en hul samewerking gedurende die jaar. Hy wens elkeen 'n geseënde Kersfees toe en verdaag die vergadering.
[]
https://www.proteinresearch.net/index.php?page=ten-slotte
Navorsingsverslag 2012/2013 9. Slot Die jaar 2012/2013 het seer sekerlik afgesluit op 'n hoogtepunt met die aanbied van WSRC IX 2013. Hoewel dit 'n duur ervaring was, wat ongevraag op die PNS se pad gekom het, het dit ongetwyfeld gesorg vir 'n eiesoortige alletye hoogtepunt. Die PNS sal vir baie jare nog die vrugte pluk hiervan en met trots hierop kan terugkyk. Hierbenewens is die volgehoue vordering van die sojabedryf en die ooglopende herlewing en groei van die canolabedryf bewyse van suksesverhale wat oor baie jare strek wat bevestig die benadering van die PNS om plaaslike oliekoekproduksie te bevorder, suksesvol was. Namate ouer lede begin uittree en jonger lede toetree, kan met reg gesê word dat die fondamente van die PNS getuig van sukses en is 'n basis geskep vir die voortbou hiervan en hierop, maar wat ook die uitdaging inhou van verdere sukses op moontlik ander terreine. Die PNS het sy sukses te danke enersyds aan die harde werk en toegewydheid van Raadslede en personeel, maar ongetwyfeld andersyds ook aan die wye kring van vriende, medewerkers en kontrakteurs wat deurgaans die PNS aksies ondersteun het en aan wie ons graag erkenning wil gee. Vir ongekwalifiseerde ondersteuning, spreek ons verder ook ons dank uit teenoor plaaslike en internasionale medewerkers, navorsers en instansies, die Pers, Fondsbestuurders, Ouditeure, Prokureurs en Webmeesters. Ons vertrou dat hierdie samewerking die komende jaar en vele jare daarna tot steeds meer positiewe resultate sal lei.
[]
https://agrink.co.za/af/veevoer-oral-onder-druk-maar/
Veevoer is onder druk. Foto: Johan van der Merwe Die voortslepende droogte in die somerreëngebied het die verbruik en vraag na vervaardigde veevoer baie hoër as normaal gedwing. Volgens mnr. Kirmish Dyokolwana, tweede voorsitter van die Oos-Kaapse tak van die RPO, is Molatek en Voermol se produkte uiters skaars in die Queenstown-omgewing. “Ons sien meestal net ’n enkele formulering van een van die vervaardigers op die rakke en dan is dit nie lank voordat dit ook opgeraap is nie,” sê Dyokolwana. Volgens mnr. Nelius Ferreira, voorsitter van die Vrystaatse tak van die RPO, is handelaars se voorraad veevoer nie so hoog soos altyd nie. “Boere ervaar egter nog nie tekorte nie. Hoewel die voorraad verseker baie laer is as normaal, word boere steeds voorsien, mits hulle goeie beplanning doen en betyds bestel,” sê Ferreira. Minder voorraad Volgens mnr. Kenny Crampton, nasionale verkoopbestuurder van Voermol, is die vraag na hulle produkte baie hoër as normaal. “Die druk is hoog, maar ek meen dat ons sal kan voorbly. Ons het redelik in ons voorrade ingewerk oor Januarie en Februarie, toe die vraag nóg hoër was as nou en uitermatig baie hoër was as normaal, maar selfs met die laer suikerriet-opbrengs weens die droogte, voorspel ons nie dat daar ’n vreeslike probleem sal wees indien die weer hierdie jaar ’n normale patroon volg nie.” Volgens mnr. Wouter de Wet, besturende direkteur van RCL Foods Dierevoeding(Molatek en Epol) het hulle reeds alternatiewe planne gemaak om die laer suikerriet-oes aan te spreek en aan die verhoogde vraag te voldoen. “Ons het ander suiker produsente en bronne van molasse vir die inkoop van addisionele molasse volumes, genader. Dit beteken dat ons nie soos vorige jare ’n surplus van molasse sal hê om te verkoop nie, maar saam met ons groot kliënte bestuur ons die balans tussen vraag en aanbod en werk aan alternatiewe oplossings. “Niemand weet presies wat die impak van die droogte en die winter op aanvraag gaan wees nie, maar ons doen alles moontlik om in die aanvraag te voorsien en ook om boere by te staan om dit wat beskikbaar is so doeltreffend moontlik te gebruik en om alternatiewe te vind,” sê De Wet. Ruvoer redelik beskikbaar Volgens mnr. Neels de Villiers, veeboer van Ventersburg in die Vrystaat, is ruvoer redelik beskikbaar, maar teen ’n koste. “Die een se dood is maar die ander se brood. Ek dink tog van die verskaffers buit boere uit noudat hulle weet boere kan nie sonder dié produkte nie.” Volgens Ferreira lê die groot uitdaging tussen September en November. “Tans is daar nog weiding in sekere streke oor, maar teen September en veral na einde Oktober, is die kans goed dat die hele Vrystaat en die res van die noorde van die land gaan lyk soos die Suid-Vrystaat nou lyk. As daar dán nie voer beskikbaar is nie, gaan dit ’n katastrofe wees,” meen Ferreira. Beide De Wet en Crampton is egter versigtig optimisties dat hulle produkte beskikbaar sal wees aangesien die oes van suikerriet moontlik eers teen die einde van die jaar tot ’n einde sal kom.
[ [ "[Agri Noord Kaap - Veevoer oral onder druk, maar]", "http://agrink.co.za/(https://agrink.co.za/wp-content/uploads/2016/06/Veevoer-oral-onder-druk-maar.jpg)" ] ]
https://yourrecipeblog.com/recipes/heerlike-anysbeskuit/
HEERLIKE ANYSBESKUIT 375 ml melk - 250 g botter of margarien (ek gebruik helfte helfte) - 1½ liter louwater - 2½ pakkies kitsgis - 37 ml sout - 2,5 kg koekmeel - 2 eiers - 1 blik kondensmelk - 200 ml witsuiker (jy kan 250 ml byvoeg ek wou dit nie so soet hê nie) - 25 ml suurlemoensap - 100 g semels (opsioneel) - 15 g anyssaad - Kook die melk, botter (margarien) en suiker tot opegelos en laat afkoel (as dit te warm is vernietig dit die gis se werking) Meng die droë bestanddele saam. Klits die eiers, suurlemoensap en kondensmelk saam. Voeg die melkmengsel en geklitste eiermengsel by die droë bestanddele. Meng goed deur. Knie vir omtrent 15 minute. Die deeg moet redelik slap wees, indien te droog is, kan nog water bygevoeg word. Plaas die deeg in ‘n bak, bedek en plaas in ‘n warm plek, laat rys tot dubbel die hoeveelheid. Berei panne voor en plaas ‘n laag bakpapier onder in die panne,(lees nota onder aan) dit verhoed dat die beskuit brand. Ek gebruik vier panne- het dit altyd in bolletjies gerol maar hierdie keer het ek die panne half gevul in die vorm van brood. Laat dit rys tot pan amper vol is, bak teen 180˚C vir so 50 min. of tot gaar toets. Laat effe afkoel, keer die gebak uit en sny in beskuite. Droog die beskuit uit en geniet. Nota: Die hoeveelheid water kan aangepas word, dit hang af waar julle bly en hoe droog of vogtig die lug is julle area. Bedek die panne met ‘n vadoek of koerantpapier en plaas op houer met kookwater en sit op plek waar die son skyn, dan rys dit gouer. Ek voer my panne onder uit met dubbellaag koerantpapier en dan ‘n laag waspapier of bakpapier net aan onderkant. Resep en foto: Betsie Ferreira
[]
https://pixbysteve.co.za/category/family-shoot/
Ons was na die George plantasies vir 'n laat middag gesin shoot. Daai poppie met haar skaam gesiggie het GOU uit haar dop geklim na ons haar soft spot gekry het...maar dit bly n STAATSGEHEIM! Dankie vir julle tyd en die lieflike shoot! The Nortjé family is one with many talents, Frans is South African and Sophia is German, they talented kids are not bilingual...little as they are, they not only speak but understand German, English AND Afrikaans! The busy bees live close to the beach and their time spent in South Africa during the Covid19 Lockdown, was a pleasant one, with space and magical views! You are a lovely family and may your journey and adventures be blessed. Ek was saam met Wian op skool en sy vrou Adele is ook `n fotograaf, wat `n voorreg om vir julle die shoot te kon doen.Geniet elke oomblik met jul woelige manne, dis dalk uitputtend nou, maar tyd stap gou aan en een van die dae vlieg hulle uit die nes! Mag julle `n gesëende jaar geniet! When you are from Colesberg as visit to the sea is unforgettable and the time spent with your family and young one is memories that you will never leave behind. Monja went the extra mile with their colour scheme and that red dress was the best choice! Thank you for all the effort, I am sure you will agree that even though the wind was PUMPING the evening the moments is breathtaking. Grobler Gesin...met `n TWIST! Met `n gekonkel het Erica en haar man gehelp met die verlowing van Elrika en Jaco. Die dames van Fancy Functions op Mosselbaai het gesorg vir die mooimaak goed en ons het aangegaan met die Familie Shoot asof niks aan die gang is nie. Jaco moes om die rotse gaan kyk of daar mense is en kon vir haar op sy knie inwag. Dankie vir die voorreg om te kon deel in die oomblik! Die de Wet familie kom in Worcester bymekaar Dis nie aldag dat die Oupa en Ouma hulle kuiekens onder een dak het nie. Martin en Tarien woon in Worcester, Jaco & Mari-Louise in Bethlehem en Oupa en Ouma in Senekal, so wanneer almal bymekaarkom is Oupa en Ouma in hulle noppies. Die weer het ons nie veel van `n opening gegee nie, maar toe hy ons die oomblik gee het ons hom met albei hande gegryp! Erasmus Gesin geniet die Sonopkoms in Hartenbos Daar is niks lekkerder as `n vakansie by die see nie, al was hy so bietjie kortgeknip deur Covid 19 kon ons nogsteeds so paar memories vasvang! Ons is dankbaar julle is veilig en dankie vir die vroeg opstaan. Du Preez Gesin op die strand in Danabaai Die Du Preez gesin het in die Tuinroete kom kuier, ons het op Danabaai se strand besluit vir die foto's en sommer oppad af al gestop om die natuurskoon te bewonder. Oppad strand toe was daar die mooiste Bosbok ram en soos ons na die strand aangekom het n skouspel deur n ENORME skool dolfyne. Dankie vir al julle sports! Botes Gesin kom troue toe, Gourikwa, Gouritz, Tuinroete Die Botes gesin het in Gouritz kom kuier vir sy broer se troue. Dit was sommer `n ideale tyd vir hulle om vroeg oggend familie foto's te neem by die see. Dankie vir julle tyd en al die glimlagte! Erasmus familie, die Punt, Mosselbaai Desember is VAKANSIE TYD...SEE TYD FAMILIE TYD!!!! My Pa en Oom Pieter het jare saam gewerk en hoe groot voorreg was dit darm nie om die shoot vir hulle te kon doen! The girls came from around the globe to visit and get together with their parents & families. They could not get the gents and kids to join, but the most important was time with their parents and that is what they got. I truly believe that you will cherish the time together and the memories made. Olivier Family at Bayview, Garden Route An early morning shoot is a gamble, there is no chance to cancel. I woke up this morning with doubts in my mind on weather (spot the pun) we were going to even see the sun rise? We arrived at the beach and there was a small opening above the horizon...just enough to allow for a spectacular sunrise!!! Frederick was at school with me and what a pleasure to see you again and to meet your lovely family. Meané se doop was by Oppie Plaas in Waboomskraal, `n kosbare plekkie vir haar ouers wat daar trou aan mekaar beloof het. Baie geluk Meané met hierdie baie spesiale geleentheid, jy het `n Mamma en Pappa wat besonders lief is vir jou en weet jy loop die lewenspad met God aan jou sy. Volg die link na Oppie Plaas Venue in die voet van die Outeniqua Berg. Die "VUIL" Petherbridge gesin, in Herbertsdale Die Petherbridge gesin is vol avonture en buitelig mense, gurige jagters, skiet vis en vars lug. dit was al lekker koel toe ons die shoot gedoen het en moes dit due in die middel van die dag doen...nie `n fotograaf se gunsteling tyd nie! Hulle het gesorg vir n ABSOLUTE FEES van n tyd, net so bietjie ontdooi met die modder en toe gaan hulle GROOT! JC met so BOM en Jayden se cartoon move om die bad te weerstaan was onvervangbare oomblike!!! Dankie julle, hierdie was sowaar my BESTE shoot OOIT!!! 4 Generasies bymekaar, Mosselbaai, Tuinroete Gesondheid is besonders kosbaar en om n lang gesëende lewe met jou kinders, kleinkinder en selfs AGTERkleinkinders te mag deel is sowaar n sëening! Lizelle het by haar Ouma in Mosselbaai kom kuier en wou graag n gemaklike fotosessie met haar en ander familie deel. Hulle het roomys vir die kids gebring...en soos verwag was dit n TREFFER 07h00 in die oggend...selfs Ouma Groot het deurgeloop, maar dit terdeë geniet. Vir nog familie shoots gaan... Wat n voorreg om die Van Zyl Gesin in die studio te kon vasvang. Dis nog meer spesiaal as 'n fotograaf jou vra om vir hulle foto's te neem. Adel is ook n fotograaf in Mosselbaai en ek en Wian was saam op skool gewees...om terug te dink aan daai dae en te kyk na waar ons vandag is...wie sou dit ooit gedink het Wian! Julle is gesëend met n wonderlike gesin en 2 baie spesiale manne! Volg die link na nog van my Studio werk. Oupa & Ouma Williams met hul kleinkinders - George woud Die kinders het Oupa en Ouma Williams bietjie bederf met 'n fotosessie saam hulle kleinkinders. Tyd saam met mekaar en die liefde van n Ouma en Oupa is darm net iets kosbaar. Die plantasie net agter George was doodstil en ons kon net luister na die giggels van `n kind en die gesing van die voëls.
[]
https://www.thebookbox.co.za/product/dagboek-van-n-wimpy-kid-15-diepkant/
Frog and the Stranger 1st March 2021 Percy Jackson #5 and the Last Olympian 3rd March 2021Dagboek van ‘n Wimpy Kid #15 – Diepkant R185.00 In Diepkant, die 15de boek in die Dagboek van ’n Wimpy Kid-reeks, uit die pen van Jeff Kinney, topskrywer van #1-internasionale blitsverkopers, kies Greg Heffley en sy gesin koers op ’n kampreis, gereed vir ’n grootse avontuur. Maar sake neem ’n onverwagse wending en hulle beland sonder uitkomkans in ’n karavaanpark wat allermins ’n somerparadys is. Wanneer die reën neerstort en die watervlak begin styg, wonder die Heffleys of hulle die vakansie kan red, en of hulle dalk al klaar te diep in die sop is. 4 in stock
[ [ "[]", "http://thebookbox.co.za/(https://www.thebookbox.co.za/wp-content/uploads/2021/02/IMG_20210301_0013-80x80.jpg)" ], [ "[]", "http://thebookbox.co.za/(https://www.thebookbox.co.za/wp-content/uploads/2021/03/IMG_20210303_0002-80x80.jpg)" ] ]
https://bulletin.co.za/donald-trump-se-verhoordatum-in-omkoopsaak-vasgestel/
# ’n Verhoordatum is vasgestel in Donald Trump se omkoopgeld-saak. Aanklaers beweer hy het die pornografie-ster Stormy Daniels en die voormalige Playboy-model Karen McDougal betaal om stil te bly, asook ‘n Trump Tower-deurwagter, wat beweer het dat hy ‘n buite-egtelike kind het. ’n Regter het aansoeke vir uitstel van Trump se prokureurs van die hand gewys en beslis dat die samestelling van die jurie op Maandag 25 Maart sal begin. Dit beteken Trump sal die eerste voormalige Amerikaanse president word wat op ‘n strafregtelike klag teregstaan. Trump ontken dat hy by enige van die seksuele voorvalle betrokke was. Donald Trump se verhoordatum in omkoopsaak vasgestel
[]
https://www.lapa.co.za/e-boeke/die-kontrak-eboek
Kort nadat haar verloofde haar met haar vrouebaas verkul het, ontmoet Marike die egnimatiese Brett. Brett is aantreklik, skatryk, en ‘n beroemde draaiboekskrywer. Daar is net een probleem: Sy is met ‘n kontrak aan hom verbind, een wat dit duidelik stel dat sy nie op hom verlief mag raak nie, maar dat sy mildelik vergoed sal word om sy minnares en muse te word. Hoe moeilik kan dit tog wees? Veral noudat sy besluit het om mans vir altyd af te sweer, en wild, wragtig en onafhanklik in die oomblik te leef. Maar die hart sluit sy eie kontrakte, ongeag wat die verstand vir haar voorsê. Soos Marike en Brett meer tyd saam deurbring, vat vonke tussen hulle vlam in passievolle oomblikke. Hul verhouding is ongekompliseerd, totdat hulle terugkeer van ‘n stomende vakansie in Mauritius en hulself in ‘n uiters netelige posisie bevind met ‘n kontrak van ‘n heel ander aard.
[]
https://www.rsgplus.org/nuusbriewe/
Nuusbriewe – RSG Ons nuusbrief is gratis, jou inligting bly privaat, en ons laat net van ons weet wanneer daar iets interessants gebeur. Jy kan jou besonderhede enige tyd verander of kanselleer. Klik hier indien jy enige probleme met jou nuusbrief ervaar. 2024 Nuusbriewe 2023 Nuusbriewe 2022 Nuusbriewe 2021 Nuusbriewe 2020 Nuusbriewe 2019 Nuusbriewe 2018 Nuusbriewe Probleme Doen die volgende indien jy sukkel om die RSG nuusbrief te ontvang: Stoor nuusbrief@rsgplus.org in jou adresboek om seker te maak jou rekenaar weet die nuusbrief kom van ‘n bekende. Soms land die RSG nuusbrief in die verkeerde legger – eerder as jou inboks. Om ons nuusbrief terug te skuif na jou inboks kan jy die volgende doen: Gaan soek ons nuusbrief deur ons nuusbrief@rsgplus.org adres in die soekblok van jou e-pos blaaier te tik. - Wanneer jy ons nuusbrief opspoor, skuif dit oor oor na jou inboks. As jy sukkel hiermee kan jy die volgende doen afhangend van watter epos diens jy gebruik: Gmail: Jy kan ook ‘n filter vir ons nuusbrief@rsgplus.org e-posadres skep om te verseker dat toekomstige e-posse by die inboks afgelewer word. Om dit te doen, klik op die “⋮” ikoon in die regter boonste hoek van die Gmail-skerm, kies “Filter messages like this” en gaan dan na die “Create filter” opsie onderaan die skerm. Kies die “Never send it to spam” en “Categorise as Primary” opsies (onderaan die skerm) en klik “Create filter”. - Outlook: Klik “Outlook” -> “Settings” -> “Junk” -> “Safe senders” -> klik op die “+” teken en voeg ons adres nuusbrief@rsgplus.org en druk die “Enter” knoppie. Maak dan net seker ons nuusbrief@rsgplus.org adres verskyn onder die “Safe senders” hofie. - Apple Mail: Voeg nuusbrief@rsgplus.org by jou kontaklys. - - Klink hier om ons te kontak indien jy enige verder nuusbrief navrae het.
[]
http://www.interdidactica.es/af/ba087
99 Barbie Speletjies 239 Barbie Speletjies te trek, make-up en baie pret. Speletjies pret vir die hele gesin kinders meisies interDidactica.org +7000 Gespeel pret aanlyn vir almal: van kombuis om te kook en te dien etes en drankies, gaste restaurante, serveerster, klere en grimering, poppe, Barbies, prinsesse, naaktheid en 'n beroemde klere en grimering, haar-, interieur, veg en aksie, martial arts, avontuur, aksie, platform, sport, sport-en mededinging, die vaardigheid speel, pols en reflekse van die doel; klassiekers, race motor en ry, wedrenne en vaardigheid met fietse en quads, en sudoku legkaarte, speletjies om te dink 'nn bietjie. Halloween, Kersfees, vakansies. Tik speel, leer om aan te raak tik.Spelletjies | الألعاب | Jocs | Hry
[]
https://henbase.co.za/AFR/Jag-Pakette.htm
| | Vervoer na en in wildskamp tydens jag word voorsien. 'n Netjiese slagkamer is beskikbaar en binnegoed en vel word verwyder. Geen verdere verwerking word voorsien nie. Die diens is gratis. Die jagkamp is slegs 200ha en geleŽ in van die mooiste hoŽveld denkbaar. Die terrein nl. rante heuwels en oop veld, is op en om Vaalkop geleŽ en bied verskeie uitdagings aan u die jagter. 'n Professionele jagter vergesel u deurentyd. Kwes skote is ten volle betaalbaar. Verder bied ons 'n baan waar u vooraf weer kan inskiet en seker maak van daardie perfekte skoot plasing. Die plaas het vrystelling. Kleiduif masjien is gratis beskikbaar. Kleie moet wel aangekoop word. (Eie haelgeweer) 'n Boma is beskikbaar in die Lodge om daardie egte bosveld atmosfeer te beleef in die hoŽveld. Verblyf | |
[ [ "[]", "http://henbase.co.za/()" ], [ "[]", "http://henbase.co.za/()" ] ]
https://maroelamedia.co.za/debat/briewe/aan-suid-afrika-se-toekomstige-held/
Megan Meyer (gr. 11-leerling) skryf: Dit is maklik om af te breek…. Dit is die gedagte wat deur my kop gaan terwyl ek my koffie drink en deur my kombuisvenster staar na die gebroke wêreld rondom my. Ek sê nie ek is volmaak nie, maar hoekom moet ek in vrees lewe? Die strate wemel van mense wat net afbreek, afbrand, steel, verkrag en vermoor. Hoe kan ek dan nie in vrees lewe nie? Ek wil net ʼn bietjie ontspan, maar as ek die radio of televisie aanskakel is dit net skoknuus wat ek hoor. As ek die koerant deurblaai is dit net tragiese nuus wat ek lees. Vandag se hoofopskrif: “Nog ʼn universiteit word vernietig.” Suid-Afrika het ʼn held nodig. Iemand wat vrede kan herstel en die rumoer en geraas kan stil maak. Iemand wat die vure kan kom blus. Ek gryp vinnig na ʼn pen en ou verkreukelde papier en skryf die volgende nota neer aan Suid-Afrika se toekomstige held: “Liewe toekomstige held van Suid-Afrika. Kom asseblief vinnig, want Suid-Afrika het jou nodig. Ons het jou nodig. Bring weer die vrede terug. Ons wil net almal saam in harmonie leef.” Ek lees dit hardop en tot my skok besef ek dat dit amper vir my soos ʼn gebed klink. Toe tref dit my. Die held waarna almal so op soek is, is God! Hy is immers die skepper van die mens en hy is die vredebringer ook. Bid saam met my sodat God ons sal kom verlos van hierdie konflik, geweld en oorlog. Ja, jy is reg. Dit is maklik om af te breek, maar dis net so maklik om te bid. Helde is dié wat regmaak en opbou. Die noodlot het ons dalk in die steek gelaat, maar dit is nog nie te laat vir ons held om aksie te neem nie. MOOI!!! Kom ons bid saam! Pragtige brief Megan Meyer. God is maar ons enigste hoop in hierdie deurmekaar land. Baie mooi geskryf dankie. Ja God sal nog die regte persoon stuur ons moet net bid en glo. mense moet ophou om te soek vir n politieke redder. God ek bid, moet ons help as ons gered gaan word. anders gaan die geweld net aanhou. Hoe kom jy by die sg Noodlot uit as jy glo die Hemelvader staan aan die stuur? Lees gerus die aangrypende lewensverhaal van die Joodse meisie, Anna Frank. Ons het nie ‘n benul hoe dinge werk nie. Selfs Salomo het handdoek ingegooi…
[]
https://maroelamedia.co.za/nuus/sa-nuus/seun-word-vermis-na-bloemfontein-kitsvloede/
Só het Bloemfontein se strate Donderdag gelyk. Foto: @_ArriveAlive op Twitter. ʼn Volskaalse soektog is van stapel gestuur nadat ʼn sewejarige seun Donderdagmiddag tydens swaar reën in die Bloemspruit in Bloemfontein geval het. ʼn Wolkbreuk het Donderdagmiddag oor die stad uitgesak. Tussen 30 mm en 40 mm reën het in ʼn halfuur geval en kitsvloede tot gevolg gehad. Kapt. Harry Nagel, polisiewoordvoerder, het Vrydag aan Maroela Media gesê die seun, wat as Karabo bekend staan, het omstreeks 13:00 in die spruit in Bloemside geval en is deur die sterk rivierwater meegesleur. Hy was saam met sy maats, en hulle het die polisie ontbied. Die polisie, polisieduikers en die brandweer het tot 18:00 die aand gesoek waarna die soektog opgeskort is weens swak sigbaarheid en omdat die rivier te sterk gevloei het. “Die soektog is Vrydagoggend hervat,” het hy gesê. “Die kind was teen 11:00 nog nie opgespoor nie. Die polisie het die seun se ouers opgespoor en staan hulle by.” Phemelo Moloabi, weervoorspeller van die Bloemfonteinse weerdiens, het Donderdag aan Maroela Media gesê die stad het matige na swaar reënval ervaar wat die gelokaliseerde vloede veroorsaak het. Die weerdiens het sowat 30 mm reën in 30 minute gemeet. Sommige inwoners het egter aangedui dat hulle tot 50 mm reën gehad het.
[ [ "[Só het Bloemfontein se strate Donderdag gelyk. Foto: @_ArriveAlive op Twitter.]", "http://maroelamedia.co.za/(https://maroelamedia.co.za/wp-content/uploads/2014/11/@_ArriveAlive1-320x180.jpg?x66032)" ] ]
https://passport.world.rugby/af/login/?action=register&ReturnUrl=/ro/login/?ReturnUrl=/ro/login/?ReturnUrl=/ar/login/?ReturnUrl=/pl/login/?ReturnUrl=/pl/login/?ReturnUrl=/ar/login/?ReturnUrl=/af/my-rekening/
Teken aan Registreer World Rugby Passport is op 3 Mei 2021 opgegradeer. As jy voor 3 Mei 2021 op World Rugby Passport geregistreer het, dan moet jy eers jou gebruikersrekening aktiveer voor jy kan aanteken. Vir bykomende sekuriteit, sal jy moet bevestig dat jou e-posadres geldig is, en sal jy weer jou persoonlike besonderhede en voorkeure moet invoer. Belangrik! Jy moet dieselfde e-posadres invoer waarmee jy voorheen geregistreer het. Moenie met 'n ander adres registreer nie. Dit is om te verseker dat jou akademiese rekord behoue bly. Indien jy sedert 3 Mei 2021 reeds jou rekening geaktiveer het, kan jy hier aanteken.
[]
https://yourrecipeblog.com/recipes/aartappel-en-preisop-met-n-knoffel-kinkel/
AARTAPPEL- EN PREISOP MET ‘N KNOFFEL KINKEL Aartappels geoes uit ons tuin. Moes iets maak, daar was baie, het klomp uitgedeel. Het gedink kook bietjie vir Franse spyskaart. Lekker as voorgereg of maaltyd vir koel hersdae of voor die kaggel in winter. Vanaand skuins voor agt begin aartappel en preie (Potato and Leek) sop gekook, ‘n groot pot vol vir vries. 4 pakke preie, gewas (sny wit en liggroen gedeeltes in ringe – laat die blare weg) - 1 hele knoffel, geskil en opgekap - olyfolie en botter (genoeg om ‘n dun lagie onder in die pot se bodem te bedek) - 15 groot aartappels, geskil en fyn blokkies gesny - 2 liter hoenderaftreksel (indien vars aftreksel nie beskikbaar is nie, los 4 aftrekselblokkies op in kookwater) - 5 loerierblare - 1 teelepel gedroogte tiemie - sout en peper, na smaak - 750 ml vars room - Braai die preie en knoffel in die olyfolie en bottermengsel tot sag. Voeg die aartappels, hoenderaftreksel en kruie by. Kook totdat die aartappels heeltemal sag/pap is. Verwyder die pot van die stoof en verpulp die sopmengsel met ‘n stokmenger of versapper in sarsies. Wees baie versigtig om nie te veel te verpulp nie, aangesien die stysel taai kan raak. Die sop moet romerig en lig wees. Voeg laastens die room by die aartappel- en preimengsel en roer deeglik deur. Voeg sout en peper na smaak by. Resep en foto: Elizabeth Randell Swart
[]
https://kaapkerk.co.za/op-die-omgeepad/
’n Gemeentekamp is nie ’n vreemde ding nie. Vir baie is die herinneringe aan ’n gemeentekamp iets wat gekenmerk word deur nabyheid met jou gesin, ’n ervaring van koinonia met die groter geloofsfamilie en kosbare stilwordgeleenthede. Tydens die naweek van 16–18 Februarie 2024 het NG Kerk Kuilsrivier-Suid ook ’n gemeentekamp gehad, maar wat hul hierdie kamp noem, is iets om oor na te dink… ’n Pelgrimskamp. “Dit was regtig ’n spesiale geleentheid, waar die Here ons elkeen (wat daar was) diep aangeraak het,” sê Karen Theunissen, die bedieningbestuurder van die gemeente. Sy was een van die groep pelgrims wat verlede naweek by Kijk in die Pot (Helshoogtepas, Stellenbosch) in die teenwoordigheid van God en mekaar oor ’n paar dinge gedink en gepraat het. In die aanloop tot dié kamp het die gemeente tydens die week van 11–14 Februarie ’n week van gebed gehad, waartydens hul nie net gedink en gepraat het nie, maar veral gebid het oor (en vir) hul gemeente. Vrydagaand was ’n aand van refleksie, gelei deur ds Theunis Botha. Die vraag op die tafel was “waar is ons nóú?”. Tydens die naweek se kamp het die fokus sterk geval op die pad waarop die Here met die gemeente besig is. Daar is keer op keer bevestig dat dié gemeente ’n omgeehart het, en op die pad vorentoe moet fokus om hierdie omgee al hoe meer uit te bou. Terug by die naam van dié kamp – ’n Pelgrimskamp. Hierdie titel dra gewig. Dit herinner ons dat ons as gemeentes nooit ’n “bestemming” mag bereik nie, maar wel mylpale langs die pad. Dit herinner ons dat ons konstant besig is om verder te wandel op die pad van die Here. Is dit nie juis wat die Missio Dei is nie? Om voortdurend, tree vir tree op hierdie pad, te vra waarmee die Here besig is en waarheen Hy sy kerk lei. Tydens hierdie kamp (en ander soortgelyke gemeentekampe) word daar nie permanente huise gebou om te bewoon nie. Daar word nie te lank afgepak nie. Daar word eerder vir ’n oomblik tydelik gehalt langs die pad. Dit is ’n geleentheid om die padkaart weer heeltemal oop te maak, jouself te plot en weer te heroriënteer ten opsigte van waarheen die Here met jou op pad is. ’n Pelgrimskamp sê dat ons nog op pad is as reisigers saam met God, en dat ons die verantwoordelikheid opnuut op ons neem om ons gemeente-wees te heronriënteer. Vir hierdie rede was die pelgrims by dié kamp op ’n gepaste wyse weggestuur – met ’n staf in die hand en olie op hul koppe. Die reis gaan voort.
[]
https://kumarbaz.net/af/bet/bahis-etmek/
Die wêreld se beste slotspeletjies Slotmasjiene is een van die gewildste speletjies in die wedderywêreld. Die eerste speletjie wat Charles Fey in 1895 uitgevind het, is oor die jare ont... 11.04.2023 13:40 Gewilde casino-webwerwe Gewilde casino-webwerwe wat op 'n spesiale manier reageer vir wedderyliefhebbers om die speletjies te bereik wat hulle wil hê, word steeds baie oor ge... 14.01.2023 08:52 Tempobet Deposito Cepbank Tempobet Deposito CepbankTempbet, wat al jare na vore gekom het met sy betroubaarheid en ons kan definieer as die leier van die weddenskap, het deesda... 07.01.2023 07:51 Word 'n miljardêr deur met ons te speel Dobbel: menslike sielkunde, risiko en sosiale impakDobbel was 'n aktiwiteit deur die geskiedenis waar mense beide pret het en probeer om hul geld te v... 11.10.2023 15:32 Regstreekse wedderywerwe Alhoewel sulke werwe nie in die verlede gewild was nie, plaas die meeste van die mense wat nou weddenskappe hul weddenskappe oor die internet. Om hier... 16.01.2023 22:00 Wat is wedderywerwe vanlyn? Wedderywebwerwe het in onlangse jare gewild geword en die aantal gebruikers het toegeneem. Die verskillende spelopsies, hoë wengeleenthede en gebruiks... 09.05.2023 14:49 Instant Pay Roulette Sites Met Instant Payment Roulette Sites sal jy op 'n aangename manier aan hierdie wonderlike weddery-omgewing deelneem en jy sal die mees ideale winste ver... 02.01.2023 07:15 Hoë en risikovrye verbintenismaatskappye Die term "dobbelaarsweddenskappe" verwys na wedderytipes wat gewoonlik deur meer ervare wedders of weddenskappe verkies word. Hierdie tipe weddenskapp... 07.01.2024 16:56 29.12.2022 21:34 Lewensreddende wedderyprosesse Dobbel: opwinding, risiko en feiteDobbel was 'n gewilde vorm van vermaak in baie kulture deur die geskiedenis. Hierdie aktiwiteit, waarin mense geld o... 24.10.2023 12:22
[]
http://www.interdidactica.es/af/ck049
99 Koek Speletjies Bak Koeke Kolwyntjies Pannekoek Gebak Koekies 212 Koek speletjies kos met meel, suiker, eiers, botter, olie, melk, water, gis, bakpoeier en smaakvol bestanddele soos neute of uittreksels te kook. Vul met vrugte of nagereg souse, Glazuren, en versier vir 'n spesiale ete by herdenkings, verjaarsdae, troues... Speletjies pret vir die hele gesin kinders meisies interDidactica.org +7000 Gespeel pret aanlyn vir almal: van kombuis om te kook en te dien etes en drankies, gaste restaurante, serveerster, klere en grimering, poppe, Barbies, prinsesse, naaktheid en 'n beroemde klere en grimering, haar-, interieur, veg en aksie, martial arts, avontuur, aksie, platform, sport, sport-en mededinging, die vaardigheid speel, pols en reflekse van die doel; klassiekers, race motor en ry, wedrenne en vaardigheid met fietse en quads, en sudoku legkaarte, speletjies om te dink 'nn bietjie. Halloween, Kersfees, vakansies. Tik speel, leer om aan te raak tik.Spelletjies | الألعاب | Jocs | Hry
[]
https://vaandel.co.za/tag/bybel-vrae/
In die afgelope tyd was ek weer in gesprek met lede van die anti-Jesus Christus-ondersteuners wat beweer dat die Nuwe Testament in sy geheel ’n vervalsing is en daarom is Jesus Christus (Yashua) die Messias, dan ook nie net ’n vals god nie, maar ook net nog een van die “ander gode” voor wie daar deur Christene gebuig word. Ek skryf hierdie artikel nie om hulle te probeer oortuig nie, maar om die waarheid aangaande hierdie saak bloot te lê. Toe ek wou weet met wié het God dan in Gen. 1:26 gepraat waar Hy gesê het: “Laat ONS mense maak na ONS beeld en ONS gelykenis.”. En ook in Gen 11:7: “Kom, laat ONS neerdaal en hulle taal daar verwar,” was hulle antwoord dat hierdie ONS verwys na God en sy Gerubs en engele wat Hy opdrag gegee het om saam met Hom te kom om Adam na HULLE (God, die Gerubs en engele) se beeld en gelykenis te maak. Maar dis nie waar nie, want nóg die Gerubs nóg die engele kan na God se beeld en gelykenis geskape wees, want hulle is sy ondergeskikte diensknegte. En wys my wáár staan dit in die Skrif dat Hy hulle ook na sy beeld en gelykenis gemaak het? Dus is dit logies dat Hy nié met húlle kón gepraat het nie toe Hy gesê het: “Kom, laat ons mense maak na ons beeld en ons gelykenis!” Die vraag is nou: met wié hét Hy dan gepraat? Dit moet iemand in die hemel wees wat in voorkoms na sy beeld en gelykenis is. Vanuit ’n menslik oogpunt gesien, kan dit net van ’n ‘bloedverwant’ gesê word. Een van hulle het aan my gesê ek weet niks van God (Yahweh) nie. Wel, die enigste God wat ek ken, is die God oor wie daar in my Bybel geskryf word. Hy is ook die Skepper van hemel en aarde; die God van Abraham, Isak en Jakob. Dis die God wat ons by Bloedrivier uitgered het; dis die God aan wie ek my lewe op 22 Okt. 1956 gegee het; dis die God wat my in die afgelope 83 jaar gedra, gekoester, beskerm en oor my gewaak het; dis die God wat grootse wonderwerke in my lewe gedoen het; dis die God (Vader) tot wie ek elke dag bid. Soos die Messias Self my leer bid het: “Onse Vader wat in die hemel is, laat U Naam geheilig word…” As Hy sou gesê het: “Onse Jesus (Yashua) wat in die hemel is…” was dit ’n totaal ander saak. Verder beskou hulle die Christendom as die grootse euwel die afgelope 2 000 jaar, want volgens hulle is miljoene der miljoene “Christene” daardeur mislei, verlei en gebreinspoel om hierdie “ander god” (Jesus/Yashua) as die Seun van God te aanvaar. As ons Skepper dan sy profete aangesê het om ons in te lig dat daar in die toekoms nie net nog vele rampe en ellendes soos stortreëns, oorstromings, peste, hongersnood en die swaard op ons wag nie, maar ook wonderlike seëninge, is dit dan nie logies dat Hy sy profete ook sou aangesê het om ons te waarsku teen hierdie “ander god” (Jesus/Yashua) nie? Maar waarom het Hy dan nagelaat om ons te waarsku? Want dusdoende het Hy ons mos ’n verskriklike onreg aangedoen deur ons eenvoudig in die duister te laat en willens en wetens toe te laat dat ons ook hierdie “ander god” aanvaar! Omdat Hy ons menslike swakhede kén, het Hy ons eksplisiet deur die mond van sy profete ingelig oor élke moontlike oortreding (sonde) wat ons kan begaan. En tog het Hy dit nie met hierdie “ander god”, Jesus Christus, gedoen nie. Hoekom nie? 2 000 jaar lank is dit aan die ganse Christenwêreld oorgedra dat Jesus Christus (Yashua) die Seun van God is. In Deut. 7:4 het God baie pertinent en ondubbelsinnig verklaar dat as jy voor ‘n ander god buig, sal sy toorn teen jou ontvlam en sal Hy jou gou verdelg! Wys my waar in sy Woord het Hy hierdie spesifieke uitspraak teruggetrek of gekanselleer. Dieselfde geld vir Deut. 31:18: “Maar Ek sal op dié dag my aangesig heeltemal verberg weens al die kwaad wat hulle gedoen het; want hulle het na ander gode afgewyk. Jos. 23:16: As julle die verbond van die HERE julle God wat Hy julle beveel het, oortree en ander gode gaan dien en julle voor hulle neerbuig, dan SAL die toorn van die HERE teen julle ontvlam, en julle sal gou omkom uit die goeie land wat Hy aan julle gegee het.” En in Rigters staan daar 10:14: “Gaan heen en roep die gode aan wat julle verkies het; laat dié julle verlos in die tyd van julle benoudheid.” In Psalm 89:35 sê die Almagtige dat wat oor sy lippe gegaan het, sál Hy nié verander nie Baie miljoene Christene het oor 2 000 jaar voor hierdie sogenaamde “valse Jesus-god” gebuig; en pleks daarvan dat Hy hulle (volgens sy voorneme) verdelg het, is hulle deur Hom begenadig en ryklik geseën! Deur sy profete waarsku God sy kinders ten strengste en op letterlik honderde plekke in sy Woord teen die aanhang of aanbidding van vreemde gode. En omdat Hy regverdig is en sy volk liefhet, sou Hy hulle beslis oor hierdie heel belangrikste en gruwelikste “afgod” van alle tye ingelig het. Maar nou swyg Hy soos die graf daaroor. Hoekom? Watter vader sal sy kinders so willens en wetens in die duisternis hou en dan omdraai en hulle daaroor straf? As hierdie anti-Jesus-ondersteuners reg is en die Nuwe Testament is in sy geheel vervals, dan sou Hy ons beslis vooruit gewaarsku het. Want Hy kén sy kinders en Hy het geweet as die Bybel aan hulle gegee word as sy volledige Woord, hulle dit in hul eenvoud onvoorwaardelik sou aanneem en aan die hart druk. En omdat Hy hulle in sy Woord teen alle “ander gode” waarsku, het hulle hul daarvan weerhou om voor gesnede beelde te buig. Die geskiedenis van hierdie sogenaamde “Jesus-afgod” was deel van God se heilige Woord wat aan hulle gegee is, en geeneen van hulle het dit vir een oomblik betwyfel dat Hy die Seun van God is nie. En hoe moes hulle dan geweet het Hy is “vals”? Want die grootste meerderheid van hulle is eenvoudige en naïewe mense met weinig of hoegenaamd geen Skrif kennis nie. En boonop het al wat die predikant, pastoor, priester en eerwaarde is, dit Sondag na Sondag aan hulle verkondig. Reeds van kindertyd af is hulle in die Sondagskool en by die skool van “Jesus” geleer. En hulle het ook onvoorwaardelik aanvaar wat in die Bybel staan. Maar nou kom hulle en verkwalik ons Christene dit omdat ons reeds 2 000 jaar lank in die Messias se goddelike Kindskap glo! Nee, ons Vader se omgee-liefde vir sy kinders is te groot dat Hy sou toelaat dat hulle oor al die eeue heen so blindelings mislei word! Hy sou ook vooruit geweet het dat élke Christen op aarde nie net vir Hom sou aanbid nie, maar ook Jesus/Yashua as sy Seun sal aanneem, en nou wil julle vir my kom sê Hy het dit maar toegelaat? Kan hierdie ant-Jesus Christus-ondersteuners my één enkele teksvers, net EEN, noem waar God aan enigeen van sy Ou-Testamentiese profete gesê het om te profeteer dat daar in die “laaste dae” nog ’n man in Israel sal opstaan en wat sal voorgee dat hy die Seun van God is, dat hy selfs wonderwerke sal doen om ons te bedrieg om te glo dat God sy Vader is. Verder sou hy ook verkondig dat hy ter wille van ons sondes doodgemaak sal word. Die profete kon hom selfs by name genoem het, soos wat hulle met die Baälsafgod gedoen het. Hulle moes ons dan ook aangesê het om hom as ’n valse god met minagting te verwerp en nie moet glo en navolg nie, want dan buig ons voor ’n “ander god” en sou die Almagtige met ons in die gerig tree. Ons moet hom buite die stad neem en daar loop stenig. Was God ’n ‘enige God’ in die Ou Testament? Daar is gedurig teks op teks uit die Ou Testament aan my voorgehou om my daarvan te oortuig dat God ’n “enige God” vir Israel is, dat Hy hulle “Heiland en verlosser” is en dat Hy ook baie pertinent gesê het: “Ek, Ek is dit wat jou oortredinge uitdelg om My ontwil, en aan jou sondes dink Ek nie.” In Jer. 31:9 sê Hy weer: “want Ek is vir Israel ‘n Vader, en Efraim is my eersgeborene.” Joël 2:32 – “En elkeen (in Israel) wat die Naam van YAHWEH aanroep, sal gered word.” Die Messias is nie God se “eersgebore” seun nie, want hy was van die begin af by God en daar was toe nog geen vrou wat aan Hom “geboorte” kon gee nie. Dit het eers met sy Eerste Koms gebeur toe Maria aan Hom as die “Seun van die mens” lewe geskenk het. Wat hierdie anti-Jesus-ondersteuners ooglopend nie verstaan nie, is dat God destyds met sy volk Israel in die “Ou-Testamentiese bedeling” gepraat het; en in daardie bedeling was die Messias nog nie aan sy volk geopenbaar nie. Dus was Yahweh die enigste en enige God na wie Israel toe kón opkyk en tot wie hulle kón nader. Die openbaring van die Messias het eers plaasgevind in die tydperk nádat die “Ou-Testamentiese bedeling” met Maleagi as profeet afgesluit is en ons die “Nuwe-Testamentiese bedeling ingegaan het. En is dit nie merkwaardig nie dat juis Maleagi as die laaste profeet van die “Ou-Testamentiese bedeling” aan ons ’n beskrywing kom gee het van die koms van Johannes die Doper wat die weg vir die Messias moes voorberei. (Maleagi 3:1 – “Kyk, Ek stuur my boodskapper wat die weg voor My uit sal baan; dan sal skielik na SY tempel kom die Here na wie julle soek, (dit was nie vir Israel nodig om nog na God te “soek” nie – hulle het Hom rééds geken) naamlik die Engel van die verbond, na wie julle ’n begeerte het. Kyk, Hy kom, sê die HERE van die leërskare.” Let mooi op hoe Maleagi dit stel: “Kyk, Hy kom.” Dus kan die Engel van die verbond” nie God self wees nie, want sou daar gestaan het: “Kyk, Ek kom.” In die Ou Testament word, volgens Bybelkenners, sowat 30 keer na die Seun van God verwys. En die anti-Jesus-ondersteuners is reg as hulle sê dit verwys ook na Dawid of Israel sy volk, want hulle is “sy aardse kinders”, en soos ons reeds gesien het, was sy Seun toe nog by Hom in die hemel en in daardie stadium nog nie aan Israel geopenbaar nie. Ek aanvaar dus heeltemal dat NET God en Hy alleen in die Ou Testament met sy volk Israel gepraat het, net soos wat sy Seun in die Nuwe Testament ook kom doen het, want: “Ek is net gestuur na die verlore skape van die huis van Israel….” Hy het Hom vir die duur van sy hele sending ook slegs met Israel bemoei. In sy eie woorde sê die Messias ook vir ons dat Hy as Seun van God ondergeskik is aan sy Vader – net soos ’n aardse seun ondergeskik is aan sy aardse vader: Joh. 8:38 “Ek spreek van wat Ek by my Vader gesien het, en julle doen ook wat julle by jul vader gesien het. .” Joh. 8:28: “…en uit Myself doen Ek niks nie; maar net wat my Vader My geleer het, dit spreek Ek.” Joh. 6:38: “Want Ek het uit die hemel neergedaal, nie om my wil te doen nie, maar die wil van Hom wat My gestuur het.” Ons as aardse kinders leer ook by ons aardse vader hoe om sekere dinge te doen. 40 jaar van seën, voorspoed en vrede In Deut. 28:13 belowe die Skepper aan ons: “En die HERE sal jou die kop en nie die stert maak nie, en jy sal net BOONTOE en nie ondertoe gaan nie as jy luister na die gebooie van die HERE jou God wat ek jou vandag beveel om te hou en te doen, en jy nie regs of links afwyk van al die woorde wat ek julle vandag beveel, om agter “ander gode” aan te loop om hulle te dien nie.” Net soos wat die Almagtige destyds vir Gideon bygestaan het om die Midianiete te verslaan, so het Hy ook met die Trekkers gedoen, en hulle het die Kusiete by Bloedrivier verslaan. Rig. 8:28 – “So moes die Midianiete dan buig voor die kinders van Israel, en hulle het hul hoof nie meer opgetel nie; en die land het in Gideon se dae veertig jaar lank gerus.” En presies 111 jaar na die Slag van Bloedrivier, sou hierdie profesie wat oor Gideon uitgespreek is, ook vir die nakomelinge van die Bloedrivierlaer ’n werklikheid word, want: Vanaf 1949 tot 1989 moes die Kusiete (net soos wat die Midianiete voor Gideon gebuig het) ook 40 jaar lank voor die Boervolk buig, en ook het hulle nie meer hulle hoof opgetel nie en die land het in die dae van die Boervolk ook 40 jaar lank gerus. (FW de Klerk het in 1989 die leisels oorgeneem, en eers toe het die “rus” ons verlaat). Maar volgens Deut. 38:8 moes die Almagtige gedurende die 40 jaar sy “aangesig heeltemal vir ons verberg het”, want ons het dan voor ’n “ander god” gebuig. Maar in die 40 jaar wat ons volk die kop was, het ons (volgens sy belofte) net BOONTOE gegaan. En in daardie tyd het Suid-Afrika nie net van sy grootste en roemrykste prestasies in sy geskiedenis behaal nie, maar het al wat Afrikaanse kerkgenootskap was, die Skepper én sy Seun bankvas en getrou met groot ywer verkondig en gedien! Ja, honderdduisende het Hom as hulle Verlosser aanvaar, is in sy Naam gedoop, het deur Hom tot die Vader gebid en het ook onvoorwaardelik geglo, nee, geweet, Hy is die Seun van onse God. En terwyl ons daardie 40 jaar die kop was, het die seëninge, voorspoed en heil ons agternageloop en ingehaal. Luister maar: In die jare 1970-80 terwyl ek by Die Burger gewerk het, het Jan Botha ’n senior pos by die Cape Times beklee. Ek het hom goed geken. In 1967 het hy ’n boek oor Dr. Verwoerd geskryf, Verwoerd is dead. Ondanks sy liberale beskouings, het hy ’n huldeblyk aan Dr. Verwoerd gebring wat selfs die NP-gesinde koerante tot eer sou strek: “Teen die tyd dat hy gesterf het, het dr Verwoerd al sy eie monument gebou, wat daar was vir almal om te sien: die Republiek van Suid-Afrika. Die Blankes was saamgesmee tot eenheid, die land was militêr sterk en veerkragtig, die polisie en die veiligheidsmagte was besig om doeltreffend te werk met alle pogings tot ondermyning en infiltrasie, die land se ekonomie was dinamies, uitdyend en het grotendeels selfonderhoudend geword.” Op 30 Julie 1966 (skaars ses weke voordat dr. Verwoerd deur Tsafendas vermoor is) loof die Rand Daily Mail dr. Verwoerd met hierdie woorde: “Suid-Afrika is ’n skitterende voorbeeld van VREDE op ’n onstuimige kontinent… die volk ly aan ’n oordaad van VOORSPOED en Verwoerd hoef net sy vingers te klap vir die VVO… hy kan dit bekostig om neer te sien op dié wêreldliggaam. Die volk ly aan ‘n oordaad van VOORSPOED, en hy (Verwoerd) kan byna onbeperkte fondse oproep vir alles wat hy tans benodig aan militêre verdediging.” Deut. 28:2,13 En al hierdie seëninge sal oor jou kom en jou inhaal as jy luister na die stem van die HERE jou God – en Hy sal jou die kop maak. Het ons geluister en het ons “ander gode” aanbid? Nee! Want in daardie 40 jaar het: Suid-Afrika se Weermag ontwikkel tot die magtigste op die kontinent. - Sasol I en II tot stand gekom. Die eerste van sy soort ter wêreld om brandstof uit steenkool te vervaardig. - Is die wapenvervaardiger Denel gestig en ontwikkel dit van die mees gesofistikeerde wapentuig ter wêreld. - Is Koeberg kernkragsentrale ook opgerig – ’n eerste in Afrika. - Suid-Afrika die grootste mediese prestasie behaal wat die ganse wêreld verstom het: Dr. Chris Barnard voer die wêreld se eerste hartoorplanting uit op 3 Desember 1967 by Grootte Schuur hospitaal. - Kom ons kyk wat het in 40 jaar met Gideon gebeur en vergelyk dit dan met wat ons hier beleef het. Rigters 8:28 “So moes die Midianiete dan buig voor die kinders van Israel, en hulle het hul hoof nie meer opgetel nie; en die land het in Gideon se dae veertig jaar lank gerus.” Net so het ons ook 40 jaar lank God se seën en voorspoed en vrede geniet. 40 jaar lank was ons die KOP en in daardie tyd het die Kusiete ook voor ons gebuig en nie meer hulle kop opgetel nie. - Ons het na God se gebooie geluister toe ons ons van die Kusiete AFGESKEI en NIE met hulle verswaer nie? - Ook het ons nie die Kusiete in ons plek van aanbidding toegelaat nie. - Volgens God se verordening het ons die homoseksueel is as ‘n gruwel beskou. - Ons het ook die Sewende Dag as rusdag eerbiedig. - En ons was die enigste volk ter wêreld wat apartheid op sy wetboek geplaas het en nie met die Kusiet verswaer het nie? Die NP het dit in 1950 gedoen. - God het belowe dat as ons na sy stem luister en hiérdie gebooie na kom, dan sal Hy ons die kop maak en nie die stert nie. En Hy het sy belofte nagekom. Maar nou kom sê die anti-Jesus Christus-ondersteuers dat daar geen vrede in die land was nie, want talle “massacres” (menseslagtings) het in die 40 jaar plaasgevind. Ook verswyg hulle dit dat daardie “massacres” hoofsaaklik swart-op-swart geweld was. Verder belowe Hy in Deut. 28:1-6 dat as ons na sy stem luister en sy gebooie sorgvuldig onderhou, sal Hy ons die hoogste stel bo al die nasies van die aarde; en al hierdie seëninge sal ons s’n wees: geseënd sal ons wees in die stad; geseënd sal ons wees in die veld; die oes op ons land, die aanteel van ons beeste en die aanteel van ons kleinvee. Ook sal daar altyd kos op ons tafel wees, want Hy sal die reën in ons lande laat val op die regte tyd.” En vandag kan ons as volk getuig dat God getrou was en dat ons in daardie 40 jaar al hierdie seëninge uit sy hand ontvang het. Nou waar is die straf dan omdat ons agter ’n “ander god” (Jesus/Yashua) aangeloop het? En hoekom het die Skepper ons nogtans 40 jaar lank die KOP gemaak en so mildelik geseën en begenadig? Dan het Hy mos sy Woord verbreek toe Hy gesê het: “As jy voor ‘n “ander god” buig, sal my toorn teen jou ontvlam en sal Ek jou gou verdelg!” Dit was eers na verloop van daardie 40 jaar, en die Boervolk weer die rug op Hom gedraai het, dat dit met ons begin sleg gaan het, net soos met Israel van ouds nadat Gideon se 40 jaar verstryk het – toe het hulle “tyd van rus” byna oornag in die niet verdwyn: Rigters 13:1 “En toe die kinders van Israel weer doen wat verkeerd is in die oë van die HERE, het die HERE hulle oorgegee in die hand van die Filistyne, veertig jaar lank.” In 1994 het ons ook gedoen wat verkeerd was in die oë van Yahweh onse God en toe het Hy ons oorgegee in die hand van die Kusiete en hulle die KOP gemaak en ons die STERT. En wat was die gevolge? Deut. 28:43-44 beskryf dit so: “Die vreemdeling (swarte – Kusiet) wat by jou is, sal hoër en hoër oor jou opklim; en jy sal laer en laer afsak.” Ten slotte: Omdat Hy sy volk met ’n ewige liefde liefhet, het Hy ons nie begewe of verlaat nie, want by monde van sy profeet Esegiël het Hy aan ons ‘n belofte gemaak: “…Ek sal my Gees in jul binneste gee en sal MAAK dat julle in my insettinge wandel en my verordeninge onderhou en doen. En JULLE sal woon in die land wat Ek aan JUL VADERS gegee het; en julle sal vir My ‘n volk wees en Ek sal vir julle ‘n God wees.” (Eseg. 36:27). Volgens die anti-Jesus Christus-ondersteuners kan géén Christen (en dit sluit die Boervolk in) deel van sy volk wees nie!
[ [ "[]", "http://vaandel.co.za/(https://vaandel.co.za/wp-content/uploads/2020/09/Aan-al-die-ant-Jesus-Christus-ondersteuners.jpg)" ] ]
https://paulroos.co.za/moderne-vyfkamp-en-laserpistoolskiet-hardloop/
Moderne Vyfkamp en Laserpistoolskiet-Hardloop Uitslae van die 2024 Wes-Kaap Provinsiale Moderne Vyfkamp ( Hindernis/swem/skerm/skiet en hardloop) en Laserpistoolskiet-Hardloop Kampioenskappe. Op die foto van links na regs en sy prestasies in hakkies: Adriaan de Waard, onder 19 (Silwer medalje in Moderne Vyfkamp en Wes-Kaap span asook 4de. in Laserpistoolskiet-Hardloop. - Hunter Krynauw, onder 15 ( Goud in Moderne Vyfkamp en Wes-Kaap span asook 6de in Laserpistoolskiet-Hardloop en Wes-Kaap span. - Alexander Southwood, onder 17 ( 5de. in Moderne Vyfkamp en Wes-Kaap span asook 5de in Laserpistoolskiet-Hardloop - Thomas van der Merwe, onder 17 (Brons in Moderne Vyfkamp en Wes-Kaap span asook 4de. in Laserpistoolskiet-Hardloop en Wes-Kaap span. - Afwesig vir foto: Alexis Peters onder 15 ,( 5de. in Moderne Vyfkamp en Wes-Kaap span asook 7de in Laserpistoolskiet-Hardloop. -
[]
https://af.gov-civil-beja.pt/mac-miller-sia-feature-new-88-keys-song
Mac Miller en Sia speel op die nuwe 88-sleutelslied: luister That's Life is oorspronklik in New York City opgeneem terwyl 88-Keys en Miller saam in die ateljee was. Dit is 88 se eerste liedjie as solo-kunstenaar in agt jaar. Van die nuwe lied het 88 in 'n persverklaring gesê: 'That's Life is 'n liedjie wat die sentimente saamvat van die musiek waaraan ek die afgelope paar jaar gewerk het. Ons moet almal deur die goeie, die slegte en die lelike smee. Mac het die konsep vir die lied uitgedink wat voortspruit uit 'n gesprek wat ons in die ateljee gehad het oor verhoudings, terwyl ons met mekaar gedeel het wat diegene waarin ons destyds was spesiaal gemaak het. Ek het die liedjie vir Sia gespeel en sy het haar persoonlik vereenselwig met die sentimente van die liedjie en was sterk daaroor om haar eie gedagtes oor die onderwerp by te dra. Aan die einde van alles het my dierbare vriend Mac en my nuutgevonde vriendin Sia my gehelp om 'n liedjie te maak om die wêreld aan te raak en baie te help om teëspoed waarmee ons te make het, te hanteer, maar That's Life. Lees Onthou Mac Miller se verbouing van homself en sy eweknieë.
[]
https://www.lapa.co.za/zackie-mostert-omnibus-3-eboek
Granaatstraat is ’n straat nes enige ander straat. Wel, nie heeltemal nie. Dis immers die straat waarin Zackie Mostert woon. En waar Zackie is, is daar altyd volop pret, avontuur en kattekwaad! Kinders is versot op Zackie se skreeusnaakse avonture! Of hy nou die allervreeslikste stinkbomme maak, sy lyf speurder hou of per ongeluk die buurvrou se kat Groenland toe pos – waar Zackie is, is daar altyd hope pret en kattekwaad. Sedert die verskyning van die eerste Zackie-boek in 2010 het dié gewilde karaktertjie en sy maats hope pret en humor na die Afrikaanse kinderboekwêreld gebring, en duisende aanhangers gekry. Word deel van die opwinding saam met Zackie, sy beste vriend, Vincent, sy hond, Frankenstein, die kwaai buurtannie, mevrou Langenhoven – en natuurlik Anton die skoolboelie wat gedurig moeilikheid maak! Kort op die hakke van die vorige omnibusse, verskyn nog vier van Zackie se lawwe avonture EN Zackie se groot grapboek saam in een briljante, bekostigbare omnibus: * Zackie Mostert en die katkrisis * Zackie Mostert en die vreeslike verjaardag * Zackie Mostert en die super-stinkbom * Zackie Mostert en die slim speurder * Zackie Mostert se Groot Grapboek
[]
https://pixbysteve.co.za/category/weddings/
This is a little old news, but memories that HAS to be shared! Their wedding was due during Covid and with them and most of their guests having to travel from the UK the dates had to change a few times. Looking back at many years and experiencing many weddings this was definitely one that will be stuck with me, the way they treated the suppliers, the consideration the care and the love they had for not only each other but the guests/family who experienced the day with them. There was soooo much to mention, but let me not bore you, rather enjoy the priceless memories... Link to their couple... Die lewe vang soms vreemde & hartseer draaie met mense, maar na elke opdraande is daar `n afdraande en soms is daar 'n baie baie helder lig aan die ander kant van die donker tonnel. Mag julle die volgende hoofstuk van julle lewens met trots en liefde saam loop. Die wind in Mosselbaai het ons dalk van die strand gehou vir die diens, maar nie vir een oomblik van die vreugde en opwinding van die wonderlike mense ontneem nie!Baie dankie vir die voorreg om te kon deel in julle groot dag en mag julle `n gesëende pad saam stap. Wat `n voorreg om Caro en André se spesiale dag te kon vasvang. Twee mense wie se pad gekruis het op die regte tyd en op die regte plek en die pot se deksel pas beter as wat mens ooit sal kon glo. Julle pas pragtig saam en mag julle pad saam gesaai word met voorspoed en vreugde! Venue: Surval Boutique Olive Estate, Oudtshoorn Fotograaf: Steve D'Elboux Photography The wedding is just a day, the marriage is for life! How you share the day, the moment and the vows to each other is something to cherish. Make it your own and make every second count! Lorin & Ava had their day, their way....and what a day it was!!! Dis nie aldag dat 2 mense so mooi saamsmelt nie, die uitdagende taak om 2 verskillende persoonlikhede saam te laat funksioneer...maar soms is dit resultaat iets MAGICAL!!! Baie geluk julle 2, koester mekaar versorg mekaar en pak die pad (wat soms vol uitdagings is) hand aan hand aan. “Die liefde is geduldig, die liefde isvriendelik; dit is nie afgunstig nie, is niegrootpraterig nie, is nie verwaand nie.Dit handel nie onwelvoeglik nie, soek niesy eie belang nie, is nie liggeraak nie, hounie boek van die kwaad nie.Dit verbly hom nie oor onreg nie, maarverheug hom oor die waarheid.Dit bedek alles, glo alles, hoop alles,verdra alles.” 1 Korinthiërs 14: 4 — 7 Vreugde in oorvloed, liefde in oorvloed en toe val die rëen ook kliphard in die Klein Karoo. Mag julle huwelik net so gesëend wees soos die druppels oor die Karoo veld. Hier is net so voorsmakie van julle spesiale dag... Weddings have changed, will they ever "be the same again?" Do we want it to "be the same again?" Taryn and Paul traveled with a few special friends and family all the way from Johannesburg to Boggoms Bay...and they were not disappointed. It could not have been a more perfect evening for Tarryn to walk down the dune to meet Paul on the beach. The most perfect evening was capped by a proper PARTY at the local Stoepsit, boy what a feast! May your family always be as strong together and supportive towards each other, you have truly been blessed! Venue: Stoepsit - Minnie van der Merwe... Jou troudag moet sonder stress verloop of te wel met so min as moontlik, dit moet `n AANGENAME dag vir jou wees. Ek glo al hoe jy dit kan bereid is deur die dag te geniet soos hy kom, moet nie vir jouself `n "Fairytale" opdroom nie en geniet net die dag. Mariska het heelwat hulp van van Michelle gehad en met sulke bekwame hande aan die stuur van sake kon sy elke oomblik van die dag geniet! Julius en sy "Band of Brothers" het die dag `n FEES gemaak en ek glo die fees het nog tot LAAT aangehou! Make-up en hare - Belinda Hougaard - 072 142 4395 - belinda@hairtherapy.co.zaMarriage officer - Gavin... Stephani & Mathee het voor Covid oorsee gewerk en Post Covid is hulle terug op Oudtshoorn. Met die vroëe curfew beperkings moes ons hulle Couple Shoot al om 11h00 inpas...Oudtshoorn in vol son en minimale wolke is meeste fotograwe se nagmerrie! Ek was bevoorreg met `n couple en hulle gevolg wat elke oombik van die shoot geniet het...ek moet erken ek het OOK! Ek hoop die vreugde is sigbaar in die foto's! Alles wat mooi is vir julle huwelik saam en die journey wat vir julle 2 voorlê. 2020 was vir almal TAAI, maar tog was dit vir my die jaar van kreatiweteit! Niks was normaal of dieselfde nie, besighede moes kreatief raak om te oorleef en so ook bruide. Elke trou was weer uniek & spesiaal, meer INTIEM en dit gaan oor die Huwelik en nie oor die Troue! Ek wil graag vir Dusty en Leandri 10/10 gee vir hulle dag, julle het die vloei van die dag met gemak aangepak. Daar is altyd iets wat voorval en julle het dit met die grootste gemak benader en die vreugde van julle dag was DUIDELIK op julle gesigte sigbaar! Daar was soveel wat vir my van julle dag uitgestaan het, die Happy... AJ & Carmen - Beach Shoot While on their Honeymoon in Knysna AJ & Carmen had a Wedding Couple Shoot on the beach in Buffels Bay. We were blessed with plenty of fun and none of the normal wedding stress. something to remember: It not about the wedding, it's all about the Marriage!!! Ons droom troue, Wiets & Debra se troudag by Gourikwa in Gouritz Hierdie was `n troue waarna ek lank uitgesien het, die weervoorspelling het ek die hele week dopgehou en dit het voorspel dat daar `n koue front die kus sal tref sodra Debra die Kapel instap. `n Uur voor die diens begin het ek vir haar gesê dat ons dalk die onweer mag vryspring, maar ongelukkig was die voorspelling so perfek dat die wind opgekom het en sy is met 'n sambreel Kapel toe. So kort detail...die dames drink `n glasie champs en offer vir my ook, ek drink nie terwyl ek werk nie en kry n glas vir water...oppad kombuis... Steven & Billy-Jean se Troudag by Oppie Plaas, Waboomskraal Oppie Plaas het my vir lank ontduik...hulle is al jare oop en Dean Barnard het n goeie vriende geword...maar vir een of ander rede het ek net nog nooit n trou daar gaan afneem nie? Skielik het n doop daar ontduik, toe n troue en toe nog een en nou lyk dit my die ark is oop! Wat `n voorreg om Steven & Billy-Jean se spesiale dag daar te kon vasvang! Hulle het `n kleiner intieme troue gehad en ek trots om te sien hoe goed Dean en sy span die venue kon inrig en dit het nie vir een oomblik uit plek gelyk nie! Ons het Billy-Jean...
[]
https://goodcraft.co.za/product/nlv-my-kreatiewe-joernaalbybel-sandsteen-met-turkoois-blomme-kunsleer-hardeband/
Afrikaans - Hardcover - Imitation Leather - General - 160 - 47 - 236 - 1576 - NLV My Kreatiewe Joernaalbybel Sandsteen Met Turkoois Blomme (Kunsleer Hardeband) R799.00 Ontdek die vreugde van kreatiewe stilword by God! My kreatiewe Joernaal-Bybel bevat die volledige teks van die Nuwe Lewende Vertaling en ongeveer 400 woordkuns-teksverse om in te kleur. Elke bladsy het breë kantlyne met óf ’n woordkuns-teksvers, óf lyntjies waar gebede, notas en ander persoonlike inskrywings gedoen kan word. Ervaar vrede, vernuwing en inspirasie in jou geloofslewe terwyl jy stil word met die Woord van God en nadink oor die waarhede daarin terwyl jy die woordkuns-verse inkleur. • 8.5-punt lettergrootte EAN | ---| Reviews There are no reviews yet.
[]
https://af.brokercheck.co.za/vergelyking/?jsf=bricks-query-loop:brokercomparisonfilter&sort=orderby%3Ameta_value_num%3Border%3ADESC%3Bmeta_key%3A_glsr_average&tax=broker-type:56
Laaste opdatering: 05 April 2024 Vind die beste broker vir jou! Filters BrokersFilters Capex.com nextmarkets Watter broker aanvaar kredietkaarte? As jy verkies om betaalmetodes te gebruik soos Visa, Mastercard en Maestro, Brokercheck kan jou help om 'n betroubare handel te vind broker wat hierdie metodes aanvaar. Met ons vergelykingsinstrument kan u maklik vergelyk, filter en sorteer brokers gebaseer op trader graderings, kommissies, beskikbare bates, minimum deposito en ander relevante kenmerke. Met hierdie wyd aanvaarde betaalmetodes kan u dit geniet vinnige en veilige transaksies. Brokercheck maak dit maklik om 'n handel te vind broker wat by jou behoeftes pas en jou voorkeurbetaalmetode aanvaar, sonder enige moeite. By watter broker kan ek met Paypal deponeer? Brokercheck is 'n vergelyking instrument wat ontwerp is om te help vind 'n betroubare handel broker wat aanvaar PayPal as 'n betaalmetode. Die gebruikersvriendelike databasis laat jou toe om te vergelyk, filter en sorteer brokers deur verskeie kenmerke, soos trader graderings, kommissies, beskikbare bates, minimum deposito, en nog baie meer. Daarbenewens maak PayPal voorsiening vir veilige en vinnige transaksies. Brokercheck maak die vind van 'n handel broker wat PayPal eenvoudig en stresvry aanvaar. By watter broker kan ek met Bitcoin deponeer? As jy op soek is na 'n betroubare handel broker wat aanvaar Bitcoin betalings, Brokercheck kan jou bystaan. Met ons vergelykingsinstrument kan u maklik vergelyk, filter en sorteer brokers gebaseer op kenmerke soos trader graderings, kommissies, beskikbare bates en die minimum deposito. Met Bitcoin kan jy dit geniet vinnige en veilige transaksies. Brokercheck maak dit maklik om 'n Bitcoin-vriendelike handel te vind broker wat aan jou behoeftes voldoen, moeitevry. Hoogs gereguleer Brokers As jy sekuriteit in jou prioritiseer trades en verkies om mee te werk brokers gereguleer in die Europese Unie, Brokercheck kan jou help om die regte te vind broker. Met ons vergelykingsinstrument kan u maklik vergelyk, filter en rangskik brokers gebaseer op sleutelkenmerke, soos hul regulatoriese status. Met 'n gereguleerde broker, kan jy die gemoedsrus hê met die wete dat jou fondse beskerm word en dat die broker werk onder die toesig en toesig van 'n betroubare finansiële owerheid. Brokers met kantore in die EU As jy verkies om met 'n broker dit het 'n kantoor in Europa, Brokercheck kan jou help om die regte te vind broker. Met ons vergelykingsinstrument kan u maklik vergelyk, filter en rangskik brokers gebaseer op sleutelkenmerke, soos die ligging van hul kantoor(te). Om 'n kantoor in Spanje te hê, kan voordelig wees vir traders wat plaaslike ondersteuning verkies. Daarbenewens handel met 'n broker wat 'n fisiese kantoor in die EU het kan 'n bykomende vlak van sekuriteit en vertroue bied. Algemene vrae Wat is BrokerCheck en hoe kan dit my help? BrokerCheck is 'n omvattende broker vergelykingswebwerf wat jou help om verskeie te vind en te vergelyk brokers. Dit bied gedetailleerde resensies en graderings op verskillende brokers gebaseer op verskeie kriteria soos fooie, platformkenmerke, kliëntediens, en meer. Hoe gebruik ek BrokerCheck om te vergelyk brokers? Die gebruik van BrokerCheck Is maklik. Jy kan deur ons webwerf blaai, of ons vergelykingsinstrument gebruik waar jy jou vereistes invoer, en ons sal 'n lys van geskikte verskaf brokers. Jy kan hulle langs mekaar vergelyk om 'n ingeligte besluit te neem. Is daar 'n fooi om te gebruik BrokerCheck? Nee, ons dienste is absoluut gratis vir gebruikers. Ons verskaf onbevooroordeelde, betroubare inligting om jou te help om die beste te kies broker vir jou behoeftes sonder enige koste. Hoe BrokerCheck maak geld? Terwyl ons dienste gratis is vir gebruikers, genereer ons inkomste deur vennootskappe, geaffilieerde vergoeding en advertensies. Hierdie vennootskappe beïnvloed egter nie ons resensies of die ranglys van brokers op ons webwerf, aangesien ons gebruikers vrylik laat stem. Watter faktore doen dit? BrokerCheck oorweeg wanneer gradering brokers? Ons beoordeel brokers gebaseer op verskeie faktore, insluitend hul verhandelingsplatform se bruikbaarheid, kliëntediens, tipes beleggings wat aangebied word, pryse, sekuriteit en gebruikersresensies. Ons poog om jou 'n omvattende begrip te gee van wat om van elkeen te verwag broker. Is die brokers gelys op BrokerCheck gereguleer? Ja, ons funksie net gereguleer brokers op ons platform. Dit is van kardinale belang vir jou beskerming dat jy 'n gereguleerde kies broker. Kan ek die resensies op vertrou BrokerCheck? Ja, ons resensies is onpartydig, deeglik en gebaseer op streng navorsing. Ons neem beide die voor- en nadele van elkeen in ag broker om jou 'n gebalanseerde oorsig te gee. Baie ander vergelykingswebwerwe publiseer slegs positiewe inligting, wat ons streng weier. Hoe gereeld is die inligting op BrokerCheck opgedateer? Ons streef daarna om ons inligting so op datum as moontlik te hou. Brokers verander dikwels hul bepalings en aanbiedinge, en ons werk ons ââwebwerf dienooreenkomstig op om hierdie veranderinge te weerspieël. Ons kan egter nie waarborg dat die inligting altyd op datum is nie, soos sommige brokers inligting verander sonder om dit aan te kondig of selfs in die geheim op te dateer. Kan ek 'n oopmaak brokerouderdom rekening direk vanaf BrokerCheck? Alhoewel jy nie direk 'n rekening vanaf ons webwerf kan oopmaak nie, verskaf ons skakels na die amptelike webwerwe van die brokers waar jy 'n rekening kan oopmaak. Ons moedig jou sterk aan om dit so te doen, aangesien ons dalk so deur ons vennote vergoed kan word. Dit is die enigste manier hoe ons jou ons dienste gratis kan bied. Daar is geen negatiewe gevolge in enige vorm vir jou nie. Ek het 'n probleem met 'n broker Ek het gevind op BrokerCheck Kan jy help? Terwyl ons nie kan ingryp in geskille tussen jou en jou broker, ons is hier om leiding te gee. Deel gerus jou ervaring op ons webwerf om ander gebruikers in te lig, en oorweeg dit om uit te reik na die regulerende liggaam wat toesig hou oor jou broker vir verdere hulp.
[ [ "[]", "http://brokercheck.co.za/(https://www.brokercheck.co.za/wp-content/uploads/2023/07/En-que-broker-puedo-depositar-con-visa.png)" ], [ "[]", "http://brokercheck.co.za/(https://www.brokercheck.co.za/wp-content/uploads/2023/07/En-que-broker-puedo-depositar-con-Paypal-3.png)" ], [ "[]", "http://brokercheck.co.za/(https://www.brokercheck.co.za/wp-content/uploads/2023/07/En-que-broker-puedo-depositar-con-Bitcoin-2.png)" ], [ "[]", "http://brokercheck.co.za/(https://www.brokercheck.co.za/wp-content/uploads/2023/07/Corredores-regulados-por-la-UE-y-Espana.png)" ], [ "[]", "http://brokercheck.co.za/(https://www.brokercheck.co.za/wp-content/uploads/2023/07/Brokers-con-oficina-en-Espana-3.png)" ] ]
https://www.lapa.co.za/die-galileers-alexa-steyn
In die stad Magdala, aan die oewers van die See van Galilea, woon ’n hegte gesin wat gerugte hoor van ’n nuwe profeet. Die Israeliete word toenemend deur die Romeine onderdruk en hulle dorpe en stede is onder beleg. Onskuldiges sterf en die Jode raak al hoe meer opstandig. Gerugte begin die rondte doen van ’n nuwe leier wat die volk gaan verlos van die Romeinse juk. Wie is hierdie nuwe profeet van wie almal praat? Die Jode in Magdala gaan hulle gang te midde van al hierdie onrustigheid. Ook húlle is bewus van die gerugte van ’n nuwe profeet en verlosser. Op soek na die waarheid, onderneem die vader van hierdie gesin en sy oudste seun ’n pelgrimstog na die Tempel in Jerusalem. Hierdie besluit hou egter verreikende gevolge vir hierdie gesin in en hulle lewens word onherroeplik verander deur die onvoorsiene gebeure in Jerusalem …
[]
https://moederkerk.co.za/versorging/
In min ander strukture kan ’n mens mekaar as gelowiges beter geestelik ondersteunen versorg as in ’n kleingroep. Dit is een van die mees effektiewe maniere om as deel van ‘n groot gemeente tog tuis te kom. ’n Groot verskeidenheid kleingroepe bestaan, byvoorbeeld Bybelstudiegroepe, Kleingroepe vir Jong Werkendes, vir Jong Getroudes, Familieomgeegroepe, Kleingroepe vir Studente, Kleingroepe vir Senior Lidmate, Mansgroepe en Vrouegroepe. Baie lidmate skakel jaarliks in by die “Sewe Weke groepe.” Enkele wyke vervul ook die rol van ’n kleingroep. As jy wil deel word van ’n bestaande kleingroep of ’n nuwe groep wil begin, kontak vir Marié by kleingroepe@moederkerk.co.za of bel die kantoor.
[]
https://www.bybelwoord.net/hoe-woon-god-by-mense/
“Die Woord het mens geword en onder ons kom woon. Ons het Sy heerlikheid gesien, die heerlikheid wat Hy as die enigste Seun van die Vader het, vol genade en waarheid.” (Johannes 1:14) Om beter te begryp wat dit beteken dat God by mense woon, moet ons Jesus se verhouding tot die tuin van Eden, die tabernakel en die tempel eers verduidelik. Daarom moet ons eers na die boek Genesis gaan. Toe God die hemel en die aarde geskep het, het Hy ‘n spesiale plek voorberei om by die mensdom te woon, Sy mees gekoesterde skepping. Hierdie plek staan bekend as die tuin van Eden (Genesis 2:8). Die teenwoordigheid van God, in die volheid van sy eienskappe, het op ‘n besondere wyse daar gewoon. Die heerlikheid van God was in hierdie tuin. Boonop het die tuin die volmaakte gemeenskap tussen God en die mens geopenbaar. Daarom, toe Adam en Eva gesondig het, is hulle uit die tuin van Eden verdryf, geskei van die teenwoordigheid van God, van die heerlikheid van God. Maar God het met hulle gepraat en hulle belowe dat, deur ‘n afstammeling van die vrou, die mensdom se gemeenskap met Hom herstel sou word en weer Sy teenwoordigheid, Sy heerlikheid sou geniet (Genesis 3:15). Terwyl Genesis 3:15 nog nie vervul is nie, het God Sy begeerte getoon om nader aan Sy volk te kom en gemeenskap te handhaaf deur die tabernakel (Eksodus 33:7-10) en later die tempel in Jerusalem (2 Samuel 7:1-13; 1 en Konings 5:1-5; 6:1). Dit was die plekke waar God op ‘n spesiale manier gewoon het en waar Hy Sy heerlikheid en Sy teenwoordigheid geopenbaar het. Hoe God by Sy mense in die Nuwe Testament woon Die Ou Testament eindig met die drama waarin die teenwoordigheid van God die tempel verlaat het weens die progressiewe sonde van Sy volk (Esegiël 10:4; 10:18; 11:22-23), maar met die hoop dat Hy sou terugkeer in al Sy prag. Dan begin die Nuwe Testament met “die Woord het vlees geword”. Let op dat Jesus bevestig het dat die leiers van Israel die tempel “’n besigheidsplek” en “’n rowernes” gemaak het (Johannes 2:16; Matteus 21:13). God se teenwoordigheid het nie meer in die tempel gewoon nie, so waar sou dit woon? Waar sou God by Sy volk woon? In Christus! Wanneer die tyd van vervulling aangebreek het, sou God onder Sy mense woon deur die vleesgeworde Woord, Jesus Christus. Hy is die Immanuel, die “God met ons” (Matteus 1:23) en die uiteindelike “tempel van God” (Johannes 2:18-21). Daarom het Johannes bevestig, “Die Woord het mens geword en onder ons kom woon. Ons het sy heerlikheid gesien, die heerlikheid wat Hy as die enigste Seun van die Vader het, vol genade en waarheid.” (Johannes 1:14). In Christus is die heerlikheid van God ten volle geopenbaar, want in Hom woon die hele volheid van die godheid (Kolossense 2:9). Die apostel Johannes en die wat in Jesus geglo het, het Sy heerlikheid gesien, die heerlikheid van die enigste Seun van die Vader (Johannes 1:14). So in Christus het God by Sy mense kom woon, Sy “tabernakel”[1] onder hulle gemaak, en sodoende die gemeenskap met Hoe God in ons woon Dit is goeie nuus, maar dit het nie daar gestop nie. God se verlossingsplan gaan voort. Die werk van Christus aan die kruis (Sy dood, opstanding en hemelvaart) verander Sy mense, die kinders van God en Sy kerk, in die tempel van God. In die woorde van Paulus, wat die belangrikheid van die kerk toon, “Weet julle nie dat julle die tempel van God is en dat die Gees van God in julle woon nie?” (1 Korinthiërs 3:16). Dit is in die kerk dat God op ‘n besondere manier woon en Sy heerlikheid geopenbaar word. Hoe? Want as gelowiges en volgelinge van Christus is ons wedergebore, word ons as kinders van God beskou en handhaaf ons gemeenskap met Hom! Dit alles is slegs beskikbaar deur Christus. Ons is die eerste vrugte van die nuwe skepping en ons het die vaste hoop dat hierdie hele wêreld verander en verlos sal word in ‘n nuwe hemel en ‘n nuwe aarde, waar alles God se spesiale woonplek sal wees en daar geen sonde meer sal wees nie. Die hele nuwe wêreld sal beter en beter wees as die Tuin van Eden. Dit sal gebeur wanneer Christus die tweede keer kom. Wat ‘n groot hoop wag op ons! Ten slotte, as deel van God se kerk, word ons geroep om Hom in gees en waarheid te aanbid (Johannes 4:23-24). Dit wil sê, ‘n opregte aanbidding “in gees“, wat uit die wedergebore hart ontstaan. En ‘n aanbidding op God se manier wat voortspruit uit die einste “waarheid” van Sy Woord. Wat ‘n vreugde om te weet dat in Christus ons gemeenskap met God herstel is! [1] Die Griekse werkwoord wat in Johannes 1:14 vertaal word met “het sy woning gemaak” / “gewoon” beteken letterlik “om te woon soos in ’n tent” / “’n tabernakel hê”.
[]
https://overstrandherald.co.za/2023/10/04/reen-of-te-not-die-kaskarre-wou-jaag/
KLEINMOND – Agtien kaskarre het Saterdagoggend 30 September vroeg al gereed gestaan om weg te spring in die SupaQuick kaskarrenne vir 2023. Maar die weer het nie saamgespeel nie. ‘n Misreën het aanhou val. ‘n Paar mammas het laat weet hul kinders kan nie in die reën deelneem nie. Die organiseerders het gewonder – gaan ons uitstel, afstel of wag ons maar? Gelukkig het YR voorspel dat die reën gaan verbytrek en ons het bly hoop dat ons tog die kaskarrenne kon aanbied. Teen 11.00, na twee uur se gewag, het die kinders aangedring: asseblief, ons wil nou begin jaag! Gelukkig het die reën gewyk en die spanne van drie en hul kaskarre het in afwagting in Skoolstraat onder die wegspringboog bymekaargekom. Eers is die reëls aan almal verduidelik. Toe moes al die deelnemers saam met die baanbeampte die roete loop om seker te maak elkeen verstaan presies waar elke spoedbult, draai en opdraand op die baan is. Terug by die wegspring moes die spanne hul karre se nommers en borge se advertensies plak. Almal het gewonder wie gaan teen wie jaag. Nommers is uitgeroep en twee-twee het die spanne teen mekaar oor die 500m-baan gejaag. Teen die eerste afdraand was daar ‘n paar klein ongelukkies van karre wat omgeslaan en bestuurders wat oor die teer gerol het. Gelukkig was daar geen ernstige beserings nie. Die noodhulp was gou op die toneel om te help met pleisters, ’n salfie en ‘n trooswoord. Die kaskar is op sy wiele gedraai en hulle het voortgejaag. Nadat al die spanne aan twee renne deelgeneem het, het ons eers middagete gehou. Die deelnemers kon rus en almal kon verversings koop – worsrolle, pannekoek, wafels en roomys, koeldrank en lekkers. Na die pouse het die spanne weer aangetree vir die twee uitkloprondtes. In die 36e ren van die dag het kaskar #2 teen kaskar #17 in die finaal deelgeneem. Die laaste geruite vlag het vir kaskar #2 gewapper. Hierdie kampioenspan vir 2023 bestaan uit Cohen Arthur, Rinaldo Arthur en Cassian Visagie. Die VGK Kleinmond bedank graag die volgende individue en instansies vir hul ondersteuning: Hoofborg – SupaQuick. Borge vir kaskarre: Overstrand Paneelkloppers, Build It, Postlink, APS en die Hull-gesin. Pryse vir wenners: Pizza World, Carry me Home, Stoep Cafe, Bistro 14 en Ground Central.
[ [ "[]", "http://overstrandherald.co.za/(https://overstrandherald.co.za/wp-content/uploads/2023/10/Kaskar_2-2.jpg)" ] ]
http://www.sun.ac.za/afrikaans/faculty/agri/genetics/about-us/vision-mission
Die Departement Genetika verteenwoordig 'n interdissiplinêre groep navorsers en nagraadse studente wat fokus op navorsingsgeleenthede in plant-, dier- en mensgenetika. Die missie van die Departement is om 'n omgewing te skep waarin Genetika as kern wetenskap die basis kan vorm vir die kreatiewe ontwikkeling van menslike hulpbronne om die individu, die breër gemeenskap, sowel as die omgewing as 'n geheel te baat. Om dit te bereik en Genetika te ontwikkel tot hoeksteen van die biologiese wetenskappe aan die Universiteit van Stellenbosch. Ons streef daarna om kwaliteit navorsing, kreatiewe onderrig en uitstaande en verantwoordelike dienslewering aan ons gemeenskap en die omgewing te lewer.
[]
https://agrink.co.za/af/tag/droogte/
Die Agri Noord-Kaap droogte rampfonds is geskep om hulp aan spesifiek die boere in die Noord-Kaap te bied gedurende die uitmergelende droogte wat hulle tans ervaar. Dit is die ergste droogte sedert 1927. Hierdie is ‘n dringende versoek aan die publiek om ‘n finansiële bydrae te lewer tot die AGRI Noord-Kaap Droogte Rampfonds. Aan almal wat omgee, help Agri NK om die boere by te staan deur hierdie vreeslike droogte en die finansiële ramp te verlig. Die fonds sal deur PricewaterhouseCoopers (PWC) ge-oudit word om te verseker die hulp kom by die behoeftige boere uit en geen sent word vermors nie. Mnr Nicol Jansen, die President van Agri Noord-Kaap, wat self in die provinsie boer verstaan hoe belangrik dit is dat mense van die Noord-Kaap asook Suid Afrika saamstaan en handuitsteek om boere by te staan. Voedsel sekuriteit, boere se lewensbestaan, werkers se heenkome, diere en plase is in gedrang. Die impak van die droogte word eerstehands deur die boere ervaar, maar die uiteinde is dat die verbruikers ook die effek daarvan sal beleef in die vorm van produktekorte en prysverhogings van verwante kommoditeite. Dit is waarom dit so belangrik is om alle pogings aan te wend om boere te ondersteun. Agri Noord-Kaap doen ‘n beroep op die Noord-Kaap inwoners en besorgde mense van Suid Afrika om boere by te staan deur finansieel by te dra tot die fonds. Gebruik die bankbesonderhede onder vir inbetalings – Begunstigde – Agri NK Bank – ABSA Rekening Nommer – 940 591 759 Tak Kode – 632 005 Begunstigde Verwysing – Droogtefonds Donasies kan anoniem gemaak word, of as ‘n faktuur benodig word kan ‘n email gestuur word aan marian@agrink.co.za.
[ [ "[AGRI Northern Cape Drought Disaster Fund AGRI Northern Cape Drought Disaster Fund]", "http://agrink.co.za/(https://agrink.co.za/wp-content/uploads/2018/02/Agri-NC-Drought-Fund-01.jpg)" ] ]
https://www.proteinresearch.net/index.php?page=2-mei-2007
Notule Sojawerkgroepvergadering gehou om 10h00 op 3 Augustus 2007 in die Raadsaal van die Proteïennavorsingstigting, Rivonia Opening Die vergadering word met gebed geopen deur Mnr Frans Potgieter. Verwelkoming Die Voorsitter, Mnr GJH Scholtemeijer, heet almal welkom by die vergadering van die Sojawerkgroep, en in die besonder vir Mnr Jan Erasmus van die LNR-IGG en Mnr Marius van Rensburg van die Departement van Landbou in Mpumalanga, wat beide vir die eerste keer 'n vergadering van die Sojawerkgroep bywoon. Presensie Teenwoordig Mnr GJH Scholtemeijer PNS (Voorsitter) Mnr P Botha GSA Mnr J Botma Produsent: Noord Vrystaat Mnr G Bührmann GW Bührmann Saad Mnr D Cronjé Produsent: Mpumalanga Dr J de Kock PNS Mnr CJ du Plessis PNS-Kontrakteur Dr H du Plessis LNR-IGG Me A Enslin SAGIS Mnr J Erasmus LNR-IGG Dr M Griessel PNS Mnr C Havenga PNS-Kontrakteur Mnr P Lübbe Agriocare Mnr E Maree PNS-Kontrakteur Dr A Nel LNR-IGG Mnr FAS Potgieter GSA Mnr MJ van Rensburg Mpumalanga: Departement van Landbou Mnr AJ van Vuuren NWK Mnr WF van Wyk PNS-kontrakteur Mnr G Keun Hoof Uitvoerende Beampte Me E Harmse Sekretariaat Verskonings Me R Beukes NDL Mnr L Killian PNS-Kontrakteur Me M Scheepers NDL Mnr ICJ van Zyl GSA Personalia Geen. Vasstelling van die sakelys Die sakelys word vasgestel sonder enige wysigings of toevoegings. Notules van die vergadering van 1 Maart 2007 Besluit: Dat die notule van die vergadering van die Sojawerkgroep gehou op 1 Maart 2007 goedgekeur word. Algemene oorsig Oesskatting Die Voorsitter wys daarop dat 'n meer resente oesskatting as die 27 Maart-skatting wat in die dokumentasie vervat is intussen vrygestel is, en bring die dokument waarin die oesskatting van 25 April 2007 aangedui word, ter tafel. Mnr Cronjé noem dat die Oesskattingskomitee in die media lof toegeswaai is oor die toenemende akkuraatheid van die oesskattings. Die vergadering neem hiervan kennis. Die Voorsitter noem dat die totale produksieskatting van sojabone 'n afname toon en tans op 227 000 ton te staan kom, en dat die voorlopige oppervlakskatting van sojabone vir die 2006/07 seisoen onveranderd gelaat is en op 183 000 ha beraam word. Die Voorsitter reël dat die oesskattings aan die hand van die onderskeie provinsies bespreek word. Besluit: Dat die vergadering kennis neem van die oppervlak- en oesskattings. Lede Provinsies KwaZulu-Natal Mnr du Plessis sê in antwoord op 'n vraag van die Voorsitter dat die derde produksieskatting van 45 100 ton, wat 'n daling van ongeveer 2 000 ton verteenwoordig, redelik realisties is. Hy berig dat die laat droogte probleme veroorsaak het. Hoewel heelwat reën oor die kusgebied uitgesak het, het die swak reënval wat kol-kol in die binneland voorgekom het, die afwaartse aanpassing in die produksieskatting tot gevolg gehad. Hy noem dat die peule heelwat gekrimp het, en dat die gewig van die peule ook die skatting negatief beïnvloed het. Die produsente ervaar probleme met oes as gevolg van onegalige rypwording in die lande. Mnr Potgieter meld dat hy berig ontvang het van baie goeie opbrengste van bo-verwagte gehalte wat in die Piet Retief-streek gelewer is. Mnr Lübbe maak melding van ryp wat voorgekom het. Hy berig dat die probleem met onegalige rypwording nie net in KwaZulu-Natal nie, maar regdeur ondervind word. Dieselfde geld vir groen en kleiner pitte. Produsente van verskeie streke het bekommernis uitgespreek omdat 30% van die pitte deur die sif val. Mpumalanga Die Voorsitter meld dat die derde produksieskatting met 4 500 ton afwaarts aangepas is na 85 500 ton en dat die oppervlakteskatting onveranderd op 90 000 ha gelaat is. Mnr Lübbe is die mening toegedaan dat die oesskatting in die Hoëveld deurgaans laer moet wees, en dat oeste van so laag as 0,2 t/ha tot 0,6 t/ha in die turfgebiede verwag word. Mnr Potgieter meld dat hy berig ontvang het van 'n produsent in Mpumalanga wat 'n opbrengs van minder as 'n ton per hektaar in die vooruitsig stel, en dat sommige produsente skape injaag in die lande. Hy reken dat die geskatte opbrengs van 0,95 t/ha wat reeds afwaarts aangepas is, nog verder kan daal. Mnr Bührmann berig dat die produsente se opbrengsverwagtings wissel tussen 500 kg/ha en 2 t/ha. Heelwat produsente in die ooste het ernstige haelskade van tot 100% gely, met 200 ha wat in een geval weggeslaan is. Hy berig dat hy self redelik baie skade van ongeveer 60% gely het, maar dat die oes steeds belowend lyk en 1,2 t/ha behoort te lewer. Hy meen dat die Oesskattingskomitee se skatting korrek is. Mnr Bührmann is die mening toegedaan dat klein pitte variëteit-verwant is, met tot 90% van die variëteite wat klein pitjies lewer. Droogtetoestande het 'n effek op hierdie variëteite, en hoewel droogte wél ondervind is, het sekere van hierdie variëteite pragtig presteer. Hy meld dat hy in sy hoedanigheid as saadteler in die verlede 20 tot 30 ton kleinpit-variëteit saad aan produsente in die Kaap verskaf het waar dit met 100% ontkieming aangeplant is. Hy meld dat klein pitjies nie in die saadbedryf tot nadeel is nie, en dat dit ook nie tot nadeel behoort te wees in die sekondêre bedryf nie behalwe dat die uitskotmateriaal vermeerder. Mnr Cronjé berig dat hy die vorige dag tydens gradering by Bethal-silo gemerk het dat 30% van die pitte deur die sif val. Hy is meegedeel dat die graansilo-industrie vereis dat klein pitte uitgesif word, omdat niemand dit wil koop nie. Mnr Cronjé meen dat dit onaanvaarbaar is, omdat daar niks skort met die proteïengehalte, voedingswaarde en dies meer van die klein pitte nie. Hy beskou dit as 'n bemarkingsskuiwergat om die prys van klein pitte af te dwing. Hy noem dat die opbrengs baie teleurstellend is, en dat heelwat dowwe pitte in peule voorkom op baie van die sojalande wat op die oog af goed vertoon het. Mnr Cronjé noem dat een van die groot handelaars in die Middelburg-gebied hom meegedeel het dat die gemiddelde opbrengs van produsente wat by hom gekontrakteer het, op tussen 700 en 900 kg/ha te staan gekom het. Hy berig dat verdere skade twee weke gelede veroorsaak is deur geweldig baie reën van tot 70mm wat uitgesak het, en dat fyn hael ook in streke geval het. Hoewel die skade nie onmiddelik sigbaar was nie, het die daaropvolgende hitte veroorsaak dat sopnat peule oopgespring en tot 20% uitspringskade tot gevolg gehad het. Mnr Cronjé sê dat die enkele produsente wat op die regte tyd geplant en op die regte tyd reën gekry het, 1,7 tot 2 t/ha oes, maar dat die opbrengs oor die algemeen ver onder die gemiddeld is en baie swak lyk. Noordwesprovinsie Mnr van Vuuren meen dat die derde produksieskatting van 18 000 ton effe optimisties is, en dui aan dat die droëland-opbrengste wissel tussen 300 en 800 kg/ha met opbrengste van ongeveer 2 t/ha by aanplantings onder besproeiing. Hy voer aan dat die impak van die droëland-opbrengste nie in berekening gebring is by die oesskatting van 2 t/ha nie. Mnr Potgieter sê dat die oppervlakte van 9 000 hektare beplant, droëland en besproeiingsaanplantings insluit. Mnr van Vuuren dui aan dat ongeveer 1 500 ha droëland beplant is. Mnr du Plessis is die mening toegedaan dat 'n besproeiingsopbrengs van 2 t/ha laag is. Mnr van Vuuren wys daarop dat Noordwes 'n strawwe seisoen beleef het, en dat die atmosferiese aanvraag van só 'n aard was dat die besproeiingstelsels nie kon bybly nie. Mnr Potgieter sê hoewel daar gevalle voorkom waar daar weens die hitte 'n opbrengs van 2 t/ha op besproeiingsgrond behaal is, daar in ander gevalle soveel as 4,5 t/ha geoes word, en dat die gemiddeld tussen 2,5 en 3 t/ha beloop. Limpopo Mnr Potgieter sê dat die beraamde opbrengs van 18 000 ton aanvaarbaar is. Hy meen dat die Koedoeskop-gebied gemiddeld 3 tot 3,5 t/ha behoort te lewer, en meld dat berig ontvang is van produsente wat 2,5 tot 4,8 t/ha stroop met een produsent wat na berig word oor die 5 t/ha gemiddeld gestroop het. Mnr Potgieter noem dat gevalle van die voorkoms van effe kleiner pitte in Limpopo aangemeld is, maar dat dit nie nie 'n probleem by aanplantings onder besproeiing was nie. Daar is waargeneem dat die onbepaalde groeiers wat reeds peule boontoe gemaak het, klein pitjies gehad het. Hy noem dat reën op droë peule 'n toename in uitspring veroorsaak. Noord-Kaap Geen verslaggewing ten opsigte van hierdie gebied. Vrystaat Mnr Botma berig dat hy tussen 400 en 800 kg/ha in die Noord-Vrystaat gestroop het. Hy meld dat ryp voorgekom het, en dat die peule wat nog groen was, daarmee heen is. Hy sê dat die groen peule 'n probleem is, en dat die oes gesif word voor lewering. Daar is ook heelwat klein pitjies. Hy het met 'n paar produsente gesprek gevoer en het by een produsent verneem dat die beste resultate behaal is op oorlêlande wat met sorg bestuur is, met opbrengste van tussen 1 en 1,2 t/ha teenoor die gewone gemiddelde opbrengs van 1,5 t/ha. Mnr Botma noem dat hy, soos onderneem by die vorige vergadering, 'n paar sojaboonplante saamgebring het. Hoewel die plante in die droëland geen nodulering getoon het nie, het die plante in natter kolle en die Roundup Ready cultivars beter genoduleer. Die Voorsitter spreek sy dank uit dat Mnr Botma die plante saamgebring het, en vra hom na die stand van sake met mielies. Mnr Botma sê dat daar in groot gebiede produsente is wat gelukkig sal wees met 'n opbrengs van 2 ton mielies per hektaar. Hy noem dat daar kolle suid van Bothaville is waar 'n opbrengs van 5,5 tot 6 ton gemiddeld veral ten opsigte van die vroeë mielies verwag word. Daar is ook mooi kolle in Welkom en Allanridge. Hy spreek sy twyfel uit dat 'n gemiddelde opbrengs van 2,5 t/ha behaal sal word. Die Voorsitter sê dat hy die vraag gevra het om bevestiging te kry dat hierdie jaar nie net vir sojas moeilik was nie, maar dat graan in die geheel geaffekteer is. Mnr Potgieter is van mening dat die derde mielie-oesskatting afwaarts aangepas sou word, indien die oesskattingskomitee nie 'n gebied van 40 000 ha onder besproeiing buite rekening gelaat het by die vorige mielie-oesskatting nie. Dr Griessel sê dat oorlêgronde in gebiede soos Bultfontein en Hoopstad baie beter geproduseer het as wat verwag is. Mnr Maree meld dat die meeste produsente tussen 400 en 800 kg sojabone per hektaar stroop en dat enkele boere wat betyds onbepaalde groeiers geplant het, tussen 1,2 en 1,8 t/ha stroop. Hy is die mening toegedaan dat die oesskatting te hoog is. Mnr Lübbe sê hoewel hy aanvanklik gedink het dat gedeeltes in die Vrystaat, veral na die berge se kant, beter sal doen, sal die opbrengste in Reitz, Frankfort en Vrede baie swak wees. Hy meen dat die oesskatting in die Hoëveld deurgaans laer moet wees, en dat oeste van so laag as 0,2 t/ha tot 0,6 t/ha in die turfgebiede verwag word. Oos-Kaap Suidwestelike Distrikte Gauteng Mnr van Wyk berig dat die meeste produsente in die dele wat hy besoek het, nog nie begin stroop het nie. Van die produsente in die Kinross-gebied het heelwat haelskade gely, terwyl produsente aanplantings wat eers in Januarie gedoen is, oorgeplant het. Hy sê dat aanplantings van die vinnige groeiers nie te sleg gevaar het nie, maar dat daar na verwag word nie veel sal kom van die enkele aanplantings van langer groeiers wat twee weke gelede in die blom gestaan en intussen ryp gekry het nie. 'n Produsent wat die vorige jaar gemiddeld 2,7 t/ha gestroop het, verwag weens geweldige droogteskade om 'n opbrengs van tussen 300 en 400 kg/ha te behaal. Mnr van Wyk rapporteer dat 'n honderd-pit massa van 12,0 tot 12,5 g met die Pretoria-proef behaal is, waar die Roundup Ready cultivars gewoonlik gemiddeld oor 'n honderd-pit massa in die omgewing van 15,0 tot 17,0 g beskik. Dit dui duidelik op klein pitte, waarskynlik as gevolg van swaarkry. Hy wil hom egter nie uitspreek of hierdie waarneming Roundup Ready-verwant is nie, en onderneem om in die loop van volgende jaar hieroor verslag te doen. Mnr Cronjé maan teen veralgemening met Roundup Ready, en sê dat hy slegs Roundup Ready plant, en tydens gradering by Bethal-silo meegedeel is dat sy monster die grootste pitte bevat wat tot dusver hierdie seisoen gesien is. Mnr Erasmus rapporteer dat hy al die cultivarproewe met uitsluiting van Makhathini besoek het. Hy het waargeneem dat heelwat onegalige rypwording voorkom. Hy sê hoewel hy nog nie die voorkoms van klein pitjies kan bevestig nie, hy hieroor verslag sal doen by die cultivarevaluasievergadering. Die Voorsitter vra of GraanSA namens die produsente die kwessie van die voorkoms van klein pitjies gaan opneem. Mnr Lübbe meld dat hy 'n probleem het met die wetsbepaling waarvolgens uitgesifte materiaal nie aan die leweransier teruggegee mag word nie, soos na verwys is in 'n omsendskrywe ontvang van die Vrystaat Koöperasie (VKB). Daar word in die skrywe onder meer daarop gewys dat '... die Wet op Gesondheid bepaal dat geen sifsels wat enige giftige sade bevat op enige wyse weer aan enige produsent of op enige wyse aan die mark beskikbaar gestel mag word nie'. Mnr Potgieter meld dat hy nie van dié wetsbepaling bewus is nie, en dat uitsifsels van gelewerde of verhandelde sojas na sy wete nie teruggegee word aan die produsent nie, tensy dit teruggekoop word. Hy is bewus van produsente wat die reëling tref dat sifsels aan hulle teruggegee word. Gelewerde sojas word gradeer en die persentasie wat uitval word afgetrek van die lewering. Die Voorsitter doen aan die hand dat Mnr Botha namens GraanSA by VKB kers opsteek sodat meer duidelikheid verkry kan word oor die verreikende implikasies van die VKB-omsendskrywe. Mnr Potgieter noem dat hy nie bewus is van klagtes in dié verband vanaf produsente-kant nie, maar dat GraanSA beslis ondersoek sal instel sodra klagtes ontvang word. Hy is van mening dat klein pitte ook van waarde is, veral ten opsigte van die volvetbedryf. Mnr Botma noem dat daar by die landboubesigheid waaraan hy verbonde is, gesif word om oliebome en 'morning glories' te verwyder, dat daar 'n groot voorkoms is van klein pitte en dat tot 50% van 'n spesifieke produsent se lewering uitgesif is. Die produk word ná sifting gegradeer maar die uitgesifte materiaal behoort aan die produsent. Hy is die mening toegedaan dat die VKB-reëling 'n interne maatreël is. Weer- en klimaatsvooruitskouing Die Voorsitter sê dat die weerverslag ingesluit as Bylae C daarop dui dat die El Niño-episode verby is, maar dat 'n La Niña verskynsel besig is om te ontwikkel, wat ongunstig is vir reënvalvooruitsigte in die Wes-Kaap. Reënvalvooruitsigte vir die Hoëveld gedurende die komende somer lyk egter hoopvol. Mnr Botma vra na die kleur wat deur die donker areas op die weerkaarte verteenwoordig word, en die Voorsitter meld dat hy dit problematies vind om onderskeid te tref indien die kaarte nie in kleur weergegee word nie. Hy versoek Mnr Keun om een kleurkopie van die weerkaarte by volgende vergaderings beskikbaar te stel, of om die kaarte met behulp van 'n dataprojektor te vertoon. Mnr van Vuuren verduidelik dat die area binne die ovaal in figuur 2 op bladsy vier van die verslag, waar die El Niño-effek voorkom, die afwyking van see-oppervlak temperature van die langtermyngemiddeld aandui, en dat die voorspelling hierop gebaseer is. Warm temperature kom voor in die area binne die sirkel in figuur 2, en is die oorsaak van die onlangse siklonale aktiwiteit, die onstuimige seetoestande en die verhoogde seetemperature langs die KwaZulu-Natalse kus. Hy noem dat die lyngrafiek in figuur 3 die waarskynlike uitkomste van die voorspelling vanaf April reflekteer, en dat hy skepties is oor die voorspelling dat die El Niño-episode verby is. Hy verduidelik dat die meeste kleure wat donker voorkom in die weerkaarte óf rooi óf bruin is, wat negatiewe weersomstandighede aandui. Die ligte skakerings dui op meer positiewe weertoestande, en dit wil lyk asof die Augustus-kaart nie baie positief is nie. Die weertoestande ná Augustus is van belang, maar kan nog nie op hierdie stadium voorspel word nie. Mikpunte: 2010 en 2020 Drie-jaar vooruitskatting (Besluit 7.4.1.1 van die vergadering van die Sojawerkgroep gehou op 1 Maart 2007) Die Voorsitter meld dat regeringsterugvoer oor die vestiging van 'n biobrandstofbedryf in Suid-Afrika steeds afgewag word, en dat daar meer sinvol bespiegel sal kan word oor die pad vorentoe ten opsigte van oppervlaktes, mikpunte en dies meer nadat sodanige terugvoer ontvang is. Die saak staan dus oor. Besluit: Dat regeringsterugvoer oor die vestiging van 'n biobrandstofbedryf in Suid-Afrika steeds afgewag word, en dat daar meer sinvol bespiegel sal kan word oor die pad vorentoe nadat sodanige terugvoer ontvang is. Die saak rakende die drie-jaar vooruitskatting staan dus oor. Mnr Keun SAGIS (Besluit 7.5.1 van die notule van die Sojawerkgroepvergadering gehou op 1 Maart 2007) Die Voorsitter stel die SAGIS-dokumentasie vervat in Bylae D ter tafel, en versoek Me Enslin om die inligting aan die vergadering voor te lê. Me Enslin noem dat daar per geleentheid vergader is om die wyse waarop die verklaring van sojabone vir menslike gebruik deur SAGIS hanteer word, te bespreek. Daar is tot die slotsom gekom dat SAGIS se maandelikse publikasiestaat aangepas sal word sodat heel sojabone verwerk tot volvet soja en tot olie en oliekoek, en heel sojabone aangewend vir menslike verbruik en vir dierevoer, as sodanig verklaar word. Sy meld dat daar by wyse van 'n voetnota aangedui sal word dat die heel sojabone of oliesade verwerk tot olie en oliekoek, asook volvetsoja, die heel sojabone of oliesade van die resulterende produk wat uiteindelik in die menslike of dierevoermark aangewend is, insluit. Me Enslin sê dat dié regstellings binne 'n maand of twee in SAGIS se publikasiestaat gereflekteer sal word. Me Enslin berig aan die hand van die SAGIS markinligtingsdokument dat daar tot en met die einde van Maart 116 000 ton sonneblom verwerk is, en die vooruitskatting is dat meer sonneblom as die vorige jaar hierdie jaar verwerk sal word. Die totale verwerking vergelyk egter swak met die totale verwerking van meer as 630 000 ton in die verlede. Sy berig voorts dat 83 000 ton sojabone verwerk is vir binnelandse verbruik tot einde Maart, en dat 'n totale jaarlikse verbruik van 330 000 ton geprojekteer word. Dit is ongeveer gelyk aan verlede jaar se verwerking, en aansienlik beter in vergelyking met vorige jare. Met verwysing na item 4.5 in die markinligtingsdokument, wat handel oor die plaaslike verbruik van eetbare olie, meld Me Enslin dat Mnr Scholtemeijer aangedui het dat dit onnodig is om die verbruik van herwonne olie in te sluit by die ondersoek, en dat op die menslike verbruik gefokus moet word. 'n Lys van instansies of persone betrokke by olie-invoere sal aangevra word by die Perishable Products Export Control Board (PPECB), en daar sal ook gekyk word na olie wat deur Suid-Afrika na naburige lande uitgevoer word. Me Enslin dui aan dat daar met die Augustus-vergadering meer omvattende terugvoer in hierdie verband gelewer sal word. Die Voorsitter bedank Me Enslin vir die opsomming, en wys op die grafiek op bladsy een van die dokument, wat daarop dui dat die produksie van sojabone sedert 1996 'n tendens in die regte rigting toon. Hy sê dat die grafiek op bladsy drie wat voorraad voorhande aandui, 'n tipiese situasie van somer- en winteraanplantings weerspieël. Hy noem dat die SAFEX- en invoerpariteitsprysinligting interessant is, dat GraanSA en Dr Griessel se syfers aanstons verskaf sal word, en dat SAGIS 'n Randfontein-gelewerde prys van R2 768/t vir Argentynse sojabone, en R2 958/t vir Golfsojabone aandui. Die internasionale oorsig van die oliesade-situasie soos aangedui op bladsy vier sal ook later deur GraanSA en Dr Griessel aangespreek word. Hy wys op die opwaartse styging van oliesaadpryse aangedui in die tabel op bladsy vyf, en sê dat die vergadering inligting uit die weeklikse en maandelikse bulletins by Mnr Keun kan aanvra. Die Voorsitter stel die SAGIS-dokumentasie in die geheel oop vir bespreking. Me Enslin berig in antwoord op 'n vraag van Mnr Potgieter, dat die wisselkoersvoorspellings 'n gemiddelde berekening van die vier groot handelsbanke se maandelikse voorspellings verteenwoordig. Besluit: Dat die vergadering kennis neem van die inligting vervat in die SAGIS-dokumentasie. Lede GSA-markinligting Driejaarvooruitskatting Die Voorsitter versoek Mnr Botha om GraanSA se markinligtingsdokument aan die vergadering voor te lê. Mnr Botha meld dat Mnr van Zyl intussen van die syfers opdateer het, en dat die geprojekteerde eindvoorraad aan die einde van die 2007 bemarkingseisoen op 30 April, verminder het van 72 000 ton na 51 000 ton vanweë die afwaarts-aangepaste sojaboonproduksieskatting. Hy berig dat die VSA vry-aan-boord sojaboonprys in die golfhawens met $16 gedaal het na $270/t, terwyl die Argentynse vry-aan-boord sojaboonprys met slegs $1/t na $261/t gedurende die ooreenstemmende tyd gedaal het. Wat die plaaslike sojaboonprys betref, noem Mnr Botha dat die berekende invoerpariteitsprys van Argentynse sojabone gelewer in Randfontein tans op R2 628/t te staan kom, met R2 308/t as die SAFEX sojaboonprys vir lewering in Mei 2007. Mnr Botha berig dat die aanplanting van mielies in die VSA tans deur nat weer in die wiele gery word, wat die kans dat meer sojabone aangeplant sal word, vergroot. Dr de Kock vra met verwysing na tabel 1 of daar volledigheidshalwe by wyse van 'n nota daarop gewys kan word dat die verbruik van olie en oliekoek hoër is as aangedui, aangesien die invoere nie bygereken is nie. Mnr Botha onderneem om só 'n aanpassing te maak. Die Voorsitter noem dat daar in die US Grains Council se publikasie "Market Perspectives" berig word dat 5m ha meer mielies aangeplant gaan word in die VSA, merendeels op grond waarop katoen geplant sou word. Interessante gegewens oor pryse en tendense ten opsigte van "Distillers dried grain solubles", die afvalproduk verkry wanneer mielies aangewend word vir die produksie van etanol, word ook verskaf. Mnr Potgieter meld dat etanol na berig word 'n groter bedreiging as brandstof inhou. Dr de Kock sê dat vrygestelde etanolgasse na bewering 'n meer nadelige effek op die osoonlaag sal hê as gasse wat deur mineraalbrandstof vrygestel word. Besluit: Dat die vergadering kennis neem van die GSA-markinligting. Lede Markaangeleenthede Huidige prys van sojabone – internasionaal en plaaslik Die Voorsitter stel Dr Griessel aan die woord. Dr Griessel meld dat hy by die vorige vergadering sy optimisme oor 'n toekomstige styging in die prys van sojabone uitgespreek het, vanweë die feit dat daar op daardie stadium voldoende wêreldvoorrade was. Alle aanduidings was dat 6 tot 7m hektaar sojaboonlande in die VSA uitgeneem sou word as gevolg van die groter mielie-aanplantings, en Amerikaanse sojaboonproduksie is geskat op ongeveer 10m ton minder as die vorige jaar. Hy wys op die implikasie van Mnr Botha se inligting oor die nadelige effek van weersomstandighede op die aanplanting van mielies in Amerika, en dat 2 tot 3m meer hektaar onder sojabone geplant sal word omdat mielie-aanplantings teen 15 Mei voltooi moet wees. Dr Griessel sê dat die prys van sojabone tans baie volatiel is en dat die afgeleide produsente-prys binne twee dae met nagenoeg R100/t gedaal het. Heelwat sojaboonroes kom tans voor in Argentinië en Brasilië, en in Paraguay is 50 tot 70% van die lande met sojaboonroes besmet. Hy berig dat swaar reënval in Argentinië en Brasilië probleme met oes tot gevolg het, maar dat produksieskattings onveranderd bly, met 'n skatting van 45,5m ton vir Argentinië en 58,5m ton vir Brasilië. Hy sê dat dit gevolglik baie moeilik is om vooruitskattings te maak. Dr Griessel lig die vergadering in dat die riglynprys aan produsente soos bereken op 2 Mei te staan kom op R1 965. Die Voorsitter wys daarop dat die riglynprys R600 onder die invoerpariteitsprys is. Waarde van sojabone afgelei van sojaboon-oliekoek (47% proteïen) geland Durban soos op 2 Mei 2007 Verskeping: R2 164 | Wisselkoers: R7.04/US$ Geland Durban 47% proteïen oliekoek 2 164.00 Spoorvrag na Randfontein 170.00 2 334.00 Waarde van volvetsoja 110% R2 567.00 Min koste om sojabone na volvetsojabone te verwerk 602.00 – Vervoerkoste na volvet-aanleg 70.00 – Stoorkoste 102.00 – Rente 12% (6 maande) 128.00 – Ekstrusiekoste 180.00 – 5% ekstrusieverlies 122.00 Afgeleide produsenteprys vir sojabone – R/ton R1 965.00 SAFEX Die Voorsitter stel die SAFEX-inligting ter tafel. Mnr du Plessis dui op navraag aan dat die SAFEX-prys op 30 April op R2 308 gestaan het. Mnr Cronjé meld dat die prys op 2 Mei met 'n verdere R15 toegeneem het. Die Voorsitter wys daarop dat pryse tydens oestyd die swakste is. Mnr du Plessis sê hy het inligting ontvang dat vervoerkoste gaan toeneem, en dat Dr Griessel dit in berekening sal moet bring by die bepaling van die afgeleide produsenteprys. Hy onderneem om die vervoerkoste aan Dr Griessel deur te gee. Dr Griessel antwoord op navraag van die Voorsitter dat die totale plaaslike oliekoekverbruik in die veevoerbedryf tans op nagenoeg 1,4m ton te staan kom. Daar is verneem dat Prof Willemse aangedui het dat 1,2m ton soja-oliekoek ingevoer is. Hy meld dat Suid-Afrika tradisioneel ongeveer 400 000 ton oliekoek produseer en dat invoerbehoeftes in 2006 ongeveer 1m ton sal beloop. Hy het in 'n verslag gemerk dat 970 000 ton in 2006 ingevoer is, en sê dat hy nie bewus is van die 1,2m ton waarna Prof Willemse verwys nie. Die Voorsitter noem dat plaaslike sonneblomproduksie gewoonlik tussen 350 000 en 450 000t oliekoek lewer, wat hoofsaaklik vir dieregebruik aangewend word. Volvetsoja en sojaboonoliekoek word ook plaaslik geproduseer, en die invoer van 1,2m ton kom dus aan die hoë kant voor. Hy onderneem om meer betroubare syfers by 'n volgende vergadering beskikbaar te stel. Daar sal bes moontlik ook by die volgende vergadering meer duidelikheid wees oor die implikasie van biobrandstof op proteïen vir diereverbruik. Dr Griessel meld duidelikheidshalwe dat in die orde van 200 000 ton sonneblom-oliekoek tradisioneel van 600 000 ton sonneblomsaad afkomstig is, maar dat produksie gedaal het na 370 000 ton sonneblomsaad, en dat Prof Willemse moontlik verwys na 'n geprojekteerde invoer vir 2007. Mnr Potgieter meld dat SAGIS die bedrag van R185/ton gebruik om vervoerkoste in berekening te bring by die bepaling van die invoerpariteitsprys. Me Enslin noem dat hierdie bedrag maandeliks gekontrolleer word, maar dat sy kennis geneem het van Mnr du Plessis se opmerking en verdere ondersoek sal instel. Sy noem ook dat sy in die vorige week se uitgawe van die Sunday Times gelees het dat vraggeldtariewe weens 'n tekort aan skeepsvrag gaan styg. Mnr du Plessis noem na aanleiding van die tabel waarin die aantal SAFEX-verhandelinge sedert 1996 aangedui word, dat SAFEX effektief funksioneer, dat 'n opwaartse neiging in die verhandeling van sojabone duidelik waarneembaar is, en dat die verhandeling van sojabone bepaald voortgesit sal word op SAFEX. Besluit: Dat meer betroubare inligting oor soja-oliekoek-invoere by 'n volgende vergadering verskaf word. Voorsitter Produsente-aangeleenthede Super Sojakompetisie – terugvoering (Besluit 9.1.1.1 van die notule van die Sojawerkgroepvergadering gehou op 1 Maart 2007) Die Voorsitter rapporteer dat hy en Mnr Deon Joubert, Vise-Voorsitter van die PNS en Voorsitter van die Bemarkingskomitee wat met hierdie syfers gemoeid is, gesprek gevoer het met die organiseerders van die Supersojakompetisie. Hy versoek Mnre du Plessis en Havenga om in hierdie verband terugvoer te lewer. Mnr du Plessis berig dat by die vergadering met Mnre Scholtemeijer en Joubert ooreengekom is dat die praktykvoering op die plaas gebruik sal word om die koste van saad te bepaal en dat 'n gemeenskaplike koste vir al die deelnemers aan die hand hiervan bereken sal word. Daar is bevind dat 'n gemiddeld van tussen 10 en 20% van die saad wat deur al die deelnemers geplant word, nuut-aangekoopte saad is. Deelnemers aan die Super Sojakompetisie wat graan as saad aanwend, sal dus nie deur hierdie praktyk bevoordeel word nie. Hy noem dat die gemiddelde koste van saad, in berekening gebring sal word by die bepaling van die beste opbrengs en bruto marge. Die Voorsitter sê die moontlike wanindruk dat die Supersojakompetisie die terughou van graan as saad in die hand werk is hierdeur effektief aangespreek. Daar word kennis geneem hiervan. Besluit: Dat kennis geneem is dat die PNS nie die praktyk om graan as saad aan te wend ondersteun nie, en dat die Supersojakompetisie sodanig aangepas is dat deelnemende produsente wat hierdie praktyk beoefen, nie bevoordeel sal word deur 'n laer insetkoste ten opsigte van saadaankope nie. Lede Ander – aanplant van oliesade met die oog op ontwikkelende landbou en biobrandstof (Besluit 9.1.2.1 van die notule van die Sojawerkgroepvergadering gehou op 1 Maart 2007) Die Voorsitter noem dat die saak rakende die aanplant van oliesade met die oog op ontwikkelende landbou en die produksie van biobrandstof in Mpumalanga, KwaZulu-Natal en die Oos-Kaap sal moet oorstaan totdat meer duidelikheid verkry is oor die rol wat sojabone in die plaaslike biobrandstofbedryf gaan speel. Hy noem dat die vorige Departementshoof van die Departement Landbou in KwaZulu-Natal die mening toegedaan was dat sojabone nie meer vir dié provinsie belangrik is nie. Dr de Kock meld dat daar na berig word 'n forensiese ondersoek na die sake van die Departement ingestel is. Daar word hiervan kennis geneem. Besluit: Dat die saak rakende die aanplant van oliesade in Mpumalanga, KwaZulu-Natal en Oos-Kaap oorstaan tot regeringsterugvoer aangaande biobrandstowwe ontvang is. Mnr Keun Gesprek met handelsbanke en ander instansies insake aanvaarding van sojaboonkontrakte as verskansing (Besluit 9.1.3.1 van die notule van die Sojawerkgroepvergadering gehou op 1 Maart 2007) Die Voorsitter meld dat meer duidelikheid verkry moet word aangaande die vestiging van 'n plaaslike biobrandstofbedryf alvorens die gesprek met handelsbanke insake aanvaarding van sojaboonkontrakte as verskansing gevoer kan word. Hy noem dat inisiatiewe tans onderweg is om ook met landboumaatskappye, koöperasies, potensiële biobrandstofmaatskappye en finansieringshuise te onderhandel om koopkontrakte te reël waarvolgens finansiering beskikbaar gestel kan word sodat sojabone op die regte tyd geproduseer kan word. Hy onderneem om die vergadering op hoogte te hou van verwikkelinge. Besluit: Dat meer duidelikheid verkry moet word aangaande die vestiging van 'n plaaslike biobrandstofbedryf alvorens die gesprek met handelsbanke insake die aanvaarding van sojaboonkontrakte as verskansing gevoer word, en met ander instansies oor die reël van koopkontrakte vir die finansiering van sojaboon-produksie, onderhandel word. Super Sojakompetisie te Mpumalanga (Besluit 9.2.1.1 van die notule van die Sojawerkgroepvergadering gehou op 1 Maart 2007) Die Voorsitter lig die vergadering in dat die Supersojakompetisie te Mpumalanga nie die huidige seisoen aangebied sal word nie, en dat die saak verder gevoer sal word wanneer daar met die betrokke provinsiale regering in gesprek getree word oor die aanplant van oliesade met die oog op ontwikkelende landbou en die produksie van biobrandstof. Die saak staan dus oor totdat meer duidelikheid verkry is oor die rol wat sojabone in die plaaslike biobrandstofbedryf gaan speel. Besluit: Dat die saak rakende die moontlike herinstelling van die Super Sojakompetisie te Mpumalanga oorstaan na 'n volgende vergadering van die Sojawerkgroep, totdat meer duidelikheid verkry is oor die rol wat sojabone in die plaaslike biobrandstofbedryf gaan speel. Mnr Keun Stikstofbemestingsprobleme by cultivarproewe en elders (Besluite 9.2.2.1 en 9.2.2.2 van die notule van die Sojawerkgroepvergadering gehou op 1 Maart 2007 en besluite 22.2 en 22.3 van Raadsnotule van 16 Maart 2007) Die Voorsitter lig die Werkgroep in dat die saak rakende die verbouing van sojabone in nuwe grond en die waarneming dat goeie noduleringsresultate met 'Mollyflo Super' behaal is, na die Tegnologiekomitee, wat die volgende week sal vergader, verwys is. Die Voorsitter bevraagteken die korrektheid van die omskrywing van Raadsbesluit 22.2 wat lui dat die gehalte-toetsing van rhizobium-bakterieë weer deur die LNR onderneem moet word en dat die protokol van hoe dit gedoen moet word na die Sojawerkgroep verwys word vir bespreking. Hy noem dat Dr Staphorst en sy kollegas by die Nasionale Instituut vir Plantbeskerming (NIPB) in die verlede dergelike toetsing onderneem het. Dr Griessel noem dat Dr Piet Steyn sy kommer uitgespreek het oor die gehalte van die rhizobium wat aan produsente verskaf word, en versoek het dat 'n vergadering met Dr Staphorst, Prof Ströh, Me Jacomina Bloem en die Navorsingsprioriteitskomitee van die OAK gereël word. Mnr Potgieter noem dat dié saak ook by GraanSA se Insette-werkgroep, waar Me Bloem teenwoordig was, te berde gebring is en dat produsente hulle kommer oor die kwaliteit van rhizobium uitgespreek het. Die versoek is uitgespreek dat die kwaliteit van rhizobium op dieselfde basis as dié van kunsmis en saad gemonitor word. Hy meld dat 'n bepaalde protokol gevolg word by monsterneming en –toetsing, en dat dié protokol hier ter sprake is. Mnr Botha noem dat Me Bloem 'n aansoek om befondsing van 'n rhizobium gehalte-toetsingsprojek ingedien het, wat volg op kommer wat deur produsente by GraanSA se Sonneblom- en Sojaboonwerkgroep uitgespreek is dat geen nodulasie plaasvind, hoewel die korrekte metode by die toedien van rhizobium gevolg word. Mnr Keun noem in antwoord op 'n vraag van die Voorsitter dat die aansoek aan die Oliesade Advieskomitee voorgelê sal word vir oorweging. Mnr Lübbe noem dat 'n onderskeid getref moet word tussen die twee argumente op die tafel. Enersyds het Dr Steyn versoek dat daar ondersoek ingestel word na WB74 as ras, en of dié tans steeds die beste is vir plaaslike toestande; en andersyds is daar die kwessie dat die twee entstofvervaardigers se produkte nie altyd op standaard is nie. Die Voorsitter versoek dat Raadsbesluit 22.2 reggestel word, sodat aangedui word dat aansoek gedoen moet word dat die gehalte-toetsing van rhizobium op 'n gereelde basis deur die LNR onderneem sal word. Hy wys daarop dat die LNR dergelike toetsing op versoek onderneem, en nie tans op 'n deurlopende basis alle monsters toets nie. Die LNR-NIPB het hierdie monsters in die verlede as standaardpraktyk vir die rhizobium-telling getoets. Dr Griessel noem dat 'n verskaffer die LNR wou dagvaar omdat 'n monster as onder-standaard deur die LNR bevind is, maar dat die LNR huiwerig was om die saak in die hof op te neem. Dr de Kock berig dat Dr Piet Steyn, een van die vervaardigers, sy produkte vrywillig op 'n gereelde basis deur die LNR-NIPB laat toets het, maar dat die ander verskaffer dit nooit gedoen het nie. Mnr Potgieter sê dat daar juis versoek is dat die rhizobium-bakterieë net soos kunsmis en saad elke jaar op 'n spesifieke manier getoets word. Hy noem dat wondere gebeur het in die kunsmisbedryf na die openbaarmaking van gehalteverslae. Die Voorsitter sê dat die aansoek om befondsing van 'n rhizobium gehalte-toetsingsprojek oorweeg sal word, en dat daar 'n duidelike onderskeid is tussen die versoek dat die kwaliteit van rhizobium wat in die mark aangebied word, weer onder die loep geneem word, en die gesprek met Dr Steyn en andere oor die aanvaarbaarheid van WB74 as die beste rhizobium-ras wat tans op die mark is. Mnr Bührmann noem dat resultate van navorsing wat ongeveer tien jaar gelede onderneem is, daarop gedui het dat WB74 konstant die beste ras is. Heelwat indringende navorsing is deur Drs Strydom en Staphorst op die onderskeie rasse en kwaliteitstandaarde gedoen. Die Voorsitter meld dat ongeveer 70 rasse getoets is voor daar bevind is dat WB74 die beste versoenbaar was met die ras wat in die grond was, en dat alle rhizobiums nie met mekaar verenigbaar is nie. Dr Ian Law het Dr Staphorst opgevolg, maar het vroeër in die jaar afgetree, wat gelei het tot Dr Piet Steyn se kommer oor 'n gebrek aan kundigheid. Dr Law is genader vir sy mening oor die huidige stand van sake m.b.t. rhizobium-rasse wat tans internasionaal gebruik word en het aangedui dat WB74 steeds die beste is vir plaaslike doeleindes. Die Voorsitter meld dat Dr Steyn gevra sal word om bewys te lewer dat nuwe Suid-Amerikaanse rasse dramatiese veranderinge teweeg sal bring voordat oorweging geskenk sal word aan 'n projek in dié verband. Hy sê dat die Raad van die PNS hom daartoe verbind dat sojaboon-navorsing geskoei sal wees op óf laer insetkoste óf hoër inkomste en dat rhizobium in beide gevalle kwalifiseer. Hy doen aan die hand dat Me Bloem se projekaansoek om die befondsing van 'n rhizobium gehalte-toetsingsprojek by die volgende vergadering met die Werkgroep bespreek word. Mnr Potgieter spreek sy kommer uit oor die stoor en hantering van rhizobium deur die middelman wat verkope hanteer, en ook deur produsente. Hy vra of hierdie aspek moontlik ondersoek kan word. Mnr Lübbe vra of die negatiewe effek van chloried-bevattende bemesting op enting en nodulering, soos waargeneem deur Mnr Jaco van Niekerk, nie eerder ondersoek kan word nie. Die Voorsitter meld dat dit hier gaan om die toedien van kalium, en wat as draer gebruik word by dergelike toediening. Indien chloried gebruik word as draer, kom nodulering nie voor nie. Dr de Kock verduidelik dat chloried nadelig is vir die plant en lewende organismes soos rhizobium indien dit in té groot hoeveelhede in die plant se voedingsarea beskikbaar is. Dit is beter om kaliumsulfaat te gebruik in grond wat neig na 'n hoë pH, soos in Mnr van Niekerk se produksiegebied, omdat die pH hierdeur tot 'n mate in bedwang gehou word. Dr Griessel vra hoe vasgestel kan word wat die kalium-draer is wanneer NPK-mengsels gebruik word. Dr de Kock sê dat kaliumchloried gewoonlik in NPK-mengsels gebruik word, en dat die hoeveelheid chloried gewoonlik bepalend is. Mnr van Wyk meld dat hy hierdie jaar in sy proewe peile van kalium wat gewissel het tussen 0 kg/ha, 40 kg/ha en 80 kg/ha toegedien het, en dat hy kaliumchloried gebruik het. Hy kon nie met die oog 'n verskil waarneem in die bindingsknoppies, die hoeveelheid knoppies, en dies meer nie. Hy stem saam met Dr de Kock se stelling dat probleme veroorsaak kan word indien daar 'n groot hoeveelheid kaliumchloried by die bakterieë self voorkom. Mnr Havenga meld dat Mnr van Niekerk ook beïnvloed is deur die negatiewe kommentaar van die Amerikaner John Fair op kaliumchloried. Die Voorsitter versoek Mnr van Wyk om aandag te gee aan die invloed van kaliumchloried op nodulering, en meld dat kennis geneem word van die waarneming dat nodulering negatief beïnvloed word deur die toedien van kaliumchloried, hoewel dit nie wetenskaplik bewys is nie. Besluit: Dat Me Bloem se projekaansoek om die befondsing van 'n rhizobium gehalte-toetsingsprojek by die volgende vergadering met die Werkgroep bespreek sal word. Mnr Keun Navorsing Nasionale cultivarproewe Nasionale cultivarproewe 2006/2007 (Besluit 9.9.1 van notule van die Sojawerkgroep 1 Maart 2007) Die Voorsitter meld dat die besprekingspunt 'Navorsing' soos onder die onderskeie provinsies aangedui, betrekking het op cultivarproewe, en vra dat Dr du Plessis terugvoering gee van die stand van sake by die onderskeie proewe. Dr du Plessis sê dat Mnr Erasmus die proewe besoek het en oor volledige inligting van elke proef beskik. Die Voorsitter meld dat 'n skriftelike verslag by 'n volgende vergadering voorgelê sal word, en vra Mnr Erasmus om slegs 'n algemene oorsig van die proewe te gee. Mnr Erasmus berig dat die droogte al die proewe beïnvloed het, en dat nodulering ook probleme veroorsaak het, veral op nuwe grond waar sojas nie in die verlede verbou is nie. Stikstof is hier as risikobestuursmaatreël toegedien. Hy noem dat die droëlandproef by Aliwal-Noord baie goeie vegetatiewe groei toon, en dat die proef self baie goed versorg is. Die Bethlehem-proef lyk goed, hoewel droogte-toestande daar voorgekom het, en die besproeiingsproef by Brits is ook goed versorg. Die opkoms by Bothaville was baie swak, omdat die grond tydens plant baie droog was. Daar is nie veel probleme by die proef te Cedara nie. Hy berig voorts dat geen aanplantings by Cornelia gedoen is nie weens die droogte, dat daar nie geplant is by George nie, en dat daar ook nie by Dirkiesdorp geplant is nie omdat die medewerker nie grond beskikbaar gehad het vir die aanplant van proewe nie. Die eerste aanplanting by Dundee was baie swak weens duiweskade en beeste in die lande, en die tweede aanplanting toon rhizobium-probleme. Mnr Erasmus sê dat Delmas, Ficksburg, Glen, Kokstad, die Newcastle-proef, Greytown, Groblersdal, die proewe van beide plantdatums in Potchefstroom, Vrede, Vryheid en Wonderfontein goed lyk, dat Frankfort minder droogte gehad as die res van die Vrystaat, en baie goed lyk. Kinross is afgeskryf weens die voorkoms van kwaai reën en hael net na planttyd. Lichtenburg is in baie droë grond aangeplant en hoewel aangedui is dat die proef besproei sou word, is die proef klaarblyklik nie besproei nie met die gevolg dat die proef afgeskryf is. Die oorsaak van die swak opkoms by Lydenburg is onduidelik, en die proef is afgeskryf. Hy bevestig dat die medewerkers in die skriftelike verslag aangedui sal word. Die besproeiingsproef in Rustenburg is nie as besproeiingsproef hanteer nie, en het swak opgekom in droogte-toestande, met swak nodulering. Stikstof is toegedien, die plante het hierna mooier vertoon, en daar is reeds geoes. Die proef by Tsolo in die Oos-Kaap het goed gelyk, maar was vuil. Hierdie proef word hanteer deur die medewerkers wat ook Kokstad en Makambule hanteer, waar die proewe goed lyk. Vaalharts is afgeskryf weens probleme by aanplant. Hy sê dat 40 proewe aangeplant is, waarvan 10% afgeskryf is. Die Voorsitter wys daarop dat daar ten spyte van die slegte jaar resultate van 36 proewe gelewer sal word, en stel die saak oop vir bespreking. Mnr Bührmann vra waarom stikstof en nie molibdeen as regstellende bemesting gebruik is nie, aangesien dit op die Hoëveld standaardpraktyk is om molibdeen te bespuit en dat die rhizobium dan onmiddelik in werking gestel word. Mnr Erasmus rapporteer dat hy molibdeen saam met die stikstof toegedien het. Mnr Bührmann noem dat die toedien van molibdeen wanneer die rhizobium wél besig is om te ontwikkel, maar tekorte in die bemestingsisteem, die vrugbaarheid van die grond of te veel reën veroorsaak dat die plante vergeel, tot gevolg het dat die plante na toediening binne 'n week pragtig groen vertoon. Die Voorsitter noem dat vergeling van plante met geen nodulering op Vaalharts voorgekom het, dat stikstof toegedien is, en die plante goed herstel het. Mnr Erasmus berig dat daar swak nodulering was by die proewe en dat die rhizobium klaarblyklik nie gewerk het nie. Die Voorsitter meld dat die verslag vervat in Bylae H waarnemings wat tydens 'n besoek aan sekere sojaboonproewe gemaak is, bevat. Mnr Erasmus meld in antwoord op 'n vraag van die Voorsitter dat 'n rywydte van 90cm hoofsaaklik in die proewe gebruik is. Dr Griessel wys daarop dat die riglyne 'n rywydte van 75cm spesifiseer, en beveel aan dat rywydtes by beproeiingsaanplantings nie meer as 60cm moet wees nie. Hy vra waarom daar afgewyk word van die voorgeskrewe riglyne van 75cm vir droëlandproewe. Hy is die mening toegedaan dat Groblersdal nie 'n geskikte lokaliteit is vir droëlandproewe nie. Dieselfde geld vir Glen, wat der mate aan droogte blootgestel is dat droëlandcultivarproewe nie daar uitgevoer kan word nie. Die Voorsitter beaam die opmerking dat die cultivarproewe gerig moet wees op die betrokke omgewing, en sê dat die saak aangespreek sal word wanneer die riglyne en beginsels van die cultivarproewe vervolgens bespreek word. Mnr Maree meld dat daar nie op Glen droëlandproewe geplant word nie, en daar word ook genoem dat dergelike proewe ook nie op Groblersdal aangeplant word nie. Besluit: Dat kennis geneem word van die mondelinge verslaggewing oor die besoeke aan die nasionale cultivarproewe. Lede Die doel van nasionale cultivarproewe (Besluite 10.1.1 tot 10.1.4 van notule Sojawerkgroep 1 Maart 2007) Die Voorsitter hou die stel dokumente vervat in Bylae I aan die vergadering voor. Hy wys op die verwantskap tussen Dr de Kock se handleiding vir die uitvoer van sojabooncultivarproewe en die handleiding wat die LNR-IGG aan medewerkers by sojabooncultivarproewe beskikbaarstel. Hy verwys ook na die derde dokument, waarin die bevindinge van 'n komitee wat 25 jaar gelede 'n ondersoek onderneem het na cultivarprogramme by die LNR-IGG te Potchefstroom, vervat is. Dr de Kock noem dat hy by 'n vorige vergadering daarop gewys het dat die statistiese hantering van cultivar-proewe deur die LNR as 100% korrek aanvaar word. Die toepassing van praktykvoering in die proewe lewer egter 'n paar probleme, en hy sou graag daaroor gesprek wou voer. Dr Griessel bevestig die akkuraatheid van die onderskeie statistiese modelle en -metodes wat deur die LNR gebruik word om die proewe te evalueer. Die Voorsitter sê die uitvoer van die proewe is die beginsel hier ter sake. Met verwysing na die doel van die cultivarproewe, lees hy voor uit 'n skrywe van Dr Nel wat aandui dat "In the past cultivar trials have always been seen as a measure of the relative performance of cultivars over a wide variety of environmental conditions, and not as a measure of the yield potential for specific locations. However, to do a reliable yield stability analysis and a comparison between cultivars, the yield range amongst localities should be as wide as possible." Hy wys op die stelling wat Dr de Kock in sy handleiding maak wat lui dat 'die doel van die handleiding is om die proewe wat uitgevoer word op 'n nasionale basis te standaardiseer. Ten einde oor lokaliteite en jare te vergelyk moet gepoog word om sover moontlik by die handleiding en proefplan te hou' en vra of die vergadering in die eerste instansie in ooreenstemming is oor die doel van die proewe. Die Voorsitter noem dat Dr van der Merwe by 'n vorige vergadering van die Nasionale Sojabooncultivarevaluasiekomitee gestel het dat een onversorgde proef nie juis betekenisvol is nie, en dat Dr Griessel hiervan verskil het. Hy vra of die opbrengs van 'n onversorgde proef enigsins as betekenisvol beskou kan word, en noem as voorbeeld 'n onversorgde proef wat hy en Dr de Kock besoek het wat uiteindelik 'n opbrengs van 2t/ha gelewer het. Dr de Kock noem dat verwys word na die onversorgde proef te Normandien waar onkruid welig tussen al die rye gegroei het. Hy spreek die oortuiging uit dat dié proef se koëffisiënt van variasie baie laag was, hoewel die resultaat die indruk van 'n voorbeeldproef skep. Hy sê dat dit die rede is waarom die uitvoer van proewe onder die loep geneem moet word, aangesien die proewe geweldig duur is. Die Voorsitter spreek sy waardering uit teenoor die drie verteenwoordigers van die LNR-IGG by die vergadering, wat verantwoording moet doen vir 'n saak waarmee hulle min te doen gehad het. Hy noem dat Mnr Erasmus onder baie moeilike omstandighede op 'n laat stadium betrokke geraak het, en beklemtoon die feit dat hierdie 'n beginselsaak is wat aangespreek word, en nie as persoonlike kritiek beskou moet word nie. Die Voorsitter vra of die voorskrifte vervat in die LNR se handleiding nagekom kan word, en ingeligte besluite oor die mees geskikte cultivar vir 'n bepaalde lokaliteit sal bevorder. Dr du Plessis meld dat ondersoek ingestel is na die rede vir die oorspronklike besluit om die rywydtes op 75cm vas te stel. Daar is bevind dat die metodiek vervat in die resultate van die 1979/80 sojabooncultivarproewe aandui dat die persele, waar moontlik, moet bestaan uit vier vyf meter rye met 90cm tussen-ry spasiëring. Later verslae dui ook op 90cm tussen rye, of andersins, soos die medewerker plant en sy planter gestel is. Sy vra of 'n besluit geneem kan word oor die rywydte. Mnr van Wyk verduidelik dat die 90cm rywydte sy oorsprong het in die praktyk wat in vroeër jare gevolg is om elke jaar op dieselfde spore te werk en net op sekere plekke los te maak, en dat die rye op spoorverkeer 90cm was. Hy wys daarop dat die wiele van die trekker of die wiele van die planter wat in die proewe gebruik word op die rye sal trap, indien die planter op 75cm gestel word, met die gevolg dat die sojabone nie sal opkom nie, en dat daar om hierdie rede op 'n rywydte van 90cm besluit is. Die Voorsitter sê rywydtes van 90cm of 100cm by lande onder besproeiing is duidelik nie aanvaarbaar nie, maar spreek sy twyfel uit dat die rywydte op droëland werklik saak maak. Mnr Erasmus sê die rywydtes kan verander na 38cm of 45cm op droëland. Mnr Havenga noem dat rywydte van proefaanplantings by 'n produsent bepaal word deur die praktyk wat op die plaas gevoer word. Mnr Lübbe meld dat daar tans in die rigting van geen / minimum-bewerkingsera (no-till) beweeg word. Hy dui aan dat Agriocare die siening huldig dat 'n onderskeid tussen die geneties- en nie-geneties gemodifiseerde, die standaard en die Roundup Ready boon, getref moet word. Die Roundup Ready boon kan maklik skoongehou word en op droëland met 'n rywydte van 45cm geplant word met 'n plantestand van 300 000 tot 320 000 per hektaar, terwyl die 90cm rywydte behou kan word vir standaardbone. Mnr Lübbe sê dat daar met 'n rywydte van 45cm as 'n algemene riglyn vir grond onder besproeiing volstaan kan word. Mnr Potgieter berig dat die boere in sy gebied in grond onder besproeiing oor die algemeen 45cm rye plant, maar dat 60cm rye ook geplant word. Mnr Cronjé sê die moderne tendens onder boere in die oostelike Hoëveld is om glad nie van 'n planter gebruik te maak nie, maar dat 'n breedwegskoffel en 'n saaikas gebruik word om sojas in 230mm rytjies te plant met 'n konstante plantpopulasie van 300 000 per hektaar. Hy meld dat dit die maklikste verbouingspraktyk is, en grondvog bevorder met goeie ontkieming en merkwaardige opbrengste. Daar is egter nog die meer tradisionele boere wat drie voet of 90cm wydtes plant. Mnr Botma sê dat hy aanvanklik vyf voet rywydtes geplant het, en tans een meter rywydtes plant. Dis belangrik om die plante per hektaar, die beskikbare vog en waar die trekker vastrap in ag te neem. Hy noem dat Roundup Ready-aanplantings nouer rye kan regverdig, maar dat hy dit eers op sandgrond sal beproef om vas te stel wat die opbrengs is. Hy berig dat die opbrengs tussen die vyf voet en een meter rye nie veel verskil het nie. Mnr Bührmann sê dat sommige boere nie bereid is om hulle planters aan te pas nie, dat sommige boere 'n stel planters spesifiek vir die plant van sojas in nouer rye van 45cm, 60cm en 75cm aanhou. Heelwat van die produsente het die aanpassing gemaak om 30 pitte per meter op 'n 75cm rywydte en 30 tot 35 pitte per meter op 'n 90cm rywydte neer te sit, met 'n plantpopulasie van 600 000 per hektaar in gebiede met 'n hoë reënval. Die Voorsitter doen aan die hand dat algemene ooreenstemming bereik word dat daar op 'n rywydte van 90cm onder droëland, en 45cm op grond onder besproeiing standaardiseer word. Dr Griessel beklemtoon die belangrikheid van standaardisasie, aangesien cultivars nie met mekaar vergelyk kan word indien rywydtes en spasiëring tussen rywydtes verskil nie. Mnr Erasmus stel voor dat rywydtes in droëland op 90cm standaardiseer, maar dat 60cm en nie 45cm rywydtes op grond onder besproeiing gebruik word, aangesien die nouer rywydte skoffelbewerking sal bemoeilik. Mnr du Plessis beklemtoon dat 60cm rywydtes nie as standaard by proefaanplantings op medewerkers se plase gebruik kan word nie, aangesien daar by die boer se praktyk aangepas moet word. Hy meld dat proefaanplantings met Roundup Ready probleme sal veroorsaak as die produsent wil spuit. Mnr Erasmus berig dat hy alreeds 'n proef gehad het wat doodgespuit is. Mnr van Wyk vra dat Mnr Erasmus in gedagte hou waar die planterwiele by die plant van die tweede ry loop, alvorens daar op 60cm rywydtes besluit word. Hy meld dat hy tevrede is met rywydtes van 60cm en 90cm indien dit in die praktyk haalbaar is. Mnr Lübbe sê in antwoord op 'n vraag van die Voorsitter dat 45cm rywydtes in verbouing onder geen bewerkingstoestande gebruik word. Daar word kennis geneem dat Roundup Ready aanplantings in die praktyk gevestig is en voortaan sal toeneem. Die Voorsitter noem dat die kwessie van kort-, medium- en lang groeiseisoencultivars en aalwurmweerstandbiedende cultivars wat op dieselfde datum geplant word, hetsy dit 'n koue of warm streek is, nog aangespreek moet word. Hy meld dat die cultivarproewe baie gesofistikeerd geword het, dat die bedoeling is om produsente aan te moedig om meer sojas te plant met hoër opbrengste en laer insetkoste, en vra of dit met die huidige cultivarproewe haalbaar is. Dr Griessel stel voor dat die LNR ondersoek instel na die hoeveelheid besproeiingsproewe en die hoeveelheid droëlandproewe wat hulle self kan behartig. Hy noem dat dit onmoontlik is om al die proewe twee tot drie keer 'n week met oestyd te besoek ten einde vas te stel of die gewasse oesgereed is. Hy benadruk die kritiese belang hiervan, omdat alle cultivars nie op dieselfde tyd oesgereed is nie. Dit is ook van die uiterste belang dat al die medewerkers volkome toegewyd is, en moeite sal doen omdat hulle kan voordeel trek uit die proewe. Dr Griessel is van mening dat dit onmoontlik is vir die LNR om al 30 cultivarproewe na behore te bestuur. Hy beklemtoon die feit dat dit onaangenaam is om by herhaling die belangrikheid van grondmonsters te opper, wys op die geweldige koste verbonde aan die cultivarproewe, en onderstreep die noodsaaklikheid om die regte medewerkers betrokke te kry. Mnr Potgieter sê dat die proewe die LNR se verantwoordelikheid is, dat medewerkers aan die LNR se vereistes moet voldoen, en dat dit belangrik is om aandag te skenk aan die spesifieke verantwoordelikhede van die medewerker ten opsigte van die proewe. Hierbenewens moet daar na behore toesig gehou word oor die medewerker om te verseker dat hierdie verantwoordelikhede nagekom word. Mnr Lübbe wys daarop dat heelwat gedagtes geopper is tydens die bespreking, en vra of finaliteit oor dit wat van die cultivarproewe vereis word nie by 'n volgende vergadering verkry kan word nie. Die Voorsitter sê dat sake wat reeds 'n geruime tyd pla oopgesny is, en dat hy die bevindinge van 25 jaar gelede aangehaal het met die doel om vas te stel of dit wat tóé aanvaarbaar was, steeds geldig is. Hy vra Dr Nel om sy mening te lig. Dr Nel beaam dat die medewerkers problematies is, en dat versoeke om grondmonsters te neem en in te stuur op dowe ore val. Hy sê dat 'n verdere probleem by die sonneblomcultivarproewe ontstaan aangesien van die medewerkers die proewe op hul eie koste aangaan en dat dit gevolglik moeilik is om voldoende beheer uit te oefen. Die Voorsitter noem dat die cultivarproewe so goed is as wat die medewerker dit toelaat om te wees, dat die syfers statisties gemanipuleer word en aan die hand hiervan aanbevelings oor geskikte cultivars gedoen word. Hy vra of dit wenslik is om steeds teen wil en dank 30 proewe aan te plant as byvoorbeeld 15 proewe met doeltreffendheid betroubaar volgens die vereiste standaarde beheer kan word. 'n Verdere twee proewe kan met die medewerking van byvoorbeeld saadmaatskappye en landboubesighede aangeplant word, en hoewel minder proewe in plek sal wees, sal die resultate absoluut betroubaar wees. Dr de Kock is die mening toegedaan dat daar ter aanvang oor die aantal cultivarproewe en die mees geskikte lokaliteite besluit moet word. Hy vra dat die LNR die handleiding wat hy opgestel het onder die loep neem en besluit of hulle die voorstelle daarin vervat kan akkommodeer. Hy sê dat die LNR 'n voorlegging hieroor kan doen, en dat die PNS hulp kan verleen met die identifikasie van en gesprekvoering met die beste medewerkers, aangesien medewerkers dikwels nie bewus is van die belangrikheid van hulle bydrae tot die cultivarproewe nie. Hy opper die moontlikheid dat die PNS dit kan oorweeg om die medewerkers te vergoed. Hy beskou die LNR as die verantwoordelike beampte, en die medewerker as die persoon wat die proef moet beheer en versorg. Indien laasgenoemde nie die boer is nie, word die boer bloot as die verskaffer van fasiliteite beskou. Hoewel die medewerker die boer kan wees, moet hy bereid wees om die voorskrifte ten volle uit te voer, wat na sy mening nie deur veel boere gedoen kan word nie. Dr de Kock sê hy sal verkies as die medewerker 'n beampte is wat kan verseker dat die proef 100% korrek uitgevoer word. Hy voeg by dat die toestande waar die proef uitgevoer word, absoluut optimaal vir daardie gebied moet wees, andersins sal die proefresultate waardeloos wees. Die Voorsitter sê dat nie-noodsaaklike navorsing 'n ding van die verlede is. Hy voorsien dat die behoeftes van groot verbruikers in die kort- tot mediumtermyn bepalend sal wees by die lokaliteit van proefaanplantings. Dr de Kock wys daarop dat cultivarproewe nie dien om optimale praktykvoering in 'n spesifieke gebied vir die boer uit te klaar nie, maar dat 'n cultivarproef 'n vergelyking van cultivars onder die omstandighede in 'n spesifieke lokaliteit is. Na afloop van die proewe kan ingeligte besluite geneem word oor welke verbouingsaspek in welke lokaliteit in 'n ander proef ondersoek moet word. Die Voorsitter noem dat die LNR in die verlede gevra is om sogenaamde demonstrasieproewe uit te voer wat weens personeeltekorte in die wiele gery is. Dr Griessel verwys na die verslag oor die besoek aan sekere sojabooncultivarproewe, waar 'n kort en baie belangrike opsomming van die aard van sojabone aandui dat: 'Sojabone is 'n gewas wat uitsluitlik reageer op impulse van die onmiddelike omgewing soos grond- en lugtemperatuur, dagliglengte, grondfauna- en flora, grondvog, ligging ten opsigte van lengte- en breedtegrade ens., en is gevolglik meer kwesbaar as die meeste ander gewasse ten opsigte van aanpasbaarheid.' Hy wys daarop dat dit die rede is hoekom dieselfde cultivar in verskillende areas anders sal presteer, en dat hy dit graag in die cultivarevaluasieproewe sou wou sien. Cultivarproewe moet korrek en goed gedoen word, sodat daar duidelikheid kan wees oor die areas waarop gekonsentreer moet word. Hy is ten gunste daarvan om die boer te kompenseer, moontlik in samewerking met die LNR, omdat dit belangrik is om die regte medewerkers te kry. Mnr Potgieter noem dat dit vir hom as produsent belangrik is dat 'n cultivarproef 'n vertoonvenster is van hoe sojabone kan produseer, en dat 'n spesifieke cultivar ooglopend die beste presteer in daardie lokaliteit. Hoewel dit nie gaan om die beste verbouingspraktyk vir die produsent nie, moet die praktykvoering van so 'n aard wees dat die beste potensiaal van die cultivar duidelik na vore kom. Mnr Cronjé berig dat hy as produsent reeds vir die afgelope 30 jaar as medewerker van verskeie saadmaatskappye betrokke is by cultivarproewe, en dat die saadmaatskappye soortgelyke probleme met medewerkers ervaar het. Die probleem is opgelos deur die medewerkers te versoek om 'n stuk grond voor te berei, met die maatskappy wat op plantdag met die beste toerusting om proewe meganies te plant by die plaas opdaag, en na dié aanplanting afgehandel is, voortbeweeg na 'n aanplanting in die volgende klimaatstreek in die oostelike Hoëveld. Hierna word proewe in warmer dele geplant, en dan word proewe met later plantdatums in die westelike gebiede geplant. Hy meld dat alles op standaard gedoen word, dat die saadmaatskappye hulle eie bemesting en onkruiddoders gebruik en dat die lande ook van perseel tot perseel meganies geoes word deur die saadmaatskappy. Hierbenewens word die produsent teen R400, R450 per hektaar vergoed. Die Voorsitter stel Dr du Plessis aan die woord. Sy sê dat 'n nuwe voorlegging oor cultivarproewe voorberei en vir bespreking aan die volgende vergadering van die Werkgroep voorgelê sal word. Sy is die mening toegedaan dat die saak rakende die cultivarproewe ook by die vergadering van die Cultivarevaluasiekomitee, met al die rolspelers teenwoordig, bespreek moet word. Dr du Plessis berig dat die moratorium op aanstellings by die LNR steeds in plek is, dat sy drie poste aangevra het, en dat een van die poste tydelik goedgekeur is. Die Voorsitter doen aan die hand dat verdere samesprekings oor die beplanning van cultivarproewe by 'n kleiner vergadering tussen die LNR-IGG, die Proteïennavorsingstigting en die Oliesade Advieskomitee gevoer word. Hy is die mening toegedaan dat heelwat goeie idees tydens die bespreking vorendag gekom het. Hy meld dat dit krities dringend is om finaliteit oor die geskilpunte met betrekking tot die cultivarproewe te bereik voor die volgende vergadering van die Sojawerkgroep op die derde Augustus, sodat die Werkgroep by dié vergadering slegs die fyner detail van die voorlegging oor cultivarproewe hoef aan te spreek. Besluit: Dat 'n nuwe voorlegging oor cultivarproewe voorberei en vir bespreking aan die volgende vergadering van die Werkgroep voorgelê sal word. Dr du Plessis Mnr Keun Gesprek met provinsiale departemente insake Nasionale Cultivarproewe (Besluit 10.1.1.1 van notule van Sojawerkgroep 1 Maart 2007) Die Voorsitter versoek dat die saak oorstaan tot ná gesprekvoering met die Departement van Landbou van die Oos-Kaap, KwaZulu-Natal en Mpumalanga bewerkstellig is. Besluit: Dat die gesprek met provinsiale departemente insake die Nasionale Cultivarproewe oorstaan tot ná gesprekvoering met die Departemente van Landbou van die Oos-Kaap, KwaZulu-Natal en Mpumalanga bewerkstellig is. Mnr Keun Roes Inligting vanaf Roestaakspan Die Voorsitter lig die vergadering in dat waarnemings van die voorkoms van sojaboonroes aangedui word in Bylae J vir kennisname. Dr Caldwell – roeskarteringsprojek (Besluit 10.3.1.3 van die notule van die Sojawerkgroep 1 Maart 2007) Dr de Kock vra of hy met die vergunning van die Voorsitter by 'n volgende vergadering oor Dr Caldwell se roeskarteringsprojek verslag kan doen. Die Voorsitter reël dat die saak oorstaan. Besluit: Dat verslaglewering rakende Dr Caldwell se roeskarteringsprojek oorstaan na 'n volgende vergadering van die Sojawerkgroep. Dr De Kock Mnr Keun Sclerotinia Proefwerk – terugvoering (Besluite 10.3.1.1 en 10.3.1.2 van die Sojawerkgroep 1 Maart 2007) Die Voorsitter stel Dr de Kock aan die woord. Dr de Kock berig dat dit nie 'n gunstige jaar was vir die voorkoms van sclerotinia nie, en dat Dr Craven hom meegedeel het dat daar by geen van die proewe, selfs nie by die laatste datum by Greytown, 'n noemenswaardige voorkoms van sclerotinia was nie. Dieselfde geld vir die proewe wat deur Mnr Henk van der Westhuizen onderneem word. Hy berig voorts dat Dr Caldwell se proewe met silika tans onder gekontrolleerde toestande in die glashuis-fase onderneem word, en dat daar in ooreenstemming met dit wat in die literatuur aangedui word, waargeneem is dat sclerotinia-simptome op die plant afneem namate die d.p.m. toediening van pottassilikaat toeneem. Wat betref die ondersoek na die mees gunstige omstandighede waaronder sclerotinia ontwikkel, is dusver vasgestel dat sclerotinia op sojabone onder omstandighede van 22ºC en 95% relatiewe humiditeit die beste na vore kom. Daar is ook vasgestel dat cultivar LS6626RR die mees vatbare, en cultivar 95B53 die mees tolerante cultivar vir die voorkoms van sclerotinia is. Hy meld dat navorsingsresultate nog in 'n vroeë stadium is. Dr de Kock noem dat Dr Caldwell hierdie proewe ook op sonneblom en grondbone wil doen. Dr Griessel wys daarop dat die voorkoms van sclerotinia in die wiele gery is deur die droogte-toestande wat hierdie seisoen ervaar is. Mnr Keun berig dat Mnr Pieterse, die produsent van Koedoeskop, genooi sal word om die volgende vergadering van die Sclerotiniawerkgroep in te lig oor die effektiewe bestuur van sclerotinia. Lys van goedgekeurde sclerotiniaprojekte Die Voorsitter lig die vergadering in dat die lys van goedgekeurde sclerotinia-projekte vir kennisname ingesluit is as Bylae K. Die Voorsitter lig die vergadering in dat die lys van goedgekeurde sojaboonprojekte ingesluit is as Bylae L. Saad Terughouding van graan as saad Die Voorsitter meld dat die stelling wat Me Eve du Preez namens die saadmaatskappye gemaak het by die vergadering wat op 16 Februarie 2007 gehou is om die praktyk om graan as saad terug te hou te bespreek, in Bylae M vervat is. Hy bedank die verteenwoordigers van GraanSA dat hulle die inisiatief geneem het om die gebruik van graan as saad op 'n indringende wyse aan te spreek. Mnr Pietman Botha berig dat 'n vergadering vir 8 Mei gereël is met die saadverwerkers, -telers, -verspreiders en SANSOR met die oog op verdere samesprekings. Die Voorsitter doen aan die hand dat terugvoer in dié verband by 'n volgende vergadering gegee word. Besluit: Dat daar by 'n volgende vergadering van die Sojawerkgroep verdere terugvoer gegee word oor die inisiatief wat GraanSA ten opsigte van die praktyk om graan as saad terug te hou, onderneem het. Mnr Keun Biobrandstof Draft biofuels industrial strategy of the Republic of South Africa (Besluit 12.1.1 van die notule van die Sojawerkgroep 1 Maart 2007) Die Voorsitter doen aan die hand dat die saak rakende die vestiging van 'n plaaslike biobrandstofbedryf oorstaan totdat klarigheid verkry is oor die Regering se biobrandstofstrategie. Besluit: Dat die saak rakende die vestiging van 'n plaaslike biobrandstofbedryf oorstaan totdat klarigheid verkry is oor die Regering se biobrandstofstrategie. Mnr Keun Aansoek om rabat – vordering (Besluit 12.3.1 van die notule van die Sojawerkgroep 1 Maart 2007) Die Voorsitter berig dat geen terugvoering ontvang is rakende SASOL se aansoek om 'n rabat nie, en versoek dat die saak oorstaan na 'n volgende vergadering. Besluit: Dat die saak rakende SASOL se aansoek om 'n rabat oorstaan na 'n volgende vergadering. Mnr Keun Tegnologie-oordrag Inligtingsdae 2007/2008: datums en terugvoering Mnr du Plessis noem dat die datums van die Supersojakompetisie in KwaZulu-Natal by die volgende vergadering bekendgemaak sal word. Ander sake Inligting vir plasing op die webtuiste – nuusbrokkies Die Voorsitter herinner die Werkgroep om nuusbrokkies oor interessanthede, nuwe aanstellings en dies meer deur te gee vir plasing op die PNS se webtuiste. Opname ten opsigte van besoeke aan die PNS-webtuiste Die Voorsitter meld dat hy inligting ontvang het wat daarop dui dat dit moeilik is om die PNS se webtuiste op die internet te vind, en dat daar genoem is dat een van die moontlike oplossings sou wees om sleutelwoorde wat tipies verwant sou wees aan die PNS se werksaamhede op die webtuiste te gebruik. Hy vra die Sojawerkgroep om insette in dié verband te lewer. Datums van volgende vergaderings Die volgende vergadering van die Sojawerkgroep is geskeduleer vir 3 Augustus 2007. Afsluiting Die Voorsitter bedank die teenwoordiges vir insette gelewer. Aangesien daar geen verdere sake vir bespreking is nie, verdaag die Voorsitter die vergadering om 13:40
[]
https://www.proteinresearch.net/index.php?page=2002-canolafokus-no-14
Canolafokus 14 Maart 2002 Artikels indeks Klimaatsvooruitsigte vir die Wes-Kaap vir die 2002-seisoen Inleiding See-temperature El Niño / La Niña Figuur 1: Verwagte reënval tydens El Niño- en La Niña-jare by Malmesbury See-temperature om die RSA-kus Hoe lyk temperature tans en wat word verwag? Wat verwag ons in terme van reënval? Figuur 2: Verwagte reënval vir die 2002-seisoen vir Malmesbury en Bredasdorp Om op te som Onkruiddoder oordrag op canola en lupiene in kleingraanwisselboustelsels Onthoudingsperiode Rekordhoudingstelsel Grondsuurheid Bewerkingspraktyke Faktore wat residuele werking van onkruiddoders verder kan beïnvloed Tabel 1: Onthoudingsperiode van onkruiddoders Suid-Kaap Canola Kompetisie 2001 Johan van den Berg Die afgelope seisoen is gekenmerk deur baie reën in die westelike gedeelte en baie min reën, veral in die eerste gedeelte van die winter, in die Suid Kaap. Gedeeltes rondom Stellenbosch het byvoorbeeld meer as 800mm gekry vanaf Julie tot Desember wat byna twee keer die langtermyn-gemiddelde syfer is vir die tydperk. Gedeeltes in die Suid Kaap het eers noemenswaardige reën gekry vanaf Julie 2001. Gebiede soos die kusgebiede vanaf George tot ongeveer Swellendam het tussen 200mm en 400mm gekry sedert Julie 2001 wat heelwat minder is as die langtermyngemiddelde reënval. See-temperature is 'n belangrike faktor wat reënvalverspreiding oor tyd maar ook hoeveelhede bepaal. Die twee gebiede wat veral van belang is en wat 'n groot invloed het op die Suid-Afrikaanse en ook Wes-Kaapse reënval is eerstens die see-temperature in die Stille Oseaan (El Niño / La Niña) asook die see-temperature rondom ons kusgebiede. Warm seewater is verantwoordelik vir die ontwikkeling van laagdruksisteme en dus stygende lug. Dit is dan ook 'n belangrike meganisme wat wolkvorming stimuleer as gevolg van vogtige lug wat opwaarts vervoer word om te kondenseer as wolke in hoër luglae. Grootskaalse verwarming of verkoeling wat plaasvind (soos die El Niño-verskynsel) verander weerspatrone op globale vlak maar veral in die Suidelike Halfrond. Dit veroorsaak veral 'n verskuiwing in die reënvalverspreiding oor tyd. Tydens El Niño-jare begin die winter gewoonlik vroeër met koue fronte wat reeds teen die einde van April/begin Mei die suidelike gedeeltes tref. Dit veroorsaak dat die reënseisoen in die Wes-Kaap vroeg begin en die binneland vroeg ryp kry. Daarteenoor is seisoene redelik laat indien daar 'n La Niña-verskynsel is. Die Wes-Kaap is gewoonlik baie warm in die laat somer en herfs, die binneland kry reën tot diep in Mei en koue fronte begin eers die kontinent tref teen Junie en Julie. In Figuur 1 is die waarskynlikheid (%) om ten minste 20mm per 10-dae periode te kry in tipiese El Niño- (vaste lyn) en La Niña-jare (gebroke lyn) grafies voorgestel vir 'n plek soos Malmesbury. In Figuur 1 kan verder gesien word dat die kanse vir reën (20mm of meer per 10-dae periode) hoër is tydens El Niño-jare (vaste lyn) as La Niña-jare vanaf April tot die laaste gedeelte van Julie asook in die begin van September. Dit is duidelik dat El Niño-jare (vaste lyn) gewoonlik beter is in die eerste tot middelste gedeelte van die wintergroeiseisoen maar swakker is in die lente en somer. Daarteenoor is La Niña-jare (gebroke lyn) swak in die eerste gedeelte maar beter teen die laaste gedeelte. Figuur 1See-temperature om die RSA-kus Warm see-temperature teen die RSA-kus is verantwoordelik vir die ontwikkeling van laagdruksisteme. Die afgelope seisoen of twee is gekenmerk deur sterk verwarming wat plaasgevind het teen veral die Weskusgebiede tot so ver as die Angolese kus. Temperature was dikwels 2ºC of meer warmer as normaal. Dit het tot gevolg gehad dat meer vog as normaalweg beskikbaar was vir veral die westelike gedeeltes met goeie reën wat in die sentrale tot westelike helfte van die land voorgekom het. See-temperature aangrensend aan die hele RSA-kus maar veral die Kaapse kus is tans baie warmer as normaal. Rooigety is 'n teken van warmer water en minder suurstof en het dan ook in Februarie sterk voorgekom naby Elandsbaai. Die verwagting is dat dit behoort af te koel na die winter. Wat betref die see-temperature in die Stille Oseaan is daar tans nie 'n El Niño of La Niña-verskynsel nie. Die verwagting is dat 'n El Niño sal ontwikkel vanaf ongeveer Mei / Junie 2002 en dat daar nie weer 'n La Niña-verskynsel sal wees soos die afgelope drie seisoene nie. Tans is see-temperature normaal in die Stille Oseaan wat aandui (Figuur 2) dat goeie kanse vir reën ietwat later begin (Mei) as in El Niño-jare maar vroeër as in La Niña-jare. Dit is veral Malmesbury (Figuur 2, dik lyn) wat sterk aandui dat die reënseisoen waarskynlik in Mei behoort te begin. Bredasdorp (Figuur 2, dun lyn) toon nie so 'n sterk tendens nie maar kanse verbeter ook vanaf Mei. Dit is tans te vroeg om te veel waarde te heg aan voorspellings vir Julie en later aangesien 'n El Niño-verskynsel (indien dit voorkom) die voorspellings kan verander. Figuur 2Om op te som Gunstige reënvaltoestande word verwag vir veral die suidwestelike gedeelte van die Kaap vanaf Mei 2002. Huidiglik is die see-temperature rondom die Kaapse kus baie warmer as normaal en kan verantwoordelik wees vir hoër reënval aan die weskus maar laer reënval na die oostelike gedeeltes. Dit is egter belangrik om op hoogte te bly aangesien toestande huidiglik redelik vloeibaar is en vinnig kan verander. Vir verdere inligting Enviro Vision Posbus 100938 Brandhof Bloemfontein 9301 Tel / Faks: 051-436 5550 Sel: 082 374 4692 E-pos: jvandenberg@xsinet.co.za Hoofdirektoraat Landbou (Moorreesburg) Opgedateer deur HRAC Werkgroep, AVCASA Die afgelope seisoen het skade by canola en lupiene voorgekom as gevolg van die oordrag van sulfonielureas (SU's) wat gedurende die vorige seisoen op koring gespuit is. Omdat canola en lupiene al meer na vore tree as belangrike wisselbougewasse met goeie kontant potensiaal en 'n heilsame invloed op koringproduksie, moet produsente bedag wees op hierdie probleem en die nodige voorsorgmaatreëls tref. Onkruidbeheerprogramme moet aangepas word om dit te verhoed. Let op na die volgende Die nakoming van die onthoudingsperiode, soos aangedui deur die vervaardigers van onkruiddoders, is een van die belangrikste vereistes wat heel dikwels deur produsente geïgnoreer word. Dit is baie belangrik vir produsente om nie gevoelige gewasse soos canola en lupiene na koring te saai voordat die onthoudingsperiode van die betrokke onkruiddoders, wat in die vorige seisoen se koring gebruik is, nie verstryk het nie. In Tabel 1 word die onthoudingsperiodes van die verskillende kleingraanonkruiddoders aangetoon. Noukeurige rekord moet gehou word van alle onkruiddoders en mengsels daarvan wat per land toegedien is. In die rekordhoudingstelsel moet aangeteken word, (1) die onkruiddoder en / of mengsel, (2) die dosis toegedien en (3) veral die datum van toediening. Hierdie inligting sal help om te bepaal of dit veilig is om canola of lupiene na kleingrane te verbou. Dit geld nie alleen vir kleingraanonkruiddoders nie maar ook vir onkruiddoders wat op canola of lupiene toegedien is aangesien sommige van hierdie middels ook 'n skadelike effek op kleingrane mag hê. In gronde met 'n pH >6.5 (KCl) breek onkruiddoders baie stadig af. Die aanwesigheid van vrykalk in die grond, veral wanneer kalk in droë grond net voor saai toegedien word, vertraag ook die afbraak van onkruiddoders. Produsente moet dus ook baie deeglik hiervan kennis neem. Minimum of geen bewerking is nie baie bevorderlik vir vinnige en effektiewe afbraak van onkruiddoders nie en mag 'n invloed op die onthoudingsperiode hê. Produsente wat hierdie bewerkingstelsels toepas sal ook baie versigtig moet wees en hul self vergewis van wat met sy onkruiddoder gaan gebeur. Doen navraag by die vervaardigers. Faktore wat die residuele werking van onkruiddoders verder kan beïnvloed Behalwe grondsuurheid, vrykalk in grond, kalkstrooi in droë grond net voor saai en bewerkingspraktyke kan ander faktore ook 'n invloed hê soos: Ondergemiddelde reënval gedurende die seisoen gevolg deur 'n baie droë somer vertraag die afbraak van sulfonielureas. Hoë sulfonielurea dosisse asook dubbel dosisse neem langer om af te breek. Laat toedieningstye van sulfonielureas in die graanfase gevolg deur vroeë aanplantings van medics, canola en lupiene kan probleme veroorsaak deur dat die onthoudingsperiode te kort is. Die gebruik van indikatorplante voor die aanvang van die seisoen om die status van die grond te bepaal word aanbeveel waar onsekerheid bestaan oor die SU inhoud van gronde. Gewasse soos radys, slaai en boontjies is baie gevoelig. Produsente neem asseblief kennis dat die toediening van te veel sulfoniel-ureas kan lei tot onkruidweerstandbiedenheid Tabel 1Onkruiddoder | Opvolggewasse | Koring | Hawer | Gars | Lupien | Medic | Canola | MCPA | 0 | 0 | 0 | 0 | 0 | 0 | BUCTRIL (Bromoksolnil) | 0 | 0 | 0 | 0 | 0 | 0 | BUCTRIL / MCPA | 0 | 0 | 0 | 0 | 0 | 0 | COMPETE | 0 | 0 | 0 | 0 | 0 | 0 | AURORA | 1 | 1 | 1 | 1 | 1 | 1 | DERBY | 1 | 1 | 1 | 12 | 3 | 12 | GLEAN (15g-17,5g) | 1 | 10 | 10 | 20 | 20 | 20 | GLEAN (8g) + ALLY (10g) | 1 | 6 | 6 | 10 | 10 | 10 | GRANSTAR (10g) + ALLY (10g) | 1 | 1 | 1 | 10 | 10 | 10 | HARMONY M | 1 | 1 | 1 | 10 | 10 | 10 | GRANSTAR | 1 | 1 | 1 | 6 | 6 | 6 | ALLY | 1 | 1 | 1 | 10 | 10 | 10 | ALLY EXPRESS | 1 | 6 | 6 | 10 | 10 | 10 | LOGRAN 13g | 6 | 6 | 6 | 9 | 11 | 24 | LOGRAN (37,5g) (VOOROPKOMS) | 0 | 8 | 8 | 11 | 13 | 24 | LOGRAN + ALLY | 6 | 6 | 6 | 9 | 11 | 24 | HERO | 12 | 12 | 12 | 12 | 12 | 12 | PEAK | 6 | 6 | 6 | 9 | 11 | 24 | MONITOR | 12 | 18 | 18 | 18 | 18 | 18 | HUSSAR | 9 | 9 | 9 | 9 | 9 | 9 | COSSACK | 9 | 9 | 9 | 9 | 9 | 9 | CL van Rooyen Die eerste canolakompetisie is die afgelope jaar in die Suid-Kaap gehou. Produsente se produksiepraktyke, opbrengste per hektaar en bruto marge per hektaar is bepaal. Die bruto marges is op standaard lyspryse bereken om sodoende die koste van praktyke te vergelyk en nie die produsente se bedingingsvermoë te vergelyk nie. Die saai-, bemesting-, chemiese beheer- en oespraktyke is beoordeel. Die Canolabedryfskomitee (CBK) het twee skilde geskenk aan die wenners. Die een aan die wenner wat die hoogste opbrengs (2.01 ton/ha) behaal het naamlik Crookes Brothers op die plaas Panorama. Mnr Alfred Mckinnon het die skild asook die skild vir die hoogste bruto marge in ontvangs geneem. Die bruto marge van hierdie wenblok was R1 796/ha of R856.70/ton. Avanta Africa het by monde van Mnr P Fouché 4 sakkies canolasaad aan Crookes Brothers geskenk ten bedrae van ongeveer R2 600. Die tweede plek is gedeel deur Mnre. Jaco Rossouw, Luaan Gilomee, Heinrich Schöenfeldt en Boontjieskraal Landgoed. Die PNT het aan elk van hulle 'n prys van R500 geskenk. My dank aan die medewerkers wat die program laat vlot het. Prysvooruitskatting en internasionale markinligting Die prys van canola word hoofsaaklik afgelei van die plaaslike prys van sojaboonoliekoek (47% proteïen). Die prys van ingevoerde sojaboonoliekoek uit die VSA vir April 2002 word beraam op R2 490 per ton. Volgens die waarde van canola teenoor sojaboonoliekoek sal die prys van canola as volg wees: Volvet canola Pluimveerantsoene (94% van 47%-oliekoek) = R2 340/ton Varkrantsoene (100% van 47%-oliekoek) = R2 490 Suiwelrantsoene (58% van 47%-oliekoek) = R1 444/ton Canola oliekoek Pluimveerantsoene (53% van 47%-oliekoek) = R1 320/ton Varkrantsoene (65% van 47%-oliekoek) = R1 619/ton Suiwelrantsoene (60% van 47%-oliekoek) = R1 494/ton Geliewe daarop te let dat bogenoemde pryse nie produsente prys is nie aangesien kostes soos vervoer, opberging, finansiering ensovoorts nog verhaal moet word. Enquiries / Navrae Directorate Plant Sciences, Department of Agriculture Western CapeDirektoraat Plant Wetenskappe, Wes-Kaapse Departement van Landbou Private Bag/Privaatsak X1, Elsenburg 7607 T. 021 808 5321 E. piet.lombard@westerncape.gov.za Editors / Redaksie PJA Lombard J Bruwer Franco le RouxSponsored by the Protein Research Foundation Geborg deur die Proteïennavorsingstigting
[]
http://af.qingdaohenston.com/introduction-to-g361-wulian-flower-stone-product/
Inleiding tot G361 Wulian blomsteen BUITENHUIS Vloerbedekking / Muurmontering / CURB Die kleure van Wulian Flower klip is baie mooi, hoofsaaklik insluitend spierwit, liggrys, liggeel, aardgeel, diep geel, ens. Hierdie kleure is almal baie natuurlik.Elke vyf lotussteen het unieke patrone en patrone, wat dit 'n lewensgetroue kunswerk maak.Daarom word die Five Lotus Stone nie net wyd gebruik op die gebied van argitektoniese versiering, soos vloere, mure, kolomme, beeldhouwerke, ens. nie, maar kan dit ook in verskeie handwerk of kunswerke gemaak word. Benewens estetika het die Five Lotus Stone ook goeie fisiese eienskappe.Dit het hoë digtheid, sterk hardheid en lang duursaamheid.Tydens gebruik is daar nie te veel spesiale instandhouding en instandhouding nodig nie, net gereelde skoonmaak en afvee.Boonop is die Five Lotus Stone baie geskik vir buitemuurversiering, en die voordele daarvan soos waterdigting, UV-weerstand en windkorrosiebestandheid kan goed presteer in diep winter- en versengende somerklimate. BINNENHUIS Vloerbedekking / Muurmontering / Werkblad, Trap, Wasbak Die glans van die Five Lotus Stone is uiters hoog, wat 'n skitterende effek na die binnenshuise ruimte bring.Wanneer die son op die vyf lotussteen skyn, is sy oppervlak glad soos 'n spieël, wat 'n bekoorlike lig uitstraal.Hierdie hoë glans verhoog nie net die helderheid van die ruimte nie, maar skep ook 'n edele en luukse atmosfeer.Onder die verligting maak die lig wat deur die Vyf Lotus-steen weerkaats word die hele binnenshuise ruimte selfs meer manjifiek en manjifiek.
[ [ "[IMG_20210417_092840]", "http://qingdaohenston.com/(http://www.qingdaohenston.com/uploads/IMG_20210417_092840.jpg)" ], [ "[IMG_20210417_092825]", "http://qingdaohenston.com/(http://www.qingdaohenston.com/uploads/IMG_20210417_092825.jpg)" ], [ "[IMG_20210417_092656]", "http://qingdaohenston.com/(http://www.qingdaohenston.com/uploads/IMG_20210417_092656.jpg)" ], [ "[IMG_20210417_093050]", "http://qingdaohenston.com/(http://www.qingdaohenston.com/uploads/IMG_20210417_093050.jpg)" ] ]
https://www.up.ac.za/parents/yearbooks/2016/EBIT-faculty/UD-programmes/view/12136081/lg/af
Programinligting Let wel: Die Uitgebreide Ingenieurswese-graadprogram (ENGAGE) is ’n verlengde graadprogram wat oor ’n tydperk van 5 jaar strek. Dit is ontwerp om studente wat oor akademiese potensiaal beskik, maar nie aan die toelatingsvereistes vir die vierjaar-Ingenieurswese- program voldoen nie, tegemoet te kom. Studente binne die ENGAGE-program doen die eerste en tweede studiejaar van die vierjaar-Ingenieursweseprogram oor ’n tydperk van drie jaar. Daar is ook verpligte uitgebreide modules in elkeen van die vlak 1-modules. Hierdie uitgebreide modules voorsien studente van die nodige agtergrondkennis en vaardighede om hul ingenieurstudie suksesvol te voltooi. Die kurrikulum vir die vierde en vyfde studiejaar van die ENGAGE-program is identies aan die kurrikulum van die derde en vierde studiejaar van die vierjaar-Ingenieursweseprogram. Studente mag direk aansoek doen om toelating tot die ENGAGE-program. Studente moet vir die hele program registreer, en nie net vir gedeeltes daarvan nie. Die kurrikulum is ’n vaste program met geen keusemodules nie. - Bywoning vir alle komponente van die program is verpligtend vir Jaar 1 tot 3. Afwesigheid sal slegs aangeteken word as sodanig indien ’n student ’n wettige siektesertifikaat indien, of in geval van ’n familiekrisis soos bv dood in die direkte familie. In sulke gevalle moet die programadministrasiekantoor onmiddellik dienooreenkomstig in kennis gestel word. - Studente wat nie aan die vereiste bywoning van modules en program- komponente voldoen binne die eerste drie jaar van die program nie, sal uitgesluit word uit die program en die student se studies sal opgeskort word. - Geen uitgebreide module mag meer as een keer herhaal word nie. - Keuring tot die program word gebaseer op die student se Nasionale Senior Sertifikaatuitslae of ekwivalent en ander toelatingstoetse soos deur die fakulteit goedgekeur is. - Indien ’n student een van die kernmodules druip (bv Chemie) maar die vergelykende uitgebreide module (bv Addisionele chemie) slaag, sal daar nie van die student verwag word om die uitgebreide module te herhaal nie. - Indien ’n student die uitgebreide module (bv Addisionele chemie) druip, maar die vergelykende kernmodule (Chemie) slaag, sal daar nie van die student verwag word om die kernmodule te herhaal nie. - Ten einde ’n uitgebreide module te slaag, moet ’n student aan die bywonings- vereiste voldoen en minstens 40% behaal in die deurlopende assessering sowel as die toetskomponent, en ook ’n finale punt van 50% behaal. - Leergange vir die vierde en vyfde studiejare is identies aan onderskeidelik die derde- en die vierdejaarleergange van die Vierjaarprogramme - JPO 110 is ’n voorvereiste vir JPO 120. Krediet vir JPO 110 word verkry met ’n finale punt van ≥50%. Voorwaardelike toelating tot JPO 120: Indien die finale punt vir JPO 110 tussen 45% en 49% is, kan ’n student vir JPO 120 registreer maar krediet vir JPO 110 en JPO 120 kan slegs verkry word as die gesamentlike punt vir JPO 110 en JPO 120 ≥50% is. - Let wel: Dit is ’n vereiste dat studente JCP 203 Gemeenskapsgebaseerde projek 203 suksesvol voltooi as deel van die vereistes vir die BIng-graad. ’n Student het die keuse om gedurende enige van die studiejare vir die module in te skryf, maar verkieslik nie gedurende die eerste of die finale studiejaar nie. Bevordering tot volgende studiejaar Bevordering na die tweede semester van die eerste studiejaar en tot die tweede studiejaar (Ing. 14) ’n Nuweling-eerstejaarstudent wat aan die einde van die eerste semester in al die voorgeskrewe modules van die program gedruip het, word aan die begin van die tweede semester nie tot die Skool vir Ingenieurswese hertoegelaat nie. ‘n Student wat geregistreer is vir die Uitgebreide Ingenieurswese-graadprogram en wat slegs 8 krediete geslaag het, sal ook uitgesluit word. - ’n Student wat aan al die vereistes van die eerste studiejaar voldoen, word bevorder na die tweede studiejaar. - Studente wat na die November-eksamen nie minstens 70% van die krediete van die eerste studiejaar geslaag het nie, moet weer aansoek doen om toelating indien hulle van voorneme is om hul studies voort te sit. Skriftelike aansoek op die voorgeskrewe vorm moet nie later nie as 11 Januarie by die Studenteadministrasie van die Skool vir Ingenieurswese ingedien word. Laat aansoeke sal slegs in buitengewone gevalle en met goedkeuring van die Dekaan aanvaar word. Indien eerstejaarstudente hertoegelaat word, sal dit volgens die voorwaardes wees soos deur die Toelatingskomitee bepaal. - Studente wat nie in al die voorgeskrewe modules op eerstejaarvlak (vlak 100) geslaag het nie, sowel as studente wat ingevolge Fakulteitsregulasie Ing.14(c) hertoelating verkry het, moet vir die ontbrekende modules op eerstejaarvlak (vlak 100) registreer. - Eerstejaarherhalers mag deur die Dekaan, op aanbeveling van die betrokke departementshoof(de), tot modules van die tweede studiejaar naas die ontbrekende eerstejaarmodules toegelaat word, mits die rooster dit toelaat en sodanige modules nie op eerstejaarmodules volg waarin daar nie geslaag is nie. Studente op die ENGAGE-program moet dieselfde prosedure volg en mag toegelaat word om vir modules te registreer op 200-vlak addisioneel tot die 100-vlak modules wat gedruip was op voorwaarde dat hy/sy aan die voorvereistes vir die module(s) voldoen en daar geen roosterbotsings plaasvind nie. Spesiale toestemming mag deur die Dekaan op aanbeveling van die Departementshoof vir die oorskreiding van die voorgeskrewe aantal krediete verleen word. In geen semester mag die aantal krediete waarvoor goedkeuring verkry is, die normale aantal krediete per semester met meer as 16 krediete oorskry nie. - Studente in Elektriese, Elektroniese en Rekenaaringenieurswese wat vir ’n tweede keer ’n eerstejaarmodule druip, verbeur die voorreg om enige modules vooruit te neem vir daardie jaar. - Let wel: Elke student moet vanaf die tweede studiejaar ’n goedgekeurde sakrekenaar hê. Dit word ook aanvaar dat elke student vrye en redelike toegang tot ’n persoonlike rekenaar het. - Studente wat beoog om na Mynbou-ingenieurswese oor te skakel, moet let op die bepalings uiteengesit in die leerplan van PWP 121 Werkwinkelpraktyk 121. - Bevordering na die derde studiejaar van die Vierjaarprogram, asook tot die derde en die vierde studiejare van die ENGAGE-program. In die geval van die vierde studiejaar van die ENGAGE-program moet die woorde “eerste” “tweede” en “derde” telkens met die woorde “tweede”, “derde” en “vierde” vervang word, soos van toepassing. (Ing. 15) ’n Student wat aan al die vereistes van die tweede studiejaar voldoen, word bevorder na die derde studiejaar. - ’n Student moet in al die voorgeskrewe modules op eerstejaarsvlak (vlak 100) geslaag het voor hy of sy tot enige module op derdejaarsvlak (vlak 300) toegelaat word. - Tweedejaarherhalers moet vir al die ontbrekende tweedejaarmodules registreer. ’n Student mag deur die Dekaan, op aanbeveling van die departementshoof(de), tot modules van die derde studiejaar naas die ontbrekende tweedejaarmodules toegelaat word, mits die rooster dit toelaat en sodanige module(s) nie op tweedejaarmodules volg waarin daar nie geslaag is nie. Spesiale toestemming mag deur die Dekaan op aanbeveling van die departementshoof vir die oorskreiding van die voorgeskrewe aantal krediete verleen word. In geen semester mag die aantal krediete waarvoor goedkeuring verkry is, die normale aantal krediete per semester met meer as 16 krediete oorskry nie. - Studente in Elektriese, Elektroniese en Rekenaaringenieurswese wat vir ’n tweede keer ’n tweedejaarmodule druip, verbeur die voorreg om vir daardie jaar enige modules vooruit te neem. - Studente wat beoog om na Mynbou-ingenieurswese oor te skakel, moet let op die bepalings uiteengesit in die leerplan van PWP 121 Werkwinkelpraktyk 121 asook PPY 317 Praktykopleiding 317. - Bevordering na die vierde studiejaar van die Vierjaarprogram, asook tot die vyfde studiejaar van die ENGAGE-program. In die geval van die vyfde studiejaar van die ENGAGE-program moet die woorde “tweede”, “derde” en “vierde” telkens met die woorde “derde”, “vierde” en “vyfde” vervang word, soos van toepassing. (Ing. 16) ’n Student wat aan al die vereistes van die derde studiejaar voldoen, word bevorder tot die vierde studiejaar. ’n Student wat nie aan al die vereistes voldoen nie, maar vir al die ontbrekende modules kan registreer om die graadprogram te voltooi, mag ten tye van registrasie bevorder word na die vierde studiejaar. - ’n Student moet in al die voorgeskrewe modules van die tweede studiejaar geslaag het voor hy of sy tot enige module van die vierde studiejaar toegelaat word. - Derdejaarherhalers moet vir al die ontbrekende derdejaarmodules registreer. ’n Student mag deur die Dekaan, op aanbeveling van die betrokke departements- hoof(de), tot modules van die vierde studiejaar naas die ontbrekende derdejaar¬modules toegelaat word, mits die rooster dit toelaat en aan die voorvereistes voldoen is. In geen semester mag die aantal krediete waarvoor geregistreer is, die normale aantal krediete per semester met meer as 16 krediete oorskry nie. In uitsonderlike gevalle mag ’n student deur die Dekaan op aanbeveling van die departementshoof toegelaat word om bogenoemde limiet te oorskry. - Studente in Elektriese en Elektroniese Ingenieurswese, asook Rekenaaringenieurswese wat vir die tweede keer ’n derdejaarmodule druip, verbeur die voorreg om enige modules vooruit te neem vir daardie jaar. - Slaag met lof 'n Student slaag met lof indien - hy of sy geen module van die derde of vierde studiejaar van die vierjaarprogram of die vierde of vyfde studiejaar van die ENGAGE-program moes herhaal nie en in een jaar 'n geweegde gemiddelde van minstens 75% in al die modules van die finale studiejaar behaal het; en - die graadprogram in die minimum voorgeskrewe tydperk van vier jaar vir die vierjaarprogram en vyf jaar vir die ENGAGE-program voltooi is. - Uitsonderlike gevalle tot bogenoemde sal deur die Dekaan oorweeg word. - Get Social With Us Download the UP Mobile App
[]
https://jgf.org.za/af/jong-sterre-projek-bied-uitsonderlike-geleentheid-vir-jong-dramaturge/
Die ontwikkeling en bevordering van jong talent is die erns van beide die Jakes Gerwel Stigting en die Suidoosterfees. Dit is om hierdie rede dat dié twee organisasies vanjaar hande neem om deur die fees se bestaande Jong Sterre-projek die kans aan opkomende dramaturge te bied om onder mentorskap aan hul skryfwerk te skaaf. Dramaturge wat aan die begin van hul loopbaan staan, word uitgenooi om teen 5 Julie 2019 hul nuutgeskrewe dramatekste, of ‘n uittreksel daaruit, tesame met ’n kort CV, te e-pos na brahams by die feeskantoor by Francois.Abrahams@media24.com. Geen bestaande werk wat reeds opgevoer is, sal oorweeg word nie. Daarna sal ’n kortlys op 19 Julie bekend gemaak word en die verkose kunstenaars kry dan die geleentheid om hul ingeskrewe tekste aan ’n paneel van teaterkenners in die Artscape-kunstesentrum op 1 en 2 Augustus in Kaapstad voor te lê. Die suksesvolle kandidate word op 5 Augustus aangewys en sal die geleentheid gebied word om vir die tydperk vanaf 4 tot 25 Oktober 2019 in die Jakes Gerwel Stigting se Paulet-skrywershuis in Somerset-Oos in die Oos-Kaap te skryf. Hierdie sjarmante en ouwêreldse huis met sy ruim kamers, leefvertrekke en lowergroen tuin, bied die ideale omgewing om onverstoord kreatief te kan skryf. Amy Jephta – gerekende dramaturg wat onder meer bekend is vir die bekroonde toneelstuk Kristalvlakte – sal as die mentor optree. Die reis- en verblyfkostes van die jong skrywers sal deur die Jakes Gerwel Stigting gedek word en die Suidoosterfees sal die geleentheid bied dat die werke na afloop van die mentorskapprogram op die planke gebring kan word. Met hierdie projek word die passie van wyle professor Jakes Gerwel voortgesit deur onderskraging en mentorskap te bied aan talentvolle individue wat andersins nie die geleentheid daartoe sou gehad het nie. Gerwel was instrumenteel in die totstandkoming van die Suidoosterfees wat inklusiwiteit in die kunste bevorder. Die Stigting is op sy beurt in die lewe geroep met die doel om die nalatenskap van Gerwel – wat uitgeblink het as opvoeder, bevryder, beskermheer van die kunste en besigheidsman – deur relevante projekte verder uit te bou. Gerwel se geliefde Paulet-huis is na sy dood deur sy weduwee, mev Phoebé Gerwel, aan die stigting geskenk met die doel om dit as skrywershuis in te rig. Die Suidoosterfees vind vanjaar plaas vanaf 25 April tot 1 Mei. Die volledige feesprogram is beskikbaar by www.suidoosterfees.co.za. Navrae rakende die projek kan gerig word aan Theo Kemp, uitvoerende direkteur van die Jakes Gerwel Stigting, by theo@jgf.org.za. Foto: www.drama.uct.ac.za
[]
https://maroelamedia.co.za/debat/meningsvormers/kap-die-heilige-boomstamme-af-maar-verwyder-ook-die-hoogtes/
Deur ds. Schalk Strauss Op 25 en 26 Februarie het die veelbesproke Moreleta-beraad by die NG kerk Moreletapark plaasgevind. Tussen 400 en 500 beswaarde lidmate en leiers uit die NG Kerk en breër kerklike gemeenskap het byeengekom om die “pad vorentoe” te bespreek. Hoewel die byeenkoms gevolg het op die Algemene Sinode van die NG Kerk se 2019-besluit oor selfdgeslagverhoudings, gaan dit oor meer. Die beraad kan inderdaad as die skeurpunt beskou word van twee paaie ten opsigte van Skrifbeskouing wat te ver van mekaar af beweeg het. Die beraad het by meer as een geleentheid erken dat daar nie middelgrond is om mekaar te vind nie en dat versoening nie meer moontlik is nie. In aanloop tot die beraad is daar heelwat moeite deur liberaal-gesindes binne die NG Kerk gedoen om die beraad binne ’n bepaalde negatiewe lig te stel. In die Kerkbode is briewe geplaas wat pleit dat die eenheid ten alle koste behou moet word en wat vra of die kerk ooit bekommerd is oor dié wat loop omdat die Kerk nie “beweeg” nie. Op die vooraand van die beraad word ’n koerantuitknipsel uit die Kerkbode van Desember 1986 uit die argiewe opgediep waarin berig word oor ’n dreigende kerkskeuring wat uiteindelik tot die stigting van die AP Kerk gelei het. Hierdeur is beraadgangers onmiddellik in bepaalde kategorieë geplaas: eenheidsbrekers, verstoktes en skeurmakers. Wie egter die beraad bygewoon het, sou hierdie soort etikette vreemd gevind het. Hier was ’n groep gelowiges byeen wat nederig-eerlik na oplossings gesoek het vir die “vasgelooptheid” wat hulle in hul eie kerk beleef. Hoewel die Algemene Sinode by monde van sy algemene sekretaris, dr. Gustav Claassen, die beswaardes gekapittel het omdat hulle kwansuis nie eens die opsie “om te praat” oorweeg het nie, is die vraag tereg gevra: Hoeveel keer moet ons dan nóg praat as ons nie gehoor word nie? Onder beraadgangers was daar die belewenis dat daar van die ander kant af slegs ’n bereidheid is om te luister wanneer daar “gesê word wat ons wil hoor”. Verskeie opsies is tydens die beraad oorweeg. Uiteindelik is daar saamgestem dat ’n multidimensionele benadering die mees sinvolle en verantwoordelike weg vorentoe is. Gemeentes is aangemoedig om te doleer en leergeskille met die Algemene Sinode te verklaar. As verdere stap is streeksinodes aangemoedig om dit te oorweeg om hul bande met die Algemene Sinode op grond van artikel 37 van die NG Kerk se kerkorde te verbreek en om ook nuwe netwerke met enersdenkende en behoudende kerke te vorm. By meer as een geleentheid is die byeenkoms as ’n soort hervormingsgeleentheid beskryf. Daar is saamgestem dat daar grondig herbesin sal moet word oor Skrifgesag en Skrifverstaan, aangesien dit ten grondslag van die probleem lê. Daar is bely dat strukturele eenheid ’n afgod binne die NG Kerk geword het en dat daar nuut oor eenheid gedink moet word. Die begeerte na ’n ware, geestelike eenheid gegrond op Skrif en belydenis, is uitgespreek, terwyl die vier pilare van die reformasie, naamlik Soli Christi, Sola Gratia, Sola Fide en Sola Scriptura, herbevestig is. Ds. Willem Badenhorst het beraadgangers aangemoedig om, diep bewus van hul eie gebrokenheid, tog in gehoorsaamheid aan God die waagmoed aan die dag te lê om die toekoms in die geloof tegemoet te gaan. Dit is ’n oproep tot hervorming en tot hernude gehoorsaamheid aan die Woord van God. Dit is ’n oproep wat wys dat die uitdaging vir beswaarde lidmate binne die NG Kerk, baie groter is as om bloot die regte “opsie” as reaksie te kies. Die groot vraag is dus: Hoe ver is die beswaardes bereid om te hervorm? Hoe konsekwent is hulle bereid om te wees? Die gevaar is dat die hervorming kan lyk soos dié van koning Joas oor wie geskryf word: En Joas het gedoen wat reg was in die oë van die HERE … net die hoogtes is nie afgeskaf nie (2 Kon. 12:2-3). Beswaardes is ideaal geposisioneer om nie net die heilige boomstamme af te kap nie, maar om ook die spreekwoordelike hoogtes te verwyder. ’n Skrifbeskouing wat verskil van dié wat tans deur die Algemene Sinode van die NG Kerk gehandhaaf word, het op baie meer betrekking as net die kwessie van selfdegeslagverhoudings. Daarom is dit nie net nodig om ’n bepaalde standpunt oor Skrifbeskouing in te neem nie, maar sal daar ook grondig besin moet word oor die implikasies van so ’n Skrifbeskouing vir ander aspekte van die teologie en kerkregering. Dit bepaal uiteindelik ook die aard van die “nuwe netwerke” wat gevorm sal word en die wyse waarop daar oor kerkgrense heen na eenheid gesoek sal word. Hier sal fyngetrap moet word om nie in dieselfde slaggate te beland wat tot die huidige krisis gelei het nie. Hier sal fyn geluister moet word na die Skrif om seker te maak daar word nie net geluister na daardie dinge wat die ander oor streel nie. Paulus se raad aan Timótheüs was dalk nog nooit so aktueel nie: Maar bly jy in wat jy geleer het en waarvan jy verseker is, omdat jy weet van wie jy dit geleer het en dat jy van kleins af die heilige Skrifte ken wat jou wys kan maak tot saligheid deur die geloof in Christus Jesus (2 Tim. 3:14-15). Wat uiteindelik sal gebeur, sal net die toekoms kan leer. Bid vir jou familie en vriende in die NG Kerk wat hulle te midde van hierdie stryd om die waarheid bevind. gay huwelike, lotto speel, saamwoon sonder om getroud te wees, rook, drink al hierdie goed is vir die NG Kerk aanvaarbaar so tragies hoe hulle mense mislei As jy dink die sondes wat jy noem,net in die NG Kerk voorkom maak jy die fout van jou lewe.Geen Kerk op aarde is perfek nie,want die mens is nie perfek nie.Die ander Kerke word nooit van gehoor nie.Waar is die Engelse kerke,Katolieke Kerk,Charismatiese Kerke,Afrikataal Kerke,noem maar op.Hulle is nooit in die media nie.As ek jy is sal ek mooi dink, voor ‘n oordeel uitgespreek word. Satan is altyd besig om God se kerk te probeer verdeel. Dit is hoekom die sooo belangrik is om terug na die Woord te gaan en die Woord eerste te stel as daar ander “lig”/opinies probeer insluip In 1986 het die NGKerk “begroot” om mense te verloor. Hulle het daarom ook nie omgegee dat dit gebeur nie. Sal maar sien om hier proses hom weer herhaal. Die familie, dis nou die proponent en sy pa, wat die kerk hof toe gesleep het en hulle standpunt op die kerk deur die hof afgedwing het, het reggekry wat niemand nog ooit kon regkry nie. En dit is om die NG Kerk te vernietig. Skeurings was daar al baie, maar vernietiging? Geluk manne! Voorwaar ‘n grootse prestasie in sommiges se oë. Spook, Hulle gaan maai wat hulle gesaai het. God laat Hom nie bespot nie! Vreeslik is dit om te val in die hande van die lewende God. In plaas van hof toe hardloop moes hulle liewer die waarheid in God se Woord gaan lees het. Nie moeilik om te verstaan. Hy is gister, vandag en tot in ewigheid dieselfde. Sonde tòè is sonde nou – KAN NIE geregverdig word nie. NG kerk of enige ander kerk is ‘n instansie of medium om jou geloof in uit te leef, die werklike kerk is jy, die persoon wat nou hier lees. Dit is jy wat die verhouding met God het, nie die Ds of kerkraadslede of ander lidmate, hierdie mense het hul eie unieke verhoudings met God. As ‘n lidmaat gay is, of rook, of ongetroud saamwoon is dit ‘n saak tussen hom en God. Ek kan nie iemand voorskryf in wat hy moet doen of probeer weerhou om ‘n kerk binne te gaan. Binne my gesin bedien ek my vrou en kinders met raad om hulle toe te rus tot die toekoms en hulle kan self op eie wil besluit wat hule wil doen en watse weg hulle wil loop, hulle bly nog steeds my vrou en kinders. Bybel kennis is ‘n wenner! Die kerk is die liggaam van Christus, ons die ledemate en Christus die hoof. Dis ons plig as mede-ledemate van daardie liggaam om oor mekaar te waak en te vermaan tydens hierdie stryd op aarde. En ja, deel van jou doop belofte aan God was om jou kinders in die vrese van die Here groot te maak. Verder mag ons nie in isolasie die Here dien nie, maar is dit ons plig om na ‘n ware kerk (NGB29) in ons omgewing te soek en daar ons geloof uit te leef. Onder andere Heb 10:25 praat die Here oor die “samekomste van die heiliges”. As jy in Israel vermetel aanhou met sonde, is jy uitgeroei. Die bal is nie in God se rigting gepass nie 1 Korinthiërs 6:10 “Moenie dwaal nie! Geen hoereerders of afgodedienaars of egbrekers of wellustelinge of sodomiete of diewe of gierigaards of dronkaards of kwaadsprekers of rowers sal die koninkryk van God beërwe nie.” Die verskil tussen gelowiges en ongelowiges is net…..GENADE! Hoe lyk jou dankbaarheidslewe noudat God jou uit die hel gehaal het? Ds laat gay troues toe, want menseregte oorheers die Skrif. MM, is julle stelsel stukkend of wat? Ek lewer gereeld kommentaar maar dan word seker maklik omtrent 70% van my kommentare verwyder. Weet dis julle proregatief om dit te verwyder na goeddunke maar daar is WERKLIK niks met my skrywes verkeerd nie. Ek maak seker eks nie rassisties, of homofobies wat ookal nie. Ek’t byvoorbeeld hieronder iemand geantwoord en verduidelik wat die Here bedoel onder die woord “kerk”, en omdat ons ledemate is en Hy die hoof, hoe ons met mekaar behoort om te gaan. Dat die doop belofte van ons kinders sê dat ons ons kinders in die vrese van die Here moet grootmaak ens. Dis alles REG!! Besig om erg dik te raak vir julle!! Frank, jou boodskap is nie verwyder nie. Gaan kyk maar, dit is daar. Ek was ook onder die indruk dat van my boodskappe verwyder is, maar kom toe agter dit vat partykeer net langer om geplaas te word, want die mense by Maroela het duisende boodskappe om te modereer. Al pad vorentoe is by die hek uit want die plakkers omring die kerk grens agv van hulle ondersteuning aan die plakkers,wat onaanvaarbaar was maar hulle nuwe denkrigtings is vir my die laaste spyker in die doodkis Ek is bly daar is kerkleiers wat besluit het: “tot hier toe en nie verder nie”. Te lank het die kerk gebuk gegaan onder die afgod van ‘eenheid’ soos genoem, en dan word allerhande dinge wat teen die Skrif indruis toegelaat of oorgesien, want “ons wil nie die mense vervreem nie”. Jesus het dan self gesê Hy gaan verdeeldheid bring. Sterkte Broers, ons bid vir julle. Ds, mense, lidmate, kap fisies die heilige boomstamme af! Dan gaan jul lewe. Glo my. Kap die kersboom af. Kap die kerktoring af. Kap die internasionale lidmaatskap af. Verwyder die fariseers se suurdeeg uit die kerk. Die suurdeeg het nou so suur en oordadig geword, dat jul God se Skrif verlaat het. Om nou daardie suurdeeg te verwyder is amper onmoontlik, sonder om die kerk toe te maak en voor te begin. Bg artikel gebruik n groot omhaal van woorde, om by die Skrif verby te seil. (en n slang seil nè)
[]
https://maroelamedia.co.za/goeiegoed/stiltetyd/toekomsvenster-begin-vandag-nog-om-my-hart-te-vernuwe/
(Foto: Ben White/Unsplash.) “… en my volk, oor wie my Naam uitgeroep is, hulle verootmoedig en bid en my aangesig soek en hulle bekeer van hul verkeerde weë, dan sal Ék uit die hemel hoor en hulle sonde vergewe en hulle land genees.” − II Kronieke 7:14 (AFR53) Ek gesels gereeld met meningvormers in radioprogramme. My fokus is gebeure en verwikkelinge in Suid-Afrika, hoe Christene daarvan kennis kan neem en pro-aktief kan deelneem aan die verandering op eie bodem. Die Here weet, ons het verandering broodnodig. In gesprekke word die meervlakkigheid van ons konteks onderstreep. Dit is nie ʼn enkele rolspeler wat totale verantwoordelikheid moet neem vir die toedrag van sake wat tans heers nie, al dink ons so. Ons redeneer byvoorbeeld as die regering net wil bykom of Eskom net weer voldoen aan sy mandaat. Feit van die saak is dat elke samelewingsverband skouer aan die wiel sal moet sit en verantwoordelikheid moet neem dat verandering in eie kring plaasvind. Suid-Afrika het ʼn ernstige moraliteitsprobleem. Die misdaadsyfers wat onlangs bekend gemaak is, demonstreer die feit grafies. Meer as 7 000 mense is in ʼn skamele periode van drie maande in ons land vermoor; daaronder tel vroue en kinders. Watter soort mense dink nie twee keer daaraan om iemand anders se lewe te neem nie? Ons wys vingers, maar misdaad en geweld kom in alle sektore van die samelewing voor, ryk en arm, vernaam of gewoon. So veel van die geweld word binne die vier mure van ons eie huishoudings bedryf. Polisie kan tog nie ontplooi word om ons gedrag teenoor mekaar te kontroleer nie, en tog. Ons huwelike en doopbeloftes lê in baie huise aan skerwe. Wat gaan ons doen? Niemand kan namens iemand anders die belangrike besluite wat gemaak moet word maak nie. Die Gees werk in ons almal se harte, maar ons het die ontstellende vermoë om die stem van die Gees stil te maak en uit te doof. “Nie nou nie” is ʼn gunstelingverskoning, “ek wil net eers” ʼn ander. Intussen gaan die lewe by ons verby. Net een minuut van jou tyd kan ʼn noodsaaklike proses van verandering in jou lewe aan die gang sit. Bid saam met my: “Here, ek is nie waar ek moet wees nie. My toewyding aan u het skade gely. Ek het my beloftes verbreek en ʼn eie koers ingeslaan. Vergewe my. Begin vandag nog om my hart en lewe te vernuwe deur U Gees, en maak my daartoe bereid. Dit bid ek in Jesus se Naam. Amen”. Amen
[ [ "[]", "http://maroelamedia.co.za/(https://maroelamedia.co.za/wp-content/uploads/2020/03/gebed-vrou-bid-320x214.jpg?x66032)" ] ]
https://maroelamedia.co.za/nuus/sa-nuus/agri-sa-se-president-bedank/
Dan Kriek, uittredende president van Agri SA. (Foto: Agri SA) Dan Kriek, president van die landbou‑organisasie Agri SA, het weens “gesondheid- en stresverwante redes” en na “lang en deeglike oorweging” bedank. Sy bedanking tree op 31 Desember in werking. Agri SA sê Kriek gaan voortaan op sy sakebelange en boerdery fokus. “Agri SA gaan nou ʼn kritieke tydperk binne waar baie tyd en energie bestee sal moet word om die Grondwet te beskerm en om volhoubare grondhervormingsoplossings te vind,” het Kriek gesê. “Die organisasie gaan dinamiese leierskap nodig hê om dié uitdagings te hanteer. Die aansien wat die organisasie tans het, is danksy baie harde werk en het nog altyd groot eise aan die leierskap gestel, insluitend myself.” Agri SA het gesê Kriek was nou verbind met Agri SA en die organisasie se werk. “Agri SA wil sy opregte dank aan Dan uitspreek vir sy leierskap die afgelope twee jaar en die rol wat hy gespeel het om Agri SA as ʼn invloedryke organisasie te posisioneer. Dit speel ʼn belangrike rol in die toekoms van Suid-Afrika en veral die landbousektor,” het Pierre Vercueil, adjunkpresident van Agri SA, gesê. Vercueil sal as president waarneem tot Agri SA se kongres aanstaande jaar gehou word en ʼn president daar gekies kan word. Toe vang slim sy baas Ook maar geglo as jy krokkodil voer, word jy laaste ge-eet. Clinten uitgeknip! Hoop die leierskap val in die regte hand tot onlangs was die goed bestuur Dan Kriek is baie onlangs nog herverkies as president met sy toestemming. Vanwaar die bedanking? Lyk my die publikasie van onteiening sonder vergoeding in die staatskoerant het hom gevang. Wat n tragiese werklikheid Ja ek sal nou nie weet wat word spesifiek bedoel met “goed bestuur nie”. Ek glo dat n paar mega boere sou wel baat vind by hul bestuur, al is dit dan van korte duur. Hulle “samewerking” met die ANC regering het die tafel gedek vir onteiening sonder vergoeding. Hulle lede moet eerder bedank en by die TLU aansluit. As die ANC dan wel eendag alles vat, het mens hulle ten minste nie gehelp om dit te doen nie! Good riddance. Laat my so baie aan de klerk dink. Hoop nie hy hardloop terug Vrystaat Landbou Unie toe nie. Hy het seker met n skok agtergekom sy gekruip help nie Op sy kop Werner. Dit is net ‘n verkeerde woordkeuse. Hy kon nie aftree nie want hy is nie ‘n werknemer nie. Dan het bloot uitgetree. Na baie jare se goeie, getroue diens. Ek dink die arme man is wreed ontnugter deur wat besig is om te gebeur in die land t.o.v. grondbesit. Goeiste..wil jy nou meer! Dit is net hy wat dink Agri SA het aansien. As die ANC jou kan gebruik laat hulle jou so voel. tipies liberaal. Dan Kriek is n man met n hart van goud. Hy wou ook maar net probeer oplossings kry, hy het darem nie soos meeste Suid Afrikaners op sy gat gesit en moan nie Niks is maklik nie. Die oorvol nonsens op alle vlakke van bestuur in die samelewing het so vermenigvuldig dat bo menslike krag en betrokkenheid nie aan objektiewe benaderings kan voldoen nie. Helse “deurmekaar spul”
[ [ "[]", "http://maroelamedia.co.za/(https://maroelamedia.co.za/wp-content/uploads/2019/12/dan_kriek1-320x479.jpg?x66032)" ] ]
https://maroelamedia.co.za/nuus/sa-nuus/klag-van-mensehandel-nou-teen-babasmous/
Altesaam 39 aanklagte van mensehandel is by die klagstaat teen die vermeende babasmous Letitia van den Berg gevoeg. Sonia Leithgöb het in Mei verlede jaar klagte teen Van den Berg gelê nadat sy na bewering as ʼn private maatskaplike werker ʼn wanvoorstelling aan Leithgöb en haar man gemaak het rakende die aanneming van ʼn baba. Sy is aanvanklik slegs van bedrog en diefstal aangekla. Leithgöb het AfriForum se privaatvervolgingseenheid in November verlede jaar genader omdat sy bekommerd was oor ʼn gebrek aan kommunikasie van die Suid-Afrikaanse Polisiediens in die saak. Met die hulp van die eenheid het dit daartoe gelei dat die polisie nog tientalle slagoffers van die beweerde bedrogspul geïdentifiseer het. Die aanklagte van mensehandel het daarna gevolg. Van den Berg het na bewering dienste as ʼn aannemings- maatskaplike werker voorgehou, en voornemende aanneemouers wat nie in staat is om kinders te hê nie, vir verskeie dienste in die proses om ʼn kind aan te neem, geld gevra. Daar word beweer dat die beskuldigde dit gedoen het terwyl daar in werklikheid geen kind was om aan te neem of ʼn kind aan die hoopvolle ouers aangebied is nie, ten spyte daarvan dat die biologiese moeder nie toestemming vir aanneming gegee het nie. Dié oortredings het glo in 2014 plaasgevind. In Mei verlede jaar het adv. Gerrie Nel, hoof van die privaatvervolgingseenheid, die ondersoekbeampte in ʼn brief geadviseer oor die ernstige aard van die beweerde oortredings. “Ons is bekommerd dat meer babas verkoop is onder soortgelyke omstandighede soos wat die klaer moes verduur. Die algemeenheid van sulke optrede wek wel ernstige oorweging dat die verdagte se beweerde gedrag vergelyk kan word met en binne die bestek van mensehandel kan val,” het Nel geskryf. “Verder lyk dit of die verdagte met haar slinkse manipulasie voortgaan weens die kwesbaarheid van kinderlose mense. Beslissende ondersoek en optrede deur die polisie en Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) is noodsaaklik om, wat blyk te wees, ʼn gewoontebedrieër of handelaar van babas te hanteer.” Barry Bateman, woordvoerder van die privaatvervolgingseenheid, sê Van den Berg het die kwesbaarheid van mans en vroue wat graag ma en pa genoem wil word uitgebuit. “Daar word beweer dat die voornemende ouers foto’s gewys is van ʼn kind wat hulle gehoop en bid het hulle eendag sal aanneem. Intussen is dieselfde kind aan ʼn ander egpaar belowe, aan wie dieselfde foto’s gewys is en wat uiteindelik daardie kind aangeneem het,” sê Bateman. Bateman sê daar word beweer dat Van den Berg in minstens een geval aan ʼn egpaar gesê het dat die biologiese ma en kind tydens die bevalling gesterf het. “Voornemende ouers sou babakamers voorberei en klere vir hul aanneemkinders koop, net om deur Van den Berg in die steek gelaat te word met leuens en verdere misleiding. Hierdie ongelooflike wreedheid het Van den Berg honderde duisende rande aan fooie besorg.” Die privaatvervolgingseenheid bedank die polisie en die NVG dat hulle hierdie saak die aandag gegee het wat dit verdien. “Die eenheid sal voortgaan om dit te monitor om te verseker dat geregtigheid geskied.”
[]
https://maroelamedia.co.za/nuus/sa-nuus/ramaforie-toe-eintlik-groot-flop/
Die sogenaamde “Ramaforie” en die aanhaal van “Thuma mina” ná Cyril Ramaphosa se verkiesing tot staatspresident in Desember 2017 het eindelik vir miljoene mense op teleurstelling uitgeloop. Suid-Afrikaners is armer as ooit, korruptes loop steeds skotvry en die land se ligte is meer af as aan. Ten spyte hiervan is pres. Cyril Ramaphosa meer gewild as die ANC. Maar dit is kwalik ʼn prestasie, sê politieke kenners. “Cyril Ramaphosa het die vermoë om dit wat oor is van die ANC bymekaar te hou. Dit maak egter nie van hom ʼn goeie staatspresident nie,” sê André Duvenhage, politieke ontleder verbonde aan die Noordwes-Universiteit. Duvenhage gaan sover om te sê dat Ramaphosa een van Suid-Afrika se die swakste staatspresidente nóg is. “Ramaphosa het nie die vermoë om moeilike en ongewilde besluite te neem nie. Al wat hy kan sê is dat hy onder moeilike omstandighede ʼn diverse ANC bymekaar gehou het.” Oor Ramaphosa se nalatenskap sê prof. Ntsikelelo Breakfast, politieke ontleder verbonde aan die Nelson Mandela-Universiteit in die Oos-Kaap: “Om eerlik te wees, ek weet nie waarvoor hy onthou sal word nie. Daai ene … hy tree nie beslissend op nie. “Ek kan nie sien dat hy oor die wil óf die vermoë beskik om die Zondo-kommissie se aanbevelings te implementeer nie,” sê Duvenhage. Dít nadat Ramaphosa met sy verkiesing as ANC-president hand en mond belowe het om korrupsie daadwerklik te pak. Breakfast onthou dat Ramaphosa op 18 Desember 2017 tot president verkies is met die belofte van “goeie regering, ekonomiese groei en ontwikkeling”. Daar is destyds groot gewag gemaak van die morele beslistheid wat sy termyn sou kenmerk. Tydens sy aanvaardingstoespraak het Ramaphosa groot klem gelê op die beslistheid waarmee daar in die ANC teen korrupsie opgetree moet word, asook waarmee die belange van die land bevorder moet word. In die afwesigheid van daadwerklike optrede het Ramaphosa se gewildheid egter begin taan. Die verbrokkeling van sy beloftes – ekonomies, moreel en polities – het gou die kenmerke van sy presidensie begin word. “Niks daarvan het gebeur nie,” sê Breakfast. “Ons het nie ʼn verandering ten goede gesien nie. Trouens, ons is slegter daaraan toe.” Die rand het einde 2017 op ʼn slegte dag naastenby R12 teenoor die dollar gekos. Vandag betaal Suid-Afrikaners ver meer as R19 vir ʼn enkele Amerikaanse dollar. Duvenhage sê Suid-Afrika sit te midde van swaar tye en voortslepende kragonderbrekings boonop met ʼn afwesige president. President Cyril Ramaphosa tydens die ANC se 55ste nasionale verkiesingskonferensie by Nasrec in Johannesburg (Foto: LUCA SOLA / AFP) Begin van die einde? Onder sy leierskap het werkloosheidsvlakke rekordhoogtes bereik en die land het per capita armer geword. Ramaphosa het ook nie die beloofde buitelandse beleggings laat realiseer nie. Die Eskom-krisis het verdiep, beurtkrag het tot ongekende vlakke toegeneem, misdaad gedy en sy regering se reaksie op die Covid-19-pandemie het grootskaalse magsmisbruik tot gevolg gehad. Die begin van die einde het egter in Junie verlede jaar gekom toe Arthur Fraser, ʼn noue bondgenoot van oudpres. Jacob Zuma en omstrede voormalige intelligensiehoof, strafregtelike klagte teen Ramaphosa aanhangig gemaak het. Die klagte het verband gehou met die diefstal van miljoene dollar wat glo in rusbanke op Ramaphosa se wildsplaas Phala Phala in Limpopo versteek was. Duvenhage sê dit is daarom baie interessant dat Ramaphosa tans meer gewild is as die gemiddelde ANC-politikus. “Dit maak van Ramaphosa ʼn strategiese bate met die oog op die komende verkiesing. Dit maak nie van hom ʼn goeie staatspresident nie, maar wel waardevol vir die ANC. En dít sê vir jou hoe arm is die ANC wat leierskap betref. Prof. Dirk Kotzé, politieke ontleder verbonde aan Unisa, sê Ramaphosa is ʼn swak kommunikeerder. Hy vergelyk Ramaphosa se leierskapstyl met hoe ʼn luislang sy prooi vang: veel minder indrukwekkend as die wyse waarop ʼn leeu sy prooi vang – maar steeds doeltreffend. “Die resultate is dieselfde maar die proses is dikwels verskillend. Die proses is wat die vertroue bou. En dít is Ramaphosa se probleem. Hy skep nie altyd vertroue in die wyse waarop hy besluite neem nie.” Kotzé tree egter vir die staatspresident in die bresse wanneer hy daarop wys dat Ramaphosa ʼn veel beter verteenwoordiger van Suid-Afrika is as Zuma. Hy vergelyk Ramaphosa se aansien in die buiteland met dié van oudpres. Thabo Mbeki. “Internasionaal gesproke is Cyril Ramaphosa hoogs suksesvol … Hy het reeds vier staatsbesoeke vanjaar afgelê. Dit is ongekend baie. “Sy groot probleem is binnelands en nie in die buiteland nie.” Die hele ANC is en was nog altyd n reuse korrupte flop met absoluut geen vermoë om te regeer nie. Ag nee, ons praat mos hier van oom Cyril….en hy is self n boer. Hy sal mos nooit mense se grond wil vat sonder vergoeding nie….Wat het dan nou gebeur? Ongelukkig het ek GEEN respek vir die korrupte ANC nie. Hulle het die pragtige land verwoes en die agteruitgang vind steeds op ‘n daaglikse basis plaas. Die land is net té uitgestrek en té divers om as eenheid te bestuur. Die wittes kon dit nie eers doen nie. Ons moet ontbondel. Gaan nie oor ras nie, gaan oor leierskap wat daar tans buite beheer is. Swak kommunikasie, net leë beloftes en niks verbeter nie. Net jammer die ouer gardes word omgekoop met KFC. T-hemp en kêp. Dan was daar mos 30 plus jaar ook swak leierskap? Etnisiteit was, ís en sal altyd ‘n faktor wees. Hy is useless. Hy lieg heeltyd en die ANC is vir hom belangriker as Suid Afrika. ‘n Jong Xhosa het vir my gese, “Hoe gouer hy gaan hoe gouer val die ANC” Die ANC het geen ander leier met kredibiliteit nie. Stem saam. Liegbekke. Die hele ramp-phosa regering is half ge…. Ek het Groot geword Onder PW BOTHA se regering, nie hierdie gemors regering nie.
[ [ "[]", "http://maroelamedia.co.za/(https://maroelamedia.co.za/wp-content/uploads/2022/12/cyril-ramaphosa-anc-konferensie-1.jpg?x66032)" ] ]
https://yourrecipeblog.com/recipes/kerrie-beeslewer-en-brisketvet/
KERRIE BEESLEWER EN BRISKETVET Kerrie beeslewer en brisketvet. Die eerste keer dat ek die met kerrie probeer. Wil net sê omdat ek van my lewer medium gaar hou het ek die brisketvet en uie eers appart gaar gemaak. 300 g brisketvet in blokkies gesny soos op foto - 3 medium uie gesny soos op foto - 500 g beeslewer in blokkies gesny - 2 teelepels kerriepasta - Braai eers die uie tot mooi bruin. Skep die uie uit en braai dan die brisketvet in dieselfde uie pot tot gaar. Sout en peper na smaak. Skep dan die uie terug by die brisketvet en meng goed. Ek het dit in die helfte gedeel om darem ook sonder kerrie te maak vir in geval. Ek gebruik sommer kerrie pasta en het so 2 teelepel by geskep en goed gemeng. Skep nou alles uit in ‘n aparte bak. Braai die lewer in my geval “medium to rare” want dit gaan later weer bietjie meer gaar raak as ek dit warm maak. Voeg die uie/brisket/kerriemengsel by die gebraaide lewer en meng goed. Sit dit eenkant om bietjie te trek. Begin met die slap pap. Julle kan maar rys of iets anders by gebruik vir die wat nie pap saam met vleis eet nie. Teen die tyd dat die pap reg is, sit ek daai kerrielewer met die brisketvet terug op die warm plaat om warm te maak en skep dit oor die slap pap. Dit het heerlik gekom. Resep en foto: Koos van der Merwe
[]
https://scibraai.co.za/melk/
Die eerste Suid-Afrikaanse studie oor die invloed wat klassieke musiek op beeste se welstand en melkproduksie het, het op ‘n hoë noot geeïndig. ‘n Melkstal is nie die plek waar iemand met ‘n musiekgraad gewoonlik verwag word nie, nog minder een met ‘n graad in koorleiding. Dis egter presies waar Lize-Mari Erasmus haarself vier maande lank met ‘n lied in die hart (en met musiek in die ore) bevind het, besig met navorsing oor die invloed van klassieke musiek op Holstein-beeste se spanningsvlakke. Dié oud-Tukkie van Rustenburg met die stem van ‘n operasingende engel het in 2016 haar Hons BMus-graad verwerf. Sy het toe reeds egter geweet die verhoog is nie haar gemaksone nie, en eerder geniet om in spanverband as solis musiek te maak. Sy het wel oor die jare in die Universiteit van Pretoria (UP) se universiteitskoor, Camerata, gesing, en was daarna ook lid van die Akustika kamerkoor in Pretoria. Daarom het sy besluit om eerder haar liefde vir diere in ‘n nuwe loopbaan uit te leef, en het in 2019 ‘n BSc-graad in Veekunde, ook aan Tukkies, verwerf. ‘n MSc-graad was daarna ‘n natuurlike gevolg vir die leergierige Erasmus. So is sy met die idee om haar twee belangstellingsvelde in ‘n navorsingstudie te kombineer na haar voorgenome studieleier, prof. Este van Marle-Köster, hoof van die UP Departement Veekunde en ‘n kenner oor die genetika en teling van diere. Dié is wyd bekend vir haar navorsing op beeste. Sy wou ondersoek watter invloed die speel van klassieke musiek dalk het op die spanningsvlakke en welstand van koeie wat gereeld gemelk moet word. Haar uiteindelik projek was die eerste formele studie van sy soort binne die opset van ‘n Suid-Afrikaanse melkery om spesifiek te kyk na die invloed van klassieke musiek op koeie se welstand – en melkproduksie. “Sulke studies is nog nooit in Suid-Afrika gedoen nie,” onthou die singende veekundige. “Prof. Van Marle-Köster het dadelik van die plan gehou, want sy hou self baie van klassieke musiek.” Prof. Andre Ganswindt, direkteur van die Soogdiernavorsingsinstituut in UP se Departement Dierkunde en Entomologie, was ook een van haar studieleiers. UP se eksperimentele plaas by die Future Africa-kampus was die basis vir haar eksperimentele werk. Die plaas se Holstein-beeste word daagliks gemelk en die melk aan die publiek verkoop. Eksperimentele werk Sy het nege van die koeie in drie groepe van drie elk opgedeel, en oor ‘n kwessie van vier maande op rotasiebasis aan drie verskillende behandelingsmetodes blootgestel. Een groep het heeltyd klassieke musiek, gespeel vanuit gemonteerde luidsprekers, gehoor waar ook al hulle op die plaas was. Vir ‘n ander groep is net stukke soos dié van Mozart, Grieg en Bach melktyd gespeel. En die derde groep het in stilte deur hul dag gegaan. Haar ma, Ilse Grünewald, ‘n oud-onderwyseres van Rustenburg, die waterdigte luidsprekerboksies ontwerp wat in die buite-area van die melkstalle gemonteer is. Dié het winde en weer trotseer sodat die musiek 24/7 kon speel. Lize-Mari se ma het gehelp om waterdigte luidsprekerboksies te maak sodat klassieke musiek ook buite vir die koeie gespeel kon word. Foto: Martie MEyer “Elke keer as hulle van groep verskuif het dit die beeste ‘n tydjie gevat om gewoond te raak aan die musiek. Mens kon dit sien aan hul effe geïrriteerde bewegings van hul ore en sterte. Die diere het egter binne ‘n week of twee gewoond daaraan.” Later het van die koeie hulself sommer onder die luidsprekers tuisgemaak. “Boere wat dit wil uitprobeer, moet dus nie te gou moed opgee as hulle aanvanklik sien die musiek pla hul diere nie,” is Lize-Mari se raad. Rustige stukke musiek soos Handl se “Watermusiek” en Bach se “Moonlight Sonata” is gespeel, omdat vorige internasionale navorsing gewys het dat koeie rustiger stukke verkies bo byvoorbeeld Latyns-Amerikaanse samba of rock ‘n roll. Die musiek is op die sogenaamde “shuffle”-formaat gespeel, om te keer dat die diere in ‘n roetine kon verval en sekere tye van die dag met seker stukke musiek wat in ‘n vaste volgorde gespeel word begin assosieer. Die koeie se stresvlakke is waargeneem en geanaliseer, met hulp van UP se Endokriene Navorsingslaboratorium. Toetse is gereeld uitgevoer om vas te stel hoeveel glukokortikoïede daar in hul mis en melk was. Dié hormoon word in oorvloed afgeskei in spanningsvolle situasies. Invloed van musiek Koeie wat konstant klassieke musiek gehoor het, het deur die bank laer vlakke van glukokortikoïede in hul mis gehad het. Die afleiding is dat hulle dus meer ligvoets en ontspanne deur die dag gaan. “Hulle was ook opmerklik kalmer wanneer hulle gemelk is. Gewoonlik is al die woel en werskaf in die stalle daarvan die mees stresvolle tyd in ‘n koei se dag.” . Erasmus het ook mooi boek gehou van hoeveel melk elke koei in elke groep lewer. Koeie wat 24/7 deur klassieke musiek omring was, het tot twee liter meer melk gelewer elke keer dat hulle gemelk is. “Musiek is relatief goedkoop tegnologie in vergelyking met ander tegnologie wat melkboere tans gebruik,” reken prof. Van Marle-Köster. Sy reken dis nie nodig dat die musiek onnodig hard moet wees om te gebruik nie, al reken sommige boere dat dit die geval is. “Koeie het ‘n baie fyn gehoor,” vertel sy. Erasmus reken verbruikers wat omgee vir die welstand van diere sal in hul noppies wees dat hulle melk drink van meer “gekultiveerde” koeie. “Die gesondheid en welstand van melkbeeste gaan hand aan hand met hoe goed en volhoubaar ‘n melkery bedryf word. Dit maak dus sin om die omgewing waarbinne plaasdiere aangehou word, te verryk met ekstra stimulasie, soos musiek. “Dit gaan oor die goeie behandeling en sorg wat diere kry, en om te sorg dat hul fisiese en geestelike behoeftes ook aandag geniet.” Sy wil ook glo dat die musiek ‘n rustige invloed op die werkspan by die eksperimentele plaas gehad het. “Ek het geen bewyse daarvoor nie. Tog, nadat ek die studie klaargemaak het, het die werknemers daar gevra of ek nie tog maar die luidsprekers daar wil los sodat hulle verder musiek kan luister nie!” Erasmus het in 2022 haar MSc-graad in Diereproduksie en Genetika met vlieënde vaandels cum laude aan UP verwerf. Haar bevindinge het reeds in die vaktydskrif Domestic Animal Endocrinology verskyn. Sy’t onlangs by Embryo Plus in Brits begin werk, en sal vanjaar haar doktorsgraad aanpak, hierdie keer op ‘n onderwerp wat meer op genetika sal fokus. * Lees die oorspronklike navorsingsartikel hier: [sykassie] Musiek vir die ore? Studies in Finland uit 2021 wys dat koeie meer gereedelik in ‘n melkstal instap wat deel is van ‘n geoutomatiseerde melkstelsel as musiek daarbinne gespeel word. “Ons bevindinge wys dat die speel van musiek dalk iets prakties is wat gedoen kan word om te help dat mens nie so hoef sukkel om koeie in ‘n melkstal in te dryf nie,” het Marie-Christene Lemcke van die Universiteit van Kassel in die vaktydskrif Dairy gesê. Soortgelyke Kanadese studies in 1997 het dieselfde bevind. In 2006 is bevind dat die speel van Indiese klassieke musiek die melkproduksie van Deoni-beeste met tot 12.64% verhoog. ‘n Chinese studie in 2015 het egter gewys dat koeie ten opsigte van melkproduksie nie goed reageer op folk-musiek nie. By die 2019 British Society of Animal Science Kongres het navorsers gesê die speel van klassieke en country musiek en selfs oudioboeke stimuleer melkproduksie. Hulle het ook bevind dat die inbou van “stil” periodes waarin die diere aan geen musiek of stemme blootgestel word nie, ook goed is vir hulle. Foto’s: Lize-Mari Erasmus en Martie Meyer
[ [ "[]", "http://scibraai.co.za/(https://scibraai.co.za/wp-content/uploads/2023/04/Luidsprekers-300x225.jpg)" ], [ "[]", "http://scibraai.co.za/(https://scibraai.co.za/wp-content/uploads/2023/04/Melk-300x169.jpg)" ] ]
https://maroelamedia.co.za/nuus/sa-nuus/nog-n-vakbond-wil-reusestaking-onderneem/
Nóg ʼn vakbond wil ʼn reusestaking onderneem uit protes teen breër maatskaplike bekommernisse wat voortspruit uit swak bestuur, korrupsie en “baie ander mislukkings aan die regering se kant”. Die National Union of Public Service and Allied Workers (Nupsaw) se beplande betoging op 23 Augustus sal ʼn dag voor Cosatu en die Suid-Afrikaanse Federasie van Vakbonde (Saftu) se landswye staking gehou word. Solly Malema, sekretaris van Nupsaw, het in ʼn verklaring gesê die beplande staking kom ná die werkersklasberaad wat deur Saftu gehou is. “Nupsaw se staking sal deel wees van die opbou na Saftu se pogings om ʼn nasionale stilstand op 24 Augustus af te dwing,” het hy bygevoeg. “Gevolglik sal die werkersklasgemeenskap, gelei deur Nupsaw, toesien dat verskeie kantore van die staatsdepartemente in Pretoria beset word.” Nupsaw, wat deel is van Saftu, het meer as 10 000 lede. Volgens die vakbond het die regering se vele mislukkings tot stygende lewenskoste, beurtkrag, hemelhoë brandstofpryse en werksverliese onder Suid-Afrikaners gelei. “Ons betoging sal daarop fokus om hierdie sosio-ekonomiese uitdagings aan te raak, aangesien dit nou al krisisvlak bereik het.” Malema sê hulle sal in hul massas na die kantoor van die departement van gesondheid opruk en onder meer eis dat gemeenskapsgesondheidswerkers en Covid-19-kontrakwerkers permanent aangestel word. Veiligheidsbeamptes en skoonmakers moet ook voorts vanaf binne die departement aangestel word, eerder as om dié dienste uit te kontrakteer. Nadat die vakbond na ʼn verskeidenheid van staatsdepartemente se kantore opgeruk het, sal hulle na die nasionale tesourie en die Staatspensioen-administrasie-agentskap gaan om hul misnoeë uit te spreek “oor die wyse waarop die skema werkers se pensioenfondse wanbestuur”. “Ons sal ook eis dat die waarnemende uitvoerende hoof van sy amp onthef word en liefs met ʼn bekwame en gekwalifiseerde uitvoerende hoof vervang word.” Die vakbond hoop om eindelik pres. Cyril Ramaphosa te dwing om na die Uniegebou te gaan om hul memorandum van eise te ontvang. Die eise wat hierin vervat word, sluit in dat die president beurtkrag en die privatisering van staatsondernemings beëindig, die voortslepende werkloosheid aanpak, asook geweldsmisdade, polisiemoorde en geslagsgebaseerde geweld takel. ʼn Dag nadat daar beplan word om na die Pretoria-middestad op te ruk, sal Cosatu en Saftu na onder meer Rustenburg, Klerksdorp, Mahikeng en Pretoria opruk om oor dieselfde bekommernisse te betoog. “Ons wil druk op die regering én die private sektor plaas om die sosio-ekonomiese uitdagings reg te stel en op te los,” het Zingiswa Losi, Cosatu se president, Donderdag tydens ʼn inligtingsessie gesê. Dit is nie duidelik of enige van die beplande stakings wettig is nie. TLU SA is ook bekommerd dat daar sabotasie aan infrastruktuur gedurende die reusestakings kan wees. Ons land bloei…maar díe selfaangwese mags mal massa opsweepers sal die laaste ekonomiese stabiliteit met hulle “opstande” uit ons wurg. Of gaan hulle dit afbrand? Plunder? Leeg dra? Verwoes….? Net geen minimum basiese funksionele logika nie! Weet net van dreig en verwoes en demand. Jou laaste paragraaf het Afrika opgesom. Johann ek is altyd so bietjie stomgeslaan omdat ek nie die afmerkers se logika (of tekort aan logika) kan begryp nie. Dit waarvan jy praat is presies hoe stakings is SA beskryf kan word. Dis uiters geweldadig. Hierdie week kan rof raak, so pas julle self op. As jy wil staak sal jy wel ‘n verskoning kry, beter as werk… of so hoor ek. Gaan cosatu en saftu darem nogwerk op die 23ste en gaan naftu darem weer werk op die 24ste? Wat help dit julle staak en breek en brand want met die volgende verkiesing stem julle weer vir dieselde onbekwame idiote omdat julle n t-hemp en n toebroodjie gekry het voor die verkiesing? Is Solly Malema verwand aan Julius? Ewe domastrant. Ek het nogal ook gewonder of dit familie van mekaar is. Hulle is mos almal broers. Ek wonder wanneer vakbonde gaan besef hulle is deel van die probleme van die land. Hulle beplan om geboue te “beset”? Dit kan nie wettig wees nie, kan dit? En hoe wil Cosatu die land lam lê deur in 4 areas/dorpe/stede te staak? Die Guptas het ons land groot verliese met hul handelinge gemaak.maar die fakbonde laat hulle maar klein lyk teen wat hulle die SA ekonomie kos. Daar moet eerder n komiesie aangestel word om Fakdonde se bestaansreg te ondersòek. Wat jy saai sal jy maai Hoe verbeter jy ‘n ekonomie as jy dit afbreek? Kan die vakbonde nie maar net vergeet van die stakings nie, en aangesien hulle ontevrede is met hoe die land regeer word (of die gebrek daaraan) maar net vir hul lede te vra om dit met die volgende verkiesing reg te stel nie. Al stakende die toekoms in… Kom ons vernietig die ekonomie… want ons is mos selfsugtig.
[]
https://maroelamedia.co.za/nuus/sa-nuus/twee-veiligheidswagte-doodgeskiet/
Twee veiligheidswagte is Saterdag tydens ʼn skietery tussen lede van twee sekuriteitsmaatskappye in Orange Farm, in die suide van Johannesburg, doodgeskiet. “Drie veiligheidswagte is tydens die skietery beseer,” het kapt. Tsekiso Mofokeng, woordvoerder van die polisie, gesê. Die skietery het omstreeks 08:20 by die Palm Springs Mall plaasgevind. “Al twee sekuriteitmaatskappye is in diens van taxiverenigings in die gebied,” het hy bygevoeg. Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie. Die motief vir die skietery is nog onbekend. Regtig…..? Wat is volgende? Inbrekers huur ‘n sekuriteits maatskappy om hulle te beskern terwyl hulle inbreek. Vergesog? Wel, as hulle “taxi-wars” kan “fight”, wat bly regtig oor?
[]
https://maroelamedia.co.za/nuus/wereld/vier-vas-na-barbaarse-terreuraanval-in-moskou-poetin/
Die Russiese president, Wladimir Poetin, sê al vier vermeende aanvallers is in hegtenis geneem in verband met Vrydagaand se “barbaarse terreuraanval” in Moskou. Volgens Poetin is die vermeende aanvallers in hegtenis geneem nadat hulle na Oekraïne probeer vlug het. Daar kon intussen op Russiese televisie gesien word hoe veiligheidsdiensbeamptes vier bebloede mans, wat Russies met ’n aksent praat, op ’n pad in die westelike Bryansk-streek, wat aan Oekraïne en Wit-Rusland grens, ondervra. “Terroriste, moordenaars, nie-mense … het net een onbenydenswaardige lot: vergelding en vergetelheid,” het Poetin Saterdag in ’n televisietoespraak gesê. Poetin het die aanval as ’n “barbaarse terreurdaad” bestempel en gesê “al vier oortreders … almal wat mense doodgeskiet het”, is gevind en word aangehou. “Hulle het probeer ontsnap en was op pad na Oekraïne, waar, volgens voorlopige data, ’n venster vir hulle aan die Oekraïense kant voorberei is om die staatsgrens oor te steek,” het Poetin tydens sy televisietoespraak gesê. Oekraïne ontken egter enige betrokkenheid by die aanval. Die Oekraïense president, Wolodimir Zelenski, beskuldig eerder Poetin daarvan dat hy probeer om die skuld op hulle te pak. “Wat gister in Moskou gebeur het, is duidelik,” het Zelenski gesê. “Poetin en die ander skuim probeer dit net op iemand anders blameer.” Minstens 133 mense is dood en meer as 140 beseer toe vier aanvallers geklee in kamoefleerdrag die Crocus City-konsertsaal in Moskou se noordelik Krasnogorsk-buurt binnegegaan, losgebrand en daarna brandbomme gegooi het. Die aanval word bestempel as die dodelikste aanval nóg in Rusland in byna twee dekades. Die Islamitiese Staat-groep het op Telegram gesê die aanval is “uitgevoer deur vier IS-vegters gewapen met masjiengewere, ’n pistool, messe en brandbomme” as deel van “die oorlog wat voortwoed teen lande wat Islam beveg”. Sondag is sedertdien tot ’n nasionale dag van rou in Rusland verklaar. Praat die een wat die grootste kommunis is en presies dit wat nou daar plaasgevind het teen Okraiëne doen.
[]
https://af.gov-civil-beja.pt/sounds-from-nowheresville
Klink Van Nowheresville Op die Engelse duo se genre-huppelende tweede album is die enigste onderwerpdraad hoe uniform sleg alles is. As u die afgelope paar jaar tyd naby 'n televisie deurgebring het, is die kans groot dat u dit al gehoor het die Ting Tings . Hul liedjie 'Shut Up and Let Me Go' verskyn op 'n iPod-advertensie in 2008 en verlede jaar in die Verenigde Koninkryk het 'That's Not My Name' talle getrek geborgde advertensies vir 'The X-Factor'. Hul musiek is baie effektief in hierdie kort sarsies, en kompeteer met allerhande ander sensoriese geraas in 'n spel van wie die hardste kan wees. Die Ting Tings se tweede rekord is getiteld Klink Van Nowheresville , en die Nowheresville wat aangeroep word, kan net sowel die land self wees. Die rustelose genre-huppelende atmosfeer laat dit minder soos 'n album voel en meer soos 'n reeks snitte wat op die kortlys geskryf is. Hulle flits van noir-electro ('Silence'), kabeljou-reggae ('Soul Killing') en bratty guitar riffs ('Hang It Up'). Die enigste algemene draad is hoe eenvormig sleg alles is. Ek neem aan dat dit op die vlak werk: Klink Van Nowheresville laat my sjokolade koop, klere aanpak, vakansie hou - alles behalwe om na hierdie plaat te luister. 'Give It Back' het 'n goeie klop daaraan, en dit behoort te wees - dit is amper 'n groothandel van LCD Soundsystem's 'Noord-Amerikaanse skuim' . Net so voel die swaar kitaarpop van 'Hang It Up' asof dit op dieselfde speelgrond as Sleigh Bells kan bestaan; maar waar die groep triomfantelike skoolklokkie-jam maak, kom die Ting Tings soos die klasboelie: die lied voel harteloos, sinies in die bevrugting en is slegs besorg oor sy eie sport. Later lewer 'n rapvers van Jules de Martino, die gewoonlik stille helfte van die duo, 'n sterk argument vir die slegste oomblik van 'n slegte plaat. So belaglik soos Martino se rapping kan wees, lei die hoofsanger Katie White hom om elke draai. Haar gesproke woorde oor 'Guggenheim' is 'n perfekte voorbeeld. Haar verhaal is 'n besonder skelm verhaal van hartseer en is - soos die meeste dinge op hierdie plaat - iets wat u al 'n miljoen keer gehoor het: die meisie val vir die seun; seun gevang in die bed met 'n pragtige, gewilde meisie; en die verhouding is verlore. Die verhaal vereis ten minste 'n fineer van kwesbaarheid, maar haar aflewering kom voor asof sy 'n draaiboek lees. White vertoon geen emosie hier of elders nie: daar is twee modusse, wat skree of 'n bietjie harder skree. Toe sy uiteindelik die uitbetalingskoor bereik, is alles een belaglike, nie-verwante reël: 'Hierdie keer gaan ek dit regkry / ek gaan my bas op die Guggenheim speel', gelewer met al die opgekropte woede van Eric Cartman. Dit voel amper soos dwaasheid om die ding musikaal te probeer bespreek - dit is so koud en lukraak. Meeste van die tyd, Klink Van Nowheresville wek dieselfde sensasie as om te wees Rickrolled vir die 40ste keer, of kyk na die geheel van Nyan Cat se vlug van 10 uur . In wese dinge wat u nie kies om te ervaar nie. Maar dan, dit is die kern van die Ting Tings. Solank as wat hulle aanhou om hierdie sync-musiekaas te skryf, maak dit nie saak of u dit wil hoor nie Klink Van Nowheresville , uiteindelik sal dit jou vind. Terug huistoe
[]
https://www.lapa.co.za/toulopers-eboek
Was jy al ooit verlief? Gaan jy eendag in jou pa se voetspore volg? Het jy al ’n brief aan die man in die maan geskryf? Wou jy al ooit ’n band begin? Het jy al gewonder wat nou eintlik die punt van gedigte is? Voel dit soms vir jou of die lewe ’n tou is waarop jy probeer balanseer? Die gedigte in Toulopers is almal splinternuut en is geskryf met tieners tussen 13 en 15 jaar in gedagte. Van ernstiger temas tot glimlagverse, van rebelse gedigte tot dolverliefde SMS-poësie – al die bydraes in hierdie bundel is met een doel voor oë gekies: om tot moderne tieners se leefwêreld te spreek.
[]
https://yourrecipeblog.com/recipes/oondgebakte-varkstertjies/
OONDGEBAKTE VARKSTERTJIES Ek het vir ons varkstertjies in die oond gebak vir ‘n voorgereggie en dit was djeeeerlik. ‘n paar ontvelde varkstertjies - 1 medium ui, gekerf - 1 eetlepel blatjang - 1 eetlepel Worcestersous - 1 eetlepel olyfolie - 1 eetlepel eetlepel “sweet chillie” sous - 1 teelepel sout - ½ teelepel witpeper - 1 eetlepel heuning - 1 teelepel sojasous - 1 eetlepel dijon mosterd - ½ teelepel rissie vlokkies - Plaas al die bestanddele in ‘n oondvaste bak en pak die stertjies in die sous. Bedek met foelie en bak in die oond vir 3 tot 4 ure teen 180 ºC. Haal foelie af en rooster ‘n paar minute en geniet hmmmmm! Ons het dit saam met oondgeroosterde rolletjies en slaai geniet. Sny die rolletjies in wieletjies, smeer met botter en kruie van jou keuse en rooster in die oond tot lekker bros en warm. Foto en resep: Gideon Louw
[]
https://overstrandherald.co.za/2023/08/23/oak-bied-wereldklaskonserte-aan/
HERMANUS – Klassieke musiekliefhebbers in Overstrand is bevoorreg om ‘n organisasie soos Overstrand Arts/Kunste (OAK) te hê wat wêreldklas-uitvoerings na die plaaslike verhoë bring. Dit is maar net een van die reaksies wat OAK-sekretaresse René du Plooy ontvang het na die groep Take Four Piano Quartet se aanbieding twee weke gelede op Sondag 13 Augustus hier in die NG Kerkgebou. Eerskomende Sondag (27 Augustus) tree die egpaar Aristide, een van die land se voorste tjelliste, en Myfanwy (Price) du Plessis op. Hy is voormalige hoof hoboïs van die KZN Filharmoniese Orkes. Die optrede is in die Ouditorium van die Overstrandse Burger-sentrum. Hulle werk tans in die Verenigde Koninkryk en is op besoek aan Suid-Afrika. En op Sondag 1 Oktober is dit die pianis Ben Schoeman se beurt om konsertgangers op ‘n fynproewersgeleentheid mee te sleur. OAK bied 12 konserte per jaar aan, vertel René. Ledegeld beloop vir ‘n enkelpersoon R300 en R500 vir ‘n paar, wat kan bestaan uit enige twee mense wat gereeld konserte wil bywoon. Lede betaal slegs R150 per kaartjie teenoor die R220 wat dit gewoonlik kos. Dit is inderdaad die geld werd om aan te sluit en altyd vooruit kennis te kry van enige konserte wat aange-bied word, sê sy. Kontak gerus vir René du Plooy op 082 940 4238 of by renedup@telkomsa.net vir meer inligting. Die Take Four Piano Quartet, wat ‘n gehoor van sowat 140 op 13 Augustus in vervoering gehad het, bestaan uit Zanta Hofmeyr (viool), Jeanne-Louise Moolman (altviool), Susan Mouton (tjello) en Elna van der Merwe (klavier). Nie net is hulle al jare lank vriende nie, maar hulle word ook elkeen as die land se knapste musikante in hul veld beskou. Elkeen het ‘n indrukwekkende solo-loopbaan maar in Augustus verlede jaar het hulle hul droom verwesenlik om saam op te tree en besluit dat hulle dit voortaan jaarliks in Vrouemaand gaan doen. ‘n Lid van die gehoor het die OAK-bestuur laat weet dat die konsert absoluut manjefiek was omdat die groep volledige komposisies gespeel het en nie net sekere bewegings nie. Die middag was genotvol met musiek van hoogstaande gehalte, het die persoon laat weet. Die uitvoering was ‘n viering van vriendskap en die sielsverrykende krag van musiek! Nog een het geskryf dat die konsert ‘n besondere geleentheid was. “Ek ken Brahms goed en die dames het ons betower met hulle musikaliteit, hulle tegniese virtuositeit, hulle saamspel, hulle deeglike kennis van die musiek, van waaroor Brahms alles gaan. Die Dvorak was net so goed gespeel maar die intellektuele uitdaging was by Brahms.” Die kerkgebou is as ‘n knus ruimte vir so ‘n konsert beskryf. Eerskomende Sondag se program bestaan uit werke van Elgar, Bach, Gliere, Morricone (Gabriel se hobo) en Beethoven. René Du Plooy kan by 082 940 4238 of renedup@telkomsa.net gekontak word om plek te bespreek.
[]
https://www.thebookbox.co.za/product/goue-lint-stories-die-mooiste-avontuurverhale/
Ster en die Skugter Vyf 9th February 2021 Die Avonture van Kuifie: Die Juwele Van Bianca Castafiore 9th February 2021Goue lint-stories: Die Mooiste Avontuurverhale R165.00 In hierdie wonderlike boek met pragtige illustrasies word kinders bekendgestel aan klassieke avontuurverhale, soos Om die wêreld in 80 dae, Robinson Crusoe, Lancelot se avonture, Gulliver en die Lulliputers, White Fang, Die drie musketiers, Tarzan, Skateiland, Reis na die middel van die aarde, Tom Sawyer en Huckleberry Finn en Sandokan, die tier van Maleisië. Hierdie boek is perfek vir voorlees asook selflees! Hierdie boek moet op elke Kersfeeslys en kind se boekrak wees! 3 in stock
[ [ "[]", "http://thebookbox.co.za/(https://www.thebookbox.co.za/wp-content/uploads/2021/02/IMG_20210209_0002-80x80.jpg)" ], [ "[]", "http://thebookbox.co.za/(https://www.thebookbox.co.za/wp-content/uploads/2021/02/IMG_20210209_0001-80x80.jpg)" ] ]
https://yourrecipeblog.com/recipes/kaassmeer-van-ingedampte-melk/
KAASSMEER VAN INGEDAMPTE MELK Ek maak hierdie kaassmeer al vir baie, baie jare. So deur die jare het ek ander resepte probeer, maar ek keer maar net weer terug na my ou staatmaker reseppie. Nog nooit een gekry wat so na aan Melrose proe as hierdie een nie. ek noem hom sommer Annie Se Kaassmeer. 500 g Berg geprosesseerde kaas, gerasper - 1 blik ingedampte melk (410 g) of gebruik 380 g en vul aan met gewone melk - 3 eetlepels botter of margarien - 1 eetlepel Tabasco sous, opsioneel - Meng alles saam in ‘n pot op medium hitte en roer aanhoudend totdat die kaas gesmelt is en jy ‘n lekker gladde kaassmeer het. Maak 2 heuning botteltjies vol. Nota: Jy kan fyn biltong, gebraaide spek of jalapenos ensovoorts insit net voordat jy dit in jou botteltjies skep. Resep en foto: Annelie Imbrailo Judith Mellet Ek wil net vir Annelie Imbrailo laat weet dat ek vandag kaassmeer presies volgens haar resep gemaak het – en dit is heerlik! So ongeveer 150 gram rissie-gegeurde biltong fyn gekap en bygeroer aan die einde… en die manne in my huis is in vervoering. Sal nooit weer winkel-kaassmeer koop nie. Dankie, jy.
[]
https://af.gov-civil-beja.pt/this-is-how-much-more-money-artists-earn-from-bandcamp-compared-streaming-services
Dit is hoeveel kunstenaars geld verdien uit Bandcamp in vergelyking met streaming dienste U sal 75 Dollar Bill nêrens op die Billboard-charts vind nie, maar die nuutste studioalbum van die New York-akte was die nommer een plek in die eksperimentele Bybel. Draad tydskrif se beste albums van 2019 se lys. Gesentreer rondom die kitaarspeler Che Chen en die perkussiespeler Rick Brown - wat tyd hou deur op 'n houtkrat te slaan - spesialiseer die kollektief in dronk improvisasies wat grillerig, hipnoties, transendent is. Op 1 Mei plaas hulle 'n digitale album, Live by Tubby's , uitsluitlik op Bandcamp. Die dokument wat die groep se laaste show voor die koronavirus getref het, het die betaal-wat-u-wil-vrystelling binne net twee dae $ 4200 opgelewer van byna 700 kopers. Dit is die afgelope ses jaar meer as 75 Dollar Bill gemaak deur streaming dienste soos Spotify, Apple Music en YouTube. Streaming is 'n grap, vertel Chen my. Ons dalk verdien $ 100 per jaar vanaf streaming. In 'n onlangse verklaring van my was die tantieme vir een snit met 580 toneelstukke op Spotify nul dollar en 20 sent. Sedert die koronavirus-pandemie die lewendige musiekbedryf onderbreek het, het Bandcamp vir twee volle dae afstand gedoen van sy gewone aandeel van 10 tot 15 persent om die kunstenaars op die platform te ondersteun. 1 Mei was die tweede van hierdie Bandcamp Days, wat al gehelp het om altesaam $ 11,4 miljoen aan musikante te rig. Vir 'n 75 dollar-rekening beteken die instroom dat u 'n paar honderd dollar elk kan uitbetaal aan die sewe-stuk-reeks wat gespeel het Live by Tubby's , sowel as die luike Kingston, New York lokaal waar die album opgeneem is. Die volgende Bandcamp Day is Vrydag 5 Junie en 75 Dollar Bill beplan nog 'n digitale album vir die geleentheid. Hulle is ver van alleen as dit kom by kleiner bands wat meer verdien op Bandcamp as deur streaming reuse. Die laaste Bandcamp-dag het ek $ 1 500 verdien, wat vir my 'n kak geld is Hether Fortune , voormalige leier van die Oakland post-punk-band Wax Idols, wat nou as solo-kunstenaar opneem. Miskien het ek die afgelope vyf jaar ongeveer soveel van Spotify gekry. Kan wees . Maar dit is vrygewig. Vir haar solo-werk, wat Fortune self vrystel, het sy verkies om van die belangrikste stromingsdienste af te bly, en weerspieël haar siening oor etiese verbruik. Spotify versus Bandcamp is soos Best Buy versus Amoeba, dink sy, met verwysing na die korporatiewe kleinhandel-elektroniese reus en die Kalifornië onafhanklike platewinkelketting . Beyond Bandcamp beoog Fortune ook 'n rol vir nuwer gemeenskapsgerigte of samewerkende musiekwebwerwe soos Versterk , Resoneer , en Stromings FM . Daar is baie maniere om 'n nuwe bedryfstruktuur op te stel, gaan sy voort. Veral nou. Die week wat op 19 Maart geëindig het, was die slegste vir Amerikaanse albumverkope sedert opsporing begin het byna 30 jaar gelede. Die insinking wat deur coronavirus veroorsaak is, was miskien die duidelikste illustrasie van 'n langtermynverskuiwing in hoe mense na musiek luister en daarvoor betaal. Ten spyte van etlike jare se groei, was die Amerikaanse opnamebedryf se inkomste van $ 11,1 miljard verlede jaar steeds minder as die helfte van hul 1999-hoogtepunt van $ 22,4 miljard, aanpas vir inflasie . 2019 was ook die eerste jaar wat meer as die helfte van die streaming uitmaak globale inkomste totaal . Streaming se buit is geneig om na te gaan blockbuster, hoof-etikette , 'n patroon wat vererger kan word deur 'n stelsel wat betalings aan kunstenaars verdeel gebaseer op hul verhouding van algehele strome eerder as hul bedrag. Dit dra alles by tot 'n omgewing waar kunstenaars wat nie supersterre is nie seer maak die meeste. Bandcamp se kleinskaalse sukses het in stryd met die hoofstroomvertelling gewerk. Die maatskappy is gestig in 2007 en het gehelp om kunstenaars te verdien $ 518 miljoen deur die verkope van digitale albums, vinyl, kassette, CD's en verskillende handelsware. Behalwe dat dit kunstenaarsvriendelik is, kan Bandcamp ook meer empaties lyk as streaming dienste. In Augustus 2017 het die maatskappy gereageer aan die Trump-administrasie se voorstel om transgender-mense uit die weermag te verbied deur sy inkomste-aandeel aan die Transgender Law Center te skenk, 'n nie-winsgewende organisasie in Oakland wat op transgender regte gefokus is. En in reaksie op die onlangse moorde op George Floyd, Breonna Taylor, Ahmaud Arbery en ander swart Amerikaners, het Bandcamp onlangs 'n jaarlikse Juneteenth-rit aangekondig waartydens hy sy deel van die verkope aan die NAACP Legal Defense Fund sal skenk. Vir die Bandcamp Day van hierdie week sal verskeie kunstenaars en etikette ook hul opbrengste skenk aan organisasies soos Black Visions Collective en verskillende borgtogfondse, soos uitgelig op die platform se tuisblad. Met Bandcamp Days is daar hoop dat kunstenaars wat voor die wêreldwye pandemie besig was om kommersiële moeilike grond te toets, moontlik van die geld sou gaan. Greg Anderson, kitaarspeler van die Los Angeles drone-metal band Sunn O)))) en medestigter van die etiket Southern Lord , sê sy band en etiket verdien gewoonlik meer per maand deur Bandcamp as van alle streaming dienste saam. Op die laaste Bandcamp Day het Sunn O))) drie demo's van verlede jaar digitaal uitgereik Life Metal , meer as $ 10 000 in te samel vir die niewinsorganisasie Globale voedselbanknetwerk . Anderson prys ook die gemak om handelsware te verkoop en gehore direk via die platform te e-pos. Die punkrockgroep van Philadelphia Mannequin Pussy, wat hul album vir 2019 uitgereik het Geduld op eerbiedwaardige indie Grafskrif , het meer as 100,000 maandelikse luisteraars op Spotify, maar die kitaarspeler en sanger Marisa Dabice gee toe dat sy nie seker is hoeveel die band verdien deur te stroom nie - vir kunstenaars wat by 'n etiket geteken is, gaan sulke inkomste aanvanklik dikwels in die rigting van die koste van hul voorafbetaling. Maar Bandcamp verwerk kunstenaarsuitbetalings in minder as 48 uur, baie gouer as wat met streaming dienste verwag kan word, en behels minder tussengangers. Met Bandcamp kan u aanhangers 'n direkte skakel na u musiek en na u bankrekening hê, sê Dabice. Ons Bandcamp Day-aankope word gebruik om 'n span van ses mense te ondersteun wat afhanklik was van toerinkomste. Mac McCaughan, medestigter van Voeg rekords saam , een van 'n reeks onafhanklike etikette gee op hul Bandcamp Day-inkomste deel, word aangetrokke tot die manier waarop Bandcamp kunstenaars en etikette toelaat om hul teenwoordigheid aan te pas, in teenstelling met streamingdienste se monolitiese koppelvlakke. As iemand iets aanbeveel waarvan ek nog nooit van gehoor het nie, is dit dikwels die eerste plek waarheen ek sal gaan, vertel die Superchunk-sanger en kitaarspeler my. Elke bladsy voel baie onafhanklik en deur kunstenaars gemaak. En daar is geen outospeel nie! Vir baie is Bandcamp se fiskaal deursigtige en polities bewuste etos 'n perfekte pasmaat met hul eie sienings. Die vervaardiger en orkesleier Chad Clark het sedert die negentigerjare 'n stempel afgedruk in die rocktoneel in Washington, D.C. Hy was mede-vervaardiger van die Dismemberment Plan se toetssteen-album uit 1999, Nood & ek , en Clark se huidige projek, die art-rock-ensemble Beauty Pill, het in die vroeë 2000's begin met die uitgee van plate op die legendariese plaaslike etiket Dischord. Nadat hy aan 'n seldsame virustoestand gely het, het hy dit gehad opehartoperasie twee keer sedert 2008. Ek het 'n stuk masjinerie van 'n miljoen dollar in my bors, vertel hy my. Ek het goeie versekering, maar dit is steeds duur. Beauty Pill se nuwe EP, Adviseer asseblief , is aan die gang Noordelike spioen , nog 'n etiket wat 100 persent van die verkope van Bandcamp Day aan kunstenaars deurgee. Clark vertel my dat die etiket my onmiddellik na die eerste Bandcamp Day duisende dollars gestuur het, wat die meeste is wat ek in my lewe ooit betaal het vir opgeneemde musiek. Hierteenoor voeg hy by dat hy nie eens aan streaming as inkomste dink nie. Vir iemand wat homself gelukkig ag net om te lewe, kry die pogings van die werf ekstra betekenis. Bandcamp Day is fokken swaar vir my, asof ek amper lus het om te huil, sê Clark. Ek wil hê die wêreld moet hul gang gaan.
[]
https://www.up.ac.za/yearbooks/2017/SCI-faculty/UG-modules/view/WTW%20320/lg/af
Reekse van funksies, magreekse en Taylor-reekse. Komplekse funksies, Cauchy-Riemann-vergelykings, Cauchy se stelling en integraalformules. Laurent-reekse, residustelling en berekening van reële integrale met behulp van residue. Die inligting wat hier verskyn, is onderhewig aan verandering en kan na die publikasie van hierdie inligting gewysig word.. Die Algemene Regulasies (G Regulasies) is op alle fakulteite van die Universiteit van Pretoria van toepassing. Dit word vereis dat elke student volkome vertroud met hierdie regulasies sowel as met die inligting vervat in die Algemene Reëls sal wees. Onkunde betrefffende hierdie regulasies en reels sal nie as ‘n verskoning by oortreding daarvan aangebied kan word nie. Postal Address: University of Pretoria Private Bag x 20 Hatfield 0028 Get Social With Us Download the UP Mobile App
[]
https://kaapkerk.co.za/die-geloof-van-n-kieser/
President Cyril Ramaphosa het onlangs aangekondig dat Suid-Afrikaners op 29 Mei die geleentheid kry om hul stemme te laat klink in die nasionale en provinsiale verkiesing van 2024. Hierdie aankondiging is ‘n oproep aan alle stemgeregtigdes, insluitend gelowiges, om deel te neem aan hierdie belangrike gebeurtenis. Maar waar pas geloof in? Die beginsel van geloof en aksie is nie iets wat vreemd is aan die Christelike geloof nie. Jakobus 2 herinner ons daaraan dat geloof nie net ‘n passiewe oortuiging is nie, maar dat dit hand aan hand gaan met dade. As gelowiges glo ons nie net in ‘n beter toekoms nie, maar is ons ook geroep om daadwerklik betrokke te raak by die totstandkoming daarvan. In die konteks van ‘n nasionale verkiesing is dit nie net ‘n burgerlike plig nie, maar dit is ‘n oproep (roeping dalk?) vir gelowiges om aktief deel te neem aan die vorming van die samelewing waarin ons leef. Die aksie van stem gee gelowiges die geleentheid om hul waardes en oortuigings in die openbare sfeer te weerspieël. Ons drome van ‘n beter Suid-Afrika kan nie net in gebede en hoop gegrond wees nie, maar dit vereis ook praktiese aksie. President Ramaphosa se oproep herinner ons daaraan dat hierdie verkiesing nie net ‘n formele plig is nie, maar ook ‘n viering van ons demokratiese reis. Vir gelowiges is dit ‘n geleentheid om ons geloof in beweging te bring en ‘n positiewe bydrae te lewer tot die samelewing. Hier is drie sleutel redes waarom gelowiges moet stem: Geloof in ‘n Regverdige Samelewing: Die Bybel moedig regverdigheid en omgee vir die kwesbaarste mense aan. Deur te stem, kan gelowiges hul steun gee aan partye en kandidate wat strewe na ‘n samelewing gebaseer op regverdigheid, gelykheid en omgee vir die minderbevoorregtes. Verantwoordelikheid teenoor God en die land: Gelowiges glo dat God hulle met ‘n doel hier op aarde geplaas het. Deelname aan die keuses van ‘n regering is ‘n manier om hierdie roeping uit te leef deur ‘n aktiewe rol te speel in die beweegrigting van die samelewing. Bou aan ‘n beter toekoms vir almal: Om te stem is ‘n bydrae tot die bou van ‘n samelewing wat ander respekteer, erken, en omgee vir al sy inwoners. Gelowiges kan deur hul stemme ‘n handelsmerk van liefde en eenheid in die samelewing agterlaat. Die verkiesing van 29 Mei bied ‘n geleentheid vir gelowiges om nie net te bid vir ‘n beter Suid-Afrika nie, maar om ook ‘n rol te speel in die bewerkstelliging daarvan. Mag ons ons geloof in dade omsit deur aktief deel te neem in die keuses van ons leierskap, en sodoende ‘n beter toekoms vir almal na te streef.
[]
https://www.lapa.co.za/bethel-se-berg
Dis die onstuimige tagtigerjare. Bethel Hendrix, haar broers en hulle ma reis deur die land in ʼn Kombi. Hulle leef ʼn nomadiese bestaan en bly net vir ʼn kort ruk in een dorp voor hulle na ʼn volgende beweeg. Om die gesin aan die lewe te hou, verkoop Bethel se ma vetkoek. Maar oral waar hulle kom, is dit duidelik dat die gesin anders is. Dat hulle arm is. Dat hulle nie in ʼn regte huis bly nie. Dat hulle ma anders lyk en dink. Dat daar nie ʼn pa saam met hulle is nie. Al wat Bethel graag wil hê is ʼn plek waar sy haarself kan wees …
[]
https://af.gov-civil-beja.pt/christine-queens
Christine and the Queens and French Band Indochine Deel nuwe liedjie 3SEX: Kyk na die video Christine and the Queens het 'n nuwe liedjie genaamd Indochine met die bekende Franse groep Indochine verbind 3SEX . Dit is 'n verwerking van die treffer 3e sexe van die nuwe golfgroep, wat oorspronklik op hul 1985-album gevind is 3 . Kyk na die onderstaande musiekvideo met Chris en Indochine se hoofsanger Nicola Sirkis. Dit word gerig deur Colin Solal Cardo . Christine and the Queens se mees onlangse vrystelling, die Die nuwe lewens-EP , het die afgelope lente uitgekom. Vroeër vandeesmaand het sy op Corden , waar sy People opgevoer het, was ek hartseer en het ek gesels oor haar lewe as danser. Besoek Pitchfork's weer 2018 Gesang vir liedjie-onderhoud met Christine en die Queens.
[]
https://web2.iono.fm/e/1406381
Met Maroela Media se podsendingreeks wat fokus op ouerskap en gesonde gesinne, kuier Lourindi Nel oor die volgende paar weke in die ateljee om oor ouerskapskwessies te gesels. Dissipline bly maar ʼn uitdaging. Lourindi sê die eerste stap is om te dink wat jou as ouer se doel met dissipline… As jy in Suid-Afrika met ʼn vuurwapen wil reis, moet jy verseker dat jy die land se vuurwapenregulasies streng gehoorsaam. Maroela Media het gaan uitvind hoe jy veilig en gemaklik met jou vuurwapen kan reis en selfs vakansie kan hou. iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.
[]
https://af.brokercheck.co.za/Privaatheidsbeleid/
1. 'n Oorsig van databeskerming algemene Die volgende gee 'n eenvoudige oorsig van wat met jou persoonlike inligting gebeur wanneer jy ons webwerf besoek. Persoonlike inligting is enige data waarmee jy persoonlik geïdentifiseer kan word. Gedetailleerde inligting oor die onderwerp van databeskerming kan gevind word in ons privaatheidsbeleid wat hieronder gevind word. Data-insameling op ons webwerf Wie is verantwoordelik vir die data-insameling op hierdie webwerf? Die data wat op hierdie webwerf ingesamel word, word deur die webwerf-operateur verwerk. Die operateur se kontakbesonderhede kan gevind word in die webwerf se vereiste regskennisgewing. Hoe samel ons jou data in? Sommige data word ingesamel wanneer jy dit aan ons verskaf. Dit kan byvoorbeeld data wees wat jy op 'n kontakvorm invoer. Ander data word outomaties deur ons IT-stelsels ingesamel wanneer jy die webwerf besoek. Hierdie data is hoofsaaklik tegniese data soos die blaaier en bedryfstelsel wat jy gebruik of wanneer jy toegang tot die bladsy verkry het. Hierdie data word outomaties ingesamel sodra jy ons webwerf betree. Waarvoor gebruik ons jou data? 'n Deel van die data word ingesamel om die behoorlike funksionering van die webwerf te verseker. Ander data kan gebruik word om te ontleed hoe besoekers die webwerf gebruik. Watter regte het jy met betrekking tot jou data? Jy het altyd die reg om gratis inligting oor jou gestoorde data, die oorsprong daarvan, die ontvangers daarvan en die doel van die versameling daarvan aan te vra. Jy het ook die reg om te versoek dat dit reggestel, geblokkeer of uitgevee word. Jy kan ons enige tyd kontak deur die adres wat in die regskennisgewing gegee word, te gebruik as jy verdere vrae het oor die kwessie van privaatheid en databeskerming. U kan natuurlik ook 'n klag by die bevoegde regulatoriese owerhede indien. Analytics en derdeparty-nutsgoed Wanneer u ons webwerf besoek, kan statistiese ontledings van u navigeergedrag gemaak word. Dit gebeur hoofsaaklik met behulp van webkoekies en analise. Die ontleding van jou surfgedrag is gewoonlik anoniem, maw ons sal jou nie uit hierdie data kan identifiseer nie. U kan beswaar maak teen hierdie ontleding of dit voorkom deur sekere gereedskap nie te gebruik nie. Gedetailleerde inligting kan gevind word in die volgende privaatheidsbeleid. Jy kan beswaar maak teen hierdie ontleding. Ons sal jou hieronder inlig oor hoe om jou opsies in hierdie verband uit te oefen. 2. Algemene inligting en verpligte inligting Die beskerming van data Die operateurs van hierdie webwerf neem die beskerming van jou persoonlike data baie ernstig op. Ons hanteer jou persoonlike data as vertroulik en in ooreenstemming met die statutêre databeskermingsregulasies en hierdie privaatheidsbeleid. As jy hierdie webwerf gebruik, sal verskeie stukke persoonlike data ingesamel word. Persoonlike inligting is enige data waarmee jy persoonlik geïdentifiseer kan word. Hierdie privaatheidsbeleid verduidelik watter inligting ons insamel en waarvoor ons dit gebruik. Dit verduidelik ook hoe en vir watter doel dit gebeur. Neem asseblief kennis dat data wat via die internet versend word (bv. via e-pos kommunikasie) onderhewig kan wees aan sekuriteitsbreuke. Volledige beskerming van jou data teen derdeparty-toegang is nie moontlik nie. Kennisgewing aangaande die party verantwoordelik vir hierdie webwerf Die party wat verantwoordelik is vir die verwerking van data op hierdie webwerf is: TRADE-REX Inhabergeführt durch eK Florian Fendt Am Röhrig, 2 63762 Großostheim, Deutschland Telefoon: +49 (0) 6026 9993599 E-pos: [e-pos beskerm] Die verantwoordelike party is die natuurlike of regspersoon wat alleen of saam met ander besluit oor die doeleindes en maniere om persoonlike data te verwerk (name, e-posadresse, ens.). Herroeping van jou toestemming tot die verwerking van jou data Baie dataverwerkingsbewerkings is slegs moontlik met u uitdruklike toestemming. Jy kan jou toestemming enige tyd herroep met toekomstige effek. 'n Informele e-pos wat hierdie versoek rig, is voldoende. Die data wat verwerk is voordat ons jou versoek ontvang, kan dalk steeds wettig verwerk word. Reg om klagtes by regulatoriese owerhede in te dien As daar 'n oortreding van databeskermingswetgewing was, kan die persoon wat geraak word 'n klag by die bevoegde regulerende owerhede indien. Die bevoegde regulerende owerheid vir aangeleenthede wat verband hou met databeskermingswetgewing is die databeskermingsbeampte van die Duitse staat waarin ons maatskappy se hoofkwartier is. ’n Lys van databeskermingsbeamptes en hul kontakbesonderhede kan by die volgende skakel gevind word: Reg op data-oordraagbaarheid Jy het die reg om data wat ons verwerk op grond van jou toestemming of in nakoming van 'n kontrak outomaties aan jouself of aan 'n derde party te laat aflewer in 'n standaard, masjienleesbare formaat. As jy die direkte oordrag van data aan 'n ander verantwoordelike party vereis, sal dit slegs gedoen word in die mate wat tegnies haalbaar is. SSL- of TLS-enkripsie Hierdie webwerf gebruik SSL- of TLS-enkripsie vir sekuriteitsredes en vir die beskerming van die oordrag van vertroulike inhoud, soos die navrae wat jy aan ons stuur as die webwerf-operateur. Jy kan 'n geënkripteerde verbinding in jou blaaier se adreslyn herken wanneer dit van “http://” na “https://” verander en die slotikoon word in jou blaaier se adresbalk vertoon. As SSL- of TLS-enkripsie geaktiveer is, kan die data wat jy aan ons oordra nie deur derde partye gelees word nie. Inligting, blokkering, verwydering Soos deur die wet toegelaat, het jy die reg om te eniger tyd gratis van inligting voorsien te word oor enige van jou persoonlike data wat gestoor word asook die oorsprong daarvan, die ontvanger en die doel waarvoor dit verwerk is. Jy het ook die reg om hierdie data te laat regstel, blokkeer of uitvee. U kan ons enige tyd kontak deur die adres wat in ons regskennisgewing gegee word, te gebruik indien u verdere vrae het oor die onderwerp van persoonlike data. Teenkanting teen promosie-e-posse Ons verbied hiermee uitdruklik die gebruik van kontakdata gepubliseer in die konteks van webwerf-wetlike kennisgewingvereistes met betrekking tot die stuur van promosie- en inligtingsmateriaal wat nie uitdruklik versoek is nie. Die webwerf-operateur behou die reg voor om spesifieke regstappe te neem indien ongevraagde advertensiemateriaal, soos e-pos strooipos, ontvang word. 3. Databeskermingsbeampte Statutêre databeskermingsbeampte Ons het 'n databeskermingsbeampte vir ons maatskappy aangestel. Florian, Fendt Am Ried, 7 63762 Großostheim Deutschland Telefoon: +49 (0) 6026 9993599 E-pos: [e-pos beskerm] 4. Data-insameling op ons webwerf koekies Sommige van ons webblaaie gebruik koekies. Koekies beskadig nie jou rekenaar nie en bevat geen virusse nie. Koekies help om ons webwerf meer gebruikersvriendelik, doeltreffend en veilig te maak. Koekies is klein tekslêers wat op jou rekenaar gestoor en deur jou blaaier gestoor word. Die meeste van die koekies wat ons gebruik, is sogenaamde "sessiekoekies". Hulle word outomaties na jou besoek uitgevee. Ander koekies bly in jou toestel se geheue totdat jy hulle uitvee. Hierdie koekies maak dit moontlik om jou blaaier te herken wanneer jy die werf volgende besoek. Jy kan jou blaaier instel om jou in te lig oor die gebruik van koekies sodat jy van geval tot geval kan besluit of jy 'n koekie moet aanvaar of verwerp. Alternatiewelik kan jou blaaier gekonfigureer word om outomaties koekies onder sekere voorwaardes te aanvaar of om dit altyd te verwerp, of om koekies outomaties uit te vee wanneer jy jou blaaier toemaak. Deaktiveer koekies kan die funksionaliteit van hierdie webwerf beperk. Koekies wat nodig is om elektroniese kommunikasie toe te laat of om sekere funksies te verskaf wat jy wil gebruik (soos die inkopiemandjie) word gestoor ingevolge Art. 6 paragraaf 1, letter f van DSGVO. Die webwerf-operateur het 'n wettige belang in die stoor van koekies om 'n geoptimaliseerde diens te verseker wat vry van tegniese foute verskaf word. As ander webkoekies (soos dié wat gebruik word om jou navigeergedrag te ontleed) ook gestoor word, sal hulle afsonderlik in hierdie privaatheidsbeleid behandel word. Bediener log files Die webwerfverskaffer versamel en stoor outomaties inligting wat jou blaaier outomaties aan ons oordra in "bedienerloglêers". Hierdie is: Blaaiertipe en blaaierweergawe - Bedryfstelsel gebruik - referrer URL - Gasheernaam van die toegangsrekenaar - Tyd van die bediener versoek - IP address - Hierdie data sal nie gekombineer word met data van ander bronne nie. Die basis vir dataverwerking is Art. 6 (1) (f) DSGVO, wat die verwerking van data toelaat om 'n kontrak na te kom of vir maatreëls wat voorafgaan aan 'n kontrak. Kontak Vorm Sou jy vir ons vrae stuur via die kontakvorm, sal ons die data wat op die vorm ingevoer is, insamel, insluitend die kontakbesonderhede wat jy verskaf, om jou vraag en enige opvolgvrae te beantwoord. Ons deel nie hierdie inligting sonder jou toestemming nie. Ons sal dus enige data wat u op die kontakvorm invoer slegs met u toestemming volgens Art. 6 (1)(a) DSGVO. Jy kan jou toestemming enige tyd herroep. 'n Informele e-pos wat hierdie versoek rig, is voldoende. Die data wat verwerk is voordat ons jou versoek ontvang, kan dalk steeds wettig verwerk word. Ons sal die data wat jy verskaf op die kontakvorm behou totdat jy die verwydering daarvan versoek, jou toestemming vir die berging daarvan intrek, of die doel vir die berging daarvan nie meer geld nie (bv. nadat jy aan jou versoek voldoen het). Enige verpligte statutêre bepalings, veral dié rakende verpligte databehoudtydperke, bly onaangeraak deur hierdie bepaling. Registrasie op hierdie webwerf Jy kan op ons webwerf registreer om toegang te verkry tot bykomende funksies wat hier aangebied word. Die invoerdata sal slegs gebruik word vir die doel om die onderskeie webwerf of diens waarvoor jy geregistreer het, te gebruik. Die verpligte inligting wat tydens registrasie aangevra word, moet volledig verskaf word. Andersins sal ons jou registrasie verwerp. Om jou in te lig oor belangrike veranderinge soos dié binne die omvang van ons webwerf of tegniese veranderinge, sal ons die e-posadres gebruik wat tydens registrasie gespesifiseer is. Ons sal die data wat tydens registrasie verskaf word slegs verwerk op grond van jou toestemming per Art. 6 (1)(a) DSGVO. Jy kan jou toestemming enige tyd herroep met toekomstige effek. 'n Informele e-pos wat hierdie versoek rig, is voldoende. Die data wat verwerk is voordat ons jou versoek ontvang, kan dalk steeds wettig verwerk word. Ons sal voortgaan om die data wat tydens registrasie ingesamel is, te stoor solank jy op ons webwerf geregistreer bly. Statutêre retensietydperke bly onaangeraak. Registrasie met Facebook Connect In plaas daarvan om direk op ons webwerf te registreer, kan jy ook registreer met Facebook Connect. Hierdie diens word verskaf deur Facebook Ireland Limited, 4 Grand Canal Square, Dublin 2, Ierland. As jy besluit om by Facebook Connect te registreer en op die "Login with Facebook" of "Connect with Facebook"-knoppies klik, sal jy outomaties na die Facebook-platform herlei word. Daar kan jy met jou Facebook-gebruikersnaam en wagwoord aanmeld. Dit sal jou Facebook-profiel aan ons webwerf of dienste koppel. Hierdie skakel gee ons toegang tot jou data wat op Facebook gestoor is. Insluitend veral jou: Facebook naam - Facebook profiel foto - Facebook-omslagfoto - E-posadres verskaf aan Facebook - Facebook ID - Facebook vriende - Facebook hou - Verjaarsdag - geslag - Land - Taalvoorkeur - Hierdie data sal gebruik word om jou rekening op te stel, te verskaf en te verpersoonlik. Vir meer inligting, sien Facebook se Gebruiksvoorwaardes en Privaatheidsbeleid. Hierdie kan gevind word by https://de-de.facebook.com/about/privacy/ en https://www.facebook.com/legal/terms/. Laat kommentaar op hierdie webwerf As jy die kommentaarfunksie op hierdie webwerf gebruik, sal die tyd waarop jy die opmerking geskep het en jou e-posadres saam met jou opmerking gestoor word, sowel as jou gebruikersnaam, tensy jy anoniem plaas. Berging van die IP-adres Ons kommentaarfunksie stoor die IP-adresse van daardie gebruikers wat opmerkings plaas. Aangesien ons nie kommentaar op ons werf nagaan voordat dit regstreeks verskyn nie, het ons hierdie inligting nodig om aksie vir onwettige of lasterlike inhoud te kan volg. Teken in op die kommentaarstroom As 'n gebruiker van hierdie webwerf, kan jy inteken om die kommentaarstroom te ontvang nadat jy geregistreer het. Jou e-posadres sal nagegaan word met 'n bevestigings-e-pos. Jy kan enige tyd van hierdie funksie uitteken deur op die skakel in die e-posse te klik. Die data wat verskaf is toe jy op die kommentaarstroom ingeteken het, sal dan uitgevee word, maar as jy hierdie data vir ander doeleindes of elders aan ons voorgelê het (soos om op 'n nuusbrief in te teken), sal dit behou word. Hoe lank opmerkings gestoor word Die kommentaar en die gepaardgaande data (bv. IP-adres) word gestoor en bly op ons webwerf totdat die inhoud waarop kommentaar gelewer is, heeltemal uitgevee is of die opmerkings om wettige redes (laster, ens.) verwyder moet word. Regsgrondslag Die kommentaar word gestoor op grond van jou toestemming per Art. 6 (1) (a) DSGVO. Jy kan jou toestemming enige tyd herroep met toekomstige effek. 'n Informele e-pos wat hierdie versoek rig, is voldoende. Die data wat verwerk is voordat ons jou versoek ontvang, kan dalk steeds wettig verwerk word. Data oorgedra wanneer jy vir dienste en digitale inhoud aanmeld Ons stuur persoonlik identifiseerbare data aan derde partye slegs in die mate wat nodig is om die bepalings van jou kontrak met ons na te kom, byvoorbeeld aan banke wat toevertrou is om jou betalings te verwerk. Jou data sal nie vir enige ander doel oorgedra word nie, tensy jy jou uitdruklike toestemming gegee het om dit te doen. Jou data sal nie aan derde partye vir advertensiedoeleindes bekend gemaak word sonder jou uitdruklike toestemming nie. Die basis vir dataverwerking is Art. 6 (1) (b) DSGVO, wat die verwerking van data toelaat om 'n kontrak na te kom of vir maatreëls wat voorafgaan aan 'n kontrak. 5. Sosiale media Facebook-inproppe (Like & Share-knoppies) Ons webwerf bevat inproppe vir die sosiale netwerk Facebook, Facebook Inc., 1 Hacker Way, Menlo Park, Kalifornië 94025, VSA. Die Facebook-inproppe kan herken word aan die Facebook-logo of die Like-knoppie op ons webwerf. Vir 'n oorsig van Facebook-inproppe, sien https://developers.facebook.com/docs/plugins/. Wanneer jy ons webwerf besoek, word 'n direkte verbinding tussen jou blaaier en die Facebook-bediener tot stand gebring via die inprop. Dit stel Facebook in staat om inligting te ontvang dat jy ons webwerf besoek het vanaf jou IP-adres. As jy op die Facebook "Like"-knoppie klik terwyl jy by jou Facebook-rekening aangemeld is, kan jy die inhoud van ons webwerf aan jou Facebook-profiel koppel. Dit laat Facebook toe om besoeke aan ons webwerf met jou gebruikersrekening te assosieer. Neem asseblief kennis dat, as die operateur van hierdie webwerf, ons geen kennis dra van die inhoud van die data wat na Facebook oorgedra word of van hoe Facebook hierdie data gebruik nie. Vir meer inligting, sien asseblief Facebook se privaatheidsbeleid by https://de-de.facebook.com/policy.php. As jy nie wil hê dat Facebook jou besoek aan ons webwerf met jou Facebook-rekening koppel nie, meld asseblief uit by jou Facebook-rekening. Twitter-inprop Funksies van die Twitter-diens is in ons webwerf en toepassing geïntegreer. Hierdie kenmerke word aangebied deur Twitter Inc., 1355 Market Street, Suite 900, San Francisco, CA 94103, VSA. Wanneer jy Twitter en die “Hertweet”-funksie gebruik, word die webwerwe wat jy besoek aan jou Twitter-rekening gekoppel en aan ander gebruikers bekend gemaak. Sodoende sal data ook na Twitter oorgedra word. Ons wil daarop wys dat, as die verskaffer van hierdie bladsye, ons geen kennis dra van die inhoud van die data wat versend is of hoe dit deur Twitter gebruik sal word nie. Vir meer inligting oor Twitter se privaatheidsbeleid, gaan asseblief na https://twitter.com/privacy. Jou privaatheidvoorkeure met Twitter kan in jou rekeninginstellings gewysig word by https://twitter.com/account/settings. Google+-inprop Ons blaaie gebruik Google+ funksies. Dit word bestuur deur Google Inc., 1600 Amphitheatre Parkway, Mountain View, CA 94043, VSA. Insameling en bekendmaking van inligting: Deur die Google +1-knoppie te gebruik, kan jy inligting wêreldwyd publiseer. Deur middel van die Google+-knoppie kan jy en ander gebruikers gepasmaakte inhoud van Google en ons vennote ontvang. Google stoor beide die feit dat jy +1'da-stuk inhoud het en inligting oor die bladsy wat jy bekyk het toe jy +1 geklik het. Jou +1 kan saam met jou profielnaam en -foto in Google-dienste vertoon word, byvoorbeeld in soekresultate of in jou Google-profiel, of op ander plekke op webwerwe en advertensies op die internet. Google teken inligting oor jou +1-aktiwiteite aan om Google-dienste vir jou en ander te verbeter. Om die Google +-knoppie te gebruik, benodig jy 'n wêreldwyd sigbare, publieke Google-profiel wat ten minste die naam moet bevat wat vir die profiel gekies is. Hierdie naam word deur alle Google-dienste gebruik. In sommige gevalle kan hierdie naam ook 'n ander naam vervang wat jy gebruik het om inhoud via jou Google-rekening te deel. Die identiteit van jou Google-profiel kan gewys word aan gebruikers wat jou e-posadres ken of ander inligting wat jou kan identifiseer. Gebruik van versamelde data: Benewens die gebruike wat hierbo genoem word, word die inligting wat jy verskaf in ooreenstemming met die toepaslike Google-databeskermingsbeleide gebruik. Google kan opsommende statistieke oor gebruikers se +1-aktiwiteit publiseer of dit met gebruikers en vennote deel, soos uitgewers, adverteerders of geaffilieerde webwerwe. Instagram-inprop Ons webwerf bevat funksies van die Instagram-diens. Hierdie funksies word aangebied deur Instagram Inc., 1601 Willow Road, Menlo Park, CA 94025, VSA. As jy by jou Instagram-rekening aangemeld is, kan jy op die Instagram-knoppie klik om die inhoud van ons bladsye met jou Instagram-profiel te koppel. Dit beteken dat Instagram besoeke aan ons bladsye met jou gebruikersrekening kan assosieer. As die verskaffer van hierdie webwerf wys ons uitdruklik daarop dat ons geen inligting ontvang oor die inhoud van die oorgedra data of die gebruik daarvan deur Instagram nie. Vir meer inligting, sien die Instagram Privaatheidsbeleid: https://instagram.com/about/legal/privacy/. LinkedIn-inprop Ons webwerf gebruik funksies van die LinkedIn-netwerk. Die diens word verskaf deur LinkedIn Corporation, 2029 Stierlin Court, Mountain View, CA 94043, VSA. Elke keer wat toegang verkry word tot een van ons bladsye wat LinkedIn-kenmerke bevat, vestig jou blaaier 'n direkte verbinding met die LinkedIn-bedieners. LinkedIn word ingelig dat jy ons webblaaie vanaf jou IP-adres besoek het. As jy die LinkedIn “Beveel”-knoppie gebruik en by jou LinkedIn-rekening aangemeld is, is dit vir LinkedIn moontlik om jou besoek aan ons webwerf aan jou gebruikersrekening te koppel. Ons wil daarop wys dat, as die verskaffer van hierdie bladsye, ons geen kennis dra van die inhoud van die data wat versend is of hoe dit deur LinkedIn gebruik sal word nie. Meer inligting kan gevind word in die LinkedIn-privaatheidsbeleid by https://www.linkedin.com/legal/privacy-policy. XING plugin Ons webwerf gebruik kenmerke wat deur die XING-netwerk verskaf word. Die verskaffer is XING AG, Dammtorstraße 29-32, 20354 Hamburg, Duitsland. Elke keer as toegang tot een van ons bladsye wat XING-kenmerke bevat, verkry word, vestig jou blaaier 'n direkte verbinding met die XING-bedieners. Sover ons kennis strek, word geen persoonlike data in die proses gestoor nie. In die besonder word geen IP-adresse gestoor nie en ook nie gebruiksgedrag geëvalueer nie. Vir meer inligting oor databeskerming en die XING-deel-knoppie, sien asseblief die XING-privaatheidsbeleid by https://www.xing.com/app/share?op=data_protection. 6. Ontleding en advertensies Google Analytics Hierdie webwerf gebruik Google Analytics, 'n webanalise-diens. Dit word bestuur deur Google Inc., 1600 Amphitheatre Parkway, Mountain View, CA 94043, VSA. Google Analytics gebruik sogenaamde "koekies". Dit is tekslêers wat op jou rekenaar gestoor word en wat 'n ontleding van die gebruik van die webwerf deur jou moontlik maak. Die inligting wat deur die koekie oor jou gebruik van hierdie webwerf gegenereer word, word gewoonlik na 'n Google-bediener in die VSA oorgedra en daar gestoor. Google Analytics-koekies word gestoor op grond van Art. 6 (1) (f) DSGVO. Die webwerf-operateur het 'n wettige belang in die ontleding van gebruikersgedrag om beide sy webwerf en sy advertensies te optimaliseer. IP-anonimisering Ons het die IP-anonimiseringsfunksie op hierdie webwerf geaktiveer. Jou IP-adres sal deur Google binne die Europese Unie of ander partye tot die Ooreenkoms oor die Europese Ekonomiese Ruimte verkort word voordat dit na die Verenigde State gestuur word. Slegs in uitsonderlike gevalle word die volledige IP-adres na 'n Google-bediener in die VSA gestuur en daar verkort. Google sal hierdie inligting namens die operateur van hierdie webwerf gebruik om jou gebruik van die webwerf te evalueer, om verslae oor webwerf-aktiwiteit saam te stel en om ander dienste met betrekking tot webwerf-aktiwiteit en internetgebruik vir die webwerf-operateur te verskaf. Die IP-adres wat deur jou blaaier as deel van Google Analytics oorgedra word, sal nie saamgevoeg word met enige ander data wat deur Google gehou word nie. Blaaier-inprop Jy kan verhoed dat hierdie koekies gestoor word deur die toepaslike instellings in jou blaaier te kies. Ons wil egter daarop wys dat dit kan beteken dat u nie die volle funksionaliteit van hierdie webwerf sal kan geniet nie. Jy kan ook verhoed dat die data wat deur koekies gegenereer word oor jou gebruik van die webwerf (insluitend jou IP-adres) aan Google deurgegee word, en die verwerking van hierdie data deur Google, deur die blaaier-inprop wat by die volgende skakel beskikbaar is, af te laai en te installeer: https://tools.google.com/dlpage/gaoptout?hl=en. Beswaar teen die insameling van data U kan die insameling van u data deur Google Analytics verhoed deur op die volgende skakel te klik. 'n Opt-out-webkoekie sal gestel word om te verhoed dat jou data ingesamel word tydens toekomstige besoeke aan hierdie webwerf: Deaktiveer Google Analytics. Vir meer inligting oor hoe Google Analytics gebruikersdata hanteer, sien Google se privaatheidsbeleid: WordPress statistieke Hierdie webwerf gebruik die WordPress Stats-nutsding om statistiese ontledings van besoekersverkeer uit te voer. Hierdie diens word verskaf deur Automattic Inc., 60 29th Street # 343, San Francisco, CA 94110-4929, VSA. WordPress Stats gebruik koekies wat op jou rekenaar gestoor word en laat 'n ontleding van die gebruik van die webwerf toe. Die inligting wat deur die koekies gegenereer word oor die gebruik van ons webwerf word op bedieners in die VSA gestoor. Jou IP-adres sal geanonimiseer word na verwerking en voor berging. WordPress Stats-koekies bly op jou toestel totdat jy dit uitvee. Die berging van "WordPress Stats"-koekies is gebaseer op Art. 6 (1) (f) DSGVO. Die webwerf-operateur het 'n wettige belang in die ontleding van gebruikersgedrag om beide sy webwerf en sy advertensies te optimaliseer. Jy kan jou blaaier instel om jou in te lig oor die gebruik van koekies sodat jy van geval tot geval kan besluit of jy 'n koekie moet aanvaar of verwerp. Alternatiewelik kan jou blaaier gekonfigureer word om outomaties koekies onder sekere voorwaardes te aanvaar of om dit altyd te verwerp, of om koekies outomaties uit te vee wanneer jy jou blaaier toemaak. Die funksionaliteit van ons dienste kan beperk word wanneer koekies gedeaktiveer word. Jy kan te eniger tyd beswaar maak teen die insameling en gebruik van jou data met toekomstige effek deur op hierdie skakel te klik en 'n opt-out koekie in jou blaaier te stel: https://www.quantcast.com/opt-out/. As jy die koekies op jou rekenaar uitvee, sal jy die opt-out-webkoekie weer moet stel. Google AdSense Hierdie webwerf gebruik Google AdSense, 'n diens om advertensies van Google Inc. (“Google”) in te sluit. Dit word bestuur deur Google Inc., 1600 Amphitheatre Parkway, Mountain View, CA 94043, VSA. Google AdSense gebruik sogenaamde "webkoekies", wat tekslêers is wat in jou rekenaar gestoor word wat 'n ontleding van die manier waarop jy die webwerf gebruik moontlik maak. Google AdSense gebruik ook sogenaamde webbakens (onsigbare grafika). Deur hierdie webbakens kan inligting soos die besoekersverkeer op hierdie bladsye geëvalueer word. Die inligting wat gegenereer word deur koekies en webbakens wat verband hou met jou gebruik van hierdie webwerf (insluitend jou IP-adres), en aflewering van advertensieformate, word na 'n Google-bediener in die VSA oorgedra en daar gestoor. Hierdie inligting kan deur Google aan kontrakterende partye van Google deurgegee word. Google sal egter nie jou IP-adres saamvoeg met ander data wat jy gestoor het nie. AdSense-koekies word gestoor op grond van Art. 6 (1) (f) DSGVO. Die webwerf-operateur het 'n wettige belang in die ontleding van gebruikersgedrag om beide sy webwerf en sy advertensies te optimaliseer. U kan die installering van koekies voorkom deur u blaaiersagteware daarvolgens in te stel. Wees asseblief bewus daarvan dat u in hierdie geval moontlik nie al die kenmerke van hierdie webwerf ten volle kan gebruik nie. Deur hierdie webwerf te gebruik, stem jy in tot die verwerking van data wat met jou verband hou en deur Google ingesamel word soos beskryf en vir die doeleindes hierbo uiteengesit. Google Analytics Remarketing Ons webwerwe gebruik die kenmerke van Google Analytics-herbemarking gekombineer met die kruistoestel-vermoëns van Google AdWords en DoubleClick. Hierdie diens word verskaf deur Google Inc., 1600 Amphitheatre Parkway, Mountain View, CA 94043, VSA. Hierdie kenmerk maak dit moontlik om teikengehore vir promosiebemarking wat met Google Analytics-herbemarking geskep is, te koppel aan die kruistoestel-vermoëns van Google AdWords en Google DoubleClick. Dit laat toe dat advertensies vertoon word op grond van jou persoonlike belangstellings, geïdentifiseer op grond van jou vorige gebruik en navigeergedrag op een toestel (bv. jou selfoon), op ander toestelle (soos 'n tablet of rekenaar). Sodra jy jou toestemming gegee het, sal Google jou web- en program-blaaigeskiedenis met jou Google-rekening assosieer vir hierdie doel. Op dié manier kan enige toestel wat by jou Google-rekening aanmeld, dieselfde gepersonaliseerde promosieboodskappe gebruik. Om hierdie kenmerk te ondersteun, versamel Google Analytics Google-geverifieerde ID's van gebruikers wat tydelik aan ons Google Analytics-data gekoppel is om gehore te definieer en te skep vir advertensie-promosie oor ander toestelle. Jy kan permanent onttrek van herbemarking/teikening oor ander toestelle deur gepersonaliseerde advertensies in jou Google-rekening af te skakel; volg hierdie skakel: https://www.google.com/settings/ads/onweb/. Die samevoeging van die data wat in jou Google-rekeningdata ingesamel word, is uitsluitlik gebaseer op jou toestemming, wat jy per Art van Google kan gee of onttrek. 6 (1) (a) DSGVO. Vir data-insamelingshandelinge wat nie in jou Google-rekening saamgevoeg is nie (byvoorbeeld omdat jy nie 'n Google-rekening het nie of beswaar gemaak het teen die samesmelting), is die insameling van data gebaseer op Art. 6 (1) (f) DSGVO. Die webwerf-operateur het 'n wettige belang om anonieme gebruikersgedrag vir promosiedoeleindes te ontleed. Vir meer inligting en Google se privaatheidsbeleid, gaan na: https://www.google.com/policies/technologies/ads/. Google AdWords en Google Conversion Tracking Hierdie webwerf gebruik Google AdWords. AdWords is 'n aanlyn-advertensieprogram van Google Inc., 1600 Amphitheatre Parkway, Mountain View, CA 94043, Verenigde State (“Google”). As deel van Google AdWords gebruik ons sogenaamde omskakelingsnasporing. Wanneer jy op 'n advertensie klik wat deur Google bedien word, word 'n omskakelingsnasporingskoekie gestel. Koekies is klein tekslêers wat jou internetblaaier op jou rekenaar stoor. Hierdie koekies verval na 30 dae en word nie vir persoonlike identifikasie van die gebruiker gebruik nie. Sou die gebruiker sekere bladsye van die webwerf besoek en die koekie het nog nie verval nie, kan Google en die webwerf sê dat die gebruiker op die advertensie geklik het en na daardie bladsy voortgegaan het. Elke Google AdWords-adverteerder het 'n ander koekie. Webkoekies kan dus nie nagespoor word deur die webwerf van 'n AdWords-adverteerder te gebruik nie. Die inligting wat met die omskakelingskoekie verkry word, word gebruik om omskakelingstatistieke te skep vir die AdWords-adverteerders wat vir omskakelingsporing gekies het. Kliënte word vertel van die totale aantal gebruikers wat op hul advertensie geklik het en herlei is na 'n omskakelingsnasporingmerkerbladsy. Adverteerders kry egter geen inligting wat gebruik kan word om gebruikers persoonlik te identifiseer nie. As jy nie aan dop wil deelneem nie, kan jy hieraan onttrek deur die Google Conversion Tracking-webkoekie maklik te deaktiveer deur jou blaaierinstellings te verander. Deur dit te doen, sal jy nie by die omskakeling-nasporingstatistieke ingesluit word nie. Omskakelingkoekies word gestoor op grond van Art. 6 (1) (f) DSGVO. Die webwerf-operateur het 'n wettige belang in die ontleding van gebruikersgedrag om beide sy webwerf en sy advertensies te optimaliseer. Vir meer inligting oor Google AdWords en Google Conversion Tracking, sien die Google Privaatheidsbeleid: https://www.google.de/policies/privacy/. Jy kan jou blaaier instel om jou in te lig oor die gebruik van koekies sodat jy van geval tot geval kan besluit of jy 'n koekie moet aanvaar of verwerp. Alternatiewelik kan jou blaaier gekonfigureer word om outomaties koekies onder sekere voorwaardes te aanvaar of om dit altyd te verwerp, of om koekies outomaties uit te vee wanneer jy jou blaaier toemaak. Deaktiveer koekies kan die funksionaliteit van hierdie webwerf beperk. Google reCAPTCHA Ons gebruik "Google reCAPTCHA" (hierna "reCAPTCHA") op ons webwerwe. Hierdie diens word verskaf deur Google Inc., 1600 Amphitheatre Parkway, Mountain View, CA 94043, VSA (“Google”). reCAPTCHA word gebruik om te kyk of die data wat op ons webwerf ingevoer is (soos op 'n kontakvorm) deur 'n mens of deur 'n outomatiese program ingevoer is. Om dit te doen, ontleed reCAPTCHA die gedrag van die webwerfbesoeker op grond van verskeie eienskappe. Hierdie ontleding begin outomaties sodra die webwerfbesoeker die webwerf binnekom. Vir die ontleding evalueer reCAPTCHA verskeie inligting (bv. IP-adres, hoe lank die besoeker op die webwerf was, of muisbewegings wat deur die gebruiker gemaak is). Die data wat tydens die ontleding ingesamel word, sal na Google gestuur word. Die reCAPTCHA-ontledings vind heeltemal in die agtergrond plaas. Webwerfbesoekers word nie in kennis gestel dat so 'n ontleding plaasvind nie. Dataverwerking is gebaseer op Art. 6 (1) (f) DSGVO. Die webwerf-operateur het 'n wettige belang om sy webwerf teen beledigende outomatiese deurkruip en strooipos te beskerm. Vir meer inligting oor Google reCAPTCHA en Google se privaatheidsbeleid, besoek asseblief die volgende skakels: https://www.google.com/intl/de/policies/privacy/ en https://www.google.com/recaptcha/intro/android.html. Facebook Pixel Ons webwerf meet omskakelings deur besoekersaksiepiksels van Facebook, Facebook Inc., 1601 S. California Ave, Palo Alto, CA 94304, VSA (“Facebook”) te gebruik. Dit laat toe dat die gedrag van werfbesoekers nagespoor word nadat hulle op 'n Facebook-advertensie geklik het om die verskaffer se webwerf te bereik. Dit laat 'n ontleding toe van die doeltreffendheid van Facebook-advertensies vir statistiese en marknavorsingsdoeleindes en hul toekomstige optimalisering. Die data wat ingesamel word, is anoniem vir ons as operateurs van hierdie webwerf en ons kan dit nie gebruik om enige gevolgtrekkings oor ons gebruikers se identiteit te maak nie. Die data word egter deur Facebook gestoor en verwerk, wat 'n verbinding met jou Facebook-profiel kan maak en wat die data vir sy eie advertensiedoeleindes kan gebruik, soos bepaal in die Facebook privaatheidsbeleid. Dit sal Facebook toelaat om advertensies beide op Facebook en op derdeparty-werwe te vertoon. Ons het geen beheer oor hoe hierdie data gebruik word nie. Kyk na Facebook se privaatheidsbeleid om meer te wete te kom oor die beskerming van jou privaatheid: https://www.facebook.com/about/privacy/. Jy kan ook die herbemarkingskenmerk van pasgemaakte gehore in die Advertensie-instellings-afdeling by Jy sal eers by Facebook moet aanmeld. As jy nie 'n Facebook-rekening het nie, kan jy onttrek van gebruiksgebaseerde advertensies vanaf Facebook op die webwerf van die European Interactive Digital Advertising Alliance: 7. Nuusbrief Nuusbrief data Indien u ons nuusbrief wil ontvang, benodig ons 'n geldige e-posadres sowel as inligting wat ons toelaat om te verifieer dat u die eienaar van die gespesifiseerde e-posadres is en dat u instem om hierdie nuusbrief te ontvang. Geen bykomende data word ingesamel nie of word slegs op 'n vrywillige basis ingesamel. Ons gebruik slegs hierdie data om die gevraagde inligting te stuur en gee dit nie aan derde partye deur nie. Ons sal dus enige data wat u op die kontakvorm invoer slegs met u toestemming volgens Art. 6 (1) (a) DSGVO. Jy kan enige tyd toestemming tot die berging van jou data en e-posadres asook die gebruik daarvan vir die stuur van die nuusbrief herroep, bv. deur die “subscribe”-skakel in die nuusbrief. Die data wat verwerk is voordat ons jou versoek ontvang, kan dalk steeds wettig verwerk word. Die data wat verskaf word wanneer jy vir die nuusbrief registreer, sal gebruik word om die nuusbrief te versprei totdat jy jou intekening kanselleer wanneer genoemde data uitgevee sal word. Data wat ons vir ander doeleindes gestoor het (bv. e-posadresse vir die lede-area) bly onaangeraak. MailChimp Hierdie webwerf gebruik die dienste van MailChimp om nuusbriewe te stuur. Hierdie diens word verskaf deur Rocket Science Group LLC, 675 Ponce De Leon Ave NE, Suite 5000, Atlanta, GA 30308, VSA. MailChimp is 'n diens wat die verspreiding van nuusbriewe organiseer en ontleed. As jy data (bv. jou e-posadres) verskaf om op ons nuusbrief in te teken, sal dit op MailChimp-bedieners in die VSA gestoor word. MailChimp is gesertifiseer onder die EU-US Privacy Shield. Die Privaatheidskild is 'n ooreenkoms tussen die Europese Unie (EU) en die VSA om voldoening aan Europese privaatheidstandaarde in die Verenigde State te verseker. Ons gebruik MailChimp om ons nuusbriefveldtogte te ontleed. Wanneer jy 'n e-pos oopmaak wat deur MailChimp gestuur is, koppel 'n lêer in die e-pos (genoem 'n webbaken) aan MailChimp se bedieners in die Verenigde State. Dit stel ons in staat om te bepaal of 'n nuusbriefboodskap oopgemaak is en op watter skakels jy klik. Daarbenewens word tegniese inligting ingesamel (bv. tyd van herwinning, IP-adres, tipe blaaier en bedryfstelsel). Hierdie inligting kan nie aan 'n spesifieke ontvanger toegeken word nie. Dit word uitsluitlik gebruik vir die statistiese ontleding van ons nuusbriefveldtogte. Die resultate van hierdie ontledings kan gebruik word om toekomstige nuusbriewe beter aan te pas by jou belangstellings. As jy nie wil hê dat jou gebruik van die nuusbrief deur MailChimp ontleed word nie, sal jy van die nuusbrief moet uitteken. Vir hierdie doel verskaf ons 'n skakel in elke nuusbrief wat ons stuur. Jy kan ook direk op die webwerf van die nuusbrief uitteken. Dataverwerking is gebaseer op Art. 6 (1) (a) DSGVO. Jy kan jou toestemming te eniger tyd herroep deur op die nuusbrief uit te teken. Die data wat verwerk is voordat ons jou versoek ontvang, kan dalk steeds wettig verwerk word. Die data wat verskaf word wanneer jy vir die nuusbrief registreer, sal gebruik word om die nuusbrief te versprei totdat jy jou intekening kanselleer wanneer genoemde data van ons bedieners en dié van MailChimp uitgevee sal word. Data wat ons vir ander doeleindes gestoor het (bv. e-posadresse vir die lede-area) bly onaangeraak. Vir besonderhede, sien die MailChimp-privaatheidsbeleid by https://mailchimp.com/legal/terms/. Voltooiing van 'n dataverwerkingsooreenkoms Ons het 'n dataverwerkingsooreenkoms met MailChimp aangegaan, waarin ons van MailChimp vereis om die data van ons kliënte te beskerm en nie genoemde data aan derde partye bekend te maak nie. Hierdie ooreenkoms kan by die volgende skakel besigtig word: 8. Inproppe en gereedskap YouTube Ons webwerf gebruik inproppe van YouTube, wat deur Google bedryf word. Die operateur van die bladsye is YouTube LLC, 901 Cherry Ave., San Bruno, CA 94066, VSA. As jy een van ons bladsye met 'n YouTube-inprop besoek, word 'n verbinding met die YouTube-bedieners tot stand gebring. Hier word die YouTube-bediener ingelig oor watter van ons bladsye jy besoek het. As jy by jou YouTube-rekening aangemeld is, laat YouTube jou toe om jou blaaigedrag direk met jou persoonlike profiel te assosieer. Jy kan dit voorkom deur by jou YouTube-rekening af te meld. YouTube word gebruik om ons webwerf aantreklik te maak. Dit stel 'n geregverdigde belang ingevolge Art. 6 (1) (f) DSGVO. Verdere inligting oor die hantering van gebruikersdata kan gevind word in die databeskermingsverklaring van YouTube onder https://www.google.de/intl/de/policies/privacy. Google Web Fonts Vir eenvormige voorstelling van lettertipes, gebruik hierdie bladsy weblettertipes wat deur Google verskaf word. Wanneer jy 'n bladsy oopmaak, laai jou blaaier die vereiste weblettertipes in jou blaaierkas om tekste en lettertipes korrek te vertoon. Vir hierdie doel moet jou blaaier 'n direkte verbinding met Google-bedieners bewerkstellig. Google word dus bewus daarvan dat ons webblad via jou IP-adres verkry is. Die gebruik van Google Web fonts word gedoen in die belang van 'n eenvormige en aantreklike aanbieding van ons webwerf. Dit stel 'n geregverdigde belang ingevolge Art. 6 (1) (f) DSGVO. As jou blaaier nie weblettertipes ondersteun nie, word 'n standaardlettertipe deur jou rekenaar gebruik. Verdere inligting oor die hantering van gebruikersdata, kan gevind word by https://developers.google.com/fonts/faq en in Google se privaatheidsbeleid by https://www.google.com/policies/privacy/.
[]
https://af.gov-civil-beja.pt/nine-inch-nails-rock-hall-2020
Nine Inch Nails at Rock Hall 2020: Kyk na Trent Reznor se Induction Speech Nine Inch Nails is vanaand tydens die Rock & Roll Hall of Fame 2020-inlywingseremonie op HBO vereer. Na 'n inleidende toespraak van Iggy Pop en 'n videopakket wat woorde van St. Vincent, Miley Cyrus, Rick Rubin en andere bevat, het Trent Reznor die eerbewys namens die groep aanvaar. Hy bedank sy bandlede, die verlede en die hede, asook belangrike medewerkers van regoor die orkes se geskiedenis. Lees die volledige toespraak hieronder en kyk na die seremonie HBO maks . Terwyl ek my kop om Nine Inch Nails gedraai het wat in die Rock & Roll Hall of Fame verwelkom is, het ek die meeste uitgesien na die seremonie waar die hopelike hele kamp, verlede en hede, bymekaar sou kom en het 'n oomblik, het Reznor gesê. En ons sit almal vas in ons klein boksies wat na ons skerms staar. Hy het die toespraak afgesluit deur die aanhangers van die groep spesifiek te bedank. Hierdie reis is nog lank nie verby as ek iets daaroor het nie, so laat ons ophou om onsself aan die agterkant te fokken en daarby uit te kom, het hy gesê. Hoop ons sien julle almal binnekort in die vlees. Dankie. Nine Inch Nails word by die Rock & Roll Hall of Fame-klas van 2020 aangesluit deur die Notorious B.I.G., Depeche Mode, Whitney Houston, T. Rex, die Doobie Brothers en Ahmet Ertegun-toekennings, Jon Landau en Irving Azoff. Vanaand se vooraf opgeneemde uitsending bevat geen musikale optredes nie en neem die plek in van 'n beplande live show wat weens die pandemie geskrap is. 'N In memoriam-segment het a spesiale huldeblyk aan Eddie Van Halen . Lees al die dekking van Pitchfork van die Rock & Roll Hall of Fame Class of 2020-seremonie. Trent Reznor se Nine Inch Nails aanvaardingstoespraak Baie dankie, Iggy. Hallo almal. Wat 'n desoriënterende, vreemde jaar bevind ons ons in. Terwyl ek my kop om Nine Inch Nails gedraai het en in die Rock & Roll Hall of Fame verwelkom is, het ek die meeste uitgesien na die seremonie waar die hopelik hele kamp was , verlede en hede, gaan bymekaarkom en 'n oomblik hê. En ons sit almal vas in ons klein boksies wat na ons skerms staar. Selfs nou was musiek nog altyd die ding wat my aan die gang hou, en as kunstenaar dink ek die belangrikste prestasie of gevoel is om te besef dat iets wat u vanuit 'n brose en intieme plek geskep het, iemand anders bereik het en dit weerklink en beïnvloed. moontlik verander hoe hulle die wêreld sien. Wat betref dit wat in 'n hall of fame beteken, dankie vir die erkenning. Dit gesê, dit was nog lank nie 'n unieke poging nie, en ek het eers my mede-aanhangers voorgestel: Atticus Ross, Robin Finck, Allesandro Cortini, Ilan Rubin, Danny Lohner en Chris Vrenna. Ek is mal oor hierdie ouens en hulle was almal 'n integrale en sentrale deel van die rede waarom ons hier is. Daarbenewens was daar oor die jare 'n aantal ander sleutelrolspelers betrokke, waaronder Charlie Clouser, James Woolley, Rich Patrick, Josh Freese, Justin Meldal-Johnsen, Jerome Dillon, Aaron North, Jeff Ward, en Jeordie White. Deur die jare heen het ek voordeel getrek uit 'n sterk versameling mense rondom my wat alles aangebied het, van aanmoediging tot leiding tot 'n skop in die gat wanneer dit nodig was. Dit sluit in Jimmy Iovine, John Silva, Marc Geiger, Ross Rosen, Alan Moulder, Rick Rubin, Zia Modabber, Bill Harper, David Fincher, Jerome Crooks, Steve Barnett, Jim Guerinot en John Malm. U word almal waardeer en dit is ook vir u. Spesiale dank aan my vrou Mariqueen en die kinders, julle hou my nederig en alles die moeite werd. En vir die Nine Inch Nails-aanhangers daar buite - julle is die beste. Ons het op 'n paar vreemde plekke saam beland, en u is 'n intense klomp wat my uit my gedagtes kan verdryf, maar u is die beste. Hierdie reis is nog lank nie verby as ek iets daaroor het nie, so laat ons ophou om onsself aan die agterkant te fokken en daarby uit te kom. Hoop ons sien julle almal binnekort in die vlees. Dankie.
[]
https://www.bybelwoord.net/hoe-moet-ek-my-ouers-gehoorsaam-as-hulle-nie-saamstem-nie/
Dit is waar dat die Bybel ons meerdere kere beveel om ons ouers te eer en te gehoorsaam: Eksodus 20:12, Levitikus 19:3 en ook in die Nuwe Testament, Efesiërs 6:1-3. Kinders moet luister na wat hulle ouers hulle leer (lees Spreuke hoofstuk 1-9). Kinders moet nie hul ouers skend of hulle met minagting behandel nie; die Bybel sê dat elkeen wat dit doen, vervloek word (Deuteronomium 27:16). Die eerste gebod met ‘n belofte Gehoorsaamheid en eer aan jou ouers is die eerste gebod wat met ‘n belofte kom: “Eer jou vader en jou moeder, dan sal jy lank bly woon in die land wat die Here jou God vir jou gee.“(Eks. 20:12). Daarom eer God jou as jy jou ouers eer! Geen eenheid In die geval dat ouers aan die kind vertel om verskillende dinge te doen, is dit onmoontlik dat die kind beide ouers kan gehoorsaam. Dan vorm die ouers nie die eenheid wat hulle behoort te wees nie, en hulle kind is nie daarvoor verantwoordelik nie. Op die manier kan hy of sy nie geblameer word wanneer albei ouers nie gehoorsaam is nie. Die beste ding om te doen is om die saak voor God in gebed te bring en vir Sy leiding te vra. Hy sal ‘n uitweg gee wanneer jou voorneme is om Sy gebod te gehoorsaam – die gebod om beide jou ouers te gehoorsaam. God eer altyd gehoorsaamheid aan sy gebooie! Eer jou ouers Alhoewel dit baie moeilik kan wees om albei ouers te gehoorsaam, kan kinders albei hulle ouers eer. Die Bybel waarsku duidelik daarteen om ouers te behandel met minagting of veragting (Deut. 21:18,19; 27:16; Spr. 19:26). Hulle is immers die mense wat lewe aan hulle kinders gegee het (Spr. 23: 22,25) en daarom wil God hê dat kinders hul ouers moet respekteer, ongeag hulle gedrag. Dit beteken dat jy nie jou ouers teen mekaar gebruik nie, maar met respek oor hulle praat. Dit beteken dat jy bereidwilligheid teenoor die ouers toon om hulle te help; om liefde en respek te toon. Moenie uittart nie Vaders word deur die apostel Paulus gewaarsku om nie hul kinders uit te tart nie, sodat hulle nie moedeloos word nie (Kolossense 3:21), en hulle kry die opdrag om hulle kinders in die dissipline van die Here op te voed. (Ef. 6:4). Groot verantwoordelikheid So vaders en moeders het ook ‘n groot verantwoordelikheid om hul kinders verstandig te hanteer en hulle te leer oor die Here. God sal ouers verantwoordelik hou wanneer hulle nie hul ouerlike pligte nakom nie!
[]
https://www.rsgplus.org/as-n-bosluis-jou-byt/
Het jy geweet dat daar twee soorte bosluisbytkoors in Suid-Afrika is: Mediterreense ‘spotted’ bosluisbytkoors en Afrika bosluisbytkoors – eersgenoemde is ernstiger as die tweede. Marí Hudson het met dr Jantjie Taljaard, hoof van infeksiesiektes aan die Universiteit van Stellenbosch se geneeskunde fakulteit en Tygerberg Akademiese Hospitaal gesels. Luister 11:30 na Gesondheid op RSG. Interessante feite Bosluisbytkoors se versamelnaam in mediese terme is Rickettsia en daar is baie voms van dié siekte. Die ernstigste een is Rocky Mountain bosluisbytkoors. Bosluisbytkoors word deur die Rickettsia bakterie veroorsaak. Dis veral die klein bosluis (in die nimf stadium) wat gevaarlik is. Honde kan ingeënt word teen bosluiskoors in honde (wat hoofsaaklik deur die bruin hond-bosluis veroorsaak word), maar daar is geen entstof teen bosluisbytkoors in mense nie. Bosluiskoors in honde is anders as bosluisbytkoors in mense. Bosluisbytkoors in mense kan met sterk doserings van doksisiklien antibiotika behandel word. Die simptome verskyn sowat 5 dae na die bytplek, wat nekroties word en dus swart vertoon met infeksie onder die swart deel. Simptome sluit in erge hoofpyn, naarheid, koors en ‘n uitslag in die geval van Mediterreense bosluisbytkoors. Bosluise kan ook Krim-Kongokoors, ‘n baie ersntige bloedingsiekte met ‘n 50% sterftesyfer, veroorsaak. Die bosluis wat Kongokoors-virus dra, is die bontpootbosluis (Hyalomma spesie). Lees meer oor bosluiskoors in honde: © Marí Hudson
[]
https://www.theportugalnews.com/af/nuus/2023-11-19/nuwe-uefa-reels-laat-benfica-en-fc-porto-op-die-champions-league-risiko-laat/83416
UEFA se nuwe finansiële regulasies vir toetrede tot die Kampioenliga tree eers in die seisoen 2025/26 in krag, maar as dit tot hede voortgebring word, sou 'n derde van die klubs uitgeskakel word, volgens verslae van die Spaanse koerant El Economista. Die bogenoemde regulasie bepaal dat maatskappye nie meer as 70% van die inkomste kan spandeer aan lone, oordragte en kommissies aan sakemanne nie, iets waaraan tien van die huidige deelnemers nie voldoen nie, insluitend Benfica. ewens Benfica, sal Real Sociedad, Manchester City, Manchester United, Newcastle, Lazio, Napoli, Paris Saint-Germain, Lens en Kopenhagen onmiddellik 'verbied' word om die grootste Europese klubkompetisie te betree. FC Porto sou aan sy kant aan die reël voldoen... alhoewel dit streng, aangesien dit tans 88 miljoen euro aan die span spandeer onder bevel van Sérgio Conceição, wanneer inkomste dit toelaat om tot 99, 7 miljoen euro te spandeer. Sporting de Braga moet nie groot probleme ondervind met die ontvang van 'n 'positiewe mening' van die liggaam wat Europese sokker beheer nie, gegewe die positiewe verslae wat dit aangebied het. Nuwe UEFA-reëls laat Benfica en FC Porto op die Champions League risiko laat Stuur vir ons jou kommentaar of mening oor hierdie artikel.
[]
https://yourrecipeblog.com/recipes/floraine-se-spinasietert/
FLORAINE SE SPINASIETERT Hierdie is ongelooflik veelsydig! Bedien saam met haddock is dit die perfekte brunch! Bedien saam met gerookte hoender/hoenderpastei, of braaivleis. Jy kan ook individueel in klein muffinpannetjies bak met spek ingevou. Kors: - 4 eetlepels botter - 1 eier - 7 ml bakpoeier - 15 ml olie - 250 ml koekmeel - 2 ml sout - Sif die droë bestanddele saam en vryf die botter in dat dit lyk soos krummels. Klits olie en eier saam en voeg by. Meng goed dat dit ‘n deeg vorm, druk onder in vuurvaste skottel om ‘n kors te vorm. Vulsel: - 1 bossie spinasie se blare, fyn gesny, onthou om af te was in soutwater - 1 pak wit uiesoppoeier - 3 eiers - 1 koppie spek gesnipper en opsioneel - 3 koppies dik witsous - 1 koppie gerasperde kaas - Meng al die bestanddele maar net die helfte van die kaas. Skep in rou kors. Strooi res van die kaas oor en bak tot gaar by 180ºC tot gaar en gestol. Lekker variasie;: Vervang spek met hoender, tuna, of 1 pak droë chips van jou keuse, ek hou van sout en asyn. Resep geplaas deur Floraine Wasserman Venter Foto: Adam Cloete – Baie baie lekker al het ek dit sonder die kors gemaak, ek kan hom regtig aanbeveel.
[]
https://jgf.org.za/woon-en-skryf-vir-n-maand-in-somerset-oos-die-jakes-gerwel-stigting-en-pen-afrikaans-loods-n-skrywersresidensie/
Tyd om onverpoosd te skryf, is ’n versugting van menige skrywer. Die oorgrote meerderheid skrywers kan nie wegkom van hulle dagtake nie en vind dikwels nie genoeg tyd om ordentlik te sit en skryf nie. Boeke bly só ongeskryf en waardevolle talent word nie ten volle benut nie. Die Jakes Gerwel Stigting en PEN Afrikaans is opgewonde om vanjaar ’n skrywersresidensie te loods wat aan skrywers die kans gee om vir ’n maand in die Gerwel-huis tuis te gaan om aan ’n skryfprojek te werk. Dié historiese huis, langs die Bosberge in die skilderagtige Somerset-Oos, is pas gerestoureer. Met sy sjarmante ouwêreldsheid, ruim kamers, houtvloere en lowergroen tuin, bied die huis die ideale geleentheid vir skrywers om in ’n inspirerende omgewing aan hul manuskripte te werk. Die Jakes Gerwel Stigting en PEN Afrikaans dek die kostes van die skrywers se verblyf vanaf 8 Julie tot 5 Augustus 2019, insluitende internet, skoonmaakdienste, etes (drie maaltye per dag), retoerkaartjies na Port Elizabeth en vervoer van en na die lughawe. Vervoer in Somerset-Oos sal ook aangebied word. Die fokus van die residensieprogram is veral op skrywers wat nuwe stories na die Afrikaanse letterkunde bring en leefwêrelde oopskryf wat nog nie voldoende in die letterkunde gehoor is nie. Voorkeur sal gegee word aan skrywers wat aan die begin van hul loopbane staan. Alle genres sal oorweeg word. Opbetaalde lede van PEN Afrikaans word hiermee hartlik uitgenooi om aansoek te doen vir die Jakes Gerwel Stigting se skrywersresidensie, aangebied in samewerking met PEN Afrikaans. Aansoeke moet bestaan uit: ’n Brief ter motivering van waarom die aansoeker van die residensie gebruik wil maak - ’n Opsomming van die aansoeker se loopbaan as skrywer. Gepubliseerde skrywers moet ’n lys van publikasies insluit, terwyl ongepubliseerde skrywers bestaande skeppende skryfwerk (30 bladsye prosa of 10 bladsye poësie) by die aansoek moet insluit. - ’n Projekuiteensetting wat aandui waaraan die skrywer tydens die residensie sal werk. - Aansoeke moet Theo Kemp, uitvoerende direkteur van die Jakes Gerwel Stigting, teen 12 April 2019 by theo@jgf.org.za bereik, waarná verteenwoordigers van die Jakes Gerwel Stigting en die bestuur van PEN Afrikaans die aansoeke sal oorweeg. Die Jakes Gerwel Stigting het ten doel om die werksaamhede en belangstellings van Gert Johannes “Jakes” Gerwel voort te sit in die ontwikkeling en bevordering van die opvoedkunde, kuns en kultuur en die sosiale geregtigheid in Suid-Afrika in die algemeen. Die stigting fokus veral op die bevordering en uitbouing van die Suid-Afrikaanse letterkunde. PEN Afrikaans is ’n vereniging van skrywers, joernaliste, uitgewers en belanghebbendes wat, deur lidmaatskap aan PEN Internasionaal, sy lede in ’n internasionale konteks verteenwoordig. PEN Afrikaans is gerig op die bevordering van die Afrikaanse letterkunde en die reg tot vryheid van uitdrukking. Doen hier aansoek om ’n lid van PEN Afrikaans te word:
[]