id
int64
0
517k
text
stringlengths
99
46.9k
516,200
Job se vriende het ‘n baie wettiese verduideliking gehad t.o.v. die rede vir Job se lyding: hy was skuldig aan ‘n baie ernstige sonde. God het hierdie valse raadgewers baie swaar bestraf en Job verdedig deur te sê dat hy ‘n sondelose man is wat deur die satan geteiken is.
516,201
Toe die dissipels ‘n man gesien het wat blind was sedert geboorte, het hulle Jesus gevra: “Rabbi, wie het nou eintlik gesondig, hierdie man self of sy ouers, dat hy blind gebore is? Jesus het geantwoord: ‘Nie hierdie man of sy ouers het gesondig nie, maar hy is blind sodat God se werke in hom sigbaar kan word.’”Joh 9:2-3. Lyding en onheil is die gevolg van die Sondeval. God het ‘n goeie en perfekte wêreld geskep.
516,202
God is ‘n God van deernis. Hy het hierdie wêreld ingekom en het alles meegemaak wat ons moes deurgaan, en nog soveel meer. Hy het selfs die hel se woede deurstaan, net sodat ons dit nie hoef te verduur nie. Gedurende Sy bediening op aarde het Hy blindes laat sien, dowes laat hoor, stommes laat praat, kreupeles laat loop, melaatses gesond gemaak en selfs dooies lewend gemaak. Die kortste vers in die Bybel is: “Jesus begin toe huil.” Joh 11:25. Die Bybel beveel ons om te huil saam met die wat huil en te lag saam met die wat lag. Alhoewel Jesus op die punt gestaan het om Sy mag oor die dood te demonstreer, was Hy so in Sy Gees ontroer oor Sy vriende se smart, dat Hy gehuil het. Ons God is nie onaangeraak deur ons lyding nie.
516,203
Christene het wêreldwyd hard gewerk om lyding te verminder. Ons behoort ons ook te kan indink wat die ergste lyding denkbaar is. Dit is beslis nie iets wat ons in hierdie lewe sal ervaar nie. Die ergste lyding sal eendag in die helse ewigheid verduur word – vir ewig van God geskei. Die Bybel is baie duidelik daaroor – diegene wat Christus verwerp, sal in die ewige Vuurpoel gewerp word.
516,204
Sommiges gebruik kwessies soos lyding en boosheid in die wêreld as ‘n soort rookskerm om die gawe van verlossing deur die Almagtige God te verwerp. Ons behoort mense te waarsku oor die werklikheid van ‘n Heilige God wie se Wette ons oortree het en ook oor die baie werklike gevare van die ewigheid in die hel. Alle lyding is uiteindelik die gevolg van die mens se rebellie teen God. Geeneen is sonder sonde nie; daar is niemand wat werklik goed is op aarde nie. Ons is almal sondig in die lig van Sy Wet.
516,205
’n Film oor die soeke na identiteit en die lang pad na oorlewing om te ontdek wie jy werklik is. Die mag van liefde en ons vermoë om ten spyte van alles wat teen ons saamsweer, te triomfeer.
516,206
Sy het haar onskuld vroeg in haar lewe verloor, vertel Karin Brynard: die dag toe sy die eerste keer in die spieël gekyk het.
516,207
Want normaalweg kyk jy mos nie rêrig soos in ky´k nie. Jy kyk vlugtig, terwyl jy gou tjek vir pietersielie tussen die tande en of die bolla darem nog bo sit. Of ingedagte, terwyl jy flos.
516,208
Ek was klein, bitter klein. Ons het op Calvinia by my ouma Stienie gewoon. Vir ’n ekstra inkomstetjie het Ouma klere gemaak en wanneer die tannies kom aanpas het, is die lang spieël uitgehaal – daardie gruwel van ’n uitvindsel en die wortel van alle kwaad in elke vrou se lewe.
516,209
Ek moes kwalik vier gewees het, pril in my onskuld, toe ek in die kloue van daardie instrument van euwel beland. Dit sou ’n laatoggend gewees het en ek het dalk by Ouma in haar werkkamer gespeel terwyl sy ’n stuk lap aan’t stik was. Die lang spieël sou al klaar gestaan het, want iemand moes kom aanpas. Dalk het ek manewales uitgehaal voor die spieël om myself te vermaak, ek onthou nie juis nie. Wat ek wél vir seker weet, is dat ek in ’n stadium in daardie spieël gekyk en die kolle op my gesig ontdek het! En daarna moes verneem dat hulle permanent daar was. Deel van die pakket van my lewe.
516,210
“As jy dit regkry om ’n week lank pampoen te eet,” fluister my oom Danie toe, “gaan jy sien hoe daardie sproete verdwyn.”
516,211
Ek het geëet. Langtand, aanvanklik, maar mettertyd met groter entoesiasme. En iedere aand ná ete ’n stoel voor die badkamerwasbak se spieël ingesleep om inspeksie te hou. In die dowwerige lig van die enkele 60W-gloeilampie kon ek my vas verbeel die sproete was ’n bietjie ligter.
516,212
Ek dink ek het die spel volgehou deur al die knolgroentes, deur al die geelgroentes en deur sommige van die verderflike peulgroentes ook. Dis toe die Brassicas op die toneel kom dat die grappie op ’n stokkie was – vir my, altans. Ek het eenvoudig ’n streep getrek by groenkool, om van sy lelike twee susters blomkool en broccoli nie eens te praat nie.
516,213
Wat ek daar sien, is wat kosbaar is. ’n Hele lewe, gedra deur die eenvoud van ’n asemteug. Ek sien die wonderwerk van lewend wees, die voorreg om hier te wees. Om die son op my vel te voel, ’n kind se lag of die janfrederik se lied te hoor, om te sien hoe ek myself behaaglik inskud in ’n ou vrou se gedaante, ouer as wat ek nog ooit was.
516,214
En skielik is ek bly. Wat kan ’n sproet of ’n plooi my skeel? Ek is oud genoeg. Ek het liefgehad, is liefgehê. Ek skrik vir niks. Laat staan nog pampoen.
516,215
Ons bêre hierdie spesiale, kosbare en liefdevolle oomblikke van ons grootdag in ons innerlike skatkis van ons lewe. Dankie dat jy deel daarin kon hê. Ons is jou vir ewig dankbaar.
516,216
Ons moet dankbaar wees dat die mense vir ons kans gee om die prinses te red en dat hulle baie mense kans gee om te stem en vir ons prinsesvlei te red. Ek sal enige iets doen om vir prinses te red. Want dit sal nie lekker wees vir my om te sien hoe die mense vir die prinses verander na ‘n winkel toe nie.
516,217
Dit is vir my soos hulle my hele lewe weg gaan vat want ons gaan hou baie piknic daar ek sal nie laat hulle die prinsesvlei we neem nie ek sal nie daarvan hou nie want op prinsesvlei is die beste park en dit is ook die beste braai plek ons hou daarvan om daar te braai en ek hou ook om op daardie park te speel by prinsesvlei. Vir my gaan dit baie moelik wees om vir prinses net so af te gee want vir my gaan dit wees asof ek my hele lewe weg gaan gee.
516,218
Matthew Dickenson, wat ‘n daaglikse rubriek vir die Christian Science Monitor en weekliks vir US News skryf, erken ruiterlik dit sou vir hom onmoontlik wees as dit nie vir die digitale era was nie. Hy erken voorts dat hy ruim inligting en agtergrond daarvoor bekom deur die werke van ander joernaliste en rubriekskrywers te lees. Maar, skryf hy, in die proses is hy deurlopend bekommerd oor wanneer hy die dag gaan vergeet om ‘n bron of oorspronklike outeur aan te dui, of die nodige skakel aan te bring, en hom aan plagiaat gaan skuldig maak.
516,219
Hierdie behoefte dra daartoe by dat Media24 die Afrikaanse betaal-nuuswebwerf, Netwerk 24, in die lewe geroep het. Dit is in hoofsaak die bymekaarbring van dit wat nou op die webwerwe van Beeld, Die Burger en Volksblad gelees kan word. Of dit die druk op die gedrukte koerante gaan laat oplaai of verlig, sal die tyd leer.
516,220
Winter is by uitstek dank tyd. Daar is honderde duisende mense wat nie die luuksheid van ʼn woning, genoeg komberse en warm klere, stomende kos en drankies kan geniet nie. Waarom die Here so goed is vir my kan ek nie kleinkry nie. Dit terwyl so baie mense die basiese ontbeer.
516,221
'n Fliek; 'n Piekniek in die park; Teater toe gaan; Ontmoet vir koffie; Ontmoet vir drankies; Stap op die strand
516,222
Baie dankie vir jou ondersteuning en hulp. Dit was baie professioneel en word hoog op prys gestel. Ek sal julle enige tyd aanbeveel.
516,223
Die enigste vrees wat geregverdig is is die vrees van die Here. (Ou Vertaling) Die vrees van die Here is die respek en agting wat ons vir Hom het as die Gansandere.
516,224
Ons hoef nie meer bang te wees vir die straf van God nie. Ons sondes is vergewe en ons het ʼn nuwe lewe. Ons het saam met Jesus gesterf, is saam met Hom begrawe, het saam met Hom opgestaan in ʼn nuwe lewe en lewe nou deur die krag van die Heilige Gees.
516,225
Die Bybel is radikaal eerlik oor hierdie bang storie. Dit loop soos ʼn refrein dwarsdeur die Woord van die Here, “moenie bang wees nie”.
516,226
Die Bybel A-Z is ’n om­vattende hulp­middel vir élke ge­lowige. Dit is ge­rig op te­o­loë, Bybel­stu­­die­groepe, By­bel­stu­den­te, tie­ners, ouers wat saam met hulle kin­ders om ’n ta­fel huisgods­diens wil hou; dus vir elke gelowige wat erns maak met sy ge­loof en die Bybel beter wil verstaan. Dis die ide­a­le kaart vir enige leser se ont­dekkingsreis deur die Bybel, van A tot Z!
516,227
Dit bevat ook toepaslike Vertel my meer-gedeeltes wat nuuskierige kinders inlei in die dieper betekenis van die wêreld en die boodskap van die Bybel en maak die boodskap van die Bybel van toepassing
516,228
dit bied meer as net Bybelverhale – dit stimuleer verbeelding, verbreed die kennis en pas die boodskap toe op die leefwêreld van die kind
516,229
dit is ideaal vir selflees maar ook vir huisgodsdiens, gebruik in die klaskamer of selfs die gemeente se jeugbediening
516,230
In 'n Reddit AMA op Dinsdag, die Microsoft medestigter en rykste man in die wêreld Bill Gates het sy geloof
516,231
Bitcoin is van stapel gestuur in die nasleep van die finansiële krisis van 2008 as 'n alternatief vir die bestaande monetêre stelsel
516,232
Webwerf met Afrikaanse materiaal geskik vir tuisskool onderrig of in Hoofstroom Onderwys. Lees en werkboeke vir Graad 1 en 2. Werkboeke vir Graad 3 aangepas vir CAPS, 'n...
516,233
’n Jong man, wat aan brosbeensiekte ly, lê bewusteloos en in ’n ernstige toestand in die waakeenheid van ’n Wes-Randse hospitaal nadat sy ma se eks-kêrel hom “geklap en geskop” het.
516,234
“Hy het die agterdeur se sleutels gegryp, van die motors in ons erf met klippe gegooi en weggejaag.”
516,235
Aan Van Eeden het hy onder meer ge-SMS: “Liefie nou het jy wat jy mos wil hê jou seuntjie vrek vandag.”
516,236
“Die twee werkers het probeer help tydens die aanval, maar Armand het glo ’n mes by hom gehad en hulle gedreig.
516,237
Nadat hy die seun geslaan het, het hy die werk se bakkie, ’n wit Nissan, se sleutels gegryp en weggejaag.
516,238
“Een oomblik vertel hy my hoe lief hy vir my is, die volgende dreig hy dat my ander seun óók gaan seerkry. Ek is vreesbevange.”
516,239
De Wet Viljoen, ondervoorsitter van die Pinotage Assosiasie, sê die kompetisie is ’n bewys van die blink toekoms van Kaapse versnitte. Volgens hom was vanjaar se inskrywings van hoë gehalte en het die wyne balans, elegansie en struktuur getoon wat die wyne tydens veroudering sal saamdra.
516,240
Lyngrove het sy tweede trofee in die afgelope ruk ontvang nadat hy ook ’n Absa Top 10 Pinotage-trofee ontvang het.
516,241
Bayly, wat ’n lid van die Pinotagevereniging is, is al meer as ’n halfeeu deel van die wynbedryf. Hy was onder meer ’n direkteur by Distell, president van die Kaap van Goeie Hoop-landbouvereniging (Agri-Expo), voormalige voorsitter van die Suid-Afrikaanse Nasionale Wynskouvereniging, wynman van die jaar in 1999, en het ’n rol daarin gespeel om die Instituut vir Druif- en Wynstudies te vestig. Hy is ook die onafhanklike voorsitter van die Cape Vintner Classification (CVC).
516,242
1Ek was tussen die Judeërs by die *Kebar-kanaal in die land Babel. Die hemel het oopgegaan, en God het vir my dinge gewys. Dit was in die 30ste jaar, op die vyfde dag van die vierde maand. 2*Dit was in die vyfde jaar nadat die Babiloniërs vir koning Jojagin gevang het en hom weggevat het na die land Babel. Op die vyfde dag van die maand 3het ek, die *priester Esegiël, seun van Busi, duidelik gehoor die Here praat met my. Dit was in Galdeër-land, by die Kebar-kanaal. Ek het gevoel die Here sit sy hand op my.
516,243
4Ek het gekyk en ek het gesien daar kom ’n stormwind uit die noorde. Daar was ’n groot wolk, en rondom die wolk het vuur gebrand en die vuur het helder geskyn. Daar was iets in die vuur wat geblink het en wat soos metaal geskyn het. 5Vier diere het uit die blink metaal gekom, en dit is hoe hulle gelyk het: Hulle was soos mense, 6maar elkeen het vier gesigte en vier vlerke gehad. 7Hulle bene was reguit en hulle voete was soos *brons wat iemand blink gevryf het. Hulle voete het gelyk soos ’n bees se pote. 8Onder elkeen se vier vlerke, langs die vier kante, was hande, dit het gelyk soos ’n mens se hande. Die vier diere het almal gesigte en vlerke gehad. 9Elke dier se vlerke het geraak aan die vlerke van die dier langs hom. Hulle het nie weggedraai wanneer hulle beweeg het nie. Elke dier het reguit vorentoe beweeg. 10Elke dier het vier gesigte gehad. Voor was die gesig van ’n mens, regs was die gesig van ’n leeu, links was die gesig van ’n bul en agter was die gesig van ’n arend. 11Elke dier se boonste vlerke was oop en dit het geraak aan die vlerke van die twee diere links en regs langs hom. Met die ander twee vlerke het elke dier sy lyf toegemaak. 12Elke dier het reguit vorentoe beweeg. Hulle het gegaan waar *die Gees wou hê hulle moet gaan. Hulle het nie weggedraai wanneer hulle beweeg het nie. 13Die vier diere het gelyk soos kole vuur, en hulle het ook gelyk soos die *fakkels wat heen en weer tussen hulle gaan. Die vuur het helder geskyn, en daar het weerlig uit die vuur gekom. 14Die diere het vinnig heen en weer gegaan soos weerlig. 15En terwyl ek so na hulle kyk, sien ek ’n wiel op die grond langs elkeen van die vier diere. 16Dit het gelyk of die wiele van *chrisoliet gemaak was. Die wiele was almal dieselfde, en in elke wiel was daar nog ’n wiel, daardie wiel was dwars. 17Die wiele kon na enige kant toe beweeg, maar wanneer hulle beweeg het, dan kon hulle nie wegdraai nie. 18Die buitenste rande van die wiele was groot. Ek het geskrik vir hulle, want daar was oral oë rondom die rande van die vier wiele. 19Wanneer die diere beweeg, dan het die wiele langs hulle ook beweeg, en wanneer die diere in die lug opgaan, dan het die wiele ook opgegaan. 20Hulle het gegaan waar die Gees wou hê hulle moet wees, en die wiele het saam in die lug opgegaan, want die gees van die diere was in die wiele. 21Wanneer die diere beweeg, dan het die wiele ook beweeg. Wanneer die diere stilstaan, dan het die wiele ook stilgestaan. Wanneer die diere in die lug opgaan, dan het die wiele ook opgegaan, want die gees van die diere was in die wiele. 22Bokant die diere was ’n *hemeldak. Die hemeldak het gelyk soos ys. Ek het bang geword toe ek dit sien. Die hemeldak was bokant hulle koppe en dit was hard en styf. 23Onder die hemeldak was die diere. Die boonste vlerke van elke dier was oop, en elke vlerk het geraak aan die vlerk van die dier langs hom. Met die ander twee vlerke het elke dier sy lyf toegemaak. 24Ek het gehoor hoe raas die vlerke van die diere. Dit was soos wanneer baie water raas, soos wanneer die *Almagtige praat, soos wanneer baie mense bymekaar is, soos wanneer soldate raas. Wanneer die diere gaan staan het, dan het hulle die vlerke laat sak.
516,244
25Iemand het gepraat bokant die hemeldak, bokant die diere se koppe. Wanneer die diere gaan staan het, dan het hulle hulle vlerke laat sak. 26Bokant die hemeldak wat bokant die diere se koppe was, was daar iets wat gelyk het soos *saffierklip. Dit het gelyk soos ’n *troon, en hoog bo-op die troon was daar iets wat gelyk het soos ’n mens. 27Iets het gelyk soos sy heupe, en bokant die heupe het dit vir my gelyk soos blink metaal, soos vuur, en om die vuur was ’n rand. Onderkant die heupe het dit vir my gelyk soos vuur, en om die vuur was lig. 28Die lig om die vuur was soos die reënboog op ’n reëndag. Dit was die lig wat om die Koning, die Here, is. Toe ek dit sien, het ek gaan lê met my gesig teen die grond. Ek het Iemand gehoor praat.
516,245
3.Our pypsweising Rotator pas manier: outomaties aan te pas die pyp deursnee met 'n deursnee 12-110 duim
516,246
Ons is vir ʼn paar dae “uitstedig”, ʼn metafoor vir met vakansie, maar jy wil nie hê ander mense moet jaloers word nie.
516,247
Die dame is vriendelik en behulpsaam maar kan nie verstaan wat die probleem veroorsaak nie. Ek ook nie.
516,248
Dit herinner my aan die Goeie Herder. Sy skape ken sy stem. Hulle loop nie agter ʼn vreemdeling aan nie. Hulle volg waar Hy hulle lei. In die woorde van Ps. 23 “na waters waar rus is”.
516,249
So ken die Here ons stem. Tussen die miljoene stemme wat elke dag na sy genadetroon “opstyg” weet Hy as ons roep.
516,250
Wat het vir Petrus laat twyfel? Dit gaan oor geloof. Om te twyfel in dit wat jy glo. Die vraag is dus eintlik wat is die dinge wat jou geloof in die spervuur bring. Maar kom ons kyk eers na Petrus se geloofsreis … en sy geloofsinsinking.
516,251
Wanneer Petrus agterkom dat dit regtig Jesus is wat op die water na hulle toe aangestap kom, het dit vir ’n geloofsontploffing gesorg. Hy het soveel vertroue in Jesus gehad dat hy dit selfs (dalk so ’n bietjie voorbarig) gewaag het om Jesus uit te daag om ook vir hom die vermoë te gee om op die water te kan loop. Hy het geglo Jesus kan dit doen. En toe Jesus aan sy versoek toegee, klim hy dadelik oor die skuit se rant … en hy loop op die water!
516,252
Maar toe gebeur daar iets wat sy merkwaardige geloofsdaad in die wiele ry. Sy aandag word vanaf Jesus na die stormsee verplaas. Dis die realiteite van die lewe. ’n Mens kan tog nie die feite verontagsaam nie. En as jy ’n rapsie verder dink, sal jy moet toegee dat dit onmoontlik vir ’n mens is om op water te loop. Want dis reg, ’n mens kán nie op water loop nie! Toe sink Petrus.
516,253
“Ons gaan vandag die polisie versoek om die saak te ondersoek, want ons het nie vertroue in die Tlokwe-munisipaliteit nie. Dit kan ʼn geval van gemenespel wees, en indien dit so is, is dit ʼn daad van terrorisme,” het hy gesê.
516,254
Volgens Johan Pieterse, woordvoerder van die Tshwane-nooddienste, is nooddienswerkers op die toneel en die brand is onder beheer. Hy het egter motoriste versoek om die toneel te vermy aangesien hulle nie seker is of die vrag plofbaar is nie. Na wat verneem word, is dit ʼn swaarvoertuig van die Suid-Afrikaanse Brouerye (SAB) wat alkohol vervoer het. Die oorsaak van die brand is nog nie bekend nie.
516,255
Volgens Byrne is hy en sy span baie trots met die eer wat hulle toegestaan is. “Ons hoop dat dit die boodskap aan die algemene publiek versprei dat wetenskap nie droog en vervelig is nie, maar eintlik groot pret is!” het hy gesê.
516,256
Suid-Afrika se vorige wenner van ʼn IG Nobelprys vir vrede is in 1999 aan Charl Fourie en sy oorsese kollega Michelle Wong toegeken nadat hulle ʼn alarm vir voertuie ontwerp het, wat ook vuur kan spoeg. (Lees meer hier).
516,257
Ek stem met jou saam Trippie! Ek is so vies vir die hele spul dat ek liewer maar gaan afsny van die twee vir ‘n wyle. Hopelik bedank die po.phol wat se vingertjie so knoppie verskrik is sodat as ek EENDAG weer terugkom kan ons weer gesels. Dit was baie aangenaam om met jou en die ander van die span te gesels en vir die ander dro..e wat met klappies op die bakkies rondloop…vlieg hel toe.
516,258
Volgens ER24 het die man, glo in sy 40’s, sowat 50m van die motorfiets gelê. Hy is op die toneel dood verklaar. Ooggetuies het aan paramedici gesê dat die man glo beheer verloor en teen ʼn huis se muur gebots het waarna die motorfiets aan die brand geslaan het. Die presiese oorsaak van die ongeluk word ondersoek.
516,259
Kol. Priscilla Naidu, woordvoerder van die polisie, het gesê die gesin het Dinsdagaand geslaap toe iemand omstreeks 23:00 hard aan die voordeur geklop het. “Die 43-jarige pa het geweier om die deur oop te maak, waarna die verdagtes om die huis geloop en die agterdeur oopgeskop het.”
516,260
Volgens Naidu is die pa drie keer geskiet terwyl die dogter een keer geskiet is. Sy is op die toneel dood. Naidu het gesê die polisie is op soek na drie of vier verdagtes. “Die motief vir die skietery is nog nie bekend nie en die polisie ondersoek sake van moord en poging tot moord.”
516,261
Ek het al gewonder hoeveel keer per dag stap moordenaars by my verby? Ongelukkig dra hulle nie etikette nie. As dit maar so kon wees dat as jy ‘n mens doodmaak dat jy ‘n teken soos Kain op jou voorkop kon dra. In SA sal jy dood neerslaan as jy kon sien hoeveel daar is!
516,262
Ai hoe onmenslik is hierdie moord, ek kan nie beskryf hoe dit my ontstel as ek sulke nuus lees nie. Ek hoop hierdie moordenaars word gou opgespoor. Sterkte aan die Familie.
516,263
Hierdie lyk vir my soos iemand wat die mense geken het. Heelwaarskynlik ‘n verhouding met die meisie gehad wat skeefgeloop het.
516,264
Dis ‘n verskriklike prys wat hierdie arme ma moes betaal omdat sy ‘n ooggetuie was. Sy het die hoogste prys betaal…En dit is ‘n waarskuwing aan ander van die bendes af. Hou jou bek of…….. ek voel so jammer vir hulle!
516,265
Die hof het gehoor die verslae oor sy sielkundige evaluasie is gereed en dat dit aan die direkteur van openbare vervolging oorhandig sal word om ’n finale besluit oor Van Wyk se vervolging te neem. Die saak is tot 30 Augustus uitgestel.
516,266
Van Wyk was weer in dieselfde beige pak in die beskuldigdebank as tydens sy vorige verskynings. Sy ouers was ook weer in die hof.
516,267
Ons onthou mos dat hy gekies het om dit nie te doen nie. Hy kies eerder om die godsdienstige geveinsdheid aan die kaak te stel. Sy strategie is eenvoudig: Hy bied doodgewoon ’n geskiedenisles aan.
516,268
Stefanus se vreesloosheid kos hom sy dood. Maar wat ’n lewe het hy nie gehad nie! Wat ’n voorreg vir ons om ná al die eeue hierdie toespraak, onthutsend soos dit was, te kan lees. Maar wat ’n ontnugtering as jy eensklaps begin wonder oor jou eie verheerlikte geskiedenis en besoedelde rolmodelle. En oor jou optrede teenoor hulle wat luidkeels van jou verskil.
516,269
ʼn Simposium oor taal in die onderwys word volgende week by die universiteit gehou, wat deel is van dié beplanningsproses. Die inligting wat uit die simposium spruit, sal by die TBP bygewerk word.
516,270
Hy het ook gesê die universiteit spits hom tans daarop toe om te verseker dat maatskaplike geregtigheid vir alle studente op sy kampusse geskied. “Die Suid-Afrikaanse universiteitswese is tans in ʼn tydperk waar ons antwoorde soek op talle maatskaplike vrae. Daar is studente wat klas toe kom, maar hulle het nie eens geld vir kos nie.
516,271
Manoko het ook gesê die universiteit onderhandel tans met studenteleiers oor die heffing in universiteitsfooie vir 2018.
516,272
Hy het egter gesê die gerugte dat die universiteit reeds sy verhoging vir klasfooie in die komende jaar vasgestel het, is onwaar.
516,273
Manoko het ook terugvoer gegee oor die NWU se sonkragmotor wat vroeër die maand aan die Wêreldsonkraguitdaging in Australië deelgeneem het. “Dit is ʼn projek waarop die universiteit baie trots is omdat ons nie net die NWU by die wedren verteenwoordig nie, maar ook die land en Afrika.”
516,274
wel dis darm so bietjie goeie nuus vir die dag… wel gedaan aan die SAPS mense wat nog trots in hul werk het..
516,275
Die dogters se bewegings is streng gekontroleer: hoe, wanneer en waar hulle die badkamer gebruik en wanneer hulle eet. Hulle het mekaar vir ʼn groot gedeelte van die tyd, wat hulle in aanhouding was, nie gesien nie.
516,276
Harde musiek is deurlopend in die dogters se kamers gespeel en handdoeke is in ventilasiegate en onder deure gedruk om seker te maak dat die bure nie die geraas sou hoor nie.
516,277
2- Net soos Jan van Riebeeck ‘n verversingspos aan die Kaap vir die skepe van die VOC stig,so stig die projek Vir YHWH,Boervolk en Vaderland-Boervolkgebaseerde gesinsopheffing projek n projek waar hierdie projek voedsel vir bou vir die lewering aan ons Boervolk se verwaarloosde kindertjies en arm gesinne
516,278
Net soos Jan van Riebeeck wat die tegnieke, geloof en lewenswyse na Suid-Afrika gebring het en uniek is ter wêreld so ook het die projek Vir YHWH,Boervolk en Vaderland wat nie n net n projek is nie of n afstameling van n projek is nie maar n unieke projek wat begin is met die gedagte van Boervolksbelange,Gesinsbelange en uitbreiding geleentheid oor die hele Suid-Afrika sal verskaf.
516,279
Dankie vir elkeen se gebede en almal wat hard werk waar niemand sien nie. Dankie vir donateurs in die geheim en Dankie ook vir die hulp vanaf die buiteland.Mag Vader u elkeen seen. Dankie Vader vir al U seeninge. U skatkamers van U hemelse koninkryk is vir ons oop en U seeninge reen in strome oor ons neer
516,280
Wat maak jy as jy sien hoe die groot mense almal met n sigaret in die mond sit en die kinders het nie kos nie?
516,281
Wat maak jy…. jy wil die kinders help maar die ouers is nie bereid om hulle vir iemand te gee wat kan help en omgee nie?
516,282
Dankie Willem vir jou kommentaar, ek stem met jou saam alhoewel ek vir jou moet se dat die Boer en Afrikaner ding nie iets is wat sommer sal weggaan nie. Die Boer wil niks met die Afrikaner tedoen he nie want hy voel hy veraai hom om elke draai. Die Boer sien hoe lekker meeste Afrikaners nog lewe in die land terwyl die Boer nog steeds na meer as n 100 jaar onderdruk is. DIE afrikaner verkoop sy siel om sy huisie by die tebou. Dis wat ek agtergekom het hoe die Boervolk voel, en as ek so rondkyk dan maak dit my ook uit my box dink. Willem jammer om tehoor van jou gesukkel ek self het alles in 2004 verloor gelukkig het my vrou my hand vasgehou deur die donker. Wat jy hier sien is wat ek doen om uit die straat tebly. Ek verstaan jou bitterheid regtig, jy ken ook seker nog ryk Afrikaners wat so graag wil he jy moet regkom maar om jou tehelp is nie ‘n opsie vir hulle nie, Beste Groete
516,283
Ek wil graag help asb, as dit meen dat ek n klein seuntjie of dogtertjie moet in neem en deur die skool sit sal ek dit met graagte doen. Asb se my wat kan ek doen om te help!!!!
516,284
Henry as ek jou kommentaar lees lyk dit vir my jy wil nie regtig weet wat die verskil is nie maar ek sal jou kortliks verstel en dan kan jy die res gaan google. Die Boervolk het teen die Brite in die Anglo Boer Oorlog beklei. Die Brite het met hulle Genocide teen ons Boervolk ons oorheers en in die jare daarna probeer om hulle moord en dood op ons kinders en vroue in die konsentrasiekampe toe tesmeer. Hulle wou die Boervolk heeltemaal van die geskuidenis verwyder sodat hulle, die genocide kon vegsteek. Die beste manier was om ‘n nuwe volk teskep sodat die Boervolk kon verdwyn. Die Brite het Afrikaners van al die Boere gemaak, en dis hoe die Afrikaner ontstaan het deur en die propagande het begin. Vandag glo meeste Boere hulle is Afrikaners en die Brite het dit geimplimenteer. As jy soos so baie Afrikaners dit nie heeltemaal verstaan of kan aanvaar nie, dink net hieroor….Dit was nie die Anglo Afrikaner Oorlog nie, dit was “Die Anglo Boere Oorlog”. Ek myself het eers ‘n paar jaar gelede my kop oopgemaak en begin uit die box dink, en daar het ek die waarheid reg voor my oe gesien. Die verlede is baie belangrik en ons kan nie sonder die verlede die toekoms in gaan nie Henry. Onthou ek is nie jou vyand nie, as ons nie saam stem nie kan ons nog vriende wees. Baie dankie vir jou navraag en onthou ek se nie vir jou wat jy moet glo nie, jy moet self jou besluit maak, ons hoef nie daaroor tebaklei nie. Geniet jou Paas naweek en bly veilig, en jy is altyd hier welkom my vriend, groete.
516,285
Wie de duiwel gee om waar die volk vandaan gekom het as jy honger is?, feit is daar is nie werk nie, en dat die kinders en Witmense- Afrikaners, Boere. engelse, of enige ander taal, honger lei. Ons kan blameer en vinger wys tot die koeie horings kry, dit gaan niks aan die saak verander nie. Ek is siek daarvan dat die verlede vir alles blameer word, jy kan dit nie verander nie, dis oor en verby. Kyk vorentoe en besluit wat die volgende stap is, en moenie bly hammer oor die stappe vat geneem is in die verlede nie.
516,286
Baie dankie Wolla, ek hoop die mense wat die geld het sal hulle harte oopmaak om sulke werk geleenthede te skep, dis ‘n goeie idea baie dankie vir jou kommentaar.
516,287
Ek weet hulle doen goeie werk, maar hulle kom nie by die meeste wit mense uit wat dit regtig nodig het nie.
516,288
Baie dankie dat jy ons so inlig, ek gaan vra dat ons dan die “Anglo Boere Oorlog” moet verander na “Anglo Afrikaner Oorlog’ sal dit jou pas. Ek het ook nooit gese ek is so slim soos jy nie. En as jy so slim is dan vertel my hoekom word die Boer onderdruk, ek sal graag wil weet vanaf iemand wat so wereldkundig is soos jy my vriend. Terwyl jy dalk die tyd het om aan my teverduidelik se my ook hoe jou redenasie die kinders gaan help om kos en komberse te kry vir die winter, of gaan dit saak maak wie is Afrikaner en wie is Boer.
516,289
Strijdom daarteenoor het geskryf “Die enigste oplossing vir die Unie is Herstel die Boere-republieke” en daarom is hy doodgemaak. Dit mog nie gebeur nie.
516,290
Wat het geword van daai mense wie deur die hele wêreld geken was as die Cape-Dutch ? soos dinosourisse verdwyn ? of is hul vandag Afrikaners ? en die Boere van die republieke ? ook nou Afrikaners – ja gebreinspoel om te wees.
516,291
Sou iemand meer oor die waarheid van die BOERVOLK vs die AfriKANKERS wil weet gaan lees alles op die webblaaie en laai die programme wat elke Sondagaand op Boervolk Radio uitgesaai word ook af en luister en versprei as jy wil
516,292
Maar WAT is die waarheid? Tot onlangs het ek nog geglo dat die Afrikaner en die Boer maar dieselfde mens is, afhangende net wat jy jouself wil noem. Ek was egter erg geskok toe ek die nydigheid en haat jeens die Afrikaner onder SEKERE Boere opmerk.
516,293
3. jy lieg aan die wêreld. So vertel jy vir my. Jou wêreldjie moet verskriklik klein wees. Geen wonder jy is in hierdie histeriese skreeu-stadium nie. Gaan loer bietjie in jou Hansard hoeveel Afrikaansprekendes daar in die wêreld is, in vergelyking met byvoorbeeld Sjinese, Russe, Amerikaners en so aan wat nog nooit van Afrikaans gehoor het nie.
516,294
4. soos die NP en ander vanaf 1902 tot 1994. Gaan kyk bietjie in jou Hansard wanneer het die NP tot stand gekom, hou dan op twakpraat.
516,295
10. Jy is die ou wie dink hy weet alles soos jou ander AfriKANKER broers en daarom is die SA wat jy of jou ouers geken het so deurmekaar vandag. Ek is ‘n AFRIKANER, en net so trots daarop as wat julle groepie Distrik Ses Boere is. Of kom jy uit Soweto? Jou optrede laat my wonder of jy en Malema nie familie is nie. Nou wil ek net vir jou sê, ek gee nie ‘n dêm om wat jy van my sê nie. Jou opinie en jou beledigings sal my nie een enkele oomblik se slaap kos nie, so min is dit werd. Wanneer jy egter my ouers betrek, dan soek jy vir strooi. VERSTAAN, POEPOL? Toe jou voorgeslagte by die Engelse gat gekruip het, was my voorouers op die Oosgrens besig om teen julle ‘n oorlewingsstryd te voer. My mense was by die Slagtersnek verhoor betrokke. Hulle het later van die huidige Colesberg saam met die Voortrekkerleier Hendrik Potgieter Noordwaarts getrek terwyl jou voorouers nog steeds by die Engelse gat gekruip het.
516,296
Pieter jy is ook baie oortuigend, maar daar is een ding wat my baie pla oor jou verduideliking. Dit is dat jou hele kommentaar oorweldig is deur haat vir die Boer. As jy ooit wil he dat die Boer en die Afrikaaner moet saamstaan dan sal jy jou haat vir die Boer moet laat vaar. Dit help nie om slim te wees nie en dan ‘n donker hart te he nie. Waarom die Afrikaner die Boer so haat kan ek net nie verstaan nie. Ek beskou myself as ‘n Boer maar ek haat nie Afrikaners nie. In my opinie kan ons nie ‘n Nasie bou sonder die Boer, en ook nie sonder die Afrikaner nie. Die Afrikaner’s soos U Pieter moet ‘n manier vind om die Boer te erken sodat ons saam ons voortbestaan kan verseker, ons moet ophou baklei want ons is allen teen die wereld. Niemand gaan vir die Afrikaner ‘n plekkie in die Son gee nie. Die liberale wereld lag vir die Afrikaner , maar saam het ons ‘n kans as ‘n Boervolk die volk wat as ‘n Boervolk teen die Engelse in die Anglo Boer Oorlog baklei het. In die wereld se oe, is die Afrikaner, Apartheid. Maar die Boer is nie somer met apartheid gemerk nie want die Boervolk word verwys as die Volk wat teen die Engelse baklei het vir hule vryheid. Ek verstaan jou Pieter maar ons gaan nerens kom met soveel haat tussen ons nie. Ons kannie langer bekostig dat die propaganda wat die wereld teenoor ons uitoefen te laat groei nie. Hulle wil he ons moet teen mekaar baklei sodat ons uiteindelik mekaar kan uitrooi en vernietig. Dis nie wat ek will he nie Pieter.
516,297
Pieter ek dink ons is altwee kwaad vir mekaar, maar ons is besig om mekaar te vernietig. Hoe presies ons die verskil tussen Boer en Afrikaner kan uitvind sonder om ons in die geskuidenis te verloor, sal Theuns vir jou stap vir stap kan verduidelik, maar dan is dit weer vir jou om dit te glo of nie. Kan ek maar net se ek is ‘n Boer en jy is ‘n Afrikaner. Ek voel altyd asof die Afrikaner my onderdruk en my geskuidenis wil vernietig en sien ook dag vir dag hoe die Afrikaner saam met die vyand slaap. Ek weet dit klink sleg maar dis maar hoe ek dit sien ek is eerlik met jou en baklei nie nou met jou daaroor nie. En kan nie vir die Afrikaner praat nie, maar wat ek weet is, ons is so na aan mekaar en ons behoort broers te wees, saam te eet en saam te leef en nooit mekaar te veraai nie. Maar ek glo ook, soos jy nou bevraagteken het, dat daar wel ‘n group mense in ons land of seker nog in die wereld is, wat ons uitmekaar wil hou. En ek is seker jy sal met my hiermee kan saamstem, hulle doen ‘n baie goeie werk daarvan. Dankie vir jou laaste kommentaar, ek voel nadat ek jou kommentaar gelees het dat daar wel hoop is vir ons om weer saamtestaan, ons moet net die duiwelse veraaiers op een of ander manier uithou en wegjaag. Dis ook dalk hulle, wat ons in die eerste plek miskien geskei het. Dankie Pieter geniet die res van jou aand.
516,298
Elsie jy is reg want dis wat ons vyand wil he, hulle wil nie he ons moet saamwerk nie, want as ons saamwerk sal alles weer rekom. Die vyand, (ek weet ook nie wie hulle is nie) sal altyd iemand omkoop om ons te verdeel. Jy moet nooit vergeet dat die propaganda wat teen ons gemik is baie kragtig is ons staan min kans om verby dit tekom nie. Om jou ‘n voorbeeld te gee, as al die koerante TV nuus en radio nou uitsaai dat Pretoria in goud verander het sal jy dit heeltemaal glo sonder dat jy dit self gesien het. Miskien is jy ook reg soos jy bo se miskien kan mense nie saam werk nie omdat ons net mense is, maar dis nie ‘n rede om optegee nie. Dankie vir jou kommentaar jy is altyd welkom hier
516,299
Mirinda as jy kyk wat ek pos onder SA Genocide sal jy sien dat ek probeer om die wereld te vertel oor wat hier aangaan en dit begin om te help , dankie vir jou komentaar