title
stringlengths 0
200
| maintext
stringlengths 0
24.9k
| url
stringlengths 21
190
| date_publish
stringlengths 0
19
|
---|---|---|---|
Toe kry ek hond se gedagte | “Jy het wát? Jý? Monk?!” vra ’n vriend nou die ander dag toe ek hom bel om geluk te wens met sy verjaardag.
Einste vriend laat nooit die kans verbygaan om my te spot oor ’n verjaardagpartytjie vyf jaar gelede in ons huis waar ek glo heelaand met ’n kombuislappie gestaan en toonbank afvee en opruim het agter die gaste aan nie. Ek is glo erger as Adrian Monk, die obsessief-kompulsiewe kiemverskrikte speurder van TV-faam.
Dié dat hy hom die jongste verwikkeling in die Genadehuis glad nie kan indink nie:
Ons het weer ’n baba in die huis.
Maar, anders as mensbabas wat op ’n paar weke oud nog fisies redelik stil lê, is ons nuwe baba soos ’n klein tornado: As sy nie plek-plek baie water veroorsaak nie, is sy soos ’n warrelwind deur die huis en saai verwoesting.
Lilly Genade is ’n spanjoel en nou 9 weke oud.
Dié dierasietjie is die ene pote en ore en behalwe die tye wat sy slaap, is sy stertswaaiend verheug elke liewe oomblik van die dag.
Hulle beweer ’n mens weet jy is gereed vir kinders as jy ’n hond groot gemaak het. Wel, ek is al bykans ’n dekade lank die ma van mensekinders en moet eerlik sê dat ek met die aankoms van die nuwe baba ’n paar dae aan bomskok gely het.
Ek was nie al een nie. Die twee bejaarde katte het gevlug en geblaas en hulle repertoire aansienlik vergroot: Een ween by tye soos die bure se Husky. Die ander een grom soos ‘n grassnyer.
Dit is seker net ’n wonder dat die konyne nog nie vanuit hulle hok laat hoor het “Yeah, whatsuuuup, Doc!” nie.
Om dit ligtelik te stel: Die huisroetine is sedertdien effens versteur.
Lilly het binne ’n week geleer om te tjank en deur toe te hardloop bedags as die nood druk – wat heel gaaf werk solank daar iemand in dieselfde vertrek as sy is.
As ek êrens heen moet ry, word sy vir eers met haar mandjie, al haar speelgoed, kos, water en byderwetse plaslappie (’n winskoop teen R6,90 een) in die badkamer toegemaak. Daar was tye in die eerste week wat ek oorweeg het om die badkamer na só ’n uitstappie eerder aan die brand te steek – darem nie met haar daarin nie – as om dit op te ruim. Na ’n week is daar darem al ’n aansienlike verbetering.
Snags lol dit maar met die noodplan, want daar is ’n alarm, ’n hoë stel trappe en ’n deur en ’n hek of twee waardeur sy moet knyp tot by die gras. En, meestal slaap ons salig onbewus van haar gekriewel op die kamervloer – met die gevolg dat ons die noodmaatreël moes instel dat die kinders hulle kamerligte en die ganglig aanskakel as hulle in die nag opstaan sodat landmyne betyds geïdentifiseer word.
Die kinders is natuurlik in die wolke oor die nuutste toevoeging tot die gesin. My dogtertjie beweer dat sy “al amper agt jaar vra vir ’n hondjie” – al word sy eers volgende maand agt. Haar ouboet het egter die nuwe baba se hart gesteel en oral waar hy stap, het hy ’n bewonderende stertjie.
Daar is egter ’n klompie dinge waaroor ons al jare wonder vir “as ons eendag dálk ’n hond sou kry…”, wat nou baie vinnig moet gebeur.
Soos die heining wat skielik beveilig moet word sodat die swaaiende ore en stert nie daardeur kan glip nie.
Soos, wat maak ons as ons ’n aand of naweek weggaan? Na jare tussen buurhonde wat hartverskeurend ween sodra hulle eienaars Kaap of kafee toe ry, is ek nie baie geneë om ’n vierpootfamilielid in die tuin te los as ons nie hier is nie. Daar was boonop die laaste tyd ’n paar gevalle van honde wat uit erwe gesteel word.
’n Dierehotel is ’n moontlikheid, maar soos dit met swanger ma’s gaan wat gevraagd en ongevraagd raad kry oor babasorg, het ons al heelwat kommentaar oor die beskikbare plaaslike diereverblyf moes aanhoor. Intussen hou ek boek van al die buurmanne wat verbystap as ons met haar in die tuin speel en sê hulle sal enigetyd die hondjie oppas. Stuur julle kalenders, kêrels!
Min het ek wel kon raai hoe vinnig hierdie klein logistieke uitdaginkie met haar hondeasem en hangore in my hart sal kruip. Ek het myself nog nooit gesien as iemand wat sal sit en graad 4-Natuurwetenskap vra (eintlik kan die sin maar hier ook eindig…) met ’n bondeltjie hondehare op die skoot en ’n snuffelende snoet knus in die waai van my arm nie.
En, ja. Uiteindelik, uit-éín-de-lik is daar iemand wat maak asof daar ’n superheld by die kombuisdeur invlieg as al-lankal-al-deel-van-die-meubels ék tuiskom! | http://www.rooirose.co.za/toe-kry-ek-hond-se-gedagte/ | 2016-09-21 15:40:01 |
Maak koffie soos ’n barista | Jy sink dankbaar neer in ’n restaurantstoel, smagtend na ’n koppie koffie om jou op te kikker. Die aromas in die lug kwas ’n kunswerk van ’n duisend koffiegeure … karamel, die aarde na ’n reënbui, Karoo-heuning op ’n hittige somersdag, sjokolade, rokerige aande, diep skakerings van lemoen, varsgesnyde kikoejoegras, droë hout …
Jou koffie kom. Die stoomwolkie bo die koppie beloof ’n konsentrasie van koffiegenot. Met die koppie digby jou lippe adem jy die crema genoeglik diep in. Die bekende kafeïenontploffing is uiteindelik op hande. Voor jy die rand van die koppie teen jou lippe kantel, laat jy die afwagting ’n ekstra sekonde opbou – net vir die lekker. Dan neem jy die eerste verkennende slukkie. En dan …
Wrang bitterheid.
Dit skop jou vol op die maag. Dit is opperste verraad. Hoe kan iemand dit aan koffie doen? En aan jou?
Maar kafeïen is mos self bitter? Dui bitterheid dan nie op ’n sterk kafeïenskop nie, met ander woorde ’n koppie ekstra sterk koffie? Is jy dus nie net onredelik as jy kla dat koffie te bitter is nie?
Glad nie.
Daar is volgens die International Coffee Organization egter so min kafeïen in ’n koppie koffie dat jou neus dit nie eers optel nie, en minder as 10% van die bitter smaak van koffie kom van kafeïen af.
Goeie koffie proe aangenaam bitter. Wrang, frank bitter koffie is … swak koffie. Dit is gelukkig moontlik en doodmaklik om heerlike koffie te maak – elke keer. Want al vra koffiemaak ’n skeut kuns en ’n skeut wetenskap, behels dit eintlik maar net ’n goeie skeut kennis en ’n groot dosis goeie oordeel. Hier is die kunsies.
8 maklike dinge wat jy kan doen vir die perfekte koppie koffie
1 Koop die regte koffie
• Die eerste geheim is die soort koffie wat jy koop. Koffie is nie maar net koffie nie. Daar is twee hoofspesies, waarvan die een juis bekend (soms selfs berug), is vir sy bitterheid.
• Die bitterder spesie is die Robustas. Hulle werk goed vir espresso’s.
• Vra jou koffieverskaffer om ’n Arabica as jy van ’n meer geronde, sagter koffie hou. Of kyk op die etiket. Arabicas word gewoonlik assulks bemark, omdat hulle duurder is.
2 Koop lig- of mediumgeroosterde koffie
• Hoe dieper die koffie gerooster is, hoe bitterder kan dit raak.
• As jy dus hou van die totale smaakpakket van ’n sekere koffie maar wens dit is net effens minder bitter kyk of jy ’n ligter geroosterde een kan kry.
3 Laat jou koffie growwer maal
• Grein tél. Die growwer grein kan die verskil maak tussen net te bitter en perfek.
4 Gebruik varsgemaalde koffie
• As koffie eers gerooster is, kan dit byna onbepaald vars bly, mits dit lugdig verpak is.
• Sodra koffie egter gemaal is, begin dit smaak te verloor.
• As jy vir ’n spesiale okkasie of die dag se hoogtepunt die aroma op sy beste wil uithaal, maal die moer vars net voor jy koffie daarmee maak.
• Jy hoef egter nie elke keer jou koffie vars te maal nie. Gemaalde koffie behou sy aroma vir tot twee weke lank uitstekend.
5 Maak jou koffie met afgekoelde kookwater
• Die ideale watertemperatuur vir die beste koffie iewers tussen 195°F en 205°F. Dit is effens koeler as kookwater se 100C. – Kook die water en laat dit ’n minuut of wat afkoel.
• Wenkie vir kusbewoners: By die kus kook water by 100C. Vir elke 1000m bo seespieël val die kook met rondom 3C. • Gautengers se water kook dus by naby 90C. Hulle kan maar die water kokend oor die koffie gooi en steeds lekker koffie maak. Die res van ons moet ons water ’n bietjie laat afkoel.
• Dit help as jy die water eers in ’n glasbeker skink, sodat die porselein die hitte kan absorbeer.
• Of anders kan jy die ketel ’n minuut of wat laat afkoel, voor jy skink.
6 Verander jou koffiebereidingsmetode
• Drupkoffie soos in perkoleerders waar die koffie deur die moer drup, of enige ander soortgelyke tegniek is baie minder bitter as koffie wat lang water- en moerkontak behels, soos Franse druksifkoffie, koffie wat heeldag in die kan staan en trek en koffie wat in konfore staan.
7 Trek jou koffie net een minuut
• Hoe lank moet koffie trek? Net sestig sekondes.
• ’n Vars pot goeie koffie is nooit bitter nie. ’n Ou pot van selfs die beste koffie is altyd bitter.
8 Gebruik minder moer
• Dit is uit pure vrygewigheid dat jy ’n ekstra skeppie moer in die kan gooi maar so gooi jy ook meer bitter komponente by.
• Hou by jou koffieverskaffer se riglyne, of eksperimenteer self en gebruik ’n bietjie minder koffiemoer. | http://www.rooirose.co.za/maak-koffie-soos-n-barista/ | 2016-09-28 00:00:00 |
Broer kry 7 jaar na hy suster verkrag | Generiese foto.
GEORGE NUUS - Vir meer as twee jaar het 'n jong vrou van Rosemoor gewonder wie haar gedurende die nag van 19 en 20 April 2014 in haar ouerhuis verkrag het.
Groot was die familie se skok toe DNS-uitslae, wat in Januarie vanjaar bekend gemaak is, haar dwelmverslaafde jonger broer as haar aanvaller uitgewys het.
Die jong man (nou 19 jaar oud), wie se naam nie bekend gemaak mag word om die identiteit van sy suster te beskerm, is vroeër die maand sewe jaar gevangenisstraf in die Thembalethu-streekhof opgelê. Sy suster was 20 jaar oud ten tye van die voorval en kon nie inligting oor haar aanvaller aan die polisie verskaf nie. Dit het daartoe gelei dat al die manspersone in die huis se DNS geneem is.
Haar broer, wat vir meer as twee jaar oor sy gruweldaad geswyg het, het nadat hy deur DNS verbind is, erken dat hy sy suster verkrag het.
Hy het vroeër die aand saam met vriende tik en Mandrax-tablette gerook en toe huis toe gegaan om te gaan eet. Hy het sy suster op 'n matras sien lê waar sy "getiep" [dronk gelê] het. Hy erken dat hy hom halfpad ontklee het, en vir haar ook, waarna hy haar, in haar bewustelose toestand, verkrag het. Sy het nie tydens of na die voorval wakker geword nie en eers die volgende oggend onraad vermoed omdat haar broek geskeur was.
Die beskuldigde wat sy vonnis in die Mosselbaai-jeugsentrum sal uitdien, het een vorige veroordeling. Hy is in Julie 2014 tot twee jaar korrektiewe toesig gevonnis. Ses maande van dié straf is in Junie 2015 in tronkstraf omskep weens sy volgehoue gebruik van dwelms.
Die saak het voor streeklanddros Eugenia Jacobs gedien en Brandon Smith het vir die staat verskyn.
ARTIKEL: LIZETTE DA SILVA, GEORGE HERALD-JOERNALIS
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus' | http://www.georgeherald.com/news/News/General/173314/Broer-kry-7-jaar-na-hy-suster-verkrag | 2016-09-29 10:00:00 |
Jong Kwaggas pronk rondborstig | Die o.14-pronkspan van Kwaggas wat die afgelope seisoen alle opponente voor hulle weggevee het en tans die topspan in die land is. Hulle borg is Ters Gillomee van Top Gear Sport (middel ry, heel regs). Die afrigters is Deon Minnie (middel ry, 3rde van links) en Pieter Cloete (middel ry, 2de van regs). Die kaptein is Tinsley Stuurman. Hy sit langs Cloete.
GEORGE NUUS - Hoërskool Outeniqua se o.14A-rugbyspan en bestuurspan het rede om rondborstig rond te loop nadat hul pas deur SA Schools Sports as die nommer een o.14-span in Suid-Afrika aangewys is.
Dit voorspel groot hoogtes vir Kwagga-rugby in die komende paar jaar wat hulle weer 'n groot faktor in skolerugby in die land kan maak.
Die Kwaggas het ook verlede jaar die merkwaardige prestasie vir 'n plattelandse span behaal toe die o.14-span in die hoofwedstryd van die gewilde Nashua Junior Rugbyweek vir die gedugte span van Grey Kollege die loef afgesteek en 'n beroering veroorsaak het.
Hulle het al hulle sestien wedstryde teen van die topspanne in die land gewen.
Hul afrigterskorps, Deon Minnie, Piet Cloete en Charl Kitching verdien ook 'n pluimpie vir die welslae wat die span behaal het.
Die leiers van die groep is Tinsley Stuurman (kaptein) en Divan Coetzee (onderkaptein).
Puik oorwinnings is behaal teen: Hoërskool Strand 65-0; Waterkloof 48-0; Affies 26-5; Paul Roos 28-10; Paarl Boys High 26-9; HTS Drostdy 33-15; Nico Malan 41-0; Pearson 63-0; Hoërskool Oudtshoorn 61-0; Stellenberg 67-0; Oakdale 55-7; Langenhoven Gimnasium Oudtshoorn 51-0; Hoërskool Punt 54-0; Framesby 27-8; Paarl Gimnasium 55-12; Brandwag 63-0.
Die o.14-pronkspan van Kwaggas wat die afgelope seisoen alle opponente voor hulle weggevee het en tans die topspan in die land is. Hulle borg is Ters Gillomee van Top Gear Sport (middel ry, heel regs). Die afrigters is Deon Minnie (middel ry, 3rde van links) en Pieter Cloete (middel ry, 2de van regs). Die kaptein is Tinsley Stuurman. Hy sit langs Cloete.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'
Aan die einde van die 2016 seisoen kyk Outeniqua terug op 'n baie geslaagde jaar op die rugbyveld. | http://www.georgeherald.com/news/Sport/Rugby/171891/Jong-Kwaggas-pronk-rondborstig | 2016-09-07 20:00:00 |
Bekende prokureur sterf | Wyle Jan Marais
GEORGE NUUS - 'n Bekende prokureur van George, Jan Marais van JS Marais & Kie is Dinsdagoggend in die ouderdom van 69 jaar in 'n hospitaal in Somerset-Wes oorlede nadat sy gesondheid enkele maande gelede agteruit begin gaan het.
Marais, wat vir baie jare Group Editors se regsverteenwoordiger was, was vir nagenoeg 30 jaar by firmas in George betrokke. "My pa was seker een van die oudste praktiserende prokureurs in George," het sy oudste seun en vennoot, Charl gesê.
Jan het sy BProc-graad deur Unisa verwerf terwyl hy gewerk en 'n gesin grootgemaak het.
Voor hy klaar studeer het, het hy as klerk by Dyasons Prokureurs in Pretoria begin werk, maar toe 'n sakegeleentheid met 'n vriend in Plettenbergbaai aangepak voordat hy besluit het om terug te keer regte toe. Die gesin het in 1987 na George verhuis waar Marais sy studies voltooi het terwyl hy by Alkema en Maree werksaam was.
Die firma het met tyd verskeie vennote gehad en het onder meer bekendgestaan as Alkema Cross & Marais en Marais & Odendaal voordat Jan en Charl in 1999 JS Marais & Kie gestig het. In 2010 het Charl se vrou, Denise ook by die firma aangesluit.
Volgens Charl was sy pa betrokke by verskeie gerapporteerde sake (hooggeregshofsake wat nuwe reg skep of van besondere regsbelang is), die laaste een vroeër hierdie jaar.
Marais se verbintenis met Group Editors het oor dekades gestrek. "Tot vier maande gelede het my pa elke Woensdagmiddag saam met Peter Moolman (Group Editors se besturende direkteur), Koos Sieberhagen en dr. Johan de Beer gholf gespeel, 'n vierbal by die George-gholfklub wat oor meer as 15 jaar 'n instelling geword het," het Charl gesê.
Marais was klubkaptein en klubpresident van die George-gholfklub en is later met lewenslange erelidmaatskap vereer.
Hy laat sy vrou Denise, drie kinders Charl, Jeanise Kritzas en Jacques, asook vier kleinkinders agter.
'n Gedenkbyeenkoms word op Maandag 19 September om 15:00 by die George-gholfklub gehou.
ARTIKEL: ALIDA DE BEER, GEORGE HERALD-JOERNALIS
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'
Talle suksesvolle prokureurs vandag in George het op een of ander stadium in hul loopbane in sy praktyk gewerk. | http://www.georgeherald.com/news/News/General/172329/Bekende-prokureur-sterf | 2016-09-14 16:00:00 |
Sentrum plant 'n saadjie van hoop vir kinders | Die ou gebou behoort aan die Katolieke Kerk. Dit het opknappingswerk nodig, maar intussen gebruik Seed of Hope twee klaskamers wat hulle ingerig het vir die middagprogramme.
GEORGE NUUS - In 'n verwaarloosde ou gebou op die perseel van die St. Marys Primêre Skool in Rosemoor weerklink daar weeksmiddae uitbundige kinderstemme.
Waar hulle voorheen alleen tuis sou wees omdat hul ouers werk, kom hulle deesdae gretig hier bymekaar in 'n gesellige klaskamer waar 'n groepie gawe tannies 'n ogie oor hulle hou. Kinders wat ekstra aandag nodig het in lees of wiskunde, word ook gehelp.
Hierdie veilige hawe is deel van die St. Marys Seed of Hope-sentrum wat in Maart vanjaar geloods is. Volgens die stigter, Errol Jaftha is daar oorweldigende belangstelling in die gemeenskap. In die eerste drie weke is ongeveer 380 kinders en jongmense deur die deure verwelkom.
Elke middag van 15:00 af word 'n program aangebied. Maandae is daar 'n program vir gr. 1's tot 7's waar 'n goeie grondslag vir opvoeding gelê word, Dinsdae is daar sport vir alle ouderdomme, Woensdae dansklasse (alle ouderdomme), Donderdae beroepsvoorligting (vir jongmense) en Vrydae entrepreneurskapsessies (ook vir die jeug) en 'n 'Inspirerende Vrydag'-program.
Vrywilligers is verantwoordelik vir die aanbieding en die sentrum is van borge afhanklik.
Die George Herald het gaan inloer by die program vir die laerskoolkinders waar vyf vroue met baie min hulpbronne tot hul beskikking stimulerende aktiwiteite met die kinders doen. Hulle fokus op leesvaardighede, sien toe dat kinders hul huiswerk doen, help met leesverbetering en wiskunde, en fokus ook op kunsaktiwiteite. Volgens die hooftoesighouer, Francis Geswindt, daag daar gewoonlik nie minder as 50 kinders op nie. Sop en brood word ook uitgedeel.
Jaftha sê die entoesiasme waarmee daar aan die aktiwiteite deelgeneem word, wys dat daar 'n groot behoefte onder kinders en jongmense is. "Dit is duidelik dat hierdie sentrum nie 'n luukse is nie, maar 'n noodsaaklikheid."
Volgens Geswindt beperk 'n tekort aan skryfbehoeftes, leesboeke, legkaarte en hulpmiddels wat vir kunsprojekte gebruik kan word die program. "Die kinders is baie gretig om te leer en deel te neem en die vrywilligers uiters toegewyd, maar soveel meer kan vermag word as daar behoorlike materiaal is," sê sy.
Deel van Seed of Hope se visie is om die ou gebou op te knap en onder meer ook 'n rekenaarklas te vestig, maar dit sal slegs met die hulp van borge gedoen kan word. Die gebou is in 'n swak toestand en die toilette werk nie. Die sentrum ontvang reeds samewerking van verskeie rolspelers waaronder die Onderwysdepartement, George-munisipaliteit, Katolieke Kerk en St. Marys Primêre Skool.
Enigiemand wat as vrywilligers betrokke wil raak deur hul vaardigheid en kennis in te span in die kinderprogramme of mense wat skenkings wil maak, kan vir Errol Jaftha bel by 079 999 3563, of stuur 'n e-pos na seedofhope01@gmail.com.
Joy Fouche skryf 'n boodskappie vir haar ma in 'n kaartjie wat sy vir Vrouedag gemaak het.
Die toegewyde vrywillgers wat die programme vir die gr. 1's tot 7's aanbied. Van links is Francis Geswindt (hooftoesighouer), AngelaTerblanche (hip-hop- en balletaanbieder), Lorrieta Hasley (bied 'Inspirerende Vrydag' aan), Leana Jaftha en Faith-Anne Valentine (albei betrokke bykuns en kultuur), en Gaino Rondganger (administrasieklerk).
ARTIKEL & FOTO'S: ALIDA DE BEER, GEORGE HERALD-JOERNALIS
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus' | http://www.georgeherald.com/news/News/General/171633/Sentrum-plant-n-saadjie-van-hoop-vir-kinders | 2016-09-03 08:00:00 |
Cantando@bloem in Hoekwil en George | GEORGE NUUS - 'n Semi-professionele koor van Bloemfontein, cantando@bloem, onder leiding van Werner Stander, toer die eerste paar dae van Oktober in die Suid-Kaap.
Die repertorium van hierdie koor bestaan uit beide gewyde en sekulêre werke, asook etniese werke. Groter werke uit die standaard koorrepertorium is ook ingesluit.
Hulle eerste optrede aan die Tuinroete is Saterdag 1 Oktober 18:00 in die NG kerk Die Vleie, Hoekwil. Kaartjies vir hierdie uitvoering teen R50 per persoon is verkrygbaar by die kerkkantoor (ds. Dawie le Roux: 044 877 1110) of by die deur.
Op Sondagoggend 2 Oktober om 09:00, tree die koor op tydens die nagmaaldiens in die NG Moedergemeente, George en Maandag 3 Oktober om 19:00 word 'n uitvoering aangebied in die St Mark's katedraal in George.
Die mannekoor van George, wat die gasheer is, tree op in die voorprogram en na die pouse kom cantando@bloem aan die beurt.
Die kontakpersoon vir kaartjies wat R50 per persoon is, is Johan van Roon by 082 771 8794.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus' | http://www.georgeherald.com/news/Arts--Entertainment/Entertainment/173151/Cantandobloem-in-Hoekwil-en-George | 2016-09-27 11:00:00 |
Goeie opkoms by Baask se jaarvergadering | Afgevaardigdes van oor die tuinroete wat die algemene jaarvergadering bygewoon het saam met die nuwe bestuurslede vir 2016/17.
SUID-KAAP NUUS - Belangegroep vir Aftreeoorde en Aanverwante Instansies in die Suid-Kaap (Baask) het op 26 Augustus hul algemene jaarvergadering by Blue Mountain Haven in George gehou. Ongeveer 40 verteenwoordigers van oor die Suid-Kaap het die geleentheid bygewoon.
Baask is 'n nie-winsgewende organisasie waarby aftreeoorde en aanverwante instansies gemoeid met bejaardesorg in die Suid-Kaap, op vrywillige grondslag aansluit. Baask se bedieningsgebied is hoofsaaklik die geografiese gebied wat strek van Plettenbergbaai in 'n denkbeeldige lyn oor Uniondale na Beaufort-Wes, Swellendam en Stilbaai.
Aansoeke om affiliasie buite hierdie gebied word egter ook oorweeg.
Aftreeoorde en enige instansie wat gemoeid is met bejaardesorg en ingevolge die relevante wette bedryf word, mag aansoek doen om by Baask te affilieer.
Daar is 17 instansies in 'n totaal van ongeveer 25 in Suid-Kaap wat by Baask geaffilieer is.
Die voorsitter, Eric Bekker, het sy jaarverslag gelewer met verwysing na die toepassing van Wet 13 van 2006, die Wet op Ouer Persone wat vele uitdagings die afgelope jaar aan almal gebied het. Hy het ook die dienende bestuurslede bedank vir hulle toewyding en positiewe insette. Die bestuur het die afgelope jaar vier vergaderings gehou, probleme en uitdagings bespreek, en die nodige advies deurgegee.
Bekker het hulde gebring aan die verpleegpersoneel en in die besonder aan die versorgers. "'n Mens sou ook na hulle kon verwys as 'engele' wat ook verantwoordelik is vir die stimulering van die bejaardes wat hulle versorg. Hulle sien toe dat die bejaardes gewas, gevoed, netjies en gemaklik geklee is, vertel of lees vir hulle stories en sorg dat hulle gereeld oefening kry deur met hulle te gaan stap. Versorgers lewer 'n onbaatsugtige diens, en daarvoor het ons groot waardering."
Sprekers by die vergadering was Gert Meiring van Huis Elsje in Mosselbaai wat oor demensie gepraat het en Elize Nel: Direkteur Gemeenskapsdienste Mosselbaai-munisipaliteit wat die ouerwordende gemeenskap en hul rol in die samelewing bespreek het.
Afgevaardigdes van oor die tuinroete wat die algemene jaarvergadering bygewoon het saam met die nuwe bestuurslede vir 2016/17. Die bestuur is voor, van links: Pieter Swanepoel (Blue Mountain Haven), Bets Wilkinson (Caves-aftreeoord), dr. Gerrit Theron (Hartenrus), Eric Bekker (Genevafontein-aftreeoord), sr. Retha Nel (Hartenrus)), Johan Smuts (Hartenrus). Afwesig: Gert Meiring (Huis Elsje Mosselbaai). Die voorsitter sal by die eerste bestuursvergadering aangewys word.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Klein Karoo, Hessequa nuus' | http://www.georgeherald.com/news/News/General/171774/Goeie-opkoms-by-Baask-se-jaarvergadering | 2016-09-07 14:00:00 |
My skoonpa het op 'n keer gesê 'n skaap kan nie 'reverse' nie. Ek wou nog altyd vir 'n skaapboer vra of dit waar is of nie. Van skape weet ek min, maar van sommige mense is dit beslis waar.
Om te 'reverse' is meer ingewikkeld as wat dit klink. Dit beteken jy moet op 'n punt kom waar jy besef jy is besig om verkeerd te loop, dan moet jy stop, herbesin en 'reverse' tot op 'n plek waar jy bestekopname kan doen voordat jy op 'n ander pad vorentoe gaan.
As ons kyk na wat op die oomblik in ons land aangaan is daar soveel voorbeelde van individue, groepe en organisasies wat eenvoudig weier om oor te skakel na trurat dat mens nie eintlik weet wie om te noem en wie om uit te laat nie.
Ons sit met 'n president wat veronderstel is om die land se herder te wees, maar voortploeter met absolute minagting van enige stelsels, wette, riglyne en gesonde oordeel. En agter hom is troppe skape wat te bang is om hom oor die afgrond te stamp, want hulle het elkeen te veel om te verloor. Omdat die president weier om te 'reverse' of sommer net langs die pad af te trek en stil-stil uit die politiek te verdwyn maak dit die deur oop vir soveel ander vergrype en redelose optredes deur die troppe.
Ons sit met hoeveel staatsinstellings waar mense ondanks hofbevindinge en ondanks openbare teenkanting, vasklou aan poste waar hulle elke liewe redelike reël en riglyn verontagsaam. Kyk maar hoe wys die SAUK-baas sy agterent vir almal; en wie sal nie as jy 'n bonus van elf miljoen vir een jaar se aanjaag ontvang nie?
Dan wonder ons waarom studente oënskynlik nie kan verstaan dat daar in die eerste plek nie geld is om gratis studies haalbaar te maak nie en dat mens in die tweede plek nie die plek waar hulle gratis wil studeer moet afbrand nie. Hulle verstaan dit baie goed, maar die kultuur wat deur leiers en topamptenare geskep word, word omarm en gevolg, want elkeen moet mos 'n beurt kry om te ontvang of sommer net te vat.
En as ons dink dit is net politici, studente en onbeholpe hoofbestuurders wat weier om demokratiese- en regsprosesse te eerbiedig is ons verkeerd. Verlede week het 'n groot gees in kerkgeledere uit sy pos bedank omdat daar botweg deur die kerk geweier word om uitvoering te gee aan 'n sinodebesluit en hy homself nie verder met die weiering kon vereenselwig nie.
Ek doen gereeld aanbiedinge en praatjies by instansies en skole en een van die vrae wat telkens gevra word is waarom die jeug hulle nie meer aan reëls en voorskrifte steur nie. Daar is waarskynlik 'n magdom akademiese en nagevorste redes, maar vir my is die een wat uitstaan die feit dat die jeug "monkey see, monkey do" speel. As grootmense rondom hulle op 'n daaglikse basis norme en reëls minag is dit mos logies dat kinders dit ook sal doen.
Dalk moet ons as volwassenes almal 'n entjie 'reverse' en herbesin oor die boodskap van reg en geregtigheid wat ons aan ons kinders oordra.
DEUR HANNES VISSER | http://www.georgeherald.com/viewblog/1637/Dis-tyd-om-te-reverse | ||
Met griep wat sy kloue die afgelope week in my lyf kom inslaan het, dink ek weer aan die debat oor inenting. Vandag is die tendens onder moderne ouers om dit te vermy, omdat sommige beweer dat dit net so sleg vir jou is as siekte self. Om dit te ignoreer kan egter dodelik wees.
Anti-entstof aktiviste besef nie waarmee hul te koop loop en hoe gevaarlik hul denkwyse werklik is nie. Dodelike siektes soos polio, breinvliesontsteking, kinkhoes, witseerkeel, Hepatitis A en B, TB, pampoentjies, servikale kanker en masels word voorkom met inenting, hoe kan dit dus 'n negatiewe uitwerking hê? Sekerlik kan bakterieë wat volgens die doemprofete die immuniteit van babas en kinders beïnvloed vinniger behandel word as 'n dodelike siekte? Ons leef tog in 'n moderne samelewing waar die medici so gevorderd is dat vandag se ouers eerder dankbaar kan wees dat hul kinders 'n beter kans op gesondheid het as toe ons kinders was.
Mens kan nie help om te wonder of die nuwe denkwyse oor inenting werklik goed deurdink is voor die argument geformuleer is nie. Ja, jou kind kan vir hom- of haarself besluit en is dit werklik regverdig om namens 'n kind so 'n besluit te neem? Hoe sal so 'n ouer met sy of haar gewete saamleef indien 'n kind sou sterf aan 'n dodelike siekte omdat inenting vermy was? Hoe regverdig is so 'n besluit dan, of is dit bloot selfsugtig omdat ondeurdenkte beweegredes houvasplek gekry het in 'n ouer se besluitneming?
Die nuwe inentingstowwe het baie minder newe-effekte as inentings van ouds - wat aan meeste van ons toegedien is en twyfel ek sterk of enige van die mense vandag kwaad is vir hul ouers omdat hul ingeënt is. Inteendeel, dis dalk hoekom baie van ons vandag nog lewe!
Vier redes staan uit waarom inenting wel moet gebeur: Dit is veilig en effektief, dit kan jou kind se lewe red, dit spaar tyd en geld en dit beskerm nie net hierdie generasie nie, maar ook generasies wat volg.
Die ope vraag wat prontuit gestel kan word is: Indien 'n kind sou sterf aan 'n dodelike siekte omdat hy/sy nie ingeënt is nie - is dit moord of mansslag? | http://www.georgeherald.com/viewblog/1625/Inentingdebat-ongegrond | ||
Potlode en pastelle die pad na háár hart | Van links is Marchant Maasdorp, 'n stigterslid van Stationery 4 Africa, Rosie Leen (gr. 6) en Elwayn Windvogel (gr. 5), beide leerders van Dieprivier VGK Primêr en Lara Durant. Foto's: Verskaf
GEORGE NUUS - 'n Jong meisie se dryfkrag om 'n verskil te maak in behoeftige skole het haar die titel besorg as plaaslike ambassadeur vir die landswye organisasie Stationery 4 Africa.
Lara Durant (12), 'n gr.6-leerder aan Glenwood House Primêr, het 'n skoolprojek wat leerders aanmoedig om uit te reik na die gemeenskap 'n stappie verder geneem. Nie alleen is Lara besig met 'n groot insameling van skryfbehoeftes by skole in die omgewing nie, maar het sy reeds deur blootstelling op sosiale media altesaam 113 internasionale skole aan boord wat aan die projek wil deelneem.
Sy moedig skole aan om 'n civvies-dag te hou waarvoor leerders R10 bydrae tot die projek en om ou skryfbehoeftes in 5 liter plastiekhouers te versamel wat weer aan behoeftige skole gegee word. Sy is tans in gesprek met verskeie skole in George vir bydraes vir die projek. Volgens Lara sal die oorsese skole waarskynlik meer fokus op 'n finansiële bydrae.
Lara het Stationery 4 Africa verlede Dinsdag 20 September gehelp om skryfbehoeftes, skryfbordjies en mussies aan 119 leerders van Dieprivier VGK Primêr, in Noll (Uniondale-omgewing), uit te deel. Die ondervinding het haar verder aangevuur met haar missie om leerders te help.
By navraag oor haar motivering vir hierdie projek, het Lara gesê: "Ek het dit gekies, want ek sien baie keer as ons skool toe ry in die oggende, kinders wat regtig niks het nie. Ek het gevoel hulle moet immers skryfbehoeftes hê. Soms kry hulle vir Kersfees, maar dan is dit al klaar op teen die tyd wat hulle skool toe gaan."
Die skoolhoof van Dieprivier VGK Primêr, Renette Fourie, is in die wolke oor die skenking. "Dit is 'n fantastiese gebaar," het sy gesê. "Die kinders is almal van die plaasgemeenskap. Die kleurpotlode en pastelle is baie welkom, ons kan dit vir kuns gebruik."
Vir inligting stuur 'n e-pos aan lara.glenwood@gmail.com of kontak haar by 071 688 1046.
The learners at Dieprivier VGK Primary received knitted hoodies sent all the way from Uitenhage, writing boards and stationary.
ARTIKEL: MICHELLE PIENAAR, GEORGE HERALD-JOERNALIS
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus' | http://www.georgeherald.com/news/News/General/173456/Potlode-en-pastelle-die-pad-na-haar-hart | 2016-09-29 16:00:00 |
Shell Kraaibosch in Tokio vereer | Die Shell-span agter, van links: Rocco Louw, Moris Ninjiwo, Chantelle King, Anthony Booysen, Enoch Mvandaba, Morné Strauss en Jack Nkala. Voor: Jerome Martin, Raymond Pietersen en Jon-Lu Fredericks
GEORGE NUUS - Shell Kraaibosch is by Shell Internasionaal se 'Smiling Stars 2016' in Tokio, Japan as een van Shell se goue handelaars van die jaar aangewys.
Dit was vir eienaar Morné Strauss, 'n groot eer om as goue handelaar aangewys te word en Shell Kraaibosch is baie trots om die prestasie te bereik - slegs drie jaar vandat die vulstasie in George geopen het.
Strauss is al 19 jaar in die brandstofbedryf en beskou die afgelope vyf jaar as 'n tyd waarin die bedryf baie verander het. Hy is ook opgewonde oor die toekoms van die bedryf.
Strauss sê Shell Kraaibosch is gefokus op goeie dienslewering aan sy klante en streef daarna om 'n positiewe verskil aan elkeen se dag te maak. Die vulstasie verskaf ook rekeningfasiliteite vir George se vooraanstaande besighede.
Strauss en sy personeel sê dankie aan al hulle lojale klante vir die ondersteuning die afgelope drie jaar.
Die Shell-span agter, van links: Rocco Louw, Moris Ninjiwo, Chantelle King, Anthony Booysen, Enoch Mvandaba, Morné Strauss en Jack Nkala. Voor: Jerome Martin, Raymond Pietersen en Jon-Lu Fredericks
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'
Die maatskappy is ook baie trots op die ander takke in Gauteng wat ook in dieselfde tyd uitsonderlik goed presteer het. | http://www.georgeherald.com/news/News/Southern-Cape-Business/171796/Shell-Kraaibosch-in-Tokio-vereer | 2016-09-07 11:00:00 |
Gert Vlok Nel: pretensielose 'loner' | Gert in 'n tuin in Prins Albert waar hy Sondag saam met vriende gekuier het. Foto: Marlene Malan
SUID-KAAP NUUS - Daar's weemoed in sy liedjies, so asof hy nie kan ophou verlang na dit wat verby is, na 'n klompie mense wat vooruit is nie.
Dis hoe ek Gert Vlok Nel, digter, liedjieskrywer en swerwer, met sy vertoning Saterdagaand in The Showroom in Prins Albert ervaar het.
Maar Sondagmiddag, toe ek en vriende saam met hom kuier, kom ek nader aan die gelukkige, diep tevrede mens. Die een wat weet wie hy is en waar hy vandaan kom. Wat hom nie doodbekommer oor môre nie, omdat hy weet nóú se geluk bepaal môre se leef.
Ek leer ken die storieverteller, die fyn waarnemer, die man met 'n aweregse humorsin. Iemand wat wys hy gee om vir die mense naaste aan hom. Maar ook die uiters private mens wat nie aan sy binnegoed gekrap wil hê nie. Wat dit wat vir hom doodeenvoudig is nie ingewikkeld laat maak deur die wêreld en sy dinge nie.
Oor sy onlangse Facebook-plasing, dat Theuns Jordaan sy Beautiful op Beaufort-Wes "gesteel" en hom selde erkenning gee as die skepper daarvan, vertel Gert hy was laat een aand net gatvol, toe skryf hy dit vir die wêreld om te sien; loop slaap toe. En die volgende oggend, toe sy vriendin die reaksie sien wat soos 'n orkaan woed, maak sy hom wakker met: "Gert, hier's groot k*k."
Wat toe gebeur het, is heeltemal on-Gert. Sy privaatheid is binnegedring. Joernaliste het hom gejag tot op die plaas buite Tulbagh waar hy woon. 'n Slot wat hy aan die werfhek gaan vasknip het, is oopgeknip.
Vir my was die onsinnigste ding wat die media kon doen, om lesers te vra om te kies: "Hou jy van Gert se weergawe of Theuns s'n?"
Want Saterdagaand, met Gert se vertoning, en Sondag, onder 'n boom in 'n mooi tuin, besef ek: Theuns sou nooit Beautiful kon skryf nie. Daarvoor is die woorde té Gert Vlok Nel. En waar Gert dit heeltemal pretensieloos sing, net soos hy lag en praat en saam met pelle kuier, het Theuns 'n beat aan 'n bedaarde lied loop sit. Heel mooi, ja, maar on-Gert, on-Beautiful.
Wat al hoe duideliker raak in ons drie uur lange kuier, is dat daar tussen die man op die verhoog die vorige aand en die man wat saam met ons sit en ginnegaap, geen verskil is nie. By Gert Vlok Nel bestaan daar nie iets soos 'n verhoogpersoonlikheid wat myle verwyder is van die man wat staaltjies vertel, lekker lag vir sy eie en vriende se stories nie. Dis een en dieselfde mens.
Op die verhoog het hy vertel van die keer toe hy 'n "roadie" was vir Kris Kristofferson, toe dié die keer in Suid-Afrika kom optree het. Hy wat Gert is het vir hom die pos as die ster se toer-gesel beklink het met 'n brief aan die agent in hoogdrawende Afrikaans, een wat hy met "Hoogagtend die uwe, Gert" afgesluit het. Onder die boom vat hy die storie verder. Vertel dat die wêreldberoemde maar met drank gesukkel het, dat hy horingoud geword het. Dié ou wat eens die hunk van country was.
Hy vertel van die kuier eenkeer by die natuurkenner Antoinette Pienaar van Beaufort-Wes waar hy was, toe twee verfynde mannetjies tot die gevolgtrekking gekom het dat die lewe maar om geld draai. "En seks," laat glip 'n bebrilde stywelip tantetjie, wat die hele dag nie 'n woord geuiter het nie. Ek laat Gert die storie twee keer vertel. En elke keer skater hy ewe hard as ek. 'n Goeie storie bly 'n goeie storie.
Sy stories is liedjies sonder note. Sy liedjies is stories mét note. Oor doodgewone dinge. Hy sien alles raak. Soos "die peristaltiese bewegings wat blokkiesvloere maak".
Daardie nag in 1984 toe Koos gesterf het, "het al die treine gaan staan".
Saterdagaand het hy sy vertoning met dié lied geopen, meer as twaalf minute lank.
Sondag besef ek – Koos-in-die-liedjie is Gert-onder-die boom – bullshit-loos en groupie-loos.
ARTIKEL: MARLENE MALAN
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Klein Karoo, Hessequa nuus'
En kort-kort raak sy vertellings aan die spoorweg, aan stasies en treine, soos die lied vir Koos du Plessis, Waarom ek roep na jou vanaand: "Koos, jy't gesing oor vroue, die see en die myne. Ek sing oor vroue, die see en treine."Jy daarenteen was bullshit-loos, KoosIllusieloos, haweloos, droomloos, tydloos,Groupie-loos, draadloos en heeltemal hopeloos.Jou liedjies was so hartverskeurend skoonTe skoon te skoon om in te woonHulle hoort nie in Afrika of hier êrens nieJou liedjies belong eintlik nêrens nie | http://www.georgeherald.com/news/Arts--Entertainment/Entertainment/172648/Gert-Vlok-Nel-pretensielose-loner | 2016-09-20 09:00:00 |
Hoofstraat is hotel vir trokke | Baie inwoners in Dormehlsdrift is ongelukkig oor die vragmotors wat in Yorkstraat oornag. Foto's: verskaf
GEORGE NUUS - George-verkeer het hul visier op swaarvragmotors wat onwettig in die dorp se sakekern oornag.
Volgens dié departement het hulle die afgelope drie maande gereageer op klagtes van die publiek oor groot vragmotors wat in George se hoofstraat, Yorkstraat, vir die aand parkeer.
Inwoners kla dat die vragmotors nie alleen 'n konstante gedreun veroorsaak nie, maar dat dit ook 'n toename in prostitusie in die middedorp veroorsaak.
"George-verkeersdienste beloof ook om hul optredes te verskerp sodra ‘n klagte aangemeld word," het Debra Sauer, assistent mediaskakelbeampte van George-munisipaliteit, gesê. "Die kwessie van 'geen oornag' bordjies sal ondersoek word."
'n Inwoner van Dormehlsdrift, wat die situasie onder George Herald se aandag gebring het, sê hy is bekommerd oor die trokke se sosiale impak. Volgens die man, wat anoniem wil bly, het die situasie oor die afgelope paar maande drasties versleg. "Ek wil nie hê die fokus moet nou op die prostitute wees nie, maar daar moet eerder planne gemaak word om die vragmotors te belet om langs die pad te oornag," het hy gesê.
"In Knysnaweg is daar munisipale borde wat 'No overnighting' aandui, asook op die pad na Oudtshoorn (N9). Hoekom kan hulle dit nie in Yorkstaat doen nie?"
Nog twee inwoners wat ook hul stemme by die beswaardes wil voeg het die George Herald gekontak. Die inwoners, wat ook anoniem wil bly, het gesê daar is baie ander inwoners in Dormehlsdrift wat ongelukkig is oor die situasie.
* George Traffic has their sight on heavy motor vehicles that overnight illegally in the town's business district. According to the department they dealt with complaints from the public regarding this issue over the last three months. They undertook to investigate the issue of "no overnighting" signs in York Street. A resident in Dormehlsdrift says not only does the trucks cause constant noise in the area, but it also stimulates prostitution. He asks that the George Municipality erect 'no overnighting' signs like they've done in Knysna Road and the N9 leading to Oudtshoorn.
Groot vragmotors oornag gereeld in Yorkstraat.
ARTIKEL: MICHELLE PIENAAR, GEORGE HERALD-JOERNALIS
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'
Hy sê dat die koel kompressors dwarsdeur die nag aan- en afskakel, asook die verhitters om die kajuit binne die vragmotor te verwarm. "Daar is baie woonstelle naby Yorkstraat. Dit is 'n voortdurende steurnis." | http://www.georgeherald.com/news/News/General/171726/Hoofstraat-is-hotel-vir-trokke | 2016-09-06 10:00:00 |
Blywende krag oorkom misverstande en verwerping. Soms sal die mense waarop jy staatmaak om jou te ondersteun, eintlik probeer om jou te ondergrawe. Wanneer God jou 'n visie gee wat te groot is vir hulle om te hanteer, sal hulle sê,
'Jy raak te groot vir jou skoene' en dan probeer om jou af te trek na hulle vlak toe. Josef se broers het hom as slaaf verkoop, en toe huis toe gegaan en vir hulle pa gesê dat hy deur 'n wilde dier doodgemaak is. Kan jy jou indink hoe Josef gevoel het as iemand hom oor sy familie uitgevra het? Generaal Dwight D. Eisenhower het gesê, 'Daar is geen oorwinning wat 'n winskopie is nie.'
Dit is hartseer dat verraad net so dikwels in die kerk as in sekulêre gemeenskappe plaasvind. Toe Charles Spurgeon in sy vroeë twintigs was, was die groepe wat na sy preke kom luister het, so groot dat die kerkgebou hulle nie kon akkommodeer nie. Hy het toe met dertig van sy kerkleiers ontmoet en voorgestel dat hulle 'n ouditorium met 5,500 sitplekke bou.
Hy het glo vir hulle gesê dat enigeen wat die moontlikheid om dit te doen betwyfel, die vergadering moet verlaat. Drie-en-twintig kerkleiers het opgestaan en uitgestap! Spurgeon het egter getrou aan die visie wat God vir hom gegee het, gebly. Hy het dit deurgesien, en vir meer as vyf-en-dertig jaar het skares die Metropolitan Tabernacle oggend en aand vol gepak, wat dit een van die invloedrykste kerke in die geskiedenis gemaak het. Het jy enige riviere wat te diep is om te oorkom?
Enige berge waaroor jy nie kan klim nie? God spesialiseer in dinge wat onmoontlik lyk; Hy kan doen wat niemand anders kan nie.
Genesis 37:5 NLVSielskos: Jes 41-42; Fil 2 | http://www.georgeherald.com/viewblog/1635/Blywende-krag | ||
Georgiet neem wenfoto | Leana Wentzel
GEORGE NUUS - 'n Georgiet, Leana Wentzel (53) is een van die kategoriewenners in die 'Hoe lyk jou Afrikaans?'-kompetisie van Afrikaans.com.
Sy het die wenfoto, My Afrikaans is rotsvas ingestuur. Wentzel het meer as 2 600 stemme ontvang vir haar inskrywing.
Meer as 800 mense het oor die afgelope drie maande van oraloor deelgeneem aan die kompetisie. Amper 20 000 stemme is uitgebring vir die inskrywings in drie kategorieë.
"Vir deelnemers was hierdie duidelik 'n hartsaak en beoordelaars moes behoorlik kopkrap om die wenners aan te wys. Wenners ontvang elk R2 000 en dring deur tot die finale ronde vir die groot prys van R10 000," sê Annelie van Jaarsveldt van Afrikaans.com se redaksie.
Wentzel sê: "Ek is maar net 'n gewone mens wat na aan die natuur leef, want daar ontdek jy jou gawes ..."
Sy is gebore en getoë op Onseepkans langs die Oranjerivier in die Noord-Kaap. In een van haar ander inskrywings beskryf sy dit so: "Loslippig soos 'n bloedrooi ryp Klondike waatlemoen, soet, sappig en koel oppie tong. So vrugbaar en ryk soos die slikgrond wanneer die Oranjerivier sy walle oorstroom, só is my taal Afrikaans!
Ryk en wragtig lekker ... ' n nedersetting, genaamd Onseepkans, doer aan die anderkant van die land lê na aan my hart. Gebore en getoë in daai geweste. Daar leef my taal. My opgroeijare was koesterjare en so stap Afrikaans saam met my tree vir tree tot waar ek nou is."
Leana woon tans in George saam met haar man, Johan en hul twee kinders, Johannes en Elana. Sy sê haar liefde vir Afrikaans lê in die gene. "My pa Jannie, wat kon gesels met smaak en my ma Jacoba, 'n voorslagbakster wat beide uit gesinne met 12 kinders kom, het my taal diep geplant. Ons het die taal voluit geleef en horend gepraat."
"Ek het soveel onthougoed en hierdie kompetisie het my die kans gegee om dit neer te skryf, uit te beeld en aan te gee. Dis net die begin en beslis die teken waarop ek al lank wag. Ontdek jouself, delf diep, vind jou innerlike geestelike kern en pen dit neer ... in Afrikaans."
Leana se wenfoto getiteld My Afrikaans is rotsvas.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus' | http://www.georgeherald.com/news/Arts--Entertainment/Entertainment/172148/Georgiet-neem-wenfoto | 2016-09-13 11:00:00 |
Jan Braai kuier op Wilderness | Jan Braai by Ebb & Flow. Foto: Karma Pienaar.
GEORGE NUUS & VIDEO - Met Nasionale Braaidag, oftewel Erfenisdag, net om die draai op Saterdag 24 September, het Jan Braai en sowat 200 deelnemers aan die Nasionale Braai-toer solank voorbrand gemaak en van Kaapstad tot in Port Elizabeth 'n vleisie op die kole gesit.
Dié toergroep het gister Dinsdag 13 September hulle tente by Wilderness Nasionale Park Ebb & Flow opgeslaan, op die vierde dag van hul week lange toer.
Dit is die derde jaar wat die braaitoer onderneem word en lok baie belangstelling landswyd. Vanjaar het 'n Duitse span ook by die ander 39 spanne aangesluit.
Die inisiatief wil Suid-Afrikaners bewus maak van hul erfenis, en mense saamsnoer om 'n braaivuur. "Die braai is absoluut uniek aan Suid-Afrika,"
het Jan Braai gesê. "'n Braai in die Vrystaat is 'n braai in Soweto. Jy kan die rook enige plek ruik oor die naweek, waar jy ook al gaan. Ons wil graag samehorigheid skep en mense dwarsoor die land om 'n vuur verenig."
Volgens 'n Kaapse deelnemer wat die toer elke jaar mee maak, Hendrien van der Schyff, is dit 'n wonderlike manier om nuwe mense te ontmoet, plekke te sien en die land se erfenis te leer ken. Herman Solomon, een van haar spanmaats in die span, Vetpret, het die opvoedkundige waarde beklemtoon. "Jy leer baie op so 'n trippie," het hy gesê.
Jan Braai se woordvoerder, David Moseley, het 'n staaltjie vertel van die Duitse span wat op die eerste aand in Kaap Agulhas sommer die T-been biefstukke direk op die as en kole gooi. By navraag het die span egter voet by stuk gehou dit is hoe die ding gedoen moet word, want hulle leer van die eerste braaiers in Suid-Afrika wat hulle vleis só in hul grotte gaar gemaak het.
Die toer het begin by Kaap Agulhas, daarna het hulle by die Kam'Bati Rivieroord in Swellendam oornag, op dag drie het die groep Calitzdorp Spa besoek, met Wilderness Nasionale Park volgende aan die beurt. Vanaf Wilderness reis hulle na Keurboomstrand, en eindig die toer op 17 September in Port Elizabeth en die Addo Olifantpark.
'n Marimba-musiekgroep het al die pad van Kaapstad saamgereis om te sorg vir 'n feestelike atmosfeer. Die vleis en hout toer saam in trokke van die onderskeie borge Karan Beef en Try Me! Braaihout.
Kyk hieronder na 'n video-onderhoud met Jan Braai:
Jan Braai (middel) saam met die Kaapse span Vetpret. Van links is Hendrien en Lucas van der Schyff, Jan Braai, Herman Solomon en Martin Smith.
Dit is hoe ons rol! Jan Braai vermaak 'n fotograaf tydens die Nasionale Braai-toer se besoek aan Wilderness Nasionale Park. Foto: Michelle Pienaar
ARTIKEL, FOTO'S EN VIDEO: MICHELLE PIENAAR, GEORGE HERALD-JOERNALIS
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus' | http://www.georgeherald.com/news/News/General/172294/Jan-Braai-kuier-op-Wilderness | 2016-09-14 13:00:00 |
Afrikaanse musiek kraai koning | Joe Voster en Johan C Venter is vanaand te siene by die Bravo Lounge.
SUID-KAAP NUUS - Aanhangers van gewilde Afrikaanse musikante, Joe Voster en Johan C Venter, is in vir vermaak uit die boonste rakke dié September.
As deel van hul Hartklank Toer, beoog Joe en Johan om die Garden Route Casino se Bravo Lounge aan die brand te sing vir slegs een aand,Vrydag, 16 September.
"Tussen Joe en Johan is daar 'n rykdom van talent, en ons kan nie wag om hulle hier te ontvang nie. Joe is so gemaklik agter die klavier as wat hy agter die mikrofoon is, terwyl Johan C se lirieke en stem die vermoë het om gehore behoorlik te bekoor," sê Karen Johnstone, Garden Route Casino se Bemarkingsbestuurder.
Die vertoning begin 20:00 en kaartjies is R100, beskikbaar by Shoprite Checkers, Computicket, Garden Route Casino se kontanttoonbank of by www.gardenroutecasino.co.za
Tsogo Sun-beloningskaarthouers kwalifiseer ook vir afslag op die vertoning; 20% vir swartkaarthouers, 15% vir platinumkaarthouers en 10% vir gouekaarthouers.
Vir meer inligting, besoek gerus www.gardenroutecasino.co.za
'We bring you the latest Garden Roue, Klein Karoo, Hessequa news' | http://www.georgeherald.com/news/Arts--Entertainment/Entertainment/172396/Afrikaanse-musiek-kraai-koning | 2016-09-15 10:00:00 |
Marié Stander se kuns maak 'n verskil | Marié Stander (beter bekend in George as Marié van Reenen en voormalige Kwagga-leerder) woon in Jamestown buite Stellenbosch, waar sy die kleurvolle karakters vind wat haar pragtige kuns inspireer. Foto's: André Visser
GEORGE NUUS - Toe die bekende kunstenares in fynere kuns en oud-Kwagga-leerder Marié Stander, haar argitek man Rick (ook 'n oud-Kwagga) en hul twee seuns Lukas en Simon hul gevestig het in Jamestown net buite Stellenbosch, het hulle dit gedoen vir 'n goeie rede.
Hulle wou 'n verskil maak aan die gemeenskap, en ook deel wees van die klein dorpie en sy inwoners. Marié ken elkeen van die kleurvolle karakters van die dorp, en haar portretwerk is deur hulle geïnspireer.
Sy loop dikwels van die interessante mense raak tydens haar daaglikse wandeling deur die dorp. Marié is die dogter van wyle dr. Jacob van Reenen, wat jare lank 'n baie bekende tandarts in George was. Tydens 'n onderhoud met Kwêla verlede Woensdag het sy verduidelik dat wanneer sy die houtskool portretsketse en skilderwerk doen, sy reeds haar model se lief en leed ken, en dit wys ook in die swaarkrylyne van hul gesigte.
Een van haar kenmerkende houtskool en ink portrette getitel Pepsi met harlekynkraag was deel van die 40 Sanlam SPI Portret-toekennings 2015 finaliste wat die ronde deur die land gedoen het, en verlede week by die George-museum tot 'n einde gekom het. Haar skoonmoeder Magriet Stander was ongetwyfeld daar om dit te besigtig en te bewonder.
Marié is 'n goeie tydbestuurder, want afgesien daarvan dat sy pragwerke in alle mediums produseer, het sy ook 'n kunsskool met 70 leerlinge in Stellenbosch wat gereeld uitstallings van hoogstaande skilderwerk hou. "Ons jaarlikse veiling van kunswerke se opbrengste is vir minderbevoorregte kinders in 'n opvoedkundige hoedanigheid in en om Stellenbosch."
Dan het sy boonop ook twee boeke in druk oor haar werk. Onse mense I en II wat haar portretsketse bevat, elk met 'n gepaste gedig spesiaal geskep vir elke kunswerk deur 'n verskeidenheid bekende digters van Suid-Afrika wat gepubliseer is deur CTP Publishers.
"Die nood in ons dorpie is maar altyd hoog en die fondse kan darem bydra tot die opvoeding van die kinders." Sy het 'n bepaalde metodiek wat sy oordra aan haar studente, wat hul waarneming verhoog, en die hele proses ook vergemaklik, vertel die vrou wat gevonkel het op kykNet se Kwêla-program verlede week.
ARTIKEL: PAULINE LOURENS, GEORGE HERALD-JOERNALIS
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus' | http://www.georgeherald.com/news/Arts--Entertainment/Entertainment/173153/Marie-Stander-se-kuns-maak-n-verskil | 2016-09-27 11:00:00 |
Orgaanskenking is ‘n sensitiewe, maar ‘n belangrike saak wat lewens kan red. Jou hart, lewer en pankreas kan drie lewens red en jou niere en longe nog vier. Met kornea, vel, been en hartkleppe kan jy 'n verdere 50 lewens red... mits jy al geregistreer het as orgaanskenker.
In 2012 voer ek 'n onderhoud met Carina van Nierop (19) en haar familie. Sy het sedert 2011 gewag op 'n hart-dubbel-longoorplanting, maar het op 6 Januarie 2013 haar stryd verloor teen die seldsame siekte, Mediastinale Fibrose en Pulmonale Hipertensie. Toe Carina se storie my pad gekruis het, het ek besluit om as orgaanskenker te registreer. Sedertdien het Albertus Scholtz (reeds 20 jaar 'n hartoorplanting ontvanger), Frans de Beer, asook Tommie en Valerie Prins se stories ook uit my pen gevloei.
Albertus woon op Stilbaai en is 'n hartoorplanting-pasiënt. In 2013 was sy hart 20 jaar oud en sy gesondheid goed. Op 22 Junie 1993 het hy 'n tweede lewe ontvang na 'n volledige hartoorplanting wat in 'n sewe uur operasie in die Grootte Schuur hospitaal in Kaapstad oorgeplant is.
Tommie en Valerie se storie lees soos 'n liefdesverhaal uit sprokiesboeke. Die egpaar is 'n uitsondering en is hul liefde en deursettingsvermoë tot die uiterste beproef toe hy met kategorie 5 nierversaking gediagnoseer is en 'n nieroorplanting benodig het. Sy het nie gehuiwer nie. Wonder bo wonder was sy 'n geskikte skenker en het sy 'n nier aan hom geskenk tydens 'n operasie in Kaapstad. Vandag gaan dit goed met altwee en is beide gesond.
Alle orgaanskenkings word hanteer deur die Stigting vir Orgaanskenking en hul koördineerders wat met orgaanontvangers- en skenkers werk. Jy kan nie jou organe aan ‘n spesifieke persoon skenk nie (behalwe lewendige skenkings soos niere) of orgaanwerwing vir jouself doen nie. Orgaan oorplanting is vandag ‘n baie suksesvolle prosedure en word as roetine gesien. Altesaam 21 verskillende organe en weefsel word daagliks suksesvol oorgeplant. Orgaanontvangers kan verwag om jare by hul leeftyd te voeg nadat dit ontvang is. Alhoewel daar met rasse skrede vordering gemaak is met orgaanoorplanting, is organe steeds skaars en mense skepties om skenkers te word.
Frans (48) is op 16 Junie 2014 oorlede aan nierversaking. Alhoewel hy wel 'n orgaan vanaf sy suster kon kry vir 'n nieroorplanting, het sy hart te veel skade opgedoen vir so 'n operasie. Hierna is beide sy bene geamputeer weens swak bloedsomloop en kon hy ook nie kunsbene ontvang nie. Regdeur al die beproewing was hy altyd positief.Indien jy meer wil uitvind oor hoe om 'n weefselskenker te word, kan jy die Nasionale Weefselbank tolvry by 0800 872663 of die Orgaanskenkingstigting tolvry by 0800 22 6611 skakel. Nasionale orgaanskenkingstigting se webwerf by www.odf.org.za | http://www.georgeherald.com/viewblog/1630/Red-7-lewens | ||
Op 'n stadium het daar by die KKNK op elke hoek 'n groepie kinders gesit en Jaloersbokkie in verskillende grade van vals gesing met lee bierbokse voor hulle vir geld.
Een jaar gaan sit 'n groepie op 'n besige hoek met 'n kennisgewing: "Ons bly stil".
Hulle het omtrent die kleingeld laat inrol. Almal het gedink dis 'n puik idee en binne vyf dae was daar op elke hoek 'n groepie met 'n "ons bly stil" bordjie en toe maak niemand meer geld nie.
Ek dink aan die storietjie toe ek een aand teen my beterwete nuus kyk en sien hoe studente afbreek en plunder omdat daar van hulle verwag word om te betaal vir studies. Iewers het hulle gehoor dat daar groepies studente is wat gratis studeer.
Daar was wel studente wat gratis studeer het, dis die studente wat, as hulle bordjies sou vertoon het, sou verklaar: "Ons bly stil want ons moet hard werk want ons het beurse." Iewers het daardie deel van die boodskap "lost in translation" geraak, want skielik is daar die persepsie dat universiteite 'n basiese mensereg is waartoe almal gratis toegang het.
En raai wat? Nou is almal se bierbokse besig om leeg te raak, want die kleingeld het opgedroog. Welgedaan, doen so voort, breek af en slaan stukkend - dalk prop iemand iewers 'n graad in jou hand - en dan kan jy van voor af begin afbreek want dan gaan daar skielik van jou verwag word om te werk vir geld - of nee - ek het vergeet - die graad gaan mos sommer vanself geld in jou sak laat klingel.
En as ek moerig klink, het ek 'n verduideliking: "EK IS!" | http://www.georgeherald.com/viewblog/1634/Is-stilbly-nie-beter-nie | ||
Afrikaanse musieklegende vereer met fees | Professor Chris Lamprecht en sy vrou, Elza het ook die koorfees op 16 September bygewoon. Foto: Annemarie Geldenhuys.
GEORGE NUUS - Die NG-gemeente Aasvoëlkop in Johannesburg het Vrydagaand 16 September, hulde gebring aan professor Chris Lamprecht, toe die gemeente sy jaarlikse koorfees aan die vermaarde komponis opgedra het.
Professor Lamprecht (89), deesdae woonagtig in Heroldsbaai, is in Mei vanjaar in Stellenbosch vereer met die eerste Andrew Murray FAK-toekenning vir 'n buitengewone bydrae tot Christelike musiek. Die uitvoerende hoof van die FAK, dr. Danie Langer, het gesê Lamprecht het oor 'n tydperk van 40 jaar 'n ontsaglike groot skat van gewyde musiek tot die Afrikaanse musiekerfenis toegevoeg as orrelis, koorleier, komponis en verwerker van Afrikaanse koormusiek.
Benewens sy bydrae tot die gewyde musiekskat, het professor Lamprecht ook etlike honderde tradisionele Afrikaanse liedjies verwerk waarvan talle in die 1979 en 2012 FAK-sangbundels opgeneem is.
Professor Lamprecht was tussen 1962 en 1968 die orrelis en koorleier van die NG-gemeente Aasvoëlkop. Vanaf 1968 tot 1992 was hy orrelis by Universiteitsoord in Pretoria, waar Aasvoëlkop se huidige leraar, dr. Jurie Schoeman, gereeld as Tukkie-student die aanderedienste bygewoon het.
Vir vanjaar se Aasvoëlkop-koorfees is vyf plaaslike kore - dié van die Laerskole Louw Geldenhuys en Jan F.
Cilliers; die Helpmekaar-kollege; die Universiteit van Johannesburg en Aasvoëlkop se eie gemeentekoor - gevra om elkeen minstens een verwerking deur professor Lamprecht in hul aanbieding in te sluit. Die Helpmekaar-kollege se jeugorkes, onder leiding van Peter McLea, het die aand se verrigtinge ingelui met die luimige Skugter Sarie.
Ander Lamprecht-verwerkings wat in die loop van die aand gehoor is, was Hulle sê daar's 'n man in die maan (Laerskool Jan Cilliers), Emmaus (Helpmekaar-kollege), In Palestina's velde (Laerskool Louw Geldenhuys), By die see van Tiberias en Geloofsbelydenis (albei Aasvoëlkop-gemeentekoor).
Die Universiteit van Johannesburg-koor, wat onder leiding van Renette Bouwer staan, het 'n verwerking van En deur Sy wonde gesing. Volgens Bouwer was dit die heel eerste koorwerk wat sy as musiekstudent moes leer. Sy het professor Lamprecht opreg bedank vir die enorme bydrae wat sy musiek tot haar loopbaan en lewe gelewer het.
Vir professor Lamprecht was dit 'n besondere voorreg om sommige van sy verwerkings opnuut weer deur 'n nuwe generasie stemme gesing te hoor. Hy het al die kore mildelik geloof vir hul bydraes en gesê dat hy baie opgewonde is oor die toekoms van koormusiek in Suid-Afrika.
Om die aand mee af te sluit, het Bouwer die vyf kore gesamentlik begelei in die uitvoering van die baie geliefde Aandgesang deur professor Lamprecht.
(Artikel deur: Nico Geldenhuys - Johannesburg)
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus' | http://www.georgeherald.com/news/Arts--Entertainment/Entertainment/172647/Afrikaanse-musieklegende-vereer-met-fees | 2016-09-20 09:00:00 |
EFF-raadslid gee ook haar 50% vir Malema | George EFF-raadslid Laetitia Arries. Foto: Michelle Pienaar
GEORGE NUUS - 'n Verklaring van die EFF-leier, Julius Malema vandeesweek dat alle raadslede van sy party die helfte van hul salarisse vir die eerste drie maande van hul termyn aan die party moet opdok is geen nuwe nuus nie.
So sê die plaaslike EFF-lid Laetitia Arries, wat self geen probleem met hierdie reëling het nie.
Malema het Maandag in 'n verklaring gesê dat raadslede die geld aan die organisasie moet skenk om die party se uitgawes van die 2016-verkiesing te dek. Hy het gesê dat diegene wat weier om hul bydraes te gee van die party steel, en dat daar met hulle afgereken sal word.
Volgens Arries was alle EFF-kandidate deeglik bewus van hierdie besluit. "Dit was nie 'n surprise nie, dit was reeds voor die verkiesing ter sprake," het sy gesê. "Ons dink nie eens daaraan nie, as ek my hele salaris moes afstaan vir drie maande sou dit ook reg wees. Hierdie reëling geld vir alle EFF-raadslede dwarsoor die land. Die party se uitvoerende komitee het die besluit geneem en ons aanvaar dit so. Dit is glad nie 'n probleem nie," het Arries gesê.
"Ons het gekompeteer teen die DA en die ANC. Die EFF is 'n redelike nuwe party en ons het nie daardie finansiële krag nie, so ons almal neem verantwoordelikheid vir die kostes wat aangegaan is vir die verkiesing."
Arries wou nie by navraag verklap hoeveel sy op 25 Augustus moet opdok wanneer sy haar eerste salaris as George-raadslid ontvang nie. Sy het wel bygevoeg dat sy darem nie lekkernye soos warm sjokolade of cappuccino's hoef prys te gee nie. Volgens die Staatskoerant sal 'n deeltydse raadslid in 'n graad 4-munisipaliteit, soos George, 'n totaal van R237 236 per jaar verdien. Dit beteken dat Arries ongeveer R10 000 per maand sal moet betaal vir die volgende drie maande.
Intussen het 'n ander EFF proporsionele (PR) kandidaat, Lassy Matyholweni aan Zolani Sinxo gesê hy steun Malema se uitspraak dat raadslede wat min stemme kon trek, vervang sal word deur ander kandidate wat beter presteer het. Arries is die enigste EFF-raadslid in George en kon slegs 43 stemme in wyk 14 in Pacaltsdorp werf. Sy was egter nommer een op die PR-lys en het so 'n raadslid geword. Matyholweni het in wyk 11 in Thembalethu stemme gewerf en kon 163 kiesers oortuig om vir die EFF te stem. Die EFF se provinsiale sekretaris Melikhaya Xhogo het gesê daar sal nasionaal oor posisies besluit word, aangesien dit nie net oor stemme gaan nie, maar oor kandidate se betrokkenheid by die EFF se veldtog.
* George EFF Councillor Laetitia Arries has no problem giving half her salary to the EFF for the next three months to help cover the party's election expenses. EFF Leader Julius Malema said earlier this week that all EFF councillors have to make this contribution. Arries said she will gladly give her whole salary for three months if that is required. According to the Government Gazette a part-time councillor in a Grade 4 municipality such as George will earn a total of R237 236 per year, meaning Arries will have to give the EFF approximately R10 000 per month for the next three months.
ARTIKEL: MICHELLE PIENAAR, GEORGE HERALD-JOERNALIS
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus' | http://www.georgeherald.com/news/News/General/171881/EFFraadslid-gee-ook-haar-50-vir-Malema | 2016-09-07 16:00:00 |
Dom Boer se lag vir die dag: | Die tragiese tekens van die tye
(Hierdie is ongelukkig ‘n ware staaltjie en ek weet nie wat laat my nou weer vandag daaraan dink nie. Seker maar oor ek teen wil en dank voor ‘n rekenaar moet sit en lettertjies rondskuif terwyl ek vandag veel eerder buite wou gewees het met my vingers in die grond.)
‘n Paar van ons sit om ‘n tafel en wag vir ‘n vergadering om te begin. Een liewe vriend, nou ook reeds ‘n hele paar jaar heen, kla oor sy jong seuns: “Elke keer as jy hulle soek, dan sit hulle weer in die huis voor die verdomde rekenaar. Ek is seker hulle weet nie eers hoe lyk ‘n bosluis op ‘n bees nie…”
Blitssnel antwoord ‘n ander liewe vriend: “Sê hulle moet kyk by www punt bosluis punt…” | http://www.proagri.co.za/dom-boer-se-lag-vir-die-dag-214/ | 2016-10-20 14:20:43 |
Wolmark daal effens | http://www.proagri.co.za/wolmark-daal-effens/ | 2016-10-27 15:02:50 |
|
Ons praat oor kruisteling: Santa Getrudis | deur Johan Malan, Santa Getrudis Beestelersgenootskap
In die stoetbedryf gebeur dit soms dat telers vergeet waaroor die beesbedryf eintlik gaan, naamlik die behoeftes van die kommersiële teler. As stoettelers na die kommersiële teler luister en produseer wat hy verlang, kan volhoubaarheid bewerkstellig word en dit sal ’n toekoms vir die stoetteler verseker.
Waarna ons moet streef, is om die grootste hoeveelheid verkoopbare vleis te produseer vanaf die gras wat op ons plaas groei. Om dit te kan bereik, moet ons diere teel wat ’n hoë standaard kan handhaaf in die volgende produksie-eienskappe: vrugbaarheid, melkproduksie, lewensvatbaarheid, gewigstoename, lengte, gespierdheid en temperament. Diere moet oor konstitusie beskik en die moderne Santa Gertrudis kan hieraan voldoen.
Laag-oorerflike eienskappe soos vrugbaarheid, die belangrikste eienskap van beesvleisproduksie wat nie vinnig met seleksie kan verbeter word nie, kan baie verbeter word deur kruisteling met die gebruik van Santa Gertrudis-bulle.
Vrektes gaan hand aan hand met vrugbaarheid. Dr Rex Butterfield van Australië het een keer gesê: “A dead calf still has a distressingly poor growth rate even if we know why he is dead.” Santa Gertrudis koeie beskik oor uitstekende moedereienskappe, hulle kalfvrektes is baie laag en hulle kan nog kalwers voortbring tot op 16-jarige ouderdom.
Melkproduksie is net so belangrik. Die kommersiële teler kan nie bekostig om hierdie eienskap met seleksie te verbeter as hy ’n ander ras kan gebruik om hierdie gebrek uit te skakel nie. Melkproduksie is seker die grootste enkele faktor wat bepaal hoe ’n swaar kalf ’n koei in twaalf maande gaan produseer – want melk is voedsel. In die geval van iemand wat speenkalwers produseer, sal die speengewig-produksie van sy teelkoeie per hektaar die korrekte maatstaf wees.
Met kruisteling kan ’n kommersiële boer die regte kombinasie vind om by sy toestande en produksiestelsel in te pas. Hoe groter die genetiese variasie tussen twee rasse, hoe sterker die basterkrag.
In ekstensiewe toestande sal die beste resultate met kruisteling behaal word as ’n Europese ras (Bos Taurus) gekruis word met ’n Zebo-ras (Bos Indicus) of ’n ontwikkelde ras soos die Santa Gertrudis.
Basterkrag is nie oorerflik nie. Om dit te behou, moet kruisteling korrek beplan word (moenie die goedkoopste bul op die veiling koop nie). In enige kruisteelstelsel is seleksie volgens prestasie en op grond van bouvorm net so belangrik soos in suiwer teling.
Die aankoop van ’n bul vir ’n kruisteelprogram is ’n belegging en nie ’n verpligting of ’n las nie. Dit is hoofsaaklik die bul wat die gehalte van jou kudde vorentoe sal bepaal.
Santa Gertrudis het in bykans enige kruisteelprogram bewys dat swaarder speenkalwers geproduseer word en dat voerkrale bereid is om ’n premie te betaal vir hierdie kalwers aangesien hulle prestasie in die voerkrale deur en deur bewys is.
Die bydrae van die laaste drie bulle wat u aangekoop het tot u kudde is byna 90%. Die langtermyn uitwerking van ’n goeie of swak bul op u toekomstige kudde is dus duidelik waarneembaar.
Wat is ’n beter bul?
Die bul wat fenotipies korrek is, betroubare teelwaardes het vir u spesifieke behoeftes en doelwitte, en bekostigbaar is. Die bul moet nageslag produseer wat waarde toevoeg tot die bestaande teelpraktyk.
Deur ’n Santa Gertrudis-bul te gebruik, kan u natuurlik net op een ras konsentreer omdat die suiwer Santa op 18 maande meestal net soveel weeg soos ander rasse se kruisings. Dit bied u ook die voordeel van ’n egalige ker-sierooi kudde. As u Santa Gertrudis-bulle gebruik, kan u vertroue in u produk hê. Lasater het gesê: “Beesteling is ’n eenvoudige proses – die geheim is net om dit eenvoudig te hou”.
Vir meer inligting, besoek www.santagetrudis.co.za
Summary Article Name kruisteling Description In die stoetbedryf gebeur dit soms dat telers vergeet waaroor die beesbedryf eintlik gaan, naamlik die behoeftes van die kommersiële teler. Author Spesialisskrywer Publisher Name ProAgri Publisher Logo | http://www.proagri.co.za/ons-praat-oor-kruisteling-santa-getrudis/ | 2016-10-11 09:29:57 |
Van kleins af ‘n boer | Die vyfjarige JC Hugo sit voor in die klas saam met die plaaswerkers van Bertie Visagie wat op die plaas Paardekraal in die Calvinia-distrik deur Gawie van Wyk opgelei word.
JC is die seun van die Noord-Kaap bestuurslid van NWKV, André Hugo, wat die kursus gereël het. Die seuntjie se ongelooflike belangstelling in boerdery was opvallend tydens die demonstrasies. Sy pa sê vir ses dae van die week het hy sy blou oorpakbroek aan en hy is reg vir enige takie wat met daai klein handjies aangepak kan word. | http://www.proagri.co.za/van-kleins-af-n-boer/ | 2016-10-05 12:43:35 |
Dom Boer se lag vir die dag: | Steeds nommerpas
‘n Fris, fikse, atleties geboude jongman soek werk en die eienaar van die grootste winkel op die dorp stel hom summier aan.
Winkeleienaar: “Ek is baie bly jy het hierheen gekom, want ek is president van ons rugbyklub en ons het ‘n groot, sterk, atletiese senter nodig.”
Jongman: “Ek is baie jammer, maar ek weet absoluut niks van rugby af nie.”
Winkeleienaar: “O, dit maak glad nie saak nie. Ons het skeidsregters ook nodig.” | http://www.proagri.co.za/dom-boer-se-lag-vir-die-dag-220/ | 2016-10-27 14:01:28 |
Toets jou bulle vir vrugbaarheid | http://www.proagri.co.za/toets-jou-bulle-vir-vrugbaarheid/ | 2016-10-05 12:35:25 |
|
Boere: Goedkoper diesel ‘n werklikheid | ‘n Unieke ooreenkoms vir die verkryging van goedkoper diesel wat by sekere vulstasies aangekoop word is deur Kiaranix en Business Innovations met TLU SA gesluit. TLU SA het die alleenreg om dit in die landbou-waardeketting bekend te stel. Dit is net van toepassing op sekere leweransiers naamlik Shell en Engen regdeur die land. Dit is ‘n welkome geskenk in die jaar wat TLU SA 120 jaar oud word.
Louis Meintjes, president van TLU SA, het dit beklemtoon dat boere weinig aan die mark kan doen met dié dat hulle prysnemers is. Aan die insetkoste kant is daar egter aspekte wat aangespreek kan word ten einde winsgewendheid te bevorder. Hierdie is een so saak.
‘n Besparing van 70c per liter word verkry deur die dieselkaart wat deur TLU SA bestel kan word. In hierdie stadium is daar nie ‘n voordeel vir massa-lewerings wat op die plase gedoen word nie. Op bande en ander produkte by Supa Quick en TrenTyre kan ook afslag van tussen 37% en 58% gekry word.
‘n Baie eenvoudige proses maak dit baie verbruikersvriendelik.
Vir meer inligting en om te registreer kan enige van die ondergenoemde agente gekontak word om ook u besparings in werking te kan stel.
Naam Area Kontaknommers E-pos Wilma Prinsloo Pietersburg 015-293-9804/082-555-4553 wilma@ntlu.co.za Chris Myburg Stoffberg 082-417-2170 chrismyburg@ctecg.co.za Izelle Enslin-Jacobs Pietersburg 082-338-6601 pietersburgdlu@gmail.com Runel Matthews Pretoria 012-804-8031/081-761-4854 tlu@tlu.co.za Elzet Rautenbach Vrystaat 082-358-3104 bielie.bonsmaras@gmail.com Hendrik Marnewick Lichtenburg 082-465-3010 marzs6wick@gmail.com Erika Helm Soutpansberg 079-699-6032 erikahelm@mweb.co.za
Verdere geakkrediteerde persone wat tans in opleiding is sal mettertyd by die lys gevoeg word.
Die aansoekvorms is ook beskikbaar op TLU SA se webblad by www.tlu.co.za. Die voltooide vorms moet dan aan die naaste agent gestuur word. TLU SA lede kan aansoek doen om as agente geakkrediteer te word.
Vir algemene navrae kan Anne-Marie gekontak word by TLU SA se hoofkantoor by 012-804-8031
Bron: TLU SA | http://www.proagri.co.za/boere-goedkoper-diesel-n-werklikheid/ | 2016-10-28 10:47:55 |
Klink plantluis se doppie met Dow AgroSciences se Closer™ | As jy ‘Sandveld’ google, is Aartappels Suid-Afrika se webwerf die eerste een wat opspring. Lambertsbaai se aartappelfabriek is die grootste werkverskaffer in die streek en die dorpie Redelinghuys, 70 km suid van Lambertsbaai, staan as die aartappelhoofstad van Suid-Afrika bekend.
Die grootste bydraende faktor tot die streek se groei in die aartappelbedryf was seker die koms van elektrisiteit in die vroeë tagtigerjare. Daar is gevind dat aartappels uitstekend in die dorre streek aard en boere kon toe begin om hierdie gewilde stapelgewas te besproei om twee oeste per jaar te behaal.
Ongelukkig is die streek ook gewild vir plantluise, wat baie vinnig korte mette van enige belowende aartappeloes kan maak. Plantluise skuil oorwegend onder die aartappelplante se blare en is verantwoordelik vir die verspreiding van die gevreesde seisoenale rolblad en aartappelvirusse. ’n Boer kan die skade dadelik sien as die plante op kolle begin geel verkleur en dan ophou fotosinteer soos die insek dit aanval.
’n Ander teken is die teenwoordigheid van swaeltjies wat oor die lande swiep terwyl hulle die plantluise vang, maar ongelukkig kry hulle dit nie reg om almal op te eet nie. In die Sandveld kom plantluis gewoonlik voor in Februarie, Maart en April, maar vanaf Desember is die druk onder die spilpunte teen die kus baie erg – en dit is waar Dow AgroSciences se nuwe geregistreerde produk, Closer™, met groot nut aangewend kan word.
Na verskeie jare se navorsing en proewe kan Dow AgroSciences nou met trots hierdie gefokusde plantluisdoder bekendstel. Soos alle moderne landbouchemie, maak Closer™ net die plaag dood waarvoor dit ontwerp is en los die ander onskadelike insekte en natuurlike vyande in rus en vrede sodat hulle onverpoosd met hulle belangrike werk kan voortgaan.
Heinie Garbers is al veertien jaar plaasbestuurder vir Wilmpie Engelbrecht van Steenboksfontein, wat behalwe skaap en koring, oorwegend met aartappels naby Lambertsbaai boer. “Ons het maar elke jaar kwaai met plantluis gesukkel en baie middels probeer spuit, maar dit moes herhaaldelik gedoen word. Sekere produkte wat ons sterker gespuit het, het die aartappels gebrand voordat dit die plantluis laat vrek het,” sê hy.
“Dow het besluit om een van Wilmpie se lande teen die see, wat geweldige plantluisdruk ondervind, met Closer™ te behandel en die resultate was iets besonders,” sê Kalbas Tredoux, ’n druiweboer en verteenwoordiger van Nulandis wat Dow AgroSciences se produkte bemark. “Die dag na die proewe was daar 50% verbetering en ’n week daarna was daar nie een enkele plantluis in sig nie,” sê hy.
“Ek het agtergekom dat die plantjies na die eerste drie weke deeglik bespuit moet word en dan was dit nog nie weer nodig nie,” sê Heinie. “Dit mag dalk gebeur dat ’n nuwe generasie plantluise hulle opwagting maak en dan sal ’n tweede dosis gewens wees, maar Closer™ mag nie meer as drie keer per seisoen aangewend word nie,” sê Kalbas.
“Closer was aanvanklik slegs op sitrus en aartappels geregistreer, maar het onlangs ook registrasie op druiwe gekry. Ek wat self ’n druiweboer is kan nie wag om dit te gebruik nie’, sê Kalbas.”
Closer™ benodig slegs die standaard beskermende klere vir die toediener van die produk. “Closer™ is regtig ’n uitstekende produk en as jy in ’n gebied is waar plantluis voorkom, kan jy dit met ’n geruste hart aanwend sonder enige nadelige invloed op jou plante,” sê Heinie.
Closer™ is ontwerp om jou lewe te vergemaklik. Skakel Johan Janse van Rensburg by 021-872- 1751 of stuur vir hom ’n e-pos na JanseVanRensburg@dow.com om plantluis uit te knikker.
Summary Article Name Closer™ Description As jy ‘Sandveld’ google, is Aartappels Suid-Afrika se webwerf die eerste een wat opspring. Lambertsbaai se aartappelfabriek is die grootste werkverskaffer in die streek en die dorpie Redelinghuys, 70 km suid van Lambertsbaai, staan as die aartappelhoofstad van Suid-Afrika bekend. Author Spesialisskrywer Publisher Name ProAgri Publisher Logo | http://www.proagri.co.za/klink-plantluis-se-doppie-met-dow-agrosciences-se-closer/ | 2016-10-07 13:14:14 |
Brahmankoei en -kalf breek rekord | Schalk Burger, voormalige springbokkaptein het gister ‘n rekord by die Brahamane se nasionale veiling in Parys laat spat. Hy het deur middel van ‘n verteenwooordiger ‘n alimintige R110 000 vir ‘n wit koei en kalf betaal. Dit is R30 000 hoër as die vorige rekord wat vir ‘n koei betaal is. Mnr Hannes Liebenberg (foto) van SHL Brahmane buite Koster sê die kalf is op 22 Augustus gebore, maar sy uitsonderlike genetika was al van vroeg af baie opvallend. | http://www.proagri.co.za/brahmankoei-en-kalf-breek-rekord/ | 2016-10-09 11:13:08 |
Ontmoet PANNAR se flink span landboukundiges: Hulle laat elke pit praat | deur Christin Hunter
Dit verg ’n groot span uitsonderlike kundiges om ’n bevolking te voed – ’n span wat eerstens boere insluit, maar ook spesialiste in saadtegnologie, landbouchemikalieë, meganisasie, grondwetenskap, bemarking en markte om maar ’n paar te noem. PANNAR is trots daarop om een van die belangrike skakels in hierdie ketting te wees.
Met ’n wavrag grade en nagraadse kwalifikasies – en 68 jaar se gesamentlike ervaring – is PANNAR se wenspan landboukundiges ’n skatkis van kennis wat die grondslag van winsgewende en volhoubare boerdery vorm. Boonop strek hierdie ervaring oor verskeie gewasse en boerderystreke duskant die Sahara heen.
Vir die boer beteken dit die beste raad oor die afwisseling van gewasse, kultivarkeuses, plantdigthede, siektebestryding en ander bestuurspraktyke. Aan die hoof van die span staan die veteraansaadman, Pieter Rademeyer wie se grondige kennis en suiwer oordeel ’n bate vir die landboubedryf van Suid-Afrika is.
Hanlie Geldenhuys is PANNAR se produklandboukundige vir die oostelike produksiestreek en AK Geldenhuys (nie familie nie) vir die westelike streek. Hulle dien as skakel tussen navorsing (produkontwikkeling) en verkope, en hulle praat namens die twee streke se boere tydens produkontwikkelingsamesprekings en -besluite. Hanlie sal byvoorbeeld die ooste se behoefte aan hoëplantbevolkingkultivars aan die navorsers oordra en AK die weste se behoefte aan droogteverdraagsame kultivars.
In elke streek is ’n PANNARlandboukundige wat landboukundige raad eie aan die streek bied en wat navorsingsprojekte op plase ondersteun. Hierdie landboukundiges het gespesialiseerde kennis oor PANNAR se produkte in hulle besondere gebiede en hulle deel daardie kennis by PANNAR se jaarlikse Gewasextravaganzas, wat elke boer behoort by te woon. Regdeur die seisoen is PANNAR se landboukundiges bedrywig op plase, waar hulle produksieraad gee en probleme oplos soos hulle kop uitsteek, om te verseker dat die boer die volle waarde uit PANNAR se voortreflike saad put.
PANNAR se flink span landboukundiges is:
Naam Streek Telefoonnommer Corné van der Westhuizen Noordwes 082-570-8240 Grant Pringle KwaZulu-Natal en Kaap 071-678-1511 Joe Payne Gauteng, Suid-Mpumalanga en Oos-Vrystaat 083-417-4795 Klaas van Wyk Noord-Kaap 072-665-6488 Hendrik Linde Wes-Vrystaat 079-527-7695 Nico Barnard Oostelike Hoëveld en Limpopo 082-850-1503
Hierdie span landboukundige veldwerkers speel ook ’n belangrike rol in PANAGRI®-navorsingsprogramme wat prestasie onder verskeie soorte produksie- en omgewingstoestande evalueer. Proewe word byvoorbeeld gedoen om sake soos prestasie teen verskillende plantdigthede, produksie onder vogspanning of die uitwerking van onkruiddruk op die uiteindelike opbrengs te bepaal. Hierdie belangrike bevindings word by die Gewasextravaganzas met boere gedeel en dit is nog ’n rede waarom boere die geleentheid nie moet misloop nie.
PANNAR se landboukundiges geniet waardevolle steun van Navorsing en Ontwikkeling se span plantsiektekundiges onder die bekwame leiding van dr Rikus Kloppers. Hulle toets en ontwikkel gewasbeskermingsprogramme onder die handelsnaam, PANACEA®.
SB Coetzee evalueer verskeie saadbehandelingsprodukte om te bepaal watter een die beste vir PANNAR-saad werk. Vicky Coetzee (nie familie nie) toets die weerstand van basters teen die siektes van sub-Sahara-Afrika en stel voorkomende spuitprogramme saam om plante ten beste teen siektes en plae te beskerm.
Tot elke boer se beskikking
Die sleutel tot hierdie skatkis van bruikbare kennis is in elke boer se hand in die gedaante van Sprout, PANNAR se selfoontoepassing (app).
Sprout bied produkbeskrywings en kontakbesonderhede van PANNAR se behulpsame bemarkers, maar help boere ook om ingeligte besluite te neem:
Daar is ’n galery foto’s met beskrywings van die belangrikste mielie-, sonneblom- en koringsiektes sodat die boer in die land ’n tydige en akkurate diagnose kan maak.
Daar is gereedskap om die boer te help om die beste baster vir sy besondere produksiestelsel en –omgewing te kies en om verskillende kultivars met mekaar te vergelyk.
Daar is gereedskap om die regte plantestand vir produk te te bepaal en om die ekonomiese lewensvatbaarheid van herplant na skade aan ’n gewas te bepaal.
Daar is opbrengsskattingsmiddele, SAFEX-pryse en geldeenheidomskakelings sodat die boer sy somme foutloos kan maak.
Daar is ’n eenheidomskakelingshulpmiddel sodat die boer imperiale eenhede na metrieke eenhede kan omskakel vir die vertolking van oorsese navorsingsresultate.
Met die beskikbaarstelling van al hierdie nuttige kennis en hulpmiddele is dit duidelik dat PANNAR nie net die boer se saadvennoot is nie, maar sy volledige boerderyvennoot wat hom al die pad ondersteun om winsgewend en volhoubaar te boer.
Vir meer inligting, praat met Peet van der Walt by 082-783-9526 of 033-413-9558, of e-pos hom by Peet.vanderwalt@pannar.co.za. Besoek ook PANNAR se boervriendelike en nuttige webwerf by www.pannar.com.
Summary Article Name PANNAR Description Dit verg ’n groot span uitsonderlike kundiges om ’n bevolking te voed – ’n span wat eerstens boere insluit, maar ook spesialiste in saadtegnologie, landbouchemikalieë, meganisasie, grondwetenskap, bemarking en markte om maar ’n paar te noem. Author Spesialisskrywer Publisher Name ProAgri Publisher Logo | http://www.proagri.co.za/ontmoet-pannar-se-flink-span-landboukundiges-hulle-laat-elke-pit-praat/ | 2016-10-07 12:58:21 |
Vrystaat Boran Klubveiling-uitslae | http://www.proagri.co.za/vrystaat-boran-klubveiling/ | 2016-10-31 13:58:07 |
|
Dom Boer se lag vir die dag: | Samewerking
Tant Saar se motortjie steek summier by die verkeerslig vas en verseg om weer te vat.
Terwyl sy vergeefs bly tjoijoijoi-tjojoijoi, sit die gladde stadsjapie agter haar rumoerig en toeter druk.
Eindelik klim tant Saar uit haar motortjie, stap rustig na Stadsjaap se kar en klop aan die ruit. Toe die ruit elektries oopgly, sê sy:
“Môre Meneer. As jy so ridderlik en manlik wil wees om te kyk of jy my kar aan die gang kan kry, sal ek solank jou toeter vir jou druk.” | http://www.proagri.co.za/dom-boer-se-lag-vir-die-dag-217/ | 2016-10-24 07:53:34 |
Dom Boer se lag vir die dag: | Fyn aanvoeling
Die hond stap by die poskantoor in en sê hy wil graag ‘n telegram wegstuur.
Die klerk gee hom die telegramvorm en die pen aan. Hy byt die pen tussen sy tande vas en skryf: “Woef woef woef, woef woef woef, woef woef.”
Die klerk tel die woorde (dit was baie jare gelede in die tyd toe poskantoorklerke nog kon lees, skryf en tel) en sê: “Ek sien dit is agt woorde. Vir dieselfde prys kan jy nog twee woefs byvoeg.”
Hond (nadenkend): “Ja-a-a-a, ek reken ek kan seker, maar dink jy nie dit sal dan effens verspot klink nie?” | http://www.proagri.co.za/dom-boer-se-lag-vir-die-dag-201/ | 2016-10-04 15:08:59 |
Gee jou diere ’n voorsprong: Rumax se verpillingsmasjien bly dié beste | Veral in skraal omstandighede soos wat die huidige droogte op ons afdwing, is dit vir die veeboer belangrik dat elke krieseltjie duur voer ten volle benut moet word. Dit is waar verpilde voer die boer dien, want verpilde voer sorg vir gebalanseerde voeding en hoër voerinnames, beter vertering, beter proteïensintese en minder vermorsing. Rumax se verpillingsmasjien maak dit vir die boer maklik om hierdie voordele te geniet.
Ian Groenewald, skaap-, saai- en melkboer van die plaas Vyekraal by Darling, verkies Rumax, want Rumax luister graag na nuwe voorstelle en planne om die boer se lewe makliker te maak, sê hy. “Rumax se verpillingsmasjien maak ’n volvoerpil vir ons dragtige ooie voor en tydens lamtyd en kruippilletjies vir lammers om aan te peusel terwyl hulle nog drink om hulle vinniger te laat gewig optel en om hulle te leer eet.”
Ian se verpillingsmasjien werk vinng, flink, presies en betroubaar sodat hy ’n volle ton materiaal per dag in pille van twee tot drie mengsels kan omskep. “Dit het ’n baie doeltreffende kerf- en mengaksie met verskillende siwwe vir verskillende produkte,” sê Ian.
Ian se Rumax-hamermeul maal alles fyn voordat dit afgeweeg word. “Ek het ’n elektroniese trekskaal wat met die vurkhyser werk waarmee ek massa-sakke afweeg.” Ian het sy verpillingsmasjien aangepas deur waaiers aan te bring om die pille gouer koud te maak. Koue pille sweet en muf nie.
Sy waaierstelsel werk so: “Ek het ’n vervoerband laat maak met drie waaiers om pille koud te maak of af te laat koel voordat dit in die sakke geplaas word. Die vervoerband het ’n spoedreguleerder in waarvolgens ek die tyd wat die pil tot in die sak beweeg, kan beheer.”
Ian besit ook ’n Rumax-misstrooier, waarmee hy net so ingenome is. Die wete dat Rumax se mense verstaan dat ’n boer se werk nooit mag gaan staan nie, gee hom gemoedsrus. “Rumax bied baie goeie diens en laat beslis nie ’n boer wag nie. Wanneer jy onderdele bestel, is dit die volgende dag in Darling,” sê hy.
Skakel Jaco Pieters by 082-335-3970 of 023-342-6070, of stuur vir hom ’n e-pos na jaco@rumax.co.za. Besoek ook hulle webtuiste: www.rumax.co.za. | http://www.proagri.co.za/gee-jou-diere-n-voorsprong-rumax-se-verpillingsmasjien-bly-die-beste/ | 2016-10-10 11:00:50 |
Agrico koop Dripco oor | Die Wellingstonse besproeiingsonderneming, Dripco (Edms) Bpk, is as ‘n lopende saak aan Agrico verkoop. Agrico is ‘n gevestigde, internasionale besproeiingsfirma, wat ook onlangs in die nuus was toe die maatskappy AFGRI se aanbod om sy John Deere-kleinhandelstakke oor te neem, aanvaar het.
Agrico vervaardig onder meer spilpunte, PVC-pyp, poli-etileen pyp, goukoppelpype, kleppe, pompstelle en passtukke in fabrieke in Bellville en Lichtenburg. Die res van die komponente om ‘n besproeiingstelsel volledig te maak, word ingevoer of regstreeks by plaaslike fabrieke gekoop. Agrico se klante word ondersteun deur 26 strategies geleë takke in Suidelike Afrika vanwaar boere met oplossings en alle vorme van besproeiingsprodukte bedien word.
Dripco is 34 jaar gelede gestig en oor tyd uitgebou tot ‘n leier in kleinhandelbesproeiing in Wellington en omliggende gebiede. Die onderneming bemark ‘n volledige reeks besproeiingsoplossings aan leierboere in die Wes-Kaap en Karoo.
Lodie Willemse en sy span van drie ontwerpers sien uit daarna om hulle sake uit te bou met die ondersteuning van Agrico. Hulle glo dat boere baat sal vind by die wye produkreeks, sterk logistiek en mededingende pryse wat Agrico bied. Finansiering sal ook voortaan aangebied word op geselekteerde produkreekse, insluitende AGRICO-spilpunte.
Die verkryging stel Agrico in staat om ‘n beter diens aan boere in die Wes-Kaap te lewer, sê Walter Andrag, Agrico se uitvoerende hoof. “Dripco se fokus op uitstekende klante-diens en tegniese vaardigheid pas perfek by ons strategie om die standaard te stel vir kundige wateroplossings. Ons verwelkom graag vir Lodie en sy span in die Agrico-familie en sien uit na ‘n langtermyn, wedersyds voordelige verhouding. Daar sal geen afleggings wees nie, en die fokus bly voortgesette groei.”
Bron: Agrico | http://www.proagri.co.za/agrico-koop-dripco-oor/ | 2016-10-19 08:51:44 |
Duurste Senepol-bul verkoop | Daar is Saterdag geskiedenis op Excelsior in die Vrystaat gemaak toe die Senepols hulle duurste bul tot op hede verkoop het. Dié telersgenootskap het vanjaar weer hulle nasionale veiling by die Circle C-veilingskrale buite die dorp gehou. In 2012 het die einste Circle C Senepol-stoet die vorige rekord laat spat toe hulle R100 000 vir ‘n bul betaal wat deur Vetkragga Boerdery van Riversdal aangebied is.
Vanjaar het Danie Nieuwoudt van Ekland Boerdery buite Marquard en dr Chris Nel van Eversar-stoet naby Petrus Steyn saam die bod tot op R110 000 gejaag. Die bul sal vir die eerste deel van die seisoen op Marquard werk en daarna Petrus Steyn toe gaan. Toks Liebenberg en sy broer Nico van ANL Boerdery buite Bothaville was die verkopers.
Die gemiddeld vir die bulle op die veiling was R35 722 en R22 000 vir die koeie. Die duurste koei en kalf is vir R31 000 verkoop.
Die veiling is deur Vleissentraal Bloemfontein aangebied.
Ian Grobbelaar (afslaer), dr Chris Nel (koper), Danie Nieuwoudt (koper) en Toks Liebenberg (verkoper) het Saterdag ‘n rekordtransaksie by die Senepols se nasionale veiling beklink.
Erick Reinecke, plaasbestuurder van Ekland Agri is gereed om die R110 000-bul te laai sodat dit vir die eerste helfte van die seisoen op Marquard kan gaan werk. | http://www.proagri.co.za/duurste-senepol-bul-verkoop/ | 2016-10-17 12:49:51 |
Vier voorvalle op Vrystaat-plase in Oktober | In die vierde plaasaanval-voorval hierdie maand, word verdagtes tans gesoek na hulle vanoggend (11 Oktober) op plaaswerkers op ’n plaas in die Parys-distrik geskiet het. Die werkers het die verdagtes glo in die veld raakgeloop. Die boer is in kennis gestel en die plaaslike plaaswagstelsel is geaktiveer. Boere van die omgewing soek tans saam met die Polisie na die twee verdagtes. Niemand is in die voorval beseer nie.
Vier verdagtes is gister aangekeer na hulle ’n boer van Vierfontein aangeval het. Die voorval het plaasgevind toe Oosie Oosthuizen Sondagmiddag by sy huis op die plaas Olieboomfontein aangekom het na hy ’n huiswerker op Orkney gaan haal het.
Een van die verdagtes is glo een van Oosie se plaaswerkers se kinders. Oosie is met ’n houtvoorwerp oor die kop geslaan en die verdagtes het toegang tot ’n kluis/kluise geëis. Die vermoede bestaan dat hulle op soek was na vuurwapens. Hulle het die toneel verlaat sonder om enige iets te steel. Oosie is in die hospitaal opgeneem, maar het gelukkig nie ernstige beserings opgedoen nie.
Tydens ’n tweede voorval die maand is ’n werker op die plaas, Oom Japie in die Clocolan- distrik aangeval. Die vrou was Donderdagaand, 6 Oktober 2016, alleen tuis toe twee mans haar gedwing het om haar huis se deur oop te maak. Hulle het haar met ’n wapen aangehou en geld van haar geëis. Die verdagtes het met kontant en selfone op die vlug geslaan. Volgens die Polisie word die verdagtes nog gesoek.
Intussen berig die VKB/VL Veiligheidslessenaar dat ’n plaasaanval Donderdag tussen Tweeling en Reitz voorkom is deur middel van samewerking tussen boere en die Polisie. Drie verdagtes is aangekeer wat glo klapmusse en handskoene aangehad het. Die verdagtes het na bewering die boer se honde vergiftig, en ’n werker het die boer gewaarsku na hy gesien het hoe een van die mans by die huis se vensters ingekyk het. Die plaaswagstelsel is geaktiveer, waarna die verdagtes gevang is. Die verdagtes kon positief met ’n huisbraak op ’n buurplaas verbind word, en dit kom voor of hulle die betrokke plaas al ’n ruk lank dophou.
Volgens die lessenaar se statistiek is dit die 14 de plaasaanval wat die jaar in die provinsie voorkom is. Die aantal plaasaanvalle tot dusver die jaar in die Vrystaat staan tans op 41. Tommie Esterhuyse, voorsitter van Vrystaat Landbou (VL) se Wet en Orde Komitee, sê goeie samewerking tussen boere en die Polisie binne die raamwerk van die Landelike Beveiligingsplan (LBP) het die voorvalle voorkom. “Hierdie samewerking is tot voordeel van die hele gemeenskap en dit kring al wyer uit. Ons kan dit veral sien in terme van pro-aktiewe optrede om voorvalle en misdade te voorkom. Die samewerking dra ook daartoe by dat die vrot appels in die stelsel, hetsy binne ’n gemeenskap of die Polisie, al hoe meer uitgeskakel en ontbloot word.”
Tommie moedig boere aan om veral oor naweke en op Sondae paraat te wees en binne die plaaswagstelsel patrollies te reël, veral rondom kerktye. “Misdadigers hou nie naweek nie, hulle is juis op sulke dae meer aktief omdat hulle kanse op sukses beter is.”
Bron: VKB/VL Veiligheidslessenaar | http://www.proagri.co.za/vier-voorvalle-op-vrystaat-plase-oktober/ | 2016-10-11 15:47:33 |
AFGRI bereik nuwe hoogtes met JCB AGRICULTURE | Wanneer reuse saamwerk, kan die aarde behoorlik sidder en beef! AFGRI, die leier in landbou-oplossings en voedselverwerking in Suid-Afrika, is pas aangewys as die verteenwoordigende handelaar vir die Britse maatskappy, JCB, se landboutoerusting in die land.
Boere het dus nou deur hulle naaste tak van AFGRI Meganisasie toegang tot JCB se uitgebreide reeks oplossings vir materiaalhantering en konstruksie. Patrick Roux, besturende direkteur AFGRI Equipment, sê JCB het so ’n wye verskeidenheid produkte en hulle is so veelsydig en aanpasbaar, dat ’n boer nie verder hoef te soek vir enige materiaalhantering- of konstruksie-oplossing nie.
Die 20 takke van AFGRI Meganisasie (Equipment) hanteer ’n groot verskeidenheid wêreldklas handelsname in landboutoerusting en JCB se toerusting sal baie van die masjinerie aanvul. “Die reeks toerusting wat nou beskikbaar is, sal die lewe makliker en meer kostedoeltreff end maak vir ons kliënte.
Dit sluit in telehanteerders, trekkergemonteerde laaigraaf-trekskoppe (TLB’s) en selfaangedrewe laaigrawe. Hierdie toerusting kan ’n swetterjoel take verrig: in en om die werkswinkel om enigiets te laai, af te laai of te verskuif, en elders op die plaas vir take soos die laai van bale, massakunsmissakke en sitrusbakke tussen boorde. Dit kan ook gebruik word om hoenderhokke skoon te maak waarvoor daar spesiale spesifi kasies beskikbaar is, kuilvoer te hanteer met spesiale kuilvoersnybakke, vir algemene laai- of opligwerk en waterdreineringsbestuur.
Kortweg word die veelsydigheid van hierdie masjiene net beperk deur die verbeelding.
JCB is een van die wêreld se drie topvervaardigers van konstruksie- en landboutoerusting met ’n voetspoor in 150 lande en het reeds 60% van die markaandeel vir telehanteerders in Suid- Afrika bekom.
Boere kan verseker wees van ’n waarborg van een jaar met onbeperkte werksure op JCB se toerusting. Dit is ook moontlik om die waarborg te verleng. Aanpasbare fi nansieringspakkette, met die ondersteuning van ABSA, is ook beskikbaar.
Ontmoet ’n paar produkte
JCB 3CX Agri Eco-trekskoplaaigraaf (backhoe loader)
Dit is die nommer een trekskoplaaigraaf in die wêreld ten opsigte van doeltreffendheid en lae bedryfskoste. Die masjien is toegerus met ’n kragtige 63 kW DIESELMAX-enjin met ’n gemiddelde besparing van 16% op die dieselrekening. Dit het ook ’n vergrote tenk vir ’n langer en meer produktiewe werksdag.
Die 3CX Eco is toegerus met JCB se LiveLink telematiese stelsel wat die masjien se werking dophou, waarskuwingsboodskappe stuur en as waghond teen diefstal optree. Die lugversorgde kajuit is aangewys as die beste in sy klas en bied al die gerief wat ’n operateur nodig het om lank en lekker te kan werk. Dit is geïsoleer teen geraas en vibrasies, al die kontroles is geriefl ik byderhand en die vensters bied ’n uitsig van 360⁰.
JCB 531-70 Loadall Telehandler
Die telehanteerder bied ook goeie uitsig reg in die rondte en spog met ’n verskeidenheid veiligheidsmaatreëls soos ’n ingeboude beskermingsklep wat die arms in hulle posisie sluit sodat dit nie val indien ’n hidrouliese koppelpyp bars nie.
Met die telehanteerder se GPS kan jy virtuele grense opstel om seker te maak die masjien werk net op die plekke waar hy veronderstel is om te wees. Die masjien is maklik om te versien met maklik bereikbare vloeistoffilters en is net so gemaklik om te gebruik met sy enkele stuurstok en duidelike instrumente.
JCB 455ZX-wiellaaiers
Die selfaangedrewe laaiers is ontwerp om in die mees uitdagende omstandighede in die wêreld te werk. Hulle kan maklik versien word, hanteer maklik en bied uitstekende gerief, werkverrigting en brandstofverbruik.
Die 455 ZX se brandstoftenk hou 310 liter sodat jy la-a-a-a-ank kan werk voordat jy moet volmaak, en net die beste tegnologie word ingespan om vinniger te grawe en groter vragte met minder brandstofgebruik te verskuif. JCB se vernuwende hidrouliese pomp met wisselbare verplasing voer ’n vragvoelende stel kleppe wat net krag verbruik wanneer dit nodig is. Dit verseker presiese, doeltreff ende laaigraafbeheer.
JCB TLT30 Teletruk
Die toppunt in produktiwiteit word met die JCB TLT30 Teletruk bereik – die Teletruk kan die werk van vyf masjiene doen, naamlik ’n konvensionele toringvurkhyser, ’n glystuurlaaigraaf, kompakte telehanteerder, rowweterreinvurkhyser en ’n selfl ooplaaigraaf.
Dit beteken groot besparings vir enige operasie. Hegstukke (attachments) kan binne dertig sekondes geruil word met die hulp van die JCB Changezee. Die Teletruk bied uitstekende uitsig vorentoe as gevolg van die unieke kantarm (side boom).
Die kajuit is gerieflik vir die operateur met alle kontroles maklik binne bereik.
Doen navraag by jou naaste AFGRI Meganisasie-tak of besoek www.afgri.johndeeredealer.co.za. | http://www.proagri.co.za/afgri-bereik-nuwe-hoogtes-met-jcb-agriculture/ | 2016-10-07 11:12:09 |
Beefmasters is meer as mooiweersbeeste | Beefmasters word as ’n sintetiese of saamgestelde ras beskou, maar hierdie slimgeteelde diere is allesbehalwe kunsmatig of aanmekaargeflans. Na baie jare se navorsing en teling met die beste genetika van drie uitsonderlike rasse is die Beefmaster in die 1940’s in die Suide van Texas gebore.
In hierdie moderne ras vloei daar 50% Brahman-, 25% Hereford- en 25% Korthoringbloed. In 1987 is die Beefmaster in Suid-Afrika geregistreer en vanweë die aantal telers wat deurlopend na Beefmasters oorskakel, wink daar ’n uitstekende toekoms op hierdie ras.
Bill Pendergrass, die uitvoerende onderpresident van Beefmasters Breeders United in Amerika, en Gary Frenzel, ’n genetikaverskaffer (‘seed stock producer’) wat die afgelope 35 jaar met Beefmasters in Texas teel en semen en embrio’s verkoop, was onlangs in Suid-Afrika. Hulle is deur die Amerikaanse regering geborg om na ons genetika te kom kyk en met samewerkingsvoorstelle vorendag te kom. Connie van Vuuren, president van die Beefmaster-beestelersgenootskap, was hulle gasheer en hy het hulle na verskeie Beefmastertelers en -veilings in die land geneem. Die Amerikaners was baie beïndruk met die vordering wat ons met hulle ras maak.
“Die algemene gehalte van die Beefmasters in Suid-Afrika is regtig baie goed,” sê Bill. “Die meeste van die diere wat ons gesien het sal maklik in die VSA aanvaar word. Ek het gesien dat die Suid-Afrikaanse boere mooi op die struktuur en dikte van bespiering fokus, wat goed sal voldoen aan die vleisbemarkingstandaarde in die VSA. Ons is ook baie beïndruk met die telers se nougesetheid om data te versamel en dit aan SA Stamboek te verskaf vir genetiese evaluering.”
Gary Frenzer het ons boere ook gelukgewens en was baie tevrede met sy Suid-Afrikaanse Beefmaster-ondervinding. “Die hoofrede hoekom ons gekom het, was om ’n konferensie met die Beefmaster Beestelersgenootskap en SA Stamboek te hou sodat ons mekaar se genetiese data kan uitruil. Julle versamel baie inligting wat ons nie doen nie en vice versa. Ons wil in die toekoms ook saam met julle navorsing doen wat nie net almal van ons sal bevoordeel nie, maar ook die Beefmaster-ras wêreldwyd,” sê Gary.
Net na die Amerikaners weg is het Connie, wat saam met sy skoonpa, Peet snr, en swaer, Petie, die bekende Petana Beefmasterstoet besit, hulle jaarlikse veiling op Wolmaransstad gehou. André Kock en Seuns van Vryburg het die veiling aangebied en Theuns Visser was die afslaer. Petana het weer uitstekende genetika en goed afgeronde diere aangebied en alhoewel die droogte se hand swaar op die boere se beursies druk, kon hulle al hulle diere verkoop. Die veilingsgemiddeld was ’n skaflike R32 560 en die duurste bul is vir R75 000 verkoop. Oom Peet het na die veiling ’n baie bemoedigende boodskap uitgestuur: “Kêrels, byt vas. Dit is baie droog in ons onmiddellike omgewing en op baie plekke regoor die land. Dit gaan nou moeilik daar buite. Die mense het nie geld nie, maar wat ons troos, is dat ons die beste ras in die wêreld het. As ons op die bestaande manier voortbou, sal ons kan kos produseer vir ons mense.” | http://www.proagri.co.za/beefmasters-meer-mooiweersbeeste/ | 2016-10-11 09:44:58 |
Uiterste droogte in Suider-Afrika kan vererger | deur Fanie Brink – Onafhanklike Landbou-ekonoom
“Suider-Afrika is in die middel van die mees ernstige droogte in 35 jaar en volgens die Verenigde Nasies (VN) kan die uiterste droë klimaatstoestande oor die komende maande vererger. Die Nasionale Tesourie in Suid-Afrika het dit egter met die baie beperkte droogtehulp wat sedert die begin van die jaar aan die landboubedryf verleen is, dit duidelik laat blyk dat hierdie klimaatstoestande eintlik vir hulle ‘n groot grap is,” sê Fanie Brink, ‘n onafhanklike landbou-ekonoom.
“Maar ek het nuus vir hulle – dit is glad nie ‘n grap nie!”
Na ‘n vierdaagse besoek aan Mosambiek, het ‘n spesiale gesant van die VN oor klimaatsverandering en buitengewone weersverskynsels soos El Niño, Macharia Kamau, gister beklemtoon dat die verwoestende droogte eers sy ergste vlak om en by Januarie sal bereik.* Ongeveer 18 miljoen mense in die streek is reeds ernstig geraak deur die wydverspreide gevolge van die droogte.
Die droogtehulpmaatreëls wat die Suid-Afrikaanse regering sedert sy hoofbegroting in Februarie vanjaar en so pas in sy Mediumtermynbegrotingsraamwerk (MTBR) aan die landbou bewillig het, het nie alleen die kommersiële boere totaal uitgesluit nie, maar dit sal ook nie veel doen om die lot van die klein bestaans- en ontwikkelende boere te verlig nie.
Die African Farmers’ Association of South Africa (Afasa) het op sy onlangse kongres dit duidelik gestel dat daar in elk geval niks te sien is van die meer as R2-miljard wat sedert die begin van die jaar aan nuwe ontwikkelende boere belowe is nie. Die vraag moet dus gevra word hoeveel van hierdie geld wel by die opkomende boere uitgekom het?
Die droogtehulpmaatreëls van R553,3-miljoen wat die minister van Finansies nou in sy MTBR begroot het, gaan ook nie net vir landbou aangewend word nie. Altesaam R212-miljoen is by die aansuiweringsbegroting van die Departement van Landbou, Bosbou en Visserye se steunprogram vir die landbou bygevoeg sodat veevoer aangekoop kan word. Die steunprogram het in elk geval reeds platgeval weens die onvermoë van die Departement om dit suksesvol in werking te stel. Altesaam R341-miljoen is vir die Departement van Water en Sanitasie bewillig waarvan sowat R291-miljoen vir ‘n mobiele ontsoutingsaanleg aangewend sal word, terwyl R50-miljoen by die toelaag vir die infrastruktuur vir waterdienste gevoeg is vir die aanry van water as ’n korttermyn droogte-verligtingsmaatreël. Die aanwending van hierdie geld is hoogs onder verdenking en die bedrag wat wel uiteindelik die ontwikkelende boere sal bereik moet ernstig bevraagteken word.
“Dit beteken dat die regering hierdie jaar feitlik geen droogtehulpmaatreëls vir die herstel van die langertermyn produksievermoë van die landbou om voedsel te produseer, bewillig het nie, wat hom nog baie duur oor die volgende paar jaar te staan sal kom.”
Na die baie ernstige droogte in die vroeë negentigs moes die vorige regering die graanprodusente met R3,8-miljard gehelp het om hulle ernstige kontantvloeiprobleme te verlig, asook skuldoorlaatskemas en ‘n staatswaarborg om hulle in staat te stel om weer produksiekrediet te bekom om die volgende seisoen te kon produseer.
Fanie sê: “Die huidige regering stel egter net daarin belang hoeveel plase hulle verniet of teen baie lae pryse in hulle hande kan kry as die droogte voortduur om hulle grondhervormingsbeleid te ondersteun en hulle poging om aan bewind te bly te verbeter. Hulle sal egter nie slaag nie want die ekonomie sal nie vanjaar of in 2017 groei nie, terwyl hulle met desimale syfers sit en speel oor die moontlike groeivooruitsigte en geen idée het hoe ekonomie groei geskep word nie. Die onvermydelike afgradering van die land se totale kredietstatus sal die ekonomie en land finaal sink, terwyl die ernstige gevolge van die moontlike verdere uitgerekte droogte onbepaalbare voedseltekorte en armoede sal veroorsaak.”
Hoewel dit goed gereën het in dele van die oostelike produksiegebiede waar somergraanprodusente reeds begin plant het, het die produsente in die westelike produksiegebiede nog net een maand oor wat dit baie goed sal moet reën om min of meer ‘n normale oes vir volgende jaar te produseer.
“Hierdie westelike gebiede produseer ongeveer 54% van die land se totale mielies, maar sowat 70% van die totale witmielies.”
Met enkele uitsonderings, is die ontwikkeling van klein swartboere om as volwaardige kommersiële boere te ontwikkel ‘n groot mislukking weens die afwesigheid van behoorlike opleiding en ondersteuning deur die twee landboudepartemente.
“Die kans dat hulle enigsins ‘n noemenswaardige bydrae tot die land se voedselsekuriteit in die toekoms sal kan maak, is uiters skraal,” volgens Fanie.
**Hierdie mening is gegrond op die voorspellings van ‘n VN-verteenwoordiger wat voltyds aandag gee aan klimaatsvoorsuitsigte en spesifieke weerverskynsels soos El Nino’s of La Nina’s.
*Extreme drought in southern Africa about to worsen, UN says
https://www.theweathernetwork.com/news/articles/severe-drought-in-southern-africa-about-to-worsen-un-says/73931 | http://www.proagri.co.za/uiterste-droogte-suider-afrika-kan-vererger/ | 2016-10-31 10:12:10 |
Brandstofpryse styg al weer | Sorg dat jou motor vol brandstof is, want hierdie Woensdag, 2 November, styg die brandstofpryse al weer. Petrol styg met nagenoeg 45c per liter en diesel sal 63c per liter duurder wees. Paraffien styg met 57c per liter.
Die Automobiel Assosiasie (AA) sê die onlangse versterking van die rand teen die US dollar was nie genoeg om nog ʼn styging in brandstofpryse te verhoed nie.
Die styging kan toegeskryf word aan aan die verhoging van die prys van petrol, diesel en paraffien in internasionale markte en die prys van ru-olie wat ook gestyg het. | http://www.proagri.co.za/brandstofpryse-styg-al-weer-2/ | 2016-10-31 10:21:31 |
Nuutste oesskattings: meestal laer as verlede jaar | Die finale produksieskattings vir kommersiële somergewasse vir die 2015/2016 seisoen is onlangs beskikbaar gestel. Die finale produksieskatting vir kommersiële mielies is 24,3% laer as verlede jaar.
Skattings vir sonneblom is 13,9% hoër as verlede jaar terwyl sojabone 30,7%, grondbone 69,7%, graansorghum 38,5% en droë bone 51,7% laer is as verlede seisoen.
Die verwagte opbrengs vir kommersiële witmielies is 3,87 ton per hektaar teenoor 3,75 ton per hektaar verlede jaar. Die verwagte opbrengs vir kommersiële geelmielies is 4,35 ton per hektaar teenoor die 5,75 ton per hektaar van die verlede jaar.
Die verwagte opbrengste vir die ander somergewasse is: sonneblom (1,05 ton per hektaar), sojabone (1,47 ton per hektaar), grondbone (0,83 ton per hektaar), graansorghum (1,53 ton per hektaar) en droëbone (1,03 ton per hektaar).
Die wit: geel split vir kommersiële produksie van mielies is na raming 43% wit en 57% geel, in vergelyking met die 48:52 verhouding verlede jaar. In terme van die kommersiële produksie van mielies per provinsie, is 30,1% van die produksie na raming vanaf Mpumalanga, 28,1% vanaf die Vrystaat en 14,2% van die Noordwes.
Trekkerverkope
Die 623 eenhede wat in September verkoop is, is 2,2% minder as die 637 eenhede wat verlede September verkoop is. (Uitvoerverkope is uitgesluit hiervan.)
Huidige bedryfskattings vir 2016 se trekkerverkope is tussen 15 en 20% laer as in 2015.
Die Suid-Afrikaanse Landboumasjinerie-assosiasie (SAAMA) se persverklaring in September sê die volgende: “Met die El Niño-effek wat amper verby is en in ‘n swak La Niña effek kan omswaai is die land is in ‘n beter situasie in terme van vooruitsigte vir die komende somerseisoen as wat dit twaalf maande gelede was. Maar reën word steeds benodig.”
Stroperverkope
Stroperverkope in die drie maande tot einde September was aansienlik (26,1%) laer as verlede jaar. Die algemene jaar-tot-jaar stroperverkope is 19% laer as verlede jaar.
Bron: AGFACTS nuusbrief | http://www.proagri.co.za/nuutste-oesskattings-meestal-laer-verlede-jaar/ | 2016-10-25 14:18:39 |
Skaapbrandsiekte | deur Jannie Fourie, produksie-adviseur, NWKV-Weskaap
Brandsiekte is ’n hoogs aansteeklike en verwoestende velsiekte onder skape. Dit is ’n beheerde siekte onder die Wet op Dieresiektes en moet onmiddellik by die naaste staatsveearts of dieregesondheidstegnikus aangemeld word.
Hierdie siekte word veroorsaak deur ’n klein velparasiet, Psoroptes communis ovis. Die myt is ongeveer 0,8 mm lank en kan skaars met die blote oog gesien word. Hierdie siekte is sedert die 17 de eeu endemies in Suider Afrika. Ten spyte van aggressiewe behandelingstrategieë kon dit nog nooit uitgewis word nie.
Oordrag en verspreiding
Die siekte word versprei deur regstreekse kontak tussen skape. Brandsiekte kan ook deur mense, klere en voertuie van skaap tot skaap oorgedra word. Goeie biosekuriteit is belangrik om jou kudde te beskerm teen moontlike besmetting deur voertuie, skeerders en ander besoekers. Skaapbrandsiekmyte kan tot 17 dae oorleef in ’n kraal waar besmette diere was, daarom moet krale waarin besmette skape was minstens 17 dae leegstaan voordat daar weer skape ingejaag word.
Lewensiklus
Die parasiet kom hoofsaaklik op skape voor en die hele lewensiklus geskied op die skaap. ’n Wyfie lê tussen 40 tot 90 eiers in haar leeftyd van sowat 30 dae. Eiers word op die rande van ’n letsel op die dier se vel gelê.
Nadat larwes uitgebroei het, voed hulle op die veloppervlakte en vervel hulle tot nimfe wat dan weer voed en vervel om volwasse myte te word. In optimale toestande kan die lewensiklus in slegs nege dae voltooi word. Die myte prik die vel met hulle monddele en voed op die limf- en weefselvloeistowwe wat uit wondjies vloei. Die limf en vloei-stowwe meng met dooie weefsel, stof en vuilheid, uitskeidings van die myte en wolvesels en -olie. Daarna droog dit uit om skubbe of skurfte te vorm wat duidelik sigbaar is, vandaar die Engelse naam “scab”.
Simptome
Brandsiekmyte se bytplekke is geweldig irriterend vir die skaap en veroorsaak ontsteking. Liggaamsvog (bloedwei) sypel deur die vel rondom die bytplek. Die bloedwei vorm ’n kors en myte beweeg na die rande van die letsel. Skape byt en krap die letsels, wat dit verder laat uitkring. Wees ook bedag op kolle met gematte wol.
Na ses tot agt weke gaan twee-derdes van wol verlore deurdat die wol uitval of uitpluis wanneer skaap die sensitiewe velgebiede lek, byt, krap of skuur teen voorwerpe of ander skape. Besmette skape eet minder; hulle verkeer voortdurend onder spanning; hulle immuniteit teen siektes en parasie-te verswak; hulle verloor kondisie en; in erge gevalle, vrek hulle.
Harige skape word ook aangetas, maar in ’n mindere mate. In die winter wanneer skape swaarkry weens koue en swakker weidingstoestande, is parasiete meer aktief. Wanneer die temperatuur in die wolvag daal, die intensiteit van sonlig afneem en wolvogtigheid toeneem, floreer die brandsiekmyte eers. Bokke en nie-woldraende skape kan veral in die somer simptoomlose draers van brandsiekte wees.
Diagnose
Brandsiekte word gediagnoseer deur stukkies wol en velskrape rondom letsels te neem en dan onder ’n mikroskoop te bestudeer. Letsels is veral sigbaar op skouers en flanke van skaap. By ramme word die bors- en nekgedeeltes aan-getas, veral as hulle ooie dek.
Onthou dat rooiluis ook skape kan laat krap en jeuk.
Behandeling en beheer
Ondoeltreffende behandeling is meestal die gevolg van verkeerde gebruik van middels. Alle skape en bokke op ’n besmette plaas moet behandel word met ’n middel wat vir skaapbrandsiekte in die spesifieke ras goedgekeur is onder Wet 36 van 1947. Skape kan met geregistreerde dipstof of inspuitbare middels behandel word. Bokke moet altyd gedip word omdat skaapbrandsiekmyte nie op bokke voed nie en daarom werk inspuitbare middels nie op bokke nie. Kontak jou naaste veearts vir raad oor geskikte produkte vir jou omstandighede.
Maak seker dat daar streng by die korrekte dosis en tussenposes van dosering gehou word. Volgens die Dieresiektewet moet besmette diere op kontakplase twee keer behandel word met ’n tussenpose van nie minder as sewe dae en nie meer as tien dae nie. Dit is om te verseker dat nuut-uitgebroeide myte wat nog in eierstaduim was met eerste behandeling, aan ’n voldoende konsentrasie van die middel blootgestel word. Stel ook dadelik jou bure in kennis.
Dip
Erg aangetaste skape met lang wol moet geskeer word voordat hulle gedip word. Skape moet minstens twee minute lank in diptenk bly en hulle koppe moet minstens twee keer ondergedompel word. Merk alle diere wat behandel is met merkink en gebruik verskillende kleure vir elke behandeling. Spuitdip is nie so doeltreffend vir brandsiekte nie, omdat daar nie behoorlike indringing van dipstof is nie.
Eienaar se verantwoordelikheid
Die eienaar van eiendom in kwarantyn is verantwoordelik vir die verskaf-fing van akkurate skaapgetalle, soos opgeteken na eerste en tweede behandeling. (Indien enige diere oorgeslaan is met behandeling, word dit nie as behandeling beskou nie). Binne twee weke na die laaste behandeling moet ’n verklaring aan staatsveeartskantoor verskaf word met volgende inligting:
Naam van die produk en die dosis toegedien.
Afskrif van bewys van betaling met vervaldatum en groepnommer van die produk.
Datum van eerste behandeling en aantal diere behandel.
Datum van tweede behandeling en aantal diere behandel.
Verduidelik indien getalle van mekaar verskil, soos nuwe lammers gebore.
Brandsiekskape kan net geslag word as ’n Rooikruispermit daarvoor bekom word. Die vragmotor wat die skape verwyder sal op die plaas geseël word en die diere sal na ’n goedgekeurde slagpale vervoer word. Skape sal drie weke na tweede behandeling weer geïnspekteer word en indien hulle skoon van brandsiek is, sal die kwarantyn opgehef word. Indien daar ’n positiewe toets is, moet die hele proses herhaal word.
Voorkoming
Hou grensdrade in goeie toestand.
Behandel alle ingekoopte diere teen brandsiekte en hou hulle vir veertien dae in kwarantyn.
As jou diere by skoue in aanraking was met ander diere, behandel hulle en hou hulle apart van jou ander diere totdat seker gemaak is dat hulle skoon is.
Moet nooit ramme of ooie vir teeldoeleindes uitleen sonder om hulle voorkomend te behandel nie.
Meld alle diere in jou omgewing wat jeuk en krap dadelik by jou naaste staatveearts kantoor aan.
Behandel een keer per jaar jou kudde met middels wat ook brandsiekte bekamp.
Onthou dat indirekte oordraging deur mense, voertuie en krale kan plaasvind.
Skeerspanne wat van plaas tot plaas trek, kan ook indirekte besmetting veroorsaak. Voorsien skeerders van skoon oorpakke en ontsmet skeertoerusting.
Krale wat deur verskillende eienaars gebruik word, kan ook maklik besmetting veroorsaak.
Skape wat te voet van plaas tot plaas aangejaag word, kan besmetting veroorsaak.
Skaaptrokke, bakkies en sleepwaens moet altyd met ’n doeltreffende dipmiddel teen brandsiekte behandel word.
Veeartspraktyke, skoue, veilings, voerkrale en spekulasie met skape kan ook maklik die siekte versprei.
Dit kan ook gebeur dat plase langs hoofpaaie besmet kan raak deur stukkies wol of mis wat van vragmotors met besmette diere waai.
Wenke
Behandel altyd skape volgens die swaarste skaap se gewig.
Kalibreer die spuit deeglik en toets vir akkuraatheid voor behandeling.
Maak seker dat die naald nie dwarsdeur die vel gedruk word nie.
Indien moontlik, verskuif skape na ’n skoon kamp waar vir 21 dae nie skape geloop het nie.
Verwysings:
Skaapbrandsiektevoorkoming deur Biosekuriteit, Dr EA Nel (BVSc), Staatsveearts Upington;
Skaapbrandsiekte – behandeling en beheer, Dr A Victor, adjunk-direkteur, Veterinêre Publieke Gesondheid, Noord-Kaap;
Skaapbrandsiekte, dr Brand van Sittert, MSD Animal Health; Skaapbrandsiekte, Elsenburg-inligtingstukke, J du Plessis;
Sheep-scab, Department of Agriculture, JA Turton; Farmers’ Handbook, Bayer Animal Health; Sheep and goat diseases, Proff G Bath and J de Wet.
Skakel Jannie Fourie by 083-564-1105 of e-pos hom by jannie@overbergwireless.co.za vir meer inligting oor skaapbrandsiek.
Summary Article Name skaapbrandsiekte Description Brandsiekte is ’n hoogs aansteeklike en verwoestende velsiekte onder skape. Dit is ’n beheerde siekte onder die Wet op Dieresiektes. Author Spesialisskrywer Publisher Name ProAgri Publisher Logo | http://www.proagri.co.za/skaapbrandsiekte/ | 2016-10-11 08:49:56 |
Só presteer ons mense in landbou | Die Landbouskrywers se Noord- en Sentraalstreek het die afgelope naweek hulle streekwenners vir die Boer van die Jaar-wedstryd aangewys.
Die wenners dring deur tot die Nasionale Boer van die Jaar-wedstryd wat in November ten einde loop.
Noordstreekwenners
In Gauteng is die gewilde bokmelkkaas egpaar, Rina en Norman Belcher, van Belnori Boutique Cheesery aangewys. Die Belchers het baie gedoen om die Suid-Afrikaans bokmelk- en bokmelkkaasbedryf te bevorder en spog met 12 medaljes van die World Cheese Awards en 43 Suid-Afrikaanse kampioenkase.
In Limpopo is die avakadoboergesin, Edrean, Zander en dr André Ernst aangewys as wenners. Allesbeste Boerdery is tans die tweede grootste avokadokwekery in die land en die boerdery strek oor vyf plase met die interessante name: Allesbeste, Avondshoek, Humor, Hansfontein en Vischnaagd. Op die plase word 2 250 ton avokado’s jaarliks geproduseer, ‘n groot deel daarvan vir die uitvoermark.
Jerry Basson van Delareyville is Noordwes se wenner en hy sê sy stelsel van verminderde bewerking het die boerdery deur die droogte van die afgelope twee seisoene gedra. Hy plant 3 000 hektaar en roteer mielies en sonneblomme met ‘n derde van die lande wat oorlê. Jerry is betrokke by georganiseerde landbou en sy plaaslike studiegroep.
Die vier Landboukundiges wat in die Noordstreek aangewys is, Jannie de Villiers van Graan SA, dr Theo de Jager wat tans president is van die Southern African Confederation of Agricultural Unions en van die Pan African Farmers Organisation, Barry Christie, wat ‘n groot rol speel in die makadamianeutbedryf en dr Flippie Cloete van die Noordwes-Universiteit, wat baie navorsing doen oor die wildbedryf.
Die Nuwe Toetreder tot Kommersiële Landbou in die Noordstreek is Simon Teffo van Randfontein.
Sentraalstreekwenners
In die Sentraalstreek is die bekende Bonsmaraboer, Nick Serfontein van die Sernick-groep as die Vrystaatse Boer van die Jaar aangewys. In die Noord-Kaap is die Genade Boerdery van Vickie Bruwer en sy seuns, Gerhard, Hannes en Vickie, aangewys. Hulle boer met mielies, koring, lusern, katoen, grondbone, sonneblom aartappels, vee en wild.
Die Nuwe Troetreder is Eric Ntlaba van Lindley wat met varke en hoenders boer en ook sy eie veevoer produseer.
As Landboukundige van die Noord-Kaap is die besproeiingskundige en konsultant, Hannes Hattingh aangewys en die Vrystaatse kundige is Mias van der Westhuizen wat baanbrekerswerk gedoen het oor veldtoestand-bepalingstegnieke, weidingkapasiteit, asook die volhoubare benutting en bestuur van weiding.
Die nasionale wenners sal op 11 November aangewys word.
Hooffoto: Norman en Rina Belcher, dr Andre Ernst, sy vrou Liezel, Edrean en Xander en Jerry Basson is almal in die Landbouskrywers Noordstreek se verskillende provinsies aangewys as Boer van die Jaar. By hulle is Magda du Toit, voorsitter van die Landbouskrywers. | http://www.proagri.co.za/presteer-ons-mense-landbou/ | 2016-10-25 10:52:05 |
Braunvieh Nasionale Veiling | Die vierde nasionale veiling van die Braunviehs het Woensdag 5 Oktober 2016 by GWK se veilingskrale in Kimberley plaasgevind. ‘n Aanbod van 16 bulle en 19 vroulike diere was in die ring.
15 van die bulle is verkoop,die hoogste bod was R55 000 vir lot 9, ‘n bul van Eduan Boerdery van Gawie en Willem Naudé. Die koper was Schalk Van Rheede en sy dogter Jeanette Engelbrecht van Oudsthoorn.
Die gemiddelde prys van die bulle was R27 500. 16 van die vroulike diere is verkoop, die hoogste prys was R21 000 vir lot 36, ‘n koei en kalf van Erina Boerdery van Erhard en Ina Janse van Rensburg van Groblersdal. Die koper was WJJ Botha.
Die Braunvieh-genootskap bedank alle telers wat die veiling ondersteun het. Die genootskap vertrou dat die kopers tevrede is met hulle aankope en dat dit hulle boerdery sal baat. Die genootskap wil ook die volgende borge bedank: FNB, RCL foods, Feedmaster, Zoetis en GWK.
Foto: Braunvieh-bul | http://www.proagri.co.za/braunvieh-nasionale-veiling/ | 2016-10-10 09:59:52 |
Plaaslike pryse sal opwaarts neig | Plaaslike sal pryse na verwagting ‘n opwaartse neiging toon weens ‘n verbeterde vraag in die warmer maande. Internasionaal word daar verwag dat die Amerikaanse mark in die komende maande swak sal bly soos wat plaaslike produksie aanhou styg, maar laer slagtings van skotverse en osse mag die druk verlig, volgens ABSA Agri Trends.
Plaaslik
Beesvleispryse word steeds ondersteun deur die warmer weer. Die voorspelde ABSA-beesvleispryse was as volg: Klas A-pryse is 0,55% hoër teen R38,66/kg en Klas C- pryse is 0,38% hoër teen R38,66/kg. Die gemiddelde speenkalfprys was 1,53% laer teen R20,54/kg.
Huidpryse het stabiel gebly teen R15,33/kg vir ‘n groen vel, wat 0,11% hoër is as die vorige week. (NB* Huidpryse word deur die RMAA se gemiddeld asook onafhanklike maatskappye bepaal.)
Bulmark faktore
Die moontlikheid van ‘n verbetering in pryse bestaan soos wat dit warmer raak en kuddes herbou word. Somerreëns sal daartoe bydrae dat beeste op die natuurlike weiding gehou kan word.
Groeiende geleenthede vir uitvoere ondersteun pryse.
Beermark faktore
Oorvloedige pluimvee- en varkvoorrade kan afwaartse druk op die beesvleismark en die sukkelende ekonomie plaas.
Internasionaal
Gedurende die week van 13 September 2016 het Nieu-Seelandse bulle 0,20% laer verhandel teen 497NZc/kg en koeie het 3,89% laer verhandel teen 346NZc/kg onderskeidelik vergeleke met die vorige week.
Bulmark faktore
Die Amerikaanse departement van landbou het sy laaste vooruitskatting vir die internasionale landbou vraag en aabod gepubliseer. Dit dui aan dat Amerika se beesproduksie laer behoort te wees weens die verwagte verminderde slagtings van skotverse en osse.
Beermark faktore
Vraagfundamentele bly laag in die Amerikaanse mark.
Die Amerikaanse mark sal na verwagting in die komende maande swak bly soos wat plaaslike produksie aanhou styg.
Bron: RPO | http://www.proagri.co.za/plaaslike-pryse-sal-opwaarts-neig/ | 2016-10-07 09:59:25 |
Besoedeling en foute in die Suid-Afrikaanse skeersel | deur Jan Louis Venter, NWKV, produksie-adviseur: Vrystaat
Besoedeling van wol het ʼn groot finansiële ivloed op die hele wolverwerkingsketting. Dit is veral vreemde “vesels” afkomstig vanaf baaltou en polipropileen sakke wat ʼn probleem is. Baaltou en polipropileen sakke maak fyn “vesels” wat partymaal nie sigbaar is met die blote oog nie. Hierdie “vesels” beland dan in die verwerkingsproses, maar omdat hulle nie natuurlike vesels is nie, neem hulle nie kleurstof op nie. Sodra die materiaal gekleur word, wys hierdie vesels. Dit is dan onmoontlik om hierdie vesels te verwyder en sulke materiaal is onbruikbaar.
Wolkopers het 10 kategorieë waarvolgens hulle foute in ‘n skeersel aanteken. Hierdie kategorieë is:
Gemengde lengtes
Gemengde gehalte, byvoorbeeld swak afgerande wol
Sweetstukke in hooflyne
Uriene- en mis-bevlekte wol in penswol
Baaltou en plastiek
Swart hare
Kemp en ander vesels
Verf en merk-ink
Sigaretstompies en soortgelyke kontaminasie
Metaal, draad en wolhakies
Sommige foute bly konstant onbeduidend, soos byvoorbeeld sigaretstompies.
Draad en metaal word nie maklik met ‘n grypmonster uit die baal gehaal nie. Dus word dit ondergerapporteer. Die meeste makelaars het metaalverklikkers wat hierdie tipe besoedeling betyds optel en verhoed dat dit verskeep word.
Die vernaamste foute wat voorkom is gemengde lengtes, baaltou/plastiek, swart hare en kemp/gemeduleerde vesels.
Dit is opmerklik hoe die baaltou- en plastiekbesmetting eers toegeneem het en nou begin dit afneem. Dit wil voorkom of die konstante bewusmaking van produsente oor die gevaar van baaltou, polipropileen sakke en plastiek positiewe resultate lewer. Volgehoue bewusmaking en opleiding van produsente en ook skeerpersoneel is belangrik om hierdie vlakke van kontaminasie so laag as moontlik te maak.
Produsente moet toesien dat baaltou op een plek gehou word en op ‘n gereelde basis verbrand word. Die groot gevaar van baaltou is juis sy vermoë om in vesels af te breek en sodoende die wol te besoedel. Moet asseblief nie baaltou gebruik om die gat in die draad heel te maak of om die gebreekte hakkie van die hek reg te maak nie. Sommige werkers maak selfs swepe van die baaltou wat ook tot besoedeling kan lei.
Polipropileen sakke (sout en ander lekke se sakke) is ook baie handig op die plaas en word weer hergebruik. Dit is egter belangrik dat hierdie sakke nie gebruik word om ‘split’ bale te maak nie. ‘n Boete van R 1 500 sal gehef word as polipropileen-sakke in die baal gekry word voordat die wol op ‘n veiling verkoop word en ‘n boete van R10 000 sal gehef word indien so ‘n sak of sakke in ‘n baal gevind word nadat dit verkoop is. Hierdie is ‘n probleem wat met goeie bestuur uitgeskakel kan word.
Lees in die volgende uitgawe van ProAgri meer hieroor. | http://www.proagri.co.za/besoedeling-en-foute-die-suid-afrikaanse-skeersel/ | 2016-10-21 15:38:34 |
September 2016 se trekker- en stroperverkope | Trekker- en stroperverkope vir die jaar 2016 is aansienlik laer as verlede jaar. Daar word algemeen verwag dat algehele trekkerverkope laer sal wees as verkope verlede jaar, dalk met sowat 15 tot 20% laer.
Trekkerverkope van 623 eenhede in September is marginaal meer (2%) as die 637 eenhede wat verlede September verkoop is. Vir die jaar tot dusver is trekkerverkope ongeveer 14% laer as verkope vir die ooreenstemmende tydperk verlede jaar. Stroperverkope van 14 eenhede in September is 26% laer as die 19 eenhede wat verlede September verkoop is. Vir die jaar tot dusver is stroperverkope ongeveer 16% laer as verkope vir dieselfde tydperk verlede jaar.
Fundamentele onderliggende aspekte in die mark het nie veel verander oor die afgelope maand nie. Met betrekking tot reënvalvooruitsigte, het die El Niño-effek verander in ᾿n swak La Niña-effek en daarom is vooruitsigte vir die land ten opsigte van die komende somergewasseisoen beter as wat dit twaalf maande gelede was. Algemene reën is egter nodig vir al die somergewasstreke, veral die streke in die oostelike dele waar reën binne die volgende drie weke nodig is.
Bron: Suid-Afrikaanse Landboumasjinerieassosiasie | http://www.proagri.co.za/september-2016-se-trekker-en-stroperverkope/ | 2016-10-12 08:29:34 |
Santam skenk R250 000 vir die Agri SecuritasTrustfonds | Santam het R250 000 vir die Agri Securitas Trustfonds geskenk wat geskep is om boere te help in die stryd teen plaasaanvalle en misdaad.
Die R250 000 se bydrae is bekend gemaak tydens Agri SA 2016 se kongres. Santam se besturende direkteur, Lizé Lambrechts, sê: “Boere en die gemeenskappe wat afhanklik is van landbou vir hulle bestaan, staar droogte, stygende kostes in voedselproduksie en die negatiewe impak van misdaad op hulle maatskappye in die gesig. Die prysenswaardige pogings van Agri SA en die Securitas-fonds om boere, plaaswerkers en hulle gesinne se veiligheid te verbeter is ‘n verdienstelike saak. En dis een van die maniere waarop ons kan help om by te dra tot die langtermyn volhoubaarheid van boerdery in ons land. ”
Agri SA het die Trustfonds in 1999 gestig om hulpbronne te mobiliseer in die bevordering van ‘n veilige en voorspoedige landbousektor in Suid-Afrika. Die fonds bied die nodige ondersteuning aan plaaslike boerderygemeenskappe. Bydraes word aangewend in die aankoop van toerusting soos sekuriteitskameras en radiokommunikasie stelsels, die verskaffing van landelike beveiligings toerusting, die befondsing van misdaadverwante navorsingsprojekte, traumaberading en inligtingversamelingsdienste om plaasaanvalle te bekamp.
“Ons glo dit is van kritieke belang om ondersteuning en bystand te gee waar ons kan om die risiko’s te hanteer,” sê Lizé.
Bron: Verklaring
Foto: Lize Lambrechts, Santam se besturende direkteur oorhandig die tjek aan Japie Grobler, voorsitter van die Agri Securitas Trustfinds. | http://www.proagri.co.za/santam-skenk-r250-000-vir-die-agri-securitastrustfonds/ | 2016-10-18 08:04:34 |
Dom Boer se lag vir die dag: | Lei my in die versoeking…
Betsie Kletsie loop Saar Snuffel by ‘n rommelverkoping raak.
Saar Snuffel: “My man gaan baie kwaad wees as hy hoor ek is by die rommelverkoping.”
Betsie Kletsie: “Ag nee. Ek is seker hy sal verstaan as hy hoor van al die winskopies.”
Saar Snuffel: “Jy verstaan nie. Hy het my gebel om te sê van die leer af geval en sy been gebreek. Nou lê hy vir my en wag om hom hospitaal toe te neem.” | http://www.proagri.co.za/dom-boer-se-lag-vir-die-dag-212/ | 2016-10-18 11:34:52 |
Irrigation Unlimited werk wys met water | Boere regoor die land praat met groot geesdrif van Irrigation Unlimited se produkte, diens en kundigheid, wat veral in die droogtetyd die boer help om elke druppel waarde uit water te put, sonder om waterbronne uit te put.
Dit is veral Irrigation Unlimited se reeks Ocmis-kruipspuite wat boere in staat stel om hulle hulpbronne ten volle te bestuur en waarde te kry uit elke stukkie grond, van uitvalhoeke tot groot landerye en elke strokie weiding:
Gert Swanepoel van Schweizer-Reneke sê hulle moes al drastiese besluite neem soos die vermindering van vee, maar met die ondersteuning van twee Ocmis-spuite en boorgatwater kon hulle grondbone aanplant en ’n oes afhaal: “Die selfaangedrewe klapspuite werk baie beter in my opset as byvoorbeeld ’n spilpunt, want dit is meer doeltreffend en daar is nou nie meer uitvalhoeke nie.”
Lommie Joubert, ook van Schweizer-Reneke, het nie net grondbone nie, maar selfs mielies deurgetrek met behulp van sy Ocmis-spuite: “Daar is soveel verstellings wat ’n mens kan aanbring om jou watertoediening en die spoed waarteen die spuit moet beweeg te reguleer, dat ’n mens regtig jou beplanning baie fyn kan doen,” vertel hy.
Die fyn waterbestuur sluit aan by al die ander pluspunte van Ocmisbesproeiing:
André Brummer, boerderybestuurder van Ncome Gevangenis by Vryheid: “Die Ocmis se watertoediening is perfek en hy lok nie diewe soos goukoppelpype en spilpunte met koperkabels nie.”
Willem Scholtz van Brits geniet die arbeidsbesparing en beweegbaarheid van Ocmis. Hy sê Ocmis is ’n belegging in besparing: “Ek bespaar ’n derde op water, benewens die besparings op elektrisiteit en arbeid.”
Jan-Hendrik Jacobs sê Ocmis is die enigste spuit wat hy gesien het wat miswater uit sy melkery tussen Warmbad en Nylstroom op sy aangeplante weiding kan toedien.
Attie Brits van Sterkfontein Veevoere by Bronkhorstspruit sê die Ocmis is eenvoudig, stewig en ordentlik gebou sonder fieterjasies wat kan moeilikheid gee. Hy sê Irrigation Unlimited se dienslewering is uit die boonste rakke: “Hulle is baie ernstig oor die onmiddellike lewering van onderdele en hulle reuse onderdelemagasyn is iets om te sien.”
Wil jy ook ’n tevrede besproeiingsboer en winsmakerwateraanwender wees? Praat met Tobie van den Heever by 082-658-6054, 012-736-2121/2103/2526 of tobie@iunlimited.co.za. Besoek ook www.iunlimited.co.za vir meer inligting. | http://www.proagri.co.za/irrigation-unlimited-werk-wys-met-water/ | 2016-10-07 13:26:18 |
Jasper: Die grootste sonplaas in SA | Die grootste sonplaas in die land en een van die grootstes in Afrika, is die Jasper-sonplaas net buite Postmasburg in die Noord-Kaap. Dit is deur SolarReserve, ’n wêreldwye ontwikkelaar van grootskaalse sonenergieprojekte, opgerig.
Die naam, Jasper, is Engels vir jaspis, ’n soort klip wat algemeen in die Noord-Kaap voorkom en maklik op die sonplaas uitgeken kan word. Jasper-sonplaas is 150 hektaar groot en sy meer as 325 000 fotovoltaïese modules lewer 96 megawatt DC (gelykstroom), wat na 75 megawatt wisselstroom omgeskakel word. Dit beteken dat die sonplaas jaarliks 180 000 megawatt-uur lewer, wat genoeg is om 80 000 huishoudings van elektrisiteit te voorsien.
Kevin Smith, die wêreldwye besturende direkteur van SolarReserve, sê hulle het op die Noord-Kaap besluit omdat die son daagliks helder skyn en die lug suiwer is. “SolarReserve kies sy projekte versigtig in markte met ’n sterk onderliggende ekonomiese beweegrede in hulle guns. Die Jasper-projek, soos alle SolarReserve-projekte, is so ontwikkel dat die projek finansiering kan bekom,” voeg Kevin by.
Die krag wat die sonplaas opwek, gaan na Eskom se netwerk. “Huise en organisasies naaste aan die sonplaas sal eerste die elektrisiteit ontvang,” verduidelik Kevin. “Daar is ’n paar myne in die sonplaas se omgewing waarnatoe baie van die elektrisiteit gaan,” sê hy. Die sonplaas se 325 360 sonpanele word twee keer per jaar skoongemaak.
Hoe gaan die sonplaas te werk?
Jasper se fotovoltaïese selle skakel sonlig oor na gelykstroom-elektrisiteit. Die krag wat hulle vanaf die son kry, is gelykstroom en dit moet na wisselstroom omgeskakel word voordat na die netwerk gestuur kan word om huise en organisasies van krag te voorsien. Die omskakeling word betroubaar gedoen deur omskakelaars in die sonplaas se 39 AC Power Blocks™.
Agt weerstasies op die sonplaas vertel presies hoeveel son die sonpanele ontvang, want die een nadeel van fotovoltaïese aanlegte is dat hulle net elektrisiteit produseer wanneer die son skyn. “Projekte soos Jasper verskaf nie net elektrisiteit aan Suid-Afrikaners nie, maar ook werksgeleenthede en ’n skoner omgewing. “Die Jasper-projek het 800 regstreekse konstruksie- en bykomende werksgeleenthede geskep wat verband hou met toerustingvoorsiening, vervaardiging, ingenieurs-, vervoer- en ander dienste,” sê Kevin.
Die sonplaas dra ook tot ekonomiese ontwikkeling by aangesien net 88% van Suid-Afrikaanse huishoudings toegang tot elektrisiteit het. “Een van ons projekte is die Kgatelopele-biblioteek in Daniëlskuil. Jasper het gehelp om die biblioteek in ’n belangrike leersentrum vir kinders en volwassenes te omskep. Hulle het opvoedkundige speelgoed vir kinders, ensiklopedieë vir die wat studeer en rekenaars en drukkers geskenk.”
SolarReserve het nog ’n groot projek wat binnekort langs Jasper sy opwagting gaan maak en ook die eerste van sy soort in Afrika gaan wees, naamlik die Redstonegesmeltesouttoring. Hierdie sonplaas bestaan uit ’n hoë toring en om die toring is 10 000 spieëls. Daar is ’n ontvanger bo-op die toring waarin sout gebruik word, wat deur die weerkaatsing van die son verhit word om elektrisiteit op te wek.
Die energie word as hoë-temperatuur gesmelte sout opgeberg totdat die elektrisiteit benodig word. “Hierdie sonplaas sal dag en nag krag verskaf, waar ’n ander een dit slegs kan doen indien die son skyn.” | http://www.proagri.co.za/jasper-die-grootste-sonplaas-sa/ | 2016-10-10 10:46:57 |
N1 4x4 maak jou Toyota nog nuttiger | ’n Boer wat ’n Toyota Land Cruiser ry, besit nie net die beste werksesel op die plaas nie, maar kan enige 4×4-roete met dié bakkie aandurf. Land Cruiser is bekend vir ’n lang leeftyd, maar hy moet nou en dan versien word om seker te maak hy hou die volgende tien jaar.
Goeie nuus is dat boere nie ver hoef te soek na die beste plek vir al hulle Toyota-benodigdhede nie, want N1 4×4 bied net die beste diens vir die boer. Hulle vier vanjaar hulle 21ste jaar van puik diens aan die boer en ander 4×4 geesdriftiges.
N1 4×4 verskaf nuwe, gebruikte en herboude onderdele vir enige Toyota 4×4-voertuig. Dit is maklik om hulle te kry: Ry vanaf Pretoria noord met die die N1 en na so 25 kilometer pryk hulle duidelik aan die linkerkant. Mense ry van heinde en ver daarheen vir veral tweedehandse en ou onderdele, maar vir diegene wat nie so ver wil ry nie, het N1 4×4 ook ’n tak in Montana.
“N1 4×4 is so bevoorreg om die oudste Land Cruiser in die land in hulle besit te hê,” sê André Changuion, sake-ontwikkelaar van N1 4×4. “Dié FJ25-model van 1959 maak ander Land Cruiser-liefhebbers baie jaloers.”
Cliff Weichelt het in 1995 gesien dat daar ’n behoefte aan Land Cruiser- en 4×4 Toyota-onderdele was en het N1 4X4 tot stand gebring om in daardie behoefte te voorsien. Vandag het N1 4×4 ’n groot kliëntebasis in Afrika en internasionaal. Talle tevrede kliënte reken op hulle vir die verskaffing van nuwe en gebruikte of herboude onderdele.
Wat bied N1 4×4 alles?
N1 4×4 verskaf herboude ewenaars, enjins en ratkaste, hulle het ’n groot verskeidenheid gebruikte onderdele, doen herstelwerk en onderhoud, en bou gespesialiseerde mynbouvoertuie.
Onderdele
In die ruim, netjiese pakhuis is ’n wye reeks van meer as 12 000 nuwe, gebruikte en herboude onderdele. Alle enjins, ratkaste, ewenaars en verskeie ander Toyota-komponente word herbou in N1 4×4 se volledig toegeruste werkswinkel. Hulle gespesialiseerde span werkers het die kundigheid wat ’n top gehalte produk vir die boer verseker.
Hulle hou nuwe en gebruikte onderdele vir Land Cruiser, Hilux en ander Toyota 4×4’s aan wat hulle by plaaslike en internasionale markte verkry.
Werkswinkel vir herstelwerk
N1 4×4 se werkswinkel bestaan uit drie afdelings wat enjins, ratkaste en ewenaars opknap of herbou. Hulle bied die boer ’n omvattende diens en herstelwerk aan sy Land Cruiser en 4×4 Toyota’s.
“Ons toets eers die enjin om uit te vind wat gedoen moet word, dan word hy herbou. Daarna word die enjin weer getoets om te kyk vir olielekke ensovoorts,” sê Schalk van Jaarsveld, verkoopsbestuurder. Ratkaste en ewenaars word ook herbou. Baie kliënte is opgewonde oor die brandstof wat hulle bespaar nadat N1 4×4 hulle nuwe V8-Land Cruisers se ewenaarverhoudings verander het.
Nog ’n gewilde diens wat N1 4×4 lewer is om ’n dienspakket (service kit) te verskaf vir kliënte wat dit verkies om hulle bakkies self by die huis te versien.
“Boere kan die hele pakket net so koop en dan hulle Cruisers of bakkies self diens wanneer nodig,” sê Schalk.
Passentrum
By hierdie sentrum kry die boer bykomstighede vir sy 4×4. Veral die Dobinsons 4×4-veringstelsel is baie gewild by boere. “Dobinsons is uiters betroubaar in selfs die mees uitdagende omstandighede,” sê André.
N1 4×4 het ook bosbrekers, kantstampstawe, sleepstange, rolstawe, langafstandsbrandstoftenks, kolligte, dakrakke en vele meer om die boer se 4×4 reg vir ’n volgende avontuur te maak.
Tawwe Tienies vir myne
Mynbou stel spesiale uitdagings aan voertuie, en daarom het N1 4×4 ’n afdeling wat spesialiseer in die bou van mynvoertuie. Voertuie wat reeds aan myne verskaf is, word ook herstel en herbou.
“Al Toyota se sterkste komponente is oor die jare bymekaargevat om die mynvoertuig te bou,” sê Schalk. Mynvoertuie moet aan ’n veiligheidsgradering voldoen. As die bestuurder probeer om vinniger as 20 km per uur te ry, stop die voertuig vanself om veiligheid by die myn te verseker. As die deur van ’n mynvoertuig sonder rede oopgaan, stop die voertuig ook vanself.
Al die mynmodelle word met dieselfde enjins, ratkaste, ewenaars en swaar Dobinsons-veerstelsels gebou met die oog op maklike instandhouding van die mynbouvloot. Gaan kuier gerus by N1 4×4 en ervaar self waarom hulle gesien word as die “Eenstopwinkel vir Cruisers en alle Toyota 4×4’s.
Kontak die N1 4×4-verkoopspan by 012-545-0200 of e-pos andre@n14x4.co.za om meer inligting oor N1 4×4 te kry, sodat jou Toyota volgende keer daar ’n draai kan gaan maak. Besoek hulle webwerf by www.N14x4.co.za. | http://www.proagri.co.za/n1-4x4-maak-jou-toyota-nog-nuttiger/ | 2016-10-07 11:50:14 |
Opgekikkerde 2016 Isuzu KB bekendgestel | GM Suid-Afrika het die 6 de generasie van hulle gewilde Isuzu KB bakkiereeks met die poeierkwas bygekom om ‘n varser en meer moderne voorkoms aan die 2016-model te gee.
Afgesien van die voorkant, is die laaibak se klap ook verander terwyl die agterste veerstelsel verfyn is vir verbeterde ritgehalte en padinamika. Binnekant is daar ‘n nuwe ontwerp vir die instrumentehuls agter die stuurwiel en die elektroniese megêftertjies is vermeerder.
Ons het die mediabekendstelling in die duine van Namibië se Namibwoestyn gaan bywoon en het na dese groter respek vir die Isuzu se viertrek- en veral sandryvermoëns. Die Isuzu bakkie is omtrent so deel van die Suid-Afrikaanse landbougemeenskap soos potjiekos en biltong en is reeds vir ongeveer 30 jaar ‘n bekende en geliefde toevoeging ook tot ons plaasrygoed.
Geskiedenis
Isuzu kom met ‘n geskiedenis wat terugdateer na 1893. Die “Tokyo Ishikawajima Shipbuilding & Engineering Co. Ltd” het toe ontstaan, maar is in 1916 gediversifiseer om in vennootskap saam met die Britse motormaatskappy “Wolseley Motor Ltd” passasiermotors te bou.
In 1922 het “Tokyo Ishikawajima Shipbuilding & Engineering” daarin geslaag om die eerste passasiermotor ooit, naamlik die Wolseley A9, in Japan te bou. Dit is in 1924 opgevolg met die eerste amptelike Japanese militêre trokkie ,die “Wolseley CP” met ‘n vragdra vermoë van 1,5 ton. In 1927 het Tokyo Ishikawajima Shipbuilding & Engineering sy vennootskap met Wolseley beëindig en in 1929 is die “Sumida” motor bekendgestel. Gedurende dieselfde jaar het die motorvervaardigings afdeling weggebreek van Tokyo Ishikawajima Shipbuilding & Engineering en is ‘n onafhanklike maatskappy genaamd “Ishikawa Automotive Works Co. Ltd” gestig. In 1933 het Ishikawa Automotive Works die “Isuzu” bekendgestel, ‘n motortjie wat uiteindelik sy naam sal verleen aan die maatskappy wat ons vandag as Isuzu ken, afgelei van die bekende Isuzu-rivier in Japan.
In 1971 het Isuzu met General Motors ‘n ooreenkoms aangegaan waar GM in beheer geplaas is van hul kommersiële voertuie. General Motors het die Chev Luv in die sewentiger jare in Suid-Afrika bekendgestel wat ‘n paar jaar later as die Isuzu KB bekend sou raak. Isuzu was ook die eerste 1-ton bakkie in Suid-Afrika wat in 1980 met vierwielaandrywing beskikbaar was.
In 2007 is die nuwe generasie Isuzu bakkies plaaslik bekendgestel met ‘n reeks enkel-, dubbel- en vergrote-kajuit modelle wat verskeie petrol- en dieselenjin opsies aan voornemende kopers bied.
2016-model
Die verbeterde 2016-modelle se voorkant is subtiel maar slim gestilleer om ‘n slanker dog meer agressiewe voorkoms uit te dra. Nuut-ontwerpte sierrooster, enjinkap en misligte tref visueel, maar dit is die nuwe hoofligte wat myns insiens grootliks bydra tot ‘n varser voorkant. LED-dagryligte is ingebou in die lighulse van die modelle met die luukser “LX” afwerking.
Agter is die laaibakdeksel herontwerp en is die tru-kamera op die luukser “LX”-modelle nou in die oopmaakknip/handvatsel ingebou. ‘n Sleepstang, rolstaaf, dakrelings en nuutontwerpte 18”-wiele is ook standaard by die 3.0L dubbelkajuit “LX”-modelle.
Die ander modelle kry nuwe 16”-wiel en daar is “4×4”-plakkers weerskante op die laaibak vir al die viertrekmodelle in die reeks. Die nuwe ontwerp van die allooiwiele op die die 2016-model is myns insiens ‘n wenner en laat die bakkie, veralmet die groter 18” wiele fors en sportief vertoon.
Binnekant is veranderings minimaal. Die instrumentehuls is herontwerp en bied nou beter funksionaliteit. Vir beide die handrat en outomatiese modelle (wanneer “manual-modus” op die outokas gekies is) word daar nou aangedui in watter rat jy ry en wannneer jy moet oorskakel.
Die 3-liter 4×4 LX Dubbelkajuit se voorste sitplekke kan elektries verstel word. Daar is ook die genot van ‘n verbeterde klankstelsel. Die LX weergawes kom standaard met ‘n 6,5” hoë-definisie TFT-raakskerm wat die klank-, inligting- en kommunikasiestelsels beheer. Daar is satelietnavigasie, WiFi, slimfoonskakeling en jy kan selfs die internet daarop “swerf”!
Dit vertoon ook die beelde van die tru-kamera as jy na trurat oorskakel en die stelsel kan boonop DVD’s speel. Die LX modelle kom ook met sleutelose toegang en sluit funksie. Met die sleutel in jou sak kan jy nou jou nuwe Isuzu aan-/afskakel deur bloot die START/STOP- skakelaarknop op die voorpaneel langs die stuur te druk. Al die 4×4 modelle kom standaard met leerbekleedsel wat opsioneel ekstra by die ander modelle beskikbaar is.
Die opgekikkerde 2016-model word egter steeds aangedryf deur die bestaande 2.5 en 3.0 liter dieselenjins. Die 3.0 liter DTEQ turboaangejaagde diesel bied 130kW en 380Nm se piekverrigting in die topmodelle en lewer ‘n amptelike brandstofverbruik in ‘n gekombineerde siklus van 7,9 l/100 km vir die dubbelkajuit en vergrote kajuit 4×4 modelle, terwyl die 4×2 weergawes effe minder drink en amptelik 7,7 liter vir elke 100 km gebruik.
By die enkelkajuitmodelle word die amptelike verbruik in die 4×2 weergawes ook as 7,7 l/100 km aangegee met die 4×4 enkelkajuit model se verbruiksyfer wat aangegee word as 8 liter per 100 km.
Die 2.5 liter DTEQ turbodiesel wat verlede jaar op die Isuzu modelle bekendgestel is, is ook in die 2016-modelle beskikbaar. Die enjin lewer 100 kW se piekkrag met 320 Nm wringkrag wat, soos met die 3.0 liter enjin, reeds vanaf 1200 rpm beskikbaar is.
Twee sogenaamde werkesel-modelle is ook in die 2016-modelreeks beskikbaar. Die 250 Basismodel enkelkajuit en 250 Fleetside enkelkajuit modelle kom beide toegerus met die viersilinder 2.5 dieselenjin. Hierdie enjin met direkte inspuiting lewer 58 kW en 170 Nm en bied ‘n amptelike gekombineerde dieselverbruik van 7,9 l/100 km.
Isuzu se plaaslike witjasse het meer as 100 000 kilometers afgelê in die nuwe model oor alle verskillende padoppervlaktes ten einde die agterste veerstelsel te verfyn om ‘n aangenamer ritgehalte te verkry. Die Hi-Rider 4X2 modelle is met nuwe voor en agterste skokbrekers toegerus, terwyl die 4×4 modelle se skokbrekers aangepas is vir beter skokabsorbsie van die suiers tydens lae en hoë impakspoed. Die resultaat is ‘n sagter rit met minder padvibrasie en ‘n stiller kajuit.
Tydens die bekendstelling in die duinesand van die Namib was ons beїndruk met hoe gemaklik die 3.0 liter diesel 4×4 modelle die uitdagings van dik sand en hoë duine hanteer het.
Uiteraard is tegniek belangrik maar die 380 Nm wringkrag het nooit te min gevoel nie en daar waar vasgeval is, was dit te wyte aan ‘n gebrek aan tegniek en ervaring van die bestuurders, eerder as die bakkie se onvermoë. Ons het ook heelwat grond- en teerpad kilometers afgelê en selfs ‘n stofstorm getrotseer. Selfs teen hoër as normale spoed op die grondpad was daar ‘n merkbare verbetering in ritgehalte en paddinamika.
Al die nuwe Isuzu bakkies kom met ‘n omvattende program vir klientebystand en sluit onder meer in:
Alle roetine onderhoud, gereelde dienste en padbystanddiens. Nuwe voertuig waarborg en padbystanddiens is standaard 5 jaar/120 000 km.
Daar is ook ‘n standaard 5 jaar/onbeperkte kilometer anti-roes waarborg en ‘n 5 jaar/90 000 km diensplan. Diensintervalle is 15 000km of 12 maande vir alle modelle in die reeks.
Pryse en modelreeks
Model Prys Enkel kajuit KB 250 BASE R 235 000 KB 250 FLEETSIDE R 258 800 KB 250 FLEETSIDE (SAFETY) R 285 600 KB 250 LE R 334 500 KB 250 4X4 LE R 386 800 KB 300 4X4 LX R442 800 Vergrote kajuit KB 250 HI-RIDER R 337 400 KB 300 LX R 414 000 KB 300 LX (OUTO) R 427 900 KB 300 4X4 LX R 474 400 Dubbel kajuit KB 250 HI-RIDER R 351 300 KB 250 LE R 435 200 KB 250 LE R 457 400 KB 300 LX R 384 200 KB 300 LX (Materiaal) R 486 900 KB 300 LX (Outo) (Materiaal) R 501 200 KB 300 4×4 LX R 549 800 KB 300 4×4 LX (Outo) R 563 500
Deur Dirk Gallowitz van Ultimate Drive | http://www.proagri.co.za/opgekikkerde-2016-isuzu-kb-bekendgestel/ | 2016-10-21 07:51:36 |
Kan multi-risiko oesversekering die droogte oorleef? | deur Johan van den Berg, Santam Landbou
Alhoewel die benaming “multi-risiko versekering” aandui dat meer as een gevaar gedek word, is verreweg die meeste multi-risiko versekeringseise in Suid-Afrika as gevolg van droogte. Multi-risiko versekering is presies wat dit sê, naamlik dat dit ’n omvattende dekking verskaf mits goeie boerderypraktyke toegepas word.
Die kliënt word teen sy eie geskiedkundige opbrengs gemeet en die verskil tussen die waarborgopbrengs en die gestroopte opbrengs word as ’n eis uitbetaal.
Wat is die stand van multi-risiko oesversekering in Suid-Afrika?
Multi-risiko oesversekering moet in ’n langer tydskonteks gesien word as enkele jare. Die geskiedenis het gewys dat produksietoestande en reënval dikwels groepeer in reekse van natter of droër jare. Neem byvoorbeeld die droogtes van 1964 tot 1967, vanaf 1982 tot 1987, weer vanaf 1991 tot 1996 en dan ook die droër jare vanaf 2001 tot 2007.
Korttermynresultate is dikwels baie “skeef” as gevolg van hierdie agtereenvolgende droë of nat jare. Die probleem is egter dat die jare waarin daar wel eise voorkom, groot bedrae ter sprake is. Droogte kom oor groot gebiede voor met gevolglike baie groot eisbedrae en nie kol-kol soos met die voorkoms van byvoorbeeld hael nie.
Uit ’n versekeraar se oogpunt is dit ook problematies, want genoeg geld moet elke jaar toegewys word om seker te maak eise kan uitbetaal word in hierdie “katastrofiese” jare indien dit voorkom. Die koste om hierdie kapitaal beskikbaar te hou is hoog, want dit kan nie vir iets anders gebruik word nie. Met groot multi-risiko eise as gevolg van droogteskade die afgelope drie jaar, het die langtermynresultate van multi-risiko versekering baie verswak.
Alhoewel Multi-risiko as produk nog deur Santam aangebied word, is daar egter beperkings op hierdie tipe van versekering ingestel in die afgelope seisoene. So, byvoorbeeld, het bestaande kliënte voorkeur gekry om weer te verseker indien die risiko aanvaarbaar was. Dit is dus belangrik dat daar ’n langtermyn versekeringsgeskiedenis opgebou moet word tussen die versekerde en die versekeraar, want dit stel die versekeraar in staat om na indiwiduele onderskrywing vir kliënte te kyk wat goeie risikobestuur doen.
Koste van multi-risiko oesversekering
Daar is min versekeringsprodukte wat die uitgebreide dekking gee wat multi-risiko versekering gee. Dit is een van die redes waarom dit relatief duur is. Alhoewel dit vanaf ’n versekeringsmaatskappy se kant arbeidsintensief is, is die koste om dit te bestuur relatief laag teenoor die versekeringskoste om die risiko’s te dek. Daar moet egter onthou word dat, indien ’n versekeringsproduk duur is, dit gewoonlik ook ’n aanduiding is van die risiko van die gewas in ’n spesifieke omgewing.
Neem ’n voorbeeld: Die multi-risiko versekeringstarief as persentasie van die versekerde waarde is meer as drie keer hoër in Lichtenburg in die westelike produksiestreek as in Middelburg in die oostelike produksiestreek. Hoekom?
In ’n ontleding is gevind dat daar oor die langtermyn ’n ongeveer 30% waarskynlikheid is om nie insetkoste te verhaal in Lichtenburg nie, dit wil sê in drie uit tien jaar sal ’n boer in Lichtenburg ’n verlies maak. Hierdie syfer hang natuurlik af van die kommoditeitsprys en die berekening is gedoen op ’n mielieprys van ongeveer R2 500/ton.
Daarenteen sal ’n goeie boer in Middelburg in minder jare nie gelykbreek nie. Hierdie verskil in risiko word in die prys van versekering weerspieël. Met laer kommoditeitspryse en/of hoër insetkoste kan die aantal jare waarin verliese gemaak word of nie gelykgebreek word nie, vermeerder.
Hoe versekerbaar is die graanproduksiegebiede van Suid-Afrika?
Hierdie vraag kan ook anders gestel word, naamlik: Hoe lewensvatbaar en volhoubaar is graanproduksie soos dit tans bedryf word? Dit is nie net droogte en swak opbrengste wat verliese tot gevolg kan hê nie, dit is ook geldig as laer kommoditeitspryse voorkom.
Stygende insetkoste maak die risiko vir verliese ook baie groter indien die prys nie daarmee tred hou nie. Die kwessie van agtereenvolgende swak jare maak dat volhoubaarheid baie moeilik is, want om twee of drie misoeste “in te haal” is nie maklik nie. Elke boer sal strategies moet dink of sy produksiestelsel volhoubaar is oor die langtermyn. Dit kan dalk raadsaam wees om in goeie jare ’n verandering aan die tipe boerdery of boerderystelsel te doen, want tydens droogtes kan eintlik niks gedoen word behalwe om te probeer oorleef nie.
Gevolgtrekking
Die kwessie rondom multi-risiko oesversekering is eintlik maar net ’n simptoom van die riskantheid van graanproduksie in groot dele van Suid-Afrika. Daar is nie werklik goedkoper en meer akkurate alternatiewe vir multi- risiko oesversekering in die huidige vorm nie, want maak nie saak watter metode of produk gebruik word nie, die inherente risiko (en prys) bly dieselfde. Alhoewel multi-risiko oesversekering in sy huidige vorm arbeidsintensief is, is dit steeds die enigste versekeringsproduk wat die indiwiduele risiko vir ’n kliënt volledig dek. | http://www.proagri.co.za/kan-multi-risiko-oesversekering-die-droogte-oorleef/ | 2016-10-10 10:38:31 |
Brusellose is hoogs aansteeklik | Brusellose is die nommer een aansteeklike siekte in Suid-Afrika en ‘n aksieplan word tans deur die Brusellose-loodskomitee van die nasionale Dieregesondheidsforum onderneem, volgens die maandelikse verslae soos informeel aangemeld deur veeartse. Die RPO gee meer inligting oor hierdie siekte.
Brusellose is nie ‘n enkelvoudige siekte nie en kan die produktiwiteit van jou kudde stadigaan wegkalwe.
Hier volg belangrike dinge wat jy van die siekte moet weet:
Dit is ‘n gekontroleerde dieresiekte volgens die Dieresiektewet, ‘n kroniese siekte waarvoor daar geen behandeling in beeste is nie.
Dit is ‘n kuddesiekte – as een dier besmet is, moet die hele kudde as potensieel besmet beskou word.
Dit is verpligtend deur die Wet om alle verse eenmalig tussen ouderdom 4 tot 8 maande teen brusellose te ent, met S19 of met RB51 (Tabel 2 van die Dieresiekte regulasies). Inenting help om die kudde teen die siekte te beskerm, verminder die verspreiding en die aantal aborsies.
S19 entstof mag slegs in verskalwers tussen die ouderdom van 4 tot 8 maande gebruik word – indien dit op ‘n later ouderdom gebruik word, mag die dier aanhoudend positief toets in bloedtoetse. RB51 entstof mag in nie-dragtige koeie van enige ouderdom gebruik word aangesien dit nie positiewe toetsresultate sal lewer nie. Bulle moet nie met S19 of RB51 ingeënt word nie aangesien hulle steriel mag raak.
Besmette verse en koeie mag aborteer, hulle melkproduksie mag daal en hul aanwasproduksie mag daal weens verlengde tussenkalf periodes, nageboortes wat vassit en baarmoederinfeksies.
Koeie en verse wat besmet is met brusellose lyk dikwels gesond, wat misleidend is! Indien hierdie diere in die kudde bly, hou hulle aan om die besmetting stilweg te versprei en dit veroorsaak ekonomiese en produksieverliese. Die belangrikste metode van oordraging is wanneer besmette koeie normaalweg kalf of aborteer, aangesien hierdie prosesse miljoene bakterieë in die omgewing vrylaat, wat maklik ander diere kan besmet.
Verse wat gebore is uit besmette koeie toets dikwels negatief voordat hulle kalf en toets eers positief na hul eerste kalwing. Nuut aangekoopte verse hou ‘n hoë risiko in en behoort apart van die res van die kudde gehou te word totdat hulle gekalf het en getoets kan word vir brusellose
Mense kan besmet word met brusellose deur ongepasteuriseerde melk te drink, ‘n positiewe koei te slag en deur besmette kalwingsmateriaal van geaborteerde fetusse (kalwers) te hanteer. Algemene simptome by mense is grieperig met koors, hoofpyne en liggaamspyne. Indien geen behandeling ontvang word nie, word dit ‘n kroniese siekte wat herhalend toeslaan. Vleis van besmette diere, wat by goedgekeurde abattoirs geslag word, is veilig vir menslike gebruik.
Brucella bakterieë kan ook versprei deur afloopwater van besmette naburige plase. Roofdiere soos rondloperhonde, jakkalse en kraaie kan ook besmette geaborteerde fetusse en nageboortes na ander plase toe dra. Vlieë wat op besmette materiaal voed, mag die bakterieë meganies versprei wanneer hulle op die slymvliese van diere sit.
Eienaars is verantwoordelik vir hul diere se gesondheid en mag onder die Wet van Dieresiektes en die Verbruikersbeskermingswet vervolg word indien hulle die brusellose besmetting laat versprei.
Die enigste person wat jou kudde teen brusellose kan beskerm, is JY!
Wanneer jy beeste inkoop, moet jy aandring op inentingrekords en onlangse kuddetoetse van die plaas van oorsprong. Die verkoper moet in staat wees om te bewys dat die diere ingeënt en die kudde van oorsprong negatief getoets het vir brusellose. Verder behoort die verkoper ook bewys te kan lewer van gereelde negatiewe kuddetoetse. Dit is altyd aan te beveel dat enige dier wat in die kudde ingebring word, eers geїsoleer word vir biosekuriteitsredes – om te toets vir verskeie siektes, om in te ent en om teen interne en eksterne parasiete te behandel.
Bron: RPO | http://www.proagri.co.za/brusellose-hoogs-aansteeklik/ | 2016-10-07 09:31:36 |
HORTGRO belê R2,5-miljoen in studente | HORTGRO het vanjaar meer as R2,5-miljoen bewillig vir beurse aan studente in die landbouwetenskappe.
“Hopelik sal elkeen van julle mettertyd julle eie nis êrens in die landboubedryf vind. Daar is baie geleenthede, julle moet dit net aangryp,” het HORTGRO se uitvoerende direkteur, Anton Rabe, aan studente gesê tydens ‘n beursfunksie op Stellenbosch. Oor die afgelope tien jaar het HORTGRO meer as R20-miljoen aan beursgelde betaal en die organisasie sien dit as ‘n “belegging om jong landbouwetenskaplikes vir die toekoms te kweek”.
Volgens Anton het 65 studente finansiële steun ontvang. Die studente is versprei oor die land vanaf Elsenburg Landboukollege en die Kaapse Skiereiland Universiteit van Tegnologie, tot die Universiteit van Limpopo, die Universiteit van Pretoria en die Universiteit van Stellenbosch.
Die studente, wat hoofsaaklik uit swart gemeenskappe kom, het vroeër die middag deelgeneem aan ‘n toer deur die Suid-Afrikaanse Plantverbeteringsorganisasie (SAPO Trust) se fasiliteit op Stellenbosch. Daarna het prof Wiehann Steyn, HORTGRO Science se programbestuurder vir Produksie, hulle aangemoedig “om nooit op te gee nie”.
Prof Wiehann, wat self ‘n HORTGRO-beurshouer was, het in ‘n motiveringspraatjie sy eie lewensreis met die studente gedeel. “Elkeen van julle wat ‘n beurs gekry het, is ongeag julle omstandighede, bevoorreg. Julle behoort aan ‘n uitgesoekte groep Suid-Afrikaners wat die geleentheid het om te studeer,” het hy gesê. Hy het ook aan die groep gesê dat hy die eerste persoon in sy familie was wat die geleentheid gehad het om te studeer en dat dit ‘n enorme motivering was wanneer dinge moeilik geraak het.
Een van die studente wat die funksie bygewoon het, is die 22-jarige, Faith Mokapane. Faith, vanaf die Vrystaat, is tans besig met haar finale jaar in BSc Agric. “Ek wil bitter graag eendag my eie grond hê waarop ek kan boer met bloubessies of granate,” het die jong vrou met Hortologie en Plantpatologie as hoofvakke, gesê. Maar eers wil sy haarself verder bekwaam. “Ek wil graag my studies voortsit en beplan om volgende jaar ‘n meestersgraad te doen oor die na-oes bestuur van granate.”
Bron: HORTGRO
Foto: (van links) Lebotse Kamogelo, Faith Mokapane en Msizi Mdakiane (HORTGRO beurshouers). | http://www.proagri.co.za/hortgro-bele-r25-miljoen-studente/ | 2016-10-20 14:25:56 |
Meatmasterpryse bly gesond | ’n Genootskap se algemene jaarvergadering, dinee en nasionale veiling bly maar ’n uitstekende geleentheid vir boere om weer op datum te kom met die jongste nuus en neigings en om idees uit te ruil wat ongetwyfeld die bedryf vorentoe stu.
Die Meatmastermense het onlangs al drie geleenthede saam in Bloemfontein gehou.
Die veiling is deur OVK/CMW by die Bloemfonteinse skouterrein aangebied en die afslaer was André van Zyl. Die 59 ramme is teen ‘n gemiddeld van R14 250 verkoop. Die ooie met lammers het ‘n gemiddeld van R4 150 behaal, terwyl 181 ooie ‘n gemiddeld van R3 000 behaal het. | http://www.proagri.co.za/meatmasterpryse-bly-gesond/ | 2016-10-11 09:55:35 |
Agri Mega Week: Bekostigbare kos vra spanwerk | Agri Mega Week, Suidelike Suid-Afrika se grootste landbou tentoonstelling, in Bredasdorp het vanjaar daarin geslaag om doelgerigte samewerking tussen die landbou en die res van die waardeketting vir basiese voedselsoorte te beklemtoon.
Orton King, groep uitvoerende direkteur van die Mega-groep, sê daar is ‘n klemverskuiwing na die belangrikheid van die volle waardeketting op die pad na voedselsekerheid vir ‘n groeiende wêreldbevolking.
“Oor die jare het Agri Mega Week, as ‘n dinamiese platform met seisoene van groei en aanpassing ontwikkel. Ons oorsponklike meganisasie uitstalling is vandag, met tegnologiese verandering en die verandering van rolle in die waardeketting, ‘n groter en beter bemarkingsplatform met veel meer as net primêre landbou,” sê hy.
Orthon sê die landbou se bydrae tot volhoubare voedselvoorsiening is ‘n spanpoging en word nie net deur primêre produksie op die plaas bepaal nie. “Van ons bekendste masjinerie, en ander insetverskaffers by Agri Mega Week bevestig dat hulle vanjaar te midde van ‘n stram mark, baie goeie sake gedoen het. Talle ekspo transaksies se werktuie word nou afgelewer.”
Druk op die ekonomie, sake- en huishoudelike begrotings het die aantal besoeke aan Agri Mega Week vanjaar laat afneem. Daar was teenoor 2015 ‘n toename in die hoeveelheid landelike-, landbou- en stedelike besoekers, wat nie genooide gaste was nie.
“Dit is ‘n goeie teken en wys dat meer mense met koopkrag Agri Mega Week as sakeplatform gebruik. Die boodskap van uitstallers en deelnemers word toenemend aan die regte mark oorgedra. Gemeet aan die impak van die droogte op die boer se koopkrag het Agri Mega Week 2016 verseker beter gevaar as wat die landbou tans algemeen presteer,” sê Orthon.
Hy sê groot- en kleinvee ras en interras skoue en kampioenskappe het in 2016 in die slag gebly omdat veeteeltgenootskappe weens die droogte te min goeie gehalte diere vir uitstalling kon aanbied. “Ons het nietemin meer veerastentoonstellings as ooit vantevore by die ekspo vertoon. Ons sien met verwagting uit na die 100 ste internasionale bestaansjaarvieringe van die S.A. Hereford-genootskap by Agri Mega Week in 2017, waar die wêreld se beste Herefords en hulle telers sal deelneem.”
Hy benadruk dat Agri Mega Week by die besigheidsomgewing aanpas. “Met tegnologiese vooruitgang en integrasie met die waardeketting, is ons toekomsgerig geposissioneer want die waardeketting en die verbruiker is interafhanklik. Vir oorlewing bly almal egter afhanklik van winsgewende produksie op die plaas. Dit is verseker ‘n oorweging in die uitbouing van die jaarlikse Agri Mega Week as internasionale voedsel- en vesel-waardeketting ekspo.
Orthon bedank besoekers, uitstallers, deelnemers en projekvennote vir hulle ondersteuning. Agri Mega Week 2017 sal vanaf Woensdag 13 tot Saterdag 16 September by Mega Park, Bredasdorp aangebied word. Besoek www.agrimegaweek.co.za vir inligting. Vir navrae skakel 028 424 2890.
Saamgestel en uitgereik deur Mega Media | http://www.proagri.co.za/agri-mega-week-bekostigbare-kos-vra-spanwerk/ | 2016-10-25 14:51:31 |
Hanteer jou vleisbeeste só | Doeltreffende hanteringsgeriewe is noodsaaklik vir die suksesvolle produksie van beesvleis. Hierdie geriewe moet die bestuur van die stelsel vergemaklik en arbeid tot ‘n minimum beperk.
Dit moet funksioneel en ekonomies wees en ‘n veilige omgewing vir die diere, asook ‘n veilige werksomgewing vir die hanteerders, verskaf. Doeltreffende hanteringsgeriewe is noodsaaklik vir die suksesvolle produksie van beesvleis. Hierdie geriewe moet die bestuur van die stelsel vergemaklik en arbeid tot ’n minimum beperk. Dit moet funksioneel en ekonomies wees en ’n veilige omgewing vir die diere, asook ’n veilige werksomgewing vir die hanteerders, verskaf.
Toerusting en geriewe is duur om aan te koop of te bou, maar die verlies aan beeste as gevolg van swak beplande hanteringsgeriewe en onvoldoende of goedkoop toerusting, is baie duurder. Omdat behoeftes verskil, sal ’n ideale hanteringskraaluitleg nie vir alle boere dieselfde wees nie. Daarom moet ’n boer eers goed nadink oor watter tipe fasiliteite hy benodig en wat hy daarmee beoog. Met hierdie reeks artikels wat met die hulp van die LNR se Instituut vir Landbou-ingenieurswese saamgestel is poog ons om die tegniese inligting van soveel moontlik geriewe weer te gee om die boer in sy besluitnemingsproses te help.
Ken jou diere
Diere het sekere gedragsneigings wat hulle optrede bepaal wanneer hulle hanteer word. Hierdie gedragsneigings moet in ag geneem word by die beplanning en ontwerp van ’n hanteringstelsel. Swak beplande geriewe sal tydvermorsing teweegbring, wat sowel die boer as die bees se produktiwiteit benadeel. Anders as ’n mens, kan ’n bees amper reg rondom hom sien sonder om sy kop te draai. Dit beteken nie hy kan oral volledig diepte onderskei nie.
Figuur 1 toon die gesigsveld van ’n bees. Aan die voorkant is ’n gebied waar hy stereoskopiese sig het. Dit is die gebied waar hy teoreties diepte behoort te sien. Aan die agterkant is ’n blindekol waar hy niks kan sien nie. In die gedeelte wat oorbly, het die bees enkelvlakkige sig. Dit is die gebied waar hy teoreties nie diepte kan sien nie.
In werklikheid kan ’n bees tog in ’n mate diepte in die gebied onderskei. Indien ’n persoon sy een oog toemaak, behoort diepte teoreties glad nie waargeneem te kan word nie, tog het die menslike brein oor die jare aangeleer om diepte aan die beeld te koppel. ’n Bees het, soos ’n mens, ’n persoonlike ruimte. Hierdie ruimte word die vlugsone genoem en is die gebied rondom die bees waarin hy alleen wil wees om veilig en gemaklik te voel. Die grootte van die vlugsone is hoe naby die bees ’n persoon sal toelaat om aan hom te kom voordat hy wegbeweeg. Volgens T Gradin (1998) is daar vier faktore wat die grootte van die vlugsone beïnvloed, naamlik:
– Die bees se genetika
– Die aantal kere wat hy al met mense in aanraking gekom het
– Die aard van die aanraking
– Die hanteerders se aksie
Deur die vlugsone en die balanspunt in ag te neem, kan beeste gemaklik hanteer word. Die balanspunt is ongeveer by ’n bees se skouer. Indien ’n hanteerder agter die balanspunt en in die vlugsone is, sal die bees vorentoe loop. Indien die hanteerder voor die balanspunt en in die vlugsone is, sal die bees na agter beweeg.
Beeste moet ook op hierdie wyse in ’n drukgang aangejaag word. Figuur 2 toon die posisie van die hanteerder ten opsigte van die bees vir suksesvolle hantering. Die hanteerder beweeg na posisie A. Dit is binne die vlugsone en agter die balanspunt. Die bees hou nie van die hanteerder in sy persoonlike ruimte nie en beweeg vorentoe, sodat dat die hanteerder nou in posisie B is. Die hanteerder beweeg nou weer na posisie A. Wanneer ’n aantal beeste in ‘n drukgang aangejaag word, moet die hanteerder van voor na agter beweeg, soos in Figuur 3 getoon.
Hierdie aksie mag aanvanklik verkeerd lyk, maar as die vlugsone en balanspunt in ag geneem word, sal dit sin uitmaak. Met die laaste kontak wat ‘n persoon met die bees het, moet hy tog seker agter sy balanspunt wees om die bees vorentoe te laat beweeg. Daar bestaan ook ’n sosiale hiërargie tussen beeste in ’n kudde. Wanneer hulle saam in ’n wagkraal gejaag word, sal die normale voorkoms van antagonistiese gedrag tussen die beeste toeneem. Beeste met horings kan ander diere beseer, terwyl jonger diere en kalwers ook ernstige beserings kan opdoen. Wanneer verskillende groepe beeste skielik in ’n kraal saamgehok word, sal dit ook onnodige onenigheid tussen indiwiduele diere veroorsaak omdat die rangorde versteur is.
Dit is dus belangrik, om waar moontlik, gevestigde groepe diere apart te hou tydens aktiewe hantering. Dit geld ook vir jong diere en kalwers. Wanneer beeste aangejaag word, moet die bogenoemde dieregedrag ook in ag geneem word. Figuur 4 toon die hanteerder se posisie wanneer beeste langs ’n kampheining af moet beweeg.
Volgende maand bespreek ons verskillende soorte sorteerkrale en drukgange. Met dank aan die LNR-Instituut vir Landbou-ingenieurswese vir die gebruik van hulle Beeshanteringshandleiding. | http://www.proagri.co.za/hanteer-jou-vleisbeeste-deel-1-ken-jou-diere/ | 2016-10-10 15:45:02 |
Boer slim en verdien geld met groente | Met lae winsgrense, pryse wat van dag tot dag wissel en ‘n uiters mededingende mark, kan groenteboere dit nie bekostig om foute te maak nie. Hulle moet slim boer!
Gelukkig hoef hulle ook nie meer aan die agterspeen te suig wanneer dit by produksiehulpmiddels soos toerusting vir grondvoorbereiding, plantwerk, skoffelwerk en oesbekerming kom nie.
Op die Nasionale Groenteboerdag wat onlangs deur Joined Specialised Farming (JSF), die Rebelo Agricultural Group en Zuiderwindt Mechanisation by Bapsfontein net buite Pretoria aangebied is, is van die beste ingevoerde en plaaslik vervaardigde masjinerie gedemonstreer.
Die spogkombinasie van die dag was hierdie klepelmaaier (mulcher) van die bekende Struik-reeks wat gebruik word om groenbemesting, in hierdie geval, bladramenas, fyn te kap en te versap. Die plat klepels is spesiaal ontwerp om nie net fyn te kap nie maar ook die sap uit die plante te druk, want dit versnel die vrylating van die gasse uit die blare wanneer dit die grond ingewerk is.
Die Farmax-grondvoorbereider wat agter volg staan in omgangstaal bekend as ‘n slowspitter, sê Francois Bezuidenhout van JSF. Die masjien werk op sy beste teen 2 km/uur om die grond tot op 40 cm diep los te maak, die pasgekapte groenbemesting in te werk en dan met die roller met vibrerende armpies te sorg dat alle kluite gebreek en die bedding mooi gelyk gelaat word.
Die trekker wat die masjiene laat werk, is ‘n Massey Ferguson 7624. Dit is deel van die 7600-reeks wat onlangs bekend gestel is met pluspunte vir groenteboere soos outomatiese gladde ratskakeling sonder dat die koppelaar getrap hoef te word, ‘n rustige kruipspoed en klein draaisirkels.
‘n Trekker wat ook goed verwelkom is in groentegeledere is die nuwe Valtra A95 van 74 kW met ‘n viersilinder AGCO-enjin en 12 X 12 ratkas wat deur Valtrac in SA versprei word. Een van die groot voordele is die geïntegreerde brandstoftenk wat sorg vir ‘n skoon, gladde hoogloop-onderstel wat nie plantjies of beddings sal seermaak nie. Die model is beskikbaar met of sonder ‘n kajuit en operateurs sal ook die plat, oop vloerruimte waardeer.
Ook uit die Valtrac-stal is die Montana-spuit wat aan die driepunt haak en ‘n onontbeerlike wapen teen peste vir ‘n groenteboer is. Let net daarop dat Montana so pas deur Kuhn uitgekoop is en dat die kenmerkende blou voortaan Kuhn-rooi sal wees.
Tyd is kosbaar en dit is verstandig om twee bewerkings tegelyk te doen, met ‘n werktuig voor en een agter die trekker. Nie alle trekkers is fabrieksgereed daarvoor nie, maar Dirk de Koster van Inttrac Trading sê hulle het ‘n plan. Inttrac is die verspreiders van Sauter se nuttige voorkoppelstelsel bestaande uit ‘n driepunthyser en ‘n kragaftakker. Die Sauter pas aan die meeste soorte trekkers en gaan jou oor die langtermyn baie brandstof en tyd bespaar.
‘n Verskeidenheid saadbedmakers is gedemonstreer en die boere het elkeen se spoor diepgaande bestudeer om seker te maak dit is net reg vir plant.
Die pasbewerkte nat grond het dinge bietjie bemoeilik, maar in ‘n droër strook het die Forigo van die Rebelo-groep homself goed bewys met ‘n deurlugte en sagte, maar ferm saadbed. Die Forigo staan ook bekend as die klipbegrawer, wat uiteraard nuttig is vir boere met klipperige grond.
Vir meganiese skoffelwerk tussen die plantjies het Zuiderwindt Mechanisation se plaaslike patent veral die aandag getrek. ProAgri het ook al ‘n video oor die skoffel op hulle Facebook-blad geplaas.
Groenteplant hoef nie meer soos in die verlede ‘n tydrowende rugbreekwerk te wees nie, maar Jose Rebelo het daarop gewys dat boere seker moet maak hulle kry die regte planter vir hulle gewasse en grond. Daar is byvoorbeeld planters wat beter is om kool te plant as slaai en ‘n boer moet maar besluit waar lê sy grootste inkomste of hy moet twee planters kry.
Sonder water kom groente nie ver nie en Mariska Sonnekus van HMMI kon mooi aan die boere beduie watter voordele hulle aanpasbare, maklik verskuifbare BAUER-kruipspuite sie groenteboer bied. Die selfaandrewe spuite benodig nie kragtoevoer in die land nie en daar is ‘n hele reeks verskillende groottes beskikbaar. Die spuit is volversink vir ‘n lekker lang leeftyd en die watertoevoer kan fyn verstel word vir presiese toediening na behoefte. Die groter modelle het ‘n rekenaar vir akkurate, eenvoudige verstellings.
Monosem se presisieplanters is welbekend in die graanbedryf, maar hulle sorg ook vir groenteboere. Gesels gerus met Jacques van der Westhuizen van Monotec, wat die planters versprei.
Presisieboerdery is nie net beperk tot graanboere nie. Charlaine Kok van Ronin sal jou presies kan vertel hoe jy brandstof en tyd kan bespaar en ook jou grond ten beste kan benut met presisiepraktyke vir groenteboerdery.
Victor Sabio van Golden Spring sê hy kan jou help om ‘n sleepwa van voor tot agter te bou na jou behoefte.
Die Rebelo-groep lewer voorwaar ‘n eenstopdiens aan groenteboere; van grondvoorbereiding tot op die winkelrak in ‘n netjiese sak. | http://www.proagri.co.za/boer-slim-en-verdien-geld-met-groente/ | 2016-10-20 10:04:03 |
Scania verskaf gehalte en diens aan boere | “Diens! Diens! Diens! Ons weet dit is wat boere wil hê. Dit is naas gehalte, die bepalende faktor wanneer ’n boer ’n produk moet aankoop,” sê Paul Uys van Scania in Bloemfontein. Vanuit dié tak word die hele sentrale streek van Suid-Afrika bedien, van Upington tot by die Oos-Kaap se see.
Paul sê landbou is nie tradisioneel Scania se grootste kliënt nie, maar boere besef al hoe meer dat hulle by Scania die spesiale gehalte en diens kry wat hulle nodig het wanneer hulle produkte oor langer afstande moet vervoer of wanneer hulle groot vragte kosbare ware wil verskuif. Hy sê dit is uiters belangrik vir ’n bees- of wildsboer om te weet dat sy diere op die pad met net soveel sorg hanteer word as op die plaas en dat hulle veilig en sonder beserings, so spoedig moontlik, by hulle bestemming uitkom.
Vir ’n aartappel- of groenteboer is dit net so belangrik. Goeie pryse op die mark hang af van die gehalte van die produk en tydige aflewering. 36 ton gekneusde, songebakte aartappels wat vyf uur laat by die mark of die winkelgroep se depot aankom, beteken derduisende rand se skade – so ’n vrag is tot R700 000 werd! Die vragmotor wat hierdie vrag vervoer, moet betroubaar wees, sag ry en die nodige operateursgemak bied sodat die bestuurder op en wakker bly ondanks lang ure op die pad. Scania voldoen uitmuntend aan al hierdie vereistes.
Rudi de Abreu is verantwoordelik vir die verkoop van tweedehandse trokke by Scania Bloemfontein. Hy sê boere is nie meer bereid om deur vervoermaatskappye aan die neus rondgelei te word nie en met plase wat al hoe groter word, raak dit al hoe meer noodsaaklik vir boere om self die vervoer van hulle produkte te bestuur.
’n Goeie trok is net so belangrik soos ’n goeie trekker en vir boere wat skrik vir ’n nuwe vragmotor se prys, het Rudi goeie nuus:
“Ons waarborg ook ons tweedehandse trokke, want dit is gewoonlik trokke wat by ons op ’n diensplan was wat onsself weer ingekoop het.”
Rupert Klynsmidt is die dienskontrakman by Scania Bloemfontein en hy sê daar is ’n paar opsies beskikbaar, van ’n gewone dienskontrak tot ’n volledige herstel- en onderhoudskontrak wat vir die boer ’n vaste maandelikse koste beteken waarvoor hy kan begroot. Dit bied die gemoedsrus dat hy enige tyd op Scania se knoppie kan druk om seker te maak die wiele bly rol.
’n Scania-boer het boonop die gemoedsrus dat sy vragmotor se volledige rekords orals in die Scanianetwerk beskikbaar is en dat hy dieselfde blitsige diens gaan ondervind van Swakopmund tot Stutterheim!
Scania se werkswinkelbestuurders by die hooftakke het almal by Scania se tegnici opleiding ontvang en tussen die drie van hulle spog hulle met ongeveer 40 jaar ondervinding van die vragmotors.
’n Wye reeks onderdele is in al die werkswinkels beskikbaar en kan met ’n oornagkoerierdiens na enige bedieningspunt in Suidelike Afrika gestuur word. As dit regtig ’n skaars onderdeel is, kan dit ook blitsig van die hoofonderdelemagasyn in België ingevlieg word.
Scania se eenstopdiens sluit ook gunstige finansieringspakkette in wat deur die maatskappy self onderskryf word. Die maatskappy het ook ’n mededingende versekeringsbeen en alles kan aangepas word volgens die kliënt se behoefte en vermoë.
Paul sê: “Ons verkoopspan hier in Bloemfontein spog ook met ’n stewige 80 jaar se ondervinding tussen hulle en hulle verstaan boere se behoeftes. Dit gaan oor veel meer as verkope; dit gaan oor ’n verhouding wat vir die hele leeftyd van ’n trok voortduur.”
Skakel Scania by 011-661-9600 of besoek www.scania.co.za om uit te vind waar jou naaste handelaar is. In die Vrystaat kan boere met Wynand van den Berg by 051-433- 1218 praat. | http://www.proagri.co.za/scania-verskaf-gehalte-en-diens-aan-boere/ | 2016-10-07 10:25:59 |
Delmas lewer die Graanboer van die Jaar | http://www.proagri.co.za/delmas-lewer-die-graanboer-van-die-jaar/ | 2016-10-17 15:09:46 |
|
Groentepryse: Aartappel- en tamatiepryse is hoër | Aartappelpryse sal na verwagting gedurende die volgende vier weke tot middel November na vlakke van tussen R5 tot R6 per kilogram verhoog.
Verdere prysstygings gedurende Desember is moontlik. Vroeë seisoenreën het nie geval nie en damvlakke is laag. Die gebrek aan voldoende water vir besproeiing kan ‘n negatiewe invloed op opbrengste hê.
Hoewel voorspellings vir reënval baie belowend lyk moet dit steeds eers reën soos hulle voorspel het. Aartappelaanplantings in die Oos-Vrystaat benodig dringend reën. As gevolg van die onsekerheid oor die toekomsvooruitsigte vir reën het sommige produsente in die Hoëveld-streek hulle blootstelling tot aartappelproduksie beperk deur minder aan te plant.
Tamatiepryse het ook verhoog in die afgelope week na R15 per kilogram. In die nabye toekoms word daar verwag dat pryse sal daal soos die nuwe seisoen tamatie-oes sal lei tot ‘n toename in volumes.
Wortelpryse het ‘n hoogtepunt gedurende die afgelope twee weke bereik teen R4 per kilogram maar sedertdien het pryse weer afgeneem na tussen R2,50 tot R3,50 per kilogram soos daar verwag word dat volumes baie gaan bly. Die droë weerstoestande bevoordeel wortelproduksie en volumes begin om op te tel. Die produksiegebiede vir wortels het genoeg water beskikbaar vir besproeiing. Pryse kan voortgaan op die huidige laer prysvlakke as produksie nie geraak word deur onverwagse nat weerstoestande, haelskade of onbeheerbare onkruidgroei nie.
Uiepryse het prysvlakke van tussen R40 tot R50 per kilogram gedurende die afgelope twee weke bereik, maar het weer afgeneem tot R35 tot R40 per kilogram. Die hoofrede vir laer uiepryse is verminderde uitvoere na Mosambiek. Mosambiek is die grootste uitvoerbestemming vir Suid-Afrikaanse uie. Sedert die Wêreldbank finansiële hulp na Mosambiek opgeskort het, het invoerders toenemend probleme ervaar om vir invoere te betaal. Die huidige droogtetoestande sal nie ‘n negatiewe invloed op die beskikbaarheid van uie hê nie.
As reën nie voldoende is die seisoen nie, sal die nuwe seisoen van uieproduksie van Februarie af dit wys.
Bron: Absa Agri Trends | http://www.proagri.co.za/groentepryse-aartappel-en-tamatiepryse-hoer/ | 2016-10-20 10:19:12 |
Dom Boer se lag vir die dag: | Onfeilbare plan
Is dit waar wat ou Daantjie Dobbel sê dat die beste manier om ‘n wegholperd morsdoodstil in sy spore te laat stop is om vyfhonderd rand op hom te verwed? | http://www.proagri.co.za/dom-boer-se-lag-vir-die-dag-207/ | 2016-10-13 13:36:50 |
Dom Boer se lag vir die dag: | Amateurpoging
Die kulkunstenaar neem ‘n honderdrandnoot, vou dit op en woeps! verander dit in ‘n vyftigrandnoot. Hy vou die vyftigrandnoot op en toe hy dit weer oopvou is dit ‘n twintigrandnoot. Daarna vou hy die twintigrandnoot op en dit word skielik ‘n tienrandnoot.
“Dit is glad nie so wonderlik nie,” sê ‘n oom in die gehoor. “Enige politikus doen dit ook – net vinniger.” | http://www.proagri.co.za/dom-boer-se-lag-vir-die-dag-223/ | 2016-10-31 09:10:58 |
Hier is Toyota SA/Agri SA se jongboer-finaliste van die jaar | Die laaste jongboer-finalis vir die Toyota SA/Agri SA 2016 Jongboer van die Jaar-kompetisie is pas aangewys. Die nasionale wenner sal op 27 Oktober 2016 gekies word. Dit is die twaalfde jaar dat Toyota SA die kompetisie borg. Agri SA beskou die kompetisie as van groot waarde omdat jong rolmodelle geïdentifiseer word en dit noodsaaklik is vir nuwe toetreders en ook vir die toekoms van die bedryf. Die finaliste is die room van die jongboere van Suid-Afrika. Hier is hulle:
Gauteng: CP Kriek
Christoffel (CP) Kriek boer reeds die afgelope vier jaar op die plaas Taaibochspruit in die Fochville-omgewing en bedryf ‘n 2 000-varksogeenheid vir kommersiële doeleindes. Sy toekomsvisie vir die boerdery is om die voorkeurverskaffer van kwaliteit-varkvleis in Suid-Afrika te word. Hy wil ‘n leidende rol in die varkvleisbedryf speel deur vernuwing en die boerdery te herstruktureer in ‘n winsgewende en volhoubare onderneming.
Sy siening is dat jongboere die verantwoordelikheid het om met energie en nuwe denke die landbou en ekonomie te betree om sodoende die voortbestaan van die bedryf te verseker. Hy is ‘n raadslid van die Premier Varkvleis Produsente-organisasie en is betrokke by die Wes-Transvaal Varkvleis Studiegroep.
Noord-Kaap: Vickie Bruwer
Die 28-jarige Vickie Bruwer boer die afgelope ses jaar in die distrik Douglas. Die Genade-boerdery bestaan uit drie boerdery-eenhede en daar word hoofsaaklik met mielies, koring, ander gewasse, beeste en wild geboer.
Hy beskou die vestiging van ‘n volhoubare wisselboustelsel en die uitbreiding van besproeiing op die plase as van die belangrikste ontwikkelings wat hy teweeg gebring het. Om meer doeltreffend te kan boer, maak Vickie gebruik van gevorderde tegnologie soos byvoorbeeld aandrywing teen wisselende snelhede op sy waterpompe om ‘n konstante waterdruk te verseker. Hy beskou vloede en wind as van die grootste uitdagings vir sy boerdery. Om windskade te voorkom, plant hy hawer tussen sy grondbone. Sy toekomsvisie is om sy boerdery met minstens 10% per jaar uit te brei.
Vickie is van mening dat jongboere betrokke moet raak as mentors vir nuwe toetreders tot landbou. Hy is lid van die Riet-Vaal-boerevereniging en is betrokke by sy plaaslike skool se mielie- en beesprojek.
Limpopo: PJ Strydom
Petrus (PJ) Strydom, van Marble Hall is ‘n produksiebestuurder by die Piet Engelbrecht Trusts. Die vernaamste veranderinge wat hy die afgelope vyf jaar in die boerdery teweeg gebring het, is onder meer die inwerkingstelling van bewaringsboerdery deur minimumbewerking op landerye toe te pas en die opgradering van die besproeiingstelsel. As produksiebestuurder streef hy daarna om die beste kwaliteit en kwantiteit vrugte vir die mark te produseer. Die boerdery se grootste vertakking is sitrus, waarna koring-, sojabone- en pekanneute volg.
Volgens PJ verseker jongboere die volhoubaarheid van die landbou. Hy dien in die plaaslike skool se beheerliggaam en is ook diaken by sy kerk. Deur die boerdery is hy by twee opkomendeboerprojekte in die omgewing betrokke.
KwaZulu-Natal: Neville Schefermann
Neville Schefermann is van die vierde geslag Schefermanns wat op die plaas Alford in die Khambula-distrik van Vryheid boer. Die Schefermann-gesin is wel bekend in die beesvleisbedryf vir hulle kommersiële beesvleisbesigheid danksy hulle drie-rigting kruistelingstelsel van Simmentaler-, Afrikaner- and Sussex-rasse.
Neville boer ook op 205 ha met presisie-geplante witmielies, insluitend 14 ha vir kuilvoer afgewissel met 215 ha wattelhout en 129 ha dennehout van verskeie ouderdomme. In 2014 is Neville aangewys as die NCT-Bosboukoöperasie se Boomboer van die Jaar.
Groot klem word gelê op die gebruik van tegnologie. Dit sluit in die aanwending van verteenwoordigers se kennis vir advies oor die jongste produkte en tendense, asook bywoning van boeredae en studiegroepe om te verseker dat hy deurentyd voortbou op sy kennis en om sy kennisbasis te verbeter.
Neville is ‘n aktiewe lid van sy gemeenskap en was tot onlangs sekretaris van die Khambula Boerevereniging waar hy ‘n sleutelspeler in die herlewing daarvan was. Hy dien ook op die “Gencom” van Forestry SA.
Deur Kobus Visser, direkteur, Korporatiewe Skakeling, e-agri | http://www.proagri.co.za/hier-toyota-saagri-sa-se-jongboer-finaliste-van-die-jaar/ | 2016-10-04 16:02:43 |
Badsberg wen vir ‘n tweede keer die trofee | Badsberg Wynkelder, geleë buite Rawsonville in die Breedekloof Wyndistrik in die Wes-Kaap, het tydens vanjaar se Suid-Afrikaanse Jongwynskou die eerste kelder geword om ‘n tweede keer beide die gesogde Generaal Smuts- asook die Pietman Hugo Trofee in te palm.
Die Suid-Afrikaanse Nasionale Wynskou Vereeniging bied jaarliks die SA Jongwynskou aan om die top wyne van die huidige oesjaar aan te wys. Die Generaal Smuts Trofee word toegeken aan die wyn wat die beste punt behaal het vanuit al die inskrywings van regoor Suid-Afrika, terwyl die Pietman Hugo Trofee toegeken word aan die kelder waarvan die top vyf wyne die beste punte behaal het.
Omrede die wenners jongwyne is, word meeste egter nie dadelik gebottel nie, maar eerder verder verouder of later versny in ander wyne.
In 2009 het Badsberg Wynkelder se natuurlike soet-witwyn die Generaal Smuts Trofeë gewen en in 2016 het hulle gehoute Pinotage met die louere weggestap. Die 2009 wenner is net so gebottel en reeds uitverkoop, terwyl die 2016 Pinotage later vanjaar gebottel sal word.
Buiten hulle wen-Pinotage, spog Badsberg ook met ‘n reeks gehoute en ongehoute Chenin Blanc.
Chenin Blanc 2015 (gehout)
Die elegante 2015 Badsberg Chenin Blanc is vir vyf maande in nuwe Amerikaanse eikehoutvate verouder. Dié wyn het ‘n strooikleur met elegante aromas van tropiese vrugte en ‘n ondertoon van eikehout; ‘n goed gebalanseerde palaat sorg vir ‘n vars, vrugtige nasmaak.
Die Badsberg Chenin Blanc 2015 is tydens die 2015 SA Jongwynskou met ‘n goue medalje beloon asook ‘n silwer medalje tydens die 2016 Michelangelo Toekenings.
Teen R110 per bottel is dié wyn perfek vir jou somerpiekniekmandjie.
Chenin Blanc 2016 (ongehout)
Badsberg Chenin Blanc 2016 is ‘n pragtige witwyn met ‘n effense groen skakering in die lig. Die vrugtige neus en palaat van tropiese geure en die vars nasmaak van koejawel gaan luilekker somersdae in ‘n japtrap opkikker.
Die Badsberg Chenin Blanc 2016 het tydens die 2016 Veritas Toekennings ‘n silwer medalje verower.
Die wyn is beskikbaar teen ‘n sakpas prys van R38 per bottel direk vanaf die Badsberg Wynkelder.
Die kelder
Badsberg Wynkelder, geleë aan die voet van die Badsberg in die skilderagtige Breedekloof omgewing, is ‘n skrale 80 km vanuit Kaapstad en ‘n 20 km klipgooi vanaf Worcester.
Kom geniet Badsberg Wynkelder se hartlike Bolandse gasvryheid. Besoekers word genooi om ‘n wye verskeidenheid uitstekende pryswenner wit-, rooi- en vonkelwyne, sowel as ‘n reeks puik soetwyne in die proelokaal te kom geniet.
Tye: Maandag tot Vrydag: 09:00 – 17:00, Saterdae: 10:00 – 13:00
Gesluit op Sondae, openbare vakansiedae en Paasnaweek.
Besoek hul webwerf by www.badsberg.co.za vir meer inligting oor die Badsberg Chenin Blanc 2015/2016, hulle ander wyne asook afsetpunte. Bestellings kan aanlyn of telefonies geplaas word by Badsberg Wynkelder.
Facebook: https://www.facebook.com/pages/Badsberg-Wine-Cellar/
Twitter: @Badsberg
Uitgereik deur Yolandi de Wet PR | http://www.proagri.co.za/badsberg-wen-vir-n-tweede-keer-die-trofee/ | 2016-10-17 11:25:24 |
Die Karibadam hou groot gevaar in | Die Karibadam wat bekend gestaan het as “one of the engineering wonders of the world” kan moontlik as gevolg van krake ineenstort. Hierdie dam is in 1959 voltooi, is 128 meter hoog, 579 meter wyd en staan bekend as die wêreld se grootste mensgemaakte meer en water reservoir. Die dam is ook die grens tussen Zimbabwe en Zambië.
Deur die jare het water deur die dam se ses sluise gevloei en ‘n drie-honderd voet diep dompelpoel uitgekalwe waar die turbines se water uitvloei. Die poel is nou minder as 130 voet van die grondlegging van die dam. As dit die fondament bereik, sal die dam in duie stort.
Drie miljoen mense wat in die vloed se pad woon sal sterf of hulle gewasse en besittings verloor.
Alreeds in Maart 2010 is daar 130 000 mense stroomaf ontruim nadat hulle meer sluise van die Kariba as gewoonlik moes oopmaak omdat die watervlakke gestyg het. Hulle het reeds toe al krake in die damwal opgemerk.
Die Kariba bevat soveel water soos 23 Vaaldamme, beheer 90% van die rivierafvoer van die Zambezi-rivier en het oor die laaste vyf dekades die ekologie en die klimaat van die streek drasties verander.
Volgens ‘n berig in die New Yorker vroeër vanjaar is die Karibadam in ‘n haglike toestand.
Mosambiek is reeds een van die lande van Afrika wat die meeste aan vloede blootgestel is. Die Zambezi-rivier waarin die dam se water loop, is die vierde langste rivier in Afrika met meer as 2 500 kilometer en die grootste rivier wat in die Indiese oseaan invloei. Indien die damwal breek sal die stortvloed vier keer groter wees as die grootste aangetekende vloed van die Zambezi in 1958 en Mosambiek sal in die pad wees.
‘n Artikel in The Citizen voeg by en sê dat tyd sy tol op die landmerk geëis het, met sy betonmure wat swel as gevolg van stadige chemiese reaksies wat die vloei van water deur die sluise bedreig.
Die herstelwerk van die dam, wat dringend aandag sal moet geniet voor mense as gevolg hiervan sterf, sal na raming R2,7-miljard kos en ses jaar neem. | http://www.proagri.co.za/die-karibadam-hou-groot-gevaar/ | 2016-10-06 15:59:14 |
Oktober 2016 | Theodore Roosevelt het gesê iemand wat nooit skool toe gegaan het nie kan miskien iets uit ’n vragwa steel; met universiteitsopleiding kan hy die hele spoordiens steel. Dit lyk vir my of die betogende Fees must fall-studente wat dit tot op universiteitsvlak gemaak het, besig is om opvoeding te steel, veral van diegene wat net rustig hulle jaar se werk wil klaarmaak.
Gaan dit regtig oor geld of is dit hulle karakter wat na vore kom? As so ’n klipgooier en brandstigter eendag met ’n graad agter sy naam in die werksplek staan, hoe gaan hy reageer as iets nie na sy sin is nie? Hoeveel respek gaan hy vir die eiendom en regte van ander mense hê, as hy dit nie nou het nie? Dit is duur om tersiêre opleiding te ontvang, maar dit is ook ’n voorreg en nie ’n reg nie. Om aan te hou leer is ook ’n leefstyl wat nie beperk is tot ’n voorgeskrewe driejaar-leerplan nie.
Een van die boere by wie ons gaan kuier het vir ’n artikel in hierdie uitgawe het my vertel dat hy daaraan glo om aktief te soek en te gaan kyk na nuwe tegnologie en praktyke, al moet hy oorsee gaan om dit te doen. John Jackson sê: “Hoe vervelig sal die lewe wees as jy maar net elke dag opstaan en dieselfde ding as gister doen? As jy ’n boer is, kan jy elke dag iets nuuts probeer!”
Ek wens ek het al die woorde van wysheid wat ek deur die jare by ons boere gehoor het neergeskryf sodat ek dit met almal kan deel, veral in hierdie 200ste mylpaal-uitgawe van ProAgri. Gelukkig kan ek die voorreg geniet om al daardie wysheid in my hart te koester en om môre nog te gaan haal by die leerskool van die lewe.
In die gedenkinsetsel in die middel van ProAgri het ons soveel foto’s as moontlik van die mense by wie ons deur die jare artikels gedoen het, probeer inpas. Gaan kyk gerus of jy daar is en miskien hoe jy so tien jaar gelede gelyk het!
Boer slim!
Annemarie Bremner > annemarie@proagri.co.za
Laai ProAgri 200 hier af: proagri_200_oktober_2016_web | http://www.proagri.co.za/proagri-200-oktober-2016/ | 2016-10-06 16:36:17 |
Bonnox werk in enige toepassing | Daar is nie ’n omheiningsuitdaging waarvan Bonnox nie korte mette maak nie. Bonnox-heinings kan van die kleinste kleinvee tot die weerbarstigste wildsoort op ’n plaas presies op die plek hou waar ’n boer hulle wil hê. Twee van ProAgri se skrywers het die maand by drie boere gaan kuier wat van die mobiele Port-a-pen vir skape tot die ‘Kombi-fence’ inspan om kameelperde binne te hou.
Hantering in ’n kits
Bertie Teessen boer buite Bronkhorstspruit en moes blitsvinnig ’n plan maak toe sy kar weens onvoorsiene omstandighede voor die perde gespan is. “My skape het op die plaas aangekom nog voordat ek eintlik gereed was vir hulle en toe moes ons vinnig ’n plan maak met hanteringsgeriewe,” sê hy. Hy het hekkies oorweeg, maar die prys het hom afgeskrik. Gelukkig was hy reeds besig om kampe te span met Bonnox se meer permanente omheining. Toe hy by Bonnox se fabriek gaan draai, is hy en Port-a-pen aan mekaar voorgestel. Hy het sommer dadelik drie van die eenhede aangeskaf.
Wat begin het as ’n tydelike oplossing is nou deel van die daaglikse bestuur van die Vleismerino-boerdery. Veral met lamtyd benut Bertie en sy regterhand op die plaas, Thomas Nkhjera, die voordele van Port-a-pen op elke moontlike manier. ’n Port-a-pen kom in ’n 30 meter rol en het ook blokkies soos Bonnox se ander omheining, maar word van baie dikker en stewiger maasdraad gemaak sodat dit op sy eie regop kan staan.
Wanneer die rol ten volle ontplooi is vorm dit ’n kampie met ’n deursnit van 10 meter wat lag-lag 10 skape op ’n slag kan huisves. Omdat die draad so maklik hanteer, kan jy dit oophou om soos ’n natuurlik geronde drukgang te werk totdat die skape in die binnekring is en dan kan jy die punt inbring en vasmaak. Op die punte is draadlusse waardeur ’n ysterpaal maklik gedruk kan word.
“Ons sit ook tussendeur ’n paar pale om die kamp te anker, maar die skape kom nie uit nie,” vertel Bertie. Hy sê met lamtyd het hulle ’n paar gevalle gehad van ooie wat hulle lammers weggegooi het. Al wat hy gedoen het, was om een van die Port-a-pens in dele te sny en klein lamkampies te maak waarin ooi en lam mekaar kon vind.
Bertie sê: “Die ander lekker ding is dat ons dit kan skuif net waar ons dit nodig het; jy hoef nie al die skape huis toe te bring as jy ’n paar wil uitkeer om te werk of te spuit nie.” Bertie vertel ook dat enige nuwe heining wat hy nou op ’n plek moet span, beslis Bonnox-omheining sal wees, want dit is volversink en hou lank, dit is stewig en hou honde binne en jakkalse buite en dit is maklik om te span. Hy sê met net een helper kan hy in minder as ’n dag ’n 100 m heining oprig wat vir jare sal bly staan. Die enigste voorvereiste is dat die hoek- en stutpale vooraf stewig en reg opgerig moet word.
Trotseer wild en kliprante
Bonnox se ‘Kombi-fence’ hou grootwild soos kameelperde, blouwildebeeste, njalas, waterbokke, elande en – met ’n boereplan – ook koedoes binne. Waterberg Game Lodge buite Warmbad hou buiten die bogenoemde wildsoorte ook rooi en swart rooibokke en goue wildebeeste veilig agter Bonnox aan. Blikkies Blignaut is die plaasbestuurder en hy moes mooi dink oor hoe hy die kosbare diere op die plaas gaan binnehou. Boonop is die klipperige Waterberge nie ’n man se maat as jy kruis en dwars daaroor moet draadspan nie.
Blikkies het ’n paar maande gelede begin om die eerste 50 hektaar teelkamp met 2,4 meter hoë ‘Kombifence’ te omhein. “Die draadspanspan kon 800 meter per dag oprig en dit lyk ook baie netjies, maak nie saak hoe steil die rante se hellings is nie. Dit las ook baie maklik en ek gaan beslis die hele plaas met Bonnox omhein,” sê hy. Om sy koedoes ook binne te hou, het hy ’n vyf meter breë gang al langs die buurman se draad gespan sodat ’n koedoe wat oorspring gedwing word om al met die gang langs terug na die oop plaas te stap. Die gang bied ook ’n deurgang vir die diere op die oop plaas om om die teelkamp te stap.
Die ‘Kombi-fence’ benodig net elke 10 meter ’n Y-paal, want die vertikale drade van die blokkies werk in die plek van sparre. Blikkies het egter besluit om ook elke twee meter ’n spar in te sit. “Ek het dit bloot gedoen om sigbaarheid vanuit die verte te verhoog en vir daardie een keer in ’n leeftyd vloekskoot as een van hierdie duur diere dalk die pad wil vat,” sê hy.
Blikkies het die ‘Kombi Fence’ verkies omdat die onderste blokkies wat kleiner is ook as jakkalsdraad dien terwyl die skilpadjies en krimpvarkies steeds kan deurkom. Nou bespaar hy arbeid en draad terwyl hy die natuur ’n groot guns doen.
Onontbeerlik vir ’n spesialisstokperdjie
Daar is niks so lekker soos ’n boerdery as byverdienste nie. Sean Hubach woon al die afgelope 25 jaar op ’n hoewe naby Lanseria-lughawe en hy besit sy eie gereedskapverhuringsonderneming, maar die boerderybloed loop sterk deur sy are. Jare gelede het hy sy Brahmanstoetbeeste met Bonnox in hulle kampe gehou en toe hy onlangs met kleinvee wou begin boer, moes sy Dorpers ook met Bonnox omhein word. ‘Ek wou die regte prosesse volg en alles van die begin af reg doen. Daarom het ek kenners gekry om my te help om die regte skape aan te skaf. Ek het met baie skaapboere gepraat en hulle het almal gesê Bonnox is my beste keuse, veral omdat Dorpers geneig om onderdeur drade te kruip. Aanvanklik het ek Russiese gras in my kampe geplant en die 1,2 meter ‘Money saver’ ingespan om dit te omhein sodat dit sterk genoeg vir die skape was,” sê Sean.
Maar Sean gaan sy heinings nou vir iets baie belangrikers inspan. Nadat al die ooie vir die eerste keer gelam het, gaan hy hulle sinkroniseer. Dit verg fyn bestuur, maak nie saak hoe groot jou boerdery is nie, en daarvoor moet jou kampe reg en sterk genoeg wees om die ram buite te hou tot wanneer sy dienste benodig word.
“Bonnox se diens en tegniese hulp was weer uitstekend. Hulle het seker gemaak ek het al die spantoerusting wat nodig is en het die res vir my geleen. Die oprigting was baie maklik en een werker kon dit maklik baasraak.
Ons hoor ook elke aand die jakkalse in die veld oorkant ons, maar ons slaap baie rustig en het nog geen probleme ondervind nie,” sê Sean.
Kontak gerus ons vriendelike verkoopspan by 012-666-8717 of stuur ’n e-pos na sales@bonnox.co.za of webwerf by www.bonnox.co.za. | http://www.proagri.co.za/bonnox-werk-enige-toepassing/ | 2016-10-10 14:13:13 |
2017 Mercedes SL 500: Die ikoon kry nog meer styl | Daar was ‘n tyd hier in die sewentiger en tagtiger jare toe Mercedes gereken is as die beste motor in die wêreld. Gewone mense, uitgesluit jou swartpakdraende politici, hogere regeringsamptenare en natuurlik diegene met lidmaatskap van organisasies met nasionale belange vooropgestel, moes hul Mercedes bestel, die aankoopprys betaal en dan geduldig vir ‘n jaar of so wag tot die handelaar jou laat weet dat jou kar uiteindelik gekom het.
Daar was ‘n byna boheemse gevoel van status en rykdom wat Mercedes Benz motors embalm het. Ek onthou die swaar reuk van leer en die pragtige grein van die houtinsetsels van my oom se 1976 280SE. Die kar was so ‘n maroonrooi met bruin afwerking in die kajuit en roomkleurige matte. As jy ‘n Mercedes besit het was jou status in die gemeenskap geonderstreep.
In die negentigs het Mercedes se naam getaan met motors waarvan die betroubaarheid, afwerking en vakmanskap afgesteek het by selfs van sy Duitse kompetisie. Toe kom die huwelik met Chrysler wat gou op die rotse beland het en waarvan Daimler met verdere letsels weggeloop het. Tog het dit gestalte gegee aan ‘n nuwe era van Mercedes Benz motors met Dieter Zetsche aan die hoof wat die maatskappy terug sou neem na sy eens glorieryke reputasie en om weer die drie-punt stêr aan die bopunt van die luukse motorbedryf te vestig.
Niemand sal kan stry dat die moderne Mercedes Benz se omvattende reeks passasier- en sportmotors die verbeelding aangryp van meeste motorentoesiaste nie. Talle van Mercedes se gewilde AMG-modelle en SUV’s is mark- en segmentleiers met rekordverkope.
Met AMG het Mercedes ook weer sy glorie op die renbane van die wêreld herwin met ongeëwenaarde sukses ook met Formule 1, in besonder. Tussen die baie nuwe en opgekikkerde Mercedes modelle wat jaarliks bekendgestel word, was daar ook vroeër vanjaar die bekendstelling van die opgedateerde ikonies SL-reeks luukse oopdaksportmotor.
Geskiedenis van Mercedes Benz
Die ikoniese SL model is al meer as 60 jaar deel van die geskiedenis van Mercedes Benz se model reeks. Vir meeste van daardie jare sekerlik die mees begeerlike model in die Mercedes stal. Sedert sy ontstaan in motorsport, toe die W194 in 1952 gedebuteer het as die 300SL renmotor, het die SL legendariese status in renkringe bereik. Dit het aanleiding gegee tot die ontwerp en produksie van die befaamde SL “Gullwing” – koepee en oopdak sportmotors wat in Februarie 1954 hulle buiging in New York tydens die Internasionale Motorsportskou gemaak het.
In 1963 het die W 113 SL-reeks verskyn wat as die “Pagoda SL” bekendgestaan het met sy unieke ontwerp van die hardedak. Toe volg die R107 reeks (Bobby Ewing in die TV reeks Dallas het so ‘n rooie gery) vir 18 jaar voordat die R129 model sy verskyning gemaak het in Maart 1989. In 2001 verskyn die R230 reeks met die huidige R231 wat in 2012 bekendgestel is.
Ek het onlangs die voorreg gehad om die nuwe SL500 in pragtige blou afgewerk, vir ‘n week te geniet. Die Weskusweer het saamgespeel vir ‘n onthou-belewenis.
Die nuwe SL500
Die hedendaagse SL is ’n groot plat breë kar. Die elegante stylvolle ontwerp tref egter die oog en met die metaaldak agter weggevou is die oopdak weergawe vir my nog meer stylvol. Alhoewel die SL as ‘n sportmotor voorgehou word en veral in SL63 en SL65 gewaad asemsnak-verrigting lewer, is die SL ten beste ‘n stylvolle GT toermotor vir die langpad. “SL”is die afkorting vir “Super Light”.
Die 2017-model se voorkant kry inspirasie by die legendariese 300SL Panamericana renmotor met die regop sierrooster wat in die opgekikkerde model Mercedes se diamond ontwerp dra. Die enjinkap is met agressiewe stilering meer sportief gemaak en die hoofligte is LED’s.Die buffers is nuut en kosmetiese luginlate is weerskante agter die voorwiele geplaas om verdere sportiwiteit aan die voorkoms te gee.
Die kantprofiel van die SL, veral met die dak weggevou is klassiek proporsioneel en tipies “roadster”. Agter vou die groot geronde ligte om die hoeke met die SL se breë heupe wat styf span oor 19” vyf-speekwiele met die AMG-tipe lugsnoer wat die sportiwiteit van die twee groot uitlaatpype weerskante beklemtoon.
Binne is die tweesitplek kajuit knus, sportief en tog über-luuks afgewerk en toegerus.Die wit nappa leerbekleedsel mag dalk onprakties wees, maar in kombinasie met die blinkswart en dowwe chroomafwerking is die kajuit visueel ‘n treffer.
Instrumentasie is soortgelyk aan die in die S-klas met die twee groot TFT skerms waarop alle inligting en stelsels vertoon word. Standaard toerusting sluit ‘n indrukwekkende en omvattende lys van kommunikasie-, klank- , media-, navigasie- en motorinligting in wat via Mercedes se DYNAMIC SELECT–stelsel beheer word.
Mercedes se “Vario” dak kan nou tot 40 kpu op- of afslaan en die glas gedeelte in die sondak kan met Mercedes se “ MAGIC SKY CONTROL” verdonker of meer lig deurlaat deur bloot ‘n skakelaar te druk wat die elektromagnetiese partikels in die glas aan/afskakel. Bestuur jy met die dak afgeslaan, selfs in aand as die luggie koel raak, kan jy Mercedes se ‘Air scarf” aanskakel en heerlike warm lug word deur openinge in die boonste gedeelte van die sitplek na die nek-area gekanaliseer.
Die 2017 SL500 is toegerus met‘n kragtige V8 turbo petrolenjin wat 335 kW en 700 Nm se piekkrag lewer. Aandrywing is na die agterwiele via Mercedes se nuwe 9G-Tronic nege spoed outomatiese ratkas. Dit is genoeg om die SL 500 van 0-100 kpu in slegs 4,3 sekondes te laat versnel met ‘n topspoed wat by 250 kpu elektronies beperk word. Die SL se bakstruktuur is geheel aluminium wat bydra tot die relatief lae gewig en goeie krag-tot-massa verhouding. Mercedes se amptelike brandstofverbruiksyfer vir die SL500 word aangegee as 9,0l/100 km in ‘n gekombineerde gebruiksiklus van ooppad en dorpry. Die brandstoftenk kan 75 liter loodvrye oktaan inneem.
Die supergladde 9-gangratkas kom toegerus met Mercedes se DYNAMIC SELECT stelsel, waar jy met die druk van ‘n knoppie, uit vyf verskillende ratkasmodusse kan kies. Hierdie stelsel verander die enjin se verrigting, ratskakeling, veerstelsel en stuurgevoel aan om by die bestuurder se behoefte en bestuurstyl te pas. Daar is ook ‘n opsie beskikbaar wat Mercedes “ABC” noem,oftewel “Active Body Control” waar die stelsel die motor gelyk hou wanneer deur draaie, tydens wegtrek en remming die bak normaalweg sou kantel of oorhel.
Die SL500 is ‘n heerlike luukse en gerieflike toermotor wat ook kragtig en vinnig genoeg is om menige sogenaamde sportmotors met brute krag in ‘n versnelren te klop. Tydens my tyd saam met die SL500 was ek verbaas om te sien hoe maklik die agterkant na buite uitswaai as die regtervoet geplant word. Dit is egter op die ooppad met sy arsenaal van elektroniese passiewe en aktiewe veiligheidstelsels waar hierdie elegante stylwa as ‘n ware ingeneursprestasie ontpop. Die lys met al die bestuurderhulpstelsels is egter hopeloos te lank om hier te publiseer.
Die SL 500 was ‘n heerlike bestuurservaring. Die pragtige voorkoms en sportiewe lyne spreek van rykdom. Dit maak dit ook duidelik aan almal wie kyk, dat die toppunt van sukses bereik is. Waar ek ookal geparkeer het, het die selfoonkameras oortyd gewerk. Nou ja, nou moet ek nog net een of twee Lotto’s wen, dan kry ek myne!
Die 2017 SL500 verkoop teen R1,776,621-00 wat ondermeer ‘n 6 jaar/100 000 diensplan insluit.
Deur Dirk Gallowitz van Ultimate Drive | http://www.proagri.co.za/2017-mercedes-sl-500-die-ikoon-kry-nog-meer-styl/ | 2016-10-17 07:54:50 |
Bewaringsbewerking: Werk doeltreffender met ’n Orthman-strookbewerker | “Ons kan nie die weer verander of graanpryse en insetkoste beheer nie, maar ons kan iets aan ons doeltreffendheid doen,” sê John Jackson van Bergville in Kwazulu-Natal. Hy en sy seun, Jamie, is voorloperboere in die kontrei en hulle glo daaraan om ook elders in die wêreld te gaan kyk watter nuwe tegnologie daar is.
In Amerika het hulle met strookbewerking kennis gemaak en besef dat dit goed sal inskakel by hulle bewaringsboerdery, terwyl dit die probleme wat hulle rondom geenbewerking ondervind het, sal vasvat.
Strookbewerking bied oplossings
Wanneer kunsmis in ’n geenbewerkingstelsel saam met die saad toegedien word, is daar altyd die gevaar dat die saad kan brand. Maar met toediening vooraf, kan die kunsmis op presies die regte diepte geplaas word en dit kry kans om te begin afbreek voor planttyd.
Nog ’n voordeel van voorafbewerking is dat die grond tyd kry om, veral na die eerste reën, terug te sak waar dit deur kunsmisplasing versteur is, sodat daar nie lugsakkies vorm nie. Die saad het dus beter grondkontak en ontkieming. As ’n mens die plantrye met strookbewerking skoonmaak, voorkom jy ook ’n samepakking van materiaal om die stamme van die jong plante, wat tot siektes kan lei.
Die ander voordeel, veral in die Bergville-omgewing waar die grondtemperatuur teen planttyd nog dikwels te laag is, is dat die sonnetjie kans kry om die oopgemaakte rye warm te bak, sodat die saad lekker kan ontkiem. Die grootste voordeel is egter dat planttyd nou ’n plesier is en nie meer ’n pyn nie.
John sê: “Ons hoef nie meer met planttyd te skarrel om te sorg dat die voorraad saad en kunsmis op die regte tye by die planter uitkom nie. Ons venstertyd vir plant word al hoe kleiner. Nou kan ons dit behoorlik benut om net te plant.”
Orthman verstaan strookbewerking
Die Jacksons is nou al ’n hele paar jaar besig met strookbewerking en het onlangs oorgeskakel van ’n 8-ry Orthman 1tRIPr, wat aan die driepunt monteer het, na ’n 12-ry sleepmodel, juis om hulle doeltreffendheid nog verder te verhoog.
Jamie sê die 8-ry kon net nie die hektare per dag hanteer wat hulle nodig gehad het nie en die kontoere op sekere dele van die plaas het te veel stremming op die trekker geplaas. Die 12-ry sleepmodel was reeds toegerus met ’n 6-ton Montag-kunsmistoediener, wat ook deur Orthman verskaf word.
Nou kan hulle tot 70 hektaar aaneen werk sonder om te stop met 340 tot 350 kg kunsmis wat per hektaar geplaas word! Die operateur hoef net na een skerm te kyk om seker te maak die trekker loop waar hy moet, die 1tRIPr werk soos hy moet en die regte hoeveelheid kunsmis word geplaas waar dit nodig is.
Die masjien benodig ongeveer 15-20 kW trekkerkrag per ry. Elke ry-eenheid het sy eie dieptekouters wat die werkdiepte bepaal, en is met ’n parallelskakel aan die balk gemonteer sodat ry-eenhede onafhanklik van mekaar op en af kan beweeg om oor ongelyke grond elkeen deurgaans die regte diepte, soos deur sy eie dieptekouters bepaal, te handhaaf.
’n Snyskyf sny die oesreste stukkend en sny ook deur die grond sodat die tand egaliger kan werk en nie kluite uitstoot nie. Reg agter die snyskyf is daar ’n stel ry-oopmakers wat afgehaal kan word wanneer ’n land nie baie materiaal op het nie. Die tand, wat tot 300 mm diep kan werk, breek verdigtingslae op en baan die weg vir goeie, eweredige kunsmisplasing.
Jamie-hulle werk tussen 250 en 270 mm diep, want as gevolg van hulle grond se 30 tot 40% klei-inhoud het hulle nie diep verdigtingslae nie. Elke tandeenheid het ’n verstelbare wegbreekaksie met blitsige outomatiese herstel, maar as jy nie bang is vir klipskade nie, kan jy hom vasbout.
Twee gegolfde kouters rond die saadbedding vertikaal af en druk lugblasies uit; daarna volg ‘n roller wat kluite breek en sorg vir ‘n ferm saadbed. Met die plaaslike ondersteuning van Mascor vir enige onderdele wat nodig is, weet die Johnsons dat hulle nie doeltreffendheid hoef in te boet ter wille van staantyd nie. Jamie is baie beïndruk met sy Orthman 1tRIPr: “’n
Mens kry masjiene wat goed werk in goeie toestande, maar selfs wanneer toestande nie goed is nie, werk die Orthman uitstekend!”
Kontak Craig Ivins by 082-997-0179 of civins@orthman.com vir meer inligting of om uit te vind wie jou naaste handelaar is. | http://www.proagri.co.za/bewaringsbewerking-werk-doeltreffender-met-n-orthman-strookbewerker/ | 2016-10-07 10:57:52 |
ProAgri 200 ste gedenkuitgawe: | In ’n mens se leeftyd is 22 jaar al ’n goeie lopie en baie dinge kan gebeur. Kinders word groot, jongmense trou en vestig gesinne en die oueres onder ons stap kieriekant toe.
In hierdie paar bladsye van ons gedenkuitgawe bring ons graag hulde aan die mense wat in ProAgri se leeftyd van 22 jaar die pad saam met ons gestap het. Sonder boere is daar nie kos nie en sonder boere sal daar geen ProAgri wees nie. Vele boere het oor dié tydperk hulle plaashekke, kombuisdeure en harte vir ons oopgemaak en inligting gegee sodat ons en ander boere by hulle kan leer.
Ongetwyfeld was daar ook al deur die jare op hierdie plase waar ons besoek afgelê het, leed en verlies, maar wat ons graag met ons saamdra, is die opwinding, die positiwiteit en doenkrag, die vonkel in die oog van al die boere wanneer ProAgri gaan kuier en saamgesels oor masjiene, tegnologie, nuwe praktyke en die spogbul se prestasies.
Vandag bring ons hulde aan hierdie mense, die ruggraat en hartklop van landbou in Suid-Afrika met ’n paar van die foto’s wat ons deur die jare van ons mense op hulle plase afgeneem het.
Net so belangrik is die ondersteuning van al die landbouinsetverskaffers wat ProAgri vir die afgelope 22 jaar gehelp het om getrou te bly aan ons oortuiging dat boere gratis toegang tot bruikbare inligting moet kry. Dankie aan elkeen wat met hierdie uitgawe betrokke geraak het sodat ons iets spesiaals kon saamstel.
Kyk of jy hieronder is en miskien hoe jy so tien jaar gelede gelyk het: | http://www.proagri.co.za/proagri-200-ste-gedenkuitgawe/ | 2016-10-10 12:08:32 |
Laat trap jou beeste in hulle spoor 3: Duiftonigheid is niks om oor te koer nie | deur Johan Hoewe
In ons vorige artikel het ons x-benigheid bespreek en hoe die probleem reggestel kan word deur die dier se kloue reg te sny. ’n Saak waaroor daar tot op hede baie min geskryf is, is duiftonigheid en die regsny van hoewe om hierdie probleem reg te stel.
As ’n mens mooi kyk na foto’s van duiwe wanneer hulle op ’n plat oppervlak sit, sal jy sien dat hulle pote effens na binne gedraai is. Vir ’n duif is dit heeltemal reg en natuurlik, maar by beeste is dit ’n probleem. Alle beesrasse het hierdie probleem en dit is ook by wild ’n algemene verskynsel, maar by die katsoorte soos leeus en luiperds word dit nie as ’n fout beskou nie.
Om te bepaal of ’n dier duiftonig is, moet jy net soos by x-benigheid ’n vertikale lyn trek van die punt van die skouer, deur die middel van die knie tot by die middel van die klou. Wanneer die kniegewrig buite die lyn is, is die bees duiftonig. Dit sal lei tot ’n oormatige oop borsvloer en, in uitermatige gevalle, tot bakbenigheid. As die dier duiftonig is, sal die binneklou hoër wees as die buiteklou.
Duiftoningheid kan reggestel word deur die binneklou te sny om die lyn reguit te trek. Dit is nie altyd suksesvol nie, maar dit dien as ’n voorkomingsmaatreël om bakbenigheid te voorkom. Soos die dier groei, sal die probleem terugkeer, daarom sal sy kloue gereeld gesny moet word.
Sommige beoordeelaars by skoue hou nie van duiftonigheid nie. Hulle merk dit maklik op omdat die dier breëbors loop en sy beweging nie vloeiend is nie. Die dier word dan gepenaliseer deur dit ’n plek of twee af te skuif. Tog het ek al talle kampioene met duiftonigheid gesien, wat die indruk skep dat dit vir sommige beoordeelaars ’n probleem is en vir ander nie. Duiftonigheid moet nie met bakbenigheid verwar word nie. Dit is twee verskillende konstruksiefoute. Bakbenigheid is waar die lyn van die blad tot in die knieë nie reguit is nie (Skets 1) en duiftonigheid is wanneer die onderste kootgewrig na buite neig (Skets 2).
In ons volgende uitgawe sal Johan Hoewe die agterbene bespreek, in die besonder koeihakkigheid.
Summary Article Name duiftonigheid Description In ons vorige artikel het ons x-benigheid bespreek en hoe die probleem reggestel kan word deur die dier se kloue reg te sny. Author Spesialisskrywer Publisher Name ProAgri Publisher Logo | http://www.proagri.co.za/laat-trap-jou-beeste-hulle-spoor-3-duiftonigheid-niks-om-oor-te-koer-nie/ | 2016-10-11 09:04:01 |
Plaasaanval op Heilbron afgeweer | ’n Plaaswerker en boere van die Heilbron-distrik het ’n winkeleienaar, Kerry Moody, op die plaas Vyandsvlei te hulp gesnel om ’n moontlike plaasaanval af te weer. Volgens inligting aan die VKB/VL Veiligheidslessenaar gerapporteer, het die werker op pad werk toe vreemde mans rondom sy werkgewer se huis gewaar. Hy het Kerry geskakel en gewaarsku om nie sy huis te verlaat nie, en het daarna na die buurman gehardloop om bewus te maak.
Die distrik se noodplan is geaktiveer, en boere het na die toneel beweeg. Drie verdagtes is aangekeer, en twee het op die vlug geslaan. Die verdagtes het glo die huis ’n tyd lank dopgehou asook in die veld geskuil om die egpaar se bewegings dop te hou.
Vyf boere het die verdagtes aangehou tot die Polisie op die toneel aangekom het. Toue en bruin kleefband is onder andere op die toneel gevind. Dit is die tweede keer wat ’n moontlike aanval op Vyandsvlei afgeweer is met behulp van die plaaslike veiligheidstruktuur. Tydens die vorige voorval in April die jaar, is een verdagte aangekeer. Dit is die derde aanval op Kerry. Tydens die eerste voorval is hy aangeval, en is die veiligheidsplan ook geaktiveer. Die verdagtes in dié verband is ook deur die boere aangekeer, en is tans in die tronk.
Die boere op die toneel was almal dankbaar dat hulle Kerry en sy vrou te hulp kon snel en moontlike erge beserings of selfs dood kon help voorkom.
Tommie Esterhuyse, voorsitter van Vrystaat Landbou se Wet en Orde Komitee, sê hierdie optrede is ’n duidelike boodskap aan misdadigers dat boere binne die Landelike Beveiligingsplan baie nou met die Polisie sal saamwerk om hulle gemeenskappe te help veilig hou. “Ons wil misdade voorkom en misdadigers aankeer om ons landelike gebiede veiliger te maak. Ons is baie dankbaar vir almal se samewerking in dié verband, asook vir al die boere wat op die noodkreet gereageer het.”
Volgens die lessenaar se statistiek, is hierdie die 15 de plaasaanval wat die jaar in die provinsie voorkom is.
Bron: VKB/VL Veiligheidslessenaar | http://www.proagri.co.za/plaasaanval-op-heilbron-afgeweer/ | 2016-10-26 16:49:25 |
Die nuwe Honda BR-V | Honda Motors Suider-Afrika het sy hoog aangeskrewe reeks sportnutsvoertuie (SNVs) met ’n derde, splinternuwe model uitgebrei. Die BR-V sluit aan by die gevestigde CR-V, en die uiters gewilde HR-V, wat verlede jaar sy buiging gemaak het.
Hoewel die BR-V onmiskenbaar lid is van die Honda-familie, bied die nuwe SNV sterk, kenmerkende stilering en ’n rats, sportiewe voorkoms, gekoppel aan die hoër houding en die gespierde beeld wat van ’n SNV verwag word.
Smukplate op die voor- en agterbuffers, asook dakrelings en wiele van 16-duim, tel onder die kenmerkendste visuele elemente, terwyl die uiters aantreklike sierrooster, met sy sterk, chroomversierde dwarsbalk, prominente Honda-kenteken en vaartbelynde kopligte vir ’n kenmerkende persoonlikheid sorg wat onmiskenbaar Honda is.
Die ruim binne-afmetings beteken dat ’n derde ry sitplekke ingepas kan word, sodat die BR-V sitplek vir sewe insittendes kan bied. Toegang tot al die sitpekke is maklik en gerieflik, danksy verdeelde sitbanke wat met die trek van ’n handvatsel maklik vorentoe tuimel.
Die gemak waarmee die middelste en agterste sitplekrye gevou en vorentoe getuimel kan word, sorg ook vir uitsonderlike veelsydigheid, wat eienaars van die B-RV toelaat om die binneruim van die voertuig op verskeie maniere in te rig, na gelang van die getal sitplekke en die vragruimte wat benodig word.
Die binneruim is uitvoerig toegerus en maak van spogafwerkings gebruik wat ’n deftige indruk skep. Selfs die Trend-intreevlakmodel bied lugreëling, elektries verstelbare ruite voor en agter, en afstandbeheerde sentrale sluiting. ’n Klankstelsel met vier luidsprekers en ’n USB-koppeling is standaard, terwyl selfone deur middel van Bluetooth aan die klankstelsel gekoppel kan word.
Wat aktiewe en passiewe veiligheid betref, word die BR-V as standaard met ABS-sluitweerremme toegerus, tesame met dubbele lugsakke voor, en rukstopgordels vir alle sitplekkposisies behalwe die middelsitplek in die tweede sitplekry, wat ’n skootgordel bied.
Al die plaaslik beskikbare BR-V-weergawes word deur dieselfde kragbron van 1,5 liter aangedryf. Die viersilinderenjin met enkelbonokas maak van Honda se i-VTEC kleptydreëlstelsel gebruik en lewer maksimumkrag van 88 kW teen 6 600 r/min, tesame met ’n wringkragpiek van 145 Nm teen 4 600 r/min.
Die nuwe BR-V bied kopers die keuse van ’n sesgang-handratkas en Honda se verfynde Voortdurend Veranderlike Transmissie (VVT). Laasgenoemde is met skakelspane toegerus sodat bestuurders self ratte kan kies.
Kopers van die BR-V het ’n keuse van vier kleure: Orchid-wit, Urban-titaan, Alabaster-silwer en Carnelian-rooi.
Die modelreeks en kleinhandelspryse is as volg:
Honda BR-V 1.5 Tren-handrat R238 900
Honda BR-V 1.5 Comfort-handrat R252 900
Honda BR-V 1.5 Comfort CVT R268 300
Honda BR-V 1.5 Elegance-handrat R272 900
Honda BR-V 1.5 Elegance CVT R288 300
Die prys sluit Honda se standaardwaarborg van vyf jaar/200 000 km in, asook AA-padbystand van drie jaar. Comfort- en Elegance-weergawes baat boonop by ’n diensplan van twee jaar/30 000 km. Diensintervalle is elke 15 000 km.
Bron: Honda SA
Foto’s: Quickpic | http://www.proagri.co.za/die-nuwe-honda-br-v/ | 2016-10-12 09:42:52 |
Vrystaat Boran Klubveiling ten bate van Joost | Die Vrystaat Boran Klub gaan die opbrengs van Lot nr 1 asook 1% van die omset van hulle klubveiling aan Joost van der Westhuizen se J9 Stigting te skenk. Die stigting het ten doel om mense wat aan motorneuronsiekte (MNS) ly, by te staan.
Die klubveiling is die 22 ste Oktober 2016 by Kroon Boma in Kroonstad om 11:00.
Daar gaan ook Boran-semen en 2 x slaglammers opgeveil word ten bate van Joost se organisasie, die klub het ook al R15 000 in kontant ontvang van telers en skenkers af.
Joost van der Westhuizen gaan ook die veiling bywoon maar gaan net ‘n kort rukkie daar wees, want hy is reeds swak en word baie vinnig moeg daarom sal hy na lot nr 1 vertrek.
Vir verdere inligting skakel vir dr Paul Pienaar by 082-924-6078 of Anton Lombard by 074- 102-2365. | http://www.proagri.co.za/vrystaat-boran-klubveiling-ten-bate-van-joost/ | 2016-10-17 11:52:54 |
Kospryse moet verminder wanneer die droogte verby is | “Die Mededingingskommissie hou maatskappye in die voedselbedryf wie se pryse moontlik as gevolg van die droogte verhoog het, fyn dop.” So sê die Kommissie se kommissaris,Tembinkosi Bonakele.
Hy het gedurende die jaarlikse Mededingingsreg, Ekonomie en Beleidskonferensie in Kaapstad met die media gepraat, waar hy die rol geskets het wat die Kommissie speel om onbillike sakepraktyke te bekamp.
“Voedselpryse is ‘n baie groot probleem as gevolg van die droogte,” sê hy. “Ons monitor die pryse van stapelvoedsel en alle aanduidings is dat hulle gestyg het. Ons moes mielies invoer, wat nogal ongewoon is oor ons ‘n netto-uitvoerder van mielies is. Dit het ‘n groot impak op verbruikers.”
Groentepryse het met 23% jaar-op-jaar in April gestyg toe die droogte se uitwerking duidelik sigbaar was, volgens data van Statistiek SA. Broodpryse het amper met 15% in dieselfde tydperk en vrugtepryse met amper 6% gestyg.
Maatskappye kan pryse as gevolg van die droogte uitbyt
Tembinkosi sê die Kommissie is bekommerd dat maatskappye die stygende pryse gaan misbruik en sal kyk of die pryse weer afkom as die droogte ten volle verby is.
“Ons sê nie dat pryse nie moet opgaan nie, dit is ‘n vryhandelsland. Maar ons het lesse geleer dat mense soms doelbewus goed doen. Die droogte moet iewers eindig en dan gaan dit interessant wees om te kyk of die pryse gaan verminder.”
In April het die minister van Landbou, Senzeni Zokwana, maatskappye gewaarsku dat die Kommissie hulle sal aanvat indien hulle die droogte uitbuit.
Bron: Fin24 en bizcommunity | http://www.proagri.co.za/kospryse-moet-verminder-wanneer-die-droogte-verby/ | 2016-10-12 09:24:29 |
Is die groot reën nou hier? | Met berigte van wydverspreide reën die afgelope 24 uur is die groot vraag of dit uiteindelik die einde van die droogte beteken.
Johan van den Berg, klimatoloog van Santam Landbou, het sy nuutste verslag vir reënvalverwagtinge aan Vrystaat Landbou beskikbaar gestel. Hier is sy bevindinge:
Kummulatiewe reënvalvoorspellings tot die einde van Desember 2016 van die webtuiste accuweather.com dui aan dat tussen 300 en 400 mm reën moontlik is oor die Oostelike areas (Mpumalanga, Oos-Vrystaat en KZN) terwyl tussen 150 en 250 mm moontlik is oor die sentrale, Suid-Oos en noordelike dele (Vrystaat, Noordwes, Oos-Kaap, Limpopo en Oostelike dele van die Noord-Kaap). Tussen 30 en 50 mm word verwag vir die westelike dele van die Noord-Kaap.
La Niña
Die huidige status van die see-oppervlaktemperature in die Stille Oseaan en die verwagte ontwikkeling, is steeds gunstig vir swak La Niña-toestande. Daar is wel aanduidings van ‘n sterker La Niña-ontwikkeling.
Hierdie scenario sal na verwagting voortduur tot herfs 2017 met ‘n naby aan nul waarskynlikheid vir herontwikkeling van El Niño-voorwaardes.
Suidelike ossilasie indeks (SOI)
Die SOI is die atmosferiese komponent van die Niño-gebiede. Huidige SOI waardes bevooroordeel ten gunste van meer La Niña-tipe atmosferiese toestande met die SOI wat die afgelope twee maande in ‘n positiewe terrein is.
Indiese Oseaan
Die Indiese Oseaan Dipool-indeks (IOD) is nou vir meer as vier agtereenvolgende maande in ‘n negatiewe fase. Hierdie is ‘n baie positiewe sein vir reënvaltoestande vir Suidelike Afrika.
Verwagte reënval vir die volgende maande:
Die gekombineerde effek van neutrale tot swak La niña toestande en die negatiewe IOD is ‘n sterk aanduiding vir gunstige reënvaltoestande middel- tot laatsomer.
Oostelike somergewasproduksiestreke (KZN, Gauteng, Mpumalanga en Oos-Vrystaat):
Die huidige aanduidings dui daarop dat reën verwag kan word voor 31 Oktober (later as die aanvanklike aanduidings) wat boere in staat sal stel om in die optimum planttyd voor 15 November te plant, maar daar is kommer oor tydsberekening.
Sentrale, noordelike en westelike somergewasproduksiestreke (sentrale- tot westelike Vrystaat, Limpopo en Noordwes):
Reënvaltoestande gaan in die tweede deel van Oktober, November en Desember verbeter. Daar word verwag dat boere in staat sal wees om te plant in die planttyd voor 31 Desember. Reënvaltoestande vir Februarie tot April 2017 lyk gunstig.
Wes-Kaap:
Sommige reën word steeds verwag oor die Suid-Kaap in die tweede deel van Oktober wat probleme met die oesproses en gehalte van wintergewasse kan veroorsaak.
Besproeiing en water:
Voorwaardes bly steeds kritiek. Aanvulling van die oppervlak en ondergrondse waterbronne kom gewoonlik nie voor met die eerste reën wat geval het nie, veral met die huidige status van reservoirvlakke. Goeie reën vir die verbetering van waterbronne word op die vroegste in Desember verwag.
Risikofaktore vir gewasproduksie:
Wind:
Daar word verwag dat baie winderige en stormagtige weerstoestande in die volgende maande sal heers. Dit kan gedurende die opkomende fase van vroeë aanplantings ‘n risiko inhou.
Hael:
Daar is ‘n hoë verband tussen reënval in die eerste deel van die somer en voorkoms van hael. As die verwagte gunstige toestande vir reën realiseer, sal dit heel waarskynlik die risiko vir hael verhoog.
Hittegolf toestande:
In teenstelling met die vorige seisoen word daar nie verwag dat lang periodes van hoë temperature sal heers in die middel tot laat somer nie.Warm en winderige toestande sal in Oktober en November plaasvind.
Bron: Vrystaat Landbou | http://www.proagri.co.za/die-groot-reen-nou-hier/ | 2016-10-19 09:07:53 |
Misdaad kos die Vrystaat R1,4-miljard per jaar | Konserwatief bereken, lei misdaad in die Vrystaat se landelike gebiede jaarliks na verliese van tussen R564-miljoen en R1,4-miljard. Hierdie bedrae is gegrond op ’n opname van die VKB/VL Veiligheidslessenaar oor verliese en kostes van boere om misdaad te beveg in die Virginia-distrik, wat uitgebrei is na die res van die provinsie.
Volgens die opname gedoen onder 76 kommersiële boere in die Virginia-distrik, staan hulle jaarliks beraamde verliese ten opsigte van voertuig-, vee- en algemene diefstal asook huisbrake/inbrake op tussen R3,8-miljoen en R6,9-miljoen. Die nie-rapporteringsyfer tussen 20% – 50% is nie hierby ingereken nie, en kan die waarde eksponensieël vermeerder tot nagenoeg R10-miljoen. Wat egter van belang is, is dat die aanwas van vee ook vir kommersiële boere verlore gaan wanneer ‘n dier (bees, skaap of bok) van hulle gesteel word.
Neem ook in ag dat slegs 24,35% (’n kwart) van kommersiële boere versekering het. Weens die hoë koste van versekering vir vee, kan talle boere nie versekering bekostig nie. Verder kwalifiseer talle boere nie meer vir versekering nie, aangesien hulle al telkemale vir dieselfde verlies moes eis en dus ’n te hoë risiko is.
Die tipe diefstal wat kommersiële boere van Virginia die meeste ervaar, is skroot (wat diefstal van ysterpale, sonpanele en sinkplate insluit) gevolg deur koperkabeldiefstal, diefstal van mielies en diesel. Die arrestasiesyfer en skuldigbevindings kan tot onder 5% per jaar wees wat duidelik ‘n aanduiding is waarom boere nie gelukkig en tevrede is met vordering ten opsigte van sake nie asook vonnisoplegging nie.
Wanneer sonpanele van ‘n boer gesteel word, hou dit hom ten minste ‘n week uit die werk om dit te vervang, wat nog te sê van die koste en ongerief daaraan verbonde. Dit neem ‘n kommersiële boer ten minste 10 werksdae voordat gesteelde spilpuntkabels vervang en weer in werking gestel word Wanneer lyndrade en ysterpale gesteel word, is dit die boer se verantwoordelikheid om die heining te vervang omdat diere in padreserves inbeweeg en gevare inhou vir motoriste. Dit het ‘n geweldige finansiële uitgawe vir die boer om voortdurend heinings te vervang wat as gevolg van misdadige aktiwiteite beskadig of verwyder word.
Die Virginia-distrik word verder geraak deur Zama-Zamas wat oor landbougrond pendel veral langs spoorlyne. Boere wat in hierdie gebied geleë is, ervaar veral diefstal van skrooten sonpanele en selfs deure en venters. Die Virginia-gebied word verder omring deur myne waarop daar ook verbode immigrante woonagtig is en wie se diere daar rond wei. Hulle knip gedurig boere se lyndrade en wanneer hulle goud brand, word weiveld ook gereeld aan die brand gesteek. Van die Zama-Zamas bly weke in ou murasies op myngronde en hulle is gewoonlik gewapen wat dit moeilik maak vir boere om hulle te verwyder.
Die oorgrote meerderheid voertuie wat deur die nag op plaaspaaie bedrywig is, laai Zama-Zamas op en af wat grotendeels myntoerusting steel. Dit kan tot grootskaalse konfrontasie aanleiding gee, want Zama-Zamas is meestal gewapen en boere is nie voorbereid op hierdie bedreiging nie. Boere word versoek om alle ou geboue en murasies wat nie benut word nie, af te breek sodat hulle nie onwettige aktiwiteite kan huisves nie.
Die lessenaar het die statistiek en feite, soos gedeel deur Virginia se boere, na die res van die provinsie se 81 dorpe uitgebrei, waarvolgens verliese en bykomende kostes konserwatief op tussen R564 411 750 en R1 407 393 500 bereken word, afhangend van ’n 25% of 50% onderrapporteringsyfer. Die bedrae word as konserwatief bestempel, aangesien Virginia nie ’n brandpunt vir veediefstal is nie, terwyl dit baie groter afmetings in ander gebiede aanneem.
Die koste van deelname aan patrollies, wat die deelnemende boer se koste van slytasie op voertuie, brandstof en/of toerusting gebruik insluit, is ook by die bogenoemde bedrae ingereken. Die kostes in terme van veiligheidinfrastruktuur en skade aan infrastruktuur en eiendom is ook verreken.
Bron: VKB/VL Veiligheidslessenaar | http://www.proagri.co.za/misdaad-kos-die-vrystaat-r14-miljard-per-jaar/ | 2016-10-19 10:55:49 |
Monsanto en Dow AgroSciences vind nuwe gewasoplossings vir die boer | Monsanto en Dow AgroSciences het ‘n nuwe platform geskep vir navorsing en kommersiële ontwikkeling van nuwe gewasoplossings genaamd Dow AgriSciences EXZACT™ Presisietegnologie®.
Dow AgroSciences het EXZACT-tegnologie in samewerking met Sangoma BioSciences ontwikkel vir die skepping van gewasvariëteite en -lyne met verbeterde eienskappe.
“Monsanto is bly om voort te gaan met hierdie toediening van die genoomredigeringstegnologie vir die ontwikkeling van nuwe plantuitvindsels en -oplossings vir boere,” sê Tom Adams, biotegnologiehoof van Monsanto. “Sinkvingerkernvorming is ‘n goed gevestigde tegnologie vir genoomredigering en hierdie lisensie, saam met ons bestaande en ander gelisensieerde tegnologie, sal ons in staat stel om die produkontwikkeling na te streef.”
“EXZACT-tegnologie help om die volgende geslag gewasverbeteringe vir die boer te lewer,” sê Daniel R Kittle, visepresident van Navorsing en Ontwikkeling van Dow AgroSciences.
“Breë aanvaarding van EXZACT deur die bedryfsvennote, soos Monsanto, brei toegang tot oplossings uit wat boere se produktiwiteit en winsgewendheid sal verbeter.”
Albei maatskappye het opgemerk dat genoomredigeringstegnologie en die breë spektrum van opkomende genoomredigeringstegnieke, insluitend die kernvormingtegnologie in EXZACT, sleutelwetenskaplike programme verteenwoordig wat deurbrake in die landbou kan lewer.
Monsanto is van mening dat genoomredigeringtegnologie planttelers bykomende hulpbronne sal bied om beter basters en meer doeltreffende variëteite te lewer.
Bron: Monsanto | http://www.proagri.co.za/monsanto-en-dow-agrosciences-vind-nuwe-gewasoplossings-vir-die-boer/ | 2016-10-07 12:14:23 |
2016 RENAULT MEGANE: Sjarmante Fransman in futuristiese kleed | Renault se Megane is vanjaar 21 jaar oud en die 2016-model van hierdie gewilde en sjarmante Fransman is einde laasmaand in die Delmas omgewing bekendgestel. Ons het die amptelike bekendstelling bygewoon en het selfs die geleentheid gehad om die RedStar renbaan agter die stuur van die topmodel te gaan beproef.
Met die verswakkende rand sukkel motormaatskappye in Suid-Afrika wie motors invoer, om kompeterend te bly met plaaslike vervaardigers. Dit was ook maar net-net of ons het nie die pragtige en futuristiese nuweling op plaaslike bodem gehad nie en soos met die vorige model, sal die sedanweergawe nie in Suid-Afrika beskikbaar wees nie, maar slegs die vyfdeur luikrug.
Die 2016 Megane is die die vierde geslag Megane en Renault SA het gekies om vir eers slegs vier petrolmodelle bekend te stel. Twee kom toegerus met outomatiese dubbelkoppelaar ratkaste (EDC – Electronic Dual Clutch) en twee is toegerus met handratkaste.
Die intreemodel met middelvlak Dynamique afwerking bied ‘n 85 kW / 156 Nm onaangejaagde 1,6 liter viersilinder petrolenjin met aandrywing deur die voorwiele via ‘n 5-gang handratkas. Die 0-100 kpu neem 12,2 sekondes met die amptelike brandstofverbruik wat aangegee word as 6,4l/100 km. Verkoopprys is R279 900. Dan volg die GT-Line 1,2 liter viersilinderturbo wat teen R339 900 ‘n indrukwekkende 97 kW / 205 Nm se piekkrag lewer en beskikbaar is met ‘n 6-gang handratkas (0-100kpu in 10,6 sekondes en amptelike brandstofverbruik is 5,3l/100 km) of met die 7-gang dubbelkoppelaar (EDC) outokas. Laasgenoemde draf die 0-100 kpu in 10,3 sekondes af, drink slegs 5,4l/100 km en kos R354 900.
Die topmodel in die reeks is die Megane GT met ‘n turbo-aangedrewe 1,6 liter viersilinder petrolenjin wat 151 kW en 280 Nm se piekkrag uitskop. Die 0-100 kpu lopie neem ‘n skaflike 7,1 sekondes terwyl die amptelike brandstofverbruik aangegee word as 6,0l/100 km. Hierdie model is slegs beskikbaar met die 7-gang EDC outomatiese ratkas en verkoop teen R449900.
Renault sê die vraag na dieselenjins in hierdie marksegment is tans net te klein om ‘n dieselmodel in die Megane-reeks te regverdig.
Die nuwe Megane tref met ‘n moderne sportiewe voorkoms en dit is veral die vooraansig wat fors en aggressief vertoon. Die hoofligte met ‘n “stertjie”-ontwerp wat na binne inkrul, is uniek en treffend. ‘n Groot Renault diamantkenteken domineer die sierrooster, maar dit is die voorste buffer met die gapende luginlaat onder wat die nuwe model se sportiewe ontwerp beklemtoon.
Aan die agterkant krom die nuwe agterligte om die hoeke, ook met “stertjies” wat horisontaal na binne strek en net deur die Renault diamantteken in die middel geskei word. Die ligontwerp strek oor bykans die hele breedte van die agterkant en verleen aan die nuwe Megane ‘n elegante voorkoms. Die ontwerp van die agterste lugskort met die twee uitlaatpype weerskante en die groot wiele onder uitgeboude wielboë dra ook by tot die nuwe Megane se sportiewe voorkoms.
Binnekant is die kajuit goed uitgelê en voel heel knus en luuks. Kopers moet van blou hou, want die oorwegend swart interieur word pragtig opgehelder met (slegs beskikbaar in) blou aksente in die sitplekke, deurpanele en voorpaneel. Die voorste paneel word deur ‘n 8.7” raakskerm (in die GT en GT-Line modelle) in die middelkonsole oorheers. Hierdie raakskerm huisves Renault se R-Link2-multimediastelsel wat SatNav, klank, kommunikasie en selfs die basiese lugversorgingverstellings beheer.
Ook Renault se Multi-Sense ritbeheerstelsel wat op die GT en GT-Line modelle beskikbaar is, word hierop verstel. Daarmee kan die bestuurder uit vier ritopsies kies. By die topmodel GT kan jy ook verstellings vir die stuur, enjin en ratwisselings daarmee verander. Die GT en GT-Line modelle kom standaard met parkeergonsers en daar is ‘n heuwelwegtrek funksie as teen ‘n opdraend weggetrek moet word.
Die vlagskip GT model bied Renault se 4 Control-stuurstelsel wat baanbrekertegnologie vir hierdie segment is. Die stelsel laat toe dat die agterwiele met soveel as 3 grade kan draai. Tot met 40 kpu draai die agterwiele in die teenoorgestelde rigting as waarheen die voorwiele gestuur word, wat maneuvrering en parkering in klein spasies heelwat makliker maak. Ry jy egter vinniger as 40 kpu draai die stelsel die wiele in dieselfde rigting as die voorwiele wat weer stabiliteit deur draaie verbeter. Tydens die bekendstelling het ons die stelsel getoets deur onder 40 kpu skielik rigting te verander tussen hindernisse deur en die effek van hoe die stelsel die stuur skerper laat reageer was waarlik indrukwekkend. Vir die bo 40 kpu toets het ons die Megane om Red Star Raceway gelooi en was die positiewe effek opvallend van hoe 4 Control op die kort hoëspoed draaie die invalhoeke makliker maak.
Op die pad het ons die GT in die Delmas/Bronkhorstspruit/Cullinan areas gaan ry. Met padoppervlaktes wat hobbels, sinkplaat en selfs slaggate ingesluit het, was die nuwe Megane se uitstekende ritgehalte en stil kajuit opvallend. Tydens ooppadry en op die snelweg was dit duidelik dat die 151 kW 1,6 liter enjin gemaklik versnel met uitstekende paddinamika. Die 7-gang EDC ratkas is ‘n juweel en het ook die funksie dat as daar skielik vinnig gerem moet word, jy bloot die rathefboom kan intrek, vashou en die ratkas sal outomaties vinnig tot by die laagste rat skakel sodat die enjin die motor kan help om spoed te verminder.
Die nuwe Megane se treffende voorkoms sal definitief aandag trek. Met sy uiters goed toegeruste kajuit (die Megane is sekerlik die segmentleier met hoë vlakke van standaardtoerusting), goeie paddinamika en uitstekende brandstofverbruik, is Renault vol vertroue dat hul kopers by die kompetisie sal afrokkel. Ek is van mening hulle is reg.
Deur Dirk Gallowitz van Ultimate Drive | http://www.proagri.co.za/2016-renault-megane-sjarmante-fransman-futuristiese-kleed/ | 2016-10-28 08:55:28 |
Dom Boer se lag vir die dag: | Takt
Orige Heinie verpes ‘n pragtige, verstandige nooi by ‘n partytjie.
Orige Heinie: “Ek neem aan jy ontvang meer uitnodigings as wat jy kan aanneem?”
Pragtige, verstandige nooi: “Ek werk baie hard sodat ek nie eintlik dikwels kan uitgaan nie, maar as ‘n man my uitvra en ek wil nie met hom uitgaan nie, vertel ek hom net ek bly in Brakpan.”
Orige Heinie: “Hahahahaha! Dít is nou ‘n oorspronklike plan. Maar waar woon jy werklik?”
Pragtige, verstandige nooi: “In Brakpan.” | http://www.proagri.co.za/dom-boer-se-lag-vir-die-dag-208/ | 2016-10-14 14:06:13 |
Boere gewaarsku oor jag met honde en roof van vee | Te midde van talle uitdagings wat druk op boere plaas, soos die droogte en veediefstal, staar landbougemeenskappe ook die bedreigings van onwettige jag met honde en in sommige gevalle die roof van vee in die gesig. Onwettige jagtogte met honde vind veral oor naweke plaas.
Sommige verdagtes gebruik ook honde om veediefstal te pleeg. Hulle sal van die honde gebruik om die beeste te storm, en terwyl die beeste die honde probeer afweer, steel die verdagtes kalwers. Die steel van kalwers is al weggesteek deur ystervarke bo in sakke te pak, sodat boere of die Polisie nie sakke verder moet deursoek nie.
Voorvalle van onwettige jag met honde op plase is besig om ernstig toe te neem in die Vrystaat, met ’n boer van Steynsrus wat al R220 000 se skade gelei het weens wild wat doodgebyt is. Die boer is raad-op, want hy sukkel elke naweek met onwettige hondejagte op sy plaas. Die afgelope naweek is verskeie voorvalle ook by Heilbron, Edenville en Arlington by die VKB/VL Veiligheidslessenaar aangemeld. Die Landelike Beveiligingsplan is Sondag, 16 Oktober 2016, in werking gestel toe verdagtes met sowat 30 honde op ’n plaas in Heilbron toegeslaan het. Boere het sewe verdagtes aangekeer wat saam met die honde in ’n boer se kamp met stoetbulle was, terwyl twee ander verdagtes besig was om ’n huis te plunder. Die polisie was vinnig op die toneel. ’n Volstruis en talle hase is doodgemaak.
Boere moes siviele arrestasies uitvoer en hulle moes die verdagtes aanhou terwyl die Polisie die honde en verdagtes stuk-stuk na die Polisiestasie aangery het. Tommie Esterhuyse, voorsitter van Vrystaat Landbou (VL) se Wet en Orde Komitee, spreek sy opregte dank uit vir alle boere wat aan die aksie deelgeneem het en ook vir die Polisie se spoedige reaksie.
In Edenville is een verdagte aangekeer en drie honde gekonfiskeer na ’n springbok op ’n boer se plaas doodgebyt is. Ander verdagtes en nog honde het van die toneel gevlug. Nog voorvalle het die naweek in dié omgewing voorgekom, maar die verdagtes het elke keer van die toneel gevlug wanneer die boere daar aangekom het. Nog ’n voorval het by Arlington voorgekom. Sedert die begin van Oktober is voorvalle ook by Bothaville en Hoopstad aangemeld.
Jag met honde is ’n misdaad
Die lessenaar wil dit graag beklemtoon dat jag met honde op boere se grond ’n misdaad is. Sodanige verdagtes maak hulle skuldig aan ’n misdaad en hulle oortree en minag die plaastoegang-protokol soos deur verskeie organisasies en die SAPD onderteken. Hulle ontken die boer se reg om sy eiendom teen wederregtelike betreding of beskadiging te beskerm.
Die SAPD het ’n provinsiale instruksie uitgestuur oor hoe die aangeleentheid deur polisielede op grondvlak hanteer moet word. Tommie moedig boere aan om die instruksie te bestudeer en aan polisiebeamptes te oorhandig om te verseker dat verdagtes korrek vervolg word.
Verder wil Tommie en die lessenaar boere graag aanmoedig om, wanneer hulle bewus word van sulke aktiwiteite op hulle grond, nie die verdagtes alleen te nader nie. Stel die plaaswag en polisie in kennis, sodat die veiligheidsplan geaktiveer kan word. Daar is al voorvalle waar boere verdagtes op hulle grond gekonfronteer het, waar hulle lewens bedreig is of hulle valslik van rig van ‘n vuurwapen of intimidasie aangekla is omdat hulle die verdagtes wat hulle grond betree, se honde gekonfiskeer het. Die verdagtes word as uiters arrogant beskryf en dit is beter om getuies teenwoordig te hê om hulle aktiwiteite stop te sit.
Die erns van die saak is al verskeie kere onder die aandag van die polisie gebring. Die lessenaar het ook al klagtes oor sommige polisiebeamptes se vermoedelike betrokkenheid of ander se onkunde oor die erns van sulke sake onder die topbestuur van die polisie se aandag gebring.
Roof van vee
Ondertussen waarsku die lessenaar en VL boere ook teen die roof van vee. Dit volg na ’n plaaswerker en sy vrou verlede week op die plaas Sambokfontein tussen Reitz en Tweeling deur rowers aangeval is. Die verdagtes het 12 kalwers, 24 koeie en 2 bulle tydens die voorval gesteel. Volgens inligting aan die lessenaar gerapporteer, is vyf verdagte mans laatmiddag op die plaas afgelaai. Die vermoede bestaan dat hulle die vee bymekaar gemaak het en daarna die egpaar aangeval en vasgebind het. Daarna is ’n vragmotor ontbied waarop die diere gelaai is en waarmee op die vlug geslaan is.
Tommie versoek boere om paraat te wees en hul plaaslike plaaswagstelsels in kennis te stel wanneer hulle verdagte persone op hulle plase of in hulle omgewings teëkom. Geen lewensverlies is tydens die voorval aangeteken nie en die verdagtes en vee word steeds gesoek.
Bron: VKB/VL Veiligheidslessenaar | http://www.proagri.co.za/boere-gewaarsku-oor-jag-met-honde-en-roof-van-vee/ | 2016-10-18 08:12:36 |
Verspreider van die maand: BKB Tarkastad en ProAgri dien alle boere | ProAgri gee elke maand ‘n R500-koopbewys aan die verteenwoordiger van ‘n koöperasiehandelstak wat besondere moeite gedoen het om die tydskrif onder die boere te bevorder. Vandeesmaand is BKB Tarkastad die pryswenner.
“Tarkastad is mooi geleë tussen die Engelse boere in die Ooste wat in die rigting van die Winterberge en Queenstown boer en die Afrikaanse boere wat weer sterk in die Weste in die rigting van Cradock verteenwoordig is, maar almal lees ProAgri,” sê Lalie Kilian, debiteure- en krediteureklerk en die bestuurder van BKB in Tarkastad se regterhand.
“Heelwat kleinboere in die Ntabethemba-streek kan ook Afrikaans praat en ons sorg dat hulle ook ProAgri’s kry sodat hulle toegang tot die jongste landbou-inligting het. Daar kom al hoe meer navrae oor dieregesondheidsprodukte vanuit hulle geledere en ons vind dat hulle in groepe begin saamwerk met aksies soos om hulle diere te dip en in te ent,” sê sy.
Die boere in die Tarkastad-streek boer met sybokke, skape soos Dorpers en Merino’s en daar is ‘n paar mooi Brahman-, Beefmaster-, Bonsmara- en Tuli-stoete in die gebied. Behalwe vir die sneeuwater uit die Winterberge is daar baie min oppervlaktewater in die streek. Die boere is egter vindingryk in hulle planne om toekomstige droogtes die hoof te bied en daar is ‘n nuwe neiging om permanente weiding onder spilpunte, wat hulle water uit boorgate trek, te vestig.
Neem só deel:
Neem ’n foto of laat jou kollega’n foto neem van jou of julle tak se poging om te sorg dat ProAgri by elke boer uitkom en stuur dit na 079-515-8708 of versprei@proagri.co.za. Angeline sal verder met jou gesels. Sy gaan ook elke maand skakel om seker te maak dat julle wel julle tydskrifte ontvang het.
Foto: Eric Truter van die plaas, Stirlingchase, ontvang sy ProAgri van Riaan Muller, takbestuurder van BKB Tarkastad. | http://www.proagri.co.za/verspreider-van-die-maand-bkb-tarkastad-en-proagri-dien-alle-boere/ | 2016-10-10 10:53:11 |
Uit die Vitamechstal: Brillion - die briljante fynsaadplanter | Die durende droogte wys weer dat die boer sy grond en al die reën wat hy kry ten beste moet benut. Dit beteken dat plantwerk tydig, sekuur en ekonomies afgehandel moet word om elke saadjie die beste kans op ontkieming en ontwikkeling te bied en om elke druppel vog in die grond ten volle te benut.
Aangeplante weiding kan vir die veeboer die verskil tussen vooruitgang en ondergang beteken, maar gras- en lusernsaad is duur en erg kieskeurig oor presies hoe dit geplant wil word. Brillion van Vitamech is die fynsaadplanter wat spesiaal volgens fynsaad se vereistes ontwerp en vervaardig word.
Grassaad wil in die boonste 12,5 mm van die grond geplaas word om ten beste te ontkiem en te groei, maar hierdie boonste lagie bied ook die uitdaging van uitdroging, winderosie, broswording of korsvorming. Goeie nuus is dat die Brillion-fynsaadplanter al hierdie uitdagings uitmuntend bestuur.
Dit werk so:
Heel voor aan die Brillion loop veerbelaaide spoorverwyderaars om die spore wat die sleeptrekker se wiele vasgetrap het los te maak sodat die speelveld vir al die saad gelyk is. Daarna volg die Brillion se voorste gehapte rollers wat kluite fyndruk, klippers in die grond wegdruk en ’n ferm, snoesige saadbed vorm.
Brillion se presisie-uitmeters meet tot die fynste saad akkuraat af en wye skramgeute van sterk metaal begelei die saad egalig en eweredig tot op presies die regte lêplek in die boonste 12,5 cm van die grond, sonder gevaar dat die wind die klein saadjies van koers af kan waai voordat dit geplaas word. Daarna volg die gehapte agterste rollers wat die grond sorgsaam om die fyn saadjies vasdruk sodat elke saadjie die heel beste kans op flinke ontkieming en sterk groei het.
Hierdie noukeurige plantwerk behaal vir die boer ’n beter, digter, gesonder plantestand met saadbesparings van 50% en selfs meer! Die Brillion kry al hierdie dinge reg te danke aan fyn ingenieursvernuf, grondige landboukennis en voortdurende raadpleging met boere oor hulle behoeftes.
Dit het daartoe gelei dat ontwerpprestasies soos die volgende in die Brillion vervat is:
Die planter se voorste uitmeetkas is ontwerp vir peulgewasse, soos lusern en klawer, se saad. Die mikro-uitmeters is presies geplaas vir eweredige saadverspreiding wat optimum ontkieming bevorder.
Die agterste uitmeetkas se nuut-ontwerpte roer staaf met sy vogafwerende blaaie van poli-etileen hanteer die groter en kafagtige saadjies, sowel as klein saadjies teen ’n hoë tempo.
Die gebruikersvriendelike mikrometer word met twee sleutels wat saam met die planter verskaf word volgens saadskale vir ’n ver skeidenheid saadsoorte ver-stel. ’n Eindelose aantal verstellings is moontlik.
Die gegroefde rollers in die uitmeter meet selfs die kleinste saadjies presies uit tot so min as ’n halwe kilogram per hektaar!
Die Brillion se stewige rollerwiele loop 50 mm uitmekaar om ’n perfekte saadbed te skep en om die plantdiepte streng te beheer. Die happe in die wiele vorm klein holtetjies in die grond om vog op te vang en te bewaar.
Sowel die voorste as agterste rollers loop op vry asse sodat dit die grondglooiinge getrou volg, en die agterste roller is aan swaaiarms gemonteer sodat dit boonop op en af kan beweeg.
Vir meer inligting oor die briljante fynsaadplanter, sowel as Vitamech se ander nuttige werktuie, praat met Jurie Swart by 083-375-8840 of Louis van der Merwe by 072-626-8409 of 021-907-8000, of stuur ’n e-pos aan Jurie@vitamech.co.za. Besoek ook www.vitamech.co.za en http://landoll.com/Literature/Brillion% 20Lit/Brillion_Ag_Seeder/.
Summary Article Name Brillion Description Die durende droogte wys weer dat die boer sy grond en al die reën wat hy kry ten beste moet benut. Author Spesialisskrywer Publisher Name ProAgri Publisher Logo | http://www.proagri.co.za/uit-die-vitamechstal-brillion-die-briljante-fynsaadplanter/ | 2016-10-07 12:03:13 |
Die jagsektor dra by tot die ekonomie | Die verantwoordelike manier van jag is ‘n wettige aktiwiteit wat ‘n inherente deel van die kulturele erfenis van baie Suid-Afrikaners is. Sommiges kan nie wag vir die jagseisoen om aan te breek nie.
Die Konfederasie van Jagtersverenigings van Suid-Afrika (CHASA), die Professionele Jagtersvereniging van SA (PHASA) en die SA Jagters- en Wildbewaringsvereniging (SAJWV) sê die openbare persepsie is dat jag in konflik is met die beginsels van bewaring.
Hierdie drie groot jagorganisasies het saamgewerk om op die 17 de konferensie van die CITES COP17 (Konvensie oor Internasionale Handel in Bedreigde Spesies van Wilde Fauna en Flora) die positiewe rol wat verantwoordelike jag in voedselsekuriteit, bewaring en sosio-ekonomiese ontwikkeling speel, oor te dra.
Die CITES COP17 het op 24 September in Johannesburg begin en word afgesluit op 5 Oktober.
Jag se jaarlikse bydrae tot die Suid-Afrikaanse ekonomie oorskry R10-miljard (2015) en genereer ongeveer 70% van die wildbedryf se jaarlikse inkomste.
Tydens die jaarlikse jagseisoen, lewer wildsvleis tussen 15 en 25% van die totale rooivleisverbruik in Suid-Afrika, volgens inligting wat deur die Suid-Afrikaanse Vleisbedryfmaatskappy (SAMIC) bekendgestel is.
Vleis van jagbedrywighede is ook ‘n relatief goedkoop bron van proteïen vir baie landelike gemeenskappe. Die gelyktydige groei van die wildbedryf en die aantal wild op gemeenskaplike grond, wat tans in die wildsektor opgeneem is, bring verligting aan arm landelike gemeenskappe deur die verskaffing van veilige en voedsame voedsel.
Volgens Lizanne Nel, bewaringsbestuurder van SA Jagters, is uitgebreide wildlewegebiede onder private bestuur ongeveer drie keer groter as die natuurbewaringsgebiede onder formele beskerming deur die regering. “Die privaatsektor moet aansporings hê om die wildlewe te beskerm aangesien jag die grootste persentasie (70%) van die inkomste vir hierdie sektor genereer. Sonder ‘n betroubare bron van inkomste uit wild, insluitend jag, kan wildboere geneig wees om oor te skakel na ander grondgebruiksaktiwiteite wat in stryd met bewaringsbeginsels en praktyke kan wees.”
Navorsingsbevindings van die Noordwes-Universiteit (Potchefstroom) bewys dat jag merkwaardig baie bydra tot die ekonomie:
Verbruikbare jag deur plaaslike jagters het R8,6-miljard in 2015 bygedra, met ‘n groei van 35% in die tydperk 2013-2015
Trofeejag het R1,6-miljard in 2014 bygedra
Wildbewaringsgebiede in Suid-Afrika strek oor 17 miljoen hektaar, wat 16% van die nasionale eiendom verteenwoordig en het ‘n oppervlakte wat drie keer meer is as die gebied wat deur die amptelike nasionale parke en reservate bedek word.
Verwerkte wildsprodukte genereer R4,5-miljard (2014)
Veilings dra R1,1-miljard (2014) by
Wildslewe-toerisme dra R104-miljard (2014) by
Stan Burger, president van PHASA, sê jag speel ‘n betekenisvolle rol in baie plattelandse ekonomieë waar ander opsies vir ekonomiese groei beperk is. “Nie alle gebiede is geskik vir eko-toerisme nie. Jagters is afhanklik van produkte soos ammunisie, kos, klere en dienste soos taksidermie, afslag en verblyf. Hierdie behoeftes bied sakegeleenthede wat die ekonomie ‘n hupstoot kan gee,”sê Stan.
CHASA se besturende direkteur, Stephen Palos, sê jagters het ‘n noue verwantskap met die natuur en dat jagorganisasies in Suid-Afrika omvattende en goed gestruktureerde opleidingsprogramme het wat gedragskodes insluit.
CITES COP17 het ‘n unieke geleentheid vir die jagsektor geskep om die positiewe bydrae wat jagters speel, uit te beeld.
Bron: CHASA, PHASA and SAJWV | http://www.proagri.co.za/die-jagsektor-dra-tot-die-ekonomie/ | 2016-10-04 07:35:38 |
Droogte tref die avokadobedryf | Suid-Afrikaanse avokadoboere moes baie teenspoed die afgelope seisoen hanteer, soos die droogte, hoë temperature en wydverspreide hael, en dit het sy tol geëis. As gevolg hiervan lyk vanjaar se avokado’s bietjie anders en was dit vir ‘n baie korter tydperk beskikbaar.
Derek Donkin, besturende direkteur van die Suid-Afrikaanse Avokadokwekersvereniging (SAAGA), sê in plaas daarvan dat die huidige avokadoseisoen tot in November duur soos wat tradisioneel die geval is, staan dit reeds einde se kant toe.
“Hierdie ongunstige weerstoestande het ‘n ernstige invloed op die 2016-avokadoseisoen. Ons avokado’s was kleiner en ‘n bietjie meer gevlek as normaal. Daarbenewens was daar geen buite-seisoen oes op die bome vanjaar nie,” verduidelik Derek.
“Daar sal wel baie beperkte hoeveelhede avokado’s by ‘n paar laat-produserende streke in Suid-Afrika oor die volgende paar weke beskikbaar wees.”
Hy sê ook avokado’ s sal vroeër ingevoer moet word tot die 2017-avokadoseisoen aan die einde van Februarie of begin Maart volgende jaar begin. Veral omdat daar ‘n groot vraag daarna is.
“Verskaffers sal vanaf November 2016 avokado’s begin invoer. As gevolg van die hoë koste verbonde aan die koop en verskeping van die avokado’s van Spanje en Israel, sal daar ‘n toename in die prys van avokado’s op ons rakke in die somer wees, ” sê Derek.
Baie boere het reeds berig dat hulle avokadobome vir die 2017 seisoen sterk blom, maar almal stem saam dat die sukses van die seisoen sal afhang van hoeveel reën val.
“Daar is potensiaal vir ‘n goeie oes in 2017, maar dit is afhanklik van voldoende reënval in Oktober en November. Daar is ‘n kans dat ons weer kleiner vrugte volgende jaar sal sien, met ‘n paar bevlek, maar soos met vanjaar se avokado’s, sal hierdie geen invloed op die gehalte van die vrugte binne die skil hê nie. Verbruikers kan steeds uitsien na dieselfde hoë gehalte smaak en tekstuur,” sê hy.
Met ‘n verhoogde vraag van Suid-Afrikaanse verbruikers vir avokado, verhoog boere hulle aanplantings van avokadobome. “So die aanbod groei, maar nou het ons reën nodig om ‘n goeie oes te verseker,” voeg Derek by.
Bron: Protactic Strategic Communications | http://www.proagri.co.za/droogte-tref-die-avokadobedryf/ | 2016-10-19 09:22:23 |
KunsteGrot: Laaste kans vir toneel vanaand | Hiermee weer ‘n vriendelike uitnodiging – kom ondersteun die Kunstegrot met die laaste vertoning deur Rivo Toneel. Dit is naamlik die Pantomime “Doringrosie van Roosfontein” en “Die Antie met die Pienk Rok”. Maak jou maar reg vir lekker lag.
Pantomimes is gewoonlik skreeusnaaks met akteurs wat nie eintlik bedoel is vir die rol wat hulle vertolk nie. Een van die bekendste hiervan is die bekende Tobie Cronjé wat gewoonlik die rol van die aaklige stiefma speel met mans akteurs wat ook die rolle van die stiefsusters vertolk. Cinderella is gewoonlik een of ander pragtige aktrise.
Kom kyk gerus hoe Rivo Toneel met “Doringrosie van Roosfontein” jul lagspiere gaan werk. Duidelik is die stuk vir alle ouderdomme, soos Rita van KunsteGrot dit stel, van speenoud tot stokoud.
Die ander stuk, “Die Antie met die Pienk Rok” stuur duidelik op ’n heel komiese en verwarrende einde af. Net so geskik vir jonk en oud. Ondersteun gerus Thabazimbi se eie toneelspelers wat hulle lewe op die planke waag om met toneelspel uit die boonste rakke jou te vermaak.
Die twees stukke se laaste vertoning is vanaand, Vrydag 21 Oktober om 19:00. Toegang beloop R50 vir volwassenes en R30 per kind. Vertonings begin 19:00 stiptelik. Sorg maar dat jy reeds teen 18:30 daar is om jou plek in te neem. Kaartjies is reeds beskikbaar by Rita Sel: 083 744 8559.
Teken gerus ook die volgende datums aan naamlik 28 Oktober se Boemelaar modeparade (ten bate van Sopkombuis) met ‘n Boemelaarsete en 4 November om 19:00 wanneer Chris Chameleon weer vir lekker vermaak gaan sorg. Skakel asseblief vir Rita vir die prys van die kaartjies. | http://www.kwevoel.co.za/2016/10/21/kunstegrot-laaste-kans-vir-toneel-vanaand/ | 2016-10-21 09:39:10 |
Korea - ‘n moet op jou emmerlysie | Carine Mostert van Thabazimbi het onlangs daar ‘n draai gemaak en deel haar ervaring met Kwêvoël.
Korea, bekend vir die berugte diktatorskap in Noord Korea, is baie min mense eintlik bewus van die vooruitstrewende land aan die Suide kant – die Republiek van Korea, of meer bekend as Suid Korea.
Ek het onlangs die voorreg gehad om vir ‘n vriendin, werksaam in die televisie industrie en wat daar was tydens TV opnames, te gaan kuier. Hier het ek tot die geskokte gevolgtrekking gekom dat daar buite ‘n ander wêreld, ver verwyder buite ons verwysingsraamwerk, bestaan.
Die boustyl van die ou geboue en paleise verbeeld almal die tipiese Oosterse styl met sterk Chinese invloed. As deel van die Chinese kultuur word die jare in siklusse van 12 jaar geklassifiseer. Vanjaar is byvoorbeeld die jaar van die aap. Hier hou die kultuur skok nie op nie. Neem maar die Kia motors vanuit Suid-Korea wat ‘n groot impak op die Suid-Afrikaanse motorhandel het. Hier het jy te doen met mense, ‘n nasie, met hul eie kultuur.
Alhoewel Koreaans, tiperend van die Chinese en Japanese-skryfstyl, as een van die maklikste tale in die wêreld beskou word om te lees ten opsigte van sy fonetiese benadering, is die enigste probleem dat jy dit binne ‘n halfuur kan lees maar jy gaan net nie verstaan wat jy lees of sê nie.
Die eerste ding wat my opgeval het was die feit dat daar geen skoene in huise toegelaat word nie, jy trek jou skoene uit by die deur en bid net dat jy vanoggend die paar gevat het sonder aartappels. Vanweë die vinnige verstedeliking na die Koreaanse oorlog in die vroeë sestigerjare, wat gelei het tot die skeiding tussen Noord- en Suid-Korea, is die rioolstelsels in hulle hoofstad Seoul, baie sensitief. Daar is ‘n asblik langs elke toilet en mens mag glad nie toiletpapier wegspoel nie – dit klink makliker as wat dit gedoen word… Op my beste dag het ek net twee keer vergeet. ‘n Groot bydraende rede tot die verwerking van riool.
Tog het die stadsbeplanners van Seoul deesdae volle beheer oor die rioolprobleme wat die stad ondervind. Toiletpapier is maar een van die struikelblokke, maar so ver dit die verwerking van riool aan betref is die hele rioolstelsel van sowat 10 487km onder beheer. Hierdeur het hulle dit moontlik gemaak dat die Han Rivier, waarin die riool uiteindelik beland het na gereelde vloede en die gebrek aan suiweringsaanlegte, nou heeltemal veilig is om in te swem.
Die Koreane is die mees eerlike nasie wat ek nog teëgekom het. Jy kan jou handsak op ‘n trein vergeet en dit die volgende dag – met al jou geld en kaarte nog daarbinne – op die stasie kry. Buddha maak ‘n groot deel uit van die Koreaanse kultuur, maar in teenstelling daarmee is die meeste gelowiges Protestantse Christene.
Hulle besigheid-ure is van 10-uur voormiddag tot 10-uur saans. Aftrede of op pensioen gaan speel nie ‘n rol in hierdie land nie. Oral langs die pad kry mens nog 80 jarige tantetjies wat sit en kos of goedere verkoop – dis geen wonder hulle een van die lande met die meeste ou mense is nie. Om inkopies te doen is enigiemand se droom! Die klere is spotgoedkoop en gehalte wat jy nie kan bevraagteken nie. Niks soos die ingevoerde Chinese klere wat jy deesdae in die meeste van Suid-Afrika se klere-kettingwinkels aantref nie.
Restaurante was vir my, eenvoudig gestel, ‘n ander storie. Sommige restaurante het geen kelners gehad nie. Jy kry self ‘n tafel en van daar waar jy sit, skreeu jy vir die vrou agter die toonbank wat jy wil hê. In restaurante waar daar wel kelners is, kyk hulle jou snaaks aan as jy vir hulle ‘n diensfooi wil gee, dis ‘n konsep wat hulle glad nie verstaan nie. Daarby is hulle nie Engels-magtig nie. Jy het maar aanvaar dat ‘n verassing op jou wag met elke bestelling. My persoonlike gunsteling verassing was ‘n liter vol swart koffie oor ‘n beker met ys gegooi. Ek wou eintlik ‘n sjokolade “macaroon” gehad het.
Die goeie nuus is dat daar nie honde of katte op die spyskaart is nie. Hulle is ook nie lief vir skaapvleis nie en dit is ook nie op die spyskaart nie. Daar is egter lewendige seekos markte waar hulle die seediere voor jou opsny en in ‘n branderige sous druk om te proe. Hierdie oefening het ek liewer laat verby gaan. Daarby was ek nie seker of daai seekat vinniger sou afgaan of opkom nie.
Hulle Koreaanse braai was ook nogal ‘n belewenis. Die vleis word in die middel van die tafel gebraai oor kole en dan in uie en knoffel. Die “Kimchi” word in slaaiblare toegedraai en soos ‘n pakkie in een hap geëet. Eenvoud is ook aan die orde van die dag. Daar is net een soort alkoholiese drank naamlik Soju. Dit is baie goedkoop en almal drink dit. As ek dit moet vergelyk met iets in SA is dit soos ‘n afgewaterde Vodka, net sonder die afgewaterde gevoel die volgende oggend.
Inwoners word nie toegelaat om troeteldiere aan te hou nie as gevolg van die digte bevolking van die stad waar almal bo-op mekaar bly. Daar is egter troeteldier-kafees waar jy betaal om ‘n kat, hond of skaap vir ‘n tydjie te streel. So word daar darem kontak gehou met die troeteldiere met hul onvoorwaardelike liefde.
Hierby is al die strate in Korea silwerskoon, dit nieteenstaande die feit dat daar geen asblikke te vinde is nie. Die inwoners is baie streng ingestel op herwinning maar dit sal te veel kos, buiten die gebrek aan spasie, om vyf verskillende asblikke op elke hoek te plaas vir die afsonderlike herwinbare afval. Hulle beskou dit as werkskepping as jy jou leë skyfie pakkie of koeldrankbottel of wat ook al, net te los daar waar jy dit gebruik het. Binne ‘n uur het iemand dit kom optel wat dit op sy eie uitsorteer en terselfdertyd geld verdien.
In ‘n neutedop: Die belangrikste les in Korea was seker die mense. Dit was wonderlik om ‘n land te sien wat sy eie probleme oorkom. Waar niemand geblameer word vir jou tekortkominge nie. Rassediskriminasie bestaan eenvoudig nie daar nie.
Jy moet die beste wees of anders gaan jy dit nie maak nie. Niemand gee om oor die klein dingetjies nie. Hulle is lawaaierig as hulle eet, daarby snuif hulle die heeltyd en doen, volgens my persepsie, totaal onaanvaarbare dinge. Niemand steur hulle hieraan nie. Hulle spaar hulle omgee vir die dinge waaroor almal in die wêreld behoort om te gee naamlik eerlikheid, opregtheid, die wil om heel-bo uit te kom en om jou familie te eer en jou kinders te ondersteun.
Die werksure is ‘n derde langer as in Suid-Afrika, maar niemand staak nie, dit is hulle kultuur, ‘n werkers-kultuur, ‘n werk-trots-kultuur. As daar een ding is wat ek wens ek kon saambring is ‘n emmertjie daarvan ter wille van ons mooi land se ekonomie. | http://www.kwevoel.co.za/2016/10/17/korea-n-moet-op-jou-emmerlysie/ | 2016-10-17 07:26:29 |
SHL Brahmane presteer by Nasionale Brahman Skou en veiling | ‘n Nuwe rekordprys vir ‘n Brahman Koei met Kalf , wat die vorige rekord met R30 000 verbeter het, is tydens die Jaarlikse Nasionale Brahman Skou en veiling behaal toe SHL Brahmane van Koster in die Noordwes die vorige rekord met hul koei SHL102/11 en haar kalf vir R110 000 aan Schalk Burger van Bronkhorstspruit verkoop het.
Die jaarlikse Nasionale Brahman Skou is verlede week te Parys gehou en is opgevolg met die Nasionale veiling op Saterdag, 8 Oktober. Die kalf, wat op 22 Augustus 2016 gebore is, het omtrent die koppe laat draai met sy besonderse bou.
Volgens Hannes Liebenberg, eienaar van SHL Brahmane, is die prag-kalf die eindresultaat van fyn selektering van genetika. Hannes is van mening dat die kalf se puik genetika, wat reeds van vroeg merkbaar was, die belofte bied dat daar meer sulke diere in die pyplyn vir SHL Brahmane is.
Die bul SHL38/13, ook afkomstig uit die SHL Brahman stoet, het tydens die Skou weggestap met die Juniorkampioen titel.
SHL Brahmane is in 1983 gestig, kort nadat Hannes en Paula Liebenberg getroud is. Hulle deel nie net alleen die liefde vir diere, boerdery en die natuur nie, maar ook die passie om top gehalte diere te teel. Hannes wat ‘n bees/wild/graanboer van Koster, Noordwes is, sê sy hart lê maar nog altyd die naaste aan sy Brahmane.
Hannes het deur die jare geleer om sy genetika fyn te keur. SHL Brahmane het met die tyd ‘n paar titels verower. ‘n Hoogtepunt was in 2000 toe die stoetery die titel vir Raskampioen gewen het.
“Die geheim is om altyd te verbeter”, daarom het Hannes en Paula in 2008 na Amerika gereis waar hul die wêreld-beroemde stoeterye, JD Hudgens en V8 besoek het. Semen is vanaf Amerika ingevoer, waarop intensiewe teling die stuur geneem het. Vroulike diere uit die SHL Brahman bloedlyn is deur gebruikmaking van kunsmatig inseminering (KI) bevrug, en ‘n nuwe generasie Brahman het sy verskyning gemaak, beter as ooit tevore.
Soos enige ander besigheid, het die stoet klein begin, maar met baie harde werk is daar vandag sowat 450 koeie. Die Brahman-reis het verseker ‘n mylpaal bereik met vanjaar se Jaarlikse Nasionale Brahman Skou en Veiling met die prestasies van SHL Brahmane Stoetery.
Op die foto bo is die koei en kalf van SHL Brahman Stoetery wat teen ‘n allemintige R110 000 aan Schalk Burger van Bronkhorstspruit verkoop is. Op die foto saam met die rekord kampioen koei en kalf is die teler, Hannes Liebenberg, eienaar van SHL Brahman Stoetery naby Koster in Noordwes. | http://www.kwevoel.co.za/2016/10/11/46690/ | 2016-10-11 22:02:29 |
Sakekamer volhou standaard met suksesvolle Oktoberfees | Thabazimbi Sakekamer het Saterdag 15 Oktober die tweede jaarlikse Oktoberfees aangebied. Net soos met die vorige fees is geleentheid aan Craft bierbrouerye gebied om hul verskillende soorte bier aan die feesgangers voor te stel.
Kosstalletjies het gesorg dat daar genoeg Duitse disse op die spyskaart was wat met die bier afgesluk kon word, terwyl Die Duitse orkes en sangers vir heerlike vermaak gesorg het.
Vir die kinders was daar ’n pretrit in “bierblik” waentjies wat deur ’n trekker getrek is, asook ’n waterwurm wat vir lafenis op die warm dag gesorg het.
Vir die feesgangers was daar dan ook die sterkman kompetisie waar manne maar in die hitte en droë grond sake met mekaar soos toutrek uitgespook het.
Die Vintage motorklub van Pretoria, het saam met hul plaaslike lede, hulle mooi ou karre vir die mense kom wys.
Alhoewel almal van die hitte gesweet het, is daar lekker gekuier terwyl hulle aan die groot verskeidenheid van Craft bier wat beskikbaar was geproe het.
Die hitte was die moeite werd want welkome reën het sedert Woensdag oor die hele Thabazimbi distrik uitgesak. Teen Donderdagmiddag is reeds sowat 30mm aangeteken. | http://www.kwevoel.co.za/2016/10/20/sakekamer-volhou-standaard-met-suksesvolle-oktoberfees/ | 2016-10-20 21:36:00 |
Oos van die Weskusroete | Berig deur Pieter Coetzee
Gedurende Septembermaand het ek saam met Justin en sy gesin die blommetoer afgesluit by Langebaan. Die Weskus Nasionale Park is die beste plek naby Kaapstad om blomme te gaan kyk, sonder om al die pad op te ry tot in Namaqualand.
Begin Oktober het ek en my vriend Kobus, van Umkumaas aan die Suidkus van Natal, wat in die Kaap kom kuier het, besluit om weer die Weskusroete aan te pak. Alhoewel die blomtyd verby was, wou ek hom die Weskus tot by Langebaan gaan wys, ’n paar dae daar oorbly, Darling gaan besoek en dan binneland toe skiet na Porterville wat beide van ons sê aandag getrek het.
Ongelukkig is die roete na Potsberg, binne die Weskus Nasionale Park, waar die mooiste blomme te sien is, net gedurende die blomme tyd vanaf Augustus tot September oop. Hiervoor moet jy wag vir blommeseisoen voordat jy die lieflike uitsig oor Langebaan strandmeer bo vanaf die Potsberg kan geniet. Daar was dus geen doel om die Weskus Nasionale Park te besoek nie.
Wat ons ook nie in ag geneem het nie, was die feit dat dit ook skoolvakansie was en geen redelike behuising by Langebaan beskikbaar was nie. Ons planne het skielik verander en het toe besluit om die vanaf Langebaan die roete na Piketberg aan te vat.
Die pad neem ons toe deur Hopefield en Moorreesburg. Ek sal eerlikwaar hierdie roete nie nou vir die volgende twee jaar aanbeveel nie met al die stop-en-ry terwyl hulle hierdie pad letterlik oorbou. Nie een van die twee dorpe het na die moeite werd gelyk om akkommodasie te soek nie en het ons deurgedruk na Piketberg.
Jy kan die N7 vanaf Kaapstad na Piketberg aanpak of jy kan die Weskusroete neem en afdraai by die skilderagtige dorpie van Yzerfontein. Hiervandaan kan jy jou pad vind deur Darling na Piketberg.
Aangesien ons vanaf Langebaan die kortste pad na Piketberg geneem het omdat die tyd ons begin inhaal het, het ons Darling gemis en hou dit oop vir ’n besoek op sy eie. Hier bedryf die befaamde Pieter Dirk Uys, of meer bekend as Evita Bezuidenhout, die teaterhuis op die Peron van die ou stasie. Darling se wyne is ook redelik bekend asook die Craft bier wat hulle daar brou. Soos al die dorpies in die omgewing beskik dit oor baie kuierplekkies en nutswinkeltjies.
Piketberg was ’n aangename verrassing, daar waar dit aan die voet van Piketberg teen die Piketberge gelê het. Hier het ek een van die grootste Spar winkels gesien wat ek nog op die platteland aangetref het, met beslis die grootste besigheidsentrum van al die dorpe in die omgewing.
Dié dorp, net soos die kleiner dorpies om Piketberg, is rustig deur die week tot Saterdag aanbreek wanneer die plaasarbeiders, wat weekliks betaal word, op die besighede toesak.
Die dorp is in 1836 gestig toe sir Benjamin D’Urban die plaas “Grotefontein” aan die kerkraad geskenk het. Die eerste erwe is in 1841 verkoop. Die kerk het die dorp tot 1901 bestuur. Die spoorlyn na Bitterfontein het die dorp in 1902 bereik. Die naam Piketberg is afgelei van die ou Nederlandse woord, picquet, wat van Frans ontleen is en militêre wagpos beteken. So ‘n pos is reeds in die 1670’s aan die voet van die berge gestig om die boere te beskerm teen strooptogte van die KhoiSan-stamme.
Soos op baie ander dorpies in Suid-Afrika is die grootste gebou die NG kerkgebou. Piketberg spog met ‘n besonder indrukwekkende voorbeeld hiervan wat deur die argitek Carl Otto Hager in sy kenmerkend Neogotiese styl ontwerp is.
Die Moutonshoek vallei, bekend vir sy vrugte soos appels, pere en sitrus, is teen die oostelike hange van die Piketbergberge. Die vars reën- en fonteinwater vanaf die Piketberge dreineer in ‘n kom waaruit die Krom Antonies Rivier, die hoofbron van die varswater, bo- en ondergronds, wat weer op hul beurt een van die belangrikste en mees sensitiewe vleilande in die wêreld, Verlorenvlei, voed.
‘n Plekkie verweef in die voorgeskiedenis van Piketberg, is die klein weggesteekte dorpie net om die draai vanaf Piketberg, ‘n regte klein paradys aan die voet van die berg met ‘n rivier wat daardeur vloei. Hierdie was die plaas Burgershoek wat in die vroeë 1800’s aan Hendrik Schalk Burger behoort het.
Op sy oudag het Burger se kinders hom verwerp en het die slawe op die plaas, naamlik Maniessa en haar vyf kinders, Burger tot sy dood versorg. Dit het dan ook daartoe gelei dat hy die eiendom van sowat 800 hektaar aan die slavin en haar kinders gelaat het met die doel dat dit aan almal van hulle ’n permanente tuiste tot hulle afsterwe kan bied.
Burger se kinders was glad nie tevrede hiermee nie, maar die hof het beslis dat die testament geldig is en as sodanig uitgevoer moes word.
In 1859 het sendelinge die buurplaas Wittewater bekom en in 1888 wettiglik die plaas by Maniessa se afstammelinge gekoop. Die sendelinge het die plek gebruik om slawe, wat reeds ’n paar dekades vroeër hul vryheid ontvang het en sonder heenkome was, ’n tuiste te bied.
Dit het gelei tot die daarstelling van die Goedverwacht Sendingstasie, net af van die hoofpad tussen Piketberg en Velddrif. Die grafte van Burger, Maniessa (oorspronklik van Indiese afkoms) en die van haar nasate is duidelik uitgemerk.
Ons het twee nagte by De Berge Gastehuis in die hoofstraat van Piketberg oorgebly waar Pikkie en Elanie goed na ons gekyk het. Die kamers was smaaklik ingerig en teen ’n billike tarief het dit ook reggestaan vir diegene wat selfsorgeenhede sou verkies.
Op die Historiese Roete in Piketberg, sal jy op een van die min staande Bio Café geboue afkom. Die gebou is in 1920 gebou en het in sy tyd ook as danslokaal en bioskoopsaal gedien. Die Bio-konsep was daarop gebasseer dat jy enige tyd van die dag vir ‘n tiekie toegang kon kry en die film kon kyk. As jy in die middel van die film begin kyk hoef jy net te wag totdat die film weer van vooraf gedraai word om nie die eerste gedeelte te mis nie.
Nog ‘n geskiedlundige plek is die ou ‘Commercial Hotel’ wat in 1895 gebou is en sy deure vir besigheid vir die publiek in 1898 oopgemaak het. Die meeste van die gebou se oorspronklike toebehore, soos smee ysterwerk asook die meubels is vanaf Engeland bestel en per ossewa op Piketberg afgelaai. Vandag dien dit as ‘n gastehuis.
Verder Noord van Piketberg is Citrusdal en soos sy naam uitspel word vrugte ook in hierdie gebied, naas koring, verbou. Bo op die Piekenierskloofpas, deel van die N7, wat deur die berge tussen Citrusdal en Piketberg vleg is daar ’n padstalletjie waar jy gerus kan aandoen vir ’n lekker koppie koffie en ’n verskeidenheid van disse op die spyskaart.
Die stalletjie, by name van Kardoesie, beskik oor ’n restaurant en ook ’n oulike winkeltjie met allerlei aandenkings te koop. Buite kan jy oor die hele vallei onder die berg uitkyk. Akkommodasie is ook beskikbaar vir diegene wat dit as sentrale punt wil gebruik om die omgewing te verken, of as oornagplek op die Kaap-Namibië roete, net sowat een en ’n half uur se ry vanaf Kaapstad.
Piketberg kan baie aan die avontuurlustige toeriste bied asook aan die wat net rustig wil verkeer. Vir meer inligting hieroor, besoek gerus www.piketbergtourism.co.za
Sowat 23 km uit Piketberg, op pad na Tulbagh, ry jy deur Porterville, ’n tipiese aftrede dorpie met sowat 9 000 inwoners.
Hierdie prentjiemooi dorp aan die voet van Voorberg onderkant die hange van die Olifantsrivier berge is in 1863 deur Fredrick John Owen, oorspronklik een van die Britse setlaars wat in 1820 voet aan wal gesit het, gestig toe hy sy plaas Pomona, in plotte opgedeel het en die dorp na Sir William Porter, destydse Landmeter-generaal aan die Kaap vernoem het.
Hierdie gebied was voorheen deur die KoiSan stamme bewoon wat baie van hulle rotskuns nagelaat het. Die bekendste rotstekening is die van ’n seilskip wat in die Groot Winterhoekberge gevind is.
Die dorp is ook bekend vir die feit dat een van Suid-Afrika se skaarste blomme, die Disa Uniflora, natuurlik hier in velde voorkom. Die skaarste is die swaelgeel Disa wat net in ’n klein kolonie in Porterville voorkom.
Porterville het seker die uiterste van klimaatsverandering wat wissel van droë warm lugstrome wat dit ideaal vir skermsweef maak in die somer, tot erge winters met sneeu in die berge en die Kaapse stormweer wat van die Weskus af aangerol kom.
Die Groot Winterhoek Natuurreservaat, aan die Oostekant van Porterville, met lieflike uitsig bo van die berg af kan hiervandaan bereik word met die Dasklip Pas.
Verskeie dagstaproetes is beskikbaar vanaf die parkeerterrein. Verskeie bergriviere kom ook hier voor. In die somer is daar nie noodwendig lopende water nie, maar in die wintermaande kan die riviere sterk afkom en gevaarlik raak om oor te steek.
Vir meer inligting oor die Groot Winterhoek Natuurreservaat, besoek gerus die webblad by www.capenature.co.za/reserves/groot-winterhoek-wilderness-area.
By Die Hel en De Tronk is daar dramatiese rotsformasies, ryk aan plante en dierelewe. Die Waterval roete neem jou tot waar die water neerstort op die rollende koringlande wat die vlaktes bedek. Een van die redes wat gelei het tot die totstandkoming van die Natuurreservaat is juis om die Kaapse fynbos volop daar voorkom, te beskerm. Die reservaat bestaan uit 30 608ha, waarvan 19 200ha tot wildernisarea in 1985 verklaar is.
Die reservaat is ook ‘n belangrike bron van skoon water vir die Kaap Metropool aan die Weskus asook vir buitemuurse ontspanning.
Die verweerde Tafelberg sandsteenrots met sy unieke rotsformasies in die reservaat, is die moeite werd om te sien.
Skaars 20km verder op die R44 kry jy die afdraai na Tulbagh en die Tulbaghvallei. Die vallei, met sy oorvloed van plante en dierelewe, is in 1659 deur Pieter Potter, Landmeter-generaal in diens van die Kaapse eerste Goewerneur, Jan van Riebeeck ontdek.
Gedurende 1699 het 14 boere hulle hier gevestig maar die dorp het eers teen 1743 sy bestaan gekry toe die eerste kerk, huidig die museum, daar gebou is. Hierdie dorpie, uniek deur die berge wat dit omring, is ook bekend vir sy landgoedwyn wat verskeie geslagte terug dateer tot die begin van die wynbedryf aan die Kaap.
Voordat padbou ingenieurs die formidabele berge om Paarl en Wellington oorkom het, was Tulbagh die laaste stop vir mense met hul trekwaens voordat hulle die ongetemde binneland vanaf die Kaap van Goeie Hoop na die Noorde betree het.
Die talle gastehuise en wynplase in die omgewing maak dit een van die sentraalste plekke om te bly terwyl jy die omliggende wynplase en besienswaardighede besoek.
Hier hoef jy nie verveeld te wees nie. Daar is iets te doen vir een en almal. Buiten die feit dat dit talle voëlkykers lok, is daar ook aktiwiteite soos perdry, bergfietsry, staproetes en ‘n hele paar roetes wat jy met die motorvoertuig kan doen.
Ons grootste teleurstelling was die feit dat die lekker boere restaurant met sy bobotie en ander Suid-Afrikaanse disse by Paddagang wyne, wat ons sowat agt jaar tevore besoek het, plek gemaak het vir ‘n Belgiese Restaurant met ietwat volksvreemde disse. Daar was ook geen sig van Paddagang wyne nie. Ons het nie eens verder probeer uitvind of hulle steeds bestaan of nie.
Ons het toe besluit om middagete by die Tulbagh Hotel te nuttig en was besonder verras deur die netjiese fasiliteite en verskeie kuierhoekies wat dit bied. Voeg nog goeie diens en kos hierby en ek beveel dit vir almal aan wat so ‘n ruskansie met ‘n koel wyn in die hand soek.
Slegs 90 minute se ry vanaf Kaap Stad, is dit ook ‘n gewilde wegbreek na een van die mooiste plekke in die land.
Verskeie feeste word deur die jaar op Tulbagh aangebied waarvan Kersfees in die Winter en die Lente Kunstefees, wat jou ‘n wye keuse van visuele kuns sowel as uitvoerende kuns bied, aangebied.
Vir meer inligting oor Tulbagh, kontak gerus hulle vriendelike Toerisme kantoor by 023 2301357 of besoek hulle webblad by www.tulbaghtourism.co.za en www.tulbaghwineroute.com.
Met jou besoek klaar afgesluit, neem die rustige terug na Kaapstad. Indien jy ingevlieg het, maak gerus gebruik van die oornag fasiliteite by die Boston Gastehuis in Bellville. Daar is min wat die vriendelike ontvangs en diens van Mervyn, jou gasheer en sy span gaan oortref.
Daarvandaan is dit ongeveer ‘n halfuur se ry tot by Kaapstad Internasionale Lughawe, mits jy jouself nie in spitsverkeer bevind nie.
Breek weg vir ‘n langnaweek en doen hierdie roete. Jy gaan nie teleurgesteld wees nie. Doen jou beplanning vroegtydig. Met goedkoper vlugte en buite seisoen tariewe en met alles so bymekaar is ‘n goedkoop gehuurde motor voldoende. Dit hoef nie vir jou ‘n fortuin te kos nie.
Met ons volgende toer vat ons die pad saam met Salomi vanaf Pretoria na Langebaan en skryf sy meer oor al die voëls wat sy langs die pad gesien het.
Daarna volg ons dit op met verslag oor die bootreis as ek en Kobus terugkeer na vyf dae se vaart op die Simphonia na Mosambiek. | http://www.kwevoel.co.za/2016/10/27/oos-van-die-weskusroete/ | 2016-10-27 16:10:34 |
Jong hip-hop-danser oorsee genooi | Van hip-hop kan ander kannetjies so oud soos Jayden Luyt (7) hom nie veel leer nie. Hy spog reeds met verskeie titels en is genooi om oorsee te gaan deelneem. Jayden Luyt het 11 maande gelede begin dans en daar is geen keer aan dié mannetjie nie
Jayden (foto bo) spog reeds met verskeie dans-titels en is genooi om oorsee te gaan deelneem. Volgens sy ouma, Susan Botha van Thabazimbi, laat Jayden hom nie keer as hy wil dans nie.
Na minder as ’n jaar van dans het dié sewejarige hip-hop-danser van Kemptonpark reeds sewe kampioenskap titels agter sy naam.
Jayden het in September die Supreme Dancer of the Year gewen, wat hom die jongste hip-hop-danser maak om vier dans titels in een jaar te verower.
Hy het onlangs gekwalifiseer om Suid-Afrika volgende jaar by die World Dance Masters in Porec, Kroasië, te verteenwoordig, asook by die Internationale Dance Festival in Novi Sad in Serbië later vanjaar.
Van die ander kompetisies wat dié leerling van Laerskool Impala al gewen het, sluit in die Freedom Day, Sentraal Vrystaat, Star Jhb, Gauteng en SA kampioenskappe. | http://www.kwevoel.co.za/2016/10/27/jong-hip-hop-danser-oorsee-genooi/ | 2016-10-27 16:08:46 |
Oktoberfees is hier! | Die Thabazimbi Sakekamer se Oktoberfees word more, Saterdag 15 Oktober 2016, by die Thabazimbi Skouterrein aangebied. Daar gaan weer ‘n egte Duitse atmosfeer heers met Velvet Sounds met hul lekker oompha musiek.
Die organiseerders beloof dat daar genoeg Duitse disse en koue Craft bier te koop sal wees.
Dan is daar uitdagings vir die hele familie om aan deel te neem. So is daar die Thaba Boog en Hengel se 3-in-1 skerpskut uitdaging; Sterkman & Vrou uitdaging; Vyf-‘n-kant sokker; Koedoe horing lang-asem blaas; Chilli Chow; Hunger Games; Toutrek, en vele meer.
As jy vroeg wil begin, kom beleef die Kleinbokkie wildveiling wat om 11:00 deur Thabazimbi Wildlife Services aangebied word. Dan is daar ook die manne en vroue van Pretoria en hul plaaslike lede met hul ‘Vintage Car’-uitstalling.
Oor die kinders hoef jy jou nie te bekommer nie. ‘n Verskeidenheid aktiwiteite soos die Suikerbekkies/Monkeynastics se Inflatable Park & Games sal hulle besig hou. ‘n Dag propvol Bosveld-Duitse pret en plesier.
Toegang tot die fees is slegs R20 per volwassene, R10 per kind en R50 per voertuig. | http://www.kwevoel.co.za/2016/10/13/oktoberfees-is-hier/ | 2016-10-13 17:52:31 |
Oktoberfees - Thabazimbi Landbouskougronde | Bosveld Besigheid bied op 15 Oktober hul Oktoberfees vir die tweede agtereenvolgende jaar aan. Hierdie is ‘n fees vir besighede en hul personeel, kliënte, ‘n fees vir die gemeenskap van klein tot groot en ‘n fees vir besoekers aan die Bosveld.
Toegang is slegs R20 per volwassene, R10 per kind en R50 per voertuig. Hekke open 09:00 en sluit eers 23:00 die aand na ‘n dag gevul met pret en plesier.
Velvet Sounds en die Duitse Koor sal vanaf 14:00 sorg vir musiek en vermaak reg deur die dag terwyl jy heerlik aan die volgende Duitse disse kan smul… Pick & Pay se Pretzels en Duitse Worse, Geraldine se Eishbeins & Schnitzels, Bulhoek Slaghuis se Vark-op-spit en gemarineerde ribbetjies, Bosveld Akademie se hoenderburgers, H&L Printing se Kase-griller worsbroodjies, KommaNader se fyn varkvleis/koolslaai broodjies of Swartwoudkoek – vir die wat iets soeter verkies!
Vir die kinders gaan dit ‘n onvergeetlike dag wees… allerhande lekkernye, ‘n opblaaspark en ander aktiwiteite om die besige lyfies aan die gang te hou. Daar is ook lekker kompetisies en baie pryse om te wen!
‘n Nuwe toevoeging tot die fees die jaar is die Mr & Miss Oktober Modelkompetisie aangebied deur Platinum Ads & Medhof Apteek. Oud en jonk kan of aan die informele ‘best dressed’ kategorie deelneem, of jy kan aan die formele kompetisie deelneem waar vier professionele beoordelaars jou passies en ‘pakkie’ gaan bekyk.
En wat sal ‘n Oktoberfees wees sonder iets om die keel nat te maak. Met Brauhaus am Damm, Cameleon Breweries, Bierstiefel en Spitskop Special Needs / Spar Tops Shooters & Breezers. | http://www.kwevoel.co.za/2016/10/04/oktoberfees-thabazimbi-landbouskougronde/ | 2016-10-04 22:22:38 |