title
stringlengths 0
200
| maintext
stringlengths 0
24.9k
| url
stringlengths 21
190
| date_publish
stringlengths 0
19
|
---|---|---|---|
Stroperverkope het in 2020 met 25% gestyg | This post is also available in: English
Trekkerverkope van 432 eenhede in Desember is aansienlik (24%) meer as die 349 eenhede wat verlede Desember verkoop is. Vir die volle kalenderjaar is trekkerverkope byna 9% meer as verkope in die 2019-kalenderjaar.
In Desember is drie stropers verkoop, dieselfde as in die vorige Desember. Vir die volle kalenderjaar is stroperverkope 25% meer as vir die vorige jaar.
Die marksentiment bly positief. Goeie oeste, oor die algemeen, goeie kommoditeitspryse en gunstige reënval in die meeste gebiede dra daartoe by. Onderliggende ekonomiese faktore, wat uitgelig is in die Agribusiness Confidence Index (Landbou-ondernemingsvertroue-indeks), dra ook by tot die positiewe sentiment in die mark.
Aanvanklike ramings vir die 2021-kalenderjaar is ook bemoedigend en daar word geraam dat verkope waarskynlik tot 10% meer sal wees as in 2020.
Bron: Suid-Afrikaanse Landboumasjinerieassosiasie | https://www.proagri.co.za/stroperverkope-het-in-2020-met-25-gestyg/ | 2021-01-14 15:54:54 |
Vrystaat-vloede: Padinfrastruktuur verkrummel | This post is also available in: English
Vrystaat Landbou (VL) het gewaarsku dat die Vrystaatse provinsie se padinfrastruktuur in ‘n ernstige toestand is. VL het ‘n dringende brief aan die Vrystaatse departement van polisie, paaie en vervoer gerig en gevra dat dringende stappe gedoen word om paaie vir kritieke toegang te herstel.
Dié optrede kom omdat die onlangse oorstromings in die provinsie ernstige skade aan Vrystaatse paaie aangerig het. Die afgelope paar jaar is paaie in die Vrystaat baie swak in stand gehou.
Die onlangse erge reëns het daartoe gelei dat baie paaie en brûe weggespoel of onbegaanbaar geword het. Hierdie situasie is tekenend van ‘n ineenstorting in kritieke infrastruktuur wat nodig is vir voortgesette ekonomiese aktiwiteit in landelike gebiede. Boere sal dit toenemend moeilik vind om produkte na markte te vervoer.
Daarbenewens plaas die verhoogde stremming van beweeglikheid die lewens en lewensbestaan van hele gemeenskappe in gevaar. Byvoorbeeld, baie arm mense het nie toegang tot mediese sorg nie. Plaaswerkers vind dit ook toenemend uitdagend om na en van hulle werk te reis.
“Indien die situasie nie hanteer word nie, sal plaasbewoners soos pensioenarisse en skoolkinders nie toegang tot dienste kan kry nie (taxi’s het lankal geweier om op hierdie paaie te ry) en klinieke en ambulanse sal nie toegang tot plase kan kry om chroniese medisyne af te lewer en kritieke siek pasiënte te vervoer nie. Dit maak alles inbreuk op die basiese menseregte van ons landelike burgers,” het VL-president, Francois Wilken, gesê.
Wilken sê boere het reeds begin om paaie van kritieke belang te herstel, maar ons sal finansiële en materiële ondersteuning nodig hê om verdere rampspoed af te weer. Daar is ‘n dringende versoek vir die beskikbaarstelling van toerusting soos padskrapers en TLB’s aangesien die staat se verouderde geel vloot basies buite werking weens swak instandhouding is.
Verder is materiaal soos bitumen/teer, beton, duikerpype en diesel vir boere se toerusting wat die herstelwerk doen, nodig. Volgens Wilken finaliseer VL ‘n interne plan om die swak toestand van paaie te probeer verbeter. As daar nie aandag aan padinfrastruktuur gegee word nie, sal VL-lede gedwing word om paaie te herstel waar toegang van kritieke belang is. As ‘n onmiddellike stap raadpleeg VL regs- en ander kundiges oor wat burgers en ander entiteite kan doen om paaie te begin herstel.
In Maart 2019, na die vloede naby Rouxville in Mohokare, het dit drie maande geneem om die plaaslike raad sover te kry om ‘n plaaslike noodtoestand te verklaar om sodoende befondsing van die paaie-departement beskikbaar te stel om onbegaanbare paaie te herstel. Tans, byna twee jaar later en met die verklaring van ‘n noodtoestand, is hierdie paaie steeds nie behoorlik herstel nie.
Met swaar reënbuie sal die bietjie gruis wat op die paaie oorbly, wegspoel en die paaie lewensgevaarlik vir reisigers maak en sal dit selfs duurder word om hierdie paaie te herstel. Om hierdie rede doen VL ’n beroep op politieke hoofde om die afkondiging van ‘n noodtoestand te bespoedig en hulpbronne beskikbaar te stel om ons landelike bewoners by te staan.
Bron: Vrystaat Landbou | https://www.proagri.co.za/vrystaat-vloede-padinfrastruktuur-verkrummel/ | 2021-01-15 10:50:54 |
Nog reën vir Februarie en Maart verwag | This post is also available in: English
Deur Johan van den Berg, Onafhanklike Landbouweerkundige (M.Sc Agric, Landbouweerkunde, UFS), Santam Landbou
Die huidige La Nina-verskynsel het nou volwassenheid bereik maar sal by La Nina vlakke bly tot April 2021.
Langer termynvooruitsigte vir die Somerreënvalgebied is nog positief vir verdere reën in veral die tweede deel van Februarie en Maart. Korttermynvoorspellings toon verdere reën in die laaste week van Januarie oor die sentrale tot oostelike dele.
Huidige toestande
Baie swaar reënnneerslae het begin voorkom oor die sentrale tot westelike dele van die land en Namibië sedert die tweede deel van Desember 2020. Vloedtoestande het voorgekom in gebiede en distrikte soos Hoopstad en Wesselsbron in die Vrystaat, Augrabies in die Noord-Kaap, gedeeltes van Gauteng, die suidelike dele van Namibië en die sentrale tot westelike dele van die Noord-Kaap.
Daaglikse reënvaltotale van tot meer as 100 mm het in van hierdie gebiede voorgekom wat baie waterafloop en versadigde gronde veroorsaak het. Te nat gronde en te min sonskyn het begin om ernstige skade aan te rig aan gewasse in die Noordwes-Vrystaat in distrikte soos Bothaville, Wesselsbron, Viljoenskroon en Hoopstad en aangrensende distrike in Noordwes Provinsie soos Wolmaranstad en Bloemhof. Waterskade en min hitte-eenhede kom ook voor in die Oos-Vrystaat in Bethlehem, Warden, Frankfort en Heilbron.
Ernstige droogteskade het begin ontwikkel in gedeeltes van Mpumalanga waar veral die vroeë somergraanaanplantings tans in die sensitiewe reproduktiewe stadium is. Permanente skade het alreeds voorgekom op mielies en sojabone maar reën tussen 11 en 13 Januarie 2021 het gehelp om toestande te stabiliseer.
Ernstige droogtetoestande heers steeds in die weidingsgebiede van die Oos-Kaap soos Jansenville, Steytlerville en Willowmore. Die droogte duur ook voort in die suidelike dele van die Noord-Kaap in distrikte soos Vanwyksvlei, Loeriesfontein, Williston en aangrensende distrike aangesien hierdie dele oorgeslaan het met die reën wat in die eerste week van Januarie voorgekom het in die meer noordelike dele van die Noord-Kaap en waar swaar neerslae voorgekom het.
Weidingstoestande het aansienlik verbeter in groot gedeeltes van die Noord-Kaap en veral in die Kalahari maar meer opvolgreën en tyd is nodig vir volledige herstel. Ondergrondse wateraanvulling het nog nie voorgekom nie.
Watervlakke van bykans alle opgaardamme in die Somerreënvalgebied is gunstig en is die meeste damme naby aan vol behalwe vir kleiner damme in byvoorbeeld Limpopo soos die Tzaneendam met 16,5% en Middel Letabadam met minder as 1%. Die Vaaldam se watervlak het vinnig verhoog tot ongeveer 65% sedert die begin van Januarie 2021 nadat dit nog op ongeveer 35% was in Desember 2020. Die vlak van sekere damme in die Oos-Kaap bly steeds krities laag met die Kougadam op 9,5% en die Bridle Driftdam met 32,7% wat die hoofbronne van water vir die Nelson Mandela Metropool is. Damvlakke in die Laeveld is ook laag en beperk die besproeiing van vrugte en ander gewasse. In die Wes-Kaap is die meeste damvlakke redelik gunstig maar watervlakke sak vinnig as gevolg van die baie warm toestande wat tans ervaar word.
Die watervlak van die Karibadam in Zambië is baie laag op 20,44%. Die Katzedam in Lesotho het gestyg van 26% in Desember tot 46% in die eerste week van Januarie 2021.
ENSO en Indiese Oseaan
ENSO (El Nino Suidelike Ossilasie)
See-oppervlaktemperature in die Nino-gebiede bly op La Nina-vlakke sedert die middel van Augustus 2020. Die gemiddelde afwykings van see-oppervlaktemperature van die belangrike Nino3.4-gebied is nou op 1.1°C koeler as normaal nadat ‘n piek van 1.7°C koeler as normaal bereik is in November 2020. Voorspellings toon dat die La Nina in Desember 2020 volwassenheid bereik het en nie verder gaan versterk nie. Dit sal egter op La Nina-vlakke bly tot ongeveer April/Mei 2021.
Die Suidelike Ossilasie Indeks (SOI) wat die maatstaf is van die koppeling tussen see-oppervlaktemperature in die Nino-gebiede en die oorliggende weersisteme, het versterk na meer intens La Nina-neigend. Die SOI het tans ‘n indekswaarde van +19.42 op ‘n skaal van +30 (baie sterk La Nina) en -30 (baie sterk El Nino). Dit is die hoogste SOI waarde sedert Desember 2011.
Indiese Oseaan
Die Indiese Oseaan Dipool (IOD) indeks is reeds vir ‘n paar weke in ‘n neutrale fase en is tans presies op die langtermyngemiddeld. Die suidwestelike Indiese Oseaan (oos van die Suidkus van Suidelike Afrika) is steeds ongeveer 2°C koeler as normaal maar daar het verwarming plaasgevind in die gebied rondom Madagaskar waar dit tans tussen 0.5°C en 1°C warmer as normaal is. Ongeveer 60% tot 70% van die totale Indiese Oseaan was aan die begin van 2021 koeler as normaal maar die grootste deel van die Stille en Atlantiese Oseane in die Noordelike Halfrond is warmer as normaal wat ‘n rekord aantal siklone veroorsaak het.
Reënval- en klimaatsvooruitsigte
Somerreënvalgebied
Reënval
Matige tot sterk La Nina-gebeurtenisse in die geskiedenis is gewoonlik geassosieer met bogemiddelde reënval vanaf Desember tot April. Die 2020/21 La Nina volg ook hierdie patroon. Met die verwarming van die Indiese Oseaan rondom Madagaskar in die laaste maand verhoog dit die kanse vir tropiese siklone en intense laagdrukstelsels wat dalk reënval kan beïnvloed maar waarskynlik slegs vir kort periodes.
Korttermynvoorspellings toon ‘n kort droër periode vanaf ongeveer 16 tot 21 Januarie waarna verdere reën kan voorkom in die laaste week van Januarie oor die sentrale tot oostelike dele van die land.
Langer termyn voorspellings bly egter positief vir verdere reën vanaf die tweede deel van Februarie sowel as in Maart en April maar dit sal grootliks afhang of daar siklone gaan ontwikkel.
Temperatuur
Gemiddelde tot bogemiddelde dagtemperature kan verwag word vir die laaste deel van Januarie en eerste deel van Februarie oor die westelike dele van die land. Bogemiddelde minimumtemperature word verwag as gevolg van die baie vog in die laer gedeeltes van die atmosfeer wat energie uitstraling beperk.
Winterreënvalgebied
As gevolg van baie sterk somerreënvalstelsels wat ontwikkel, is somerreënval steeds moontlik veral oor die sentrale tot suidelike en suidoostelike dele van die Winterreënvalgebied in Februarie en Maart. Daar is ‘n baie groot waarskylikheid vir die later as normale aanvang van die normale winterreënval.
Kort- tot mediumtermynvoorspellings dui baie hoë temperature aan met ‘n moontlikheid van ligte reën in die eerste week van Februarie oor die Suid-Kaap.
Namibië
Droër toestande word ook verwag vir die tweede deel van Januarie oor die suidelike en suidwestelike dele maar swaar reën vanaf die laaste week van Januarie oor die sentrale tot noordoostelike dele.
Die voorkoms van verdere swaar neerslae en moontlike vloede bly steeds groot vir die volgende maande.
Gevolgtrekking
Oorstromings en waterversadigde toestande is tans besig om skade aan die somergraanoes aan te rig in veral die Vrystaat en aanliggende gedeeltes. Droogteskade kom voor in gedeeltes van Mpumalanga. Die meeste van die droogte-geteisterde gebiede van die Noord-Kaap het reën ontvang behalwe suidelike dele.
La Nina het volwassenheid bereik maar sal by La Nina-vlakke bly tot ten minste April 2020.
Korttermynvoorspellings toon ‘n droë periode vanaf ongeveer 16 tot 21 Januarie met verdere reën in die laaste week van Januarie oor die sentrale tot oostelike dele. Die vloedrisiko bly steeds groot in die volgende maande.
Vrywaring:
Die outeur of Santam of enige ander partye in die dokument genoem of aangehaal, waarborg geensins die akkuraatheid, volledigheid of betroubaarheid van die inligting in die dokument nie. Enige aksies of besluite wat geneem word op grond van die inligting in hierdie dokument word op eie risiko geneem en sal die outeur, Santam of enige ander partye genoem in die dokument geensins verantwoordelik wees vir enige verliese of skades in verband met die gebruik van die inligting soos wat dit voorkom in hierdie dokument nie. | https://www.proagri.co.za/nog-reen-vir-februarie-en-maart-verwag/ | 2021-01-25 06:16:36 |
Belowender bakkie-oes vir SA in 2021 | This post is also available in: English
Deur DIRK GALLOWITZ van Ultimate Drive
Met Covid 19 en sy variante moes omtrent die hele wêreld briek aandraai met bedrywighede. Ook die wêreldwye motorbedryf voel die tentakels van die pes aan omtrent elke front.
Suid-Afrika is redelik bakkie-mal en is na alle waarskynlikheid die grootste bakkiemark ter wêreld. Dit wil blyk dat daar in 2021 beplan word om ‘n aantal nuwe bakkies, selfs van vervaardigers wie nie tans plaaslik bakkies verkoop nie, bekend te stel asook ‘n paar bestaande modelle wat slegs ‘n mooimaakkuur ondergaan het.
Slegte nuus vir Isuzu aanhangers is dat die lankverwagte nuwe D-Max met 140kW en 450Nm wat reeds geruime tyd in ander lande beskikbaar is, NIE in 2021 hier gaan land nie, maar eers in 2022.
Hier volg ‘n egter paar modelle waavan ons weet.
Opgegradeerde Ford Ranger
Terwyl Ford SA se mediakantoor nie bereid is om sy planne vir 2021 bekend te maak nie, word daar allerweë verwag dat die gewilde Ranger ‘n vars voorkoms en dalk nuwe tegnologie gaan ontvang, alvorens produksie van die Ranger reeks in die Silverton aanleg buite Pretoria einde 2021, begin 2022 in aanvang gaan neem.
Daar word gespekuleer dat die Australiese gebore Wildtrak X-model, waarvan foto’s internasionaal motorblaaie gehaal het (sien foto bygaande,) dalk net so plaaslik teen die middel of in die derde kwartaal van 2021 bekend gestel gaan word om die Ranger Thunder as vlagskip in die reeks te onttroon. Die voertuig het heelwat visuele veranderinge en is ook volgens inligting beskikbaar, behoorlik opgegradeer wat toerusting betref..
Opgedateerde Nissan Navara
Nissan SA het so ‘n jaar of wat gelede aangekondig dat hulle R3-miljard gaan spandeer om hul aanleg by Rosslyn, buite Pretoria op te gradeer ten einde die opgekikkerde Navara dubbelkajuit vanaf vanjaar daar te vervaardig.
Daar word verwag dat die plaaslik vervaardigde model ondermeer ‘n vars voorkoms en toerusting buitelangs sowel as in die kajuit gaan ontvang, alvorens die nuwe model wat vir 2022 beplan word, die lig sal sien. Verder kan veerstelselverbeterings sowel as ‘n opgegradering vir die 2,3 liter dieselenjin met twee turboaanjaers verwag word. Blykbaar bly die kraglewering op 140kW en 450Nm, maar ‘n heel nuwe 6-spoed handratkas kom, wat volgens inligting gladder oorskakelings en minder vibrasies bied. Die bestaande 7-gang outokas is volgens bronne ook verfyn vir vinniger oorskakelings.
Nuwe Peugeot Landtrek
Terwyl Renault SA bevestig het dat die Navara gebasseerde Renault Alaskan nie in die voorsienbare toekoms na Suid-Afrika sal kom nie, het die ander Franse vervaardiger Peugeot, wie ‘n lang en roemryke nalatenskap van bakkies in Afrika en ook Suid-Afrika het, bevestig dat hulle bakkie, bekend as die Landtrek, wat ook ‘n dubbelkajuitmodel in die reeks sal insluit, wel hierheen op pad is en in die vierde kwartaal van 2021 plaaslik bekendgestel behoort te word.
Daar word bespiegel dat die Landtrek in drie modelweergawes beskikbaar gaan kom, wat onderstel/kajuit (Chassis cab) en enkelkajuit werkesel modelle gaan insluit. Wat wel verras, is dat Peugeot besluit het om ook die hoogs kompeterende leefstylsegment met ‘n luukse dubbelkajuit te betree. Blykbaar kan kopers kies tussen 4×2 of 4×4 weergawes met ‘n keuse in sekere modelle tussen diesel en petrolenjins wat ondermeer ‘n 2,4 liter turbo petrolenjin (157kW/320Nm) en ‘n 1,9 liter turbodiesel (112kW/350Nm) insluit. Kopers sal ook die keuse hê tussen 6-spoed handrat of 6-gang outomatiese ratkaste.
Nuwe Mazda BT-50
Mazda het in 2020 sy nuwe BT-50 internasionaal bekendgestel. Nadat die huwelik met Ford so ‘n paar jaar gelede op die rotse geëindig het, het Mazda in 2020 aangekondig dat die nuwe BT-50 dubbelkajuit bakkie op Isuzu se nuwe D-Max gebasser word en dat stilering meer in lyn met Mazda se uiters smaakvolle passassiermotors gaan wees.
Die nuwe BT-50 word dan ook aangedryf deur die nuwe D-Max se 3,0liter turbodieselenjin wat 140kW en 450Nm se piekkragte lewer. Voornemende kopers sal kan kies tussen 4×2 en 4×4 (met ‘n agterste ewenaarslot) modelle, asook die keuse van ‘n 6-spoed handrat of 6-gang outomaties ratkas.
Nuwe Renault Oroch
In gesprekke met Renault SA is dit einde laasjaar bevestig dat die Duster gebasseerde Oroch bakkie teen die einde van 2021, maar heel waarskynlik eers vroeg in 2022, plaaslik bekendgestel gaan word, aanvanklik eers net in enkelkajuit weergawes. Dit is egter onbekend wanneer indien wel, die Duster Oroch dubbelkajuit, plaaslik gaan buig. Daar is sprake dat ‘n keuse van 3 enjins wat twee petrolweergawes insluit, in die Oroch gaan diens doen, maar dit is steeds onbevestig of Renault se beproefde 1,5 liter turbodiesel enjin in die enkelkajuitmodelle plaaslik beskikbaar sal wees.
Na verwagting gaan die enkelkajuit modelle met handraste toegerus word terwyl die outomaties aandrywing soortgelyk aan die Duster, vir die 4-trek topmodel diesel beskore is. Duidelikheid hieroor sal waarskynlik nader aan die plaaslike bekendstelling eers bekend word. | https://www.proagri.co.za/belowender-bakkie-oes-vir-sa-in-2021/ | 2021-01-18 12:25:25 |
Verbod op wynverkope: Stop die onsinnigheid | This post is also available in: English
Veel meer as die frustrasie in die markplek van wynliefhebbers wat sukkel om ’n bottel wyn in die hande te kry of van gaste wat die Boland droëbek besoek omdat wynproe by ’n duur kelderrestaurant ook verbied is, ly boere, werkers en dorpe onder ’n drakoniese maatreël wat die verkoop en vervoer van wyn verbied.
Met die verskoning dat alkoholverbruik tot huismoles, straatgeweld, ongelukke en ander euwels lei wat beddens in hospitale se hoësorgeenhede beset wat vir COVID-19-pasiënte beskikbaar moet wees, mag restaurantgangers nie eens ’n glasie wyn vir middagete koop nie.
’n Kombersverbod op alle alkohol is die stompste instrument wat die regering kán gebruik om ’n delikate operasie mee uit te voer. Intussen bloei honderde wynplase en tientalle dorpe dood, gaan werksgeleenthede vinniger verlore as wat COVID-19-geld in die staatsdiens wegraak en dreig een van Suid-Afrika se oudste landboubedrywe om deur die vloer te gaan.
Die argument dat ’n alkoholverbod beddens in hospitale beskikbaar maak soos wat ons oor Nuwejaar in hospitale beleef het, hou beslis water. Maar net soveel beddens word deur taxi-ongelukke in beslag geneem en daar is geen poging aangewend om hulle van ons paaie af te kry of selfs die passasiersbelading minder te maak nie. Die regering sê dat dit oor werk, inkomste en lewensbestaan gaan. Maar met watter mandaat kan die regering besluit dat die oorlewing van werksgeleenthede in die taxibedryf belangriker is as dié van die wynbedryf?
Daar is in elk geval ’n aandklokreël wat motoriste tussen 21:00 en 05:00 van die paaie af hou en wat deur beamptes en padblokkades gepolisieer word. Daar is geen rasionele rede om die voortbestaan van ’n familieplaas wat reeds eeue lank die Bolandse ekonomie aan die gang hou, in gedrang te bring omdat ’n kantoorwerker dink hulle kan daardeur ’n paar beddens vir COVID-19-pasiënte oophou nie.
In ’n soortgelyke saak het Saai en ander belanghebbendes ’n saak oor die tabakverbod voor die hof gebring en waarin ’n verdoemende uitspraak teen die grondwetlikheid en rasionaliteit van die verbod gelewer is. Ons kan aantoon dat 20 weke van ’n tabakverbod en die miljarde rande se skade aan die ekonomie, werksgeleenthede en lewensbestaan van derduisende gesinne volgens die staat se eie syfers dalk hoogstens 18 beddens kan spaar!
Wyn is ’n landbouproduk en wyn en kos gaan saam, daarom kan ’n mens dit (anders as ander alkohol) van rakke in supermarkte koop. Honderde wynboere staar ondergang in die gesig. Selfs as die bedryf nou weer van sy kettings bevry word, is die skade onherstelbaar .
Tenks en vate in kelders is vol en daar is nie plek vir 2021 se oes nie. Boere kry nie leweringskwotas nie en oestyd het begin. Jy kan nie ’n plaas vir ’n jaar sluit nie – veral nie nadat dit die vorige jaar gesluit was nie.
Een werker op ’n wynplaas het vir ons gesê hy sterf eerder aan COVID-19 as aan honger en verdriet; maar dood is dood!
Bron: Saai | https://www.proagri.co.za/verbod-op-wynverkope-stop-die-onsinnigheid/ | 2021-01-22 17:02:27 |
2020 Honda WR-V | This post is also available in: English
Deur DIRK GALLOWITZ van Ultimate Drive
Honda het sy pragtige WR-V laat laasjaar in Suid-Afrika bekendgestel met twee modelle, naamlik die intreevlak Comfort en ‘n luukser Elegance weergawe. Slegs een enjin, naamlik ‘n 1.2 liter petrol is beskikbaar.
In weerwil van die handige 177mm grondvryhoogte, is díe kompakte nutsvoertuig in wese maar ‘n stoftrapper en kompeteer plaaslik ondermeer met die Mahindra XUV 300, Ford EcoSport, Renault Captur, Suzuki Vitara en Hyundai Venue. Die nuweling, wat ‘n platform deel met die Honda Jazz en BR-V, voltooi Honda se reeks aktiwiteitsvoertuie saam met die BR-V, HR-V en CR-V.
Uiterlik is dit duidelik dat die WR-V tipies Honda is, met herkenbare stileringeienskappe by die LED hoofligte en C-vormige agterligte wat ook by ander Honda modelle gebruik word. Met ‘n aggressiewe en prominente voorkant, interessante agterklap-ontwerp, 16-duim sierwiele en dakrelings, vertoon die WR-V sportief en modern.
Die kajuit van die WR-V in topmodel Elegance afwerking is goed afgewerk en baie goed toegerus in terme van standaard toerusting. Die materiale en bougehalte, soos met meeste van die duurder modelle in die Honda modelreeks, vertoon van hoë gehalte en voel baie goed vir motors in hierdie prysklas.. Selfs die oppervlaktes wat met harder plastiek afgewerk is, vertoon smaakvol. Die kajuit bied gemaklik sitplek vir 4-5 volwassenes en selfs vir die 6-voet plussers soos ek was die kop-, skouer- en beenruimte indrukwekkend vir motors in hierdie segment.
Die Elegance topmodel is goed toegerus en bied ondermeer standaard toerusting soos ‘n 7” raakskerm vir die klank-, kommunikasie en inligtingstelsel. Die klankstelsel sluit ses luidsprekers in en kan jou gunsteling musiek via Bluetooth™ deur middel van Android Auto en Apple CarPlay speel. Die stelsel verbind ook telefoonskakeling en satelietnavigasie maklik met die raakskerm. Ook die tru-kamera beelde word in hoë definisie beelde vertoon.
Verder is elektries verstelbare kantspieëls, outomatiese lugversorging, verstelbare multifunksie stuurwiel, spoedbeheer asook sleutellose toegang en aansit ook ingesluit as standaard funksies.
Passiewe en aktiewe veiligheidstelsels is by beide die WR-V modelle verteenwoordig met ondermeer 6 lugsakke, ABS met EBD en remhulp.
Waar die nuweling egter die meeste imponeer is met die gebruik van dieselfde “Magic Seat”-stelsel wat soortgelyk is aan wat in die Honda Jazz te vinde is. Hierdie innoverende, gebruikersvriendelike en uiters praktiese manier om die agterste ry sitplekke, wat met ‘n 60/40 platvou opsie in verskeie posisies kan platvou om op die vloer weg te stoor, bly indrukwekkend. Volgens Honda bied die laairuimte 363 liter pakplek met die sitplekke regop, wat tot 881 liter vergroot met die sitplekke platgevou. Honda bly die leiers in slim, praktiese verpakking van hulle motors se kajuitruimtes.
Die WR-V is ‘n oulike motortjie, maar die 1.2-liter petrol enjin sou kon doen met turbo-aanjaging. Hier by ons teen kusvlak is dit nog aanvaarbaar en minder opmerklik, maar aan die Gautengse hoëveld gaan die klein oondjie wat 66kW en 110Nm se piekkragte lewer, na my mening asmaties raak wanneer daar vier volwasse passasiers gelaai is.
Aandrywing na die pad is deur die voorwiele met behulp van ‘n juweel van ‘n 5-spoed handratkas met lieflike kort oorgooie en gladde skakelings. Honda se amptelike brandstof verbruik word aangegee as 6.4l/100 km in ‘n gekombineerde siklus van stad- en ooppadry.
Tydens die bekendstellingsrit in die topmodel was ons beïndruk met die paddinamika en hantering van die buksie. Ook die relatiewe stil kajuit teen togsnelhede is noemenswaardig. Die pragtige Boland se kronkelpaaie het stuurgevoel en goeie balans deur draaie bevestig, terwyl die 3 silinderenjintjie heel gewillig was om effe aangestoot te word. Lang opdraendes mag dalk hoër bo seespieël ‘n probleem wees, maar hier in die Wes-Kaap sou ons selfs onder die Coravirus-pes kon uitjaag as dit daardie tyd ‘n bedreiging was.
Die Honda WR-V is goed geprys in sy segment en word verkoop met ‘n 5m jaar/200 000 km waarborg,
4 jaar/60 000 km diensplan en ‘n 3 jaar AA padbystanddiens by die prys ingesluit.
1.2 Comfort R289 900
1.2 Elegance R319 900 | https://www.proagri.co.za/2020-honda-wr-v/ | 2021-01-24 17:14:15 |
Strukturele veranderinge versterk Case IH se Suid-Afrikaanse handelaarsnetwerk | This post is also available in: English
CNH Industrial het sy plaaslike teenwoordigheid versterk met die verkryging van vier besighede van Capital Equipment Group (CEG), wat die Case IH-verspreider Northmec insluit.
Die verworwe afdelings sal deel vorm van ‘n regsonderneming van CNH Industrial wat in Suid-Afrika gevestig is. Paradiso, Switserland, 12 Januarie 2021 Case IH se verbintenis tot die lewering van ‘n buitengewone kliënte-ervaring sal na verwagting verder verbeter word deur die onlangse verkryging van die Suid-Afrikaanse verspreider Northmec, deur die moedermaatskappy CNH Industrial. Northmec is een van die vier besighede wat verkry word van CEG, ‘n sake-eenheid van Humulani Marketing Pty Ltd, wat uiteindelik besit word deur Invicta Holdings Limited.
Die ander afdelings is toerustingsverspreider CASE Construction (CSE); onderdeleverspreider NHSA; en Landboupart, ‘n verspreider van onderdele en implemente vir landboutoerusting. Hierdie vier afdelings, wat deel uitmaak van ‘n CNH Industrial-regspersoon wat in Suid-Afrika gevestig is, sal voortgaan om sake te doen onder hul gevestigde markidentiteite. Nadat hy al langer as ‘n eeu in die land sake gedoen het, is Northmec die mees gevestigde verspreider van landboutoerusting in Suid-Afrika.
Die maatskappy is die enigste verspreider van Case IHmasjinerie, en bied met sy werktuie en ander landboutoerusting ‘n volledige reeks vir Suid-Afrikaanse boere. CNH Industrial sal die verhouding tussen die Case IH-handelsnaam en sy klante in Suid-Afrika en ander markte in Suider-Afrika versterk deur die operasionele bestuur van sy kommersiële verspreidings- en na-marknetwerk oor te neem. Case IH se produkaanbod, verkope en na-aflewering dienste sal steeds gelewer word volgens die hoë standaard wat deur klante verwag word, het Jacques Taylor, die nuwe besturende direkteur van Northmec, gesê.
Jacques Taylor
Hy het verduidelik hoe die handelsmerk sal mik om ‘n bydrae te lewer tot die toekomstige groei van landbou in die streek deur sy verbintenis tot gehalte deur middel van innovasie, gevorderde tegnologie, kundigheid in landboupraktyke en professionele ondersteuning.
Voorheen was Taylor die besturende direkteur van die Afrika-afdeling, suid van die Sahara, van John Deere Financial. Voordat hy by John Deere aangesluit het, het Taylor vir Standard Bank gewerk en het hy drie jaar na Lagos verhuis om aan die hoof te staan van die landbou-afdeling by die bank se Nigeriese eenheid, Stanbic IBTC. Hy is ook ‘n deeltydse boer.
Na die finale goedkeuring deur die Mededingingskommissie van Suid-Afrika en die daaropvolgende sluiting van die ooreenkoms, het Federico Bellotto, die nuut aangestelde Hoof van Landbou en Konstruksie vir CNH Industrial Agriculture and Construction Suid-Afrika en Suid-Afrikaanse Doeaneunie bevestig dat die handelsmerk daarop gemik is om ‘n sterk fokus op sy besigheid in hierdie gebied te wy en klante die beste ondersteuning te bied en te verseker dat die produkaanbod vir die mark perfek ooreenstem met die spesifieke vereistes van die plaaslike landbou.
Federico Bellotto
Bellotto, wat voorheen die besigheidsdirekteur van New Holland Landbou was, het gesê dat hierdie belegging ‘n besondere mylpaal is vir CNH Industrial in die Republiek van Suid-Afrika, een van die belangrikste markte vir die maatskappy in Afrika en die Midde-Ooste, sowel as die wyer Suider-Afrika gebied. Dit bewys ook die vertroue van die maatskappy in die landboupotensiaal in die streek, wat byna ‘n derde van die produksie van die hele vasteland uitmaak.
Bron: CNH Industrial Agriculture & Construction & Gemma Holly Case IH | https://www.proagri.co.za/strukturele-veranderinge-versterk-case-ih-se-suid-afrikaanse-handelaarsnetwerk/ | 2021-01-12 16:06:11 |
Met medelye: prof. Mohammad Karaan | This post is also available in: English
Dit is met groot skok en leedwese dat Saai van prof. Mohammad Karaan se afsterwe verneem. Prof. Karaan het baanbrekerswerk op akademiese, politieke en ekonomiese terreine in die landboubedryf verrig.
Hy was die stem van redelikheid in ’n spanningsvolle era waarin daar oor die hoe, die wat en die waar oor grondhervorming besin moes word. Hy het die landbousektor op ’n voortreflike wyse by die nasionale beplanningskommissie gedien en was die argitek van hoofstuk 6 van die nasionale ontwikkelingsplan (die sogenaamde Karaan-plan). Dit is en bly steeds die mees suksesvolle model vir grondhervorming in Suid-Afrika en is ook met groot sukses elders in Afrika toegepas.
Prof. Karaan was self ’n aktiewe boer en het sowel die teoretiese as praktiese dele van landbou grondig verstaan. Hy was geliefd onder boere en laat met sy heengaan ’n onvulbare leemte.
Saai sal aanhou streef om die modelle wat hy ontwikkel het vir volhoubare grondhervorming te bevorder en is saam met Agri All Africa betrokke by ’n aantal projekte waar dit prakties toegepas word.
Bron: Saai | https://www.proagri.co.za/met-medelye-prof-mohammad-karaan/ | 2021-01-13 17:14:20 |
Lewenslank toegewying aan PJ Olivier | Met ‘n 64-jaar-oud verwantskap met PJ Olivier, loop die skool diep in Reinet Crous se bloed. Crous tree af na ‘n 30 jaar as onderwyseres.
Crous begin in 1967 haar skoolloopbaan as Sub A-dogter by PJ Olivier. Sy voltooi haar matriek ook by PJ Olivier in 1978 en sal onthou word as ‘n kranige atleet.
In 1989 sluit sy weer by die skool aan as ‘n aflos-onderwyseres en aanvaar in 1991 ‘n permanente pos.
Vir die afgelope 30 jaar blink sy uit as ‘n toegewyde laerskool-juffrou, die laaste 10 jaar daarvan as Graad 1-juffrou.
In ‘n verklaring van die skool, se hoof Joubert Retief, “Ons groet haar met ‘n swaar hart, maar wens vir haar ‘n voorspoedige en vreugdevolle aftrede toe. Dit is moeilik om te dink dat PJ vir die eerste keer in baie jare sonder haar sal begin. Haar vriendelikheid, bedagsaamheid, opregte belangstelling en omgee is enkele van haar pragtige eienskappe.
“Crous se optrede getuig altyd van respek teenoor ander, integriteit vir dit wat reg is en ‘n hart vir haar medemens. Sy het elkeen van haar leerders geken en liefgehad soos haar eie. Ons is dankbaar dat sy vir soveel jare getrou met die skool haar liefde gedeel het, en gaan baie na haar verlang.” | https://www.grocotts.co.za/2021/01/29/lewenslank-toegewying-aan-pj-olivier/ | 2021-01-29 15:51:09 |
UEFA anketinde Merih Demiral, Matthijs de Ligt'a fak attı | https://t24.com.tr/haber/uefa-anketinde-merih-demiral-matthijs-de-ligt-a-fak-atti,919819 | 2020-12-16 00:00:00 |
|
Slangbyt: Elné wag op veloorplantings | Elné Erasmus (21) van Thabazimbi wat op Maandag 11 Januarie in haar ouerhuis op ’n plaas net buite Thabazimbi deur ’n Mosambiek spoegkobra gebyt is, het Vrydag 22 Januarie ’n tweede operasie in die Steve Biko Akademiese Hospitaal ondergaan om dooie weefsel, wat deur die slanggif aangetas is, verder te verwyder.
Tydens ’n telefonies gesprek het haar ma, Elna, gesê dat al die dooie weefsel tydens die operasie verwyder is en die wond word nou deur ’n spesiale pleister bedek wat die aangetaste areas, waar die vel verwyder moes word, te stimuleer en voor te berei vir die nuwe vel wat oorgeplant word.
Volgens haar is die dokters tevrede met Elné se vordering en alhoewel die pleister gewoonlik sowat 21 dae op die wond gehou word, gaan die dokters Maandag die pleister lig om te bepaal wanneer hulle die eerste veloorplantingsoperasie gaan uitvoer. Elné is vol moed om vir die volle 21 dae steeds in die hospitaal te vertoef, solank haar hand net genees.
Die wond aan Elné se hand, waar die Mosambiekse spoegkobra haar gebyt het, na die operasie waar die beskadigde vel verwyder is en haar arm oopgesny is om dooie weefsel te verwyder.
Spesiale pleisters bedek die area van haar hand en arm waar veloorplantings gedoen moet word. Die spesiale apparaat op haar arm verwyder alle vog deur die poreuse pleister.
Elna het ook laat weet dat Elné minder pyn ervaar en dat sy, alhoewel swak, haar vingers nou ook weer ’n bietjie kan beweeg. Sy het verder genoem dat dit ’n lang proses van baie oefening en fisioterapie gaan kos, maar dat sy die volle werking van haar hand sal terugkry.
Johan en Elna bedank weereens die gemeenskap, vriende en familie wat hulle so goed ondersteun asook vir die boodskappies van ondersteuning wat hulle daagliks ontvang. ’n Spesiale dank aan Elné se oom Dirk wat vir die suurstofrekening instaan.
Bydraes word steeds benodig om met verdere behandeling en uitgawes te help. Indien u kan help word u versoek om geld by FNB takkode 250655 op die rekening van E Erasmus, rekeningnommer 625 203 71965 in te betaal. Elke sent word opreg waardeer. | https://www.kwevoel.co.za/2021/01/29/slangbyt-elne-wag-op-veloorplantings/ | 2021-01-28 23:42:20 |
Operasie aan hand en arm | Elné Erasmus (21) van Thabazimbi wat op Maandag 11 Januarie in haar ouerhuis op ’n plaas net buite Thabazimbi deur ’n Mosambiek spoegkobra gebyt is, is verlede week in die Steve Biko Akademiese Hospitaal in Pretoria opgeneem waar ’n operasie op haar erg beseerde regterhand 11 uur Dinsdagaand, 19 Januarie, uitgevoer is.
Volgens haar ma, Elna, het hulle Woensdagoggend kontak met die saalsuster gehad wat gesê het dat die operasie goed afgeloop het en dat Elné positief is daar waar sy langs die bed sit wat hulle besig is om op te maak. Intussen het Elné ook ’n stemboodskap aan haar ouers gestuur waarin sy meer oor die operasie self vertel het.
Elna het vertel hoe frustrerend dit was om geen kontak te hê aangesien hulle Dinsdagaand geen sein gehad het nie. “Vanoggend (Woensdagoggend) moes ek ’n hele ent van die huis af wegbeweeg om enigsins ’n sein te kry om navraag te kon doen oor Elné se toestand,” het Elna aan Kwêvoël genoem.
Die wond aan Elné se hand waar die Mosambiek spoegkobra haar gebyt het. Gedurende die operasie is die aangetaste swart gedeelte vel verwyder.
Elné was Maandag 11 Januarie besig om te pak nadat sy ’n werkaanbod in Pretoria ontvang het. Sy was besig om klere uit haar hangkas te haal toe sy deur die slang, wat tussen die klere was, aan die hand gebyt is.
Die wond was besonder diep en nadat sy aanvanklik goed op die teenmiddel gereageer het, het haar hand en arm geweldig begin swel, sodanig dat sy alle gevoel in haar vingers verloor het en ook nie haar vingers kon beweeg nie.
Dokter Andries Buys wat haar behandel het, het ’n slangbytkenner genader wat addisionele mediese behandeling voorgeskryf het. Elné het aanvanklik goed op die behandeling gereageer en die swelsel het gesak. Gevoel het in ’n mate weer na haar vingers teruggekeer maar het haar toestand was steeds erg.
As gevolg van die diep wond het haar hand erge weefselskade opgedoen. Nadat haar ouers uitgevind het dat daar ’n uitstekende navorsingseenheid oor slangbyte by die Steve Biko Akademiese Hospitaal in Pretoria is, het hulle besluit dat dit beter sou wees dat sy daar verder gespesialiseerde behandeling ontvang. Reëlings is getref en haar broer Wynand het met haar Pretoria toe deurgejaag.
Elné in die Steve Biko Hospitaal in Pretoria waar sy hiperbariese suurstofbehandeling ontvang om die effek van die slanggif vinniger te laat uitwerk.
Maandag 18 Januarie het hulle besluit om vir eers nie te opereer nie, maar eers hiperbariese suurstofbehandeling toe te dien, waar suiwer suurstof onder hoë druk deur die vel ingepers word. Op hierdie manier word die werking van oorblywende slanggif bespoedig en die aangetaste weefsel vinniger afsterf. Na die eerste sessie in die suurstoftenk is besluit dat sy Dinsdag nog ’n twee uur-lange behandeling met die suurstof moet ondergaan voordat hulle sou opereer.
Tydens die operasie is die dooie weefsel tussen die been en spier-weefsel uit die wond, wat nou vanaf haar gewrig tot by haar elmboog strek, verwyder. Die wond word vir 48 uur oop gelos voordat die volgende operasie gedoen word om verdere dooie weefsel te verwyder. Die proses sal herhaal word totdat die wond heeltemal skoon is waarna daar met die oorplantingsprosesse begin kan word.
Elna is Dinsdagoggend deur na Pretoria om naby Elné te wees. Sy het toe telefonies aan Kwêvoël gesê dat dit ’n lang proses gaan wees maar beslis ’n vinniger en beter pad tot herstel. Johan en Elna bedank dan ook almal vir die wonderlike ondersteuning en gebede. Elna moes toe onverrigte sake weer na Thabazimbi terugkeer aangesien geen besoekers weens die tweede vlaag Covid-19 ongevalle toegelaat word nie.
Medies kostes hoop daagliks op en ’n beroep word op die gemeenskap gedoen om te help verseker dat Elné volkome herstel deur steeds bydraes te maak om al die mediese kostes te dek. Haar ouers bedank almal uit die diepte van hul harte wat hulle reeds so goed ondersteun het met bydraes.
Elné, wat werkloos is, se ouers, Johan en Elna Erasmus, beskik nie oor ’n mediese fonds nie aangesien Johan sy werk en sy besigheid in Thabazimbi verloor het as gevolg van die erge inperking beperkings waaronder Suid-Afrika reeds vir die afgelope 10 maande gebukkend gaan. As gevolg van die feit dat hulle geen inkomste meer gehad het nie, het Johan se mediese fonds verval. Johan het nie gaan stilsit nie en het dadelik ingespring om te red wat te redde was deur nou van die plaas af te werk.
Indien u kan help word u versoek om geld by FNB takkode 250655 op die rekening van E Erasmus, rekeningnommer 625 203 71965 in te betaal. Elke sent word opreg waardeer. | https://www.kwevoel.co.za/2021/01/21/slangbyt-volgende-stap-operasie-aan-hand-en-arm/ | 2021-01-21 02:58:50 |
Siekte eis een van Thabazimbi se kranige boorlinge | Riaan Vorster (60), ’n kranige boorling van Thabazimbi wat hom in die regte bekwaam het en op Thabazimbi as sakeman sy plek in besigheid volgestaan het, is Sondag 13 Desember 2020 oorlede nadat hy vanaf Oktober verlede jaar bedlêend was.
Riaan is in Desember 2009 met ’n breingewas gediagnoseer. Die gewas is tydens ’n operasie verwyder en hy het daarna bestraling daarvoor ontvang. Die gewas het egter na vyf jaar weer teruggekeer. Gedurende 2017 het hy gammamesbestraling ontvang wat die gewas laat begin krimp het.
’n Tweede gewas is gedurende 2020 gediagnoseer wat sy toestand baie vinnig agteruit laat gaan het en sy vermoë om te loop en praat erg aangetas het. Vanaf einde Oktober verlede jaar was hy bedlêend.
Riaan is op Donderdag 10 Desember 2020 in Mediclinic in Thabazimbi opgeneem nadat hy slukprobleme begin ervaar het en is Sondag 13 Desember daar oorlede.
Riaan se ouers, Piet en Miempie Vorster het op 1 April 1959 vanaf Potgietersrus na Thabazimbi verhuis waar Piet by YSKOR werk aanvaar het. Gedurende 1983 het hy as Bestuurder Instandhouding uit diens van YSKOR getree en was daarna voltyds by die gesin se besigheid, VMR Grondverskuiwings, betrokke. Intussen het hy en sy eggenote, Miempie, Louis Garage wat op dieselfde perseel as Thaba Spar was, die huidige Junction Winkelsentrum, sedert 1960 tot 1981 bedryf.
Riaan Vorster (60) van Thabazimbi is Sondag 13 Desember 2020 oorlede na ’n jarelange stryd teen kanker.
Riaan is op 25 Februarie 1960 op Thabazimbi gebore. Hy begin sy skoolloopbaan by Laerskool Thabazimbi in 1965 en in 1970 hervat hy dit by Laerskool Meyerton. In 1977 behaal hy sy matriek aan die Hoërskool Dr. Malan in Meyerton.
Vanaf Januarie 1981 tot Desember 1986 het hy deeltyds by VMR gewerk terwyl hy verder deur Unisa gestudeer het. Gedurende die tydperk 1984 tot 1990 verwerf hy drie grade naamlik B.Juris in 1984, LL.B. in 1987 en sy BA graad met Kriminologie en kommunikasiekunde as hoofvakke in 1990. Laasgenoemde graad het hy uit verveeldheid met sy dienspligjare aangepak om die tyd om te kry. Riaan word in 1988 toegelaat as advokaat.
Gedurende 1989 het hy werk as regsbeampte by die Multilaterale Motorongelukkefonds (vandag bekend as die Padongelukkefonds) aanvaar en vorder hy vinnig tot Eisebestuurder van tref-en-trapongelukke. Hy bedank gedurende 2001 om sy pa by te staan met die uitbreiding van VMR. Hier het hy tot 2017 gewerk toe sy siektetoestand hom genoop het om op te hou met werk as gevolg van ’n gebrek aan konsentrasievermoë en hy bewegingsprobleme ontwikkel het. Gedurende dieselfde jaar, op 15 Januarie 2017, is sy pa, Piet Vorster, oorlede.
Riaan het sy eggenote, Lorraine, in 1988 ontmoet terwyl hy sy diensplig by die Afdeling Personeel van die Suid-Afrikaanse Weermag in Pretoria gedoen het en hulle in verskillende afdelings op dieselfde vloer in die Hallmarkgebou gewerk het. Die twee is gedurende 1990 getroud.
Uit hulle huwelik is twee dogters gebore naamlik Nadia (29), Engelsonderwyseres by Hoërskool Pionier in Vryheid en Carmen (26), aanlyn bemarker vir die internasionale regsfirma Hogan Lovells.
Lorraine is sedert 2009 as Afrikaansonderwyser by Hoërskool Frikkie Meyer betrokke en gemoeid met redenaars en debat.
Lorraine het aan Kwêvoël vertel dat Riaan ’n oop hand vir die gemeenskap gehad het en dat hy gereeld verdienstelike gevalle ondersteun het. Hy sal veral onthou word vir sy spesiale, eiesoortige humorsin en skerp intellek. Riaan was ook besonder lief vir sport en het ’n wye algemene kennis oor feitlik alle sportsoorte gehad.
Die gedenkdiens het Vrydag 18 Desember in die NG Kerk Thabazimbi plaasgevind.
Hy word oorleef deur sy ma Miempie, eggenote Lorraine en twee dogters. | https://www.kwevoel.co.za/2021/01/14/siekte-eis-een-van-thabazimbi-se-kranige-boorlinge/ | 2021-01-14 02:06:59 |
Kommentaar: Geveg om Covid-19 entstof | President Cyril Ramaphosa het tydens die virtuele Wêreld Ekonomies Forum, wat op 35 Januarie afgeskop het, in sy toespraak verwys na sogenaamde ‘entstof nasionalisme’.
Hiermee het hy ryk lande daarvan beskuldig dat hulle groot hoeveelhede entstof, soms vier maal meer as wat hulle vir hulle totale bevolking benodig, by die ontwikkelaars en vervaardigers van Covid-19 entstowwe aangekoop het en dit net eenvoudig vir hulself hou.
Ramaphosa het gesê dat sommige ryk lande hierdie entstowwe vashou en hy sê-aan hierdie lande om die oormaat entstowwe wat hulle bestel en bymekaargemaak het vry te stel. Hy het ook gesê dat daar is geen doel daarin dat ’n land van miskien 40 miljoen inwoners 120 miljoen en selfs soveel as 160 miljoen dosisse entstof aanskaf nie. Dit terwyl die wêreld toegang tot daardie entstowwe nodig het.
Terwyl hy beweer dat daar marginale suksesse deur Afrika taakspanne was in die verkryging van entstowwe, het hy die ryk land versoek om entstof te voorsien sodat die wêreld die virus saam kan beveg. Hy het bygevoeg dat hy nie verwag dat die entstowwe weggegee word nie, maar die gebakte hande is tog uitgesteek toe hy genoem het dat finansiële bystand verwelkom sal word.
Kommentaar deur Pieter Coetee
Bron: Angry SAs speak: Quit the vaccine blame game, Mr President
BizNews – 27 Januarie
Read more at BizNews as well as comments – Lees meer kommentaar | https://www.kwevoel.co.za/2021/01/28/kommentaar-geveg-om-covid-19-entstof-ramaphosa-blameer-ryk-lande/ | 2021-01-28 09:37:24 |
Finansiële hulp dringend nodig na Spoegkobra-byt | Die opwinding van ’n gesin van Thabazimbi oor ’n tydelike werk vir hul dogter in die stad, het Maandag 11 Januarie oorgeslaan in skok toe sy deur ’n slang gebyt is terwyl sy en haar ma omstreeks 3 uur die middag besig was om haar klere uit te sorteer wat sy saam met haar wou neem.
Vroeër die dag het ’n vriendin van Johan en Elna Erasmus geskakel en verneem of hulle dogter, Elné (21), dalk sou belangstel om vir ’n tyd lank by haar te kom werk. Die vriendin bedryf haar eie fiosioterapeutiese praktyk en sy benodig iemand om in die kantoor te help as gevolg van ’n personeeltekort veroorsaak deur die nuwe Covid-19 beperkings. Sy het gehoop dat Elné haar dalk hiermee sou kon help. Dit was redelik dringend en sy moes hierdie week Donderdag reeds daar wees.
Die voorval het gebeur net nadat Elné die kasdeur oopgemaak het om klere uit te haal. Toe sy haar hand tussen die hangers met klere insteek om dit van die stang af te haal het sy skielik ‘n erge pyn aan haar hand gevoel en onmiddellik besef dat sy deur ’n slang gebyt is. Volgens Elna, wat by haar gestaan het, het Elné hard gegil, haar hand uit die kas geruk en al gillend die gang afgestorm na buite.
Elna het ook nie geweifel nie en die kasdeur dadelik toegestamp, die kamerdeur agter haar toegetrek en agter haar dogter aangehardloop. Haar man, Johan, wat buite besig was om aan sy bakkie te werk, het die gille gehoor en alles net so gelos en huis-toe gestorm. By die buitedeur het hy vir Elné gekry en vasgegryp. Hy het onmiddellik sy mond op die wond gesit en begin om die gif uit te suig.
Elné in Mediclinic Hospitaal nadat sy Maandag deur ’n Mozambiek spoegkobra gepik is. Alhoewel die swelling in haar arm gesak het nadat sy Dinsdagmiddag ’n terugslag gehad het, is sy steeds baie siek. (Foto’s verskaf)
Elna het aan Kwêvoël vertel dat die eerste spoeg wat hy gegee het die ene geel slanggif was. Hy het op haar geskree om gou water te bring om sy mond mee uit te spoel. Die eerste beste water wat sy in die hande kon kry, was die ketel met koue water in die kombuis. Sy het die water sommerso uit die ketel in sy monde gegooi wat hy dan weer uitgespoeg het om nog meer van die gif te probeer uitsuig.
Intussen het Elna ’n ou T-hemp op die stoep gekry wat sy in repe geskeur het en dit styf om Elné se hand gebind het om die bloedvloei te vertraag.
Die Erasmus gesin bly op die plaas Boschfontein naby Zimthabi, sowat 15 km buite Thabazimbi. Johan het onmiddellik vir Elné in die kar gelaai en met haar deurgejaag na dr Andries Buys se spreekkamer in die dorp waarna dr Buys hulle na die Mediclinic Hospitaal in Thabazimbi vergesel het.
Intussen het Elna en haar seun die slang gaan soek om dit te identifiseer. Toe hulle die kas baie versigtig oopmaak was die slang nêrens te sien nie. Hulle het toe besef dat die slang onder lappe onder in die kas moes ingeseil het. Die enigste manier hoe hulle die slang daar kon uitkry, was om kookwater op die lappe te gooi wat dan ook die gewenste uitwerking gehad het.
Die slang was erg omgekrap en het in ’n stadium haar seun gespoeg. Sy bril het gelukkig gekeer dat die gif in sy oë beland. Hulle het die slang doodgemaak en gesien dat die knaap van sowat ’n meter lank, ’n Mozambiekse spoegkobra is. Johan is hiervan in kennis gestel en daar kon toe met behandeling voortgegaan word.
Elné se hand, waar die Mozambiekse spoegkobra haar gebyt het, is steeds erg gekneus en opgeswel.
Elna sê dat die slang haar dogter redelik diep gepik het en alhoewel Elné baie pyn en lighoofdigheid verduur, reken dr. Buys dat hulle betyds met behandeling begin het en dat hy tevrede met haar vordering is. Volgens Elna het hulle elf ampules teengif toegedien.
Elné moes Maandagnag in die intensiewe eenheid deurbring en is Dinsdag na ’n gewone saal oorgeplaas. Haar lyf was steeds seer en volgens haar ma het sy gesê dat haar lyf gevoel het asof sy met ’n gasvlam gebrand is.
Komplikasies het egter Dinsdag laatmiddag ingetree en sy is weer op ’n drip geplaas toe haar arm begin swel en sy gevoel in haar vingers verloor het. Kundiges op die gebied van slangbyte is geraadpleeg en die behandeling is aangepas om die komplikasies teen te werk. Woensdagoggend vroeg het dr Buys haar ouers gekontak en gesê dat Elné goed op die behandeling reageer. Die swelling het gesak en sy het weer gevoel in haar vingers. Sy kan ook weer haar vingers beweeg. Haar toestand is steeds ernstig en sy is baie siek.
Johan het sy besigheid en werk as gevolg van die Covid-19 pandemie verloor toe hy sy deure weens die streng inperking beperkings moes sluit. Die gevolg was dat hulle hul medies verloor het toe hulle nie meer die mediesefondstariewe kon betaal nie. Die hospitaal het R20 000 geëis voordat enige opname gemaak word. Die gesin kon deur die milde bydraes van vriende en inwoners van Thabazimbi Maandagmiddag reeds R10 000 neersit en het Dinsdagoggend nog R10 000 inbetaal. Dit is moontlik gemaak deur die poging van veral drie van Elné se vriendinne, Stef, Simoné en Umarie wat die boodskap uitgestuur het en ook die hulpfonds gestig het.
Elna was baie emosioneel toe sy vertel het hoe ongelooflik dit is om te sien hoe die mense tot nou toe tot hul redding gekom het deur hulle harte oop te maak om vir Elné te help. Sy sal ten minste vir nog ’n paar dae in die hospitaal moet vertoef terwyl sy gemonitor word om te sien hoe sy verder op die behandeling reageer.
Elna wil hierdeur ook die verpleegpersoneel van Mediclinic Hospitaal en in besonder dr. Buys vir hulle toegewydheid bedank om net die beste sorg vir Elné te verskaf.
Die geld wat reeds inbetaal is, gaan nie die volle tyd kan dek nie en Johan en Elna doen ’n beroep op die gemeenskap op hulle harte verder oop te maak om waar moontlik ’n bydrae te maak om te verseker dat Elné die nodige behandeling kan ontvang.
Indien u kan help word u versoek om die geld by FNB takkode 250655 op die rekening van E Erasmus, rekeningnommer 625 203 71965 in te betaal. | https://www.kwevoel.co.za/2021/01/14/finansiele-hulp-dringend-nodig-na-spoegkobra-pik/ | 2021-01-14 04:16:53 |
Ivermectin -Beheerraad skep weg vir navorsing | Die hoof uitvoerende beampte van die Suid-Afrikaanse Gesondheidsprodukte Beheerraad (SAHPRA), Boitumelo Semete-Makokotlela, het aangekondig dat die weg geskep is vir ’n toegang-program vir die beheerde gebruik van ivermectin vir pasiënte wat aan Covid-19 lei.
Sy het gesê dat baie spesifieke riglyne vir hierdie program binne die eerskomende paar dae aangekondig sal word.
Dieselfde goedkeuring sal hier van toepassing wees as vir medisyne wat nie in Suid-Afrika geregistreer is vir menslike gebruik maar wat met veiligheid en suksesvol in ander lande gebruik word.
Volgens Semete-Makokotlela sal professionele gesondheidsverskaffers behoorlik aansoek moet doen om te verseker dat hulle die verantwoordelikheid vir doeltreffende veiligheid en monitering van die produk aanvaar.
“Hiermee word ’n groot verantwoordelikheid op die skouers van die professionele gesondheidsverskaffers geplaas,” het sy gesê.
Aangesien die middels wat deel van die program vorm vir menslike gebruik, nie vir diere nie, vervaardig moet wees en gegewe dat daar geen so ’n produk in Suid-Afrika beskikbaar is nie, moet dit vanaf ’n betroubare verskaffer ingevoer word.
Volgens die voorsitter van die SAHPRA Raad, professor Helen Rees, is hulle volkome bewus van die desperate situasie wat heers en dat onwettige gebruik op sigself ’n veiligheid bekommernis inhou wat ook in berekening gehou moet word.
“Ons het geen beheer oor die toepaslike dosis of frekwensie daarvan, indien ivermectin onwettig voorgeskryf of toegedien word nie, maar ten minste is daar nou ’n weg oop wat die reguleerder magtig om die middel te monitor en data in te samel.”
Read More – Lees meer
Bron: Daily Maverick – Article by Mark Heywood• 27 January 2021 | https://www.kwevoel.co.za/2021/01/28/ivermectin-beheerraad-skep-weg-vir-navorsing/ | 2021-01-28 07:29:23 |
Besige Desember vir AfriForum se Noordstreek-Beheerkamer | AfriForum se Noordstreek beheerkamer het ’n besige tyd gedurende Desember 2020 beleef deur bystand aan verskeie AfriForum Buurtwagte in die noordstreek te verleen. Die Noordstreek bestaan uit die Gauteng, Limpopo en Mpumalanga provinsies.
Die beheerkamer het gedurende Desember 2020 sowat 260 gevalle hanteer. Van die vernaamste gevalle het motorongelukke en noodgevalle ingesluit en verskeie verdagtes is aangekeer nadat die beheerkamer hulp ontbied het.
Een van die hoogtepunte was die geval waar ’n verdagte tydens ’n huisbraak in Polokwane vasgetrek is nadat die beheerkamer berig hieroor ontvang het en die SAPD na die toneel ontbied het.
Rowers wat by ’n gewapende rooftog in Bela-Bela betrokke was, is deur die SAPD in hegtenis geneem nadat die beheerkamer die SAPD ontbied het en hulle toegeslaan het.
Na ’n motorongeluk in Centurion het die beheerkamer ook die SAPD en die nooddienste na die toneel ontbied, so-ook het hulle bystand verleen deur die nooddienste te ontbied vir ’n manlike pasiënt in Lephalale wat asemhaling probleme ondervind het. Die nooddienste het betyds opgedaag om hom by te staan en hulp te verleen.
Tydens ’n huisbraak in Krugersdorp en gedurende ’n soortgelyke misdaad in Standerton is ’n verdagte in elke voorval vasgetrek nadat die beheerkamer die betrokke SAPD eenhede daarvan in kennis gestel het.
Hillel Coetzer, AfriForum se Veiligheidshoof in die noordstreek.
Hillel Coetzer, AfriForum se Veiligheidshoof in die noordstreek, het gesê dat die suksesse wat behaal en die bystand wat verleen word, word deur hierdie beheerkamer beklemtoon en wys weereens op die belangrike rol wat die beheerkamer speel om die gemeenskappe te versterk en te beveilig.
“Die AfriForum-buurtwagte is daagliks besig om hulle gemeenskappe te beveilig en dit is juis vir hierdie rede wat AfriForum projekte soos hierdie aanpak om seker te maak dat ons lede, wat vrywillig hulle tyd opoffer, beter hulpbronne het om optimaal te funksioneer en misdaad binne die raamwerk van die wet te bekamp,” het Coetzer ter afsluiting gesê.
Raak vandag nog by AfriForum betrokke en maak ’n verskil in jou gemeenskap: SMS “Noord” na 45353 (R1). | https://www.kwevoel.co.za/2021/01/29/besige-desember-vir-afriforum-se-noordstreek-beheerkamer/ | 2021-01-29 00:04:09 |
Vragmotor vlieg in stukke oor treinspoor: Drywer en passasier slegs lig beseer | ’n Vragmotor met sy twee vragwaens het in stukke opgebreek nadat dit teen volle vaart die treinspoor by die T-aansluiting van die Lephalale-pad met Warmbadweg in Thabazimbi getref het. Een van die vraghouers en die kajuit het as gevolg van die geweldige impak aan die ander kant van die spoor in Stasiestraat beland.
Die ongeluk het omstreeks 11:30 op Maandag 28 Desember 2020 by aansluiting by die Junction Winkelsentrum gebeur.
Die SAPD se Lt Kol Mamphaswa Seabi het aan Kwêvoël gesê dat volgens die verklaring van die bestuurder van die vragmotor het hy versuim het om by die aansluiting te stop en toe oor die stopteken gery. By die treinspoor het hy gedraai waarna die voertuig die oorhoofse elektriese treinkabels getref het.
Die toneel in Stasiestraat van bo van die treinspoor af. Regs op die foto is die kajuit waar dit teen ’n boom tot stilstand gekom het. Die gat waar dit deur die heining gebreek het, kan links op die foto gesien word.
Alhoewel die kajuit op sy eie sowat 15m ver gevlieg het voordat dit teen ’n boom tot stilstand gekom het, het beide die bestuurder en sy passasier slegs ligte beserings opgedoen. Die twee beseerdes is vir behandeling na die hospitaal geneem waarna hulle ontslaan is, het Seabi genoem.
Stasiestraat, wat parallel met Warmbadweg aan die ander kant van die treinspoor loop, was vir twee dae gesluit terwyl opruimingswerk gedoen is.
Kragkabels het die wêreld vol gelê nadat die vlieënde wrakstukke ook ’n kragpaal aan die oorkant van die spoor getref het wat grootskaalse kragonderbrekings in verskeie dele van die dorp tot gevolg gehad het.
Dit was slegs blote geluk en die feit dat besighede vir die Feestyd gesluit was dat geen ander voertuie deur die voortsnellende vragmotor getref is nie aangesien hierdie aansluiting teen middag-etensuur redelik besig kan raak.
Die impak van die ongeluk was so erg dat beide die vraghouers asook die kajuit van die trekeenheid van hul onderskeie onderstelle losgebreek het en elk sy eie rigting op en oor die sowat 5m hoë wal en treinspoor gevind het. Die vraghouer van die een sleepwa het op die trajek te lande gekom terwyl die ander een met ’n groot gedeelte van sy vrag nog in die bak in Stasiestraat gelê het. Die kajuit het teen ’n boom aan die oorkant van Stasiestraat tot stilstand gekom.
Groot skade is ook aan die oorhoofse treinkabels en ’n spoorweg-kragpaal langs die trajek aangerig.
Links op foto is die onderstel van die perd terwyl een van die vraghouers met sy vrag op Stasiestraat tussen al die kragkabels beland het.
Die onderstelle van die twee sleepwaens wat sonder hulle vraghouers teen die treinspoor vasgehaak het.
Verwronge staal is al wat van die sleep-meganisme van die voorste sleepwa oorgebly het.
Die twee sleepwaens se onderstelle het in die pad wat deur die perd teen die wal uitgeploeg is vasgesteek terwyl hulle vraghouers verder aan beweeg het.
Op die foto is die vermiste gedeeltes van die beton-paalheining duidelik sigbaar. Weens al die ongelukke wat hier plaasvind, waartydens die betonheining gereeld in die slag bly, word die heining ook nie meer herstel nie.
Die vragmotor het blykbaar, net soos die twee soortgelyke ongelukke wat binne die bestek van een week, van 8 tot 12 April 2019, by hierdie aansluiting plaasgevind het, ook Natrium-as vanaf Botswana vervoer. Natrium-as word gebruik in die vervaardiging van korrel-chloor wat onder andere in swembaddens gebruik word.
Een van Kwêvoël se vroeë beriggewings oor hierdie ongelukke was op 4 Maart 2010 toe daar berig is oor ’n vragmotor nie betyds by hierdie T-aansluiting kon stop nie en die aansluiting versper toe dit gerol en op sy kant beland het. Dié ongeluk het die oggend om 03:45 gebeur terwyl daar min verkeer op die pad is. Dit is dieselfde jaar gevolg deur nog ‘n ongeluk op 10 September. (Sien by RELATED onder hierdie berig)
Sedertdien het daar reeds tientalle ongelukke plaasgevind waar weghol-vragmotors oor die aansluiting skiet en op die spoor of op hul kant op die aansluiting of langs die spoor tot stilstand kom.
In nog ’n ongeluk die oggend van 2 Augustus 2018 het ’n weghol-vragmotor oor die aansluiting gery en die agterkant van ’n skoolbus getref wat vanaf Amandelbult met leerlinge na Hoërskool Frikkie Meyer op pad was.
Gelukkig is niemand ernstig in hierdie ongeluk beseer nie. Indien die bus ’n paar sekondes later in die aansluiting was, sou dit ’n ramp gewees het.
(Foto’s: TLM Facebook) | https://www.kwevoel.co.za/2021/01/08/vragmotor-vlieg-in-stukke-oor-treinspoor-drywer-en-passasier-slegs-lig-beseer/ | 2021-01-08 01:06:47 |
ATKV Skryfkunskompetisie: Volwassenes deel verhoog met kinders | Wenners van die ATKV KunsteGrot Skryfkunskompetisie, wat reeds gedurende Augustus 2020 van stapel gestuur is, is op 5 Desember 2020 bekroon tydens ’n prysuitdelingsfunksie wat in die KunsteGrot op Thabazimbi aangebied is. Tydens die geleentheid het ouers en grootouers die verhoog saam met hulle kinders en. kleinkinders gedeel.
Die uitslag van die kompetisie-inskrywings is reeds aan die begin van November ontvang maar weens verskeie ander toekenningsfunksies wat ook in die KunsteGrot aangebied is, is dit geheim gehou totdat daar ’n geskikte datum opgeduik het om die wenners bekend te maak.
Die kompetisie het opwindende resultate gelewer met die meer as 94 inskrywings wat vir die Volwasse, asook die Hoër- en Laerskole afdelings ontvang is.
Rita Volschenk, eienares van die KunsteGrot wat die kompetisie in samewerking met die plaaslike ATKV-tak aangebied het, het aan Kwêvoël genoem dat inskrywings van hoogstaande gehalte van regoor die land gekom het.
“Die drie puik beoordelaars wat deur die ATKV hoofkantoor benoem is om die stukke te beoordeel het die reuse taak met ywer aangepak en positiewe terugvoering gelewer”, het sy genoem.
ATKV Kunstegrot Skryfkunswenners en deelnemers aan die Kortverhaal kategorie van die Volwasse afdeling was van links: Daleen Venter A+ (derdeplek), San Neveling A (deelname), Gideon van der Nest A+ (naaswenner saam met Marietjie Warrington A+ van Johannesburg- afwesig), Suzan Stander A (deelname), Vollie Volschenk A+ (vierdeplek), Rita Volschenk van die KunsteGrot en Pieter Coetzee A++ (wenner).
Die Volwasse afdeling is goed ondersteun met ’n totaal van 36 inskrywings wat bestaan het uit 19 gedigte, 7 prosastukke en 10 kortverhale. Hiervan was twee wenners en vier naaswenners van buite die grense van Thabazimbi.
Die wenners in die volwasse afdeling was:
Kortverhale – Wenner: Pieter Coetzee en Naaswenners: Gideon van der Nest van Vereeniging en Marietjie Warrington van Johannesburg met Daleen Venter in die derde plek. Vollie Volschenk van Thabazimbi en Margo de Jager van Modimolle het die vierdeplek gedeel.
Die Volwasse Prosa wenners en deelname sertifikaat ontvangers van links: Pieter Coetzee A (deelname), Rothea Nel A (deelname), Cecilia Barnard A++ (medewenner saam met Jak-J Brits A++) en Vollie Volschenk A+ (naaswenner saam met Cecilia Barnard A+).
Prosa – Wenners: Jak-J Brits van Potchefstroom en Cecilia Barnard van Pretoria. Cecilia was ook Naaswenner saam met Vollie Volschenk en sy het ook die derde posisie in hierdie afdeling met nog ’n inskrywing verower. Vierde was Rothea Nel van Lephalale.
Volwasse Poësie wenners en deelname sertifikaat ontvangers van links voor: Vollie Volschenk A+ (vierde plek), Thea Bezuidenhout A+ (derdeplek) en San Neveling A (deelname). Agter: Linda Grobler A (deelname), Debbie Viljoen A (deelname), Rothea Nel A (deelname) en Suzan Stander A++ (wenner). Afwesig: Harold Braack A+ (naaswenner van Hoedspruit).
Poësie – Wenner: Suzan Stander en Naaswenner: Harold Braack van Hoedspruit met Thea Bezuidenhout derde en Vollie Volschenk vierde.
In die Hoërskool afdeling was daar drie deelnemers wat in twee kategorieë deelgeneem het.
Poësie Wenner: Lieselotte (Gr 10) en Naaswenner: Carla Barnard (Gr 9).
Prosa Wenner: Caronay Fouché (Gr 12).
Jak-J Brits van Potchefstroom was die wenner: Volwasse afdeling Prosa.
Die Laerskool Trofee-wenners was van links: Milan Stander (Grondslagfase), Deané Prinsloo (Intermediêre Fase) en André Kieck (Seniorfase). Saam met hulle op die foto is Rita van die KunsteGrot wat die kompetisie in samewerking met die ATKV-tak Thabazimbi aangebied het.
Deelnemers en wenners van die Hoërskool afdeling was van links: Poësie Wenner: Lieselotte (Gr 10) en Naaswenner: Carla Barnard (Gr 9) saam met die Prosa Wenner: Caronay Fouché (Gr 12). By hulle staan Rita Volschenk van die KunsteGrot.
Die Laerskool afdeling het in die Prosa, Poësie en Kortverhaal afdelings deelgeneem:
Skryfkunspresteerders Gr R.
Skryfkunspresteerders Gr 2.
Skryfkunspresteerders Gr 3.
Skryfkunspresteerder Gr 4.
Skryfkunspresteerders Gr 5.
Skryfkunspresteerders Gr 6.
Skryfkunspresteerders Gr 7.
Uitslae Laerskool Afdeling
Poësie – Gr R – Wenner: Anri Barkhuizen en Naaswenner: Janieke du Plessis; Gr 2 – Wenner: Milan Stander en Naaswenner: Odelea van der Nest; Gr 3 – Wenner: Mia-Miné du Plessis en Naaswenner: Francisca Lemmer; Gr 4 – Wenner: Duan van der Nest en Naaswenner: Micka Röhrs; Gr 5 – Wenners: Taryn Stander en Jani van Schalkwyk en Naaswenners: Elri Herholdt en Mika Fröhlich; Gr 6 – Wenner: Deané Prinsloo en Naaswenner: Lize Venter; Gr 7 – Wenner: André Kieck en Naaswenner: Andri Venter.
Prosa – Kaera-Leë Eksteen (Gr 3) van Windhoek en die Naaswenner: Taryn van Staden (Gr 5).
Kortverhaal – Wenner: Clarisse Löhmann (Gr 6).
Die Laerskool Trofee-wenners was: Milan Stander (Grondslagfase), Deané Prinsloo (Intermediêre Fase) en André Kieck (Seniorfase).
Na afloop van die funksie het gaste en deelnemers lekker saam gekuier en heerlike verversings geniet. | https://www.kwevoel.co.za/2021/01/13/atkv-skryfkunskompetisie-volwassenes-deel-verhoog-met-kinders/ | 2021-01-13 08:21:10 |
Vertroue in Chinese entstof geskud | Openbare inentingsveldtog programme wat in Indonisië en Turkye van stapel gestuur is waar miljoene mense na verwagting met die CoronaVac entstof, wat deur die Beijing gebaseerde firma Sinovac vervaardig word ingeënt sal word, gaan voort nieteenstaande kommer wat oor die doeltreffendheid van die entstof wat die afgelope week uitgespreek word.
Verlede week, na die resultate van die laaste proewe met die entstof in Brazilië afgehandel is, is bekend gemaak dat die doeltreffendheid van die entstof slegs 50,38% is, heelwat laer as wat vorige toetse getoon het. Die doeltreffendheid is minimaal beter as die minimum van 50% wat deur die Wêreld gesondheid organisasie (WHO) vasgestel is en baie laer as die 79% wat met groot fanfare vroeër die maand in China aangekondig is.
Die duidelike verskil in uitslag het tot kommer onder sommige wetenskaplikes gelei en ook die vertroue in Chinees vervaardigde entstowwe geskud.
Die toetse in Brazilië het getoon dat CoronaVac heelwat minder doeltreffend is as entstowwe van Pfiser-BioNTec en Moderna, wat ’n doeltreffendheid van ongeveer 95% toon. Rusland beweer dat hulle Sputnik V entstof ’n doeltreffendheid van 91% het terwyl die Verenigde Koninkryk se entstof wat deur die Oxford Universiteit en AstraZeneca ontwikkel is, ’n gemiddelde doeltreffendheid van 70% het.
Sinovac se doeltreffendheid is selfs laer as die van sy grootste Chinese kompetisie, die staatsbeheerde Sinopharm wat reken dat hulle entstof oor ’n doeltreffendheid van 79,34% beskik.
Die Sinovac en Sinopharm entstowwe is gereken as potensieel bekostigbaar en kan ook makliker versprei word. Pfiser-BioNTec en Moderna entstowwe moet verkoel gehou word terwyl dit geberg en vervoer word wat addisionele kostes tot gevolg het.
Sien meer – Read More | https://www.kwevoel.co.za/2021/01/18/vertroue-in-chinese-entstof-geskud/ | 2021-01-18 12:57:31 |
Golf van Covid gevalle tref ook Thabazimbi | Alhoewel ’n drastiese toename in opnames van positiewe Covid-19 pasiënte by Thabazimbi Mediclinic Hospitaal vir die drie weke sedert 1 Januarie 2021 ervaar is, was die hospitaal nooit 100 persent net met Covid-19 gevalle beset nie. Tydens hierdie tydperk was daar wel drie sterfgevalle terwyl twaalf kritiek-siek pasiënte na ander hospitale oorgeplaas is.
In ’n telefoniese onderhoud met Martjie du Preez, Algemene Hospitaalbestuurder van die Mediclinic Hospitaal in Thabazimbi, het sy genoem dat volgens inligting wat sy van ander hospitale ontvang het, het almal ’n skielike styging in opnames en sterftes gedurende hierdie tydperk ondervind. Lephalale was ook in dieselfde bootjie met nog meer positiewe gevalle as wat in Thabazimbi aangemeld is. Dieselfde tendens is ook by die Mediclinic Hospitaal in Tzaneen en Limpopo waargeneem.
Die golf van positiewe Covid-19 pasiënte, wat sedert 1 Januarie die Limpopo provinsie oorspoel het, het meegebring dat die opvolgende drie weke ’n groot uitdaging aan gesondheidswerkers en mediese personeel by plaaslike hospitale gebied het.
Alhoewel die meeste pasiënte wat opgeneem is in die ouderdomsgroep 35 tot 70 jaar val, het die Covid-19 positiewe gevalle van babatjies tot ou mense van tot 80 jaar gewissel.
Thabazimbi Mediclinic kan tans ses baie siek pasiënte ondersteun met hoë-vloei suurstofmasjiene. Die hospitaal het geen ventilators nie aangesien dit nie oor ’n intensiewesorg eenheid beskik nie. Volgens Du Preez behaal die dokters goeie resultate met hoë-vloei suurstof en die pasiënte reageer ook goed op hierdie behandeling.
Indien pasiënte se toestand baie verswak en ’n ventilator benodig, word beskikbare ambulanse aangewend om die pasiënt op ’n meganiese ventilator te sit om met asemhaling te help vir die oorplasing na groter hospitale.
Du Preez het ook genoem dat die algemene sale daagliks so te sê vol was met ongeveer 22 Covid-19 pasiënte. Aangesien daar vir ander gevalle as Covid-19 infeksies voorsiening gemaak moet word, word twaalf beddens uitgehou vir pasiënte wat negatief getoets is en wat moet kraam of teater toe moet gaan.
Daar was daagliks gemiddeld 15 tot 20 Covid-positiewe pasiënte waarvan drie tot ses pasiënte kritiek en die res resultaat-afwagtend was. Covid-pasiënte se toestand hang van hul simptome af en hospitalisasie kan van een tot twee weke duur.
“Die pandemie plaas baie fisiese en emosionele spanning op al die mediese personeel wat die pasiënte hanteer en versorg. Die positiewe effek is dat daar baie goeie samewerking tussen al die betrokke gesondheidswerkers is,” het Du Preez bygevoeg.
Sy het ook weereens die publiek daarop gewys dat die beste manier om Covid besmetting te vermy is om jou hande gereeld te was of te ontsmet, sosiale afstande te handhaaf en maskers te dra indien jy jou in ’n openbare area bevind. Vermy liefs groot sosiale byeenkomste, bly fiks, eet gesond, neem aanvullende vitamiene en veral: “Moenie dink jy is te slim om Covid te kry nie! – Covid hou ons almal nederig daarom, wees maar liewer Bang jan as Dooie jan!” | https://www.kwevoel.co.za/2021/01/29/golf-van-covid-gevalle-tref-ook-thabazimbi/ | 2021-01-29 00:19:28 |
Verbod op wynverkope: Stop die onsinnigheid | “Veel meer as die frustrasie in die markplek van wynliefhebbers wat sukkel om ’n bottel wyn in die hande te kry of van gaste wat die Boland droëbek besoek omdat wynproe by ’n duur kelderrestaurant ook verbied is, ly boere, werkers en dorpe onder ’n drakoniese maatreël wat die verkoop en vervoer van wyn verbied.,” sê die Suider-Afrika Agri Inisiatief (Saai) in ‘n mediavrystelling.
Met die verskoning dat alkoholverbruik tot huismoles, straatgeweld, ongelukke en ander euwels lei wat beddens in hospitale se hoësorgeenhede beset wat vir COVID-19-pasiënte beskikbaar moet wees, mag restaurantgangers nie eens ’n glasie wyn vir middagete koop nie.
’n Kombersverbod op alle alkohol is die stompste instrument wat die regering kán gebruik om ’n delikate operasie mee uit te voer. Intussen bloei honderde wynplase en tientalle dorpe dood, gaan werksgeleenthede vinniger verlore as wat COVID-19-geld in die staatsdiens wegraak en dreig een van Suid-Afrika se oudste landboubedrywe om deur die vloer te gaan.
Die argument dat ’n alkoholverbod beddens in hospitale beskikbaar maak soos wat ons oor Nuwejaar in hospitale beleef het, hou beslis water. Maar net soveel beddens word deur taxi-ongelukke in beslag geneem en daar is geen poging aangewend om hulle van ons paaie af te kry of selfs die passasiersbelading minder te maak nie. Die regering sê dat dit oor werk, inkomste en lewensbestaan gaan. Maar met watter mandaat kan die regering besluit dat die oorlewing van werksgeleenthede in die taxibedryf belangriker is as dié van die wynbedryf?
Daar is in elk geval ’n aandklokreël wat motoriste tussen 21:00 en 05:00 van die paaie af hou en wat deur beamptes en padblokkades gepolisieer word. Daar is geen rasionele rede om die voortbestaan van ’n familieplaas wat reeds eeue lank die Bolandse ekonomie aan die gang hou, in gedrang te bring omdat ’n kantoorwerker dink hulle kan daardeur ’n paar beddens vir COVID-19-pasiënte oophou nie.
In ’n soortgelyke saak het Saai en ander belanghebbendes ’n saak oor die tabakverbod voor die hof gebring en waarin ’n verdoemende uitspraak teen die grondwetlikheid en rasionaliteit van die verbod gelewer is. Ons kan aantoon dat 20 weke van ’n tabakverbod en die miljarde rande se skade aan die ekonomie, werksgeleenthede en lewensbestaan van derduisende gesinne volgens die staat se eie syfers dalk hoogstens 18 beddens kan spaar!
Wyn is ’n landbouproduk en wyn en kos gaan saam, daarom kan ’n mens dit (anders as ander alkohol) van rakke in supermarkte koop. Honderde wynboere staar ondergang in die gesig. Selfs as die bedryf nou weer van sy kettings bevry word, is die skade onherstelbaar .
Tenks en vate in kelders is vol en daar is nie plek vir 2021 se oes nie. Boere kry nie leweringskwotas nie en oestyd het begin. Jy kan nie ’n plaas vir ’n jaar sluit nie – veral nie nadat dit die vorige jaar gesluit was nie.
“Een werker op ’n wynplaas het vir ons gesê hy sterf eerder aan COVID-19 as aan honger en verdriet; maar dood is dood!” | https://www.kwevoel.co.za/2021/01/22/verbod-op-wynverkope-stop-die-onsinnigheid/ | 2021-01-22 12:17:51 |
Covid-19: When will South Africa receive the vaccine | Suid-Afrika gaan duur vir entstof betaal deur sy alliansie met arm lande.
Duisternis heers steeds oor wanneer die Covid-19 entstof Suid-Afrika gaan bereik en hoeveel mense daarmee ingeënt kan word. Dit veral met die aankondiging dat die regering die enigste invoerder van die entstof gaan wees. Volgens pres Ramaphosa is hierdie stap glo geneem om korrupsie tydens die verspreiding van die entstof te voorkom.
Wat grootliks tot hierdie verwarring en onduidelikheid bygedra het was die regering se oorgerustheid toe hy by die Covax* fasiliteit aangesluit het om entstof te bekom. Covax is ’n internasionale inisiatief om entstof vir die armer lande te bekom en word deur die Globale Alliansie vir Entstowwe en Inenting (GAVI) en die Wêreld Gesondheids Organisasie (WHO) bestuur. Vir Suid-Afrika is dit beslis nie die goedkoopste alternatief nie.
Suid-Afrika het sy deelname aan die Covax-fasiliteit bevestig deur ’n betaling van ongeveer R283 miljoen deur die Departement van Gesondheid en die Solidariteits-Fonds. Die Suid-Afrikaanse regering het nie daarin geslaag om die spertyd vir die eerste afbetaling aan die Covax fasiliteit na te kom nie, maar dit is uiteindelik gedoen nadat die regering uit sy slaap wakker geskud is.
Na verwagting sou die eerste Covax entstof teen die middel van 2021 in Suid-Afrika aankom en ten minste ses miljoen mense sou hiermee ingeënt kon word.
Volgens professor Shabir Madhi, professor in Vaccinology aan Wits, het die regering hopeloos te veel op Covax staatgemaak. Suid-Afrika moet nou, as ’n hoër middel-inkomste land, $12-$13 per dosis as gevolg van sy gebondenheid aan die Covax fasiliteit betaal. Dit is drie maal meer as wat die koste per dosis is indien hulle die entstof direk by AstraZeneca teen sowat $3 per dosis sou aankoop. Hierdie entstof is in die Verenigde Koninkryk deur die Universiteit van Oxford in samewerking met AstraZeneca ontwikkel.
Covax sal 12 miljoen dosisse entstof oor die eerste paar maande verskaf, genoeg om in sowat 10% van Suid-Afrika se behoef te voldoen, asook ’n verdere 6,5 miljoen dosisse op ’n later stadium.
Volgens Jonathan Katzenellenbogen wat hierdie inligting in ’n artikel wat deur die Daily Vriend geplaas is verstrek, is hierdie ooreenkoms met Covax baie swak. Suid-Afrika sou beter af gewees het indien hy die entstof direk by die farmaseutiese firmas aangekoop het en eerder ’n redelike bydrae tot sommige van die buurlande se entstof bygedra het, eerder as om ’n on-geteikende donasie aan die hele wêreld se arm mense te oorhandig.
Hy vra ook die vraag hoekom opposisie partye en die media nie die R500 miljard Covid noodbystandsfonds bevraagteken het nie – ook nie die afwesigheid van kommentaar oor die medium-termyn begroting-verklaring aangaande, indien enige, melding van entstowwe. Die vraag wat nog nie gevra is nie is doodeenvoudig – wat kry Suid-Afrika uit hierdie affiliasie met Covax?
De-gesentreerde aankope en verspreiding deur die privaat sektor sal beslis heelwat minder korrupsie en vertraging tot gevolg hê. Suid-Afrika se swak vertoning ten opsigte van kinder-immunisering is beslis nie ’n aanduiding dat die openbare gesondheidstelsel goed sal vaar met Covid-19 inenting nie.
Die Demokraties Alliansie (DA) se skadu minister van gesondheid, Siviwe Gwarube, reken dat pres Ramaphosa se benoeming van adjunk pres David Mabuza as hoof van die inter-ministeriële taakspan wat die toepassing van die Covid-19 inentingsprogram moet monitor, afkeur aangesien die DA nie reken dat Mabuza bevoegd is of ’n betroubare persoon is om dit te doen nie aangesien hy ’n redelike geskiedenis van mislukkings agter sy naam kan skryf.
Hieronder is die feit dat hy as premier van Mpumalanga die provinsie as sy persoonlike eiendom bestuur het en die dat hy huidig die voorsitter is van die Politieke taakspan oor Eskom, ’n posisie waar hy letterlik die pot misgesit het. As adjunkpresident was hy totaal afwesig sedert die begin van die Covid-krisis – terwyl Suid-Afrikaners na die regering opgekyk het vir leierskap het Mabuza vir die afgelope 10 maande weggekruip.
Die DA verklaring lui voorts dat pres Ramaphosa een van die belangrikste take in die geskiedenis van Suid-Afrika se demokrasie in die hande plaas van ’n man wat nie alleen na bewering korrup is nie, maar duidelik onbevoeg is om ’n program van hierdie omvang te lei.
“Dit dui daarop dat die Covid-19 inentingsprogram nie meer oor menselewens gaan nie, maar oor die politieke alliansies binne die ANC,” sluit Gwarube die verklaring af.
Read More – Ref: Daily Friend
Read More – Ref: DA on Deputy Pres Mabuza
Ref: Covax* – Verwys: News24 – 24 Desember 2020 – Berig deur Adiël Ismail | https://www.kwevoel.co.za/2021/01/20/covid-19-when-will-south-africa-receive-the-vaccine-wanneer-ontvang-suid-afrika-die-entstof/ | 2021-01-20 13:48:53 |
De grootste schat | https://www.rd.nl/a/909496-de-grootste-schat | 2021-01-18 07:11:06 |
|
Nuwe asem vir Honda se WR-V | Nuwe asem vir Honda se WR-V
Foto QuickPic Foto QuickPic
Kaapstad • Dirk Gallowitz
Honda het sy pragtige WR-V laat verlede jaar in Suider-Afrika bekendgestel met twee modelle, naamlik die intreevlak Comfort en ’n luukser Elegance weergawe. Slegs een enjin – die 1.2 liter petrol – is beskikbaar.
In weerwil van die handige 177mm grondvryhoogte, is dié kompakte nutsvoertuig in wese ’n stoftrapper en kompeteer plaaslik onder andere met die Mahindra XUV 300, Ford EcoSport, Renault Captur, Suzuki Vitara en Hyundai Venue.
Die nuweling, wat ’n platform deel met die Honda Jazz en BR-V, voltooi Honda se reeks aktiwiteitsvoertuie saam met die BR-V, HR-V en CR-V.
Uiterlik is dit duidelik dat die WR-V tipies Honda is, met herkenbare stileringeienskappe by die LED hoofligte en C-vormige agterligte wat ook by ander Honda modelle gebruik word.
Met ’n aggressiewe en prominente voorkant, interessante agterklap-ontwerp, 16”-sierwiele en dakrelings, vertoon die WR-V sportief en modern.
Die kajuit van die WR-V in die Elegance is goed afgewerk en baie goed toegerus in terme van standaard toerusting. Die materiale en bougehalte, soos met meeste van die duurder modelle in die Honda modelreeks, vertoon van hoë gehalte en voel baie goed vir motors in hierdie prysklas. Selfs die oppervlaktes wat met harder plastiek afgewerk is, lyk smaakvol.
Die kajuit bied gemaklik sitplek vir 4 to 5 volwassenes en selfs vir die 6-voet plussers soos ek, was die kop-, skouer- en beenruimte indrukwekkend vir motors in hierdie segment.
Die Elegance is goed toegerus en bied onder andere standaard toerusting soos ’n 7”-raakskerm vir die klank-, kommunikasie en inligtingstelsel. Die klankstelsel sluit ses luidsprekers in en kan jou gunsteling musiek via Bluetooth™ deur middel van Android Auto en Apple CarPlay speel. Die stelsel verbind ook telefoonskakeling en satelietnavigasie maklik met die raakskerm. Ook die tru-kamera beelde word in hoë definisie beelde vertoon.
Verder is elektries verstelbare kantspieëls, outomatiese lugversorging, verstelbare multifunksie stuurwiel, spoedbeheer asook sleutellose toegang en aansit ook ingesluit as standaard funksies.
Passiewe en aktiewe veiligheidstelsels is by beide die WR-V modelle verteenwoordig met 6 lugsakke, ABS met EBD en remhulp.
‘Magic seat’
Waar die nuweling egter die meeste imponeer is met die gebruik van dieselfde “Magic Seat”-stelsel wat soortgelyk is aan wat in die Honda Jazz te vinde is.
Hierdie innoverende, gebruikersvriendelike en uiters praktiese manier om die agterste ry sitplekke, wat met ’n 60/40 platvou opsie in verskeie posisies kan platvou om op die vloer weg te stoor, bly indrukwekkend. Volgens Honda bied die laairuimte 363 liter pakplek met die sitplekke regop, wat tot 881 liter vergroot met die sitplekke platgevou.
Honda bly eenvoudig die leiers in slim, praktiese verpakking van hulle motors se kajuitruimtes.
Die WR-V is ’n oulike motortjie, maar die 1.2-liter petrol enjin sou kon doen met turbo-aanjaging. Hier by ons teen kusvlak is dit nog aanvaarbaar en minder opmerklik, maar aan die Gautengse Hoëveld gaan die klein oondjie wat 66kW en 110Nm se piekkragte lewer, na my mening asmaties raak wanneer daar vier volwasse passasiers gelaai is.
Aandrywing na die pad is deur die voorwiele met behulp van ’n juweel van ’n 5-spoed handratkas met lieflike kort oorgooie en gladde skakelings.
Honda se amptelike brandstof verbruik word aangegee as 6.4l/100km in ’n gekombineerde siklus van stad- en ooppadry.
Tydens die bekendstellingsrit in die topmodel was ons beïndruk met die paddinamika en hantering van die buksie. Ook die relatiewe stil kajuit teen togsnelhede is noemenswaardig. Die pragtige Boland se kronkelpaaie het stuurgevoel en goeie balans deur draaie bevestig, terwyl die 3 silinderenjintjie heel gewillig was om effe aangestoot te word. Lang opdraendes mag dalk hoër bo seespieël ’n probleem wees, maar hier in die Weskaap sou ons selfs onder die Coravirus-pes kon uitjaag as dit daardie tyd ’n bedreiging was.
Die Honda WR-V is goed geprys in sy segment en word verkoop met ’n 5-jaar/200 000km waarborg, 4-jaar/60 000km diensplan en 3-jaar AA-padbystanddiens by die prys ingesluit. | https://www.we.com.na/news/nuwe-asem-vir-honda-se-wr-v2021-01-25/ | 2021-01-25 00:00:00 |
Groot planne vir jong skoolhoof | Windhoek • [email protected] Kom 1 Februarie, staan ’n jong vrou in groot skoene.Die 25-jarige onderwyseres, Tiandra Olivier, sal van volgende week die pos as skoolhoof van dienuwe Lingua privaatskool volstaan. Dié skool is deel van die Lingua Onderriggroep wat sedert 2001bestaan. Die hoërskool begin vanjaar met graad 8 en 9.Olivier het aansoek vir die pos gedoen omdat sy geglo het sy was ’n goeie kandidaat, “veralaangesien dit ’n nuwe skool is en ek as jong persoon met vars en nuwe idees ’n aanwins sou wees.As ek moet beskryf hoe ek gevoel het toe ek die pos gekry het, kan ek dit opsom as ’n mengsel vanopgewondenheid, dankbaarheid maar ook ’n knertsie angstigheid vir die onbekende. Dit voel steeds onwerklik, maar dit sal seker meer realisties voel wanneer ek begin werk.”Sy pak hierdie nuwe uitdaging aan met hulp en leiding van God.“Een ding wat ek in 2020 geleer het is dat wanneer onderwysers saamwerk as ’n span, kan hullewonders bereik. Die sleutel lê in spanwerk, om mekaar se foute, swakpunte en sterkpunte raak tesien, te respekteer en mekaar te waardeer. Dit is ook dan met hierdie lewenslesse waarmee ek 2021 en die uitdaging as skoolhoof gaan aanpak.”Vir Olivier was die pad om op hier te kom, nie aldag maklik nie.Sy is reeds in die laerskool met disleksie gediagnoseer en moes baie hulp ontvang om net te slaag.Maar in matriek slaag sy met ’n gemiddeld van 78% en begin haar geesteswetenskapsgraad in 2014.In 2017 begin sy haar menslike hulpbronnebestuur honneursgraad, terwyl sy as Afrikaans eerstetaal, Afrikaans tweede taal en huishoudkunde onderwyseres by Berg-Op Akademie aangestel is. Syhet verlede jaar haar HOD kwalifasie by die Noordwes Universiteit verwerf en slaag met negeonderskeidings en ’n algehele 78%.Volgens Olivier volg die skool die Namibiese kurrikulum en bied dit verskeie sportkodes vir leerdersaan sodat ’n holistiese ontwikkeling van die kind bereik kan word. “Met kleiner klasse word versekerdat elke leerder die nodige aandag ontvang sodat hulle tot die beste van hul vermoë kan presteer en nie net as ’n nommer in ’n klas beskou word nie,” sê sy.Die skool spog ook met ’n koshuis wat leerders die geleentheid gee om van reg oor die land in teskakel en deel te word van die skoolgemeenskap. | https://www.we.com.na/news/groot-planne-vir-jong-skoolhoof2021-01-25/ | 2021-01-25 00:00:00 |
Michael ‘Maestro’ Beukes stel boek bekend | Die skrywer Michael Beukes is in Windhoek gebore en getoë en het nog altyd gehoop om ’n positiewe verskil in mense se lewens te maak.Michael is sy ma se tweede kind, met ’n ouer broer en jonger suster. Hulle het verskillende pa’s en het dus nooit as ’n gesin saam gewoon nie. Hy het ook ’n baba boetie gehad wat ses maande ná sy geboorte, dood is. Toe die kinders se ma besluit om hulle te verlaat, het hulle as weeskinders groot geword. Hy en sy sibbe het as tieners die skoknuus ontvang dat hulle 34-jarige ma haar lewe aan MIV verloor het.Tog, ten spyte van sy agtergrond, ag Michael homself as gelukkig en buitengewoon geseënd in vergelyking met baie van sy weesbroers en -susters met wie hy ’n lang pad by die SOS-kinderdorp in Khomasdal gestap het. Hy besef dat nie almal wat in ’n weeshuis groot geword het, die kans het om hul ervarings en verslawings te deel nie, sê hy.Gegewe sy hartseer verlede, is dit merkwaardig om as volwassene terug te keer en sy diens aan ’n welsynsorganisasie te bied.Micheal kan vandag met lof gesels oor sy lewe by die SOS-kinderdorpe in Windhoek en Tsumeb waar hy gevorm is in die persoon wat hy vandag is. “Ons het elkeen ons eie ervarings – beter of slegter, want God het ’n plan vir elkeen van ons. Dis hoekom ons nie mekaar moet oordeel nie. God gee ons altyd ’n keuse om tussen reg en verkeerd te kies.“Ek het geleer om positief te wees want verkeerde keuses se gevolge gooi net jou visie vir ’n beter toekoms omver. Dit is hoekom ek geleer het om my naaste en my eie lewe te verbeter,” sê hy. “My ervarings het my ook laat besef dat ek graag ’n nalatenskap wil bou deur my lewe te wy aan die opheffing van ander en om hulle te help groei deur die ervarings wat ek moes deurmaak.”Dit is juis hoekom hy die boek Fulfillment - through the eyes of an orphan in Engels, en Vervulling - deur die oë van 'n weeskind in Afrikaans, geskryf het.Vandag woon Michael op Rehoboth waar hy as Maestro die barbier bekend is en na hy in 2002 weer by SOS betrokke geraak het, “om ’n verskil te maak waar ons regering nie hul vlerke uitsprei nie.”InspirasieMichael verduidelik dat hy geïnspireer is deur die wyle Hermann Gmeiner wat die SOS Kinderdorp Organisasie wêreldwyd gestig het asook ander SOS-wesies se volgehoue motivering om ’n sukses van sy lewe te maak.“Sommige van my skoolmaats het intussen die lewe verlaat. Dan is daar van hulle wat na hulle biologiese gesinne terug gekeer het met die hoop van ’n beter lewe, maar wat wreed ontnugter is toe hulle besef dat niks verander het by die huise waar hulle verwaarloos en mishandel is nie.”Micheal sê dat hy nie in hierdie boek sy eie beuel wil blaas nie, maar eerder hoop om die jeug en gemeenskap se lewens te verbeter met die boodskap wat hy daarin deel.“Daar is ’n goeie toekoms as ons net glo dat God alles moontlik kán maak. Ek wil ook graag my belofte aan my wyle ouma Johanna Martina Beukes (Ousie Possie) nakom deur te sê: ‘Ouma, ek is die lig aan die einde van die donker tonnel’.”Michael se boek is vir eers as ’n e-boek beskikbaar, aangesien hy nog na borge soek wat kan help met die fisiese druk daarvan. “Hiermee wil ek graag ’n versoek rig aan Namibiërs om my boek te koop. Elkeen wat ’n e-boek koop, sal sodra dit gedruk is, verniet ’n kopie daarvan ontvang,” sê hy.Kontak Michael by 081 289 4327 of [email protected] vir meer inligting. | https://www.we.com.na/news/michael-maestro-beukes-stel-boek-bekend2021-01-27/ | 2021-01-27 00:00:00 |
Kia Makietie Kareedouw weens Covid-19 uitgestel | Die Kia Makietie Kareedouw, wat op 5 en 6 Maart by die Paul Sauer sportgronde sou plaasvind, is deur die komiteelede van die fees uitgestel as gevolg van die COVID-19 pandemie en die tweede vlaag landswye infeksies.
Die makietie moes weens die pandemie en inperkingsregulasies uitgestel word.
“Hoewel ons graag in Maart wou fees vier in Kareedouw, is die gesondheidsgevare te groot,” sê komiteelid Wilna Moolman. “Dan is daar ook die voortgesette beperkigs op byeenkomste.
Article continues below...
“Dié besluit is nie ligtelik geneem nie. Na samesprekings met al die betrokke partye, insluitende borge kykNET, Kwêla en Kia, is daar eenparig besluit dat `n fees in Maart `n te groot risiko inhou – vir inwoners, besoekers en kunstenaars.”
Daar sal vroeg in Februarie na alternatiewe datums vir die makietie gekyk word. | https://www.jbaynews.com/2021-01-14/kia-makietie-kareedouw-weens-covid-19-uitgestel | 2021-01-14 00:00:00 |
Ilukool | https://annestiil.delfi.ee/kategooria/83124451/ilukool | ||
Maak afsprake, maak vriende en ontmoet nuwe mense | In order to use Tinder on the web please enable javascript in your browser settings. | https://tinder.com/feature/swipe?lang=af | |
President moet kommersiële sektor nou op groot skaal betrek | This post is also available in: English
President Ramaphosa sal die rol van die kommersiële sektor baie duidelik moet uitstippel in sy Staatsrede hierdie week. Die faktore wat dié sektor se bydrae tot die ekonomie en die land se vooruitgang in die breë ondermyn, moet ook belig en aangespreek word. So maan Christo van der Rheede, uitvoerende direkteur van Agri SA.
“In sy toespraak verlede jaar, het die president onder meer genoem dat die land ernstige probleme in die gesig staar. Ons ekonomie groei al vir ‘n dekade nie sinvol nie,” sê Van der Rheede.
“Werkloosheid neem toe. Aanhoudende energietekorte ontwrig besighede en mense se lewens. Verskeie staatsondernemings (SOE’s) is in nood en Suid-Afrika se openbare finansies is onder ernstige druk.”
Van die oplossings soos voorgehou in sy vorige toespraak, fokus onder meer op die bou van ’n bekwame staat, om die ekonomie te herstel deur op kritieke areas en op die regte grondbeginsels van groei en op uitnemendheid in beplanning en uitvoering deur die regering te fokus.
“Die vraag bly of daar vordering gemaak is in dié verband. Die antwoord is ja, daar is suksesse, maar ook nee. Daar is areas waar daar geen vordering gemaak is nie.”
Volgens Agri SA sluit van die suksesse in die vordering wat gemaak is met die geïntegreerde hulpbronplan en onder meer investering in die ekonomie deur internasionale maatskappye soos Ford, wat R15,8-miljard gaan belê. PepsiCo, wat vroeër vanjaar Pioneer Foods gekoop het, gaan R5,5 miljard belê. Telkom gaan R8-miljard belê om infrastruktuur regoor die land uit te brei. Google het bevestig dat hy R2,2-miljard gaan bestee om sy optiese internetverbindings regoor Suid-Afrika uit te brei.
“Dit is goeie nuus en ’n bevestiging dat die president daarin slaag om internasionale beleggings na Suid-Afrika lok,” verseker Van der Rheede. Hy meen dat ’n groter geleentheid daarin lê om gehoor te gee aan die noodkreet van die kommersiële sektor om die faktore wat grootskaalse plaaslike belegging en betrokkenheid by die vestiging van kommersiële en ontwikkelingsprojekte ontmoedig, aan te spreek. “Van die faktore behels politieke stabiliteit, beleidsekerheid, bekostigbaarheid en buigsaamheid van arbeidsmag, veiligheid en sekuriteit, eiendomsreg, mededingendheid van die ekonomie, kwaliteit van infrastruktuur en die staat se diensleweringsvermoë.”
Agri SA waarsku teen die onsekerheid wat deur die Onteieningswetsontwerp en voorgestelde verandering aan Artikel 25 van die Grondwet veroorsaak word. Ekonomiese teorie en geskiedenis dui daarop dat sekerheid oor eiendomreg ‘n belangrike rol speel om beleggings te lok. Dit lei weer tot ekonomiese groei en wydverspreide welvaart op lang termyn. Dit geld ook vir ander sektore. Suid-Afrika het die afgelope twee dekades die twyfelagtige reputasie verwerf dat, ten spyte daarvan dat dit ryk is aan minerale bronne, die land nie in staat is om voordeel te trek uit stygende pryse van kommoditeite nie. Suid-Afrika is sy eie grootste vyand in dié verband, sê Van der Rheede.
“Slegs ‘n daadwerklike aksie om beleids- en reguleringsekerheid in die breë te herstel en ’n massiewe industrialiseringspoging sal Suid-Afrika in staat stel om armoede uit te wis en volhoubare ontwikkeling te bewerkstellig.”
Verslae deur die Ouditeur-Generaal oor die implementering van Covid-19-inisiatiewe deur die staat, die finansiële stand van verskeie staatsondernemings en verbandhoudende projekte, skets ’n onstellende prentjie van gebrekkige kontrole, wanbestuur, korrupsie en swak óf nie-uitvoering van projekte. In dié verband sal die president omvattende en praktiese maatreëls moet afdwing om die onaanvaarbare hoë vlakke van onreëlmatighede, gebrekkige kontrole en oorsig, nie-nakoming van voorskrifte en korrupsie stop te sit en amptenare tot verantwoording te roep.
Betrek dus die kommersiële sektor om self Covid-19 entstowwe ook aan te koop, versprei en toe te dien. Die staat het nie voldoende kapasiteit om dit suksesvol uit te rol nie. Agri SA is van mening dat die president nou weer ʼn geleentheid het om die kommersiële sektor op groot skaal te betrek om Suid-Afrika op ’n pad van volhoubare ekonomiese groei, werkskepping en ontwikkeling te plaas.
“Dit geld vir alle terreine van die samelewing, maar dit is in die hande van die president om die boublokke vir so ’n vennootskap stewig te vestig. Terselfdertyd moet ’n omgewing geskep word waarin die kommersiële sektor nie deur allerlei faktore aan bande gelê word nie, maar waarin dit gedy om Suid-Afrika en al sy mense tot diens te wees.”
Bron: Agri SA | https://www.proagri.co.za/president-moet-kommersiele-sektor-nou-op-groot-skaal-betrek/ | 2021-02-09 12:44:05 |
Trekkerverkope styg met 28% in 2021 | This post is also available in: English
Trekkerverkope van 445 eenhede in Januarie is aansienlik meer (28%) as die 348 eenhede wat verlede Januarie verkoop is. In Januarie is vyf stropers verkoop, dieselfde as in Januarie verlede jaar.
Sentiment in die mark bly baie positief. Goeie oeste (oor die algemeen), goeie kommoditeitspryse en gunstige reënval in die meeste gebiede dra daartoe by. Daar is steeds heelwat veranderlikes wat someroeste kan beïnvloed, so daar is ‘n mate van omsigtigheid in die bedryf. Vooruitsigte lyk nietemin goed vir die kort- tot mediumtermyn. Aanvanklike ramings vir die 2021-kalenderjaar lyk baie bemoedigend, met verkope wat waarskynlik tot 10% hoër kan wees as vir 2020.
(Let asseblief daarop dat die verkoopsyfers nie direk vergelyk kan word met vorige data nie. ‘n Maatskappy wat trekkers verkoop het begin om verkope van hulle trekkers aan te meld. Syfers vir maand-tot-maand en jaar-tot-jaar kan egter vergelyk word).
Bron: Suid-Afrikaanse Landboumasjinerieassosiasie | https://www.proagri.co.za/trekkerverkope-styg-met-28-in-2021/ | 2021-02-05 13:05:21 |
APAC: Biosekuriteit is die sleutel tot internasionale handel | This post is also available in: English
Daar is lig in die tonnel vir die Suid-Afrikaanse vee- en wildbedryf wat ՚n ewige stryd het om aan internasionale vereistes te voldoen.
Nuwe plaaslike wetgewing is onlangs ingestel om die bedrywe te help om aan die Wêrelddieregesondheidsorganisasie (OIE) se internasionale kode te voldoen. Die Biosekuriteitreëls vir Lewendehaweagente is op 13 November 2020 in die Staatskoerant 43900, Raadskennisgewing 135 van 2020 gepubliseer. As hierdie regulasies nagevolg word, sal dit internasionale deure vir ons veeboere open.
Hierdie regulasies sal veral veilingsmaatskappye help om die risiko van die verspreiding van beheerde, aanmeldbare en ander dieresiektes te verminder. Alhoewel die reëls op die datum van publikasie (13 November 2020) in werking getree het, sal ՚n bykomende grasietydperk van ses maande toegelaat word. Dit is nodig sodat veehandelaars, veilingskrale en afslaers hulleself van die inhoud kan vergewis, en hulle infrastruktuur en stelsels kan aanpas. Dit moet op of voor 30 Junie 2021 afgehandel wees.
Die volgende wetgewing moet saam met die nuwe regulasies gevolg word:
• Die Wet op Landbouprodukagente, Wet 12 van 1992 en die reëls ten opsigte van vee-agente, gepubliseer in Staatskoerant 41473 van 2 Maart 2018.
• Die Wet op Dieresiektes, Wet 35 van 1984 en die beheermaatreëls daarin.
• Die Wet op die Identifikasie van Diere, Wet 6 van 2002 en die Regulasies gepubliseer in Staatskoerant 26732 van 21 November 2003.
• Die Wet op Veediefstal, Wet 57 van 1959, met spesifieke verwysing na Afdeling 6, 7 en 8 (Riglyne vir die voltooiing van dokumentasie).
• Die Wet op Dierebeskerming, Wet 72 van 1962.
Veilingsregulasies gaan binnekort aansienlik verander om aan internasionale standaarde te voldoen.
Registrasie by APAC (Landbouprodukteagenteraad) is verpligtend, ook vir afslaers wat aanlyn- en virtuele veilings hou
՚n Tweejaarlikse eksterne oudit van die geriewe en biosekuriteitsprosedures moet deur ՚n onafhanklike ouditeur uitgevoer word. Die Suid-Afrikaanse Vleisbedryfmaatskappy (SAMIC) sal hierdie rol vervul. ՚n Skriftelike erkenning van die aanvaarding van die verantwoordelikhede soos uiteengesit in Afdelings 11 en 26 van die Wet op Dieresiektes moet op 31 Desember 2021 ingedien word.
Elke veilingskraal moet ՚n ‘biosekuriteitspraktisyn’ aanstel wat verantwoordelik vir die kompleks se biosekuriteitsplan en die nakoming daarvan is.
Hierdie persoon moet by die Suid-Afrikaanse Veeartsenykundige Raad (SAVC) geregistreer wees. Die professionele persone wat hierdie funksie kan verrig, is ՚n:
– Veearts
– Veearts-spesialis
– Dieregesondheidstegnikus
– Veeartsenykundige verpleegkundige
– Veeartsenykundige
Rekordhouding by die veilingskraal
Elke veilingsmaatskappy moet ՚n betroubare en akkurate boekhoustelsel vir bioveiligheid by ՚n veiling in werking stel. Hierdie stelsel moet voorsiening maak dat alle transaksies volgens ՚n ouditbare en naspeurbare manier uitgevoer word.
Die volgende bykomende dokumente moet enige dier wat by die veilingskraal aankom, vergesel:
• Oorspronklike geldige Artikel 6-en/of 8-dokumente van die eienaar van die dier.
• Afskrif van die handelsmerkregistrasiesertifikaat van die eienaar van die dier.
• Afskrif van die RSA ID van die eienaar van die dier.
• Oorspronklike Diereienaargesondheidsverklaringsdokument, wat ՚n verklaring van ՚n veearts bevat vir die plaas van oorsprong en die spesifieke dier.
• Volledige besonderhede van die plek van oorsprong in die Afdeling 6-dokument. Dit sluit die fisiese adres, plaasnaam, landmeternommer en deelnommer, soos onderteken deur die eienaar van die dier, sowel as die eienaar of bestuurder van die plek van oorsprong.
Diere-identifikasie
՚n Dier wat op ՚n veiling bevestig en aanvaar word, moet deeglik en blywend gemerk word met die eienaar se geregistreerde brandmerk, in ooreenstemming met die Wet op die Identifikasie van Diere en Regulasies, gepubliseer in Staatskoerant 25732 van 21 November 2003.
Alvorens ՚n dier op ՚n veiling afgelaai word, moet die veilingsmaatskappy sorg dat die geregistreerde handelsmerk aan die eienaar behoort, en die handelsmerksertifikaat en die ID van die eienaar en bestuurder en/of vervoerder, waar van toepassing, nagaan.
Afgebakende gebiede by ՚n veilingskraal
՚n Veilingskraal moet afgebaken word in gebiede waar verskillende risiko’s heers. ՚n Vloeidiagram en optredes in die verskillende gebiede moet duidelik aangedui word, moet beskikbaar wees, en moet deel wees van die eksterne ouditproses.
Dit sluit in:
• ՚n Parkeerplek waar voertuie wat laai en aflaai, skoongemaak en/of ontsmet kan word.
• ՚n Voorkwarantyngebied waar diere geïnspekteer word. Verdagte diere moet na ՚n aanhoudingsgebied verskuif word.
• Bioveilige gebiede (skoon gebiede) moet duidelik afgebaken word met spesiale toegangspunte. Kennisgewingborde moet opgerig word om riglyne oor bioveiligheid-protokolle te gee.
• ՚n Derdeparty-bioveilige gebied waar bewegings noukeurig gemoniteer en aangeteken word. Kontak tussen derde partye en diere moet vermy word. Spesiale aandag moet gegee word aan Covid-19-protokolle.
• Die hele bioveilige gebied moet na elke veiling skoongemaak en ontsmet word.
Dit is noodsaaklik dat alle vee- en wildafslaers en veilingsmaatskappye met die inhoud van hierdie reëls vertroud moet word. ՚n Afskrif van die reëls kan op die Landbouprodukteagenteraad (APAC) se webwerf, www.apac Council.org.za, verkry word. Kontak gerus ook vir Francois Knowles by 083-415-1640 of 011-894-3680 of stuur vir hom ՚n e-pos na Francois@apac Council.co.za. Besoek ook hulle webwerf by www.apacweb.org.za | https://www.proagri.co.za/apac-biosekuriteit-is-die-sleutel-tot-internasionale-handel/ | 2021-02-22 17:06:53 |
Wesbank en AGCO werk saam om landboufinansiering te optimaliseer | This post is also available in: English
AGCO, ‘n wêreldleier in die ontwerp, vervaardiging en verspreiding van die Challenger-, Fendt-, Massey Ferguson- en Valtra-handelsmerke, het kragte saamgesnoer met WesBank, Suid-Afrika se leier op die gebied van voertuig- en batefinansiering, om ‘n finansieringsoplossing aan te bied wat AGCO se groeiende netwerk handelaars sal help om hul bedrywighede te optimaliseer en hul mededingendheid in die mark te verhoog.
Na aanleiding van die finansiering van handelsvoorraad, het die twee bedryfsleiers ooreengekom om kleinhandelfinansiering uit te brei na die eindgebruiker, die boer.
Die WesBank-finansieringsoplossing is deel van AGCO se ‘New Way Forward’-strategie wat in September 2020 begin is, om landbou-masjinerie en oplossings nader aan klante in die streek te bring. Hierdie verfrissende kliëntgerigte benadering om sake te doen, ontsluit beduidende waarde in die plaaslike verspreidingsketting, wat dit vir AGCO-handelaars moontlik maak om die gevestigde handelsmerke van die maatskappy meer effektief en doeltreffend aan boere te lewer.
Die WesBank-kleinhandelsfinansieringsoplossing, daarenteen, is ontwerp om boere te bemagtig om steeds by te dra tot die groei van ‘n robuuste landboubedryf, en om beter te reageer op die huidige voedselproduksie-eise deur middel van AGCO se volledige reeks landboutoerusting en -dienste.
Dr. Dominik Reus, besturende direkteur van AGCO, Afrika, verduidelik: “In WesBank het AGCO ‘n vennoot gevind wat die kritieke taak van boere wat die wêreld moet voed, verstaan. Nou kan boere voordeel trek uit AGCO se hoë tegnologiese landbou-oplossings deur middel van hierdie bekostigbare finansieringsoplossing, en ons handelaars kan baie beter kontantvloei geniet om hul aanbiedinge uit te brei, om die daaglikse aktiwiteite te handhaaf en die voorraad sonder enige vertraging te verkry wat boere van ons internasionale fabrieke verlang.”
“Die landbousektor is ‘n noodsaaklike deel van die Suid-Afrikaanse ekonomie en dra wesenlik tot die BBP by op ‘n direkte en indirekte basis. Hierdie vennootskap met AGCO versterk ons begrip van die landbou-besigheid en ons vermoë om ‘n keuse van toegewyde finansieringsopsies aan te bied wat spesifiek aangepas is vir die landbou-omgewing,” sê Kalie Roets, WesBank Korporatief, hoof van landbou.
“By WesBank verstaan ons die uitdagings wat landbou-ondernemings in die gesig staar, en ons span, met sy diepgaande kennis van die bedryf, sien daarna uit om bekostigbare bate-finansieringsoplossings vir AGCO en sy vennote in die landboubedryf aan te bied,” voeg Roets by.
Vir meer inligting oor die WesBank-groothandel- en kleinhandelfinansieringsoplossings met AGCO, kontak Oladipo Ajayi, AGCO Finansiële oplossingsbestuurder, Afrika.
Bron: AGCO | https://www.proagri.co.za/wesbank-en-agco-werk-saam-om-landboufinansiering-te-optimaliseer/ | 2021-02-19 14:12:14 |
Nuwe kommentaar noodsaaklik om Onteieningswetsontwerp in huidige formaat te stop | This post is also available in: English
Lede van die publiek moet die twee wetgewende prosesse wat tans ter sprake is en daarop gemik is om ‘n beginsel vas te stel dat grond onteien kan word teen nul vergoeding duidelik verstaan.
Die een behels die proses van ‘n onteieningswetsontwerp en die ander is die konsepproses vir die 18de wysigingswetsontwerp op die Grondwet, om nul vergoeding moontlik te maak. Vrystaat Landbou (VL) doen ‘n beroep op nie net eienaars van plaasgrond nie, maar ook alle eiendomseienaars om gebruik te maak van die verlengde tydperk vir kommentaar op die Wetsontwerp op Onteiening.
Volgens VL is dit baie makliker om die beginsel van onteiening sonder vergoeding deur die parlement te laat aanvaar deur die wetgewende proses wat slegs ‘n meerderheid van 50% in die parlement vereis, terwyl ‘n grondwetwysiging van hoofstuk 2 die steun van twee derdes van die parlement vereis. Daarom die belangrikheid om die Onteieningswetsontwerp in sy huidige formaat te stop.
Vrystaat Landbou is gekant teen onteiening sonder vergoeding. Die organisasie beskou die instelling van onteiening sonder vergoeding as ‘n politieke- en verkiesingsinstrument en nie as ‘n billike en regverdige meganisme om eiendomsreg vir alle Suid-Afrikaners te verbreed en te versterk nie. Uit die regering se geskiedkundige hantering blyk dit dat voorheen benadeelde individue nie grond sal besit nie, maar die regering sal slegs sy eie grondbesit vermeerder.
Tans besit die staat 5 300 plase in Suid-Afrika. VL is van mening dat die nuwe klousule, onder andere waarin die omstandighede waarin grondonteiening sonder vergoeding geregverdig kan word “in die openbare belang”, heeltemal verwyder word van die Wetsontwerp op Onteiening sowel as enige verwysing na nul vergoeding, aangesien dit uiteindelik nie op die lang termyn in die beste belang van die land sal wees nie.
VL se aanlyn-petisie, wat lede van die publiek meer agtergrond inligting gee en die VL-aksieplan om sekere onaanvaarbare bepalings van die huidige wetsontwerp te opponeer, kan gevind word op https://vrystaatlandbou.co.za/stop-onteiening/. Skriftelike voorleggings kan nou gedoen word tot 28 Februarie 2021, waarna VL sy lede sal lei om deel te neem aan die openbare verhore wat daarop volg.
Bron: Vrystaat Landbou | https://www.proagri.co.za/nuwe-kommentaar-noodsaaklik-om-onteieningswetsontwerp-in-huidige-formaat-te-stop/ | 2021-02-09 15:15:42 |
SONA: Vrystaat Landbou - Ons het beleidsekerheid en goeie bestuur nodig! | This post is also available in: English
Vrystaat Landbou (VL) beskou die komende staatsrede (SONA) as ‘n geleentheid vir die regering om sy beleide en doelstellings te herbelyn met dit wat landbou en die breër ekonomie nodig het om te herstel en werk vir almal te skep.
Slegte beleid soos onteiening sonder vergoeding (OSV) is ‘n groot struikelblok in ons land se pad vir ekonomiese groei en moet gestaak word. “Indien pres. Ramaphosa sy regering na verantwoordelike beleide kan rig, sal ons sien dat sakevertroue herstel. Ons hoop op beleid wat eiendomsreg sal versterk om alle boere en Suid-Afrikaners se daaglikse besigheid ondersteun. Ons kan nie net hierop hoop nie, maar ons, die landbougemeenskap as boere en werkers, werk reeds aktief hiertoe,” het Francois Wilken, president van Vrystaat Landbou, gesê.
Ware ekonomiese vryheid behels om oor die reg te beskik waar privaat eiendom besit, ontwikkel en beloon kan word en deur produktiwiteit ontsluit word. Onteiening sonder vergoeding van hierdie eiendom ontneem ekonomiese vryheid. President Ramaphosa het tydens die 2020 SONA aan Suid-Afrikaners belowe dat sy regering ons inherente reg op menswaardigheid sal beskerm. In dieselfde afdeling het die president die landbousektor as een van die bedrywe met die grootste potensiaal vir groei geïdentifiseer. Die SONA-opmerkings in 2020 staan in kontras met die regering se optrede.
Onteiening sonder vergoeding is ‘n sentrale agenda van die regering gemaak om artikel 25 van die Grondwet te wysig en ‘n Onteieningswetsontwerp ter tafel te lê waarvolgens onteiening van grond sonder vergoeding toelaatbaar is. Gesprekke oor grondwet- en wetsontwerpwysigings wat onteiening van eiendom sonder vergoeding moontlik maak, het vrees geskep en beleggers weggejaag omdat dit inbreuk maak op die basiese reg om privaat eiendom te besit en te ontwikkel. Dit beroof ons landsburgers van die “inherente reg op menswaardigheid”.
Vrystaat Landbou het onsuksesvolle beloftes geïdentifiseer waarop verbetering gesien wil word:
1. “Waterverbruiklisensies word nou binne 90 dae uitgereik” – dit is nie bereik nie.
2. “Belegging en groei vereis ‘n veilige, stabiele en misdaadvrye omgewing” – Die regering is sentraal in ons land se misdaad en onveilige omgewing met beleidsonsekerheid.
3. “Polisie sigbaarheid, doeltreffende opleiding en beter hulpbronne vir polisiekantore is ons prioriteite.” – Dit was nie die geval vir die grootste deel van Suid-Afrika nie, veral die Vrystaat, waar die tragiese moord op Brendon Horner polisiebeamptes by veediefstalsindikate impliseer en landelike moord en misdaad toegeneem het!
4. “Ons sal nie teleurstel in die stryd teen korrupsie en staatskaping nie.” – Ons kan nie meer verskil met die algemene siening dat die regering en die ANC sy geloofwaardigheid verloor het nie. Ons het min vertroue in die regering deur ons eie ervaring en weens feite wat deur die staatskapingskommissie bekend gemaak word.
5. “Die implementeringspan van die infrastruktuurfonds het die lys met graafklaar projekte afgehandel” – dit het geen effek gehad op die skokkende toestand van paaie-infrastruktuur in die Vrystaat nie.
6. “Die distriksontwikkelingsmodel is doeltreffend gebruik om onwettige stortingsterreine skoon te maak, pompstasies op te knap om rioolstorting in die strate te stop, paaie te bou en waterpype aan te lê en water en toilette aan plaaslike skole te voorsien.” – Dit was nie deursigtig nie, en ons weet nie of dit ook ‘n vrugtelose en verkwistende uitgawe is nie.
“Ongelukkig toon die geskiedenis dat politici hierdie leë beloftes maak en dat die ‘wenslys’ slegs ʼn poging is om die massas se ontevredenheid te herlei. Ons kan waarskynlik meer van dieselfde verwag met die naderende verkiesing en die feit dat die ANC dieper in sy eie interne dilemma verval terwyl die res van die land leierloos en rigtingloos gelaat word.” sê Wilken.
Vrystaat Landbou hoop van harte dat die president hierdie kwessies oortuigend kan aanspreek, “anders is dit tyd dat die publiek van Suid-Afrika verder verenig om plaaslike beheer oor ons eie kiesafdelings te neem en ‘n verskil in ons eie gemeenskappe te maak in plaas daarvan om op ‘n mislukte regering te vertrou.”
Bron: Vrystaat Landbou | https://www.proagri.co.za/sona-vrystaat-landbou-ons-het-beleidsekerheid-en-goeie-bestuur-nodig/ | 2021-02-11 13:42:04 |
Orthman se proewe wys: Kunsmis op die regte plek maak die verskil | This post is also available in: English
In Amerika plant Orthman gereeld proewe op verskillende plekke sodat boere in die omgewing met hulle eie oë kan sien watter verskil strookbewerking met die korrekte plasing van kunsmis kan maak.
Met die ondersteuning van Mike Petersen, hooflandboukundige van Orthman Stateside, het Brian Nieuwoudt van Orthman in Suid-Afrika ՚n stel vergelykende proewe op ՚n plaas naby Heidelberg opgestel.
Die proef
՚n Orthman 1tRIPr met kunsmisbakke is gebruik om die vier verskillende proefblokke op een dag voor te berei, gereed vir planttyd. Die mielies in die proefblokke se groei is met mekaar en met die konvensionele aanplantings op die plaas vergelyk.
Die vier blokke is ewe diep bewerk. In Blok Een is die korrelkunsmispakket, bestaande uit N-P-K-S, 250 mm diep geplaas, Blok Twee het geen voedingstowwe ontvang nie, in Blok Drie is dit 180 mm diep geplaas en in Blok Vier 110 mm diep.
Mike sê: “Die rede vir die verskillende dieptes is omdat die wortels op verskillende stadia van groei in kontak kom met die voedingstowwe en dit lei tot verskillende fisiologiese reaksies in die plant met betrekking tot plantgroei en -gesondheid. Hierdie reaksies in die vroeë stadium van ՚n mielie se leeftyd kan ՚n groot verskil maak in die plant se ontwikkeling.”
Tabel 1: Data van 21/01/2021 (Hoogte van plante in cm)
Tabel 2: Wortelgroei in die verskillende proefblokke
Nota: Die plasing van 110 mm was die teiken vir die proef. Die ander dieptes se aantal wortels word as % minder aangedui.
Die uitslae
In Tabel 1 word baie duidelike verskille in groei aangedui. Die mielies in die strookbewerkingsproef het in dieselfde tyd twee meer blare ontwikkel en het 10 tot 10,5 cm hoër gestaan as die konvensionele aanplanting.
Die twee bykomende blare maak ՚n groot verskil in die energie wat van die son af opgevang en deur fotosintese aan die plant beskikbaar gestel word. Brian sê: “Wanneer ՚n stelsel ՚n plant
kan help om vinniger meer blare te ontwikkel en gesond te groei deur voedingstowwe binne bereik van die wortels te plaas, dan maak dit mos sin om so ՚n stelsel te ondersoek. Ons sal die groei dophou soos die seisoen vorder. Strookbewerking se klein verskille lei tot groot moontlikhede vir beter groei en opbrengs, natuurlik altyd afhangend van klimaatstoestande en reën.”
Geen goeie dinge kan bokant die grond gebeur as dit nie ook onder die grond gebeur nie. Kennis van die rol van wortelgroei, hoeveel wortels ontwikkel, hoe diep hulle die grond indring en uit hoeveel kubieke meter hulle vog en voedingstowwe kan onttrek, help ՚n boer om te verstaan watter invloed bewerkingspraktyke en die plasing van voedingstowwe op opbrengs kan hê.
In die proef is daar ook onder die grond gemeet en getel. Tabel 2 wys die verskille in die aantel wortels wat ontwikkel het in die verskillende blokke. Mike sê: “Ek sien hierdie verskille al die afgelope 21 jaar in Amerika en ons wys dit nou graag ook aan Suid-Afrikaanse boere.”
Opbrengs is die maatstaf van sukses. Orthman het die gereedskap om jou te help om kos by die plant se mond, sy wortels, uit te bring. Dit maak die verskil.
Wortelontwikkeling van ՚n mielieplant op 60 dae
Meer wortels groei as die kos op die regte tyd en plek vir die plant beskikbaar is. Meer wortels beteken groter oeste.
Kontak Brian Nieuwoudt vir meer inligting by 076-283-0766, 012-940-2155 of oalsales@orthman.com. Besoek ook www.orthman.com en www.precisiontillage.com. | https://www.proagri.co.za/orthman-se-proewe-wys-kunsmis-op-die-regte-plek-maak-die-verskil/ | 2021-02-22 06:23:11 |
Boer meer produktief, gemakliker en groter . . . Die keuse lê by jou | This post is also available in: English
As wêreldleier in landboutegnologie spits John Deere hom daarop toe om boere te help met die uitdagings van landbou.
Die 8R-reeks trekkers is die grootste, sterkste en slimste trekkers nog wat deur dié internasionale plaastoerustingvervaardiger ontwikkel is en bied uitsonderlike keuses wat elke boerdery in staat stel om meer produktief te wees met behulp van die nuutste tegnologie, saamgevat in ՚n buitengewone ervaring.
Tegnologie is die kernpunt van ՚n doeltreffende en volhoubare landbouonderneming en daarom het John Deere met die ontwerp van die 8R-reeks seker gemaak dat tegnologie ook die gebruikservaring van die trekkers verhoog. In die huidige ekonomiese omstandighede is dit vanselfsprekend om jou sente om te draai, en dan soms nog weer ՚n keer. Vir jou masjinerie om vir jou die beste resultate te lewer, moet jou masjien geoptimaliseer word tot jou voordeel, en John Deere is daar om jou daarmee te help.
Slim en bruikbare ratkastegnologie maak dit maklik om met die 8R-reeks te werk. Die 8R-trekker bied ՚n wêreldklas kragoordrag-opsie. Met die rewolusionêre e23™-transmissie kan jy tussen drie verskillende kragoordragstelsels kies, waarvan Efficiency Manager™ ՚n gunsteling is. Die John Deere Automatic PowerShiftratkas met sy 16 vorentoe- en 5 truratte maak reeds van trekkerbestuur ՚n groot genot. Die ratkas skakel vanself oor na laer of hoër versnellings soos toestande dit vereis.
Wanneer die trekker sy draai op die wenakker maak, skakel die ratkas self terug om die enjinomwentelinge laer te hou. Die AutoPowr-ratkas verseker ook groter trekkrag teen laer snelhede om meer hektaar per uur te bewerk en om die versnelling te kies wat die beste brandstofdoeltreffenheid vir elke taak bied. Terselfdertyd sorg uitlaatgashersirkulasie vir skoner uitlaatgas en beter brandstofbenutting.
As jy op soek is na die betroubare meganiese trekkrag van PowerShift, asook die outomatiese vermoë van AutoPowr/IVT, is die e23 die regte keuse vir jou. Met 23 vorentoe en 11 agtertoe ratverwisselings, kombineer die e23 geleidelike ratverwisselinge met die regte hoeveelheid kraglewering.
Deur die gebruik van outomatiese kenmerke soos die AutoClutch, Efficiency Manager, volledige AUTO Mode, Custom Mode, en Eco Mode bied AutoPowr/IVT presisie in ՚n PowerShifttransmissie. Die 8R-reeks is in vyf wieltrekkers en drie rusperbandmodelle beskikbaar. Die internasionaal bekroonde 8RX-model is die eerste vasteraamtrekker met vier rusperbande en is spesiaal ontwerp om die grond te beskerm sonder om doeltreffendheid in te boet. Dit het die minste grondverdigting van trekkers in sy klas, met ’n maksimum spoorwydte van 3 meter.
Die kajuituitleg laat die boer toe om selfs nog meer ure te werk sonder dat hy dit eers agterkom. Vir sigbaarheid, gemak en gerief is daar verskillende pakkette beskikbaar. Die 8R-reeks bied drie kajuitgeriefspakette: Select, Premium en Ultimate. Die nuwe eienaar kan dus uitsien na gemakeienskappe soos lugverkoeling, ՚n leersitplek, draaistoel om sigbaarheid van werktuie agter die trekker te verbeter, ingeboude yskas en Bluetooth-verenigbare klanksisteem. Die stilering en gerief van die nuwe 8R-reeks se kajuit plaas dit in klas van sy eie. Praktiese verbeterings is groter trappe, ’n laer buitedeurhandvatsel, ’n wyer ingang en meer kopruimte.
Gebruiksgerief word verder moontlik gemaak deur die ILS (Independent-Link Suspension of Onafhanklikeskakel-veerstelsel). Met die gevorderde ILS-stelsel hoef die trekkeroperateur nie self te besluit of die stelsel aan of af moet wees nie. Die gevorderde John Deere elektroniese bestuurstelsel besluit self wanneer die stelsel aangeskakel moet word. Die ILS-stelsel gee meer kraglewering omdat die voorwiele grondkontakdruk behou. Dit sorg vir rygerief in die lande en ook op paaie, verhoog die aanpasbaarheid van gewigtebelading en verlaag die geneigdheid tot kragwip drasties.
Produktiwiteit en lang skofte loop hand aan hand en daarom gee John Deere se 8R-reeks baie aandag aan sigbaarheid. Vir nagwerk het die trekker genoeg ligte om die donkerte reg rondom die trekker in lig te omskep. Die 360º-LUD-beligtingstelsel is 60% helderder as vantevore. Sonskerms vir die dag en kameras voor en agter die trekker help verder om sigbaarheid te verbeter.
Hoekom nog wag en uitstel?
Kontak of besoek jou naaste handelaar vandag om die verskillende opsies wat die 8R-trekkers bied te bespreek en neem die besluit om meer produktief, doeltreffend en gerieflik te boer. | https://www.proagri.co.za/boer-meer-produktief-gemakliker-en-groter-die-keuse-le-by-jou/ | 2021-02-22 16:15:35 |
Agri SA dien kommentaar op Onteieningswetsontwerp in | This post is also available in: English
Agri SA het sy kommentaar op die Onteieningswetsontwerp op 22 Februarie 2021 elektronies by die Portefeuljekomitee op Openbare Werke en Infrastruktuur ingedien, sê Annelize Crosby, die organisasie se hoof van Grondsake.
Dit is gedoen met die mandaat van al dié organisasie se affiliasies. Agri SA het twee studies ter ondersteuning van die kommentaar laat doen, naamlik ’n studie oor die ekonomiese uitwerking van ’n benadering van nulvergoeding of minimale vergoeding asook ’n studie oor die uitwerking van die Covid-19-pandemie op die landbousektor.
“Die organisasie het verder ook regsadvies oor die aangeleentheid ingewin, wat gebruik is in die opstel van die skriftelike voorlegging.”
Agri SA se voorlegging behels kortliks die volgende hoofpunte:
• Agri SA verteenwoordig die grootste groep landelike grondeienaars en wil ’n volhoubare, lewensvatbare sektor verseker.
• Die landbouers van vandag kan nie alleen aanspreeklik gehou word vir historiese gebeure nie en daar kan nie van hulle verwag word om die las van die apartheid-era se ontnemings te dra nie.
• Agri SA se ondersteuning van vryemarkbeginsels bly onveranderd.
• Grondeienaars wie se grond onteien word, moet altyd die reg hê om hulle tot die howe te wend.
• Verwysing word gemaak na die ekonomiese studie oor die potensiële ekonomiese gevolge van nulvergoeding of minimale vergoeding en spesifiek die uitwerking op kapitaal-vorming asook van die studie oor die uitwerking van die pandemie op die landbousektor.
• Die internasionale perspektief word gestel dat die meeste lande se grondwette vergoeding vereis en daar word verwys na die Verenigde Nasies se Voedsel en Landbou-organisasie se studie oor beste praktyk vir verpligte verkryging van eiendom.
• Lesse geleer uit Zimbabwe en Venezuela word gedeel en illustreer die rampspoedige gevolge van hul grondbeleid vir hul onderskeie ekonomieë.
• Die belastingimplikasies in terme van ’n potensiële verlies aan belastinginkomste vir die regering word ook beklemtoon asook die potensiële nadelige uitwerking op voedselsekerheid.
• Kommentaar op spesifieke definisies en klousules, soos die omskrywing van ‘onteiening’ en ‘openbare belang’ en die R0-vergoedingklousules.
• Agri SA voel sterk daaroor dat grondeienaars onmiddellik genoegsame en effektiewe vergoeding behoort te ontvang, wat hulle dan in staat sal stel om elders weer te begin, en hulle moet nie swakker daaraan toe wees as gevolg van die onteiening nie.
Bron: Agri SA | https://www.proagri.co.za/agri-sa-dien-kommentaar-op-onteieningswetsontwerp-in/ | 2021-02-23 09:42:30 |
Die CAT S62 Pro: Taai gereedskap vir tawwe omgewings | This post is also available in: English
Jy kies tog jou toerusting en gereedskap op grond van hoe taai en veelsydig dit is – waarom dan nie ook jou selfoon nie?
Om die jongste slimfoon te koop as jy eintlik ‘n aktiewe, buitelugleefstyl geniet, is soos om ‘n sportmotor vir ‘n 4×4-vakansie te koop. Jy behoort eintlik vir jouself ‘n toestel met ‘n reputasie vir sy robuustheid en betroubaarheid aan te skaf – een wat spesifiek ontwerp is vir jou behoeftes. En dís waar die CAT S62 Pro rugged-slimfoon inkom…
Deesdae doen ons oral besigheid, en is ons selfone ‘n belangrike hulpmiddel om ons met die res van die wêreld in verbinding te hou. Ons neem ons selfone oral en verwag dat dit moet tred hou met ons besige leefstyl, ‘n harde val kan oorleef en in tawwe omgewings met stof, modder en water steeds moet kan doen wat ons daarvan verwag.
Die Cat S62 Pro is waterdig (IP68/69), stof-, krap- en valbestand, het ‘n Amerikaanse militêre MIL-STD-810H-gradering, ekstra taai ontwerp, ultra-helder skerm, revolusionêre termiese kamera en ‘n ekstra-lang battery-lewe. Diė foon is gebou om HARD te werk!
Met ‘n moderne, robuuste ontwerp word die CAT S62 Pro beskerm deur ‘n hoë gehalte aluminium omhulsel en die nuutste geharde krapbestande Corning® Gorilla® Glass 6. Dit het dubbele SIM-gleuwe en uitbreibare geheue via microSD (1x SIM + 1x microSD / 2x SIM), ‘n geel programmeerbare knoppie wat nuttig is vir PTT (push to talk), en ‘n vingerafdruksensor.
Dis robuust, nes jy van CAT sou verwag, gehuisves in ‘n glyvaste rubberagtige TPU wat ontwikkel is om alles wat die lewe na dit gooi, te hanteer.
CAT het soveel vertroue in hul produk dat hulle ‘n waarborg van 24 maande insluit. As jou selfoon dalk binne die waarborg-tydperk breek, sal dit gratis herstel word by ‘n plaaslike (of internasionale) herstelsentrum.
Het jy al jou foon gewas vandag?
Higiëne is van kardinale belang en jou selfoon gaan oral saam met jou en kom daagliks in kontak met verskeie oppervlaktes – insluitend jou gesig. Gelukkig kan die Cat S62 Pro gereeld (en deeglik) met seep of skoonmaakmiddels gewas word. Dis ook nie nodig om ‘n beskermende selfoonskerm te gebruik wat kieme onnodiglik vasvang nie.
Die beste termiese kamera nóg
Aangedryf deur die FLIR Lepton® met die hoogste resolusie wat beskikbaar is, bied die professionele FLIR Lepton 3.5-sensor ‘n viervoudige toename in die aantal termiese pixels wat vertoon word. In kombinasie met FLIR se VividIR-tegnologie, lewer die Cat S62 Pro verbeterde beeldkwaliteit, skerper beelde en ‘n hoër termiese resolusie.
Termiese beelde kan nou gekombineer word met die visuele beelde van die dubbel-pixel 12MP Sony-kamera, of gebruik word met FLIR se MSX-tegnologie (Multi-Spectral Dynamic Imaging) met veranderlike intensiteit wat lineêre detail van die toneel op die termiese beeld lê vir beter konteks en duidelikheid.
Dié nuwe funksies skep ‘n meer meesleurende en intuïtiewe ervaring en verseker dat die Cat S62 Pro termiese prente van wonderlike gehalte lewer.
Hoekom kort jý ‘n termiese beeldkamera?
Termiese beelding word in die loodgieter-, elektriese- en HVAC-industrieë gebruik om lekkasies op te spoor, vogtigheid te diagnoseer, brandpunte betyds raak te sien, elektriese kortsluitings uit te lig, verstopping te voorkom of verhoogde temperature te identifiseer.
Termiese beelde word deur veeartse gebruik om beserings of siektes by diere te diagnoseer terwyl wildbewaarders weer die termiese beeldkamera gebruik om die sterftyd van ‘n dier te bepaal of om stropers op te spoor.
Wêreldwyd het boere ook ontdek dat die termiese beeldkamera gebruik kan word vir diagnostiese redes en die vroeë identifisering van infeksies of siektes by hul vee. Termiese ondersoeke kan hittestres by skape opspoor en die hoefgesondheidstatus by beeste monitor, en veeartse kan dit gebruik om dierebeserings vinnig te identifiseer.
Dit stel jou in staat om in totale duisternis of rook te kan sien, wat dit dus ideaal maak vir jagtogte, of om snags enige gevaar of indringers betyds te identifiseer en op te spoor. Die gebruike is eindeloos en verbruikers vind voortdurend nuwe toepassings vir hul termiese beeldkameras.
Kyk met nuwe oë na die revolusionêre Cat S62 Pro – die toppunt van innovasie, funksionele ontwerp en robuuste duursaamheid.
Die Cat S62 Pro is tans beskikbaar op kontrak of direkte aankope.
Vir meer inligting, besoek gerus launch.catphones.co.za en vind uit hoe jý die CAT S62 Pro in jou daaglikse lewe kan gebruik. | https://www.proagri.co.za/die-cat-s62-pro-taai-gereedskap-vir-tawwe-omgewings/ | 2021-02-26 11:51:24 |
ProAgri SA 252 | This post is also available in: English
Riviere vloei van wal tot wal en damme word al hoe voller. Mielies wat skaars agt weke gelede geplant is staan al twee meter hoog. Party is al gepluk vir groenmielies en die reste lê al in kuilvoerkuile. Want tyd staan nooit stil nie en die boerdery moet voortgaan.
Terwyl die sikloon Eloïse haarself teen die ooskus van die Afrika-vasteland uitwoed, is baie boere aan die juig oor die goeie reën wat sy die binneland instuur. Selfs in die dorre streke van die Noord-Kaap en suidelike dele van Namibië het boere weer reën gekry – vir sommiges was dit die eerste druppels in jare. Die verwagting is dat die goeie reën ‘n goeie oesjaar sal beteken. Party boere het dalk te veel reën ontvang, wat net so nadelig vir ‘n oes kan wees soos te min reën.
Maar dit behoort die boorgate, damme en riviere weer te herstel nadat groot dele van die land onder droogtes gebuk gegaan het in die afgelope paar seisoene. In hierdie maand se uitgawe word daar gefokus op besproeiing en ProAgri bring vir lesers die jongste inligting van die grootste besproeiingsmaatskappye in Suid-Afrika.
In ons spesiale besproeiingsafdeling van die uitgawe verken ons die besproeiingsbedryf behoorlik deur die oë van die boere wat daagliks
daarmee moet werk. Besproeiing kom in vele vorme en kan van die kleinste akkertjie natlei tot ‘n reuse spilpunt wat winter- en somergewasse regdeur die jaar nat genoeg hou.
Boere en boerderye is uniek. Die invloed van presisieboerdery het die
landbougemeenskap laat besef dat elke plaas unieke omstandighede en vereistes het. Die maatskappye wat boere van toerusting en produkte voorsien besef ook dat elke boer se behoeftes uniek is. Daarom sien ons meer pasgemaakte oplossings wat op die individuele boer fokus as ooit tevore.
Behalwe vir die besproeiingsbylaag, is daar ook artikels oor grondbewerking, saad en meganiese toerusting, want alhoewel hierdie seisoen se oes nog op die land staan, word daar reeds voorbereiding getref vir die volgende plantseisoen wat later vanjaar sal kom.
Net soos wat ‘n boer aanhou om sy passie uit te leef, sal ProAgri aanhou
om topgehalte artikels oor die jongste tegnologie in die bedryf te versprei. Ek hoor graag waarmee jy besig is op jou plaas, of wat plaasvind in jou omgewing.
Boer slim!
Jaco Cilliers – jaco@proagri.co.za | https://www.proagri.co.za/proagri-sa-252/ | 2021-02-16 20:11:38 |
SONA: Drie vrae moet aan pres. Ramaphosa gestel word | This post is also available in: English
1. Waarom ontvang swart boere nie titelaktes nie?
2. Waarom landbouposte vernietig deur die nuwe minimum loon?
3. Hoe kan die regering nuwe stede bou wanneer die huidige infrastruktuur verbrokkel?
Volgens Vrystaat Landbou (VL) is die vrae wat spruit uit pres. Ramaphosa se 2021- staatsrede. In ‘n verklaring het VL vandag sy kommer uitgespreek dat die land ‘n pad van mislukte beleid en onbereikbare beloftes voortsit.
“Van al die kwessies wat geopper is soos eiendomsreg, werkloosheid en basiese infrastruktuur en dienslewering, staan eiendomsreg uit as die middelpunt van Suid-Afrika se ekonomiese en sosiale debat, maar die land is met min antwoorde gelaat na die staatsrede,” het president van Vrystaat Landbou, Francois Wilken, gesê.
Volgens VL is daar geen manier waarop onteiening sonder vergoeding grondhervorming kan bespoedig nie. Onteiening, selfs met vergoeding, is ‘n laaste uitweg wanneer onderhandelings misluk, en is ‘n lang onsmaaklike proses wat in die howe uitgerek word.
Vertroue en verhoudings lei skade en plaas groot persoonlike en finansiële spanning op die betrokke partye. Dit is beslis nie die proses om te volg wanneer samehorigheid en eensgesindheid gebou word in ʼn land nie. Die beskerming van eiendomsreg en beleidsekerheid is die beste manier om ons ekonomiese herstel te bespoedig en ekonomiese hervormings deur te voer om volhoubare werk te skep en inklusiewe groei te bevorder.
Die president het gespog met die “oordrag van 5 500 plase na 300 000 begunstigdes”. “Dit is nie die waarheid nie” sê Wilken. “Hierdie begunstigdes besit niks nie. Die staat besit hul grond. As eiendomsbesit ‘n regeringsbelang is, waarom kry swart boere nie titelaktes nie?”
Pres. Ramaphosa het sy verbintenis tot werkskepping bevestig, maar die afgelope week is ‘n nuwe nasionale minimum loon ingestel. “Ten spyte van alle argumente, is die ekonomiese realiteit dat hoër lone nie bekostigbaar is in ‘n krimpende ekonomie nie.” sê Wilken.
‘n Plaaswerker kan binne ‘n paar dae se werk meer verdien teen ‘n markverwante loon as ’n werklose met die toelaag wat hulle van die regering sou ontvang. In ekonomiese tye soos hierdie, het die minimum loon eerder ’n struikelblok vir toegang vir beide die werknemer en die (voornemende) werkgewer geword. Waarom landbouposte vernietig deur die nuwe minimum loon? Hoe kan die regering nuwe stede bou wanneer die huidige infrastruktuur verbrokkel?
Beide munisipale en provinsiale infrastruktuur soos paaie, water- en sanitasiedienste verbrokkel regoor die land en veral in landelike gebiede weens gebrek aan instandhouding en goeie bestuur. Die aankondiging om nuwe stede te bou, blyk ‘n vals elitistiese reaksie te wees op die benarde posisie van miljoene burgers. Suid-Afrikaners moet nie vir hierdie ydele politieke projekte betaal nie. ‘As boere en werkskeppers is ons selfs meer besorg na SONA 2021.
Beleid wat nodig is om voedselsekerheid en eiendomsreg te ondersteun is geïgnoreer. In plaas daarvan hou die politieke ideologie die posisie. Die staat is verswak deur plundering en korrupsie. Dit is duidelik dat ons kan verwag dat hierdie trajek sal voortduur. Dit beteken dat die landbougemeenskap sy leiersrol in landelike gebiede in Suid-Afrika sal moet vergroot.” het Wilken gesê.
Bron: Vrystaat Landbou | https://www.proagri.co.za/sona-drie-vrae-moet-aan-pres-ramaphosa-gestel-word/ | 2021-02-12 14:24:20 |
TLU SA stel veldtog bekend om veiligheidsuitgawes belastingaftrekbaar te maak | This post is also available in: English
TLU SA het vandag ‘n veldtog bekendgestel om die Belastingwet so te verander dat alle Suid-Afrikaners enige veiligheidsuitgawes teen belasting kan verhaal.
Afdeling 23(b) van die Belastingwet verhoed Suid-Afrikaners om veiligheidsuitgawes van inkomstebelasting af te trek. Hoewel besighede reeds sodanige uitgawes kan aftrek, wil TLU SA met hierdie veldtog spesifiek daarop fokus om verbruikers – as deel van die landbou waardeketting – ook hierdie noodsaaklike voordeel te bied.
TLU SA het ‘n lys saamgestel van noodsaaklike uitgawes wat elke huishouding in Suid-Afrika van belasting behoort te kan verhaal:
veiligheidsmure;
sekuriteitskameras;
alarms;
elektriese omheining;
lemmetjiesdraad;
waghonde;
24-uur monitering en gewapende reaksie dienste;
huisversekering;
ander tuissekuriteitsmaatreëls en -toerusting; en
uitgawes verwant aan die onderhouding van bogenoemde items.
Die lys sal aangepas word soos wat TLU SA terugvoer ontvang oor bykomende veiligheidsuitgawes.
“Talle Suid-Afrikaners se vryheid is al aangetas omdat hulle slagoffers van misdaad was,” sê mnr. Henry Geldenhuys, die president van TLU SA. “Die Grondwet vereis dat die staat ons beskerm teen sulke aanvalle. Dat die staat geheel en al hierin misluk het, is ooglopend deur net na die staat se eie statistiek te kyk.”
Volgens StatsSA (Statistieke Suid-Afrika) is huisbraak of diefstal die nommer een misdaad in Suid-Afrika. ’n Beraamde 1,2 miljoen gevalle van huisbraak het in die 2019/20 statistiese jaar plaasgevind, en 891 000 huishoudings in ons land geraak. Suid-Afrikaners wat in afgeleë gebiede bly, soos dié op plase, is besonder kwesbaar, aangesien hulle ver weg van enige vorm van bystand bly.
“In die lig van die uiterste gevaar waarin Suid-Afrikaners daagliks verkeer, is dit skandelik dat veiligheidsuitgawes wat deur die belastingbetaler aangegaan word om hulle woning te beveilig, nie van hulle inkomstebelasting afgetrek kan word nie,” sê mnr. Geldenhuys.
Volgens Afdeling 77 van die Grondwet het slegs die minister van finansies – mnr. Tito Mboweni – egter die mag om die bogenoemde wysiging in werking te stel.
“Ons doen ’n beroep op alle vredeliewende Suid-Afrikaners, ongeag van ras, geslag of politiese oortuigings, om met een stem by ons aan te sluit en te eis dat die minister die wet wysig sodat ons onsself kan beskerm,” versoek mnr. Geldenhuys.
Enigiemand kan hierdie petisie deur TLU SA se platform ondersteun deur ‘n e-pos direk aan Minister Mboweni te stuur by hierdie skakel: https://www.tlu.co.za/vryheid-teen-misdaad/.
Bron: TLU SA | https://www.proagri.co.za/tlu-sa-stel-veldtog-bekend-om-veiligheidsuitgawes-belastingaftrekbaar-te-maak/ | 2021-02-23 13:50:48 |
TLU SA nooi landbourolspelers om minimumloon vir plaaswerkers dringend te bespreek | This post is also available in: English
In lig van die aankondiging dat die minimumloon vir plaaswerkers van 1 Maart 2021 ook tot R21,69 per uur verhoog, het TLU SA rolspelers in die landboubedryf genooi om dringend deel te neem aan ‘n gesprek om die situasie te bespreek.
“Ten spyte van baie goeie realistiese insette van verskeie rolspelers in die bedryf, is die verhoging deurgevoer,” sê mnr. Henry Geldenhuys, die president van TLU SA. “Daar heers op die oomblik ernstige kommer dat die kortsigtige optrede van die regering die landbousektor ontsettende skade gaan berokken.”
TLU SA het vandag na rolspelers soos AgriSA, SAAI, die LWO en megaboere uitgereik om koppe bymekaar te sit en die situasie Vrydag 12 Februarie om 12:00 te bespreek. Die doel sal wees om oplossings te vind waar landbouproduktiwiteit nie ingeboet word en werksgeleenthede nie onnodig verlore sal gaan nie.
“Dit is baie belangrik dat ons hierdie probleem gesamentlik in die belang van voortgesette landbou hanteer,” eindig mnr. Geldenhuys.
Enige ander belangstellende partye is welkom om die vergadering deur Zoom of fisies (met Covid-regulasies in ag genome) by te woon. Kontak gerus die hoofkantoor by 012-804-8031 of stuur ‘n e-pos aan sekretaresse@tlu.co.za
Uitgereik deur: TLU SA | https://www.proagri.co.za/tlu-sa-nooi-landbourolspelers-om-minimumloon-vir-plaaswerkers-dringend-te-bespreek/ | 2021-02-10 22:12:12 |
Agrico vereer Hans Dieter Andrag | This post is also available in: English
Agrico eer die nagedagtenis van Hans Dieter Andrag wat op 3 Februarie 2021 onverwags oorlede is.
Hierdie pragtige foto van ‘n Agrico spilpunt is geneem op die Petrusburg pad, naby Bloemfontein, van waar hy lank werksaam was. Hans was vir 43 jaar in diens van Agrico en het ‘n sleutelrol gespeel in die opbou en sukses van die besigheid. As mede-besturende direkteur was hy ondermeer verantwoordelik vir die finansies en administrasie, asook die handelstakke van Agrico. ‘n Privaat gedenkdiens word om 11:00 op Vrydag 12 Februarie vir hom gehou.
Dit kan m.b.v. die volgende skakel gevolg word: https://www.youtube.com/channel/UCXCqDcx3lY9XwK_Ema7Dc6w | https://www.proagri.co.za/agrico-vereer-hans-dieter-andrag/ | 2021-02-08 09:07:40 |
Die spilpunt met n verskil: Reinke stel die standaard in gehalte en diens | This post is also available in: English
Elkeen weet dat ՚n spilpunt vir enige boerdery die verskil tussen sukses en mislukking kan maak; die verskil tussen geil gewasse en droogtespanning; die verskil tussen diere wat presteer of honger ly …
Maar die groot vraag is: Watter spilpunt is die beste vir MY plaas? Reinke het ՚n spilpunt wat op elke boer se plaas, maar ook in elke boer se sak sal pas. Reinke is die grootste besproeiingsmaatskappy in private besit ter wêreld.
Dié Amerikaanse maatskappy is al ’n hele paar jaar besig om uit te brei in Afrika. In Augustus 2017 het die eerste voorraad in Durban by die nuwe pakhuis aangekom. Hierdie pakhuis word gebruik om voorraad te berg spesifiek vir Reinke se Suid-Afrikaanse en ook Afrika-kliënte.
Wanneer ’n boer ’n nuwe spilpunt bestel of onderdele nodig het vir een van sy bestaande spilpunte, word die onderdele hier verpak en hiervandaan na die boer vervoer. Die hele doel van die pakhuis in Durban is om produkte gouer by die Afrika-boere te kry as wat dit sou neem om dit van Amerika af te bestel.
Die blou pyp wat die sprinkelaars aan die hooflyn verbind is van ՚n hoë gehalte silikoon vervaardig wat nie so maklik stukkend brand in die son soos die gewone plastiekpype nie.
Die pakhuis slaag beslis in hierdie doel, vertel George Enslin en Schalk Barnard, plaasbestuurders van Castello Boerdery. Schalk bestuur die plaas buite Potchefstroom in Viljoenskroon se koers, en George is aan die stuur van sake op die plaas naby Rysmierbult in die rigting van Ventersdorp. Hulle boer met graan en Bovelders.
“As ek iets nodig het, stuur Reinke dit gewoonlik dieselfde dag nog na my. In uitsonderlike gevalle waar ՚n afleweringsdiens nie dadelik beskikbaar was nie, het die Reinke-bakkie die volgende oggend by my op die plaas opgedaag,” vertel Schalk.
“Boere is geneig om die verskaffer naaste aan hulle te kies om onderdele so gou moontlik te kry wanneer dit nodig is. Die Reinke-span het bewys dat hulle net so ՚n goeie diens uit Durban lewer as die plaaslike verskaffers. In party gevalle lewer Reinke selfs ՚n beter diens as die plaaslike maatskappye,” voeg George by.
In November 2020 het Schalk besluit om ՚n Reinke-spilpunt op die plaas te laat oprig. Schalk en George het saam besluit op ՚n enkeltoring Reinke-spilpunt wat sowat 2 hektaar besproei. Die rede vir die grootte van die spilpunt was dat die onderhoudskoste van ՚n kleiner spilpunt laer is en die bestuur makliker.
Die spilpunt is opgerig op ՚n uitvalshoek tussen bestaande spilpunte wat voorheen nie onder besproeiing was nie. “Ek het gesukkel om onderdele vir ons bestaande spilpunte op die plaas te kry,” sê Schalk.
George Enslin en Schalk Barnard is albei bestuurders by Castello Boerdery en hulle is hoogs tevrede met die gehalte van Reinke se produkte en naverkopediens.
“George het my die raad gegee om Patrick Ellis te skakel, en die volgende dag was alles wat ek nodig gehad het hier op die plaas. Daar het ons verhouding met Reinke begin.”
Alhoewel Schalk hoofsaaklik op kontantgewasse soos mielies, koring en sojabone konsentreer, het hy besluit om weiding onder die Reinke-spilpunt te vestig.
“Ons het Smutsvingergras onder die spilpunt aangeplant om te sny en te baal vir ՚n goeie wintervoervoorraad. Die beeste kan ook daarop wei,” verduidelik Schalk.
Die spilpunt spog met die beste tegnologie soos net Reinke kan bied. Die beheerstelsel is ՚n GPS-toestel wat uit twee dele bestaan. Die een word op die middelpunt aangebring om die spilpunt se ligging te bepaal. Die ander een sit die verste punt, net voor die oorhang, om te bepaal waar die spilpunt in sy sirkel staan. Op die manier kan die boer die watertoediening op verskillende segmente van die spilpuntsirkel presies beheer.
Die beheerstelsel is Reinke se vlagskipmodel, Reinke Advanced Plus. Hierdie stelsel skakel die spilpunt outomaties af en stop die watertoevoer aan die einde van die siklus. Die Advanced Plus-beheerstelsel kan ook met die ReinCloud-satellietstelsel gekoppel word, sodat die boer alle funksies en verstellings van die besproeiingstelsel vanaf enige plek in die wêreld met sy slimfoon kan beheer. Die satellietstelsel beteken dat daar nie selfoonopvangs by die spilpunt hoef te wees vir die afstandbeheer om te werk nie.
“Ek kan in die huis, of selfs met vakansie by die see wees en die spilpunt met my selfoon beheer,” vertel Schalk.
Buiten die GPS en beheerstelsel spog hierdie spilpunt ook met Reinke se swaardiensratkaste. “Ons het besluit op die swaardiensratkaste omdat hulle met ՚n langer waarborg gelewer word,” vertel George.
Die swaardiensratkaste is die Reinke-UMC® 740-U-AD™ wat die kenmerkende Reinke-blou geverf word. Die ratkaste gebruik groter, sterker laers wat ՚n langer leeftyd bied met ՚n vlekvryestaal dop wat vog en dus ook roes bekamp. Die ratkas is versterk op al die plekke wat gewoonlik die meeste vrag dra, en ՚n stewiger as verseker minder spanning op die wielmoere. Die hele ratkas is ontwerp om versieningswerk so min as moontlik te maak en die leeftyd so lank as moontlik te rek.
Daarom skroom Reinke nie om die ratkas te lewer met ՚n waarborg van 10 jaar of 16 000 uur nie. Volgens Reinke is dit die beste waarborg in die bedryf. Van die ontwerpelemente wat vir Schalk en George die meeste beïndruk is die eenvoudige samestelling van die spilpunt.
“Daar is geen onnodige staal aan hierdie spilpunt nie. Elke pyp en elke stutpaal is doelgerig geplaas om die stewigste struktuur met die minste staal op te rig. Daar is duidelik baie navorsing agter die ontwerp van hierdie struktuur,” sê Schalk.
Die materiaal wat gebruik word om Reinke spilpunte te bou is van die hoogste gehalte. Die pype word in 12-meter lengtes na die plaas vervoer, wat beteken dat daar minder laste, en minder potensiële lekplekke, aan die spilpunt is.
George en Schalk is dit eens: Reinke se topgehalte produk en naverkopediens kan vir enige boer aanbeveel word.
Reinke se UMC® 740-U-AD™-swaardiensratkaste spog met ՚n waarborg van 10 jaar of 16 000 uur en is ontwerp om minder versiening en ՚n langer leeftyd te verseker.
Wesbank Agri bied finansiering vir die aankoop van spilpunte:
• 30% deposito
• Rentekoers tot en met prima -2% oor 36 maande*
*Bepalings en voorwaardes geld
*Rentekoers onderhewig aan indiwiduele kredietrekord
Kontak Patrick Ellis by 031-350-4525 of stuur ’n e-pos aan patrickellis@reinke.com vir meer inligting oor Reinkebesproeiingstelsels. | https://www.proagri.co.za/die-spilpunt-met-n-verskil-reinke-stel-die-standaard-in-gehalte-en-diens/ | 2021-02-17 16:28:55 |
Terugploeg se hulp wat werk word ’n werklikheid | This post is also available in: English
Die eerste sooi van Terugploeg se nuwe verpakkings-, verwerkings- en verspreidingsfasiliteit is op Woensdag 24 Februarie 2021 gespit. Die ontwikkeling is strategies langs die N4-hoofweg geleë, naby die Cullinan/Rayton-afrit.
Die sooispitseremonie is deur verteenwoordigers van Terugploeg se stigterorganisasies, Atterbury Trust, Vibro Bricks en WeBuyCars, sowel as ’n aantal donateurs, boere en konstruksiespanne, bygewoon.
Lood Bester, ’n medestigter van Terugploeg, sê die idee vir die Terugploeg-organisasie het tydens die grendeltyd ontstaan. “’n Groeiende kosnood is in sekere Afrikaanssprekende gemeenskappe opgemerk. Hierdie hulpbehoewendes het geen ondersteuning vanaf amptelike bronne ontvang nie.”
Bester en sy vriende het ingespring en hulle informele voedselinsamelingsaksies het vinnig momentum ontwikkel. Só is ’n netwerk van boere ook betrek. Boere van so ver as Letsitele en Groblersdal het betrokke geraak en tonne groente, vrugte en wildsvleis geskenk. Die voorraad is by Vibro Bricks in Pretoria afgelaai. Daar is die kos verdeel in kleiner porsies en met Vibro-bakkies onder ouetehuise, kinderhuise en skole uitgedeel. Instansies is geverifieer om egte nood te bepaal en om te help waar dit die nodigste is.
Terugploeg het sodoende ontstaan as ’n netwerk weldoeners wie se skenkings verantwoordelik bestuur word om voedsel aan weerlose Afrikaanse gemeenskappe te verskaf om honger te bestry.
’n Groter droom het ook mettertyd posgevat. Terugploeg se visie is nou om as ’n volhoubare organisasie te ontwikkel wat ook werk aan mense uit hierdie gemeenskappe kan verskaf, sodat hulle kan droom van ’n beter toekoms. Hoop, respek, vaardighede en geleenthede is geweldig belangrik vir hulpbehoewendes en Terugploeg se hulp wat werk kan hiermee behulpsaam wees.
Volgens Zahn Hulme, uitvoerende trustee van Atterbury Trust, pas Terugploeg gemaklik in by die ander liefdadigheidsprojekte wat vanuit die trust bestuur word. “’n Maand of wat nadat Lood en sy vriend Herman Marx van Vibro Bricks die inisiatief van stapel gestuur het, het hulle met Louis van der Watt, Atterbury Groep se hoof uitvoerende beampte, ooreengekom om Terugploeg vanuit Atterbury Trust te bestuur.
“Die voordeel van die verbintenis is dat die trust meer as twee dekades se ervaring van liefdadigheids-projekadministrasie het, asook oor die infrastruktuur beskik om sulke teruggeeprojekte doeltreffend te bestuur. Ons is trots op ons reputasie van betroubaarheid en deursigtigheid. Dieselfde geld vir Terugploeg.”
Die Terugploeg-onderneming het so vinnig gegroei dat dit reeds uit sy nate bars. “Ons het gou besef dat ons ’n goed-toegeruste en maklik-toeganklike perseel nodig het om groot hoeveelhede kos op een slag te kan ontvang, verwerk, stoor en uitdeel,” verduidelik Bester.
“Ons het ook geleer dat die kontinuïteit van ’n bord kos elke tweede dag belangriker is as ’n hele wavrag voedsel wat op een slag afgelaai word by iemand wat in ’n Wendyhuisie woon – sonder ’n koelkas. As ’n boer ’n paar beeste of bokke skenk, moet ons dit in maalvleis kan verwerk en kan bêre sodat ons dit selektief kan uitdeel waar nodig.”
Faan en Dirk van der Walt, stigters van WeBuyCars, het hierdie groot struikelblok uit die pad gerol deur agt hektaar grond in die ooste van Pretoria aan Terugploeg beskikbaar te stel. “Vandag vestig ons hier ’n Terugploeg-hoofkantoor,” sê Bester.
Benewens die kosverwerkingsfasiliteit en koelstoor, word ’n groente- en vrugtetuin beplan, asook ’n klerebank. Bester-hulle wil ook braaihout daar laat sny en verpak vir verkoop. “Al hierdie funksies het arbeid nodig: om die tuine te versorg, die kos te verwerk, die klere wat ons inkry te sorteer, was en stryk, die vragte hout te verpak in braaipakke… Dit is ’n lang lys. Só skep ons dus ook werksgeleenthede vir die mense uit die gemeenskappe wat ons dien.”
Verder word daar beoog om ’n lesingsaal in die gebou in te rig waarin kursusse en praatjies aangebied kan word om skoolkinders en volwassenes te inspireer met praktiese raad en opleiding, sodat hulle ook hul eie omstandighede self kan verbeter.
Terugploeg is formeel op 17 November 2020 in samewerking met GrootFM 90.5 as mediavennoot in die Atterbury Teater bekend gestel. Die geleentheid is deur sowat 200 kommersiële boere, potensiële donateurs en sakelui bygewoon. Aanbiedinge van ondersteuning stroom sedertdien in.
Faan van der Walt en Dirk van der Walt, die stigters van WeBuyCars.
Hoe jy kan help
Aangesien die konstruksie van die Terugploeg-gebou binnekort begin, word skenkings in die vorm van konstruksiemateriaal verwelkom. Bakstene en sement, roldeure, matte, lugversorgers, kombuistoerusting, vleisverwerkingsmasjinerie, ens. word dringend benodig.
Kontant-skenkings is altyd welkom
Atterbury Trust reik 18A-belastingsertifikate uit vir almal wat aan Terugploeg skenk, sodat die belastingvoordele van ’n skenking benut kan word.
As jy wil help of meer wil weet oor Terugploeg, kontak vir Lood Bester by 082-925-1118 of Jani Doms by 076 313 7212. E-pos hulle by lood@terugploeg.co.za of jani@atterbury.co.za
Kontantskenkings
Rekening Atterbury Trust
Nedbank 1497004187
Takkode 149745
Terugploeg-statistiek
Organisasies gehelp: 25
Kos geskenk: 73 ton
Etes bedien: 292 000
Huidige skenkerslys
Boela Bruwer Boerdery
CPJ Erasmus Boerdery
Eskort
Meletse Breeders
Fontis Ontwikkelaars
GoGo Groep
GROOTfm 90.5
Kairos
Mahela Boerdery
Miami Canners
Morgan Group
Rossgro Boerdery
Silverton Sign-A-Rama
Tiaan Kruger Boerdery
Van Huyssteens Prokureurs
Velile Tinto & Associates
Vibro Bricks and Paving
WeBuyCars
ZZ2
Bron: ATTERBURY TRUST | https://www.proagri.co.za/terugploeg-se-hulp-wat-werk-word-n-werklikheid/ | 2021-02-26 15:52:56 |
TLU SA voorsien toename in werkloosheid en kospryse oor hoër nasionale minimumloon vir plaaswerkers | This post is also available in: English
TLU SA is geskok en teleurgesteld dat die Nasionale Minimumloon vir plaaswerkers van 1 Maart 2021 in werking tree. Die minister van Werkskepping en Arbeid, mnr. Thulas Nxesi het gisteraand in die Staatskoerant aangekondig dat die minimumloon vir plaaswerkers met 16% tot R21,69 per uur toeneem.
TLU SA het in Desember 2020 kommentaar gelewer teen die implementering van die verhoogde minimumloon en aanbeveel dat die regering heeltemal van die voorstel moet afsien totdat die ekonomie weer groei toon en werkloosheid afgeneem het. Verskeie ander rolspelers het ook teen die voorstel kommentaar gelewer.
“Dit blyk dat die Nasionale Minimumloon Kommissie geensins ag geslaan het op enige van die kommentaar uit die landbousektor nie,” sê mnr. Henry Geldenhuys, die president van TLU SA. “Die vermoë van werkgewers – landbouers – om hierdie vlakke van vergoeding te absorbeer, is bykans onmoontlik. Ons sidder om te dink wat die gevolge gaan wees vir werkloosheid in Suid-Afrika sodra hierdie aanpassing in werking tree.”
TLU SA koop nie die redenasie dat die minimumloon verhoog word om werkers in ‘n beter posisie te plaas nie. Die regering se skynheilige optrede is duidelik wanneer die Uitgebreide Openbare Werkskeppingsprogram en die privaatsektor se lone vergelyk word. Die staat betaal die helfte minder in vergelyking met ander sektore.
“As die regering regtig omgegee het oor die lot van werkers en werkloosheid in die land, sou die staat hulle aanslag tot arbeid heroorweeg het,” sê mnr. Geldenhuys. “As iemand verkies om teen R100 per dag te werk en sodoende ‘n inkomste verdien, eerder as om staat te maak op ‘n toelaag van R40 per dag, moet dit hulle keuse wees. Die land het nou meer as ooit tevore werksgeleenthede nodig, wat die vlakke van armoede sal verlig.
“Die landbousektor – en alle ander privaat bedrywe – moet eerder deur die regering ondersteun word om volhoubare werksgeleenthede te skep.”
TLU SA wil verbruikers waarsku dat die regering se duurder arbeidsloon slegs ‘n verdere styging in voedselpryse teweeg sal bring.
Bron: TLU SA | https://www.proagri.co.za/tlu-sa-voorsien-toename-in-werkloosheid-en-kospryse-oor-hoer-nasionale-minimumloon-vir-plaaswerkers/ | 2021-02-09 13:55:48 |
SA kan groot speler in wêreldmark vir saffraan word | This post is also available in: English
Planne vir die ontwikkeling van die plaaslike saffraanmark is reeds goed op dreef en kan daartoe lei dat Suid-Afrika in die komende jare ʼn beduidende produsent en uitvoerder van die produk – by verre die wêreld se duurste spesery – word.
Dit is goeie nuus vir die Suid-Afrikaanse ekonomie aangesien die uitvoer van saffraan ʼn waardevolle bron van buitelandse valuta kan wees en terselfdertyd met die vestiging van opkomende, kleinskaal boere kan help. Voorts bied dit kommersiële boere ʼn alternatiewe, gediversifiseerde bron van inkomste, veral in die lig van immer veranderende weerpatrone en marktendense, asook ander veranderlikes wat inwerk op boere se bestaande bedrywighede.
Bennie Engelbrecht, stigterslid en ʼn direkteur van Saffricon, sê hulle saffraanboerdery tussen Calvinia en Williston in die Noord-Kaap het in die afgelope paar jaar die kuns van saffraanverbouing onder plaaslike omstandighede vervolmaak, en dat hulle nou die volgende fase – vir die oopmaak van die geleentheid aan ander voornemende boere – bereik het.
Dit sal deur middel van ʼn verbouingskontrak-stelsel, gegrond op driejaarkontrakte met boere, gedoen word. “Ons voorsien die saffraanknolle aan boere, wat hulle dan plant en verbou, en die bloedrooi saffraanstempels (jaarliks) oes en weer aan ons terugverkoop. Onder gunstige omstandighede vermeerder die knolle ondergronds gemiddeld omtrent drie keer per jaar. Dit beteken dat as een knol aan die begin van jaar een geplant word, daar gemiddeld drie knolle aan die einde van daardie jaar sal wees, met nege aan die einde van jaar twee en 27 aan die einde van jaar drie.
“Die knolle word ná jaar drie weer aan Saffricon terugverkoop. Dus berus daar sekerheid by boere oor die afset van die produk, en het hulle ʼn dubbele inkomste-potensiaal: uit die jaarlikse saffraanoes, sowel as uit die veelvoudige knolle.”
Saffricon het die verbouingskontrak-stelsel aan voornemende saffraanboere begin bemark, en verwag dat daar teen volgende jaar voldoende knolvoorraad sal wees om momentum aan die projek te gee. “Hierdie jaar is daar ʼn beperkte voorraad bolle beskikbaar, en slegs ʼn paar uitgekose boere sal van die produk voorsien word. Maar teen 2022 sal ons in ʼn posisie wees om heelwat meer boere te help. Dus moet diegene wat belangstel so spoedig moontlik begin om bestellings by Saffricon (www.saffricon.co.za) te plaas om sodoende teleurstelling te vermy. Ons rol ook ook binnekort ‘starter packs’ uit sodat voornemende saffraanboere vanjaar reeds eerstehands kan bepaal of saffraan goed in sy gebied sal aard.”
Geleentheid vir die ontwikkeling van opkomende, kleinskaalboere – Laeveld Agrochem
Corné Liebenberg, die bemarkingsdirekteur van Laeveld Agrochem (LAC), sê as vennoot van Saffricon voorsien hulle ʼn blink toekoms vir saffraanboerdery in Suid-Afrika. Hy meen dit bied ʼn ideale geleentheid – nie net vir bestaande kommersiële boere nie, maar ook vir die ontwikkeling van opkomende kleinskaalboere – en sal as sodanig help om die land se hoë werkloosheid die hoof te bied.
“LAC wil sover moontlik help en ophef, en die saffraanonderneming bied aan baie boere wat tans onder druk verkeer ʼn alternatiewe opsie, terwyl dit terselfdertyd ʼn geleentheid met goeie vooruitsigte vir kleinboere bied.
“Dit is ideaal vir nisboerdery – ʼn groot groeiarea vir die Suid-Afrikaanse ekonomie en iets waaroor LAC baie passievol is. Die aanvanklike kapitaaluitleg is hanteerbaar en relatief min ruimte word benodig (250m² kan 15 000 knolle akkommodeer). Boonop sal Saffricon help met opleiding om nuwe boere op dreef te kry,” sê Liebenberg.
“Die verbouingskontrak-stelsel sal veral landelike gemeenskappe ophef en hulle ʼn manier bied om nie net in hul basiese behoeftes te voorsien nie, maar ook om hul eie besighede met goeie groeimoontlikhede te vestig. Daarmee saam hoef die boer nie baie lank vir sy opbrengs te wag soos wat die geval is met baie ander gewasse nie. Die bogrondse plantgroei en die uiteindelike oes van die blomme vind relatief vinnig plaas nadat die knolle aangeplant is.
Saffraanboerdery is ook ideaal geskik vir die Suid-Afrikaanse klimaat wat die afgelope paar jare aan ʼn strawwe droogte onderhewig was, aangesien dit baie minder water verg vergeleke met verskeie van die groot tradisionele gewasse in Suid-Afrika,” voeg Liebenberg by.
Waar Suid-Afrika se vernaamste eenjarige gewasse ongeveer 500-800mm besproeiing per seisoen vereis, benodig saffraan – ʼn wintergewas wat van Maart tot Oktober verbou word – tussen 250mm en 300mm per seisoen.
Liebenberg vervolg: “Saffraan kan in byna enige omgewing verbou word, selfs in toestande wat tradisioneel nie geskik of ideaal is vir meeste ander gewasse nie – soos die Noord-Kaap, wat by uitstek geskik is vir die verbouing van saffraan. Dus maak dit voorsiening vir die lewering van ʼn winsgewende oes uit onwinsgewende grond.
Voorts is die saffraanplant nie net rypbestand nie, maar omdat die knolle onder die grond is, word dit vir ʼn groot deel van die jaar beskut teen ongunstige weersomstandighede soos hael. Laasgenoemde, en die feit dat die knolle nie eetbaar is nie, sal dit hopelik ook beskerm teen kleinskaalse misdadigers wat op soek is na kos.”
In Suid-Afrika verkoop saffraan (soms na verwys as “rooi goud”) vir soveel as R250/g (of R250 000/kg). Dié stewige prys word aan arbeidsintensiewe oesmetodes toegeskryf – van die pluk van die blomme tot die verwydering van die stempels – wat alles met die hand gedoen word. Volgens Engelbrecht is 150 000 blomme nodig vir die lewering van 1kg saffraan. “En daar is drie stempels per blom, wat beteken dat 450 000 (gedroogde) stempels nodig is vir 1 kg saffraan. Die opbrengs per hektaar in jaar drie, wanneer die produksie ʼn hoogtepunt bereik, kan tussen 1kg en 5kg wissel.”
Stewige groeiverwagtinge vir wêreldmark
Plaaslike saffraanboere kan verwag om tot R200 000/kg vir hul produk van Saffricon te ontvang, afhangend van die gehalte van die saffraan wat gelewer word. Engelbrecht sê vergeleke met meeste van die ingevoerde produk wat bykans geen reuk het nie en smaakloos is, het die plaaslike saffraan ʼn kenmerkende geur en aroma, wat ʼn bewys is van die gehalte wat hulle bereik het.
Engelbrecht voorsien goeie groeivooruitsigte vir die internasionale saffraanmark, hoofsaaklik omdat die wêreldvraag die aanbod ver oorskry.
Gegrond op ʼn verslag van Grand View Research, is die wêreld-saffraanmark in 2019 op VS$ 881,7 miljoen (ongeveer R13,4 miljard) gewaardeer, met ʼn verwagte saamgestelde jaarlikse groeikoers van 7,3%, tot ʼn uiteindelike markgrootte van VS$1,6 miljard (ongeveer R22,4 miljard) in 2027. Grand View Research se bevindinge is gegrond op ʼn groeiende voedselbedryf, verbeterde lewenstandaarde en verbruikers se toenemende besteebare inkomste.
Saffraan word hoofsaaklik gebruik om geur en kleur aan kos te gee, maar word ook gebruik in die vervaardiging van natuurlike skoonheidsmiddels en natuurlike medisyne, en as ʼn kleurmiddel in die tekstielbedryf.
“Die ‘wonderplant’ het geen afval nie. Die knolle is die bates, terwyl die saffraanstempels baie gewild as ʼn spesery is. Die blomme het medisinale eienskappe en word gebruik vir parfuum en ander skoonheidsmiddels,” sê Liebenberg.
Iran is die grootste vervaardiger van saffraan en beslaan sowat 90% van die wêreldmark. Meeste van hul produk word uitgevoer. Ander lande waar die produk verbou word, sluit in Kasjmir, Afghanistan, Griekeland, Spanje, Marokko, Indië, en nou ook Suid-Afrika.
“Willem Eigenhuis van Laeveld Agrochem se vennoot, Agri Technovation, is ʼn kenner op saffraan en staan Iranse boere op ʼn deurlopende grondslag daarmee by. Ons het dus toegang tot die kundigheid hier op ons eie stoep,” meen Liebenberg.
Suid-Afrika se toetrede tot die saffraanmark sal in die sesde seisoen van LAC se bekroonde Nisboere TV-program, wat in April op VIA, DStv-kanaal 147, uitgesaai word, onder die soeklig geplaas word.
Bron: Saffricon | https://www.proagri.co.za/sa-kan-groot-speler-in-wereldmark-vir-saffraan-word/ | 2021-02-17 08:24:26 |
LEMKEN verseker laer insetkoste en hoër opbrengs | This post is also available in: English
Enige saad se droom is om egalig, eweredig en ewe diep geplant te word in ՚n goed-voorbereide saadbed wat ferm genoeg is vir goeie grondkontak, maar los genoeg sodat die jong plantjies hulle wortels behaaglik kan uitskop om water en voedingstowwe by te kom.
Saad wat so sorgsaam geplant is, ontkiem en ontwikkel eenvormig omdat elke saadjie en plantjie die beste, gelyke toegang tot sonlig, water en voedingstowwe het … en vir die boer beteken dit die hoogste moontlike gesonde opbrengs. ՚n Knap boer wat hierdie droom bewaarheid, is Org Teessen van die plaas Otterfontein net buite Koster, en die toerusting waarmee hy dit doen is natuurlik LEMKEN.
Maar verhoogde opbrengs is nie al nie: LEMKEN bespaar ook geld en tyd deur dit vir Org moontlik te maak om met net een beweging deur die land die perfekte saadbed voor te berei en perfek te plant. Dit beteken minder tyd en brandstof!
Dit werk só: Org span sy trekker van 147 kW voor sy LEMKEN Heliodor 9-grondbewerker in kombinasie met sy Solitair 9-planter in. Nou beweeg hy net een keer deur die land om die grond sonder onnodige vastrappery voor te berei en terselfdertyd tef, Smutsvingergras, witbuffelsgras, bloubuffelsgras, akkerbone, dolichos of sojabone te plant.
Alle LEMKEN-werktuie word volgens
streng Europese standaarde
vervaardig en kan opvou tot ՚n
breedte van slegs 3 meter om deur
enige plaashek te pas.
Hy sê: “Met LEMKEN kom die gewasse baie gelyk op. Jy het ’n egalige groei, wat ’n baie beter opbrengs verseker.” Al hoe meer boere regoor die wêreld span LEMKEN-werktuie in om vooruit te boer. LEMKEN word immers gebou vir doeltreffendheid en duursaamheid. Net die beste staal word gebruik en net die vernuftigste planne word in die ontwerp en vervaardiging ingespan – soos die LEMKEN-laers wat die Heliodor 9 se skottels dra. Hierdie laers hou veel langer as gewone laers omdat dit spesiaal ontwerp is sodat stof en grond dit nie kan binnedring nie, en boonop verg hulle geen onderhoud nie.
Die Heliodor se twee rye kontragemonteerde, gehapte skottels vermeng plantmateriaal deeglik met die bogrond om grondlewe aan te wakker, maar hy kan ook gebruik word om geploegde lande mooi gelyk en plantgereed te maak. Elke skottel is teen presies die regte hoek aan sy eie, stewige bladveer emonteer.
Agter die skottels volg ՚n stel staalrollers wat kluite breek en die saadbed eenvormig en ferm gelyk maak. Die rollers beheer ook die werkdiepte, wat met die minste moeite verstel kan word. Die Solitair plant die saad netjies en sorgsaam op ’n voorafbepaalde diepte – nie net strooi en toekrap nie. Die planter kan verstel word om saad van so vlak as 1 mm tot so diep as 70 mm in die grond te plaas. “Ek het al afgeklim en gekyk waar ek geplant het. Al die saad lê op dieselfde diepte in die grond,” sê Org.
“Dit gee elke saadjie ՚n gelyke kans om te ontkiem en elke plantjie ՚n gelyke kans om te ontwikkel. Die voer se eweredige opkoms maak ook die bewerking na opkoms baie makliker.”
Lugdruk voer die saad van die groot saadbak na die plantereenhede en word verstel na gelang van die gewig van die tipe saad wat geplant word.
“Ek gooi in die oggend genoeg saad vir die dag in die planter se groot tenk en hoef dan nooit deur die dag aan te vul nie,” vertel Org.
Blackie Swart, LEMKEN se verkoopsbestuurder in die gebied, vertel dat een van die grootste pluspunte van die Solitair 9 is dat indien hy met Isobus bestel word, die trekker se skerm
Blackie Swart, LEMKEN se gebiedsverkoopsbestuurder,
Org Teessen,
boer van Koster, en Jacobus Beyers,
LEMKEN se tegniese verteenwoordiger,
wys hoe lyk Org se voortreflike
LEMKEN-kombinasie waarmee hy in
een beweging sy land netjies bewerk
en perfek beplant.
gebruik kan word. Jy het dan nie ’n bykomende skerm in die kajuit nodig nie. Org verduidelik hoe maklik die planter se kalibrasie werk: “Dit verg net tien minute en dit is baie maklik. Die uitweegkaart aan die kant van die planter wys die vyf verstellings waaruit jy kan kies. Daarvandaan werk alles elektronies. Jy weeg met ’n elektroniese skaal die hoeveelheid saad wat jy per hektaar wil plaas en lees dit in op die skerm. Die planter werk self die hektare uit en meet dit teenoor die hoeveelheid saad. Ek was nog nooit meer as 12 kg op 50 hektaar uit nie. Jy kan jou masjien presies instel.”
Org is ook baie tevrede met die naverkopediens wat LEMKEN se personeel hom bied. “Blackie is altyd daar om te help, en onderdele en inligting is altyd beskikbaar,” sê Org.
Vir meer inligting oor LEMKEN-werktuie, kontak Karel Munnik by 082-412-2577 of k.munnik@lemken.com; of Blackie Swart by 082-404-9651 of b.swart@lemken.com, of besoek www.lemken.com.Gaan loer ook gerus op www.Agri4all.com na LEMKEN se ander produkte wat boerdery ՚n winsgewende plesier maak. | https://www.proagri.co.za/lemken-verseker-laer-insetkoste-en-hoer-opbrengs/ | 2021-02-22 15:31:52 |
Wynoesherdenking 2021: Wynbedryf vereer vier baanbrekers | This post is also available in: English
Vier baanbrekers van die Suid-Afrikaanse wynbedryf is op Dinsdag 2 Februarie 2021 vereer tydens die bedryf se jaarlikse Wynoesherdenkingsgeleentheid.
Die geleentheid, wat vanjaar vir die 10de keer op die geskiedkundige Groot Constantia-wynlandgoed in Kaapstad aangebied is, het virtueel plaasgevind. Die doel van die geleentheid is om die wynbedryf se ontstaan 362 jaar gelede op 2 Februarie 1659 te vier, die Seën op die Oes te vra en rolspelers te vereer.
Dr Ernest Messina, voorsitter van Groot Constantia, het in sy openingstoespraak gesê herdenking beteken dat die storie van die Suid-Afrikaanse wynbedryf “herleef, hersien en vernuwe” moet word. Volgens Messina moet die volle storie van die bedryf aan meer mense vertel word om onkunde aan te spreek en om te keer, asook by te dra tot ‘n meer verteenwoordigende toekoms vir die bedryf. “Op hierdie manier sal almal wat gehelp het – en steeds help om die bedryf te vorm en te bou – erken, waardeer, gehoor en gesien word.”
Groot Constantia se direksie het vanjaar as deel van die Wynoesherdenkingsgeleentheid drie nuwe toekennings ingestel om breër erkenning moontlik te maak. Hierdie toekennings dek die kategorieë Diversiteit en Transformasie, Wynwaardering en Wynbevordering, asook Wingerdbou en Wynskepping.
Beyers Truter, ontvanger van die 1659-Toekenning vir Visioenêre Leierskap.
Visioenêre Leierskap
Die Stellenbosse wynlegende Beyers Truter, wêreldwyd bekend as die koning van Pinotage, is met die ikoniese 1659-Toekenning vir Visioenêre Leierskap vereer. Die kriteria vir individue of organisasies om vir hierdie gesogte toekenning in aanmerking te kom, sluit in waarneembare pogings en inisiatiewe wat die Suid-Afrikaanse wynbedryf bevoordeel het; ‘n blywende impak en nalatenskap; en om ander in die bedryf aan te moedig en te inspireer.
As wynmaker, wynpersoonlikheid en eienaar van Beyerskloof het Truter dít alles gedoen deur sy lewenstaak om die Suid-Afrikaanse Pinotage-variëteit internasionaal as ‘n premium rooiwyn te laat erken. Truter het in in 1979 ‘n graad in BSc Landbou met wynkunde en wingerdbou aan die Universiteit Stellenbosch behaal. Op 25-jarige ouderdom word hy die wynmaker by Kanonkop, en vestig hy die handelsmerk wêreldwyd met talle toekennings, waaronder die uiters gesogte Chateau Pichon Longueville Comtesse de Lalande-trofee vir die wêreld se beste rooi versnit met sy ikoniese Paul Sauer 1991 Bordeaux-versnit.
Hy wen ook die Robert Mondavi-trofee by die Internasionale Wyn- en Spirituskompetisie in 1991 vir die beste wynmaker ter wêreld. Truter is ook die stigter en voorsitter van die Pinotage-vereniging.
As ‘n ware wynlegende wat Pinotage op die wêreldkaart geplaas het, is Truter ‘n gepaste ontvanger van die 1659-Toekenning vir Visioenêre Leierskap. Die vorige ontvangers sedert die geleentheid te Groot Constantia aangebied word, is Jan Boland Coetzee, prof Piet Goussard, die Onbesonge Wynwerkers, Charles Back, Danie de Wet, Norma Ratcliffe, Jan Scannell, Dave Hughes en Spatz Sperling.
Michael Fridjhon, ontvanger van die Wynwaardering en Wynbevordering-toekenning.
Diversiteit en Transformasie
Die bekroonde Stellenbosse pionier-wynmaker Ntsiki Biyela het die Diversiteit en Transformasie-toekenning ontvang. Die kriteria vir hierdie toekenning sluit in om die weg te baan vir ander deur die uitskakeling van hindernisse; ‘n voorbeeld te stel en ander te inspireer; by te dra tot kennis wat ander kan gebruik en algeheel die beeld van die Suid-Afrikaanse wynbedryf te beïnvloed.
Biyela het in Mahlabathini in Kwazulu-Natal grootgeword. Ná Matriek het sy as huishulp gewerk voordat sy ‘n beurs ontvang het om aan die Universiteit Stellenbosch te studeer, waar sy in 2003 ‘n BSc in Landbou (Wingerd- en Wynkunde) behaal het. Ná 13 jaar as wynmaker by Stellekaya-wyne het sy Aslina Wines begin. Biyela het ook in Bordeaux gewerk en is genooi om ‘n wyn vir die Winemakers Collection te maak – iets wat slegs ‘n handjievol wynmakers van regoor die wêreld beskore is.
Sy is bekroon as Landbouweekblad se Vrouewynmaker van die Jaar in 2009 en as een van Fortune Magazine se Top 20 mees innoverende vroue in voedsel en drank in 2017. Haar wyne spog met goue medaljes van die Michelangelo Wyn- en spiritualieë-toekennings, asook goud van die Sakura-toekennings in Japan. Biyela is ook ‘n hoog aangeskrewe wynbeoordelaar en bestuurslid van die Pinotage Jeugontwikkelingsakademie.
Wynwaardering en Wynbevordering
Die bekende wynkenner Michael Fridjhon van Johannesburg is as die ontvanger van die Wynwaardering en Wynbevordering-toekenning aangewys. Die kriteria vir hierdie toekenning sluit in merkbare bydraes tot die beeld van wyn en die verantwoordelike gebruik daarvan, sowel as die uitbou van die beeld van die Suid-Afrikaanse wynbedryf as geheel deur middel van ‘n wye invloedsfeer.
Fridjhon het meer as vier dekades ervaring in die bedryf en is een van Suid-Afrika se hoogs aangeskrewe internasionale wynbeoordelaars. Hy is ook een van die land se voorste wynskrywers, betrokke by meer as 40 wynboeke, en bekend vir die Wine Wizard-webwerf. Fridjhon is die voorsitter van die Old Mutual Trophy Wine Show sedert 2002 en van die Old Mutual Trophy Spirits Show sedert 2019.
Hy was die eerste internasionale mede-voorsitter van die International Wine Challenge en is ‘n voormalige voorsitter van die Six Nations Challenge. Hy is besoekende professor in Wynbesigheid aan die Universiteit van Kaapstad waar hy ook aan die hoof staan van die Wynbeoordelingsakademie. Fridjhon is in 2012 aangewys as die Louis Roederer Internasionale Wynrubriekskrywer van die Jaar, een van sy vele eerbewyse.
Wingerdbou en Wynskepping
Die Stellenbosser Johan Reyneke, pionier van organiese en biodinamiese wynboerdery in Suid-Afrika, is met die Wingerdbou en Wynskepping- toekenning vereer. Die kriteria vir hierdie toekenning sluit in die ontwikkeling van nuwe idees, tegnologieë en metodes binne die wynbedryf, die implementering en oordrag daarvan, en om denkrigtings te verander, tot voordeel van die wynbedryf in die algemeen.
Reyneke was ‘n nagraadse student in omgewingsetiek aan die Universiteit Stellenbosch toe hy die boerdery op die familieplaas Uitzicht in die Polkadraai-heuwels by sy ma oorgeneem het. Sy ervaring in die wingerd tesame met die insigte wat hy tydens sy studies opgedoen het, het daartoe gelei dat hy op ‘n meer omgewingsvriendelike manier begin boer het. Hy het die plaas in 2000 na organies oorgeskakel en gevestig as een van die eerste internasionaal gesertifiseerde organiese en biodinamiese wingerde in Suid-Afrika. Reyneke Wyne was een van die eerste organiese wynkelders in Suid-Afrika wat ‘n vyfster-gradering in Platter’s Wine Guide ontvang het. In 2020 het die Britse wynskrywer Tim Atkin in sy verslag oor Suid-Afrika vir Reyneke as Kweker van die Jaar aangewys.
Oop vir almal
Die Wynoesherdenkingsgeleentheid is moontlik gemaak deur die finansiële ondersteuning en vennootskappe van Groot Constantia Landgoed, Die Burger, Standard Bank, Vinpro en die TOPS at SPAR Wine Show. Die virtuele geleentheid is steeds op die webwerf www.sawineharvest.co.za beskikbaar en is oop vir almal. Die program sluit optredes deur die internasionaal bekroonde operasangers en susters Pretty Yende en Nombulelo Yende in. Vir enige navrae, kontak Razelle Galant by razelle@agriexpo.co.za of 021-975-4440.
Bron: Agri-Expo | https://www.proagri.co.za/wynoesherdenking-2021-wynbedryf-vereer-vier-baanbrekers/ | 2021-02-01 00:00:00 |
Bespaar water en elektrisiteit met graskarp | This post is also available in: English
Moderne landbou is afhanklik van damme en besproeiingsinfrastruktuur. Ongelukkig skep die opbou van slik en voedingstowwe in die water ՚n gunstige omgewing vir die versnelde groei van waterplante.
Indien hierdie plante nie beheer word nie, kan dit lei tot noemenswaardige waterverliese deur versnelde verdamping, waterverplasing, verlies aan opbergingsvermoë, hoër elektrisiteitkostes en skade aan infrastruktuur.
Graskarp (Ctenopharyngodon idella) kan hulle eie liggaamsmassa in waterplante in ՚n dag verorber. Dit maak van hulle ideale “onderwatergrassnyers”. Die berekende gebruik van graskarp werk goed vir die beheer van sekere wateronkruidspesies. Dit sny die gebruik van chemiese middels en hoë arbeidskostes uit. Daar is modelle wat ingespan kan word om die volume (en koste) van waterverlies en die biomassa van waterplante te bereken. Dit help om vas te stel hoeveel graskarp nodig is om die plantegroei te beheer.
Die chemiese beheer van plantegroei in besproeiingsdamme is nie meer aanvaarbaar vir die uitvoermark nie.
Deeglike beplanning sorg dat graskarp suksesvol ingespan kan word in die beheer van wateronkruid in groot of klein damme, in besproeiingskemas en in opgaar- en myndamme. Satelliettegnologie maak die berekening van plantbiomassa, vistoediening en die monitering van resultate moontlik. Dit word al hoe belangriker om hoë gehalte besproeiingswater te gebruik, veral omdat die internasionale mark meer sensitief en ingelig geraak het oor boerderypraktyke en die naspeurbaarheid van produkte.
Internasionale groente- en vrugtesertifiseringskemas frons oor die gebruik van chemiese onkruiddoders in besproeiingswater, terwyl die ou praktyk van toediening van koperbevattende stowwe vir die beheer van waterplante geheel en al onaanvaarbaar geword het. Dit maak die gebruik van graskarp ideaal.
Doen dit van die begin af reg! Sluit aan by die aanlyn-meestersklas op 25 Maart 2021 vir al die inligting wat jy mag nodig hê, en om enige vrae te laat beantwoord. Kundiges gaan in die klas wys hoe waterverlies en graskarptoediening bereken kan word, watter waterplante beheer kan word, permitte wat mag nodig wees asook ander belangrike sake.
Die Afrikaanse klas is van 10:00 tot 12:00 en die Engelse klas van 14:00 tot 16:00 op 25 Maart 2021. Die koste is R300. Stuur ՚n e-pos na etienne@aquaeco.co.za om te bespreek. | https://www.proagri.co.za/bespaar-water-en-elektrisiteit-met-graskarp/ | 2021-02-23 16:18:21 |
Swaar reënval kan steeds voorkom in Maart/April | This post is also available in: English
Deur Johan van den Berg, Onafhanklike Landbouweerkundige (M.Sc Agric, Landbouweerkunde, UFS) , Santam Landbou
Baie swaar reënnneerslae is gemeet oor die sentrale tot oostelike dele van die land in die tweede deel van Januarie en die eerste week van Februarie. Meer as 100mm per 24 uur periode is op verskeie plekke gemeet en het vloedtoestande veroorsaak. Watervlakke in die Benede Oranje Rivier het tot vlakke gestyg wat laas in 2011 gesien is.
Gebiede wat die meeste geraak is deur die reën is die westelike, suidelike en suidwestelike dele van die Vrystaat en aangrensende dele van die Oos-Kaap in distrikte soos Hoopstad, Wesselsbron, Bloemfontein, Trompsburg, Aliwal Noord en Lady Grey; die sentrale tot oostelike dele van die Noord-Kaap in distrikte soos Kuruman, Kathu, Vaalharts, Daniëlskuil en aangrensende dele van die Noordwes Provinsie soos Vryburg. Baie swaar neerslae het ook voorgekom oor die noordwestelike en noordelike dele van Limpopo soos Vaalwater en Lephalale. Vloede het ook op plaasvlak voorgekom in die Oos-Vrystaat in gebiede soos Reitz en Frankfort.
Na die droë periode in die eerste deel van Januarie oor gedeeltes van Mpumalanga het swaar reën ook voorgekom in hierdie gebiede as gevolg van die oorblyfselfs van tropiese storm Eloïse teen die einde van Januarie en begin Februarie.
Baie ernstige droogtetoestande heers steeds in die suidelike-, suidwestelike en noordwestelike dele van die Noord-Kaap in distrikte soos Williston, Van Wyksvlei, Carnavon, Calvinia en Loeriesfontein sowel dele van die westelike Kalahari soos Askham en Noenieput. Esktreme droogtetoestande kom steeds voor in die westelike tot sentrale dele van die Oos-Kaap in distrikte soos Aberdeen, Willowmore, Uniondale, Steytlerville Jansenville, Kirkwoord, Riebeeck Oos en Port Elizabeth. Die grootste deel van die Langkloof tussen George en Kareedouw het ook baie min reën gekry in die laaste paar maande.
Die somergraanoes het skade gekry in dele van die noordwes- en oos-Vrystaat asook kleiner kolle in ander Provinsies. In teenstelling is daar baie gebiede in Noordwes Provinsie asook Vrystaat en Mpumalanga wat rekordopbrengste verwag. Die verwagte droër toestande vir Februarie sal baie help om opbrengste te stabiliseer of te verhoog in versuipgebiede en die opbrengspotensiaal op te stoot na rekordvlakke waar versuiptoestande nie voorgekom het nie en genoeg bemesting toegedien is.
Weidingstoestande het baie verbeter in die gebiede waar genoegsame en opvolgreën voorgekom het. Probleme met dieresiektes begin groot afmetings aanneem en gaan verdere probleme veroorsaak in die volgende twee maande met die groot hoeveelhede staande water wat ideaal is vir insekte soos muskiete en muggies om uit te broei en siektes te veroorsaak.
Die vlakke van opgaardamme in die Somerreënvalgeid is baie goed met byna alle groter damme wat oorloop. Die Gariepdam het ‘n vlak van meer as 120% bereik teen die einde van Januarie 2021. Die Tzaneendam het gestyg tot omtrent 50% nadat dit nog in Desember minder as 10% van vol kapasietit was. Watervlakke van die Karibadam is steeds onder 30% met die Katzedam in Lesotho wat vinnig tot meer as 65% van vol volume gestyg het tot in die eerste week van Februarie vanaf ‘n laagtepunt van 26% in Desember 2020. Die Hardapdam in Namibië is ook teen einde Januarie 2021 op 72% vol.
ENSO en Indiese Oseaan
ENSO (El Nino Suidelike Ossilasie)
Al die Nino-gebiede het ‘n styging van ongeveer 0.2°C in see-oppervlaktemperature ervaar sedert die laste week van Januarie 2021 volgens die Australiese Weerburo. Dit is ‘n aanduiding dat die huidige La Nina-fase besig is om te verswak maar dit sal by La Nina-vlakke bly tot ten minste April 2021.
Die Suidelike Ossilasie Indeks (SOI) wat die maatstaf is van die koppeling tussen see-oppervlaktemperature in die Nino-gebiede en die oorliggende weersisteme bly redelik sterk La Nina-neigend. Die SOI het tans ‘n indekswaarde van +13.95 op ‘n skaal van +30 (baie sterk La Nina) en -30 (baie sterk El Nino). Dit is die hoogste SOI waarde sedert Desember 2011.
ENSO keer gewoonlik terug na neutrale vlakke vanaf April tot Augustus. Huidige voorspellings gee ‘n redelike waarskynlikheid nan La Nina tot ten minste neutrale vlakke vir 2021/22 met slegs ‘n baie klein waarskynlikheid vir El Nino. Dit is ‘n vroeë aanduiding vir gunstige reënvaltoestande om voort te duur vir 2021/22 vir die Somerreënvalgebied van Suidelike Afrika.
Indiese Oseaan
Die grootste deel van die Indiese Oseaan het teen die einde van Januarie 2021 koeler as normale see-oppervlaktemperature aangetoon met die uitsondering van ‘n relatief klein gebied van warmer as normale temperature rondom en suidoos van Madagaskar. Die mate van afkoeling van die Indiese Oseaan is uniek gegewe die laaste twee dekades waar dit hoofsaaklik warmer as normaal was.
Die Indiese Oseaan Dipool (IOD) indeks bly neutraal en voorspellings dui dat dit neutraal of effens negatief gaan wees vir komende maande (koeler as normaal in die westelike Indiese Oseaan).
Reënval- en klimaatsvooruitsigte
Somerreënvalgebied
Reënval
Die La Nina van 2020/21 reageer redelik “normaal” in terme van reënval met baie swaar reën en vloede oor gedeeltes van die Somerreënvalgebied wat tipies van La Nina-verskynsels is. Daar is egter steeds gebiede wat nie nog nie reën gekry het soos verwag is tydens La Nina-verskynsels nie.
Korttermynvoorspellings dui ‘n droër periode aan vir die res van Februarie oor die sentrale tot westelike dele van die land. Tropiese storms rondom Madagaskar kan verantwoordelik wees vir swaar reën oor Mosambiek, Madagaskar asook oor die binneland na Zimbabwe, Zambië en noordoostelike dele van Suid-Afrika vanaf 9 Februarie tot later in die maand.
Langer termyn vooruitskouïngs is steeds positief vir redelike swaar reën in Maart, veral in die tweede deel van Maart oor die grootste deel van die Somerreënvalgebied.
Temperatuur
Met minder reën wat verwag word in komende weke sal temperature rondom gemiddeld wees maar baie warm oor die westelike binneland. Die hoër temperature sal baie voordelig wees vir die somergraanoes wat tot op hede minder hitte-eenhede gekry het.
Winterreënvalgebied
Baie min of geen reën word verwag oor die grootste deel van die Wes-Kaap vir ten minste die volgende paar weke nie met die uitsondering van ligte reën wat moontlik is rondom 20 Februarie. Met die huidige La Nina wat gaan verswak na neutraal vanaf April kan dit ‘n laat aanvang van die winterreënvalseisoen beteken.
Namibië
In teenstelling met Suid-Afrika waar min reen verwag word vir die volgende paar weke, lyk vooruitsigte beter vir Namibië, veral vir die noordelike tot noordoostelike dele waar meer as 50mm moontlik is voor die laaste week van Februarie. Baie min reën word verwag oor die suidelike dele.
Opsomming en samevatting
Baie swaar reën wat tipies is van La Nina-toestande het voorgekom oor die sentrale tot oostelike binneland sedert die laaste deel van Januarie met vloede wat voorgekom het.
Die huidige La Nina-episode is nou besig om te verswak maar sal by La Nina-vlakke bly tot ten minste April.
Korttermynvoorspellings toon ‘n droë periode vir die grootste deel van die Somerreënvalgebied aan (uitsondering verre noordoostelike gebiede) vir Februarie maar swaarder reën is weer moontlik in Maart 2021.
Vrywaring: Die outeur of Santam of enige ander partye in die dokument genoem of aangehaal, waarborg geensins die akkuraatheid, volledigheid of betroubaarheid van die inligting in die dokument nie. Enige aksies of besluite wat geneem word op grond van die inligting in hierdie dokument word op eie risiko geneem en sal die outeur, Santam of enige ander partye genoem in die dokument geensins verantwoordelik wees vir enige verliese of skades in verband met die gebruik van die inligting soos wat dit voorkom in hierdie dokument nie. | https://www.proagri.co.za/swaar-reenval-kan-steeds-voorkom-in-maart-april/ | 2021-02-20 00:00:00 |
80 000 sê: "STOP die Onteieningswetsontwerp" | This post is also available in: English
Vrystaat Landbou (VL) het vandag sy amptelike voorlegging oor die onteieningswetsontwerp aan die parlement oorhandig.
Die dokument word ondersteun deur meer as 80 000 individue regoor die land wat die onteieningswetsontwerp van die hand wys soos in die huidige vorm ter tafel gelê.
“Alhoewel die parlement nie harde kopie voorleggings kan ontvang nie, het ons met lede in die komitee vir Openbare Werke en Infrastruktuur ooreengekom om amptelike voorleggings te ontvang. Die voorlegging is ontvang deur ‘n lid van die Departement van Openbare Werke en Infrastruktuur van die Parlement, Madeleine Hickling, aangesien die sekretaris en voorsitter van die komitee nie die voorlegging persoonlik kon ontvang nie. Dieselfde word per e-pos aan die Sekretaris van die Komitee gestuur. Die wetsontwerp poog om ‘n raamwerk te skep waar onteiening van bates sonder vergoeding moontlik is. Hierdie wetsontwerp maak voorsiening vir beslaglegging op enige eiendom (nie net grond nie) en moet in sy huidige vorm gestop word,” sê Francois Wilken, president van die VL.
VL beskou die volgende as onaanvaarbare aspekte van die wetsontwerp en wat die burgerlike vryhede van alle Suid-Afrikaners in gevaar stel:
1. De-facto staatsbeheer van alle eiendom (Klousule: 3)
2. Munisipaliteite het die reg om hierdie wet toe te pas en te reguleer (Klousule: 1)
3. Onteiening in “openbare belang” word te breedvoerig gedefinieer en impliseer dus dat enige rede vir onteiening gebruik kan word. (Klousule: 1)
In hul voorlegging wat Vrystaat Landbou vandag aan die parlement oorhandig het, is die fokus net op die vier belangrikste bekommernisse:
1. Die voornemens van die wetsontwerp uitsluitlik vir grondhervorming.
2. Die beoogde vergoeding soos uiteengesit in die wetsontwerp, wat die gaping vir nul vergoeding oopmaak.
3. Die feit dat die wetsontwerp op alle eiendom fokus, nie net landbougrond nie, en
4. Die impak van die Onteiening Wetsontwerp op Suid-Afrika as geheel.
As hierdie wetgewing gepromulgeer word met Suid-Afrika se huidige skuldstatus, en vererger deur COVID-19, sal dit lei tot onmiddellike verdere kredietverlaging, kapitaalvlug en ‘n ineenstorting van ons ekonomie wat tot groter vlakke van armoede sal lei.
Die voorlegging van VL is binne ons spesifieke mandaat van ons 3 400 kommersiële landboulede en het die breër steun van byna 80 000 Suid-Afrikaners wat ons aanlynversoekskrif onderteken het.
Enige persoon wat die Onteieningswetsontwerp wil opponeer, kan hul insette op Vrystaat Landbou se webtuiste aanteken (https://vrystaatlandbou.co.za/stop-expropriation/).
Die insette sal aan die parlement oorhandig word en die aantal persone in ondersteuning van Vrystaat Landbou sal deel vorm van ons argument teen Onteiening sonder vergoeding gedurende mondelinge voorleggings in die parlement later vanjaar en gedurende die provinsiale openbare verhore.
Bron: Vrystaat Landbou | https://www.proagri.co.za/80-000-se-stop-die-onteieningswetsontwerp/ | 2021-02-23 14:39:45 |
TLU SA nie beïndruk deur voorspelbare begroting | This post is also available in: English
Die Nasionale Begroting van 2021 het niks gedoen om landbou opgewonde te maak nie. Die begroting is vandag deur die minister van finansies, mnr. Tito Mboweni in die parlement aangekondig.
Soos verwag was daar ‘n sterk fokus op ekonomiese groei en het die minister vroeg in die toespraak gesê hierdie begroting skep die raamwerk sodat Suid-Afrika teen 2024/25 ‘n surplus op die begroting sal bereik en die regering se skuld teen 2025/26 sal stabiliseer.
“Geen ekonomiese groei vind plaas omdat dit in ‘n begrotingsrede aangekondig word nie,” sê mnr. Henry Geldenhuys. “Die regering wil deur staatsbesteding en -toelaes, ʼn ekonomie bou. Enige ekonomie kan net groei deur verwerking, produksie en werkskepping. Hierdie deel van ekonomie 101 het die regering mis gelees.”
Mboweni erken dat die grootste gedeelte van die R2-biljoen uitgawe aan maatskaplike dienste afgestaan word. Dit is duidelik dat die staat probeer om soveel as moontlik Suid-Afrikaners van die staat afhanklik te maak sodat die ANC beheer oor hulle kan uitoefen.
“Die balans tussen mense wat maatskaplike toelaes kry en diegene wat werk en belasting betaal, raak al hoe groter,” sê mnr. Geldenhuys. “Dit is ‘n tydbom waarop ons land sit.”
Uit ‘n landbou-oogpunt – die bedryf wat die land altyd moet red – word tabak- en alkohol produsente hard geslaan met ‘n 8%-verhoging in aksynsbelasting. Verder sal die somtotaal van die aspekte wat die produksieproses beïnvloed – soos ‘n verhoogde loonrekening, duurder kragvoorsiening en die brandstofstyging – dit al hoe moeiliker maak vir landbouers om winsgewend te wees.
“As gevolg van die stygende kostes van die produksieproses, is landbouers meer afhanklik van finansiering, maar helaas is die Landbank ook op die laaste bene – al begroot die minister R7-miljard daarvoor,” sê mnr. Geldenhuys.
“Die inspuiting sal nie die nodige resultate lewer tensy die bank se bestuur geherstruktureer word nie. Die bank moet ook toegelaat word om volgens bankbeginsels besigheid te doen sonder dat die regering inmeng en ‘n ideologiese agenda afdwing wat onrealistiese vereistes vir finansiering vereis.”
Die belegging van R791-miljard in infrastruktuur-ontwikkeling is ‘n ligpunt, maar moet ook gesien word teen die agtergrond van korrupte tenderprosedures en onkundigheid.
“Die regering moet by ‘n punt kom waar harde ekonomiese besluite in plaas van ideologiese besluite geneem word,” sê mnr. Geldenhuys. “Solank enigiets anders as die markkragte die ekonomiese pad rig, sal die ekonomie net voort stotter.”
Bron: TLU SA | https://www.proagri.co.za/tlu-sa-nie-beindruk-deur-voorspelbare-begroting/ | 2021-02-24 16:56:05 |
Spilpuntbesproeiing: Boere kies Valley vir eersteklas ontwerp, struktuur en gehalte | This post is also available in: English
Die beste manier om jou plaas teen die risiko van droogte te beskerm, is om in besproeiingstegnologie te belê. ՚n Besproeiingstelsel van Valley Irrigation help jou om jaar na jaar sonder sukkel suksesvolle oeste te lewer. Dit kan jou ook bemagtig om somer- en wintergewasse te plant vir twee oeste per jaar en dus dubbel die inkomste!
Frik Vreken van Vreken Boerdery naby Dundee het twintig jaar gelede in ՚n vennootskap met Valley getree toe hy sy eerste tweedehandse Valleyspilpunt gekoop het. Die spilpunt het nou die rype ouderdom van 37 jaar bereik en lyk en werk nog net so goed soos altyd.
Die spilpunt het die bal vir Frik aan die rol gesit om deur die jare genoeg inkomste te verkry om nog 20 Valley-spilpunte te bekom. “As jy na die boogen stutstawe kyk, kan jy sien hulle is na 37 jaar nog in ՚n perfekte toestand,” sê hy.
Frik is nie net ՚n boer nie, hy is ook ՚n besproeiingskundige met meer as 25 jaar ondervinding: “Na die voltooiing van my studie in 1990, het ek vir die Departement van Landbou in Silverton, Pretoria, navorsing gedoen oor besproeiingstelsels wat op Suid-Afrikaanse plase gebruik word. Valley het kop en skouers bo die res uitgetroon as gevolg van hulle eersteklas ontwerp, struktuur en gehalte,” sê Frik.
Een van die dinge van Valley waarvan hy baie hou is dat hulle hulle eie ratkaste, wat spesifiek vir spilpunte ontwerp is, vervaardig en met ՚n vyfjaar-waarborg verskaf. Frik is tans besig om al sy ouer spilpuntbestuurstelsels met die nuwe Valley Icon 5-bestuurstelsel te vervang.
“Die Icon 5 stel my in staat om al my spilpunte van enige plek in die wêreld af met my selfoon te bestuur. Dit help veral om die spilpunte weer aan die gang te kry na beurtkrag.”
Die Icon 5 is gebruikersvriendelik en bespaar boere baie tyd, moeite en geld, want hulle hoef nie meer na elke spilpunt op die plaas te ry om hulle besproeiing te bestuur nie. Al die spilpuntfunksies kan deur die Valley Icon 5-toepassing op jou foon bestuur word. Uitstekende gehalte en ontwerp is belangrik, maar net so belangrik vir boere is Valley se uitstaande dienslewering.
Frik se plaaslike Valley-agentskap, Spilkon Besproeiing, hou al die onderdele aan wat ՚n boer nodig mag kry om sy spilpunte te onderhou en herstel. “As die boer nie self ՚n probleem kan regsien nie, is daar drie Valley-tegnici beskikbaar wat graag plaas toe sal ry om te help,” sê Frik.
Valley Irrigation maak seker dat hulle handelaars nie net verkoopsverteenwoordigers is nie, maar al die nodige ondersteuning kan bied. Spilpunte is duur toerusting. Dit is waarom Frik ՚n streng onderhoudsprogram volg om sy belegging te beskerm. Die spilpunte word na elke oes versien.
Al die spuitstukke word gereeld nagegaan en net soos die drukreguleerders, na elke tienduisend uur se werk vervang. “Spilpunte is nie goedkoop nie, maar hulle verhoog die waarde van jou eiendom en gee vir jou gemoedsrus. Dit help jou om deur die jaar te produseer,” verduidelik Frik.
Die Valley Icon 5-bestuurstelsel laat Frik toe om van enige plek in die wêreld sy spilpunte met sy slimfoon te bestuur. Frik is besig om al sy ouer beheerpanele met die Icon 5-weergawe te vervang.
Frik se raad aan boere wat beplan om in spilpunttegnologie te belê is:
• Koop die beste struktuur wat beskikbaar is.
• Moenie probeer suinig wees as dit kom by die aankoop van ՚n spilpunt of die ondergrondse pypwerk nie.
• Kry die dikste pyp wat jy kan bekostig.
• ՚n Goedkoop, substandaard stelsel mag jou aanvanklike koste minder maak, maar jy gaan baie meer betaal vir onderhoud en kragverbruik oor die volgende 40 jaar.
Valley se handelaars bou langtermynverhoudings met boere op deur hulle te voorsien van topgehalte produkte, uitstekende dienslewering en tegniese kundigheid, want hulle verstaan dat ՚n spilpunt nie mag staan nie.
Vir meer inligting kontak Spilkon Besproeiing by 083-284-1025, stuur ՚n e-pos aan besproei@trustnet.co.za of besoek www.spilkon.co.za. Om jou naaste Valley-handelaar te vind, besoek www.valleyirrigation.co.za. | https://www.proagri.co.za/spilpuntbesproeiing-boere-kies-valley-vir-eersteklas-ontwerp-struktuur-en-gehalte/ | 2021-02-18 15:25:35 |
Laat elke druppel tel met Agrico | This post is also available in: English
Twee belangrike oorwegings bepaal die sukses van enige besproeiingstelsel:
• Kies eerstens die regte soort besproeiingstelsel wat die beste sal pas by die gewasse wat aangeplant word. Die stelsel moet so ontwerp word dat dit betroubaar en met hoë eenvormigheid presteer en die beskikbare water doeltreffend benut.
• Tweedens moet die stelsel nie onnodige energie gebruik nie. Elektrisiteit is duur en die energiekoste oor die spilpunt se leeftyd is heelwat meer as die koste van die spilpunt self.
Elektrisiteit is een van die grootste uitgawes wat die winsgewendheid van ՚n besproeiingsplaas beïnvloed. Elke besproeiingstelsel behoort deur ՚n betroubare besproeiingsmaatskappy ontwerp te word om doeltreffendheid te verseker. Die doeltreffendheid kan drasties beïnvloed word indien daar ondeurdagte veranderings en uitbreidings by die stelsel gevoeg word.
Selfs iets so eenvoudig soos om ՚n onbeplande waterpunt vir vee by te voeg kan nadelige gevolge hê. Slytasie van spuitstukke en drukreguleerders, pype wat begin lek en ander instandhoudingsprobleme het ՚n negatiewe invloed op die werkverrigting en doeltreffendheid van die besproeiingstelsel. Hierdie verlaging in die werkverrigting en hoër lopende- of energiekoste kan op die lang duur aansienlike bedrae beloop en tot groot verliese lei.
Die skermgreep links toon die vloei- en druklesings in die Agrico-webbeheerstelsel aan die leweringskant van ՚n 250 kW pompstel. Die foto regs wys die lesing van die drukmeter op dieselfde pyplyn.
Hierdie skermgreep is ՚n voorbeeld van waar die druk en vloeitempo van ՚n werkende besproeiingstelsel gemeet word.
Elektroniese vloeimeters
Agrico se nuutste toevoeging is elektroniese vloeimeters wat deurlopend met die Agrico-webbeheerstelsel kommunikeer. Die beheerstelsel pas die watertoediening aan na gelang van die druk of die vloeitempo. Slytasie en foute word gou raakgesien wanneer die druk en vloeilewering van die pomp dopgehou word.
Die vloeitempo en waterdruk kan gebruik word om die werklike energieverbruik van die besproeiingsproses te bepaal. Weer eens kan onverwagse afwykings waargeneem word en die nodige stappe kan gedoen word om foute betyds reg te stel. Dit bespaar die boer tyd en geld, en voorkom onnodige skade.
In hierdie grafiek is die Ruraflex-spitstye oor die besproeiingstye aangedui. Om geld te bespaar moet boere eerder probeer om nie tydens hierdie spitstye te besproei nie.
Die Agrico-webbeheerstelsel hou rekord van alle lesings wat dan later gebruik kan word om te bepaal hoe suksesvol en doeltreffend die besproeiing toegepas is. Hierdie kennis bemagtig die boer om sy besproeiing voortaan beter te benut. Deur ՚n paar aanpassings te maak kan die boer die Ruraflex-spitstye vermy en sodoende ook geld bespaar.
In hierdie spesifieke voorbeeld werk Agrico saam met die boer om sy stelselse vermoë te verbeter en sy besproeiingskedulering aan te pas sodat hy nie tydens die spitstye besproei nie. Agrico se besproeiingstelsels en kundigheid help die boer. ’n Wyse boer kies ՚n besproeiingstelsel wat behoorlik ontwerp, betroubaar en doeltreffend is. Agrico se beheerstelsels verseker verder dat die boer sy besproeiing maklik kan bestuur en die meeste waarde uit die toerusting kan put.
Kontak Alfred Andrag by 082-824-1214 of 021-950-4111 of alfred.andrag@agrico.co.za.
Hierdie grafiek wys die vloeitempo gemeet oor ՚n tydperk. | https://www.proagri.co.za/laat-elke-druppel-tel-met-agrico/ | 2021-02-17 17:50:00 |
Nie méér planne nie - implementeer net | This post is also available in: English
Ons het nie meer of nuwe planne nodig om landelike misdaad te bekamp nie – implementeer bloot die Landelike Beveiligingstrategie wat in 2019 bekend gestel is, sê Uys van der Westhuijzen, voorsitter van Agri SA se Sentrum van Uitnemendheid: Landelike Veiligheid. Dit was Agri SA se boodskap aan die werkwinkel van die Inter-ministeriële Komitee (IMC) oor landelike en stedelike veiligheid.
In sy voorlegging het Agri SA ’n oorsig gegee van die belangrikste aspekte van die strategie om landelike misdaad doeltreffender te bekamp. Die uitdagings wat tot konflik kan lei, insluitend betreding, grondbesettings en onwettige protesaksies, is uitgewys.
Die strafregstelsel is een van die belangrikste elemente in die stryd om landelike misdaad te bekamp en verskeie elemente daarvan belemmer tans doeltreffende misdaadbekamping. Die tekortkominge is aangedui en voorstelle is gemaak om dit te herstel. Agri SA het verlede jaar klagtes van haatspraak teenoor die boerderygemeenskap by die Menseregtekommissie (MRK) en die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) gelê teen die EFF oor uitlatings wat hulle gemaak het tydens die hofverrigtinge op 16 Oktober 2020 in Senekal.
Tydens ’n vergadering met die MRK is Agri SA ingelig dat hulle verskeie klagtes in dié verband ontvang het wat tans ondersoek word. Dit is egter jammer dat die OVK ná vele navrae nog nie gereageer het op Agri SA se skriftelike klagte aan hulle nie. Agri SA gaan voort om die klagte by die OVK op te volg. Plaasaanvalle het ’n vernietigende uitwerking op boerderygemeenskappe en op menseregte waar landsburgers die reg het om vry te wees van alle vorme van geweld.
Dit was die landbougemeenskap die afgelope jare nie beskore nie. Tydens die vergadering met die MRK is die kritieke rol uitgewys wat die landbou speel in voedselvoorsiening aan die land. Klem is daarop gelê dat, sodra die land sy voedselproduksie vermoë verloor, hongersnood sal intree en kan nasionale stabiliteit ’n risiko word.
“Agri SA is verder van mening dat die Landelike Beveilingstrategie die meerderheid landelike misdade, insluitend plaasaanvalle en –moorde, doeltreffend kan voorkom indien die strategie ten volle geïmplementeer en voorsien word van die nodige hulpbronne,” sê Van der Westhuijzen.
“Daar is egter kommer by ons dat van die belangrikste elemente van die strategie wat teen die einde van Maart 2021 in plek moet wees, nie geïmplementeer sal wees nie.” Volgens Van der Westhuijzen word gevolglik ’n dringende beroep op die polisiebestuur gedoen om aandag aan die implementering van die elemente te gee.
“Agri SA het ook sy ondersteuning aan die strategie gegee en ’n hand van samewerking aan die polisie gebied om te help met die meer doeltreffende implementering van die strategie.”
Die insette aan die werkwinkel, van ander georganiseerde landbou-organisasies en organisasies met ’n belang in die landelike gebied sal nou saam met dié van Agri SA gekonsolideer word in ’n verslag vir oorweging deur die IMC. Die IMC sal daarna voorstelle aan die regering maak oor die verdere hantering van sy voorstelle om landelike misdade doeltreffender te bekamp. Van der Westhuijzen het ten slotte Agri SA se waardering uitgespreek teenoor minister Thoko Didiza se veroordeling van die onlangse plaasaanval in Crowder naby Umkhomazi in KwaZulu-Natal.
“Agri SA het ook waardering vir die erkenning wat die minister gegee het aan die belangrike rol van boere en plaaswerkers in volhoubare voedselproduksie vir die land en die kontinent.”
Bron: Agri SA | https://www.proagri.co.za/nie-meer-planne-nie-implementeer-net/ | 2021-02-02 11:46:23 |
Die Tuli Stefan van Wyk wisseltrofee | This post is also available in: English
In 2018 het ProAgri ‘n getroue vriend en werknemer, Stefan van Wyk, verloor. Die Tuli Genootskap het ook ‘n wisseltrofee spesiaal vir hom geskep weens sy betrokkenheid by die Tuli’s.
Die Stefan van Wyk wisseltrofee toekenning is deur ‘n Tuli Genootskap Toekenningsaand oor Zoom aan Ed Clarke, HBH Tuli Stoet: Dortrech, Oos- Kaap, gegee. | https://www.proagri.co.za/die-tuli-stefan-van-wyk-wisseltrofee/ | 2021-02-08 08:29:15 |
TLU SA dien kommentaar teen onteiening sonder vergoeding in | This post is also available in: English
TLU SA het vandeesweek amptelik kommentaar gelewer teen die wysiging van die bestaande Onteieningswet (Wet 63 van 1975). Die tydperk vir openbare kommentaar is pas van 10 Februarie tot 28 Februarie 2021 verleng.
In die kommentaar stel TLU SA voor dat die voorgestelde wet herskryf moet word sodat onteiening van eiendom slegs kan plaasvind wanneer dit benodig word vir die ontwikkeling van infrastruktuur, en dan slegs teen markverwante pryse en vir die openbare doel.
“Hierdie wetswysiging is waarskynlik die mees kortsigtige stuk wetgewing wat al ooit ter tafel gelê is,” sê mnr. Henry Geldenhuys, die president van TLU SA. “Dit kanselleer enige moontlikheid om Suid-Afrika se ekonomie te herstel. Die regering moet markkragte respekteer en eiendomsreg erken as die fondasie vir ekonomiese groei.”
TLU SA se kommentaar beklemtoon dat die vae bewoording van die wetswysiging die baan weg vir die regering om enige eiendom onder die voorwendsel van openbare belang sonder vergoeding te onteien.
“Wetgewing moet daarvoor voorsiening maak dat grond vir infrastruktuur ontwikkeling – wat dan in openbare belang is – onteien kan word,” sê mnr. Geldenhuys. “Maar die bestaande eienaar moet dan in so ‘n mate vergoed word dat hulle die bestaande besigheid net in ‘n ander omgewing voort kan sit. Wanneer openbare belang so wyd en vaag soos in hierdie voorgestelde wysiging beskryf word, kan pensioene, huise en beleggings ook sonder enige vergoeding afgeneem word.
“Vir die ekonomie om te herstel, het die land dringend buitelandse beleggings nodig. Maar geen regdenkende beleggers sal dit oorweeg om in ‘n land te belê waar eiendom voor die voet onteien kan word nie. Ons wil dit duidelik stel dat indien die voorgestelde wetswysiging geïmplementeer word, dit katastrofies vir die land en alle Suid-Afrikaners sal wees.”
Die publiek het nog tot die einde van die maand geleentheid om oor die voorgestelde wetswysiging kommentaar te lewer. TLU SA het ‘n platform geskep waar Suid-Afrikaners oor die wet kan kommentaar lewer. Die kommentaar wat deur TLU SA se platform gelewer word sal ook deel van TLU SA se mondelinge voorlegging aan die parlement vorm.
“Dit is van uiterste belang dat die publiek hulle teenkanting hieroor uitspreek deur deel te neem aan die proses van kommentaar,” sê mnr. Geldenhuys. “Die Onteieningswet is net die begin.”
**Die platform is beskikbaar by hierdie skakel: https://www.tlu.co.za/onteieningswet/
Uitgereik deur: TLU SA | https://www.proagri.co.za/tlu-sa-dien-kommentaar-teen-onteiening-sonder-vergoeding-in/ | 2021-02-05 08:38:24 |
Landboubedryf begin proses teen minimumloon vir plaaswerkers | This post is also available in: English
‘n Groepering rolspelers uit die landbou-waardeketting het vandag indringend samesprekings gevoer oor die minimumloon vir plaaswerkers wat op 1 Maart 2021 in werking tree. Ten spyte van verskeie insette uit die landboubedryf wat teen die volhoubaarheid van die voorstel kapsie gemaak en ook die implikasie daarvan bespreek het, is die verhoging van 16% steeds deurgevoer.
“Ons het wye terugvoer ontvang van landbouers en ander rolspelers in die waardeketting wat aandui dat hulle noodgedwonge aanpassings oorweeg om hierdie verhoging te akkommodeer,” sê mnr. Henry Geldenhuys, die president van TLU SA. “Ongelukkig is die algemene gevoel dat arbeidsintensiewe vertakkinge soos groenteverbouing beëindig word en daar na bedrywe oorgeskakel word waar meganisasie ingespan word om voedsel te produseer.”
Die vergadering is dit eens dat dit meestal ongeskoolde werkers is wat deur hierdie aanpassing geraak sal word en waarskynlik in werkloosheid sal verval.
“Geen van die rolspelers wil hê dat werkers teen onbillike vergoeding moet werk of afgedank moet word nie,” sê mnr. Geldenhuys. “Ons wil bloot hê dat die regering besef dat landbouers eenvoudig nie hierdie verhoogde loon kan bekostig nie. Enige produsent moet winsgewendheid as prioriteit beskou om volhoubaar te kan boer. As wins geraak word, moet die landbouer noodwendig aanpassings maak.”
Vanuit die vergadering is voorstelle gemaak dat die minister van arbeid en indiensneming, mnr. Thulas Nxexi gevra word om amptelik terugvoer te gee oor die proses van kommentaar en of enige insette in ag geneem is in die besluit. Die minister van landbou, me. Thoko Didiza sal ook gevra word hoe sy in die proses geken is en waarom sy nie vir landbou in die bresse tree nie.
Die rolspelers het verder voorgestel dat regsaksie beslis oorweeg word en politieke en openbare druk uitgeoefen word om die verhoging om te keer.
Die vergadering het saamgestem dat samewerking vanuit al die sfere van landbou benodig word om die volhoubaarheid van landbou te beskerm.
Daarom het die vergadering die volgende besluit:
‘n Dispuut sal verklaar word met die minister van arbeid en indiensneming aangaande hierdie irrasionele aankondiging. In die verband sal daar in ‘n vergadering met die minister gevra word dat die minimum loon op die ys geplaas word totdat die dispuut bygelê is;
Die VF Plus sal die aangeleentheid amptelik binne die parlement met beide die ministers van arbeid en landbou aanspreek;
Die LWO Werkgewersorganisasie sal ‘n riglyn saamstel om die remedies wat binne die wet tot beskikking is, uit te lig;
Dat ‘n regsproses geïnisieer word ten einde die irrasionele optrede van hierdie aankondiging in die hof te gaan toets;
Die landboubedryf sal openbare druk opbou en soveel as moontlik rolspelers aanmoedig om die saak te ondersteun, hetsy finansieel of op ander wyses. In die verband sal die nodige petisies opgestel word waarby benadeelde werkers ook betrek word.
Die verklaring en besluite word deur TLU SA, die VF Plus, LWO Werkgewersorganisasie en ander rolspelers in landbou ondersteun.
Bron: TLU SA | https://www.proagri.co.za/landboubedryf-begin-proses-teen-minimumloon-vir-plaaswerkers/ | 2021-02-15 14:18:00 |
Mielieskatting 6,35% meer as vorige seisoen | This post is also available in: English
Die voorlopige oppervlakteskatting is hoofsaaklik gebaseer op die resultate van ’n nie-ewekansige opname onderneem deur die Direktoraat: Statistiek en Ekonomiese Analise van die Departement van Landbou, Grondhervorming en Landelike Ontwikkeling.
Die hersiene aangeplante oppervlakte en produksiesyfers sal deur die Oesskattingskomitee op 25 Februarie 2021 vrygestel word en sal hoofsaaklik gebaseer wees op inligting verkry vanaf die “PICES”-opname vir die Vrystaat, KwaZulu-Natal, Mpumalanga, Limpopo, Gauteng en Noordwes provinsies.
Kommersiële mielies: Die voorlopige skatting van die oppervlakte onder mielies beloop 2,776 milj. ha, wat 6,35% of 165 700 ha meer is as die 2,611 milj. ha wat verlede seisoen aangeplant is, en ook 1,11% of 30 500 ha meer as die voornemens om te plant syfer van 2,746 milj. ha soos vrygestel in Oktober 2020.
Die voorlopige oppervlak onder witmielies is 1,702 milj. ha, wat ’n toename van 5,27% of 85 200 ha verteenwoordig vergeleke met die 1,616 milj. ha die vorige seisoen. In die geval van geelmielies is die oppervlakteskatting 1,075 milj. ha, wat 8,09% of 80 500 ha meer is as die 994 500 ha geplant die vorige seisoen.
Ander somergewasse:
Let asb. daarop dat net die nasionale aangeplante area vir die voorlopige oppervlakte van die grondbone, sorghum en droëbone vir die huidige produksieseisoen vandag vrygestel word.
Sonneblomsaad: Die voorlopige oppervlakteskatting vir sonneblomsaad is 473 300 ha, wat 5,40% of 27 000 ha minder is as die 500 300 ha aangeplant die vorige seisoen.
Die geskatte oppervlakte beplant met sojabone is 806 000 ha, wat ’n toename van 14,33% of 101 000 ha verteenwoordig vergeleke met die 705 000 ha geplant die vorige seisoen. Dit is die hoogste oppervlakte beplant met sojabone in die geskiedenis van SA.
Vir grondbone is die oppervlakteskatting 40 050 ha, wat 6,80% of 2 550 ha meer is as die 37 500 ha geplant vir die vorige seisoen.
Die oppervlakteskatting vir sorghum het effens toegeneem met 1,88%, van 42 500 ha tot 43 300 ha teenoor die vorige seisoen.
Vir droëbone is die geskatte oppervlakte beplant 51 650 ha, wat 2,99% of 1 500 ha meer is as die 50 150 ha geplant vir die vorige seisoen.
Wintergewasse – 2020 produksie-seisoen
Koring: Die verwagte produksie vir koring is 2,109 milj. ton, wat 1,81% of 38 800 ton minder is as die vorige skatting van 2,148 milj. ton, terwyl die verwagte opbrengs 4,14 t/ha is. Hierdie is die grootste verwagte koring-oes sedert die 2,130 milj. ton van die 2008 seisoen.
Die verwagte produksie in die Wes-Kaap is 1,092 milj. ton (52%), in die Vrystaat 413 600 ton (20%) en in die Noord-Kaap 271 950 ton (13%).
Ander gewasse:
Die produksieskatting vir moutgars is 589 846 ton, wat 7,20% of 39 600 ton meer is as die vorige skatting van 550 246 ton. Die oppervlakte beplant word beraam op 141 690 ha, terwyl die verwagte opbrengs 4,16 t/ha beloop. Dit is die grootste verwagte moutgars-oes wat nog vir SA aangeteken is.
Die verwagte kanola-oes is 166 956 ton, wat 2,27% of 3 700 ton meer is as die vorige skatting van 163 256 ton. Die oppervlakteskatting vir kanola is 74 120 ha, met ʼn verwagte opbrengs van 2,25 t/ha. Dit is ook die grootste verwagte kanola-oes wat nog aangeteken is vir SA.
Die verwagte hawer-oes (ontbytgraan) vir die 2020-seisoen is 52 400 ton, wat 10,55% of 5 000 ton meer is as die vorige skatting van 47 400 ton. Die oppervlakteskatting is 26 200 ha en die verwagte opbrengs is 2,00 t/ha.
Die hersiene oppervlakte- en eerste produksieskatting vir somergewasse vir 2021 sal op 25 Februarie 2021 vrygestel word en die finale produksieskatting vir wintergewasse vir 2020 sal op 25 Februarie 2021 vrygestel word.
Bron: Oesskattingskomitee | https://www.proagri.co.za/mielieskatting-635-meer-as-vorige-seisoen/ | 2021-02-01 09:23:11 |
Pioneer: Die regte saad vir elke boer | This post is also available in: English
Kerk en politiek moet gewoonlik vermy word in goeie geselskap, of so is ons geleer. Deesdae kan ՚n mens amper boerderymetodes ook by hierdie lysie voeg van onderwerpe wat liefs nie bespreek moet word nie.
Party boere glo vas dat ՚n skeurploeg en ՚n planter die beste plantmetode is vir hulle omstandighede. Ander hou voet by stuk dat bewaringsboerderypraktyke soos geenbewerking of strookbewerking die enigste manier is om die saad in die grond te kry. Elkeen het sy argument en teenargument al goed ingeoefen net vir ingeval iemand dalk die netelige onderwerp sou aanraak. Uiteindelik gaan alles oor die metode wat vir jou werk om ՚n goeie, lonende oes te lewer.
Pioneer is ՚n alombekende naam onder graanboere in Suid-Afrika en die maatskappy besef dat die boer se eerste prioriteit die volgende seisoen se oes is. Daarom ontwikkel hulle voortdurend verskeie kultivars om seker te maak dat elke boer die regte saad sal hê om by sy unieke omstandighede te pas. Dit maak nie saak wat die boer se boerderypraktyk is nie, Pioneer het ՚n kultivar wat sal presteer.
Bernard Arnoldi, sy pa Ben, ma Christene, suster Elmie en haar man Tiaan boer saam op Klipkraal Landgoed, net buite Koster. Hulle plant net Pioneer-saad om elke seisoen die beste opbrengs te verseker. Hulle plant geelsowel as witmielies. Die mielieprys bepaal dan watter van die mielies aan die koöperasie gelewer word, en watter mielies hul gebruik om hoenderkos mee te maak in die voeraanleg wat ook op die plaas is.
Vir witmielies plant hul twee Pioneer-kultivars: 2927WYR en P2555WBR. Beide die kultivars het ՚n goeie opbrengspotensiaal, maar die 2927WYR het ՚n langer ontwikkelingsperiode as die P2555WBR wat ՚n vinniger groeier is.
Bernard se keuse vir geelmielies is ook ՚n kombinasie van die PHB33H-58BR- en die P2137BR Pioneer-kultivars. Hulle sorg dat die saadbed goed losgemaak en gelyk is vir die volgende plantseisoen.
Nog ՚n boer wat sweer by Pioneer is Pieter Joubert, wat ook net buite Koster op die plaas, Roerfontein, boer. Pieter was een van Pioneer se 2020 Weeg-en-Wen-wenners toe hy net so oor die 12 ton per hektaar in die droë weste gestroop het.
Vanjaar plant Pieter weer die staatmaker P2555WBR wat in die vorige seisoen so goed presteer het. Die Jouberts het 5 jaar gelede die besluit geneem om na Pioneer-saad oor te skakel en hulle was nog nooit spyt nie. “Pioneer-saad het bewys dat dit goeie opbrengs lewer met ons geenbewerkingsboerdery. Verder is Pioneer se pryse gunstig en die diens is nog beter,” vertel Pieter.
Pioneer verstaan dat die graanopbrengs die graanboer se hoofdoel is. Daarom gee hulle baie aandag aan navorsing en ontwikkeling van saad wat jaar na jaar beter opbrengste verseker.
Bernard Arnoldi van Klipkraal Landgoed plant Pioneer mielies om hoendervoer te maak vir sy hoenderboerdery. Liaan Lotter is Pioneer se verteenwoordiger in die Noordweste.
Nommerpas vir jou plaas
Liaan Lotter, plaaslike verkoopsverteenwoordiger, vertel dat dit nie net oor die saad gaan nie. “Elke kultivar het sy eie eienskappe en bestuursvereistes. Daarom sal enige saad nie vir enige boer werk nie. Pioneer probeer altyd om die boer van saad te voorsien wat die beste by sy omstandighede pas.”
Bernard Arnoldi is ook ingenome met die goeie diens wat Pioneer lewer: “Liaan staan my regdeur die seisoen gereeld by. Ons doen opnames en kyk na die plante se algemene prestasie. Met Liaan se persoonlike diens en die gehalte van Pioneer se produkte sal ek nie maklik weer ՚n ander saadverskaffer oorweeg nie.”
Vir goeie raad oor die beste saad vir jou plaas, kontak Pioneer by www.pioneer.com/za of stuur ՚n e-pos na info.rsa@pioneer.com. | https://www.proagri.co.za/pioneer-die-regte-saad-vir-elke-boer/ | 2021-02-20 11:38:23 |
TLU SA dankbaar oor goeie reën in Suid-Afrika | This post is also available in: English
TLU SA is dankbaar vir die uitermatige goeie reën wat die afgelope ruk oor wydverspreide dele van die land geval het. Dit het groot verligting onder baie boere in Suid-Afrika gebring.
“Ons het van oraloor boodskappe ontvang van boere wat ervaar hoe die natuur intens herstel na die reën,” sê mnr. Henry Geldenhuys, die president van TLU SA. “Ons en hulle is diep dankbaar dat ons gebede verhoor is.”
Te midde van die dankbaarheid oor reën is daar egter steeds gebiede waar voer aangery moet word vir boere om hulle vee aan die lewe te probeer hou. TLU SA is ook bewus van boere in sekere omgewings en in bedryf met sekere kommoditeite wat skade gely het as gevolg van die reën.
“Dit is wel so dat van die riviere oorstroom en skade veroorsaak het,” gaan mnr. Geldenhuys voort. “Maar, die langtermyn waarde van watertafels wat stabiliseer, rivierstelsels wat skoon spoel en die positiewe eindresultaat van vol damme is nie net vir landbou nie, maar ook vir Suid-Afrika in geheel ‘n baie groot seën.
“Ons het ons in die tyd van droogte voor ons Skepper verootmoedig en vir reën gevra. Dit is nou ook belangrik om ons dank – in ons huisgesinne, organisasies en in kerkverband – te betuig.”
TLU SA wil boere herinner en aanmoedig om in tye wanneer dit goed gaan ook vooruit te beplan en voorsiening te maak vir die maer jare. Die TLU SA Traumafonds benodig altyd bydraes om boere by te staan in tye van terugslae. Meer besonderhede oor die Traumafonds is op die webwerf by hierdie skakel beskikbaar: https://www.tlu.co.za/hulpmiddels/.
“Ons is dankbaar vir elke bydrae tot die Traumafonds en wil graag ‘n spesiale woord van dank rig aan anonieme skenkers wat nie altyd deur die amptelike kanale bedank kan word nie,” sluit hy af.
Bron: TLU SA | https://www.proagri.co.za/tlu-sa-dankbaar-oor-goeie-reen-in-suid-afrika/ | 2021-02-17 13:40:56 |
Paraatheid red boer se lewe | This post is also available in: English
Paraatheid en vinnige optrede deur mede-boere en die polisie het waarskynlik Pieter Swart, ‘n boer van Kroonstad, se lewe gered. Volgens Boy Saaiman, streekverteenwoordiger van Vrystaat Landbou, is Swart vanoggend deur vier mans buite sy huis oorval toe hy wou uitgaan.
Die vier mans het na bewering ‘n deur na die huis probeer oopbreek om toegang tot die huis te verkry. Ten spyte van verskeie meswonde, kon Swart daarin slaag om sy vuurwapen te kry en het verskeie skote afgevuur. Drie van die verdagtes is noodlottig gewond en een verdagte het ontsnap, maar is ‘n paar uur later danksy vinnige optrede deur die Landelike beveiligingsplan en die polisie gearresteer.
“Boere kan nie meer bekostig om weerloos te wees nie,” het Jakkals le Roux, voorsitter van VL se Veiligheidskomitee, gesê.
“Vrystaat Landbou doen ‘n ernstige beroep op boere om by hul naaste veiligheidstrukture betrokke te raak en hulself, hul gesinne en werkers te bemagtig.”
Vrystaat Landbou hoop dat President Ramaphosa tydens sy Staatsrede die kwessie van landelike veiligheid sal erken en aanspreek.
Bron: Vrystaat Landbou | https://www.proagri.co.za/paraatheid-red-boer-se-lewe/ | 2021-02-12 07:26:23 |
Staat gaan onteiende grond aan MK-veterane gee | This post is also available in: English
“Dit is niks anders as ʼn herhaling van die Zimbabwiese grondbeleid nie”. Dit was die reaksie van Vrystaat Landbou nadat die voormalige minister van Landbou, Tina Joemat-Pettersson, Woensdag tydens die staatsrede debat aangekondig het dat MK-veterane onteiende plase gaan ontvang.
“Die regering kan sterk teenkanting van Vrystaat Landbou verwag. Hierdie uitlating bevestig dat die nuwe Onteieningswet se bona fides verdag is”, sê Francois Wilken, president van Vrystaat Landbou.
Met hierdie uitlating het die regerende party hul Zimbabwe-onderrok laat hang: “Vir die landbougemeenskap bevestig dit die groeiende risiko is dat die staat ʼn Zimbabwebenadering tot grond eienaarskap gaan volg. Ironies, speel grondherverdeling, restitusie en hervorming geen rol in sodanige besluite nie. Dit beteken dat grond eienaarskap en politieke assosiasie bepalend gaan wees, en daar is reeds voorbeelde hiervan.”, het Wilken gesê.
In die onlangse voorval is Ivan Cloete in die Wes-Kaap deur regeringsamptenare ingelig dat hy sy staats huurplaas moet verlaat omdat ’n MK-veteraan die plaas gaan ontvang. Hierdie is die derde keer dat die staat Cloete se plaas wegneem, ten spyte daarvan dat hy die plaas suksesvol bestuur. Volgens berugte is Cloete deur staatsamptenare geïntimideer en geteister. Die groep staatsamptenare het hom gedreig met onwettige uitsetting indien hy nie dadelik die plaas oorhandig en verlaat nie. Verlede jaar is gepoog om David Rakgase se plaas te ontneem nadat hy sy plaas sedert 1991 by die staat huur. Rakgase kon later, nadat die hooggeregshof in Pretoria beslis het dat die regering se onvermoë om die plaas aan hom te verkoop ongrondwetlik is, die grond in Junie 2020 koop.
Rakgase wag egter sedertdien steeds vir sy titelakte, onderwyl die staat intussen weer sy grond uitgewys het as staatsgrond wat aan ander beskikbaar gestel gaan word. Volgens Wilken is sal onteiening sonder vergoeding ’n politieke mag vergryp wees. Soos die saak tans ontvou blyk dit dat staat die finale besluitnemings-reg wil hê oor wie eiendom mag besit. Waar individuele eiendomsreg vernietig word menseregte geskend – net soos in Zimbabwe.
Enige persoon wat die Onteieningswysigingswet wil teenstaan, kan hul inset op Vrystaat Landbou se webwerf aanteken (https://vrystaatlandbou.co.za/stop-expropriation/). Hierdie inset sal aan die parlement oorhandig word.
Bron: Vrystaat Landbou | https://www.proagri.co.za/staat-gaan-onteiende-grond-aan-mk-veterane-gee/ | 2021-02-19 14:31:47 |
Op soek na 'n pyp of 'n tuinslang? Vra vir Watex | This post is also available in: English
As jy nou vir die derde keer in ՚n jaar jou sleeplynbesproeiingspyp moet vervang oor die son en die werk dit laat verbrokkel … raak slim! Vra vir Watex. Geniet die voordele van ՚n plaaslike produk met ՚n behoorlike waarborg.
՚n Pyp is nie maar net ՚n pyp nie. Die maatskappy, Reinforced Hosing in Krugersdorp, vervaardig al sedert 1999 ՚n wye verskeidenheid pype vir gebruik in myne, deur die brandstof- en gasbedryf, deur die brandweer, in werkswinkels, op plase, in tuine en selfs in laboratoriums waar jy kan sien wat maak die vloeistof in ՚n deurskynende pypie.
Baie navorsing word gedoen om seker te maak dat die regte pyp vir die regte aanwending vervaardig word. Sekere van die pype wat veral in myne gebruik word, kan temperature van -10°C tot 50°C hanteer en druk van tot 7 600 kPa!
Drukking, temperatuur en buigbaarheid is maar enkele van die faktore wat in ag geneem moet word in die ontwikkeling van ՚n pyp vir ՚n spesifieke doel. Verskillende kleure word gebruik om seker te maak gebruikers raak nie deurmekaar nie. Boere kan gerus by hulle naaste handelaar navraag doen oor die twee sleeplynopsies van Watex. Daar is ՚n SABS-goedgekeurde pyp met ՚n tienjaarwaarborg* en ook ՚n prysmededingende weergawe met ՚n vyfjaarwaarborg*.
Vir die tuin is daar tuinslange van 12, 20 en 25 mm beskikbaar in lengtes van 20 tot 100 meter, met of sonder koppelstukke. Daar is verskeie kleure beskikbaar van pienk tot swart. Alle produkte word volgens die hoogste gehaltestandaarde (SANS 1086: 2007) vervaardig en in die uitsonderlike geval van ՚n vervaardigingsprobleem sal Reinforced Hosing die pyp kosteloos vervang. Dit is een van die groot voordele van plaaslike produksie wat jy nooit sal kry met ՚n ingevoerde, moontlik goedkoper, produk nie. Handelaars hoef ook nie ՚n vraghouer vol produkte op een slag aan te koop nie; net wat nodig is om in voorraad te hou. Watex word landwyd en verder noord in Afrika afgelewer.
Reinforced Hosing se 70 personeellede werk almal al jare lank vir die maatskappy en ken hulle storie … en as ՚n goeie swartbemagtigingstelling vir jou maatskappy belangrik is, moenie bekommerd wees nie, jy sal jou punte kry.
Vind uit wie is jou naaste handelaar waar jy vir Watex kan vra. Praat met Adolph van der Westhuizen by 082-491-7594 of e-pos adolph@watex.co.za. *Bepalings en voorwaardes geld. | https://www.proagri.co.za/op-soek-na-n-pyp-of-n-tuinslang-vra-vir-watex/ | 2021-02-18 15:47:57 |
Bierspruit stoot oor sy walle langs Northam-pad | Bierspruit het sedert verlede week Woensdag reeds ’n paar keer oor sy walle gestoot weens goeie reën in die omgewing en verder stroomop. Die Swartklipdam by Union Section by Swartklip hoër stroomop is tot sy volle kapasiteit gevul en loop reeds vir meer as ’n week oor.
Die dam was tot onlangs kurkdroog en mens kon op droë grond van die een oewer na die ander oorsteek.
Inwoners van die Rooidamkleinhoewes buite Thabazimbi wat aan die Rhino Andalusietmyn se eiendom grens, se toegang na die afdraai uit die Rustenburgpad, is reeds ’n paar keer versper deurdat die bruggie oor Bierspruit telkens onder water was.
Ems Strydom van die Rooidamkleinhoewes kyk na die water wat oor die Bierspruit se walle opgestoot het. Die bruggie wat toegang tot die Rustenburgpad verleen is ook onder water.
Hoër stroomop is verskeie eiendomme ook onder water soos die spruit oor sy walle gebreek het. Mak en wilde diere beweeg vanself na hoër grond soos die watervlak langs die spruit en rivier styg maar boere met wild op hul plase in die gebied is tog bekommerd dat die vloedwater skade aan wildheinings kan veroorsaak wat tot wild- en veeverliese kan lei.
Met meer reën wat in die opvangsgebied van die Krokodilrivier verwag word en die feit dat al tien sluise van Hartbeespoortdam ook nou oop is om voorsiening te maak vir die verwagte invloei in die dam om ’n moontlike vloed al langs die Krokodilrivier te voorkom, is daar heelwat water na die Thabazimbi omgewing op pad.
Hierdie water behoort die Koedoeskop besproeiingsgebied nog hierdie week te bereik. Met die toename in vloei in die Krokodilrivier is verdere oorstromings al langs die Bierspruit nie uitgesluit nie aangesien ’n vol Krokodilrivier die invloei van water vanuit die Bierspruit kan blokkeer.
Indien die vlak van die Krokodilrivier hoog genoeg is, kan dit veroorsaak dat water uit die rivier terug in Bierspruit kan opstoot. Dieselfde geld vir Rooikuilspruit wat deur Thabazimbi dorp loop, veral waar dit deur die Thabazimbi Gholfklub se baan vloei en telkens veroorsaak het dat putjies onder die water is sodra die vlak van die Krokodilrivier te hoog styg en dit stroomop terugstoot in die spruit.
Die Rooidamomgewing het verlede week Donderdag ’n wolkbreek gehad met sowat 50mm reën wat in minder as ’n halfuur geval het.
Die totale reënval wat die afgelope reënseisoen daar aangeteken is, is 42,5mm vir Oktober, 138,5 vir November, 108mm vir Desember, 175mm vir Januarie en 62mm tot dusver vir Februarie. | https://www.kwevoel.co.za/2021/02/11/bierspruit-stoot-oor-sy-walle-langs-northam-pad/ | 2021-02-11 14:34:33 |
Covid-19 eis oud-inwoner van Thabazimbi | ’n Seun van Thabazimbi wat hier grootgeword en gedurende 1990 sy Matriek aan Hoërskool Frikkie Meyer geskryf het, Michael Morrison (48), is op 22 Januarie 2021 oorlede nadat hy Covid-19 opgedoen het.
Michael is Saterdag 9 Januarie in die Linmed Hospitaal in Benoni opgeneem nadat hy siek geword het en positief vir Covid-19 getoets is. Die volgende dag, Sondag 10 Januarie, is hy na die Pretoria-Oos hospitaal oorgeplaas waar hy aan ’n ventilator gekoppel is. Op Vrydag 22 Januarie het hy ’n hartstilstand ervaar en is daarna dood verklaar.
Michael is op 27 November 1972 in die Boksburg-Benoni Hospitaal aan die Oosrand gebore. Gedurende 1980 het hy saam met sy ouers, Mike en Mara Morrison vanaf Welkom na Thabazimbi verhuis waar Mike werk by Amandelbultmyn aanvaar het terwyl Mara haar steeds haar lewe as tuisteskepper voortgesit het.
Michael tydens die afgelope Kersnaweek toe hy en sy gesin saam met sy ouers Mike en Mara Morrison die naweek by ’n Lodge naby Alma spandeer het.
Michael was destyds in Graad 2 en het by Laerskool Thabazimbi sy laerskoolloopbaan voltooi. In 1986 is hy oor na Hoërskool Frikkie Meyer waar beide hy en sy broer Christopher hulle hoërskoolloopbane voltooi het. Michael was gewild onder sy skoolmaats en het die vermoë gehad om mense nader te trek.
Mara vertel dat Michael, buiten dat hy in die Hoërskool se kadet blaasorkes gespeel het en by die gewone skool aktiwiteite betrokke was, hy eers na skool werklik begin presteer het en in sy werk opgang gemaak het. Sy medewerkers het die grootste agting vir hom gehad soos dit blyk uit boodskappe wat op sy Facebook-bladsy gelaat is. Sonja, sy eggenote, sê ook dat tydens die gedenkdiens wat vir hom by die werk gehou is, was dit roerend hoe almal sy goeie eienskappe, maniere, behulpsaamheid en geduld beklemtoon het.
Nadat Michael sy matriek aan HFM klaargemaak het, het hy sy verpligte diensplig in die weermag gedoen en na Thabazimbi teruggekeer om by Kumba as vakleerling-elektrisiën te begin werk. Hy slaag sy vaktoets in 1994 en kwalifiseer as elektrisiën in diens van Kumba.
Michael saam met sy vrou, Sonja en hul kinders, Aiden links en Liam, regs.
Michael se matriekfoto van 1990 by Hoërskool Frikkie Meyer in Thabazimbi.
Mike het dertien maande nadat hulle na Thabazimbi verhuis het, ’n pos by YSKOR Thabazimbimyn aanvaar waar hy tot sy aftrede in 2013 gewerk het. Mike het altyd die seuns aangemoedig om te werk aan ’n toekoms van hul eie en dit was dan ook een van die groot redes hoekom Michael gedurende 1995 by ABI, destyds ’n buite firma van Coca Cola, werk aanvaar het. In 1999 is hy ’n voltydse pos by Coca Cola aangebied. Hy het nooit sy ambag beoefen nie en eerder gekonsentreer op sy nuwe beroep by die nuwe werk.
Michael het die leer van bevordering geklim en hy was as “Operations Manager” by Coca Cola se Midrand-tak werksaam toe hy die Covid-19 virus opgedoen het.
Hy en sy vrou, Sonja is in 2002 getroud en hulle het twee seuns, Aiden (13) en Liam (16).
Michael se roudiens was Vrydag 5 Februarie 2021 vanuit die NG Kerk Delmas-Wes Gemeente. Die diens is deur ds Johannes Rossouw gelei en die teks was Psalm 121.
Michael laat sy gesin, Sonja en die seuns, dogter en skoonseun, Johandri en Warren Thomas, sy ouers Mike en Mara Morrison van Thabazimbi asook sy broer Christopher en sy gesin agter.
Mike en Mara wil hiermee almal bedank wat vandat Michael siek geword het, hulle in hul gebede gedra en omgegee het. Dankie, ook vir elke boodskap en navraag oor Michael se toestand gedurende hierdie tyd. | https://www.kwevoel.co.za/2021/02/11/covid-19-eis-oud-inwoner-van-thabazimbi/ | 2021-02-11 08:34:26 |
Kommentaar: Verbruikers trek noustrop - kannie rekenings betaal | Die aantal verbruikers in Suid-Afrika wat die erge finansiële impak van die Covid-19 inperking ervaar, volgens data wat deur TransUnion vrygestel is, het drasties teen die einde van verlede jaar toegeneem.
Hierdie persentasie het tot 82 persent toegeneem, des nie teenstaande die feit dat die meeste industrieë weer ten volle operasioneel is. Hierdie persentasie is slegs twee persent laer as wat die syfer gedurende Junie 2020 was toe die inperking gelei het tot die sluiting van talle besighede, veral in die privaat sektor.
Sowat 37 persent van besighede wat tot dusver oorleef het, moes gedurende hierdie tydperk hulle werkure drastiese verlaag. Die meerderheid van hierdie besighede is in die kleinhandel, inligtingstegnologie, finansiële dienste en vervaardigingsindustrie.
Meer as die helfte van persone wat hul werk verloor het, is jong werkers wat gedurende die afgelope dekade of twee begin werk het. Sowat 40 persent van verbruikers wat hul werk verloor het, is in die kleinhandel, onderwys, konstruksie en restaurant en dergelike bedrywe.
Sluit hierby in die talle besighede in die gasvryheidsbedry wat steeds gebukkend gaan onder die verlies van internasionale besoekers en die algemene afplatting en beperking op besoekers, waar 66 persent van verbruikers minder op uiteet, reis en vermaak spandeer. Sowat twaalf persent van huiseienaars is bekommerd dat hulle nie meer in staat is om hul verbande aan banke en finansieringsinstansies terug te kan betaal nie, 27 persent kan nie meer hul huishuur bekostig nie, 27 persent kan nie meer versekering bekostig nie en 24 persent kan nie meer hulle mediesefondse of medisyne bekostig nie. Selfoon-diensverskaffers gaan ook aan die kort kant begin trek met sowat 28 persent van verbruikers wat aandui dat hulle nie selfoonrekenings kan betaal nie – dit is byna een derde van alle selfoongebruikers.
TransUnion sê dat 84 persent van verbruikers bekommerd is dat hulle nie hul rekenings kan vereffen of lening-terugbetalings kan maak nie, met sowat een uit elke drie verbruiker wat reeds elke maand ’n tekort aan fondse ondervind.
Die gemiddelde bedrag wat verbruikers maandeliks te kort skiet in die betaling van hul rekenings en lenings word gereken op meer as R7 000.
Die top drie rekenings en lenings wat onbetaal gaan bly is persoonlike lenings (37%), kleinhandel en klere rekenings (32%) en kredietkaartrekenings (32%).
In ’n poging om hul maandelikse uitgawes te beperk word inskrywingsgeld en lidmaatskap asook digitale dienste gekanselleer en sowat 26% van verbruikers dui aan dat hulle terugsny op hul pensioen- en spaarfondse.
Hierby moes agtien persent werkloosheidsversekering of afsnydingspakette aanvaar en sewentien persent het reeds hul pensioenspaargeld gebruik.
Met al hierdie fondse wat nou uitgeput is, is daar geen langtermyn oplossing nie, nie eens die verhoging in ouderdom van aftrede sal uitkoms bied nie.
Die aanlyn-opname is onder 1100 huishoudings in Gauteng gedoen. ’n Mens kan maar net verwag dat die toestand op die platteland hierdie syfers gaan onderskryf, indien nie vererger nie.
Kommentaar deur Pieter Coetzee – Redakteur: Kwêvoël
Lees meer – Read More
Read also: The biggest takeaways from Mboweni’s budget speech – including tax changes, and who will pay for Covid vaccines | https://www.kwevoel.co.za/2021/02/25/kommentaar-verbruikers-trek-noustrop-kannie-rekenings-betaal/ | 2021-02-25 07:23:31 |
‘Kleinste reptiel op aarde’ in Madagaskar ontdek | Dit wat wetenskaplikes aanvaar as die kleinste reptiel op aarde, is deur ’n gekombineerde Duits-Madagaskar ekspedisie op Madagaskar ontdek.
Die twee klein akkedissies, die grootte van ’n saad, Brookesia nana of nano-chameleon, is ’n subspesie van verkleurmannetjies.
Die mannetjie se lyfie is slegs 13,5mm lank wat dit die kleinste maak van die sowat 11 500 bekende spesies van reptiele. Met die stert bygereken is die hy 22mm lank.
Die wyfie is heelwat groter met 29mm, maar bygesê, hierdie is die enigste twee voorbeelde wat sover gevind kon word en daar word nog na ander gesoek.
Die spesifieke spesie se habitat in ’n reënwoud in die noordelike gedeeltes van Madagaskar word bedreig deur die vernietiging van inheemse woude wat daartoe kan lei dat die spesie totaal uitgewis kan word. Die spesifieke gebied is onlangs as bewaarde gebied verklaar wat die spesie ’n kans op oorlewing kan bied.
Navorsers het bevind dat hierdie diertjies gedurende die dag jag maak op myte op grondvlak en snags in grasblare vir roofspesies wegkruip.
In hulle verslag het die navorsers aanbeveel dat hierdie spesie as ‘krities bedreig’ gelys moet word in die Rooilys van Bedreigde Spesie om te help met die bewaring van hul habitat.
Read More – Lees Meer | https://www.kwevoel.co.za/2021/02/06/kleinste-reptiel-op-aarde-in-madagaskar-ontdek/ | 2021-02-06 08:31:55 |
Minimumlone vir plaaswerkers: Insette geïgnoreer | Agri SA sê dat die vermaning dat die onmiddellike gelykmaking en verhoging van plaaswerkers se lone onvolhoubaar vir die landbousektor sal wees, is deur die departement van indiensneming en arbeid geïgnoreer in die bepaling van die nuwe minimumloon wat die afgelope week bekend gemaak is.
“Agri SA en sy affiliasies is deeglik bewus van die behoeftes van plaaswerkers en hul gesinne. Die armste huishoudings het egter toegang tot werkgeleenthede nodig, terwyl diegene wat reeds in diens is, behou moet word.”
Die onmiddellike gelykmaking en verhoging van lone sal menige werkgeleenthede in gedrang bring – ’n ongewenste situasie. Die departement van indiensneming en arbeid het op 8 Februarie die jaarlikse aanpassing van die nasionale minimumloon vir 2021 gepubliseer. Ingevolge die hersiene aanpassing sal plaaswerkers geregtig wees op ’n minimumloon van R21,69 per uur.
Agri SA het die departement daarop gewys dat die landboubedryf ’n veelsydige sektor is wat bestaan uit meestal klein- en mediumskaalboere, terwyl grootskaalse kommersiële boere slegs ’n klein persentasie van die bedryf uitmaak. “Hierdie klein- en mediumskaalse boere moes reeds die gevolge van die onlangse droogte absorbeer, wat vererger is deur die uitwerking van die pandemie.
Die meeste kommissarisse is blykbaar van mening dat die uitwerking van die pandemie op die landbou minimaal was. In werklikheid is subsektore soos die wynbedryf twee keer deur ’n verbod op verkope geraak, terwyl tabak-, wol- en gortproduksie nie as noodsaaklike dienste gedurende die inperking verklaar is nie. Hul bedrywighede is dus ernstig geknou gedurende die afgelope paar maande.
Dié bedrywe sukkel nog om te herstel ná die verliese wat hulle gely het gedurende die harde inperking. Laasgenoemde het ’n vernietigende uitwerking op die vraag na landbouprodukte tot gevolg gehad. Boere in droogtegeteisterde dele soos die Noord-, Oos- en Wes-Kaap is steeds onder geweldige finansiële druk.
Indien boere nie voedsel op ’n bekostigbare grondslag kan produseer en landbouwerkers grootskaals in diens kan neem nie, kan dit aanleiding gee tot ’n voedselkrisis en grootskeepse maatskaplike onrus wanneer voedselonsekerheid en werkloosheid begin kop uitsteek.
Die Covid-19-pandemie gaan voort om verwoesting te saai en werkloosheid is aan die toeneem. Addisionele produksiekoste sal aan die verbruiker oorgedra moet word en sodoende voedsel meer onbekostigbaar maak vir diegene vir wie die minimumloon veronderstel is om te bevoordeel. | https://www.kwevoel.co.za/2021/02/10/minimumlone-vir-plaaswerkers-insette-geignoreer/ | 2021-02-10 09:49:55 |
Internasionale Bewusmaking: Spesiale Onderwys (Special Education) | Met Spesiale Onderwys word daar gekyk na die behoeftes van die kind wat van ander verskil as gevolg van outisme, disleksie en dit wat bekend staan as ADHD en aandag-afleibaarheid, met of sonder hiperaktiwiteit.
Ouers van kinders sonder bogenoemde gestremdhede het binne perke die versekering dat hulle kinders by die res van die klas sal inskakel en deel in die aktiwiteite en gevestigde studiemetodes sal ontwikkel wat kan lei tot goeie slaagpunte. Hierdie kinders maak maats en word uitgenooi na aktiwiteite soos danse en naweek byeenkomste. Hulle word lede van sportspanne, organisasies en klubs.
Alhoewel dit nie dikwels gebeur nie, het jou kind dalk ander identifiseerbare verskille. Hulle mag langer neem om iets aan te leer, beide akademies en op sosiale vlak. Dit, ongeag uitsonderlike pogings, eindig as slegs ’n druppel in die emmer van wat van hulle eweknieë verwag word terwyl sosiale aanvaarding hulle ontwyk en hulle hul blootgestel aan pynlike vergelykings en frustrasies.
Die skool is nie meer die plek van pret en vervullende ervarings nie, maar word die teelaarde vir depressie en angs. Huiswerk ’n gevegsone tuis wat beide die ouer en kind as uiters uitputtend beleef.
’n Spesiale week om aan Spesiale Onderwys af te staan is te min, hierdie vereis ’n voltydse bewusmaking om hulle tuis in hul omstandighede te laat voel.
Daar is talle kinders wat as gevolg hiervan daagliks ’n stryd aanpak in ’n wêreld wat nie hulle gawes en talente raaksien nie. Diegene wat hulle in hierdie kinders se lewensruimte bevind moet bewus daarvan wees dat die speelveld nie vir almal op ’n gelyke vlak is nie.
Kinders wat anders optree is nie noodwendig vreemd of snaaks nie. Hulle beskik eenvoudig net oor gawes waaraan die gemeenskap nie genoeg waarde aanheg nie. Uiteindelik wil hulle ook maar net hê wat almal soek, naamlik om aanvaar te word.
Gaan Google gerus en leer meer oor hierdie spesifieke gestremdhede en besef hoe anders en tog spesiaal almal in ons samelewings is. Leer jou ‘normale’ kind om al sy maats, ook die met hierdie spesifieke gestremdhede, te aanvaar en ’n groot rol te speel in die ontwikkeling van hul sosiale vaardighede.
SPED (Special Education), Autism, Dyslexia, and ADHD (Attention Deficit Hyperactivity Disorder) awareness.
When you have a “regular” child, you feel reasonably assured that class participation and decent study habits will result in good grades. These kids have close friends. They get invited to participate in social things like dances and weekend gatherings. They make the teams, auditioned organisations and clubs.
But when you have a child with certain differences, this is often not the case. Learning may take longer, both academically and socially. Despite their tremendous efforts, results are often a fraction of their peers and social acceptance is fleeting, setting them up for painful comparisons and bitter frustration. Instead of a fun and fulfilling experience, school can become a breeding ground for depression and anxiety, and assignments a battle ground at home. It is exhausting for parent and child alike.
This is the week of SPED (Special Education), Autism, Dyslexia, and ADHD (Attention Deficit Hyperactivity Disorder) awareness.
For all the children who struggle every day to succeed in a world that does not recognize their gifts and talents, and for those who are walking beside them, please let this be a gentle reminder to be kind and accepting of ALL people.
Recognize that the “playing field” is not always a level surface.
Children who learn differently are not weird. They are merely gifted in ways that our society does not value enough. Yet they want what everyone else wants: To be accepted!
Bron: Aangepas by internet artikel – Slegs vir bewusmaking: Kontak professionele hulp indien jy meer inligting verlang | https://www.kwevoel.co.za/2021/02/05/internasionale-bewusmaking-spesiale-onderwys-special-education/ | 2021-02-05 04:53:55 |
Terugslag met AstraZeneca entstof - Plan B vir regering | Die een miljoen AstraZeneca dosisse entstof wat verlede week met groot fanfare in Suid-Afrika aangekom het, het die hoop laat opvlam dat die program om diegene in die voorste linie van die stryd teen Covid-19 teen die siekte naamlik die gesondheidswerkers in te ent, nou ’n aanvang kan neem.
Ongelukkig het twee faktore na vore getree wat hierdie hoop ’n terugslag gegee het. Die eerste faktor naamlik die feit dat die entstof blykbaar nie opgewasse is teen die Suid-Afrikaanse variant van die siekte om selfs effense of middelmatige Covid-19 besmetting te voorkom nie.
Hierdie stelling is gemaak in ’n verslag met die resultate van die proewe van die Astra Zeneca entstof op deelnemers in Suid-Afrika, wat Saterdag deur die Verenigde Koninkryk se Financial Times gepubliseer is. Selfs nie die tweede dosis het geen verskil aan die uitslag gemaak nie, het die verslag voorts gelui.
Nog ’n probleempunt wat kommer uitlok is die feit betreffende die vervaldatum van die spesifieke besending entstof wat ontvang is.
Na die aankoms van die entstof op OR Tambo Internasionale Lughawe op 1 Februarie, is die entstof aan die sorg van die SA Gesondheidsprodukte Beheerliggaam (SAPHRA) oorgedra wat volgens wetgewing die kwaliteit van die besending moet verifieer voordat dit gebruik kan word. Hierdie proses word tans by die Universiteit van die Vrystaat in Bloemfontein uitgevoer.
Dit het intussen bekend geword dat die Departement van Gesondheid en SAHPRA hul kommer uitgespreek het oor die feit dat die besending se vervaldatum gedurende April is. Aangesien ’n tweede dosis na die verloop van etlike weke toegedien moet word, kan dit gebeur dat indien die administrasie hiervoor nie 100 persent glad verloop nie, die entstof kan verval voordat baie van die mense wat reeds die eerste inenting ontvang het die tweede inenting moet ontvang.
Volgens professor Shabir Madhi van Wits Universiteit sal dit roekeloos van Suid-Afrika wees om die AstraZeneca entstof, waarvan die ontplooiing vir eers gestop is, summier te verwerp.
Aanvanklike data het getoon dat die AstraZeneca entstof minimale beskerming teen effens infeksie van die dominante variant bied.
Madhi het verder aangevoer dat Suid-Afrika duur vir die entstof betaal het en sy mening is dat die alle entstowwe in die algemeen beter werk in die rol wat dit het om ernstige siektes te voorkom.
Hy sê al kan daar nie ’n tweede dosis van dieselfde entstof toegedien word nie, is dit dalk beter om ten minste een dosis toe te dien en dit dan op te volg met ander entstof wat dalk binne die volgende twee of drie maande beskikbaar word.
Dit is nodig om te beklemtoon dat daar geen gevaar verbonde is aan die gebruik van die AstraZeneca entstof nie. Dit is veilig, die kommer is net oor die effektiwiteit daarvan teen die 501Y.V2 variant.
Read More – Lees meer | https://www.kwevoel.co.za/2021/02/08/terugslag-met-astrazeneca-entstof-plan-b-vir-regering/ | 2021-02-08 10:52:10 |
Nuwe DA-raadslid van Northam ingesweer | Die nuwe proporsionele-DA Raadslid vir Northam, David Gouveia, is Donderdag 11 Februarie amptelik in sy pos as raadslid van die Thabazimbi Munisipaliteit ingesweer met die eed wat hy afgelê het.
Die inswering het in die Munisipale Raadsaal plaasgevind met raadslid Thane Hearne, Speaker van die Raad, as voorsitter en magistraat JC Maribana wat die amptelike eedaflegging behartig het.
Raadslid Gouveira vervang proporsionele DA-raadslid Grace Nsthabele wat voorheen in die posisie gedien het.
David Gouveia, nuwe DA-raadslid van die Thabazimbi Munisipaliteit, saam met sy eggenote Charline. Die gesin bly in Northam waar David dan ook Northam se gemeenskap op die raad verteenwoordig.
Gouveia is geen vreemdeling in Northam nie en is, is seder 2018 aktief by die gemeenskap betrokke as voorsitter van die Northam Belasting Betalers Vereniging waar hy steeds ’n positiewe rol speel om vir die vooruitgang van die dorp te veg.
Hy en sy vrou, Charline, het gedurende 2016 na Northam verhuis waar David werk as tegnikus by Northam Toyota aanvaar het. By hulle aankoms in Northam het hulle uitgevind dat Charline swanger is. Die besluit om Northam as tuiste te aanvaar het redelik maklik gekom.
Uit die staanspoor het David besef dat nie net hy as inwoner nie, maar ook dat die gemeenskap, ongelukkig was met die toedrag van sake in Northam.
Hy het die behoefte aan ’n stem vir Northam geïdentifiseer en het op 18 September 2018 voortgegaan om die Northam Belastingbetalers Vereniging (NBBV/NRPA) op die been te bring. Tydens die Lootsvergadering is hy as voorsitter verkies, ’n posisie wat hy steeds vervul.
Gedurende Maart 2020 het hy uit diens van Northam Toyota getree en sy eie besigheid, DCD Autoden and field service te bedryf. Dit was juis op die stadium dat die Covid-19 inperking aangekondig is, geen goeie tyd om ’n nuwe besigheid te begin nie.
David sê dit het maar moeilik gegaan maar die besigheid het oorleef en dit gaan nou goed. Met Charline deeglik hierby betrokke, hanteer sy die skedule en afsprake vir DCD Autoden, maar die belangrikste, sê David, sy is die beste ma vir hul meisiekind.
Raadslid David Gouveia word deur die Magistraat, die agbare JC Maribana, na die eedaflegging gelukgewens as deel van die Thabazimbi Raad.
Al die DA-raadslede was daar om raadslid David Gouveia as deel van hul span te verwelkom. Hulle is op die foto van links: Raadslede Tokkie Swanepoel (Wyk 2), David Gouveia (PR), Thane Hearne (Speaker en raadslid vir Wyk 4), Piet Strydom (PR en Hoofsweep) en Ronnie Manyama (PR).
Volgens David is sy hoogste prioriteit in Northam, is Northam self. Hy voel dat hy nou as deel van die DA span Northam se stem nog duideliker gaan maak. Sy deure vir die gemeenskap is steeds oop maar die gemeenskap sal moet besef dat Northam nie oornag uitmekaargeval het nie en sal ook nie oornag regkom nie.
Sy prioriteit nommer een is die Thabazimbi-Rustenburg kruising met al die onwettige stalletjies en bedrywe. Die trokke, taxis en voertuie wat aflaai soos hulle wil moet stopgesit word.
Die tweede groot prioriteit is Northam se straatligte en padtekens wat dringend aandag moet geniet. Inwoners kan hom kontak by 071 546 4799 vir inligting of indien hulle sake, wat die gemeenskap raak, met hom wil bespreek.
Verskeie DA lede asook verteenwoordigers van ander partye het die plegtigheid bygewoon. | https://www.kwevoel.co.za/2021/02/23/nuwe-da-raadslid-van-northam-ingesweer/ | 2021-02-23 07:57:48 |
Dieta groet na 62 jaar in Thabazimbi | Dieta Bronkhorst, wat as jong getroude vrou saam met haar man, Bronkie , na Thabazimbi verhuis het, het na 62 jaar in Thabazimbi besluit om haar wortels los te maak en na Pretoria te trek waar sy by haar kleindogter Shantelle en haar gesin gaan woon.
Sy het op 8 Mei 2020 haar 90ste verjaarsdag as inwoner van Bosveld Oord ouetehuis op Thabazimbi gevier.
Dieta en Bronkie, ’n boorling van Thabazimbi wat sy vakleerlingskap as passer en draaier by YSKOR-se Thabazimbimyn voltooi het, het mekaar in Rustenburg ontmoet toe hy na die voltooiing van sy vakleerlingskap by Yskormyn by United Tobacco Company op Rustenburg, waar Dieta toe reeds werksaam was, werk aanvaar het.
Dieta en Bronkie was lank lede van die Thabazimbi Gholfklub totdat Bronkie haar in 1985 ontval het. Hul oudste seun, Hans is op die ouderdom van 38 aan ’n hartaanval oorlede terwyl hy ook in diens was van YSKOR Thabazimbimyn.
Dieta was aktief by die NG Kerk Thabazimbi betrokke waar sy deel was as juffrou by die destydse Sondagskool en sy het ook vir jare op die kerkraad gedien.
Op 31 Januarie het die NG Kerk Thabazimbi tydens ’n geselligheid, amptelik van Dieta afskeid geneem.
Foto regs: Dieta Bronkhorst van Thabazimbi het na 62 jaar as inwoner van die dorp na Pretoria verhuis waar sy voortaan by haar kleindogter en haar gesin gaan woon. | https://www.kwevoel.co.za/2021/02/11/dieta-groet-na-62-jaar-in-thabazimbi/ | 2021-02-11 08:53:38 |
Medhof Kliniek - Hoekom my kinders laat inent? | Almal wil net die beste vir hul kinders hê, hoekom dan nie hulle teen voorkombare gevaarlike siektes beskerm nie?
Vir jou eie gemoedsrus en vir hul gesondheid, verseker dat hulle al hul inentings op die regte tyd kry.
Sorg dat jou kind die lewensboei het van immunisasie – Gevorderde mediese navorsing kan jou kind deesdae teen baie meer siektes beskerm as voorheen en sommige siektes is sodanig uitgeroei dat dit nie meer ’n rol speel in seker wêrelddele nie.
So ’n siekte is polio, ’n gevaarlike siekte in talle lande, en wat nou in die meeste Westerse lande geen faktor is nie, net as gevolg van veilige en doeltreffende inenting.
Suid-Afrika het in ’n stadium ook onder hierdie lande gesorteer en dit is beter om inligting by jou geneesheer of plaaslike kliniek oor die noodsaaklikheid om dalk jou kinders hierteen te laat inent.
Die pyn van die prik van ’n naald en die paar trane wat deur die kind gestort word, is baie meer werd as die pyn van ’n oop graf en die trane wat jy stort – duisende kinders sterf jaarliks wêreldwyd as gevolg van masels en kinkhoes, hoofsaaklik onder babas wat te jonk is om geënt te word. Dit word gewoonlik veroorsaak deur kontak met kinders wat nooit teen die siekte ingeënt is nie. | https://www.kwevoel.co.za/2021/02/15/medhof-kliniek-hoekom-my-kinders-laat-inent-2/ | 2021-02-15 05:13:59 |
Strewe skop af met Valentynsdag-tema vergadering | Strewe VLU het 2021 afgeskop met ’n Valentynsdag-tema tydens hul eerste vergadering. Die geleentheid is op 16 Februarie by die Sentrum Boeresaal aangebied waar die dames van regoor die uitgestrekte streek bymekaargekom het.
Die Sentrum Boeresaal was onherkenbaar getooi in Valentyn-dekor wat bygedra het tot ’n besondere intieme atmosfeer van opregte omgee en koestering van elke lid teenwoordig. Dit was dan ook ’n besondere hoogtepunt om ten spyte van die Covid-19 pandemie, die jaar se eerste vergadering op so ’n hoogtepunt te kon begin.
Die VLU-lede se kreatiwiteit het na vore getree met die vindingryke tafel en ander versieringe asook met die heerlike geregte wat met die drie-gang maaltyd voorgesit is.
Die dames op die foto is van links: Tharina Welgemoed, Alta Eloff (Voorsitter) en Riana van Wyk.
Die kreatiwiteit van die lede is duidelik sigbaar in die warm en romantiese Valentynversierings en opmaak van die tafels.
Op die foto is die drie verjaarsdagdames. Voor: Erika Lee en agter Riekie Potgieter en Petro Viljoen. Elkeen van hulle het tydens die geleentheid ’n geskenkie ontvang
Daar was nie net gekuier nie en onder die leiding van die voorsitter, Alta Eloff, is daar tydens die vergadering vooraf deeglik besin oor dit wat vir die lede vir die jaar voorlê. Die jaar se beplanning van werksaamhede asook belangrike datums is bespreek terwyl die bepaalde rolle van al die lede uitgelig is.
Dit was veral die sessie oor inkleur vir volwassenes en die betekenis van al die kleure deur Alta wat baie insiggewend was. Tydens die vergadering is die skrywer van die jaar, die digter Anzé Bezuidenhout, deur Elmaré Human behandel en van haar gedigte voorgelees. As verdere motivering vir 2021 is dele uit ‘The Power of the Pride’ deur Ian Thomas, gemik op kragtige spanwerk, deur Leoni Underhay bespreek.
Die lede wat onlangs hul verjaarsdae gevier het, het pragtige geskenkies ontvang en ’n gelukkige trekking het aan twee lede Valentyn geskenkies besorg.
Die energie waarmee elke besprekingspunt en taak hanteer word, is inspirerend en wys dat hierdie vroue ’n formidabele span vorm met ’n absolute passie om hul naam ‘Strewe’ met trots te dien.
Die vergadering is afgesluit deur die Voorsitster, Alta Eloff, met die uitsonderlike en inspirerende VLU-gebed.
Na afloop van die amptelike verrigtinge het al die lede aangesit vir ’n heerlike driegang-Valentynmaaltyd.
VLU Strewe vorm deel van die Bosveldstreek en trek lede van sover as Makoppa, Cumberland, Sentrum, Thabazimbi en omstreke. Jaarlikse VLU-Konferensies bring al die takke in aanraking met die ander streke in die omgewing naamlik die Koraal- en Soetdoringstreke. Tydens hierdie geleentheid word die items van die onderskeie wenners wat vir die bepaalde jaar voorgelê moet word, gesamentlik beoordeel en ’n algehele wenner vir elke item word aangewys. Verskeie ander tak- en streekpryse is dan ook op die spel.
Die VLU ’n opvoedkundige organisasie is wat aan die volwasse vrou die geleentheid bied om ’n bydrae te lewer en daardeur ’n belangrike rol te speel in die omgewing waarin hulle bly en leef. Onderrig en opleiding word tydens die maandelikse byeenkomste en vergaderings aangebied in verskeie vertakkings van landbou, tuinbou, aktuele sake, kreatiwiteit, gesondheid, opvoeding en kultuur. Die items wat vir kompetisies voorgelê word sluit in verskeie hand-, naaldwerk en gebakte artikels in.
Al die lede van VLU Strewe wat die Valentyn-tema eerste vergadering van die jaar bygewoon het. Hulle is op die foto voor van links: Ria Strydom, Zettie Pelser, Margie Smith, Leonora Lotter en Sunette Barnard. Middel: Heleen van der Merwe, Karin Pieterse, Elmarie Human, Erika Lee, Susan Roets en Daleen van der Merwe. Agter Ilna Schutte, Riekie Potgieter, Tharina Welgemoed, Riana van Wyk, Susan Schoeman, Magda Lottering, Petro Viljoen, Erica Welgemoed, Alta Eloff en Leoni Underhay.
VLU Strewe speel ’n belangrike rol om hul lede in staat te stel om doeltreffend deel te neem aan die landelike en algemene gemeenskapslewe, die ontwikkeling daarvan en die oordra daarvan aan andere.
Lidmaatskap is oop vir persone bo 16 jaar woonagtig in die Limpopo Provinsie, wat bereid is om hulle aan die bepalings van die grondwet van die organisasie te onderwerp.
Die volgende vergadering vind plaas op 9 Maart. Indien u belangstel om aan te sluit en meer inligting hieroor wil ontvang, skakel gerus vir Ilna Schutte, skakelbeampte, by 082 774 8803. | https://www.kwevoel.co.za/2021/02/25/strewe-skop-af-met-valentynsdag-tema-vergadering/ | 2021-02-25 15:25:01 |
Valentynsete met ’n Japanese geur by Khaya Kwa | Saterdagaand kon paartjies en vriende ’n heerlike Valentynsete by Khaya Kwa geniet met ’n voortreflike selfhelp Sushi-kroeg of ’n meer tradisionele driegang maal met ’n verskeidenheid van vleisgeregte.
Die Sushi was beslis die meer gewilde spyskaart en is keurig opgedien met ’n groot verskeidenheid Sushi geregte om van te kies en te keur.
Die alternatiewe-spyskaart van Beef fillet Tataki, Beef Takiyoki, Chicken Tsukune en Beef Terryaki is saam met jasmynrys bedien en kan beslis op sy eie herhaal word.
Dennis en Hantie Moshop met ouma se kleindogter, Frané, wat haar eerste verjaarsdag saam met die Valentynsete in ander ouma se restaurant geniet het.
Die heerlike Sushi is op massiewe skinkborde voorgesit waar gaste hulle self kon help.
Die voorgereg op beide spyskaarte was Chicken Yakitori en is afgesluit met ’n heerlike aarbei nagereg, aangevul met ’n Mai Tai of Shirley Temple Skemerkelkie.
Gaste het weer ‘n slag heerlik tot toemaaktyd gekuier voordat hulle huiswaarts gekeer het.
Wayne en Sorada het die Valentynsete saam met vriende bygewoon.
Carmen en Gert wat na Khaya Kwa weggebreek het vir die heerlike romantiese ete.
Klaus en Benita het die Sushi spyskaart benut vir hulle romantiese aand saam.
Rodney en Dominique het die Japanese tema baie geniet.
Khaya Kwa is beslis die restaurant waarheen jy bietjie kan wegbreek met ’n heerlike speelterrein en klimraam om die kinders besig te hou.
This Week’s Special – Until 21 February 2021 | https://www.kwevoel.co.za/2021/02/17/valentynsete-met-n-japanese-geur-by-khaya-kwa/ | 2021-02-17 14:17:41 |
100 Persent slaagsyfer vir HFM Matrieks | Hoërskool Frikkie Meyer se matriekklas van 2020 het nie alleen daarin geslaag om ’n 100 persent slaagsyfer te behaal nie, maar die skool tree met hierdie prestasie ook uit as wenner van die Akademiese Interhoër vir Waterberg.
Die Thabazimbi-Kring het ook die beste gevaar in Waterberg-2 met ’n gemiddeld van 94,19 persent terwyl Waterberg-2 ook met die louere wegstap met ’n gemiddeld van 77,5 persent. Die Nasionale Gemiddeld van 67,2 persent word dus deur HFM, die Thabazimbi-Kring en die Distrik oortref.
’n Opsomming van die uitslae toon dat 95 (71%) leerlinge Universiteitstoelating, 35 (27%) leerlinge toelating tot Diploma-Studies en 4 (2%) leerlinge toelating tot Sertifikaat-Studies ontvang het.
Daar was ook ’n ryke simbole-oes met 186 onderskeidings (A-simbole), 165 B-simbole en 214 C-simbole.
HFM se Top-5 uitblinkers was Ruvé Blaauw wat met agt onderskeidings die meeste onderskeidings ingepalm het en met ’n gemiddeld van 91 persent die tweede hoogste gemiddeld behaal het; Daniël van Zyl het die hoogste gemiddeld behaal met 91,43 persent en daarmee saam ook sewe onderskeidings verdien. Hulle word gevolg deur Gustav Grobler met ’n gemiddeld van 85,75 met sewe onderskeidings; Melissa Fritz met 93,71 persent gemiddeld en vyf onderskeidings en Lynette Steenekamp met 83,86 persent en ook vyf onderskeidings.
Ruvé Blaauw (Hoofdogter 2020) – 8 Onderskeidings – 91,0%. gemiddeld.
Daniël van Zyl – 7 Onderskeidings – 91,43% gemiddeld.
Gustav Grobler (Hoofseun 2020) – 7 Onderskeidings – 85,75% gemiddeld.
Matrieks met hoogste vakgemiddeldes:
Die hoof van HFM, Colin Campbell, saam met Ruvé Blaauw wat met agt onderskeidings agter haar naam Matriek geslaag het.
Daniël van Zyl het die hoogste vakgemiddeldes gehad in Wiskunde (95%), Rekeningkunde (94%), Fisiese Wetenskap (88%) en Inligtings Tegnologie (96%).
Ruvé Blaauw het die hoogste vakgemiddeldes gehad in Afrikaans Huistaal (91%), English First Additional Language (92%), Rekenaar Aanwendings Tegnologie (91%) en Lewens Oriëntasie (100%).
Caronay Fouché het die hoogste gemiddeldes gehad vir Wiskundige-Geletterdheid (90%) en Toerisme (92%).
Dané Coetzee behaal die hoogste gemiddeld vir Besigheidstudies (96%); Kayla van der Merwe vir Ekonomie (88%) en Jene Low vir Hospitality Studies (78%).
Uit agtien vakke waarin eksamen afgelê is behaal HFM ’n 100 persent slaagsyfer. HFM het verder presteer met die beste vakgemiddeldes vir Visuele Kuns/Art (79,67%), Lewensoriëntering/Life Orientation (78,76%), English First Alternative Language (69,45%), IT (68,5%) en Siviele Tegnologie/Civil Technology (68,13%).
Van links: Die hoof van HFM, Colin Campbell, saam met die personeel, Tiaan Schmitd, Martie Boshoff en Gerhard van Rensburg (beheerraad), wag die matrieks van 2020 by die hoofhek in om hul matriekuitslae te kom afhaal.
Die hoof van Hoërskool Frikkie Meyer, Colin Campbell, het ten slotte gesê dat die Klas van 2020, die ‘Jaar van die Coronavirus – die pandemie en sy inperking’, het ’n prestasie behaal wat moeilik geklop gaan word.
“Die Nasionale Senior Sertifikaat-eksamen vir Graad 12 leerlinge het weereens bewys dat Hoërskool Frikkie Meyer ’n uitsonderlike skool is. Die slaagsyfer van 100 persent was ’n styging van 1,3 persent teenoor dié van 2019.” Campbell het ook daarop gewys dat Hoërskool Frikkie Meyer se slaagsyfer die afgelope elf jaar gemiddeld 99 persent is.
Hy het afgesluit deur die leerlinge geluk te wens met hul prestasie en hulde te bring aan elke onderwyser en die personeel in sy totaliteit wat werklik hul eie gesondheid op die spel geplaas het ter wille van die leerlinge.
Foto’s van afhaal van Matriekuitslae: Facebook Hoërskool Frikkie Meyer – Foto’s Meeste onderskeidings: Kwêvoël argief | https://www.kwevoel.co.za/2021/02/26/100-persent-slaagsyfer-vir-hfm-matrieks/ | 2021-02-26 01:03:51 |
Priisfraag | Priisfraag
Soa nou en dan wat tiid over? Fynstou ’t mooi om kreätyf met taal te wezen? Stort dij dan op deuze priisfraag! Bildts Aigene daagt alle Bilkerts út en skriif ’t mooiste Bildtse pangram!
Wat is ’n pangram? ’n Pangram is ’n kort sintsy der’t alle letters fan ’n taal in foorkomme. De meeste mînsen sille The quick brown fix jumps over the lazy dog wel ’s op ’e kompjoeter teugenkommen weze. Andere mooie foorbeelden binne de Hollânse Acht sexy vrouwen jagen op kleiduif in Mozambique, de Friese Alve bazige froulju wachtsje op dyn komst (sonder aksintletters) en de Dútse “Fix, Schwyz!” quäkt Jürgen blöd vom Paß (met Ringel-s en aksintletters, maar sonder frôly…).
Wij souwen graag ’n pangram in ’t Bildts sien, maar dan een die’t ok alle aksint-letters het; foor deuze priisfraag sien wij dus bijgelyks de o en de ô as twee ferskillende letters. Ok beskouwe wij de i, j, ij en y as fier ferskillende letters. In ’t kort, de folgende letters motte in ’t pangram sitte:
a, â, b, c, d, e, ê, f, g, h, i, î, j, ij, k, l, m, n, o, ô, p, r, s, t, u, ú, û, v, w, y en z.
Dus gyn q en x! De faak in ’t Bildts brúkte apostrof (’) mâg d’r ok in sitte, maar hoegt niet.
De Bilkert die’t ôns ferrasse kinne met ’t mooiste, kortste, orizineelste, maar ok meest Bildtse pangram, die wint ’n mooie priis! Stuur dyn pangram in ’n e-meeltsy naar info@bildtsaigene.nl fòòr 1 maart e.k. De winner sil met hur of syn bedinksel de week derop bekind maakt worre fia de Bildtse Post en ôns soasjale media.
Stichting Bildts Aigene | https://www.bildtsepost.nl/bildtsepost/nieuws/priisfraag | 2021-02-17 10:09:00 |
Sterke vertroosting | https://www.rd.nl/artikel/913715-sterke-vertroosting | 2021-02-11 08:03:10 |
|
Glimlag, ten spyte van pandemie | Windhoek • [email protected] Met ’n hart vol liefde vir haar gemeenskap, het een vrou in die Goreangab nedersetting in 2004 haareerste skool geopen en spog sy vandag met ’n tweede skool in Havana.Erica Kamujame het self eers as ’n onderwyseres begin. “Ek het by ’n skool in Katutura gewerk,”vertel sy. “Maar ek kon nie help om te wonder oor die opvoeding van die kinders in Goreangab nie.Dis my plek en ek moes na die kinders hier kom omsien.”Sy het haar dagsorgsentrum met vyf kinders begin, maar vandag sien sy om na 66 kinders en hethaar skool aansienlik uitgebrei. Behalwe vir die kleuterskool, bied sy ook nasorg vir kinders wat in dieskool is. “Dan help ons met huiswerk,” sê sy.Erica het verlede jaar die nuwe skool in die Havana nedersetting oopgemaak. “Die pandemie was virons ’n groot terugslag. Ek kon nie my mense betaal nie. Maar hulle het elke dag teruggekom. Ook inJanuarie kon ons weer nie salarisse kry nie. Maar hier is ons ’n familie. Ons bly saam en eet saam engaan saam deur die moeilike tye,” sê sy.Hoewel Erica heel jaar nie munispale rekeninge kon betaal nie, gee sy nog steeds elke dag vir kindersiets om te eet.Sou jy of jou besigheid ’n bydrae wil lewer, kan Erica by 081 235 2189 gekontak word op. | https://www.we.com.na/news/glimlag-ten-spyte-van-pandemie2021-02-18/ | 2021-02-18 00:00:00 |
Eerste rolprent vir nuwe Namibiese maatskappy | Eerste rolprent vir nuwe Namibiese maatskappy
Bosman Films, ’n nuwelingmaatskappy in die plaaslike filmbedryf, sê dat pre-produksie vir hulle eerste film, Woestynpsalm – ’n vollengte Afrikaanse rolprent, onlangs begin het.
Die maatskappy is in 2020 deur die 22-jarige Namibiese filmmaker, Ben van der Walt, gestig. Hy is ’n student aan die Kanbar Instituut vir Film en Televisie van die New York Universiteit se vooraanstaande Tisch Skool vir Kunste.
Van der Walt, wat ook die skrywer en regisseur van Woestynpsalm is, moes in Maart 2020 na Namibië terugkeer, net voor die VSA se grense weens Covid-19 gesluit is. Hy sal waarskynlik eers in September vanjaar of selfs daarna na New York kan terugkeer om sy studies voort te sit.
Gelukkig het Covid-19 nie sy passie vir fliekmaak aan bande gelê nie omdat hy tydens die inperking saam met sy gesin in Windhoek sy heel eerste vollengte film begin konseptualiseer het.
“Woestynpsalm bring hulde aan my gesin en ons mooi land, Namibië. Dit is losweg op ’n ware verhaal gegrond en handel oor die fisiese en emosionele uitdagings daarvan om iets waarvoor jy lief is in ’n woestyn aan die lewe te probeer hou,” sê Van der Walt.
Die storielyn sentreer om Die Vrou in die Woestyn - Nadia, ’n jong Protestantse dominee wat elke naweek lang afstande deur die Namibiese woestyne aflê om vir ’n sterwende gemeente te gaan preek.
Haar verhaal speel in ’n onbepaalde tydperk af - iewers tussen die 1980s en die hede, waartydens sy onder toenemende druk van buurkerke en familie geplaas word om haar lewenspad as vrouedominee te heroorweeg. Gevolglik word sy gedwing om tradisionele en moderne gesigspunte van geloof, geloofsleierskap en die “aanvaarbare” rolle van ’n vrou in ons samelewing teen mekaar op te weeg.
Volgens Van der Walt sal Woestynpsalm se kameras rondom middel April 2021 met ’n Namibiese rolverdeling en ’n internasionale filmspan begin draai. Dié kranige span bestaan uit Namibiese, Suid-Afrikaanse, Amerikaanse en Nederlandse lede. Verfilming sal hoofsaaklik in Windhoek en in die suidelike dele van Namibië plaasvind, moontlik tot so ver as Lüderitz.
Verder sê Van der Walt die aanvanklike plan was dat hy Woestynpsalm self deur middel van sy vryskut-filmprojekte sou befonds. “Tydens die vroeë fases van pre-produksie het ons visie vir Woestynpsalm egter aansienlik uitgebrei soos wat ons Namibië se ongelooflike filmmaak-potensiaal begin ontdek het. Daarmee saam het die fliek se omvang en begroting natuurlik ook uitgebrei, tot so ’n mate dat my eie befondsing nou nie meer genoeg is nie. Ons is tans aktief op soek na plaaslike ondersteuning wat ons kan help om hierdie fliek die lig te laat sien. Ons wil graag enige en alle Namibiërs wat dink dat hulle ’n bydrae kan maak, aanmoedig om na ons toe uit te reik.”
Woestynpsalm se prèmiere en vrystelling is vir Oktober 2021 beplan. Presiese datums sal nog aangekondig word.
Vir meer inligting besoek www.woestynfilm.com. Om op hoogte te bly van die nuutste verwikkelinge, volg sosiale media: www.instagram.com/woestyn_film en www.facebook.com/woestynpsalm.film | https://www.we.com.na/news/eerste-rolprent-vir-nuwe-namibiese-maatskappy-2021-02-22/ | 2021-02-22 00:00:00 |
Nuwe droom op die planke | Windhoek • [email protected] Een Windhoekse entrepreneur het besluit vanjaar is die jaar wat sy haar droom van die afgelope vyfjaar verwesenlik en só is die Dramaklub gebore.Michelle Gibson sê dat hierdie eintlik ’n groot droom vir ’n plattelandse meisie is. Sy voeg by dat syhaar drome in die hande van die Here geplaas het en geduldig gewag tot Hy besluit het dit is dieregte tyd.“Verlede jaar het ek die Here duidelik hoor praat en gesê dit is nou die regte tyd. So, hierdie isabsoluut ’n projek wat deur God se hand gestuur word.”Michelle gee al vir meer as twee jaar dramaklasse en die impak wat dit op die kinders se lewensgehad het en hoe hulle gegroei het, is fenomenaal. “Drama is meer as teater of net toneelspel,” sêsy. “Dit is ontwerp om kinders se spraak en selfbeeld te verbeter, en vir hulle selfvertroue te gee.Drama is ook baie terapeuties.”Boonop, sê sy, gee drama kinders die kans om ook nuwe maats te maak wat dieselfdebelangstellings deel en dit leer hulle sosiale vaardighede wat belangrik is in vandag se lewe. “Elkekind se persoonlikheid verskil en dit leer hulle om met almal te werk en oor die weg te kom.”Die Dramaklub is ’n 11-maande projek waar kinders elke maand ’n nuwe module behandel. “Dit helpook om die regte lewensvaardighede te leer en te behou,” verduidelik Michelle.Aan die einde van elke kwartaal word daar ’n slypskool deur ’n bekende in die bedryf aangebied watdie studente verdere opleiding gee oor die modules wat reeds gedek is.“Aan die einde van die jaar word daar konsert gehou oor wat die kinders deur die jaar geleer hetmet die hulp van die bekendes wat deur die jaar deel was van die projek. Hierdie is ’n goeie projekvir ons Namibiese kinders om raak gesien te word en blootstelling te kry.”Michelle en die bekendes werk hand-aan-hand om hierdie projek ’n groot sukses te maak en anderbewus te maak van drama en wat dit alles behels. “Ons land het ongelooflik baie talent; hulle heteenvoudig net nie altyd die regte platform vir blootstelling nie. Hierdie projek gaan dit doen.”Die klub is geskik vir kinders vanaf 7 en vir enige kind wat opsoek is na ’n lekker buitemuurseaktiwiteit.Vir meer, inligting kontak Michelle by 081 330 5253 of [email protected] | https://www.we.com.na/news/nuwe-droom-op-die-planke2021-02-02/ | 2021-02-02 00:00:00 |
Hommeltuie bring nuwe uitdagings vir internasionale wetgewing | Hommeltuie bring nuwe uitdagings vir internasionale wetgewing
Waarneming met behulp van hommeltuie is vinnig besig om ’n algemene verskynsel te word. Dit het by militêre gevegte begin, maar het reeds na ander afdelings van wetstoepassing en immigrasiebeheer versprei.
“Dit skep nuwe uitdagings vir internasionale menseregtewetgewing en internasionale humanitêre-wetgewing, want ons burgerlike vryheid kan ingedoen word soos wat hommeltuie gebruik word om ons aktiwiteite en bewegings te monitor,” sê ’n kenner van internasionale betrekkinge, dr Raenette Taljaard.
Sy het onlangs haar doktorsgraad in Politieke Wetenskap aan die Universiteit Stellenbosch (US) verwerf. Haar proefskrif, A Critical Discourse Analysis of Drone Warfare and Drone Norm Life Cycles, is onder leiding van prof Amanda Gouws by die US se Departement Politieke Wetenskap voltooi.
Taljaard het belang gestel in hoe daar wêreldwyd oor hommeltuie gepraat word, hoe mag en geteikende doodmaak gebruik word, en hoe dit genormaliseer word. Boonop wou sy uitvind wat die geopolitieke en geostrategiese implikasies hiervan kan wees.
“Die studie het bevind dat die gebruik van hommeltuie deur politici, beleidmakers en die populêre kultuur deur middel van films, genormaliseer word,” sê Taljaard. Sy voeg by dat sulke normalisering ’n “fundamentele uitdaging vir die kernbeginsels van internasionale wetgewing, internasionale menseregte-wetgewing en internasionale humanitêre wetgewing, inhou.”
Die studie merk bekommernisse oor wat sodanige normalisering vir toekomstige oorloë waar dodelike outomatiese wapens gebruik word, inhou sowel as die geopolitieke gevolge van hierdie oorloë as die vasgestelde bepalings van internasionale wetgewing oorskry word.
Internasionale insidente
“Twee spesifieke insidente, naamlik Iran wat ’n VSA-hommeltuig in sy lugruimte afgeskiet het, en ’n hommeltuigaanval op Saoedi se olievelde, het gewys hoe verskriklik ’n hommeltuigoorlog in ’n plek soos die Midde Ooste kan wees.”
Dit is dus nie ’n verrassing dat internasionale menseregte groepe, feministiese organisasies en die VN se spesiale rapporteur, die normalisering van hommeltuiggebruik teenstaan nie, sê Taljaard.
“Dit word duidelik uit 2020 se internasionale debatte tussen VN-lede oor hierdie dringende sake, wat deur die VN se spesiale rapporteur se laaste verslag oor buiteregtelike doodmaak ontketen is.
“In die konteks van die VN se ontwapeninggesprekke rakende die Konvensie oor konvensionele wapens, is kennergroepe oor dodelike outomatiese wapenstelsels, die Campaign to Stop Killer Robots en ander soortgelyke burgerlike samelewinggroepe, besig om vordering te maak in hul soeke na ’n beleid om dodelike outomatiese kernwapenstelsels te verban.”
Volgens Taljaard is daar ’n behoefte aan groter publieke bewusmaking aangaande die beduidendheid van sekere breë veranderinge in die samelewing wat deur hierdie nuwe stelsels voorgestel word.
“Ons het ’n behoefte aan meer duidelikheid en deursigtigheid, en meer omvattende samewerking tussen akademici, die burgerlike samelewing, steunwerwers en multilaterale en regionale liggame. Dit sal help om ’n beter diskoers en beleidproses oor hommeltuie te verseker, wat weer ruimte sal skep vir produktiewe invloed tot voordeel van die mensdom. Dit sal wyer strek as die huidige binêre gesprekke oor of hommeltuie ‘goed’ of ‘sleg’ is.
“Ons is reeds op ’n plek waar die toename in hommeltuie wêreldwyd plaasvind. Daar is geen twyfel dat hommeltuie en hommeltuigvermeerdering, en die samelopende en voortslepende waarneming globale onstabiliteit dramaties sal verhoog nie.”
Volgens Taljaard sal haar bevindinge onder meer beleidmakers, wetgewers en navorsers help wat op die toename van die toesighoudende staat, die gebruik en vermeerdering van hommeltuie, en die toenemende globale geopolitieke spanning en konflik fokus. | https://www.we.com.na/news/hommeltuie-bring-nuwe-uitdagings-vir-internasionale-wetgewing2021-02-01/ | 2021-02-01 00:00:00 |
Juffrou Vissie groet die skoolgeewêreld | Juffrou Vissie groet die skoolgeewêreld
Me. Elsabe Visser het einde verlede jaar ná 42 jaar in die onderwys, afgetree. Foto verskaf
Me. Elsabe Visser (beter bekend as Juffrou Vissie) het op 31 Desember 2020 ná 42 jaar in die onderwys, afgetree.
Nadat sy in 1974 matriek geslaag het, is Elsabe Onderwys Kollege Paarl (OKP) toe waarna sy in 1978 haar onderwysloopbaan in Keimoes begin. Hier ontmoet sy haar man, Kosie. Soos op menige kleiner plekkies, moes Elsabe graad 5 Wiskunde asook LO vir graad 5 tot 12 meisies gee.
In 1979 kry sy ’n pos by Meisieskool Eros tot Junie 1980 toe sy en Kosie getroud is.
Kosie word ná hul troue Upington toe verplaas waar sy ook skool gehou het. In 1987 trek hulle Karasburg toe en gee sy vir 10 jaar by die Primêre Skool Karasburg skool. Hier rig sy ook netbal af. Omdat die skool nie ’n bus gehad het nie, het sy en Kosie dikwels die netbalspelertjies agter op ’n bakkie (met ’n kappie) gelaai en hulle na ander dorpe soos Bethanie, Aus, Keetmanshoop, Mariental en Lüderitz geneem om te gaan wedstryde speel.
Elsabe se bejaarde ma bly steeds op Karasburg en wanneer Elsabe op Karasburg kom, is daar steeds van hierdie netbalspelers wat haar kom groet en saam praat oor die herinneringe.
In 1998 word Kosie Windhoek toe verplaas en Elsabe gee vir twee jaar Wiskunde en Afrikaans by die Primêre Skool Pionierspark. Vanaf 2001 tot 2006 gee sy Wiskunde by die Primêre Skool Eros en in 2007 begin sy by die nuut-gestigde Windhoek Gymnasium. Sy onderbreek haar diens by Windhoek Gymnasium vir ses maande in 2012 toe sy Karasburg toe moes gaan.
Kosie en Elsabe maak saam hulle vier seuns groot: Nico, Kobus, Tiaan en André. André is getroud en het twee dogtertjies. “Oumawees is die lekkerste ding in die wêreld!” vertel Elsabe.
Elsabe se nommer een passie is en bly kinders.
Na haar aftrede het, het Elsabe ’n private “tutoring” pos aanvaar waar sy voormiddae vry is en na skool die kinders oplaai en na hul buitemuurse aktiwiteite neem en huiswerk doen.
Juffrou Visser sê sy mis Windhoek Gymnasium se kinders, ouers en onderwysers steeds baie, maar is dankbaar vir die geleentheid wat sy het om steeds haar passie uit te leef.
Vra die Gimmies hoe hulle vir Juffrou Elsabe onthou en jy sal sommer gou-gou agterkom sy was geliefd en sy het ’n verskil gemaak – nie net in haar vak(ke) wat sy aangebied het nie, maar in veral in die kinders se lewens.
Juffrou Vissie – ons salueer jou! Jy sal altyd onthou word! | https://www.we.com.na/news/juffrou-vissie-groet-die-skoolgeewreld2021-02-11/ | 2021-02-11 00:00:00 |
Großschwabhausens Trainer Stiebritz: "Es wird Einbußen geben" | In dieser Saison fliegt kein Handball mehr durch die Hallen der Region. Kai Stiebritz von der Spielgemeinschaft Fortuna Großschwabhausen und HSV Apoda hat nun die Aufgabe, die Motivation seiner Damen hoch zu halten. Wie er das versucht, erzählt er im Gespräch mit unserer Zeitung.
Xjf tufiu ft efoo hfsbef vn efo Fishfj{@ Xjs ibuufo kb jn wfshbohfofo Tpnnfs hbo{ opsnbm xjfefs usbjojfsu- ibuufo votfsf Tqjfmf/ Eboo lbn efs {xfjuf Mpdlepxo . voe efo wfstvdifo xjs- nju Pomjofusbjojoh evsdi{vtufifo/ Ebt qbttjfsu {xfjnbm jo efs Xpdif/ Voe ebt lpnnu wfsebnnu hvu bo/ Ft hjcu xfefs cfj efo Gsbvfo opdi cfj efo C.Nåedifo Bcnfmevohfo/ Ft fsmfjdiufsu votfsf cfsfjut mbvgfoefo Qmbovohfo gýs ejf oådituf Tbjtpo/ Ebt tpmmuf ejf Gsbhf cfbouxpsufo/ Xjf usbjojfsu nbo pomjof Iboecbmm@ Ft csbvdiu fjo Iboez pefs efo Mbqupq/ Jdi hfcf eboo nfjtu efo Wpsuvsofs/ Bcfs ft csjohfo tjdi bvdi wjfmf Tqjfmfsjoofo fjo/ Ebt hfiu eboo wpo Dspttgju ýcfs Zphb voe bmm efn- xbt nju efs bmmhfnfjofo Gjuoftt- Lsågujhvoh voe Tubcjmjuåu {v uvo ibu/ Efoopdi; Tjf usbjojfsfo ojdiu bvg fjofo Xfuulbnqg ijo/ Xjf m÷tfo Tjf ebt qtzdipmphjtdi@ Jo efn xjs efo Xfuulbnqg gýs efo fjhfofo L÷sqfs bvtsvgfo voe hfxjoofo xpmmfo/ Xjs nbdifo Ýcvohfo- cfj efofo xjs sfdiu tdiofmm Eztcbmbodfo gftutufmmfo- ejf eboo bvdi kfef gýs tjdi tqýsu . voe efo Fishfj{ fouxjdlfmu- fuxbt ebhfhfo {v uvo/ Jdi tfu{f efo Gplvt- ebtt kfef bvg tjdi bdiufu/ Voe obdi efo Ýcvohfo hjcu ft jnnfs fjof Lpnnvojlbujpotsvoef- jo efs xjs ebt bvtxfsufo/ Ejf Nåefm nbdifo eb qsjnb nju voe xpmmfo bvdi njunbdifo/ Ebt {v tqýsfo- hjcu njs Ipggovoh/ Fstubvomjdifsxfjtf gjoefu nbo cfjn Pomjofusbjojoh bvdi ejfkfojhfo- ejf bvdi jn sfhvmåsfo Usbjojoh jo efs Ibmmf jnnfs ebcfj tjoe/ Ejf Tbjtpo jtu wpscfj- Tqjfmf gjoefo xpim ojdiu wps efn Ifsctu tubuu/ Xjf xpmmfo Tjf ebt ýcfscsýdlfo@ Eb hjcu ft fjojhf Jeffo/ Xjs cftqsfdifo {vn Cfjtqjfm hfsbef- pc xjs nbm fjo Hspàgfmeiboecbmmtqjfm jn Gsfjfo pshbojtjfsfo/ Usbjojfsfo xfsefo xjs kb fi {vfstu bo efs gsjtdifo Mvgu eýsgfo/ Bmtp mjfhu ft epdi obif- nbm fjo usbejujpofmmft Tqjfm {v nbdifo/ Fjofo Hfhofs ibcfo xjs opdi ojdiu/ Wjfmmfjdiu pshbojtjfsfo xjs bvdi fjo Njyfe.Uvsojfs gýs efo hftbnufo Wfsfjo/ Bvdi ebt xýsef gvolujpojfsfo/ Hmbvcfo Tjf- ebtt evsdi Dpspob fjo jssfqbsbcmfs Tdibefo jn Bnbufvstqpsu foutufifo xjse@ Kb- hfsbef jn Kvhfoecfsfjdi gýsdiuf jdi fjofo hspàfo Fjocsvdi/ Epsu hjcu ft Wfståvnojttf jo efs ufdiojtdifo- ublujtdifo voe joejwjevfmmfo Bvtcjmevoh- ejf ojdiu bvg{vipmfo tjoe/ Ft gfimu bn Foef fjo hbo{ft Kbis- ejf ejf Ljoefs ojdiu bn Cbmm hfýcu ibcfo/ Jn tqjfmfsjtdifo Cfsfjdi xjse ft Fjocvàfo hfcfo/ Xjf lboo nbo efn fouhfhfoxjslfo@ Xjs xpmmfo ft ýcfs Wjefptdivmvoh wfstvdifo/ Xjs xpmmfo votfsfn Obdixvdit {fjhfo- xjf tjdi Qspgjt cfjtqjfmtxfjtf jo hfxjttfo Tqjfmtjuvbujpofo wfsibmufo- xbt xbs sjdiujh- xbt xbs gbmtdi/ Tp l÷ooufo tjf {vnjoeftu fjo Bvhf ebgýs cflpnnfo- tp mfhfo xjs efo Gplvt bvg ejf Cfpcbdiuvoh wpo Tqjfmfso jo fjofn Iboecbmmtqjfm/ Ufdiojtdif Bcmåvgf nvtt nbo fjogbdi nbdifo- vn tjdi {v wfscfttfso/ Voe hfobv ebt hfiu ojdiu/ Ibmufo Tjf efo ebvfsibgufo Mpdlepxo jn Wfsiåmuojt eb{v opdi gýs hfsfdiugfsujhu@ Ebt jtu fjof tqboofoef Gsbhf/ Jdi tfif ft lsjujtdi voe n÷diuf ft {vnjoeftu ijoufsgsbhfo/ Ft xjse {v wjfm tdixbs{.xfjà hfebdiu/ Ft gfimfo ejf Hsbvu÷of- ebt hftvoef Njuufm/ Efs Bnbufvstqpsu ibu kb fjhfoumjdi ejf Bvghbcf- ejf Nfotdifo hftvoe {v ibmufo/ Voe fs jtu bvt nfjofs Tjdiu fjo Ufjm efs M÷tvoh eft Qspcmfnt- ojdiu ejf Vstbdif/ | https://www.tlz.de/sport/grossschwabhausens-trainer-stiebritz-es-wird-einbussen-geben-id231636891.html | 2021-02-24 05:41:09 |
Wada noolaasho Siyaasadeed!!!. | Haweeneydii ayaa Tiri: Qaaliyoow, Ninkaan muddadii aan is qabnay, Xoola yaro kuma nicin, Raganimo iyo Samirna waa lahaa. Hadda waan maqlayaa in la i furay oo muddadii Calafka aan isku leheyn ey dhamaatay ee Shiikhoow, Sharciga iiga fiiri, muddo kordhin Nikaax, Annaga oo aan is qabin in aan hal sanno ku wada noolaano. Haddii taa la waayo, Qaaliyoow waan ogolahay furiinka, laakin 6 bil oo wada noolaasho ah, ha naloogu daro. | http://www.somaliweyn.org/2021/02/05/wada-noolaasho-siyaasadeed/ | 2021-02-14 00:00:00 |
US hooggantoota fonqolcha Miyaanmaar irratti qoqqobbii keesse | https://www.bbc.com/afaanoromoo/oduu-56019124 | 2021-02-11 00:00:00 |
|
Dubbi himaan Waayit Haawus gaazixeessituun ’sin balleessa’ jedhe hojirraa dhorkame | https://www.bbc.com/afaanoromoo/oduu-56052286 | 2021-02-13 00:00:00 |
|
Manneen barnootaa Niiw Zilaand moodesii bilisaan kennuufi | https://www.bbc.com/afaanoromoo/oduu-56108317 | 2021-02-18 00:00:00 |
|
Vrystaat Landbou steun Ficksburg-protes vir beter paaie | This post is also available in: English
Ficksburg se gemeenskapsforum, Sechaba sa Ficksburg, het alle roetes deur Ficksburg sedert 06:00vm op Woensdag, 17 Maart 2021 gesluit. Hulle sal die aksie handhaaf totdat hulle ’n bevredigende antwoord van die regering ontvang op hul brief, gerig aan die Premier van die Vrystaat, me. Sisi Ntombela.
Die brief, wat op 2 Maart gelewer is, het ‘n dringende vergadering oor die voorsiening van dienste en instandhouding van infrastruktuur geëis om
verdere optrede te voorkom.
Die forum verteenwoordig verskillende plaaslike instansies en organisasies, waaronder FITA (Ficksburg Taxi Association), AFASA (African Farmers ‘Association of South Africa), landboubesigheid OVK, Setsoto Youth Development, Ficksburg meentgrondhuurders, Ficksburg Landbouvereniging en ander.
“Die feit dat gemeenskappe paaie moet sluit om die aandag van die regering te kry, is verregaande en skandelik aan die kant van die regering. Die regering sal moet kennis neem van gemeenskappe se besware, want almal het ‘n grondwetlike reg op basiese dienste endie versuim om infrastruktuur te onderhou, ontneem mense van hierdie reg,” sê Francois Wilken, president van Vrystaat Landbou (VL). Wilken meen dit is positief dat gemeenskappe saamstaan.
“Ons ondersteun die gemeenskap van Ficksburg en sal voortgaan om druk op die regering uit te oefen om hul pligte uit te voer soos vervat in ons Grondwet.”
Volgens Friedl von Maltitz, streeksverteenwoordiger van VL, het die forum besluit om tot aksie oor te gaan “weens die onbevredigende reaksie van die regering.” Hul optrede het bestaan uit die versperring van die R26 / R70-aansluiting (Rosendal T-aansluiting), R26 / S444-aansluiting (Owanti-afdraai) en die R26 / S67-aansluiting met taxi’s en verskillende
landboutoerusting. Von Maltitz sê dat die swaar reën in die begin van die jaar na baie droë jare die laaste slag vir die reeds brose paaie-infrastruktuur was.
“Dit het daartoe gelei dat ons paaie-infrastruktuur dwarsdeur die Vrystaat uiteindelik ingegee het na jare se versoeke, briewe en vergaderings met personeel wat geen betekenisvolle optrede tot gevolg gehad het
nie. Plaaslike gemeenskappe het genoeg gehad en staan nou saam en neem sake vreedsaam in eie hande.”
Bron: Vrystaat Landbou | https://www.proagri.co.za/vrystaat-landbou-steun-ficksburg-protes-vir-beter-paaie/ | 2021-03-20 00:00:00 |
Loskop Pluismeule onder nuwe bestuur | This post is also available in: English
Die bestuur van Vaalharts Katoen, geleë in Hartswater, het amptelik op Vrydag 12 Maart 2021 die bestuur van die Loskop Pluismeule in Marble Hall oorgeneem.
Die pluismeule in Marble Hall sal voorlopig bekend staan as Vaalharts – Loskop Katoen totdat alle onderhandelinge gefinaliseer is. Vaalharts Katoen se besturendedirekteur, Louis Olivier en die hoof finansiëlebeampte, Johan Wolhuter, sal ook hierdie onderskeie rolle by die “nuwe” Vaalharts – Loskop Katoen vervul.
Louis Olivier het 9 jaar ondervinding in die bestuur van ‘n pluismeule. Hy is ‘n gekwalifiseerde landboukundige met 30 jaar ondervinding in die katoenbedryf as ‘n produsent en besigheidsman. Johan Wolhuter is finansieel gekwalifiseer en hanteer reeds die afgelope twee jaar die finansiëlebestuursfunksie by Vaalharts.
Alle verpligtinge tot en met 12 Maart 2021, wat onder die vorige bestuur beteken is, sal dienooreenkomstig op meriete bestuur word met oop gesprekke tussen die betrokke rolspelers. Die pluismeule sal normaal operasioneel wees sonder ‘n onderbreking in enige van die dienste. Die huidige gerugte dat Loskop pluismeule hul deure toemaak is dus ongegrond.
Vaalharts Katoen en Vaalharts – Loskop Katoen sal as twee onafhanklike maatskappye bestuur word, elk met sy eie direksie.
Mr Olivier sê hy is terdeë bewus van die historiese uitdagings wat hanteer moet word. Hy is egter positief oor die feit dat die Suid-Afrikaanse katoenbedryf kerngesond is en dat hulle met die toepassing van ‘n suksesvolle Vaalhartsbesigheidsmodel, weer die pluismeule in Marble Hall tot nuwe hoogtes sal ontwikkel.
Die Loskop Pluismeule is in 2018 opgradeer. Hierdie opgradering het sy eie uitdagings gebring, wat saam met Covid die direksie genoop het om die bestuur van die pluismeule in heroënskou te neem. Die direksie, onder die voorsitterskap van Jannie Terblanche, is tevrede dat die prosesse om die probleme uit te sorteer in plek is en dat verhoudings weer herstel sal word om die groei van die plaaslike katoenbedryf opnuut te stimuleer. Mnr Terblanche sê dat hy en die direksie dankbaar vir die kundigheid wat Vaalharts Katoen bring, en vir hul bereidwilligheid om die Loskop direkteure by te staan met hul nuwe strategiese bestuursproses. Hy sien uit na die samewerkingsgeleentheid tot voordeel van die groter katoenbedryf.
Olivier glo in ‘n deursigtige bestuurstyl met oop kommunikasie tussen die pluismeule, die produsente en al die rolspelers in die katoenpyplyn, hy is oortuig daarvan dat samewerking en vertroue tussen rolspelers die basis is waarop die bedryf sy sukses moet bou.
Saamgestel deur Tanya Aucamp | https://www.proagri.co.za/loskop-pluismeule-onder-nuwe-bestuur/ | 2021-03-20 00:00:00 |
‘n Koning sterf | This post is also available in: English
Agri SA wil sy innige meegevoel betuig met die vroue, en kinders van koning Goodwill Zwelithini, sowel as die Koningshuis en die Zulu nasie met sy afsterwe vanoggend. Sy afsterwe kom as ‘n groot skok.
Agri SA se verhouding met hom was baie goed en het goed met hom saamgewerk aan die Motsepe-projekte oor boer ontwikkeling. Hy was ‘n visionêr en het alle projekte in samewerking met die Motsepe-stigting en Agri SA entoesiasties omhels.
Boere in KwaZulu-Natal, deur die leierskap van Kwanalu het verskeie ontmoetings met koning Zwelithini gehad oor landbou aangeleenthede. Kwessies wat bespreek is, was onder meer plaasaanvalle en -moorde, veediefstal, arbeidskwessies en natuurlike hulpbronne.
Agri SA het altyd ‘n baie goeie werkverhouding met die koning gehad. Hy was ‘n ware boer en het die uitdagings verbonde aan boerdery deurstaan.
“Sy nalatenskap sal in ons harte en gedagtes ingebed bly en ons wens sy familie alle sterkte toe, sê Phenias Gumede, Agri SA se adjunk-president.
Bron: Agri SA | https://www.proagri.co.za/n-koning-sterf/ | 2021-03-12 15:44:35 |
Trekkerverkope styg met 28% | This post is also available in: English
Trekkerverkope van 648 eenhede in Februarie is aansienlik (28%) meer as die 505 eenhede wat in Februarie verlede jaar verkoop is.
Trekkerverkope vir die jaar tot dusver is ook 28% meer as verkope verlede jaar. In Februarie is veertien stropers verkoop, vier minder as die agtien eenhede wat verlede Februarie verkoop is.
Sentiment in die mark bly baie postief. Goeie algemene oeste, goeie kommoditeitspryse en gunstige reënval in die meeste gebiede dra daartoe by. Daar is steeds heelwat veranderlikes wat somergewasse kan beïnvloed en daarom is daar ook ʼn mate van omsigtigheid in die bedryf.
Vooruitsigte bly nietemin goed oor die kort- tot mediumtermyn. Aanvanklike ramings vir die 2021-kalenderjaar is baie bemoedigend, met verkope wat waarskynlik tot 15% hoër kan wees as in 2020.
Bron: Suid-Afrikaanse Landboumasjinerieassosiasie | https://www.proagri.co.za/trekkerverkope-styg-met-28/ | 2021-03-07 20:05:11 |
Sinnelose moorde op boere en polisielede | This post is also available in: English
Kort nadat Bheki Cele, minister van polisie, die misdaadstatistieke vir die derde kwartaal van die 2020/’21- finansiële jaar bekend gemaak het, is nog polisiebeamptes vermoor.
“Agri SA veroordeel alle moorde op mede-Suid-Afrikaners ten sterkste, maar veral dié op boere en polisielede wat moet verseker dat landsburgers genoeg kos het om te eet en in veiligheid leef,” sê Uys van der Westhuijzen, voorsitter van die organisasie se sentrum van uitnemendheid vir landelike veiligheid.
Die statistieke dui onder meer op ’n toename in plaasmoorde in die derde kwartaal van 6 moorde in 2019/’20 tot 19 in 2020/’21, wat ’n toename toon van 13 moorde. Gedurende die derde kwartaal van die jongste statistieke is vyf polisiebeamptes vermoor.
“Beide boere en polisielede is van strategiese belang vir die land, omdat boere verantwoordelik is vir voedselsekerheid en die polisie vir die handhawing van wet en orde,” maan Van der Westhuijzen.
“Daarom is moorde op boere en polisielede onaanvaarbaar enmaak dit ’n inbreuk op die lewenskwaliteit van lede van die sektore.”
Agri SA besef watter traumatiese uitwerking ’n moord op families en op gemeenskappe het en betuig graag sy medelye met hul naasbestaandes.
Twee polisielede is pas in die Wes-Kaap vermoor en, volgens berigte, het die moorde gebeur terwyl hulle aan diens was. Die beamptes is in ’n hinderlaag gelei en doodgeskiet, waarna hulle beroof is van hul amptelike vuurwapens. Hierdie moorde vroeg Saterdagoggend volg dae ná vier polisiebeamptes in KwaZulu-Natal vermoor is. Dit bring die totale aantal polisielede wat in tien dae vermoor is, op ses te staan.
“Suid-Afrika kan nie bekostig dat sy boere en polisielede op wreedaardige wyse vermoor word nie,” maan Van der Westhuijzen.
“Boere en polisielede is van strategiese belang vir die land en die handhawing van nasionale stabiliteit. Ons wil graag ’n beroep doen op gemeenskappe om misdaadverwante inligting met die polisie te deel om sodoende die polisie in staat te stel om voorkomend te kan optree.”
Bron: Agri SA | https://www.proagri.co.za/sinnelose-moorde-op-boere-en-polisielede/ | 2021-03-01 18:06:43 |
Oes groter winste met dié strooptegnologie | This post is also available in: English
Artikel verskaf
Die komende stroopseisoen sal presisielandbou weer eens op die voorgrond wees en as ’n John Deere-boer kan jy gerus wees dat jy saam met John Deere die voordeel sal sien.
Presisie-landboutegnologie verseker akkurater stroopwerk en verhoogde standhoudendheid, produktiwiteit en werksverrigting.
Met John Deere is presisie-landboutegnologie nou ’n allesomvattende oplossing en dit was nog nooit eenvoudiger en meer toeganklik nie. John Deere streef daarna om dit vir elke boer makliker te maak om die voordele van hoë gehalte inligting in te span, aangesien dit besluitneming vereenvoudig, wat op sy beurt winsgewendheid verhoog.
Een van hierdie voordele is outomatisering, wat in die hedendaagse mark die sleutel tot doeltreffendheid is. John Deere-stropers, met hulle outomatiese en intelligente funksies, sorg deurlopend dat die maksimum strooptyd en lae bedryfskoste gehandhaaf word, ongeag buite-faktore. Deur te verseker dat toerusting altyd optimaal werk, word verliese verminder en die boer kry meer geld in die sak.
Die kern van John Deere-stropertegnologie en -doeltreffendheid is die opsionele Combine Advisor™-pakket om die belangrikste stroperfunksies in te stel, te optimaliseer en te outomatiseer wanneer toestande verander. Combine Advisor™ ontleed voortdurend die stroper se werkverrigting en pas alle masjienfunksies daarvolgens aan om verliese te beperk en optimale produktiwiteit te verseker namate toestande in die land verander.
Nuwe aanbiedinge
Opgraderings is aan John Deere se stropertafels en plukkerkoppe gedoen vir verbeterde werkverrigting, ’n optimale strooptyd en laer bedryfskoste. Dit word moontlik gemaak deur ’n plukkerkop-beheereenheid (Header Control Unit of HCU) wat doeltreffend met die stroper kommunikeer.
Die HCU berg spesifieke fabriekskalibrasie-instellings en versamel en stuur inligting oor die wydte van die stropertafel of plukkerkop na die stroper vir akkurate opbrengskaarte. Dit verkort die opstellingstyd en bied ’n toepaslike instandhoudingskedule. Die reeks stropertafels en plukkerkoppe sluit in: ’n Vaste skarnierraamsnybalk (hinged frame cutter bar), RDF HydraFlex™ Drapers (bandvoertafels), ’n BP15-band-optelplatform (belt pickup platform) en opvoubare of vaste mieliestroperkoppe, onderskeidelik bekend as CF (folding corn headers) en CR (rigid corn headers).
Die John Deere HDR Rigid Drapers is ideaal vir kleingraan- en kanolaboere wat in veranderende omstandighede en ongelyke of heuwelagtige terrein meer hektare per uur wil stroop, terwyl meer graan herwin word.
Die HDR het ’n skarnierraam met ’n ongeëwenaarde terreinvolgvermoë, ’n uitsonderlike wydte en ’n eenvormige snyhoogte. Afgebuigde of platgedrukte plante word oor die snybalk gevee om ’n groter deel van die oes te herwin en is beskikbaar in snywydtes van 9,14 m (30 voet), 10,67 m (35 voet), 12,19 m (40 voet) en 13,72 m (45 voet) om meer van die gewas by jou stroper uit te bring. Met die opgradering van die 12,19 m- (40 voet) -bandtafel na die nuwe, wyer 13,72 m-weergawe, kan die boer elke dag ongeveer 10% méér stroop in dieselfde aantal werksure.
John Deere RDF HydraFlex Drapers is gebou op die bewese snytegnologie van die bestaande John Deere 700FD, terwyl dit nuwe funksies bied om graanverlies te verminder. Alle RDF HydraFlex-bandtafels bevat ’n nuwe tweesnelheid-voerafdeling waarmee die operateur die voerdrom- en die middelste voerbandsnelheid met 20% kan vertraag teenoor die 700FD. Hierdie bandtafels is steeds toegerus met die veldbewese John Deere-dubbelsnit- HydraFlex-snybalk van 10 cm met ’n dubbele aandrywingskag. Die messtelsel bied bedryfseksklusiewe snyverrigting met 1 980 snitte per minuut.
John Deere bied ook die BP15-bandopteller vir kleingraan- en kanolaprodusente wat meer hektaar per uur wil oes. Die BP15 het verbeterde voersnelheid- aanpasbaarheid om groot volumes gewasse op ’n slag te hanteer met ’n standaard tweespoed-awegaaraangedrewe kettingrat wat 20% vinniger toevoersnelhede lewer indien nodig – ideaal vir die oes van kanola.
’n Nuwe reeks mieliestroperkoppe is ook ontwikkel. Vir gewasse wat leun, afwaarts neig of omgeval het, kan die vaste CR-mieliestroperkoppe toegerus word met aktiewe endskermbalke wat meer mieliekoppe by die stroperkop intrek. John Deere se opvoubare CF-mieliestroperkoppe
sluit al die kenmerke van vaste CR-mieliestroperkoppe in, maar bied ’n laeprofiel-vouraam en ’n vousiklustyd van minder as 60 sekondes as dit aan die stroper gekoppel is. Die volledige pakket bied jou as kliënt die John Deere-voorsprong.
Ons volg nie, ons lei. Kontak jou naaste handelaar vir meer inligting, pasgemaakte oplossings, besparings en werkverrigting. Besoek ook www.deere.com/sub-saharan/en vir meer inligting. | https://www.proagri.co.za/oes-groter-winste-met-die-strooptegnologie/ | 2021-03-15 15:47:40 |
Cele moet tsamaea, sê TLU SA | This post is also available in: English
TLU SA het genoeg gehad van die swak bestuur in die Polisie Departement en het vandag ‘n veldtog bekendgestel om die minister, Bheki Cele, se kop te laat rol.
Onder sy wanbestuur van die departement:
Word die SAPD se vuurwapen register afgeskakel en is daar geen manier om gesteelde amptelike vuurwapens na te spoor nie, omdat die minister weier om vir ‘n goedgekeurde stelsel te betaal, waarvoor die begroting reeds goedgekeur is;
Is die DNS-bewyse in plaasaanvalle nie beskikbaar nie omdat die stelsel waarin dit gestoor word, afgeskakel en AGT MILJOEN bewysstukke daardeur verlore is;
Word ‘n brigadier in KwaZulu-Natal tot generaal-majoor bevorder tien jaar nadat 98 wapens onder sy bestuur weggeraak het; en
Kan speurders nie hulle werk doen nie as gevolg van swak hulpbronbestuur en betaal hulle uit hulle eie sakke vir toerusting en uniforms.
Cele se wanbestuur was al in 2011 duidelik toe hy as polisiekommisaris ondersoek en geskors is. Bewyse oor korrupsie het toe aan die lig gekom, maar hy is eers in 2013 afgedank terwyl sy salaris van R1,3-miljoen steeds betaal is.
“Navorsing het al talle kere bewys hoe ‘n swak bestuurder ‘n hele besigheid negatief kan beïnvloed,” sê mnr. Henry Geldenhuys, die president van TLU SA.
“In die polisie is daar ook vrot appels wat maar net die voorbeeld van hulle topbestuurder volg en ander lede – wat graag hulle plig as beskermers van veiligheid wil nakom – se reputasie beswadder. Ons probleem is nie met die lede wat ons boere goed bystaan en die ekstra myl loop nie. Dit is met misdadigers in die mag, en die nommer-een-vyand van veiligheid in die land, Bheki Cele. Hy moet tsamaea!”
Die parlementêre portefeuljekomitee vir polisie het onlangs gehoor dat die polisie se vuurwapen permitstelsel – wat gebruik word om derduisende amptelike vuurwapens te bestuur – deur Forensic Data Services afgeskakel is omdat die polisie versuim om vir die kopiereg van die sagteware te betaal, hoewel daar ‘n goedgekeurde begroting was en die saak al tot in die appèlhof gaan draai het.
Forensic Data Services hanteer ook die register van DNS-bewyse wat op misdaadtonele versamel word. Ook hierdie stelsel is nou afgeskakel en daarom is sowat agt miljoen bewysstukke nou verlore. Beide stelsels word intussen per hand bygehou wat ‘n enorme implikasie inhou in die nasporing van gesteelde vuurwapens en bewysstukke en misdadigers eenvoudig vrye teuels gee.
“Die polisiestelsel is ‘n gemors omdat Bheki Cele behep is met ‘n magsvertoon in plaas van die beveiliging van Suid-Afrikaners,” sê mnr. Geldenhuys.
“Cele moet as die minister van Polisie afgedank word. Ons hoop dat ‘n nuwe besem skoon sal vee en dat die departement ‘n nuwe aanslag sal volg sodat veiligheid in Suid-Afrika versterk kan word.”
Die veldtog kan by die volgende skakel gesteun word: https://www.tlu.co.za/tsamaea-cele/
Bron: TLU SA | https://www.proagri.co.za/cele-moet-tsamaea-se-tlu-sa/ | 2021-03-30 20:44:22 |
2021 Peugeot 2008: ‘n Sjiek en sjarmante Fransman wat harte gaan laat swymel | This post is also available in: English
Deur Dirk Gallowitz van Ultimate Drive
Peugeot se indrukwekkende nuwe 2008 is onlangs in Suid-Afrika bekendgestel. Ons het die plaaslike bekendstelling in ‘n papsopwinterwaternat Limpopo bygewoon en sommer ook die buksie kort daarna in die sonnige Kaap vir ‘n week onder hande gehad.
Die 2008 is ‘n kompakte sportnuts wat ook as familiemotor vir ‘n kleinerige familie kan diens doen. In hierdie segment, wat wêreldwyd al hoe gewilder word en ook in Suid-Afrika die verkoopsyfers aan die rol hou, spook meeste motorvervaardigers kliphard vir ‘n plek en die mededinging is straf, om dit sagkens te stel. Een uit elke vyf motors wat in SA die vertoonvloer verlaat, kom uit hierdie segment.
Na die onlangse bekendstelling van Stellantis, die nuwe sambreelnaam vir Peugeot/Citroen oftewel PSA Groupe en die Fiat/Chrysler/Alfa (FCA) wie saamgesmelt het om die 4de grootste motorvervaardiger in die wêreld te word, is die 2008 die eerste model uit hierdie konglomeraat wat in Suid-Afrika bekendgestel is.
Voorkoms en Ontwerp
Die nuweling word op Stellantis se nuwe generasie CMP (Common Modular Platform) onderstel gebou in die Stellantis Vigo aanleg in Spanje waar petrol, diesel en toekomstige elektriese aandrywing gemonteer word. Die 2021-2008 is na ons mening seker die mooiste in sy segment met ‘n forse aggressiewe neusontwerp waar treffende LED 3-klou hoofligte en stylvolle dagryliggies wat volgens Peugeot aan die slagtande van Sabre-tand tierkat herinner, onmiddellik aandag trek. Die prominente lugskort voor onder die neus onderstreep die 2008 se sportiewe gene.
Tipiese Franse flair kenmerk die 2008 se binneruim met pragtige ontwerplyne, vlakke en hoeke. Die afwerking en gehalte is uitstekend in wat loshande die mooiste kajuitontwerp is wat ons in ‘n lang tyd gesien het. Die groter 3008 is met ‘n kortkop tweede.
Die voorpaneel word rondom die bestuurder gevou met digitale instrumentasie en skakelaars wat meer tuis is ‘n futuristiese ruimtetuig laat. Agter die pragtig ontwerpte stuurwiel is Peugeot se 3de generasie “i-Cockpit” in 3-D beeltenis wat ritinligting aan die bestuurder in ‘n waas van sagte beligting projekteer.
Middel bo in die voorpaneel is die hoë definisie kleur infotainment skerm (7” vir die intree Active en 10” vir die luukse Allute en Topmodel GT-Line) ook effe na die bestuurder gedraai. Hierdie skerm bied SatNav asook klank en kommunikasie met Android Auto en Apple CarPlay funksionaliteit. Ook die tru-kamera beelde, ritlinligting met meeste van die voertuig en funksionele inligting wat hier besigtig en verstel kan word.
Die stuurwiel beskik oor skakelaars vir die telefoon en die 10 luidspreker Focal klankstelsel met ‘n 515W 12 kanaal versterker. Ook die skakelaars om die inligting en uitleg op die 3-D instrumente paneel te verander, asook skakelaars vir spoedbeheer en om stemopdragte te gee is netjies hier verpak.
Die nuwe 2008 kom toegerus met omvattende aktiewe en passiewe veiligheidstelsels asook nuwe generasie bestuurderhulpstelsels soos ondermeer gonsers wat waarsku as daar uit die rybaan wegdryf.
Blindekolwaarskuwing, aanpasbare spoedbeheer, parkeergonsers, parkeerhulp, ‘n stelsel wat die verkeerstekens herken asook ‘n stelsel wat die bestuurder betyds waarsku teen ‘n moontlike botsingsgevaar. Verder is die nuwe 2008 toegerus met 6 lugsakke, traksiebeheer asook ABS met eletroniese stabiliteitsbeheer en noodremming.
Die nuwe 2008 bied ‘n dubbelvloer bagasieruim vir ‘n maksimum laaispasie van 434 liter. Die agterste sitplekke kan 60:40 platvou om nog groter laairuimte te skep.
Enjin en verrigting
Plaaslik is die 2008 beskikbaar met twee weergawes van Peugeot se 1.2liter turbo petrolenjin.
Kopers kan kies tussen ‘n 74 kW/205 Nm of 96 kW/ 230 Nm kragbron waar die 96kW weergawe slegs met ‘n 6-gang outomatiese ratkas beskikbaar is. Drie modelle is tans in SA te koop met die intree 2008 Active model wat met ‘n opsie van die 74kW enjin gekoppel aan die 6-spoed handratkas, of die 96kW enjin wat met 6-gang outokas toegerus is.
Die middelvlakafwerking “Allure” en “GT-Line” topmodel is egter slegs beskikbaar met die 96kW enjin en 6-gang outomatiese ratkas. Ons het slegs die GT-line gery en was beïndruk hoe gemaklik die enjin reageer wanneer versnel moet word om verby te steek, selfs in die dun Hoëveld lug. Die 3-silinder turbo was lewendig met die 230Nm wringkrag wat vir gladde en gemaklike verrigting in stadsverkeer gesorg het.
Die bestuurder kan kies tussen drie ritmodusse, naamlik Eco, Sport of Normaal. My gemiddelde brandstof verbruik aan die rand tydens bekendstelling was 6,9L/100km en hier aan die kus na meer as 1400, was ons beste verbruik 6,5L/100km en slegste 7,1L/100km. Indrukwekkend inderdaad.
Padinamika
Tydens die bekendstelling het ons byna 450 kilometer afgelê in gietende reën wat stadsverkeer, ooppadry asook redelike ente papperige modderpaaie ingesluit het. Die 2008 het mateloos beïndruk met goeie hantering, uitstekende padgedrag en ‘n sublieme rit. Gly-gly deur die nat modder was ons verbaas hoe vasvoet met goeie greep die Fransman deur die glyerige modder genavigeer het.
Tydens ons week se toetsperiode het ons ook heelwat van die Weskus se sandpaaie probeer. Ook hier het die 2008 met vlieënde vaandels geslaag.
Dit dien vermeld te word dat die 2008 toegerus is met wat Peugeot noem, “Grip Control” wat ‘n keuse bied tussen sand, modder en sneeu. Tydens die bekendstellingsrit kon ons die pap modder op die Bosveld grondpaaie ervaar en in die Weskus die dik los sand van die Sandveld se plaaspaaie. Die 2008 het in beide gevalle gemaklik gery waar meeste voorwielaangedrewe stoftrappers in hierdie segment heel waarskynlik sou vasval.
Op die snelweë het die 2008 ook beïndruk met ‘n goed geïsoleerde kajuit wat min wind- en padgeraas deurgelaat het. Die onderstel en veerstelsel was, tipies van Franse motors, heerlik sag en gerieflik.
Slotsom
Die 2021 Peugeot 2008 het beïndruk en ons harte oorrompel met ‘n sjiek stylvolle voorkoms en uitsonderlike ritgehalte en padgedrag vir hierdie segment. Dit is mooier, stylvoller, beter ontwerp, beter toegerus en beter afgewerk as enige van sy kompetisie in hierdie hoogs mededingende marksegment. Met ‘n kompeterende prys is die nuwe 2008 moeilik om te ignoreer en gaan hierdie Fransman baie harte in Suid Afrika wen.
Boonop met Stellantis nou self aan die stuur van sake wat betref verspreiding, handelaars en naverkoopdiens in Suid Afrika, gaan baie van die plaaslike Peugeot aanhangers die spoke van die verlede kan ignoreer. Vive le France!!
Die 2008 word verkoop met ‘n 5 jaar/100 000 km waaarborg en 3 jaar/60 000 km diensplan ingesluit. | https://www.proagri.co.za/2021-peugeot-2008-n-sjiek-en-sjarmante-fransman-wat-harte-gaan-laat-swymel/ | 2021-03-17 15:32:03 |