title
stringlengths 0
200
| maintext
stringlengths 0
24.9k
| url
stringlengths 21
190
| date_publish
stringlengths 0
19
|
---|---|---|---|
Innovasie en tegnologie: Slim oplossings vir uitdagings in landbou | Die meeste Suid-Afrikaanse produsente gaan gebuk onder die gevolge van droogte, en is bekommerd dat die afgelope seisoene ’n voorsmaak bied van ’n toekoms wat deur klimaatsverandering beïnvloed word. En om dinge te vererger, dra onvoorspelbare kommoditeitspryse en ’n immer veranderende ekonomie verder by tot die uitdagings waarmee hulle te kampe het.
“As ’n mens in ag neem waarmee hulle te kampe het, lyk dit nie of daar vinnige antwoorde en kitsoplossings is nie. Hulle mees kritieke uitdaging is ’n dilemma wat net so kritiek is vir óns – die nasie moet kos op die tafel hê. Maar soos Wandile Sihlobo, bekende landbou-ekonoom by AgBiz, onlangs gesê het: “Alles is nie verlore nie. Daar is hoop, en dit kan gevind word in die hedendaagse beste praktyk vir landbou.”
Syngenta, ’n wêreldleier in gewasbeskerming, het onlangs hulle Smart Farm Tegnologie-beraad vir produsente gehou, en die klem was op tegnologie en innovasie vir slimmer boerdery – ’n oplossing vir die uitdagings waarmee ons produsente te kampe het asook ’n geleentheid vir produsente om groter opbrengste te lewer in tye waar daar andersins nie goeie vooruitsigte is nie.
“Die taak van produsente word al hoe moeiliker. Hulle weet dit het tyd geword om die pas te versnel – nie net vir hulle eie oorlewing nie, maar ook vir dié van die nasie. Suid-Afrikaanse produsente weet gelukkig presies waar hulle staan; hulle weet ook presies wat daar tot hulle beskikking is en wat hulle daarmee kan doen. Hierdie voortdurende strewe na voorwaartse denke en die bereidwilligheid om risiko’s te neem, is die krag en toekoms van die Suid-Afrikaanse produsent,” sê Antonie Delport, Besturende Direkteur van Syngenta Suid-Afrika.
Ons planeet word elke dag wakker met 200 000 meer mense wat moet eet. Om hierdie uitdaging en dié van klimaatsverandering die hoof te bied, moet produsente verstandige besluite en slim keuses maak. Die bevordering van gewasbeskerming en die optimalisering van grond-produktiwiteit, -doeltreffendheid en -volhoubaarheid is vandag ’n wetenskap waar SmartFarming die gonswoord is wat op almal se lippe is.
Volgens Delport verteenwoordig tegnologiese voortuitgang een van die kragtigste hulpmiddels vir groter opbrengste, sowel as om die impak van waterskaarste en klimaatsverandering te verlig. Die realiteit is egter dat geen enkele landboutegnologie of -praktyk genoeg voedsel vir die toekoms sal voorsien nie. Daarom moet ons ontvanklik wees vir ’n verskeidenheid van hierdie tegnologieë én dit gebruik om opbrengste te optimaliseer.
Syngenta se toediening- en formuleringstegnologie
Tot ʼn derde van ʼn produk kan verlore gaan deur swak toedieningspraktyke. Gelukkig is daar baie wat produsente kan doen om te verhoed dat hulle winste krimp. Volgens Ron Wohlhauser, Syngenta se Internasionale Hoof van Toedieningstegnologie, het toediening ʼn groot invloed op die effektiwiteit van ʼn produk.
Hy sê ook dat doeltreffendheid nie net bepaal word deur die inherente aktiwiteit van die produk nie. Die manier waarop die produk toegepas word, die toerusting wat opgestel en gekalibreer moet word, asook die soort sproeier wat gebruik word, speel alles ʼn rol. Doeltreffende gewasbeskerming is slegs moontlik wanneer die beste produk op die regte manier toegepas word.
Maar die produk self kan nie al die werk doen nie
Produsente kan plae, onkruid en insekte beheer deur die gebruik van gewasbeskermingsprodukte – indien dit reg bestuur word, kan jy jou opbrengste vergroot. Formuleringstegnologie is die wetenskap waarvolgens ʼn aktiewe bestanddeel op so ʼn wyse geformuleer word dat dit die doeltreffendheid van die produk in die veld asook die veiligheid en hantering daarvan verbeter. Sonder hierdie tegnologie sal dit byna onmoontlik wees om met welslae te boer.
Syngenta se PotatoPack
Aartappels is ʼn belangrike gewas in Suid-Afrika en maak ongeveer 45% uit van die algehele groente-oes en 3% van die algehele landbouproduksie. Met die wêreldwye toename in die verbruik van aartappels, teenoor die natuurlike hulpbronne wat al hoe skaarser raak, is die belangrikheid daarvan om, met minder meer te lewer, bo-aan die lys. Met PotatoPack bied Syngenta ʼn oordeelkundige, holistiese benadering tot verhoogde opbrengs. Die positiewe resultate van die talle demonstrasieproewe wat gedoen is onder aartappelprodusente, toon dat alternatiewe en kompeterende oplossings nie teen PotatoPack opweeg in terme van opbrengs en kwaliteit nie.
As ʼn mens die toekoms van boerdery in Suid-Afrika in oënskou neem, is daar ook ander uitvindinge wat as teenvoeter dien vir die uitdagings waarmee produsente te kampe het. Hommeltuie, om maar een te noem. Dit was nog altyd ʼn moeisame taak om plekke te identifiseer waar gewasse swak vaar. Die bekendstelling van hommeltuie spreek hierdie uitdaging aan, want nou het produsente nuwe maniere om opbrengste te verhoog en gewasskade te verminder.
Gewas-sensors speel ook ʼn noodsaaklike rol om besproeiing, temperatuur en relatiewe humiditeit te beheer, wat ook daartoe kan bydra om plantgroei te optimaliseer en arbeidsvereistes asook insek- en siekteprobleme te verminder.
Geoutomatiseerde trekkertegnologie kan ook nuttig wees, veral vir produsente met groot kommersiële boerderygrond. Stel jou voor: ʼn 20-ton-trekker gebruik GPS-satelliettegnologie om self te bestuur. Die produsent wat soveel ander take ook het, kan nou sy aandag op ander aspekte van sy besigheid vestig.
“Die gedagte om ʼn SmartFarm te besit of te bestuur, is baie aantreklik. Dit dra die gedagte oor dat jy altyd groter dinge sal verwag en sal lewer, soos hoër obrengs, omdat jy ʼn slim boer is. Tegnologie en innovasie, gedryf deur wêreldgehalte wetenskap, maak Smart Farming net soveel meer implementeerbaar,” voeg Delport by.
Vir meer inligting oor Toepassingstegnologie (Syngenta se wêreldleier-swamdoder: Amistar), Formuleringstegnologie (Syngenta se wêreldleier-onkruiddoder: Callisto) en Produktegnologie (Syngenta se plaaslike markleier: PotatoPack), gaan na www.syngenta.co.za
Bron: Syngenta | http://www.proagri.co.za/innovasie-en-tegnologie-slim-oplossings-vir-uitdagings-landbou/ | 2016-12-07 09:36:53 |
Vooruitsigte vir brandstofpryse | http://www.proagri.co.za/vooruitsigte-vir-brandstofpryse/ | 2016-12-22 12:47:11 |
|
Maak ’n duik in jou dieselrekening met TLU SA | Diesel is broodnodig op ’n plaas, maar het ’n manier om mens warm onder die kraag te maak as die pryse so onbestendig is. Soos die ongeluk dit wil hê, word voertuie en trekkers dikwels volgemaak net voor die pryse gedaal het en wanneer die pryse die hoogte inskiet, moet daar iewers anders besnoei word. Diesel is dus nie veel anders as ’n noodsaaklike euwel nie.
TLU SA is hierdie jaar 120 jaar oud en het ’n groot verrassing vir die boere. Hulle het ’n ooreenkoms met Kiaranix en Business Innovations gesluit wat TLU SA die alleenreg gee om goedkoper diesel in die landbou bekend te stel. Tans is dit net van toepassing op Shell regdeur die land. Mnr Louis Meintjes, president van TLU SA, het dit beklemtoon dat boere weinig aan die mark kan doen met dié dat hulle prysnemers is. Aan die insetkostekant is daar egter aspekte wat beheer kan word om winsgewendheid te bevorder. Hierdie is een so ’n saak.
’n Besparing van 70c per liter teenoor die pompprys word verkry met ’n dieselkaart wat deur TLU SA bestel kan word. In hierdie stadium is daar voordeel vir massalewerings wat op die plase gedoen word, maar die minimum aflewering moet 10 000 liter wees. ’n Verdere ooreenkoms is dat boere vanaf 25% tot 58% afslag op bande en ander produkte by Supa Quick kan kry. Die kaarte werk op ’n voorafbetaalstelsel waar geld op die kaart gelaai kan word om vir die transaksies te betaal.
’n Baie eenvoudige registrasieproses deur middel van e-pos is al wat nodig is om jou hierdie voordele te gee. Dit behels dat ’n boer Business Innovations (al ons vorms is Kiaranix-vorms) se aansoekvorm moet invul en saam met al die toepaslike FICA-dokumente vir hulle stuur. Daarna moet R120 aan Kiaranix betaal word sodat die kaart verwerk en by TLU SA afgelewer kan word. Jou TLU SA-agent moet ook in die hele e-poskommunikasieproses ingesluit word.
’n Boer kan ook ’n dieselkaart vir elke voertuig in sy vloot aanskaf. So, gaan kry nou jou dieselkaart en bespaar geld met TLU SA se hulp. Nog meer geakkrediteerde persone wat tans opgelei word, sal mettertyd by die lys gevoeg word. TLU SA se lede kan aansoek doen om as agente geakkrediteer te word.
Vir algemene navrae, kontak vir Runel Matthews by TLU SA se hoofkantoor by 012-804-8031 of diesel@tlu.co.za.
TLU SA kontakpersone Naam Area Kontaknommer E-pos Wilma Prinsloo Pietersburg 015-293-9804 wilma@ntlu.co.za Chris Myburg Stoffberg 082-417-2170 chrismyburg@ctecg.co.za Izelle Enslin-Jacobs Pietersburg 082-338-6601 pietersburgdlu@gmail.com Runel Matthews Pretoria 012-804-8031 tlu@tlu.co.za Elzet Rautenbach Vrystaat 082-358-3104 bielie.bonsmaras@gmail.com Hendrik Marnewick Lichtenburg 082-465-3010 marzs6wick@gmail.com Erika Helm Soutpansberg 079-699-6032 erikahelm@mweb.co.za | http://www.proagri.co.za/maak-n-duik-jou-dieselrekening-met-tlu-sa/ | 2016-12-13 14:15:36 |
Monsanto se “Dis mos mielies!” word met sorg voorberei | Net buite Lichtenburg op pad Coligny toe staan ’n reuse aanleg met die naam ‘Monsanto’, op een van die skuurmure geskryf. Hier vind een van die belangrikste prosesse plaas om voedselsekerheid in Suid-Afrika te verseker. Dit is die Thobontle-aanleg, waar hoogs gespesialiseerde saad, propvol van die jongste Monsanto-saadtegnologie, versamel word om gedroog, behandel en verpak te word. Nadat ’n handvol toetse op elke saadlot gedoen is, is dit gereed vir lewering aan ons land se mielieboere, klein en groot, sodat hulle die volgende plantseisoen weer die beste genetika op die mark kan gebruik om kos te produseer.
Monsanto is wêreldwyd bekend vir die miljarde dollar wat hulle aan navorsing in genetika, saadbehandelings, en biotegnologie spandeer. Sodoende produseer hulle die beste saad wat aangepas is om verskeie klimatologiese en omgewingsfaktore te hanteer. In hulle hoogs gespesialiseerde laboratoriums word daar kort duskant wonderwerke gedoen met genetiese manipulasie om die graansoorte meer verdraagsaam teen peste en plae te maak. In Thobontle- aanleg is daar ook laboratoriums, maar dit word uitsluitlik gebruik om die reeks ingewikkelde gehaltetoetse te doen om te verseker dat elke saadjie wat die aanleg verlaat sy werk sal doen om vir die boer ’n wins te verseker.
Sodra ’n nuwe kultivar geteel is, begin die saadvoorsieningsproses by ingekontrakteerde boere in die Noordelike en Westelike mielieverbouingstreke, soos die Groblersdal-, Koedoeskop- en Hartswater-besproeiingskemas, wat onder streng voorwaardes die produksiesaad vermeerder. Nadat die heel koppe met ’n vogpersentasie van tussen 32% en 35% geoes is, ry vervoerkontrakteurs die vragte volgens lotte na die aanleg waar dit in ’n aflaaiput gestort word. Vandaar help masjiene en 42 mense om die koppe van die blare en onsuiwerhede te skei. Die hoë voginhoud van die pitte verhoed dat die meganiese proses dit kraak of breek.
Die volgende vervoerband neem dit na die droogoond waar dit in graansuiers met skuins, geperforeerde bodems gestort word. Lug wat tot 35 grade Celsuis verwarm is word vir 72 uur deur die silo geblaas tot die saad se vogpersentasie na 12 daal. “Ons is besig om te kyk of ons nie die lug met stronke kan verwarm in plaas van die duur en gevaarlike LP-gas wat tans gebruik word nie,” sê Ampie Rautenbach, Monsanto se saadproduksiebestuurder: aanlegte en veldpersoneel vir Suid-Afrika.
Daarna beweeg die koppe na die dorsmasjien waar die pitte van die stronke geskei word en ‘n tweede keer gesuiwer word. Die volgende stop is ‘n sorteertafel waar die pitte volgens pit- en vormgrootte gesorteer word. In die vulaanleg span ’n masjien ligsensors in om enige saad wat die verkeerde kleur, te klein, gekraak of insekskade het, met saamgeperste lug uit te skiet. Daarna word die saad met insek- en swamdoders behandel om te verseker dat elke pit gedurende die kritieke ontkiemingstadium van die eerste paar dae beskerm word. In die sakaanleg word daar presies 60 000 pitte in ‘n sak wat min of meer 40 kg weeg, gegooi. Die laboratorium toets ook gehalte en ontkieming van elke lot soos dit deur die aanleg beweeg.
Die saad se wortelontwikkeling en groeikragtigheid word onder koue- en hittetoestande getoets en daar word ook gekyk na genetiese suiwerheid en of die biotegnologie- eienskap teenwoordig is of nie. Sodra die laboratorium-personeel die groenlig gee, word die saad na die verskillende depots vervoer waar dit gereed gemaak word vir die volgende plantseisoen. Die geheim van jou plantsukses lê in Monsanto-mielies onder die Dekalb-handelsmerk.
Kontak vir Magda du Toit by 082-388-0187 of stuur vir haar ’n e-pos na magda.du.toit@monsanto.com. | http://www.proagri.co.za/monsanto-se-dis-mos-mielies-word-met-sorg-voorberei/ | 2016-12-13 17:46:41 |
Shell beloon veilige vervoer van diesel | deur Anina Peens
“Ek is ’n trokdrywer, want my pa was ’n trokdrywer en my broer ook, so dit is ons trots en dit is wat ek wil doen.” Dean Wicks staar senuweeagtig voor hom uit. Op die toetsbaan voor hom is ’n kollega besig om die reuse dieseltrok agteruit tussen ’n paar konkas en kegels deur te parkeer. Dean kners op sy tande, want sy beurt is volgende. “Ons hou nie eintlik daarvan om as trokdrywers beskryf te word nie,” sê hy.
“Ons is handelsmerk-verspreiders vir Shell, nie net sommer enige trokdrywers nie.” Dean is een van sestien finaliste van die jaarlikse Shell Handelsmerk en Brandstofverspreiderskompetisie waarin vragmotorbestuurders landwyd gekeur word op grond van hulle vernuftigheid agter die stuurwiel. Die doel van die kompetisie is om vragmotorbestuurders te begeester om die handelsmerk uit te dra as een wat fokus op padveiligheid en om diesel veilig te lewer tot by Shell se verspreiders aan die uithoeke van die land. Dit stel die verspreiders daartoe in staat om ook die landbou se wiele aan die rol te hou.
Die deelnemers is ’n opgewekte groep wat trots is op die feit dat hulle deel vorm van die room van Suid-Afrikaanse vragmotorbestuurders wat een maal per jaar bymekaarkom om werklik hulle staal te wys. As deel van die uitdaging moet die vragmotorbestuurders daarin slaag om ’n tameletjie van ’n toetsbaan met verskeie struikelblokke te oorkom. Dit sluit ’n paar groot uitdagings in. Een daarvan is om ’n vragmotor met ’n enkelas asook ’n gelede vragmotor tussen die struikelblokke op die toetsbaan deur te vleg en om hom daarna reg te parkeer sodat hy nie aan enige padlyne raak nie. Die posisie van die vragmotor se neus ten opsigte van die lyne word dan baie presies gemeet en punte word daarna toegeken.
Hulle moet ook wys hoe hulle met albei vragmotors agteruit ry en parkeer, netjies tussen die lyne. Hulle mag glad nie hulle koppe by die vensters uitsteek om te kyk of te korrel nie – net die truspieëltjies mag gebruik word. Daarna word daar punte gegee vir die bestuurders se vernuf op die bedrywige N2-hoofweg tussen Durban en Umhlanga in KwaZulu-Natal.
“Laat ek nou vir jou sê, ek ken ’n trok!” lag Keith Adriaanse opgewonde, “maar weet jy hoe moeilik is dit om daai ding met sy kalfie te tru?” Die senuwees was teen etenstyd aan flarde, maar na die kompetisie kon die manne heerlik gaan ontspan by die luukse Elangeni-hotel op die Durbanse hoofstrand. Die wenner is by ’n swierige feesmaal aangekondig en die petrolreus se bestuurskorps was daar om hulle geluk te wens en te bedank vir hulle bydrae tot die maatskappy se beeld met betrekking tot veiligheid.
Die Topverspreiders se eienaars het ook kom aansit ter ondersteuning van hulle topdrywers. Twee van Triangle Fuel van Blackheath in die Wes-Kaap se vragmotorbestuurders is bekroon: Lionel Bergman in die eerste plek en Norman Williams in die derde plek. Len Stoffberg van Moov, ook in die Wes-Kaap, het die tweede plek ingeneem. Elkeen van die ander deelnemers het ’n sertifikaat ontvang en na die formaliteite kon die trokdrywers skouers skuur met die Suid-Afrikaanse topbestuur van Shell.
“Dit is moeilik om soms vir lang tye van die huis af weg te wees,” vertel Mphikeleli Ndumo, van Sebokeng Fuels in Vereeniging. “Maar ek sou op geen ander manier die land so kon deurkruis nie. Ek kon leer van soveel plekke wat ander mense nooit sal sien nie. Wanneer ek die langpad vat, is dit net ek en myself. Ek skakel gewoonlik nie eers die radio aan nie, net dalk soms vir bietjie agtergrondmusiek, maar dit is ek en my dink en die natuur. Die verre paaie lei jou na onontdekte mooi dele, van die see tot die Karoo. Ek kyk graag af in die klein motors onder my, want van daar bo af kan ek alles sien, en ’n mens leer… ’n mens leer van mense.”
Shell se vragmotorbestuurders reis elke jaar altesaam sowat 29-miljoen kilometer om brandstof tussen groot en kleinhandelaars te versprei. Dit is ’n werk wat dié topbestuurders beskou as ’n seëning en plesier.
Boere kan gerus by hulle naaste Shell-verspreiders aanklop om ook die voordele van veilige en tydige aflewering van diesel te geniet, tot op plaasvlak. Besoek www.shellsa.co.za om uit te vind wie is jou naaste verspreider. | http://www.proagri.co.za/shell-beloon-veilige-vervoer-van-diesel/ | 2016-12-14 07:43:40 |
Die droogte is nog nie iets van die verlede nie | Sosiale media en die nuus het die afgelope paar weke gegons oor die reënval wat oor dele van die land voorgekom het. Wydverspreide goeie reën het egter oor groot dele van die land nog nie voorgekom nie, en die droogte is nog nie iets van die verlede nie.
Volgens Johan van den Berg, klimatoloog van Santam Landbou, lyk reënval vir die periode van 5 tot 7 Desember 2016 en 20 Desember 2016 gunstig vir groot dele van die land.
Reënval sedert 1 Oktober 2016 was hoofsaaklik beperk tot die oostelike en noordoostelike dele van die land. Van belang is dat die grootste gedeelte van die somergraangebiede meer as 150 mm reën gekry het sedert 1 Oktober 2016. Hierdie gebiede waar meer as 150 mm voorgekom het verteenwoordig omtrent 70% van die totale droëland somergraanproduksie gebied in Suid-Afrika. Dit kan met ‘n redelike mate van sekerheid aanvaar word dat die reën genoeg was om suksesvol te kon plant indien meer as 150 mm reën voorgekom het. Die Wes-Vrystaat en aangrensende gedeeltes van die Noordwes Provinsie het egter minder as 100 mm gekry wat in die meeste gevalle waarskynlik nog nie genoeg is om te plant nie.
Aanplantings kan egter in hierdie gebiede nog tot einde Desember gedoen word indien nodig.
Boere in die suidelike en westelike dele van die Vrystaat ervaar steeds groot nood, veral wat weiding en voer vir hulle vee betref. Hierdie foto van ’n veekamp is op 22 November 2016 by Bethulie geneem, waar min reën nog voorgekom het.
Enige een wat moontlik voer kan skenk, word versoek om Cynthia Troost te kontak by cynthia@vslandbou.co.za of 051 4444 609.
Bron: Vrystaat Landbou | http://www.proagri.co.za/die-droogte-nog-nie-iets-van-die-verlede-nie/ | 2016-12-01 13:59:29 |
Beesvleispryse versterk | Plaaslik bied die verswakkende rand en dalende slagsyfers, sowel as gunstige weerstoestande ondersteuning aan beesvleispryse.
Internasionaal word hoër beesvleispryse vir die res van 2016 voorspel, volgens ABSA Agri Trends.
Plaaslik
Beesvleispryse het week-op-week effens versterk gedurende die week van 22 November. Pryse sal na verwagting meer ondersteuning kry weens die beter aanvraag in die komende feesseisoen.
Die voorspelde ABSA-beesvleispryse is as volg: Klas A-pryse is 0,16% hoër teen R37,80/kg en Klas C-pryse is 0,21% hoër teen R32,95/kg. Die gemiddelde speenkalfprys was 0,48% hoër teen R20,95/kg. Die gemiddelde huidpryse was vir die week 0,31% laer teen R15,24/kg vir ‘n groen huid. Dié pryse was in lyn met die verswakkende Suid-Afrikaanse wisselkoers teen 1,19% oor die week. Dié neiging mag voortgaan om ‘n impak op die pryse van velle te hê.
NB* Huidpryse word bepaal deur die gemiddelde van die Rooivleisabattoirvereniging en onafhanklike maatskappye.
Bulmark faktore
Pryse sal ondersteun word deur maandeinde-verkope en die gunstige weerstoestande. Slagsyfers het in die afgelope vier weke afgeneem weens die verbeterde reënval.
Pryse styg seisoenaal van nou tot en met die feesseisoen weens die verbeterde aanvraag in dié tyd.
Beermark faktore
Verbruikersdruk kan ‘n negatiewe uitwerking op die vraag na veeprodukte hê, veral as pryse hoog is. Veepryse sal na verwagting steeds ondersteun word soos wat die onlangse reëns weidings laat verbeter.
In 2017 kan ‘n versterkende rand en ‘n verbetering in voerprysvlakke moontlik druk op pryse plaas.
Internasionaal
Gedurende die week van 22 November 2016 het Nieu-Seelandse bulle meestal sywaarts verhandel teen 5,38NZ$/kg en koeie het sywaarts verhandel teen 3,91NZ$/kg onderskeidelik vergeleke met die vorige week.
Beesvleis het as volg meestal hoër verhandel in Amerika: binneboud was 1,14% laer teen $181,71/cwt, kruiskyf het 1,46% hoër verhandel teen $220,73/cwt en lendeskyf het 11,68% hoër verhandel teen $425,55/cwt. Dikrib het -1,38% laer verhandel teen $195,89/cwt en borsstuk het 4,86% hoër verhandel teen $205,94/cwt. Die karkas-ekwivalent in Amerika was 4,73% hoër teen $241,84/cwt.
Bulmark faktore
Die Nieu-Seelandse dollar het week-op-week met 2,6% verswak en so onderliggende prysondersteuning aan beide veeprodusente en verwerkers gebied, maar dit laat die produksiekoste van vee styg.
Lae slagtingsyfers in Nieu-Seeland het kompetisie laat toeneem en die vraag na voerkalwers soos wat produsente beeste terughou, gaan voort om druk op voorrade te plaas.
Beermark faktore
Amerikaanse beespryse toon ‘n afwaartse neiging wat lei tot laer invoerpryse vir invoerlande. Die nasionale slagsyfers in Amerika het week op week met 3,1% gestyg tot 629 000. Dit is ‘n 10,2% jaar op jaar styging.
Bron: RPO Bulletin | http://www.proagri.co.za/beesvleispryse-versterk/ | 2016-12-05 13:30:45 |
TOYOTA in topposisie | Toyota Suid-Afrika het nog ‘n topposisie in die mark vir kleinhandelverkope met verkope van 10 088 voertuie in November 2016 losgeslaan.
Klasbeste vertonings is deur verskeie van Toyota se kernmodelle gelewer, waaronder die Corolla Quest (1 137), Fortuner (1 135), RAV4 (462) en Avanza (420), wat Toyota bo-aan die afdeling vir passasiersmotors laat eindig het.
Bykomende waardevolle bydraes is gelewer deur die Hilux (2 492), Quantum (1 518), Etios (1 006) en Corolla (561), wat Toyota in staat gestel het om weer eens die kroon in die afdeling vir algehele verkope in te neem en die 11 de agtereenvolgende maand as vanjaar se topverkoper-voertuigvervaardiger gekroon te word.
Calvyn Hamman, senior vise-president vir verkope en bemarking by Toyota SA Motors, gee toe “hoewel buitengewone aansporings en hoë voorraadbeskikbaarheid deur ’n hele aantal fabrikate Hilux tydelik tot die tweede plek op die verkopetelkaart vir die maand laat terugskuif het, is Hilux-verkoopsvolumes steeds ver bo die teiken en is ons nog op koers om die jaar in die boonste posisie af te sluit”.
“Die Hilux het vir die jaar tot nou ‘n haas onoorkombare voorsprong van meer as 2 550 verkope meer as sy naaste teenstander, wat sal verseker dat die Hilux die 44 ste keer as topverkoper-voertuig in Suid-Afrika aangewys sal word – ‘n merkwaardige prestasie.”
Nog iets wat genoem moet word, is die stewige vertoning van die Fortuner, wat sedert sy bekendstelling in April gemiddeld 1 336 verkope per maand gehandhaaf het. Toyota se immergroen sportnuts beklee nou meer as 60% van die markaandeel teenoor sy naaste mededingers.
Wat handelsvoertuie betref, het Hino altesaam 367 verkope in November aangeteken, wat sy tweede hoogste vir die jaar was. Die Toyota Dyna en Hino 300 het saam ‘n segmentbeste markaandeel van 30,4% in die afdeling vir medium handelsvoertuie aangeteken. | http://www.proagri.co.za/toyota-in-topposisie/ | 2016-12-05 12:56:52 |
Daar is nie iets anders nie, net ’n SCANIA | Scania se betroubare vragmotors sal enige groenteboer opgewonde maak. “Dit is belangrik om ons produkte tydig en vars op die mark te kry en beheer daaroor te hê. Dit is ook hoekom ons ons eie vervoer het,” sê Johan Greyling van Aqua-boerdery, buite Christiana.
Hy is die derde geslag op die plaas, Aqua, waar daar op groot skaal groente, veral uie en aartappels, verbou word. In 1942 was daar geen water op die plaas nie en donkies is gebruik om water te karwei na waar dit nodig was. Toe sy oupa uiteindelik na ’n lang gesukkel water raakboor op die plaas, was hulle so dankbaar dat hulle die plaas Aqua genoem het. “Ons is vandag nog dankbaar vir elke druppel reën.”
Johan het in 2008 al sy eerste Scania gekoop en besit nou drie R460 Scanias wat elk lag-lag met ’n vrag van 35 ton kan mark toe draf. “Ons het ’n langtermynverhouding met Scania en hoe meer jy by een handelsmerk hou, hoe beter.” Die Scanias vervoer elke dag van die week hulle groente na winkelgroepe en die mark en kan weer op pad terug ander plaasbenodigdhede soos kunsmis oplaai. Johan sê Aqua vervoer 70% van hulle produkte self; vir die ander gebruik hulle kontrakteurs.
Die volgelaaide Scanias bereik Pretoria, een van hulle afleweringspunte, binne sewe uur. Verder ry die vragmotors na Kimberley, Bloemfontein, Johannesburg, Durban en selfs tot in Kaapstad. Aqua-boerdery se Scanias werk vyf tot ses dae per week, regdeur die jaar, en lê tussen 16 000 en 18 000 km per maand af. Die brandstofverbruik van die vragmotors is van 2,2 tot 2,5 km per liter.
Volgens Rudi White, Aqua se pakhuis- en vervoerbestuurder, is dit ’n goeie brandstofverbruik teenoor ander vragmotors. Rudi verklaar ook onomwonde dat Scania se naverkoopdiens die beste is. “Hulle reageer onmiddellik. As die vragmotor dalk langs die pad breek, bel hulle die naaste dienssentrum en hulle kom dadelik om dit reg te maak. Die vragmotor is dan nog betyds vir aflewering.” Johan voeg by dat Scania goeie produkte en ’n goeie diensplan het. ’n Ander vragmotor sou maklik drie maande gestaan het. “Een keer het ’n vragmotor ’n moeilike probleem gehad en toe verskaf Scania aan ons ’n ander vragmotor om mee te ry terwyl hulle daaraan werk.”
Rudi sê hulle vragmotors word gewoonlik op Maandae in Kimberley versien en dan kry hulle dit nog dieselfde dag terug. Die handelaar wat die uitstekende diensnetwerk aanbied, is Scania Bloemfontein.
Vanuit dié tak word die hele sentrale streek van Suid-Afrika bedien, van die Noord-Kaap tot by die Oos-Kaap se kusgebiede. Paul Uys en sy span verstaan die spesiale behoeftes van boere met betrekking tot bederfbare en kneusbare produkte. Paul sê staantyd is vir enige maatskappy ’n verlies, maar die landbou word dubbeld geslaan as ’n vrag nie betyds afgelewer kan word nie, want dit is nie soos staal of meubels wat more nog presies dieselfde lyk nie. Wanneer varsprodukte staan, verlaag die gehalte onmiddellik en daarmee saam die prys wat op die mark behaal word. Dit is waarom goeie dienslewering vir Scania so belangrik is. ’n Boer kan ook kies tussen verskillende dienskontrakte, van ’n gewone diensplan tot ’n volledige herstel- en onderhoudskontrak, waarvoor hy elke maand ’n vaste bedrag betaal, waarvoor hy dus kan begroot. Dit bied die gemoedsrus dat hy enige tyd op Scania se knoppie kan druk sonder om skielik sy kontantvloei seer te maak.
Veilige aflewering
Mundus Joubert van die bedrywige Makoadi-plaas by Clocolan in die Vrystaat stem saam dat die mense van Scania uitstekende diens lewer. Mundus sê daar loop elke dag trokke van die plaas af na kettingwinkelgroepe en markte landwyd en Scania kan orals vinnig help. Makoadi se reeks groente wissel van aartappels, pampoen en kool tot verpakte “sagter” groente soos murgpampoentjies, blomskorsies (patty pans), blomkool en amper enige produk wat in die supermark se yskas gehou word.
Dit is belangrik dat hierdie sensitiewe groente vinnig en veilig in verkoelde waens vervoer word. Mundus sê hulle verkoelingswaens word net eenvoudig agter aan die Scanias gehaak en dan weet hy sy kosbare vrag is op veilige wiele!
Hy sê die vragmotors is baie gerieflik om in te ry en die bestuurders word nie so gou moeg nie. As ’n bestuurder by ’n plek wil oorslaap, kan hy ook net die geriefl ike bed laat sak en homself tuismaak. Mundus spot: “Jy kan eintlik jou vrou met vakansie vat met die trok, want daar is selfs ’n dubbelbedgrootte slaapplek en jy gaan lekker geriefl ik ry.”
By Aqua sê Lucas Mooketsi, een van die bestuurders, sommer reguit as hy nie met ’n Scania kan ry nie, dan wil hy glad nie vragmotor bestuur nie: “Daar is nie ’n ander lorrie nie, net ’n Scania. Dit is my eerste en laaste lorrie.”
Skakel Scania by 011-661-9600 of besoek www.scania.co.za om uit te vind waar jou naaste handelaar is sodat jy ook hierdie probleemvrye vragmotor kan besit. In die Vrystaat kan boere met Wynand van den Berg by 051-433-1218 praat. | http://www.proagri.co.za/daar-nie-iets-anders-nie-net-n-scania/ | 2016-12-13 13:03:40 |
Hernude beroep om droogtehulp | Boere in sekere dele van die land gaan steeds gebuk onder die negatiewe effek van die droogte en sukkel om te oorleef. “Agri SA het die afgelope jaar verskeie inisiatiewe van stapel gestuur om behoeftige boere landswyd van droogtehulp te voorsien. Die tekort aan fondse het nou aanleiding daartoe gegee dat Agri SA nie verdere hulp kan verleen nie en daarom word ‘n dringende beroep tot die privaatsektor gedoen om Agri SA se droogtehulpfonds verder te ondersteun. Die tyd het nou aangebreek dat die regering verdere hulp aan kommersiële- en kleinskaalse boere moet voorsien om hulle deur dié droogte tydperk te help”, sê Johannes Möller, president van Agri SA.
“‘n Droogte is nie ‘n een jaar verskynsel nie en die westelike dele van die land wat die afgelope drie jaar ‘n erge droogte ervaar het, kan hiervan getuig. Dit het ‘n ernstige effek op kontantvloei en produksiekrediet reëlings van boere wat toenemend ‘n effek op hulle finansiële oorlewing sal hê. Die droogte het ook ‘n geweldige negatiewe en neerdrukkende effek op die sosio-ekonomiese omstandighede van landelike boerderygemeenskappe en die ontwikkeling van ons landelike gebiede” sê Johannes.
Ondanks wydverspreide reën oor groot dele van die land, is dele van die Noord-Kaap, Wes-Kaap, Noordwes, Limpopo, Oos-Kaap en Vrystaat steeds in die greep van die ergste droogte die dekade. Dit noodsaak verdere hulpverlening aan die betrokke boerderygemeenskappe en daarom ons beroep op die privaatsektor en regering vir verdere finansiële hulp om ons in die vermoë te plaas om die gemeenskappe weer in hulle stryd om die droogte te oorleef, te ondersteun.
Agri SA is bekommerd oor die huidige welstand en die humanitêre impak van die droogte op boere en hulle werkers asook hulle vermoë om in die tyd te oorleef. “Net so is ons bekommerd oor die tekort aan voer om diere deur hierdie tydperk van voldoende voer te voorsien. Ons is dankbaar vir die ruim ondersteuning wat Agri SA se droogtehulpfonds reeds ontvang het en weer aangewend kon word om hulp aan verskeie boerderygemeenskappe te bied. Vir ‘n blik oor hulpverlening wat deur die loop van die jaar voorsien is, besoek gerus http://droogterampfonds.co.za/.
“Agri SA kan nie alleen in die behoeftes van boere voorsien nie en daarom ons dringende beroep om finansiële hulp”, sê Johannes ten slotte.
Besonderhede vir die inbetaal van finansiële bydraes is as volg:
Begunstigde: Agri SA Drooogtehulpfonds
Bank: ABSA
Rekeningtipe: Tjek
Rekeningnommer: 40-6854-0775
Takkode: 632 005 (Besigheidsbank – Pretoria-Oos)
Begunstigde se verwysing: RAMP
Bron: Agri SA | http://www.proagri.co.za/hernude-beroep-om-droogtehulp/ | 2016-12-19 09:36:51 |
Dom Boer se lag vir die dag: | Johannesburg
‘n Minibustaxi jaag oor die rooilig voor Dawie se motorfiets in. Hy swaai wild uit om ‘n botsing te voorkom, maar ry in ‘n brandkraan vas en word oor die motorfiets se stuurstang gesmyt sodat hy soos ‘n vrotvel in die afvoersloot beland.
Met ‘n vuil gesig, besmeerde klere, ‘n bloeiende gat in sy kop, ‘n diep skraap oor sy wang, ‘n ontwrigte skouer, stukkende elmboë en knieë, ‘n gebreekte hand, gekneusde spiere en seer oral waar hy kan voel, lig hy homself pynlik op om handeviervoet te staan en krag bymekaarskraap om te probeer opstaan.
Net toe hy dink niemand gaan hom jammer kry of help nie, kom ‘n liewe ou tantetjie aangetrippel.
Die ou tantetjie gaan staan langs hom, kyk hom diep in die oë en vra: “Kan jy my sê waar is die poskantoor?” | http://www.proagri.co.za/dom-boer-se-lag-vir-die-dag-249/ | 2016-12-06 11:34:10 |
Krone dra die wêreldkroon vir balers | Landboutoerusting staan aan die voorpunt van tegnologiese ontwikkeling en die mededinging is kwaai wanneer die bestes met die bestes vergelyk word. Baie boere en maatskappye het al probeer om die baalmaakrekord te oortref, maar die Krone Comprima dra na vier jaar steeds die kroon met sy onbetwiste wêreldrekord van 149 rondebale per uur.
Die rekord is in Duitsland opgestel met ’n Comprima F125 X-model in ’n koringland van 35 hektaar. Die operateur wat die rekordpoging aangedurf het was Ewald Vehring, ’n dosent in landboumasjinerie aan die Noord-Duitse DEULA-instituut vir Praktiese Nywerheidsopleiding. Twee gesiene Duitse landboutydskrifte, die DLZ en Agragheute, het die poging dopgehou en gedokumenteer.
Ewald het presies om 12:05 die trekker aangeskakel en vir 60 minute lank gewerk. Die baler is op sy hoogste digtheid gestel en elke baal is met drie lae net toegedraai. Die bale was 1,25 meter in deursnit. In die 60 minute het die baler 28 ton hooi aan die een kant opgetel en 149 stewige, netjiese bale aan die ander kant uitgespoeg. Dit beteken 2,5 bale per minuut! Ewald sê: “Dit was ’n senutergende 60 minute, maar na die eerste halfuur het ek gesien ons is reeds sewe bale voor die huidige rekord en toe het ek geweet ons gaan die wêreldrekord oortref!”
Só werk dit
Die Comprima oortref nie net die baalgetalrekord nie, maar het ook die doelpale in rondebaaltegnologie verskuif. Die Comprima het ’n geheel nuwe ontwerp vir sy opteller, genaamd die EasyFlow-opteller wat sonder ’n nokbaan ontwerp is sodat dit langer hou en vinniger werk, maar skoon en doeltreffend optel.
Waar ’n gewone opteller ’n nokbaan het wat die optelvingers uitstoot wanneer hulle optel en terugtrek wanneer hulle die materiaal in die balerbek moet laat los, het die EasyFlow geen nokbaan nie. Die vingers is veerbelaai aan ’n silinder gemonteer sodat hulle niks anders hoef te doen as optel nie. Maar hoe nou gemaak om van die opgetelde materiaal ontslae te raak om die baler te voer? Tussen elke twee vingers is ’n geboë, starre stang. Aan die onderkant, waar die vinger moet optel, is die stang ver van die vingerpunte af sodat hulle handevol materiaal kan optel, maar nader na die bokant en veral in die baler se bek, is die stange nader aan die vingerpunte sodat hulle die materiaal netjies en gladweg van die vingers af verwyder en die baler voer. Easy-Flow tel skoner op teen ’n hoër spoed as enige vorige tegnologie. Dit gee tot 30% beter werkverrigting.
Daar is minder bewegende onderdele, wat sorg dat die masjien gladder en stiller loop. Dit beteken ook minder verweer, minder onderhoud en minder koste. Jy kan jou Comprimarondebaler bestel met ’n gewone invoerroller of ’n roller wat die materiaal kerf voordat dit die baalkamer bereik. Altwee die opsies verseker ’n buitengewone gladde vloei van die opteller na die baalkamer. Die X-Cutlemme met hulle doeltreffende sny-aksie beteken ook hoër baaldigtheid en die produksie van bale wat makliker opbreek in die voermaakproses.
Die rotor trek die materiaal egalig deur die 17 of 26 messe wat op een vlak gerangskik is. Die nettoedraaistelsel van Krone werk ook aansienlik vinniger as die tradisionele baaltoustelsel, wat verder bydra tot die Comprima se blitsige werk. ’n Netrol kan tot 3 600 meter lank wees en dit is sommer baie bale met minder stoptyd. Daar is vaste, semi-veranderlike en veranderlike kamers in die reeks. Die 1,25 m balerreeks is geskik vir trekkers van 36 tot 40 kW. Rovic Leers is die verspreiders van die F125 / F125 XC / F155 / F155 XC in Suid-Afrika.
Jy kan ook met wêreldrekordtoerusting op jou plaas spog. Skakel vir Marius Ras by 082-453-4808 of stuur vir hom ’n e-pos na mariusr@rovicleers.co.za. Besoek ook www.rovicleers.co.za om na al die maatskappy se uithalerprodukte te kyk. Kyk ook na die video wat die wêreldrekord wys op www.krone.de.
Summary Article Name Krone dra die wêreldkroon vir balers Description Landboutoerusting staan aan die voorpunt van tegnologiese ontwikkeling en die mededinging is kwaai wanneer die bestes met die bestes vergelyk word. Author Spesialisskrywer Publisher Name ProAgri Publisher Logo | http://www.proagri.co.za/krone-dra-die-wereldkroon-vir-balers/ | 2016-12-13 15:52:52 |
LNR stel 24 ste jaarverslag bekend | Die Landbou Navorsingsraad (LNR) het pas hulle 2015/16-Jaarverslag bekend gestel en sleutelaspekte van navorsing en ontwikkelingsinisiatiewe vir die jaar uitgelig.
As gevolg van lae reënval en swak grondtoestande, is die grootste deel van Suid-Afrika nie geskik vir die produksie van gewasse nie, net 15% van die land is bewerkbaar. Die droogte en klimaatstoestande dra by tot die uitdaging om voedsel vir ‘n groeiende bevolking te vervaardig.
Die LNR het wetenskaplike en volhoubare oplossings ontwikkel om te help met hierdie uitdagings en het suksesvol amper 100 kultivars ontwikkel (vrugte, graan, groente en mediese plante). Baie van hierdie is vir stapelvoedsel-gewasse soos mielies wat ontwikkel word vir die huidige klimaat en omgewingstoestande.
Die LNR was besonder suksesvol in die uitvoering van die Nasionale Kultivarevalueringsproewe om tegniese data en inligting oor die mees geskikte somer- en wintergraangewasse vir spesifieke landbou-ekologiese produksiestreke te verskaf. Hulle maak hierdie inligting wyd beskikbaar aan boere regoor die land deur middel van publikasies soos die “Maize Information Guide” en die “Guideline for Production of Small Grains”.
Suksesvolle entstofontwikkeling by die LNR vir veesiektes soos knopvelsiekte, slenkdalkoors, skaap- en bokpokke sal die bedryf ‘n hupstoot gee en die vooruitsigte vir groei en ontwikkeling sowel as die verbetering van ons voedselsekuriteitstatus in Suid-Afrika verhoog.
Die LNR is voortdurend besig met verbeterings in landbouwetenskap deur oorspronklike en toepaslike wetenskaplike ondersoeke en die toepassing van navorsingsuitsette in lyn met die land se Nasionale Stelsel van Innovasie.
“Die LNR het daarin geslaag om sy strategiese doelwitte selfs met beperkte hulpbronne te bereik en ons het voordeel getrek uit doeltreffende vennootskappe en samewerking met sleutelbelanghebbendes. Ons erken die ondersteuning wat deur die minister van Landbou, Bosbou en Visserye, Senzeni Zokwana en die minister van Wetenskap en Tegnologie, dr Naledi Pandor gegee word,” sê dr Shadrack Moephuli, voorsitter en hoofuitvoerende beampte.
Bron: LNR | http://www.proagri.co.za/lnr-stel-24-ste-jaarverslag-bekend/ | 2016-12-07 14:14:01 |
Dom Boer se lag vir die dag: | Wysheid uit ervaring
Dawie tree na dertig jaar diens by die Poskantoor af. Tydens sy afskeidsparty vra die baas: “Wel Dawie, wat is die belangrikste ding wat jy in die dertig jaar by die Poskantoor geleer het?”
Dawie: “Betaal asseblief my pensioentjek in my bankrekening in – moenie hom pos nie.” | http://www.proagri.co.za/dom-boer-se-lag-vir-die-dag-253/ | 2016-12-19 09:08:00 |
Rooipoenskop is propvol voordele | Groot kruisteelvoordele is in die pragtige, dieprooi Rooipoenskopbeesras saamgevat. Alhoewel daar maar min Rooipoenskoptelers in die land is, hou veral die ras se dubbeldoeleienskappe groot voordele in vir kommersiële beesboere.
Rooipoenskop: Die vleisras met melk
Die Rooipoenskop is ’n veelsydige dubbeldoelras. Dit is pragtige diere met ’n diep donkerrooi kleur, horingloosheid en hoë melkproduksie. Die mediumraambeeste vra min om baie te lewer en hulle gemoedelike temperament maak dit ’n plesier om met Rooipoenskopbeeste te werk.
Kenmerkende eienskappe van die Rooipoenskop:
Vrugbaarheid en langlewendheid
Gemaklike kalwing met gesonde sterk Kalwers
Goeie moederseienskappe
Natuurlike horingloosheid
Kragtige kruisteling
Vinnige gewigstoename
Doeltreffende voeromset
Goeie uitslagpersentasie met sagte, geurige vleis
Kruisteelwaarde
Die mees bekende eienskappe van die Rooipoenskop is die dominante natuurlike horingloosheid en die rooi kleur. Dit is eienskappe wat enige vleisprodusent aangryp. Die Rooipoenskop kruis uitstekend met amper enige beesras en tussen 95% en 100% van die kalwers behoort horingloos te wees, terwyl tussen 85% en 95% behoort rooi te wees. Saam met hierdie eienskappe, maak die natuurlike, inherente melk- en moedereienskappe, langlewendheid (die meeste Rooipoenskopkoeie het ’n produktiewe leeftyd van 12 tot 15 jaar), vrugbaarheid, rustige temperament, gemak van kalwing en die vinnige groei van kalwers die Rooipoenskop die ideale ras vir gebruik in enige kruisteelprogram.
Karkaseienskappe
Rooipoenskoppe en Rooipoenskopkruisings kan regstreeks van hulle moeders af winsgewend bemark word. Die karkas vertoon netjies met goeie bespiering en sonder oortollige vet. Omdat die Rooipoenskop nie uitermatige vet aanpak nie, slag hulle dikwels swaarder uit as wat hulle voorkom. Die Rooipoenskop vaar uitstekend in verskeie slag- en karkaskompetisies het al dikwels gewen, onder meer die Kwaliteitbeesvleiskompetisie wat by Bloemfontein-skou aangebied word.
Veelsydigheid
In verskeie lande, soos ook hier in Suid-Afrika, word die Rooipoenskop hoofsaaklik aangehou vir vleisproduksie, waar die ras se inherente hoë melkproduksie die grootmaak van topgehalte kalwers verseker. Tog is daar kuddes in Suid-Afrika en regoor die wêreld, veral in Engeland, waar Rooipoenskoppe vir melkery aangewend word. Weeton is ’n winkelgroep in Engeland soos Suid-Afrika se Woolworth. Hulle is uiters gesteld op gehalte en gebruik net Rooipoenskopkoeie se melk vir hulle suiwelprodukte. Lees meer daaroor by http://www.weetons.com/our-producers.
Die Rooipoenskopkoei lewer ’n hoë melkproduksie in ruil vir klein hoeveelhede konsentrate saam met natuurlike weiding. Hierdie vermoë, saam met die goeie groei en vleiseienskappe van die kalwers, maak hulle as melkkoeie meer waardevol as suiwer suiwelrasdiere.
Rooipoenskop vir voortreflike vleis
Min beesrasse kan by die Rooipoenskop kersvashou as dit by die produksie van vleis van die beste gehalte kom. Rooipoenskopvleis is smaaklik, sag, goed gemarmer en voedsaam. Uit ’n ekonomiese oogpunt is Rooipoenskopvleis ook ’n wenner. Die Rooipoenskop pas by enige bestuurstelsel in en die diere is vroegryp. Hulle slag gewoonlik 55 tot 60% uit en behaal ’n uitstekende gradering.
Rooipoenskop vir oorvloedige melk
Rooipoenskopmelk is gesog as hoofbestandeel van spesialiteitsprodukte soos fynproewerskaas en -melkprodukte. Die melk het die ideale samestelling vir kaasproduksie, met klein vetdeeltjies wat dit ook wensliker maak vir gebruik deur mense wat laktose-onverdraagsaam is. Uit ’n boerdery-oogpunt is die Rooipoenskopkoei met haar ekonomiese kenmerke ’n uiters goeie keuse. Hulle het ’n laer vervangingskoste omdat die koeie lank en produktief lewe. Hulle onderhoudskoste is ook laag omdat hulle geharde mediumraamkoeie met ’n goeie voeromset is. Rooipoenskopkoeie kalf maklik en het goeie voete en bene wat die veearts se rekening uiters laag hou. Boonop het hulle ’n goeie, vriendelike temperament wat dit ’n plesier maak om met hulle te werk.
Rooipoenskopbulle
Ideale keuse vir kruisteling vanweë dominante horingloosheid
Gesogte dieprooi kleur
Vinnig groeiende kalwers, met ’n hoë immuniteit teen siektes
Rustige temperament, maklik hanteerbaar
Dra goeie melkeienskappe oor vir die produksie van vleis
Rooipoenskopkoeie
Gemaklike kalwing en besonderse moederseienskappe
Gemaklike, gelykmatige laktasie met proteïenryke melk
Lang produktiewe lewe, vroeë geslagsrypheid
Sagte temperament, strelend op die oog
Doeltreffende reproduksie
Rooipoenskopspeenkalwers met ekstra massa
Gemiddelde geboortegewig van 35 kg vir maklike kalwing; vroeg sterk en lewendig na geboorte.
Vinnige gewigstoename. Bereik ’n gemiddelde speenmassa van 250 kg op 200 dae.
Vir meer inligting oor die Rooipoenskop as voortreflike ras, maar veral ook vir winsgewende kruisteling, skakel die Rooipoenskop- genootskap by 082-857-3980 of e-pos redpoll@wam.co.za. Besoek ook die webwerf www.redpoll.co.za.
Telers:
Anzabeth Nieuwoudt: 083-447-2813
Pieter van Wyk: 082-494-0631
Johann Oosthuizen en Elmar Steenkamp: 082-853-2873
Arnold Griesel: 083-262-6577
Genootskap: 082-857-3980 | http://www.proagri.co.za/rooipoenskop-propvol-voordele/ | 2016-12-14 15:17:44 |
Dom Boer se lag vir die dag: | Oeps!
Adam is ‘n geniale kind, maar hy vorder nie goed op skool nie. Sy onderwyseres dink die probleem is dat hy eerder soos ‘n gewone, gemiddelde kind behandel wil word en saam met sy maats wil speel as om met verwondering oor sy buitengewone begaafdheid hanteer te word. Sy ontbied ‘n sielkundige om met Adam te praat.
Die sielkundige probeer heel eerste om Adam se intelligensie en belesenheid te peil. “Wie het Hamlet geskryf?” vra hy.
“Hoe moet ek weet,” antwoord Adam. “Kinders van my ouderdom lees nie Shakespeare nie.” | http://www.proagri.co.za/dom-boer-se-lag-vir-die-dag-265/ | 2016-12-20 16:55:02 |
Agri SA se besturende direkteur vereer | Omri van Zyl, besturende direkteur van Agri SA is hierdie jaar deur CEO Global as ‘n “Continental Winner” op hulle prestige Gala-dinee by die Midrand Konferensie-sentrum aangewys. CEO Global, ‘n organisasie- en professionele dienstemaatskappy, fokus daarop om Afrika se voorste talent te identifiseer.
Omri van Zyl is die kontinentale wenner in die kategorie Landbou in hulle ‘Leading African Recognition Program.’
Die doel van die program is om uitnemendheid in die private en openbare sektor te eer. Hierdie program dek 23 ekonomiese sektore wat leiers in hulle onderskeie bedrywe uitwys. Benoemings word verkry uit die sakegemeenskap en van individue oor ‘n tydperk van ongeveer 13 maande. Daar was uiteindelik net minder as 5 000 benoemings.
Die beoordelaarspaneel bestaan uit vier vlakke en 24 verteenwoordigers van regoor Afrika met leiers in die sake- en openbare sektor.
Wenners word ook beloon deur die geleentheid om die Network of Influence te nader, wat hulle toegang tot ontwikkelingshulpmiddels en dienste sal gee.
“Agri SA is baie trots op en opgewonde oor hierdie gesogte toekenning wat Omri gewen het. Dit is inderdaad ‘n beduidende prestasie in ‘n mens se loopbaan en ons wens hom geluk met hierdie uitsonderlike prestasie,” sê Johannes Möller, president van Agri SA.
“Ek wil CEO Global bedank vir hierdie toekenning, dit is ‘n eer om ‘n kontinentale wenner in hierdie dinamiese sektor te wees,” sê Omri.
Bron: Agri SA | http://www.proagri.co.za/agri-sa-se-besturende-direkteur-vereer/ | 2016-12-06 09:35:13 |
NWK vol verwagting oor nuwe seisoen | Ná vier droogteseisoene wat die westelike somerproduksiegebiede opeenvolgend getref het, het NWK die eerste ses maande tot 31 Oktober steeds teen ʼn matige wins afgesluit. Die huidige vervreemding van sekere verliesmakende besighede van die groep – sowel as ʼn verwagte normale produksieseisoen wat voorlê – sal egter help dat dié trae finansiële resultate nie in die tweede helfte van die finansiële jaar voortduur nie.
NWK het in die ses maande geëindig 31 Oktober ʼn inkomste van R1 097,2-miljoen (2015 – R1 052,5-miljoen) en ʼn nabelastingwins van R10,6-miljoen (2015 – R25,3-miljoen) gerapporteer. ʼn Nabelastingwins van R54-miljoen is uit die voortgesette bedrywighede behaal teenoor R46,8-miljoen in die vergelykende tydperk.
Landbou is nie ʼn eenseisoen-besigheid nie – en allermins ʼn sektor waarin die algemene ekonomiese en landboutoestande van produsente of landboubesighede oornag herstel. Na ʼn behoorlike evaluasie is die direksie van mening dat NWK ʼn lopende saak is. Sterk klem word deur die groep geplaas op konsolidasie, doeltreffende aanwending van hulpbronne en die bestuur van risiko’s. Die bestuur en personeel is ook daarop ingestel om NWK se klante te ondersteun om volhoubaar aan die nuwe produksieseisoen te kan deelneem, het Heinrich Krüger, NWK-voorsitter, gesê.
Bedryfsoorsig
Die volle effek van die droogte word in die huidige finansiële jaar ervaar en veral die graansegment is negatief daardeur geraak. Verder het die laat ontvangste van graan daartoe bygedra dat die segment se winste 30% swakker is as dié van die eerste ses maande in die vorige jaar. Die finansieringsegment presteer bevredigend en tensy die rand verder verswak, sal die prestasie van verlede jaar met die waardasie van buitelandse lenings nie herhaal word nie.
Handel vaar steeds goed te midde van kunsmis en meganisasie wat weens die uitdagende ekonomiese omstandighede onder druk is. Winste uit Afrika bly eweneens onder druk weens die droogte. Die nywerhede se resultaat is positief, hoofsaaklik weens die versekeringsinkomste by Epko Oil Seed Crushing. Dié gesamentlike onderneming se nuwe vergrote aanleg behoort in Mei 2017 in bedryf gestel te word. Die hoenderboerdery lewer steeds ʼn positiewe bydrae ten spyte van die verlaagde vraag na kuikens en hoë voerpryse.
Eindigende bedrywighede
Die bestuur het die finansiële resultate van Noordfed, Epko Oil Refinery (EPKOR) en Agrisig afstandwaarnemingsbesigheid as eindigende bedrywighede geklassifiseer. Onderhandelinge met die verkoop van die Noordfed-meule en die EPKOR-verfyningsaanleg is bykans afgehandel en die verwagting is dat die negatiewe resultate van die afgelope tyd nie in die tweede helfte van die finansiële jaar voortgesit sal word nie.
Vooruitsigte
Reën is in groot dele van NWK se bedieningsgebied ontvang. Die vertroue is dat die meeste produsente in staat sal wees om hul voornemende aanplantings te doen. Afhangende van die reën gedurende die huidige en komende maande kan ‘n normale produksieseisoen verwag word. Die handelsegment en Afrikabesighede behoort hierby te baat. Dalende voerpryse en ‘n verhoogde vraag na kuikens – gegrond op nuwe markte wat tans ontgin word – word in die volgende ses maande verwag, wat die hoenderboerdery se winsgewendheid sal verbeter. Weens die verwoestende droogte van die afgelope jare sal die groep en sy produsente egter steeds finansiële druk gedurende die huidige en volgende finansiële jaar ervaar. Ongeag die onlangse reënvalvlakke word die groep dus omsigtig bestuur.
Aangesien die vorige besturende direkteur, Danie Marais, aftreeouderdom sou bereik het teen vroeg volgende jaar, het die direksie sy versoek vir vervroegde uittrede op 30 November vanjaar aanvaar. Die finansiële direkteur, Theo Rabe, neem intussen waar tot tyd en wyl die werwing- en keuringsproses vir die vulling van ʼn hoof uitvoerende beampte-pos afgehandel is.
Dividend
Teen die agtergrond van die huidige omstandighede het die direksie besluit om nie op die stadium ʼn interimdividend te verklaar nie. Wanneer daar meer sekerheid oor die verloop van die huidige seisoen is, sal ʼn dividendverklaring weer oorweeg word.
Bron: NWK | http://www.proagri.co.za/nwk-vol-verwagting-oor-nuwe-seisoen/ | 2016-12-19 08:45:30 |
Oorlewing van vee tydens die droogte | Deur Prof. HO de Waal, Universiteit van die Vrystaat
Die seisoene het wel gedraai, maar kort voor Kersfees 2016 is groot dele van Suid-Afrika nog vasgevang in ‘n knellende droogte – die ergste wat hierdie veekundige in vier dekades gesien het. Koerante haal boere selfs aan “Droogte so erg, die rysmiere het al weggetrek.”
Hierdie boodskap is spesifiek gemik op wat boere nou behoort te doen:
Voorspellings dui daarop dat goeie reën wat verligting kan bring moontlik eers in Januarie of selfs Februarie 2017 verwag word. Intussen gaan vee, veral skraal beeste wat tot nou redelik goed die droogtetoestande (voerskaarstes) kon hanteer, by die dag vinnig agteruit. Uit nood moes boere hulle karige voerbronne rek en het drasties onder die koeikuddes geslag.
Die karige groen opslag na klein reënbuie het meestal min gehelp, veral nie onder die erge toestande van groot voerskaarstes nie. Die nuwe opslag het eerder vinnig saad gemaak en relatief min kos – blaarryke graspolle is baie skaars op veld.
Energie word deur vee verspil om groen grasbotsels na te loop en die inname van sappige materiaal met ‘n hoë waterinhoud maak diere se pense los met tipiese nat mis. Die vinniger deurvloei van klein hoeveelhede groen sappige plantmateriaal deur die dermkanaal is onder sulke omstandighede baie nadelig vir herkouers.
Diere moet toegang kry tot hooi in lang vorm (nie gemaal nie) – droë gras wat nog langs paaie of uitval grond gesny kan word, koringstrooi/oesreste en selfs fluitjiesriet sal deug. Die doel is om die spoed waarmee voedingsmateriaal deur die grootpens beweeg te vertraag en die kans op oorlewing verbeter.
Onthou voerkorrels (en asseblief nie voerpille nie!) is goeie maar relatief duur voerbronne. Wanneer voerkorrels voluit gevoer word is dit meestal ‘n volledige dieet. Indien duur voerkorrels as ‘n goeie aanvullende voerbron tydens droogte gebruik word, moet diere gerantsoeneer word – dit is nie nodig om diere vir oorlewing voluit te voer nie. Dit is belangrik om onder sulke toestande bykomende laegraadse ruvoer aan vee beskikbaar te stel. Onthou, die goeie gehalte ruvoer moet relatief fyn gemaal word om die voerkorrels in die fabriek te vorm. Die fyner ruvoer beteken diere hoef minder te herkou en gevolglik is die spoed waarmee die voerkorrels deur die grootpens en dermkanaal beweeg aansienlik vinniger. Die gevolg is dat die benutting van die voer (vertering – korter blootstelling van vesel aan fermentasie deur mikrobes in die grootpens) ook minder effektief is.
Goeie beskutting en koelte teen die hitte, asook skoon drinkwater is vanselfsprekend.
Hierdie voorstelle mag op baie plase eenvoudig nie meer prakties moontlik wees nie. Poog egter met oordeelkundige bestuur om oor die kort- en langer termyn die skade op beide die veld en diere te beperk.
Meeste finansiële hulpbronne is onder groot druk of reeds uitgeput. Probeer egter steeds om op ʼn realistiese wyse kontantvloei te bestuur of sinvolle finansiering te reël om noodsaaklike aktiwiteite strategies in stand te hou.
Vir meer navrae, kontak Prof HO de Waal by 083 645 8958 of deWaalHO@ufs.ac.za
Bron: Vrystaat Landbou | http://www.proagri.co.za/oorlewing-van-vee-tydens-die-droogte/ | 2016-12-21 07:27:38 |
Dom Boer se lag vir die dag: | Affirmative action in aksie
Dit het regtig gebeur:
My neef oor die selfoon aan Telkom nadat hy ure ten duurste moes aanhou met aaklige geraasmusiek in sy ore: “My Telkom-landlyn is buite werking. Hier was verlede nag ‘n erge storm. Die wind het ‘n hele paar bome omgewaai wat op die telefoondrade geval en dit op verskeie plekke morsaf gebreek het. Drie telefoonpale het ook afgebreek en lê plat op die grond…”
Telkominbelsentrumwese: “Are you sure the problem does not lie with your instrument?” | http://www.proagri.co.za/dom-boer-se-lag-vir-die-dag-250/ | 2016-12-07 11:19:22 |
Die ProAgri-lesersopname 2017 | Word deel van die erkende geloofwaardige opname onder kommersiële boere. Ons bied drie opsies:
1.Koop vrae in die opname
2. Skenk ‘n prys en geniet erkenning as borg
3. Hoofborg
Koop vrae in die ProAgri-lesersopname
Die meeste maatskappye besef dat hulle soveel as moontlik inligting oor hulle kliënte moet bekom vir behoorlike kliëntediens, maar vind die proses van dataversameling ’n duur en skrikwekkende vooruitsig.
ProAgri bied aan u die geleentheid om vrae in ons lesersopname te plaas. Die vraelys verskyn in die tydskrif en is ook elektronies beskikbaar. Die skakel na die elektroniese weergawe sal wyd versprei word deur ProAgri se kommunikasie op die sosiale media, ons elektroniese nuusbrief wat uitgaan na byna 5 000 lesers en deur ‘n QR-kode in die tydskrif. 40 000 eksemplare van die tydskrif word gedruk en na aktiewe, kommersiële boere in al 9 provinsies van Suid-Afrika versprei.
Kontak ons voor 15 Desember 2016 om ’n paar strategiese vrae in die Lesersopname te plaas. Ons professionele navor-singsontleder sal u vrae hersien en indien nodig voorstelle maak om te verseker dat u die korrekte insig daaruit verkry. U data sal vertroulik hanteer word en u intellektuele eiendom bly.
Wat sal u ontvang?
U sal ’n diepgaande PowerPoint verslag ontvang wat die resultate van u vrae, sowel as die resultate van die demografiese inligting wat deur ProAgri versamel is, uitlig.
Byvoorbeeld:
Watter nuwe ontwikkelinge is vir u as boer belangrik?
Demografiese veranderlikes sluit in:
Geslag
Ouderdom
Huistaal
Provinsie
Rol in landbou
Tipe boerdery
Omset van boerdery-bedrywighede
Internet-verbinding in gebruik
Taksering van boere se belang in nuwe ontwikkelinge
Verder sal u ook ’n Excel-lêer met die rou resultate, wat u sal toelaat om u eie resultate met enige van die demografiese veranderlikes te kruistabuleer, ontvang.
2. Skenk ‘n prys en geniet erkenning as borg
Prysborg 1 (onbeperk)
Skenk ‘n produk wat boere kan gebruik met ‘n waarde van tussen R1 000 en R5 000 en ontvang erkenning met ‘n produk- foto en maatskappy-embleem in die tydskrif by die Lesersopname.
Prysborg 2 (2 pakkette beskikbaar)
Skenk ‘n produk wat boere kan gebruik met ‘n waarde van tussen R5 000 en R15 000 en ontvang ‘n halfblad-advertensie in die tydskrif by die Lesersopname.
Prysborg 3 (1 pakket beskikbaar)
Skenk ‘n produk wat boere kan gebruik met ‘n waarde van meer as R15 000 en ontvang ‘n volbladadvertensie langs die Lesersopname.
3. Hoofborg
Neem Pakket 3 (R30 000) op om deel te neem aan die opname EN skenk ‘n prys met ‘n waarde van meer as R30 000.
U ontvang:
In die vraelys:
2 x geslote-einde Ja/Nee vrae Besit u tans ’n trekker?
5 x geslote-einde multi-opsie vrae Watter tipe trekker besit u (a) John Deere (b) Massey Ferguson (c) New Holland (d) Case, (e) Ander?
5 x oop-einde vrae Waarom verkies u hierdie handelsnaam in trekkers?
’n Volledige voorlegging van u resultate, asook ’n voorstelling van die resultate volgens verskillende demografiese
Waarde: R30 000
In die tydskrif:
Aanduiding as hoofborg van die Lesersopname op die voorblad van die November-uitgawe waarin die vraelys verskyn. (Waarde R7 000)
Maatskappy-embleem op die vraelys – in die tydkrif en elektronies – as hoofborg (Waarde: R10 000)
1 x volbladadvertensie by die lesersopname ( Waarde: R16 000)
1 x gratis artikel oor die oorhandiging van die prys aan die wenboer (Waarde: R19 000)
1 x gratis promosie-artikel oor u maatskappy of produkte binne ses maande na die opname. (Waarde: R19 000)
Aanduiding as hoofborg van die Lesersopname op proagri.co.za vir 10 000 indrukke sowel as op ProAgri se elektroniese nuusbrief. (Waarde: R5 000)
Vir meer inligting skakel gerus vir:
Engela Botha
ProAgri
Tel: 012-803-0667 of 073-663-1234
E-pos: engela@proagri.co.za
Sperdatum vir besprekings: 15 Desember 2016 | http://www.proagri.co.za/die-proagri-lesersopname-2017/ | 2016-12-02 10:51:46 |
BRAZseed brei uit in Suid-Afrika | BRAZseed, die bekende saadmaatskappy van Brasiliaanse afkoms, is ’n leier in weiding in Afrika. Met hulle oortuiging van weiding is wins, is hulle veral bekend in Suid-Afrika en hulle het verspreidingspunte regoor die land.
Die gras kan met ’n proteïeninhoud van 18% gebaal word en die planttyd is vanaf September tot einde Februarie, daarom is dit wys om nou reeds jou beplanning te doen en jou saad te bestel. 50 000 hektaar Brasiliaanse gras word reeds ten volle in Suid-Afrika bewei en in die huidige seisoen gaan nog 50 000 hektaar gevestig word, sodat daar teen die einde van Februarie 100 000 hektaar bewei gaan word.
“BRAZseed is die enigste maatskappy wat die bullet saad verkoop en is die alleenverspreiders in Suid-Afrika. Geen ander Brasiliaanse gras kan meeding met ons nie,” sê Gielie Nieuwoudt, besturende direkteur van BRAZseed. Die bullet-tegnologie is ’n verpillingsmetode wat verseker dat die saad eers begin ontkiem wanneer daar genoeg vog in die grond is en dan keer niks die BRAZseed nie.
BRAZseed bied ’n droëlandkultivar en ’n besproeiingskultivar aan. Volgens Gielie is die een so goed soos die ander en presteer die gras beter hoe meer jy bemes. Die saad is geskik vir byna alle grondtoestande in Afrika. “Dit kan gebruik word vir direkte beweiding, staande hooi, kuilvoer, baal en deklaag vir vogbewaring. Dit is geskik vir ’n verskeidenheid diere soos vleisbeeste, melkbeeste, skape, bokke, perde en wild. Die gras word ook gebruik vir grondrehabilitasie en integrasie tussen gewasse,” sê Gielie. BRAZseed het nie net in Suid-Afrika reeds naam gemaak nie, maar ook in Namibië en Zambië.
Vanjaar se NAMPO Oesdag was ’n reuse sukses vir BRAZseed. Gielie sê: “Ons is baie opgewonde daaroor. Die oudste aanplantings het hulle hergroei na die droogte bewys. Veral in die droë saaigebiede waar die reën te laat gekom het, het BRAZseed ’n groot verskil aan die boere se inkomste gemaak, want dit was te laat om kontantgewasse te plant en BRAZseed kan tot einde Februarie geplant word,” sê hy. Die boere wat na die goeie reën van 15 Januarie BRAZseed geplant het, het meer as R15 000 per hektaar wins gemaak uit droëlandaanplantings. Die spilpuntgemiddeld was tussen 40 en 60 ton per hektaar. “Ons wil vir boere groot hoop gee en die groei van die laaste ses jaar bewys ons kan,” sê Gielie.
Hierdie is geen wondergras nie, maar wanneer boere die voorskrifte volg, is dit suksesvol. Die grootste voordeel van hierdie gras is dat dit meerjarig is. “In Namibië by Grootfontein het boere onder spilpunt tot R3 000 per ton vir hulle gebaalde BRAZseed-gras gekry,” voeg hy by. Volgens Gielie maak die gras dit moontlik dat boere met klein plase met meer beeste kan boer en sodoende ’n groter inkomste kan verdien. Koos Steyn, ’n boer tussen Hartbeesfontein en Coligny, boer al vir die laaste 58 jaar en hy sê in die 58 jaar was daar nog nooit ’n gras wat soveel sukses soos BRAZseed onder besproeiing behaal het nie. Koos sê wat hom die meeste beïndruk is die vinnige hergroei na sny en baal, so hy kan rondte een sny en baal en rondte twee bewei.
Wat Koos in al die jare nog nie op sy plaas kon regkry nie, kry hy nou reg. Al BRAZseed se voorraad is verkoop, en die nuwe voorraad kom nou in. So skakel dringend vir Gielie as jy wil voorraad hê.
Skakel Gielie Niewoudt gerus met meer navrae oor hierdie saad by 084-8000-193 of stuur vir hom ’n e-pos na gielie@brazseed.co.za. | http://www.proagri.co.za/brazseed-brei-uit-suid-afrika/ | 2016-12-14 15:07:19 |
Vordering met reservistebedeling verwelkom | Agri SA verwelkom die aankondiging van die waarnemende Nasionale Kommissaris van Polisie dat al nege provinsies kan voortgaan met die werwing van reserviste vir die 2016/2017 finansiële jaar, volgens die polisie se operasionele behoeftes. “’n Goed funksionerende reservistestelsel sal bydrae tot die polisie se bevordering van die “back to basics program” en as magsaanvulling in landelike gebiede dien om verdere momentum te gee aan die inwerkingstelling van die Landelike Beveiligingstrategie,” sê Kobus Breytenbach, voorsitter van Agri SA se Landelike Beveiligingskomitee.
Reserviste sal hoofsaaklik ter ondersteuning van misdaadvoorkomingsoptredes op stasievlak en ter versterking van die polisie se vermoë gedurende hoë misdaadperiodes, aangewend word. ‘n Persoon wat as ‘n reservis oorweeg wil word, sal aan streng kriteria onderwerp word en sal uit die gemeenskap waar hy/sy woon, gewerf en aangewend word. Hulle sal in twee kategorieë gewerf word, naamlik; vir funksionele polisiëring en gespesialiseerde operasionele ondersteuning.
As ‘n funksionele reservis sal hy/sy onder andere algemene polisiëringfunksies verrig soos diens in die gemeenskapsentrum, klagtes ondersoek en by huis en haard-bedrywighede betrokke raak. ‘n Reservis, in ‘n gespesialiseerde beroep, soos ‘n vlieënier of maatskaplike werker sal in sy/haar professionele hoedanigheid aangewend word. Dit sal van die reservis verwag word om 16 ure per maand vrywillige diens te verrig en om die voorgeskrewe opleiding te ondergaan.
Die inwerkingstelling van die reservistestelsel is ‘n aangeleentheid wat Agri SA deurlopend met die polisie bespreek het, selfs tydens die organisasie se onlangse kongres. “‘n Beroep word op kwalifiserende lede van die boerderygemeenskap gedoen om die geleentheid aan te gryp en aansluiting as reservis te oorweeg en by die naaste polisiestasie daarvoor aansoek te doen”, sê Kobus.
Die reservistebedeling en sektorpolisiëring behoort deur die landbougemeenskap ondersteun te word in ‘n poging om polisiëring op plaaslike vlak uit te brei. Verdere ondersteuning kan geskied deur die vestiging van plaaswagte in ‘n waarnemings- en inligtingsinsamelingsrol. “Hierdie benaderings kan gesamentlik ‘n groot rol speel as magsaanvulling ter ondersteuning van meer doeltreffende polisiëring en die skep van ‘n veiliger landelike gebied,” sê Kobus ten slotte.
Uitgereik deur Agri SA | http://www.proagri.co.za/vordering-met-reservistebedeling-verwelkom/ | 2016-12-07 11:25:16 |
Weerpatrone se invloed op kultivarontwikeling en -keuse | In ons produkontwikkeling probeer Monsanto om oplossings te vind wat dit vir produsente makliker kan maak om uitdagings te bestuur. Monsanto se navorsing fokus op die verbetering van produktiwiteit van boere, ongeag die grootte van hulle onderneming en die manier waarop hulle verkies om voedsel te produseer. “Ons produkte word ontwikkel om ‘n bydrae te lewer tot die vermindering van die landbouvoetspoor in die omgewing, maar fokus ook op die beskerming van die bestaande hulpbronne in die omgewing deur die impak van omgewingstoestande te verminder,” sê Magda du Toit, Kommunikasiebestuurder van Monsanto in Suid-Afrika.
Wisselvallige weerspatrone speel ‘n groot rol in landbou, veral wanneer dit kom by die uitvoering van beplande aksies op ‘n plaas en daardie risiko sal altyd in die landbou wees, veral as daar op droëland geproduseer word waar produsente totaal van die reën afhanklik is.
Ongelukkig, neem dit ‘n paar jaar om ‘n nuwe baster te ontwikel aangesien daar heelwat prossese is wat deurloop moet word en baie aspekte is wat in ag geneem moet word. Selfs met die nuutste tegnologie, is dit onwaarskynlik dat ‘n splinternuwe baster op die mark kan kom binne die bestek van enkele jare. Die gemiddelde tydperk van die begin van die teelproses tot kommersielisering en registrasie kan enige iets van 5 tot 9 jaar neem. Teling het heelwat langtermyndoelwitte en telers kan nie die doelwitte so vinnig verander soos wat die weer verander of siektes kop uitsteek nie.
Binne Monsanto fokus ons egter op materiaal wat die beste aangepas is vir plaaslike omstandighede en wat stabiel sal presteer oor jare en onder verskillende weersomstandighede. Uit ervaring het die tegniese en navorsingspanne by Monsanto waargeneem dat ons mielies wat volwassenheid bereid teen 125-128 dae, die beste presteer oor jare.
Produsente kan die klimaat en weerrisiko’s bestuur deur ‘n pakket van kultivars met verskillende groeilengtes saam te stel en aan te plant binne een seisoen, of om ‘n baster op verskillende datums te plant.
Langtermyn data oor reënvalsyfers kan ook help om die beste plantvenster te bepaal. Deur op die regte tyd te plant, kan produsente ook risiko verminder en kan hulle probeer beplan dat mens reën ontvang wanneer die mielie dit die nodigste het.
Ander aksies wat geneem kan word om vog te bewaar en risiko’s te mitigeer, is om te beplan vir oorlêlande, deklae te los op onbewerke en ongeplante dele, onkruid tydig te beheer en deur verminde bewerkingspraktyke te volg. Behoorlike grondkartering en gereelde grou van grondprofielgate kan ook help om te bepaal waar die beste potensiaal beskikbaar is vir ‘n komende seisoen.
Bron: Monsanto | http://www.proagri.co.za/weerpatrone-se-invloed-op-kultivarontwikeling-en-keuse/ | 2016-12-19 10:33:15 |
Dit lyk nie goed nie! Voorspelling vir brandstofpryse sal jou nekhare laat rys | 2017 gaan ’n moeilike jaar vir motoriste wees!
Die Automobiel Assosiasie (AA) verwag ’n reeks brandstofprysstygings in die nuwe jaar.
Die AA het Donderdag gesê data – wat nog nie geoudit is nie – wat deur die Sentrale Energiefonds uitgereik is, het stewige prystygings vir alle soorte brandstof aangedui.
Petrol sal na verwagting met 51 sent per liter styg, diesel met sowat 40 sent en paraffien met 43 sent.
Maak maar seker jy gaan die nuwe jaar stapfiks in;-)
Bron: News24 | http://www.huisgenoot.com/nuus/plaaslik/dit-lyk-nie-goed-nie-voorspelling-vir-brandstofpryse-sal-jou-nekhare-laat-rys/ | |
Drie lekker wenke vir Kersoorskiet | As jou energie ná ’n dag van kook agter die Kerspotte getap is en daardie volgende dag nog potte vol oorskiet oor is, kan jy die familie nogtans bederf met ’n feesmaal.
Hier is raad van Huisgenoot en YOU se kosredakteur, Carmen Niehaus.
Varkboud
Sny die vleis in repies. Braai saam met ui en knoffel in bietjie olie tot die ui sag is. Voeg ’n lepel of twee basiliepesto by en roer deur pasta. Sprinkel parmesaankaas oor.
Kerspoeding
Krummel die poeding, voeg fyn appelkooskonfyt by en rol in bolletjies. Doop in gesmelte sjokolade en gekapte neute. Sit voor as truffels saam met koffie.
Koekstruif
Skep die koekstruif in ramekinbakkies of klein tertpannetjies en besprinkel met ’n bietjie sjerrie. Skep ’n bol roomys bo-op as jy wil. Maak ’n meringue deur drie eierwitte met sowat 125 ml (½ k) strooisuiker styf te klop en skep bo-op die tertjies. Rooster vinnig onder die roosterelement van die oond tot effe bruin buite-om.
Deur: Carmen Niehaus, kosredakteur Huisgenoot & YOU | http://www.huisgenoot.com/wenresepte/3-lekker-wenke-vir-kersoorskiet/ | 2013-12-20 00:00:00 |
Maak jul eie reënmeter | Vakansie-doending vir die dag: Bly julle in ‘n somerreënvalstreek? Gebruik dan die ekstra tyd wat jy saam met jou kinders het om ’n reënmeter te bou en hulle aan die wilde, onvoorspelbare wêreld van meteorologie bekend te stel . . .
Julle het nodig
2 L-plastiekkoeldrankbottel
klippe
water
maskeerband
liniaal
pen of donker potlood
Maak so
1 Sny die boonste derde van ’n 2 L-plastiekkoeldrankbottel af.
2 Pak ’n paar klippe onderin sodat die wind dit nie kan omblaas nie.
3 Giet water in tot net bo die klippe.
4 Teken ’n skaal in sentimeters op ’n stuk maskeerband met die hulp van ’n liniaal en plak dit op die kant van die bottel sodat julle net bo die bestaande waterlyn kan begin tel.
Plaas die reënmeter buite op ’n oop plek neer. Daar moet niks bo die reënmeter wees, soos bome, drade of die buiterand van ’n dak nie – dit kan water van die reënmeter weghou of te veel daarin laat val.
Lees die reënmeter elke dag dieselfde tyd, giet die reënwater uit en maak weer vol water tot waar die skaal begin.
Julle kan ook die hoeveelheid reën met die tydsduur van die reënbui probeer vergelyk. Was dit ’n kort en hewige bui of ’n lang en ligte een?
Ouer kinders kan die hele reënseisoen lank boekhou van die reën en ’n grafiek teken.
Illustrasie: Anton Vermeulen | http://www.huisgenoot.com/leefstyl/huis-dekor/maak-jul-eie-reenmeter/ | |
Vakansiepret: Bou ’n Kers-legkaart | Het jy al ’n interaktiewe legkaart gebou? As jy eers begin, wil jy nooit ophou nie!
Die legkaart hieronder bestaan uit 45 stukke en is ’n skildery van die geboorte van Christus deur die Vlaamse kunstenaar Hugo van der Goes, wat in die 15de eeu geleef het. Kyk hoe vinnig jy dit kan bou!
(Wenk: As jy vasbrand, kan jy op die spokie onderaan die legkaart klik.) | http://www.huisgenoot.com/gons-pret/vakansiepret-bou-n-kers-legkaart/ | |
Hoe om tyd (en energie) vir jou maat te vind in ’n huis met kinders | Die lewe is deesdae belaglik dol, veral as jy kinders grootmaak. En al word dit “vakansie” genoem, kan die feestyd die stresvolste tyd van die jaar wees.
Dis werk, partytjies, familieverpligtings en besoeke van vriende. Intussen probeer jy tyd maak vir gim toe gaan. ’n Mens het skaars genoeg tyd om toilet toe te glip, wat nog te sê by jou lewensmaat aanknoping vind.
Maak ’n plan as jy harmonie in die huis wil handhaaf. Die kenners sê om vir jou kinders ’n gelukkige huislewe te gee, begin by pa en ma se verhouding.
“Die verhouding tussen die ouers bepaal hoe standvastig en veilig die gesin se grondslag is,” sê Larissa Ernst, ’n kliniese sielkundige van Kaapstad. “As ouers gedurig stry of uit voeling met mekaar is, word die grondslag van die gesin wankelrig, wat op sy beurt die emosionele en fisieke veiligheid van die kinders beïnvloed.”
“Pare vergeet hulle het ’n intieme verbintenis nodig wat verder strek as ouers wees,” sê Kim Zamparini, ’n kliniese sielkundige van Johannesburg.
“Deel van ouerskap is om ’n rolmodel vir gesonde verhoudings te wees. Wanneer jou kinders sien julle gee vir mekaar om, dra hulle hierdie beeld in hul toekomstige verhoudings in.”
Hier is vyf eenvoudige maniere om gehaltetyd vir jou maat te maak:
Kom ons praat oor seks, liefie:
“Liggaamlike intimiteit is uiters belangrik in die uitvoer van hierdie ‘paartjie-wees’ en dra daartoe by om jou en jou maat gewaardeer te laat voel,” sê Kim.
Volgens dr. Geoff Hackett, ’n Britse kenner oor seksuele geneeskunde, is seks uiters belangrik vir ons algehele gesondheid.
“Orgasmes skep ’n opwelling van endorfiene in die brein en ’n paartjie is nooit nader aan mekaar as die oomblik net nadat hulle seks gehad het nie.”
Kom uit die huis:
Om die romanse te behou, is ’n seker manier om die vonk aan die gang te hou. “Afspraakaande en bedagsame dade of geskenke koester jou verhouding en sorg vir ’n gelukkiger huis,” sê Kim.
“Dit verbeter ook jou vermoë vir ouerskap.”
Sit dit af, sit dit af!:
Volgens die Amerikaanse ontledingsonderneming Flurry bestee die deursnee-volwassene vanjaar 117 persent meer tyd aan hul selfoon as in 2014.
“Oor die algemeen voel die meeste mense die uitwerking van tegnologie verdring die intimiteit uit hul verhouding. Daarom is dit belangrik om tyd te maak om “uit te prop”, beveel marriagetoday.com aan.
Volgens Kim is die opoffer van ’n TV-program of ’n FaceTime-gesprek ten gunste van romanse en intimiteit deurslaggewend vir die gesondheid van jou huwelik.
Vind gedeelde belangstelling:
Die paar wat ontspanningsaktiwiteite saam doen, bly (gelukkig) bymekaar. Ontdek die goed wat julle twee geniet en pak dit aan, sê familylife.com.
“Jy wil dalk gaan fietsry, saam stap aan die einde van ’n lang dag, tennis speel of leer baldans. Gedeelde ervarings verryk huwelike en verdiep vriendskap.”
Sluit die kinders in:
Larissa sê om openlik liefderyk voor die kinders te wees en probleme met jou maat te bespreek, sal nie net jul band versterk nie, maar ook vir jou kinders belangrike lesse leer. “ ’n Gesonde verhouding tussen ouers illustreer liefde en sorg vir kinders en leer hulle ons kwets of frustreer mekaar soms, maar ons kan dit deurpraat.”
Bronne: dailymail.co.uk, familylife.com, marriagetoday.com | http://www.huisgenoot.com/leefstyl/verhoudings-leefstyl/hoe-om-tyd-en-energie-vir-jou-maat-te-vind-in-n-huis-met-kinders/ | |
Die swaar en die lekker van ’n gemeenskap genaamd Karatara | Jy kan jou maklik verbeel dis ’n toneel uit Dalene Matthee se Kringe in die Bos. Droë takke kraak onder ons skoene en die twee broers se koppe draai soos hulle die boomtoppe bekyk.
“Dis ’n ysterhoutboom dié,” sê Ben Zeelie (75) en beduie met ’n hand grof van jare se werk met ’n byl en saag.
“Sy hout word vir enige meubels gebruik. Ook vir die dwarslêers waarmee treinspore gebou word.”
Hy en sy broer Ernst (84) kyk opgewonde rond, want sedert die Knysna-bos dekades gelede ’n reservaat geword het, kom hulle selde hier.
“Sjoe, maar hierdie boom het darem maar vir jou wortelgeskiet,” wys Ernst dan. Jy sien dadelik die boonste lid van sy linkerwysvinger is af. Bosbou-ongeluk, verduidelik hy.
Die Zeelie-broers is van die dorpie Karatara, aan die rand van die bos.
In ’n deel van Karatara wat as Welsynsdorp bekendstaan, het die staat in die 1930’s ’n hawe gestig vir arm Afrikaners.
Van hul afstammelinge woon nog daar. Maar iets krap aan die mense: in sommige privaat reisblogs word hulle beskryf as agterlik en ondertrou.
“Ons is dit beslis nie,” sê Ernst.
“Nes enige ander plek in Suid-Afrika is daar generasies terug onder neef en niggie getrou, maar deesdae gebeur dit nie meer nie. Jy het ook oerouers wat onder mekaar getrou het.”
Die broers is gebore op dié dorp sowat 40 kilometer van Knysna af. En ja, die inwoners is arm, maar hulle sal op geen ander plek wil bly nie. Hul pa was ook ’n bosbouwerker en het die seuns tydens skoolvakansies saamgevat bos toe.
“Daai jare moes hulle nog die hout met osse uitsleep,” vertel Ernst, wat ’n voorman was.
Maar sulke tonele is verby vir die Zeelie-broers en ander inwoners van Karatara. “Dis goed so; ons moet hierdie stukkie hemel bewaar,” sê Ben.
’n Mens voel sommer die vreedsaamheid van die bos aan hier by die dorp, genoem na die Karatararivier wat hier verbyvloei. Die rivier is getrou aan sy Koi-naam, wat “diep en donker” beteken.
Tydens die bloeitydperk van die onafhanklike houtkappers, vroeg in die 1880’s, het so 165 van hulle na raming met hul gesinne in 16 huise en 25 hutte aan die soom van die bos gebly.
Hulle het groot gesinne gehad en staatgemaak op groentetuine en melkkoeie om die spens aan te vul. Die depressiejare en die nasionalisering van woude het tot Karatara se ontstaan gelei.
Die privaat boswerkers kon nie meer die natuurlike Knysna-bos ontgin nie. Van hulle het uit die bos na die dorp gekom en vir die departement van bosbou begin werk.
Die Zeelie-broers was twee van 11 sibbes.
“Ons is baiekeer skool toe met patats om te eet,” sê Ben.
“Daar was swaar dae, maar ook lekker dae,” beaam Ernst.
“As bosbouwerker het jy min geld gekry, maar die pot het aan die kook gebly. Dit was vir my bevredigende werk en Karatara was nog altyd goed vir ons,” sê hy en vryf se hande.
Tiekie Kapp (62), ’n meubelmaker, vertel hy het 24 jaar gelede met sy vrou, Anna, en hul kinders Karatara toegetrek. Hy en Jackie (32), die oudste van sy vier kinders, ly aan dwergisme.
“Die grootste gif kom in die kleinste botteltjies,” spot hy haar goedig. Jackie glimlag en wys ons haar ringnekpapegaaie in ’n hok in die voortuin.
“Hier is nie baie om te doen op die dorp nie; almal het maar hul eie stokperdjies. Ek probeer werk kry op Sedgefield (die naaste groot dorp), maar mense is huiwerig om my aan te stel omdat ek so kort is,” sê Jackie.
Hul kombuis is so ingerig dat sy en haar ma, wat nie aan dwergisme ly nie, alles ewe gemaklik kan gebruik.
“Dis baie lekker om hier te woon, maar hier is ook baie mense wat sukkel. Ons is geduldig; die windpomp gaan soek nie sy wind nie, die wind kom na hom toe,” sê Anna.
Soos baie ander gesinne leef hulle hoofsaaklik van Tiekie se pensioen, maar Anna maak ekstra geld deur gipsbeelde van byvoorbeeld skoenlappers of engele te maak en te verkoop.
’n Paar huise verder het Sanet Kapp (42) haar familie se “geheime” wortelkoekresep ingespan om ietsie te verdien. Haar voorkamer is vol geelhoutmeubels, wat die vertrek rokerig laat ruik.
“Ek woon al my hele lewe hier op Karatara,” sê sy met trots terwyl sy die lepel vol klam koek na haar rooi lippe bring.
“My pa het van Gouna hierna toe getrek. Hy was ook ’n bosbouer.”
Haar man, Petrus, werk by die polisiëringsforum op die dorp. Sy was vir 21 jaar ’n versorger by ’n ouetehuis op Knysna.
“Ek is mal daaroor om mense te help. Ek het myself so ’n bietjie geleer van verpleegster wees. Oumense is my passie.”
Haar seun, Cornel (15), is op Knysna op skool.
“Ek wil eendag ’n sielkundige word of iets met biologie doen,” vertel hy, en trek los met hoe Joost van der Westhuizen se motorneuronsiekte hom fassineer.
By die Laerskool Karatara gee Heloise du Plessis klas vir gr. 5, 6 en 7 en sy is departementshoof van die skool.
“Baie van hierdie kinders soek net aandag en liefde,” verduidelik sy.
“Van die ouers stel glad nie belang in die kinders se lewe nie en dan moet jy as ouer, dokter, vriend en onderwyser optree.”
Sommige kinders kry hul enigste maaltyd per dag by die skool danksy ’n voedingskema.
“Ek kry hulle vreeslik jammer. My eerste twee jaar van skoolgee hier het ek om gehuil,” vertel sy.
“Ons probeer die kinders aan soveel dinge moontlik blootstel en hulle regkry vir ’n hoërskool.” Haar grootste wens is vir ’n skoolbussie om die kinders by sportwedstryde en klasuitstappies te kry.
Ja, die gemeenskap trek swaar, maar hulle gee om vir mekaar, sê ds. Marius Coetzee.
“As iemand se hemp geskeur is, gee iemand anders vir hom klere.”
Hy vertel van die Nortjés, ’n gesin van vyf bejaarde broers en susters wat verstandelik gestremd is. Hulle weier om na ’n ouetehuis te gaan.
“Wat moet ’n mens doen? Jy kan hulle nie aan hul hare gryp en daar uittrek nie. Ek en die maatskaplike werkers besoek hulle gereeld en help waar ons kan. Ek behartig hul rekeninge om seker te maak hul welsyntoelae dek hul behoeftes,” vertel hy.
Hannes Botha (52) is ’n vername man, want hy besit die winkel en bestuur die poskantoor. Teen een muur is ’n gipsgietsel van ’n yslike kabeljou.
“Hy het so 70 kg geweeg,” beduie hy. “Ek en my seun, klein Hannes, is mal oor hengel. Hy het Springbokkleure.”
Deesdae vang hulle nie meer so baie vis nie.
“My seun help my by die winkel. Hengel is ’n duur storie, en ek het gesê hy moet maar kies: Dis óf sy toekoms óf hengel.”
Maar daar is hoop vir die dorp, hoor jy. Die Knysna-munisipaliteit het die bestuur oorgeneem en beplan projekte waarmee hulle nuwe lewe in Karatara wil blaas sodat die dorpie aan die soom van die magiese Knysnabos ’n vreedsame hawe sal bly waar ’n ieder en ’n elk in harmonie kan woon. | http://www.huisgenoot.com/nuus/plaaslik/die-swaar-en-die-lekker-van-n-gemeenskap-genaamd-karatara/ | |
Bekende ma sterf ’n dag ná haar dogter se dood skokgolwe die wêreld in stuur | Fliekveteraan Debbie Reynolds het ’n dag ná haar dogter, die aktrise Carrie Fisher, se dood gesterf.
Die 84-jarige Singin’ in the Rain-ster is Woensdag 28 Desember gehospitaliseer nadat sy by haar seun Todd Fisher se huis ’n beroerte gehad het. Sy het glo reëlings vir haar dogter se begrafnis getref toe sy siek geword het.
Lees ook: 2016 amptelik die dodelikste jaar nóg vir bekendes – maar waarom?
Hollywood het vinnig gereageer op die nuus dat sy so gou ná haar dogter se dood in die hospitaal opgeneem is.
William Shatner en Mia Farrow was van die eerstes wat Debbie sterkte toegewens het. William het getwiet: “Ek het gehoor van Debbie Reynolds. Kom ons bid dit is niks ernstig nie,” en Mia het bygevoeg: “Geen woorde nie liewe Debbie – net liefde – al die liefde.”
I heard about Debbie Reynolds. Let's pray that it's nothing serious. — William Shatner (@WilliamShatner) December 28, 2016
Debbie is na ’n nabye hospitaal se ongevalle eenheid geneem, waar haar toestand volgens TMZ as “matig tot ernstig” beskryf is.
Die fliekreus se publisiteitsbeampte het nie gereageer op versoeke vir kommentaar nie, maar die aktrise Joely Fisher, die dogter van die 84-jarige se vorige man Eddie Fisher, het saam met ’n foto van haar en Debbie getwiet: “God speed mama.”
God speed mama pic.twitter.com/XsO5zqN8w6 — Joely Fisher (@MsJoelyFisher) December 28, 2016
Debbie is in 1959 van Eddie geskei nadat hy ’n buite-egtelike verhouding met Elizabeth Taylor aangeknoop het en is daarna onderskeidelik met Harry Karl en Richard Hamlett getroud.
PHOTOS – In Memoriam: RIP #DebbieReynolds another we lost in 2016. See the rest notables that we lost. @GettyImages https://t.co/LhrwKUDBik pic.twitter.com/76GIeKpRBi — Yahoo News Photos (@yahoophoto) December 29, 2016
Benewens Debbie se Singin’ in the Rain-vertoning saam met die legendariese akteur Gene Kelly het sy ook in Tammy & the Bachelor, How The West Was Won en The Bodyguard gespeel. Sy het ook haar eie televisiereeks, The Debbie Reynolds Show, gehad wat van 1969 tot 1970 op die kassie was.
Mary Frances Reynolds is gebore in El Paso, Texas, en het die vermaaklikheidsbedryf betree in die jeugdige ouderdom van 16 toe sy ’n skoonheidskompetisie gewen het en haar by MGM aangesluit het. Haar loopbaan het daarna vlerke gekry en sy het in die 1950’s ’n reeks sleutelrolle in musiekblyspelrolprente vertolk.
Debbie se loopbaan het in 1964 ’n welverdiende pluimpie gekry toe sy vir haar vertoning in The Unsinkable Molly Brown ’n Oscar-nominasie gekry het.
Debbie was ook veral bekend vir die Hollywood memorabilia wat sy versamel het en in haar talle museums en ander stoorplekke geberg is. In meer onlangse jare het sy van hierdie items opgeveil wat onder meer die skoene wat Judy Garland as Dorothy in The Wizard of Oz gedra het.
So reageer die wêreld op die hartseer nuus
There are so many things Carrie would have to say about this. But I am sure they are holding each other right now. Sail on silver girls. 💔 pic.twitter.com/YlrN6prvM8 — Selma Blair (@SelmaBlair) December 29, 2016
I'm so saddened by the news of #DebbieReynolds death, such a great Actor, and soul. 💔 pic.twitter.com/s282vbCkpk — Blake Coronado (@blakecoronado) December 29, 2016
I think this photo of #DebbieReynolds sums it up for us all. pic.twitter.com/t0iPNgSnmD — Carrie Fisher's Dog (@Gary_TheDog) December 29, 2016
– Cover Media | http://www.huisgenoot.com/bekendes/bekende-ma-sterf-n-dag-na-haar-dogter-se-dood-skokgolwe-die-wereld-in-stuur/ | |
Vermy só sonbrand dié Desembermaand | As Desembervakansies vir jou sinoniem is met luilekker dae op die strand of langs die swembad, maak seker jou vel word goed teen die son se strale beskerm.
Die son rig meer skade aan as wat jy vermoed en is nie die paar weke van ’n sonbruin vel werd nie.
Dr. Marianne Duvenage, dermatoloog van Pretoria, sê die beste sonskerm is om uit die son te bly. “Ook om beskermende klere te dra, soos ’n behoorlike hoed met ’n breë rand en nie ’n verskoninkie van ’n pet nie.”
Sy sê daar bestaan nie eintlik ’n beste sonskermroom nie, maar verskeie goeie handelsname is te kry. “Die meeste maatskappye maak produkte om elke gier te akkommodeer, soos ’n jel vir mans of mense met olierige velle wat nie hou van ’n vetterige of blink voorkoms nie.
“ ’n Lugjel is maklik om aan te wend vir kinders en deesdae kry ’n mens ook produkte met ’n ligte tint om merkies weg te steek.”
Diana van Sittert, nasionale opvoedingsbestuurder van Dermalogica, sê sonverbruining is sleg vir jou, ongeag hoe jy daarna kyk.
“Die beste sonskerm hang af van elke mens se velsoort, toestand en omgewing waaraan jy blootgestel word.”
Marianne sê dit is veral belangrik om die hoogste faktor, SPF 50, aan jou gesig te wend. “Wanneer jy die dag oud is en jy sien die tekens van ’n verouderde vel met plooie, vlekke, aartjies en velkankers, kan jy weet dat 80 persent van wat jy sien weens die son se skade is. Dus is ’n sonskerm die beste teenverouderingsbehandeling wat jy vir jou vel kan gebruik.”
Sy sê ongelukkig betaal ons daarvoor met die verlies aan vitamien D-vorming, wat sleg is vir algehele gesondheid.
Baie mense bestee net ’n sekere tyd in die son sodat hulle met ’n bruingebrande vel kan spog. Maar, waarsku Diana, dit is belangrik om te verstaan wat sonbrand is.
“Sonverbruining is wanneer die vel reageer deur ’n pigment of melanien te vorm om die vel teen die dood van selle deur die son te beskerm. “Om te sonbrand is nie goed nie. Gebruik liewer ’n selfverbruiningsproduk vir kleur as om ’n sonbruin vel deur die son te kry,” maan Diana.
Sy raai mense aan om tussen tienuur soggens en tweeuur smiddae uit die son te bly. “Om in die skaduwee te sit, beteken nie jy sal nie brand nie, want skaduwee word steeds deur UV-lig binnegedring.”
Marianne beaam dit. “Jy kan in die skaduwee sit, maar as jy die son tussen die blare kan sien, sien hy jou.”
Sy sê jare lank al word mense aangeraai om op die warmste tye van die dag uit die son te bly, maar dit skep ook ’n dilemma. “Die UVB-strale wat op ons velle moet skyn sodat ons vitamien D van cholesterol kan maak, kom net tot op die grond as die son meer as 45 grade bokant die horison is. Dus is dit juis die tyd wanneer ons almal die son vermy. As jy net vroegoggend en laatmiddag in die son kom, vervaardig jou vel nie vitamien D nie.”
Sy sê die meeste mense verkies dus om aanvullers van vitamien D te neem.
Diana sê wanneer jy wel rooi gebrand het in die son, is hidrasie die beste wenk om dit te behandel. “Gebruik ’n nasonproduk wat die selle in die vel in ’n mate hidreer en afskilfering en langdurige skade voorkom.”
Marianne stel ’n lou stort voor, “om die brand uit te trek” en om anti-inflammatoriese pille soos Brufen te neem. En natuurlik om die son te vermy tot jy heeltemal genees is. “Dit is sleg om bo-oor ’n verbrande vel te brand.”
Die wenke van Diana sal jou sonveilig hou: | http://www.huisgenoot.com/leefstyl/gesondheid-leefstyl/vermy-so-sonbrand-die-desembermaand/ | |
Nege watertandresepte vir jou nuwejaarsvieringe | Deegvlegsel Dit is net die ding vir wanneer jy vir ’n vinnige lekkerny lus is.
GENOEG VIR 6 MENSE
Bereiding: 5 min.
Gaarmaak: 20 min.
400 g skilferkorsdeeg, gekoop
1 eier, geklits
150 g cheddarkaas, gerasper
250 g repiesspek
80 ml (⅓ k) bruinsuiker
sout en vars gemaalde peper
1. Voorverhit die oond tot 180 ˚C. Voer ’n bakplaat met bakpapier uit.
2. Maak ’n vel skilferkorsdeeg op ’n snyplank oop. Verf die oppervlak liggies met van die geklitste eier.
3. Bestrooi die oppervlak met kaas sodat die hele oppervlak egalig met kaas bedek is. Druk die kaas liggies in die skilferkorsdeeg in.
4. Sny die deeg in lang repe. Plaas ’n stuk spekvleis op elke strook, vou dit middeldeur en knyp die punte saam. Draai elke reep versigtig verskeie kere.
5. Pak dit op die bereide bakplaat. Herhaal met die oorblywende skilferkorsdeeg en spekvleis tot alles gebruik is.
6. Bestrooi die vlegsel oraloor met die bruinsuiker, sout en vars gemaalde peper. Bak 20 min.
Deur Hope Malau
Foto’s: Megan Miller
Brandrissie-happies Die volmaakte kitshappie om saam met vriende en familie te geniet.
Lewer 20
Bereiding: 10 min.
Gaarmaak: 15 min.
250 ml (1 k) bruismeel
250 ml (1 k) keker-ertjiemeel
10 ml (2 t) bakpoeier
10 ml (2 t) borrie
10 ml (2 t) kerriemasala
1 ui, fyn gekap
1 murgpampoentjie, gerasper
1 eier
sout en vars gemaalde swartpeper
250 ml (1 k) water
olie vir diepbraai
Gooi die meel, keker-ertjiemeel, bakpoeier, speserye, ui en murgpampoentjie in ’n groot bak.
Voeg die eier by en geur na smaak. Giet die water in en roer tot goed gemeng.
Verhit olie in ’n pot en laat val versigtig lepels vol van die beslagmengsel daarin. Braai 3 min. of tot deurgaar.
Dis tyd vir samoesas Wanneer jy samoesas maak, moenie ’n waterige vulsel gebruik wat die deeg sal pap maak nie.
samoesadeeg-velle
dik vulsel van jou keuse, soos maalvleis
botter, gesmelt
Rol die deeg oop en bedek met ’n klam teedoek. Trek een stuk af en hou die res bedek.
Lê die deegvel plat op ’n skoon oppervlak neer. Verf water om die rand.
Skep ’n teelepel vulselmengsel op die een punt van die strook en laat ’n rand van 1 cm.
Vat ’n regterhoek en vou dit skuins na links om die vulsel toe te maak en ’n driekhoek te vorm.
Vou weer al langs die boonste vou van die driehoek. Hou aan vou tot aan die einde van die strook. Verf weer die punt met water en maak die samoesa toe. Doen dieselfde met die res van die vulsel.
Verf die samoesa met die botter en oondbak 15 min. teen 180 ˚C. Of diepbraai in ’n pot vol olie tot goudkleurig.
Deur Hope Malau
Foto’s: Jacques Stander
Vakansie-gunsteling: Dukkah-hoenderrepe met uie-jogurt-doopsous Hou jy vanaand ’n partytjie? Hierdie tradisionele Egiptiese peuselhappie sal jou komplimente besorg. Verdubbel die resep as jy meer nodig het.
Genoeg vir 4
Bereiding: 15 min.
Gaarmaak: 10 min.
DUKKAH
100 g macadamia-neute, gerooster en gekap
15 ml (1 e) koljandersaad, gerooster
15 ml (1 e) komynsaad, gerooster
10 ml (2 t) brandrissievlokkies
15 ml (1 e) paprika
HOENDER
6 hoenderborsies, in skywe gesny
1 eier
750 ml (3 k) gewone jogurt
160 ml (⅔ k) olie
’n hand vol vars grasuie, gekap
4 sprietuie, gekap
’n hand vol vars pietersielie, gekap
sap van 1 suurlemoen
sout en peper
Dukkah Meng al die bestanddele in ’n bak en sit eenkant.
Hoender Plaas die hoenderrepe, eier en 500 ml (2 k) jogurt in ’n bak. Roer tot gemeng, bedek en laat 30 min. marineer.
Verhit die olie in ’n groot kastrol en bestuif die repe in die dukkah. Laat sak in in die warm olie en braai tot deurgaar en goudkleurig. Haal uit die olie en dreineer op papierhanddoek.
Gooi die orige jogurt, grasuie, sprietuie, pietersielie en suurlemoensap in ’n bak en roer met ’n vurk tot deeglik gemeng. Geur na smaak.
Sit die bros hoender warm of koud voor met die uie-jogurt-doopsous.
Deur Hope Malau
Foto: Misha Jordaan
Groenteskyfies met ui-en-kaasdoopsous Druk die groente droog voor jy dit geur en bak. Dis heerlik om te geniet terwyl jy jou gunstelingrolprent kyk.
Genoeg vir 6 mense
Bereiding: 15 min.
Gaarmaak: 20 min.
30 ml (2 e) olie
2,5 ml (½ t) rooipeper
sout en peper
2 bete, in skywe gesny
1 middelslag-patat, in skywe gesny
DOOPSOUS
1 ui, gekap
250 g roomkaas
300 g mozzarellakaas, gerasper
125 ml (½ k) mayonnaise
’n hand vol pietersielie, gekap
sout en peper
Voorverhit die oond tot 200 ˚C.
Meng die olie, rooipeper en sout en peper in ’n klein bakkie. Vryf die groente daarmee in.
Pak die groente op ’n draadrak oor ’n bakplaat en bak 10 min.
Doopsous Meng die ui, roomkaas, mozzarella en mayonnaise in ’n voedselverwerker. Verwerk tot glad. Vou die pietersielie in en geur met die sout en peper.
Gooi die mengsel in ’n klein bakskottel en bak 15 min. of tot goudkleurig.
Verkoel en sit saam met die groenteskyfies voor.
Deur Hope Malau
Foto: Misha Jordaan
Chorizo poffertjies LEWER SOWAT 20 POFFERTJIES
Bereiding: 20 min.
Gaarmaaktyd: 15-20 min.
200 g chorizo, fyn gekap
½groen soetrissie, in klein blokkies gesny
60 ml (¼ k) fyn gekapte stingeluie
3 knoffelhuisies, fyn gedruk
60 ml (¼ k) olie
250 ml (1 k)
bruismeel
80 ml (¹⁄₃ k)
mieliemeel
3 ekstragroot eiers, geskei
180 ml (¾ k) bier
250 ml (1 k) gekapte pietersielie
125 ml (½ k) gerasperde sterk cheddarkaas
olie vir diepvetbraai
Braai die wors, soetrissie, stingeluie en knoffel in die verhitte olie tot sag.
Meng die bruismeel en mieliemeel.
Klits die eiergele en bier saam en voeg by die meelmengsel. Meng tot glad en laat 30 minute staan.
Meng die worsmengsel, pietersielie en kaas by die meelmengsel in.
Klits die eierwitte styf en vou by die mengsel in.
Verhit genoeg olie vir diepvetbraai en skep ’n paar lepels van die beslag lepel vir lepel in die warm olie. Braai tot bruin en gaar binne. Herhaal met die res van die mengsel.
Skep uit met ’n gaatjieslepel en dreineer op kombuispapier. Sit warm voor.
Rooi soetrissie hummus Hierdie hummus het ’n geroosterde geur van die soetrissies en is heerlik om aan tafel te deel.
Genoeg vir 4-6
Bereiding: 5 min.
Gaarmaak: 20 min.
4 rooi soetrissies
10 ml (2 t) olie
400 g kekerertjies, afgespoel
30 ml (2 e) suurlemoensap
6 knoffelhuisies, fyngedruk
45 ml (3 e) olyfolie
sout en peper
pittabrood vir voorsit
Voorverhit die oond tot 180 °C.
Pak die soetrissies op ’n bakplaat, besprinkel met olie en vryf oraloor. Rooster 20 min. of tot die skil borrelrig is.
Sit die warm soetrissies in ’n bak, bedek met kleefplastiek en laat staan 15 min. of tot die skil maklik aftrek.
Verwerk die keker-ertjies, suurlemoensap, knoffel en soetrissies in ’n voedselverwerker tot ’n sagte puree. Giet die olie in ’n dun straal by die keker-ertjies in tot alles goed in die mengsel ingemeng is. Geur met sout en peper. Sit voor met pitabrode.
Deur Hope Malau
Foto: Jacques Stander
Worswieletjies LEWER 24 WIELETJIES
Bereiding: 15 min.
Rustyd: 20 min.
Baktyd: 20 min.
KORS
400 g skilferkorsdeeg, ontdooi
VULSEL
30 ml (2 e) tamatiepasta
125 ml (½ k) blatjang
1 stingelui, fyn gekap
2 pynappelringe, fyn gekap
3 Russiese worsies of chorizo’s, fyn gekap
125 ml (½ k) cheddarkaas, gerasper
30 ml (2 e) gekapte pietersielie
1 eier
Voorverhit die oond tot 190 °C. Spuit ’n paar bakplate.
Kors Rol die deeg effens dunner uit.
Vulsel Meng die tamatiepasta en blatjang en smeer oor die deeg.
Meng die res van die bestanddele behalwe die eier en sprinkel eweredig oor die deeg.
Rol die deeg op en plaas op die bakplaat. Laat 20 minute in die yskas rus.
Sny in wiele van 5mmdik en pak in ’n enkellaag op die bakplate.
Bak sowat 15 minute of tot die deeg gaar en bruin is. Laat afkoel. Sit voor as ’n happie. | http://www.huisgenoot.com/wenresepte/nege-watertandresepte-vir-jou-nuwejaarsvieringe/ | |
Hoe gemaak met ’n vakansieromanse? | Ná ’n byna eindelose jaar breek die langverwagte Desembervakansie aan. Jy geniet jou dae op ’n plek weg van die huis af, waar jy kan ontspan en luilekker dae en soel someraande geniet.
Boonop is daar ’n bonus – ’n oulike enkelloper met dieselfde vakansiebestemming as jy.
Wat is dan nou lekkerder as ’n vakansieromanse, swymel jy. Maar voor jy begin lugkastele bou, is dit goed om meer te weet oor vakansieromanses – die hantering daarvan, voor- en nadele en ander nuttige wenke oor hoe om dié situasie te benader.
Dr. Elizma van der Smit, kliniese sielkundige van Klerksdorp, sê dit is belangrik om na jou verwagtings te kyk.
“’n Vakansieromanse hou korter as jou sonbrand. Geniet net die oomblik sonder om enige planne te maak.”
Haar ander wenke om ’n vakansieromanse te hanteer, sluit in:
Moenie toelaat dat die soeke na ’n vakansieromanse jou hoofdoelwit vir die vakansie word nie. Die doel van ’n vakansie is dikwels om te rus of om tyd saam met jou vriende of familie deur te bring.
Wees duidelik met jou bedoelings. Maak dit duidelik aan die ander persoon dat jy glad nie enige langtermyn-idees het nie.
Hou die gesprekke lig en moenie emosioneel betrokke raak nie.
Selfs al was jy hoe duidelik, weet dat jy of die ander persoon steeds gevoelens kan ontwikkel.
Hou jou persoonlike details privaat.
Moenie maats maak op Facebook nie.
Moenie liefde met wellus verwar nie.
Moenie jou vriende eenkant toe skuif vir ’n vakansieromanse en dink hulle sal “verstaan” nie. Hul sal nie en het net soveel uitgesien na die vakansie soos jy.
Hou jouself veilig deur mekaar nie op afgeleë plekke te ontmoet nie.
Maak seker jy is altyd binne loopafstand van jou vakansieblyplek en moenie in hul kar of op hul motorfiets klim nie.
Probeer om sake nie slaapkamer toe te vat nie, maar indien wel, beoefen veilige seks.
Bly weg van mense wat in verhoudings is of reeds drie vakansieromanses gehad het voor jy daar aangekom het.
Moenie ’n kitsbank wees nie; met ander woorde: Elkeen betaal vir hulself.
Bly weg van drank en dwelms en moenie enige risiko’s neem nie.
Alle goeie dinge kom tot ’n end – ook jou vakansie en vakansieromanse. En hoewel daar slegte aspekte is, is daar ook goeie punte.
“Herinner jouself dat jou vakansieliefde ’n lewe tuis het waarvan jy niks weet nie. Dit was onrealistiese omstandighede wat nooit bedoel was om langer as die vakansie aan te hou nie,” sê Elizma.
Moenie aanvaar die persoon wil ná die vakansie met jou in aanraking bly nie.
Nog wenke vir ná die vakansie is:
Moenie bel, e-pos of ander boodskappe stuur nie.
Weet jy gaan waarskynlik hartseer gevoelens ervaar en beplan daarvoor.
Beplan aktiwiteite saam met goeie vriende.
Hou jou besig.
’n Vakansieromanse is lekker, maar dit is ook nie net maanskyn en rose nie.
Voordele sluit in:
Dit is maklik, sonder komplikasies en verantwoordelikhede van ’n ernstige verhouding.
Dit laat jou beter voel oor jouself, veral as jy ’n moeilike tyd deurgemaak het.
Jy kan iets nuuts probeer – spits byvoorbeeld jou aandag toe op iemand heeltemal anders en probeer nuwe rolle, soos om meer avontuurlik te wees.
Jy hoef nie bekommerd te wees oor jou vakansie-ou of –meisie se bedoelings, familiegeskiedenis en vroegste kleintyd-herinnerings nie. Dis ’n romanse; nie ’n potensiële lewensmaat nie.
Jy kan mooi herinnerings skep.
Elizma sê as jy iemand is wat daarvan hou om iemand regtig eers te leer ken en ’n band met hul te vorm, is ’n vakansieromanse nie vir jou nie. Jy gaan waarskynlik nie betekenisvolle oomblikke en lang, diep gesprekke deel nie.
Ander slegte aspekte is:
Gevoelens kan ontwikkel, wat aanleiding kan gee tot ’n gebroke hart wanneer die romanse beëindig word.
Wanneer jy nie regtig emosioneel betrokke is in die romanse nie, kan dit vining uitbrand en kan jy erg verveeld raak daarmee.
Jy kan agterna gebruik en/of skuldig voel, ten spyte van jou beste bedoelings.
Aangesien die persoon ’n vreemdeling is, kan jy onaangename verrassings kry, soos onder andere geestesteurings of koddige gewoontes.
Jy kan ’n slagoffer van geweld of diefstal word.
Jy kan kosbare vriendskappe of jou verhoudings verloor.
Elizma sê ’n mens moet in gedagte hou dat jou oordeel waarskynlik aangetas word wanneer jy met vakansie is. Jy val dalk vir iemand wat in enige normale omstandighede nie eers jou aandag sou getrek het nie.
Nog iets wat Elizma benadruk, is dat mense met vakansie tyd het en heerlike, opwindende dinge doen. “Dit is heeltemal anders as om iemand te leer ken ná ’n lang werkdag en met rekeninge wat betaal moet word.
Elizma sê navorsing toon nege uit 10 vakansieromanse misluk en duur meestal net drie dae tot ’n week.
“’n Vakansieromanse is net ’n tydelike pleister; alles wat jou bedreig en hartseer maak, is steeds daar.”
Sy sê ten spyte van jou bedoelinge verwag 60 persent van vroue tog dat die verhouding langer as die vakansie sal aanhou. By mans is dit ’n skamele 11 persent.
As jy wel die romanse verder wil voer ná die vakansie, moet jy dit stadig laat ontvou en dieper kommunikeer. “Leer iets nuuts saam en vind uit oor mekaar se lewe buite die vakansie.” | http://www.huisgenoot.com/leefstyl/verhoudings-leefstyl/hoe-gemaak-met-n-vakansieromanse/ | |
Huisgenoot Mobi | Die voormalige 7de Laan-aktrise Diaan Lawrenson en haar man, die akteur Jody Abrahams, kan nie wag om hul eerste Kersfees in die mooie Kaap te vier nie.
Die egpaar, wat vroeër vanjaar van Johannesburg na die Moederstad verhuis het, gaan Kersfees tuis in die Kaap deurbring saam met hul skattige sesjarige dogter, Olivia, en hul driejarige seun, Thomas. “Ons het reeds ’n vakansieprogram uitgewerk,” vertel Diaan. “Dit gaan lekker wees.”
En wat beplan hulle vir Kersfees en Nuwejaar? “Familie, vriende, kuier en stilte. Ek en Jody het vanjaar baie min gerus en gaan die meeste voordeel uit die feestyd probeer trek,” vertel Diaan.
Onder die werkprojekte wat hulle besig gehou het, was hul vriendin Hildegardt Whites (Bonita van 7de Laan) se nuwe televisieprogram, Hilde Se Hartsklanke, op VIA. Diaan het agter die skerms as vervaardiger gewerk en Jody het die regie behartig.
Lees ook: Diaan en Jody gesels oor die ‘antwoord op alles’
“As kind was Kersfees altyd ’n baie spesiale tyd,” vertel Diaan. Die tradisies van die Kersboom en geskenke sit hulle nou met hul kleingoed voort. “Die kos speel ’n groot rol, maar dit gaan oor familie en saamwees. Ons huis is altyd oop vir vriende en familie.”
Wat die Kerstafel betref, is haar man se kos bobaas. “Jody se gerookte ham is altyd boaan my lys. Dit is heerlik,” vertel Diaan.
Vanjaar was ’n groot jaar vir dié bekroonde aktrise, wat 7de Laan ’n paar maande gelede verlaat het. “Daar was baie hoogtepunte: Hilde Se Hartsklanke is beslis een, om die hoofrol in Table Manners te vertolk . . . Maar dis die persoonlike hoogtepunte wat saak maak: Olivia het uitsonderlik goed op skool gevaar en Thomas floreer in die Kaap. Dit gaan goed met die gesin.”
En haar Nuwejaarsvoornemens vir 2017? “Dis om sagter met myself te werk,” vertel Diaan.
Wat werk betref, het sy en Jody groot drome vir aanstaande jaar, maar dit bly eers ’n dig bewaarde geheim. Hou dié ruimte dop! | http://www.huisgenoot.com/bekendes/familie-vriende-kuier-en-stilte-vir-diaan-lawrenson-en-haar-man-die-feestyd/ | |
Huisgenoot Mobi | Ná die popster George Michael se skielike dood op Kersdag het talle weer begin verwys na die sogenaamde ‘Vloek van 2016’. En nie sonder rede nie – volgens die webtuiste inquisitr.com is dit die dodelikste jaar op rekord vir bekendes.
Die jaar het al nagenoeg 40 sterre geëis. En daar is nog vyf dae oor voor die nuwe jaar.
Behalwe vir George Michael is nog drie ander groot geeste van die musiekwêreld vanjaar dood. Eers het die wêreld op 10 Januarie afskeid geneem van die kleurvolle David Bowie, hy was 69.
Dié kunstenaar was bekend vir sy musiek wat grootliks ’n mengsel was van rock en jazz, asook vir sy unieke styl en ongewone uitrustings. Sy laaste album, Black Star, is twee dae voor sy dood uitgereik. Bowie is dood na ’n kankerstryd van byna twee jaar.
Dan is daar die superster Prince wat oorlede is op 21 April in die ouderdom van 57. Hy is glo dood weens ’n oordosis pynstillers.
Die New York Times beskryf hom as ’n man wat genres uitgedaag het. Hy was ’n musikant wat verskeie instrumente kon speel sowel as die wenner van sewe Grammys. President Obama het hom as volg beskryf: “Min mense nog het so groot invloed gehad op die trajek van populêre musiek en soveel mense aangeraak met hul talent (as Prince).”
Op 8 November het Leonard Cohen gesterf. Dié Kanadese digter en liedjieskrywer was 82 en is in sy slaap dood.
Van sy bekendste aanhalings is:
“There is a crack in everything, that’s how the light gets in.”
“Children show scars like medals. Lovers use them as secrets to reveal. A scar is what happens when the word is made flesh.”
“Poetry is just the evidence of life. If your life is burning well, poetry is just the ash.”
Van die ander bekendes wat die jaar oorlede is sluit in die legendariese sportster, die akteursen, die komedianteen, sowel as die skrywer
Volgens ’n artikel deur The Telegraph is daar talle teorië waarom soveel bekendes al vanjaar gesterf het.
Sommige glo dis omdat baie sterre se lewensverwagting aansienlik verkort is deur hul ongesonde lewenstyle, veral tydens die 1960’s en 70’s toe dwelmmisbruik meer statusryk was.
Dan is daar vandag ook statisties gesproke meer bekendes as in vorige dekades, wat dit vanselfsprekend maak dat meer bekendes sal sterf as ooit tevore. | http://www.huisgenoot.com/bekendes/2016-amptelik-die-dodelikste-jaar-nog-vir-bekendes/ | |
Malmesbury-polisieman en gewilde sangeres se neef sedert Oukersaand vermis | Deon Gaston Dumas (57), ’n polisieman van Malmesbury en die neef van die sangeres Jennifer Zamudio is vermis.
Jennifer op haar Facebookblad ’n plakkaat van die Pink Ladies-organisasie, wat soektogte na vermiste persone loots, gedeel en haar aanhangers gevra om op die uitkyk te wees vir haar neef, wat op Oukersaand spoorloos verdwyn het.
Deon het Satermiddag ’n geskenk by sy ma se dokter se huis gaan aflewer en is nie weer daarna gesien nie. Volgens die dokter is hy omstreeks 16:00 daar weg.
Hy ry ’n wit BMW 318 met die registrasienommer CK 13372 en het Saterdag ’n blougroen knopieshemp saam met ’n denim kortbroek en sandale aangehad. Hy weeg om en by 112 kg en is sowat 1,78 m lank.
Kontak kol. Nielson of Ao. Durandt van die Malmesbury SAPD by 071 604 8379, 022 482 7500, 083 412 8667 of 082 778 3501 met enige inligting. | http://www.huisgenoot.com/nuus/plaaslik/malmesbury-polisieman-en-gewilde-sangeres-se-neef-sedert-oukersaand-vermis/ | |
Wonderlike nuus vir Olimipiese swemheld! | Suid-Afrika se Olimpiese swemkampioen Cameron van der Burgh het pas aangekondig hy is verloof aan sy jare lange meisie, die Griekse skoonheid Nefeli Valakelis.
Die swemmer het die blye nuus in die sosiale media gedeel saam met pragtige foto’s van die twee waar hulle vakansie hou in die Switserse Alpe. “Myne vir altyd…sy het ja gesê!” het Cameron by ’n intieme foto geskryf waar die twee hoog in die Alpe soen.
Mine forever… She said yes 💍 A photo posted by Cameron Van der Burgh (@cameronvdburgh) on Dec 22, 2016 at 11:11am PST
Die tweetjies is al sedert 2013 ’n paartjie.
He asked and I said ABSOLUTELY! ❤️ A photo posted by Nefeli Valakelis (@nef_val) on Dec 22, 2016 at 10:55am PST
Asof die blye nuus van sy verlowing nie genoeg is nie, het Cameron ook vroeër vandeesmaand goud in die 50m-borsslag gewen tydens die kortbad-Wêreldkampioenskappe in Kanada.
What a day in the Alps! A photo posted by Cameron Van der Burgh (@cameronvdburgh) on Dec 20, 2016 at 9:25am PST
Baie geluk, julle twee! | http://www.huisgenoot.com/bekendes/wonderlike-nuus-vir-olimipiese-swemheld/ | 2016-12-22 19:11:49 |
#SpeelSaam: Die skattige krimpvarkie-legkaart is net vir jou! | http://www.huisgenoot.com/gons-pret/speelsaam-die-skattige-krimpvarkie-legkaart-is-net-vir-jou/ | ||
Bekende SA radioman vertel van roerende ervaring buite wyle George Michael se huis | “Om voor George Michael se huis te staan, was die mees onwerklike ervaring”, sê Ian Bredenkamp, bekende radio-oproeper en man van die aktrise en aanbieder Elana Afrika-Bredenkamp.
Ian is tans op ’n besoek aan Engeland waar hy ook by die ontslape popster George Michael se huis ’n draai gaan maak het. George is op Kersdag vermoedelik weens hartversaking in sy huis oorlede.
“Op pad na Engeland het die nuus van sy skielike afsterwe bekend geword, so ons het gehoor die oomblik toe ons in Londen aankom,” onthou Ian. “As ’n groot ondersteuner was dit vir my ’n geweldige skok so ek het dadelik moeite gedoen om uit te vind waar sy huis is.”
“Daar was omtrent ses nuusagentskappe buite die huis en ongeveer 70 mense wat gekom het om medelye te betoon.”
“Dit is ’n groot huis in ’n spogbuurt sowat 45 minute noord van sentraal-Londen. Maar ten spyte daarvan het hy geen oprit nie en moes daarom sy motor op straat parkeer.
“Dit was rerig aangrypend om te sien hoe mense afskeidsboodskappies vir hom in die stof op sy groen Range Rover skryf. Dit was so vreemd en fassinerend.”
“Die buitekant van die huis is ook oortrek met kerse, blomme en plate (met sy musiek).”
“In sulke oomblikke besef jy net hoe groot hy was in Engeland. Ek kon Maandag nie ’n radiostasie vind wat nie besig was om sy musiek te speel nie.” | http://www.huisgenoot.com/bekendes/bekende-sa-radioman-vertel-van-roerende-ervaring-buite-wyle-george-michael-se-huis/ | |
Joe Foster praat oor sy hartseer en besielende Kersfees langs die kus | Hierdie Kersfees gaan Joe Foster omring wees deur goeie vriende, maar hy gaan sy ouers, Johan (62) en Jannette (61) Vorster (Foster is Joe se verhoogvan), en sy sussies, Gerda van Pletsen (27) en Rennette van der Merwe (35), baie mis terwyl hy langs die kus is.
Johan, ’n mediese dokter, herstel by hul huis in Honeydew van “ ’n rowwe dubbele knievervanging. So ek moet hulle agterlaat en gaan nie soos altyd saam met hulle Kersfees vier nie,” vertel Joe eksklusief aan Huisgenoot.
“Dit maak my hartseer, maar ek het my beste vriende by my; mense vir wie ek baie lief is. Ek het die beste vriende. Ek het onlangs verjaar en is lank laas so bederf,” sê hy.
Die 34-jarige sanger moet gedurende die Desember-vakansie ’n paar vertonings doen; kuslangs in die Wes- en Suid-Kaap. “Maar ek gaan beslis nie net werk nie. Ek en vier vriende is saam op die pad en gaan sommerso tussenin vakansie hou.”
In die feestyd gaan hulle die Vorsters se vakansiehuis hul “Hakuna Matata Quarters” maak, waar hulle so “rustig soos bedlampies” gaan verkeer.
“En absoluut niks doen behalwe swem, seekos eet en lekker kuier en so dan en wan dolfyne loer terwyl hulle in die oseaan se mooiste blou baljaar nie. Wanneer ons nie daarmee besig is nie, gaan ons op Mosselbaai, Stilbaai, Groot-Brak, George en ’n klomp ander plekke in die Wes- en Suid-Kaap op ’n verhoog wees en doen waarvoor ek die liefste is.
“Ek gaan ook so op ’n bietjie herlaai, want dit was ’n groot maar baie harde jaar. Wel, die beste een nog wat ek onthou. Ongelooflike nuwe projekte en avonture begin en ek maak in Januarie ’n nuwe studio in Pretoria oop.
“Ek het dus nou baie vars lug, woud- en strandstappies en kuier nodig vir inspirasie vir 2017; dit gaan ’n groot jaar wees,” voorspel hy.
Joe werk aan ’n duetalbum en ook ’n uitreiking van ’n ander kunstenaar wat hy aanstaande jaar onder die vaandel van sy maatskappy gaan bekendstel. Hy het nou sy eie produksiehuis.
“Ek is amptelik nie meer ’n onafhanklike kunstenaar nie. Ek is nou ’n volle Coleske Artist-kunstenaar, iets waaroor ek baie opgewonde is. Ek gaan nou meer hand aan hand saam met hulle ’n pad stap.”
Vir Joe is Kersfees eintlik ’n dankbaarheidsfees. “Dis ’n tyd om te besin en ’n tyd om te laat gaan en te omhels.”
Hier is van die vakansieplanne van ander sangers wat soos Joe Foster in Wian Smith se WS Marketing-stal is:
Tiro, die Tswana-sprekende Afrikaanse sanger van Namibië, se planne:
“Ná die optredes wat nog voorlê, vertrek ek middel Desember saam met vriende Mosambiek toe vir ’n week lange vakansie by ’n idilliese plek langs die see. Ons gaan snorkel en ontspan. Dit is so goed om in die paradys te wees.
“Daarna gaan ek by my ouers en familie kuier in Namibië, waar ek my 30ste verjaardag saam met my pa se 70ste gaan vier. Ek was vier jaar laas vir Kersfees by my mense; dit is hoog tyd.”
Die operasanger Henry van Dyk:
“Kersdag sal vanjaar begin met ’n vroegoggendkerkdiens in Pretoria, waar ek ook orrel sal speel. Dan oor die Jukskeirivier na Misty Hills Country Hotel op Muldersdrift, waar ek die middag ’n Kersoptrede gaan doen.
“Die laaste trek vir die dag is dan met ons kampeermatrasse en tradisionele Kerskoek na ’n reeds oorvol familiekuier in die Noordwes, waar ons seker by ’n dorpshuis sal moet tent opslaan! Geseënde Kersfees aan al die Huisgenoot-lesers.”
Riaan Grobler van Dis die Liefde-faam:
“Ek is so gelukkig om met my droomvakansie te gaan. Ek besoek Holland, Duitsland, Oostenryk, Italië en Frankryk.
“Ek wou nog altyd met Kersfees in Rome gewees het, en vanjaar gebeur dit. Daarna gaan ek Nuwejaar onder die Eiffeltoring in Parys wees.”
Die Afrikaanse popprinses Rinel Day, wat dansliedjies soos DJ Speel Dit Weer sing:
“As ’n kunstenaar is dit nie altyd moontlik om hierdie spesiale vakansiedae tyd saam met jou geliefdes deur te bring nie omdat ons gewoonlik gehore tydens hul wegbreektye saam met hul familie moet vermaak.
“Vanjaar het ek besluit om ‘n blaaskans te vat en Kersfees op Sannieshof by my ouers en geliefdes te wees.” | http://www.huisgenoot.com/bekendes/joe-foster-praat-oor-sy-hartseer-en-besielende-kersfees-langs-die-kus/ | 2016-12-15 09:12:52 |
Huldeblyke stroom steeds in ná jong Boishaaier se tragiese dood | ’n Roudiens word hierdie komende Vrydag in Caledon gehou vir die jong rugbyheld Jannie Fourie wat Saterdag in die vroeë oggendure in die Tygerberg-hospitaal in Kaapstad aan sy brandwonde beswyk het.
Jannie het Vrydag gehelp om ’n reuse-brand in die Caledon-omgewing, waar sy familie ook ’n plaas het, te bestry toe hy na wat berig word van ’n bewegende bakkie tot in die vlamme geval het.
Die veertienjarige leerder aan Hoër Jongenskool Paarl het in die tragiese voorval brandwonde oor sy hele lyf opgedoen.
Die Fourie-gesin se predikant, past. Hennie Maré, het aan Netwerk24 gesê dit is nog onseker wanneer Jannie begrawe of veras gaan word, want ’n geregtelike doodsondersoek deur die staat moet eers afgehandel word.
Intussen stroom huldeblyke vir die jong rugbykaptein van sy skool se o.14A-span in. “Hy was ’n ongelooflike kind. Net die seun wat hy was. Hy het ander mense altyd eerste gestel,” het sy afrigter Frans Cloete aan Huisgenoot gesê.
“Jannie was ’n stil seun,” het Hennie hom beskryf. “Hy was ’n man van min woorde, maar van groot karakter.”
Die sportheld se ouers, Jannie en Christelle, boer op die plaas Dwaalhoek buite Caledon.
Volgens die aanlynnuuswebwerf het Jannie saam met sy pa gaan help om ’n brand aan die anderkant van Caledon op die pad na Bredasdorp te bestry.
Hoewel Jannie saam met sy pa in hul bakkie gery het, het hy glo in ’n latere stadium agterop iemand anders se bakkie gery. Op ’n kol het die bakkie se wiel vasgeval en met die skielike wegtrek het Jannie glo afgeval.
Hy is dadelik na die hospitaal gehaas, maar het weens die erge brandwonde oor sy hele liggaam ure later beswyk.
Ook op Facebook het mense hul medelye met die Fourie-gesin uitgespreek. “Sterkte aan sy familie en vriende. Mag julle God se vertroostende teenwoordigheid en liefde in die tyd ervaar,” skryf Miets Jacobs.
“Ek kan nie woorde vind om die familie te bemoedig in die verskriklike hartseer tyd nie. Mag God julle vertroos en teen Hom vas druk,” skryf Kleintjie Neethling.
Jannie word oorleef deur sy ouers, oudste broer, Christie, en nog ’n boetie, Stefan.
Addisionele bron: Netwerk24 | http://www.huisgenoot.com/nuus/plaaslik/huldeblyke-stroom-steeds-in-na-jong-boishaaier-se-tragiese-dood/ | |
Huisgenoot Mobi | Die sanger Elvis Blue is baie opgewonde oor die Kerstyd en ná ’n besige jaar sien hy uit daarna om die feestyd saam met sy gesin deur te bring.
Wat beplan jy oor die Desembervakansie?
Daar is twee groepe mense in my lewe. Die een groep is my band en die ander groep is my familie. Dié Desember maak ek en my band geraas, en ek en my familie hang uit!
Wat gaan jy op Kersdag doen?
Op Kersdag is ek saam met my vrou en dogters.
Is daar iets op die Kerstafel waarna jy die meeste uitsien?
Enigiets, solank ek dit in my huis kan eet. Ek sal selfs McDonald’s eet vir Kersfees, solank dit saam met my vrou en kinders is!
Het julle enige tradisie oor Kersfees of Nuwejaar?
Gewoonlik gaan ons kerk toe en dan geniet ons ’n lekker rustige dag tuis
Wat is vir jou die lekkerste deel van die Desembervakansie?
Sonskyn! | http://www.huisgenoot.com/bekendes/elvis-blue-deel-sy-kersplanne/ | |
Noodsaaklike rugoperasie wag op Solidariteitman se vrou | Dit gaan onder omstandighede goed met Lise Brink. Dr. Dirk Hermann, bedryfshoof van Solidariteit, sê Lise het ’n goeie nag agter die rug.
Danksy haar meer stabiele toestand sal Lise Vrydagmiddag noodsaaklike chirurgie aan haar rug ondergaan. Dit is nog onduidelik wat die prosedure behels. Die prosedure sou reeds Donderdag gedoen word, maar sy was te onstabiel vir so ’n operasie.
Lise, die vrou van dr. Danie Brink, uitvoerende direkteur van Solidariteit Helpende Hand, se linkerbeen is Donderdag onder haar knie geamputeer nadat sy akute kompartement-sindroom in die been ontwikkel het.
“Hoewel Lise se toestand steeds ernstig is, was haar toestand deur die nag stabiel en is dit steeds stabiel,” sê Dirk.
“Daar was nie deur die nag enige agteruitgang nie wat ’n goeie ding is.”
Lise is ernstig beseer tydens ’n ongeluk Vrydagoggend net buite Theunissen toe die gesin se Toyota Land Cruiser die pad verlaat en dit gerol het. Die voertuig se een band het vermoedelik gebars.
Die ongeluk het ook die lewens geëis van twee van die Brinks se vyf kinders. Rachel (8) en André (13) is op die toneel dood.
Die akute kompartement-sindroom wat Lise in haar linkerbeen weens die impak van die ongeluk ontwikkel het, veroorsaak swelling wat die bloedtoevoer na die been belemmer het.
Teen Donderdagmiddag het die span dokters wat by die Netcare Unitas-hospitaal in Centurion na Lise omsien, nie ’n ander keuse gehad as om die been af te sit nie. Lise word in die hospitaal se waakeenheid behandel. Sy is steeds onder verdowing.
Volgens Dirk weet die Brinks se drie oorblywende kinders, Mieke (15), Johann (10) en Daniël (2) hul ma se been is geamputeer.
Lise moet ook nog chirurgie aan haar gesig ondergaan.
“Danie is nog baie emosioneel en bekommerd oor Lise. Maar hy hanteer die situasie baie sterk vanuit ’n geloofsoogpunt,” sê Dirk.
Wat die gesin baie help, sê Dirk, is die oorweldige steun wat hulle by familie, vriende, hul gemeente en selfs onbekende mense kry.
“Almal sê hulle bid vir die gesin. Namens die familie kan ons net dankie sê. Maar moenie ophou bid nie. Dit gee die gesin krag om elke dag te hanteer,” sê Dirk.
“Dit is ’n hartseer Kerstyd wat vir die gesin voorlê, maar dit is ongelooflik om te sien in die gees van kerstyd hoe verskriklik baie liefde daar vir die gesin is.” | http://www.huisgenoot.com/nuus/plaaslik/noodsaaklike-rugoperasie-wag-op-solidariteitman-se-vrou/ | |
Moordklag teen Mundolene Vosloo se stiefma laat vaar | Marietjie Vosloo (33), wat na bewering haar stiefdogter, Mundolene (17), in Oktober vanjaar in Mauritius doodgeslaan het, gaan nie meer van moord aangekla word nie.
Haar man en Mundolene se pa, Mike (46), vertel daar is reeds in die hof in Mauritius beslis dié klag mag nie meer teen haar ingestel word nie. Marietjie gaan wel steeds weens Mundolene se ontydige dood teregstaan en is steeds agter tralies in Port Louis.
“Ja, hulle gaan nog voortgaan met ’n klag, wat dit gaan wees sal ek nie weet nie; al wat vir my gesê is, is dat dit ’n minder ernstige klag sal wees,” het Mike aan Huisgenoot gesê.
Hoewel Mike sy dogter met sy hele hart mis, hoop hy dat Marietjie ter wille van hul 11-jarige seun weer huis toe sal kom om ’n ma vir hom te wees.
Die saggeaarde seuntjie het self “dermiljoene onbeantwoorde vrae” vertel Mike, wat nou saam met sy seun in die buiteland woon waar hy werk. Mike se ander seun en Mundolene se boetie (15) uit sy eerste huwelik bly steeds by sy ma in Spring in Gauteng. Volgens Mike het hy ’n goeie ondersteuningstelsel daar.
Mike, Marietjie, Mundolene en haar broers het die dag voor die treurspel op 5 Oktober by die luukse Riu Hotel Riu Creole vir hul seevakansie in Mauritius aangekom. Marietjie en Mundolene het glo die volgende dag oor handdoeke stry gekry.
Marietjie het Mundolene van die swembad op pad kamer toe glo hard in die gesig geklap, wat bloeding op Mundolene se brein en ’n beroerte veroorsaak het. Sy is kort daarna dood verklaar en Marietjie is aangekeer.
Sy is sedertdien in aanhouding.
Die Au Pair wat ná die tragiese voorval aanvanklik na Mike en Marietjie se seun moes omsien by hul woning in Margate, KwaZulu-Natal, het skaars begin werk voor sy weer bedank het. Mike moes toe noodgedwone sy seun na hom bring waar hy in die Kongo in die mynwese werk.
Marietjie en hul seun het voor die noodlottige seevakansie saam in Margate gebly terwyl Mike skoolvakansie vir hulle en Mundolene en haar broer sou sien as hy in Suid-Afrika kom kuier het.
Mike wou nie te veel oor die Au Pair uitwei nie, maar hy het bevestig hy het die persoon vir ’n geruime tyd geken.
Sy seun het intussen graad vyf in ’n skool by hom in die buiteland voltooi.
Vir Kersfees beplan Mike ’n stil dag. “Eerlikwaar wil ek nie meer Kersfees beleef nie. Ek sien ook nie uit na haar (Mundolene se) verjaarsdag op 24 Februarie nie; die memories en als maak net te seer, veral haar verjaarsdag.”
Mundolene sou aanstaande haar 18 word. Mike vertel hy werk nou baie hard, want hy wil graag vir sy jongste “wat niemand behalwe hom oor het nie” voorsiening maak.
“Ek wil seker maak hy sal okay wees as ek nie meer daar is nie, dan is ek reg om die aarde te groet; ek wil my dogter weer sien. Ek verlang my dood na haar.” | http://www.huisgenoot.com/nuus/plaaslik/moordklag-teen-mundolene-vosloo-se-stiefma-laat-vaar/ | |
Toets jou Kerskennis met ons interaktiewe Kersvasvra! | http://www.huisgenoot.com/gons-pret/toets-jou-kerskennis-met-ons-interaktiewe-kersvasvra/ | ||
Man skiet ses in bordeel omdat sy gunsteling-prostituut ‘besig was met ander kliënt’ | ’n Man van Brasilië is aangekeer nadat dit aan die lig gekom het hy het ses mense, insluitende sy “gunsteling-prostituut” in ’n bordeel doodgeskiet omdat sy kwansuis besig was met ’n ander kliënt.
Daily Mail berig William Roberto Ferreira Costa (27) se jaloesie het die oorhand gekry toe hy by die Leo Drinks kroeg en bordeel in Jaboticabal naby die Brasiliaanse hoofstad Sao Paulo opdaag net om uit te vind ’n dame wat hy gereeld besoek, is nie beskikbaar nie.
Met sy aankoms moes William hoor Dione da Silva Lima (30) was reeds besig met ’n ander kliënt in een van die bordeel se slaapkamers.
Raging dad 'shoots dead six people in brothel after seeing sex worker he liked with another man' https://t.co/WtM7WE4QVT pic.twitter.com/rGkaXp2X1C — Daily Mirror (@DailyMirror) December 23, 2016
Dis toe dat William, ’n getroude man en pa van ’n pasgebore baba, ’n pistool gaan haal in sy motor en op die mense in die bordeel losbrand.
Nadat hy die 72-jarige eienaar van die besigheid eerste doodgeskiet het, het hy die geweer op haar 29-jarige kleindogter gedraai, die kroegman doodgeskiet sowel as ’n kelnerin. ’n 46-jarige sekswerker is ook noodlottig gewond.
William bars toe in die kamer in waar Dione en Anderson Montenor (37), ’n prominente besigheidsman op die dorp, was en skiet albei morsdood.
Volgens ’n plaaslike polisiehoof was die moorde beslis goed beplan en uitgewerk.
“Die bordeel was vol koeëlgate,” het die polisiehoof gesê. “Daar was meer gate as die hoeveelheid koeëls wat ’n pistool dra, daarom is dit duidelik hy het ’n paar keer herlaai.”
Na wat berig word het William te voet gevlug, maar sy motor — met sy identiteitsboekie daarin — buite die bordeel gelos.
Hy het homself ure later aan die polisie oorgegee. Die 27-jarige haarkapper hou vol die misdaad is gepleeg uit passie en blinde woede. Hy meen sy emosies het hom gedryf om die moorde uit te voer.
Bronne: Daily Mail; Mirror | http://www.huisgenoot.com/nuus/internasionaal/man-skiet-ses-in-bordeel-omdat-sy-gunsteling-prostituut-besig-was-met-ander-klient/ | |
Die nuwe jaar hou groot dinge in vir die komiese Piet Pompies en sy vrou | Desembermaand is vir die meeste mense vakansietyd, “maar vir die meeste kunstenaars is dit die peak-tyd vir vertonings”, sê die sanger en vermaaklikheidskunstenaar Piet Pompies.
Piet is self die maand op toer met optredes van Kimberley tot die Strand, waarna hy sy toerbussie se neus in die rigting van Mpumalanga gaan stoot.
Huisgenoot het onlangs berig oor Pieter Rischmuller, die kunstenaar wat lewe gee aan die komiese persona Piet Pompies, se troue op 26 November met Lanie Dekker (Nee vir Piet Pompies, ja vir my Pieter, 8 Desember 2016).
Omdat daar nie tyd vir ’n wittebrood was nie, toer Lanie nou saam met Pieter van kuierplek tot kuierplek waar hy optree.
Hulle kon darem so “drie daggies aan die Weskus afknyp om te ontspan”, vertel Pieter.
“Ek en Lanie geniet die gasvryheid, rustigheid, vars lug en natuurskoon van die Weskus.”
Pieter en sy gesin het Kersdag tuis in Pretoria deurgebring.
“Kersfees is vir ons ’n tyd van liefde en samesyn met ons geliefdes en familie. Ons gaan ’n lekker Kersmaal geniet en familiespeletjies speel.
“Natuurlik sien die vier seuns die meeste uit om die Kersgeskenke oop te maak. Ons gebruik ook die tyd om hulle te leer dat Kersfees nie net oor geskenke gaan nie, maar oor die geboorte van Jesus en om liefde te betoon aan mekaar en jou medemens.”
Pieter en Lanie is juis betrokke by die liefdadigheidsorganisasie Spreading the Love, waar hulle uitreik na minderbevoorregte mense.
Is daar een wens wat Pieter kan wens?
“Dat my vrou en kinders gesond sal wees en gespaar sal word in die jaar wat kom. Hul liefde is die grootste geskenk.”
Die nuwe jaar hou ook groot dinge vir Piet Pompies in. Sy volgende album, Ontmasker, word in Maart uitgereik en daar word intussen ook hard gewerk aan die opening van die Piet Pompies aanlyn winkel en die Lady Rischmuller aanlyn boetiek. | http://www.huisgenoot.com/bekendes/die-nuwe-jaar-hou-groot-dinge-in-vir-die-komiese-piet-pompies/ | |
Kind se tragiese verdrinking in Vaalrivier ruk gemeenskap | Die gemeenskap in Kuruman in die Noord-Kaap is geruk ná ’n vyfjarige se verdrinking in die Vaalrivier.
“Philip Jacobs was Vrydagmiddag besig om buite die gesin se huis langs die Vaalrivier te speel toe die voorval gebeur het,” sê Kol. Emelda Setlhako, polisiewoordvoerder.
“Hy (Phillip) het gespeel terwyl sy pa buite gewerk het. Toe hy skielik wegraak, het sy pa gedink hy is binne die huis saam met sy ma. Dit is eers toe hy self binnegaan en besef die seun is nie daar nie, dat hulle begin soek het.”
Phillip se ma, Jo-mari het Dinsdag in ’n emosionele Facebook-boodskap almal bedank wat die gesin tot dusver ondersteun het.
Jo-mari op Facebook oorval met boodskappe van ondersteuning uit die gemeenskap.
In haar boodskap noem sy ook dat klein Philip se begrafnisdiens Vrydag om 10:00 by die El Gibbor (Biker’s Church) in Kuruman sal plaasvind. | http://www.huisgenoot.com/nuus/plaaslik/kind-se-tragiese-verdrinking-in-vaalrivier-ruk-gemeenskap/ | |
Juanita du Plessis verklap haar perfekte Kersdag | Vir die sangeres Juanita du Plessis beteken Kerstyd twee dinge: Gehaltetyd saam met die familie en rus!
Huisgenoot het by haar gaan inloer om te hoor wat haar feestydplanne is.
Wat beplan jy om in die Desembervakansie te doen?
Ek gaan dit net rustig vat. ’n Bietjie lees en DVD’s kyk, lekker eet, en kosbare en nodige tyd saam met my familie geniet.
Wat gaan jy op Kersdag doen?
Ons is altyd as familie saam oor Kersfees en ons sal hierdie jaar dalk ’n skaap op die spit hê en net die samesyn geniet! Kersfeestyd is altyd vir my familietyd!
Is daar iets op die Kerstafel waarna jy die meeste uitsien?
Al die Kersfeeskos is te lekker! Maar die nagereg is waarna ek altyd die meeste uitsien!
Het julle enige tradisies oor Kersfees of Nuwejaar?
Ons hou ’n speletjiestoernooi. Van die oggend tot die aand speel ons net speletjies! Van bordspeletjies tot vlugbal in die swembad!
Wat is vir jou die lekkerste omtrent die Desembervakansie?
Net om af te skakel en die kosbare oomblikke saam met my familie te geniet. Elke jaar maak ons nuwe en spesiale herinneringe. Die opwinding van Kersboom opslaan, liggies opsit en natuurlik geskenkies oopmaak op Oukersaand aand is altyd ’n hoogtepunt! Ek verruil hierdie tyd vir niks in die wêreld nie! | http://www.huisgenoot.com/bekendes/juanita-du-plessis-verklap-haar-perfekte-kersdag/ | |
Kyk watter gewilde grapjas gaan trou! | Nog ’n bekende het oor die Kerstyd verloof geraak! Die gewilde grapjas Jonathan van Radio Raps is een van die dae ’n getroude man!
Jonathan, oftewel Rikus de Beer (31), het Maandagmiddag sy vriendin van bykans ’n halwe jaar, Kaylee van der Bergh (23), by ’n romantiese lodge net buite Hoedspruit gevra om te trou.
En sy het ja gesê!
Kaylee is ’n nooi van Pretoria en was tot vanjaar ’n onderwyser by Midstream Pre-Primêr daar. Maar nou beplan sy om haar Meestersgraad in remediërende onderwys by Noordwes-universiteit te voltooi en wil daarna graag haar eie praktyk in hierdie veld begin.
Zinta Kymdell, Rikus se agent, sê hy het die hele verlowing noukeurig beplan.
“Hulle het gery om te gaan wild kyk; hy het vooraf met die bewaarders gereël dat die voertuig op ’n kol sal ‘breek’,” vertel Zinta.
“Daarna moes hulle vêr stap en hy het haar heeltyd bang gepraat met al die wilde diere in die omtrek. Eindelik was hulle op ’n spesiale plek waar die lodge se personeel vir hulle ’n ete voorberei het met blomme, kerse, vonkelwyn en dies meer.
“Dis daar waar hy op sy kniëe gegaan en haar gevra het om te trou.”
Die verliefde paartjie het nog nie op ’n datum besluit vir die groot dag nie.
Rikus het ook ander goeie nuus om te deel. Zinta het aan Huisgenoot bevestig sy rolprent, Jonathan, wat tans in bioskope speel, vaar baie goed.
“Ons het nog nie al die syfers nie, maar ons weet al dit het baie goed gegaan veral die eerste naweek. Rikus sê hy is regtig oorweldig met die positiewe terugvoer wat die film tot dusver ontvang het.”
Baie geluk, Rikus! | http://www.huisgenoot.com/bekendes/kyk-watter-gewilde-grapjas-gaan-trou/ | |
Huisgenoot Mobi | Wat veronderstel was om ’n gelukkige dag op die strand te wees het ’n bitter hartseer nadraai gehad.
’n Tragiese toneel het hom afgespeel by die Glentana-strand op die gewilde Tuinroete in die Wes-Kaap toe ’n pa en sy 10-jarige dogter deur gevaarlike sleurstrome die see ingetrek is. Die NSRI het vroeër Donderdag gewaarsku teen sleurstrome wat weens die nuwemaangetye erger is as gewoonlik.
Die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) sê in ’n verklaring hulle is Donderdag kort ná 12:00 uitgeroep na die toneel. Die Suid-Afrikaanse polisiediens en die nooddiensgroep ER24 is ook na die toneel ontbied.
“Soos wat ons verstaan het twee vriende reeds in die water gegaan om hulle te help en hulle het dit reggekry om die 41-jarige man na die strand te bring terwyl die 10-jarige dogter die strand sonder enige hulp bereik het,” sê André Fraser, die NSRI Mosselbaai se stasiebevelvoerder in die verklaring.
Kunsmatige asemhaling is herhaaldelik op die man toegepas, maar na talle pogings om hom by te bring is hy ongelukkig dood verklaar.
Een van die vriende wat saam met die pa en sy dogter was, ’n 21-jarige man van Pretoria en die 10-jarige dogtertjie is na ’n hospitaal vervoer met verdrinkingsimptone. Albei is volgens die NSRI in ’n stabiele toestand.
Volgens die NSRI doen die polisie ’n geregtelike doodsondersoek. | http://www.huisgenoot.com/nuus/plaaslik/sleurstroom-tragedie-tref-plaaslike-vakansiestrand/ | |
Vrou verkoop positiewe swangerskaptoetse aanlyn, maak geld soos bossies! | Dit klink dalk na ’n vreemde item om aanlyn te bemark, maar ’n swanger vrou van Florida aan die ooskus van Amerika maak lekker geld vandat sy haar swangerskaptoetse aanlyn begin smous het.
Die vrou, wie se naam nie bekend is nie, skryf aanlyn dat sy swanger is en die geld wat sy insamel gebruik om haar studies te bekostig. Sy verkoop elke positiewe swangerskaptoets teen $25 — sowat R349 — en maak glo tot $200 of te wel R2793 ’n dag!
“Of jy dit wil gebruik vir persoonlike vermaak soos om iemand ’n poets mee te bak of jou baas wil afpers of ’n buite-egtelike verhouding het, maak nie vir my saak nie. Hierdie is die soort transaksie waar geen vrae gevra word nie,” skryf sy by die advertensie wat op die aanlynverkoopblad Craigslist te siene is.
Die advertensie is glo na ’n ruk verwyder. Dit is onduidelik waarom.
’n Joernalis van die nuusagentskap Action News Jax in Amerika het op haar advertensie reageer om te kyk of dit nie dalk iemand is wat die gek skeer nie. Sy het sowaar ’n ontmoeting met die vrou gereël waartydens sy die positiewe toetse in ruil vir geld aan hom gegee het.
“Ek is op universiteit en werk aan my studies en het die geld nodig om vir my graad te betaal. Ek hoef nie twee keer hieroor te gedink het nie,” het sy vertel.
Bronne: Action News Jax, Elite Daily. | http://www.huisgenoot.com/nuus/vreemde-storie/vrou-verkoop-positiewe-swangerskaptoetse-aanlyn-maak-geld-soos-bossies/ | |
Leser se hartverskeurende brief oor soeke na liefde ná jare van mishandeling | Ná jare van mishandeling soek sy ’n nuwe maat, maar haar ‘letsellyf’ hou haar steeds terug, skryf ’n leser in haar vyftigs aan Huisgenoot.
Ek was ’n dekade lank getroud met ’n man wat my aangerand en mishandel het. Dit was so erg dat ek nou baie skaam is vir my liggaam. Ek het letsels op my bene en sal nooit ’n rok of kortbroek kan dra nie. Ek het dit nie gevra nie. In 1998 is ek geskei, en nou is ek reeds in my 50’s. Dit voel of geen man na my kyk nie.
Ek probeer ’n maat vind, want ek wil nie alleen oud word nie, maar die manlike geslag stel nie belang as jy nie ’n mooi gesiggie en lyf of baie geld het nie. Het mense so verval dat ons nie meer ander sien vir wie hulle binne-in ook is nie? Het God ons nie op aarde gesit om mekaar lief te hê vir wie en wat ons is nie?
Net omdat my uiterlike seergemaak en vol letsels is, beteken nie jy moet die mooi mens binne-in miskyk nie. Ek het so baie liefde, warmte, eerlikheid en opregtheid om iemand te bied, maar my letsellyf weerhou my daarvan.
Anoniem
Weerhou emosionele letsels van ’n vorige verhouding jou daarvan om iemand nuuts te ontmoet? Deel jou storie met ons en stuur dit na web@huisgenoot.com. | http://www.huisgenoot.com/ons-mense/leser-se-hartverskeurende-brief-oor-soeke-na-liefde-na-jare-van-mishandeling/ | |
Wat op aarde het geword van ‘Fiela se kind’? | Wie van ons wat op skool Dalene Matthee se boeke moes lees, sal Fiela Komoetie en haar grootmaakseun, Benjamin, ooit vergeet?
Die akteur Jan Ellis het baie ervaring opgedoen met hierdie rol, eers in die teaterproduksie Fiela se Kind, waar hy die jong Benjamin gespeel het, en later in die fliekweergawe deur Katinka Heyns.
Sedertdien was hy een van die gewildste akteurs op die verhoog. Hy het ook gesig gewys as Frikkie in die Hollywood-fliek After the Rain, met The Da Vinci Code se Paul Bettany in die hoofrol.
Later het hy Nollie gespeel in Katinka en haar man, Chris Barnard, se fliek Paljas (1997), wat daardie jaar Suid-Afrika se inskrywing was vir ’n Oscar.
In 2001 het hy die hoofrol van Gerrit Wolfaardt vertolk in die fliek Final Solution.
Op TV was hy onder meer in die gewilde Mannakwalanners, Torings, Egoli, Backstage, Isidingo, Villa Rosa, Amalia en Binnelanders te sien.
In 2007 is Jan Australië toe en het hy hom begin toespits op die digitalemedia-bedryf. Hy wil ook by ál meer dokumentêre flieks betrokke raak. Hy het al twee van sy eie gemaak: The Farm en The Unknown Surfer.
Die akteur het ook in Japan Engels-klasse gegee, daar in ’n toneelstuk gespeel, sy swart belt in judo verwerf en 100 dae in ’n Zen-klooster deurgebring.
Hy vertel eksklusief uit Australië via e-pos meer oor sy lewe as eggenoot en pa Doer Onder:
Julle bly mos op ’n eiland, as ek dit reg het? Vertel meer?
’n Groot eiland, Australië. Ons is baie lief vir ons buurt, Maroubra in Suid-Sydney. Dit het ’n uitsig oor die baai, die stad en in die verte die Blue Mountains.
Hoe oud is jy nou? Jou dogter? Jou vrou? En hoe lank is julle getroud?
Ek is 43 en gryser, maar met minder hare. Ek is meer bedonnerd, maar aan die gang. Nelia is drie en ’n half. My vrou is ewig jonk en hulle twee is my inspirasie.
Hoe het jou dogter jou lewe verander?
Soos handomkeer.
Wat aan haar maak jou die gelukkigste; goedjies wat sy doen of sê?
Die gees wat sy by haar ma geërf het. Sy sê: “Let’s doo-dis like boo-dists!”
Hoe voel dit om pa te wees?
Soos jou belangrikste, moeilikste en vervullendste job ooit. Alles anders is tweede op die lys.
Is jy nog ’n kranige branderblankryer?
Ek surf soveel ek kan by my local spots en so dan en wan op ’n trip na iewers met spesiale waves en boesemvriende. Weskus, Ooskus, Transkei, Indo, Japan, Aus, Samoa, Madagaskar. Fidji binnekort. Surfing was nooit iets waarvoor ek enige natuurlike talent gehad het nie, maar aanhou probeer het my vele onvergeelike oomblikke laat beleef. Jy is altyd op soek na die wave van jou lewe.
So af en toe duik ’n foto van ’n DVD van Fiela se Kind op jou Facebook-blad op. Hoe voel jy daaroor dat jy in baie mense se oë seker altyd Fiela se kind gaan wees?
Om deel te wees van iets wat mense so lank onthou is ’n voorreg. En om op so ’n jong ouderdom so iets te ervaar was ’n groot geskenk. Nie net die fliek nie; ook die verhoogstuk voor dit. Om Saterdagoggende skolerugby te speel en dan twee shows van Fiela te doen in ’n volgepakte Nico Malan-teater was next level.
Het jy nog kontak met die akteurs uit daardie fliek?
Ek dink ons sal almal vir altyd in mekaar se gedagtes wees. Daar is verskeie teenoor wie ek ewig dankbaar sal wees vir die beskerming en vroeë lewenslesse . . . die spelers, die crew, Katinka. Oom Chris ook.
Op watter ander flieks en TV-programme is jy baie trots?
Die verhoog is waar dit alles begin het en ek is trots dat ek daar en voor die kamera met die beste van hul tyd kon saamwerk. Om jou naam te sien langs al daai akteurs, regisseurs, skrywers, tegnici en vervaardigers is genoeg om te voel jy’t sekerlik orraait gedoen. Dis ’n kleurvolle wêreld, al die kollegas, mentors . . . die professionele en geestesverhoudings kan niemand ooit wegneem nie. Een het my eendag herinner die effek wat jy op mense om jou het, is veel belangriker as jou persoonlike sukses. Dit vat ’n mens lank om te leer om op dié pad te bly. Die skryfwerk was ook baie na aan my hart.
Met watter projekte was jy die afgelope vyf tot ses jaar besig?
Ek was gereed en vasbeslote om iets anders te probeer toe ons Australië toe trek. Ek het met kameras en redigering begin, maar die een ding lei toe na ’n ander en op die een of ander manier het ek ’n video-ingenieur en nou tegniese regisseur in die uitsaaiwese geword. Sedert 2009 het my werk my na verskeie stede geneem. Barcelona, Madrid, Rome, Singapoer, Chicago, die stad Washington, San Francisco, New York, Las Vegas. My verhoogervaring het baie gehelp om die druk van ’n regstreekste uitsending te hanteer. Jy kry net een kans. Daar’s baie adrenalien.
Hoe gereeld kom julle Suid-Afrika toe en wat is die lekkerste hier?
Ons probeer dit eenkeer in 18 maande doen. Alles, maar familie en vriende en om Nelia met hulle te deel is koning. En my geliefde Weskus. En Onrus. En die Kei.
Wat mis jy die meeste?
Dieselfde antwoord as die vorige vraag.
Is julle deel van ’n Suid-Afrikaanse gemeenskap daar in Australië?
Ons “Saffas” is redelik volop. ’n Mens hoor baie “Jaa” en “Haazit”. Maar Sydney is ’n kosmopolitaanse stad. Ons is almal Sydney-siders.
Wat kan ons by Australiërs leer?
Ons kan baie by mekaar leer. Ons deel ’n soort post-koloniale hardekwasgeit, maar ons humorsin verskil nogal. Ek is ewe trots daarop om ’n Suid-Afrikaner en ’n Aussie te wees. As dit kom by sport . . . Ek dink nie daar is enige twyfel oor waar my hart lê nie. Ai, ek het lank laas so lekkergekry soos met die Proteas se derde toetsreekssege in Australië in ’n ry! Gewoonlik het die Aussie krieket-etablishment baie om te sê, maar hulle was tjoepstil. En ek treur saam oor die arme Bokke se rillerjaar, maar ek glo die wiel draai. Ek dink tog die Aussies het ’n ekstra bietjie meedoënloosheid in alles wat hulle aanpak. Mededinging is straf hier, so jy moet elke dag uithaal en wys as jy kop bo water wil hou.
Reis jy baie deur die land? En die res van die wêreld?
Gereeld. Meestal vir werk, maar soms vir vakansie.
Praat jy al met ’n aksent?
Blykbaar. Dis nie doelbewus nie.
Hoe sou jy dit wat jy in Australië leer in Suid-Afrika kon terugploeg?
Dit sou voorbarig wees om te dink ek het iets om by te dra. Miskien kan ek eendag weer betrokke raak by “stories maak”. Daar is soveel ou kennisse met wie ek graag weer sou wou saamwerk en leer en my bydrae verbeter.
As jy ’n draaiboek kon skryf en ’n Afrikaanse fliek kon maak, wat sou die titel wees en waaroor sou dit handel?
Daar is ’n eerste draft van ’n teks, maar dit lê op die oomblik by my suster, Shirley. Wanneer sy dit gelees het sal ons verder dink oor wat volgende.
As jy ’n Hollywood-fliek kon maak, waaroor sou dit gaan?
Ek het nie regtig ’n behoefte daaraan om ’n Hollywood-fliek te maak nie, maar as die kaarte reg val en ek beland in een . . .Ek sal nie sommer nee sê nie.
Sal jy weer vir goed wou terugkom?
Daar gaan nie ’n dag verby dat ons nie wik en weeg nie. My vrou en kind se saligheid troef alles, so as ons dit die een of ander tyd kan laat werk, beslis.
Watter boodskap sou jy vir Suid-Afrikaners wou stuur hier oor die feesgety?
Asseblief, ry veilig. Wees eerder laat as om nooit op te daag nie. | http://www.huisgenoot.com/bekendes/wat-op-aarde-het-geword-van-fiela-se-kind/ | |
Gewilde sangeres word ma en deel twee skattige foto’s! | Die sanger Pink (37) het een van die beste kersgeskenke ooit gekry toe sy vir die tweede keer ma word.
Pink, oftewel Alecia Moore, het Maandag saam met haar man, Die BMX-jaer Carey Hart, die geboorte van hul jongste, Jameson Moon, aangekondig.
Die gewilde kunstenaar het haar seun aan die wêreld bekendgestel via die sosialemedia-platform Instagram. Sy het twee foto’s met haar 1,3 miljoen volgelinge gedeel, een van haar saam met die kleinding en een van hom saam met sy pa.
Jameson Moon Hart 12.26.16 A photo posted by P!NK (@pink) on Dec 28, 2016 at 2:31pm PST
“Dit sal ons eerste vakansie by die huis wees”, het Carey an People.com gesê. “Gewoonlik reis ons om tyd saam my vrou se familie in Pennsylvania te spandeer. Dit gaan lekker wees om net bietjie tuis te wees.”
Die egpaar het gekies om die kind se geslag tot aan die heel einde ’n verassing te hou, hoewel Carey erken het hy soek eintlik graag ’n seun.
Hy het wel bygevoeg: “Ek soek net graag ’n gesonde kind. Dit is al wat vir my saak maak.”
I love my baby daddy 💙 A photo posted by P!NK (@pink) on Dec 28, 2016 at 2:46pm PST
Die twee sterre sal binnekort weer feesvier met hul 11de huweliksherdenking die 17de Januarie. | http://www.huisgenoot.com/bekendes/gewilde-sangeres-word-ma-en-deel-twee-skattige-fotos/ | 2016-12-28 22:31:33 |
Moedelose leser maak hart oop: ‘My man se drankprobleem skeur my huwelik uitmekaar!’ | Hoe voel dit as alkohol ’n huwelik uitmekaarskeur? In ’n anonieme brief aan Huisgenoot vertel ’n leser van die stryd weens haar man se drankprobleem.
Ek wens daar was ’n naam – iemand wat ek kon verwyt, vir wie ek kon kwaad wees. Ek sou ’n gesig by die naam kon sit en beter voel, hoe verkeerd dit ook al is; ek sou haar kon haat. Want dit sou makliker wees om iemand die skuld te gee vir my huwelik wat op die afgrond huiwer.
Maar sy bestaan nie. En eintlik is dit ’n jammerte, want dit sou eintlik beter gewees het as daar “’n ander vrou” was.
Ek stry teen ’n muur, ’n niks, want daar is niemand.
Liefie, gee my ’n week van nugter wees, en ek gee jou die hemel. Ek sal jou sewe dae en nagte op my hande dra. Ek sal jou wys dronk word op die liefde is beter as dronk word op goedkoop drank.
Ek sal jou bederf, jou voete was, jou rug masseer, lang ente deur die dorp gaan stap en saam met jou “wat as”- en “eendag wanneer ons oud is”-drome droom terwyl ons roomys eet.
Maar die vet weet, dis te veel gevra. Pleks daarvan kry ek ’n dronk man wanneer ek van die werk af kom. Die kinders kuier eerder by maats of hul ouma, want hulle is nie lus om by die huis te wees nie.
Vanaand het jy so min selfrespek, jy klim net so met jou drankasem langs my in die bed, steek ’n laaste sigaret aan en raak byna onmiddellik aan die slaap. Ek sit maar en wag ingeval die sigaret nie self doodgaan nie. Wanneer jy balke saag, vat ek die sigaret uit jou hand.
Vra ek hoekom jy drink, wissel die redes van jy “werk hard” en “dis die enigste manier om te ontspan” tot jy “is nie nou lus vir my nonsens nie”.
Ek is alleen; jy is nooit daar vir my nie, al deel ons ’n huis en ’n bed. Jy is nie ’n man nie.
Ja, ek het die fout al by myself gesoek en tot die slotsom gekom dat ek jou nie waardig is nie. Miskien is ek ’n slegte, skoorsoekerige vrou. Ek meen, ná ’n paar patetiese (moenie my oordeel nie) pogings om my lewe te neem, is ek steeds hier. Ek sal wragtig in die saligheid van slaap wegraak, maar môreoggend skree die verdomde hoender my sowaar soos klokslag wakker en moet ek my moeë lyf uit die bed sleep om nog ’n dag aan selfondersoek op te offer.
Ek weet nie meer nie, want jy praat nooit meer met my nie.
My wens is dat ek jou nooit so lief moes kry om jou elke keer te vergewe nie. Dit is mos my “Christelike plig”. As jy iemand anders was, was dit dalk makliker en kon ek ten minste myself wees. Maar nou is jy my man. Die pa van ons pragtige dogters. Aan materiële dinge het ons nie ’n tekort nie; net aan die man en pa in die huis.
Ek mis jou, my man.
Aan die begin was jy die een wat my beskerm en my die maan en sterre belowe het. Waar het alles fout gegaan? Ek sal alles in my gee as jy net wil erken jy het ’n probleem, en ek sal jou deur alles help en bystaan.
Ek vra mos nie veel nie.
Liefde vir altyd,
Jou vrou | http://www.huisgenoot.com/ons-mense/moedelose-leser-maak-hart-oop-my-man-se-drankprobleem-skeur-my-huwelik-uitmekaar/ | |
Huisgenoot Mobi | Die somer is hier: Swem-tyd, waartlemoen-tyd en luilekker vakansiedae om in die son te balajaar!
Jou winterjasse en serpe is weggepak en soos wat die warmer dae aanbreek smag jy na daardie lieflike, vrolike voorkoms. Hannon is die aanbieder van die gewilde TV-leefstylporogram Glam Guru en ons het vir die man wat bekend is vir sy raad oor skoonheid en styl gevra om sy top-10 mooilykwenke vir die somer te deel:
Probeer beslis ’n nuwe haarstyl. Super-kort style, asook soliede gordyntjie kuiwe is hoogmode en sal jou so nuut soos die nuwe seisoen laat voel. Sorg dat jou hare optimaal blink deur dit te kleur nader aan jou natuurlike kleur en deur ekstra tyd en geld te spandeer aan vogbehandelings wat jy self by die huis kan doen. Haarbykomstighede is ’n vrolike manier om enige haarstyl van dag tot dag ’n splinternuwe voorkoms te gee. Bloedrooi lipkleure soos vroue in die jare 40’s gedra het is nie net hoogmode nie, maar steeds die glansrykste manier om met minimale grimering jou hele gesig glansryk te laat sprankel.
Deur ‘n peskekleurige blosser sommer ook as oogskadu te gebruik het jy min ekstra grimering nodig en sal jou oogkleur mooi helder vertoon. Gebruik hierdie somer net ‘n water en smeerbestande maskara want as jy warm kry of aktief rondhardloop moet mooilyk nie een van jou uitdagings wees nie. Staan ‘n nuwe blaadjie om met jou velsorgroetine. Belê in ‘n olievrye sonblok en gebruik dit sommer ook as jou vogroom. Op die manier sal jy sonbeskerming kry en oorgenoeg vog sonder om olierig te lyk aan die einde van die dag. | http://www.huisgenoot.com/leefstyl/skoonheid/hannon-se-top-10-mooilykwenke-vir-die-somer/ | |
Video wys hoe man sesjarige ‘aan die nek gryp’ in gesinsrestaurant | Dit is seker enige ouer se grootste nagmerrie.
Jy sit lekker rustig en kuier by ’n restaurant. Intussen word jou sesjarige seun in die eetplek se speelarea glo eers deur ’n ander kind geboelie en dan na bewering deur ’n onbekende volwasse man aan die nek gegryp, teen die grond gegooi en op geskree.
Terwyl dít gebeur loop nog ’n man en vrou verby jou kind maar niemand doen iets om hom te help nie.
Net ’n paar dae voordat Annari du Plessis, haar man, Willie en hul sesjarige seun na Noorweë sou vertrek vir vakansie, het dié nagmerrie hul oorgekom.
Op kringtelevisiemateriaal wat die gemeenskapskoerant Vaalweekblad op hul webblad publiseer het, kan ’n mens sien wat met Annari se seun gebeur.
Wie die man presies is, kon Huisgenoot ten tye van publikasie nie bevestig nie.
Annari het aan Vaalweekblad gesê sy het Saterdag 17 Desember saam met haar suster en haar seuntjie by die Panarottis in Vaal Mall gaan eet.
“Ons het mekaar so 12:00 daar gekry en my seun het by die speelarea gaan speel. Ons het naby die speelarea gaan sit sodat ek ’n ogie oor hom kan hou,” het Annari aan Vaalweekblad gesê.
Ná ’n rukkie kon Annari nie meer haar seun sien nie. Toe sy in die speelarea na hom gaan soek, het sy hom gekry waar hy op die vloer sit en huil terwyl hy sy nek vashou. Die sesjarige het toe vir sy ma vertel dat ’n oom hom aan die nek gegryp en op die vloer neergegooi het, berig die Vaalweekblad.
Op beeldmateriaal wat Annari in die hande gekry het, kan ’n mens sien hoe haar seun in die een hoek van die speelarea sit terwyl ’n seuntjie wat langs hom sit, sy been vashou. Dit lyk of Annari se seun probeer van die seuntjie wegkom deur na die oop area van die speelarea te kruip. Volgens die beeldmateriaal klim die seuntjie eers op hom, wat op sy maag lê voordat hy van hom afklim en Annari se seun dan aan sy bene na agter sleep.
Die sesjarige kom uit die seun se greep en hardloop weg. Vir ’n oomblik kan jy nie vir Annari se seun of die seun in die beeldmateriaal sien nie. Die volgende wat jy sien is die sesjarige wat die ander seun agternasit in die rigting van die klimraam.
’n Volwasse man kom van agter die klimraam uitgestap. Dit lyk of hy vir hom aan die nek gryp, hom op die grond neergooi en op hom skree.
Annari was so ontsteld oor wat met haar kind gebeur het, dat sy die beeldmateriaal op Facebook gesit het in ’n poging om uit te vind wie die man is.
Binne twee ure is die man identifiseer, het Annari in ’n Facebook-boodskap aan Huisgenoot gesê kort voordat sy na Noorweë vertrek het.
“Die man het my die Sondag gebel en wou dit finalize. Ek het op advies nie met hom gepraat nie. Ons het ’n saak by die Vanderbijlpark-polisiekantoor gemaak,” sê Annari.
Sers. Gertrude Makhale, woordvoerder van die Vanderbijlpark-polisiekantoor, het bevestig ’n saak van aanranding is geopen.
Volgens Makhale het die polisie ’n waarskuwingsverklaring by die verdagte geneem.
“Die ondersoekbeampte wag net vir die klaer om terug te kom van vakansie af sodat sy met die ondersoek kan aangaan,” het Makhale gesê.
“Die man wou sy optrede regverdig en het vir my gesê dit is nie hoe dit lyk nie. Die beeldmateriaal vertel volgens hom nie die storie nie.”
By navraag het Panarotti’s in Vaal Mall Huisgenoot verwys na Pierre van Tonder by Spur Korporasie se hoofkantoor in Kaapstad. By Spur se hoofkantoor (Panarotti’s val onder Spur) is Huisgenoot verwys na Tyrone Herdman-Grant, hoof uitvoerende beampte van die Spur-groep. Tyrone se foon het met elke oproep direk na sy stempos gegaan. Hy het ook nie op ’n boodskap reageer nie.
KYK DIE VIDEO HIER | http://www.huisgenoot.com/nuus/plaaslik/skokvideo-wys-hoe-man-sesjarige-aan-die-nek-gryp-in-gesinsrestaurant/ | |
Vakansiepret: Doen ons vinnige woordsoek! | Daar is sekere name en woorde wat ons seker altyd met 2016 sal verbind. Twaalf van hulle is in hierdie soekblok weggesteek – kyk hoe vinnig jy hulle kan opspoor!
Om jou te help, is daar ‘n leidraad vir elke woord onder die soekblok.
So werk dit
Die meeste woorde loop van links na regs en van bo na onder. Hier en daar loop een van links onder na regs bo of van links bo na regs onder.
Klik op “Kanselleer” as jy ‘n fout gemaak het.
As jy geen raad meer weet nie, kan jy op “Wys alles” klik om die volledige oplossing te sien.
Verkies jy om die woordsoek met ‘n potlood in te vul? Klik dan op die “pdf”-knoppie in die onderste regterhoek en druk dit uit.
Span die tydhouer in om teen vriende en familie mee te ding.
Op jou rekenaar:
Trek met jou muis oor die korrekte letters om die korrekte woord te omkring.
Op jou selfoon:
Vee met jou vinger oor die korrekte letters om die korrekte woord te omkring. Moenie skrik as die eerste letter waarop jy druk ‘n groot rooi sirkel vorm nie; jy kan steeds gewoonweg voortgaan.
Wees versigtig as jy heen en weer oor die skerm rol – plaas jou vinger tussen twee reëls om te keer dat jy per abuis ‘n woord omkring.
As jy op ‘n iPhone speel, sal jy moontlik jou foon dwars moet draai. Android-fone hoef nie dwars gedraai te word nie.
Omdat dit ‘n lang en maer soekblok is, sal dit dalk vir jou makliker wees om eers deur die leidrade onder die soekblok te lees voor jy die woorde begin soek. So sal jy nie jou klein skerm heeltyd op en af hoef te rol nie.
LEIDRADE
1. Hierdie stad in Sirië is die afgelope jaar meedoënloos en onophoudelik deur verskillende magte gebombardeer.
2. Hierdie sanger van onder meer “Space Oddity” is vroeg vanjaar oorlede (David . . . ).
3. Die bynaam van die proses waarin die Verenigde Koninkryk besig is om hulle uit die Europese Unie los te wikkel.
4. Die voornaam van die omstrede grootkop by die SAUK wat homself graag as ‘n genie beskryf. (. . . Motsoeneng)
5. Hierdie vrou se stoute WhatsApp-boodskap aan haar man het per abuis by die verkeerde adres beland en omtrent die land aan die gons gehad. (. . . van Wyk)
6. ‘n Afrikaanse musieklegende wat vanjaar gesterf het. (. . . Carstens)
7. Haar rassistiese Facebook-inskrywing oor KwaZulu-Natalse strandgangers het die jaar met ‘n rasseherrie soos min laat afskop. (. . . Sparrow)
8. Die planeet het van skok geskud toe hierdie omstrede man tot nuwe Amerikaanse president verkies is. (Donald . . . )
9. Huisgenoot het 100 jaar oud geword en dit onder meer met hierdie fliek gevier. (Vir die . . . )
10. Ons hart het van trots geswel oor hierdie briljante atleet se fantastiese vertoning by die Olimpiese Spele. (. . . van Niekerk)
11. ‘n Virus met die naam . . . wat geboorte-afwykings kan veroorsaak, het die wêreld omtrent op hol gehad.
12. Die beweerde onheilige alliansie tussen Suid-Afrika se president Jacob Zuma en die Gupta-familie staan bekend as . . . | http://www.huisgenoot.com/gons-pret/vakansiepret-doen-ons-vinnige-woordsoek/ | |
Groot nuus oor Serena Williams | Tenniskampioen Serena Williams het haar verlowing aan die tegno-reus Alexis Ohanian aangekondig.
Die 35-jarige atleet het die opwindende trounuus onthul toe sy Donderdag op Reddit, die kletswebtuiste, ’n gedig gedeel het – haar verloofde het immers in 2005 gehelp om die webtuiste van stapel te stuur.
Serena skryf: “Ek het tuis gekom. ’n Bietjie laat. Iemand het ’n tas vir my gepak. En ’n koets het vir my gewag. Bestemming: Rome . . .”
Sy het voortgegaan deur te verklap sy en Alexis het die eerste keer in die romantiese stad in Italië ontmoet en Rome die plek genoem “waar hulle sterre die eerste keer ontmoet het”.
Serena het die oomblik beskryf toe Alexis die groot vraag gevra het, en vertel die verlowing het plaasgevind by die plek waar hulle mekaar die eerste keer ontmoet het.
“By dieselfde tafel het ons die eerste keer per toeval ontmoet, hierdie keer was dit g’n toeval nie, maar sy keuse.”
Sy het die oulike gedig (heelwat meer poëties in Engels!): “Op een knie het hy vier woorde gesê . . . En ek het ja gesê.”
Die tennisster het die 33-jarige entrepreneur in 2015 ontmoet en hulle is sedertdien smoorverlief.
Vroeër in 2016 het Serena verklap sy wil kinders hê sodra sy met die regte maat gevestig is.
“Ek wil beslis eendag kinders hê,” het sy aan Amerika se Glamour-tydskrif vertel.
“Dit is iets wat ek nog altyd wou gehad het – vir so lank as wat ek kan onthou. En hoe ouer ek word, hoe meer dink ek: ‘Ek is te jonk!’”
“Hopelik kan ek een van die dae ’n bietjie groot word, ernstig raak, en hulle (kinders) sommer vinnig kry.”
– Cover Media | http://www.huisgenoot.com/bekendes/groot-nuus-oor-serena-williams/ | |
Maak seker jou tieners beskik oor dié vaardighede voor hulle die nes verlaat | Gaan hy dit maak in die aanloop tot die grootmenswêreld? Sal sy kan kers vashou by ander jong vroue wat nou skielik “volwasse” moet wees? Dis die soort vrae wat ouers vra wanneer hul tiener net ’n paar jaar oor het op skool.
Kenners waarsku tieners moet sekere vaardighede onder die knie kry sodat hulle kop bo water kan hou wanneer hulle eendag die nes verlaat.
’n Mens wil hulle so lank moontlik beskerm, vertroetel en pamperlang, maar dis teenproduktief. Dit beteken jy moenie ’n helikopter-ouer wees wat alles vir jou kind doen nie.
“Ons as ouers doen te veel,” raas Julie Lythcott-Haims, skrywer van die boek How to Raise an Adult: Break Free of the Overparenting Trap and Prepare Your Kid for Success.
Kinders leer lees en skryf, maar nie om belangrike dinge te doen soos begroting uitwerk nie, sê Neale Godfrey, voorsitter van Children’s Financial Network, ’n aanlyn organisasie wat wêreldwyd finansiële geletterdheid bevorder.
As jou tiener nog nie sy of haar eie bankrekening het nie, maak so gou moontlik een oop, raai Neale aan. Sy stel ook voor jy gee jou kind ’n maandelikse klerebegroting sodat hulle kan oefen om geld te bestuur.
“Ons het hul beste belange op die hart, maar as ons hulle te veel help, ontneem ons hulle van die kans om hierdie baie belangrike dinge te leer en hulle voor te berei vir die wêreld van werk, ’n woonstel kry, om hul pad deur die vreemde te vind en om interaksie te hê met volwassenes wat nie in liefde belangstel nie,” vertel Julie.
“Hou op om jou 10-jarige seun se vleis vir hom te sny. Ek het dit ook onlangs gedoen,” erken sy.
Hier is die vaardighede wat tieners moet aanleer voor hulle hul vlerke sprei:
Berei maaltye op hul eie – van ontbyt tot aandete.
– van ontbyt tot aandete. Staan self soggens betyds op. Jy kan nie vir ewig hul wekker wees nie.
Jy kan nie vir ewig hul wekker wees nie. Was wasgoed. Wys hulle hoe en staan terug.
Wys hulle hoe en staan terug. Lê inisiatief aan die dag. Werkgewers kla 20-pussers moet heeltyd met die lepel gevoer en stap vir stap vertel word wat hulle moet doen. En dan wil hulle ook nog op die skouer geklop word as hulle dit doen, vertel Julie. “Kinders moet leer om by te dra tot die voordeel van die geheel,” sê sy. Dit begin by boeties en sussies wat mekaar met huistake help.
Werkgewers kla 20-pussers moet heeltyd met die lepel gevoer en stap vir stap vertel word wat hulle moet doen. En dan wil hulle ook nog op die skouer geklop word as hulle dit doen, vertel Julie. “Kinders moet leer om by te dra tot die voordeel van die geheel,” sê sy. Dit begin by boeties en sussies wat mekaar met huistake help. Veg vir jou reg. Dit gaan baie onvanpas wees as jy jou kind se leerkragte en dosente bel om oor iets soos hul punte te kla. Moet dit veral nie tydens die hoërskooljare doen nie. Jou bloedjie moet vir homself kan opstaan as hy ontevrede is oor iets. Kinders moet leer om probleme respekvol met gesagsfigure uit te klaar. Sê iets soos: “Liefie, ek weet jy is ongelukkig oor wat tydens die wedstryd gebeur het of jy verstaan nie die inligting wat in die klas oorgedra is nie. Gaan praat met die onderwyser, maar op ’n ordentlike manier.”
Dit gaan baie onvanpas wees as jy jou kind se leerkragte en dosente bel om oor iets soos hul punte te kla. Moet dit veral nie tydens die hoërskooljare doen nie. Jou bloedjie moet vir homself kan opstaan as hy ontevrede is oor iets. Kinders moet leer om probleme respekvol met gesagsfigure uit te klaar. Sê iets soos: “Liefie, ek weet jy is ongelukkig oor wat tydens die wedstryd gebeur het of jy verstaan nie die inligting wat in die klas oorgedra is nie. Gaan praat met die onderwyser, maar op ’n ordentlike manier.” Pak self. Kinders moet leer wat hulle gaan nodig hê wanneer hulle nie by die huis is nie. Jy gaan tog nie eendag jou seun se aktetas vir werk pak nie, of hoe?
Kinders moet leer wat hulle gaan nodig hê wanneer hulle nie by die huis is nie. Jy gaan tog nie eendag jou seun se aktetas vir werk pak nie, of hoe? Bestel by restaurante. Hierdie vaardigheid moet reeds op laerskool geleer word. Sê: “Ek besef dit is nie my besluit wat jy gaan eet nie. Ek kan ook nie aanneem jy gaan dieselfde gereg as laas bestel nie.” Wanneer hulle bestel, moet hulle die kelner in die oë kyk, beleefd wees, hul bestelling duidelik oordra en dankie sê.
Hierdie vaardigheid moet reeds op laerskool geleer word. Sê: “Ek besef dit is nie my besluit wat jy gaan eet nie. Ek kan ook nie aanneem jy gaan dieselfde gereg as laas bestel nie.” Wanneer hulle bestel, moet hulle die kelner in die oë kyk, beleefd wees, hul bestelling duidelik oordra en dankie sê. Praat met vreemdelinge. ’n Mens leer jou kind hulle moenie met vreemdelinge praat nie, maar hul lewe gaan vol vreemdelinge wees. Die reël moet eintlik wees: “Laat ek jou leer onderskei tussen bedenklike en veilige vreemdelinge.”
’n Mens leer jou kind hulle moenie met vreemdelinge praat nie, maar hul lewe gaan vol vreemdelinge wees. Die reël moet eintlik wees: “Laat ek jou leer onderskei tussen bedenklike en veilige vreemdelinge.” Inkopies doen. Kinders moet leer om hulle in ’n winkel te oriënteer deur die inligtingsbordjies te lees. Begin deur hulle ’n lys te gee van vyf tot ses items wat hulle moet gaan soek en in ’n mandjie terugbring.
Kinders moet leer om hulle in ’n winkel te oriënteer deur die inligtingsbordjies te lees. Begin deur hulle ’n lys te gee van vyf tot ses items wat hulle moet gaan soek en in ’n mandjie terugbring. ’n Uitstappie beplan. Hoewel jy kan vra dat hulle jou presies vertel wat hulle beplan, moet jy nie toelaat dat jou vrese hulle bang maak vir die wêreld nie.
Hoewel jy kan vra dat hulle jou presies vertel wat hulle beplan, moet jy nie toelaat dat jou vrese hulle bang maak vir die wêreld nie. Openbare vervoer gebruik. As jy op 18 vir jou land kan gaan veg, moet jy teen daardie tyd seker ook op jou die bus, trein en taxi kan gebruik. Reis saam tot jy dink hulle sal op hul eie regkom, sê Julie.
As jy op 18 vir jou land kan gaan veg, moet jy teen daardie tyd seker ook op jou die bus, trein en taxi kan gebruik. Reis saam tot jy dink hulle sal op hul eie regkom, sê Julie. Beplan. Dit kan tieners help om hul tyd met behulp van ’n skedule te bestuur, en dit kan hulle goeie studente help wees, sê Donald J. Foss, skrywer van Your Complete Guide to College Success en ’n professor in sielkunde aan die Universiteit van Houston.
Dit kan tieners help om hul tyd met behulp van ’n skedule te bestuur, en dit kan hulle goeie studente help wees, sê Donald J. Foss, skrywer van Your Complete Guide to College Success en ’n professor in sielkunde aan die Universiteit van Houston. Studeer. Dis tydmors om handboeke oor en oor te lees. Tieners moet leer wat hulle moet lees, wat belangrik is uit dit wat hulle gelees het en om lyste te maak van dit wat hulle moet weet, sê Donald.
Dis tydmors om handboeke oor en oor te lees. Tieners moet leer wat hulle moet lees, wat belangrik is uit dit wat hulle gelees het en om lyste te maak van dit wat hulle moet weet, sê Donald. Blyplek kry. Neem kinders saam as julle na huise of woonstelle gaan kyk. Laat die agent hulle saam met jou wys waarvoor hulle moet uitkyk. Verduidelik later hoekom jy besluit het op die een blyplek en nie die ander een nie. Kinders moet ook leer watter verantwoordelikhede jy kry as jy ’n huurkontrak onderteken en wat die reëls is. Lees die dokumente saam deur dat hulle byvoorbeeld verstaan hoe deposito’s werk.
Bronne: washingtonpost.com, parenting.com, usnews.com | http://www.huisgenoot.com/leefstyl/superma/featured-superma/maak-seker-jou-tieners-beskik-oor-die-vaardighede-voor-hulle-die-nes-verlaat/ | |
Huisgenoot Mobi | ’n Kinderlose vrou van ’n plattelandse dorpie in die Karoo het ’n vroeë Kersgeskenk ontvang toe ’n wildvreemde vrou by haar opdaag en ’n papbabatjie in haar arms druk.
“Na soveel miskrame wat ek met leë hande uit die kraamsaal loop, het ek berus by die feit dat ek nie ’n baba beskore sal wees nie,” vertel Sunette*.
“Groot was my verbasing oor God se goedheid toe ’n vrou met ’n baba by my hek opdaag. Haar woorde was ‘Mevrou, God stuur my na jou toe. Vat asseblief my baba en help haar grootmaak’.”
Sunette was uit die veld geslaan, maar het kontaknommers met die vrou uitgeruil indien sy van plan verander. Tog was die ma van die dogtertjie oortuig dat sy die regte keuse maak. Die twee het ’n verklaring by die plaaslike polisiestasie gaan afgelê om te sê dat sy die kind in die sorg van Sunette en haar man plaas.
“Sy het vir my gesê sy was jonk en het ’n fout gemaak en dat die baba beter daaraan toe by my sou wees.”
Sy het dit glo aanvanklik oorweeg om ’n aborsie te kry, maar die baba was al te ver ontwikkel.
Sunette vertel dat sy by welsynsprojekte op die dorp betrokke is en dat die vrou glo deur haar werk in die gemeenskap van haar te hore gekom het.
Die babatjie was ’n maand oud toe sy haar in Oktober gekry het en sedertdien het sy mooi gewig opgetel. “Sy weeg nou al ’n volle ses kilogram! Almal is lief vir haar en dit gaan baie goed met haar.”
Sunette sê die dag toe sy die baba die eerste keer kliniek toe neem en ook daar hoor dat die ma dit oorweeg het om ’n aborsie te kry, het sy hartseer geraak oor die ironie van die lewe. “Daar is so baie vroue wat ’n ma wil word, maar nie kan nie.”
Die baba se biologiese ma bel Sunette van tyd-tot-tyd om te hoor hoe dit met die baba gaan, maar het nog nie weer ’n poging aangewend om haar terug te neem nie. Sunette en haar man is tans in die proses om haar wettig aan te neem.
“Hoe wonderlik om die bondel vreugde hier in die Karoo te mag grootmaak.”
*Skuilnaam | http://www.huisgenoot.com/nuus/plaaslik/god-stuur-baba-na-kinderlose-vrou-in-die-karoo/ | |
Vier mengeldrankies waarmee jy jouself kan bederf op Oujaarsaand! | Stap 1: Sny die lemmetjies in die lengte deur om kwarte te vorm. Sny die wit van die lemmetjie, waaraan die pitte gewoonlik vas is, af. Dit help die lemmetjiesap om makliker uit te vloei en hou die bitterheid uit jou drankie.Stap 2: Gooi die kwarte (omtrent een tot twee lemmetjies per drankie, afhangende van hoe sappig die lemmetjies is) in ’n mengbakkie en gooi ’n eetlepel suiker per drankie by. Pers dit fyn met ’n stamper sodat die suiker en lemmetjiesap meng.Stap 3: Gooi die lemmetjie-en-suiker-mengsel in ’n glas saam met die skille van die kwarte. Jy kan elke glas ’n derde vol gooi met hierdie mengsel. Gooi dan genoeg ys in dat die watervlak styg tot ongeveer half vol, of selfs twee derdes vol. (Gebruik kort glase, soos dié vir whisky.)Stap 4: Maak die res van die glas vol met wodka of cachaça. As jy voel dit is ’n bietjie sterk, kan jy sodawater, gewone water of nog ys bygooi.Geniet! Of, soos die Brasiliane sê: “Saúde!”Wenk Lemmetjies is goedkoop in Brasilië, maar kan baie duur wees in Suid-Afrika en jy kan min of meer dieselfde smaak kry met ’n gewone suurlemoen. Die Brasiliane gebruik ook nie net lemmetjies nie; hulle maak met enige vrug ’n caipirinha. Aarbeie, pynappel, kiwi en grenadella is die gewildste variasies. Ek hou veral van die aarbei-caipiroskas.– Dalena Theron | http://www.huisgenoot.com/wenresepte/drankies/vier-mengeldrankies-waarmee-jy-jouself-kan-bederf-op-oujaarsaand/ | |
Vakansieblokraai: Hoe goed ken jy jou Kersliedjies? | Wat is nou lekkerder as om dié tyd van die jaar los te trek met Kersliedjies, van kleintyd se Halleluja-liedjies tot Boney M wat in supermarkte weergalm?
Kyk hoe goed jy jou Kersliedjies ken met ons spesiale Kersdag-blokraai.
Rol tot onder die blokraai om invul-riglyne te sien.
Gaan so te werk
Die rooi leidraad is die een waarmee jy besig is.
Klik op die leidraad wat jy wil beantwoord en die eerste blokkie van die antwoord sal dadelik geel word.
Klik op die blokkie waar jy ’n letter wil invul en tik die letter.
Links van die blokraai is ’n ry knoppies met hulpmiddels.
As jy vasbrand, kan jy op “Wys letter” klik om meer letters te sien, of op “Wys woord” om sommer die hele woord te sien. “Maak seker” sal aandui of jy ’n verkeerde letter ingevul het. “Potlood” maak die letters wat jy invul kursief en is ’n funksie wat jy kan gebruik as jy nie heeltemal seker van jou saak is nie en eers wil kyk of dit werk.
“Wys alles” wys die voltooide blokraai. “Bêre” is die Afrikaans vir “Save”.
Doen jy die blokraai op jou selfoon? | http://www.huisgenoot.com/gons-pret/vakansieraai-hoe-goed-ken-jy-jou-kersliedjies-24-desember/ | |
Die natuur se spa - wend dit só aan | Jy kan heelwat put uit die natuurlike skoonheidmiddels wat die natuur tot ons beskikking stel.
Suurlemoen
Skoonheidseienskap: verhelder
Gebruik as: reinigingsmelk
BESTANDDELE
250 ml (½ k) gewone jogurt
15 ml (1 e) sonneblomolie
20 ml (1½ t) vars suurlemoensap
AANWYSINGS
Meng al die bestanddele. Bêre dit in ’n bottel in die yskas.
GEBRUIK SO
Gooi ’n bietjie in jou hand. Masseer die produk sagkens aan jou gesig. Spoel met louwarm water af en druk met ’n handdoek droog.
Komkommer
Skoonheidseienskappe: anti-inflammatories, reguleer vog, streel en verkoel
Gebruik as: strelende oogbehandeling
BESTANDDELE
15 ml (1 e) aloe vera-jel (gesondheidswinkels en uitgesoekte apteke)
10 ml (2 t) komkommer, geskil en sade verwyder
3 ml (½ t) heuning
3 ml (½ t) rooibostee, getrek en afgekoel
AANWYSINGS
Meng die aloe vera-jel, komkommer en heuning in ’n voedselverwerker. Voeg die tee by en meng. Sit dit sowat ’n halfuur lank in ’n lugdigte houer in die yskas voor jy dit gebruik. Bêre dit in die yskas, maar nie vir langer as ’n week nie.
GEBRUIK SO
Smeer die mengsel sagkens met jou ringvinger onder skoon oë aan.
Kiwi
Skoonheidseienskappe: skilfer af en hidreer
Gebruik as: lyf-en-gesigmasker
BESTANDDELE
125 ml (½ k) gewone jogurt
5 ml (1 t) heuning
15 ml (1 e) olyfolie
1 kiwi, afgeskil en fyngemaak
AANWYSINGS
Meng die bestanddele in ’n voedselverwerker.
GEBRUIK SO
Smeer aan ’n skoon vel, los 10 minute aan en spoel af. Bêre dit wat oorbly in die yskas en gebruik dit binne 24 uur.
Papaja
Skoonheidseienskappe: versag en los dooie vel op
Gebruik as: gesigafskilferaar
BESTANDDELE
5 ml (1 t) Bulgaarse jogurt
3 ml (½ t) heuning
1 eierwit om dit mee te bind
1-2 skywe fyngemaakte papaja
3 ml (½ t) papawer- en sesamsade
AANWYSINGS
Meng die jogurt, heuning en eierwit tot dit ’n taai pasta vorm. Voeg die papaja en sade by en meng.
GEBRUIK SO
Vryf met sirkelbewegings aan ’n skoon vel. Spoel met koue water af.
Deur: Suzanne Kotzé | http://www.huisgenoot.com/leefstyl/skoonheid/die-natuur-se-spa/ | |
Man met konstante kloppende hoofpyn bly om eindelik te weet wat’s fout | Daar is heeltyd ’n geraas in jou ore – soms klink dit soos druisende water, ander kere soos jou hartklop. Partykeer raak jy so uitgeput en duiselig dat jy dae lank net plat op jou rug lê. Die skril hoofpyne is altyd daar. Dit voel of jou brein te groot is en uit jou skedel wil bars, kompleet asof jy ’n breingewas het . . .
Dis waarom dié siekte pseudotumor cerebri genoem word, oftewel idiopatiese (van onbekende oorsprong) intrakraniale hipertensie (IIH). Martin Lintott (37) van Johannesburg ken hierdie “hellevaart” ongelukkig te goed.
Ná twee jaar van duiseligheid, vertigo (dit voel of die omgewing om jou beweeg of tol), ondraaglike hoofpyne en onsekerheid is IIH eindelik by hom gediagnoseer.
Sy lewe lank was Martin gesond – tot in 2013. “Sedertdien het dit my sielkundig en finansieel geknak,” vertel hy.
Sy verloofde, Rachelle de Hart (37), wat as verkoopsvrou by ’n ingenieursmaatskappy werk, is nou die enigste broodwinner nadat hy weens die siekte sy lonende loopbaan in kleinhandelbedryf kwyt is.
Mense by die huis en veral by die werk het soms gedink hy sit aan. “Geen sigbare, fisieke simptome wys jy is siek nie, maar hier aan die binnekant voel dit of jou wêreld in duie stort,” sê Martin.
September was juis Internasionale IIH-bewusmakingsmaand. Een uit elke 100 000 mense wêreldwyd moet hiermee saamleef. “Ek wil keer dat ander wat ook konstant hoofpyn het nie soos ek drie jaar lank sewe of agt hoofpynpoeiers per dag neem en dink die simptome sal weggaan nie,” sê Martin.
Gaan spreek ’n neurochirurg so gou jy kan om seker te maak die simptome is nie dalk aan IIH te wyte nie, is sy raad.
Om te toets of hy aan IIH ly, is ’n lumbale punksie gedoen om die drukking op sy brein te bepaal. Die prosedure het dit ook 24 uur lank verlig. Sedertdien was hy vir nog vier lumbale punksies. Dis min – Martin het al van IIH-lyers gehoor wat tussen 90 en 100 van hierdie prosedures ondergaan het.
Lees ook: Klop só lag-lag jou hoofpyn
In Maart 2013 het Martin gedink hy het hartversaking omdat hy gereeld kortasem was, maar die eerste dokter het bevind hy het moontlik ’n infeksie weens diabetes. Martin het sy raad gevolg, gesonder begin leef en binne die volgende jaar gewig verloor: van 140 tot 105 kg.
In Julie 2014 het hy skielik weer baie siek geword en hartkloppings, die allerverskriklike hoofpyn en maagpyn ervaar. ’n Volgende dokter het gemeen dis gastro-enteritis, maar die behandeling het nie Martin se kloppende kop laat bedaar nie.
Hierna het hy gehoor hy het nierversaking, diabetes mellitus, oorinfeksie, infeksie in sy tande, slaap-apnee en veneuse sinustrombose. ’n Psigiater het selfs bipolêre gemoedsteuring by hom gediagnoseer.
Een van sy talle dokters het vermoed hy ly aan okulêre migraine en “moet in ’n donker kamer gaan lê en baie soutkraakbeskuitjies eet om die hoofpyne te verlig”.
Martin het agt maande lank vasbeslote probeer om aan te hou werk. In ’n stadium moes hy 2 000 mg diuretiese medikasie drink om die water van sy brein af te dryf. Tot die newe-effekte van die pille hom in die Johannesburgse spitsverkeer sy bewussyn laat verloor het . . .
Twintig jaar lank was Martin ’n suksesvolle, loopbaangedrewe en gesonde man. “Ek was ’n oorpresteerder; daarom is ek nou so gefrustreer en teleurgesteld,” sê hy. “My hele lewe staan stil. Die rits spesialiste het hom met elke besoek R3 000 en R4 000 uit die sak gejaag. Hy moes dit elke keer van sy mediese fonds verhaal, maar daardie hulpbron is nou uitgeput.
Lees ook: Eers ‘n skeelhoofpyn, toe kon sy glad nie praat of skryf nie!
Vriende en familie het eindelik ’n neurochirurg in Florida aan die Wes-Rand aanbeveel en binne 15 minute kon dié kenner die diagnose maak. Maar steeds kan geen spesifieke oorsaak vir die siekte by Martin gevind word nie.
“Hierdie siekte is sedert die laat 1800’s bekend, maar hier in 2016 weet niemand nog wat die wortel daarvan is nie,” sê Martin.
Die siekte kom wel in party families voor, maar kenners kon nog nie vasstel of dit geneties oorgedra word nie. IIH kom meestal by vroue voor en die gemiddelde ouderdom waarop dit gediagnoseer word, is 30 jaar.
Medikasie soos langtermyn-antibiotika vir ’n verskeidenheid veltoestande en hormonale voorbehoedmiddels wat by vroue ingeplant word, kan die drukking van vog op die brein veroorsaak.
Oorgewig of vetsugtige mense is ook vatbaarder vir IIH, veral vroue wat 10 persent en mans wat 20 persent meer as hul ideale gewig weeg. In 95 persent van sulke gevalle kan ’n maagomleiding die simptome laat opklaar.
Tien tot 25 persent van die lyers se sig word aangetas, want weens die drukking in die skedel swel die optiese senuwees agter die retina. As die siektetoestand nie met waterpille of stents beheer word nie, kan dit tot permanente blindheid lei.
Tinnitus (die gesuis in sy ore) verhoog die kans om doof te word omdat daar gereeld drukking is op die oortromme.
As ’n mens vermoed jy het IIH, doen ’n neuroloog eers ’n breinskandering om vas te stel of ’n gewas druk in die skedel laat opbou. Daarna word ’n limbale punksie gedoen om te bepaal hoeveel drukking daar is.
Lees ook: Hierdie kosse kan ‘n skeelhoofpyn veroorsaak
As die omleidings (“shunts”) wat ingeplant word die vog te hewig dreineer, of as dit besmet of geblokkeer word, moet die pasiënt weer onder die mes gaan. Van dié toestelle kan geprogrammeer en van buite met ’n magneet ingestel word, maar dan moet die pasiënt baie elektroniese toebehore vermy omdat dit die omleiding se verstellings kan ontwrig. Lumbale omleidings kan ook gebruik word om vloeistof uit die ruggraat na die maag te dreineer.
Martin gesels gereeld per e-pos met personeel van die Johns Hopkinson-universiteit in Baltimore, Amerika, en hulle het hom genooi om daar toetse te ondergaan om te kyk of hy vir die gevorderde stentprosedure kwalifiseer.
’n Stent word in die basis van die breinstam ingeplant om die aar van binne te vergroot. Dit sal beter bloedvloei bewerkstelling sodat vog vinniger van die brein weggevoer word.
“Ek kon nog nie ’n plaaslike chirurg opspoor wat dit kan doen nie,” vertel Martin, wat ook nog die geld vir die inplanting moet bymekaarskraap. Die koste van so ’n prosedure in Amerika kan honderdduisende beloop.
Alles is darem nie verlore nie. IIH beïnvloed nie jou normale lewensverwagting nie en by sekere lyers het die toestand al vanself in remissie gegaan. Martin en sy geliefdes hoop en bid hy is een van dié gelukkiges.
Simptome van idiopatiese intrakraniale hipertensie:
Knaende hoofpyn
Gesuis in die ore
Pyn in die nek, rug of skouers
Naarheid en braking
Duiseligheid
Ligsensitiwiteit
Ander minder algemene simptome sluit in gevoelloosheid in ledemate; algemene swakheid en ’n verlies aan reuk en koördinasie.
Wat sê die dokter?
Dit neem lank om idiopatiese intrakraniale hipertensie (IIH) te diagnoseer, want min dokters is daarmee bekend, sê dr. Jacques Scheltema, Martin Lintott se neurochirurg by die Olivedale-kliniek in Randburg. Boonop sal baie lyers se breinskandering normaal lyk. Talle ander breinsiektes, soos kanker, kan ook drukking op die brein veroorsaak en moet daarom eers uitgeskakel word.
Die prognose is meestal goed. Die meeste IIH-lyers sal binne drie jaar spontaan herstel. “In my praktyk het ek ook pasiënte gesien by wie die toestand opgeklaar het nadat hulle tot 15 kg afgeskud het,” vertel Jacques.
Stents kan wel in Suid-Afrika ingeplant word, maar net mense met ’n vernouing in die veneuse aarstelsel kwalifiseer daarvoor. Hy maan dit moet nie as “dié antwoord” beskou word nie, want net ’n klein groepie pasiënte sal hiervoor in aanmerking kom.
Ekstra bron: Facebook | http://www.huisgenoot.com/leefstyl/gesondheid-leefstyl/man-met-konstante-kloppende-hoofpyn-bly-om-eindelik-te-weet-wats-fout/ | |
Twee grotes in die Binnelanders-familie sterf | Die span akteurs, vervaardigers en tegnici van die gewilde kykNET-sepie Binnelanders is Maandag geskud deur die skoknuus dat hul vervaardiger, Friedrich Stark, en storielyn-skrywer Elsabé Roux albei Sondag dood is.
Die oorsaak van nóg Friedrich nóg Elsabé se dood is al bekendgemaak.
Buiten sy rol by Binnelanders was Friedrich veral bekend vir sy rol as vervaardiger en regisseur van die sepie Generations. Elsabé het kykers weer elke dag vasgenael gehou deur vorendag te kom met talle van die intriges in die Binnelanders-storielyn.
Ernst Swart, woordvoerder vir Binnelanders, is tans in die buiteland en is nie beskikbaar vir kommentaar nie.
Op hul webwerf het kykNET die twee swaarwigte se dood as ’n “baie hartseer dag vir die kykNET- en Binnelanders-familie” beskryf.
“Friedrich was sjarmant, gaaf, snaaks, vrygewig en baie slim. Wanneer dit nodig was, het hy my vir myself laat lag en ’n mens was altyd ten volle bewus van sy waardering en ondersteuning,” het Mitzi Booysen, hoofskrywer en medevervaardiger van Binnelanders, gesê.
“Ek is seker dat almal wat deel is van die uitgebreide Stark-familie ook geskok is oor die nuus van sy ontydige afsterwe. Ek weet dat ek hom baie gaan mis, nie net as kollega nie, maar ook as vriend. RIP, Friedrich.”
Elsabé is beskryf as “’n talentvolle draaiboekskrywer” wat haar loopbaan by Egoli: Plek van Goud begin het.
Sy was ook by talle ander sepies soos Villa Rosa en Isidingo betrokke. | http://www.huisgenoot.com/nuus/plaaslik/twee-grotes-in-die-binnelanders-familie-sterf/ | |
Jong rugbykaptein (14) sterf tragies ná hy in vlamme val | ’n Jong rugbykaptein (14) aan die Hoër Jongenskool Paarl, is Saterdag oorlede nadat hy ernstige brandwonde in ’n veldbrand buite Caledon opgedoen het.
Netwerk24 berig Jannie Fourie, kaptein van die skool se o.14A-rugbyspan, het van agterop ’n bewegende bakkie die vlamme help beveg, maar in ’n fratsongeluk het hy van die voertuig afgeval en in die vlamme beland.
Sy broer, Christie (24), het die aanlynnuusbron vertel hul familie besit ’n plaas buite die dorp, maar dat Jannie boere op ’n plaas aan die oorkant van die dorp gaan bystaan het om die verwoestende veldbrande te help blus.
Jannie se afrigter en ’n onderwyser aan Boishaai, Frans Cloete, het gistermiddag in ’n emosionele beroep op Facebook gevra dat almal asseblief vir Jannie moet bid. Hy is kort na die voorval met ernstige brandwonde na die Tygerberg-hospitaal in Kaapstad geneem.
“Help ons asseblief (om) vir my kaptein (te) bid, hy veg vir sy lewe,” het Frans gisteraand kort voor sewe op die sosiale netwerk gepleit.
Kort na een uur Saterdagoggend het Frans die hartseer nuus gedeel dat Jannie dood is. “Dankie vir almal se gebede, maar God het besluit Jannie moet vir Sy span gaan speel en het hom kom haal.
“Hy weet die beste.”
’n Emosionele Frans het Saterdagoggend aan Huisgenoot gesê die skok en verlies is reusagtig.
“Hy was ’n ongelooflike kind. Net die seun wat hy was. Hy het ander mense altyd eerste gestel.”
Frans sê dit is ’n groot verlies vir die skool, ook op sportgebied. “Behalwe vir die kapteinskap was Jannie ook ’n kaptein van die Cravenweek-span en betrokke by WP Atletiek.
“Hy is eenvoudig die tipe mens waarvan niemand iets slegs kon sê nie.”
Honderde brandbestryders was Vrydag besig om minstens agt ernstige veldbrande in die Wes- en in die Suid-Kaap te beveg.
Meeste daarvan was Vrydagaand onder beheer. | http://www.huisgenoot.com/nuus/plaaslik/jong-rugbykaptein-14-sterf-tragies-na-hy-in-vlamme-val/ | |
Gru-ongeluk tussen bus en taxi eis minstens 12 lewens | ’n Gru-ongeluk net buite Worcester in die Wes-Kaap het vroeg Saterdagoggend die lewens van minstens 12 mense geëis.
[UPDATE] 12 killed in collision between bus and taxi on N1 outside of #Worcester – https://t.co/Jp0KDKOA2r pic.twitter.com/ws8FMtXcMR — ER24 EMS (Pty) Ltd. (@ER24EMS) December 24, 2016
Volgens Werner Vermaak, woordvoerder van ER24, was ’n bus en ’n taxi in die ongeluk betrokke. Twaalf persone, insluitend ’n dogtertjie en ’n jong seun, is in die ongeluk dood.
Volgens RSG was al die oorledenes in die taxi. Die busbestuurder is ook ernstig beseer en was in die wrak vasgekeer tot die reddingsdiens daarin kon slaag om hom te bevry.
Nog ’n kind, tussen vier en sewe jaar oud, en ’n volwassene is in ’n kritieke toestand na die Worcester- provinsiale hospitaal geneem.
“Die volwassene het ongelukkig met sy aankoms aan sy beserings beswyk,” het Werner bygevoeg.
Die bestuurder van die taxi het ook in die ongeluk omgekom. Passasiers op die bus het na wat berig word net geringe beserings opgedoen en is op die toneel behandel.
Volgens Werner is paramedici net voor 05:00 Saterdagoggend na die toneel sowat 10 km buite Worcester ontbied.
Die presiese oorsaak van die ongeluk is nog onduidelik, maar plaaslike owerhede ondersoek die voorval. | http://www.huisgenoot.com/nuus/plaaslik/gru-ongeluk-tussen-bus-en-taxi-eis-minstens-12-lewens/ | |
Wonderlike nuus vir Steve Hofmeyr en sy vrou | Steve Hofmeyr gaan vir sesde keer pa word! Die gewilde sanger het die blye nuus vroeg op Kersdag op sy Facebookblad bekend gemaak.
Steve (52) en sy vrou, Janine (38), het aangekondig hulle gaan hul eersteling saam in Julie 2017 verwelkom. Die baba het glo ook reeds ’n naam: Romy-Lee.
Die sanger, reeds die pa van Charissa (28), Armand (26), Devon (22), Sebastian (14) en Benjamin (12), en Janine vier aanstaande maand hul derde huweliksherdenking. Romy-Lee sal haar eersteling wees.
Hy beskryf Janine se swangerskap as “’n risikogeval, dalk nog ’n wonderwerk” en voeg by hul “dankbaarheid en opgewondenheid (oor die kleinding se koms) is perkeloos vandag”.
A photo posted by Steve Hofmeyr (@steve.hofmeyr) on Dec 22, 2016 at 12:47am PST
Ook sy aanhangers kon hul opgewondenheid oor die pienkvoet se koms nie beteuel nie. “Yeaaaaaaaaaaa!!!!!!!!! Uiteindelik! Ek het hoendervleis! Baie baie geluk, julle tweetjies! Mag hierdie pienkvoetjie vir julle net liefde, geluk en vrede bring!” skryf een.
“Wat ’n wonderlik kersgeskenk is dit nou nie!!! Baie baie geluk, mag die swangerskap goed verloop,” skryf ’n ander.
Die ster en sy vrou praat al ’n geruime tyd daaroor dat hulle graag saam met ’n gesin wil begin. 2017 beloof klaar om ’n woelige jaar vir die Hofmeyr-gesin te wees!
“Die grootste Kersgeskenk ooit. Dankie,” sluit Steve sy inskrywing met die blye nuus af.
Baie geluk, julle twee! | http://www.huisgenoot.com/bekendes/wonderlike-nuus-vir-steve-hofmeyr-en-sy-vrou/ | 2016-12-22 08:47:58 |
Die boere se keuses is gemaak - so wat sê die vroue wat huis toe is? | Ai. Dit bly maar net onaangenaam om te sien hoe die vroue huis toe gestuur word. En dit is veral hartseer omdat hulle almal so verskriklik gaaf en oulik is. Hoe moet ’n boer dan nou kies, wonder jy week na week.
Ná die boere in verlede week se episode ’n bietjie gehaltetyd saam met die vroue kon deurbring moes hulle in hierdie week se episode die bul by die horings pak. Daar was geen wegkomkans van die moeilike besluit nie.
Die boere het Donderdagaand hul finale keuses gemaak en gekies watter vrou hulle graag nóg beter sal wil leer ken.
So het Leon-Fritz het gesê hy wil vir Chanté beter leer ken; Rob het vir Maureen gevra om te bly; Arno het vir Jacobu gekies en Hennie vir Chantelle.
Ons het vir die vroue wat huis toe gestuur is, gevra hoe hulle oor die boere se besluite voel:
Arno het vir Jenny huis toe gestuur
Het jy verwag dat jy huis toe sou gaan?
Om eerlik te wees het ek ’n idee gehad dat ek dalk huis toe gestuur sou word. Daar is nie ’n spesifieke rede daarvoor nie. Arno het nie meer aandag aan Jacobu gegee as aan my of enigsins iets van die aard nie, ek het net die gevoel gekry.
Het jy al enige gevoelens vir die boer ontwikkel teen die tyd wat jy huis toe moes gaan?
Vir my was vyf minute, een dag en ’n week steeds te kort om gevoelens te ontwikkel. Ek vind steeds vir Arno aantreklik en sy persoonlikheid weerspieël sy mooi hart, maar dit vat tyd op verlief te raak op iemand of om gevoelens te ontwikkel. Natuurlik maak die kameras dit ook ’n bietjie moeiliker.
Hoe het jy die plaas ervaar? Was dit soos wat jy gedink het dit gaan wees?
Arno se plaas is ongelooflik. Dis goed versorg, prentjie-mooi en mens kan die liefde en harde werk wat daar ingesit is dadelik raaksien. Dit was meer as wat ek verwag het; ek droom om op so mooi plaas te kan woon – al moet ek maar Arno se arm probeer draai om vir my die buitekamer in te rig.
Hoe voel jy in die stadium oor die liefde? Glo jy nog daarin?
Natuurlik. Liefde is ’n geskenk van God wat nie net ontvang moet word nie, maar mildelik uitgedeel moet word en … Liefde laat jou Rice Krispies anders proe!
Leon-Fritz het vir Marna gegroet:
Het jy verwag hy sou jou huis toe stuur?
Ek kon vir Leon-Fritz glad nie lees nie en daarom het ek nie geweet wat sou gebeur nie, ek het wel ’n groot kalmte oor my gehad omdat ek gewéét het die regte ding sal gebeur.
Hy het ook vir ons gesê dat hy ’n kop-besluit maak en glad nie met sy hart nie, daarom het ek maar geweet ek sou dalk nie die keuse wees nie, want ek moet nog ’n tyd lank studeer.
Wat dink jy is van die faktore wat Leon-Fritz se besluit beïnvloed het?
Ek dink hy het na kwaliteite gekyk wat by hom sou pas en wat nie. Ek dink hy het sy ideale vrou met dié kwaliteite in sy kop gehad en het in elke situasie gekyk of ons naby daai ideaal kom. Ek dink ook wel ons briewe en die raad van familie en vriende het ’n groot faktor in sy besluit gespeel.
As jy geweet het wat jy nou weet, sou jy steeds vir die boer ’n brief geskryf het?
Ja ek sou steeds vir die boer geskryf het. Die feit om die brief te skryf alleen het my laat dink oor wat ek in ’n man wil hê en wat nie.
Dit het my ook net weer laat besef wie ek is en wat ek in die lewe wil hê en bereik. Daarom was die skryf daarvan eintlik klaar iets positief wat ek uit die hele ervaring kan neem.
Wat van die hele Boer Soek ’n Vrou-ervaring, het jy die meeste geniet?
Die hele ervaring was iets wat my heeltemal my uit my gemaksone geruk het. Ek is nie iemand wat so iets somer sal doen nie; dit is eintlik heeltemal teen my persoonlikheid, daarom het dit my baie getoets.
Ek het baie van myself geleer en baie gegroei. Ek het ook dit baie geniet om nuwe mense te ontmoet en nuwe vriende te maak, die ander meisies was regtig oulike en goeie meisies.
Rob het vir Elizna gegroet:
Dink jy Rob het die regte besluit geneem?
Ek dink hy het die regte besluit geneem, maar net hy sal weet of dit regtig die regte besluit was.
Het jy enige gevoelens vir Rob ontwikkel?
Ek is ’n baie emosionele mens en kan sommer lekker huil wanneer ek na ’n mooi fliek kyk. Om deur hierdie hele proses te gaan en geen emosies te ontwikkel nie is onmoontlik.
Sal jy steeds eendag op ’n plaas wil woon?
Ek sal steeds graag eendag op ’n plaas wil woon omdat dit net vir my voel daar is ’n beter kwaliteit lewe. Kalmte, rustigheid; ‘n stukkie Hemel op aarde wat jy nêrens anders as op ’n plaas kan kry nie.
Glo jy nog in die liefde?
Noem my maar outyds, maar ek glo nog in die liefde. Ek het nog hoop en dalk het my prins op sy wit perd net ’n pitstop iewers gemaak.
*Huisgenoot het nog nie Elizbé se kommentaar ontvang nie. | http://www.huisgenoot.com/vermaak/tv/die-boere-se-keuses-is-gemaak-so-wat-se-die-vroue-wat-huis-toe-is/ | |
Jy sal skaars glo wat dié agt beroemdes eens moes doen om geld te maak | Bryan Cranston Voor sy tyd in Malcolm in the Middle en Breaking Bad het Bryan gewerk by ’n maatskappy, Great Expectations, en afsprake vir mense help reël. Dié ster het onlangs teenoor die Britse geselsprogramaanbieder Graham Norton onthul dat hy video’s gemaak het van kandidate se profiel en ’n onderhoud gevoer het met elkeen wat liefde gesoek het. Hy het ook ’n grappige weergawe gegee van hoe sy eie video sou gelyk het: “Hallo, ek is Brian. Ek is 60 en as jy ’n groepswoeps vir drie verkies, moet jy onthou: Ek hou van Malcolm in die middel!”
Kanye West Die rapper is nou wel deesdae ’n volgroeide ontwerper met sy eie Yeezy-handelsmerk, maar daar was ’n tyd toe Kanye by Gap klere reggepak en verkoop het as ’n winkelklerk. Blykbaar het dié ervaring in sy tienerjare sy begeerte aangevuur om self klere te maak, hoewel hy erken hy het dit nie toe al besef nie. ’n Mens kan dié musikant se verwysing na sy tydjie by die kleinhandelaar hoor in sy snit Spaceship op die album The College Dropout waar hy rap: Let’s go back, back to the Gap / Look at my check, wasn't no scratch.
Brad Pitt Brad was nie altyd op Hollywood se A-lys nie; trouens, hy het amper ’n graad in joernalistiek aan die Universiteit van Missouri verwerf toe hy opskop en Los Angeles toe trek. Terwyl hy roem nagejaag het, het dié wel geklede spiertier allerhande werkies om den brode gedoen. Hy het selfs koelkaste afgelewer en ’n hoenderkostuum gedra om die restaurantgroep El Pollo Loco te bemark. Dis selfs vreemder dat Brad ook eksotiese danseresse in ’n limousine gekarwei het. “Ek sou hulle oplaai en by die joppie sou ek die geld kollekteer, die swak kassette van Prince speel en die meisies se klere vang. Dit was nie ’n gesonde atmosfeer nie en het erg neerdrukkend geraak,” het hy in 2007 onthou.
Christopher Walken Hy is nogal ’n mag om mee rekening te hou op die silwerdoek en dis duidelik Christopher is in die regte lewe net so ’n wildewragtig soos in die dae toe hy ’n leeutemmer was. Toegegee, dit was net ’n somer lank toe die akteur 16 was, en hy hou vol dit was nie regtig “tem” nie, maar ons is steeds beïndruk! “(Die eintlike temmer) sou ’n toertjie met ’n tiental groot katte uitvoer. En dan sou hy aan die einde al die leeus uitstuur en net die een ou wyfie agterhou, en dan sou ek inkom met my sweep en haar laat regop sit,” het hy in 2015 erken terwyl hy toegegee het die leeu was meer soos ’n hond. “Sy was baie dierbaar . . .”
Rachel McAdams Terwyl Rachel by McDonald’s gewerk het, was sy baie ver verwyder van haar “plastiek” karakter in Mean Girls. Sy was sowat drie jaar lank by die kitskosgroep in diens en hoewel sy dit as “’n lekker plek om te werk” beskryf, het dit nie ideaal geklink vir die ster, wat op ’n keer ’n lemoensapmasjien gebreek het, nie. “Ek is nogal behep met hande was en het eenvoudig nie tyd gehad nie,” het sy op ’n keer verduidelik. “Hulle sou sê: ‘Haai, die deurryers hoop op. Staak jou handewassery!’”
Nicole Kidman Om haar ma, wat aan borskanker gely het, te ondersteun, het ’n jong Nicole haar toneelspel opsygesit en ’n masseerterapeut geword. Sy het gehelp met haar ma se fisioterapie nadat sy reeds ’n rol as vroulike byspeler in die TV-reeks Five Mile Creek losgeslaan het. Ons wed Nicole was, nadat haar ma die siekte geklop het, verlig daaroor dat sy die moeilike tyd vir haar ’n bietjie makliker kon maak. “Ek beskou probleemoplossing en om lewens te red as baie belangriker as my rolprentloopbaan,” het sy eenkeer opgemerk.
Geena Davis Sy was sedert die vroeë 1980’s ’n instelling in Hollywood; dus is dit moeilik om jou ’n tyd voor te stel toe Geena net moes stilstaan en niks doen nie. Dit was toe sy destyds werk gekry het by die klerewinkel Ann Taylor as lewende mannekyn. Haar verskyning in die winkelvenster het ook die aandag op haar gevestig, want sy het voorheen onthou hoe ’n skare eenkeer buite die winkel begin saamdrom het. “Wanneer ek agtergekom het hul aandag begin afdwaal, sou ek soort van soos ’n robot beweeg. Maar toe het iemand gesê: ‘Wel, dis nie ’n elektriese mannekyn nie, want sy is nie ingeprop nie.’” Jy sou ons ’n rat voor die oë kon gedraai het, Geena! | http://www.huisgenoot.com/bekendes/jy-sal-skaars-glo-wat-die-agt-beroemdes-eens-moes-doen-om-geld-te-maak/ | |
Laat die seelug jou hare kroes? Hier is raad | Dis salig: son, seesand en draairoomys. Ná ’n jaar se harde werk begin jy al weke voor die tyd na jul seevakansie uitsien.
A photo posted by KAROLÍNA MACASOVÁ (@kaji_mac) on Jun 28, 2016 at 11:30am PDT
Daar is net een probleem: Die seelug en jou hare is nie maats nie. Dit krul, kroes of draai in al die rigtings waarin dit nie moet nie.
Die stilis David Gillson, mede-eienaars Carlton Hair in Melrose Arch, gee dié wenke: | http://www.huisgenoot.com/leefstyl/skoonheid/laat-die-seelug-jou-hare-kroes-hier-is-raad/ | 2016-06-28 18:30:57 |
Stop! sê die rooi lig. Maar weet jy enigsins hoekom? | Daar is ʼn alledaagse item in stede en groter dorpe te bespeur wat as vanselfsprekend aanvaar word: verkeersligte. Maar het jy al ooit gewonder waar dit vandaan kom en hoekom juis daardie drie kleure ingespan word om verkeer te help reguleer?
Die inspirasie daarvoor is afkomstig van ʼn stelsel wat sedert die 1830’s deur die spoorweë gebruik is.
Die ligseinstelsel wat treindrywers destyds gewys het wanneer dit veilig is om te ry of stil te hou, het ook deur verskeie groeipyne gegaan. Rooi, danksy die eeue lange assosiasie met gevaar, was natuurlik die teken om stil te hou. Groen is egter aanvanklik beskou as die sein om versigtig te wees en ʼn wit lig die sein dat dit veilig is om voort te stoom.
Maar o wee, in 1914 het die rooi glaslens uit een van die seinhouers geval en die wit lig blootgestel. In plaas daarvan dat die bewegende trein die rooi sein ontvang het om stil te hou, het dit teen ʼn ander trein gebots.
Die groen lig is summier aangewys as die teken dat dit veilig is om voort te gaan terwyl die waarskuwingslig na geel verander is.
Voor die lens uit die lig geval het, reeds omstreeks 1865, het die risiko wat perdekarre vir voetgangers ingehou het, gelei tot die aanpassing van die stelsel vir padverkeer. Gevaarlike goed: perdekarre!
Die eerste brandstof-aangedrewe motor sou eers 21 jaar later deur Karl Benz ontwerp word: die Benz Patent-Motorwagen.
Die ontwikkeling van die spoorwegseinstelsel het gelei tot die eerste gasverligte verkeerslig ter wêreld in Londen in Desember 1868. Die gastoevoer na die seine moes deur ʼn operateur aangesteek word. Kwalik ʼn maand later het hierdie plan gesneuwel toe een van die gasligte ontplof en die arme verkeerskonstabel wat dit moes aansteek, óf erg beseer óf selfs gedood is.
Die eerste veilige, dié keer outomatiese verkeersligte is in die laat 1890’s in Amerika in werking gestel. Soos met enige vars idee, het daar natuurlik talle nuwe uitvindings na vore gekom. Van die uitvindings wat ná die ontstaan van die eerste verkeerslig gemaak is, het hul ontstaan te danke gehad aan ongeduldige motoriste; nie veel anders as wat vandag die geval is nie.
Selfs in die jare toe min motors op die pad was, het motoriste reeds probleme ervaar om verkeersreëls en -beperkings te gehoorsaam. Wie het dan nou tyd om by ’n verkeerslig te sit en wag terwyl geen ander verkeer teenwoordig is nie?
Ene Charles Adler jr. het ’n plan beraam, hoewel dit ’n betreklik raserige plan was. Hy het ’n mikrofoon vasgemaak aan ’n paal by die kruisings waar verkeersligte was.
Om die lig te laat verander, moes ’n motoris net die toeter druk. Maar kan jy jou die kakofonie indink, want wie gaan maklik aanvaar hy het nie eerste sy toeter geblaas nie.
Henry A. Haugh het tot die redding gekom deur twee metaalstroke in die pad te plaas wat aan mekaar sou raak wanneer ’n motor daaroor ry. Dié druk sou dan die ligte laat verander sodat die motor kon ry.
Ten spyte daarvan dat hierdie innoverende manier van verkeersbeheer meer as ’n eeu gelede reeds gevestig is, sukkel talle vandag nog om daardie gevaarlike rooi lig te gehoorsaam. Die ongeduld agter die stuur van ’n motor geld vandag nog . . .
Moenie eers daaraan dink om die verskoning van kleurblindheid aan te bied nie. Sowat 6 persent van mans ly aan rooigroen-kleurblindheid, terwyl 0,35 persent van vroue dieselfde probleem het. Dit word deuteranopia genoem. Maar dis nie voldoende om ’n rooi verkeerslig te verontagsaam nie. Die twee ligte beklee immers twee verskillende posisies op ’n verkeerslig.
KLIEK HIER om uit te vind of jy kleurblind is al dan nie.
Die verkeersligrewolusie het in talle lande, ook in Suid-Afrika, plaasgevind
1. Die eerste geoutomatiseerde verkeersligte is in Oktober 1920 in Los Angeles op vyf plekke op Broadway geïnstalleer. Uitsteek-“arms” met rooi en groen liggies het die stop- en gaan-bevele ondersteun.
2. Klokke is ook vroeër ingespan wanneer die geel (of in sommige gevalle oranje) lig sou wys.3. Garrett Morgan, ’n Amerikaanse uitvinder, het die eerste patentaansoek vir ’n verkeerslig ingedien nadat hy ’n ongeluk tussen ’n motor en ’n perdekar aanskou het. Dié patent (Patent no. 1 475 024) is die eintlike voorloper vir die posisie van die oranje lig tot vandag toe. (Hy het nie net verkeersligte ontwikkel nie. Garrett het ook ’n soort gasmasker en ’n chemikalie ontwerp om hare reguit te maak. Hy het ook ’n tipe veiligheidshoed ontwerp wat hom en drie ander in staat gestel het om in 1916 die lewe van werkers wat in ’n watertonnel vasgekeer was, te red.)4. Brittanje se eerste verkeersligte het verkeersvloei by Piccadilly Circus in 1926 beheer.5. In die land Doer Onder was dit Melbourne wat die eerste verkeersligte in 1928 ingespan het.6. Wanneer in Rome… Hierdie spesifieke sirkel in Rome, Italië, is sekerlik meer bekend vir die chaos wat ontstaan wanneer die verkeerskonstabel van sy sirkel afstap as vir die pragtige Monumento Nazionale a Vittorio Emanuele II, Piazza Venezia.6. Suid-Afrika het ook ’n unieke verkeerslig-uitvinding: die modulêre verkeerslig waarmee daar in 2008 proeflopies gedoen is deur die Stad Johannesburg. Navorsing het getoon dat in ’n derde van alle motorongelukke wêreldwyd waar motors teen ’n verkeersligpaal bots, dit tot ernstige en noodlottige gevolge gelei het. Dié ontwerp is ook al by die wêreldbekende Smithsonian Instituut in New York ten toon gestel.
Bronne: todayifoundout.com, wikipedia.com, color-blindness.com, cataract-surgery.info, joburg.org.za
Ander stories op Huisgenoot.com:
Die wonderlike rol waarop Sean Else die trotste is
Die Here is groot, sê Hayley se ouers nadat haar toestand verbeter
Bure slaags ná een ander se kietsie in strik vang | http://www.huisgenoot.com/nuus/internasionaal/stop-se-die-rooi-lig-maar-weet-jy-enigsins-hoekom/ | |
Platsak? Hou die kleingoed met dié gratis aktiwiteite besig | Die langverwagte vakansie is hier en nadat jy al jou verlore slaap ingehaal en programme op DStv se Catch Up gekyk het, is jy gereed om ’n aktiwiteit of twee aan te pak.
Maar o genade, jou bonus is reeds besig om dun te raak nadat jy al jou skuld vereffen het en ná die hap wat die Kersgeskenke daaruit gevat het, is daar min geldjies oor.
Hou moed. Ons het gaan uitvind watter aktiwiteite jy kan aanpak sonder om ’n sent daarvoor op te dok. | http://www.huisgenoot.com/leefstyl/superma/raad-superma/platsak-hou-die-kleingoed-met-die-gratis-aktiwiteite-besig/ | |
Wat is sekondêre verdrinking? | Ma’s het genoeg bekommernisse; wat nog van ’n kind wat kan verdrink sonder ’n druppel water in sig? Ongelukkig is sekondêre verdrinking lewensgevaarlik, en as jy die tekens betyds raaksien, kan jy ’n tragedie voorkom.
Sekondêre verdrinking verwys na wanneer ’n klein bietjie vloeistof ingeasem word en die longe irriteer. Dit veroorsaak inflammasie en nog vloeistof-opbou in die longe. Gewoonlik sal die kind swem en ’n bietjie water insluk. Hulle gaan verstik en hoes, en die ouer gaan dink alles is reg. Maar soms is die vloeistof klaar in die kind se longe. Die dood kan tussen een en 24 uur ná die inaseming intree. Al is dit nie algemeen nie, was daar al sulke gevalle aangemeld.
Die simptome waarop jy bedag moet wees:
Braking of onwillekeurige ontlasting.
Skielike verandering in persoonlikheid, soos ontsteldheid of uiterste loomheid wanneer hulle plat lê.
Hoes, swaar asemhaling, klam vel, bleekheid of blougrys vel is tekens dat die bloed nie genoeg suurstof ontvang nie.
Pyn in die borskas.
Wat jy moet doen as jy sekondêre verdrinking vermoed:
Die belangrikste ding is observasie ná ’n voorval. Hou die kind fyn dop; hoe vinniger die reaksie, hoe beter die kind se prognose.
As dit vroeg opgespoor kan word, kan dit vroeg behandel word; suurstof word toegepas as behandeling. As jy vermoed jou kind het die bogenoemde simptome, moet jy hulle by ’n hospitaal kry. Sekondêre verdrinking word behandel deurdat ’n asemhalingspyp in die kind se mond geplaas word sodat die longe onder druk suurstof kan ontvang.
– Londiwe Dlomo
Bronne: swimmersdaily.com, wisegeek.org, youbeauty.com, who.int, today.com, fox2now.com | http://www.huisgenoot.com/leefstyl/gesondheid-leefstyl/wat-is-sekondere-verdrinking/ | |
Vakansiegangers, pasop! Seetoestande gevaarliker as gewoonlik - so kom jy uit ’n sleurstroom | Sterk seestrome hou ’n groot bedreiging in vir baaiers terwyl die nuwemaangety Donderdag inkom.
Vir baie vakansiegangers is dit nie nuus nie – News24 berig minstens 14 mense is Maandag reeds gered by Clifton se tweede strand, Bakoven, Kampsbaai en Melkbosstrand, in onderskeie voorvalle.
Die nuwemaangety het Donderdag om 08:53 begin en sal na verwagting tot Maandag 2 Januarie aanhou.
Vir veiligheid volg hiérdie NSRI-wenke: | http://www.huisgenoot.com/nuus/plaaslik/vakansiegangers-pasop-seetoestande-gevaarliker-as-gewoonlik-so-kom-jy-uit-n-sleurstroom/ | |
Huisgenoot Mobi | Dis genoeg om enige baaier nagmerries vir weke te gee. Stel jouself voor jy staan rustig op die strand, gereed om in die branders te baljaar, tot jy ’n reusehaai tussen die vlak branders gewaar.
Dit is presies wat Eugene Arendse op ’n strand by Strandfontein naby Kaapstad oorgekom het. Arrive Alive het ’n video wat Eugene geneem het van ’n witdoodhaai wat baie, baie naby aan die strand by Strandfontein swem, op Twitter gedeel.
Die video is vanoggend gedeel, maar dis nie presies duidelik wanneer hierdie meneertjie so in die branders baljaar het nie.
Shark in the water at Strandfontein captured on camera by Eugene Arendse pic.twitter.com/vOPVDXWFnY — Arrive Alive (@_ArriveAlive) December 27, 2016
So dit laat die vraag: is dit al veilig om weer terug te gaan in die water?! | http://www.huisgenoot.com/nuus/plaaslik/kyk-hoe-swem-reusehaai-bitter-na-aan-strandfontein-se-strand/ | |
Angelique Gerber vertel van haar vreugde al is sy nog ver van die huis af | Die Feestyd bly haar gunsteling-tyd van die jaar al is die aktrise Angelique Gerber, deesdae ’n nooi Potgieter, vir ’n derde keer weg van die huis af.
Haar man, die rugbyspeler Jacque Potgieter, speel die hele Desember vir die Japanese klubspan Munakata Sanix Blues en die nuwe ouers het daar vir hulself ’n spesiale Kersdag geskep.
“Kersfees is vir my spesiaal omdat Die Redder op die dag vir ons gebore is,” vertel Angelique. Sy is dankbaar om die dag saam met haar man — en nou ook hul eersteling, Jacques jnr. (1 maand) — te kan deurbring.
Dis ’n tyd wat hulle opnuut dankbaar raak vir “alles wat Jesus vir ons gedoen het,” vertel sy.
A photo posted by Angelique Potgieter (@angeliquegerber83) on Dec 9, 2016 at 8:00pm PST
Hulle het Kersdag saam met van Jacques se spanmaats en hul eggenote deurbring. Jacuqeus se rugbyspan het omtrent so 10 buitelandse spelers en saam word elke gesinnetjie wat ver van hul mense af is “een groot familie”.
Elke paartjie het ’n hoofgereg en nagereg gebring terwyl hulle by Sanix Blues se klubhuis gekuier het. Daar is gebid in drie tale: Engels, Afrikaans en Maori.
“Ons speel speletjies en deel ook geskenke uit,” vertel Angelique.
“Ons volg geen tradisies nie; die belangrikste is net om te onthou waaroor Kersfees werklik gaan.”
En haar wens vir die Nuwejaar? ”Om die beste mamma en vrou te wees en alles wat ek doen tot eer van God se naam te doen.”
A photo posted by Angelique Potgieter (@angeliquegerber83) on Nov 23, 2016 at 10:09pm PST
A photo posted by Angelique Potgieter (@angeliquegerber83) on Dec 18, 2016 at 11:43pm PST
Die Potgieters keer op 18 Januarie terug na hul huis in die ooste van Pretoria, waar Jacques weer vir die komende Superrugbyseisoen by die Bulls aansluit.
Angelique het reeds vroeër vanjaar klein Jacques se babakamer daar mooigemaak. “Alles is grys, wit en ligblou en met hasies versier,” het sy onlangs aan Huisgenoot vertel.
Vir eers slaap baba Jacques in Japan nog in sy bababedjie langs mamma en pappa se bed. | http://www.huisgenoot.com/bekendes/angelique-gerber-vertel-van-haar-vreugde-al-is-sy-nog-ver-van-die-huis-af/ | 2016-12-10 04:00:01 |
Nuusvasvra: Hoe goed het jy in 2016 opgelet? | http://www.huisgenoot.com/gons-pret/nuusvasvra-hoe-goed-het-jy-in-2016-opgelet/ | ||
Jou sterre vir Maandag, 26 Desember 2016 | Hier is wat jou sterre vandag voorspel, met Joanne Moore.
JOU DAG
Jupiter en Uranus is haaks; verwag vandag ontwrigtings.
AS JY VANDAG VERJAAR
Probeer in 2017 die balans regkry tussen georganiseerd en spontaan wees. En jy hoef nie te voel jy moet altyd reg wees nie.
RAM 21 Mrt.-20 Apr.
Ramme kan ware heethoofde wees en hittige emosies kan jou selfs impulsiewer en ongeduldiger as gewoonlik maak. Markeer vandag die pas, want jy gaan moontlik voortvarend en ietwat roekeloos voel.
BUL 21 Apr.-21 Mei
Het jy die dag presies beplan? Berei jou voor vir ontwrigtende verrassings. Dinge gaan nie glad verloop nie; klou vas aan jou sitplek en geniet eenvoudig die uitgelate vakansierit.
TWEELING 22 Mei-21 Jun.
Vriendskappe of groepsaktiwiteite lyk vandag deurmekaar. Moenie ander se weergawe van dinge aanvaar nie. Neem jou tyd en dink deeglik na voor jy ’n belangrike besluit neem.
KREEF 22 Jun.-23 Jul.
Haastige woorde gaan jou vandag in die moeilikheid laat beland. Dink dus mooi voor jy dinge sê wat jy later gaan berou. Jy kan ook agterkom jy het meer hooi op jou vurk as wat hy kan baasraak.
LEEU 24 Jul.-23 Aug.
Jy is vandag in die luim om jouself te vertroetel, terwyl jy feitlik alles oordoen – onder meer praat, eet, sosialiseer en geld uitgee. Moenie te vinnig ry nie.
MAAGD 24 Aug.-23 Sept.
As iemand jou vandag nader met ’n geldtransaksie wat te goed lyk om waar te wees, moet jy baie vinnig weghardloop. As jy nie laat spaander nie, kan jy oorreed word om ’n morsige fout te maak.
WEEGSKAAL 24 Sept.-23 Okt.
Jy is gretig om vandag iets nuuts te leer, maar moenie tot oorhaastige gevolgtrekkings kom nie, veral wat ’n belangrike verhouding betref. Deurdink dinge liewer voor jy enige belangrike skuiwe maak.
SKERPIOEN 24 Okt.-22 Nov.
Doen jy gewoonlik dieselfde goed op Welwillendheidsdag? Jou gewone roetine word ontwrig omdat mense – of omstandighede – jou dwing om afstand te doen van jou roetine en met jou lewe aan te gaan.
BOOGSKUTTER 23 Nov.-21 Des.
Jupiter en Uranus is daarop uit die ritme van jou dag omver te werp. ’n Verhouding met ’n kind, tiener, vriend/in of geliefde sal heel moontlik deurmekaar wees. Byt vas en verwag die onverwagte.
STEENBOK 22 Des.-20 Jan.
Die planete kan probleme veroorsaak in jou huishoudelike sone, so wrywing kan volop wees. ’n Dubbeldosis takt sal jou deurdra.
WATERDRAER 21 Jan.-19 Feb.
Uranus en Jupiter stimuleer jou rustelose sy. Jy sou graag mense, plekke, gedragspatrone of gelowe wou verwerp wat langer gebly het as wat bedoel was. Pasop egter dat jy nie die baba saam met die badwater uitgooi nie.
VISSE 20 Feb.-20 Mrt.
Is jy realisties? Dis goed en wel om te droom, maar daar kom ’n tyd dat jy dit moet verwesenlik. Jy is ook vandag geneig om oordadig te wees deur te veel uit te gee of te veel uit te brei.
© Joanne Madeline Moore | http://www.huisgenoot.com/jou-sterre/jou-sterre-vir-maandag-26-desember-2016/ | |
Is jou kind verslaaf aan rekenaarspeletjies? | Is jou kind (of dalk selfs jy self) verslaaf aan rekenaarspeletjies? Help jou kind om minder rekenaarspeletjies te speel deur dié wenke met hom te deel. Jy kan self ook ’n paar dinge doen wat jou kind sal help om sy speletjieverslawing te oorkom.
Hou tyd
Skryf neer hoe lank jy elke dag rekenaarspeletjies speel en tel dit op aan die einde van die week. Dink dan aan al die ander dinge wat jy met daardie 24, 36 of selfs 72 kon doen!
Soek ’n paar maniere om te kul
Gebruik die internet om ’n paar maniere op te spoor waarmee jy kan kul. Dit sal die speletjie makliker maak en dit sal jou dan ook vinniger verveel.
Bestaan jou vriende net in die virtuele wêreld?
Tel jou vriende. As jy meer virtuele vriende (ander aanlyn-spelers of speletjiekarakters) as werklike vriende het, moet jy dalk jou rekenaarspeletjiegewoontes heroorweeg. Gaan uit en ontmoet nuwe mense!
Speel saam met vriende
Nooi vriende om saam rekenaarspeletjies te speel by jou huis. As jou vriende nie speletjieverslaafdes is nie, sal hulle ná ’n ruk verveeld raak. Doen dan iets anders saam – maak saam middagete of gaan speel sokker.
Wenke vir ouers
Stel die voorbeeld: Jou kind luister dalk selde na wat jy sê, maar let beslis op na dit wat jy doen. Moenie ure voor die televisie deurbring as jy jou kind se skermtyd wil beperk nie.
Moedig sosiale aktiwiteite aan: Soek aktiwiteite wat jou kind sal dwing om met sy portuurgroep se sosialiseer. As jou kind nie saam met jou sosiale aktiwiteite wil doen nie, soek iets wat sy belangstelling sal prikkel soos in jul gemeenskap.
Stel saam die reëls op: Praat met jou kind oor hoeveel rekenaarspeletjies toelaatbaar is en betrek haar wanneer jy reëls daaroor opstel. Dit help ook om die rekenaar in ’n gedeelde area by die huis te hê – so kruip sy nie heeldag in haar kamer weg om te speel nie.
-Shané Barnard
Sources: webmd.com, telegraph.co.uk | http://www.huisgenoot.com/leefstyl/superma/is-jou-kind-verslaaf-aan-rekenaarspeletjies/ | |
Huisgenoot Mobi | Jy beter sorg dat jou siel teen 4 Oktober 2026 gered is. Op daai dag gaan ongelowiges meteens oplet dat al hul bekeerde vriende, kollegas en familielede eensklaps soos mis voor die son verdwyn het.
Ja, die wegraping gaan op dié Sondag net minder as tien jaar van nou af plaasvind. Dis nou as jy Johannes Coetzee van Nelspruit glo.
Johannes was so vyf jaar gelede ook in die nuus. Toe het die Christelike organisasie Family Radio wêreldwyd verkondig dat die wegraping op 21 Mei 2011 sou plaasvind. Johannes was die groot voorstander van dié beweging in Suid-Afrika en het gereeld in koerante en op radio die eindtyd verkondig.
In daardie jaar het hy, saam met ’n klomp vriende en volgelinge maande lank pamflette uitgedeel en uiteindelik op 21 Mei in ’n hotel in Braamfontein bymekaargekom om te wag dat hulle na die hemel weggevoer word. Maar tevergeefs.
Destyds het baie mense met hulle die spot gedryf toe 22 Mei aanbreek en niemand is weggeraap nie.
Nou, vyf jaar later, vertel Johannes hy het uiteindelik agter die kap van die byl gekom. Hul somme was destyds verkeerd – die wegraping kom eintlik op Sondag 4 Oktober 2026.
Dié nuwe datum het Johannes bereken met ’n ingewikkelde som wat onder meer die leeftyd van Noag, Daniel 12 en hemelse seëls wat oopgemaak moet word in ag neem.
Die volledige berekening kan hier gelees word.
Nadat die gelowiges in 2026 weggeraap is, wag daar vir die sondaars wat op aarde agterbly ’n tyd van aardbewings en ellende, voorspel Johannes. So hy gaan solank moeite doen om soveel moontlik mense te waarsku om hul siele vir die groot geleentheid voor te berei.
“Een ding is seker,” sê Johannes. “Hoe nader die dag kom, hoe meer mense gaan besef dat die Here God die Skepper is.”
– Johannes de Villiers | http://www.huisgenoot.com/nuus/plaaslik/koes-die-wegraping-kom-dan/ | |
Dis ’n ekstra spesiale Kersfees vir Kurt Darren | Kurt Darren en sy vrou, Dunay, geniet vanjaar hul eerste Kersfees as ’n gesin van vier. Hierdie sal hul babaseun, Kade se eerste Kersfees wees saam sy ousus Kyrah (2).
Huisgenoot het ’n bietjie by Kurt gaan hoor wat hierdie feestyd op hul rooster is.
Wat beplan jy om in die Desembervakansie te doen?
Terwyl julle vakansie hou, gaan ek julle landswyd vermaak en hopelik ’n glimlag op jul bakkies sit!
Wat gaan julle op Kersdag doen?
Ek is die 24ste en 25ste af, dus gaan ek seker maak daar is ’n Kersboom vir my gesin opgerig. Ek wil nooit ooit ’n Kersfees saam met hulle mis nie. Geen geld is dit werd nie.
A photo posted by Kurt Darren (@kurtdarren) on Nov 23, 2016 at 10:01pm PST
Is daar iets op die Kerstafel waarna jy die meeste uitsien?
Kyk, ek hou van ’n vol tafel oor Kersfees, maar dis daardie samesyn wat ek gaan opvreet!
Wat is vir jou die lekkerste van die Desembervakansie?
Die beste deel van Desembervakansie is dat ek weet as ek wel met vakansie is, is ek by my geliefdes. Ons sal beslis iewers langs die kus ontspan, kastele bou en ure lank swem. Ek kan nie wag nie! | http://www.huisgenoot.com/bekendes/dis-n-ekstra-spesiale-kersfees-vir-kurt-darren/ | 2016-11-24 06:01:05 |
Huisgenoot Mobi | ’n Geregtelike nadoodse ondersoek is geopen nadat polisielede Woensdag wat vermoed word om dele van ’n menslike skelet te wees, in ’n kloof tussen Pacaltsdorp en Thembalethu gevind het.
Verbygangers het Maandag op ’n kopbeen in ’n bos afgekom en die polisie hiervan verwittig.
Luitenant kolonel Eric Julies van die Thembalethu-polisiestasie sê te danke aan ’n reddingshond kon hulle die skelet vind asook ’n ligpienk sweetpakbroek wat lyk of dit aan ’n vrou kon behoort.
Op die regter pyp is geborduurde letters wat lyk of dit moontlik ’n persoon se voorletters kan wees.
“In Februarie is daar ’n vrou in dié omgewing as vermis aangemeld en daar is ’n sterk vermoede dat dit dalk sy kan wees. Ons het die bene weggestuur vir forensies toetse in die Kaap, ook om seker te maak dit is wel menslike beendere. Hopelik sal dit meer lig op die situasie werp.”
“Die bene is langs die Schaapkoprivier gevind. Dié rivier begin by Blanco, naby George, so ons moet ook die moontlikheid oorweeg dit dalk met rivier afgespoel het.” | http://www.huisgenoot.com/nuus/plaaslik/polisie-krap-kop-na-gruvonds-in-george-omgewing/ | |
Jou sterre vir Donderdag, 29 Desember 2016 | Hier is wat jou sterre vandag voorspel, met Joanne Moore.
JOU DAG
Danksy die nuwemaan is dit die ideale tyd om ’n skoon blaadjie om te slaan en nuut te begin.
AS JY VANDAG VERJAAR
Jy is dol daaroor om op die hoogte van die jongste nuus te bly. In 2017 moet jy meer diplomaties en meer bewus van jou eie binneste te wees.
RAM 21 Mrt.-20 Apr.
Die nuwemaan dui op veranderings op die finansiële front. Met Mercurius wat steeds agteruitbeweeg, gaan dit egter ’n tydjie neem. Streef intussen daarna om geduldig te bly.
BUL 21 Apr.-21 Mei
Verveeldheid is op die oomblik buite die kwessie. Die nuwemaan aktiveer jou avontuursone; trek jou sokkies op en begin beplan ’n opwindende wegkomkans in die nabye toekoms.
TWEELING 22 Mei-21 Jun.
’n Nuwe begin in die nabye toekoms is baie moontlik. Die nuwemaan dui op ’n slim spaar- of beleggingsplan, ’n nuwe liefdesbelangstelling of die herlewing van ’n vaal verhouding.
KREEF 22 Jun.-23 Jul.
Met die nuwemaan in jou verhoudingsone is dit nou tyd om ’n problematiese vennootskap te herevalueer. Kweek nuwe gedragspatrone; dit sal lei tot ’n dieper en meer bevredigende verbintenis in 2017.
LEEU 24 Jul.-23 Aug.
Die nuwemaan plaas die klem op jou welsynsone; raak ingelig en maak in 2017 jou eetplan en oefenprogram so gesond moontlik. Dit gaan egter ’n tydjie duur voor jy aan ’n vaste roetine gewoond raak.
MAAGD 24 Aug.-23 Sept.
Die Steenbok-nuwemaan is ’n uitstekende tyd om ’n verhouding met ’n kind, tiener of intieme vriend te herstruktureer. Gee hom/haar die ruimte om foute te maak; dis al hoe die mens gaan leer.
WEEGSKAAL 24 Sept.-23 Okt.
Vir baie Weegskale gaan ’n opwindende nuwe hoofstuk begin wat die huis of familie betref. Moontlikhede sluit in opknappingswerk, verhuising, ’n nuwe huismaat of die verwelkoming van nog ’n familielid.
SKERPIOEN 24 Okt.-22 Nov.
Die nuwemaan dui op ’n nuwe begin in jou omgewing. Dalk sluit jy by ’n gemeenskapsgroep aan of help ’n behoeftige buurman. Jy het talle talente; moenie skaam wees om ’n bydrae te lewer nie.
BOOGSKUTTER 23 Nov.-21 Des.
Die Steenbok-nuwemaan gaan jou vurige energie help stabiliseer. Is jy bekommerd oor geld? Hoe meer jy jouself organiseer, hoe beter gaan jou bankbalans lyk.
STEENBOK 22 Des.-20 Jan.
Met die nuwemaan, Pluto en die terugbewegende Mercurius almal in jou teken draai alles tans om jou. Persoonlike vooruitgang vorder stadig, maar met geduld sal jy kom waar jy wil wees.
WATERDRAER 21 Jan.-19 Feb.
Moenie vandag oppervlakkig wees en mense en situasies op hul baadjie takseer nie. Gebruik jou tyd om heelwat dieper te kyk. Hoe meer jy dinge navors, hoe meer boeiende besonderhede gaan jy ontdek.
VISSE 20 Feb.-20 Mrt.
Die Steenbok-nuwemaan help om jou rustelose siel te kalmeer. Dit is dus ’n goeie dag om ’n ambisieuse projek aan te pak wat konsentrasie, motivering en hope dissipline verg.
© Joanne Madeline Moore | http://www.huisgenoot.com/jou-sterre/jou-sterre-vir-donderdag-29-desember-2016/ | |
Is Britney Spears dood?! | Asof 2016 nog nie genoeg bekendes sien sterf het nie, wou dit in die doodsnikke van die jaar voorkom asof nóg ’n geliefde sangeres omgekom het.
Die internasionale musiekagentskap Sony Music moes Maandag bontstaan nadat kuberkrakers glo toegang tot hul Twitter-rekening — met meer as 600 000 volgelinge — gekry het en getweet het dat die superster Britney Spears oorlede is.
Die rits tweets is kort daarna verwyder, maar die gort was gaar; pandemonium het losgebars met elke Jan Rap en sy maat wat dink die Oops!…I Did It Again-sangeres het 2016 se nuutste slagoffer geword.
Die eerste tweet wat die krakers gestuur het, het eenvoudig gelees: “Rus in vrede, @Britneyspears #RIP 1981-2016” en is kort daarna opgevolg met ’n ietwat meer bisarre een wat lui: “Britney Spears is dood in ’n ongeluk! Ons sal julle binnekort meer sê #RIPBritney”.
Albei tweets is binne enkele minute meer as 6000 keer gedeel. Maar spitsvondige internetgebruikers het gou lont geruik en besef daar steek geen waarheid in hierdie “nuus” van die superster se dood nie.
Die musiekgroep het self veertig minute later gereageer met ’n tweet wat sê hul rekening is gekraak en dat Britney wel springlewendig en gesond is.
Volgens The Hollywood Reporter het Sony Music deurgeloop onder dieselfde groep kuberkrakers wat onlangs die Twitter-rekeninge van Marvel en Netflix geteiken het.
Indien jy steeds twyfel of dit goed gaan met Britney, hier is ’n video wat sy enkele ure gelede op Instagram gedeel het waarin sy en haar seuns op Kersdag gaan jag het:
Some good hunting and zip lining for the holidays! Merry Christmas!! 🎄 A video posted by Britney Spears (@britneyspears) on Dec 25, 2016 at 8:42pm PST
Mag jy nog lank lewe, Britney! | http://www.huisgenoot.com/bekendes/is-britney-spears-dood/ | 2016-12-26 04:42:37 |
#HGwenk: Hoe kan ek oorskietkos vries? | ’n Mens staan verstom oor die dubbele werk wat deur so baie huishoudelike produkte verrig kan word: Tandepasta wat nie net tande kan skoonmaak nie, maar ook DVD’s, silwergoed en goud. Hier is ’n paar slim vriesplanne met oorskiet- en maklik bederfbare kos:
SUURLEMOENE
Druk die suurlemoene uit en giet die sap in ysbakkies. Vries en voeg later by water of vrugteslaai.
(Wenke deur Lana Cilliers en Sandra Deyzel)
AFTREKSEL
Plaas oorskiet-vleisaftreksel in ysbakkies en vries vir latere gebruik.
(Wenk deur Amolene Mouton)
WYN
Vries oorskietwyn in die vakkies van ysbakkies en gebruik in bredies en souse.
KOLA
Vries kola wat sy gas verloor het as ysblokkies en gooi dit in jou kola – dit voorkom dat jou koeldrank waterig word.
(Wenk deur Alta Janse van Rensburg)
ROOM
Vries die room net so in ysbakkies en voeg by souse.
TAMATIES
Rasper of kap oorryp tamaties op en skep lepels vol in vriesbakkies. Plaas dan in ’n plastieksakkie of bak en hou in die vrieskas – dit kan later vir kos en souse gebruik word.
(Wenk deur Lena du Preez)
SKILLE
Vries die skille van uitgedrukte lemoene en suurlemoene om later in vleisgeregte, nageregte of koekversiering te gebruik. Die bevrore skille rasper ook veel makliker.
JOGURT
As daar ’n spesiale aanbieding op jogurt is, koop ekstra en vries dit in ysbakkies. Verwyder en hou gevries in plastieksakkies. As jy jogurt nodig het, haal net die hoeveelheid uit wat jy benodig.
KRUIE
As jy kruie kweek en te veel het, kap dit fyn en meng met botter. Plaas in die vakkies van ysbakkies en vries. Voeg by groente of kapokaartappels.
(Wenk deur Leanne Heyns, Durban)
MELK
Giet melk wat begin suur word in plastiek-kolabotteltjies en vries dit vir wanneer jy weer bak.
(Wenk deur Ann-Francis Pieterse)
ONTHOU!
Giet oorskietkos dadelik in onbedekte houers sodat dit vinnig afkoel. Warm kos moet eers tot kamertemperatuur afgekoel word. Skryf die datum en inhoud op die houers.
Het jy kreatiewe wenke wat jy brand om te deel? Stuur dit aan ons per e-pos by web@huisgenoot.com! | http://www.huisgenoot.com/leefstyl/wenke/hgwenk-hoe-kan-ek-oorskietkos-vries/ | |
Jou sterre vir Vrydag, 23 Desember 2016 | Hier is wat jou sterre vandag voorspel, met Joanne Moore.
JOU DAG
Die sterre is gunstig vir ’n koöperatiewe benadering wat feestydvoorbereidings betref.
AS JY VANDAG VERJAAR
Jy is verantwoordelik en georden; daarom floreer jy daarop om dinge gedoen te kry. Van nou tot Oktober 2017 moet jy jou op die uitbreiding van jou loopbaan toespits.
RAM 21 Mrt.-20 Apr.
Almal wil in beheer wees wat Kersreëlings betref. Vir ’n verandering gaan jy ander dalk toelaat om oor te neem. As jy vandag werk, gebruik jou energie om projekte klaar te kry.
BUL 21 Apr.-21 Mei
’n Proaktiewe, koöperatiewe benadering is die sleutel tot suksesvolle Kersvoorbereidings. As jy versigtig beplan en prioriteite stel, gaan jy alles sonder te veel stres klaarkry.
TWEELING 22 Mei-21 Jun.
Het jy soos gewoonlik nog hope Kers-inkopies om te doen? Dit is tyd dat geesdriftige Tweelinge aan die gang kom en op die nippertjie fantastiese, slim en kreatiewe geskenke gaan uitsnuffel.
KREEF 22 Jun.-23 Jul.
Krewe is in die bui vir heerlike feestydpret. Die jolige Jupiter spring deur jou gesinsone. Probeer dus oor die volgende paar dae geliefdes geesdriftig en proaktief bymekaarkry.
LEEU, 24 Jul.-23 Aug.
Het jy – alweer – die meeste van jou Kers-inkopies tot op die nippertjie gelos? As jy ’n lysie maak en goed beplan, gaan jy sonder te veel feestydkaskenades die geskenke kry wat jy kortkom.
MAAGD 24 Aug.-23 Sept.
As jy op die nippertjie Kersgeskenke kies, wees op die uitkyk vir iets prakties. Dit is ook ’n goeie idee om soveel moontlik van die kos die naweek reeds te berei.
WEEGSKAAL 24 Sept.-23 Okt.
Lewendige Weegskale is dol oor die feestyd omdat dit hul twee passies kombineer: inkopies en sosialisering. Dit is dus die ideale tyd om jou laaste-oomblik-inkopies klaar te kry en tot die uiterste partytjie te hou.
SKERPIOEN 24 Okt.-22 Nov.
As jy hierdie Kersfees meer uitgee as wat jy met gemak kan bekostig, gaan jy net met ’n klomp Nuwejaarskuld sit. Matigheid is die wagwoord. Jy hoef nie oorboord te gaan net om ’n aangename tyd te hê nie.
BOOGSKUTTER 23 Nov.-21 Des.
Boogskutters is dol oor die vrolikheid van Kersfeesvieringe. Maar as jy te uitspattig raak met die koop van geskenke vir geliefdes, gaan jy in die nuwe jaar die prys betaal.
STEENBOK 22 Des.-20 Jan.
Moenie te ernstig en gespanne raak nie; ’n koel en metodiese benadering is die beste manier om die voortdurende Kersfeesvieringe te hanteer. As jy twyfel, bly net kalm en gaan voort.
WATERDRAER 21 Jan.-19 Feb.
Probeer vandag stiltetyd op jou eie geniet – voor die Kersnaweek-malligheid begin. As jy nog presente koop, soek iets wat die verbeelding aangryp.
VISSE 20 Feb.-20 Mrt.
Is jy gespanne en superbesig, maar rig eintlik nie veel uit nie? Vandag se sterre moedig jou aan om dinge stadig te neem en rustig deur jou Kerslys te werk.
© Joanne Madeline Moore | http://www.huisgenoot.com/jou-sterre/jou-sterre-vir-vrydag-23-desember-2016/ | |
Leser se vertelling oor haar pa se dood sal jou koue rillings gee | Baie mense het voorbodes wanneer dit by die dood kom. Een leser het so verhaal met Huisgenoot gedeel.
Op ’n plaas buite George lê my pa ernstig siek met maagkanker. Ek woon in die Kaap, maar hoor in die middel van die nag my pa roep.
Ek maak my man wakker en sê ek voel ek moet George toe gaan, maar ek het nie vervoer nie.
Ek bel ’n vriendin. Sy sê ek moet my klere pak, want hulle ry nog dieselfde nag George toe. Negeuur die oggend kom ons by my ouerhuis aan. My pa was baie bly om my te sien en vertel toe hy het in die nag na my geroep.
Hy is dieselfde aand oorlede.
Lydia
Het jy al ’n voorbode gehad? Deel jou storie met ons en stuur dit na web@huisgenoot.com. | http://www.huisgenoot.com/ons-mense/leser-se-vertelling-oor-haar-pa-se-dood-sal-jou-koue-rillings-gee/ | |
Hierdie koekies smeek om gebak te word - agt lipleklekker resepte | Sjokolade-biscotti Dis mos nou die perfekte peuselhappie vir tee- of koffietyd!
LEWER 30
Bereiding: 15 min.
Gaarmaak: 40 min.
500 ml (2 k) meel
125 ml (½ k) kakaopoeier
5 ml (1 t) koeksoda
’n knippie sout
120 g botter, versag
250 ml (1 k) strooisuiker
2 eiers
100 g neute, gekap
100 g sjokoladeskyfies
180 ml versiersuiker
Voorverhit die oond tot 180 ˚C. Smeer ’n bakplaat en voer dit uit.
1.Meng die meel, kakaopoeier, koeksoda en sout in ’n mengbak. Klits die botter en suiker in ’n ander bak tot lig en donsig. Voeg die eiers by en klits tot goed gemeng.
2.Roer die meelmengsel in om ’n stywe deeg te vorm. Roer die neute en sjokoladeskyfies in.
3.Vorm die deeg in twee effens plat stawe op ’n voorbereide bakplaat en bestrooi dan met die versiersuiker. Bak 30 min. of tot effens ferm wanneer jy daaraan raak.
4.Sny die deeg oorhoeks in skywe op ’n snyplank. Rangskik die stukke met die snykant na onder op ’n bakplaat en bak 10 min. of tot bros. Laat op ’n rak afkoel.
Deur Hope Malau
Foto’s: Jacques Stander
Sjokoladebondels ’n Oulike lekkerny wat ongelooflik maklik is om te maak.
LEWER 24
Bereiding: 10 min.
Verkoel: 2 uur
300 g verskeidenheid koekies, grof gekap
250 g gemengde neute-en-droëvrugtemengsel
350 g melksjokolade
100 g botter, gekap
125 ml (½ k) gouestroop
Botter bakpapier en voer ’n vierkantige pan van 20 cm daarmee uit. Meng die koekies en die neutmengsel in ’n groot bak en halveer die groot neute.
Smelt die sjokolade, botter en gouestroop in ’n bak oor ’n pan water wat prut terwyl jy af en toe roer tot glad en glansend. Giet oor die koekie-en-neutmengsel.
Keer die mengsel in die pan uit en maak liggies plat. Laat 2 uur of oornag verkoel voor jy dit in vierkante sny.
Deur Hope Malau
Foto’s: Megan Miller
Gemmerkoekies Dis tyd vir bak. Hierdie koekies is maklik om te maak en kan in ’n kits berei word.
Lewer 24 koekies
Bereiding: 10 min.
Gaarmaak: 10 min.
560 ml (2¼ k) meel
10 ml (2 t) fyn gemmer
5 ml (1 t) koeksoda
2,5 ml (½ t) fyn kaneel
1 ml (¼ t) fyn naeltjies
’n knippie sout
150 g botter, versag
250 ml (1 k) suiker
1 eier
15 ml (1 e) water
60 ml (¼ k) melasse
30 ml (2 e) suiker
Voorverhit die oond tot 180 ˚C.
Sif die meel, gemmer, koeksoda, kaneel, naeltjies en sout by. Sit eenkant.
Klits die botter en 250 ml (1 k) suiker saam tot romerig, lig en donsig. Klits die eiers in en roer dan die water en melasse in.
Roer die gesifte bestanddele geleidelik by die melassemengsel in. Vorm die deeg in balle so groot soos okkerneute en rol dit in die 30 ml (2 e) suiker. Pak die beskuitjies op ’n bakplaat wat met bakpapier uitgevoer is.
Bak 10 min. in die voorverhitte oond. Laat die koekies 5 min. op die bakplaat afkoel voor jy dit op ’n draadrak pak om heeltemal af te koel. Bêre in ’n lugdigte houer.
Deur Hope Malau
Foto/video: Misha Jordaan
Sjokoladebruintjies Hierdie klewerige bruintjies is heerlik ryk, want dit bevat sjokolade van ’n goeie gehalte.
LEWER 12 BRUINTJIES
Bereiding: 10 min.
Gaarmaak: 30 min.
250 g 70 persent-donkersjokolade
40 g botter
100 g strooisuiker
4 eiergele
5 ml (1 t) vanieljegeursel
90 g meel
’n knippie sout
50 g amandelvlokkies
Voorverhit die oond tot 180 ˚C. Smeer ’n bakpan van 20 cm en voer met bakpapier uit.
Smelt die sjokolade in ’n bak oor ’n pot water wat prut. Verwyder van die hitte en roer die botter en strooisuiker in terwyl jy ná elke byvoeging roer. Voeg die eiergele een vir een in en klits ná elke byvoeging. Roer die vanieljegeursel in.
Meng die meel, sout en amandels in. Vou sagkens by die sjokolademengsel in. Giet die mengsel in ’n bakplaat en plaas in die oond. Bak 30 min. of tot die bruintjiemengsel van die pan begin wegtrek.
Deur Hope Malau
Foto’s: Jacques Stander
Grondboontjiebotter-kraakblokkies Jy kan enige verskeidenheid neute byvoeg en die sjokolade deur rosyne vervang.
Bereiding: 10 min.
Bak: 35 min.
Lewer 16
250 ml (1 k) meel
2,5 ml (½ t) bakpoeier
1 ml (¼ t) koeksoda
’n knippie sout
125 ml (½ k) krakerige grondbonebotter
60 g botter
200 ml (¾ k) bruinsuiker
80 ml (⅓ k) strooisuiker
2 eiers
5 ml (1 t) vanieljegeursel
125 ml (½ k) neute, gekap
125 ml (½ k) sjokoladeskyfies
Voorverhit die oond tot 180 °C. Voer ’n vierkantige bakpan met bakpapier uit en laat vou orige papier buiteom die rand van die pan.
Meng die meel, bakpoeier, koeksoda en sout in ’n bak. Klits die grondbonebotter en botter in ’n ander bak tot glad. Voeg die suikers by en klits tot goed gemeng. Klits die eiers en vanielje in.
Roer die meelmengsel by die bottermengsel in en voeg die neute en sjokolade by. Giet dit in die voorbereide pan en bak 35 min. of tot ’n steekpen skoon uitkom. Laat koel heeltemal af op ’n draadrak en sny dan in blokkies.
Deur Hope Malau
Dieet-sjokoladeneut-hawermoutkoekies LEWER 12 KOEKIES
Bereiding: 10 minute
Gaarmaaktyd: 15-20 minute
25 ml (5 t) laevet-margarien
125 ml (½ k) fruktose
2 ml (½ t) amandelgeursel
30 ml (2 e) kakao
200 ml bruismeel
125 ml (½ k) hawermout
90 ml (6 e) afgeroomde melk
12 pekanneuthalwes of heel amandels
Voorverhit die oond tot 180 °C. Smeer ’n paar bakplate.
Klits die margarien en fruktose saam tot goed gemeng. Voeg die amandelgeursel by.
Sif die kakao en bruismeel saam en roer by die mengsel in. Voeg die hawermout by en meng in. Meng die melk by en meng tot ’n stywe deeg.
Rol die deeg in okkerneutgrootte bolletjies en pak op die bakplate. Druk effens plat met ’n vurk en plaas ’n neuthelfte op elkeen.
Bak 15-20 minute of tot die koekies gaar is, maar nog steeds sag. Laat op die bakplate afkoel en plaas dan op ’n afkoelrakkie om heeltemal af te koel. Bêre in ’n lugdigte houer.
Gekruide koekies Dié koekies het ’n tikkie speserye wat lekker smaak saam met chai-tee.
Lewer 25-30 koekies
Bereiding: 15 min.
Verkoel: 30 min.
Bak: 8 min.
500 ml (2 k) bruismeel
250 ml (1 k) bruinsuiker
160 g koue botter
’n bietjie koue water
Speserye
10 ml (2 t) kaneel
1 ml (¼ t) fyn naeltjies
2,5 ml (½ t) gemmer
5 ml (1 t) gemengde speserye
2,5 ml (½ t) neutmuskaat
1 ml (¼ t) komyn
Voorverhit die oond tot 180 °C en smeer ’n bakplaat.
Speserye Meng die speserye in ’n verseëlde bottel.
Meng die meel, suiker en 10 ml (2 t) van die speserymengsel. Vryf in die botter, voeg die water bietjie vir bietjie by die meel en meng tot ’n ferm deeg.
Bedek met kleefplastiek en verkoel 30 min.
Rol die deeg uit op ’n oppervlak wat liggies met meel bestrooi is en sny die gewenste vorms uit. Sit vir 15 min. in die yskas. Bak die koekies dan 8 min. of tot bruin.
Pak op ’n afkoelrak en laat afkoel.
Deur Hope Malau
Foto: David Briers | http://www.huisgenoot.com/wenresepte/gebak/hierdie-koekies-smeek-om-gebak-te-word-agt-lipleklekker-resepte/ | |
Huisgenoot Mobi | ’n Kaapstadse sakeman is twee maande nadat hy oënskynlik ontvoer is, gevind.
Naushad Deshmukh, van Athlone in die Moederstad, is in Thornton gevind en ontvang nou mediese behandeling nadat hy laat Woensdag gevind is.
Naushad is na bewering aan die einde van Oktober ontvoer en is nou met sy familie herenig.
Hy is glo buite sy klerewinkel ontvoer deur ’n groep gewapende mense wie hom in ’n wit ligte afleweringsvoertuig van Toyota geboender het.
Kapt. FC van Wyk, polisiewoordvoerder in die Wes-Kaap, sê die omstandighede rondom man se verdwyning word nou ondersoek.
Ongelukkig kan hy nog nie die fynere besonderhede oor die ontvoering bekend maak nie.
Enigiemand wat inligting oor die saak het, kan CrimeStop by 08600 10111 kontak.
Bron: News24 | http://www.huisgenoot.com/nuus/plaaslik/ontvoerde-kaapse-sakeman-twee-maande-na-verdwyning-gevind/ | |
Kleuter sterf ’n week ná sy en haar tweelingboetie in swembad val | ’n 23 maand oue dogtertjie is tragies dood nadat sy en haar tweelingboetie Dinsdag in ’n swembad by hul huis in Kellyville Ridge buite Sydney in Australië geval het.
Charli Manago en haar broer, Robbie, is albei die aand van 20 Desember bewusteloos in die familie se swembad gevind, berig Daily Mail.
Daar word vermoed dat hulle ingeval het tydens ’n kortstondige oomblik wat hulle nie onder die wakende oë van hul ma, Fleur, was nie.
Fleur het hul lewelose liggampies uit die water gehaal en hulle is na ’n nabygeleë kinderhospitaal gehaas waar die tweeling in ’n kritieke toestand opgeneem is.
Byna ’n week later het Charli beswyk terwyl haar boetie nog verbete om sy lewe veg.
Bure onthou die angswekkende oomblik wat hulle Fleur se desperate gille gehoor het toe sy haar tweeling in die swembad aantref.
Die Australiese polisie het ’n geregtelike doodsondersoek van stapel gestuur, maar daar word geglo dat Fleur en haar man, Robert, net ’n oomblik toesig oor die tweeling verloor het.
Paramedici het die boetie en sussie op die toneel probeer bybring, maar tevergeefs. Hulle is toe na die Westmead-kinderhospitaal gehaas.
Robbie se presiese toestand is in hierdie stadium nie bekend nie. | http://www.huisgenoot.com/nuus/internasionaal/kleuter-sterf-nadat-sy-en-haar-tweelingboetie-albei-in-swembad-val/ | |
Keer só om nie (te veel) gewig aan te sit hierdie vakansietyd | Sodra die Desembervakansie aanbreek, eet jy meer as wat jy moet, jy sit gewig aan en wanneer die nuwe jaar aanbreek, is jy vasbeslote om dit weer af te skud.
Studies toon mense sit gemiddeld tussen 0,5 en 1 kg oor die feestyd aan. Dit klink nie na veel nie, maar ’n artikel wat verlede jaar in die wetenskaptydskrif Physiology & Behavior gepubliseer is, het bevind baie mense verloor nooit daardie ekstra kilogram nie.
Dit is geneig om elke jaar meer te raak en later is jy nie net oorgewig nie; jy vergroot ook jou risiko vir gesondheidsprobleme soos hartsiektes en diabetes, wat gewoonlik daarmee gepaardgaan.
Laat vanjaar anders wees deur seker te maak jy sit in die eerste plek nie daardie ekstra kilogram aan nie. Om jou taak te vergemaklik, het ons dieetkundiges gevra wat hulle doen om hul eetgewoontes oor die Kerstyd op die regte spoor te hou en daarna het ons hierdie tienpuntplan opgestel.
1. MOENIE ONTBYT OORSLAAN NIE
Dit is die belangrikste maaltyd van die dag, volgens Tanya Alberts, ’n dieetkundige van Johannesburg. “Ontbyt gee jou metabolisme ’n hupstoot, dit gee jou energie en help jou konsentreer,” sê sy. “Navorsing het getoon dat mense wat ’n gebalanseerde ontbyt eet, geneig is om minder te weeg as diegene wat nie ontbyt eet nie.”
Toni Brien, nog ’n dieetkundige van Johannesburg, meen ’n goeie ontbyt help dat jy nie goed eet wat jy weet jy moet uitlos nie, en dit lei daartoe dat jy moontlik nie met jou volgende maaltyd oorboord sal gaan nie.
Volgens Tanya behoort die volmaakte ontbyt uit twee eiers en ’n koppie gemengde groente te bestaan. Voorbeelde van vinnige, voedsame ontbytgeregte sluit in: gewone jogurt met vrugte en gerolde hawermout of hoëvesel-semels; grondboontjiebotter en piesang op volkoringroosterbrood, en laevet-maaskaas en/of avokado op heelgraanroosterbrood.
Lees ook: ’n Baie belangrike dieetaanvulling waarvan almal moet weet
2. BEPLAN VROEGTYDIG
Die ergste ding wat jy in die vakansie kan doen, is om net met die stroom saam te gaan wat kos betref. Dit is ’n seker pad na oorboord gaan.
“Gedurende die vakansie beplan ek steeds my maaltye vir die komende week, dus is ek voorbereid wanneer die chaos van die vakansie op my toesak. Of dit nou middag- of aandete is of happies in die verbygaan, ’n plan hou my gefokus,” sê Tanya.
3. KYK NA JOU PORSIEGROOTTE
Die geheim van opdiengroottes lê in jou hand. Dit gaan nie net oor wat jy eet nie – dit gaan oor hoeveel, sê Toni. Gebruik jou hand as gids: Die grootte en dikte van jou palm bepaal jou proteïenporsie (mans kan twee palmgroottes kry), jou vuis is jou groenteporsie, jou bakhand bepaal ’n porsie koolhidrate en jou duim is jou porsie vet.
“Indien jy by die korrekte porsiegroottes hou, is dit ’n goeie manier om jou kilojoule-inname te beheer, selfs in die geval van ’n ryk maaltyd,” is die mening van Alex Royal, ’n dieetkundige van Kaapstad.
Toni beveel dit ook aan as gids wat die bederfies af en toe betref. “Ek gun myself ’n klein bietjie van die goed wat ek weet nie in ’n gesonde eetplan hoort nie – dus sal ek ’n bietjie Kersfeespoeding of koekstruif eet, maar ek hou die porsie klein.”
4. PEUSEL SLIM
Die beste manier om ongesonde happies te vermy, is om dit nie in jou kombuiskas te hou nie. “Ek maak die yskas vol vars vrugte wat ’n mens in die verbygaan kan gryp – dis ’n goeie manier om te verhoed dat jy wil peusel en na ’n ongesonde happie reik,” is Alex se raad.
Ek het altyd ’n voorraad gesonde peuselhappiekeuses soos vrugte, groente, neute, maer biltong en volgraan-kraakbeskuitjies met laevet-maaskaas,” is Tanya se raad.
Lees ook: Die 15 goed wat jy moet weet voor jy dieet
5. MINDER SOUS
Volgens Alex kom ’n groot gedeelte van die ekstra kilojoules wat ons oor die feestyd verorber uit roomsouse, doopsouse en vulsels.
“Etery oor die feestyd beteken dikwels ryk maaltye, oorlaai met roomryke vulsels en souse. Ek vermy dit so ver moontlik en geur liewer my geregte met suurlemoensap, balsemieke asyn, kruie of vars salsa, gemaak van tamaties, uie, rissies en koljander,” is haar raad.
“Maar ek gaan tog ’n bietjie oorboord in die vakansie en op Kersdag – dis nie realisties om alle versoekings te vermy nie.”
6. DRINK WATER
“Ek vermy alle suikerryke drankies, insluitend ystee en vrugtesap, en drink liewer water,” sê Jenny Meyer, ’n dieetkundige van Johannesburg.
“Baie drankies is propvol suiker en dit is leë kilojoules – jy kry geen voeding nie, net ekstra suiker. Sommige drankies bevat meer kilojoules as wat jy in ’n volledige, gesonde maaltyd sal kry,” voeg sy by.
“As ek lus kry vir ’n ander tekstuur, skakel ek oor na gewone bruis- of sodawater en as ek geur soek, voeg ek skywe suurlemoen of lemmetjie by yswater.”
7. TRAP LIGGIES MET DIE DRANK
Alkohol dra dikwels in die feestyd tot gewigstoename by, sê Jenny. “Ek geniet een of twee glase wyn, maar ek beheer my inname deur ekstra ys of sodawater by te voeg om die hoeveelheid alkohol wat ek inneem, te verlaag,” sê sy.
“Ek drink ook stadig sodat dit langer kan hou, en as ek sterk drank drink, beperk ek my tot een sopie en vermy suikerryke mengeldrankies.” Wat drankies soos sider betref, kies sy variasies met ’n laer alkoholinhoud.
“Maak nie saak watter soort alkohol ek drink nie — ek sorg altyd dat ek ook ’n groot glas water by my het.”
8. LUISTER NA JOU LIGGAAM
Jy ken daardie ongemaklike, versadigde gevoel. Dit dui bloot aan jy het te ver gegaan. Probeer om dit nie hierdie feestyd te laat gebeur nie. Jou liggaam sal dankbaar wees.
“Ek maak altyd seker ek hou op eet voor ek oorvol voel,” sê Tanya. “Kleiner porsies help ook om jou bloedsuikervlakke te temper.”
9. MOENIE DORS MET HONGER VERWAR NIE
Ons eet soms wanneer ons liggaam eintlik na water smag. “Ek drink baie water om gehidreer te bly,” sê Tanya. “Dis belangrik om die vloeistof wat ons verloor, te vervang, veral in die somer.”
10. HOU AAN BEWEEG
Laat ons dit nou maar erken – jy sal waarskynlik nie 100 persent van die tyd gesond eet nie. Vergoed dus vir die enkele toegewing deur te oefen.
“Hoe ons ook al probeer om gesonder voedselkeuses te maak, porsies te verklein en verleidings te verwyder, sal ons steeds meer kilojoules inneem as wat ons beplan het omdat daar in hierdie tyd soveel gesellighede is,” sê Jenny.
“Oefening kan help om hiervoor te kompenseer.” Jy hoef nie gimnasium toe te gaan nie – aangename buitelugaktiwiteite, soos voetslaan, fietsry en stap sal ook die ding doen. | http://www.huisgenoot.com/leefstyl/gesondheid-leefstyl/keer-so-om-nie-te-veel-gewig-aan-te-sit-hierdie-vakansietyd/ | |
Solidariteitman se vrou dalk op Kersdag geopereer, toestand steeds kritiek | Lise Brink, vrou van dr. Danie Brink, uitvoerende direkteur van Solidariteit Helpende Hand. is steeds in intensiewe sorg.
“Haar toestand is kritiek maar stabiel”, sê Ernst Vorster, woordvoerder van Helpende Hand.
“Danie waak langs haar bed in besoektye en doen verder sy bes om hul kinders, Mieke (15), Johann (10) en Daniël (2), te ondersteun.”
Lise se linkerbeen is Donderdag onder haar knie geamputeer nadat sy ernstig beseer is tydens ’n ongeluk net buite Theunissen verlede Vrydag. Die ongeluk het die lewens geëis van Rachel (8) en André (13),twee van die Brinks se vyf kinders.
’n Verklaring uitgereik deur Helpende Hand bevestig dat Lise Vrydag ’n tracheostomie (’n snit in haar lugpyp om asemhaling te vergemaklik) ondergaan het, sodat die beserings aan haar gesig behandel kon word sonder dat die suurstofpype haar genesing belemmer.
Spesialiste sal haar toestand monitor voordat hulle besluit om voort te gaan met ’n dringende rugoperasie en kaakchirurgie.
“Dit mag moontlik nog op Kersdag plaasvind”, sê Ernst.
Ernst bevestig ook dat die gesin Kersdag in hul huis in Groenkloof in Pretoria sal deurbring en dat ’n gesamentlike poging deur vriende, familie, hul gemeente en personeel van Helpende Hand sal verseker dat hulle ’n behoorlike Kersete geniet.
Helpende Hand het ook besluit om ’n spesiale ongelukondersteuningsfonds te stig vir slagoffers van motorongelukke.
Dit kom nadat talle mense aangebied het om die Brink-gesin finansieel te ondersteun. Dit staan as die André en Rachel Brink-ondersteuningsfonds bekend, ter nagedagtenis aan die twee Brink-kinders wat oorlede is.
Mense wat wil bydra, kan geld inbetaal met die verwysing: “Brink” by die rekeninghouer: Solidariteit Helpende Hand; FNB; Tak: Centurion, takkode: 261550, rekening: 62331445503. | http://www.huisgenoot.com/nuus/plaaslik/solidariteitman-se-vrou-dalk-op-kersdag-geopereer-toestand-steeds-kritiek/ | |
Neels van Jaarsveld neem ’n blaaskans, maar sy gholfstokke beslis nie! | Die akteur Neels van Jaarsveld span hierdie Desembervakansie welverdiend saam met vriende en familie uit. Maar sy gholfstokke gaan beslis nie ’n ruskans kry nie!
Neels toon sy vernuf op Devonvale:
A photo posted by Neels van Jaarsveld (@neelsvanjaarsveld) on Sep 1, 2015 at 9:27pm PDT
Neels, wat onlangs te sien was in die nuwe Afrikaanse fliek Vir die Voëls, sê hy beplan so tussen die vakansie deur ’n paar putjies op die Arabella-gholflandgoed, asook in Kleinmond, Hermanus en dalk selfs op Fancourt in George.
Hy sê wel hy gaan so tussen die gholfspelery tuis wees in Kaapstad en “vriende, familie en diere ontvang”. Neels sê hy hou daarvan om elke Desember iets anders aan te pak.
As daar groen gras is, moet daar gholf gespeel word. Die koeie in die agtergrond lyk min gestoor met Neels se goeie hou.
A photo posted by Neels van Jaarsveld (@neelsvanjaarsveld) on Jun 21, 2015 at 7:08am PDT
“Afwisseling is goed. Ons hou van iets nuuts elke jaar. Om by familie uit te kom is wel van kardinale belang,” sê hy. Hy het wonderlike herinnerings van Desembervakansies uit sy kinderdae.
“Ons het baie gelag. Ons lag steeds. Dis belangrik om te besef enige plek kan soos ’n vakansie voel as jou uitkyk positief is,” sê hy.
Verder luister Neels musiek, lees, stap, ry branderplank en kyk dokumentêre films om te ontspan. Hy sê hy verkies dit om sonder roetine te wees wanneer hy ná ’n lang jaar wil uitrus.
Soos die meeste van ons, beplan Neels ook om lekker te eet.
A photo posted by Neels van Jaarsveld (@neelsvanjaarsveld) on Dec 5, 2016 at 6:16am PST
“My familie en verloofde (die model Jeanne Flynn) is uitstekende kokke en smulpape. Almal gaan iets van alles bring.
“Ek geniet ook die Krismis-middagslapie. Dis priceless!” sê hy.
Gaan ons vir Neels self in die kombuis agter die kospotte aantref? “Ek braai nogal ’n ding af en toe raak. En sny baie effektief kaas.”
Die stokke word geswaai by Kleinmond. | http://www.huisgenoot.com/bekendes/neels-van-jaarsveld-neem-n-blaaskans-maar-sy-gholfstokke-beslis-nie/ | 2015-09-02 04:27:05 |
Kiekies van dié verliefde en ‘identiese’ paartjie het mense op hol | http://www.huisgenoot.com/nuus/internasionaal/kiekies-van-die-verliefde-en-identiese-paartjie-het-mense-op-hol/ | 2016-12-13 16:18:13 |
|
Wat beteken daardie instruksies op klere-etikette nou eintlik? | Daar’s hoofsaaklik twee soorte mense wat klere koop: dié wat eerste na die was-instruksies kyk en dié wat roekeloos leef en dit geheel en al ignoreer.
As jy in die eerste groep val, is die kans goed dat jy soms ‘n pragtige kledingstuk op die rak terugsit, want die was-instruksies om dit so mooi te hou is net so moeilik as om ‘n volksvreemde taal binne 10 minute te bemeester. Om nie te praat van die berou, soms vir weke na die tyd, of jy nie dalk tog maar daarvoor kans moes sien nie. . .
Die ander uiterste op die spektrum het in alle waarskynlikheid al verskeie kere erge teëspoed opgedoen. Daardie gunsteling-toppie wat jou perfek gepas het tot waar jy dit in die wasmasjien gegooi het. Eensklaps het dit verdwyn en op een of ander wonderbaarlike manier het dit tot die grootte van ‘n pasgebore baba se eerste uitrusting gekrimp.
Erger nog. Jy was graag al jou kledingstukke saam. En dit sluit die pragtige nuwe nommertjie in. Die skok toe jy die wasmasjien oopmaak en alles daarbinne spog met die allerliederlikste kleure. Jy neem jouself voor – volgende keer lees ek daardie etiket. Maar dit bly net ‘n voorneme.
Dalk gaan ons kort gids die hele spektrum van etiket-lesers en etiket-ignoreerders van hulp wees.
Jou kort gids tot ‘n paar van die algemeenste wasgoed-etikette:
Keelvol vir krapperige etikette?
Hier is een manier om daarvan ontslae te raak. Maar maak seker jy hou dit iewers op ‘n veilige plek ingeval dit baie spesifieke was-instruksies bevat wat jy dalk mag vergeet. | http://www.huisgenoot.com/leefstyl/wenke/wat-beteken-daardie-instruksies-op-klere-etikette-nou-eintlik/ | |
Derick Hougaard se eerste Kersfees alleen saam met sy seuns | Vanjaar sal die oud-Springbokrugbyspeler Derick Hougaard se eerste Kersfees alleen saam met sy twee seuns wees.
En hy is omtrent uit sy vel van opgewondenheid om dié dag saam met sy en die sangeres Karlien van Jaarsveld se twee blondekop-bulletjies deur te bring. Derick en Karlien is in Oktober verlede jaar geskei.
Daniël en Eliah het op 19 Desember hul derde verjaardag gevier.
“Vir die eerste keer het ek my eie Kersboom met versierings gekoop,” vertel Derick.
“My seuns het net met groot oë gekyk hoe Pappa alles alleen doen. Maar toe die liggies aangaan – dit was ’n gesig wat geld nie kan koop nie.”
Vra jy of daar al geskenke onder die boom is, lag Derick. “Nee, Pappa sal nog moet gaan doen waarvan hy die minste hou. Shop!”
Een ding weet Derick beslis en dit is dat dié Kersfees nie die laaste saam met sy seuns sal wees nie. Elke feestyd wat hulle saam deurbring, “sal net meer spesiaal raak met tyd”.
Derick se oorspronklike plan was om Kersdag alleen saam met die seuns te kuier. Maar vriendinne het die drie Hougaards vir ’n spitbraai genooi.
Hy en die seuns gaan die dag deurbring soos hy glo ’n mens moet: Saam met spesiale mense in liefde. Ongelukkig nie saam familie nie, maar dit sal ’n dag wees waarin liefde en vrede gedy.
Derick sê soos ’n mens ouer word, vergeet jy amper hoe spesiaal Kerstyd vir baie gesinne kan wees.
“Maak nie saak wat jy dink oor Kersfees nie. Of dit regtig Jesus se geboortedag is en of dit net bloot ’n mensgemaakte geldmaakstorie is.
“Dalk is die les net vir myself. In die gejaag na wind en in ’n siek wêreld met baie seer en soveel verkeerd, vergeet ons om te bly glo soos kinders.” | http://www.huisgenoot.com/bekendes/derick-hougaard-se-eerste-kersfees-alleen-saam-met-sy-seuns/ |