title
stringlengths 0
200
| maintext
stringlengths 0
24.9k
| url
stringlengths 21
190
| date_publish
stringlengths 0
19
|
---|---|---|---|
Amor reg vir lang pad op krukke en sê ‘uit my hart dankie’ aan almal | Die sangeres, Via-aanbieder en 7de Laan-aktrise het Donderdagaand vol waardering dankie gesê vir almal se steun nadat sy Maandag haar linkerenkel in ’n fratsongeluk gebreek het by haar seun, Jordan, se dertiende verjaardagpartytjie.
A photo posted by Amor Vittone (@amor.vittone) on Jan 11, 2017 at 9:51pm PST
“Ek sit vanaand hier in my hospitaalbed in Morningside Mediclinic, met ’n hart vol waardering en dankbaarheid,” het sy op Facebook geskryf ná die afloop van twee suksesvolle operasies.
Die tweede operasie wat deur die voet- en enkelspesialis dr. Eshraghi gedoen is, was nodig om die senings en ligamente in haar voet te herstel.
Sy skryf die dokters was eers skepties, want die binneste been het op impak deur haar enkelvleis gebars en die drie belangrikste ligamente, weefsel en senuwee afgesny. “Dit was ’n fratsongeluk op ’n springmat by Bounce,” het Amor geskryf, wat met haar derde sprong op die springmatte haarself beseer het.
Bounce is ’n sentrum met springmatte waar waaghalsige spronge en toertjies kan uitvoer.
A photo posted by Amor Vittone (@amor.vittone) on Dec 15, 2016 at 10:51pm PST
“Ek wil uit my hart dankie sê aan elkeen se boodskappe, gebede en liefde. Ook vreeslik dankie aan Morningside Mediclinic vir jul ongelooflike diens en passie. Netcare en Life Fourways, baie dankie.
“My ma moes oorneem en help met kinders. Ma vreeslik dankie dat ma nooit opgee nie en dadda vir al jul liefde!
“My gesin, Jordan, Kylie en my vriende. Baie dankie, ek is lief vir julle.
“Ek het vandag met rehabilitasie begin, op krukke. Dis ’n lang pad wat voorlê, maar ek wil hard werk, sodat ek weer vinnig kan show – al is dit op krukke,” het sy geskryf. | http://www.huisgenoot.com/bekendes/amor-reg-vir-lang-pad-op-krukke-en-se-uit-my-hart-dankie-aan-almal/ | 2017-01-12 05:51:37 |
Emosionele Lise Brink praat baie oor haar oorlede kinders | Lise Brink praat baie oor haar kinders, André en Rachel, wat gesterf het in die ongeluk waarin sy ernstig beseer is, vertel Susan Lombaard op die Facebookblad wat nuus oor haar vordering deel. Hul dood is glo vir haar baie intens.
“Baie dankie vir soveel mense wat hiervoor bid, spesifiek vir ’n genadige impak op Lise en vir vordering op haar pad na fisieke en emosionele genesing,” skryf Susan.
Lise het eers Sondag gehoor van haar kinders se dood.
Lise, wie se linkerbeen onder die knie geamputeer is, is Dinsdagaand laat van die hoësorgeenheid in die Unitas-hospitaal in Centurion na ’n gewone saal oorgeplaas.
Sy, haar man, Danie, en hul vyf kinders was op 16 Desember buite Theunissen in die Vrystaat in ’n ongeluk terwyl die gesin na Kaap St. Francis in die Oos-Kaap onderweg was. Hulle sou vir die vakansie by familie aansluit.
Danie is die uitvoerende direkteur van Solidariteit Helpende Hand.
Lise is ernstig beseer in die ongeluk en haar galblaas moes verwyder word.
Op die Facebook-blad waarop terugvoer vanaf Danie oor Lise se vordering gemaak word, het hy laat weet Lise se verskuiwing na ’n gewone saal is ’n baie praktiese aanduiding van haar fisieke beterskap en die verhoring van gebede.
Op die blad stroom boodskappe van medelye en bemoediging in.
’n Gedenkdiens vir André en Rachel word Sondag om 14:30 in die Hatfield Christian Church in Pretoria gehou. Die diens sal regstreeks op die Facebook-groep “Nuus oor Danie Brink en gesin” uitgesaai word.
Ernst Vorster, hoof van kommunikasie by Solidariteit Helpende Hand, sê die roudiens is om troos te bied aan almal wat die familie ondersteun. Dit is nog nie seker of Lise self die diens sal bywoon nie.
’n Privaat begrafnis sal later gehou word. | http://www.huisgenoot.com/nuus/plaaslik/emosionele-lise-brink-praat-baie-oor-haar-oorlede-kinders/ | |
Skuldige wat Afrikaanse sanger se broer tref-en-trap steeds soek | Die Afrikaanse sanger Ricky Faber se broer, wat op 1 Januarie in ’n tref-en-trap-ongeluk betrokke was, verkeer in ’n bestendige toestand.
“Adriaan het sy bekkenbeen gebreek en is op die oomblik in ’n staatshospitaal op Potgietersrus (Mokopane). Ons probeer hom skuif na ’n privaat hospitaal in Pretoria,” sê Ricky.
Adriaan het nie ’n mediese fonds nie en die Faber-familie kyk nou wat die beste opsie gaan wees vir hom.
Adriaan het op nuwejaarsaand saam met vriende die vuurwerk op Mookgophong (Naboomspruit) gaan kyk toe ’n geel Toyota-bakkie in hom vasry. Adriaan het glo by die stopstraat weggetrek toe die bakkie hom tref.
Die bestuurder het van die toneel af gevlug en noodpersoneel moes ’n uur lank spook om Adriaan uit die wrak te sny.
Ricky sê hulle vermoed hy het ook bloeding op die brein opgedoen.
Die bestuurder van die bakkie is nog nie opgespoor nie.
“Dit is baie lafhartig en selfsugtig van die persoon om so weg te jaag,” sê hy.
“Ek weet nie of die persoon gedrink het nie, maar al het hy of sy net stilgehou om te kyk of my broer oukei is, sou ek anders gevoel het oor hom of haar.” | http://www.huisgenoot.com/nuus/plaaslik/skuldige-wat-afrikaanse-sanger-se-broer-tref-en-trap-steeds-soek/ | |
Huisgenoot Mobi | Die lyke van ses tieners, waaronder dié van die man se eie seun en dogter, is in sy tuinskuur in Arnstein in die suide van Duitsland gevind.
Die pa was bekommerd omdat sy kinders nie Sondagoggend in die huis was toe hy na hulle soek nie. Die tweetal sou Saterdagaand saam met vier van hul vriende in die tuinskuur partytjie gehou het.
Hy het volgens berigte in die skuur gaan kyk en toe op die grusame toneel afgekom.
Al ses is op die toneel dood verklaar.
Die tieners, vyf seuns en ’n meisie, se ouderdomme wissel van 18-19 jaar oud. Aanvanklik is daar gegis dat die tieners se dood te wyte is aan ’n oordosis van ’n onbekende middel.
Bodies of six teens discovered in the garden shed of Bavarian town of Arnstein in Germany https://t.co/neoIybVd8D pic.twitter.com/t79El4E4Kl — Aüd™ (@CodeAud) January 29, 2017
Maar die ontdekking van ’n houtstoof, wat die tieners waarskynlik teen die koue ingespan is, het dalk tot hul dood gelei.
Quei sei ragazzi senza vita dopo la festa nel gazebo ad #Arnstein. La polizia tedesca: “Nessun segno di violenza” → https://t.co/z4fbGttm6j pic.twitter.com/hKu2OdCCPf — Rainews (@RaiNews) January 30, 2017
Hoewel die finale forensiese uitslae nog nie bekend is nie, het koolstofmonoksiedvergiftiging vermoedelik hul lewens geeïs.
Op die agtergrond kan jy sien hoe een van die lyke in ’n kis van die perseel verwyder word.
Bronne: mailonline.co.uk, speisa.com, france24.com, dw.com | http://www.huisgenoot.com/nuus/internasionaal/pa-maak-grusame-vonds-in-sy-tuin-6-lyke-waaronder-sy-2-kinders/ | |
Maak terug skool toe lekkerder met STAEDTLER | PROMOSIE
’n Mens wil hê jou kinders moet die beste nagrus kry en die beste ontbyt eet sodat hulle op hul beste kan voel en presteer by die skool.
Maak seker hulle het die toerusting wat hulle nodig het vir al die groot en klein take. Met alles van gom en skêr tot potlode, sal jou kind ’n voorsprong hê met STAEDTLER-skryfbehoeftes by die skool en by die huis.
Hier is ’n inkopielys vir skoolgoed wat jou kind vanjaar sal nodig kry:
Vir al die opstelle, prente, projekte en kunsopdragte wat jou kinders vanjaar sal moet doen, sal hulle goed voorbereid wees met hul STAEDTLER-voorraad.
STAEDTLER is ook net wat nodig is om pret te hê by die huis. Maak seker jy koop genoeg daarvan!
Skep ’n kreatiewe omgewing by die huis waar die jongspan kan ontspan en vir die volgende dag kan herlaai. ’n Kuns- en kunsvlytgebied sal hulle help om hul energie te fokus en met hul STAEDTLER-skatte uit te span.
Kyk deur die hele STAEDTLER-reeks by staedtler.co.za. | http://www.huisgenoot.com/promosies/maak-terug-skool-toe-lekkerder-met-staedtler/ | |
VIDEO: Hoërskoolseuns van Klerksdorp pak mekaar met die vuiste | ’n Video van twee skoolseuns wat mekaar met die vuiste timmer, het sosiale media aan die gons.
Die voorval het verlede week Woensdag plaasgevind. Die twee leerders van Hoërskool Schoonspruit het mekaar toegetakel in ’n straat in die dorp.
In die video kan gesien word hoe toeskouers toekyk terwyl die groter seun (16) die skraler sien herhaaldelik in die gesig slaan en hom later optel en neergooi op dioe grond.
Die seun hou aan hom die ander een in die gesig te slaan.
Dries De Beer, hoof van Hoërskool Schoonspruit, het gesê die voorval word ondersoek en albei leerders gaan voor ’n dissiplinêre verhoor verskyn.
“Die voorval het buite skoolure gebeur en nie op die skool se gronde nie. Dit was buite ons beheer.
“Dit is tragies dat ons skool se naam so deur die modder gesleep moet word. Ons probeer ’n kultuur van liefde en verdraagsaamheid kweek.”
De Beer sê dat nie een van die kinders is ernstig beseer nie en die skraler seun is deur sy ma na die hospitaal geneem maar is dieselfde dag ontslaan.
Hy het glo geen merke op sy gesig opgedoen nie, sê De Beer. | http://www.huisgenoot.com/nuus/plaaslik/video-hoerskoolseuns-van-klerksdorp-pak-mekaar-met-die-vuiste/ | |
Naelbytvideo wys hoe kleuter tweelingboetie onder laaikas uit red ná dit bo-op hulle val | Die ongelooflike oomblik is op kamera vasgevang en hul ma het die video gedeel in die hoop dat dit ander ouers sal waarsku.
In die video klim die twee boeties in die laaie van die kas voor die kas bo-op hulle val. Een van die boeties lê vasgevang onder die kas en probeer homself daaruit wurm. Sy boetie soek ’n manier om die kas gelig te kry.
Ná vele pogings het die boetie die kas van sy boetie af gestoot.
Lees ook: Kleuter sit in wasmasjien vas
Hul ouers, Ricky en Kayli Shoff, wat in Utah in Amerika woon, was eers huiwerig om die video te deel, maar het besluit om ander ouers aan te moedig om meubels soos laaikaste te beveilig.
“Ek was ’n bietjie huiwerig om dit te deel,” skryf Ricky op Facebook
“Maar ek voel dis nie net om bewustheid te bring nie, maar dit is ook ongelooflik. Ons is so dankbaar vir die band wat hierdie tweelingboeties deel. Ons weet Bowdy was nie alleen toe hy die laaikas van Brock afstoot nie,” sê hy.
Kyk die video hier:
Facebook, usmagazine.com, dailymail.co.uk | http://www.huisgenoot.com/nuus/internasionaal/naelbytvideo-wys-hoe-kleuter-tweelingboetie-onder-laaikas-uit-red-na-dit-bo-op-hulle-val/ | |
Polisiehoof se vloot weeldemotors onder die soeklig | Die onafhanklike polisieondersoekdirektoraat (Opod) se ondersoek na die weelderige leefstyl van die nasionale polisiehoof bring skynbaar sy en sy vrou se vloot van luukse motors van R4,3 miljoen onder die loep.
Die polisiewaghond verbreed glo sy ondersoek na die waarnemende nasionale polisiekommissaris, lt.genl. Khomotso Phahlane, om die sewe voertuie in te sluit wat hy en sy vrou, Beauty, die afgelope twee en ’n half jaar gekoop het. Beauty werk ook in die polisiediens.
Daarby het ondersoekers ’n verklaring afgeneem van Jolanta Komolodowicz wat ’n klankstelsel van R80 000 namens Khomotso aangeskaf het.
Verlede week het Opod ’n deursoekings-en-beslagleggingsklopjag op Khomotso se huis in die gegoede Sable Hills Waterfront Estate uitgevoer en die klankstelsel verwyder wat Jolanta, direkteur van Crimetech Laboratories, na bewering bekom het.
Dié onderneming het ’n tender van etlike miljoene rand verkry om chemiese en forensiese voorraad aan die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) te verskaf.
Jolanta het voorheen aan The Citizen gesê Khomotso het Crimetech se kantore in 2012 besoek. Hy was beïndruk met die dekor en het haar gevra wie dit behartig het. Jolanta het geantwoord sy het die kantore self versier.
“Genl. Phahlane het toe gevra of ek bereid sou wees om hom raad te gee oor die versiering van die huis wat hy besig was om te bou. Ek het ingestem om genl. Phahlane op ’n streng sakegrondslag raad te gee waarvoor ek vergoed is.”
Geld in bagasiebak
Jolanta het aan News24 gesê sy mag nie verder praat oor die klanktoerusting of wat sy aan Opod gesê het nie, maar sy het gehou by wat sy aan The Citizen gesê het.
Die voertuie wat ondersoek word, is onder meer Range Rovers, ’n Toyota Hilux en ’n Mercedes-Benz. Dit het na raming sowat R4,3 miljoen gekos. News24 verstaan dat minstens vier van die motors vir altesaam sowat R2 miljoen gefinansier is.
News24 het in 2016 berig Opod ondersoek Khomotso oor ’n eiendom waarvan die grond en bouwerk na bewering R8 miljoen gekos het. ’n Gedeelte van die R8 miljoen is in kontant betaal.
Opod-ondersoekers het beweerde kontantbetalings van altesaam R700 000 aan ’n kontrakteur ondersoek. Die geld was na bewering in plastieksakke in die bagasiebak van ’n motor.
Opod ondersoek blykbaar nou die aankoop van:
• ’n Grys Land Rover Discovery in Augustus 2014;
• ’n Mercedes-Benz E250 CDI in Januarie 2015;
• ’n Roomkleurige Volkswagen Amarok in April 2015;
• ’n Wit viertrek-Toyota Hilux 3.0-dieselbakkie met ’n enkelkajuit in Januarie 2016;
• ’n Silwerkleurige Volkswagen Polo in Februarie 2016 en
• ’n Grys Range Rover Sport in Oktober 2016.
Die polisiewoordvoerder brig. Sally de Beer het gesê die bewerings is feitelik onakkuraat en ’n poging om Khomotso te beswadder en verneder.
Sy het ook aangedui Khomotso sal in die hof terugbaklei.
“Soos in die geval waar daar wyd en onakkuraat berig is dat die waarnemende nasionale kommissaris ’n klankstelsel as ’n korrupte geskenk ontvang het en die feit was dat hy self daarvoor betaal het, is die bewerings in die uitgelekte storie rakende voertuie misleidend en vals,” het Sally gesê.
Ondersoekers gedreig
Khomotso beweer hy het bewys van betaling vir die klankstelsel gelewer en gewys die geld is van sy persoonlike rekening na dié van die diensverskaffer oorgeplaas.
Opod het verlede week ’n waarskuwingsverklaring by Khomotso afgeneem oor ’n bewering van regsverydeling terwyl hulle aan die ondersoek gewerk het.
Die forensiese ondersoeker Paul O’Sullivan het die oorspronklike saak teen Khomotso in 2016 geopen. Hy het toe beweer die verband wat Khomotso op die eiendom van R8 miljoen geregistreer het, was beduidend laer as die waarde van die huis wat hy in 2011 en 2012 laat bou het.
News24 het ’n swak geskrewe SMS van ’n onbekende nommer gesien wat na een van die Opod-ondersoekers en Paul gestuur is. Dit bevat dreigemente teen diegene wat by die ondersoek betrokke is.
“Dit is ’n waarskuwing aan jou. Ons is bewus dat jy vir ’n groot buitelandse spioen paul salivan werk wat deur sy meesters befonds word . . . Jy moet nou ophou. Ons weet waar jy bly en jou gesin. Jy moet kies om saam met hom te sterf [sic],” lui dit.
Khomotso het voorheen gesê hoewel hy eerbied het vir Opod, is dit vir hom betreurenswaardig dat die ondersoek in die media uitgevoer word. Hy het Paul se betrokkenheid by die ondersoek aangeval en hom ’n buitelander genoem.
Bron: News24 | http://www.huisgenoot.com/nuus/plaaslik/polisiehoof-se-vloot-weeldemotors-onder-die-soeklig/ | |
Nuusvasvra: Toets jou kennis van die week se nuus | Snotkop het ’n miljoen geslaat, Elana het weer ma geword, Kobus het in die sop beland en Serena het haar ousus getroef. En uit Amerika het ’n heel nuwe begrip gekom: alternative facts.
Ken jý die verskil tussen alternatiewe en ware feite? Dan sal jy uitstekend vaar in vandeesweek se nuusvasvra!
Rol, soos altyd, tot onder die vasvra om te sien hoe verlede week se deelnemers gevaar het.
Foto (regsom van links): Snotkop, Kobus Wiese, Elana Afrika en Serena Williams
Bronne: huisgenoot.com, you.co.za, netwerk24.com, timeslive.co.za, huffingtonpost.co.za, dailymaverick.com, bbc.com, abc.net.au, slate.com, nytimes.com, washingtonpost.com
Het altesaam 97 persent van julle geweet Ford Kuga het modelle onttrek omdat die enjins oorverhit en aan die brand kan slaan (die vraag wat deur die meeste mense korrek beantwoord is).
Het net 28 persent geweet dat pres. Wladimir Poetin Russiese prostitute as die beste in die wêreld bestempel het (die vraag wat die minste mense reg gehad het). Dit was na aanleiding van bewerings dat pres. Donald Trump tydens ’n besoek aan Moskou saam met Russiese prostitute gefuif het.
Was die gemiddelde punt 55 persent – taamlik minder as die vorige week se 67 persent! Ons hoop dit gaan vandeesweek beter.
Is die nuusvasvra te moeilik en moet ons dit makliker maak? Laat weet gerus deur ‘n e-pos te stuur na joan.vanzyl@media24.com. | http://www.huisgenoot.com/gons-pret/nuusvasvra-toets-jou-kennis-van-die-week-se-nuus/ | |
Eksklusiewe foto’s: Die vlak graf waarin Nicola Pienaar se lyk gevind is | Sedert Nicola Pienaar op 5 Januarie verdwyn het, het haar ma onverpoos bly hoop op ’n wonderwerk – dat haar dogter wel lewend gevind sal word.
Maar helaas. Maandag het die skokkende nuus gebreek dat Nicola se lyk in ’n vlak graf in die Paarl gevind is.
Volgens berigte is Nicola se lyk Sondagaand omstreeks elfuur gevind.
Die Paarl-polisie het Maandag bevestig Nicola se lyk is op die erf van hul hoofverdagte se huis in die Paarl gevind, maar wou nie bevestig of Nicola se vriend, Jacobus Johannes Oosthuizen (32), die verdagte is nie.
Oosthuizen last night led police to a secluded area in his yard, where #NicolaPienaar‘s body was found buried under rubble. — EWN Reporter (@ewnreporter) January 30, 2017
Nicola se gebroke ma, Marlaine Pienaar-Vice, het aan HeraldLive gesê daar is nie veel meer om te sê nie.
“Ek wil net weet hoekom hy (na bewering) dit gedoen het. Hy moet my nou vertel,” het sy gesê.
BREKENDE NUUS. Lyk van vermiste Nicola Pienaar in graf op erf van verdagte in Paarl gevind @RapportSA @Netwerk24Berig pic.twitter.com/nfAVXAWNwx — Julian Jansen (@JulianJansen) January 30, 2017
Marlaine het genoem dat sy “stomp” voel omdat sy ’n kalmeermiddel gebruik het.
“Ek wag nou vir die polisie om my te kom sien.”
Op dieselfde Facebook-blad word daar ook beweer dat Nicola swanger was met Jaco se kind.
Jaco is op 21 Januarie in Port Elizabeth in hegtenis geneem. Hy was in besit van Marlaine se Peugeot 206 wat intussen as gesteel aangegee is. Ná sy laaste verskyning in die hof in Port Elizabeth op 27 Januarie is die saak uitgestel tot 2 Februarie en na die Paarl verskuif.
Bykomende bron: heraldlive.co.za | http://www.huisgenoot.com/nuus/plaaslik/eksklusiewe-fotos-die-vlak-graf-waarin-nicola-pienaar-se-lyk-gevind-is/ | |
Huisgenoot Mobi | Vyf van die beskuldigdes wat na bewering betrokke was by die opspraakwekkende reeks moorde in die Krugersdorp-omgewing het Vrydag weer in die plaaslike hof verskyn.
Die vermoorde eiendomsagent Hanlé Lategan se man het vandag vir die eerste keer die verrigtinge bygewoon.
Haar ontstelde broer, Ferde de Witt, het tydens ’n onderhoud met mydigtitnews gesê dat die saak hulle baie geruk het “omdat die moordbeskuldigdes in die hof glimlag en dink dis ’n grap terwyl ons baie ernstig oor die saak voel”
Onder die 23 klagte teen Marinda Steyn (50), haar kinders, Leroux (21) en Marcel (18), en haar vriende Cecilia Steyn (35) en Zak Valentine (31) is die volgende:
1. Sewe klagte van moord
2. Vyf klagte van roof met verswarende omstandighede
3. Besit van ongelisensieerde vuurwapens
Court is packed in the appearance of the #TripleMurder accused pic.twitter.com/cJgdMqj0DS — Krugersdorp News (@KrugersdorpNews) January 27, 2017
Nog ’n beskuldigde in die saak, John Barnard (40) het op 14 Desember ’n pleitooreenkoms met die staat aangegaan. Hy het op 13 klagte skuld beken en is tot effektief 20 jaar gevonnis.
Lees meer: So lyk die slagoffers van die afspraakmoorde
Die ondersoekbeampte het vandag in die hof aangedui dat hy besoeke van Marinda se man, Dries, aan sy vrou geweier het omdat hy na bewering boodskappe tussen die beskuldigdes sou oordra.
Lees ook: Bloedjong tienermeisie en haar broer in hof vir Krugersdorp-moorde
Sy was sigbaar ontsteld omdat haar besoekersregte ingekort is. Sy het ook beweer dat dié stap verhoed dat sy toegang het tot benodigdhede soos toiletpapier.
Marinda, Cecilia en Zak het aansoek gedoen om elk hul eie regsverteenwoordiger te bekom.
Lees ook: Familie verstom toe ‘dooie’ man in die Krugersdorpse landdroshof verskyn
Die saak word uitgestel en verwys na die Johannesburgse hooggeregshof. Die voorverhoor sal op 5 Mei plaasvind.
Borgtog is aan geen van die beskuldigdes toegestaan nie.
Bronne: krugersdorpnews.co.za, mydigitnews.co.za | http://www.huisgenoot.com/nuus/plaaslik/krugersdorp-afspraakmoorde-beskuldigdes-die-ene-glimlagte-in-stampvol-hof/ | |
Steve Hofmeyr se seun bring ’n aand in die tjoekie deur | Een van die sanger Steve Hofmeyr se seuns, Devon, word van aanranding aangekla.
Luidens berigte het Devon (22) en een van sy kollegas, Nelus Goosen (21), Donderdagaand in die aanhoudingselle deurgebring nadat hulle glo ’n vermeende dwelmhandelaar op die Delmaspad in die ooste van Pretoria aangekeer het.
Devon en Nelus werk vir ’n reaksieveiligheidsmaatskappy. Hulle is glo in hegtenis geneem nadat ’n man in die proses “met stokke geslaan is”, berig Netwerk24.
Devon staan glo tereg op ’n aanklag van aanranding met die doel om ernstig te beseer.
“Ek mag tans geen kommentaar lewer nie. Ek moet eers ’n amptelike verklaring in die hof aflê voordat ek met die media mag praat,” sê hy.
Devon en Nelus is Vrydagoggend borgtog van R1 500 elk toegestaan. Hulle sal weer op 17 Februarie in die hof verskyn. | http://www.huisgenoot.com/bekendes/steve-hofmeyr-se-seun-bring-n-aand-in-die-tjoekie-deur/ | |
Vasvra: Hoe goed het jy die week se nuus dopgehou? | Welkom by die eerste nuusvasvra van die nuwe jaar! Kon jy tussen al die vakansiehouery deur darem ‘n bietjie aandag aan die sake van die dag bestee? Indien wel, sal jy goed vaar in die vasvra. Indien nie, sal jy binne 14 vrae vinnig op hoogte kom!
Rol tot onder die vasvra om te sien hoe julle in die vakansie gevaar het.
Foto (regsom van links bo): Caster Semenya en Violet Raseboya haak af; een van die Hertogin van Cambridge se foto’s van haar spruite, George en Charlotte; Wayne Westner; Bok van Blerk en Hanna Grobler
Hoe het julle in die vakansie gevaar?
In hierdie vasvra het ons gekyk wat julle alles kan onthou van nuusgebeure deur die jaar en almal het uitstekend gevaar.
Altesaam 98 persent het geweet die celeb-huwelik wat in 2016 in die hek geduik het, was dié van Angelina Jolie en Brad Pitt.
Net 44 persent het geweet dat ‘n mens in Pokémon Go jou Pokémon met ‘n Poké-bal gooi om hom te vang.
Die gemiddelde persentasie was 68 persent.
In hierdie vasvra het ons vrae versamel wat in die loop van die jaar se vasvrae deur die meeste mense korrek beantwoord is.
Altesame 94 persent van julle het geweet die komediant Mark Lottering het sy hare met insekdoder bespuit om te spot met ‘n prediker wat Doom ingespan het om lidmate van siektes te genees.
Net 69 persent het onthou dat Angelique Gerber en Jacques Potgieter se pienkvoet in Japan gebore is.
Die gemiddeld was 83 persent – ‘n onderskeiding! | http://www.huisgenoot.com/gons-pret/vasvra-hoe-goed-het-jy-die-week-se-nuus-dopgehou-3/ | |
Al die resepte uit vanaand se episode van Kom Ons Braai | Stefan en Anneke skep ’n somergevoel by hul braai terwyl Jimmy en Michelle ‘n braaihoring met skop maak. Daronn en Louise maak fynproewer-braaibroodjies.
Anneke en Stefan
Lamsboud
Bestanddele
2 kg lamsboud
1 knol knoffel, fyn gekap
1 koppie olyfolie
sout, peper en ander speserye na smaak
Metode
Ontbeen jou lamsboud en laat dit vier dae in olyfolie en knoffel lê. Draai die boud elke 12 ure om en smeer dit behoorlik met olyfolie en knoffel.
Wanneer jy gereed is om te begin braai, plaas die lamsboud op ’n oop rooster en besprinkel dit mildelik met sout, peper en ander speserye na jou smaak.
Terwyl die boud braai, smeer dit so drie of vier keer weer met olyfolie en knoffel, maar nie te veel nie, anders raak die knoffelsmaak oordonderend.
Sodra die boud reg is, haal dit van die kole af en sny dit in repies.
Kruisstuk-sosaties
Bestanddele
1 kg kruisstuk
’n fles pikantrissies
5 klein uie, in ringe gesny
1 bottel Jimmy’s-sous
1 bottel Spur-bedruipsous
sout na smaak
Metode
Sny die kruisstuk in blokkies.
Bou jou eie sosaties deur die stukkies kruisstuk, pikantrissies en uieringe aan sosatiestokkies te ryg.
Meng Jimmy’s-sous en Spur-bedruipsous om ’n marinade te maak. Marineer jou sosaties vier dae daarin.
Wanneer jy die sosaties braai, braai hulle op ’n oop rooster sodat jy hulle met sout kan besprinkel.
Braai die sosaties tot hulle gereed is. Sodra jy hulle afhaal, verf hulle vir oulaas met jou marinade.
Braaibroodjies
Bestanddele
1 witbrood, gesny
1 blok botter
4-6 tamaties, gesny
1 blok cheddar, gesny
2 groen soetrissies, in dun repies gesny
1 bottel van jou gunstelingblatjang
Metode
Smeer jou snye brood met botter en plaas snye tamatie, kaas en ’n paar dun repies soetrissie op een van die snye.
Geur met sout en peper.
Smeer die ander sny brood met ’n dun lagie blatjang.
Pak die snye opmekaar en braai op ’n rooster tot die kaas gesmelt is.
Mengelslaai
Bestanddele
Vir die slaai
’n pakkie slaaiblare van jou keuse
2 hande vol babatamaties
1 komkommer, gesny
1 rooi-ui, in ringe gesny
’n pakkie roketblare
swartpeper-gegeurde feta
soetrissie-gegeurde krotons
Vir die slaaisous
rooiwynasyn
olyfolie
knoffel, fyn gekap
swartpeper
1 t mosterd
Meng al die slaaibestanddele in ’n slaaibak en meng die slaaisousbestanddele in ’n mengbakkie. Proe aan die slaaisous om seker te maak die geure is na jou smaak.
Bedruip jou slaai met slaaisous en bedien dadelik.
Jimmy en Michelle
Filet de boeuf met smaaklike sous
Bestanddele
2 kg Porterhouse-filet
knoffel, fyn gekap en in olie gebraai
olyfolie
Metode
Marineer die filet in die knoffel en olyfolie
Plaas dit oor die kole en braai tot dit reg is
Sous
gebraaide uie
Ina Paarman se vleissous
speserye na smaak
Metode
Braai die uie in ’n klein pan oor die kole.
Giet Ina Paarman se vleissous by en geur met speserye na smaak.
Kaapse kaas-en-knoffelbroodjie
Bestanddele
Franse brood
knoffelbotter
kaassmeer
pietersielie, fyn gekap
knoffelsout
Metode
Sny die brood in skaapwagtersnye en meer die snye met knoffelbotter.
Smeer dan ’n lagie kaassmeer op elke sny en besprinkel met pietersielie en knoffelsout.
Draai die brood in foelie toe en plaas op die kole.
Jackie se pastaslaai
Bestanddele
gekleurde pasta-skroewe
gemengde groente
soetrissiesous
mayonnaise
sout na smaak
Metode
Maak pasta gaar in kookwater en stoom die groente.
Meng die groente en pasta saam.
Laat die slaai afkoel en plaas in die yskas.
Meng die soetrissiesous en mayonnaise saam om ’n sous te maak.
Meng die sous by die pasta en groete in en plaas weer in die yskas.
Sit koud voor.
Braaihoring met skop
Bestanddele
6 suikerhorings
3 Tinkies-sponskoeke, in die helfte gesny
1 e sjokoladestukkies per suikerhoring
Metode
Plaas een helfte van ’n Tinkies-sponskoek in ’n suikerhoring en gooi ’n eetlepel sjokoladestukkies by.
Draai toe in foelie en plaas 10 minute op die kole.
Haal van die kole af en bedien met Nachtmusik vir ekstra skop.
Louise en Daronn
Sappige lamtjops met rooiwyn-en-sampioensous
Tjops
Bestanddele
• 6 vars, sappige lamtjops
• speserye na smaak
• olyfolie
Metode
Besprinkel die tjops eers met jou gunstelingspeserye en dan met net ’n bietjie olyfolie. Plaas die tjops op die kole en braai hulle tot hulle na jou sin is.
Rooiwyn-en-sampioensous
Bestanddele
• teelepel knoffelvlokkies
• ’n halwe ui, fyngesny
• 60 ml margarien
• rissievlokkies na smaak
• 1 pakkie sampioene
• 250 ml room
• 1 koppie rooiwyn
• ’n bietjie cheddar om te geur
Metode
Meng die teelepel knoffel, halwe ui, margarien en rissievlokkies saam in ’n pot op die kole. Wag tot die ui begin bruin raak en voeg dan die sampioene en die glas rooiwyn by. Kook dit lekker deur tot die rooiwyn amper weggekook is en giet dan die room by. Kook tot dit begin verdik en voeg dan die kaas vir nog dikte en smaak by.
Sit saam met die tjops voor.
Soet, smeulende mieliegebak
Bestanddele
• 1 koppie meel
• 60 ml gesmelte margarien
• 1 koppie witsuiker
• 4 teelepels bakpoeier
• 4 eiers
• 2 blikkies soetmielies
Metode
Meng alles saam en gooi dan in ’n bak wat goed besproei met kleefwerende sproei. Plaas op die warm kole en kook tot gaar.
Heerlike gelaaide gourmetbroodjies
• 6 worsrolletjies
• cheddar vir 6 broodjies
• parmesaan vir 6 broodjies
• mozzarella vir 6 broodjies
• knoffelpuree na smaak
Metode
Smeer die knoffelpuree goed oor die worsrolletjies. Voeg ’n lekker porsie cheddar, gevolg deur die parmesaan en mozzarella in elke rolletjie. Draai dit toe in foelie en verhit oor die kole tot die kaas lekker gesmelt is. Haal af en sit voor saam met die ander geregte.
Kahlua en room met romerige roomys
• 250 ml room
• 250 ml Kahlua
• romerige roomys van jou keuse
Metode
Giet die room en Kahlua saam in ’n pot oor die kole en laat dit vir ’n paar minute saam kook tot die mengsel begin verdik. Haal dan af en sit voor saam met die roomys.
Besprinkel met ’n paar neute vir smaak en tekstuur. | http://www.huisgenoot.com/kom-ons-braai-via/al-die-resepte-uit-vanaand-se-episode-van-kom-ons-braai-3/ | |
Doen dié 5 dinge ELKE DAG vir ’n pragtige vel | Huisgenoot se skoonheidsredakteur gee vyf wenke om ’n pragtige vel te hê.
1. Wend elke liewe dag sonskerm aan, ja, elke liewe dag. Ons strawwe klimaat maak sonskerm noodsaaklik om ons vel te beskerm. Dit beteken minder veluitslag, minimale sonskade, minder gedehidreerde vel en geen vroeë veroudering nie.
2. Drink elke dag genoeg water, minstens 2 L. Vir party van ons is dit makliker gesê as gedaan, of hoe? Maar dit sal die moeite werd wees. Water hidreer die liggaam en as die liggaam gehidreer is, is die vel ook. Boonop spoel water die meeste onwelkome gifstowwe uit ons liggaam.
3. Was en bevogtig jou vel soggens en ook voor jy bed toe gaan, selfs al wend jy nie gereeld grimering aan nie. Jy sweet snags en jou vel vernuwe; dus moet jy al daardie bedrywighede soggens verwyder. As nie jou gesig skoonmaak voor jy gaan slaap nie, gaan al die besoedeling, sweet en olie/grimering saam met jou bed toe, dit verstop jou porieë en dis net daar waar die probleme begin.
4. Moenie onnodig aan jou gesig raak nie; jou hande kom met so baie goeters in aanraking en dit beteken die kieme kan moontlik ’n galadag op jou gesig geniet. As jy jou gesig uitlos, kan kieme nie van jou hande af op jou gesig oorgedra word nie.
5. Gebruik ’n skoon kussingsloop. Wat ook al aan jou gesig is, beland in jou kussing; wat ook al op jou hare is, bly ook op jou kussing. En wat ook al op jou kussingsloop is, gaan terug na jou gesig. As hierdie kringloop nie verbreek word nie, lei dit tot ’n chaos op jou vel. | http://www.huisgenoot.com/leefstyl/skoonheid/doen-die-5-dinge-elke-dag-vir-n-pragtige-vel/ | |
Bekende sakeman doodgeskiet in Limpopo | http://www.huisgenoot.com/nuus/plaaslik/bekende-sakeman-doodgeskiet-in-limpopo/ | ||
Dramatiese skietery, motorjaagtog in Umhlanga | Vyf vermeende sakerowers is vanoggend in die Umhlanga-gebied in hegtenis geneem ná ’n skietery en motorjaagtog, sê ’n privaat sekerheidsonderneming.
Die dramatiese jaagtog het om 05:00 begin terwyl ’n spesiale taakmag van Marshall Security ’n misdaadvoorkomingsoperasie saam met die Durban-Noord-polisie en ander sekerheidsmaatskappye uitgevoer het, sê Kyle van Reenen, ’n woordvoerder vir Marshall Security.
Tydens die operasie het die polisie ’n silwer Hyundai i20 met vyf insittendes in Umhlanga opgemerk.
“ ’n Jaagtog het gevolg en die verdagtes het in die Somersetpark-gebied beland, waar hulle begin skiet het op die SAPD-lede wat hulle jaag.”
Kyle sê die polisie het een verdagte hier in hegtenis geneem. Die ander vier het in die voertuig weggejaag en na Mount Edgecombe-rylaan gery. Daar het die voertuig teen ’n wal af tot in ’n omheinde landgoed gery.
“Nog drie verdagtes is aangekeer, terwyl die vyfde verdagte tot in die landgoed gevlug het.”
Kyle sê beamptes van Marshall Security het die verdagte agternagesit en hom ná ’n kort soektog deur die gebied gekry waar hy in ’n bos skuil.
Hy sê die Hyundai is onlangs in Mayville gekaap. ’n Vuurwapen is ook op die toneel teruggevind.
“Die verdagtes is vermoedelik vir verskeie inbrake in die gebied verantwoordelik.”
Bron: News24 | http://www.huisgenoot.com/nuus/plaaslik/dramatiese-skietery-motorjaagtog-in-umhlanga/ | |
Bos gegaan met die kaarte? Waak só teen die ‘Janu-worrie’ | Dit gebeur elke jaar dié tyd: Verbruikers bestee opvallend meer met hul kredietkaarte as gedurende die ander maande van die jaar.
Sommige word so meegesleur deur die algemene koopkoors dat hulle vroeg in die nuwe jaar sukkel met ’n erge geval van “Janu-worrie”, oftewel die Januarie-blues.
Verbruikers sal na verwagting dié vakansie weer oor die 20 persent meer met hul kredietkaarte bestee as hul gemiddelde kredietkaartaankope vir die voorafgaande maande van die jaar, beraam FNB Credit Card.
“Ons het die gemiddelde besteding van Januarie tot November verlede jaar bekyk en die relatiewe toename in Desember 2015 om ’n aanduiding te kry van hoeveel meer verbruikers kan verwag om dié feestyd te bestee,” verduidelik Chris Labuschagne, uitvoerende hoof van FNB Credit Card.
En die bevinding was ’n toename van 22 persent in kredietkaartaankope verlede Desember vergeleke met die gemiddelde vir die voorafgaande 11 maande.
Die grootste Desember-bestedingstoename word in die vermaakkategorie bespeur (uiteet, drank, kaartjies vir vermaakgeleenthede, insluitend sport), gevolg deur luukse ware (speelgoed, klere, elektroniese toestelle en juwele), “tuistebesteding” ( meubels, harde- en tuinware, want baie mense knap dan hul woonplek op), gesondheid- en skoonheidsprodukte en -dienste, asook kruideniersware.
As jy seker maak jy kan sulke aankope maklik terugbetaal, dalk deels uit ’n bonus, is ietwat groter kredietbesteding in die maand waarin almal ná ‘n tawwe jaar wil uitspang heel aanvaarbaar. Maar beplanning en dissipline bly noodsaaklik.
Sommige verbruikers kan hulle ongelukkig dié tyd letterlik tot in ’n skuldspiraal bestee.
Chris benadruk juis: “Terwyl dit wonderlik is om die feestyd saam met familie en vriende te geniet, moet jy ook seker maak jy gee nie meer uit as wat jy eindelik kan terugbetaal nie.”
Baie huishoudings maak op krediet staat om hul daaglikse uitgawes te dek, maar dis ’n aanduiding dat hulle nie binne hul vermoë leef nie, sê die kredietombud Nicky Lala-Mohan. En in die feestydkonteks is dit veral kommerwekkend.
Oorbesteding dié tyd van die jaar word dikwels deur emosies aangevuur. Verbruikers voel hulle het heeljaar hard gewerk en verdien dit om hulself en hul gesin te bederf. Baie van hulle sukkel egter dan reeds om bestaande skuld te delg, en ander begroot glad nie vir die feestyd se ekstra besteding nie.
En met hul kredietkaarte reeds by die maksimum perk, beland hulle dan soms in ’n skuldstrik, sê Nicky. “Dis gevaarlik om te veel op krediet te koop net omdat dit lyk of almal dit nou in die winkelsentrums doen.
“Verbruikers moet onthou einde Januarie moet jy buiten daardie nuwe skuld ook byvoorbeeld skoolgeld betaal,” sê Nicky. En ’n mens moet dan ook dikwels vooruit betaal vir ander belangrike eenmalige jaarlikse uitgawes.
“As jy nie kredietterugbetalings kan bekostig nie en agter raak, kan rente jou naderhand erg knou. Dis gewoonlik die eerste stap na ’n skuldspiraal.
“Dus, as dit nie in jou begroting is nie, moenie krediet aangaan om dit te koop nie,” maan Nicky.
Hier is basiese riglyne om jou “Janu-worrie” of erger skuldstres te spaar: | http://www.huisgenoot.com/leefstyl/geldsake/bos-gegaan-met-die-kaarte-waak-so-teen-die-janu-worrie/ | |
‘Ek wens ons kon net iets kry om te begrawe,’ sê ma van vrou wat in vloede vermis word | Drie maande nadat die Pretoriase ma van vyf Madelein Murray verlede jaar tydens dramatiese oorstromings daar meegesleur is en vermis geraak het, is daar nog geen antwoorde of teken van haar oorskot nie.
“Ek berou elke dag daai rivier,” vertel haar ma, Francis Venter (60), huilend oor die foon.
“Ek wil so graag antwoorde hê.”
Madelein (40), wat ’n skrootwerf besit het, en haar seun Hanco (20) het vroeg in November laat een aand oor ’n laagwaterbrug oor die Apiesrivier gery toe ’n fratsvloed hul motor meesleur.
Op 9 November het die hemel se sluise oor die ooste van Johannesburg en Pretoria oopgemaak en sowat 150 mm reën het oorstromings in groot gedeeltes van Gauteng veroorsaak.
Hanco het dit reggekry om uit die motor te kom en na veiligheid te swem, maar Madelein is nooit gevind nie.
“Die polisie gee nie antwoorde nie. Daar is nie eens ’n teken van ’n kledingstuk of ’n skoen nie,” sê haar ma, ’n pensionaris.
Die soektog na Madelein se lyk is twee weke ná die voorval afgelas.
“Daar is so baie vrae wat by my spook.
“Sy het ’n groot handsak by haar gehad. Hulle kry nie eens die handsak nie.”
Francis sê daar gaan nie ’n dag verby dat sy nie aan haar kind dink nie.
“Ek wens ons kon net iets kry om te begrawe. Antwoorde, sodat ons kan groet en dié hoofstuk kan toemaak.”
Die reën en oorstromings het talle dakloos gelaat en sowat ses mense se lewe geëis. | http://www.huisgenoot.com/nuus/plaaslik/ek-wens-ons-kon-net-iets-kry/ | |
Dis wat gaste te doen staan nadat gewilde ATKV-oord ontruim weens brand | ’n Verwoestende reeks veldbrande in die omgewing van Worcester en Rawsonville in die Wes-Kaap het brandbestryders en nooddienste op hete kole gehad.
Die gewilde ATKV Goudini-Spa is Woensdag ontruim nadat die “vlammemuur” te na aan die oord beweeg het.
“Altesaam 965 mense is ontruim,” het Ranaldo van Rooy, bemarkingsbestuur van die ATKV Goudini-Spa, Donderdag aan Huisgenoot bevestig.
Die ontruiming het van omstreeks tienuur die oggend tot vieruur die middag geduur. Nooddienspersoneel, brandbestryders en helikopters het almal gedurende die proses hand bygesit.
“Drie rondawels (naby die grensdraad) is beskadig,” sê Ranaldo.
“Die mense wat ontruim is, was meesal kalm, maar daar was vanselfsprekend ook ’n paar wat paniekerig was.” Mense in die kontrei het ingespring en gehelp om seker te maak almal is ongedeerd.
“’n Paar mense is vir rookinaseming behandel,” sê Ranaldo.
Photos showing the damage of the massive wild fire in the region today. The little round huts belongs to a resort. 😭 pic.twitter.com/UvKT1vX2mh — GerhardusDelport (@GertDel) January 11, 2017
’n Groepie nooddienspersoneel en brandbestryders is nog op die toneel om seker te maak alles is in orde. Die situasie kon wel baie erger gewees het as wat dit was.
Reinard du Plessis, bemarkingshoof van die ATKV-Sakegroep, vertel: “Ons is baie dankbaar. Ons het bitter min skade gely en niemand is beseer nie.”
Die ATKV sê op sy Facebook-blad wat gaste nou te doen staan. | http://www.huisgenoot.com/nuus/plaaslik/dis-wat-gaste-te-doen-staan-nadat-gewilde-atkv-oord-ontruim-weens-brand/ | |
Jou sterre vir die naweek (28-29 Januarie 2017) | Hier is wat jou sterre vandag voorspel, met Joanne Moore.
SATERDAG
JOU DAG
Gelukkige Chinese Nuwejaar in die Jaar van die Hoenderhaan vir jou!
AS JY VANDAG VERJAAR
Jy beskik oor twee kenmerkende sye – ’n sosiale openbare lewe en ’n baie meer privaat innerlike wêreld. Vir jou is 2017 die jaar om minder te oorreageer en heelwat meer te ontspan.
SONDAG
JOU DAG
Om proaktief én produktief te wees is ’n wonderlike kombinasie.
AS JY VANDAG VERJAAR
Moet jou nie so baie bekommer oor wat ander mense doen nie. Die enigste persoon wat jy kan beheer, is jouself. Julie en September is die mees romantiese maande van die jaar.
RAM, 21 Mrt.-20 Apr.
Met jou heerser, Mars, wat tot binne-in jou teken beweeg, is dit tyd om heelwat meer avontuurlustig te wees. Soos jou bekende verjaardaggenoot Oprah Winfrey sê: “Die grootste avontuur wat jy ooit in die lewe kan aanpak, is om die lewe van jou drome uit te leef.”
BUL, 21 Apr.-21 Mei
Jou verbeeldingryke, intuïtiewe en introspektiewe sye word hierdie naweek beklemtoon, Bul. Maak dus seker dat jy jou aardse energie na kreatiewe projekte of geestelike strewes herlei.
TWEELING, 22 Mei-21 Jun.
Danksy Mars word groepsaktiwiteite, die sosiale media en netwerkvorming bevoordeel. Dit is dus ’n uitstekende tyd om met kreatiewe en proaktiewe mense kontak te maak en jou toekomsdrome met vriende te deel.
KREEF, 22 Jun.-23 Jul.
Die proaktiewe Mars jaag nou tot 10 Maart deur jou professionele en reputasiesone. Jy gaan op een of ander manier uitblink in die openbaar; dus moet jy seker maak dat jy ’n topklasvertoning lewer.
LEEU, 24 Jul.-23 Aug.
Die rustelose Mars aktiveer nou jou avontuursone. Begin dus solank dink oor waarheen jy met jou volgende vakansie wil gaan. Hoe meer vol aksie en adrenalien die bestemming kan wees, hoe beter!
MAAGD, 24 Aug.-23 Sept.
Die passieplaneet, Mars, is bestem om jou bekoorlikheid oor die volgende paar weke op te kikker terwyl hy jou seksualiteitsone stimuleer. Jou libido gaan verhoog, dus moet jy toepaslike sensuele uitlaatkleppe soek vir jou Maagdelike seksdrang.
WEEGSKAAL, 24 Sept.-23 Okt.
Moenie op die kantlyn bly sit nie! Die magtige Mars moedig jou aan om op proaktiewe maniere meer tyd te wy aan die vertroeteling van intieme verhoudings. Aanvaar ook nuwe vriendskappe met eendersdenkende mense, persoonlik sowel as aanlyn.
SKERPIOEN, 24 Okt.-22 Nov.
Wees proaktief oor die verbetering van jou Skerpioen-gesondheid en -fiksheid deur ’n meer voedsame dieet en ’n prettige oefenroetine te volg. Groen skommeldrankies, chia-peule en Zumbaklasse vir enigiemand?
BOOGSKUTTER, 23 Nov.-21 Des.
Wat stokperdjies en kreatiewe projekte betref, moet jy nie oorversigtig raak nie, Boogskutter! Jy moet in die volgende paar weke jou bes probeer om jou kreatiwiteit op kragtige, innoverende en lieflike wyses uit te druk.
STEENBOK, 22 Des.-20 Jan.
Torring ’n bietjie jou gewone roetine deurmekaar! Die dinamiese Mars moedig jou aan om baie meer proaktief oor huishoudelike sake en takies om die huis te wees. Vermy net die versoeking om met gesinslede te kibbel.
WATERDRAER, 21 Jan.-19 Feb.
Die magtige Mars beweeg tot 10 Maart in jou kommunikasiesone. Raak dus aan die gesels met dinamiese mense wat jou gedagtes stimuleer met omstrede kommentaar en alternatiewe idees.
VISSE, 20 Feb.-20 Mrt.
Die impulsiewe rondskuif van geld kan jou in die volgende paar weke in ’n klomp skuld dompel. Vermy dus aanlyn winkels en vensterkopies wat tot ’n spontane, rampspoedige kooptog kan lei.
Kopiereg Joanne Madeline Moore 2017 | http://www.huisgenoot.com/jou-sterre/jou-sterre-vir-die-naweek-28-29-januarie-2017/ | |
Sjoe! Spoedvraat vasgestrek ná hy teen ’n allemintige 224 km/h jaag | http://www.huisgenoot.com/nuus/plaaslik/sjoe-spoedvraat-vasgestrek-na-hy-teen-n-allemintige-224-kmh-jaag/ | ||
Ouboet Carl stuur seënwense na Oscar Pistorius in die tronk | Hy het te heerlik by sy kleinboet in die tronk gekuier, het Carl Pistorius vanoggend laat blyk ná hy Vrydag op Twitter aangekondig het hy gaan Sondag by die eens beminde lemnaeler, Oscar Pistorius, in die Atteridgeville-tronk in Pretoria besoek aflê.
“Ek het gister ’n wonderlike tyd saam met Oscar Pistorius gehad. Baie dankie vir almal wat mooi wense saamgestuur het, julle is fantasties! #liefdewen,” het Carl op sosiale media verklaar.
“Ek sou graag meer met hulle wou deel, maar sommige mense kan dinge op ’n siek manier verdra. Ons leef in ’n gebroke wêreld waarin gebroke mense mekaar gedurig seermaak,” het hy bygevoeg.
Carl was duidelik ekstaties oor die vooruitsig van ‘n besoek aan sy geliefde “Osci” en het aanhangers gevra om die voormalige Paralimpiese ster-atleet te bemoedig: “Ek gaan Sondag by Oscar kuier. Ek sal hom namens almal sterkte toewens – en ’n lys van almal wat hom voorspoed toegewens het, maak sodat hy dit kan hou.”
Diegene wat Oscar onwrikbaar ondersteun sedert hy Reeva Steenkamp, sy destydse meisie, in die vroeë ure van Valentynsdag 2013 doodgeskiet het, het seënwense vir die lemnaeler op Carl se Twitter-rekeninge oorgedra.
Boodskappe soos “Oscar het baie ondersteuning,” “stuur asseblief vir jou broer my liefde,” en “bly sterk Oscar” is van die boodskappe wat ingestroom het. | http://www.huisgenoot.com/bekendes/ouboet-carl-stuur-seenwense-na-oscar-pistorius-in-die-tronk/ | |
George Michael se lewensmaat reageer op selfdood-twiets wat storm ontketen | Die sanger George Michael se lewensmaat, Fadi Fawaz, se Twitter-profiel is na bewering op Nuwejaarsdag deur kuberkrakers oorgeneem. Die kuberkrakers het glo boodskappe wat beweer dat die geliefde sanger sy eie lewe geneem het, deur sy Twitter-profiel gedeel.
Daar is Sondag vanaf Fadi se profiel getwiet, “om jou lewensmaat dood aan te tref, vreedsaam in sy bed – dit is ’n Kersfees wat ek nooit sal vergeet nie.” Sondag het sy twiets weer opslae gemaak toe dit beweer het dat Michael sy eie lewe geneem het.
“George wou net doodgaan, dis al wat hy wou hê. Hy het menig keer sy eie lewe probeer neem en dit eindelik reggekry,” lees die boodskappe. “Ons het mekaar baie lief gehad en was amper 24 uur ’n dag saam.”
Fadi hou vol die boodskappe is die werk van ’n kuberkraker.
“Ek is geskok oor wat aangaan op Twitter. My profiel is gekaap en ek het dit toegemaak”, het hy aan The Daily Mail in Brittanje gesê.
“Dit is skrikwekkend, om eerlik te wees. Ek is nie verantwoordelik vir daai twiets nie. Ek het om 11:30 wakker geword en die nuus gesien. Ek gaan myself nie verder hieroor bekommer nie.”
Die oorsaak van George Michael se dood is steeds onbekend. ’n Post-mortem is Vrydag uitgevoer, maar die uitslae was volgens die Thames Valley-polisie té wissevallig en verdere toetse sal uitgevoer word.
“Die uitslag daarvan sal waarskynlik eers oor ’n paar weke van nou af bekend wees.” | http://www.huisgenoot.com/bekendes/george-michael-se-lewensmaat-reageer-op-selfdood-twiets-wat-storm-ontketen/ | |
Skreeusnaakse video wys hoe Boer Hennie kliphard (by die trappe af!) vir Jacobu val | http://www.huisgenoot.com/vermaak/tv/skreeusnaakse-video-wys-hoe-boer-hennie-kliphard-by-die-trappe-af-vir-jacobu-val/ | ||
SA vlieënier sterf: ‘Dit is ’n groot verlies vir bewaring en lugvaart’ | “Dit is ’n ongelooflike groot verlies in hierdie sinlose oorlog wat stropers veroorsaak het.”
So het een van Shaun Barendsen se Facebook-vriende sy dood beskryf nadat Shaun Dinsdagaand tragies in ’n vliegongeluk in die Sentraal-Afrikaanse Republiek gesterf het.
Shaun het saam met twee werknemers van African Parks, David Fine, en Mbenga-Nzongomblo Ponce Pilate, in die Chiko-reservaat bewaarwerk gedoen toe hul helikopter op die aanloopbaan neergestort het. Al drie die insittendes is dood.
“Ek het vandag ’n mentor en ’n goeie vriend verloor. Dit voel so onwerklik. Rus in vrede, my vriend, tot ons weer ontmoet,” het sy vriend Riaan Rudolph geskryf.
“Jy sal altyd onthou word as ’n fantastiese familieman,” skryf een van sy familielede, Craig Barendsen, op Facebook.
“Jy was nog altyd ’n goeie vriend vir baie mense en was altyd daar as iemand jou nodig gehad het.
“Dit voel so onwerklik om te dink jy is nie meer hier nie.”
Shaun laat sy vrou en twee kinders agter.
Die oorsaak van die ongeluk is nog onbekend. | http://www.huisgenoot.com/nuus/plaaslik/sa-vlieenier-sterf-dit-is-n-groot-verlies-vir-bewaring-en-lugvaart/ | |
Vlamme verswelg motor in Kaapstad | Brandbestryders het Dinsdagmiddag gespook om ‘n brandende motor in Oranjestraat, Kaapstad, te blus, het die stad se branddienste gesê.
Dit lyk asof die voertuig ‘n Renault Scenic is.
Woordvoerder Theo Layne sê dit is nog onduidelik wat die brand veroorsaak het.
“Daar was geen ander motors by die voorval betrokke nie, so dit is nie die gevolg van ‘n ongeluk nie,” het hy gesê.
Geen beserings is aangemeld nie.
Theo sê die pad was nie gesluit nie aangesien die brandende motor nie die verkeersvloei versper het nie.
Bron: News24 | http://www.huisgenoot.com/nuus/plaaslik/vlamme-verswelg-motor-in-kaapstad/ | |
Sokkerpartytjie vir Amor en Joost se seun - kyk net die koel foto’s! | Dis mos nou enige sokkeraanhanger se speelveld dié.
’n Verjaardagpartytjie waar jy sokker eet, sokker speel en sokker dra . . .
Dit is hoe die sangeres en TV-ster Amor Vittone en die oud-Bok Joost van der Westhuizen se seun, Jordan, Saterdag sy 13de verjaardag gevier het.
A photo posted by Amor Vittone (@amor.vittone) on Jan 22, 2017 at 1:11am PST
Amor het foto’s van die prettige sokkerpartytjie op haar Facebook-profiel gedeel.
Jordan is ’n groot sokkerfanatikus. Hy speel self sokker en het einde verlede jaar die prys vir sportman en sokkerspeler van die jaar by sy skool gewen.
Selfs sy verjaardagkoek het die Engelse sokkerliggaam se embleem op gehad en was met ’n groot sokkerbal afgerond.
A photo posted by Amor Vittone (@amor.vittone) on Jan 22, 2017 at 1:11am PST
Benewens die pret van sokker speel, was daar ook ’n meganiese bul waarop die jongspan heerlik baljaar het.
Amor is Vrydag, net betyds vir Jordan se verjaardagpartytjie, uit die Morningside-kliniek ontslaan. Sy het die partytjie uit haar hospitaalbed beplan nadat sy haar enkel ’n week gelede sleg gebreek het toe sy as deel van Jordan se verjaardagvieringe saam met haar kinders en hul vriende op springmatte by Bounce in Fourways, Johannesburg, gaan spring het.
Die senings en ligamente in haar enkel moes in twee opersasies geheg word.
Amor het ondanks die rowwe week seker gemaak sy staan die naweek sterk. Sy het Jordan se verjaardag saam gevier en Sondag ook ’n perdesprongkompetisie van haar dogter, Kylie (10), bygewoon. Op ’n foto wat sy van dié kompetisie gedeel het, verskyn sy met haar krukke en ’n ortopediese stewel.
En trots kan sy wees! Kylie het uitstekend gevaar en weggestap as wenner in die perdesprongklas waaraan sy deelgeneem het. | http://www.huisgenoot.com/bekendes/sokkerpartytjie-vir-amor-en-joost-se-seun-kyk-net-die-koel-fotos/ | 2017-01-22 09:11:23 |
Sjoe! Die ooievaar woeker behoorlik met Nuwejaarsbabas in Gauteng | Met die eerste dag van 2017 het 284 nuwe gesiggies amptelik die lig gesien, berig News24.
Volgens ’n verklaring uitgereik deur die Gautengse Departement van Gesondheid, was daar teen Sondagmiddag 120 bondeltjies geluk maar teen Maandag het die syfer reeds verdubbel.
Qedani Mahlangu, Gauteng se LUR vir gesondheid, sê uit die 284 is daar 131 dogterjies en 153 seuntjies.
“Ons wens hulle ’n lang en gesonde lewe toe.”
Sy het ook die al die departemente en hul werknemers bedank vir volgehoue gehaltediens tydens die feeseisoen, selfs op openbare vakansiedae.
Volgende die departement is die hoogste aantal babas in die Chris Hani Baragwanath Akademiese Hospitaal gebore met 30 dogtertjies en 24 seuntjies uit die 54 geboortes. Dit sluit ’n tweeling en ’n drieling in.
Die Rahima Moosa Ma-en-kind hospitaal was tweede (12 meisies and 14 seuntjies) en die George Mukhari Akademiese Hospitaal derde (9 meisies and 16 seuntjies – wat ’n tweeling insluit).
Bron: News24 | http://www.huisgenoot.com/nuus/plaaslik/sjoe-die-ooievaar-woeker-behoorlik-met-nuwejaarsbabas-in-gauteng/ | |
Nuusvasvra: Het jy dié week goed opgelet? | http://www.huisgenoot.com/gons-pret/nuusvasvra-het-jy-die-week-goed-opgelet/ | 2017-01-09 00:00:00 |
|
Leser vaar uit teen modebedryf: ‘Meer modelle met kurwes, asseblief!’ | Baie voel die modebedryf skep onrealistiese verwagtinge. Dié leser bied moed vir diegene wat hiérdie standaarde oorweldigend vind.
Ek raak vies wanneer tydskrifte net “mooi” modelle met lang hare en wimpers soos Marilyn Monroe s’n in het, want dit skep ’n wanindruk by jong mense. Almal is nie so maer soos die modelle in die tydskrifte en het blou oë en vietse lyfies nie. Het ons so oppervlakkig geword dat net die uiterlike saak maak? Ware skoonheid kom van binne, en ons moet kinders dit leer.
Leer jouself om aan te pas by jou liggaamsbou en aanvaar dit dan so; jy sal baie meer vrede hê. Baie mans het hul vrou lief, al is sy oorgewig. Daar is ook mense wat weens gesondheidsprobleme nie gewig kan verloor nie.
Moenie toelaat dat jou gewig jou onderkry nie, want hoe jy jouself sien, kan beïnvloed hoe ander jou beskou en behandel. Jy moet jouself leer liefhê voor jy ander kan leer liefhê, want alles begin by jouself. ’n Positiewe ingesteldheid en humorsin is baie aantreklik.
M. Louw,
Wesselsbron | http://www.huisgenoot.com/ons-mense/leser-vaar-uit-teen-modebedryf-meer-modelle-met-kurwes-asseblief/ | |
Oscar wag dalk nog maande om te hoor oor sy finale lot | Dit kan nog maande neem voor die uitgerekte Oscar Pistorius-hofsage eindelik tot ’n einde kom.
Boonop is daar te veel faktore wat ’n invloed op die opkomende hofverrigtinge kan hê om te voorspel wanneer die voormalige Paralimpiese atleet sal weet of hy nóg langer agter tralies moet sit.
Só meen Paul Myburgh, die registratreur van die appèlhof in Bloemfontein.
Die gevalle Suid-Afrikaanse ikoon se lot is nou in die hande van dié hof na adv. Gerrie Nel namens die staat aansoek gedoen het om teen die ses jaar vonnis wat regter Thokozile Masipa die 30-jarige in Julie verlede jaar opgelê het, te appelleer.
Die staat meen dié nuwe vonnis – opgelê omdat die appèlhof in November 2015 bevind het Oscar is wel skuldig aan moord en nie strafbare manslag soos Masipa bevind het nie – is “skokkend lig” en “buite verhouding” met só ’n ernstige misdryf waarvoor die wet ’n minimum vonnis van vyftien jaar voorskryf.
Die lemnaelheld het sy destydse meisie, Reeva Steenkamp, in die vroeë oggendure van Valentynsdag 2013 doodgeskiet en is sedertdien die middelpunt van een van die mees opspraakwekkende hofsake in die Suid-Afrikaanse geskiedenis.
Sedert hy in Maart 2014 in die beskuldigdebank van die Pretoriase hooggeregshof moes inskuifel om tereg te staan op die moord van dié blonde model het die ontvouende regsage nog nie opgehou nie en die verrigtinge duur voort…
Die staat moet die hofrekord van die vonnisopleggings-verrigtinge teen 2 Maart by die appèlhof inhandig en hierna het hul ses weke om hul betooghoofde in te dien, verduidelik Paul.
Oscar se regspan, gelei deur adv. Barry Roux, het dan ’n maand om hul teenargumente te formuleer en eers as die hof beide die staat en die verdediging se betooghoofde ontvang het, sal ’n hofdatum vir die aanhoor van die appèl bepaal word.
Volgens Paul is dit onwaarskynlik dat Oscar se saak voor Augustus in die appèlhof aangehoor sal word.
Sodra ’n hofdatum vasgemaak is, sal dit ook na gelang van die hofrol en beskikbaarheid van regters bepaal word of drie of vyf regters oor die lemnaeler se lot sal beslis.
Op dié dag sal die hof eers aandui of hulle die staat verlof gee om teen Masipa se bevinding te appelleer en indien hulle dit toestaan, sal die regsgeleerdes dieselfde dag nog hul onderskeie betoë voorlê.
Daar is nie ’n tydsraamwerk aan regters se uitsprake nie, verduidelik Paul, maar gewoonlik lewer regters teen die einde van ’n termyn hul uitsprake: die eerste termyn eindig 31 Maart, die tweede 31 Mei, die derde 30 September en die laaste termyn van die jaar kom op 30 November tot ’n einde.
As die appèlhof beslis dat regter Masipa se vonnis te lig was, sal dit nie weer na haar in die Pretoriase hooggeregshof verwys word nie, maar die regters sal Oscar self ‘n nuwe vonnis oplê. | http://www.huisgenoot.com/nuus/oscar-pistorius/oscar-wag-dalk-nog-maande-om-te-hoor-oor-sy-finale-lot/ | |
Dorette Potgieter op ‘n goeie plek en in nuwe fliek | In 2011 het die aktrise Dorette Potgieter se persoonlike lewe ’n diep laagtepunt bereik ná haar vyf jaar lange verhouding met die musiekverwerker en sanger Riku Lätti finaal op die rotse geloop het.
Sy was werkloos en platgeslaan, erken sy nou.
’n Jaar of wat later het Dorette stelselmatig opgestaan en weer die rolle begin inryg. In 2015 was sy te sien as die kil boekuitgewer Alicia Francke in die fliek Ballade vir ’n Enkeling, en nou speel sy weer in die nuwe Koos Roets-rolprent, Hoener met die Rooi Skoene, wat die einde van die maand begin draai.
In hierdie riller-komedie vertolk sy die rol van Cecilia de Waal, die gefrustreerde vrou van die skatryk Du Toit de Waal (Deon Lotz).
Maar anders as haar karakter is sy vandag baie positief, vertel Dorette toe ons op die Johannesburgse première van die fliek met haar gesels.
Maar dit was nie in 2010 die geval nie. Verlede jaar nog het sy daardie tyd in herinnering geroep met ’n inskrywing op haar Facebook-blad: “ . . . amper sewe jaar gelede was my tas gepak . . . die laaste gaste het die plaas verlaat en my lewe het soos handomkeer verander.”
In daardie stadium het Dorette, Riku en hul dogtertjie, Lia Luna Li (nou 7), op ’n plaas buite Johannesburg gebly.
“Toe ons opbreek, was die logiese ding om Kaap toe te trek,” verduidelik sy.
“Ek het daar grootgeword en my ouers bly daar. Dis was ’n geval van back to my roots.”
Finansieel het sy swaar getrek. “Ek en Lia het nie ’n vaste plek gehad om te bly nie. Ons het rondgetrek van huis tot huis tussen my ouers en vriende.”
Vandag is daardie swaarkrytyd verby en Dorette se loopbaan is weer op dreef. Hier by die Cedar Square-winkelkompleks in Fourways, Randburg, begin haar nuutste fliek oor ’n paar minute in die teater draai.
“Ek is baie opgewonde oor Hoener met die Rooi Skoene,” vertel sy voor sy aanstaltes maak na die ingang. “Cecilia was ’n baie lekker rol om te speel. Sy is ’n stoute meisie wat van haar jonger skelmpies hou!”
Op daardie noot wil ons tong in die kies weet wat die swakste aanlêsin is wat iemand al vir haar gesê het.
“Was dit seer toe jy uit die hemel geval het?” antwoord sy.
En die mooiste een? “Ek wag nog vir daardie een!” | http://www.huisgenoot.com/bekendes/dorette-potgieter-op-n-goeie-plek-en-in-nuwe-fliek/ | |
Geliefde baanbreker-aktrise sterf | Mary Tyler Moore, die aktrise wat in die 1960’s en ’70’s baanbrekerswerk verrig het om vroue in ’n nuwe lig te stel, is Woensdag in die ouderdom van 80 oorlede.
Mary, die vrou wie se glimlag die wêreld kon ophelder, het bekendheid verwerf as die ster in The Dick Van Dyke Show, waarvoor sy twee Emmys en ’n Golden Globe ontvang het.
Maar dit was nie net haar glimlag wat die koppe laat draai het nie. Sy was na bewering die eerste vrou wat gereeld langbroeke op die kassie gedra het.
Die regisseur Carl Reiner het Mary as “daardie meisiekind met die drie name en snaakse neus” beskryf. Ongeag daardie onvleiende beskrywing het sy hom so betower dat sy die rol van Laura Petrie in The Dick Van Dyke Show gekry het.
Nadat Carl van haar heengaan te hore gekom het, het hy Mary as die verpersoonliking van grasie beskryf.
“Sy kon nie ’n voet verkeerd sit nie. Dat sy haar loopbaan as danser begin het, was sprekend in alles wat sy daarna aangepak het. Haar grasie was onmiskenbaar. Ek het dit gesien eerste keer toe sy my kantoor binnekom,” het hy gesê.
Suid-Afrikaners sal haar veral onthou vir haar rol as Mary Richards in haar televisiereeks The Mary Tyler Moore Show, wat in die 1970’s plaaslik vertoon is.
Cloris Leachman (90), wat die rol van Phyllis Lindstrom in die reeks vertolk het, sê haar hart gaan uit na Mary se man, Robert (62).
“Hy was nooit verder as ’n aanraking weg van haar nie.”
Die akteur Ed Asner (87), wat haar baas in die reeks vertolk het, het onder meer op Twitter gesê: “Weet dat ek lief is vir jou en glo in jou krag.”
#marytylermoore my heart goes out to you and your family. Know that I love you and believe in your strength. — Ed Asner (@TheOnlyEdAsner) January 25, 2017
Selfs Michelle Obama, voormalige presidentsvrou van Amerika, het groot lof vir die aktrise en haar reeks, The Mary Tyler Moore Show, gehad.
“Sy was een van die min vroue wat destyds as enkellopende, werkende vroue op televisie uitgebeeld is. Ek was waarskynlik 10 of 11 toe ek dit gesien het en dit het my laat dink, ‘Jy weet wat? Trou is ’n keuse. Om ’n gesin te hê is ’n keuse. Om jou opvoeding te verbeter en jou loopbaan te bou is ook ’n keuse wat tot vreugde en vervullig kan lei,” het sy aan die tydskrif Variety gesê.
Oprah Winfrey het hierdie foto op Twitter gedeel. Dit is in 1997 geneem tydens die Oprah Winfrey Show.
Even now looking at this picture I want to cry. I still can't believe Mary Tyler Moore touched my face. Will love her 4 ever. pic.twitter.com/6u4ELq27vN — Oprah Winfrey (@Oprah) January 25, 2017
Sy het in ’n verklaring gesê hoe groot Mary se invloed op haar lewe en loopbaan was.
“Ek het haar respekteer en haar sin vir besigheid bewonder, haar passie en haar deernis vir alle lewe en veral die waardes wat sy deur haar stories gevestig het.
“Ek sê dankie dat die lig wat sy was, so helder geskyn het dat ek myself in haar kon sien.”
Viola Davis, veral bekend vir haar rol in The Help (2011) en Suicide Squad (2016) eer Mary as die vrou wat televisie verander het.
Thanks for the first real image of a woman being independent, funny & vulnerable. Thank you for changing the face of TV, #MaryTylerMoore! pic.twitter.com/3rZbPczSnF — Viola Davis (@violadavis) January 25, 2017
Meer oor Mary Tyler Moore
1. Sy is op 29 Desember 1936 in Brooklyn Heights gebore. Haar familie het na Kalifornië getrek toe sy agt jaar oud was.
2. Haar pa, George Tyler Moore, en haar ma, Margery Hackett, was albei alkoholiste en Mary het hulle later as “onvolmaakte ouers” beskryf.
3. Mary het verkies om by haar tante eerder as haar ouers te bly.
4. Op 17-jarige ouderdom verskyn sy in ’n reeks televisieadvertensies vir Hotpoint-tuistoestelle.
5. Mary en haar tweede man, Grant Tinker, was die breinkrag agter MTM Enterprises. Die maatskappy se gelukbringer was ’n miaauende katjie wat so half die spot gedryf het met MGM se brullende leeu.
6. Vir haar rol in die film Ordinary People het Mary ’n Golden Globe-gewen en ’n Oscar-benoeming ingepalm.
7. Mary het in 1984 in die Betty Ford Center behandeling vir haar stryd teen alkoholisme ontvang.
8. Sy het sedert haar dertigs tipe 1-diabetes gehad.
9. In 2011 het sy ’n breinoperasie ondergaan om ’n gewas te laat verwyder.
Bronne: vogue.com, pbs.org, variety.com, cnn.edition.com
Twitter se reaksie
SHE COULD TURN THE WORLD ON WITH HER SMILE. R.I.P. #MaryTylerMoore (1936-2017) pic.twitter.com/iv7Kph6lL7 — Belladonna Rogers (@BeladonnaRogers) January 26, 2017
You're going to make it after all oh no please tell me it's not true I love you #marytylermoore you inspired a gene… https://t.co/dBYpZ48nes — Sandra Bernhard (@SandraBernhard) January 25, 2017
Mary(MTM) was a gem. She was iconic, my boss, cast mate and a friend and I will miss her — Michael Keaton (@MichaelKeaton) January 25, 2017
Mary Tyler Moore changed the world for all women. I send my love to her family. — Ellen DeGeneres (@TheEllenShow) January 25, 2017
How Mary Tyler Moore Turned The World On With Her Style https://t.co/awykWioBu8 pic.twitter.com/C1H2qdttnq — CelebStarzNews (@CelebStarzNews) January 26, 2017
Carl Reiner Remembers Mary Tyler Moore: ‘She Was Grace Personified’ https://t.co/BfuilNJ967 via @variety — Mike Paulson (@Ta7rmpMike) January 26, 2017 | http://www.huisgenoot.com/nuus/internasionaal/geliefde-baanbreker-aktrise-sterf/ | |
Het Snotkop se huis in die slag gebly in die verwoestende Valsbaai-brand? | Die sanger Snotkop kon weer terugkeer na sy huis in Simonstad.
“My huis en my ma s’n staan darem nog en is glad nie beskadig nie – en almal is veilig,” het hy Donderdagoggend aan Huisgenoot gesê.
Tog lyk sommige huise in die omgewing erg verniel en die buurt skoon vaal en grys ná Woensdag se paniek.
Die sanger, wie se regte naam Francois Henning is, moes Woensdagmiddag inderhaas sy huis ontruim omdat die veldbrande wat in die Suid-Skiereiland se berg woed, vinnig nader gekom het.
Die hele Valsbaaise voorstad moes ontruim word.
Francois, sy ma, Esther, en sy broer, Sharl, het Noordhoek toe gevlug.
“’n Mens kan mos net aan een kant uit Simonstad uit. Daar was oral mense in karre en ’n mens het gesukkel om asem te haal. Dit het gevoel asof ek in ’n Hollywood-fliek is,” het hy Woensdag aan Huisgenoot gesê. Francois het seker gemaak sy familie is veilig en het net sy skootrekenaar en ’n paar belangrike dokumente gegryp voor hulle saam met mede-bewoners van die buurt spore moes maak.
News24 het Donderdagoggend berig dat inwoners van die kusvoorstad terug kon keer na hul woonplek.
Volgens Snotkop was sy buurman minder gelukkig as hy.
“Sy huis het heeltemal uitgebrand; hy het groot skade gely. As die brandweer nie so vinnig en ongelooflik (goed) was nie, was my huis ook daarmee heen.”
Die sanger sê brande woed nog om hulle in die berg.
“Dis darem nie te naby aan die huise nie en die wind is stil. Die weermag en brandweer is oral en paraat met vlamme wat plek-plek weer opkom.
“Ons kon darem nou terugkeer na ons huise. Dit is nog effe senutergend omdat daar nog baie rook en vlamme is op plekke.
“Hopelik sal alles vandag onder beheer gebring word,” het hy gesê. | http://www.huisgenoot.com/nuus/plaaslik/het-snotkop-se-huis-in-die-slag-gebly-na-verwoestende-valsbaai-brand/ | 2017-01-20 00:00:00 |
Solidariteit bevestig nuus oor Lise Brink en haar kinders se roudiens | Lise Brink sal moontlik Sondag haar twee kinders se gedenkdiens bywoon, het Solidariteit Helpende Hand bevestig.
Die mediese span by die Netcare Unitas-hospitaal in Pretoria het Donderdag aangedui sy is gesond genoeg om die diens by te woon. Reëlings hiervoor word glo al geruime tyd agter die skerms getref.
Ernst Vorster, kommunikasiehoof van Solidariteit Helpende Hand, het gesê Lise is nog baie swak en die mediese span sal haar toestand Sondag weer oorweeg om te bepaal of sy wel daar kan wees.
“Sy wil dit natuurlik baie graag bywoon, maar sy is nog baie swak.”
Ernst sê hulle het talle versoeke van lede van die publiek ontvang om die gedenkdiens vir André en Rachel by te woon.
Hy het bevestig dat Lise se man, dr. Danie Brink, sy wens uitgespreek het om deur die gedenkdiens troos te bied aan almal wat die familie in dié moeilike tyd met hul gebede en gedagtes bygestaan het. Hy bevestig ook dat mense welkom is om die diens by te woon.
Dr. Jacobus de Koning van die Gereformeerde Baptistekerk Antipas sal die diens waarneem en uit Efesiërs 1 preek.
In ’n boodskap van Danie op die Facebook-blad Nuus Oor Danie Brink en Gesin sê hy hulle is dankbaar vir dít wat selfs net ’n week gelede onmoontlik gelyk het.
Hy bedank “elkeen wat gereeld aan haar dink en vir haar bid.”
Tientalle mense het met bemoediging op die inskrywing gereageer.
“Ons God is groot en genadig! Volhard in gebed,” het Marie van der Berg gesê.
Thiesa Mouton het geskryf: “Dis so amazing! Mag God julle steeds dra en styf vashou deur hierdie ongelooflike pynlike tyd. Ons dink dag en nag aan julle. Baie sterkte vir Sondag.” | http://www.huisgenoot.com/nuus/plaaslik/solidariteit-bevestig-nuus-oor-lise-brink-en-hul-kinders-se-roudiens/ | |
Driejarige meisie deur honde verskeur - ouers waak so oor jou kleinding | ’n Tragedie het hom Saterdag in in Durban afgespeel toe ’n driejarige kleuter glo deur twee Amerikaanse veghonde doodgebyt is.
Paramedici is omstreeks 17:10 na Helmsley Grove in die Cato Manor-gebied in Durban ontbied.
Die presies besonderhede oor die voorval is volgense ’n verklaring van die nooddiensgroep Netcare 911 nog nie beskikbaar nie en daar word in hierdie stadium slegs gespekuleer oor die aanloop tot die voorval.
Nooddienspersoneel het met hul aankoms by die gesin se huis die meisie met baie ernstig beserings aangetref.
Paramedici van verskeie nooddiensgroepe het onverpoos probeer om die erg verskeurde kleinding te red.
Die driejarige is egter ongelukkig op die toneel dood verklaar.
RAAD OOR HONDE EN JOU KIND: WAARVOOR MOET OUERS OP DIE UITKYK WEES?
Maar dit maak nie saak wat die ras van die hond is nie, ouers moet versigtig wees wanneer dit by honde en hul kleingoed kom, sê Lucy Breytenbach,’n dieregedragskenner van Kaapstad.
“Daar is geen spesifieke ras wat beter is vir gesinne met klein kinders nie,” het die stigter van Just Dogs aan Huisgenoot vertel.
Ongelukkig kyk ouers soms subtiele tekens van ongemak by hul honde in die nabyheid van hul kinders mis, sê Lucy, wat ook daarin spesialiseer om honde op te lei om mediese toestande uit te wys.
“Dit is jammer dat honde soms voel daar is geen ander opsie as om te byt nie.”
“Ouers aanvaar die hond moet hom gedra en oukei wees daarmee om rondgetrek te word deur hul kind, maar tog verstaan hulle nie dat dit nie normale gedrag (van die kind) is om te verwag nie.”
“Ouers moet uitkyk vir tekens van angs by die hond wanneer ’n kind teenwoordig is. ”
“Hierdie tekens sluit ’n liplekkery, vermydingsgedragstekens soos wanneer hulle die kop draai, oogkontak vermy, grom, hul lywe wegbeweeg of selfs na die kind staar, in.”
’n Hond wat ’n bedreiging vir ’n kind is, sal gewoonlik nie basiese opdragte uitvoer nie en sal paniekerig lyk wanneer ’n kind hardloop of skree.
Die hond kan selfs probeer om die kind in te hardloop.
“Ongelukkig het talle honde wat ’n mens ’n ‘aanvalsinstink’ noem en indien dit nie onderbreek kan word nie, is daar moeilikheid.”
“ ’n Gehoorsame hond wat behoorlik gestimuleer word en oefening kry, behoort nie ’n probleem te wees nie.”
Maar selfs as jou hond mak voorkom, moet jy sy interaksie met kleingoed dophou.
“Soveel ouers laat hulle kinders toe om oor hulle honde te klim en dit lei tot probleme,” sê Lucy.
“ ’n Hond sal nie hierdie gedrag vir lank verdra nie en dan kry die hond stelselmatig ’n afkeer van die kind.”
Dit is uiters belangrik om jou kind gesonde respek vir honde en ander diere aan te leer sê, dr. Irma Aggenbach.
“[As ’n] hond onseker en bedreig voel, is hy meer geneig daartoe om aan te val.
“Indien jy of jou kind deur ’n dier gebyt is, kom so gou moontlik by ’n dokter uit.
“Om ’n wond vinnig skoon te maak lei tot minder komplikasies en dit genees ook beter. Wees wakker, want infeksie kan dae – in sommige gevalle weke – nadat ’n wond genees het, posvat.”
– Annami Mailovich en Litaletu Zidepa | http://www.huisgenoot.com/nuus/plaaslik/driejarige-meisie-deur-honde-verskeur-ouers-waak-so-oor-jou-kleinding/ | |
Lise Brink kry hartverskeurende nuus | Die hartseer dag waarop almal gewag het, het aangebreek vir Danie Brink, die uitvoerende direkteur van Solidariteit Helpende Hand, se vrou, Lise.
Die ma van vyf is sedert Vrydag 16 Desember 2016 in ’n ernstige toestand sedert sy en haar gesin in ’n noodlottige motorongeluk was. Twee van die egpaar se kinders het in ’n gruongeluk in die Vrystaat omgekom.
Lise het Sondag vir die eerste keer gehoor twee van haar kinders het nie die ongeluk oorleef nie.
“Ek het Lise vertel van die dood van André en Rachel. Die impak is so hard op haar soos wat ’n mens kan verwag, tog glo ek dat sy baie genade ontvang,” sê Danie in ’n kort boodskap wat op die Nuus oor Danie Brink en gesin-groep op Facebook gedeel is.
“Die pad van fisieke herstel vir Lise kry vandag ’n groot emosionele komponent by, en daarom vra ek vir mense se volgehoue gebede,” voeg hy by.
’n Roudiens word 22 Januarie gehou vir die twee kinders van Danie en Lise Brink wat op Versoeningsdag in ’n motorongeluk gesterf het.
Die gesin was na Kaap St. Francis in die Oos-Kaap onderweg toe die ongeluk gebeur. Die gesin se Toyota Land Cruiser se band het by Theunissen in die Vrystaat gebars waarna die voertuig die pad verlaat en gerol het.
’n Roudiens vir André (13) en Rachel (8) word Sondagmiddag 22 Januarie om halfdrie in die Hatfield Christian Church in Pretoria gehou. Daar is juis met die roudiens gewag tot Lise se toestand genoeg verbeter het dat sy dit kan bywoon.
Lise word tans in die waakeenheid van die Unitas-hospitaal in Centurion behandel. Volgens dokters is ’n volledige herstel binne ’n afsienbare tyd ’n groot moontlikheid vir Lise, ten spyte van haar ernstige beserings. | http://www.huisgenoot.com/nuus/plaaslik/lise-brink-kry-hartverskeurende-nuus/ | |
Kyk wie se skattige kleinding maak sy debuut op Nuweland | http://www.huisgenoot.com/bekendes/kyk-wie-se-skattige-kleinding-maak-sy-debuut-op-nuweland/ | 2017-01-02 14:39:42 |
|
Vrugtetertjies | Hier is een van die twee ander resepte uit vandeesweek se episode van Jy het ’n Wenresep! op VIA (DStv-kanaal 147). Kry hierdie week se wenresep in die jongste uitgawe van Huisgenoot (2 Februarie 2017).
VRUGTERTJIES
Dave du Toit van Durbanville bak graag hierdie vrugtetertjies.
DEEG
220 g koemeel
Knippie sout
150 g harde margarien (Marvello of Cordon Bleu)
1 eiergeel
VULSEL
dik vla, afgekoel
geklopte room
verskeidenheid vrugte van jou keuse
gladde appelkooskonfyt
Voorverhit die oond tot 180°C.
1 Sif die meel en sout saam, rasper die margarien by en vryf in met jou vingerpunte tot die mengsel soos fyn broodkrummels lyk.
2 Voeg die eiergeel en sowat 45 ml (3 e) yskoue water by en meng in met ‘n mes tot die deeg bymekaarkom.
3 Vorm in ‘n bol, draai toe in kleefplastiek en verkoel sowat 30 minute.
4 Rol die deeg in ‘n plat sirkel op ‘n meelbestrooide oppervlak uit. Druk sirkel uit en plaas in vlak tertpannetjies. Sny die kante netjies en verkoel sowat 10 min.
5 Bak blind vir 10 minute. Verwyder die papierbakkies en bone en bak ‘n verder 10—15 minute tot ‘n ligte goudbruin. Laat afkoel.
6 VULSEL Meng die vla en room en skep in elke tertdoppie. Rangskik vrugte bo-op.
7 Verhit die appelkooskonfyt en verf oor die vrugte.
WENK: Om blind te bak: Dave het die oulike wenk gegee om papierbakkies (waarin mens kolwyntjies of muffins bak) te gebruik. Plaas dit binne-in die rou tertdoppie, vul met boontjies en bak dan blind.
Kyk Jy het ’n Wenresep! elke Woensdag om 18:30 op VIA (DStv-kanaal 147).
Hierdie resepte is geskryf soos ontvang van die deelnemers en nie in die Wenreseptekombuis getoets vir korrektheid nie. | http://www.huisgenoot.com/wenresepte/nagereg/vrugtetertjies-2/ | |
Man wil kop laat vries uit hoop op ’n nuwe lewe (en lyf) in die verre toekoms | Die algemene siening is dat dit wensdenkery is wat nooit verder as wetenskapfiksie sal vorder nie. En dat die ondernemings wat reeds die omstrede tegniek bemark bloot diegene wat van ’n langer lewe of ’n “tweede kans” in ’n nuwe wêreld in die verre toekoms droom, nou vir geldelike gewin uitbuit.
Tog reken mense soos Eric White, ’n hoofinligtingsbeampte van ’n farmaseutiese firma in Pennsilvanië, Amerika, dat daar dalk tog iets in sogenaamde kriogeniese bevriesing of bewaring steek.
Eenvoudig gestel: hy wil sy kop onmiddellik ná sy dood op ’n spesiale manier teen ’n baie lae temperatuur laat bevries en dan bewaar… in die hoop dat hy baie dekades vorentoe danksy wetenskaplike vooruitgang gewek sal kan word — vir ’n nuwe lewe met ’n nuut geskape liggaam.
Eric het van sy planne vertel nadat ’n hof enkele maande gelede ’n 14-jarige Britse kankerlyertjie, wie intussen oorlede is, se wens toegestaan het dat haar liggaam so gevries word ingeval daar eendag ’n kuur vir haar siekte gevind word.
Is someone reanimated from cryogenic freezing legally dead or alive? And other problems : https://t.co/mp0cA1TGpf — ArticleAuthors (@ArticleAuthors) December 13, 2016
Eric (51) is wel relatief gesond, maar een van ’n groeiende aantal mense wat bloot meen as daar enigsins ’n kans bestaan dat ‘krio-bewaring’ eendag lewens kan verleng, hulle tussen die proefkonyne wil wees.
Dus betaal hy nou sowat R17 000 per jaar vir lidmaatskap aan die lewensverlenging-navorsingsmaatskappy Alcor. Ná ’n sekere aantal jaar sal hy volle lidmaatkap hê en daarop geregtig wees om ná sy dood in Alcor se kriogeniese geriewe gevries en bewaar te word, tot eendag…
Die eindelike bewaringskoste van sowat R1,2 miljoen sal deur ’n lewensversekeringspolis gedek word.
Krio-bewaring is glo ook gewild onder miljoenêrs, waarvan sommiges hulle volledig wil laat vries, maar Eric meen die “neurologiese” oftewel “kop alleen-opsie” kan voldoende wees. Dis uiteraard ook baie goedkoper.
“Hopelik sal hulle in die toekoms vir jou ’n hele nuwe liggaam kan kweek. Dis nie so onmoontlik as wat dit dalk nou klink nie. Daar’s reeds pogings om organe te kweek… oor ’n paar honderd jaar is ’n hele lyf dus dalk moontlik.”
Bloot in sy leeftyd het die wetenskap immers gevorder van waar hartkwale ’n doodsvonnis was tot waar hartoorplantings algemeen is, noem hy.
Uiteindelik, reken Eric, kom dit neer op ’n eenvoudige keuse: “Of jy weet jy gaan eendag veras word en jou as oral gestrooi word, of jou oorskot sal in die grond vergaan, of daar’s die moontlikheid dat jy dalk eendag teruggebring kan word.”
Van wetenskaplikes tot komediante bly egter maar skepties oor die hele konsep…
Facebook, alcor.org, youtube.com, telegraph.co.uk, express.co.uk | http://www.huisgenoot.com/nuus/internasionaal/man-wil-kop-laat-vries-uit-hoop-op-n-nuwe-lewe-en-lyf-in-die-verre-toekoms/ | |
Ouers skrik groot toe vierbeenbaba met manlike én vroulike geslagsdele gebore word | Sy het nie die vaagste benul gehad wat sy binne-in haar dra nie, want Sulekha Mori (35) van Poshina in die weste van Indië het nooit tydens haar swangerskap vir ’n ultraklankondersoek gegaan nie.
Volgens dokters was dié ma van ses verward toe sy sien haar jongste baba is met ’n ekstra stel bene gebore.
Die gesonde baba, wat by geboorte sowat 2,5 kg geweeg het, is Maandag in ’n staatshospitaal in Poshina natuurlik gebore.
Die skok daarvan om ’n “vierbeenbaba” te hê, het skaars ingesink toe Sulekha en haar man, Pratap (ook 35), uitvind hul baba is boonop met manlike sowel as vroulike geslagsdele gebore.
“Die vrou het vroeg Maandag na ons gekom met kraampyne,” het dr. Kakubhai Dabhi, hoof mediese beampte van die hospitaal, volgens die Mirror gesê.
Volgens hom het Sulekha nie van haar kind se toestand geweet voor sy die lewe geskenk het nie, want sy het nooit tydens haar swangerskap ’n ultraklankondersoek ondergaan nie.
“Ná twee uur van pyn, toe die baba natuurlik gebore is, was ons geskok.”
Die baba is vermoedelik ’n geval van ’n parasitiese tweeling. Die dokters het die egpaar probeer gerusstel deur chirurgie voor te stel om die ekstra stel bene te verwyder en die abnormaliteit van die geslagsdele reg te stel.
Maar die ouers, wat albei dagloners is, het daarteen besluit uit vrees dat hul kind dalk tydens die operasie sal sterf.
Sulekha en Pratap het glo sedertdien na hul dorpie teruggekeer met die hoop om hul kind so normaal moontlik groot te maak.
Die dokters het die egpaar genoop om die operasie te heroorweeg en bygevoeg die kind se kans op oorlewing is skraal.
“Hulle het ons 10 dae gevra voor hulle terugkom met hul besluit. Nou kan ons net hoop hulle kom wel met die kind.”
In 2014 is nog ’n baba met ekstra ledemate in Indië gebore. Die kind met vier arms en vier bene se ouers het hom “God” genoem.
Volgens Express het die dorpenaars God met twyfel en agterdog bejeën, want hy trek op ’n Hindoe-god met vele ledemate. Maar die aanvanklike vyandigheid het gou in respek verander.
Dit is onseker hoe dit vandag met die baba gaan en of die kind selfs nog leef.
Parasitiese tweelinge is seldsaam en die gevolg van ’n vertraagde skeiding van embrio’s tydens bevrugting.
Bronne: Mirror; Express | http://www.huisgenoot.com/nuus/vreemde-storie/ouers-skrik-groot-toe-vierbeenbaba-met-manlike-en-vroulike-geslagsdele-gebore-word/ | |
Huisgenoot Mobi | Die sanger Adam Barnard sê God het hom ’n kans op ’n nuwe lewe gegee.
Die voormalige Romanz-sanger leef al sedert geboorte met ’n nierkwaal.
“Die gifstowwe wat my niere afskei, maak dit vir my moeilik om te loop. Ek val ook maklik om. Ek het vandag weer geval en my knie seergemaak,” sê Adam oor die foon.
Adam se niere skei buitengewoon baie gifstowwe af.
“Dit is lewensgevaarlik en mense is al dood aan so ’n kwaal. Ek is net dankbaar ek kry ’n tweede kans,” sê Adam, wat nuwe hoop het nadat hy ’n nierskenker gekry het. Hy sal op 4 Februarie sy nuwe nier ontvang.
“Daar is ses skenkers, so daar is genoeg opsies om van te kies. Ek wil net hê mense moet vir my bid. Daar lê ’n moeilike tyd vir my voor,” sê Adam.
Op sy Facebook-blad het Adam ook die goeie nuus gedeel.
“Als lyk goed met my toetse,” skryf hy.
“Die skenker het net ’n klein gewas op sy nier, maar dit gaan sommer tydens die operasie verwyder word.
“Dankie vir jul gebede. Dit hou ons staande.” | http://www.huisgenoot.com/bekendes/bekende-afrikaanse-sanger-kry-n-kans-op-nuwe-lewe-met-broodnodige-operasie/ | 2017-01-14 00:00:00 |
Basta met die babelas! | In die feestyd kry sommige van ons meer as net presentjies wanneer ons soggens wakker word: wingerdgriep, oftewel babelas.
Met al die partytjies en kuier saam met familie en vriende wat ons lank laas gesien het, kyk ’n mens dikwels te diep in die bottel en hoofpyn en olikheid, dikkop en droëmond is die straf die dag daarna.
Die beste raad om dit te voorkom, is natuurlik om te let op wat jy drink, nooit jou drank te meng nie en genoeg water te drink. Almal gaan af en toe oorboord, en selfs al doen jy dit nie, kan jy wel soms ’n hoofpyn kry.
Hoofpyn is die algemeenste aanduiding van babelas en dit is bloot te wyte aan ontwatering. Drank is ’n ontwateringsmiddel en die liggaam gebruik water om te help om dit te verdun, en dan moet dit uitgeskei word.
Jou binnegoed droog dus uit en dit veroorsaak hoofpyn, maar volgens Ella Allred, voedingskundige by nutricentre.com, is dit nie genoeg om net water te drink nie. Vir werklike resultate moet jy water met bygevoegde minerale en elektroliete inkry, want dit beheer hidrasie.
As jou simptome so erg is dat dit terneergedruktheid en kwaai naarheid insluit, is dit ’n goeie idee om baie water te drink en jou dokter te raadpleeg.
Daar is ’n paar dinge wat jy kan doen, drink en eet om die babelas-lyding ligter te maak:
Babelas is hoofsaaklik ’n kombinasie van dehidrasie, die gifstowwe in die drank, asook onttrekkingsimptome van die drank self. Dis juis om laasgenoemde rede dat baie mense glo al manier om beter te voel, is om iets te drink . . . Ongelukkig stel dit net die onvermydelike uit.
van die drank self. Dis juis om laasgenoemde rede dat baie mense glo al manier om beter te voel, is om iets te drink . . . Ongelukkig stel dit net die onvermydelike uit. Drank ontneem jou liggaam van vloeistof en daarom maak dit sin om ’n glas water tussen elke drankie te drink en ’n ekstra glas voor slapenstyd.
en daarom maak dit sin om ’n glas water tussen elke drankie te drink en ’n ekstra glas voor slapenstyd. Dis veral donker drank wat die groot sondaar is , vandaar rooiwyn, rum en brandewyn se reputasie. Wit drank is effens minder gevaarlik, maar dit beteken nie jy kan dié drankies wegslaan sonder dat hulle jou voete onder jou sal uitslaan nie.
, vandaar rooiwyn, rum en brandewyn se reputasie. Wit drank is effens minder gevaarlik, maar dit beteken nie jy kan dié drankies wegslaan sonder dat hulle jou voete onder jou sal uitslaan nie. Piekelvloeistof sal jou vinnig regruk aangesien die asyn help om die lewer van gifstowwe te reinig, stel Shona Wilkinson, hoofvoedingskundige by nutricentre.com, voor.
sal jou vinnig regruk aangesien die asyn help om die lewer van gifstowwe te reinig, stel Shona Wilkinson, hoofvoedingskundige by nutricentre.com, voor. Oefening sal die heel laaste ding wees waaraan jy op hierdie tydstip kan dink, maar om dinge uit te sweet, werk beslis. Dit help jou liggaam van al die gifstowwe ontslae raak.
sal die heel laaste ding wees waaraan jy op hierdie tydstip kan dink, maar om dinge uit te sweet, werk beslis. Dit help jou liggaam van al die Baie mense glo vetterige kos sal help ná ’n aand van oordaad, maar dis nie noodwendig die geval nie. Jy sal inderwaarheid beter voel as jy ’n goeie dosis vitamine afsluk . Dit beteken vrugte en groente kan die sleutel wees.
. Dit beteken vrugte en groente kan die sleutel wees. Enigiets wat ryk is aan antioksidante , sal help om jou liggaam reg te ruk; dus is dit ’n goeie idee om aan aarbeie en druiwe weg te lê.
, sal help om jou liggaam reg te ruk; dus is dit ’n goeie idee om aan aarbeie en druiwe weg te lê. Neute, blaargroente en patats sal ook goed te pas kom. As jou maag te gevoelig is vir iets groots, moet jy ten minste probeer om iets in te kry – as jy jou liggaam voed, sal jy wakker en meer energiek voel.
sal ook goed te pas kom. As jou maag te gevoelig is vir iets groots, moet jy ten minste probeer om iets in te kry – as jy jou liggaam voed, sal jy wakker en meer energiek voel. Beproef ’n maaltyd gevul met koolhidrate en proteïen; dus is ’n gebakte patat met tuna nommerpas. Jy kan dalk verkies om aan iets soets en gaskoeldrank te smul soos die alombekende “groen ambulans”, Cream Soda, maar die kort energie-hupstoot gaan vinnig platval en dan sal jy selfs slegter voel as tevore.
Nog nuttige eetgoed sluit in:
Marmite: Drank ontneem jou liggaam van noodsaaklike voedingstowwe, insluitend vitamien B, wat angstigheid en depressie kan veroorsaak. Marmite is ryk aan vitamien B en sal jou bui verbeter. Dit het ook ’n hoë natrium-inhoud wat die soute wat jy verloor het, sal aanvul.
Drank ontneem jou liggaam van noodsaaklike voedingstowwe, insluitend vitamien B, wat angstigheid en depressie kan veroorsaak. Marmite is ryk aan vitamien B en sal jou bui verbeter. Dit het ook ’n hoë natrium-inhoud wat die soute wat jy verloor het, sal aanvul. Waatlemoen: Drank kan ook jou bloedsuiker verlaag, wat jou flou en bewerig kan laat voel. Waatlemoen bevat baie fruktose en ook water, wat sommer jou hidrasievlakke ook ’n hupstoot sal gee. Waatlemoen bevat ook baie noodsaaklike voedingstowwe, insluitend vitamien C, B en magnesium.
Drank kan ook jou bloedsuiker verlaag, wat jou flou en bewerig kan laat voel. Waatlemoen bevat baie fruktose en ook water, wat sommer jou hidrasievlakke ook ’n hupstoot sal gee. Waatlemoen bevat ook baie noodsaaklike voedingstowwe, insluitend vitamien C, B en magnesium. Gemmer: As te veel drank jou effe naar maak, is gemmer die perfekte teenvoeter. Terwyl jy waarskynlik nie baie lus is om dit net so te eet nie, kan jy gerasperde gemmer in kookwater gooi om ’n gemmertee te maak of dit saam met vars vrugte of in vrugtesap eet of aan gemmerkoekies peusel.
As te veel drank jou effe naar maak, is gemmer die perfekte teenvoeter. Terwyl jy waarskynlik nie baie lus is om dit net so te eet nie, kan jy gerasperde gemmer in kookwater gooi om ’n gemmertee te maak of dit saam met vars vrugte of in vrugtesap eet of aan gemmerkoekies peusel. Eiers: Dis is ’n gewilde babelas-ontbyt by die Wimpy, Mugg & Bean, Spur of waar ook al, en dis ’n baie goeie opsie. Eiers bevat baie proteïene, wat jou serotonien-vlakke verhoog en jou naarheid kan verminder. Eiers is ook ryk aan die aminosuur sistien wat alkohol-verwante gifstowwe beveg.
Dis is ’n gewilde babelas-ontbyt by die Wimpy, Mugg & Bean, Spur of waar ook al, en dis ’n baie goeie opsie. Eiers bevat baie proteïene, wat jou serotonien-vlakke verhoog en jou naarheid kan verminder. Eiers is ook ryk aan die aminosuur sistien wat alkohol-verwante gifstowwe beveg. Piesangs: Dis propvol kalium en magnesium, twee minerale wat veral in die slag bly wanneer jy te veel drink. ’n Kalium-tekort kan tot naarheid, lamheid en moegheid lei. Piesangs is boonop ’n natuurlike teensuur wat maagsuur verminder en gee jou energie wanneer jy ’n besige dag het wat voorlê.
Dis propvol kalium en magnesium, twee minerale wat veral in die slag bly wanneer jy te veel drink. ’n Kalium-tekort kan tot naarheid, lamheid en moegheid lei. Piesangs is boonop ’n natuurlike teensuur wat maagsuur verminder en gee jou energie wanneer jy ’n besige dag het wat voorlê. Sop: Dis belangrik om jou liggaam te hidreer wanneer jy ’n babelas het. Om jou vloeistof- en voedingstofvlakke ’n hupstoot te gee, kan jy gerus ’n koppie groentesop wegslaan. Sop is boonop lig op die maag; ’n pluspunt wanneer jy effens naar voel.
Dis belangrik om jou liggaam te hidreer wanneer jy ’n babelas het. Om jou vloeistof- en voedingstofvlakke ’n hupstoot te gee, kan jy gerus ’n koppie groentesop wegslaan. Sop is boonop lig op die maag; ’n pluspunt wanneer jy effens naar voel. Hawermout: Dit kan heelwat voedingstowwe vervang wat jy ná ’n lang kuiersessie verloor het, insluitend vitamien B, magnesium, kalsium en yster. Hawermout kan ook help om suurvlakke in jou lewer te balanseer, dié orgaan te reinig, gifstowwe opneem en jou bloedsuikervlak stadig laat styg.
Dit kan heelwat voedingstowwe vervang wat jy ná ’n lang kuiersessie verloor het, insluitend vitamien B, magnesium, kalsium en yster. Hawermout kan ook help om suurvlakke in jou lewer te balanseer, dié orgaan te reinig, gifstowwe opneem en jou bloedsuikervlak stadig laat styg. Vrugtesap: As jy nie kans sien om iets te eet nie, is ’n glas vrugtesap die beste raad. Dit bring onmiddellike verligting en die fruktose wat dit bevat, sal jou liggaam in staat stel om vinniger van die alkohol in jou bloed ontslae te raak.
As jy nie kans sien om iets te eet nie, is ’n glas vrugtesap die beste raad. Dit bring onmiddellike verligting en die fruktose wat dit bevat, sal jou liggaam in staat stel om vinniger van die alkohol in jou bloed ontslae te raak. Sardiens: Op roosterbrood is dit perfek vir ’n babelas aangesien sardiens baie minerale bevat wat die wanbalans van elektroliete in jou liggaam kan herstel. Sardiens bevat ook baie omega-3-vetsure wat die lewer beskerm en jou bui verbeter.
Bronne: Cover Media, lifeisazoobsicuit.com, health24.com. | http://www.huisgenoot.com/leefstyl/gesondheid-leefstyl/basta-met-die-babelas/ | |
Nuwe skokbevinding meen dís waarom die Titanic waarskynlik gesink het | Veral ná die sukses van die romantiese fliek Titanic, met Kate Winslet en Leonardo DiCaprio as Rose en Jack, het die ondergang van die luukse passasierskip Titanic mense se verbeelding aangegryp.
Eers was daar net bewyse van ys; nou is daar sprake van vuur.
Soos in die fliek, het mense meer as 100 jaar lank geglo dat die grootste skip op die water in daardie stadium – en een wat glo onsinkbaar was – se ondergang ’n reuse-ysberg was.
Lang verborge foto’s toon egter daar was reeds voor die Titanic se vertrek uit die hawe ’n swart merk aan die kant van haar romp.
In ’n nuwe dokumentêr, Titanic: The New Evidence, wat op Nuwejaarsdag op Brittanje se Channel 4 uitgesaai is, beweer die Ierse skrywer en joernalis Senan Molony die foto’s bewys ’n smeulende steenkoolvuur het reeds die skip verswak voor hy op sy katastrofiese nooiensvaart vanuit die hawe van Southhampton vertrek het.
Dis geneem vroeg in April 1912 voor die Titanic se Trans-Atlantiese vaart. In die nag van 14 April het hy die ysberg getref en gesink. Sowat 1 500 mense is dood en net 700 het oorleef.
“Daardie duidelike merk was presies waar 9die skip) die ysberg later getref het,” het Senan in ’n onderhoud met CNN vertel. Sy navorsing dui daarop dat die intense brand in een van die steenkoolopgaarplekke ‘n temperature van sowat 1 000 grade Celsius bereik en die afskorting verwring en bros gemaak het.
“Dit het die skip in gedrang gebring en daartoe gelei dat dit vinniger gesink het. Die Titanic kon nie lank genoeg dryf om ’n effektiewe reddingspoging moontlik te maak nie,” meen Senan.
Hy beskryf die foto’s wat tydens ’n veiling van Titanic-aandenkings ontdek is, as “die Titanic se ekwivalent van Toetankamen se grafkelder”.
Hy is baie opgewonde oor hierdie vonds, want van kleinsaf was dit vir hom fassinerend dat die Titanic op die ysvelde afgestuur het. Hy bestudeer die ramp reeds die afgelope 30 jaar.
Sy ondersoek het aangedui dat die werkers in die ketelkamer die steenkoolopgaarplek wou skoonmaak en die enigste plek die skip se oonde was om van die steenkool ontslae te raak. Dis wat die Titanic teen ’n groter spoed laat voortstoom het.
Nie almal stem saam nie. “Daar was beslis ’n brand. Was dit ’n deurslaggewende faktor? Na my mening het dit geen verskil gemaak nie,” sê David Hill, voormalige sekretaris van die Britse Titanic-vereniging.
Maar Richard De Kerbrech, die skrywer van talle boeke oor die Titanic, meen die teorie kan waar wees.
Watter geheimenisse gaan nog oor die Titanic opgediep word? Dalk genoeg vir ’n opvolgprent, Titanic II?
Bronne: cnn.com, independent.co.uk, thesun.co.uk. | http://www.huisgenoot.com/nuus/internasionaal/nuwe-skokbevinding-meen-dis-waarom-die-titanic-waarskynlik-gesink-het/ | |
Net vir jou: Huisgenoot se gewildste dieet ooit! | As jy klaar begin skuldig voel oor die feesseisoen se lekkernye, het ons net die eetplan vir jou.
Die tuna-dieet, wat die eerste keer in 1986 in Huisgenoot verskyn het, is so gewild dat ons dit al telkemale weer vir lesers moes publiseer.
Julle het gevra en ons het geluister. Hier is hy weer! | http://www.huisgenoot.com/leefstyl/superma/gesondheid-superma/net-vir-jou-huisgenoot-se-gewildste-dieet-ooit/ | |
Leser vertel: ‘Boelies het my suksesvol gemaak’ | Om ander mense beter te laat lyk is haar brood en botter. Maar daar was ’n tyd toe boelies haar gepootjie en gestamp het dat die kneusplekke sit, of haar rok opgelig het om haar voor die ander kinders in die skool te verneder.
Daar was dae dat Hanmarie Kriel van Wolmaransstad, Noordwes, pouses haar broodjies in die badkamer moes gaan eet uit vrees vir die groep meisies wat haar al sedert haar kleuterskooldae teister.
Vandag kyk Hanmarie terug en besef die boelies wat haar lewe soveel jare hel gemaak het, is die sleutel tot haar sukses. Dit het haar gedryf om die hoogste sport as voorkomskonsultant en persoonlike afrigter in ’n gimnasium op die dorp te bereik.
“Dis aaklig om geboelie te word. Om elke dag met ’n hart vol vrees skool toe gaan, is glad nie wat enige meisie vir haar lewe beplan nie. Dit het my hele lewe oorheers. Dit is iets wat ek nie eens my grootste vyand toewens nie.
“Ek het my dae om gebid, want vir my kon die sogenaamde ‘lekkerste jare van jou lewe’ nie gou genoeg verbygaan nie,” skryf sy openhartig.
“’n Groep van agt meisies het die lekkerste tye van my jongmenslewe hel gemaak en my selfbeeld ’n groot knou gegee. Hul skerp tong het sweepslae uitgedeel en kneusplekke op my lyf gelos. Maar die ergste letsels was die emosionele soort, wat altyd in my hart sal bly.”
Sy kon nie verstaan dat hulle haar van voorskool af tot die einde van hoërskool aanhou boelie het nie. Een van hulle het selfs vermoedelik ’n tweede profiel onder haar naam op Facebook geskep, maar gelukkig het niemand daar iets kwetsends geplaas nie.
“Ek sien van hulle so af en toe hier op die dorp. Hulle kan nie met my oogkontak maak nie. Twee van hulle het onderwyser geword. Hoe doen jy dit as jy ’n boelie op skool was? Word jy ’n boelie in die klaskamer?” vra Hanmarie.
Sy was nie ’n buitestander wat aan niks op skool wou deelneem nie. Inteendeel, sy was ’n langafstandatleet wat ook hokkie gespeel en op die leerlingraad gedien het. Sy was ook onderhoofmeisie in die koshuis.
“Dalk was hul gedrag uit jaloesie,” wonder sy nou. Dalk was daar probleme by die huis wat hulle op haar uitgehaal het.
“Boelies verander jou as persoon. Dit het my baie meer bedag gemaak op die tekens dat iemand afgeknou word. Ek wou in ’n stadium onderwys studeer en was assistent by ’n skool. Die geboelie daar het al onder die gr. 1’s vir my duidelik geword.
Daarom is dit nou haar passie om boelies en hul slagoffers bewus te maak van die impak van hierdie wrede gedrag. Sy het navorsing gedoen en die raad en insig hieronder saamgestel om veral kinders te help wat hulle in ’n netelige posisie bevind.
“In ’n stadium het ek besef dit was tyd om vir my ouers te vertel ek word geboelie. Dit was baie vernederend, maar ek kon dit nie langer wegsteek nie, want enigiemand kon sien iets groots was fout.” Dit was in gr. 5 op laerskool en sy het besef die geboelie raak net erger.
“Ek was baie fyngevoelig. Mense kon nie eens grappies met my maak nie. Ek was te sensitief,” onthou sy.
As sy nou terugkyk, besef sy dit was ’n goeie besluit om haar ouers te vertel. Sy kon tog nie meisie-alleen teen ’n groep van agt staan nie.
“Omdat jou ouers volwassenes is, kan hulle vir jou die nodige hulp kry en jou in hierdie moeilike situasie ondersteun. Dit het letterlik my lewe en toekoms gered.”
Hanmarie sê daar is gewoonlik redes hoekom sekere kinders geboelie word.
“In my geval was ek ’n sagte teiken omdat ek stil van aard was en baie gebalanseerd geleef het. My ouers was altyd betrokke by al my aktiwiteite en prestasies. Ons is ’n baie stabiele gesin wat saamstaan en mekaar altyd mooi ondersteun deur goeie en slegte tye.
“Ek is en was nog altyd iemand met sterk waardes; een wat nie sommer onder groepsdruk swig nie. Rook, alkoholmisbruik en seks was nie op skool onder my belangstellings nie. Dit het my laat uitstaan en ’n teiken gemaak van boelies.”
Hoe jy kan keer dat jou kind geboelie word?
Volgens Marlet Vosloo, ’n kindersielkundige wat spesialiseer in boelieslagoffers, is selfvertroue die beste eienskap wat ’n ouer by sy of haar kind kan aankweek.
“As jou kind genoeg selfvertroue het, sal hy vir homself opstaan wanneer boelies oor sy pad kom. Maak aantekeninge wanneer jou kind praat oor iemand wat hom by die skool te na kom en as jy vermoed dat jou kind ’n slagoffer is, neem hom so gou moontlik na ’n sielkundige om hulp en ondersteuning te kry,” sê sy.
Die boelie-probleem strek heelwat wyer as wat ons dalk vermoed. Beantwoord as ouer die onderstaande vrae om vas te stel of jou kind dalk aan boeliegedrag skuldig is:
• Word jou kind by die huis aan geweld en alkoholisme blootgestel?
• Dra jou kind trauma in hom of haar rond wat nog nie verwerk is?
• Sukkel jou kind om te erken as hy of sy foute maak?
• Terg jou kind ander kinders?
• Is jou kind gedurig buierig?
• Knou jou kind ander maatjies af ?
• Sukkel jou kind om sy of haar gevoelens te wys?
• Sukkel jou kind om hom of haarself te handhaaf?
• Is daar enige skoolklagtes van die onderwysers en hoof se kant?
As jy meestal ja geantwoord het op die bogenoemde vrae, is daar ’n moontlikheid dat jou kind ’n boelie kan wees. Gaan sien so gou moontlik iemand om die probleem te pak.
As jou kind geboelie word, kan jy die nommers onderaan dié berig skakel vir hulp. As ouers en almal begin saamwerk, kan ons die probleem oplos.
Hier is hoe Hanmarie die situasie hanteer het:
Omdat ek oor die jare soveel gekritiseer is, het ek later nie meer in myself geglo nie. Ek het my eie grootste boelie geword en dit het amper my lewe vernietig. Alles begin by jouself.
Jy moet innerlike vrede hê. In daai jare het ek soveel lesse geleer en ten einde laaste het dit my ’n beter en sterker mens gemaak. Jy moet nooit gaan lê en moed opgee nie. Tans skryf ek in my vrye tyd ’n boek oor my eie lewenservaring van boelies.
Ek glo daaraan om jouself aan te spoor om beter te doen en sukses te bereik. Boelies het nie meer ’n invloed op my lewe nie en jy moet dit ook nie toelaat nie, want dit kan jou jou lewe kos.
Almal gaan die een of ander tyd deur moeilike, verwarrende en swaar tye. Jy moet net aanhou glo en vasbyt.
Boelies kan ’n groot impak op jou lewe hê. Hulle kan jou selfbeeld verwoes, maar jy kan beheer neem en besluit om vir jouself op te staan en deur die seer te werk. Moenie toelaat dat ander mense in die pad van jou drome en sukses staan nie.
Die kuns is om die gebreekte stukke bymekaar te sit sodat jy die beloning kan kry wat jou toekom. Jy moet kies: Gaan dié hekkie jou lewe vernietig of gaan dit die begin wees van ’n nuwe avontuur?
Sien die gevaartekens raak
Deesdae loop ’n groot persentasie kinders steeds onder boelies deur en swig onder groepsdruk, veral in die sosiale media. Weet jy hoeveel kinders regoor die land die slagoffer van boelies is of bang is om slagoffers te word van boelies?
Die meningsopnamemaatskappy Pondering Panda het onlangs vasgestel twee derdes van alle kinders is bekommerd dat hulle op ’n manier (aanlyn, emosioneel of fisiek) geboelie gaan word.
Volgens die jongste statistiek, word 42% van kinders aanlyn geboelie. ’n Unisa-opname het in 2012 bevind 55% van alle Suid-Afrikaanse kinders is slagoffers van skoolboelies.
Baie verloor moed en sterf weens selfdood. Dit is dus belangrik vir jou en jou ouers om die waarskuwingstekens raak te sien en die probleem so gou moontlik te pak.
Slagoffers weet baiekeer nie hoe om die probleem te hanteer nie en het hulp nodig om lewenslange nagevolge te voorkom. Die boelies self besef gewoonlik nie watter impak hul gedrag op ander se lewens het nie.
Volgens ’n opvoedkundige sielkundige, Tania Holz, en It’s My Life, ’n Amerikaanse organisasie wat kinders lewensvaardighede leer, is die gevaartekens onder kinders:
Kinders begin ly aan depressie en verloor belangstelling in sekere aktiwiteite.
Hulle raak moedeloos en het nie meer deursettingsvermoë nie.
Hulle kommunikeer ál minder met hul ouers en die mense rondom hulle. Kommunikasieprobleme tree in omdat die kind nie meer weet wie hy of sy is nie.
Verhoogde skoolvrees: Die slagoffers van boelies is bang om skool toe te gaan, want dit is nie ’n veilige omgewing nie en hulle voel onwelkom.
Minderwaardigheidskompleks: Die kind se selfbeeld is laag en hy of sy voel minderwaardig teenoor ander.
Hoekom word ’n mens geboelie?
“Daar is ’n rede hoekom die een kind die boelie is en die ander een geboelie word,” sê die opvoedkundige sielkundige Tania Holz van die Oos-Rand. Sy en Sarie noem die volgende faktore wat van kinders teikens maak:
Oorbetrokke ouers: Die ouers is besitlik op hul kinders en is letterlik betrokke by alles, selfs by aktiwiteite waar hul nie welkom is nie. Sulke oorbeskermende ouers kan hul kinders oppiep.
Hulle gaan gebuk onder herhaalde emosionele krisisse.
Hulle het ’n liggaamsbou wat kleiner, groter of anders is en hulle laat uitstaan. Dit lei tot selfbeeldprobleme oor hul lyf.
Hulle blink uit in sport sowel as akademies.
Hulle is gewoonlik skaam en weet nie hoe om terug te baklei nie.
Sulke kinders het min of geen vriende
Kry hulp hier:
Lifeline: 086-132-2322
Childline: 080-005-5555
Stop Misdaad: 086-001-0111
Depressie-en-angshulplyn: 011-262-0348
Bronne: Unisa, Netwerk24.com. | http://www.huisgenoot.com/nuus/plaaslik/leser-vertel-boelies-het-my-suksesvol-gemaak/ | |
Groot nuus oor Patricia de Lille | http://www.huisgenoot.com/nuus/plaaslik/groot-nuus-oor-patricia-de-lille/ | ||
Ongelooflike nuus vir Snotkop - kyk hier! | Snotkop het omtrent rede om breed te glimlag. Die gewilde sanger se musiekvideo Cool soos Koos Kombuis het amptelik meer as 1 miljoen trefslae op YouTube!
Cool soos Koos. A photo posted by Snotkop (@snotkop) on Aug 31, 2016 at 11:54am PDT
Die video waarin Snotkop se musiekheld Koos Kombuis ook gesig wys, is in Junie verlede jaar uitgereik en sy aanhangers kan duidelik nog steeds nie genoeg daarvan kry nie. Die musiekvideo is sedert sy vrystelling ses maande gelede elke dag sowat 5 500 keer gekyk.
Aanhangers is ook vol lof vir die liedjie. “Ek is seker oud genoeg dat jy vir my kan oom seg…maar laat hierdie oom vir jou seg, hierdie is ’n flippin smart song seun. Wel gedaan!” het ene Riaan Roux op YouTube laat hoor. “Al wat ek luister hier in Engeland….. Jy maak my homesick! Fab song!” vertel nog ’n aanhanger.
Cool soos Koos Kombuis is een van die 14 snitte op Snotkop se album, HKGK, wat in Junie verlede jaar die rakke getref het. Daar is reeds meer as 26 000 eksemplare van die album verkoop.
MONTANA VLOOIMARK PTA! Komende Dinsdag 9 Aug. 2pm. Kom vroeg as jy sitplek soek! Al die nuwe songs van HKGK en al die ou hits. Dit gaan heerlik wees! #coolsooskooskombuis #raakvirmyrustig #HKGK A photo posted by Snotkop (@snotkop) on Aug 5, 2016 at 3:31am PDT
“Musiek máák is een ding, maar wanneer mense dit koop, dit inneem en dit soos ’n veldbrand versprei, is die bevrediging regtig onbeskryflik!” vertel hy.
“My innige dank aan elkeen wat tot die vervaardiging van die album en musiekvideo bygedra het, elkeen wat dit help versprei het, elkeen wat my shows bywoon, my musiek koop en die video van hierdie song deel. Dankie, by uitsondering, aan die legend self – Koos Kombuis – vir sy bydrae en lewenslange inspirasie!”
Kyk die video hier: | http://www.huisgenoot.com/vermaak/musiek/ongelooflike-nuus-vir-snotkop-kyk-hier/ | 2016-08-31 18:54:31 |
Seldsame spierkwaal: student kan dikwels nie dit waaraan sy vat, laat los nie | Sy het waarskynlik al op 11 die eerste simptome daarvan ervaar toe haar hande eendag by die skool saamtrek en sy sukkel om hulle weer oop te kry. Sy het destyds gemeen dit was bloot omdat dit ‘n besonder koue dag was en haar nie juis daaraan gesteur nie.
Maar veral sedert voorverlede jaar het dit meer gereeld begin gebeur – en Louise Allen (nou 19) van Wes-Yorkshire, Engeland, het g’n benul gehad waarom nie.
Deesdae het haar vreemde toestand so vererger dat haar hande “elke dag . . . kort-kort sluit”. Die moedige student het intussen eindelik vasgestel wat presies met haar skort. Eers enkele maande gelede is miotoniese distrofie by haar gediagnoseer, ‘n seldsame toestand wat gekenmerk word deur progressiewe spieraftakeling en langdurige sametrekkings, en wat in haar geval veral haar hande, gesig, nek en onderbene affekteer.
Heel toevallig het iemand in haar gunsteling-sepie op Britse TV, Coronation Street, laat verlede jaar gehoor hy ly aan dié oorerflike kwaal: Die karakter Steven McDonald moes dié ontstellende nuus probeer verwerk toe hy hom laat toets ná ‘n positiewe diagnose by sy pa.
Dat ‘n prominente storielyn in haar geliefkoosde program groter bewustheid help skep het van die uitdagings van mense soos sy, het Louise in ‘n sekere opsig gehelp: “Ek was eers geskok, maar mettertyd het dit my gefassineer. Ek kon identifiseer met Steven se vrees vir die onbekende . . . Ek weet nie regtig wat op my wag nie,” het sy vertel.
Lees ook: Tiener ignoreer dokters en laat haar onderbeen vrywillig amputeer
Dit bly vir haar ‘n stryd en groot aanpassing. Haar hande kan soms tot vyf minute lank sluit om die alledaagse voorwerpe wat sy optel of waaraan sy vat. Wanneer net die een hand ter sprake is, kan sy dit weer met die ander oopmaak. Maar wanneer sy byvoorbeeld iets met albei hande tegelyk beetkry en hulle dan saamtrek, moet sy wag tot hulle weer ontspan en laat los.
Dit kan byvoorbeeld gebeur wanneer sy ‘n bottel probeer oopmaak, die TV se afstandbeheerder optel of ‘n paal in ‘n bus of moltrein vasgryp. “Aanvanklik was dit baie vreemd en soms vreesaanjaend.”
Haar kaak kan ook soms sluit terwyl sy eet of praat. Dan kan sy nie haar mond oopmaak voor die betrokke spiere weer ontspan nie.
Sy het soms selfs in skooldebatte hiermee gesukkel, het Louise vertel. Sy sukkel ook om langer as vyf minute aaneen te staan sonder dat haar bene kwaai begin pyn. Nog ‘n simptoom is tamheid; soms moet sy ure langer as die gemiddelde nagrus inkry, wat haar sosiale lewe benadeel.
Die dokters het haar meegedeel haar toestand is ongeneeslik, maar hulle kan haar simptome wel help beheer. En hulle het oop kaarte gespeel: Daar is ‘n moontlikheid dat lyers se hart en longe mettertyd aangetas kan word en hulle eindelik soms ‘n rolstoel moet gebruik. Verwante probleme sluit in katarakte, hartritmeversteuring en hormoonprobleme.
Dat die tempo van agteruitgang in die algemeen stadig is en sommige mense nooit ernstige spiergestremdheid ontwikkel nie, laat Louise moed hou.
Lees ook: Radikale vrugbaarheidstegniek bring nuwe moederskapshoop vir talle vroue
“Sommige goed vat ietwat langer, soos om ‘n blikkie oop te maak, maar ek kan alledaagse take uitvoer.”
En al het die dokters haar vertel daar is ‘n 50/50-kans dat haar kinders die toestand kan erf, wil Louise en haar verloofde, Bradley Acs (21), graag eendag ouers word. “Ek is steeds vasbeslote om kinders te hê,” het sy laat hoor.
Bronne: Facebook, myotonicdystrophysupportgroup.org, express.co.uk, musculardystrophyuk.org, Twitter, dailymail.co.uk | http://www.huisgenoot.com/nuus/internasionaal/seldsame-spierkwaal-student-kan-dikwels-nie-dit-waaraan-sy-vat-laat-los-nie/ | |
Deel van Mpumalanga-dorp al 10 dae sonder water | Talle gesinne van Emalahleni (Witbank) sit reeds 10 dae sonder lopende water.
“Dit is ’n gemors,” sê Hennie Greyling, wie se krane ook droog is.
“Ons moet ons kinders na vriende of familie vat as ons hulle wil bad,” vertel hy.
Hennie het twee kinders en sy vrou verwag hul derde kind.
“Sy moet oor 11 weke kraam. Dit is ’n chaos in ons huis en my een seun kry ’n allergiese reaksie op sy vel as hy nie gereeld bad nie. Hy is allergies vir stof en gras.
“Ons kan nie eens in die oggend toilet toe gaan nie. Ons moet knyp tot ons by die werk of skool is.”
Volgens Hennie het hy all talle oproepe aan die munisipaliteit gemaak om agter die kap van die byl te kom.
“Die verskoning verskil elke keer. Dan is dit ’n waterpomp wat nie werk nie, dan is daar fout met die pype. Maar die punt is, niemand doen iets daaromtrent nie.”
Volgens Kingdom Mbuso, woordvoerder van die Emalahleni munisipaliteit, is hulle onder baie druk weens vandalisme en die diefstal van kragkabels.
“Dit veroorsaak dat die toevoer van elektrisiteit na die waterpompe onderbreek word.
“Al word die elektrisiteitstoevoer herstel, verg dit tyd vir die waterpompe om weer aan die gang te kom.”
Kingdom sê daar was verskeie voorvalle waar hulle moes ingryp. Die substasie in Meyerspark was weens vandalisme en diefstal geraak.
Die Witbankdam se pompstasie moes vir algemene herstelwerk afgeskakel word en die substasie in Doornpoort was ook weens weerlig geraak.
“Al hierdie voorvalle het veroorsaak dat daar ’n watertekort was omdat die pompe eers 21 Januarie weer begin werk het.” | http://www.huisgenoot.com/nuus/plaaslik/talle-witbank-gesinne-al-10-dae-sonder-water/ | |
Ongelooflik! iPad-speletjies gee weggooikatjies hoop | A photo posted by Regina Humane Society (@reginahumanesociety) on May 17, 2016 at 8:42am PDT | http://www.huisgenoot.com/nuus/internasionaal/ongelooflik-ipad-speletjies-gee-weggooikatjies-hoop/ | 2016-05-17 15:42:07 |
‘My pa is vermoor,’ beweer Michael Jackson se dogter | Sy is die mees uitgesproke van die poplegende se drie kinders – en Paris Jackson het beslis nie van haar hart ’n moordkuil gemaak in die jongste uitgawe van die tydskrif Rolling Stone nie.
Die 18-jarige Paris, wat onlangs haar debuut as model gemaak het, maak in haar eerste indringende onderhoud die skok-erkenning dat sy dink haar pa – die popkoning Michael Jackson – vermoor is en dat sy dood nie weens ’n oordosis van die verdowingsmiddel propofol was nie. Sy dokter, dr. Conrad Murray, het dit glo aan hom verskaf en is later van onwillekeurige manslag aangekla.
Paris Jackson appears on our latest cover. Head to RollingStone.com to read the story in full. Paris praat openlik oor Michael Jackson as pa en van sy privaat pyn in haar eerste indringende onderhoud. Sy praat ook oor haar eie stryd teen dwelms, haar kinderjare op die Neverland-landgoed en haar blink toekoms. Foto deur David LaChapelle A photo posted by Rolling Stone (@rollingstone) on Jan 24, 2017 at 5:04am PST
“Dis ooglopend. Alles dui daarop (dat hy vermoor is). Dit klink natuurlik soos ’n samesweringsteorie en pure twak, maar alle ware aanhangers en almal in die familie weet dit. Dit was so beplan. Dit was twak.”
Sy sê haar pa, wat haar gereeld in haar drome “besoek”, het gesinspeel oor mense wat daarop uit is om hom te na te kom. Hy het op ’n kol gesê: “Hulle gaan my nog eendag doodmaak.”
Die sanger se eksvrou Lisa Marie Presley het in ’n onderhoud op die Oprah Winfrey Show iets soortgelyks vertel.
Paris sê haar pa het gepraat oor sy vrese dat onbekende partye hom teiken om sy helfte van die musiekmaatskappy Sony/ATV Music Publishing se katalogus te bekom. Dié katalogus sluit die regte in vir musiek van onder andere die Beatles, Bob Dylan, Eminem en Taylor Swift. Sony het Michael se aandeel laas jaar vir sowat R9,75 biljoen uit die boedel gekoop.
Sy praat ook oor hoe sy aangaan met haar lewe in die agt jaar sedert sy dood en selfs oor haar veelbesproke selfdoodpoging. “Hulle sê altyd die tyd genees, maar dit is nie regtig so nie. Jy raak net gewoond daaraan. Ek dink altyd: ‘Goed, ek het die enigste ding verloor wat ooit vir my belangrik was. Dus kan niks wat vorentoe gebeur naastenby so kwaai wees soos wat gebeur het nie. En dus kan ek dit hanteer.”
Bronne: Rolling Stone, Us Weekly, E Online
– Nici de Wet | http://www.huisgenoot.com/nuus/internasionaal/my-pa-is-vermoor-beweer-michael-jackson-se-dogter/ | 2017-01-24 13:04:10 |
Huisgenoot Mobi | Chris Chameleon het die afgelope week ’n ontdekking in sy bed gedoen wat wraggies erger as ’n nagmerrie is.
Ná meer as 1 000 km se langpad ry het ’n moeë Chris Maandagaand by sy strandhuis aangekom om ‘n bietjie te ontspan en vakansie te hou.
“Ek was lanklaas hier en het ná 1 000 km se ry daar aangekom, uitgepak, gestort en reguit bed toe gegaan. Ek het ’n hele ruk lank niksvermoedend in die bed lê en lees,” vertel die sanger van Johannesburg.
“Toe my beminde langs my in die bed klim, was daar dadelik ’n gilletjie. Ek het die duvet opgelig en daar het hulle gelê: vier babarotte, die een helaas verbrysel deur ’n inskuiwende voet.
“Met die eerste kyk het ek eintlik groter geskrik, want ek het gedink dis koringkrieke; maar ja, toe is dit iets minder ergs: rotte.”
Die sanger het nog nie verklap waar die strandhuis is nie, maar sê dis van hout. “Ek dink ma-rot het gesien hier is niemand nie en het toe êrens ingekom en gedink die middel van ’n groot bed is die beste tuiste om haar kroos ’n voordelige voorsprong in die lewe te gee.”
Chris erken hy het groot geskrik vir dié grillerige verrassing in die bed.
“Ek het eers saam met my beminde my afkeur luidkeels geuiter – die bure sê daar is geskree, maar ek stry, dit was net luidkeelse protes. Ek het die paslaken om die groepie toegevou en hulle buite in die hande van Moeder Natuur oorgelaat en toe die volgende uur intense psigoterapeutiese behandeling op my beminde toegepas,” vertel hy verder.
Chris het weer die volgende nag in die bed geslaap, maar meen dit is onwaarskynlik dat die rotte gou sal terugkeer; dus bekommer hy hom nie te veel daaroor om die lakens elke aand weer na te gaan nie.
“Op die plaas kyk ek wel altyd eers in my skoene omdat ons slange en spinnekoppe daar het,” sê hy. | http://www.huisgenoot.com/nuus/plaaslik/afrikaanse-sanger-skrik-groot-vir-vier-rotte-in-sy-bed/ | |
Dié gedrogte sal jou twee keer laat dink voor jy in die see swem! | So in die gees van die luilekker seevakansie is daar grillerige gedrogte wat ook saam met jou die seewaters deel.
’n Russiese visserman het oornag ’n internetsensasie geword toe hy op sy Twitter-profiel die einaardige kreature gedeel het wat hy al gevang het.
Roman Fedortsov werk op ’n skuit in Noord-Rusland en het vroeër vanjaar sy vangste op dié sosiale netwerk begin deel.
Een van die merkwaardige vangste is die sku “spookvis” wat net in die diepste en donkerste seewaters voorkom.
Nog ’n vreemde verskynsel is die frille haai wat baie eienskappe met ʼn paling deel.
Hierdie gedrog staan bekend as die “rotstert” en kom voor in die diep waters van Antartika.
Hier is nog van sy vreemde vangste: | http://www.huisgenoot.com/nuus/internasionaal/die-gedrogte-sal-jou-twee-keer-laat-dink-voor-jy-in-die-see-swem/ | |
Kyk: Angelique gaande oor manlief, Jacques Potgieter, se nuwe haarstyl | Nuwe jaar. Tiek. Nuwe rugbyspan. Tiek. Nuwe voorkoms. Tiek. Angelique Gerber se man, Jacques Potgieter, skop omtrent die jaar op ’n hoë noot af!
My family 👶🏻👨🏻👸🏼 A photo posted by Angelique Potgieter (@angeliquegerber83) on Jan 22, 2017 at 12:56am PST
Die spiertier, wat in vanjaar se Superrugbytoernooi vir die Bulle gaan uitdraf, het onlangs van sy lang haredos ontslae geraak. En Angelique en van sy aanhangers kan nie genoeg kry van sy nuwe haarstyl nie. Ander is juis bekommerd dat die paartjie se twee maande oue kleinding, Jacques, nie sy pappa gaan herken noudat hy sy kenmerkende lang lokke laat waai het nie!
2017 New year✔️ New team✔️ New look✔️ #bullsforwards 🔵 A photo posted by Jacques Potgieter (@jacquespotgieter7) on Jan 23, 2017 at 8:52pm PST
Jacques is tans op ’n spanbousessie saam met die Bulle by die Victoria-waterval.
Eerste toer vir die jaar saam die @blue_bulls_official sien baie uit om die jaar great te begin met n goeie game en lekker spanbou by Victoria falls✌️️ @rgsnyman @johnnykotze13 @v_isagie @lizogqoboka #loodisgroot😂 A photo posted by Jacques Potgieter (@jacquespotgieter7) on Jan 25, 2017 at 9:00pm PST
Daar was gemengde reaksie onder sy aanhangers toe Jacques onlangs op sosiale media foto’s van sy nuwe korter kapsel gedeel het. Maar daar is een van sy aanhangers wat nie genoeg kon kry van sy nuwe voorkoms nie – sy vrou, Angelique. By een foto waar hy met ’n donkerbril by die Victoria-waterval poseer, skryf sy ewe: “Sexy!!”
Awesome day at Victoria falls👌 A photo posted by Jacques Potgieter (@jacquespotgieter7) on Jan 30, 2017 at 2:34am PST
Angelique het ook op Instagram aanhangers vasgevat wat ’n eiertjie te lê gehad het oor haar man se nuwe haarstyl.
Toe een laat hoor: “Nog net daai fieslike baard! laat hom waai…”, het Angelique ewe laat hoor: “en dis vieslik met ’n ‘v’ nie ’n ‘f’ nie! Spel darem net reg as jy so wil praat.”
“Ek dink nie jy is in die posisie om vir my man te sê hy het ’n vieslike baard nie,” het Angelique verder geskryf. “Bly eerder stil of gebruik beter woorde!”
Ander was weer vol lof vir Jacques se nuwe voorkoms.
“Dit lyk mos nou sommer baie beter!” het nog een laat hoor terwyl ander nie uitgepraat kon raak oor hoe aantreklik die flank nou lyk nie. Ons stem! | http://www.huisgenoot.com/bekendes/kyk-angelique-gerber-gaande-oor-manlief-se-nuwe-haarstyl/ | 2017-01-22 08:56:40 |
7de Laan-kykers ontstoke oor sepie nou glo vroeër wys | Kykers van 7de Laan gaan eersdaags vroeër voor die kassie moet inskuif.
Vanaf Maandag 1 Februarie sal dié gewilde sepie om 18:00 uitgesaai word, lui ’n kennisgewing Woensdagoggend op 7de Laan se amptelike Facebook-blad.
Rosa-Mari Erasmus, 7de Laan se woordvoerder, het die verandering bevestig. Sy het gesê die SAUK het onlangs die sepie se vervaardigers van dié verandering ingelig.
Heelwat kykers het hul teleurstelling hieroor uitgespreek en vertel hoe dié verskuiwing hul daaglikse roetine deurmekaarkrap.
Karen Kroukamp skryf op die sepie se Facebook-blad: “Ag nee! Sommige mense soos ek werk tot 18:00 in die aand en kom eers voor 19:00 by die huis. Sewe-uur was perfek en ek kon elke aand ná ’n harde dag ontspan met ’n bietjie 7de Laan. Nou vat julle my ontspanning vir die dag weg. Ek gaan dit nou elke aand misloop en ek hou nie daarvan nie. Ek gaan nou tot Sondag moet wag dat die omnibus uitgesaai word.”
Zulpha Ameeroedien stem saam: “Nee, die huidige tyd is perfek. Min mense is 18:00 saans al tuis.”
Nog aanhangers het geskryf dat die tydgleuf nou met hul ander sepies se tye bots. Daar was ook kykers wat gesê het nie almal het die opsie om die sepie op te neem en later te kyk nie.
Op die kykers se vrae oor hoekom die tydgleuf vervroeg van 19:00, het 7de Laan op sy Facebook-blad gereageer: “Dit is ongelukkig nie onder ons beheer nie. Die SAUK bring hierdie veranderings aan.”
Kaizer Kganyago, SAUK-woordvoerder, het gesê hy kan in dié stadium nie die verandering bevestig nie. Hy het gesê indien daar ’n verandering is, sal die SAUK dit met ’n amptelike mediakonferensie bevestig.
Hy het wel bygevoeg dat sekere programme se tydgleuwe verander omdat die SAUK vanjaar se Afrikabeker-sokkertoernooi in Gaboen uitsaai. Die toernooi vind tot 5 Februarie plaas. | http://www.huisgenoot.com/vermaak/tv/7de-laan-kykers-ontstoke-oor-sepie-nou-glo-vroeer-wys/ | 2016-12-07 00:00:00 |
Bevordering by die werk kan jou siek maak | ’n Bevordering kan jou gesondheid knou, is in ’n onlangse ondersoek bevind.
Terwyl baie mense van ’n bevordering en beter vergoeding droom, moet hulle rekening hou met hoe dit hul welsyn gaan beïnvloed.
Die navorsers het bevind mans en vroue wat teen die beroepsleer uitklim, kla dat hulle bedruk en siek voel nadat hulle meer verantwoordelikhede aanvaar het.
Tussen 2008 en 2014 het kenners aan die Universiteit van Stockholm 2 000 vroue en 1 400 mans in Swede gemonitor. Van hulle het ongeveer twee derdes geen bevordering aangemeld nie, terwyl 700 een, 367 twee en 139 drie keer bevorder is. Nog 50 het vier keer opgang gemaak.
Lees ook: Hoe belangrik is hegte vriendskappe vir my gesondheid?
Deelnemers moes toe terugvoer gee oor hul algemene gesondheid op ’n skaal van “baie goed” tot “baie swak”. Hulle moes ook aandui in watter mate hulle gelukkig of terneergedruk was.
Die mense wat in die voorafgaande twee tot vier jaar bevorder is, was meer waarskynlik ongesond. Mans het meer melding van probleme met geestesgesondheid gemaak en vroue meer van liggaamlike siektes.
“Werkbevordering hou tot vier jaar daarna verband met swakker gesondheid en ’n groter voorkoms van depressie by mans sowel as vroue,” skryf die navorsers in die International Journal of Epidemiology. Hulle sê dié gesondheidstruikelblokke sal heel waarskynlik net op kort termyn voorkom en gaan ná vier tot agt jaar ná die bevordering vanself weg.
Lees ook: Werkstres laat jou meer eet
“Bevordering beteken dikwels langer ure en meer verantwoordelikhede. Dit kan ’n mense se gesondheid benadeel tot jy eindelik daarby aanpas.
“(Ook is) party mense net eenvoudig nie geskik vir bevordering nie,” het prof. Cary Cooper, ’n kenner van organisatoriese sielkunde van die Manchester-sakeskool, bygevoeg.
Cover Media | http://www.huisgenoot.com/leefstyl/gesondheid-leefstyl/bevordering-by-die-werk-kan-jou-siek-maak/ | |
Man met R76 950 begrawe om ‘die Here om te koop’ | ’n Gestorwe man van Uganda is blykbaar met minstens R76 950 begrawe wat hy glo as ’n “offerande” wou aanbied sodat God hom sy sondes kon “vergewe” en “van die hellevuur red”.
Volgens die koerant Daily Monitor beweer Charles Obong (52) se naasbestaandes hy het dit so in sy testament versoek.
Maar die geld is opgegrawe nadat kerk- en gemeenskapsleiers van die rare versoek te hore gekom het.
Luidens berig het eerw. Joel Agel Awio gesê het geen geld kan die ewige lewe koop nie; dus kan die Here nie so ’n “goue handdruk” aanvaar nie.
Die oorledene se swaer het bevestig altesaam R76 950 is uit die voormalige staatsamptenaar se kis gehaal nadat sy lyk opgegrawe is.
Charles is op 17 Desember 2016 ná ’n lang siekte dood en is op Oukersaand in die Bar-pii-gemeente op die dorpie Adag-ani in die distrik Aromo Sub begrawe.
Charles is in ’n metaalkleurige doodskis begrawe wat na raming R74 385 gekos het.
Volgens die nuusagentskap Tuko het Charles glo gevrees sy sondes, onder meer korrupsie terwyl hy vir die staat gewerk het, sou beteken die ewige verdoemenis wag hom in.
In sy testament het Charles glo opdrag gegee dat sy broer en suster teenwoordig moet wees om te sorg sy vrou plaas die geld in sy kis.
Maar sy wens was van korte duur, want sy stamlede het sy lyk opgegrawe en die geld verwyder. Hulle meen dis taboe om iemand saam met geld te begrawe.
Bron: News24 | http://www.huisgenoot.com/nuus/internasionaal/man-met-r76-950-begrawe-om-die-here-om-te-koop/ | |
Wonderdeeg vir vetkoek | Hier is een van die twee ander resepte uit vandeesweek se episode van Jy het ’n Wenresep! op VIA (DStv-kanaal 147). Kry hierdie week se wenresep in die jongste uitgawe van Huisgenoot (2 Februarie 2017).
WONDERDEEG VIR VETKOEK
Maritza Farham van Table View maak ’n blitsige vetkoekdeeg sonder gis maar met jogurt. Die deeg kan selfs ook ingespan word vir pizza of roosterkoek.
DEEG
1 kg bruismeel
1 liter natuurlike dubbelroom jogurt
5 ml (1 t) sout
Olie vir diepvetbraai
VULSEL
4 hoenderborsfilette
Sout en peper
TZATSIKI
500 ml (2 k) natuurlike jogurt
Halwe komkommer, in klein blokkies gesny
Sap van 1 suurlemoen
15 ml (1 e) fyngedrukte vars knoffel
Vars gekapte dille na smaak
Voorverhit die oond tot 180°C.
1 DEEG Meng die bruismeel, jogurt en sout saam, rol in ‘n rolletjie en sny in porsies of skyfies.
2 Verhit genoeg olie vir diepvetbraai en braai die ‘n paar stukkies deeg op ‘n slag in die diepolie tot goudbruin en gaar. Dreineer op kombuispapier
3 VULSEL Geur die hoenderborsies met sout en peper en bietjie pak op ‘n bakplaat. Giet bietjie olyfolie oor en bak sowat 20—25 minute of tot net gaar maar glad nie droog nie. Trek in rafels met twee vurke.
4 Meng die res van die bestanddele en roer die hoender daarby in.
5 Skep die hoendermengsel binne-in die vetkoek en sit voor.
WENK: Tzatziki trek water as dit lank staan. Plaas die komkommer in ‘n vergiettes, sprinkel bietjie sout oor en laat staan sodat die vloeistof kan dreineer. Druk droog en meng dan met die jogurt, suurlemoen, knoffel en dille.
Die komkommer kan ook gerasper word en as meeste water gedreineer het, druk jy dit goed met jou hande bymekaar om so laaste bietjie water uit te pers.
Kyk Jy het ’n Wenresep! elke Woensdag om 18:30 op VIA (DStv-kanaal 147).
Hierdie resepte is geskryf soos ontvang van die deelnemers en nie in die Wenreseptekombuis getoets vir korrektheid nie. | http://www.huisgenoot.com/wenresepte/gebak/wonderdeeg-vir-vetkoek/ | |
Spier-moord: Jason Rohde se prokureur praat | Jason Rohde se prokureur sê sy kliënt probeer so standvastig moontlik bly en fokus nou op sy werk en familie.
Jason, voormalige uitvoerende hoof van Lew Geffen Sotheby’s in Suid-Afrika, het Vrydagoggend in die Stellenbosch-landdroshof verskyn op aanklag van moord op sy vrou, Susan Rohde.
Die saak is uitgestel vir verdere ondersoek. Jason se borgtog is verleng en sy borgtogvoorwaardes is aangepas. | http://www.huisgenoot.com/nuus/plaaslik/spier-moord-jason-rohde-se-prokureur-praat/ | |
Kaapse paartjie in sak en as ná huis afbrand op gewilde kusdorp | Philip en Sue Kilroe van Simonstad sê hulle sal “probeer om die beste van ’n slegte saak te maak” nadat ’n veldbrand hul huis Woensdagmiddag in puin gelê het.
“Ons het al ons besittings in die brand verloor. Ons bure kon net ’n paar foto’s red,” het Philip Kilroe Donderdagoggend aan News24 vertel.
“Ons huis is heeltemal in puin gelê; dis heeltemal verwoes.”
Die huis in Paradisestraat, Simonstad, het Woensdagmiddag omstreeks vyfuur afgebrand.
’n Veldbrand het vroeër daardie oggend in die gebied ontstaan.
Philip sê toe hulle Woensdagmiddag tuiskom, was dit reeds vernietig.
“Ons is Dinsdagoggend weg vir ’n paar dae en het eers gisteraand (Woensdag) teruggekeer en toe gesien ons huis het afgebrand.”
Die eiendom is verseker.
“Daar was ’n brandweerspan voor ons huis; daar was niks wat enigeen kon doen nie.”
Sy dogter, Kate Kilroe, sê haar ouers het beplan om in die gebied af te tree.
“Daar is baie tyd daaraan bestee om dit in ’n tuiste te omskep. Hulle wou daar aftree en nou moet hulle van voor af begin,” het sy gesê.
Philip en sy vrou het ook ’n huis in Nuweland in Kaapstad se suidelike voorstede.
Kate het gesê sy is bekommerd oor haar ouers se bure, wie se huis in die brand beskadig is.
“Die bure se huis het aan die brand geslaan oor my ouers se huis gebrand het. My hart gaan uit na hulle; dis ’n ma en ’n student wat nou by vriende moet oorbly.”
Volgens haar pa is drie huise in die brand beskadig.
“Die eiendom langsaan is erg beskadig en ’n huis straafaf het ’n gat in die dak gekry, maar verder is al die geboue oukei,” sê hy.
Philip het gesê hy is nie bekommerd oor die skade nie. “Dis wêreldsgoed. Dit het geen sin om jou te bekommer oor gedane sake nie.”
Philip het gesê hy is gek oor die gemeenskap en wil hul huis herbou.
“Ons is so ’n lekker gemeenskap. Ek is seker almal sal saamstaan en saamwerk. Ons gaan die beste van ’n slegte saak maak.”
Bron: News24 | http://www.huisgenoot.com/nuus/plaaslik/kaapse-paartjie-in-sak-en-as-na-huis-afbrand-op-gewilde-kusdorp/ | |
Draai die krane stywer toe in die Wes-Kaap! | Waterbeperkings in die Wes-Kaap is Donderdag amptelik gehef na Vlak 3b-beperkings.
Die Stad Kaapstad het vandag hierdie beperkings ingestel om verdere gebruik van water deur sy inwoners in te perk nadat die department van water en sanitasie bekend gemaak het dat die damme waaruit Kaapstad en omliggende dele grootliks sy water kry, minder as 40% vol is.
Hierdie beperkings sluit onder meer die volgende in:
1. Inwoners mag net Dinsdae en Saterdae hul tuine natmaak.
2. Daar mag slegs van ’n emmer of gieter gebruik gemaak word om die tuine nat te maak.
3. Dit moet op die aangewese dae voor 09:00 en na 18:00 plaasvind en dit mag nie langer as ’n uur duur nie.
4. Tuinslange en ander besproeingstelsels mag nie ingespan word nie.
5. Inwoners mag ook nie hul tuine natmaak binne 48 uur nadat dit gereën het nie.
6. Motors en bote mag nie met munisipale water gewas word nie.
7. Sou daar ’n boorgat op die eiendom wees, moet dit by die Stad Kaapstad as sulks geregistreer wees.
KLIK HIER vir nog meer inligting oor beperkings vir woon- en ander gebiede.
Met die aankondiging van die strenger waterbeperkings wat vanaf 1 Februarie sal geld, het burgemeester Patricia de Lille gesê die Stad Kaapstad onderneem ook om die stad se top 20 000 waterverbruikers te vervolg indien hul watergebruik nie met 20% verminder nie.
Hoe om watervermorsing en -misbruik aan te meld
1. Bel 0860 103 089 en kies opsie 2
2. Stuur ’n SMS aan 31373 (maksimum 160 karakters)
3. Stuur ’n e-pos aan water.restrictions@capetown.gov.za (slegs waar waterbeperkings oortree word)
4. Gaan aanlyn na die dienste-gerief.
Moenie ’n drup wees nie… spaar water!
Die wenke hieronder kan te alle tye, selfs wanneer die droogte nie so intens is nie, nagevolg word. Water is té kosbaar om te vermors.
1. Moenie die kraan oophou terwyl jy tande borsel nie; so kan tot 6 L water per minuut bespaar word.2. Vergeet van lang storte. Ses tot 45 L water per minuut kan so bespaar word.3. Kook net soveel water in die ketel as wat jy op ’n keer nodig het.4. Moenie jou wasmasjien of skottelgoedwasser gebruik as dit nie ’n volle lading het nie.5. Herstel druppende krane. ’n Druppende kraan kan 15 L water per dag, of sowat 5 500 L water per jaar vermors.6. Plaas ’n “waterverplasingstoestel” in jou toiletbak – selfs ’n baksteen of ’n plastiekbottel met water gevul – om water te bespaar.7. Lei jou tuin vroegoggend of laatmiddag nat om verdamping te verminder en so meer water te bespaar. (Terloops, ’n tuinslang kan tot soveel as 1,000 L water per uur gebruik.)8. Lei net jou tuin nat wanneer dit nodig is. Wenk: loop op die grasperk. As die spriete terugbons, is dit nie nodig om water te gee nie.9. Hou ’n beker water in jou koelkas. So het jy altyd koue water byderhand sonder om die kraan te laat loop tot koeler water uitkom.10. Gebruik ’n emmer pleks van ’n tuinslang wanneer jy jou voertuig was.11. Trek die besem pleks van die tuinslang nader om inritte en sypaadjies skoon te hou.12. Vang die water op wat loop terwyl jy wag dat die warm water deurkom. Gebruik hierdie water om plante of jou tuin mee nat te lei.13. Gebruik emmers of houers en vang die reënwater op wat by jou geute afloop; dié water kan ook vir jou tuin gebruik word.14. Gebruik ’n deklaag of boombas in blombeddings – dit help om onkruid af te weer en verdamping te keer.15. Hou jou oë en ore oop. Meld gebreekte waterpype en vermorsing van water by jou naaste plaaslike owerheid aan.
BRONNE: www.runningdry.org, www.irishexaminer.com, www.treehugger.com, www.edenproject.com | http://www.huisgenoot.com/nuus/plaaslik/draai-die-krane-stywer-toe-in-die-wes-kaap/ | |
Aktrise in hospitaal ná bisarre voorval in agterplaas | Die aktrise Mischa Barton is glo in die hospitaal vir ’n geestelike evaluasie ná ’n bisarre voorval Donderdagoggend by haar huis in Wes-Hollywood.
Bronne het aan TMZ vertel polisiebeamptes is na haar huis ontbied nadat bure haar vreemde gedrag aamgemeld het. Hulle sê sy het oor die heining in haar agterplaas gehang en geskree haar ma is ’n heks.
Polisiebeamptes en brandbestryders is ontbied oor ’n moontlike oordosis en glo vir Mischa aangetref waar sy net ’n hemp en das gedra.
Polisiebronne het aan TMZ gesê Mischa is vrywillig na ’n nabye hospitaal vir ’n geestelike evaluasie geneem.
Die aktrise se geestesgesondheid het al in die verlede tot kommer gelei – nadat sy die tienerdramareeks The O.C. in 2006 verlaat het, het sy die nuus gehaal in 2007 toe sy vir dronkbestuur in hegtenis geneem is, toe sy ’n draai in rehabilitasie gemaak en vir ’n emosionele ineenstorting in 2009.
Mischa het verlede jaar haar vervreemde ma, Nuala, daarvan beskuldig dat sy die verkope van haar herehuis in Beverly Hills vertraag, ’n jaar nadat sy haar gedagvaar het vir bedrog en haar daarvan beskuldig het dat sy geld gesteel het.
Volgens haar het haar ma gekonkel met die papierwerk vir die verkoop van die huis om haarself mede-eienaar van die seweslaapkamerhuis te maak, en toe lenings teen die huis uitgeneem voor sy haar dogter uitgeskop het.
Die saak is in Februarie uitgegooi nadat hulle ingestem het om die huis te verkoop om albei te help om skuld te betaal. Maar in regsdokumente wat in Mei ingehandig is, beweer Mischa haar ma het die ooreenkoms verbreek deur toegang aan potensiële kopers te weier. Mischa se prokureur het die regter gevra om ’n trustee in beheer van die verkoop van die huis te plaas.
Nuala het teruggekap op die “afskuwelike” en “valse” beskuldigings in haar eie regsaksie in Junie en volgehou haar dogter moet die blaam dra vir die vertraging in die verkoop van die eiendom.
Die twee vroue het intussen ’n aanbod van $7 miljoen op die huis aanvaar.
Mischa het verlede jaar probeer om ’n terugkeer na die kollig te maak deur aan die Amerikaanse talentprogram Dancing with the Stars deel te neem, maar het in April die tweede bekende geword wat die trekpas uit die reeks gegee is.
Sy het in November die aanbieder van die Amerikaanse motorprogram Joyride geword. Die ses episodes van die reeks wat op motorentoesiaste gemik is, is vanaf 15 November op Esquire Network uitgesaai.
– Cover Media | http://www.huisgenoot.com/nuus/internasionaal/aktrise-in-hospitaal-na-bisarre-voorval-in-agterplaas/ | |
Alles wat jy ooit gedink het jy weet oor die kleure blou en pienk is verkeerd | Al word kleure deesdae nie meer so sterk verbind met watter geslag dit dra nie, is daar steeds tradisionele opvattings oor pienk en blou.
Sodra mense hoor ’n kleinding is op pad, wil hulle baie gou uitvis of dit ’n seuntjie of ’n dogtertjie gaan wees. ’n Mens wil mos nie ’n pienk speelpakkie of geskenkie vir ’n seuntjie gee of blou in geval van ’n dogtertjie nie.
Maar eintlik is dié etikettering van kleure wat gepas is vir die twee geslagte geheel en al agterstevoor om. Want sien, selfs tot kort voor die middel van die vorige eeu was dit juis seuns wat pienk gedra het en meisies blou.
Een van die redes wat aangevoer is vir die pienk keuse is dat dit ’n skakering van rooi is, en rooi is destyds as ’n sterk kleur beskou.
Die Franse skrywer Xavier de Maistre het in 1794 in A Journey around My Room selfs aanbeveel dat mans hul slaapkamer pienk en wit verf om hul gemoed te verbeter.
In die Junie 1918-uitgawe van die handelstydskrif Earnshaw’s Infants’ Department is daar as volg oor gepaste kleur vir seuns en meisies geskryf: “Die algemeen aanvaarde reël is dat pienk vir seuns is, en blou vir meisies. Dis omdat pienk ’n sterker en meer besliste kleur is, meer geskik is vir die seun, terwyl blou, wat meer delikaat en verfynd is, mooier is vir die meisie.”
Die ikoniese nuustydskrif Time het in 1927 ’n kleurgids gepubliseer met “geslagsgeskikte” kleure vir seuns en meisies volgens toonaangewende Amerikaanse klerehandelaars. Hulle was dit eens: pienk vir seuns.
Verkwalik dan gerus ook die Amerikaners vir die verandering in kleurvoorskrifte: Klerevervaardigers en –handelaars het in die 1940’s begin om pienk vir meisies en blou vir seuns te bevorder.
Blykbaar het Amerika se pres. Dwight D. Eisenhower se vrou, Mamie, die groot skuif na pienk vir meisies begin. Sy het dit gewaag om ’n pienk rok te dra toe hy in 1953 as die VSA se 34ste president ingehuldig word. Die foto hieronder is by sy tweede inhuldiging as president geneem. | http://www.huisgenoot.com/leefstyl/mode-leefstyl/pienk-v-blou-die-kleurfeite-gaan-sekere-gevestigde-tradisies-op-hul-kop-keer/ | |
Dwaalkoeël tref vyfjarige in Kaapstad | ’n Vyfjarige meisie is Dinsdag na die hospitaal gehaas nadat ’n dwaalkoeël haar in Hanoverpark getref het, het die polisie bevestig.
Die meisie het vermoedelik in die kruisvuur tussen mededingende bendes beland.
Sers. Noloyiso Rwexana, Wes-Kaapse polisiewoordvoerder, het aan News24 gesê die voorval het om 20:10 in Algoahof, Hanoverpark, plaasgevind.
Volgens Noloyiso word die toestande rondom die skietery ondersoek.
Niemand is nog in hegtenis geneem nie.
Die gemeenskapsaktivis Moeshfieka Botha het aan News24 gesê die inwoners van Hanoverpark leef in voortdurende vrees dat hulle geskiet sal word.
“Ek dink dit is veilig om te sê die woonbuurt is letterlik ’n oorloggebied. Eenvoudige vryhede wat mense as vanselfsprekend aanvaar, soos om na die winkel te stap of skool of moskee toe te gaan, kan tot jou dood lei,” het Moeshfieka gesê.
“Mense is letterlik gevangenes in hul huis weens die bendegeweld.”
Volgens Moeshfieka is daar ’n siklus van bendegeweld in Hanoverpark.
“Die plek adem negatiwiteit. Dit is onwaarskynlik dat kinders wat in dié plek grootword sonder letsels sal grootword,” sê sy.
News24 het in Desember berig die ses maande oue Zahnia Woodward is in ’n bendeskietery in Ocean View dood.
Bron: News24 | http://www.huisgenoot.com/nuus/plaaslik/dwaalkoeel-tref-vyfjarige-in-kaapstad/ | |
Vyf redes waarom jy ’n gimmaat moet hê | Die nuwe jaar het ons eindelik ingehaal en dis tyd dat ons almal ernstig oor ons voornemens dink. Waarskynlik wil jy gesonder leef en meer oefening kry.
Pak dié uitdagings saam met ’n vriend aan, dan is jy ten minste nie alleen op jou fiksheidsreis nie.
Hier is vyf redes waarom ’n gimmaat beter is as om alleen te sweet.
1. JY GAAN WERKLIK BY DIE GIMNASIUM UITKOM.
As jy douvoordag moet opstaan om te oefen of ná ’n lang werkdag nog moet gaan draf, kan jy baie gou van jou plan afsien. Maar dis ’n ander storie as jy iemand moet ontmoet. “As jy weet jou maat wag by die gim vir jou of sal nie die sypaadjies sonder jou aandurf nie, is dit moeilik om kop uit te trek,” sê Thomas Plante, sielkundeprofessor by die Santa Clara-universiteit in Kalifornië.
2. JY GAAN JOUSELF HARDER DRUK.
Dalk is jou vriende fikser as jy? Laat dit jou motiveer, eerder as om toe te laat dat dit jou ontmoedig om saam met hulle te oefen. Mense wat oefen saam met iemand wat fikser is, werk tot 200 persent harder en langer as ander mense, was die bevinding van navorsers by die staatsuniversiteit in Kansas. “Ons het gewonder hoe gemotiveerd mense sou wees om terug te kom en weer geklop te word as hulle gereeld saam met iemand oefen wat hulle ore aansit,” sê Brandon Irvin van die universiteit se departement van kinesiologie. “Dit was op die ou end presies die teenoorgestelde; dit kan mettertyd as groot motivering dien.
Lees ook: Oefening douvoordag hou jou viets
3. DIT GAAN BAIE LEKKERDER WEES.
Die Universiteit van Suid-Kalifornië het ’n studie onderneem waarby 117 volwassenes betrokke was. Dié wat saam met ’n maat (of eggenoot of familielid) geoefen het, het gesê hulle het die oefening meer geniet as dié wat alleen gesweet het. Dit maak sin: As jy werklik daarvan hou om saam met jou maat te kuier en jy hou nogal van oefen, gaan die hele ondervinding aansienlik aangenamer wees.
4. JY GAAN MINDER GESPANNE VOEL.
Dis algemeen bekend dat oefening spanning verlaag, maar as jy saam met ’n pel oefen, gaan jou stresvlakke selfs laer wees. Volgens ’n studie wat in die International Journal of Stress Management gepubliseer is, het mense wat 30 minute lank saam met ’n maat op ’n oefenfiets geoefen het, gesê hulle voel daarna kalmer as mense wat alleen fiets getrap het. Oefenmaats hoef ook nie noodwendig gedurende die oefensessie te gesels nie. Die navorsing het getoon die uitwerking is dieselfde as jy net in stilte saam met iemand fietsry, draf of gewigte optel.
Lees ook: Só kan oefening jou verstand versterk
5. JY GAAN NUWE DINGE BEPROEF.
As jy altyd bang verby die gewigteafdeling gehou of vreesbevange maar verlangend na die jogaklas gestaar het, kort jy ’n gimmaat. Met iemand aan jou sy is dit aansienlik minder intimiderend om nuwe soorte oefening soos tai’chi of toerusting soos ketelgewigte op die proef te stel. Jy sal wegstap met ’n verfriste roetine en eindelik ’n sterker, meer gebalanseerde liggaam hê.
Bronne: livescience.com, newswise.com, fitbodyhq.com, shape.com, fitnessmagazine.com | http://www.huisgenoot.com/leefstyl/gesondheid-leefstyl/vyf-redes-waarom-jy-n-gimmaat-moet-he/ | |
Kyk: Binnekort sal jy jou eie assistent hê - te danke aan Mark Zuckerberg | Die toekoms is beslis hier, en een van die dae sal jy as’t ware soos Tony Stark van Iron Man jou eie persoonlike huisassistent hê.
Mark Zuckerburg, mede-stigter en uitvoerende hoof van Facebook, het ’n video gedeel van Jarvis, ’n persoonlike assistent wat hy met behulp van ’n app in sy vrye tyd gebou het. Hy het glo ’n jaar lank daaraan gewerk.
Mark het tydens ’n perskonferensie gesê hy wou gehad het die stelsel moet sy eie “smaak en patrone” aanleer en sy huis beheer.
In ’n video wat Mark op Facebook gedeel het, kan Jarvis sy huis se ligte vir hom aan en af skakel, die temperatuur van die huis beheer en selfs sy kind geselskap hou.
En die beste van als is dat Jarvis die stem van Morgan Freeman het!
Trouens dié assistent is so slim hy kan selfs identifiseer wie aan Mark se deur klop, hom laat weet en hulle ook in laat.
“In die langtermyn wil ek vir Jarvis leer om self vaardighede aan te leer eerder as wat ek dit vir hom moet leer,” het Mark bygevoeg.
Die naam Jarvis is natuurlik ook die naam van Tony Stark se rekenaarassistent in die Iron Man-rolprente.
Lees hier om te verstaan wat Mark se denkproses was in die skep van Jarvis. | http://www.huisgenoot.com/nuus/internasionaal/kyk-binnekort-sal-jy-jou-eie-assistent-he-te-danke-aan-mark-zuckerberg/ | |
Kyk: Vraatsige luislang kom sy moses teë | Die oë van ’n gulsige luislang van bykans 5 m lank was gewis groter as sy maag – en dit het hom meer as net slegte spysvertering in die sak gebring!
Inwoners van ’n landelike gebied in Pahang, Thailand, was geskok toe hulle die reusagtige slang sien en besef hy het nie een nie, maar twéé van hul bokkies verorber.
Die vraat het rustig in die modder uitgestrek gelê, besig om sy dubbele bokporsie te verteer, toe die geskokte inwoners hom gewaar.
Aanvanklik was hulle bang, maar weldra het hulle besef die slang was hopeloos te oorvreet om enigsins ’n bedreiging vir hulle in te hou.
Akouck Joe Gank, een van die plaaslike inwoners, het die slang beskryf as die langste wat hy nog gesien het.
“Dit het vier manne geneem om hom vas te bind en op te lig,” vertel hy. Hulle het die slang op ’n vragmotor gelaai en weggeneem.
: mailonline.co.uk, en.people.cn | http://www.huisgenoot.com/nuus/internasionaal/kyk-vraatsige-luislang-kom-sy-moses-tee/ | |
Skok-oomblik toe mallemeule by Cresta-sentrum kantel | In ’n skokkende voorval Saterdagoggend het vier kinders ernstige beserings vrygespring toe die mallemeule waarop hulle gespeel het, om een of ander onverklaarbare rede omgekantel het.
Volgens Randburg Sun word daar nou ondersoek ingestel om uit te vind wat die mallemeule laat kantel het terwyl dit in gebruik was.
UPDATE: Cresta management confirms that no children were injured when its swing carousel toppled in mid-ride https://t.co/HhGCTJUjMc pic.twitter.com/BEvP19Rvty — Northcliff Melville (@NewsNMT) January 28, 2017
Cresta-sentrum in ’n verklaring op Facebook bevestig dat die voorval ongeveer 10:30 vanoggend plaasgevind het.
Die vier kinders is na die voorval inderhaas vir mediese evaluering geneem waarna bevestig is dat hulle gelukkig nie beserings opgedoen het nie.
In die verklaring word ook aangedui dat die ouers van die viertal op die hoogte van die verwikkelinge gehou word en dat enige hulp in die verband, waar nodig, verleen sal word.
Ingrid Claire McMahon Mayoress het haar skok oor die voorval op Facebook gedeel. Sy was daar toe die nagmerrie begin het.
“My senuwees is gedaan!!! Wees baie versigtig voor jy kinders op hierdie oornag-pretrit-toerusting sit. Wat bedoel was om ’n vrolike oggend vir ’n gesin was, het in drama geeïndig.”
Volgens haar was daar twee meisietjies wat besig was om ’n pretrit op die swaaie te geniet toe die stelsel gekantel het. Sy het die twee ook as erg-getraumatiseerd beskryf.
“Dit was ongelooflik hoe almal reageer het om die meisies van die swaaie te bevry. Die Spur-personeel het vir hul lewe gehardloop om hulp te kom verleen.”
Sy sê ook personeel van nabygeleë winkels het nadergestorm om te help. Hulle het selfs hul winkels alleen gelos om dit te doen. | http://www.huisgenoot.com/nuus/skok-oomblik-toe-mallemeule-by-cresta-sentrum-kantel/ | |
Huisgenoot Mobi | Marlize Veenhof van Johannesburg is ’n grimeerkunstenaar met ’n formidabele kennis van grimering. Maar nes baie vroue is Marlize se man, Kevin, nie so op die hoogte van die jongste grimeermodes nie.
Dit het vir groot pret gesorg toe Kevin onlangs op Marlize se gewilde YouTube-blad, Kandy Kane Make-Up, ’n video help beskryf waarin sy haar grimeertruuks demonstreer.
“Kevin is ’n bok vir sports en het byna dadelik ingestem toe ek hom vra of hy die beskrywing vir een van my video’s sal doen,” vertel Marlize aan Huisgenoot.
Sy doen gewoonlik self die vertelling vir haar grimeervideo’s, wat al meer as 450 000 trefslae op YouTube het, maar hierdie keer moes Kevin, met wie sy in Oktober getrou het, probeer sin maak van onderlaag, skakerings oogskadu en lipstiffie.
Mense was gaande oor die video en Marlize giggel self ewe lekker vir haar man se streke. “Hy het ook al eenkeer my grimering probeer doen, wat net so snaaks was.”
Kyk hier na die oulike video: | http://www.huisgenoot.com/nuus/plaaslik/die-man-se-beskrywing-van-sy-vrou-se-grimering-sal-jou-lekker-laat-giggel/ | |
Nuwe foto’s van Hollywood se jongste glanspaartjie laat die tonge klap | Die internet het behoorlik gegons toe onlangse foto’s wys hoe die sangers Selena Gomez (24) en The Weeknd (26) mekaar vurig soen, maar nuwe foto’s wys dié twee is dalk meer as net ‘n kitsromanse.
A photo posted by ❤Selena & Abel❤ (@abelena_gomez) on Jan 27, 2017 at 11:06pm PST
Hulle is gekiek waar hulle saam na Italië reis en het Vrydag saam Florence verken. Hulle het ook ‘n museum besoek waar hulle kunswerke besigtig het en saam middagete geniet.
Selena en The Weeknd, wie se regte naam Abel Tesfaye is, het alte liefies gelyk. Sy eksmeisie, die model Bella Hadid, is glo effe dikbek oor dié nuwe romanse, maar dié wat weet sê sy en Selena is nie juis vriende nie.
Selena Gomez passionately kisses The Weeknd as their romance heats up in Florence https://t.co/vuwbarVJfe pic.twitter.com/Hr0U8kGE0w — Daily Mail Celebrity (@DailyMailCeleb) January 30, 2017
“Selena is nie goeie vriende met Gigi (Bella se ousus) of Bella nie. Sy ken hulle deur ander mense, maar hulle is net kenisse. Selena hoef beslis nie enige reëls na te kom wat kuiers saam met of ‘n verhouding met Bella se eks betref nie,” het een bron gesê.
A photo posted by ❤Selena & Abel❤ (@abelena_gomez) on Jan 30, 2017 at 6:11am PST
Justin Bieber, Selena se eks met wie sy jare lank ‘n aan-af verhouding gehad het, het ook nog nie ‘n woord oor dié nuwe glanspaartjie gerep nie, maar toe hy onlangs gevra is of hy The Weeknd se musiek luister, het hy glo net reageer met “Hel, nee!”
Selena het ook ‘n video van The Weeknd op haar sosiale media blaaie gelaai.
Selena posted a video on Instagram of @theweeknd pic.twitter.com/tyY2er8xFp — Selena Gomez Source (@GomezSource) January 30, 2017
Bronne: Daily Mail, E! Online, The Independent. | http://www.huisgenoot.com/nuus/internasionaal/nuwe-fotos-van-hollywood-se-jongste-glanspaartjie-laat-die-tonge-klap/ | 2017-01-28 07:06:21 |
Laingsburg se vloedramp: 36 jaar gelede | “Geknelde land. ’n Geharde joernalis kan huil by die aanskoue daarvan. Niks wat jy in jare van beriggewing ervaar het, kan naastenby vergelyk met die rou, hartseer verwoesting wat om jou strek en die verslaentheid van die groepie mense by wie jy staan nie. Jóú mense.”
Só het Huisgenoot se joernaliste Johan Coetzee en G. Olwagen die grootste natuurramp beskryf wat Suid-Afrika nog getref het. Dit was die Laingsburg-vloed wat op 25 Januarie 1981 feitlik ’n hele dorp in ’n malende bruin massa van vernietiging meegesleur het.
Vandag, 36 jaar later, word daar nog onthou van die Swart Sondag toe lewens onherroeplik verander is; toe onwaarskynlike helde lewens gered en ander se geliefdes vir ewig verdwyn het. En die wonderwerk van sommige wat weer opgedaag het lank nadat mense geglo het hulle is ook dood . . .
Die watermassa het ’n genadelose gelykmaker geword. Oud, jonk, ryk, arm, bo-dorp, onderdorp – niemand het dit vrygespring nie.
Die tehuis vir bejaardes is oorstroom en van die inwoners is tot op die dak gehelp. Die groepie bejaardes het wonderbaarlik aan die dood ontkom.
Daar word vertel van ds. Malan Jacobs, wat saam met ’n handjievol van die oues van dae in gebed gekniel het. Hy het nie oorleef nie.
“Hy was baie lief vir sy mense,” het sy weduwee, Klara (72), in 2011, die 30ste herdenkingsjaar van die vloed, aan Huisgenoot vertel.
“Daarom moes hy eenvoudig by die ouetehuis gaan help.” Klara self het met drie van haar vyf kinders op die pastoriedak gesit. Hulle het psalms en gesange gesing tot die water gesak het.
Paul en Brenda Ameels, asook Brenda se broer Lawrence, het die bejaardes te hulp gesnel.
“Die meubels in die sitkamer het alles hoek toe gedryf en ’n blinde tannie was daar vasgekeer,” het Brenda in 2011 vertel (Nou vier ons die lewe!, Huisgenoot, 3 Februarie 2011).
Ondanks al hul pogings om die water uit die sitkamer te hou, het die magtige vloedwater die ruite gebreek en die blinde tannie meegesleur.
“Haar ou bollatjie sal ek nooit vergeet nie,” het Brenda vertel.
Rondom Brenda-hulle het die mure begin intuimel en “die dakke het ontplof”. Hulle het in die water beland en die malende gedruis het hulle 20 km ver tot in die Floriskraaldam meegesleur. Hul enigste reddingsboeie – drywende bome.
Genadiglik is hulle weldra deur ’n reddingshelikopter opgepik en met hul beangste kinders herenig.
Wat het tot die vloed gelei? ’n Blokkasie by die spoorwegbrug het drie dae se reën laat opdam. Die druk het bly opbou en die brug het meegegee. Die Buffelsrivier was onkeerbaar en teen 14:00 was die Laingsburg se besigheidskern onder water.
Maar selfs al sou die brug staande gebly het, bestaan daar die moontlikheid dat die vloed sou plaasvind. ’n Jaar vantevore het die Buffelsrivier ook oorstroom. Toe het die water gou bedaar. Maar op 25 Januarie 1981 het die Buffelsrivier kragte saamgesnoer met die Soutkloofriver, wat ook in vloed was . . .
In ’n ommesientjie was daar feitlik niks oor van Laingsburg nie: 104 mense (insluitend kinders) het verdrink. Net 32 lyke is gevind; die ander het spoorloos in die vloedwaters verdwyn.
Die ouetehuis, 185 huise, skoolkoshuise, vier rondawels en 23 sakepersele is geheel en al vernietig.
Vandag, 36 jaar later, is daar nog hier en daar fisiese littekens van die vloed te sien. Dié in die hart is egter veel dieper.
Maar die gees van die Karoo se mense het staande gebly. “Ons gaan opstaan uit die modder,” het die Laingsburgers destyds aan Huisgenoot gesê. En hulle het.
Bykomende bron: infolaingsburg.co.za | http://www.huisgenoot.com/nuus/plaaslik/laingsburg-se-vloedramp-36-jaar-gelede/ | |
Pasgebore baba laat skaal behoorlik kreun | “Ek het gedroom oor ’n klein, vet babatjie, nou het ek ’n groot baba,” vertel ’n stralende Natashia Corrigan van Melbourne, Australië.
Sy erken ook ruiterlik dat Brian se afmetings en gewig haar aanvanklik ’n bietjie na haar asem laat snak het. En met goeie rede . . .
Brian Liddle jnr. het by sy aankoms sommer onmiddellik in die Brian Senior-kategorie ingeweeg deur die skaal op 6,06 kg te laat kreun – byna dubbel die gewig en lengte (57 cm) van die gemiddelde baba wat in die land gebore word.
WATCH: Melbourne mother welcomes birth of 6.06 kilogram baby boy, Brian Junior pic.twitter.com/JmTKxlBZxI — Press TV (@PressTV) January 25, 2017
Liam Lilidoni (regs op die foto hieronder) is net soos Brian jnr. ook Dinsdag gebore. Hy het ’n meer beskeie 2,8 kg geweeg.
Victoria's biggest newborn? Baby Brian was delivered naturally!
Side note: Not too many kids called Brian nowadays. https://t.co/lLkDkQ5u7m pic.twitter.com/5z73hGoh78 — Rita Panahi (@RitaPanahi) January 24, 2017
En wat het Natashia te sê oor haar ekstragroot bondeltjie vreugde wat vier weke en vyf dae langer in haar lyf vertoef het voor hy sy verskyning gemaak het?
“Dis my eerste swangerskap waar ek op die natuurlike manier die lewe gee, dis my langste swangerskap nog (sy het reeds drie kinders) en ek het nou die vet, klein mannetjie wat ek wou gehad het.”
Mum gives birth NATURALLY to Victoria's biggest ever baby, over 6 kilos https://t.co/iJNiQZXJCL — Kidspot (@KidspotSocial) January 24, 2017
Hoewel Brian gewis dreig om rekords in Victoria te breek, het ’n ander ma, Tricia Sonneveld, aan die Herald Sun verel van haar seun Archer. Die outjie het by geboorte 6,134 kg geweeg. Anders as Brian, wat langer vertoef het, het Archer te vroeg sy opwagting gemaak – tot groot verligting van sy ma.
Volgens Guinness World Records se webtuiste is die swaarste en langste baba op rekord Anna Bates (née Swan) se seun wat op 19 Januarie 1879 in Ohio, Amerika, gebore is. Hy het 9,98 kg geweeg en was 71,12 cm lank. Hy was nog nie amptelik gedoop nie en is “Babe” genoem. Hy het 11 ure ná sy geboorte gesterf.
Terloops, Anna was self 2,413 m lank en haar man Martin 2,362 m. Tot vandag toe hou hulle die rekord vir die langste egpaar. Anna en Martin was lede van ’n rondgaande sirkus.
Bronne: news.com.au, heraldsun.com.au, kidspot.com.au, guinnessworldrecords.com | http://www.huisgenoot.com/nuus/internasionaal/pasgebore-baba-laat-skaal-behoorlik-kreun/ | |
Omstrede sanger verloor toesig oor sy seun | Die sanger Robin Thicke is verbied om sy seun en sy eksvrou, Paula Patton, te sien nadat ’n regter ’n beskermingsbevel teen hom bekragtig het.
Die Mission: Impossible – Ghost Protocol-aktrise het die gesinshof vroeër dié maand genader met die bewering dat die Blurred Lines-sanger hul sesjarige seun, Julian, mishandel het deur hom kwaai pak te gee.
A photo posted by Robin Thicke (@robinthicke) on Aug 15, 2016 at 2:30pm PDT
Volgens TMZ het ’n regter Paula se kant gekies in die verhoor op Donderdag 26 Januarie, en Robin se ouerskapsregte tydelik opgeskort terwyl beamptes van die Los Angeles-distrik se departement van kinder-en-gesinsdienste (DKGD) hul ondersoek na die beweerde mishandeling voortsit.
A photo posted by PEOPLETALK.RU (@peopletalkru) on Jan 26, 2017 at 10:54pm PST
Robin en Paula het in die hof verskyn en albei tydelike alleentoesig oor Julian versoek. Maar toe Paula se prokureurs ’n beskermingsbevel op grond van gesinsgeweld aanvra, het die regter die aansoek toegestaan en Robin opdrag gegee om tot verdere kennisgewing van sy eks, sy seun, en enige van Paula se familielede weg te bly.
Robin se prokureurs het ook ’n steek ingekry deur die regter in te lig die DKGD-agentskappe beplan om die saak van mishandeling teen die sanger te sluit weens “ongegronde” bewerings.
Sy prokureurs het ook aangevoer ’n ander saak is teen Paula geopen vir “emosionele mishandeling”. Hulle voer aan sy steek Julian met opset teen sy pa op.
Paula het na bewering die aansoek om ’n beskermingsbevel ingedien nadat ’n geskeduleerde besoek tussen haar eks en Julian skeefgeloop het.
Daar word beweer Robin het sy humeur verloor en gewelddadig teen die deur gehamer toe hy voor dooiemansdeur by Paula se ma opdaag om sy seun vir ’n goedgekeurde besoek op te laai.
Die R&B-sanger se tydelike verlies van toesig kom amper twee weke nadat hy op 13 Januarie saam met polisiebeamptes by Paula se huis aangekom het in ’n mislukte poging om Julian te sien.
Robin is verplig om die eiendom te verlaat nadat die seun aan polisiebeamptes gesê het hy is bang vir sy pa en wil by sy ma bly.
Robin het erken hy het Julian af en toe liggies geslaan, maar hou vol hy en Paula het tydens hul huwelik op dié metode van dissipline ooreengekom.
Robin en Paula was van hul tienerjare af ’n paartjie en is verlede Maart geskei nadat hulle ’n jaar lank uitmekaar was.
A photo posted by HollywoodBabies (@hollywoodbabies) on Sep 18, 2013 at 12:13am PDT
Cover Media | http://www.huisgenoot.com/nuus/internasionaal/omstrede-sanger-verloor-toesig-oor-sy-seun/ | 2016-08-15 21:30:07 |
Ontmoet die Trumps: Wat jy móét weet oor Amerika se mees omstrede presidentsgesin nog | Hulle het op die verhoog in ’n ry gestaan toe hy sy aanvaardingstoespraak lewer – ’n groep glansryke vroue met mooi lywe en ’n douagtige vel en blink oë al was dit drieuur in die oggend.
Maande lank het die vroue in Donald Trump se lewe hom bygestaan terwyl hy deur Amerika stoomroller in die aanloop tot die verkiesing. En noudat hy die skynbaar onmoontlike bereik het, is hulle daar om saam met sy seuns in sy glorie te baai.
En ons sal waarskynlik vandag die Trump-span in volle glorie sien wanneer Donald Trump die opperbevelvoerder van die land van die vryes word.
Lees ook: Prag, praal en pussyhats: Ses dinge om voor uit te kyk by Donald Trump se inhuldiging
Die Withuis sal van vandag af ’n heel ander plek wees. Die Obamas sal weg wees, wat dogters, honde en waardigheid na die bekendste adres ter wêreld gebring het. En in hul plek sal daar ’n voormalige werklikheidstelevisiester wees, ’n eksmodel wat kaal poseer het en ’n 10-jarige seun wat niks anders as ondenkbare weelde ken nie.
Donald, sy vrou, Melania, en hul seun, Barron, sal die voltydse inwoners van 1600 Pennsylvania-rylaan, Washington, wees. Maar die ander Trump-kinders sal gewis gereeld daar gaan kuier.
Toe Hillary Clinton in die tweede presidensiële debat gevra word om iets opbouend oor Donald te sê, het sy geantwoord: “Ek respekteer sy kinders. Hulle is ongelooflik bekwaam en toegewyd en ek dink dit sê baie oor Donald.”
Maar hoeveel weet jy werklik van die Trump-gesin?
Sy vrou
1. Melania Trump (46)
Die Sloweense oudmodel is min gesien én gehoor tydens haar man se verkiesingsveldtog. Terwyl Trump die land platgereis het om stemme te werf, was Melania heeltyds ma vir Barron. Toe sy wel ’n toespraak moes lewer, is dit “geleen” by die huidige presidentsvrou, Michelle Obama (52).
Wat styl betref, hoef Melania met haar voorliefde vir ontwepersklere darem nie terug te staan vir Michelle nie. Sy is die eerste Flotus (First Lady of the United States) wie se moedertaal nie Engels is nie en wat vyf tale magtig is – Sloweens, Duits, Frans, Serwies en Engels – en wat al in haar Evasgewaad op ’n tydskrifvoorblad gepryk het.
Sy’s ook die eerste Amerikaanse presidentsvrou wat in ’n land onder kommunistiese beheer grootgeword het.
Sy dogters
2. Ivanka Trump (35)
Ontmoet die “eintlike presidentsvrou”: Trump se oudste dogter, Ivanka. Die stylvolle Ivanka is ongetwyfeld die bekendste en gewildste Trump-kind en haar pa se gunstelingspruit. Ivanka was meer betrokke by Trump se verkiesingsveldtog as sy vrou, Melania.
Die sakevrou en voormalige model was die een wat op saamtrekke gepraat en stemme vir hom probeer werf het, veral onder vroue. Politieke kommentators glo juis sy gaan politieke pligte aanneem.
Tog het Ivanka in ’n televisieonderhoud ná haar pa se oorwinning volgehou sy gaan nie deel van sy administrasie word nie. Die ma van drie het ook haar eie reeks skoene, klere, handsakke en juweliersware. Sy is getroud met Jared Kushner (35).
3. Tiffany Trump (23)
Ontmoet die “B-lysTrump”, soos New York Times Tiffany noem. Trump se enigste kind uit sy tweede huwelik met die oud-aktrise en TV-persoonlikheid Marla Maples het nie soos haar pa se ouer kinders ’n pos in sy Withuis-oorgangspan gekry nie. Nog minder is soveel ophef van haar gemaak tydens sy verkiesingsveldtog soos van sy oudste kinders.
Hy is “baie trots” op hulle, het hy gesê dae voor hy die verkiesing gewen het, en “in ’n mindere mate” op Tiffany.
Sy was meestal uit die kollig, dalk omdat haar kêrel, Ross Mechanic (21), ’n sagtewareingenieurstudent, ’n Demokraat en Hillary-ondersteuner is.
Tiffany is alleen deur haar ma in Kalifornië grootgemaak en het haar pa min gesien, hoewel hy finansieel vir haar gesorg het. Sy is deesdae meer bekend as een van die ryk kinders op Instagram en haar lewe as deel van Manhattan se elite.
Tog is sy g’n leëkoppie nie. Sy het vroeër vanjaar ’n graad in sosiologie en stadstudie behaal aan die Universiteit van Pennsilvanië – met onderskeidings vir alles.
Sy seuns
4. Donald Trump Jnr (38)
Donald jr. beklee saam met sy jonger broer, Eric, en suster, Ivanka, uit sy pa se huwelik met sy eerste vrou, Ivana, topposte in die familieonderneming, The Trump Organization. Al drie was ook in hul pa se werklikheidsreeks, The Apprentice. Donald jr. en Eric is al gekritiseer oor hul liefde vir jag.
Op ’n jagtog in Zimbabwe in 2011 pryk Donald onder meer op ’n foto met ’n olifantstert in sy hand. Hy is ook tydens sy pa se verkiesingsveldtog gekritiseer toe hy op Twitter Siriese vlugtelinge met vergiftigde Skittles-lekkergoed vergelyk.
Hy is getroud met Vanessa Trump (38).
5. Eric Trump (32)
Benewens sy werk by die Trump Organization, besit Eric die Trump Winery in Virginië en hou hy toesig oor sy pa se 18 gholfklubs. Sy liefdadigheidsorganisasie, die Eric Trump-stigting, vorder sedert 2006 geld vir terminaal siek kinders in.
Hy is getroud met Lara Yunaska (34).
6. Barron Trump (10)
Barron is die eerste seun in die Withuis sedert John F. Kennedy jr. in 1963. “Klein Donald”, soos sy ma hom noem, het die kollig gesteel toe hy skaars sy oë kon oophou toe hy langs sy pa staan terwyl dié sy oorwinningstoespraak lewer.
Dit was immers drieuur die oggend! Barron praat vlot Sloweens, sy ma se moedertaal. Die pa en seun speel graag saam gholf. Barron het sy eie vloer net vir homself in hul dakwoonstel in Trump Tower in Manhattan.
En hy gebruik natuurlik sy ma se eie handelsmerk kaviaarvogroom!
BRONNE: TIME.COM, DAILYMAIL.CO.UK, WHITEHOUSE.GOV, THEGUARDIAN.COM, CBC.CA, BBC.COM, MIRROR.CO.UK, TEENVOGUE.COM, CELEBUZZ.COM, TIMESLIVE.CO.ZA, CHRON.COM, NYDAILYNEWS.COM, W.FT.COM, THEWEEK.COM, THESUN.CO.UK, ABC.NET.AU, PEOPLE.COM, CNN, HUFFINGTONPOST.COM, ABC.NET.AU, CNBC.COM, WASHINGTONPOST.COM, REUTERS, TELEGRAPH.CO.UK | http://www.huisgenoot.com/nuus/internasionaal/ontmoet-die-trumps-wat-jy-moet-weet-oor-amerika-se-mees-omstrede-presidentsgesin-nog/ | |
Driejarige dood ná hy glo sy sussie in brandende huis gaan soek | Die lyk van ’n driejarige seun van Elsburg, Germiston, is vanoggend gevind nadat ’n brand Vrydag in een van die gesin se slaapkamers uitgebreek het.
“Die kind se lyk het soos ’n stuk verbrande hout gelyk,” sê Aloma Roth van die plaaslike gemeenskapspolisieforum.
“Die gesin het niks oor nie. Die gemeenskap sal alles van tandeborsels tot klere vir hulle moet skenk.”
Die seun se ma en tweejarige sussie was ook tuis toe die brand uitbreek. Albei het dit oorleef.
Die ma kon haar seun nie betyds opspoor nie.
Die ma is op die toneel behandel vir rookinaseming terwyl die dogtertjie met ligte beserings by die hospitaal behandel is.
“Daar word vermoed dat die seuntjie na sy sussie gesoek het. Ons weet nie of iets dalk op hom geval het nie,” sê Aloma.
Intussen is die ma, pa en hul ander drie kinders dakloos gelaat en met ’n nuwe skooljaar wat reeds begin het, maak hulle nou staat op die gemeenskap om basiese behoeftes soos skoolklere te kry.
Dit is nog nie bekend hoe die brand begin het nie. | http://www.huisgenoot.com/nuus/plaaslik/driejarige-dood-na-hy-glo-sy-sussie-in-brandende-huis-gaan-soek/ | |
Legendariese Afrikaanse aktrise sterf ná kort siekbed | Vandag groet Suid-Afrika en die Afrikaanse vermaaklikheidsbedryf ’n grote.
Die veteraanakteur en -komediant Marga van Rooy het Sondag finaal afskeid geneem. Haar seun, Johan Boot, het die hartseer nuus aan Huisgenoot oorgedra.
“My ma is vanmiddag (Sondag) om 14:20 op Stellenbosch oorlede. Sy is na ’n kort siekbed van twee maande weens kanker oorlede,” het Johan gesê.
Vir talle televisiekykers sal sy altyd Worsie van Vetkoekpaleis (vertolk deur Willie Esterhuizen) se ma, Ella Visagie, bly. Willie en Marga het oor die jare heen in verskeie produksies saam gewerk.
Marga is in die ouderdom van 75 oorlede en tot kort voor haar dood was sy nog baie aan die gang op die verhoog of waar sy haar talent ookal kon uitleef.
Die laaste teaterproduksie waaraan sy gewerk het – Da Gaat Die Bruid onder leiding van die Lefra-regisseur Frans Swart – het groot gehore gelok en dit sou weer in die nuwe jaar hervat.
Marga was een van die groot geeste in die vermaakbedryf en het oor haar loopbaan heen op talle platforms naam gemaak. Van meer onlangse verskynings op die silwerdoek was in Fanie Fourie’s Lobola (2013), Die Windpomp (2014) en Vrou soek boer (2014).
Die begrafnis sal in Hermanus plaasvind. Reëlings hiervoor is nog nie gefinaliseer nie.
Marga laat ’n groot leemte in die bedryf. Hier is ’n paar insetsels van haar vertonings:
As Worsie se ma
Op Molly en Wors
Fanie Fourie’s Lobola
– Pieter van Zyl en Annami Mailovich | http://www.huisgenoot.com/bekendes/legendariese-afrikaanse-aktrise-sterf-na-kort-siekbed/ | |
Huisgenoot Mobi | Die talentvolle atleet Irene Cass (19), van die plakkerskamp in Munsieville aan die Wes-Rand, het Dinsdag haar tweede babaseun, Justin, verwelkom.
Huisgenoot het haar leer ken as Irene van Niekerk, die plakkerskampkind met gebrande tone wat die een na die ander skole-atletiekrekord tot op provinsiale vlak laat spat het. Sy het gedroom van Olimpiese goue medaljes.
Irene was net 18 maande oud toe haar voete per ongeluk in ’n bad kokende water verbrand. Die tone was so erg geskend dat hulle byna afgesit moes word.
Kort ná haar troue met die vakman Iwan Cass op 27 Augustus verlede jaar (Droomtroue weg van die armoede, 8 September) het sy eksklusief aan Huisgenoot bekendgemaak dat sy weer swanger is (Swanger en my drome weer opsy, 8 Desember).
Sy het laat Dinsdagaand ’n noodkeisersnee in die Coronation-staatshospitaal ondergaan nadat haar water al die oggend gebreek en die baba se hart stadig begin klop het.
Klein Justin, wat eers op 12 Februarie sy opwagting moes maak, is drie weke vroeg gebore en het net 2,6 kg geweeg.
Irene vertel dat hy baie kleiner is as wat haar oudste seuntjie, Jayden (3), by sy geboorte was.
Haar pa, Hugo, voeg by dat klein Justin die ewebeeld is van sy pappa, Iwan.
Irene en die nuwe kleinding is Donderdag uit die hospitaal ontslaan. Nou lê Justin snoesig in twee komberse toegedraai op die bank in sy ouma se huis en slaap.
“Is hy nie te mooi nie?” koer die trotse ouma, ook Irene.
Irene jnr. sit ongemaklik en hou haar maag vas weens die pyn ná die keisersnee “Ja, ek het pille vir die pyn gekry,” sê sy, maar sy kan net sekere ligte medikasie gebruik terwyl sy borsvoed.
Al het die onbeplande swangerskap haar hardloopdrome vir eers op ys gesit, geniet sy klein Justin baie. Sy fokus nou daarop om ten volle te herstel sodat sy hopelik binnekort weer kan begin oefen.
Sy droom nog van Olimpiese glorie en wil graag oefen vir 2020 se Olimpiese Spele. | http://www.huisgenoot.com/nuus/plaaslik/tweede-seuntjie-vir-irene-van-niekerk-die-township-atleet-met-die-misvormde-tone/ | |
NCIS-ster sterf aan kanker | Die akteur Miguel Ferrer is dood ná ’n stryd teen kanker.
Die NCIS: Los Angeles-ster is Donderdag 19 Januarie in die ouderdom van 61 dood. R. Scott Gemmill, uitvoerende vervaardiger van die reeks, het die huldeblyk aan Miguel gelei in ’n verklaring wat aan People.com uitgereik is.
“Vandag het NCIS: Los Angeles ’n geliefde familielid verloor,” skryf Scott. “Miguel was ’n man met ’n reusagtige talent wat ’n sterk dramatiese teenwoordigheid op die skerm, skerp humorsin en groot hart gehad het. Ons dink in dié tyd aan sy vrou, Lori, sy seuns, en sy hele familie. Hy sal baie gemis word.”
Miguel het die rol van Owen Granger, assistent-direkteur van die NCIS (Naval Criminal Investigative Service) in 2012 in die treffermisdaadreeks begin vertolk. Ten spyte van sy swak gesondheid het hy tot met sy dood aan die reeks gewerk.
Die seun van die akteur Jose Ferrer en sangeres Rosemary Clooney, George Clooney se tante, was ook bekend vir sy televisierolle in Crossing Jordan en Twin Peaks, waarin hy die FBI se voortvarende forensiese patoloog Albert Rosenfield gespeel het.
Hy het dié rol onlangs hervat vir die voortsetting van die program.
Op die silwerdoek het hy dikwels die rol van die skurk gekry. Hy sal dalk die beste onthou word vir sy vertolking van die gedrewe maar dwelmbenewelde korporatiewe sakeman Bob Morton in RoboCop. Sy ander rolprentverskynings sluit in Iron Man 3, Traffic, The Manchurian Candidate en die animasieflieks Mulan en Rio 2.
Hy het ook in Magnum, P.I., Cagney & Lacey, Miami Vice, Star Trek III: The Search for Spock, The Stand en Desperate Housewives verskyn.
Die nuus van sy dood het versprei net ure ná die aankondiging van sy toevoeging tot die stem-akteurs vir die animasierolprent Teen Titans: The Judas Contract. Volgens The Hollywood Reporter het hy sy stem vir die bose Deathstroke geleen in dié lang lopende projek.
Miguel se vriende en aanhangers het huldeblyke in die sosiale media begin plaas.
Mark Frost, medeskepper van Twin Peaks, skryf: “ ’n Dood in die familie: pas gehoor ons het Miguel Ferrer vandag verloor.
Stuur asseblief saam met my simpatie aan sy vrou en familie. Ons gaan terug tot in 1974. Het in dieselfde program deurgebreek. Groot talent, beter man. Om vir hom te werk en skryf was ’n hoogtepunt in elke deel van my lewe. Te gou, te gou, te gou.”
Die regisseur Edgar Wright twiet: “RIV die grote Miguel Ferrer. Heuglik in baie rolle soos Twin Peaks en net skitterend as Bob Morton in RoboCop.”
En die Twilight-aktrise Rachelle Lefevre, wat saam met Miguel aan 2012 se TV-rolprent Applebaum gewerk het, deel: “#MiguelFerrer kon my laat huil van die lag met ’n storie en my dan ’n oomblik later in ’n toneel uitskel. Die beste . . . #RIP.”
© Cover Media | http://www.huisgenoot.com/bekendes/ncis-ster-sterf-aan-kanker/ | |
Leser wonder: ‘Is vloek nou aanvaarbaar?’ | Raak jy soms keelvol vir mense se gevloek? Vir dié leser doen dit vir seker meer kwaad as goed.
Ek sit en dink oor Nuwejaarsvoornemens en besef byna geen gesprek, toneelstuk of fliek is deesdae sonder vloekwoorde of vuil taal nie.
Selfs wanneer jy by die werk, ’n gesellige braai of ’n sportbyeenkoms met gewone, godsdienstige Suid-Afrikaners gesels, kan jy maar luister na die taalgebruik. Sommige vloekwoorde het immergewilde trefwoorde geword – en is oënskynlik ook aanvaarbaar!
Nou wonder ek of mense nog “ophou vloek”-voornemens maak. Is vloek dan vandag aanvaarbaar? Tawwe, aantreklike ouens in die flieks vloek. Fikse sportlui vloek. Jou vriende vloek. Dis een ding om dan en wan ’n lelike woord te sê as jy jou toon stamp of jou vingers brand, maar vloekwoorde is deesdae deel van feitlik enige gesprek.
Vloekwoorde kom beslis in alle tale voor en mense het tog soms nodig om uit frustrasie, woede of wanneer hulle baie seerkry ’n kragwoord te laat val.
Vir die meeste van ons is ons voorkoms baie belangrik; ons wil ’n goeie indruk skep. Doen vloekwoorde nie ons voorkoms en goeie naam leed aan nie? Jou taalgebruik maak immers ook ’n indruk op ander mense.
Vloekwoordjie,
Bloemfontein
Vloek jy? Pla dit jou wanneer mense vloek? Is dit dalk jou Nuwejaarsvoorneme om minder (of meer?) te vloek? Deel jou storie met ons en stuur dit na web@huisgenoot.com. | http://www.huisgenoot.com/ons-mense/leser-wonder-is-vloek-nou-aanvaarbaar/ | |
Ikoniese Olimpiese atleet goue medalje kwyt na opkikkerskandaal | Die misbruik van opkikkers op die atletiekbaan het daartoe gelei dat een van die gewildste Olimpiese atlete van die afgelope paar jaar sy goue medalje moes teruggee.
Usain Bolt (30) van Jamaika se Olimpiese medalje-oes van nege goue medaljes is Woensdag ’n knou toegedien nadat sy landgenoot Nesta Carter (31) positief getoets het vir ’n verbode middel.
Maar dit sou Nesta se Beijing-deelname aan die Olimpiese Spele wees wat vandag daartoe gelei het dat hy, asook Asafa Powell en Michael Frater, die goue medaljes wat hulle in die 4 x 100m-aflos gewen het, moet teruggee.
BREAKING: Usain Bolt loses Beijing 2008 relay gold after teammate Nesta Carter disqualified for doping. Bolt no longer has “triple treble” 🏅 pic.twitter.com/vuCTpEKH5x — Bleacher Report UK (@br_uk) January 25, 2017
Toe Nesta se resultate weer getoets is, is daar bevind dat hy wel in 2008 ’n verbode middel gebruik het.
Of Nesta die eerste van talle skuldiges is, sal weldra duideliker word. Volgens berigte is daar 454 monsters wat tydens die Spele in Beijing geneem is, wat weer aan nuwe toetse onderwerp word.
Trinidad & Tobago word nou tot goue medaljewenner-status verhef. Japan skuif op na silwer en Brasilië verwerf brons.
Toe Usain in Junie 2016 uitgevra is oor die moontlikheid dat hy sy goue medalje dalk sal moet teruggee, het hy dit as “hartverskeurend” bestempel.
“Vir jare werk jy hard om medaljes te verwerf en jy werk hard om ‘n kampioen te wees, maar dis een van daardie dinge,” het hy aan die Jamaica Gleaner gesê.
“Ek is meer bekommerd oor die atleet en hoop dat hy daardeur sal kom.”
Usain word as die beste naelloper ooit beskou.
Tatiana Lebedeva van Rusland wat silwer in die vroue-driesprong en verspring gewen het, is ook gediskwalifiseer nadat haar resultate weer getoets is.
Bronne: cnn.com, firstpost.com, bbc.co.uk, jamaica-gleaner.com
Twitter se reaksie
How does Usain Bolt lose a Beijing '08 gold medal in 2017 for a guy who failed a drug test in '08 pic.twitter.com/1wThaCfKqj — Dré ♊ (@andre20fs) January 25, 2017
@usainbolt pierde medalla de oro de las #Olímpiadas #Bejing2008 por causa de compañero de equipo salir positivo en prueba de sustancia. pic.twitter.com/p7P1bH5ned — Caracol 1260 (@Caracol1260) January 25, 2017
Usain Bolt when he heard what Nesta Carter did pic.twitter.com/vyVOpVa8wM — mario11 (@finallymariro) January 25, 2017 | http://www.huisgenoot.com/nuus/internasionaal/ikoniese-olimpiese-atleet-goue-medalje-kwyt-na-opkikkerskandaal/ | |
Elke kiem kan ʼn doodsvonnis wees, sê Gauteng-ma van 2 wat hoop op beenmurgoorplanting | Katinka Roodt van Heidelberg, Gauteng, is noodgedwonge ʼn superma: Haar twee seuntjies, Ruben (2) en Ruan (5 maande) het albei ʼn beenmurgoorplanting nodig.
Ruben het op net drie maande ‘n dodelike virusinfeksie gekry en is toe drie maande in die Garden City-hospitaal in Johannesburg behandel, ‘n lang drie maande waarin sy longe onder meer platgeval het. In dié tyd was hy aan ‘n ventilator gekoppel en is hy ook behandel deur ‘n dokter wat na die bekende brandslagoffertjie Pippie Kruger omgesien het, dr. Miles Bartlett.
“Met die Here se genade het hy deurgedruk, maar hy het later verskriklik ekseem begin kry. Die dokters het toetse gedoen en dit is toe dat ons uitvind hy het min tot geen imuunvlakke nie,” sê sy.
Daar is vasgestel Ruben is gebore met die seldsame immuungebrek SCID (Severe Combined Immunodeficiency). Lyers van dié toestand is uiters vatbaar vir aansteeklike siektes, selfs alledaagse kieme, en daar is gevalle waar hulle in ‘n steriele omgewing leef. Die immuunstelsel van SCID-pasiënte is so erg verswak dat dit beskou word as byna totaal afwesig.
Maar die nagmerrie was nie verby vir hierdie ma nie. Toe klein Ruan in die wêreld kom, is vasgestel hy ly ook aan dié aangebore toestand.
“Jy kan maar sê die fliek Bubble Boy, waar die seun in ʼn borrel moet bly sodat hy nie siek word nie, is gebaseer op my kinders se lewe,” vertel Katinka Roodt.
“Dit is ʼn geval van een uit ʼn miljoen mense wat met die siekte gebore word, maar hier sit ek met twee kinders wat dit het.”
“Toe Ruan gebore is, het ek dadelik geweet iets is fout,” sê sy, “Die dokters het hom onmiddellik weggevat om toetse te doen. Ek kon nie eens aan hom vat nie.”
Ruan is gebore met gastroskise, ‘n toestand waar die baba se ingewande buite die liggaam is.
“My kind was drie uur oud toe hy ʼn sewe uur lange operasie moet ondergaan.”
Die operasie was ʼn sukses, maar toe vind Katinka en haar man, Pieter, uit dat Ruan ook aan SCID ly.
Die twee seuns moet weekliks deur middel van ‘n drup immuunaanvullings kry. Dié aanvullings bevat onder meer witbloedselle.
“Ons moet elke week ons Donderdag opsysit sodat hulle hospitaal toe kan gaan vir die drup,” sê sy.
Die enigste oplossing is dat albei seuns ʼn beenmurgoorplanting kry.
Vir Ruan is daar twee moontlike beenmurgskenkers in Suid-Afrika, maar Ruben het net agt moontlike skenkers in die wêreld, sê Katinka.
Die operasies vir die twee kinders beloop altesaam R6 miljoen, waarvan die mediese fonds R5,3 miljoen gaan opdok. Die ouerpaar moet R750 000 self betaal. | http://www.huisgenoot.com/nuus/plaaslik/elke-kiem-kan-n-doodsvonnis-wees-se-gauteng-ma-van-2-wat-hoop-op-beenmurgoorplanting/ | |
Vermiste meisie van Paarl se lyk ná 25 dae in vlak graf gevind | Die lyk van die vermiste Nicola Pienaar is (28) in ’n vlak graf in die erf van ’n huis in die Paarl gevind.
Die Paarl-polisie het bevestig Nicola se lyk is op die erf van hulle hoofverdagte se huis in die Paarl gevind. Hulle wou nie bevestig of Nicola se vriend Jaco Oosthuizen die verdagte is nie.
Lees ook: Vermiste meisie van Paarl se ma bly hoop vir ’n wonderwerk
Nicola, ook bekend as Nikki, is op 5 Januarie 2017 laas gesien toe sy vermis geraak het.
Sedertdien het haar ma, Marlaine Pienaar-Vice, ’n sielkundige in die Paarl, verskeie pleidooie gelewer vir enige inligting wat na haar dogter kan lei.
BREKENDE NUUS. Lyk van vermiste Nicola Pienaar in graf op erf van verdagte in Paarl gevind @RapportSA @Netwerk24Berig pic.twitter.com/nfAVXAWNwx — Julian Jansen (@JulianJansen) January 30, 2017
Nicola se vriend van die afgelope drie maande, Jaco (32), is ’n paar dae na haar verdwyning in Port Elizabeth betrap met Nicola se Peugeot-motor.
Die motor was vol boeke, klere (ook van Nicola se klere) en beddegoed. Asook ’n byl.
Lees ook: ‘Loutere hel’ vir ma van vermiste vrou
Volgens die polisie het Jaco beweer hy en Nicola het saam op 5 Januarie uit die Paarl gery. Hulle sou glo ’n uitval op 7 Januarie gehad het waarna hy haar in Oudtshoorn afgelaai het en haar aangesê het om na die Paarl terug te keer.
Nicola se petrolkaart is daarna vir die laaste keer op 9 Januarie in Krakeel, ’n klein dorpie naby Kareedouw in die Oos-Kaap, gebruik.
Die polisie het kort daarna Jaco in Nicola se motor in ’n verlate parkeerterrein in Port Elizabeth gevind.
Marlaine het intussen die motor as gesteel aangemeld. Jaco het in die landdroshof op Port Elizabeth verskyn op aanklag van besit van gesteelde goedere en sou Vrydag terug na die Paarl oorgeplaas word om daar verhoor te word.
Marlaine het vroeër aan Huisgenoot gesê sy het Jaco geken. Sy het ook sy ouers al gekontak om te hoor of hulle dalk weet waar haar dogter is.
Meer inligting sal op Huisgenoot.com volg. | http://www.huisgenoot.com/nuus/plaaslik/vermiste-meisie-van-paarl-se-lyk-na-25-dae-in-vlak-graf-gevind/ | |
Jou sterre vir Vrydag, 27 Januarie 2017 | Hier is wat jou sterre vandag voorspel, met Joanne Moore.
JOU DAG
Met die nuwemaan in die Waterdraer is dit tyd vir ’n vars, nuwe begin.
AS JY VANDAG VERJAAR
Hou aan om jouself te herontdek. Jou motto vir 2017 kom van jou bekende verjaardaggenoot, die skrywer Lewis Carroll: “Ek kan nie terugkeer na gister nie, want toe was ek ’n ander mens.”
RAM, 21 Mrt.-20 Apr.
Die nuwemaan en Mars bring jou onafhanklike sy na vore. Maar pasop dat jy dit nie as selfsug uitdruk nie. Doen gerus vandag jou eie ding, maar moenie die behoeftes – en gevoelens – van ander mense afskeep nie.
BUL, 21 Apr.-21 Mei
Hoe gaan dit met jou loopbaan? Is dit dalk lankal tyd vir ’n salarisverhoging of bevordering? Is dit dalk tyd om ’n beter werk te soek of van beroep te verander? In 2017 is jou uitdaging om van werk ’n plesier te maak eerder as ’n plig.
TWEELING, 22 Mei-21 Jun.
Jy is op jou nuuskierige beste met die nuwemaan en Mars wat jou breinselle stimuleer. Jy is gretig om iets nuuts te leer; dus is dit die ideale tyd om te reis, studeer, lees, na te vors of speurwerk te doen.
KREEF, 22 Jun.-23 Jul.
Intieme verhoudings word vandag onder die vergrootglas geplaas terwyl jy daaraan werk om die verband tussen jou en jou geliefdes te verdiep. Dit is ook die perfekte tyd om ’n gesamentlike finansiële ooreenkoms aan te pas.
LEEU, 24 Jul.-23 Aug.
Maak jou reg vir ’n nuwe romantiese verhouding, of nuwe lewe in ’n oue. Verbonde Leeus – dit is tyd om jou maat te pamperlang. Enkellopendes, soek liefde by ’n avontuurlustige Waterdraer of ’n sexy Boogskutter.
MAAGD, 24 Aug.-23 Sept.
Rig jou aandag op gesondheid, dieet en fiksheid noudat die nuwemaan jou welsynsone aktiveer. ’n Effense verstelling is dalk nodig sodat jy meer fiks en op jou stukke kan voel in 2017.
WEEGSKAAL, 24 Sept.-23 Okt.
Die nuwemaan maak vuur onder jou vermaaklikheidsone en dit kan die partytjiegees in jou aanwakker. Vir stiller Weegskale is die sterre ten gunste van ’n bietjie gehaltetyd saam met familie en vriende.
SKERPIOEN, 24 Okt.-22 Nov.
Die Waterdraer-nuwemaan stimuleer jou nuuskierigheid en verbeelding. Dit sit jou ook in die luim om jou huishoudelike roetine op te kikker. Doen dus iets anders wat jou Skerpioen-hart laat sing.
BOOGSKUTTER, 23 Nov.-21 Des.
Die nuwemaan moedig ’n opwindende, nuwe begin aan wat sosiale media of kontakte in jou plaaslike gemeenskap insluit. Jy het ’n groot verskeidenheid talente om aan te bied, dus moet jy so gou moontlik aan die gang kom.
STEENBOK, 22 Des.-20 Jan.
Die nuwemaan werp lig op ’n finansiële probleem en help jou om dinge uit ’n vars oogpunt te sien. Sommige enkellopende Steenbokke gaan in ’n ingewikkelde liefdesverhouding betrokke raak. Trap versigtig.
WATERDRAER, 21 Jan.-19 Feb.
Die nuwemaan is in die Waterdraer, so jy voel onafhanklik en kreatief, maar ook roekeloos en rebels. Probeer jou bes om vandag jou elektriese energie op positiewe en produktiewe maniere te gebruik.
VISSE, 20 Feb.-20 Mrt.
Jou verbeelding en intuïsie kry ’n hupstootjie by die nuwemaan. Maak net seker dat jy jou energie herlei na kreatiewe of spirituele strewes, anders gaan jy bloot verward en oorweldig voel.
Kopiereg Joanne Madeline Moore 2017 | http://www.huisgenoot.com/jou-sterre/jou-sterre-vir-vrydag-27-januarie-2017/ | |
Pa kiek 10-jarige seun wat branderplankry - en lê meer vas as wat hy verwag het | Wanneer jy dit sien . . .
Chris Hasson was besig om foto’s te neem van hoe sy seun Eden by Samurai Beach naby Port Stephens branderplankry toe hy “ ’n groot swart vorm” in die water opmerk.
Toe hy die groepie ryers wil inroep, het Eden ’n brander strand toe gevang.
“Net toe hy aan die gang kom, sien ek iets uit die hoek van my oog,” het hy op Facebook geskryf.
“Ek het aangehou foto’s neem en toe hy klaar is en begin strand toe roei, zoem ek in op die tweede foto, toe sien ek hy het pas ’n omdraaibeweging op die kop van ’n grootwithaai van 2,4 meter gemaak.”
Dis reg! Chris het foto’s geneem van sy seun wat branderplankry oor ’n dodelike grootwithaai – en dít op ’n strand wat reeds ’n reputasie het weens haai-aanvalle.
“Gelukkig het hy nie afgeval nie,” was die verligte pa se kommentaar by die foto’s van die ongelooflike oomblik.
“Hierdie foto gaan reguit potspelkamer toe. Jy kry nie aldag ’n foto van ’n grootwithaai nie. Kyk net sy bek. Hy het omgerol en mooi gekyk na die njammie nuwe geel duikpak.” | http://www.huisgenoot.com/nuus/internasionaal/pa-kiek-10-jarige-seun-wat-branderplankry-en-le-meer-vas-as-wat-hy-verwag-het/ | |
Bekende aktrise en haar kêrel raak broeis | Die sangeres en aktrise Mandy Moore oorweeg dit om ’n gesin te begin saam met haar kêrel, die rocker Taylor Goldsmith, want sy wil “liewer nou as later” kinders hê.
Mandy (32) het in middel 2015 met die sanger van die groep Dawes begin uitgaan, net ’n paar maande nadat sy in Januarie daardie jaar aangekondig het sy gaan skei van die rocker Ryan Adams.
Mandy se akteursloopbaan het die laaste ruk ’n hupstoot gekry danksy die sukses van haar nuwe dramareeks, This Is Us, wat Woensdag vir nog twee seisoene bevestig is.
Kort daarna is dit as die beste nuwe reeks by die People’s Choice-prysuitdeling aangewys. Om ’n ma en ouma in die reeks te speel, het ’n snaar in die ster aangeroer.
A photo posted by Mandy Moore (@mandymooremm) on Dec 4, 2016 at 4:19pm PST
“Ek voel ek verstaan die siel van hierdie vrou,” het sy aan E! News gesê. “Ek voel ’n verwantskap met haar. Ek was bekommerd oor of ek moederlik sou voel omdat ek nie self kinders het nie, maar om aan so ’n projek deel te neem het beslis my eierstokke laat kennis neem.”
Mandy dink Taylor is dalk die regte man om die pa van haar kinders te wees. “Miskien . . . Ek wil nou eerder as later kinders hê.”
Die ster se romanse met die folksanger Taylor het haar ook geïnspireer om terug te keer na haar wortels as sangeres. Mandy was ’n tienerpopster wat in 1999 begin naam maak het.
A photo posted by Mandy Moore (@mandymooremm) on Nov 17, 2016 at 10:00am PST
“Ek mis musiek,” het sy in Augustus aan die United Airlines-tydskrif Rhapsody gesê. “Ek het die afgelope jaar weer in daardie wêreld uitgehang en dit het daardie deel van my brein laat herleef. Dit voel asof dinge eindelik in plek val. Ek gaan nie meer toelaat dat enigeen of enigiets my terughou nie.”
Mandy, wie se egskeiding van Ryan in Junie afgehandel is, het nog nie nuwe musiek uitgereik sedert haar sesde album, Amanda Leigh, in 2009 nie.
© Cover Media | http://www.huisgenoot.com/bekendes/bekende-aktrise-en-haar-kerel-raak-broeis/ | 2016-12-05 00:19:25 |
Hierdie daaglikse roetine kan jou langer laat lewe | In ’n nuwe studie word gesê ouer volwassenes hoef net 15 minute per dag flink te stap om die risiko vir ’n vroeë dood te verminder.
Terwyl die VK se nasionale gesondheidsdiens tans twee en ’n half uur per week se matige oefening vir pensioenarisse aanbeveel, dui die nuutste navorsing daarop dat minder oefening ook voordelig kan wees vir hul gesondheid.
Navorsers aan die Saint-Etienne-Universiteitshospitaal in Frankryk het die gegewens van 123 000 mense van 60 jaar en ouer ontleed. Dit is oor ’n tydperk van 10 jaar versamel.
Hulle het bevind dié wat min oefening doen, se kans om in die studieperiode te sterf, is 22 persent minder as dié wat geen oefening doen nie.
Daarteenoor is die risiko van dié wat matige oefening doen 28 persent minder om te sterf en dié wat hoë vlakke van oefening handhaaf 35 persent minder as die risiko van mense wat ’n onaktiewe lewenstyl het.
Dr. David Hupin verduidelik in ’n verklaring hoewel die navorsers sê die studie is nie ontwerp om ’n oorsaak-en-gevolg-verhouding aan te dui wat algehele gesondheid betref nie, toon die resultate dat groter liggaamlike aktiwiteit groter gesondheidsvoordele vir ouer volwassenes inhou.
Die grootste sprong in gesondheid word bereik op die vlak van min oefening, terwyl die matige en hoë vlakke minder van ’n daadwerklike effek op gesondheid het. David voeg by laer vlakke van oefening kan gelykgestel word aan ’n daaglikse flink stappie van 15 minute.
Hy sê ook ’n hoë ouderdom is nie ’n verskoning om nie oefening te doen nie. Dit is algemeen bekend dat fisieke aktiwiteit ’n beter algehele effek het op gesondheid as enige mediese behandeling. Maar minder as 50 persent van ouer mense doen die weeklikse aanbevole minimum van 150 minute van matige oefening of 75 minute van strawwe oefening.
David sê mense moenie die hoeveelheid oefening in hul daaglikse roetine drasties vermeerder nie, maar eerder geleidelik.
Hy kom tot die gevolgtrekking dat 15 minute se daaglikse oefening ’n realistiese doelwit is vir ouer volwassenes. Geringe toenames in liggaamlike aktiwiteit kan party van hulle in staat stel om meer matige oefening by hul daaglikse roetine in te sluit, wat hulle nader sal bring aan die aanbevole 150 minute per week.
Die bevindinge van die navorsing is tydens die EuroPRevent 2016-konferensie in die tegnopark Sophia Antipolis in Frankryk aangebied.
Bron: Cover Media | http://www.huisgenoot.com/leefstyl/gesondheid-leefstyl/hierdie-daaglikse-roetine-kan-jou-langer-laat-lewe/ | |
Hoe sterk is jou paspoort? | Jy sal dalk verbaas wees om te hoor dat ’n Suid-Afrikaanse paspoort nie die beste paspoort in Afrika is nie.
Wanneer dit kom by die getal lande wat jy sonder ’n visum kan besoek, lê Suid-Afrika derde met 90, ná die Seychelle met 128 en Mauritius met 118.
Volgens die Paspoortindeks, wat jaarliks hierdie inligting uitreik, is Duitsers vanjaar in die beste posisie met toegang tot 158 lande. Swede en Singapoer lê saam in die tweede posisie met 157 en Frankryk, die Verenigde Koninkryk en Amerika derde met 156.
In Afrika is daar ook lande wat aansienlik swakker daaraan toe is. Volgens die nuuswebtuiste Quartz het Nigeriërs net toegang tot 41 lande sonder ’n visum en heel onder op die lys is Somalië met net 30.
Wêreldwyd is Afganistan in die laaste posisie met net 23 lande wat nie van hul burgers ’n visa vereis nie. Sirië, Pakistan, Irak en ander oorloggeteisterde lande in die Midde-Ooste sit ook in die 20’s. | http://www.huisgenoot.com/nuus/plaaslik/hoe-sterk-is-jou-paspoort/ | |
Onthulling: Nuwe lys van korrupste lande in die wêreld | Hoewel dit soms vir ons almal voel asof Suid-Afrika koning kraai wat korrupsie betref, wys nuwe data Suid-Afrika se situasie is nie die duisterste ter wêreld nie.
Die Corruption Perceptions-indeks is ’n jaarlikse lys wat wys hoe korrup mense glo lande is. Meer as twee derdes van die 176 lande op die lys het ’n punt laer as 50 uit 100 gekry, met 100 wat feitlik geen korrupsie beteken nie en 0 wat uiters korrup is.
Suid-Afrika se telling is hoër as in 2015. Vanjaar is ons punt 45 uit 100, terwyl ons in 2015 en 2014 op 44 gelê het en in 2013 op 42.
Die korrupste land, Somalië, het net tien punte gekry. Die tien korrupste lande is:
Somalië
Suid-Soedan
Noord-Korea
Sirië
Jemen
Soedan
Libië
Afganistan
Guinee-Bissau
“In te veel lande word mense van hul mees basiese behoeftes ontneem en gaan slaap hulle saans honger weens korrupsie terwyl die magtige korruptes in weelde leef en nie hiervoor gestraf word nie,” het José Ugaz, hoof van Transparency International, gesê.
In lande met min korrupsie is persvryheid, toegang tot inligting oor hoe die staat sy geld aanwend, integriteit onder staatsamptenare en onafhanklike regstelsels algemeen, sê die verslag.
Die land met die minste korrupsie is Denemarke, met ’n telling van 90. Geen enkele Afrikaland is onder die lande wat die minste korrup is nie. Die toptienlys van lande met die minste korrupsie is:
Denemarke
Nieu-Seeland
Finland
Swede
Switserland
Noorweë
Nederland
Kanada
Duitsland
Luxemburg
Jy kan die hele Corruption Perceptions-indeks hier sien. | http://www.huisgenoot.com/nuus/plaaslik/onthulling-nuwe-lys-van-korrupste-lande-in-die-wereld/ | |
Dié dele van Johannesburg gaan die naweek sonder water wees | http://www.huisgenoot.com/nuus/plaaslik/die-dele-van-johannesburg-gaan-die-naweek-sonder-water-wees/ | ||
Nog ’n operasie vir Lise Brink | Lise Brink sal vroeg in volgende week kaakchirurgie ondergaan.
Twee tandheelkundiges in dieselfde gemeente as Lise en haar man, dr. Danie Brink, het reeds afmetings geneem vir die chirurgie.
Die Brink-gesin was op 16 Desember op pad met vakansie toe hul motor se band tussen Theunissen en Brandfort in die Vrystaat bars.
Lise se linkerbeen is gedeeltelik geamputeer en sy het reeds verskeie ander operasies ondergaan. ’n Roudiens is Sondag gehou vir twee van hul kinders, André (13) en Rachel (8), wat in die ongeluk gesterf het.
“Inplantate sal gebou moet word, maar daar is nog nie sekerheid in watter mate nie,” het Ernst Vorster, Solidariteit Helpende Hand se hoof van kommunikasie, Donderdagoggend gesê.
Luidens ’n plasing op die Facebook-groep “Nuus oor Danie Brink en gesin” is plate reeds geneem om te bepaal of Lise ’n rugfusie sal benodig. Ernst het dit bevestig. Hy het ook bevestig dat Lise nie meer net fluister nie, maar nou kan praat.
Ernst het bevestig die Brinks se kinders Mieke en Johann het reeds weer met tuisonderrig begin en Danie neem self die klasse waar. | http://www.huisgenoot.com/nuus/plaaslik/nog-n-operasie-vir-lise-brink/ | |
Kyk: Bekkige gr. 1’tjies sê wat hulle wil word | Baie studente het geen benul wat hulle met die res van hul lewe wil doen nie; tog weet elke gr. 1-leerling presies.
Dis ook die geval aan die Laerskool Stellenbosch waar ambisieue ses- en sewejariges hul skoolloopbaan Woensdag met groot opgewondenheid kon begin.
Dit is opvallend hoeveel jong meisies onderwyseres wil word; so wie is die vroue wat hulle inspireer? Die Laerskool Stellenbosch se vier gr. 1-juffrouens het aan Huisgenoot vertel wat hulle aanspoor om met kinders te werk en hoekom dit so vervullend is om vir gr. 1’s skool te gee.Amper elke gr. 1-groep het deesdae minstens een tweeling en by dié laerskool is daar twee. Dis duidelik dat die ouers heelwat moeiliker afskeid geneem het as die kleingoed; nie eens huiswerk skrik hulle af nie! | http://www.huisgenoot.com/nuus/plaaslik/kyk-spitsvondige-gr-1tjies-se-wat-hulle-wil-word/ | 2017-01-20 00:00:00 |
Die wonderlike rede waarom dié pappa sy dogtertjie op afsprake neem | ’n Vroeë aanspraakmaker op Pa van die Jaar is hierdie pappa beslis!
Hierdie blink idee van ’n pa om sy dogtertjie spesiaal te laat voel, is een van die oulikste gebare in ’n lang tyd.
“My man het besluit hy gaan ons dogtertjie een keer peer maand uitneem vir ’n ‘afspraak’ waarvoor sy haar mooi aantrek en dan word sy uitgeneem vir koek en roomys,” het Caitlin Fladager op Facebook gedeel.
“Vanaand het hulle dit vir die eerste keer gedoen,” het sy by foto’s van die lieflike vader-dogter-oomblikke geskryf.
“Hy het haar ’n rok help uitsoek, vir haar ’n handsakkie gekry, die deur vir haar oopgehou en haar soos ’n prinses laat voel. Sy was dol daaroor en was so gelukkig toe hulle tuiskom.
“Sy sal altyd onthou hoe sy behandel behoort te word, want haar pa stel so ’n uitstekende voorbeeld.”
Die fraai Facebook-plasing roer duidelik die hartsnare, want dit het meer as 86 000 reaksies gekry en dis meer as 41 800 keer gedeel. | http://www.huisgenoot.com/nuus/internasionaal/die-wonderlike-rede-waarom-die-pappa-sy-dogtertjie-op-afsprake-neem/ | |
Johan Goosen glo erg getraumatiseerd ná skietvoorval op sy plaas | Die Springbok-rugbyspeler Johan Goosen was glo erg getraumatiseerd nadat hy sy vriend in ’n ongeluk op sy plaas geskiet het.
A photo posted by Grit Sports (@grit_sports) on Dec 18, 2016 at 1:04am PST
Dit is ook die rede waarom die polisie nog nie ’n verklaring by hom kon aflê om presies te bepaal wat die omstandighede rondom die voorval op sy plaas naby Aliwal-Noord was nie.
Johan (24) het sy vriend, Armandt Stoman, met ’n jaggeweer in sy enkel geskiet.
“Ons is omstreeks 11:00 na mnr. Goosen se plaas ontbied,” sê brigadier Miranda Mills. “Die vriend wat geskiet is moes van Aliwal-Noord na Bloemfontein geneem word en moes al twee operasies ondergaan.”
Miranda sê Johan moes ook behandeling vir sy skok ontvang en daarom het hulle besluit om albei partye eers kans te gee om tot verhaal te kom. Eers wanneer hulle verklarings van die twee mans en ooggetuies kan kry sal hulle bepaal watter soort saak om te ondersoek.
“Op hierdie stadium lyk dit of dit ’n ongeluk was en ons vermoed nie enige vuilspel nie,” sê Miranda.
Volgens Armandt se Facebook-profiel is hy ’n oudleerder van Grey Kollege in Bloemfontein en is hy deel van die Potchefstroom se rugbyinstituut.
Johan het in 2014 vir die Racing 92-rugbyklub in Frankryk gaan rugby speel. Hy het egter Desember 2016 sy uittrede uit rugby aangekondig om ’n direkteur van ’n maatskappy te word. Racing 92 het intussen gedreig dat hulle regstappe teen hom gaan doen.
Groot wildjagters.
A photo posted by Armandt Stoman (@stomanarmandt) on Sep 19, 2015 at 2:38am PDT
Beste vriende. Armandt en Johan op ’n jagtog.
A photo posted by Armandt Stoman (@stomanarmandt) on Jul 22, 2015 at 3:45pm PDT
Armandt was een van die strooijonkers op Johan se troue in 2015. | http://www.huisgenoot.com/nuus/plaaslik/johan-goosen-glo-erg-getraumatiseerd-na-skietvoorval-op-sy-plaas/ | 2016-12-18 09:04:23 |
Afrikaanse aksieprent met Tobie Cronjé - seun van bekende skrywer maak fliek uit pa se gewilde drama | Kyk ’n mens na die lokprent – vol spanning, kinkels, verraad, ’n ondergrondse organisasie, deernis en geboue wat ontplof en aan die brand slaan – lyk dit asof Die Rebellie van Lafras Verwey vanjaar een van dié mees opwindende rolprente in die teater gaan wees.
Die gesoute akteur Tobie Cronjé vertolk die hoofrol.
Die maak van die fliek is ’n familie-affêre. Dit was ’n bekende radiodrama en verhoogstuk uit die pen van die bekroonde skrywer Chris Barnard.
Die fliek word vervaardig deur die geliefde aktrise en regisseur Katinka Heyns en die gesoute vervaardiger Genevieve Hofmeyr, onder leiding van die opkomende filmmaker Simon Barnard, seun van Katinka en wyle Chris.
Dié boeiende verhaal is Simon se debuut as regisseur van ’n vollengtefilm.
Die tragikomedie is gebaseer op die 1971-drama wat deur die oorlede skrywer en sy seun in ’n eietydse draaiboek verwerk is. Dit vertel die verhaal van Lafras Verwey, ’n verlore siel wat nooit die werklikheid rondom hom kon aanvaar nie.
Hy werk in die staatsdiens, maar hoor ander musiek in sy ore en droom drome oor ’n wonderlike toekoms. Hy sien homself as ’n sleutelfiguur in die voorbereiding van ’n groot rebellie wat die gesig van die wêreld sal verander.
Toe hy Petra (Chantelle Phillipus), ’n jong swanger vrou, onderdak neem, kry die rebellie vir hom nog groter betekenis. Ironies genoeg begin sy gedroomde rewolusie juis die nag van die baba se geboorte.
Komedie, drama en elemente van fantasie word verweef in ’n aangrypende storie, van ’n man wat kans sien om die onmoontlike aan te durf om sy droom van ’n beter wêreld vir almal te verwesenlik.
Die Rebellie van Lafras Verwey begin op 7 April 2017 in fliekteaters landwyd draai. | http://www.huisgenoot.com/vermaak/flieks/afrikaanse-aksieprent-met-tobie-cronje-seun-van-bekende-skrywer-maak-fliek-uit-pa-se-gewilde-drama/ | |
Man oorhandig homself aan polisie ná hy meisie voor 6-jarige seun glo moor | ’n Man van Daveyton wat gesoek was nadat hy glo sy meisie voor hul sesjarige seun doodgesteek het, het homself aan die polisie oorhandig, het die Johannesburgse polisiewoordvoerder Kay Makhubele Sondag gesê.
Die man was op die vlug sedert die voorval op 15 Januarie.
Hy het Sondag om 02:00 onverwags by die Yeoville-polisiekantoor opgedaag en homself oorhandig. Hy verskyn Maandag in die Benoni-landdroshof op ’n aanklag van moord.
Kay sê ’n man van Dobsonville is Saterdag in ’n afsonderlike voorval in hegtenis geneem in verband met die verkragting van sy agtjarige dogter.
Die kind het by haar pa gewoon en toe haar ma vanaf Kliptown, Soweto kom kuier, het die kind gesê haar pa wil nie hê sy moet uitgaan en met ander kinders speel nie.
Die vrou het met verdere ondersoek tekens van mishandeling en verkragting gesien en dit by die polisie aangemeld.
Die man is in hegtenis geneem.
Bron: News24 | http://www.huisgenoot.com/nuus/plaaslik/man-oorhandig-homself-aan-polisie-na-hy-meisie-voor-6-jarige-seun-glo-moor/ | |
Wrede video laat mense gis of SA akteur doodgesteek is | “Ontspan! David Manuel (Gums) leef nog en doen goed,” het John W. Fredericks, skrywer en vervaardiger van die plaaslike Oscar-inskrywing, Noem My Skollie, mense op sy Facebook-blad gepaai.
’n Video doen op WhatsApp die ronde van iemand wat doodgesteek word. Die persoon wat dit geplaas het, beweer die slagoffer is David Manuel, wat die haatlike 28’s-bendelid Freddy Gums in die fliek speel.
Die 28’s is ’n berugte tronkbende in die Kaap. Maar dit blyk dis ’n voorval in Brasilië, waar ’n onbekende man op kamera vermoor word.
“Ek is seker die siek persoon wat dit geplaas het, het genot daaruit geput om dié siek video te plaas,” sê John in sy Facebook-inskrywing.
Dit is onbekend wie die man in die video werklik is of waar dit geskiet is. Huisgenoot het doelbewus gekies om nie die wrede video te deel nie.
Pyn, hartseer, wraak en vergifnis is ook almal te sien in hierdie fliek, wat gebaseer is op John se vorige lewe in en uit die tronk. “Daar is dinge in dié fliek waarvan niemand geweet het nie,” het John in Oktober verlede jaar in ’n onderhoud aan Huisgenoot vertel. “Ek was baie bekommerd oor wat hulle sou dink.”
Van die terugvoer wat hy sedert die uitreik van die fliek gekry het, is dat dit ’n pynlik realistiese uitbeelding is van hoe kinders by bendegeweld betrek word, en ook van die binnewerkings van hierdie bendes.
Daarom is dit nie die eerste keer dat die arme David deurloop nie. Begin Desember verlede jaar het régte 28’s-bendelede die akteur voor die braairestaurant en kuierplek Mzoli’s, in Gugulethu, geboelie.
’n Video van die voorval buite Mzoli’s wys hoe David homself probeer verdedig. Net soos die nuwe video wat kwansuis wys hoe hy doodgesteek word, is dit duisende keer gedeel.
“Dit gaan nie oor die Agge (28’s) nie,” sê David in die video, waarna die mans hom dreig met: “Ons gaan jou saamvat. Ons laai vir jou f***** in!”
Een van sy aanvallers sê verder hardop David het “ ’n k** movie van die Agge gemaak”.
Noem My Skollie is die verhaal van ’n groep jong vriende wat ’n bende stig. Toe twee van die groeplede in hegtenis geneem word, begin een van hulle in die tronk verhale vertel.
Die vervaardigers van die fliek het toe op Facebook gereageer dat hoewel dit op die lewe van John gegrond is, dit nie ’n dokumentêre film is nie.
Die fliek beeld ook die tronklewe van vyftig jaar gelede uit. As dit nie vir die geweld was, sou die 28’s se belangstelling in David ’n kompliment wees vir sy lewensgetroue spel voor die kameras, voeg die vervaardigers by. | http://www.huisgenoot.com/nuus/plaaslik/wrede-video-laat-mense-gis-of-sa-akteur-doodgesteek-is/ | |
SA akteur beroof en in kattebak geboender | Die akteur en beoordelaar van SA’s Got Talent, Jamie Bartlett, is Vrydagaand in Johannesburg beroof en in sy motor se kattebak geboender, het die polisie Sondag gesê.
Jamie, beter bekend as die konkelende Genaro in die reeks Rhythm City, is in die gesig geslaan toe hy by die verkeerslig op die hoek van Owl- en Froststraat in die Aucklandpark/Brixton-gebied gestaan het, het die polisiewoordvoerder kapt. Kay Makhubele gesê.
Drie mans het vuurwapens op hom gerig en in sy swart Mercedez Benz geklim en hom begin slaan. Die mans het hom toe uit die motor getrek en in die kattebak gedruk.
“Hulle het met hom gery voordat hulle hom by ’n onbekende plek afgelaai het. Hy het gewag tot die oggend en het rondgeloop op soek na hulp,” sê Kay.
Hy is in ’n veld in in Zonkizizwe, naby Katlehong aan die Oos-Rand afgelaai.
Hy het by ’n huis om hulp gevra en die man daar en hom gehelp en die polisie in Zonkizizwe gebel. Kay sê Jamie is beroof van sy voertuig, ’n swart iPhone 7, ’n skouersak en twee goue ringe, waarvan die waarde altesaam R1,2 miljoen beloop.
Jamie was nie dadelik beskikbaar vir kommentaar nie. Die polisie ondersoek die saak.
Bron: News24 | http://www.huisgenoot.com/nuus/plaaslik/sa-akteur-beroof-en-in-kattebak-geboender/ | |
Poppie van der Merwe se vermeende moordenaars die eerste keer saam in hof - kyk video | Kobus Koekemoer en sy vrou, Louisa Koekemoer, het Woensdag die eerste keer saam in die Brits-landdroshof verskyn, presies drie maande ná Poppie se skokmoord op 25 Oktober 2016.
Die egpaar staan tereg op aanklag van moord op die driejarige Poppie van der Merwe. Louisa is Poppie se biologiese ma en Kobus haar stiefpa.
Louisa was geklee in dieselfde uitrusting wat sy op 19 Desember 2016 aangehad het. Kobus, daarenteen, se kop was kaalgeskeer. Hy het na bewering ná ’n mislukte selfdoodpoging ’n paar dae in die hospitaal deurgebring.
#Poppievandermerwe Louisa se prokureur, Adrian Nell, sê #KobusKoekemoer op pad van hospitaal na hof. “Nie so erg beseer nie.” – via @HantiO pic.twitter.com/U1Tzn6vPa7 — Huisgenoot (@huisgenoot) January 25, 2017
Hy het met verbande om sy enkels asook snymerke aan sy polse en linkerarm by die hof opgedaag nadat dit vroeër vanoggend aanvanklik onseker was of hy wel daar sou wees.
Die saak is tot 21 Februarie uitgestel. | http://www.huisgenoot.com/nuus/plaaslik/poppie-van-der-merwe-se-vermeende-moordenaars-die-eerste-keer-saam-in-hof-kyk-video/ |