answer_text
stringclasses 7
values | question_text
stringlengths 12
1.44k
| background_description
sequence | options
sequence | language
stringclasses 1
value |
---|---|---|---|---|
A | Watter paar kragte is betrokke as 'n koppie vanaf 'n tafel val? | [] | [
"(A) Gravitasie en reaksie kragte",
"(B) Hef- en wrywingskragte",
"(C) Positiewe lading en negatiewe lading kragte",
"(D) Noord en suid kragte"
] | afrikaans |
B | Wat is die tiende getal in die patroon 5; 10; 15; 20; …? | [] | [
"(A) 25",
"(B) 50",
"(C) 60",
"(D) 100"
] | afrikaans |
D | Die Versetveldtog het in<u>_______________ </u> begin; | [] | [
"(A) 1948",
"(B) 1952",
"(C) 1960",
"(D) 1962"
] | afrikaans |
B | " … gedurende die winter smag ons almal na warm trooskos wat ons
warm en goed laat voel." (par. 3)
Wat sê die skrywer oor mense se gewoontes in die winter?
Kies die beste verduideliking. | [
"Lees die onderstaande koerantartikel en beantwoord die vrae wat volg.\n<b>Gesonde Leefstyl</b> \n(paragraaf 1) Die winter het ons lywe negatief verander. Ja! Die heerlike bredies, watertand, sagte broodrolletjies saam met verskillende soorte sop en 'n oormaat van tee en koffie. Nou is dit tyd om dit alles te laat staan en aksie te neem om daardie lywe weer reg te kry vir die somer.\n\n(paragraaf 2) Makliker gesê as gedoen. Jy was gewoond om lekker snoesig in jou bed te lê en verskonings uit te dink oor hoekom jy nie hoef op te staan nie. Ek noem dit ons winterhibernering! Wei, hier is 'n skrikwekkende feit wat jou uit die bed kan jaag, twee uit elke drie mense sal sonder twyfel 2 kilogram gedurende die winter optel!\n\n(paragraaf 3) Jy vra waarom of hoe dit gebeur het? Wei, gedurende die winter smag ons almal na warm trooskos wat ons warm en goed laat voel. Dink net aan al die tee en koffie wat jy per dag drink, 'n minimum van 4 koppies per dag met 2 teelepels suiker en melk ... mmm dáár is baie kalorieë! Bredies is vol nuttelose kalorieë en bevat hopeloos te veel koolhidrate; daarmee saam word daar ook nie genoeg geoefen nie. Indien ons al die faktore in ag neem, voorspel dit net een ding: MOEILIKHEID!\n\n(paragraaf 4) Die vraag is nou wat ons kan doen om ons liggame vir die somer reg te kry. Jou liggaam het water nodig om al die voedingstowwe na die verskillende selle te vervoer en dit help jou niere en lewer om afvalstowwe uit te skei. Water help om jou liggaamstemperatuur te reguleer en om jou gewrigte en organe te beskerm. Om koue water in die winter te drink, is nie baie aangenaam nie - dus sal jou vloeistof-inname in die koeler maande afneem. As dit warmer word, is dit 'n goeie tyd om jou vloeistof-inname te vermeerder.\n\n(paragraaf 5) Probeer om ses tot agt glase water per dag te drink. Dit is goed vir jou. Ander vloeistowwe soos melk, tee, koffie en sap kan as 'n aanvulling dien. Begin nou, stap na die waterverkoeler of kraan en kry 'n glas water om te drink. As jy een tot twee glase water, 30 tot 60 minute voor jou hoofmaal drink, sal dit jou voedsel-inname beperk. Dit sal help om jou gewig te beheer.\n\n(paragraaf 6) Dis belangrik om jou gewig te beheer deur die regte kos te eet. Vrugte en groente is 'n uitstekende bran van vitamiene, noodsaaklike minerale, vesel en baie antioksidante. Dit hoef nie ingewikkeld te wees om vrugte en groente te eet nie - eet net meer waarvan jy hou. Kies vars vrugte saam met jou muesli, vars slaai vir middagete, gevriesde groente vir 'n vinnige ete gedurende die week, 'n Vrugtesmoothie gemaak van piesang en bessies kan 'n heerlike versnappering wees. As jy nie van die vrugte en groente hou wat in seisoen is nie en jy kan vrugte en groente wat buite seisoen is beköstig, koop dit dan. Dit is nie belangrik wat jy in jou vrugtebak het nie, maar wat jy eet.\n\n(paragraaf 7) Voedsel is een van die groot plesiere in die lewe, maar dit is belangrik om gesonde kos te eet!\n\n Aangepas uit <i>Aspen Tydskrif</i>, volume 1.4"
] | [
"(A) Die mense hou daarvan om op plekke te wees waar hulle warm en gemaklik voel.",
"(B) Die mense voel tevrede wanneer hulle 'n warm maaltyd gedurende die winter geniet.",
"(C) Die mense voel teleurgesteld wanneer die kos koud bedien word.",
"(D) Die mense raak oorgewig as hulle kos eet wat hulle nie veronderstel is om te eet nie."
] | afrikaans |
A | Wat sal die volgende term in hierdie volgorde wees?
25 ; 21 ; 16 ; 10 ; <u>______</u> | [] | [
"(A) 3",
"(B) 4",
"(C) 5",
"(D) 6"
] | afrikaans |
D | Wat is die ontbrekende nommer in die getalsin?
2 × △ + 10 = 48 ÷ 2 | [] | [
"(A) 19",
"(B) 12",
"(C) 14",
"(D) 7"
] | afrikaans |
C | Watter EEN van die volgende sal op 'n koue dag in die menslike liggaam plaasvind? | [] | [
"(A) Vasodilasie in die vel",
"(B) Toename in die aktiwiteit van die sweetkliere",
"(C) Afname in verdamping van sweet vanaf die veloppervlak",
"(D) Toename in bloedvloei na die oppervlak van die vel"
] | afrikaans |
C | Watter EEN van die volgende verwys na 'n akwifer/waterdraer? | [] | [
"(A) 'n Styging in die temperatuur van watermassas as gevolg van water afkomstig van nywerhede",
"(B) Herhaaldelike aanplant van dieselfde gewas op dieselfde area",
"(C) 'n Ondergrondse deurdringbare rots wat met water versadig is",
"(D) Die vrystelling van water met chemikalieë vanaf myne"
] | afrikaans |
A | Kies die KORREKTE antwoord.
'n Trekkrag wat liggame op mekaar uitoefen as gevlog van hulle massa | [] | [
"(A) Gravitasiekrag",
"(B) Ammeter",
"(C) Kragstuwing",
"(D) Lawa",
"(E) Troposfeer",
"(F) Stratosfeer",
"(G) Smeltdraad",
"(H) Kragtasie"
] | afrikaans |
D | Verwys na die woord "tradisionele" in paragraaf 5.
Kies 'n antoniem (teenoorgestelde) uit die volgende opsies hieronder: | [
"Lees die onderstaande koerantartikel en beantwoord vrae 1-1 - 1-5.\n\n<b>Die Suid-Afrikaanse Vetsugkrisis</b>\n\n(paragraaf 1) Suid-Afrikaners word vetter. Ons is derde geplaas op die wêreld se vetsuglys deur die Compas Groep se 2011 Suidelike Afrika-verslag. Dit is 'n bewys dat vetsug oor die wêreld heen ondervind word.\n\n(paragraaf 2) Vetsug is 'n gesondheidsrisiko wat nie oornag plaasvind nie. Wanneer daar na baie skole se snoepwinkels gekyk word, sien mens baie wegneemstalletjies en kosstalletjies wat agtuur in die oggend oliebolle verkoop en warm aartappelskyfies vir middagete. Daar is ook verkoopmasjiene wat met versoete drankies gepak is. Word daar nie van 'n plek van opvoeding en leer juis verwag dat leerders die gevare van slegte eetgewoontes sal verstaan nie? Moet skole nie self ook gesonder eetgewoontes bevorder nie? Jy sal so dink, maar dit is nie die geval nie.\n\n(paragraaf 3) Nog 'n bydraende faktor is globalisering. Tegnologie het veroorsaak dat ons so vinnig ontwikkel dat wegneemetes deel van ons daaglikse lewens geword het. Die wete dat kos net 'n telefoonoproep ver is en 'n mikrogolfete net 'n paar minute neem om bedien te word, het ons lui gemaak.\n\n(paragraaf 4) As gevolg hiervan, stel die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) voor dat gesonde voedsel in skole en gemeenskappe bevorder word. Gesonde voedsel wat in gemeenskaps- en skooltuine gekweek word, is goedkoper en meer aanvaarbaar as kitskosetes (wegneemetes). In Suid-Afrika word tradisionele kos, soos boontjies, geassosieer met 'n lae sosiale status. Suid_x0002_Afrikaners verkies om te eet soos mense in ryker lande deur gemorskos te koop, wat daartoe gelei het dat oorgewig 'n probleem is wat Suid-Afrikaners in die gesig staar.\n\n(paragraaf 5) Tradisionele Afrika-stapelvoedsel van stysel, suiker en vleis help definitief nie met 'n laekalorie-dieet nie. Ek beweer nie dat tradisionele kos skadelik is of 'n lae voedingswaarde het nie; navorsing het egter getoon dat dit nie genoeg is vir 'n gesonde dieet nie. Hoe balanseer ons tradisie en goeie voeding? Hoe kan ons weer oor ons houding oor kos dink?\n\n(paragraaf 6) Ons moet oor vetsug gesels. Ons moet verstaan waarom so baie van ons vet is. Ons moet dink oor <b>wat</b> ons eet en <b>waarom</b> ons dit eet. Die volgende moet in gedagte gehou word wanneer ons oorgewig beveg: die instel van bewusmakingsprogramme in skole en gemeenskappe, wydverspreide opvoedingoor dieet, gesonde eetplanne en werkswinkels om gesonde kookmetodes te bevorder. Ons moet die beskikbaarheid van ongesonde kos en drankies in openbare plekke soos lughawens, treinstasies, skole en hospitale verminder. Hoe gouer ons begin verstaan wat 'n gesonde dieet werklik beteken, hoe gouer sal ons met ons nasie se ongesonde eetgewoontes kan wegdoen.\n\n[Verwerk uit: News 24, 7 Februarie 2013]\n\n<b>Woordbank:</b>\nVetsug – vet of oorgewig\nGlobalisering – oor die hele wêreld heen"
] | [
"(A) Nasionale",
"(B) Gewoonte",
"(C) Gebruiklike",
"(D) Moderne"
] | afrikaans |
B | Kies die KORREKTE antwoord.
'n Ster, teen die einde van sy lewe, wat opgeswel het | [] | [
"(A) Planetêre nebula",
"(B) Rooi reus",
"(C) Wit dwerg",
"(D) Die son",
"(E) Nebula",
"(F) Swart dwerg",
"(G) Kernfusie / Kernversmelting"
] | afrikaans |
C | Watter getal is 'n faktor van beide 15 en 40? | [] | [
"(A) 3",
"(B) 8",
"(C) 5",
"(D) 15"
] | afrikaans |
B | Werknemers moet eers besluit watter stemming hulle by kliënte en werknemers wil skep voordat hulle 'n kleur vir kantoormure kies, want … | [
"Lees die onderstaande teks versigtig deur en beantwoord dan die vrae wat daarop volg.\n\n<b>DIE ANTWOORD: NET 'N BLIK VERF!</b>\n\n(paragraaf 1) Die antwoord vir groter produktiwiteit en kreatiwiteit by werknemers lê opgesluit in 'n blik verf. Miskien is dit op dieselfde idee gebaseer as musiek vir lêhenne en melkbeeste, alhoewel kreatiwiteit seker nie in hierdie geval nodig is nie.\n(paragraaf 2) Kleurkenners raai werkgewers aan om te dink oor die kleur wat hulle vir hul kantoormure kies. 'n Waaghalsige rooi of 'n dromerige seeblou kan onderskeidelik 'n energieke of kalmerende invloed op jou werknemers en kliënte hê.\n(paragraaf 3)Studies oor dié sielkundige dinamiek van kleur word al baie jare gedoen en wetenskaplike navorsing dui daarop dat kleur veranderinge in 'n mens se gemoedstemming kan meebring – ook in die werkplek. Dit kan weer diensgehalte en produktiwiteit beïnvloed.\n(paragraaf 4)\"Nog voor jy die kleurwiel nader trek om 'n kleurskakering vir jou kantoormure te kies, dink eers aan watter stemming jy by jou kliënte en werknemers wil skep,\" sê me. Kim Meszaros, bemarkingsbestuurder van Kelly-mensehulpbrongroep.\n(paragraaf 5) Groen is die Kelly-groep se persoonlike keuse, sê Meszaros. Volgens haar is groen 'n energieke kleur wat kreatiewe denke stimuleer. Boonop is dit 'n goeie keuse vir 'n kantoor se raadsaal of vir die mure van 'n onderneming soos 'n advertensieagentskap.\n(paragraaf 6) Die meeste mense het twee kleurassosiasies. Die een fokus op die warm kwadrant van die kleurwiel (rooi, geel en oranje) en die ander is koel kleure soos blou, groen en pers.\n(paragraaf 7) \"Kleursielkunde moet egter nie veralgemeen word nie, sê me.Sonica Bucksteg, 'n kleurkenner van Dulux. Die vernaamste kleure en hul assosiasie is rooi (liefde, passie, feestelikheid), blou (kalmte, vrede, koelheid) en swart (magtig, misterieus, elegant), sê sy. Aan die anderkant kan rooi gevaar beteken, blou kan dui op depressie en swart kan as 'n roukleur beskou word.\n(paragraaf 8) Volgens haar verskil die emosionele ervaring van kleur van mens tot mens. Party mense verbind rooi met haat en woede soos ons vind in die uitdrukking \"hy sien net rooi\"' maar dieselfde rooi kleur van die Ferrari sal 'n ander uitwerking op dieselfde mens hê. Bucksteg se raad is om die ruimte, tekstuur, beligting en helderheid of donkerheid van die kleur in ag te neem. Die kleur moet veral 'n gunstige werkervaring meebring.\n(paragraaf 9) 'n Helder verligte kantoor wat byvoorbeeld 'n sagte groen geverf is en gemaklike meubels het, gee 'n gevoel van kalmte, terwyl 'n swak beligte kantoor in bottelgroen jou terneergedruk kan laat voel. Helder kleure moet verkieslik met wit of 'n pastelkleur afgewissel word.\n Helderkleurige kantoormure kan oorstimulerend wees, terwyl eentonige mure nie die werkers stimuleer nie. Verf eerder 'n fokusmuur met 'n helder kleur en hou die res neutraal,\" sê Bucksteg.\n(paragraaf 11) Vir die toekoms voorspel sy 'n sappige, lewendige rooi vir minstens een muur in die kantoor, veral om die swaarmoedigheid oor die wêreldwye ekonomiese afswaai teen te werk.\n(paragraaf 12) \"Rooi is op die oomblik die kleurinspuiting wat positiwiteit en proaktiwiteit vir werknemers kan beteken.\"\n(paragraaf 13) Nou weet ons ook hoekom die kleur swart aan sekere belangrike dae geheg word soos \"Swart Dinsdag\" in Suid-Afrika of \"Swart Vrydag\" in Amerika. Dis onderskeidelik toe vryheid van spraak 'n knou gekry het en die dag ná Danksegging-Donderdag wanneer al die winkels uitverkopings hou om in die swart en nie meer in die rooi te wees nie. . .\n(paragraaf 14) Miskien het ons meer as 'n blik verf nodig om ons positief te laat voel!\n\n[Bron: Rapport, Loopbane24, 27 November 2011]"
] | [
"(A) rooi mure maak werkers aggresief.",
"(B) kleur beïnvloed diensgehalte en produktiwiteit.",
"(C) seeblou mure laat werknemers die heel dag lank droom.",
"(D) kleur beïnvloed nie mense se gemoedstemming nie."
] | afrikaans |
C | Kies die beskrywing uit die opsies wat by hierdie organisasie pas: Restore SA Pty Ltd | [
"AFDELING A: LEESBEGRIP\nVRAAG 1: ARTIKEL\nLees die artikel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.\n\nTEKS A\n\nMOENIE NET PRAAT NIE; DOEN IETS!\nStil-stil maak Suid-Afrikaners 'n verskil\n\n(1) Max Lucado, 'n geestelike skrywer, glo dat elke mens 'n begeerte het om 'n verskil \nop aarde te maak en om iets vir iemand te beteken. Maar om dit te doen, moet \nmense moue oprol. Gelukkig sien ons deesdae al minder ''julle moet''-mense en \nmeer ''ons moet''-mense. Dit is mense wat bereid is om self te doen en te gee.\n\n(2) Ayakha Melithafa, Donalene Johanessen en Candice Mostert is maar net drie [5]\nSuid-Afrikaners wat besluit het om deel te wees van die ''ons moet''-mense wat 'n \nverskil in SA wíl maak.\n\n(3) Ayakha Melithafa se familie is boere wat erg deur die droogte in SA getref is. \nAyakha het navorsing gedoen en agtergekom dat die verandering in klimaat die \noorsaak van die droogte was. Sy het besef dat nog swaarder tye op hulle wag. Toe [10] \nhet sy geweet dat sy mense sal moet bewus maak van klimaatsverandering en die \nnegatiewe gevolge daarvan. Daarom het sy by verskillende organisasies \naangesluit.\n\n(4) Een van hierdie organisasies is Projek 90 teen 2030, wat koolstof teen 2030\nwêreldwyd met 90% wil verminder. Die tweede een is die Afrika Klimaat Alliansie. [15]\nHulle maak mense bewus van klimaatsverandering. Deur hierdie Alliansie het \nAyakha ander jong oorsese omgewingsaktiviste leer ken, onder andere Greta \nThunberg van Swede.\n\n(5) Ayakha wil 'n stem vir die omgewing wees. Sy wil graag sien dat politieke leiers \naandag aan die probleme rondom klimaatsverandering gee. Hulle moenie dink dat [20]\nsy dinge uit haar duim suig nie. Hulle moet mense wat niks daarvan weet nie, inlig. \nHulle moet die jeug en gemeenskappe inspireer om die omgewing beter te bewaar. \nMense moet weet wat hulle kan doen om klimaatsverandering te keer.\n\n(6) In 2013 het Donalene Johanessen Royal Kidz gestig. Dit is 'n nie-winsgewende \norganisasie wat minderbevoorregte kinders op verskillende maniere help. Die [25]\nMarriotts Hotelgroep het ook by hierdie projek betrokke geraak en besluit om lakens \nwat hulle nie meer gebruik nie, vir haar te skenk. Die lakens is van 'n goeie \nkwaliteit; daar is selfs lakens van Egiptiese katoen.\n\n(7) Donalene en haar werkers gebruik hierdie lakens om skoolhemde en warm \nbaadjies vir minderbevoorregte kinders te maak. Uit een koningsgrootte laken kan [30]\n 5 skoolhemde gemaak word. Dis hoe die Sheets for Shirts-projek ontstaan het. \n\n(8) 2019 was 'n goeie jaar. 'n Donasie van 300 skoolhemde is aan Graad R–1-leerders \naan die Primêre Skool Eastville gegee. Vir Mandeladag is meer as 1 000 \nskoolhemde, winterbaadjies en skoene aan leerders van verskillende skole \ngeskenk. [35]\n\n(9) Dit was nog altyd Donalene se droom om 'n vaste werkplek vir plaaslike \nnaaldwerkers te hê. Marriotts het toe R1,2 miljoen vir Donalene gegee om Restore \nSA Pty Ltd te begin. Dit is haar eie besigheid. Sy het 11 vroue en 2 mans in diens,\n'n permanente fabriek in Parow en 'n aanlyn winkel. Sy gebruik 40% van haar \nbesigheid se wins vir Royal Kidz se projekte. [40]\n\n(10) Uiteindelik strek Donalene se projek verder as om net skoolklere te voorsien. \nHierdie projek het ook haar werkers se lewens positief verander. Hulle verdien nou \n'n vaste inkomste, voel goed oor hulleself en het 'n doel in die lewe. Die kinders wat \ndeur haar projek gehelp word, woon nou gereeld skool by.\n\n(11) Donalene pak ook die plastiekprobleem in ons land aan. Sy maak wasgoedsakke [45]\nvir hotelle uit die ou lakens. Nou hoef hotelle nie meer plastieksakke daarvoor te \ngebruik nie.\n\n(12) Nog iemand wat iets omtrent die enorme plastiekprobleem probeer doen, is \nCandice Mostert. Sy ondersteun die idee van ekostene. Ekostene help om\nplastiekafval te verminder. [50]\n\n(13) Vir 'n ekosteen het 'n mens 'n 2 ℓ-koeldrankbottel nodig. Jy vul die bottel met \nskoongewaste plastiek soos penne, plastieksakkies en plastiekbakkies wat nie weer \ngebruik kan word nie. Hierdie ekostene word dan vir verskillende dinge gebruik, \nbv. om vloere en mure op te vul en bankies vir skoolterreine te bou.\n\n(14) Candice se organisasie, Waste-Ed, werk saam met gemeenskappe in die [55]\nWes-Kaap. In 2019 het hulle 20 ton plastiek van vullishope af verwyder en in \nekostene gebruik. Daar is 37 skole wat saam met haar werk. Sy sê ekostene is 'n \ngoeie manier om kinders te leer om die omgewing te bewaar.\n\n(15) Dit is maar drie Suid-Afrikaners wat in die ''ons moet''-span speel. Vir watter span \ndraf jý uit? [60]\n[Eie teks]"
] | [
"A. maak die jeug van herwinning bewus",
"B. fokus net op klimaatsverandering in Afrika",
"C. laat volwassenes menswaardig voel",
"D. fokus op 'n gesonder toekoms vir die wêreld",
"E. laat ander projekte ontwikkel wat op kinders fokus"
] | afrikaans |
C | Watter een van die volgende lande het nie die Geallieerde magte saamgestel nie? | [] | [
"(A) Groot Brittanje",
"(B) Frankryk",
"(C) Japan",
"(D) VSA"
] | afrikaans |
B | Wat is die waarde van die onderstreepte syfer in 80<u>3</u> 461 005? | [] | [
"(A) Drie",
"(B) Drie miljoen",
"(C) Dertig miljoen",
"(D) Dertig duisend"
] | afrikaans |
B | Die opwekking van elektrisiteit deur steenkool te gebruik word ... genoem. | [] | [
"(A) kernkrag",
"(B) termiese elektrisiteit",
"(C) transformasie",
"(D) hidro-elektrisiteit"
] | afrikaans |
D | Rond die volgende nommer af tot die naaste 1 000:
738 551 | [] | [
"(A) 739 551",
"(B) 738 600",
"(C) 738 000",
"(D) 739 000"
] | afrikaans |
E | Kies die KORREKTE antwoord.
Die sfeer waar weerstoestande plaasvind | [] | [
"(A) Gravitasiekrag",
"(B) Ammeter",
"(C) Kragstuwing",
"(D) Lawa",
"(E) Troposfeer",
"(F) Stratosfeer",
"(G) Smeltdraad",
"(H) Kragtasie"
] | afrikaans |
B | Wat is die korrekte paar getalle vir $x$, as $(x - 3)(x + 2) = 0$ ? | [] | [
"(A) $x = -3$ en $x = -2$",
"(B) $x = 3$ en $x = -2$",
"(C) $x = -3$ en $x = 2$",
"(D) $x = 3$ en $x = 2$"
] | afrikaans |
C | Verwys na paragraaf 1.
Volgens 'n verslag in 2011 is vetsug 'n <u>___________</u> probleem. | [
"Lees die onderstaande koerantartikel en beantwoord vrae 1-1 - 1-5.\n\n<b>Die Suid-Afrikaanse Vetsugkrisis</b>\n\n(paragraaf 1) Suid-Afrikaners word vetter. Ons is derde geplaas op die wêreld se vetsuglys deur die Compas Groep se 2011 Suidelike Afrika-verslag. Dit is 'n bewys dat vetsug oor die wêreld heen ondervind word.\n\n(paragraaf 2) Vetsug is 'n gesondheidsrisiko wat nie oornag plaasvind nie. Wanneer daar na baie skole se snoepwinkels gekyk word, sien mens baie wegneemstalletjies en kosstalletjies wat agtuur in die oggend oliebolle verkoop en warm aartappelskyfies vir middagete. Daar is ook verkoopmasjiene wat met versoete drankies gepak is. Word daar nie van 'n plek van opvoeding en leer juis verwag dat leerders die gevare van slegte eetgewoontes sal verstaan nie? Moet skole nie self ook gesonder eetgewoontes bevorder nie? Jy sal so dink, maar dit is nie die geval nie.\n\n(paragraaf 3) Nog 'n bydraende faktor is globalisering. Tegnologie het veroorsaak dat ons so vinnig ontwikkel dat wegneemetes deel van ons daaglikse lewens geword het. Die wete dat kos net 'n telefoonoproep ver is en 'n mikrogolfete net 'n paar minute neem om bedien te word, het ons lui gemaak.\n\n(paragraaf 4) As gevolg hiervan, stel die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) voor dat gesonde voedsel in skole en gemeenskappe bevorder word. Gesonde voedsel wat in gemeenskaps- en skooltuine gekweek word, is goedkoper en meer aanvaarbaar as kitskosetes (wegneemetes). In Suid-Afrika word tradisionele kos, soos boontjies, geassosieer met 'n lae sosiale status. Suid_x0002_Afrikaners verkies om te eet soos mense in ryker lande deur gemorskos te koop, wat daartoe gelei het dat oorgewig 'n probleem is wat Suid-Afrikaners in die gesig staar.\n\n(paragraaf 5) Tradisionele Afrika-stapelvoedsel van stysel, suiker en vleis help definitief nie met 'n laekalorie-dieet nie. Ek beweer nie dat tradisionele kos skadelik is of 'n lae voedingswaarde het nie; navorsing het egter getoon dat dit nie genoeg is vir 'n gesonde dieet nie. Hoe balanseer ons tradisie en goeie voeding? Hoe kan ons weer oor ons houding oor kos dink?\n\n(paragraaf 6) Ons moet oor vetsug gesels. Ons moet verstaan waarom so baie van ons vet is. Ons moet dink oor <b>wat</b> ons eet en <b>waarom</b> ons dit eet. Die volgende moet in gedagte gehou word wanneer ons oorgewig beveg: die instel van bewusmakingsprogramme in skole en gemeenskappe, wydverspreide opvoedingoor dieet, gesonde eetplanne en werkswinkels om gesonde kookmetodes te bevorder. Ons moet die beskikbaarheid van ongesonde kos en drankies in openbare plekke soos lughawens, treinstasies, skole en hospitale verminder. Hoe gouer ons begin verstaan wat 'n gesonde dieet werklik beteken, hoe gouer sal ons met ons nasie se ongesonde eetgewoontes kan wegdoen.\n\n[Verwerk uit: News 24, 7 Februarie 2013]\n\n<b>Woordbank:</b>\nVetsug – vet of oorgewig\nGlobalisering – oor die hele wêreld heen"
] | [
"(A) derdewêreldse",
"(B) eerstewêreldse",
"(C) wêreldwye",
"(D) streeks-"
] | afrikaans |
D | Wat is die waarde van $21\ \times \ 0\ +\ 52$? | [] | [
"(A) 21",
"(B) 0",
"(C) 73",
"(D) 52"
] | afrikaans |
B | Die Sentrale magte bestaan uit... | [] | [
"(A) Brittanje en Frankryk, later VSA",
"(B) Duitsland, Japan en Italië",
"(C) Duitsland, die VSA en Italië",
"(D) Brittanje, Frankryk en Italië"
] | afrikaans |
C | n Funksie van die plasenta is om … | [] | [
"(A) afval vanaf die moeder na die fetus te vervoer.",
"(B) die chorion te vorm.",
"(C) progesteroon af te skei.",
"(D) die vloeistof wat die fetus omring, af te skei."
] | afrikaans |
C | Watter getalsin is gelykwaardig aan $15\ \times \ 22$? | [] | [
"(A) $10 + 5 + 20 + 2$",
"(B) $10\\ \\times \\ 5\\ +\\ 20\\ \\times \\ 2$",
"(C) $15\\ \\times \\ 20\\ +\\ 15\\ \\times \\ 2$",
"(D) $15\\ \\times \\ 20\\ +\\ 2$"
] | afrikaans |
B | Kies die korrekte LIDWOORD.
Vullis wat oral in hope rondlê, is ('n/die) grootste probleem in ons land. | [
"VRAAG 5: ARTIKEL EN PRENT\n- Die nommering in die artikel verwys na die vraagnommer wat beantwoord moet word.\n- Voer die instruksies by elke vraag uit.\n\nLees die artikel en beantwoord die vrae.\nTEKS F: ARTIKEL\n\nHERWINNING ('RECYCLING')\nVullis wat oral in hope rondlê, is (5.1.1) ('n/die) grootste probleem in ons land. Dit lyk baie (5.1.2) (mooi) wanneer honderde plastieksakke oral rondwaai. Dit is ook nie goed vir die natuur nie. Daar val elke jaar byna 8 ton plastiek (5.1.3) (...) die see. Dit is baie nadelig vir die seelewe.\n\nDit het tyd geword dat elke (5.1.4) (land+burger) begin herwin. 'n Mens herwin as (5.1.5) (...) gebruikte produkte vir iets anders gebruik. Dit help (5.1.6) (die baie vullis verminder). Dit bespaar ook natuurlike (5.1.7) (hulpbron) soos hout en water. Ons hoef dan nie so baie daarvan te gebruik om (5.1.8) (nuut) produkte te maak nie.\n\n5.1.9) (Glas papier en plastiek) word nie op dieselfde manier herwin nie. Daarom moet die verskillende soorte (5.1.10) (material/materiaal) van mekaar geskei word voordat dit herwin kan word. Papier wat herwin word, kan weer gebruik word om kartondose te maak. Glas kan gebruik word om ander glasware te maak. (5.1.11) Mense het kleurvolle handsakke en vloermatjies van plastieksakke gevleg. (5.1.12) (Kombuisafval) kan kompos vir die plante word.\n\nHerwinning sorg nie net vir 'n skoner omgewing nie, (5.1.13) (maar) ook vir 'n gesonder omgewing. Almal moet saamwerk om ons omgewing skoon te hou; selfs die (5.1.14) (kinders).\n\n[Verwerk uit huisgenoot.com]"
] | [
"A. 'n",
"B. die"
] | afrikaans |
B | Wat is die ontbrekende getal in die blok in die getallesin □/12= 3 | [] | [
"(A) 4",
"(B) 36",
"(C) 15",
"(D) 8"
] | afrikaans |
D | Waar vind hierdie verhaal plaas? | [
"<b>Lees die teks hieronder en beantwoord dan Vraag 1 tot 6. </b>\nEendag is 'n jong haan na sy pa se bed geroep. Seun, ek is oud en dit is tyd vir my om te sterf,\" het die ou haan gesê. \"Nou is dit jou beurt om die son elke oggend wakker te kraai.\" \n\nDie jong haan het hartseer gestaan en toekyk hoe sy pa swakker en swakker geword het en uiteindelik gesterf het. Vroeg die volgende oggend het die jong haan na die dak van die skuur gevlieg. Hy het daar gestaan, met sy gesig na die ooste. \"Ek het dit nog nooit voorheen gedoen nie,\" het die haan gesê. \"Ek sal my bes moet doen.\" Hy het sy kop opgelig en gekraai. 'n Flou, krapperige kwaak was die enigste geluid wat hy kon uitkry. \n\nDie son het nie opgekom nie. Die lug was vol wolke en 'n sagte motreëntjie het die hele dag geval. Al die plaasdiere het na die haan toe gekom. \"Dis ʼn tragedie!\" het die vark uitgeroep. \"Ons het ons sonskyn nodig!\" het ʼn skaap geskree. \n\n\"Haan, jy moet harder kraai,\" het ʼn bul gesê. \"Die son is drie-en-negentig miljoen kilometer weg. Hoe kan jy verwag dat hy jou sal hoor?\" \n\nDouvoordag die volgende môre het die jong haan weer na die dak van die skuur gevlieg. Hy het diep asem gehaal, sy kop agteroor gegooi en GEKRAAI. Dit was die hardste kraaigeluid wat ooit deur enige haan op die aarde gekraai is. \n\nDie diere het wakker geskrik. \"Wat ʼn geraas!\" het die vark gekla. \"My ore is seer!\" het die skaap geblêr. \"My kop is seer!\" het die bul gebulder. \n\n\"Ek is jammer,\" het die haan geantwoord. \"Ek het net my werk gedoen.\" Hy het dit baie trots gesê, want daar ver in die ooste kon hy die eerste straaltjie van die son oor die boomtoppe sien opkom. \n[Verwerk uit: Fabels van Aesopus]"
] | [
"(A) Langs die bed van die haan se pa",
"(B) In die agterplaas van 'n huis",
"(C) Op die dak van 'n skuur",
"(D) Op 'n plaas met diere"
] | afrikaans |
B | Meneer Tswala het dadelik die ... ontbied. | [
"<b>AFDELING A: KYK- EN LEESBEGRIP</b>\n<b>VRAAG 1: 'N KORTVERHAAL</b>\nLees die volgende kortverhaal mooi deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.\n\n<b>Kortverhaal:<b> deur Charlotte Mbali\n(paragraaf 1) 'n Skool op die platteland besluit op 'n dag om met 'n kosprojek vir die skoolkinders te begin. Hulle wou daagliks 'n gekookte maaltyd aan leerders voorsien. Dit is nodig omdat baie van die kinders elke dag ver skool toe moes stap en dan weer huis toe. Hulle het nie tyd om by hulle huise te eet nie. Die bestuursraad en 'n paar van die ouers het drie kamers vir die kos gebou. Die kamers word elke dag gesluit met sterk slotte en daar was drie kokke wat die kos buite kook.\n\n(paragraaf 2) Op 'n dag kom een van die kokke agter dat die kos wegraak en rapporteer dit toe aan die hoof, Meneer Tswala. Die hoof ontbied toe dadelik die polisie om te help om die kosdief te vang. Die polisie het die pakkamers dopgehou, maar kon nie die dief vang nie.\n\n(paragraaf 3) \"Dit moes iemand in die skool wees,\" sê die polisieman. Die hoof sit met sy hande in sy hare. \"Wat kan ons doen?\" vra die hoof toe.\n\n(paragraaf 4) Die raad stel toe voor dat hulle die sangoma vra om te help om die dief te vang. Die sangoma nooi toe al die kinders, onderwysers en kokke om twaalfuur by die kookplek bymekaar te kom. Hulle moes hul skoon was en mooi aantrek. Hy beveel die hoof om 'n mes en 'n swart haan te bring.\n\n(paragraaf 5) Daardie nag slag hulle die haan en sit dit onder in 'n groot pot. Die sangoma beveel elkeen om op die pot te sweer dat hy of sy nie die dief is nie. Die krag van die pot sal die dief uitwys.\n\n(paragraaf 6) Al die mense doen wat die sangoma sê. Hy beveel hulle toe om hul hande op te lig en na hom te wys. Hy wys toe na een van die kokke as die dief. Sy het geweet sy is skuldig en was bang om aan die vuil, swart pot te vat.\n\n[Verwerk en verkort uit die \"Food Thief and the Chief of Robbers\", Maskew Miller Longman]"
] | [
"(A) ambulans",
"(B) polisie",
"(C) sangoma",
"(D) kokke"
] | afrikaans |
C | Vitamiene C voorkom 'n siekte genaamd … | [] | [
"(A) diabetes.",
"(B) ragitis.",
"(C) skeurbuik.",
"(D) anemie."
] | afrikaans |
D | Watter EEN van die volgende is 'n gevolg as die ronde venster van die oor verhard? | [] | [
"(A) Drukgolwe sal nie gevorm word nie.",
"(B) Impulse sal nie na die brein vervoer word nie.",
"(C) Druk tussen die uitwendige en middeloor sal nie konstant gehou word nie.",
"(D) 'n Eggo sal voorkom en die klank sal verwronge wees"
] | afrikaans |
B | n Chemikalie wat in laboratoriums gebruik word, voorkom dat spoelvesels in selle wat meiose ondergaan, gevorm word. Die gevolg is dat meiose nie kan begin nadat interfase voltooi is nie.
Tydens 'n ondersoek is hierdie chemikalie by die selle in die helmknoppe van rysplante se blomme gevoeg. Elke sel in die helmknop het 24 chromosome.
Wat is die verwagte getal chromosome in elke sel aan die einde van die ondersoek? | [] | [
"(A) 12 gerepliseerde chromosome",
"(B) 24 gerepliseerde chromosome",
"(C) 24 ongerepliseerde chromosome",
"(D) 48 ongerepliseerde chromosome"
] | afrikaans |
C | Mandy se nuwe haardroër het net twee drade wat met 'n driepenprop verbind word. Moontlike rede hiervoor is dat ... | [] | [
"(A) daar iets fout met die haardroër is.",
"(B) alle haardroërs slegs twee drade het.",
"(C) die haardroër 'n plastiekbedekking het.",
"(D) NIE een van bogenoemde NIE"
] | afrikaans |
D | In twee jaar se tyd sal Thandile 1/3 die ouderdom van haar ouer suster wees. As haar ouer suster nou 34 jaar oud, dan is Thandile se ouderdom nou ... | [] | [
"(A) 2 jaar.",
"(B) 11 jaar.",
"(C) 12 jaar.",
"(D) 10 jaar."
] | afrikaans |
D | Die normale plek van bevrugting by 'n vrou is die … | [] | [
"(A) uterus.",
"(B) ovarium.",
"(C) vagina.",
"(D) Fallopiusbuis."
] | afrikaans |
D | Die wet het mense van verskillende rasse verbied om dieselfde publieke fasaliteite te gebruik soos bv. badkamers; | [] | [
"(A) Wet op Bevolkingsregistrasie",
"(B) Wet op ontug",
"(C) Uitbreiding van universiteitswet",
"(D) Reservering van Afsonderlike geriewe"
] | afrikaans |
C | Wat is die waarde van x as $3^{x}=1/9$ | [] | [
"(A) -3",
"(B) 3",
"(C) -2",
"(D) 2"
] | afrikaans |
C | Rond 91 999 af tot die naaste 1 000. | [] | [
"(A) 90 000",
"(B) 91 000",
"(C) 92 000",
"(D) 94 000"
] | afrikaans |
B | Watter van die volgende is hormone wat die ontwikkeling van die endometrium direk stimuleer? | [] | [
"(A) FSH en LH",
"(B) Progesteroon en estrogeen",
"(C) FSH en progesteroon",
"(D) LH en estrogeen"
] | afrikaans |
A | Bereken: $6 + 6 \div 2 - 6 \times ( -2)$ | [] | [
"(A) 21",
"(B) 18",
"(C) 12",
"(D) 0"
] | afrikaans |
C | In 1948, het die <u>_______________ </u>party Apartheid in Suid Afrika ingetsel. | [] | [
"(A) Demokratiese Party",
"(B) Demokratiese Alliansie",
"(C) Nasionale Party",
"(D) Federale Party"
] | afrikaans |
C | Die lys hieronder sluit sekere faktore in wat voedselsekerheid beïnvloed:
(i) Gebruik van plaag-/onkruiddoders
(ii) Gronderosie
(iii) Genetiese modifikasie
(iv) Gebruik van kunsmis
Watter EEN van die volgende kombinasies sluit faktore in wat voedselsekerheid verhoog? | [] | [
"(A) Slegs (ii), (iii) en (iv)",
"(B) Slegs (i) en (iv)",
"(C) Slegs (i), (iii) en (iv)",
"(D) (i), (ii), (iii) en (iv)"
] | afrikaans |
B | Wat beteken die woord "watertand" in die konteks van die paragraaf?
(par. 1) | [
"Lees die onderstaande koerantartikel en beantwoord die vrae wat volg.\n<b>Gesonde Leefstyl</b> \n(paragraaf 1) Die winter het ons lywe negatief verander. Ja! Die heerlike bredies, watertand, sagte broodrolletjies saam met verskillende soorte sop en 'n oormaat van tee en koffie. Nou is dit tyd om dit alles te laat staan en aksie te neem om daardie lywe weer reg te kry vir die somer.\n\n(paragraaf 2) Makliker gesê as gedoen. Jy was gewoond om lekker snoesig in jou bed te lê en verskonings uit te dink oor hoekom jy nie hoef op te staan nie. Ek noem dit ons winterhibernering! Wei, hier is 'n skrikwekkende feit wat jou uit die bed kan jaag, twee uit elke drie mense sal sonder twyfel 2 kilogram gedurende die winter optel!\n\n(paragraaf 3) Jy vra waarom of hoe dit gebeur het? Wei, gedurende die winter smag ons almal na warm trooskos wat ons warm en goed laat voel. Dink net aan al die tee en koffie wat jy per dag drink, 'n minimum van 4 koppies per dag met 2 teelepels suiker en melk ... mmm dáár is baie kalorieë! Bredies is vol nuttelose kalorieë en bevat hopeloos te veel koolhidrate; daarmee saam word daar ook nie genoeg geoefen nie. Indien ons al die faktore in ag neem, voorspel dit net een ding: MOEILIKHEID!\n\n(paragraaf 4) Die vraag is nou wat ons kan doen om ons liggame vir die somer reg te kry. Jou liggaam het water nodig om al die voedingstowwe na die verskillende selle te vervoer en dit help jou niere en lewer om afvalstowwe uit te skei. Water help om jou liggaamstemperatuur te reguleer en om jou gewrigte en organe te beskerm. Om koue water in die winter te drink, is nie baie aangenaam nie - dus sal jou vloeistof-inname in die koeler maande afneem. As dit warmer word, is dit 'n goeie tyd om jou vloeistof-inname te vermeerder.\n\n(paragraaf 5) Probeer om ses tot agt glase water per dag te drink. Dit is goed vir jou. Ander vloeistowwe soos melk, tee, koffie en sap kan as 'n aanvulling dien. Begin nou, stap na die waterverkoeler of kraan en kry 'n glas water om te drink. As jy een tot twee glase water, 30 tot 60 minute voor jou hoofmaal drink, sal dit jou voedsel-inname beperk. Dit sal help om jou gewig te beheer.\n\n(paragraaf 6) Dis belangrik om jou gewig te beheer deur die regte kos te eet. Vrugte en groente is 'n uitstekende bran van vitamiene, noodsaaklike minerale, vesel en baie antioksidante. Dit hoef nie ingewikkeld te wees om vrugte en groente te eet nie - eet net meer waarvan jy hou. Kies vars vrugte saam met jou muesli, vars slaai vir middagete, gevriesde groente vir 'n vinnige ete gedurende die week, 'n Vrugtesmoothie gemaak van piesang en bessies kan 'n heerlike versnappering wees. As jy nie van die vrugte en groente hou wat in seisoen is nie en jy kan vrugte en groente wat buite seisoen is beköstig, koop dit dan. Dit is nie belangrik wat jy in jou vrugtebak het nie, maar wat jy eet.\n\n(paragraaf 7) Voedsel is een van die groot plesiere in die lewe, maar dit is belangrik om gesonde kos te eet!\n\n Aangepas uit <i>Aspen Tydskrif</i>, volume 1.4"
] | [
"(A) Sappig",
"(B) Smaaklik",
"(C) Koud",
"(D) Warm"
] | afrikaans |
C | Watter van die volgende stellings het dieselfde effek as om ʼn voorwerp om die lyn $y = x$ te roteer? | [] | [
"(A) Roteer die voorwerp 270° anti-kloksgewys.",
"(B) Roteer die voorwerp 90° anti-kloksgewys.",
"(C) Roteer die voorwerp 180° kloksgewys.",
"(D) Roteer die voorwerp 90° kloksgewys."
] | afrikaans |
D | Die volgende tabel gee die kraggradering vir ʼn aantal huishoudelike toestelle wat Sarah in haar huis het:
Toestel | Kraggradering (W)
Elektriese klitser | 175
Broodrooster | 700
Televisie | 54
Identifiseer die toestel wat die minste energie in ʼn uur sal gebruik. | [] | [
"(A) Toestel",
"(B) Elektriese klitser",
"(C) Broodrooster",
"(D) Televisie"
] | afrikaans |
B | 'n ... gesteente is afkomstig van 'n vulkaniese rots. | [] | [
"(A) Minerale",
"(B) Stollingsvormige",
"(C) Metamorfiese",
"(D) Sedimentȇre"
] | afrikaans |
A | Hidro-eletrisiteit word as 'n hernubare (nie-opbruikbare) bron van energie
beskou. | [
"Lees die stelling en besluit of dit waar of onwaar is. Trek ʼn kringetjie om W vir waar en O vir onwaar."
] | [
"(A) W",
"(B) O"
] | afrikaans |
A | Die waarde van $-x^{-2} - 2(2x - 1)$, as $x = -2$, is … | [] | [
"(A) 6",
"(B) 1",
"(C) -6",
"(D) -1"
] | afrikaans |
A | VRAAG 5: ARTIKEL EN PRENT
Lees die artikel en beantwoord die vrae.
OUMA VERWERF HAAR MEESTERSGRAAD
Notozi Jennifer Mgobozi is 'n 75-jarige ouma van vyf (5.1.1) (kleinkinders). Sy
het in (5.1.2) (November) 2021 haar meestersgraad in onderwys aan die
Walter Sisulu Universiteit behaal. Sy sê dit was (5.1.3) (maklik), maar beslis
die moeite werd. Haar familie én ander mense is baie trots (5.1.4) (...) haar.
Jennifer is al (5.1.5) (baie) as 40 jaar lank betrokke by onderwys. Sy werk by [5]
NECT, wat probeer (5.1.6) (onderwys in SA verbeter). (5.1.7) (Sy doen juis
haar navorsing oor NECT se program vir Engels as EAT). Sy sal (5.1.8) (bly)
wees as haar navorsing 'n positiewe effek op onderwys het; veral in die
landelike gebiede.
Jennifer sê studies en opleiding het (5.1.9) (iets met ouderdom te doen). [10]
Sy sê daar is nou baie (5.1.10) (geleentheid). As jy (5.1.11) (dus/dis) kan,
moet jy dit doen. Daarom is sy nie van plan om gou af te tree nie. Inteendeel!
(5.1.12) (Sy wil verwerf met lof haar doktorsgraad volgende jaar).
Jennifer is 'n (5.1.13) (inspireer) vir ander. Sy het bewys: (5.1.14) Waar 'n wil
is is 'n weg! [15]
[Verwerk uit Die Burger, 23 November 2021]
Kies die KORREKTE WOORD uit dié tussen hakies.
As jy (dus/dis) kan, moet jy dit doen. | [] | [
"A. dus",
"B. dis"
] | afrikaans |
A | 'n Battery is 'n groep gekoppelde elektriese selle. | [
"Lees die stelling en besluit of dit waar of onwaar is. Trek ʼn kringetjie om W vir waar en O vir onwaar."
] | [
"(A) W",
"(B) O",
""
] | afrikaans |
A | Wat is die boodskap van hierdie artikel? | [
"Lees die onderstaande koerantartikel en beantwoord vrae 1-1 - 1-5.\n\n<b>Die Suid-Afrikaanse Vetsugkrisis</b>\n\n(paragraaf 1) Suid-Afrikaners word vetter. Ons is derde geplaas op die wêreld se vetsuglys deur die Compas Groep se 2011 Suidelike Afrika-verslag. Dit is 'n bewys dat vetsug oor die wêreld heen ondervind word.\n\n(paragraaf 2) Vetsug is 'n gesondheidsrisiko wat nie oornag plaasvind nie. Wanneer daar na baie skole se snoepwinkels gekyk word, sien mens baie wegneemstalletjies en kosstalletjies wat agtuur in die oggend oliebolle verkoop en warm aartappelskyfies vir middagete. Daar is ook verkoopmasjiene wat met versoete drankies gepak is. Word daar nie van 'n plek van opvoeding en leer juis verwag dat leerders die gevare van slegte eetgewoontes sal verstaan nie? Moet skole nie self ook gesonder eetgewoontes bevorder nie? Jy sal so dink, maar dit is nie die geval nie.\n\n(paragraaf 3) Nog 'n bydraende faktor is globalisering. Tegnologie het veroorsaak dat ons so vinnig ontwikkel dat wegneemetes deel van ons daaglikse lewens geword het. Die wete dat kos net 'n telefoonoproep ver is en 'n mikrogolfete net 'n paar minute neem om bedien te word, het ons lui gemaak.\n\n(paragraaf 4) As gevolg hiervan, stel die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) voor dat gesonde voedsel in skole en gemeenskappe bevorder word. Gesonde voedsel wat in gemeenskaps- en skooltuine gekweek word, is goedkoper en meer aanvaarbaar as kitskosetes (wegneemetes). In Suid-Afrika word tradisionele kos, soos boontjies, geassosieer met 'n lae sosiale status. Suid_x0002_Afrikaners verkies om te eet soos mense in ryker lande deur gemorskos te koop, wat daartoe gelei het dat oorgewig 'n probleem is wat Suid-Afrikaners in die gesig staar.\n\n(paragraaf 5) Tradisionele Afrika-stapelvoedsel van stysel, suiker en vleis help definitief nie met 'n laekalorie-dieet nie. Ek beweer nie dat tradisionele kos skadelik is of 'n lae voedingswaarde het nie; navorsing het egter getoon dat dit nie genoeg is vir 'n gesonde dieet nie. Hoe balanseer ons tradisie en goeie voeding? Hoe kan ons weer oor ons houding oor kos dink?\n\n(paragraaf 6) Ons moet oor vetsug gesels. Ons moet verstaan waarom so baie van ons vet is. Ons moet dink oor <b>wat</b> ons eet en <b>waarom</b> ons dit eet. Die volgende moet in gedagte gehou word wanneer ons oorgewig beveg: die instel van bewusmakingsprogramme in skole en gemeenskappe, wydverspreide opvoedingoor dieet, gesonde eetplanne en werkswinkels om gesonde kookmetodes te bevorder. Ons moet die beskikbaarheid van ongesonde kos en drankies in openbare plekke soos lughawens, treinstasies, skole en hospitale verminder. Hoe gouer ons begin verstaan wat 'n gesonde dieet werklik beteken, hoe gouer sal ons met ons nasie se ongesonde eetgewoontes kan wegdoen.\n\n[Verwerk uit: News 24, 7 Februarie 2013]\n\n<b>Woordbank:</b>\nVetsug – vet of oorgewig\nGlobalisering – oor die hele wêreld heen"
] | [
"(A) Probeer om gesond te eet.",
"(B) Vermy tradisionele kos.",
"(C) Berei gemorskos voor.",
"(D) Ondersteun jou skool se snoepwinkel."
] | afrikaans |
C | Die drie belangrikste rotstipes word gevorm vanaf gesmelte gesteentes in die volgende volgorde: | [] | [
"(A) Sedimentêre, Metamorfiese, Magma, Stolling",
"(B) Metamorfiese, Sedimentêre, Stolling, Magma",
"(C) Magma, Stolling, Sedimentêre, Metamorfiese",
"(D) Stolling, Magma, Metamorfiese, Sedimentêre"
] | afrikaans |
B | 'n Stroombaanvorm wat geskik is vir die bedrading in 'n huis. | [] | [
"(A) Seriestroombaan",
"(B) Parallelstroombaan",
"(C) Beide parallel en serie",
"(D) Nie een van die twee stroombane nie"
] | afrikaans |
A | Die gas wat in die atmosfeer gevind word wat aardverwarming veroorsaak, is ... | [] | [
"(A) koolstofdioksied.",
"(B) osoon.",
"(C) stikstof.",
"(D) waterstof."
] | afrikaans |
C | Watter getal is 12 miljoen <b>meer as</b> 375 826 307? | [] | [
"(A) 363 826 307",
"(B) 253 826 307",
"(C) 387 826 307",
"(D) 375 946 195"
] | afrikaans |
A | Watter van die volgende getalle is groter as 657 399 199? | [] | [
"(A) 667 399 199",
"(B) 657 200 199",
"(C) 657 389 200",
"(D) 576 399 991"
] | afrikaans |
B | Watter van die volgende strukture word deur die breinvliese/ meninges beskerm? | [] | [
"(A) Rugmurg en reseptore",
"(B) Rugmurg en brein",
"(C) Brein en effektore",
"(D) Effektore en reseptore"
] | afrikaans |
A | Watter EEN van die volgende materiale is 'n goeie geleier van elektrisiteit? | [] | [
"(A) Koperdraad",
"(B) Hout",
"(C) Plastiek",
"(D) Rubber"
] | afrikaans |
C | n Veld krag ... | [] | [
"(A) is altyd 'n aantrekkingskrag.",
"(B) kom slegs voor tussen magnetiese en elektriese ladings.",
"(C) lei tot 'n aksie oor 'n afstand tussen twee liggame.",
"(D) is die enigste tipe krag wat in staat is om die spoed van 'n voorwerp te verander."
] | afrikaans |
A | Die Apartheidwet wat mense van 'n sekere ras verbied het om sekere stedelike areas te betree; | [] | [
"(A) Groepsgebiedewet",
"(B) Wet op die verbod op gemengde huwelike",
"(C) Wet op die onderdrukking van Kommunisme",
"(D) Wet op Bantoe onderwys"
] | afrikaans |
C | Watter van die volgende kragte is ʼn veldkrag? | [] | [
"(A) Spanning",
"(B) Trekkrag",
"(C) Magnetiese krag",
"(D) Samepersing"
] | afrikaans |
B | Wat is die beste titel vir hierdie storie? | [
"<b>Lees die teks hieronder en beantwoord dan Vraag 1 tot 6. </b>\nEendag is 'n jong haan na sy pa se bed geroep. Seun, ek is oud en dit is tyd vir my om te sterf,\" het die ou haan gesê. \"Nou is dit jou beurt om die son elke oggend wakker te kraai.\" \n\nDie jong haan het hartseer gestaan en toekyk hoe sy pa swakker en swakker geword het en uiteindelik gesterf het. Vroeg die volgende oggend het die jong haan na die dak van die skuur gevlieg. Hy het daar gestaan, met sy gesig na die ooste. \"Ek het dit nog nooit voorheen gedoen nie,\" het die haan gesê. \"Ek sal my bes moet doen.\" Hy het sy kop opgelig en gekraai. 'n Flou, krapperige kwaak was die enigste geluid wat hy kon uitkry. \n\nDie son het nie opgekom nie. Die lug was vol wolke en 'n sagte motreëntjie het die hele dag geval. Al die plaasdiere het na die haan toe gekom. \"Dis ʼn tragedie!\" het die vark uitgeroep. \"Ons het ons sonskyn nodig!\" het ʼn skaap geskree. \n\n\"Haan, jy moet harder kraai,\" het ʼn bul gesê. \"Die son is drie-en-negentig miljoen kilometer weg. Hoe kan jy verwag dat hy jou sal hoor?\" \n\nDouvoordag die volgende môre het die jong haan weer na die dak van die skuur gevlieg. Hy het diep asem gehaal, sy kop agteroor gegooi en GEKRAAI. Dit was die hardste kraaigeluid wat ooit deur enige haan op die aarde gekraai is. \n\nDie diere het wakker geskrik. \"Wat ʼn geraas!\" het die vark gekla. \"My ore is seer!\" het die skaap geblêr. \"My kop is seer!\" het die bul gebulder. \n\n\"Ek is jammer,\" het die haan geantwoord. \"Ek het net my werk gedoen.\" Hy het dit baie trots gesê, want daar ver in die ooste kon hy die eerste straaltjie van die son oor die boomtoppe sien opkom. \n[Verwerk uit: Fabels van Aesopus]"
] | [
"(A) Die dood van 'n haan.",
"(B) 'n Jong haan leer kraai.",
"(C) 'n Pa se laaste woorde aan sy seun.",
"(D) 'n Plaas vol diere."
] | afrikaans |
B | Fossielbrandstowwe is oor duisende jare in die aardkors' gevorm. | [
"Lees die stelling en besluit of dit waar of onwaar is. Trek ʼn kringetjie om W vir waar en O vir onwaar."
] | [
"(A) W",
"(B) O"
] | afrikaans |
B | Watter getalsin is ekwivalent aan $76\ \times \ 24$? | [] | [
"(A) $70\\ \\times \\ 20\\ +\\ 70\\ \\times \\ 4$",
"(B) $76\\ \\times \\ 10\\ +\\ 76\\ \\times \\ 14$",
"(C) $76\\ \\times \\ 30\\ +\\ 76\\ \\times \\ 4$",
"(D) $70\\ \\times \\ 20\\ +\\ 6\\ \\times \\ 4$"
] | afrikaans |
B | Lees die artikel en beantwoord die vrae.
TEKS F: ARTIKEL
MANDELA-KOEK HELP KANKERLYERS
Altesaam 1 200 eiers en 625 (5.1.1) (kilogram) droë bestanddele is gebruik om die wêreld se grootste Nelson Mandela-koek te skep.
Dié koek het meer (5.1.2) (dan/as) 750 kilogram geweeg. Ses bakkers het vyf dae gewerk om die koek vir Cupcakes of Hope te (5.1.3) (bak). Die (5.1.4) (voltooi) koek is in die Sandton City-winkelsentrum uitgestal.
(5.1.5) Cupcakes of Hope doen elke jaar iets vir kinders met kanker. Hierdie koek is gebak om Mandela se geboortedag 'n (5.1.6) (honderd jaar) gelede te vier.
Sandy sê sulke (5.1.7) (geleentheid) is spesiaal. Mandela se kleinkinders was ook daar. Dit het die dag nog meer spesiaal gemaak. Mandela het gesê dat dit in mense se hande is om 'n verskil in (5.1.8) (…) eie gemeenskap te maak.
Die mense van Cupcakes of Hope doen die (5.1.9) (goed) wat hulle kan om 'n verskil in die gemeenskap te maak. Hulle wil 'n (5.1.10) (inspireer) vir meer mense wees om Cupcake-engele te word. Dit maak 'n mens baie (5.1.11) (ongelukkig).
'n Kankerlyertjie se ma was daar (5.1.12) (die organisasie vir hulle werk bedank).
(5.1.13) Cupcakes of Hope het gelede jaar 'n wêreldrekord vir die hoogste kolwyntjietoring opgestel. Dit was nie 'n klein (5.1.14) (toring) nie. Dit het 10,7 m hoog gestaan.
[Verwerk uit Beeld, 28 Julie 2018]
Kies die korrekte WOORD tussen hakies.
Die koek het meer (dan/as) 3 m hoog gestaan. | [] | [
"A. dan",
"B. as"
] | afrikaans |
D | Die beweging van 'n objek in die ruimte rondom sy eie as | [
"<b>PASITEMS</b>\nPas die stellings in <b>KOLOM A</b> by met die korrekte woord in <b>KOLOM B</b>. Skryf dan die korrekte <b>LETTER</b> in <b>KOLOM C</b> langs die nommer.\nVoorbeeld: 2.6. Die vloei van elektrisiteit <u>___________</u>. 2.6: <b>G (Stroom)</b>"
] | [
"(A) Atmosfeer",
"(B) Hernubaar",
"(C) Hidro-elektriese krag",
"(D) Rotasie",
"(E) Geleiers",
"(F) Nie-hernubare"
] | afrikaans |
A | Wie het agtergekom dat daar van die kos wegraak? | [
"<b>AFDELING A: KYK- EN LEESBEGRIP</b>\n<b>VRAAG 1: 'N KORTVERHAAL</b>\nLees die volgende kortverhaal mooi deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.\n\n<b>Kortverhaal:<b> deur Charlotte Mbali\n(paragraaf 1) 'n Skool op die platteland besluit op 'n dag om met 'n kosprojek vir die skoolkinders te begin. Hulle wou daagliks 'n gekookte maaltyd aan leerders voorsien. Dit is nodig omdat baie van die kinders elke dag ver skool toe moes stap en dan weer huis toe. Hulle het nie tyd om by hulle huise te eet nie. Die bestuursraad en 'n paar van die ouers het drie kamers vir die kos gebou. Die kamers word elke dag gesluit met sterk slotte en daar was drie kokke wat die kos buite kook.\n\n(paragraaf 2) Op 'n dag kom een van die kokke agter dat die kos wegraak en rapporteer dit toe aan die hoof, Meneer Tswala. Die hoof ontbied toe dadelik die polisie om te help om die kosdief te vang. Die polisie het die pakkamers dopgehou, maar kon nie die dief vang nie.\n\n(paragraaf 3) \"Dit moes iemand in die skool wees,\" sê die polisieman. Die hoof sit met sy hande in sy hare. \"Wat kan ons doen?\" vra die hoof toe.\n\n(paragraaf 4) Die raad stel toe voor dat hulle die sangoma vra om te help om die dief te vang. Die sangoma nooi toe al die kinders, onderwysers en kokke om twaalfuur by die kookplek bymekaar te kom. Hulle moes hul skoon was en mooi aantrek. Hy beveel die hoof om 'n mes en 'n swart haan te bring.\n\n(paragraaf 5) Daardie nag slag hulle die haan en sit dit onder in 'n groot pot. Die sangoma beveel elkeen om op die pot te sweer dat hy of sy nie die dief is nie. Die krag van die pot sal die dief uitwys.\n\n(paragraaf 6) Al die mense doen wat die sangoma sê. Hy beveel hulle toe om hul hande op te lig en na hom te wys. Hy wys toe na een van die kokke as die dief. Sy het geweet sy is skuldig en was bang om aan die vuil, swart pot te vat.\n\n[Verwerk en verkort uit die \"Food Thief and the Chief of Robbers\", Maskew Miller Longman]"
] | [
"(A) Die hoofkok",
"(B) Die polisie",
"(C) Die sangoma",
"(D) Die leerders"
] | afrikaans |
B | Bepaal die volgende term in die patroon 2; 5; 9; 14; …? | [] | [
"(A) 21",
"(B) 20",
"(C) 19",
"(D) 18"
] | afrikaans |
C | Elektrisiteit wat geproduseer word deur lopende water | [
"<b>PASITEMS</b>\nPas die stellings in <b>KOLOM A</b> by met die korrekte woord in <b>KOLOM B</b>. Skryf dan die korrekte <b>LETTER</b> in <b>KOLOM C</b> langs die nommer.\nVoorbeeld: 2.6. Die vloei van elektrisiteit <u>___________</u>. 2.6: <b>G (Stroom)</b>"
] | [
"(A) Atmosfeer",
"(B) Hernubaar",
"(C) Hidro-elektriese krag",
"(D) Rotasie",
"(E) Geleiers",
"(F) Nie-hernubare"
] | afrikaans |
C | Watter van die volgende is beide 'n <b>volkome vierkant</b> en 'n <b>derdemaggetal</b>? | [] | [
"(A) 1",
"(B) 3",
"(C) 8",
"(D) 2"
] | afrikaans |
C | Gee die ANTONIEM (teenoorgestelde betekenis) van die onderstreepte werkwoord.
"… <u>verminder</u> jou voedsel-inname …" | [
"Lees die onderstaande koerantartikel en beantwoord die vrae wat volg.\n<b>Gesonde Leefstyl</b> \n(paragraaf 1) Die winter het ons lywe negatief verander. Ja! Die heerlike bredies, watertand, sagte broodrolletjies saam met verskillende soorte sop en 'n oormaat van tee en koffie. Nou is dit tyd om dit alles te laat staan en aksie te neem om daardie lywe weer reg te kry vir die somer.\n\n(paragraaf 2) Makliker gesê as gedoen. Jy was gewoond om lekker snoesig in jou bed te lê en verskonings uit te dink oor hoekom jy nie hoef op te staan nie. Ek noem dit ons winterhibernering! Wei, hier is 'n skrikwekkende feit wat jou uit die bed kan jaag, twee uit elke drie mense sal sonder twyfel 2 kilogram gedurende die winter optel!\n\n(paragraaf 3) Jy vra waarom of hoe dit gebeur het? Wei, gedurende die winter smag ons almal na warm trooskos wat ons warm en goed laat voel. Dink net aan al die tee en koffie wat jy per dag drink, 'n minimum van 4 koppies per dag met 2 teelepels suiker en melk ... mmm dáár is baie kalorieë! Bredies is vol nuttelose kalorieë en bevat hopeloos te veel koolhidrate; daarmee saam word daar ook nie genoeg geoefen nie. Indien ons al die faktore in ag neem, voorspel dit net een ding: MOEILIKHEID!\n\n(paragraaf 4) Die vraag is nou wat ons kan doen om ons liggame vir die somer reg te kry. Jou liggaam het water nodig om al die voedingstowwe na die verskillende selle te vervoer en dit help jou niere en lewer om afvalstowwe uit te skei. Water help om jou liggaamstemperatuur te reguleer en om jou gewrigte en organe te beskerm. Om koue water in die winter te drink, is nie baie aangenaam nie - dus sal jou vloeistof-inname in die koeler maande afneem. As dit warmer word, is dit 'n goeie tyd om jou vloeistof-inname te vermeerder.\n\n(paragraaf 5) Probeer om ses tot agt glase water per dag te drink. Dit is goed vir jou. Ander vloeistowwe soos melk, tee, koffie en sap kan as 'n aanvulling dien. Begin nou, stap na die waterverkoeler of kraan en kry 'n glas water om te drink. As jy een tot twee glase water, 30 tot 60 minute voor jou hoofmaal drink, sal dit jou voedsel-inname beperk. Dit sal help om jou gewig te beheer.\n\n(paragraaf 6) Dis belangrik om jou gewig te beheer deur die regte kos te eet. Vrugte en groente is 'n uitstekende bran van vitamiene, noodsaaklike minerale, vesel en baie antioksidante. Dit hoef nie ingewikkeld te wees om vrugte en groente te eet nie - eet net meer waarvan jy hou. Kies vars vrugte saam met jou muesli, vars slaai vir middagete, gevriesde groente vir 'n vinnige ete gedurende die week, 'n Vrugtesmoothie gemaak van piesang en bessies kan 'n heerlike versnappering wees. As jy nie van die vrugte en groente hou wat in seisoen is nie en jy kan vrugte en groente wat buite seisoen is beköstig, koop dit dan. Dit is nie belangrik wat jy in jou vrugtebak het nie, maar wat jy eet.\n\n(paragraaf 7) Voedsel is een van die groot plesiere in die lewe, maar dit is belangrik om gesonde kos te eet!\n\n Aangepas uit <i>Aspen Tydskrif</i>, volume 1.4"
] | [
"(A) afname",
"(B) staak",
"(C) vermeerder",
"(D) verlaag"
] | afrikaans |
D | Watter operasie sal die volgende getal in die patroon gee?
95 ; 90 ; 80 ; 60 ; … | [] | [
"(A) $ \\times \\ 2$",
"(B) $\\div \\ 2$",
"(C) $-20$",
"(D) $-40$"
] | afrikaans |
B | Die sewende term van die ry 1; 7; 17; 31; 49; … is: | [] | [
"(A) 96",
"(B) 97",
"(C) 98",
"(D) 99"
] | afrikaans |
A | Watter EEN van die volgende sal tot 'n afname in watergehalte lei? | [] | [
"(A) Eutrofikasie",
"(B) Gebruik van akwifere (waterdraers)",
"(C) Instandhouding van moeraslande",
"(D) Droogte"
] | afrikaans |
C | Kies die korrekte antwoord.
Die kleur van die werkplek moet " 'n gunstige werkervaring meebring" omdat (paragraaf 8) … | [
"Lees die onderstaande teks versigtig deur en beantwoord dan die vrae wat daarop volg.\n\n<b>DIE ANTWOORD: NET 'N BLIK VERF!</b>\n\n(paragraaf 1) Die antwoord vir groter produktiwiteit en kreatiwiteit by werknemers lê opgesluit in 'n blik verf. Miskien is dit op dieselfde idee gebaseer as musiek vir lêhenne en melkbeeste, alhoewel kreatiwiteit seker nie in hierdie geval nodig is nie.\n(paragraaf 2) Kleurkenners raai werkgewers aan om te dink oor die kleur wat hulle vir hul kantoormure kies. 'n Waaghalsige rooi of 'n dromerige seeblou kan onderskeidelik 'n energieke of kalmerende invloed op jou werknemers en kliënte hê.\n(paragraaf 3)Studies oor dié sielkundige dinamiek van kleur word al baie jare gedoen en wetenskaplike navorsing dui daarop dat kleur veranderinge in 'n mens se gemoedstemming kan meebring – ook in die werkplek. Dit kan weer diensgehalte en produktiwiteit beïnvloed.\n(paragraaf 4)\"Nog voor jy die kleurwiel nader trek om 'n kleurskakering vir jou kantoormure te kies, dink eers aan watter stemming jy by jou kliënte en werknemers wil skep,\" sê me. Kim Meszaros, bemarkingsbestuurder van Kelly-mensehulpbrongroep.\n(paragraaf 5) Groen is die Kelly-groep se persoonlike keuse, sê Meszaros. Volgens haar is groen 'n energieke kleur wat kreatiewe denke stimuleer. Boonop is dit 'n goeie keuse vir 'n kantoor se raadsaal of vir die mure van 'n onderneming soos 'n advertensieagentskap.\n(paragraaf 6) Die meeste mense het twee kleurassosiasies. Die een fokus op die warm kwadrant van die kleurwiel (rooi, geel en oranje) en die ander is koel kleure soos blou, groen en pers.\n(paragraaf 7) \"Kleursielkunde moet egter nie veralgemeen word nie, sê me.Sonica Bucksteg, 'n kleurkenner van Dulux. Die vernaamste kleure en hul assosiasie is rooi (liefde, passie, feestelikheid), blou (kalmte, vrede, koelheid) en swart (magtig, misterieus, elegant), sê sy. Aan die anderkant kan rooi gevaar beteken, blou kan dui op depressie en swart kan as 'n roukleur beskou word.\n(paragraaf 8) Volgens haar verskil die emosionele ervaring van kleur van mens tot mens. Party mense verbind rooi met haat en woede soos ons vind in die uitdrukking \"hy sien net rooi\"' maar dieselfde rooi kleur van die Ferrari sal 'n ander uitwerking op dieselfde mens hê. Bucksteg se raad is om die ruimte, tekstuur, beligting en helderheid of donkerheid van die kleur in ag te neem. Die kleur moet veral 'n gunstige werkervaring meebring.\n(paragraaf 9) 'n Helder verligte kantoor wat byvoorbeeld 'n sagte groen geverf is en gemaklike meubels het, gee 'n gevoel van kalmte, terwyl 'n swak beligte kantoor in bottelgroen jou terneergedruk kan laat voel. Helder kleure moet verkieslik met wit of 'n pastelkleur afgewissel word.\n Helderkleurige kantoormure kan oorstimulerend wees, terwyl eentonige mure nie die werkers stimuleer nie. Verf eerder 'n fokusmuur met 'n helder kleur en hou die res neutraal,\" sê Bucksteg.\n(paragraaf 11) Vir die toekoms voorspel sy 'n sappige, lewendige rooi vir minstens een muur in die kantoor, veral om die swaarmoedigheid oor die wêreldwye ekonomiese afswaai teen te werk.\n(paragraaf 12) \"Rooi is op die oomblik die kleurinspuiting wat positiwiteit en proaktiwiteit vir werknemers kan beteken.\"\n(paragraaf 13) Nou weet ons ook hoekom die kleur swart aan sekere belangrike dae geheg word soos \"Swart Dinsdag\" in Suid-Afrika of \"Swart Vrydag\" in Amerika. Dis onderskeidelik toe vryheid van spraak 'n knou gekry het en die dag ná Danksegging-Donderdag wanneer al die winkels uitverkopings hou om in die swart en nie meer in die rooi te wees nie. . .\n(paragraaf 14) Miskien het ons meer as 'n blik verf nodig om ons positief te laat voel!\n\n[Bron: Rapport, Loopbane24, 27 November 2011]"
] | [
"(A) dit lui werknemers sal aanspoor.",
"(B) werkgewers hulle werknemers goed moet behandel.",
"(C) gelukkige werknemers produktief sal wees.",
"(D) werknemers onmoontlike eise stel."
] | afrikaans |
C | Die breuk met die kleinste waarde hieronder is ...
4/6 ; 9/10 ; 1/2 ; 1/3 | [] | [
"(A) 9/10",
"(B) 1/2",
"(C) 1/3",
"(D) 4/6"
] | afrikaans |
D | Kies die KORREKTE antwoord.
Magma wat uit die oppervlak van die aarde ontsnap | [] | [
"(A) Gravitasiekrag",
"(B) Ammeter",
"(C) Kragstuwing",
"(D) Lawa",
"(E) Troposfeer",
"(F) Stratosfeer",
"(G) Smeltdraad",
"(H) Kragtasie"
] | afrikaans |
A | Watter een van die volgende lande was bekend as kommunisties? | [] | [
"(A) Italië",
"(B) Groot Brittanje",
"(C) Duitsland",
"(D) Frankryk"
] | afrikaans |
D | Wat is die waarde van die onderstreepte syfer 5 in die getal hieronder?
7<u>5</u> 987 432 | [] | [
"(A) 5 duisend",
"(B) 5 tien duisend",
"(C) 500 000",
"(D) $5\\ \\times \\ 1\\ 000\\ 000$"
] | afrikaans |
B | Die vermoë van die lens van die oog om sy vorm te verander wanneer daar gekyk word na 'n voorwerp wat naby of ver is, word ... genoem. | [] | [
"(A) binokulêre visie",
"(B) akkommodasie",
"(C) pupilmeganisme",
"(D) breking van ligstrale"
] | afrikaans |
A | 'n Persoon produseer heel waarskynlik 'n kleiner hoeveelheid urien omdat die ... | [] | [
"(A) ADH-vlakke in die bloed hoog is en die nierbuisies meer deurlaatbaar vir water is.",
"(B) ADH-vlakke in die bloed hoog is en die nierbuisies minder deurlaatbaar vir water is.",
"(C) ADH-vlakke in die bloed laag is en die nierbuisies meer deurlaatbaar vir water is.",
"(D) ADH-vlakke in die bloed laag is en die nierbuisies minder deurlaatbaar vir water is."
] | afrikaans |
B | Mengsel waarin soliede deeltjies oplos in vloeibare deeltjies en verdwyn | [
"Pas die stelling in <b>Kolom A</b> by die korrekte woord in <b>Kolom B</b>. Skryf die korrekte <b>LETTER</b> in <b>Kolom C</b> langs die nommer.\nVoorbeeld: 2.6 Vaste stof wat in vloeistof oplos <u>______</u> <b>2.6=G (opgeloste stof)</b>"
] | [
"(A) Oplosmiddel",
"(B) Oplossing",
"(C) Gebalanseerde dieet",
"(D) Vesel",
"(E) Hardlywigheid",
"(F) Kristallisasie"
] | afrikaans |
B | Wat is die eenheid vir die meting van krag? | [] | [
"(A) Kilogram",
"(B) Newton",
"(C) Gewig",
"(D) Volt"
] | afrikaans |
D | Alistair verkoop fietse. Hy verdien R2 000 per maand, plus R15 vir elke fiets wat hy verkoop. Hy is altesaam R3 200 vir die maand van Oktober betaal. Hoeveel fietse het hy in daardie maand verkoop? | [] | [
"(A) 21",
"(B) 22",
"(C) 1",
"(D) 8"
] | afrikaans |
C | n Wetenskaplike het 'n ondersoek ontwerp om die volgende te toets:
Om meer sout te eet, sal urienproduksie laat afneem en waterverbruik laat toeneem.
Die resultate van die ondersoek word in die tabel hieronder getoon.
HOEVEELHEID SOUT GEBRUIK (g) | VOLUME URIEN GEPRODUSEER (ml) | HOEVEELHEID WATER VERBRUIK (ml)
3 | 1 803 | 2 800
6 | 1 800 | 2 700
9 | 1 805 | 2 600
12 | 1 802 | 2 500
15 | 1 801 | 2 400
'n Moontlike gevolgtrekking uit die resultate hierbo is dat om meer sout te eet, ... | [] | [
"(A) urienproduksie laat afneem en die hoeveelheid water wat verbruik word, laat toeneem.",
"(B) urienproduksie laat toeneem en die hoeveelheid water wat verbruik word, laat afneem.",
"(C) min invloed op urienproduksie het en dat die hoeveelheid water wat verbruik word, afneem.",
"(D) min invloed op urienproduksie het en dat die hoeveelheid water wat verbruik word, toeneem."
] | afrikaans |
D | Verhoed hardlywigheid | [
"Pas die stelling in <b>Kolom A</b> by die korrekte woord in <b>Kolom B</b>. Skryf die korrekte <b>LETTER</b> in <b>Kolom C</b> langs die nommer.\nVoorbeeld: 2.6 Vaste stof wat in vloeistof oplos <u>______</u> <b>2.6=G (opgeloste stof)</b>"
] | [
"(A) Oplosmiddel",
"(B) Oplossing",
"(C) Gebalanseerde dieet",
"(D) Vesel",
"(E) Hardlywigheid",
"(F) Kristallisasie"
] | afrikaans |
D | Kies die beskrywing uit die opsies wat by hierdie organisasie pas: Projek 90 teen 2030 | [
"AFDELING A: LEESBEGRIP\nVRAAG 1: ARTIKEL\nLees die artikel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.\n\nTEKS A\n\nMOENIE NET PRAAT NIE; DOEN IETS!\nStil-stil maak Suid-Afrikaners 'n verskil\n\n(1) Max Lucado, 'n geestelike skrywer, glo dat elke mens 'n begeerte het om 'n verskil \nop aarde te maak en om iets vir iemand te beteken. Maar om dit te doen, moet \nmense moue oprol. Gelukkig sien ons deesdae al minder ''julle moet''-mense en \nmeer ''ons moet''-mense. Dit is mense wat bereid is om self te doen en te gee.\n\n(2) Ayakha Melithafa, Donalene Johanessen en Candice Mostert is maar net drie [5]\nSuid-Afrikaners wat besluit het om deel te wees van die ''ons moet''-mense wat 'n \nverskil in SA wíl maak.\n\n(3) Ayakha Melithafa se familie is boere wat erg deur die droogte in SA getref is. \nAyakha het navorsing gedoen en agtergekom dat die verandering in klimaat die \noorsaak van die droogte was. Sy het besef dat nog swaarder tye op hulle wag. Toe [10] \nhet sy geweet dat sy mense sal moet bewus maak van klimaatsverandering en die \nnegatiewe gevolge daarvan. Daarom het sy by verskillende organisasies \naangesluit.\n\n(4) Een van hierdie organisasies is Projek 90 teen 2030, wat koolstof teen 2030\nwêreldwyd met 90% wil verminder. Die tweede een is die Afrika Klimaat Alliansie. [15]\nHulle maak mense bewus van klimaatsverandering. Deur hierdie Alliansie het \nAyakha ander jong oorsese omgewingsaktiviste leer ken, onder andere Greta \nThunberg van Swede.\n\n(5) Ayakha wil 'n stem vir die omgewing wees. Sy wil graag sien dat politieke leiers \naandag aan die probleme rondom klimaatsverandering gee. Hulle moenie dink dat [20]\nsy dinge uit haar duim suig nie. Hulle moet mense wat niks daarvan weet nie, inlig. \nHulle moet die jeug en gemeenskappe inspireer om die omgewing beter te bewaar. \nMense moet weet wat hulle kan doen om klimaatsverandering te keer.\n\n(6) In 2013 het Donalene Johanessen Royal Kidz gestig. Dit is 'n nie-winsgewende \norganisasie wat minderbevoorregte kinders op verskillende maniere help. Die [25]\nMarriotts Hotelgroep het ook by hierdie projek betrokke geraak en besluit om lakens \nwat hulle nie meer gebruik nie, vir haar te skenk. Die lakens is van 'n goeie \nkwaliteit; daar is selfs lakens van Egiptiese katoen.\n\n(7) Donalene en haar werkers gebruik hierdie lakens om skoolhemde en warm \nbaadjies vir minderbevoorregte kinders te maak. Uit een koningsgrootte laken kan [30]\n 5 skoolhemde gemaak word. Dis hoe die Sheets for Shirts-projek ontstaan het. \n\n(8) 2019 was 'n goeie jaar. 'n Donasie van 300 skoolhemde is aan Graad R–1-leerders \naan die Primêre Skool Eastville gegee. Vir Mandeladag is meer as 1 000 \nskoolhemde, winterbaadjies en skoene aan leerders van verskillende skole \ngeskenk. [35]\n\n(9) Dit was nog altyd Donalene se droom om 'n vaste werkplek vir plaaslike \nnaaldwerkers te hê. Marriotts het toe R1,2 miljoen vir Donalene gegee om Restore \nSA Pty Ltd te begin. Dit is haar eie besigheid. Sy het 11 vroue en 2 mans in diens,\n'n permanente fabriek in Parow en 'n aanlyn winkel. Sy gebruik 40% van haar \nbesigheid se wins vir Royal Kidz se projekte. [40]\n\n(10) Uiteindelik strek Donalene se projek verder as om net skoolklere te voorsien. \nHierdie projek het ook haar werkers se lewens positief verander. Hulle verdien nou \n'n vaste inkomste, voel goed oor hulleself en het 'n doel in die lewe. Die kinders wat \ndeur haar projek gehelp word, woon nou gereeld skool by.\n\n(11) Donalene pak ook die plastiekprobleem in ons land aan. Sy maak wasgoedsakke [45]\nvir hotelle uit die ou lakens. Nou hoef hotelle nie meer plastieksakke daarvoor te \ngebruik nie.\n\n(12) Nog iemand wat iets omtrent die enorme plastiekprobleem probeer doen, is \nCandice Mostert. Sy ondersteun die idee van ekostene. Ekostene help om\nplastiekafval te verminder. [50]\n\n(13) Vir 'n ekosteen het 'n mens 'n 2 ℓ-koeldrankbottel nodig. Jy vul die bottel met \nskoongewaste plastiek soos penne, plastieksakkies en plastiekbakkies wat nie weer \ngebruik kan word nie. Hierdie ekostene word dan vir verskillende dinge gebruik, \nbv. om vloere en mure op te vul en bankies vir skoolterreine te bou.\n\n(14) Candice se organisasie, Waste-Ed, werk saam met gemeenskappe in die [55]\nWes-Kaap. In 2019 het hulle 20 ton plastiek van vullishope af verwyder en in \nekostene gebruik. Daar is 37 skole wat saam met haar werk. Sy sê ekostene is 'n \ngoeie manier om kinders te leer om die omgewing te bewaar.\n\n(15) Dit is maar drie Suid-Afrikaners wat in die ''ons moet''-span speel. Vir watter span \ndraf jý uit? [60]\n[Eie teks]"
] | [
"A. maak die jeug van herwinning bewus",
"B. fokus net op klimaatsverandering in Afrika",
"C. laat volwassenes menswaardig voel",
"D. fokus op 'n gesonder toekoms vir die wêreld",
"E. laat ander projekte ontwikkel wat op kinders fokus"
] | afrikaans |
C | Kies die korrekte antwoord. Omkring die korrekte antwoord.
Hoeveel kamers het hulle vir die kos gebou? | [
"<b>AFDELING A: KYK- EN LEESBEGRIP</b>\n<b>VRAAG 1: 'N KORTVERHAAL</b>\nLees die volgende kortverhaal mooi deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.\n\n<b>Kortverhaal:<b> deur Charlotte Mbali\n(paragraaf 1) 'n Skool op die platteland besluit op 'n dag om met 'n kosprojek vir die skoolkinders te begin. Hulle wou daagliks 'n gekookte maaltyd aan leerders voorsien. Dit is nodig omdat baie van die kinders elke dag ver skool toe moes stap en dan weer huis toe. Hulle het nie tyd om by hulle huise te eet nie. Die bestuursraad en 'n paar van die ouers het drie kamers vir die kos gebou. Die kamers word elke dag gesluit met sterk slotte en daar was drie kokke wat die kos buite kook.\n\n(paragraaf 2) Op 'n dag kom een van die kokke agter dat die kos wegraak en rapporteer dit toe aan die hoof, Meneer Tswala. Die hoof ontbied toe dadelik die polisie om te help om die kosdief te vang. Die polisie het die pakkamers dopgehou, maar kon nie die dief vang nie.\n\n(paragraaf 3) \"Dit moes iemand in die skool wees,\" sê die polisieman. Die hoof sit met sy hande in sy hare. \"Wat kan ons doen?\" vra die hoof toe.\n\n(paragraaf 4) Die raad stel toe voor dat hulle die sangoma vra om te help om die dief te vang. Die sangoma nooi toe al die kinders, onderwysers en kokke om twaalfuur by die kookplek bymekaar te kom. Hulle moes hul skoon was en mooi aantrek. Hy beveel die hoof om 'n mes en 'n swart haan te bring.\n\n(paragraaf 5) Daardie nag slag hulle die haan en sit dit onder in 'n groot pot. Die sangoma beveel elkeen om op die pot te sweer dat hy of sy nie die dief is nie. Die krag van die pot sal die dief uitwys.\n\n(paragraaf 6) Al die mense doen wat die sangoma sê. Hy beveel hulle toe om hul hande op te lig en na hom te wys. Hy wys toe na een van die kokke as die dief. Sy het geweet sy is skuldig en was bang om aan die vuil, swart pot te vat.\n\n[Verwerk en verkort uit die \"Food Thief and the Chief of Robbers\", Maskew Miller Longman]"
] | [
"(A) Twee",
"(B) Vyf",
"(C) Drie",
"(D) Vier"
] | afrikaans |
C | Kies die korrekte antwoord.
Werkgewers behoort die kantoorruimte vir die werknemers te beplan want hulle … | [
"Lees die onderstaande teks versigtig deur en beantwoord dan die vrae wat daarop volg.\n\n<b>DIE ANTWOORD: NET 'N BLIK VERF!</b>\n\n(paragraaf 1) Die antwoord vir groter produktiwiteit en kreatiwiteit by werknemers lê opgesluit in 'n blik verf. Miskien is dit op dieselfde idee gebaseer as musiek vir lêhenne en melkbeeste, alhoewel kreatiwiteit seker nie in hierdie geval nodig is nie.\n(paragraaf 2) Kleurkenners raai werkgewers aan om te dink oor die kleur wat hulle vir hul kantoormure kies. 'n Waaghalsige rooi of 'n dromerige seeblou kan onderskeidelik 'n energieke of kalmerende invloed op jou werknemers en kliënte hê.\n(paragraaf 3)Studies oor dié sielkundige dinamiek van kleur word al baie jare gedoen en wetenskaplike navorsing dui daarop dat kleur veranderinge in 'n mens se gemoedstemming kan meebring – ook in die werkplek. Dit kan weer diensgehalte en produktiwiteit beïnvloed.\n(paragraaf 4)\"Nog voor jy die kleurwiel nader trek om 'n kleurskakering vir jou kantoormure te kies, dink eers aan watter stemming jy by jou kliënte en werknemers wil skep,\" sê me. Kim Meszaros, bemarkingsbestuurder van Kelly-mensehulpbrongroep.\n(paragraaf 5) Groen is die Kelly-groep se persoonlike keuse, sê Meszaros. Volgens haar is groen 'n energieke kleur wat kreatiewe denke stimuleer. Boonop is dit 'n goeie keuse vir 'n kantoor se raadsaal of vir die mure van 'n onderneming soos 'n advertensieagentskap.\n(paragraaf 6) Die meeste mense het twee kleurassosiasies. Die een fokus op die warm kwadrant van die kleurwiel (rooi, geel en oranje) en die ander is koel kleure soos blou, groen en pers.\n(paragraaf 7) \"Kleursielkunde moet egter nie veralgemeen word nie, sê me.Sonica Bucksteg, 'n kleurkenner van Dulux. Die vernaamste kleure en hul assosiasie is rooi (liefde, passie, feestelikheid), blou (kalmte, vrede, koelheid) en swart (magtig, misterieus, elegant), sê sy. Aan die anderkant kan rooi gevaar beteken, blou kan dui op depressie en swart kan as 'n roukleur beskou word.\n(paragraaf 8) Volgens haar verskil die emosionele ervaring van kleur van mens tot mens. Party mense verbind rooi met haat en woede soos ons vind in die uitdrukking \"hy sien net rooi\"' maar dieselfde rooi kleur van die Ferrari sal 'n ander uitwerking op dieselfde mens hê. Bucksteg se raad is om die ruimte, tekstuur, beligting en helderheid of donkerheid van die kleur in ag te neem. Die kleur moet veral 'n gunstige werkervaring meebring.\n(paragraaf 9) 'n Helder verligte kantoor wat byvoorbeeld 'n sagte groen geverf is en gemaklike meubels het, gee 'n gevoel van kalmte, terwyl 'n swak beligte kantoor in bottelgroen jou terneergedruk kan laat voel. Helder kleure moet verkieslik met wit of 'n pastelkleur afgewissel word.\n Helderkleurige kantoormure kan oorstimulerend wees, terwyl eentonige mure nie die werkers stimuleer nie. Verf eerder 'n fokusmuur met 'n helder kleur en hou die res neutraal,\" sê Bucksteg.\n(paragraaf 11) Vir die toekoms voorspel sy 'n sappige, lewendige rooi vir minstens een muur in die kantoor, veral om die swaarmoedigheid oor die wêreldwye ekonomiese afswaai teen te werk.\n(paragraaf 12) \"Rooi is op die oomblik die kleurinspuiting wat positiwiteit en proaktiwiteit vir werknemers kan beteken.\"\n(paragraaf 13) Nou weet ons ook hoekom die kleur swart aan sekere belangrike dae geheg word soos \"Swart Dinsdag\" in Suid-Afrika of \"Swart Vrydag\" in Amerika. Dis onderskeidelik toe vryheid van spraak 'n knou gekry het en die dag ná Danksegging-Donderdag wanneer al die winkels uitverkopings hou om in die swart en nie meer in die rooi te wees nie. . .\n(paragraaf 14) Miskien het ons meer as 'n blik verf nodig om ons positief te laat voel!\n\n[Bron: Rapport, Loopbane24, 27 November 2011]"
] | [
"(A) bring meer tyd op kantoor as by die huis deur.",
"(B) moet hul tyd op kantoor baie geniet",
"(C) kan dan harder werk en nuwe idees uitdink.",
"(D) behoort een groot, gelukkige familie te wees."
] | afrikaans |
B | Die woord ''treurig'' verwys na die spreker se gevoel van … | [
"Bestudeer die gedig en beantwoord vrae6-1 - 6-3.\n<b>Winternag</b>\nDeur Eugene Marais\nO koud is die windjie\n en skraal.\nEn blink in die dof-lig\n en kaal,\nso wyd as die Heer se genade, (versreël 5)\nlê die velde in sterlig en skade.\n En hoog in die rande,\n versprei in die brande,\nis die grassaad aan roere\n soos winkende hande. (versreël 10)\n\nO treurig die wysie\n op die ooswind se maat,\nsoos die lied van 'n meisie\nin haar liefde verlaat.\nIn elk' grashalm se vou (versreël 15)\n blink 'n druppel van dou,\nen vinnig verbleek dit\n tot ryp in die kou!"
] | [
"(A) bangheid.",
"(B) treurigheid.",
"(C) beskerming.",
"(D) geïrriteerdheid."
] | afrikaans |
A | Watter EEN van die volgende toon die resultaat wanneer 'n sel met 20 chromosome mitose ondergaan? | [] | [
"(A)\nGETAL DOGTERSELLE | GETAL CHROMOSOME\n2 | 20",
"(B)\nGETAL DOGTERSELLE | GETAL CHROMOSOME\n2 | 10",
"(C)\nGETAL DOGTERSELLE | GETAL CHROMOSOME\n4 | 20",
"(D)\nGETAL DOGTERSELLE | GETAL CHROMOSOME\n4 | 10"
] | afrikaans |
D | Identifiseer die saamgestelde sin. | [] | [
"(A) Tradisionele kos dra nie tot 'n laekalorie-dieet by nie.",
"(B) Ons moet altyd gesels oor vetsug en ongesond eet.",
"(C) Terwyl ons vetsug beveg, gaan kosstalletjies voort om gemorskos te verkoop.",
"(D) Hy hou van gemorskos en sy hou van tradisionele gesonde kos."
] | afrikaans |
B | Die kors en die boonste gedeelte van die mantel, vorm die … | [] | [
"(A) trofosfeer.",
"(B) litosfeer.",
"(C) atmosfeer.",
"(D) oseaniese kors."
] | afrikaans |
B | Watter EEN van die volgende is 'n gevolg van die vernietiging van vleilande? | [] | [
"(A) Verhoogde biodiversiteit",
"(B) Afname in die beskikbaarheid van water",
"(C) Afname in aardverwarming",
"(D) Verhoogde watergehalte"
] | afrikaans |
B | <b>VRAAG 3: INLIGTINGSTEKS</b>
<b>LEES:</b>
Lees die inligting oor die voordele en nadele van MXit en beantwoord dan die vrae.
<b>Waarom is MXit voordelig?</b>
• MXit is 'n goedkoop manier om te gesels en dit is maklik om te registreer.
• Boodskappe kan in die werklike tyd gestuur word en in kletskamers kan 'n mens met meer as een persoon gelyktydig praat.
• 'n MXit-boodskap kos minder as 'n SMS en 'n MXit-boodskap kan tot 2 048 letters hê, waar 'n SMS net 160 letters kan hê.
• Behalwe in Engels, kan 'n mens in Afrikaans, Xhosa of Zoeloe gesels.
• Jy kan musiek, videospeletjies, lugtyd en elektrisiteit deur MXit koop.
<b>Wat is MXit se nadele?</b>
• Leerders se skoolwerk kan verswak, want MXit is verslawend.
• Mense MXit wanneer hulle eet, gesels, skoolgaan, huiswerk doen en selfs wanneer hulle fliek.
• MXit is onpersoonlik en veroorsaak dat mense nie meer maklik met mense kan gesels en hulle in die oë kyk nie.
• MXit-taal en -skryfstyl kan leerders leer om verkeerd te spel en te skryf.
• Kinders kan maklik op verkeerde kletskamers ingaan wat nie by hulle ouderdom pas nie, want jy hoef nie te se wie jy is nie.
• Dit is baie maklik om 'n kuberboelie te wees. Die boelie hoef nie sy slagoffer in die oë te kyk nie, maar stuur net 'n boodskap.
[Verkry uit "Afrikaans is maklik"]
Kies die korrekte antwoord. Omkring die korrekte antwoord.
'n MXit boodskap kan tot ... letters hê. | [] | [
"(A) 2038",
"(B) 2048",
"(C) 2068",
"(D) 1048"
] | afrikaans |
B | Nagdiere het die vermoe om duidelik in die donker te sien. Hulle het … | [] | [
"(A) groter oë.",
"(B) meer stafies in die retina.",
"(C) meer keëls in die retina.",
"(D) nie 'n blinde vlek nie."
] | afrikaans |
G | Kies die KORREKTE antwoord.
Reaksie waartydens waterstof na helium verander | [] | [
"(A) Planetêre nebula",
"(B) Rooi reus",
"(C) Wit dwerg",
"(D) Die son",
"(E) Nebula",
"(F) Swart dwerg",
"(G) Kernfusie / Kernversmelting"
] | afrikaans |
C | Watter EEN van die volgende is KORREK met verwysing na die homeostatiese beheer van glukose in die menslike liggaam? | [] | [
"(A)\nKLIER | HORMOON AFGESKEI | EFFEK OP DIE VLAK VAN GLUKOSE IN BLOED\nPankreas | Insulien | Styg",
"(B) \nKLIER | HORMOON AFGESKEI | EFFEK OP DIE VLAK VAN GLUKOSE IN BLOED\nPituïtêre | Glukagon | Styg",
"(C) \nKLIER | HORMOON AFGESKEI | EFFEK OP DIE VLAK VAN GLUKOSE IN BLOED\nPankreas | Insulien | Daal",
"(D) \nKLIER | HORMOON AFGESKEI | EFFEK OP DIE VLAK VAN GLUKOSE IN BLOED\nPankreas | Glukagon | Daal"
] | afrikaans |
A | Watter deel van die neuron vervoer impulse na die selliggaam? | [] | [
"(A) Dendriet",
"(B) Miëlienskede",
"(C) Akson",
"(D) Sinaps"
] | afrikaans |
C | ʼn Veldkrag … | [] | [
"(A) is altyd ʼn aantrekkingskrag.",
"(B) vind alleenlik plaas tussen magnetiese en elektriese ladings.",
"(C) is die resultate van ʼn aksie oor die afstand tussen twee liggame.",
"(D) is die enigste tipe krag wat die spoed van ʼn voorwerp verander."
] | afrikaans |