text
stringclasses
2 values
url
stringclasses
2 values
timestamp
stringclasses
2 values
Toe was daar nie plek vir telling teen Ikeys | Netwerk24 Toe was daar nie plek vir telling teen Ikeys Deur Stephen Nell 29 Maart 2016 00:00 Guy Alexander, Ikeys se agtsteman, soek ondersteuning van ’n spanmaat in gister se stryd teen Tuks. Foto: SASPA | Thys Lombard Kaapstad. – ’n Hele paar groot geeste van Ikeys-rugby sou Maandag in hul grafte gedraai of hul koppe in skaamte laat hang het oor die nederlaag van 25-100 teen Tuks hier in die Kaapstad-stadion. Die Ikeys sal nou hul status as Varsitybeker-span in ’n promosie-relegasie-uitspeelwedstryd moet verdedig. Te oordeel na Maandag se vertoning, is daar selfs teen swakker teenstand vir die Ikeys nie veel hoop nie. Hulle het soms verdedig soos die skoner geslag in wedstryde wat laerskoolseuns en -meisies pouses teen mekaar speel. Tuks verdien baie krediet vir ’n puik vertoning. Die enigste kritiek is dat hulle in die tweede helfte ’n uiltjie gaan knip het nadat hulle met die omdraaislag reeds met 63-7 voor was. Hul linkervleuel, Duhan van der Merwe, het ’n allemintige ses drieë gedruk en lyk soos ’n man wat op ’n hoër vlak sy man sal kan staan. Dinge het elke keer gebeur wanneer hy in besit gestel is. Sy eerste drie drieë is tussen die 12de en 22ste minuut in die eerste helfte aangeteken en die res in die laaste kwart. Die grootste vernedering was nadat Marthinus de Beer se strafdoel in die doodsnikke die telbord laat aanrol het. Daar was egter nie plek vir drie syfers nie en die 1 moes bo twee nulle op die telbord pryk. Vir die Ikeys het hul agtsteman en kaptein, Guy Alexander, en losskakel, Thomas Bednall, hard teen die oormag gespook. Van ’n spanpoging was daar egter nie sprake nie – ’n hartseer stand van sake vir ’n universiteit wat twee seisoene gelede nog die Varsitybeker-kroon gedra het. Duhan van der Merwe (7, 9, 9, 7, 7, 9), Andries Swanepoel (7), Ruan Steenkamp (5), Marthinus de Beer (5), Clyde Davids (9), Jan Enslin (5). Doelskoppe: Joshua Stander (12), De Beer (6). Strafdoele: De Beer (3). Ikeys 25 (7): Drieë: Mark Prior (7), Thomas Bednall (9, 9). Meer oor: Varsitybeker | Ikeys
https://www.netwerk24.com/Sport/Rugby/toe-was-daar-nie-plek-vir-telling-teen-ikeys-20160328
2018-11-19T07:24:51Z
I love Woudenberg Koffiemok Trots op Goedkoop I love Woudenberg Koffiemok Trots op Een te gekke koffiemok die je niet mag missen als je in Woudenberg woont. Productcode: 29979 - bbweb
https://www.bbwebwinkel.nl/i-love-woudenberg-koffiemok-trots-op.html
2020-07-12T23:00:56Z
README.md exists but content is empty. Use the Edit dataset card button to edit it.
Downloads last month
2
Edit dataset card