text
stringlengths
571
541k
meta
dict
Die NG kerk op Richmond. Mev. ds. H.J.L. du Toit het die hoeksteen gelê op 3 Oktober 1908. Dr. J.J. Kotzé, Richmond se tweede predikant, 1862 tot 1880. Sy verblyf op Richmond het bygedra tot die volkome herstel van sy gesondheid. Ds. Jan Frederik Berrangé, van 1844 tot 1860 die eerste leraar van Richmond. Ds. Adriaan Moorrees, leraar van 1880 tot 1892 en later gevierde professor aan die Stellenbosse Kweekskool. Dr. J.P. van Heerden, leraar van 1893 tot 1899. Die **NG gemeente Richmond** is 'n gemeente van die Nederduitse Gereformeerde Kerk in die Sinode van Wes-en-Suid-Kaapland, hoewel die Karoodorpie Richmond sedert 1994 in die provinsie Noord-Kaap geleë is. Die gemeente is in November 1843 gestig as slegs die 30ste in die hele Kerk. Binne die provinsiale grense van die Noord-Kaap is dit die tweede oudste gemeente naas die NG gemeente Colesberg, wat op sy beurt onder die Oos-Kaapse Sinode val. Agtergrond ---------- Lang afstande het 'n aantal lidmate van die veldkornetskap Uitvlugt en Winterveld daartoe gebring om 'n gedeelte van die plaas Driefontein van ene J. van der Merwe vir 'n nuwe kerk aan te koop. Die versoek om 'n nuwe gemeente daar te stig, word deur die Ring toegestaan en die eerste kerkraad aangestel, waarvoor die goewerneur, sir Benjamin D'Urban, op 2 November 1843 toestemming verleen en die aanstelling goedgekeur het. Ds. J.F. Berrangé, die gemeente se eerste leraar, is op 26 Oktober 1844 verwelkom en bevestig en die kerkgebou se hoeksteen is op Maandag 28 Oktober 1844 gelê. Die ou woonhuis is verbeter om as kerk te dien en was later bekend as die ou kerk. Ná heelwat moeilikheid is die kerk van klip en baksteen voltooi en op Sondag 28 Februarie 1847 plegtig ingewy. (Dié gebou is met die jare vergroot en verbeter en bly in sy veranderde vorm vandag nog die gemeente se plek van aanbidding.) Anton Anreith, wat ook die houtwerk van die Groote Kerk gedoen het, moes die sierlike preekstoel voor 15 Desember 1853 voltooi het, maar die maak van die preekstoel het langer geduur as die bou van die kerk. Die pastorie is in 1848 voltooi en het tot 1949 diens gedoen. Leraars tydens die eerste eeu ----------------------------- Ds. Berrangé se opvolger was dr. J.J. Kotzé, boesemvriend van ds. J.H. Hofmeyr, indertyd van die NG gemeente Murraysburg en later meer as 40 jaar leraar van die NG gemeente Somerset-Oos. Hy is op 15 Maart 1862 georden en bevestig. Hy was ywerig en het baie vir die plaaslike sending en onderwys gedoen. Hy het ook die diplomastelsel in die Sondagskool ingevoer. In sy tyd skenk die broers Leeb die orrel aan die gemeente. Ná ’n dienstyd van 17 jaar vertrek dr. Kotzé na die NG gemeente Kaapstad, waar hy diens doen van 1880 tot 1899. Op 29 Augustus 1880 word ds. Adriaan Moorrees bevestig. Hy was die stigter van die sustentasiefonds. Hy geniet hoë aansien in die breë gemeenskap en selfs die plaaslike Engelssprekendes vra hom om vir hulle dienste te hou. Ds. Moorrees het hom op Richmond beywer vir die jong mense en laat 'n Christelike Jongeliedevereniging-saal bou. Ook hy het ’n beroep na Kaapstad aangeneem en ontvang sy demissie op 4 September 1892. Hy sluit sy bediening af as gevierde professor aan die Stellenbosse Kweekskool. Sy opvolger, ds. (later dr.) J.P. van Heerden, is op 18 Februarie 1893 bevestig en vertrek op 5 Desember 1898 eweneens na Kaapstad, waar hy 36 jaar arbei tot 1935. Ná hom kom di. J.F. Botha (1899-1903), H.J.L. du Toit (1904-1930), in wie se tyd die hernieude kerkgebou in 1909 ingewy is, A.G.E. van Velden (1930-1936), in wie se tyd herstelwerk aangebring is en die ringmuur teen £2 000 opgerig is, J.C. Cronjé (1936-1941), toe ’n sierlike koshuis van £4 500 gebou is; P.J.J.S. Els (1941-1945), toe die gemeente se eeufees gevier is en ’n gedenkboek uitgereik is asook ’n Eeufeesfonds gestig is waarmee die nuwe pastorie in 1950 voltooi is en J.C. van Loggerenberg (1946-?). Richmond het ’n hele aantal evangeliedienaars opgelewer. Reeds by die halfeeufeesviering in 1904 was daar agt. Galery van leraars ------------------ * Ds. J.F Botha, leraar van 1899 tot 1903.Ds. J.F Botha, leraar van 1899 tot 1903. * Ds. H.J.L. du Toit, leraar van 1904 tot 1930, toe hy emeriteer. Hy is oorlede op 9 Januarie 1947.Ds. H.J.L. du Toit, leraar van 1904 tot 1930, toe hy emeriteer. Hy is oorlede op 9 Januarie 1947. * Ds. A.G.E. van Velden, leraar van 1930 tot 1936.Ds. A.G.E. van Velden, leraar van 1930 tot 1936. * Ds. P.J.J.S. Els, leraar van 1941 tot 1945, was voorheen leraar van die NG gemeente Molteno. Ds. J.F. Botha was op sy beurt leraar van Molteno van 1925 tot 1935 nadat hy van 1899 tot 1903 op Richmond leraar was.Ds. P.J.J.S. Els, leraar van 1941 tot 1945, was voorheen leraar van die NG gemeente Molteno. Ds. J.F. Botha was op sy beurt leraar van Molteno van 1925 tot 1935 nadat hy van 1899 tot 1903 op Richmond leraar was. * Dr Willie Serfontein was leraar van 1961 tot 1966Dr Willie Serfontein was leraar van 1961 tot 1966 * Ds. T.L. Botha, leraar van 1966 tot 1970.Ds. T.L. Botha, leraar van 1966 tot 1970. * Ds. Daniël Jozua Pienaar was een van talle gemeenteseuns wat evangeliedienaar geword het.Ds. Daniël Jozua Pienaar was een van talle gemeenteseuns wat evangeliedienaar geword het. Vorige leraars -------------- * Jan Frederik Berrangé, 1844 - 1860 * Dr. Johannes Jacobus Kotzé, 1862 - 1880 * Adriaan Moorrees, 1880 - 1892 * Dr. Johannes Petrus van Heerden, 1893 - 1899 * Johannes Francois Botha, 1899 - 1903 * Hendrik Johannes Louw du Toit, 1904 - 1930 (emeriteer; oorlede op 9 Januarie 1947) * Anthonie George Eliab van Velden, 1930 - 1936 * J.C. Cronjé, 1936 - 1941 * Petrus Jacobus Johannes Stefanus Els, 1941 - 1945 * Frederik Johannes Christoffel van Loggerenberg, 1946 - ? * Willie Serfontein 1961 - 1966 * Theunis Louis Botha, 1966 - 1970 * Izak Bartholomeus Fourie, 1975 - 30 September 1984 (emeriteer) Bronne ------ * Olivier, ds. P.L. 1952. *Ons gemeentelike feesalbum*. Kaapstad en Pretoria: N.G. Kerk-uitgewers.
{ "title": "NG gemeente Richmond", "mostly_tablelist": false, "tablelist_ratio": [ 1215, 4556, 0.2666812993854258 ], "infobox": [], "td_tables": [], "text_length": 5977 }
**The Sims** is ’n strategie/simulasie-spel van Maxis. Nes ander speletjies deur Maxis, soos SimCity, beskik die speler oor ’n virtuele wêreld. In plaas daarvan om ’n spel te wen of verloor, bepaal die speler die aksies van die karakters, of Sims. Sims het wel ’n "vrye wil" en hoewel die speler hom of haar iets kan laat doen, kan die karakter besluit om eers iets anders te doen of om die opdrag te ignoreer. Die speler besluit hoeveel tyd die Sim moet bestee aan verskillende aktiwiteite, soos lees, kook, redeneer, ens. Daar moet ook in die karakter se basiese behoeftes voorsien word, soos slaap, eet en persoonlike higiëne anders kan die Sim depressief raak, weier om te reageer of selfs doodgaan. The Sims gebruik ’n kombinasie van 3D- en 2D-tegnieke. Die Sims self is 3D, terwyl die huise en voorwerpe 2D is. Die karakters het agt behoeftes en dit kan gesien word deur die kleur op ’n kleurbalk. Hoe groener die balk, hoe gelukkiger is die Sim; hoe rooier die balk hoe ongelukkiger is hy of sy. Die behoeftes is as volg (Afrikaans tussen hakies): * Hunger (Honger) * Energy (Energie) * Comfort (Gemak) * Fun (Plesier) * Hygiene (Higiëne) * Social (Sosiaal) * Bladder (Blaas) * Room (Omgewing) Op ’n balk kan gesien word hoe goed een Sim met ’n ander oor die weg kom (met ’n punt van -100 tot +100). Deur te gesels en saam pret te hê, kry hulle punte by en kan later selfs op ’n ander Sim verlief raak. Hulle kan ook vriende of kwaaivriende maak. In September 2004 is The Sims 2 uitgereik, waarin die hele omgewing 3D is. ’n Ander toevoeging tot die spel was die moontlikheid om kinders te laat opgroei tot volwassenes, Sims te laat ouer word, naweke vir kinders en vakansiedae vir volwassenes. ’n "Wensmeter" is ook bygevoeg waarmee begeertes en vrese vervul kan word. Sims kan belonings kry as baie van hul wense vervul word. ’n Derde spel in die reeks, The Sims 3, word in Junie 2009 uitgereik nadat dit aanvanklik vir Februarie 2009 beplan is. Daarin sal die buurt nie meer opgedeel word in erwe nie, maar die karakters sal vrylik kan rondbeweeg. Die behoeftes is so aangepas dat die speler eerder op sosiale situasies en verhoudings sal kan konsentreer as op die behoeftes van die Sims. Sims sal ook geskep kan word wat heel anders lyk as in The Sims 2. Hulle kan maer of vet wees, kort of lank, en die liggaamsdele kan apart gekies word. Die speler kan ook die velkleur na hartelus verander.
{ "title": "The Sims", "mostly_tablelist": false, "tablelist_ratio": [ 774, 2740, 0.2824817518248175 ], "infobox": [ "<table about=\"#mwt1\" class=\"infobox\" style=\"font-size:90%; width:25em; text-align:left;\">\n<tbody><tr><th colspan=\"2\" style=\"color:#000; background-color:; font-size:120%; text-align:center;\">The Sims</th></tr>\n<tr>\n<td colspan=\"2\" style=\"text-align:center;\"></td></tr>\n<tr>\n<th>Ontwikkelaar</th>\n<td><a class=\"new\" href=\"./Maxis_(software)\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Maxis (software)\">Maxis</a></td></tr>\n<tr>\n<th>Uitgewer</th>\n<td><a class=\"new\" href=\"./Electronic_Arts\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Electronic Arts\">Electronic Arts</a></td></tr>\n<tr>\n<th>Uitgereik</th>\n<td>Februarie 2000</td></tr>\n<tr>\n<th>Genre</th>\n<td>Strategie / Simulasie</td></tr>\n<tr>\n<th>Modus</th>\n<td>Enkele speler</td></tr>\n<tr>\n<th>Platform</th>\n<td><a href=\"./Microsoft_Windows\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Microsoft Windows\">Microsoft Windows</a>, <a class=\"mw-redirect\" href=\"./Mac_OS_X\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Mac OS X\">Mac OS X</a></td></tr>\n<tr>\n<th>Amptelike webtuiste</th>\n<td><a class=\"external autonumber\" href=\"http://thesims.ea.com\" rel=\"mw:ExtLink\"></a></td></tr>\n</tbody></table>" ], "td_tables": [], "text_length": 2429 }
**Nakkie Die Nar** is 'n Afrikaanse liedjie. Lirieke ------- Daar in die Heidelberg kontrei woon ‘n goeie vriend van my Die kinders noem hom Nakkie die Nar Met al die sêgoed wat hy het is hy ‘n bondeltjie vol pret Sy kulkunsies stuur kinders in die war Nakkie die Nar Nakkie die Nar Die kinders lag vir wat jy is en doen Vir jou klere blink en bont En die witkring om jou mond En voete flenter voor uit elke skoen Hi die hi Hi die hou Dis jou manier om kleinmensies te groet Hi die hi (Hi die hi) Hi die hou (Hi die hou) Die kinders lag maar luister ewe soet Robbie sy robot is gebou van draad karton en tou, Sy pittighede wys hy’s wêreld wys En as sy liggies flits en draai laat hy kinders kekkelkraai Want Robbie soek ‘n meisie om te kys Nakkie die Nar Nakkie die Nar Die kinders lag vir wat jy is en doen Vir jou klere blink en bont En die witkring om jou mond En voete flenter voor uit elke skoen Nakkie ou maat Ek wou nog vra Word jy soms ook kwaad Moet jy elke dag jou masker dra? Nakkie die Nar Nakkie die Nar Die kinders lag vir wat jy is en doen Vir jou klere blink en bont En die witkring om jou mond En voete flenter voor uit elke skoen Hi die hi (Hi die hi) Hi die hou (Hi die hou) Dis jou manier om kleinmensies te groet Hi die hi (Hi die hi) Hi die hou (Hi die hou) Die kinders lag maar luister ewe soet Nakkie die Nar Nakkie die Nar Nakkie die Nar Nakkie Nakkie Nakkie Nakkie Nakkie Nakkie Nakkie die Nar
{ "title": "Nakkie Die Nar", "mostly_tablelist": false, "tablelist_ratio": [ 0, 1139, 0 ], "infobox": [], "td_tables": [], "text_length": 1562 }
Ds. J. Oglethorpe is op 14 Julie 1951 as Rensburg se eerste leraar bevestig. Die **NG gemeente Rensburg** is 'n gemeente van die Nederduitse Gereformeerde Kerk in die gelyknamige woonbuurt by Heidelberg, Gauteng. Dit is deel van die Ring van Heidelberg, wat ressorteer onder die Hoëveldse Sinode. Die gemeente was vroeër deel van die histories belangrike Heidelberg, Transvaal, en is op 16 Mei 1950 onder die naam Rensburgdorp daarvan afgestig. Die eerste leraar, ds. J. Oglethorpe, is drie weke ná die afstigting beroep en op 14 Julie deur ds. P.J. Viljoen van Heidelberg in sy amp bevestig. Die bruidskat van die moedergemeente het 'n sierlike kerksaal ingesluit, wat so gebou is dat dit moontlik later in 'n kerk verander kon word. Die ledetal van die gemeente was 'n jaar of wat ná die stigting 860, van wie die grootste deel arm mense was. Meestal was hulle bouers, padwerkers, mynwerkers en pensioentrekkers. Hier was ook twee groot industrieskole (nywerheidskole) waarheen veral seuns uit swak huislike omgewings en uit weeshuise gekom het. Die eerste Dankoffer van die gemeente het alreeds die mooi som van £1150 ingebring. Die kerkraad het besluit om 'n gemeenskapsaal op te rig. Dit sou die eerste van sy soort op die dorp wees. Daar is 'n begin gemaak met sendingwerk in die plaaslike township en alhoewel die aanvoorwerk nie baie bemoedigend was nie, is tog geglo dat die seën van die Here daarop sou rus. In 1970 het die belydende lidmate 602 getel, in 1990 was dit 959, maar teen 2020 het dit teruggesak tot 603. Bron ---- * (af) Olivier, ds. P.L. (samesteller), *Ons gemeentelike feesalbum*. Kaapstad en Pretoria: N.G. Kerk-uitgewers, 1952.
{ "title": "NG gemeente Rensburg", "mostly_tablelist": false, "tablelist_ratio": [ 239, 1510, 0.15827814569536425 ], "infobox": [], "td_tables": [], "text_length": 1668 }
Die **NG Gemeente Riversdal** is die 24ste oudste gemeente van die NG Kerk en die derde oudste tussen Kaapstad en George, waar Swellendam in 1798 en Caledon in 1811 gestig is. Die gemeente se kerkgebou word toegeskryf aan Hermann Kallenbach en A. Reynolds, maar die eintlike argitek was die Skots gebore Alexander Forrest (1878–1943) wat by hulle firma gewerk het. Ds. Johannes Rudolph Albertyn het die hoeksteen op 4 Maart 1908 gelê. Tot en met sy stigting as gemeente het Riversdal deel van die groot gemeente Swellendam uitgemaak, en dr. William Robertson, toe predikant van laasgenoemde gemeente, het van tyd tot tyd oorgekom om dienste hier waar te neem. Die behoefte aan ’n plek van aanbidding is sterk gevoel en op aanbeveling van dr. Robertson is die plaas Doornkraal in Julie 1837 van Hermanus Jacobus Steyn vir die bedrag van sesduisend ryksdaalders gekoop. Die bestaande woonhuis op die plaas was ’n ruim, stewige gebou en die kerkbestuur het besluit om die middelmure te verwyder sodat dit dan as "Godsdienstig Gesticht" sou kon dien. Hierdie eerste plek van aanbidding of "Godsdiensgestig", is op 5 Februarie 1838 plegtig ingewy en was tot 1945 in gebruik. Die dorp Riversdal is genoem na die destydse siviele kommissaris van die distrik Swellendam, Sy Ed. Harry Rivers, wat in die stigting van die gemeente baie belanggestel het. In April 1839 is ds. H.A. Moorrees as die eerste leraar van die pas gestigte gemeente aangestel, met dr. Robertson van Swellendam as die eerste konsulent. Ds. Moorrees se dienstyd was egter van korte duur. In Februarie 1843 het hy die beroep na Kruisvallei (op Tulbagh) aangeneem en daar tot sy dood in 1866 gearbei. Sy opvolger was ds. P.B. Borcherds (1843-’80). Hy het dadelik aandag gegee aan die bou van die kerk vir die gemeente. Kollektelyste is deur die verskillende veldkornette rondgeneem en erwe is verkoop om fondse in te samel. Op 13 Januarie 1844 is die hoeksteen van ’n nuwe kerkgebou gelê en op 11 April 1845 het die plegtige inwyding plaasgevind. Die gebou, wat £2 500 gekos het, is binne vier jaar ten volle betaal. Die eerste pastorie is in 1856 gebou en is dekades lank as ’n koshuis vir dogters gebruik. In 1880 is die eerste pastorie aan die skoolkommissie vir onderwysdoeleindes afgestaan en ’n tweede pastorie is regoor opgerig; daar het ds. P.J.G. de Vos (later prof.) sy intrek geneem. Ook die tweede pastorie, later bekend as Huis De Vos, is as ’n koshuis vir hoërskooldogters gebruik. Die ou kerkgebou is in 1907 afgebreek en die huidige kerk is in 1908 op dieselfde plek opgerig. Die ontwerp van die nuwe kerk word toegeskryf aan Hermann Kallenbach en A. Reynolds, maar die eintlike argitek was die Skots gebore Alexander Forrest (1878–1943) wat by hulle firma gewerk het. Ds. Johannes Rudolph Albertyn het die hoeksteen op 4 Maart 1908 gelê. Dit bied sitplek aan meer as die 1 600 kerkgangers. In 1955 het die eerste en enigste dogtergemeente op die dorp, Riversdal-Wes, van die moedergemeente afgestig. Die gemeentes Ladismith (1850), Heidelberg (1855), Vanwyksdorp (1904), Albertinia (1904) en Stilbaai (1942) kan as dogtergemeentes van Riversdal beskou word. Gedurende die eerste 100 jaar van sy bestaan het 10 predikante die gemeente bedien. Enkele leraars -------------- * Jasper van der West­huizen, ? – 29 Februarie 2020 Bronne ------ * (nl) Maeder, ds. G.A. en Zinn, Christian. 1917. *Ons Kerk Album*. Kaapstad: Ons Kerk Album Maatschappij Bpkt. * (af) Olivier, ds. P.L. (samesteller), 1952. *Ons gemeentelike feesalbum*. Kaapstad en Pretoria: N.G. Kerk-uitgewers.
{ "title": "NG gemeente Riversdal", "mostly_tablelist": false, "tablelist_ratio": [ 361, 3087, 0.11694201490119857 ], "infobox": [], "td_tables": [], "text_length": 3573 }
Ds. D.T. van Loggerenberg het die hoeksteen van die kerkgebou op 3 Junie 1972 gelê. Ds. J.W. Dednam, leraar van 1943 tot 1947. Ds. J.T. Jordaan, leraar van 1951 af. Die **NG gemeente Premiermyn** is ’n gemeente in die Nederduitse Gereformeerde Kerk se Oostelike Sinode met sy middelpunt op die dorp Cullinan in Gauteng, 30 km oos van Pretoria. Stigting -------- Hierdie gemeente is in 1920 van die gemeente Erasmus afgestig, maar die notule van die stigtingsvergadering het verlore geraak. Die hoeksteenlegging van die kerkgebou is in Oktober 1910 deur sir. T.M. Cullinan waargeneem, na wie die dorpie genoem is. Op 'n kerkraadsvergadering gehou op 10 April 1920 is ds. D.A. Malan beroep as die eerste leraar van die gemeente. Vir 'n tydperk van ses jaar arbei hy hier met groot ywer. Die gemeente bly daarna vakant en op 19 Februarie 1927 word ds. R.D. Rens hier bevestig, en hy arbei in die gemeente tot 29 Februarie 1932. Groot depressie --------------- Kort ná die vertrek van ds. Rens het die eerste tekens van die depressie verskyn, met die gevolg dat die diamantmark in duie gestort het. Die De Beers-maatskappy, eienaars van die Premiermyn, is genoodsaak om die myn te sluit en die werknemers af te dank. Van die ongeveer 600 huisgesinne het slegs 15 of 20 agtergebly. Vanselfsprekend 'n uiters moeilike tydperk vir die gemeente, maar ofskoon dit 'n baie taai stryd was, wou hulle nie weer by die moedergemeente aansluit nie. Gedurende hierdie tyd is waardevolle dienste aan die gemeente bewys deur persone soos eerw. Endemann, di. Weiss en Gerryts, wat nieteenstaande hul eie groot gemeentes, tog nog hier ook kon help. Herlewing --------- Die uitbreek van die Tweede Wêreldoorlog het 'n herlewing gebring as gevolg van groot militêre kampe wat hier opgerig is. Nadat die gemeente vir 11 jaar en ses maande jaar vakant was, kon hulle weer op 14 Augustus 1943 vir ds. J.W. Dednam as eie leraar verwelkom. Op 18 Januarie 1947 vertrek ds. Dednam en word hy deur ds. L. de Clercq opgevolg. Die ledetal van die gemeente het vinnig begin daal met die beëindiging van die oorlog, maar gedurende 1947 word met bouwerk aan die Premiermyn begin en 'n vinnige groei van die ledetal vind plaas. Ds. L. de Clercq vertrek op 28 Januarie 1951 en word deur ds. J.T. Jordaan opgevolg. Die gemeente het in sy tyd bestaan uit 629 lidmate, en het vinnig gegroei namate meer uitbreidings hier plaasgevind het. Ook op die gebied van die sending is destyds goeie vordering gemaak. Die gemeente het 'n evangelis gehad wat 'n taamlik uitgestrekte sendingwerkkring bearbei het. Bronne ------ * Olivier, ds. P.L. (samesteller), *Ons gemeentelike feesalbum*. Kaapstad en Pretoria: N.G. Kerk-uitgewers, 1952. Sien ook -------- * Gereformeerde kerk Cullinan
{ "title": "NG gemeente Premiermyn", "mostly_tablelist": false, "tablelist_ratio": [ 122, 2232, 0.05465949820788531 ], "infobox": [], "td_tables": [], "text_length": 2758 }
'n Elektriese figuursaag Battery-aangedrewe figuursaag T-skaglemme 'n **Figuursaag** bestaan uit 'n elektriese motor wat 'n resiprokerende saaglem aandryf. 'n Saag met 'n skuinsfunksie aan die voetplaat laat toe vir die saag van hoeke tot 45 grade relatief tot die normale vertikale slag, vir die sny van skuinsvlakke vir 'n verstekvoeg. Lemme ----- Daar is 2 hooftipes lempassings in gebruik. Die ouer tipe gebruik 'n skroef om die lem vas te hou; by die nuwer tipe skuif die lem slegs in die passtuk in. 'n Wye verskeidenheid van lemvorme word gebruik, insluitend: * verskillende "tande per duim" (dus growwer of fyner) * 'n lemrand vir die sny van sagte materiaal * geknakte lemme om terugslag van die lem te voorkom, dit laat gladde saag toe * dun lemme laat die saag van skerper kurwes toe. * drukslaglemme om skade aan die bo-oppervlak te verhoed. Beheerbaarheid -------------- Beheer is 'n probleem met dekopeersae. Die lemme is klein, swak en geensins ondersteun aan die onderkant nie. Goeie sny beheer vereis die teenwoordigheid van lemrollers, wat die lem in lyn hou net bo die voetplaat. Om 'n figuursaag te lei op 'n geboë snit, moet dit gestuur word (draai) en nie geforseer word om sywaarts te skuif nie. Die gebruik van skerp lemme is ook belangrik om 'n hoëgehalte snit te verkry.
{ "title": "Figuursaag", "mostly_tablelist": false, "tablelist_ratio": [ 230, 1056, 0.2178030303030303 ], "infobox": [], "td_tables": [], "text_length": 1303 }
   *Hierdie artikel behoort versmelt te word met Radiografie.* Die doel van die **röntgendiagnostiek** as 'n onderdeel van die geneeskunde is die vasstelling en opvolging van afwykings deur middel van röntgenstrale. Op die meeste röntgenfoto's is eintlik net die skelet herkenbaar, terwyl daar rondom die sigbare skelet min of meer 'n gelykmatige grys veld voorkom. Die longe vorm 'n uitsondering omdat dit lug bevat wat as swart gebiede afgebeeld word. Om meer van die strukture binne die liggaam sigbaar te maak, kan die liggaamsholtes met 'n kontrasmiddel gevul word. Röntgenstrale (X-strale) behoort tot dieselfde kategorie as ligstrale (elektromagnetiese golwe), maar kan baie beter deur materie dring. Hul deurdringingsvermoë is egter nie onbeperk nie: die intensiteit van röntgenstrale neem af tydens die beweging daarvan deur materie. Die mate van verswakking van die röntgenstrale hang af van die soort röntgenstraal (golflengte) en van die tipe stof waardeur dit beweeg. Die strale word, wanneer dit deur ʼn voorwerp gaan wat uit verskillende stowwe opgebou is, in wisselende mates verswak, en agter die voorwerp ontstaan dan ʼn skadubeeld. 'n Nadeel van röntgenstrale is dat hulle nie deur die menslike oog waargeneem kan word nie en slegs sigbaar gemaak kan word deur die gebruik van hulpmiddels. In die mediese diagnostiek gebeur dit hoofsaaklik deur middel van 'n fotografiese plaat (röntgenfilm) of ʼn verligtingskerm. Laasgenoemde is 'n glasplaat waarop 'n laag kristalle aangebring is. Die kristalle word verlig wanneer röntgenstrale daarop val. Wanneer so 'n verligtingskerm gebruik word vir die waarneming van die skadubeeld van 'n voorwerp, word dit "deurligting" genoem; die bewegings van onder andere die hart en longe kan hiermee waargeneem word. Die beeld op die skerm, wat ligswart is, kan versterk word met behulp van ʼn beeldversterker. Van die beeld op die beeldversterker kan dan foto's of filmopnames gemaak word. Die beeld kan ook via 'n televisiekamera op 'n monitor weergegee word. Op die röntgenfoto kan baie min soorte weefsels onderskei word omdat die röntgenstrale slegs in baie geringe mate deur die verskillende weefsels in die liggaam verswak word. Die skeletdele, waardeur die strale baie verswak word, word waargeneem as gebiede wat slegs effens swart is. Net so vertoon kalkhoudende stene, byvoorbeeld in die nierbekken of galblaas, ook baie duidelik. Die ander weefsels (sagte weefsels) is nie van mekaar onderskeibaar nie en is min of meer alma I gelykmatig grys afgebeeld. Op die plaat waar gas voorkom (byvoorbeeld in die longe), word die röntgenstrale feitlik glad nie verswak nie, sodat dit as swart gebiede waargeneem word. Indien die strukture binne die liggaam duideliker sigbaar moet wees, kan die holtes waar moontlik met gas ('n negatiewe kontrasmiddel) gevul word. Hierdeur word al die swart vlekke op die film sigbaar. Andersins kan die röntgenstrale met die een of ander stof baie nie stralingsdeurlaatverswak word, waardeur die holtes as ligte vlekke afgebeeld word. So ʼn stof staan bekend as 'n positiewe kontrasmiddel. In die praktyk word hoofsaaklik van barium en jodium gebruik gemaak as bestanddele van positiewe kontrasmiddels. Geskiedenis ----------- Kort na die ontdekking van röntgenstrale deur Wilhelm Conrad Röntgen (1845-1923) is daar in die hele wêreld 'n begin gemaak met die mediese toepassing daarvan. In Nederland het die vooraanstaande Amsterdamse senuwee-arts J.V.A. Wertheim-Salomonson (1864-1922) in 1899 'n buitengewone hoogleraarskap in röntgengenologie aan die Universiteit van Amsterdam verkry. Hy was die eerste persoon ter wêreld wat so 'n steel beklee het. Gedurende die beginjare is daar behalwe die mediese diagnostiek met behulp van röntgenstrale ook werk gedoen ten opsigte van die behandeling van pasiënte met warmtestrale, kortgolfstrale en ultraviolet lig. Later het die behandeling van swelsels met röntgenstrale (radioterapie) ontwikkel, asook die toepassing van kunsmatige radioaktiewe stowwe in die geneeskunde (kerngeneeskunde). Tans ontwikkel die röntgendiagnostiek, radioterapie en kerngeneeskunde in afsonderlike rigtings. Die behandeling met warmtestrale is na die vyftigerjare volledig oorgeneem deur fisioterapeute en deur artse wat hulle besig gehou het met fisioterapie. Gevare ------ Naas die onskatbare bydrae van röntgenstrale ten opsigte van die opsporing en behandeling van siektes, moet daar egter ook gewys word op die skadelike gevolge daarvan. Die eerste ondersoekers was nie hiervan bewus nie en het dikwels met hul eie lewens vir hul bedrywighede in die röntgengenologie geboet. Die berugste gevaar is die röntgenulkus (röntgensweer), 'n defek in die vel wat ontstaan op plekke waar die röntgenstrale te intens was. Gevalle is ook bekend waar oordosering verantwoordelik was vir die ontstaan van bepaalde vorme van kanker. Vandag kom hierdie risiko's weens voorskrifte en tegniese voorsorgmaatreëls nie meer in die röntgendiagnostiek voor nie. Die toepassing van röntgenstrale moet egter beperk word omdat dit onder andere sekere veranderings kan veroorsaak in die gene (draers van die erflike eienskappe) van die geslagselle. Sulke veranderings kom dikwels eers geslagte later na vore. Apparaat -------- Toestelle vir mediese röntgenondersoeke is gekompliseerd en derhalwe ook baie duur. Naas die röntgenbuis, waarin die strale opgewek word, en die transformator vir die verkryging van elektriese stroom met 'n baie hoë spanning, is daar rondom die buis ʼn apparaat aangebring wat dien om die bondel strale te rig sodat geen röntgenstrale buite die gewenste gebied val nie. Verder is 'n beeldversterker nodig om die swak ligbeeld van die verligtingskerm in ʼn helder beeld om te sit, en ten slotte moet die persoon wat ondersoek moet word, in die röntgenbundel geplaas kan word. Dit is ook gewens dat hy tydens die ondersoek in verskillende houdings geplaas kan word (byvoorbeeld lê of staan). Afgesien van toestelle wat spesiaal ontwerp is vir die ondersoek van die verskillende organe is daar ook apparatuur ontwikkel wat op spesifieke doelwitte gerig is, soos tomografie (vlakkebeelding) en rekenaartomografie. Die skadubeeld wat in die röntgenstraal ontstaan na deurgang deur 'n voorwerp, bestaan uit die som van die verswakkings wat veroorsaak is deur die deurgaan van die strale deur elke agtermekaarliggende struktuur. Deur middel van tomografie word daarenteen slegs die verswakking in een bepaalde vlak afgebeeld. Sodoende ontstaan 'n deursneebeeld. Ook by rekenaartomografie word, soos deur die naam aangedui, 'n deursneebeeld geproduseer en kan nie alleen been- en sagte weefsel onderskei word nie, maar ook verskillende sagte weefsel onderling. In enkele gevalle kan hierdie metode die ondersoek wat met kontrasmiddels gedoen word, vervang en kan daar bowendien weefsels sigbaar gemaak word wat vantevore nie afbeeldbaar was nie omdat daar geen metode bekend was om hierdie weefsel met kontrasmiddel te vul nie. Röntgenondersoeke met kontrasmiddels ------------------------------------ Enkele ondersoeke wat dikwels uitgevoer word en waarby positiewe kontrasmiddels gebruik word, is die ondersoek van die maag-dermstelsel, die niere en urienweë, galblaas en galweë, asook van die bloedvate. Vir die ondersoek van die maag-dermstelsel word gebruik gemaak van bariumsulfaat, wat gedrink word as 'n suspensie in water of wat per klisma (inspuiting in die anus) in die dikderm beland. Vir 'n ondersoek van die niere en urienweë word van 'n vloeibare jodiumhoudende kontrasmiddel gebruik gemaak. 'n Afbeelding van 'n nierbekken wat met 'n kontrasmiddel gevul is, word 'n piëlogram (urienbaanbeeld) genoem; dit kan verkry word deur kontrasmiddel via 'n buisie in die blaas in die urienweë in te spuit (retrograde piëlogram) of deur dit in 'n aar in te spuit (intraveneuse piëlogram of IVP). In laasgenoemde geval word die stof deur die niere uitgeskei en kom dit so in die urienweë te lande, waardeur hierdie gebiede op die röntgenfoto sigbaar word. 'n Soortgelyke prosedure word gevolg by die afbeelding van die galweë (cholangiogram) en die galblaas (cholesistogram). Hierby word die jodiumverbinding, wat of in tabletvorm gedrink, of in vloeibare oplossing in die bloedvate ingespuit word, deur die lewer saam met die gal uitgeskei. Vir die sigbaarmaking van bloedvate word 'n kateter ('n dun pypie) in 'n bloedvat ingesteek en opgestoot (vaatkateterisasie) tot so naby moontlik aan die gebied wat ondersoek moet word. Hierna word 'n jodiumbevattende kontrasmiddel via die kateter in die bloedvat ingespuit. Op 'n röntgenfoto wat dan geneem word, kan die bloedvate waargeneem word omdat hulle met die kontrasmiddel gevul is. Die afbeelding van slagare word ʼn arteriogram en die van are 'n flebogram genoem. Jodiumbevattende kontrasmiddels het die nadeel dat sommige persone allergies daarop reageer. As negatiewe kontrasmiddel word lug, suurstof of koolsuurgas gebruik. Lug vind veral toepassing by die ondersoek van gewrigte (artrogram) en van die brein (pneumoënsefalogram). In laasgenoemde geval word 'n deel van die breinvog vervang deur lugmiddels via 'n suboksipitale punksie ('n gaatjie op die hoogte van die foramen agter in die skedel), of deur middel van 'n lumbale punksie (insteek van die naald in die lendegebied). Bronnelys --------- * Wêreldspektrum, 1982, ISBN 0908409656, volume 24, bl. 101 - 103
{ "title": "Röntgendiagnostiek", "mostly_tablelist": false, "tablelist_ratio": [ 55, 7868, 0.0069903406202338585 ], "infobox": [], "td_tables": [], "text_length": 9392 }
| Normandië --- | | --- | | | | Départements | CalvadosEureMancheOrneSeine-Maritime | | Prefektuur | Rouen | | Bevolking | 3 568 476 inw.(2012) | | Bevolkingsdigtheid | 119 inw./vk km | | Oppervlakte | 30 100 vk km | | Arrondissemente | | | Kantons | | | Munisipaliteite | | | President van Gewestelike Raad | Hervé Morin (NC) | **Normandië** (Frans: *Normandie*, [nɔʁ.mɑ̃.di], Normandies: *Normaundie*) is 'n région en historiese provinsie in die noordweste van Frankryk, wat van die riviervlaktes van die Seine (Haute-Normandie) tot by die skiereiland Cotentin (Basse-Normandie) en die Kanaaleilande strek. Hoewel die vasteland deel uitmaak van die Franse Republiek, is die Kanaaleilande sedert die middeleeue 'n Britse kroongebied. In die huidige Frankryk verwys die term Normandië dikwels na die voormalige administratiewe geweste Haute-Normandie met die départements Seine-Maritime en Eure, en Basse-Normandie met die départements Calvados, Manche en Orne met 'n totale oppervlakte van 29 906 vierkante kilometer en 'n bevolking van sowat 3,45 miljoen. 'n Aantal kantonne, wat histories deel uitmaak van die ou provinsie Normandië, is tydens die Franse Rewolusie by die départements Eure-et-Loir, Mayenne en Sarthe ingelyf en maak nou deel uit van die geweste Centre en Pays de la Loire. 'n Nimmereindigende stryd teen natuurkragte het net soos die avontuurlus van hulle Wiking-voorvaders die karakter van die mense in Normandië gevorm, wat dikwels as eiesinnig, koppig en terughoudend beskryf word. Geografie en klimaat -------------------- ### Die kontinentale Normandië Rotskus naby Etretat Normandië vorm geen geografiese eenheid nie, maar word deur twee groot natuurlike landskappe van Noord-Frankryk gekenmerk: Die Paryse Bekken en die Armorikaanse massief. Hierdie indeling stem nie met die grense van die twee Normandiese geweste op die vasteland ooreen nie, en die grenslyn tussen die twee geologiese formasies loop eerder in noord-suidelike rigting deur die départements Calvados en Orne. Die geologiese verskeidenheid word deur 'n aantal verskillende landskapsvorme weerspieël, wat egter almal in dieselfde gematigde en vogtige klimaatsone lê. Grasvlaktes en beboste gebiede kom – naas 'n aantal unieke landskapsvorme wat op klein gebiede beperk is – dwarsoor Normandië voor. Die kuslyn bevat 'n verskeidenheid landskapsvorme. Bo-oor die klippiestrande van die Alabasterkus (Frans: *Côte d'Albâtre*) in die Pays de Caux verrys hoë krytrotse, 'n relatief sagte gesteente met dun lae flint (vuursteen) en klei wat sowat 200 miljoen jare gelede gevorm het en tot by die Seinemonding strek. Die krytrotse word deur natuurlike verwering opgebreek sodat dikwels groot rotsbrokke in die see stort. Dele van die staproete bo-oor die rotse word op 'n gereelde basis gesluit sodra skeure in die grond begin vorm. Die sandstrand van Deauville Die ruwe see en sy getye het op verskeie plekke diep boë en naalde uit die rotswande gesny soos byvoorbeeld in Etretat. Ook riviere het langs die hele Normandiese kuslyn tussen Le Tréport en Le Havre diep klowe in die krytrots gesny. Die natuurlike baaie, wat in grootte wissel, was geskikte plekke vir die stigting van klein seehawens. In eb-gety word uitgestrekte klippiestrande blootgelê, dikwels met strepe nat sand daartussen. Suiwer sandstrande soos dié van Dieppe of Veules-les-Roses kom nouliks voor in die Normandiese rotskusgebied. Slegs die département Calvados spog in die landskappe Pays d'Auge et Bessin met uitgestrekte sandstrande langs die Côte Fleurie en die Côte de Nacre, terwyl die kuslandskappe van Manche verskillende gebiede bevat: Die steile kristalliene rotspunte van Kaap de La Hague in die noorde van die skiereiland Cotentin en die laer kusstreke met hulle tipiese sandstrande in die omgewing van Saint-Vaast en Mont-Saint-Michel. Normandië se maritieme klimaat lei tot gematigde temperature dwarsdeur die jaar. Die weer langs die kusgebiede van die Engelse Kanaal word gekenmerk deur die sogenaamde Atlantiese versteurings, wat gereeld optree en windige weer met die berugte sombere tot donkergrys lig saam bring. Die suidwestelike winde waai steeds. ### Die Kanaaleilande Jersey: Noirmont met St. Aubin's Fort Tot en met die tyd van die Noormanne-invalle is die Kanaaleilande deur Bretonners bewoon. Die eilandgroep maak in die tydperk tussen 933 en 1204 deel uit van die Hertogdom Normandië. Teen die einde van die Honderdjarige Oorlog met Engeland misluk 'n Franse poging om die eilande weer by Frankryk in te lyf. Die Kanaaleilande bly gevolglik 'n deel van die Hertogdom Normandië en 'n selfregerende Britse Kroongebied, aangesien die Engelse monarg gelyktydig ook as Hertog van Normandië fungeer. Die eilande bewaar talle ou tradisies soos die Normandiese regstelsel en maak nóg deel uit van die Verenigde Koninkryk nóg van die Europese Unie nie. Slegs die hoofeilande Jersey, Guernsey, Alderney, Sark en Herm en die kleiner eilande Jethou, Brecqhou en Lihou is bewoon. Die klein Minquiers-rotsbank en Ecréhous het geen permanente bevolking nie. Die eilande het danksy die invloed van die Golfstroom 'n baie gematigde klimaat. Die see se getye skep 'n ongewone natuurskouspel, wanneer tydens eb 'n uitgestrekte seelandskap rondom die eilande droog lê. Geskiedenis ----------- ### Die prehistoriese tydperk Argeologiese vondse uit die steentydperk, wat veral in Eure en Calvados opgegrawe is, lewer bewys van prehistoriese menslike nedersettings in Normandië. In die grot van Gouy naby Rouen is rotstekeninge teen die grotwande geskilder, wat as die mees noordelike in Europa beskou word. Daarnaas is 'n groot aantal megaliete volgens sekere patrone dwarsoor Normandië opgerig. ### Normandië voor die Romeinse verowering Omtrent die Keltiese geskiedenis van Normandië is nou baie besonderhede bekend, veral danksy 'n groot aantal argeologiese bronne, waarvan die ouderdom noukeurig bepaal kan word. Plaaslike geleerdes soos die geestelike Cochet en Léon Coutil het die argeologiese vondste van veral Haute-Normandie sedert die 19de eeu ondersoek en in wetenskaplike standaardwerke gepubliseer. Van die belangrikste Keltiese objekte, wat in Normandië opgegrawe is, is die goue Galliese helm van Amfreville-la-Mi-Voie (4de eeu v.C.); die ysterhelm, wat nou in die museum van Louviers vertoon word en die groot nekropool van Pîtres (Eure) met sy Keltiese urnegrafte, waarin swaarde en die oorblyfsels van 'n lykwa ontdek is. Die Keltiese volk van die Belgae het hulle in opeenvolgende immigrasiegolwe tussen die 4de en 3de eeu v.C. in Normandië gevestig. Die huidige kennis oor die verskillende Galliese stamme is grootliks te danke aan Gaius Julius Caesar se noukeurige beskrywings in sy boeke oor die Galliese Oorlog (*De bello Gallico*). Ná die Galliese neerlaag naby Alesia het die plaaslike stamme in Normandië nog 'n tyd lank weerstand teen die Romeinse veroweraars gebied, tog het die Romeine in 51 v.C. hulle gesag oor Gallië uiteindelik gevestig. ### Die Romeinse tydperk Orfeus-mosaïek uit Lillebonne (Rouen, Musée des Antiquités) Met keiser Augustus se administratiewe hervormings van die jaar 27 v.C. het die Normandiese gebiede 'n deel van die Galliese provinsie Lugdunensis geword. Soos elders in die weste van die ryk, is die Romanisering van die plaaslike bevolking deur die bou van paaie en verstedeliking bevorder. Romeinse borsbeeld uit Lillebonne In die Normandiese gebiede het die sogenaamde villa-kultuur oorheers, waarby 'n groot plattelandse bevolking outarke landgoedere bewoon. In die tweede derde van die 3de eeu is talle dorpe en stede in Normandië deur barbare-invalle verwoes, en die kusgebiede is deur Saksiese seerowers bedreig. Spore van brande, en skatte en geld, wat bewoners haastig ingegrawe het om dit teen plunderaars te beskerm, getuig nog steeds van daardie onrustige tye in Noord-Gallië. As gevolg van Diocletianus (285-305) se administratiewe hervormings is die Normandiese gebiede van die huidige Bretagne geskei om die gebied *Lugdunensis Secunda* te vorm. Teen hierdie tydperk het ook die kerstening van Normandië begin, en die eerste biskop is in Rouen geordonneer. Sedert 406 is die Wes-Romeinse gebiede deur Germaanse stamme oorstroom. Die Sakse het hulle langs die Normandiese kus gevestig. Die gesag van die Romeinse keisers het vinnig gedaal, en Normandië het weer onder sy ou naam Armorika bekend gestaan. Die plattelandse villas is ontruim en vervolgens verwoes, terwyl die stadsbewoners hulle agter hulle versterkings verskans het. Nog voor die amptelike einde van die Wes-Romeinse Ryk in 476 het talle barbare-groepe hulle as Romeinse bondgenote in Gallië gevestig, wat veral uit die toponimie blyk. ### Die Hoë Middeleeue In 486 het die Galliese gebiede tussen Somme en Loire onder die heerskappy van die Frankiese koning Clovis I gekom. Die Frankiese verowering het nie tot 'n grootskaalse vestiging van Franke in Normandië gelei nie, tog getuig sowel talle plekname met die eindings *-ville* en *-court* asook die administratiewe en militêre verdeling in graafskappe van die Frankiese invloed. Daarenteen het die kerstening 'n diepgaande invloed op Normandië uitgeoefen. In die grootste stede is katedrale opgerig, terwyl kerke op die platteland aan heiliges gewy is. Langs die paaie is kapelle opgerig, en in die Karolingiese tydperk het dorpsbewoners hulle begraafplase meesal rondom hulle parogiale kerke aangelê. Sedert die 6de eeu het die Normandiese kloosterlewe – dikwels volgens die reëls van die heilige Benedictus – veral in afgeleë gebiede van die weste begin ontwikkel. ### Die Skandinawiese invalle Teen die einde van die eerste millenium het die strooptogte van Skandinawiese Wikings in 'n groot aantal Europese gebiede begin. Daar was twee golwe van invalle, met die eerste in die tydperk tussen 790 en 930 en die tweede tussen 980 en 1030. Die Wikings het onder hulle gelatiniseerde naam *Northmanorum* of "Manne uit die noorde" bekend gestaan. Die naam van Normandië is afgelei van die Skandinawiese krygers. Normandië in die 10de en 11de eeu. Die grafiek wys die uitbreiding van die Normandiese gebied en die aandeel van Skandinawiese setlaars Tussen 790 en 800 het die Noormanne hulle eerste strooptogte langs die kusgebiede van die westelike Gallië onderneem, en onder die heerskappy van Lodewyk die Vrome (814-840) het hulle vir die eerste keer stede in die huidige Normandië aangeval. Die inval van 841 het groot skade in Rouen en Jumièges berokken. Net soos by hulle eerste strooptog op die Britse kloostereiland Lindisfarne teen die einde van die 8ste eeu het die Wikings hulle op sagte teikens soos kloosters toegespits. Die Skandinawiërs het hulle teikens meesal tydens die somer aangeval, om daarna met hulle prooi na die noorde terug te keer en daar te oorwinter. Met die ekspedisie van 845 het hulle die Seine rivier-op geseil en Parys geplunder. Sedert 851 het die Noormanne tydens die winter in Basse-Seine (wat min of meer ooreenkom met die huidige Haute-Normandie) gebly en 'n aantal kloosters verwoes. Die Karolingiese heersers se beleid teenoor die Noormanne was soms vol teenstrydighede, maar meesal eerder swak. In 867 het Karel die Kale die graafskap Cotentin aan die Bretonse hoof Salomon oorhandig, onder die voorwaarde dat hy die eed van getrouheid aan die koning moes aflê om voortaan sy bystand by die afweer van Skandinawiese invalle aan die Frankiese owerhede te verleen. Die graf van Rollo, hertog van Normandië, in die katedraal van Rouen Desondanks het koning Karel die Simpele in 911 'n ooreenkoms met die Noorse hoof Rollo onderteken. Onder die voorwaarde dat Rollo die eed van getrouheid sal aflê (wat hy uiteindelik in 940 gedoen het) en hom laat doop, het die koning die gebied van Basse-Seine aan hom afgestaan. Verder is Rollo verplig om die riviermonding van die Seine en Rouen teen Wiking-aanvalle te beskerm. Die gebied onder Normandiese heerskappy is deur 'n aantal verowerings nog vergroot; in 924 is Hiémois en Bessin en in 933 die skiereiland Cotentin en Avranchin by die Normandiese gewes ingelyf. Willem die Veroweraar het daarin geslaag om die gebied in 1050 nog verder af te rond. Die vestiging van Skandinawiërs in die gebied was allesbehalwe 'n grootskaalse immigrasie. Die Deense setlaars het die grootste deel van die Skandinawiese bevolking in Normandië verteenwoordig, maar daar was ook 'n groot aantal Noorse immigrante en klein groepe Swede. Sommige streke met 'n groter Skandinawiese bevolkingsdigtheid soos die Pays de Caux en die noorde van die skiereiland Cotentin wys 'n groter aandeel Skandinawiese plekname. Die vermenging van Skandinawiese elemente met die inheemse bevolking het aan die beginpunt van die ontwikkeling van die magtigste feodale staat in Europa gestaan. Met hulle dinamisme en hulle uitstekende tegniese vernuf, veral op die gebied van die skeepsbou, was hulle in staat om vervolgens Engeland, Suid-Italië, Sisilië en tydens die kruistogte ook die Levant te verower. ### Die Hertogdom Normandië Die kripte van die katedraal van Bayeux (11de eeu) Die opvolgers van Rollo het – tot by Richard II – aanvanklik die titel "graaf van Normandië" gedra; hulle het oor die reg beskik om mense onder ban te plaas, maar het die Franse koning as hul leenheer erken. In die praktyk het die destydse hertoë en grawe egter politieke en finansiële onafhanklikheid geniet: Hulle het hulle eie munte geslaan, die plaaslike regspraak uitgeoefen, hul eie belasting gehef, prelate benoem en oor hul eie leërs beskik. Daarnaas het die Normandiese heersers betrekkinge met buitelandse vorste onderhou, veral met die Engelse koningshuis. Belangrike poste is hoofsaaklik deur lede van die vorstelike familie gevul, en die gesag van die landelike adel het – anders as in die res van Noord-Frankryk – steeds beperk gebly ten gunste van die vorstehuis. Ander voorregte van die Normandiese vorstehuis is uit die Skandinawiese regstelsel oorgeërf en in Normandië nog steeds toegepas, soos ballingskap, die seereg en die konkubinaat. Die adel, die sogenaamde *Grands de Normandie*, was in hierdie tydperk hoofsaaklik van Frankiese afkoms, met net enkele Skandinawiese families soos die lyn van die Harcourt. Aan die begin van die 11de eeu het die adellike Normandiese gesinne ook met Bretonse elemente (veral in die weste) en met adellikes uit Anjou en Duitsland begin vermeng. 'n Aantal Normandiese adellikes, wat hulle in Suid-Italië en veral in Sisilië gevestig het, waar hulle 'n nuwe dinastie gestig het, het 'n belangrike rol in die geskiedenis van die Bisantynse Ryk en die kruistogte gespeel. ### Willem die Veroweraar Die Tapyt van Bayeux beeld die Normandiese verowering van Engeland uit Willem die Veroweraar in die Museum van Bayeux Die Normandiese geskiedenis het met Willem die Veroweraar 'n nuwe hoogtepunt bereik. Sedert 1050 het die Engelse koning. Eduard die Belyer, Willem om sy bystand teen opponente in Engelse adellike kringe gevra. Aangesien Eduard sonder erfgenaam gebly het, het hy blykbaar die indruk gewek dat Willem 'n moontlike opvolger op die troon sou kon wees. Ná Eduard se dood op 5 Januarie 1066 is egter sy swaer Harold Godwinson in Westminster as Engelse koning gesalf. Willem was bitter ontsteld hieroor en het uiteindelik besluit om sy erfdeel met geweld te neem en met sy leër na Engeland geseil. Die Engelse leër het op hierdie tydstip al teen die Noorse koning Harald Hardraada geveg, wat self aanspraak op die Engelse troon gemaak het. Ná die oorwinning oor die Noorse invallers in die slag van Stamford Bridge het die Engelse leër naby Hastings teenoor Willem se strydmag gestaan. In die slag op 14 Oktober 1066 is Harold dodelik gewond. Willem die Veroweraar is op 25 Desember 1066 in die Westminster-abdy as sy opvolger tot Engelse koning gesalf. Met sy nuwe koninklike titel en die nuwe rykdom het Willem se magsbasis aansienlik vergroot, en die Normandiese aristokrasie het sy gebiede op die vasteland begin uitbrei. Weens Willem se sukses was daar nou ernstige wantroue tussen die Normandiese vorstehuis en die Franse koning, en ná Willem se dood het daar ernstige verskille tussen sy erfgename en die Normandiese adellikes bestaan. ### Die 12de eeu en die Franse verowering van Normandië Normandiese besittings in Europa en die Levant omstreeks 1130 Abdy van Fontaine-Guérard (Eure) Ná die dood van Geoffroy Plantagenêt, stamvader van die Anglo-Normandiese huis Plantagenêt, het sy seun Hendrik II Normandië geërf. Hy het sy besittings deur sy huwelik met Aliénor van Akwitanië in 1154 nog vergroot. Normandië het nou deel uitgemaak van die magtige Plantagenêt-ryk, wat van Skotland tot by die Pireneë gestrek het. Sy seun en kleinseun, Richard Cœur de Lion (Richard die Leeuhart) en Johan sonder Land, het reeds moeite gehad om die ekspansionistiese beleid van die Franse koning Philippe Auguste af te weer. Richard die Leeuhart is in 1199 oorlede, en Johan sonder Land is op 25 Mei 1199 in Rouen as Hertog van Normandië bekroon. In die middeleeue het hy bekendgestaan vir die belastingdruk wat hy op sy onderdane geplaas het, en daar is selfs beweer dat hy van die duiwel besete was. Hy het die Franse koning as leenheer van Normandië erken, maar met Isabelle Taillefer getrou, wat eintlik as bruid aan Hugo IX van Lusignan, 'n leenman van koning Philippe Auguste, belowe was. Op versoek van Hugo het die Franse koning die feodale reg toegepas en het Johan se land gekonfiskeer om dit aan Arthur I van Bretagne, 'n neef van Geoffroy Plantagenêt, te gee – met die uitsondering van Normandië, wat hy self wou oorneem. In die somer van 1202 het Philippe Auguste die Pays de Bray beset. Johan het sy posisie probeer red en Arthur laat vermoor, tog het die Normandiese adel, wat reeds onder Franse invloed gekom het, hom in die steek gelaat. Franse troepe het op 21 Mei 1204 die stad Caen en op 24 Junie ook Rouen verower. As gevolg van die Franse verowering is Normandië by die kroondomein ingelyf. ### Normandië onder Franse heerskappy Die beleid van koning Philippe II Auguste was daarop gemik om die Normandiese adel met die Franse heerskappy te versoen. Die Normandiese vryhede en voorregte is nie deur die Franse kroon aangetas nie. Die 13de eeu is deur 'n ekonomiese opswaai gekenmerk, en veral die landbou en handel het vinnig ontwikkel. Koopmanne uit Rouen het wyn en graan na Engeland uitgevoer en die Franse markte van Engelse tin, wol en lakens voorsien. In die eerste helfte van die 13de eeu het ook die Normandiese argitektuur sy eie styl ontwikkel en daarna die Franse Gotiese boustyl oorgeneem. Die Franse koningshuis en die *Grands* van Normandië het die oprigting van pragtige geboue bevorder, en koning Philippe Auguste het 'n bydrae vir een van die mees ambisieuse projekte gelewer, die "Wonder van Mont-Saint-Michel". Die Normandiese adel en burgery het daarin geslaag om hulle voorregte ook tydens die politieke en ekonomiese krisis van die laat 13de eeu te handhaaf. ### Die Honderdjarige Oorlog In 1348 is Normandië deur 'n uitbreek van die swart pes geteister. Saam met die verwoestings van die oorlog tussen Engeland en Frankryk en die hongersnode wat daaruit voortgevloei het, het die Normandiese bevolking hierdie tydperk as een van die rampspoedigste in die geskiedenis ervaar. In 1382 het die inwoners van Rouen in opstand teen die Franse belastingbeleid gekom. Frankryk in 1435 Fort de la Hougue (Cotentin) Ná 'n tydperk van lae intensiteit her die oorlogspartye hulle offensiewe teen die begin van die 15de eeu hervat, en Normandië was nou meer as tevore die toneel van krygshandelinge. Hendrik V, koning van Engeland, het in Augustus 1415 'n poging onderneem om Frankryk te verower. Hy het Harfleur beleër, naby Azincourt 'n oorwinning oor die Franse troepe behaal en die hele Normandië verower. In 1419 het hy Rouen ingeneem. Die Engelse het nou 'n groot deel van Frankryk beheer. As gevolg van die verdrag van Troyes, wat in 1420 onderteken is, het Hendrik V met Catherine getrou, die dogter van die Franse koning Karel VI. Met die dood van laasgenoemde sou Hendrik V of sy seun koning van sowel Engeland asook Frankryk word. In 1422 is Hendrik V en Karel VI oorlede. Aangesien Hendrik VI nog 'n baba was, het die hertog van Bedford in sy naam geregeer. Hy het in 1432 die universiteit van Caen gestig en hom vir die bewaring van die Normandiese voorregte beywer. Sy belastingbeleid het egter tot groot ontsteltenis gelei. Bedford het ook die doodsvonnis gesteun wat oor Johanna van Arkel uitgespreek sou word. Nadat sy tydens die beleg van Compiègne gevange geneem is, is sy op 30 Mei 1431 aan die Engelse "verkoop" en ná 'n lang verhoor in Rouen lewendig verbrand. Haar as is in die Seine gestrooi. In 1434 het die belasting, wat deur die Engelse gehef is, orals in Normandië tot politieke onrus gelei. Die offensiewe van die Franse koning Karel VII in die lente van 1449 op die skiereiland Cotentin, in Basse-Seine en Sentraal-Normandië het die begin van die bevryding ingelui. Met die slag van Formigny in die huidige département Calvados is 'n einde aan die Engelse besetting gemaak. Cherbourg is as die laaste Normandiese stad in die somer van 1450 bevry. ### Die renaissance Met die einde van die Honderdjarige Oorlog het Normandië geleidelik begin herstel van sy demografiese en ekonomiese verval. Ná die rampspoedige tydperk tussen 1337 en 1450 het Normandië in 1530 weer sy bevolkingsyfer van voor die oorlog bereik. Koning Frans I het in 1517 die hawestad Le Havre gestig. Bureau des Finances in Rouen (1510) In Rouen het die lakennywerheid 'n ongekende opswaai beleef. Normandiese vissers het vaarte na die Oossee en na Newfoundland onderneem om haring en kabeljou te vis. Hulle het daarnaas sout uit Guérande vervoer. Tot in 1570 was die Engelse Kanaal 'n belangrike seestraat vir handelskepe op pad na Londen of Antwerpen. Normandiese handelaars het produkte soos wol, tin en leer van die Britse eilande, en sout en aluin uit die suide ingevoer. Hulle het ook gereeld besoek aan die Antwerpse hawe afgelê, terwyl Harfleur 'n gunstelinghawe van Spaanse handelaars was. Normandië het 'n groot bydrae tot die Franse ontdekkingsreise gelewer. In 1503 het Binot Paulmier de Gonneville vanuit Honfleur na Brasilië geseil. Jean Denis, 'n boorling van Honfleur, het in 1506 besoek afgelê aan Newfoundland en die monding van die Sint-Laurensrivier. Ook 'n ekspedisie onder die leiding van Samuel de Champlain, wat tot die stigting van die stad Quebecstad gelei het, het in 1608 sy aanvang in Normandië geneem. Tydens die heerskappy van Frans I het die reder Jehan Ango, 'n boorling van Dieppe, met sy skepe na Sumatra, Brasilië en Kanada geseil. Dieppe was ook die setel van 'n kartografiese en hidrografiese skool onder die leiding van Pierre Desceliers. Die burgers van Rouen het Giovanni da Verrazano uitgestuur om die tropiese woude van Brasilië te verken. Ter ere van 'n besoek deur koning Hendrik II van Frankryk in 1550 is in Rouen 'n Brasiliaanse fees op die Seine georganiseer. 'n Groot aantal herehuise en paleise, wat in die plattelandse en stedelike gebiede van Normandië opgerig is, getuig nog steeds van die dinamisme en welvaart van hierdie tydperk. Uiteindelik het die ekonomiese vooruitgang in Normandië 'n gunstige klimaat vir die uitbreiding van die Protestantisme en sy etiek geskep. ### Die tydperk van die reformasie Caen: Hôtel d'Escoville (16de eeu) Veral die stedelike bevolking in Normandië het hulle taamlik vroeg tot die Protestantisme bekeer. Die eerste stad, wat die Calvinistiese lewensbeskouing in die dertigerjare van die 16de eeu aanvaar het, was Alençon, wat vinnig tot 'n sentrum van die Reformasie ontwikkel het. Van hier het die nuwe geloof uitgebrei na die landelike gebiede van die Pays de Caux, die Seinevallei en Bessin. Daarenteen is die Protestantisme op die skiereiland Cotentin eers later, in die tweede helfte van die 16de eeu, aanvaar: Pierre de Comprond, sieur de la Mare, is hier vir sy godsdienstige oortuigings lewendig verbrand. Die aflaathandel en die klein aantal geestelikes in die gebied word as die hoofredes vir die vinnige uitbreiding van die Protestantisme aangevoer. Normandië was in vergelyking met ander gebiede welvarend en geletterd en danksy sy handelsbetrekkinge het dit ook steeds oop gebly vir nuwe invloede. Rouen was in hierdie tydperk die derde grootste sentrum van die uitgewersbedryf in Frankryk, en ook Caen het oor 'n groot aantal boekdrukkers beskik. Die herehuis van Senneville (Eure) Dit was veral die adel, die burgerstand van Caen en ambagsmanne van die tekstielbedryf wat by die reformatoriese beweging aangesluit het. Met die begin van die godsdienstige oorloë in 1562 het die beeldestorm ook in Normandiese stede soos Alençon, Rouen, Caen, Coutances en Bayeux uitgebreek. In Oktober van dieselfde jaar is Rouen beleër en vervolgens geplunder. Soos elders in Frankryk was daar sterk verset teen die uitbreiding van die Protestantisme, veral van die kant van die owerhede. In die sogenaamde slagting van die Bartolomeusnag is ook in Rouen 'n groot aantal Protestante vermoor. Terwyl die reformasie se invloed teen die einde van die 16de eeu orals in Normandië begin afneem het, het Caen en Alençon nog steeds vestings van die nuwe geloof gebly. Kort voor die herroeping van die Edik van Nantes deur koning Lodewyk XIV in 1685 was Normandië se Protestantse bevolking van sowat 200 000 die grootste in Noord-Frankryk. As gevolg van die herroeping het 184 000 Calvinistiese Normandiërs of 92 persent van die Protestantse bevolking besluit om die provinsie te verlaat en hulle voorlopig in Engeland en Nederland te vestig – twee lande waarmee hulle al lank nou handelsbetrekkinge gehad het. Normandië het as gevolg van die massa-emigrasie 'n groot aantal goed opgeleide burgers en vakmense, hele nywerhede en talle belangrike handelsbetrekkinge en inkomste wat daaruit voortgevloei het, verloor. Sowat 80 000 Normandiese burgers het hulle permanent in Engeland, Nederland en Pruise gevestig. ### Die tydperk van die Sonkoning Lodewyk XIV Die rebellie van die sogenaamde *Nu-Pieds* ("Kaalvoete") het in Augustus 1639 in die grootste stede van Normandië uitgebreek, kort na Lodewyk XIII se besluit om die belasting op sout orals in Frankryk in te voer. In 1667 het Jean-Baptiste Colbert die koninklike lakennywerheid van Elbeuf gestig. 'n Kort tydperk van welvaart het in Normandië begin, en die owerhede het selfs die belasting verlaag. Die boukuns van die tydperk is deur kastele in die klassieke styl soos in Balleroy, Beaumesnil, Cany en Flamamville oorheers. Maar sedert 1689 het Frankryk weer oorlog teen Engeland gevoer, en die Normandiese kusgebiede is verskeie kere deur Engelse troepe aangeval. Die Franse vloot het in 1692 naby La Hougue (Cotentin) 'n verpletterende neerlaag gely, en in 1694 is Le Havre en Dieppe deur Engelse magte gebombardeer. Tegelykertyd het die betrekkinge met Amerika verstewig. Normandiese seevaarders het voortgegaan met die verkenning van die Nuwe Wêreld: René Robert Cavelier de La Salle, 'n boorling van Rouen, het 'n ekspedisie na die gebied van die Groot Mere in die huidige Verenigde State en Kanada en later na die Mississippirivier gelei. Hy het daarnaas die gebiede tussen Québec en die Mississippidelta ontdek, wat vervolgens as Frans-Louisiana bekend gestaan het. Honfleur en Le Havre het as hawens vir die slawehandel met Amerika gedien. 'n Groot aantal van die oudste gesinne in die Franse provinsie Québec is afkomstig uit Normandië, veral die gebied van Basse-Normandie. ### Die tydperk van die Verligting 'n Linneveld in die Pays de Caux Die slawehandel het sy hoogtepunt in die 18de eeu bereik, en dit was veral burgers uit Le Havre, Rouen en Honfleur wat voordeel getrek het uit die groeiende driehoekshandel. In die Wes-Normandiese stede het die katoennywerheid begin ontwikkel en ook die grondslag vir die Industriële Rewolusie in die gebied gelê, terwyl die ooste minder sterk deur die groeiende seehandel geraak is. Dieppe: Grande Rue Die landbou het steeds 'n belangrike bydrae gelewer, met graan uit die Pays de Caux, Vexin en die omgewing van Neubourg, Caen en Argentan; melkboerdery in die Pays de Bray en Bessin; en vleisboerdery in die Pays d'Auge. Terwyl die wynbou vinnig afgeneem het, het appels vir die siderproduksie al hoe belangriker geword. Die spin- en weefbedryf en die linnegoedvervaardiging het as die vernaamste nywerhede in die plattelandse gebiede ontwikkel. Die omgewing van Alençon, die bosgebiede van Ouche en die oostelike Normandië het hulle op metallurgie toegespits. Terwyl in Villedieu-les-Poêles kopergereedskap vervaardig is, was Rouen die sentrum van die glas-, keramiek-, porselein- en uitgewersbedryf. Skeepswerwe is in Le Havre, Cherbourg, Caen, Rouen, Villequier en Dieppedalle opgerig. Die Seinevallei was die middelpunt van die chemiese bedryf, wat aanvanklik veral uit suikerraffinaderye bestaan het. Desondanks is ook Normandië deur die ekonomiese en politieke krisis in die tagtigerjare van die 18de eeu geraak, wat uiteindelik tot die Franse Rewolusie gelei het. In 1790 is Normandië in administratiewe opsig in vyf départements verdeel. Die Normandiërs het weerstand teen die algemene diensplig (*levée en masse*) gebied, wat tydens die Rewolusie ingevoer is. ### Die industrialisering in die 19de eeu Op 3 Mei 1843 is die spoorwegverbinding tussen Parys en Rouen ingewy, vyf jaar later is dit verleng tot by Le Havre. Die slawehandel is afgeskaf. Die aantal skeepswerwe, tekstiel- en metallurgiese nywerhede het sterk toegeneem, veral in Seine-Maritime. Die meganisering van die tekstielbedryf en die gebruik van waterkrag het die industriële ontwikkeling versnel. Die industriële rewolusie het tot grootskaalse verstedeliking, die vorming van 'n stedelike proletariaat, toenemende werkloosheid en groeiende emigrasie na die Verenigde State gelei. ### Die Tweede Wêreldoorlog Die begraafplaas van Amerikaanse gesneuweldes in Colleville-sur-Mer, Calvados Die brug Pont de Normandie verbind Le Havre met Honfleur Normandië het danksy die geallieerde landing teen die einde van die Tweede Wêreldoorlog 'n groot rol by die bevryding van Europa gespeel. Die "operasie Overlord", die grootste amfibiese operasie in die militêre geskiedenis, het op 6 Junie 1944 met die landing van Amerikaanse, Britse, Kanadese en ander troepe langs die strande van Calvados en Manche begin. Dit was die begin van die slag van Normandië, wat met die kapitulasie van die Duitse garnisoen van Le Havre op 12 September geëindig het. Militêre versterkings, wat van beton gemaak is, word nog steeds in Normandië aangetref. Hulle maak deel uit van die sogenaamde "Atlantikwall", ‘n verdedigingslinie wat deur die Duitse troepe opgerig is. Die Duitse besetting en die geallieerde bomaanvalle in 1944 het baie Normandiese stede verwoes. Die hawestad Le Havre is volledig in puin gelê, en die Amerikaners het per ongeluk ook die ou stadskern van Rouen gebombardeer. Ook Caen en Lisieux is deur geallieerde bomme getref, terwyl Falaise, die geboortestad van Willem die Veroweraar, tydens die geallieerde beleg en verowering verwoes is. ### Geskiedenis ná 1945 Die Normandiese stede is ná die Tweede Wêreldoorlog in hulle historiese of 'n moderne argitektoniese styl herbou. As gevolg van administratiewe hervormings in Frankryk is Normandië in twee *régions* of administratiewe geweste verdeel, Haute-Normandie en Basse-Normandie. Die ligging van Normandië, wat as 'n randgebied van die Europese Unie (EU) beskou moet word, het in die tweede helfte van die 20ste eeu 'n nadelige effek op die plaaslike nywerhede gehad sodat werkloosheid steeds 'n groot probleem gebly het. Ondoeltreffende maatreëls van die EU het ook die Normandiese landbou benadeel. Vandag is die toerismebedryf een van die pilare van die Normandiese ekonomie, en behalwe vir die kusgebiede staan Normandië met sy gasvrye mense as 'n relatief goedkope reisbestemming bekend. Die vakansieoorde langs die kus steun veral op welgestelde Parysenaars, wat ook baie huise en woonstelle in stede soos Deauville besit. Op 1 Januarie 2016 is die twee Franse geweste Haute-Normandie en Basse-Normandie herenig. Ekonomie -------- ### Haute-Normandie Houerterminaal in Le Havre Die reliëf en hidrografie van Haute-Normandie was in die 19de eeu uiters geskik vir die ontwikkeling van tekstiel- en papiernywerhede. In die 1960's het die plaaslike motorbedryf ontstaan, en die vinnige industriële groei het die vestiging van 'n groot aantal gedesentraliseerde nywerhede soos elektronika, farmaseutiese produkte en parfuum bevorder. In die 1980's is twee kernkragsentrales, Paluel en Penly, opgerig wat tans sowat 'n tiende van Frankryk se totale elektriese kragopwekking verteenwoordig. Volgens sy bruto geografiese produk (BGP) per capita was die administratiewe gewes Haute-Normandie in 2000 op drie na die ekonomies sterkste gebied van Frankryk. Die gewes trek voordeel uit sy geografiese ligging naby die ekonomiese hartland Île-de-France met die hoofstad Parys – sowat sestig persent van alle ondernemings in Haute-Normandie het hulle hoofkwartier dan ook in die Seine-metropool. Die gewes beskik oor beduidende seehawens wat sowat 'n kwart van alle Franse in- en uitvoere wat op see vervoer word – Rouen is die belangrikste Europese uitvoerhawe vir graan, terwyl Le Havre volgens tonnemaat tot Frankryk se tweede grootste seehawe gegroei het. Groot olieraffinaderye en stoorgeriewe vir ruolie, waarvan die eerste aanlegte reeds voor die uitbreek van die Tweede Wêreldoorlog hier opgerig is, lewer sowat 'n derde van Frankryk se geraffineerde produkte op en dra sodoende by tot Haute-Normandie se ekonomiese welvaart. ### Basse-Normandie In Basse-Normandie speel die landbousektor tradisioneel nog 'n belangriker rol as in Haute-Normandie. Nogtans het die dienstesektor in 2000 reeds 63 persent en die nywerheidssektor meer as 26 persent tot die gewes se bruto geografiese produk bygedra. Die nywerheidsektor se bydrae was selfs hoër as die nasionale gemiddelde (20,9 persent) en het teenoor die jaar 1995 met byna vyf persent gegroei. Die aandeel van dienste is daarenteen nog laer as in die res van Frankryk (71,7 persent in 2000). Die landbousektor se bydrae tot die gewestelike BGP was in 2000 met 4,8 persent hoër as die nasionale gemiddelde (2,8 persent). Die meeste boerderye spits hulle op veeteelt toe. Die nywerheidsektor steun veral op halfverwerkte industriële goedere en toerusting. Kultuur ------- ### Boukuns Renaissance-boukuns in Normandië: die kasteel Château d'Ô Die Normandiese boukuns het 'n beduidende bydrae tot die ontwikkeling van die Romaanse styl (11de tot 15de eeu) gelewer wat veral in die plaaslike sakrale argitektuur weerspieël word, maar ook na aangrensende geweste uitgestraal het. Die Romaanse boukuns van Normandië word gekenmerk deur strak lyne, gewaagde proporsies en die spaarsame gebruik van versierings waardeur dit al as 'n voorloper van die Gotiese boustyl beskou kan word – 'n ontwikkeling wat onder meer in die kerkskip van die abdy Mont-Saint-Michel, die Saint-Nicolas-kerk in Caen, die katedraal van Bayeux en by die kloosters van Lessay en Cerisy la Forêt tot uitdrukking kom. Die belangrikste voorbeelde van Romaanse sakrale boukuns in Normandië sluit die katedrale van Rouen, Evreux, Sées en Coutances en die abdy van Mont-Saint-Michel in. Die Gotiese boukuns (12de tot 15de eeu) het gestalte gegee aan die Middeleeuse mens se spiritualiteit en godsverbondenheid, maar ook aan die groeiende welvaart van stedelike sentra. Dit het sy hoogtepunt met die bou van indrukwekkende katedrale bereik soos dié van Lisieux, Rouen (met sy Saint-Romain-toring) en Caudebec-en-Caux. Nogtans het boumeesters geleidelik oorgegaan tot eenvoudiger boustyle wat in die Renaissance-argitektuur uitgemond het. Die Justisiepaleis van Rouen weerspieël hierdie oorgangsfase. Die 16de eeuse Renaissance-boukuns, wat sy motiewe heeltemal aan Italiaanse voorbeelde ontleen het, is deur die aartsbiskop van Mécène en Rouen, Georges I d'Amboise, in Normandië ingevoer. Arabeske, loofwerk, medaljons en mosselagtige vorms was belangrike stylelemente. Normandiese voorbeelde van Renaissance-argitektuur sluit die Hôtel Bourgtheroulde in Rouen, die Hôtel Escoville in Caen en die kasteel Château d'Ô. In die vroeë 18de eeu het eenvoudige Franse style die hoofstroom in die boukuns begin vorm. Bakstene het as kostebesparende boumateriaal baie gewild geword, terwyl argitekte na die klassisistiese styl (17de en 18de eeu) met sy kenmerkende eendersheid oorgeskakel het. Die kasteel van Balleroy is 'n tipiese Normandiese voorbeeld hiervoor. ### Kookkuns Die platteland van Normandië staan as 'n eersteklas landbougebied bekend, wat danksy sy uitgestrekte weivelde groot hoeveelhede suiwelprodukte oplewer. Kaas uit Normandië is baie gewild en sluit beroemde soorte soos Camembert, Livarot, Pont l'Evêque, Boursin, Brillat-Savarin en Neufchâtel in. Ook Normandiese botter en room word hoog aangeslaan deur fynproewers en speel 'n belangrike rol in die plaaslike kookkuns. Teurgoule is 'n Normandiese ryspoeding, wat met kaneel verfyn en in 'n tradisionele skottel bedien word Camembertkaas Die Normandiese appelboorde lewer die grondstof vir die sider-, pommeau- en calvados-produksie. Mense in Normandië hou nog steeds van die tradisionele *trou Normand*, 'n pouse tussen die gange van 'n maaltyd, waartydens 'n glasie calvados geniet word. Pommeau, die bekende Normandiese aptytwekker, is 'n mengsel van ongegiste sider (twee derdes) en calvados (een derde). 'n Ander aptytwekker, Kir normand, word van cassis en sider berei. Die stad Fécamp staan bekend vir sy likeur Bénédictine. Appels is ook een van die hoofbestanddele van die Normandiese kookkuns, met bekende geregte soos *moules à la normande* (mossels wat met appels en room gekook word), *bourdelots* (appels in bladerdeeg) en Normandiese appeltert met crème fraîche. Normandiese gebak staan internasionaal bekend en sluit spesialiteite in soos *brioche* (onder meer uit Évreux en Gisors), *douillons* (pere in blaardeeg), *fouaces* ('n soort koekrolletjie, wat dikwels by 'n wynproe bedien word), *fallues* (botterbolletjies uit Lisieux), *mirliton* (amandelkoek) uit Rouen en *sablés* (beskuite, onder meer uit Bayeux en Lisieux). Tipiese Normandiese lekkergoed is *sucre de pomme* (appelkandy) en tammeletjies uit Isigny. Normandiese vis- en seekosgeregte soos turbot en oesters van die Cotentin-skiereiland is orals in Frankryk gewilde spesialiteite. Normandië is die belangrikste verskaffer van oesters in die land. Normandiese skaap, eend, hoender en kalkoen vorm die basis van 'n verskeidenheid Normandiese geregte. Die beroemde kok van die Franse konings Karel V en Karel VI, Taillevent, is 'n boorling van Normandië, en sy hoofwerk, *Le Viandier*, is die oudste kookboek van Frankryk. ### Toerisme Sononder oor die strand van Saint-Aubin sur Mer, Calvados Normandië het reeds teen die begin van die 19de eeu tot 'n gewilde toeristebestemming ontwikkel. Toe Napoléon Bonaparte met sy eggenote Marie-Louise 'n besoek aan Dieppe afgelê het, was hierdie hawestad al 'n trekpleister vir welgestelde Britse toeriste. Besoekers soos koningin Hortense van Nederland en die hertogin van Berry het van Dieppe kort daarna die vernaamste strandoord in Frankryk gemaak. Britse toeriste het deur Normandië getoer om sy historiese argitektuur, veral sy kastele en abdye, te besigtig, maar het ook aangetrokke gevoel tot die moontlikheid om hier in die spore van hul Normandiese voorvaders te loop. Die Franse skrywer Stendhal het vervolgens die neologisme *tourisme* ("toerisme") gevorm om hierdie nuwe kulturele fenomeen te beskryf, terwyl die Britse skilder William Turner die eerste reisgids, *Romantic Normandy*, geïllustreer het wat in 1828 in twee boekdele gepubliseer is. In 2008 het die meeste buitelandse toeriste uit die Verenigde Koninkryk (1 222 410 oornagtings), België (384 884 oornagtings) en Duitsland (334 327 oornagtings) gekom.
{ "title": "Normandië", "mostly_tablelist": false, "tablelist_ratio": [ 1428, 34753, 0.0410899778436394 ], "infobox": [], "td_tables": [], "text_length": 40046 }
'n Freatiese uitbarsting: 1. waterdampwolk, 2.  magmabuis, 3. lae lawa en as, 4. stratum, 5. watertafel, 6. ontploffing, 7. magmakamer. 'n **Freatiese uitbarsting**, ook 'n **freatiese ontploffing** genoem, kom voor wanneer magma in 'n vulkaan grond- of oppervlakwater verhit. 'n Freatiese uitbarsting in 1980 op die kruin van Mount Saint Helens, Washington. Beskrywing ---------- Die uiterse temperatuur van die magma in 'n vulkaan (tussen sowat 500 en 1 170 °C) veroorsaak die feitlik onmiddellike verdamping van water in stoom, wat lei tot die ontploffing van stoom, water, as, gesteente en vulkaanbomme. Op Mount Saint Helens in die staat Washington het honderde stoomontploffings die Pliniese uitbarsting van die vulkaan in 1980 voorafgegaan. As gesmelte lawa teenwoordig is, word dit geklassifiseer as 'n **freatomagmatiese uitbarsting**. 'n Soortgelyke, maar minder intense voorval kan 'n moddervulkaan veroorsaak. Freatiese ontploffings sluit gewoonlik stoom en rotsstukke in; vloeibare lawa is ongewoon. Die temperatuur van die fragmente kan wissel tussen koud en gloeiend. Sulke uitbarstings skep soms breë, lae kraters bekend as *maars*. Freatiese uitbarstings kan gepaardgaan met die vrystelling van koolstofdioksied of waterstofsulfied. Genoeg van eersgenoemde kan 'n mens laat versmoor en laasgenoemde is 'n algemene gif. 'n Uitbarsting in 1979 op die eiland Java het 140 mense gedood, die meeste deur middel van giftige gasse. Skakels ------- * Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Freatiese uitbarsting. * Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik uit die Engelse Wikipedia vertaal.
{ "title": "Freatiese uitbarsting", "mostly_tablelist": false, "tablelist_ratio": [ 545, 1780, 0.3061797752808989 ], "infobox": [], "td_tables": [], "text_length": 1629 }
’n Houtmodel van ’n dienskneg uit die 11de tot 12de Dinastie. Die **12de Dinastie** van Antieke Egipte (ook **Dinastie XII** geskryf) is omstreeks 1976 v.C. gestig deur Amenemhat I, die adviseur van die laaste koning van die 11de Dinastie. Hy het die hoofstad van Thebe na Memphis geskuif waar hy ’n nuwe stad met die naam "Amenemhat-itj-tawy" ("Amenemhat, die veroweraar van die Twee Lande"), of kortweg Itjtawy, laat bou het. Die 12de Dinastie word saam met die 11de, 13de en 14de Dinastie beskou as die Middelryk van Egipte. Heersers -------- Bekende farao's van die 12de Dinastie was: | Farao | Horusnaam | Bewind | Hoofstad | Graftombe | | --- | --- | --- | --- | --- | | | | | Amenemhat I | Sehetepibre | 1991-1962 v.C. | Itjtawy | Piramide by Lisjt | | Senoesret I (Sesostris I) | Cheperkare | 1971-1926 v.C. | Itjtawy | Piramide by Lisjt | | Amenemhat II | Noebkhaoere | 1929-1895 v.C. | Itjtawy | Wit Piramide | | Senoesret II (Sesostris II) | Chacheperre | 1897-1878 v.C. | Itjtawy | Piramide by el-Lahoen | | Senoesret III (Sesostris III) | Chakaoere | 1878-1839 v.C. | Itjtawy | Piramide by Dahsjoer | | Amenemhat III | Nimaatre | 1860-1814 v.C. | Itjtawy | Piramide by Dahsjoer | | Amenemhat IV | Maacheroere | 1815-1806 v.C. | Itjtawy | | | Koningin Sobekneferoe | Sobekkare | 1806 v.C. | Itjtawy | | Egiptoloë beskou die 12de Dinastie as die hoogtepunt van die Middelryk. Die volgorde van sy heersers is bekend uit verskeie bronne: twee lyste in tempels by Abydos en een by Saqqara, sowel as Manetho se werk. In dié tyd is ’n paar letterkundige werke geskryf wat tydens die hele Egiptiese geskiedenis bekend sou bly, soos die verhaal van Sinuhe en van Wenamun. Die beeldhoukuns in dié tyd was ook besonder realisties en die piramides van die dinastie se farao's is gebou by Dahsjoer, Lisjt, Hawara en el-Lahoen. Tydlyn ------
{ "title": "12de Dinastie van Egipte", "mostly_tablelist": false, "tablelist_ratio": [ 868, 1791, 0.48464544946957006 ], "infobox": [ "<table about=\"#mwt1\" class=\"infobox noprint\" style=\"text-align:center; font-size:85%;\">\n<tbody><tr>\n<th style=\"background:#EFEFDD;\">Tydperke van <br/><a href=\"./Antieke_Egipte\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Antieke Egipte\">Antieke Egipte</a></th></tr>\n<tr bgcolor=\"#AAAA80\">\n<td colspan=\"20\"></td></tr>\n<tr bgcolor=\"#AAAA80\">\n<td><span typeof=\"mw:Image\"><a href=\"./Lêer:All_Gizah_Pyramids.jpg\"><img data-file-height=\"2906\" data-file-type=\"bitmap\" data-file-width=\"4372\" height=\"83\" resource=\"./Lêer:All_Gizah_Pyramids.jpg\" src=\"//upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/a/af/All_Gizah_Pyramids.jpg/125px-All_Gizah_Pyramids.jpg\" srcset=\"//upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/a/af/All_Gizah_Pyramids.jpg/188px-All_Gizah_Pyramids.jpg 1.5x, //upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/a/af/All_Gizah_Pyramids.jpg/250px-All_Gizah_Pyramids.jpg 2x\" width=\"125\"/></a></span><div style=\"clear:both;\"></div></td></tr>\n<tr>\n<td align=\"left\" style=\"background:#FEFEFA;\">\n<p><b><a href=\"./Vroegdinastiese_Tydperk_van_Egipte\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Vroegdinastiese Tydperk van Egipte\">Vroeë Tydperk</a><br/></b>\n<b><a href=\"./Ou_Ryk_van_Egipte\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Ou Ryk van Egipte\">Ou Ryk</a><br/></b>\n<b><a href=\"./Eerste_Oorgangstydperk_van_Egipte\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Eerste Oorgangstydperk van Egipte\">Eerste Oorgang</a><br/></b>\n<b><a href=\"./Middelryk_van_Egipte\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Middelryk van Egipte\">Middelryk</a><br/></b>\n<b><a href=\"./Tweede_Oorgangstydperk_van_Egipte\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Tweede Oorgangstydperk van Egipte\">Tweede Oorgang</a><br/></b>\n<b><a href=\"./Nuwe_Ryk_van_Egipte\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Nuwe Ryk van Egipte\">Nuwe Ryk</a><br/></b>\n<b><a href=\"./Derde_Oorgangstydperk_van_Egipte\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Derde Oorgangstydperk van Egipte\">Derde Oorgang</a><br/></b>\n<b><a href=\"./Laat_Tydperk_van_Antieke_Egipte\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Laat Tydperk van Antieke Egipte\">Laat Tydperk</a><br/></b>\n<b><a href=\"./Ptolemeïese_Ryk\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Ptolemeïese Ryk\">Ptolemeïese Tydperk</a><br/></b></p></td></tr>\n</tbody></table>" ], "td_tables": [], "text_length": 1864 }
**Frederick George Barker** (12 Desember 1901 - 16 Januarie 1935), algemeen bekend as **Fred Barker**, was 'n Amerikaanse misdadiger wat die Barker-Karpis-bende in 1931 saam met Alvin Karpis gestig het. Hulle was in die 1930's verantwoordelik vir verskeie rooftogte, moorde en ontvoerings. Barker was die jongste seun van Ma Barker, wie se vier kinders almal misdadigers was. Hy is in 1935 saam met Ma in 'n lang skietery met die FBI doodgeskiet. Vroeë lewe ---------- Fred Barker is in 1901 as die seun van George Elias en Arizona Donnie Clark ("Ma" Barker) in Aurora, Missouri, gebore. Die gesin het in 1912 na Tulsa, Oklahoma, verhuis. Barker se ouer broers, Herman, Lloyd en Arthur, het dwarsdeur sy kinderjare misdade gepleeg; hulle het behoort tot die Central Park-bende, wat in Central Park byeengekom het om misdade te beplan en gesteelde goedere weg te steek. Daar het Barker toekomstige lede van die Barker-Karpis-bende ontmoet. Barker is in 1927 die eerste keer vir roof in hegtenis geneem en tronk toe gestuur. Terwyl hy in die tronk was, het hy Alvin Karpis ontmoet. Volgens Karpis was Barker 'n dominante figuur in die tronk wat daarin geslaag het om dagga en ander verbode goed in die hande te kry. Karpis het ook gesê hy is 'n natuurlike moordenaar wat "nooit geweifel" het nie. Anders as Karpis (wie se bynaam "Creepy Karpis" was), was Barker bekend vir sy sjarme. Hy is in 1930 vrygelaat. Bende ----- *Die hoofartikel vir hierdie afdeling is: Barker-Karpis-bende.* Fred se beste bondgenoot, Alvin Karpis. Nadat hulle vrygelaat is, het Barker en Karpis saamgespan om 'n reeks rooftogte in Kansas uit te voer. Hulle het dikwels saam met ander misdadigers gewerk. Die bende is vergesel van die Barker-broers se ma, Ma Barker, en haar minnaar, Arthur Dunlop, wanneer hulle gereis het. In Desember 1931 het die bende sheriff C. Roy Kelly van die Howelldistrik in West Plains, Missouri, doodgeskiet en hulle moes uit die gebied vlug. Hulle is na Minnesota, waar nog verskeie moorde gepleeg is, onder andere van Dunlop, 'n alkoholis met 'n "los mond" wat ook vir Ma sleg behandel het. Ma en Fred Barker is in die slaapkamer links bo van van dié huis in Florida doodgeskiet. In 1933-'34 is twee ryk sakemanne, William Hamm en Edward Bremer, ontvoer en lospryse van altesaam $300 000 is vir hulle gekry. Die bende is kort daarna na Chicago, terwyl Fred en Ma Barker in 'n huis in Florida agtergebly het. Hulle het dit onder die van "Blackburn" gehuur en gesê het hulle is 'n ma en seun wat op die platteland vakansie wil hou. FBI-agente het die twee se skuilplek in Florida ontdek nadat Arthur op 8 Januarie 1935 in Chicago in hegtenis geneem is. Agente het die huis op die oggend van 16 Januarie 1935 omsingel. Die FBI het nie geweet Karpis en die ander bendelede is drie dae tevore daar weg en dat net Ma en Fred in die huis was nie. Hulle is beveel om oor te gee, maar Fred het op hulle begin skiet. Hy en sy ma is gedood ná 'n skietery van vier uur. Baie plaaslike mense, selfs piekniekgangers, het na bewering na die skietery kom kyk. Albei lyke is in dieselfde slaapkamer aan die voorkant van die huis gevind. Fred s'n was vol skietwonde, maar Ma het blykbaar net een skietwond gehad. Skakels ------- * Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik uit die Engelse Wikipedia vertaal.
{ "title": "Fred Barker", "mostly_tablelist": false, "tablelist_ratio": [ 485, 3125, 0.1552 ], "infobox": [ "<table about=\"#mwt1\" cellpadding=\"0\" cellspacing=\"0\" class=\"toccolours vatop infobox\" data-mw=\"{&quot;parts&quot;:[{&quot;template&quot;:{&quot;target&quot;:{&quot;wt&quot;:&quot;Inligtingskas misdadiger\\n&quot;,&quot;href&quot;:&quot;./Sjabloon:Inligtingskas_misdadiger&quot;},&quot;params&quot;:{&quot;naam&quot;:{&quot;wt&quot;:&quot;Fred Barker&quot;},&quot;beeld&quot;:{&quot;wt&quot;:&quot;Fred-barker1.jpg&quot;},&quot;breedte&quot;:{&quot;wt&quot;:&quot;220px&quot;},&quot;onderskrif&quot;:{&quot;wt&quot;:&quot;'n Polisiefoto van Barker.&quot;},&quot;gebore&quot;:{&quot;wt&quot;:&quot;{{Geboortedatum|1901|12|12|mf=y}}&quot;},&quot;oorlede&quot;:{&quot;wt&quot;:&quot;{{SDEO|1901|12|12|1935|1|16|mf=y}}&quot;},&quot;doodsrede&quot;:{&quot;wt&quot;:&quot;Saam met [[Ma Barker]] doodgeskiet&quot;},&quot;land&quot;:{&quot;wt&quot;:&quot;[[VSA]]&quot;},&quot;bynaam&quot;:{&quot;wt&quot;:&quot;&quot;},&quot;beroep&quot;:{&quot;wt&quot;:&quot;&quot;},&quot;andername&quot;:{&quot;wt&quot;:&quot;Frederick George Barker &lt;br&gt;(geboortenaam)&quot;},&quot;plek&quot;:{&quot;wt&quot;:&quot;&quot;},&quot;datums&quot;:{&quot;wt&quot;:&quot;&quot;},&quot;misdaad&quot;:{&quot;wt&quot;:&quot;Roof&quot;},&quot;slagoffers&quot;:{&quot;wt&quot;:&quot;&quot;},&quot;metode&quot;:{&quot;wt&quot;:&quot;&quot;},&quot;motief&quot;:{&quot;wt&quot;:&quot;&quot;},&quot;beweging&quot;:{&quot;wt&quot;:&quot;[[Barker-Karpis-bende]]&quot;},&quot;aangekeer&quot;:{&quot;wt&quot;:&quot;&quot;},&quot;vonnisdatum&quot;:{&quot;wt&quot;:&quot;&quot;},&quot;vonnis&quot;:{&quot;wt&quot;:&quot;&quot;},&quot;vrygelaat&quot;:{&quot;wt&quot;:&quot;&quot;},&quot;status&quot;:{&quot;wt&quot;:&quot;Oorlede&quot;}},&quot;i&quot;:0}}]}\" id=\"mwAg\" style=\"float:right; clear:right; width:270px; padding:3px; margin:1px 1px 1em 1em; font-size:85%;\" typeof=\"mw:Transclusion\">\n<tbody><tr><td colspan=\"3\" style=\"background-color:#D2B48C; color:#000000; text-align: center;\"><b><span style=\"font-size: 120%;\">Fred Barker</span></b></td></tr>\n<tr>\n<td colspan=\"3\" style=\"text-align:center;\"><span data-mw=\"{&quot;caption&quot;:&quot;'n Polisiefoto van Barker.&quot;}\" typeof=\"mw:File\"><a class=\"mw-file-description\" href=\"./Lêer:Fred-barker1.jpg\" title=\"'n Polisiefoto van Barker.\"><img alt=\"'n Polisiefoto van Barker.\" data-file-height=\"799\" data-file-type=\"bitmap\" data-file-width=\"1152\" decoding=\"async\" height=\"153\" resource=\"./Lêer:Fred-barker1.jpg\" src=\"//upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/2/2a/Fred-barker1.jpg/220px-Fred-barker1.jpg\" srcset=\"//upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/2/2a/Fred-barker1.jpg/330px-Fred-barker1.jpg 1.5x, //upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/2/2a/Fred-barker1.jpg/440px-Fred-barker1.jpg 2x\" width=\"220\"/></a></span></td></tr>\n<tr>\n<td colspan=\"3\" style=\"text-align: center;\">'<i>n Polisiefoto van Barker.</i></td></tr>\n<tr>\n<td style=\"font-weight:bold;\">Gebore<span typeof=\"mw:Entity\"> </span></td><td colspan=\"2\"><span style=\"display:none\">(<span class=\"bday\">1901-12-12</span>)</span>12 Desember 1901</td></tr>\n<tr>\n<td style=\"font-weight:bold;\">Oorlede<span typeof=\"mw:Entity\"> </span></td><td colspan=\"2\">16 Januarie 1935 (op 33)</td></tr>\n<tr>\n<td style=\"font-weight:bold;\">Rede vir dood<span typeof=\"mw:Entity\"> </span></td><td colspan=\"2\">Saam met <a href=\"./Ma_Barker\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Ma Barker\">Ma Barker</a> doodgeskiet</td></tr>\n<tr>\n<td style=\"font-weight:bold;\">Land<span typeof=\"mw:Entity\"> </span></td><td colspan=\"2\"><a class=\"mw-redirect\" href=\"./VSA\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"VSA\">VSA</a></td></tr>\n<tr>\n<td style=\"font-weight:bold;\">Ander<span typeof=\"mw:Entity\"> </span>name<span typeof=\"mw:Entity\"> </span></td><td colspan=\"2\">Frederick George Barker <br/>(geboortenaam)</td></tr>\n<tr>\n<td colspan=\"3\" style=\"background-color:#D2B48C; color:#000000; text-align: center;\"><b>Misdaadbesonderhede</b></td></tr>\n<tr>\n<td style=\"font-weight:bold;\">Misdaad<span typeof=\"mw:Entity\"> </span></td><td colspan=\"2\">Roof</td></tr>\n<tr>\n<td style=\"font-weight:bold;\">Beweging<span typeof=\"mw:Entity\"> </span></td><td colspan=\"2\"><a href=\"./Barker-Karpis-bende\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Barker-Karpis-bende\">Barker-Karpis-bende</a></td></tr>\n<tr>\n<td colspan=\"3\" style=\"background-color:#D2B48C; color:#000000; text-align: center;\"><b>Vonnisbesonderhede</b></td></tr>\n<tr>\n<td style=\"font-weight:bold;\">Status<span typeof=\"mw:Entity\"> </span></td><td colspan=\"2\">Oorlede</td></tr>\n</tbody></table>" ], "td_tables": [], "text_length": 3318 }
**Norman Simons**, soms ook bekend as **Avzal**, is ’n Suid-Afrikaanse reeksmoordenaar en verkragter wat in 1995 aan een moord en ontvoering skuldig bevind is: dié van die 10-jarige Elroy van Rooy van die Strand, Wes-Kaap. Hy is tot 35 jaar tronkstraf gevonnis (25 jaar vir moord en 10 jaar vir ontvoering). Hy is ook bekend as die **Stasiemoordenaar**. Biografie --------- Simons was intelligent, het klassieke musiek gespeel en sewe tale gepraat, benewens Engels en Afrikaans ook Xhosa en Frans. Hy was ’n graad 5-onderwyser in Mitchells Plain. Sy slagoffers was almal jong seuns tussen 9 en 13 jaar oud. Daar word geglo Simons het sy sporadiese moorde in September 1986 begin. Hy is nege jaar later, in April 1995, aangekeer. Hy het sy bynaam gekry toe dit duidelik word hy het sy slagoffers van treinstasies af weggelok, nes die Sowjet-reeksmoordenaar die "Slagter van Rostof". Simons het sy slagoffers verkrag en gesodomiseer voordat hy hulle verwurg het. Hulle is in vlak grafte gevind met hul gesig na onder en hul arms agter hul rug vasgemaak. Hul onderklere was soms om hul nek; dit is vermoedelik gebruik as ’n knelverband. Handgeskrewe notas is ook langs die lyke gevind. Dit lyk of Simons se verhouding met sy ouer stiefbroer ’n groot invloed op sy optrede gehad het. Simons het beweer sy broer het hom verkrag en gesodomiseer toe hy jonk was. Hy het ook gesê hy "hoor stemme" van sy broer wat hom opdrag gee om te moor. Die broer, ’n alkoholis en Rastafariër, is in 1991 vermoor. Simons is aangekla van net een moord en ontvoering. Sy hofsaak het drie maande geduur, waarna hy skuldig bevind en gevonnis is. Hy het in 1998 appèl aangeteken teen sy vonnis, maar dit het nie geslaag nie. In 2005 is ’n geregtelike ondersoek begin na die dood van die ander slagoffers. Drie jaar later was daar nog geen antwoorde nie. Streekslanddros Marelize Rolle het op 9 Desember 2008 gesê sy glo prima facie-getuienis wys Simons was moontlik vir nog minstens ses van die ander moorde verantwoordelik. Omdat so ’n lang tyd verloop het, is hy nie daarvoor vervolg nie. Norman Simons het hom in 1993 tot die Islam bekeer en die naam Avzal aangeneem, maar in 1994 weer ’n Christen geword. Sien ook -------- * Lys van Suid-Afrikaanse reeksmoordenaars
{ "title": "Norman Simons", "mostly_tablelist": false, "tablelist_ratio": [ 769, 2599, 0.29588303193535975 ], "infobox": [ "<table about=\"#mwt1\" cellpadding=\"0\" cellspacing=\"0\" class=\"toccolours vatop infobox\" data-mw='{\"parts\":[{\"template\":{\"target\":{\"wt\":\"Moordenaar\\n\",\"href\":\"./Sjabloon:Moordenaar\"},\"params\":{\"naam\":{\"wt\":\"Norman Simons\"},\"beeld\":{\"wt\":\"\"},\"onderskrif\":{\"wt\":\"\"},\"gebore\":{\"wt\":\"{{GDEO|1967|01|12}}\"},\"oorlede\":{\"wt\":\"\"},\"doodsrede\":{\"wt\":\"\"},\"land\":{\"wt\":\"[[Suid-Afrika]]\"},\"bynaam\":{\"wt\":\"Stasiemoordenaar\"},\"beroep\":{\"wt\":\"Onderwyser\"},\"misdaad\":{\"wt\":\"Moord\"},\"plek\":{\"wt\":\"In en om [[Kaapstad]]\"},\"datums\":{\"wt\":\"1986–1994\"},\"slagoffers\":{\"wt\":\"22?\"},\"gedood\":{\"wt\":\"\"},\"beseer\":{\"wt\":\"\"},\"metode\":{\"wt\":\"Ontvoer, verkrag en verwurg\"},\"motief\":{\"wt\":\"\"},\"aangekeer\":{\"wt\":\"April 1994\"},\"vonnisdatum\":{\"wt\":\"\"},\"vonnis\":{\"wt\":\"Lewenslange tronkstraf (25 vir moord, 10 vir ontvoering)\"},\"vrygelaat\":{\"wt\":\"\"}},\"i\":0}}]}' id=\"mwAg\" style=\"float:right; clear:right; width:270px; padding:3px; margin:1px 1px 1em 1em; font-size:85%;\" typeof=\"mw:Transclusion\">\n<tbody><tr><td colspan=\"3\" style=\"background-color:#FF6666; color:#000000; text-align: center;\"><b><span style=\"font-size: 120%;\">Norman Simons</span></b></td></tr>\n<tr>\n<td style=\"font-weight:bold;\">Gebore<span typeof=\"mw:Entity\"> </span></td><td colspan=\"2\">12 Januarie 1967<span style=\"display:none\"> (<span class=\"bday\">1967-01-12</span>)</span><span class=\"noprint\"> (56<span typeof=\"mw:Entity\"> </span>jaar<span typeof=\"mw:Entity\"> </span>oud) </span></td></tr>\n<tr>\n<td style=\"font-weight:bold;\">Land<span typeof=\"mw:Entity\"> </span></td><td colspan=\"2\"><a href=\"./Suid-Afrika\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Suid-Afrika\">Suid-Afrika</a></td></tr>\n<tr>\n<td style=\"font-weight:bold;\">Bynaam<span typeof=\"mw:Entity\"> </span></td><td colspan=\"2\">Stasiemoordenaar</td></tr>\n<tr>\n<td style=\"font-weight:bold;\">Beroep<span typeof=\"mw:Entity\"> </span></td><td colspan=\"2\">Onderwyser</td></tr>\n<tr>\n<td style=\"font-weight:bold;\">Misdaad<span typeof=\"mw:Entity\"> </span></td><td colspan=\"2\">Moord</td></tr>\n<tr>\n<td colspan=\"3\" style=\"background-color:#FF6666; color:#000000; text-align: center;\"><b>Misdaadbesonderhede</b></td></tr>\n<tr>\n<td style=\"font-weight:bold;\">Plek</td><td colspan=\"2\">In en om <a href=\"./Kaapstad\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Kaapstad\">Kaapstad</a></td></tr>\n<tr>\n<td style=\"font-weight:bold;\">Datum(s)<span typeof=\"mw:Entity\"> </span></td><td colspan=\"2\">1986–1994</td></tr>\n<tr>\n<td style=\"font-weight:bold;\">Slagoffers<span typeof=\"mw:Entity\"> </span></td><td colspan=\"2\">22?</td></tr>\n<tr>\n<td style=\"font-weight:bold;\">Metode<span typeof=\"mw:Entity\"> </span></td><td colspan=\"2\">Ontvoer, verkrag en verwurg</td></tr>\n<tr>\n<td colspan=\"3\" style=\"background-color:#FF6666; color:#000000; text-align: center;\"><b>Vonnisbesonderhede</b></td></tr>\n<tr>\n<td style=\"font-weight:bold;\">Aangekeer<span typeof=\"mw:Entity\"> </span></td><td colspan=\"2\">April 1994</td></tr>\n<tr>\n<td style=\"font-weight:bold;\">Vonnis<span typeof=\"mw:Entity\"> </span></td><td colspan=\"2\">Lewenslange tronkstraf (25 vir moord, 10 vir ontvoering)</td></tr>\n</tbody></table>" ], "td_tables": [], "text_length": 2266 }
**Norn** is 'n uitgestorwe Noord-Germaanse of Skandinawiese taal wat op die Shetland- en Orkney-eilande en in Caithness op die vasteland van Skotland gepraat is. Nadat die eilande in die vyftiende eeu deur Noorweë aan Skotland teruggegee is, is die gebruik van die taal deur die regering en die Kerk van Skotland (die nasionale kerk) ontmoedig en is dit deur Skots vervang. Dit is onseker presies wanneer Norn uitgesterf het. Die laaste rekords oor Nornsprekers dateer uit die negentiende eeu, maar dit is moontlik dat die taal reeds in die agtiende eeu uitgesterf het. Brokstukke van die taal en leenwoorde is in die Skotse taal aangeneem en bly tot vandag deel van die spreektaal. Dialekte van Norn is ook op die vasteland van Skotland gepraat – byvoorbeeld in Caithness – maar dié het uitgesterf self voordat Norn op die Orkney-eilande en Shetland-eilande verdwyn het. Sommige akademici verwys dus ook na "Caithness Norn", maar ander stem nie saam nie. Daar is veel minder oor "Caithness Norn" bekend as oor die Orkney-eilande en Shetland-eilande se taalvariëteite. Baie min geskrifte in Norn bestaan vandag. Geskrifte wat wel nog bestaan sluit in 'n weergawe van die Onse Vader, ballades, amptelike dokumente en verskeie rune-inskrifte. Bibliografie ------------ * Barnes, Michael P. "Orkney and Shetland Norn". In *Language in the British Isles*, ed. Peter Trudgill, 352-66. Cambridge: Cambridge University Press, 1984. * Barnes, Michael P. *The Norn Language of Orkney & Shetland*. Lerwick: Shetland Times 1998. ISBN 1-898852-29-4 * Jakobsen, Jakob. *An Etymological Dictionary of the Norn Language in Shetland*. 2 vols. London/Copenhagen: David Nutt/Vilhelm Prior, 1928-32 (reprinted 1985). * Low, George. *A Tour through the Islands of Orkney and Schetland*. Kirkwall: William Peace, 1879. * Marwick, Hugh. *The Orkney Norn*. London: Oxford University Press, 1929. * Rendboe, Laurits. "The Lord's Prayer in Orkney and Shetland Norn 1-2". *North-Western European Language Evolution* 14 (1989): 77-112 and 15 (1990): 49-111. * Wallace, James. *An Account of the Islands of Orkney*. London: Jacob Tonson, 1700.
{ "title": "Norn", "mostly_tablelist": false, "tablelist_ratio": [ 1055, 2123, 0.496938294865756 ], "infobox": [ "<table about=\"#mwt1\" cellpadding=\"2\" class=\"infobox\" style=\"width:22em; margin-top:0.75em; background:#f4f4f4; text-align:left; font-size:90%;\">\n<tbody><tr><th about=\"#mwt6\" colspan=\"3\" data-mw='{\"attribs\":[[{\"txt\":\"style\"},{\"html\":\"text-align: center; font-size:120%; color: black; background-color: &lt;span typeof=\\\"mw:Nowiki\\\" data-parsoid=\\\"{}\\\"&gt;#ACE1AF&lt;/span&gt;;\"}]]}' style=\"text-align: center; font-size:120%; color: black; background-color: #ACE1AF;\" typeof=\"mw:ExpandedAttrs\">Norn</th></tr>\n<tr>\n<td style=\"padding-left: 0.5em;\">Gepraat<span typeof=\"mw:Entity\"> </span>in:</td>\n<td colspan=\"2\" style=\"padding-left: 0.5em;\"><a href=\"./Orkney,_Skotland\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Orkney, Skotland\">Orkney</a>, <a href=\"./Shetland\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Shetland\">Shetland</a><span typeof=\"mw:Entity\"> </span></td></tr>\n<tr>\n<td style=\"top; padding-left: 0.5em;\">Gebied:</td>\n<td colspan=\"2\" style=\"padding-left: 0.5em;\"><a href=\"./Wes-Europa\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Wes-Europa\">Wes-Europa</a></td></tr>\n<tr>\n<td style=\"padding-left: 0.5em;\">Totale<span typeof=\"mw:Entity\"> </span>sprekers:</td>\n<td colspan=\"2\" style=\"padding-left: 0.5em;\"><i>uitgesterf</i></td></tr>\n<tr>\n<td style=\"padding-left: 0.5em;\"><a href=\"./Taalfamilie\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Taalfamilie\">Taalfamilie</a>:</td>\n<td colspan=\"2\" style=\"padding-left: 0.5em; text-align: left;\"><a href=\"./Indo-Europese_tale\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Indo-Europese tale\">Indo-Europees</a><br/><span style=\"font-size:66%;\"><span typeof=\"mw:Entity\"> </span></span><a href=\"./Germaanse_tale\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Germaanse tale\">Germaans</a><br/><span style=\"font-size:66%;\"><span typeof=\"mw:Entity\"> </span><span typeof=\"mw:Entity\"> </span></span><a href=\"./Noord-Germaanse_tale\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Noord-Germaanse tale\">Noord-Germaanse</a><br/><span style=\"font-size:66%;\"><span typeof=\"mw:Entity\"> </span><span typeof=\"mw:Entity\"> </span><span typeof=\"mw:Entity\"> </span></span><a class=\"new\" href=\"./Wes-Skandinawiese_tale\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Wes-Skandinawiese tale\">Wes-Skandinawies</a><br/><span style=\"font-size:66%;\"><span typeof=\"mw:Entity\"> </span><span typeof=\"mw:Entity\"> </span><span typeof=\"mw:Entity\"> </span><span typeof=\"mw:Entity\"> </span></span><b>Norn</b><span typeof=\"mw:Entity\"> </span></td></tr>\n<tr>\n<td style=\"padding-left: 0.5em;\">Skrifstelsel:</td>\n<td colspan=\"2\" style=\"padding-left: 0.5em;\"><a href=\"./Latynse_alfabet\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Latynse alfabet\">Latynse alfabet</a><span typeof=\"mw:Entity\"> </span></td></tr>\n<tr>\n<th about=\"#mwt8\" colspan=\"3\" data-mw='{\"attribs\":[[{\"txt\":\"style\"},{\"html\":\"text-align: center; color: black; background-color: &lt;span typeof=\\\"mw:Nowiki\\\" data-parsoid=\\\"{}\\\"&gt;#ACE1AF&lt;/span&gt;;\"}]]}' style=\"text-align: center; color: black; background-color: #ACE1AF;\" typeof=\"mw:ExpandedAttrs\">Amptelike status</th></tr>\n<tr>\n<td style=\"padding-left: 0.5em;\">Amptelike taal in:</td>\n<td colspan=\"2\" style=\"padding-left: 0.5em;\"><i>geen</i></td></tr>\n<tr>\n<td style=\"padding-left: 0.5em;\">Gereguleer deur:</td>\n<td colspan=\"2\" style=\"padding-left: 0.5em;\"></td></tr>\n<tr>\n<th about=\"#mwt10\" colspan=\"3\" data-mw='{\"attribs\":[[{\"txt\":\"style\"},{\"html\":\"text-align: center; color: black; background-color: &lt;span typeof=\\\"mw:Nowiki\\\" data-parsoid=\\\"{}\\\"&gt;#ACE1AF&lt;/span&gt;;\"}]]}' style=\"text-align: center; color: black; background-color: #ACE1AF;\" typeof=\"mw:ExpandedAttrs\">Taalkodes</th></tr>\n<tr>\n<td style=\"padding-left: 0.5em;\"><a class=\"mw-redirect\" href=\"./ISO_639-1\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"ISO 639-1\">ISO 639-1</a>:</td>\n<td colspan=\"2\" style=\"padding-left: 0.5em;\"><i>geen</i></td></tr>\n<tr>\n<td style=\"padding-left: 0.5em;\"><a class=\"mw-redirect\" href=\"./ISO_639-2\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"ISO 639-2\">ISO 639-2</a>:</td>\n<td colspan=\"2\" style=\"padding-left: 0.5em;\"><tt></tt></td></tr>\n<tr>\n<td style=\"padding-left: 0.5em;\"><a class=\"mw-redirect\" href=\"./ISO_639-3\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"ISO 639-3\">ISO 639-3</a>:</td>\n<td colspan=\"2\" style=\"padding-left: 0.5em;\"><tt><a class=\"external text\" href=\"http://www.sil.org/iso639-3/documentation.asp?id=nrn\" rel=\"mw:ExtLink\">nrn</a></tt><span typeof=\"mw:Entity\"> </span></td></tr>\n<tr>\n<td colspan=\"3\" style=\"padding: 0; vertical-align: middle;\"><figure-inline data-mw='{\"caption\":\"Tale van Skotland in die vroeë 15de eeu. Norn in oranje, Engels/Skots in geel en Skots-Gaelies in blou.\"}' typeof=\"mw:Image\"><a href=\"./Lêer:Languages_of_Scotland_1400_AD.svg\"><img data-file-height=\"1418\" data-file-type=\"drawing\" data-file-width=\"932\" height=\"380\" resource=\"./Lêer:Languages_of_Scotland_1400_AD.svg\" src=\"//upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/b/b4/Languages_of_Scotland_1400_AD.svg/250px-Languages_of_Scotland_1400_AD.svg.png\" srcset=\"//upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/b/b4/Languages_of_Scotland_1400_AD.svg/500px-Languages_of_Scotland_1400_AD.svg.png 2x, //upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/b/b4/Languages_of_Scotland_1400_AD.svg/375px-Languages_of_Scotland_1400_AD.svg.png 1.5x\" width=\"250\"/></a></figure-inline></td></tr>\n<tr>\n<td class=\"boilerplate metadata\" colspan=\"3\" style=\"line-height:10pt; padding:0.5em;\"><small><b>Nota</b>: Hierdie bladsy kan IFA fonetiese simbole in Unicode bevat. </small></td></tr>\n</tbody></table>" ], "td_tables": [], "text_length": 2124 }
**Abdoellah I bin Al-Hoessein** (Arabies: عبد الله الأول بن الحسين, *Abd Allāh Al-Awal ibn Al-Husayn*, Februarie 1882 - 20 Julie 1951) was van 1921 tot met sy sluipmoord in 1951 die heerser van Jordanië en sy voorgangerstaat, Transjordanië. Hy was van 11 April 1921 tot 25 Mei 1946 emir van Transjordanië onder ’n Britse mandaat en van 25 Mei 1946 tot sy dood koning van ’n onafhanklike staat. Volgens Abdoellah was hy ’n afstammeling van Mohammed omdat hy lid was van die Hasjemitiese familie. Lewe ---- Abdoellah is in Mekka, Hedjaz, gebore as die tweede oudste van die drie seuns van Hoessein bin Ali, sjarief van Mekka, en sy eerste vrou, Abdijja bint Abdoellah. Hy het sy opvoeding in Istanboel en Hedjaz ontvang. Van 1909 tot 1914 het hy Mekka in die Ottomaanse regering verteenwoordig, maar het hom tydens die Eerste Wêreldoorlog by die Britte geskaar. Tussen 1916 en 1918 het hy ’n sleutelrol gespeel in die beplanning van die Arabiese opstand teen die Ottomaanse heerskappy wat deur sy pa, sjarief Hoessein, gelei is. Hy het persoonlik guerrilla-aanvalle op garnisoene gelei. Abdoellah het in April 1921 die emir geword van Transjordanië, wat hy op eie inisiatief gestig het, en in 1948 koning van die opvolgerstaat, Jordanië, nadat dit onafhanklik geword het. Hy het geheers tot in 1951, toe hy in Jerusalem in ’n sluipmoordaanval dood is terwyl hy die Vrydaggebed in die Al-Aqsa-moskee bygewoon het. Hy is vermoor deur ’n Palestyn wat bang was die koning sou vrede met Israel sluit. Hy is deur sy oudste seun, Talal, opgevolg.
{ "title": "Abdoellah I van Jordanië", "mostly_tablelist": false, "tablelist_ratio": [ 1092, 2394, 0.45614035087719296 ], "infobox": [ "<table about=\"#mwt2\" cellpadding=\"0\" cellspacing=\"0\" class=\"toccolours vatop infobox\" style=\"float:right; clear:right; width:230px; padding:3px; margin:1px 1px 1em 1em; font-size:85%;\">\n<tbody><tr><td colspan=\"3\" style=\"background-color:; color:#000000; text-align: center;\"><b><span style=\"font-size: 120%;\">Abdoellah I</span></b></td></tr>\n<tr>\n<td colspan=\"3\" style=\"text-align: center;\">Koning van Jordanië <br/>Emir van Transjordanië</td></tr>\n<tr>\n<td colspan=\"3\" style=\"text-align:center;\"><span data-mw='{\"caption\":\"\"}' typeof=\"mw:Image\"><a class=\"mw-file-description\" href=\"./Lêer:Cecil_Beaton_Photographs-_Political_and_Military_Personalities;_Abdullah,_King_of_Jordan;_Abdullah,_King_of_Jordan_CBM1666_(cropped).jpg\"><img data-file-height=\"563\" data-file-type=\"bitmap\" data-file-width=\"496\" decoding=\"async\" height=\"254\" resource=\"./Lêer:Cecil_Beaton_Photographs-_Political_and_Military_Personalities;_Abdullah,_King_of_Jordan;_Abdullah,_King_of_Jordan_CBM1666_(cropped).jpg\" src=\"//upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/e/e4/Cecil_Beaton_Photographs-_Political_and_Military_Personalities%3B_Abdullah%2C_King_of_Jordan%3B_Abdullah%2C_King_of_Jordan_CBM1666_%28cropped%29.jpg/224px-Cecil_Beaton_Photographs-_Political_and_Military_Personalities%3B_Abdullah%2C_King_of_Jordan%3B_Abdullah%2C_King_of_Jordan_CBM1666_%28cropped%29.jpg\" srcset=\"//upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/e/e4/Cecil_Beaton_Photographs-_Political_and_Military_Personalities%3B_Abdullah%2C_King_of_Jordan%3B_Abdullah%2C_King_of_Jordan_CBM1666_%28cropped%29.jpg/336px-Cecil_Beaton_Photographs-_Political_and_Military_Personalities%3B_Abdullah%2C_King_of_Jordan%3B_Abdullah%2C_King_of_Jordan_CBM1666_%28cropped%29.jpg 1.5x, //upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/e/e4/Cecil_Beaton_Photographs-_Political_and_Military_Personalities%3B_Abdullah%2C_King_of_Jordan%3B_Abdullah%2C_King_of_Jordan_CBM1666_%28cropped%29.jpg/448px-Cecil_Beaton_Photographs-_Political_and_Military_Personalities%3B_Abdullah%2C_King_of_Jordan%3B_Abdullah%2C_King_of_Jordan_CBM1666_%28cropped%29.jpg 2x\" width=\"224\"/></a></span></td></tr>\n<tr>\n<td style=\"font-weight:bold;\">Bewind</td><td colspan=\"2\"><a href=\"./25_Mei\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"25 Mei\">25 Mei</a> <a href=\"./1946\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"1946\">1946</a> - <a href=\"./20_Julie\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"20 Julie\">20 Julie</a> <a href=\"./1951\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"1951\">1951</a></td></tr>\n<tr>\n<td style=\"font-weight:bold;\">Voorganger</td><td colspan=\"2\"><i>Hyself as emir van Transjordanië</i></td></tr>\n<tr>\n<td style=\"font-weight:bold;\">Opvolger</td><td colspan=\"2\"><a href=\"./Talal_van_Jordanië\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Talal van Jordanië\">Talal</a></td></tr>\n<tr>\n<td style=\"font-weight:bold;\">Gade</td><td colspan=\"2\">Moesbah bint Nasser <br/>Soezdil Chanoem<br/>Nahda bint Oeman</td></tr>\n<tr>\n<td style=\"font-weight:bold;\">Koningshuis</td><td colspan=\"2\"><a href=\"./Hasjemiete\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Hasjemiete\">Hasjim</a></td></tr>\n<tr>\n<td style=\"font-weight:bold;\">Gebore</td><td colspan=\"2\">Februarie 1882 <br/><a href=\"./Mekka\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Mekka\">Mekka</a>, <a href=\"./Ottomaanse_Ryk\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Ottomaanse Ryk\">Ottomaanse Ryk</a></td></tr>\n<tr>\n<td style=\"font-weight:bold;\">Gesterf</td><td colspan=\"2\">20 Julie 1951 (op 69) <br/><a href=\"./Jerusalem\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Jerusalem\">Jerusalem</a>, <a href=\"./Jordanië\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Jordanië\">Jordanië</a></td></tr>\n<tr>\n<td style=\"font-weight:bold;\">Vader</td><td colspan=\"2\">Hoessein bin Ali</td></tr>\n<tr>\n<td style=\"font-weight:bold;\">Moeder</td><td colspan=\"2\">Abdijja bint Abdoellah</td></tr>\n<tr>\n<td style=\"font-weight:bold;\">Godsdiens</td><td colspan=\"2\"><a href=\"./Soenni\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Soenni\">Soenni</a>-<a href=\"./Islam\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Islam\">Islam</a></td></tr>\n</tbody></table>" ], "td_tables": [], "text_length": 1550 }
**Normandiet** is 'n bros oranje-bruin sorosilikaatmineraal wat in 1997 deur Charles Normand (gebore 1963), van Montreal, ontdek is. Normandiet kom voor in Khibiny Massif, Kola, Rusland; in Pourette-steengroef, Mont-Saint-Hilaire, Quebec (tiperende voorkoms) en Tenerife, Kanariese Eilande. Dit word aangetref in nefelien siëniet en miarolitiese holtes in nefelien siëniet, geassosieer met nefelien, albiet, mikroklien, aegirien, natroliet, katapleiiet, kupletskiet, eudialiet, cancriniet, villiaumiet, rinkiet en donnayiet-(Y). Normandiet het 'n chemiese formule van NaCa (Mn2 +, Fe2 +) (Ti, Nb, Zr) Si2O7 (O, F) 2. Dit kristalliseer in die monokliniese prismatiese kristalstelsel. Dit kom voor as deursigtige tot deurskynende oranje-bruin aggregate van sub-paralelle naaldvormige kristalle van tot 10 mm lank, en as kolle geel, veselagtige kristalle. Dit het 'n wit tot baie liggeel streep en glasagtige glans. Dit is bros, met duidelike {100} en {001} splytings, en 'n konchoidale breking. Dit het 'n relatiewe dightheid van 3,48 tot 3,5, 'n Mohs-hardheid van 5 tot 6 en brekingsindekswaardes van nα = 1.743, nβ = 1.785 en nγ = 1.810. Dit is vernoem na Charles Normand (gebore 1963), 'n Kanadese geoloog. Sien ook -------- * Mineraal * Relatiewe digtheid * Mohs se hardheidskaal
{ "title": "Normandiet", "mostly_tablelist": false, "tablelist_ratio": [ 266, 1316, 0.20212765957446807 ], "infobox": [], "td_tables": [], "text_length": 1288 }
*Hierdie artikel handel oor die hawestad in Kroasië. Vir Botswana se geldeenheid sien Botswana pula.* | **Pula** | | --- | | **Kaart** | **Wapen** | | | | | | | | **Vlag** | | | | | |  **Land** |  Kroasië | |  **Provinsie** | Istrië | |  **Koördinate** | 44°52′N 13°51′O / 44.867°N 13.850°O / 44.867; 13.850 | |  **Stigting** | 45 v.C. | |  **Oppervlakte:** |   | |  - Totaal | 51,65 vk km | |  **Hoogte bo seevlak** | 30 m | | | |  **Bevolking:** |   | |  - Totaal (2019) | 57 460 | |  - Bevolkingsdigtheid | 1 100/vk km | |  **Tydsone** | UTC +1 (MET) | |  - Somertyd | UTC +2 (MEST) | |  **Burgemeester** | Boris Miletić (IDS) | |  **Amptelike webwerf** | *pula.hr* Geargiveer 8 Maart 2017 op Wayback Machine | Die hawe van Pula Die Arena van Pula Tempel van Augustus **Pula** (Italiaans: **Pola**) is 'n hawestad in die weste van Kroasië langs die Middellandse See. Tot en met 1797 was die stad 'n Venesiaanse besitting en het daarna onder Habsburgs-Oostenrykse bewind gekom. In 1918, ná die Eerste Wêreldoorlog, is Pula weer by Italië ingelyf. Ná die Tweede Wêreldoorlog is die stad by Joego-Slawië ingelyf. Sedert 1991 is die stad in Kroasië geleë nadat dié land sy onafhanklikheid verkry het. In 1946 was nog 90% van die bewoners etniese Italianers, maar die meeste van hulle het na Italië geëmigreer. Ekonomie -------- Skeepsbou is die belangrikste industrie en Pula is die tuiste van Uljanik en Tehnomont, twee groot skeepsbouwerwe. ### Toerisme Toerisme vorm 'n baie belangrike deel van die ekonomie: die stad het baie ou Romeinse geboue en 'n warm klimaat met 'n groot strand. Sien ook -------- * 2Cellos * Juraj Dobrila-Universiteit van Pula
{ "title": "Pula", "mostly_tablelist": false, "tablelist_ratio": [ 776, 1599, 0.48530331457160725 ], "infobox": [], "td_tables": [], "text_length": 1682 }
**Albert Coates** (1882–1953) was ’n Russiesgebore Britse en later Suid-Afrikaanse dirigent en komponis. Tussen 1910 en 1917 was hy dirigent van die Mariinskiteater in Sint Petersburg. In 1919 sluit hy hom by die Londense Simfonieorkes aan, waar hy onder meer die Wêreldpremiére van Gustav Holst se volledige *Planets Suite* en die hersiene weergawe van Vaughan Williams se *A London Sympony* dirigeer. Nadat hy met die Suid-Afrikaanse sangeres Vera de Villiers getrou het, emigreer hulle in 1945 na Suid-Afrika. Hy het nege operas gekomponeer. Die laaste, *Van Hanks and the Devil*, is die eerste keer in 1952, ten tyde van die Van Riebeeck-fees, opgevoer. Lewensloop ---------- Albert Henry Coates is op 23 April 1882 in Sint Petersburg in Rusland gebore. Hy was die jongste van sewe kinders van 'n Engelse pa en Russiese ma. Hy studeer aan die konservatorium in Leipzig, waar sy grootste onderwyser Arthur Nikisch was. Hy het by die operahuis in Dresden gewerk en 'n dirigent in Sint Petersburg se Mariinskiteater geword. Ná die Russiese Rewolusie en die Eerste Wêreldoorlog kon hy in April 1919 uit Rusland ontsnap. In 1914 tree hy vir die eerste keer by die Royal Opera House (Covent Garden) op, waar hy Richard Wagner se *Tristan und Isolde* dirigeer. Hy was 'n energieke man wat die gehoor aan musiek voorgestel het wat hulle nie vantevore gehoor het nie, veral deur Russiese komponiste soos Alexander Scriabin, maar ook Engelse musiek deur Ralph Vaughan Williams, Arnold Bax en Gustav Holst. In die 1920's en vroeë 1930's het hy dikwels saam met die Londense Simfonieorkes gewerk. Hy het kort na die bekendstelling van die grammofoon opnames gemaak. Dit sluit in *Scriabin's Poème de l'Extase* en stukke van Wagner se *Der Ring des Nibelungen* en in 1925 Beethoven se volledige *Simfonie Nr. 9*. Hy was ook die dirigent vir die eerste opname van Rachmaninoff se *Klavierkonsert Nr. 3*, met Vladimir Horowitz as solis. In 1925 het hy die eerste verhoogoptrede van Rimsky-Korsakov se opera, *The Legend of the Invisible City of Kitezh and the Maiden Fevroniya*, buite Rusland aangebied. Hy het verskeie werke gekomponeer, waaronder operas en 'n simfoniese toondig, *The Eagle*, ter nagedagtenis aan sy voormalige onderwyser, Artur Nikisch. Die toondig is in 1925 in Leeds opgevoer. In 1946 het hy hom in Milnerton, Kaapstad gevestig, waar hy op 11 Desember 1953 oorlede is.
{ "title": "Albert Coates", "mostly_tablelist": false, "tablelist_ratio": [ 874, 2865, 0.30506108202443283 ], "infobox": [ "<table about=\"#mwt1\" class=\"infobox vcard plainlist\" data-mw='{\"parts\":[{\"template\":{\"target\":{\"wt\":\"Inligtingskas Musikale kunstenaar\\n\",\"href\":\"./Sjabloon:Inligtingskas_Musikale_kunstenaar\"},\"params\":{\"naam\":{\"wt\":\"Albert Coates\"},\"beeld\":{\"wt\":\"\"},\"beeldgrootte\":{\"wt\":\"\"},\"dwarsformaat\":{\"wt\":\"\"},\"beeldbeskrywing\":{\"wt\":\"\"},\"beeldonderskrif\":{\"wt\":\"\"},\"agtergrondkleur\":{\"wt\":\"\"},\"geboortenaam\":{\"wt\":\"Albert Henry Coates\"},\"alias\":{\"wt\":\"\"},\"geboortedatum\":{\"wt\":\"[[23 April]] [[1882]]\"},\"geboorteplek\":{\"wt\":\"[[Sint Petersburg]]\"},\"oorsprong\":{\"wt\":\"\"},\"sterfdatum\":{\"wt\":\"[[11 Desember]] [[1953]]\"},\"sterfplek\":{\"wt\":\"[[Milnerton]], [[Kaapstad]]\"},\"genre\":{\"wt\":\"Klassieke musiek\"},\"beroep\":{\"wt\":\"Komponis, dirigent\"},\"instrument\":{\"wt\":\"\"},\"jare_aktief\":{\"wt\":\"\"},\"etiket\":{\"wt\":\"\"},\"assosiasies\":{\"wt\":\"\"},\"webwerf\":{\"wt\":\"\"},\"huidige_lede\":{\"wt\":\"\"},\"gewese_lede\":{\"wt\":\"\"}},\"i\":0}}]}' id=\"mwAg\" style=\"width:22em\" typeof=\"mw:Transclusion\"><tbody><tr><th colspan=\"2\" style=\"text-align:center;font-size:125%;font-weight:bold;background-color: #b0c4de\"><div class=\"\" style=\"display:inline;\">Albert Coates</div></th></tr><tr><th scope=\"row\"><span style=\"white-space:nowrap\">Geboortenaam</span></th><td class=\"nickname\">Albert Henry Coates</td></tr><tr><th scope=\"row\">Gebore</th><td><a href=\"./23_April\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"23 April\">23 April</a> <a href=\"./1882\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"1882\">1882</a><br/><a href=\"./Sint_Petersburg\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Sint Petersburg\">Sint Petersburg</a></td></tr><tr><th scope=\"row\">Sterf</th><td><a href=\"./11_Desember\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"11 Desember\">11 Desember</a> <a href=\"./1953\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"1953\">1953</a><br/><a href=\"./Milnerton\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Milnerton\">Milnerton</a>, <a href=\"./Kaapstad\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Kaapstad\">Kaapstad</a></td></tr><tr><th scope=\"row\">Genres</th><td>Klassieke musiek</td></tr><tr><th scope=\"row\"><span style=\"white-space:nowrap\">Beroep(e)</span></th><td class=\"role\">Komponis, dirigent</td></tr></tbody></table>" ], "td_tables": [], "text_length": 2394 }
**Abdülhamid I**, **Abdul Hamid I** of **Abd Al-Hamid I** (Ottomaanse Turks: عبد الحميد اول, moderne Turks: I.Abdülhamit; 20 Maart 1725 – 7 April 1789) was van 1774 tot 1789 sultan van die Ottomaanse Ryk. Hy was ook bekend as **die Dienskneg van God**. Hy was die seun van sultan Ahmet III en die jonger broer van Mustafa III, wat hy opgevolg het. Hy was die grootste deel van sy eerste 43 jaar, tydens die bewind van sy neefs Mahmoed I en Osman III en sy broer Mustafa III in eensame aanhouding in die kafes soos wat die tradisie was. Dit het hom baie oplettend gemaak oor sake van die staat en die planne van sy raadgewers. Hy was egter ook baie godsdienstig en van nature ’n passifis. Die staatskis was beroerd toe hy sultan word, maar hy is in oorloë gedwing en minder as ’n jaar ná sy troonbestyging het die Turke ’n groot nederlaag gely in die Slag van Kozluja. ’n Vernederende vredesverdrag is op 21 Julie 1774 gesluit. Ondanks sy nederlae is Abdülhamid beskou as die mees grasieuse van die Ottomaanse sultans. Hy was so godsdienstig dat hy ’n *veli* ("heilige") genoem is. Hy het die militêre en die onderwysstelsel verbeter. In 1787 het die Ottomaanse Ryk weer oorlog teen Rusland verklaar. In die volgende jaar het Oostenryk by Rusland aangesluit. Swede en Pruise het die Turke se kant gekies, maar het geen hulp verskaf nie. Eindelik het die Turke die oorlog in 1788 verloor. Abdülhamid is vier maande later op 64-jarige ouderdom dood. Hy het sewe seuns gehad: Mustafa IV, Mahmoed II, Moerad, Noesret, Mehmet, Ahmet en Süleyman. Hierdie artikel is vertaal vanuit die Engelse Wikipedia | * l * b * w Ottomaanse sultans volgens tydperk | | --- | | Opgang (1299-1453) | * Osman I * Orhan * Murat I * Bajezid I * (Tussenregering) * Mehmet I * Murat II * Mehmet II | | | Groei (1453–1683) | * Bajezid II * Selim I * Süleyman die Manjifieke * Selim II * Murat III * Mehmet III * Ahmet I * Mustafa I * Osman II * Murat IV * Ibrahim * Mehmet IV | | Stagnasie (1683–1827) | * Süleyman II * Ahmet II * Mustafa II * Ahmet III * Mahmoed I * Osman III * Mustafa III * Abdülhamid I * Selim III * Mustafa IV * Mahmoed II | | Verval (1828–1908) | * Abdülmecid I * Abdülaziz * Murat V * Abdülhamid II | | Ondergang (1908–1923) | * Mehmet V * Mehmet VI * Abdülmecid II | | | | | --- | --- | | Normdata Edit this at Wikidata | * BNF: cb162958803 (data) * GND: 101068638 * ISNI: 0000 0000 6120 7006 * LCCN: no2003069983 * NLP: A37230682 * NTA: 310468590 * SUDOC: 072310065 * TDVİA: abdulhamid-i * VIAF: 47121472 * WorldCat Identities: lccn-no2003069983 |
{ "title": "Abdülhamid I", "mostly_tablelist": false, "tablelist_ratio": [ 858, 2170, 0.3953917050691244 ], "infobox": [ "<table about=\"#mwt1\" class=\"infobox\" style=\"font-size:90%; width:25em; text-align:left;\">\n<tbody><tr><th colspan=\"2\" style=\"color:#000; background-color:#C3B091; font-size:120%; text-align:center;\">Abdülhamid I</th></tr>\n<tr>\n<td colspan=\"2\" style=\"text-align:center;\"><i>Sultan van die Ottomaanse Ryk <br/>Kalief van Islam</i></td></tr>\n<tr>\n<td colspan=\"2\" style=\"text-align:center;\"><span data-mw='{\"caption\":\"\"}' typeof=\"mw:Image\"><a class=\"mw-file-description\" href=\"./Lêer:Abdulhamid_I.jpg\"><img data-file-height=\"1576\" data-file-type=\"bitmap\" data-file-width=\"1080\" decoding=\"async\" height=\"219\" resource=\"./Lêer:Abdulhamid_I.jpg\" src=\"//upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/1/1f/Abdulhamid_I.jpg/150px-Abdulhamid_I.jpg\" srcset=\"//upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/1/1f/Abdulhamid_I.jpg/225px-Abdulhamid_I.jpg 1.5x, //upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/1/1f/Abdulhamid_I.jpg/300px-Abdulhamid_I.jpg 2x\" width=\"150\"/></a></span><br/><small><div style=\"text-align:center\"></div></small></td></tr>\n<tr>\n<th>Volle naam</th>\n<td>Sultan Abdülhamid I</td></tr>\n<tr>\n<th>Ottomaanse naam</th>\n<td>عبد الحميد اول</td></tr>\n<tr>\n<th>Tydperk</th>\n<td>1774–1789</td></tr>\n<tr>\n<th>Stadium</th>\n<td>Stagnasie van die Ottomaanse Ryk</td></tr>\n<tr>\n<th>Huis</th>\n<td><a href=\"./Huis_van_Osman\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Huis van Osman\">Osman</a></td></tr>\n<tr>\n<th>Voorganger</th>\n<td><a href=\"./Mustafa_III\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Mustafa III\">Mustafa III</a></td></tr>\n<tr>\n<th>Opvolger</th>\n<td><a href=\"./Selim_III\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Selim III\">Selim III</a></td></tr>\n<tr>\n<th><a href=\"./Toegra\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Toegra\">Toegra</a></th>\n<td><span typeof=\"mw:Image\"><a class=\"mw-file-description\" href=\"./Lêer:Tughra_of_Abdülhamid_I.JPG\"><img data-file-height=\"293\" data-file-type=\"bitmap\" data-file-width=\"566\" decoding=\"async\" height=\"78\" resource=\"./Lêer:Tughra_of_Abdülhamid_I.JPG\" src=\"//upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/2/27/Tughra_of_Abd%C3%BClhamid_I.JPG/150px-Tughra_of_Abd%C3%BClhamid_I.JPG\" srcset=\"//upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/2/27/Tughra_of_Abd%C3%BClhamid_I.JPG/225px-Tughra_of_Abd%C3%BClhamid_I.JPG 1.5x, //upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/2/27/Tughra_of_Abd%C3%BClhamid_I.JPG/300px-Tughra_of_Abd%C3%BClhamid_I.JPG 2x\" width=\"150\"/></a></span></td></tr>\n</tbody></table>" ], "td_tables": [], "text_length": 2600 }
’n Saamgestelde optiese/X-straalfoto van die Krap-newel, met die elektromagnetiese straling wat deur die pulsar in die middel van die newel uitgestuur word. ’n Pulsar se draai-as, magnetosfeer en elektromagnetiese straalstrome. ’n **Pulsar** in sterrekunde is ’n digte, vinnig draaiende neutronster wat elektromagnetiese straling uitstuur. Dié straling word op die Aarde waargeneem in die vorm van vinnige pulse. Die naam pulsar kom van "pulserende radiobron" (*pulsa*ting *r*adio-source). Ontdekking ---------- Die eerste bekende pulsar is in Augustus 1967 deur Jocelyn Bell en haar mentor, Antony Hewish, ontdek. Dit het ’n pulsperiode van 1,3 sekondes gehad. Sedertdien is ook vinniger pulserende neutronsterre waargeneem, tot met periodes van millisekondes. Dit is 'n swak radiobron wat elke 1,337 sekonde 'n kort radiopuls uitsend. Die pulse was so reëlmatig dat aanvanklik veronderstel is dat hulle van buite-aardse beskawings afkomstig was. Die benaming pulsar kom van die Engelse term, "pulsating radio star". Teen 1969 was 49 pulsars reeds ontdek en na raming kan daar 10 000 in die Melkweg aanwesig wees. Die meeste lê naby die galaktiese vlak en kan net met radioteleskope waargeneem word. Die periodes van pulsars wissel van 0,033 tot 2 of 3 sekondes, maar die algemeenste periodes lê tussen 0,5 en 1,0 s. Die pulse bestaan gewoonlik uit radiogolwe (tussen 6 cm en 8 m), maar in sommige gevalle, soos die pulsar in die Krapnewel, word lig- en X-strale ook uitgesend. Die Krapnewel se pulsar, NP 0532, is die vinnigste bekende pulsar, met ander woorde sy pulsperiode (0,033 s) is die kortste. In 1977 is optiese pulse ook by die Velapulsar in die Gumnewel ontdek. Hierdie pulsar het 'n periode van 0,08 s en dit is ʼn dowwe sterretjie met 'n magnitude van 24 ,2. Hoewel die vorm en intensiteit van 'n pulsar se afsonderlike pulse baie kan varieer, het elke pulsar 'n  karakteristieke (gemiddelde) pulsvorm. Oor die algemeen is die periode van die meeste pulsars uiters konstant (die afwyking is minder as 10- 8 s per jaar), maar periodeveranderings is al by 2 van die vinnigste pulsars waargeneem. Die gemiddelde pulsar se periode verdubbel (met ander woorde sy pulse word 2 keer stadiger uitgesend) oor In tydperk van 10 miljoen jaar. Die vinnigste pulsars se periode verdubbel elke 2 400 jaar en sommige is so konstant dat dit 100 miljoen jaar sal neem voordat die periode verdubbel. Volgens benaderde skattings van die ouderdomme van pulsars is van die oudste, stadiger pulsars omtrent 100 miljoen jaar oud. So is NP 0532 in die Krapnewel, skaars 1 000 jaar oud. Afgesien van 'n geleidelike toename in die periode, is skielike afnames by sekere pulsars ontdek. Die vermoede is dat 'n in krimping in die buitenste laag plaasvind en dat die pulsar, om sy hoek momentum (die draaimomentum van 'n liggaam om sy eie as) te behou, vinniger draai en daarom word die pulsperiode korter. Afstande van pulsars -------------------- Twee metodes word gebruik om die afstande tussen pulsars en die aarde te bepaal. Die eerste berus op die feit dat die snelheid van radiogolwe deur 'n geïoniseerde gas afhang van die golflengtes. In die ruimte is yl hoeveelhede geïoniseerde waterstofgas. As ʼn paar ontvangers ingestel is vir verskillende golflengtes, sal die golflengtes in een puis op verskillende tye deur die afsonderlike ontvangers ontvang word, afhangende van hoe ver dit deur die geïoniseerde gas moes trek. Die probleem in die geval is die bepaling van die digtheid van die interstellêre gas. Dit word geskat op 0,03 ione per kubieke sentimeter. Volgens hierdie metode is die naaste pulsar 300 ligjare ver. Die gemiddelde pulsarafstand word bereken op 3 000 ligjare. Die tweede metode maak van ʼn absorpsietegniek gebruik. Dit is bekend dat koue waterstofgas (nie geïoniseer nie) radiogolwe met ʼn golflengte van 21 cm uitstraal. Van hierdie feit is reeds gebruik gemaak om die spiraalarms van die Melkweg te bestudeer. Dit is dus moontlik om die mate van 21 cm-absorpsie uit ʼn pulsar se straling te bepaal en vas te stel hoeveel spiraalarms tussen die aarde en die pulsar lê. Volgens hierdie metode is die gemiddelde afstand ook 3 000 ligjare. Teorie ------ Hoewel pulsars nie in alle supernova-oorblyfsels gevind is nie, wil dit voorkom asof pulsars ontstaan wanneer supernovas ontplof. Die Krapnewel, waarvan ʼn pulsar NP 0532 die energiebron is, is die oorblyfsel van 'n supernova-ontploffing wat deur die Chinese in 1054 n.C. waargeneem is. 'n Supernova is 'n groot ster wat die einde van sy evolusie bereik het en ineenstort. In die proses word die buitenste lae van die ster uitgeskiet en die kern word in so 'n mate saamgepers dat die elektrone en protone van sy atome tot neutrone verenig. 'n Klein, uiters digte neutronsterretjie met 'n deursnee van 10 tot 20 km bly oor, waarvan 1 m3 materie omtrent 1016 kg weeg. Aangesien die hoek momentum van die oorspronklike ster behoue moet bly, draai die klein neutronsterretjie teen 'n ontsaglike snelheid – omtrent 1 000 omwentelinge per sekonde. As die rigting van die magnetiese as nie met die van die rotasie-as ooreenstem nie, sal groot, fluktuerende magneetvelde om die pulsar opgewek word. Volgens beraming sal die sterkte van die pulsar se magneetveld 108 tesla wees (die aarde s'n is ongeveer 5 x l0- 5 tesla). Die radiostraling kom dus nie van die ster self nie, maar van die elektrone wat deur die fluktuerende magneetveld tot amper die snelheid van lig in spiraalvormige bane versnel word (sinchrotronstraling). Die straling wat so opgewek word, sal sterk gerig wees en in 'n dun bundel uitgestraal word vanaf die pole van die magneetveld. Die rotasie van die neutronster veroorsaak dan die pulserende "vuurtoringeffek". Die geleidelike vertraging van ʼn pulsar hou verband met die totale hoeveelheid energie wat uitgestraal word. Die rotasie-energie word omgesit in die stralingsenergie. Die rede waarom pulsars nie in alle supernova-oorblyfsels gevind is nie, word waarskynlik verklaar deur die feit dat die straling in 2 smal bundels uitgesend word. In sommige gevalle is die straling dus nie in die rigting van die aarde gerig nie. Ontstaan en eienskappe ---------------------- ’n Pulsar is die eindstadium van ’n ster met ’n massa van sowat 10 sonmassas en ontstaan uit ’n tipe II, Ia of Ib-supernova. Laasgenoemde gebeur wanneer die hidrostatiese ewewig van ’n ster uit balans raak en die kern onder sy eie swaartekrag inplof. Omdat die ster nou baie kleiner is, maar sy draaimomentum en magnetiese veld behou, word die draaisnelheid baie verhoog en die magnetiese veld versterk. Onder invloed van die draaiende magnetiese veld word ’n elektriese veld opgewek wat meebring dat die ster by sy twee pole elektromagnetiese straalstrome uitstuur. Wanneer een van die draaiende ster se pole na die Aarde wys, word die stroom waargeneem as ’n elektromagnetiese puls, net soos ’n vuurtoring se lig wat net waargeneem word wanneer die lig direk na die waarnemer wys. Dié pulse het ’n baie stabiele periode van tussen 1,4 millisekondes en 8,5 sekondes. ’n Tipiese pulsar het ’n straal van 10 km en ’n massa van sowat 1,4 sonsmassas. Bronne ------ * Wêreldspektrum, 1982, ISBN 0908409648, volume 23, bl. 135
{ "title": "Pulsar", "mostly_tablelist": false, "tablelist_ratio": [ 1386, 7329, 0.18911174785100288 ], "infobox": [], "td_tables": [], "text_length": 7236 }
Abbie Park Ferguson was die Vrouesendingbond se eerste sekretaresse, van 1889 tot 1914. Die Hugenote-kollege se hoofgebou is tydens Abbie Park Ferguson se rektorskap in gebruik geneem. **Abbie Park Ferguson** (Whateley, Massachusetts, 4 April 1837 - Wellington, 23 Maart 1919) was 'n baanbreker op die gebied van onderwys vir dogters en vroue in Suid-Afrika, en veral op die Bolandse dorp Wellington. Sy was die dogter van 'n Skotse predikant in die Kongregasionalistiese Kerk in Whateley in die deelstaat Massachusetts. Haar ma het uit 'n puriteinse huis gekom. Sy behaal haar onderwysgraad in 1865 aan die Mount Holyoke-seminarie in die VSA. Hoewel sy onderwys in New Haven gaan gee het, wou sy eintlik sendingwerk gaan doen, veral onder die minderbevoorregtes. Ná twee jaar gaan studeer sy verder in Europa waar sy haar M.A. behaal. Ferguson keer terug na New Haven en begin 'n projek vir straatkinders saam met die Metodistekerk. Tydens 'n besoek aan haar alma mater kom 'n brief aan van dokter Andrew Murray waarin hy vra vir onderwyseresse om 'n inrigting geskoei op Mount Holyoke te begin. Aan die einde van 1873 kom sy in die geselskap van Anna Bliss in Suid-Afrika aan en was van die opening op 19 Januarie 1874 verbonde aan die Hugenote-seminarie op Wellington. Hulle is albei op 5 Oktober 1874 as lidmate van die plaaslike NG gemeente opgeneem. Mej. Ferguson was 37 jaar lank aan die Hugenote-seminarie en -kollege werksaam, waarvan die laaste 11 jaar as rektor, en het dit uitgebou tot 'n opleidingsinstelling wat die rol van die vrou in die kerk en samelewing ingrypend verander het. Bronne ------ * Gaum, dr. Frits (hoofred.) 2008. *Christelike Kernensiklopedie*. Wellington: Lux Verbi.BM. | | | | --- | --- | | Normdata Edit this at Wikidata | * LCCN: no00027480 * SNAC: w6cc8pp9 * VIAF: 24140079 * WorldCat Identities: lccn-no00027480 |
{ "title": "Abbie Park Ferguson", "mostly_tablelist": false, "tablelist_ratio": [ 162, 1498, 0.1081441922563418 ], "infobox": [], "td_tables": [], "text_length": 1865 }
**Galway Sportgronde**, ook bekend as **Die Sportgronde** en **Galway Windhondstadion**, is ’n veeldoelige stadion in Galway, Ierland. Die stadion is in 1927 geopen met ’n sokkerwedstryd maar is intussen hoofsaaklik vir rugbywedstryde en windhondwedrenne aangewend. Die stadion is tans die tuisveld van Connacht vir alle oefeninge en wedstryde. Windhondwedrenne vir Vrydae en Saterdae plaas. Die stadion word op ’n langtermynbasis aan die Ierse Windhondraad (*Bord na gCon*) verhuur, wat die stadion vir windhondwedrenne gebruik. Dit word ook aan Connacht Rugby verhuur, wat die stadion gebruik vir wedstryde in die Pro14- en Europese toernooie. Rugby ----- Tot 2011 was daar slegs plek vir 5 500 toeskouers by die Sportgronde. Die stadion is in 2011 en weer in 2016 vernuwe en uitgebrei onder aanporing van die sukses van Connacht Rugby. * **Hoofpaviljoen** – het korporatiewe fasiliteite vir lede met ’n onderdakterras daaronder * **Die Clan-terras** – ’n onderdakterras aan die klubhuiskant van die veld * **Onderdakpaviljoen** – ’n onderdaksitpaviljoen aan die hoofpaviljoenkant met plek vir 300 mense * **Onbedekte Terras** – aan die Bohermore- en Collegewegkante van die veld Met tydelike sitplek is daar plek vir 8 100 toeskouers. Die Sportgronde se rekordbywoning was op 19 November 2011 toe ’n skare van 9 120 ’n wedstryd tussen Connacht en Toulouse, wat Connacht se eerste tuiswedstryd in die Heinekenbeker was, gekyk het. ### Renovasies sedert 2011 Connacht Rugby het in die 2011-’12-seisoen vir die eerste maal aan Europese Rugby se bloubandkompetisie, die Europese Rugbykampioenebeker (voor die 2014-’15-seisoen as die Heinekenbeker bekend), deelgeneem. Dit het ’n nuwe ontwikkelingsfase by die Sportgrond aangespoor sodat die formele kapasiteit na 7 500 toeskouers uitgebrei is. Die bestaande klubhuis-terras is gesloop om plek te maak vir die nuwe onderdak "Clan-terras". Hierdie terras word hoofsaaklik deur seisoenkaartjiehouers gebruik. Aanvullende werk is ook agter die terras gedoen met die bou van ’n nuwe kroeg (Die Clan-kroeg), eetplekke en toiletfasiliteite aan die klubhuiskant van die veld. ’n Tydelike onderdaksitpaviljoen, die Westelike Paviljoen, is vir die seisoen langs die hoofpaviljoen opgerig. Hierdie rits verbeteringe het gekom na aanleiding van ’n reeks van ontwikkelinge, soos ’n nuwe speeloppervlak, ’n nuwe klubhuis en spreiligte, wat deur die Ierse Rugbyvoetbalunie befonds is. Voorts is in 2008 reeds ’n gimnasium gebou. In 2011 is beplanningsgoedkeuring toegestaan om die Clan-terras te herontwikkel deur ’n vlak met sitplekke bo die terras aan die klubhuiskant van die veld te bou. Dit is egter nog nie gedoen nie. In die somer van 2016 is werk aan ’n bykomende onderdaksitpaviljoen met plek vir 300 mense voltooi. Die paviljoen, langs die hoofpaviljoen, het die stadion se kapasiteit na 8 100 vermeerder. Fasiliteite ----------- Die fasiliteite sluit ’n hoofpaviljoenrestaurant, kitskosfasiliteite en ’n aantal kroeë in. Windhondwedrenne ---------------- Windhondwedrenne vind elke Vrydag- en Saterdagaand plaas. Afstande is 350, 525, 550 en 575 jaart. Die hoofwedren by die baan is die Teefkampioenewedren. ### Geskiedenis Die Galway Windhondmaatskappy is in 1932 gestig maar die eerste windhondwedren is eers na drie jaar by Lough Atalia gehou. Die openingsaand was in 1935. Teen 1978 was dit nodig om die stadion oor te doen en die bestuur het besluit dat verbeteringe slegs kon plaasvind indien die renbaan gesluit sou word. Daar is gevolglik in 1978 ’n nuwe paviljoen met tralies en totofasiliteit gebou en die baan self is heraangelê met verhoogde krommings. Die groot heropening was op 25 Mey 1979 en die koste van die modernisering het meer as £500 000 beloop. In 2003 is die baan weer intensief opgeknap tydens ’n projek wat die Windhondraad €6 miljoen gekos het. Ander Sport ----------- Die stadion was per geleentheid gasheer vir Gaeliese spele-wedstryde met die eindstryd van die 1932 Geheel Ierland Senior Camogie-kampioenskap en die 1942 Galway Streekshurlingeindstryd. Toe Terryland Park in 1993 vir renovasie gesluit was, het Galway United die stadion as hul tuisveld vir sokkerwedstryde gebruik. Dit was ook die tuisveld vir Galway se eerste wedstryd in die 1985-’86 Europese Bekerwennersbeker.
{ "title": "Galway Sportgronde", "mostly_tablelist": false, "tablelist_ratio": [ 2417, 5715, 0.4229221347331584 ], "infobox": [ "<table about=\"#mwt1\" class=\"infobox\" data-mw='{\"parts\":[{\"template\":{\"target\":{\"wt\":\"Infoboks Stadion\\n\",\"href\":\"./Sjabloon:Infoboks_Stadion\"},\"params\":{\"stadionnaam\":{\"wt\":\"Galway Sportgronde\"},\"bynaam\":{\"wt\":\"\"},\"beeld\":{\"wt\":\"[[Lêer:Galway Sportsgrounds - 2.jpg|250px]]\"},\"vollenaam\":{\"wt\":\"\"},\"ligging\":{\"wt\":\"[[Galway]], [[Ierland]]\"},\"koördinate\":{\"wt\":\"{{Koördinate|53|16|44.4|N|9|2|22.92|W|type:landmark|display=inline,title}}\"},\"sooi_gespit\":{\"wt\":\"\"},\"gebou\":{\"wt\":\"\"},\"geopen\":{\"wt\":\"1927\"},\"renovasie\":{\"wt\":\"\"},\"uitgebrei\":{\"wt\":\"\"},\"gesluit\":{\"wt\":\"\"},\"afgebreek\":{\"wt\":\"\"},\"eienaar\":{\"wt\":\"Die Galway Landbou- &amp; Sportgenootskap Bpk.\"},\"operateur\":{\"wt\":\"\"},\"oppervlak\":{\"wt\":\"Gras (veld), baan (sand)\"},\"boukoste\":{\"wt\":\"\"},\"argitek\":{\"wt\":\"\"},\"struktuuringenieur\":{\"wt\":\"\"},\"diensteingenieur\":{\"wt\":\"\"},\"algemene_kontrakteur\":{\"wt\":\"\"},\"projekbestuurder\":{\"wt\":\"\"},\"hoofkontrakteurs\":{\"wt\":\"\"},\"voormalige_name\":{\"wt\":\"\"},\"tuisveld_van\":{\"wt\":\"[[Ierse Windhondraad]], [[Connacht Rugby]]\"},\"sitplekke\":{\"wt\":\"8&amp;nbsp;100\"},\"dimensies\":{\"wt\":\"\"}},\"i\":0}}]}' id=\"mwAg\" style=\"width:25.5em; font-size: 85%; text-align: left;\" typeof=\"mw:Transclusion\">\n<tbody><tr>\n<td colspan=\"2\" style=\"font-size: larger; text-align: center;\"><b>Galway Sportgronde</b></td></tr>\n<tr>\n<td colspan=\"2\" style=\"text-align:center;\"><span typeof=\"mw:File\"><a class=\"mw-file-description\" href=\"./Lêer:Galway_Sportsgrounds_-_2.jpg\"><img class=\"mw-file-element\" data-file-height=\"768\" data-file-type=\"bitmap\" data-file-width=\"1024\" decoding=\"async\" height=\"188\" resource=\"./Lêer:Galway_Sportsgrounds_-_2.jpg\" src=\"//upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/d/d6/Galway_Sportsgrounds_-_2.jpg/250px-Galway_Sportsgrounds_-_2.jpg\" srcset=\"//upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/d/d6/Galway_Sportsgrounds_-_2.jpg/375px-Galway_Sportsgrounds_-_2.jpg 1.5x, //upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/d/d6/Galway_Sportsgrounds_-_2.jpg/500px-Galway_Sportsgrounds_-_2.jpg 2x\" width=\"250\"/></a></span></td></tr>\n<tr>\n<td colspan=\"2\"><hr/></td></tr>\n<tr>\n<th scope=\"row\" style=\"text-align:left; vertical-align:top;\">Ligging</th>\n<td><a href=\"./Galway\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Galway\">Galway</a>, <a href=\"./Ierland\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Ierland\">Ierland</a></td></tr>\n<tr>\n<th scope=\"row\" style=\"text-align:left; vertical-align:top;\">Koördinate</th>\n<td><span class=\"plainlinks nourlexpansion\"><a class=\"external text\" href=\"//tools.wmflabs.org/geohack/geohack.php?pagename=Galway_Sportgronde&amp;params=53_16_44.4_N_9_2_22.92_W_type:landmark\" rel=\"mw:ExtLink\"><span class=\"geo-default\"><span class=\"geo-dms\" title=\"Kaarte, lugfotos en ander data vir die ligging\"><span class=\"latitude\">53°16′44.4″N</span> <span class=\"longitude\">9°2′22.92″W</span></span></span><span class=\"geo-multi-punct\"><span typeof=\"mw:Entity\"></span> / <span typeof=\"mw:Entity\"></span></span><span class=\"geo-nondefault\"><span class=\"geo-dec\" title=\"Kaarte, lugfotos en ander data vir die ligging\">53.279000°N 9.0397000°W</span><span style=\"display:none\"><span typeof=\"mw:Entity\"></span> / <span class=\"geo\">53.279000; -9.0397000</span></span></span></a></span><span style=\"font-size: small;\"><span id=\"coordinates\"><a href=\"./Geografiese_koördinatestelsel\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Geografiese koördinatestelsel\">Koördinate</a>: <span class=\"plainlinks nourlexpansion\"><a class=\"external text\" href=\"//tools.wmflabs.org/geohack/geohack.php?pagename=Galway_Sportgronde&amp;params=53_16_44.4_N_9_2_22.92_W_type:landmark\" rel=\"mw:ExtLink\"><span class=\"geo-default\"><span class=\"geo-dms\" title=\"Kaarte, lugfotos en ander data vir die ligging\"><span class=\"latitude\">53°16′44.4″N</span> <span class=\"longitude\">9°2′22.92″W</span></span></span><span class=\"geo-multi-punct\"><span typeof=\"mw:Entity\"></span> / <span typeof=\"mw:Entity\"></span></span><span class=\"geo-nondefault\"><span class=\"geo-dec\" title=\"Kaarte, lugfotos en ander data vir die ligging\">53.279000°N 9.0397000°W</span><span style=\"display:none\"><span typeof=\"mw:Entity\"></span> / <span class=\"geo\">53.279000; -9.0397000</span></span></span></a></span></span></span><link href=\"./Kategorie:Koördinate_op_Wikidata\" rel=\"mw:PageProp/Category\"/></td></tr>\n<tr>\n<th scope=\"row\" style=\"text-align:left; vertical-align:top;\">Eienaar</th>\n<td>Die Galway Landbou- &amp; Sportgenootskap Bpk.</td></tr>\n<tr>\n<th scope=\"row\" style=\"text-align:left; vertical-align:top;\">Kapasiteit</th>\n<td>8<span typeof=\"mw:Entity\"> </span>100</td></tr>\n<tr>\n<th scope=\"row\" style=\"text-align:left; vertical-align:top;\">Oppervlak</th>\n<td>Gras (veld), baan (sand)</td></tr>\n<tr>\n<th align=\"center\" colspan=\"2\" style=\"background: #D3D3D3;\">Konstruksie</th></tr>\n<tr>\n<th scope=\"row\" style=\"text-align:left; vertical-align:top;\">Geopen</th>\n<td>1927</td></tr>\n<tr>\n<th align=\"center\" colspan=\"3\" style=\"color: #000000; background-color: #D3D3D3; font-size: 100%\">Huurders</th></tr>\n<tr>\n<td colspan=\"2\" style=\"text-align: center;\"><a class=\"new\" data-mw-i18n='{\"title\":{\"lang\":\"x-page\",\"key\":\"red-link-title\",\"params\":[\"Ierse Windhondraad\"]}}' href=\"./Ierse_Windhondraad?action=edit&amp;redlink=1\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Ierse Windhondraad\" typeof=\"mw:LocalizedAttrs\">Ierse Windhondraad</a>, <a href=\"./Connacht_Rugby\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Connacht Rugby\">Connacht Rugby</a></td></tr>\n</tbody></table>" ], "td_tables": [], "text_length": 4307 }
Abdy van Ganagobie Abdy| Land | FrankrykWysig | | Geleë in administratiewe eenheid | GanagobieWysig | | Bisdom | Bisdom DigneWysig | | Geografiese ligging | 43°59′52″N 5°54′29″EWysig | | Ligging van hoofkantoor | GanagobieWysig | | Religieuse orde | BenedictinesWysig | | Boustyl | Romanesque architectureWysig | | Erfenisbenaming | monument historique classé, monument historique classé, monument historique classé, monument historique classéWysig | | Street address | RN 100Wysig | Die **abdy van Ganagobie** is 'n Benediktynse adby in Ganagobie in die departement van Alpes-de-Haute-Provence, Frankryk. Dit is deel van die Solesmes-gemeente van die Benediktynse Konfederasie en as sodanig fokus op die Gregoriaanse dreunsang. 'n Kluniak Kloosterorde ----------------------- Die eerste fondament wat op hierdie afgeleë en bergagtige terrein verskyn, dateer uit die 9de of 10de eeu. Onder die eerste dokumentêre rekords is 'n bul van Pous Stefanus VIII in 939 wat die besittings van Kluny Klooster bevestig, onder hulle was ook die abdy by Ganagobie. Dit was in 1789 onderdruk onder die Ancien Régime en verkoop in 1791 gedurende die verloop van die Franse Rewolusie, nadat groot dele van die geboue gesloop is. Geskenk aan Marseilles Kloosterorde ----------------------------------- In 1865 het die Benediktyne van Solesmes onder Dom Prosper Guéranger die Kloosterorde van St Madeleine in Marseilles, of Marseilles Kloosterordegestig. In 1891 het Comte de Malijay, teen daardie tyd die eienaar van die kloosterorde eiendom by Ganagobie, 'n geskenk van darvan gemaak aan die Marseilles Priory. In die loop van herstel werk op die nuwe eiendom, was belangrike middeleeuse mosaïek ontdek in 1898. 'n Afhanklikheid van Hautecombe Klooster ---------------------------------------- In 1901 was die gemeenskap by Marseille gedwing deur die Vereniging Wette om Frankryk te verlaat. Hulle het skuiling in Italië geneem, en het nie terugkeer tot 1922, toe hulle by Hautecombe Klooster gebly, waarvan Ganagobie van toe af 'n kloosterorde, van net een of twee monnike. 'n Benediktynse Klooster ------------------------ In 1987, ná dekades van herstel werk, het die hele gemeenskap van Hautecombe besluit om te skuif na Ganagobie, wat hulle gedoen het in 1992. Bronne ------ * Ganagobie Klooster amptelike webwerf Geargiveer 6 Februarie 2011 op Wayback Machine | | | | --- | --- | | Normdata Edit this at Wikidata | * BNF: cb12941774j (data) * ISNI: 0000 0001 0657 0088 * LCCN: n78010603 * SUDOC: 179036076 * VIAF: 124028301 * WorldCat Identities: lccn-n78010603 |
{ "title": "Abdy van Ganagobie", "mostly_tablelist": false, "tablelist_ratio": [ 672, 2074, 0.3240115718418515 ], "infobox": [], "td_tables": [], "text_length": 2586 }
| | | --- | | Galleria Borghese | | 'n Beeld van die museum. | | --- | | Openingsjaar | 1903 | | Tipe museum | Kunsmuseum | Die **Galleria Borghese** (Afrikaans: Borghese Galery) is 'n kunsgalery in Rome, Italië wat in die voormalige Villa Borghese Pinciana gehuisves word. Die gebou van die galery was aanvanklik met die omringende tuine geïntegreer, maar deesdae word die Villa Borghese-tuine as 'n afsonderlike toeristeaantreklikheid beskou. Die Galleria Borghese huisves 'n groot deel van die Borghese versameling van skilderye, beeldhouwerke en oudhede wat deur Kardinaal Scipione Borghese, die neef van Pous Paulus V (regeer 1605–1621), begin is. Die Villa is gebou deur die argitek Flaminio Ponzio, gebaseer op sketse deur Scipione Borghese self, wat dit gebruik het as *villa suburbana,* dit wil sê 'n plattelandse villa aan die rand van Rome. Scipione Borghese was 'n vroeë beskermheer van Bernini en 'n ywerige versamelaar van werke van Michelangelo Merisi da Caravaggio, wat goed verteenwoordig is in die versameling by wyse van sy *Seun met 'n Mandjie Vrugte* , *Die skrywende Sint Jerome*, die *Die Jong en Siek Bacchus*, en andere. Ander noemenswaardige skilderye sluit Titiaan se *Helige en Onhelige Liefde*, Raphael se *Begrafnis van Christus* en werke van Peter Paul Rubens en Federico Barocci in. Van die verlede tot die hede ---------------------------- Die *Casino Borghese* is opgerig in 'n gebied wat in die sewentiende eeu buite die mure van Rome geleë was, met die naaste toegang synde *Porta del Popolo* te wees. Aanvanklik het die gronde van die villa 'n gebied met 'n omtrek van byna 3 kilometer bedek. Die hoofgebou is ontwerp deur die Vlaamse argitek Giovanni Vasanzio. Teen 1644 het John Evelyn dit beskryf as "'n Elysium van vreugde" met "verskeie fonteine en klein stroompies water". Evelyn het ook die *Vivarium* waarin volstruise, poue, swane en kraanvoëls gehuisves is, en "'n aantal vreemde diere", beskryf. Prins Marcantonio IV Borghese (1730-1800), wat 'n aanvang geneem het met die hervorming van die park se formele tuinargitektuur na die van 'n Engelse tuin, het in ongeveer 1775 onder leiding van die argitek Antonio Asprucci begin om die verouderde tapisserie en leerbehangsel te vervang en om die *Casina* op te knap. Hy het die Borghese beeldhouwerke en oudhede ingevolge 'n nuwe tematiese tema geplaas wat die Borghese opperheerskappy in Rome gevier het. Die rehabilitasie van die villa as 'n outentieke openbare museum in die laat agtiende eeu was die onderwerp van 'n uitstalling by die Getty Navorsingsinstituut in Los Angeles in 2000, wat gemotiveer is deur die instituut se verkryging van vier en vyftig tekeninge wat met die projek verband hou. In 1808 is prins Camillo Filippo Ludovico Borghese, die swaer van Napoleon,gedwing om die Romeinse beeldhouwerke en oudhede van die Borghese aan die keiser te verkoop. Die resultaat is dat die *Borghese Gladiator*, wat sedert die 1620's bekend is as die mees bewonderenswaardige beeldhouwerk in die Villa Borghese, nou eerder in die Musée du Louvre besigtig en waardeer moet word. Die *"Borghese Hermaphroditus"* word ook nou in die Louvre gehuisves. Die Borghese villa is met verloop van tyd uitgebrei, en uiteindelik in 1902 aan die Italiaanse regering verkoop, saam met die Borghese-landgoed en omliggende tuine en parkgebied. Versameling ----------- *Heilige en Onheilige Liefde* deur Titiaan. c. 1514 Die Galleria Borghese beskik oor twintig kamers wat oor twee vloere of verdiepings versprei is. Die hoofvloer word meestal gewy aan klassieke oudhede uit die 1ste tot 3de eeu AD (insluitend 'n beroemde 320-30 n.C. Gladiator-mosaïek van gladiators wat in 1834 by die Borghese landgoed by Torrenova aan die Via Casilina buite Rome aangetref is) asook klassieke en neo-klassieke beeldhouwerke soos die *Venus Victrix*. Die hoofvertrek van die hoofvloer genaamd die *Salone* beskik oor 'n groot *trompe l'oeil* plafonfresko deur die Sisiliaanse kunstenaar Mariano Rossi. Die fresko beeld *Marcus Furius Camillus uit wat die beleg van die Kapitoolhoogte deur die Galliërs ontset*. Die grotteschi-versierings is deur Pietro Rotari geskilder, en die tekeninge van diere deur Venceslaus Peter Boemo. Die eerste kamer buite die *Salone* is die *Camera di Cerere*, met 'n marmervaas wat *Oedipus en die Sfinks* uitbeeld. Die tweede kamer beskik oor 'n plafon met 'n fresko van Francesco Caccianiga saam met die *Val van Phaeton*. Die derde kamer huisves Bernini se *Apollo en Daphne*. ### Gian Lorenzo Bernini by die Borghese Baie van die beeldhouwerke word vertoon in die ruimtes waarvoor hulle bedoel was, insluitende baie werke van Gian Lorenzo Bernini. Die versameling maak 'n beduidende persentasie van sy produksie van sekulêre beeldhouwerke uit, en begin met vroeë werke soos sy *Die bok Amalthea met die baba Jupiter en 'n bosgod* (1615), sy *Aeneas, Anchises, en Ascanius* (1618–19 ) asook sy dinamiese *Verkragting van Proserpine* (1621–22), *Apollo en Daphne* (1622–25) en *Dawid,* (1623) welke beskou word as belangrike werke van barokbeeldhouwerk. Daarbenewens is verskeie portret-borsbeelde in die galery opgeneem, waaronder een van Pous Paul V, en twee portrette van een van sy vroeë beskermhere, Kardinaal Scipione Borghese (1632). Die tweede Scipione Borghese-portret is vervaardig nadat 'n groot kraak in die marmer tydens die skepping van die eerste weergawe ontdek is. Nabygeleë museums ----------------- Die nabygeleë *Galleria Nazionale d'Arte Moderna* kan ook besigtig word. Die galery spesialiseer in 19de en 20ste-eeuse Italiaanse kuns. Die *Museo Nazionale Etrusco* beskik oor 'n versameling voor-Romeinse voorwerpe, wat merendeels bestaan uit voorwerpe van die Etruskiese beskawing wat neffens Rome opgegrawe is. Hoogtepunte uit die versameling ------------------------------- ### Beeldhouwerke * Die Waarheid Onthul deur Tyd deur Bernini. c. 1645-1652*Die Waarheid Onthul deur Tyd* deur Bernini. c. 1645-1652 * Apollo en Daphne deur Bernini. c. 1622*Apollo en Daphne* deur Bernini. c. 1622 * Die verkragting van Proserpine deur Bernini. c. 1621*Die verkragting van Proserpine* deur Bernini. c. 1621 * Dawid deur Bernini. c. 1623-1624*Dawid* deur Bernini. c. 1623-1624 * Pauline Bonaparte deur Antonio Canova.*Pauline Bonaparte* deur Antonio Canova. * Borsbeeld van Scipione Borghese deur Bernini. c. 1632*Borsbeeld van Scipione Borghese* deur Bernini. c. 1632 ### Skilderye * Melissa deur Dosso Dossi. c. 1507*Melissa* deur Dosso Dossi. c. 1507 * Die skrywende Sint Jerome deur Caravaggio. c. 1606*Die skrywende Sint Jerome* deur Caravaggio. c. 1606 * Die afneming deur by Raphael. c. 1507*Die afneming* deur by Raphael. c. 1507 * Johannes die Doper deur Caravaggio. c. 1610*Johannes die Doper* deur Caravaggio. c. 1610 * Die Laaste Avondmaal deur Jacopo Bassano. c. 1546*Die Laaste Avondmaal* deur Jacopo Bassano. c. 1546 * Madonna, Kind en die Slang deur Caravaggio. c. 1605-1606*Madonna, Kind en die Slang* deur Caravaggio. c. 1605-1606 * Danae deur Correggio. c. 1530*Danae* deur Correggio. c. 1530 * Seun met 'n Mandjie Vrugte deur Caravaggio. c. 1593*Seun met 'n Mandjie Vrugte* deur Caravaggio. c. 1593 * Diana en haar Nimfe deur Domenichino. c. 1616-1617*Diana en haar Nimfe* deur Domenichino. c. 1616-1617 * Die Geseling van Christus deur Titiaan. c. 1560*Die Geseling van Christus* deur Titiaan. c. 1560 * Afneming deur Sisto Badalocchio. c. 1610*Afneming* deur Sisto Badalocchio. c. 1610 * Johannes die Doper deur Paolo Veronese. c. 1562*Johannes die Doper* deur Paolo Veronese. c. 1562 * Afneming deur Peter Paul Rubens. c. 1602*Afneming* deur Peter Paul Rubens. c. 1602 * Die Konsert deur Gerrit van Honthorst. c. 1626-1630*Die Konsert* deur Gerrit van Honthorst. c. 1626-1630 * Portret van 'n Man deur Antonello da Messina. c. 1474-1475*Portret van 'n Man* deur Antonello da Messina. c. 1474-1475 * Dame met 'n Eenhoring deur Raphael. c. 1505*Dame met 'n Eenhoring* deur Raphael. c. 1505 * Venus Blinddoek Cupid deur Titiaan. c. 1565*Venus Blinddoek Cupid* deur Titiaan. c. 1565 * Sint Dominic deur Titiaan. c. 1565*Sint Dominic* deur Titiaan. c. 1565 * Portret van 'n Man deur Parmigianino. c. 1528Portret van 'n Man deur Parmigianino. c. 1528 * Madonna, Kind en heiliges deur Lorenzo Lotto. c. 1508*Madonna, Kind en heiliges* deur Lorenzo Lotto. c. 1508 * Susanna en die ouderlinge deur Peter Paul Rubens. c. 1607-1608*Susanna en die ouderlinge* deur Peter Paul Rubens. c. 1607-1608 * Madonna en Kind deur Giovanni Bellini. c. 1510*Madonna en Kind* deur Giovanni Bellini. c. 1510 * Die Jong en Siek Bacchus deur Caravaggio. c. 1593*Die Jong en Siek Bacchus* deur Caravaggio. c. 1593 * Selfportret deur Gian Lorenzo Bernini. c. 1623Selfportret deur Gian Lorenzo Bernini. c. 1623 Notas ----- 1. ↑ Guida metodica di Roma e suoi contorni, deur Giuseppe Melchiorri , Rome (1836); bladsy 609. 2. ↑ Melchiorri, bladsy 610. 3. ↑ [http: // www. getty.edu/bookstore/titles/prince.html *Making a Prince's Museum: Drawings for the Late Achttenth Century Redecoration of the Villa Borghese.* ] Getty Research Institute (17 Junie-17 September 2000). Katalogus deur Carole Paul, met 'n essay deur Alberta Campitelli.ISBN 978-0-89236-539-5 4. ↑ Hy was getroud met Pauline Bonaparte; Antonio Canova se halfnaakte portret van haar as *Venus Victrix* word in een van die galerye uitgestal. 5. ↑ Melchiorri, bladsye 610-611. 6. ↑ Melchiorri, bladsy 611. 7. ↑ Web Gallery of Art, image collection, virtual museum, searchable database of European fine arts (1100–1850) 8. ↑ Web Gallery of Art, image collection, virtual museum, searchable database of European fine arts (1100–1850) 9. ↑ Apollo and Daphne by BERNINI, Gian Lorenzo Geargiveer 15 November 2005 op Wayback Machine 10. ↑ Web Gallery of Art, image collection, virtual museum, searchable database of European fine arts (1100–1850) 11. ↑ Bust of Scipione Borghese by BERNINI, Gian Lorenzo
{ "title": "Galleria Borghese", "mostly_tablelist": false, "tablelist_ratio": [ 2719, 7512, 0.3619542066027689 ], "infobox": [], "td_tables": [], "text_length": 9937 }
'n Kunstenaarsvoorstelling van Galileo by die maan Io, met Jupiter op die agtergrond. **Galileo** was 'n Amerikaanse ruimtetuig wat die planeet Jupiter en sy mane en ander liggame van die Sonnestelsel bestudeer het. Dit is genoem na die Italiaanse sterrekundige Galileo Galilei en het bestaan uit 'n wentel- en atmosferiese ondersoektuig. Die tuie het op 7 Desember 1995 by Jupiter aangekom ná verbyvlugte van Venus en die Aarde vir 'n swaartekragslinger. Dit was die eerste ruimtetuig wat in 'n wentelbaan om Jupiter gegaan het. Die Jet Propulsion Laboratory het die Galileo gebou en die Galileo-program vir Nasa bestuur. Toe dit gelanseer is, het die wentel- en ondersoektuig saam 'n massa van 2 562 kg gehad en was hulle 6,15 m hoog. Ondersoektuig ------------- Die atmosferiese ondersoektuig het 339 kg geweeg en was 86 cm hoog. Die wetenskaplike instrumente is deur die tuig se hitteskild teen uiterse hitte en druk beskerm terwyl dit teen sowat 48 km/s in Jupiter se atmosfeer ingevlieg het. Die temperatuur het tot sowat 16 000 °C gestyg. Dit het die atmosfeer 150 km ver binnegedring en 57,6 minute lank data versamel voordat die sein verloor is. Dit het daarna gesmelt en waarskynlik verdamp. Sending ------- Galileo het sewe jaar om Jupiter gewentel en verskeie kere by al sy mane van Galilei en Amaltea verbygevlieg. Dit het ook in 1994 die botsing van komeet Shoemaker-Levy 9 teen Jupiter waargeneem, en was in die ideale posisie om dit te sien. Ondanks probleme met die antenne het Galileo sowat 14 000 foto's geneem. Dit het Jupiter bestudeer van Desember 1995 tot September 2003 en het in dié tyd 'n skat van nuwe inligting versamel. Data het onthul waterstof maak sowat 90% van Jupiter se atmosfeer uit. Die tuig het eindelik, nes die verkenningstuig, verdamp. Skakels ------- * Wikimedia Commons logo Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Galileo-ruimtesending. * Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik uit die Engelse Wikipedia vertaal. | | | | --- | --- | | Normdata Edit this at Wikidata | * GND: 4292796-1 |
{ "title": "Galileo-ruimtesending", "mostly_tablelist": false, "tablelist_ratio": [ 887, 2376, 0.3733164983164983 ], "infobox": [], "td_tables": [], "text_length": 2066 }
'n **Mikrobeheerder** is 'n elektroniese geïntegreerde stroombaan gebaseer op 'n mikroverwerker maar met 'n aantal stroombane bygevoeg om dit 'n selfstandige elektroniese stelsel te maak. Dus bevat 'n mikrobeheerder ten minste geheue en tellers en moontlik analoog-na-digitale omsetters, puls-wydte modulators, analoog vergelykers en verskillende serie en parallele poorte. 'n Mikrobeheerder kan dus direk met die analoog wêreld koppel, oor databusse met ander stelsels kommunikeer en data verwerk en stoor sonder enige buiteliggende stroombane. Die beheerder kan geprogrammeer word met kode om sekere handelinge uit te voer. Die kode wat uitgevoer moet word, word gestoor in 'n geheue, wat intern tot die eenheid kan wees, of apart kan staan. Sekere moderne mikrobeheerders beskik intern oor baie gevorderde stroombane wat dit moontlik maak om digitale ontwerpe (soos bv. selfone) baie kleiner as in die verlede te vervaardig. Geïntegreerde stroombaan ------------------------ IC is die afkorting vir die Engelse woorde: "Integrated Circuit". Dit is 'n keramiekblokkie waarin die elektroniese onderdele, mikroskopies klein, gebou is. 'Pootjies' (pins) wat aan die kante uitsteek, word gebruik om data van en na die elektroniese dele binne die keramiekblokkie te stuur. Mikrobeheerder vs. mikroverwerker --------------------------------- Die verskil tussen 'n mikroverwerker en 'n mikrobeheerder is dat 'n mikroverwerker die hart van 'n mikrobeheerder vorm en 'n mikrobeheerder geheue, in- en uitsette, tellers, en ander stroombane daarby voeg om 'n meer volledige digitale stelsel in een geïntegreerde stroombaan te vorm. Oor die algemeen vorm mikrobeheerders kompakte, lae onkoste stelsels en mikroverwerkers met addisionele elektronika hoëspoed-, kragtige stelsels. Mikrobeheerders word egter by die dag vinniger en meer kragtig. Mikroverwerkers kom in pakkies met veertig tot oor 'n duisend pootjies. Mikrobeheerders kom in pakkies met ses tot oor 'n honderd pootjies. Een van die redes vir die verskil is dat mikroverwerkers se hoofgeheue buite hulle pakkie bestaan en dus moet die verwerker baie pootjies hê om die geheue aan te spreek. 16 adrespootjies gee toegang tot 64 kilogrepe geheue, 32 adrespootjies gee toegang tot 4,3 megagrepe (4.3x109). Vir die komplekste elektroniese toepassings is mikroverwerkers noodsaaklik. Wat algemeen beskou word as rekenaars (persoonlike rekenaars, ens.) is uiteindelik een of meer mikroverwerkers plus geheue en ander ondersteunende stroombane. Hoe werk 'n mikrobeheerder? --------------------------- Soos die naam na verwys, is die hooftoepassing van mikrobeheerderbane om elektriese/meganiese/hidroliese/chemiese stelsels of 'n kombinasie daarvan te beheer. Hoe die beheer uitgevoer word, word deur die sagteware wat in die beheerder gelaai word, bepaal. Die mikroverwerker sal tipies data vanaf sensore inlees en dan aktueerders aandryf om beheer van 'n stelsel te bewerkstellig. 'n Tweede toepassing van mikrobeheerders is dat hulle onder sekere toestande hele groepe konvensionele logika geïntegreerde stroombane kan vervang en sodoende ruimte en koste spaar. Dis veral waar wanneer mens 'n groep logika met een 8- of 14-pootmikrobeheerder kan vervang. Om data vanaf 'n sensor in te lees sal 'n mikrobeheerder die datapoort, bestaande uit 8/16/32 of selfs 64 lyne (afhangend van die tipe mikrobeheerder), gebruik. Die data wat oor die lyne gelees word is dus 8/16/32/64 bisse (sien onder) wyd. Datalyne kan net as 'aan' of 'af' gelees word, alhoewel party mikrobeheerders 'n analoë invoerpunt het, d.w.s. 'n datalyn wat gegradueerde invoer kan verwerk. Hierdie invoer word omgesit na digitale nommers deur die analoog-na-digitale omsetter binne in die mikrobeheerder. 'n Mikrobeheerder is uiteindelik net 'n reeks elektroniese meganismes om binêre waardes te manipuleer. Die waardes word gestoor in *registers* - die grote van 'n register is die maatstaf van 'n mikrobeheerder se kompleksiteit ('n 8-bisbeheerder se registers is 8 bisse wyd, ens.) - en alles waarmee 'n mikrobeheerder werk, bestaan slegs as data in registers. Dié data word gevoer deur die mikrobeheerder se meganismes wat weer die registers verander. 'n Mikroverwerking se programmering stel 'n roetine op waarvolgens registers ingevoer, afgelees, gemanipuleer en teruggevoer word - 'n ketting van instruksies. Die programmering van 'n mikrobeheerder is eenvoudig 'n reeks van bisse wat 'n stelsel transistors so aan- en afskakel dat 'n sekere register gevoer word aan een of ander meganisme. Wanneer 'n mens die programmering van 'n mikrobeheerder verander skryf 'n mens dit nie gewoonlik in 1e en 0e nie, maar met *mnemonieke* - geheuehulpe - name in skrif vir 'n konfigurasie van bisse. Die vertaler (die program wat mensgeskrewe kode in masjienkode omskep) vervang doodeenvoudig net die mnemonieke met die bisse wat hulle verteenwoordig en enkodeer dié bisse in 'n wyse waarmee die mikroverwerker geprogrammeer kan word. Al is dit baie onprakties is dit moontlik vir 'n mens om hierdie self met die hand te doen - dié gebeur veral tydens die ontwerp van 'n mikrobeheerder - dus is mikrobeheerderkode (genoem *assembly* of *assembler code*) die laagste moontlike vlak van rekenaarprogrammering. Gebruike vir 'n mikrobeheerder ------------------------------ Die mikrobeheerder werk slegs met digitale data - dit is die werk van die programmeerder om nuttige inligting in sulke data te omskep (alhoewel party mikrobeheerders hulpmate het hiervoor, soos analoë datalyne) en die uitvoer van die mikrobeheerder nuttig gemaak. In byna elke geval dien 'n mikrobeheerder as 'n gesofistikeerde skakelbord: as hierdie lyn 'n sein dra (bv. 'n knoppie wat aan dié lyn gekoppel is word gedruk) dan word die waarde van daardie register verander (bv. 'n bis op 'n uitvoer-register word aangeskakel, wat krag na 'n lig toe voer - in dié voorbeeld: as jy die knoppie druk, dan gaan 'n liggie aan). Die waarde van 'n mikrobeheerder is dat dit sulke skakelings veel vinniger as 'n mens kan hanteer en dat dit elke keer dit dieselfde sal hanteer. Mikrobeheerders en -verwerkers is alomteenwoordig in elektronika - byna alle elektronika wat enige beheer nodig het (nie 'n stel luidsprekers nie, maar wel 'n vermaakstelsel) besit 'n mikrobeheerder van een-of-ander grootte in 'n stelsel van een-of-ander kompleksiteit. Die mees gesofistikeerde mikrobeheerderstelsels is veral in kommunikasiewese te vinde - 'n selfoon is so 'n gevorderde stuk elektronika soos wat enige mens mee in aanraking sal kom in sy hedendaagse lewe. Nog voorbeelde van toestelle met mikrobeheerders in hulle is musiekspelers, wasmasjiene, en mikrogolfoonde. Sien ook -------- * Binêre getallestelsel | | | | --- | --- | | Normdata Edit this at Wikidata | * BNF: cb13319620r (data) * GND: 4127438-6 * LCCN: sh2008020006 |
{ "title": "Mikrobeheerder", "mostly_tablelist": false, "tablelist_ratio": [ 80, 5617, 0.01424247819120527 ], "infobox": [], "td_tables": [], "text_length": 6827 }
**Mikro-ekonomie** (uit die Griekse voorvoegsel *mikros* wat "klein" beteken) is 'n tak van ekonomie wat die gedrag van individue en firmas bestudeer ten opsigte van besluite wat geneem word oor die toedeling van beperkte of skaars hulpbronne.Dit is tipies van toepassing op markte waar goedere of dienste gekoop en verkoop word. Mikro-ekonomie bestudeer hoe hierdie besluite en gedrag die vraag en aanbod van goedere en dienste beïnvloed, wat pryse bepaal, en hoe pryse, op hulle beurt, weer die vraag en aanbod van goedere en dienste bepaal. Dit is in teenstelling met makro-ekonomie wat die "somtotaal van ekonomiese aktiwiteit behels en kwessies soos groei, inflasie en werkloosheid insluit." Mikro-ekonomie gaan ook oor die uitwerking van nasionale ekonomiese beleide (soos veranderende vlakke van belasting) op die bogenoemde aspekte van die ekonomie. Veral ná die Lucas-kritiek, is groot dele van moderne makro-ekonomieteorie op "mikrobeginsels" geskoei, dit wil sê, dit is gebaseer op basiese aannames oor mikrovlakgedrag. Een doelstelling van mikro-ekonomie is om die markmeganismes wat die relatiewe pryse van goedere en dienste bepaal, te ontleed en om beperkte (skaars) hulpbronne aan alternatiewe gebruike toe te ken. Mikro-ekonomie ontleed ook markmislukkings, waar die mark nie daarin slaag om doeltreffende resultate te lewer nie, en beskryf die teoretiese toestande wat vir volmaakte mededinging vereis word. Belangrike studievelde in mikro-ekonomie sluit die volgende in: algemene markewewig, markte onder asimmetriese inligting, keuse te midde van onsekerheid en ekonomiese toepassings van spelteorie. Die elastisiteit van produkte binne die markstelsel word ook in ag geneem. Aannames en definisies ---------------------- Mikro-ekonomieteorie begin tipies met die studie van 'n enkele rasionele individu wat probeer om met die middele tot sy beskikking sy behoeftes maksimaal te bevredig (nutmaksimerend). Die rasionaliteit van 'n individu verwys na sy of haar vermoë om sy of haar behoeftes in volgorde van belangrikheid te rangskik. Dit word 'n verbruiker se voorkeurskaal genoem en dit verskil van verbruiker tot verbruiker. Vir ekonome verwys rasionaliteit na 'n individu wat stabiele voorkeure het wat beide volledig en konsekwent of transitief is. Die volledigheid van 'n verbruiker se voorkeure dui daarop dat dit op 'n ononderbroke (kontinue) skaal aangedui kan word en dat daar nie spronge in mense se voorkeure is nie. (Alhoewel dit nie die geval in die werklike lewe is nie, word die aanname gemaak sodat die funksie differensieerbaar is.) Die konsekwentheid van 'n verbruiker se voorkeure beteken dat indien 'n individu kombinasie X van verbruikersgoedere bo kombinasie Y verkies en kombinasie Y bo kombinasie Z, hy konsekwent sal optree en X bo Z sal verkies. (Mohr). Die tegniese aanname dat voorkeurverhoudings volledig is, moet gemaak kan word om die bestaan van 'n nutfunksie te verseker. Hoewel mikro-ekonomieteorie sonder hierdie aanname kan voortgaan, sou dit vergelykende statistieke onmoontlik maak aangesien daar geen waarborg is dat die resulterende nutfunksie differensieerbaar sal wees nie. Mikro-ekonomieteorie ontwikkel deur 'n mededingende begrotingsversameling te definieer wat 'n deelversameling van die verbruiksversameling is. Dit is op hierdie punt dat ekonome die tegniese aanname maak dat voorkeure plaaslik nieversadig is. Sonder die aanname van plaaslike nieversadiging is daar geen waarborg dat 'n rasionele individu nut (die bevrediging van sy behoeftes) sou maksimeer nie. Met die nodige gereedskap en aannames in plek, word die nutmaksimerende probleem ontwikkel. Die nutmaksimerende probleem vorm die kern van verbruikersteorie. Die nutmaksimerende probleem probeer om verbruikersgedrag te ontleed deur aan te neem dat verbruikers rasionele voorkeure het en dan hulle gedrag wiskundig te modelleer en die gevolge van hulle aksies te ontleed. Die nutmaksimerende probleem dien nie slegs as wiskundige grondslag van verbruikersteorie nie, maar ook as metafisiese verduideliking daarvan. Dit wil sê, die nutmaksimerende probleem word nie slegs deur ekonome gebruik om individue se keuses te verduidelik nie, maar ook die redes vir hulle keuses. Die nutmaksimerende probleem is 'n beperkte optimeringsprobleem waarin 'n individu poog om, onderworpe aan 'n begrotingsbeperking, nut te maksimeer. Ekonome gebruik die ekstreemwaardestelling om te verseker dat 'n oplossing vir die nutmaksimerende probleem bestaan. Dit wil sê, omdat die begrotingsbeperking begrens en geslote is, bestaan daar 'n oplossing vir die nutmaksimerende probleem. Ekonome noem die oplossing van die nutmaksimerende probleem Walras se vraagfunksie of ooreenkoms. Die nutmaksimerende probleem is tot dusver ontwikkel deur verbruikersmaak (verbruikernut) as die primitief te neem. 'n Alternatiewe manier om mikro-ekonomieteorie te ontwikkel, is egter deur verbruikerkeuses as die primitief te neem. Hierdie model van mikro-ekonomieteorie staan bekend as die teorie van bekendgemaakte voorkeure. Om hierdie twee modelle te rekonsilieer, word beperkings op Walras se vraagfunksie geplaas. Die oplossing vir die nutmaksimerende probleem moet spesifiek aan die swak aksioma van bekendgemaakte voorkeure (SABV) voldoen. Vir Walras se vraagfunksie om aan die SABV te voldoen, moet die substitusiematriks (Slutsky) negatief semidefiniet wees. Om dit eenvoudiger te stel, vir Walras se vraagfunksie om konsistent (nie-strydig) met SABV te wees, moet sy substitusie-effek altyd nie-positief wees. Die vraag-en-aanbodmodel beskryf hoe pryse wissel as gevolg van 'n balans tussen produkbeskikbaarheid teen elke prys (aanbod) en die behoeftes van dié met koopkrag teen elke prys (vraag). Die grafiek toon 'n verskuiwing na regs aan van D1 na D2 tesame met die gevolglike verhoging in prys en hoeveelheid benodig om 'n nuwe punt van markopruimingsewewig op die aanbodkurwe (S) te bereik. Die vraag-en-aanbodteorie aanvaar gewoonlik dat markte volmaak mededingend is. Dit impliseer dat daar baie kopers en verkopers in die mark is en dat nie een van hulle die vermoë het om die prys van goedere en dienste beduidend te beïnvloed nie. In werklike transaksies faal hierdie aanname egter gereeld omdat sommige individuele kopers of verkopers wel die vermoë het om pryse te beïnvloed. 'n Gesofistikeerde ontleding word gereeld benodig om die vraag-en-aanbodvergelyking van 'n goeie model te begryp. Die teorie werk nietemin goed in situasies wat aan hierdie aannames voldoen. Hoofstroomekonomie neem nie sonder om die feite te ondersoek aan dat markte verkieslik is bo ander vorme van maatskaplike organisasie nie. Om die waarheid te sê, baie ontleding word gewy aan gevalle waar markgebrek lei tot hulpbrontoedeling wat suboptimaal is en las sonder voordeel skep. 'n Klassieke voorbeeld van suboptimale hulpbrontoedeling is iets wat in landsbelang gedoen word. In hierdie gevalle kan ekonome moontlik poog om beleide te vind wat vermorsing vermy – direk deur regeringsbeheer, indirek deur regulasie wat markdeelnemers oorreed om op te tree in belang van optimale welsyn – of deur "ontbrekende markte" te skep om doeltreffende handel aan te moedig waar dit voorheen nie bestaan het nie. Dit word bestudeer in die veld van kollektiewe optrede en openbarekeuseteorie. "Optimale welsyn" voldoen gewoonlik aan Pareto se norm, wat 'n wiskundige toepassing van die Kaldor-Hicks-metode is. Dit kan divergeer van die nuttigheidsdoelstelling wat nut maksimeer want dit bring nie die verspreiding van goedere tussen mense in berekening nie. Markmislukking in positiewe ekonomie (mikro-ekonomie) het beperkte implikasies wanneer die oortuiging van die ekonome en hul teorieë nie betrek word nie. Die vraag na verskillende kommoditeite deur individue word normaalweg beskou as die uitkoms van 'n nutmaksimerende proses, waar elke individu poog om sy eie nut te maksimeer gegewe sy begrotingsbeperking en 'n sekere verbruikversameling. Mikro-ekonomieonderwerpe ------------------------ Die studie van mikro-ekonomie sluit verskeie sleutelvelde in: ### Vraag, aanbod en ewewig Aanbod en vraag is 'n ekonomiese model van prysvasstelling in 'n volmaak mededingende mark. Hierdie model bepaal dat in 'n volmaak mededingende mark met geen eksternaliteite, per eenheid belastings of prysbeheer nie, die eenheidsprys vir 'n besondere goed die prys is waarteen die hoeveelheid deur verbruikers gevra gelyk is aan die hoeveelheid wat deur produsente aangebied word. Hierdie prys het 'n stabiele ekonomiese ewewig tot gevolg. ### Meting van elastisiteite Elastisiteit is die maatstaf van gevoeligheid van 'n ekonomiese veranderlike vir verandering in 'n ander veranderlike. Elastisiteit kan gekwantifiseer word as die verhouding van die persentasieverandering in een veranderlike tot die persentasieverandering in 'n ander veranderlike, wanneer die tweede veranderlike 'n kousale (oorsaaklike) invloed op die eerste veranderlike het. Dit is 'n maatstaf om die gevoeligheid van 'n veranderlike, of die funksie wat die veranderlike bepaal, vir veranderinge in kousatiewe (veroorsakende) veranderlikes op eenheidlose wyses te meet. Elastisiteite wat gereeld gebruik word, sluit in: pryselastisiteit van vraag, pryselastisiteit van aanbod, inkome-elastisiteit van vraag, elastisiteit van substitusie tussen produksiefaktore en elastisiteit van intertemporale substitusie. ### Verbruikervraagteorie Verbruikervraagteorie plaas voorkeure vir die verbruik van goedere en dienste in verband met verbruikskoste; hierdie verhouding tussen voorkeure en verbruikskoste word gebruik om voorkeure in verband te bring met verbruikervraagkurwes. Die skakel tussen persoonlike voorkeure, verbruik en die vraagkurwe is een van die ekonomieverhoudings wat die fynste bestudeer word. Dit is 'n manier om te ontleed hoe verbruikers ewewig tussen voorkeure en uitgawes kan bereik deur nut te maksimeer onderworpe aan begrotingsbeperkings. ### Produksieteorie Produksieteorie is die studie van produksie, oftewel die ekonomiese proses om insette om te skakel na uitsette. Produksie gebruik hulpbronne om goedere of dienste te skep wat gebruik kan word, as geskenke gegee kan word in 'n geskenkekonomie, of verruil kan word in 'n markekonomie. Dit sluit vervaardiging, stoor, verskeping en verpakking in. Sommige ekonome definieer produksie breedweg as alle ekonomiese aktiwiteite behalwe verbruik. Hulle beskou elke kommersiële aktiwiteit buiten die finale aankoop as 'n vorm van produksie. ### Produksiekoste Die produksiekosteteorie van waarde sê dat die prys van 'n objek of voorwaarde bepaal word deur die som van die koste van die hulpbronne wat gebruik is om dit te maak. Die koste kan enige produksiefaktore insluit: arbeid, kapitaal, grond. Tegnologie kan beskou word as óf 'n vorm van vaste kapitaal (vanuit die aanleg of fabriek) óf vlottende kapitaal (vanuit intermediêre goedere). ### Volmaakte mededinging Volmaakte mededinging beskryf markte waar geen deelnemer groot genoeg is om die markkrag te hê om die prys van 'n homogene produk vas te stel nie. 'n Goeie voorbeeld sou 'n digitale mark soos eBay wees waar baie verskillende verkopers soortgelyke produkte aan baie verskillende kopers verkoop. ### Monopolie 'n Monopolie (uit Grieks *monos* μόνος (alleen of enkel) + *polein* πωλεῖν (om te verkoop)) bestaan wanneer 'n enkele maatskappy die enigste verskaffer van 'n sekere kommoditeit is. ### Oligopolie 'n Oligopolie is 'n markvorm waar die mark of industrie deur 'n klein aantal verkopers (oligopoliste) oorheers word. Oligopolieë kan firmas aanspoor om saam te span en kartelle te vorm wat mededinging verminder en lei tot hoër pryse vir verbruikers en laer totale markuitsette. ### Markstruktuur Die markstruktuur kan verskeie tipies markstelsels hê wat op mekaar inwerk. Verskillende vorms van markte is 'n eienskap van kapitalisme en voorstanders van sosialisme kritiseer markte gereeld en poog om markte in meerdere of mindere mate met ekonomiese beplanning te vervang. Mededinging is die reguleringsmeganisme van die markstelsel. * Monopolistiese mededinging, ook bekend as mededingende mark, waar daar 'n groot aantal firmas is, elk met 'n klein markaandeel en produkte wat effens verskil. * Oligopolie, waar die mark deur 'n klein aantal firmas oorheers word wat saam die grootste markaandeel beheer. * Duopolie, 'n spesiale geval van 'n oligopolie met twee firmas. * Monopsonie (Alleenkoop), waar daar net een koper in die mark is. * Oligopsonie, 'n mark waar daar baie verkopers is, maar 'n beperkte aantal kopers. * Monopolie, waar daar slegs een verskaffer van 'n produk of diens is. * Natuurlike monopolie, 'n monopolie waarin skaalbesparings daartoe lei dat doeltreffendheid voortdurend verhoog soos die firma groei. 'n Firma is 'n natuurlike monopolie indien dit aan die volle markvraag kan voldoen teen 'n laer prys as enige kombinasie van twee of meer kleiner, meer gespesialiseerde firmas. * Volmaakte mededinging, 'n teoretiese markstruktuur sonder enige toetredingsbelemmeringe, 'n onbeperkte aantal produsente en verbruikers, en 'n perfek elastiese vraagkurwe. Voorbeelde van markte sluit die volgende in maar die lys is nie volledig nie: kommoditeitsmarkte, versekeringsmarkte, effektemarkte, energiemarkte, vlooimarke, skuldmarkte, aandelemarkte, aanlynveilings, media-uitruilmarkte, eiendomsmark. ### Spelteorie Spelteorie is 'n belangrike metode wat in wiskundige ekonomie en handel gebruik word om wedywerende gedrag van agente wat op mekaar inwerk, te modelleer. Toepassings sluit 'n wye verskeidenheid ekonomiese verskynsels en benaderings in, soos veilings, onderhandeling, pryse van samesmeltings en verkrygings, regverdige verdeling, duopolieë, oligopolieë, die vorming van sosiale netwerke, agentgebaseerde rekenekonomie, algemene ewewig, meganismeontwerp, stemstelsels en oor breë velde soos eksperimentele ekonomie, gedragsekonomie, inligtingsekonomie, industriële organisasie en politieke ekonomie. ### Arbeidsekonomie Arbeidsekonomie poog om die funksionering en dinamika van die loonarbeidmarkte te verstaan. **Loonmarkte** funksioneer deur die interaksie van werkers en werkgewers. Arbeidsekonomie kyk na die verskaffers van arbeidsdienste (werkers), die eise van arbeidsdienste (werkgewers), en poog om die resulterende patroon van lone, werkverskaffing en inkomste te verstaan. In ekonomie word **arbeid** beskou as die maateenheid vir werk wat deur mense gedoen word. Dit word normaalweg teenoor ander produksiefaktore soos grond en kapitaal gestel. Daar bestaan teorieë wat 'n konsep genaamd menslike kapitaal ontwikkel het (om te verwys na werkers se vaardighede, nie noodwendig hulle werk nie), maar daar is makro-ekonomiese stelselteorieë wat menslike kapitaal as 'n selfweerspreking beskou. ### Welsynsekonomie Welsynsekonomie is 'n tak van ekonomie wat mikro-ekonomiese tegnieke gebruik om welstand of welsyn te evalueer op die vlak van die globale ekonomie. Die toekenning van produktiewe faktore aan welsyn word geëvalueer sowel as die wenslikheid en ekonomiese doeltreffendheid daarvan binne die ekonomie, gereeld relatief tot die algemene ewewig. Welsynsekonomie ontleed sosiale welstand, hoe dit ook al gemeet word, in terme van die ekonomiese aktiwiteite van die individue waaruit die teoretiese gemeenskap wat ter sprake is, bestaan. Gevolglik vorm individue met hulle verwante ekonomiese aktiwiteite die basiese eenhede wat saam maatskaplike welsyn vorm, of dit nou 'n groep, 'n gemeenskap of 'n samelewing is, en daar is geen maatskaplike welsyn buiten die welsyn wat uit individuele eenhede bestaan nie. ### Inligtingsekonomie Inligtingsekonomie of die **ekonomie van inligting** is 'n tak van mikro-ekonomieteorie wat die uitwerking van inligting en Inligtingstelsels op die ekonomie en ekonomiese besluite bestudeer. Inligting het besondere eienskappe. Dit word maklik geskep, maar moeilik vertrou. Dit word maklik versprei, maar moeilik beheer. Dit beïnvloed baie besluite. Hierdie besondere eienskappe (vergeleke met ander tipes goedere) kompliseer baie standaard ekonomiese teorieë. Geleentheidskoste ----------------- Die geleentheidskoste van 'n aktiwiteit of goedere is gelyk aan die waarde van die beste alternatief wat die verbruiker kon kies, maar nie gekies het nie. Alhoewel dit moeilik is om geleentheidskoste te kwantifiseer, is dit 'n baie algemene en belangrike ekonomiese begrip en een wat individue werklik raak. Die beginsel is van toepassing op alle besluite, nie net ekonomiese besluite nie. Geleentheidskoste is een manier om die koste van iets uit te werk. Eerder as om bloot die kostes van 'n projek te identifiseer en bymekaar te tel, kan mens ook die tweede beste manier waarop die geld spandeer kan word, identifiseer. Die verbeurde wins van hierdie *tweede beste alternatief* is die geleentheidskoste van die oorspronklike keuse. 'n Algemene voorbeeld is 'n boer wat besluit om op sy grond te boer eerder as om dit aan sy buurman te verhuur: sy geleentheidskoste is die huurgeld wat hy nou verbeur. In hierdie geval verwag die boer om meer wins te maak deur self op sy grond te boer. Hierdie manier van redeneer is 'n baie belangrike deel van die berekening van diskontokoerse in die beleggingswaardasiemetodologieë van gediskonteerde kontantvloei. Insgelyks is die geleentheidskoste van universiteitsbywoning die loon wat die student kon verdien het as hy sou werk, maar nou verbeur. (Dit is anders as die koste van universiteitsbywoning wat klasgelde, verblyf, boeke, ensovoorts insluit.) Let daarop dat geleentheidskoste nie die *som* van al die beskikbare alternatiewe is nie, maar die waarde van slegs die enkele, beste alternatief. Moontlike geleentheidskostes van 'n stad se besluit om 'n hospitaal op 'n oop stuk grond te bou is die verlies van 'n sportsentrum of 'n parkeerterrein of die kontantwaarde van die grond of 'n menigte ander moontlikhede – maar die geleentheidskoste is nie die som van al die verbeurde alternatiewe nie. Die werklike geleentheidskoste is die verbeurde wins van die lonendste alternatief. Die geldwaarde van elke alternatief moet bereken word om hulle te kan vergelyk en die geleentheidskoste te kan vasstel. Dit kan 'n eenvoudige of komplekse berekening wees. Baie besluite behels byvoorbeeld omgewingsimpakstudies waarvan die geldwaarde moeilik is om vas te stel as gevolg van wetenskaplike onsekerheid. Om 'n geldwaarde aan 'n menselewe te heg, of aan die ekonomiese impak van 'n Arktiese oliestorting, behels subjektiewe keuses met etiese implikasies.. Dit is ook belangrik om te onthou dat geen besluit om tyd aan iets te spandeer, gratis is nie. Ongeag watter keuse mens maak, iets word altyd verbeur. 'n Voorbeeld van geleentheidskoste is om te besluit tussen die bywoning van 'n konsert en die doen van huiswerk. Indien mens besluit om die konsert by te woon, word waardevolle studietyd prysgegee, maar indien mens besluit om huiswerk te doen, word die konsert prysgegee. Enige besluit oor die toekenning van kapitaal is soortgelyk: kapitaal het ook 'n geleentheidskoste of 'n versperringskoers, wat gedefinieer word as die verwagte koers wat mens sou kon kry deur in soortgelyke projekte op die oop mark te belê. Geleentheidskoste is 'n baie belangrike konsep in mikro-ekonomie en in besluite wat geneem word. Toegepaste mikro-ekonomie ------------------------- Die Verenigde State se Kongresgebou waar die Amerikaanse Kongres vergader en waar baie belastingswette aangeneem word. Hierdie wette het 'n direkte uitwerking op ekonomiese welstand. Die studie hiervan word openbare ekonomie genoem. Toegepaste mikro-ekonomie sluit 'n reeks gespesialiseerde studierigtings in en baie van hulle maak gebruik van metodes uit ander dissiplines. Industriële organisasie ondersoek onderwerpe soos die toetrede en uittrede van firmas, innovasie en die rol van handelsmerke. Arbeidsekonomie stel ondersoek in na lone, werkverskaffing en die werking van die arbeidsmark. Finansiële ekonomie ondersoek onderwerpe soos die struktuur van optimale portfolios, kapitale opbrengskoers, ekonometriese ontleding van die opbrengs van effekte en korporatiewe finansiële gedrag. Openbare ekonomie ondersoek die ontwerp van die regering se beleide ten opsigte van belasting en uitgawes en die ekonomiese uitwerking van hierdie beleide (bv. sosiale versekerings programme). Politieke ekonomie ondersoek die rol van politieke instellings in die vasstelling van beleiduitkomste. Gesondheidsekonomie ondersoek die organisasie van gesondheidsorgstelsels wat onder andere die rol van die gesondheidsorgwerkers en siekteversekeringsprogramme insluit. Stedelike ekonomie ondersoek die uitdagings waarvoor stede te staan kom soos stadspreiding, lug- en waterbesoedeling, verkeersopeenhoping en armoede en put kennis uit die velde van stedelike geografie en sosiologie. Regte en ekonomie pas mikro-ekonomiese beginsels toe in die selektering en toepassing van mededingende regstelsels en hulle relatiewe doeltreffendheid. Ekonomiese geskiedenis ondersoek die evolusie van die ekonomie en ekonomiese instellings en gebruik metodes en tegnieke uit die dissiplines van ekonomie, geskiedenis, geografie, sosiologie, sielkunde en politieke wetenskap.
{ "title": "Mikro-ekonomie", "mostly_tablelist": false, "tablelist_ratio": [ 5085, 22214, 0.22890969658773747 ], "infobox": [], "td_tables": [], "text_length": 21202 }
Die **nasionale vlag van Finland** is op 28 Mai 1918 amptelik aanvaar. Die vlag vertoon ’n seeblou Skandinawiese kruis op ’n wit veld. Geskiedenis ----------- Tydelike handelsvlootvaandel "vlag van Sint Joris", gebruik in 1853–56 tydens die Krimoorlog Vorige vlag van Nyländska Jaktklubben (1861–1919), te sien in die Seehistoriese Museum van Finland in Kotka Die eerste "vlag van Finland", sover bekend, is in 1848 vertoon saam met die sing van die volkslied, die Maamme. Die motief vir daardie vlag was die Finse wapenskild, omring deur lourierblare, op ’n wit veld. Die huidige bloukruisontwerp is vir die eerste keer in Finland deur die NyländskaJaktklubben, ’n seiljagklub wat in 1861 in Helsinki gestig is. Saam met die blou kruis op die wit veld het die seiljagklub die wapenskild van die provinsie Uusimaa met ’n kroon daaroor en in twee gekruisde takke in die skildhoek bevat. Buiten die posisie van die kruis, was die vlag soortgelyk aan die vlag van die St. Petersburg-seiljagklub wat die vorige jaar gestig is. Die ontwerp kan teruggespoor word na die vaandel van die Russiese Vloot wat ’n blou Sint Andrieskruis op ’n wit veld gebruik. Gedurende die Krimoorlog het Finse handelskepe wat deur die Brits-Franse vloot gevang is, die *vlag van Sint Joris* vertoon, wat gebaseer was op die vlag van die Russiese doeanediens. In hierdie variant was die kruis dunner as in die moderne vlag en die verhouding was 1:1. ’n Ander bloukruisvlag is in 1861 amptelik aanvaar vie die gebruik van privaat vaartuie. In 1910 het die Russiese owerhede, in verband met die Russifisering van Finland, verklaar dat ’n Russiese vlag in die skildhoek gevoeg moet word. Dit het egter teenstand ontlok; hierdie vlag is bespot as die "slawevlag" (*orjalippu*) en die meeste Finne het geweier om dit te vertoon. In plaas daarvan is ’n vaantjie (’n driehoekige vlag), sonder hierdie modifikasie, vertoon en op dié manier is die besluit rakende die vlag omseil. Die staatsvlag is in 1922 nog verder gewysig toe die kroon verwyder is, en weer in 1978 toe die skildvormige wapenskild in ’n reghoekige vorm verander is. ### Vorige vlae * Handelsvlag van die Finse hertogdom Ontwerp is in verlede gebruik maar sedertdien laat vaar Handelsvlag van die Finse hertogdom * Tydelike staatsvlag van Finland, Desember 1917 tot Mei 1918 Ontwerp is in verlede gebruik maar sedertdien laat vaar Tydelike staatsvlag van Finland, Desember 1917 tot Mei 1918 * Vlag van Finland, 1918 tot 1920 Ontwerp is in verlede gebruik maar sedertdien laat vaar Vlag van Finland, 1918 tot 1920 * Staatsvlag van Finland, 1918 tot 1920 Ontwerp is in verlede gebruik maar sedertdien laat vaar Staatsvlag van Finland, 1918 tot 1920 * Militêre vlag van Finland, 1918 tot 1920 Ontwerp is in verlede gebruik maar sedertdien laat vaar Militêre vlag van Finland, 1918 tot 1920 * Vlag van die Finse regent, 1918 tot 1919 Ontwerp is in verlede gebruik maar sedertdien laat vaar Vlag van die Finse regent, 1918 tot 1919 * Staatsvlag van Finland, 1920 tot 1978 Ontwerp is in verlede gebruik maar sedertdien laat vaar Staatsvlag van Finland, 1920 tot 1978 * Militêre vlag van Finland, 1920 tot 1978 Ontwerp is in verlede gebruik maar sedertdien laat vaar Militêre vlag van Finland, 1920 tot 1978 * Vlag van die president van Finland, 1920 tot 1944 en 1946 tot 1978 Ontwerp is in verlede gebruik maar sedertdien laat vaar Vlag van die president van Finland, 1920 tot 1944 en 1946 tot 1978 * Vlag van die president van Finland, 1944 tot 1946 Ontwerp is in verlede gebruik maar sedertdien laat vaar Vlag van die president van Finland, 1944 tot 1946 Ontwerp ------- ### Grootte Volgens die Finse reg is die verhoudign van die vlag 11:18, wat baie naby aan die goue snit is. Die swawelstertstaatsvlag is een eenheid langer en die sterte is vyf eenhede lank. Die spitswydte van die blou kruis is drie maateenhede wat dit ’n vertikale verhouding van 4:3:4 en ’n horisontale verhouding van 5:3:10 gee. Wanneer dit aan ’n vlagpaal vertoon word, is die aanbeveling dat die vlag se wydte gelyk is aan een sesde van die hoogte van die vlagpaal. ### Kleure ’n Wapperende vlag van Finland Die kleure vir die staatsvlagword in CIE 1931 en CIE 1976-standaarde gespesifiseer, asook in die Sweedse standaard SS 01 91 22 en in Pantone: | Kleurskema | Blou | Rooi | Geel | | --- | --- | --- | --- | | Heksadesimaal | | #002F6C | | #C8102E | | #FFC72C | | RGB | | 24-68-126 | | 181-28-49 | | 237-167-0 | | CIE (x, y, Y) | | 0.1856, 0.1696, 5.86 | | 0.576, 0.312, 10.9 | | 0.486, 0.457, 45.7 | | CIE (L, a, b) | | 29.06, 7.24, -36,98 | | 39.4, 59.0, 29,6 | | 73.4, 14,8, 79.0 | | SS 01 91 22 | | 4060-R90B | | 1090-Y90R | | 0080-Y204 | | Pantone | | 294 C | | 186 C | | 123 C | Die Finse presidensiële standaard by die Presidensiële Paleis, Helsinki Vlag by die Finse Ambassade in Canberra Daar is geen amptelike RGB-definisie vir die kleure nie omdat die toonskaal te klein is. Die benaderde kleure in sRGB vanaf die CIE L\*a\*b\*-kleure word in die tabel hier bo weergegee. Die geel lê in werklikheid buite die sRGB-kleurruimte. Die blou word "seeblou" genoem wat ’n donker tot medium blou is. Dit is nie ’n baie donker vlootblou nie en ook nie ’n helder groenerige blou soos turkoois of siaan nie. Dit kan vervang word deur die heraldiese tinktuur van asuur. Persone wat die vlag wil herskep kan die hex-kleur *#002F6C* gebruik. Die RGB-waarde wat van die Pantone (294 C) afgelei is, t.w. *0-47-108* is ook naby aan die korrekte kleur. Rooi en geel word gebruik in die wapenskild wat op die staatsvlag vertoon word. Gebruik ------- Die hoofkantoor van die Finse regering in Senaatsplein, Helsinki, vanwaar die staatsvlag wapper Die Finse vlag word in drie hoofvariante gebruik. Die gewone nasionale vlag word deur alle burgers, organisasie en Finse munisipaliteite en landskappe gebruik. Enigeen mag die nasionale vlag vertoon waar hulle dit geskik ag. Die reghoekide staatsvlag word gebruik deur Finse nasionale en landskapregeringsliggame, deur die katedraalkapittels van die twee nasionale kerke, die Evangelies-Luterse kerk en die Ortodokse Kerk van Finland, asook deur nie-vlootvaartuie van die staat. Die swawelstert- nasionale vlag, wat ook die vlootvaandel is, word deur die Finse verdedigingsmagte gebruik. Die presidensiuele standaard en die bevelsvlae van die minister van verdediging, die hoof van die weermag en die bevelvoerder van die Finse vloot word slegs deur die onderskeie persone vertoon. Alle openbare liggame asook die meeste privaat burgers en ondernemings vertoon die vlag op amptelike vlagdae in Finland. Buiten die amptelike vlagdae, is daar nagenoeg tien nie-amptelike vlagdae wat in die algemeen gevier word. Naas vlagdae word geen vlae of korporatiewe vlae normaalweg vertoon nie. Die Finse vlag word om 8:00 gehys en teen sonsondergang, maar nie later as 21:00 nie, gestryk. Op onafhanklikheidsdag (6 Desember) word die vlag tot 20:00 vertoon, ongeag die donker. Per geleentheid van nasionale tragedies, kan die minister van binnelandse sake aanbeveel dat die vlag regdeur die land halfmas vertoon word. As ’n spesiale gebruik in Finland word die vlag van 18:00 op die vooraand van midsomer tot 21:00 op midsomersdag vertoon. Dit word gedoem om die feit te simboliseer dat die donkerte geen plek van Finland bereik op midsomersnag nie. Midsomer word ook gevier as die dag van die Finse vlag. ### Ander reëls Volgens Finse wette is die verbode om die vlag te skend of om die op oneerbiedige wyse te gebruik. Dit is ook onwettig om ’n vlag sonder toestemming van die vlagpaal te verwyder. Skuldiges kan ’n boete opgelê word vir ontering van die vlag. Finse wette verbied ook die gebruik van die presidensiële standaard of die staatsvlag sonder toestemming, asook die toevoeging van enige bykomende simbole tot die vlag. ’n Vlag met verskillende kleure of geometrie as wat die wette voorskryf, mag ook nie verkoop word nie. Dit word gesien as oortredings van die vlagregulasies wat tot ’n boete kan lei. Daar is ook algemene reëls oor hoe om die vlag met eerbied te gebruik. Die vlag moet nie vuil of beskadig wees nie. Die vlag mag nie aan die grond raak nie. Wanneer die vlag gewas is moet dit binnenshuis gedroog word. ’n Vlag wat verweer is moet weggedoen word deur dit te verbrand (hoewel nie met die bedoeling om dit oneer aan te doen nie), of deur dit in klein stukke te sny sodat dit nie as dele van die vlag herken kan word nie. Die vlag moet nie in die grond of die see begrawe word nie (insluitend om dit in die rommel te gooi). The Finnish yacht club flag design; The circled X is replaced with the club emblem; Flag ratio: 11:18 Ander vlae ---------- ### Vlae en standaarde * Staatsvlag van Finland, sedert 1978 Staatsvlag van Finland, sedert 1978 * Militêre vlag van Finland, sedert 1978 Militêre vlag van Finland, sedert 1978 * Vlag van die Finse Lugmag Vlag van die Finse Lugmag * Variant van die Finse vlootgeus Variant van die Finse vlootgeus * Presidensiële standaard van Finland, sedert 1978 Presidensiële standaard van Finland, sedert 1978 ### Verwante vlae * Vlag van Denemarke Normale of de jure weergawe van vlag, of voorkant Vlag van Denemarke * Vlag van Noorweë Normale of de jure weergawe van vlag, of voorkant Vlag van Noorweë * Vlag van Swede Normale of de jure weergawe van vlag, of voorkant Vlag van Swede * Vlag van Ysland Normale of de jure weergawe van vlag, of voorkant Vlag van Ysland * Vlag van Åland Normale of de jure weergawe van vlag, of voorkant Vlag van Åland * Vlag van die Faroëreilande Normale of de jure weergawe van vlag, of voorkant Vlag van die Faroëreilande ### Voorstelle Kort nadat Finland in 1917 onafhanklikheid verkry het, is ’n kompetisie geloods vir die ontwerp van ’n Finse vlag. Verskeie ontwerpe is ingedien. In terme van kleure kon die inskrywings hoofsaaklik in twee kategorieë gedeel word – een met rooi en geel wat van die Finse wapenskild kom, en die ander met blou en wit soos wat die vlag kleure vantevore reeds was. Een inskrywing se ontwerp het die kruis van die Orde van die Dannebrog bevat, maar met ’n geel kruis op ’n rooi veld. ’n ander ontwerp het diagonale blou en wit bane gehad, maar het kritiek ontlok deurdat dit skynbaar eerder voor ’n barbierswinkel gebruik sou kon word as om ’n nuwe onafhanklike land te verteenwoordig. Akseli Gallen-Kallela het ’n soortgelyke kruisvlag voorgestel, maar met die kleure omgeruil (’n wit kruis op ’n blou veld) maar dit sou te na aan die Sweedse vlag en die Griekse vlag van daardie tyd lyk. Eindelik het die kunstenaars Eero Snellman en Bruno Tuukkanen die finale vorm van die vlag gespesifiseer. Volgens tradisie is die vlag gebaseer op ’n ontwerp deur die digter Zachris Topelius wat uit ongeveer 1860 dateer. * Vlagvoorstelle vir Finland Vlagvoorstelle vir Finland * Vlagvoorstelle vir Finland Vlagvoorstelle vir Finland
{ "title": "Vlag van Finland", "mostly_tablelist": false, "tablelist_ratio": [ 3262, 9822, 0.3321115862349827 ], "infobox": [ "<table about=\"#mwt2\" class=\"infobox bordered\" data-mw=\"{&quot;parts&quot;:[{&quot;template&quot;:{&quot;target&quot;:{&quot;wt&quot;:&quot;Inligtingskas Vlag\\n&quot;,&quot;href&quot;:&quot;./Sjabloon:Inligtingskas_Vlag&quot;},&quot;params&quot;:{&quot;Naam&quot;:{&quot;wt&quot;:&quot;Finland&quot;},&quot;Artikel&quot;:{&quot;wt&quot;:&quot;&quot;},&quot;Beeld&quot;:{&quot;wt&quot;:&quot;Flag of Finland.svg&quot;},&quot;Beeldgrootte&quot;:{&quot;wt&quot;:&quot;210px&quot;},&quot;Geen_grens&quot;:{&quot;wt&quot;:&quot;&quot;},&quot;Bynaam&quot;:{&quot;wt&quot;:&quot;''Siniristilippu''&quot;},&quot;Ander_byname&quot;:{&quot;wt&quot;:&quot;&quot;},&quot;Gebruik&quot;:{&quot;wt&quot;:&quot;100100&quot;},&quot;Simbool&quot;:{&quot;wt&quot;:&quot;&quot;},&quot;Verhouding&quot;:{&quot;wt&quot;:&quot;11:18&quot;},&quot;Goedgekeur_op&quot;:{&quot;wt&quot;:&quot;[[28 Mei]] [[1918]]&lt;ref name=\\&quot;FOTW\\&quot;&gt;{{en}} {{cite web |publisher=Flags of the World |url=https://www.crwflags.com/fotw/flags/fi.html |title=Finland |accessdate=17 Februarie 2021 }}&lt;/ref&gt;&quot;},&quot;Ontwerp&quot;:{&quot;wt&quot;:&quot;Blou Skandinawiese kruis op ’n wit veld&quot;},&quot;Ontwerper&quot;:{&quot;wt&quot;:&quot;&quot;}},&quot;i&quot;:0}}]}\" id=\"mwAg\" style=\"width:218px; font-size:88%; text-align:left;\" typeof=\"mw:Transclusion\">\n<caption style=\"font-size: larger; font-weight: bold;\">Vlag van Finland</caption>\n<tbody><tr>\n<td colspan=\"2\"><figure class=\"mw-image-border mw-halign-center\" typeof=\"mw:File\"><a class=\"mw-file-description\" href=\"./Lêer:Flag_of_Finland.svg\" title=\"Vlag van Finland\"><img alt=\"Vlag van Finland\" class=\"mw-file-element\" data-file-height=\"1100\" data-file-type=\"drawing\" data-file-width=\"1800\" decoding=\"async\" height=\"128\" resource=\"./Lêer:Flag_of_Finland.svg\" src=\"//upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/b/bc/Flag_of_Finland.svg/210px-Flag_of_Finland.svg.png\" srcset=\"//upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/b/bc/Flag_of_Finland.svg/315px-Flag_of_Finland.svg.png 1.5x, //upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/b/bc/Flag_of_Finland.svg/420px-Flag_of_Finland.svg.png 2x\" width=\"210\"/></a><figcaption>Vlag van Finland</figcaption></figure></td>\n</tr>\n<tr style=\"vertical-align: top;\">\n<th><a href=\"./Lys_van_vlagname\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Lys van vlagname\">Bynaam</a></th>\n<td><i>Siniristilippu</i></td>\n</tr><tr>\n<th><a href=\"./Vlagterminologie\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Vlagterminologie\">Gebruik</a></th>\n<td><a class=\"new\" data-mw-i18n='{\"title\":{\"lang\":\"x-page\",\"key\":\"red-link-title\",\"params\":[\"Burgerlike vlag\"]}}' href=\"./Burgerlike_vlag?action=edit&amp;redlink=1\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Burgerlike vlag\" typeof=\"mw:LocalizedAttrs\">Burgerlike</a> <a href=\"./Vlag\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Vlag\">vlag</a> en <a href=\"./Vaandel\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Vaandel\">vaandel</a> <span data-mw='{\"caption\":\"Burgerlike vlag en vaandel\"}' typeof=\"mw:File\"><a class=\"mw-file-description\" href=\"./Lêer:FIAV_100100.svg\" title=\"Burgerlike vlag en vaandel\"><img alt=\"Burgerlike vlag en vaandel\" class=\"mw-file-element\" data-file-height=\"210\" data-file-type=\"drawing\" data-file-width=\"320\" decoding=\"async\" height=\"15\" resource=\"./Lêer:FIAV_100100.svg\" src=\"//upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/2/23/FIAV_100100.svg/23px-FIAV_100100.svg.png\" srcset=\"//upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/2/23/FIAV_100100.svg/35px-FIAV_100100.svg.png 1.5x, //upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/2/23/FIAV_100100.svg/46px-FIAV_100100.svg.png 2x\" width=\"23\"/></a></span> </td>\n</tr>\n<tr>\n<th>Verhouding</th>\n<td>11:18</td>\n</tr>\n<tr>\n<th>Goedgekeur</th>\n<td><a href=\"./28_Mei\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"28 Mei\">28 Mei</a> <a href=\"./1918\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"1918\">1918</a></td>\n</tr>\n<tr>\n<th>Ontwerp</th>\n<td>Blou Skandinawiese kruis op ’n wit veld</td>\n</tr>\n</tbody></table>" ], "td_tables": [], "text_length": 10891 }
Die **vlag van Hawaii** is op 20 Mei 1845 in gebruik geneem. Die vlag vertoon agt horisontale bane in wit, rooi en blou afwisselend met ’n Union Jack in die skildhoek. Ontwerp ------- Die vlag van Hawaii in Haleakalā Nasionale Park Die skildhoek van die vlag van Hawaii bevat die Union Jack van die Verenigde Koninkryk. Die res van die vlag bevat agt horisontale bane wat die agt grootste eilande voorstel, nl. Hawaii, Oahu, Kauai, Kahoolawe, Lanai, Maui, Molokai en Niihau. ’n Negende baan is op ’n tyd bygevoeg om die eiland Nihoa voor te stel. Ander weergawes van die vlag het slegs sewe bane wat al die eilande met die uitsondering van Kahoolawe of Niihau voorstel. Die kleure van die bane. van bo na onder is in die volgorde wit-rooi-blou-wit-rooi-blou-wit-rooi. Die kleure is in 1843 gestandaardiseer maar ander kombinasies is gebruik in die verlede en word vandag soms nog gebruik. Geskiedenis ----------- Vlag van die Britse Oos-Indiese Kompanjie Daar is verskeie vertellings van die vroeë geskiedenis van die vlag van Hawaii. Een vertel hoe koning Kamehameha I ’n Britse vlag, waarskynlik ’n Rooi vaandel, gehys het wat aan hom deur die Britse ontdekkingsreisiger George Vancouver gegee is as teken vriendskap met koning George III. Besoekers aan die eilande het die vlag gesien wapper by eerbiebwaardige plekke. ’n Raadgewer van Kamehameha het opgemerk dat die Union Jack daarvoor verantwoordelik kan wees dat Hawaii betrokke kan raak by internasionale konflik omdat die koninkryk gesien kan word as bondgenoot van die Verenigde Koninkryk. Kamehameha het gevolglik die vlag oor sy huis by Kamakahonu gestryk. Hoewel die historiese akkuraatheid van die verhaal in twyfel getrek word, word ook vertel dat ’n Amerikaanse vlag by Kamehameha se huis gesien is om Amerikaanse belange te paai gedurende die oorlog van 1812, maar dat dit verwyder is toe Britse offisiere ernstig daarteen kapsie gemaak het. Dit verduidelik waarom die gevolglike vlag van Hawaii ’n doelbewuste versmelting van die twee lande se vlae was. In 1816 het Kamehameha opdrag gegee vir die ontwerp van ’n eie vlag om konflik te vermy. Hierdie vlag het die basis gevorm vir die huidige ontwerp. Dit vlag is waarskynlik ontwerp deur een va die kommandeurs van die Koninklike Hawaiise Vloot. Hulle was voormalige offisiere van die Britse Koninklike Vloot wat Kamehameha van raad voorsien het en die vlag is gebaseer op ’n vorm van die Britse vlootvlag. Daar is onenigheid oor die werklike ontwerper: dit kon òf Alexander Adams òf George Beckley gewees het. Die ontwerp was soortgelyk aan die vlag van die Britse Oos-Indiese Kompanjie wat in dié tyd gebruik is maar wat net rooi en wit bane gehad het. Kaptein Adams het hierdie vlag vir die eerste keer gebruik op ’n Hawaiise handelsending na China in 1817. Die oorspronklike vlag is ontwerp om afwisselende bane in rooi-wit-blou te hê en die kleure kan toegeskryf word aan die vlag van die Verenigde Koninkryk. Die vlag wat gedurende die eerste amptelike vlaghysing gebruik is het verkeerdelik die kombinasie in wit-rooi-blou gehad, maar dit blyk of ontdekkingsreisigers wat die eilande besoek het tot die 1840’s verskillende weergawes het van die presiese volgorde van die kleure en die aantale bane. Daar was moontlik verskillende weergawes van die vlag met verskillende kleurvolgordes en aantal bane. Die aantal bane het ook verander: aanvanklik is die vlag ontwerp met òf sewe òf nege horisontale bane en in 1845 is dit amptelik na agt bane verander. Dit is vandag nog in gebruik. * Britse Rooi vaandel, 1793 tot 1794 Ontwerp is in verlede gebruik maar sedertdien laat vaar Britse Rooi vaandel, 1793 tot 1794 * Union Jack (waarskynlik nie in 1801 opgedateer nie), 1794 tot 1816 Ontwerp is in verlede gebruik maar sedertdien laat vaar Union Jack (waarskynlik nie in 1801 opgedateer nie), 1794 tot 1816 * Union Jack (gedurende die ), Februarie 1843 tot Julie 1843 Ontwerp is in verlede gebruik maar sedertdien laat vaar Union Jack (gedurende die ), Februarie 1843 tot Julie 1843 * Vorige weergawe van die huidige vlag, 1816 tot Februarie 1843 en Julie 1843 tot Mei 1845 Ontwerp is in verlede gebruik maar sedertdien laat vaar Vorige weergawe van die huidige vlag, 1816 tot Februarie 1843 en Julie 1843 tot Mei 1845 * Vlag van die VSA (na die omverwerping van die Koninkryk van Hawaii), Februarie 1893 tot April 1893 Ontwerp is in verlede gebruik maar sedertdien laat vaar Vlag van die VSA (na die omverwerping van die Koninkryk van Hawaii), Februarie 1893 tot April 1893 * Vorige weergawe van die huidige vlag, 1896 Ontwerp is in verlede gebruik maar sedertdien laat vaar Vorige weergawe van die huidige vlag, 1896 * Vorige alternatiewe vlag van Hawaii, 1898 tot 1959 Ontwerp is in verlede gebruik maar sedertdien laat vaar Alternatiewe weergawe van vlag Vorige alternatiewe vlag van Hawaii, 1898 tot 1959 * Alternatiewe vlag van Hawaii Alternatiewe weergawe van vlag Alternatiewe vlag van Hawaii *Ka Hae Hawaii*-dag ------------------- In 1990 het John D. Waihee III, goewerneur van Hawaii, 31 Julie as *Ka Hae Hawaii*-dag oftewel Hawaiiaanse Vlagdag verklaar. Sedertdien is dit elke jaar gevier. Ander vlae ---------- * Persoonlike standaard van koning Kalakaua Persoonlike standaard van koning Kalakaua * Persoonlike standaard van prinses Kaiulani Persoonlike standaard van prinses Kaiulani * Vlagkaart van 1868 Vlagkaart van 1868 * Hawaiise vlagkwilt van Waimea, voor 1918 Hawaiise vlagkwilt van Waimea, voor 1918 * Vlag van die Stad Honolulu Vlag van die Stad Honolulu * Ka Lahui Hawaii Ka Lahui Hawaii ### Vlag van die Goewerneur Die vlag wat deur die goewerneur van Hawaii gebruik word is ’n tweekleur in blou en rooi. Daar is agt wit vyfpuntige sterre in ’n sirkelvorm om die naam van die deelstaat (in hoofletters). Gedurende die tyd wat Hawaii ’n deelgebied van die VSA was, was die letters "TH" (vir "Territory of Hawaii") in die middel van die vlag. * Standaard van die goewerneur voor 1959 Standaard van die goewerneur voor 1959 * Standaard van die goewerneur van Hawai’i Standaard van die goewerneur van Hawai’i ### Kanaka Maoli-vlag Kanaka Maoli-vlag Daar word soms aanspraak gemaak dat die *Kanaka Maoli* ("ware mense" in Hawaiiaans) se vlag die oorspronklike vlag van die koninkryk van Hawai’i is. Vir sommiges simboliseer hierdie vlag die inheemse Hawaiianers omdat die huidige Hawaiiaanse vlag, ’n kombinasie van Britse en Amerikaanse simboliek, beelde van kolonialisme oproep. Die kleure is rooi, groen en geel en was volgens oorlewering Kamehameha se persoonlike vlag en is weer deur Kamehameha III ingevoer. Die sentrale ontwerp is ook teenwoordig in die amptelike wapenskild van die koninkryk van Hawaii. Gene Simeona van Honolulu beweer dat hy die "oorspronklike" Hawaiiaanse groen, rooi en geel gestreepte vlag wat deur kaptein Lord George Paulet van die Britse vloot vernietig is toe hy in 1843 Hawaii vir vyf maande beset het, herskep het. Simeona sê dat ’n afstammeling van Paulet wat hy in 1999 op die gronde van Iolani-paleis ontmoet het, aan hom genoem het dat die huidige Hawaiiaanse vlag nie die oorspronklike is nie. Simeona sê hy het die ontwerp in die Hawaiiaanse Staatsargief opgespoor. Tot op datum is daar egter geen bewyse in Hawaiiaanse koerante, historiese optekenings of enige regeringsdokumentasie van daardie era vir Simeona se bewerings bevind nie. Daar is beweer dat die Jamaikaanse gewilde reggae-musiekbeweging die ooglopende invloed vir die vlag is. In die middel van die vlag is ’n skild waarop ’n wapenskild van die *kanaka maoli* is en dit bestaan uit die koninklike *kahili*, die oorspronklike Hawaiiaanse koninklike standaard. Twee spane is gekruis oor hierdie *kahili* wat die reisende tradisies van die Hawaiiane en Kamehameha se Kānāwai Māmalahoe voorstel. Daar is nege bane, anders as die agt van die huidige staatsvlag van Hawaii, en elk stel ’n eiland van Hawaii voor. Dit is Hawaii, Maui, Kahoolawe, Lanai, Molokai, Oahu, Kauai, Niihau en Nihoa. Hoewel die laaste hiervan onbewoon was, was dit amptelik deel van die koninkryk van Hawaii gedurende die heerskappy van Kamehameha IV. Volgens die voorstaanders van hierdie vlag stel die groen die *maka ’ainana* (gewone burgers), die grond en goedheid voor; die rooi stel die *konohiki* (middelklas), genealogie en krag voor; en die geel stel die alii, geestelikheid en paraatheid op gevaar voor. Ander vlae en kleure is voorgestel maar selfs leiers van die Hawaiiaanse Soeweteiniteitsbeweging gebruik dikwels die huidige staatsvlag.
{ "title": "Vlag van Hawaii", "mostly_tablelist": false, "tablelist_ratio": [ 3015, 8462, 0.3562987473410541 ], "infobox": [ "<table about=\"#mwt2\" class=\"infobox bordered\" data-mw=\"{&quot;parts&quot;:[{&quot;template&quot;:{&quot;target&quot;:{&quot;wt&quot;:&quot;Inligtingskas Vlag\\n&quot;,&quot;href&quot;:&quot;./Sjabloon:Inligtingskas_Vlag&quot;},&quot;params&quot;:{&quot;Naam&quot;:{&quot;wt&quot;:&quot;Hawaii&quot;},&quot;Artikel&quot;:{&quot;wt&quot;:&quot;&quot;},&quot;Beeld&quot;:{&quot;wt&quot;:&quot;Flag of Hawaii.svg&quot;},&quot;Beeldgrootte&quot;:{&quot;wt&quot;:&quot;210px&quot;},&quot;Geen_grens&quot;:{&quot;wt&quot;:&quot;&quot;},&quot;Bynaam&quot;:{&quot;wt&quot;:&quot;''Ka Hae Hawaii''&quot;},&quot;Ander_byname&quot;:{&quot;wt&quot;:&quot;&quot;},&quot;Gebruik&quot;:{&quot;wt&quot;:&quot;110000&quot;},&quot;Simbool&quot;:{&quot;wt&quot;:&quot;&quot;},&quot;Verhouding&quot;:{&quot;wt&quot;:&quot;1:2&quot;},&quot;Goedgekeur_op&quot;:{&quot;wt&quot;:&quot;[[20 Mei]] [[1845]]&lt;ref name=\\&quot;FOTW\\&quot;&gt;{{cite web |url=https://www.crwflags.com/fotw/flags/us-hi_hi.html |title=Hawaii: geskiedkundige vlae |publisher=Flags of the World |access-date=21 Mei 2019 |language=en |archive-url=https://web.archive.org/web/20191009120445/https://www.crwflags.com/fotw/flags/us-hi_hi.html |archive-date=9 Oktober 2019 |url-status=live |df=dmy-all}}&lt;/ref&gt;&quot;},&quot;Ontwerp&quot;:{&quot;wt&quot;:&quot;Agt horisontale bane in wit, rooi en blou afwisselend met ’n Union Jack in die skildhoek.&quot;},&quot;Ontwerper&quot;:{&quot;wt&quot;:&quot;&quot;}},&quot;i&quot;:0}}]}\" id=\"mwAg\" style=\"width:218px; font-size:88%; text-align:left;\" typeof=\"mw:Transclusion\">\n<caption style=\"font-size: larger; font-weight: bold;\">Vlag van Hawaii</caption>\n<tbody><tr>\n<td colspan=\"2\"><figure class=\"mw-image-border mw-halign-center\" typeof=\"mw:File\"><a class=\"mw-file-description\" href=\"./Lêer:Flag_of_Hawaii.svg\" title=\"Vlag van Hawaii\"><img alt=\"Vlag van Hawaii\" data-file-height=\"600\" data-file-type=\"drawing\" data-file-width=\"1200\" decoding=\"async\" height=\"105\" resource=\"./Lêer:Flag_of_Hawaii.svg\" src=\"//upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/e/ef/Flag_of_Hawaii.svg/210px-Flag_of_Hawaii.svg.png\" srcset=\"//upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/e/ef/Flag_of_Hawaii.svg/315px-Flag_of_Hawaii.svg.png 1.5x, //upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/e/ef/Flag_of_Hawaii.svg/420px-Flag_of_Hawaii.svg.png 2x\" width=\"210\"/></a><figcaption>Vlag van Hawaii</figcaption></figure></td>\n</tr>\n<tr style=\"vertical-align: top;\">\n<th><a href=\"./Lys_van_vlagname\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Lys van vlagname\">Bynaam</a></th>\n<td><i>Ka Hae Hawaii</i></td>\n</tr><tr>\n<th><a href=\"./Vlagterminologie\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Vlagterminologie\">Gebruik</a></th>\n<td><a class=\"new\" href=\"./Burgerlike_vlag\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Burgerlike vlag\">Burgerlike</a>- en <a class=\"new\" href=\"./Staatsvlag\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Staatsvlag\">Staats</a><a href=\"./Vlag\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Vlag\">vlag</a> <span data-mw='{\"caption\":\"Burgerlike en staatsvlag\"}' typeof=\"mw:File\"><a class=\"mw-file-description\" href=\"./Lêer:FIAV_110000.svg\" title=\"Burgerlike en staatsvlag\"><img alt=\"Burgerlike en staatsvlag\" data-file-height=\"210\" data-file-type=\"drawing\" data-file-width=\"320\" decoding=\"async\" height=\"15\" resource=\"./Lêer:FIAV_110000.svg\" src=\"//upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/3/32/FIAV_110000.svg/23px-FIAV_110000.svg.png\" srcset=\"//upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/3/32/FIAV_110000.svg/35px-FIAV_110000.svg.png 1.5x, //upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/3/32/FIAV_110000.svg/46px-FIAV_110000.svg.png 2x\" width=\"23\"/></a></span> </td>\n</tr>\n<tr>\n<th>Verhouding</th>\n<td>1:2</td>\n</tr>\n<tr>\n<th>Goedgekeur</th>\n<td><a href=\"./20_Mei\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"20 Mei\">20 Mei</a> <a href=\"./1845\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"1845\">1845</a></td>\n</tr>\n<tr>\n<th>Ontwerp</th>\n<td>Agt horisontale bane in wit, rooi en blou afwisselend met ’n Union Jack in die skildhoek.</td>\n</tr>\n</tbody></table>" ], "td_tables": [], "text_length": 8521 }
**Mikro** (die skuilnaam van **Christoffel Hermanus Kühn**; 8 Oktober 1903 – 17 April 1968) was 'n bekende Afrikaanse skrywer, van meer as honderd boeke. Hy is die skrywer van novelles en romans, speurverhale, jeugverhale en toneelstukke en hy skryf selfs ’n aantal gedigte wat in die vroeë dertigerjare in *Die Huisgenoot* gepubliseer is. Hy is veral bekend vir *Ruiter in die nag* en *Die jongste ruiter*. Lewe en werk ------------ ### Vroeë lewe en herkoms Mikro (die skrywersnaam van Christoffel Hermanus Kühn), is op 8 Oktober 1903 op Van Reenensplaas naby Amandelboom (later die dorp Williston) gebore as die tweede jongste van veertien kinders, waarvan net sewe groot word. Van die sewe is vier seuns en drie dogters. Sy vader is die vooraanstaande boer Benjamin Abraham Kühn, wat in die kerkraad van Amandelboom dien, die bidure in die wyk lei en die kinders streng godsdienstig grootmaak. Hy publiseer ook gereeld gediggies in *De Koningsbode* en *De Wekker*. Mikro ontvang sy skoolopleiding vir sowat ’n jaar op sy geboorteplaas en gaan daarna na die skool op die naby geleë plaas Klein Perdekloof, wat tydens ’n groot droogte in 1913 tot niet gaan. Mikro en sy broer Sam help dan vir sowat agtien maande met skape oppas op die plaas. Hierna koop sy vader ’n huis op Williston, waar hulle ma saam met hom en sy broer bly terwyl hulle daar skoolgaan. In Januarie 1918 begin hy en sy broer die hoërskool op Robertson bywoon, waar hulle in die koshuis inwoon. Op 28 Oktober 1918 is sy vader tydens die groot griepepidemie oorlede. Die laaste keer wat hy en sy broer hom gesien het, was toe hy hulle met die trein by die skool op Robertson besorg het. Einde 1919 slaag Mikro standerd agt, maar in November 1920 word hy ernstig siek aan dubbele longontsteking. Na sy herstel begin hy in Julie 1921 die Hoërskool Carnarvon bywoon, waar die Nederlandse onderwyser, J.D.A. Crafford, sy belangstelling in die letterkunde wek. Hy matrikuleer hier aan die einde van 1922. ### Studie In 1923 begin hy sy studies in die mediese wetenskap aan die Universiteit van Stellenbosch, maar slaan die daaropvolgende jaar oor na landbou en voltooi in Desember 1927 die B.Sc. Landbou-graad aan die Universiteit van Stellenbosch. Op universiteit kry hy die bynaam Mikro van sy klasmaats. Hy was eendag laat vir ’n biologieklas waar hulle mikroskopiese werk gedoen het en as verskoning het hy aangevoer dat hy sy mikrovlooi (in stede van mikroskoop) nie kon kry nie, waarna hy die bynaam op die lyf geloop het. Hy moet telkens tydelik sy studies onderbreek om skool te hou ten einde geld in te samel om vir sy studies te betaal. So hou hy in 1924 ’n kwartaal skool op Klaasvoogds en in 1926 en 1927 vyf kwartale op Van Rhynsdorp. Hy onderneem ook ’n bootreis saam met die vragskip Cawdor Castle van Kaapstad na Liverpool, waar hy diens doen as beeswagter vir die beeste aan boord. Die Cawdor Castle het op sy volgende vaart gesink. ### Loopbaan as onderwyser In 1928 begin hy skoolhou, eers vir ’n kwartaal by die plaasskooltjie op Vaalhoek naby Williston en toe as aflos op Williston, waarna hy in Junie van daardie jaar op Kuilsrivier begin skoolhou. In 1932 neem hy studieverlof en behaal sy Senior Onderwysdiploma aan die Universiteit van Kaapstad. Hy tree in Maart 1933 in die huwelik, waaruit ’n seun (Christoph Herman) gebore word, maar skei in 1942. In Junie 1932 en weer in Junie 1933 doen hy dubbele longontsteking op, sodat daar elke keer opnuut vir sy lewe gevrees word. Hy herstel egter beide kere. Nadat hy herstel in 1933 vind hy en sy vrou vir ’n paar maande ’n heenkome op Nietvoorby, die plaas van Louis Basson naby Laingsburg in die Karoo, waar die klimaat gunstiger is vir sy gesondheid. Die einde van die jaar verhuis hulle na Franschhoek, waar sy skoonouers woon, en hy vir ’n paar maande voltyds skryf aan *Toiings*. Vanaf April 1934 tot einde 1935 neem hy waar as skoolhoof op Ritchie naby Kimberley, waarna hy aan die begin van 1936 terugkeer na Kuilsrivier en in 1937 as skoolhoof aangestel word. ### Loopbaan as kunstenaar In Desember 1943 tree hy uit die onderwys en op 19 Februarie 1944 trou hy weer, hierdie keer met die onderwyseres Cornelia Jacoba (Ora) Steyn, wat hy ontmoet wanneer sy onderwys begin gee op Kuilsrivier terwyl hy daar skoolhoof is. Sy is byna twintig jaar jonger as hy. Uit hierdie huwelik word die bekende skryfster Corlia Fourie gebore, asook ’n ander dogter, Lucia, en ’n seun, Herman. In hierdie tyd begin hy ook skilder, nadat Gregoire Boonzaier hom aanmoedig. Hy skryf hom in as deeltydse student aan die Kaapstadse kunsskool, waar hy meer leer oor die tegniek en uitvind hoe om verf aan te maak, waarna hy vir die res van sy lewe hierdie stokperdjie beoefen sonder om ’n uitstalling te hou. Dit is eers na sy dood wat Saambou in samewerking met sy vrou Ora in Oktober 1969 ’n uitstalling van sy werke reël om sodoende as huldeblyk te dien. Verder was hy ’n goeie brugspeler en het ’n goeie kennis van sport gehad, veral tennis, rugby en krieket. In sy jong dae was hy ’n uithalertennisspeler en het ook dikwels as rugbyskeidsregter opgetree. ### Loopbaan as skrywer en joernalis Van 1944 tot 1949 wy hy hom voltyds aan sy skryfwerk. Die inkomste hieruit is egter onvoldoende om aan sy behoeftes te voldoen en hy lê hom ook sonder veel sukses toe op die verkoop van versekering en eiendom en spekulasie met aandele. In 1948 aanvaar hy ’n betrekking as takbestuurder van die Hottentots Holland Trustmaatskappy in die Strand, maar die salaris is onvoldoende om aan hom en sy gesin se behoeftes te voorsien. In 1949 los hy vir ’n kwartaal af as onderwyser op Kuilsrivier en vir twee maande aan die Hoërskool Jan van Riebeeck in Kaapstad. Van April 1950 tot aan die einde van 1955 is hy lektor aan die Oudtshoornse Opleidingskollege, waar hy Afrikaans en Natuurstudie doseer. Na ’n tydperk in ’n hotel en huurhuis, laat bou hy ’n huis in Oudtshoorn wat die gesin in November 1950 betrek. Teen die einde van 1950 doen sy vrou ’n bloedklont in die longe op en word in Kaapstad verpleeg. Daar word geruime tyd vir haar lewe gevrees, maar sy herstel en keer weer in Maart 1951 terug huis toe. Mikro doen dan aansoek en word aangestel om die redaksie van die jeugtydskrif *My Land* in Pretoria vir die Departement van Landbou te behartig. Wanneer hy aan die begin van 1956 in Pretoria aanland, verneem hy dat daar intussen teen die stigting van hierdie tydskrif besluit is en hulle bied hom die pos aan as redakteur van  die tydskrif *Boerdery in Suid-Afrika*. Hierdie pos beklee hy tot 1960 en dien daarna tot met sy aftrede in April 1964 as hoofleier van die Landsdiensbeweging in die Departement van Landboutegniese Dienste. ### Latere jare en afsterwe Hierna vestig hy hom saam met sy gesin in die Strand terwyl hulle ’n huis in Somerset-Wes laat bou, wat hulle in September 1964 betrek. Sy gesondheid begin in die tyd in Pretoria agteruitgaan en van 1959 af verswak sy sig vinnig. In Desember 1965 het hy ’n ernstige hartaanval, en op 17 April 1968 is hy in sy huis op Somerset-Wes aan ’n hartaanval oorlede. Sy vrou is op 5 Oktober 1997 in die Tygerberg Hospitaal oorlede. Die skrywer Mikro Skryfwerk --------- Aan die begin van sy onderwysloopbaan begin Mikro ernstig skryf om die tyd te verwyl en geniet dit so dat hy nooit weer ophou nie. Sy eerste pennevrug is *Sy eie pad*, waarvan die manuskrip verlore raak. In 1929 moet hy die kinders afrig vir ’n skoolkonsert en by gebrek aan gepaste stukke skryf hy sy eerste drama, wat later as *Diplomaties* gepubliseer word. Hy is skrywer van novelles en romans, speurverhale, jeugverhale en toneelstukke en hy skryf selfs ’n aantal gedigte wat in die vroeë dertigerjare in *Die Huisgenoot* gepubliseer word. ### Prosa Sy eerste kortverhaal is *Rou rieme*, wat in 1931 in *Die huisgenoot* verskyn. Hierna skryf Mikro *Toiings*, maar die manuskrip word deur Nasionale Pers afgekeur vir publikasie en eers later deur J.L. van Schaik aanvaar. Die oorspronklike manuskrip raak egter in die uitgewer se kantore verlore, waarna Mikro die hele boek weer van vooraf opnuut moet skryf. #### Werke oor 'Toiings' Sy letterkundige nalatenskap word veral gekenmerk deur twee wêrelde, wat die hoogtepunt van sy kreatiewe skeppings verteenwoordig. skryf hy ’n trilogie (*Toiings*, *Pelgrims* en *Vreemdelinge*) oor Toiings, ’n Kleurling wie se naam eintlik Frikkie is, maar sy bynaam kry oor die toestand van sy klere. Toiings word geteken as iemand met ’n kinderlike natuur, met ’n mistieke liefdesverlange en religieuse gevoel. Hy bly op Kareeplaas, die plaas van die boer Fanie Naudé, wat optree as ’n soort beskermheer vir hom. Die verhale handel nie oor groot botsings nie, maar beeld eerder die klein konflikte in die lewe van eenvoudige mense uit, wat die menslikheid vooropstel. Mikro slaag daarin om die eenvoudige Toiings en sy probleme met diepe menslikheid voor te stel, sodat hy een van die interessantste karakters in die Afrikaanse letterkunde word. In *Toiings* tree die blanke boer en sy vrou alleen as byfigure op en draai die hele verhaal rondom die bruin gemeenskap. Toiings is ’n getroue skaapwagter, oordrewe beskeie en geneig om sentimenteel te wees. Hy vind in Siena sy ideale maat en sy hele lewenshouding word deur sy liefde vir haar beheers. Hulle seun kry die bulnaam Dawid Goliat Filistyn. Kort na die geboorte sterf sy, maar by alles wat Toiings doen, en veral by gewigtige besluite soos ’n nuwe huwelik, gesels hy eerbiedig met haar by haar graf en die herinnering aan haar liefde help hom om struikelblokke te oorwin. Op Kareeplaas gaan dit goed, maar Toiings gaan dan Blikkiesdorp toe om ’n nuwe bruid te soek en raak dan maats met die verkeerde soort wat by die kantiene rondlê. Daar is ook ’n vermaaklike rugbywedstryd tussen die Never Sweats en die Lily Whites, waarby die mededinging om ’n mooi jong vrou ’n rol speel. Toiings se seun Dawid se siekte laat hom berouvol aan Siena erken dat hy nie kontrak gehou het nie en sy kind verwaarloos het. Nadat hy met verkeerde vroue soos Griet en Drieka Wee deurmekaar was, vind hy met behulp van oompie Dissel eindelik vir Jannetjie. Sy is ’n skamerige maar deeglike vrou wat by sy stemmige geaardheid pas en hy keer terug na die plaas. *Pelgrims* se titel verwys na afgedwaalde pelgrims wat ná ’n swerftog in die woestyn eindelik weer die goeie pad vind. In hulle eenvoud worstel hulle steeds met universele lewensvraagstukke. Toiings en Jannetjie is getroud en hy is vol heilige voornemens om nou reg te lewe en fluks vorentoe te boer. Sy eerste daad is om Siena se verwaarloosde graf skoon te skoffel en in sy verbeelding vereenselwig hy sy twee goeie vroue met mekaar. Hy sien in sy geluk nie die voortekens van die dreigende droogte raak nie en redeneer dat omdat hy nou reg lewe, die reën nie kan wegbly nie. Wanneer Twaailaait, die donkie wat hy eenmaal as troosgeskenk aan oompie Dissel gegee het, wegloop terug na Toiings toe, verruil hy hom vir ses bokke. Na hierdie slegte daad verdwyn Toiings se gemoedsrus. Wanneer die droogte aanhou en die vee begin vrek, raak hy opstandig. Eindelik word hy so sterk oortuig dat die droogte aan sy sonde met Twaailaait te wyte is en dat hy nog verder gestraf sal word deur ook Jannetjie se dood, dat hy sy sonde aan oompie Dissel bely. Die vee begin vrek en dan sterf oompie Dissel ook, waarna Toiings hom tot die drank wend vir troos. Hy verlaat vir Jannetjie, Dawid en sy dogtertjie Siena en gaan weg na waar Saul Niklaas en sy mooi dogter Sysie ook is. Hy sien egter in ’n visioen Siena se graf oopgaan, maar dit is Jannetjie wat hom roep. Dit is net die teken wat hy nodig het om terug te gaan huis toe en kort daarna begin dit reën. *Pelgrims* en *Toiings* ontvang in 1936 die Hertzogprys vir Prosa. *Vreemdelinge* vertel van Toiings se besorgdheid oor sy seun, Dawid, wat misdadige karaktertrekke begin openbaar en deur die boer Fanie Naudé van die plaas weggejaag word. Dawid gaan lokasie toe, waar hy diefstal pleeg en in die tronk beland. Toiings en Jannetjie trek dan ook lokasie toe om hom by te staan. Hier voel hulle soos vreemdelinge en word uitgebuit deur gewetenlose skurke. Met behulp van die sendeling Herklaas van der Vyver kom Toiings weer tot verhaal. Dawid word vrygelaat en versoen hom met sy vader, maar sterf kort daarna in ’n ongeluk by sy werk. As karakter kom Dawid ongelukkig nie heeltemal uit die verf uit nie, hoofsaaklik omdat die leser hoofsaaklik van hom en die karaktervormende situasies waarin hy betrokke is, hoor en hierdie gebeure nie daadwerklik weergegee word nie. Sy dood, nadat hy homself gerehabiliteer het, kry dus nie die trefkrag wat dit behoort te gehad het nie. André P. Brink verwerk die karakter Toiings in ’n drama, *Toiings op die langpad*. #### Ander werke oor die bruin gemeenskap Verskeie ander werke oor bruin mense verskyn van hom. *Oeslande* is die verhaal van Draaikolk se bruin gemeenskap en die pogings van die sendeling, Herman Otto, om hulle op geestelike en ekonomiese gebied te bearbei. Herman besluit om ’n groot lap grond langs Soetrivier deur die bruin mense te laat bewerk. Die onmiddellike resultaat van Herman se proefneming is dat die dorpsbewoners dit baie moeilik vind om werkvolk te kry en veertien dae nadat die bruin mense die laaste sooi langs die rivier omgekeer het, val hulle maar weer stadigaan terug in hul gewoontes van leeglê en drink. Die ontevredenheid van die dorpsbewoners groei wanneer die bruin mense opstandig word tydens die opwinding van ’n verkiesing waarin allerlei beloftes aan hulle gemaak word. Die burgemeester, Lodewyk Roux, word vermoor deur Pool, een van die hooffigure in die gemeenskap. Pool gee sy werk by die kleremaker op omdat hy deur Herman se boerderyskema begin te hunker na die rustige plaaslewe. Hy word egter in sy liefde vir Krissie gedwarsboom deur haar werkgewer, Lodewyk Roux, op wie hy hom dan wreek. Mikro lewer in hierdie roman duidelike blyke van die witmense se huigelagtigheid in hulle gedrag teenoor die bruin mense, soos beliggaam in veral die burgemeester se optrede, maar ook die volksraadslid D.P.R. met sy politieke vleiery en omkooptaktiek, die babbelsugtige kleremaker, Jan du Toit, en sensasie beluste magistraat, Vercuiel. Dit is die bruin mense wat met meer menslikheid geteken word en die lewe en karakters in hulle gemeenskap vorm die kern van die verhaal. Verdere uitbeelding van die bruin mense vind ons in *Huisies teen die heuwel* en *Stille uur*, die vervolg daarop, saamgebundel onder eersgenoemde titel. In die wit huisies teen die heuwel, bokant die hoogste wingerd, bly die bruin gemeenskap wat in diens is van die Bolandse wynboer Gert Oberholzer. Daar is Ou Krisjan Latei, wat altyd reg is met ’n gesangvers wanneer hulle berispe word, die drie Kosters wat nie praat nie maar saans hulle verlange met musiek wegspeel, die twee skelms Doppie Hendriks en Piet Ribbes, wat albei te lui is om te werk en altyd siek speel. Die klompie plaasarbeiders wat met humor geteken is, word simbolies van die mensdom in wie die verhewe en goeie tragies saamgemeng is met die aardse luste van die vlees. Ten spyte van die raak beskrywings en die totaalbeeld wat van die gemeenskap gegee word, is hierdie werke sketsmatig van aard en los van bou, sonder die noodwendige stukrag van ’n roman. *Die donker stroom* skets die lewe van die bruin gemeenskap langs die Bonkelrivier in oorlogstyd. Aan die een kant van die rivier woon die blankes en aan die ander kant die bruin mense. Die blankes vermy die bruine mense, behalwe wanneer daar verkiesings vir die stadsraad of die Volksraad is, wanneer blankes kom stemme bedel. Verder word die bruin mense aan hulle eie lot oorgelaat en kry hulle net soveel drank in die hande as wat hulle wil hê, met die dopstelsel wat op die plase van krag is. Dan breek die oorlog uit en word rekrute vir die leër gesoek. Die bruin mense sien dit as ’n geleentheid om uit hulle ellende te ontsnap. Hulle trek dorp toe, want die mans kry toelaes van die leër en daar leef hulle ’n verworde bestaan van ontug en smokkel met verbode middels. Hierdie groep verag die blankes, veral die Boere, en leer allerhande Engelse leefwyses aan. Tussen hulle staan die hardwerkende, kerkvaste messelaarsfamilie van die Juries wat soos ’n rots staan in die donker stroom van afvalligheid. Die antagonisme tussen die groepe neem toe en dan stoot die Bonkelrivier oor sy walle, wat die gemeenskap tot besinning roep. In hierdie roman rig die skrywer ’n duidelike waarskuwing aan die gewetenlose blankes wat met die belangrike probleem van die politieke toekoms van die bruin mense speel vir eie gewin. *Rou rieme* is ’n bundel kortverhale, waarin die verhaal *Ou Sampie van die Rôeveld* die hoogtepunt is. Sampie word as held van die bruin gemeenskap van Rooiwal vereer omdat hy reeds drie vroue begrawe het en ook blykbaar die geheim van die ewige jeug ontdek het. Pas was die derde vrou begrawe of Sampie maak al weer flikkers by Let. Let is egter verloof aan die konstabel Freek, maar die ou wewenaar is te uitgeslape vir hom en Let word sy vierde vrou. As die ouderdom Sampie begin vang, bedink hy ’n plan om ’n pensioen te bemagtig. In sy onderhoud met die magistraat erken die eertydse huweliksheld met bitterheid dat sy vierde vrou hom baasgeraak het. Let word elke jaar sterker en ou Sampie is nou te swak om haar te slaan en aan die einde van die maand loop sy weg met sy pensioengeld. Sy vertrek met haar ‘broeisel kleingoed’ en laat ou Sampie eensaam agter om te treur oor die glorie van vergange dae, toe hy sy vroue nog kon regslaan. Die ou vrou Kris kry egter weer pak by haar man en soek skuiling by Sampie, wat nou skadeloos is, en so kry hy sy vyfde vrou. Vier van die ander verhale in die bundel is dorpsketse, waarin Mikro verskeie figure uit die dorpie Rooiwal tipeer. Die keurkommissie vir die Hertzogprys vir 1936 voel dat hierdie werk eervolle vermelding verdien. Mikro se behandeling van die bruin mense in sy prosa toon met tyd ’n daadwerklike klemverskuiwing. Voor 1945 word hulle geskets slegs binne hulle eie klein milieu, waar die karakters skynbaar onbewus is van groter aktualiteit en rasseprobleme en hulle asof vanselfsprekend onder die bekwame leiding van die blanke staan. Reeds met *Die donker stroom* in 1946 word die politiek vir die eerste keer betrek, hierdie keer met kritiek op die blankes se uitbuiting van die bruin mense om stemme te werf. Die latere *Die koperkan* is ’n probleemroman waarin die rasseprobleem tussen blank en bruin op ernstiger wyse onder die loep kom en die plaasagtergrond plek maak vir die meer kontemporêre stadsmilieu, met die bruin mense wat hierin meer volledig as selfstandige mens uitgebeeld word wat losstaan van die blanke se leiding. Die idealistiese bruin onderwyser Derk Booysen stry teen haat vir die blankes én teen apartheid, maar word daarom deur sy eie mense gewantrou, terwyl die blankes hom ook nie aanvaar nie. *Osse van klei* word eers na Mikro se dood gepubliseer en neem hierdie tema verder. Hierin kom die probleem van die bruin mense binne die apartheidsituasie op menslike vlak tot uitbarsting en bly daar by Gus Opperman slegs verbittering oor. #### Novelles oor Meraai Botes, ander Gonnakolk-mense en mense van Soetwater Die novelles oor Meraai Botes en die ander Gonnakolk-mense is versprei in die bundels *Die wa-as*, *Die houtswaan*, *Die porseleinkat*, *Die nooiensuil*, *Gonnakolk*, *Die weduwee Meraai* en *Kinders van Meraai*. *Die wa-as* bevat vier novelles, onder andere die verhaal *Nag Mattewis*, wat as hoogtepunt in die bundel uitgesonder kan word. Dit is die eerste Gonnakolk-verhaal. *Die wa-as* handel ook oor Gonnakolk se mense, terwyl die bundel verder ook die novelles *Maar die grootste hiervan* en *Die huis langsaan* bevat. *Die houtswaan* bevat vyf novelles en die titelverhaal is ’n vervolg op *Nag Mattewis* uit *Die wa-as*. Daar is ook ’n aantal verhale oor die mense van Soetwater, met veral *Jaatjie, ek kom* wat uitstaan. Ander verhale oor Soetwater is *Liewe Maans*, *Hier kom Gawie Jordaan* en *Dankie, Bella*. Ten spyte van sy kritiek oor die gebrek aan diepte in die novelles en die beperktheid van die gegewe, beskou Rob Antonissen hierdie boek as die beste prosawerk van 1954 omrede Mikro se atmosfeerskepping en sy vermoë om vlot en kostelik te vertel. *Die porseleinkat* bevat sewe verhale en verower die W.A. Hofmeyr-prys in 1955. Die verhale oor die mense van Gonnakolk is *Die porseleinkat*, *Soppenhoef*, *Uw liefhebbende eggenote* en *Die agste van aankomende maand*. Daar is ook drie verhale oor die mense van Soetwater, naamlik *Weerlig bo Soetwater*, *Bruidjie Dit en Bruidjie Dot* en *Nancy Herrington*. *Die nooiensuil* bevat ses verhale, insluitende *Ai Mattewis* oor Gonnakolk se mense. Die bioskoop die Capitol (of, soos Meraai sê, Gonnakolk se Sondekol) maak op Gonnakolk oop en almal gaan bioskoop toe. Meraai en Mattewis se dogters is groot en Meraai is bekommerd oor hierdie verwikkelinge. Dit is egter die verhaal *Ouma Villett* wat die hoogtepunt van die bundel is, in sy menslike uitbeelding van die goeie vroutjie wat die dubbele kruis van ’n swaksinnige man en treiterende ouvrou met lydsaamheid verdra. Ander novelles in hierdie bundel is *Die nooiensuil*, *Hotel Belvedere*, *Twee kamers* en *Klippeteklap*. *Gonnakolk* is ses verhale oor Mattewis en Meraai en hulle mense en bevat *Ouderling Mattewis*, *Die lamp*, *Ons tweelingbroer*, *Die papierklavier*, *Sonde met die soprane* en *Een toer door Afrika*. Na Mattewis se dood moet Meraai in *Die weduwee Meraai* alleen oor die weg kom en boonop die kinders verder alleen grootmaak. Hierdie bundel se novelles is *Tot siens, Mattewis*, *Ek sal, Mattewis* en *Ekskuus, Mattewis* *Kinders van Meraai* is ’n roman wat die lewe na die dood van Meraai beskryf en word in drie dele verdeel, naamlik *Tewes, die seun van Mattewis*, *Maria, die dogter van Meraai* en *Die nuwe Gonnakolk*. Met die uitbeelding van die kinders word Mattewis en Meraai se lewens in wyer perspektief gesien en word die gang van geslagte en die veelsoortigheid van die kinders en hulle verwagtings en ideale in familieverband ondersoek. Die *Gonnakolk*-stories word na Mikro se dood deur P.G. du Plessis vir die televisie verwerk en die Mattewis en Meraai-karakters geniet groot populariteit onder kykers. Ná hierdie televisiereeks word die verhale weer heruitgegee in die bundels *Mattewis en Meraai: Die vroeë jare*, *Mattewis en Meraai: Die kinders*, *Mattewis en Meraai: Die ouderling* en *Mattewis en Meraai: Die weduwee*. Die kortverhaal *Die ouderlingvrou* word opgeneem in *Halfeeu*, waarin P.G. du Plessis hoogtepunte uit die eerste vyftig jaar van *Die Huisgenoot* saambundel. In hierdie verhaal is Meraai bekommerd oor Mattewis se vermoë om in die openbaar te bid na sy verkiesing as ouderling. Sy wil hom ondersteun sodat hy in sy gemeentediens slaag, maar haar inmenging veroorsaak meer probleme as wat dit help. Sy verneem darem tog aan die einde dat Mattewis die kerkraadsvergadering suksesvol met gebed kon open. In 1990 bring die dramastudente van die destydse Pretoria Technikon ’n verwerking van die mense van Gonnakolk na die verhoog. #### Romans en novelles oor ander onderwerpe Ten spyte van treffende momente is die res van Mikro se werk van minder letterkundige belang. *Huurlinge* hanteer die onderlinge rusies tussen onderwysers op ’n klein dorp. *Basjan Bastiaanse* is ’n boereroman, waarin die ontwikkeling van ’n ruwe hardwerkende boer tot nasiebesef en geestelike vryheid uitgebeeld word. Die agtergrond is die Afrikaner se lotgevalle tussen 1916 en 1942, met Basjan en sy vrou Hettie wat dien as simbool van die ideale Afrikaanse gesin en gekontrasteer word met ander gesinne wat tiperend word van foute in die volk. *Vier mense* het ’n godsdienstige tema. *Klaradynstraat* beeld die wel en wee van die mense van hierdie straat uit, almal verteenwoordigers van die laer en armer klasse in die samelewing, waar daar tussen die wit mense ook mense van kleur woon. Die roman word egter weinig meer as ’n reeks anekdotes om die gesinne aan die leser voor te stel, sonder dat hulle maatskaplike agtergrond grondig ondersoek word of aandag gegee word aan karakterontwikkeling. *Ons lampe gaan dood* beskryf die ondergang van ’n plattelandse Afrikanergesin in die stad. *Nog geen herberg* bevat twee novelles. In *Nog geen herberg* is die predikant Bennie Durand ontnugter wanneer hy uitvind dat daar vir hom nie plek in die kerk is nie, terwyl *Die nuwe gebod* die oue en nuwe in ons volkslewe uitbeeld. In *Die oue en die nuwe* is oom Berrie de Beer die simbool van die beste in die lewensbeskouing van die Afrikaner van die vorige geslag, wat in kinderlike geloof sy God soek en vind. Abraham is die seun van oom Berrie, wat die nuwe lewenshouding simboliseer met sy uitspraak dat die Calvinistiese leer in die mense se pad staan. *Anna Beyers* is die liefdesverhaal van Anna Beyers en Adriaan Loubser, woonagtig in die bergagtige Noordweste van die Kaapprovinsie. Hulle lewens is egter nie ongekompliseerd nie en die verraderlike Klaas Dampies en die onrusbarende aantal veediefstalle sorg vir grootskaalse bekommernis. Boonop is daar die man wat nie skroom om moord te pleeg nie en agterdog en verwarring saai in die gemoedere van ’n eens vreedsame gemeenskap. *Die parskuip* is ’n liefdesverhaal wat in die Kaapse wingerde op die spogplaas Oude Kelder afspeel. *More is dit nuwemaan* is ’n roman oor die mense van die dorpie Lichtendal. Die Swart Virus kom na die dorp en bring die innerlike krag en vrees in die mense uit en wis die onderskeid tussen die trotses en die swakkes en veragtes uit. *Drie vroue en ’n hond* bevat vyf novelles, met die titelverhaal wat vertel van drie oujongnooiens wat saam met ’n hond in ’n huisie langs die spoorlyn woon. Een nag word hulle wakker wanneer hulle bewus word van ’n man wat hulle afloer en hulle kry groot voetspore in die bedding voor die venster. In stede van vrees maak hierdie besoek egter ander gevoelens in hulle wakker. *Die dames sestien* bevat twee novelles, die titelverhaal en *Die liewe masker*, beide met die onpeilbare vrou as onderwerp. In *Die dames sestien* (naam van ’n eksklusiewe vroueklub) soek Pip Toerien, vrou van professor Jan Toerien, na verwesenliking as individu. In haar soektog verwaarloos sy haar man en kind, met byna tragiese gevolge. Beula Serfontein is in *Die liewe masker* daarvan oortuig dat geluk slegs met geld bekombaar is en dat ’n mens moet veg vir wat jy wil hê. In die proses dra sy ’n masker wat haar ware self verbloem. In *’n Span van 20 Muile* word Skilpadkop nou plat gestoot vir ’n nuwe goudmyn. Die vorige inwoners in hierdie landelike gemeenskap het in hulle beskeidenheid tog ook bestendige lewenswaardes gehad, met hulle eie menslikheid, vreugde in die dagtaak en hegte familiebande. Daar is oom Nollie se vreugde in sy span van twintig muile op die dorsvloer, die Getrou-broers se kunstige klipwerk en Balie se belangrikheid as koster. Die platstoot van die omgewing is simbolies van die vernietiging van die ou waardes en die vervanging daarvan deur materialisme. *Die koperkanon* is ’n humorverhaal. *Oudepalmiet* is ’n lang kloofvallei waarin vyf wingerdplase lê en die lewe van die gemeenskap word rondom die wedervaringe van die vyf families op die plase weerspieël. Hoewel die gemeenskap, beide die ouer en die jonger geslag, ’n organiese eenheid vorm, is die probleme wat aangespreek word meer universeel. *Die winkelvenster* is drie kort novelles, *Die winkelvenster* (die verhaal van die jong onderwyseres Gogga wat haar drome najaag en ’n ou vrou wat haar in die verlede toespin), *Die man in saal D3* (wat die lewe in ’n hospitaalsaal uitbeeld) en *Die man in die deur*. *Droomberg* is ’n klein dorpie vol bome en wingerde. Die nuwe juffrou vind uit dat dit ’n dorpie is vol interessante mense en intriges. *Ursula* is ten tye van Mikro se dood onvoltooid en word deur C.F. Beyers-Boshoff voltooi. Ursula verlaat haar ouerhuis op die platteland om in Kaapstad te kom werk, waar sy tuisgaan in Ma-lief se tweederangse losieshuis. Tussen hierdie mense leer sy dat die lewe baie fasette het. #### Radiosketse en kortverhale Die radiosketse wat Mikro saam met Marie Schoeman skryf, word in *Elke huis het sy kruis* gepubliseer. Dit beeld die kaskenades van ’n dorpsgesin uit, wat benewens gesonde humor en gevatheid min diepgang het. *Dankie Adrianos* bevat ses uiteenlopende kortnovelles wat die gemene tema het van  die dood wat enige tyd kan toeslaan, juis wanneer ’n mens dit die minste verwag. *Waar die bokmakierie fluit* is ’n bundel kortverhale, met die oorheersende tema dié van idealistiese mense wat verlang na ’n plek om die suiwerheid na te streef. In *Drielaag* word verhale van hom, H.S. van Blerk en Dolf van Niekerk saamgebundel. *Sewejaartjies* bevat die titelverhaal en *Een aand*. Die kortverhaal *Die naam* word in die versamelbundel *Kortpad* opgeneem, *Die juries* in *Geseënd is julle* en *Op Kareefontein* in *Twaalf Afrikaanse Kortverhale*. *Die ouderlingsvrou* word opgeneem in *Halfeeu*, waarin P.G. du Plessis hoogtepunte uit die kortverhale in die eerste vyftig jaar van *Die Huisgenoot* saambundel. Ander versamelbundels waarin sy werk verskyn, sluit in *Uit dorp en veld*, *Uit ons letterkunde*, *Tussen die engtes* en *Vlugte*" #### Outobiografiese geskrifte *Hy koop toe vir hom ’n pen* is sy outobiografie, die intimiteit waarvan bederf word deur die onnatuurlike keuse van ’n derdepersoonsverteller. Ook hinderlik is die onderliggende toon van onvergenoegdheid omdat hy glo dat hy nie van letterkundige kritici die erkenning kry wat hy verdien nie. Die boek is nietemin ’n interessante kyk op mense se gewoontes en ’n leefwyse wat onherroeplik verby is, terwyl die streke waar hy gebly het ook lewendig beskryf word. #### Speur en spanningsverhale Mikro skryf talle speurverhale en spanningsverhale. Die speurroman *Kompartement 1001E* word in 1961 verfilm as *Moord in Kompartement 1001E*. In *Coert Bloemsen se geheim* kom ’n sonderlinge rondloperman in ’n stil Bolandse dorpie aan en maak hom tuis in ’n skuur op een van die erwe. Een oggend word hy vermoor aangetref. ’n Tweede rondloper word kort daarna op dieselfde manier vermoor. Verskeie mense staan onder verdenking. Die speurder van Kaapstad weet dat as hy Coert Bloemsen se geheim kan uitvind, hy ook sal weet wie die moordenaar is. *Alberdine Bantjies, Speurder* stel hierdie halfblinde, eksentrieke speurder met sy unieke manier om moordsake op te los bekend. *Moord na ete* is nog ’n Alberdine Bantjies verhaal. Die sieklike en baie ryk Ben Sauerman word op ’n buitengewone manier vermoor en daar is baie verdagtes, almal mense wat graag die erfgename van die aansienlike boedel sou wou wees. Voordat die saak ontrafel word, vind daar nog twee moorde plaas. *Die vrou van Petrus Delft* waak met jaloerse liefde oor die geluk van haar kinders. Sy is selfs gewillig om Joos te vergiftig sodat Klara nie met hom hoef te trou nie. Dan bied sy haar aan as die moordenares van Johannes, sodat haar familie nie onder verdenking moet staan nie, waarna sy probeer selfmoord pleeg. Sy word gered en vertel die hele storie. Algaande word die insig in die karakters en hulle optredes duideliker. *Die eensame wag* is ’n verhaal geïnspireer deur die legendariese figuur van Karl Stramrood en sy heldedade en speel af in die dertigerjare van die negentiende eeu aan die Oos-Kaapse grens. *Die wit arend* speel af in 1825 aan die grens van die Oos-Kaap, waar strooptogte, diefstal en moorde aan die orde van die dag is. Almal soek na die Wit Arend, wat verantwoordelik gehou word vir die onluste. Stefaan Borman weet dat almal dink hy is die Wit Arend, maar hy weet ook dat hy nie vir die onluste verantwoordelik is nie. Met die hulp van Neil White, seun van ’n Britse Setlaar, en die Xhosa Sekwa onderneem hy om die boosdoener aan die man te bring. *Die blou soldatepak* en die vervolg daarop, *Die rooi geruite rok*, speel af in die tyd van Willem Adriaan van der Stel se bewind aan die Kaap. *Die Oranje Sneltrein* vertel van vyftigduisend rand se diamante wat in Durban gesteel is, waarna dit met die Oranje Sneltrein na Kaapstad gebring word. Speurder-sersant Egbert Louw moet in die twee dae wat die reis duur, die saak oplos. Kort-kort kom hy op iets verdag af, maar baie van sy leidrade is vals, geplant deur ’n geslepe bende wat weet hoe om mense om die bos te lei. In *Die blonde haarkapper* word die lyk van speurder Chris Louw van die Veiligheidspolisie in Bankstraat gevind. Hy was op die spoor van iets groots, maar sy kollegas weet nie wat dit was nie. Sersante Ben Carr en Jos Melck vind dat daar interessante karakters in Bankstraat is. By die haarkappersaak werk ’n blonde haarkapper en daar is Stephen Burke wie se vrou ’n paar maande gelede vermoor is. Hulle eerste goeie leidraad is ’n meisie met ’n groen rok wat ’n eienaardige advertensie in ’n koerant geplaas het. Hulle spoor haar op maar sy word vermoor voordat sy kan praat. In *Die poskoetsrower* is George Haan die stigter van die groot maatskappye die Golden Water Company en die Golden Transport Company in Johannesburg en menigeen beny en bewonder hom. Sy werklike ambisie is egter om die grootste rooftog te pleeg wat nog ooit in die land plaasgevind het. John Morris, die speurder uit die Kaap, word deur die kommissaris van polisie laat kom om misdaad in Johannesburg hok te slaan. Net toe hy dink dat misdaad onder beheer is, vind die grootste poskoetsroof in die land se geskiedenis plaas. ### Jeugverhale Vir die jeug skryf Mikro ’n groot aantal avontuurverhale. Hierdie sluit in ’n groot aantal wat tydens die Anglo-Boereoorlog afspeel, soos *Die ruiter in die nag* en die vervolg daarop, *Kaptein Gereke*, *Die jongste ruiter*, *Boerseun*, *Die jongste veldkornet*, *Vlam*, die *Kleingeld*-reeks en *Die Bont Takbok*-reeks. #### Anglo-Boereoorlog verhale Hoewel die verhale suiwer fiksie is, word historiese karakters en veldslae gebruik om die agtergrond histories korrek in te kleur en sodoende geloofwaardigheid te verhoog. *Ruiter in die nag* word verfilm en plaaslik en internasionaal uitgereik en dit word ook in Engels vertaal as *The night rider*. Hierin doen ’n geheimsinnige ruiter in die nag waaghalsige verkenningswerk vir die Boeregeneraals. Telkens uitoorlê hy die vyand en hulle soek tevergeefs na hom. Niemand weet wie hy is nie, maar Willemien wonder of dit nie moontlik Sarel Gereke kan wees nie. *Kaptein Gereke* is die vervolg op *Ruiter in die nag*. Kaptein Sarel Gereke ontmoet in die geheimsinnige Engelse verkenner, die "Kolonel", ’n waardige teenstander. Sarel probeer sy identiteit vasstel, maar boet byna met sy lewe daarvoor. Hy en sy makkers besorg die president na veiligheid, maar kort daarna is die oorlog verby en keer hy terug na sy plaas, waar hy en Willemien saam die toekoms kan ingaan. *Die jongste ruiter* is die verhaal van die dertienjarige Krisjan Venter. Op die plaas speel hy dikwels saam met sy boetie en sussie oorlog, maar dan kom die kans om by generaal De Wet se kommando aan te sluit, waar hy ’n knap verkenner word. *Die jongste veldkornet* is nog ’n verhaal uit die Anglo-Boereoorlog. Dries Lombard is op negentien die jongste veldkornet in die Vrystaat. Hy word die taak gegee om saam met sy kommando vir president Steyn veilig van Reitz na Warden te vergesel. Daar is egter ’n verraaier in hulle midde wat die planne aan die Engelse verklap, wat bitter graag die president as gyselaar sou wou gevange neem. "*Vlam*" is die perd van Adriana, die dogter van ’n Kolonialerboer. Met die koms van die oorlog sluit Adriana se ouer broer Gert op Vlam se rug by die Boere-kommando’s aan en kort voor lank word Vlam ’n legende. Die Tommies dink dit moet ’n spookperd wees, want hy is skynbaar orals, kan nêrens vasgekeer word nie en is in staat om die kommando’s teen die vyand te waarsku. #### Die bont takbok-reeks *Die bont takbok*-reeks handel oor die dapper verkenner Ben Lasserbi, wat in werklikheid prins Carlo van Lasserkov is. Hy veg vrywillig aan die Boere se kant tydens die Anglo-Boereoorlog. In *Die bont takbok* weet nie een van sy medeverkenners of selfs sy bevelvoerder generaal Koos de la Rey wie hy in werklikheid is nie. Hulle vind dit eers uit wanneer die jaloerse en selfsugtige prinses Rosa kom om hom te probeer teruglok na haar en selfs nie vir die gemeenste dade van verraad stuit nie. Ben wil egter sy adellike afkoms afsweer, veral nadat hy vir Lettie Potgieter ontmoet, die mooi Boerenooi wat prinse wantrou. Hy word die baasverkenner, die Bont Takbok. In *Die bont takbok verken* doen sy broer, kroonprins Mikos, ’n beroep op Ben om na Lasserkov terug te keer. Oorlogswolke het oor Lasserkov saamgepak en die enigste man wat die Huis van Lasserbi weer op die troon sou kon plaas, was Ben Lasserbi. Sy selfopgelegde taak op Afrikaanse bodem was egter nog nie voltooi nie. *Die bont takbok word bittereinder* sluit hierdie reeks af. Ben is steeds die baasverkenner van generaal De la Rey en voer die generaal se gevaarlikste bevele uit. Hy waag dit ook om sy verlange na Lettie te stil deur ’n besoek aan die konsentrasiekamp op Irene. Op 6 Junie 1902 kom generaal De la Rey en sy burgers egter by Doornkom voor hulle laaste graf te staan – die graf van die vryheid van die Boere-nasie. #### Kleingeld-reeks Die drie boeke in die *Kleingeld*-reeks speel ook tydens die Anglo-Boereoorlog af. In *Die Kleingeld-kommando* ontmoet ons vir Kleingeld Barnard en sy elf penkopmaats wat op eie inisiatief ’n kommando vorm om aan die oorlog deel te neem en veral hulp te verleen aan diegene wat op die plase agtergebly het of in die veld verkeer. Hulle einddoel is om by generaal De Wet se kommando aan te sluit, kom wat wil. ’n Fragment uit hierdie boek word deur F.V. Lategan opgeneem in die versamelbundel *Voorsmaak*, wat bydraes van Scheepersprys-wenners bevat. *Burgers van die Kleingeld-kommando* vertel van hulle verdere avonture. So neem hulle op aanmoediging van kommandant Koos Fourie sestig perde van die Engelse af en neem dit na die Boere op kommando, terwyl hulle by ’n ander geleentheid gesteelde perde vir slagdiere verruil wat hulle ongemerk onder die vroue en kinders in die kampe te Bethlehem uitdeel. Hulle vang vir Lewies Nel, die hensopper, en oorhandig hom aan generaal de Wet. Kleingeld loop ook weer vir Hester van Tromp raak, die meisie aan wie hy so dikwels dink maar in wie se teenwoordigheid hy altyd na die regte woorde moet soek. *Generaal Kleingeld* sluit die reeks af. Kleingeld Barnard en sy dapper penkopkommando maak dit vir die Engelse in die Vrystaat so warm dat ’n offisier spesiaal deur sy generaals aangesê word om die seuns voor te keer en na Bloemfontein te bring. Hy kry dit egter nie reg nie en dit is die penkoppe onder hulle "generaal" Kleingeld wat daarin slaag om deur die vyandelike linies te breek om klere en ander voorrade aan die manskappe in die veld te lewer. So swerf die elftal rond en beland van die een skermutseling in die ander. Na dit alles kom die berig dat die oorlog verby is. Hulle gaan met weemoed en tog ook met hoop huis toe en terug na diegene wat vir hulle gewag het. #### Sias en Mias-reeks Die *Sias en Mias*-reeks is jeugboeke vir jonger kinders, waarin die avonture van die identiese tweeling afspeel in die verskeie plattelandse gebiede waar hulle pa as sendeling werk. Met *Sias en Mias* word die reeks ingelei en maak ons kennis met die onnutsige tweeling, seuns van eerwaarde Jan Viljoen van Bitterwater. *Sias se spoetnik* se titel word by ’n herdruk verander na *Sias se ruimtetuig*. Hierin probeer Sias die taal van die diere te bemeester, waarna hy die gevaarlike ontdekkingsreis na die maan in sy nuwe ruimtetuig, Colombia, wil onderneem. Om die taal van diere te leer moet hy volgens Koos Geyer slegs een nag alleen op Boesmansberg deurbring, maar hierdie uitstappie ontaard in ’n nag van angs en verskrikking en ’n botsing met die gereg. Met die maanreis gaan dit nie beter nie. *Voëlvlei se konsert* word later herdruk as *Die konsert*. Juffrou Otterkam het al haar dae om die skoolkonsert te organiseer, veral omdat sy boonop trouplanne het. Dan jaag Boesman, Sias se mak akkedis, haar ook nog die skrik op die lyf. In *Jasper, die molslang* hou Sias en Mias ’n molslang in die hokkie wat Sias skelmpies in hulle buitekamer ingesmokkel het. Juffrou Otterkam met haar aanstaande bruidegom en ’n streep huismense daag onverwags daar op. Jasper se teenwoordigheid word ontdek en dit lei tot groot konsternasie, veral wanneer hy wegseil en wegkruip. In *Die hanskalfies* maak die mooi nuwe juffrou vir Mias voorsitter van die Landsdiensklub. Dit veroorsaak dat Sias so ampertjies die kluts kwyt raak. Die tweeling se kleinboetie, Kleinjan, kry in *Abednégo die skilpad* ook ’n troeteldier. Kleinjan wil vir Abednégo as projek vir die Landsdiensklub gebruik en met skoenpolitoer poleer hy die skilpad se dop mooi blink. Dan word Abednégo gesteel. *Speurder Sias* beplan om vir Joggie Petoors vas te trek, al is hy te slim vir sersant Pietertjie van Wyk. Vir ou Joggie is daar niks so lekker as om te steel nie en hy verbeel hom dat hy nog eendag koning gaan word. Wanneer die stemme so met hom praat, ontgeld al wat ’n hoender is dit en Joggie draai hulle nekke maklik om. Dan kom maak Joggie amok in die pastorie se hoenderhok en Sias kry sy planne agtermekaar. In *Die steenbokkie* wou Sias nog altyd ’n mak wildsbokkie gehad het. Die laaste dag van die Desembervakansie gaan die seuns piekniek hou in die berg, onbewus van die man en sy geweer op die spoor van twee steenbokkies. Toe die skote klap, sien Sias die lammetjie in die ruigtes. *Ounooi die uil* is Mias se uil en orals waar Mias gaan, sit Ounooi op sy skouer. Mias glo dat Ounooi baie slim is en sommer gou leer Ounooi hoe om self haar hokkie oop te maak. Daar kom egter probleme wanneer Ounooi vir Mias in die kerk en later in die skool gaan soek. *Afskeid* gaan oor die tweeling se weggaan van Bitterwater wanneer eerwaarde Viljoen ’n beroep na Biesielaagte aanneem. Sias is veral hartseer, want sy pa het gesê dat hulle geen dier kan saamneem nie en boonop het hy vir die eerste keer verlief geraak op ’n meisie. In *Eerste dae op Biesielaagte* is Sias en Mias sommer met die intrapslag in die moeilikheid by die nuwe skool. Dis nie dat hulle dit so wil hê nie, maar vir wat foeter almal ook so oor wie Sias en wie Mias is? Mettertyd leer die tweeling egter hul nuwe omgewing ken. In *Die harp* kry elke tweede kind op Biesielaagte ’n harp en Kleinjan wil opsluit ook een hê, ongeag wat sy pa sê. Sias kom in groot moeilikheid, want daar word geld in juffrou Rens se klas gesteel en sy beskuldig hom daarvan. Sias weet egter wie die skuldige is, maar wil dit nogtans nie verklap nie. In *Kaptein Mias* word Mias gekies as kaptein van die onderelf-rugbyspan, maar die druk is groot, want sy pa het op sy dag vir die Westelike Provinsie gespeel. Wanneer die span gaan toer, gaan pa Jan en die hele gesin saam, maar dis maar moeilik om goed te speel as jou pa jou met arendsoë uit die pawiljoen dophou. Eindelik verdien Mias tog op hierdie toer die titel as kaptein. "*Kleinjan*" is die laaste boek in hierdie reeks en hierin gaan hierdie boetie van die tweeling vir die eerste keer skool toe, waar hy konsternasie veroorsaak net waar hy gaan en almal treiter. #### Ander jeugverhale Die bundel *Lente* bevat ’n aantal korter jeugverhale, waarin die probleme van die jeug aangeraak word, soos die gewaarwording van die eerste liefde in die titelverhaal. Die jeugverhale *Die silwerpotlood* en *Die goue protea* maak gebruik van ’n alwetende volwasse verteller, wat die intimiteit van die teks verswak. *Die silwerpotlood* is die verhaal van die mense van Beesdam, veral van Justifina Poggenpoel, wat ’n gesonde verstand het en ’n lieflike geaardheid, maar ook skeelogies, flenter klere en ’n lui pa. Haar ma is reeds dood. Sy het almal lief, ook vir Witsie die brak en die onnutsige Alwyn, maar haar grootste hartsbegeerte is ’n potlood met ’n rubber aan. *Die goue protea* gebruik die volwassewording van ’n jong meisie (Estelle) en die soeke na ’n skaars proteasoort as tema, wat as simbool ook verwys na die strewe na waardevolle insig in die lewe. In 1961 verwerf *Die goue protea* ’n toekenning van die Nasionale Boekhandel. Mikro sluit dikwels diere in die verhaalgegewe in, selfs as hoofkarakters. *Slapjan* is ’n opreggeteelde hond, maar hy is nie soos ander jaghonde nie. Hy is groter en lomper met groot ore wat soos blare lyk en lief is vir alles en almal. Hierdie einste groot liefde van hom beteken so byna sy ondergang, maar toe kom die blinde Laurette met ’n liefde net so groot soos die van Slapjan. *Ghoen* is ook ’n hond. Vir *Die jongste ruiter,* *Die ruiter in die nag*, *Kaptein Gereke*, *Boerseun*, *Die Kleingeld-kommando* en *Lente* verwerf Mikro in 1957 die Scheepersprys vir Jeuglektuur. Vir jonger kinders is daar ook dierverhale soos *Die wit perd van Tan Fienie*, *Die goue eekhorinkie en ander verhaaltjies*, *Napoleon die blouskimmel* (wat Miriam verstaan, sy wat nie so gesond soos ander kinders is nie) en *Ou Borreldien* (die spikkelperd wat ou Moosa se groentekar trek en vir Henk die mooiste perd op aarde is). *Die twee bruin perde van Oom Tewie* se name is Beyers en De Wet. Hulle is net karperde, maar is onafskeidbaar en het ’n besondere verhouding met Oom Tewie. Dan gaan Oom Tewie dood en word die perde op vendusie verkoop en van mekaar geskei. Dit gaan hulle egter nie toelaat nie. *Die wiel* beeld die vele gebruike van ’n kruiwawiel tydens die Groot Trek uit. ### Drama Mikro se dramatiese werk is nie op dieselfde peil as sy prosa nie. Reeds in 1929 skryf hy die ongepubliseerde drama, *As tweetjies met mekaar wil vry*, wat hy instuur vir beoordeling vir die Hertzogprys van daardie jaar. *Diplomaties*, *Die grootste genot* en *Net een dag of Die Vakansiegangers* is ook dramas wat hy reeds vroeg in sy loopbaan skryf en hy hervat eers weer skeppende werk in hierdie genre in die laat vyftigerjare. *Die dae van ons jare* is ’n koorspel wat na aanleiding van Bybelse boustof ’n beeld van die menslike lewe van die wieg tot die graf wil gee. *Die rooi lêer* spot met die burokrasie van die staatsdiensamptenary. *T in die blou kamer* (*’n satire in drie misdrywe*) is ’n parodie op eksklusiewe snobistiese damesklubs wat hulle ledige tyd verwyl deur hulle talle sosiale en maatskaplike verpligtinge te bespreek en beplan. In *Twee goue beddens* loop politieke ambisie deur. Sy eenbedryf *Eerwaarde Penniklein* verskyn aanvanklik in *Helikon* van April 1952 en word in Gerhard J. Beukes se versamelbundel *Nuwe eenbedrywe* opgeneem en later ook in die versamelbundel *Die rooi duiwel se as*. Hierin vermoed twee van die gaste dat Saaiman-Brink en sy nooi waardelose aandele aan hulle probeer verkoop, wat tot ’n botsing lei. Bosman de Kock verwerk *Bruidjie Dit en Bruidjie Dot* (waarin hy die verhale van die mense van Soetwater saamsmee in ’n drama van agtien tonele) vir die verhoog en dit word in 1964 deur TRUK opgevoer. Eerbewyse --------- In 1964 word die Goue Protea-toekenning aan hom oorhandig vir sy bydrae tot grondbewaring in Suid-Afrika. Die Nasionale Filmraad maak in 1967 ’n dokumentêre rolprent oor sy lewe en werk met die doel om dit vir opvoedkundige doeleindes te gebruik. Die Laerskool Mikro in Kuilsrivier word in 1972 gestig en na hom vernoem. Ten tye van sy honderdste verjaarsdag in 2003 stel sy dogter Corlia Fourie ’n keur uit sy werk saam, wat onder die titel *Want die lewe is so goed* gepubliseer word. In 2003 hou die Nasionale Afrikaanse Letterkundige Museum en Navorsingsentrum (NALN) ook ’n herdenkingsdag tot sy eer. In 2004 is Mikro se lewe en werk die onderwerp van die ATKV se jaarlikse literêre vasvrakompetisie *ATKV-Litdink*. Publikasies ----------- Werke uit sy pen sluit in: ### Prosa | Jaar | Naam van publikasie | | --- | --- | | 1934 | *Toiings* | | 1935 | *Pelgrims* *Rou rieme* | | 1938 | *Oeslande* | | 1939 | *Kompartement 1001E* | | 1940 | *Huurlinge* | | 1942 | *Huisies teen die heuwel* *Moord in die Hotel Barnard* *Stille uur* | | 1944 | *Basjan Bastiaanse* *Daar was nege* *Vier mense* *Vreemdelinge* | | 1945 | *Coert Bloemsen se geheim* *Die geheimsinnige M9* | | 1946 | *Die donker stroom* *Elke huis het sy kruis* (saam met Marie Schoeman) *Op die spoor* | | 1947 | *Alberdine Bantjies, Speurder* *Klaradynstraat* | | 1948 | *Moord na ete* | | 1949 | *Nog geen herberg* *Ons lampe gaan dood* *Die oue en die nuwe* *Die vrou van Petrus Delft* | | 1950 | *Anna Beyers* *Daar kom die Alibama* *Wagters in die nag* | | 1951 | *Die geheimsinnige Salome Rüdiger* | | 1952 | *Die wa-as* | | 1954 | *Die houtswaan* | | 1955 | *Die eensame wag* *Die parskuip* *Die porseleinkat* *Die wit arend* | | 1957 | *Gonnakolk* *Die nooiensuil* | | 1959 | *Die koperkan* *Môre is dit nuwemaan* *Die weduwee Meraai* | | 1960 | *Die blou soldatepak* | | 1961 | *Drie vroue en ’n hond* *Die rooi geruite rok* *Die swart hings* | | 1962 | *Die oranje sneltrein* *Die dames sestien* *Kinders van Meraai* | | 1963 | *Die neef van die goewerneur* | | 1964 | *Die blonde haarkapper* *Drielaag* (saam met H.S. van Blerk en Dolf van Niekerk) | | 1965 | *Dankie Adrianos* *Die poskoetsrower* *’n Span van 20 muile* | | 1966 | *Die koperkanon* *Oudepalmiet* *Twee perde* *Waar die bokmakierie fluit* | | 1967 | *Droomberg* *Sewejaartjies* *Die twee bruin perde van Oom Tewie* *Die winkelvenster* *Wit seile* | | 1968 | *Bles van Soekmekaar* *Hy koop toe vir hom ’n pen* | | 1969 | *Osse van klei* | | 1970 | *Ursula* | | 1983 | *Mattewis en Meraai: Die vroeë jare* *Mattewis en Meraai: Die kinders* | | 1984 | *Mattewis en Meraai: Die ouderling* *Mattewis en Meraai: Die weduwee* | | 2003 | *Want die lewe is so goed* | ### Jeuglektuur | Jaar | Naam van publikasie | | --- | --- | | 1931 | *Noekies die klonkie* | | 1936 | *Die ruiter in die nag* | | 1937 | *Kaptein Gereke* | | 1938 | *Ghoen* | | 1943 | *Boerseun* *Saluut korporaal* | | 1952 | *Lente* | | 1954 | *Die jongste ruiter* | | 1956 | *Die Kleingeld-kommando* | | 1957 | *Die Bont Takbok* *Die Bont Takbok verken* *Die silwerpotlood* | | 1958 | *Die Bont Takbok word bittereinder* *Burgers van die Kleingeld-kommando* *Generaal Kleingeld* | | 1960 | *Sias en Mias* *Sias se spoetnik* | | 1961 | *Voëlvlei se konsert* *Jasper die molslang* *Die hanskalfies* | | 1962 | *Abednégo die skilpad* *Speurder Sias* *Die steenbokkie* *Ounooi die uil* *Afskeid* *Die goue protea* | | 1963 | *Die jongste veldkornet* | | 1965 | *Die witperd van Tan Fienie* | | 1967 | *Eerste dae op Biesielaagte* *Die harp* *Die goue eekhorinkie en ander verhale* | | 1968 | *Napoleon die blouskimmel* *Kaptein Mias* *Kleinjan* *Die wiel* | | 1970 | *Slapjan* *Vlam* | | 1974 | *Ou Borreldien* | ### Drama | Jaar | Naam van publikasie | | --- | --- | | 1930 | *Diplomaties* | | 1931 | *Die grootste genot* | | 1936 | *Net een dag* | | 1956 | *Die dae van ons jare* | | 1961 | *Die rooi lêer* | | 1963 | *T in die blou kamer* *Twee goue beddens* | Bronne ------ ### Boeke * Antonissen, Rob. *Die Afrikaanse letterkunde van aanvang tot hede*. Nasou Beperk Derde hersiene uitgawe Tweede druk Elsiesrivier 1964 * Antonissen, Rob. *Kern en tooi.* Nasou Beperk Eerste uitgawe Eerste druk Elsiesrivier 1963 * Antonissen, Rob. *Spitsberaad.* Nasou Beperk Elsiesrivier Eerste uitgawe Eerste druk 1966 * Beukes, Gerhard J. (red.) *Nuwe eenbedrywe*. J.L. van Schaik Bpk. Pretoria Eerste druk 1952 * Beukes, Gerhard J. en Lategan, F.V. *Skrywers en rigtings.* J.L. van Schaik Bpk. Pretoria Eerste uitgawe 1952 * Beukes, W.D. (red.) *Boekewêreld: Die Nasionale Pers in die uitgewersbedryf tot 1990.* Nasionale Boekhandel Bpk. Kaapstad Eerste uitgawe eerste druk 1992 * Botha, Danie. *Voetligte en applous!* Protea Boekhuis Pretoria Eerste uitgawe Eerste druk 2006 * Botha, Elize. *Mikro.* in Nienaber, P.J. et al "Perspektief en Profiel" Afrikaanse Pers-Boekhandel Johannesburg Derde hersiene uitgawe 1969 * Brink, André P. *Vertelkunde*. Academica Pretoria en Kaapstad Eerste uitgawe 1987 * Cloete, T.T. (red.) *Die Afrikaanse literatuur sedert sestig*. Nasou Beperk Eerste uitgawe 1980 * Dekker, G. *Afrikaanse Literatuurgeskiedenis.* Nasou Beperk Kaapstad Elfde druk 1970 * Grobler, Hilda. *Halfeeu*. Blokboeke 33 Academica Pretoria en Kaapstad Eerste uitgawe 1980 * Grové, A.P. *Letterkundige sakwoordeboek vir Afrikaans.* Nasou Beperk Vyfde uitgawe Eerste druk 1988 * Kannemeyer, J.C. *Geskiedenis van die Afrikaanse literatuur 1.* Academica, Pretoria en Kaapstad Tweede druk 1984 * Kannemeyer, J.C. *Geskiedenis van die Afrikaanse literatuur 2.* Academica, Pretoria, Kaapstad en Johannesburg Eerste uitgawe Eerste druk 1983 * Kannemeyer, J.C. *Die Afrikaanse literatuur 1652–2004*. Human & Rousseau Kaapstad en Pretoria Eerste uitgawe 2005 * Kritzinger, M.S.B. *Ons jongste letterkunde.* J.L. van Schaik Bpk. Pretoria Tweede druk 1940 * Lategan, F.V. *Voorsmaak*. J.L. van Schaik Bpk. Pretoria Eerste druk 1972 * Lindenberg, E. (red.) *Inleiding tot die Afrikaanse letterkunde*. Academica Pretoria en Kaapstad Vierde uitgawe Eerste druk 1973 * Malherbe, F.E.J. *Aspekte van Afrikaanse literatuur.* Nasionale Pers Bpk. Kaapstad, Bloemfontein en Port Elizabeth Eerste uitgawe 1940 * Nasionale Pers Beperk. *Ons skrywers en hul werke: ’n Plate-album.* Nasionale Pers Bpk. Kaapstad 1936 * Nienaber, P.J. *Die Hertzogprys Vyftig Jaar.* Nasionale Boekhandel Kaapstad Eerste uitgawe 1965 * Nienaber, P.J. *Hier is ons skrywers!* Afrikaanse Pers-Boekhandel Johannesburg Eerste uitgawe 1949 * Nienaber, P.J,; Senekal, J.H en Bothma, T.C. *Mylpale in die geskiedenis van die Afrikaanse   letterkunde*. Afrikaanse Pers-Boekhandel Tweede hersiene uitgawe 1963 * Nienaber, P.J. et al. *Perspektief en Profiel*. Afrikaanse Pers-Boekhandel Johannesburg Derde hersiene uitgawe 1969 * Nienaber, P.J.; Erasmus, M.C.; Du Plessis, W.K. en Du Plooy, J.L. *Uit ons letterkunde*. Afrikaanse Pers-Boekhandel Sewende druk 1968 * Schoonees, P.C. *Die prosa van die tweede Afrikaanse beweging.* J.H. de Bussy, Pretoria / Hollandsch-Afrikaansche Uitgevers Maatschappij v/h J. Dusseau & Co, Kaapstad 1939 (derde druk) * Schoonees, P.C. *Tien jaar prosa*. Afrikaanse Pers-Boekhandel Johannesburg 1950 * Smuts, J.P. *Karakterisering in die Afrikaanse roman*. Hollandsch Afrikaansche Uitgevers Maatschappij Kaapstad en Pretoria Eerste uitgawe 1975 * Strydom, F.W. (samesteller) *Die Rooi Duiwel se as*. Voortrekkerpers Johannesburg 1966 * Van Coller, H.P. (red.) *Perspektief en Profiel Deel I.* J.L. van Schaik-Uitgewers Pretoria Eerste uitgawe 1998 * Van den Heever, C.M. (samesteller) *My Jeugland.* Afrikaanse Pers-Boekhandel Johannesburg Eerste druk 1953 * Van der Walt, P.D. *Mené Tekél*. Nasionale Boekhandel Kaapstad Eerste uitgawe 1969 * Wybenga, Gretel en Snyman, Maritha (reds.) *Van Patrys-hulle tot Hanna Hoekom.* Lapa-Uitgewers Eerste uitgawe Tweede druk 2005 ### Tydskrifte en koerante * Nieuwoudt, Stephanie. *Stil, beskeie Mikro was dromer met groot hart*. Die Burger, 11 Oktober 2003 ### Internet * Die Burger: * Nieuwoudt, Stephanie Die Burger: * Van Wyk, Sanri Volksblad: * Volksblad:
{ "title": "Mikro", "mostly_tablelist": false, "tablelist_ratio": [ 6611, 45958, 0.14384873145045476 ], "infobox": [ "<table about=\"#mwt1\" class=\"infobox biography vcard\" data-mw=\"{&quot;parts&quot;:[{&quot;template&quot;:{&quot;target&quot;:{&quot;wt&quot;:&quot;Inligtingskas Persoon\\n&quot;,&quot;href&quot;:&quot;./Sjabloon:Inligtingskas_Persoon&quot;},&quot;params&quot;:{&quot;naam&quot;:{&quot;wt&quot;:&quot;Mikro&quot;},&quot;bynaam&quot;:{&quot;wt&quot;:&quot;&quot;},&quot;beeld&quot;:{&quot;wt&quot;:&quot;Mikro.jpg&quot;},&quot;beeldbeskrywing&quot;:{&quot;wt&quot;:&quot;Mikro&quot;},&quot;onderskrif&quot;:{&quot;wt&quot;:&quot;Mikro, oftewel C.H. Kühn&quot;},&quot;geboortenaam&quot;:{&quot;wt&quot;:&quot;Christoffel Hermanus Kühn&quot;},&quot;geboortedatum&quot;:{&quot;wt&quot;:&quot;8 Oktober 1903&quot;},&quot;geboorteplek&quot;:{&quot;wt&quot;:&quot;[[Williston, Noord-Kaap|Williston]], [[Kaapkolonie]]&quot;},&quot;dood_datum&quot;:{&quot;wt&quot;:&quot;{{SDEO|1968|4|17|1903|10|8}}&quot;},&quot;sterfteplek&quot;:{&quot;wt&quot;:&quot;[[Somerset-Wes]], [[Kaapprovinsie]], [[Suid-Afrika]]&quot;},&quot;ouers&quot;:{&quot;wt&quot;:&quot;&quot;},&quot;titel&quot;:{&quot;wt&quot;:&quot;&quot;},&quot;nasionaliteit&quot;:{&quot;wt&quot;:&quot;[[Suid-Afrika]]ans&quot;},&quot;beroep&quot;:{&quot;wt&quot;:&quot;Skrywer&quot;},&quot;bekend&quot;:{&quot;wt&quot;:&quot;''Ruiter in die nag''&lt;br /&gt;''Die jongste ruiter''&quot;},&quot;salaris&quot;:{&quot;wt&quot;:&quot;&quot;},&quot;termyn&quot;:{&quot;wt&quot;:&quot;&quot;},&quot;voorganger&quot;:{&quot;wt&quot;:&quot;&quot;},&quot;opvolger&quot;:{&quot;wt&quot;:&quot;&quot;},&quot;eerbewyse&quot;:{&quot;wt&quot;:&quot;[[Hertzogprys]], [[W.A. Hofmeyrprys]]&quot;},&quot;party&quot;:{&quot;wt&quot;:&quot;&quot;},&quot;godsdiens&quot;:{&quot;wt&quot;:&quot;&quot;},&quot;huweliksmaat&quot;:{&quot;wt&quot;:&quot;&quot;},&quot;kinders&quot;:{&quot;wt&quot;:&quot;&quot;},&quot;webblad&quot;:{&quot;wt&quot;:&quot;&quot;},&quot;handtekening&quot;:{&quot;wt&quot;:&quot;&quot;}},&quot;i&quot;:0}}]}\" id=\"mwAg\" style=\"width:22em\" typeof=\"mw:Transclusion\"><tbody><tr><th colspan=\"2\" style=\"text-align:center;font-size:125%;font-weight:bold\"><div class=\"fn\" style=\"display:inline\">Mikro</div></th></tr><tr><td colspan=\"2\" style=\"text-align:center\"><span class=\"mw-default-size\" data-mw='{\"caption\":\"Mikro\"}' typeof=\"mw:File/Frameless\"><a class=\"mw-file-description\" href=\"./Lêer:Mikro.jpg\" title=\"Mikro\"><img alt=\"Mikro\" data-file-height=\"3125\" data-file-type=\"bitmap\" data-file-width=\"2067\" decoding=\"async\" height=\"333\" resource=\"./Lêer:Mikro.jpg\" src=\"//upload.wikimedia.org/wikipedia/af/thumb/e/e7/Mikro.jpg/220px-Mikro.jpg\" srcset=\"//upload.wikimedia.org/wikipedia/af/thumb/e/e7/Mikro.jpg/330px-Mikro.jpg 1.5x, //upload.wikimedia.org/wikipedia/af/thumb/e/e7/Mikro.jpg/440px-Mikro.jpg 2x\" width=\"220\"/></a></span><div>Mikro, oftewel C.H. Kühn</div></td></tr><tr><th scope=\"row\">Gebore</th><td><div class=\"nickname\" style=\"display:inline\">Christoffel Hermanus Kühn</div><br/>8 Oktober 1903<br/><div class=\"birthplace\" style=\"display:inline\"><a href=\"./Williston,_Noord-Kaap\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Williston, Noord-Kaap\">Williston</a>, <a href=\"./Kaapkolonie\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Kaapkolonie\">Kaapkolonie</a></div></td></tr><tr><th scope=\"row\">Sterf</th><td>17 April 1968 (op 64)<br/><div class=\"deathplace\" style=\"display:inline\"><a href=\"./Somerset-Wes\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Somerset-Wes\">Somerset-Wes</a>, <a href=\"./Kaapprovinsie\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Kaapprovinsie\">Kaapprovinsie</a>, <a href=\"./Suid-Afrika\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Suid-Afrika\">Suid-Afrika</a></div></td></tr><tr><th scope=\"row\">Nasionaliteit</th><td class=\"category\"><a href=\"./Suid-Afrika\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Suid-Afrika\">Suid-Afrikaans</a></td></tr><tr><th scope=\"row\">Beroep</th><td class=\"role\">Skrywer</td></tr><tr><th scope=\"row\">Bekend<span typeof=\"mw:Entity\"> </span>vir</th><td><i>Ruiter in die nag</i><br/><i>Die jongste ruiter</i></td></tr></tbody></table>" ], "td_tables": [], "text_length": 55378 }
| Nord-Pas-de-Calais --- | | --- | | | | Départements | Nord (59)Pas-de-Calais (62) | | Prefektuur | Lille | | Bevolking | 4 026 000 inw.(2004) | | Bevolkingsdigtheid | 324 inw./vk km | | Oppervlakte | 12 414 vk km | | Arrondissemente | 13 | | Kantons | 156 | | Munisipaliteite | 1 546 | | President van Gewestelike Raad | Daniel Percheron (PS) | **Nord-Pas-de-Calais** (Afrikaans: "Noord en Seestraat-van-Calais") is die mees noordelike van Frankryk se 27 administratiewe geweste (*régions*) en bevat die départements Nord en Pas-de-Calais met 'n oppervlak van 12 414 vierkante kilometer en vier miljoen inwoners (of sowat sewe persent van die totale Franse bevolking). Die administratiewe hoofstad (prefektuur) is Lille. Die gewes is die tweede grootste metropolitaanse gebied in die land na Parys, en meer as 80 persent van sy bevolking woon in stedelike gebiede. 'n Uitsig oor Kaap Gris-Nez Die gewes het 'n ryk kulturele erfenis as 'n vrugbare streek in die grensgebied van Frankryk en Vlaandere met welvarende ambagte en nywerhede, maar eeue lank is dit ook 'n omstrede gewes met 'n lang lys van oorloë en veldslae, wat van die antieke Galliese tydperk tot by die Tweede Wêreldoorlog strek. Naas sy grys hemel en die kenmerkende aksent van sy bewoners het die meeste Franse die gebied dekades lank met steenkoolmyne en swaar nywerhede geassosieer. Nadat die myne in die tydperk tussen die 1960's en 1990's gesluit is en ook die tekstielnywerheid in 'n krisis beland het, is die gebied met die hoogste werkloosheidsyfers in die hele land geknel. Teen die begin van die 21ste eeu beleef die gewes weer 'n ekonomiese opswaai as een van die mees dinamiese streke in Frankryk wat vanaf die vroeë 1990's meer regstreekse buitelandse beleggings gelok het as enige ander gewes buite die Groter-Parys-gebied. Geografie --------- Nord-Pas-de-Calais bevat 'n aantal natuurlike landskapsvorms. * Die **Opaalkus** (Frans: *Côte d'Opale*) is 'n kusstreek met 120 kilometer se sandstrande langs die Engelse Kanaal, wat deur duine, bosgebiede en rotswande omsoom word. Sy natuurskoon sluit winderige kape en heidevelde in, asook die bekende krytrotse. Cap Gris-Nez (die Grys Kaap), Cap Blanc-Nez (die Wit Kaap) en die Pointe du Raz behoort tot die nasionale besienswaardighede van Frankryk. Dunes de Flandres is die gebied met Frankryk se ses noordelikste vakansieoorde langs die see: Duinkerken, Leffrinckoucke, Zuydcoote, Ghyvelde, Téteghem en Bray-Dunes. * **Avesnois** met sy landskap van struikgewasse en heinings toon danksy die groot aantal appelbome en weilvelde met koeie 'n groot ooreenkoms met Normandië. Die Val Joly is die belangrikste varswaterbron noord van Parys. * **Flandre** is die enigste streek met 'n klein bergreeks in sy hartland, die *Monts de Flandre* – die ses berge spog met hoogtes tussen 110 en 176 meter in 'n deur vlaktes oorheerste gebied. * **Guines** bekoor met sy heidelandskap. * Die omgewing van **Boulogne** word deur mosagtige valleie gekenmerk. Die gewes beskik oor drie natuurparke, wat sowat 'n kwart van die totale oppervlak beslaan. Die natuurpark van Scarpe-Escaut tussen Valenciennes, Douai en die grensgebied met België is met sy bosgebiede en voormalige mynboustreke 'n gewilde toeristebestemming. Geskiedenis ----------- Die huidige administratiewe verdeling van Nord-Pas-de-Calais Kaap Gris-Nez teen sononder Die eerste menslike nedersettings bestaan in die vrugbare streek reeds in die prehistoriese tydperk, tog is die gebied vanweë sy strategiese ligging steeds omstrede. Die lang lys van veroweraars sluit die Keltiese Belgae, die Romeine, die Franke en Alamanni, Engelse, Franse, Boergondiërs, Spanjaarde en – tydens die twee wêreldoorloë – ook Duitsers in. Tydens die Honderdjarige Oorlog tussen Engeland en Frankryk in die 14de en 15de eeu veg Franse, Engelse en Boergondiese troepe om die gebied, wat uiteindelik by Frankryk ingelyf word. In 1598 annekseer die Spaanse Nederlande die streek as 'n soort bruidskat. Toe die gebied in die 17de eeu weer onder Franse heerskappy kom, is daar hewige verset van die Vlaamstalige bevolking. Met die nuwe administratiewe verdeling tydens die Franse Rewolusie word die départements Nord en Pas-de-Calais gevorm. Nord-Pas-de-Calais het 'n lang tradisie as 'n sentrum van die tekstielnywerheid, wat in die middeleeue begin. Met die industrialisering in die 19de eeu groei die gebied tot een van Frankryk se ekonomiese sentrums. Terwyl die gebied nie deur die Frans-Pruisiese Oorlog van 1870–1871 geraak is nie en danksy die Duitse anneksasie van Elsas-Lotaringe selfs nog belangriker word as Frankryk se grootste nywerheidsgebied, ly Nord-Pas-de-Calais sterk onder die Duitse besetting en die verwoestings van die Eerste Wêreldoorlog. Die Duitsers beset die gebied ook weer tydens die Tweede Wêreldoorlog en gebruik dit as 'n basis vir die Duitse lugmag en lanseerterrein vir die sogenaamde Duitse vergeldingswapens, die V-1 en V-2-missiele, waarmee teikens in Engeland aangeval is. Die geallieerde antwoord is grootskaalse lugaanvalle, wat die meeste stede in die gebied in puinhope laat. Die grootse deel van Nord-Pas-de-Calais is in September 1944 bevry, terwyl die Duitse weerstand in Duinkerken eers op 9 Mei 1945 gebreek is. Die herstrukturering van die plaaslike nywerhede ná die ekonomiese krisis van die sewentigerjare lei tot die spesialisering van die tradisionele sektore. Die gewes is tans die vierde grootste ekonomiese sentrum van Frankryk, en Tourcoing dien nog steeds as die wêreld se wolhandelsentrum. Nord-Pas-de-Clais trek ook voordeel uit die opening van die Kanaaltonnel.
{ "title": "Nord-Pas-de-Calais", "mostly_tablelist": false, "tablelist_ratio": [ 2212, 5731, 0.38597103472343397 ], "infobox": [], "td_tables": [], "text_length": 5620 }
*Hierdie artikel handel oor die taal. Vir die etniese groep, sien Noorweërs.* **Noors** (*norsk* [nɔʁsk] of [nɔʃk]) maak deel uit van die Noord-Germaanse tak van die Indo-Europese taalfamilie en word deur sowat 4,7 miljoen mense as moedertaal gepraat, veral in Noorweë waar dit ook as ampstaal dien. Die Noorse taal is in vier taalvorme gestandaardiseer, waarvan twee amptelike status geniet: * Bokmål ([bukmoːl], letterlik: *Boektaal*, geniet ampstaalstatus) * Nynorsk ([nyːnɔrsk], letterlik: *Nieu-Noors*, geniet ampstaalstatus) * Riksmål ([riːksmoːl], letterlik: *Rykstaal*; 'n baie behoudende variant van Bokmål wat nog sterk Deense invloede toon en geen amptelike status geniet nie) * Høgnorsk ([høːgnɔrsk], letterlik: *Hoog-Noors*; 'n baie behoudende variant van Nynorsk wat sterk op Ivar Aasen se oorspronklike standaardisering steun en geen amptelike status geniet nie) *Bokmål/Riksmål*, waarna in die omgangstaal dikwels onpresies as *Norsk* ("Noors") verwys word, word deur tussen 85 en 90 persent van die Noorse bevolking as skryftaal gebruik en het in taalkundige opsig aanvanklik geen selfstandige taal gevorm nie, maar was eerder 'n variant of dogtertaal van Deens wat eers geleidelik by die oorspronklike Noorse woordeskat, spelling en uitspraakgewoontes aangepas is. Riksmål is 'n nie-amptelike variant wat baie ooreenkomste met die gematigde Bokmål toon – dit staan in die tradisie van die Deens-Noorse literatuur en is minder aangepas by die oorspronklike Noorse dialekte. *Nynorsk* toon daarenteen meer ooreenkomste met die Wes-Skandinawiese tale Faroëes en Yslands as Bokmål, Deens en Sweeds. Nynorsk word deur tussen 10 en 15 persent van die Noorse bevolking as skryftaal gebruik. Ten spyte van die voorsetsel *Ny-* ("Nieu-") is Nynorsk of Nieu-Noors die ouere van die twee amptelike Noorse taalvariante. *Høgnorsk* word net in baie klein kringe gebesig. Die twee variante Bokmål en Nynorsk bevat 'n groot aantal elemente wat ook in die Sweedse taal voorkom. Noorweërs, Dene en Swede kan mekaar in die algemeen goed verstaan. Taalgeskiedenis --------------- ### Chronologiese indeling Die uitbreiding van Oud-Noors en verwante tale omstreeks 900 n.C. Die Wes-Nordiese of Oud-Noorse taalgebied word in rooi getoon, Oos-Nordies in oranje, Oud-Goties in ligroos en ander Germaanse tale in groen Kongspeilet (Oud-Noors: *Konungs skuggsjá*), 'n opvoedkundige Oud-Noorse teks wat omstreeks 1250 ontstaan het Die huidige Skandinawiese tale Noors, Sweeds, Deens, Yslands en Faroëes het almal uit Oud-Nordies ontwikkel, 'n Noord-Germaanse taal of groep van dialekte wat sowel Oud-Noors asook Oud-Yslands ingesluit het. Taalkundiges gebruik gewoonlik 'n chronologie wat die ontwikkeling van Noors in drie fases verdeel: * Oud-Noors (700-1350), * Middel-Noors (1350–1525) en * Moderne Noors (sedert 1525) Hierdie chronologiese indeling baseer in die algemeen op taalkundige kenmerke: Oud-Noors (Noors: *Norrønt*) is nog 'n klassieke sintetiese taal met 'n meer ingewikkelde grammatika, terwyl die moderne Noorse taal al die analitiese karakter het wat in die Noorse dialekte reeds in die 16de eeu ontwikkel het, maar eers met die standaardisering van die Noorse skryftaalvariant Nynorsk omstreeks 1850 ingang tot die kultuurtaal gevind het. Middel-Noors was daarenteen die taalvorm van 'n oorgangsfase wat deur sterk variasies en fluktuasies in sy geskrewe tekste, asook groot invloede vanuit Deens gekenmerk was. Die spreektaal was heel waarskynlik al voor 1300 aan taalkundige prosesse onderhewig wat sy latere analitiese struktuur bevorder het, alhoewel hierdie veranderings nie gelyktydig orals in Noorweë plaasgevind het nie. Oud-Noors is as 'n skryftaal al vroeër en op 'n groter skaal gebruik as byvoorbeeld Oud-Deens of Oud-Sweeds – die eerste manuskripte het in die 11de eeu ontstaan. Die oudste tekste wat bewaar gebly het dateer egter uit die 12de eeu. Vanweë sy skryftaalfunksie is Oud-Noors – net soos byvoorbeeld moderne Engels – al in 'n vroeë stadium van sy ontwikkeling gestabiliseer, en hierdie behoudende taalvorm het die taalveranderinge wat in die spreektaal nog aan die gang was nie meer weerspieël nie. Hierdie skryftaalvorm is nogtans tot by die middel van die 14de eeu gebruik. Vanaf hierdie tydstip het die taal geleidelik tot Middel-Noors met sy impressionistiese skryfwyse ontwikkel. Op hierdie stadium het die politieke gebeure as gevolg van Denemarke se oorheersing ook hul stempel op die Noorse taal begin afdruk. Kenmerkende Noorse skryfwyses het nog tot by die jaar 1525 voorgekom toe Deens die inheemse taal volledig begin vervang het. Toe Latyn as gevolg van die Lutherse Reformasie in 1536 sy rol as kerktaal kwytgeraak het, het Deens sy funksie oorgeneem. Die Deense Bybelvertaling van koning Christiaan III is ook in Noorweë ingevoer en eers in die moderne tyd in Noors vertaal. Slegs ou Noorse tekste wat die oorspronklike Noorse wette behandel en uit die 13de eeu dateer het, was in die periode ná 1536 nog in gebruik en is omtrent 1600 deur Deense tekste vervang. ### Die Deense skryftaal Deens het tot by die tweede helfte van die 19de eeu as Noorweë se skryftaal gedien. Noorse dialekte het nog steeds die spreektaal oorheers, maar Deens het veral in welvarende stedelike kringe sy invloed laat geld en is onder meer in formele situasies gebruik. Die daaglikse taalgebruik is eweneens sterk deur Deens beïnvloed. Die taal van die Noorse hoërklas het ten opsigte van sy uitspraak grotendeels op die spelling baseer en het foneties by die Noord-Skandinawiese dialekte aangesluit, terwyl alle ander kenmerke aan Deens ontleen was. Vanweë sy uitspraak het hierdie variant meer ooreenkomste met die Deense spelling getoon as die gewone Deense spreektaal wat deur 'n sterk verskil tussen sy behoudende Middeleeuse spelling en sy moderne uitspraak gekenmerk word. Die taalsituasie het ook ná die afskeiding van Noorweë in 1814 nie verander nie, alhoewel dit in 'n toenemende mate as onbevredigend ervaar is. Net soos ander dele van Europa het ook Skandinawië in hierdie periode onder die indruk van die Romantiese beweging gestaan wat onder meer die nou verbintenis tussen 'n volk en sy taal beklemtoon het. Die manier waarop Noorweë sy taalkundige selfstandigheid sou kon herstel is in die tydperk tussen 1830 en 1860 openbare debatte bespreek. ### Taalkundige selfstandigheid: Ivar Aasen en Knud Knudsen Ivar Aasen (1813–1896) Die taalkundige outodidak Ivar Aasen (1813–1896) het in die 1840's meer as vier jaar lank in Suid-Noorweë rondgereis om navorsing oor die plaaslike dialekte te doen. Die vergelykende studie, wat Aasen vervolgens gepubliseer het, het die basis van die Noorse dialektologie geword. Aasen het gebruik gemaak van metodes wat deur internasionaal bekende taalkundiges soos Rasmus Rask en Jacob Grimm ontwikkel is en 'n moderne skryftaalvariant van Noors ontwikkel wat op sy bevindinge in Suid-Noorweë berus het. Sy grammatika (1864) en sy woordeboek (1873) het die basis van Nynorsk, een van die huidige twee amptelike Noorse standaardskryftale. geword. Die tweede metode wat ingespan is om 'n Noorse standaardskryftaal te ontwikkel was minder opspraakwekkend, maar nogtans omstrede en het die gebruik van die Deense skryftaal behels wat volgens die taalnorme van die stedelike hoërklas aan Noorse uitspraakgewoontes aangepas en met inheemse woorde verryk is. Hierdie metode is nou verbind met sy bekendste aanhanger in die 19de eeu, die onderwyser Knud Knudsen (1812–1895). Die skryftaalvariant, wat sodoende geskep is, is deur Knudsen en sy aanhangers *Dansk-Norsk* of Deens-Noors genoem en het die basis van die moderne Bokmål gevorm, die tweede amptelike skryftaalvariant van Noors. Die Noorse taalstryd, wat nou ontwikkel het, was aanvanklik 'n wedstryd tussen die praktiese toepassings van die twee metodes en die taalvariante wat hieruit voortgespruit het. Die stryd het omstreeks 1880 gepaardgaande met die algemene politieke debat oor 'n parlementêre stelsel en die unie met Swede begin versterk. Die taalkundige vraagstuk is sodoende ook in 'n politieke lig beskou. ### Nynorsk en Bokmål Nynorsk het ná die invoering van 'n parlementêre stelsel veral in landelike gebiede gewild geraak, en die nuwe radikale parlement het in 1885 aan Nynorsk dieselfde status toegeken wat Deens reeds geniet het. Met die uitbreiding van die elementêre onderwys kon leerders vanaf 1892 Nynorsk as hulle onderwystaal kies. Tot by die jaar 1920 is Nynorsk in die meeste gebiede van Wes-Noorweë asook die valleie in die binneland, in groot dele van Trøndelag en ander streke as onderwystaal ingevoer. In Wes-Noorweë en die binnelandse valleie het Nynorsk vandag nog steeds die meeste aanhangers, terwyl dit in ander gebiede geleidelik deur Bokmål verdring word. Die groot stede en dorpe het net soos die digbevolkte suidooste van die land die voorkeur aan Bokmål gegee wat met twee spellinghervormings in die jare 1907 en 1917 beter by die Noorse spreektaal aangepas is. Bokmål is sedertdien sowel in Noorweë asook in Denemarke steeds as 'n selfstandige taal beskou. In 1919 het die eerste boek verskyn wat van Deens na Noors vertaal is. ### Debatte oor versmelting: *Samnorsk* Ondanks die snelle uitbreiding van Nynorsk het 'n meerderheid steeds die voorkeur aan Bokmål as skryftaal gegee. Die taalstryd het die destydse politieke lewe in Noorweë oorheers, en daar is gevolglik pogings onderneem om die twee taalgroepe met mekaar te versoen. Aangesien die taalkundige verskille tussen die twee skryftaalvariante nie onoorbrugbaar groot gelyk het nie, het die idee om die twee variante in 'n enkele gemeenskaplike Noorse taal (Noors: *Samnorsk*) te versmelt geleidelik gestalte gekry. Die eerste voorstelle in hierdie verband is al in die 1880's gemaak, maar het eers ná die eeuwisseling in 1900 meer aandag gekry. Die grootste destydse party, die liberaal-radikale *Venstre*, het net soos die latere Werkersparty (Noors: *Det Norske Arbeiderparti*) sy steun aan hierdie voorneme verleen. In taalkundige opsig het die dialekte in die digbevolkte gebiede van die land baie grondliggende ooreenkomste met albei skryftaalvariante getoon sodat hulle as die basis vir 'n versmelting sou kon dien. Nadat enkele jare lank debatte oor die saak gevoer is, is in die jare 1917 en 1938 ambisieuse spellinghervormings ingestel wat op 'n versmelting van Nynorsk en Bokmål gemik was. Nogtans het hierdie beleid ná die Tweede Wêreldoorlog 'n teenreaksie van Bokmål-aanhangers se kant af uitgelok. In die 1950 en vroeë 1960's het die stryd oor 'n gemeenskaplike skryftaal dus weer opgevlam, terwyl baie distrikte Nynorsk as 'n onderwystaal laat vaar het. Net in sy Wes-Noorse hartland het Nynorsk sy sterk posisie steeds gehandhaaf. Terwyl die twee taalvariante ten opsigte van styl en idiome nader aan mekaar beweeg het, is die beleid van versmelting in die 1960's vir goed of tenminste voorlopig laat vaar, alhoewel in Bokmål in 1981 nog 'n spellinghervorming deurgevoer is. Sowel Bokmål asook Nynorsk behels vandag verskeie tradisionele en radikale variante waardeur hulle sowel ooreenkomste met mekaar asook met die mees algemene dialekvorme toon. ### Die huidige situasie Vandag gebruik meer as 95 persent van die Noorse bevolking een van die Noorse taalvariante as hulle huistaal, waarby hulle dikwels 'n dialek as spreektaal praat en een van die twee skryftalvariante vir hul skryfwerk gebruik. Die Sámi in Lapland vorm die grootste nie-Noorse etniese minderheid. Alhoewel daar geen sensus ten opsigte van die verspreiding van Bokmål en Nynorsk geneem is nie, leer 15 persent van leerders in Noorweë Nynorsk as hulle eerste skryftaal, terwyl die res Bokmål leer. Aangesien die meeste stedelike gebiede deur Bokmål oorheers word, skakel baie gebruikers van Nynorsk na Bokmål oor sodra hulle in hul latere lewe na 'n stedelike Bokmål-omgewing verhuis, en die persentasie aktiewe Nynorsk-gebruikers kan dus laer wees as 15 persent. Die aantal Nynorsk-gebruikers het in die 1940's nog sowat 30 persent beloop en eers later geleidelik begin afneem sodat daar moontlik 'n groter persentasie Nynorsk-gebruikers in die ouer ouderdomsgroepe is. Na 'n realistiese beraming beloop die persentasie Nynorsk-gebruikers tussen 10 en 12 persent of naastenby 'n half miljoen mense. Die Noorse dialekte word gewoonlik in vyf hoofgroepe verdeel: Wes-Noors, Sentraal-Noors (wat die binnelandse valleie behels), Oos-Noors, Trønder- (of Trøndelag-)Noors, en Noord-Noors. Nynorsk is tradisioneel nou verwant aan die dialekte van Wes- en Sentraal-Noorweë, maar het danksy die spellinghervormings nader aan die ander drie groepe beweeg. Bokmål is 'n soort kompromis tussen die oorspronklike Deense spreektaal van die hoërklas en die suidoostelike dialekte. Die Noorse dialekte geniet in Noorweë 'n hoër status as in ander Skandinawiese lande en word in die meeste taalkontekste vrylik gebruik.
{ "title": "Noors", "mostly_tablelist": false, "tablelist_ratio": [ 1785, 12228, 0.14597644749754662 ], "infobox": [ "<table about=\"#mwt2\" cellpadding=\"2\" class=\"infobox\" data-mw=\"{&quot;parts&quot;:[{&quot;template&quot;:{&quot;target&quot;:{&quot;wt&quot;:&quot;Inligtingskas Taal\\n&quot;,&quot;href&quot;:&quot;./Sjabloon:Inligtingskas_Taal&quot;},&quot;params&quot;:{&quot;naam&quot;:{&quot;wt&quot;:&quot;Noors&quot;},&quot;inheemsenaam&quot;:{&quot;wt&quot;:&quot;''norsk''&quot;},&quot;uitspraak&quot;:{&quot;wt&quot;:&quot;[nɔʁsk] of [nɔʃk]&quot;},&quot;familiekleur&quot;:{&quot;wt&quot;:&quot;Indo-Europees&quot;},&quot;state&quot;:{&quot;wt&quot;:&quot;{{vlagland|Noorweë}}&quot;},&quot;streek&quot;:{&quot;wt&quot;:&quot;[[Noord-Europa]]&quot;},&quot;sprekers&quot;:{&quot;wt&quot;:&quot;4,7 miljoen&lt;ref&gt;{{cite web |url=http://www.ethnologue.com/language/nor |title=Ethnologue: Languages of the World, Seventeenth edition, Norwegian |publisher=[[Ethnologue]] |access-date=31 Maart 2016 |language=en |archive-url=https://web.archive.org/web/20191214165326/https://www.ethnologue.com/language/nor |archive-date=14 Desember 2019 |url-status=live |df=dmy-all}}&lt;/ref&gt;&quot;},&quot;rang&quot;:{&quot;wt&quot;:&quot;111&quot;},&quot;skrif&quot;:{&quot;wt&quot;:&quot;[[Latynse alfabet]]&quot;},&quot;fam1&quot;:{&quot;wt&quot;:&quot;[[Indo-Europese tale|Indo-Europees]]&quot;},&quot;fam2&quot;:{&quot;wt&quot;:&quot;[[Germaanse tale|Germaans]]&quot;},&quot;fam3&quot;:{&quot;wt&quot;:&quot;[[Noord-Germaanse tale|Noord-Germaans]]&quot;},&quot;fam4&quot;:{&quot;wt&quot;:&quot;Wes-Skandinawies&quot;},&quot;nasie&quot;:{&quot;wt&quot;:&quot;[[Lêer:Nordic Council icon.png|22px|border]] [[Nordiese Raad]]&lt;br /&gt;{{vlagland|Noorweë}}&quot;},&quot;agentskap&quot;:{&quot;wt&quot;:&quot;Instituut van Noors&quot;},&quot;iso1&quot;:{&quot;wt&quot;:&quot;no&quot;},&quot;iso2&quot;:{&quot;wt&quot;:&quot;nor&quot;},&quot;iso3&quot;:{&quot;wt&quot;:&quot;nor&quot;},&quot;kaart&quot;:{&quot;wt&quot;:&quot;[[Lêer:Norwegianmalforms.png|250px|Die taalvoorkeure van Noorse munisipaliteite: Bokmål, Nynorsk of ''Nøytral''. Die laasgenoemde groep gebruik in die praktyk dikwels Bokmål]]&quot;}},&quot;i&quot;:0}}]}\" id=\"mwBg\" style=\"width:22em; margin-top:0.75em; background:#f4f4f4; text-align:left; font-size:90%;\" typeof=\"mw:Transclusion\">\n<tbody><tr><th about=\"#mwt11\" colspan=\"3\" data-mw='{\"attribs\":[[{\"txt\":\"style\"},{\"html\":\"text-align: center; font-size:120%; color: black; background-color: &lt;span typeof=\\\"mw:Nowiki\\\" data-parsoid=\\\"{}\\\"&gt;#ACE1AF&lt;/span&gt;;\"}]]}' style=\"text-align: center; font-size:120%; color: black; background-color: #ACE1AF;\" typeof=\"mw:ExpandedAttrs\">Noors <br/><i>norsk</i><span typeof=\"mw:Entity\"> </span></th></tr>\n<tr>\n<td style=\"padding-left: 0.5em;\">Uitspraak:</td>\n<td colspan=\"2\" style=\"padding-left: 0.5em;\"><span class=\"IPA\" title=\"Uitspraak volgens die IFA\">[nɔʁsk] of [nɔʃk]</span></td></tr>\n<tr>\n<td style=\"padding-left: 0.5em;\">Gepraat<span typeof=\"mw:Entity\"> </span>in:</td>\n<td colspan=\"2\" style=\"padding-left: 0.5em;\"><span class=\"mw-image-border\" data-mw='{\"caption\":\"Vlag van Noorweë\"}' typeof=\"mw:File\"><a class=\"mw-file-description\" href=\"./Lêer:Flag_of_Norway.svg\" title=\"Vlag van Noorweë\"><img alt=\"Vlag van Noorweë\" data-file-height=\"372\" data-file-type=\"drawing\" data-file-width=\"512\" decoding=\"async\" height=\"16\" resource=\"./Lêer:Flag_of_Norway.svg\" src=\"//upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/d/d9/Flag_of_Norway.svg/22px-Flag_of_Norway.svg.png\" srcset=\"//upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/d/d9/Flag_of_Norway.svg/33px-Flag_of_Norway.svg.png 1.5x, //upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/d/d9/Flag_of_Norway.svg/44px-Flag_of_Norway.svg.png 2x\" width=\"22\"/></a></span><span typeof=\"mw:Entity\"> </span><a href=\"./Noorweë\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Noorweë\">Noorweë</a><span typeof=\"mw:Entity\"> </span></td></tr>\n<tr>\n<td style=\"top; padding-left: 0.5em;\">Gebied:</td>\n<td colspan=\"2\" style=\"padding-left: 0.5em;\"><a href=\"./Noord-Europa\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Noord-Europa\">Noord-Europa</a></td></tr>\n<tr>\n<td style=\"padding-left: 0.5em;\">Totale<span typeof=\"mw:Entity\"> </span>sprekers:</td>\n<td colspan=\"2\" style=\"padding-left: 0.5em;\">4,7 miljoen<span typeof=\"mw:Entity\"> </span></td></tr>\n<tr>\n<td style=\"padding-left: 0.5em;\">Rang:</td>\n<td colspan=\"2\" style=\"padding-left: 0.5em;\">111</td></tr>\n<tr>\n<td style=\"padding-left: 0.5em;\"><a href=\"./Taalfamilie\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Taalfamilie\">Taalfamilie</a>:</td>\n<td colspan=\"2\" style=\"padding-left: 0.5em; text-align: left;\"><a href=\"./Indo-Europese_tale\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Indo-Europese tale\">Indo-Europees</a><br/><span style=\"font-size:66%;\"><span typeof=\"mw:Entity\"> </span></span><a href=\"./Germaanse_tale\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Germaanse tale\">Germaans</a><br/><span style=\"font-size:66%;\"><span typeof=\"mw:Entity\"> </span><span typeof=\"mw:Entity\"> </span></span><a href=\"./Noord-Germaanse_tale\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Noord-Germaanse tale\">Noord-Germaans</a><br/><span style=\"font-size:66%;\"><span typeof=\"mw:Entity\"> </span><span typeof=\"mw:Entity\"> </span><span typeof=\"mw:Entity\"> </span></span>Wes-Skandinawies<br/><span style=\"font-size:66%;\"><span typeof=\"mw:Entity\"> </span><span typeof=\"mw:Entity\"> </span><span typeof=\"mw:Entity\"> </span><span typeof=\"mw:Entity\"> </span></span><b>Noors</b><span typeof=\"mw:Entity\"> </span></td></tr>\n<tr>\n<td style=\"padding-left: 0.5em;\">Skrifstelsel:</td>\n<td colspan=\"2\" style=\"padding-left: 0.5em;\"><a href=\"./Latynse_alfabet\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Latynse alfabet\">Latynse alfabet</a><span typeof=\"mw:Entity\"> </span></td></tr>\n<tr>\n<th about=\"#mwt12\" colspan=\"3\" data-mw='{\"attribs\":[[{\"txt\":\"style\"},{\"html\":\"text-align: center; color: black; background-color: &lt;span typeof=\\\"mw:Nowiki\\\" data-parsoid=\\\"{}\\\"&gt;#ACE1AF&lt;/span&gt;;\"}]]}' style=\"text-align: center; color: black; background-color: #ACE1AF;\" typeof=\"mw:ExpandedAttrs\">Amptelike status</th></tr>\n<tr>\n<td style=\"padding-left: 0.5em;\">Amptelike taal in:</td>\n<td colspan=\"2\" style=\"padding-left: 0.5em;\"><span class=\"mw-image-border\" typeof=\"mw:File\"><a class=\"mw-file-description\" href=\"./Lêer:Nordic_Council_icon.png\"><img data-file-height=\"31\" data-file-type=\"bitmap\" data-file-width=\"150\" decoding=\"async\" height=\"5\" resource=\"./Lêer:Nordic_Council_icon.png\" src=\"//upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/9/97/Nordic_Council_icon.png/22px-Nordic_Council_icon.png\" srcset=\"//upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/9/97/Nordic_Council_icon.png/33px-Nordic_Council_icon.png 1.5x, //upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/9/97/Nordic_Council_icon.png/44px-Nordic_Council_icon.png 2x\" width=\"22\"/></a></span> <a href=\"./Nordiese_Raad\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Nordiese Raad\">Nordiese Raad</a><br/><span class=\"mw-image-border\" data-mw='{\"caption\":\"Vlag van Noorweë\"}' typeof=\"mw:File\"><a class=\"mw-file-description\" href=\"./Lêer:Flag_of_Norway.svg\" title=\"Vlag van Noorweë\"><img alt=\"Vlag van Noorweë\" data-file-height=\"372\" data-file-type=\"drawing\" data-file-width=\"512\" decoding=\"async\" height=\"16\" resource=\"./Lêer:Flag_of_Norway.svg\" src=\"//upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/d/d9/Flag_of_Norway.svg/22px-Flag_of_Norway.svg.png\" srcset=\"//upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/d/d9/Flag_of_Norway.svg/33px-Flag_of_Norway.svg.png 1.5x, //upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/d/d9/Flag_of_Norway.svg/44px-Flag_of_Norway.svg.png 2x\" width=\"22\"/></a></span><span typeof=\"mw:Entity\"> </span><a href=\"./Noorweë\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Noorweë\">Noorweë</a></td></tr>\n<tr>\n<td style=\"padding-left: 0.5em;\">Gereguleer deur:</td>\n<td colspan=\"2\" style=\"padding-left: 0.5em;\">Instituut van Noors</td></tr>\n<tr>\n<th about=\"#mwt13\" colspan=\"3\" data-mw='{\"attribs\":[[{\"txt\":\"style\"},{\"html\":\"text-align: center; color: black; background-color: &lt;span typeof=\\\"mw:Nowiki\\\" data-parsoid=\\\"{}\\\"&gt;#ACE1AF&lt;/span&gt;;\"}]]}' style=\"text-align: center; color: black; background-color: #ACE1AF;\" typeof=\"mw:ExpandedAttrs\">Taalkodes</th></tr>\n<tr>\n<td style=\"padding-left: 0.5em;\"><a class=\"mw-redirect\" href=\"./ISO_639-1\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"ISO 639-1\">ISO 639-1</a>:</td>\n<td colspan=\"2\" style=\"padding-left: 0.5em;\"><tt>no</tt></td></tr>\n<tr>\n<td style=\"padding-left: 0.5em;\"><a class=\"mw-redirect\" href=\"./ISO_639-2\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"ISO 639-2\">ISO 639-2</a>:</td>\n<td colspan=\"2\" style=\"padding-left: 0.5em;\"><tt>nor</tt></td></tr>\n<tr>\n<td style=\"padding-left: 0.5em;\"><a class=\"mw-redirect\" href=\"./ISO_639-3\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"ISO 639-3\">ISO 639-3</a>:</td>\n<td colspan=\"2\" style=\"padding-left: 0.5em;\"><tt><a class=\"external text\" href=\"http://www.sil.org/iso639-3/documentation.asp?id=nor\" rel=\"mw:ExtLink nofollow\">nor</a></tt><span typeof=\"mw:Entity\"> </span></td></tr>\n<tr>\n<td colspan=\"3\" style=\"padding: 0; vertical-align: middle;\"><span data-mw='{\"caption\":\"Die taalvoorkeure van Noorse munisipaliteite: Bokmål, Nynorsk of &lt;i data-parsoid=\\\"{}\\\"&gt;Nøytral&lt;/i&gt;. Die laasgenoemde groep gebruik in die praktyk dikwels Bokmål\"}' typeof=\"mw:File\"><a class=\"mw-file-description\" href=\"./Lêer:Norwegianmalforms.png\" title=\"Die taalvoorkeure van Noorse munisipaliteite: Bokmål, Nynorsk of Nøytral. Die laasgenoemde groep gebruik in die praktyk dikwels Bokmål\"><img alt=\"Die taalvoorkeure van Noorse munisipaliteite: Bokmål, Nynorsk of Nøytral. Die laasgenoemde groep gebruik in die praktyk dikwels Bokmål\" data-file-height=\"739\" data-file-type=\"bitmap\" data-file-width=\"593\" decoding=\"async\" height=\"312\" resource=\"./Lêer:Norwegianmalforms.png\" src=\"//upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/e/ef/Norwegianmalforms.png/250px-Norwegianmalforms.png\" srcset=\"//upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/e/ef/Norwegianmalforms.png/375px-Norwegianmalforms.png 1.5x, //upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/e/ef/Norwegianmalforms.png/500px-Norwegianmalforms.png 2x\" width=\"250\"/></a></span></td></tr>\n<tr>\n<td class=\"boilerplate metadata\" colspan=\"3\" style=\"line-height:10pt; padding:0.5em;\"><small><b>Nota</b>: Hierdie bladsy kan IFA fonetiese simbole in Unicode bevat. </small></td></tr>\n</tbody></table>" ], "td_tables": [], "text_length": 12886 }
Shawarma-vleis braai op 'n spit **Shawarma** (/ʃəˈwɑːrmə/; Arabies: شاورما‎) is 'n gewilde Midde-Oosterse gereg wat bestaan uit vleis wat in dun skyfies gesny is, in 'n keëlagtige vorm gestapel en op 'n stadig-draaiende vertikale spit of rotisserie gerooster word. Dit was oorspronklik gemaak met lam of skaapvleis, maar word nou ook van hoender, kalkoen, beesvleis of kalfsvleis gemaak. Dun skywe word van die gaar oppervlak afgekerf terwyl dit voortdurend roteer. Shawarma is een van die wêreld se gewildste straatkosse, veral in Egipte, die lande van die Levant, die Arabiese Skiereiland en die res van die Midde-Ooste. Etimologie ---------- *Shawarma* is 'n Arabiese weergawe van die Turks *çevirme*, verwysend na die draai van die rotisserie. Voorbereiding ------------- Shawarma word berei uit dun snitte gesoute gemarineerde lam, skaap, kalfsvleis, beesvleis, hoender of kalkoen. Die rou snye word sowat 60 cm hoog op 'n staalpen gestapel. Stukke vet kan by die stapel gevoeg word om ekstra sappigheid en geur te verleen. 'n Gemotoriseerde spit draai die stapel vleis stadig voor 'n elektriese of gasaangedrewe verhittingselement, wat die buitenste laag voortdurend rooster. Skaafsels word van die roterende stapel afgesny vir bediening, gewoonlik met 'n lang plat mes. Speserye kan komyn, kardamom, kaneel, borrie en paprika insluit. Shawarma word gewoonlik as 'n toebroodjie of wrap bedien, in 'n platbrood soos pita of laffa. In die Midde-Ooste word hoendershawarma tipies bedien met knoffelsous, aartappelskyfies en piekels. In Sirië en Libanon hang die knoffelsous wat saam met die toebroodjie bedien word van die vleis af. Die sous bekend as *Toum* of *Toumie* wat gemaak word van knoffel, groente-olie, suurlemoen en eierwit of stysel word gewoonlik saam met 'n hoendershawarma bedien. Aan die ander kant word die sous wat bekend staan as *Tarator* wat gemaak word uit knoffel, Tahinisous, suurlemoen en water saam met beesshawarma bedien. In Israel word die meeste shawarma gemaak van donkervleiskalkoen en word gewoonlik saam met tahinisous bedien omdat die bediening van jogurtsous saam met vleis die Joodse dieetbeperking om nie melk en vleis saam te eet, sou oortree. Dit word dikwels versier met blokkies tamaties, komkommers en uie, ingelegde groente, hummus, tahini of *amba* mangosous. Sommige restaurante bied bykomend geroosterde soetrissies, eiervrug of aartappelskyfies aan. Galery ------ * Shawarma in lavashShawarma in lavash * Gemengde shawarmaGemengde shawarma * Sny en voorbereidingSny en voorbereiding
{ "title": "Shawarma", "mostly_tablelist": false, "tablelist_ratio": [ 1455, 3475, 0.418705035971223 ], "infobox": [], "td_tables": [], "text_length": 2546 }
*Hierdie artikel handel oor die etniese groep. Vir die taal, sien Noors.* **Noorweërs** of **Nore** (Noors: *nordmenn*) is die grootste etniese groep in Noorweë, en verreweg die meeste praat Noors as moedertaal. Daar word beraam dat daar wêreldwyd sowat 9,5 miljoen mense van Noorse afkoms is, van wie 4,5 miljoen in Noorweë. Etniese Noorweërs is nasate van Germaanse stamme wat reeds voor die Algemene Jaartelling na Skandinawië getrek het en hulle aan sy suid- en weskus met hulle fjorde gevestig het. Noorse Wikings het hulle vanaf die jaar 825 op die Faroëreilande gevestig, vanaf 874 in Ysland en vanaf 986 in Groenland. Noorse setlaars het hulle daarnaas ook in Noordwes-Europese gebiede soos die huidige Verenigde Koninkryk en Normandië gevestig. Noorweë ------- Tans is daar sowat 4,6 miljoen etniese Noorweërs in Noorweë. Noorweërs is 'n etniese groep van Skandinawië en saam met Swede, Dene, Yslanders en die bewoners van die Faroëreilande regstreekse afstammelinge van die Noormanne. Volgens 'n onlangse genetiese ontleding toon sowel mtDNA- as Y-chromosoom-polimorfismes 'n merkbare genetiese affiniteit tussen Noorweërs (net soos Swede) en ander Middel-Europeërs, veral Duitsers. Noorse emigrasie na Noord-Amerika --------------------------------- Leif Erikson ontdek Kanada en Noord-Amerika 'n Amerikaanse posseël wat ter geleentheid van die eeufeesviering van die Noorse skip *Restauration* se aankoms in die Verenigde State in 1925 uitgereik is Die vroegste Noors-Yslandse setlaar, wat hom in Noord-Amerika gevestig het, was Leif Erikson, wat omstreeks1003 tussen Kaap Cod en Nova Scotia voet aan wal gesit en 'n nedersetting gestig het. In 1620 - die jaar waarin ook die pelgrimvaders aan boord van die *Mayflower* na Nieu-Engeland geseil het - het 'n Deens-Noorse ekspedisie aanspraak gemaak op 'n gebied langs die Hudson-seestraat van Noord-Kanada. Ses jaar later het 'n Noorse seeman met die naam Sand as tolk gedien toe Peter Minuit die skiereiland Manhattan van die Indiaanse Canarsee-stam gekoop het. 'n Dekade later het 'n groep Noorse setlaars hulle in die Sweedse kolonie in die Delawareriviervallei gevestig, terwyl die Nederlandse grondbesitter Jan Vanderbilt in die kolonie New York met 'n Noorse vrou getrou het - die egpaar het die voorsate van een van die welvarendste families in die Nuwe Wêreld geword. Die totale aantal Noorse immigrante in die kolonie Nieu-Nederland het tussen 1630 en 1674 57 mense beloop. Die grootskaalse Noorse immigrasie na Noord-Amerika het in 1825 'n aanvang geneem toe Noorse emigrante vanaf die sloep *Restauration* uit Stavanger in New York-hawe voet aan wal gesit het. Tot by die jaar 1840 het slegs sowat 400 Noorweërs na die Verenigde State geëmigreer, maar tien jaar later het hierdie syfer al gestyg tot sowat 15 000. Kort ná die Amerikaanse Burgeroorlog (1861–1865) het die aantal immigrante weer gegroei, en in 1866 het meer as 15 000 Noorweërs geïmmigreer. In die tydperk voor die Eerste Wêreldoorlog het sowat 750 000 Noorse immigrante in die Verenigde State aangekom. Daar word beraam dat in die tydperk tussen 1825 en 1940 sowat 850 000 Noorweërs na oorsese bestemmings geëmigreer het. As mens hierdie syfer as 'n persentasie van die totale bevolking bereken, het geen ander Europese land buiten Ierland meer emigrante opgelewer nie. Van hierdie emigrante het sowat 'n kwart later teruggekeer na Noorweë, en ná die jaar 1890 het die meeste Noorweërs eerder tydelik in die Verenigde State gaan werk as om hulle permanent daar te vestig. In die Verenigde State se sensus van die jaar 1990 het 3,9 miljoen mense hulself as nakomelinge van Noorse immigrante beskryf, terwyl daar in Kanada volgens die sensus van 2001 363 760 mense van Noorse afkoms was. Ander groot groepe afstammelinge van Noorse immigrante word in lande soos Kanada, Australië en Nieu-Seeland aangetref. Vandag is sowat 6,5 miljoen mense wêreldwyd van Noorse afkoms. Bronne ------ * Bjork, Kenneth O.: *West of the Great Divide: Norwegian Migration to the Pacific Coast 1847–1893*. Northfield, MN: Norwegian-American Historical Association 1958 * Blegen, Theodore C.: *Norwegian Migration to America 1825–1860*. New York, NY: Arno Press 1969 * Blegen, Theodore C.: *Norwegian Migration to America. The American Transition*. Northfield, MN: Norwegian-American Historical Association 1940 * Føllesdal, John: *Ancestors from Norway: An introduction to Norwegian genealogy research*. Webwerf: ) * Rasmussen, Janet E. (red.): *New Land Lives: Scandinavian Immigrants to the Pacific Northwest*. Northfield, MN: Norwegian-American Historical Association 1993
{ "title": "Noorweërs", "mostly_tablelist": false, "tablelist_ratio": [ 2047, 5329, 0.3841246012385063 ], "infobox": [ "<table about=\"#mwt9\" align=\"right\" cellpadding=\"3\" class=\"infobox bordered\" data-mw='{\"parts\":[{\"template\":{\"target\":{\"wt\":\"Etniese groep\\n\",\"href\":\"./Sjabloon:Etniese_groep\"},\"params\":{\"groep\":{\"wt\":\"Noorweërs (Nore)\"},\"beeld\":{\"wt\":\"[[Lêer:Norwegians (ethnicgroup)b.png|300px]]\"},\"onderskrif\":{\"wt\":\"\"},\"bevolking\":{\"wt\":\"10 tot 12 miljoen volgens skattings\"},\"plek\":{\"wt\":\"{{vlagland|Noorweë}} 4,3 miljoen&lt;ref&gt;Totale bevolking van Noorweë: 4&amp;nbsp;681&amp;nbsp;400 [http://www.ssb.no/english/subjects/02/01/10/folkber_en/]) - immigrante (387&amp;nbsp;000 [http://www.ssb.no/english/subjects/02/01/10/innvbef_en/]) =~ 4,3 miljoen&lt;/ref&gt;&lt;br /&gt;\\n{{vlagland|Verenigde State}} 4,4 miljoen&lt;ref&gt;{{en}} {{cite web|url=http://factfinder2.census.gov/faces/tableservices/jsf/pages/productview.xhtml?pid=ACS_12_1YR_B04003&amp;prodType=table|title=Total Ancestry Reported|publisher=United States Census Bureau|date=2012|accessdate=1 April 2016}}&lt;/ref&gt;&lt;br /&gt;\\n{{vlagland|Kanada}} 363&amp;nbsp;760&lt;ref&gt;{{Cite web |url=http://www12.statcan.ca/english/census01/products/highlight/ETO/Table1.cfm?Lang=E&amp;T=501&amp;GV=1&amp;GID=0 |title=argiefkopie |access-date=17 Januarie 2008 |archive-date= 9 April 2013 |archive-url=https://web.archive.org/web/20130409060848/http://www12.statcan.ca/english/census01/products/highlight/ETO/Table1.cfm?Lang=E&amp;T=501&amp;GV=1&amp;GID=0 |url-status=dead }}&lt;/ref&gt;&lt;br /&gt;\\n{{vlagland|Brasilië}} 150&amp;nbsp;000–350&amp;nbsp;000&lt;br /&gt;\\n{{vlagland|Argentinië}} 50&amp;nbsp;000–200&amp;nbsp;000&lt;br /&gt;\\n{{vlagland|Swede}} 44&amp;nbsp;773&lt;ref&gt;[http://www.scb.se/statistik/_publikationer/BE0101_2005A01_BR_BE0106TAB.pdf] Sweedse statistieke van 2005. Aantal Noorweërs in Swede op bl. 20&lt;/ref&gt;&lt;br /&gt;\\n{{vlagland|Chili}} 25&amp;nbsp;000–60&amp;nbsp;000&lt;br /&gt;\\n{{vlagland|Denemarke}} 15&amp;nbsp;782&lt;ref&gt;Deense statistieke van Oktober 2005.[http://www.dst.dk/asp2xml/external/external.asp?title=Nyt%20fra%20Danmarks%20Statistik:%C2%A0Nr.%20478,%208.%20november%202005&amp;ancestor=Gratis%20statistik&amp;file=/asp2xml/PUK/udgivelser/get_file.asp?id=8062&amp;show=pdf]&lt;/ref&gt;&lt;br /&gt;\\n{{vlagland|Uruguay}} 15&amp;nbsp;000–30&amp;nbsp;000&lt;br /&gt;\\n{{vlagland|Australië}} 15&amp;nbsp;000&lt;ref&gt;[http://www.abs.gov.au/ausstats/abs@.nsf/7d12b0f6763c78caca257061001cc588/af5129cb50e07099ca2570eb0082e462!OpenDocument]&lt;/ref&gt;&lt;br /&gt;\\n{{vlagland|Spanje}} 12&amp;nbsp;586&lt;ref&gt;[http://www.ine.es/prodyser/pubweb/anuario06/anu06_02demog.pdf]&lt;/ref&gt;&lt;br /&gt;\\n{{vlagland|Verenigde Koninkryk}} 10&amp;nbsp;000&lt;br /&gt;\\n{{vlagland|Duitsland}} 6&amp;nbsp;251&lt;ref&gt;[http://www.destatis.de/basis/e/bevoe/bevoetab10.htm]&lt;/ref&gt;\"},\"taal\":{\"wt\":\"[[Noors]]\"},\"geloof\":{\"wt\":\"Hoofsaaklik [[Lutheranisme]]\"},\"verwante\":{\"wt\":\"Ander [[Germane|Germaanse volke]] soos [[Dene]], [[Duitsers]], [[Faroërs]], [[Swede (volk)|Swede]] en [[Yslanders]], asook die Keltiese bewoners van die eiland [[Man (eiland)|Man]]\"}},\"i\":0}}]}' id=\"mwBg\" style=\"width: 22em; font-size: 95%; text-align: left;\" typeof=\"mw:Transclusion\">\n<tbody><tr><th colspan=\"2\" style=\"text-align: center; font-size: larger; background-color: #b08261; color: #fee8ab;\">Noorweërs (Nore)</th></tr>\n<tr>\n<td colspan=\"2\" style=\"text-align: center;\"><span typeof=\"mw:File\"><a class=\"mw-file-description\" href=\"./Lêer:Norwegians_(ethnicgroup)b.png\"><img data-file-height=\"792\" data-file-type=\"bitmap\" data-file-width=\"599\" decoding=\"async\" height=\"397\" resource=\"./Lêer:Norwegians_(ethnicgroup)b.png\" src=\"//upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/1/14/Norwegians_%28ethnicgroup%29b.png/300px-Norwegians_%28ethnicgroup%29b.png\" srcset=\"//upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/1/14/Norwegians_%28ethnicgroup%29b.png/450px-Norwegians_%28ethnicgroup%29b.png 1.5x, //upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/1/14/Norwegians_%28ethnicgroup%29b.png 2x\" width=\"300\"/></a></span><br/></td></tr>\n<tr>\n<th style=\"background-color: #fee8ab;\">Totale bevolking:</th>\n<td style=\"background-color: #fff6d9;\">10 tot 12 miljoen volgens skattings</td></tr>\n<tr>\n<th style=\"background-color: #fee8ab;\">Belangrike bevolkings <span typeof=\"mw:Entity\"> </span>in:</th>\n<td style=\"background-color: #fff6d9;\"><span class=\"mw-image-border\" data-mw='{\"caption\":\"Vlag van Noorweë\"}' typeof=\"mw:File\"><a class=\"mw-file-description\" href=\"./Lêer:Flag_of_Norway.svg\" title=\"Vlag van Noorweë\"><img alt=\"Vlag van Noorweë\" data-file-height=\"372\" data-file-type=\"drawing\" data-file-width=\"512\" decoding=\"async\" height=\"16\" resource=\"./Lêer:Flag_of_Norway.svg\" src=\"//upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/d/d9/Flag_of_Norway.svg/22px-Flag_of_Norway.svg.png\" srcset=\"//upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/d/d9/Flag_of_Norway.svg/33px-Flag_of_Norway.svg.png 1.5x, //upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/d/d9/Flag_of_Norway.svg/44px-Flag_of_Norway.svg.png 2x\" width=\"22\"/></a></span><span typeof=\"mw:Entity\"> </span><a href=\"./Noorweë\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Noorweë\">Noorweë</a> 4,3 miljoen<br/>\n<p><span class=\"mw-image-border\" data-mw='{\"caption\":\"Vlag van Verenigde State van Amerika\"}' typeof=\"mw:File\"><a class=\"mw-file-description\" href=\"./Lêer:Flag_of_the_United_States.svg\" title=\"Vlag van Verenigde State van Amerika\"><img alt=\"Vlag van Verenigde State van Amerika\" data-file-height=\"650\" data-file-type=\"drawing\" data-file-width=\"1235\" decoding=\"async\" height=\"12\" resource=\"./Lêer:Flag_of_the_United_States.svg\" src=\"//upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/a/a4/Flag_of_the_United_States.svg/22px-Flag_of_the_United_States.svg.png\" srcset=\"//upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/a/a4/Flag_of_the_United_States.svg/33px-Flag_of_the_United_States.svg.png 1.5x, //upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/a/a4/Flag_of_the_United_States.svg/44px-Flag_of_the_United_States.svg.png 2x\" width=\"22\"/></a></span><span typeof=\"mw:Entity\"> </span><a href=\"./Verenigde_State_van_Amerika\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Verenigde State van Amerika\">Verenigde State</a> 4,4 miljoen<br/>\n<span class=\"mw-image-border\" data-mw='{\"caption\":\"Vlag van Kanada\"}' typeof=\"mw:File\"><a class=\"mw-file-description\" href=\"./Lêer:Flag_of_Canada_(Pantone).svg\" title=\"Vlag van Kanada\"><img alt=\"Vlag van Kanada\" data-file-height=\"600\" data-file-type=\"drawing\" data-file-width=\"1200\" decoding=\"async\" height=\"11\" resource=\"./Lêer:Flag_of_Canada_(Pantone).svg\" src=\"//upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/d/d9/Flag_of_Canada_%28Pantone%29.svg/22px-Flag_of_Canada_%28Pantone%29.svg.png\" srcset=\"//upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/d/d9/Flag_of_Canada_%28Pantone%29.svg/33px-Flag_of_Canada_%28Pantone%29.svg.png 1.5x, //upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/d/d9/Flag_of_Canada_%28Pantone%29.svg/44px-Flag_of_Canada_%28Pantone%29.svg.png 2x\" width=\"22\"/></a></span><span typeof=\"mw:Entity\"> </span><a href=\"./Kanada\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Kanada\">Kanada</a> 363<span typeof=\"mw:Entity\"> </span>760<br/>\n<span class=\"mw-image-border\" data-mw='{\"caption\":\"Vlag van Brasilië\"}' typeof=\"mw:File\"><a class=\"mw-file-description\" href=\"./Lêer:Flag_of_Brazil.svg\" title=\"Vlag van Brasilië\"><img alt=\"Vlag van Brasilië\" data-file-height=\"525\" data-file-type=\"drawing\" data-file-width=\"749\" decoding=\"async\" height=\"15\" resource=\"./Lêer:Flag_of_Brazil.svg\" src=\"//upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/0/05/Flag_of_Brazil.svg/22px-Flag_of_Brazil.svg.png\" srcset=\"//upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/0/05/Flag_of_Brazil.svg/33px-Flag_of_Brazil.svg.png 1.5x, //upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/0/05/Flag_of_Brazil.svg/44px-Flag_of_Brazil.svg.png 2x\" width=\"22\"/></a></span><span typeof=\"mw:Entity\"> </span><a href=\"./Brasilië\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Brasilië\">Brasilië</a> 150<span typeof=\"mw:Entity\"> </span>000–350<span typeof=\"mw:Entity\"> </span>000<br/>\n<span class=\"mw-image-border\" data-mw='{\"caption\":\"Vlag van Argentinië\"}' typeof=\"mw:File\"><a class=\"mw-file-description\" href=\"./Lêer:Flag_of_Argentina.svg\" title=\"Vlag van Argentinië\"><img alt=\"Vlag van Argentinië\" data-file-height=\"500\" data-file-type=\"drawing\" data-file-width=\"800\" decoding=\"async\" height=\"14\" resource=\"./Lêer:Flag_of_Argentina.svg\" src=\"//upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/1/1a/Flag_of_Argentina.svg/22px-Flag_of_Argentina.svg.png\" srcset=\"//upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/1/1a/Flag_of_Argentina.svg/33px-Flag_of_Argentina.svg.png 1.5x, //upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/1/1a/Flag_of_Argentina.svg/44px-Flag_of_Argentina.svg.png 2x\" width=\"22\"/></a></span><span typeof=\"mw:Entity\"> </span><a href=\"./Argentinië\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Argentinië\">Argentinië</a> 50<span typeof=\"mw:Entity\"> </span>000–200<span typeof=\"mw:Entity\"> </span>000<br/>\n<span class=\"mw-image-border\" data-mw='{\"caption\":\"Vlag van Swede\"}' typeof=\"mw:File\"><a class=\"mw-file-description\" href=\"./Lêer:Flag_of_Sweden.svg\" title=\"Vlag van Swede\"><img alt=\"Vlag van Swede\" data-file-height=\"320\" data-file-type=\"drawing\" data-file-width=\"512\" decoding=\"async\" height=\"14\" resource=\"./Lêer:Flag_of_Sweden.svg\" src=\"//upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/4/4c/Flag_of_Sweden.svg/22px-Flag_of_Sweden.svg.png\" srcset=\"//upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/4/4c/Flag_of_Sweden.svg/33px-Flag_of_Sweden.svg.png 1.5x, //upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/4/4c/Flag_of_Sweden.svg/44px-Flag_of_Sweden.svg.png 2x\" width=\"22\"/></a></span><span typeof=\"mw:Entity\"> </span><a href=\"./Swede\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Swede\">Swede</a> 44<span typeof=\"mw:Entity\"> </span>773<br/>\n<span class=\"mw-image-border\" data-mw='{\"caption\":\"Vlag van Chili\"}' typeof=\"mw:File\"><a class=\"mw-file-description\" href=\"./Lêer:Flag_of_Chile.svg\" title=\"Vlag van Chili\"><img alt=\"Vlag van Chili\" data-file-height=\"600\" data-file-type=\"drawing\" data-file-width=\"900\" decoding=\"async\" height=\"15\" resource=\"./Lêer:Flag_of_Chile.svg\" src=\"//upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/7/78/Flag_of_Chile.svg/22px-Flag_of_Chile.svg.png\" srcset=\"//upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/7/78/Flag_of_Chile.svg/33px-Flag_of_Chile.svg.png 1.5x, //upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/7/78/Flag_of_Chile.svg/44px-Flag_of_Chile.svg.png 2x\" width=\"22\"/></a></span><span typeof=\"mw:Entity\"> </span><a href=\"./Chili\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Chili\">Chili</a> 25<span typeof=\"mw:Entity\"> </span>000–60<span typeof=\"mw:Entity\"> </span>000<br/>\n<span class=\"mw-image-border\" data-mw='{\"caption\":\"Vlag van Denemarke\"}' typeof=\"mw:File\"><a class=\"mw-file-description\" href=\"./Lêer:Flag_of_Denmark.svg\" title=\"Vlag van Denemarke\"><img alt=\"Vlag van Denemarke\" data-file-height=\"387\" data-file-type=\"drawing\" data-file-width=\"512\" decoding=\"async\" height=\"17\" resource=\"./Lêer:Flag_of_Denmark.svg\" src=\"//upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/9/9c/Flag_of_Denmark.svg/22px-Flag_of_Denmark.svg.png\" srcset=\"//upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/9/9c/Flag_of_Denmark.svg/33px-Flag_of_Denmark.svg.png 1.5x, //upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/9/9c/Flag_of_Denmark.svg/44px-Flag_of_Denmark.svg.png 2x\" width=\"22\"/></a></span><span typeof=\"mw:Entity\"> </span><a href=\"./Denemarke\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Denemarke\">Denemarke</a> 15<span typeof=\"mw:Entity\"> </span>782<br/>\n<span class=\"mw-image-border\" data-mw='{\"caption\":\"Vlag van Uruguay\"}' typeof=\"mw:File\"><a class=\"mw-file-description\" href=\"./Lêer:Flag_of_Uruguay.svg\" title=\"Vlag van Uruguay\"><img alt=\"Vlag van Uruguay\" data-file-height=\"630\" data-file-type=\"drawing\" data-file-width=\"945\" decoding=\"async\" height=\"15\" resource=\"./Lêer:Flag_of_Uruguay.svg\" src=\"//upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/f/fe/Flag_of_Uruguay.svg/22px-Flag_of_Uruguay.svg.png\" srcset=\"//upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/f/fe/Flag_of_Uruguay.svg/33px-Flag_of_Uruguay.svg.png 1.5x, //upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/f/fe/Flag_of_Uruguay.svg/44px-Flag_of_Uruguay.svg.png 2x\" width=\"22\"/></a></span><span typeof=\"mw:Entity\"> </span><a href=\"./Uruguay\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Uruguay\">Uruguay</a> 15<span typeof=\"mw:Entity\"> </span>000–30<span typeof=\"mw:Entity\"> </span>000<br/>\n<span class=\"mw-image-border\" data-mw='{\"caption\":\"Vlag van Australië\"}' typeof=\"mw:File\"><a class=\"mw-file-description\" href=\"./Lêer:Flag_of_Australia.svg\" title=\"Vlag van Australië\"><img alt=\"Vlag van Australië\" data-file-height=\"640\" data-file-type=\"drawing\" data-file-width=\"1280\" decoding=\"async\" height=\"11\" resource=\"./Lêer:Flag_of_Australia.svg\" src=\"//upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/b/b9/Flag_of_Australia.svg/22px-Flag_of_Australia.svg.png\" srcset=\"//upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/b/b9/Flag_of_Australia.svg/33px-Flag_of_Australia.svg.png 1.5x, //upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/b/b9/Flag_of_Australia.svg/44px-Flag_of_Australia.svg.png 2x\" width=\"22\"/></a></span><span typeof=\"mw:Entity\"> </span><a href=\"./Australië\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Australië\">Australië</a> 15<span typeof=\"mw:Entity\"> </span>000<br/>\n<span class=\"mw-image-border\" data-mw='{\"caption\":\"Vlag van Spanje\"}' typeof=\"mw:File\"><a class=\"mw-file-description\" href=\"./Lêer:Flag_of_Spain.svg\" title=\"Vlag van Spanje\"><img alt=\"Vlag van Spanje\" data-file-height=\"500\" data-file-type=\"drawing\" data-file-width=\"750\" decoding=\"async\" height=\"15\" resource=\"./Lêer:Flag_of_Spain.svg\" src=\"//upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/9/9a/Flag_of_Spain.svg/22px-Flag_of_Spain.svg.png\" srcset=\"//upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/9/9a/Flag_of_Spain.svg/33px-Flag_of_Spain.svg.png 1.5x, //upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/9/9a/Flag_of_Spain.svg/44px-Flag_of_Spain.svg.png 2x\" width=\"22\"/></a></span><span typeof=\"mw:Entity\"> </span><a href=\"./Spanje\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Spanje\">Spanje</a> 12<span typeof=\"mw:Entity\"> </span>586<br/>\n<span class=\"mw-image-border\" data-mw='{\"caption\":\"Vlag van Verenigde Koninkryk\"}' typeof=\"mw:File\"><a class=\"mw-file-description\" href=\"./Lêer:Flag_of_the_United_Kingdom_(3-5).svg\" title=\"Vlag van Verenigde Koninkryk\"><img alt=\"Vlag van Verenigde Koninkryk\" data-file-height=\"600\" data-file-type=\"drawing\" data-file-width=\"1000\" decoding=\"async\" height=\"13\" resource=\"./Lêer:Flag_of_the_United_Kingdom_(3-5).svg\" src=\"//upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/8/83/Flag_of_the_United_Kingdom_%283-5%29.svg/22px-Flag_of_the_United_Kingdom_%283-5%29.svg.png\" srcset=\"//upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/8/83/Flag_of_the_United_Kingdom_%283-5%29.svg/33px-Flag_of_the_United_Kingdom_%283-5%29.svg.png 1.5x, //upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/8/83/Flag_of_the_United_Kingdom_%283-5%29.svg/44px-Flag_of_the_United_Kingdom_%283-5%29.svg.png 2x\" width=\"22\"/></a></span><span typeof=\"mw:Entity\"> </span><a href=\"./Verenigde_Koninkryk\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Verenigde Koninkryk\">Verenigde Koninkryk</a> 10<span typeof=\"mw:Entity\"> </span>000<br/>\n<span class=\"mw-image-border\" data-mw='{\"caption\":\"Vlag van Duitsland\"}' typeof=\"mw:File\"><a class=\"mw-file-description\" href=\"./Lêer:Flag_of_Germany.svg\" title=\"Vlag van Duitsland\"><img alt=\"Vlag van Duitsland\" data-file-height=\"600\" data-file-type=\"drawing\" data-file-width=\"1000\" decoding=\"async\" height=\"13\" resource=\"./Lêer:Flag_of_Germany.svg\" src=\"//upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/b/ba/Flag_of_Germany.svg/22px-Flag_of_Germany.svg.png\" srcset=\"//upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/b/ba/Flag_of_Germany.svg/33px-Flag_of_Germany.svg.png 1.5x, //upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/b/ba/Flag_of_Germany.svg/44px-Flag_of_Germany.svg.png 2x\" width=\"22\"/></a></span><span typeof=\"mw:Entity\"> </span><a href=\"./Duitsland\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Duitsland\">Duitsland</a> 6<span typeof=\"mw:Entity\"> </span>251</p></td></tr>\n<tr>\n<th style=\"background-color: #fee8ab;\">Taal:</th>\n<td style=\"background-color: #fff6d9;\"><a href=\"./Noors\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Noors\">Noors</a></td></tr>\n<tr>\n<th style=\"background-color: #fee8ab;\">Geloofsoortuiging:</th>\n<td style=\"background-color: #fff6d9;\">Hoofsaaklik <a href=\"./Lutheranisme\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Lutheranisme\">Lutheranisme</a></td></tr>\n<tr>\n<th style=\"background-color: #fee8ab;\">Verwante etniese groepe:</th>\n<td style=\"background-color: #fff6d9;\">Ander <a href=\"./Germane\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Germane\">Germaanse volke</a> soos <a href=\"./Dene\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Dene\">Dene</a>, <a href=\"./Duitsers\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Duitsers\">Duitsers</a>, <a href=\"./Faroërs\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Faroërs\">Faroërs</a>, <a href=\"./Swede_(volk)\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Swede (volk)\">Swede</a> en <a href=\"./Yslanders\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Yslanders\">Yslanders</a>, asook die Keltiese bewoners van die eiland <a href=\"./Man_(eiland)\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Man (eiland)\">Man</a></td></tr>\n</tbody></table>" ], "td_tables": [], "text_length": 4615 }
***Noot vir Noot*** is 'n Afrikaanse musikale televisievasvraekompetiesie uitgesaai op SABC2. Dit is die oudste aaneenlopende televisiereeks in Suid-Afrika. Die huidige aanbieder is Emo Adams. Die eerste episode is in 1991 uitgesaai en is vir 18 jaar lank tot en met 27 Januarie 2019 aangebied deur Johan Stemmet. Die produksiemaatskappy is Stemmburg Televisie, vernoem na sy stigters Stemmet en die voormalige musiekleier Johan van Rensburg. Die produsente het sedert 2004 die basiese programformaat op 'n jaarlikse landwyd toer geneem. 'n Bordspelweergawe van die vertoning is ook beskikbaar. Noemenswaardige wenners in die verlede sluit Zelda Meyer (die onoorwonne kampioen) en Daantjie Badenhorst in. Die formaat van die program is aangepas om die eerste blinde deelnemer, Ferdinand Venter, in te sluit. *Noot vir Noot* se 600ste episode is in 2014 uitgesaai. Programformaat -------------- Daar is vier deelnemers in elke aflewering. 'n Aantal musikale leidrade word voorgedoen en moet geïdentifiseer word. Die eerste episode word gevolg deur semi-finale en 'n finale episode. Elke episode eindig met die optrede van 'n gaskunstenaar. Die musiek op *Noot vir Noot* is histories uitgevoer deur die regstreekse musiekgroep *Die Musiekfabriek*, wat tot 2012 gelei is deur medestigter van die program, Johan van Rensburg. *Noot vir Noot* het in Desember 2010 *Potpourri* geopen met die gewildste medley's uit die afgelope seisoene. ### Orkes Die orkeslede tydens reeks 41 was: * Jaconell Mouton (klawerborde en orkesleier) * Riaan van Rensburg (slagwerk) * David Klassen (tromme) * Luke van der Merwe (kitaar) * Annelene Malan (baskitaar) * Nathan Smith (kitaar)
{ "title": "<i>Noot vir Noot</i>", "mostly_tablelist": false, "tablelist_ratio": [ 962, 2210, 0.43529411764705883 ], "infobox": [ "<table about=\"#mwt2\" cellspacing=\"5\" class=\"infobox vevent\" data-mw='{\"parts\":[{\"template\":{\"target\":{\"wt\":\"Inligtingskas Televisiereeks\\n\",\"href\":\"./Sjabloon:Inligtingskas_Televisiereeks\"},\"params\":{\"reeksnaam\":{\"wt\":\"Noot vir Noot\"},\"beeld\":{\"wt\":\"\"},\"onderskrif\":{\"wt\":\"\"},\"reeksnaam_2\":{\"wt\":\"\"},\"genre\":{\"wt\":\"Musiek\"},\"formaat\":{\"wt\":\"\"},\"skepper\":{\"wt\":\"\"},\"ontwikkelaar\":{\"wt\":\"Stemmburg Televisie\"},\"skrywer\":{\"wt\":\"\"},\"regisseur\":{\"wt\":\"\"},\"kreatiewe regisseur\":{\"wt\":\"\"},\"aanbieder\":{\"wt\":\"[[Johan Stemmet]] (1991–2019)&lt;br /&gt;[[Emo Adams]] (sedert 2019)\"},\"rolverdeling\":{\"wt\":\"\"},\"beoordelaars\":{\"wt\":\"\"},\"stemme\":{\"wt\":\"\"},\"verteller\":{\"wt\":\"\"},\"temamusiekkomponis\":{\"wt\":\"\"},\"openingstema\":{\"wt\":\"\"},\"afsluitingstema\":{\"wt\":\"\"},\"komponis\":{\"wt\":\"\"},\"oorsprongsland\":{\"wt\":\"{{vlagland|Suid-Afrika}}\"},\"taal\":{\"wt\":\"[[Afrikaans]]\"},\"aantal_seisoene\":{\"wt\":\"\"},\"aantal_episodes\":{\"wt\":\"44\"},\"episodelys\":{\"wt\":\"\"},\"uitvoerende_vervaardiger\":{\"wt\":\"\"},\"vervaardiger\":{\"wt\":\"Stemmburg Televisie\"},\"redigeerder\":{\"wt\":\"\"},\"lokasie\":{\"wt\":\"\"},\"kinematografie\":{\"wt\":\"\"},\"kamera\":{\"wt\":\"\"},\"looptydperk\":{\"wt\":\"60 minuut\"},\"maatskappy\":{\"wt\":\"[[Suid-Afrikaanse Uitsaaikorporasie|SAUK]]\"},\"verspreider\":{\"wt\":\"\"},\"netwerk\":{\"wt\":\"SAUK2\"},\"beeldformaat\":{\"wt\":\"NTSC (480i) (1991–2017) HDTV 720p (2017–)\"},\"klankformaat\":{\"wt\":\"\"},\"eerste_lopie\":{\"wt\":\"1991\"},\"eerste_uitsending\":{\"wt\":\"\"},\"laaste_uitsending\":{\"wt\":\"\"},\"status\":{\"wt\":\"\"},\"voorafgegaan_deur\":{\"wt\":\"\"},\"opgevolg_deur\":{\"wt\":\"\"},\"verwant\":{\"wt\":\"\"},\"webwerf\":{\"wt\":\"\"},\"produksiewebwerf\":{\"wt\":\"\"}},\"i\":0}}]}' id=\"mwAw\" style=\"width: 24em; text-align: left; font-size: 88%; line-height: 1.5em; \" typeof=\"mw:Transclusion\">\n<tbody><tr><td about=\"#mwt6\" class=\"summary\" colspan=\"2\" data-mw='{\"attribs\":[[{\"txt\":\"style\"},{\"html\":\"text-align:center; font-size: 125%; font-weight: bold; background-color:&lt;span typeof=\\\"mw:Nowiki\\\" data-parsoid=\\\"{}\\\"&gt;#&lt;/span&gt;C6C9FF; color: #000 ; font-style: italic;\"}]]}' style=\"text-align:center; font-size: 125%; font-weight: bold; background-color:#C6C9FF; color: #000 ; font-style: italic;\" typeof=\"mw:ExpandedAttrs\">Noot vir Noot</td></tr> <tr><th style=\"\">Genre</th>\n<td class=\"\" style=\"\">Musiek</td></tr> <tr><th style=\"\">Ontwikkel deur</th>\n<td class=\"\" style=\"\">Stemmburg Televisie</td></tr> <tr><th style=\"\">Aangebied deur</th>\n<td class=\"\" style=\"\"><a href=\"./Johan_Stemmet\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Johan Stemmet\">Johan Stemmet</a> (1991–2019)<br/><a href=\"./Emo_Adams\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Emo Adams\">Emo Adams</a> (sedert 2019)</td></tr> <tr><th style=\"\">Oorsprong</th>\n<td class=\"\" style=\"\"><span class=\"mw-image-border\" data-mw='{\"caption\":\"Vlag van Suid-Afrika\"}' typeof=\"mw:File\"><a class=\"mw-file-description\" href=\"./Lêer:Flag_of_South_Africa.svg\" title=\"Vlag van Suid-Afrika\"><img alt=\"Vlag van Suid-Afrika\" data-file-height=\"267\" data-file-type=\"drawing\" data-file-width=\"400\" decoding=\"async\" height=\"15\" resource=\"./Lêer:Flag_of_South_Africa.svg\" src=\"//upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/a/af/Flag_of_South_Africa.svg/22px-Flag_of_South_Africa.svg.png\" srcset=\"//upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/a/af/Flag_of_South_Africa.svg/33px-Flag_of_South_Africa.svg.png 1.5x, //upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/a/af/Flag_of_South_Africa.svg/44px-Flag_of_South_Africa.svg.png 2x\" width=\"22\"/></a></span><span typeof=\"mw:Entity\"> </span><a href=\"./Suid-Afrika\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Suid-Afrika\">Suid-Afrika</a></td></tr> <tr><th style=\"\">Taal</th>\n<td class=\"\" style=\"\"><a href=\"./Afrikaans\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Afrikaans\">Afrikaans</a></td></tr> <tr><th style=\"\">Aantal episodes</th>\n<td class=\"\" style=\"\">44</td></tr> <tr><th about=\"#mwt7\" colspan=\"2\" data-mw='{\"attribs\":[[{\"txt\":\"style\"},{\"html\":\"text-align:center; background-color:&lt;span typeof=\\\"mw:Nowiki\\\" data-parsoid=\\\"{}\\\"&gt;#&lt;/span&gt;C6C9FF; color: #000\"}]]}' style=\"text-align:center; background-color:#C6C9FF; color: #000\" typeof=\"mw:ExpandedAttrs\">Produksie</th></tr> <tr><th style=\"\">Vervaardiger(s)</th>\n<td class=\"\" style=\"\">Stemmburg Televisie</td></tr> <tr><th style=\"\">Looptydperk</th>\n<td class=\"\" style=\"\">60 minuut</td></tr> <tr><th style=\"\">Produksiemaatskappy</th>\n<td class=\"\" style=\"\"><a href=\"./Suid-Afrikaanse_Uitsaaikorporasie\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Suid-Afrikaanse Uitsaaikorporasie\">SAUK</a></td></tr> <tr><th about=\"#mwt8\" colspan=\"2\" data-mw='{\"attribs\":[[{\"txt\":\"style\"},{\"html\":\"text-align:center; background-color:&lt;span typeof=\\\"mw:Nowiki\\\" data-parsoid=\\\"{}\\\"&gt;#&lt;/span&gt;C6C9FF; color: #000\"}]]}' style=\"text-align:center; background-color:#C6C9FF; color: #000\" typeof=\"mw:ExpandedAttrs\">Uitsending</th></tr> <tr><th style=\"\">Oorspronklike kanaal</th>\n<td class=\"\" style=\"\">SAUK2</td></tr> <tr><th style=\"\">Beeldformaat</th>\n<td class=\"\" style=\"\">NTSC (480i) (1991–2017) HDTV 720p (2017–)</td></tr> <tr><th style=\"\">Eerste lopie</th>\n<td class=\"\" style=\"\">1991</td></tr>\n</tbody></table>" ], "td_tables": [], "text_length": 1672 }
| | | | --- | --- | | | **Hierdie artikel moet skoongemaak of andersins verbeter word.**Hierdie artikel voldoen nie tans aan die hoë gehaltestandaarde waarna Wikipedia streef nie. Voel vry om self in te spring en verbeterings te maak, en verwyder hierdie kennisgewing ná die tyd. Vir meer hulp, sien die redigeringshulp. Daar is moontlik kommentaar in die artikel of op die besprekingsblad oor wat verbeter moet word. | Om die jaarlikse vervoerkapasiteit tot 110 miljard kubieke meter te verdubbel, is 'n nuwe pyplyn, **Nord Stream 2**, tans in aanbou. Die Russiese Federasie gee voorkeur aan pyplyne in die Oossee nadat Oekraïne pogings aangewend het om landpyplyne as politieke en ekonomiese drukmiddel te misbruik. Nadat Oekraïne saam met Pole lobbiewerk in Washington gedoen het om die projek te dwarsboom, het die Verenigde State - wat met sy eie vloeibare gasuitvoere tans nie met die Russiese Federasie kan meeding nie - sanksies teen ondernemings ingestel wat by Nord Stream 2 betrokke is, onder meer met spesiale skepe wat gaspype onderwater kan aanlê. Toe hierdie sanksies ingestel is, was die tot dusver voltooide gedeelte van die pyplyn nog sowat 150 km van die Duitse kus af. As rede word aangevoer dat Duitsland op grootskaalse gasuitvoere aangewese is en sodoende kwesbaar sal wees vir politieke druk uit Moskou as die Russiese markaandeel verhoog word. Ontleders wys egter daarop dat Rusland self aangewese is op buitelandse valuta wat met gasuitvoere verdien kan word en in die verlede altyd 'n betroubare handelsvennoot was, selfs op die hoogtepunt van die Koue Oorlog. Terwyl Moskou teensanksies aangekondig het, word die voltooiing van Nord Stream 2 met enkele maande vertraag voordat 'n alternatiewe oplossing gevind kan word - deur middel van 'n Russiese skip wat uit die Verre Ooste na die Oossee gestuur sal word, of deur die aankoop van nuwe vaartuie in Asië. Blykbaar verkies *Gazprom* om Nord Stream 2 self te voltooi. Tans beskik die Russiese Federasie oor twee skepe wat teoreties gebruik kan word om die pyplyn te voltooi. Nogtans is daar tegniese en logistieke kwessies. So moet op een van die twee vaartuie, *Fortuna*, vooraf nog 'n posisioneringstelsel geïnstalleer word. Die tweede skip, die *Akademik Cherski*, het in Januarie 2020 nog in 'n Russiese Stille Oseaanhawe voor anker gelê. Die vaart na die Oossee sal enkele weke neem.
{ "title": "Nord Stream 2", "mostly_tablelist": false, "tablelist_ratio": [ 597, 2246, 0.26580587711487086 ], "infobox": [], "td_tables": [], "text_length": 2378 }
**Foedji** (富士山, *Fuji-san*?, IFA: [ɸɯʥisaɴ]) *luister (hulp·inligting)*, is teen 3 776 m bo seevlak die hoogste berg in Japan. Dit is 'n dormante vulkaan wat in 1707–1708 laas uitgebars het. Dit is geleë op die grens van die Shizuoka en Yamanashi prefekture net wes van Tokio van waar dit op 'n helderlugdag gesien kan word. Dit is dus naby die Stille Oseaankus van sentrale Honsjoe geleë. Drie klein stede is om die berg geleë, naamlik: Gotemba (oos), Foedjijosjida (noord) en Foedjinomija (suidwes). Saam met die Japannese Alpe vorm Berg Foedji die belangrikste gebergtes van die Japanse Argipel. *Suidewind, blou hemel*, blokdruk deur Katsushika Hokusai, 19de eeu Berg Foedji se buitengewoon simmetriese keël is 'n bekende simbool van Japan wat dikwels in kuns en fotografie uitgebeeld word. Die berg is gewild onder toeriste en bergklimmers. Foedji behoort tot die Stille Oseaan se Ring van Vuur, vervolgens kan vulkaanuitbarstings en aardbewings hier gebeur. Die berg is op 22 Junie 2013 deur Unesco as wêrelderfenisgebied gelys. Agtergrond ---------- Dit is die tweede hoogste vulkaan wat op 'n eiland in Asië geleë is (ná berg Kerinci op die eiland Soematra), en die sewende hoogste piek van 'n eiland op aarde. Berg Foedji is 'n aktiewe stratovulkaan wat laas van 1707 tot 1708 uitgebars het. Die berg is sowat 100 km suidwes van Tokio geleë en is van daar af op helder dae sigbaar. Berg Foedji se buitengewoon simmetriese keël, wat sowat vyf maande van die jaar met sneeu bedek is, word algemeen gebruik as 'n kulturele ikoon van Japan en dit word gereeld in kuns en fotografie uitgebeeld, sowel as besoek deur toeriste en bergklimmers. Berg Foedji is een van Japan se "Drie Heilige Berge" (三霊山, Sanreizan) saam met Berg Tate en Berg Haku. Dit beskik oor 'n spesiale natuurskoon en is een van Japan se historiese terreine. Volgens UNESCO, het berg Foedji "kunstenaars en digters geïnspireer en was dit vir eeue die voorwerp van pelgrimstogte". UNESCO erken 25 terreine van kulturele belang in die berg Foedji-omgewing. Hierdie 25 plekke sluit die berg en die Shinto-heiligdom in. Geskiedenis ----------- Berg Fuji is 'n aantreklike vulkaniese keël en 'n gereelde onderwerp van Japannese kuns, veral ná 1600, toe Edo (nou Tokio) die hoofstad geword het en mense die berg gesien het terwyl hulle op die Tōkaidō-pad gereis het. Volgens die historikus H. Byron Earhardt is dit in die Middeleeue deur Japannese gesien as die "nommer een" berg van die bekende wêreld van die drie lande van Indië, China en Japan. Die berg word deur die eeue in Japannese letterkunde genoem en is die onderwerp van baie gedigte. Die kruin is sedert antieke tye as heilig beskou en was gevolglik vir vroue verbode. Dit was eers in 1872 dat die Japannese regering 'n edik uitgevaardig het (4 Mei 1872, Grand Council of State Edict 98) wat sê: "Enige oorblywende praktyke van vroulike uitsluiting op heiligdom en tempelgrond word onmiddellik afgeskaf, en bergklim vir die doel van aanbidding, ens. sal vir almal toegelaat word." Tatsu Takayama (ook bekend as Takayama Tatsu), 'n Japannese vrou, het die eerste vrou op rekord geword wat die berg Foedji in die herfs van 1832 bestyg het. Antieke samoerai het die basis van die berg as 'n afgeleë oefengebied, naby die hedendaagse dorp Gotemba, gebruik. Die shōgun Minamoto no Yoritomo het in die vroeë Kamakura-tydperk yabusame-boogskietkompetisies in die gebied gehou. Die eerste klim deur 'n buitelander was deur sir Rutherford Alcock in September 1860, wat die berg in 8 uur bestyg het en in 3 uur afgeklim het. Alcock se kort narratief in *The Capital of the Tycoon* was die eerste wydverspreide beskrywing van die berg in die Weste. Lady Fanny Parkes, die vrou van die Britse ambassadeur sir Harry Parkes, was die eerste nie-Japannese vrou wat berg Foedji in 1867 bestyg het. Fotograaf Felix Beato het berg Foedji twee jaar later uitgeklim. Op 5 Maart 1966 het BOAC-vlug 911, 'n Boeing 707, tydens vlug opgebreek en naby Berg Foedji se Gotembastasie neergestort, kort ná sy vertrek vanaf Tokio Internasionale Lughawe. Al 113 passasiers en 11 bemanningslede het in die ramp gesterf, wat toegeskryf is aan die uiterste helderlug-turbulensie wat veroorsaak is deur luggolwe windaf teen die berg. Daar is 'n gedenkteken vir die ongeluk 'n entjie van die Gotembastasie af. Vandag is Berg Foedji 'n internasionale bestemming vir toerisme en bergklimmers. In die vroeë 20ste eeu was die populistiese opvoeder Frederick Starr se Chautauqua-lesings oor sy verskeie bestygings van berg Foedji in 1913, 1919 en 1923 alom bekend in Amerika. 'n Bekende Japannese gesegde stel voor dat 'n wyse persoon die berg Foedji een keer in hul leeftyd sal klim, maar net 'n dwaas sal dit twee keer klim. Dit bly 'n gewilde simbool in die Japannese kultuur, insluitend die maak van talle rolprentoptredes, wat die Infiniti -logo inspireer, en selfs in medisyne verskyn met die Berg Foedji-teken. In September 2004 is die bemande weerstasie by die kruin gesluit ná 72 jaar in werking. Waarnemers het radardekking gemonitor wat tifone en swaar reën opgespoor het. Die stasie, wat die hoogste in Japan was op 3 780 meter, is vervang deur 'n ten volle outomatiese meteorologiese stelsel. Berg Foedji is op 22 Junie 2013 by die Wêrelderfenislys as 'n Kultuurterrein gevoeg. Berg Foedji is 'n baie kenmerkende kenmerk van die geografie van Japan. Dit is 3 776,24 m hoog en is naby die Stille Oseaan-kus van sentraal Honsjoe, net suidwes van Tokio, geleë. Dit strek oor die grens van die Shizuoka- en Yamanashi-prefekture. Vier klein stede omring dit: Gotemba in die ooste, Fujiyoshida in die noorde, Fujinomiya in die suidweste en Fuji in die suide. Dit word omring deur vyf mere: Kawaguchi, Yamanaka, Sai, Motosu en Shōji. Die mere, en die nabygeleë Ashi-meer, bied uitsigte oor die berg. Die berg is deel van die Foedji-Hakone-Izu Nasionale Park. Dit kan verder van Jokohama, Tokio, en soms so ver as Chiba, Saitama, Tochigi, Ibaraki en Hamana-meer gesien word wanneer die lug helder is. Dit is tydens 'n ruimtependeltuigvlug vanuit die ruimte gefotografeer. Klimaat ------- Die kruin van berg Foedji het 'n toendra-klimaat. Die temperatuur is baie laag op dié hoë hoogte, en die keël is vir etlike maande van die jaar deur sneeu bedek. Die laagste aangetekende temperatuur is −38.0 °C wat in Februarie 1981 aangeteken is, en die hoogste temperatuur was 17.8 °C wat in Augustus 1942 aangeteken is. Huidige uitbarsting gevaar -------------------------- Na die 2011 Tōhoku-aardbewing was daar bespiegeling in die media dat die skok vulkaniese onrus by berg Foedji kan veroorsaak. In September 2012 het wiskundige modelle wat deur die Nasionale Navorsingsinstituut vir Aardwetenskap en Rampvoorkoming NRIESDP geskep is, voorgestel dat die druk in berg Foedji se magmakamer 1,6 megapascal hoër kan wees as wat dit was voor sy laaste uitbarsting in 1707. Dit is deur sommige media vertolk dat 'n uitbarsting van berg Fuji op hande kan wees. Aangesien daar egter geen bekende metode is om die druk van 'n vulkaan se magmakamer direk te meet nie, is indirekte berekeninge van die tipe wat deur NRIESDP gebruik word spekulatief en onverifieerbaar. Ander aanwysers wat dui op verhoogde uitbarstingsgevaar, soos aktiewe fumarole en onlangs ontdekte foute, is tipiese voorkomste by hierdie tipe vulkaan. Flora ----- Die woud aan die noordwestelike basis van die berg word Aokigahara genoem. Volksverhale en legendes vertel van spoke en demone (Yūrei en Yōkai) wat in die woud spook, en in die 19de eeu was Aokigahara een van baie plekke wat arm gesinne die baie jonk en die baie oues verlaat het. Aokigahara is die wêreld se derde gewildste selfmoordplek ná San Francisco se Golden Gate-brug en die Nanjing Yangtze-rivierbrug. Sedert die 1950's het meer as 500 mense in die woud gesterf, meestal selfmoorde. Ongeveer 30 selfmoorde is jaarliks ​​getel, met 'n hoogtepunt van byna 80 liggame in 2002. Die onlangse toename in selfmoorde het plaaslike amptenare aangespoor om tekens op te rig wat poog om individue wat selfmoordvoorneme ervaar te oortuig om hul desperate planne te heroorweeg, en soms was hierdie boodskappe effektief. Die aantal selfmoorde in die verlede skep 'n aanloklikheid wat oor die bestek van dekades voortgeduur het. Baie van hierdie stappers merk hul gereisde roetes deur gekleurde plastiekbande agter te laat terwyl hulle verbykom, wat kommer by prefektuuramptenare veroorsaak met betrekking tot die woud se ekosisteem.
{ "title": "Foedji", "mostly_tablelist": false, "tablelist_ratio": [ 1368, 8421, 0.16245101531884573 ], "infobox": [ "<table about=\"#mwt2\" class=\"infobox\" data-mw=\"{&quot;parts&quot;:[{&quot;template&quot;:{&quot;target&quot;:{&quot;wt&quot;:&quot;Inligtingskas Berg\\n&quot;,&quot;href&quot;:&quot;./Sjabloon:Inligtingskas_Berg&quot;},&quot;params&quot;:{&quot;Naam&quot;:{&quot;wt&quot;:&quot;Foedji&quot;},&quot;Foto&quot;:{&quot;wt&quot;:&quot;080103_hakkai_fuji.jpg&quot;},&quot;Foto onderskrif&quot;:{&quot;wt&quot;:&quot;Berg Foedji teen dagbreek&quot;},&quot;Hoogte&quot;:{&quot;wt&quot;:&quot;3 776&lt;ref name=\\&quot;peakbagger\\&quot;&gt;{{en}} [https://www.peakbagger.com/peak.aspx?pid=10882 \\&quot;Fuji-san, Japan\\&quot;]. Peakbagger.com. Besoek op 29 April 2019.&lt;/ref&gt;&quot;},&quot;Ligging&quot;:{&quot;wt&quot;:&quot;[[Japan]]&quot;},&quot;Bergreeks&quot;:{&quot;wt&quot;:&quot;&quot;},&quot;Prominensie&quot;:{&quot;wt&quot;:&quot;&quot;},&quot;Koördinate&quot;:{&quot;wt&quot;:&quot;{{Koördinate|35|21|38|N|138|43|38|O|type:mountain|aansig=inlyn,titel}}&quot;},&quot;Topografiese kaart&quot;:{&quot;wt&quot;:&quot;&quot;},&quot;Tipe&quot;:{&quot;wt&quot;:&quot;&quot;},&quot;Rotsouderdom&quot;:{&quot;wt&quot;:&quot;100&amp;nbsp;000 jaar&quot;},&quot;Laaste uitbarsting&quot;:{&quot;wt&quot;:&quot;1708&quot;},&quot;Eerste bestyging datum&quot;:{&quot;wt&quot;:&quot;663&quot;},&quot;Eerste bestyging persoon&quot;:{&quot;wt&quot;:&quot;Deur 'n anonieme monnik&quot;},&quot;Maklikste klimroete&quot;:{&quot;wt&quot;:&quot;&quot;},&quot;Vertaling van naam&quot;:{&quot;wt&quot;:&quot;&quot;},&quot;Taal&quot;:{&quot;wt&quot;:&quot;&quot;},&quot;Uitspraak&quot;:{&quot;wt&quot;:&quot;&quot;},&quot;duimdrukkerkaart&quot;:{&quot;wt&quot;:&quot;Japan&quot;},&quot;duimdrukkeretiketposisie&quot;:{&quot;wt&quot;:&quot;onderkant&quot;},&quot;duimdrukkerkaartgrootte&quot;:{&quot;wt&quot;:&quot;290&quot;},&quot;duimdrukkerkaartbyskrif&quot;:{&quot;wt&quot;:&quot;Ligging van Foedji in Japan&quot;},&quot;breedtegraad&quot;:{&quot;wt&quot;:&quot;35&quot;},&quot;breedtegraad_m&quot;:{&quot;wt&quot;:&quot;21&quot;},&quot;breedtegraad_s&quot;:{&quot;wt&quot;:&quot;38&quot;},&quot;breedtegraad_NS&quot;:{&quot;wt&quot;:&quot;N&quot;},&quot;lengtegraad&quot;:{&quot;wt&quot;:&quot;138&quot;},&quot;lengtegraad_m&quot;:{&quot;wt&quot;:&quot;43&quot;},&quot;lengtegraad_s&quot;:{&quot;wt&quot;:&quot;38&quot;},&quot;lengtegraad_OW&quot;:{&quot;wt&quot;:&quot;O&quot;}},&quot;i&quot;:0}}]}\" id=\"mwAg\" style=\"width: 300px; font-size: 90%;\" typeof=\"mw:Transclusion\">\n<tbody><tr>\n<th colspan=\"2\" style=\"font-size: larger; background-color: #D2B48C; text-align: center; \">Foedji</th></tr>\n<tr>\n<td colspan=\"2\" style=\"line-height: 1.2; border-bottom: 1px solid #CEDEFF;\"><div style=\"border: 1px solid #CEDEFF; text-align: center;\"><span data-mw='{\"caption\":\"Berg Foedji teen dagbreek\"}' typeof=\"mw:File\"><a class=\"mw-file-description\" href=\"./Lêer:080103_hakkai_fuji.jpg\" title=\"Berg Foedji teen dagbreek\"><img alt=\"Berg Foedji teen dagbreek\" data-file-height=\"2592\" data-file-type=\"bitmap\" data-file-width=\"3872\" decoding=\"async\" height=\"193\" resource=\"./Lêer:080103_hakkai_fuji.jpg\" src=\"//upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/1/1b/080103_hakkai_fuji.jpg/288px-080103_hakkai_fuji.jpg\" srcset=\"//upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/1/1b/080103_hakkai_fuji.jpg/432px-080103_hakkai_fuji.jpg 1.5x, //upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/1/1b/080103_hakkai_fuji.jpg/576px-080103_hakkai_fuji.jpg 2x\" width=\"288\"/></a></span> Berg Foedji teen dagbreek</div></td></tr>\n<tr>\n<td><b>Ligging</b></td>\n<td><a href=\"./Japan\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Japan\">Japan</a></td></tr>\n<tr>\n<td><b><a href=\"./Topografiese_spits\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Topografiese spits\">Hoogte</a></b></td>\n<td>3 776<span typeof=\"mw:Entity\"> </span><a href=\"./Meter\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Meter\">meter</a> <a class=\"mw-redirect\" href=\"./Seespieël\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Seespieël\">bo seevlak</a></td></tr>\n<tr>\n<td><b><a href=\"./Geografiese_koördinatestelsel\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Geografiese koördinatestelsel\">Koördinate</a></b></td>\n<td><span class=\"plainlinks nourlexpansion\"><a class=\"external text\" href=\"//tools.wmflabs.org/geohack/geohack.php?pagename=Foedji&amp;params=35_21_38_N_138_43_38_O_type:mountain\" rel=\"mw:ExtLink\"><span class=\"geo-default\"><span class=\"geo-dms\" title=\"Kaarte, lugfotos en ander data vir die ligging\"><span class=\"latitude\">35°21′38″N</span> <span class=\"longitude\">138°43′38″O</span></span></span><span class=\"geo-multi-punct\"><span typeof=\"mw:Entity\"></span> / <span typeof=\"mw:Entity\"></span></span><span class=\"geo-nondefault\"><span class=\"geo-dec\" title=\"Kaarte, lugfotos en ander data vir die ligging\">35.36056°N 138.72722°O</span><span style=\"display:none\"><span typeof=\"mw:Entity\"></span> / <span class=\"geo\">35.36056; 138.72722</span></span></span></a></span><span style=\"font-size: small;\"><span id=\"coordinates\"><a href=\"./Geografiese_koördinatestelsel\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Geografiese koördinatestelsel\">Koördinate</a>: <span class=\"plainlinks nourlexpansion\"><a class=\"external text\" href=\"//tools.wmflabs.org/geohack/geohack.php?pagename=Foedji&amp;params=35_21_38_N_138_43_38_O_type:mountain\" rel=\"mw:ExtLink\"><span class=\"geo-default\"><span class=\"geo-dms\" title=\"Kaarte, lugfotos en ander data vir die ligging\"><span class=\"latitude\">35°21′38″N</span> <span class=\"longitude\">138°43′38″O</span></span></span><span class=\"geo-multi-punct\"><span typeof=\"mw:Entity\"></span> / <span typeof=\"mw:Entity\"></span></span><span class=\"geo-nondefault\"><span class=\"geo-dec\" title=\"Kaarte, lugfotos en ander data vir die ligging\">35.36056°N 138.72722°O</span><span style=\"display:none\"><span typeof=\"mw:Entity\"></span> / <span class=\"geo\">35.36056; 138.72722</span></span></span></a></span></span></span><link href=\"./Kategorie:Koördinate_op_Wikidata\" rel=\"mw:PageProp/Category\"/></td></tr>\n<tr>\n<td><b>Rotsouderdom</b></td>\n<td>100<span typeof=\"mw:Entity\"> </span>000 jaar</td></tr>\n<tr>\n<td><b>Laaste uitbarsting</b></td>\n<td>1708</td></tr>\n<tr>\n<td><b><a href=\"./Eerste_bestyging\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Eerste bestyging\">Eerste bestyging</a></b></td>\n<td>663</td></tr>\n<tr>\n<td><b>Eerste bestyger(s)</b></td>\n<td>Deur 'n anonieme monnik</td></tr>\n<tr class=\"mergedrow\">\n<td align=\"center\" colspan=\"2\">\n<div style=\"width: 292px; float:none; clear:none; \"><div style=\"position: relative;border: 1px solid geen; padding: 0px; width: 290px\"><span data-mw=\"{&quot;caption&quot;:&quot;Ligging van Foedji op 'n kaart (Japan)&quot;}\" typeof=\"mw:File\"><a class=\"mw-file-description\" href=\"./Lêer:Japan_equirectangular_projection.png\" title=\"Ligging van Foedji op 'n kaart (Japan)\"><img alt=\"Ligging van Foedji op 'n kaart (Japan)\" data-file-height=\"2162\" data-file-type=\"bitmap\" data-file-width=\"2871\" decoding=\"async\" height=\"218\" resource=\"./Lêer:Japan_equirectangular_projection.png\" src=\"//upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/a/ae/Japan_equirectangular_projection.png/290px-Japan_equirectangular_projection.png\" srcset=\"//upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/a/ae/Japan_equirectangular_projection.png/435px-Japan_equirectangular_projection.png 1.5x, //upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/a/ae/Japan_equirectangular_projection.png/580px-Japan_equirectangular_projection.png 2x\" width=\"290\"/></a></span><br/><div style=\"position: absolute; z-index: 2; top: 66.5%; left: 49.9%; height: 0; width: 0; margin: 0; padding: 0;\"><div style=\"position: relative; text-align: center; left: -3px; top: -3px; width: 5px; font-size: 5px;\"><span data-mw='{\"caption\":\"Foedji\"}' typeof=\"mw:File\"><a class=\"mw-file-description\" href=\"./Lêer:Red_pog.svg\" title=\"Foedji\"><img alt=\"Foedji\" data-file-height=\"64\" data-file-type=\"drawing\" data-file-width=\"64\" decoding=\"async\" height=\"5\" resource=\"./Lêer:Red_pog.svg\" src=\"//upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/0/0c/Red_pog.svg/5px-Red_pog.svg.png\" srcset=\"//upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/0/0c/Red_pog.svg/8px-Red_pog.svg.png 1.5x, //upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/0/0c/Red_pog.svg/10px-Red_pog.svg.png 2x\" width=\"5\"/></a></span></div><div style=\"font-size: 90%; line-height: 110%; position: relative; top: -1.5em; width: 6em; top:-0.5em; left: -3em; text-align: center;\"><span style=\"padding: 1px; \">Foedji</span></div></div></div><div style=\"font-size: 90%\"></div></div>Ligging van Foedji in Japan\n </td>\n</tr>\n</tbody></table>" ], "td_tables": [], "text_length": 8501 }
Die **nasionale vlag van Iran** is op 29 Julie 1980 amptelik in gebruik geneem. Die vlag vertoon ’n horisontale driekleur in groen, wit en rooi met die Irannese embleem in rooi op die middelste wit baan. Die takbir ((ar) "الله اکبر", (af) "God is Groot") verskyn 22 keer op die binnerande van die groen en rooi bane. Ontwerp ------- ### Kleure Vlag met kompas-en-reguit konstruksie Die kleurskema word hieronder gelys: | Kleurskema | Groen | Wit | Rooi | | --- | --- | --- | --- | | **RGB** | `35/159/64` | `255/255/255` | `218/0/0` | | **Heksadesimaal** | `#239f40ff` | `#FFFFFF` | `#da0000ff` | | **CMYK** | `78/0/60/38` | `0/0/0/0` | `0/100/100/15` | Geskiedenis ----------- Vlae, standaarde en baniere was nog altyd belangrike nasionale en imperiale simbole vir Iraniërs in tye van oorlog en vrede. Xenophon het geskryf dat Kores die Grote se standaard ’n goue arend met oopgespreide vlerke aan ’n lang steel was. Hoewel die hemelliggaam en dierefiguur langdurige en onafhanklike geskiedenisse in Irannese heraldiek het, is die bekendste simbool van Iran in die afgelope eeue die Leeu-en-son-motief wat ’n grafiese uitbeelding van die astrologiese kofigurasie van die son in die sterreteken Leo is. Laat in die negentiende eeu is die leeu-en-son-motief gekombineer met ’n kromswaardmotief en op ’n driekleur van groen, wit en rooi gesuperponeer. Hierdie vlag het met klein wysigings die amptelike vlag gebly tot die Irannese Rewolusie in 1979. ### Achaemenidiese Ryk *Die hoofartikel vir hierdie afdeling is: Achaemenidiese Ryk.* Gedurende die Achaemenidiese era, veral in die tyd van Kores die Grote, was die Persiese imperiale vlag vierkantig en soos ’n vlieër in vier gelyke driehoeke verdeel met twee kleure afwisselend. In die opgrawings by Persepolis het argeoloë op ’n standaard afgekom waarop ’n goue arend of *sjahbaz* met oopgespreide vlerke afgebeeld is. Die huidige oortuiging is dat dit die amptelike simbool van Iran onder Kores die Grote en sy opvolgers was. ### Sassanidiese Ryk *Die hoofartikel vir hierdie afdeling is: Sassanidiese Ryk.* Derafsj Kaviani in munt van plaaslike Persiese ryk wat gedurende die Seleukidiese tydperk naby Persepolis opgeduik het. Tydens die Sassanidiese Ryk was die imperiale vlag ’n vierkantige stuk leer oordek met ’n dun sylaag waarop juwele versier is met ’n vierpuntige ster in die middel wat die vier uithoeke van die wêreld aangedui het. Dit is dieselfde ster as *Akhtare Kaviani* ("die Kaviaanse ster") waarna Ferdowsi in die epiese *Sjanama* ("Boek van Konings") verwys. Die vlag was groter as die oorspronklike Derafshe Kaviani-skort en is van ’n spies gehang waarvan die punt bo uitgesteek het. Aan die onderste rand was geel, magenta en skarlakenrooi tossels met groot pendantjuwele. Die vlag is vernietig deur die invallende Moslemse Arabiere na die beslissende nederlaag van die Sassanide tydens die Moslemse verowering van Persië. ### Islamitiese Iran Die Sassanidiese staat het geval met die opkoms van ’n Islamitiese ryk in die Midde-Ooste. Aangesien Islam die figuurlike en uitdruklike simbole as afgodery streng verbied, is alle tradisionele embleme wat in Irannese vlae gebruik is, weggelaat. Gedurende hierdie periode het Iran een spesifieke vlag gebruik nie maar Islamitiese baniere is wyd in gebruik geneem. ### Ghaznawid-dinastie *Die hoofartikel vir hierdie afdeling is: Ghaznawide.* Mahmud van Ghazni (998–1030) het die simboliese uitdrukking op die Irannese vlag heringestel; die weergawe wat hy ontwerp het, het ’n goue skyf op ’n swart agtergrond bevat. ’n Tweede vlag wat aan die Ghaznawid-dinastie toegeskryf word is ’n silwer sekelmaan en pou op ’n groen agtergrond. ### Safawide-dinastie *Die hoofartikel vir hierdie afdeling is: Safawidiese Ryk.* Flag van Iran gedra deur die Persiese afvaardiging gedurende Mohammed Reza Beg se besoek aan Versailles, Augustus 1715 Die Safawide-dinastie (1501–1736) het drie groen vlae gebruik, elk met ’n ander embleem. Ismail I, die eerste Safawide-koning, het ’n groen vlag met ’n goue skyf gebruik. In 1524 het Tahmasp I die skyf met ’n simbool van ’n skaap en son vervang; hierdie ontwerp is tot 1576 gebruik. Ismail II was daarna die eerste om die leeu-en-son-motief te gebruik wat in goud op ’n groen baan geborduur is. Hierdie ontwerp was in gebruik tot aan die einde van die Safawide-tydperk. Gedurende hierdie periode het die leen en son die twee pilare van die gemeenskap (die staat en geloof) voorgestel. Hoewel verskeie *alams* en baniere deur Safawide gebruik is (veral tydens die heerskappy van die eerste twee konings) het die leen en son teen die tyd van Sjah Abbas I een van die gewildste embleme van Iran geword. Die Safawidiese interpretasie van die simbool was na oorlewering ’n kombinasie van geskiedkundige legendes soos die *Sjanameh*, stories van profete en ander Islamitiese bronne. Vir die Safawide het die koning (*sjah*) twee funksies gehad: hy was heerser en ’n heilige. Hierdie dubbelrol is gesien as die koning se erfenis wat afgelei is van Djamsjid, die mitiese stigter van die antieke Persiese koninkryk, en Ali, die eerste Sjia Imam. Djamsjid is geassosieer met die son en Ali met die leeu (van sy bynaam "Leeu van God"). Die korrespondensie is moontlik oorspronklik gebaseer op ’n geleerde interpretasie van verwysings in die *Sjanameh* na "die Seun van Iran" en "die Maan van die Turaniërs". Sedert die sekelmaan as die dinastiese (en uiteindelik nasionale) embleem van die Ottomaanse sultans, die nuwe vorste van Rûm, aanvaar is het die Safawide van Iran, wat ’n behoefte aan ’n embleem gehad het, die leen-en-son-motief gekies. In die Safawidiese wêreld het die son voorts ook ’n belangrike betekenis gehad omdat hulle tyd deur ’n sonkalender bepaal is, in teenstelling met die Arabies-Islamitiese maankalenderstelsel. In die diereriem word die son ook aan Leo gekoppel; vir die Safawide het die leeu en son die dubbele betekenis van die heerser en heilige figuur van die *sjah* (Djamsjid en Ali) oorgedra, die heuglike astrologiese konfigurasie wat die kosmiese paar en die aardse – koning en *imam* – byeenbring. Ten opsigte van die Safawide se begrip van die leeu-en-son-motief het Shahbazi voorgestel dat "die Safawide die leeu as voorstelling van Imam ʿAlī geherinterpreteer het en die son as tiperend van die ‘glorie van geloof’, ’n plaasvervanger vir die antieke *farr-e dīn*." Hulle het die antieke konsep van Godgegewe glorie (*farr*) heringestel om hul heerskappy te regverdig en het hierdie eienskappe aan Ali toegedig terwyl die koning se genealogie deur die Sjiitiese vierde imam se moeder na die koninklike huis van Sassanide teruggespoor is. ### Afsjaride-dinastie Die Afsjaride-dinastie het twee koninklike standaarde gehad, een met rooi, wit en blou bane en een met rooi, wit, blou en geel bane. Nadir Sjah se persoonlike vlag was ’n geel wimpel met ’n rooi fraiing en ’n leeu-en-son-motief in die middel. Al drie hierdie vlae was driehoekig. Nadir Sjah het die kleur groen bewustelik vermy omdat groen geassosieer is met Sjiisme en die Safawide-dinastie. Die vlootadmiraal se vlag was ’n wit agtergrond met ’n rooi Persiese swaard in die middel. ### Zand-dinastie Die staatsvlag van die Zand-dinastie was ’n wit driehoekige wimpel met ’n groen fraiing en ’n goue leeu-en-son in die middel. ### Vroeë Kadjar-dinastie Vlag van Iran gedurende Fath Ali Sjah se heerskappy in die vroeë 19de eeu, afgebeeld deur Drouville In teenstelling met hul Zand- en Afsjaride-voorgangers het Kadjar-regeerders reghoekige vlae gebruik. Die vlag van Mohammad Khan Kadjar was rooi met ’n goue leeu-en-son in ’n dofgeel skyf. Fath Ali Sjah het ’n leeu op ’n eenvoudige rooi baan as sy oorlogsvlag gebruik. Die hoofembleem was ’n leeu liggend voor ’n son maar ’n ontwerp met ’n gaande leeu met ’n swaard in die klou is ook gebruik. Daar was ’n groen weergawe van die vlag in tye van vrede en ’n wit weergawe vir diplomatieke doeleindes. Gedurende Mohammad Sjah se heerskappy is die twee verskillende leeu-embleme in ’n enkele vlag gekombineer wat ’n gaande leeu met ’n swaard in die klou voor ’n son uitgebeeld het. Onder Naser al-Din Sjah was die basiese vlag wit met ’n dik groen fraiing aan drie sye met ’n leeu-embleem in die middel. Daar was ook ’n burgerlike vaandel met ’n groen-en-rooi fraiing en ’n vlootvaandel wat dieselfde as die burgerlike vaandel gelyk het met ’n leeu-en-son-motief in die middel. ### Post-grondwetlike Rewolusie Vlag van die Pahlawi-dinastie voor die 1979-Rewolusie Die eerste weergawe van die moderne Irannese driekleur is aanvaar in die nadraai van die Irannese Grondwetlike Rewolusie van 1906. Die aanvullende fundamentele wette van 7 Oktober 1907 het ’n driekleur vlag in groen, wit en rooi met ’n leeu-en-son-motief in die middel beskryf. ’n Dekreet van 4 September 1910 het die presiese besonderhede van die embleem uitgelê insluitend die vorm van die leeu se stert ("soos ’n S in skuinsskrif") en die posisie en grootte van die leeu, swaard en die son. Gedurende hierdie periode was die vlag se kleure vaal met die rooi wat pienkerig voorgekom het. Daar was drie variante van die vlag in gebruik. Die staatsvlag was ’n driekleur met die leeu-en-son-motief in die middel. Die nasionale vlag en burgerlike vaandel was ’n eenvoudige driekleur sonder embleem. Die vlootvaandel en oorlogsvlag was soortgelyk aan die staatsvlag maar die embleem was omring deur ’n krans met ’n kroon daarbo. Al drie vlae se verhouding was 1:3. Die vlag is twee maal gedurende die Pahlawi-dinastie. In 1933 is die kleure donkerder gemaak en die ontwerp effens verander. Die son se gelaatstrekke is verwyder en die Kianikroon op die vlootvaandel is vervang met die Pahlawikroon. In 1964 is die vlagverhouding verander van 1:3 na 4:7 en die embleem op die vlootvaandel is verklein om binne die wit baan te pas. Na die Irannese Rewolusie het die Interimregering van Iran die kroon van die vlootvaandel af verwyder. Die ou staats- en nasionale vlae het tot 29 Julie 1980 onveranderd gebly toe die moderne Irannese vlag aanvaar is. Ten spyte van die leeu-en-son-motief se betekenis in Sjiisme en die son se verbintenis met Ali, die eerste Imam van die Sjiiete, het die motief die "onderdrukkende verwesterende monargie" wat vervang moes word verteenwoordig. Om daardie rede is die Rooi Leeu-en-Son Vereniging verander na die Rooi Sekelmaan Vereniging. Die leeu-en-son-vlag word tans deur Irannese gemeenskappe in ballingskap gebruik as simbool teen die Islamitiese Republiek, soortgelyk aan die gebruik van die Suid-Viëtnamese vlag deur Viëtnamese uitgewekenes. Sommige politieke groeperinge in Iran insluitend monargiste en die Volksmoedjahedien gebruik dit ook steeds. In Los Angeles en ander stede met groot Irannese uitgeweke gemeenskappe is die leeu-en-son kenmerkend en verskyn dit op Irannese vlae en souvenirs, soveel so dat dit meer gebruik word as gedurende die jare van die monargie in Iran self waar die skoon driekleur gewoonlik gebruik is. * Standaard van Kores die Grote, 559 tot 529 v.C. Ontwerp is in verlede gebruik maar sedertdien laat vaar Standaard van Kores die Grote, 559 tot 529 v.C. * Vlag van die Sassanidiese Ryk, 224 tot 651 Ontwerp is in verlede gebruik maar sedertdien laat vaar Vlag van die Sassanidiese Ryk, 224 tot 651 * Herkonstruksie van die vlag wat Mahmud aangeneem het, 998 tot 1030 Ontwerp is in verlede gebruik maar sedertdien laat vaar Ontwerp is 'n rekonstruksie, gebaseer op waarnemings van die verlede Herkonstruksie van die vlag wat Mahmud aangeneem het, 998 tot 1030 * Vlag van die Safawide-dinastie onder Ismail I, 1502 tot 1524 Ontwerp is in verlede gebruik maar sedertdien laat vaar Vlag van die Safawide-dinastie onder Ismail I, 1502 tot 1524 * Vlag van die Safawide-dinastie onder Tahmasp I, 1524 tot 1576 Ontwerp is in verlede gebruik maar sedertdien laat vaar Vlag van die Safawide-dinastie onder Tahmasp I, 1524 tot 1576 * Vlag van die Safawide-dinastie na Ismail II, 1576 tot 1732 Ontwerp is in verlede gebruik maar sedertdien laat vaar Vlag van die Safawide-dinastie na Ismail II, 1576 tot 1732 * ’n Imperiële standaard van die Afsjaride-dinastie Ontwerp is in verlede gebruik maar sedertdien laat vaar ’n Imperiële standaard van die Afsjaride-dinastie * ’n Imperiële standaard van die Afsjaride-dinastie Ontwerp is in verlede gebruik maar sedertdien laat vaar ’n Imperiële standaard van die Afsjaride-dinastie * Nadir Sjah se vlag Ontwerp is in verlede gebruik maar sedertdien laat vaar Nadir Sjah se vlag * Vlootvaandel van die Afsjaride-periode Ontwerp is in verlede gebruik maar sedertdien laat vaar Vlootvaandel van die Afsjaride-periode * Vlag van die Zand-dinastie Ontwerp is in verlede gebruik maar sedertdien laat vaar Vlag van die Zand-dinastie * Vlag van Mohammad Khan Ontwerp is in verlede gebruik maar sedertdien laat vaar Vlag van Mohammad Khan * Oorlogsvlag van Faht Ali Sjah Ontwerp is in verlede gebruik maar sedertdien laat vaar Oorlogsvlag van Faht Ali Sjah * Vredesvlag van Faht Ali Sjah Ontwerp is in verlede gebruik maar sedertdien laat vaar Vredesvlag van Faht Ali Sjah * Vlag in gebruik tydens Mohammad Sjah se heerskappy Ontwerp is in verlede gebruik maar sedertdien laat vaar Vlag in gebruik tydens Mohammad Sjah se heerskappy * Driekleurvlag ontwerp deur Amir Kabir Ontwerp is in verlede gebruik maar sedertdien laat vaar Driekleurvlag ontwerp deur Amir Kabir * Staatsvlag van Iran tot 1906 Ontwerp is in verlede gebruik maar sedertdien laat vaar Staatsvlag van Iran tot 1906 * Burgerlike vaandel van Iran tot 1906 Ontwerp is in verlede gebruik maar sedertdien laat vaar Burgerlike vaandel van Iran tot 1906 * Vlootvaandel van Iran tot 1906 Ontwerp is in verlede gebruik maar sedertdien laat vaar Vlootvaandel van Iran tot 1906 * Driekleurvlag van 1886 Ontwerp is in verlede gebruik maar sedertdien laat vaar Driekleurvlag van 1886 * Vlootvaandel van Iran, 1907 tot 1933 Ontwerp is in verlede gebruik maar sedertdien laat vaar Vlootvaandel van Iran, 1907 tot 1933 * Nasionale vlag van Iran, 1907 tot 1933 Ontwerp is in verlede gebruik maar sedertdien laat vaar Nasionale vlag van Iran, 1907 tot 1933 * Staatsvlag van Iran, 1907 tot 1933 Ontwerp is in verlede gebruik maar sedertdien laat vaar Staatsvlag van Iran, 1907 tot 1933 * Vlootvaandel van Iran, 1933 tot 1964 Ontwerp is in verlede gebruik maar sedertdien laat vaar Vlootvaandel van Iran, 1933 tot 1964 * Nasionale vlag van Iran, 1933 tot 1964 Ontwerp is in verlede gebruik maar sedertdien laat vaar Nasionale vlag van Iran, 1933 tot 1964 * Staatsvlag van Iran, 1933 tot 1964 Ontwerp is in verlede gebruik maar sedertdien laat vaar Staatsvlag van Iran, 1933 tot 1964 * Vlootvaandel van Iran, 1964 tot 1979 Ontwerp is in verlede gebruik maar sedertdien laat vaar Vlootvaandel van Iran, 1964 tot 1979 * Vlag van Iran, 1964 tot 1980 Ontwerp is in verlede gebruik maar sedertdien laat vaar Vlag van Iran, 1964 tot 1980 * Staatsvlag van Iran, 1964 tot 1980 Ontwerp is in verlede gebruik maar sedertdien laat vaar Staatsvlag van Iran, 1964 tot 1980 * Vlootvaandel van Iran, 1979 tot 1980 Ontwerp is in verlede gebruik maar sedertdien laat vaar Vlootvaandel van Iran, 1979 tot 1980 Ander vlae ---------- * Vlag van die Islamitiese Rewolusionêre Wagkorps Vlag van die Islamitiese Rewolusionêre Wagkorps * Vlag van die Iranse Wetstoepassingskrag Vlag van die Iranse Wetstoepassingskrag * Vlag van die Iranse Gewapende magte Vlag van die Iranse Gewapende magte * Seremoniële vlag van die Iranse Gewapende magte Seremoniële vlag van die Iranse Gewapende magte * Vlag van die Iranse grondmag Vlag van die Iranse grondmag * Vlag van die Iranse lugmag Vlag van die Iranse lugmag * Vlag van die Iranse vloot Vlag van die Iranse vloot ### Soortgelyke vlae * Vlag van die moderne Persiese Ryk (Iranse monargie tot 1979)Ontwerp is in verlede gebruik maar sedertdien laat vaar Vlag van die moderne Persiese Ryk (Iranse monargie tot 1979) * Vlag van Koerdistan, sedert 1992Normale of de jure weergawe van vlag, of voorkant Vlag van Koerdistan, sedert 1992 * Vlag van Tadjikistan, sedert 1992Normale of de jure weergawe van vlag, of voorkant Vlag van Tadjikistan, sedert 1992
{ "title": "Vlag van Iran", "mostly_tablelist": false, "tablelist_ratio": [ 5008, 14057, 0.35626378316852814 ], "infobox": [ "<table about=\"#mwt2\" class=\"infobox bordered\" data-mw='{\"parts\":[{\"template\":{\"target\":{\"wt\":\"Inligtingskas Vlag\\n\",\"href\":\"./Sjabloon:Inligtingskas_Vlag\"},\"params\":{\"Naam\":{\"wt\":\"Iran\"},\"Artikel\":{\"wt\":\"\"},\"Beeld\":{\"wt\":\"Flag of Iran.svg\"},\"Beeldgrootte\":{\"wt\":\"210px\"},\"Geen_grens\":{\"wt\":\"\"},\"Bynaam\":{\"wt\":\"Driekleurvlag\"},\"Ander_byname\":{\"wt\":\"\"},\"Gebruik\":{\"wt\":\"111111\"},\"Simbool\":{\"wt\":\"{{FIAV|sinister}}\"},\"Verhouding\":{\"wt\":\"4:7\"},\"Goedgekeur_op\":{\"wt\":\"[[29 Julie]] [[1980]]&lt;ref name=\\\"FOTW-Iran\\\"&gt;{{cite web |publisher=Flags of the World |url=https://www.crwflags.com/fotw/flags/ir.html |title=Iran |access-date=27 Mei 2019 |language=en |archive-url=https://web.archive.org/web/19991013053357/http://crwflags.com/fotw/flags/ir.html |archive-date=13 Oktober 1999 |url-status=live |df=dmy-all }}&lt;/ref&gt;\"},\"Ontwerp\":{\"wt\":\"’n Horisontale driekleur in groen, wit en rooi met die Irannese embleem in rooi op die middelste wit baan. Die takbir (“الله اکبر”) verskyn 22 keer op die binnerande van die groen en rooi bane.\"},\"Ontwerper\":{\"wt\":\"\"}},\"i\":0}}]}' id=\"mwAg\" style=\"width:218px; font-size:88%; text-align:left;\" typeof=\"mw:Transclusion\">\n<caption style=\"font-size: larger; font-weight: bold;\">Vlag van Iran</caption>\n<tbody><tr>\n<td colspan=\"2\"><figure class=\"mw-image-border mw-halign-center\" typeof=\"mw:File\"><a class=\"mw-file-description\" href=\"./Lêer:Flag_of_Iran.svg\" title=\"Vlag van Iran\"><img alt=\"Vlag van Iran\" data-file-height=\"360\" data-file-type=\"drawing\" data-file-width=\"630\" decoding=\"async\" height=\"120\" resource=\"./Lêer:Flag_of_Iran.svg\" src=\"//upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/c/ca/Flag_of_Iran.svg/210px-Flag_of_Iran.svg.png\" srcset=\"//upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/c/ca/Flag_of_Iran.svg/315px-Flag_of_Iran.svg.png 1.5x, //upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/c/ca/Flag_of_Iran.svg/420px-Flag_of_Iran.svg.png 2x\" width=\"210\"/></a><figcaption>Vlag van Iran</figcaption></figure></td>\n</tr>\n<tr style=\"vertical-align: top;\">\n<th><a href=\"./Lys_van_vlagname\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Lys van vlagname\">Bynaam</a></th>\n<td>Driekleurvlag</td>\n</tr><tr>\n<th><a href=\"./Vlagterminologie\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Vlagterminologie\">Gebruik</a></th>\n<td><a href=\"./Nasionale_vlag\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Nasionale vlag\">Nasionale vlag en vaandel</a> <span data-mw='{\"caption\":\"Nasionale vlag en vaandel\"}' typeof=\"mw:File\"><a class=\"mw-file-description\" href=\"./Lêer:FIAV_111111.svg\" title=\"Nasionale vlag en vaandel\"><img alt=\"Nasionale vlag en vaandel\" data-file-height=\"630\" data-file-type=\"drawing\" data-file-width=\"960\" decoding=\"async\" height=\"15\" resource=\"./Lêer:FIAV_111111.svg\" src=\"//upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/6/68/FIAV_111111.svg/23px-FIAV_111111.svg.png\" srcset=\"//upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/6/68/FIAV_111111.svg/35px-FIAV_111111.svg.png 1.5x, //upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/6/68/FIAV_111111.svg/46px-FIAV_111111.svg.png 2x\" width=\"23\"/></a></span> <span data-mw='{\"caption\":\"Voorkant moet wys met vlagpaal aan aanskouer se regterkant\"}' typeof=\"mw:File\"><a class=\"mw-file-description\" href=\"./Lêer:FIAV_sinister.svg\" title=\"Voorkant moet wys met vlagpaal aan aanskouer se regterkant\"><img alt=\"Voorkant moet wys met vlagpaal aan aanskouer se regterkant\" data-file-height=\"150\" data-file-type=\"drawing\" data-file-width=\"230\" decoding=\"async\" height=\"15\" resource=\"./Lêer:FIAV_sinister.svg\" src=\"//upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/0/0e/FIAV_sinister.svg/23px-FIAV_sinister.svg.png\" srcset=\"//upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/0/0e/FIAV_sinister.svg/35px-FIAV_sinister.svg.png 1.5x, //upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/0/0e/FIAV_sinister.svg/46px-FIAV_sinister.svg.png 2x\" width=\"23\"/></a></span></td>\n</tr>\n<tr>\n<th>Verhouding</th>\n<td>4:7</td>\n</tr>\n<tr>\n<th>Goedgekeur</th>\n<td><a href=\"./29_Julie\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"29 Julie\">29 Julie</a> <a href=\"./1980\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"1980\">1980</a></td>\n</tr>\n<tr>\n<th>Ontwerp</th>\n<td>’n Horisontale driekleur in groen, wit en rooi met die Irannese embleem in rooi op die middelste wit baan. Die takbir (“الله اکبر”) verskyn 22 keer op die binnerande van die groen en rooi bane.</td>\n</tr>\n</tbody></table>" ], "td_tables": [], "text_length": 16190 }
**Eienskappe**| **Algemeen** | | --- | | Naam | Adenosientrifosfaat  | | IUSTC-naam | *O*1-{[(2*R*,3*S*,4*R*,5*R*)-5-(6-Amieno-9*H*-purien-9-iel)-3,4-dihidroksioksolaan-2-iel]metiel}tetrawaterstoftrifosfaat  | | Sistematiese naam | Adenosien-5′-(tetrawaterstoftrifosfaat) | | Struktuurformule van Adenosientrifosfaat | | | Chemiese formule | C10H16N5O13P3 | | Molêre massa | 507,18 g•mol-1 | | CAS-nommer | 56-65-5   | | Voorkoms | Kleurlose soute | | **Fasegedrag** | | Smeltpunt | | | Kookpunt | | | Digtheid | 1,04 g•cm-3 | | Oplosbaarheid | | | **Suur-basis eienskappe** | | pKa | 6.5 | | **Veiligheid** | | Flitspunt | | | Tensy anders vermeld is alle data vir standaardtemperatuur en -druk toestande. | |   | | **Adenosientrifosfaat** (afgekort **ATP**, van die Engelse naam **a**denosine **t**ri**p**hosphate) is 'n organiese verbinding en hidrotroop wat energie verskaf om baie prosesse in lewende selle aan te dryf, soos spiersametrekking, senuwee-impulsvoortplanting, en chemiese sintese. Dit word in alle bekende lewensvorme gevind en word dikwels na verwys as die "molekulêre geldeenheid" van intrasellulêre energie-oordrag. Wanneer dit in metaboliese prosesse verbruik word, word dit óf na adenosiendifosfaat (ADP) óf na adenosienmonofosfaat (AMP) omgeskakel. Ander prosesse regenereer ATP sodat die menslike liggaam elke dag sy eie liggaamsgewig-ekwivalent in ATP herwin. Dit is ook 'n voorloper van DNS en RNS, en word as 'n koënsiem gebruik. Uit die perspektief van biochemie word ATP as 'n nukleosiedtrifosfaat geklassifiseer, wat aandui dat dit uit drie komponente bestaan: 'n stikstofbasis (adenien), die riboos-suiker en die trifosfaat. Struktuur --------- Adenien, 'n deel van adenosientrifosfaat ATP bestaan uit 'n adenien wat deur die 9-stikstofatoom aan die 1' koolstofatoom van 'n suiker (ribose) geheg is, wat op sy beurt by die 5' koolstofatoom van die suiker aan 'n trifosfaatgroep geheg is. In sy vele reaksies wat met metabolisme verband hou, bly die adenien- en suikergroepe onveranderd, maar die trifosfaat word omgeskakel na di- en monofosfaat, wat onderskeidelik die afgeleides ADP en AMP gee. Daar word na die drie fosforielgroepe verwys as die alfa (α), beta (β), en, vir die terminale fosfaat, gamma (γ). In neutrale oplossing bestaan geïoniseerde ATP meestal as ATP4−, met 'n klein deel van ATP3−. Chemiese eienskappe ------------------- ATP is stabiel in waterige oplossings tussen pH 6,8 en 7,4 in die afwesigheid van katalisators. By meer ekstreme pH's hidroliseer dit vinnig na ADP en fosfaat: ATP + H2O → ADP + Pi     Δ*G*° = −30,5 kJ/mol Lewende selle handhaaf die verhouding van ATP tot ADP op 'n punt tien ordes van grootte vanaf ewewig, met ATP-konsentrasies vyf keer hoër as die konsentrasie van ADP. In die konteks van biochemiese reaksies word daar gereeld na die P-O-P-bindings verwys as hoë-energiefosfaatbindings. Soute van ATP kan as kleurlose vaste stowwe geïsoleer word. Produksie van uit AMP en ADP ---------------------------- ### Produksie, aërobiese toestande 'n Tipiese intrasellulêre konsentrasie van ATP is moeilik om vas te stel, maar verslae het getoon dat daar 1-10 μmol per gram weefsel in 'n verskeidenheid eukariote is. Die defosforilering van ATP en herfosforilering van ADP en AMP vind herhaaldelik plaas in die verloop van aërobiese metabolisme. ATP kan deur 'n aantal afsonderlike sellulêre prosesse geproduseer word; die drie metodes in eukariote is (1) glikolise, (2) die sitroensuursiklus/oksidatiewe fosforilering, en (3) beta-oksidasie. Die algehele proses van oksidasie van glukose na koolstofdioksied, die kombinasie van metodes 1 en 2, bekend as sellulêre respirasie, produseer ongeveer 30 ekwivalente van ATP uit elke molekule van glukose. ATP-produksie deur 'n nie-fotosintetiese aërobiese eukariote vind hoofsaaklik in die mitochondria plaas, wat byna 25% van die volume van 'n tipiese sel uitmaak. #### 1. Glikolise In glikolise word glukose en gliserol gemetaboliseer na piruvaat. Glikolise genereer twee ekwivalente van ATP deur substraatfosforilering wat deur twee ensieme, fosfogliseraatkinase en piruvaatkinase, gekataliseer word. Twee ekwivalente van die koënsiem nikotinamiedadeniendinukleotied (NADH) word ook geproduseer, wat via die elektronvervoerketting geoksideer kan word en lei tot die generering van bykomende ATP deur ATP-sintase. Die piruvaat wat as 'n eindproduk van glikolise gegenereer word, is 'n substraat vir die Krebs-siklus. #### 2. Sitroensuur siklus In die mitochondria word piruvaat deur die piruvaatdehidrogenase-kompleks geoksideer na die asetielgroep, wat deur die sitroensuursiklus (ook bekend as die Krebs-siklus) volledig tot koolstofdioksied geoksideer word. Elke "draai" van die sitroensuursiklus produseer twee molekules koolstofdioksied, een ekwivalent van ATP-guanosientrifosfaat (GTP) deur substraatvlak-fosforilering wat deur suksinielkoënsiem-A-sintetase gekataliseer word. Suksinielkoënsiem-A word na suksinaat, drie ekwivalente van nikotinamiedadeniendinukleotied (NADH), en een ekwivalent van flavienadeniendinukleotied (FADH2) omgeskakel. NADH en FADH2 word herwin wat bykomende ATP genereer deur oksidatiewe fosforilering. Die oksidasie van NADH lei tot die sintese van 2–3 ekwivalente ATP, en die oksidasie van een FADH2 lewer tussen 1–2 ekwivalente van ATP. Die meerderheid sellulêre ATP word deur hierdie proses gegenereer. Alhoewel die sitroensuursiklus self nie molekulêre suurstof behels nie, is dit 'n verpligte aërobiese proses omdat O2 gebruik word om die NADH en FADH2 te herwin en die chemiese energie verskaf wat die proses dryf. In die afwesigheid van suurstof hou die sitroensuursiklus op. #### 3. Beta-oksidasie In die teenwoordigheid van lug en verskeie kofaktore en ensieme word vetsure na asetielkoënsiem-A omgeskakel. Die pad word beta-oksidasie genoem. Elke siklus van beta-oksidasie verkort die vetsuurketting met twee koolstofatome en produseer een ekwivalent elk van asetielkoënsiem-A, nikotinamiedadeniendinukleotied (NADH) en flavienadeniendinukleotied (FADH2). Die asetielkoënsiem-A word deur die sitroensuursiklus gemetaboliseer om ATP te genereer, terwyl die NADH en FADH2 deur oksidatiewe fosforilering gebruik word om ATP te genereer. Tientalle ATP-ekwivalente word gegenereer deur die beta-oksidasie van 'n enkele lang asielketting. Biochemiese funksies -------------------- ### Intrasellulêre seine ATP is betrokke by seintransduksie deur as substraat vir kinase, ensieme wat fosfaatgroepe oordra, te dien. ### DNS- en RNS-sintese ATP is een van vier monomere wat nodig is in die sintese van RNS. Die proses word bevorder deur RNS-polimerase. 'n Soortgelyke proses vind plaas in die vorming van DNS, behalwe dat ATP eers na die deoksiribonukleotied dATP omgeskakel word. Soos baie kondensasiereaksies in die natuur, verbruik DNS-replikasie en DNS-transkripsie ook ATP. Aantekeninge ------------ 1. ↑ 'n **Hidrotroop** is 'n verbinding wat hidrofobiese verbindings in waterige oplossings oplos op ander maniere as miselêre oplosbaarheid. 2. ↑ 'n **Nukleosiedtrifosfaat** is 'n molekule wat 'n stikstofbasis bevat wat aan 'n 5-koolstof-suiker (óf ribose óf deoksiribose) gebind is, met drie fosfaatgroepe wat aan die suiker gebind is. Hulle dien as 'n bron van energie vir sellulêre reaksies. 3. ↑ Die **Krebs-siklus** is 'n reeks chemiese reaksies om gestoorde energie vry te stel deur die oksidasie van asetielkoënsiem-A afkomstig van koolhidrate, vette en proteïene. Dit word ook die **sitroensuursiklus** genoem.
{ "title": "Adenosientrifosfaat", "mostly_tablelist": false, "tablelist_ratio": [ 3711, 8895, 0.4172006745362563 ], "infobox": [], "td_tables": [], "text_length": 7547 }
Die **Fokker D.VII** was 'n dubbeldekker, enkelsitplek vegvliegtuig wat deur Duitsland gebruik is tydens die Eerste Wêreldoorlog. Die vliegtuig was ontwerp deur Reinhold Platz van *Fokker-Flugzeugwerke*. Daar was ongeveer 3,300 van die vliegtuie vervaardig in die tweede helfte van 1918. Dit was 'n puik vliegtuig wat homself gou bewys het. Na die vredesluiting op 11 November 1918 het die Geallieerdes geëis dat alle *Fokker D.VII* vliegtuie aan hulle oorhandig word. Die eerste toetsvlug is onderneem deur Manfred von Richthofen die beroemde Duitse bobaasvlieënier. In April 1918 is die vliegtuig in diens gestel met *Jagdgeschwader 1*, Richthofen se ou eenheid wat op daardie stadium onder die leiding was van Herman Goering na Richthofen se dood. Die *D.VII* was gewild onder die vlieëniers omrede dit maklik was om te vlieg. Die Duitse vlieëniers het baie Geallieerde vliegtuie afgeskiet in 'n kort tydperk. Duitsland se eerste ware vloot vegvliegtuig eenheid, *Marine-Feld-Geschwader*, was eers in Mei 1917 gevorm en toegerus met die *D.VII*. Op 12 Augustus 1917 het hulle 19 Britse vliegtuie afgeskiet sonder enige verliese. Die enigste Geallieerde vliegtuige wat kon meeding met die *D.VII* was die Sopwith Camel en die SPAD S.XIII. Toe die oorlog tot 'n einde kom op 11 November 1918 was daar reeds 'n 1,000 van die *D.VII* gebou. Die *Fokker*-maatskappy, wat aan die Nederlander, Anthony Fokker behoort het, het na die oorlog van die *D.VII's* as onderdele na Nederland gesmokkel waar hy voortgegaan het om hulle te vervaardig. Die Nederlandse Lugmag het na die oorlog voortgegaan om *D.VII's* te gebruik; tewens dit was gebruik tot in die laat 1920's in Nederlands Oos-Indies. Voormalige Duitse *D.VII's* is ook deur ander Europese lugmagte gebruik. Tegniese besonderhede --------------------- Fokker D.VII Besonderhede van die Fokker D.VII:| Item | Statistiek | | --- | --- | | Aantal motore | 1 | | Tipe motor | Skroef | | Vervaardiger | BMW 6-silinder inlyn suiermotor. | | Kraglewering per motor | 185 perdekrag | | Vlerkspan | 8,9 m | | Lengte | 6.95 m | | Hoogte | 2,75 m | | Vlerkoppervlakte | 20,5 m2 | | Maks. opstygmassa | 880 kg | | Maksimum snelheid | 200 km/h | | Operasionele hoogte | 7 000 m | | Togafstand | 1,5 uur | | Klimvermoë | 5 000 m in 16 minute | | Bewapening | Twee gesinchroniseerde 7,92 mm masjiengewere | Sien ook -------- * Lys van vegvliegtuie Bron ---- * Crosby, Francis: *THE WORLD ENCYCLOPEDIA OF FIGHTERS & BOMBERS*. 2015. ISBN 978-1-84476-917-9 | | | | --- | --- | | Normdata Edit this at Wikidata | * GND: 7500606-6 * LCCN: sh2004004952 |
{ "title": "Fokker D.VII", "mostly_tablelist": false, "tablelist_ratio": [ 713, 2215, 0.3218961625282167 ], "infobox": [ "<table about=\"#mwt1\" class=\"infobox\" data-mw=\"{&quot;parts&quot;:[{&quot;template&quot;:{&quot;target&quot;:{&quot;wt&quot;:&quot;Infoboks-Vliegtuig\\n&quot;,&quot;href&quot;:&quot;./Sjabloon:Infoboks-Vliegtuig&quot;},&quot;params&quot;:{&quot;naam&quot;:{&quot;wt&quot;:&quot;Fokker D.VII&quot;},&quot;subsjabloon&quot;:{&quot;wt&quot;:&quot;&quot;},&quot;beeld&quot;:{&quot;wt&quot;:&quot;Lêer:Fokker D. VII USAF.jpg&quot;},&quot;byskrif&quot;:{&quot;wt&quot;:&quot;&lt;center&gt;Nagemaakte Fokker D.VII te ''NMUSAF''. Die vliegtuig is geverf in die kleure van Luitenant Rudolf Stark van ''Jasta'' 35b&lt;/center&gt;&quot;},&quot;tipe&quot;:{&quot;wt&quot;:&quot;Dubbeldekker vegvliegtuig&quot;},&quot;vervaardiger&quot;:{&quot;wt&quot;:&quot;Fokker&quot;},&quot;ontwerper&quot;:{&quot;wt&quot;:&quot;Reinhold Platz&quot;},&quot;eerste vlug&quot;:{&quot;wt&quot;:&quot;Januarie 1918&quot;},&quot;bekendstelling&quot;:{&quot;wt&quot;:&quot;&quot;},&quot;vrygestel&quot;:{&quot;wt&quot;:&quot;&quot;},&quot;onttrek&quot;:{&quot;wt&quot;:&quot;&quot;},&quot;status&quot;:{&quot;wt&quot;:&quot;&quot;},&quot;hoofgebruiker&quot;:{&quot;wt&quot;:&quot;&quot;},&quot;meer gebruikers&quot;:{&quot;wt&quot;:&quot;&quot;},&quot;vervaardig&quot;:{&quot;wt&quot;:&quot;&quot;},&quot;aantal gebou&quot;:{&quot;wt&quot;:&quot;3,300&quot;},&quot;programkoste&quot;:{&quot;wt&quot;:&quot;&quot;},&quot;eenheidskoste&quot;:{&quot;wt&quot;:&quot;&quot;},&quot;ontwikkel van&quot;:{&quot;wt&quot;:&quot;&quot;},&quot;variante met eie artikels&quot;:{&quot;wt&quot;:&quot;&quot;}},&quot;i&quot;:0}}]}\" id=\"mwAg\" style=\"width:23em; font-size: 90%;\" typeof=\"mw:Transclusion\">\n<tbody><tr>\n<th colspan=\"2\" style=\"font-size: large; padding-bottom: 0.3em; text-align: center;\">Fokker D.VII</th></tr>\n<tr>\n<td colspan=\"2\" style=\"text-align: center;\"><div style=\"border: 1px solid #AAAAAA;\"><span typeof=\"mw:File\"><a class=\"mw-file-description\" href=\"./Lêer:Fokker_D._VII_USAF.jpg\"><img class=\"mw-file-element\" data-file-height=\"1144\" data-file-type=\"bitmap\" data-file-width=\"1752\" decoding=\"async\" height=\"183\" resource=\"./Lêer:Fokker_D._VII_USAF.jpg\" src=\"//upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/8/8b/Fokker_D._VII_USAF.jpg/280px-Fokker_D._VII_USAF.jpg\" srcset=\"//upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/8/8b/Fokker_D._VII_USAF.jpg/420px-Fokker_D._VII_USAF.jpg 1.5x, //upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/8/8b/Fokker_D._VII_USAF.jpg/560px-Fokker_D._VII_USAF.jpg 2x\" width=\"280\"/></a></span></div></td></tr>\n<tr>\n<td colspan=\"2\" style=\"border-bottom: 1px solid #aaa; text-align:left;\"><center>Nagemaakte Fokker D.VII te <i>NMUSAF</i>. Die vliegtuig is geverf in die kleure van Luitenant Rudolf Stark van <i>Jasta</i> 35b</center></td></tr>\n<tr>\n<td style=\"width: 7em;text-align:right;\"><b>Tipe</b></td>\n<td>Dubbeldekker vegvliegtuig</td></tr>\n<tr>\n<td style=\"text-align:right;\"><b>Vervaardiger</b></td>\n<td>Fokker</td></tr>\n<tr>\n<td style=\"text-align:right;\"><b>Ontwerp deur</b></td>\n<td>Reinhold Platz</td></tr>\n<tr>\n<td style=\"text-align:right;\"><b>Nooiensvlug</b></td>\n<td>Januarie 1918</td></tr>\n<tr>\n<td style=\"text-align:right;\"><b>Aantal gebou</b></td>\n<td>3,300</td></tr>\n</tbody></table>" ], "td_tables": [], "text_length": 2603 }
Die **nasionale vlag van Kiribati** is op 12 Julie 1979 in gebruik geneem. Die vlag vertoon ’n horisontale tweekleur in rooi met ’n geel fregatvoël oor ’n opkomende son met 19 reguit en golwende strale; en blou met drie horisontale golwende wit bane. Simboliek --------- Die blou in die onderste helfte stel die Stille Oseaan voor en die drie wit golwende bane stel die drie eilangdroepe (die Gilbert-, Phoenix- en Line-eilande) voor. Die sewentien strale van die son stel die sestien Gilberteilande en Banaba (voorheen Oseaaneiland) voor. Die fregatvoël stel beheer oor die see, mag, vryheid en kulturele danspatrone van Kiribati voor. Die son verwys na Kiribati se ligging wydsbeen oor die ewenaar. Geskiedenis ----------- Die wapen is in 1932 deur sir Arthur Grimble ontwerp vir die Britse Kolonie van Gilbert- en Ellice-eilande. In Mei 1937 is die skild aan die Gilbert- en Ellice-eilande, soos Kiribati en Tuvalu destyds bekendgestaan het, toegeken. Die skild is geïnkorporeer in die middel van die wapperkant van ’n blou Britse vaandel en is gebruik as die staatsvaandel van die kolonie. Kort voordat onafhanklikheid in 1979 verkry is, is ’n plaaslike kompetisie gehou vir ’n nuwe nasionale vlag. ’n Ontwerp wat gebaseer is op die koloniale wapen is by die *College of Arms* ingedien. Daar is besluit om die ontwerp aan te pas deur die goue fregatvoël en die son te vergroot sodat dit ’n groter deel van die boonste helfte van die vlag opneem terwyl die hoogte van die blou en wit golwende bane verminder is. Die plaaslike inwoners het egter aangedring op die oorspronklike ontwerp waarin die boonste en onderste helftes van die vlag ewe wyd was, die voël en son kleiner en die onderskeie elemente met swart omlyn was. Die nuwe vlag is op 12 Julie 1979 in die hoofstad Tarawa gehys gedurende die vieringe van onafhanklikheidsdag. Ander vlae ---------- * Vlag van die Gilbert- en Ellice-eilande, 1892 tot 1976 Ontwerp is in verlede gebruik maar sedertdien laat vaar Vlag van die Gilbert- en Ellice-eilande, 1892 tot 1976 ### Soortgelyke vlae * Vlag van die Latviese Sosialistiese Sowjetrepubliek Vlag van die Latviese Sosialistiese Sowjetrepubliek * Vlag van Brits-Columbia Vlag van Brits-Columbia * Vlag van Groter Londen Vlag van Groter Londen
{ "title": "Vlag van Kiribati", "mostly_tablelist": false, "tablelist_ratio": [ 1249, 2811, 0.44432586268231944 ], "infobox": [ "<table about=\"#mwt2\" class=\"infobox bordered\" data-mw='{\"parts\":[{\"template\":{\"target\":{\"wt\":\"Inligtingskas Vlag\\n\",\"href\":\"./Sjabloon:Inligtingskas_Vlag\"},\"params\":{\"Naam\":{\"wt\":\"Kiribati\"},\"Artikel\":{\"wt\":\"\"},\"Beeld\":{\"wt\":\"Flag of Kiribati.svg\"},\"Beeldgrootte\":{\"wt\":\"210px\"},\"Geen_grens\":{\"wt\":\"\"},\"Bynaam\":{\"wt\":\"\"},\"Ander_byname\":{\"wt\":\"\"},\"Gebruik\":{\"wt\":\"111111\"},\"Simbool\":{\"wt\":\"\"},\"Verhouding\":{\"wt\":\"1:2\"},\"Goedgekeur_op\":{\"wt\":\"[[12 Julie]] [[1979]]&lt;ref name=\\\"FOTW\\\"&gt;{{cite web |url=https://www.crwflags.com/fotw/flags/ki.html |title=Kiribati |publisher=Flags of the World |access-date=15 Mei 2019 |language=en |archive-url=https://web.archive.org/web/20191009115838/https://www.crwflags.com/fotw/flags/ki.html |archive-date=9 Oktober 2019 |url-status=live |df=dmy-all}}&lt;/ref&gt;\"},\"Ontwerp\":{\"wt\":\"’n Horisontale tweekleur in rooi met ’n geel fregatvoël oor ’n opkomende son met 17 reguit en golwende strale; en blou met drie horisontale golwende wit bane.\"},\"Ontwerper\":{\"wt\":\"\"}},\"i\":0}}]}' id=\"mwAg\" style=\"width:218px; font-size:88%; text-align:left;\" typeof=\"mw:Transclusion\">\n<caption style=\"font-size: larger; font-weight: bold;\">Vlag van Kiribati</caption>\n<tbody><tr>\n<td colspan=\"2\"><figure class=\"mw-image-border mw-halign-center\" typeof=\"mw:File\"><a class=\"mw-file-description\" href=\"./Lêer:Flag_of_Kiribati.svg\" title=\"Vlag van Kiribati\"><img alt=\"Vlag van Kiribati\" data-file-height=\"300\" data-file-type=\"drawing\" data-file-width=\"600\" decoding=\"async\" height=\"105\" resource=\"./Lêer:Flag_of_Kiribati.svg\" src=\"//upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/d/d3/Flag_of_Kiribati.svg/210px-Flag_of_Kiribati.svg.png\" srcset=\"//upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/d/d3/Flag_of_Kiribati.svg/315px-Flag_of_Kiribati.svg.png 1.5x, //upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/d/d3/Flag_of_Kiribati.svg/420px-Flag_of_Kiribati.svg.png 2x\" width=\"210\"/></a><figcaption>Vlag van Kiribati</figcaption></figure></td>\n</tr>\n<tr>\n<th><a href=\"./Vlagterminologie\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Vlagterminologie\">Gebruik</a></th>\n<td><a href=\"./Nasionale_vlag\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Nasionale vlag\">Nasionale vlag en vaandel</a> <span data-mw='{\"caption\":\"Nasionale vlag en vaandel\"}' typeof=\"mw:File\"><a class=\"mw-file-description\" href=\"./Lêer:FIAV_111111.svg\" title=\"Nasionale vlag en vaandel\"><img alt=\"Nasionale vlag en vaandel\" data-file-height=\"630\" data-file-type=\"drawing\" data-file-width=\"960\" decoding=\"async\" height=\"15\" resource=\"./Lêer:FIAV_111111.svg\" src=\"//upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/6/68/FIAV_111111.svg/23px-FIAV_111111.svg.png\" srcset=\"//upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/6/68/FIAV_111111.svg/35px-FIAV_111111.svg.png 1.5x, //upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/6/68/FIAV_111111.svg/46px-FIAV_111111.svg.png 2x\" width=\"23\"/></a></span> </td>\n</tr>\n<tr>\n<th>Verhouding</th>\n<td>1:2</td>\n</tr>\n<tr>\n<th>Goedgekeur</th>\n<td><a href=\"./12_Julie\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"12 Julie\">12 Julie</a> <a href=\"./1979\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"1979\">1979</a></td>\n</tr>\n<tr>\n<th>Ontwerp</th>\n<td>’n Horisontale tweekleur in rooi met ’n geel fregatvoël oor ’n opkomende son met 17 reguit en golwende strale; en blou met drie horisontale golwende wit bane.</td>\n</tr>\n</tbody></table>" ], "td_tables": [], "text_length": 2268 }
Die gebou van die NG gemeente Ruyterwacht-Wes, vroeër bekend as Epping-Wes. Ds. W.D.R. van der Merwe het die hoeksteen op 4 Desember 1948 gelê. Sedert die samesmelting van Ruyterwacht (vroeër Eppingtuin) en Ruyterwacht-Wes, is dit die saamgestelde gemeente se kerkgebou. Die **NG gemeente Ruyterwacht** is 'n gemeente van die Nederduitse Gereformeerde Kerk in die Kaapse Skiereiland wat sy ontstaan te danke het aan die oprigting deur die Stedelike Behuisingsbond van 'n modeldorpie, Eppingtuin, wat moes meehelp om die groot vraag na subekonomiese behuising vir mindergegoede wit mense te verlig. Agtergrond ---------- Zerilda Steyn, die groot dryfkrag agter die vestiging van modeldorpies soos Eppingtuin, na wie die gemeente se kerksaal genoem is. Ds. en mev. P.W.J. van Jaarsveld, leraarspaar van 1946 tot 1948. *Ons gemeentelike feesalbum* (1951) begin sy artikel oor die gemeente Eppingtuin as volg: "In die jaar 1938, Eeufeesjaar, 7 September, het hier in Eppingtuin, waar dennebome welig getier het en kruipende ongediertes taamlik volop was, sewentig gesinne soos ware Voortrekkers hul intrek geneem. Die getal, meestal die nasate van stoere Afrikaanse voorouers, het stadig maar seker aangegroei, totdat dit na 'n paar maande etlike honderde beloop het." Die modeldorpie was binne die grense van die gemeente Goodwood geleë en deur die aanstelling van 'n hulpleraar het die kerkraad van Goodwood sedert die ontstaan van die dorpie die geestelike belange hier behartig. Weens gebrek aan 'n plek van samekoms moes dienste noodgedwonge in klein woonhuise gehou word. Hierdie reëlings het spoedig ondoeltreffend geblyk weens die vinnige toename van siele, wat "in 'n mate weer hier in die subekonomiese dorp hul Afrikaanse vryheid teruggevind het", aldus *Ons gemeentelike feesalbum*. Ná oneindige gesukkel is daar eindelik besluit om dienste onder die skaduryke denne te hou. 'n Kerkgrond is goedgunstiglik deur die Nutsmaatskappy van die Behuisingsbond geskenk, maar toe weer het die somerson hierdie dienste 'n stokkie voorgesteek. Op hierdie kritieke oomblik het 'n paar lidmate, sonder die medewete van die kerkraad, 'n stuk seil en sak gaan koop en in 'n ommesientjie, tot almal se verbasing, 'n sak-kerk opgerig. Maar die intrekkers het teen so 'n geweldige tempo aangegroei dat die "kerk" vergroot moes word. Gemeentestigting ---------------- Dis in hierdie sak-kerk, seker die enigste van sy soort in Suid-Afrika, waar die gemeente op 18 Julie 1940 van Goodwood afgestig is — sonder enige bate, met 1 389 siele, waarvan 800 reeds lede was. Hier is dan ook die eerste leraar van die gemeente, ds. H.J. Strauss, bevestig. Daar is ook dadelik hand aan die ploeg geslaan en 'n kerksaal en pastorie opgerig. Die moedige kerkraad het op goeie geloof hierdie koste van £5 000 aangegaan en sekuriteit is geredelik deur die Algemene Armesorgkommissie verskaf. Die gemeente het geen gras onder die voete laat groei nie. Onder die inspirerende leierskap van die leraar, het hulle eendragtig saam gewerk en binne vyf jaar, op 22 Desember 1946, is in 'n stampende vol Zerilda-Steynsaal (genoem na die voorsitter van die Stedelike Behuisingsbond, Zerilda Steyn, met 'n sierlike Kersboom, geurige koek, heerlike koeldrank en lekkers, die skulddelgingsfunksie gehou. Toe kon die jong gemeente spog met 'n sierlike kerkgebou en pastorie waarop daar geen skuld gerus het nie. Medeleraar en afstigting ------------------------ Die geliefde leraar het toe egter 'n beroep na Daniëlskuil aangeneem. Op 13 Mei 1946 is die nuwe leraar, ds. P.W.J. van Jaarsveld, feestelik verwelkom en steeds het die gemeente met 'n sistematiese instroming vermeerder. Op 15 Februarie 1947, agt jaar na sy stigting, vind daar dan ook 'n belangrike gebeurtenis in die geskiedenis van hierdie jong gemeente plaas, naamlik die ordening en bevestiging van 'n tweede leraar, prop. W.D.R. van der Merwe. Ná 'n korte bestaan van 10 jaar is 'n nuwe gemeente afgestig, Epping-Wes. Maar weer moes die ou gemeente teleurstelling smaak en afskeid neem van ds. Van Jaarsveld wat na 'n kort verblyf van twee jaar die beroep na Albertinia aangeneem het. Vol vertroue is beroepe egter uitgestuur en so is die derde leraar, ds. C. du Toit, verwelkom. In 1952 berig die gemeente: "Daar word nou nie meer nuwe huise gebou nie. Die uitbreiding het dus versadigingspunt bereik. En alhoewel ons nog met baie probleme te kampe het, het hierdie jong gemeente nou min of meer sy koers gevind." Huidige stand ------------- Die gemeente het, weens die afname in lidmate in die buurt, later met Ruyterwacht-Wes saamgesmelt. In Februarie 2015 het die gemeente vir 'n vastetermyn-kontrakleraar geadverteer. Die gemeente het homself toe as volg beskryf: "Ruyterwacht-gemeente is ’n multikulturele gemeenskapskerk geleë naby Epping/Elsiesrivier en grens aan die Grand West Casino. Die gemeente het 614 belydende, 180 doop- asook ’n aantal Engelssprekende lidmate. Die gemeente bied baie uitdagings, maar skep ook geleentheid vir groot vervulling. Ons uitdagings vir die toekoms is om huidige lidmate, maar ook kerkvreemdes oor die hele spektrum heen (jeug, volwassenes en senior lede) te bedien en te laat inskakel by die kerk, vernuwend te dink, die Engelssprekende gemeenskap verder in te skakel by die gemeente en goeie verhouding en skakeling te handhaaf, spesifiek met ons plaaslike VGK gemeente, asook buurgemeentes en ander godsdiensgroeperings." Die totale aangebode pakket was R15 000. "Vanweë die ekonomiese en finansiële situasie van die gemeenskap en gemeente, kan geen verdere toelaes, pensioen of mediese voordele aangebied word nie. Geen pastorie is beskikbaar nie." Enkele leraars -------------- * Hendrik Johannes Strauss, 1940 – 1947 (waarna Daniëlskuil) * Paul Willem Jacobus van Jaarsveld, 13 Mei 1946 – 1948 * Wouter Daniël Retief van der Merwe, 15 Februarie 1947 – 1948 (waarna eerste leraar van die dogtergemeente, Epping-Wes) * C. du Toit, 1948 – ? Bron ---- * Olivier, ds. P.L.. 1952. *Ons gemeentelike feesalbum*. Kaapstad en Pretoria: N.G. Kerk-uitgewers.
{ "title": "NG gemeente Ruyterwacht", "mostly_tablelist": false, "tablelist_ratio": [ 300, 5009, 0.059892194050708725 ], "infobox": [], "td_tables": [], "text_length": 6052 }
Die **nasionale vlag van Fidji** is op 10 Oktober 1970 in gebruik geneem. Die vlag vertoon ’n ligblou blou Britse vaandel met die wapen van die eiland op die wapperkant. Simboliek --------- Die ligblou agtergrond stel die Stille Oseaan, wat ’n belangrike rol in die lewe van die eilandbewoners vervul in terme van die vissery- en toerismebedrywe, voor. Die Unievlag reflekteer die land se bande met die Verenigde Koninkryk. Die skild is afgelei van die land se wapenskild wat aanvanklik in 1908 deur ’n Koninklike Bevel aan die eiland toegestaan is. Dit is ’n wit skild met rooi kruis en ’n rooi hoof (boonste derde van die skild). Die beelde in die skild verteenwoordig die landbouaktiwiteite op die eiland en die historiese verbintenisse met die Verenigde Koninkryk. Bo in die skild hou ’n Britse leeu ’n kokosneut in sy kloue. Links bo, onder die rooi hoof, is suikerriet, regs bo is ’n palmboom, links onder is ’n vredesduif en regs onder is ’n tros piesangs. Geskiedenis ----------- Die huidige vlag is soortgelyk aan die koloniale vaandel voor onafhanklikheid. Die grootste verskille is dat die koloniale vaandel ’n donkerder blou gebruik het en die volledige wapen vertoon het, in plaas van slegs die wapenskild. Hoewel sommige reformiste die Unievlag verwyder wil hê (hulle sien dit as ’n koloniale embleem) is daar andere wat dit wil behou ter wille van die historiese verband. Die vlae van ander onafhanklike lande soos Australië, Nieu-Seeland en Tuvalu het die Unievlag in hul onderskeie vlae behou. Volle wapen van FidjiVolle wapen van Fidji ’n Paar invloedryke Fidjiane het ook al gevra vir die terugkeer van die volle wapen op die vlag. Op 20 November 2005 het Fidji se Opperraad van Stamhoofde gevra dat die twee krygers wat die skild ondersteun het, weer op die vlag geplaas word saam met die miniatuur kano en die nasionale leuse, *Rerevaka na kalou ka doka na tui* ("Vrees God en eer die Koningin") — simbole wat op die oorspronklike vlag van die Koninkryk Viti, die eerste verenigde Fidjiaanse staat wat in 1871 onder leierskap van Seru Epenisa Cakobau geskep is, verskyn het. Volgens Asesela Sadole, Algemene Sekretaris van die Opperraad van Stamhoofde, is "die wapen betekenisvol omdat dit die woord van God bevat, omdat die twee krygers daar is en so ook die Fidjiaanse kano. Ek is van mening dat die raadslede verkies dat die volle wapen by die Fidjiaanse vlag ingesluit word." Voor Britse regering in 1874 het die regering van Fidji ’n nasionale vlag aanvaar met twee vertikale bane in wit en blou en ’n rooi skild in die middel waarop ’n wit duif verskyn het. Die gebruik van hierdie vlag is gestaak toe die koloniale era begin het en Fidji se onafhanklikheid prysgegee is. Fidji was van 1874 tot 1970 ’n Britse kolonie. Voorstel vir ’n nuwe vlag ------------------------- Die Eerste Minister, Kommodoor Frank Bainimarama, het in sy nuwejaarsdagtoespraak van 2013 aangekondig dat die vlag verander sou word om "die gevoel van nasionale vernuwing te weerspieël, om ’n nuwe Fidjiaanse identiteit te versterk en nuwe vertroue te stel om ’n Fidjiaan op die globale verhoog te wees". Die verandering in die vlag sal gepaard gaan met die aanvaarding van ’n nuwe grondwet, soos voorgeneem deur Fidji se militêre leier (wat in 2006 deur ’n staatsgreep aan bewind gekom het) wat ’n "een mens, een stem", nie-rassige en sekulêre dekomrasie onder militêre toesig wou vestig. ’n Paar weke vantevore is die afdruk van die Britse koningin van die republiek se geldeenheid verwyder. Op 3 Februarie 2015 het die Eerste Minister gesê dat die Fidjiaanse vlag verander gaan word. ’n Nasionale vlagontwerpkompetisie sal gehou word met die doel om op 11 Oktober 2015, op die 45ste viering van onafhanklikheid, ’n nuwe vlag te kan hys. Op 17 Augustus 2016 het Eerste Minister Bainimarama egter in die openbaar aangekondig dat die regering die planne om die vlag te verander, laat vaar. Hy lees 'n verklaring wat lui: "Terwyl ek persoonlik oortuig is dat ons sommige van die koloniale simbole van die vlag moet vervang met 'n werklik inheemse uitdrukking van ons hede en ons toekoms, het die regering sedert Februarie duidelik geword dat die vlag nie verander sal word in die afsienbare toekoms nie." Die gewildheid van die vlag is versterk deurdat die land sy eerste Olimpiese goue medalje ooit onder sy vaandel tydens die 2016 Olimpiese Somerspele gewen het. Die besluit om die huidige vlag te behou, is deur opposisiepartye verwelkom. * ’n Vroeëre vlagvoorstel vir Fidji Ontwerp is voorgestel in die verlede maar nooit amptelik aanvaar nie ’n Vroeëre vlagvoorstel vir Fidji Ander vlae ---------- * Vlag van die Verenigde Stamme van Fidji, 1865 tot 1867 Ontwerp is in verlede gebruik maar sedertdien laat vaar Vlag van die Verenigde Stamme van Fidji, 1865 tot 1867 * Vlag van die Verenigde Stamme van Fidji, 1867 tot 1869 Ontwerp is in verlede gebruik maar sedertdien laat vaar Vlag van die Verenigde Stamme van Fidji, 1867 tot 1869 * Vlag van die Koninkryk Lau, 1869 tot 1871 Ontwerp is in verlede gebruik maar sedertdien laat vaar Vlag van die Koninkryk Lau, 1869 tot 1871 * Persoonlike vlag van die Koning van Lau, 1869 tot 1871 Ontwerp is in verlede gebruik maar sedertdien laat vaar Persoonlike vlag van die Koning van Lau, 1869 tot 1871 * Vlag van die Verenigde Koninkryk van Fidji, 1871 tot 1874 Ontwerp is in verlede gebruik maar sedertdien laat vaar Vlag van die Verenigde Koninkryk van Fidji, 1871 tot 1874 * Vlag van Fidji, 1877 tot 1883 Ontwerp is in verlede gebruik maar sedertdien laat vaar Vlag van Fidji, 1877 tot 1883 * Vlag van Fidji, 1883 tot 1903 Ontwerp is in verlede gebruik maar sedertdien laat vaar Vlag van Fidji, 1883 tot 1903 * Vlag van Fidji, 1903 tot 1908 Ontwerp is in verlede gebruik maar sedertdien laat vaar Vlag van Fidji, 1903 tot 1908 * Vlag van Fidji, 1908 tot 1924 Ontwerp is in verlede gebruik maar sedertdien laat vaar Vlag van Fidji, 1908 tot 1924 * Vlag van Fidji, 1924 tot 1970 Ontwerp is in verlede gebruik maar sedertdien laat vaar Vlag van Fidji, 1924 tot 1970 * Burgerlike vaandel van Fidji Burgerlike vaandel van Fidji * Regeringsvaandel van Fidji Regeringsvaandel van Fidji * Vlootvaandel van Fidji Vlootvaandel van Fidji * Vlag van die Fidjiaanse Burgerlike Lugvaart Vlag van die Fidjiaanse Burgerlike Lugvaart * Standaard van die President van Fidji Standaard van die President van Fidji Soortgelyke vlae ---------------- * Vlag van Australië Normale of de jure weergawe van vlag, of voorkant Vlag van Australië * Vlag van die Cookeilande Normale of de jure weergawe van vlag, of voorkant Vlag van die Cookeilande * Vlag van Nieu-Seeland Normale of de jure weergawe van vlag, of voorkant Vlag van Nieu-Seeland * Vlag van Tuvalu Normale of de jure weergawe van vlag, of voorkant Vlag van Tuvalu ### 2015 Voorstelle | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | --- | --- | --- | --- | --- | --- | --- | --- | --- | --- | --- | --- | --- | --- | --- | --- | --- | --- | --- | --- | --- | --- | --- | --- | --- | --- | --- | --- | --- | --- | --- | --- | --- | --- | --- | --- | --- | --- | --- | --- | --- | --- | --- | --- | --- | --- | --- | | | | | --- | | Ontwerp 35Ontwerp 35 | | Ontwerp 35   | | | | --- | | Ontwerp 36Ontwerp 36 | | Ontwerp 36   | | | | --- | | Ontwerp 37Ontwerp 37 | | Ontwerp 37   | | | | --- | | Ontwerp 38Ontwerp 38 | | Ontwerp 38   | | | | --- | | Ontwerp 39Ontwerp 39 | | Ontwerp 39   | | | | --- | | Ontwerp 40Ontwerp 40 | | Ontwerp 40   | | | | --- | | Ontwerp 41Ontwerp 41 | | Ontwerp 41   | | | | --- | | Ontwerp 42Ontwerp 42 | | Ontwerp 42   | | | | --- | | Ontwerp 43Ontwerp 43 | | Ontwerp 43   | | | | --- | | Ontwerp 44Ontwerp 44 | | Ontwerp 44   | | | | --- | | Ontwerp 45Ontwerp 45 | | Ontwerp 45   | | | | --- | | Ontwerp 46Ontwerp 46 | | Ontwerp 46   | | | | --- | | Ontwerp 47Ontwerp 47 | | Ontwerp 47   | | | | --- | | Ontwerp 48Ontwerp 48 | | Ontwerp 48   | | | | --- | | Ontwerp 49Ontwerp 49 | | Ontwerp 49   | | | | --- | | Ontwerp 50Ontwerp 50 | | Ontwerp 50   | | | | --- | | Ontwerp 51Ontwerp 51 | | Ontwerp 51   | | | | --- | | Ontwerp 52Ontwerp 52 | | Ontwerp 52   | | | | --- | | Ontwerp 53Ontwerp 53 | | Ontwerp 53   | | | | --- | | Ontwerp 54Ontwerp 54 | | Ontwerp 54   | | | | --- | | Ontwerp 55Ontwerp 55 | | Ontwerp 55   | | | | --- | | Ontwerp 56Ontwerp 56 | | Ontwerp 56   | | | | --- | | Ontwerp 57Ontwerp 57 | | Ontwerp 57   | |
{ "title": "Vlag van Fidji", "mostly_tablelist": false, "tablelist_ratio": [ 2732, 6464, 0.42264851485148514 ], "infobox": [ "<table about=\"#mwt2\" class=\"infobox bordered\" data-mw='{\"parts\":[{\"template\":{\"target\":{\"wt\":\"Inligtingskas Vlag\\n\",\"href\":\"./Sjabloon:Inligtingskas_Vlag\"},\"params\":{\"Naam\":{\"wt\":\"Fidji\"},\"Artikel\":{\"wt\":\"\"},\"Beeld\":{\"wt\":\"Flag of Fiji.svg\"},\"Beeldgrootte\":{\"wt\":\"210px\"},\"Geen_grens\":{\"wt\":\"\"},\"Bynaam\":{\"wt\":\"\"},\"Ander_byname\":{\"wt\":\"\"},\"Gebruik\":{\"wt\":\"110000\"},\"Simbool\":{\"wt\":\"\"},\"Verhouding\":{\"wt\":\"1:2\"},\"Goedgekeur_op\":{\"wt\":\"[[10 Oktober]] [[1970]]&lt;ref name=\\\"FOTW\\\"&gt;{{cite web |url=https://www.crwflags.com/fotw/flags/fj.html |title=Fidji |publisher=Flags of the World |access-date=15 Mei 2019 |language=en |archive-url=https://web.archive.org/web/20001121153400/http://www.crwflags.com/fotw/flags/fj.html |archive-date=21 November 2000 |url-status=live |df=dmy-all }}&lt;/ref&gt;\"},\"Ontwerp\":{\"wt\":\"’n Blou Britse vaandel met die eiland se wapenskild op die wapperkant.\"},\"Ontwerper\":{\"wt\":\"\"}},\"i\":0}}]}' id=\"mwAg\" style=\"width:218px; font-size:88%; text-align:left;\" typeof=\"mw:Transclusion\">\n<caption style=\"font-size: larger; font-weight: bold;\">Vlag van Fidji</caption>\n<tbody><tr>\n<td colspan=\"2\"><figure class=\"mw-image-border mw-halign-center\" typeof=\"mw:File\"><a class=\"mw-file-description\" href=\"./Lêer:Flag_of_Fiji.svg\" title=\"Vlag van Fidji\"><img alt=\"Vlag van Fidji\" data-file-height=\"600\" data-file-type=\"drawing\" data-file-width=\"1200\" decoding=\"async\" height=\"105\" resource=\"./Lêer:Flag_of_Fiji.svg\" src=\"//upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/b/ba/Flag_of_Fiji.svg/210px-Flag_of_Fiji.svg.png\" srcset=\"//upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/b/ba/Flag_of_Fiji.svg/315px-Flag_of_Fiji.svg.png 1.5x, //upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/b/ba/Flag_of_Fiji.svg/420px-Flag_of_Fiji.svg.png 2x\" width=\"210\"/></a><figcaption>Vlag van Fidji</figcaption></figure></td>\n</tr>\n<tr>\n<th><a href=\"./Vlagterminologie\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Vlagterminologie\">Gebruik</a></th>\n<td><a class=\"new\" data-mw-i18n='{\"title\":{\"lang\":\"x-page\",\"key\":\"red-link-title\",\"params\":[\"Burgerlike vlag\"]}}' href=\"./Burgerlike_vlag?action=edit&amp;redlink=1\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Burgerlike vlag\" typeof=\"mw:LocalizedAttrs\">Burgerlike</a>- en <a class=\"new\" data-mw-i18n='{\"title\":{\"lang\":\"x-page\",\"key\":\"red-link-title\",\"params\":[\"Staatsvlag\"]}}' href=\"./Staatsvlag?action=edit&amp;redlink=1\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Staatsvlag\" typeof=\"mw:LocalizedAttrs\">Staats</a><a href=\"./Vlag\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Vlag\">vlag</a> <span data-mw='{\"caption\":\"Burgerlike en staatsvlag\"}' typeof=\"mw:File\"><a class=\"mw-file-description\" href=\"./Lêer:FIAV_110000.svg\" title=\"Burgerlike en staatsvlag\"><img alt=\"Burgerlike en staatsvlag\" data-file-height=\"210\" data-file-type=\"drawing\" data-file-width=\"320\" decoding=\"async\" height=\"15\" resource=\"./Lêer:FIAV_110000.svg\" src=\"//upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/3/32/FIAV_110000.svg/23px-FIAV_110000.svg.png\" srcset=\"//upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/3/32/FIAV_110000.svg/35px-FIAV_110000.svg.png 1.5x, //upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/3/32/FIAV_110000.svg/46px-FIAV_110000.svg.png 2x\" width=\"23\"/></a></span> </td>\n</tr>\n<tr>\n<th>Verhouding</th>\n<td>1:2</td>\n</tr>\n<tr>\n<th>Goedgekeur</th>\n<td><a href=\"./10_Oktober\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"10 Oktober\">10 Oktober</a> <a href=\"./1970\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"1970\">1970</a></td>\n</tr>\n<tr>\n<th>Ontwerp</th>\n<td>’n Blou Britse vaandel met die eiland se wapenskild op die wapperkant.</td>\n</tr>\n</tbody></table>" ], "td_tables": [], "text_length": 8566 }
Die kerkgebou van die NG gemeente op Prins Albert, waarvan die hoeksteen op 1 Oktober 1860 gelê is. Ds. J.H. Neethling, van 1852 tot 1858 Prins Albert se eerste leraar. Ds. Willem Adolph Krige, leraar van 1859 tot 1883. Ds. Adriaan Hofmeyr, leraar van 1883–1895. Die **NG gemeente Prins Albert** is 'n gemeente van die Nederduitse Gereformeerde Kerk wat op 24 November 1842 van die NG gemeente Beaufort-Wes afgestig is as die 19de gemeente in wat tans die Sinode van Wes-en-Suid-Kaapland is en slegs die 29ste gemeente in die hele Kerk. Agtergrond ---------- Teen die einde van die 18de eeu het Samuel de Beer 'n vrugbare plaas aan die voet van die Swartberge aangelê. Hierdie plaas, Kweekvallei, was een van die tien veldkornetskappe wat onder Beaufort-Wes geressorteer het, en was ook op die ou hoofpad tussen Kaapstad en die oostelike grens. Met Kweekvallei as sentrum is op 24 November 1842 'n gemeente deur die eerste Sinode van die Kaapse Kerk van Beaufort-Wes afgestig. Die gemeente en die wordende dorp het die naam van Prins Albert, gemaal van koningin Victoria, gekry. Leraars ------- Op 1 Augustus 1844 het goewerneur Napier 'n jong predikant — ds. Pieter Kuypers Albertyn — as eerste leraar van die Swartbergse gemeente aangestel. Die eerste pastorie en kerkie is teen die einde van 1844 voltooi. Ds. Albertyn is opgevolg deur die volgende predikante: J.H. Neethling (1851–'58), W.A. Krige (1859–'83), A.J.L. Hofmeyr (1883–'95), A.G. du Toit (1896–1906), D. Wilcocks (1906—'11), D.J. Le R. Marchand (1911—'29), J.S. Theron (1929–'32), H.S. Theron (1933–'36), L.E. du Toit (1937—'43), U. Joubert (1943–'47), S. B. Buys (1948) en W. A. Alheit (as eerste medeleraar, 1949). Ds. Adriaan Hofmeyr se dienstyd ------------------------------- ### Ontvangs en bevestiging Die skrywer van *Eeufees van die gemeente Prins Albert, 1842–1942*, wat net as "’n Seun van die gemeente" in die boek bekendstaan, maar in ander bronne as E. Stockenstrom geëien word, skryf ds. Adriaan Hofmeyr was ’n "forse, frisgeboude, lewenslustige jong man van skaars 26 jaar toe hy sy bediening in die nuwe gemeente aanvaar het. Hy was met baie talente bedeel. Dit was veral wat musiek en sangkuns betref, en welsprekendheid het nie by hom ontbreek nie. By sy gespierde gestalte het hy ’n soetklinkende stem en ’n innemende geaardheid gehad, waardeur hy die hart van gemeentelede van die staanspoor af gewen het. Sy eggenote was ’n sterkgeboude, hoflike dame, wat oor die eienskappe van ’n ideale predikantsvrou beskik het." Jare nadat dié boek verskyn het, het Norrie Steyn in *Gedenkboek van die 100-jarige bestaan van die Nederduitse Gereformeerde Gemeente Willowmore 1864–1964* ds. Hofmeyr amper presies dieselfde beskryf: "Die nuwe leraar … was 'n forse, frisgeboude, lewenslustige jong man van omtrent 24 jaar toe hy sy bediening in die nuwe gemeente aanvaar het. Hy was baie talentvol. Dit was veral in die sangkuns en musiek wat hy uitgeblink het, en aan welsprekendheid het dit hom nie ontbreek nie. Sy soetklinkende stem gepaard met sy innemende geaardheid en sy fyn sin vir humor het uit die staanspoor die harte van sy nuwe gemeentelede gewen." ### Sy bydrae tot die gemeenskap Ds. Adriaan Hofmeyr en sy kerkraad op Prins Albert, omstreeks 1893. Hy sit vyfde van links. Onder ds. Hofmeyr se geesdriftige leiding het die gemeente op Prins Albert £850 vir die kerkorrel ingesamel. Dit is van Engeland bestel en op 7 Augustus 1886 ingewy toe ds. Hofmeyr self die orrel bespeel het. Ds. Hofmeyr het op Prins Albert, soos op Willowmore, hom onvermoeid beywer vir die opheffing van die armes en minderbevoorregtes en die opvoeding van behoeftige kinders in die gemeente. Binne ’n jaar ná sy bevestiging, op 8 November 1884, het die kerkraad op sy aandrang besluit om uit die kerkkas £24 per jaar aan die opvoeding van arm kinders in die samelewing te bestee. Hy het ook ’n groot bydrae gelewer tot die musieklewe van die gemeente en dorp, soos Helena Marincowitz eenmaal in die dorpskoerant, die Prins Albert Vriend geskryf het: "Ds. Adriaan Hofmeyr het vir die musiekkultuur op hierdie dorp baie beteken, maar veral vir die kerk. Onder sy geesdriftige leiding het die gemeente gou £850 vir die kerkorrel ingesamel. Die persone wat veral bygedra het, was die broers Samuel en Jan Luttig en Frederick Oosthuizen. Die orrel is van Engeland bestel en op 7 Augustus 1886 was die inwyding van die orrel. Ds. Adriaan Hofmeyr het self die orrel bespeel saam met die nuwe orreliste, mej. Fischer. Hy het ook die koor afgerig en ’n Musiek- en Letterkundige Vereniging op die dorp gestig, waarby die magistraat ook betrek is, veral by die literêre aanbiedings. By geleentheid het hy selfs 'n kantate in die kerk gereël vir die Woensdag voor die Nagmaal. Met die goudstormloop in die distrik van Prins Albert in 1891, het ds. Adriaan by die delwers besoek gaan aflê en ook daar ’n delwerskoor op die been gebring." Die distrik Prins Albert is gereeld deur periodieke droogtes geteister wat met groot verlies van lewende hawe gepaard gegaan het en noodwendig tot ’n haglike finansiële toestand gelei het, ook in die gemeente. So ’n ongunstige toestand het weer aan die begin van 1888 geheers toe ds. Hofmeyr, met die oog op die benarde omstandighede waarin die inwoners van die distrik verkeer het, op 31 Maart 1888 ’n brief aan die kerkraad geskryf het waarin hy hulle meedeel dat hy ten volle bewus is van die sorgwekkende toestand van die gemeente. Hy bied aan dat hulle die pastorie-erf en -tuin verhuur wat jaarliks sowat £60 tot die kerkkas sou bydra en dat hy dan op eie onkoste ’n huisie sou huur. Hy sou dus £50 van sy jaarlikse salaris kan afgee. Die kerkraad het egter nie van dié aanbod van die leraar gebruik gemaak nie. Gedurende die laaste maande van 1888 het ds. Hofmeyr moeilikheid met sy keel ondervind en die kerkraad het hom gevolglik verlof vir afwesigheid van enige maande toegestaan. Op 6 Februarie 1889 het die dominee en sy vrou na Europa vertrek. Hulle het in Junie veilig teruggekeer en die gemeente het van heinde en verre toegestroom om hulle by hul aankoms op die pastorie-terrein te verwelkom. Daar was ’n reuse-opkoms en skoolkinders het die "geliefde leraar en sy beminlike wederhelf" ’n lied toegesing. Dié lied, "Kom dank nou almal God" het hulle in Engels gesin: "*Now thank we all our God / With heart and hands and voices / Who wondrous things hath wrought / In whom this world rejoices*." ### Nuwe pastorie Die NG pastorie op Prins Albert is tydens ds. Hofmeyr se tyd gebou en ingewy op 3 April 1893. Die hoofspreker tydens die verrigtinge was prof. N.J. Hofmeyr, ds. Hofmeyr se vader. Jan Luttig, die seun van Prins Albert wat die eerste toespraak in Hollands in die Kaapse Parlement gelewer het, het toe tydens ’n kort toespraak die leraar en sy vrou gemaan om die woorde van die profeet Josua in hul nuwe tuiste hul leuse te maak: "Aangaande mij en mijn huis wij zullen den Heere dienen." In ds. Hofmeyr se tyd op Prins Albert is besluit om die ou pastorie, wat amper 50 jaar vantevore in aller yl opgetrek moes word en in die loop van jare bouvallig en ondoelmatig geword het, deur ’n nuwe te vervang. In Julie 1890 het die kerkraad gevolglik besluit om ’n nuwe pastorie te bou, en op ’n vergadering op 2 Augustus is die plan van die boumeester, G. Alexander (waarskynlik die argitek George Murray Alexander), vir die voorgestelde gebou reeds aan die kerkraad voorgelê. Die bouery het egter nie dadelik begin nie en amper drie jaar sou verloop voordat die voltooide gebou eindelik ingewy kon word nadat die bouaannemers, die here Townsend en Roberts, dit in Maart 1893 afgelewer het. Die inwydingsgeleentheid het op 3 April 1893, tien dae voor die leraar se 39ste verjaardag, plaasgevind. Die hoofspreker tydens dié verrigtinge was sy vader, prof. N.J. Hofmeyr van Stellenbosch. Hy het ’n treffende rede op die stoep van die pastorie gelewer. ### 'n Gewilde leraar Ds. Hofmeyr se algemene gewildheid onder sy gemeentelede word geïllustreer deur twee gebeure waarvan die besonderhede behoue gebly het. In Desember 1886 het die plaaslike magistraat en sy vriende 'n groot geselligheid vir die Hofmeyrs in die Hofsaal gereël waarheen 60 gaste genooi is. Dit was kort nadat ds. Hofmeyr van die Sinodesitting af teruggekeer het. Die aand het onder meer bestaan uit klavier- en sangsolo's. Die tweede gebeurtenis was op 10 Maart 1893 toe ds. Hofmeyr twee kerkdienste op Prins Albertweg-stasie gehou het. Tussen die oggend- en die middagdiens het die boere, wat van alle kante af daarheen gestroom het om die dienste by te woon, ’n politieke vergadering gehou waarop hulle eenparig versoek het dat die dominee die voorsitterstoel inneem. Die eerste bewys van sy politieke belangstelling was sy verrassende aankondiging op die kerkraadsvergadering van 12 Augustus 1893 dat hy "op verzoek van vele vrienden" voorlopig besluit het om hom as parlementslid vir Somerset-Oos verkiesbaar te stel. Ná die mededeling het hy die versoek goed oorweeg en drie maande later aan die kerkraad bekendgemaak dat hy beslis besluit het om dit van die hand te wys. Dit was die tweede sodanige versoek aan die gewilde leraar van Prins Albert, want in Januarie daardie jaar, na afloop van die Burgersdorpse Taalmonument se feestelike onthulling, het die plaaslike Doppers hom met die versoek genader dat hy as kandidaat in hul kiesafdeling by die volgende algemene verkiesing moes staan. Toe het hy dit sonder verdere oorweging geweier. Sy optrede op Prins Albert het Hollands- en Engelssprekendes saamgesnoer en deur die musiekaande wat hy in die pastorie gereël het, die vereniging wat hy gestig het en sy bevordering van kerkmusiek, was ds. Hofmeyr "letterlik die middelpunt van lewe op die dorp". ### Eerste skandaal Reeds hier, enkele jare voordat 'n soortgelyke skandaal op Wynberg tot 'n lang onderbreking in sy bediening sou lei, het sy aantreklike voorkoms hom na bewering in die moeilikheid gelei en het sy reputasie en goeie aansien die eerste keer skade gely. Terwyl hy in die pastorie met sy vrou en aangenome seun gewoon het, het hy in die geheim gekorrespondeer met ene mej. Jemima Orr van Willowmore, sy vorige gemeente. Inwoners van Willowmore het snuf in die neus gekry en ds. Hofmeyr verkla by die Ring van George. Luidens dokumente van dié Ring is klagtes teen die leraar van Prins Albert en twee "onfatsoenlike" dames van Willowmore ingedien. Volgens 'n ander bron is die klag by die Ring reeds op Willowmore ingedien en het dit dus gespruit uit gebeure voor sy aanname van die beroep na Prins Albert. Dit het verband gehou met sy optrede teenoor twee vroue wat as "onvoorzigtigheid" beskryf is. Die voorval het 'n opskudding in kerklike kringe veroorsaak en die pers het selfs daaroor berig. Die Kerk het die aantygings teen ds. Hofmeyr deeglik ondersoek (dit is indertyd as 'n romantiese onbesonnenheid beskryf) en in Julie 1884 'n verklaring uitgereik dat die predikant se morele karakter suiwer en bo verdenking was, maar dat sy woorde en dade aanleiding tot gerugte gegee het wat skadelik was vir sowel sy karakter as sy werk vir die Here. Hy is tereggewys en toepaslik gestraf. In die Ringsverslag van 1884 is 'n apologie van ds. Hofmeyr vervat waarin hy geskryf het die voorafgaande ses maande was 'n tydperk van liefde en leed, lig en duisternis, vrede en onrus. Hy het voorts geskryf die saak het hom, die gemeente en kerkraad nader aan mekaar gebring. Die godsdiensverslag van 1884 van die gemeente Prins Albert aan die Ring van George het hoofsaaklik gehandel oor ds. Hofmeyr se sedelike lewe. Dit was 'n saak van groot hartseer. In *Gemeente onder die Swartberg, 1842–1992. Ned Geref Kerk Prins Albert* skryf P.J. en M. Botes: "Sy onversigtige optrede teenoor 'n ongetroude jongdame wat 'n uitgerekte ringsaak tot gevolg gehad het, het diepe hartseer vir hom en die gemeente meegebring. Ten spyte van die leed, getuig die godsdiensverslag dat 'er nogthans een zeer ryke zegen op alles wat er geschiedde in den Naam des Heeren' gerus het. Dat 'n gemeente deur so 'n smeltkroes gegaan het en dieselfde ds. Hofmeyr as 'n gewaardeerde leraar van Prins Albert opgeteken staan, toon dat die liefde van God inderdaad in mense se lewens kan seëvier". ### Afskeid van Prins Albert Ds. Attie en mev. Anna Hofmeyr omstreeks 1885 op Prins Albert. In Mei 1895 het skokgolwe deur Prins Albert getrek toe ’n koerant bekendmaak dat ds. Hofmeyr ’n beroep na die NG gemeente Wynberg naby Kaapstad ontvang het. Binne enkele minute het die berig deur die hele dorp versprei en was dit gou onder die hele gemeenskap ’n punt van bespreking. Twee of drie weke lank het die gemeente in groot spanning verkeer en was dit, volgens die skrywer van die gemeente Prins Albert se *Eeufees-Gedenkboek*, asof daar by die meeste ’n voorgevoel was dat die leraar nie dié keer die beroep van die hand sou wys nie. Hy skryf: "So het dit ook werklik gebeur, en ’n traan het oor menigte wang gerol toe die beminde leraar op die stille Sondagoggend na die diens met tasbare gemoedsaandoening aan die gemeente bekendgemaak het dat hy besluit het om die beroep aan te neem." In die adres wat die kerkraad ds. Hofmeyr aangebied het, het hulle melding gemaak van die groot dienste wat hy tydens sy dienstyd aan die samelewing bewys het. Dit het ywer vir die sendinggemeente en sy groot werk in verband met die oprigting, bevordering en uitbreiding van die Christelike Jongeliedevereniging ingesluit, asook die oprigting van nuwe skole in die buitewyke van die gemeente en die onvermoeide bevordering van die onderwys. Soos op Willowmore het hy hom beywer om die lot van die armes en behoeftiges te verbeter. In een jaar het byvoorbeeld £30 aan skoolgeld vir die kinders van behoeftige ouers uit sy eie sak betaal. Hy het ook af en toe kinders in die pastorie onthaal en byvoorbeeld op ’n aand, kort ná die inwyding van die nuwe pastorie, ’n groot aantal kinders daarheen genooi en ’n paar uur gesellig daar deur te bring. Kerkbou, sending, onderwys -------------------------- Ds. A.G. du Toit, leraar van 1896 tot 1906. Ds. David Wilcocks, leraar van 1906 tot 1911. Ds. D.J. Le R. Marchand, leraar van 1911 tot 1928. Ds. J.S. Theron, leraar van 1929 tot 1932. Ds. H.S. Theron, leraar van 1933 tot 1936. Ds. S.B. Buys. leraar van 1948 af. Ds. W.A. Alheit, leraar van 1949 tot 1951. Die oorspronklike kerkgebou van die gemeente het spoedig te klein geword, sodat op 18 Maart 1865 die huidige kerkgebou ingewy is. Die kerkorrel is op 7 Augustus 1886 in gebruik geneem. Mej. Annie Luttig (later mev. De Wit) het vir 58 jaar voor hierdie orrel as orreliste opgetree. Die huidige pastorie is op 3 April 1893 ingewy. Latere afstigtings het die grense van die oorspronklike gemeente van Prins Albert heelwat laat krimp. Die werk onder die bruin gemeenskap is oorspronklik deur die moedergemeente gedoen, asook deur die Engelse Episkopaalse Kerk. Op 20 Augustus 1904 het die kerkraad van Prins Albert verlof gegee tot die stigting van 'n NG sendinggemeente. In die vroegste jare is die onderwys direk deur die Kerk behartig en beheer. Vir die grootste gedeelte van die vorige eeu is die jeug in Prins Albert se Kerkskool onderrig, en onderwyssake is dikwels op die kerkraadsvergaderinge bespreek. In 1881 is 'n dorpsbestuur vir Prins Albert aangestel. Hierdie bestuur het in 1902 die status van munisipaliteit verkry. Die gemeenskap van Prins Albert het sedert die vroegste jare baie belanggestel in landsake. Die eerste persoon wat in die ou Kaapse parlement 'n toespraak in Hollands gelewer het (dit was op 13 Junie 1882), was mnr. Jan Luttig, 'n seun van Prins Albert. Enkele leraars -------------- * Johannes Henoch Neethling, 1852–1858 * Willem Adolph Krige, 1859–1883 (emeriteer; oorlede op 28 Junie 1884) * Adriaan Hofmeyr, 1883–1895 * Philip Rudolf McLachlan, 1892 (hulpprediker) * Andreas Gerhardus du Toit, 1896 tot 1906 * David Wilcocks, 1906–1911 * Daniël J. Le Roux Marchand, 1911–1928 (emeriteer; oorlede op 25 April 1935) * Johannes Stefanus Theron, 1929–1932 * Hendrik Schalk Theron, 1933–1936 * Lourens Erasmus du Toit, 1937–1943 * Ruben Fourie, 1939–1944 * Unio Joubert, 1943–1947 * Stephanus Bernardus Buys, Februarie 1948 – Januarie 1962 (oorlede op 12 Januarie 1962) * Wilhelm Adolph Alheit, 1949–1951 * Ernst Jacobus Marais 1952-1955 * Melgard Johannes Keller, 1962-1968 * Charl Francois Sieberhagen 1968-1972 * Koosie Delport, 1972–1977 * Johannes Jochemus Gildenhuys, 1977–1981 * Matthys Magielse Coetzee, 1981-1996 * Christoffel Jacobus Briers, 1996-2020 * Philip George Scholtz, 2 April 2021 – hede (driejaartermyn; emeritus predikant) Bronne ------ * Van Rene, Adri-Louise (hoof: Tydskriftemaatskappy). 2012. *Jaarboek van die NG Kerke 2012*. Wellington: Tydskriftemaatskappy.
{ "title": "NG gemeente Prins Albert", "mostly_tablelist": false, "tablelist_ratio": [ 1473, 14385, 0.10239833159541188 ], "infobox": [], "td_tables": [], "text_length": 16783 }
Die *Fondaco dei Tedeschi* in 2012 Die *Fondaco dei Tedeschi* in Augustus 2019, met besoekers op die dakterras Die interieur van die *Fondaco dei Tedeschi* vandag. Rondom die binnehof het luukse winkels ontstaan Die ***Fondaco dei Tedeschi*** (in Venesiaans: *Fontego dei Tedeschi*; Latyn: *Fonticum Theutonicorum*) was die historiese kantoorgebou, stoor- en koshuis van Duitssprekende kooplui in Venesië. Die benaming is vir die eerste keer in 1268 gebruik, al het die instelling as sulks reeds vroeër in die 13de eeu bestaan, waarby dit in meerdere geboue gehuisves is. Gewoonlik is na alle bewoners van die Heilige Romeinse Ryk as Duitsers of *Tedeschi* verwys - so het ook Oostenrykers, Switsers, Hongare, Pole en Tsjegge in hierdie kategorie geval. Die huidige *Fondaco dei Tedeschi*, geleë in die *sestiere* (stadsdeel) San Marco, langs die Canal Grande en vlaky die Rialtobrug, het in 1508 ontstaan nadat die voorgangergebou drie jaar tevore deur 'n verwoestende brand vernietig is. Met die ontbinding van die Republiek Venesië in 1797 is die *Fondaco dei Tedeschi* deur Napoléon Bonaparte gesluit. Nadat dit enkele jaar lank as Venesiaanse hoofposkantoor van *Poste Italiane* gedien het, het die Benetton Group die gebou in 2008 vir €53 miljoen gekoop en dit as 'n luukse winkelgebou laat herontwikkel. Die historiese binnehof dien tans as stedelike kampus wat oopstaan vir almal, terwyl die dakterras 'n uitsig oor Venesië bied. Die Italiaanse posdiens het die 15de eeuse paleis Ca' Faccanon in San Marco as nuwe Venesiaanse hoofposkantoor ingerig. Etimologie en oorsprong ----------------------- Venesiaanse *fonteghi* (naas dié vir Duitssprekende kooplui was daar byvoorbeeld slegs een ander vir Turkse handelaars, die *Fontego dei Turchi*) het hul etimologiese, argitektoniese en ekonomiese oorsprong in Arabiese handelsposte of fondoeks, stoorhuise vir buitelandse handelaars wat tegelykertyd as herberg verblyf aan hulle verskaf het. So was daar in Alexandrië 'n hele reeks fondoeks vir buitelandse kooplui, terwyl Genua, Marseille, Narbonne en Katalonië oor respektiewelik een beskik het. Selfs 'n Tataarse fondoek het in Alexandrië bestaan wat hoofsaaklik as slawemark gedien het. Al hierdie handelsposte het oor minstens twee verdiepings beskik, met 'n vierkante of reghoekige grondplan en 'n binnehof. Hier en in die grondverdieping is handelsgoedere gestoor en verpak vir verskeping. Slaap- en eetkamers asook gemeenskapsale was in die boonste verdiepings geleë. So is ook in die *Fondaco dei Tedeschi* kamers aan kooplui verhuur wat sake in Venesië gedoen het. Die eerste histories gedokumenteerde huurders was handelaars uit Neurenberg, Augsburg en Judenburg. Maar ook Duitssprekende pelgrims op pad na Jerusalem kon een van die *Fondaco* se 56 kamers huur of hier inligting kry oor alternatiewe verblyfmoontlikhede soos - in die laat 15de en vroeë 16de eeu - die nabygeleë gashuis *St. Georg* (soms ook *Zur Flöte* of *Zur Trinität* genoem) in besit van Peter Ugelheimer, 'n koopman en boorling van Frankfurt am Main. Historiese agtergrond --------------------- Teen die begin van die 13de eeu het die Republiek Venesië feitlik oor 'n monopolie oor die Levanthandel beskik. Duitssprekende kooplui, en hier veral handelaars wat in die suide van Duitsland gesetel was, was van die belangrikste afnemers van oosterse luukse goedere en ander produkte uit die Middellandse Seegebied wat in Venesië verhandel is. Duitssprekende sakelui het hierdie goedere ook verder versprei aan handelaars en verbruikers in die noorde van Europa. Al is Duitssprekende kooplui onder Venesië se mees gewaardeerde handelsvennote gereken en het die Venesiaanse owerheid moeite gedoen om die ruil van goedere in die Strandmeerstad te vergemaklik, is alle aktiwiteite rondom die handel met Venesiaanse invoere en plaaslik vervaardigde goedere streng beheer. So is die *Fondaco dei Tedeschi* as verpligte handelsentrum en losieshuis vir Duitssprekende handelaars ook gebruik om toesig te hou oor hulle handelsaktiwiteite. Hulle is ook nie toegelaat om verder suid in Italië handel te dryf nie.
{ "title": "Fondaco dei Tedeschi", "mostly_tablelist": false, "tablelist_ratio": [ 732, 4178, 0.1752034466251795 ], "infobox": [], "td_tables": [], "text_length": 4099 }
Die **nasionale vlag van die Eritrea** is op 5 Desember 1995 amptelik in gebruik geneem. Die vlag is gevorm uit drie driehoeke: twee reghoekige driehoeke in groen (bo) en blou (onder) met ’n rooi gelykbenige driehoek tussen in. Saam vorm dit ’n reghoek met ’n verhouding van 1:2. Die middelpunt van die olyftak is op ’n kwart van die lengte van die vlag. Simboliek --------- Die drie kleure van die drie driehoeke het elk ’n simboliese betekenis: groen stel die vrugbaarheid van die land en die landbou voor, blou stel die oseaan voor en rooi stel die bloed voor wat gevloei het in die stryd om onafhanklikheid. Die olyftak en -krans stel vrede voor en is ook ’n verering vir die Verenigde Nasies vir die rol wat hy gespeel het in die totstandkoming van die Eritrese onafhanklikheid. Ander vlae ---------- ### Eerste Eritrese vlag *Sien vlag 1 hier onder* Teen die tyd dat Eritrea in 1885 deur Italië gekoloniseer is, is dit reeds deur baie ander lande bestuur. Tot 1941 is die vlag van Italië as amptelike vlag daar gebruik. In daardie jaar is die Italiaanse troepe deur die Geallieerde Magte uit die gebied verdryf as deel van die Tweede Wêreldoorlog. Eritrea het daarna ’n Britse protektoraat geword. In 1950 het die Verenigde Nasies besluit dat Eritrea deel van ’n federasie met Ethiopië moet vorm. Op 2 Desember van daardie jaar is die federasie gestig. Eritrea het onder meer ’n eie parlement gekry en het in 1952 ’n eie vlag in gebruik geneem. Die vlag het, net soos die huidige vlag, ’n olyfkrans met ’n olyftak daarin bevat. In 1952 was die krans egter groen en op ’n blou agtergrond. Die blou is afgelei van die vlag van die Verenigde Nasies en het, net soos die olyfkrans en -tak, verwys na die rol wat die Verenigde Nasies gespeel het in die verwerwing van outonomie binne Ethiopië. ### Onafhanklikheidsoorlog *Sien vlag 2 hier onder* In 1961 is die federasie deur keiser Haile Selassie van Ethiopië ontbind en mog die Eritrese vlag nie meer gebruik word nie. Slegs die gebruik van die vlag van Ethiopië is toegelaat. ’n Kort tyd later het die Eritrese Onafhanklikheidsoorlog uitgebreek wat tot 1991 sou strek. Die burgeroorlog is begin deur die *Eritrean Liberation Front* (ELF), wat steeds die Eritrese vlag gebruik het. In 1971 het die *Eritrean People’s Libetarion Front* (EPLF) weggebreek van die ELF en sou ’n selfs taaier stryd teen die Ethiopiërs voer. Die EPLF het ’n vlag gebruik wat as basis gedien het vir die huidige Eritrese vlag. Die EPLF-vlag het, net soos die huidige vlag, bestaan uit drie driehoeke in dieselfde kleure as die huidige, maar in die plek van die olyfkrans en -tak was ’n geel ster. ### Onafhanklikheid *Sien vlag 3 hier onder* In 1993 het die meerderheid Eritrese burgers vir onafhanklikheid gestem. In Desember 1995 is, soos genoem, die huidige vlag aanvaar deur die Eritrese regering. Dit vlag is ’n kombinasie van die vlag van die EPLF met die olyfmotief uit die jare vyftig. Opposisiepartye en ander versetbewegings teen die regime van Isaias Afewerki gebruik dikwels nog die ou Eritrese vlag. * 1. Vlag van Eritrea, 1952 tot 1961 1. Ontwerp is in verlede gebruik maar sedertdien laat vaar Vlag van Eritrea, 1952 tot 1961 * 2. Vlag van Ethiopië tot 1975 2. Ontwerp is in verlede gebruik maar sedertdien laat vaar Vlag van Ethiopië tot 1975 * 3. Vlag van die EPLF 3. Vlag van die EPLF * Standaard van die President van Eritrea Standaard van die President van Eritrea
{ "title": "Vlag van Eritrea", "mostly_tablelist": false, "tablelist_ratio": [ 1691, 4215, 0.40118623962040334 ], "infobox": [ "<table about=\"#mwt1\" class=\"infobox bordered\" data-mw='{\"parts\":[{\"template\":{\"target\":{\"wt\":\"Inligtingskas Vlag\\n\",\"href\":\"./Sjabloon:Inligtingskas_Vlag\"},\"params\":{\"Naam\":{\"wt\":\"Eritrea\"},\"Artikel\":{\"wt\":\"\"},\"Beeld\":{\"wt\":\"Flag of Eritrea.svg\"},\"Beeldgrootte\":{\"wt\":\"210px\"},\"Geen_grens\":{\"wt\":\"\"},\"Bynaam\":{\"wt\":\"\"},\"Ander_byname\":{\"wt\":\"\"},\"Gebruik\":{\"wt\":\"111111\"},\"Simbool\":{\"wt\":\"\"},\"Verhouding\":{\"wt\":\"1:2\"},\"Goedgekeur_op\":{\"wt\":\"[[5 Desember]] [[1995]]\"},\"Ontwerp\":{\"wt\":\"’n Rooi driehoek aan die vlagpaalkant met ’n geel olyftak en olyfkrans strek tot aan die wapperkant. Bo die driehoek is groen en onder is blou.\"},\"Ontwerper\":{\"wt\":\"\"}},\"i\":0}}]}' id=\"mwAg\" style=\"width:218px; font-size:88%; text-align:left;\" typeof=\"mw:Transclusion\">\n<caption style=\"font-size: larger; font-weight: bold;\">Vlag van Eritrea</caption>\n<tbody><tr>\n<td colspan=\"2\"><figure class=\"mw-image-border mw-halign-center\" typeof=\"mw:File\"><a class=\"mw-file-description\" href=\"./Lêer:Flag_of_Eritrea.svg\" title=\"Vlag van Eritrea\"><img alt=\"Vlag van Eritrea\" data-file-height=\"600\" data-file-type=\"drawing\" data-file-width=\"1200\" decoding=\"async\" height=\"105\" resource=\"./Lêer:Flag_of_Eritrea.svg\" src=\"//upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/2/29/Flag_of_Eritrea.svg/210px-Flag_of_Eritrea.svg.png\" srcset=\"//upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/2/29/Flag_of_Eritrea.svg/315px-Flag_of_Eritrea.svg.png 1.5x, //upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/2/29/Flag_of_Eritrea.svg/420px-Flag_of_Eritrea.svg.png 2x\" width=\"210\"/></a><figcaption>Vlag van Eritrea</figcaption></figure></td>\n</tr>\n<tr>\n<th><a href=\"./Vlagterminologie\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Vlagterminologie\">Gebruik</a></th>\n<td><a href=\"./Nasionale_vlag\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Nasionale vlag\">Nasionale vlag en vaandel</a> <span data-mw='{\"caption\":\"Nasionale vlag en vaandel\"}' typeof=\"mw:File\"><a class=\"mw-file-description\" href=\"./Lêer:FIAV_111111.svg\" title=\"Nasionale vlag en vaandel\"><img alt=\"Nasionale vlag en vaandel\" data-file-height=\"630\" data-file-type=\"drawing\" data-file-width=\"960\" decoding=\"async\" height=\"15\" resource=\"./Lêer:FIAV_111111.svg\" src=\"//upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/6/68/FIAV_111111.svg/23px-FIAV_111111.svg.png\" srcset=\"//upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/6/68/FIAV_111111.svg/35px-FIAV_111111.svg.png 1.5x, //upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/6/68/FIAV_111111.svg/46px-FIAV_111111.svg.png 2x\" width=\"23\"/></a></span> </td>\n</tr>\n<tr>\n<th>Verhouding</th>\n<td>1:2</td>\n</tr>\n<tr>\n<th>Goedgekeur</th>\n<td><a href=\"./5_Desember\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"5 Desember\">5 Desember</a> <a href=\"./1995\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"1995\">1995</a></td>\n</tr>\n<tr>\n<th>Ontwerp</th>\n<td>’n Rooi driehoek aan die vlagpaalkant met ’n geel olyftak en olyfkrans strek tot aan die wapperkant. Bo die driehoek is groen en onder is blou.</td>\n</tr>\n</tbody></table>" ], "td_tables": [], "text_length": 3449 }
Ds. J.C. Combrinck, leraar van 1945 - 1947. Ds. Jasper Anthonie Hough, leraar van 1958 tot 1968. Ds. J.P. Cronje het in 1956 leraar geword van die dogtergemeentes Fairland en Fontainebleau, maar van 1959 af net van Fontainebleau. Die **NG gemeente Randburg** (gestig as Ferndale) aan die noordwestelike kant van Johannesburg in die voorstad met dieselfde naam, is in 1944 afgestig van die moedergemeente Linden, soos trouens in 1955 ook Fairland en Fontainebleau. Met die afstigting was die lidmaattal ietwat meer as 400, maar het teen 1952 reeds 630 getel. Die eerste leraar was prop. J.C. Combrinck wat in 1945 in die gemeente georden is. Gedurende sy bediening het die gemeente 'n ruim en doelmatige pastorie gebou. Aanvanklik is godsdiensoefeninge in 'n kerksaal gehou, wat gebou is toe die gemeente nog deel van Linden was. Die tweede leraar, ds. J.P. le Roux, is op 5 November 1948 bevestig. Uiteindelik wy die gemeente sy eie kerkgebou in 1963 in, maar verkoop dit later weens die gedaanteverwisseling van die woonbuurt en bou sy huidige kerkkompleks, op die hoek van Doverstraat en Vinelaan, Ferndale, in die laat jare tagtig. In 2010 was die leraar ds. Servaas de Kock. Enkele leraars -------------- * Jan Christoffel Combrinck, 1945 - 1947 (eerste leraar) * Jacob Philippus le Roux, 1948 - ? (die NG Kerk se Jaarboek van 1972 dui sy aftreedatum aan as 19–) * Jasper Anthonie Hough, 1958 - 1968 * Andries Willem Lategan Smal, 1962 - 1964 (waarna van 7 Februarie 1964 eerste leraar van dogtergemeente Randburg-Suid) * Dirk Cornelius Grobler Fourie, 27 Januarie 1968 - 1975 * Dr. Abraham Christiaan Johannes Smit, 12 Julie 1975 - 1979 * Albert Hendrik Botha, 1979 - 1982 Bronne ------ * Olivier, ds. P.L. (samesteller), *Ons gemeentelike feesalbum*. Kaapstad en Pretoria: N.G. Kerk-uitgewers, 1952. * Symington, Johan (et. al.), *Jaarboek van die NG Kerke*, Tydskriftemaatskappy, Kaapstad en Wellington, 1985, 1990, 1994, 2010.
{ "title": "NG gemeente Randburg", "mostly_tablelist": false, "tablelist_ratio": [ 602, 1616, 0.3725247524752475 ], "infobox": [], "td_tables": [], "text_length": 1943 }
Ds. G.N.P. Cloete, leraar van 1931 tot 1935. Die NG kerk Randpoort. Nadat die gebou opgeknap is, is dit heringewy op 4 Desember 1954. Ds. J.H.R. Bartlett, die eerste leraar. het die oorspronklike hoeksteen gelê op 24 Augustus 1929. Ds. D.N.J. du Toit is in 1946 hier bevestig en het in die gemeente gearbei tot in die sestigerjare. Die kerkgebou voor die herbouing van 1954. Die **NG gemeente Randpoort** is die moedergemeente van die Nederduitse Gereformeerde Kerk in die Sinode Goudland (voorheen Wes-Transvaal) op die myndorp Randfontein. Die gemeente Randpoort is op 23 April 1918 van die moedergemeente Krugersdorp in die skoolgebou op Randgate afgestig. By die afstigting was die ledetal van die gemeente maar sowat 400. Die 400 lidmate moes in die begin van die naoorlogse jare met karige middele die gemeente van onder af opbou. 'n Hele aantal jare lank is die dienste in 'n sinkgeboutjie waargeneem (waarvan soms spottend gepraat is as "die koeistal"). Geen bruidskat in die vorm van geboue, grond of geld is ontvang nie. Die ampsbetrekkinge van koster en orrelis is deur vrywilligers waargeneem. Op 13 Julie 1918 is eerw. prop. J.H.R. Bartlett, destyds hulpprediker op Krugersdorp, tot herder en leraar van die gemeente beroep. Hy het die beroep aangeneem en is op 12 Oktober van dieselfde jaar bevestig. Onder sy bekwame en toegewyde arbeid het die gemeente spoedig vooruitgegaan, sodat op 1 Maart 1930 'n gerieflike en doelmatige kerkgebou ingewy kon word. By die bou van hierdie kerk was daar uitmuntende samewerking: verskeie lidmate het in hul vrye tyd hand bygesit, bv. as handlangers, messelaars en met die aanry van boumateriaal, stene, klippe, sand, ens. 'n Onderwyser het onder meer later vertel hoe hy en 'n aantal helpers die fondament van die toring met ysterstawe en spoorstukke eiehandig versterk het. In September 1930 het ds. Bartlett vertrek na Standerton, waar hy jare lank gewerk het. Ds. G.N.P. Cloete, sy opvolger, het vier jaar die gemeente bearbei, waarna hy 'n beroep na Rietfontein (Winburg) aangeneem het. Op 31 Augustus 1935 is ds. C.H.L. Mouton in Randfontein bevestig. Gedurende die agt jaar wat hierdie gewilde en beminde leraar hier gearbei het, het die gemeente met 'n ongekende snelheid uitgebrei, sodat, met 'n ledetal van 2 400, die gemeente Randfontein op 28 April 1939 met 'n getal van 800 lede kon afstig. Nadat ds. Mouton in Aug. 1943 na Lindley vertrek het, het die gemeente die sonderlinge rekord belewe dat hy in 'n tydperk van twee jaar drie maal agtereen van leraar moes afskeid neem en 'n nuwe ontvang. (Ds. G. Nel en ds. J. J. Louw het tien maande en agt maande respektiewelik in die gemeente gebly.) Op 27 April 1946 is ds. D. N. J. du Toit hier bevestig. In dieselfde jaar wat Randfontein afgestig is, naamlik 1939, is ook 'n sendinggemeente gestig, wat deur die twee blanke gemeentes Randfontein en Randpoort onderhou is. Eerw. W.H. du Plessis wat tans die sendinggemeente bearbei, het (met sy drie evangeliste) sy hande vol gehad met 50 000 swart mense wat om die myne saamgetrek was Die kerkgebou is geleë by Smutsstraat 71, Randgate, Randfontein. In 2013 was die leraars di. H.J. le Roux en Johan van der Merwe. Daar was in daardie jaar 239 doop- en 942 belydende lidmate. Ds. Van der Merwe het die gemeente in 2014 verlaat en was toe beroepbaar. Teen 2016 het die belydende lidmate afgeneem tot 531 en die dooplidmate tot 91. Enkele leraars -------------- * John Henry Richard Bartlett, 12 Oktober 1918 - 1930 * Gert Nicolaas Petrus Cloete, 1931 - 1935 * Daniel Nicolaas Johannes du Toit, 1946 - waarskynlik 1962 * Gabriel Antonie van der Westhuizen, 1957 – 1960 * Abraham Petrus Steenkamp Coetzee, 1962 - 1967 Bronne ------ * Small, Mario (samesteller). 2013. *Jaarboek van die NG Kerke*. Wellington: Tydskriftemaatskappy van die NG Kerk NPC - 'n divisie van Bybel-Media. * (af) Olivier, ds. P.L. (samesteller), *Ons gemeentelike feesalbum*. Kaapstad en Pretoria: N.G. Kerk-uitgewers, 1952.
{ "title": "NG gemeente Randpoort", "mostly_tablelist": false, "tablelist_ratio": [ 475, 3325, 0.14285714285714285 ], "infobox": [], "td_tables": [], "text_length": 3973 }
Redelinghuys se NG kerk. Ds. D.J. de Villiers, plaaslike leraar, het die hoeksteen gelê op 5 Oktober 1918. Die argitek en bouer was L.A. Simon. ’n Brand, wat blykbaar in die selfoonmas teen die kerktoring ontstaan het, het die gebou op 9 April 2019 in puin gelê. Ds. I.J. Minnaar, leraar van 1921 tot 1929 en weer van 1931 tot hy op 18 April 1947 oorlede is in die amp. Ds. David Johannes de Villiers was Redelinghuys, sy eerste gemeente, se eerste leraar van 1906 tot hy demissie gekry het in 1920. Daarna was hy van 1923 leraar van die NG gemeente Brakpan, maar het in dieselfde jaar afgetree en is oorlede op 29 Julie 1933. Die NG kerk op Redelinghuys in 1933. Ds. J.J.D. Malan, leraar van 1929 tot 1931. Die **NG gemeente Redelinghuys** is 'n gemeente in die Wes-en-Suid-Kaaplandse Sinode van die Nederduitse Gereformeerde Kerk met sy middelpunt op die Sandveldse dorpie Redelinghuys. Dis op 26 April 1906 van die moedergemeente Piketberg afgestig, net 'n dag ná die gemeente Aurora; daarom word soms na dié gemeentes as die tweeling van Piketberg verwys. Agtergrond ---------- Die nukleus van hierdie gemeente was die kerkplaas Wittedrift langs die Verlorenvlei. Reeds in 1866 gee die heer J.N. Redelinghuis 300 morge van hierdie plaas aan die kerkraad van Piketberg, met die doel om 'n buitekerk aldaar op te rig. Hoewel reeds tydens die dienstyd van ds. P.J.G. de Vos met die bou van hierdie hulpherk op Wittedrift begin is, was daar so 'n gebrek aan geld dat dit eers in die vroeg sewentigerjare van die 19de eeu voltooi en ingewy is deur ds. C. Rabie van Piketberg. In April 1867 besluit die kerkraad van Piketberg om gereeld elke drie maande op Wittedrift buitekerk te hou en een maal per jaar die Avondmaal aldaar uit te deel. 'n Staande kommissie van ses lede moes toesig hou oor hierdie kerkplaas. Om toekomstige moeilikhede te voorkom gaan die kerkraad van Piketberg in April 1895 daartoe oor om die kerkgrond op Wittedrift te laat opmeet. Intussen sou nog meer as 10 jaar verloop voordat die kerkplaas te Wittedrift as 'n selfstandige gemeente afgestig sou word. Die Ringskommissie, in opdrag van die Ring van Clanwilliam, het op 25 April 1906 die gemeente van Aurora afgestig ; en 'n dag daarna, op 26 April 1906 het dieselfde kommissie op 'n gemeentelike vergadering in die ou kerk op Wittedrift, die gemeente van Redelinghuys gestig, met 'n ledetal van 789, 'n kerkraad bestaande uit ses ouderlinge en agt diakens en die predikant van Leipoldtville as konsulent. Ter gedagtenis aan die oorlede skenker van die kerkgrond, die heer J.N. Redelinghuis, word die naam Redelinghuys daaraan gegee. Eerste treë ----------- Ds. J.L. van Rooyen is in Maart 1949 op Redelinghuys bevestig. 'n Maand ná die stigting word die eerste kerkraadsvergadering gehou en op 21 Mei 1906 vind die eerste Avondmaalsviering van die nuwe gemeente plaas. Aangesien die oorspronklike kerkgrond (300 morge) te ver van die water geleë en bowendien te smal was, besluit die kerkraad in September 1906 om nog 28 morge grond, laer teen die rivier af, tesame met 'n sterk stroom water van die heer J. Meissenheimer vir £3 000 te koop. Op 24 Augustus 1906, word die eerste leraar, prop. D.J. de Villiers van Johannesburg-Oos, op Redelinghuys bevestig. Hierdie jong leraar pak sy werk met voorbeeldige geesdrif aan. Op sy aandrang word in Februarie 1907 begin met die bou van 'n pastorie, wat reeds op 26 Junie van daardie jaar plegtig ingewy is. Die bouplan van hierdie sierlike pastorie met sy skilderagtige oud-Hollandse gewels, is deur ds. De Villiers self opgetrek. Danksy die hulpvaardigheid van leraar en gemeente kon hierdie groot pastorie teen die betreklik geringe koste van £1 350 opgetrek word. Kerkbou ------- Die ou kerkie op Redelinghuys. Hierna het ds. De Villiers hom dit ten doel gestel "om spoedig een nieuwe en ruime kerk te zien verrijzen". Die ou kerkgebou met sy grondvloer, ondigte rietdak en nouliks 250 sitplekke, was veels te klein en ondoelmatig vir 'n gemeente van nagenoeg 1 000 lidmate. Op gemeentelike vergadering van Julie 1912 word reeds die bou van 'n nuwe kerk bespreek. Toe die leraar self £100 hiervoor beloof, was daar spoedig 'n aantal lidmate wat saam £1 000 aangebied het. Die geld was egter nog veels te min en bowendien was daar nog 'n skuld van £450 (£600 volgens *Ons gemeentelike feesalbum*) op die pastorie. Tog het die kerkraad dit gewaag om op 1 Julie 1918, tydens die moeilike jare van die Eerste Wêreldoorlog, met die bou van die nuwe kerk te begin. Dié onderneming het 'n baie groot invloed op die gemeente uitgeoefen omdat die gebou eers ná etlike jare voltooi kon word; in dié tydperk het die kerkraad met baie moeilikhede te kampe gehad. op 5 Oktober 1918 lê ds. De Villiers reeds die hoeksteen. In 1920 het ds. De Villiers as leraar bedank, maar ná 'n vakature van sowat een jaar het ds. I.J. Minnaar hom die beroep na die gemeente laat welgeval, en kon die werk van die Here weer voortgaan. Deur gebrek aan geld is die bouwerk aan die nuwe kerk by tye heeltemal gestaak. Eers nadat omtrent nege jaar stuksgewyse daaraan gebou is, is hierdie sierlike kerkgebou eindelik op 24 September 1927 ingewy deur ds. J.G. Steytler van Piketberg. Dit bevat 1 000 sitplekke en het die gemeente oor die £15 000 gekos. In 1928 moes die gemeente van ds. Minnaar afskeid neem. Sy opvolger was ds. I.J. Malan (tot 1931). Ná hom is ds. Minnaar vir die tweede maal as leraar van die gemeente bevestig, waar hy gearbei het totdat hy op 18 April 1947 oorlede is. Ná 'n vakature van twee jaar en nadat vir die twaalfde keer 'n beroep uitgebring is, is prop. I.L. van Rooyen op 12 Maart 1949 tot leraar van die gemeente georden. Sedertdien is daar, met behulp van die provinsiale administrasie, 'n groot moderne skoolkoshuis deur die kerkraad opgerig. Die gemeente moes nog sonder 'n orrel klaarkom, maar dis omstreeks 1952 voorsien. 'n Oudonderwyser, mnr. H.E. Smit, het van 1906 tot in die vyftigerjare as kassier die boeke van die gemeente in orde gehou. Enkele leraars -------------- * David Johannes de Villiers, 1906 - 1920 * Izak Joshua Minnaar, 1921 tot 1929, en weer van 1931 tot 18 April 1947 (oorlede in die amp) * Jan Jakob Daniël Malan, 1929 - 1931 * Johannes Lodewickus van Rooyen, 1949 - 1953 * Jacobus Petrus Johannes Botes, 1971 – 1975 Bronne ------ * (nl) Maeder, ds. G.A. en Zinn, Christian. 1917. *Ons Kerk Album*. Kaapstad: Ons Kerk Album Maatschappij Bpkt. * (af) Olivier, ds. P.L. 1952. *Ons gemeentelike feesalbum*. Kaapstad en Pretoria: N.G. Kerk-uitgewers.
{ "title": "NG gemeente Redelinghuys", "mostly_tablelist": false, "tablelist_ratio": [ 389, 5365, 0.07250698974836906 ], "infobox": [], "td_tables": [], "text_length": 6529 }
Die **Junkers Ju 88** is 'n veeldoelige vliegtuig wat onder andere as bomwerper en nagvegter deur die *Luftwaffe* gebruik is tydens die Tweede Wêreldoorlog. Dit was ook gebruik vir lae ondersteuning, verkenning en as torpedodraer. Dit was oorspronklik ontwerp as 'n hoëspoed bomwerper en word soms beskryf as die Duitse *Mosquito*. Ontwikkeling ------------ Die vliegtuig het ontstaan na aanleiding van 'n spesifikasie uitgereik deur die *ReichsLuftMinisterium* (RLM) in 1937. Die eerste prototipe (D-AQEN) het sy nooiensvlug op 21 Desember 1936 voltooi. Dit was toegerus met twee 1,000 perdekrag DB 600A inlynenjins. Die tweede prototipe was in wese dieselfde maar die derde was toegerus met Jumo 211A enjins wat later die hoofenjin sou bly. Die kenmerkende multipaneel glinster neus het verskyn met die vierde prototipe. 'n Klompie *Ju 88A-0's* is geproduseer gedurende die somer van 1939 en produksie van *Ju-88A-1* het begin in September. Die A-modelle is uitgerol sonder enige probleme tot by A-17. Dit het verskeie variante ingesluit; duikbomwerpers, skeepsaanvalle, verkenning en opleidingsmodelle. Die mees volopste vliegtuig van die reeks was die A-4 wat in Afrika en Europa gebruik is. Operasionele ondervinding wat tydens die Slag om Brittanje opgedoen is, is teruggeploeg in model A-4. Die vlerke was langer, nuwe Jumo 211J enjins, groter bomvrag en verdedigende bewapening was toegevoeg. Twintig *Ju 88A-4* was verskaf aan Finland en 'n aantal aan die Italiaanse Lugmag. Die *Ju 88B* was ontwikkel voor die begin van die Tweede Wêreldoorlog en het 'n ander ontwikkelings pad geloop om eindelik as die *Junkers Ju 188* te verskyn. Die volgende belangrike ontwikkeling was die verskyning van die *Ju-88C* vegvliegtuig reeks. Hulle was toegerus met 'n soliede neus wat 'n aantal kanonne en masjiengewere gehuisves het. Hulle was ook toegerus met Jumo 211 of BMW 801 enjins. Die *Ju-88C-O* het sy nooiensvlug voltooi in Julie 1939. Die *Ju-88D* was ontwikkel uit die A-4 as 'n strategiese verkenningsvliegtuig. Daar was meer as 1,800 van die *Ju-88D* vervaardig. Die volgende model reeks wat verskyn het was die *Ju-88S*, 'n bomwerper reeks. Die *Ju-88S-1* was aangedryf deur die BMW 801G (1,700 perdekrag) sterenjin, die *Ju-88S-1* deur die BMW 801TJ (1,810 perdekrag) stermotor en die *Ju-88S-3* deur die Jumo 213E-1 (1,750 perdekrag) enjin. Die *Ju-88S* se neus was ook kleiner en meer gerond. Hulle het ook minder wapens gedra met 'n kleiner bomvrag. Die werkverrigting was egter baie beter as die reekse A en D. Die *Ju-88T-1* en *Ju-88T-3* was ontwerp vir fotoverkenning en was afgelei van die S-1 en S-3. Daar was 10,700 eenhede van die bomwerper en verkennings weergawes gebou; net oor die 60% van die totale produksie. Tegniese besonderhede --------------------- Junkers Ju 88 A-4 Besonderhede van die Junkers Ju 88A-4:| Item | Statistiek | | --- | --- | | Aantal motors | 2 | | Tipe motor | Skroef | | Vervaardiger | Junkers Jumo 211J V-tipe | | Kraglewering per motor | 1 340 perdekrag | | Vlerkspan | 20,8 m | | Lengte | 14,40 m | | Hoogte | 4,85 m | | Maks. opstygmassa | 14 000 kg | | Maks. snelheid | 433 km/h op 4 500 m | | Operasionele hoogte | 8 200 m | | Togafstand | 1 790 km | | Bewapening | Nege 7.9mm MG 81 masjiengewere: twee in neus, een voor vlieënier, twee agter in kajuit, twee voor in kajuit en twee in skiettoring onder neus | | Bomvrag | 500 kg in bomlaai en tot 1000 kg ekstern | | Bronne ------ * *Bombers 1939–1945* Kenneth Munson, Bounty Books 2012 ISBN 978-0-7537-2172-8 * Crosby, Francis: *THE WORLD ENCYCLOPEDIA OF FIGHTERS & BOMBERS*. 2015. ISBN 978-1-84476-917-9
{ "title": "Junkers Ju 88", "mostly_tablelist": false, "tablelist_ratio": [ 806, 3102, 0.25983236621534495 ], "infobox": [ "<table about=\"#mwt1\" class=\"infobox\" data-mw=\"{&quot;parts&quot;:[{&quot;template&quot;:{&quot;target&quot;:{&quot;wt&quot;:&quot;Infoboks-Vliegtuig\\n&quot;,&quot;href&quot;:&quot;./Sjabloon:Infoboks-Vliegtuig&quot;},&quot;params&quot;:{&quot;naam&quot;:{&quot;wt&quot;:&quot;Junkers Ju 88&quot;},&quot;subsjabloon&quot;:{&quot;wt&quot;:&quot;&quot;},&quot;beeld&quot;:{&quot;wt&quot;:&quot;Lêer:Bundesarchiv Bild 101I-363-2258-11, Flugzeug Junkers Ju 88.jpg&quot;},&quot;byskrif&quot;:{&quot;wt&quot;:&quot;&lt;center&gt; 'n Ju 88A oor Frankryk in 1942. &lt;/center&gt;&quot;},&quot;tipe&quot;:{&quot;wt&quot;:&quot;Bomwerper en nagvegter&quot;},&quot;vervaardiger&quot;:{&quot;wt&quot;:&quot;Junkers&quot;},&quot;ontwerper&quot;:{&quot;wt&quot;:&quot;Ernst Zindel, W. H. Evers, en Alfred Gassner&quot;},&quot;eerste vlug&quot;:{&quot;wt&quot;:&quot;21 Desember 1936&quot;},&quot;bekendstelling&quot;:{&quot;wt&quot;:&quot;&quot;},&quot;vrygestel&quot;:{&quot;wt&quot;:&quot;&quot;},&quot;onttrek&quot;:{&quot;wt&quot;:&quot;&quot;},&quot;status&quot;:{&quot;wt&quot;:&quot;Onttrek aan militêre diens&quot;},&quot;hoofgebruiker&quot;:{&quot;wt&quot;:&quot;[[Luftwaffe]]&quot;},&quot;meer gebruikers&quot;:{&quot;wt&quot;:&quot;&quot;},&quot;vervaardig&quot;:{&quot;wt&quot;:&quot;&quot;},&quot;aantal gebou&quot;:{&quot;wt&quot;:&quot;15,183&quot;},&quot;programkoste&quot;:{&quot;wt&quot;:&quot;&quot;},&quot;eenheidskoste&quot;:{&quot;wt&quot;:&quot;&quot;},&quot;ontwikkel van&quot;:{&quot;wt&quot;:&quot;&quot;},&quot;variante met eie artikels&quot;:{&quot;wt&quot;:&quot;&quot;}},&quot;i&quot;:0}}]}\" id=\"mwAg\" style=\"width:23em; font-size: 90%;\" typeof=\"mw:Transclusion\">\n<tbody><tr>\n<th colspan=\"2\" style=\"font-size: large; padding-bottom: 0.3em; text-align: center;\">Junkers Ju 88</th></tr>\n<tr>\n<td colspan=\"2\" style=\"text-align: center;\"><div style=\"border: 1px solid #AAAAAA;\"><span typeof=\"mw:File\"><a class=\"mw-file-description\" href=\"./Lêer:Bundesarchiv_Bild_101I-363-2258-11,_Flugzeug_Junkers_Ju_88.jpg\"><img data-file-height=\"462\" data-file-type=\"bitmap\" data-file-width=\"719\" decoding=\"async\" height=\"180\" resource=\"./Lêer:Bundesarchiv_Bild_101I-363-2258-11,_Flugzeug_Junkers_Ju_88.jpg\" src=\"//upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/1/19/Bundesarchiv_Bild_101I-363-2258-11%2C_Flugzeug_Junkers_Ju_88.jpg/280px-Bundesarchiv_Bild_101I-363-2258-11%2C_Flugzeug_Junkers_Ju_88.jpg\" srcset=\"//upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/1/19/Bundesarchiv_Bild_101I-363-2258-11%2C_Flugzeug_Junkers_Ju_88.jpg/420px-Bundesarchiv_Bild_101I-363-2258-11%2C_Flugzeug_Junkers_Ju_88.jpg 1.5x, //upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/1/19/Bundesarchiv_Bild_101I-363-2258-11%2C_Flugzeug_Junkers_Ju_88.jpg/560px-Bundesarchiv_Bild_101I-363-2258-11%2C_Flugzeug_Junkers_Ju_88.jpg 2x\" width=\"280\"/></a></span></div></td></tr>\n<tr>\n<td colspan=\"2\" style=\"border-bottom: 1px solid #aaa; text-align:left;\"><center> 'n Ju 88A oor Frankryk in 1942. </center></td></tr>\n<tr>\n<td style=\"width: 7em;text-align:right;\"><b>Tipe</b></td>\n<td>Bomwerper en nagvegter</td></tr>\n<tr>\n<td style=\"text-align:right;\"><b>Vervaardiger</b></td>\n<td>Junkers</td></tr>\n<tr>\n<td style=\"text-align:right;\"><b>Ontwerp deur</b></td>\n<td>Ernst Zindel, W. H. Evers, en Alfred Gassner</td></tr>\n<tr>\n<td style=\"text-align:right;\"><b>Nooiensvlug</b></td>\n<td>21 Desember 1936</td></tr>\n<tr>\n<td style=\"text-align:right;\"><b>Status</b></td>\n<td>Onttrek aan militêre diens</td></tr>\n<tr>\n<td style=\"text-align:right;\"><b>Hoofgebruiker</b></td>\n<td><a href=\"./Luftwaffe\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Luftwaffe\">Luftwaffe</a></td></tr>\n<tr>\n<td style=\"text-align:right;\"><b>Aantal gebou</b></td>\n<td>15,183</td></tr>\n</tbody></table>" ], "td_tables": [], "text_length": 3629 }
Die NG kerk Rietfontein, ontwerp deur die argitek Gerard Moerdijk. Ds. G.J. Barnardt. Die NG gemeente Rietfontein is die tweede gemeente van die Nederduitse Gereformeerde Kerk op die Vrystaatse dorp Winburg en het "uit die nood van die omstandighede" ontstaan. Aanloop ------- Ná die gewapende protes van 1914 is 'n versoek aan die kerkraad van die gemeente Winburg gerig dat die lede van die kerkraad wat die wapens opgeneem het teen hulle mede-Afrikaners, moet bedank. Hierdie versoek is geweier. Diegene wat hulle beswaard gevoel het om langer onder die kerkraad van Winburg te ressorteer, het toe 'n kommissie van 12 gekies ten einde verder te onderhandel. Die kerkraad is opnuut genader en beleefd versoek om toe te staan dat een maal per maand 'n leraar van elders verkry word om die beswaardes te bearbei en die sakramente te bedien. Hierdie versoek is ook geweier, hoewel die vergunning gegee is om buitedienste te hou, maar die sakramente mog nie bedien word nie. Die plaaslike sendeling is ook nie toegelaat om dienste vir die beswaardes te hou nie. Stigting -------- Die Ring het toe ingegryp, maar die vrede is nie herstel nie. 'n Latere poging het goeie vooruitsigte ingehou, maar aangesien die betrokke kerkraadslede, wat eers beloof het om te bedank, weer van sin verander het, is daar finaal tot afskeiding van die moedergemeente besluit. Daartoe is besluit op 'n vergadering van die beswaardes, gehou in Maart 1917. Eindelik is die Ringskommissie gemagtig om die beswaardes tot 'n afsonderlike gemeente af te stig. Op 31 Mei 1917 is die gemeente Rietfontein gestig, so genoem na die plaas Rietfontein, wat aan die dorp Winburg grens, waarop pres. M.T. Steyn gebore is. Die gemeente het toe reeds 500 lidmate getel. Tot konsulent is ds. H.J. Pienaar van Senekal benoem. Kerkbou ------- By gebrek aan 'n eie kerkgebou is die eredienste aanvanklik in Winburg se stadsaal gehou en wanneer die stadsaal vir ander geleenthede bespreek was, is dit in die bioskoopsaal gehou. Geld vir die bou van 'n kerk is ingesamel. Eers is daar aan die bou van 'n kerksaal gedink; later is besluit op die bou van 'n kerk. 'n Baie geskikte terrein is aangekoop en die eerste kerk van die gemeente, 'n eenvoudige kruiskerkie, is op 11 Julie 1919 ingewy. Die bouaannemer was Long van Bloemfontein en die koste £8 930. Twintig jaar later is daar tot die bou van 'n nuwe en doeltreffender kerk besluit. Die oue is afgebreek en op dieselfde terrein is die nuwe kerk gebou, na die ontwerp van die vermaarde argitek Gerard Moerdijk, en in die naweek van 15 en 16 Maart 1941 ingewy. In 2005 skryf Dirk van der Bank in *Volksblad*: "Die gemeente het ná die afskeidsdiens in die Voortrekkersaal, wat intussen as kerk gebruik is, in 'n prosessie na die nuwe kerk gestap waar die Sondagskoolkinders hulle toegesing het. In sy toespraak het argitek Moerdijk die gemeente geprys vir sy deursettingsvermoë om hierdie projek ten spyte van die moeilike ekonomiese omstan dighede van die oorlogsjare te voltooi. Binne 18 maande is genoeg geld ingesamel, onder meer met pannekoek- en braaivleisverkope, om die kerk sonder skuld in te wy. Rietfontein se kerkgebou toon heelwat ooreenkomste met Bloemfontein-Wes se kerkgebou wat ook deur Gerhard Moerdijk ontwerp is. Wat die plasing van die toring en die vorm van die skip van die gebou betref, toon Rietfontein se kerk ook in 'n mindere mate ooreenkomste met die Moerdijk-kerke in Kestell, Louis Trichardt en Salisbury (Harare) in die destydse Rhodesië." Leraars ------- Die eerste leraar van die gemeente was ds. J.H. Badenhorst. In 1921 is hy deur ds. B.J. Kloppers opgevolg. In 1927 volg ds. C.R. Kotze. Die vierde leraar was ds. G.N.P. Cloete, wat in 1935 hier bevestig is. Die vyfde leraar was ds. G. J. Barnardt, wat in April 1948 verwelkom is. In 1952 skryf die gemeente se medewerker, waarskynlik ds. Barnardt, in Ons gemeentelike feesalbum: "Die Here het hierdie gemeente, uit nood en angs gebore, wonderlik geseën." Enkele leraars -------------- * J.H. Badenhorst * B.J. Kloppers, 1921 * C.R. Kotze, 1927 * G.N.P. Cloete, 1935 * G.J. Barnardt, April 1948 Bronne ------ * (af) Olivier, ds. P.L. 1952. *Ons gemeentelike feesalbum*. Kaapstad en Pretoria: N.G. Kerk-uitgewers.
{ "title": "NG gemeente Rietfontein", "mostly_tablelist": false, "tablelist_ratio": [ 255, 3566, 0.0715086932136848 ], "infobox": [], "td_tables": [], "text_length": 4225 }
Die kerkie op die dorp Rhodes. Die ligging van die Noordoos-Kaapse NG gemeentes. Ds. David Ross, na wie die gemeente genoem is. Ds. G.W.S. Hofmeyr was leraar hier van 1916 tot 1920 toe hy vertrek na Glen Lynden. Hy was die jongste seun van ds. Jan Hendrik Hofmeyr, wat meer as 40 jaar leraar van die NG gemeente Somerset-Oos was. Ds. Johannes Rudolff Hugo, die eerste leraar van 1902 tot 1906. Ds. H.A. de Wet, leraar van 1926 tot 1928. Ds. Gert Hendrik Prinsloo Badenhorst, leraar van 1933 tot 1939. Ds. Henry Charles Hopkins was net leraar van Rossville van 1945 tot 1946, toe hy medelaar van Alice met werkkring Fort Beaufort word. Ds. M.B. Brink was die leraar hier van 1952 tot 1974. Ds. Henry Fredrick Witthuhn, leraar van 1958 tot 1963. **Rossville** was van 1893 tot met die gemeente se inlywing by die NG gemeente Barkly-Oos die naam van die NG gemeente op die Oos-Kaapse dorpie Rhodes. Die dorp is aan die Bellrivier geleë, 54 km noordoos van Barkly-Oos. Die naam van die dorpie was (volgens sommige bronne) vroeër **Rossville**, maar is hernoem ter ere van Cecil John Rhodes (1853–1902), staatsman en politikus. Die plekkie is beroemd vir sy yskoue klimaat en sneeu in die winter. Gemeente se ontstaan -------------------- Die gemeente is in 1893 van die NG gemeente Barkly-Oos afgestig met 'n ledetal van 400. Die naam van die dorpie was toe al Rhodes, maar 'n aantal van die lidmate het verlang dat ds. David Ross, destyds van Lady Grey en konsulent en kerkvader van die geweste, vernoem word. Op 'n vergadering om die saak te bespreek, is besluit om die dorpsnaam onveranderd te laat, maar die gemeente **Rossville** te noem. Ná die vertrek van ds. Helgard Müller van die NG gemeente Barkly-Oos in 1894 is die gemeente getrou bedien deur ds. F.W.R. Gie, eweneens van die moedergemeente. Eers in Februarie 1902 kon die gemeente Rossville daarin slaag om sy eie leraar te bevestig in die persoon van prop. J.R. Hugo. Onder vele moeilikhede weens Krygswet kon hy eindelik hier aankom en is hy deur die konsulent bevestig. Hy neem egter ná vier jaar 'n beroep aan na Niekerkshoop, waar hy in Januarie 1907 bevestig is. Die gemeente bly geruime tyd vakant en eers die dertiende beroep word aangeneem sodat ds. C.H. Murray in 1908 bevestig kon word. Hy het kort vantevore sy sendingwerk in Njassaland moes laat vaar weens sy eggenote se swak gesondheid. Hy arbei met seën en vrug in die gemeente. Sy alombeminde vrou is in 1913 oorlede. Aan die einde van 1915 neem ds. Murray die beroep van die Algemene Sendingkommissie na Mochudi in Betsjoeanaland aan en in Mei 1916 word ds. G.W.S. Hofmeyr as sy opvolger en Rossville se derde leraar bevestig. Hy was van 1909 die eerste leraar van die NG gemeente Port Elizabeth, maar moes in 1914 emeriteer weens swak gesondheid. Hy het blykbaar wonderbaarlik herstel, want hy arbei getrou in Rossville tot 1920, in Glen Lynden tot 1920, Greytown tot 1929 en toe nog op Middelburg, Transvaal, tot 1948 toe hy sy emeritaat finaal aanvaar; dus 'n volle 34 jaar nadat hy aanvanklik sy emeritaat aanvaar het. Ds. H.A. de Wet Ds. Hendrik Adrian de Wet (Lichtenburg, 25 Februarie 1890 – 5 Julie 1970) ontvang sy eerste onderrig by sy vader en daarna op Franschhoek waar hy die goue medalje ontvang vir die beste leerling. Hy ontvang sy teologiese opleiding aan die Kweekskool op Stellenbosch en daarna aan Princeton in die VSA waar hy die graad M.Th. verwerf. Hy word in 1921 gelegitimeer en bedien agtereenvolgens die gemeentes Pietermaritzburg-Wes (November 1921), Rossville (1926), Lusaka (1928), Christiana (1930), Philipstown (1941), Cedarville (1946), Alexandria (1947). Tydens sy bediening op Christiana ontvang hy sy tweede M.Th.-graad, maar nou aan die Universiteit van Stellenbosch. Hy tree tydens die Tweede Wêreldoorlog as veldprediker op. De Wet was ’n praktiese predikant wat lidmate bygestaan het in hul alledaagse probleme. Hy was goed in sport, veral tennis. Die De Wet-stamregister berig: "(Hy) Gebruik kruiemengsels om mans met prostaat en ander intieme probleme te help. Sy nageslag beskou die kruiemengsel as rede waarom geen egskeidings onder hulle voorkom nie." Ds. De Wet was die stigter van die De Wet-Greeff-sendingfonds. Hy aanvaar sy emeritaat op 18 April 1953 weens swak gesondheid. Hy is in 1918 getroud met Elizabeth Johanna (Lizzie) Ochse. Twee kinders is uit die huwelik gebore. Gemeentelike lewe ----------------- Die gemeente het bloeijare beleef toe die eenmanskool tot 'n skool met vyf onderwysers aangegroei het om net weer teen omstreeks 1952 tot 'n tweemanskool te daal. In 1942 is hier met 'n koshuis begin, maar in 1950 is dit ontbind weens 'n gebrek aan kinders. Dit is gedeeltelik veroorsaak deur baie boere wat reeds 'n plaas besit het, maar dan 'n tweede en selfs derde gekoop het en so tot die ontvolking van die omgewing gelei het. Die gemeente het swaar gebuk gegaan onder droogtes in 1912 en 1933, maar nie ondergegaan nie. In 1902 en 1931 was daar weer groot kapokstorms wat baie skade veroorsaak het. Skape wat onder die kapok toe was, is tot 'n maand later eers weer daaronder ontdek. In 1952 berig *Ons gemeentelike feesalbum* die kerk se lidmaattal het tot onder 200 gedaal, maar "onder die seënende hand van die Here bly die gemeente egter selfstandig en welvarend". Dit is nie duidelik presies wanneer die gemeente ontbind het nie, maar dit moes iewers tussen die NG Kerk se Jaarboek van 1973 (toe daar sowat 100 lidmate was) en die 1979-uitgawe wees, want daarin word die gemeente nie meer vermeld nie. Enkele leraars -------------- * Johannes Rudolff Hugo, 1902–1906 (waarna Niekerkshoop tot sy dood in Oktober 1914) * Charles Hugo Murray, 1908–1915 * Georg Wilhelm Stegmann Hofmeyr, 1916–1920 * Camille Frederic Leygonie, 1920–1923 * Jacob Philippus le Roux, 1924–1926 * Hendrik Adrian de Wet, 1926–1928 * Michael Nicolaas Janse van Rensburg, 1928–1931 * Gert Hendrik Prinsloo Badenhorst, 1933–1939 * Cornelis Johannes Perold, 1939–1944 * Henry Charles Hopkins, 1945–1946 * Salomon Theordorus Potgieter, 1947–1950 (toe hy sy emeritaat aanvaar) * Benson Henry Visser, 1950–1958 * Marthinus Beyers Brink, 1952–1974 * Henry Frederick Witthuhn, 1958–1963 * Hendrik Jacobus Greeff, 1963–1966 * Marthinus Beyers Brink, 1967–1974 Sien ook -------- * Skotse predikante in die NG Kerk Bronne ------ * Olivier, ds. P.L. (samesteller), *Ons gemeentelike feesalbum*. Kaapstad en Pretoria: N.G. Kerk-uitgewers, 1952. * Raper, P.E. *Dictionary of South African Place Names*, Lowry Publishers, Johannesburg, 1987.
{ "title": "NG gemeente Rossville", "mostly_tablelist": false, "tablelist_ratio": [ 834, 5401, 0.15441584891686724 ], "infobox": [], "td_tables": [], "text_length": 6536 }
Filet van John Dory 'n **Filet**, van die Franse woord, is 'n snit of snysel van ontbeende vleis of vis. Vleis ----- In die geval van beesvleis, verwys die term gewoonlik na 'n spesiale stuk biefstuk of beeshaas (Engels: "steak"), veral filet mignon. * Filet van varkvleis * Rou hoenderfilette Hoender ------- **Hoenderfilette** is 'n spesifieke snit van vleis uit die hoender. Daar is twee filette aan 'n hoender, en hulle is elkeen 'n paar duim lank en ongeveer een duim of minder breed. Hulle lê onder die grootste gedeelte van die bors net bokant die ribbekas rondom die middel van die sternum. Hulle is geskei van die hoofbors deur filamente. Hoenderfilette is baie gewild in die supermarkte van die meeste lande. Dit word verskaf aan die hoofbors, of geskei van die bors in pakkies van algemeen vier of meer filette. Vis --- Ter voorbereiding van visfilette moet die skubbe aan die vis eers verwyder word. Die inhoud van die maag moet ook versigtig verwyder word uit die filet. Visfilette word gewoonlik verkry deur 'n snit parallel met die ruggraat te maak, eerder as loodreg op die rug soos die geval is met steaks. Die oorblywende bene met die aangehegte vlees is bekend as die "raam", en word dikwels gebruik om visaftreksel van te berei. In teenstelling met heel vis of "vis steaks", mag filette nie van die vis se ruggraat bevat nie; wat hulle minder vleis gee, maar dit makliker maak om te eet. * Stokvis word in filette gesny. * Japannese gereedskap gebruik om groot tuna in filette te sny. * Twee mans sny vis in filette en sout dit, 1878. * Outomatiese messe vir die sny van visfilette. Daar is verskillende maniere om 'n visfilet te sny: * *Kotelet* + Hierdie filet word verkry deur 'n snit van agter die kop van die vis, om die maag en gepunt na die stert. Die vis word dan omgedraai en die proses word herhaal aan die ander kant om 'n dubbele filet te produseer. * *Enkel* + Hierdie filet is meer kompleks as die kotelet en lewer twee afsonderlike filette, een uit elke sy van die vis. * *"J" Snit* + Hierdie filet word op die dieselfde manier gemaak as 'n enkele filet maar die pengrate is met die sny van 'n "J" vorm van die filet verwyder.
{ "title": "Filet", "mostly_tablelist": false, "tablelist_ratio": [ 623, 1786, 0.34882418812989924 ], "infobox": [], "td_tables": [], "text_length": 2177 }
Robertson se NG moederkerk is in 1905 in gebruik geneem. Die argitek was John Gaisford. Die **NG gemeente Robertson** is 'n groot plattelandse gemeente in die provinsie Wes-Kaap en die NG Kerk se Sinode van Wes-en-Suid-Kaapland. Dit is in 1853 gestig as die 52ste gemeente in die hele Kerk, maar is tans (2015) die 51ste oudste gemeente ná die inlywing van die NG gemeente Middelburg, Kaap by haar dogtergemeente, Middelburg-Uitsig, in 2010. Gemeentestigting ---------------- Robertson se moedergemeente het dié medalje in 1953 uitgereik ter viering van die gemeente se eeufees. Robertson is 'n boomryke semi-Karoodorp aan die voet van die Langeberg, tussen Worcester en Swellendam. Die dorp is in 1853 gestig op die plaas "Over het Roode Zand onderaan de Hoops Rivier". Dié plaas is toe reeds al meer as 'n honderd jaar deur blankes bewoon. Die laaste eienaar was Johannes Willem van Zijl. Die plaas het onder die distrik Swellendam geressorteer. Die gemeente was baie uitgestrek sodat dr. William Robertson van Swellendam slegs elke drie maande op "over het Roode Zand" 'n diens kon hou. Maar die streek het digter bevolk geraak en die behoefte aan 'n eie gemeente het mettertyd sterker geword, totdat Johannes van Zijl, eienaar van die plaas, en Maurits B. Polack, onderwyser van die plaasskool, op 22 September 1852 'n brief rig aan dr. Robertson, scriba van die Ring van Swellendam, en toestemming vra vir die stigting van 'n nuwe gemeente en dorp. In opdrag van die Swellendamse Ring is die plek "geinspecteerd en goedgekeurd als zeer geschikt ter oprigting eener nieuwe gemeente". Ná die gebruiklike formaliteite afgehandel is, is die plaas "Over het Roode Zand" van Van Zijl vir £4 200 gekoop, wat in dié dae 'n baie groot prys vir 1 525 morge was. Die koopbrief is op 8 Februarie 1853 onderteken. Om die nuwe dorp en gemeente te beheer, is tien direkteure gekies. H. van Reenen het die dorp opgemeet, en op 4 Mei is die eerste erwe opgeveil. Op die vergadering van 29 Januarie het die direkteure aan dr. Robertson geskrywe en gevra om die dorp na hom te noem. Hulle skryf dat hulle oortuig is "dat het algemeen verlangen is, het aanstaande dorp met U Wel-Eerwaardens naam te vereeren, en hopen daar wij gaarne een blijvend aandenken aan ons nakroost willen nalaten van een hartelijk beminden en zeer hooggeachten leeraar wiens pogingen om een zuivere Evangelieleer te verkondigen, cn cene reine Christelyke opvoeding der jeugd te verzekeren, onvermoeid waren, als mede wiens liefderijke en welwillende vriendelijkheid, waarmede hij een ieder behandeld heeft met wien zijne plichten bbetn in aanraking bragten, het zij in dit district als elders, aan de geheele kolonie bekend is,—dat Uw Wel-Eerwaarde ons niet te leur zult stellen, en er niets tegen hebben zult, dat wij aan het gouvernement voordragen Uw Wel-Eerwaardens naam 'Robertson' aan ons dorp toe te staan." Dr. Robertson het ingewillig en op 16 Februarie 1851 William Hope, waarnemende goewermentsekretaris, in die *Cape Good Hope Government Gazette* aan dat die luitenant-goewerneur ook sy goedkeuring aan die naam geheg het. Die gemeente het baie gou begin met die bou van hulle kerk, sodat die hoeksteen gelê kon word op 16 September 1853 deur Petrus Johannes Truter, gewese lid van die ou Raad van Justisie en gewese siviele kommissaris van Worcester. Ds. De Smidt se bediening ------------------------- Ds. Charles de Smit is in Junie 1859 bevestig as Robertson se eerste leraar, maar is reeds in Januarie 1861 oorlede tydens 'n koorsepidemie, wat ook talle lidmate se lewe geëis het. Van ds. Charles de Smidt se ontvangs en bevestiging op Robertson op 22 Junie 1859 vertel nóg die argiefstukke in die NG Kerkkantoor nág die *Gereformeerde Kerkbode* iets. Dat die gemeente wat meer as ses jaar verlangend uitgesien het na die dag waarop hy sy eie leraar sou kon verwelkom, en boonop juis op hom so lank moes was, hom met ope arms ontvang het, is te verstane. En so begin hy dan sy bediening in die jong dorpie waar nog nie veel meer geboue as die kerk, die magistraatsgebou en 'n klompie huise en winkels was nie. Van hom vertel ds. J.A. van Z. le Roux in die Gemeenteblad van Robertson in Oktober 1924 onder meer: "Hy het … van die begin af sy taak aangepak met die noeste vlyt. Aan sy naarstige soek na die heil van onsterflike siele het 'n innige gemeenskap met sy Heer gepaard gegaan deur middel van gebed. Menige dag … het hy die eensaamheid gaan opsoek aan die voet van Muiskraalskop. Daar het hy, gelyk Daniël die profeet, in stilte met sy Heer omgang gehad deur middel van die gebed. Aan vrug op sy getroue arbeid het dit dan ook nie ontbreek nie." In 'n artikel wat in dieselfde blad in Desember 1923 verskyn het, vertel 'n anonieme skrywer onder meer: "Ds. de Smidt was 'n man met een open karakter — wat in hem was, kwam uit, al moest de toehoorder daaronder sidderen en beven. Hij was verder bezield met een buitengewone ernst en toewijding aan de dienst des Heeren. In zijn ziel brandde er steeds een heilig vuur voor de redding van verloren gaande zielen. Hij was bij uitnemendheid een boetprediker, een zielzoeker, een herder van zijn kudde. Zijn ernst dreef hem dikwels een harde boodschap aan de gemeente, huisgezin of persoon te brengen. Zo bezocht hij eenmaal 'n onverschillige man in Klaasvoogds Rivier, en terstond na hij zijne boodschap had geleverd, reed hij weg. Het hart van die man werd geraakt, vergruisd, gewonnen." ### Herlewingskoferensie op Worcester Dis ds. De Smidt net gegun om 18 maande die Woord te verkondig in die ou NG kerk op Robertson. Die hoeksteen is op 16 September 1853 gelê, dis ingewy op 29 Oktober 1856 en gesloop en deur die huidige kerkgebou vervang in 1905. In ds. De Smidt se kort dienstyd het daar op Worcester 'n konferensie plaasgevind waarvan ook die gemeente Robertson die heilsame gevolge sou ondervind. Toe die Kweekskool op Stellenbosch in November geopen is, het die aanwesige predikante aan proff. John Murray en Nicolaas Hofmeyr en die Stellenbosse leraar ds. J.H. Neethling die taak opgedra om lede van alle Christelike kerke uit te nooi om 'n konferensie op Worcester by te woon waar groot kerklike vraagstukke bespreek sou word. Prof. Hofmeyr het die organisasiewerk op hom geneem, en die byeenkoms het dan ook op 18 en 19 April 1860 plaasgevind. Die aanwesiges was uit meer as 20 gemeentes afkomstig. Van die elf aanwesige jongere predikante was sewe seuns of skoonseuns van ds. Andrew Murray sr. van die NG gemeente Graaff-Reinet, wat ook daar was; maar slegs vyf van die ouere predikante het die verrigtinge bygewoon. Referate is oor verskeie onderwerpe gelewer, onder meer "Herlevingen" deur dr. William Robertson; "Volkslektuur voor Zuid Afrika" deur prof. John Murray; "Christelijke Regering" deur ds. De Smidt; en "Opvoeding" deur Ds. J.H. Neethling. Aan die einde van die tweede dag stel ds. Andrew Murray jr. die nuwe predikant van Worcester, voor om 'n leraar van die NG Kerk, en wel dr. Robertson, na Holland, Duitsland, Skotland en desnoods Amerika te stuur om predikante, sendelinge en onderwysers te soek om so in die dringende behoefte hier te lande te probeer voorsien. Dr. Robertson het die opdrag aanvaar, maar min kon hy toe dink dat een van sy "rekrute" die opvolger van sy beminde vriend Charles de Smidt sou wees. Die Konferensie op Worcester was oorsaak van 'n wydverspreide en seënryke geestelike herlewing in die NG Kerk. Prof. John du Plessis vertel in sy biografie van ds. Andrew Murray jr. dat die herlewing op 'n stil manier begin het, sonder die aanwending van uiterlike middele om die vuur van geestelike lewe aan te wakker. In gemeentes wat die sterkste op die Konferensie verteenwoordig was, is eerste die ontwaking van 'n nuwe geestelike erns waargeneem. Bidure is beter bygewoon en nuwe bidkringe op baie plekke gestig. In die gemeentes Montagu en Worcester het die eerste tekens van waaragtige opwekking hulle openbaar. Die beweging het ook nie net tot die dorpe beperk gebly nie, maar hom ook kragtig getoon selfs op verafgeleë buiteplase waar manne en vroue plotseling aangegryp is deur gewaarwordinge waarvan hulle nog maar weinige weke, of selfs dae, tevore vreemd was. Uit Montagu is byvoorbeeld berig: "Op Zondagavond 22 Julie werd alhier een biduur gehouden door di. (Robert) Shand en De Smidt, toen de opwekking zoo groot was dat men klaagde dat de bidstond een uur te vroeg eindigde. Een jaar geleden wist men van geen bidstonden, maar nu houdt men ze dageliks, zelfs tot drie-maal 's daags, ook onder kinderen. Of dit het werk des Geestes is, wordt door sommigen betwist; doch wij zijn getuige geweest van zekere gevallen, dat men overtuigd wordt van zonde, en claardoor onbeschrijfelijk ontsteld wordt, en door niets zich laat troosten dan door het verzoenend lijden van onze Here Jezus Christus, en door het gebed." Van wat in die Robertsonse gemeente in dié tyd gebeur het, vertel die Kerkraad se verslag oor die staat van Godsdiens wat in Oktober 1860 na die Ringsvergadering opgestuur is. Ds. De Smidt, opsteller van dié dokument, skryf: "Doch is er niet ten onzent geschied eene bepaaldelijke uitstorting van Gods Geest? Eene werking van den Geest is er ontegen-zeggenlijk. Getuigen de veelvuldige Bidstonden die als van zelve alom in de Gemeente geboren werden en stand houden — alom, zeggen wij, want er kon bezwaarlijk een enkel wijk der Gemeente worden opgenoemd waar zoodanige vereeniging niet te vinden is. Is er eene uitstorting? Verbindt men de Uitstorting des Geestes aan eene overmatigende lichaams- en zielsbeweging, dan deelen wij tot hiertoe in de opwekking niet, maar is de bijzondere krachtige opwekking in het afsterven van den ouden, en het aantrekken van den nieuwen mensch, kortom, in de bekeering tot God, dan mogen wij zonder vermetelheid roemen in eene krachtdadige openbaring van Gods regterarm in ons midden. De Jeugd vooral op verschillende plaatsen begaf zich tot het bidden en smeeken. Hier en daar knielden kinderen ulfs om bekeering neder — zij die zich vroeger der wereld wijdden, verbonden zich nu aan den God der genade in hunne eenzaamheid, en werden weldra voorgangeren en oorbidders in broederlijke samenkomsten: en ook de Zusters in haren kring verhieven haar belaste harten tot God die zegt 'Bidt, en het zal u gegeven zijn'. Wat wij nog hoopen en wachten is niet de sloopende ontroering van andere landen, maar de zachte en zoete fluisteringen van Gods liefdestem — de kalme doch krachtdadige werking des Heiligen Geestes die ons geloof vasthecht, niet aan een stormachtige opwelling des gemoeds, hoe dikmaals dit ook gevorderd zij, maar aan de bestendige onzigtbare gemeen-schap met Hemzelf, den Trooster die bij ons blijft tot in der Eeuwigheid, den geest die staat tegenover magt en geweld." ### Siekte en dood Te midde van hierdie geestelike seëninge het 'n vreeslike ramp die dorp getref — 'n epidemie van maagkoors wat van November 1860 af tot Februarie 1861 gewoed het. In hierdie tyd van beproewing het ds. De Smidt onverdrote en onverskrokke, selfs toe dit met groot gevaar gepaard gegaan het, nooit in sy pligsbetragting verflou nie. Gewoonlik het hy soggens die siekes besoek en smiddae begrafnisse gehou, egter sonder om enige voorsorg te neem om hom teen besmetting te vrywaar, "meenende dat de Heer, die hem geroepen had tot het werk, ook magtig was hem te bewaren. Later hierover sprekende," vervolg die reeds aangehaalde onbekende skrywer in "De Gereformeerde Kerkbode" van 9 Februarie 1861, "heeft hij erkend, dat het goed is, terwijl wij op God vertrouwen, ook de middelen aan te wenden." Sy swak gestel het uiteindelik onder die spanning geknak, en hy en dr. Servaas Hofmeyr, die leraar van Montagu, het reeds ooreengekom om van tyd tot tyd 'n paar dae in mekaar se gemeente te werk. Toe, op 'n dag in Desember 1860 moes hy drie begrafnisse hou. Op pad na die kerkhof tydens die derde begrafnis het sy kragte hom begewe en moes hy omdraai en huis toe gaan. Op die 23ste het hy gepreek nog na aanleiding van I Kor. 15:19: "Indien wij alleen in dit leven op Jezus zijn hopende, zo zijn wij de ellendigste van alle menschen." Toe dr. Hofmeyr, wat tydens die afwesigheid van dr. Robertson oorsee as konsulent waargeneem het, van ds. De Smidt se siekte verneem, het hy dadelik aangebied om hom te gaan haal vir 'n verandering van lug en omgewing. Ook sou hy hom in sy gemeente help. Op Kersdag het De Smidt nog die laaste keer voor sy gemeente opgetree, en die volgende dag, Woensdag, is hulle, volgens afspraak, toe na Montagu. Daar het hy so mooi beter geword dat besluit is om hom sodra hy sterker was, na sy familie op Wynberg te neem. Maar toe ondervind hy 'n terugslag, en ses dae later is hy, op 21 Januarie 1861, in sy 29ste jaar oorlede. Sy laaste woorde was 'n boodskap aan sy familiebetrekkinge: "Alles regt, het is alles wel." ### Begrafnis Sy stoflike oorskot is op Robertson ter aarde bestel, maar onder omstandighede wat die gevoelens van sy gemeentelede baie seergemaak het. Eers wou die magistraat. Joseph le Brun, glad nie toelaat dat die begrafnis hier plaasvind nie. Toe daar alreeds reëlings getref is om dit dan op Montagu te laat geskied, gee hy verlof dat die teraardebestelling wel op Robertson mag plaasvind, maar dan nie later as om tienuur die volgende oggend nie en voorts op voorwaarde dat die graf agt voet diep moes wees en dat een mud kalk oor die kis gestrooi moes word. Toe laat hy die wa met die lyk by die Hoopsrivier voorkeer tot ná afloop van die lykdiens in die kerk, blykbaar om te voorkom dat die lyk die gebou binnegedra word; maar een van die diakens het die opdrag veronagsaam en die wa tot naby die kerk laat bring. Omdat sulke streng maatreëls in geen ander geval gelas is nie, was daar baie ontevredenheid en is gevoel dat dit oneerbiedig was jeens die oorblyfsels van hul hoogs gerespekteerde leraar, van wie in der waarheid gesê kon word dat hy sy eie lewe opgeoffer het deur vertroosting aan ander te bring. Dat die gemeente sy ontslape leraar hoë agting toegedra het, blyk byvoorbeeld uit die godsdiensverslag wat die Kerkraad in 1861 by die Ring van Swellendam ingedien het: "De dood van onzen Leeraar, die, te midden van zijnen ijvervollen arbeid, en in den bloei zijner jaren, werd weggenomen, was eene gebeurtenis, waardoor niet alleen deeze gemeente, maar de geheele Kerk geleden heeft. Hij was een getrouwe en ijverige dienstknecht des Heeren. Wij kunnen vrijmoedig getuigen dat hij den geheelen raad van God verkondigd heeft … Wij kunnen niet anders dan getuigen, dat een blijkbaar zegen op zijn arbeid rustte, en dat de heilzame pogingen ten goede nog in de gemeente zigtbaar zijn. Dan hij rust van zijnen arbeid, en zijne werken zullen hem navolgen. Wij wenschen in den aanbiddelijken, hoewel ondoorgrondelijken raad van God te berusten, terwijl wij den Heere bidden om de gemeente weldra eenen ander Herder en Leeraar toetezenden, bezield door denzelfden geest, en ijverig volgende in de voetstappen van zijnen betreurden Voorganger." Ds. McGregor se bediening ------------------------- Ds. McGregor op nagenoeg 25-jarige leeftyd. Op Sondag 15 Junie 1862 kom ds. Andrew McGregor ná 'n vermoeiende reis van drie maande in Kaapstad aan nadat hy in Skotland deur dr. William Robertson gewerf is om as predikant in Suid-Afrika te kom werk. Ná 'n paar dae in Kaapstad waar hy gelegitimeer word en in die Presbiteriaanse Kerk St. Andrew preek, gaan hy na Swellendam om dr. Robertson te raadpleeg in verband met sekere sake. Daar lewer hy op 29 Junie sy eerste preek in Hollands; en op 13 Julie tree hy twee keer op Robertson op "tot algemeen genoegen", en word elf dae later as leraar van Robertson beroep. Hy neem die beroep aan, gaan terug na Swellendam en trou daar op 3 September 1862 met dr. Robertson se oudste dogter, Elizabeth Augusta, op wie hy tydens sy vorige besoek verlief geraak het, en kom dan terug na Robertson waar hy op Donderdag, 11 September 1862 bevestig word. Dit was 'n blye dag vir die gemeente, en 'n beriggewer skryf dan ook aan *De Volksvriend* onder meer: "Eindelijk is de gelukkige dag aangebroken, waarop deze gemeente zich op nieuw verheugen mag in de geregelde bediening door haar eigenen leeraar. Zij, die bij ondervinding weten, wat het zegt zoo lang beroofd te zijn van de wekelijksche verkondiging des Evangelies, en dat na gewoon te zijn aan de diensten van een getrouwen en vromen herder, zijn alleen in staat ten volle de gevoelens te beseffen, die velen bezielden toen zij weder haren eigen leeraar in hun midden mogten aanschouwen." ### Ontvangs op Robertson Die jong egpaar is reeds die vorige dag omtrent ses myl buite die dorp ingewag en in 'n optog deur omtrent dertig rytuie na die huis van die vrederegter, J.W. van Zijl, geleide gedoen. Die bevestigingsrede is deur ds. Andrew Murray gelewer na aanleiding van die teks "Die u ontvangt, ontvangt mij, en die mij ontvangt, ontvangt Hem die mij gezonden heeft," en dr. Robertson het die inseëning waargeneem. In die namiddag het ds. McGregor sy intreepreek gehou na aanleiding van 2 Kor. 4:2. By die geleentheid is nege kinders gedoop, naamlik Jan Matthijs Willem le Roux (gebore 29 Julie 1862), Jan Sebastiaan Petrus Bernardus Viljoen (29 Julie), Jacobus Johannes de Wet (22 Junie), Magaretha Magdalena Susanna Wessels (7 Mei)Frederik Jacobus Viljoen (13 Julie), Jakob Francois i4uller (9 Augustus), Johanna Sophia Visser (15 Junie), Johanna Sophia Crous (25 Junie) en Anna Alizabeth de Witt (30 Mei). Toe hy veertig jaar later aftree, is Jan Sebastiaan Viljoen se dogter gedoop Elizabeth Augusta McGregor na mev. McGregor. In sy afskeidspreek het hy die een en ander omtrent sy bediening meegedeel, waaruit ons die volgende aanhaal: "Ons doel — en hierin sluit ik mijn dierbare echtgenote in — was dag en nacht de gemeente tot zegen te zijn. Ons gemak hebben wij nooit gezocht. Wij hebben getracht te doen wat wij konden. Somtijds hebben wij getracht te doen meer dan het lichaam verduren kon!" Eerw. Andries Dreyer, gewese Kerkargivaris, vertel in die Jubileum-Nommer van *Die Kindervriend* (April 1931) wat hoofsaaklik gewy was aan ds. McGregor as oprigter en jare lange redakteur van die blad, onder meer die volgende oor sy arbeid op Robertson. "Die geseënde bediening … was versier met 'n wandel waardig die evangelie waarin liefde tot sy Heer openbaar geword het in liefde tot die siele aan sy sorg toevertrou. Hy was dan ook by uitnemendheid 'n sielsoeker, en het dan ook seker baie siele gewen. Op bekering het hy dit steeds aangestuur in sy prediking. Daarby was hy 'n onvermoeide werker. Dit was sy lus en lewe om steeds arbeidsaam te wees. Om vermoeienis het hy nie gegee nie en van moeg word nie gepraat nie. Hy het student gebly tot aan die end van sy lewe, en was altyd baie getrou in die voorbereiding van sy preke, wat hy gewoonlik (die eerste jare altans) vol uitgeskryf het, hoewel hy hom later, toe hy in Hollands meer geoefend en tuis was, slegs van 'n skets op die preek, stoel bedien het. Met kranke, en huisbesoek was hy baie getrou en sy bestellinge het hy met groot stiptheid en nougesetheid uitgevoer. Bo al was hy 'n ware bidder. In die binnekamer, by die huisgodsdiens en in die gemeentelike bidstonde het hy hom steeds doen ken as 'n voorbidder vir die belange van Gods Koninkryk. Geen wonder dan ook dat daar meer dan eens herlewinge in die gemeente was." ### Aftrede Ds. Andrew McGregor, Robertson se tweede leraar wat hier gestaan het van 1862 tot sy aftrede in 1902. Hy is oorlede op 17 Junie 1918. Dit was sy enigste gemeente. Die dorp McGregor is na hom genoem. Op 72-jarige ouderdom het ds. McGregor, hoewel gesond en selfs nog sterk, besluit om liewer opsy te staan vir 'n jonger man. "De werkzaamheden der gemeente", het hy in sy afskeidspreek verklaar, "vermeerderden elk jaar en de opvoeding der jeugd in zoo 'n gemeente als deze is zoo gewichtig voor het toekomstig heil van Kerk en land, en het kiezen van onderwijzers en onderwijzeressen van zoo groot belang, dat dit alles onvermoeide waakzaamheid en werkzaamheid op den kant van den Leeraar eischte. Om die reden onder anderen meende ik dat het goed was dat de zaak toevertrouwd zou worden aan jongere krachten dan de mijne. Ik wenschte ook om uit te stappen voor dat de gemeente zou beginnen te lijden wegens de toeneming in jaren en de afneming van krachten van den Leeraar." Onder blyke van groot belangstelling neem hy en sy eggenote wat soveel jare getrou tersy gestaan het, op 11 September 1902 afskeid van sy geliefde gemeente, waarvan hy gesê het: "Wij zouden kunnen zeggen: Snijd in ons hart en gij vindt de gemeente Robertson." Hy het hom nadat hy sy emeritaat aanvaar het, in Kaapstad gevestig. Maar nie om te rus nie; daarvoor was sy gees te bedrywig. So dikwels as hy daartoe versoek is en sy kragte hom dit toegelaat het, het hy gepreek en ook tydelik in die gemeentes Maitland en De Rust waargeneem. Ook was hy 'n paar jaar lank ouderling van die Nieuwe Kerk en kapelaan van die Roelandstraatse gevangenis. Nog altyd het sy vaardige pen nooit gerus nie. Op 3 September 1912 kon ds. en mev. McGregor hul goue bruilof vier in die pastorie van die Nieuwe Kerk, waarvan sy skoonseun ds. G.J. du Plessis toe leraar was. Al hul kinders was op hierdie heuglike dag aanwesig, naamlik regter A.J. McGregor, ds. A.M. McGregor (destyds leraar van die NG gemeente Oudtshoorn, dr. John Robertson McGregor, mev. M.J. de Villiers, mev. ds. Du Plessis en mej. H. M. McGregor. ### Begrafnis Die dorpie Lady Grey, wat tot in die jaar van ds. McGregor se aftrede deel was die gemeente Robertson, is kort ná die gemeente se stigting hernoem tot McGregor. Dié foto is waarskynlik geneem tydens die kerk op McGregor se inwyding in 1905, dieselfde jaar waarin die moedergemeente 'n nuwe kerkgebou in gebruik geneem het. Ses jaar later, op Maandag, 17 Junie 1918, is hy ná 'n siekbed van enige maande aan sy woning, Hillsideweg 12, Tamboerskloof, oorlede. Die volgende dag is daar 'n roudiens gehou in die NG kerk Drieankerbaai, waar sy seun ds. A.M. McGregor van 1914 tot 1939 leraar was. Onder die groot gehoor was predikante van die NG Kerk en baie ander Christelike kerke, verteenwoordigers van die Unie-regering en die provinsiale administrasie. Die diens is gelei deur prof. J.I. Marais van die Kweekskool wat tot teks gekies het Psalm 103:1 en 2 en Hebreërs 13:7. Hy het verklaar dat ds. McGregor 'n gawe van God aan die NG Kerk in Suid-Afrika was, en Suid-Afrika moes God dank vir sy lewe. "Zijn naam was Andrew: hij was een ware Andreas; hij was niet een man die zich ooit op de voorgrond drong, maar die anderen bij de hand nam en tot de Heiland leidde." Ook ds. A.I. Steytler, jare lange vriend, het die ontslapene gehuldig en onder meer daarop gewys dat, alhoewel hy 'n Skot van geboorte was, hy hom heeltemal met die Afrikaanssprekendes vereenselwig het en selfs by voorkeur Nederlands gepraat het. Ná die diens is die lyk per trein na Robertson vervoer, waar die begrafnis die volgende dag plaasgevind het. Die gemeente het in groot getalle opgekom om die laaste eer aan hulle oudleraar te bewys. Om halfdrie die namiddag is die kis by die huis van mnr. Lewis by die stasie afgehaal en na die kerk gevolg deur die weduwee en haar ses kinders en 'n skare van ongeveer tweeduisend mense. 'n Vierhonderdtal leerlinge het aan die voorpunt van die stoet gestap en hulle soos 'n erewag aan weerskante van die straat voor die ingang na die hoofdeur van die kerk opgestel. Die slippedraers was die predikante H.P. van der Merwe en S.J. Perold van Robertson, Weber van McGregor, I.F.A. de Villiers, skriba van die Sinode, en D.P. van Huyssteen en Van der Westhuizen van Montagu en die ouderling C.P. Klopper. As draers het opgetree die ouderlinge P.R.W.J. de Wet, L.A. Wentzel, N.L. Jonker, J.P. Marais en J.A. van Zijl. Ds. H.P. van der Merwe, eerste leraar van Robertson, wat as geleentheidsredenaar opgetree het, is bygestaan deur di. De Villiers, Weber, Perold en Van Huyssteen. As teks het Ds. Van der Merwe gekies 2 Konings 2:12: „Mijn Vader, mijn Vader," en daarop gewys dat die ontslapene soos 'n vader geken, geëerbiedig en gelief was. Dit kon 'n mens sien in die kransie wat namens die moderatuur van die NG Kerk gestuur was. "De weeklacht over Elia was niet misplaatst op deze Gemeente. Vader McGregor had de Gemeente geïnspireerd. Dat was nog kenbaar by de ou stock. Het werk van Vader McGregor was onsterflik. De weeklacht kwam uit 'n gemeente vol van waardering. Uit 'n hart dat vol was van eerbied kon het trouwens niet anders wezen." Ds. Van der Merwe se bediening ------------------------------ Dr. Hendrik Petrus van der Merwe, leraar van 1903 tot Maart 1925. Op 20 Maart 1903 kon die gemeente die opvolger van ds. McGregor verwelkom in die persoon van ds. Hendrik Petrus van der Merwe, B.A. B.D. Reeds in sy tyd op Britstown het sy kragtige prediking en onverskrokke optrede die aandag van die kerklike publiek op hom gevestig. Toe hy dus in Januarie beroep word as opvolger van ds. McGregor, was niemand verwonderd nie. Sy 22-jarige bediening was vir die gemeente in baie opsigte betekenisvol, en hy het dan ook sy spore diep in Robertson afgedruk. Dit was in alle opsigte 'n tydperk van groei. Die getal lidmate het, ten spyte van die afstigting van die Sendinggemeente en die gemeentes McGregor en Vandermerwe, toegeneem van 900 lidmate in 1903 tot 2 000 in 1925, toe daar binne die grense van die gemeente soos dit in die tyd van sy voorganger afgebaken is, altesame 3 000 lidmate was. In die tyd is 1 364 mense in die huwelik bevestig, 1 938 lidmate aangeneem en 2 733 gedoop. In sy afskeidspreek gelewer op 29 Maart 1925, nadat hy die beroep na die Cradock aangeneem het, het hy verklaar dat, "ofschoon daar winter en zomer, bloei en achteruitgang in het geestelik leven der gemeente geweest is, was de groei der gemeente onmiskenbaar, en heeft die zich uitgedrukt in de totstandbrenging van gebouwen en inrichtingen. Met uitzondering van 'n deel der oude kerkzaal is hier geen steen de een op de ander geplaatst, die niet in mijn tijd geplaatst is." Daaronder was daar die drie pastorieë in Van Reenenstraat, die een op die hoek van Reitz- en Whitestraat, en die Sendingpastorie in Reitzstraat, twee sale, een in Le Rouxstraat "welke Hammanzaal dient te heten" en dan ook in die dertigerjare so genoem is, en die Anna Susannasaal in die onderdorp. Reeds in Ds. McGregor se tyd is planne bespreek om die ou kerk groter te maak, maar eers in ds. Van der Merwe se tyd is besluit om liewer die ou gebou te sloop en 'n nuwe op dieselfde plek op te rig. Die plan wat uiteindelik aanvaar is, was die leraar se eie idee hy het dit in die Brooklyn Tabernacle in New York gesien. Op 19 Oktober 1904 is afskeid geneem van die ou gebou, toe ds. Van der Merwe gepreek het na aanleiding van Habakuk 2:2a: "Want de steen uit den muur roept." By dié geleentheid was daar drie-en-twintig persone aanwesig wat in 1856 die inwyding bygewoon het. Daarna is dit gesloop en die nuwe sierlike gebou waarin die gemeente vandag nog aanbid, onder toesig van 'n boukommissie opgerig. Die lede van hierdie Kommissie was: Ds. H.P. van der Merwe en mnre. H.C. van Zijl, L.W.R. C.P. Klopper, B.J. Kloppers, J.P. Marais, D.N. During, W.J. de Wet, F.J. van Zijl, J.P. Kennedy en M. Nicol. Die argitek was John Gaisford. Die kerkgebou met die traliewerk daarom het £17 000 gekos. Die hoeksteen is op 11 Januarie 1905 gelê deur ds. Van der Merwe, bygestaan deur di. J.G. Weber van Lady Grey (McGregor), D.J. le Roux Marchand van Kaapstad en J.A. Malherbe van Goudini (Rawsonville). Op Donderdag 19 Oktober 1905, toe geweldige stormwind op Robertson en ander plekke groot verwoesting aangerig het, kon die gemeente eindelik die heuglike oomblik beleef dat sy nuwe kerk ingewy word. Die wydingsrede by dié geleentheid is deur ds. Andrew McGregor gelewer. Ander geboue wat in ds. van der Merwe se tyd opgerig is, en waarby die kerkraad direk of indirek betrokke was, is die skoolgebou en onderwyserswoning van Dassieshoek, dié van Keurkloof, Merwehof, die kerklike gebou in Kerkstraat ("No Man's Land"), die nuwe gebou by Rob Roy, De Waal-Hostel en die Herberg wat deur die Ring van Tulbagh opgerig is. Voorts is die volgende skoolgeboue in die dorp opgerig: die Hoër Meisieskool (1912) — later die Primêre Meisieskool, die Hoër Seunskool (1921) — later die Primêre Seunskool, en die Opleidingskool — later die Hoërskool, terwyl die ou gebou van die hoërskool tussen Truter- en Whitestraat wat in 1893 gebou is, vergroot is. Aan kerklike en skoolgeboue is in die 22 jaar van 1903 tot 1925 tussen £110 000 en £120 000 bestee. Aan die onderwys het hy waardevolle dienste bewys. Ook was hy lid van dit Sinodale Onderwyskommissie. Met al die jare het hy student gebly en aangesien hy met 'n stale geheue geseënd was, het hy 'n groot hoeveelheid kennis opgedoen wat hom veral goed te stade gekom het wanneer hy met studente in aanraking gekom het. Hy kon ook taktvol omgaan met jong mense en ander wat deur twyfel gekwel is. Hiervan het die Sinodale Kommissie van die Kaapse Kerk gebruik gemaak toe hulle hom in 1921 afvaardig om die Afrikaanse studente aan buitelandse universiteite te besoek en bearbei, 'n taak wat hy met skitterende sukses uitgevoer het. As blyk van erkenning van sy bekwaamheid en van sy werk het die Universiteit van Edinburg aan hom daarna die eregraad doktor in die Godgeleerdheid toegeken. Hy het baie belanggestel in die armesorg en was dan ook die siel van die groot kongres oor dié saak wat in 1916 op Cradock gehou is. Hierdie kongres het die oë van die Afrikaanse volk die eerste keer oopgemaak vir die erns van die Armblankevraagstuk. As voorsitter van die Sinodale Armesorgkommissie het hy die saak steeds voor die aandag van die Volk en die Regering gehou. Toe die Sinodale Kommissie hom in verband met die bearbeiding van die studente na Europa stuur, is hy ook deur die Kaaplandse Administrateur, sir Frederik de Waal, die taak opgedra om 'n studie van armesorg in Europa te maak. Hy kon dan ook by sy terugkeer waardevolle wenke in hierdie opsig aan die hand gee, en hy en sy eggenote het op Robertson baie in hierdie opsig gedoen, 'n taak waarby hulle kon reken op die steun van die Kerkraad en die ACVV-tak wat in hulle tyd daar gestig is. In 1924 het die Sinode van die Kaapse Kerk sy verdienstes erken deur hom tot Moderator te kies, 'n eer wat hy self beskou het as die hoogste wat 'n medemens hom kon bewys. Die pligte in verband met hierdie hoë amp het hy eervol en met waardigheid nagekom. Dit was dan ook in dié hoedanigheid dat hy in 1926, toe hy reeds op Cradock predikant was, die uitnodiging ontvang en aanvaar het om by die onthulling van die Dellvillebos-gedenkteken 'n gebed te doen. Sy gebed daar is deur die Engelse koerante 'n model van gewyde welsprekendheid genoem. Veral in verband met twee sake het ds. Van der Merwe sy onverskrokke moed getoon. In 1915 het die Sinode geweier om die rebelle te veroordeel. Daarvan het Van der Merwe in sy afskeidspreek self die volgende vertel: "De Synode was eenstemmig tegen rebellie, maar achtte het tegen alle beschaafde rechtspleging aan om personen te veroordelen zonder hen te horen, en dan nog zonder verhoor te veroor delen op eenzijdige kourantenberichten. De rebellie was 'n staatsaangelegenheid, en het Parlement, dat daarmee in de eerste plaats te doen had, was verstandiger en stelde toen nog 'n onderzoek eerst in. Ik stond aan de kant van de Synode. Het gevoel liep hoog in het land. Drie kwart van mijn gemeente keurde mijri handelwige af. Draadtrekkers gingen twee maanden van huis tot huis om gevoel op te wekken. Het heette toen om het besluit der Synode te veroordelen. 'n Vergadering werd gehouden. Honderden waren tegenwoordig. Toen men echter bevond dat de beweging 'n bedekte aanval op mijn persoon was, stapte bijna de gehele vergadering uit en alles liep dood." Die tweede geval was in verband met die ontsettende dronkenskap onder die bruin mense van die Westelike Provinsie. Hy het geweet dat as hy teen die drankhandel sou optree, hy aanstoot sou gee aan baie van sy gemeentelede wat daarin 'n bedreiging vir hulle bestaan sou sien. Hy het egter nie toegelaat dat die oorweging hom afskrik van wat hy die weg van plig beskou het nie. Hy het sy gemeente die versekering gegee dat hy deur sy houding in verband met hierdie saak nie minder belang in hulle en hulle tydelike voordeel gestel het nie, maar juis daarom het hy homself geroepe geag om op te tree teen 'n openbare sonde wat hulle uiteindelik in hulle hoogste belange sou aantas. Die stryd tussen hom en die wynboere oor Plaaslike Keuse "het soms heftig geword, maar, ten spyte daarvan het hy nooit die vertroue of die liefde van die oorgroot meerderheid verloor nie." Hulle het sy eerlikheid en die opregtheid van sy motiewe nie in twyfel getrek nie. Tydens sy 22-jarige bediening op Robertson is hy 13 keer beroep, maar het vertel dat hy in al dié jare gevoel het "dat ik 'n enige plaats had in het hart van 'n gemeente door mij begeerd, en was de band die onze harten aan elkander bond, zo hecht dat niets dezelve verscheuren kon". Maar die veertiende beroep, deur die NG gemeente Cradock, het hy aangeneem en op 29 Maart 1925 van Robertson afskeid geneem. Dr. Van der Merwe veral op Robertson ’n blywende indruk gemaak. Tydens sy 22-jarige bediening is die sierlike kerkgebou en talle skole opgerig en twee dogtergemeentes, Van der Merwe (Bonnievale) en McGregor, asook ’n sendinggemeente afgestig. In sy laaste gemeente, Cradock, het hy net 20 maande gearbei tot hy op 24 Desember 1926 beswyk het aan ’n ongeneeslike kwaal, veroorsaak deur ’n kiem wat hy op besoek aan Europa opgedoen het. Hy het dié reis as moderator van die Kaapse Kerk (van 1924 af) onderneem om deel te neem aan die onthulling van die Delvillebos-gedenkteken in Frankryk. Latere leraars -------------- Sedertdien het die volgende leraars die gemeente bedien: Di. S.J. Perold (1918–'19), A.S. Cronje (1933–'39), J.G. Muller (1919–'24), T.J. Kotzé (1936–'42), C.V. Nel (1925–'35), E.A. Venter (1939–'44), J.W. Snyman (1926–'32), dr. F.J.M. Potgieter (1943–'46) en dr. D.J. Louw (1946–'49). Kort voor die eeufeesviering was hier drie leraars in die gemeente, naamlik di. S.J.L. Marais (vanaf 1945), H.C. Kinghorn (vanaf 1950) en J.N.F. O'Kennedy (vanaf 1951). Robertson is die moeder van drie dogtergemeentes, t.w. McGregor (gestig 1902), Vandermerwe (Bonnievale, gestig 1922) en Robertson-Oos. Tydens die stigting van die gemeente Ashton (1949) is ongeveer 200 lidmate van Robertson daar aangesny. In 1953 het die gemeente sy eeufees gevier. In daardie jaar het die belydende lidmate 2 650 getel en die kerkraadslede 46. Enkele leraars -------------- * Carel Hendrik de Smidt, 1859 – 21 Januarie 1861 (oorlede in die amp) * Andrew McGregor, 1862–1902 (na wie McGregor genoem is) * Dr. Hendrik Petrus van der Merwe, 1903 – Maart 1925 * Alexander Gustav Timon Venter, 1905 (hulpprediker) * John Murray, 1910–1917 * Stefanus Jacobus Perold, 1918–1919 * Jan Gysbert Muller, 1919–1924 * Cornelis Vermaak Nel, 1925–1935 (emeriteer; oorlede op 4 Junie 1936) * Jacobus Wilhelmus Snyman, 1926–1932 * A.S. Cronjé, 1933–1939 * T.J. Kotze, 1936–1942 * Erasmus Albertus Venter, 1939–1944 * J.W. Snyman, 1926–1932 * Prof. dr. Frederik Johannes Mentz Potgieter, 1943–1946 (waarna professor aan die Kweekskool) * Dr. Daniël Johannes Louw, 1946–1949 * Sarel Johannes Lodewicus Marais, 1945–1962 * Herman Charles Kinghorn, 1950–1952 * J.N.F. O'Kennedy, 1951–1956 * Henry Charles Hopkins, 1952–1955 (kapelaan in die SAW) * Hendrik Winterbach, 1961–1966 * Paul Albertus du Toit, 1967–1979 * Abraham Jacobus de Villiers, 1967–1973 * Andries Gustav Stephanus Gouws, 1971 – 24 Mei 1987 (emeriteer) * Pieter Jurgens Steyn, 1987 – 30 November 2014 * M. Joubert, ? – 8 Des 2019 (emeriteer) * Janlu Kuyler, 2020 – hede Galery van leraars ------------------ * Ds. John Murray was leraar van Robertson van 1910 tot hy sy emeritaat in 1917 ontvang het. Hy is op 30 Augustus daardie jaar oorlede.Ds. John Murray was leraar van Robertson van 1910 tot hy sy emeritaat in 1917 ontvang het. Hy is op 30 Augustus daardie jaar oorlede. * Ds. Cornelis Vermaak Nel, leraar van 1925 tot 1935, toe hy aftree. Hy is oorlede op 4 Junie 1936.Ds. Cornelis Vermaak Nel, leraar van 1925 tot 1935, toe hy aftree. Hy is oorlede op 4 Junie 1936. * Ds. A.S. Cronjé, leraar van 1933 tot 1939.Ds. A.S. Cronjé, leraar van 1933 tot 1939. * Dr. E.A. Venter was medeleraar van Robertson van 1939 tot 1944.Dr. E.A. Venter was medeleraar van Robertson van 1939 tot 1944. * Prof. dr. F.J.M. Potgieter, in lewe 'n hoogleraar aan die Kweekskool op Stellenbosch, leraar van 1943 tot 1946.Prof. dr. F.J.M. Potgieter, in lewe 'n hoogleraar aan die Kweekskool op Stellenbosch, leraar van 1943 tot 1946. * Ds. S.J.L. Marais, medeleraar van 1945 tot 1962.Ds. S.J.L. Marais, medeleraar van 1945 tot 1962. * Dr. D.J. Louw, leraar van 1946 tot 1949 toe hy na Bloemfontein-Wes gegaan het.Dr. D.J. Louw, leraar van 1946 tot 1949 toe hy na Bloemfontein-Wes gegaan het. * Ds. Hermanus Charles Kinghorn, leraar van 1950 tot 1952.Ds. Hermanus Charles Kinghorn, leraar van 1950 tot 1952. * Ds. Kenney O'Kennedy, leraar van 1951 tot einde 1956.Ds. Kenney O'Kennedy, leraar van 1951 tot einde 1956. * Ds. Hennie Winterbach, leraar van 1961 tot 1966.Ds. Hennie Winterbach, leraar van 1961 tot 1966. Bronne ------ * Dreyer, eerw. A. 1932. *Jaarboek van die Nederduits-Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika vir die jaar 1933*, Kaapstad: Jaarboek-Kommissie van die Raad van die Kerke. * Maeder, ds. G.A. en Zinn, Christian. 1917. *Ons Kerk Album*. Kaapstad: Ons Kerk Album Maatschappij Bpkt. * Olivier, ds. P.L. (samesteller), *Ons gemeentelike feesalbum*. Kaapstad en Pretoria: N.G. Kerk-uitgewers, 1952. * Tromp, A.H. 1953. *Robertson, 1853–1953. Gedenkboek by geleentheid van die honderdjarige bestaan van die dorp en die N.G. gemeente Robertson*. Robertson: Die Eeufeeskomitee van Robertson.
{ "title": "NG gemeente Robertson", "mostly_tablelist": false, "tablelist_ratio": [ 2056, 30682, 0.06700997327423244 ], "infobox": [], "td_tables": [], "text_length": 37974 }
| **Nordenham** | | --- | | **Kaart** | **Wapen** | | | | | | | | **Vlag** | | | | | |  **Land** | Duitsland | |  **Deelstaat** | Nedersakse | |  **Koördinate** | 53°29′N 8°29′O / 53.483°N 8.483°O / 53.483; 8.483 | |  **Stigting** | 789 (eerste verwysing) | |  **Stadstatus** | 1 Mei 1908 | |  **Oppervlak:** |   | |  - Totaal | 87,2 vk km | |  **Hoogte bo seevlak** | 2 m | | | |  **Bevolking:** |   | |  - Totaal (31 Desember 2018) | 26 193 | |  - Bevolkingsdigtheid | 300/vk km | |  **Tydsone** | UTC +1 (MET) | |  - Somertyd | UTC +2 | |  **Burgemeester** | Carsten Seyfarth (SPD) | |  **Amptelike Webwerf** | *www.nordenham.de* | | **Nordenham** [nɔʁdənˈham] is 'n stad in die administratiewe distrik Wesermarsch (Duits: *Landkreis Wesermarsch*) van die Noord-Duitse deelstaat Nedersakse met 'n oppervlakte van 87,2 vierkante kilometer en 'n bevolking van 26 193 (soos op 31 Desember 2018). Die stad is op die skiereiland Butjadingen naby die monding van die Weserrivier in die Noordsee aan die rivier se westelike oewer en teenoor die hawestad Bremerhaven aan die regteroewer geleë. Nordenham se Midgard-seehawe is die grootste Duitse hawe van sy soort in privaatbesit, terwyl die plaaslike Airbus-aanleg in die stadsbuurt Einswarden komponente vir die rompe van Airbus-stralers vervaardig. Geskiedenis ----------- 'n Standbeeld herinner aan die stigter van Nordenham, Wilhelm Müller Alhoewel die huidige stadswyk Blexen reeds sowat 1 200 jaar gelede gestig is, het die huidige stad danksy die inisiatief van die koopman Wilhelm Müller in 1908 ontstaan. Reeds in 1857 het Müller die redery *Norddeutscher Lloyd* oorreed om vee vanaf die skiereiland Butjadingen na Engeland te vervoer, en die sogenaamde *Ochsenpier* is as die eerste hawehoof aangelê wat vinnig ook deur passasierskepe op pad na Bremen en Bremerhaven gebruik is. Ekonomie -------- ### Seekabels Cyrus W. Field In 1866 het die Amerikaner Cyrus W. Field daarin geslaag om die eerste Transatlantiese seekabel tussen Europa en Noord-Amerika in bedryf te stel wat 'n telegrafiese verbinding tussen die twee vastelande geskep het. Dit was die prototipe vir die huidige onderseese kabelverbindings wat vir kommunikasie of dataoordrag gebruik word. In teenstelling met Field se prototipe beskik huidige kabels in plaas van 'n koperkern oor 'n bundel van optiese vesels wat die impulse lei. Amerikaans-vervaardigde optiese veselspoele, wat in Nordenham verwerk word, bevat kabels met 'n lengte van tot by 400 kilometer. Die plaaslike maatskappy Norddeutsche Seekabelwerke is in 1899 as die oudste onderneming van Nordenham gestig en vervaardig tans see- en spesiaalkabels vir oopsee-nywerhede. Die maatskappy was ook by die daarstel van ARCOS-1 (die *Americas Region Caribbean Optical Ring System*) betrokke, 'n optiese veselseekabel sonder versterkers wat oor 'n afstand van sowat 9 000 kilometer 24 landingspunte in 15 Karibiese lande met mekaar verbind. ### Titaandioksied Die maatskappy Kronos-Titan verwerk Ilmeniet, 'n titaanerts wat uit Suid-Noorweë ingevoer word, tot titaandioksied, 'n spierwit pigment wat vir die vervaarding van verwe, lak, kunsstowwe en spesiaalpapier benodig word. ### Airbus Die Airbus-fabriek in die stadsbuurt Einswarden vervaardig in sy geoutomatiseerde aanleg 140 verskillende rompkomponente vir straalvliegtuie, waaronder ook die Airbus A380, wat via die Midgard-seehawe in spesiale reusehouers na die Airbus-fabriek in Hamburg-Finkenwerder vervoer word. ### Die Midgard-hawe Die Midgard-seehawe met sy geriewe naby die stadsentrum is in privaatbesit en word deur die maatskappy Rhenus Midgard met 170 medewerkers beheer. Die hawe hanteer naas komponente vir Airbus-stralers ook massavrag-goedere soos steenkool, ertse en hout. Bronne ------ * *DreiStromLand. Ems - Weser - Elbe*. Hamburg: edition Nordwest im Europa-Verlag 2005, bl. 38-41
{ "title": "Nordenham", "mostly_tablelist": false, "tablelist_ratio": [ 676, 3305, 0.20453857791225416 ], "infobox": [], "td_tables": [], "text_length": 3876 }
Ds. G.N.P. Cloete, leraar van 1952 tot sy aftrede in 1965. Die NG kerk Quaggapoort, waarvan ds. P.J.N. Smal die hoeksteen op 27 April 1946 gelê het. Hendrik Vermooten was die argitek. Ds. J.M.C. Horn, leraar van 1965 tot 1969. Ds. J.S. van Dyk, leraar van 1966 tot 1970. Ds. C.H. Badenhorst, leraar van 1969 tot 1978. Hy is daarna op 14 Januarie 1978 in die gemeente Koedoesrand bevestig, alwaar hy op 20 November 1988 sy emeritaat aanvaar het. Die **NG gemeente Quaggapoort** is ’n gemeente van die Nederduitse Gereformeerde Kerk in Pretoria. Agtergrond ---------- Op 23 Oktober 1942 het ds. J. Adler die kerkraad van Pretoria-Wes meegedeel dat die Ring van Pretoria verlang dat die kerkraad tot afstigting sal oorgaan. Dit blyk egter uit die notuleboek dat die kerkraad intussen geen brief van die Ring van Pretoria in sake afstigting ontvang het nie. Op 20 Augustus 1943 rig diaken H.C. du Preez aan die kerkraad die versoek om die stadsraad van Pretoria te nader en 'n stuk grond te Iscordorp aan te vra waarop ter geleëner tyd 'n saal opgerig kan word. Die kerkraad stem hierdie versoek toe en keur dit ook goed dat die gemeentelede wat op Iscordorp woon intussen geld vir die beoogde saal insamel. Voorts is 'n kommissie benoem om die hoofde van Iscorfabriek te gaan spreek in sake kerkgrond te Iscordorp. Afstigting ---------- Later besluit die kerkraad om tot afstigting oor te gaan en om met die oog daarop waarborg- en memorielyste in die gebied ten weste van Buitekantstraat te laat sirkuleer. Op die kerkraadsvergadering van 17 Maart 1944 word besluit dat die stigting van die nuwe gemeente op Saterdag 15 April sal plaasvind. Op dieselfde vergadering versoek ouderling T.N. Benadé namens die deel wat afstig, dat die bydrae wat die te worde afgestigte deel gedurende Maart 1944 gestort het, asook die opbrengs van 'n geleentheid wat op 31 Maart in Proklamasieheuwel gehou sou word en 'n sekere aantal kopieë van Die Herder (die Ringsblad van Pretoria) aan die nuwe dogtergemeente gegee word. Die kerkraad van Pretoria-Wes stem hierdie versoek toe, en skenk daarbenewens die ou kerkklok wat vroeër deur Pretoria-Wes gebruik is, asook nog 10 banke uit die Burgersaal. Saterdag 15 April 1944, is die gemeente Quaggapoort dan van die moedergemeente Pretoria-Wes afgestig. 1944 was een van die vrugbaarste jare vir gemeentestigting in die Transvaalse Kerk, want benewens Quaggapoort is ook nog in daardie jaar gestig: Krugersdorp-Noord, Villieria, Bezuidenhoutsvallei, Lyttelton (as Pretoria-Suid), Rustenburg-Oos, Kriel (Maraisburg), Johannesburg-Wes, Sanddrif, Parkhurst, Onderstepoort, Randburg (as Ferndale), Bremersdorp, Albertyn (Ellisras), en Vereeniging-Wes; dus 15 gemeentes. In 1945 is nege afgestig, in 1946 12, in 1947 11, in 1948 ses en in 1949 10. Dit kom neer op 63 gemeentes binne ses jaar. Tussen 1950 en 1959 is nog 120 gemeentes gestig sodat die Transvaalse kerk, wat in 1939 uit 121 gemeentes bestaan het, binne 20 jaar aangegroei het tot 325 gemeentes. Op die latere kerkterrein was daar bokseile gespan waaronder toe eers die dag 'n basaar gehou is ter stywing van die fondse van die nuwe gemeente wat in die middag nog gestig moes word. Om drieuur die middag het die Ringskommissie van die Ring van Pretoria saam met die gemeente vir die stigting vergader. Met 'n meerderheid van stemme is besluit dat die naam van die nuwe gemeente Quaggapoort sal wees. Bruidskat --------- Die nuwe kerkraad van Quaggapoort het dadelik sake aangepak. Op Maandagaand 24 April om seweuur hou die kerkraad sy eerste vergadering. Op dieselfde vergadering word besluit dat ouderlinge J.P. Basson, C.I. Greyling en T.N. Benadé die kerkraad van die moedergemeente in sake die beloofde bruidskat sal ontmoet. Hierdie ontmoeting het op 27 April 1944 plaasgevind, en nie sonder vrug nie. Die moeder kerkraad besluit om aan die dogter 'n bruidskat van £2 000 te gee. Hierdie bedrag sou aan Quaggapoort uitbetaal word sodra laasgenoemde 'n aanvang met die bou van 'n pastorie of kerk maak. Voorts besluit die moederkerkraad om ook nog twee erwe in Proklamasieheuwel te skenk. Die gemeente se eerste herder en leraar, ds. P.J.N. Smal, is op 26 Mei 1945 bevestig. Kerkbou ------- Daar is onmiddellik voorbereidings vir die bou van 'n kerk getref, want die gemeente het geen behoorlike plek van aanbidding gehad nie. Aanvanklik is die eredienste in 'n dubbele klaskamer op die boonste verdieping van die Proklamasieheuwel-skool waargeneem. Op 27 April 1947 kon die gemeente egter 'n sierlike en ruim kerkgebou inwy. Die kerkargitek Hendrik Vermooten en Maria Magdalena de Wet is op 8 Julie 1950 in een van sy eerste kerke, Quaggapoort, getroud. Ds. Simon Vermooten het hulle getrou en die orreliste was Duxie Joubert. Met die loop van die jare het die ledetal van Quaggapoort so snel vermeerder dat die kerkraad al spoedig planne moes beraam met die oog op intensiewe bearbeiding. So is daar dan op 22 Januarie 1949 'n dogtergemeente, Wespoort, afgestig. Tydens ds. Hannes Krüger se dienstyd van 1975 tot 1982 was sy dogter Hanli Stapela, wat later ’n internasionale operasangeres geword het, jare lank die orreliste. Ds. Krüger het sy ander dogter, Louise, op 27 Junie 1981 in dié kerk in die huwelik bevestig. Enkele leraars -------------- * Petrus Jacobus Nicolaas Smal, 1945–1951 (ontvang demissie vir verder studie) * Gert Nicolaas Petrus Cloete, 1952–1965 (aanvaar sy emeritaat) * Jan Mattheüs Christiaan Horn, 1965–1969 * Jacobus Stephanus van Dyk, 1966–1970 * Casper Hendrik Badenhorst, 1969–1978 * Christo Viljoen (tentmaker) Bronne ------ * (af) Olivier, ds. P.L. (samesteller), *Ons gemeentelike feesalbum*. Kaapstad en Pretoria: N.G. Kerk-uitgewers, 1952.
{ "title": "NG gemeente Quaggapoort", "mostly_tablelist": false, "tablelist_ratio": [ 489, 4863, 0.10055521283158544 ], "infobox": [], "td_tables": [], "text_length": 5700 }
Italiaanse polichrome sydamas, 14de eeu. Eenkleurige damasmateriaal **Damas** (/ˈdæməsk/ ; Arabies: دمشق‎) is 'n omkeerbare tekstielstof van sy, wol, linne, katoen, of sintetiese vesel, met patrone wat tydens die weefproses gevorm word. Damas word met een skering- of lengtedraad en een inslag- of breedtedraad geweef. Die patroon word gewoonlik gevorm deur skeringdrade van satyn op die oppervlak, terwyl die agtergrond met inslagdrade of satinetweef geskep word. **Keperdamas** bestaan uit 'n kepergeweefde agtergrond of patroon. Geskiedenis ----------- Tweekleurige sydamas met blomtakke, Italiaanse Barok, 1600-1650 Die vervaardiging van damas was een van die vyf basiese weeftegnieke - die ander was tabyn, keper, lampas en tapisserie - van die Bisantynse en Midde-Oosterse weefsentrums tydens die vroeë Middeleeue. Damas se naam is van die stad Damaskus ontleen. Damaskus was gedurende daardie tydperk 'n groot stad wat by sowel handel (as deel van die syroete), as vervaardiging, betrokke was. Ná die 9de eeu het Damas buite Islamitiese Spanje skaars geword, maar dit het in die 13de eeu weer op sommige plekke herleef. Die woord "damas" het vir die eerste keer in Wes-Europese taalrekords in Frans verskyn. Teen die 14de eeu, is damas in Italië met die hand op trekweefstoele geweef. Van die 14de tot die 16de eeu is die meeste damas in een kleur, met 'n glansryke satynpatroon, wat deur die skeringdrade geskep is, teen 'n dowwer agtergrond, geweef. Tweekleurige damas het kontrasterende kleure skering- en inslagdrade gehad. In die geval van veelkleurige damas is goue en metaaldrade, of addisionele gekleurde inslagdrade, bygevoeg. Middeleeuse damas is gewoonlik van sy geweef. Wewers het egter ook van wol en linne gebruik gemaak om damas te vervaardig. Moderne gebruik --------------- Damastafeldoek. Waterdruppeltjie lê op die oppervlak as gevolg van die lae absorpsie van damas. Moderne damas word op gerekenariseerde Jacquard-weeftoestelle geweef. Damasstowwe word meestal as monochromatiese (eenkleurige) materiaal, van sy-, linne- of sintetiese vesels, soos rayon, vervaardig. Ontwerpe bestaan dikwels uit blomme, vrugte en gekurfde patrone. Die lang los satyngeweefde skering- en inslagdrade op die oppervlak van die tekstielstof het 'n subtiele speling van lig en ligweerkaatsing tot gevolg. Damastekstielstowwe word meestal as tafellinne en stoffeermateriaal gebruik, maar dit kan ook vir kledingstukke aangewend word. In die modebedryf word Damas, vanweë die veelsydigheid en hoë kwaliteit afwerking, wydverspreid gebruik. Damas word meestal vir klere van middel tot hoë gehalte gebruik, wat tot gevolg het dat dié tipe klere 'n 'duurder' voorkoms het. Sien ook -------- * Diapering ( damaspatrone in heraldiek)
{ "title": "Damas", "mostly_tablelist": false, "tablelist_ratio": [ 565, 2849, 0.1983151983151983 ], "infobox": [], "td_tables": [], "text_length": 2748 }
Die Bosmanstraatse kerkgebou van die NG gemeente Pretoria, intussen deels verkoop aan die Verenigende Gereformeerde gemeente Melodi ya Tshwane. Dis ontwerp deur Klaas van Rijsse. Die **NG gemeente Pretoria** is die oudste gemeente van die Nederduitse Gereformeerde Kerk in Pretoria en nagenoeg die 59ste oudste gemeente in dié Kerk. Voor die verdeling van die Transvaalse Kerk in twee, drie en later vier Sinodes, was dit die vyfde oudste Transvaalse gemeente, net 12 jaar jonger as die oudste, Potchefstroom, gestig in 1842. Weens ingrypende demografiese veranderings in die sentrale dele van Pretoria sedert 1990, bestaan die gemeente sedert 2000 uit ses saamgestelde dele, naamlik die ou moedergemeente, Bronberg (1942), Burgerspark (1952), Arcadia (1951, waarby Meintjeskop in 1964 ingelyf is) en Harmonie (1957). Teen 2017 het ’n handjie vol Afrikaanssprekende NG lidmate in dié gebied oorgebly. Stigting -------- Ds. A.J. Begemann is in 1860 of '61, toe hy pas uit Nederland aangekom het, as Pretoria se eerste predikant bevestig. Hy het sy emeritaat in 1872 aanvaar. Die gemeente Pretoria dateer van die jaar 1854 of ‘55, toe daar maar nog 28 wonings gepryk het op die plek waar later een van die grootste stede van Suid-Afrika en daarby die administratiewe hoofstad sou verrys. Omdat die huidige NG gemeente Pretoria ’n voortsetting is van die Hervormde gemeente Pretoria wat tot 1885 bestaan het – toe die twee kerkverbande saamgesmelt het, maar 'n gedeelte van die Hervormde Kerk as sodanig bly voortbestaan het – is die stigtingsdatum van hierdie gemeente ook dié van Hervormde gemeente Pretoria, naamlik die naweek van 8 en 9 September 1855. Die gemeente was byna agt jaar lank vakant terwyl ds. Dirk van der Hoff, die stigter van die Nederduitsch Hervormde Kerk, dié kerkverband se enigste leraar in Transvaal was. Omdat uit die Kaapkolonie geen predikant bekom kon word nie, het die lidmate hulle na Holland gewend waar prop. A.J. Begemann die beroep op sekere voorwaarde aanvaar het. Nadat hy die beroep aangeneem het, is hy op 7 Maart 1860 in die Grote Kerk van die Hervormde gemeente Den Haag as predikant van Transvaal georden. Nadat hy op 21 Junie daardie jaar in die Kaap aangekom het, het hy op Sondag 24 Junie die diens in die Groote Kerk namens ds. S.P. Heyns waargeneem. Op 30 Junie het hy per skip na Natal vertrek en van daar per ossewa na Potchefstroom gereis waar hy op 8 Desember aangekom het. Op Sondag 27 Januarie 1862 het ds. van der Hoff hom as Pretoria se eerste leraar bevestig. Hervormde naas NG gemeente -------------------------- Kerkplein tydens 'n Nagmaalsviering omstreeks 1870. Die huis aan die linkerkant met die twee gewels was die pastorie van ds. A.J. Begemann en het op die plek gestaan waar die Paleis van Justisie nou staan. Die kerk is in die 1860's tydens ds. Begemann se dienstyd deur William Skinner, die latere landdros, en Edward Lewis Devereux herbou. Dit het diens gedoen tot dit in September 1882 afgebrand het. In die eerste jare van Pretoria se bestaan was die Hervormde gemeente die enigste daar en van sy koms tot 1866 was ds. Begemann die enigste plaaslike predikant van enige kerkgenootskap. Die Gereformeerde gemeente is in 1859 gestig, maar kon sy eerste leraar in die persoon van ds. N.J.R. Swart eers in 1866 ontvang. Die Anglikaanse gemeente is in 1869 gestig en eerw. Joseph Wills is as eerste leraar bevestig. In 1867 het ds. Frans Lion Cachet 'n NG gemeente in die distrik gestig, wat streng gesproke die stigtingsdatum van die NG gemeente Pretoria is. Dié gemeente het klein en kwynend gebly en het nooit 'n eie predikant of kerkgebou op die dorp gehad nie, maar wel 'n klein geboutjie aan Elandsrivier. Dié ds. Cachet het van 1865 af eiehandig die NG Kerk in Transvaal lewend gehou deur verwarring by Hervormde lidmate te saai en hulle te probeer wysmaak dat die Staatskerk (die Hervormde) liberaal was en gevaarlik vir die rus, vrede en welvaart van die Republiek. Ds. Begemann en sy kerkraad het in die distrik talle vergaderings gehou om die mense teen ds. Cachet se veldtog te waarsku. In Pretoria het ds. Cachet se veldtog geen ingang gevind nie, maar hy het wel in 1867 die gemeentetjie aan Pienaarsrivier opgerig wat, toe dit in 1885 met Kerkvereniging opgehef word, net 80 lidmate getel het. Konsulentsgemeente gestig ------------------------- Die eerste kerkgeboutjie op Pretoria, opgerig in 1855. Dit het so gelyk tot dit met 'n vleuel vergroot is in 1865. Ds. G.W. Smits is gebore op 19 Junie 1836 in Renkum, Nederland, en oorlede op Rustenburg op 19 Junie 1894. Die eerste kerkgeboutjie ná die vergroting. So het hy gelyk tot hy verniel is in 'n storm in 1882 en kort daarna afgebrand het, "deur 'n vernielende hand". Ds. Begemann het meermale met sy gemeentelede in botsing geraak omdat hy streng en reguit en nie juis taktvol was nie. Omdat die Hervormde Kerk die Staatskerk was, het die Reglement van Orde bepaal die Hervormde leraar moes die Volksraadsittings met gebed open en afsluit wanneer hy in Pretoria was. In Februarie 1864 het ds. Begemann laat weet hy kan nie die sitting met gebed afsluit nie weens "bezigheid". Die Volksraad het sy verskoning aangeneem, maar toe hulle op 1 Junie 1865 weer byeenkom, het ds. Begemann op die skriftelike uitnodiging van die voorsitter net laat weet dat hy nie beskikbaar sou wees nie. Die Volksraad was hieroor baie ontstemd en het dit in 'n brief aan ds. Begemann te kenne gegee. Die Kommissie van die Algemene Kerkvergadering het in dieselfde maand op Rustenburg byeengekom en van die weiering van die Pretoriase predikant kennis geneem. Daarop het die vergadering besluit dat die leraar "deur sy handelswyse hom skuldig gemaak het aan minagting van die wettige landsbestuur en dus ontrou geword het aan sy roeping om die gemeente voor te gaan in behoorlike betoning van agting vir die wettige verteenwoordigers van die land". Die vergadering het ook besluit dat die beskuldigde kans moes kry om sy optrede te verduidelik, maar toe hy dit op die Algemene Kerkvergadering van November 1868 doen, was hulle ontevrede met sy verklaring en het hulle sy handelswyse afgekeur. Die Volksraad was tevrede hiermee en daarna het ds. Begemann weer op gesette tye die sittings met gebed geopen en afgesluit. In die gemeente het sommige lidmate ontevrede gebly met hul predikant, onder meer omdat hy net een maal per maand die doop wou bedien. Ds. Begemann het nie die nodige takt gehad om die gemoedere te bedaar nie. In Desember 1867 het 'n aantal lidmate onder leiding van komm. S.T. Prinsloo en J. Botha 'n versoek aan ds. G.W. Smits van Rustenburg gestuur waarin hulle versoek dat hy hulle as konsulent bedien. Die beswaardes het in die wyk Elandsrivier (die latere Witfontein en Rhenosterpoort in die omgewing van Bronkhorstspruit) gewoon en op 17 Februarie 1868 het ouderlinge H.S. Pretorius en J.H. de Beer en diaken P.C. Minnaar 'n byeenkoms met die mense daar gehou om hulle te probeer tevrede stel. Die beswaardes was wel vas aan die Kerk, maar het probleme met ds. Begemann gehad. Toe hulle hoor dat hulle persoonlik hul klagtes teen die predikant by die Kommissie van die Algemene Kerkvergadering sou moes gaan indien, het hulle blykbaar vereers daarvan afgesien. 'n Paar maande later het iets gebeur wat die herstel van die breuk onmoontlik gemaak het. Die Vrymesselaars van Pretoria het 'n nuwe losie gebou en in Augustus 1868 ds. Begemann gevra om 'n passende gebed tydens die inwyding te doen. Hy was nie 'n Vrymesselaar nie, anders as pres. M.W. Pretorius, maar het gemeen dat dit beter was om aan die uitnodiging gehoor te gee. Hierdeur is die beswaardes heeltemal van hul predikant vervreem. Twee lidmate van sy eie gemeente – wat nie behoort het tot die beswaardes van Elandsrivier nie – het hom by die Kommissie van die Algemene Kerkvergadering aangekla. Die kommissie het op 16 November 1868 op Pretoria vergader om die klagte te behandel, maar het bevind dat hy hom deur die doen van die gebed nie strafbaar gemaak het nie. Voor die vergadering was ook 'n versoek van 69 lidmate wat wou hê dat die kommissie 'n konsulent benoem wat hulle kerklik kon bedien omdat hulle ds. Begemann nie meer as hul predikant wou hê nie. Nadat die kommissie met die kerkraad beraadslaag het, het die kerkraad ingestem dat die beswaardes vir hulle 'n konsulent kon kies. Hulle het ds. G.W. Smits gekies wat op 1 Februarie 1869 die eerste keer voor die beswaardes opgetree het en wel in die Hervormde kerkgebou in Pretoria. Die beswaardes het 'n ouderling en diaken gekies wat ds. Smits met kerktye kon help. Die Algemene Kerkvergadering wat op 29 November 1869 op Heidelberg byeengekom het, het die hele aangeleentheid uitvoerig behandel. Hier is die beswaardes as selfstandige gemeente erken met die naam "Nederduitsch Hervormde Gemeente van Pretoria onder Consulentschap van den Predikant G.W. Smits", met stigtingsdatum 29 November 1869. Die vergadering het bepaal dat die nuwe gemeente geen aanspraak op die kerklike eiendom van Pretoria se gemeente kon maak nie; so het Pretoria dan twee Hervormde gemeentes gekry, naas die Gereformeerde en die NG gemeente. Ds. Begemann geskors -------------------- Nagmaal op Kerkplein omstreeks 1895. Die toestand in Pretoria het nog gespanne gebly en begin 1872 het daar 'n nuwe moeilikheid met ds. Begemann gekom toe hy die akademiese vraagstuk van tekskritiek in die gemeente bring. Eers in 'n privaat gesprek en later in 'n kerkraadsvergadering het hy gesê Joh. 5:7 is later in die Bybel ingevoeg en hoort nie daarin nie, so ook die eerste verse van die agtste hoofstuk van die Evangelie van Johannes. Die kerkraad het hom by die Kommissie van die Algemene Kerkvergadering verkla. Daarna het hy by die kerkraad aansoek gedoen om sy ontslag te neem, want dié keer het hy besef dat die storm nie bedwing kon word nie, maar hy wou hê die kommissie moes eers die saak behandel voor hy sou aftree. Die kommissie het op 11 Maart 1872 op Potchefstroom vergader en onder meer beslis dat hy "elke daad wat daartoe kan strek om die gesag van die Bybel by die gemeente te verminder, afkeur as synde gevaarlik, ontydig en onnodig". Die kommissie het ook beslis dat die woorde van ds. Begemann "bedoel was om kwaad en geen goed te doen nie, terwyl 'n dienaar van die evangelie hom moet beywer om te vergader en nie om te verstrooi nie". Gevolglik gee die kommissie sy afkeuring oor die woorde van die predikant te kenne en skors hom vir drie maande met 'n verlies van traktement (besoldiging). Die lang vakature ----------------- Dr. J.J. Kotzé is ná ds. Begemann se aftrede beroep, maar het bedank nadat die kerkraad hom nie verantwoordelik wou stel vir 'n salaris van £400 per jaar nie. Ds. S.J. du Toit se beroep het 'n beroering in die gemeente Pretoria veroorsaak, maar hy het dit bedank. Ds. N.J. van Warmelo het die gemeente daarteen gewaarsku om prop. S.J. du Toit te beroep. Ná ds. Begemann se aftrede het 'n vier jaar lange vakature ontstaan. Die kerkraad het op 28 November 1872 byeengekom onder voorsitterskap van ds. N.J. van Warmelo om 'n predikant te beroep. Dr. J.J. Kotzé van die NG gemeente Richmond is beroep. Op 'n rondreis 'n paar maande vantevore het hy sy vooroordeel teen die Hervormde Kerk laat staan en 'n gunstige indruk op lidmate gemaak. Ongelukkig het hulle nie besef dat sy houdings jeens die Republiek se onafhanklikheid dieselfde was as die deursnee- koloniale predikant s'n nie. Van die houding dat hy geen staatkundige heil vir Transvaal kon sien sonder die Britse vlag nie, het hy egter niks laat blyk nie. Ná die beroep het dr. Kotzé gevra dat hulle die besoldiging tot £400 per jaar moes verhoog. Die kerkraad wou hom nie vir so 'n bedrag verantwoordelik stel nie; daarom het dr. Kotzé die beroep bedank. Intussen het die kerkraad aan die Konsulentsgemeente geskryf en gevra dat hulle met die moedergemeente saamsmelt. Dié gemeente wou egter eers sien wie Pretoria sou beroep voor hulle so 'n stap doen. In April 1873 het die kerkraad aan ds. Van Warmelo opdrag gegee om op besoek aan Holland van daar 'n predikant vir die gemeente saam te bring. Nadat dr. William Robertson 'n ope brief laat publiseer het aan die Transvaalse lidmate wat uit sy ou gemeente, Swellendam, getrek het, waarin hy hulle gewaarsku het teen predikante uit Holland en hulle aangeraai het om kwekelinge uit Stellenbosch te beroep, het 'n paar proponente na Transvaal gegaan en een, prop. S.J. du Toit, het 'n paar keer in Pretoria gepreek waarna sommige lede van die kerkraad hom wou beroep. Prop. Du Toit het sy reisjoernaal aan dr. Robertson gestuur wat dit sonder Du Toit se voorkennis laat publiseer het. In dié reisjoernaal het Du Toit onder meer geskryf dat die NG gemeente van ds. Cachet die "heilzame zout" wat daar nog in die Hervormde kerk was, grotendeels daar uitgehaal het. Sommige mense wou hom toe glad nie meer as predikant hê nie, terwyl twee kerkraadslede so onder sy bekoring geraak het dat hulle hom beslis wou beroep. Met sy terugkoms uit Holland het ds. Van Warmelo 'n groot gemeentelike byeenkoms toegespreek en die NG kerk van ds. Cachet "'n groot sonde en groot ramp vir Transvaal" genoem. Hy het die Kaapse Kerk daarvan beskuldig dat hy die Hervormde Kerk in die hande probeer kry het deur iemand soos prop. Du Toit. Die meeste kerkraadslede was ten gunste van ds. Du Toit se beroep; daarom het ds. Van Warmelo as konsulent bedank. So was Pretoria nou sonder predikant én konsulent. Ds. Smits het geweier om konsulent te wees en so het ds. Van der Hoff dié amp aanvaar. Met die kerkviering van September 1874 was daar 'n groot storm. Daar sou beroep word en drie kerkraadslede wat bedank het, is volgens Kerkwet opgeroep om as oudlede aan die stemming deel te neem. Hulle wou egter volle sitting hê, maar die kerkraad het dit geweier. Ds. Du Toit is toe beroep. Beswaarde kerkraadslede het 'n klag teen die kerkraad ingedien wat eindelik voor die Algemene Kerkvergadering gedien het. Dié liggaam het ds. Du Toit se beroep gehandhaaf, waarna van die beswaardes hulle by die Konsulentsgemeente aangesluit het. Nadat die storm tot bedaring gekom het, het prop. Du Toit die beroep in elk geval bedank. Nou het die kerkraad daartoe oorgegaan om prop. H.S. Bosman met algemene stemme te beroep. Hy het die beroep aangeneem en is op 15 Julie 1876 deur ds. Dirk van der Hoff georden en bevestig na aanleiding van Titus 2:15. Aan die handeoplegging het ook nog di. D.P. Ackermann van Wakkerstroom en J.C. de Vries van Zeerust deelgeneem. Die dienstyd van ds. H.S. Bosman -------------------------------- Ds. H.S. Bosman het sy hele 50 jaar lange bediening in die moedergemeente Pretoria deurgebring. Van die Hervormde Kerk waarin ds. Bosman bevestig is, was hy nie 'n alte goeie vriend nie. Die NG Kerk van Transvaal was vir hom die ideaal en hoewel die Hervormde Kerk drie maal groter as die NG Kerk in Transvaal was, het ds. Bosman in 1877 aan *De Gereformeerde Kerkbode* geskryf dat daar in die NGK meer gelowiges was as in die NHK. Hy was ook ten gunste van nouer aansluiting by Engeland en het dadelik ná sy bevestiging verlof gekry om een maal per maand die erediens in Engels waar te neem. Twee maande voor sy koms na Transvaal het die regering van pres. T.F. Burgers 'n middelbare skool geopen waarin leerlinge op universitêre opleiding voorberei sou word. Ds. Bosman het dadelik 'n opposisieskool met Engels as onderrigmedium in die lewe geroep en terwyl daar nie 'n skoolgebou beskikbaar was nie, die Hervormde kerkgebou vir dié doel afgestaan. In die Eerste Vryheidsoorlog wat in Desember 1880 begin het, het ds. Bosman dan ook sy gewig aan die Engelse kant ingegooi. In September 1882 was dit baie droog en warm. Vrydagaand 8 September het swaar reënbuie losgebars en in die nag het 'n kwaai wind gewaai. Die kerkgebou het swaar gely. Die dak van die suidelike vleuel het inmekaargestort en op 17 September voor dagbreek het daar boonop 'n brand in die gebou ontstaan, waarskynlik weens brandstigting. Net die trap van die preekstoel en een nagmaaltafel kon gered word. Talle mense het in die brand 'n oordeel van die Here gesien omdat sir Theophilus Shepstone in 1877 in die kerkgebou ingesweer is as goewerneur van die geannekseerde Transvaal. 'n Noodkerk is in aller yl opgerig op 'n leë erf wat aan Kerkplein gegrens het. Dadelik is planne beraam vir 'n nuwe kerkgebou en op 6 Oktober 1883 het genl. Piet Joubert die hoeksteen daarvan gelê terwyl hy as waarnemende staatspresident opgetree het in die plek van pres. Paul Kruger, wat op besoek aan Holland was. Dié kerkgebou is op 23 Januarie 1885 deur ds. Charles Morgan van die NG Kerk ingewy, pleks van deur 'n Hervormde predikant. Net ds. N.J. van Warmelo van die NH Kerk het 'n beurt gekry om aan die verrigtinge deel te neem toe hy 'n dankgebed gedoen het. Dit was tekenend van ds. Bosman se houding jeens die Hervormde Kerk. Kerkvereniging -------------- Ds. Frans Lion Cachet het in 1866 die NG Kerk in die Zuid-Afrikaansche Republiek gestig. Die ou kerk, kort voor sy sloping in 1904. Ds. H.L. Neethling van die NG gemeente Utrecht het die NG Kerk en die gesamentlike verenigingskommissie gelei. Die kerk van 1885, waarskynlik tydens Nagmaal. Ouderling M.J. Prinsloo het saam met ouderling C.J.J. Joubert op die Algemene Kerkvergadering van 27 November 1882 sy teensteem teen die aanvaarding van die rapport insake kerkvereniging laat aanteken. Ouderling C.J.J. Joubert van die Konsulentsgemeente van Pretoria het saam met oudl. Prinsloo sy teenstem einde November 1882 laat aanteken teen die aanvaarding "zonder discussie" van die verslag met die oog op kerkvereniging. Hy het later 'n leidende rol gespeel in die handhawing en heropbou van die NH Kerk. ### Eerste stappe In die 1880's is pogings aangewend om die NH en NG Kerk in Transvaal te verenig in die gees van samewerking wat geheers het ná die oorwinning in die Eerste Vryheidsoorlog. Die Hervormde Kerk het drie keer meer lidmate as die NG Kerk gehad en was die Staatskerk wie se wapen ook die land s'n was. In Pretoria het die moedergemeente en die Konsulentsgemeente saam 1 920 lidmate gehad, vergeleke met die NG gemeente se skaars 100. Die stigting deur ds. Frans Lion Cachet van die NG gemeente het in 1866 met groot bitterheid gepaard gegaan. Maar in 1879 het ds. H.S. Bosman 'n beskrywingspunt na die Algemene Kerkvergadering ingedien om te verneem wat gedoen kon word om 'n vereniging tussen die twee Kerke tot stand te bring. 'n Kommissie is benoem wat met 'n soortgelyke kommissie van die NG Kerk in Transvaal moes onderhandel. Die Gereformeerde Kerk het heel gou aan die verenigingsproses onttrek omdat die te stigte kerk Evangeliese Gesange tydens eredienste sou sing. Ds. Bosman het drie voorstelle gedoen wat as basis moes dien van die voorwaardes waarop die Hervormde Kerk sou verenig. 1. Die naam van die kerk sou onveranderd bly. 2. Die Verenigde Kerk sou los van alle gesag van die Kaapse Kerk wees. 3. Daar sou geen gelykstelling tussen wit en swart wees nie en 'n sendeling sou nie ook predikant van 'n blanke gemeente kon wees nie. Toe die twee kommissies op 31 Oktober 1882 saamkom, is dié drie punte deur die Hervormde Kerk aanvaar. ### Vergrote NG Kerk? Die kommissie van die NG Kerk onder voorsitterskap van ds. H.L. Neethling van Utrecht, wat ook voorsitter van die gesamentlike kommissie was, wou die kommissie van die Hervormde Kerk uitoorlê om die Verenigde Kerk 'n vergrote NG Kerk te maak waarin die NH Kerk opgeneem sou word, ondanks sy getalsterkte. Nog voor die naam van die toekomstige kerk aan die orde was, het lede van die NG Kerk se kommissie probeer om die NG Kerk se naam ongesiens in die konsepkerkwet te plaas, maar dié poging het misluk. Wel is bepaal dat geen predikant in die Verenigde Kerk toegelaat sou word as hy nie eers aan die Kaap gelegitimeer is nie. Hiermee is die nuwe kerk se selfstandigheid gedeeltelik prysgegee. So moes 'n toekomstige predikant van die Verenigde Kerk eers in Kaapstad gaan beloof om hom te onderwerp aan die verordeninge van die Kaapse Sinode. Die sittings waarin oor die naam van die Verenigde Kerk onderhandel is, was baie stormagtig. Ná vele onderhandelinge waartydens die gemoedere dikwels hoog geloop het, het ds. Van Warmelo voorgestel dat dit aan die Sinode van die Verenigde Kerk oorgelaat word om oor drie, vyf of 10 jaar die naam vas te stel en dat intussen die voorlopige benaming "Ned. Herv. of Geref. Kerk in de ZA Republiek" gebruik sou word. Al die afgevaardigdes was dit met dié voorstel eens, behalwe dat die NG afgevaardigdes die naam wou omdraai, met ander woorde Ned. Geref. of Hervormd. Die stemming hieroor het gestaak en die lot het beslis vir die eerste voorstel. Met dié besluit is ook van die eerste punt van die Hervormde Kerk afgewyk, soos die geval was met die tweede ná die besluit dat predikante in die Kaap gelegitimeer moes word. ### Kerke aanvaar besluite Die 22ste Algemene Vergadering van die Hervormde Kerk op 27 November 1882 het 19 dae ná die sluiting van die verenigingskommissie se vergadering byeengekom. Die notule van die kommissie is gedruk en al 62 bladsye aan die vergadering voorgelees. Die kommissie se besluite is aanvaar, maar daar het wel twee teenstemme opgegaan: die Konsulentsgemeente se afgevaardigdes het gesê dat hulle nie alles kon goedkeur nie omdat hulle moes waak vir hul gemeente. Ds. Bosman was gekant teen besware en die kommissiewerk is daarna met net twee teenstemme aanvaar sonder verdere bespreking. Toe daar later moeilikhede kom en die Hervormde Algemene Kerkvergadering beswaar wou maak teen sommige punte, het die NG Kerk se Algemene Vergadering hulle daarop gewys dat hulle (die Hervormdes) alles reeds goedgekeur het. Die 11de Algemene Kerkvergadering van die NG Kerk het in Maart 1883 byeengekom en hoewel hulle net drie predikante gehad het, het hulle vier dae aan die bespreking van die notule van die verenigingskommissie afgestaan. Die Hervormde Kerk het destyds ses predikante gehad: drie uit Holland en drie van Stellenbosch, van wie twee se simpatie meer by die NG Kerk was as by hul eie. Die NG Kerk se Algemene Vergadering het ook die notule goedgekeur, maar eers vasgestel hoe sommige punte uitgelê en toegepas moes word. Die belangrikste was oor die legitimasie van predikante in die Verenigde Kerk. Die vergadering van die verenigingskommissie het bepaal die reël dat predikante aan die Kaap gelegitimeer moes word, het net vir nuwe predikante gegeld, maar die NG Kerk se vergadering het bepaal dat dit ook vir diensdoende predikante van die NH en NG Kerk moes geld. Ds. Smits se legitimasie is reeds in 1863 deur die Kaapse Kerk ingetrek en ds. Van Warmelo is nooit daar gelegitimeer nie. Al drie NG predikante is wel aan die Kaap gelegitimeer, maar van die Hervormde predikante is net vier daar gelegitimeer. Dit was, volgens prof. dr. S.P. Engelbrecht (sien Bronne), 'n slinkse draai van ds. Neethling om di. Van Warmelo en Smits uit die Verenigde Kerk te hou. ### Verskille duik op Kerkstraat op die kruising met Andries Pretoriusstraat in die 1890's. Nagmaal op Kerkplein, 1904. Op 26 Januarie 1885 is die verdaagde 23ste Algemene Vergadering van die Ned. Hervormde Kerk en die 13de Algemene Vergadering van die NG Kerk op Potchefstroom geopen. In die Hervormde vergadering het gou geblyk dat onder die gemeentes daar nie alte veel instemming was met die Kerkvereniging nie. Dis veroorsaak deur die vyandige houding van ds. H.L. Neethling wat die Hervormde Kerk "gedurig op haatlike wyse aangeval het", aldus prof. dr. Engelbrecht. Talle memories het voor die vergadering gekom, maar ds. Bosman het aangevoer dat hulle te laat was daarmee. Ouderling Christiaan Joubert van Witfontein (die Konsulentsgemeente) het die reg van gemeentelede om hulle uit te spreek teenoor ds. Bosman verdedig en onder meer gesê "die gemeentes het nie eens veel van die vereniging geweet nie; maar later het hulle daarmee bekend geword". Nadat ds. Van Warmelo te kenne gegee het hoe dié memories 'n werklike indruk gegee het van die kerklike toestand in Transvaal, is met 35 stemme teenoor 14 'n voorstel van ds. Bosman aangeneem dat die vergadering "sy spyt te kenne gee dat die memorie(s) onder bestaande omstandighede ingedien is en beloof om die saak van sy kant ter sprake te bring sodra dit vereis word". Ouderling M.J. Prinsloo van Witfontein het sy teenstem laat aanteken omdat hy ontevrede was met die belofte. Later het dit geblyk dat sy beswaar gegrond was, want daar is nooit aan dié belofte voldoen nie. Daar was nog 'n groot verskil tussen die standpunt van die twee kerke in verband met die legitimasie-akte. Die NH Kerk wou alleen van die predikante wat later sou inkom, eis dat hulle aan die Kaap gelegitimeer moes wees, terwyl die NG Kerk dit ook van diensdoende predikante wou eis. Ds. Neethling van Utrecht het verlang dat predikante wat nie in besit van 'n geldige Kaapse legitimasie-akte was nie, nie in die Verenigde Kerk toegelaat word nie; dus dat vir di. Van Warmelo, skriba, en G.W. Smits, voorsitter van die NH Kerk se Algemene Kerkvergadering, geen plek in die Verenigde Kerk was nie. Die bespreking was soms oor en weer nogal skerp. Eindelik het ds. Van Warmelo 'n voorstel ingedien om die NG Kerk reguit te vra of hulle die vereiste van 'n Kaapse legitimasie-akte ook vir die diensdoende predikante verpligtend stel. Die NG Kerk se antwoord sou bepaal of die NH Kerk langer aan die samesprekings oor vereniging sou deelneem. Ds. Bosman, wie se hart by die NG Kerk was, het dit ingesien en teen die voorstel gepraat, maar dit is met 38 teen 10 stemme aangeneem. Die NG Kerk moes toe die antwoord gaan haal. ### Probleme met ondertekeningsformulier Die binnekant van die ou kerk op Kerkplein. Die ou kerk op Kerkplein. Ds. Neethling het in die vergadering van die NG Kerk die NH Kerk kwalik geneem dat hy so 'n reguit vraag gestel het. Hy het wel gepleit dat Kaapse legitimasie verpligtend gemaak word, maar die NG Kerk het besef dié vereiste sou die vereniging skipbreuk laat ly; daarom besluit die vergadering van die NG Kerk om "ter wille van die vereniging" af te sien van die eis dat diensdoende predikante voldoen aan Kaapse legitimasie, maar die nuwe ondertekeningsformulier van die Verenigde Kerk moes al die predikante onderteken. Die NH Kerk se vergadering het die voorstel aanvaar. Dié kerk wou dat die Verenigde Kerk 'n voortsetting van die bestaande twee kerke sou wees, maar die NG Kerk se standpunt was dat die twee kerke met vereniging sou ontbind en 'n nuwe kerk gestig word; daarom dat predikante opnuut die ondertekeningsformulier moes onderteken. Talle lede van die Hervormde Kerk was hierteen gekant; hulle wou die ou kerk wat die Voortrekkers in Transvaal geplant het, nie prysgee nie. Weer was dit die Witfonteinse (Konsulentsgemeente se) afgevaardigdes, ouderlinge Christiaan Joubert en M.J. Prinsloo, wat sterk beswaargemaak het. Ds. Bosman het op die onbillikheid daarvan gewys om nie toe te gee aan die NG Kerk se eis van die ondertekening van die ondertekeningsformulier nie. Die vergadering het ná sy uitvoerige en ernstige aanspraak vir 'n paar minute verdaag, waarna "iets onbegrypliks" gebeur het, aldus prof. dr. S.P. Engelbrecht. In dié tydjie het ouderling Joubert hom laat oorhaal om saam met diaken Van Alphen 'n nuwe voorstel in te dien wat as 'n soort kompromis moes dien. 'n Ondertekening van die nuwe ondertekeningsformulier sou nie verpligtend wees vir diensdoende predikante nie, maar die Vergadering het daarteen geen beswaar nie. Die voorstel is so vaag gestel, volgens prof. dr. Engelbrecht, dat die mense "ongetwyfeld nie verstaan het nie dat dit ook so uitgelê kon word en later ook so uitgelê is, dat die Ned. Hervormde Kerk, net soos die Ned. Gereformeerde Kerk, met die Kerkvereniging ontbind is en dat die Verenigde Kerk 'n nuwe Kerk sou wees". ### Kerkvereniging deurgevoer Die Algemene Kerkvergaderings was dit nou met mekaar eens en sonder veel moeite is ooreengekom om die vereniging in werking te stel. Die ineensmelting het in die loop van 1885 gebeur, maar in die meeste gevalle is die gemeentes se mening nooit ingewin nie – ook nie van Pretoria se lidmate nie – sodat dit eintlik 'n ineensmelting van kerkrade was. Die saamgestelde kerkrade het hierna afgevaardigdes gestuur na die eerste Algemene Kerkvergadering van die Verenigde Kerkvergadering op 7 Desember 1885. Die kerkraad van die Konsulentsgemeente het geweier om afgevaardigdes te stuur, wat die gevoelens van dié gemeente was beslis teen kerkvereniging. Die Verenigde Kerk se geboortedatum is 7 Desember 1885, soos bepaal op sy Algemene Kerkvergadering in Mei 1888. ### Die Hervormde Kerk herstig Op 23 April 1886 het die Kerkraad van die Hervormde gemeente onder konsulentskap van ds. G.W. Smits op Witfontein weer eens én finaal besluit om nie deel te neem nie aan die kerkvereniging waartoe die Algemene Kerkvergaderings van die Ned. Hervormde en NG Kerke besluit het nie. Met hierdie besluit het die gemeente 'n voorbeeld en toevlugsoord geword vir alle Hervormde lidmate wat nie die kerk van hulle vaders wou verlaat om 'n nuwe, verenigde kerk te vorm nie. As wettige voortsetting van die Ned. Hervormde Kerk is die gemeente in daardie dae dikwels "die ark van die kerk" genoem. In die bekende Kerksaak van Trichardtsfontein het die Hooggeregshof in 1893 bevind dat die kerkvereniging van 1885 *ultra vires* en dus nietig was. So is die standpunt van die Konsulentsgemeente, by implikasie, volkome geregverdig. Kerklike geboue --------------- Ds. Herman Dirk van Broekhuizen het Pretoria gedien as hulpprediker van 1898 tot 1899 en as medeleraar van 1906 tot 1917. Daarna het hy oorgegaan na die Hervormde Kerk. Hierdie foto is in 1896 terwyl hy as student aan die Kweekskool vir die WP rugby gespeel het. Die ou Ned. Herv. of Geref. kerk Pretoria, die tweede en laaste kerkgebou op Kerkplein, wat indertyd aan die kerk behoort het. Nadat die ou kerk in 1882 afgebrand het, is die nuwe kerk opgerig wat op 23 Januarie 1885 ingewy is. Nog 'n foto van die kerk tydens Nagmaal, moontlik gedurende die 1880's. Ds. Charles Daniel Murray, leraar van 1927 tot sy aftrede in 1943. In die jaar ná die gemeente se stigting is die eerste kerkgebou – 'n baie eenvoudige, langwerpige gebou met grasdak en grondvloer – en wel op die huidige Kerkplein in gebruik geneem. Hierdie eerste ou kerkgeboutjie is in 1873 in 'n kruiskerk verander. Daarin sou die gemeente aanbid totdat dit in 1883 afgebrand het – "deur 'n vernielende hand", soos die voorvaders dit uitgedruk het. In dieselfde jaar begin egter op dieselfde plek 'n nuwe, statige kerkgebou verrys, waarvan genl. Piet Joubert die hoeksteen gelê het. In 1885 is hierdie godshuis plegtig ingewy. Hierdie gebou, wat £18 000 gekos het, was 'n sierlike met 'n hoë toring en wat formaat en grootte betref, die eerste werklik besonderse gebou in Transvaal. "Die argitek van die tweede kerk op Kerkplein was Tom Claridge en die boukontrakteurs Marinus Franken en W. van der Veen. Hierdie kerkgebou wat die Victoriaans-Gotiese boustyl verteenwoordig het, was die eerste kerkgebou noord van die Vaal met 'n toring. Die lengte en breedte van die kerkgebou was onderskeidelik 140 voet en 80 voet terwyl die toring by die hoofingang, wat in die rigting van Kerkstraat-Oos gefront het, 150 voet hoog was. Die kerkgebou sou aan 'n duisend persone sitplek bied. In die toring was ook 'n pragtige orrel geïnstalleer. Die kerk is op 23 Januarie 1885 in gebruik geneem." Van die begin af het die toring egter 'n kraak gehad, wat dan ook oorsaak van sy latere sloping was, volgens sommige bronne, hoewel ander dit ontken. Dit is in hierdie gebou waar, ná jare van stryd, die plegtige Kerkvereniging plaasgevind het. In 1896 is hierdie gebou met Kerkplein en al aan die regering van die ZAR vir die bedrag van £50 000 verkoop, op voorwaarde dat dit óf gesloop óf in 'n biblioteek omskep word. Eers in Julie 1903 sou die hoeksteen van die nuwe kerk – die Grootkerk, soos dit algemeen bekendstaan – op die hoek van Bosman- en Vermeulenstraat deur genl. Louis Botha gelê en in die daaropvolgende jaar ingewy word. Hierdie gebou het toe £25 000 gekos, insluitende orrel, banke ens. Ná 46 jaar van ononderbroke en getroue gebruik het die ou Grootkerk egter al ernstige tekens van verwering getoon, veral aan die steenwerk (buite) en die dak, sodat die kerkraad verplig was om hierdie geskiedkundige gebou geheel en al te hernu. Op 10 Junie 1950 is die hernude gebou – 'n werk wat nie onder £16 000 gekos het nie – vir die tweede keer plegtig ingewy. Uitbreidings ------------ Die gemeente Pretoria, wat aanvanklik groot en uitgestrekte gebiede uitgemaak het, het met die toenemende volksvermeerdering 'n ál kleiner gebied beklee sodat dit reeds op die vooraand van sy eeufees 'n suiwer stadsgemeente – in die hart van Pretoria – was. Die dogters, kleindogters en agterkleindogters het toe reeds diep in die 30 getel. Leraars ------- Ds. A.J. Begemann is in 1860 of '61, toe hy pas uit Nederland aangekom het, as Pretoria se eerste predikant bevestig. Hy het sy emeritaat in 1872 aanvaar, maar is eers in 1925 oorlede toe hy nagenoeg 95 jaar oud was. Intussen was hy van 1887 tot 1893 die ZAR se eerste staatsbibliotekaris. Blykbaar word hy as predikant van die Hervormde Kerk erken en nie van die NG Kerk nie, want hy word in die NHK se *Almanak* vermeld onder "vroeëre predikante", maar nie in die NGK se *Jaarboek* toe 'n lys van oorlede predikante nog jaarliks gepubliseer is nie. Sedert 1876 was die alombekende, beminde en onvergeetlike dr. H.S. Bosman (vroeër ds.) leraar van die gemeente – ’n amp wat hy 50 jaar lank beklee het. Ná hom het ds. C.D. Murray gekom. In 1951 is die gemeente met sy bykans 5 000 siele, 4 000 lidmate, deur drie medeleraars bedien. Van hierdie ledetal was ongeveer 2 000 jongmense wat die besonderse belangstelling en aandag van sowel leraars as kerkraad geverg het. Tweede kerk gesloop ------------------- Pres. Paul Kruger, wat lidmaat van die Gereformeerde Kerk was, se roudiens is op 16 Desember 1904 op Kerkplein, Pretoria, langs die Verenigde kerk gehou nadat die toring reeds gesloop was. Die res van die gebou sou spoedig volg. Twee stoomtrekkers was nodig om die toring van die ou kerk plat te trek wat na bewering so bouvallig was dat dit gevaar ingehou het vir die kerkgangers. Die sloping van die kerkgebou op Kerkplein is hier amper afgehandel in 1905. Die tweede NG kerk Pretoria op Kerkplein met Nagmaal, waarskynlik laat in die 19de eeu. Die kerk op Kerkplein waarin die laaste diens op 25 September 1904 gehou is voor dit aan die slopers oorhandig is. In 1886 is goud aan die Witwatersrand ontdek. Dié gebeurtenis het ook 'n ingrypende uitwerking gehad op Transvaal se hoofstad, wat tot in daardie stadium 'n klein en rustige dorp was met 'n Hervormde gemeente wat in 1876 nog net 800 lidmate getel het wat verspreid in die hele distrik gewoon het. Net die jaar vantevore (1885) het ds. Charles Morgan van Bloemfontein Pretoria se nuwe Hervormde kerk op Kerkplein ingewy. Dié kerk, wat £16 000 gekos het en waarvan genl. Piet Joubert die hoeksteen 18 maande vantevore gelê het, het die primitiewe kerkie van 1857 vervang, wat ook op Kerkplein gestaan het. Op dié tydstip was die gemeente 1 200 lidmate sterk. Hul nuwe kerkgeboue het hoog uitgetroon bo die huise en kantore om kerkplein. Ná die ontdekking van goud het Kerkplein die middelpunt van bedrywighede in die Transvaalse hoofstad geword, té bedrywig na die gemeente se sin, want in dié tyd verkoop hulle die pastorie-erf waarop die Paleis van Justisie opgerig sou word. Terwyl Engeland omstreeks 1890 op staatkundige gebied op 'n susereiniteit oor die Transvaalse Republiek aanspraak gemaak het, het die Sinode van die Verenigde Kerk 'n artikel in sy Kerkwet gemaak waarin bepaal is dat iemand slegs as predikant in die Verenigde Kerk toegelaat kon word as hy vooraf aan die Kaap as sodanig gelegitimeer was. By so 'n legitimasie aan die Kaap moes elkeen met sy handtekening hom verbind om hom "aan de verordeningen der Nederduitsche Gereformeerde Kerk in Zuid-Afrika" (Kaapse Kerk) te hou, en as hy dit oortree hom "aan de uitspraken der bevoegde kerkelijke vergaderingen te onderwerp, wat weer niks anders kan beteken as die Kaapse Kerklike vergaderings nie. Hiermee het die Verenigde Kerk van Transvaal wat 'n onafhanklike Republiek was, hom onder die susereiniteit van die Kerk in die Kaapkolonie geplaas wat 'n Britse kolonie was, en hierteen was baie Transvalers heftig gekant. Ds. H.S. Bosman en sy kerkraad het geweier om saam te werk om hierin 'n verandering te bring. A.D.W. Wolmarans het uit die kerkraad getree en die leiding geneem van die persone wat besware teen hierdie gang van sake gehad het. Hulle het op die Algemene Kerkvergadering van die Ned. Herv. of Geref. Kerk van Mei 1890 proteste ingedien, maar dit is van die hand gewys, terwyl daar besluit is om toe te sien dat die eiendomme van die Ned. Hervormde Kerk op naam van die Ned. Herv. of Geref. Kerk getransporteer word. Op Vrydag 30 Mei 1890 het Wolmarans van die Registrateur van Akte verneem dat die eiendomme van die Ned. Hervormde gemeente Pretoria op Maandag 2 Junie op naam van die Ned. Herv. of Geref. gemeente oorgetransporteer sou word. Hy het dadelik ingegryp en op Saterdagmôre met behulp van adv. Hollard by die hooggeregshof 'n hofbevel gevra om hierdie oortransportering te belet. Die hof het 'n voorlopige interdik toegestaan. Op 24 Junie het ds. Bosman in die hooggeregshof 'n beëdigde verklaring gemaak waarin hy onder meer gesê het dat deur die vereniging "hebben beiden de ‘Nederduitsch Hervormde Kerk' en de ‘Nederduitsch Gereformeerde Kerk' als aparte lichamen of rechtspersonen opgehouden te bestaan". Op 5 Augustus het die hof egter uitspraak gelewer dat die eiendomme net op 'n ander naam oorgetransporteer kon word as die Ned. Hervormde gemeente daartoe opdrag sou gee. Die hof het dus aangeneem dat die Hervormde gemeente nog bestaan. Intussen is in Julie maand van dieselfde jaar 'n kommissie van 10 gevorm waarvan Wolmarans die sekretaris was, wat prokurasies laat teken het om gemagtig te word om die regte van die Hervormdes landwyd te behartig wat aan die kerkvereniging meegewerk het maar besware gehad het om verder saam te werk. Hierdie prokurasies is deur meer as duisend manslidmate geteken, waarop die kommissie as 'n Prokurasie-kommissie gekonstitueer is, en dadelik besware gemaak het teen die oortransportering van die eiendomme van die Ned. Hervormde Kerk op die naam van die Ned. Herv. of Geref. Kerk. Die Prokurasie-kommissie het ds. Bosman en die kerkraad uitgenooi "om de vereeniging vaarwel te zeggen en op de Hervormde grondslagen voort te bouwen", maar hulle het geweier, waarop ds. C.W. du Toit van Potchefstroom gevra is om na Pretoria te kom en 'n vergadering van die Hervormde manslidmate te lei. Hierdie gemeentevergadering het op 24 Januarie 1891 op Derdepoort plaasgevind waar onder leiding van ds. Du Toit 'n nuwe kerkraad gekies is wat bestaan het uit ouderlinge Wolmarans, B.D. Esterhuizen, A.J.J. Botes, H.P. Geldenhuis, en diakens J.P.H. Dreyer, F.A. Smit, J.J.F. Brits, J.A. Duvenage en J.P. Prinsloo. Hulle is op Sondag 25 Januarie bevestig en Maandag is ds. Du Toit as konsulent benoem. Hierdie Kerkraad het dadelik op die eiendomme van die Hervormde gemeente Pretoria aanspraak gemaak, en dit was duidelik dat dit op 'n hofsaak sou uitloop. Ook in verskillende ander gemeentes in die land het hofsake gedreig en dit het gelyk asof dit op staatkundige gebied gevare kon meebring, en daarom het pres. Paul Kruger dit nodig geag om op 25 Maart 1891 "als Christen en als Hoofd van den Staat" 'n rondskrywe aan die Hervormde Kerk, die Verenigde Kerk en die gemeentes onder die Prokurasie-kommissie te rig en die kerklike voormanne tot 'n gemeenskaplike samespreking uitgenooi om langs vreedsame weg tot 'n oplossing te probeer kom. Hierdie konferensie het van 24 Augustus tot 4 September in Pretoria onder voorsitterskap van die president plaasgevind. Wat die beoogde doel betref, was dit 'n mislukking. Daar is wel 'n konsep opgestel vir 'n vreedsame skikking tussen die gemeentes waar eiendomskwessies was en die Hervormde Kerk het dit aangeneem, maar die Verenigde Kerk het dit verwerp sodat daar maar net een pad oopgebly het om tot 'n oplossing te kom, en dit was om na die hooggeregshof te gaan. Die Kerkraad van die Hervormde gemeente Standerton (Trichardtsfontein) het dan ook in 1892 die Verenigde gemeente Standerton gedagvaar en geëis om hul eiendomme terug te gee. Dit was 'n toetssaak waaruit die goeie reg van die Hervormde Kerk moes blyk. Die uitspraak het op 5 Junie 1895 geval en was ten gunste van die Hervormde Kerk. Die hof het beslis dat die kerkvereniging *ultra vires* was; dus onwettig en die kerklike eiendomme dus nie van die Hervormde Kerk ontneem kon word nie. In 1895 het die Hervormde kerkraad van Rustenburg ook die kerkraad van die Verenigde Kerk gedagvaar, en daar is dieselfde uitspraak deur die hof gegee. Dit het dus bevestig dat ook in Pretoria die Hervormde Kerk die regmatige eienaar van Kerkplein met kerkgebou, die pastorie en al die ander eiendomme was. Maar tot 'n hofsaak het dit nie gekom nie, vermoedelik deur politieke oorwegings. Ds. Bosman en sy kerkraad was nou gewillig om te skik. Die Regering het Kerkplein vir £50 000 gekoop waarvan £12 500 aan die Hervormde Gemeente uitbetaal is en £37 500 aan die Ned. Herv. of Geref. gemeente, terwyl laasgenoemde nog 'n blok van vier erwe aan die Hervormde gemeente moes gee. Hierdie vier erwe is deur die kerkraad van die Hervormde gemeente vir 'n blok van vier ander erwe verruil, geleë op die hoek van Kerk- en Du Toitstraat waarop die Hervormde kerkgebou nou nog staan. Hoewel die Ned. Herv. of Geref. gemeente met hierdie transaksie meer as die Hervormde gemeente ontvang het, is dit vir laasgenoemde tog van baie groot betekenis, want dit het bewys dat die Hervormde gemeente die historiese reghebbende regspersoonlikheid was; dus die historiese gemeente wat in 1855 deur ds. Dirk van der Hoff gestig is, want dit was die Hervormde gemeente wat aan die regering transport van die Kerkplein moes gee. Die Kerkraad het op sy vergadering van 24 Mei 1899 'n kommissie benoem om namens die gemeente die transport aan die regering te verleen. Hierdie kommissie het bestaan uit die kerkraadslede Wolmarans, L.A.F.H. van Wouw, B.C. Lottering en diakens F.A. Smit en L.L. Steen. Die Registrateur van Akte het in verband hiermee alleen die Hervormde gemeente erken. Omstredenheid oor die sloping ----------------------------- Indertyd is deur sommige mense aangevoer die kerk se toring bouvallig was en 'n gevaar vir die lidmate ingehou het. Sowat 60 jaar later het 'n lidmaat van Bronberg, dr. D.J. de Kock, dié volgende stukkie geskiedenis opgeteken uit gesprekke met mense wat geleef het tydens die kerk se sloping (maar wat volgens alle aanduidings die kat aan die stert beetgehad het): "Ná bykans 20 jaar is die laaste diens in hierdie kerk gehou op 25 September 1904, waarna die Britse besettingsowerheid die gebou gesloop het omdat dit kwansuis gevaarlik sou wees (daar was 'n kraak in die toring). Hierdie sentraal geplaaste ankerpunt van 'n verowerde volk was egter nie so maklik te verwyder nie en, ten aanskoue van teruggekeerde krygsgevangenes en geïnterneerdes is daar uiteindelik geslaag om die toring plat te trek met stoomtrekkers. Aan my is meegedeel dat daar met leedwese, maar nie sonder 'n tikkie vermaak nie, gesien is hoedat die voorwiele van die trekkers telkens oplig sodra die kabel om die toring styftrek – maar die bouvallige toring nog rotsvas bly staan! Die destydse orrelis het my verder meegedeel dat in die slopingsproses die orrel (wat in die toring ingebou was) geheel en al vernietig (is). Die luiklok (is) ook in die proses beskadig. Albei dié items (die orrel en die klok) was bestem om mettertyd aan die gemeente Pretoria-Oos geskenk te word sodra die oostelike gedeelte afgestig sou word." Vir die oprigting van die nuwe NG kerk is vier erwe op die hoek van Vermeulen- en Kochstraat (nou Bosmanstraat) van dr. F. Rothman vir £10 250 aangekoop. Op 11 Mei 1903 het genl. Louis Botha die hoeksteen gelê en die sierlike gebou is twee jaar later deur dr. Andrew Murray ingewy. Die totale boukoste het £23 000 beloop. Inlywings en nuwe bedienings ---------------------------- Ds. J.S. Theron, hulpleraar van 1916 tot 1918, toe eerste leraar van die NG gemeente Dullstroom en van 1921 medeleraar van Pretoria. In 1925 het hy 'n beroep aangeneem na die nuwe gemeente Pretoria-Wes. Die ou NG kerk Bronberg, nou 'n bedieningspunt van die moedergemeente. Van die laat tagtigerjare af het lidmate van die NG Kerk begin wegtrek uit die sentrale dele van Pretoria. Dié demografiese veranderinge het daartoe gelei dat die gemeentes naby aan die middestad eindelik in 2000 verenig het onder die naam van die ou moedergemeente, maar wel met vier kampusse: Bosmanstraat, Harmonie, Arcadia en Bronberg. Meintjeskop is vroeër reeds by Arcadia ingelyf, wat daarna by Pretoria ingelyf is, en Burgerspark het weggeval. In 2006 het die gemeente ’n poging tot transformasie begin aanwend. Hy wou nie meer net gerig wees op sy eie gemeentelede nie, maar ook op die gemeenskap. Met baie min hulpbronne en arbeidskrag het die gemeente samesprekings aangeknoop met die PEN Bediening, wat ten nouste betrokke was by gemeenskapswerk in die middestad. Dié bediening was die enigste oorblyfsel van die werk van die NG kerk in Bosmanstraat nadat die Afrikaanse dienste daar in 2007 afgelas is. In 2011 is PEN gevra om die bestuur van die gemeente oor te neem. In ruil het die gemeente sy bedrywighede herstruktureer om ook die uitreikings- en jeugbediening van PEN in te sluit. Dié projekte het ’n tuiste gevind op die gemeente se Bronberg-kampus. Die eerste geïntegreerde kerkraadsvergadering is in Mei 2011 gehou. Die kerkgebou in Bosmanstraat is nou ’n nasionale erfenisterrein, waarvan die helfte besit word deur die Verenigende Gereformeerde gemeente Mamelodi ya Tshwane. Intussen word die kerkgeboue in Harmonie en Arcadia ook steeds gebruik. Die gemeente se samestellende dele ---------------------------------- Die gemeente wat nou bekendstaan as NG gemeente Pretoria is 'n samestelling van wat eens op 'n tyd ses afsonderlike gemeentes was. Die syfers onder die jaartalle dui telkens op die getal belydende lidmate, so ook die totaal. | Naam | Gestig | 1960 | 1972 | 1979 | 1985 | 1990 | 1995 | 2000 | 2015 | | --- | --- | --- | --- | --- | --- | --- | --- | --- | --- | | Pretoria | 1854 | 2240 | 2750 | 2902 | 2430 | 2500 | 2210 | 1800 | 1480 | | Bronberg | 1942 | 1056 | 2650 | 3689 | 4060 | 3600 | 2540 | 1738 | – | | Arcadia | 1951 | 1323 | 2368 | 2537 | 3085 | 2120 | 2750 | – | – | | Burgerspark | 1952 | 847 | 2658 | 3204 | 2758 | 2551 | 2421 | 825 | – | | Harmonie | 1957 | 1860 | 3891 | 3817 | 3417 | 2030 | 2009 | 640 | – | | Meintjeskop | 1964 | – | 1739 | 1238 | 1524 | – | – | – | – | | **Totaal** | | **7 326** | **16 056** | **17 387** | **17 274** | **12 801** | **11 930** | **5 003** | **1 480** | Enkele leraars -------------- By leraars van wie die presiese datums nie bekend is nie, verskyn 'n ellips en 'n jaartal daarna waarin hy onder meer in die gemeente gestaan het. ### Pretoria * A.J. Begemann, 1860–1872 (gebore 15 Junie 1831 in Nederland) * Hermanus Stephanus Bosman, 1876–1926 (aanvaar sy emeritaat; oorlede 3 April 1933) * Herman Dirk van Broekhuizen, 1906–1917 (oorgegaan na die Nederduitsch Hervormde Kerk) * Johannes Stefanus Theron, 1921–1925 * Charles Daniel Murray, 1927–1943 (aanvaar sy emeritaat; oorlede 18 Junie 1948) * Jacobus Francois du Toit, 1930–1935 * Dr. Willem de Wet Strauss, 1937–1939, 1961 – 11 April 1976 (aanvaar sy emeritaat) * Dr. Barend Jacobus (Ben) Marais, 1938–1941 (studenteleraar; waarna dieselfde amp in Pretoria-Oos) * Johannes Reyneke, 1941–1956 * Gerhardus Johannes Davidtsz, 1944–1967 * Jacobus Cornelius Gideon Kotzé, 1944–1950 * Andries Jacobus Pienaar, 1950–1952 (waarna tot 1959 van die dogtergemeente Arcadia) * Francois Guillaume Marais du Toit, 1951–1962 (en organiserende sekretaris van die CPGV) * Pieter Willem Marais, 1954–1955 * Nicolaas Franciscus Petrus Burger, 1956–1960 * Pieter Daniël Jacobus de Witt, 1956–1957 * Andries Petrus Treurnicht, 1958–1960 * Alfred Clement Sephton, 1961–1969 * Jan Abraham Durand, 1967–1973 * Jacob Stephanus Dreyer, 25 April 1970 – 27 Junie 1993 (aanvaar sy emeritaat) * Johan Henning Jacobus de Witt, 1969–1972 * Bernardus Thomas Richard, 15 Maart 1974 - 01 Januarie 1980 (met sy afsterwe, toegespits op jeugwerk) * Jacobus Gerhardus van Coller, 1977–1980 (tydelik uit die bediening) * Dr. Johannes van Schalkwyk, 1977–1981 * Dr. Coenraad Frederik Bekker, 1980 – 31 Januarie 1994 (aanvaar sy emeritaat) * James Nehemia Klynveld, 1982–1988 * Johanens Petrus Wessels, 1980–1985 * Ernst Ludwig Rischmüller, 1984–1992 (polisiekapelaan) * Frederik Nicolaas Huysamen, 1986–1996 (demissie, beroepbaar; in selfde jaar uit die bediening) * Dr. André Eugene de la Porte, 1988–? * Cornelius Johannes Jacobus Müller, 1992–2011 (polisiekapelaan) * Dr. Abraham Kriel le Roux, 1988 – hede (oorgekom met inlywing van Arcadia) * Dr. Daniël Petrus Veldsman, 1996–2007; 2007 - (bevestig met opdrag teologiese opleiding) * Marthinus Jacobus Swart, 1984 – hede (tentmaker, later Engelse bediening; oorgekom met inlywing van Arcadia) * Dr. Marinda van Niekerk, 1995–1999 (tentmaker; later PEN-aksie) * Dr. Petrus Jacobus le Roux, 1997–2010 (oorgekom van Bronberg; aanvaar sy emeritaat in gemeente Pretoria) * Petrus Francois Smit, 2003 – hede (PEN-aksie) * Andries Schwartz, 2009 – hede (PEN-aksie) * Sharaine Steenberg, 2013 – 2016 (PEN-aksie) * George Jacobus van Wyngaardt, 2013 – hede (tentmaker) * Elaine Dippenaar, 2015 - 2017 (PEN-aksie) * Hendrien van Vliet 2016 - hede (tentmaker) ### Bronberg * Hermanus Charles Kinghorn, 1947–1950 * Dr. L.V. Rex, 1948–1953 * R.J. Raath … 1960 * J.R. Schmidt … 1972 * P.A. van der Merwe … 1972 * S.J. Joubert … 1972 * M.D.V. Cloete … 1972 * S.J. Joubert … 1979 * A.J. Barnard … 1979 * H.F. Heymann … 1979 * P. Combrink … 1979 * Dr. Petrus Jacobus le Roux, 1997–2010 (aanvaar sy emeritaat in gemeente Pretoria) * Dr. Casparus Johannes Jackson, 1979–1995 (aanvaar sy emeritaat) * Abraham Johannes Prinsloo, 1982–1988 (aanvaar sy emeritaat) * G.G. Havemann … 1985 ### Arcadia * Andries Jacobus Pienaar, 1952–1959 * C.D. Wesels … 1960 * P.J. de Vos … 1972 * G.R. Keet … 1972 * H.J. Linde … 1972 * Adriaan Cornelis Barnard, 1975 – 1975 * Johan Henning Jacobus de Witt, 23 Mei 1976–1981 * J.C. de Klerk … 1979 * Marthinus Jacobus Swart, 1984 – inlywing, waarna Pretoria * D.E. van der Spuy … 1985 * Genl.maj. C.P. Naudé … 1985 * J.D. Herholdt … 1985 * Dr. Abraham Kriel le Roux, 1988 – inlywing * C.J. Swarts … 1990 * G.F.M. Beetge .. 1995 (oorgekom van Meintjeskop met inlywing) ### Burgerspark * Theunis Johan van Rooyen, 1956–1960 * Jacobus Albertus Venter, 1966–1970 * Hendrik Nicolaas Janse van Rensburg, 1967–1974 * J.P. du T. Furstenburg … 1972 * F. Swanepoel … 1972 * J.T. de J. van Arkel … 1972 * W.H. de Vos … 1979 * S.C. Combrinck … 1979 * J.M. Wolmarans … 1979 * J.W. de Villiers … 1979 * J.H. Cronjé … 1985 * N. Schreuder … 1985 * J.C. Erasmus … 1985 * L.P. Conradie … 1985 ### Harmonie * Harold Christian Botha, 1958–1962 * D.J. Viljoen … 1960 (studentelaar) * P.W. Jordaan … 1972 * Dr. N.J. Hanekom … 1972 * B.P. de Wet … 1972 * L.M. Heyns … 1972 (studenteleraar) * A.C. Swanepoel … 1979 * H.M. Horn … 1979 (studenteleraar) * S.P Senekal … 1979 (studenteleraar) * Dr. L.F. van Deventer … 1985 * Prof. J.H. le Roux … 1985 (hulpleraar) * Prof. H.L. Bosman … 1990 (hulpleraar) * Dr. J.G. Bosman … 1995 ### Meintjeskop * A.P. du Toit … 1972 * Willem Jacobus Lourens, 1966–1974 * J.J. Krige … 1979 * A.L. Wehncke … 1979 * G.F.M. Beetge … 1985 * J.P. van der Walt … 1985 * D.J. Kritzinger … 1990 Leraarsgalery ------------- ### Pretoria * Dr. B.J. Marais, studenteleraar van 1938 tot 1941.Dr. B.J. Marais, studenteleraar van 1938 tot 1941. * Ds. J. Reyneke, medeleraar van 1941 tot 1956.Ds. J. Reyneke, medeleraar van 1941 tot 1956. * Ds. A.J. Pienaar, medeleraar van 1950 tot 1952.Ds. A.J. Pienaar, medeleraar van 1950 tot 1952. * Ds. G.J. Davidtsz, medeleraar van 1944 tot 1967.Ds. G.J. Davidtsz, medeleraar van 1944 tot 1967. * Ds. F.G.M. du Toit, medeleraar van 1951 tot 1962.Ds. F.G.M. du Toit, medeleraar van 1951 tot 1962. * Ds. P.W. Marais, medeleraar van 1954 tot 1955.Ds. P.W. Marais, medeleraar van 1954 tot 1955. * Ds. N.F.P. Burger, medeleraar van Pretoria van 1956 tot 1960.Ds. N.F.P. Burger, medeleraar van Pretoria van 1956 tot 1960. * Ds. P.D.J. de Wit, medeleraar van 1956 tot 1957.Ds. P.D.J. de Wit, medeleraar van 1956 tot 1957. * Dr. A.P. Treurnicht, medeleraar van 1958 tot 1960, toe hy aangestel word as redakteur van Die Kerkbode.Dr. A.P. Treurnicht, medeleraar van 1958 tot 1960, toe hy aangestel word as redakteur van *Die Kerkbode*. * Ds. A.C. Sephton, leraar van 1961 tot 1969.Ds. A.C. Sephton, leraar van 1961 tot 1969. ### Bronberg * Ds. Herman Kinghorn, Bronberg se leraar van 1947 tot 1950.Ds. Herman Kinghorn, Bronberg se leraar van 1947 tot 1950. * Dr. L.V. Rex, Bronberg se medeleraar van 1948 tot 1953.Dr. L.V. Rex, Bronberg se medeleraar van 1948 tot 1953. ### Arcadia * Ds. A.J. Pienaar, leraar van Pretoria van 1950 en van Arcadia van 1952 tot 1959.Ds. A.J. Pienaar, leraar van Pretoria van 1950 en van Arcadia van 1952 tot 1959. ### Harmonie * Ds. H.C. Botha, leraar van Harmonie van 1958 tot 1962.Ds. H.C. Botha, leraar van Harmonie van 1958 tot 1962. * Ds. S.P. Senekal was studenteleraar van Harmonie van 1976 tot 1987.Ds. S.P. Senekal was studenteleraar van Harmonie van 1976 tot 1987. ### Burgerspark * Ds. T.J. van Rooyen, Burgerspark se leraar van 1956–1960.Ds. T.J. van Rooyen, Burgerspark se leraar van 1956–1960. * Ds. H.N. Janse van Rensburg, medeleraar van Burgerspark van 1967 tot 1974.Ds. H.N. Janse van Rensburg, medeleraar van Burgerspark van 1967 tot 1974. Bronne ------ * (af) Engelbrecht, prof. dr. S.P. 1955. *Die Nederduitsch Hervormde Gemeente Pretoria 1855–1955*. Pretoria: NH kerkraad. * (nl) Maeder, ds. G.A. en Zinn, Christian. 1917. *Ons Kerk Album*. Kaapstad: Ons Kerk Album Maatschappij Bpkt. * (af) Olivier, ds. P.L. (samesteller), *Ons gemeentelike feesalbum*. Kaapstad en Pretoria: N.G. Kerk-uitgewers, 1952. * (af) Swart, dr. M.J. (voorsitter redaksiekomitee). 1980. *Afrikaanse kultuuralmanak*. Aucklandpark: Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge.
{ "title": "NG gemeente Pretoria", "mostly_tablelist": false, "tablelist_ratio": [ 5528, 44083, 0.12539981398725134 ], "infobox": [], "td_tables": [], "text_length": 54687 }
**Nordaustlandet** (Noors vir: "Noordoosland") is die tweede grootste eiland van die Noorse eilandgroep Svalbard na Spitsbergen met 'n oppervlakte van 14 443 km². Dit is ook die tweede grootste eiland van Noorweë en die wêreld se 57ste grootste eiland. Daarbenewens is dit die negende grootste eiland van Europa na Groot-Brittanje, Ysland, Ierland, Sewerni-eiland, Spitsbergen, Joezjni-eiland, Sisilië en Sardinië. Kaart van Nordaustlandet Landskap op Nordaustlandet Nordaustlandet vorm die noordoostelike deel van Svalbard en grens aan die Arktiese Oseaan in die noorde en die Barentssee in die ooste. Verder oos is die Russiese eilandgroep Franz Josef-land geleë. Op Nordaustlandet is met Austfonna die grootste gletser van Europa geleë; dit beslaan 'n oppervlakte van 8 450 km². Dit is na Antarktika, Groenland en Sewerni-eiland die vierde grootste met ys bedekte gebied wêreldwyd. Vestfonna is met 2 450 km² die tweede grootste gletser van Nordaustlandet. Die gletsers word deur aardverwarming bedreig. Nordaustlandet word in vyf streke of landskappe onderverdeel: * Gustav-V-land (noordweste) * Prins-Oscars-land (noorde) * Orvin-land (noordooste) * Harald-V-land (ooste) * Gustav-Adolf-land (suide)
{ "title": "Nordaustlandet", "mostly_tablelist": false, "tablelist_ratio": [ 523, 1459, 0.3584647018505826 ], "infobox": [ "<table about=\"#mwt1\" class=\"infobox vcard\" style=\"font-size: 90%; background:#f5fffa;\" width=\"280\">\n<tbody><tr><th colspan=\"2\" style=\"text-align: center;\"><big class=\"fn org\">Nordaustlandet</big></th></tr>\n<tr>\n<td colspan=\"2\" style=\"text-align: center;\"><span data-mw=\"{&quot;caption&quot;:&quot;&lt;a rel=\\&quot;mw:WikiLink\\&quot; href=\\&quot;./Nasa\\&quot; title=\\&quot;Nasa\\&quot; data-parsoid='{\\&quot;stx\\&quot;:\\&quot;simple\\&quot;,\\&quot;a\\&quot;:{\\&quot;href\\&quot;:\\&quot;./Nasa\\&quot;},\\&quot;sa\\&quot;:{\\&quot;href\\&quot;:\\&quot;Nasa\\&quot;}}'&gt;Nasa&lt;/a&gt;-Satellietbeeld van Nordaustlandet&quot;}\" typeof=\"mw:Image\"><a class=\"mw-file-description\" href=\"./Lêer:Nordaustlandet.jpg\"><img data-file-height=\"703\" data-file-type=\"bitmap\" data-file-width=\"1100\" decoding=\"async\" height=\"160\" resource=\"./Lêer:Nordaustlandet.jpg\" src=\"//upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/d/d1/Nordaustlandet.jpg/250px-Nordaustlandet.jpg\" srcset=\"//upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/d/d1/Nordaustlandet.jpg/375px-Nordaustlandet.jpg 1.5x, //upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/d/d1/Nordaustlandet.jpg/500px-Nordaustlandet.jpg 2x\" width=\"250\"/></a></span><br/><small><a href=\"./Nasa\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Nasa\">Nasa</a>-Satellietbeeld van Nordaustlandet</small></td></tr>\n<tr>\n<th bgcolor=\"#cef2e0\" colspan=\"2\">Geografie</th></tr>\n<tr>\n<td colspan=\"2\" style=\"text-align: center;\"><span typeof=\"mw:Image\"><a class=\"mw-file-description\" href=\"./Lêer:Nordaustlandet.png\"><img data-file-height=\"355\" data-file-type=\"bitmap\" data-file-width=\"329\" decoding=\"async\" height=\"216\" resource=\"./Lêer:Nordaustlandet.png\" src=\"//upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/d/d9/Nordaustlandet.png/200px-Nordaustlandet.png\" srcset=\"//upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/d/d9/Nordaustlandet.png/300px-Nordaustlandet.png 1.5x, //upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/d/d9/Nordaustlandet.png 2x\" width=\"200\"/></a></span></td></tr>\n<tr style=\"vertical-align: top;\">\n<td><b>Ligging</b></td><td><span class=\"label\"><a href=\"./Arktiese_Oseaan\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Arktiese Oseaan\">Arktiese Oseaan</a></span></td></tr>\n<tr style=\"vertical-align: top;\">\n<td><b>Koördinate</b></td><td><span class=\"plainlinks nourlexpansion\"><a class=\"external text\" href=\"//tools.wmflabs.org/geohack/geohack.php?pagename=Nordaustlandet&amp;params=79_48_N_22_24_O_\" rel=\"mw:ExtLink\"><span class=\"geo-default\"><span class=\"geo-dms\" title=\"Kaarte, lugfotos en ander data vir die ligging\"><span class=\"latitude\">79°48′N</span> <span class=\"longitude\">22°24′O</span></span></span><span class=\"geo-multi-punct\"><span typeof=\"mw:Entity\"></span> / <span typeof=\"mw:Entity\"></span></span><span class=\"geo-nondefault\"><span class=\"geo-dec\" title=\"Kaarte, lugfotos en ander data vir die ligging\">79.800°N 22.400°O</span><span style=\"display:none\"><span typeof=\"mw:Entity\"></span> / <span class=\"geo\">79.800; 22.400</span></span></span></a></span><span style=\"font-size: small;\"><span id=\"coordinates\"><a href=\"./Geografiese_koördinatestelsel\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Geografiese koördinatestelsel\">Koördinate</a>: <span class=\"plainlinks nourlexpansion\"><a class=\"external text\" href=\"//tools.wmflabs.org/geohack/geohack.php?pagename=Nordaustlandet&amp;params=79_48_N_22_24_O_\" rel=\"mw:ExtLink\"><span class=\"geo-default\"><span class=\"geo-dms\" title=\"Kaarte, lugfotos en ander data vir die ligging\"><span class=\"latitude\">79°48′N</span> <span class=\"longitude\">22°24′O</span></span></span><span class=\"geo-multi-punct\"><span typeof=\"mw:Entity\"></span> / <span typeof=\"mw:Entity\"></span></span><span class=\"geo-nondefault\"><span class=\"geo-dec\" title=\"Kaarte, lugfotos en ander data vir die ligging\">79.800°N 22.400°O</span><span style=\"display:none\"><span typeof=\"mw:Entity\"></span> / <span class=\"geo\">79.800; 22.400</span></span></span></a></span></span></span><link href=\"./Kategorie:Koördinate_op_Wikidata\" rel=\"mw:PageProp/Category\"/></td></tr>\n<tr class=\"note\" style=\"vertical-align: top;\">\n<td><b>Argipel</b></td><td><a href=\"./Svalbard\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Svalbard\">Svalbard</a>\n<p>\n</p></td></tr>\n<tr style=\"vertical-align: top;\">\n<td><b>Oppervlakte</b></td><td>14<span typeof=\"mw:Entity\"> </span>443 <a href=\"./Vierkante_kilometer\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Vierkante kilometer\">vk km</a></td></tr>\n<tr style=\"vertical-align: top;\">\n<td><b>Hoogste punt</b></td><td>Snøtoppen<span typeof=\"mw:Entity\"> </span>764 m</td></tr>\n<tr>\n<th bgcolor=\"#cef2e0\" colspan=\"2\">Administrasie</th></tr>\n<tr>\n<td colspan=\"2\" style=\"text-align: center;\"><span class=\"mw-image-border\" data-mw='{\"caption\":\"Vlag van Noorweë\"}' typeof=\"mw:Image\"><a class=\"mw-file-description\" href=\"./Lêer:Flag_of_Norway.svg\"><img data-file-height=\"372\" data-file-type=\"drawing\" data-file-width=\"512\" decoding=\"async\" height=\"16\" resource=\"./Lêer:Flag_of_Norway.svg\" src=\"//upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/d/d9/Flag_of_Norway.svg/22px-Flag_of_Norway.svg.png\" srcset=\"//upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/d/d9/Flag_of_Norway.svg/33px-Flag_of_Norway.svg.png 1.5x, //upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/d/d9/Flag_of_Norway.svg/44px-Flag_of_Norway.svg.png 2x\" width=\"22\"/></a></span><span typeof=\"mw:Entity\"> </span><a href=\"./Noorweë\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Noorweë\">Noorweë</a></td></tr>\n<tr style=\"vertical-align: top;\">\n<td><b>Provinsie</b></td><td><a href=\"./Svalbard\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Svalbard\">Svalbard</a>\n<p>\n</p>\n<p>\n</p>\n<p>\n</p>\n<p>\n</p>\n<p>\n</p>\n<p>\n</p></td></tr>\n<tr>\n<th bgcolor=\"#cef2e0\" colspan=\"2\">Demografie</th></tr>\n<tr style=\"vertical-align: top;\">\n<td><b>Bevolking</b></td><td>0\n<p>\n</p></td></tr>\n</tbody></table>" ], "td_tables": [], "text_length": 1215 }
| Periode/sisteem | Epog/serie | Tydsnede/etage | M. jaar gelede | | --- | --- | --- | --- | | Karboon | Mississippium | Tournaisium | **jonger** | | Devoon | Laat | Famennium | 372,2–358,9 | | Frasnium | 382,7–372,2 | | Middel | Givetium | 387,7–382,7 | | Eifelium | 393,3–387,7 | | Vroeg | Emsium | 407,6–393,3 | | Pragium | 410,8–407,6 | | Lochkovium | 419,2–410,8 | | Siluur | Pridolium | geen gedef. | **ouer** | | Die verdeling van die Devoon (IKS). | Die **Frasnium** is ’n chronostratigrafiese etage sowel as ’n geologiese tydsnede in onderskeidelik die sisteem en periode Devoon. Dit verwys dus na ’n tydperk sowel as die gesteentes wat in dié tydperk gevorm het. Die Frasnium was van sowat 382,7 tot 372,2 miljoen jaar gelede. Dit is voorafgegaan deur die Givetium-etage/tydsnede en gevolg deur die Famennium. Naam en definisie ----------------- Die etage is genoem na die Belgiese stad Frasnes-lez-Couvin noord van Couvin. Die basis van die Frasnium word gedefinieer deur die eerste voorkoms van die Conodonta *Ancyrodella rotundiloba* en die bokant deur die uitwissing van die Conodonta *Ancyrodella* en *Ozarkodina* en die Goniatitida *Gephuroceratidae* en *Beloceratidae*. Die tipeligging vir die basis is op die Col du Puech de la Suque by die Franse St. Nazaire-de-Ladarez. Bronne ------ 1. ↑ Gradstein *et al.* (2012) 2. ↑ Klapper *et al.* (1987) * (en) Gradstein, F.M.; Ogg, J.G.; Schmitz, M.D. & Ogg, G.M.; **2012**: *A Geologic Time Scale 2012*, Elsevier, ISBN 0444594256. * (en) Klapper, G.; Feist, r. & House, M.R.; 1987: *Decision on the Boundary Stratotype for the Middle/Upper Devonian Series Boundary*, Episodes **10(2)**, p. 97-101.
{ "title": "Frasnium", "mostly_tablelist": false, "tablelist_ratio": [ 587, 1274, 0.46075353218210363 ], "infobox": [], "td_tables": [], "text_length": 1684 }
Sedert die einde van die veertiende eeu het die huidige Noorweë, Swede, Finland en Denemarke 'n eenheid gevorm, wat heelwat daartoe bygedra het dat die huidige standaardtale in die lande vandag onderling betreklik goed verstaanbaar is. Die Skandinawiese lande is vanuit Denemarke bestuur, wat beteken het dat Deens 'n groot invloed op die taalontwikkeling van die hele gebied gehad het, in so 'n mate dat Deens die standaardtaal van Noorweë geword het en byna ook van Swede. Nuwe Skandinawiese tale ----------------------- Vroeg in die sestiende eeu het die Sweedse elite nog prominent verklaar dat Deens en Sweeds één taal was, maar met die afskeiding van Swede in 1523 het die Swede groot verskille tussen Sweeds en Deens ontdek. Die Swede het 'n eie geskrewe norm vir Sweeds ontwikkel, wat so ver moontlik van Deens moes afwyk. In een generasie is van geskrewe Deens na Sweeds in talle provinsies oorgeskakel, sonder dat die gesproke taal verander het. Teen die begin van die agtiende eeu, was die nuwe standaard al goed ingeburger. In 1809 breek Finland weg van Swede, en in 1814 verkry Noorweë sy onafhanklikheid van Denemarke. Dieselfde denkstroom vir 'n eie taal in die nuwe onafhanklike state kom op gang soos wat Sweeds in Swede tot stand gekom het. In Finland was Fins 'n minderheidstaal, wat geografie en funksie betref, maar het dit 'n nasionale simbool geword, en Sweeds uitgedruk. In 1980 was daar in Finland nie meer as 6.4% Sweedstaliges oor nie. Nuwe Taal in Noorweë -------------------- In 1840 is in Noorweë deur Knudsen 'n eie spelling opgestel. Deens was egter teen hierdie tyd 'n gevestigde taal onder die elite en stedelike bevolking. Hierdie norm van Knudsen het derhalwe weinig van Deens afgewyk, sodat gepraat is van Deens-Noors of Bokmål (boektaal), of deur sommige Riksmål (Staatstaal) genoem is. Nasionaliste, uit die dialeksprekende platteland was nie hiermee gediend nie, en onder leiding van Ivar Aasen, wat op sy eie 'n norm uit die Noorse dialekte opgestel het, en Landsmål genoem is, is geveg vir 'n eie Noorse taal wat veel meer van Deens moes afwyk as Bokmål. 'n Stryd tussen die twee tale het losgebars, wat in hewigheid toegeneem het teen die einde van die 19de eeu. In 1885 is Bokmål en Landsmål (of Nynorsk) as amptelike tale van Noorweë erken. Tot vandag is Noorweë dus 'n tweetalige land. Taalmaatreëls ------------- In 1892 is 'n wet aanvaar wat bepaal het dat skole self kon kies welke taal aan die kinders geleer moes word. Landsmål of Nynorsk het ook in populariteit toegeneem, veral na die Eerste Wêreldoorlog. In 1944 het die taal 'n hoogtepunt in sy populariteit bereik toe 34.1% van die skole die taal gebruik het. Daarna het die populariteit begin taan. In 1980 het tussen 16% en 20% van die skole Nynorsk nog gebruik. Die agteruitgang van Landsmål of Nynorsk is te wyte aan die feit dat die variëteit weinig status het. Die taal word met die laaggeskoolde plattelanders geassosieer. Daar is min boeke in geskryf en geen enkele koerant nie. Landsmål of Nynorsk (Nieuw Noors) maak daarop aanspraak dat dit 'n meer nasionalistiese taal is en die "regte" en inheemse taal is van Noorweë. Bokmål daarenteen, word as 'n gekultiveerde, elitêre taal beskou. Die stryd tussen die twee tale is nog nooit bygelê nie, maar Nynorsk blaas die aftog. Bokmål is die stedelike taal, die taal van die jeug en die elite, die taal wat oorheers in die kerk, die pers, die radio en televisie. Nynorsk kry tans ongeveer 20% van die sendtyd op televisie en die radio, alhoewel daar 'n wet is wat bepaal dat die ten minste 25% van die sendtyd in Nynorsk moet wees. Daar was in die verlede pogings gewees om die twee tale te verenig onder die naam Samnorsk, maar dit is laat vaar. Daar word algemeen aanvaar dat Nynorsk nie meer vir lank sal bestaan nie.
{ "title": "Noorse Taalbeweging", "mostly_tablelist": false, "tablelist_ratio": [ 768, 3865, 0.19870633893919792 ], "infobox": [], "td_tables": [], "text_length": 3798 }
Frederick William Barber. **Frederick William (Fred) Barber** (Nottingham, Engeland, 20 Januarie 1813 – Grahamstad, Kaapkolonie, 2 Januarie 1892) was ’n Oos-Kaapse grenspionier en skeikundige. Barber was die seun van Thomas Barber, befaamde portretskilder, en sy vrou, Mary Atherstone. Hy gaan skool aan Eton en op die Vasteland. Saam met dr. W.G. Atherstone emigreer hy in 1839 na Suid-Afrika en trou in 1845 met Mary Elizabeth Bowker, 'n dogter van Miles Bowker. Hy het twee seuns, Frederick Hugh Barber en Henry Mitford Barber, en 'n dogter gehad. (Die dorp Barberton is na albei sy seuns genoem.) Barber besit aanvanklik 'n skaapplaas in die omgewing van Graaff-Reinet, maar gaan later na die Grahamstadse distrik om sy skaapboerdery voort te sit waar hy op die voorgrond tree tydens die skermutselinge met die vyandige Xhosastamme. Hy neem deel aan die Sewende Grensoorlog (1846–'47) en vir sy dienste gedurende die Agtste Grensoorlog (1850–'53) word die plaas Lammermoor naby Queenstown aan hom toegeken. Toe diamante ontdek word, vertrek hy in 1869 na Kimberley en is een van die eerste kleim-eienaars op die De Beerperseel. Hy is taamlik suksesvol en delf ook diamante aan die Vaalrivier, Dutoitspan en Bultfontein. Uiteindelik keer hy terug na Bristol, Engeland, waar hy fotografie beoefen en gereeld in tydskrifte skrywe oor grondontleding en algemene skeikunde. Barber was lief vir studie, godsdienstig, joviaal en gevat in sy gesprekke, aldus dr. B.J.T. Leverton in die *Suid-Afrikaanse Biografiese Woordeboek*. Bronne ------ * (af) De Kock, W.J. (hoofred. tot 1970) en Krüger, prof. D.W. (hoofred. sedert 1971). 1972. *Suid-Afrikaanse Biografiese Woordeboek*, deel II. Pretoria: Raad vir Geesteswetenskaplike Navorsing.
{ "title": "Fred Barber", "mostly_tablelist": false, "tablelist_ratio": [ 167, 1461, 0.11430527036276524 ], "infobox": [], "td_tables": [], "text_length": 1744 }
Die **Adige** (Italiaans: [ˈaːdidʒe]; Duits: *Etsch*, [ɛtʃ]; Venesiaans: *Àdexe*; Romansch: *Adisch*, luister (hulp·inligting); Ladinies: *Adesc*; Latyn: *Athesis*; Antieke Grieks: Ἄθεσις) is 'n groot suidoos-vloeiende rivier in Italië. Die rivier, met 'n lengte van 410 km, is die tweede langste rivier in Italië na die Po, asook die langste rivier van die Italiaanse outonome provinsie Suid-Tirol in die outonome gewes Trentino-Suid-Tirol. Die Adige in Verona, Italië Die Adige ontspring in die Alpe naby die Reschenpas by Graun im Vinschgau in die outonome gebied Suid-Tirol van Italië. Die Reschenpas vorm die waterskeiding tussen die Middellandse See en die Swartsee en behoort sedert die Eerste Wêreldoorlog tot die grens tussen Italië en Oostenryk. Net noord van dié pas vloei die Inn. Aansluitend vloei die Adige in 'n suidelike rigting deur die stede Bolzano en Trient, voordat hy net wes van Verona in 'n oostelike rigting omslaan en net noord van die Po in 'n oostelike rigting vloei. Net suid van Venesië mond die rivier in die Adriatiese See (Middellandse See) uit. Geskiedenis ----------- In antieke tye was die vallei van die Adige 'n belangrike roete oor die Alpe en tydens die volksverhuising het baie volke deur dié vallei Italië bereik. Die Adige is, onder sy Duitse naam Etsch, een van die waterliggame wat in die Deutschlandlied genoem word, die ander is die Maas, Memel en Belt. Die vers "Von der Maas bis an die Memel, von der Etsch bis an den Belt" dui sekere historiese nedersettingsgrense van die Duitssprekende etniese groepe aan.
{ "title": "Adige", "mostly_tablelist": false, "tablelist_ratio": [ 660, 1969, 0.33519553072625696 ], "infobox": [ "<table about=\"#mwt1\" class=\"infobox\" style=\"width: 300px; font-size: 90%;\">\n<tbody><tr>\n<th colspan=\"2\" style=\"font-size: larger; background-color: #CEDEFF; text-align: center;\">Adige/Etsch</th></tr>\n<tr>\n<td colspan=\"2\" style=\"line-height: 1.2; border-bottom: 1px solid #CEDEFF; text-align:center;\"><div style=\"border: 1px solid #CEDEFF;\"><figure class=\"mw-halign-center\" typeof=\"mw:Image\"><a class=\"mw-file-description\" href=\"./Lêer:Adige_Verona_2010.JPG\"><img data-file-height=\"2736\" data-file-type=\"bitmap\" data-file-width=\"3648\" decoding=\"async\" height=\"216\" resource=\"./Lêer:Adige_Verona_2010.JPG\" src=\"//upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/5/55/Adige_Verona_2010.JPG/288px-Adige_Verona_2010.JPG\" srcset=\"//upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/5/55/Adige_Verona_2010.JPG/432px-Adige_Verona_2010.JPG 1.5x, //upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/5/55/Adige_Verona_2010.JPG/576px-Adige_Verona_2010.JPG 2x\" width=\"288\"/></a><figcaption>Die Adige in <a href=\"./Verona\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Verona\">Verona</a>, <a href=\"./Italië\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Italië\">Italië</a>.</figcaption></figure></div> Die Adige in <a href=\"./Verona\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Verona\">Verona</a>, <a href=\"./Italië\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Italië\">Italië</a>.</td></tr>\n<tr>\n<td colspan=\"2\" style=\"line-height: 1.2; border-bottom: 1px solid #CEDEFF; text-align:center;\"><div style=\"border: 1px solid #CEDEFF;\"><figure class=\"mw-halign-center\" typeof=\"mw:Image\"><a class=\"mw-file-description\" href=\"./Lêer:AdigeLocationMap360.png\"><img data-file-height=\"212\" data-file-type=\"bitmap\" data-file-width=\"360\" decoding=\"async\" height=\"170\" resource=\"./Lêer:AdigeLocationMap360.png\" src=\"//upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/e/ee/AdigeLocationMap360.png/288px-AdigeLocationMap360.png\" srcset=\"//upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/e/ee/AdigeLocationMap360.png 1.5x, //upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/e/ee/AdigeLocationMap360.png 2x\" width=\"288\"/></a><figcaption></figcaption></figure></div>\n<p>Die stroomgebied van die Adige.</p></td></tr>\n<tr>\n<td><b>Oorsprong</b></td>\n<td>naby die Reschenpas, Graun im Vinschgau, <a href=\"./Suid-Tirol\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Suid-Tirol\">Suid-Tirol</a>, <a href=\"./Italië\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Italië\">Italië</a><br/><a href=\"./Alpe\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Alpe\">Alpe</a></td></tr>\n<tr>\n<td><b>Monding</b></td>\n<td>suid van <a href=\"./Venesië\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Venesië\">Venesië</a>, <a href=\"./Italië\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Italië\">Italië</a><br/><a href=\"./Adriatiese_See\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Adriatiese See\">Adriatiese See</a> (<a href=\"./Middellandse_See\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Middellandse See\">Middellandse See</a>)</td></tr>\n<tr>\n<td><b>Stroomgebied</b></td>\n<td><a href=\"./Italië\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Italië\">Italië</a></td></tr>\n<tr>\n<td><b>Lengte</b></td>\n<td>410<span typeof=\"mw:Entity\"> </span>km (250<span typeof=\"mw:Entity\"> </span>myl)</td></tr>\n<tr style=\"white-space: nowrap;\">\n<td><b>Oorspronghoogte</b></td>\n<td>1<span typeof=\"mw:Entity\"> </span>520<span typeof=\"mw:Entity\"> </span>m (4<span typeof=\"mw:Entity\"> </span>990<span typeof=\"mw:Entity\"> </span>voet)</td></tr>\n<tr>\n<td><b>Mondinghoogte</b></td>\n<td>0<span typeof=\"mw:Entity\"> </span>m (0<span typeof=\"mw:Entity\"> </span>voet)</td></tr>\n<tr>\n<td><b>Gemiddelde afloop</b></td>\n<td>235<span typeof=\"mw:Entity\"> </span>m³/s (8<span typeof=\"mw:Entity\"> </span>300<span typeof=\"mw:Entity\"> </span>vt/s³)</td></tr>\n<tr>\n<td><b>Stroomgebiedopp.</b></td>\n<td>12<span typeof=\"mw:Entity\"> </span>100<span typeof=\"mw:Entity\"> </span>km² (4<span typeof=\"mw:Entity\"> </span>700<span typeof=\"mw:Entity\"> </span>myl²)</td></tr>\n<tr>\n<td colspan=\"2\" style=\"line-height: 1.2; border-bottom: 1px solid #CEDEFF;\"><div style=\"border: 1px solid #CEDEFF;\"><span data-mw='{\"caption\":\"Kaart van die Adige-bekken in Noord-Italië.\"}' typeof=\"mw:Image\"><a class=\"mw-file-description\" href=\"./Lêer:Etsch.png\"><img data-file-height=\"770\" data-file-type=\"bitmap\" data-file-width=\"742\" decoding=\"async\" height=\"299\" resource=\"./Lêer:Etsch.png\" src=\"//upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/c/c9/Etsch.png/288px-Etsch.png\" srcset=\"//upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/c/c9/Etsch.png/432px-Etsch.png 1.5x, //upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/c/c9/Etsch.png/576px-Etsch.png 2x\" width=\"288\"/></a></span></div> <div style=\"text-align:center;\">Kaart van die Adige-bekken in Noord-Italië.</div></td></tr>\n</tbody></table>" ], "td_tables": [], "text_length": 1572 }
Standbeeld van Margaretha van Oostenryk in Mechelen, met die rol van die Damesvrede in haar hand. Die **Damesvrede van Kamerijk** is die laaste vredesverdrag van 'n reeks verdrae wat afgesluit is op 3 Augustus 1529 tussen koning Frans I, die koning van Frankryk, en Keiser Karel V van die Heilige Romeinse Ryk. Die twee here is verteenwoordig deur twee dames, Margaretha van Oostenryk (1480-1530) (die tante van Karel V) en Louise van Savoye (1476-1531) (die moeder van Frans I). Byna onmiddellik na die Vrede van Madrid (1526) gaan Frans I 'n bondgenootskap aan met sultan Suleiman die Grote van die Ottomaanse Ryk en gelyktydig hiermee stel hy 'n koalisie op met Hendrik VIII van Engeland, die koning van England, en Pous Clemens VII. Voor die poorte van Napels word die Franse leër, wat deur die pes getreiter is, verslaan deur die Habsburgse troepe van Karel V tydens die Oorlog van die Liga van Cognac. Die damesvrede van Kamerijk wat hier op volg bekragtig grotendeels die bepalings van die Vrede van Madrid, naamlik dat Frans I sy aansprake op die Hertogdom van Milaan, die Koninkryk van Napels, Franche-Comté, Doornik, die Graafskap van Vlaandere (Kroon-Vlaandere) en die Graafskap van Artesië opgee. Bowendien word Filibert van Chalon hiermee opnuut verhef tot "Prince d'Orange" (Prins van Oranje). Met die Damesvrede van Kamerijk kom die Italiaanse Oorloë tussen Frankryk en die Habsburgers tot 'n einde.
{ "title": "Damesvrede van Kamerijk", "mostly_tablelist": false, "tablelist_ratio": [ 272, 1464, 0.18579234972677597 ], "infobox": [], "td_tables": [], "text_length": 1419 }
Leeu (Leo) Die astrologiese simbool van die Leeu Die **Leeu** (Lat: *Leo*) is die Westerse astrologiese teken van mense wat tussen ongeveer 23 Julie en 22 Augustus gebore is. Dit is die vyfde teken van die Diereriem. Die Leeu is een van die drie vuurtekens en vier vaste tekens. Dis ’n manlike, positiewe, ekstroverte teken en is vergelykbaar met die Aap van die Sjinese Diereriem. Die tradisionele heerser van die Leeu is Son. Leeus kom volgens die astrologie goed oor die weg met lede van die ander vuurtekens, Ram en Boogskutter, asook met Tweelinge en Weegskale. Agtergrond ---------- Jou son- of sterreteken het betrekking op die stand van die Son tydens jou geboorte. Astroloë verdeel die Diereriem, die denkbeeldige gordel aan die hemelruim waarlangs die planete beweeg, in twaalf dele: die son- of sterretekens. Die "sterrebeelde" is eintlik die astronomiese konstellasies aan die hemelruim en kom weens die presessie van die nageweningspunte nie meer ooreen met die twaalf tekens wat in die astrologie gebruik word nie.
{ "title": "Leeu (sterreteken)", "mostly_tablelist": false, "tablelist_ratio": [ 259, 1221, 0.21212121212121213 ], "infobox": [], "td_tables": [], "text_length": 1033 }
**Adéle Gie** (\*17 Julie 1914, Worcester – 25 November 2012, Somerset-Wes) was ’n skryfster van Afrikaanse musiekdramas en liedjies. Haar getroude naam is **Adéle Jooste**, en sy skryf onder beide Gie en Jooste. Lewe en werk ------------ Hermina Adéle Gie was op 17 Julie 1914 op Worcester gebore as een van drie dogters van Coenraad Johannes Carolus Gie en Louisa B.C. van Rensburg. Sy gaan skool op haar geboortedorp en behaal in 1931 die Senior Sertifikaat. In 1933 slaag sy die onderwyserslisensiaat in klavier onder leiding van mev. M. Fismer van Stellenbosch. Daarna gee sy klavierles op Worcester en gaan aan met haar studies in harmonie, sang en orrel. In 1937 besoek sy Duitsland, waar sy etlike maande by haar oom, dr. S.F.N. Gie, deurbring. Hy is op daardie tydstip Suid-Afrika se ambassadeur in Duitsland.  Sy neem ’n leidende aandeel in ’n skouspelagtige opelug-lentemusiekfees op Worcester in 1938 en neem in 1939 deel aan die historiese optogte op Franschhoek. In Junie 1942 trou sy met mnr. J.G. Jooste, hoof van die Hoërskool Murraysburg. Sy is op 25 November 2012 in Somerset-Wes oorlede. Skryfwerk --------- Sy skryf die drama *Kersfees om die kampvuur*. Dit is ’n toneelstuk vir kinders, waarin sy liedere en legendes versamel en verwerk en vierstemmig harmoniseer en saam met die musiek en verhoogaanduidings publiseer. *Loelie se liedjies* is volkswysies met oorspronklike woorde en harmoniserings. *Hollander en Hugenoot* is ’n musiekdrama wat sy onder haar getroude naam publiseer. Publikasies ----------- | Jaar | Publikasies | | --- | --- | | 1941 | *Kersfees om die kampvuur* | | 1947 | *Loelie se liedjies* | | 1949 | *Hollander en Hugenoot* (Adéle Jooste) | Bronne ------ Boeke * Nienaber, P.J. *Hier is ons skrywers!* Afrikaanse Pers-Boekhandel Johannesburg Eerste uitgawe 1949
{ "title": "Adele Gie", "mostly_tablelist": false, "tablelist_ratio": [ 438, 1711, 0.2559906487434249 ], "infobox": [], "td_tables": [], "text_length": 1833 }
In alledaagse spreektaal, kan 'n **frase** enige groep van woorde wees en het dit dikwels 'n spesiale idiomatiese betekenis; in hierdie sin is dit min of meer sinoniem met **uitdrukking**. In linguistiese analise, is 'n frase is groep woorde (of moontlik 'n enkele woord) wat as 'n bestanddeel in die sintaksis van 'n sin funksioneer, 'n enkele eenheid binne'n grammatikale hiërargie. 'n Frase verskyn gewoonlik binne'n klousule, maar dit is ook moontlik vir 'n frase om 'n klousule te wees of 'n klousule te bevat. Algemene en tegniese gebruik ---------------------------- Daar is'n verskil tussen die algemene gebruik van die term *frase* en sy tegniese gebruik in linguistiek. In algemene gebruik, is 'n frase gewoonlik 'n groep woorde met 'n paar spesiale idiomatiese betekenis of ander betekenis, soos "alle regte voorbehou" of "skop die emmer". Dit kan 'n eufemisme, 'n gesegde of 'n spreekwoord, 'n vaste uitdrukking, figuurlike spraak, ens. wees. In grammatikale analise, veral in die teorieë van sintaksis, is 'n frase 'n groep van woorde, of soms 'n enkele woord, wat 'n spesifieke rol binne die grammatikale struktuur van'n sin speel. Dit hoef nie enige spesiale betekenis of belang te hê, of selfs buite die sin wat ontleed word te bestaan nie, maar dit moet as 'n volledige grammatikale eenheid funksioneer.
{ "title": "Frase", "mostly_tablelist": false, "tablelist_ratio": [ 0, 1078, 0 ], "infobox": [], "td_tables": [], "text_length": 1324 }
Die **damara-dik-dik** (*Madoqua kirkii*) is 'n klein wildsbok wat hoofsaaklik in Sentraal- en Noordwes-Namibië voorkom. Dit staan ook bekend as 'n **dik-dik** of **bloubokkie**. Kleur ----- Ooie in die Nasionale Etoshawildtuin, Namibië. Damara-dik-dik in die Nasionale Etoshawildtuin, Namibië. Die rug en boude is gewoonlik 'n fyn gespikkelde grysbruin terwyl die nek, blaaie en sye bruiner is. Die bors en pens is vuilwit en die gedeelte om die oë wit. Die horinkies is kort en regop. Op die voorkop, tussen die horinkies, is 'n kuif. Die bokkie het 'n eienaardige lang neus; die bolip steek oor die onderlip. Ram --- Die ramme weeg gewoonlik 5,5 kg en het horings van 8 cm lank. Die rekord is 10,48 cm. Ooi --- Die ooie het nie horings nie en weeg sowat 4,3 kg. Een lammetjie word tussen Desember en April na 'n dratyd van 6 maande gebore. Ander feite ----------- Hulle natuurlike vyande is luiperds, leeus en rooikatte. Hulle kom voor in tipiese ruie bosveldgebiede met baie struike en min gras. Hulle is onafhanklik van water en kry hul vog uit plante. Die bokkies loop gewoonlik alleen. Sien ook -------- * Lys van Suider-Afrikaanse soogdiere * Lys van Suider-Afrikaanse soogdiere volgens wetenskaplike name * Suider-Afrikaanse soogdiere en hul ordes Bron ---- * Die Soogdiergids van Suider-Afrika. Burger Cillié. 2009. ISBN 978-1-875093-46-5
{ "title": "Damara-dik-dik", "mostly_tablelist": false, "tablelist_ratio": [ 910, 1823, 0.49917718047174986 ], "infobox": [ "<table about=\"#mwt2\" class=\"infobox biota\" style=\"text-align: left; width: 200px; font-size: 100%\">\n<tbody><tr>\n<th colspan=\"2\" style=\"text-align: center; background-color: rgb(235,235,210)\">Damara-dik-dik</th></tr>\n<tr>\n<td colspan=\"2\" style=\"text-align: center\"><span class=\"mw-default-size\" typeof=\"mw:File/Frameless\"><a class=\"mw-file-description\" href=\"./Lêer:Damara_Dik-Dik.JPG\"><img data-file-height=\"1704\" data-file-type=\"bitmap\" data-file-width=\"2272\" decoding=\"async\" height=\"165\" resource=\"./Lêer:Damara_Dik-Dik.JPG\" src=\"//upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/7/75/Damara_Dik-Dik.JPG/220px-Damara_Dik-Dik.JPG\" srcset=\"//upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/7/75/Damara_Dik-Dik.JPG/330px-Damara_Dik-Dik.JPG 1.5x, //upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/7/75/Damara_Dik-Dik.JPG/440px-Damara_Dik-Dik.JPG 2x\" width=\"220\"/></a></span></td></tr>\n<tr>\n<td colspan=\"2\" style=\"text-align: center; font-size: 88%\">Damara-dik-dik</td></tr>\n<tr style=\"text-align: center; background-color: rgb(235,235,210)\">\n<th colspan=\"2\"><div style=\"text-align: center\"><a href=\"./Bewaringstatus\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Bewaringstatus\">Bewaringstatus</a></div></th></tr>\n<tr>\n<td colspan=\"2\"><div style=\"text-align: center\"><span class=\"mw-default-size\" typeof=\"mw:File/Frameless\"><span><img alt=\"\" data-file-height=\"64\" data-file-type=\"drawing\" data-file-width=\"240\" decoding=\"async\" height=\"59\" resource=\"./Lêer:Status_iucn3.1_LC_af.svg\" src=\"//upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/7/7e/Status_iucn3.1_LC_af.svg/220px-Status_iucn3.1_LC_af.svg.png\" srcset=\"//upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/7/7e/Status_iucn3.1_LC_af.svg/330px-Status_iucn3.1_LC_af.svg.png 1.5x, //upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/7/7e/Status_iucn3.1_LC_af.svg/440px-Status_iucn3.1_LC_af.svg.png 2x\" width=\"220\"/></span></span><br/><a href=\"./Veilige_spesie\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Veilige spesie\">Veilig</a> <link href=\"./Kategorie:IUBN_Rooilys_veilige_spesies\" rel=\"mw:PageProp/Category\"/><small><span typeof=\"mw:Entity\"> </span>(<a href=\"./IUBN-rooilys\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"IUBN-rooilys\">IUCN 3.1</a>)</small></div></td></tr>\n<tr>\n<th colspan=\"2\" style=\"min-width:15em; text-align: center; background-color: rgb(235,235,210)\"><a href=\"./Wetenskaplike_klassifikasie\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Wetenskaplike klassifikasie\">Wetenskaplike klassifikasie</a></th></tr>\n<tr>\n<td>Koninkryk:</td>\n<td><div class=\"koninkryk\" style=\"display:inline\"><a class=\"mw-redirect\" href=\"./Animalia\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Animalia\">Animalia</a></div></td></tr>\n<tr>\n<td>Filum:</td>\n<td><div class=\"filum\" style=\"display:inline\"><a class=\"mw-redirect\" href=\"./Chordata\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Chordata\">Chordata</a></div></td></tr>\n<tr>\n<td>Klas:</td>\n<td><div class=\"klas\" style=\"display:inline\"><a class=\"mw-redirect\" href=\"./Mammalia\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Mammalia\">Mammalia</a></div></td></tr>\n<tr>\n<td>Orde:</td>\n<td><div class=\"orde\" style=\"display:inline\"><a class=\"mw-redirect\" href=\"./Artiodactyla\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Artiodactyla\">Artiodactyla</a></div></td></tr>\n<tr>\n<td>Familie:</td>\n<td><div class=\"familie\" style=\"display:inline\"><a class=\"mw-redirect\" href=\"./Bovidae\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Bovidae\">Bovidae</a></div></td></tr>\n<tr>\n<td>Genus:</td>\n<td><div class=\"genus\" style=\"display:inline\"><i><a class=\"new\" href=\"./Madoqua\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Madoqua\">Madoqua</a></i></div></td></tr>\n<tr>\n<td>Spesie:</td>\n<td><div class=\"spesie\" style=\"display:inline\"><i><b>M.<span typeof=\"mw:Entity\"> </span>kirkii</b></i></div></td></tr>\n<tr>\n<th colspan=\"2\" style=\"text-align: center; background-color: rgb(235,235,210)\"><a href=\"./Binomiale_naam\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Binomiale naam\">Binomiale naam</a></th></tr>\n<tr>\n<td colspan=\"2\" style=\"text-align: center\"><b><span class=\"binomial\"><i>Madoqua kirkii</i></span></b><br/><div style=\"font-size: 85%;\">(<a class=\"new\" href=\"./Albert_Günther\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Albert Günther\">Günther</a>, 1880)</div></td></tr>\n<tr style=\"text-align: center; background-color: rgb(235,235,210)\"></tr>\n<tr>\n<th colspan=\"2\" style=\"text-align: center; background-color: rgb(235,235,210)\"><a class=\"mw-redirect\" href=\"./Subspesies\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Subspesies\">Subspesies</a></th></tr>\n<tr>\n<td colspan=\"2\" style=\"text-align: left\">\n<p>4 ssp., sien teks</p></td></tr>\n<tr>\n<td colspan=\"2\" style=\"text-align: center\"><span class=\"mw-default-size\" typeof=\"mw:File/Frameless\"><a class=\"mw-file-description\" href=\"./Lêer:Madoqua_kirkii_map.png\"><img data-file-height=\"642\" data-file-type=\"bitmap\" data-file-width=\"582\" decoding=\"async\" height=\"243\" resource=\"./Lêer:Madoqua_kirkii_map.png\" src=\"//upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/3/3c/Madoqua_kirkii_map.png/220px-Madoqua_kirkii_map.png\" srcset=\"//upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/3/3c/Madoqua_kirkii_map.png/330px-Madoqua_kirkii_map.png 1.5x, //upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/3/3c/Madoqua_kirkii_map.png/440px-Madoqua_kirkii_map.png 2x\" width=\"220\"/></a></span></td></tr>\n<tr>\n<td colspan=\"2\" style=\"text-align: center; font-size: 88%\">Verspreiding</td></tr>\n</tbody></table>" ], "td_tables": [], "text_length": 1363 }
| **Figueras** • **Figueres** | | --- | | **Kaart** | **Wapen** | | | | | | | | **Vlag** | | | | | |  **Land** | Vlag van Spanje Spanje | |  **Administratiewe gewes** | Katalonië | |  **Provinsie** | Gerona | |  **Koördinate** | 42°16′N 02°58′O / 42.267°N 2.967°O / 42.267; 2.967 | |  **Gestig op** | 1267 | |  **Oppervlakte:** |   | |  - Totaal | 19,31 vk km | |  **Hoogte bo seevlak** | 40 m | | | |  **Bevolking:** |   | |  - Totaal (2011) | 44 765 | |  - Bevolkingsdigtheid | 2 318,23 vk/km | |  **Tydsone** | UTC +1 (MET) | |  - Somertyd | UTC +2 (MEST) | |  **Burgemeester** | Agnès Lladó Saus | |  **Amptelike webwerf** | figueres.cat Geargiveer 25 Maart 2010 op Wayback Machine | | **Figueres** (Kastiliaans: *Figueras*, Katalaans: *Figueres*) is die hoofstad van die *comarca* (distrik) Alt Empordà, in die provinsie Girona, Katalonië, Spanje. Die dorp het ongeveer 45 000 inwoners en is 50 m bo seespieël. Sant Pere Dalí Museum Die gebied waar Figueres vandag gelë is, is reeds vir 3000 jare bewoon. 200 voor Christus het die Grieke gekom, Rhodes en die Griekse ryk gevestig en die eerste, moderne beskawing in die gebied gevestig. 500 jaar later het die Romeine die grondgebied verower, die paaie 'Via Dometica' en 'Via Augusta' aangelê en Figarias en Juncaria gestig. In 1267 ken Koning Jaume Figueres gemeentestatus toe. Oor die loop van die jare ontwikkel die dorp tot die hoofstad van die Alt Empordà. Die Sant Pere kerk en sommige straatjies om die kerk dateer uit die middeleeue. In die 14de eeu is 'n paar belangrike strate onder bevel van Koning Pere gebou. Nadat die dorp in 1419 die reg verkry het om feeste te hou is die eerste 'Santa Creu' fees gehou. Dit het 'n opswaai in die ekonomie veroorsaak en en gelei tot sterker handelsbande met die dorpe van die Pireneë en het die status van Figueres verhoog. In die 19de eeu het Koning Alfons XII munisipaliteitstatus aan Figueres toegeken en in 1875 het die dorp stadsregte verkry. Yster, hout, leer, materiaalverwerking en chemiese nywerhede is tot die landbou en veeboerdery toegevoeg. Gereelde invalle deur Franse troepe tydens die tweede helfte van die 17de en die begin van die 18de eeu het die behoefte aan 'n militêre vesting wat die aanhoudende invalle in die grens gebied tussen Spanje en Frankryk kon weerstaan. Daar word dus in 1751, tydens die heerskappy van Koning Ferdinand VI van Spanje besluit om 'n militêre vesting langs die buitewyke van Figueres op te rig. Dit sou as *La Real Plaza de Guerra de San Fernando* bekend gestaan het en is deur die hoofkomandant van die ingeneieurskrops, Don Juan Martín Zermeño, ontwerp om huisvesting aan vyf infanterie bataljons en vyf berede afdelings te verskaf - 6 000 manskappe en 500 Perde. Bouwerk het in 1753 'n aanvang geneem en tot in die begin van die 19de eeu geduur. Die vyfhoekige Castillo de San Fernando, soos dit vandag bekendstaan, troon vandag bo die dorp uit. Met 'n oppervlak van 32,5 Hektaar en ondergrondse watedropgaartenks van 9 miljoen liter is dit die tweede grootste militêre vesting in Europa. Die kasteel word omring deur 5 km se watergragte, 'n 3,2 km grens muur. Die dorp is die geboorteplek van die kunstenaar Salvador Dalí, en huisves die Teatre-Museu Gala Salvador Dalí, 'n groot museum wat deur Dalí selfg ontwerp is en baie besoekers lok. Dit is ook die geboorteplek van Narcís Monturiol i Estarriol, uitvinder van die eerste ontploffingsaangdrewe duikboot en anaërobies enjin. Die dorp is die tweelingstad van Perpignan (Pyrénées Orientales), net anderkant die Pireneë in Frankryk.
{ "title": "Figueres", "mostly_tablelist": false, "tablelist_ratio": [ 984, 3390, 0.2902654867256637 ], "infobox": [], "td_tables": [], "text_length": 3581 }
François du Toit mens| Geslag | Manlik | | Gegewe naam | Francois | | Geboortedatum | 25 Augustus 1897 | | Geboorteplek | Colesberg | | Sterfdatum | 17 Maart 1961 | | Beroep | Ekonoom | | Alma mater | Universiteit Stellenbosch, Noordwes-Universiteit | **François Jacobus du Toit** (Colesberg, Kaapkolonie, 25 Augustus 1897 – Bangkok, Thailand, 17 Maart 1961) was ’n Suid-Afrikaanse joernalis, ekonoom en kanselier van die PU vir CHO. Herkoms en opleiding -------------------- Professore en studente van die Teologiese Skool Potchefstroom, 1918. François du Toit staan vierde van links in die derde ry. Sy vader, sen. F.J. du Toit. Du Toit was die oudste van die vyf kinders van sen. François Jacobus du Toit (1871 – 1931) van die plaas Caroluspoort, Noupoort, en sy vrou, Anna Sophia van der Walt, met wie hy op 24 Junie 1894 getroud is. Sy grootouers aan vaderskant was François Jacobus en Hester Hendrina Elizabeth du Toit, gebore Van der Walt, ’n kleinkind van kmdt. Tjaart van der Walt. Haar vader het deelgeneem aan verskeie Grensoorloë. François du Toit se oupa aan vaderskant het geveg in die Basoeto-oorlog van 1865 en ook in die Basoeto-oorlog onder Engelse bewind van 1881 en het die rang van onderveldkornet beklee. Du Toit het tot st. 6 onderrig aan 'n plaasskool ontvang en is daarna na die Hoërskool Colesberg en die Paarl Gimnasium, waar hy in 1915 gematrikuleer het. Nadat hy twee jaar in die distrik Schweizer-Reneke skoolgehou het, is hy na die Teologiese Skool van die Gereformeerde Kerk op Potchefstroom. Hy verwerf die Intermediate in 1918 en die B.A.- graad in ekonomie en geskiedenis aan die Universiteit Stellenbosch in 1921. Loopbaan -------- Nadat hy sy graad behaal het, het hy sy beroepslewe as joernalis op Potchefstroom begin waar hy verteenwoordiger van *De Burger* was. In 1925 is hy benoem as die eerste senior ekonoom van die nuwe afdeling ekonomie en markte van die Uniale departement van landbou. Nog in 1925 het hy na Londen gegaan as assistent-handelskommissaris vir die Unie. In 1929 het hy na Suid-Afrika terugkeer en was hy in die departement van landbou agtereenvolgens senior ekonoom, hoofklerk, waarnemende hoof van die afdeling uitbreiding en onderwys (landbouskole), daarna stigter en eerste voorsitter van die Suid-Afrikaanse Wolraad en stigter van verskeie ander landbourade. In die tydperk tot 1934 het die regering hom meermale oorsee gestuur op uitgebreide handelsverkennings, veral na die Verre Ooste en Noord-Amerika. Van 1934 tot 1937 was hy handelskommissaris vir die Unie in Brittanje en van 1937 tot 1943 adjunk-hoëkommissaris en sekretaris by Suid-Afrika-huis in Londen. In dié tyd het hy die land op talryke internasionale konferensies verteenwoordig. Van 1944 tot 1949 was hy sekretaris van die departement van handel en nywerheid in Pretoria. In 1947 is hy aangewys as die eerste voorsitter van die Raad vir die Ontwikkeling van Natuurlike Hulpbronne (RONH) en lid van die WNNR, in 1948 lid van die Nasionale Raad vir Sosiale Navorsing (NRSV) en voorsitter van die land se Verdedigingshulpbronne, in 1949 'n direkteur van Yskor, in 1951 voorsittende direkteur van Sasol, en in 1952 van Foskor asook voorsitter van die Staalafsetmaatskappy van Afrika. Du Toit was lid en af en toe voorsitter van belangrike staatskommissies, onder meer in 1960 voorsitter van die Kommissie vir Blanke Bewaring van die Platteland. Hy was ook lid van die direksie van verskeie finansiële ondernemings, byvoorbeeld Sanlam, Federale Volksbeleggings en die Nasionale Bouvereniging. Daarnaas was hy ook stigterslid van die Suid-Afrikastigting. Hy is oorlede in Thailand terwyl hy op 'n handelsending na die Ooste was, vergesel van sy vrou, Mien. Hy het op 'n trap op pad na 'n eetsaal 'n hartaanval gekry. Hy was indertyd voorsitter van die Nywerheidsontwikkelingskorporasie (NOK), wat onder meer Sasol begin het as antwoord op sanksies teen Suid-Afrika. Selfs dr. Hendrik Verwoerd het gereël vir hulp vir sy vrou in die vreemde. Akademiese prestasies --------------------- Vier van prof. Jacobus du Plessis se kinders, omstreeks 1905: Willemina (uit sy eerste huwelik (met Laurika Postma), wat met F.J. du Toit sou trou, Hugo, Louis en Wicus. Ook in akademiese kringe het hy met groot vrug beweeg: as lid van die raad van die PU vir CHO (1952), van die raad van die Universiteit van Suid-Afrika (1957), en ook as lid van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns in 1955. In Maart 1954 het die Potchefstroomse Universiteit aan hom 'n eredoktoraat in die ekonomiese wetenskappe toegeken en in November van dieselfde jaar het hy kanselier van dié universiteit geword. Sy besonderse belangstelling in akademiese sake het onder meer die bevordering van oorspronklike navorsing (ekonomies, industrieel en natuurwetenskaplik) omvat. In 1960 het hy voor die Suid-Afrikaanse Akademie 'n rede oor *Die toekoms van die Akademie met betrekking tot die bevordering van die natuurwetenskappe en die tegniek* gelewer. Du Toit het heelwat artikels geskryf, meestal in die tydskrif *Koers* (1945–1959). Prof. J. Chris Coetzee het hom beskryf as "'n man van die daad en veral van die gesproke woord, 'n ware vriend en sieraad vir ons ekonomiese, sosiale, kulturele en wetenskaplike werk en lewe – 'n man met groot invloed binne- en buitelands. Hy kon dink, sien en doen, beplan en uitvoer. Hy was 'n diep gelowige Christen, diensvaardig, opofferend en beminlik." Gesinslewe ---------- Uit sy huwelik met Wilhelmina, ’n dogter van prof. J.A. du Plessis van die Teologiese Skool op Potchefstroom en halfsuster van proff. Wicus en Hugo du Plessis, is drie dogters gebore. Die Frans du Toit-gebou in Pretoria en die F. du Toit-prys vir bedryfsekonomie en finansies van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns, is na hom genoem. Sy kleindogter Willemien Jerling was getroud met ds. Braam le Roux van Botswana. Bronne ------ * (af) Beyers, C.J. (hoofred.). 1981. *Suid-Afrikaanse Biografiese Woordeboek*, deel IV. Durban: Butterworth & Kie (Edms) Bpk. * (af) (en) Reitz, Hjalmar en Oost, Harm (reds.), Goodman, I.M. (samesteller). 1931. *Die Nasionale Boek. 'n Geskiedenis van die ontstaan en groei van die Nasionale Party van Suid-Afrika en wat dit bereik het, tesaam met belangwekkende Artiekels in verband daarmee*. Johannesburg: Nasionale Boek Maatskappy.
{ "title": "François du Toit", "mostly_tablelist": false, "tablelist_ratio": [ 538, 5201, 0.10344164583733897 ], "infobox": [], "td_tables": [], "text_length": 6331 }
***Fiela se kind*** is 'n Afrikaanse rolprent wat op 12 Februarie 1988 vrygestel was. Die regisseur was Katinka Heyns en die draaiboek is deur Chris Barnard geskryf. Die rolprent is gebaseer op 'n roman met dieselfde naam geskryf deur Dalene Matthee. Genre ----- Die rolprent kan as 'n drama beskryf word. Hoofrolspelers -------------- * Shaleen Surtie-Richards as Fiela * Marchelle Verwey as Nina sr. * André Rossouw as Elias * Dawid Minnaar as Benjamin sr. * Jan Ellis as Benjamin jr. * Annie Malan as Nina jr. * Andrè Jakobus Visstert as mnr. Goldsbury * Goliath Davids as Selling Komoetie Storielyn --------- Fiela se Kind vertel die storie van 'n wit seun wat deur 'n bruin familie grootgemaak word. 'God vergewe ons baie, maar God vergewe ons nie die kwaad wat ons 'n kind aandoen nie.' Aan die een kant van die berg, in die Lange Kloof, woon Fiela Komoetie, verknog aan haar hanskind – deur die Here aan haar 'toebetrou' een nag toe sy hom as driejarige gekry het waar hy voor haar deur staan en huil, 'n weggooilam. Aan die ander kant van die berg, in die Bos, woon die houtkapper Elias van Rooyen en sy vrou Barta, wie se driejarige kind weggeraak het. Die een kind is Benjamin Komoetie, die ander Lukas van Rooyen. Is dit dieselfde mens? Kon 'n klein kind so ver geloop het, uit die Bos tot in die Lange Kloof? Dié vraag word nege jaar later oopgekrap deur twee sensusmanne wat deur die Lange Kloof reis en die wit kind met die blou oë tussen die bruinmense kry. En jare later is dit die vraag wat Benjamin/Lukas self vra: Wie is ek? Hy móét weet, anders kan die vrou wat hy liefgekry het nooit syne wees nie. Die antwoord is daar, weet hy: iewers in homself, diep verskuil in die verlede, bly dit hom ontwyk. Sien ook -------- * Lys van Afrikaanse rolprente
{ "title": "<i>Fiela se kind</i> (rolprent)", "mostly_tablelist": false, "tablelist_ratio": [ 652, 1852, 0.35205183585313177 ], "infobox": [ "<table about=\"#mwt2\" cellspacing=\"2\" class=\"infobox vevent\" data-mw=\"{&quot;parts&quot;:[{&quot;template&quot;:{&quot;target&quot;:{&quot;wt&quot;:&quot;Inligtingskas rolprent\\n&quot;,&quot;href&quot;:&quot;./Sjabloon:Inligtingskas_rolprent&quot;},&quot;params&quot;:{&quot;naam&quot;:{&quot;wt&quot;:&quot;Fiela se kind&quot;},&quot;beeld&quot;:{&quot;wt&quot;:&quot;&quot;},&quot;regisseur&quot;:{&quot;wt&quot;:&quot;[[Katinka Heyns]]&quot;},&quot;produksieleier&quot;:{&quot;wt&quot;:&quot;Dixi Collett&quot;},&quot;draaiboekskrywer&quot;:{&quot;wt&quot;:&quot;'''Draaiboek:'''&lt;br /&gt;Chris Barnard&lt;br /&gt;'''Roman:'''&lt;br /&gt;Dalene Matthee&quot;},&quot;verteller&quot;:{&quot;wt&quot;:&quot;&quot;},&quot;met&quot;:{&quot;wt&quot;:&quot;[[Shaleen Surtie-Richards]]&lt;br /&gt;[[Marchelle Verwey]]&lt;br /&gt;[[André Rossouw]]&lt;br /&gt;[[Dawid Minnaar]]&lt;br /&gt;[[Jan Ellis (akteur)|Jan Ellis]]&lt;br /&gt;[[Annie Malan]]&quot;},&quot;musiek&quot;:{&quot;wt&quot;:&quot;[[Colin Shapiro]]&lt;br /&gt;[[Barry Becker]]&quot;},&quot;kinematografie&quot;:{&quot;wt&quot;:&quot;[[James Robb]]&quot;},&quot;redigeerder&quot;:{&quot;wt&quot;:&quot;[[Avril Beukes]]&quot;},&quot;verspreider&quot;:{&quot;wt&quot;:&quot;Ster-Kinekor&lt;br /&gt;Sonneblom Films&quot;},&quot;vrystelling&quot;:{&quot;wt&quot;:&quot;[[12 Februarie]] [[1988]]&quot;},&quot;speeltyd&quot;:{&quot;wt&quot;:&quot;108 min&quot;},&quot;land&quot;:{&quot;wt&quot;:&quot;[[Suid-Afrika]]&quot;},&quot;taal&quot;:{&quot;wt&quot;:&quot;[[Afrikaans]]&quot;},&quot;begroting&quot;:{&quot;wt&quot;:&quot;&quot;},&quot;bruto&quot;:{&quot;wt&quot;:&quot;&quot;},&quot;voorafgegaan_deur&quot;:{&quot;wt&quot;:&quot;&quot;},&quot;opgevolg_deur&quot;:{&quot;wt&quot;:&quot;&quot;},&quot;webtuiste&quot;:{&quot;wt&quot;:&quot;&quot;},&quot;imdb_id&quot;:{&quot;wt&quot;:&quot;0144200&quot;}},&quot;i&quot;:0}}]}\" id=\"mwAw\" style=\"width:25%; text-align:left; font-size:85%;\" typeof=\"mw:Transclusion\">\n<tbody><tr><th class=\"inligtingskas_v2-rolprentopskrif\" colspan=\"2\" style=\"font-size:140%; font-weight:bolder; height:45px; line-height:1.2em; vertical-align:middle; text-align:center; background-color:#ABD2D0;\"><i>Fiela se kind</i></th></tr>\n<tr class=\"description\">\n<th>Regisseur</th>\n<td><a href=\"./Katinka_Heyns\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Katinka Heyns\">Katinka Heyns</a></td></tr>\n<tr>\n<th>Produksieleier</th>\n<td>Dixi Collett</td></tr>\n<tr>\n<th>Draaiboek</th>\n<td><b>Draaiboek:</b><br/>Chris Barnard<br/><b>Roman:</b><br/>Dalene Matthee</td></tr>\n<tr>\n<th>Met</th>\n<td><a href=\"./Shaleen_Surtie-Richards\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Shaleen Surtie-Richards\">Shaleen Surtie-Richards</a><br/><a class=\"new\" data-mw-i18n='{\"title\":{\"lang\":\"x-page\",\"key\":\"red-link-title\",\"params\":[\"Marchelle Verwey\"]}}' href=\"./Marchelle_Verwey?action=edit&amp;redlink=1\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Marchelle Verwey\" typeof=\"mw:LocalizedAttrs\">Marchelle Verwey</a><br/><a class=\"new\" data-mw-i18n='{\"title\":{\"lang\":\"x-page\",\"key\":\"red-link-title\",\"params\":[\"André Rossouw\"]}}' href=\"./André_Rossouw?action=edit&amp;redlink=1\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"André Rossouw\" typeof=\"mw:LocalizedAttrs\">André Rossouw</a><br/><a href=\"./Dawid_Minnaar\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Dawid Minnaar\">Dawid Minnaar</a><br/><a class=\"new\" data-mw-i18n='{\"title\":{\"lang\":\"x-page\",\"key\":\"red-link-title\",\"params\":[\"Jan Ellis (akteur)\"]}}' href=\"./Jan_Ellis_(akteur)?action=edit&amp;redlink=1\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Jan Ellis (akteur)\" typeof=\"mw:LocalizedAttrs\">Jan Ellis</a><br/><a href=\"./Annie_Malan\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Annie Malan\">Annie Malan</a></td></tr>\n<tr>\n<th>Musiek<span typeof=\"mw:Entity\"> </span>deur</th>\n<td><a class=\"new\" data-mw-i18n='{\"title\":{\"lang\":\"x-page\",\"key\":\"red-link-title\",\"params\":[\"Colin Shapiro\"]}}' href=\"./Colin_Shapiro?action=edit&amp;redlink=1\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Colin Shapiro\" typeof=\"mw:LocalizedAttrs\">Colin Shapiro</a><br/><a class=\"new\" data-mw-i18n='{\"title\":{\"lang\":\"x-page\",\"key\":\"red-link-title\",\"params\":[\"Barry Becker\"]}}' href=\"./Barry_Becker?action=edit&amp;redlink=1\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Barry Becker\" typeof=\"mw:LocalizedAttrs\">Barry Becker</a></td></tr>\n<tr>\n<th>Kinematografie</th>\n<td><a class=\"new\" data-mw-i18n='{\"title\":{\"lang\":\"x-page\",\"key\":\"red-link-title\",\"params\":[\"James Robb\"]}}' href=\"./James_Robb?action=edit&amp;redlink=1\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"James Robb\" typeof=\"mw:LocalizedAttrs\">James Robb</a></td></tr>\n<tr>\n<th>Redigeerder</th>\n<td><a class=\"new\" data-mw-i18n='{\"title\":{\"lang\":\"x-page\",\"key\":\"red-link-title\",\"params\":[\"Avril Beukes\"]}}' href=\"./Avril_Beukes?action=edit&amp;redlink=1\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Avril Beukes\" typeof=\"mw:LocalizedAttrs\">Avril Beukes</a></td></tr>\n<tr>\n<th>Verspreider</th>\n<td>Ster-Kinekor<br/>Sonneblom Films</td></tr>\n<tr>\n<th>Uitgereik</th>\n<td><a href=\"./12_Februarie\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"12 Februarie\">12 Februarie</a> <a href=\"./1988\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"1988\">1988</a></td></tr>\n<tr>\n<th>Speeltyd</th>\n<td>108 min</td></tr>\n<tr>\n<th>Land</th>\n<td><a href=\"./Suid-Afrika\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Suid-Afrika\">Suid-Afrika</a></td></tr>\n<tr>\n<th>Taal</th>\n<td><a href=\"./Afrikaans\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Afrikaans\">Afrikaans</a></td></tr>\n<tr>\n<th align=\"center\" colspan=\"2\" style=\"font-size: 100%;\"><b><a class=\"external text\" href=\"http://www.imdb.com/title/tt0144200/\" rel=\"mw:ExtLink nofollow\">IMDb-profiel</a></b></th></tr>\n</tbody></table>" ], "td_tables": [], "text_length": 1788 }
Spesies van die genus *Antirrhinum* is algemeen bekend as **leeubekkies**. Hierdie genus is een van die 200 genera van die familie *Scrophulariaceae* wat altesaam sowat 3 000 spesies omvat. Die benaming **leeubekkie** word algemeen in Suid-Afrika gebruik om die gewone tuinleeubekkie of Kaapse leeubekkie (*Antirrhinum majus*) en die verskillende inheemse Nemesia-spesies aan te dui. *Antirrhinum majus* Die Nemesia-spesies is 'n genus Suid-Afrikaanse een- en meerjarige plante wat ook tot die familie Scrophulariaceae behoort en word ook leeubekkies genoem op grond van die tweelippige blommetjies, wat op die bek van 'n leeu lyk, en die buisvormige blomkrone. 'n Groot aantal spesies van die leeubekkiefamilie het gewilde tuinplante geword, onder meer leeubekkies, vingerhoedjies (foxglove), skildblomme, pantoffelblomme, vlaskruid of weeskindertjies (*linarias*), ensovoorts. Die tuinleeubekkie (*Antirrhinum majus*) se blomme het ook 'n fatsoen wat 'n mens aan die bek van 'n leeu laat dink, en die kleure wissel van donkerrooi tot pers, pienk, oranje, geel wit en sagte lila. Die individuele blomme verskil dikwels in kleur, maar die geel blomhartjies is ’n algemene kenmerk van die meeste spesies. Die blomme is onreëlmatig, tweelippig en rasemeus (trosvormig), en die kroonbuis sakvormig aan die basis, met die ingang gesluit. Bye is die enigste insekte wat die twee lippe van mekaar kan druk en so toegang tot die nektar kan verkry. Hedendaags bestaan daar baie hibrides in ’n groot verskeidenheid kleure met enkel- of dubbelblomme. Die saad kan of in die herfs gedurende Maart gesaai word vir groot dragte lenteblomme, of in die vroeë lente, gedurende September, vir herfsblomme. As die saad in die lente gesaai word, is die plante egter vatbaar vir roesvlek, veral in gebiede waar dit gedurende die somer baie reën. Sodra die saailinge reg is vir uitplanting, moet hulle versigtig uit die kissies gehaal word en 10 tot 15 cm uit mekaar geplant word. Die groter soorte leeubekkies moet liefs met riete of stokke gestut word sodat die wind hulle nie omwaai nie, terwyl sommige dwergsoorte geneig is om te rank en baie geskik is as rotstuinplante. Leeubekkies is geharde eenjarige plante wat van baie son en goed gedreineerde grond hou. Hulle aard die beste in 'n ligte soort grond wat met kompos, veenmos of goed verrotte kraalmis verryk is. Die verrykte grond verseker sterk, gesonde plante wat 'n oorvloed van blomme sal lewer. Leeubekkies aard egter net so goed in arm grond en as die plante eers gevestig is, kan hulle droogtes maklik oorleef. Leeubekkies word veral deur die aalwurm en roesvlek getelster, en vir die doeltreffendste bestrydingsmetodes moet die kweker geraadpleeg word. Die leeubekkiesoorte wat die meeste in Suid-Afrika aangetref word, is die Kaapse of tuinleeubekkie (*Antirrhinum majus*), wat ook ewe goed in die Mediterreense gebiede aard. Die dwerg- sowel as die groot soorte van hierdie spesie dra blomme in 'n groot verskeidenheid van kleure. Die Nemesia-spesies het enkelblomme en kom in ’n verskeidenheid van kleure, wat wissel van wit tot geel, brons, pers, pienk of dieppers, voor. Die *Nemesia capensis* kom voor in die Vrystaat, terwyl die *Nemesia strumosa* en *Numesia floribunda* in die omgewing van Kaapstad en in die Suidwestelike areas voorkom. Bronne ------ * Wêreldspektrum, 1982, ISBN 0-908409-58-3 band
{ "title": "Leeubekkie", "mostly_tablelist": false, "tablelist_ratio": [ 624, 3402, 0.18342151675485008 ], "infobox": [ "<table about=\"#mwt1\" class=\"infobox biota\" style=\"text-align: left; width: 200px; font-size: 100%\">\n<tbody><tr>\n<th colspan=\"2\" style=\"text-align: center; background-color: rgb(180,250,180)\">Leeubekkie</th></tr>\n<tr>\n<td colspan=\"2\" style=\"text-align: center\"><span class=\"mw-default-size\" typeof=\"mw:File/Frameless\"><a class=\"mw-file-description\" href=\"./Lêer:Illustration_Antirrhinum_majus_clean.jpg\"><img data-file-height=\"2304\" data-file-type=\"bitmap\" data-file-width=\"1380\" decoding=\"async\" height=\"367\" resource=\"./Lêer:Illustration_Antirrhinum_majus_clean.jpg\" src=\"//upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/c/c1/Illustration_Antirrhinum_majus_clean.jpg/220px-Illustration_Antirrhinum_majus_clean.jpg\" srcset=\"//upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/c/c1/Illustration_Antirrhinum_majus_clean.jpg/330px-Illustration_Antirrhinum_majus_clean.jpg 1.5x, //upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/c/c1/Illustration_Antirrhinum_majus_clean.jpg/440px-Illustration_Antirrhinum_majus_clean.jpg 2x\" width=\"220\"/></a></span></td></tr>\n<tr>\n<td colspan=\"2\" style=\"text-align: center; font-size: 88%\"><i>Antirrhinum majus</i></td></tr>\n<tr style=\"text-align: center; background-color: rgb(180,250,180)\"></tr>\n<tr>\n<th colspan=\"2\" style=\"min-width:15em; text-align: center; background-color: rgb(180,250,180)\"><a href=\"./Wetenskaplike_klassifikasie\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Wetenskaplike klassifikasie\">Wetenskaplike klassifikasie</a></th></tr>\n<tr>\n<td>Koninkryk:</td>\n<td><div class=\"koninkryk\" style=\"display:inline\"><a class=\"mw-redirect\" href=\"./Plantae\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Plantae\">Plantae</a></div></td></tr>\n<tr>\n<td>Divisie:</td>\n<td><div class=\"divisie\" style=\"display:inline\"><a class=\"mw-redirect\" href=\"./Magnoliophyta\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Magnoliophyta\">Magnoliophyta</a></div></td></tr>\n<tr>\n<td>Klas:</td>\n<td><div class=\"klas\" style=\"display:inline\"><a href=\"./Magnoliopsida\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Magnoliopsida\">Magnoliopsida</a></div></td></tr>\n<tr>\n<td>Subklas:</td>\n<td><div class=\"subklas\" style=\"display:inline\"><a class=\"new\" data-mw-i18n='{\"title\":{\"lang\":\"x-page\",\"key\":\"red-link-title\",\"params\":[\"Asteridae\"]}}' href=\"./Asteridae?action=edit&amp;redlink=1\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Asteridae\" typeof=\"mw:LocalizedAttrs\">Asteridae</a></div></td></tr>\n<tr>\n<td>Orde:</td>\n<td><div class=\"orde\" style=\"display:inline\"><a class=\"new\" data-mw-i18n='{\"title\":{\"lang\":\"x-page\",\"key\":\"red-link-title\",\"params\":[\"Plantaginales\"]}}' href=\"./Plantaginales?action=edit&amp;redlink=1\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Plantaginales\" typeof=\"mw:LocalizedAttrs\">Plantaginales</a></div></td></tr>\n<tr>\n<td>Familie:</td>\n<td><div class=\"familie\" style=\"display:inline\"><a class=\"new\" data-mw-i18n='{\"title\":{\"lang\":\"x-page\",\"key\":\"red-link-title\",\"params\":[\"Plantaginaceae\"]}}' href=\"./Plantaginaceae?action=edit&amp;redlink=1\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Plantaginaceae\" typeof=\"mw:LocalizedAttrs\">Plantaginaceae</a></div></td></tr>\n<tr>\n<td>Subfamilie:</td>\n<td><div class=\"subfamilie\" style=\"display:inline\"><a class=\"new\" data-mw-i18n='{\"title\":{\"lang\":\"x-page\",\"key\":\"red-link-title\",\"params\":[\"Antirrhinoideae\"]}}' href=\"./Antirrhinoideae?action=edit&amp;redlink=1\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Antirrhinoideae\" typeof=\"mw:LocalizedAttrs\">Antirrhinoideae</a></div></td></tr>\n<tr>\n<td>Tribus:</td>\n<td><div class=\"tribus\" style=\"display:inline\"><a class=\"new\" data-mw-i18n='{\"title\":{\"lang\":\"x-page\",\"key\":\"red-link-title\",\"params\":[\"Antirrhineae\"]}}' href=\"./Antirrhineae?action=edit&amp;redlink=1\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Antirrhineae\" typeof=\"mw:LocalizedAttrs\">Antirrhineae</a></div></td></tr>\n<tr>\n<td>Genus:</td>\n<td><div class=\"genus\" style=\"display:inline\"><b>Antirrhinum</b></div><br/><div style=\"font-size: 85%;\"><a href=\"./Carolus_Linnaeus\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Carolus Linnaeus\">Carolus Linnaeus</a>, 1753</div></td></tr>\n<tr style=\"text-align: center; background-color: rgb(180,250,180)\"></tr>\n<tr>\n<th colspan=\"2\" style=\"text-align: center; background-color: rgb(180,250,180)\">Spesies</th></tr>\n<tr>\n<td colspan=\"2\" style=\"text-align: left\">\n<p>Sien teks</p></td></tr>\n</tbody></table>" ], "td_tables": [], "text_length": 3368 }
Die **adeliepikkewyn** (*Pygoscelis adeliae*) is 'n pikkewyn wat in Antarktika leef en broei. Die pikkewyn se snawel is kort en stomp. Die kop is swart met wit ringe om die oë. In Engels staan die voël as die *Adelie penguin* bekend. Adeliepikkewynne is die kleinste pikkewyne in Antarktika (maar nie die kleinste pikkewynspesie nie). Die voël word ongeveer 46 tot 61 cm hoog en weeg ongeveer 4 tot 6 kilogram (die massa van 'n huiskat). In die water kan hulle 'n snelheid van 40 km/uur bereik. Die pikkewyne vreet vis, inkvis en ander skaaldiere (veral kril). Soms spring hulle met 'n sierlike boog bo die water uit om asem te skep. Hulle grootste vyand is die grootskedebek. Die wyfie lê twee eiers in September wat groen en bruin in kleur is. Die eerste eier is groter en swaarder as die tweede. Die broeityd duur ongeveer 8 weke. Die mannetjies bou tydens die broeiperiode 'n nes wat daarna deur die wyfies geïnspekteer word. Hulle rig hulle bekke na bo en maak 'n skreeugeluid om die wyfies te verlei. Die wyfies kies 'n maat aan die hand van die roep, wat hulle gebruik om die mannetjie se massa te pyl. 'n Vetter mannetjie het meer vetreserwes en kan beter vir die eiers sorg. Nadat die eiers gelê is, pas die mannetjies dit op terwyl die wyfies vir ongeveer twee weke na die see terugkeer. Die mannetjies vreet nie gedurende die tyd nie. Die pasgebore kuikens vorm groepe, wat deur enkele volwasse diere opgepas word. Sien ook -------- * Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse voëls * Lys van Suid-Afrikaanse voëls (gegroepeer) * Lys van Suider-Afrikaanse voëls volgens wetenskaplike name Bronne ------ * *Field guide to the birds of Southern Africa* Struik Publishers, Ian Sinclair 1984 ISBN 978-1-86825-510-8 1. ↑ *BirdLife International* (2012). "*Pygoscelis adeliae*". *IUBN-rooilys van Bedreigde Spesies. Weergawe 2013.2*. Internasionale Unie vir die Bewaring van die Natuur. Besoek op 26 November 2013.AS1-onderhoud: ref=harv (link) | | | | --- | --- | | Normdata Edit this at Wikidata | * BNF: cb14521908g (data) * LCCN: sh85000830 * LNB: 000253042 | | | | | --- | --- | | Taksondatabasisse | * Wd: Q187958 * ADW: Pygoscelis\_adeliae * ARKive: pygoscelis-adeliae * Avibase: 4A947BE7A06E046E * BioLib: 8360 * eBird: adepen1 * Fossilworks: 372696 * GBIF: 2481663 * iNaturalist: 3810 * ITIS: 174445 * IUCN: 22697758 * NCBI: 9238 * WoRMS: 225757 * Xeno-canto: Pygoscelis-adeliae |
{ "title": "Adeliepikkewyn", "mostly_tablelist": false, "tablelist_ratio": [ 950, 2133, 0.4453820909517112 ], "infobox": [ "<table about=\"#mwt2\" class=\"infobox biota\" style=\"text-align: left; width: 200px; font-size: 100%\">\n<tbody><tr>\n<th colspan=\"2\" style=\"text-align: center; background-color: rgb(235,235,210)\">Adeliepikkewyn</th></tr>\n<tr>\n<td colspan=\"2\" style=\"text-align: center\"><span typeof=\"mw:File\"><a class=\"mw-file-description\" href=\"./Lêer:Adeliepinguin-01.jpg\"><img data-file-height=\"2000\" data-file-type=\"bitmap\" data-file-width=\"1335\" decoding=\"async\" height=\"375\" resource=\"./Lêer:Adeliepinguin-01.jpg\" src=\"//upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/e/e8/Adeliepinguin-01.jpg/250px-Adeliepinguin-01.jpg\" srcset=\"//upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/e/e8/Adeliepinguin-01.jpg/375px-Adeliepinguin-01.jpg 1.5x, //upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/e/e8/Adeliepinguin-01.jpg/500px-Adeliepinguin-01.jpg 2x\" width=\"250\"/></a></span></td></tr>\n<tr style=\"text-align: center; background-color: rgb(235,235,210)\">\n<th colspan=\"2\"><div style=\"text-align: center\"><a href=\"./Bewaringstatus\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Bewaringstatus\">Bewaringstatus</a></div></th></tr>\n<tr>\n<td colspan=\"2\"><div style=\"text-align: center\"><span class=\"mw-default-size\" typeof=\"mw:File/Frameless\"><span><img alt=\"\" data-file-height=\"64\" data-file-type=\"drawing\" data-file-width=\"240\" decoding=\"async\" height=\"59\" resource=\"./Lêer:Status_iucn3.1_NT_af.svg\" src=\"//upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/c/c7/Status_iucn3.1_NT_af.svg/220px-Status_iucn3.1_NT_af.svg.png\" srcset=\"//upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/c/c7/Status_iucn3.1_NT_af.svg/330px-Status_iucn3.1_NT_af.svg.png 1.5x, //upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/c/c7/Status_iucn3.1_NT_af.svg/440px-Status_iucn3.1_NT_af.svg.png 2x\" width=\"220\"/></span></span><br/><a href=\"./Byna-bedreigde_spesie\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Byna-bedreigde spesie\">Byna bedreig</a> <link href=\"./Kategorie:IUBN_Rooilys_byna-bedreigde_spesies\" rel=\"mw:PageProp/Category\"/><small><span typeof=\"mw:Entity\"> </span>(<a href=\"./IUBN-rooilys\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"IUBN-rooilys\">IUCN 3.1</a>)</small></div></td></tr>\n<tr>\n<th colspan=\"2\" style=\"min-width:15em; text-align: center; background-color: rgb(235,235,210)\"><a href=\"./Wetenskaplike_klassifikasie\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Wetenskaplike klassifikasie\">Wetenskaplike klassifikasie</a></th></tr>\n<tr>\n<td>Domein:</td>\n<td><div class=\"domein\" style=\"display:inline\"><a class=\"mw-redirect\" href=\"./Eukaryota\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Eukaryota\">Eukaryota</a></div></td></tr>\n<tr>\n<td>Koninkryk:</td>\n<td><div class=\"koninkryk\" style=\"display:inline\"><a class=\"mw-redirect\" href=\"./Animalia\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Animalia\">Animalia</a></div></td></tr>\n<tr>\n<td>Filum:</td>\n<td><div class=\"filum\" style=\"display:inline\"><a class=\"mw-redirect\" href=\"./Chordata\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Chordata\">Chordata</a></div></td></tr>\n<tr>\n<td>Klas:</td>\n<td><div class=\"klas\" style=\"display:inline\"><a class=\"mw-redirect\" href=\"./Aves\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Aves\">Aves</a></div></td></tr>\n<tr>\n<td>Orde:</td>\n<td><div class=\"orde\" style=\"display:inline\"><a class=\"mw-redirect\" href=\"./Sphenisciformes\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Sphenisciformes\">Sphenisciformes</a></div></td></tr>\n<tr>\n<td>Familie:</td>\n<td><div class=\"familie\" style=\"display:inline\"><a class=\"mw-redirect\" href=\"./Spheniscidae\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Spheniscidae\">Spheniscidae</a></div></td></tr>\n<tr>\n<td>Genus:</td>\n<td><div class=\"genus\" style=\"display:inline\"><i><a class=\"mw-redirect\" href=\"./Pygoscelis\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Pygoscelis\">Pygoscelis</a></i></div></td></tr>\n<tr>\n<th colspan=\"2\" style=\"text-align: center; background-color: rgb(235,235,210)\"><a href=\"./Binomiale_naam\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Binomiale naam\">Binomiale naam</a></th></tr>\n<tr>\n<td colspan=\"2\" style=\"text-align: center\"><b><span class=\"binomial\"><i>Pygoscelis adeliae</i></span></b><br/><div style=\"font-size: 85%;\">(<a class=\"new\" data-mw-i18n='{\"title\":{\"lang\":\"x-page\",\"key\":\"red-link-title\",\"params\":[\"Jacques Bernard Hombron\"]}}' href=\"./Jacques_Bernard_Hombron?action=edit&amp;redlink=1\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Jacques Bernard Hombron\" typeof=\"mw:LocalizedAttrs\">Hombron</a> &amp; <a class=\"new\" data-mw-i18n='{\"title\":{\"lang\":\"x-page\",\"key\":\"red-link-title\",\"params\":[\"Honoré Jacquinot\"]}}' href=\"./Honoré_Jacquinot?action=edit&amp;redlink=1\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Honoré Jacquinot\" typeof=\"mw:LocalizedAttrs\">Jacquinot</a>, 1841)</div></td></tr>\n<tr style=\"text-align: center; background-color: rgb(235,235,210)\"></tr>\n</tbody></table>" ], "td_tables": [], "text_length": 2416 }
Die *Löwenmensch-*beeldjie na restourasie in 2013 Die ***Löwenmensch*-beeldjie**, ook genoem die **Leeuman** of die **Leeumens** van Hohlenstein-Stadel, is 'n prehistoriese ivoorbeeldhouwerk wat ontdek is in Hohlenstein-Stadel, 'n Duitse grot, in 1939. Die Duitse naam, *Löwenmensch*, wat beteken "leeupersoon" of "leeumens", word die meeste gebruik omdat dit in Duitsland ontdek is en uitgestal word. Die beeldjie is tussen 35 000 en 40 000 jaar oud, soos bepaal deur radiokoolstofdatering van die laag waarin dit gevind is. Dit is een van die oudste bekende onbetwiste voorbeelde van 'n artistieke voorstelling, een van die oudste standbeelde wat ooit ontdek is, en die oudste bekende diervorm- (verdierliking) beeldhouwerk in die wêreld. Die ouderdom van die beeld assosieer dit met die argeologiese Acheuleense kultuur van die Laat-Paleolitikum. Dit is uit mammoetivoor gekerf met 'n vuursteenmes. Sewe parallelle, dwarsgekerfde holtes is op die linkerarm. Na verskeie rekonstruksies wat nuutgevonde fragmente ingesluit het, is die beeldjie 31,1 cm hoog, 5,6 cm breed en 5,9 cm dik. Dit word tans in die Museum Ulm vertoon.
{ "title": "Leeumens", "mostly_tablelist": false, "tablelist_ratio": [ 663, 1634, 0.4057527539779682 ], "infobox": [], "td_tables": [], "text_length": 1130 }
Verskeie vorme van openbare vervoer, insluitend busse, treine en taxi's, word deur die publiek gebruik om by hul bestemmings te kom. **Publiek** is die versamelnaam vir die mense, die volk, burgers of die gemeenskap van ’n land. Vandaar begrippe wat die burgers raak, soos publieke administrasie, publieke reg, publieke opinie (ook openbare mening genoem), publieke onderneming (teenoor private onderneming) en ander publiek-verwante samestellings. In Afrikaans word "publieke" soms met die woord "openbare" vervang, insluitend openbare finansies, openbare sektor, openbare bestuur, openbare gesondheid, openbare parke en paaie en selfs openbare betrekkinge (Engels: public relations). Dit is gevolglik uitruilbaar. Publieke administrasie ---------------------- Openbare strande, biblioteke, parke en ander geriewe vir die publiek is 'n belangrike deel van publieke administrasie. Die versorging daarvan, soos dié strandtoneel by Bloubergstrand in die Wes-Kaap getuig, is ook 'n uitdaging. Publieke administrasie is die vertakking van die politieke omgewing wat te make het met strukture en prosesse wat die bestuur van openbare sake, die praktiese uitvoering van lands beleid, wetstoepassing en verwante sake raak wat die publiek aangaan. Dit word uitgevoer deur regeringsamptenare, organisasies en publieke agentskappe, wat in ’n verhouding staan teenoor die publiek en ander regeringseenhede. Dit kom kortliks daarop neer dat gesonde publieke administrasie hoofsaaklik die volgende vier hoofpunte behels: * Dit is ’n stelsel van strukture en prosesse wat die publiek raak; * Dit funksioneer binne ’n spesifieke gemeenskap; * Dit voorsien ’n omgewing waarin toepaslike regeringsbeleid moontlik is; * Dit maak die doeltreffende uitvoering van die neergelegde beleid moontlik. Publieke administrasie is gevolglik heelwat wyer as bloot publieke bestuur, weliswaar ’n baie belangrike onderafdeling daarvan. Hiervolgens is dit duidelik dat publieke administrasie nie eng grense het nie maar selfs die beheer van energiebronne, lisensiëring van voertuie en posaflewering insluit. Dit behels in werklikheid soveel fasette dat dit ’n deurlopende uitwerking op die publiek se lewens het en daarom verskil kenners oor wat publieke administrasie werklik behoort te behels. ### Geskiedenis van publieke administrasie Die aanduidings is dat die mandarynse burokrasie in China reeds in sowat 500 v.C. werkgewers aangestel het wat gerigte opleiding ontvang het om die publiek te bedien. Hulle is streng gekeur en moes eksamens oor publieke administrasie aflê. Dit is deurlopend verbeter en verfyn, onder meer deur die Han-dinastie (206 v.C.) en T’ang- en Sung-bewinde in die latere eeue. Net so het die Egiptenare, Grieke en Romeine spesifieke stelsels gehad om rigting te gee aan regsaangeleenthede, militêre optrede, finansies en belasting, binnelandse en buitelandse aangeleenthede. Thomas Woodrow Wilson, die 28ste president van Amerika, het publieke administrasie as teoretiese dissipline vasgelê met die publikasie van sy The study of administration in 1887. Die Nederlandse regering het dit in Suid-Afrika gevestig met die stigting van ’n nedersetting in die Kaap op 6 April 1652. Die Amerikaanse president Woodrow Wilson het dit in 1887 as ’n **teoretiese** dissipline vasgelê deur die publikasie van sy *The study of administration*. In Suid-Afrika is dit die eerste keer as akademiese vak deur die Transvaalse Universiteitskollege (later die Universiteit van Pretoria) as ’n kollege van Unisa aangebied. Vandag bied minstens 17 universiteite in die land dit as studierigting aan. In Suid-Afrika het die onderrig van publieke administrasie aanvanklik sy wortels in die vorige politieke bedeling gehad, maar die oorgang na ’n nuwe regering in 1994 het met drastiese wysigings gepaardgegaan. Teoreties behoort publieke administrasie met die publiek se behoeftes en verwagtinge ooreen te stem, doeltreffend wees, respek en waardering afdwing en dit vir die publiek moontlik maak om ’n veilige en regverdige bestaan te voer. Dit moet ook in ooreenstemming wees met internasionale ontwikkelinge en standaarde. ### Etiek en korrupsie Unisa was die eerste universiteit wat publieke administrasie as akademiese vak in Suid-Afrika aangebied het. Etiek speel ’n groot rol in doeltreffende publieke administrasie. Dit sluit werknemers en leierskap in asook sosiopolitieke ontwikkelinge. Ongelukkig het morele denke en ontwikkelinge nie tred gehou met die drastiese struktuurveranderinge binne die publiek nie en ’n komplekse netwerk van organiese strukture, stelsels en prosedures wat grootliks anoniem funksioneer, maak dit vir betrokkenes maklik om te vergeet hoe hul besluite, doen en late ander mense raak. Volgens *Serving the Public* is makro-etiek noodsaaklik, wat hoofsaaklik daarop ingestel is om makrostrukture daar te stel wat die meer objektiewe en nie-persoonlike verhoudinge tussen die publiek op ’n anonieme grondslag as rolspelers reguleer. Dit rus onder meer op morele norme en waardes – regverdigheid, eerlikheid, menslikheid, vryheid, integriteit, die waarheid en orde. So raak korrupsie – blatante en doelbewuste oneerlikheid in die gebruik van openbare geld en goedere – die publiek ten nouste. Dit versteur die openbare orde, is destruktief en onversoenbaar met ’n stelsel wat die belange van die algemene publiek behoort te beskerm en sluit onder meer in omkopery, nepotisme, gulsigheid, die wangebruik van binne-inligting en dikwels geheime inligting vir persoonlike gewin, die bevoordeling van kennisse en familie in die toekenning van tenders en selfs die gebruik van minderwaardige materiaal om die oorloopgeld in hul eie sak te steek. Die publiek laat gereeld hul stem hoor teen korrupsie, wat 'n groeiende probleem in die wêreld is. Korrupsie word onder meer deur gulsigheid, gebrekkige etiek, politieke mag, die navolging van korrupte leiers en gebrekkige beheermaatreëls gedryf. In *Public Administration* sê die skrywers dat die publiek keer op keer geskok is oor die voorkoms en omvang van korrupsie, maar dit is egter nie net ’n hedendaagse misdryf deur funksionarisse wat veronderstel is om die publiek se belange te beskerm nie: oor die eeue was daar korrupsie waar daar mense betrokke was. Die moontlike oorsake van korrupsie word só uiteengesit: * Gulsigheid, wat ’n obsessie met materialisme ten koste van die publiek is. Dit word aangevuur deur onder meer ongeduldige ambisie, verwagtinge wat ten koste van ander geskied en selfs ’n omgewing waarin nie ’n wakende oog oor die doen en late van die betrokke posisie gehou word nie. * Gebrekkige etiek, wat die betrokkenes voor versoekings laat swig. * Politieke mag, veral as regerings lank aan die bewind is en nie voldoende opposisie het om hulle op hul tone te hou nie. * Begunstiging en nepotisme, wat die aanstelling in poste betref van familie en vriende wat onwaarskynlik opgewasse is vir die werk is of dit hoegenaamd nie verdien nie en tot swak diens lei. * Verontagsaming van gedragskodes, of selfs die afwesigheid van gepaste voorskrifte. * Die navolging van korrupte leiers. Wanneer jou leiers ’n swak voorbeeld stel, vergroot dit die weg na korrupte optrede. * Gebrekkige beheermaatreëls, veral wanneer werkers saamspan om korrupsie te verdoesel. * Beheptheid met amptelike geheimhouding, wat dit baie moeiliker maak om ongerymdhede te ontbloot. * Oormatige regulering van die ekonomie, veral wanneer die regeerders ’n oormaat politieke en ekonomiese mag het en maklike toegang tot bates, grond, bronne en geleenthede het. Omdat korrupsie altyd tot die nadeel van die publiek geskied, is dit belangrik om soveel maatreëls moontlik in te stel om die voorkoms daarvan te beperk. Dit sluit in ’n publiek wat waaksaam is en amptenare wat moontlike versoekings vermy of teenstaan; onafhanklike media wat korrupsie ontbloot; anonieme fluitjieblasery van personeel en ander ingeligtes; die navolging van Christelike en/of ander beginsels; die gebruik van die ombudsman; onafhanklike vervolging en streng strawwe – alles om eerlike publieke administrasie moontlik te maak. Openbare finansies ------------------ Die bestuur van die publiek se geld, wat nasionale en plaaslike belasting en ander betalings insluit, is ’n verantwoordelike werk. Openbare geld behoort aan die publiek en dit word aangewend om te sorg dat goedere, dienste en beleggingsgroei daarmee verkry word. Dié geld moet dus toepaslik en doeltreffend bestuur word en die wanbestuur daarvan dra nie tot die publiek se voordeel by nie. Ampsdraers en politici, hul gesinslede en ander verbintenisse mag gevolglik nie daarby baat behalwe in die vorm van gepaste vergoeding vir arbeid gelewer nie. Dit is uiteraard moeilik om publieke voordele te meet en doeltreffende openbare finansies behels gevolglik ’n begroting wat duidelike bestedingsdoelwitte aandui. Volgens *Managing Public Money* word die publiek benadeel wanneer hul geld vrugteloos aangewend word en vermors word. Voorbeelde daarvan is onder meer: * Die besteding aan projekte wat nie sinvol is en nie suksesvol uitgevoer kan word nie. Projekte moet dus nie aangepak word indien dit nie sigbare resultate kan oplewer nie. * Die vermorsing van publieke geld deur bestuurders en ander wat nie vergaderings bywoon nie en dus nie betrokke en produktief is nie. Dit is heelwat makliker om sukses te meet in die private sektor as in die openbare sektor danksy die winsbeginsel en doeltreffender meting van sukses en produktiwiteit. In die openbare sektor is geld die middel maar nie die einde nie. Teoreties behoort besteding slegs sinvol te wees indien die gevolge daarvan positief is – indien nie, behoort dit nie aangepak te word nie. Daarom moet departementshoofde die kennis en verantwoordelikheid hê om te besluit of die besteding vrugte sal dra. Om die verantwoordelikheid te dra vir besluite en van aksies onder jou beheer – hetsy as junior amptenaar of bestuurder – is ’n gegewe van die betrokke pos. Aanspreeklikheid, as ’n grondbeginsel van die bestuur van openbare geld, is nie onderhandelbaar nie. Dit vereis deursigtigheid, vereis prestasiebeoordeling en maak die rapportering van bedenklike bedrywighede noodsaaklik. Publieke opinie --------------- Publieke opinie, ook openbare mening genoem, is die somtotaal van die publiek se individuele beskouinge, houdings en opvattings oor ’n spesifieke onderwerp wat gewoonlik die publiek raak. Hoewel dit die algemene mening is, beteken dit nie noodwendig dat almal daarmee saamstem nie: wanneer ’n gebeure ’n groot hoeveelheid mense raak, sal hulle dit bespreek, daaroor redeneer en ’n gedeelde mening of konsensus kry. In sommige gevalle kan die meerderheidsmening selfs tot ’n drukgroep lei wat ’n spesifieke optrede tot gevolg het. Bewyse dat belangegroepe en drukgroepe doeltreffende meganismes is waardeur die publiek met hul owerhede – plaaslik en nasionaal – interaksie bewerkstellig, is algemeen te vind. Die feit dat groepe se kollektiewe bedingingskrag baie doeltreffender is as individue s’n, spoor die publiek aan om dié weg te volg. Hieruit volg die beïnvloeding van die regering en ander deur onderhandeling en selfs georganiseerde weerstand deur die publiek, wat ’n kragtige meganisme is om resultate te verseker. So is die rol van burgerlike verenigings ("civics") om verandering te bespoedig algemeen in Suid-Afrika – in sowel die vorige as die nuwe politieke bedeling. Die proses van openbaremeningsvorming word deur verskeie faktore gerig, wat ongelukkig nie altyd op feite gegrond is nie en oningeligtes, angstiges en bevooroordeeldes saamsleep. Aan die ander kant is al uitstekende resultate behaal wanneer ’n gefokuste publiek druk uitoefen. Ekonomiese hervorming is byvoorbeeld bewerkstellig toe die publiek in die Groot Depressie in die dertigerjare saamgestaan het. Wapenbeheer is ’n ander gevolg van druk van die publiek. Openbare mening word meestal deur een of soms meer as een van die volgende beïnvloedingsbronne gevorm: * Gewone gesprekvoering deur die lede van die publiek, die oudste vorm van meningsvorming. Dit sluit in gesprekke tussen vriende, in huise, openbare plekke en die werkplek. * Menings word gevorm of statuur gegee deur die media, insluitend koerante en tydskrifte, radio en televisie en deesdae die sosiale media. Dit word nie noodwendig met objektiwiteit gedoen nie, ondanks aansprake dat dit wel die geval is. Die media dra baie daartoe by om openbare vryheid te bevorder. Die BBC is een van die grootste nuus-uitdraers ter wêreld.Wat die openbare uitsaaiwese betref, het veranderinge internasionaal in die onlangse dekades ’n groot uitwerking op reguleerders en die uitsaaiwese gehad, maar in Suid-Afrika was daar veral groot veranderinge sedert die bewindsverandering in 1994. ’n      Beleid moes onder meer neergelê word om "Suid-Afrikaanse programme te bied wat die toestande, lewenstyle, optrede en kulturele erfenis van alle Suid-Afrikaners weerspieël". Suid-Afrika vaar darem steeds goed wat persvryheid betref en het in die jongste World Press Freedom Index steeds die "Bevredigend"-kategorie gehaal, wat die tweede beste groepering is en ook ander lande soos Australië, Kanada en Brittanje insluit. Dit vergelyk met lande in die "Baie ernstig"-kategorie (vyfde kategorie), insluitend Iran, Sirië, Soedan, Somalië, Jemen, Egipte, Libië en China. Die resultate van die jongste opname is aan die einde van April 2019 bekend gemaak. Dit is duidelik dat die vorming van openbare mening heelwat kan verskil afhangend van die beleidsvormers en dat die publiek altyd daaroor sal verskil – afhangend van die hoek waaruit hulle daarna kyk. Die goue reël bly: Moet nie alles vir soetkoek opeet nie.  Opvoedkundige instellings, insluitend skole en tersiêre instellings. Hulle verskaf kennis oor politieke, ekonomiese, sosiale en ander aangeleenthede en voorsien die vaardighede om die inligting te sif, ontleed en te vertolk. Sakeondernemings, politieke groeperinge en ander instellings in die ekonomie is deurlopend besig om die publieke opinie te vorm en te handhaaf sodat hul eie belange beskerm kan word. Uiteindelik kan openbare mening doeltreffend ingespan word om – hoofsaaklik in ’n demokrasie – met die regering te beding. So het die agtiende eeuse Franse filosoof Jean-Jacques Rousseau geglo dat openbare mening ’n kragtige medium is om die regering te dwing om billik op te tree in sy wette en die uitvoering daarvan – sonder om in kragteloosheid te verval. Die Duitse filosoof Hegel het openbare mening as beide die waarheid en valsheid beskryf en gemaan dat dit die taak van ’n groot leier is om die een van die ander te onderskei. Dit kan dus ’n gevaarlike mag wees indien dit nie reg bestuur word nie: selfs regeringsbeleid mag nie te veel beïnvloed word deur openbare mening wat oningelig, onnadenkend en selfs onstabiel kan wees nie. In *Citizen Participation in Local Government*  meld die skrywers dat openbare mening aan die een kant die potensiaal het om tot konflik te lei maar ook soms baie min respons van die regering kan kry en selfs heeltemal geïgnoreer kan word. Dit is belangrik dat die bron van optrede duidelik gedefinieer moet word en so oorgedra word. Hul optrede behoort ook nie net die deelnemers te baat nie maar die publiek as ’n geheel. Die voordele van publieke aksie kan onder meer die volgende wees: * Die positiewe aanwending van publieke opinie en optrede om positiewe veranderinge te bewerkstellig; * Die verbetering van bedingingsmag en apatie by owerhede; * Die oordrag van akkurate inligting wat tot billiker behandeling kan lei; * Die temper van outokratiese besluitneming en optrede deur owerhede. ### Publieke meningspeiling Meningspeilings gee ’n redelik akkurate aanduiding van die deursnee-gevoel van die lede van die publiek of publieke groepering. Dit vereis egter dat die vraag of vrae behoorlik geformuleer moet word, sodat dit duidelik gekommunikeer kan word en duidelike antwoorde moontlik kan maak. Die behoorlike samestelling van die navorsing en ’n verteenwoordigende steekproef kan goeie afleidings van die mening, houding en verwagtinge van die publiek of groepering moontlik maak. Die gewildste publieke meningspeiling is waarskynlik om die moontlike uitslag van verkiesings te bepaal. Die omvang van probleme en knelpunte van die publiek kan ook taamlik akkuraat bepaal word. Ander publiek-begrippe ---------------------- ### Publieke domein Dit beteken die regte en eiendom wat aan die algemene publiek behoort, in teenstelling met byvoorbeeld grondeienaarskap en spesifieke regte van individue. Die verjaring van regte wat patente, kopiereg en handelsmerke betref, kan byvoorbeeld beteken dat die beskerming van inligting of materiaal wat voorheen aan spesifieke persone of groepe behoort het nou in publieke domein is.   ### Openbare vryheid en veiligheid Die regering van ’n land behoort sy burgers teoreties vry en veilig te laat voel, maar ongelukkig is daar verskeie voorbeelde van lande waar dit nie die geval is nie. In Afrika byvoorbeeld het publieke beswaarmakers in lande soos Algerië en Soedan veral in die onlangse jare ernstige optrede teen hulle ervaar. In ander lande, insluitend Kameroen en Zimbabwe, is die internet ontoeganklik vir die publiek gemaak. In lande soos Senegal, Togo en Burundi word gereeld met geweld teen diegene opgetree wat op ’n beter bedeling aandring. In Freedom House se *2019 Freedom in the World Report* het sowat 68% van die teikengroep aangedui dat hulle versigtig in hul lande moet wees oor wat hulle sê. Sowat 67% meen dat hulle "taamlik" vryheid van spraak het – 7 persentasiepunte swakker as met die vorige opname. Een van die tendense wat bekommer, is dat landsburgers toenemend bereid is om beperkings van hul regerings te aanvaar om individuele vryheid te beperk om sogenaamde publieke sekuriteit te verseker. Dit sluit in dat 47% landsburgers meen dat hul regerings die reg het om aanbidding te reguleer. In ’n opname wat deur Afrobarometer, ’n onafhanklike navorsingsnetwerk, tussen 2016 en 2018 in 34 Afrikalande gemaak en in 2019 gepubliseer is, is bevestig dat die publieke en politieke ruimte oor die algemeen aan die krimp is. Openbare gesondheid, openbare werke, parke en biblioteke, publieke onderwys, openbare grond en selfs openbare betrekkinge is ander begrippe wat die publiek raak. Bronne ------ * Bayat, M. Saheed & Meyer, Ivan H. *Public Administration*. Southern Book Publishers. 1994. ISBN 1 86812 471 1 * Bekker, Koos (redakteur). *Citizen Participation in Local Government*. J.L. van Schaik. 1996. ISBN 0 627 02184 0 * Cameron, R.G. & Stone, A.B. *Servng te Public*. J.L. van Schaik. 1995. ISBN 0 627 020623 * Crous, M.E. *A Comparative Analysis of South African Local Content Regulation*. Unisa-meestersverhandeling. 2007 * Daniels, Glenda. *How South Africa ranks in the press freedom stakes*. Artikel in *The Conversation*, 26 April 2019 * Fox, William, Schwella, Erwin & Wissink, Henry. *Public Management*. Juta & Co. Ltd. 1991. ISBN 0 7021 2540 7 * Labuschagne, F.J. & Eksteen, L.C. *Verklarende Afrikaanse Woordeboek*. J.L. van Schaik. 1992. ISBN 0 627 01740 1 * Odendal, F.F. & Gouws, R.H. *Handwoordeboek van die Afrikaanse Taal (HAT)*. Pearson Education South Africa. 2010. ISBN 978-1-77025-665-1 * Paneel redakteurs. *New Standard Encyclopedia, Volume 13*. Ferguson Publishing Company. 1999. ISBN 0-87392-103-8 * Paneel redakteurs. *The New Encyclopedia Brittanica, Volume 26*. Encyclopedia Brittanica. 2010. ISBN 978-1-59339-837-8 * Paneel redakteurs. *World Book, Volume 15*. World Book. 2010. ISBN 978-0-7166-0110-4 * Pauw, J.C. Woods, Gavin, Van der Linde, G.J.A. Fourie, David & Visser, C.B. *Managing Public Money. A System from the South*. Heinemann. 2002. ISBN 079620 141 2 * Penar, Peter & Logan, Carolyn. *Pendulum is swinging towards creeping restrictions across Africa*. Artikel in *The Conversation*, 26 April 2019.
{ "title": "Publiek", "mostly_tablelist": false, "tablelist_ratio": [ 3394, 16698, 0.2032578751946341 ], "infobox": [], "td_tables": [], "text_length": 19918 }
Die speletjie **Marco Polo** i/ˈmɑːrkoʊ ˈpoʊloʊ/ is 'n vorm van die speletjie frot of aan-aan wat in 'n swembad gespeel word. Die oorsprong van die speletjie is onbekend. Reëls ----- Een speler word as "frot" of "aan" gekies. Dié speler maak sy of haar oë toe en moet die ander spelers raak sonder om sy of haar sig te gebruik. Die speler wat "aan" is, skree "Marco" en die ander spelers moet reageer deur "Polo" uit te roep, wat die een wat "aan" is gebruik om hulle met gehoor te probeer opspoor. As 'n speler geraak word, word daardie speler "aan".  Die spel kan ook op die grond gespeel word, met effens ander reëls, of kan gespeel word met die toevoeging van reëls van vis op droë grond en ander. Dit is soortgelyk aan blindemol, waar een persoon geblinddoek word, terwyl die ander wegkruipplekke in die kamer kies. Geskiedenis ----------- Die speletjie het dieselfde naam as die 13de-eeuse Venesiaanse ontdekkingsreisiger Marco Polo, en "volgens oorlewering het die beroemde ontdekkingsreisiger nie 'n idee gehad waarheen hy op pad was nie, net soos die persoon wat 'aan' is". WiseGeek skryf: "Dit lyk of niemand weet wat die oorsprong van die naam is nie, hoewel daar 'n aantal ongeloofwaardige stories is." Die webwerf skryf ook: "Dit lyk nie of daar 'n werklike verband tussen die speletjie Marco Polo is en die ontdekkingsreisiger met dieselfde naam nie, ondanks kreatiewe pogings deur party mense, en dit is moeilik om te bepaal wanneer die speletjie Marco Polo die eerste keer gespeel is." Die speletjie toon ooreenkomste met blindemol (basies dieselfde speletjie wat op die grond gespeel word) en kan as 'n uitvloeisel daarvan beskou word. WiseGeek skryf: "Blindemol dateer van ten minste die 16de eeu, en dit was eens 'n baie gewilde huisspeletjie, veral onder vroue. Teen die 1960's was Marco Polo bekend as 'n waterspeletjie. Tussen 1965 en 1970 het party deelnemers aan 'n opname van Dictionary of American Regional English "Marco Polo" geantwoord toe hulle gevra is om 'n spel te noem wat mens in die water speel. Hoewel waterpolo in daardie stadium 'n ander gewilde swembadspel was, het die naam van die speletjie "Marco Polo" blykbaar niks daarmee te doen nie. Deesdae word Marco Polo wêreldwyd gespeel. Verskeie streke het hul eie weergawes van die spel, met name soos meermin op die rotse en krokodil. Die term "marco polo-spel" word soms gebruik om 'n aanlyn spel te beskryf waar 'n soortgelyke roep-en-antwoord-stelsel van speel gebruik word. Ontleding --------- Marco Polo is 'n speletjie wat "maklik aangepas" kan word, en is gegrond op die idee van roep-en-antwoord. Marco Polo is 'n plek-gebaseerde speletjie omdat spelers beperk is tot 'n bepaalde plek en omdat spelers mekaar moet opspoor deur gehoorwenke te gebruik. Die Encyclopedia of Play in Today's Society meen "daar is 'n bipolariteit in die omkeer van rolle... daar is herhaalde aksies, 'n roetine wat herhaal moet word, reëls waarby gehou moet word en verbale tekens om te gebruik". Wanneer kinders die speletjie speel, stel dit hulle in staat om met verskillende sosiale rolle te eksperimenteer, byvoorbeeld deur te leer wat dit beteken om 'n uitgeworpene te wees in die rol van "frot" (geïsoleerd, beperk tot 'n sekere ruimte en nie in staat om ander te sien nie). Die Nevada-streeksmediesesentrum sê: "Marco Polo is nie net pret nie, dit kan ook 'n goeie oefensessie wees. Dit plaas ook minder stres op jou bene en gewrigte omdat die water jou liggaam laat dryf."
{ "title": "Marco Polo (speletjie)", "mostly_tablelist": false, "tablelist_ratio": [ 354, 3233, 0.10949582431178471 ], "infobox": [], "td_tables": [], "text_length": 3469 }
Italiaanse mozzarella, 'n tipiese filata-kaas Die vakterm **Filata** (afgelei van Italiaans *filare* "uitmekaar trek") verwys na 'n spesiale kaasmaakmetode, wat oorspronklik in Italië ontwikkel is. Pasta-Filata-kaas word van wrongel gemaak, wat eers 'n tyd lank moet rus en daarna uit die wei geneem en met warm water (teen 80 °C) oorgiet word. Die massa word vervolgens geroer, geknie en uitmekaar getrek om 'n sagte en vormbare deeg te verkry. Hiervan word klein stukkies afgesny en tot bolle gevorm. Nadat hulle in koue water afgekoel is, word die kaasbolletjies in pekel of wei geplaas. Hoe langer die kaas in die pekel lê, hoe meer word hy gesout. Die kaas word vars verkoop of verder verwerk (meestal gedroog of gerook). Tipiese filata-kaassoorte sluit byvoorbeeld in: * Bocconcini (oorsprong: Kanada) * Caciotta * Caciocavallo * Fior di Latte (oorsprong: Kanada) * Girellone, Girellone farcito * Mozzarella (oorsprong: Italië) * Buffelmelk-mozzarella (oorsprong: Italië) * Perette bianche, Perette affumicate, Perette filoncini (oorsprong: Sardinië (Italië)) * Provolone (oorsprong: Italië, Kanada) * Ragusano * Scamorza (oorsprong: Italië) * Tenerella * Trecce (oorsprong: Kanada)
{ "title": "Filata", "mostly_tablelist": false, "tablelist_ratio": [ 348, 996, 0.3493975903614458 ], "infobox": [], "td_tables": [], "text_length": 1196 }
**Adelheid Armhold** (gebore 4 Maart 1900 in Kiel - 1992) was 'n sopraan. Sy is van 'n Hollandse vader en Friese moeder gebore. Sy was deeglik onderlê in die sangtradisies van die Duitse, Franse en Italiaanse skole. Hoewel sy in Lieder gespesialiseer het, het sy ook groot welslae in operas behaal as Pamina *(Die Towerfluit)* en Agathe *(Der Freischütz)* en andere. Haar stem het geleidelik dieper geword en dit was as mezzo-sopraan dat sy aan die einde van 1939 'n aanstelling as senior lektrise in sang aan die Musiekkollege in Kaapstad aanvaar het. Hier het sy bekendheid verwerf as sangeres en as leermeesteres van bekende Suid-Afrikaanse sangers soos Noreen Berry, Nellie du Toit, Zander Haagen, George van der Spuy, Désirée Talbot, Gé Korsten en andere. Sy het aan die einde van 1965 afgetree, en was van die begin van 1977 af 'n sangonderwyseres by 'n musiekskool in Honolulu. Sy was getroud met die bekende kunstenaar, professor Pranas Domšaitis. Bronnelys --------- * *Wêreldspektrum*, Volume 2, bl.66, ISBN 0908409419
{ "title": "Adelheid Armhold", "mostly_tablelist": false, "tablelist_ratio": [ 673, 1487, 0.4525891055817081 ], "infobox": [], "td_tables": [], "text_length": 1040 }
**Fra** oftewel *"Frater"* (Italiaans vir "broeder") **Filippo Lippi** (omstreeks 1406 – 8 Oktober 1469), ook bekend as **Lippo Lippi**, was 'n Italiaanse skilder van die Quattrocento (15de eeu). Biografie --------- Lippi is in 1406 gebore in Florence as die seun van Tommaso, 'n slagter, en sy vrou. Toe hy nog 'n klein kindjie was het albei sy ouers gesterf. Hy het gevolglik by sy tante Mona Lapaccia gaan woon; omdat sy te arm was om hom groot te maak, het sy hom in die naburige Karmeliete-klooster geplaas. Hy was maar agt jaar oud toe hy na die klooster vertrek het en daar met sy opleiding begin het. In 1420 is hy opgeneem in die gemeenskap van Karmeliete-broeders van die klooster van Santa Maria del Carmine, Florence. Hy het die volgende jaar op 16-jarige ouderdom sy godsdienstige gelofte in die orde afgeneem. Hy is omstreeks 1425 verorden as priester in die Katolieke kerk, en het tot 1432 in die klooster gebly.Giorgio Vasari, die eerste kunshistorikus van die Renaissance, skryf dat Lippi geïnspireer was om 'n skilder te word toe hy Masaccio se werke in die Karmeliete Kerk besigtig het. Lippi se vroeë werk, veral die *Tarquinia Madonna* (Galleria Nazionale, Rome), toon Masaccio se invloed. In sy *Lewens van die uitmuntendste Italiaanse argitekte, skilders en beeldhouers* het Vasari die volgende oor Lippi gesê: "In plaas van studeer, het hy al sy tyd spandeer deur prente in sy eie boeke en die van andere te teken." Die klooster het as gevolg van Lippi se belangstelling aan hom die geleentheid gegee in die skilderkuns te bestudeer. Gewyde beeld van die *Madonna en Kind* voor 'n goue gordyn deur Filippo Lippi se werkswinkel. Die Walters Kunsmuseum. *Aanbidding in die Woud* *Madonna en Kind* (1440–1445), tempera op paneel. Nasionale Kunsgalery, Washington, D.C. In 1432 het Filippo Lippi die klooster verlaat, hoewel hy nie van sy gelofte vrygestel is nie. In 'n brief uit 1439 beskryf hy homself as die armste broeder van Florence, wat verantwoordelik is vir die onderhoud van ses hubare niggies. Volgens Vasari het Lippi daarna Ancona en Napels besoek, waar hy deur seerowers gevange geneem is en as slaaf aangehou is. Sy bekwaamheid in portretsketse het daartoe bygedra dat hy uiteindelik vrygelaat is. Louis Gillet, in die *Katolieke ensiklopedie*, beskou hierdie verhaal as "sekerlik niks anders as verbeelding" nie. Met die terugkeer van Lippi na Florence in 1432 het sy skilderye gewild begin word, wat hom die steun van die Medici-familie besorg het. Die familie het opdra gegee vir die *Die aankondiging* en die *sewe heiliges*. Cosimo de' Medici moes hom toesluit om hom te dwing om te werk, en selfs toe het die skilder daarin geslaag om by wyse van 'n tou wat van sylakens gemaak is te ontsnap. Sy lewe bevat talle voorbeelde van regsgedinge, gebroke beloftes en skandale. In 1441 het Lippi 'n altaarstuk geskilder vir die nonne van Sant'Ambrogio in Florence, wat nou 'n prominente aantrekkingskrag is in die Akademie van Florence, en gevier is in Browning se bekende gedig *"Fra Lippo Lippi"*. Dit beeld die kroning van die Maagd onder engele en heiliges uit, met verskeie monnike. Een hiervan, regs geplaas, is 'n halwe-lengte figuur wat oorspronklik beskou is as 'n selfportret van Lippo, en opmerklik is as gevolg van die inskripsie *"is perfecit opus"*, daar is later gemeen dat dit egter 'n portret van die weldoener was wat opdrag gegee het vir die skildery. In 1452 is Lippi aangestel as kapelaan vir die nonne by die klooster van San Giovannino dei Cavalieri in Florence. *Portret van 'n man en vrou* (ca. 1440). Metropolitan Museum of Art, New York. In Junie 1456 is dit aangeteken dat Fra Filippo in Prato (naby Florence) woon waar hy fresko's vir die katedraal geskilder het. In 1458, terwyl hy besig was met hierdie werk, het hy begin met 'n prent vir die kloosterkapel van S. Margherita in die stad, waar hy Lucrezia Buti, die dogter van 'n Florentynse man genaamd Francesco Buti, ontmoet het. Lippi het gevra dat sy toegelaat sou word om te sit vir die Madonna-figuur (of miskien S. Margherita). Onder daardie voorwendsel het Lippi seksuele verhoudings met haar gehad, haar na sy eie huis ontvoer en haar daar gehou ondanks die pogings van die nonne om haar terug te kry. Die verhouding het hul seun, Filippino Lippi, voorgebring wat in die voetspore van sy vader gevolg het en self 'n beroemde skilder sou word. In 1457 is hy aangestel as "In commendam Rektor" (*"Rettore commendatario"*) van die S. Quirico in Legania, van welke instellings hy by tye aansienlike winste verdien het. Ondanks hierdie winste het Lippi sy hele lewe lank gesukkel om uit die kloue van armoede te ontsnap. Die einde van Lippi se lewe is in Spoleto deurgebring, waar hy opdrag gekry het om tonele uit die lewe van die Maagd te skilder vir die apsis van die Spoleto-katedraal. In die semi-koepel van die apsis is die *Kroning van die maagd* (*Christus wat die Madonna kroon, met engele, sibille en profete*. Hierdie reeks, wat nie heeltemal gelykstaande is aan die wat by dié Prato uitgestal word nie, is ná Lippi se dood voltooi deur een van sy assistente, sy mede-Karmeliet, Fra Diamante. Lippi is op 8 Oktober 1469 in Spoleto oorlede. Die wyse waarop hy dood is, is in geskil. Daar word gesê dat die pous aan Lippi toestemming gegee het vir die huwelik met Lucrezia, maar voordat die toestemming gearriveer het, is Lippi vergiftig deur die verontwaardigde familielede van of Lucrezia, of 'n ander vrou vir wie hy gevoelens gehad het. Werke ----- Die fresko's in die koor van die die katedraal van Prato, wat die *Verhale van die heilige Stefaans en Johannes die Doper* uitbeeld op die twee hoofmure, word beskou as die belangrikste werke van Fra Filippo, veral die figuur van Salome wat dans, wat duidelike verwantskappe toon met latere werke van sy leerling, Botticelli, en sy seun, Filippino Lippi, sowel as die skare wat rou oor Stefaans se lyk. Daar word vermoed dat laasgenoemde 'n portret van die skilder bevat, maar daar is verskillende opinies oor die presiese figuur. Teen die muur is Sint Giovanni Gualberto en Sint Alberto. Hy het vir Germiniano Inghirami van Prato die dood van St. Bernard geskilder. Sy belangrikste altaarstuk in hierdie stad is 'n geboortetoneel in die tempel van S. Domenico – met die baba op die grond wat deur die Maagd en Josef, tussen die heiliges Georg en Dominic in 'n rotsagtige landskap aanbid word, met herders en ses engele in die lug. In die Uffizi-galery is 'n betowerende Maagd, wat ook "Lippina" genoem word, wat die baba Christus aanbid wat deur twee engele gehou word; en in die Nasionale Galery, Londen, 'n *Visie van Sint Bernard*. Die skildery getiteld *Maagd en baba met 'n Engel* in dieselfde galery word ook aan Lippi toegeskryf. Dit word egter betwis dat dit sy werk is. Filippo Lippi is in 1469 oorlede terwyl hy aan die fresko's van *Tonele uit die Lewe van die Maagd Maria* in die apsis van die Spoleto Katedraal gewerk het. Die fresko's toon die aankondiging, die begrafnis, die aanbidding van die kind en die kroning van die maagd. 'n Groep omstanders wat by die begrafnis uitgebeeld word, bevat 'n selfportret van Lippi, tesame met sy seun Filippino en sy helpers, Fra Diamante en Pier Matteo d'Amelia. Lippi is aan die regterkant van die transept begrawe, met 'n monument wat deur Lorenzo de' Medici aangevra is. Francesco di Pesello (Pesellino) en Sandro Botticelli was onder sy mees uitgelese leerlinge. Geselekteerde werke ------------------- * *Bekroonde Madonna en Kind* *(Madonna van Tarquinia)* (1437) -Tempera op paneel, 151 x 66 cm, Galleria Nazionale d'Arte Antica, Rome * *Pietà* (1437–1439) -Tempera op paneel, 86 x 107 cm, Museo Poldi Pezzoli, Milaan * *Madonna en Kind met heiliges* (1438) - Paneel, 208 x 244 cm, Louvre, Parys * *Sint Jerome in boetedoening* (c. 1439) - Tempera op paneel, 54 x 37 cm, Lindenau Museum, Altenburg * *The Annunciation with two Kneeling Donors* (c. 1440) - Olieverf op paneel, 155 x 144 cm, Galleria Nazionale d'Arte Antica, Rome * *Martelli Aankondiging* (c. 1440) - Tempera op paneel, 175 x 183 cm, San Lorenzo, Florence * *Novitiate Altarpiece* (c.1440-1445) - Tempera op paneel, 196 x 196 cm, Uffizi, Florence * *Kroning van die Maagd* (1441–1447) - Tempera op paneel, 200 x 287 cm, Uffizi, Florence * *Aankondiging* (c. 1443–1450) - Hout, 203 x 185.3cm, Alte Pinakothek, München * *Marsuppini Kroning* (na 1444) - Tempera op paneel, 172 x 251 cm, Pinacoteca Vaticana, Rome * *Aankondiging* (1445–50) - Olieverf op paneel, 117 x 173 cm, Galleria Doria Pamphilj, Rome * *Aankondiging* (c. 1449–1459) - Tempera op paneel, 68 x 151.5cm, Nasionale Galery, Londen * *Sewe heiliges* (c. 1449–1459) - Tempera op paneel, 68 x 151.5cm, Nasionale Galery, Londen * *Madonna en Kind* (c. 1452) - Paneel, deursnee 135 cm, Pitti Galery, Florence * *Begrafnis van Sint Jerome* (c. 1452–1460) - Tempera op paneel, 268 x 165 cm, Museo dell'Opera del Duomo, Prato Katedraal * *Verhale van Sint Stefaans en Johannes die Doper* (1452–1465) - Fresko siklus, Katedraal van Prato * *Madonna del Ceppo* (c. 1452–1453) - Paneel, 187 x 120 cm, Siviele Museum, Prato * *Madonna en Kind* (c. 1455) - Panel, Uffizi, Florence * *Aanbidding in die Woud* (laat 1450's) - Paneel, 127 x 116 cm, Staatliche Museen, Berlyn * *Madonna van Palazzo Medici-Riccardi* (1466–1469) - Tempera op paneel, 115 x 71 cm, Palazzo Medici-Riccardi, Florence * *Tonele uit die Lewe van die Maagd Maria* (1467–1469) - Fresko, apsis van die Spoleto Katedraal * *Madonna en Kind* (tussen omstreeks 1446 en 1447), The Walters Art Museum. * *Triptiek van die Madonna van Nederigheid, met heiliges* Galery ------ * Die geboortetoneel, waarskynlik uit 1445, Nasionale Kunsgalery*Die geboortetoneel*, waarskynlik uit 1445, Nasionale Kunsgalery * Die Aanbidding deur die Wyses is a tondo van die Aanbidding deur die drie Wyses. Fra Angelico en Filippo Lippi word daarmee gekrediteer, en dit dateer uit 1440/1460.Die *Aanbidding deur die Wyses* is a *tondo* van die Aanbidding deur die drie Wyses. Fra Angelico en Filippo Lippi word daarmee gekrediteer, en dit dateer uit 1440/1460. * Bekroning van die Maagd (Italiaans: Incoronazione della Vergine) (1441–47)*Bekroning van die Maagd* (Italiaans: *Incoronazione della Vergine*) (1441–47) * Madonna met die Kind en twee Engele (1465), tempera op hout, Uffizi.*Madonna met die Kind en twee Engele* (1465), tempera op hout, Uffizi. * Die Madonna van Palazzo Medici-RiccardiDie *Madonna van Palazzo Medici-Riccardi* * Portret van 'n vrou*Portret van 'n vrou* * Kroning van die Maagd (detail)*Kroning van die Maagd* (detail) * Madonna met Kind*Madonna met Kind* * Madonna en Kind deur 'n volgeling van Fra Filippo Lippi en Francesco Pesellino*Madonna en Kind* deur 'n volgeling van Fra Filippo Lippi en Francesco Pesellino Notas ----- 1. 1 2 Gillet, Louis. "Filippo Lippi". *The Catholic Encyclopedia*. Vol. 9. New York: Robert Appleton Company, 1910. Opgespoor op 4 April 2015 2. 1 2 "Fra Filippo Lippi", Die Nasionale Galery, Londen 3. 1 2 "Filippo Lippi", Virtual Uffizi Gallery 4. ↑ "Madonna and Child". The Walters Art Museum. 5. ↑ Greene, Robert (2000). *The 48 Laws of Power*. Penguin Books. pp. 187. ISBN 0-14-028019-7. 6. ↑ Browning, Robert (2004). *Robert Browning: Selected Poems*. Engeland: Penguin Books. p. 311. ISBN 978-0-14-043726-3. 7. 1 2 3 "Fra Filippo Lippi Biography", Frafilippolippi.org 8. 1 2 Rowlands, Eliot. "Lippi". *Oxford Art Online*. Besoek op 14 Februarie 2017.
{ "title": "Filippo Lippi", "mostly_tablelist": false, "tablelist_ratio": [ 4181, 10360, 0.4035714285714286 ], "infobox": [ "<table about=\"#mwt1\" cellspacing=\"5\" class=\"infobox vcard\" data-mw=\"{&quot;parts&quot;:[{&quot;template&quot;:{&quot;target&quot;:{&quot;wt&quot;:&quot;Inligtingskas Kunstenaar\\n&quot;,&quot;href&quot;:&quot;./Sjabloon:Inligtingskas_Kunstenaar&quot;},&quot;params&quot;:{&quot;naam&quot;:{&quot;wt&quot;:&quot;Filippo Lippi&quot;},&quot;ander name&quot;:{&quot;wt&quot;:&quot;Lippo Lippi&quot;},&quot;beeld&quot;:{&quot;wt&quot;:&quot;Lippi z13.jpg&quot;},&quot;onderskrif&quot;:{&quot;wt&quot;:&quot;Selfportret van Filippo Lippi&quot;},&quot;geboortenaam&quot;:{&quot;wt&quot;:&quot;Filippo Lippi&quot;},&quot;geboortedatum&quot;:{&quot;wt&quot;:&quot;omstreeks 1406&quot;},&quot;geboorteplek&quot;:{&quot;wt&quot;:&quot;[[Florence]], Republiek van Florence&quot;},&quot;sterfdatum&quot;:{&quot;wt&quot;:&quot;[[8 Oktober]] [[1469]]&quot;},&quot;sterfplek&quot;:{&quot;wt&quot;:&quot;[[Spoleto]], [[Pouslike State]]&quot;},&quot;nasionaliteit        &quot;:{&quot;wt&quot;:&quot;[[Italië|Italiaans]]&quot;},&quot;beweging              &quot;:{&quot;wt&quot;:&quot;[[Renaissance|Vroeë Renaissance]]&quot;},&quot;pryse&quot;:{&quot;wt&quot;:&quot;&quot;},&quot;beskermhere&quot;:{&quot;wt&quot;:&quot;&quot;},&quot;veld&quot;:{&quot;wt&quot;:&quot;[[Skilderkuns]], Fresko's&quot;},&quot;opleiding&quot;:{&quot;wt&quot;:&quot;&quot;},&quot;werke&quot;:{&quot;wt&quot;:&quot;''Bekroning van die Madonna en Kind'', ''Aankondiging'' (München)&quot;},&quot;beïnvloed deur        &quot;:{&quot;wt&quot;:&quot;&quot;},&quot;beinvloed&quot;:{&quot;wt&quot;:&quot;[[Filippino Lippi]]&quot;}},&quot;i&quot;:0}}]}\" id=\"mwAg\" style=\"width:22em; text-align:left; font-size:88%; line-height:1.5em; \" typeof=\"mw:Transclusion\"><tbody><tr><th class=\"fn\" colspan=\"2\" style=\"text-align:center; font-size:125%; font-weight:bold; background-color:#BCD4E6;\">Filippo Lippi</th></tr><tr><td class=\"\" colspan=\"2\" style=\"text-align:center; \"><span class=\"mw-default-size\" typeof=\"mw:File/Frameless\"><a class=\"mw-file-description\" href=\"./Lêer:Lippi_z13.jpg\"><img class=\"mw-file-element\" data-file-height=\"800\" data-file-type=\"bitmap\" data-file-width=\"600\" decoding=\"async\" height=\"293\" resource=\"./Lêer:Lippi_z13.jpg\" src=\"//upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/3/3c/Lippi_z13.jpg/220px-Lippi_z13.jpg\" srcset=\"//upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/3/3c/Lippi_z13.jpg/330px-Lippi_z13.jpg 1.5x, //upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/3/3c/Lippi_z13.jpg/440px-Lippi_z13.jpg 2x\" width=\"220\"/></a></span><br/><span style=\"\">Selfportret van Filippo Lippi</span></td></tr><tr class=\"\"><th style=\"text-align:left; line-height: 1.3em\">Geboortenaam</th>\n<td class=\"nickname\" style=\"line-height: 1.3em\">Filippo Lippi</td></tr><tr class=\"\"><th style=\"text-align:left; line-height: 1.3em\">Gebore</th>\n<td class=\"\" style=\"line-height: 1.3em\">omstreeks 1406<br/><a href=\"./Florence\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Florence\">Florence</a>, Republiek van Florence</td></tr><tr class=\"\"><th style=\"text-align:left; line-height: 1.3em\">Sterf</th>\n<td class=\"\" style=\"line-height: 1.3em\"><a href=\"./8_Oktober\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"8 Oktober\">8 Oktober</a> <a href=\"./1469\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"1469\">1469</a><br/></td></tr><tr class=\"\"><th style=\"text-align:left; line-height: 1.3em\">Veld</th>\n<td class=\"category\" style=\"line-height: 1.3em\"><a href=\"./Skilderkuns\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Skilderkuns\">Skilderkuns</a>, Fresko's</td></tr><tr class=\"note\"><th style=\"text-align:left; line-height: 1.3em\">Werke</th>\n<td class=\"\" style=\"line-height: 1.3em\"><i>Bekroning van die Madonna en Kind</i>, <i>Aankondiging</i> (München)</td></tr>\n</tbody></table>" ], "td_tables": [], "text_length": 11476 }
Die term **Pueblokultuur** of **Pueblovolke** verwys na inheemse Amerikaners in Suidwes-VSA wat landbou-, materiële en godsdienspraktyke deel. Pueblo, wat "dorp" in Spaans beteken, is deur koloniale Spanjaarde gebruik om te verwys na die volke se spesifieke huisstyl. Toe die Spanjaarde vanaf die 16de eeu in die gebied aankom en Nuevo México stig, het hulle afgekom op veelverdieping-"dorpe" van die Pueblo wat met plaaslike materiaal gebou is. Die mees erkende Pueblogemeenskappe kom in Nieu-Mexiko voor, maar gemeenskappe kom ook voor in Arizona en Texas, veral aan die Rio Grande en Coloradorivier en hulle sytakke. Daar is tans 100 Pueblo's wat nog bewoon word. Die volke praat tale van vier verskillende taalfamilies, en elke Pueblo word verder kultureel verdeel deur familiestelsels en landboupraktyke, hoewel almal variëteite van mielies verbou. Pueblovolke het ’n groot deel behou van hulle tradisionele kulture, wat op landbou gerig is, asook ’n intieme familiegemeenskap wat om familie en respek vir kultuur gesentreer is. Hulle was besonder vaardig in die handhawing van hulle kultuur en geloofsoortuigings, insluitende ’n sinkretiese (vermengende) benadering tot Katolisisme/Chistenskap. Die presiese getalle van die lede van die Pueblovolke is onbekend, maar in die 21ste eeu is geraam sowat 35 000 woon in Nieu-Mexiko en Arizona. Skakels ------- * Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik uit die Engelse Wikipedia vertaal. | | | | --- | --- | | Normdata Edit this at Wikidata | * LCCN: sh85108902 |
{ "title": "Pueblokultuur", "mostly_tablelist": false, "tablelist_ratio": [ 225, 1384, 0.16257225433526012 ], "infobox": [], "td_tables": [], "text_length": 1535 }
*Hierdie artikel handel oor die historiese koninkryk. Vir die land in sy huidige vorm, sien Engeland.* ***Kingdom of England* (Engels) *Engla rice* (Oud-Engels)** **Koninkryk van Engeland**| | | | | | --- | --- | --- | | ← | **927 — 16491649–1660: Gemenebes1660–1707** | → | | | | | | | --- | --- | | Vlag | Wapenskild | | Vlag | Wapen | | | Ligging of EngelandLigging of EngelandGrondgebied van die Koninkryk van Engeland | | **Hoofstad** | Winchester (tot 1066)Londen (vanaf 1066)• City of Westminster (administratief)• City of London (kommersiël) | | **Taal/Tale** | Engels (de facto, tot 1066)Frans (de jure, 1066 – 15de eeu)Engels (de facto, het Frans geleidelik van die laat 13de eeu af vervang)Wallies (de facto)Kornies (de facto) | | **Godsdiens** | Rooms-Katolieke Kerk (tot 1533 en vanaf 1553 tot 1558)Protestantisme (vanaf 1533 tot 1553 en sedert 1558) | | **Regering** | Monargie | | **Monarg** | | |  - 927-939 | Athelstan (eerste) | |  - 1702-1707 | Anna (laaste) | | **Wetgewer** | Parlement | | **Geskiedenis** | | |  - Vereniging deur Athelstan | 927 | |  - Normandiese verowering | 1066–1088 | |  - Act of Union 1535 | 1535–1542 | |  - Unie van die Krone | 24 Maart 1603 | |  - Glorieryke Rewolusie | 11 Desember 1688 | |  - Unie met Skotland | 1 Mei 1707 | | **Oppervlakte** | |  - 1283 | 145 000 km2 55 985 sq mi | |  - 1542 | 151 000 km2 58 301 sq mi | | **Bevolking** | |  - 1283 skatting | 500 000  | |      Digtheid | 3,4 /km² 8,9 /sq mi | |  - 1542 skatting | 3 000 000  | |      Digtheid | 19,9 /km² 51,5 /sq mi | |  - 1707 skatting | 5 750 000  | |      Digtheid | 38,1 /km² 98,6 /sq mi | | **Geldeenheid** | Pond sterling | Die **Koninkryk van Engeland** (Engels: *Kingdom of England*; Oud-Engels: *Engla rice*, letterlik "Koninkryk van die Engelse") was 'n staat in die suidelike deel van Groot-Brittanje in Wes-Europa wat bestaan het uit die moderne lidlande van die Verenigde Koninkryk, Engeland en Wallis en die moderne regsentiteit Engeland en Wallis. Die vernaamste koninklike woning was in Winchester, in Hampshire, maar Londen en Gloucester het byna gelyke status gehad. Londen het teen die begin van die 12de eeu die de facto-hoofstad geword. Dit het gedien as die hoofstad van die koninkryk tot met die samesmelting daarvan met die Koninkryk van Skotland in 1707 (sien Acts of Union 1707) en bly steeds die belangrikste stad in Engeland. Dit het ook gedien as beide die hoofstad van die Koninkryk van Groot-Brittanje (1707–1801) en van die Verenigde Koninkryk van Groot-Brittanje en Ierland (1801–1922). Vandag is dit die hoofstad van die Verenigde Koninkryk van Groot-Brittanje en Noord-Ierland (die "Verenigde Koninkryk"). Die huidige monarg van die Verenigde Koninkryk, koningin Elizabeth II, is die moderne opvolger van die monarge van Engeland. Die titel koningin (en koning) van Engeland is sedert 1707 streng gesproke nie korrek nie, maar word steeds algemeen gebruik. Geskiedenis ----------- ### Vereniging van sewe Middeleeuse koninkryke Alfred die Grote het begin om Engeland te verenig Die Koninkryk van Engeland het nie 'n spesifieke stigtingsdatum nie. Die oorsprong daarvan kan teruggespoor word na die Heptargie, die heerskappy deur sewe klein koninkryke wat later Engeland sou word: Oos-Anglië, Essex, Kent, Mercië, Northumbrië, Sussex en Wessex. Die konings van Wessex het tydens die 9de eeu al hoe meer dominant oor die ander koninkryke geword. Alfred die Grote (heerser van 871–899) was die eerste koning van Wessex wat vir homself die titel "koning van Engeland" toegeëien het. Sy seun Eduard die Ouere (heerser van 899–924) het die militêre prestasies van sy vader oortref deur sy heerskappy oor die Danelaw te vestig. Die dood van sy suster Ethelfleda in 918 het daartoe gelei dat hy die heerskappy van Mercië by sy kleinniggie Aelfwynn in 919 kon oorneem. In 927 het die laaste van die vroeë Middeleeuse Engelse koninkryke, Northumbrië, ook gegaan na die koning van Wessex – Athelstan, 'n seun van Eduard die Ouere. Athelstan was die eerste koning wat oor 'n verenigde Engeland geheers het. Hy was nie die eerste de jure-koning van Engeland nie, maar sekerlik die eerste de facto-koning. ### Viking-invalle en Deense heerskappy Politieke eenheid het sedertdien in Engeland geheers. Die koninkryk is egter gedurende die laat 10de eeu geteister deur invalle van die Vikings uit Denemarke. In reaksie hierop het Ethelred II in 1002 beveel dat alle Dene in Engeland doodgemaak moet word. Dit het gelei tot vyandigheid deur Sven Vurkbaard van Denemarke en Noorweë. Sven het vier volskaalse invalle in Engeland onderneem. Hy is in 1013 tot koning van Engeland verklaar ten koste van Ethelred. Hy het op 2 Februarie 1014 gesterf, waarna sy seun Knoet die Grote die oorlog voortgesit het. Ethelred het op 23 April 1016 gesterf en sy seun Edmund Ironside van Engeland is spoedig deur Knoet verslaan. Knoet het ooreengekom om saam met Edmund te heers, maar laasgenoemde het op 30 November 1016 gesterf, wat Engeland onder Deense heerskappy verenig het. Dit het voortgeduur tot met die dood van Hartaknoet op 8 Junie 1042. Hy was die seun van Knoet en Emma van Normandië, weduwee van Ethelred. Hartaknoet het geen opvolgers van sy eie gehad nie en is opgevolg deur sy half-broer Eduard die Belyer. Die koninkryk van Engeland was weer onafhanklik. ### Normandiese Verowering Die ondertekening van die Magna Carta in 1215 het Engeland op koers geplaas om die wêreld se eerste moderne demokrasie te word. Vrede het egter slegs gehou tot met die dood van die kinderlose Eduard op 4 of 5 Januarie 1066. Sy swaer is gekroon as Harold II van Engeland. Sy neef Willem die Veroweraar, die Hertog van Normandië, het onmiddellik die kroon vir homself opgeëis. Willem het Engeland binnegaval en op 28 September 1066 in Sussex geland. Harold en sy leër was in York ná hulle oorwinning in die Slag van Stamford Bridge op (25 September 1066. Hulle moes oor Engeland marsjeer om hulle nuwe opponente te ontmoet. Harold en Willem se leërs het uiteindelik op 4 Oktober 1066 in die Slag van Hastings slaags geraak. Harold is verslaan en Willem het as oorwinnaar uit die stryd getree. Hy kon Engeland toe sonder noemenswaardige verdere teenstand oorwin. Hy was egter nie van plan om die koninkryk in die Hertogdom van Normandië te absorbeer nie. As 'n hertog was Willem steeds trou aan Filips I van Frankryk verskuldig. Die onafhanklike Koninkryk van Engeland sou hom toelaat om sonder inmenging te heers. Hy is op 25 Desember 1066 tot koning van Engeland gekroon. Die Koninkryk van Engeland en die Hertogdom van Normandië sou in 'n persoonlike unie bly tot 1204. Koning Jan Sonder Land, 'n vierdegenerasie-afstammeling van Willem I, het die vastelanddeel van die hertogdom in dié jaar aan Filips II van Frankryk verloor. Die enigste oorblyfsels van die hertogdom wat onder die beheer van Jan en sy nasate gebly het, was die Kanaaleilande. Jan het wel steeds die titel en grondgebied van die Hertog van Aquitanië, in die suidweste van die hedendaagse Frankryk, behou. ### Honderdjarige Oorlog en Oorlog van die Rose Vyftiende-eeuse miniatuurskildery wat die Engelse oorwinning oor Frankryk by die Slag van Agincourt uitbeeld. Eduard II van Engeland was die vader van Eduard III, wie se aanspraak op die troon van Frankryk gelei het tot die Honderdjarige Oorlog (1337–1453). Die einde van die oorlog het Engeland verslaan gelaat met slegs 'n enekele stad van Frankryk: Calais. Die koninkryk het skaars tyd gehad om te herstel toe die Oorlog van die Rose (Engels: *Wars of the Roses*; 1455–1487) uitgebreek het. Die oorlog was in werklikheid 'n burgeroorlog tussen die Huis van Lancaster en die Huis van York oor besit van die kroon. Albei huise was afstammelinge van Eduard III en naby verwant. Ná die einde van die oorlog is die troon gehou deur 'n afstammeling aan die vroulike kant van die Huis van Lancaster wat getroud was met die oudste dogter van die Huis van York. Hendrik VII van Engeland en sy vrou, Elizabeth van York, was die stigters van die Huis van Tudor, wat van 1485 tot 1603 oor die koninkryk regeer het. ### Oorwinning en anneksasie van Wallis Jan se kleinseun, Eduard I van Engeland, het Llywelyn die Laaste verslaan en Wallis effektief in 1282 oorwin. Hy het in 1301 die titel Prins van Wallis vir sy oudste seun, Eduard II, geskep. Wallis het die afsonderlike regs- en administratiewe stelsel behou wat deur Eduard I in die laat 13de eeu gevestig is. Die tweede Tudor-heerser, Henrik VIII, het Wallis in Engeland opgeneem onder die *Laws in Wales Acts 1535–1542*. Wallis het opgehou bestaan as persoonlike leengrond van die koning van Engeland en is tot deel van Engeland geannekseer en is in die Engelse Parlement verteenwoordig. ### Persoonlike unies met Ierland en Skotland Portret van Elizabeth I geskep om die oorwinning oor die Spaanse Armada (1588) te vier, uitgebeeld op die agtergrond. Elizabeth se internasionale mag word gesimboliseer deur haar hand wat op die aardbol rus. In 1541 het die Ierse parlement Hendrik VIII tot koning van Ierland verklaar, waarmee die Koninkryk van Ierland in 'n persoonlike unie met die Koninkryk van Engeland verenig is. Tydens die heerskappy van Bloedige Maria, oudste dogter van Hendrik VIII, is Calais op 7 Januarie 1558 deur Francis, Hertog van Guise afgeneem. Die Huis van Tudor het tot 'n einde gekom met die dood van Elizabeth I op 24 Maart 1603. Haar opvolger was Jakobus VI van Skotland, wat die troon van Engeland as Jakobus I bestyg het. Die twee Britse koninkryke het tot 1707 onafhanklike state onder 'n persoonlike unie gebly. ### Die Engelse Burgeroorloë en die Interregnum Tussen 1639 en 1651 het 'n aantal konflikte in die koninkryke van Engeland, Skotland en Ierland plaasgevind. In die Eerste ((1642–1645) en Tweede (1648–1649) Engelse Burgeroorlog het die koningsgesinde aanhangers van Karel I van Engeland (die *Cavaliers*) en die aanhangers van die *Long Parliament* (die *Roundheads*) teen mekaar geveg. 'n Derde oorlog (1649–1651) tussen die aanhangers van Karel II en die verdedigers van die rompparlement het met 'n oorwinning vir die parlement in September 1651 geëindig. Die oorloë het gelei tot die teregstelling van Karel I, die verbanning van sy seun Karel II en die vervanging van die monargie deur die Engelse Statebond (1649–1653) en vervolgens die Protektoraat (1653–1659) onder die heerskappy van Oliver Cromwell. Die monopolie van die Kerk van Engeland op die Christelike erediens is tot 'n einde gebring en 'n nuwe protestantse aristokrasie het in Ierland ontstaan. 'n Belangrike presedent is geskep, naamlik dat die koning voortaan nie kon regeer sonder die toestemming van parlement en die volk nie. Die burgeroorloë het nie soseer uitgebreek uit weerstand van die Engelse teen die beleid van Karel I, wat elf jaar lank sonder ’n parlement geregeer het nie, maar omdat sy Skotse onderdane suksesvol weerstand gebied het teen die politieke en kerklike hervorminge wat Londen wou oplê. ### Koninkryk van Groot-Brittanje In 1707 het die Acts of Union die Koninkryk van Engeland en van Skotland verenig in die Koninkryk van Groot-Brittanje (1707–1801). Koningin Anna was die laaste koningin van Engeland en die eerste heerser van die nuwe koninkryk. Die Engelse en die Skotse parlement het saamgesmelt in die nuwe Parlement van Groot-Brittanje gesetel in Westminster, Londen. Met dié gebeurtenis het Engeland ophou bestaan as 'n aparte politieke entiteit en het dit sedertdien geen nasionale regering nie. Regsgewys is jurisdiksie steeds as Engeland en Wallis gehandhaaf.
{ "title": "Koninkryk van Engeland", "mostly_tablelist": false, "tablelist_ratio": [ 1582, 9982, 0.1584852734922861 ], "infobox": [], "td_tables": [], "text_length": 11587 }
Die **Puerto Ricaanse Onafhanklikheidsparty** (Spaans: Partido Independentista Puertorriqueño of PIP) is 'n politieke party wat vir Puerto Rico se onafhanklikheid van die VSA strewe. Dit is een van die drie groot politieke partye in die land en ook die tweede oudste. Die huidige leier is Rubén Berríos Martínez. Geskiedenis ----------- Die party is begin as die verkiesingsvleuel van die Puerto Ricaanse Pro-onafhanklikheidsbeweging. Dit is die grootste van die onafhanklike partye en die enigste een wat op die stembrief verskyn gedurende verkiesings (ander kandidate moet per hand bygevoeg word). ### Stigting Die party is gestig op 20 Oktober 1946 deur Gilberto Concepción de Gracia (oorlede in 1968). Hy was oortuig dat die onafhanklikheidsbeweging "verraai" is deur die Partido Popular Democrático, waarvan die oorspronklike doel onafhanklikheid was. ### FBI Die VSA se Federal Bureau of Investigation (FBI) se gebruik om enige persoon of organisasie dop te hou wat Puerto Rico se onafhanklikheid voorstaan, is deur die FBI se topleierskap erken. Dit word genoem in 1,8 miljoen dokumente, waarvan net 'n klein deel in 2000 uitgereik is. Die destydse direkteur van die FBI, Louis Freeh, het in 'n ongekende stap erken in watter mate die FBI van die 1930's tot die 1990's aan onwettige, en moontlik misdadige, aksies deelgeneem het en dat hulle dalk daardeur die grondwetlike regte van die Puerto Ricane geskend het. ### verkiesing 2020 Vir die 2020-verkiesing was Juan Dalmau die party se kandidaat. Hy het 175 402 stemme gekry en in die vierde plek gekom, met 'n rekord van 13,58% van die stemme, die tweede beste verkiesingsprestasie in die geskiedenis van die PIP. Met die Movimiento Victoria Ciudadana (Citizens Victory Movement) wat 179 265 stemme behaal het en in die derde plek kom met 13,95% van die stemme, is dit die grootste deel van die Puerto Ricaanse stemme (27,53%) wat ooit deur linkse partye in Puerto Rico verkry is. Party se vlag en simbool ------------------------ Amptelike simbool van die PIP se supra-nasionale affiliasie, die Sosialistiese Internasionaal (SI); die grootste organisasie van politieke partye wêreldwyd, waarvan die PIP lid is. Die PIP se vlag is a Skandinawiese wit kruis op 'n groen vlag; as gevolg hiervan en die party se toewyding om die omgewing te beskerm en tot volhoubare ontwikkeling, word dit deur die publiek en ook op stembriewe die "groen party" genoem. Vir die PIP dui die vlag se groen kleur op hoop vir die verwerwing van vryheid, en die wit kruis op die party se opofferings vir en toewyding aan demokrasie. "Noorse Kruis"-vlae, of "Latynse Kruis"-vlae is 'n algemene ontwerp in die Skandinawiese lande en ander dele van die wêreld, en teoreties behoort die PIP se embleem tot hierdie groep vlae. Die PIP se vlag is gebaseer op die eerste nasionale vlag wat ooit deur Puerto Ricane gebruik is, en is ook die huidige vlag van die munisipaliteit van Lares. Lares is waar die eerste relatiewe suksesvolle poging van rewolusionêre inval in Puerto Rico, die *Grito de Lares*, plaasgevind het op Woensdag 23 September 1868. Die Lares-vlag is ook soortgelyk aan die vlag van die Dominikaanse Republiek, aangesien die Grito se meesterbrein, Ramon Emeterio Betances, nie net die Dominikaanse pro-onafhanklikheidstryd bewonder het nie, maar ook 'n afstammeling was van Dominikane. Die nasionalistiese oproer was die fondament vir ander oproere wat gevolg het, insluitend die Grito de Yara in Kuba en die 1 Maart-beweging (3•1 운동) op 1 Maart 1919 in Korea. Bronne ------ 1. ↑ Berrios-Martinez, Ruben; "Puerto rico—Lithuania in Reverse?"; The Washington Post, Pg. A23; May 23, 1990. 2. ↑ The New York Times; Mar 18, 1949, pg. 13. 3. ↑ "Puerto Rico State Electoral Commission (CEE)". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 2 Januarie 2008. Besoek op 20 Augustus 2008. 4. ↑ "El Diario La Prensa; Editorial: "Constructing an Enemy"; 17 Januarie 2008". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 Februarie 2008. Besoek op 20 Augustus 2008. 5. ↑ "FBI Files on the Puerto Rican Independence Party – case # SJ-100-4014 – Center for Puerto Rican Studies, Hunter College, City University of New York (CUNY)". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 20 Oktober 2007. Besoek op 20 Augustus 2008. 6. ↑ "FBI Files on Organizations: Formerly secret, classifed files produced by the Federal Bureau of Investigation (FBI) from the 1930s to the 1990s documenting FBI surveillance and persecution activities targeting Puerto Rican organizations and individuals; CUNY". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 Januarie 2008. Besoek op 20 Augustus 2008. 7. ↑ "El Diario La Prensa; Editorial: "Constructing an Enemy"; 17 Januarie 2008". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 Februarie 2008. Besoek op 20 Augustus 2008.
{ "title": "Puerto Ricaanse Onafhanklikheidsparty", "mostly_tablelist": false, "tablelist_ratio": [ 1488, 4413, 0.3371855880353501 ], "infobox": [ "<table about=\"#mwt1\" class=\"infobox\" data-mw=\"{&quot;parts&quot;:[{&quot;template&quot;:{&quot;target&quot;:{&quot;wt&quot;:&quot;Politieke party inligting\\n&quot;,&quot;href&quot;:&quot;./Sjabloon:Politieke_party_inligting&quot;},&quot;params&quot;:{&quot;party_naam&quot;:{&quot;wt&quot;:&quot;Partido Independentista Puertorriqueño&quot;},&quot;afkorting&quot;:{&quot;wt&quot;:&quot;PIP&quot;},&quot;party_logo&quot;:{&quot;wt&quot;:&quot;[[Beeld:Flag_of_the_Puerto_Rican_Independence_Party.svg|180px|senter|'''PIP''' [[Vlag]]]]&quot;},&quot;leier&quot;:{&quot;wt&quot;:&quot;[[Ruben Berrios]] (''Erepresident'' – [[Die Sosialistiese Internasionaal]]&quot;},&quot;gestig&quot;:{&quot;wt&quot;:&quot;[[20 Oktober]] [[1946]]&quot;},&quot;ideologie&quot;:{&quot;wt&quot;:&quot;Nasionalisties, Soewereinisties en Sosiaal-Demokraties&quot;},&quot;hoofkwartiere&quot;:{&quot;wt&quot;:&quot;963 Ave. Roosevelt &lt;br /&gt; [[San Juan]] &lt;br /&gt; [[Puerto Rico]] &lt;br /&gt; 00920-2901&quot;},&quot;internasionaal&quot;:{&quot;wt&quot;:&quot;[[Die Sosialistiese Internasionaal]]&quot;},&quot;webwerf&quot;:{&quot;wt&quot;:&quot;www.independencia.net/ingles/welcome.html&quot;}},&quot;i&quot;:0}}]}\" id=\"mwAg\" style=\"width:25.5em; font-size: 85%; text-align: left;\" typeof=\"mw:Transclusion\">\n<tbody><tr>\n<td colspan=\"2\" style=\"font-size: larger; text-align: center;\"><b>Partido Independentista Puertorriqueño</b></td></tr>\n<tr>\n<td colspan=\"2\" style=\"font-size: larger; text-align: center;\"><i><b>PIP</b></i></td></tr>\n<tr>\n<td colspan=\"2\" style=\"text-align:center;\">[[Lêer:<figure class=\"mw-halign-center\" typeof=\"mw:File\"><a class=\"mw-file-description\" href=\"./Lêer:Flag_of_the_Puerto_Rican_Independence_Party.svg\" title=\"PIP Vlag\"><img alt=\"PIP Vlag\" data-file-height=\"500\" data-file-type=\"drawing\" data-file-width=\"800\" decoding=\"async\" height=\"113\" resource=\"./Lêer:Flag_of_the_Puerto_Rican_Independence_Party.svg\" src=\"//upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/e/ee/Flag_of_the_Puerto_Rican_Independence_Party.svg/180px-Flag_of_the_Puerto_Rican_Independence_Party.svg.png\" srcset=\"//upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/e/ee/Flag_of_the_Puerto_Rican_Independence_Party.svg/270px-Flag_of_the_Puerto_Rican_Independence_Party.svg.png 1.5x, //upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/e/ee/Flag_of_the_Puerto_Rican_Independence_Party.svg/360px-Flag_of_the_Puerto_Rican_Independence_Party.svg.png 2x\" width=\"180\"/></a><figcaption><b>PIP</b> <a href=\"./Vlag\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Vlag\">Vlag</a></figcaption></figure>|240x180px|Logo van die betrokke party.]]</td></tr>\n<tr>\n<td colspan=\"2\"><hr/></td></tr>\n<tr>\n<th scope=\"row\" style=\"text-align:left; vertical-align:top;\">Leier</th>\n<td><a class=\"new\" data-mw-i18n='{\"title\":{\"lang\":\"x-page\",\"key\":\"red-link-title\",\"params\":[\"Ruben Berrios\"]}}' href=\"./Ruben_Berrios?action=edit&amp;redlink=1\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Ruben Berrios\" typeof=\"mw:LocalizedAttrs\">Ruben Berrios</a> (<i>Erepresident</i> – <a class=\"mw-redirect\" href=\"./Die_Sosialistiese_Internasionaal\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Die Sosialistiese Internasionaal\">Die Sosialistiese Internasionaal</a></td></tr>\n<tr>\n<th scope=\"row\" style=\"text-align:left; vertical-align:top;\">Gestig</th>\n<td><a href=\"./20_Oktober\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"20 Oktober\">20 Oktober</a> <a href=\"./1946\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"1946\">1946</a></td></tr>\n<tr>\n<th scope=\"row\" style=\"text-align:left; vertical-align:top;\">Hoofkwartier</th>\n<td>963 Ave. Roosevelt <br/> <a href=\"./San_Juan\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"San Juan\">San Juan</a> <br/> <a href=\"./Puerto_Rico\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Puerto Rico\">Puerto Rico</a> <br/> 00920-2901</td></tr>\n<tr>\n<th scope=\"row\" style=\"text-align:left; vertical-align:top;\">Ideologie</th>\n<td>Nasionalisties, Soewereinisties en Sosiaal-Demokraties</td></tr>\n<tr>\n<th scope=\"row\" style=\"text-align:left; vertical-align:top;\">Internasionale affiliasie</th>\n<td><a class=\"mw-redirect\" href=\"./Die_Sosialistiese_Internasionaal\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Die Sosialistiese Internasionaal\">Die Sosialistiese Internasionaal</a></td></tr>\n<tr>\n<th scope=\"row\" style=\"text-align:left; vertical-align:top;\">Webblad</th>\n<td>www.independencia.net/ingles/welcome.html</td></tr>\n</tbody></table>" ], "td_tables": [], "text_length": 4787 }
**Koninkryk Iberië**| | | | | | --- | --- | --- | | ← Flag | **Omstreeks 302 v.C. – 580 n.C.** | | | | | | Ligging of Koninkryk IberiëLigging of Koninkryk IberiëKolchis en Iberië | | **Hoofstad** | MtskhetaTbilisi | | **Taal/Tale** | Georgies | | **Regering** | Monargie | | **Historiese tydperk** | Antieke era | |  - Pharnavaz I se bewind | Omstreeks 302 v.C. | |  - Kerstening | 326?/337? n.C. | **Iberië** (Grieks: Ἰβηρία; Georgies: იბერია) was ’n koninkryk in die Suid-Kaukasus wat geleë was op die plek van die huidige Georgië. Dit was in Georgies ook bekend as **Kartli** (ქართლი), na aanleiding van sy belangrikste provinsie. Tydens die Antieke tyd en die Middeleeue was dit ’n belangrike staat in die Kaukasus, óf as ’n onafhanklike staat óf as deelstaat van groter ryke soos die Romeinse Ryk en Persië. Sy inwoners het die kern van die Georgiërs gevorm en die staat, tesame met Kolchis in die weste, het die Middeleeuse Koninkryk van Georgië gevorm. Die term "Kaukasiese Iberië" word soms gebruik om die land te onderskei van die Iberiese Skiereiland in Wes-Europa. Geskiedenis ----------- Pharnavaz (c. 302 – c. 237 v.C.) het die eerste koning van Iberië geword en naburige lande aan sy gesag onderwerp nadat hy invallers teruggedryf het. Een van dié lande was Kolchis (plaaslike bekend as Egrisi). Sy opvolgers het beheer oor die bergpasse van die Kaukasus gekry, waarvan Daryal die belangrikste was. Ná hierdie tyd van vooruitgang moes Iberië hom voortdurend verweer teen invallers. Eindelik het die land opgedeel in verskeie prinsdomme. Teen die einde van die 2de eeu v.C. is koning Farnadjom deur sy eie onderdane van die troon af gesit en die kroon is gegee aan die Armeense prins Arsjak, wat die Iberiese troon in 93 v.C. bestyg het. ### Romeinse tydperk Iberië tydens die Romeinse Ryk. Vanweë hierdie bande met Armenië is Iberië in 65 v.C aangeval deur die Romeinse generaal Pompei, wat toe in ’n oorlog met Amernenië betrokke was. Rome het Iberië nie dadelik aan sy gesag onderwerp nie, maar die land weer 19 jaar later (in 36 v.C.) binnegeval en koning Pharnavaz II gedwing om aan te sluit by sy veldtog teen Albanië. Terwyl die ander Georgiese koninkryk, Kolchis, as ’n Romeinse provinsie geadministreer is, het Iberië uit vrye wil die beskerming van die Romeinse Ryk aanvaar. In die volgende twee eeue het die Romeinse invloed op Iberië voortgeduur, maar teen die bewind van koning Pharsman II (116 – 132 n.C.) het die land ’n deel van sy vorige mag herwin. Betrekkinge met Rome was gespanne en dit het eers verbeter tydens die bewind van die Romeinse keiser Antoninus Pius. In dié tyd is Iberië beskou as ’n bondgenoot eerder as ’n voormalige deelstaat. ### Kerstening Die Romeinse invloed het ook op godsdiensgebied gegeld en koning Mirian III het die Christelike geloof omstreeks 317 as die amptelike staatsgodsdiens verklaar. Dié gebeurtenis word ook verbind met ’n vrou van Kappadosië, sint Nino, wat die geloof sedert 303 in Oos-Georgië (Iberië) versprei het. Die kerstening het bande met Rome (later Bisantium) versterk en ’n groot invloed op die kultuur en gemeenskap gehad. In 363 het Rome beheer oor Iberië aan Persië oorgegee nadat die Romeinse keiser Julian verslaan is. Persië het die leerstellings van Zoroaster in die middel van die 5de eeu na Iberië uitgebrei en Zoroastrisme het die tweede amptelike godsdiens van Oos-Georgië geword. Koning Vakhtang I van Iberië het sy koninkryk weer versterk. Hy het die Patrirgaat van Mtscheta outokefaal gemaak en Tbilisi het die hoofstad geword. In 482 het hy teen Persië in opstand gekom, maar kon nie steun van Bisantium kry nie. Hy is verslaan en het in 502 in ’n geveg gesneuwel. ### Val van die koninkryk Die konstante mededinging tussen Bisantium en Persië het eindelik ook Iberië nadelig beïnvloed. Die koning het min mag gehad en die land is effektief deur Persië regeer. In 580 is die koninkryk afgeskaf en Iberië het ’n Persiese provinsie geword. In 591 het Bisantium en Persië Iberië tussen hulle verdeel ná ’n vredesooreenkoms. Aan die begin van die 7de eeu het die ooreenkoms tot ’n einde gekom en die Iberiese prins Stephanoz I (c. 590-627) het besluit om in 607 met Persië saam te werk om al die voormalige gebiede van Iberië te herenig. Hy het dit reggekry, maar in 627 en 628 het die Bisantynse Ryk beheer oor die Kaukasus gekry tot met die inval van die Arabiere. ### Arabiese tydperk Die Arabiere het Iberië omstreeks 645 bereik en prins Stephanoz II (637-c. 650) gedwing om die Bisantynse Ryk die rug te keer en die kalifaat as sy oppergesag te aanvaar. Omstreeks 653 is ’n Arabiese emir aangestel en Iberië het ’n deelstaat van die Arabiere geword. Aan die begin van die 9de eeu het Asjot I (813-830) van die nuwe Bagrationi-dinastie die verswakking van die Arabiese bewind uitgebuit en homself as prins van Iberië laat kroon. In 888 is ’n opvolger, Adarnase II van Tao-Klarjeti, gekroon as koning van Iberië. Sy afstammeling Bagrat III (975-1014) het die voormalige koninkryke weer bymekaargebring en ’n verenigde Georgiese staat gestig. Sien ook -------- * Georgië * Kolchis
{ "title": "Koninkryk Iberië", "mostly_tablelist": false, "tablelist_ratio": [ 650, 4536, 0.14329805996472664 ], "infobox": [], "td_tables": [], "text_length": 5139 }
Koepel op 'n tamboer van die Pennsylvania staatshoofgebou, Harrisburg 'n **Tamboer** of **koepeltrommel** is die regop deel van 'n gebou waarop 'n koepel rus. Dit is gewoonlik in die vorm van 'n silinder of 'n veelhoekige prisma. In die vroeëre Bisantynse kerk argitektuur het die koepel direk op die pendentiewwe gerus en die vensters is in die koepel self deurboor; in latere voorbeelde, tussen die pendentief en die koepel, is 'n tussenliggende sirkelvormige muur gebou waarin die vensters deurboor is. Dit is die soort wat universeel gebruik is deur die argitekte van die Renaissance, van wie se werke die bekendste voorbeeld is Sint Pieterskerk in die Vatikaanstad. Ander voorbeelde van kerke van hierdie tipe is St. Paulus se katedraal in Londen en die kerke van Les Invalides, die Val-de-Grâce, en die Sorbonne in Parys. Daar is ook sekulêre geboue met tamboere: die V.S. staatshoofgebou-koepel in Washington, D.C. is op 'n trommel gestel, so ook talle Amerikaanse staatshoofgeboue. Die Panteon in Parys is nog 'n sekulêre gebou met 'n koepel op 'n trommel. St. Paulus se katedraal en die Panteon were die twee inspirasies vir die V.S. staatshoofgebou. Daarteenoor was die koepel van die Reichstag-gebou in Berlyn voor sy na-oorlogse restourasie 'n vierhoek, so sy tamboer was vierkantig en nie rond nie. Galery ------ * Die Reichstag in Berlyn ca. 1894, met 'n vierkantige tamboerDie Reichstag in Berlyn ca. 1894, met 'n vierkantige tamboer * Tamboer op die Kingston Stadsaal in KanadaTamboer op die Kingston Stadsaal in Kanada * Tamboer pop die Harichavank Klooster in ArmeniëTamboer pop die Harichavank Klooster in Armenië
{ "title": "Tamboer (boukunde)", "mostly_tablelist": false, "tablelist_ratio": [ 130, 1241, 0.10475423045930701 ], "infobox": [], "td_tables": [], "text_length": 1638 }
Die **Galliese** taal is een van vier oorgelewerde Keltiese tale van die Europese vasteland. Danksy 'n groter aantal oorspronklike bronne, wat bewaar gebly het, en Asterix, die gewilde Franse reeks van strokiesverhale, is dit ook die bekendste. Met die geleidelike Romanisering van Gallië het die Galliese taal uiteindelik uitgesterf. Die heilige Gregorius van Tours berig in die 6de eeu dat 'n aantal mense in sy gebied die Galliese taal nog magtig was. Bronne en taalgebied -------------------- 'n Detail van die kalender van Coligny Gallies was die taal van 'n aantal Keltiese volke en stamme in Gallië (die huidige Frankryk), Noord-Italië, Switserland en moontlik ook Suidwes-Duitsland, wat deur die Romeine *Galli* genoem is. Die oudste Galliese bronne dateer uit die 4de eeu v.C. Aangesien die Kelte nie hul eie skrif ontwikkel het nie, is oorspronklike bronne nogal skaars. 'n Aantal tekste is egter in die Griekse en Latynse alfabette geskryf. Die oorspronklike bronne bestaan onder meer uit inskrifte, wat soms tweetalig Gallies-Latyns in steentafels gebeitel of op stukkies van aardewerk geskryf is, 'n aantal sogenaamde vloekleie, wat van lood gemaak is en die beroemde kalender van Coligny. Alhoewel hierdie tekste taalkundiges in staat stel om die Galliese taal enigsins te rekonstrueer, sal die bronne weens die gebrek aan verbuigde werkwoorde, byvoeglike naamwoorde en ander belangrike woorde en woordsoorte moontlik vir altyd net 'n fragmentariese indruk van Gallies kan gee. Taalkundige kenmerke -------------------- Die belangrikheid van Gallies vir die historiese taalwetenskap resulteer veral uit die woorduitgange, wat Keltiese tale soos Gallies byna onveranderd uit die Indo-Europese oertaal oorgeërf het. Daar is ook 'n aantal strukturele ooreenkomste met ander antieke tale soos Latyn. Gallies behoort tot die sogenaamde P-groep van die Keltiese tale en is nou verwant met die Britanniese groep van Kelties, wat op die eilande van Noordwes-Europa gepraat word. Voorbeeld van 'n Galliese teks ------------------------------ | Gallies | | Afrikaans | | --- | --- | --- | | Segomaros Villoneos toutius namausatis eioru Belesamin sosin nemeton. | | Segomaros, die seun van Villonos (*of* Villu), burger (*of* stamhoof) van Nemausus (Nîmes), het hierdie heiligdom vir die godin Belesama geskenk. | Vergelyking met ander Keltiese tale ----------------------------------- Galliese teks, geskrewe in die Griekse alfabet. Gevind by Nîmes, vandag in die Calcet-museum by Avignon | Gallies | Bretons | Iers | Wallies | Afrikaans | | --- | --- | --- | --- | --- | | biccos | bihan | beacc | bychan | klein | | bitu | bed | bith | byd | wêreld | | maros | meur | mor | mawr | groot | | marvos | marv | marbh | marw | dood | | nimbos | nenv | neamh | nef | hemel | | tav | tud | tuath | tud | nasie | Bronne ------ * J. Degavre, *Lexique gaulois* (recueil de mots attestés, transmis ou restitués et de leurs interprétations. Mémoires de la Société belge d' études celtiques, n° 9), Brussel, 1998. * X. Delamarre, *Dictionnaire de la langue gauloise: Une approche linguistique du vieux-celtique continental*, Parys, 2003. * P-Y. Lambert, *La langue gauloise. Description linguistique, commentaire d'inscriptions choisies*, Parys, 2002². * M. Lejeune (ed.), *Recueil des inscriptions galloises, vol. I: Textes gallo-grecs*, Parys, 1985.
{ "title": "Gallies", "mostly_tablelist": false, "tablelist_ratio": [ 1552, 3359, 0.4620422744864543 ], "infobox": [ "<table about=\"#mwt1\" cellpadding=\"2\" class=\"infobox\" data-mw=\"{&quot;parts&quot;:[{&quot;template&quot;:{&quot;target&quot;:{&quot;wt&quot;:&quot;Inligtingskas Taal\\n&quot;,&quot;href&quot;:&quot;./Sjabloon:Inligtingskas_Taal&quot;},&quot;params&quot;:{&quot;naam&quot;:{&quot;wt&quot;:&quot;Gallies&quot;},&quot;inheemsenaam&quot;:{&quot;wt&quot;:&quot;&quot;},&quot;uitspraak&quot;:{&quot;wt&quot;:&quot;&quot;},&quot;familiekleur&quot;:{&quot;wt&quot;:&quot;Indo-Europees&quot;},&quot;state&quot;:{&quot;wt&quot;:&quot;{{vlagland|Frankryk}}&quot;},&quot;streek&quot;:{&quot;wt&quot;:&quot;[[Gallië]]&quot;},&quot;sprekers&quot;:{&quot;wt&quot;:&quot;''uitgesterf''&quot;},&quot;rang&quot;:{&quot;wt&quot;:&quot;&quot;},&quot;skrif&quot;:{&quot;wt&quot;:&quot;[[Oud-Italiese alfabet]]&lt;br /&gt;[[Latynse alfabet]]&lt;br /&gt;[[Griekse alfabet]]&quot;},&quot;fam1&quot;:{&quot;wt&quot;:&quot;[[Indo-Europese tale|Indo-Europees]]&quot;},&quot;fam2&quot;:{&quot;wt&quot;:&quot;[[Kelties]]&quot;},&quot;fam3&quot;:{&quot;wt&quot;:&quot;[[Vasteland-Keltiese tale|Vasteland-Kelties]]&quot;},&quot;fam4&quot;:{&quot;wt&quot;:&quot;&quot;},&quot;nasie&quot;:{&quot;wt&quot;:&quot;&quot;},&quot;agentskap&quot;:{&quot;wt&quot;:&quot;&quot;},&quot;iso1&quot;:{&quot;wt&quot;:&quot;&quot;},&quot;iso2&quot;:{&quot;wt&quot;:&quot;&quot;},&quot;iso3&quot;:{&quot;wt&quot;:&quot;&quot;},&quot;kaart&quot;:{&quot;wt&quot;:&quot;[[Lêer:Iron Age Italy-af.svg|250px|Geskatte verspreiding van tale in Italië in die Ystertydperk.]]&quot;}},&quot;i&quot;:0}}]}\" id=\"mwAg\" style=\"width:22em; margin-top:0.75em; background:#f4f4f4; text-align:left; font-size:90%;\" typeof=\"mw:Transclusion\">\n<tbody><tr><th about=\"#mwt4\" colspan=\"3\" data-mw='{\"attribs\":[[{\"txt\":\"style\"},{\"html\":\"text-align: center; font-size:120%; color: black; background-color: &lt;span typeof=\\\"mw:Nowiki\\\" data-parsoid=\\\"{}\\\"&gt;#ACE1AF&lt;/span&gt;;\"}]]}' style=\"text-align: center; font-size:120%; color: black; background-color: #ACE1AF;\" typeof=\"mw:ExpandedAttrs\">Gallies</th></tr>\n<tr>\n<td style=\"padding-left: 0.5em;\">Gepraat<span typeof=\"mw:Entity\"> </span>in:</td>\n<td colspan=\"2\" style=\"padding-left: 0.5em;\"><span class=\"mw-image-border\" data-mw='{\"caption\":\"Vlag van Frankryk\"}' typeof=\"mw:File\"><a class=\"mw-file-description\" href=\"./Lêer:Flag_of_France.svg\" title=\"Vlag van Frankryk\"><img alt=\"Vlag van Frankryk\" data-file-height=\"600\" data-file-type=\"drawing\" data-file-width=\"900\" decoding=\"async\" height=\"15\" resource=\"./Lêer:Flag_of_France.svg\" src=\"//upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/c/c3/Flag_of_France.svg/22px-Flag_of_France.svg.png\" srcset=\"//upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/c/c3/Flag_of_France.svg/33px-Flag_of_France.svg.png 1.5x, //upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/c/c3/Flag_of_France.svg/44px-Flag_of_France.svg.png 2x\" width=\"22\"/></a></span><span typeof=\"mw:Entity\"> </span><a href=\"./Frankryk\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Frankryk\">Frankryk</a><span typeof=\"mw:Entity\"> </span></td></tr>\n<tr>\n<td style=\"top; padding-left: 0.5em;\">Gebied:</td>\n<td colspan=\"2\" style=\"padding-left: 0.5em;\"><a href=\"./Gallië\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Gallië\">Gallië</a></td></tr>\n<tr>\n<td style=\"padding-left: 0.5em;\">Totale<span typeof=\"mw:Entity\"> </span>sprekers:</td>\n<td colspan=\"2\" style=\"padding-left: 0.5em;\"><i>uitgesterf</i></td></tr>\n<tr>\n<td style=\"padding-left: 0.5em;\"><a href=\"./Taalfamilie\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Taalfamilie\">Taalfamilie</a>:</td>\n<td colspan=\"2\" style=\"padding-left: 0.5em; text-align: left;\"><a href=\"./Indo-Europese_tale\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Indo-Europese tale\">Indo-Europees</a><br/><span style=\"font-size:66%;\"><span typeof=\"mw:Entity\"> </span></span><a href=\"./Kelties\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Kelties\">Kelties</a><br/><span style=\"font-size:66%;\"><span typeof=\"mw:Entity\"> </span><span typeof=\"mw:Entity\"> </span></span><a href=\"./Vasteland-Keltiese_tale\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Vasteland-Keltiese tale\">Vasteland-Kelties</a><br/><span style=\"font-size:66%;\"><span typeof=\"mw:Entity\"> </span><span typeof=\"mw:Entity\"> </span><span typeof=\"mw:Entity\"> </span></span><b>Gallies</b><span typeof=\"mw:Entity\"> </span></td></tr>\n<tr>\n<td style=\"padding-left: 0.5em;\">Skrifstelsel:</td>\n<td colspan=\"2\" style=\"padding-left: 0.5em;\"><a class=\"mw-redirect\" href=\"./Oud-Italiese_alfabet\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Oud-Italiese alfabet\">Oud-Italiese alfabet</a><br/><a href=\"./Latynse_alfabet\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Latynse alfabet\">Latynse alfabet</a><br/><a href=\"./Griekse_alfabet\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Griekse alfabet\">Griekse alfabet</a></td></tr>\n<tr>\n<th about=\"#mwt5\" colspan=\"3\" data-mw='{\"attribs\":[[{\"txt\":\"style\"},{\"html\":\"text-align: center; color: black; background-color: &lt;span typeof=\\\"mw:Nowiki\\\" data-parsoid=\\\"{}\\\"&gt;#ACE1AF&lt;/span&gt;;\"}]]}' style=\"text-align: center; color: black; background-color: #ACE1AF;\" typeof=\"mw:ExpandedAttrs\">Taalkodes</th></tr>\n<tr>\n<td style=\"padding-left: 0.5em;\"><a class=\"mw-redirect\" href=\"./ISO_639-1\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"ISO 639-1\">ISO 639-1</a>:</td>\n<td colspan=\"2\" style=\"padding-left: 0.5em;\"><i>geen</i></td></tr>\n<tr>\n<td style=\"padding-left: 0.5em;\"><a class=\"mw-redirect\" href=\"./ISO_639-2\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"ISO 639-2\">ISO 639-2</a>:</td>\n<td colspan=\"2\" style=\"padding-left: 0.5em;\"><tt></tt></td></tr>\n<tr>\n<td style=\"padding-left: 0.5em;\"><a class=\"mw-redirect\" href=\"./ISO_639-3\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"ISO 639-3\">ISO 639-3</a>:</td>\n<td colspan=\"2\" style=\"padding-left: 0.5em;\">—<span typeof=\"mw:Entity\"> </span></td></tr>\n<tr>\n<td colspan=\"3\" style=\"padding: 0; vertical-align: middle;\"><span data-mw='{\"caption\":\"Geskatte verspreiding van tale in Italië in die Ystertydperk.\"}' typeof=\"mw:File\"><a class=\"mw-file-description\" href=\"./Lêer:Iron_Age_Italy-af.svg\" title=\"Geskatte verspreiding van tale in Italië in die Ystertydperk.\"><img alt=\"Geskatte verspreiding van tale in Italië in die Ystertydperk.\" data-file-height=\"525\" data-file-type=\"drawing\" data-file-width=\"432\" decoding=\"async\" height=\"304\" resource=\"./Lêer:Iron_Age_Italy-af.svg\" src=\"//upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/2/2f/Iron_Age_Italy-af.svg/250px-Iron_Age_Italy-af.svg.png\" srcset=\"//upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/2/2f/Iron_Age_Italy-af.svg/375px-Iron_Age_Italy-af.svg.png 1.5x, //upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/2/2f/Iron_Age_Italy-af.svg/500px-Iron_Age_Italy-af.svg.png 2x\" width=\"250\"/></a></span></td></tr>\n<tr>\n<td class=\"boilerplate metadata\" colspan=\"3\" style=\"line-height:10pt; padding:0.5em;\"><small><b>Nota</b>: Hierdie bladsy kan IFA fonetiese simbole in Unicode bevat. </small></td></tr>\n</tbody></table>" ], "td_tables": [], "text_length": 3370 }
Embleem van die Koninklike Nederlandse Vloot Die **Koninklike Nederlandse Vloot** (Nederlands: *Koninklijke Marine*) is die vlootmag van die Koninkryk van die Nederlande. Sy oorsprong dateer uit die Tagtigjarige Oorlog (1568–1648), die onafhanklikheidsoorlog van die Huis van Habsburg wat oor die Habsburgse Nederland geheers het. Gedurende die 17de eeu was die vloot van die Republiek van die Sewe Verenigde Nederlande (1581–1795) een van die magtigste vlootmagte ter wêreld en het dit 'n aktiewe rol gespeel in die Anglo-Nederlandse oorloë, die Frans-Nederlandse Oorlog en oorloë teen Spanje en verskeie ander Europese moondhede. Die Bataafse vloot van die latere Bataafse Republiek (1795-1806) en die Koninkryk van Holland (1806-1810) het 'n aktiewe rol gespeel in die Napoleontiese Oorloë, hoewel dit meestal deur Franse belange gedomineer was. Na die vestiging van die moderne Koninkryk van Nederland, speel dit 'n belangrike rol in die beskerming van die Nederlandse koloniale bewind, veral in Suidoos-Asië, en speel dit 'n kleiner rol in die Tweede Wêreldoorlog, veral teen die Japannese Keiserlike Vloot. Sedert die Tweede Wêreldoorlog het die Koninklike Nederlandse Vloot deelgeneem aan ekspedisie-vredesoperasies. Viseadmiraal René Tas is die huidige bevelvoerder van die Koninklike Nederlandse Vloot. Basisse ------- Die belangrikste vlootbasis is in Den Helder, Noord-Holland. Sekondêre vlootbase is in Amsterdam, Vlissingen, Texel en Willemstad (Curaçao). Die Nederlands Marienekorps se kaserne is in Rotterdam, Doorn, Suffisant op Curaçao en Savaneta op Aruba. Skeepsvoorvoegsels ------------------ 'n Internasionale voorvoegsel vir skepe van die Koninklike Nederlandse Vloot is **HNLMS** (*His/Her Netherlands Majesty's Ship*). Die Nederlandse Vloot gebruik self die voorvoegsels Zr.Ms. (*Zijner Majesteits*, *His Majesty's* ) wanneer 'n koning op die troon is, en Hr.Ms. (*Harer Majesteits*, *Her Majesty's*) as daar 'n koningin regeer. Dit gebeur outomaties op die oomblik wat die vorige monarg ophou regeer. HNLMS Java, ongeveer 1941 NAVO-vlootoefeninge in 2007 met HNLMS Evertsen tweede van regs. Teater ballistiese missielverdediging ------------------------------------- Saam met die Verenigde State en verskeie ander NAVO-lede, toets en dateer die Nederlandse Vloot sy skepe op vir taktiese ballistiese missielverdedigingsvermoë. Alhoewel toetse wat uitgevoer is rakende die vermoë van die APAR (*Active Phased Array Radar*) baie suksesvol was, het die Nederlandse regering in 2018 planne goedgekeur om die SM-3-missiele aan te skaf vir integrasie in die bestaande wapensuite van die LCF-fregatte. Die vier LCF-skepe sal elk met agt SM-3-missiele toegerus wees, verkry deur buitelandse militêre aankope.
{ "title": "Koninklike Nederlandse Vloot", "mostly_tablelist": false, "tablelist_ratio": [ 503, 2786, 0.18054558506819812 ], "infobox": [], "td_tables": [], "text_length": 2743 }
Oorspronklike illustrasie deur Alphons de Neuvill en/of Léon Benett van die Franse uitgawe van Jules Verne se roman "Om die wêreld in 80 dae". **Fiksie** is die vorm van ’n werk wat, gedeeltelik of algeheel, handel oor inligting of gebeure wat nie werklik is nie, en eerder denkbeeldig en teoreties is – dus, wat deur die skrywer versin is. Hoewel fiksie ’n vername vertakking van literêre werke omskryf, kan dit ook na teatrale, kinematiese of musikale werke verwys. Fiksie staan teenoor nie-fiksie, wat te doen het met eksklusiewe feitlike (of ten minste veronderstelde feitlike) gebeure, beskrywings, waarnemings ens. (bv. biografieë, geskiedenisse). Kenmerke -------- ### Realistiese fiksie Realistiese fiksie, hoewel dit nie waar is nie, kan moontlik gebeur. Sekere gebeure, die mense en plekke kan selfs bestaan. Dit is moontlik dat versinde gebeure in die toekoms werklik kan afspeel. Jules Verne se roman *Van die Aarde na die Maan* is byvoorbeeld as moontlik bewys met Neil Armstrong se maanlanding. Nog ’n sub-genre wat hierby gevoeg kan word, is misdaadfiksie soos: Sherlock Holmes deur Arthur Conan Doyle, Hercule Poirot deur Agatha Christie, Gremlin Greaves deur Svaj Darwin en so voorts. Al hierdie werke beeld ’n fiktiewe maar aanneemlike storie uit. ### Nie-realistiese fiksie 'n Illustrasie uit Lewis Carroll se *Alice se avonture in Wonderland*, wat die fiktiewe protagonis, Alice uitbeeld besig om fantasie-kroukie te speel. Nie-realistiese fiksie is fiksie waarvan die gebeure in die storie nie in die werklikheid kan voorkom nie, soos ’n alternatiewe geskiedenis van die mensdom wat nie opgeteken is nie of onmoontlike tegnologie wat benodig word. ’n Groot aantal sulke tipe fiksieboeke is in omloop, insluitend werke deur Lewis Carroll (*Alice se avonture in Wonderland*), J.K. Rowling (*Harry Potter* ), en J. R. R. Tolkien (*The Lord of the Rings*). Selfs fantasie-literatuur is egter tweedimensioneel: dit lê iewers tussen die realisme en wonderlike of mitiese pole. Geografiese detail, karakterbeskrywings ens. skets ’n realistiese retoriek, dit "invites the reader to ignore the text's artifice, to suspend one's disbelief, exercise poetic faith and thereby indulge in the narrative's imaginative world". Die tweedimensionaliteit kom in die storie te voorskyn as verrassend of skrikwekkend. Volgens G. W. Young en G. Wolfe word fiktiewe realiteite buite die teks opgeroep, en word die leser se vorige opvattings ontbloot as onvolledig. Dus "by fiction is one able to gain even fuller constructs of what constitutes reality". Aan die ander kant belig die oneindige fiktiewe moontlikhede die onmoontlikheid daarvan om die werklikheid volledig te ken. Daar is geen kriteria waarmee die samestellings van die werklikheid gemeet kan word nie – as laaste toevlug is dit "entirely fictional". ### Semi-fiksie **Semi-fiksie** is fiksie wat aan ’n groot aantal nie-fiksie uitvoering gee, byvoorbeeld: ’n fiktiewe weergawe "gebaseer op ’n ware verhaal", of ’n fiktiewe rekenskap of opnuut saamgestelde biografie. Daar sal gereeld, selfs al beweer die skrywer dat dit waar is, betekenisvolle byvoegings en weglatings tot ’n storie gemaak word vir ’n meer paslike storievertelling. Helfte fiksie en helfte nie-fiksie. Aanhalings ---------- Daar is selfs onder skryfinstrukteurs en welbekende skrywers min ooreenstemming oor die aantal en samestelling van die fundamentele elemente van fiksie, byvoorbeeld: * "Fiction has three main elements: plotting, character, and place or setting." (Morrell 2006, p. 151) * "A charged image evokes all the other elements of your story—theme, character, conflict, setting, style, and so on." (Writer's Digest Handbook of Novel Writing 1992, p. 160) * "For writers, the spices you add to make your plot your own include characters, setting, and dialogue." (Bell 2004, p. 16) * "Contained within the framework of a story are the major story elements: characters, action, and conflict." (Evanovich 2006, p. 83) * ".. . I think point of view is one of the most fundamental elements of the fiction-writing craft. .. ." (Selgin 2007, p. 41) Soos gestel deur Janet Evanovich, "Effective writing requires an understanding of the fundamental elements of storytelling, such as point of view, dialogue, and setting. "(Evanovich 2006, p. 39) Die debat oor die aantal en samestelling van die grondliggende elemente van fiksie duur voort. Elemente -------- ### Plot **Plot** is wat die karakter(s) doen, kwytraak en dink. Dit is die werklike aksie wat tot ’n eenheid gebring word deur die omhullende aksie, die universele aksie, die grondvormende aksie. Soos Aristoteles gesê het, wat ’n storie eenheid gee, is nie soos wat die massas glo dit oor een persoon gaan nie, maar dat dit oor een aksie gaan. Plot, of die storielyn, word dikwels genoem as een van die fundamentele elemente van fiksie. Dit is die vertolking en organisering van die gebeure en aksies van ’n storie. Op ’n mikroskopiese vlak bestaan plot uit aksie en reaksie, ook na verwys as stimulus en antwoord. Op ’n makro-vlak het plot ’n begin middel en einde. Plot word dikwels uitgebeeld as ’n boog met ’n sigsaglyn wat die styg en val van die aksie verteenwoordig. Plot het ook ’n middelvlakstruktuur: toneel en opsomming. ’n Toneel is ’n eenheid van drama – waarin die aksie voorkom. Dan, na een of ander oorgang, volg die opsomming – ’n emosionele reaksie en hergroepering, ’n nadraai. Vir ’n aangename tong-in-die-kies aanmerking oor plot, gaan loer na Katherine Anne Porter se "No Plot, My Dear, No Story" in *The Occasional Writings and Collected Essays of Katherine Anne Porter*, Seymour Lawrence, 1970. #### Eksposisie Eksposisie is die gedeelte van ’n narratief wat die belangrike agtergrondinligting aan die leser bekend stel (soos gebeure voor die hoofplot of ’n karakter se agtergrondstorie) maar nie deel is van die plot se aksie self nie. Indien die eksposisie te didakties is, kan dit die plot se momentum dood. Daarom word ’n aantal literêre tegnieke gebruik om die leser se aandag te fnuik of om dit te versteek. Die tegnieke sluit in terugverwysings, toevallige dialoog (deur ’n karakter na sy suster te laat verwys as "Sus"), eerstepersoonsdenke oor die verlede ("Jare gelede, tydens diensplig in Suidwes...") of projeksies die toekoms in ("dit was eers jare later dat ek uitgevind het … ") en derdepersoon, alsiende narratief opgedeel in kort gedeeltes regdeur die storie. #### Voorafskaduwing Voorafskaduwing is ’n tegniek wat deur outeurs gebruik word om leidrade te verskaf sodat die leser kan voorspel wat moontlik *later* in die verhaal kan gebeur. ’n Outeur los subtiele leidrade oor die plotontwikkeling wat later in die verhaal gaan voorkom. Dit berei die leser voor vir latere aksie en daaropvolgende beelde sodat die leser of toeskouer nie geskok is nie en skynwaarheid word selfs in wetenskapfiksie, fantasie, magiese ryke en ander genres gehandhaaf, wat andersins liggelowigheid sal toets. Indien so ’n tegniek deur die leser of toeskouer herken word kan dit oneffektief wees en kunsmatig voorkom. #### Stygende aksie Die stygende aksie volg, in die narratief van fiksiewerke, die eksposisie (verwikkeling) en lei opwaarts tot die klimaks (draaipunt). Die doel van die stygende aksie is gewoonlik om spanning te bou tot met die klimaktiese einde. Dit moet nie verwar word met die middel van die storie nie, en is die aksie net voor die draaipunt. Die materiaal na die draaipunt staan bekend as die dalende aksie. #### Klimaks In fiksie vergelyk die klimaks (draaipunt) dikwels met die van die klassieke komedie, wat na aan die einde van die teks of opvoering voorkom, na die stygende aksie en voor die dalende aksie. Dit is die oomblik van die grootste gevaar vir die protagonis(te) en bestaan normaalweg uit ’n oënskynlike onvermydelike fiasko – dit verras jou tot die punt waar jy opgewonde raak om te sien hoe dit tot ’n einde kom. ’n Draaipunt sluit dikwels drie elemente in. Die belangrikste is dat die protagonis verandering ervaar. Die hoofkarakter ontdek iets oor hom- of haarself en ’n ander onbekende karakter. Die laaste element is die openbaarmaking van die tema self. #### Dalende aksie Die dalende aksie is die gedeelte in ’n storie, gewoonlik gevind in tragedies en kortverhale, wat op die klimaks volg en die gevolge daarvan weergee. Dit lei tot die dénouement (of ontknoping), waar die storie se stof gaan lê en dit moontlik ontknoop word. #### Dénouement Dénouement (ontknoping) gebeur na die klimaks, waar die konflik beslis word. Dit kan ’n oomblik van finale afwagting bevat waartydens die uiteindelike uitslag van die konflik betwyfel word. ### Konflik Konflik is algemeen gesproke ’n nodige element van fiktiewe literatuur. Soos Brooks en Warren dit gestel het: *Understanding Fiction* en soos baie ander opgemerk het, geen konflik, geen storie. Dit is dikwels moeilik vir lesers om die konflik te identifiseer in gesofistikeerde fiksie, maar sy lokus is altyd op die protagonis gefokus. Vir die storie om die leser of toeskouer te betrek, kan die konflik gewoonlik gesien word as onmiddellik, dringend, en onoplosbaar. Verder is die konflik, as dit tussen goed en sleg gesien word, afhanklik van of die toeskouer die goeie of slegte verkies en is dus ’n geringe storie op sy beste. Die word beskryf as die probleem in enige werk van letterkunde en word dikwels volgens die aard van die protagonis of antagonis soos volg ingedeel: #### Tipes konflik Namaaksel van die eerste uitgawe van Bram Stoker se roman Dracula. Daar is vyf wyd aangehaalde tipes konflik. Heelwat ander soos **Persoon teenoor God** word gewoonlik in een van die ingedeel. In verskeie antieke kulture sal **Persoon teenoor Noodlot** dikwels die konflik in die storie vergestalt. In ons moderne era het **Persoon teenoor Masjien**, ook bekend as **Persoon teenoor Tegnologie** nog ’n tipe geword. **Persoon teenoor Self** is die tema in letterkunde wat ’n karakter teenoor sy eie wil, twyfel of vrese plaas. Persoon teenoor self kan ook voorkom waar ’n karakter probeer vasstel wie hy is, tot ’n besef kom of verandering ondergaan. Hoewel die stryd intern woed, kan die karakter deur eksterne magte beïnvloed word. Die stryd van die mens om tot ’n besluit oor te gaan is die basis van Persoon teenoor Self. Voorbeelde sluit die titelkarakter van *Beowulf* in. Meer onlangs is die Oscar-bekroonde film *A Beautiful Mind* gepostuleer as ’n Persoon teenoor Self konflik. Faulkner het in sy toespraak tydens die bekroning genoem dat groot stories die is van die hart in konflik met homself. Hiermee in die agterkop kan die ander konfliktipes hieronder genoem in die agtergrond saamsmelt as deel van die stel eerder as die konflik-in-homself van enige gegewe storie. ’n Eenvoudige, klaar voorbeeld kan Jack London se "To Build a Fire" wees waarin ons kan waarneem dat die konflik nie Man teenoor Natuur is nie maar Man teenoor Sy eie natuur. **Persoon teenoor Persoon** is ’n literêre tema waarin die hoofkarakter se [[Konflik (narratief)}konflik]] met ’n ander persoon die fokus van die storie is. ’n Voorbeeld is die held se konflik met die sentrale skurk van ’n verhaal, wat ’n groot rol in die plot speel en bydra tot die ontwikkeling van beide karakters. Daar is gewoonlik verskeie konfrontasies voor die klimaks bereik word. Die konflik is ekstern. ’n Voorbeeld is die konflik tussen Judah en Messala in *Ben-Hur*, so ook die konflik tussen ’n boelie en sy prooi. **Persoon teenoor Samelewing** is ’n fiksie-tema waarin die hoofkarakters, of ’n groep van hoofkarakters se vernaamste oorsaak van konflik sosiale kondisionering of konsepte is. In die sin is die onderskeie partye: a) die protagonis(te); b) die samelewing waarbinne die protagonis(te) beweeg. Die samelewing word dikwels as ’n enkele karakter beskou, net soos ’n opponerende groep gesien word in ’n *Persoon teenoor Persoon* konflik. Dit kan ook ’n enkele protagonis wees teenoor ’n groep of samelewing van antagoniste, of die samelewing gelei deur ’n tipe antagonistiese mag. Voorbeelde hiervan in die literatuur sluit in die kortverhaal "The Ones that Walk away from Omelas" deur Ursula Le Guin of die roman *Wuthering Heights* deur Emily Brontë. **Persoon teenoor Natuur** is die literêre tema wat ’n karakter teenoor die natuurkragte plaas. Baie rampfilms fokus op hierdie tema, wat oorheers binne verskeie oorlewingstories. Dit tree ook sterk na vore in stories oor die stryd om oorlewing in afgesonderde gebiede, soos Gary Paulson se *Hatchet* of Jack London se kortverhaal "To Build a Fire". **Persoon teenoor Bonatuurlik** is ’n literêre tema wat die karakter plaas teenoor bonatuurlike magte. Indien ’n entiteit in konflik met hom-, haarself verkeer word dit as **intern** geklassifiseer, anders is dit **ekstern**. Sulke stories word meermale gesien in Freudiaanse kritiek as voorstelling van die Id teenoor Superego. Bram Stoker se *Dracula* is ’n goeie voorbeeld hiervan, so ook *Frankenstein* deur Mary Shelley en *Christabel* deur Samuel Coleridge. Dit is ook baie algemeen in strokiesprentboeke. ### Karakter *Die hoofartikel vir hierdie afdeling is: Karakter (kunste).* **Karakterisering** word dikwels gelys as een van die fundamentele elemente van fiksie. ’n **Karakter** is ’n deelnemer in die storie, en gewoonlik ’n persoon, maar kan enige persoonlike identiteit wees, of ’n entiteit wat se oorsprong ontstaan uit ’n fiktiewe werk of optrede. Karakters kan verskeie tipes wees: * **Vertelperspektief-karakter**: Die karakter vanuit wie se perspektief (tema) die gehoor die storie meemaak. Dit is die karakter wat die perspektief voorstel waarmee die gehoor empatiseer, of ten minste mee simpatiseer. Daarom is dit die hoofkarakter. * **Protagonis**: die aanvoerder van die aksie van die storie en daarom verantwoordelik vir die bereik van die storie se objektiewe storiedoelwit (die oppervlakreis). In Westerse storieverteltradisies is die protagonis gewoonlik die hoofkarakter. * **Antagonis**: ’n Persoon of groep (antagoniste) wat die hoofkarakter(s) teenstaan. Die antagonis bereik selde sy doel aan die einde van die boek/reeks. * **Statiese karakter**: ’n Karakter wat nie betekenisvol verander deur die loop van die storie nie. * **Dinamiese karakter**: ’n Karakter wat Karakterontwikkeling ondergaan deur die verloop van die storie. * **Teenhanger**: die Karakter wat die protagonis kontrasteer op ’n manier wat die se persoonlikheid en karakteristieke uitlig. * **Ondersteunende karakter**: ’n Karakter wat ’n deel in die plot het maar nie ’n grote nie. * **Mindere karakter**: ’n Karakter in ’n kameerol. ### Metodes van karakterontwikkeling * Voorkoms verduidelik en beskryf die karakter se uitwaartse voorkoms sodat leser hulle kan voorstel en relatief tot ander karakters kan identifiseer. * Dialoog is dit wat karakters sê en hoe hulle dit sê. * Aksie is wat karakters doen en hoe hulle dit doen. * Reaksie van ander is hoe ander karakters ’n hoofkarakter behandel en beskou. ### Simbolisme Simbolisme is die toegepaste gebruik van simbole: ikoniese voorstellings wat spesifieke konvensionele betekenisse dra. Die term "simboliek" is beperk tot gebruike in "representasie"; definiëring van die algemene rigtings van ’n lineêre spektrum – waarbinne alle simboliese konsepte in verhouding gesien kan word, en veranderinge in konteks die sistemiese verandering kan impliseer tot individuele en kollektiewe definisies van simbole. "Simboliek" kan verwys na die metode vir die kies van verteenwoordigende simbole in lyn met abstrakte eerder as letterlike eienskappe, wat eerder toelaat vir die breër interpretasie van ’n gedraagde betekenis as wat meer letterlike konsepverteenwoordigings voor toelaat. ’n Godsdiens kan beskryf word as ’n taal van konsepte verwant aan menslike spiritualiteit. Simboliek is daarom ’n belangrike deel van meeste gelowe. Die interpretasie van abstrakte simbole het ’n belangrike rol in godsdiens en psigoanalise gehad. Volgens Sigmund Freud en Carl Jung se beskouing is simbole nie gedagteskeppings nie, maar eerder afsonderlike vermoëns in die verstand vir die berg van ’n aparte brokkie inligting. Binne die verstand kan die simbool vrye assosiasie vind met enige aantal ander simbole, kan dit op verskeie maniere georden word en kan dit die gekoppelde betekenisse tussen simbole as simbole in hulself bevat. Jung en Freud het van mekaar afgewyk oor die saak rondom algemene kognitiewe simbolestelsels en of dit slegs binne die individuele verstand kan bestaan of tussen ander s'n ook; en of enige kognitiewe simboliek gedefinieer is deur ingebore simboliek of deur die invloed van die omgewing rondom hulle. ### Metafoor Metafoor (vanuit Grieks: "toepas", letterlik "dra oor") is taal wat oënskynlik onverwante onderwerpe direk met mekaar vergelyk. Dit is beeldspraak wat twee of meer dinge vergelyk sonder die gebruik van soos of so. In die eenvoudigste geval neem dit die vorm aan van: "Die *[eerste onderwerp]* is ’n *[tweede onderwerp]*." Meer algemeen beskou is ’n metafoor ’n retoriese troop wat ’n eerste onderwerp beskryf as *om* of *soos* ’n tweede voorwerp te wees op een of ander manier. Daarom kan die eerste onderwerp ekonomies beskryf word aangesien implisiete en eksplisiete eienskappe van die tweede voorwerp gebruik word om die beskrywing van die eerste onderwerp te belig. Dit is ’n bekende gebruik in letterkunde, veral in poësie, waar ’n paar woorde, emosies en assosiasies van een konteks geassosieer word met voorwerpe en entiteite in ’n ander konteks. ’n Eenvoudiger definisie is die vergelyking van twee onverwante dinge sonder die gebruik van woorde soos "soos" of "so". Die term is afgelei van die Griekse *μεταφορά* (*metaphora*), of "oordrag", vanaf *μεταφέρω* (*metaphero*) "om oor te dra, om te verplaas" en dit vanaf *μετά* (*meta*), "tussen" + *φέρω* (*phero*), "om te dra". Tipes plot ---------- ### Chronologiese volgorde Met chronologiese volgorde verloop alle gebeure in die teks in die volgorde waarin dit gebeur. Daar kan verwysings wees na die toekoms of verlede, maar die gebeure is geskryf volgens tydsverloop. Daar is nie terugverwysings of vooruitwysings nie. ### Terugverwysing In geskiedenis, rolprentwese, televisie en ander media is ’n terugverwysing (ook analepsis genoem) ’n ingevoegde scène wat die narratief terug neem in tyd vanaf die huidige plek in die storie. Terugverwysings word dikwels gebruik om gebeure weer te besoek wat voor die verhaal se primêre volgorde van gebeure afgespeel het, om belangrike gebeure te herbesoek of om belangrike voorafstories aan te vul. **Karakteroorsprong-terugverwysings** verwys spesifiek na terugverwysings rakende sleutelgebeure vroeër in die karakter se ontwikkeling (Clark Kent wat byvoorbeeld uitvind hy kan vlieg, of die Elric-broers se poging om hul ma terug te bring). Die TV-reeks Lost is veral bekend vir uitgebreide gebruik van terugverwysings in amper elke episode. In die teenoorgestelde rigting is ’n vooruitwysing (of prolepsis) wat weer ’n gebeurtenis in die toekoms blootlê. Die tegniek word gebruik om spanning en afwagting in ’n storie te skep, of ’n karakter te ontwikkel. In die letterkunde is ’n **interne analepsis** ’n terugverwysing na ’n vroeër gedeelte in die narratief en ’n **eksterne analepsis** ’n terugverwysing na voor die begin van die verhaal. ### Verhaalagtergrond Die verhaalagtergond, die plek en tyd van ’n storie word dikwels gelys as een van die fundamentele elemente van fiksie. Soms na verwys as die **milieu** , om konteks in te sluit (soos die samelewing) buite die onmiddellike omgewing van die storie. In sekere gevalle word die agtergrond self ’n karakter en kan die toon van die storie aangee (Rozelle 2005, p. 2). ### Tema Tema, ’n konsepsuele distillering van die storie, word ook gereeld genoem as ’n fundamentele element van fiksie. Dit is die sentrale idee of insig en dien as saamvoegende element wat samehang skep, en antwoord is op die vraag, 'Wat het jy uit die fiksiewerk geleer?' In sommige gevalle is ’n storie se tema ’n prominente element en gedeeltelik onmiskenbaar. (Morrell 2006, p. 263). ### Styl Styl is nie soseer *wat* geskryf is nie maar eerder *hoe* dit geskryf is en geïnterpreteer word. Styl in fiksie verwys na taalkonvensies wat gebruik word vir die saamstel van ’n storie of artikel. ’n Fiksieskrywer kan diksie (segswyse), sinstruktuur, bewoording, dialoog en ander aspekte van taal manipuleer om styl en stemming te skep. Die kommunikatiewe effek wat deur die outeur se styl geskep word, word soms na verwys as die storie se stem. Elke skrywer het sy eie unieke styl of stem.(Provost 1988, p. 8) Styl word ook soms gelys as ’n fundamentele element van fiksie. Kategorieë ---------- *Die hoofartikel vir hierdie afdeling is: Literêre genre.* Soorte prosa-fiksie: * Vonkfiksie: ’n Werk van minder as 2 000 woorde. (1 000 volgens sekere definisies) (ongeveer 5 blaaie) * Kortverhaal: ’n Werk van ten minste 2 000 woorde maar minder as 7 500 woorde. (5 tot 25 blaaie) * Novelette: ’n Werk van ten minste 7 000 maar minder as 17 500 woorde. (25 tot 60 blaaie) * Novelle: ’n Werk van tussen 17 500 en 50 000 woorde. (60 tot– 170 blaaie) * Roman: ’n Werk van 50 000 of meer woorde. (ongeveer 170+ blaaie) * Epiek: ’n Werk van meer as 200 000 woorde. (ongeveer 680+ blaaie) Vorme ----- Tradisioneel sluit fiksie romans, kortverhale, fabels, sprokies, toneelstukke en poësie in, maar deesdae word rolprente, strokiesprentboeke en videospeletjies ook ingereken. Professionele stoei is ’n voorafgeskrewe vertoning wat vegkompetisies namaak. Die Internet het ’n belangrike uitwerking op die verspreiding van fiksie en daag die uitvoerbaarheid van kopiereg uit, as ’n metode om tantieme aan kopiereghouers te betaal. Digitale biblioteke soos Project Gutenberg maak tekste in openbare besit meer geredelik beskikbaar. Die kombinasie van goedkoop tuisrekenaars, die internet en die kreatiwiteit van hul gebruikers lei ook na nuwe vorme van fiksie, soos interaktiewe rekenaarspeletjies of rekenaarontwikkelde strokiesreekse. Tallose forums vir bewonderaarsfiksie kan aanlyn gevind word, waar getroue volgelinge van spesifieke fiktiewe ryke afgeleide verhale skep en versprei. Die internet word ook benut vir die ontwikkeling van webjoernaal-fiksie, waar ’n storie deur ’n webjoernaal versprei word as vonkfiksie of webjoernaalreeks, en samewerkende fiksie met stories wat opeenvolgend deur verskillende outeurs geskryf word, of die teks kan deur enigeen geredigeer word deur middel van in wiki. Gebruike -------- Hoewel fiksie as ’n vorm van vermaak beskou kan word, het dit ander gebruike ook. Fiksie is al gebruik vir onderrigdoeleindes, soos fiktiewe voorbeelde in skoolhandboeke. Dit kan ook vir propaganda of reklamedoeleindes gebruik word. Hoewel dit nie noodwendig gemik is op kinders nie, bied fabels ’n duidelike morele doelstelling. Fiksie kan vir opvoedkundige en leerdoeleindes aangewend word soos korporatiewe opleidingsprogramme vir die lewering van waardevolle lesse in bestuur en optrede. ’n Hele vertakking van letterkunde wat vermaak en wetenskapspekulasie saamvoeg is wetenskapsfiksie. ’n Minder algemene vermenging is die filosofiese roman wat fiksie en filosofie saam bring en daardeur soms die grens van propaganda-fiksie oorsteek. Die soort fiksie bestaan uit gedagte-eksperimente wat die gevolge van sekere tegnologie of filosofieë verken. Sien ook -------- *Sien ook: Hooftrekke van fiksie* * Fiktiewe karakter * Fiksie-skryfwerk + Bewonderaarsfiksie * Skyngeskiedenis * Nie-fiksie Bronne ------ ### Voetnotas 1. ↑ teen ’n skatting van 300 woorde per bladsy. ### Verwysings 1. ↑ George W. Young: *Subversive Symmetry. Exploring the Fantastic in Mark 6:45-56*. Brill, Leiden 1999, p. 98, 106-109. ISBN 90-04-11428-9 2. ↑ Whiteman, G.; Phillips, N. (13 Desember 2006). "The Role of Narrative Fiction and Semi-Fiction in Organizational Studies". *ERIM Report Series Research in Management*. ISSN 1566-5283. Besoek op 23 Oktober 2009. 3. ↑ *Kaplan SAT Subject Test: Literature 2009–2010 Edition*. Kaplan Publishing. 2009. p. 60. ISBN 1-4195-5261-9. 4. ↑ Greenville College (2006). Plot A: The Pattern of the Action*[dooie skakel]* 5. ↑ Bokesch, Laura. "Literary elements" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 16 Januarie 2009. Besoek op 22 Augustus 2008. 6. ↑ Metaphora, Henry George Liddell, Robert Scott, *A Greek-English Lexicon*, at Perseus 7. ↑ Metaphero, Henry George Liddell, Robert Scott, *A Greek-English Lexicon*, at Perseus 8. ↑ Meta, Henry George Liddell, Robert Scott, *A Greek-English Lexicon*, at Perseus 9. ↑ Phero, Henry George Liddell, Robert Scott, *A Greek-English Lexicon*, at Perseus
{ "title": "Fiksie", "mostly_tablelist": false, "tablelist_ratio": [ 3460, 20857, 0.1658915472023781 ], "infobox": [], "td_tables": [], "text_length": 24837 }
**Galina Nikolaefna Djuragina** Галина Николаевна Дюрягина (15 Junie 1898 – 11 Februarie 1991) was 'n Russiese skryweres en kindersielkundige. Sy is bekend om haar dagboeke, wat gepubliseer is onder die skuilnaam *Alexandra* of *Alya Rakhmanova* (Duits en Afrikaans: Alja Rachmanowa), en wat haar jeug, studies en huwelik in die tyd van die Oktoberrewolusie en haar lewe as vlugteling in Wene beskryf. W.E.G. Louw (Gladstone) maak melding van haar in een van sy briewe aan N.P. van Wyk Louw wat vervat is in J.C. Kannemeyer se boek oor die briefwisseling tussen die twee broers in die jare 1936-1939 getitel *Ek ken jou goed genoeg … Die briefwisseling tussen N.P. van Wyk Louw en W.E.G Louw 1936-1939.* Galina was die oudste dogter van 'n geneeskundige in die Kasli naby Jekaterinburg. Aangesien haar familie deel was van die aristokrasie van Rusland voor die rewolusie, het hulle baie gely en ontberings ondervind in die jare na 1917. Uiteindelik is Galina en haar Oostenrykse man Arnulf von Hoyer gedwing om na Wes-Europa te vlug. Haar dagboeke wat die lewe in Rusland onder kommunisme beskryf is in verskeie tale vertaal. Sy sterf in die Switserse stad Ettenhausen waar sy 'n paar jaar gewoon het. Haar *Die Fabrik der neuen Menschen* (A. Pustet, Salzburg-Leipzig 1935) kom tot die gevolgtrekking dat die "nuwe mense se fabrieke" heeltemal onproduktief uitgedraai het. Lewe en werk ------------ ### Jeug in Rusland Galina Djuragina, wat later die skuilnaam Alja of Alexandra Rachmanowa aangeneem het, het grootgeword as die eerste van drie dogters van 'n middelklasgesin in Kasli naby Perm in die Oeral. Haar outobiografiese boek *"Geheimnisse um Tataren und Götzen"*, (Afrikaans: "Geheime oor tatare en afgode") wat in 1932 gepubliseer is, beskryf haar relatief sorgelose kinderjare in die weelde van 'n Christelike huis, waar sy in kontak is met die argaïese leefwyse van die Tatare en avontuurlike uitstappies en ervarings beskryf: "Sie werden sehr glücklich werden, Fräulein, aber Sie werden auch viel Unglück und Kummer haben" (Afrikaans: "U sal baie gelukkig wees, juffrou, maar u sal ook baie ongeluk en hartseer hê"). Galina Djuragina het dit oorweeg om al haar dagboeke, waaruit baie van haar werke sou voortkom, as "lewensnoodsaaklikheid" te hou. *"Studenten, Liebe, Tscheka und Tod"* (Afrikaans: "Studente, liefde, Tsjeka en die dood") is gepubliseer as die eerste bundel van die trilogie *"Meine russischen Tagebücher"* (Afrikaans: "My Russiese dagboeke") in 1931. Dit handel oor die gebeure in Rusland kort voor en na die Oktoberrewolusie vanuit die oogpunt van die Rachmanowa/Djuragin-familie. Wat begin as 'n beskrywing van 'n meisie se emosionele toestand, het vinnig tot 'n dramatiese scenario ontwikkel. Die Tsaar word omvergewerp, die Bolsjewiste is aan bewind, daar is skietery, onluste, arrestasies, plundering en siekte; vrees en angs kom gereeld voor as gevolg van die Rooi Terreur: *"Wir können uns schon gar nicht mehr vorstellen, dass man ausgekleidet schlafen, anders als flüsternd sprechen, auch nur eine Minute leben kann, ohne zu fürchten, man werde erschossen"* (Afrikaans: "Ons kan ons nie meer voorstel om uit te trek om te slaap nie, jy kan nie anders as om slegs te fluister nie, jy kan selfs nie 'n minuut leef sonder om bang te wees dat jy geskiet sal word nie"), deel die student in haar dagboek die leser mee. Haar tuisdorp word verower deur die Wit Leër, en ontspanning vind tydelik plaas, maar dan kom die Rooi Leër nader en die gesin vlug in 'n trein met beeswaens na Irkoetsk, waar Galina Djuragina begin sielkunde studeer. *"Ehen im roten Sturm"* ("Huwelike in die Rooi Storm") volg onmiddellik op die eerste bundel. Galina Djuragina raak verlief op 'n Oostenrykse krygsgevangene wat vanweë sy liefde vir haar in Sowjet-Rusland aangebly het. Vyf maande later trou hulle in Omsk, kort hierna moet die gesin verhuis, en woon hulle in 'n wa by 'n vragwerf. In 1922 word hul seun Jurka in haglike higiëniese toestande gebore. Die skrywer se eerste huweliksjare met haar man Arnulf von Hoyer, wat uit Czernowitz afkomstig was en in Salzburg grootgeword het, is oorskadu deur honger, koue en die vrees vir vervolging deur die Tsjeka, wat in 1922 die GPU geword het. Die huwelik het 'n  *"Insel des Glücks"* ("eiland van geluk") geword wat moes meeding met die ontberinge van die post-rewolusionêre ekonomie. Op pad terug van Omsk ontmoet hulle hele treine vol apatiese en uitgehongerde mense. Toe hulle in hul tuisdorp aankom, het haar voormalige diensmeisie reeds al die kamers in haar huis verhuur en kon sy die kamers nie, vanweë die Kommuniste se aanwysings, teruggee nie. Arnulf von Hoyer (wat in die boek *Otmar* genoem word) het werk gevind as dosent in Engels. Galina Djuragina het lesings aangebied oor kinderpsigologie en kinderliteratuur. In 1925 is die gesin van drie uit die Sowjetunie, sonder enige vertrekking van redes, verdryf. ### Ballingskap in Oostenryk Die gesin is in Wene geteister deur werkloosheid en nood. Galina Djuragina het 'n verhaal oor haar Russiese lewe aan 'n redakteur aangebied, maar dit is verwerp. Die gesin het besluit om 'n kruidenierswinkel te bedryf en het in 'n klein kamer agter 'n winkel in die Weense distrik Währing gewoon. Terwyl Arnulf von Hoyer vir eksamens na Rusland moes vertrek, wat nie in Oostenryk erken is nie, het Galina Djuragina vir anderhalf jaar die gesin versorg. Die akademikus, wat aanvanklik slegs gebroke Duits kon praat, het elke gratis minuut gebruik om die verhale wat aan haar vertel is neer te pen. Sy het aan heimwee gely, en haar ouers se briewe was neerdrukkend; boonop het die Sowjet-geheime diens haar nog af en toe dopgehou. Werke ----- * *Studenten, Liebe, Tscheka und Tod. Tagebuch einer russischen Studentin.* Übersetzt von Arnulf von Hoyer. Anton Pustet, Salzburg 1931; Neuaufl. Gustav Lübbe, Bergisch Gladbach 1979, ISBN 3-404-10134-0 * *Ehen im roten Sturm.* Verlag Anton Pustet, Salzburg, 1932, Neuauflage Gustav Lübbe Verlag, Bergisch Gladbach 1981, ISBN 3-404-10136-7 * *Milchfrau in Ottakring.* Anton Pustet, Salzburg 1933; Neuauflage mit einem Vorwort von Dietmar Grieser : Amalthea Signum Verlag, Wene 1997, ISBN 978-3-85002-923-0. * *Geheimnisse um Tataren und Götzen.* Verlag Anton Pustet, Salzburg 1933. * *Die Fabrik des neuen Menschen.* Salzburg 1935. * *Ssonja Tolstoj, Tragödie einer Liebe.* Berlyn 1938. * *Wera Fedorowna.* Graz 1939. * *Einer von vielen.* Zürich, 1947. * *Das Leben eines großen Sünders.* (Dostojefski). Zürich 1947. * *Sonja Kowalewski.* Zürich 1950. * *Jurka erlebt Wien.* Zürich 1951. * *Die Liebe eines Lebens* (Toergenef). Frauenfeld 1952. * *Die falsche Zarin.* Frauenfeld 1954. * *Im Schatten des Zarenhofes* (Poesjkin). Frauenfeld 1957. * *Ein kurzer Tag* (Tsjechof). Frauenfeld 1961. * *Tiere begleiten mein Leben.* Frauenfeld 1963. * *Die Verbannten.* Frauenfeld 1964. * *Tschaikowski.* 1972. * *Auch im Schnee und Nebel ist Salzburg schön. Tagebücher 1942 bis 1945.* Übersetzt und herausgegeben von Heinrich Riggenbach. Salzburg 2015, ISBN 978-3-7013-1230-6 Notas ----- | | | | --- | --- | | Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Duitse Wikipedia vertaal. | Klik vir info oor hierdie sjabloon. |
{ "title": "Galina Djuragina", "mostly_tablelist": false, "tablelist_ratio": [ 2376, 7114, 0.33398931684003375 ], "infobox": [], "td_tables": [], "text_length": 7249 }
Die **Galloromaanse tale** tak van die Romaanse tale sluit Frans en verskeie ander tale wat in Frankryk, Monaco, die suide van België, noordelike Italië en Spanje en westelike Switserland, die Kanaaleilande en voormalige Franse kolonies en Franse oorsese gebiede gepraat word. Die Galloromaanse tale, te same met Iberoromaans en Retoromaans groepe, vorm Westelike Romaans. Verspreiding van Galloromaanse tale volgens die breedste definisie van die term:    Langues d'oïl    Arpitaans/Frankoprovensaals    Oksitaans-Romaans    Gallo-Italies    Retoromaans Voor die aankoms van die Latynsprekende Romeine het die bewoners van die Galloromaanse taalgebied Germaanse tale, Keltiese tale of Baskies gepraat. Die Romeine het in die 2de eeu v.C. na wat nou die suide van Frankryk is, getrek waar hulle na 'n vierjaar lange veldtog, van 125 to 121 v.C. die provinsie Gallia Narbonensis gestig het wat van Toulouse tot by die Alpe gestrek het. Die res van Gallië, tot by die Ryn en die Lae Lande is in die Galliese oorlog van 58–51 v.C. deur Julius Caesar verower. Die mees noordelike deel van Gallia Belgica is deur Germaanssprekende Franke bewoon en later by die provinsie Laer-Germanië ingelyf. Ondanks die feit dat die Latynsprekende Romeinse koloniste in Gallië slegs 'n klein minderheid was, was die stamme van Gallia Comata reeds voor die Romeinse verowering aan sterk Griekse en Romeinse invloede blootgestel. Die proses van verstedeliking het hier ook die geleidelike romanisering bevorder. Net die Nerviërs, Eburones, Kondruse en die Bataviërs in die heel noordelikste gedeelte het hulle tradisionele Keltiese en Germaanse beskawings bewaar. Hier het stamme eerder as dorpe en stede die grondslag van die maatskaplike organisasie gevorm, en gevolglik het hier een Germaanse dialek as Oudnederfrankies (Oud-Nederlands) oorleef. Ook die Germaanse dialekte in die Romeinse provinsies Laer- en Bo-Germanië is nouliks deur Latyn beïnvloed (behalwe vir 'n aantal leenwoorde) en het later tot die Duitse dialekte van die Rynland, Elsasser Duits en Lotharings Frankies ontwikkel. Germaans het egter veral in die Noordelike dialekte van Galloromaans 'n baie groter invloed op Galloromaans gehad as wat dit op enige ander Romaanse taalgroep gehad het. In die suide het Baskies waarskynlik oorleef omdat daar in die Baskiese gebied nie veel groot dorpe was waar Latyn 'n vastrapplek kon kry nie. Die ander gebied waar 'n beduidende nie-Romaanse taal in die Galloromaanse taalgebied oorleef het is Bretagne. Daar word egter deur meeste vakkundiges gemeen dat die Keltiese sprekers van Bretons na romanisering van Frankryk uit Brittanje na die Noordweste van Frankryk gekom het. In die ooste is Galloromaans waarskynlik van Rhaeto-Romaans afgesny deur die Boergondiërs en Allemniërs. Tussen 250 en 800 n.C. het die Allemniërs effektiewelik die Graubünden van die bo-Rhonevallei geskei. Die Boergondiërs het rofweg die gebied wat vandag die Franse deel van Switserland is beset waar hulle deur hulle Romaans onderdane geabsorbeer is terwyl die groter aantal Allemniërs hulle taal afgedwing het op wat vandag die Duitse gedeelte van Switserland is. Die Switserse Rhaeato-Romaans en die Ladienies van Suid-Tirol sou stadigaan krimp tot kleiner en kleiner eilande wat van ander Romaans sprekende gebied afgesny is. Voorbeelde van Galloromaans tale -------------------------------- Galloromaans kan onderverdeel word in die Oïltale, Oksitaans en Arpitaans. Hoewel Galloromaans algemeen as 'n geldige onderafdeling van die Romaanse tale gesien word, verteenwoordig Katalaans, wat gewoonlik onder die Iberoromaanse tale geklassifiseer word, 'n probleem as gevolg van ooreenkomste met Oksitaans. Sommige vakkundiges voel dus dat die hele gebied van die Franse taal gebied in die Ooste tot Spaans en Portugees in die Weste 'n enkele kontinuum vorm met Oksitaans-Katalaans 'n sone in die middel daarvan. Ethnologue gebruik dan ook byvoorbeeld 'n geheel en al ander verdeling waarin Oksitaans nie as deel van Galloromaans gesien word nie: * Gallo-Iberies + Gallo-Romaans - Gallo-Italiaans (Emiliano-Romagnolo, Liguriaans, Lombardies, Piemontees, Venesiaans) - Gallo-Rhaetian * Oïl (Frans, Suidoostelike Oïltale) * Rhaetian (Friuliaans, Ladienies, Romansch) + Iberoromaans - Oos-Iberies (Katalaans-Valensiaans-Balearies) - Oksitaans (Auvergnat, Gaskons, Limousin, Languedocien, Provensaal, Shuadit) - Wes-Iberies (Asturo-Leonees, Asturiaans, Miranda do Douro, Extremaduries, Ladino, Spaans, Loreto-Ucayali, Portugees-Galicies, Fala, Galicies, Portugees)
{ "title": "Galloromaans", "mostly_tablelist": false, "tablelist_ratio": [ 1903, 5314, 0.35811065111027474 ], "infobox": [ "<table about=\"#mwt1\" cellpadding=\"2\" class=\"infobox\" data-mw='{\"parts\":[{\"template\":{\"target\":{\"wt\":\"Inligtingskas Taalfamilie\\n\",\"href\":\"./Sjabloon:Inligtingskas_Taalfamilie\"},\"params\":{\"naam\":{\"wt\":\"Galloromaanse tale\"},\"altnaam\":{\"wt\":\"\"},\"familiekleur\":{\"wt\":\"Indo-Europees\"},\"gebied\":{\"wt\":\"wêreldwyd\"},\"fam1\":{\"wt\":\"[[Indo-Europese tale|Indo-Europees]]\"},\"fam2\":{\"wt\":\"[[Romaanse tale]]\"},\"dogter1\":{\"wt\":\"[[Frans]]\"},\"dogter2\":{\"wt\":\"[[Gallo]]\"},\"dogter3\":{\"wt\":\"[[Lorreins]]\"},\"dogter4\":{\"wt\":\"[[Normandies]]\"},\"dogter5\":{\"wt\":\"[[Champenois]]\"},\"dogter6\":{\"wt\":\"[[Waals]]\"},\"dogter7\":{\"wt\":\"[[Anglo-Normandies]]\"},\"dogter8\":{\"wt\":\"[[Oksitaans]]\"},\"dogter9\":{\"wt\":\"[[Arpitaans]]\"},\"kaart\":{\"wt\":\"[[Lêer:Lenguas Oil-Oc.png|300px]]\"},\"kaart_byskrif\":{\"wt\":\"Verspreiding van Galloromaanse tale\"}},\"i\":0}}]}' id=\"mwAg\" style=\"width:22em; margin-top:0.75em; background:#f4f4f4; text-align:left; font-size:95%;\" typeof=\"mw:Transclusion\">\n<tbody><tr><th about=\"#mwt3\" colspan=\"2\" data-mw='{\"attribs\":[[{\"txt\":\"style\"},{\"html\":\"font-size: 110%; text-align: center; background-color: &lt;span typeof=\\\"mw:Nowiki\\\" data-parsoid=\\\"{}\\\"&gt;#ACE1AF&lt;/span&gt;;\"}]]}' style=\"font-size: 110%; text-align: center; background-color: #ACE1AF;\" typeof=\"mw:ExpandedAttrs\">Galloromaanse tale <div style=\"font-size: smaller;\"></div></th></tr>\n<tr>\n<td>Geografiese<br/>verspreiding:</td>\n<td>wêreldwyd</td></tr>\n<tr>\n<td><a class=\"mw-redirect\" href=\"./Taalfamilies\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Taalfamilies\">Genetiese<br/>klassifikasie</a>:</td>\n<td><a href=\"./Indo-Europese_tale\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Indo-Europese tale\">Indo-Europees</a><br/><span typeof=\"mw:Entity\"> </span><a href=\"./Romaanse_tale\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Romaanse tale\">Romaanse tale</a><br/><span typeof=\"mw:Entity\"> </span><span typeof=\"mw:Entity\"> </span><b>Galloromaanse tale</b></td></tr>\n<tr>\n<td>Onderafdelings:</td>\n<td><div></div>\n<div><a href=\"./Frans\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Frans\">Frans</a></div>\n<div><a href=\"./Gallo\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Gallo\">Gallo</a></div>\n<div><a href=\"./Lorreins\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Lorreins\">Lorreins</a></div>\n<div><a href=\"./Normandies\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Normandies\">Normandies</a></div>\n<div><a href=\"./Champenois\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Champenois\">Champenois</a></div>\n<div><a href=\"./Waals\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Waals\">Waals</a></div>\n<div><a href=\"./Anglo-Normandies\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Anglo-Normandies\">Anglo-Normandies</a></div>\n<div><a href=\"./Oksitaans\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Oksitaans\">Oksitaans</a></div>\n<div><a href=\"./Arpitaans\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Arpitaans\">Arpitaans</a></div>\n<div></div>\n<div></div>\n<div></div>\n<div></div>\n<div></div>\n<div></div>\n<div></div>\n<div></div>\n<div></div>\n<div></div>\n<div></div></td></tr>\n<tr>\n<td colspan=\"2\" style=\"padding: 0; vertical-align: middle;\"><span typeof=\"mw:File\"><a class=\"mw-file-description\" href=\"./Lêer:Lenguas_Oil-Oc.png\"><img data-file-height=\"678\" data-file-type=\"bitmap\" data-file-width=\"694\" decoding=\"async\" height=\"293\" resource=\"./Lêer:Lenguas_Oil-Oc.png\" src=\"//upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/e/ec/Lenguas_Oil-Oc.png/300px-Lenguas_Oil-Oc.png\" srcset=\"//upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/e/ec/Lenguas_Oil-Oc.png/450px-Lenguas_Oil-Oc.png 1.5x, //upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/e/ec/Lenguas_Oil-Oc.png/600px-Lenguas_Oil-Oc.png 2x\" width=\"300\"/></a></span>\n<p>Verspreiding van Galloromaanse tale</p></td></tr>\n</tbody></table>" ], "td_tables": [], "text_length": 4562 }
'n Voorbeeld van die verbindings in 'n mikroverwerker 'n Mikroverwerker bord met 'n aantal geheue borde 'n **Mikroverwerker** (Eng. *"micro processor"*) is die hart van die gewilde mikrorekenaars wat byvoorbeeld vir videospeletjies en persoonlike rekenaars gebruik word. Dit is 'n elektroniese komponent met 'n geïntegreerde stroombaan, waarvan die individuele komponente mikroskopies klein is - vandaar die gebruik van die voorvoegsel mikro-. Die mikroverwerker is in die kenmerkende swart blokkie (met die rye pennetjies aan weerskante) van geïntegreerde stroomkringe gehuisves. 'n Mikroverwerker is 'n elektroniese komponent waarmee verskillende funksies uitgevoer kan word deur dit van verskillende kodes (instruksies of opdragte) te voorsien. Deur dit byvoorbeeld van kode 000 (binêre kode) te voorsien, sal dit as 'n elektroniese teller werk en tot by 5 tel, terwyl dit met 'n kode soos 001 tot 20 sal tel. Die tellings word deur 'n ossillator in die mikroverwerker verskaf. Deur die verwerker nou van 'n kode 100 te voorsien, sal dit as 'n opteller ("adder") werk en twee getalle bymekaar tel. Met die kode 010 werk die komponent voorts as 'n vergelyker, wat 'n bekende getal met 'n aantal onbekendes sal vergelyk totdat dit 'n soortgelyke getal vind. (Let daarop dat die funksie van die verwerker deur die eerste 2 syfers in die kode bepaal word, terwyl die 3de syfer byvoorbeeld bepaal hoe die funksie uitgevoer word.) 'n Mikroverwerker kan dus van 'n uitgebreide stel opdragte voorsien word, en in die praktyk is daar verwerkers wat tot 255 verskillende opdragte kan uitvoer. 'n Stel opdragte wat chronologies deur 'n mikroverwerker uitgevoer word, word 'n program genoem, en dit is hier waar die verwerker en die rekenaar by mekaar aansluiting vind. Deur die mikroverwerker byvoorbeeld van 'n geheue en inset/uitset vooreenheid te voorsien, kan dit dan as 'n rekenaar gebruik word. ʼn Mikrorekenaar hoef nie slegs vir berekeninge (optel, aftrek, vermenigvuldig, deel) gebruik te word nie, aangesien dit ook oor ander vermoëns beskik. Dit kan byvoorbeeld gebruik word om ʼn groot aantal gegewens (data) in die geheue te berg, karakters op 'n televisieskerm te vertoon en hulle te laat beweeg (videospeletjies), ensovoorts. Omdat die mikroverwerker opdragte een na die ander uitvoer, kan dit egter ook vir prosesbeheer gebruik word waar dit eentonige, agtereenvolgende take kan verrig. Deur die verwerker van skakeltoerusting te voorsien (relês, transistors, tiristors, ensovoorts), kan dit gebruik word om ligte, elektromotore en elektromagnete te beheer (aan en af te skakel), asook kleppe, hidrouliese pompe, ensovoorts. 'n Besondere kenmerk van mikroverwerkers is die vermoë om 'n besluit te neem, waardeur dit nie soos 'n gewone outomaat slegs een taak na 'n ander verrig nie, maar ʼn taak kan onderbreek om voorkeur aan 'n ander te gee. 'n Besluit kan met behulp van 'n vergelyker geneem word. Die getal 50 word byvoorbeeld in die program van die mikroverwerker geplaas. Wanneer dit nou 100 aksies moet uitvoer, tel die verwerker die aksies af en vergelyk dit elke keer met die getal 50 in die program. Na 50 aksies sal dit dan eers 'n ander reeks opdragte uitvoer voordat dit die oorspronklike taak voortsit en 100 aksies voltooi. Die program (stel opdragte) wat 'n mikroverwerker uitvoer, word geberg in 'n geheue wat deel van die verwerker kan uitmaak of as 'n afsonderlike elektroniese komponent daarmee verbind kan word. Hierdie geheue word dikwels in 'n kasset ingebou wat, soos in die geval van televisiespeletjies, net omgeruil kan word om 'n ander werking te verkry. Waar dit dus voorheen nodig was om 'n afsonderlike elektroniese toestel vir elke taak te bou, word slegs 'n enkel toestel hier gebruik om verskillende funksies te verrig. Die mikroverwerker verkry daardeur 'n veelsydigheid wat veral as dit byvoorbeeld in 'n robot ingebou word, byna met die van die mens vergelyk kan word. Bronnelys --------- * Wêreldspektrum, 1982, ISBN 0908409605, volume 19, bl. 76 | | | | --- | --- | | Normdata Edit this at Wikidata | * BNF: cb119325021 (data) * GND: 4039232-6 * LCCN: sh85084898 * NKC: ph115311 |
{ "title": "Mikroverwerker", "mostly_tablelist": false, "tablelist_ratio": [ 119, 3419, 0.03480549868382568 ], "infobox": [], "td_tables": [], "text_length": 4152 }
| **Fiela se Kind** | | --- | | **Outeur** | Dalene Matthee | | **Land** | Suid-Afrika | | **Taal** | Afrikaans | | **Genre** | Drama | | **Uitgewer** | Tafelberg Uitgewers | | **Uitgegee** | 1985 | | **ISSN** | 624022692 | | **Voorloper** | *Kringe in ’n bos* | | **Vervolg** | *Moerbeibos* | | Letterkunde-portaal | **Fiela se kind** is 'n Suid-Afrikaanse roman deur Dalene Matthee wat in 1985 gepubliseer is. Die boek is oorspronklik in Afrikaans geskryf, maar is later in verskeie andere tale, waaronder Engels, Frans, Duits, Nederlands, Spaans, Italiaans, Hebreeus en Yslands, vertaal. Storie ------ Die verhaal speel hom af in die negentiende eeu in die woude van Knysna, Suid-Afrika, en handel oor die ervaringe van 'n Kleurlingvrou en haar gesin wat 'n wit weggooikind aanneem. Nege jaar later word die kind van haar weggeneem en gedwing om by 'n wit houtkappersgesin te woon wat beweer dat hy hul verlore seun is. Ironies genoeg is sy omstandighede by die wit gesin heelwat slegter as by die bruinmense, wat as van 'n laer klas beskou is vanweë hul ras. Die klimaks volg 'n paar jaar later wanneer sy wit "moeder" erken hy is nie haar regte seun nie en hy na sy oorspronklike gesin (Fiela en haar man Selling, nie sy biologiese ouers nie) terugkeer. Fliek ----- Die roman is verfilm en die rolprent *Fiela se kind* is in 1988 uitgereik, met Shaleen Surtie-Richards in die rol van Fiela.
{ "title": "Fiela se kind", "mostly_tablelist": false, "tablelist_ratio": [ 198, 1089, 0.18181818181818182 ], "infobox": [], "td_tables": [], "text_length": 1404 }
Die **Mikojan-Goerewitsj MiG-3** was 'n Russiese veg- en onderskepvliegtuig wat tydens die Tweede Wêreldoorlog gebruik is. Die vliegtuig is ontwikkel uit die *Mikojan-Goerewitsj MiG-1*. Verbeterings aan die *MiG-1* is: groter togafstand, beter beskerming en verbeterde bewapening. Die *MiG-3* was beskikbaar vanaf April 1941 tesame met die *MiG-1*. Die een nadeel van die *MiG-3* is dat dit doeltreffender was teen hoogtes bo 5 000 m. Sy spoed het egter verseker dat hy die *Luftwaffe* se vegters goed kon teenstaan. Die vegvliegtuig is in April 1941 ontplooi op die front saam met die *MiG-1*, wat aanhou vervaardig is ten spyte van sy swakhede. Die Russe het gevoel alhoewel die *MiG-1* half verouder is, is dit beter om hulle te ontplooi as om geen vliegtuie teen die Duitsers te ontplooi nie. Die *MiG-3* was 'n moeilike vliegtuig om te vlieg, maar sy spoed het verseker dat hy mededingend in die lug was. Produksie van die *MiG-3* is in 1942 gestaak; teen daardie tyd het die *Luftwaffe* se nuwe vegters die oorhand oor die *MiG-3* gekry. Daar is altesaam 3 422 *MiG-1*- en *MiG-3*-vliegtuie vervaardig. Die vliegtuig is van die front verwyder en vir verkennings- en ondersteuningsvlugte gebruik. Tegniese besonderhede --------------------- Besonderhede van die Mikojan-Goerewitsj MiG-3:| Item | Statistiek | | --- | --- | | Aantal motore | 1 | | Tipe motor | Skroef | | Vervaardiger | Mikulin AM-35A V-12 motor | | Kraglewering per motor | 1 350 perdekrag | | Vlerkspan | 10,2 m | | Lengte | 8,3 m | | Hoogte | 3,5 m | | Vlerkoppervlakte | 17,44 m2 | | Maks. opstygmassa | 3 350 kg | | Maks. snelheid | 640 km/h | | Diensplafon | 12 000 m | | Togafstand | 820 km | | Klimvermoë | 1 200 m per minuut | | Bewapening | Een 12,7 mm- en twee 7,62 mm-masjiengewere in neusen tot 200 kg bomme of vuurpyle onder vlerke | Sien ook -------- * Lys van vegvliegtuie Bron ---- * Crosby, Francis: *THE WORLD ENCYCLOPEDIA OF FIGHTERS & BOMBERS*. 2015. ISBN 978-1-84476-917-9
{ "title": "Mikojan-Goerewitsj MiG-3", "mostly_tablelist": false, "tablelist_ratio": [ 677, 1687, 0.4013040901007706 ], "infobox": [ "<table about=\"#mwt1\" class=\"infobox\" data-mw=\"{&quot;parts&quot;:[{&quot;template&quot;:{&quot;target&quot;:{&quot;wt&quot;:&quot;Infoboks-Vliegtuig\\n&quot;,&quot;href&quot;:&quot;./Sjabloon:Infoboks-Vliegtuig&quot;},&quot;params&quot;:{&quot;naam&quot;:{&quot;wt&quot;:&quot;Mikojan-Goerewitsj MiG-3&quot;},&quot;subsjabloon&quot;:{&quot;wt&quot;:&quot;&quot;},&quot;beeld&quot;:{&quot;wt&quot;:&quot;Lêer:MiG-3 at Mochishche.jpg&quot;},&quot;byskrif&quot;:{&quot;wt&quot;:&quot;&lt;center&gt;Gerestoureerde MiG-3 by 'n lugskou &lt;/center&gt;&quot;},&quot;tipe&quot;:{&quot;wt&quot;:&quot;Vegvliegtuig&quot;},&quot;vervaardiger&quot;:{&quot;wt&quot;:&quot;Mikojan-Goerewitsj&quot;},&quot;ontwerper&quot;:{&quot;wt&quot;:&quot;&quot;},&quot;eerste vlug&quot;:{&quot;wt&quot;:&quot;29 Oktober 1940&quot;},&quot;bekendstelling&quot;:{&quot;wt&quot;:&quot;&quot;},&quot;vrygestel&quot;:{&quot;wt&quot;:&quot;&quot;},&quot;onttrek&quot;:{&quot;wt&quot;:&quot;&quot;},&quot;status&quot;:{&quot;wt&quot;:&quot;&quot;},&quot;hoofgebruiker&quot;:{&quot;wt&quot;:&quot;[[Sowjetlugmag]]&quot;},&quot;meer gebruikers&quot;:{&quot;wt&quot;:&quot;[[Russiese Vloot|Sowjetvlootlugmag]]&quot;},&quot;vervaardig&quot;:{&quot;wt&quot;:&quot;&quot;},&quot;aantal gebou&quot;:{&quot;wt&quot;:&quot;3&amp;nbsp;422&quot;},&quot;programkoste&quot;:{&quot;wt&quot;:&quot;&quot;},&quot;eenheidskoste&quot;:{&quot;wt&quot;:&quot;&quot;},&quot;ontwikkel van&quot;:{&quot;wt&quot;:&quot;&quot;},&quot;variante met eie artikels&quot;:{&quot;wt&quot;:&quot;&quot;}},&quot;i&quot;:0}}]}\" id=\"mwAg\" style=\"width:23em; font-size: 90%;\" typeof=\"mw:Transclusion\">\n<tbody><tr>\n<th colspan=\"2\" style=\"font-size: large; padding-bottom: 0.3em; text-align: center;\">Mikojan-Goerewitsj MiG-3</th></tr>\n<tr>\n<td colspan=\"2\" style=\"text-align: center;\"><div style=\"border: 1px solid #AAAAAA;\"><span typeof=\"mw:File\"><a class=\"mw-file-description\" href=\"./Lêer:MiG-3_at_Mochishche.jpg\"><img data-file-height=\"1029\" data-file-type=\"bitmap\" data-file-width=\"1600\" decoding=\"async\" height=\"180\" resource=\"./Lêer:MiG-3_at_Mochishche.jpg\" src=\"//upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/7/78/MiG-3_at_Mochishche.jpg/280px-MiG-3_at_Mochishche.jpg\" srcset=\"//upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/7/78/MiG-3_at_Mochishche.jpg/420px-MiG-3_at_Mochishche.jpg 1.5x, //upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/7/78/MiG-3_at_Mochishche.jpg/560px-MiG-3_at_Mochishche.jpg 2x\" width=\"280\"/></a></span></div></td></tr>\n<tr>\n<td colspan=\"2\" style=\"border-bottom: 1px solid #aaa; text-align:left;\"><center>Gerestoureerde MiG-3 by 'n lugskou </center></td></tr>\n<tr>\n<td style=\"width: 7em;text-align:right;\"><b>Tipe</b></td>\n<td>Vegvliegtuig</td></tr>\n<tr>\n<td style=\"text-align:right;\"><b>Vervaardiger</b></td>\n<td>Mikojan-Goerewitsj</td></tr>\n<tr>\n<td style=\"text-align:right;\"><b>Nooiensvlug</b></td>\n<td>29 Oktober 1940</td></tr>\n<tr>\n<td style=\"text-align:right;\"><b>Hoofgebruikers</b></td>\n<td><a href=\"./Sowjetlugmag\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Sowjetlugmag\">Sowjetlugmag</a><br/><a href=\"./Russiese_Vloot\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Russiese Vloot\">Sowjetvlootlugmag</a></td></tr>\n<tr>\n<td style=\"text-align:right;\"><b>Aantal gebou</b></td>\n<td>3<span typeof=\"mw:Entity\"> </span>422</td></tr>\n</tbody></table>" ], "td_tables": [], "text_length": 1974 }
Die Milanković-parameters. Die **Milanković-teorie** (ook soms **Milankovitch-teorie**) beskryf die gesamentlike uitwerking van die veranderings in die Aarde se bewegings op sy klimaat. Dit is genoem na die Serwiese geofisikus en sterrekundige Milutin Milanković, wat die parameters opgestel het. Dit sluit in die eksentrisiteit, aksiale helling en presessie van die Aarde se wentelbaan. Die aardas voltooi ’n volle presessie-siklus elke sowat 26 000 jaar. Terselfdertyd draai die elliptiese wentelbaan effens (apsidale presessie). Boonop wissel die hoek tussen die Aarde se rotasie-as en die normale vlak van sy wentelbaan (dus sy helling) tussen 22,1 en 24,5º in ’n siklus van 41 000 jaar. Tans is dit 23,44º en aan die afneem. Die Aarde se bewegings ---------------------- Terwyl die Aarde om sy as draai en om die Son wentel, word verskeie afwykings veroorsaak deur swaartekragwisselwerkings. ’n Paar van hierdie afwykings is meer dominant as ander. Milanković het veranderings in die eksentrisiteit, helling en presessie van die Aarde bestudeer. Sulke veranderings in beweging en oriëntasie verander die hoeveelheid en ligging van die Son se straling wat die Aarde bereik. Veranderinge by 65º Noord word as belangrik beskou vanweë die groot landmassas daar, want landmassas word meer deur veranderings in temperatuur geraak as oseane. ### Eksentrisiteit Geen eksentrisiteit. ’n Eksentrisiteit van 0,5. Die Aarde se wentelbaan is ’n ellips. Die eksentrisiteit is die mate waarin hierdie ellips van ’n sirkel afwyk. Die vorm van die Aarde se wentelbaan wissel tussen feitlik sirkelvormig (’n lae eksentrisiteit van 0,005) en effens ellipties (hoë eksentrisiteit van 0,058), met die gemiddeld 0,028. Die huidige eksentrisiteit is 0,017. As die Aarde die enigste planeet in die Sonnestelsel was, sou die eksentrisiteit van sy wentelbaan nie eens oor miljoene jaar veel verskil het nie. Die eksentrisiteit word egter hoofsaaklik geraak deur wisselwerkings met die swaartekragvelde van Jupiter en Saturnus. Op die oomblik is die verskil in afstand tussen die perihelium (die naaste punt aan die Son) en die afelium (verste punt van die Son af) 5,1 miljoen kilometer, en dit veroorsaak ’n verskil van 6,8% in die Son se stralingsterkte. As die wentelbaan sy maksimum eksentrisiteit bereik, kan die verskil tot amper 23% wees. ### Helling Die helling van die aardas wissel tussen 22,1 en 24,5°. Die hoek wat die aardas maak met die vlak waarin die Aarde om die Son wentel, wissel van 22,1° tot 24,5° in ’n periode van 41 000 jaar. Die uitwerking van die helling op die temperatuur op Aarde word beïnvloed deur die feit dat die landmassas nie gelyk oor die Aarde verdeel is nie. By ’n groter hoek neem die verskille tussen die seisoene toe vanweë die Son se straling. Die somers in beide die Suidelike en die Noordelike Halfrond word dan warmer en die winters kouer. Op die oomblik neem die helling af en is dit 23,44° – ons is dus min of meer in die helfte van die siklus. Hierdie verskille tussen die winter en somer is egter nie oral ewe groot nie. Wanneer die helling toeneem, neem die gemiddelde jaarlikse straling op hoër breedte toe, terwyl die straling op laer breedte afneem. Op hoër breedte veroorsaak ’n lae helling dus sowel ’n laer gemiddelde straling as ’n afname van straling in die somer. Koel somers kan dan die begin van ’n ystydperk veroorsaak deurdat minder sneeu smelt en die albedo in sommige gebiede baie verander. ### Aksiale presessie Die presessie van die Aarde. Aksiale presessie is die tolbeweging van die aardas en wissel oor ’n periode van rofweg 26 000 jaar. Dit word veroorsaak deur die getykragte wat die Son en Maan op die soliede Aarde uitoefen, en dit word versterk deur die feit dat die Aarde nie perfek rond is nie. Net soos by die helling word die uitwerking van presessie op die Aarde se temperatuur beïnvloed deur die feit dat die landmassa nie eweredig oor die Aarde versprei is nie. Wanneer die aardas gedurende die perihelium na die Son wys, sal daar in die een halfrond groter seisoenverskille wees as in die ander halfrond. Op die oomblik is die verskille tussen somer- en wintertemperatuur in die Suidelike Halfrond groter as in die Noordelike Halfrond vanweë die presessie. ### Apsidale presessie Planete om die Son volg ’n elliptiese wentelbaan wat mettertyd stadigaan roteer. Die eksentrisiteit op die voorbeeld bo is vergroot ter wille van sigbaarheid. Nog ’n faktor is die Aarde se wentelbaan wat self mettertyd stadigaan ’n presessie ondergaan, hoofsaaklik vanweë wisselwerkings met Jupiter en Saturnus. Hierdie apsidale presessie vind plaas in die vlak van die ekliptika (die snyding van die vlak van die Aarde se baan om die Son) en verander die oriëntasie van die Aarde se wentelbaan relatief tot die ekliptika. Saam met die veranderinge aan die eksentrisiteit verander dit die lengte van die seisoene. Huidige en toekomstige toestande -------------------------------- Soos reeds genoem, is die verskil in seisoentemperature tans effens groter in die Suidelike Halfrond. Die huidige, relatief lae eksentrisiteit van die Aarde se wentelbaan veroorsaak ’n verskil van 6,8% in die hoeveelheid sonstraling in die somer tussen die twee halfrondes. Aangesien wentelbaanafwykings voorspelbaar is, is dit moontlik om toekomstige klimaatstoestande te "voorspel". Twee faktore wat die voorspelbaarheid beïnvloed, is die mens se uitwerking op die omgewing en die feit dat die manier waarop afwykings in die wentelbaan die klimaat beïnvloed, nie ten volle verstaan word nie. Dit lyk of daar ’n verband is tussen die hoeveelheid sonstraling (isolasie) in die Noordelike Halfrond by 65° N en die voorkoms van ystydperke. Sterrekundige voorspellings dui daarop dat die somerisolasie by 65° N geleidelik behoort toe te neem oor die volgende 25 000 jaar. Geen voldoende afname om ’n ystydperk te veroorsaak, word binne die volgende 50 000 jaar verwag nie. Sien ook -------- **Sterrekundeportaal**
{ "title": "Milanković-teorie", "mostly_tablelist": false, "tablelist_ratio": [ 609, 5576, 0.1092180774748924 ], "infobox": [], "td_tables": [], "text_length": 5988 }
'n Moderne drukkoker 'n Franse drukkoker van 1911 met veiligheidsklep 'n **Drukkoker** is 'n tipe kastrol met 'n lugdigte deksel (gewoonlik met veiligheidsklep) waarin kos teen hoër temperature gaargemaak word as die gewone kookpunt (100 °C vir water op seevlak). Die kooktyd word sodoende ingekort. Hoër kookpunte word in die drukvaste koker bereik deur druk op te bou. Geskiedenis ----------- Die geskiedenis van drukkokers strek terug tot in die 17de eeu. In 1679 het die Franse natuurkundige Denis Papin 'n pot ontwikkel waarin groter druk as in die lug opgebou kon word. Water en ander vloeistowwe het daarin hoër kookpunte bereik as 100 °C. Papin het die pot na homself genoem - Papiniaanse pot; alternatief is daarna verwys as digestor. Aanvanklik is die pot, wat van swaar kopervervaardig is, in natuurwetenskaplike laboratoria gebruik, maar dit het later ook ingang tot kombuise gevind waar Papin se drukkoker onder meer die basis vir voedselpreservering sou vorm. Papin het self geen voordeel getrek uit die uitvinding nie en tydens sy leeftyd ook geen erkenning daarvoor gekry nie. Sy reputasie het skade gely toe een van sy drukpotte tydens 'n openbare tentoonstelling ontplof het. Vervolgens het Papin 'n veiligheidsklep daarvoor ontwikkel.
{ "title": "Drukkoker", "mostly_tablelist": false, "tablelist_ratio": [ 252, 1360, 0.18529411764705883 ], "infobox": [], "td_tables": [], "text_length": 1257 }
**Galileo se skip** verwys na twee fisika-eksperimente, 'n gedagte-eksperiment en 'n werklike eksperiment, deur Galileo Galilei, die 16de en 17de eeuse fisikus, sterrekundige, en filosoof. Die eksperimente is geskep om die idee van 'n roterende Aarde te ondersteun teenoor die heersende geloof in 'n stilstaande Aarde met die Son en die planete en sterre wat rondom wentel. 'n Argument wat op daardie stadium gebruiklik was, was dat indien die aarde sou roteer, daar waarneembare uitwerkings op die bane van projektiele of vallende liggame sou wees. Die skip se mas eksperiment --------------------------- In 1616, nadat Galileo reeds bekommerd geraak het dat hy 'n teiken van agterdog deur die Inkwisisie was, het hy 'n brief van Monseigneur Francesco Ingoli ontvang met 'n lys wetenskaplike en teologiese argumente teen Copernikanisme. As deel van 'n lang antwoord in 1624, het Galileo die eksperiment beskryf waar 'n klip laat val word vanaf die mas van 'n skip wat eweredig voortbeweeg, om te kyk of die klip by die basis van die mas of agter dit op die dek land. Verskeie mense het die eksperiment reeds teoreties bespreek, en sommige het beweer dat hulle dit gedoen het, maar met teenstrydige weergawes van die gevolg. Werklike of gedagte-eksperimente soortgelyk aan hierdie een was voorheen bespreek deur Jean Buridan, Nicolas Oresme, Nicolaus Cusanus, Clavius en Giordano Bruno. Galileo het vir Ingoli geskryf: "Ek was tweekeer so 'n goeie filosoof as daardie andere, want waar hulle die teenoorgestelde van die werklike effek beweer, het hulle ook die leuen bygevoeg dat hulle dit in eksperimente gesien het; en ek hét die eksperiment gedoen, en vooraf het fisiese redenasie vir my oortuig daarvan dat die effek moet uitkom soos wat dit inderdaad gebeur." Die eksperiment word ook bespreek in die *Dialoog Oor die Twee Hoof Wêreldstelsels* (dag twee), maar sonder enige bewering dat dit werklik uitgevoer is. 'n Soortgelyke eksperiment wat deur Galileo en ander skrywers soos Oresme, Clavius en Bruno bespreek word, is die een waar 'n projektiel reguit opwaarts vanaf die aardoppervlak gelanseer word. 'n Algemene Aristoteliaanse-Skolastiese argument was dat, indien die aarde se oppervlak na die ooste sou beweeg, die projektiel aan die westekant van die lanseringspunt sou land, in teenstelling met die algemene waarneming. 1632 gedagte-eksperiment ------------------------ Galileo se 1632 boek *Dialoog Oor die Twee Hoof Wêreldstelsels* (dag twee) beskou al die algemene besware wat op daardie stadium teen die idee van 'n bewegende Aarde geopper is. Een van hierdie is dat indien die Aarde om sy eie as sou draai, dit sou beteken dat ons almal teen 'n enorme spoed ooswaarts beweeg, en dat 'n bal wat uit 'n toring laat val word, aan die westekant van die toring sou moes land, aangesien die toring self in daardie tyd 'n sekere afstand ooswaarts sou moes beweeg het. Net so, sou 'n kanonkoeël wat ooswaarts afgevuur word, nader aan die kanon land as een wat weswaarts afgevuur is, omdat die kanon ooswaarts beweeg, en die koeël gedeeltelik sou inhaal. Om sulke argumente te weerlê, word in die boek genoem dat 'n persoon op 'n eenvormig bewegende skip geen gevoel van beweging het nie, en dat 'n kanonkoeël wat vanaf die bopunt van die mas laat val word, direk aan die voet sou land. Om sy punt te bewys, het Galileo se fiktiewe advokaat Salviati die eksperiment wat hieronder beskryf word, voorgestel om die klassieke beginsel van relatiwiteit voor te stel, waarvolgens daar geen interne waarneming is (m.a.w. sonder om, byvoorbeeld, uit die venster te kyk) waardeur 'n mens kan onderskei tussen 'n stelsel wat eenvormig beweeg en een wat in rus is. Enige twee stelsels wat beweeg sonder om te versnel is dus ekwivalent, en enige onversnelde beweging is relatief. Byna drie eeue later, is hierdie idee deur Albert Einstein toegepas op die wette van die elektrisiteit en magnetisme (Maxwell se vergelykings), wat gelei het tot die formulering van die spesiale teorie van relatiwiteit, 'n herhaling van Galileo se argument met inagneming van die destyd bekende wette van swaartekrag en elektromagnetisme. ### Die voorstel Salviati se eksperiment gaan soos volg: > > Sluit jouself met 'n vriend in die kajuit op, onder die dekke van 'n groot skip, en bring saam met jou 'n paar vlieë, skoenlappers, en ander klein vlieënde diere. Stel ook 'n groot bak water op met 'n paar visse; hang 'n bottel op wat druppel vir druppel in 'n breë bak daaronder laat val. Terwyl die skip nog stilstaan, neem noukeurig waar hoe die diertjies met gelyke spoed na alle kante van die kajuit vlieg. Die vis swem ongeërg in alle rigtings; die druppels val in die bak; en, as jy iets vir jou vriend gooi, moet jy dit nie sterker in een rigting as die ander gooi nie, solank die afstande gelyk is; spring met jou voete bymekaar, en jy bereik gelyke afstande in elke rigting. Wanneer jy al hierdie dinge noukeurig waargeneem het (alhoewel, wanneer die skip nog stilstaan moet alles ongetwyfeld op hierdie manier gebeur), laat die skip met enige spoed wat jy wil voortbeweeg, so lank as wat die beweging uniform is, en nie hierheen en daarheen wissel nie. Jy sal nie die geringste verandering in die genoemde uitwerkings waarneem nie, en kan van geeneen van hulle aflei of die skip beweeg of stilstaan nie. Wanneer jy spring, sal jy op die vloer dieselfde afstande soos voorheen bereik, en jy sal nie groter spronge in die rigting van die hek as die rigting van die boeg uitvoer nie, selfs al beweeg die skip baie vinnig, ten spyte van die feit dat gedurende die tyd wat jy in die lug was, die vloer onder jou voete in 'n teenoorgestelde rigting van jou sprong beweeg. Wanneer jy iets vir jou vriend gooi, sal jy nie meer krag nodig hê om dit tot by hom te kry nie, ongeag of hy in die rigting van die boeg of die hek staan teenoor jou. Die druppels val net soos voorheen in die bak daaronder, sonder om in die rigting van die hek van die skip te beweeg, ten spyte van die feit dat terwyl die druppels in die lug is, die skip 'n hele paar spanwydtes beweeg. Die visse in die water sal in die rigting van die voorkant van hulle bak swem met geen meer moeite as na die agterkant, en sal met ewe veel gemak by aas uitkom wat op enige plek rondom die rand van die bak geplaas word. En ten slotte, die skoenlappers en vlieë sal voortgaan om ongeërg in enige rigting te vlieg, en dit sal nooit gebeur dat hulle in die rigting van die hek saamdrom, asof hulle daardeur uitgeput word dat hulle moet byhou met die beweging van die skip, waarvan hulle vir lang tye geskei is deurdat hulle in die lug vlieg nie. En as rook gemaak word deur wierook te verbrand, sal dit gesien word dat dit in die vorm van 'n wolkie opstyg, wat stilbly, en nie meer na die een kant as die ander beweeg nie. Die oorsaak van al hierdie ooreenkomste van gevolge, is die feit dat die skip se beweging gemeenskaplik is aan al die dinge wat daarbinne bevat is, selfs die lug. Dit is die rede waarom ek gesê het dat dit onder die dekke moet plaasvind; want as dit bo in die ope lug gedoen is, wat nie die beweging van die skip volg nie, sou meer of minder merkbare verskille gesien word in sommige van die gevolge. > > >
{ "title": "Galileo se skip", "mostly_tablelist": false, "tablelist_ratio": [ 433, 6713, 0.06450171309399673 ], "infobox": [], "td_tables": [], "text_length": 7190 }
Die nuwe embleem van Galeria Karstadt Kaufhof sedert 25 Maart 2019 Vlagskipwinkel in Keulen Galeria Kaufhof afdelingswinkel Berlin-Alexanderplatz in Berlyn se middestad - interieur Galeria Kaufhof Berlin-Alexanderplatz - buiteaansig **Galeria Kaufhof GmbH** (eie skryfwyse: *GALERIA*) was 'n Duitse afdelingswinkelketting wat meer as 130 afdelingswinkels en sportwinkels op sy tuismark en in België (hier onder die handelsmerk *Galeria Inno*) bedryf het. Die onderneming met 'n bedryfsinkomste van sowat €3,1 miljard in 2013/2014 het sy oorsprong in 'n klein tekstielwinkel wat deur Leonhard Tietz in 1879 in die Oosseehawestad Stralsund gestig is. Intussen word dit as een van die voorste afdelingswinkelkettings in Europa beskou wat op internasionale handelsmerke in die middel- en hoër pryssegment fokus. Galeria Kaufhof beskryf homself as 'n multikanaal-handelsonderneming wat sy produkte sowel in winkels asook (sedert 2011) aanlyn verkoop. Teen 2020 was sowat 200 000 produkte aanlyn beskikbaar. Tot en met 2015 was die aandelemaatskappy Galeria Holding AG as moedermaatskappy van Galeria Kaufhof GmbH in besit van die Duitse klein- en groothandelsreus Metro AG. Metro AG het op 15 Junie 2015 sy voorneme bekend gemaak om sy dogteronderneming vir €2,8 miljard aan die Kanadese Hudson's Bay Company (HBC) te verkoop. Die transaksie is op 30 September 2015 voltrek. In Maart 2016 het HBC 'n opknappingsprogram teen 'n koste van €1 miljard aangekondig om sy Duitse afdelingswinkels op te gradeer. Nadat Galeria Kaufhof volgens persberigte in finansiële moeilikheid beland het in 2018, het die moedermaatskappy HBC ingestem om die onderneming met Duitsland se ander groot afdelingswinkelketting, *Karstadt AG* in besit van die Oostenrykse maatskappy *Signa*, in 'n gesamentlike onderneming saam te smelt. Na verwagting sal personeel verminder word en een van die twee hoofkwartiere sluit, terwyl die twee kettings se name behou sal word. Op 25 Maart 2019 het Karstadt & Galeria Kaufhof die nuwe logo van hul saamgesmelte maatskappy **Galeria Karstadt Kaufhof** uitgereik. Hulle het ook op die dag hul nuwe webwerf *galeria.de* geloods. Op 15 Mei 2020 is planne bekendgemaak waarvolgens sowat 80 van die nuwe onderneming se 170 afdelingswinkels deur sluiting bedreig word.
{ "title": "Galeria Kaufhof", "mostly_tablelist": false, "tablelist_ratio": [ 1016, 2949, 0.34452356731095285 ], "infobox": [ "<table about=\"#mwt2\" class=\"infobox vcard\" data-mw=\"{&quot;parts&quot;:[{&quot;template&quot;:{&quot;target&quot;:{&quot;wt&quot;:&quot;Inligtingskas Maatskappy\\n&quot;,&quot;href&quot;:&quot;./Sjabloon:Inligtingskas_Maatskappy&quot;},&quot;params&quot;:{&quot;naam&quot;:{&quot;wt&quot;:&quot;Galeria Kaufhof GmbH&quot;},&quot;kenteken&quot;:{&quot;wt&quot;:&quot;[[Lêer:Logo Galeria Kaufhof Einzeilig.svg|220px]]&lt;br /&gt;[[Lêer:Galeria Kaufhof München 1.jpg|220px]]&quot;},&quot;tipe&quot;:{&quot;wt&quot;:&quot;Duitse maatskappy met beperkte aanspreeklikheid (''GmbH'')&quot;},&quot;stigting&quot;:{&quot;wt&quot;:&quot;1879&quot;},&quot;ligging_stad&quot;:{&quot;wt&quot;:&quot;[[Keulen]], [[Noordryn-Wesfale]]&quot;},&quot;ligging_land&quot;:{&quot;wt&quot;:&quot;[[Duitsland]]&quot;},&quot;ligging&quot;:{&quot;wt&quot;:&quot;&quot;},&quot;liggings&quot;:{&quot;wt&quot;:&quot;&quot;},&quot;sleutelpersone&quot;:{&quot;wt&quot;:&quot;Wolfgang Link (voorsitter)&quot;},&quot;gebied_bedien&quot;:{&quot;wt&quot;:&quot;Duitsland en België&quot;},&quot;industrie&quot;:{&quot;wt&quot;:&quot;Handelsbedryf&quot;},&quot;produkte&quot;:{&quot;wt&quot;:&quot;Afdelingswinkels, sportwinkels&quot;},&quot;dienste&quot;:{&quot;wt&quot;:&quot;&quot;},&quot;inkomste&quot;:{&quot;wt&quot;:&quot;€3,1 miljard (2013/2014)&quot;},&quot;bedryfsinkomste&quot;:{&quot;wt&quot;:&quot;&quot;},&quot;netto_inkomste&quot;:{&quot;wt&quot;:&quot;- €208 miljoen (2016/2017)&lt;ref&gt;[http://www.handelsblatt.com/my/unternehmen/handel-konsumgueter/hudsons-bay-kaufhof-macht-millionenverlust/19617684.html?ticket=ST-3773404-VfFwONuvd0Mw4gYhwKI1-ap2 ''handelsblatt.com, 5 April 2017: Kaufhof macht Millionenverlust. Besoek op 6 April 2017'']&lt;/ref&gt;&quot;},&quot;getal_werknemers&quot;:{&quot;wt&quot;:&quot;21&amp;nbsp;500 (2011/2012)&quot;},&quot;ouer&quot;:{&quot;wt&quot;:&quot;Galeria Karstadt Kaufhof S.à r.l.&quot;},&quot;afdelings&quot;:{&quot;wt&quot;:&quot;&quot;},&quot;dogtermaatskappye&quot;:{&quot;wt&quot;:&quot;&quot;},&quot;slagspreuk&quot;:{&quot;wt&quot;:&quot;&quot;},&quot;tuisblad&quot;:{&quot;wt&quot;:&quot;[http://www.galeria.de ''Galeria Karstadt Kaufhof'']&quot;},&quot;ontbind&quot;:{&quot;wt&quot;:&quot;2020&quot;},&quot;voetnotas&quot;:{&quot;wt&quot;:&quot;&quot;},&quot;intl&quot;:{&quot;wt&quot;:&quot;&quot;}},&quot;i&quot;:0}}]}\" id=\"mwAg\" style=\"width:25.5em; font-size:85%;\" typeof=\"mw:Transclusion\">\n<tbody><tr>\n<td class=\"fn org\" colspan=\"2\" style=\"text-align:center; font-size:120%;\"><b>Galeria Kaufhof GmbH</b></td></tr>\n<tr><td colspan=\"2\" style=\"text-align:center; padding:16px 0 16px 0;\"><span typeof=\"mw:File\"><a class=\"mw-file-description\" href=\"./Lêer:Logo_Galeria_Kaufhof_Einzeilig.svg\"><img class=\"mw-file-element\" data-file-height=\"289\" data-file-type=\"drawing\" data-file-width=\"1875\" decoding=\"async\" height=\"34\" resource=\"./Lêer:Logo_Galeria_Kaufhof_Einzeilig.svg\" src=\"//upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/7/72/Logo_Galeria_Kaufhof_Einzeilig.svg/220px-Logo_Galeria_Kaufhof_Einzeilig.svg.png\" srcset=\"//upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/7/72/Logo_Galeria_Kaufhof_Einzeilig.svg/330px-Logo_Galeria_Kaufhof_Einzeilig.svg.png 1.5x, //upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/7/72/Logo_Galeria_Kaufhof_Einzeilig.svg/440px-Logo_Galeria_Kaufhof_Einzeilig.svg.png 2x\" width=\"220\"/></a></span><br/><span typeof=\"mw:File\"><a class=\"mw-file-description\" href=\"./Lêer:Galeria_Kaufhof_München_1.jpg\"><img class=\"mw-file-element\" data-file-height=\"1200\" data-file-type=\"bitmap\" data-file-width=\"1600\" decoding=\"async\" height=\"165\" resource=\"./Lêer:Galeria_Kaufhof_München_1.jpg\" src=\"//upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/4/47/Galeria_Kaufhof_M%C3%BCnchen_1.jpg/220px-Galeria_Kaufhof_M%C3%BCnchen_1.jpg\" srcset=\"//upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/4/47/Galeria_Kaufhof_M%C3%BCnchen_1.jpg/330px-Galeria_Kaufhof_M%C3%BCnchen_1.jpg 1.5x, //upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/4/47/Galeria_Kaufhof_M%C3%BCnchen_1.jpg/440px-Galeria_Kaufhof_M%C3%BCnchen_1.jpg 2x\" width=\"220\"/></a></span></td></tr>\n<tr>\n<th style=\"text-align:right; padding-right:0.75em;\">Tipe</th>\n<td>Duitse maatskappy met beperkte aanspreeklikheid (<i>GmbH</i>)</td></tr>\n<tr>\n<th style=\"text-align:right; padding-right:0.75em;\">Gestig</th>\n<td>1879</td></tr>\n<tr>\n<th class=\"label\" style=\"text-align:right; padding-right:0.75em;\">Hoofkantoor</th>\n<td><a href=\"./Keulen\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Keulen\">Keulen</a>, <a href=\"./Noordryn-Wesfale\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Noordryn-Wesfale\">Noordryn-Wesfale</a>,<span typeof=\"mw:Entity\"> </span><a href=\"./Duitsland\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Duitsland\">Duitsland</a></td></tr>\n<tr><th style=\"text-align:right; padding-right:0.75em;\">Sleutelpersone</th><td>Wolfgang Link (voorsitter)</td></tr><tr class=\"note\"><th style=\"text-align:right; padding-right:0.75em;\">Gebied<span typeof=\"mw:Entity\"> </span>bedien</th><td>Duitsland en België</td></tr><tr class=\"note\"><th style=\"text-align:right; padding-right:0.75em;\">Industrie</th><td>Handelsbedryf</td></tr><tr class=\"note\"><th style=\"text-align:right; padding-right:0.75em;\">Produkte</th><td>Afdelingswinkels, sportwinkels</td></tr><tr><th style=\"text-align:right; padding-right:0.75em;\">\nInkomste</th><td>€3,1 miljard (2013/2014)</td></tr><tr><th style=\"text-align:right; padding-right:0.75em;\">Netto inkomste</th><td>- €208 miljoen (2016/2017)</td></tr>\n<tr><th style=\"text-align:right; padding-right:0.75em;\">Werknemers</th><td>21<span typeof=\"mw:Entity\"> </span>500 (2011/2012)</td></tr><tr class=\"note\"><th style=\"text-align:right; padding-right:0.75em;\">Moedermaatskappy</th><td>Galeria Karstadt Kaufhof S.à r.l.</td></tr><tr><th style=\"text-align:right; padding-right:0.75em;\">Webwerf</th><td><a class=\"external text\" href=\"http://www.galeria.de\" rel=\"mw:ExtLink nofollow\"><i>Galeria Karstadt Kaufhof</i></a></td></tr><tr class=\"note\"><th style=\"text-align:right; padding-right:0.75em;\">Ontbind</th><td>2020</td></tr>\n</tbody></table>" ], "td_tables": [], "text_length": 2280 }
Satellietfoto van die Gallipoli-skiereiland en die omringende gebied. Die **Gallipoli**-skiereiland (Turks: Gelibolu Yarımadası) is geleë in die Europese deel van Turkye, met die Egeïese See wes en die Dardanelle-seestraat oos daarvan. Gallipoli is die Italiaanse vorm van die Griekse naam Καλλίπολις (*Kallípolis*, "Mooi Stad"), die oorspronklike naam van die moderne dorp **Gelibolu**. Geskiedenis ----------- Die Gallipoli-skiereiland was deel van die Bisantynse Ryk. Ná ’n verwoestende aardbewing in 1354 was die stad Gallipoli byna verlate, maar dit is vinnig oorgeneem deur Turke van Anatolië, die Asiatiese kant van die Dardanelle. Dit was die eerste vesting van die Ottomaanse Turke in Europa en die basis van waar hulle oor groot dele uitgebrei het. Tydens die Krim-oorlog in 1854 het Gallipoli ’n groot laer van die Britse en Franse magte gehuisves. In die Eerste Wêreldoorlog het die Westerse Geallieerde magte in 1915 ’n groot mag van Britse, Australiese en Nieu-Seelandse troepe na Gallipoli gestuur om dit in te val en toegang tot die Dardanelle te kry. Turkse soldate het die Geallieerdes op die strande van die skiereiland vasgekeer. Myne is in die Dardanelle geplaas om te keer dat Geallieerde skepe deurvaar. Hoewel twee skepe dit tog reggekry het, het die poging om Gallipoli te verower misluk en dit is eindelik in Januarie 1916 laat vaar, ná 10 maande van gevegte en meer as 200 000 gesneuwelde soldate. In 1920, ná die nederlaag van die Russiese Wit Leër, het ’n aansienlike aantal soldate en hul families van die Krim na Gallipoli gevlug en van daar na lande soos Joego-Slawië. ### Mustafa Kemal Die Ali Burnu-gedenkteken by Anzac-baai met Atatürk se woorde. Die Gallipoli-veldtog het die loopbaan van Mustafa Kemal, ’n onbekende leëroffisier met ’n lae rang, ’n groot hupstoot gegee. Hy het ’n nasionale held geword en eindelik die stigter en eerste president van die moderne Turkse staat met die ondergang van die Ottomaanse Ryk aan die einde van die Eerste Wêreldoorlog. Kemal het sy mag oorskry en bevele verontagsaam in sy vasbeslotenheid om die Geallieerdes te stuit. Sy bekende toespraak "Ek gelas julle nie om te veg nie, ek gelas julle om te sterf. In die tyd wat dit ons neem om te sterf, kan ons vervang word deur ’n nuwe besending soldate" (Turks: "Ben size taaruzu değil, ölmeyi emrediyorum. Biz ölünceye kadar geçecek zaman zarfında yerimize başka kuvvetler ve kumandanlar geçebilir") word voorgehou as bewys van sy dominante persoonlikheid. Die Turkse oorwinning het bygedra tot sy bynaam "Vader van Turkye" (Atatürk). ### Anzac-dag Grafte by Anzac-baai. Anzac-dag word elke jaar gevier op 25 April, die dag in 1915 toe die Anzacs (troepe van die Australiese en Nieu-Seelandse Leërkorps) in Gallipoli geland het in wat sedert 1985 Anzac-baai genoem word. Dit is veral in Australië en Nieu-Seeland ’n belangrike dag en tot 10 000 mense woon jaarliks die dienste in Anzac-baai by. Op 25 April 1990, met die 75ste herdenking van die Gallipoli-landing, en weer op 25 April 2005, met die 90ste herdenking, het regeringsamptenare van Australië en Nieu-Seeland, die meeste van die oorlewende Gallipoli-veterane en duisende toeriste na Turkye gereis vir ’n spesiale dagbreekdiens. Skakels ------- * Gallipoli * The New Zealanders at Gallipoli (1919) eText * *If stones could speak*: Geargiveer 12 Februarie 2010 op Wayback Machine – alle begraafplase, monumente en aandenkings i.v.m. die Gallipoli-veldtog * *Hierdie artikel is merendeels vertaal vanaf die Engelse Wikipedia-artikel en:Gallipoli*
{ "title": "Gallipoli", "mostly_tablelist": false, "tablelist_ratio": [ 657, 3377, 0.19455137696180042 ], "infobox": [], "td_tables": [], "text_length": 3572 }
Die **Nakajima Ki-27** is 'n enkelsitplek, enkelmotorige vegvliegtuig wat deur die Keiserlike Japannese Leër gebruik is tydens die Tweede Wêreldoorlog. Hierdie vliegtuig was ontwikkel vanaf 'n privaat metaalvliegtuigontwerp, genaamd die PE, deur *Nakajima* in 1935. Toe die Japannese Leër 'n tender uitreik vir 'n gevorderde vegvliegtuig het *Nakajima* die PE se ontwerp verander en as die Ki-27 ingedien. Die prototipe het sy nooiensvlug in Oktober 1936 voltooi. Die vliegtuig was in diens gestel deur die Japannese Leër na vergelykende toetse met ander prototipes. Dit was die Japannese Leër se eerste monovlerk vegvliegtuig alhoewel die wiele nie kon intrek nie. Daar was ook 'n gly ski in stede van 'n stertwiel, geen beskerming vir die vlieënier nie en het ook nie oor selfseëlende brandstoftenks beskik nie. Dit het ook nie oor 'n selfaansitter beskik nie. Al die dinge het wel die vliegtuig lig en beweeglik gemaak. Die Geallieerdes se kodenaam vir die vliegtuig was *Nate*. Die vliegtuig was die eerste keer in aksie in China in 1938 en het die lugruim beheer teen die *Polikarpof I-16* vliegtuie. Hulle het ook deel geneem aan die invalle in Burma, Maleisië en die Filippyne. Met die uitbreek van die Stille Oseaan-oorlog het die vliegtuig sukses behaal maar is later oordonder deur die nuwe geslag Geallieerde vegvliegtuie. In 1943 was hulle onttrek van die Japannese middelland en gebruik in Mantsjoerye tot aan die einde van die oorlog. Party was gebruik vir opleiding en ander gebruik as Kamikaze vliegtuie. Tegniese besonderhede --------------------- Besonderhede van die Nakajima Ki-27a:| Item | Statistiek | | --- | --- | | Aantal motors | 1 | | Tipe motor | Skroef | | Vervaardiger | Nakajima Ha-1b lugverkoelde stermotor | | Kraglewering per motor | 710 perdekrag | | Vlerkspan | 11,31 m | | Lengte | 7,53 m | | Hoogte | 3,25 m | | Vlerkoppervlakte | 18,55 m2 | | Maksimum opstygmassa | 1 790 kg | | Maksimum snelheid | 470 km/h | | Operasionele hoogte | 12 250 m | | Togafstand | 635 km | | Klimvermoë | 900 m per minuut | | Bewapening | Twee 7 ,7mm masjiengewere in neus | Sien ook -------- * Lys van vegvliegtuie Bron ---- * Crosby, Francis: *THE WORLD ENCYCLOPEDIA OF FIGHTERS & BOMBERS*. 2015. ISBN 978-1-84476-917-9
{ "title": "Nakajima Ki-27", "mostly_tablelist": false, "tablelist_ratio": [ 704, 2002, 0.3516483516483517 ], "infobox": [ "<table about=\"#mwt1\" class=\"infobox\" data-mw=\"{&quot;parts&quot;:[{&quot;template&quot;:{&quot;target&quot;:{&quot;wt&quot;:&quot;Infoboks-Vliegtuig\\n&quot;,&quot;href&quot;:&quot;./Sjabloon:Infoboks-Vliegtuig&quot;},&quot;params&quot;:{&quot;naam&quot;:{&quot;wt&quot;:&quot;Nakajima Ki-27&quot;},&quot;subsjabloon&quot;:{&quot;wt&quot;:&quot;&quot;},&quot;beeld&quot;:{&quot;wt&quot;:&quot;Lêer:Ki-27 2.jpg&quot;},&quot;byskrif&quot;:{&quot;wt&quot;:&quot;&lt;center&gt;Nakajima Ki-27&lt;/center&gt;&quot;},&quot;tipe&quot;:{&quot;wt&quot;:&quot;Vegvliegtuig&quot;},&quot;vervaardiger&quot;:{&quot;wt&quot;:&quot;''Nakajima Aircraft Company''&quot;},&quot;ontwerper&quot;:{&quot;wt&quot;:&quot;Yasushi Koyama&quot;},&quot;eerste vlug&quot;:{&quot;wt&quot;:&quot;15 Oktober 1936&quot;},&quot;bekendstelling&quot;:{&quot;wt&quot;:&quot;1937&quot;},&quot;vrygestel&quot;:{&quot;wt&quot;:&quot;&quot;},&quot;onttrek&quot;:{&quot;wt&quot;:&quot;1945&quot;},&quot;status&quot;:{&quot;wt&quot;:&quot;Onttrek&quot;},&quot;hoofgebruiker&quot;:{&quot;wt&quot;:&quot;[[Lugmag van die Japannese Keiserlike Leër|Japannese Leërlugmag]]&quot;},&quot;meer gebruikers&quot;:{&quot;wt&quot;:&quot;Koninklike Thailandse Lugmag&quot;},&quot;vervaardig&quot;:{&quot;wt&quot;:&quot;&quot;},&quot;aantal gebou&quot;:{&quot;wt&quot;:&quot;3&amp;nbsp;368&quot;},&quot;programkoste&quot;:{&quot;wt&quot;:&quot;&quot;},&quot;eenheidskoste&quot;:{&quot;wt&quot;:&quot;&quot;},&quot;ontwikkel van&quot;:{&quot;wt&quot;:&quot;&quot;},&quot;variante met eie artikels&quot;:{&quot;wt&quot;:&quot;&quot;}},&quot;i&quot;:0}}]}\" id=\"mwAg\" style=\"width:23em; font-size: 90%;\" typeof=\"mw:Transclusion\">\n<tbody><tr>\n<th colspan=\"2\" style=\"font-size: large; padding-bottom: 0.3em; text-align: center;\">Nakajima Ki-27</th></tr>\n<tr>\n<td colspan=\"2\" style=\"text-align: center;\"><div style=\"border: 1px solid #AAAAAA;\"><span typeof=\"mw:File\"><a class=\"mw-file-description\" href=\"./Lêer:Ki-27_2.jpg\"><img data-file-height=\"389\" data-file-type=\"bitmap\" data-file-width=\"847\" decoding=\"async\" height=\"129\" resource=\"./Lêer:Ki-27_2.jpg\" src=\"//upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/5/58/Ki-27_2.jpg/280px-Ki-27_2.jpg\" srcset=\"//upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/5/58/Ki-27_2.jpg/420px-Ki-27_2.jpg 1.5x, //upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/5/58/Ki-27_2.jpg/560px-Ki-27_2.jpg 2x\" width=\"280\"/></a></span></div></td></tr>\n<tr>\n<td colspan=\"2\" style=\"border-bottom: 1px solid #aaa; text-align:left;\"><center>Nakajima Ki-27</center></td></tr>\n<tr>\n<td style=\"width: 7em;text-align:right;\"><b>Tipe</b></td>\n<td>Vegvliegtuig</td></tr>\n<tr>\n<td style=\"text-align:right;\"><b>Vervaardiger</b></td>\n<td><i>Nakajima Aircraft Company</i></td></tr>\n<tr>\n<td style=\"text-align:right;\"><b>Ontwerp deur</b></td>\n<td>Yasushi Koyama</td></tr>\n<tr>\n<td style=\"text-align:right;\"><b>Nooiensvlug</b></td>\n<td>15 Oktober 1936</td></tr>\n<tr>\n<td style=\"text-align:right;\"><b>Bekendstelling</b></td>\n<td>1937</td></tr>\n<tr>\n<td style=\"text-align:right;\"><b>Onttrek</b></td>\n<td>1945</td></tr>\n<tr>\n<td style=\"text-align:right;\"><b>Status</b></td>\n<td>Onttrek</td></tr>\n<tr>\n<td style=\"text-align:right;\"><b>Hoofgebruikers</b></td>\n<td><a href=\"./Lugmag_van_die_Japannese_Keiserlike_Leër\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Lugmag van die Japannese Keiserlike Leër\">Japannese Leërlugmag</a><br/>Koninklike Thailandse Lugmag</td></tr>\n<tr>\n<td style=\"text-align:right;\"><b>Aantal gebou</b></td>\n<td>3<span typeof=\"mw:Entity\"> </span>368</td></tr>\n</tbody></table>" ], "td_tables": [], "text_length": 2248 }
| **Milaan** **Milano | Milán** | | --- | | **Kaart** | **Wapen** | | | | | | | | **Vlag** | | | | | |  **Land** | Vlag van Italië Italië | |  **Administratiewe gewes** | Lombardye | |  **Provinsie** | Milaan (MI) | |  **Koördinate** | 45°28′N 9°11′O / 45.467°N 9.183°O / 45.467; 9.183 | |  **Stigting (Romeinse verowering)** | 222 v.C. | |  **Oppervlakte:** |   | |  - Totaal | 181,76 vk km | |  **Hoogte bo seevlak** | 120 m | | | |  **Bevolking:** |   | |  - Totaal (28 Februarie 2020) | 1 399 860 | |  - Bevolkingsdigtheid | 7 700/vk km | |  **Tydsone** | UTC +1 (MET) | |  - Somertyd | UTC +2 (MEST) | | |  **Klimaat** |   | |  - Tipe | Subkontinentaal | |  - Gemiddelde jaarlikse temperatuur | 13,1 °C | |  - Gem. temp. Januarie/Julie | 2,0 / 24,1 °C | |  - Gemiddelde jaarlikse neerslae | 963 mm | |  Burgemeester | Giuseppe Sala (EV) | |  **Amptelike Webwerf** | *comune.milano.it* | **Milaan** (Italiaans: **Milano**; Milanees: *Milán*) is met 'n bevolking van 1,37 miljoen die tweede grootste stad van Italië na Rome, geleë in die sentrale gedeelte van die Povlakte waar dit deur uitgestrekte voorstedelike sones omring word. Dit is die hoofstad van die provinsie of Metropolitane Stad Milaan en van die administratiewe gebied Lombardye, die ekonomies mees ontwikkelde en ook mees digbevolkte streek in Italië. Die Metropolitane Stad Milaan het 'n bevolking van 4,5 miljoen, terwyl Grande Milano, die metropolitaanse gebied van Milaan, sewe miljoen inwoners het. *CityLife Milano* *Zaha Hadid Architects, Londen* Wyle Britse argitek Zaha Hadid se *CityLife*-woonkompleks Wêreldtentoonstelling Expo 2015 in Milaan: die Eerste Dame van die Verenigde State, Michelle Obama, en Agnese Landini, eggenote van die destydse Italiaanse premier Matteo Renzi, bewonder die Italiaanse pawiljoen se spieëlsaal In die antieke tydperk het Milaan, wat oorspronklik deur Keltiese setlaars gestig is, as Mediolanum bekendgestaan. Die stadsnaam is afgelei van die Keltiese *Medelhan* en beteken "in die middel van die plein". In die Romeinse Ryk het Mediolanum vinnig tot een van die belangrikste stedelike nedersettings gegroei. In sy latere geskiedenis het die stad onder die invloed van Duitse, Franse en Oostenrykse heersers gekom. Ná die vereniging van Italië in 'n monargiese eenheidstaat het Milaan vinnige industrialisering ervaar. Milaan is sedert die laat 19de eeu die ekonomiese en finansiële spilpunt van Italië asook sy belangrikste stad vir die mode-, ontwerp-, kultuur- en mediabedryf, setel van 'n universiteit en die Italiaanse Effektebeurs. In die laat 20ste eeu het 'n grootskaalse kulturele herlewing begin waaruit nuwe musea, opspraakwekkende voorbeelde van volhoubare moderne argitektuur en 'n groot verskeidenheid kunsuitstallings voortgespruit het. Tussen 6 en 22 Februarie 2026 sal Milaan saam met Cortina d'Ampezzo die gasheerstad van die Olimpiese Winterspele 2026 wees. Milaan en Lombardye word tans onder die welvarendste gebiede in die Europese Unie gereken. Die belangrikste besienswaardighede van Milaan is die gotiese katedraal, die operateater Scala en 'n groot aantal kunswerke wat in sy museums uitgestal word. Geografie en klimaat -------------------- ### Ligging 'n Nagaansig van die metropolitaanse gebied van Milaan, soos gesien vanuit die Internasionale Ruimtestasie ISS, wys die grootskaalse verstedelikingsproses waardeur Lombardye geraak is Milaan is in die middel van die Povlakte geleë, met die riviere Olona in die weste en Lambro in die ooste. Die stad word deur kanale, die sogenaamde *navigli*, met die mere van Noord-Italië en die Lombardiese riviere verbind. Saam met Turyn en Genua vorm Milaan die sogenaamde Nywerheidsdriehoek van Noord-Italië wat oorspronklik sterk op swaar nywerhede gesteun het en intussen deur 'n proses van tersiêrisasie geraak is waardeur die ekonomiese fokus na dienste verskuif het. Hierdie proses het tussen die laat 1970's en vroeë 1990's gepaard gegaan met die vorming van gevorderde netwerke van klein en middelgroot ondernemings in die vervaardigingsbedryf – sowel in voorstedelike sakesones asook in die wyer omgewing. Hierdie transformasie het stedelike vestigingspatrone ingrypend verander. So het die bevolking van Milaan se stadsgebied in 1971 sy historiese maksimum met 1,7 miljoen bereik en daarna as gevolg van grootskaalse verhuising na nuwe voor- en satellietstede in die omgewing gedaal tot 1,2 miljoen in 2011. Sedertdien het dit weer begin groei. ### Klimaat Milaan word in teenstelling met Sentraal- en Suid-Italië en die kusgebiede deur 'n klimaat met kontinentale trekke gekenmerk. Die winters is gewoonlik koel en vogtig, die somers baie warm en bedompig. Die gemiddelde temperature is -3 tot by +6 °C in die winter en 15 tot 28 °C in die somer. Sneeuval kom in die koue wintermaande gereeld voor. Gedurende die kouer maande bly die Povlakte as gevolg van termiese inversies dikwels in digte mis gehul wat vanweë die lugbesoedeling vroeër gereeld tot rookmis ontwikkel het. Intussen het die verwydering van rysvelde, wat net suid van Milaan geleë was, en laer vlakke van lugbesoedeling die voorkoms van rookmis verminder. Geskiedenis ----------- Milaan: Via Dante en Castello Sforzesco Galleria Vittorio Emanuele II Die basiliek San Lorenzo in die winter Die omgewing van Milaan is in die voor-Romeinse tydperk deur Noord-Italiaanse Kelte (Galliers) bewoon. Die historiese voorloper-nedersetting van Milaan is omstreeks 600 v.C. deur Kelte ingeneem. Sy naam is afgelei van die Keltiese *Mid-lan* of *Medelhan* ("in die middel van die vlakte"). 222 v.C. verower Romeinse troepe die stad, wat in die Romeinse Ryk onder die naam *Mediolanum* bekend staan. In 293 word Milaan die hoofstad van die Wes-Romeinse Ryk. Met sy sowat 300 000 inwoners is dit destyds die tweede grootste stad in Europa. Hier word in 311 die Edik van Toleransie uitgevaardig, waarvolgens keiser Konstantyn die geloofsvryheid van die Christene waarborg. Die Wes-Gote beleër Milaan in 402, terwyl die Hunne vyftig jaar later daarin slaag om die stad in te neem. Tydens die Gotiese oorlog teen die Oos-Romeinse keiser Justiniaan verower en verwoes die Oos-Gote die stad in 539. Van die Romeinse geboue het feitlik niks oorgebly nie. In 774 word Milaan by die Frankiese Ryk ingelyf. In die Karolingiese tydperk word die stad deur die biskoppe regeer, wat saam met die plaaslike bevolking ook daarin slaag om onafhanklik van die plattelandse adel en sy feodale stelsel te bly. Die Milaanse adel begin saam met die koopmans van die stad die maatskaplike bolaag vorm, wat die groei van die handel en die plaaslike ambagte bevorder. Die rykdom van die welgestelde burgers lei tot sosiale onluste, terwyl ook die Duitse keisers 'n aantal pogings onderneem om die stad te verower. In 1162 word Milaan nog 'n keer verwoes, toe keiser Frederik I Barbarossa sy veroweringsveldtog teen die Lombardiese stede onderneem. Ná die stigting van die Verbond van Lombardiese Stede neem Milaan 'n leidende rol in die organisasie in. In die vredesluiting van Konstanz verwerf die stede hulle onafhanklikheid, en Milaan word 'n selfregerende hertogdom. Onder die heerskappy van die dinastie Sforza, wat Milaan vanaf 1450 regeer, ontwikkel die stad tot een van die belangrikste sentrums van die Italiaanse renaissance. In 1492 maak die Franse koning Lodewyk XII aanspraak op die hertogdom. Ná sy oorwinning oor die Switsers in 1515 kom Milaan onder die heerskappy van die Franse koning Frans I. Tien jaar later verslaan die troepe van die Oostenrykse Huis Habsburg die Franse; Noord-Italië word saam met Milaan 'n besitting van die Oostenrykse en later Spaanse Habsburgers. Napoléon Bonaparte verower Lombardye in 1796 en verklaar Milaan tot hoofstad van die Cisalpynse Republiek, tog kom die gebied ná die Kongres van Wene in 1815 weer onder Oostenrykse heerskappy. Die inwoners van Milaan kom in 1848 in opstand teen die Oostenrykse heersers. Alhoewel die sogenaamde "Vyf-dae-opstand" misluk, word Oostenryk in die slag van Solferino deur die troepe van Sardinië-Piëmont en Frankryk verslaan. Die Lombardye word vervolgens deur die huis Sardinië-Piëmont onder koning Viktor Emmanuel II regeer. Weens sy belangrike rol as nywerheidsentrum is Milaan tydens die Tweede Wêreldoorlog deur 'n reeks lugaanvalle verwoes. As deel van Benito Mussolini se "Italiaanse Sosiale Republiek" en kommandosentrum van die Duitse Weermag in Italië is Milaan ook ná die Italiaanse kapitulasie in 1943 gebombardeer. In Oktober 1944 het 200 kinders in die werkersbuurt Gorla gesterf nadat 'n bom hul skoolgebou getref het. Teen die einde van die oorlog in Italië op 25 April 1945 lê groot dele van die stad in puin. Na sy heropbou het Milaan weer tot die finansiële en nywerheidsentrum van Italië ontwikkel. Ekonomie -------- Rasionalistiese residensiële argitektuur van die 1930's: Pietro Lingeri en Giuseppe Terragni se *Casa Comolli-Rustici*, voltooi in 1938 Uitsig oor wolkekrabbers in die Porta Nuova-sakedistrik. Internasionale sterargitekte het bygedra tot Milaan se indrukwekkende nuwe stadshorison *The Cube by Electrolux* – buitengewone uitsigte vanuit een van Milaan se mees ongewone restaurante bo-oor die Katedraalplein (*Piazza del Duomo*) Milaan is die finansiële en handelspilpunt van Italië en setel van die Italiaanse effektebeurs (*la Borsa Valori*). Die stad en sy omgewing behoort tot die belangrikste en produktiefste nywerheidsgebiede in Europa. Meer as die helfte van die tweehonderd grootste Italiaanse maatskappye het hulle hoofkwartiere in Milaan, waaronder ook die buiteband- en kabelvervaardiger Pirelli. Die stad huisves ook die hoofkwartiere van 'n betreklik groot persentasie van Italië se uitgewers, internetverskaffers, advertensie- en handelsmaatskappye in Italië asook die meeste van sy groot bankondernemings, net soos die hoofkantore van internasionale konsultantmaatskappye soos McKinsey, KPMG, Accenture en ander. Nuwe internetgebaseerde ondernemings trek voordeel uit Milaan se gevorderde optiese veselnetwerk. Nywerhede het hulle, soos in ander groot metropole, grotendeels in periferiese voorstedelike sakesones hervestig, terwyl ekonomiese aktiwiteite in die kernstad toenemend deur ondernemings uit die tegnologie- en sakesektor oorheers word. Ten opsigte van mode en ontwerp het Milaan die tweede belangrikste internasionale sentrum na Parys geword. Fiera Milano, die skouterrein van Milaan, is die grootste ter wêreld. Die sportmotors van die plaaslike vervaardiger Alfa Romeo, wat in 1910 gestig is en nou deel uitmaak van FIAT, Milaanse sy en die beroemde Panettone-tert is die bekendste plaaslike produkte. Die sukses van Milaan se industriële en dienstesektor berus, soos in ander streke van Noord-Italië, hoofsaaklik op die mededingendheid van klein en middelgroot ondernemings (KMO) wat hul ekonomiese aktiwiteite in 'n ingewikkelde netwerk organiseer wat hoofsaaklik op Noord-Italië, maar ook ander dele van die land en Suid-Europa gerig is. Hierdie netwerk word gekenmerk deur 'n besondere vorm van samewerking tussen eindvervaardigers, subkontrakteurs en hoogs geskoolde werkers. Ondanks sterk mededinging op internasionale vlak – Europese stede soos Frankfurt, München, Stuttgart, Zürich, Madrid, Lyon, Barcelona, Wene/Bratislava en Boedapest met vergelykbare ekonomiese strukture – het ondernemings in die vroeë 21ste eeu soms geskroom om die hoë vlakke van kennis en opleiding deur noue samewerking met navorsings- en wetenskaplike instellings te hernieu en uit te brei en in plaas daarvan die voorkeur gegee aan korttermyn-oplossings soos regstreekse staatsubsidies en wetlike beskerming teen mededingers wat voordeel kan trek uit laer loonvlakke. Moderne inligtings- en kommunikasietegnologie en globalisering is die grootste uitdagings vir plaaslike tegnologiese netwerke aangesien hulle die vloei van kennis oor 'n wêreldwye produksieketting moontlik maak. Vervoer ------- ### Spoorweë *Union Station* in die Amerikaanse hoofstad Washington, DC was die voorbeeld vir die argitek Ulisse Stacchini se ongewone ontwerp wat deur 'n mengsel van boustyle gekenmerk word en deur tydgenote uiteindelik as «Assiries-Milanese boukuns» bespot is Die ingangsportaal van *Milano Centrale*, soos gesien vanuit die *via Vittor Pisani* Interieur van *Milano Centrale* Milaan is een van die knooppunte van spoorvervoer in Italië. Naas die monumentele hoofstasie *Stazione di Milano Centrale*, kort *Milano Centrale* genoem, wat in 1931 as Europa se grootste treinstasie volgens volume op die plein *Piazza Duca d'Aosta* geopen is, is daar drie bykomende stasies wat roetes na ander dele van die land bedien (*Milano Porta Garibaldi*, *Milano Rogoredo* en *Milano Lambrate*) en 'n groot stasie met opstelterrein langs die roete na Venesië, *Milano Smistamento*. Teen die begin van die 20ste eeu was argitekte in Europa en Noord-Amerika by 'n wedloop om die grootste en pragtigste kopstasies betrokke. Om ontwerpe en style te plagieer was deel van die wilde wedstryd. In Milaan was die ou stasie, wat in 1864 opgerig is, ná die opening van die Simplontonnel tussen Switserland en Italië nie meer in staat om die groot getalle passasiers te hanteer nie. So is nog op 28 April 1906 die hoeksteen vir 'n nuwe stasiegebou deur koning Vittorio Emanuele III gelê – alhoewel planne vir die nuwe gebou nog nie klaar geteken was nie. Eers in 1912 is 'n argitektuurkompetisie gereël wat deur Ulisse Stacchini (1871–1947) gewen is. Vir sy ontwerp het *Union Station* in die Amerikaanse hoofstad Washington, D.C. as voorbeeld gedien. Sy planne het voorsiening gemaak vir 'n stasiegebou in die eklektisistiese styl, met historiserende elemente wat aan monumentele Romeinse en klassisistiese boukuns, maar ook aan Jugendstil (*Art Nouveau*) en Art Deco ontleen is. Boubedrywighede het in 1913 begin, maar het ná die begin van die Eerste Wêreldoorlog, wat in Italië 'n ekonomiese krisis veroorsaak het, net stadig gevorder. Hulle is eers in 1925 hervat teen 'n vinniger tempo. Ná die oorlog is omvangryke wysigings aan die oorspronklike planne aangebring wat onder meer uit die politieke omstandighede van die tyd voortgespruit het. Met Benito Mussolini se magsoorname as eerste minister is besluit om van die stasie 'n argitektoniese simbool te maak wat die fascistiese bewind se grootheid sou weerspieël. So is die ontvangsaal merkbaar vergroot tot 'n wydte van 200 m en 'n hoogte van 72 m. Nuwe platforms het ontstaan met 'n staalgewelf vir die dak wat deur Alberto Fava ontwerp is. Dit het oor 'n lengte van 341 m gestrek, met 'n platform-oppervlakte van 66 500 vierkante meter. Toe die stasie op 1 Julie 1931 ingewy is, was sy boustyl reeds nie meer in lyn met die heersende argitektoniese strominge nie (ander groot Italiaanse stasieprojekte in dié tyd soos *Santa Maria Novella* in *Florence* is volgens moderne style verwesenlik), maar was met sy swaar en monumentele vorme nogtans na die smaak van die bewindhebbers. Milano Centrale is eers in 1935 volledig voltooi. Tans word die *Stazione di Milano Centralo* deur *Grandi Stazioni S.p.A.* bestuur, 'n onderneming wat deur die spoorwegmaatskappy *Ferrovie dello Stato* gestig is om nuwe lewe in Italië se dertien grootste treinstasies te blaas. Omvattende renovasiewerk is in Augustus 2005 begin en in 2010 afgesluit met die voltooing van 'n nuwe tussenverdieping met winkels. Sedert 2010 dra die stasie die amptelike naam *Francesca Saverio Cabrini* wat egter nouliks in roosters gebruik word nie. Volgens die getal passasiers – 320 000 per dag en 120 miljoen per jaar – is *Milano Centrale* die tweede grootste stasie in Italië, ná *Roma Termini* en nog voor *Torino Porto Nuova*. ### Kanale Naviglio Grande *Bar Luce* is 'n kroeg wat deur die Amerikaanse filmregisseur Wes Anderson volgens die estetiek van Milaan se koffiehuis-leefstyl in die 1950's en 1960's ontwerp is Milaan, wat as Mediolanum vanaf die 2de eeu n.C. tot 'n belangrike metropool in die Romeinse Ryk ontwikkel het, kon hierdie status ná 'n eeue van agteruitgang in die Middeleeue herwin. 'n Beslissende faktor hierby was die geleidelike herstelling van die antieke kanaalstelsel vanaf omstreeks 1000 n.C. en tegnologiese vooruitgang in verband met die bou van sluise. Een van die oudste Milaanse kanale of *navigli di Milano*, wat in Italiaans as *Vettabia* bekendstaan (afgelei van die Latynse *vectabilis* "bevaarbaar"), is tot die spilpunt van 'n uitgestrekte kanaalnetwerk uitgebou. Oorblyfsels hiervan sluit die historiese hoofare Naviglio Grande, Naviglio Pavese en Naviglio della Martesana in. Die Naviglio Grande word gevoed deur water uit die Ticinorivier en die Martesana uit die Addarivier, terwyl die Naviglio Pavese Milaan oorspronklik met Pavia en die samevloeiing van Ticino- en Porivier verbind het. 'n Kanaalroete tot die Adriatiese See is reeds in die 15de eeu beplan, maar eers tydens die Napoleontiese bewind verwesenlik. Marmer uit die groewe van Candoglia noordwes van die Alpemeer Lago Maggiore is oor die Ticinorivier en die Naviglio Grande per boot tot die bouperseel van Milaan se katedraal vervoer wat net sowat 250 meter van 'n takkanaal af geleë was wat tydens die Milaanse bewind van Gian Galeazzo Visconti (1351−1402) gebou is. Sport ----- San Siro, tuisstadion van beide AC Milan en Inter Milan, is met 'n kapasiteit van meer as 80 000 die grootste Italiaanse stadion Milaan beskik met AC Milan en Inter Milan oor twee vername sokkerklubs wat van die suksesvolstes in die Serie A is. Albei klubs speel hul tuiswedstryde op die Stadio San Siro met 'n kapasiteit van meer as 80 000, wat ook beide die Italiaanse nasionale rugbyspan en sokkerspan gehuisves het. Daarbenewens is dit sowel tydens die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1934 as tydens die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1990 vir wedstryde ingespan. Naby die stad Monza is die Autodromo Nazionale di Monza geleë wat tydens die Italiaanse Grand Prix in Formule Een ingespan word. Milaan sal in 2026 as gasheer vir beide die Olimpiese Winterspele en die Paralimpiese Winterspele optree. Toerisme en hotelwese --------------------- Gegewe die stad se florerende mode- en ontwerpbedrywe, sy vooruitstrewende argitekte en sy gesofistikeerde gevoel van styl, het boetiekhotelle eers betreklik laat hul verskyning in Milaan gemaak. Tot vandag is hotelle naby Milaan se hoofstasie nog hoofsaaklik gemik op sakelui en welgestelde personeel uit die bankbedryf, terwyl daar in die 21ste eeuse middestad 'n groot verskeidenheid stylvolle nuwe verblyfplekke vir kulturele en ander toeriste ontstaan en rolspelers uit die modebedryf soos *Bvlgari* (*The Bvlgari Hotel*) en *Moschino* (*Maison Moschino*) tot die hotelsektor toegetree het. Kleurvol-eksentrieke hotelle vir modebewustes sluit *Gray*, *Hotel Straf*, *Petit Palais* en *Town House Galleria* in. *Park Hyatt Milano* en *Westin Palace* het nuwe mededingers vir die tradisionele luukse hotelle *The Four Seasons*, *Grand Hotel et di Milan* en *Principe di Savoia* tot die vyfstermark toegetree. Die oorvleuelende markte vir elegante en sakehotelle word bedien deur *Enterprise Hotel*, *Nhow Milano*, *The Chedi* en *Armani*. Vir die twee eersgenoemdes is voormalige nywerheidsgeboue omgebou – so het die *Enterprise* sy deure in 2002 as een van die eerste ontwerphotelle in 'n vroeëre fabrieksgebou en drukkery geopen. Eie aan Milaan is boetiekhotelle volgens die bed-en-ontbyt-konsep, plaaslik *antiche locande* genoem, wat hul deure in historiese stadhuise geopen het soos *Leonardo*, *Solferino* en *Mercanti*. Besienswaardighede ------------------ Nagtelike aansig van die Galleria Vittorio Emanuele II Die katedraal van Milaan Kaïn vermoor Abel, beeldbouwerk by die katedraal van Milaan *Castello Sforzesco* 17de eeuse Lombardiese meubelkuns in die Castello Sforzesco * Die **katedraal van Milaan** (**Duomo di Milano**) is een van die beroemdste geboue in Italië en Europa. Dit is in 1572 gewy aan Santa Maria Nascente (Die heilige barende Maria). Na die basiliek Notre-Dame de la Paix in Yamoussoukro (Kameroen), die Pieterskerk in Rome en die katedraal van Sevilla (Spanje) is dit die vierde grootste kerkgebou ter wêreld en die belangrikste voorbeeld van die Gotiese boustyl in Italië. Ook sy hoë en kleurryke glasvensters behoort tot die grootstes wêreldwyd. Met sy vyf skepe, 'n lengte van 157 meter en wydte van 109 meter bied dit sit- en staanplekke vir sowat 40 000 mense. Die bou van die katedraal begin teen die einde van die 14de eeu onder die heerskappy van hertog Gian Galeazzo Visconti, tog is dit eers in 1858 voltooi. Die katedraal is met sy Gotiese boustyl 'n uitsondering in die geskiedenis van die Italiaanse argitektuur. Sy fasade, wat in die Napoleontiese tydperk voltooi is, is 'n mengsel van Nieu-Gotiese en barok-elemente. Die steentuin op die dak bevat sowat 3 500 skulpture en bied 'n panoramiese uitsig oor die stad en die omgewing, wat tot by die Alpe strek. * Milaan staan bekend vir sy talle mode-ontwerpers en -boetieke, veral in die **via Montenapoleone**. Die **Galleria Vittorio Emanuele** word as die oudste (onderdak) winkellaan ter wêreld beskou. * Die **Museo nazionale della scienza e della tecnologia "Leonardo da Vinci"** ("Nasionale wetenskaps- en tegnologiemuseum Leonardo da Vinci") behandel onder meer 'n aantal tegniese ontwerpe en modelle van Leonardo da Vinci, asook sy planne vir 'n "ideale stad". Leonardo da Vinci was in die tydperk tussen 1487 en 1500 in Milaan werksaam. * Die reusagtige **Castello Sforzesco** in die noordweste van die ou stadskern het vanaf 1450 die ou burg van die Huis Visconti vervang. Die gebou, wat in opdrag van Francesco I Sforza opgerig is, huisves vandag 'n aantal museums, waaronder die Argeologiese Museum (*Museo della Preistoria*) en 'n meubel- en houtsnykunsmuseum (*Museo dei Mobili e delle Sculture Lignee*). Die park van die kasteel spog met 'n Engelse tuin, 'n arena, 'n uitkyktoring en die neoklassieke triomfboog Arco della Pace uit die vroeë 19de eeu.
{ "title": "Milaan", "mostly_tablelist": false, "tablelist_ratio": [ 2810, 19198, 0.1463694134805709 ], "infobox": [], "td_tables": [], "text_length": 21988 }
Die **Focke-Wulf Fw 190** was 'n Duitse vegvliegtuig wat deur die *Luftwaffe* gebruik is tydens die Tweede Wêreldoorlog. Dit word deur menige kenner beskou as die beste Duitse vegvliegtuig van Tweede Wêreldoorlog. Die eerste proptotipe het in Junie 1938 sy nooiensvlug voltooi en bewys dat lugverkoelde stermotors kon byhou met inlynmotors. Met sy eerste vertoning in aksie oor Frankryk, gedurende September 1941, het die Fw 190 drie Spitfires afgeskiet. Dit het die Spitfire V oortref op daardie stadium. Die Fw 190 was meer beweegbaar as die Spitfire behalwe met betrekking tot draaisirkel en het ook 'n beter topsnelheid gehad. Dit het vir 'n tydperk die lugruim oor die wesfront oorheers en is eers bedreig toe die Spitfire IX sy vertoning in die herfs van 1942 gemaak het. Gedurende 1942 het die Fw 190 die Duitse kruisers *Scharnhorst* en *Gneisenau* en die swaarkruiser *Prinz Eugen* beskerm toe hulle deur die Engelse Kanaal gevaar het na Duitse hawens in die noorde. Tydens een van die skermutselinge het die Fw 190's al ses die *Fairey Swordfish'e* afgeskiet. Vanaf 1942 het die Fw 190 in groot getalle regoor al die fronte verskyn; in rolle as vegters, bomwerpers en verdediging. Op 19 Augustus 1942 het 'n groot groep Fw 190 aan luggevegte deelgeneem tydens die landing by Dieppe. Die Fw 190 was in aksie die hele dag en beweer hulle het 97 Britse vliegtuie vernietig. Een vlieënier het volgens bewering sewe Spitfires afgeskiet. Die Fw 190A-model is voortdurend verbeter, met groter wapens en soms ook met water-metanol of distikstofoksied inspuiting toegerus. Daar was ook 'n model wat torpedos kon dra. Gedurende die laaste jare van die oorlog het die Fw 190 'n groot rol gespeel in die lugverdediging van Duitse grondgebied veral teen die Geallieerde lugaanvalle. Op 17 Augustus 1943 het 300 Fw 190's 'n groep Amerikaanse bomwerpers onderskep, 60 vernietig en 100 beskadig. Sommige van die Fw 190's was toegerus met 210 mm vuurpyle wat gebruik is om die bomwerperformasies uit mekaar te jaag. In Junie 1943 is 'n Fw 190-nagvegtergroep gestig. Die groep se vliegtuie was egter nie met radar toegerus nie maar het die bomwerpers aangeval oor hul teikengebiede. Hulle het oor die 200 bomwerpers op dié manier vernietig. Ook in 1943 het die Duitsers die Fw 190D-model ontwikkel, D vir Dora om hoër te kan vlieg. Dit was gedoen in afwagting van die B-29 Superfortress bomwerpers wat later deur die Amerikaners in diens gestel is. Die *Dora* het 'n langer neus gehad as die konvensionele Fw 190. Die Fw 190D was ook die eerste model om met 'n vloeistofverkoelde motor toegerus te word. Die *Dora* was tegnies die gelyke van die Spitfire XIV en die P-51D Mustang. Tegniese besonderhede --------------------- Besonderhede van die Focke-Wulf Fw 190D-9:| Item | Statistiek | | --- | --- | | Aantal motors | 1 | | Tipe motor | Skroef | | Vervaardiger | Junkers Jumo 213A-1, omgekeerde V suiermotor | | Kraglewering per motor | 1 776 perdekrag | | Vlerkspan | 10,5 m | | Lengte | 10,2 m | | Hoogte | 3,35 m | | Vlerkoppervlakte | 18,3 m2 | | Maks. opstygmassa | 4 848 kg | | Maks. snelheid | 685 km/h | | Operasionele hoogte | 12 000m | | Togafstand | 835km | | Klimvermoë | 6 000m in 7 minute | | Bewapening | Twee 13 mm masjiengewere twee 20 mm kanonne plus een 500 kg bom. | Sien ook -------- * Lys van vegvliegtuie * Engelse Kanaaldeurbraak, 1942 Bron ---- * Crosby, Francis: *THE WORLD ENCYCLOPEDIA OF FIGHTERS & BOMBERS*. 2015. ISBN 978-1-84476-917-9 | | | | --- | --- | | Normdata Edit this at Wikidata | * GND: 4113659-7 * LCCN: sh85049614 * NARA: 10663424 * NKC: ph249491 |
{ "title": "Focke-Wulf Fw 190", "mostly_tablelist": false, "tablelist_ratio": [ 765, 3009, 0.2542372881355932 ], "infobox": [ "<table about=\"#mwt1\" class=\"infobox\" data-mw='{\"parts\":[{\"template\":{\"target\":{\"wt\":\"Infoboks-Vliegtuig\\n\",\"href\":\"./Sjabloon:Infoboks-Vliegtuig\"},\"params\":{\"naam\":{\"wt\":\"Focke-Wulf Fw 190\"},\"beeld\":{\"wt\":\"Lêer:Fw 190A-3 JG 2 in Britain 1942.jpg\"},\"byskrif\":{\"wt\":\"\"},\"tipe\":{\"wt\":\"Vegvliegtuig\"},\"vervaardiger\":{\"wt\":\"Focke-Wulf\"},\"ontwerper\":{\"wt\":\"Kurt Tank\"},\"eerste vlug\":{\"wt\":\"1 Junie 1939\"},\"bekendstelling\":{\"wt\":\"Augustus 1941\"},\"vrygestel\":{\"wt\":\"\"},\"onttrek\":{\"wt\":\"\"},\"status\":{\"wt\":\"Uit diens gestel\"},\"hoofgebruiker\":{\"wt\":\"[[Luftwaffe]]\"},\"meer gebruikers\":{\"wt\":\"\"},\"vorige gebruikers\":{\"wt\":\"\"},\"vervaardig\":{\"wt\":\"\"},\"aantal gebou\":{\"wt\":\"Meer as 20,000\"},\"programkoste\":{\"wt\":\"\"},\"eenheidskoste\":{\"wt\":\"\"},\"ontwikkel van\":{\"wt\":\"\"},\"variante met eie artikels\":{\"wt\":\"\"}},\"i\":0}}]}' id=\"mwAg\" style=\"width:23em; font-size: 90%;\" typeof=\"mw:Transclusion\">\n<tbody><tr>\n<th colspan=\"2\" style=\"font-size: large; padding-bottom: 0.3em; text-align: center;\">Focke-Wulf Fw 190</th></tr>\n<tr>\n<td colspan=\"2\" style=\"text-align: center;\"><div style=\"border: 1px solid #AAAAAA;\"><span typeof=\"mw:File\"><a class=\"mw-file-description\" href=\"./Lêer:Fw_190A-3_JG_2_in_Britain_1942.jpg\"><img data-file-height=\"538\" data-file-type=\"bitmap\" data-file-width=\"800\" decoding=\"async\" height=\"188\" resource=\"./Lêer:Fw_190A-3_JG_2_in_Britain_1942.jpg\" src=\"//upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/7/79/Fw_190A-3_JG_2_in_Britain_1942.jpg/280px-Fw_190A-3_JG_2_in_Britain_1942.jpg\" srcset=\"//upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/7/79/Fw_190A-3_JG_2_in_Britain_1942.jpg/420px-Fw_190A-3_JG_2_in_Britain_1942.jpg 1.5x, //upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/7/79/Fw_190A-3_JG_2_in_Britain_1942.jpg/560px-Fw_190A-3_JG_2_in_Britain_1942.jpg 2x\" width=\"280\"/></a></span></div></td></tr>\n<tr>\n<td style=\"width: 7em;text-align:right;\"><b>Tipe</b></td>\n<td>Vegvliegtuig</td></tr>\n<tr>\n<td style=\"text-align:right;\"><b>Vervaardiger</b></td>\n<td>Focke-Wulf</td></tr>\n<tr>\n<td style=\"text-align:right;\"><b>Ontwerp deur</b></td>\n<td>Kurt Tank</td></tr>\n<tr>\n<td style=\"text-align:right;\"><b>Nooiensvlug</b></td>\n<td>1 Junie 1939</td></tr>\n<tr>\n<td style=\"text-align:right;\"><b>Bekendstelling</b></td>\n<td>Augustus 1941</td></tr>\n<tr>\n<td style=\"text-align:right;\"><b>Status</b></td>\n<td>Uit diens gestel</td></tr>\n<tr>\n<td style=\"text-align:right;\"><b>Hoofgebruiker</b></td>\n<td><a href=\"./Luftwaffe\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Luftwaffe\">Luftwaffe</a></td></tr>\n<tr>\n<td style=\"text-align:right;\"><b>Aantal gebou</b></td>\n<td>Meer as 20,000</td></tr>\n</tbody></table>" ], "td_tables": [], "text_length": 3610 }