text
stringlengths
571
541k
meta
dict
**David Fyodorovich Oistrakh** (Russies: Давид Фёдорович Ойстрах; Dawid Fjodorowitsj Oistrach), 30 September [O.S. 17 September] 1908 – 24 Oktober 1974, was ’n Sowjetse vioolspeler en -virtuoos van Joodse afkoms. Sy opnames en uitvoerings van Dmitri Sjostakowitsj se concerto's is veral bekend, maar hy het ook klassieke concerto's uitgevoer. Hy het saam met orkeste in Rusland, Europa en die Verenigde State van Amerika gespeel. Lewe ---- Oistrakh is in die stad Odessa aan die Swartsee gebore – sy pa was Fishl Oistrakh en sy ma Beyle (gebore Stepanovsky). Hy het op vyfjarige ouderdom viool en altviool begin bestudeer. Op ses het hy sy debuut in Odessa gemaak en in 1923 ingeskryf by die Odessa-konservatorium, waar hy tot in 1926 studeer het. Hy het in 1927 as solis opgetree in Kiëf, waar hy die Aleksander Glazoenof-vioolconcerto gespeel het – en dit het gelei tot ’n uitnodiging om die volgende jaar die Tsjaikofski-vioolconcerto in Leningrad uit te voer saam met die stad se filharmoniese orkes. In dieselfde jaar het hy na Moskou verhuis, waar hy sy vrou, Tamara Rotarewa, ’n pianis, ontmoet het. Hulle is ’n jaar later getroud. Van 1934 af het hy aan die Moskouse Konservatorium klasgegee, waar hy in 1939 ’n professor geword het. Internasionale roem ------------------- Oistrakh het internasionaal bekend geword nadat hy verskeie nasionale en internasionale kompetisies gewen het. Tydens die Tweede Wêreldoorlog het in die Sowjetunie opgetree. In 1942 het hy die Stalin-prys gewen. Toe Nazi-Duitsland die Sowjetunie binneval, het hy na die voorste linies gegaan en onder uiters moeilike omstandighede vir die soldate en fabriekswerkers gespeel. Sy dapperste daad was om in die winter van 1942 Tsjaikofski se vioolconcerto tot aan die einde uit te voer tydens die Slag van Stalingrad terwyl die Duitse lugmag Stalingrad gebombardeer het. Ná die oorlog is Oistrakh toegelaat om te reis. In 1949 het hy sy eerste concert in die Weste uitgevoer – in Helsinki. In 1951 het hy in Florence opgetree, in 1952 in Oos-Duitsland, in 1953 in Frankryk, in 1954 in Brittanje en eindelik, in 1955, is hy toegelaat om in die VSA te toer. Teen 1959 het hy ’n tweede loopbaan as dirigent begin vestig en in 1960 het hy die Lenin-prys gewen. Teen sy sestigste verjaarsdag in 1968 is hy beskou as een van die grootste violiste van sy tyd. In 1964 het hy ’n hartaanval gehad en in 1974 is hy ná ’n tweede hartaanval oorlede. Notas ----- | | | | --- | --- | | Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia vertaal. | |
David Oistrakh (links), met dirigent Franz Konwitschny (middel) en Igor Oistrakh (regs), in 1957.
" ], "td_tables": [], "text_length": 2590 }
King William's Town se NG kerkgebou is in die sogenaamde tentboustyl ontwerp, ook bekend as die kappiekerk, wat in die onmiddellike omgewing ook te sien is op Bedford (NG gemeente Glen Lynden) en Stutterheim (NG gemeente Stutterheim). King William's Town is tussen die voormalige tuislande Ciskei en Transkei in die Grensstreek geleë. Die eerste van die gemeente se drie kerkgeboue het eers behoort aan 'n gemeente bestaande uit lidmate van die Duitse Lutherse kerk wat weggebreek en hul eie gemeente gestig het. Dié foto is in 1917 geneem. Ds. G.J. Barnardt, Kingwilliamstown se tweede leraar van 1915 tot 1921. King William's Town se NG kerksaal. Ds. Carl Jacobus Steyn, Kingwilliamstown se vierde leraar van 1931 tot 1945. Ds. Daniël Johannes Malan, van 1945 tot 1947 die gemeente se vyfde leraar. Hy was van 1966 af Sondagskoolsekretaris en van 1967 af Algemene Sondagskoolsekretaris. Ds. Pieter Willem Jordaan, leraar van 1948 tot 1950. Ook in die Oos-Kaap, was hy leraar van Lady Grey van 1940 tot 1945, Sondagsrivier-Suid van 1945 tot 1948 en Tarkastad van 1950 tot 1958. Ds. Johannes Jacobus Uys Fourie, leraar van 1951 tot 1958. Ds. Pieter Jacobus van Jaarsveld, leraar van 1962 tot 1969. Die **NG gemeente King William's Town** (vroeër geskryf Kingwilliamstown) is 'n gemeente van die Nederduitse Gereformeerde Kerk met as middelpunt die Oos-Kaapse dorp King William's Town. Dit was, tesame met Maitland, Die Strand en Pofadder, een van vier gemeentes wat in 1912 binne die destydse Kaapse Kerk gestig is en die agtste gemeente in die huidige Sinode van Oos-Kaapland wat sedert die einde van die Anglo-Boereoorlog in die streek tot stand gekom het. In dié dekade is ook die eerste gemeente in die twee hawestede, Port Elizabeth en Oos-Londen, gestig wat albei later, nes King William's Town, 'n kerkgebou sou kry wat ontwerp is deur die eerste Afrikaanse argitek, Wynand Louw, van die Paarl. Agtergrond ---------- Die eerste NG kerkgeboutjie op King William's Town het 'n eienaardige geskiedenis gehad. Dit is opgerig weens 'n skeuring in die plaaslike Duitse Lutherse gemeente. Die afgeskeidenes het 'n nuwe gemeente gestig en die kerkie laat bou. Later het die twee partye egter vrywillig herenig. In 1904 koop die kerkraad van die ou McCleantown (later die hoofkerk wat na Komga verplaas is, 'n gemeente wat nie meer bestaan nie, maar die oudste in die Grensstreek was) die kerkie van die Lutherse gemeente vir £700. Hebreërs 13:8 was toe nog binne die hoofingang van die gebou in Duits te lees: "Jesus Christus is gister en vandag dieselfde en tot in ewigheid." ("Jesus Christus ist derselbe gestern und heute und in Ewigkeit.") Toe die kerkie gekoop is, het McCleantown behoort tot die Ring van Albanie. Dit is getransporteer op die naam van sekere trustees, wat teen 1917 almal vertrek of gesterf het. Omdat nuwe trustees nooit aangestel is deur die moedergemeente Komga nie, het die oorplasing van die eiendom in die naam van die nuwe gemeente Kingwilliamstown groot koste meegebring. Mettertyd is slegs £400 van die £700 afbetaal. Toe ds. H.A. Boshoff in 1913 as eerste leraar bevestig is, rus daar dus nog 'n skuld van £300 op die geboutjie. Die som is mettertyd afbetaal tot net £85 oorgebly het. Dit is in Junie 1915 afbetaal onder die leiding van ds. G.J. Barnardt, die opvolger van ds. Boshoff, wat op 10 April 1915 hier georden is. Die kerkie het slegs plek vir 240 kerkgangers gehad en was kort voor lank gans en al te klein vir die groeiende gemeente. (Met net 217 lidmate wat in 2012 oorgebly het, sou dit natuurlik voldoende gewees het.) Omstreeks 1916 het die gemeente dus 'n stuk grond aangekoop vir die bou van 'n nuwe kerk, maar jare lank het die geld ontbreek om te begin bou. Ds. Barndardt het egter deurentyd geld ingesamel by mense wat nog iets oorgehad het vir die Kerk en die armes. Leraars ------- Die afstigting van Kingwilliamstown van die moedergemeente Komga (destyds geskryf Komgha) op 19 November 1912 was voorwaar 'n geloofsdaad omdat die omgewing destyds hoofsaaklik bewoon is deur Engelssprekendes en Duitsers. In die beginjare het die gemeente met sy geringe lidmaattal dan ook 'n worstelstryd om voortbestaan gevoer. Eers die derde beroep was suksesvol en in 1913 is prop. H.A. Boshoff deur die konsulent, ds. P.T. Stroebel, bevestig. Ná die dienstyd van ds. Barnardt kom ook nog agtereenvolgens di. J.F. Hugo (wat in 1925 na die NG gemeente Peddie vertrek as hul eerste leraar), J.P. le Roux, C.J. Steyn, D.J. Malan en P.W. Jordaan. Ds. Steyn was die vroeë leraar wat die langste in die gemeente gestaan het (14 jaar) sodat daar dan ook van hom gesê word dat hy onuitwisbare spore hier nagelaat het. Nuwe kerk --------- King William's Town bereik 'n belangrike mylpaal met die inwyding op 16 Januarie 1926 van sy nuwe kerkgebou, ontwerp deur Wynand Louw. Die eerste kerkraadsvergadering in die nuwe gebou is op 13 Februarie 1926 onder voorsitterskap van ds. J.P. le Roux gehou. Die lidmaattal het geleidelik toegeneem sodat die gemeente teen 1950 begin dink het aan die bou van 'n groter plek van aanbidding. Sending ------- Teen 1952 het die gemeente reeds veel vermag op sendinggebied met die bou van twee kerke vir bruin lidmate en die destyds het hy die diens van 'n swart sowel as 'n bruin evangelis gehad. Hede ---- Toe die gemeente in September 2015 vir 'n leraar adverteer, het hy hom as volg beskryf: "Die NG gemeente King William's Town is aan die voet van die pragtige Amatolaberg geleê, 50 km van Oos-Londen en deel van die Buffalostad Metropool. Naasliggend is Bisho, administratiewe hoofstad van die Oos-Kaap. Die gemeente is deel van 'n gemeenskap waar die nasate van Duitsers, Britte, Afrikaners en Xhosas saam na 'n beter toekoms streef. Die gemeente bestaan uit sowat 155 belydende en dooplidmate. Baie van ons lidmate is entrepreneurs, en tweederdes van die gemeente is onder 60 jaar. Ons beskik oor 'n moderne, doelmatige kerkgebou, met 'n pragtige saal. Die kerkgebou is aan die hoofweê na Oos-Londen en Bisho geleë. Ons gemeente is nie 'n tipiese klein, plattelandse gemeente nie. Ons plaas klem op geestelike toerusting vanuit die Skrif, dissipelskap, reik uit oor grense met 'n gemeenskapsgeoriënteerde model, is 'n ruimte waar vreemdelinge vriende word, en bou aan sterk onderlinge verhoudinge. Aangesien daar baie jongmense in ons gemeenskap is wat tans nie kerklik inskakel nie, is dit vir ons 'n prioriteit om na hulle uit te reik. Ons wil vars uitdrukkings van kerk-wees bevorder." Enkele leraars -------------- * Hendrik Andreas Boshoff, 1913–1916 * Gerhardus Johannes Barnardt, 1915–1921 * Jean Francois Hugo, 1921–1925 * Jacob Philippus le Roux, 1926–1930 * Carl Jacobus Steyn, 1931–1945 * Daniël Johannes Malan, 1945–1947 * Pieter Willem Jordaan, 1948–1950 * Jacobus Johannes Fourie, 1951–1958 * John Charles Schoombie, 1958–1961 * Johannes Jacobus Uys Fourie, 1961–1962 * Pieter Jacobus van Jaarsveld, 1962–1969 * Johannes Jacobus Schabort, 1975 – 1981 * Frederik Simon Marincowitz, 11 Oktober 1969 – 26 Januarie 1986 (hierheen gekom van NG gemeente Pietermaritzburg-Noord af; emeriteer) * Louis van der Walt, 1981–1988 * Johannes Marthinus (Hannes) Pretorius, 1986–1990 * Schalk Willem Kotzé, 1988–1996 * Petrus Gerhardus Nel, 2008 – hede (emeritus) * J.R. Nieuwenhuizen, 2016 – hede Bronne ------ * Olivier, ds. P.L. (samesteller), *Ons gemeentelike feesalbum*. Kaapstad en Pretoria: N.G. Kerk-uitgewers, 1952. * Maeder, ds. G.A. en Zinn, Christian. 1917. *Ons Kerk Album*. Kaapstad: Ons Kerk Album Maatschappij Bpkt.
{ "title": "NG gemeente King William's Town", "mostly_tablelist": false, "tablelist_ratio": [ 848, 6220, 0.13633440514469453 ], "infobox": [], "td_tables": [], "text_length": 7549 }
Die Petronas-torings in April 2010 Die **Petronas-torings**, ook bekend as die **Petronas-tweelingtoring** (Maleis: **Menara Petronas**, of **Menara Berkembar Petronas**), is 'n tweelingtoring in Kuala Lumpur, Maleisië. Volgens die "*Council on Tall Buildings and Urban Habitat*" (CTBUH) se ranglys was dit van 1998 tot 2004 amptelik die hoogste gebou ter wêreld, en is steeds die hoogste tweelingtoring ter wêreld. Die geboue, saam met die nabygeleë Kuala Lumpur-toring, is 'n onmiskenbare landmerk van Kuala Lumpur. Geskiedenis ----------- Die torings is deur die Argentyns-Amerikaanse argitek César Pelli ontwerp. Hy het 'n eiesoortige styl ontwikkel om die 21ste-eeuse ikoon vir Kuala Lumpur te ontwerp. Die beplanning van die torings het op 1 Januarie 1992 begin en het toetse en simulasies vir wind en las ingesluit. Sewe jaar se bouwerk het op die oorspronklike perseel van die *Selangor Turf Club* gevolg, met die uitgrawings wat op 1 Maart 1993 begin het. Koördinate: 3°09′28″N 101°42′42″O / 3.15785°N 101.71165°O / 3.15785; 101.71165
{ "title": "Petronas-torings", "mostly_tablelist": false, "tablelist_ratio": [ 0, 872, 0 ], "infobox": [], "td_tables": [], "text_length": 1061 }
**David Grey Rattray** (6 September, 1958- 26 Januarie, 2007) was 'n Suid-Afrikaanse historikus wat veral bekend was vir sy werk oor die Anglo-Zoeloe-oorloë. Hy is op 26 Januarie 2007 by sy huis naby Rorke's Drift vermoor. David Rattray is in 1958 in Johannesburg gebore. Hy het skoolgegaan by Pridwin in Johannesburg en St Alban's College in Pretoria. In 1982 behaal hy 'n BSc Honneurs in entomologie aan die Universiteit van Natal in Pietermaritzburg. Van 1983 tot 1988 het hy die Mala Mala Natuurreservaat bestuur. In 1989 het hy en sy gesin na die familieplaas by Rorke's Drift, waar die beroemde Slag van Isandlwana en Slag van Rorke's Drift tussen die Engelse en die Zoeloes plaas gevind het, getrek. Hy en sy vrou, Nicky, het die Fugitives' Drift Lodge opgerig waar hulle gashere was vir 'n stroom besoekers wat Prins Charles en ander bekendes ingesluit het. In 1994 het hy lesings in die Verenigde Koninkryk by die Royal Geographical Society in Londen begin gee. In 1999 ken dié vereniging die "Ness Award" aan hom toe ter erkenning van die werk wat hy gedoen het om kennis van Zoeloekultuur te bevorder. In Februarie 2001 het hy die inwydingslesing van die Laurens van der Post Gedenklesingreeks by Sint James Paleis gelewer. Op 26 Januarie 2007 is Rattray vermoor in wat oënskynlik 'n mislukte rooftog was. 'n Bende van ses mans gewapen met pistole en gewere het eers die ontvangsdame aangehou voor een van die mans die huis binne gegaan het en 'n enkele skoot gevuur het. Hy is egter deur die bendeleier wat saam met die res buite die huis gebly het beveel om weer in die huis in te gaan waar hy nog twee skote gevuur het waarna die aanvallers te voet gevlug het. David Rattray is op 1 Februarie 2007 in Balgowan begrawe in 'n eenvoudige dennehoutkis versier met inheemse veldblomme wat hy self geplant het. Die roudiens is in die privaat skool Michaelhouse se kapel gehou. Die begrafnis is deur meer as 1 500 mense bygewoon wat verskeie hooggeplaastes ingesluit het insluitend die premier van KwaZulu-Natal, S'bu Ndebele, en die Minister van Intelligensie Ronnie Kasrils. Talle sprekers by die begrafnis het gepleit vir optrede teen die vlaag van misdaad in Suid-Afrika. Op Vrydag 2 Februarie het Fethe Sibusiso Nkwanyana in Pietermaritzburg voor regter Jan Hugo skuldig gepleit op aanklagte van moord, poging tot roof met verswarende omstandighede en die onwettige besit van 'n vuurwapen en ammunisie. Nkwanyana het in die hof aangevoer dat Rattray deur mnr. Banozi Ndlovu doodgemaak is. Hy het verder getuig dat hy Sibonele Mpanza en Banozi Ndlovu Fugitive’s Drift 'n paar dae voor die voorval gaan verken het met die oog op 'n beplande rooftog. Volgens sy getuienis het die drie mans en nog drie mans – menere Siphiwe Ndlovu, Zwelihle Mtshali en ene Ngobese, die dag van die moord na die lodge gegaan waar hulle werkers aangehou het en geld en die brandkas se sleutels geëis het voor Banozi Ndlovu die huis binnegegaan en Rattray geskiet het. Nadat die saak tot Maandag 5 Februarie verdaag is, is Nkwanyana, wat 23 jaar oud is, altesame 25 jaar tronkstraf opgelê weens sy aandeel in die moord. Regter Hugo het in sy uitspraak gesê dat die moord op onskuldige mense soos mnr. David Rattray simptomaties is van die wetteloosheid wat veral op die platteland van Suid-Afrika heers. 'n Tweede verdagte, Simphiwe Ndlovu (25) het op 2 Februarie in Dundee in die hof verskyn. Die saak is uitgestel en 'n borgtog aansoek is op 20 Februarie aangehoor. Tydens die aansoek het dit aan die lig gekom dat 'n lasbrief vir Simphiwe Ndlovu se inhegetenisname in Februarie 2006 uitgereik is inverband met die verkragting van twee tienermeisies, onderskeidelik 13 en 16 jaar oud. Sy moontlik betrokkenheid by 'n rooftog op die Rorke's Drift museum word ook ondersoek. 'n Derde verdagte, Thembinkosi Ndlovu, (22) is op 15 Februarie in Nqutu naby Dundee gearresteer. Thembinkosi Ndlovu het skuld erken op die moord op Rattray en aangevoer dat hy deur Fethe Sibusiso Nkwanyana beveel is om Rattray te skiet. Regter Vuka Tshabalala, regter-president van KwaZulu-Natal het Thembinkosi Ndlovu tot 25 jaar tronkstraf gevonnis weens die moord op Rattray. In sy uitspraak het Tshabalala gewys op die skade wat misdadigers soos Ndlovu die land berokken in die aanloop na die Wêreldbeker-sokkertoernooi in 2010. 'n Vierde verdagte, Sabelo Xolani Mpanza (28), is op 16 Maart in Helpmekaar in KwaZulu-Natal in hegtenis geneem. Mpanza het op 28 Maart in die hof in Dundee verskyn waar borgtog geweier is.
{ "title": "David Rattray", "mostly_tablelist": false, "tablelist_ratio": [ 1216, 4964, 0.24496373892022563 ], "infobox": [], "td_tables": [], "text_length": 4499 }
**Petronel Malan** is in 1974 in Pretoria, Suid-Afrika gebore. Sy is 'n Suid-Afrikaanse konsertpianis wat in die Verenigde State woon. Sy is 'n Grammy-genomineerde Suid-Afrikaanse pianis en 'n eksklusiewe opname-kunstenaar vir die internasionaal-erkende plaatetiket *Hänssler Classic* in Duitsland. Haar debuutalbum, *Transfigured Bach: The Complete Bach Transcriptions of Bartók, Lipatti and Ignaz Friedman*, is genomineer vir drie Grammy toekennings, waaronder "Beste instrumentale solo-album". Die album was langer as 30 weke op die Top-10-lys van Classic FM en het kritiese lof ontvang. Haar tweede opname in die reeks, *Transfigured Mozart*, is in 2006 vrygestel tydens 'n 15-konsert-toer in Suid-Afrika ter herdenking van die 250ste herdenking van Mozart se geboorte. *Transfigured Beethoven* is in 2008 vrygestel. *Transfigured Tchaikovsky* (2012) bevat die liedereverwerkings van Isaac Mikhnovsky. In 2015 het sy *Transfigured Brahms* vrygestel, wat die heel eerste verwerkings van dié werke deur die Amerikaanse komponis Lowell Liebermann insluit. As 'n Blüthner-kunstenaar maak sy uitsluitlik van die klaviere gebruik vir haar opnames. Agtergrond ---------- Malan is in Suid-Afrika gebore. Haar voorouers is Franse Hugenote wat in 1688 voet aan wal in die Kaap gesit het. Sy het op vierjarige ouderdom klavierlesse by haar ma, 'n operasangeres, begin neem. Sy word beskou as die "laaste wonderkind" van die ontslape Suid-Afrikaanse pedagoog Adolph Hallis, en het op tienjarige ouderdom haar debuut by die Johannesburgse Simfonieorkes gemaak. Malan het haar eerste nasionale goue medalje op twaalfjarige ouderdom verower (ATKV Prelude Kompetisies) en haar eerste internasionale goue medalje op veertienjarige ouderdom tydens die Derde Internasionale Klavierkompetisie in Marsala, Sisilië. Nadat sy elke kompetisie gewen het waarvoor sy in Suid-Afrika kon inskryf, het sy die voorste Suid-Afrikaanse pianis van haar generasie geword toe sy die jongste persoon geword het wat die gesogte SAUK-musiekprys-kompetisie kon wen. Sy het na die Verenigde State verhuis ten einde haar loopbaan na te jaag. Sy het haar studies voortgesit onder Joseph Stanford, Steven De Groote, Ralph Votapek en Earl Wild. Petronel het beide haar meesters- doktorale graad in musiek aan die *University of North Texas College of Music* voltooi en onder Joseph Banowetz studeer. Na haar Europese debuut in 1988 in Rome het sy voortgegaan om wêreldwyd orkes-, solo- en kamermusiek-uitvoerings te gee. Van die hoogtepunte in haar loopbaan sluit uitvoerings in by gesogte liggings soos die *Carnegie Recital Hall*, die *Salle Cortot* en die *Théâtre du Châtelet* in Parys, die Mozarteum in Salzburg, die *Liszt Museum* in Boedapest, die *Kravis Center* in West Palm Beach, die *Orchestra Hall* in Chicago en die *Bass Hall* in Fort Worth asook uitvoerings in Sint Petersburg, Rusland. Haar fees-optredes sluit onder meer uitvoerings tydens die Gilmore Klavier-fees, die Jasper-musiekfees, die *Great Romantics*-fees, Ravinia-fees, die Levočské Babie Leto-fees in Slowakye, en die *Music in the Mountains*-fees in Colorado, in. Sy het saam met dirigente soos Vasily Petrenko, Bernhard Gueller, Karina Canellakis, Daniel Boico, Dmitry Manilov, Omri Hadari, Yashima Takeda, Bernhard Gueller en Fuzao Kajima gewerk. Haar uitvoerings en verskynings vir televisie, radio en die web sluit regstreekse uitvoerings in Europa, Kanada, die VSA en verskeie dokumentêre televisieprogramme in Suid-Afrika in. Sy handhaaf 'n volledige skedule dwarsoor die wêreld as solis, orkes-solis en kamermusikus. Sy beoordeel gereeld klavierkompetisies en bied ook gereeld meesterklasse en lesings aan in die Verenigde State en Suid-Afrika. Toekennings ----------- In 2000 is vier goue medaljes aan haar toegeken tydens die *Louise McMahon Internasionale Musiekkompetisie*, die *Missouri Southern International Piano Competition*, die *Hilton Head International Piano Competition* en die *Los Angeles Liszt-kompetisie "Budapest Concert"*. Sy was ook 'n groot pryswenner tydens die *Web Concert Hall Competition* van 2000 (www.webconcerthall.com) en 'n goue medalje wenner tydens die *Young Texas Artist Competition* en die *Grace Welsh Piano Prize*, om maar 'n paar te noem. In 2003 is sy bekroon met die nasionale Rapport/City Press Prestige-toekenning as een van die "10 mees inspirerende vroue-presteerders" in Suid-Afrika. In 2006 het sy die Kanna-prys vir haar uitverkoopte uitvoerings tydens die KKNK op Oudtshoorn gewen. Die Kannas word ook die *"Karoo Oscars"* genoem. In 2012 het sy die Young Alumni-toekenning van die Universiteit van Noord-Texas gewen. In 2013 is die *"The American Prize"* aan haar toegeken vir haar opname getitel "Transfigured Tchaikovsky." In 2014 het sy die kykNet Fiesta-toekenning ontvang wat toegeken is aan die beste lewendige uitvoering tydens 'n nasionale kunstefees in die kategorie: Klassieke musiek. Opnames op Blüthner ------------------- Malan is 'n eksklusiewe kunstenaar vir *Blüthner*, en maak uitsluitlik van dié instrumente gebruik vir haar opnames. Sy besit verskeie klaviere, waaronder 'n konsertgrootte *Blüthner*. Bondige diskografie ------------------- * *Transfigured Bach: The Bach Transcriptions of Bartók, Lipatti and Friedman*, *Hännsler Classic* * *Transfigured Mozart*, *Hännsler Classic*. * *Transfigured Beethoven*, *Hännsler Classic* * *Transfigured Tchaikovsky*, *Hännsler Classic* * *Transfigured Brahms*, *Hännsler Classic*
1974
Hänssler Classic
" ], "td_tables": [], "text_length": 5476 }
Hans Lodeizen Muur-poësie in Leiden **Hans Lodeizen** (Naarden, 20 Julie 1924 - Lausanne, 26 Julie 1950), gebore as **Johannes August Frederik Lodeizen**, was 'n Nederlandse digter. Hy is die outeur van een bundel gedigte (*Het innerlijk behang*, 1949) en 'n aantal ander werke. Ten spyte van sy kort lewe en nederige uitset het sy minimalistiese lirieke; wat oor die algemeen uit kort, ongerymde lyne sonder hoofletters of leestekens bestaan; 'n sterk invloed uitgeoefen op die na-oorlogse generasie Nederlandse digters; insluitende Gerard Reve (wat met Lodeizen se vader gekorrespondeer het, in 2002 onthul deur Lodeizen se Nederlandse biograaf). Uittreksel uit sy gedig 'voor Jim' ---------------------------------- de sterren en het ongeneselijke moment van de twee balken. Orion ontdekt en in zijn hand o noodlot in zijn hand het zwaard. Vroeë lewe en opvoeding ----------------------- Hy is uit 'n invloedryke familie gebore en het 'n bevoorregte opbrengs geniet as die seun van 'n direkteur van Müller & Kie, 'n internasionale handelsfirma. Hy het die Het Haagsche Lyceum in Den haag bygewoon. Toe hy die vyfde graad gedruip het, het hy weggehardloop. Hy was vir twee dae weg gewees, en het gedurende die tyd in Amsterdam en Ede gewoon en sonnette geskryf. Hy het in 1943 gegradueer en ontglip ten einde geforseerde arbeid (*Arbeitseinsatz*) onder die bewind van die Duitsers gedurende die Tweede Wêreldoorlog te vermy. In die begin van 1946 het Lodeizen vlugtig Regte gestudeer in Leiden. Hy het egter 'n belangstelling in biologie ontwikkel en van 1947 tot 1948 voorgraadse studies aan Amherst College in die Verenigde State onderneem. Hy het aldaar bevriend geraak met die digter James Merrill wat "dolverlief" op Lodeizen geraak het, en hom jare daarna sou beskryf as "slim, goedgeaard, eensaam en verlate,/tot 'n verontrustende mate". Lodeizen het belangstelling in sy voorgraadse biologie-program verloor en na Europa teruggekeer ten einde teësinnig vir sy vader se firma te werk. Lodeizen was óf gay óf biseksueel; as jong man het hy onderneem om in die huwelik te tree met 'n vrou; maar sy poësie maak melding van sy liefde en begeerte vir ander mans. In 1948 is hy gearresteer omdat hy seks met 'n ander man gehad het; sy vader se invloed het egter in alle waarskynlikheid verhoed dat die saak tot 'n verhoor vorder. Sy vader het op verskeie maniere sy teleurstelling en afkeur in sy seun se leefwyse getoon -Lodeizen wou poësie skryf en nie regte studeer nie, en hy wou nie die familiebesigheid betree nie, maar terselfdertyd het hy op desperate wyse na sy vader se goedkeuring gehunker terwyl sy vader geweier het om sy seksuele oriëntasie te aanvaar. Hierdie spanning is, behalwe vir verlore romantiese liefde en die kortstondige aard van die wêreld, die mees belangrikste tema in sy poësie. Lodeizen se "ben ik nu werkelijk zo slecht" (*is ek nou werklik so sleg*) haal die afkerende woorde van sy vader aan: "wat jij me al niet in mijn leven / hebt aangedaan kan ik niet vergeten", *wat jy my nie al in my lewe aangedoen het nie, kan ek nie vergeet nie*. Sy vader wou na sy dood, toe sy oorblywende poësie gepubliseer moes word, gehad het dat dertien van sy seun se gedigte geskrap moes word, alhoewel die redakteure dit wel ingesluit het. Na sy diagnose met leukemie is hy tydens sy laaste maande met bloedoortappings in 'n Switserse sanatorium aan die lewe gehou. Hy was ses-en-twintig jaar oud toe hy oorlede is. Publikasies ----------- In 1951 is die Jan Campert-prys postuum aan Lodeizen toegeken. 'n Keur uit sy gedigte is gevoeg tot *Het innerlijk behang* en in 1952 as *Gedichten* gepubliseer. Die redakteure was J.C. Bloem, Jan Greshoff, en Adriaan Morriën. 'n Verdere keur, waarvan Pierre H. Dubois en P. Berger die redakteure was en wat in 1969 gepubliseer is as *Nagelaten werk*, sluit ook prosa in. Hierdie postuum publikasies toon op 'n meer sigbare wyse aan tot welke mate Lodeizen se homoseksualiteit sy digkuns gekleur het. 'n Versamelbundel, *Verzamelde gedichten van Lodeizen*, is in 1996 gepubliseer, waarvan W.J. van den Akker et al. die redakteur was. Dit is voorsien met 'n inleiding, notas en indeks. Lodeizen se gedigte is in Engels vertaal deur onder andere James Brockway en James Merrill. Werke ----- * *Het innerlijk behang* (1949, gepubliseer in Maart 1950), gepubliseer deur G.A. van Oorschot, Amsterdam; 74 bl. * *Het innerlijk behang en andere gedichten* (L. A. Ries, redakteur, 1952); 185 bl, 15de uitgawe 1989 * *Verzamelde Gedichten* (1952), G.A. van Oorschot, geredigeer deur J.C. Bloem, Jan Greshoff en Adriaan Morriën * *Nagelaten werk* (1969); 6de uitgawe 1988 * *Verzamelde Gedichten* (1996), gepubliseer deur G.A. van Oorschot, Amsterdam; 682 bl, tweede uitgawe 2007 Voorbeelde van sy digkuns ------------------------- ### Brief van Boord (voor F. Schuurman)  hoe zwaar zijn onze ogen nu  de bruiloft van hart en handen is mislukt  hoe langzaam hebben wij de zee  toegewoven maanden lang maanden lang    overmorgen komen wij in Tampico  aan: daar zal de zee stilstaan en wij zullen  uit haar stappen als uit een koets  o land o herberg voor mijn dromen!    in de schommel van de wind lig  ik dromend over muziek en gedans  in de dauwdrop van de maan leef  ik en verzin een hemel van sterren    wij gaan met 13 knoop naar Tampico. * *Uit: Het innerlijk behang (1950)* ### De Buigzaamheid van het Verdriet  in een wereld van louter plezier  kwam ik haar tegen, glimlachend,  en ze zei: wat liefde is geweest  luister ernaar in de bomen  en ik knikte en we liepen nog lang  in de stille tuin.    de wereld was van louter golven  en ik zonk in haar als een lijk  naar beneden het water sloot  boven mijn hoofd en even  voelde ik een vis langs mij strijken  in de stille zee.    dag zei ik tegen haar dag kom  ik je nog eens tegen, glimlachend  maar de wind blies weg  haar gezicht in het water  en ik knikte en ik werd onzichtbaar  in het stille leven. Bronne ------ * 1979 *Keur uit die Nederlandse poësie*, A.P. Grové, J.L. Steyn (samestellers),(Nasou Beperk), ISBN 0 625 00160 5 , Twaalfde druk. * 2007 *Hans Lodeizen. Biografie*, Koen Hilberdink.
{ "title": "Hans Lodeizen", "mostly_tablelist": false, "tablelist_ratio": [ 1706, 6095, 0.27990155865463495 ], "infobox": [], "td_tables": [], "text_length": 6248 }
Die **NG gemeente Kimberley-Wes** is ’n gemeente in die Nederduitse Gereformeerde Kerk se Sinode Noord-Kaapland met sy middelpunt in die stad Kimberley. Op Donderdagaand 4 Mei 1950 om seweuur die aand het die Ringskommissie van die Ring van Dutoitspan, in teenwoordigheid van 'n groot aantal gemeentelede, formeel daartoe oorgegaan om die wyke Weseinde, Homestead en die aangrensende buitewyke tot 'n selfstandige gemeente met die naam Kimberley-Wes af te stig. Met dieselfde geleentheid is Kimberley-Noord (wat nie meer selfstandig bestaan nie) ook afgestig. Dit was 'n belangrike mylpaal in die geskiedenis van die NG Kerk in die Diamantstad. Die verrigtinge het in die kerkgebou van die moedergemeente, die historiese Newtonkerk, plaasgevind. Die gemeente is met 'n ledetal van ongeveer 700 afgestig. Ds. W. Fullard, leraar van die moedergemeente, was die eerste konsulent. Op Sondag 7 Mei 1950 het ds. J.P. Kriel, hospitaalleraar in Kimberley, die eerste openbare erediens in die jong gemeente waargeneem. Hierdie diens is in die Wesleyaanse kerkie op die hoek van Green- en Tuckerstraat gehou. Aan die begin is alle dienste en bidure van die gemeente hier gehou. Die eerste beroep is op ds. S. B. Meyer, medeleraar van die moedergemeente, uitgebring. Hy het die beroep aangeneem, en op 21 Julie 1950 het die ontvangs in die St. Augustinesaal, Adamantweg, en Saterdagaand, 22 Julie, die bevestiging plaasgevind. Die konsulent het by dié geleentheid die rede uitgespreek. Aangesien die jong gemeente 'n pastorie asook 'n sentraalgeleë perseel as deel van hul bruidskat ontvang het, kon die kerkraad onmiddellik aandag skenk aan die daarstelling van 'n plek van samekoms vir die gemeente. Eenparig is besluit om 'n doelmatige saal met ongeveer 400 sitplekke op genoemde perseel op te rig. Aan die einde van die stigtingsjaar het die argitek, J. T. du Toit, die planne en spesifikasies gereed gehad en die kerkraad het 'n tender van J.J. Venter, een van die ouderlinge van die gemeente, aanvaar. Met 'n lening deur die Kerkkantoor toegestaan, was die gemeente in staat om dadelik met die bouwerk 'n aanvang te neem. Op 31 Maart 1951 is die hoeksteen deur die plaaslike leraar gelê. Dr. W. Venter van Barkly-Wes het by dié geleentheid 'n treffende rede uitgespreek oor die woorde: "Die steen wat die bouers verwerp het, het 'n hoeksteen geword" (Ps. 118:22). Deur die inisiatief van oudl. P.J.P. Joubert is met die hoeksteenlegging ook 'n brosjure as herinnering aan hierdie belangrike mylpaal uitgegee. In September 1951 is dié saal ingewy. Bron ---- * (af) Olivier, ds. P.L. (samesteller), 1952. *Ons gemeentelike feesalbum*. Kaapstad en Pretoria: N.G. Kerk-uitgewers.
{ "title": "NG gemeente Kimberley-Wes", "mostly_tablelist": false, "tablelist_ratio": [ 101, 2244, 0.04500891265597148 ], "infobox": [], "td_tables": [], "text_length": 2682 }
Ds. **David Ross** (Skotland, 24 Mei 1831 - Lady Grey, Kaapland, 3 September 1915) was 45 jaar lank leraar van die NG gemeente Lady Grey in Noordoos-Kaapland nadat hy in 1862 na Suid-Afrika gekom het as een van die altesaam 25 Skotse predikante wat van 1818 tot 1836 en weer van 1862 tot 1867 van die Presbiteriaanse Kerk na Suid-Afrika gekom het, aanvanklik om die tekort aan predikante in die Nederduitse Gereformeerde Kerk te help verlig en veral die koloniale regering se verengelsingsbeleid stukrag te gee, maar later om die sogenaamde liberale neigings onder predikante wat in Nederland opgelei is, teë te werk. Ross was deel van laasgenoemde groep. Agtergrond en opleiding ----------------------- Hy was die tweede van vyf kinders van die handwewer George Ross en sy vrou, Elizabeth Thomson. Hy ontvang sy laerskoolonderwys aan 'n buietskool naby sy geboorteplek en na die oprigting van 'n Vrye Kerkskool op Auchinblae het hy en sy broer John in die wintermaande daar klasse bygewoon, terwyl hulle in die somer op die omliggende plase moet gaan werk om self hul skoolgeld te verdien. Toe hy 19 jaar oud was is hy met 'n beurs van £20 per jaar na die Vrye Skotse Kerk se normaalskool in Edinburg om as onderwyser opgelei te word. Om die beurs aan te vul, het hy privaat klasse gegee en nadat hy in 1853 die onderwysersdiploma met los behaal het, het hy 'n jaar lank in Banchory aan die Dee skoolgehou. Daarna het hy na Edinburg teruggekeer om sy studie aan die universiteit voort te sit, maar weens 'n gebrek aan die nodige geld, kon hy slegs vir een semester daar bly. Hy kry toe 'n aanstelling as hoof van 'n groot skool in Errol in Perthshire, waar sy toekomstige vroue ook onder sy leerlinge was en waar hy gedurende drie jaar genoeg gespaar het om weer universiteit toe te gaan. Aan die einde van die elke jaar het sy bekwaamheid aan hom 'n beurs besorg wat, saam met sy inkomste uit privaat klasse, genoeg was sodat hy sy studie kon bekostig. In 1859 behaal hy die meestersgraad met die hoogste lof in al die vereiste vakke. Hy het hierna 'n tyd lank in die regte studeer maar van plan verander en na die teologiese seminarium van die Universiteit van Edinburg gegaan om hom as predikant te bekwaam. Hier was hy een van die ses jong Skotte wat dr. William Robertson in 1860 kom werf het vir diens in die NG Kerk in Suid-Afrika. Met die oog hierop het hy in Mei 1861 na die Universiteit van Utrecht vertrek om Nederlands te leer en sommer ook sy kursus in die teologie af te rond. 'n Jaar later is hy na Edinburg terug, waar hy nog ná nog twee maande die toelatingseksamen afgelê en georden is. Na Suid-Afrika -------------- Op 29 Oktober 1862 vaar hy met die Queen of the South uit Gravesend en op 12 Desember daardie jaar kom hy in Tafelbaai aan. Sy eerste preek in sy nuwe vaderland lewer hy tydens die middagdiens van 14 Desember in die Nieuwe Kerk, die latere NG gemeente Tamboerskloof. Op 13 Januarie 1863 word hy saam met A.I. Steytler en C.M. Fraser, die seun van ds. Colin Fraser van die NG gemeente Beaufort-Wes, wat eweneens, in 1824, as 'n Skotse predikant na Suid-Afrika gekom het, en die vader van mev. pres. Rachel Steyn, deur die aktuarius van die Kaapse Kerk, dr. Abraham Faure, namens die Sinode tot die bediening in die NG Kerk toegelaat. Hy arbei tydelik in die NG gemeente St. Stephens in die Moederstad, maar gou word hy na Sutherland beroep en op 1 April met eenparige stemme na die kort tevore gestigte gemeente Lady Grey beroep. Hy neem die beroep na die Noordoos-Kaap aan en word op 30 Augustus in dié verafgeleë gemeente bevestig. Ds. Ross het 'n aandeel gehad aan die opstel van die kerklike wette en bepalings van die NG Kerk. Hier is die titelblad van die *Wetten en Bepalingen* soos gerevideer in die Sinode, gehou in Kaapstad op 15 Oktober en volgende dae van die jaar 1903. Op Lady Grey ------------ Lady Grey het destyds nog in sy pionierstyd gestaan en hy was verplig om dorp en gemeente van onder af op te bou. Aan die oostelike en suidoostelike kant het ds. Ross se gemeente in die beginjare geen afgebakende grense gehad nie sodat sy arbeidsveld in dié rigtings oor die Drakensberg tot in Temboeland en Griekwaland-Oos gestrek het. Dié uitgestrekte gebied het hy gereeld te perd besoek en op sentrale plekke het hy buiteposte gestig, waarvan verskeie later tot afsonderlike gemeentes ontwikkel het: Barkly-Oos (1873), Cedarville (1888), Elliot (1890), Rossville (1893), so genoem na die leraar van Lady Grey, en Ugie (1903). As leraar van Lady Grey en konsulent van die buurgemeentes het dr. Ross 'n leidende rol gespeel in die totstandkoming van dié gemeentes. Ook het van die begin af alles in sy vermoë gedoen om die onderwys in sy gemeente te bevorder. Deur die stigting van buiteskole in die distrik en daarna die oprigting van 'n kosskool vir seuns (later die staatskool) en 'n skool vir armes op die dorp, het die onderwys groot vooruitgang getoon. In die baanbrekersdae het sy regskennis goed te pas gekom. In die uitleg van die dorp en die verkoop en die transporteer van erwe het hy die kerk en die gemeenskap gedien. As kassier van die gemeentekas het hy gesorg dat die kerk se geldsake op 'n gesonde voet bly. Nadat sy sig, wat nooit sterk was nie, so verswak het dat hy byna blind geword het, het hy in 1908 ná bykans 45 jaar op Lady Grey die tuig neergelê. Hy het op die dorp bly woon en ook daar gesterf. In breër kerkverband -------------------- Vir die Kerk in die algemeen het ds. Ross baie beteken. As geleerde in nié net die teologie nie, maar ook in die regte, het hy in Rings- en Sinodale vergaderings hoog aangeskryf gestaan en aan die Kerk belangrike dienste bewys, ook deur sy aandeel in die optrek en verduideliking van die kerklike wette en bepalings. Anglo-Boereoorlog ----------------- Soos so baie van die ander Skotse predikante het ds. Ross hom gou met die Boere vereenselwig en tydens die Anglo-Boereoorlog het een van sy seuns, destyds onderwyser op Pretoria, aan die Boerekant geveg. Weens ds. Ross se openlike simpatie met die Boere is hy in hegtenis geneem en van hoogverraad aangekla. Ná 24 dae in die tronk is hy egter op 4 Mei 1901, 20 dae voor sy 70ste verjaardag, van die aanklag vrygespreek. Gesinslewe ---------- Enkele maande nadat ds. Ross op Lady Grey bevestig is, het sy verloofde, Agnes Kinmont Duncan, na Suid-Afrika gekom en op 16 November 1863 is hulle deur dr. Abraham Faure in die huwelik bevestig in sy woning, Leeuwen Rust. Uit die huwelik is 12 kinders gebore, van wie twee betreklik jonk dood is, terwyl 'n getroude dogter met haar twee kleintjies en een van die seuns in 1905 naby Lady Grey verdrink het. Een van die seuns was prof. J.A. Ross van die Grey-universiteitskollege op Bloemfontein. Die pastoriemoeder is reeds op 10 Julie 1890 oorlede, dus was ds. Ross sowat 25 jaar lank wewenaar. Bronne ------ * Beyers, C.J. 1981. *Suid-Afrikaanse Biografiese Woordeboek Deel IV*. Durban en Pretoria: Butterworth & Kie (SA) (Edms.) Bpk. namens die Raad vir Geesteswetenskaplike Navorsing. * Olivier, ds. P.L. (samesteller), 1952. *Ons gemeentelike feesalbum*. Kaapstad en Pretoria: N.G. Kerk-uitgewers.
\n
\n
David Ross
\n
\n
\n
\n
\n
\n
\n
\n
\n
\n
1862-1908
\n
\n
Universiteit van Edinburg
\n
" ], "td_tables": [], "text_length": 7138 }
**Hans Krebs** (4 Maart 1898 – 1 Mei 1945) was 'n Duitse offisier wat in die Eerste Wêreldoorlog en die Tweede Wêreldoorlog gedien het. Lewe ---- Hans Krebs is op 4 Maart 1898 as seun van Otto en Adele Krebs in Helmstedt, 'n dorpie in die Hertogdom van Brunswyk, gebore. In 1913 het hy na die dorp Goslar in Nedersakse getrek, waar hy glo op skool 'n talentvolle student was. Toe die Eerste Wêreldoorlog in 1914 begin het, het Krebs by die Duitse Weermag aangesluit en het in 1915 'n offisier geword. Teen die einde van die oorlog het hy in die 17de Infanterie Regiment gedien. Hy het op 29 April 1920 met Ilse Wittkop getrou en twee dogters is uit die huwelik gebore. Toe die Tweede Wêreldoorlog in 1939 begin het, het Krebs Duitsland in Moskou verteenwoordig, totdat oorlog op die Sowjetunie in 1941 verklaar is. In die laaste dae van die Tweede Wêreldoorlog het Krebs saam met Joseph Goebbels, Wilhelm Burgdorf en Martin Bormann, Hitler se testament geteken. Krebs het op 1 Mei 1945 selfmoord gepleeg. | | | | --- | --- | | Normdata Edit this at Wikidata | * GND: 1025957229 * VIAF: 262604241 * WorldCat Identities (via VIAF): 262604241 |
\n
\n
Hans Krebs in 1944
\n
\n
4 Maart 1898
\n
\n
\n
\n
1 Mei 1945
\n
\n
\n
\n
\n
\n
1914–1945
\n
\n
\n
\n
\n
" ], "td_tables": [], "text_length": 1158 }
Hofmeyr se koraalpienk NG kerkgebou, afgeneem in 2012. Die intertydse dorpie Maraisburg was te ver van Cradock en Burgersdorp vir die bewoners van die plase hier rond om gereeld kerk toe te gaan sodat selfs tieners van 16 jaar nog nie die binnekant van 'n kerk of skool gesien het nie. Daarom is die NG gemeente Maraisburg (sedert omstreeks 1975 Hofmeyr) in 1876 gestig. Hofmeyr se vorige kerkgebou, afgeneem in 1917. Ds. Samuel Murray, leraar van 1947 tot 1950 en daarna tot 1958 van die NG gemeente Leonard in die destydse Suidwes-Afrika. Ds. Quintin Nel lewer sy intreepreek op Sondag 10 April 2016. Ds. Andries Groenewald, leraar van 1951 tot 1956, toe hy na die NG gemeente Burgersdorp vertrek het. Ds. C.G. van der Merwe, leraar van 1964 tot 1967. Ds. Hendrik Matthys (Hennie) Strydom, leraar van 1975 tot 1981 en van 1987 tot hy emeriteer in 2008 van Middelburg-Uitsig (sien NG gemeente Middelburg, Kaap). Die **NG gemeente Hofmeyr** is 'n klein gemeente van die Nederduitse Gereformeerde Kerk in die noorde van die gebied van die NG Kerk in Oos-Kaapland wat in 2012 net 138 belydende lidmate gehad het en einde 2015 sowat 110. Die swaartepunt van die gemeente is die dorpie Hofmeyr aan die R390, 65 km van Cradock en 46 km van Steynsburg af geleë. Agtergrond ---------- Omstreeks 1870 het ene Daniel Marais op 'n plaas op die grense van die distrikte Cradock en Albert (met sy middelpunt Burgersdorp) gewoon. Dié twee dorpe is sowat 160 km uitmekaar. In die uitvoer van sy pligte as diaken van die NG gemeente Burgersdorp, het hy ontdek dat daar in sy omgewing jong mense was van 14 tot 16 jaar wat nog nooit die binnekant van 'n kerk of skool gesien het nie. Hy het gevolglik besluit dat dié toestand nie langer kon voortduur nie en omdat die mense nie tot die ver verwyderde dorpe gebring kon word nie, het hy tot die oortuiging gekom dat die kerk en skool na die mense gebring moes word. Om sodoende skool en kerk na die mense te bring, is 'n gedeelte van die plaas Droefontein vanaf 'n boer, Gert Hendrik Petrus de Bruin gekoop en die dorp Maraisburg in 1873 daarop aangelê. Gemeentestigting ---------------- In 1876 is die gemeente Maraisburg gestig en het prop. J.H. Krige in 1878 die beroep hierheen aangeneem. Van Kaapstad af het prop. Krige en sy ewe jong vrou per boot tot in Port Elizabeth gekom. Op Alicedale, destyds die naaste spoorwegstasie, het ene mnr. C.J.F. Botha en sy broer A.L. Botha die jong egpaar met 'n perdewa en ses muile gaan haal. Ds. Krige het die gemeente 41 jaar lank bedien. Huisbesoek het hy met kar en perde en dikwels te perd gedoen. In 1919 het ds. Krige sy emeritaat aanvaar en het ds. B.F. van der Merwe hom opgevolg, wat sy taak in 1920 aanvaar het. Hy was van 1915 af vir die eerste vyf jaar van sy loopbaan verbonde aan die NG gemeente Fordsburg. Gedurende ds. Van der Merwe se bediening is die ou kerk gesloop. 'n Taamlike stryd het ontstaan oor waar die nuwe kerk gebou moes word, maar uiteindelik het die kerkraad besluit die aangewese plek is op die fondament van die oue. In 1946 het ds. Van der Merwe afgetree en is hy deur ds. Samuel. Murray opgevolg, wat van 1947 tot 1950 die herderstaf hier opgeneem het toe hy na die NG gemeente Leonard in die destydse Suidwes-Afrika vertrek. Op 31 Maart 1951 is prop. Andries Groenewald hier georden en bevestig. Hy het in 1956 na die NG gemeente Burgersdorp vertrek. Naamsverandering ---------------- Ten einde verwarring met Maraisburg aan die Wes-Rand te voorkom, is die dorpie se naam in 1911 verander na Hofmeyr, ter ere van Onze Jan Hofmeyr. Omdat die NG gemeente in Maraisburg, Transvaal, Kriel geheet het tot dit by die gemeente Florida ingelyf is, kon daar nie verwarring oor die gemeentenaam bestaan nie, maar dit is nietemin in die dekade ná 1970 ook na Hofmeyr verander. In die Jaarboek van die NG Kerke van 1973 heet die gemeente Maraisburg-Hofmeyr, maar enkele jare later net Hofmeyr. Eerste leraar in 15 jaar ------------------------ In 2016 het Hofmeyr prop. Quintin Nel beroep as leraar nadat die gemeente byna 15 jaar lank herderloos was. Prop. Nel is bevestig as predikant op Saterdag 9 April om 11:00 en lewer sy intreepreek op Sondag 10 April om 09:30. Ná die bevestiging is 'n tee in die kerksaal aangebied en ná die intreepreek 'n gemeente-ete in die Karoobos Lodge. Die nuwe leraar tree op 28 April in die huwelik met Kryska Bence. Albei kom van Despatch, ook in die Oos-Kaap. Enkele leraars -------------- * Johannes Hermanus Krige, 1878 - 1919 (sy enigste gemeente; emeriteer; oorlede op 18 Januarie 1931) * B.F. van der Merwe, 1920 - 1946 * Samuel Murray, 1947 - 1950 * Andries Groenewald, 1951 - 1956 * Nathan Frans Wilson, 1959 - 1964 * Van der Merwe, Cornelis Gerhardus, 1964 - 1967 * Hennie Strydom, 1975 - 1980 * Everhardus van Nuholtz (Evard) Huisamen, 1981 - 1985, waarna Lyttleton (1985), Radiokansel (1988), beroepbaar van 1992 af, tree uit die bediening in 2000 * William Stefanus Egelhoff, 1988 - 1997 (demissie) * Ferdinand Jacobus Johann Boll, 1998 (tydelik), 1999 - 2001 * Quintin Nel, April 2016 – hede Bronne ------ * Beyers, C.J. 1981. *Suid-Afrikaanse Biografiese Woordeboek Deel IV*. Durban en Pretoria: Butterworth & Kie (SA) (Edms.) Bpk. namens die Raad vir Geesteswetenskaplike Navorsing. * Olivier, ds. P.L. (samesteller), 1952. *Ons gemeentelike feesalbum*. Kaapstad en Pretoria: N.G. Kerk-uitgewers. * Potgieter, D.J. (ed.) 1972. *Standard Encyclopaedia of Southern Africa*. Cape Town: Nasionale Opvoedkundige Uitgewery (Nasou). Sien ook -------- * Gereformeerde kerk Hofmeyr
{ "title": "NG gemeente Hofmeyr", "mostly_tablelist": false, "tablelist_ratio": [ 1151, 4765, 0.24155299055613852 ], "infobox": [], "td_tables": [], "text_length": 5548 }
Sir **David Pieter de Villiers Graaff** was 'n Suid-Afrikaanse nyweraar en kabinetsminister en die vader van sir David De Villiers Graaff, leier van die Verenigde Party van 1956 tot 1977 en grootvader van sir David Graaff, Volksraadslid vir Wynberg van 1987 tot 1989. David Graaff tydens sy ampstermyn as Kaapstad se burgemeester 1891/1892 Die eerste kabinet van die Unie van Suid-Afrika in 1910 onder leierskap van eerste minister Louis Botha. Agter: J.B.M. Hertzog, Henry Burton, F.R. Moor, C. O'Grady Gubbins, Jan Smuts, H.C. Hull, F.S. Malan, David Graaff Voor: J.W. Sauer, Louis Botha, Abraham Fischer Graaff is in 1859 gebore op Villiersdorp in die Wes-Kaap, waar die plaaslike laer- en hoërskool later jare na hom genoem is, naamlik die Hoërskool De Villiers Graaff. Met die afsterwe van sy vader is hy in diens geneem deur sy oom, J. Anthony Combrinck, 'n vooraanstaande Kaapse slagter en word op vroeë ouderdom 'n bestuurder. Toe Combrinck tot die politiek toetree, het Graaff en sy broer, sir Jacobus Arnoldus Graaff, die onderneming opgebou en die eerste moderne koelinstallasie in Suid-Afrika bekend gestel. Die onderneming het die "Imperial Cold Storage and Supply Company" geword, wat uiteindelik die ondersteuning van Cecil John Rhodes en Samuel Marks gekry het. Graaff was 'n gesiene plaaslike politikus, stadsraadslid van 1882 en burgemeester van Kaapstad van 1891 tot 1892. Hy skenk die burgemeestersketting aan die stad wat vandag nog gebruik word. Gedurende hierdie tydperk rig hy die eerste elektriese beligtingstelsel op met die opening in 1904 van die Graaff Electric Lighting Works. Hy was 'n groot ondersteuner van die Afrikanerbond en is as sulks verkies tot die Kaapse Wetgewende Vergadering (1891 - 1897) en van 1908 tot 1910 is hy minister sonder portefeulje in die kabinet van John X. Merriman. In 1911 verleen die Britse koning aan hom die titel baronet en die reg om as "sir" bekend te staan. Ná Uniewording word hy in die eerste algemene verkiesing in 1910 onbestrede verkies as Volksraadslid vir die kiesafdeling Namakwaland, maar in 1915 staan die Nasionale Party se A.H. Stander en die onafhanklike J. Studer teen hom. Graaff behaal 'n meerderheid van 432 stemme bo Stander. Hy bly LV tot 6 Februarie 1920. Graaff was minister van openbare werke, pos en telegraafwese, toe minister sonder portefeulje van 1912 tot 1913 en minister van finansies van 1915 tot 1916. Hy het ook in 1914 in Londen as Hoëkommissaris waargeneem. Hy is op 13 April 1931 in Milnerton naby Kaapstad oorlede, toe sy seun De Villiers Graaff sy titel geërf het. Bronne ------ * Eric Rosenthal, *Encyclopaedia of Southern Africa*, Juta and Company Limited, Kaapstad en Johannesburg, 1978.
1915-1916
" ], "td_tables": [], "text_length": 2709 }
Die grafsteen van Vaslav Nijinsky in Parys. Dit beeld Nijinsky as Petroesjka uit. **Petroesjka** (Russies: Петру́шка, IFA: /pʲɪtˈruʂkə/, luister (hulp·inligting)) is ’n Russiese poppekaskarakter wat al sedert die 17de eeu bekend is. Petroesjkas is as handskoenpoppe of marionette gebruik. Hy is tradisioneel ’n soort grapjas met rooi klere en ’n punthoed, en dikwels ’n lang neus. Etimologie ---------- Hoewel die Russiese homoniem van *petroesjka* pietersielie beteken, is die karakter se naam ’n verkleiningsvorm van die naam Pjotr (Pieter). Geskiedenis ----------- Keiserin Anna van Rusland se hofnar Pietro-Mira Pedrillo van Italië het as prototipe vir Petroesjka gedien. Daar was ’n paar basiese storielyne: die mediese behandeling van Petroesjka, hy as soldaat, ’n toneel met sy bruid en die koop van ’n perd. Hy was aanvanklik ’n karakter van tipiese klugspele wat op volwasse gehore gemik was. As poppekaskarakter wat hoofsaaklik kinders vermaak het, het hy minder vulgêr en aggressief geraak. In die Sowjetunie is hy dikwels in propaganda gebruik, waar hy arm boere verdedig en die rykes aangeval het. Die Russiese Kinderwelsynvereniging hou ’n jaarlikse Petroesjka-bal, met as tema die karakter wat verlief raak op ’n grasieuse ballerina.
{ "title": "Petroesjka", "mostly_tablelist": false, "tablelist_ratio": [ 251, 1333, 0.18829707426856715 ], "infobox": [], "td_tables": [], "text_length": 1276 }
Die kerkgebou by Kemptonweg 8, Kempton Park. Ds. J.M. Louw, tweede leraar van Boksburg, van 1898 tot 1939, het Kempton Park bearbei toe dit nog deel was van die moedergemeente. Ds. H.J. van Niekerk, leraar van 1970 tot 1975. Die NG gemeente Kemptonpark is die moedergemeente van die Nederduitse Gereformeerde Kerk in die Oos-Randse stad Kempton Park. Kempton Park het sedert die stigting van die eerste NG gemeente in 1943 geweldig gegroei sodat die stad tans (2015), ten spyte van die inlywing van Kemptonpark-Wes by Edleen en Esselenpark by Birchleigh-Noord, steeds 14 NG gemeentes het, naas die moedergemeente: Kempton-Hoogland, Kempton-Krag, Kempton-Kruin, Kemptonpark, Kemptonpark-Noord, Kemptonpark-Oos, Kemptonpark-Suid, Birchleigh, Birchleigh-Noord, Norkempark, Mooifontein, Bonaeropark, Edleen en Riebeeckpark. Die stad se naam word as twee woorde geskryf, maar die NG gemeentes wat dié naam bevat, as een. Stigting -------- Die gemeente Kemptonpark is in Junie 1943 met 'n ledetal van 620 afgestig van Boksburg, die ou moedergemeente van die Oos-Rand wat ongelukkig nie meer bestaan nie. Jare lank het ds. J.M. Louw, baanbreker van sy Kerk aan die Oos-Rand, ook hierdie omgewing as buitewyk van sy gemeente getrou bearbei, maar ná sy heengaan het dit ál meer selfstandig begin word. Reeds in 1940 is die hoeksteen van 'n doelmatige kerksaal deur mev. ds. Louw gelê, en hierdie gebou het die gemeente tot 1949 gedien, toe 'n sierlike kerk in Monumentweg verrys het. Presies 'n jaar ná die stigting van die nuwe gemeente is sy eerste leraar in die persoon van ds. R.M. de Villiers verwelkom. Dit het toe reeds duidelik geword dat hier 'n snelle ontwikkeling voor die deur was: nywerhede was aan die kom, sowel as die Jan Smuts Internasionale Lughawe (nou die O.R. Tambo Internasionale Lughawe) wat in die toekoms deur 'n personeel van 3 000 bedien sou word. Dan was dit die aangewese omgewing vir menige jong beginners wat binne maklike bereik van die stadskantoor 'n eie huis wou bou of kleinplasie wou aanskaf. Vroeg in 1949 is Kemptonpark-Oos, in samewerking met Benoni-Noord, al afgestig, dog ten spyte hiervan is dr. F.D. Moorrees kort daarna as medeleraar beroep om die steeds groeiende gemeente te help bearbei. 'n Heuglike dag was dit vir die gemeente toe sy kerkgebou op 1 Oktober 1949 ingewy is. In 1951 berig Ons gemeentelike feesalbum: "Binne enkele jare is die ledetal verdubbel en nog groei die getalle, sodat Kempton Park oor 'n vyf of ses jaar, as gemeente van die NH of G Kerk, omring sal wees van selfstandige gemeentes Kempton Park-Oos, Kempton Park-Noord, Kempton Park-Suid en Kempton Park-Wes. So sien ons hierdie vroeër so stille, landelike dorpie op die grens van die Rand ál meer tot 'n belangrike stadsgemeente ontwikkel." Dié voorspelling het meer as waar geword. Enkele leraars -------------- * R.M. de Villiers * Franciscus Dionysius Moorrees, 1949 – 1959 (aanvaar sy emeritaat) * Hendrik Jonathan van Niekerk, 1970 – 1975 Bronne ------ * (af) Olivier, ds. P.L. (samesteller), *Ons gemeentelike feesalbum*. Kaapstad en Pretoria: N.G. Kerk-uitgewers, 1952.
{ "title": "NG gemeente Kemptonpark", "mostly_tablelist": false, "tablelist_ratio": [ 209, 2577, 0.08110205665502522 ], "infobox": [], "td_tables": [], "text_length": 3112 }
Ds. en mev. Kestell en hul gesin, Nico, Trudie en Lucy, hier afgeneem by geleentheid van Vader Kestell 80ste verjaardag. **Geertruida Anna (Truida) Kestell** (21 Julie 1858 - 15 Augustus 1943) was die vrou van ds. John Daniel Kestell, ook bekend as Vader Kestell, 'n predikant in die Nederduitse Gereformeerde Kerk, Bybelvertaler, skrywer en kultuurleier, en die dogter van een van die eerste twee professore aan die Kweekskool op Stellenbosch, prof. Nicolaas Hofmeyr. Sy is op 28 Februarie 1882 met ds. Kestell getroud terwyl hy leraar van die NG gemeente Kimberley was. Dwarsdeur sy kleurryke en veeleisende loopbaan het sy getrou bygestaan en hom ook tot aan sy dood in 1941 versorg. Uit die huwelik is twee seuns en twee dogters gebore, onder meer die bekende Trudie Kestell, wat 'n gesaghebbende op die gebied van die voorgeslagte van die Afrikaner was. Een van Truida Kestell se broers was die omstrede predikant ds. Adriaan Hofmeyr. Bronne ------ * (af) Swart, dr. M.J. (voorsitter redaksiekomitee). 1980. *Afrikaanse kultuuralmanak*. Aucklandpark: Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge.
{ "title": "Geertruida Kestell", "mostly_tablelist": false, "tablelist_ratio": [ 129, 917, 0.1406761177753544 ], "infobox": [], "td_tables": [], "text_length": 1105 }
**Religieuse en LaVeyaanse Satanisme** **Organisasies wat met Satanisme geassosieer word** Kerk van Satan Eerste Sataniese Kerk **Bekende figure** Anton LaVey | Blanche Barton | Peter H. Gilmore | Peggy Nadramia | Karla LaVey **Verwante konsepte** Die Pad van die Linkerhand | Pentagonale Revisionisme | Suitheisme | Oorlewing van die Sterkste | Objektivisme | Might Is Right **Boeke en publikasies** *The Satanic Bible* | *The Satanic Rituals* | *The Satanic Witch* | *The Devil's Notebook* | *Satan Speaks!* | *The Black Flame* | *The Church of Satan* | *The Secret Life of a Satanist* | *The Satanic Scriptures* ***The Satanic Bible*** is in die Walpurgisnag van die jaar 1968 deur Anton Szandor LaVey (1930-1997), die stigter van die Kerk van Satan, geskryf. Sy "Sataniese Bybel" is 'n versameling essays, opmerkings en grondleggende Sataniese rituele. Die boek verduidelik daarnaas ook LaVey se Satanise ideologie, wat na sy bewering onder meer deur Macchiavelli, Friedrich Nietzsche, Ragnar Redbeard en Ayn Rand beïnvloed is. Die boek bevat die kernbeginsels van Satanisme en word ook as die grondslag van die filosofie en dogma beskou wat Satanisme behels. LaVeyaanse Sataniste beweer dat *The Satanic Bible* nie uitgelê of hersien mag word nie en dat geen weersprekende voorskrif of beginsel in Satanisme mag toegepas word nie. Geskiedenis ----------- *The Satanic Bible* is oorspronklik in 1969 vrygestel en sedertdien gereeld herdruk. Die hoofteks, wat in Engels geskryf is, is in geen van die nuwe uitgawes verander nie, alhoewel dele van die voorwoord, wat LaVey se eggenote Diane opgedra was, ná hulle egskeiding verwyder is. Inleidings tot die werk is bygevoeg en vervang. Burton H. Wolfe, 'n joernalis wat *The Devil's Avenger* geskryf het, het 'n inleiding tot die oorspronklike uitgawe en latere sagtebanduitgawes geskryf, terwyl die inleiding tot University Press se hardebanduitgawe deur Michael Aquino bygedra is. Hierdie inleiding is in Aquino se gedenkskrif *Church of Satan* herdruk. Die huidige Spreker en Tweede Hoëpriester van die Kerk van Satan, Peter H. Gilmore, het 'n nuwe inleiding geskryf wat Wolf s'n vervang het en vanaf 2005 by die *Satanic Bible* gevoeg is. University Press-uitgewers het 'n hardebanduitgawe van *The Satanic Bible* en *The Satanic Rituals* vrygestel, wat egter al lank nie meer herdruk is nie. Hierdie uitgawes het versamelaarstukke geword, wat in aanlynmarkte soos eBay teen pryse van meer as VSA-$ 1 000 verkoop is. Religieuse betekenis -------------------- Anton LaVey se "Sataniese Bybel" is onder meer ook 'n aanval op die "bedrog" van die Christelike godsdiens, maar Anton LaVey se hoofdoel was om die tradisionele, primitiewe uitbeelding van Satanisme as 'n kult van Swart Misse en kinderoffers vir goed te weerlê. In teenstelling met meer primitiewe vorms van religie baseer LaVey se Satanisme egter nie op die geloof in en aanbidding van enige opperwese of godheid nie, maar eerder op die selfbeskikking van die sekulêre mens. Die Sataniese Bybel pleit op 'n logiese manier vir 'n lewensstyl waarin selfverwenning sentraal staan en is - anders as die Christelike Bybel - 'n eersterangse filosofiese werk waarmee Satanisme as 'n respektabele en erkende religie ingevoer is.
{ "title": "The Satanic Bible", "mostly_tablelist": false, "tablelist_ratio": [ 0, 2648, 0 ], "infobox": [], "td_tables": [], "text_length": 3282 }
Mashoof van die Eastern Star, 'n jaar voor dit per ossewa na Johannesburg gebring is en van toe af daar uitgegee is. ***The Star*** is 'n Johannesburgse dagblad wat deur Independent News & Media uitgegee word. Die koerant is nou verwant aan die *Saturday Star*. Die koerant het sy ontstaan in Grahamstad gehad as die *Eastern Star* of *Grahamstown Advertiser and Anglo-African* op 6 Januarie 1871. Dit is gestig deur 'n drukker, ene O'Brien, en het later in die besit gekom van die broers Thomas en George Sheffield, toe dit weekliks verskyn het. Na die dood van die koerant se vernaamste finansiële ondersteuner, Dean Williams, is die toerusting per ossewa na die Witwatersrand gebring waar dit die eerste keer op 17 Oktober 1887, skaars 'n jaar na die stigting van die toekomstige Johannesburg, verskyn het. Dit het 'n ruk lank steeds as die *Eastern Star* bekend gestaan en twee maal per week verskyn. Sedert 1 April 1889 verskyn dit daagliks. Die koerant het in 1897 met president Paul Kruger gebots, waarna dit tydelik opgeskort is en 'n ruk lank as *The Comet* verskyn het. In dieselfde jaar het Danie Theron die indertydse redakteur, W.F. Monypenny, afgeransel oor 'n aanval op die Boere (of volgens 'n bron die redakteur se vermeende chauvinisme jeens vroue). Die koerant het nie tydens die Tweede Vryheidsoorlog verskyn nie, maar wel weer in Januarie 1902. Verspreiding en sirkulasie -------------------------- *The Star* word versprei na alle uithoeke van die noordelike provinsies (Gauteng, Mpumalanga, Limpopo, Noordwes), en selfs dele van die Vrystaat, Noord-Kaap en KwaZulu-Natal. Dit word ook per vliegtuig beskikbaar gestel aan ander Suid-Afrikaanse stede, vanwaar dit na afgeleë plekke saam met Independent News & Media se ander koerante versprei word. *The Star* was lank Suid-Afrika se grootste dagblad. Maar dit is eers deur die *Sowetan* verbygesteek en meer onlangs die *Daily Sun*. Omstreeks 2008 was sy daaglikse sirkulasie sowat 171 000, vergeleke met meer as 180 000 in 1980. Die *Saturday Star* se sirkulasie is sowat 130 000. Teen die eerste kwartaal van 2022 was die verkoopte sirkulasie 15 279, terwyl 12 705 eksemplare daagliks gratis versprei is. Sien ook -------- * Lys van Suid-Afrikaanse dagblaaie
{ "title": "The Star", "mostly_tablelist": false, "tablelist_ratio": [ 104, 1906, 0.05456453305351522 ], "infobox": [], "td_tables": [], "text_length": 2244 }
Auro Technologies se kenteken en handelsmerk vir Auro-3D 'n Diagram (met 'n konvensionele 5.1-kanaalstelsel aan die linkerkant) verduidelik hoe die luisteraar in 'n Auro-3D-omringklankstelsel met klanklae omhul word. **Auro-3D** is 'n driedimensionele oudioformaat wat deur die Belgiese onderneming *Auro Technologies* ontwikkel is. Hoogtemikrofone word tydens klankopnames ingespan om natuurlike klankweerkaatsings op te neem wat in tuisteater- en omringklankstelsels deur hoogteluidsprekers weergegee kan word. Tegnologie ---------- Die Auro-3D-formaat is gegrond op drie klanklae wat deur korresponderende omringklank-, hoogte- en oorhoofse plafon-luidsprekers weergegee word en die enkele horisontale klanklaag aanvul wat vir 5.1- of 7.1-kanaal-omringklank gebruik word. In die driedimensionele klankveld, waardeur gehore omhul word, word die laer omringklank aangevul met beide gelokaliseerde klanke en klank wat na bo gereflekteer word. Die benodigde inligting vir die hoër klanklaag word gedurende 'n ateljee-opname met 'n konvensionele 5.1-kanaal-omringklank-PCM-draer gemeng. Gedurende die weergawe rekonstrueer die Auro-3D-dekodeerder die oorspronklike hoogtekanale uit die datastroom. Die dekodeerder is daarnaas in staat om konvensionele tweekanaal-stereo-opnames te bewerk. Auro-3D is 'n hibriedtegnologie wat sowel kanaal- asook objek-gebaseerde klankmateriaal kan verwerk. Die klemtoon val by Auro-3D op 'n kanaalgebaseerde klankuitleg, terwyl Dolby Atmos - 'n mededingende hibriedformaat - op 'n objek-gebaseerde uitleg fokus. Klankeffekte en -ervaring word versterk deur die hoë resolusie van klank in al sy dimensies. Die buitegewoon hoë klankgehalte maak van Auro-3D 'n omringklankformaat wat nie net beperk moet bly tot die akoestiese weergawe van videomateriaal in tuisteaterstelsels nie, maar ook geskik is vir liefhebbers van jazz- of klassieke musiek. In 2015 het *Auro Technologies* ingestem om sy klankformaat versoenbaar te maak vir die weergawe in Dolby Atmos-tuisteaterstelsels.
{ "title": "Auro-3D", "mostly_tablelist": false, "tablelist_ratio": [ 68, 1808, 0.03761061946902655 ], "infobox": [], "td_tables": [], "text_length": 2012 }
Die familie **suikerbosvoëls** (*Promeropidae*) is die enigste voëlfamilie wat eie is aan Suider-Afrika. Kenmerkend vir die twee spesies is die buitengewoon lang sterte en die lang, geboë snawels. Die familie van die suikerbosvoëls (*Promeropidae*) bestaan uit slegs twee spesies, naamlik die Kaapse suikervoël (*Promerops cafer*) en die rooiborssuikervoël (*Promerops gurneyi*). Verspreiding ------------ 'n Rooiborssuikervoël (*Promerops gurneyi*) Eersgenoemde kom net in die bergagtige streke van die ou Kaapprovinsie voor, terwyl laasgenoemde noord tot selfs by Zimbabwe aangetref word. Die opvallendste kenmerk van hierdie betreklik vaalkleurige voëls is hul buitengewoon lang sterte. Die stert van die mannetjie van die Kaapse suikerbosvoël kan tot 32 cm lank word en dié van die rooiborssuikerbosvoël tot 17 cm. Die wyfies van albei spesies het korter sterte. Die rooiborssuikerbosvoël onderskei hom verder van die ander spesie deur sy rooibruin kroon en bors. Voeding en voortplanting ------------------------ Suikerbosvoëls leef hoofsaaklik van insekte, maar suig ook graag nektar uit proteablomme met behulp van hul lang, geboë snawels. Die voëls word hoofsaaklik in gebiede aangetref waar proteas groei en maak ook by voorkeur hul neste hoog in proteabosse. Die Kaapse suikerbosvoël broei in die herfs of winter en die rooiborssuikerbosvoël in die somer. Die wyfies bou die nes alleen en broei ook alleen die eiers (gewoonlik twee) uit. Bronnelys --------- * Wêreldspektrum, 1982, ISBN 0-908409-68-0, volume 27, bl. 28
\n
\n
\n
\n
\n
Koninkryk:
\n
\n
\n
Filum:
\n
\n
\n
Klas:
\n
\n
\n
Orde:
\n
\n
\n
Familie:
\n
\n
\n
Genus:
\n
\n
\n
\n
\n
" ], "td_tables": [], "text_length": 1541 }
Morris Alexander het tussen 1910 en 1943 agt keer die paal gehaal in Kaapstad-Kasteel. Net in 1929 se verkiesing het hy nie gestaan nie. **Kaapstad-Kasteel** was een van die 150 kiesafdelings vir die eerste Volksraadsverkiesing op 15 September 1910 in Suid-Afrika ná Uniewording op 31 Mei daardie jaar. 1910-1924 --------- Die Unionisteparty se Morris Alexander wen die eerste verkiesing met 'n meerderheid van 702 bo die onafhanklike B. Upington en die Regerende Party se R. Forsyth. Ook in die ander drie middestadskiesafdelings van Kaapstad (Kaapstad-Hawe, Kaapstad-Sentraal en Kaapstad-Tuine) het die Unioniste in die eerste verkiesing gewen. In 1915 maak die party weer skoonskip in die middestadskiesafdelings en in Kaapstad-Kasteel word Morris Alexander onbestrede verkies. In 1920 staan R.E. Farr as onafhanklike teen hom, maar Alxeander wen met 503 stemme nadat net 54,9% van die geregistreerde kiesers gaan stem het. Die eerste keer wen 'n ander party 'n middestad-setel toe R. Forsyth, nou 'n kandidaat vir die Arbeidersparty, die pyp rook in Kaapstad-Tuine. In 1921, nadat die Suid-Afrikaanse Party en die Unionisteparty saamgesmelt het, word Morris Alexander, wat blykbaar nie te vinde was vir die samesmelting nie, onbestrede as Konstitusionele Demokraat in Kaapstad-Kasteel verkies. In die ander drie kiesafdelings maak die S.A.P. egter skoonskip. Ná die daaropvolgende afbakening staan die kiesafdeling bekend as Kaapstad-Hanoverstraat. In 1924 wen Morris Alexander weer as Konstitusionele Demokraat, maar met net 124 stemme teen I. Purcell van die S.A.P. 1929-1953 --------- Teen die verkiesing van 1929 is die naam terug verander na Kaapstad-Kasteel. Morris Alexander staan in die verkiesing as Arbeider-Cresswelliet in Kaapstad-Tuine, maar verloor met 144 stemme teen die S.A.P.-kandidaat, C.W.A. Coulter. Die S.A.P. slaag uiteindelik daarin om Kaapstad-Kasteel te wen toe A.J. MacCullum 'n meerderheid van 741 stemme bo die onafhanklike J. Frank behaal. In 1933 is Morris Alexander 'n S.A.P.-kandidaat en word hy onbestrede verkies in Kaapstad-Kasteel. In 1938, ná die totstandkoming van die Verenigde Party, word hy vir daardie party met 'n meerderheid van 1 343 teen H. Snitcher van die Sosialiste Party verkies met R.F. Strange van die Dominiumparty derde met slegs 385 stemme. In 1943 gaan Morris Alexander weereens onbestrede Volksraad toe, maar voor die verkiesing van 1948 sterf hy op 23 Januarie 1946. In die tussenverkiesing op 4 April 1946 wen A. Bloomberg die setel vir die Verenigde Party met 'n meerderheid van 2 738 stemme. In die tweede plek is weer die Sosialis H. Snitcher. A.W.H. Rose, 'n onafhanklike kandidaat is derde met 597 stemme. A. Bloomberg word dan ook onbestrede verkies in die algemene verkiesing op 26 Mei 1948 en weer in 1953, waarna Kaapstad-Kasteel afgeskaf is. Partye en kandidate gewen ------------------------- * 1910 - Morris Alexander van die Unionisteparty * 1915 - Morris Alexander van die Unionisteparty (onbestrede) * 1920 - Morris Alexander van die Unionisteparty * 1921 - Morris Alexander as 'n Konstitusionele Demokraat (onbestrede) * 1924 - Morris Alexander as 'n Konstitusionele Demokraat * 1929 - A.J. MacCullum van die Suid-Afrikaanse Party * 1933 - Morris Alexander van die Suid-Afrikaanse Party (onbestrede) * 1938 - Morris Alexander van die Verenigde Party * 1943 - Morris Alexander van die Verenigde Party (onbestrede) * 1948 - A. Bloomberg van die Verenigde Party (onbestrede) * 1953 - A. Bloomberg van die Verenigde Party (onbestrede) Sien ook -------- * Bellville, Claremont, Constantia, De Kuilen, Durbanville, Groenpunt, Groote Schuur, Kaapse Vlakte, Kaapstad-Hawe, Kaapstad-Sentraal, Kaapstad-Tuine, Liesbeek, Maitland, Mowbray, Nuweland, Parow, Pinelands, Rondebosch, Seepunt, Simonstad, Soutrivier, Suid-Skiereiland, Tygervallei, Vasco, Woodstock, Wynberg * Kleurlingstemregvraagstuk Bronne ------ * *Amptelike Jaarboek van die Republiek van Suid-Afrika 1983*. 1983. Johannesburg: Chris van Rensburgpublikasies. * Schoeman, B.M. 1977. *Parlementêre verkiesings in Suid-Afrika 1910-1976*. Pretoria: Aktuele Publikasies.
{ "title": "Kaapstad-Kasteel (kiesafdeling)", "mostly_tablelist": false, "tablelist_ratio": [ 1023, 3427, 0.2985118179165451 ], "infobox": [], "td_tables": [], "text_length": 4116 }
Die **Kaapstad-hawe** is ’n hawe in Kaapstad, Suid-Afrika. Dit is in Tafelbaai geleë en was voorheen bekend as die **Tafelbaaise Hawe**. Vanweë sy posisie aan een van die wêreld se besigste handelsroetes is dit een van die bedrywigste hawens in die land; dit hanteer die grootste hoeveelheid vars vrugte en is naas die Durban-hawe die grootste houerhawe. Dit het ook groot herstel- en onderhoudsgeriewe wat deur talle groot hengelvlote en ’n deel van Wes-Afrika se olienywerheid gebruik word. Danksy talle toeriste-attraksies in die hawe en omgewing doen baie passasierskepe ook daar aan. Geskiedenis ----------- Prins Alfred van Brittanje het in 1860 die eerste beton gegooi vir die bou van 'n breekwater. Die hawe het deur die eeue saam met Kaapstad ontwikkel, vanaf 6 April 1652 toe Jan van Riebeeck van die Verenigde Oos-Indiese Kompanjie (VOC) ’n voorsieningstasie vir matrose daar begin het. Vroeëre ontdekkingreisigers het dit reeds van die laat 15de eeu af Tafelbaai genoem. Die eerste konstruksie in die hawe was ’n hawehoof wat Van Riebeeck in 1654 laat bou het. Skepe het in die baai anker gegooi en goedere is met kleiner skuite na en van die land vervoer. Tafelbaai is bekend vir sy woeste storms in die winter. Die VOC het enorme verliese gely – in so ’n mate dat die hawe later vir die wintermaande gesluit is. Skepe het dan eerder Simonsbaai (deel van Valsbaai, waar Simonstad nou geleë is) aangedoen. ’n Hewige storm in 1858, lank ná die ontbinding van die VOC, het 30 skepe laat strand en tot groot lewensverlies gelei. Lloyd's of London het geweier om daarna skepe in die winter in Tafelbaai te verseker, en dit het daartoe gelei dat die Britse koloniale regering in 1860 begin het met die bou van die eerste breekwater en daarna die Victoria- en die Alfred-dok, die eerste veilige hawe. Sedertdien is die hawe in ’n groot mate uitgebrei. Belangrikste dele ----------------- Die hawe is deur die eeue aansienlik uitgebrei en bestaan vandag uit verskillende dele: * Die Ben Schoeman-dok: Dit is die grootste buitenste dok in die hawe en is waar die houerterminaal geleë is. Verbeterings aan die dok in die 2000's het daartoe gelei dat die hawe nou 1,4 miljoen vraghouers van sowat ses meter lank (TEU's) per jaar kan hanteer, teenoor die 800 000 van vroeër. * Die Duncan-dok: Dit is die kleinste en oudste binnedok, met meerdoelige en vrugteterminale sowel as ’n droëdok, herstelkaai en vasmeerplek vir tenkskepe. Groot passierskepe meer sedert 2013 ook daar vas. * ’n Vasmeerplek vir seiljagte. * Die Victoria- en die Alfred-dok: die hoofdokke van die oorspronklike hawe. Dit huisves nou die Victoria & Alfred Waterfront. Dit word egter steeds deur kleiner handelskepe, soos vissers- en plesierbote, gebruk. Die hawe is 24 uur per dag, sewe dae per week oop. Dit word deur Transnet bestuur. Alle skepe wat die hawe binnekom, moet ’n haweloods aan boord hê.
\n
\n
\n
\n
\n
\n
\n
\n
\n
\n
\n
\n
" ], "td_tables": [], "text_length": 2902 }
Uitgawes -------- Die *Berigt* word vir die eerste keer in 1916 gepubliseer in die tweede deel van E.C. Godée Molbergen se *Reizen in Zuid-Afrika in de Hollandse tyd*, wat volg net ná Baron van Plettenberg se eie reisbeskrywing. In 1935 word die teks weer uitgegee as Deel XV van die publikasies deur die Van Riebeeck-Vereniging, voorsien met 'n inleiding van E.E. Mossop en taalkundige kommentaar deur J.L.M. Franken. Taalkundige belang ------------------ ### *Afrikaans en sy Europese verlede* (1976) Die twee uittreksels uit die *Berigt* wat in die boek as voorbeelde geplaas is, word voorafgegaan deur 'n waardering. Volgens Edith H. Raidt staan die geskrewe taal van Wikar nader aan die Afrikaanse spreektaal van die 18de eeu as die Hollandse skryftaal. Al het Wikar gepoog om met sorg sy beste Nederlands te skrywe, was sy beste nie goed genoeg nie. Die Stellenbosse landdros Oloff de Wet het die teks hersien. Daardie hersiening in amptelike Nederlands beskou Raidt as waardeloos; dit is eerder Wikar se onnederlandse vorme waar, by tye, dit selfs op hedendaagse Afrikaans lyk. Nietemin moet die leser onthou dat Nederlands 'n swaar indruk op Wikar se skrywe sou laat, veral omdat hy moontlik sou probeer het om vorme uit sy eie spreektaal te vermy. Ten spyte van hierdie Nederlandse verbloeming, slaan die destydse gesproke Kaaps-Hollands tog maar deur. Dialekwoorde uit Nederlandse volkstaal uit die 17de eeu, wat nie in die Standaardnederlands opgeneem is nie, soos "skurf" (teenoor grof, ruw), is ook te vinde in Wikar se *Berigt*. Ook die nuwe bybetekenis van skof ('n dagreis met 'n ossewa (van inspan tot uitspan); trekafstand; reis met enige soort voertuig) is ook in *Berigt* vervat. Raidt vind egter die Afrikaanse vorme in die dag- en kasboekie van Johanna Duminy (1797, 1790-1795) oor die algemeen betroubaarder as Wikar s'n, aangesien Duminy nie geskryf het met publikasie voor oë of vir 'n amptenaar nie. ### *Taalgeskiedenis* (1986) Die volgende uittreksel verskyn in die teksgerigte inleidende werk, geskryf deur C.J. Conradie, wat bedoel was vir voorgraadse studente: | | | | | --- | --- | --- | | | Voor den olifant heb ik nog maar een hartschrik, want wegkruype help niet, hy zoek my op, nog listiger als een mens de spoor navolgende. Hartloope daar schiet ik mee te kort als er geen klipheuvels naby zijn; zo lang een mens zijn aazem heeft, komt men voorwaards, maar daaruyt zijnde is 't ook gedaan of 't moet bergop gaan, dan wind een mens teegen den olifant, alhoewel ik heb Hotts gezien, die byna teegen een paard kunnen hartloopen; om op een boom te klimmen zoals voor den buffel, want ik zoude wel haast met boom en al naar onder koomen, zodat de Hotts den olifant niet veel kunnen doen, of zy moeten hem op nauwe plekken tusschen bergen krygen daar hy alweer niet braaf voort koomen of teegenstand doen kan. De zeekoeyjagt van de Hotts is ook zeer hazaardeerlijk, want's nagts in de maanschijn als de zeekoeye uyt de rivier in de grasvlaktens om te weye zijn, dan gaan de Hotts langs de rivier en sneyen de spoor, waar de zeekoey uytgegaan is, en vervolgen hem dan met een groote trop, goed van assagaye verzien; daar regten zy dan met den zeekoey al met draaye en patgeeve, want met hartloope schieten de Hotts te kort, men zou den zeekoey met zijn korte pooten daar niet voor aanzien, dat hy hart loope kan, maar hy kan zelfs in bergen en klipheuvels klimmen, en maakt de Hotts voor goed benoud. | | Uit hierdie aangehaalde stukkie maak Conradie die volgende aantekeninge: Die slot *-n* val weg, omdat dit na [ə] gewoonlik nie uitgespreek word in Hollands nie; vgl. hier *wegkruype*, *hartloope*, *zeekoeye*, ens. *Aazem* is in Nederlands 'n wisselvorm van *adem*. *Braaf* as bywoord van graad (Afr. *bra*) kom ook in Nederlandse dialekte voor. Intervokaliese [d]-verlies - 'n neiging wat in Nederlands oorgeërf is - is te vinde in *weye* en *sneyen*. 'n *Zeekoey* (of zeekoe) is in Nederlands 'n soort seedier. *Assagaye* is 'n leenwoord in Nederlands via Frans uit Spaans of Portugees ontleen. *Hazaardeerlijk* (riskant) is 'n Franse leenwoord. Teenwoordige deelwoorde soos *navolgende* en *zijnde* is skeppings wat dikwels in gekunstelde skryftaal voorkom; daarvan is Wikar se styl betreklik vry. In *Taalgeskiedenis* word die voorgraadse student dan die opdrag gegee om in die eerste paar reëls van hierdie Olifant-passasie, by twee persoonsvorme, die ontbreekte -t-uitgang ('n aanduiding van die derdepersoon - hy, sy, dit) uit te wys. Die afwyking is inderdaad by "want wegkruype[n] help[**t**] niet, hy zoek[**t**] my op, [...]" Die student moes ook die bepaalde lidwoord soek wat twee keer by dieselfde selfstandige naamwoord verkeerd gebruik is; die student moes ook sê wat hy daaruit kan aflei. Die ooglopendste voorbeeld is "spoor", dit moet in hierdie geval "het" wees, nie "de" nie. Dit beteken moontlik dat die bepaalde lidwoorde in die volkstaal besig is om eenvormig te raak, of dat Wikar steeds met die aanleertaal sukkel, veral by die wisselende woordgeslag by polisemiese woorde wat die verskillende betekenisse van mekaar onderskei. "**De** spoor" bestaan wel, maar dit bedoel o.a. die spoor aan die rystewel waarmee die perd aangespoor word. Dan is daar die gebruik van "den" by *zeekoey*. Die leek sou kon aanvoer "den" is voorheen ná 'n voorsetsel as bepaalde lidwoord by manlike selfstandige naamwoorde gebruik; *-koe(y)* is egter vroulik, dit maak die hele woord dus vroulik, so "der" moes ná die voorsetsel volg, en daarom is "den" twee keer by dieselfde selfstandige naamwoord verkeerd gebruik. Maar die woord "seekoei" kan egter manlik én vroulik wees, na gelang van die dier se (onbekende) geslag. Die probleem lê eerder by "zou den" - "zou" is 'n werkwoord, nie 'n voorsetsel nie; dit moet dus "de" wees. "Met" is wel 'n voorsetsel, dáár word "den" korrek gebruik. Deur die Afrikaanse en Nederlandse woordeboeke met mekaar te vergelyk, moes die student ook vasstel of *hardlopen*, *spoorsneyen*, *patgeven*<--! Nota van Suidpunt: "padgee" is in die verlede as gewraakte anglisisme beskou (want dit kom nie in Nederlands voor nie), maar hier is nou 'n klinkklare bewys daarvan dat dit wel nie een is nie.--> en *klipheuvels* nuwe samestellings in Afrikaans is; die antwoord is ja op almal. Notas: 1. Conradie, C.J. 1986. *Taalgeskiedenis*. Kaapstad: Academica. pp. 94: "Vanweë sy dobbelskulde het Hendrik Jacob Wikar, 'n Sweed van oorsprong en aan die Kaap klerk in die **hospitaal** van die V.O.C. gedros en tot by die Oranjerivier gevlug waar hy jare lank by Khoekhoenstamme vertoef het. Die skryf van 'n "Berigt" of verslag oor die lewenswyse van die Khoekhoen het sy begenadiging deur die goewerneur help bewerkstellig toe hy na Kaapstad wou terugkeer." 2. Van der Merwe, H.J.J.M. & Posthumus, M.J. 1972. "Die opkoms van Afrikaans as Kultuurtaal" in: Van der Merwe, H.J.J.M. et al. *Afrikaans; sy aard en ontwikkeling*. Pretoria: Van Schaik. p. 68: "Tussen die jare 1775 en 1779 het Kompanjiesdienaar H.J. Wikar, 'n gedroste Sweed, rondgeswerf onder die **Namakwas** aan die onderloop van die Oranjerivier. In sy aantekeninge kom daar sydelingse vermelding voor van die feit dat Afrikaans al goed op pad was na 'n selfstandige taal." 3. Raidt, E.H. 1976. *Afrikaans en sy Europese verlede: Van Tacitus tot N.P. van Wyk Louw*. Johannesburg: Nasou Beperk. 106: 4. Pienaar, E.C. 1943. *Die Triomf van Afrikaans*. Kaapstad: Nasionale Pers. bl. 7-9: "Hoog belangrike gegewens insake die verdere ontwikkeling van Kaaps-Nederlands vind ons in die reisverhaal van Hendrik Jacob Wikar (1775-1779). Hy was 'n Sweed wat in 1773 in diens van die Oosindiese Kompanjie na die Kaap gekom het, en weens skulde as gevolg van dobbelary in 1775 gedeserteer en **vier-en-'n-half** jaar lank **onder die boerebevolking van die binneland**, en veral onder die Hottentotte langs die Grootrivier, rondgeswerf het. <--Nota Suidpunt: dis opvallend hoeveel Afrikaanse bronne slegs laasgenoemde benadruk het.--> Sy aantekeninge van "wat ik gehoord ende gezien hebbe", het hy **by sy terugkeer na die Kaap** in chronologiese volgorde op skrif gestel ter voorlegging aan goewerneur Van Plettenberg. Hoewel hy onderdaning om verskoning vra "dat dit mijn verhaal zo eenvoudig en ongereguleerd geschreeven is," moet ons aanneem dat hy dit in sy beste Nederlands sal probeer stel het, en **moontlik nog bygestaan** is deur landdros Olof de Wet van Stellenbosch, deur wie sy verhaal later "op verscheyde aan my gedane vraagen vermeerdert en in ordentlyke styl gebragt" is. Ons tref in hierdie verhaal tal van woorde en vorme aan wat vandag tipies Afrikaans is, soos b.v. *renoster*, *beeste*, *trop*, *tree*, *vinnig*, *ongedierte*, *pampoen*, *deeskant*, e.d.m. En dis opmerklik dat juis al sulke woorde later deur De Wet weer "in ordentlyke styl" gebring, d.w.s. vernederlands word, waaruit duidleik blyk hoe onnederlands Wikar se taalgebruik vir die landdros se geskoolde oor moes geklink het. Ons kan dus as naastenby seker vasstel dat die omgangstaal van Wikar se tyd, veral onder die **boerebevolking van die binneland**, reeds 'n veel sterker Afrikaanse kleur moes gehad het as wat uit sy reisverhaal self blyk. Want ná dit deur homself in sy beste Nederlands opgestel was, het die landdros dit nodig gevind om Wikar se teks nog 'n slag te "vernederlands," sodat sy oorspronklike aantekeninge ongetwyfeld veel nader aan Afrikaans as aan Nederlands sal gestaan het. <--Nota Suidpunt: Anders as Raidt wat die landdros se werk "vir ons waardeloos" vind, is dit duidelik dat jy tog die twee werke moes jukstaponeer om te kyk watter Afrikaanse woorde weggelaat of aan getorring is vir Nederlands. So waardeloos is De Wet se werk seker ook nie? --> 5. Nienaber, G.S. 1953. *Oor Afrikaans.* Deel II. Afrikaanse Pers Boekhandel: 212-213: In meer as een opsig besonder belangwekkend is die *Berigt* van Hendrik Jacob Wikar. Hy is die eerste persoon wat ons by naam ken wat *langs* die Oranjerivier op gereis het. Sy **relaas** het betrekking op die tyd van sy omswerwinge langs die benedeloop van die Grootrivier. Hy was vier en 'n half jaar weg uit die Kaap (1775-1779), en 'n aansienlike gedeelte hiervan het hy onder die Hottentotte in hierdie streke bevind, maar die droster het moeg geword om langer as voortvlugteling buite die kring van die blanke beskawing te bly. Om dit makliker te maak om hom weer in genade te laat aanneem, het hy vir die Goewerneur 'n verslag opgestel om hom in te lig aangaande die inboorlingstamme in daardie buurt, hulle leefwyse en gebruike. Sy taal is lank nie meer suiwer Nederlands nie. <--Nota Suidpunt: Elke hond keer terug na sy eie braak, maar ek is seker sy krediteure was seker ewe bly om hom weer te sien? --> [...] Die een moeilikheid waarmee ons te kampe het, is die gebrek aan geskrifte wat regstreeks die taal van die burgerlike bevolking weerspieël. Omdat Wikar se taal as 'n aanduiding hiervan beskou is, **is veel daarvan gemaak**. Intussen het mnr. L.C. van Oordt die veldwagterbriewe en ander boerestukke tussen 1750 en 1800 begin uitgee vir sover hulle t.o.v. Afrikaans taalkundig van belang mag wees [...] Dit is tot dusver die beste benadering van die spreektaal wat ons het en behoort deeglik beskryf en na waarde bepaal te word. <--Nota Suidpunt: Wow. Dis darem onnodig. Eers lees ek "relaas" en dan lees ek: "En daarom is daar 'n moerse ophef van gemaak." Ek bedoel, dit het darem geskiedkundige waarde.--> 1. ↑ Algemeen Nederlands Woordenboek, s.v. spoor 1.0. (C-afdruk)
{ "title": "Suidpunt/Hendrik Jacob Wikar", "mostly_tablelist": false, "tablelist_ratio": [ 1261, 9545, 0.1321110529072813 ], "infobox": [], "td_tables": [], "text_length": 11518 }
Die Kaapstadse Internasionale Konferensiesentrum gesien vanaf Heerengracht. Die Kiks se binnehof en hoofingang. Die Kiks uit Breestraat se rigting gesien. Die ontvangsportaal van die Kiks. Die Kiks maak in sy openbare ruimtes uitvoerig van natuurlike lig gebruik om so krag te bespaar. Die Westin-hotel op die perseel van die Kiks waar baie konferensiegangers tuisgaan. Die **Kaapstadse Internasionale Konferensiesentrum** (Kiks) is ’n konvensiesentrum in Kaapstad, Suid-Afrika. Dit het in Junie 2003 geopen en word bedryf as vennootskap tussen die Stad Kaapstad en die Wes-Kaapse regering. Die sentrum neem 6,1 ha in beslag op die stad se Strandgebied en is binne maklike bereik van die Victoria & Alfred Waterfront, vername hotelle en die middestad. Die Kiks word bedien deur die Westin Grand Hotel wat op in die noordwestelike hoek van dieselfde perseel geleë is. Die konvensiesentrum het tentoonstellings- en handelsuitstallingsruimte van sowat 11 200 m2 wat verdeel kan word in verskeie konferensie- of banketruimtes, asook ’n Groot Balsaal wat met klankdigte afskortings verdeel kan word. Spyseniering word op die perseel voorsien. Die sentrum het twee ouditoriums, een met sitplek vir 1 500 mense en die ander met tot 620. Die Kiks het die finale loting van die 2010 Fifa-Wêreldbekertoernooi op 4 Desember 2009 gehuisves toe van die gaste onder andere oudpres. FW de Klerk en emeritus-aartsbiskop Desmond Tutu was. In 2013 het die Kiks 537 geleenthede aangebied, vergeleke met 514 in 2012. In 2014 het die sentrum na raming meer as R22 miljard tot die land se BBP bygedra en meer as R7 miljard tot die Wes-Kaapse ekonomie in die voorafgaande 11 jaar. Danksy die sukses van die Kiks is dit in 2010 uitgebrei. ’n Tweede ronde uitbreidings het in Februarie 2015 begin en sal na verwagting in 2017 voltooi word. Dié uitbreiding gaan amper 10 000 m² se ekstra vloerruimte tot die sentrum bydra en word gebou aan die oorkant van Heerengracht op wat eens die Naspers Sentrum se parkeerterrein was. Langsaan dié perseel verrys intussen die nuwe Netcare Christiaan Barnard-gedenkhospitaal. Bronne ------ * (en) Besonderhede oor die uitbreidings aan die sentrum. URL besoek op 21 April 2015
{ "title": "Kaapstadse Internasionale Konferensiesentrum", "mostly_tablelist": false, "tablelist_ratio": [ 173, 2046, 0.08455522971652003 ], "infobox": [], "td_tables": [], "text_length": 2201 }
Ds. H.P.M. en mev. Zerilda Steyn. **Zerilda Steyn** (Graaff-Reinet, 14 Maart 1892 – Kaapstad 21 November 1963) was 'n maatskaplike werkster wat haar onvermoeid vir stedelike behuising vir minderbevoorregtes beywer het. Ná haar opleiding as onderwyseres op Stellenbosch het sy haar man, ds. H.P.M. Steyn, na Amerika vergesel. Nadat hy in 1922 aangestel is sekretaris van die Britse en Buitelandse Bybelgenootskap (BBBG) kon sy die meeste van haar lewe wy aan maatskaplike werk. Destyds was sowat 30% van die wit en meer as 70% van die bruin inwoners van Suid-Afrika behoeftig. Met groot toewyding en energie het sy haar taak aangepak om die lot van arm mense te verbeter. In 1929 was sy 'n stigterslid van die Munisipale Behuisingsraad in Kaapstad en deels verantwoordelik vir die stigting van die modeldorpie Goeie Hoop, die tuindorp Eppingtuin (later herdoop tot Ruyterwacht), die voorstad Thornton en Lavistown, genoem na biskop Lavis wat jare lank in die raad van die BBBG gedien het. Later het sy haar beywer vir die daarstelling van behuising en sorg vir bejaardes, en tehuise soos Avondrust, Arcadia, Erica en Secura is opgerig in Kaapstad deur haar toedoen. Sy was jare lank lid van die uitvoerende komitee van die Afrikaanse Christelike Vrouevereniging en 'n tyd lank ook van die Nasionale Behuisingskommissie. Die Universiteit Stellenbosch het haar baanbrekerswerk op die gebied van maatskaplike welsyn in 1961 erken met die toekenning van 'n eredoktorsgraad. Sy en haar man was die eerste egpaar in Suid-Afrika wat albei op dié wyse deur dieselfde universiteit vereer is. Met verwysing na die groot werk wat sy vir die behuising van minderbevoorregtes en hy vir Bybelverspreiding gedoen het, is tereg gesê: "Mev. Zerilda Steyn het die huise gebou en ds. Steyn het die Bybel daarin geplaas." 'n Tehuis vir bejaardes in die buurt waarin die Steyns jare lank gewoon het, Pinelands, is na haar genoem asook 'n saal in Ruyterwacht daar naby, 'n buurt wat hoofsaaklik deur haar toedoen tot stand gekom het en wat eers as Eppingtuin bekendgestaan het. Die eerste 70 gesinne het dié buurt op 7 September 1938 betrek. Later het die Nutsmaatskappy van die Behuisingsbond goedgunstiglik grond geskenk vir bou van die 'n eerste kerkie, gemaak van seil en sak.Die intrekkers het teen so 'n geweldige tempo aangegroei dat die eerste "kerk" gou te klein geraak het. Dadelik ná die gemeente Eppingtuin se afstigting van Goodwood op 18 Julie 1940 het lidmate hand aan die ploeg geslaan en 'n kerksaal en pastorie opgerig. Die kerkraad het op goeie geloof die koste van £5 000 aangegaan en die NG Kerk se Algemene Armesorgkommissie het die sekuriteit verskaf. In dié Zerilda Steynsaal is op 22 Desember 1946 'n skulddelgingsfunksie gehou met 'n sierlike kersboom, koek, koeldrank en lekkers nadat die gemeente eendragtig saamgewerk het om die skuld af te betaal. Herkoms en opleiding -------------------- Steyn was die dogter van Willem Minnaar en Hendrina Burger van Graaff-Reinet. Ná haar skoolopleiding op haar geboortedorp en aan die Meisieskool Bloemhof op Stellenbosch het sy haar as onderwyseres aan die Victoria-kollege bekwaam en, ná haar huwelik op 18 Desember 1912 met ds. H.P.M. Steyn, het sy saam met hom na Amerika gegaan waar sy maatskaplike werk aan die Princeton-universiteit studeer het terwyl hy teologie studeer het. Predikantsvrou -------------- Nadat haar man sy proponentseksamen in die VSA afgelê het, het die egpaar na Suid-Afrika teruggekeer waar hy in Desember 1916 as predikant van die NG Kerk gelegitimeer is. Op 14 Julie 1917 is die egpaar in die NG gemeente Steytlerville ontvang. Op Steytlerville het ds. Steyn hom uit die staanspoor bewys as 'n uithaler-organiseerder en besonder harde werker: binne drie jaar is die groot gemeenteskuld uitgewis en beywer hy hom met besondere welslae vir die onderwys van die jeug. Die hou van die destydse sogenaamde Dingaanfeeste op Steytlerville dateer uit die tyd van ds. en mev. Steyn. In sy eerste vergadering is 'n brief gelees "van de heren G.M. Ferreira, H. Horn en drie anderen waarin gevraagd werden (a) de medewerking van de Kerkraad in de aanstaande Dingaansvergadering; (b) de aanstelling door de Kerkeraad van drie van zyn leden als een komitee om de schryvers en anderen te ontmoeten en zaken te regelen". Die volgende ouderlinge is hiervoor aangestel: G.N. Hayward, J. Olchers en S. Terblanche. In die Steyns se dienstyd het die Kerkraad die moedige besluit geneem om die hotel en drankwinkel te sluit. Hy teken sy laaste notule op 3 Desember 1921. Na Kaapstad ----------- Martin Adams, voorsitter van die Stedelike Behuisingsbond van 1931 tot 1941, Zerilda Steyn, stigter en voorsitter van 1945 tot 1963, lady Clarendon, vrou van die goewerneur-generaal van die Unie, en biskop S.W. Lavis, na wie die Kaapse buurt Bishop Lavis genoem is. Steyn se aktiewe deelname aan welsynswerk het in 1922 begin toe die egpaar hul in Kaapstad vestig en sy haar die probleme van arm Kapenaars, wit en bruin, ter harte geneem het. Soos dit 'n vrou van haar sosiale stand betaam het, het sy haar tyd afgestaan aan goeie werke. Buiten haar bedrywighede in die ACVV is sy ook benoem as voorsitster van die Kaapse Hulpraad (Board of Aid). In Kaapstad het sy 'n bekende karakter geword wat deur tydgenote beskryf is as 'n wonderlike, warm persoonlikheid en 'n merkwaardige dame. ### Behuisingsprojekte Sy het haar aanvanklik veral beywer vir beter behuising vir die laerinkomstegroepe onder die wit en bruin mense. So het sy bekend geraak en die bynaam "Kaapstad se dame met die lamp" gekry, na aanleiding van die erenaam vir Florence Nightingale of "die heldin van die krotbuurte", volgens die *Cape Times* van 14 Maart 1930 (haar 38ste verjaardag) en *The Sjambok* (18 April 1930). Haar aansien is so deur sulke mediaberigte bevorder dat sy die toonbeeld van die stryd teen swak behuisingstoestande van die laagste wit stande geword het. Sy was die verwesenliking van die mite van die "Volksmoeder", want in haar is huislike deugde van moederlike sorg en polities ingestelde besorgdheid oor maatskaplike moraliteit verenig In 1926 het sy, biskop S.W. Lavis en andere die Stedelike Behuisingsbond in Kaapstad gestig, 'n nutsmaatskappy wat hom veral toegelê het op die verskaffing van goeie huise aan die laerinkomstegroepe. Dit was nadat die maatskaplike werkster van die ACVV in Kaapstad, mej. E.C. Steenkamp, die uiters treurige woontoestande in haar werkgebied onder die aandag van die vereniging gebring het. Die lede van die ACVV was so diep onder die indruk van haar mededelings dat hulle die saak verder ondersoek het, en uit die verslag wat daarna ingelewer is, het die ACVV dadelik besef dat die probleem so omvangryk was dat die medewerking van soveel liggame as wat verkry kon word, nodig was om sterk vertoë tot die regering en stadsraad te rig. In November 1926 het 14 verenigings in Kaapstad byeengekom om die toestande te bespreek en hierna die Stedelike Behuisingsbond in die lewe geroep wat bestaan het uit 36 van die belangrikste welsynsorganisasies in die stad. Die Behuisingsbond het dadelik begin om deur toesprake, lesings en artikels in die koerante die toestande waarin ’n groot gedeelte van die wit en bruin bevolking van Kaapstad gewoon het, onder die openbare aandag te bring. Vanweë die sterk druk moes die stadsraad planne beraam om die probleem die hoof te bied. Die saak het ook in die Parlement ter sprake gekom en £1 miljoen is beskikbaar gestel wat aan munisipaliteite geleen is vir die oprigting van wonings van beperkte grootte en koste. Die Behuisingsbond het in 1929 sy eie utliteitsmaatskappy gestig en aan die maatskappy is ook van regeringsweë lenings vir die oprigting van huise beskikbaar gestel. In 1953 het die maatskappy reeds meer as 3 000 huise gebou. Prof. Erika Theron het in 1959 geskryf: "Hierdie wonings kan … beskou word as 'n monument vir die insig wat die ACVV in hierdie probleem getoon het en die inisiatief wat die vereniging in die saak geneem het." Inligting is ook in verband met die bestaande wetgewing waardeur behuisingstoestande verbeter kon word, in *Eendrag* (die ACVV se mondstuk) en ook van tyd tot tyd op konferensies onder die aandag van takke gebring en voorligting is gegee omtrent die stappe wat gedoen moes word om gesonde behuisingstoestande in 'n dorp te verkry. Al die wenke en inligting het nie op dowe ore geval nie, want reeds in 1935 is in *Eendrag* melding gemaak van die optrede van die takke in die saak. Hoewel Steyn en andere hulle beywer het vir behuisingsprojekte vir sowel wit as bruin mense, was dit altyd afsonderlike projekte vir die een of die ander rassegroep; trouens, die ACVV het hom daadwerklik beywer vir rasseskeiding en die verwydering van gemengde woonbuurte. So byvoorbeeld het die kongres in 1937 na aanleiding van beskrywingspunte van Kaapstad en Riebeek-Wes besluit om die regering te versoek om wetgewing daar te stel waardeur munisipale rade verplig sou word om afsonderlike woonbuurte vir "blankes" en "nie-blankes" te voorsien. Na aanleiding van hierdie besluit is die takke versoek om onbevredigende toestande in hul dorp te rapporteer sodat die hoofbestuur die versoek van die kongres met feite kon ondersteun. Sewentien takke het daarop gereageer. In 1938 het 'n deputasie van die ACVV voor die Uitvoerende Komitee van die Provinsiale Raad, aparte woonbuurte vir blank en nie-blank bepleit en sy standpunt in die saak op die volgende motivering gebaseer: "Vir beide blank en gekleurd is dit nie goed om saam te woon nie; en wat ons altyd voor oë moet hou, is dat waar so 'n saamwonery plaasvind dit byna sonder uitsondering die blanke is wat agteruit gaan en afdaal na die peil van die laer beskawing. En dit spreek vanself dat die saamwoon dan op die kleurling ook nie 'n goeie uitwerking kan hê nie. Die ACVV meen dit goed met die kleurling en sal graag sien dat ACVV-lede oral waar moontlik hul invloed gebruik om vir die nie-blankes geskikte en doeltreffende behuising te verkry. Ons gun die kleurling die ontwikkeling en vooruitgang wat hom toekom. Maar waar ons tog die onmiskenbare tekens van agteruitgang van die blanke sien waar wit en gekleurd saamwoon en waar ons deur ons maatskaplike werksters en andere daagliks gewaarsku word teen die nadelige gevolge daarvan, moet ons op ons dorpe en ons stede ernstige aandag skenk aan hierdie dreigende probleem." Die beginsel van afsonderlike woonbuurte het eers in 1950 wetlike beslag gekry toe die Groepsgebiedewet aangeneem is, hoewel die toepassing daarvan nie vinnig gevorder het nie weens praktiese probleme. Mettertyd het die Stedelike Behuisingsbond 'n bedrag van £5 miljoen ingesamel om 7 000 huise aan 20 000 wit en bruin te verskaf. Modeldorpies soos Koeberg, Eppingtuin, Thornton en Matroosfontein het op hierdie wyse tot stand gekom. In die *Verslag van die Kommissie van Ondersoek van die Gefedereerde N.G. Kerke na kerklike en godsdienstige toestande in die nege stede van die Unie*, waarvan die bevindings in 1947 te boek gestel is as *Kerk en stad*, skryf die kommissie: "Met die toestroming na die stede tydens die jongste oorlog en die terugkeer van duisende soldate, het die kwessie van blanke stadsbehuising skielik 'n eersterangse probleem geword; iets wat dit voor die tyd nooit was nie." In die daaropvolgende oorsig van pogings om behuising aan minderbevoorregtes in die stede te voorsien, skryf die kommissie: "In Kaapstad is daar wel enige pragtige modeldorpies gebou vir blankes, maar hulle dank hul ontstaan in groot mate aan die private Utiliteits-Behuisingsmaatskappy, wat meer huise voorsien het as selfs die hele Kaapse stadsraad." Tot haar dood was Steyn voorsitter van hierdie maatskappy. Daarbenewens was sy van 1949 af ook lid van die Nasionale Behuisingskommissie. Gedurende die sowat 40 jaar waarin sy by behuisingsprojekte betrokke was, is deur haar ywer sowat 7 000 huise en verskeie tehuise vir bejaardes gebou met 'n waarde van, ten tyde van haar dood, R10 miljoen. Al was daar in die 1930's openbare aantygings dat sy bruin mense swak behandel het en haar neus in mense se privaat sake gesteek het (*The Sjambok*, 18 April 1930), het dit nie afbreuk aan haar reputasie gedoen nie sodat sy in 1945 die amptelike voorsitter van die Stedelike Behuisingsbond (SBS) geword het, 'n amp wat sy nieamptelike reeds van die organisasie se stigting af beklee het. Sy het die grootste deel van haar lewe aan die SBS gewy en haar heerskappy het eers geëindig toe sy aan 'n hartaanval beswyk. ### Bejaardesorg Steyn was 'n bekwame en aktiewe lid van talle welsynsorganisasies; onder meer was sy hoofbestuurslid van die Afrikaanse Christelike Vrouevereniging (ACVV) en lid van die uitvoerende komitee van die Streekwelsynsraad van Wes-Kaapland, waar haar kennis en leiding van groot waarde was. Ná die Tweede Wêreldoorlog (1939–1945) het sy haar begin beywer vir die welsyn van bejaardes. Om haar kennis van welsynswerk te verbreed het sy talle buitelandse studiereise in Europa en Noord-Amerika onderneem. In 1952 het sy met 'n regeringsbeurs bejaardesorg in Europa bestudeer. In 1956 was sy 'n stigterslid (en later die eerste voorsitter) van die Nasionale Raad vir Bejaardes, 'n liggaam wat hom ten doel gestel het om maatskaplike dienste ten bate van bejaardes in Suid-Afrika te koördineer en uit te bou. ### Eredoktorsgraad Sy het 'n besondere bydrae tot maatskaplike sorg in Suid-Afrika gelewer. Sy was, volgens prof. Erika Theron, 'n bekwame voorsitter, 'n doelgerigte werker en 'n energieke mens. Op 8 Desember 1961 het die Universiteit Stellenbosch haar vereer met die eregraad D.Phil. vanweë haar onvermoeide ywer vir stedelike behuising vir minderbevoorregtes. Dié universiteit het destyds gesê dié eer het haar en haar man, wat in 1954 'n eredoktorsgraad van Maties gekry, toegekom "aangesien hul lewe gekenmerk was deur onvermoeide, onbaatsugtige diens aan hulle medemens". Gesinslewe en dood ------------------ Drie kinders is uit Zerilda Minnaar se huwelik met ds. H.P.M. Steyn gebore: Hendrien, ten tyde van haar ma se dood woonagtig in Pretoria, Zerilda (1919–2000, getroude van Droskie), wat haar ma se naam gekry het, maar onder haar kennisse bekend was as Bee, en hulle seun Jan, later regter Jan H. Steyn, van Kaapstad, gebore 4 Maart 1928 (oorlede op 30 Desember 2013). Die Kaapse Stadsraad het Zerilda Droskie, toe 76, in 1995 vereer vir die baanbrekerswerk wat sy vir bejaardes in die land gedoen. Sy was die eerste maatskaplike werker hier wat in dié onderwerp gespesialiseer het, en was 26 jaar lank by die Nasionale Raad vir Bejaardes betrokke, waarvan die 17 voorafgaande jare as direkteur. Zirelda is onverwags oorlede op 21 November 1963, slegs 'n week en drie maande ná haar man, terwyl sy 'n vergadering van die bestuur van die Dryfe-huis vir bejaardes, waarvan sy voorsitter was, toegespreek het. Sy was van voorneme om self eendag in een van die tehuis wat deur haar toedoen opgerig is, te gaan waas, maar dit was haar nie beskore nie. Sy was 71 jaar en agt maande oud ten tyde van haar dood. Skaars 'n maand voor haar dood het sy nog die nuwe ouetehuis op Piketberg geopen. By dié geleentheid het sy het die gemeenskap gelukgewens met die pragtige gebou en hul deursettingsvermoë. Bronne ------ * (af) Smit, ds. A.P. 1970. *God het laat groei. Geskiedenis van die Bybelgenootskapsbeweging in Suider-Afrika 1820–1970.* Kaapstad: Die Bybelgenootskap van Suid-Afrika. * (af) Schoonees, L. 1976. *Steytlerville en sy mense. Eeufeesgedenkboek 1876–1976*. Steytlerville: NG Kerkraad. * (en) Potgieter, D.J. 1974. *Standard Encyclopaedia of Southern Africa*, deel 10. Cape Town: Nasionale Opvoedkundige Uitgewery Ltd. * (af) Beyers, C.J. 1981. *Suid-Afrikaanse Biografiese Woordeboek*. Durban en Pretoria: Butterworth & Kie (SA) (Edms) (Bpk). * (af) Theron, prof. Erika en Lambrechts, H.C. 1959. *Vrouevolksdiens. Dier werk van die Afrikaanse Christelike Vrouevereniging*. Kaapstad en Pretoria: HAUM.
{ "title": "Zerilda Steyn", "mostly_tablelist": false, "tablelist_ratio": [ 1443, 14103, 0.10231865560519038 ], "infobox": [], "td_tables": [], "text_length": 15941 }
*Hierdie artikel behandel tafelsuiker of sukrose wat in huishoudings gebruik word. Vir 'n oorsig oor die groep van mono- en disakkariede sien gerus suikers.* --- Suikerkristalle onder die polarisasie-mikroskoop. Vergroting: x150 Sukrose se chemiese struktuur **Suiker** (afgelei van die Arabiese *sukkar* en die Sanskrit-woord *sharkara* (शर्करा) "suiker", "ronde klippie") is 'n belangrike voedsel en genotmiddel. In die skeikunde staan tafelsuiker, 'n disakkaried, ook as sukrose (C12H22O11) bekend. Suiker bevat vier kilokalorieë per gram (minder as vet met nege kilokalorieë en alkohol met sewe kilokalorieë per gram). Geskiedenis ----------- 'n Suikerrietplant in die botaniese tuin Kew Gardens, Londen Suiker in sy huidige vorm was in die antieke Griekse en Romeinse wêreld nog feitlik onbekend. In die tydperk van Alexander die Grote het net enkele handelaars en reisigers kennis van die Indiese riet gehad, wat die produksie van "heuning sonder bye" sou moontlik gemaak het. Slegs klein hoeveelhede *saccharum*, 'n soutagtige produk wat uit bepaalde Indiese bamboesplante vervaardig is, is in die antieke geneeskunde gebruik. Die Griekse en Romeinse kookkuns het veral gebruik gemaak van heuning as 'n versoeter, tog was dit steeds skaars en duur. Heuning is derhalwe dikwels met vrugtewynstroop verdun of deur ander produkte vervang, soos byvoorbeeld die goedkoper dadelheuning of soet wynprodukte soos rosyntjies en stroop. Suikerriet is vir die eerste keer in die 7de eeu in Palestina ingevoer, in die 8ste en 9de eeu in Griekeland en eers teen die einde van die 10de eeu, danksy die Venesiese seehandel, ook in Wes-Europa waar suikerkristalle aanvanklik net in apteke verkrygbaar was. Klein hoeveelhede suiker is as 'n geneesmiddel beskou, tog het die meeste geneeskundiges beweer dat suiker 'n verhoogde bloeddruk sou kon veroorsaak. 'n Plaaslike suikernywerheid het in Europa eers tydens die Napoleontiese Oorloë van die vroeë 19de eeu ontstaan, toe die Engelse blokkade die Europese vasteland van suikerrietinvoere afgesny het. Die Duitser Andreas Sigismund Marggraf (1709–1782) het reeds in 1747 voorgestel om suikerbeet as 'n basis vir die suikerproduksie te ontwikkel. Die eerste suikerfabriek is egter eers in 1801 deur een van sy skoliere, Franz Karl Achard (1753–1821), op die Oos-Duitse landgoed Cunern (tans Konory in Pole) geopen. In 1809 het Achard sy wetenskaplike studie oor die suikervervaardiging, *Die europäische Zuckerfabrikation aus Runckelrüben*, gepubliseer. Die ontwikkeling van die Europese suikernywerheid was 'n buitengewone prestasie, aangesien die vervaardigingsproses hoogs ingewikkeld was. Terwyl in die geval van suikerriet net die stele uitgepers moet word, vereis suikerbeet 'n meerfasige verwerking. Dit word eers skoongemaak en daarna in klein stukkies gesny. Die suiker word deur middel van industriële ekstraksie vervaardig en bestaan aanvanklik – net soos sy eweknie wat van suikerriet gemaak word – uit 'n swartblou stroop. 'n Aantal prosesse soos karbonasie en filtrasie is noodsaaklik voordat die suiker, wat nog steeds uit 'n stroperige massa bestaan, reg is om van sekere kieme voorsien te word wat 'n kristalliseringsproses aan die gang sit. In die proses van suikerraffinering word bentoniet gebruik vir die skoonspoel en verheldering van waterige suikeroplossings. Sedert die 19de eeu is die verwerkingsproses steeds verbeter. Terwyl in 1869 nog meer as twaalf kilogram suikerbeet vir een kilogram suiker benodig is, bevat die suikerbeetstroop tans meer as twintig persent suiker. Suiker het vir meer as 'n eeu lank 'n belangrike landbouproduk in Europa gebly, en die suikerprys is tot by die einde van die Tweede Wêreldoorlog as 'n rigsnoer vir die lone van landarbeiders gebruik waarby die verkoopprys van een kilogram suiker die daaglikse loon vir 'n vroulike werker bepaal het. Wêreldproduksie --------------- Die hoofbronne vir die vervaardiging van suiker is suikerriet, wat in die tropiese gebiede verbou word, en suikerbeet (die hoofbron in gematigde klimate soos dié in Europa). Albei bevat sukrose, wat tydens die verwerking uitgepers of uitgekook word. Die suikerkristalle, wat as eindproduk ontstaan, word verder verwerk en skoongemaak. Die drie grootste suikerprodusente ter wêreld is Brasilië, Indië en die Volksrepubliek China, terwyl Frankryk, Duitsland en Pole die belangrikste verskaffers van die Europese Unie is. Suid-Afrika is die grootste produsent op die vasteland van Afrika. Wêreldmark ---------- Suikerbeet Sedert die vroeë 21ste eeu kan die wêreldwye suikerproduksie nie meer tred hou met die aanvraag nie. In 2005 het suikerpryse op die wêreldmark die hoogte ingeskiet en byna twintig VSA-sent per pond bereik. Die skerp styging word veral aan Brasilië se energiebeleid verwyt, wat suikerriet as 'n basis vir bio-etanol bevorder om sodoende brandstofinvoere te verminder. Sowat die helfte van die Brasiliaanse suikerrietproduksie word tans benodig om in die land se behoefte aan sogenaamde *flexfuel*-petrol te voorsien. In 2006 het suikerpryse egter weer gedaal. Indië is met sowat 18 miljoen ton tans die grootste verbruiker van suiker, wat steeds meer gewild raak as 'n soetmiddel vir byvoorbeeld *chai*-tee. Die landelike bevolking het eeue lank veral *goer*, 'n soort suikerrietstroop, gebruik, maar gee danksy die stygende inkomste nou voorkeur aan kristalsuiker. Die kookkuns van die Indiese deelstaat Goejarat gebruik suiker in die meeste van die geregte. Navorsing --------- Die Suid-Afrikaanse Suikervereniging se navorsingstasie is in 1927 op Mount Edgecombe, sowat 19 km van Durban af, opgerig. Dit is vandag die vernaamste suikernavorsingsinstituut in Afrika en ruil tegniese inligting uit met Brasilië, Argentinië, Australië, Japan, die VSA en Taiwan, asook met sekere Afrikalande. Suikerrietsaad ontkiem net by temperature wat hoër is as die wat in Suid-Afrika se suikerrietgebiede voorkom. Alle saailinge word derhalwe in spesiale kweekhuise by Mount Edgecombe gekweek en aan kwekers verskaf. Veldtoetse oor die aanpasbaarheid van saailinge by bepaalde klimaatstreke word by 7 streeknavorsingstasies gedoen. Suikerrietsaad word ook na ander lande uitgevoer. Die gewildste suikerrietsoort is Natal Coimbatore 310 (NCo310), wat 'n Suid-Afrikaanse variëteit van die Coimbatore-riet is met 'n sagte vesel en hoë suikergehalte. Suikerrietkwekers kan ook blaarmonsters vir ontleding na Mount Edgecombe bring waaruit die ingewikkelde bemestingbehoeftes van ʼn bepaalde plantasie vasgestel kan word. 'n Kweker word dan geadviseer oor hoeveel en watter misstof hy op 'n bepaalde tydstip vir 'n sekere grondsoort met 'n sekere voggehalte moet toedien. Navorsing oor verskeie suikerrietplae word ook gedoen. Die grootste bedreiging is teenswoordig die suikerrietboorinsek *Eldana* *saccharina*, wat feitlik die hele suikerrietgebied besmet het en wat veral riet wat deur droogte verswak is, aanval. Nematodes, 'n soort rondewurm van die klas Nematoda wat op die wortels van suikerriet teer en die groei daarvan vertraag, rig ook groot skade aan. Aansienlike dele van Suid-Afrika se suikergebiede word deur een of meer van 5 siektes besmet. Hulle is ratoensiekte en mosaïek (albei virussiektes), roet of brandsiekte (*Ustilago scitaminea Syd.),* rooivrotsiekte (*Physalospora tucumanensis Speg.*) en roes. Navorsing oor die bekamping van al die plae word by Mount Edgecombe gedoen. Suikeruitvoer ------------- Die drie grootste suikeropslagloodse ter wêreld is in 1965 by die Durbanse hawe gebou, met ʼn vermoë van onderskeidelik 220 000, 180 000 en 120 000 ton suiker. Sowat 750 ton suiker kan elke uur regstreeks vanuit die bergskure op skepe gelaai word. Die suikerloodse het Suid-Afrika se suikeruitvoervermoë aansienlik versnel. Die polariteit van Suid-Afrikaanse suiker word deur die toevoeging van 'n sekere hoeveelheid melasse met die vereistes van die lande waarheen dit uitgevoer word, in ooreenstemming gebring. Suiker word net voor verskeping in ʼn mengaanleg by die bergskure met melasse behandel. (Die proses is ʼn Suid-Afrikaanse patent.) Binnelands ---------- 'n Massaleweringstelsel, met 25-ton-vragwaens en spesiaal omgeboude trokke van die Suid-Afrikaanse Vervoerdienste, is in die vroeë tagtigerjare ingestel om massavragte geraffineerde losmaatsuiker (suiker wat nie verpak is nie) aan verbruikers in die PWV-gebied (Pretoria-Witwatersrand-Vereeniging) te verskaf. Daar is ook 3 massasuikerloodse, elkeen met ʼn vermoë van 2 500 ton, in Germiston gebou. Die suiker voorsien in die behoeftes van bakkerye, koeldrank-, lekkergoed - en inmaakfabrieke. **Die grootste suikerprodusente (2013)**|  Rang  | Land |  Produksie (in miljoen ton) |  Rang  | Land |  Produksie (in miljoen ton) | | --- | --- | --- | --- | --- | --- | |    1 | Brasilië    | 768,1 |    9 | Indonesië    | 33,7 | |    2 | Indië    | 341,2 |    10 | Filippyne    | 31,9 | |    3 | China    | 128,2 |    11 | VSA    | 27,9 | |    4 | Thailand    | 100,1 |    12 | Australië    | 27,1 | |    5 | Pakistan    | 63,75 |    13 | Argentinië    | 23,7 | |    6 | Meksiko    | 61,2 |    14 | Suid-Afrika    | 18,0 | |    7 | Bahamas    | 57,5 |    15 | Kuba    | 16,1 | |    8 | Colombia    | 34,9 |    16 | Egipte    | 16.1 | | (Bron: FAOSTAT 2015 Geargiveer 22 November 2016 op Wayback Machine) Die suikerbedryf in Suid-Afrika ------------------------------- Suid-Afrika behoort tot die belangrikste suikerprodusente ter wêreld. Reeds in 1877 het meer as sewentig suikerfabrieke sowat 17 000 ton suiker opgelewer. Die Suid-Afrikaanse suikerrietoes het in die jaar 2002 23 miljoen ton beloop, wat tot 2,4 miljoen ton suiker verwerk is. 1,1 miljoen ton suiker is uitgevoer. Bronne ------ * Wêreldspektrum, 1982, ISBN 0908409680, volume 27, bl. 25, 26 * Jacques André: *L'alimentation et la cuisine à Rome*. Nouvelle édition. Paris: Les Belles Lettres, 1981. * *Kochkunst: Lukullisches von A-Z*. Siebte Auflage. Leipzig: Verlag für die Frau, 1990. * "*Prices soar as Brazil's flexfuel cars set the pace*". Financial Times Europe, 30 Maart 2006.
{ "title": "Suiker", "mostly_tablelist": false, "tablelist_ratio": [ 759, 8361, 0.09077861499820596 ], "infobox": [], "td_tables": [], "text_length": 10071 }
Statsi Riglyn nr. 1/76 oor die ontwikkeling en hersiening van operasionele prosedures **Zersetzung** (Duits vir "ontbinding") is 'n sielkundige oorlogvoeringstegniek wat deur die Ministerie van Staatsveiligheid (Stasi) gebruik was om politieke teenstanders in Oos-Duitsland gedurende die 1970's en 1980's te onderdruk. *Zersetzung* het daartoe gelei dat hulle beweerde en werklike andersdenkendes op 'n koverte manier bestry het, met behulp van geheime metodes van misbruikte beheer en sielkundige manipulasie om anti-regeringsaktiwiteite te voorkom. Zersetzung is sedert die vyftigerjare informeel in Oos-Duitsland gebruik onder leiding van algemene sekretaris Walter Ulbricht in die gereelde wetstoepassing en regstelsel teen andersdenkendes. In 1971 het die aanstelling van Erich Honecker as sekretaris-generaal die hervorming van "operasionele prosedures" (*Operative Vorgänge*) tot gevolg gehad, weg van die openlike terreur van Ulbricht na 'n meer subtiele form van *Zersetzung*, wat in 1976 geformaliseer is na die uitreiking van Riglyn nr. 1/76 oor die ontwikkeling en hersiening van operasionele prosedures. Die Stasi het operasionele sielkunde en sy uitgebreide netwerk van informele medewerkers (*inoffizielle Mitarbeiter*) gebruik om persoonlike sielkundige aanvalle teen teikens te loods om hul geestesgesondheid te beskadig en die kanse op 'n "vyandige optrede" teen die staat te verlaag. Die gebruik van *Zersetzung* is goed gedokumenteer as gevolg van Stasi-lêers wat ná die Oos-Duitse *Wende* gepubliseer is, met etlike duisende of tot 10 000 individue wat na raming slagoffers geword het:217, en 5 000 van hulle het onomkeerbare skade opgedoen. Spesiale pensioene vir restitusie is vir die slagoffers van *Zersetzung* geskep.
{ "title": "Zersetzung", "mostly_tablelist": false, "tablelist_ratio": [ 1232, 2728, 0.45161290322580644 ], "infobox": [], "td_tables": [], "text_length": 1747 }
**Zenobia Kock** is ’n Afrikaanse skrywer. Lewe en werk ------------ Zenobia Anna Susanna Kotzé is op 24 Januarie 1958 op Wesselsbron gebore as die oudste van drie dogters. Sy word op die plaas Cherabe naby Wesselsbron groot waar haar ouers boer en gaan op die dorp skool, waar sy in 1975 aan Sandveld Sekondêre Skool matrikuleer. Tydens ’n Christelike Studentevereniging (CSV) kamp kom sy tot bekering. Sy spandeer in 1976 ’n jaar by die Burgerlike Beskermingskollege op George en studeer dan vanaf 1977 verder aan die Universiteit van die Oranje-Vrystaat. Hier behaal sy in 1979 ’n B.A.-graad en in 1980 ’n B.A. Honneurs-graad in Kommunikasiekunde met die doel om ’n ondersoekende joernalis te word. Daarna werk sy vanaf 1981 tot 1984 as marknavorser by Market Research Africa in Johannesburg, terwyl sy in Hillbrow en Berea in woonstelle bly. In 1985 gaan sy saam met ’n vriendin op ’n rugsaktoer deur Europa, waar sy om die beurt reis en los werkies doen. Na haar terugkeer in 1986 werk sy weer vir ’n ruk by Market Research Africa en ontmoet in hierdie tyd haar aanstaande predikantman Ben Kock, destyds hulpleraar by die NG Kerk Aasvoëlkop-gemeente. Hulle trou en haar man aanvaar in 1987 ’n beroep na die NG Sendingkerk (nou Verenigende Gereformeerde Kerk) in Colesberg, waar hulle die plaaslike bruin gemeente van Lowryville bedien. Hulle het een dogter, Coyla. Op Colesberg doen sy behalwe die gewone werk van ’n predikantsvrou ook die boeke vir ’n Educare-sentrum se crèche in die swart woonbuurt. Sy behoort aan ’n leeskring en is ouderling en Sondagskoolonderwyser in die kerk. Later word sy onderwyseres by die Hoërskool Colesberg op die dorp, terwyl sy steeds aktief deelneem aan die gemeenskap se aktiwiteite. So help sy met ’n leesprojek, die maak van goedkoop skoolklere en die stig van ’n skool vir straatkinders waar hulle vaardighede kan aanleer. Sy verhuis vir ’n ruk na Skotland, waar sy haar tweede roman voltooi. By haar terugkeer na Suid-Afrika gaan woon sy in Umtata in die Transkei. In 2002 tree sy by Woordfees op Stellenbosch op waar sy uit haar werk voorlees. Skryfwerk --------- Op universiteit skaf sy vir haar ’n tweedehandse tikmasjien aan en begin skryf. Haar kortverhale verskyn dan vanaf Maart 1980 periodiek in *Huisgenoot*, die eerste waarvan "*Die man in haar lewe*" was. *Huisgenoot* publiseer ook die verhale "*Swerwersliefde*" in September 1980, "*Die vrou en die jongeling*" in Januarie 1983 en die opvolg hierop in Maart 1984. Tussenin word vele van haar verhale vir publikasie afgekeur, wat haar motiveer om in 1995 die ATKV-Herfsskryfskool in Potchefstroom by te woon. Hier word sy aangemoedig om ’n boek te skryf, wat sy toe ook doen."*Die mense wat so rou is*" beskryf die dood van ’n klein plaasseuntjie en die raaiselagtige verdwyning daarna van ’n konserwatiewe wit plaasvrou, wat ten spyte van haar politieke oortuigings nogtans die lewensomstandighede van haar swart arbeiders verbeter. Die verhaal word vertel vanuit die perspektief van ’n predikantsvrou, Maria Marais, wat betrokke raak en dan leidrade en vermoedens navolg deur die blanke woonbuurt Donkerbos, die bruin woonbuurt Lourentia en die swart woonbuurt Thuthwini. Die ontknoping van die misdaad betrek vier predikante van verskillende denominasies en rassegroepe en bied ’n vernuwende blik op die verhoudings tussen die rasse en skuld, haat en vrede. Dit belig ook die kulture en leefwyse van die verskillende rassegroepe en die onbegrip wat daar tussen hulle heers. Boweal is dit ook ’n opwindende speurverhaal, waar die predikantsvrou geen steen onaangeroer laat om die vermiste vrou op te spoor nie. In 2001 is "*Die mense wat so rou is*" op die kortlys vir die toekenning van die RAU Mardene Marais-prys vir debuutwerk."*Die kruppel engel*" is ’n aangrypende jeugroman (wat volwassenes ook sal geniet) oor identiteit, ras, geslag en taal, waar die impak van ongevraagde swangerskappe, armoede, molesterings en die soeke na ’n plek om te behoort ondersoek word. Tina bly op ’n skaapplaas waar haar aanneem-pa ’n skaapwagter is. Sy vermoed haar werklike pa is die boer van Engelsplaas, waar daar ’n engel is. Uiteindelik gee die kreupel padloper Jakob haar die raad om haar werklike pa vir geld te vra. In 2015 verower haar radiodrama "*Die nag van die wyses*" die derde plek in die jaarlikse Sanlam en Radiosondergrense se radiodramakompetisie. Die beoordelaars beskryf dit as ’n "pragtige, poëtiese teks Dit is ’n tipe Kersverhaal met heelwat kinkels. Publikasies ----------- | Jaar | Publikasies | | --- | --- | | 2000 | Die mense wat so rou is | | 2012 | Die kruppel engel | Bronnelys --------- ### Boeke * Van Coller, H.P. (red.) "Perspektief en Profiel Deel 3" Van Schaik-Uitgewers Pretoria Eerste uitgawe  2006 ### Tydskrifte en koerante * Maartens, Maretha "Speurverhaal uit die pienk pastorie" "Vrouekeur" 25 Augustus 2000 ### Internet * Bookslive: * Britz, Elretha Volksblad: * LitNet ATKV-Skrywersalbum 30. September 2010: www.litnet.co.za * Protea Boekhuis: * Rautenbach, Elmari Oulitnet: Geargiveer 21 Junie 2017 op Wayback Machine * RSG Plus: Geargiveer 22 April 2016 op Wayback Machine * Worldcat: ### Ongepubliseerde dokumente * Kock, Zenobia "Biografiese skets" Nasionale Afrikaanse Letterkundige Museum en Navorsingsentrum  (NALN) Bloemfontein Maart 2001 ### Resensies 1. ↑ Olivier, Fanie "Beeld" 3 Julie 2000 2. ↑ Hambidge, Joan "Beeld" 19 November 2012: 3. ↑ Schoonraad, Casha-Mae "Rapport" 3 Februarie 2013 4. ↑ RSG Plus se webwerf op 30 November 2015: Geargiveer 22 April 2016 op Wayback Machine
{ "title": "Zenobia Kock", "mostly_tablelist": false, "tablelist_ratio": [ 896, 4736, 0.1891891891891892 ], "infobox": [], "td_tables": [], "text_length": 5598 }
**Zelda la Grange** is die voormalige privaatsekretaresse van Nelson Mandela. Sy het nie net sekretariële werk vir hom gedoen nie, maar was ook sy woordvoerder, reisgenoot en 'n vertroueling wat 19 jaar saam met hom gewerk het. Biografie --------- La Grange is op 29 Oktober 1970 in Pretoria, Suid-Afrika gebore. Haar vader was 'n uitvoerende bestuurder by Suid-Afrikaanse brouerye en het later sy eie slaghuis bedryf. Haar moeder was 'n onderwyseres. Beide haar ouers was nasionaliste. Hulle het in Wonderboom-Suid gewoon, waar sy op 20-jarige ouderdom vir die eerste keer van Mandela se bestaan te wete gekom het. Sy het 'n "uitvoerende sekretariële diploma" van die destydse Technikon Pretoria ontvang. Vanaf 1994 tot 1996 werk sy as 'n tikster vir Mary Mxadana, destyds Nelson Mandela se privaatsekretaresse. In 1996 word sy tot assistent-privaatsekretaresse bevorder en in 1999 word sy die *Privaatsekretaris van die Kantoor van die President*. Sedert 1999, na Mandela se uittrede, het sy hom tot sy dood in Desember 2013 bygestaan en help versorg. Sy sien haarself as 'n ere-kleindogter van Mandela, 'n stelling wat Mandela self beaam het. Na Madiba se afsterwe het sy R50 000 van hom geërf (soos al sy persoonlike werknemers), en voortgegaan om sy humanitêre werk te koördineer en te koester. Bronne ------ * "Zelda la Grange oor Festival voor het Afrikaans 2018". *LitNet*. 13 September 2018. Besoek op 16 September 2018.
" ], "td_tables": [], "text_length": 1437 }
Die **swartrugmalmok** of **swartrugalbatros** is 'n pelagiese seëvoël wat in kusgebiede in die Suidelike Halfrond aangetref word. Dit is 'n bedreigde spesie, maar tog die algemeenste en mees wyd verspreide malmok. Die swartrugmalmok het 'n vlerkspan van 210 tot 250 cm. *Thalassarche melanophris* 'n Volwasse swartrugmalmok het lang, reguit vlerke. Die vlerke se rugkante is swarterig-bruin, asook die mantel en stertrugkant; hierdie dele vorm 'n sterk kontras met die spierwit kop en lyf. Die wit ondervlerke het baie breë, swart randstrepe: die voorrand is besonder breed. Die voël het 'n gelerige-oranje snawel met 'n oranje-pienk punt en kenmerkende swart wenkbroue. 'n Onvolwasse swartrugmalmok se veredrag is soortgelyk, maar die ondervlerk is oorwegend donkerder en die snawel is grys of 'n donker horingkleur met 'n swart punt. Soos die onvolwasse voël ouer word, word sy ondervlerk ligter. Onvolwasse voëls het ook 'n grys agterkop wat 'n onvoltooide kraag vorm, met rokerige vlekke op hul kop. Die swartugmalmok is een van die kleinste spesies van al die malmokke: 'n volwasse swartrugmalmok se lengte wissel tussen 80 en 95 cm en het 'n massa van 3 tot 5 kg. Die voël het 'n vlerkspan van 210 tot 250 cm. Oor die algemeen het die swartrugmalmok die selfde maat tydens die broeiseisoen. Hulle neste word op steil afgronde of helling gebou, tot 300 m bo seevlak. Die nes is modder-en-mis pilaar, met bietjie gras en seegras bygevoeg. Swartrugmalmokke maak elke jaar gebruik van dieselfde nes. Vroeg in Oktober lê die wyfie een eier. Die kuikens is 'n ligte grys en word deur beide ouers gevoer. Die kleintjies verlaat die nes tussen die middel van Maart en vroeg April. Swartrugmalmokke vlieg laag oor die water en vang hul kos van die see se oppervlak of net onder die oppervlak: hulle duik soms van hoogtes tot 9 m. Hulle vreet meestal vis en planktonkrefies (krill), maar soms ook koppotiges, jellievisse en salpe (familie *Salpidae*). Die soektog na kos kan soms 'n aantal dae duur en oor honderde kilometers strek. Alhoewel die swartrugmalmok 'n wye verspreiding geniet is daar slegs 'n beraamde 1 220 000 oor en hierdie getal daal steeds. Die grootste bedreiging vir hierdie voëls is onbedoelde vangs deur langlynvissers en treilvissers (sleepnettrekkers). Die meeste van hul broeigebiede is nou beskermde reservate. Sien ook -------- * Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse voëls * Lys van Suid-Afrikaanse voëls (Groepeer) * Lys van Suider-Afrikaanse voëls volgens wetenskaplike name Bronnelys --------- * *Suider-Afrikaanse Voëls*, deur Ian Sinclair (1994). Struik uitgewers: Kaapstad. ISBN 1868256286 * *Black-browed Albatross - BirdLife Species Factsheet* Geargiveer 3 Januarie 2009 op Wayback Machine, by die webwerf van *BirdLife International*. * *Newman Se Voëls Van Suider-Afrika* (2002), deur Kenneth Newman. Struik uitgewers. ISBN 1868727343, 9781868727346. * *Black-browed albatros* by die webwerf van die *Australian Antarctic Division*. | | | | --- | --- | | Taksondatabasisse | * Wd: Q602598 * ARKive: thalassarche-melanophrys * Avibase: F9CBC9EB6CE43281 * eBird: bkbalb * EoL: 45511273 * GBIF: 2481410 * iNaturalist: 144433 * ITIS: 554453 * IUCN: 22698375 * NCBI: 54026 * SPRAT: 66472 * WoRMS: 343995 * Xeno-canto: Thalassarche-melanophris |
\n
\n
\n
\n
\n
Domein:
\n
\n
\n
Koninkryk:
\n
\n
\n
Filum:
\n
\n
\n
Klas:
\n
\n
\n
Orde:
\n
\n
\n
Familie:
\n
\n
\n
Genus:
\n
\n
\n
Spesie:
\n
\n
\n
\n
" ], "td_tables": [], "text_length": 3288 }
'n Sappige kaasburger. 'n Reusagtige kaasburger met aartappelskyfies. 'n **Kaasburger** is ’n hamburger met kaas bo-op die vleisflappie. Die benaming is ’n kofferwoord, asook ’n samestelling vanuit die woorde "kaas" en "hamburger". Die kaas word gewoonlik gesny, waarna dit net voor die hamburger heeltemal gaar is, bygevoeg word, sodat dit kan smelt. Kaasburgers word dikwels met vulsels soos blaarslaai, tamatie, uie, agurkies, mosterd, mayonnaise of tamatiesous bedien. By kitskoseetplekke is die kaas wat kenmerkend gebruik word, verwerkte kaas, hoewel afwisseling kan voorkom, soos Cheddar, Mozzarella, Pepper Jack sowel as Switserse en bloukaassoorte. Die kaas binne-in die kaasburger kan aansienlik van voedingswaarde verskil: 'n Enkele snytjie Cheddar kan 95 kalorieë en 5 gram versadigde vette by 'n burger voeg. Ander soorte en hoeveelhede kaas sal verskille tot gevolg hê, afhangend van hul onderskeie voedingswaardes. Geskiedenis ----------- Tydens die mid-1920s en 1930s het die kaasburger amptelik die lig gesien; gepaardgaande hiermee is daar etlike aansprake wat gemaak word oor wie nou eintlik die eerste kaasburger gemaak het. Daar word gereken dat Lionel Sternberger die kaasburger uitgevind het toe hy by sy pa se toebroodjiewinkel in Pasadena, Kalifornië, as braaikok gewerk en "proefondervindelik ’n reep Amerikaanse kaas op ’n sputterende hamburger gevoeg het". ’n Ander eetplek, Kaelin’s Restaurant, in Louisville, Kentucky, voer aan dat hulle die kaasburger (as húl breinkind) in 1934 aan die publiek begin verkoop het. In 1935 is die handelsnaam ("cheeseburger") egter aan ’n ander eienaar, Louis Ballast van die Humpty Dumpty Drive-In, in Denver, Colorado, toegeken. Bedieningswisselvorme --------------------- Die bestanddele wat op die kaasburgers gebruik word, wissel op dieselfde wyse as wat die verskeidenheid soorte hamburgers van plek tot plek verskil. Gewilde vulsels sluit spek, avokado of guacamole, gekerfde pangebraaide sampioene, kaassous en/of rissiesous in. Heinz 57-sous is veral gewild onder burgerliefhebbers. Aan die meer skamele kant word gebakte eier, roereier, salsa, pynappel, jalapeno’s, verskeidenheid rissies, ansjovis, stukkies ham of bologna, peperwortel, suurkool, gerookte of teriyaki-gekruide beesvleis, Tartaarse sous, uieringe of slaptjips gebruik. ’n Kaasburger kan meer as een hamburgervleisflappie hê. ’n Twee-stapel word ’n dubbelkaasburger genoem; ’n trippel/driedubbele kaasburger beskik oor drie vleisflappies en ’n ‘‘quadruple’’/viervoudige kaasburger beskik oor vier.
{ "title": "Kaasburger", "mostly_tablelist": false, "tablelist_ratio": [ 1277, 3480, 0.36695402298850577 ], "infobox": [], "td_tables": [], "text_length": 2566 }
Melt Brink. **Aurora** was 'n rederykerskamer wat van 1866 tot 1887 in Kaapstad bestaan het. Om die destydse regering se verengelsing van die Kaapse bevolking teen te werk het 'n groep Nederlandssprekende inwoners oorgegaan tot die vorming van 'n rederykerskamer. Die doel was om die Nederlandse taal- en letterkunde te bevorder deur opleiding te verskaf in die skryf, opvoer en voordra van gedigte, toneelstukke en toesprake. Vyf Nederlandse immigrante het die kamer op 4 Oktober 1866 gestig en dit het 'n ledetal van tot 500 gehad. Melt Brink het vir 20 jaar as sekretaris, skrywer, regisseur en akteur 'n leidende rol in die beweging gespeel. Alhoewel gewoonlik stukke opgevoer is wat uit Nederland afkomstig was, is daar tog dikwels stukke aangebied wat deur die lede self geskryf is. In die tyd van sy bestaan het Aurora 'n 900 oefeningsbyeenkomste gehad en 103 aanbiedings aan die algemene publiek gebied, meesal in die Templer’s Hall in Pleinstraat. Na die ontdekking van diamante en goud het 'n beduidende aantal rederykers na die noorde van die land vertrek. In Kimberley het selfs 'n tyd 'n Diggers’ Aurora bestaan. Vanaf 1891 tot 1899 was daar in Pretoria die rederykerskamer Onze Taal met as doel "welsprekendheid in de Hollandsche taal". Bekende rederykers onder sy lede was Jan F.E. Celliers, Anton van Wouw en P.H.C. Pohl. Die rederykerskamer Oefening Baart Kunst het probeer om toneelstukke en musiekspele van 'n hoër standaard aan die publiek van Pretoria te bied. Al hierdie verenigings het verdwyn met die verheffing van Afrikaans tot skryftaal en weens die veranderde tydsgees wat meer klem gelê het op sport as tydverdryf. Op inisiatief van die Algemeen Nederlands Verbond het Aurora tussen 1909 en 1914 'n kortstondige herlewing gehad. Bibliografie ------------ * Kultuurgeskiedenis van die Afrikaner. Kaapstad: Nasionale Boekhandel Bpk.1968. * Standard Encyclopaedia of Southern Africa, deel 1. Kaapstad: Nasou, 1970.
{ "title": "Rederykerskamer Aurora", "mostly_tablelist": false, "tablelist_ratio": [ 136, 1623, 0.08379544054220579 ], "infobox": [], "td_tables": [], "text_length": 1948 }
'n Stamper wat gebruik is om die voorste deel (die enjin en paneelbord) weg te druk van die bestuurder. In hierdie foto kan die bestuurder se sitplek regs gesien word. Die stuurwiel is boontoe gebuig en die bestuurder se deur is verwyder. Die lugsakke van die bestuurder en voorste passasier het oopgegaan, en kan gesien word as hope wit materiaal. Die Holmatro-stamper kan in die onderste deel van die foto gesien word.  **Reddingskake**, ook bekend as "the jaws of life", hidrouliese reddingsgereedskap of meganiese reddingskake, word deur noodreddingsmense gebruik om te help om slagoffers van motorbotsings uit die voertuig te bevry, asook met ander reddingsaksies in klein plekkies. Die gereedskap sluit **snyers**, **ooprekkers** en **stampers** in. Hierdie gereedskap is die eerste keer in 1963 gebruik om renjaers na ongelukke uit hul voertuie te bevry. Meganiese reddingskake word deur 'n hidrouliese pomp aangedryf, wat op sy beurt per hand, voet of 'n enjin aangedryf word, of wat in die kake ingebou is. Hierdie toestelle kan óf net een kant toe werk, waar hidrouliese druk die silinder net in een rigting sal beweeg, en 'n drukbevrydingklep en 'n veerstelsel nodig is, óf is dubbelwerkend, waar dit sowel oop as toe kan maak. Vervaardigers het onlangs begin om opsies beskikbaar te stel vir elektries aangedrewe weergawes met eenvoudige elektriese draaimotors of skroefsuiers, wat straks meer betroubaar kan wees, minder kos om te koop, ligter wees, makliker hanteer, vinniger wees en met meer krag. Geskiedenis ----------- 'n Hidrouliese snyer word gebruik tydens 'n demonstrasie in die stad Meksiko. 'n Hidrouliese ooprekker word gebruik om die venster van 'n Volkswagen Golf wyer oop te maak. Die Hurst-reddingsinstrument is in omstreeks 1961 deur George Hurst uitgevind, nadat hy 'n stampkar-resiesongeluk gesien het waar dit reddingswerkers meer as 'n uur geneem het om die beseerde bestuurder uit die kar te kry. Voor dit het redders dikwels draaisae gebruik om iemand uit 'n voertuig te kry, maar dit het etlike nadele. 'n Saag maak vonke, wat 'n brand kan veroorsaak, dit maak 'n groot lawaai wat die slagoffer(s) laat stres en dit neem dikwels lank. Andersins kan redders probeer om die voertuig se deure met 'n koevoet of Halligan-staaf oop te dwing, maar dit kan die stabiliteit van die voertuig in gedrang bring, die slagoffers beseer of per ongeluk die lugsakke laat oopgaan. In teenstelling daarmee is hidrouliese ooprekker/snyers stiller, vinniger, sterker en veelsydiger: hulle kan sny, oopmaak en 'n voertuig selfs optel. Hurst Performance het begin om dele na 'n Europese maatskappy, Zumro resQtec, uit te voer om invoerbelasting te ontduik. Zumro resQtec het daarin belang gestel om hierdie toestelle te ontwikkel om in motorwedrenne te gebruik, met resQtec wat op die Europese mark gemik was en Hurst op die Amerikaanse mark. Die hidrouliese ooprekker is in 1972 deur Tim Smith en Mike Brick ontwikkel, wat later ook 'n snyer en 'n hidrouliese stamper ontwikkel het. Wanneer 'n insittende in 'n kar vasgekeer is, word die gereedskapstuk gebruik om die kar oop te rek of te sny. Dit neem sowat twee minute om die dak van 'n kar af te haal. Mike Brick het die frase "Jaws of Life" uitgedink nadat hy gehoor het mense sê die toestel red mense uit die "jaws of death". Hy het later 'n enkele reddingstoestel ontwikkel wat al die reddingsaksies kan uitvoer – druk, trek, sny en ooprek. Soorte gereedskap ----------------- ### Snyer Die snyer is 'n hidrouliese gereedskapstuk wat ontwerp is om deur metaal te sny – 'n hidrouliese blikskêr. Die vorm van die lemme het aanleiding gegee tot die woord "reddingskake". Dit kan deur 'n staalstaaf sny en word gebruik om deur 'n voertuig se struktuur te sny in 'n reddingsoperasie. Die lemme is vervangbaar. Die lemme is later verder ontwikkel om by te bly met nuwe voertuie se verbeterde beskermingstegnologie. 'n Hidrouliese staalskêr ### Ooprekker 'n Ooprekker is 'n hidrouliese stuk gereedskap met twee arms wat by 'n nou punt byeenkom, en wat hidrouliese druk gebruik om die arms oop te rek. Die punt van die gereedskapstuk kan in 'n nou opening tussen twee panele van 'n voertuig ingedruk word (soos tussen twee deure of tussen 'n deur en 'n skutpaal) en met die opening van die arms druk dit die stukke metaal uiteen. Ooprekkers kan ook gebruik word om voertuigdeure van hulle skarniere te laat "afspring". ### Ooprekker-snyer 'n Kombinasie-gereedskapstuk se lemme. Terwyl 'n snyer of ooprekker ontwerp is vir 'n spesifieke toepassing, is 'n kombinasie-gereedskapstuk ook beskikbaar, wat die sny- en ooprekfunksies van twee aparte instrumente in een saamvoeg. Wanneer dit gebruik word, word die punte van die ooprekker-snyer se lemme in 'n opening ingedruk. Die hidrouliese pomp druk die lemme weg van mekaar, wat die opening groter maak. Die oop lemme kan nou om die metaal geplaas word. Met 'n agteruitaksie gaan die lemme toe, wat deur die metaal sny. Deur die proses te herhaal, kan 'n groot genoeg opening geskep word om die slagoffer daardeur te bevry. Die lemme kan met die krag van etlike ton of kilonewtons oop en toe gaan en die lemme kan tot 'n meter ooprek. Dieselfde werk kan gedoen word met gereedskap wat spesifiek kan sny of ooprek, en wat in sommige reddingsoperasies beter sal werk, maar as die begroting knap is, is die snyer/ooprekker dikwels die beter keuse. ### Stampers Sommige vervaardigers maak kombinasie-gereedskapstukke. Spesiaal vervaardigde lemme wat ontwerp is om te sny of rek word gebruik. As die gebruiker later besluit hy wil óf net 'n snyer óf net 'n ooprekker hê, kan die lemme vervang word dat dit net een van die funksies het. Stampers word baie minder gebruik as snyer-ooprekkers in reddingoperasie; hulle dien nogtans 'n belangrike doel. Daar is baie soorte en groottes, insluitend enkelsuier-, dubbelsuier- en teleskopiese stampers. Die groottes wissel gewoonlik van 50 cm 180 cm wanneer hulle oop is. Stampers vereis meer hidrouliese vloeistof tydens gebruik as snyer/ooprekkers, so dit is belangrik dat die pomp wat gebruik word genoeg kapasiteit het om die stamper ten volle te laat uitrek. Krag ---- Die gereedskap werk op die grondslag van hidrouliese vloeistofdruk van tot 720 bar (10 000 psi), wat deur 'n kragbron verskaf moet word. Tot op hede is daar drie verskillende maniere om die druk te genereer. Die bron wat die meeste gebruik word, is 'n aparte kragbron – 'n klein petrolenjin wat aan die hidrouliese pomp gekoppel word. Die hidrouliese vloeistof word onder druk geplaas in die pomp en word deur 'n pyp onder druk na die gereedskapstuk oorgedra. Alternatiewe kragbronne is 'n klein elektriese pomp in die toestel wat deur 'n swaardiens-herlaaibare battery aangedryf word. 'n Pomp wat deur die hand of voet aangedryf word en regstreeks aan die toestel gekoppel is, word ook gebruik. Hierdie twee is handig vir gebruik by ligter take en vereis nie die stoorplek wat die aparte kragbron en gevolglike lengte van die pyp in beslag neem nie. Party vervaardigers het begin om slegs-elektriese produkte te maak, wat 'n rotasie-enjin of 'n skroefsuier aandryf. Hierdie is egter nog betreklik nuut op die mark en is straks nog nie vervolmaak nie, maar bied talle voordele bo die hidrouliese stelsels soos dat dit minder kos, vinniger is, 'n meer regstreekse werking het, minder weeg, draagbaarder is en makliker hanteer, en meer betroubaar is. Bronne ------ * Bonsor, Kevin (24 Augustus 2001). "How the Jaws of Life Work". How Stuff Works
{ "title": "Reddingskake", "mostly_tablelist": false, "tablelist_ratio": [ 341, 6495, 0.05250192455735181 ], "infobox": [], "td_tables": [], "text_length": 7498 }
Die **ree** of **reebok** is ’n Europese hertsoort. Hulle is relatief klein, rooierig en grysbruin, en aangepas by koue omgewings. Reebokke kom wydverspreid in Europa voor, van die Middellandse See-gebied tot in Skandinawië, en van Brittanje tot die Kaukasus. Hulle verskil van die ietwat groter Siberiese ree. Verspreiding ------------ In Europa kom die ree in die meeste gebiede voor, buiten die mees noordelike dele van Skandinawië en sommige van die eilande, veral Ysland, Ierland en die eilande van die Middellandse See. In die Middellandse See-gebied is hulle beperk tot bergstreke. In Engeland en Wallis het die reebevolkings taamlik uitgebrei in die laaste helfte van die 20ste eeu en die begin van die 21ste eeu. Dit lyk of die toename in getalle ook die bosland-ekostelsels beïnvloed. Eienskappe, habitat en dieet ---------------------------- ’n Reeboklam van twee tot drie weke oud. Die ree is ’n taamlik klein hert van sowat 95 tot 135 cm lank, met ’n skouerhoogte van 65 tot 75 cm en ’n gewig van 15 tot 35 kg. Net die mannetjies het gewei. Dit is redelik kort en regop. Die dier het ’n rooierige kleur met ’n grys gesig. Sy pels is goudrooi in die somer en word donkerder en selfs swart in die winter. Die stert is baie kort, 2 tot 3 cm, en skaars sigbaar. De ree is baie vinnig en grasieus en hou in woude, hoewel hulle soms in die grasvelde en yl woude voorkom. Hulle eet hoofsaaklik gras, blare, bessies en jong lote. Hulle hou veral van jong, sagte gras met baie vog, soos gras wat die vorige dag reën gehad het. Voortplanting ------------- Die ree word in die natuur tot sowat 10 jaar oud. Wanneer hulle skrik, blaf hulle baie soos ’n hond. Ooie gee ’n hoë tjank om ramme te lok tydens die paarseisoen (in Julie en Augustus). Die ooi soek gewoonlik ’n ram en kan hom na haar gebied lok. Die ramme bots in die vroeë somer oor hul gebiede en in die vroeë herfs oor paring. Ooie is 10 maande lank dragtig en skenk gewoonlik die lewe aan twee lammers van verskillende geslagte. Die lammers bly in die gras om vir roofdiere weg te kruip totdat hulle gereed is om by die res van die trop aan te sluit. Volwasse reebokke versaak dikwels hul kleintjies as hulle agterkom of ruik daar was ’n ander dier of mens naby hulle.
\n
\n
\n
\n
\n
\n
Koninkryk:
\n
\n
\n
Filum:
\n
\n
\n
Klas:
\n
\n
\n
Orde:
\n
\n
\n
Familie:
\n
\n
\n
Subfamilie:
\n
\n
\n
Genus:
\n
\n
\n
Spesie:
\n
\n
\n
\n
\n
\n
" ], "td_tables": [], "text_length": 2259 }
**Zelia Myer** was die skuilnaam van Elizabeth Murray (1890–1988), ’n Afrikaanse skrywer van populêre romans. Lewe en werk ------------ Elizabeth Murray is op 2 Julie 1890 op Swellendam gebore as die oudste dogter van die NG predikant George Murray. Haar ma was ’n nooi Meiring, wat kort na haar geboorte oorlede is, waarna haar pa weer trou, met Catharina Louw. Uit haar pa se tweede huwelik het sy tien halfbroers en –susters, naamlik Andrew, Adrian Jacobus, Charlotte, George Stegmann, Louis John, Maria Francis, Henry William, Harold Reitz, Helen en Margaretha. Sy kwalifiseer as musiekonderwyseres en trou met die predikant Johan Reyneke. Die egpaar het vyf kinders. Op 11 Oktober 1988 is sy oorlede. Skryfwerk --------- Onder die skuilnaam Zelia Myer skryf sy ontspanningsleesstof, wat hoofsaaklik deur boekklubs uitgegee word. "***Die silwer rand***" is ’n Christelike roman. Publikasies ----------- | Jaar | Publikasies | | --- | --- | | 1942 | Nalatenskap | | 1945 | Herinnerings | | 1947 | Die silwer rand | | 1950 | Anna van Skeweberge | | | Egte silwer | | 1952 | Winterson | | 1953 | Die bergstroom | | 1957 | Maar die grootste hiervan | | 1961 | Kasper en Jasper en ander verhale | | | Laerdal | | 1967 | Uit gebreekte erts | Bronnelys --------- ### Internet * Geni: * Worldcat: ### Ander verwysings 1. ↑ Geni-webwerf:
{ "title": "Zelia Myer", "mostly_tablelist": false, "tablelist_ratio": [ 376, 1143, 0.3289588801399825 ], "infobox": [], "td_tables": [], "text_length": 1354 }
**Zenon se paradokse** is 'n stel probleme wat volgens algemene beskouing deur Zenon van Elea saamgestel is, ter ondersteuning van Parmenides se lering van "alles is een" en dat, in teëstelling met sintuiglike getuienis, die geloof in meervoudigheid en verandering onjuiste bevindings is, en meer spesifiek dat beweging niks meer as 'n denkbeeld is nie. Dit word gewoonlik aanvaar, gebaseer op Plato se *Parmenides* 128c-d, dat Zenon die opstel van hierdie teëstellings onderneem het as 'n projek, weens die paradokse wat ander filosowe opgestel het teen Parmenides se siening. Zenon kan daarom vertolk word as sou hy sê dat om meervoudigheid te aanvaar, selfs meer absurd is as handhawing van slegs "die Een". (*Parmenides* 128d). Volgens Plato sou Sokrates dit stel dat Zenon en Parmenides effektief een en dieselde mening sou huldig (*Parmenides* 128a-b). Sekere van Zenon se nege oorlewende paradokse (soos oorgelewer in Aristoteles se *Fisika* en in Simplicius se kommentaar daarop) is effektief ekwivalent aan mekaar. Aristoteles het wel weerleggings van enige daarvan gelewer. Drie van die sterkste en mees beroemde —dié van Achilles en die Skilpad, die tweeledigheid-argument, en dié van 'n pyl in vlug— word hieronder in meer detail voorgelê. Zenon se argumente is miskien die eerste voorbeelde van 'n bewysmetode bekend as *reductio ad absurdum*, ook bekend as bewys deur weerspreking. Hulle word ook aangegee as aanleidend tot die dialektiese metode wat deur Sokrates gebruik is. Sekere wiskundiges, soos Carl Boyer, meen dat Zenon se paradokse bloot wiskundige probleme is, en hulle voer aan dat moderne kalkulus 'n wiskundige oplossing verskaf. Vele filosowe egter, sien Zenon se paradokse en die variasies daarop (sien Thomson se lamp) as relevante metafisiese probleme. Die oorspronge van die paradokse is iewat onduidelik. Diogenes Laërtios, 'n vierde bron van inligting omtrent Zenon en sy leringe, siteer Favorinus deur te sê dat Zenon se onderwyser Parmenides, die eerste was om die Achilles en die Skilpad argument voor te stel. Maar in 'n latere strofe, skryf Laërtius die paradoks se oorsprong aan Zenon toe, en verduidelik dat Favorinus op hierdie punt verskil.
{ "title": "Zenon se paradokse", "mostly_tablelist": false, "tablelist_ratio": [ 830, 2678, 0.309932785660941 ], "infobox": [], "td_tables": [], "text_length": 2195 }
Die *Graf Zeppelin* 'n **Zeppelin** is 'n stywe langwerpige en sigaarvormige lugskip bestaande uit 'n ligte raamwerk van aluminium wat met sakke gevul is wat 'n ligte gas bevat. Dit is vernoem na die groot lugskippionier, graaf Ferdinand von Zeppelin. Werking ------- 'n Zeppelin is 'n spesifieke tipe lugskip, en nie alle lugskepe is zeppelins nie. Kenmerkend aan die zeppelin is dat sy omhulsel styf is. Hy is dus nie van interne lugdruk afhanklik om sy vorm te behou nie. Dit staan in kontras tot sagte lugskepe wat op interne lugdruk staatmaak om opgeblaas te bly, en sodoende nie inmekaar stort nie. In zeppelins word hierdie rigiditeit gewoonlik deur 'n interne raamwerk verskaf, waaroor 'n dun bekleding getrek word om hom vaartbelyn te maak, en teen verwering te beskerm. Die interne gas-gevulde sakke, oftewel draselle, is in die meeste zeppelins met waterstofgas gevul. Aan die onderkant van die raamwerk hang daar 'n kajuit en 'n aantal enjins met lugskroewe (propellers). Hierdie enjins verskaf aandrywing aan die zeppelin, wat beteken dat hy veel minder van die wind afhanklik is as 'n gewone lugballon, wat slegs saam met die wind mee kan dryf. Aan die stert van die zeppelin is daar 'n hoogte-en rigtingroer waarmee die vaartuig gestuur kan word. Die passasierskajuit hang gewoonlik in die middel van die romp, of hy word met die beheerkajuit gekombineer. In later zeppelins is die passasierskajuit in die inwendige romp se raamwerk ingebou, wat die vaartbelyning verbeter. Geskiedenis ----------- Graaf Ferdinand von Zeppelin het blykbaar belangstelling in die ontwerp van 'n "bestuurbare ballon" begin toon na die Frans-Duitse Oorlog van 1870-1871, waar hy tydens die beleg van Parys eerstehands gesien het hoe die Franse die stad met ballonne verlaat. Hy het ook die militêre gebruik van ballonne tydens die Amerikaanse Burgeroorlog aanskou, toe hy as militêre waarnemer aan die kant van die Noordelike State deelgeneem het. Na sy vervroegde aftrede uit die leer in 1890 het hy aan die projek begin werk. Op 31 Augustus 1895 verkry hy 'n patent waarin die meeste van dieeienskappe van die zeppelin alreeds uiteengeset word. Een van sy idees, wat ook in die patent beskryf word, was om verskillende ballonne agtermekaar aan te koppel, soos met 'n trein, maar hierdie plan is blykbaar nooit uitgevoer nie. In die patent word daar gepraat van 'n "Lenkbarer Luftfahrzug" (bestuurbare lugtrein). Die komitee waaraan hy sy planne in 1894 voorlê toon egter nie veel belangstelling nie, waarna die Graaf die projek op sy eie inisiatief aanpak. In 1898 rig hy die *Gesellschaft zur Förderung der Luftschiffahrt* (Maatskappy vir die Bevordering van Lugskeepsvaart) op. Self dra hy meer as die helfte van die kapitaal van 800 000 mark by. Die tegniese uitvoering word aan die ingenieurs Theodor Kober en Ludwig Dürr toevertrou. ### LZ1 Zeppelin in sy drywende loods In 1899 begin die konstruksie van die eerste zeppelin op 'n drywende fabrieksplatform op die Telt naby Friedrichshafen. Hierdie plek is gekies om die opstyg te vereenvoudig deurdat die platform maklik windop gedraai kon word. Die prototipe LZ1 (*Luftschiff Zeppelin*) het 'n lengte van 128 m gehad, is aangedryf deur twee Daimler-enjins van 14,2 pK (10,6 kW) elk, en hy het sy ewewig behou deur 'n gewig tussen neus en sy stert rond te skuif. Die eerste lugreis van 'n zeppelin het op 2 Julie 1900 plaasgevind, maar het slegs 18 minute geduur. Die LZ1 moes land omdat die meganisme, waarmee die gewig rondgeskuif is, gebreek het. Dit het dit onmoontlik gemaak om die balans van die lugskip te handhaaf. Die probleem is egter opgelos, en na die herstelwerk het die lugskip verskeie suksesvolle vlugte uitgevoer. Tydens die vlugte het die LZ1 die wêreldspoedrekord van 6 m/s, wat destyds deur die Franse lugskip 'La France' gehou, is met 'n volle 3m/s oortref. Hierdie prestasie kon egter nie daarin slaag om ander beleggers aan te lok nie, en die Graaf het oor onvoldoende hulpbronne beskik om die ontwikkeling alleen voort te sit. Die prototipe is gesloop en die fabriek is gesluit. ### LZ2 Hoofsaaklik danksy die steun van lugvaart entoesiaste het die planne van Von Zeppelin 'n tweede (en derde) kans gekry en is daar uiteindelik redelik betroubare tegnologie ontwikkel. Dit is eers hierna wat die lugskepe vir burgerlike en militêre doeleindes gebruik kon word. Danksy skenkings, die opbrengs van 'n spesiale lotery, beleggings deur die owerheid en nog 100 000 mark van Graaf von Zeppelin self, het die LZ2 in 1906 die lig gesien. Hy het op 17 Januarie 1906 vir sy eerste en enigste vlug opgestyg. Aanvanklik was die vlug suksesvol, maar nadat albei enjins onklaar geraak het moes die lugskip in die berge van Allgäu land. Terwyl hy hier tydelik aangemeer was, is hy onherstelbaar deur 'n storm beskadig. ### LZ3 Sy opvolger, die LZ3, waarin die herstelbare dele van die LZ2 hergebruik is, was die eerste werklik suksesvolle zeppelin. In 1908 het hy gedurende 45 vlugte 'n afstand van altesaam 4398 km afgelê. Die Duitse weermag het nou belangstelling in hierdie tegnologie begin toon. Die LZ3 is deur die leër aangekoop wat hom herdoop het na die Z I. Tot 1913 is hierdie zeppelin gebruik vir opleidingsdoeleindes. Weens die vinnige ontwikkeling van zeppelins het die Z I teen 1913 al tegnies verouderd geraak. ### LZ4 Die leër wou ook die LZ4 aanskaf, maar het op 'n demonstrasievlug aangedring om vas te stel of die lugskip in staat sou wees om ten minste vir 24 uur lank in die lug te kan bly. Tydens hierdie vlug is daar 'n toetslanding in Echterdingen naby Stuttgart gemaak, waar daar op die middag van 5 Augustus 1908 'n storm uitgebars het wat die lugskip van sy ankers losgeruk het en in 'n boom ingewaai het. 'n Brand het ontstaan wat die LZ4 vernietig het. Niemand is ernstig beseer nie, ten spyte daarvan dat twee werktuigkundiges wat aan die enjins gewerk het na die grond moes spring. Die voorval kon die einde van die zeppelinprojek beteken het. 'n Toeskouer van die ongeluk het egter spontaan 'n insameling begin wat 'n opbrengs van 6 096 555 mark opgelewer het. Met hierdie geld kon die *Luftschiffbau Zeppelin GmbH* en 'n zeppelinstigting gestig word. Op die wyse het die zeppelinprojek nie net uit die as verrys nie, maar ook 'n stewige finansiële basis gekry. ### Eerste Wêreldoorlog Engelse oorlogskennisgewing Tydens die Eerste Wêreldoorlog het die Duitse leer zeppelins gebruik om Engeland (Londen en die omliggende gebied) te bombardeer. Daar was honderde vlugte gewees waartydens Duitse zeppelins tienduisende kilogram bomme op Engeland en ander vyandelijke gebiede afgewerp het. Weens die lugskepe se kwesbaarheid en brandbaarheid het die Britse lugafweereenhede groot sukses teen hulle behaal, en was die lugaanvalle nie besonder doeltreffend nie. Nietemin het die aanvalle groot vrees onder die bevolking gesaai, wat ook een van hulle hoofdoele was. Zeppelin bokant Engeland neergeskiet ### Lugdiens Tussen 1932 en 1937 was daar 'n gereelde zeppelinlugdiens met vaarte oor die Atlantiese Oseaan deur die LZ-127 *Graf Zeppelin* en die LZ-129 *Hindenburg*. Die Duitsers wou die brandbare waterstof om veiligheidsredes vervang deur helium. Die grootste probleem was egter dat helium slegs deur die Verenigde State verskaf kon word, en dat die Amerikaners geweier het om die gas aan Duitsland te verkoop. Hulle het gevrees dat Nazi-Duitsland die gas vir militêre doeleindes sou aanwend. ### Ramp van die *Hindenburg* Die einde van die groot zeppelin-era het op 6 Mei 1937 op skrikwekkende wyse aangebreek, toe die waterstof gevulde zeppelin Hindenburg (LZ-129) tydens sy landing by Lakehurst (naby New York, Verenigde State) in 'n geweldige brand vernietig is. Die ramp het die lewe van 36 mense geëis, en beelde van die brandende lugskip is deur koerante die wêreld ingestuur. Die publieke reaksie teen die gevaarlike zeppelins was oorweldigend, en die oorblywende skepe LZ-127, LZ-130 en die onvoltooide LZ-131 is gesloop. 'n Interessante detail van hierdie brand, is dat die vlamme op die foto's geel is, terwyl waterstof self kleurloos brand. 'n Populêre moderne teorie wat hierdie teenstrydigheid verklaar is dat die brand oorspronklik in die oortreksel van die ballon ontstaan het, wat onder meer katoen en aluminium bevat het, en dus die geel kleur aan die vlamme gegee het. Volgens hierdie teorie sou 'n staties elektriese vonk tussen die oortreksel van die lugskip en die nat ankertoue die brand begin het. Dit sou dan vinnig 'n gat gevorm het waardeur die interne waterstof kon ontsnap en die brand aangehelp het. Daar word algemeen geag dat 'n moderne lugskip weens die gebruik van veiliger materiale nie op dieselfde wyse aan die brand sou slaan nie. Bronne ------ * J. L. Arense. *Zeppelins en de luchtscheepvaart*, 1990. ISBN 90-6707-250-8 * Paul van Daalen. *De eeuw van het dak; 100 jaar Nederland en de Zeppelins.*, 2007. ISBN/EAN 978-90-5595-046-1 * Marc Voskuijl. L*eve de Zeppelin! Een lofzang op luchtschepen.*, 2007. ISBN 978-90-5594-556-6
{ "title": "Zeppelin", "mostly_tablelist": false, "tablelist_ratio": [ 358, 7578, 0.0472420163631565 ], "infobox": [], "td_tables": [], "text_length": 9009 }
**Ray Alexander Simons** (née Alexandrowich; 1913–2004) was 'n Suid-Afrikaanse aktivis, feminis en sosialis wat 'n beduidende rol in die organisering van swart vakbonde gespeel het. Die ANC het die Isithwalandwe-prys in 2004 aan haar toegeken vir haar bydrae tot die vryheidstryd. Beknopte biografie ------------------ Rachel Esther Alexandrovich is op 12 Januarie 1913 in Letland gebore. Sy kom op 6 November 1929 as 15-jarige Joodse vlugteling in Suid-Afrika aan. Vyf dae later sluit sy by die Kommunistiese Party aan. In 1937 trou sy met Eli Weinberg, maar hulle skei en sy trou in 1941 met prof. Jack Simons, 'n toegewyde kommunis en dosent in Afrika Studies. Sy was verbind tot die opheffing van vroue en was 'n medestigter van die *Federasie van Suid-Afrikaanse Vroue* (FEDSAW) in 1954 (saam met Helen Joseph, Lilian Ngoyi en Florence Mkhize). Sy het ook met die opstel van die Vrouemanifes, wat later in die Vryheidsmanifes opgeneem is, gehelp. Simons word in 1952 deur die destydse regering ingeperk en wyk in 1965 na Zambië uit. In 1969 word sy en haar man (as die eerste blankes) genader om by die ANC aan te sluit. Sy het opleiding by Umkhonto we Sizwe, 'n deel van die ANC se militêre vleuel, in hulle vrouebataljon ontvang. Die omvang van haar betrokkenheid in die gewapende stryd is egter onbekend. In 1990 word sy en haar man die eerste politieke uitgewekenes om na Suid-Afrika terug te keer. Sy was 'n medeskrywer aan die boek, *Class and Colour in South Africa: 1850–1950*, 'n ontleding van hoe klas en ras Suid-Afrika se politieke en maatskaplike landskap gevorm het. Simons is op 12 September 2004, op 91-jarige ouderdom, oorlede.
Aktivis, feminis en sosialis
Eli Weinberg
Jack Simons
" ], "td_tables": [], "text_length": 1661 }
Ethiopiese vegters tydens die *Zemene Mesafint*. Keiserin Mentewab, ’n belangrike figuur tydens die *Zemene Mesafint*, lê voor Maria op ’n skildery deur Narga Selassie, 1748. Die ***Zemene Mesafint*** (Ge'ez: ዘመነ መሳፍንት, vertaal as "Era van Regters" of "Era van Prinse", na aanleiding van die Bybelboek Rigters) was ’n tydperk in die geskiedenis van Ethiopië tussen die middel 18de en middel 19de eeu toe die land de facto verdeel was in verskeie streke, sonder ’n sentrale owerheid. Die keisers van die Salomoniese Dinastie was nie veel meer as skynhoofde nie en was beperk tot die destydse hoofstad, Gondar. Die mag was in die hande van lords, van wie die magtigstes dié van die Yejju-Oromo was (*Ras* Ali I, *Ras* Aligaz, *Ras* Wolde Selassie, *Ras* Gugsa en *Ras* Ali II). Ander streeksadellikes sluit in *Ras* Hailu Yosedeq, *Dejazmach* Wube Haile Mariam en koning Sahle Selassie van Shewa. Die lords het aanhoudend teen mekaar baklei om die belangrikheid van hulle gebied te vestig en om die wagters van die keiser (of "koning van konings") in Gondar te word. Die monargie het net in naam bly voortbestaan omdat dit as heilig beskou is, en dit het gekeer dat dit uitsterf. Geskiedenis ----------- Ethiopiese vegters. ### *Ras* Mikael Sehul Tradisioneel begin dié era op die datum waarop *Ras* Mikael Sehul keiser Iyoas I afgesit het (7 Mei 1769), en eindig dit by die kroning van keiser Tewodros II (11 Februarie 1855) nadat hy al sy mededingers verslaan het. Sommige historici beskou die moord op Iyasu I (13 Oktober 1706) en die gevolglike agteruitgang van die dinastie as die begin van die tydperk. Ander meen dit het begin aan die begin van Iyoas se bewind (26 Junie 1755). ### Iyasu II (1730-1755) Die ryk was op die rand van rampspoed tydens die bewind van Iyasu II (1730-1755). Hy het as ’n kind die troon bestyg en sy ma, keiserin Mentewab, het van 1723 tot 1730 ’n belangrike rol as regent gespeel. Sy het haar in 1730 as medeheerser laat kroon, die eerste vrou in Ethiopië se geskiedenis wat regeer het. Buite die hoofstad, Gondar, was daar konflik tussen streke wat honderde jare al deel van die ryk was – die Agau-volk, Amhare, Shewa en Tigreane – en die nuwe aankomelinge, die Oromo. ### Iyoas (1755-1769) Mentewab het probeer om ook die regent van haar kleinseun te wees nadat hy sy pa in 1755 opgevolg het. Iyoas I (bewind 1755-1769) se ma, Wubit, Iyasu se weduwee, het egter gedink dit is haar beurt om regent te wees. Dit was gou duidelik Iyoas is ten gunste van sy ma se familie. Die konflik tussen die twee keiserinne het daartoe gelei dat Mentewab haar familie met hulle gewapende ondersteuners na Gondar laat kom het, terwyl Wudit dieselfde met haar familie en hulle aansienlike magte gedoen het. Om gewapende konflik te voorkom het Mentewab die magtige *Ras* Mikael Sehul laat kom om as tussenganger op te tree. Hy het egter self die mag oorgeneem en teen Iyaos se familie standpunt ingeneem. Iyaos het nie eintlik ’n sê gehad nie, want hy het ’n feitlik leë staatskas geërf en swaar geleun op sy Oromo-familie se geld. Eindelik het *Ras* Mikael Sehul die keiser afgesit (op 7 Mei 1769). ’n Week later het Mikael Sehul hom laat vermoor. Van toe af het die ryk in die lande van die adellikes en militêre bevelvoerders beland. ### Opvolgingskonflikte van 1769 tot 1784 Tewodros II, wat die *Zemene Mesafint* beëindig het. ’n Bejaarde en onbestendige prins is as keiser Yohannes II op die troon geplaas. *Ras* Mikael het hom gou daarna laat vermoor en die minderjarige Tekle Haymanot II op die troon geplaas. Mikael Sehul is daarna verslaan en die oorwinnaars het hulle eie keiser op die troon geplaas. Mettertyd is hulle deur ander adellikes vervang wat aanhoudend die keisers afgesit en vervang het; Tekle Giyorgis I is beroemd daarvoor dat hy die troon ses keer bestyg en ses keer afgesit is. Tekle Giyorgis I, wie se eerste bewind van 1779 tot 1784 geduur het, het probeer om ’n deel van die mag, of alles, terug te neem. Hy het egter alles verloor. Ali I het hom vroeg in 1784 verslaan en hom vervang met Iyasu III, wat ’n algehele marionet was. Ali I het ’n *Ras* geword en ’n al hoe belangriker rol gespeel. ### Die einde van die era Met verloop van 86 jaar was daar 23 keisers op die troon, van wie sommige verskeie kere afgesit en weer gekroon is. Die werklike mag is van een *Ras* na die ander verplaas, tot met die opkoms van Kassa Hailu, die toekomstige keiser Tewodros II. Kassa het sy pad na die troon oopgeveg deur een streek ná die ander te verower, totdat hy die hele Ethiopië beheer het. Eindelik was al die mag weer in die hande van een man. Dit word beskou as die einde van die *Zemene Mesafint* en die begin van moderne Ethiopië. Nog leesstof ------------ * Mordechai Abir, *The Era of the Princes: the Challenge of Islam and the Re-unification of the Christian empire, 1769-1855*. Londen: Longmans, 1968. Skakels ------- * Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik uit die Engelse Wikipedia vertaal.
{ "title": "Zemene Mesafint", "mostly_tablelist": false, "tablelist_ratio": [ 711, 4550, 0.15626373626373627 ], "infobox": [], "td_tables": [], "text_length": 4995 }
Jagersfontein se NG kerk in 1917. Die **NG gemeente Jagersfontein** is 'n Vrystaatse gemeente van die Nederduitse Gereformeerde Kerk in die Ring van Fauresmith. Die gemeente is op 1 November 1892 van die Fauresmith afgestig as die 34ste gemeente in die Vrystaatse Kerk. Ontstaan van die dorp Jagersfontein ----------------------------------- 'n Wasmasjien op die Jagersfontein-myn, omstreeks 1909. Die Excelsior-diamant van 972 karaat is die grootste wat gevind is in die Jagersfontein-myn, wat intussen gesluit is. Mynwerkers nuttig ontbyt op die Jagersfontein-myn. Dis die grootste myn ter wêreld wat met die hand gegrawe is. Jacobus Jagers het die plaas Jagersfontein in 1854 vir 1 000 riksdaalders aan C.F. (Cornelis) Visser van die plaas Schraalfontein verkoop. Die plek ontleen dan ook sy naam aan die Griekwa-familie, die Jagers, wat by die fontein bokant die teenswoordige myn gewoon het. In 1870 het J.J. de Kock 'n diamant op dié plaas opgetel, en baie gou is nog gevind. Op 29 Augustus 1870 is die diamantvelde van Jagersfontein gedeeltelik as 'n delwery oopgesit. Interessante bepalings van die eerste delwersregulasies was dat alle delwers die familiebetrekkinge van die Vissers en burgers van die Vrystaat moes wees. Artikel 17 lui soos volg: "Het Committee zal toezien dat geene negotiewaren, wynen, sterke dranken en ander spiritualiën op de delverijen worden verkocht, en dat sterke dranken ook niet bij eenige groote hoeveelheden worden aangevoerd; dat des Sondags niet worden gegraven en geene onbehoorlijke vrolijkheden plaats vinden." Die delwers moes ’n vyfde van die opbrengs aan diamante afstaan aan die weduwee Visser, eienares van die plaas. L.B. van der Walt het in *Die Volksblad* van 5 Oktober 1929 geskryf dat ná die oopstelling van die delwery, is Charles Hutton tot inspekteur van die delwery benoem. Aanvanklik het die werk maar langsaam gevorder weens die primitiewe werkwyse, asook deur gebrek aan water en kapitaal sodat die inspekteurskap in 1872 weer opgehef is. Omstreeks 1878 het persone soos W.H. Beddy, Charles Wiele en C. Ried stelselmatiger begin werk. 'n Maatskappy, die "Fauresmith Diamond Mining Company" is gevorm met C. Hannan as bestuurder. Die diamanthoudende grond is met skotskarre na 'n toestel vervoer bekend as die "whim", en daar is dit gewas. Hierdie toestel is deur perde getrek. In 1879 is Marthinus G. Keyter as goewermentsinspekteur aangestel; hy het ook as vrederegter diens gedoen. Daar is 'n delwerskomitee benoem met Keyter as voorsitter en J.G. Brink as sekretaris. In 1880 het sake nog beter gevorder. Die suiwer inkomste wat die regering geniet het, was £2 620. Die eerste stoomwerktoestelle het nou ook hul verskyning op die delwery gemaak. Die delwers het in 1881 'n versoekskrif na die Volksraad gestuur waarin daar gevra is dat die lokvinkstelsel wat destyds op Kimberley in gebruik was, ook op Jagersfontein toegepas moet word. Die delwers was van mening dat dit die doeltreffendste metode was om die onwettige diamanthandel te bekamp wat op uitgebreide skaal plaasgevind het. Die versoek is nie toegestaan nie; as enigste alternatief is voorgestel 'n goeie polisiemag, en £500 is op die begroting geplaas daarvoor. In 1882 is 'n assistent-landdros aangestel in die persoon van J.J. Wilson. In dieselfde jaar is Jagersfontein as dorp erken. Intussen het die plek weer gely weens die dobbelgees wat sy verskyning gemaak het. Maatskappye is gestig, en aandele verkoop teen ongehoorde pryse, en baie mense is geruïneer. In 1893 is die grootste wit diamant wat tot op daardie datum ontdek is, in hierdie myn gekry. Die totale gewig was 971 karaat en die grootste maat was 129,5 cm in omvang. Hierdie diamant is Excelsior genoem. Twee jaar later is 'n foutlose wit diamant van 637 karaat gevind, en is beskou as die volmaakste diamant wat ooit ontdek is. Dit is "Reitz" genoem ter ere van pres. F.W. Reitz. Die myn was toe nie meer in die hande van die Vissers nie, want hulle het dit in 1888 aan die Jagersfontein Mine and Estate Co. vir £90 000 verkoop. Vanaf 1886 was die sake van die dorp in die hande van 'n dorpsbestuur, maar in 1904 het die plek 'n dorpsraad gekry en was J.J. Wilson die eerste burgemeester. In Oktober 1900 het 'n klein afdeling troepe uit die kommando van genl. J.B.M. Hertzog die dorp binnegetrek. Daar het toe 'n geveg plaasgevind, maar die aanvallers het later weer padgegee. Op 25 Desember 1900 het die Engelse die dorp ontruim. Agtergrond ---------- Die gemeente het sy ontstaan te danke aan die ontdekking van diamante op die plaas Jagersfontein, want as gevolg van die ontdekking kom die gewone toeloop van mense met die doel om hul fortuin te soek en onder hulle was 'n aanmerklike getal wat behoort het tot die NG Kerk. Hulle is 'n tyd lank getrou bedien deur ds. H.J. Lückhoff, leraar van die gemeente Fauresmith. Vanweë die gestadigde toename van lidmate hier in die "mynkamp" het dit noodsaaklik geword om 'n hulpleraar aan te stel en 'n kerkgeboutjie op te rig. Die eerste hulpleraar wat hier gearbei het, was ds. J.W. Daneel, wie se werk nie sonder seën was nie. Nadat ds. Daneel na die sendingveld vertrek het, het ds. W. Robertson as hulpprediker opgetree tot hy die beroep na Petrusburg aangeneem het. Hoewel die eerste diamant reeds in 1870 deur ene De Klerk hier opgetel is en die myn reeds in 1871 begin werk het, is daar dan eers omstreeks 1890 aan afstigting gedink. Gemeentestigting ---------------- Ds. Johannes Wynand Daneel was van 1890 tot 1891 hulpprediker van Fauresmith met werkkring Jagersfontein. Ds. A.J. Malherbe was van 1894 tot 1903 Jagersfontein se eerste NG leraar. Van 1903 tot 1913 was hy leraar van Dewetsdorp en daarna tot sy aftrede in 1935 Boshof se sesde leraar. Ds. Jacobus van Huyssteen, van 1903 tot 1910 die tweede leraar. Ds. J.W. Meyer, leraar van 1910 tot sy aftrede in 1912. Hy is oorlede op 26 Augustus 1938. Ds. P.A. Roux, leraar van 1914 tot 1921. Ds. J.C. du Plessis, leraar van 1924 tot 1928 en daarna die eerste leraar van die gemeente Bethlehem-Wes. Ds. I.J. Minnaar, leraar van 1929 tot 1931. Ds. Michiel Hendrik Visser, leraar van 1942 tot 1946. Ds. J.J. Lubbe, leraar van 1947 tot 1956. Ds. F.J. van der Merwe, leraar van 1956 tot 1962. Volgens ds. P.A. Roux se mededeling in *Ons Kerk Album* (1917) het die Ringskommissie van die Westelike Ring die gemeente Jagersfontein op 10 November 1892 as selfstandige gemeente gestig. Maar volgens *Ons gemeentelike feesalbum* is 'n vergadering op 21 November 1892 in die konsistorie van die kerkgebou van Jagersfontein gehou, bestaande uit afgevaardigdes van die kerkraad van Fauresmith. Die doel was om aan Jagersfontein voor te stel dat hulle die verantwoordelikhede ten opsigte van ds. Robertson, hulpleraar, op hulle neem, naamlik £200 aan salaris. Volgens dié bron was daar dus toe nog nie 'n selfstandige gemeente op Jagersfontein nie, hoewel die gemeente se stigtingsjaar vandag nog erken word as 1892. *Ons gemeentelike feesalbum* vervolg: "Ná rype beraadslaging het die lidmate van Jagersfontein hulle gewillig verklaar hiervoor en is J.G. Brink as scriba van die kerkraad van Jagersfontein gekies. Uit die notule blyk dit ook baie duidelik dat Jagersfontein reeds op 1 November as 'n aparte gemeente afgestig is." Op 'n gemeentevergadering van 29 Julie 1893, waarop ds. A. Murray van Jacobsdal gepresideer het, is die volgende besluite geneem: (a) Eers te wag met die bou van 'n pastorie. (b) Om dadelik 'n beroep uit te bring. Hieraan is uitvoering gegee. Prop. A.J. Malherbe het tydelik met die werk begin, maar op 23 April 1894 word hy beroep en het hom die beroep laat welgeval. (Hy was later die toegewyde en onvergeetlike ds. A.J. Malherbe van Boshof, ook moderator van die Sinode in die OVS.) Kort ná sy bevestiging is die huis van broer De Klerk as pastorie vir die som van £300 aangekoop. Uit die notules blyk dat daar veral aandag gegee is aan sulke sake soos die sendingwerk hier ter plaatse, Sondagsontheiliging onder meer deur 'n "band" (orkes) wat op Sondae musiek gemaak het, ensovoorts. Anglo-Boereoorlog en daarna --------------------------- Maar die tyd van voorspoed en sonskyn was van korte duur. Die oorlogswolke het ál meer saamgepak, en eindelik was die dorp nie net leeg nie, maar ook verwoes. (Die kerkgebou het wel behoue gebly.) Op 23 Augustus 1903 is prop. J.P. van Huyssteen hier bevestig. Sy bediening was langer as sy voorganger s'n, naamlik tot in 1910, en gedurende dié tyd is die huidige kerkgebou vergroot deurdat twee vleuels aangebou is (1909). Dit het die kerk se vorm na dié van 'n kruiskerk verander met ruimte vir twee galerye en omtrent 600 sitplekke. Ná hom volg: di. W.J. Meyer (1910–'12); P. A. Roux (1914–'21), tydens wie se tyd die huidige pastorie vir £1500 (1915) aangekoop is; J.C. du Plessis (1924–'28) — net voor sy vertrek is die nuwe orrel aangekoop en geïnstalleer; I.J. Minnaar (1929–'31); D.J. van der Merwe (1933–'39) — ná 'n lang vakature van byna twee jaar, is ds. Van der Merwe hier bevestig; die depressie en die sluiting van die myn het hulle nou op meer as een gebied op 'n wrede wyse laat geld en tog het ds. Van der Merwe saam met sy kerkraad nie net die skuld afgewerk nie, maar ook die kop bo water gehou; B.J.B. Roux (1937–'42) — 'n tyd van gevestigde opbouing; M.H. Visser (1942–'46); J.J. Lubbe (1947–) — die myn heropen; die moederkerkgebou word gerepareer, met 'n nuwe en groot klok in die toring; 'n nuwe sendingkerk gebou; 'n sendeling in die persoon van eerw. H. Page word saam met Fauresmith beroep. Lidmaattal ---------- Reeds in 1963 skryf P.J. Nienaber in *Suid-Afrikaanse pleknaamwoordeboek*: "Daar was 'n tyd toe dit 'n groot bevolking gehad het, maar vandag is daar slegs 664 blankes." In 2011 se sensus het dit afgeneem tot 301 (NG lidmate: 175), vergeleke met 419 (NG lidmate: 237) in 2001. Die NG gemeente se lidmate het in die afgelope drie dekades weens die sluiting van die myn en ander faktore as volg afgeneem: van 500 in 1960 tot 402 in 1985 en 168 in 2015. Enkele predikante ----------------- * Albertus Jacob Malherbe, 1894 - 1903 * Jacobus Petrus Johannes Wentzel van Huyssteen, 1903 - 1910 * Justus Wilhelm Meyer, 1910 - 1912 (aanvaar sy meritaat; oorlede 26 Augustus 1938) * Petrus Albertus Roux, 1914 - 1921 (waarna Jeppestown; emeritus 1937; oorlede 4 Oktober 1939) * Jan Christoffel du Plessis, 1924 - 1928 * Izak Joshua Minnaar, 1929 - 1931 (oorgekom van Redelinghuys en weer daarheen gegaan; oorlede in die amp aldaar 18 April 1947) * Daniel Jacobus van der Merwe, 1933 - 1937 * Barend Jacobus Bester Roux, 1937 - 1942 * Michiel Hendrik Visser, 1942 - 1946 * Johann Joachim Lubbe, 1947 - 1956 * Frederik Johannes van der Merwe, 1956 - 1962 * Louis Louw, 1963 - 1967 * Johannes Dewald van der Merwe, 1967 - 1972 * Barend Jacobus Cronjé, 1972 - 1976 * Pieter Jacobus Janse van Rensburg, 10 Desember 1976 – 1983 (aanvaar sy Emeritaat) * Theunis Reitz Kriek, 1984 – 1989 * Jan Ferdinand Zwiegelaar, 2012 - hede Bronne ------ * (nl) Maeder, ds. G.A. en Zinn, Christian. 1917. *Ons Kerk Album*. Kaapstad: Ons Kerk Album Maatschappij Bpkt. * (af) Nienaber, P.J. 1963. *Suid-Afrikaanse pleknaamwoordeboek, deel 1*. Kaapstad, Johannesburg: Suid-Afrikaanse Boeksentrum. * (af) Olivier, ds. P.L. 1952. *Ons gemeentelike feesalbum*. Kaapstad en Pretoria: N.G. Kerk-uitgewers.
{ "title": "NG gemeente Jagersfontein", "mostly_tablelist": false, "tablelist_ratio": [ 1163, 9420, 0.12346072186836518 ], "infobox": [], "td_tables": [], "text_length": 11331 }
Die rederijkers, omstreeks 1655, deur Jan Steen. Die skildery beeld 'n rederijker uit wat sy gedig (*blason*) voorlees, terwyl die balkon oorhang is met die *blazon* van sy rederijkerkamer. In hierdie geval is dit die Amsterdamse rederijkerkamer genaamd *"Egelantier"*, waarvan die simbool 'n wilde roos (*egelantier*) was, en die leuse "In Liefde Bloeiend". Gedrukte uitnodiging na ander rederijkerkamers deur Antwerpen se rederijkerkamer *"Violieren"* vir 'n *landjuweel* toernooi van 19 dae lank, in 1561 **Rederijkerkamers**, of in Afrikaans, *Kamers van Retoriek*, was dramagenootskappe wat aktief was in die Lae Lande. Hul lede is *Rederijkers* (enkelvoud *Rederijker*) genoem, uit die Franse woord "rhétoricien", en was tydens die 15de- en 16de eeu veral geïnteresseerd in dramas en lirieke. Hierdie genootskappe het was ten nouste verbind met plaaslike burgerlike leiers, en die toneelstukke wat in die openbaar uitgevoer was het 'n vorm van openbare betrekkinge vir die betrokke stad uitgemaak. Geskiedenis ----------- Die eerste rederijkerkamers is rondom die 15de eeu in Vlaandere gestig; hulle het later in Holland gevestig geraak en gefloreer, waar hulle 'n belangrike deel van die literêre toneel in die Nederlandse Goue Eeu was, en geëksperimenteer het met poëtiese vorm en struktuur. Die meeste Nederlandse stede het 'n rederijkerkamer geborg. Baie stede het tewens meer as een gehad wat tydens wedstryde of toernooie met mekaar meegeding het om pryse. Die gebou wat tans die *Frans Hals Museum* huisves is gebou met die opbrengste van 'n toernooi waarin rederijkerkamers van oor die hele land deelgeneem het. Die Haarlemse genootskap *Trou moet Blycken* beskik nog oor verskeie van die *blazoens* wat dit gehou het as gasheer van die toernooi. Aan die begin van die 16de eeu het Antwerpen drie rederijker-genootskappe gehad, die "Violieren", die "De Olijftak", en die "Goudbloem", terwyl Brussel en Gent elk oor vier rederijker-genootskappe beskik het. 'n Belangrike rederikerkamer in Nederland was "De Egelantier" in Amsterdam: Coster, Bredero, Hooft en Roemer Visscher was almal lede van hierdie genootskap. Tydens die Protestantse Hervorming het die genootskap saamgestaan met die hervormers teen die stadsregering en gefloreer, ondanks die feit dat hulle baie min geld van amptelike bronne ontvang het. Omdat baie van die rederijkers per definisie amateurs was, was die literêre kwaliteit van hul werk dikwels redelik verdag, en in die 18de eeu is daar met minagting van sommige rederijkerkamers gepraat. Een werk van literêr-historiese belang wat van die Rederijkers afkomstig is, is die toneelstuk *Elckerlijc* ("Everyman"). Teen die 17de eeu het baie kamers die dienste van semi-professionele akteurs genaamd *personagiën* geniet wat nie ledegeld betaal het nie, en in ruil vir gratis kos en (wat na repetisies en optredes voorsien is) en vir vrystelling van ander burgerlike verpligtinge gewerk het. Maatskaplike funksies --------------------- Afgesien van die aanbied van vermaak (voordragte, toneelstukke en opvoerings) tydens openbare feeste en die behoud en uitbou van letterkundige kontak tussen stede, het die rederijkerkamers baie van die tipiese maatskaplike funksies gehad van 'n gilde, soos die bywoning van lede se begrafnisse, die hou van insamelings vir siek of verarmde lede en die gee van trougeskenke vir lede wat op trou staan. Sien ook -------- * Matthijs de Castelein * Cornelis Everaert * Vlaamse letterkunde * Mariken van Nieumeghen * Rederykerskamer Aurora Bronne ------ * Conformisten en rebellen: Rederijkerscultuur in de Nederlanden (1400-1650), 2003 (in Nederlands) * Meijer, Reinder. *Literature of the Low Countries: A Short History of Dutch Literature in the Netherlands and Belgium.* New York: Twayne Publishers, Inc. 1971, bl. 55–57, 62. * Van Bruaene, A.L. Repertorium van de Rederijkerskamers in de Zuidelijke Nederlanden (in Nederlands) Oorsig van die rederijkerkamers in Suid-Nederland
{ "title": "Rederijker", "mostly_tablelist": false, "tablelist_ratio": [ 818, 3661, 0.22343621961212784 ], "infobox": [], "td_tables": [], "text_length": 3961 }
Ds. T.J. van Rooyen was Kemptonpark-Oos se eerste predikant. Die **NG gemeente Kemptonpark-Oos** is die tweede oudste gemeente van die Nederduitse Gereformeerde Kerk in die Oos-Randse stad Kempton Park. Besoek vandag die se webblad NGKPO hier Geargiveer 5 September 2019 op Wayback Machine. Stigting -------- Die gemeente is op 3 Mei 1949 gestig en het bestaan uit die buitewyke van twee moedergemeentes, Benoni-Noord en Kempton Park. Dit was uniek, deurdat dit uitsluitlik uit landbouhoewes van 1,5 tot 5 morg groot bestaan het. So 'n omgewing het probleme en kenmerke eie aan homself gehad. Die bevolking het hoofsaaklik uit ambagsmanne bestaan wat werksaam was op verskeie plekke op die Rand, en daar was hoogstens vyf persone wat van hulle stukkie grond vir hul lewensbestaan afhanklik was. Beginjare --------- Die eerste beroep is eers ses maande ná afstigting uitgebring en het ds. T.J. van Rooyen, voorheen van Nigel, die beroep hierheen aangeneem. Gedurende die laaste naweek van November 1949 is hy ontvang en bevestig. Die gemeente het nie 'n eie toringkerk gehad nie, maar wel 'n saalkerk en twee kerksale. Deur die koop en herbou van 'n appelpakhuis wat sentraal geleë was, het hulle 'n saalkerkie van sitplek vir sowat 400 aanbidders bekom, en 'n kerksaal met sitplek vir ongeveer 300. Meermale is kerkgeboue verkoop en vir pakdoeleindes gebruik, maar hier is pakhuis gekoop en tot 'n geestelike en sosiale herberg herskep. In 1951 berig *Ons gemeentelike feesalbum*: "Daar is nog geen pastorie in die gemeente nie, maar die aanbou van een word reeds oorweeg. Die tye is duur en die gemeente klein, maar die geloof ontbreek nie. Ná 'n aantal jare sal ons beskou kan word as 'n gevestigde gemeente van ons Kerk in Suid-Afrika, en sal daar meer gedoen kan word as om net na ons eie behoeftes te kyk." NGKPO vandag ------------ Die NG Kempton Park Oos Gemeente is vandag groter as ooit te vore. Daar is reeds deur die jare twee pastorieë gebou deur die kerk. Die hoof pastorie is na die 2000s in 'n satelliet huis verander, wat om en by 10 kinders huiswes met twee huis ouers. In Julie maand van 2019 het 1517 mense fisies na die woord kom luister by die NGKPO. Daar word ook preke deur middel van CDs en 'n webblad versprei. Aan die begin van 2019 was daar 8 preke per dag afgelaai, versprei oor 12 maande. Wêreldwyd skakel mense in en luister na hierdie kerk se bediening. Oudleraars ---------- * Dr. T.J. van Rooyen * Ds. Gert Erasmus * Ds. Charl Colijn * Dr. Willie Koen * Ds. Pierre de Villiers * Ds. Braam Klopper * Prop. Otto Clasen * Ds. Gawie Snyman * Ds. Johan * Ds. Werner Smal Bronne ------ * (af) Olivier, ds. P.L. (samesteller), *Ons gemeentelike feesalbum*. Kaapstad en Pretoria: N.G. Kerk-uitgewers, 1952. * NG Gemeente Kempton Park Oos 50 Jaar Reunie 3 Mei 1949 - 1999, Gedenkuitgawe. 1999.
{ "title": "NG gemeente Kemptonpark-Oos", "mostly_tablelist": false, "tablelist_ratio": [ 311, 2275, 0.1367032967032967 ], "infobox": [], "td_tables": [], "text_length": 2836 }
Chequers **Chequers** is die amptelike plattelandse woning van die Britse premier. Die herehuis is sowat 65 km noordwes van Londen, naby Ellesborough in die Engelse graafskap Buckinghamshire, geleë. Dit word sedert 1921 as die amptelike landgoed van die Britse eerste minister gebruik en is op Engeland se Nasionale Erfenislys gelys. Geskiedenis ----------- Die herehuis, wat uit die 16de eeu dateer, is oor die eeue deur verskeie adellike families besit. In 1912 kom dit in die hande van die egpaar Arthur en Ruth Lee. Tydens die Eerste Wêreldoorlog dien dit as 'n veldhospitaal. Die kinderlose egpaar besluit na afloop van die oorlog om die huis aan die staat (as landgoed vir die destydse eerste minister) te bemaak. Ná lang besprekings met die toenmalige premier David Lloyd George het die laerhuis die skenking in 1917 met die *Chequers Estate Act* aanvaar. Literatuur ---------- * Norma MAJOR, met foto's deur Mark FIENNE, *Chequers: The House and its History: The Prime Minister's Country House and its History*, Londen, Harper Collins, 1996, ISBN 978-0-00-470875-1 en sagteband ISBN 978-0-316-85844-1
{ "title": "Chequers", "mostly_tablelist": false, "tablelist_ratio": [ 556, 1365, 0.4073260073260073 ], "infobox": [], "td_tables": [], "text_length": 1115 }
Ds. E.J.P. Smit, van 1906 tot 1941 Kestell se eerste NG predikant. Dit was sy enigste gemeente. Die NG kerk Kestell, ontwerp deur Gerard Moerdijk. Ds. E.J.P. Smit het die hoeksteen op 9 Oktober 1926 gelê. Dis 'n nasionale gedenkwaardigheid. Ds. P.D. Lückhoff is op 4 Februarie 1950 bevestig as die gemeente se derde leraar. Hy het in 1959 na Taaibosspruit vertrek. Die ou NG kerk op Kestell wat as kerksaal gebruik is nadat die nuwe kerk in 1928 ingewy is. Ds. W.K. Troskie, leraar van 1960 tot 1963. Die **NG gemeente Kestell** is 'n gemeente van die Nederduitse Gereformeerde Kerk se Vrystaatse Sinode en wel in die Ring van Bethlehem, waarin dit die oudste gemeente is ná die inlywing van die gemeente Bethlehem by Bethlehem-Wes. Agtergrond en stigting ---------------------- Volgens *Ons gemeentelike feesalbum* van 1952 verleen die ligging van die dorp Kestell, tussen Bethlehem en Harrismith, 'n pragtige uitsig oor die majestueuse Drakensberge. Die dorp en gemeente is albei in die jaar 1905 gestig, laasgenoemde op 16 Augustus, en het die naam Kestell gekry ter ere van die volksvader ds. (later dr.) J.D. Kestell, vroeër predikant van Harrismith. Volgens *Ons Kerk Album* het ds. Kestell dié eer gekry omdat hy "door zijn optrede in den laasten oorlog een plaats heeft veroverd in de harten van het Afrikaner Volk". Kestell was die vierde van die 13 NG gemeentes wat in die eerste dekade ná die Driejarige Oorlog in die Oranje-Vrystaat gestig is. Die plase wat met die oog op die aanlê van die dorp aangekoop is, Geluk en Mooifontein, was die eiendom van Adriaan en Johannes Bezuidenhout, seuns van Daniel Bezuidenhout, die held van Bloukrans. Toe die Oostelike Ringskommissie alhier met die oog op die stigting van die gemeente vergader het, het 'n stormwind die groot vergadertent omgewaai terwyl die verrigtinge aan die gang was en die byeenkoms moes in 'n sinkwinkel voortgesit word. Aan die einde van die vergadering het die voorsitter, ds. J.H. Enslin van Vrede, die wens uitgespreek dat die gemeente, wat tydens 'n storm gestig is, baie kalmte mag geniet! Tot konsulent van die nuwe gemeente is ds. J. Rabie van Harrismith benoem. In *Ons Kerk Album* skryf ds. E.J.P Enslin die pas gestigte gemeente die eerste keer op Saterdag 23 en Sondag 24 September bymekaargekom in 'n groot tent wat behoort het die "Jongelings Vereeniging te Bethlehem". Die Sondag het die eerste Nagmaalsviering plaasgevind in dié geleende tent. Kerklike geboue --------------- Op stoflike gebied moes die jong gemeente tydens sy wordingsjare hard worstel om die mas op te haal, aangesien die Tweede Vryheidsoorlog groot verwoesting en verarming meegebring het. Dadelik het die gemeente besluit om 'n noodkerk op te rig, 'n boukommissie is aangestel en die werk aan die bekwame boumeester G. Zwillaume opgedra (volgens *Ons gemeentelike feesalbum* was sy van Gillaume. Ten spyte van swaarkry is moedig voortgebeur en so kon die noodkerk reeds op 7 Julie 1906 sonder skuld ingewy word. Hierdie gebou het later as kerksaal gedien. Die pastorie, 'n stewige klipgebou, is in November 1907 ingewy, en by hierdie geleentheid was onder andere ook oudpres. M.T. Steyn en prof. J.I. Marais van die Kweekskool teenwoordig. Ter ondersteuning van die Helpmekaarfonds, wat ná die Rebellie in die lewe geroep is, het die gemeente ruim bygedra. Ook die Griep-Weesfonds is hartlik ondersteun. In 1928 het die gemeente 'n groot mylpaal bereik toe die sierlike nuwe kerk, deur Gerard Moerdijk ontwerp, op 31 Maart ingewy kon word. Benewens die orrel, wat deur die susters van die gemeente geskenk is, was die koste £18 000. Ná die koms van ds. J.J. le Roux in 1941 kon die skuld eindelik gedelg word. Tydens sy bediening van agt jaar op Kestell is 'n doelmatige kerkkoshuis, wat honderd skoliere huisves, ten koste van £22 000 opgerig en op 21 Januarie 1948 in gebruik geneem. *Ons gemeentelike feesalbum* kon in 1952 berig: "Die gemeente beleef tans 'n tydperk van voorspoed, waarvoor alle lof die Here toekom. In 1951 was die Dankofferopbrengs £3 650." Leraars ------- 'n Uitsig op die dorp. Op 26 September 1906 is ds. E.J.P. Smit as eerste leraar bevestig en hy het die gemeente 34 jaar lank met groot ywer en veel seën bearbei. Hy het in 1941 sy emeritaat aanvaar. Sy opvolger, ds. J.J. le Roux, voorheen van 1929 af NG gemeente Clarens se leraar, het die gemeente tot 1949 bearbei, toe hy vertrek het na die nuwe gemeente Parys-Oos, sy derde werkkring in die Vrystaat. Ds. P.D. Lückhoff is op 4 Februarie 1950 as die gemeente se derde leraar bevestig nadat hy van 1947 af leraar van die gemeente Bulawayo was. In 1959 het hy na Taaibosspruit vertrek as daardie gemeente se eerste leraar en van daar is hy in 1963 na Carletonville. Prop. J.C. Erasmus is in 1968 as die gemeente se leraar verwelkom, maar hy het reeds in 1972 'n beroep na Pretoria-Oos aanvaar. Leraars: 1. Erasmus Jacobus Petrus Smit, 6 September 1906–1941. Sy een seun word ook predikant, bekend as Daan Smit. Emeriteer; sy enigste gemeente. 2. Jacobus Johannes le Roux, 1941–1949. Was bekend vir sy waardigheid en ampsklere waarmee hy daagliks sy taak vervul het. Hy het uitgestaan met sy pluiskeil wat hy waardig gelig het wanneer hy mense groet. 3. Paul Daniël Lückhoff, 1949–1959 in hierdie tyd word die NGKA se kerkgebou opgerig deur die NGK Kestell en is daar n pragtige vennootskap tussen die twee gemeentes. 4. Annes du Toit 1959-1968. Kry demissie nadat hy 'n beroep Witrivier aanvaar het. 5. Jacobus Cornelius Erasmus (bynaam was Dopper), 1968–1972 (sy eerste gemeente). Bekend vir sy opgeruimde, inspirerende persoonlikheid en baie kort preke wat vir baie lank onthou is. Hy skryf ook die liedjie: I love you Timothy wat Carika Keuzenkamp bekend gemaak het. 6. Roelof Lodewicus Cronjé, (20 Januarie 1973 – emeriteer Mei 1989). In sy era is die nuwe pastorie langs die kerk gebou en het die gemeentegetalle geweldig toegeneem, soveel so dat 'n medeleraar beroep is om die 32 wyke te bedien. Plaaswyke is in blokke opgedeel en blokbazaars is gehou op die plase. Hy ontwikkel egter kanker in sy middelare wat ook die oorsaak was vir sy vervroegde emeritaat. 7. Johannes Jurgens de Jager - eerste medeleraar (Februarie 1985 tot Junie 1994). In hierdie tyd het die staat die gebied teenaan Qua Qua gekonsolideer en is 29 gesinne se plase onteien en moes 'n ander heenkome vind. In hierdie tyd het die gemeente begin met gemeentebouprosesse. Dissipelskapkursusse, huwelikskursesse, jeugkampe het die vitaliteit van die gemeente gestu. In hierdie tyd was die eredienste dikwels 'n gemaklike vol erediens en ook die 10 dae van Pinksterdienste was baie gewild en die leraars het daagliks dienste gehou op Kransfontein, Georgina, Kestell en Phutjaditjaba waar 5 wyke van die gemeente was. Die laer en hoërskool het ook 'n sterk CSV gehad waarin jong leiers opgelei is om kleingroepe te lei. Ouers was baie betrokke by die aanbied van CSV kampe en is kampe met meer as 100 kinders jaarliks op verskeie plekke in die omgewing gehou. Hy en Isabel het 2 dogters en 1 seun (JZ wat ook predikant geword het. Hy kry demisie in Junie 1994 nadat hy n beroep aanvaar het na NG Witrivier. 8. Amos Johannes Kotzé word beroep vanaf Bloemfontein, en n tweede pastorie word aangekoop en doelmatig ingerig. 1989–2009 In sy medeleraarskap is die kategeselokale aangebou langs die saal en het die gemeente ontwikkel in 'n gemeente waar mans en vroue saam bybelstudie gehou het. Talle egpaar, mans en vroue Bybelstudiegroepe het meegebring dat daar besonderse geestelike groei gekom het, wat die oorsaak was van verskeie bedieninge wat spontaan onder inspirasie vd Gees gefunksioneer het. Ds Amos Kotze sal veral onthou word vir sy rol wat hy vervul het aan die armes deur Die gemeente te inspireer om 'n koskas bediening tot stand te bring waarin baie besonderse werk gedoen is aan die armes. In 2009 aanvaar hy 'n beroep na N G Hazyview. 9. Scharl van Schalkwyk bedien as medeleraar vanaf 1995–2004. Aanvaar 'n beroep na Namibië en die gemeente het weer oorgegaan na 'n eenmangemeente omdat die lidmaattal afgeneem het. 10. Dubois du Toit word beroep in 2009; sy eerste gemeente. Lidmaattal ---------- Die NG kerkperseel op Kestell. | Jaartal | Dooplidmate | Belydende lidmate | | --- | --- | --- | | 1915 | 1 000 | 900 | | 1931 | 913 | 1 120 | | 1949 | 758 | 1 136 | | 1960 | 566 | 989 | | 1972 | 353 | 849 | | 1979 | 450 | 900 | | 1985 | 375 | 775 | | 1990 | 320 | 728 | | 2000 | 200 | 501 | | 2010 | 101 | 421 | | 2015 | 94 | 365 | Susterskerke ------------ Kestell het nog nooit 'n gemeente van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika gehad nie, maar ressorteer onder die Gereformeerde kerk Harrismith, wat in 1938 gestig is. Dié gemeente se lidmaattalle vir enkele jare lyk as volg: | Jaartal | Dooplidmate | Belydende lidmate | | --- | --- | --- | | 1959 | 35 | 49 | | 1998 | 63 | 109 | | 2002 | 45 | 90 | | 2015 | 12 | 75 | Die Nederduitsch Hervormde Kerk se naaste gemeente is Bethlehem, wat op 29 September 1962 gestig is en buiten Kestell ook Clarens, Fouriesburg, Paul Roux, Arlington en Lindley insluit. Die gemeente het in 2015 64 belydende en 12 dooplidmate gehad, vergeleke met 201 en 120 in 1989. Harrismith se NH gemeente in in 1982 gestig, maar het in 2014 ontbind. Die ander Vrystaatse NH gemeentes wat nie meer bestaan nie (tot einde 2014), is Allanridge (1955–2009), St. Helena (1950–2010), Vrede (1905–2013) en Welkom (1967–2010). Bronne ------ * (nl) Maeder, ds. G.A. en Zinn, Christian. 1917. *Ons Kerk Album*. Kaapstad: Ons Kerk Album Maatschappij Bpkt. * (af) Nienaber, P.J. 1963. *Suid-Afrikaanse pleknaamwoordeboek, deel 1*. Kaapstad, Johannesburg: Suid-Afrikaanse Boeksentrum. * (af) Olivier, ds. P.L. 1952. *Ons gemeentelike feesalbum*. Kaapstad en Pretoria: N.G. Kerk-uitgewers.
{ "title": "NG gemeente Kestell", "mostly_tablelist": false, "tablelist_ratio": [ 3520, 8221, 0.42817175526091716 ], "infobox": [], "td_tables": [], "text_length": 9785 }
Humansdorp se NG kerkgebou is opgerig in die Bisantynse styl wat so gewild in die jare 40, 50 en 60 was. Die argitek was Hendrik Vermooten. Ds. B.B. Keet, leraar van 1894 tot sy dood op 2 Desember 1903. Die vorige NG kerk Humansdorp. Ds. Japie Horak was leraar van 1904 tot 1913. Ds. J.D. De Villiers Horak, leraar van 1904 tot 1913. Ds. Christiaan Hendrik Stulting, leraar van 1913 tot 1946. Ds. Nico Schreuder, leraar van 1958 tot 1966. Die **NG gemeente Humansdorp** is in 1849 gestig as die 40ste gemeente van die Nederduitse Gereformeerde Kerk en die negende gemeente in wat later die NG Kerk in Oos-Kaapland sou word. Die gemeente is in 1849 afgestig van die moedergemeente Uitenhage en het tot in 1859 die naam gedra van die parochie van Alexander, so genoem na die leraar van die moedergemeente ten tyde van die afstigting, ds. Alexander Smith. Uitenhage het destyds geressorteer onder Ring van Albanie en met die Ringsitting van 1848 in die kerkgebou op Riebeek-Oos, indertyd die middelpunt van die gemeente Albanie, het ds. Smith in sy gemeenteverslag melding gemaak van die begeerte en voorneme van die inwoners aan die oorkant van die Gamtoosrivier om 'n afsonderlike gemeente te vorm. Hy kon ook meedeel dat die vraagstuk in verband met 'n geskikte stuk grond waarop 'n kerkgebou en pastorie opgerig kon word, opgelos is deurdat die heer M.J. Human 'n stuk grond van sowat 600 morg gratis vir dié doel afgestaan het. Daarop is 'n voorstel van ds. Smith dat genoemde gedeelte oorkant die Gamtoosrivier voortaan 'n afsonderlike gemeente sou uitmaak, met algemene stemme aangeneem. Die kerkraadslede wat deur die Ring benoem is, is op 14 Februarie op Kerkplaas, ongeveer 7 km ten weste van die huidige Humansdorp, aan die gemeente voorgestel en op Maandag 19 Februarie kon die eerste kerkraadsvergadering gehou word. Humansdorp het sy kruisvormige kerkie op 31 Augustus 1851 ingewy. Dié plegtigheid is waargeneem deur prop. W.F. Heugh, seun van Uitenhage, wat so pas na voltooide studie uit Nederland in Suid-Afrika teruggekeer het. Ds. Heugh het in Engels sowel as in Nederlands gepreek en so 'n groot indruk op die gemeente gemaak dat 'n gemeentevergadering die volgende dag eenparig besluit het om die kerkraad te vra om op hom 'n beroep uit te bring. So is ds. William Heugh op 1 September 1851 tot herder en leraar van Alexander beroep. Ná ds. Heugh het in die vroeë tyd in die Humansdorpse gemeente gearbei: di. Petrus Albertus Groenewald, B.B. Keet, J.D. Horak, C.H. Stulting, J.D. Stulting en ds. Odendaal. Die eerste twee dogtergemeentes was Kareedouw en Gamtoosvallei. Later sou ook onder meer Humansdorp-Oos in 1976 van die toe 128 jaar oue moedergemeente afstig. Enkele leraars -------------- * William Flemming Heugh, 1851–1881 (emeriteer; oorlede op 10 Augustus 1885) * Petrus Albertus Groenewald, 1892–1893 (sy eerste en enigste gemeente; geskors, maar in 1897 herstel; oorlede op 23 Maart 1906) * Barend Bartholomeus Keet, 1894 – 2 Desember 1903 (oorlede in die amp) * Jakob Daniël De Villiers Horak, 1904–1913 * Christiaan Hendrik Stulting, 1913–1946 (emeriteer) * Jan Daniël Stulting, 1934–1943 * Christiaan Jacobus Odendaal, 1947–1955 * Johannes Lodewyk Nel, 1955–1964 * Nico Schreuder, 1958 tot 1966 * Frederik Christoffel Coetzee, 5 Maart 1985–1997 * Mattheüs Human Langenhoven, 21 Augustus 2016 – hede Bronne ------ * Van Rene, Adri-Louise (hoof: Tydskriftemaatskappy). 2012. *Jaarboek van die NG Kerke 2012*. Wellington: Tydskriftemaatskappy.
{ "title": "NG gemeente Humansdorp", "mostly_tablelist": false, "tablelist_ratio": [ 635, 2890, 0.21972318339100347 ], "infobox": [], "td_tables": [], "text_length": 3497 }
Die "Abbot Academy Courant" se Redaksionele raad in 1951. Die **redaksionele raad** is 'n groep mense, gewoonlik by 'n publikasie, wat die toon en rigting bepaal wat die publikasie se redaksionele beleid sal neem. Massamedia ---------- By 'n koerant bestaan die redaksionele raad gewoonlik uit die redaksionele bladredakteur en redaksionele skrywers. Sommige koerante sluit ook ander personeel in. Redaksionele rade vir tydskrifte kan kenners in die vakgebied waarop die tydskrif fokus, insluit, en groter tydskrifte mag verskeie redaksionele rade hê wat volgens vak gegroepeer is. 'n Uitvoerende redaksie kan toesig hou oor hierdie vak rade, en sluit gewoonlik die uitvoerende redakteur en verteenwoordigers van die vak-fokus rade in. Redaksionele rade ontmoet gereeld om die nuutste nuus- en meningsneigings te bespreek en te bespreek wat die koerant oor 'n verskeidenheid sake moet sê. Hulle sal dan besluit wie sal watter redaksies skryf, en vir watter dag. Wanneer so 'n redaksie in 'n koerant verskyn, word dit beskou as die institusionele mening van die koerant. By sommige koerante sal die redaksie ook draaddiens en gesindikeerde kolomme vir insluiting op die redaksionele bladsy, of opinie bladsy hersien. Sommige koerante, veral kleiner koerante, het nie 'n redaksionele raad nie, en verkies om eerder te staatmaak op die uitspraak van 'n enkele redaksionele bladsy redakteur. Boek- en tydskrifuitgewers sal dikwels hul redaksionele rade gebruik om manuskripte of artikels te hersien of te kies, en soms om feite na te gaan. Boekuitgewers kan ook van redaksionele rade gebruik maak, deur vakkundiges te gebruik om manuskripte te kies. Akademiese joernale ------------------- Byna alle akademiese tydskrifte het 'n redaksionele raad wat bestaan uit geselekteerde, onbetaalde kundiges op die akademiese gebied wat deur 'n tydskrif gedek word. Dit is byna altyd 'n ere posisie, alhoewel raadslede soms portuur oorsig van voorleggings gee. 'n Lid kan gevra word om verskeie manuskripte per jaar te hersien en mag 'n spesiale uitgawe wysig. Die lede kan ook geraadpleeg word met betrekking tot nuwe regulasies by die joernaal. Dit is van hulle verwag om die tydskrif onder hul portuurgroep te bevorder. Politieke veldtogte ------------------- Die redaksionele raad beheer die endossement proses vir die koerant tydens veldtogte. Kandidate sal voor die redaksionele raad kom vir 'n groep onderhoud wat vir 'n paar uur kan duur, afhangende van die kantoor. Tydens die vergadering vra die raad die kandidaat 'n verskeidenheid vrae oor verskeie kwessies en gebruik die vergadering as 'n manier om te besluit watter kandidaat te ondersteun. Kandidate kan vroegtydig in hul veldtogte gereeld met die redaksionele raad vergader om hul menings te gee aan die koerant se besluitnemers. Dit is 'n manier om media dekking te bestuur en om die finale endossement te beïnvloed.
{ "title": "Redaksionele raad", "mostly_tablelist": false, "tablelist_ratio": [ 0, 2380, 0 ], "infobox": [], "td_tables": [], "text_length": 2880 }
Die NG kerk op Keetmanshoop. Keetmanshoop het die eerste toringkerk van enige NG gemeente in die destydse Suidwes-Afrika gehad. Die ou NG kerk Keetmanshoop, sedert November 2001 die Gereformeerde kerk Keetmanshoop se tuiste nadat die Noord-gemeente by die moedergemeente ingelyf is. Ds. H.J. Potgieter was leraar hier van 1925 tot '30. Ds. S.P. Fouché en sy gesin. Hy was leraar hier van 1931 tot hy sy emeritaat aanvaar het in 1937. Hy is oorlede op 4 Maart 1945. Ds. J.R. Holzapfel, leraar van 1944 tot 1947. Ds. G.N.P. Cloete, leraar van 1948 tot 1950. Ds. Daniël Brink was van 1950 tot 1954 reeds Keetmanshoop se sesde leraar binne die eerste kwarteeu van die gemeente se bestaan. Die **NG gemeente Keetmanshoop** is 'n gemeente van die Nederduitse Gereformeerde Kerk in die suide van Namibië. Dit is die derde oudste NG gemeente in die land naas Mariental (in 1898 gestig as Gibeon) en Otjiwarongo (in 1902 as Moria gestig). Tot en met die stigting van Keetmanshoop was die gebied wat destyds as Suidwes-Afrika bekendgestaan het, in die helfte gedeel tussen die twee ou moedergemeentes. Agtergrond ---------- Voor Keetmanshoop sy huidige naam ontvang het, het dit Swartmodder (in die Namataal Nu Gôias) geheet en in die vroeë geskiedenis was die plek bekend weens die berugte moorde wat hier gepleeg is. Die huidige naam Keetmanshoop het die naam Swartmodder in 1866 vervang. Die verandering is gemaak deur eerw. Schröder wat in daardie jaar na Keetmanshoop toe gekom het om 'n stasie van die Rynse Sendinggenootskap hier te stig. Hy het die plek genoem na die voorsitter van die Rynse Sendinggenootskap in Elberfeld, wat duisend taler (£150) gegee het om die sendingstasie op Swartmodder te begin. So is die hoop wat eerw. Keetman van Elberfeld vir 'n sendigstasie op Swartmodder gekoester het, in dié nuwe naam uitgedruk: Keetmanshoop. Gemeentesake ------------ Die eerste leraar van die NG gemeente Keetmanshoop was ds. H.J. Potgieter wat van 1925 tot 1930 hier gearbei het. Ná hom volg di. S.P. Fouché wat arbei van 1931 tot 1937, S.H. van der Spuy (1938-'44), J.R. Holzapfel (1944-'47), G.N.P. Cloete (1948-'49) en ds. D. Brink, wat in 1950 bevestig is en hier bly tot 1954. Keetmanshoop was tot in Maart 1951, toe die kerkgebou van die NG gemeente Windhoek ingewy is, die enigste NG gemeente in die gebied met 'n toringkerk. Keetmanshoop se indertydse pyporrel met sy 35 registers was ook in November 1950 die eerste wat in Suidwes-Afrika in 'n NG kerk in gebruik geneem is. Voorheen het die gemeente gebruik gemaak van 'n omskepte smidswinkel wat reeds voor Keetmanshoop se afstigting ingerig is om as kerk te dien en wat as deel van die bruidskat deur die moedergemeente Gibeon aan haar eerste dogtergemeente geskenk is. Die gebou het later die Gereformeerde kerk op Keetmanshoop geword. Dié gemeente is in 1936 gestig. Die dorp kon reeds in 1950 met een van die weinige hoërskole in Suidwes-Afrika spog, die Hoërskool P.K. de Villiers, asook 'n groot primêre skool op die dorp en drie in die distrik. Ná die invoer van Engels as enigste onderrigtaal van gr. 4 tot gr. 12, het Afrikaanse ouers van Keetmanshoop in 1996 die Keetmanshoop Privaatskool gestig. Dié skool bied onderrig van gr. R tot gr. 12 aan altesaam sowat 250 leerders en 19 onderwysers (in 2013). Keetmanshoop-Noord het in 1958 van die moedergemeente afgestig, maar is omstreeks 2000 by die moedergemeente ingelyf. Met 578 belydende lidmate en 149 dooplidmate in 2012, bly Keetmanshoop egter een van Namibië se groot plattelandse gemeentes. Einde 2014 was die syfers onderskeidelik 534 en 125. Enkele leraars -------------- * Hermanus Jacobus Potgieter, 1925–1930 * Stephanus Phlippus Fouché, 1931–1937 (emeriteer; oorlede op 4 Maart 1945) * Stephanus Hofmeyr van der Spuy, 1938–1944 * Johannes Rudolf Holzapfel, 1944–1947 * Gert Nicolaas Petrus Cloete, 1948–1949 * Daniël Brink, 1950–1954 * Jan Louis Oosthuizen Bruwer, 1952–1957 * Dr. Coenraad Fredrik Bekker, 1958–1962 * Johannes Lucas le Roux, 1963 – Februarie 1965 * Hermanus Venter, 1965–1970 * Jacob van Wyk du Plessis, 1968–1972 * Petrus Jacobus Johannes Franzsen, 1972–1976 * Pieter Barnard Botha, 1977–1981 * Gerhardus Stephanus Enslin, 1978–1981 Lidmaattalle in suide van Namibië --------------------------------- Keetmanshoop is in 1924 afgestig. In die eerste dekades van die gemeente se bestaan het die dorp en distrik geweldige groei belewe. Teen 1930 het die moedergemeente Gibeon 700 belydende lidmate gehad, Moria 800 (wat teen 1932 tot 1 560 aangegroei het), Keetmanshoop 1 352, Warmbad (gestig 1928) 850 en Windhoek (gestig 1929) 800 (1932-syfer). Dit was die enigste vyf gemeentes in die destyds Suidwes-Afrika. Teen 1952 het die gemeentes in die mandaatgebied so vermeerder dat die Ring van Otjiwarongo uit nege gemeentes bestaan het en die Ring van Gibeon uit agt. Die NG gemeente Warmbad is in 1928 in die streek suid van Keetmanshoop afgestig. Die NG gemeente Bethanie kom in 1938 noordwes en wes van die moedergemeente aan die beurt. Ondanks dié twee afstigting, waaruit verdere afstigtings spoedig sou volg, het Keetmanshoop teen die middel van die 20ste eeu sowat duisend belydende lidmate gehad en 'n sieletal van amper 1 800. Warmbad met 1 086, Bethanie met 370 en Lüderitz ('n dogtergemeente van Bethanie) met 490 belydende lidmate, beteken in die gebied waar daar omstreeks 1930 sowat 1 350 belydende lidmate was, was daar omstreeks 1950 al amper 3 000 lidmate. Weens die noodwendige ontvolking van ook die Namibiese platteland het die Suidelike Ring (wat Mariental insluit) teen 2012 net 2 600 lidmate gehad, vergeleke met die ooreenstemmende gebied se sowat 5 800 lidmate in 1952, al het die gemeentes Karasburg (1952), Stampriet (1955), Aroab (1955), Kalkrand (1960) en Ariamsvlei (1962) intussen bygekom. Teen 2016 het dit verder afgeneem tot 2 135. Bronne ------ * Olivier, ds. P.L. (samesteller). 1952. *Ons gemeentelike feesalbum*. Kaapstad en Pretoria: N.G. Kerk-Uitgewers. * Dreyer, eerw. A. 1932. *Jaarboek van die Nederduits-Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika vir die jaar 1933*, Kaapstad: Jaarboek-Kommissie van die Raad van die Kerke. * Van Rene, Adri-Louise (hoof: Tydskriftemaatskappy). 2012. *Jaarboek van die NG Kerke 2012*. Wellington: Tydskriftemaatskappy. * Vogel, ds. W. (voorsitter: redaksiekomitee). 2012. *Die Almanak van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika vir die jaar 2012*. Potchefstroom: Administratiewe Buro. * Albertyn, W. (red.). 1978. *Amptelike Suid-Afrikaanse munisipale jaarboek*. Pretoria: S.A. Vereniging van Munisipale Werknemers (nie-politiek). * Bulpin, T.V. 2001. *Discovering Southern Africa*. Cape Town: Discovering Southern Africa Publications cc. Sien ook -------- * Gereformeerde kerk Keetmanshoop
{ "title": "NG gemeente Keetmanshoop", "mostly_tablelist": false, "tablelist_ratio": [ 1546, 5907, 0.2617233790418148 ], "infobox": [], "td_tables": [], "text_length": 6749 }
Die kerkperseel, waarskynlik kort nadat die nuwe kerk voltooi is. Die huidige NG kerk Hendrina is in 1942 ingewy. Die inwyding van die eerste kerkgebou op 1 Februarie 1918. Ds. J.W.G. Strasheim, die leraar van 1918 tot sy aftrede in 1926. Ds. en mev. J.H.M. Stofberg, die pastoriepaar van 1926 tot omstreeks 1936. Ds. H.J. Piek was leraar hier van 1936 tot omstreeks 1942. Ds. J.J. Driescher, leraar van 1942 tot 1947. Ds. Paul Nel jr. leraar van 1948 tot 1956. Die **NG gemeente Hendrina** is 'n gemeente van die Nederduitse Gereformeerde Kerk in die provinsie Mpumalanga en in die Kerk se Oostelike Sinode. Die besluit om die dorp Hendrina aan te lê is op 30 April 1915 geneem en reeds op 1 September van dieselfde jaar, nog voor die dorp aangelê is, besluit die NG lidmate van die omgewing om 'n gemeente te stig. Die gemeente Hendrina word dan ook op 4 Oktober 1916 uit die gemeentes Middelburg, Ermelo, Bethal en Carolina gestig. Die Ringskommissie van Lydenburg, bestaande uit di. A.P. Burger (voors.), Paul Nel en J.H.M. Stofberg (scriba) neem die stigting waar en tot konsulent word ds. Paul Nel van Ermelo benoem. Die jong gemeente toon dadelik sy lewenskrag daarin dat onmiddellik planne beraam word om 'n kerk te bou, of soos die notule dit stel, "een noodkerk te bouwen". Vol ywer word nou te werk gegaan en die eerste dankoffer bring die pragtige som van £1 700 in. Intussen gaan die gemeente ook oor tot die beroep van 'n leraar en op 2 Februarie 1918 word ds. J.W.G. Strasheim tot herder en leraar van die gemeente bevestig. Op die dag voor die bevestiging van sy eerste leraar, word ook 'n doeltreffende kerkgebou ingewy. Onder die kragtige leiding van ds. Strasheim vorder die gemeente pragtig. Ds. Strasheim is op 28 Augustus 1926 opgevolg deur daardie groot sendingyweraar, ds. J.H.M. Stofberg, die latere sendingsekretaris van Transvaal. Dit is dan ook vanselfsprekend dat die gemeente besonder sendingbewus sou word en in 1935 word hier ook 'n sendinggemeente gestig. Op 1 Februarie 1936 volg ds. H.J. Piek, die latere armesorgsekretaris van Transvaal, ds. Stofberg op. Ds. Piek sit die geseënde werk van sy voorgangers met toegewydheid en liefde voort, en onder sy bekwame leiding word 'n sierlike kerk in 1942 sonder skuld ingewy. Dis in die Neo-Bisantynse ontwerp die Geers & Geers. Ds. J.J. Driescher word op 24 Oktober 1942 hier bevestig, en gedurende sy ywerige bediening kon die gemeente sy eerste sendeling, eerw. H.A. Muller, op 17 Februarie 1945 ontvang. Die volgende leraar, ds. Paul Nel, is op 14 Maart 1948 bevestig, en op 15 Mei 1950 is 'n mooi en doelmatige pastorie in gebruik geneem. Op geestelike gebied het die gemeente toe reeds veel bereik en tot in 1952 het nie minder nie as 12 van sy seuns hul vir die evangeliebediening bekwaam. Enkele leraars -------------- * Frans Lodewyk Cloete, 1960 – 1964 Bronne ------ * (nl) Maeder, ds. G.A. en Zinn, Christian. 1917. *Ons Kerk Album*. Kaapstad: Ons Kerk Album Maatschappij Bpkt. * (af) Olivier, ds. P.L. 1952. *Ons gemeentelike feesalbum*. Kaapstad en Pretoria: N.G. Kerk-uitgewers. Sien ook -------- * Gereformeerde kerk Hendrina
{ "title": "NG gemeente Hendrina", "mostly_tablelist": false, "tablelist_ratio": [ 233, 2561, 0.09098008590394377 ], "infobox": [], "td_tables": [], "text_length": 3136 }
Ds. J.J. Krige, die eerste leraar. Die eertydse NG kerk Johannesburg-Wes in Mayfair-Wes. Op die hoeksteen van die NG gemeente Brixton se kerk is met die afstigting van Johannesburg-Wes op 1 Mei 1944 bewoording aangebring om aan te dui dit was van toe af die dogtergemeente se kerk. Die ander kant van die hoeksteen van die ou Brixton-kerk, sedert 1944 Johannesburg-Wes se kerkgebou. Ds. L.C. Holtzhausen was die leraar van 1949 tot 1955. Die kerksaal se hoeksteen, gelê deur L.C. Holtzhausen op 3 Desember 1949. Dr. Willie Jonker, leraar van 1955 tot 1958. Ds. J.T. Jordaan, vierde leraar. Die **NG gemeente Johannesburg-Wes** was 'n gemeente van die Nederduitse Gereformeerde Kerk in die Johannesburgse voorstad Mayfair-Wes wat in 1993 met die NG gemeente Brixton saamgesmelt het as die nuwe NG gemeente Vergesig. Afstigting ---------- Die ironie van die latere inlywing is dat die ringskommissie van die Ring van Langlaagte op 1 Mei 1944 juis dele van die moedergemeente Brixton afgestig het as die selfstandige gemeente Johannesburg-Wes. Volgens die bepaling van die grenslyne het die moedergemeente se sierlike kerkgebou, wat op die hoek van Indrastraat en St. Albanlaan gebou is, binne die grense van die nuwe gemeente geval. Daarom het die nuutgestigte gemeente 'n pro rata-deel van die oorspronklike boukoste aan die Brixton-gemeente uitbetaal vir die oprigting van hulle kerkgebou in Putneyweg, sowat 500 m noordoos van die ou kerkgebou. Met afstigting het die lidmate van Johannesburg-Wes 871 getel. Ná die samesmelting van die twee gemeentes, het die ou moederkerkgebou 'n Islamitiese sentrum geword en word Vergesig gehuisves in Brixton se kerkgebou, 'n hanetree van die Sentech- oftewel Brixtontoring. Die jaar 1944 was 'n tydperk van geweldige uitbreidings in die getal NG gemeentes in die destydse Transvaal. In dieselfde jaar is in en om die Goudstad ook die NG gemeente Bezuidenhoutsvallei, NG gemeente Kriel (Maraisburg), NG gemeente Ferndale (later Randburg) en NG gemeente Parkhurst afgestig. In Pretoria is Onderstepoort, Villieria, Quaggapoort en Lyttelton afgestig en elders in die provinsie Krugersdorp-Noord, Sanddrif, Rustenburg-Oos, Bremersdorp, Albertyn en Vereeniging-Wes. Eerste jare ----------- Op 11 November 1944 is die eerste leraar in die persoon van ds. Jacobus Joubert Krige bevestig. Die gemeente het so vinnig gegroei dat Crosby in 1946 afgestig moes word. Met dié afstigting het die pastorie van die moedergemeente binne die grense van die dogtergemeente geval en moes die kerkraad met alle spoed 'n nuwe pastorie laat bou. Die doelmatige pastorie met al die moderne geriewe is in Maart 1947 ingewy. Die eerste leraar vertrek in Oktober 1948 en op 2 April 1949 word die tweede leraar, ds. L.C. Holtzhausen, in die gemeente bevestig. Hy bly in die gemeente tot 1955 toe hy skakelbeampte van die Suid-Afrikaanse Buro vir Rasseaangeleenthede (SABRA) word. Twee jaar later verlaat hy die bediening. Hierna besluit die gemeente om 'n kerksaal te bou, veral met die oog op die bearbeiding van die jeug. Bouwerk begin in Oktober 1949. Die ruim saal is op 1 April 1950 teen 'n koste van £900 ingewy. Teen 1952 berig die gemeente dat die lidmaattal op sowat 920 staan. Ligging ------- Die kerkgebou, nou 'n moskee, is geleë op die hoek van Indrastraat en St. Albanslaan in Mayfair-Wes. Die kerksaal, enkele straatblokke vanaf die kerk in St, Gothardweg geleë, is ook in 'n moskee omskep. Enkele leraars -------------- * Jacobus Joubert Krige, 1944 - 1948 * Lucas Cornelis Holtzhausen, 1949 - 1955 * Willem Daniël Jonker, 1955 - 1958 (later professor aan Unisa, die Teologiese Skool in Kampen, Nederland en aan die Kweekskool op Stellenbosch) * Johannes Theodoris Jordaan, 1959 - 1962 * Carel Willem Hendrik Boshoff, 1960 - 1963 * Dr. John Henry Roberts, 1963 - 1966 (vertrek na Johannesburg, van 1970 professor aan Unisa) * Albertus Johannes de Bruyn, 1966 - 1971 * Salomon Ignatius Strydom, 1972 - 1977 * Cornelis Potgieter Hermanus Olivier, 22 Januarie 1977 - 1986 (uit die bediening) * Hendrik Abel van Rooyen, 1986 - einde (waarna Vergesig) Getal lidmate ------------- | Jaartal | Doop | Belydend | | --- | --- | --- | | 1952 | 450 | 910 | | 1973 | 755 | 1 125 | | 1979 | 259 | 734 | | 1985 | 190 | 638 | | 1990 | 125 | 485 | Bronne ------ * Olivier, ds. P.L. (samesteller), *Ons gemeentelike feesalbum*. Kaapstad en Pretoria: N.G. Kerk-uitgewers, 1952. * Symington, Johan (et. al.), *Jaarboek van die NG Kerke*, Tydskriftemaatskappy, Kaapstad, Pretoria en Wellington.
{ "title": "NG gemeente Johannesburg-Wes", "mostly_tablelist": false, "tablelist_ratio": [ 913, 3802, 0.24013677012098894 ], "infobox": [], "td_tables": [], "text_length": 4524 }
Ds. Johannes Wynand Louw was van 1872 tot 1874 die gemeente se eerste predikant. Die gemeente se kerkgebou, die sogenaamde Newtonkerk. Dr. J.R. Albertyn. Die kerkgebou, 2015. Ds. C.P. van der Merwe was Kimberley se leraar van 1929 tot 1930. Ds. William Fullard. Hy was leraar van 1950 tot hy sy emeritaat aanvaar op 11 April 1976. Kimberley was sy enigste gemeente. Die **NG gemeente Kimberley** is die tweede oudste gemeente van die Nederduitse Gereformeerde Kerk in wat later die stad Kimberley sou word. Die kerkgebou is geleë in die ou voorstad New park, tot 1945 bekend as Newton. Geskiedenis ----------- Die opspraakwekkende ontdekking van diamante in 1870 by die Colesbergkoppie, die latere Kimberley-myn, het gou duisende mense uit alle uithoeke van Suid-Afrika en die buiteland gelok. Predikante van die Kaapse en Vrystaatse NG Kerk is sporadies daarheen gestuur met die oog op die geestelike bearbeiding van die delwerbevolking en so het spoedig twee gemeentes kort na mekaar ontstaan, Dutoitspan en Vooruitzicht by New Rush, die uiteindelike Kimberley-gemeente. Albei gemeentes het in 1872 ontstaan, wat omdat die diamantveld buite die jurisdiksie van sowel die Kaapse en Vrystaatse Kerk geval het, kon die gemeentes nie, soos gewoonlik die geval is, afgestig word nie. Kimberley het eerste 'n eie leraar beroep en vestig toe prop. J.W. Louw op 17 Augustus 1872 hier georden is. Op dieselfde dag is die eerste kerkgebou ook plegtig in gebruik geneem. Sy opvolger was ds. B.B. Keet, vader van die latere prof. B.B. Keet van die Kweekskool op Stellenbosch. Hy is in 1874 georden tydens 'n tydperk van groot ekonomiese welvaart, maar terselfdertyd was daar 'n ongekende toestroming van mense uit alle dele van die wêreld, wat veroorsaak het dat 'n kosmopolitiese bevolking op die diamantveld saamgehoop is, wat na die mening van die Kerk glad nie 'n heilsame uitwerking op die geestelike lewe van die Afrikaners gehad het nie. Die derde predikant was die welbekende en alombeminde ds. (later dr.) John Daniel Kestell, wat in Februarie 1882 deur sy vriend Abraham Kriel in die gemeente bevestig is. Tydens sy bediening is die oudste deel van die huidige kerk gebou. Die gebou is in suiwer Romaanse styl en ds. Kestell het self die plafon beplan en ontwerp. Die Newtown-weeshuis (later Kestell-kinderhuis) is tydens sy bediening gestig en opgerig. Hy is in 1894 opgevolg deur prop. P.J. de Vaal. Tydens 32-jarige bediening is die kerkgebou vergroot, 'n toring aangehou en 'n baie bruikbare kerksaal opgerig. Daarna volg ds. (later dr.) J.R. Albertyn, later Armesorgsekretaris van die Transvaalse Kerk. Hy het nie alleen 'n vrugbare bediening gehad nie, maar het ook groot bydraes gelewer van breër kerklike en volksbelang. Omdat ds. Albertyn besig was met die Carnegie-verslag oor die Armblankevraagstuk en lang tye aaneen uit die gemeente weg was, het vier hulpleraars tydens sy bediening in die gemeente gearbei. Die sesde leraar van die gemeente was ds. P.H.G. Jordaan van 1936 tot 1942. Op 4 Mei 1950 stig twee dogtergemeentes gelyktydig van die moedergemeente af: Kimberley-Wes en Kimberley-Noord. Enkele leraars -------------- * Johannes Wynand Louw, 1872 - 1874 * Barend Bartholomeus Keet, 1874 - 1879 * John Daniel Kestell, Februarie 1882 - 1894 * Pieter Jacobus de Vaal, 1894 - 1926 (emeriteer; oorlede op 2 Mei 1946) * Johannes Rudolf Albertyn, 1926 - 1936 * Carl Petrus van der Merwe, 1929 - 1930 * Petrus Hendrik Grobler Jordaan, 1936 - 1942 (geskors) * Josua Joubert de Villiers, 1938 - 1942 * Stephanus Bernardus Buys, 1943 - 1948 * Johann Rudolph Lückhoff, 1943 - 1948 * Stefanus Bruwer Meyer, 1949 - 1950 (eerste leraar van dogtergemeente Kimberley-Wes) * William Fullard, 1950 - 11 April 1976 (emeriteer) * Willem Phillips Doman, 1977 - 1980 * Jacobus Marthinus Petrus Cornelius, 23 Januarie 1981 - 1987 * Zacharias Blömerus, 1981 - Desember 1997 (emeritus) Bronne ------ * Olivier, ds. P.L. (samesteller), *Ons gemeentelike feesalbum*. Kaapstad en Pretoria: N.G. Kerk-uitgewers, 1952. * Gaum, Frits (hoofred.), *Christelike Kernensiklopedie*, Wellington: Lux Verbi.BM, 2008. Sien ook -------- * Gereformeerde kerk Kimberley
{ "title": "NG gemeente Kimberley", "mostly_tablelist": false, "tablelist_ratio": [ 1011, 3648, 0.27713815789473684 ], "infobox": [], "td_tables": [], "text_length": 4162 }
Die NG kerkgebou op Kadoma omstreeks 1951. Dit was 'n geskenk van Salisbury se moedergemeente met afstigting in 1943 en is vandag nog die gemeente se kerkgebou, al staan die saal en pastorie in Westview, 'n beter deel van die dorp. Daar was vroeër jare sprake dat die kerkgebou ook sou verhuis, maar met die verhuising van lidmate uit Zimbabwe en die afname in die getal lidmate het dit nie 'n werklikheid geword nie. Ds. W.P. de Vos, vader van die TV-persoonlikheid Eon de Vos, was die tweede leraar van Gatooma. Die **NG gemeente Kadoma** (vroeër Gatooma) is 'n Zimbabwiese gemeente van die Nederduitse Gereformeerde Kerk met sy kernpunt op die dorp Kadoma in die Ring van Midde-Afrika binne die Noordelike Sinode (vroeër Noord-Transvaal) wat in 2010 63 lidmate gehad het, van wie 48 lidmate van die NG Kerk was en 15 nie-lidmate. Stigting -------- Die gemeente is op Sondag 15 Mei 1943 van die gemeentes Salisbury en Gwelo afgestig. Salisbury het aan die dogtergemeente al die kerkeiendom op Gatooma, onder meer die stewige kerkgebou en 'n saal, sowel as 'n kontantbedrag gegee, terwyl Gwelo £100 aan Gatooma afgestaan het vir die boufonds van 'n saal op Que Que, die wyk wat van Gwelo afgesny en by die nuwe gemeente gevoeg is. By afstigting het die gemeente 'n groot gedeelte van Zimbabwe se middellande beslaan en eers in 1976 het twee dogtergemeentes afgestig, waaronder ook Hartley (van 1982 af Chegutu), wat in 2010 nog onafhanklik bestaan het, hoewel ds. Johan Haasbroek Kadoma, Chegutu asook Chinhoyi/Karoi almal saam bedien het weens die drastiese afname in lidmate sedert die onrus van 2000. Toe Gatooma afgestig is, was dit 'n belangrike nywerheid- en mynbousentrum. Dit was die middelpunt van die land se florerende kantoenbedryf met 'n reuse-spinmeule en katoenwewery. Dwarsdeur die gemeente was klein goudmyne en die grootste goudmyn in die land, die Cam and Motor-myn, was minder as 10 km van die dorp af. Op Que Que was daar die groot goudmyn, die Globe and Phoenix. Que Que was ook die sentrum van die land se staalbedryf met die fabriek van die destydse Rhodesian Iron and Steel Commission (Riscom). Daar was ook 'n waterpypfabriek van die firma Stewart and Lloyds, terwyl 'n reuse-kragsentrale op die walle van die Umniati-rivier vroeg in die jare 50 in gebruik geneem is. Die gemeente is met 200 lidmate afgestig, maar in die eerste agt jaar van sy bestaan het die getal verdriedubbel weens die snelle immigrasie van veral tabakboere en ambagslui uit Suid-Afrika. Die eerste leraar was ds. W.W. Esterhuizen wat op 4 November 1944 hier ontvang en bevestig is. Die sendinggemeente is onder sy leiding in 1946 gestig. Esterhuizen se opvolger was ds. W.P. de Vos, later onder meer leraar van die NG gemeente Rondebosch in Kaapstad en vader van die TV-persoonlikheid Eon de Vos. Tydens sy dienstyd is die saaltjie op Que Que in gebruik geneem toe Esterhuizen spesiaal van sy nuwe gemeente in die Noord-Kaap gekom het om die geleentheid by te woon. In 1951 is eerw. prop. J.A.J. Kriek op Que Que as hulpleraar bevestig. Afstigting en herinlywing ------------------------- In Februarie 1977 stig Que Que af as NG gemeente Que Que. Ná ds. Frans Maritz in 1981 uit Kwekwe vertrek, kombineer Kwekwe en Kadoma onder leiding van ds. Dion van Dyk. In 1989 vertrek ds. H.J. Meyer uit NG gemeente Chegutu, wat in November 1976 van Kadoma afgestig het, en so word Kwekwe en Kadoma een gemeente, gekombineer met Chegutu. Vandag nog word die drie punte deur een leraar, ds. Johan Haasbroek, bedien. Hy bedien ook Chinhoyi/Karoi sedert 2005 ('n samesmelting van NG gemeente Chinhoyi en NG gemeente Karoi) in kombinasie met Kadoma en Chegutu, dus een leraar vir die drie gemeentes wat vroeër vyf was, elk met sy eie leraar. Kerkgeboue ---------- Die kerkgebou op Kadoma word steeds elke Sondag vir eredienste gebruik. Dit is oorspronklik gebou in dié deel van die gemeente waar al die Afrikaanssprekendes gebly het. Die kerkgebou is geleë in Kerkstraat, wat in Engels Kerk Street heet, anders as op talle ander plekke in Zimbabwe waar daar net 'n "Church Street" is. Die gemeente het in die jare 60 drie erwe in die meer gegoede buurt Westview gekoop en 'n saal en pastorie daar opgerig met die oog om later die ou kerkgebou te verkoop en 'n nuwe langs die saal op te rig omdat die buurt waarin die kerk vandag nog staan, mettertyd verval het. Die vryheidstryd het egter uitgebreek voor met die bouwerk begin kon word, die lidmate het drasties afgeneem en die nuwe gebou het toe nooit 'n werklikheid geword nie. Toe die kerkgebou in 1991 dringende onderhoudswerk nodig gehad het, was daar sprake dat die gemeente dit sou verkoop en liewer die kerksaal vir dienste sou gebruik. Dit is reeds die geval op Chegutu en Kwekwe. Daar het egter niks van tereggekom nie. Met die regering se "grondhervorming" sedert 2000 het die lidmate verder afgeneem en was daar weer sprake dat die kerkgebou verkoop sou word. Weereens het dit nie gebeur nie, hoewel die meeste lidmate in 2003 ten gunste daarvan was. Die gemeente het intussen besluit om die verkoop op die lange baan te skuif. Enkele vorige leraars --------------------- * Willem Wouter Esterhuysen, 1944 - 1950 * Willem Petrus de Vos, 1950 - 1952 * Johannes Ströhmenger Berry, 1952 - 1957 * Louis Fourie van Niekerk, 1957 - 1961 * Wessel Jacobus Wessels, 1962 - 1965 * Alwyn Griebenow, 8 Oktober 1966 - 1973 * Harry Butler van Zyl, 1969 - 1971 * Brian Henry Stanley Cross, 1971 - 1975 * David Eduard Steyn, 1973 - 1980 * Dion van Dyk, 1981 - 1992 * Johannes Gerhardus Haasbroek, 1992 - hede Sien ook -------- * Sinode van Midde-Afrika * Gereformeerde kerk Gwelo-Gatooma Bronne ------ * Olivier, ds. P.L. *Ons gemeentelike feesalbum*. Kaapstad en Pretoria: N.G. Kerk-uitgewers, 1952. * Van Renen, Adri-Louise (hoof: Tydskriftemaatskappy), *Jaarboek van die Nederduitse Gereformeerde Kerke 2009*. Wellington: Tydskriftemaatskappy, 2008.
{ "title": "NG gemeente Kadoma", "mostly_tablelist": false, "tablelist_ratio": [ 596, 4795, 0.12429614181438998 ], "infobox": [], "td_tables": [], "text_length": 5904 }
Hoopstad se NG kerk in 1917. Ds. Gustav Radloff was leraar van 1881 tot 1898 Hoopstad se eerste leraar toe hy 'n beroep aanvaar het na die NG gemeente Krugersdorp. Hy het sy emeritaat in 1914 aanvaar en is oorlede op 4 Oktober 1928. Sy enigste ander gemeente was Bloemfontein van 1871 tot hy ná 'n tweede, eenparige beroep daartoe beweeg is om Hoopstad toe te kom. Die NG kerk op Hoopstad, 2008. Ds. T.C. Dönges, vader van die kabinetsminister Eben Dönges, het in 1902 op Hoopstad begin werk omdat Bothaville, sy vorige standplaas, tydens die Tweede Vryheidsoorlog heeltemal deur die vyand verwoes is. Hy is eers in Oktober 1903 hierheen beroep. Dié beriggie oor ds. D.J. Conradie, leraar van 1963 tot 1969, het in Maart 1964 in *Die Voorligter* verskyn. Ds. D.P.M. Olivier, leraar van 1921 tot 1928. Mev. ds. D.P.M. Olivier, pastoriemoeder van 1921 tot 1926. Ds. C.B. van Zyl, leraar van 1969 tot 1975. Die **NG gemeente Hoopstad** is 'n Vrystaatse gemeente van die Nederduitse Gereformeerde Kerk in die Ring van Boshof. Dis in 1876 gestig as die 22ste gemeente in die Vrystaatse Kerk. Dorpstigting ------------ Die boere in die omgewing van die huidige dorp het reeds in 1862 'n versoekskrif, onderteken deur 365 mense, aan die Volksraad gerig en om 'n dorp gevra. Die Volksraad het toegestem, maar die mense kon nie eensgesindheid bereik oor die plek waar die dorp aangelê moes word nie, en oor die naam. In 1873 word die Volksraad weer gevra om die stigting van 'n dorp in die wyk Vetrivier goed te keur. Die Volksraad het die aansoekers verwys na die besluit van 1862 wat reeds toestemming verleen het. In 1874 is besluit dat die dorp op Kameeldoorns, distrik Boshof, aangelê sal word. Die plaas was die eiendom van H.A. van Zyl, en hy het 'n deel daarvan verkoop vir £1 500. Kameeldoorns het vroeër onder Winburg geressorteer; gedurende die Oranjeriver-soewereiniteit was dit die eiendom van Isaac Dyason, magistraatsklerk van Winburg. Later het dit aan Henry Green, tweede Britse resident, behoort. Die Ring van Winburg van die NG Kerk het in 1876 op Boshof vergader. By dié geleentheid is dit besluit om 'n nuwe gemeente aan die Vetrivier te stig. 'n Kommissie, bestaande uit ds. Gustav Radloff van Bloemfontein en Aart van der Lingen van Harrismith, en ouderling Prinsloo van Winburg, is benoem om na Vetrivier te gaan en die grenslyne van die nuwe gemeente vas te stel. Die naam van die nuwe gemeente het baie onaangenaamheid veroorsaak. Uiteindelik is besluit dat die dorp Hauptstad genoem sal word ter ere van landmeter A.P. Haupt wat die dorp opgemeet het. Maar daar is op gewys dat die naam letterlik "hoofstad" beteken, en dit sal verwarring skep met die werklike hoofstad, Bloemfontein. 'n Soort vergelyk is toe getref en die gemeente en die dorp het die naam Hoopstad gekry. Miskien was die hoop op beter samewerking in die toekoms ook in die gedagte van die vergadering. In 1876 het die Volksraad Hoopstad as dorp erken. In dieselfde jaar is 'n resident-vrederegter, wat ook posmeester sou wees, aangestel. 'n Skool is eers in 1879 geopen. In 1882 is Hoopstad tot 'n afsonderlike distrik verklaar. Gedurende die Tweede Vryheidsoorlog het 'n hele aantal skermutselinge in die omgewing van Hoopstad plaasgevind. Op 17 Oktober 1900 het genl.-maj. H.H. Settle die dorp in besit geneem. Gemeentestigting ---------------- Die gemeente is deur die Ringskommissie van Winburg in Augustus 1876 gestig, maar het eers in Oktober 1881 daarin geslaag in ’n eie leraar te kry toe ds. Gustav Radloff, ná ’n tweede, eenparige beroep, daartoe beweeg is om die herderstaf van Bloemfontein met dié van Hoopstad te verwissel. Tot Desember 1898 het hy hier met veel seën gearbei. In die Driejarige Oorlog, terwyl die gemeente nog herderloos was, is die argief vernietig sodat dit vandag nog onmoontlik is om veel van die geskiedenis van die gemeente tydens die eerste tydperk te vermeld. Die pastorie is wel op Hemelvaartdag 1883 ingewy. Ruim 11 jaar lank moes die godsdiensoefeninge in 'n klein gebou met ’n strooidak gehou word, wat ternouernood 300 mense kon bevat. Pres. F.W. Reitz het die hoeksteen van die nuwe kerk op 6 Junie 1891 gelê, waarna die sierlike gebou op 2 Desember 1892 ingewy is. Die sandsteen moes van die oewers van die Vaalrivier af oor ’n afstand van 15 myl deur swaar sand vervoer word. Nog swaarder vir die gemeente was dit om die koste van £15 000 te betaal omdat die runderpes byna alle beeste laat vrek het en daarna die verwoesting en verarming van die oorlog gevolg het. Ná ds. Radloff se afskeid van Hoopstad is ds. T.C. Dönges hier bevestig. Toe in Oktober 1899 die Anglo-Boereoorlog uitbreek, is hy is op Bothaville, sy vorige standplaas, gevange geneem en moes die gemeente dieselfde lot met soveel ander Vrystaatse gemeentes deel, naamlik om ruim drie jaar lank herderloos te wees. Ná die Anglo-Boereoorlog ------------------------ Aangesien die vyand Bothaville heeltemal verwoes het, en as gevolg waarvan daar vir hom geen herberg was nie, is ds. Dönges verplig om sy arbeid in die konsulentsgemeente ná die oorlog te aanvaar. Dit het gebeur in Oktober 1902. Later is hy beroep en word op 8 Maart 1903 as herder en leraar van Hoopstad bevestig. Die gemeente het haar werk ná die oorlog onder uiters moeilike omstandighede hervat; nie net is die meeste wonings afgebrand en die land van haas alle vee beroof nie, maar ook die kerklike eiendomme, te wete die kerkgebou, is sodanig beskadig dat die kerkraad ruim £1 900 moes betaal om alles weer in orde te kry. Van dié bedrag het die kerkraad ’n kompensasie van £380 van die staat gekry. Hierna moes die gemeente nog ’n skuld van £8 400 op haar kerkgebou aanpak. Met moed en vertroue op die Here is dit gedoen, met die gevolg dat daar teen 1916 nog net ’n skuld van £600 op die kerkgebou gerus het, wat met die dankofferfees van Junie 1917 bymekaargemaak kon word. Ds. Radloff het die plaaslike sendinggemeente gestig. Ook haar kerklike eiendomme is tydens die oorlog totaal verwoes en so moes ook die sendinggemeente haar kerk en pastorie herbou. Enkele predikante ----------------- * Francois Gustav Radloff, 1881–1898 * Theophilus Christiaan Dönges, 1903–1920 * Dirk Pieter Momberg Olivier, 1921–1928 * Abraham Matthys De Villiers Esterhuyzen, 1929–1937 * Jacobus Johannes Schoeman, 1940–1948 * Martin Luther Jansen van Rensburg, 1948–1962 * David Johannes Conradie, 1963 – 1969 * Christoffel Alwyn van Zyl, 1969–1975 * Daniël Ellis Janse Janse van Rensburg, 1981 – 21 Junie 1998 (aanvaar sy emeritaat) * Johannes Jacobus Louw, 2000 – hede * Hendrik Wessel (Hennie) de Kock, 2008–2010 * Willem Francois du Plooy, 2011 – ? * Deseré de Beer, 1 November 2020 – hede Lidmaattal ---------- In die 30 jaar wat verloop het tussen 1985 en 2015, het die Vrystaat se belydende lidmate afgeneem van 132 498 tot 84 170, oftewel 36,5%, maar Hoopstad s'n met "net" 23,2%. | Jaartal | Dooplidmate | Belydende lidmate | | --- | --- | --- | | 1949 | 563 | 919 | | 1960 | 550 | 877 | | 1972 | 495 | 779 | | 1985 | 427 | 852 | | 2000 | 234 | 645 | | 2010 | 223 | 758 | | 2015 | 212 | 654 | Susterkerk ---------- Hoopstad net nooit sy eie Gereformeerde kerk (GKSA) gehad nie, maar val onder die gemeente Bultfontein, wat in 1914 gestig is en in 2015 155 belydende en 40 dooplidmate gehad het, vergeleke met onderskeidelik 151 en 93 in 1959, die GKSA se eeufeesjaar. Die Nederduitsch Hervormde Kerk het nie 'n plaaslike gemeente nie en dis ook onduidelik onder watter gemeente Hoopstad val. Bronne ------ * (nl) Maeder, ds. G.A. en Zinn, Christian. 1917. *Ons Kerk Album*. Kaapstad: Ons Kerk Album Maatschappij Bpkt. * (af) Nienaber, P.J. 1963. *Suid-Afrikaanse pleknaamwoordeboek, deel 1*. Kaapstad, Johannesburg: Suid-Afrikaanse Boeksentrum. * (af) Vogel, ds. W. 2014. *Die Almanak van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika vir die jaar 2015*. Potchefstroom: Administratiewe Buro.
{ "title": "NG gemeente Hoopstad", "mostly_tablelist": false, "tablelist_ratio": [ 912, 6389, 0.14274534355924245 ], "infobox": [], "td_tables": [], "text_length": 7907 }
Ds. H.S. Pretorius, eerste NG leraar van Herbertsdale. Mev. en ds. F.H. Badenhorst, pastoriepaar 1919 tot 1927. Ds. Pieter Truter Stroebel was leraar van Herbertsdale van 1927 tot sy dood. Ds. J.D.W. Strydom het in 1948 hierheen gekom van die NG gemeente Nieu-Bethesda af. Die **NG gemeente Herbertsdale** is 'n klein gemeente in die Nederduitse Gereformeerde Kerk se Sinode van Wes-en-Suid-Kaapland met sy middelpunt op die dorpie Herbertsdale, sowat 50 km noordwes van Mosselbaai in die suide van die provinsie Wes-Kaap. Die gemeente het in 2014 140 belydende en 30 dooplidmate gehad. Die dorpie Herbertsdale is geleë in die natuurskone dal van die Langtourivier. Oorspronklik was dit 'n Lutherse sendingstasie, maar in 1913 is hier 'n NG gemeente gestig wat van Mosselbaai afgesny is. Ds. H.S. Pretorius, destyds hulpprediker van Mosselbaai, het hom die beroep na die nuutgestigte gemeente laat welgeval. Heg en stewig is die fondament deur die eerste leraar en sy gade gelê. Gedurende die Eerste Wêreldoorlog het die Duitse sendingstasies maar swaargekry, en die hoofde van die Lutherse Sending in Suid-Afrika is verplig om 'n deel van hul vaste eiendom te verkoop om so die broodnodige fondse tot die instandhouding van die werk te bekom. Die NG gemeente hier ter plaatse het heelwat eiendom, insluitende die sendingpastorie, aangekoop. Ds. H.S. Pretorius het in April 1919 'n beroep na Aurora aanvaar. Hy is deur ds. F.H. Badenhorst opgevolg. Hier was 'n man van durf en daad, wat nie aan homself gedink het nie; as hy 'n saak moes deurdryf, kon niks en niemand hom keer nie. Met hom as lid van die dorpsraad, het apartheid reeds toe in Herbertsdale 'n werklikheid geword. In 1927 kom ds. P.T. Stroebel na Herbertsdale. Hierdie "geniale en liefdevolle dienskneg van die Heer" en sy eerste eggenote is albei te Herbertsdale begrawe. Hy was voorheen van 1911 af leraar van die NG gemeente Komga. Ná hy van sy legitimasie in 1902 tot 1904 as hulpleraar diens doen in die NG gemeente George, aanvaar hy in 1904 die beroep na die NG gemeente Griekwastad, waar hy bly tot in 1911. Op Griekwastad was hy die konsulent van die in 1909 gestigte dogtergemeente Deben en het gereeld die sowat 170 km daarheen met kar en perde afgelê om die kerklike voorregte na lidmate in dié deel van die Kalahari te bring. Hy is in 1900 gelegitimeer en sterf in die amp op Herbertsdale op 5 Januarie 1938. Ds. J.W. Coetzee het ds. Stroebel hier opgevolg. Hy en sy gade was 'n hardwerkende paar, en het hierdie gemeente geleer om te werk vir hulle Heer en hulself in te span. Van Loeriesfontein het ds. en mev. H.A. Albertyn gekom om die leë plekke op te vul. Byna vyf jaar lank het hulle hier gearbei. Ds. J.D.W. Strydom en sy gade het van Nu-Betesda gekom om hul werk hier te kom voortsit. Al dadelik het hierdie wakker dienskneg van die Heer gesien wat Herbertsdale broodnodig het. Eers is 'n groot en moderne Goeie Hoop-losieshuis aangepak. 'n Vorige leraar, ds. J.W. Coetzee, het reeds begin met die stigting van 'n kerkboufonds. Ds. Strydom het hierdie werk voortgesit en die gemeente kon in 1952 met die bou van 'n nuwe kerk begin. Tydens die Pinksterdienste van 1951 was die gemeente ryklik geseënd. Byna elke aand was die kerkgebou stampvol; 'n nuwe lig het vir die gemeente opgegaan en baie harte het oopgegaan. Ds. Strydom het hier gebly tot sy aftrede in 1961. Bronne ------ * Olivier, ds. P.L. (samesteller), 1952. *Ons gemeentelike feesalbum*. Kaapstad en Pretoria: N.G. Kerk-uitgewers.
{ "title": "NG gemeente Herbertsdale", "mostly_tablelist": false, "tablelist_ratio": [ 344, 3156, 0.10899873257287707 ], "infobox": [], "td_tables": [], "text_length": 3494 }
**Granby** is 'n nedersetting in die suidweste van die Franssprekende Kanadese provinsie Quebec. Die Kanadese sensus van 2011 het sy bevolking as 63 433 bepaal, terwyl dit in 2014 op 66 030 beraam is. Granby, wat 84 km suidoos van Montreal en sowat 48 km van die Amerikaanse grens af aan die Yamaska Nord-rivier geleë is, is die administratiewe setel van die La Haute-Yamaska-streeksdistrik (*Municipalité régionale de comté de la Haute-Yamaska*). Volgens sy inwonertal is Granby die vierde grootste nedersetting in die Montérégie-streek na Longueuil, Saint-Jean-sur-Richelieu en Brossard. Dit is vernoem na John Manners, markies van Granby, 'n Engelse dorp in die graafskap Nottinghamshire. Die vroegste bewoners in die gebied was Britse setlaars en Lojaliste, maar vandag is Granby se bevolking merendeels Franssprekend. Granby was nog tot in die 1940's die middelpunt van 'n landbougebied, maar het sedertdien tot 'n belangrike nywerheidstad in Quebec se *Eastern Townships (Estrie)* ontwikkel.
Granby
1 Januarie 2007*
Pascal Bonin
66 030
+1-450, +1-579<link href=\"./Kategorie:Inligtingskas_Nedersetting_met_lys_van_skakelkodes\" rel=\"mw:PageProp/Category\"/>
Samesmelting van Granby en Granby Township (Municipalité de canton)
\n
" ], "td_tables": [], "text_length": 1005 }
Die NG kerkgebou op Kareedouw. Ds. Paul Louw. Ds. P.H.H. van Huyssteen, leraar van 1908 tot 1922. Ds. Jan Malan en sy gesin. Hy was leraar alhier van 1939 tot 1945, die presiese duur van die Tweede Wêreldoorlog. Die **NG gemeente Kareedouw** is 'n gemeente van die Nederduitse Gereformeerde Kerk in die Oos-Kaaplandse Sinode. Stigting -------- Die gemeente is op 17 Oktober 1905 deur 'n Ringsbesluit (waarskynlik die Ring van Uitenhage) tot 'n afsonderlike gemeente van die NG gemeente Humansdorp (gestig in 1848) afgestig van die begin van 1906 af. Die eerste kerkraadsvergadering is gehou op 7 Mei 1906 onder voorsitterskap van die konsulent, ds. J.D. Horak, leraar van die moedergemeente. Op 11 Mei 1907 besluit die kerkraad om 'n kerk op Kareedouw van klip te laat bou. Ds. D.J. Pienaar van Uitenhage het die hoeksteen gelê. Die kerk, wat vandag nog in gebruik is, is op 14 Februarie 1909 ingewy. Die vergadering van die gekombineerde kerkraad beroep op 27 Junie 1907 prop. P.H.H. van Huyssteen teen 'n salaris van £250 per jaar met gratis losies. Hy neem die beroep aan en sy plegtige ordening en bevestiging vind plaas op 8 Februarie 1908. Tydens sy 14-jarige arbeid was ds. Van Huyssteen die grondlegger van veel wat vir die gemeente heilsaam was. Deur sy inisiatief en ywer is 'n ambagskool in 1919 gestig. In 1943 is die ambagskool gesluit en die gebou as 'n losiesinrigting vir dogters van die hoërskool oorgeneem en die Van Huyssteen-tehuis gedoop. Mev. Van Huyssteen het die hoeksteen van die pastorie op 3 Junie 1911 gelê en in 1921 is die gemeente se kerksaal voltooi. Ds. Van Huyssteen se vrugbare bediening loop ten einde toe hy op 28 Februarie 1922 sy demissie ontvang en na Lindley in die Vrystaat vertrek. Latere leraars -------------- Ds. P.F. Burger bearbei die gemeente van 1921 tot 1925 en word op 12 Februarie 1926 opgevolg deur ds. P.L. Louw, ook 'n digter. Hy het met sy organisasietalent, sy opgewektheid en vriendelikheid, sy heldere en pakkende evangeliebediening die gemeente so met moed besiel en aan hom gebind dat hulle hom gewillig gevolg het. Enkele leraars -------------- * Petrus Herodus Hildebrand van Huyssteen, 1908–1922 * P.F. Burger * Paul Louw Bronne ------ * Rosenthal, Eric. 1978. *Encyclopaedia of Southern Africa*. Cape Town and Pretoria: Juta and Company Limited. * Olivier, ds. P.L. (samesteller), 1952. *Ons gemeentelike feesalbum*. Kaapstad en Pretoria: N.G. Kerk-uitgewers.
{ "title": "NG gemeente Kareedouw", "mostly_tablelist": false, "tablelist_ratio": [ 373, 2107, 0.17702895111532985 ], "infobox": [], "td_tables": [], "text_length": 2439 }
Ds. Attie Burger (derde van regs) het sy dogter Elna (middel) op 5 Januarie 1952 in die eg verbind met die Afrikaanse sanger Gé Korsten. Burger het die hoeksteen van die kerkgebou op 17 Junie 1950 gelê en Gé se pa, Cor (links), was die bouaannemer. Ds. Jacobus Johannes Odendaal was 1943 tot 1946 Johannesburg-Noord se eerste leraar. Sy vorige gemeente was Jeppestown, van 1938 tot sy koms hierheen. Ds. Attie Burger, tweede leraar. Ds. M.H. van der Merwe, leraar van 29 April 1967 tot 1976. Johannesburg-Noord was ds. Johannes Christoffel Jansen se laaste gemeente, van 1981 tot hy sy emeritaat in 1985 aanvaar het. Ds. H.J. Snijders het die NG kerk Johannesburg-Sterrewag se hoeksteen op 26 November 1972 gelê. Minder as 10 jaar later is die gemeente by Johannesburg-Noord ingelyf. Die **NG gemeente Johannesburg-Noord/Andrew Murray Congregation** (vanaf November 2011 verkort tot NG kerk Andrew Murray) is 'n tweetalige (Afrikaans en Engels) gemeente van die Nederduitse Gereformeerde Kerk in die Johannesburgse voorstad Orchards wat ontstaan het toe NG gemeente Johannesburg-Noord in 1999 met die Engelstalige Andrew Murray Congregation saamgesmelt het en sedertdien as gemeente sonder grense funksioneer. Agtergrond: Johannesburg-Noord ------------------------------ Die ontstaan van die gemeente kan teruggevoer word na die ontstaan van voorstede soos Orange Grove, Norwood, Orchards en Sydenham onmiddellik na die Tweede Wêreldoorlog. Afrikaners wat hulle in dié noordoostelike dele van die Goudstad kom vestig het, het aangesluit by die Johannesburgse gemeente (Braamfontein) of die gemeente Johannesburg-Oos (Irenekerk). Soos dus die geval was met NG gemeente Parkhurst in 1944, was die twee middestadse gemeentes aan die Rand gesamentlik die moedergemeentes van die NG gemeente Johannesburg-Noord. Die Irenekerk kon selfs daartoe oorgaan om reeds in 1905 'n kerksaal in Orchards op te rig wat, soos dikwels destyds die geval was, die voorloper was van 'n selfstandige gemeente. Ontstaan: Johannesburg-Noord ---------------------------- Dit sou egter tot omstreeks 1940 duur voordat 'n eie gemeente vir die noordoostelike voorstede baie ernstig gevoel is. Johannesburg se kerkraad het dié moontlikheid die eerste keer in sy vergadering van Desember 1939 bespreek, terwyl Johannesburg-Oos se kerkraad in April 1942 geredelik sy toestemming tot die afstigting van Norwood gegee het. So is die gemeente Johannesburg-Noord op 26 Junie 1942 in die kerksaal in Norwood afgestig uit dele van die twee moedergemeentes. Johannesburg het die nuwe gemeente 'n bruidskat van £1 000 aangebied, terwyl Johannesburg-Oos se kerkraad al die moedergemeente se eiendomme in Lyndhurst en Norwood (insluitende die Norwood-saal) aan die nuwe dogter afgestaan het. Danksy die hulp van die twee moedergemeentes ontvang, kon die nuwe gemeente dadelik 'n stewige begin maak. Ná 'n paar vergeefse beroepe is ds. J.J. Odendaal van Jeppestown uiteindelik in Januarie 1943 as eerste leraar bevestig. Saam met die kerkraad het hy gevoel die gemeente se eerste mikpunt moet wees om 'n behoorlike kerkgebou te laat oprig. Tydens 'n gesellige byeenkoms in Maart 1945 beloof talle gemeentelede om elkeen 'n bedrag te stort in wat as die begin van 'n boufonds kon dien. Odendaal vertrek egter in Junie 1946 uit die gemeente nadat hy 'n beroep na Vereeniging aanvaar het. Eers meer as ses maande later, in Januarie 1946, kon die gemeente sy tweede leraar, ds. Attie Burger, bevestig. Sy eerste gemeente was Paulpietersburg in Noord-Natal waar hy in 1937 die dryfveer vir die stigting van die NG Kerk se maandblad, *Die Voorligter*, was en daarna Pretoria-Noord, waar hy hom die lot van verarmde Afrikaners aangetrek het, die Christelike Maatskaplike Raad gelei en die eerste gemeenskapsentrum met 'n voltydse maatskaplike werkster begin het. In 1947 was daar reeds sowat 800 lidmate in Johannesburg-Noord. Burger het sy voorganger se werk ter wille van kerkbou voortgesit. In die jaar van sy bevestiging hou die gemeente 'n vergadering en besluit om maandeliks geld vir die bou van hulle kerk in te samel. Teen 1949 besluit die kerkraad dat die tyd ryp was om tot dié stap oor te gaan. Die bouaannemer was die latere Afrikaanse sanger Gé Korsten se pa, Cor Korsten, wat in 1936 uit Nederland na Suid-Afrika geëmigreer het, waarna die gesin hulle binne die grens gevestig het van wat die gemeente Johannesburg-Noord sou word. Burger lê die hoeksteen van die nuwe kerk op 17 Junie 1950 en die gemeente wy die kerkgebou op 18 Februarie 1951 in. Skaars elf maande later, op 5 Januarie 1952, trou Burger die bouaannemer se seun en sy dogter Elna in die splinternuwe kerkgebou. Buiten die kerkgebou by Oaklandsweg 17, het die gemeente ook destyds 'n saal in die wyk Lyndhurst besit, wat waarskynlik die kern gevorm het van die gemeente wat in 1959 as NG gemeente Noordoos-Rand afgestig het. Latere ontwikkelings -------------------- Die enigste afstigting van Johannesburg-Noord was Noordoos-Rand in 1959. In 1964 is egter ook die gemeente Johannesburg-Sterrewag van die Irenekerk afgestig, sodat daar toe drie gemeentes in die noordoostelike voorstede van die stad was. Die getalle van die drie gemeentes het egter vroeg in die sewentigerjare vinnig begin daal namate Afrikaanssprekendes elders gaan woon het. In 1973 het Johannesburg-Noord 448 belydende lidmate gehad, Noordoos-Rand 233 en Johannesburg-Sterrewag 502. Teen 1979 is albei laasgenoemde gemeentes terselfdertyd by Johannesburg-Noord ingelyf, wat toe kon 'n volle 992 belydende lidmate en twee leraar, ds. P. de V. Mellet, voorheen van Noordoos-Rand, en ds. F.J. du Plessis, voorheen van Johannesburg-Sterrewag, gehad het. Die aantal lidmate het egter onverpoos afgeneem tot 590 in 1985, 350 in 1990 en 231 in 1995, toe die gemeente ook vakant was. Terselfdertyd het die Andrew Murray Congregation, wat in 1966 in Johannesburg ontstaan het uit veral die bediening onder die Jode, na 'n plek van aanbidding gesoek. Die gemeente is 'n tyd lank gehuisves in die voormalige kerkgebou van die gemeente Belgravia in Jeppestown-Suid, maar dié buurt het langsamerhand vervalle begin raak, en so smelt die gemeentes saam om die NG gemeente Johannesburg-Noord/Andrew Murray Congregation (stigtingsdatum 1999) te vorm. Omstreeks 1999 het die Afrikaanse gedeelte van die samestelling slegs 161 belydende lidmate oorgehad, maar die Engelse gedeelte 536. Teen 2005, toe die syfers nie meer afsonderlik aangegee is nie, was die getal belydende lidmate 845, in 2010 was dit 718 en in 2011 589. Daarna het dit gestabiliseer sodat dit in 2014 590 was. Naamsverandering ---------------- In Januarie 2012 berig die *Kerkbode* die kerkraad het dit op 22 November 2011 amptelik goedgekeur dat die gemeente die "Johannesburg-Noord"-gedeelte van sy naam laat vaar en voortaan net as "NG kerk Andrew Murray" bekend sal staan. Die volledige berig lui: "Die Kerkraad van die NG Gemeente Johannesburg-Noord Andrew Murray het op ’n vergadering van 2 November 2011 eenparig besluit om die gemeente se naam na NG Kerk Andrew Murray te verander. Die proses is voorafgegaan deur deeglike oorlegpleging met die lidmate. Lidmate het kans gehad om vraelyste in te vul en die meerderheid het gekies vir die voorgestelde naam. Die Ringskommissie van die Ring van Johannesburg het die naamsverandering op 22 November 2011 goedgekeur ingevolge Kerkorde Art 26.6.6." Leraars: Johannesburg-Noord --------------------------- * Jacobus Johannes Odendaal, 1943 - 1946 (eerste leraar, beroep vanaf Jeppestown). * Adriaan Johan Victor (Attie) Burger, 1947 - 1955 (waarna Johannesburg-Oos en van 1957 - 1970 voltyds redakteur van *Die Voorligter*). * Pieter Combrink, 1955 - 1958 (waarna Algoapark tot 1960 en toe eerste leraar van Noordoos-Rand). * Frederik Simon Marincowitz, 1958 - 1964 (waarna Pietermaritzburg-Noord tot 1969 en King William's Town tot hy sy emeritaat aanvaar op 26 Januarie 1986). * Christian Johan Barnard, 1964 - 1967 (uit die bediening). * Marthinus Hendrik van der Merwe, 1967 - 1976. * Francois Johannes du Plessis, 1978 - 1981 (met die inlywing oorgekom van Sterrewag). * Johannes Christoffel Jansen, 1981 - 1985 (aanvaar sy emeritaat). * Erich Dürr Botha, 1987 - 1989. * Pieter de Villiers Mellet, 1978 - 1994 (met die inlywing oorgekom van Noordoos-Rand, daarna geëmeriteer). Leraars: Noordoos-Rand ---------------------- * Pieter Combrink, 1960 - 1962. * Dr. Coenraad Frederik Bekker, 1962 - 1967. * Paul de Villiers Mellet, 1967 - 1978 (waarna Johannesburg-Noord). Leraars: Johannesburg-Sterrewag ------------------------------- * Hendrik Johannes Christoffel Snijders, 1964 - 1974 (oorgekom met afstigting vanaf Johannesburg-Oos; oorlede in die amp). * Francois Johannes du Plessis, 19 September 1975 - 1978 (waarna Johannesburg-Noord tot 1981) Leraars: Andrew Murray Congregation ----------------------------------- * Petrus Arnoldus Pienaar, 1969. * Claudio Antonio Batista Marra, 1973 - 1977 (uit die bediening). * Didimu de Freitas, 1975 - 1977 (wyk Vanderbijlpark, uit die bediening). * Jacobus Stefanus Minnaar, 1977 - 1978. * Dr. Gerhardus Jacobus Swart, 12 November 1967 tot 31 Julie 1989 (geëmeriteer, vroeër verbonde aan Sending onder die Jode, waaruit Andrew Murray in 1966 ontstaan). * Johannes Cornelius Symington, 1990 - 2004 (word redakteur van Kerklike Tydskrifte). * Prof. Gert Jacobus Steyn, 1997 - 2003 (aanvanklik in kombinasie met Johannesburg-Noord). Leraars:Johannesburg-Noord/Andrew Murray Congregation ----------------------------------------------------- * Johannes Cornelius Symington, 1995 - 2004 (vanaf 1995 in kombinasie en vanaf 1999 in verenigde gemeente). * Prof. Gert Jacobus Steyn, 1997 - 2003 (aanvanklik in kombinasie, daarna verenig). * Pieter Barendse Bosch, 2001 - 2004 (verbonde aan MES - sien Johannesburg-Oos). * Gerhardus Johannes (Gerhard) Koen, 2002 - 2009 (geëmeriteer, maar bly aan as pastorale hulp). * Gert Andries (Andre) Agenbag, 2004 - 2009. * Jacobus Petrus Lodewicus van Straaten, 2006 - hede (kapelaan: Suid-Afrikaans Polisiediens, voorheen leraar van die NG gemeente Kemptonpark) * Lindsay Rudolf (Rudi) Swanepoel, 2009 - hede. * Dr. André Bartlett, 2013 - hede (hoof van die Sentrum vir Bedieningsontwikkeling aan die Universiteit van Pretoria). Bronne ------ * Olivier, ds. P.L. (samesteller). (1952). *Ons gemeentelike feesalbum*. Kaapstad en Pretoria: N.G. Kerk-uitgewers. * Pistor, Sebastian. (2003). *Gé Korsten Portrait of a Tenor*. Cape Town: Disa Publishers. * Smit, ds. A.P. (1948). *Ons Kerk in die Goudstad (1887 - 1947)*. Kaapstad: Kerkrade van Johannesburg, Fordsburg, Johannesburg-Oos en Jeppestown. * Swanepoel, F. (2008). Burger, Adriaan Johan Victor (Attie). In: Gaum, F (hoofred.) *Christelike Kernensiklopedie*. Wellington: Lux Verbi.BM. Sien ook -------- * Lys van ingelyfde NG gemeentes
{ "title": "NG gemeente Johannesburg-Noord", "mostly_tablelist": false, "tablelist_ratio": [ 2664, 8980, 0.29665924276169264 ], "infobox": [], "td_tables": [], "text_length": 10822 }
**Bernardus van Clairvaux** (Latyns: *Bernardus Claraevallensis*, \* omstreeks 1090 in die kasteel Fontaine-lès-Dijon naby Dijon, Frankryk; † 20 Augustus 1153 in Clairvaux naby Troyes) was 'n middeleeuse Franse ab, kruistogprediker en mistikus. As een van die mees vooraanstaande monnike van die Cisterciënser-orde het hy 'n beslissende rol by die uitbreiding van dié orde en sy hervormingsgedagtes in heel Europa gespeel. Bernardus se talent as prediker was merkwaardig en kon in opdrag van pous Eugenius III maklik geïnstrumentaliseer word om mense vir deelname aan nuwe kruistogte te werf. Orals in Europa het toehoorders emosioneel opgesweep geraak deur sy Christelike retoriek en sy beweerde wonderdade. Bernardus het na Noord-Frankryk, Vlaandere en die Rynland gereis. In 1146 het hy in Vézelay tot die Tweede Kruistog opgeroep - 'n boodskap wat in heel Frankryk met golwe van religieuse geesdrif ontvang is. Naas medestryders uit sy eie land, Vlaandere en Duitsland was ook koning Lodewyk VII van Frankryk vasbeslote om na die Heilige Land te trek. Om vir Christus in die stryd teen heidense magte te sneuwel is deur Bernardus tot ridderlike ideaal verhef. Volgens hom kon ridders in die diens van die Here teenstryders met 'n goeie gewete doodmaak - en ook self met 'n goeie gewete voor God sterf. Dit was nie net mense in die Nabye Ooste vir wie Bernardus se kruistog-retoriek rampsalige gevolge sou hê nie. Die eerste slagoffers van misleide religieuse yweraars was die middeleeuse Joodse gemeentes in Europa. Die mislukking van die kruistog het Bernardus hewig ontstel. Sy hernieude kruistog-inisiatief in 1150 het vrugteloos gebly.
\n
Bernardus van Clairvaux - uitbeelding
in 'n manuskrip uit die hoë middeleeue
\n
\n
\n
Gebore
\n
\n
\n
Sterfte
\n
\n
\n
Vereer in
\n
\n
\n
Heiligverklaring
\n
\n
\n
Feesdag
\n
\n
\n
Attribute
\n
Wit Cisterciënser gewoonte, duiwel aan 'n ketting, wit hond
\n
\n
Beskermheilige
\n
\n
" ], "td_tables": [], "text_length": 1652 }
Ds. E.A.J. du Toit was van 1866 tot 1880 Jacobsdal se eerste leraar. Jacobsdal se NG kerk. Ds. Andrew Murray was van 1881 tot 1899 Jacobsdal se tweede leraar. So het Jacobsdal se NG kerk gelyk voor die toring in 1930 aangebou is. Die argitek van die verbouing van die kerk was Wynand Louw. Ds. P.J.J. Boshoff was die derde leraar hier, van 1899 tot 1904 tydens die donker dae van die Tweede Vryheidsoorlog toe hy na Ceylon verban is en daar as predikant van die Boerekrygsgevangenes opgetree het. Hy was van 1904 tot 1912 en weer van 1920 tot sy aftrede in 1931 leraar van Bloemfontein se moedergemeente. Hy is oorlede op 14 April 1944. Ds. S.J. Perold was Jacobsdal se leraar van 1904 tot 1907 toe hy na die NG gemeente Philippolis vertrek. Hy is oorlede op 13 Maart 1940. Ds. A.A. Weich was die leraar hier van 1908 tot sy aftrede in 1927. Hy was 'n nasaat van die Weich-stamvader in Suid-Afrika en Rynse sendeling, eerw. G.F. Weich. Ds. H.A. Hanekom, leraar van 1927 tot 1931. Hy het in 1943 op Trompsburg afgetree en is oorlede op 3 Desember daardie jaar. Ds. J.S. Dreyer, leraar van 1931 tot 1948. Daarna was die NG gemeente Ugie sy laaste standplaas tot hy sy emeritaat aanvaar het in 1956. Ds. S.C. Biggs, Jacobsdal se leraar van 1949 tot 1958. Die **NG gemeente Jacobsdal** is 'n gemeente in die Vrystaatse Sinode van die Nederduitse Gereformeerde Kerk met sy middelpunt op die dorp Jacobsdal. Dis in 1860 gestig as die sewende gemeente van die Vrystaatse Kerk en die 79ste gemeente in die hele NG Kerk. In die Vrystaat is net Winburg (1841), NG gemeente Fauresmith (1848), Bloemfontein (1848), Harrismith (1849) en Boshof (1856) ouer. Stigting -------- Ten tyde van Jacobsdal se stigting was hierdie gebied nog deel van die Kaapse Kerk en bekend as die Transgariepse Ring. Daar is dadelik begin met voorbereidings vir die bou van 'n kerk en 'n pastorie en die vind van 'n predikant. Tog is met al drie baie gesukkel en die eerste beroep is eers in 1865 uitgebring en die derde beroep was eers suksesvol, dié op proponent E.A.J. du Toit. Ds. Du Toit was van 1866 tot 1880 predikant van die gemeente en was verantwoordelik vir die eerste kerkgebou wat in 1879 ingewy is. Gedurende hierdie tydperk het die ramp in verband met die diamantveldkwessie die gemeente van feitlik twee derdes van sy lede beroof. Op 14 Junie 1877 is 'n versoekskrif van die gemeente Jacobsdal voor die Vrystaatse Volksraad ingedien, waarin versoek is dat die distrik van Jacobsdal gebiedsuitbreiding moet kry na Boshof en Fauresmith se rigting om te vergoed vir die verlies en ook £10 000 kontant om die bou van die kerk moontlik te maak. Hierdie bespreking was baie uiteenlopend. Gedeeltelike gebiedsuitbreiding is toegestaan en £2 000 vir die bou van 'n kerk. Vanaf 1881 tot 1899 is die gemeente bedien deur ds. Andrew Murray (die seun van prof. John Murray van die Kweekskool), wat in 1893 die pragtige ystertraliewerk om die kerk laat aanbring het teen 'n koste van £1 100. Ds. P.J.J. Boshof het die gemeente van 1899 tot 1904 gedien. Gedurende hierdie tyd het die verskriklike oorlog gewoed en is die geestelike werk onder baie moeilike omstandighede gedoen. Met die aanval van die Jacobsdalse kommando op die Britse besetting in die dorp in Oktober 1900, het die dominee ook onder verdenking gekom en is hy 'n nag lank saam met ander in die kruithuisie buite die dorp opgesluit, waar hulle byna versmoor het; die dag daarna is die dominee deur die owerheid uit die dorp verban, wat hy per trapfiets moes verlaat met net die nodigste agter op. Baie huise en ook die pastorie is deur die Britse magte in Jacobsdal verniel. Jacobsdal was die eerste Vrystaatse dorp wat in Engelse hande geval het en wel op 15 Februarie 1900. In die Slag van Rooilaagte op 25 November 1899 het die Jacobsdalse kommando hom besonder dapper gedra en groot verliese aan lewens gely. Twintigste eeu -------------- Tot omstreeks die dorp en gemeente se eeufees het ook die volgende leraars hier gedien: S.J. Perold (1904 – '07), in wie se tyd die orrel aangekoop en die galery vergroot is; A.A. Weich (1908 – '27), in wie se tyd die orrel ingewy is en groot ywer vir die sending geheers het; H.A. Hanekom (1927 – '30), in wie se tyd die kerk vergroot is en die toring aangebou is; J.S. Dreyer (1931 – '48); S.C. Biggs (1949 – '58). As gevolg van die destydse versnippering van die distrik en die ontstaan van die diamantdorpe Kimberley en Koffiefontein, is die gemeente geografies besonder moeilik geleë om vanaf die dorp te bedien. Enkele leraars -------------- * Egbert Andries Jacobus du Toit, 1866 tot 1880 (waarna Brandfort tot 1894; oorlede op 5 Maart 1926) * Andrew Murray (seun van John Murray), 1881 tot 1899 * Pieter Johannes Jurgens Boshoff, 1899 tot 1904 * Stefanus Jacobus Perold, 1904 tot 1907 * Alfred August Weich, 1908 tot 1927 (aanvaar sy emeritaat) * Hendrik Andries Hanekom, 1927 tot 1931 * Jacob Stefanus Dreyer, 1931 tot 1948 * Stanley Charles Biggs, 1949 tot 1958 * Petrus Albertus Pretorius, 16 Januarie 1981 tot omstreeks 1985 Bronne ------ * (nl) Maeder, ds. G.A. en Zinn, Christian. 1917. *Ons Kerk Album*. Kaapstad: Ons Kerk Album Maatschappij Bpkt. * (af) Oberholster, prof. dr. J.J. 1964. *Die Nederduitse Gerformeerde Kerk in die Oranje-Vrystaat*. Bloemfontein: Die N.G. Kerk in die O.V.S. * (af) Olivier, ds. P.L. 1952. *Ons gemeentelike feesalbum*. Kaapstad en Pretoria: N.G. Kerk-uitgewers. Sien ook -------- * Gereformeerde kerk Jacobsdal
{ "title": "NG gemeente Jacobsdal", "mostly_tablelist": false, "tablelist_ratio": [ 815, 4545, 0.1793179317931793 ], "infobox": [], "td_tables": [], "text_length": 5455 }
Die kerkgebou van die eertydse gemeente Kimberley-Noord op Grewerplein, einde 2017. Die kerkgebou huisves nou 'n gemeente van die Apostoliese Geloofsending. Ds. J.J.K. van der Merwe was Kimberley-Noord se eerste leraar. Die **NG gemeente Kimberley-Noord** was ’n gemeente van die Nederduitse Gereformeerde Kerk in die Noord-Kaapse stad Kimberley, maar dit het op 25 Oktober 1999 met Kimberley-Suid en Kimberley-Militêr gesmelt as Kimberley-Harmonie. Op 4 Mei 1950 het sowel Kimberley-Noord as -Wes van die moedergemeente afgestig. Met slegs 'n bruidskat van £3,600 in die vooruitsig (wat meer as 'n jaar daarna ontvang is), sonder enige verdere besittings en boonop herderloos, het die nuut aangewese kerkraad dadelik die leisels opgeneem. 'n Emeritus-leraar is onverwyld gevind om die herderlike werk te verrig en toe is daar dadelik oorgegaan tot die beroep van 'n eie leraar. Nadat die eerste twee beroepe leraars bedank het, was die gemeente gelukkig om ds. Johannes J.K. van der Merwe van Lady Grey as eerste herder en leraar van die gemeente te kry. Die ywerige kerkraad het hulle uit die staanspoor beywer om 'n geskikte gebou te vind waar die eredienste gehou kan word; om 'n pastorie aan te koop en om 'n bouperseel vir die toekomstige kerk te vind. Hulle het daarin geslaag om die mooi skoolsaal van die Laerskool Diamantveld vir die dienste te kry wat sitplek gebied het aan ongeveer 450 mense. Ook kry die kerkraad die Grewerplein kosteloos van die stadsraad om 'n kerk op te bou; hulle koop verder 'n tweedehandse gebou wat tot 'n pastorie omgeskep word. Daarbenewens het die kerkraad dadelik met hul insamelings begin. 'n Dankoffer-basaar, wat op 8 September 1951 gehou is, bring die mooi som van £562 byeen. Saam met die maandelikse insamelings kom die netto-inkomste aan die einde van 1950 op £2 200 te staan. Onmiddellik ná die bevestiging van ds. Van der Merwe is besluit om 'n boufonds te stig met die oog daarop om 'n Godshuis ter waarde van omtrent £30 000 te bou; hierdie fonds het vinnig gestyg. 'n Sustersdankofferbasaar is op 8 Junie gehou en bring die mooi som van £900 byeen. Die gemeente Kimberley-Noord het minder as twee jaar ná sy stigting ongeveer 1 200 lidmate getel, en by die dienste was die saal tot oorlopens toe vol; daar het selfs by geleentheid tot oor die 200 mense in die koue winteraande na die verkondiging van die evangelie staan en luister. Bron ---- * (af) Olivier, ds. P.L. (samesteller), 1952. *Ons gemeentelike feesalbum*. Kaapstad en Pretoria: N.G. Kerk-uitgewers.
{ "title": "NG gemeente Kimberley-Noord", "mostly_tablelist": false, "tablelist_ratio": [ 101, 2094, 0.04823304680038205 ], "infobox": [], "td_tables": [], "text_length": 2529 }
**Auregnais** (Frans: *L'auregnais*, Auregnais: *aoeur'gnais/auregnais*) is die dialek van die Normandiese Oïltaal wat te vore op die Kanaaleiland Alderney gepraat is. Auregnais is vir ongeveer 'n duisend jaar op die eiland gepraat maar het in die 20ste eeu uitgesterf. Baie min van die taal het in geskrewe vorm behoue gebly. Dit was naby verwant aan die dialekte van die ander Kanaaleilande, Guernésiais, Jèrriais en Sercquiais sowel as die Normandiese dialekte wat op die vasteland in Frankryk gepraat word. Hoewel die taal nou uitgestorwe is bly daar spore behoue in baie plekname op die eiland, 'n paar woorde wat in die plaaslike Engels opgeneem is soos *vraic* (seewier-bemesting) en die uitspraak van plaaslike name en vanne soos Dupont en Simon wat uitgepreek word as /dipõ/ en /symõ/ eerder as in die standaard Franse uitspraak van Parys. Daar is verskeie redes vir die uitsterf van die dialek. Veral die invoer van werkers uit die Verenigde Koninkryk beur die Britse regering vir die abortiewe oprig van 'n hawe en fortifikasies sowel as die stasionering van 'n beduidende Britse garnisoen in die klein eiland bevolking het daartoe gelei dat Auregnais se status as kommunikasie medium verlore gegaan het. Reeds in 1880 het die Guernsey koerant *Le Bailliage* verslag gedoen dat kinders opgehou het om die taal ondermekaar te praat. Verder word die ontruiming van byna die hele inheemse eiland bevolking an die Verenigde Koninkryk tydens die Tweede Wêreldoorlog gesien as die finale nekslag. Die taal het ook gelei onder die instroming van Britse belastingvlugtelinge sowel as amptelike verwaarlosing. Frans was 'n amptelike taal van die eiland tot 1966. Die Frans wat op die eiland gepraat is verskil effens van die Frans van Metropolitaanse Frankryk. Die gebruik van Standaard Frans het saam met Auregnais afgeneem.
Aoeur'gnaeux
\n
\n
\n
\n
\n
\n
\n
\n
\n
\n
\n
\n
\n
\n
" ], "td_tables": [], "text_length": 1837 }
Jamestown se NG kerkgebou. Dit is ontwerp deur William Henry Ford. Jamestown is een van die jonger gemeentes in 'n streek waar die ontvolking van die platteland die afgelope dekades 'n besondere nadelige uitwerking op NG en Gereformeerde gemeentes gehad het. Ds. T.J. Meyer is in 1893 bevestig as die eerste leraar, maar in Maart 1898 in die amp oorlede. Ds. William Loftie Eaton, leraar van 1899 tot 1933. Ds. P. de Vos Grobbelaar, leraar van 1933 tot 1938, het na die NG gemeente Rondebosch, ook in 1891 gestig, vertrek. Hy was in 1991 met laasgenoemde gemeente se eeufeesviering die oudste oorlewende leraar wat dit kon bywoon. Ds. G.H.P. Badenhorst, leraar van 1939 tot 1946. Ds. J.C. Combrinck, leraar van 1947 tot 1955. Ds. Dirk Wessel en mev. Steyl, leraarspaar van 1956 tot 1959. Dié plakker is aangebring voorin die boekie *Die verre horison* van dr. Ben Marais en wys dat Jamestown in 1957 nog 'n hoërskool gehad het. Die **NG gemeente Jamestown** is 'n besonder klein gemeente van die Nederduitse Gereformeerde Kerk in die Sinode van Oos-Kaapland met in 2015 sowat 70 belydende lidmate. Dit is in 1891 gestig, 'n vrugbare jaar vir die stigting van NG gemeentes, want in dieselfde jaar is ook die NG gemeente Rondebosch, die NG gemeente Sterkstroom, ook in Oos-Kaapland, De Nieuwe Kerk (Tamboerskloof), Umtata (tans Mthatha), Bothaville en Thaba Nchu gestig. Agtergrond ---------- Die dorpie Jamestown lê aan die wapadroete tussen Queenstown en Aliwal-Noord en is in 1874 aangelê, sowat 15 km duskant Nek, die woonplaas van kommandant Louw Wepener, na wie die Vrystaatse dorp Wepener genoem is. Twee jaar later verrys daar 'n kerkgebou waarin om die beurt die predikant van die NG gemeente Aliwal-Noord en die NG gemeente Dordrecht maandeliks dienste waargeneem het. By monde van ouderling Jacobus Venter verkry die gemeente in 1891 die reg van die Ring van Burgersdorp om tot 'n selfstandige gemeente af te stig. Ds. Theodore James Meyer betree dit op 25 Maart 1893 as sy arbeidsakker, maar op 19 Maart 1898 beswyk hy aan die koors. Op 28 Oktober 1899 neem ds. William Loftie Eaton die taak hier op. Uitbreidings ------------ Die deure van 'n doeltreffende saal is in 1906 ontsluit, maar die ywer van die gemeente het nie daar geëindig nie, want in 1911 vind die hoeksteenlegging van 'n ruimer Godsgebou deur die leraar plaas en ná 'n jaar is dit, met ds. Pepler van die NG gemeente Molteno wat die wydingsrede hou, aan die Here gewy. Die argitek was William Henry Ford wat ook verantwoordelik was vir onder meer die kerkgebou van die NG gemeente Burgersdorp (1913) en NG gemeente Sterkstroom (1914). Ook het die gemeente sorg gedra vir die oprigting van 'n nuwe pastorie wat dan ook in 1925 betrek is. Ná 'n geseënde evangeliebediening van 33 jaar en ses maande aanvaar ds. Eaton op 16 Mei 1933 sy emeritaat en vestig hom op Middelburg, Kaap, waar sy eggenote hom ontval en aan die westekant van Jamestown se kerkgebou begrawe word. Ds. Pieter de Vos Grobbelaar is as ds. Eaton se opvolger op 11 November 1933 bevestig. Die gemeente ondervind 'n opbloeiing op sendinggebied en die hoog nodige kerkie vir sendinglidmate word opgerig. Die strewe van die leraar en sy eggenote om die gemeentesang te verbeter, word met die inwyding van die orrel op 28 Augustus 1937 verwesenlik. Ná die vertrek van ds. Grobbelaar na die eweneens in 1891 gestigte NG gemeente Rondebosch, is die vakature op 1 Maart 1939 gevul met die bevestiging van ds. G.H.P. Badenhorst. Ds. Grobbelaar het ná Rondebosch ook nog die gemeentes Mosselbaai, Bloemfontein-Noord, Bethlehem, Omaruru, Moorreesburg en Rusape gedien tot hy in 1965 afgetree het. Ds. Badenhorst het hy getrou sewe jaar lank met erns en toewyding gearbei en op 13 Oktober 1946 van die gemeente afskeid geneem. Sy volgende gemeente was Ventersburg, waarna hy ook nog latere jare Marquard, Petrus Steyn en Kroonstad-Wes bearbei het Ds. J.C. Combrinck is as vyfde leraar sedert die stigting van die gemeente op 10 Mei 1947 verwelkom. Hy bly tot hy in 1955 demissie aanvaar en aanvaar eers weer in 1966 'n beroep toe hy bevestig word in die NG gemeente Kameelboom. Hierna dien hy ook nog Henley on Klip (naby Meyerton) tot hy in 1978 sy emeritaat aanvaar. Op 9 Maart 1951 neem die gemeente 'n kerksaal in gebruik toe ds. Eaton 'n leidende aandeel aan die verrigtinge het. Huidige stand ------------- Die dorpie, wat vroeër jare 'n hoërskool gehad het en die gemeente, wat in 1952 'n nou ondenkbare 692 belydende lidmate en 528 dooplidmate gehad het, se laaste leraar was ds. A.J. Small, wat hier gestaan het van 1995 tot 2001. In 2000 het die dooplidmate 44 getel en die belydende lidmate 146. Sedertdien is die gemeente vakant. Volgens die 2012-uitgawe van die *Jaarboek van die NG Kerke* was hier toe 29 dooplidmate en 90 belydende lidmate. Volgens die 2014-uitgawe het dit toe afgeneem tot onderskeidelik 24 en 69. Van die ander Oos-Kaaplandse gemeentes wat in 2014 minder as 150 volwasse lidmate gehad het en vakant was, was Hofmeyr met 125 volwasse lidmate (138 in 2012 en steeds vakant), Indwe met 69 (ook 69 in 2012, maar darem met 'n hulpleraar, ds. D.C. Thomas van die naburige gemeente Elliot), Klipplaat met 40 (ook 40 in 2012 en steeds vakant), Venterstad met 96 (dieselfde, toe reeds ou syfer as in 2012, maar steeds vakant), en Waterford met 47, wat binne vyf jaar gehalveer het van 95 af, ook steeds vakant. Teen 2012 het die NG gemeente Cathcart hom by die geledere van die baie klein gemeentes aangesluit met 84 lidmate. Dié syfer was in 2014 steeds 84. Enkele leraars -------------- * Theodore James Meyer, 1893 – 9 Maart 1898 (oorlede in die amp; die eerste leraar) * William Loftie Eaton, 1899–1933 (emeriteer, buiten die twee jaar van 1897 tot 1899 op Oudtshoorn, was Jamestown sy enigste gemeente) * Pieter de Vos Grobbelaar, 1933–1938 * Gert Hendrik Prinsloo Badenhorst, 1939–1946 * Jan Christoffel Combrinck, 1947–1955 * Dirk Wessel Steyl, 1956 tot 1959 * Willem Jacobus le Roux, 1959–1965 * Frederick Kayser, 1966–1969 * Rudolf Martinus Johannes Britz, 24 Januarie 1970–1973 * Daniël Jacobus Erasmus, 1973 – 20 April 1978 (emeriteer) * Franz Johannes Wilhelm Gottschalk, 5 Desember 1982 - 1995 * S.J. (Petrus) Fouche 1995 * Alwyn J. Small, 1995–2001 (laaste leraar) Bron ---- * Olivier, ds. P.L. (samesteller), *Ons gemeentelike feesalbum*. Kaapstad en Pretoria: N.G. Kerk-uitgewers, 1952. Sien ook -------- * Lourens Marthinus van der Westhuizen, hoof van Hoërskool Jamestown van 1933 tot 1941.
{ "title": "NG gemeente Jamestown", "mostly_tablelist": false, "tablelist_ratio": [ 1004, 5595, 0.17944593386952637 ], "infobox": [], "td_tables": [], "text_length": 6500 }
**Bernardo Bertolucci** (IFA: berˈnardo bertoˈluttʃi; gebore op 16 Maart 1941 – 26 November 2018) was ’n Italiaanse rolprentregisseur en draaiboekskrywer. Sy prente sluit in *The Conformist*, *Last Tango in Paris*, *1900*, *The Last Emperor*, *The Sheltering Sky* en *The Dreamers*. Loopbaan -------- Bertolucci wou aanvanklik soos sy pa ’n digter word en het van 1958 tot 1961 aan die Universiteit van Rome studeer, waar sy loopbaan as assistentregisseur vir die Italiaanse rolprentmaker Pier Paolo Pasolini begin het. Kort daarna het Bertolucci die universiteit verlaat sonder om te gradueer. In 1962 het hy op 22 jaar sy eerste rolprent, die moordraaiselfliek *La commare secca*, geregisseer. Die vervaardiger was Tonino Cervi en die draaiboekskrywer Pasolini. Dit is in 1964 gevolg deur sy geloofde *Before the Revolution* (*Prima della rivoluzione*, 1964). Die hoogtepunt in die Italiaanse rolprentbedryf wat Bertolucci se loopbaan ’n hupstoot gegee het, het in die 1970's afgeneem en Italiaanse regisseurs moes met hul Amerikaanse, Sweedse, Franse en Duitse eweknieë saamwerk. In 1972 was sy prent *Last Tango in Paris*, met Marlon Brando (as Paul) en Maria Schneider (Jeanne), omstrede oor onder meer ’n toneel van anale seks tussen die twee karakters. Die 20-jarige Schneider was vooraf onbewus van dié toneel en is net oomblikke voor die verfilming daaroor ingelig. Sy het Bertolucci tot met haar dood in 2011 nooit vergewe vir wat sy as emosionele verkragting beskou het nie. As gevolg daarvan het sy haar daarna beywer vir meer vroulike regisseurs, meer respek vir aktrises en ’n beter voorstelling van vroue in rolprente en ander media. Ook Brando het jare lank nie met die regisseur gepraat nie weens die trauma wat hy deurgemaak het. Bertolucci is in Italië hof toe gesleep oor die toneel, en die sensuurkommissie het gelas dat alle kopieë vernietig word. ’n Hof het Bertolucci se burgerregte vir vyf jaar opgeskort en hom ’n opgeskorte gevangenisstraf van vier maande opgelê. In 1978 het die appèlhof van Bologna gelas dat drie kopieë in die nasionale rolprentbiblioteek bewaar word met die opdrag dat hulle nie gekyk mag word nie, totdat Bertolucci dit later weer vir algemene verspreiding kon voorlê sonder dat dit gesny is. Bertolucci se ster op die Hollywood Walk of Fame. Bertolucci se ster het helderder geskyn ná sy volgende paar prente, soos *1900* (1976), ’n epiese uitbeelding van boere se stryd in Emilia-Romagna van die begin van die 20ste eeu tot met die Tweede Wêreldoorlog. Dit het ’n indrukwekkende span akteurs gehad, onder andere Robert de Niro, Gérard Depardieu, Donald Sutherland en Burt Lancaster. Ander prente in dié tyd was *La Luna* (1979), wat handel oor dwelms en bloedskande, en *La tragedia di un uomo ridicolo* (1981). In 1987 het Bertolucci die epiese *The Last Emperor* gemaak, ’n biografiese prent oor Aisin-Gioro Puyi, die laaste keiser van China. Hy het die Oscar vir beste regisseur gewen daarvoor. Die prent het ook die agt ander Oscars gewen waarvoor dit benoem is: vir beste prent, aangepaste draaiboek, kinematografie, rolprentredigering, kostuumontwerp, kunsregie, oorspronklike musiek en klank. Hierna het die regisseur teruggegaan Italië toe en weer sy ou temas in prente gebruik, met wisselende resensies en loketontvangs. In 1996 het hy *Stealing Beauty* gemaak en in 2003 *The Dreamers*. In 2007 het hy die Goue Leeu by die Venesiese Rolprentfees ontvang vir sy lewenslange bydrae, en in 2011 die Palme d'Or by die Cannes-rolprentfees. Sy laaste prent was *Me and You* (2012). Hy wou dit eers in 3D skiet, maar het daarvan afgesien en die idee afgemaak as "vulgêr kommersieel". ### Draaiboekskrywer en akteur Bertolucci het ook verskeie draaiboeke geskryf, vir sy eie en ander regisseurs se flieks. Sy enigste ondervinding as akteur was in *Golem – The Spirit of Exile* (1992), met Amos Gitai as regisseur. Filmografie ----------- * *La commare secca* (1962) * *Before the Revolution* (*Prima della rivoluzione*, 1964) * *La via del petrolio* (1965) * *Il canale* (1966) * *Partner* (1968) * *Amore e rabbia* (1969, segment "Agonia") * *The Conformist* (*Il conformista*, 1970) * *The Spider's Stratagem* (*Strategia del ragno*, 1970) * *La salute è malata* (1971) * *12 dicembre* (1971) * *Last Tango in Paris* (*Ultimo tango a Parigi*, 1972) * *1900* (*Novecento*, 1976) * *La Luna* (1979) * *Tragedy of a Ridiculous Man* (*La tragedia di un uomo ridicolo*, 1981) * *L'addio an Enrico Berlinguer* (1984) * *The Last Emperor* (1987) * *12 registi per 12 città* (1989, segment "Bologna") * *The Sheltering Sky* (1990) * *Little Buddha* (1993) * *Stealing Beauty* (1996) * *Besieged* (1999) * *Ten Minutes Older: The Cello* (2002, segment "Histoire d'eaux") * *The Dreamers* (2003) * *Me and You* (2012)
\n
\n
\n
\n
\n
\n
\n
26 November 2018 (op 77)
\n
\n
\n
\n
Attilio Bertolucci (1911–2000)
Ninetta Giovanardi (1912–2005)
\n
\n
Rolprentregisseur en draaiboekskrywer
\n
\n
1962–2018
\n
\n
" ], "td_tables": [], "text_length": 4799 }
**Lucius Domitius Aurelianus** was 270-275 keiser van die Romeinse Ryk. Hoewel hy net vyf jaar geregeer het, het hy 'n belangrike rol gespeel in die hereniging van die ryk en die beeindiging van wat die krisis van die derde eeu genoem word. Bronne ------ Uit sy eie tyd is ongelukkig min oor hom bekend. Aurelius Victor Eutropius en die *Historia Augusta*, wat taamlik onbetroubaar is, stam van 'n eeu later. Daarnaas is Zosimus (5de-6de eeu) en Zonaras (11de-12de) belangrike Bisantynse bronne. Soldaat ------- Aurelianus is waarskynlik 9 September 214 of 215 in Sirmium of Dacia ripensis op die Balkanskiereiland gebore. Hy was van taamlik lae afkoms, maar het in die Romeinse leër 'n loopbaan gehad. Hy word as militêre tribuun in Moguntiacum geleër by die Sesde Legio Gallicana en in 254-258 help hy in Gallië om 'n inval van die Franke te onderdruk. Hy raak bekend om sy hardheid en genadeloosheid. Sy rol onder Gallienus is duidelik nie, maar Vopiscus skryf dat Aurelianus onder Claudius omtrent 267-269 teen die Gote en Heruli optree en die opperbevel kry. Keiser ------ Die verdeelde ryk in 271 Keiser Claudius II het in September 270 van die pes gesterf en sy broer Quintillus het geprobeer om hom op te volg. Die soldate van Sirmium het in opstand gekom en pleks van hom Aurelianus as keiser uitgeroep. Aurelianus het Quintillus verslaan. Die omstandighede van Quintillus se dood is nie duidelik nie. Aurelianus het homself as Claudius se opvolger gesien. Hy het onmiddellik begin om die keiserlike mag in die chaotiese ryk te herstel. Hy onderdruk opstande van mededingers om die troon soos Septimius, Urbanus, Domitianus en Felicissimus. In Noord-Italië en naby die Donau verslaan hy die Vandale, die Juthungi en die Sarmatiers. In sy tyd het die oostelike provinsies rond Palmyra die ryk van Zenobia gevorm. In 272-273 verower hy hierdie gevaarlike mededinger. In die weste bestaan sedert 260 die Galliese ryk van Tetricus. In 274 word ook hierdie ryk opnuut by Rome ingelyf. Zenobia het dalk nog naby Rome geleef en Tetricus het corrector in Lucania geword. Herstel ------- In 274-275 het die keiser geprobeer om die vertroue in die Romeinse munt die *antoninianus* te herstel en het hy ook op godsdienstige vlak geprobeer om die eenheid van die ryk te versterk deur die godheid *Sol Invictus* tot die amtelike hoofgod van die ryk te maak. Dood ---- Aurelianus het gedink dat die Romeinse Ryk nou opnuut sterk genoeg is om met sy grootste vyand, die Sassaniediese Perse in die ooste af te reken. Hy word egter op die pad na die ooste tussen Perinthus en Bisantium deur sy eie soldate gedood. 'n Korrupte sekretaris wat angs gehad het dat die keiser hom wou bestraf, het glo vir die soldate gesê dat hulle tereggestel gaan word. Sien ook -------- * Lys van Romeinse keisers
\n
\n
\n
\n
Regeer
\n
270 -275
\n
\n
Voorganger
\n
\n
\n
Opvolger
\n
Tacitus
\n
" ], "td_tables": [], "text_length": 2809 }
**Bernardo Provenzano** (31 Januarie 1933 – 13 Julie 2016) was ’n lid van die Sisiliaanse Mafia en is daarvan verdink dat hy die baas was van die Corleonesi, ’n Mafiafaksie wat op die dorp Corleone ontstaan en ander families oorgeneem het, en dus die *capo di tutti capi* (baas van base) van die hele Sisiliaanse Mafia tot met sy inhegtenisneming in 2006. Sy byname was **Bernie die Trekker** omdat hy, in die woorde van een informant, mense "in die grond in geploeg het"; **oom Bernie**; en **Die Rekenmeester** vanweë die stil en subtiele manier waarop hy sy misdaadryk beheer het, ten minste in vergelyking met van sy gewelddadige voorgangers. Mafialoopbaan ------------- Tydens die bewind van Salvatore Riina as baas van base het Provenzano vermoedelik agter die skerm gewerk en die finansiële sy van die Mafia se bedrywighede beheer, veral heroïensmokkelary. Riina is in Januarie 1993 in hegtenis geneem en tot lewenslange tronkstraf gevonnis vir tientalle moorde, insluitende dié op die anti-Mafiamagistrate Giovanni Falcone en Paolo Borsellino wat die Maxiverhoor van Mafialede in die middel 1980's begin het. Provenzano het hom toe opgevolg as baas van base. Onder sy leierskap het die Mafia minder bloeddorstig geword en die veldtog van geweld is vervang met ’n veldtog van stilte bekend as die *Pax Mafiosa*. Hy het risiko's vermy en, in plaas daarvan om die telefoon te gebruik, sy bevele met klein handgeskrewe aantekeninge uitgedeel. Hy het baie van sy aantekeninge met Christelike seëninge afgesluit en sy optrede het al hoe godsdienstiger geraak. Hy het Bybelverse onderstreep en in sy aantekeninge gebruik. Hy het ook dikwels na God verwys en gesê "mag Hy ons help om die regte ding te doen" of "met God se wil". Inhegtenisneming ---------------- Provenzano was ’n voortvlugtige vandat hy in 1963 aan moord skuldig bevind is tot met sy arres in 2006. Hy was vir ’n rekord van 43 jaar voortvlugtig. Toe hy in hegtenis geneem is, was hy net bekend volgens foto's uit die 1950's; die laaste bekende foto is in 1959 geneem. Op 25 Januarie 2005 het die polisie ’n strooptog op verskeie huise in Sisilië uitgevoer en 46 Mafiaverdagtes in hegtenis geneem wat daarvan verdink is dat hulle Provenzano help om die owerhede te vermy. Hoewel hulle hom nie gevang het nie, het die polisie van sy handgeskrewe notas gevind, wat bewys het die 72-jarige Provenzano is steeds lewend en in beheer van die Mafia. Twee maande later is nog 80 mafiosi aangekeer, maar weer was Provenzano nie onder hulle nie. Provenzano is eindelik op 11 April 2006 naby sy huis in Corleone gearresteer. Dood ---- Hy is op 13 Julie 2016 op 83-jarige ouderdom in die hospitaal van sy tronk in Milaan dood weens komplikasies van blaaskanker.
\n
\n
\n
\n
\n
\n
\n
Zio Binnu (\"Oom Bernie\")
Il Ragioniere (\"Die Rekenmeester\")
\n
\n
\n
Verskeie moorde
Ontsnapping
\n
\n
\n
\n
\n
(verskeie lewenslange vonnisse vir verskeie moord)
\n
\n
" ], "td_tables": [], "text_length": 2738 }
**Bernette Bergenthuin** is ’n advokaat en skrywer van Afrikaanse liefdesromans. Lewe en werk ------------ Bernette Bergenthuin is op 14 Oktober gebore. Na skool studeer sy verder aan die Universiteit van Stellenbosch, waar sy in 2010 die B.Acc. en LL.B.-grade verwerf. Sy is ’n gekwalifiseerde advokaat wat in Maart 2013 tot die Pretoria Balie toegelaat word. Haar vrye tyd verwyl sy met die skryf van liefdesverhale. Sy bly in Pretoria. Skryfwerk --------- "*Lam in wolfsklere*" verower in 2012 die tweede prys in LAPA se Lekkerlit-toekenning vir beste ontspanningsleesstof. Amie is ’n prokureur in Kaapstad en gaan uit met een van die hubaarste jong mans in die stad. Wanneer sy besef dat hy haar nie gaan vra om te trou nie, gaan sy terug na haar ouers in Bloemfontein. Haar pa besluit om self vir haar ’n skoonseun te soek, terwyl sy ook by die gay paartjie Anthony en Kobus se mal planne betrokke raak. Caro is Kobus se broer en hy probeer om tot sy broer se redding te kom. "*Glansheld en die koerantprinses*" is in 2013 op die kortlys vir die toekenning van die ATKV-prys vir romanses. Die joernalis Sonja weet sy moet nie betrokke raak by glanshelde nie, veral as dit Dawid van Wijk, die nasionale swemheld met ’n reputasie is.  Sy besluit tog om hom hierdie een aand na ’n prystoekenning te vergesel. In "*Flenters vir lint*" besluit Katinka om van Christiaan Reynecke te vergeet. Daarom raak sy verloof aan Hannes Swartz, die een man teen wie Christiaan haar destyds gewaarsku het. Sy vind gou uit sy moes eerder na Christiaan geluister het. "*Stiletto’s van staal*" se hoofkarakters is die drie susters Lona, Vanessa en Sienna, dogters van ’n Italiaanse ma en Afrikaanse pa. Lona is ’n jong getroude vrou met twee klein kinders, Vanessa is ’n werkoholis wat onlangs van vakansie teruggekeer het uit Venesië, waar sy ’n onverwagte vakansieromanse gehad het waarvan sy niemand wil vertel nie; en Sienna is ’n student wat twyfel oor haar kursus en wie se liefdesverhouding tot niet is. Soos die titel aandui, is al drie gedugte vroue, wat eindelik kry wat hulle wil hê. "*Stiletto’s van staal*" is in 2014 op die kortlys vir die toekenning van die Lekkerlit-prys van LAPA Uitgewers en in 2015 op die kortlys vir die ATKV-prys vir ’n liefdesroman. CC wil in "*Als oor kop*" glad nie met skape boer soos haar pa wil hê nie. Sy wil eerder klere ontwerp, solank dit net nie ’n trourok vir haarself is nie. Haar pa benoem egter die buurman, ’n beeldhouer, as vennoot in haar erfdeel.  Publikasies ------------ | Jaar | Publikasies | | --- | --- | | 2011 | Lief vir jou | | 2012 | Lam in wolfsklere | | | Glansheld en die koerantprinses | | | Flenters vir lint | | 2014 | Als oor kop | | | Stiletto’s van staal | Bronnelys --------- ### Internet * Facebook: * Romanzalesers: * Roux, J.B. LitNet: * SA Bar: Geargiveer 29 November 2017 op Wayback Machine ### Resensies 1. ↑ Opperman, A.J. "Beeld" 10 November 2014
{ "title": "Bernette Bergenthuin", "mostly_tablelist": false, "tablelist_ratio": [ 384, 2475, 0.15515151515151515 ], "infobox": [], "td_tables": [], "text_length": 2951 }
Die **Negauhelm** verwys na een van 28 brons helms (waarvan 23 bewaar gebly het) wat terugdateer tot c. 400 v.C. en wat in 1811 in Zenjak, naby Negau, nou Negova, Slowenië ontdek is. Die helms het 'n tipies Etruskiese vorm, soms beskryf as die **Negau tipe**. Dit is ongeveer 50 v.C. begrawe, kort voor die Romeinse inval in die gebied. Op een van die helms ("Negau B") is daar 'n inskripsie in 'n Etruskiese alfabet. Die inskripsie dateer nie noodwendig van 400 v.C, maar is waarskynlik later deur die eienaar daarvan aangebring in ongeveer die 2de eeu v.C. of later. Dit word gelees as /// *harigastiteiva///ip*, Dit kan beteken "aan Harigast die god (priester?)", maar 'n ander voorstel deur Åke Ström lees dit as "Harigasti Tei V A III Il" geïnterpreteer as "eiendom van Harigast, seun van Teus, derde Illiriese hulp-afdeling", terwyl Jost Gippert dit lees: *harigastiz fefakit* "Harigast (het dit) gemaak". (Dit sou 'n interessante oplossing wees aangesien *Harigast* ooglopend Germaans is, terwyl die werkwoord Italiaans is. Aangesien die helms reeds twee eeue oud was toe die inskripsie aangebring is, is die bewering dat "Harigast dit gemaak het" óf 'n leuen óf 'n erkenning aan 'n mistiese vakman. (Harigast kon moontlik gebruik gewees het as die naam vir die god wat later bekend sou staan as Woden, kyk Lys van name van Odin). Die mees onlangse interpretasie is deur T.L. Markey (*Journal of Indo-European Studies* 2001) wat die inskripsie as 'Harigast die priester' lees, aangesien nog 'n helm met inskripsies op die terrein gevind is met verskeie name (meestal Kelties) gevolg deur godsdienstige titels. Die Germaanse naam *Harigast* word egter universeel gelees. Voorheen het sommige vakkundiges die inskripsie as 'n vroeë voorbeeld van die runiese alfabet gesien, maar dit word nou aanvaar dat dit Noord-Etruskies is en dat dit die ontwikkeling van die Runiese alfabet voorafgegaan het. *Harigast* verteenwoordig 'n attestasie van die Eerste Germaanse klankverskuiwing, waarskynlik die vroegste bewaarde voorbeeld, sowat twee eeue voor Tacitus. Die vier diskrete inskripsies op die helm wat gewoonlik "Negau A" genoem word, word deur Markey gelees as: *Dubni banuabi* 'of Dubnos die groot slagter'; *sirago turbi* 'astrale priester van die troep'; *Iars'e esvii* 'Iarsus die goddelike'; en *Kerup*, waarskynlik 'n afkorting vir 'n Keltiese naam soos Cerubogios. Helms van die Negau-tipe is destyds tipies deur priesters gedra. Dit lyk dus of dit vir seremoniële redes by die Zenjakterrein begrawe is. Nazi argeoloë was behep met die dorpie Zenjak en het dit selfs kortstondig na Harigast herdoop tydens die Tweede Wêreldoorlog. Die terrein is nooit behoorlik opgegrawe nie.
{ "title": "Negauhelm", "mostly_tablelist": false, "tablelist_ratio": [ 100, 2355, 0.04246284501061571 ], "infobox": [], "td_tables": [], "text_length": 2698 }
Neil Oliver in 2006 in Windsor Quay, Cardiff. Sy Skotse aksent en lang hare het 'n persoonlike handelsmerk geword **Neil Oliver** (\* 21 Februarie 1967 in Ayr, Skotland) is 'n Britse televisie-aanbieder, argeoloog, omgewingsbewaarder en skrywer. In 1988 het Oliver 'n graad in argeologie aan die University van Glasgow behaal. Nogtans het hy sy loopbaan as joernalis begin en was vir 'n verskeidenheid Skotse en Engelse dagblaaie werksaam, waaronder *The Scotsman*, *The Herald*, *The Guardian*, *The Edinburgh Evening News*, *The Evening Times*, *The Sun* en *The Daily Record*, waar hy algemene nuusartikels bygedra, maar ook op argeologiese onderwerpe gefokus het. Ná sy televisie-debuut in 2002 het hy bekendheid verwerf met 'n verskeidenheid dokumentêre reekse oor geskiedenis en argeologie wat deur die BBC vervaardig is, waaronder *A History of Scotland*, *Vikings* en *Coast*. In 2017 is hy as president van die *National Trust for Scotland* benoem, die grootste lidmaatskap-organisasie in Skotland met meer as 380 000 lede. Neil Oliver woon met sy vrou Trudi en drie kinders in Stirling, Skotland.
{ "title": "Neil Oliver", "mostly_tablelist": false, "tablelist_ratio": [ 85, 1009, 0.08424182358771061 ], "infobox": [], "td_tables": [], "text_length": 1112 }
Die **Aurora-nagslang** (*Lamprophis aurora*) is 'n nie-aggressiewe wurgslang wat in Suid-Afrika aangetref word. Die slang is hoofsaaklik snags aktief en kan uitgeken word aan die kenmerkende geel-oranje streep op sy rug. *Lamprophis aurora* kan tot 'n maksimum lengte van 90 cm groei, maar korter lengtes rondom 60 cm is meer algemeen. Onvolwasse slange lyk op die kousbandjie en het 'n opvallende oranjebruin kleur, wat verdonker tot olyfgroen namate hulle ouer word. Die slang word aangetref op die grond in grasvelde, beboste kusgebiede en fynbosgebiede; hulle waag dit nie in bome nie. Hulle word ook naby mense se wonings aangetref. Die slang se gewildheid as troeteldier, wat beteken dat dit in isolasie aangehou word, asook stedelike uitbreiding en boerebedrywighede vorm 'n bedreiging vir die slang. Natuurlike bedreigings sluit ander slange en roofvoëls in. Volwasse Aurora-nagslange eet hoofsaaklik klein knaagdiere, terwyl jong slange se dieet tot akkedisse beperk is. Die wyfie lê 5 tot 12 eiers vroeg in die somer. Die eiers broei in Desember tot Januarie uit en die kleintjies het 'n gemiddelde lengte van 20 cm. Sien ook -------- * Alfabetiese lys van slange Bronnelys --------- * *Slange* (1986), deur Rod Patterson. Eerste uitgawe. Struik uitgewers: Kaapstad. ISBN 0869772880 * *Slange en Slangbyte in Suid-Afrika**[dooie skakel]* (1999), deur Johan Marais, Helena Reid en Jan Moodie. Struik uitgewers: Kaapstad. ISBN 1868724743, 9781868724741 * *Lamprophis aurora Geargiveer 18 Oktober 2009 op Wayback Machine* by die webwerf van *Reptilia Denmark* Geargiveer 14 Februarie 2009 op Wayback Machine. | | | | --- | --- | | Taksondatabasisse | * Wd: Q2704934 * ADW: Lamprophis\_aurora * GBIF: 2455875 * iNaturalist: 29764 * ITIS: 1081913 * IUCN: 174096 * NCBI: 932702 |
\n
\n
\n
\n
\n
\n
Koninkryk:
\n
\n
\n
Filum:
\n
\n
\n
Klas:
\n
\n
\n
Orde:
\n
\n
\n
Familie:
\n
\n
\n
Genus:
\n
\n
\n
Spesie:
\n
\n
\n
\n
" ], "td_tables": [], "text_length": 1801 }
**Abu'l Muzaffar Muhi-ud-Din Muhammad** (3 November 1618 – 3 Maart 1707), of net **Aurangzeb** (Persies/Urdu: اورنگزیب) was Mogolkeiser van Indië van 1658 tot 1707. Vroeë lewe ---------- Aurangzeb is op 3 November 1618 in Dahod, Gujarat gebore. Hy was die derde seun van Shah Jahan, wat agt jaar voor sy dood aftree vanweë 'n ongeneeslike siekte. Sy oudste broer Dara Shikoh word regent maar hy en sy broer Murad, die jongste en Shuja, die tweede seun eis ook die troon op. Alle vier is hulle seuns van Mumtaz Mahal. Sy vader word beter maar word deur Aurangzeb in die tronk gesit. Murad word gevang en tereggestel. Shuja vlug na die ooste verby Bengale. Dara, wat baie populêr is, gaan na Lahore, maar Aurangzeb agtervolg hom met 'n groot leër. Dara probeer na Kandahar te vlug, maar word deur die vors van Jun verraai. Hy word na Delhi gesleep en daar beskuldig van afvalligheid. Het hy nie beweer dat Hindoes ook monoteïste is nie? Hy word veroordeel en tereggestel. Aurangzeb probeer Dara se aanhangers gunstiger te stem deur sy eie seun Akbar te laat trou met Dara se dogter, maar die meisie en ook sy pa Jahan weier dit. In 1666 sterf Shah Jahan 74 jaar oud en word by sy geliefde vrou Mumtaz in die Taj Mahal begrawe. Aurangzeb is in trane, maar daar is gerugte oor vergiftiging. Regentskap ---------- ### Vestiging van Islamitiese reg Aurangzeb is 'n vroom Sonnitiese Moslem en sy beleid teenoor ander geloviges verskil baie van sy voorgangers s'n. Sy lewesdoel is die Mogolryk in 'n Darul-Islam te verander: 'n Soenni-Islamitiese ryk. Hy verklaar homself die *Alamgir*, die wêreldveroweraar. Aurangzeb probeer om sy strenge lewestyl aan sy volk op te lê. Musiek, dans en sang word verbied. Self kopieer hy die Koran eiehandig en stuur dit as 'n geskenk na Mekka. Die jizya, 'n belasting vir nie-Moslems wat Akbar meer as 'n eeu eerder afgeskaf het, word opnuut ingevoer. Ook die Sikhs word getref deur hierdie intolerante beleid. In 1664 word Guru Tegh Bahadur die 9de Guru van die Sikhs. Hy reis deur die hele ryk en Sikh-tempels (Gurudwaras) word op verskeie plekke opgerig. Aurangzeb beveel in 1669 dat die tempels verwoes moet word. In Mei 1675 sê 'n groep Brahmins in die Kasjmirvallei vir die Guru dat ook hulle geloof deur die Mogolgoewerneur onderdruk word. Hy besluit om na Delhi te gaan en te protesteer. In Delhi word van hom gevra 'n wonder te verrig om te bewys hoe dig hy by God staan. Hy weier dit en hy kry te hoor dat hy tot Islam moet bekeer indien hy wil oorleef. Drie van sy vriende word voor sy oë gedood. Hy weier hom te bekeer en op 11 November 1675 word hy onthoof. Dit verstoor die goeie verhoudings wat bestaan het tussen Sikhs en die Mogols. ### Tempelbeleid Hindoetempels word tydens Aurangzeb se bewind verwoes, maar baie tempels is ook deur hom opgerig. Die Hindoes is eers verbaas oor sy optrede en reageer taamlik passief, maar sy maatreëls word sterker en sterker. * In 1659 verklaar hy dat die bou van nuwe tempels teen Islam is en hy verbied dit * In 1664 verbied hy enige herstel van ou tempels * In 1667 word handelsgoed belas met 5%, uitgesonderd die Moslemhandelare * In 1668 word al die Hindoefeeste verbied in die ryk * In 1669 kry die goewerneurs van al die provinsies opdrag Hindoeskole en -tempels te verwoes en Hindoe-onderrig onmoontlik te maak. Die prominente tempels van Somnath (Gujarat), Vishwanath (Banares) en Keshava Deva (Benares) en 66 tempels in Ambar (Jaipur) word verwoes. Die koeie word geslag en die godebeelde vertrap in die strate. Volgens Ram Puniyani was Aurangzeb nie altyd 'n fanatiese anti-Hindoe nie, hy het sy beleid verander, afhangende van die behoeftes van die situasie. Hy het die bou van nuwe tempels verbied, maar het die herstel en instandhouding van bestaande tempels toegelaat. Hy het ook genotvolle skenkings van *jagirs* aan verskeie tempels gemaak om die simpatie van sy Hindoeburgers te wen. Daar is verskeie *firmans* (bestellings) in sy naam, wat die befondsing van verskeie tempels en gurudwaras ondersteun, waaronder die Mahakaleshwar-tempel van Ujjain, die Balaji-tempel van Chitrakoot, die Umananda-tempel van Guwahati en die Shatrunjaya-djaintempels. ### Uitbreiding van die ryk Die Mogolryk onder Aurangzeb ca. 1700 Die keiser brei sy ryk uit deur verowerings in 'Klein Tibet' in die noorde van Kasjmir, in Chittagong oostelik van Dhaka en in die suide word die Islamitiese koninkryke Golconda en Bijapur verower. Die ryk bereik sy grootste omvang onder Aurangzeb. ### Opstande Daar is opstande, selfs in gebiede die 'n eeu of meer rustig gewees het, soos Rajasthan. In die suide stig Shivaji die Maratha-ryk in die hedendaagse Maharashtra. Sy seun Sambhaji word in 1689 gedood maar Maratha word nie onderwerp nie. Ook in die Deccan is daar probleme. Die keiser moet daar teen sy eie seun Akbar oorlog voer. Sy seun Akbar word gevra om die Mogolryk te red van die intolerante beleid van sy vader en terug te keer na die tolerante beleid van sy voorgangers. Die Rajputs wat die beste troepe van Indië lewer en wat nie meer vir sy vader wil dien nie, dien nou vir sy seun. Hy kry 'n leër van 70 000 van die beste mans en probeer sy vader se troon te verower. Aurangzeb skryf egter 'n valse brief wat hy in hande laat val van die Rajputs en hulle dink dat hulle Akbar nie kan vertrou nie en verlaat hom. Die waarheid kom uit, maar Akbar slaag nie die troon te verower nie. Uiteindelik moet hy vlug na Persië. Die Sikhs het 'n nuwe leier, Guru Gobind Singh, wat dié gemeenskap baie militanter sou maak. Hy bou 'n fort in Paunta by die Jamuna en verdedig dit suksesvol in 1688. Die ryk is nou aan die wankel. Die militêre aksies het baie geld gekos en daar is groot onrus. Punjab is in opstand. Aurangzeb probeer driemaal om Gobind Singh te onderwerp maar het geen sukses nie. Die konflik duur tot Aurangzeb in 1705 probeer om tot vrede te kom. Gobind Singh se antwoord staan bekend as die *Zafarnama* die oorwinningsbrief. Hy beskuldig die ou keiser van verraad, maar is bereid om hom te ontmoet. Op die pad na Aurangabad waar die keiser bly hoor hy dat Aurangzeb - 88 jaar oud - dood is. Hy word opgevolg deur sy seun Bahadur Shah, maar die ryk sal tussen 1707 en 1757 uiteenval.
\n
\n
\n
\n
Dinastie
\n
Timoeriede
\n
\n
Bewind
\n
\n
\n
Kroning
\n
\n
\n
\n
Abul Muzaffar Muhi-ud-Din Mohammad Aurangzeb
\n
\n
Gebore
\n
\n
\n
\n
\n
\n
Gesterf
\n
20 Februarie 1707 (op 98)
\n
\n
\n
\n
\n
\n
Graf van Aurangzeb, Khuldabad, Aurangabad Maharashtra
\n
\n
Voorganger
\n
\n
\n
Opvolger
\n
\n
\n
Gade
\n
Dilras Banu Begum
\n
\n
Gade
\n
Nawab Bai
Aurangabadi Mahal
\n
\n
Kinders
\n
Zeb-un-Nissa
Muhammad Sultan
Zinat-un-Nissa
Muhammad Azam Shah
Mehr-un-Nissa
Sultan Muhammad Akbar
Bahadur Shah I
Badr-un-Nissa
Zubdat-un-Nissa
Muhammad Kam Bakhsh
\n
\n
Vader
\n
Sjah Jahan
\n
\n
Moeder
\n
Mumtaz Mahal
\n
" ], "td_tables": [], "text_length": 6202 }
*Wrak van die Birkenhead* deur Thomas M Hemy Sover bekend die enigste foto van die skip. Gedenkplaat wat die sink van die *Birkenhead* gedenk. Die Danger Point-vuurtoring naby Gansbaai. Die **HMS *Birkenhead*** was 'n Britse troepeskip wat op 26 Februarie 1852 by *Danger Point* naby Gansbaai in Suid-Afrika met die verlies van baie lewens vergaan het. Die skip het bekendheid verwerf vir die tradisie van "*vroue en kinders eerste*". Statistiek van die HMS *Birkenhead* ----------------------------------- Die skip was 'n troepedraer van 1 900 ton en een van die eerste Britse skepe wat met 'n staalromp toegerus was. Die skip was ook 'n wielstoomboot wat seile gedra het. Agtergrond ---------- Die skip het op 25 Februarie 1852 uit Simonstad vertrek met 476 Britse soldate, 7 vroue, 13 kinders en 'n aantal perde aan boord. Die bestemming was die Oos-Kaap waar die soldate by die garnisoene daar sou aansluit aangesien die Agtste Grensoorlog gewoed het. Die kaptein van die skip was Robert Salmond. Die ramp -------- Die skip het 'n blinde rots ongeveer 1 km van Danger Point getref en die metaalromp het oopgeskeur. Ongeveer 100 soldate het verdrink terwyl hulle geslaap het in hulle banke op die onderste dek. Die oorblywende soldate is op die dek bymekaar geroep. In 'n desperate poging om die skip te red het kaptein Salmond beveel dat die masjien in trurat gegooi word. Dit was 'n noodlottige besluit omrede die metaalromp van die skip nog verder oopgeruk is. Van die agt reddingsbote kon slegs drie te water gelaat word. Die vroue en kinders is in die bote gehelp met soveel mans as wat die bote kon vat. Toe is die bevel "*Elke man vir homself. Almal wat kan swem, spring oorboord en swem na die bote*" gegee. Die bevelvoerder van die troepe, lt-kol Alexander Seton, het sy swaard getrek en die manskappe beveel om nie oorboord te spring nie omdat hulle dan die reddingsbote sou verswelg. Die bote het op daardie stadium gesukkel om van die HMS *Birkenhead* af weg te kom. Die manskappe het die bevel gehoorsaam, selfs toe die skip in twee gebreek en die hoofmas en skoorsteen op die dek geval het. Binne 20 minute het die skip gesink. Een reddingsboot het die kus by Hawston bereik. Die ander twee reddingsbote is opgepik deur 'n skoener wat onmiddellik na die ramp vertrek het. So is nog 50 man gered. Die skoener het uiteindelik Simonstad met 166 oorlewendes bereik. Nog 68 man en 8 perde het dit op eie stoom na die kus gemaak. Die res is nooit weer gesien nie, onder andere lt-kol. Seton en kaptein Salmond. Goud aan boord die HMS *Birkenhead* ----------------------------------- Verskeie pogings is aangewend om goud ter waarde van £300 000 wat na bewering aan boord was te herwin. Niemand het egter ooit enige vondse gerapporteer nie. Salmonsdam-natuurreservaat -------------------------- Die Salmonsdam-natuurreservaat naby Stanford is na kaptein Salmond vernoem. Sien ook -------- * Grootste rampe in Suid-Afrika Bibliografie ------------ * Chesler, Muriel: The wreck of the "Birkenhead". In: Lantern. Tydskrif vir Kennis en Kultuur. Jaargang 16, nr. 2, Desember 1966
{ "title": "HMS Birkenhead", "mostly_tablelist": false, "tablelist_ratio": [ 376, 2674, 0.1406133133881825 ], "infobox": [], "td_tables": [], "text_length": 3102 }
**Eleftherios Theocharis**, ook bekend as "H808BEATS", is 'n Griekse musikant. Hy is op 3 Januarie 1997 in Athene gebore waar hy grootgeword het. Van kleins af was hy lief vir en was hy betrokke by musiek. Hy het op die ouderdom van net 16 hoofsaaklik vir die buiteland begin komponeer, terwyl hy op die ouderdom van 19 die professionele wêreld betree. Werk ---- Sy bron van inspirasie het gekom van buitelandse vervaardigers en komponiste soos lex luger en deedotwill, terwyl die 808 Mafia ook 'n sleutelrol gespeel het in die besluit om 'n loopbaan te volg, sowel as sy naam. Sy eerste treë het begin toe hy in 2016 besluit het om sy eerste maatslag getiteld ″die eerste een″ te probeer maak. Terwyl hy amper 'n jaar later 'n YouTube-kanaal geskep het, het samewerking met ander vervaardigers hul loop geneem. Sy eerste album ″the Undefined Collection τηκε is in Augustus 2017 vrygestel en drie jaar later in Maart 2020 het hy sy tweede album vrygestel, getitel ″The Dark Chronicles Of H808Beats″. Maar sy ontwikkeling het nie daar gestop nie, dieselfde jaar gee hy tydens 'n onderhoud met 'n Amerikaanse blog sy eie perspektief op musiek en hoe dit hom laat voel as 'n suksesvolle musiekvervaardiger in 2020 (geheime van vervaardigers regoor die wêreld). Hy sê spesifiek dat "Musiek subjektief is en dat elkeen 'n verskillende smaak het, maar na my mening word trapslae gekenmerk deur swaar 808 bas, vinnige hi-hat-rolle en snare-rolle met 'n soort herhalende melodie, om ruimte te laat vir die kunstenaar vir die lirieke!" Die oomblik van sukses het aangebreek toe hy die maatslag vrygestel het getitel ″Heavy Hard 808 Bass Trap Beat Instrumental | Future Type Beat 2019″ en sedertdien was daar baie ondersteuners wat vir sy stukke vir samewerking gevra het. Die meeste van hulle het op soundcloud bekendheid verwerf, soos ″camoVee - Im A Rap Lord″, ″CamoVee - No Enemies″, ″prevail″ en vele meer. Deur sy slae wil die vervaardiger verklaar dat die probleme op hierdie gebied baie is en die mededinging groot is. "Om hoog te kan gaan, moet jy doelwitte en selfvertroue hê, selfs in oomblikke wanneer niemand anders dit sal hê nie. Maar wanneer die tyd aanbreek om te geniet, dan is die regverdiging van die moegheid die enigste manier. Ek het al baie sulke oomblikke beleef maar ek is bly dat ek nooit moed opgegee het nie. "My bron van inspirasie is alles wat ek ervaar het en my musiek maak my wie ek vandag is." Diskografie ----------- | ALBUM | JAAR | | | --- | --- | --- | | The Undefined Collection | 2017 | | | The Dark Chronicles Of H808BEATS | 2020 | | Bronne ------
Hip Hop
" ], "td_tables": [], "text_length": 2613 }
**Lúcio Marçal Ferreira Ribeiro Lima Costa** (\* 27 Februarie 1902 in Toulon, Frankryk; † 13 Junie 1998 in Rio de Janeiro) was 'n Brasiliaanse argitek, stadsbeplanner en professor. Costa word as een van die pioniers van moderne argitektuur in Brasilië beskou en het internasionale bekendheid met sy ontwerp vir die nuwe hoofstad Brasília, die *Plano Piloto*, verwerf. Lewe en werk ------------ ### Opleiding en vroeë ontwerpe Noordfasade van die *Edifício Gustavo Capanema* Aangesien sy vader, admiraal Joaquim Ribeiro da Costa, lid van die diplomatieke diens van Brasilië was, is Lucio Costa in Europa grootgemaak en het by die *Royal Grammar School* in Newcastle (Verenigde Koninkryk) en die *Collège National* in Montreux (Switserland) skool gegaan. In 1917 het hy na Brasilië teruggekeer en hier enkele jaar later 'n akademiese opleiding in argitektuur by die *Escola Nacional de Belas Artes* (Nasionale Skool van Skone Kunste) in Rio de Janeiro gevolg. Hierdie skool het destyds nog die klemtoon op onderwys in die Neoklassieke styl gelê. In 1924 het Costa sy graad in argitektuur behaal. In sy eerste beroepsjare as argitek het Costa hoofsaaklik geboue in die Neoklassieke styl ontwerp, maar hierdie tradisie uiteindelik gebreek om ook invloede van die Frans-Switserse argitek Le Corbusier in sy ontwerpe te verwerk en met tradisionele elemente van die Brasiliaanse boukuns te vermeng. Sy vennoot in hierdie periode was die Oekraïens-gebore argitek Gregori Warchavchik wat as die skepper van die eerste Brasiliaanse woongebou in die moderne styl beskou word. In 1930 is Costa as hoof van die Nasionale Skool van Skone Kunste benoem met die opdrag om die onderwys in beeldende kunste te vernuwe en 'n kursus in moderne argitektuur in te stel. Die veranderings, wat deur Costa ingevoer is, het ook uitwerkings op die struktuur en gees van die skool se jaarlikse tentoonstelling van argitektuur gehad - naas oudgediende deelnemers het vir die eerste keer ook verteenwoordigers van nuwe stromings, wat hoofsaaklik uit São Paulo gekom het, hul ontwerpe vertoon. Die 38ste *Exposição Geral* ("Algemene tentoonstelling"), wat in 1931 gehou is, is dan ook die *Salão revolucionário* of "Rewolusionêre tentoonstelling" genoem. Een van die jong studente, wat die vernieude argitektuur-kursus aan die skool gevolg het, was Oscar Niemeyer. Costa was daarvan bewus dat Le Corbusier en sy nuwe generasie van argitekte uiters belangrik vir die kulturele veranderings in Brasilië sou wees en het hom sodoende in 1936 oorreed om aan 'n reeks konferensies deel te neem. Tydens sy besoek aan die land het Le Corbusier ook saamgewerk om 'n kantoorgebou vir die nuutgeskepte Departement van Onderwys en Openbare Gesondheid te ontwerp. Die moderne boustyl van die projek was in ooreenstemming met die beleid van die diktatoriese Vargas-regering om 'n moderne en vooruitstrewende voorkoms aan die land te gee. Alhoewel Costa uitgenooi is om die projek alleen op die been te bring, het hy liewer besluit om die nuwe gebou saam met 'n span te ontwerp wat naas sy oud-skolier Oscar Niemeyer ook sy vennote Carlos Leão, Ernani Vasconcellos, Jorge Moreira en Affonso Eduardo Reidy ingesluit het. Costa sy leidende rol in die moderne Brasiliaanse boukuns het in 1939 uit sy ontwerp vir die Brasiliaanse pawiljoen op die New Yorkse Wêreldtentoonstelling geblyk, 'n projek wat hy saam met Oscar Niemeyer en Paul Lester behartig het. Ander bekende projekte was die woonkwartier Parque Guinle in Rio de Janeiro (1948) en die Hotel do Park São Clemente in Nova Friburgo. ### 'n Nuwe hoofstad Die oorspronklike plan of *Plano Piloto* van Brasília Sy mees befaamde projek was die ontwerp vir 'n nuwe hoofstad. In 1957 is 'n kompetisie vir die bouplan uitgeskryf, en Costa het sy idee vir 'n voorontwerp ingedien wat in stryd met sommige riglyne was. Costa is nogtans byna eenstemmig as wenner aangewys, ondanks kritiek van sy mededingers. Costa het sy ontwerp *Plano Piloto* genoem - 'n verwysing na die plattegrond vir die nuwe hoofstad wat gelyk het soos 'n vliegtuig. Met hierdie ontwerp het Costa en Niemeyer argitekte van wêreldfaam geword. Terwyl Niemeyer die gedetailleerde bouplanne vir talle geboue ontwerp het, het ook Costa daarop gelet dat hy 'n sê oor klein besonderhede soos die uniforms van busbestuurders kon hê (wat volgens hom donkergrys moes wees). Dit was sodoende onvermydelik dat meningsverskille by die twee argitekte opgeduik het, maar die projek is nogtans binne 'n relatief kort tydperk voltooi en in 1960 deur die destydse staatspresident Juscelino Kubitschek ingewy. In 1962 is die universiteit en katedraal van Brasília voltooi. Die moderne argitektuur van Brasília is deur latere byvoegings soos die televisietoring (1967), die stadspark (1978) en die Sentrale Bank van Brasilië (1981) aangevul. In 1987 is Brasília deur Unesco as wêrelderfenisgebied aangewys. 'n Moltreinstelsel, wat veral op pendelaars uit die voorstede gemik is, is in 2001 ingewy. Ná die hoofstadprojek is Costa uitgenooi om by verskillende stadsbeplanningsprojekte in Brasilië en die buiteland betrokke te raak. In 1998 is Costa in Rio de Janeiro oorlede waar hy ook die grootste deel van sy lewe gewoon het. Hy word oorleef deur twee dogters, die argitek Maria Elisa Costa, en Helena.
13 Junie 1998 (op 96)
Joaquim Ribeiro da Costa
Alina Ferreira da Costa
" ], "td_tables": [], "text_length": 5289 }
Kanadese soldate kom aan wal te Bernières-sur-Mer **Juno strand** was een van die vyf strande wat die Geallieerdes gebruik het op D-dag tydens Operasie Overlord tydens die Tweede Wêreldoorlog op 6 Junie 1944. Dit is die tweede oostelike van die vyf strande. Kanadese troepe het hier geland. Daar was beplan dat die eerste landingsbote om 7:35 op die strand sou wees maar weens onstuimige see is die landing met 30 minute vertraag. Die nadeel van die stap was dat landmyne en ander myne toe onder die water was toe die troepe geland het en 90 van die 306 landingskepe is vernietig, die meeste as gevolg van Duitse Teller myne. Teen 10:00 het die Kanadese magte die strand beheer en die binneland begin inbeweeg. Teen 12:00 het die hele Kanadese 3de Divisie aan wal gegaan. Teen die einde van D-dag het 21,400 troepe en 3 200 voertuie hier aan land gegaan. Ongevalle was slegs 335 vir die dag, baie minder as wat verwag was. Die eerste golf troepe aan wal het die meeste gely, een uit negentien het gesneuwel. Die ander vier strande is *Sword*, *Gold*, *Omaha* en *Utah*. Bron ---- * D-DAY: 24 Hours That Saved the World. By the Editors of TIME. 2004. ISBN 1-932273-22-0
{ "title": "Juno-strand", "mostly_tablelist": false, "tablelist_ratio": [ 72, 948, 0.0759493670886076 ], "infobox": [], "td_tables": [], "text_length": 1175 }
*Lucretia*, deur Lucas Cranach die ouere. **Lucretia** (oorlede c. 510 v.C.) was ’n antieke Romeinse vrou wie se lot ’n belangrike rol gespeel het in die oorgang van die Romeinse Koninkryk in die Romeinse Republiek. Hoewel daar nie bronne uit dié tyd bestaan nie, stem die historici Livius en Dionysius van Halicarnassus uit die tyd van keiser Caesar Augustus (23 September 63 v.C tot 19 Augustus 14 n.C.) saam dat daar wel so ’n vrou was en dat haar selfmoord ná haar verkragting deur die seun van ’n Etruskiese koning die onmiddellike oorsaak was van die anti-monargistiese rebellie waarmee die monargie omvergewerp is. Die voorval het die ontevredenheid oor die tirannieke metodes van die laaste koning van Rome, Lucius Tarquinius Superbus, laat opvlam. As gevolg daarvan het die vooraanstaande families ’n republiek ingestel en die uitgebreide koninklike familie uit Rome verdryf. Hulle het ook die republiek suksesvol verdedig teen pogings van die Etruskers en Latyne om in te meng. Vanweë die groot impak het die verkragting self ’n belangrike tema in Europese kuns en letterkunde geword. Een van die eerste twee konsuls van die republiek was Lucius Tarquinius Collatinus, Lucretia se man. Die talle weergawes oor die stigting van die republiek noem almal die verhaal van Lucretia, hoewel die besonderhede verskil. Die meeste historici beskou dit nie as ’n mite nie, want daar is bewyse dat ’n vrou soos Lucretia bestaan het en dat dit ’n belangrike rol gespeel het in die val van die monargie. Van die besonderhede verskil egter van skrywer tot skrywers en is debatteerbaar.
{ "title": "Lucretia", "mostly_tablelist": false, "tablelist_ratio": [ 147, 1489, 0.0987239758226998 ], "infobox": [], "td_tables": [], "text_length": 1595 }
| | | --- | | **Camembert** | | Camembert | | Herkoms | Normandië | | Vetgehalte | 35-52 % | | Vorm | Silindries, deursnee 10-11 cm | | Hoogte | 3 cm | | Gewig | 250 g | | Tipe | Sagtekaas | | Oorsprong | Koeimelk | Die **Camembert** (wat in Normandië soms ook *fermier* genoem word) is een van die gewildste kaassoorte in Frankryk. Marie Harel van die Normandiese dorpie Camembert het hierdie kaas vir die eerste keer in 1791 vervaardig. Hoewel fynproewers hom nie noodsaaklik as die beste van die Normandiese kaassoorte beskou nie, is hy die eerste streekkaas wat rondom 1870 in groot hoeveelhede in kaasmakerye vervaardig en na die markte van Parys vervoer is. Een van sy voordele is dat hy baie min melk nodig het en in 'n taamlik kort tyd plaaslik verfyn kan word. Teen die einde van die 19de eeu word die Camembert in sy huidige vorm – en in klein houtdose verpak – aangebied. Daar is talle namaaksels van die beroemde kaas wat egter nie met sy smaak kan meeding nie. Die Musée du Camembert in die Franse stad Vimoutiers vertoon 'n versameling van hierdie nagemaakte Camemberts. Die huidige outentieke soorte Camembert is die * Camembert de Normandie (sedert 1986 'n kaas van oorsprong, Appellation d'origine contrôlée (AOC)) * Camembert fermier ('n kaas wat volgens die Normandiese metode in die Île-de-France vervaardig word) * Camembert au Calvados van Normandië wat met vrugte verfyn word * Camembert de Madame Clément van Québec, Kanada Smaak ----- Die Normandiese Camembert het aanvanklik 'n effense suur smaak. 'n Ryp Camembert word vrugtig en smaak 'n bietjie na sampioene. In Frankryk word die Camembert veral met wit- of volkoringbrood bedien.
{ "title": "Camembert", "mostly_tablelist": false, "tablelist_ratio": [ 480, 1427, 0.33637000700770847 ], "infobox": [], "td_tables": [], "text_length": 1673 }
**Cambridge** [ˈkeɪmbɹɪdʒ] is 'n stad in die Middlesex-distrik van die deelstaat Massachusetts, Verenigde State. Die stad is in die metropolitaanse gebied van Groter Boston geleë en ter ere van die Universiteit van Cambridge in Engeland – die *alma mater* van die stadstigters – vernoem. Vandag is Cambridge veral bekend vir sy befaamde universiteite en kolleges, die Harvard-universiteit, *Radcliffe College* en die *Massachusetts Institute of Technology* (MIT). Cambridge het 'n oppervlakte van 18,47 vierkante kilometer, terwyl sy bevolking in 2007 101 388 beloop het. Dit maak van Cambridge die vyfde grootste stedelike nedersetting in die deelstaat. Sy inwoners word *Cantabrigians* genoem. Cambridge is naas Lowell een van die administratiewe setels van die distrik Middlesex. Cambridge was die setel van die eerste kollege in Noord-Amerika (Harvard) en ook die eerste stad waar 'n drukpers in bedryf gestel is – twee gebeurtenisse waaraan die stad sy reputasie as intellektuele sentrum te danke het.
\n
\n
\n
\n
Ligging in Middlesex County, Mass.
Ligging in Middlesex County, Mass.\n
\n
Ligging van Massachusetts in die VSA\n
\n
Land\n
Staat\n
Distrik\n\t\t
Stigting
Inkorporasie
\n
1631
1636
\n
\n
Robert W. Healy
\n
\n
\n
\n
\n
\n
\n
\n
\n
Areakode(s)
\n
617, 857
\n
\n
\n
" ], "td_tables": [], "text_length": 1013 }
Die ***Hamburg-Amerikanische Packetfahrt-Actien-Gesellschaft*** (***HAPAG***, dikwels ook *Hamburg-Amerika Linie* of kort *Hapag* genoem) was die eerste aandele-redery in Hamburg, Duitsland wat op 27 Mei 1847 gestig is. Die *Imperator*, wat in 1913 in Hamburg te water gelaat is, het sy naam aan 'n hele klas reuseplesierbote gegee - die Imperator-klas Die destydse 33 aandeelhouers het Adolph Godeffroy, 'n Hamburgse reder, as besturende direkteur aangewys. *HAPAG* se doelwit was om 'n gereelde verbinding tussen Hamburg en Noord-Amerika met seilskepe onder die Hamburgse vlag aan te bied. Vanaf 1856 is stoomskepe op die Noord-Atlantiese roete gebruik. *HAPAG* het hom van die begin af op die winsgewende vervoer van emigrante na Noord-Amerika toegespits, en danksy die massaemigrasie van honderdduisende Europeërs het *HAPAG* tot die wêreld se grootste redery gegroei. Sy netwerk het hawens dwarsoor die wêreld omspan. Aanvanklik was Bremen die belangrikste Duitse seehawe vir emigranteskepe. Hamburg het die verskeping van emigrante vanaf 1847 bevorder, en reeds dertien jaar later het dit volgens passasiersgetalle by Bremen verbygesteek. 'n Gemiddeld van 25 000 emigrante het jaarliks hul seereis na Noord-Amerika in die Hamburgse hawe begin. Ná 123 jaar as selfstandige redery het *HAPAG* op 1 September 1970 met die Bremense *Norddeutscher Lloyd* saamgesmelt om die nuwe aandelemaatskappy *Hapag-Lloyd AG* te vorm.
HAPAG
\n
\n
\n
Vroeëre aandelemaatskappy
\n
\n
\n
\n
\n
Adolph Godeffroy (besturende direkteur, 1847-1880)
Vervoer van emigrante op die Noord-Atlantiese roete, vragvervoer
Skeepvaartlyne
Mein Feld ist die Welt!
\n
" ], "td_tables": [], "text_length": 1432 }
Cameron van der Burgh in 2012 **Cameron van der Burgh** OIS (gebore 25 Mei 1988, Pretoria) is ’n Suid-Afrikaanse swemmer. Hy neem sedert 2007 internasionaal aan swemkompetisies deel en het Suid-Afrika tydens die Olimpiese Spele van 2008, 2012 en 2016 verteenwoordig. Van der Burgh is in Pretoria gebaseer en word deur Dirk Lange afgerig. Hy is ’n student in B.Comm Regte aan die Universiteit van Pretoria. Toekennings ----------- Hy is in 2009, 2010 en 2011 deur *Swimming World Magazine* as die "Afrikaswemmer van die Jaar" aangewys. Rekords ------- Van der Burgh bekom sy eerste langbaan-rekord (29;79) in April 2009 met die 50 m-borsslag in die halfeindstryd van die Suid-Afrikaanse Nasionale Kampioenskappe. Hiermee sny hy Oleg Lisogor se wêreldrekord van 2002 met 0.12 sekondes. Hy wen sy eerste wêreldtitel in dieselfde jaar tydens die kampioenskappe in Rome, ook in die 50 m borsslag. In 2010 wen hy die 50m-borsslag tydens Statebondspele met 'n tyd van 27.18 sekondes. Hiermee stel hy 'n nuwe Statebond-rekord op. Hy wen ook die 100m-wêreldtitel tydens die Kortbaan Wêreldkampioenskappe. Tydens die Olimpiese Somerspele 2012 in Londen wen hy ’n gouemedalje in die 100 m-borsslag vir mans. Hiermee stel hy ’n nuwe wêreldrekord op met ’n tyd van 58.46 sekondes. Na sy oorwinning betoon hy eer aan die ontslape wêreldkampioen Alexander Dale Oen. Dit was ook Suid-Afrika se eerste medalje vir dié Spele. Tydens die Olimpiese Somerspele 2016 in Rio de Janeiro wen hy ’n silwermedalje in die 100 m-borsslag vir mans. Bronne ------ * Swemmer Cameron van der Burgh kondig uittrede aan. *Maroela Media* (12 Desember 2018). URL besoek op 12 Desember 2018.
{ "title": "Cameron van der Burgh", "mostly_tablelist": false, "tablelist_ratio": [ 763, 2062, 0.3700290979631426 ], "infobox": [], "td_tables": [], "text_length": 1676 }
**3G** is die derde-generasie van sellulêre draadlose mobiele telekommunikasietegnologie. Dit is 'n opgradering tot 2.5G en 2.5G GPRS netwerke, welke 'n vinniger dataverplasings spoed bied. Dit is gebaseer op 'n stel standaarde wat gebruik word vir mobiele toestelle en vir mobiele telekommunikasiedienste en -netwerke wat voldoen aan die Internasionale Mobiele Telekommunikasie-2000 (IMT-2000) spesifikasies wat deur die Internasionale Telekommunikasie Unie uitgereik is. 3G word gebruik in draadlose stem telefoonstelsels en vir mobiele internet -toegang, vaste draadlose internettoegang, video-oproepe en mobiele TV. 3G-telekommunikasienetwerke ondersteun dienste wat 'n inligtingsoordragkoers van ten minste 144 kilogrepe per sekonde bied. Latere 3G-vrystellings, wat dikwels as 3.5G en 3.75G aangedui word, bied ook mobiele breëband toegang van verskeie megagrepe per sekonde vir slimfone en mobiele modems vir skootrekenaars. Dit verseker dat dit toegepas kan word op draadlose telefoontoestelle en vir mobiele internettoegang, vaste draadlose internettoegang, video-oproepe en mobiele TV-tegnologie. 'n Nuwe generasie van sellulêre standaarde is ongeveer elke tiende jaar sedert 1G-stelsels in 1979 en die vroeë tot middel-1980's bekendgestel. Elke generasie word gekenmerk deur nuwe frekwensiebande, hoër dataoordragtempo's en nie-terugwaarts versoenbare oordragtegnologie. Die eerste kommersiële 3G-netwerke is in 2001 bekendgestel.
{ "title": "3G", "mostly_tablelist": false, "tablelist_ratio": [ 1092, 2373, 0.46017699115044247 ], "infobox": [], "td_tables": [], "text_length": 1448 }
Kim Philby, soos uitgebeeld op 'n Sowjetposseël. Die **Cambridge-spioenasie-ring** was 'n groep spioene in die Verenigde Koninkryk wat tydens die Tweede Wêreldoorlog inligting aan die Sowjetunie verskaf het. Hulle was van die 1930's tot minstens in die vroeë 1950's aktief. Nie een van die bekende lede is ooit weens spioenasie vervolg nie. Die getal en ledetal van die groep het van die 1950's af mettertyd bekend geraak. Die algemene publiek het die eerste keer van hulle bestaan bewus geraak nadat Donald Maclean (kodenaam: Homer) en Guy Burgess (kodenaam: Hicks) in 1951 skielik na die Sowejetunie oorgeloop het. Harold "Kim" Philby (kodenaam: Sonny, Stanley) het dadelik onder verdenking gekom en het in 1963 eindelik uit die land gevlug. Nadat Philby gevlug het, het Britse intelligensie 'n skulderkenning verkry van Anthony Blunt (kodenaam: Tony, Johnson) en daarna John Cairncross (kodenaam: Liszt), wat beskou is as die laaste twee lede van die groep van vyf. Hulle betrokkenheid is jare lank geheim gehou: tot 1979 vir Blunt en 1990 vir Cairncross. Die bynaam **Cambridge-4** het in die **Cambridge-5** verander nadat Cairncross bygevoeg is. Agtergrond ---------- Die term "Cambridge" verwys na die werwing van die groep tydens hulle studie in die 1930's aan die Universiteit van Cambridge. Daar word gedebatteer oor die presiese tyd dat Sowjet-intelligensie hulle gewerf het. Blunt het beweer dit was eers nadat hulle klaar studeer het. Blunt was 'n fellow van Trinitykollege en verskeie jare ouer as Burgess, Maclean en Philby; hy het moontlike spioene uitgeken en as werwer gedien. Al vyf lede van die groep was daarvan oortuig dat die Marxisme-Leninisme van die Sowjetse kommunisme die beste beskikbare politieke stelsel is en veral die beste wapen teen die opkoms van fascisme. Almal het suksesvolle loopbane in die Britse regering gehad. Hulle het groot hoeveelhede inligting na die Sowjetunie deurgegee: in so 'n mate dat die KGB bekommerd begin raak het dat minstens 'n deel daarvan moontlik vals is. Dalk net so belangrik soos die inligting wat hulle bekend gemaak het, was die demoraliserende uitwerking wat hulle stadige ontmaskering op die Britse establishment gehad het, en die wantroue in Britse sekuriteit wat dit in die VSA veroorsaak het. Baie ander is ook al daarvan beskuldig dat hulle lede van die Cambridge-ring was, want Blunt en Burgess was albei lede van die "Cambridge-apostels", 'n eksklusiewe geheime organisasie by die Universiteit van Cambridge. Lidmaatskap ----------- Die vyf mans hier onder het intelligensie aan die Sowjetunie verskaf onder beheer van Joeri Modin, wat later na die Weste oorgeloop het. Modin het gesê Moskou het nie eintlik die Cambridge-5 in die Tweede Wêreldoorlog vertrou nie. Die KGB wou nie glo hulle het toegang tot hoogs geheime dokumente nie; hulle het veral vir Philby gewantrou en gewonder hoe hy 'n agent kon word ondanks sy kommunistiese verlede. Volgens 'n latere verslag is "sowat die helfte van die dokumente" wat die Britse spioene na Moskou gestuur het, weens die paranoia nooit gelees nie. Tog het die Sowjetunie tussen 1941 en 1945 baie geheime inligting wel aanvaar: 1 771 dokumente van Blunt, 4 605 van Burgess, 4 593 van MacLean en 5 832 van Cairncross. ### Donald Maclean en Guy Burgess Donald Maclean. Donald Maclean was 'n Britse diplomaat wat in die vroeë 1930's aan Cambridge studeer het, waar hy Guy Burgess ontmoet het. Burgess was ook 'n Britse diplomaat. Hulle is albei deur Sowjet-intelligensie gewerf as geheime agente vir die Sowjetunie. Maclean het in 1934 inligting aan die USSR begin verskaf as lid van die Britse departement van buitelandse sake. Kort daarna, in 1936, het Burgess ook aan die Sowjette inligting begin verskaf uit sy posisie as BBC-korrespondent tot in 1938, daarna as aktiewe lid van MI6-intelligensie tot in 1941, en eindelik as lid van die Britse departement van buitelandse sake tot in 1944. Bolsjaja Pirogofskaja-straat, Moskou, waar Burgess van 1956 af gewoon het. Maclean en Burgess het gou bekend geraak as die "hopelose dronkaards" vanweë die feit dat dit vir hulle moeilik was om stil te bly oor hulle geheime operasies. Eenkeer, toe Burgess hoogs dronk 'n kroeg verlaat het, het hy per ongeluk 'n geheime dokument van die departement van buitelandse sake laat val en byna sy geheime identitetit ontbloot. Maclean het vir sy familie en vriende vertel van sy geheime verpligtinge. Tog het albei voortgegaan om inligting te verskaf. Vroeg in die somer van 1951 het Burgess en Maclean internasionale koerantopskrifte gehaal omdat hulle verdwyn het. Dit het ná 'n ruk geblyk die vermoede dat hulle na die Sowjetunie oorgeloop het, is korrek. Dit het eers in 1956 algemeen bekend geraak toe die twee op 'n nuuskonferensie in Moskou verskyn. 'n Lasbrief vir hulle arres is eers in 1962 uitgereik. Philby het gou die hoofverdagte geword vanweë sy noue verbintenis met Burgess. Baie mense het gegis dat as dit nie vir Burgess was nie, Philby die suksesleer by MI6 nog veel hoër sou geklim het. Tussen 1934 en 1951 het Maclean verskeie geheime aan Moskou verskaf. Dat dit nie ontdek is nie, was hoofsaaklik weens die weiering van die geheime diens om na waarskuwings van die VSA te luister, "selfs nadat die FBI tydens die oorlog vasgestel het 'n agent met die kodenaam Homer is werksaam in die Britse ambassade in Washington", volgens 'n resensie van MacLean se biografie (in 2018) deur die skrywer Roland Philipps. In 2019 het Rusland Burgess en Maclean in 'n seremonie vereer met 'n gedenkplaat teen die gebou waar hulle in die 1950's gebly het. Hulle is ook in die sosiale media geprys vir die verskaffing "vir langer as 20 jaar" van belangrike inligting aan die Sowjetunie wat gehelp het "in die bevegting van fascisme, die beskerming van ons strategiese belange en die versekering van die veiligheid van ons land". *Stalin's Englishman: The Lives of Guy Burgess* is 'n biografie van Burgess wat beweer hy was dalk die invloedrykste van die Cambridge-5. ### Harold "Kim" Philby Harold "Kim" Philby was 'n senior amptenaar in Brittanje se geheime intelligensiediens, bekend as MI6. Hy het in 1934 'n spioen vir die Sowjetunie geword. Hy het 54 jaar lank vir die KGB gewerk en het in dié tyd meer as 900 Britse dokumente aan die KGB deurgegee. Toe Philby ondersoek word, is verskeie verdagte sake gevind, maar niks waarvoor hy vervolg kon word nie. Hy is egter gedwing om uit MI6 te bedank. In 1955 is hy in die pers genoem as hoofverdagte vir "die Derde Man", en vrae is ook in die Britse laerhuis geopper. Hy het 'n nuuskonferensie gehou om die bewerings te ontken. In dié jaar is Philby onskuldig verklaar nadat die Britse minister van buitelandse sake, Harold Macmillan, hom van alle klagte onthef het. Later in die 1950's het hy as joernalis in die Midde-Ooste begin werk vir *The Economist* en *The Observer*. MI6 het hom in min of meer dié tyd ook heraangestel om vir hulle verslae uit dié streek te stuur. In 1961 is die vinger weer na Philby gewys. Kort daarna het hy na die Sowjetunie oorgeloop. Vir die eerste sewe jaar in Moskou was Philby prakties in huisarres omdat die Sowjette bang was hy sou probeer teruggaan na die Weste. Volgens 'n artikel in *The New York Times* het hy geen rang of kantoor gehad nie. Hy is geïgnoreer. .. "en dit het sy lewe verwoes". Ná sy dood het die Sowjette hom egter met 'n paar medaljes vereer. ### Anthony Blunt Anthony Blunt was 'n opsiener van die koning en later koningin se portrette. Hy was lid van die MI5 en het, terwyl hy geheime inligting aan die Sowjetunie verskaf het, ook mede-agente gewaarsku as gevaar gedreig het. In 1964 het MI5 inligting van die Amerikaner Michael Whitney Straight ontvang dat Blunt 'n spioen is. Hulle het mekaar sowat 30 jaar tevore op Cambridge geken en Blunt het Straight as 'n spioen gewerf. Blunt is deur MI5 ondervra en het skuld beken op voorwaarde van immuniteit teen vervolging. Hy het teen dié tyd geen toegang tot geheime inligting gehad nie en immuniteit is dus aan hom toegeken. Teen 1979 is Blunt in die openbaar daarvan beskuldig dat hy 'n Sowjetagent is, in die boek *Climate of Treason* deur die ondersoekende joernalis Andrew Boyle. In November 1979 het premier Margaret Thatcher aan die Britse Laerhuis erken dat Blunt 15 jaar voorheen erken het hy was 'n Sowjetspioen. Blunt het sy memoires geskryf, maar bepaal dit mag eers 25 jaar ná sy dood gepubliseer word. Die Britse Museum het dit in 2009 bekend gemaak. Volgens die manuskrip was hy jammer dat hy inligting aan die Sowjette verskaf het oor die manier waarop dit sy lewe beïnvloed het. Hy het ook geglo die Britse regering sal nooit sy verraad onthul nie en het gedink selfmoord is "lafhartig". Die historikus Christopher Andrew voel Blunt se spyt is maar effentjies en hy sien 'n "onwilligheid om die euwel te erken wat hy gepleeg het deur vir Stalin te spioeneer". ### John Cairncross John Cairncross was bekend as 'n geleerde in letterkunde. Terwyl hy 'n staatsdiensamptenaar in die Britse departement van buitelandse sake was, is hy in 1937 deur James Klugmann gewerf om 'n Sowjetspioen te word. In 1940 het hy die privaat sekretaris van sir Maurice Hankey geword. In 1943 het hy by MI6 begin werk. Ná die Tweede Wêreldoorlog het Cairncross glo inligting aan die Sowjetunie uitgelek oor die nuwe organisasie Navo. Op grond van inligting van die Sowjetoorloper Anatoli Golitsin oor 'n vyfde lid van die spioenasienet is lank gegis oor wie dit kan wees. In 1964 het Cairncross in 'n vergadering van MI6 erken dat hy 'n Sowjetagent is. Dit is jare lank geheim gehou. Hy het immuniteit teen vervolging gekry. Die publiek het egter in Desember 1979 bewus geword van sy verraad toe Cairncross in die openbaar skuld aan die joernalis Barrie Penrose beken het. Die nuus is wyd gepubliseer en het gelei tot die aanname dat hy "die vyfde man" is; dit is in 1989 bevestig deur die KGB-agent Oleg Gordijefski, wat na Brittanje oorgeloop het. Sy posisie as vyfde man is ook in 1994 bevestig deur die voormalige KGB-agent Joeri Modin in sy boek *My Five Cambridge Friends: Burgess, Maclean, Philby, Blunt, and Cairncross*. Cairncross word nie altyd as een van die vyf lede van die groep beskou nie, omdat hy net Blunt geken het. Teen 1934, toe Cairncross by Cambridge aankom, het die ander lede van die groep reeds gegradueer. Cairncross het hom ook self nie as deel van die groep beskou nie en het daarop aangedring dat die inligting wat hy na Moskou gestuur het, nie skadelik vir Brittanje was nie. Volgens hom het hy lojaal aan sy vaderland gebly. Poging tot 'n toesmeerdery -------------------------- Om onbekende redes is die premier, Alec Douglas-Home, nie ingelig oor Anthony Blunt se spioenasie nie, hoewel die koningin en minister van binnelandse sake, Henry Brooke, ingelig is. Dit was eers in November 1979 dat die destydse premier, Margaret Thatcher, die parlemenet amptelik ingelig het van Blunt se verraad en die immuniteit wat 15 jaar tevore aan hom toegestaan is. 'n Artikel uit 2015 in *The Guardian* het 400 top- geheime dokumente bespreek wat by die nasionale argief uitgereik is en aangedui MI5 en MI6 het hard gewerk om te keer dat inligting oor die vyf bekend gemaak word, "aan die Britse publiek en selfs aan die Amerikaanse regering". Volgens 'n resensie uit 2016 van 'n nuwe boek oor Burgess "bly meer as 20% van die lêers oor die spioene, van wie die meeste meer as 50 jaar gelede oorgeloop het, toe". Die resensie lui "die departement van buitelandse sake, MI6 en MI5 trek almal voordeel daaruit dat dit toegesmeer word, om hulleself groot verleentheid te bespaar", en "meer geld van belastingbetalers word deur Whitehall-amptenare gebruik in die vrugtelose poging om die lêers vir ewig agter slot en grendel te hou". Kragtens die 30-jaar-reël moes die 400 dokumente jare gelede reeds bekend gemaak gewees het. Dit is veral verbasend dat 20% van die inligting nie geredigeer of uitgereik is nie. Volgens 'n nuusitem in dié tyd is dit duidelik "die hele storie van die Cambridge-spioene is nog nie onthul nie". Volgens 'n opsomming van die dokumente wys hulle dat "'n gebrek aan optrede en bevoegdheid aan die kant van die owerhede Guy Burgess en Donald Maclean in staat gestel het om na Moskou te ontsnap". Bykomende geheime dokumente is eindelik in 2020 deur die nasionale argief uitgereik. Hulle dui daarop dat die regering doelbewys 'n veldtog gevoer het om Kim Philby se spioenasie geheim te hou "om politieke verleentheid tot die minimum te beperk" en om die publisering van sy memoires te voorkom volgens 'n berig in *The Guardian*. Die inligting is egter in 1967 gepubliseer toe Philby 'n onderhoud aan die joernalis Murray Sayle van *The Times* toegestaan het. Philby het bevestig dat hy vir die KGB gewerk het en dat "sy doel in die lewe is om imperialisme te vernietig". Hierdie openbaring het kommer gewek dat Blunt se spioenasie ook aan die publiek onthul sou word. Skakels ------- * Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik uit die Engelse Wikipedia vertaal.
{ "title": "Cambridge-5", "mostly_tablelist": false, "tablelist_ratio": [ 2888, 13544, 0.2132309509746013 ], "infobox": [], "td_tables": [], "text_length": 13023 }
HMS *Warspite* (links) en HMS *Conqueror* (middel) met HMS *Valiant* (agter) by die HMNB Devonport Vlootdae, 26 Augustus 2006 Die **HMS *Conqueror*** was 'n kernaangedrewe duikboot in die Churchill-klas van die Britse Vloot. Die duikboot het bekend geword toe dit die ARA *General Belgrano* gekelder het tydens die Falklandoorlog; dit is nog steeds die enigste kernaangedrewe duikboot wat 'n skip gekelder het met torpedo's. Die duikboot is die derde wat voltooi is van sy klas van vier. ARA *General Belgrano* ---------------------- Argentinië het die Falkland-eilande op 1 April 1982 binnegeval en die paar Britse troepe daar gevange geneem. Die Britse regering onder Margaret Thatcher stuur toe onmiddellik 'n mag bestaande uit 40 skepe en 'n groot aantal soldate. Deel van die 40 skepe was die duikbote *Splendid*, *Spartan* en *Conqueror*. *Spartan* was binne tien dae by die eilande nadat die duikboot teen 26 knope onderwater gevaar het; sy maksimumspoed. Die volgende dag arriveer *Splendid* en *Conqueror*. Op 1 Mei was die *Spartan* noord van die eilande op patrollie en die *Conqueror* suid van die eilande. Die *Conqueror* gewaar die *General Belgrano* en volg die skip vir 30 uur. Op 2 Mei word die *sink haar* bevel ontvang van Londen en kapt. Christopher Wreford-Brown vuur drie Merk VIII-torpedo's op 'n afstand van 1 100 m af. Die Merk VIII was tradisionele torpedo's gebaseer op 'n Tweede Wêreldoorlog-ontwerp. Dit het reguit gevaar teen 45 knope en twee het die skip reghoekig getref. Die *General Belgrano* het vinnig gesink met 'n verlies van 368 lewens. Toe die *Conqueror* na die oorlog sy basis te Faslane binnevaar was die seerowervlag *Jolly Roger* gehys, 'n tradisie van die Britse Vloot. Die *Jolly Roger* is bevestiging deur die duikboot dat hy 'n oorwinning behaal het oor 'n teenstander. Dit het kontroversie veroorsaak; dit was die eerste keer sedert die Tweede Wêreldoorlog dat 'n skip van die Britse Vloot die *Jolly Roger* gehys het. Die HMS *Conqueror* is op 2 Augustus 1990 uit diens gestel. Bron ---- * *The Illustrated Encyclopedia Of Destroyers Frigates & Submarines*, Bernard Ireland en John Parker, 2015, ISBN 978-0-85723-601-2
{ "title": "HMS Conqueror (S48)", "mostly_tablelist": false, "tablelist_ratio": [ 111, 1748, 0.06350114416475973 ], "infobox": [], "td_tables": [], "text_length": 2179 }
Die **swartrenoster** (*Diceros bicornis*) is 'n renosterspesie endemies aan die oostelike en suidelike gebiede van Afrika. Saam met die witrenoster is dit een van die twee renostersoorte wat in Suid-Afrika voorkom. Die spesie in die algemeen word geklassifiseer as 'n kritiek bedreig. In die 1970's was daar nog 'n geraamde 65 000 swartrenosters in lewe, wat weens stroping egter gedaal het tot 'n laagtepunt van minder as 2 300 in 1993. Hul getalle het herstel tot 4 880 in 2010, en tussen 5 366 en 5 627 in 2020. Gevolglik het hul bevolking van hul laagtepunt (1993-1995) meer as verdubbel, maar daar is steeds 90% minder swartrenosters as drie mensegenerasies gelede. Verspreiding en habitat ----------------------- Swartrenosters word aangetref in gebiede met beskikbare water, in areas tussen woud en grasvlaktes. Vroeër het die swartrenoster van ongeveer 10 grade Noord tot by die punt van Afrika voorkgekom. Die verspreidingsgebied is egter hewig verklein en die dier is vandag beperk tot wildreservate in Kenia, Tanzanië, Namibië, Zambië en Suid-Afrika. Die Internasionale Unie vir die Bewaring van die Natuur het op 7 Julie 2006 aangekondig dat een van die swartrenostersubspesies, *Diceros bicornis longipes*, voorlopig as uitgesterf beskou word. Voorkoms -------- Die naam is misleidend, aangesien die renoster meer 'n donker grys-bruinerige kleur het. Die maklikste manier om die swartrenoster van die witrenoster te onderskei is deur sy gepunte bolip wat oor sy onderlip strek. Die witrenoster het 'n wyer, vierkantige bolip en is 'n grasvreter. Swartrenosters is blaarvreters en hou hule kop dikwels hoër as die witrenosters. 'n Volwasse swartrenoster weeg tussen 1000 en 2000 kg, 'n gemiddelde hoogte van ongeveer 160 cm en 'n lengte van 3 tot 3,7 meter (sy 70 cm-lange stert uitgesluit). 'n Ander kenmerk van enige renoster is sy horing: 'n swartrenoster se voorste horing kan tot 135 cm lang wees en sy tweede horing tot 46 cm. Voortplanting ------------- Paring vind dwarsdeur die jaar plaas, alhoewel daar piektye in sommige gebiede is. Na 'n draagtyd van 18 maande gee die koei geboorte aan 'n enkele kalfie. Die koei sal elke twee tot vyf jaar geboorte skenk. Na 2,5 tot 3,5 jaar kan die kleintjie onafhanklik van sy ouers funksioneer. Koeie is teen 4-6 jaar geslagsryp en bulle teen 7-9 jaar. In gevangenskap kan swartrenosters tot 45 jaar oud word. Dieet ----- Swartrenosters gebruik hulle lippe om blare en ander plantagtige materiaal mee af te skeur. In teenstelling hiermee gebruik die witrenoster sy breë lip om gras na sy mond te "vee". Renosters benodig vars drinkwater en sal dus nie te ver van waterbronne dwaal nie. Gedrag ------ Swartrenoster moeder en kalf in die Nasionale Etoshawildtuin, Namibië. Swartrenosters baai graag in vlak watergate. Die water help moontlik om die renosters af te koel, terwyl die modder hulle moontlik 'n beskermende lagie teen bytende vlieë bied. Hulle is nie trekdiere nie en hulle tuisgebied oorvleuel. Alhoewel bulle waarskynlik territoriaal is, sal hulle ander ondergeskikte bulle in hulle gebiede duld. Koeie bly gewoonlik alleen saam het haar kalfies, maar sal soms 'n weggooikalfie tot die groep toelaat. Renosters loop saam in los groepe van tot 13 diere. Die swartrenosters is onvoorspelbaar en kan gevaarlik wees. Hulle het nie baie goeie visie nie, maar 'n uitstekende reuksintuig en sal mense, voertuie of kampeerplekke bestorm as hulle mense ruik. 'n Swartrenoster kan 'n spoed van 45 km/h haal wanneer hy hardloop. Meeste bestormings is alleen bedoel om die vyand af te skrik en word nie met 'n aanval gevolg nie, maar swartrenosters kan ernstige skade berokken wanneer hulle wel aanval. Menslike bedreiging ------------------- Die swartrenoster se horing is 'n uiters gewilde tradisionele medisyne in China, Taiwan, Hongkong en Singapoer en as 'n ornamentele dolkhandvatsel in Noord-Afrika en die Midde-Ooste. Die aanvraag vir swartrenosters se horing is so groot dat 'n beraamde 90% van alle swartrenostersterftes as gevolg van stroping vir die horing is. Sien ook -------- * Witrenoster * Lys van Suider-Afrikaanse soogdiere Bronnelys en verwysings ----------------------- * *Soogdiere van die Krugerwildtuin en ander Nasionale Parke* (1979). Saamgestel deur Die Nasionale Parkeraad. 'n Publikasie van die Raad van Kuratore vir Nasionale Parke van die Republiek van Suid-Afrika. ISBN 0-86953-027-5. * Jansa, S. 1999. *Diceros bicornis*, *Animal Diversity Web*. 1. ↑ Hillman-Smith, A.K.K. & Groves, C.P. (1994). "*Diceros bicornis*" (PDF). *Mammalian Species* (455): 1–8. doi:10.2307/3504292. JSTOR 3504292.AS1-onderhoud: meer as een naam: authors list (link) 2. ↑ Rookmaaker, L.C. (2004). "Historical distribution of the black rhinoceros (*Diceros bicornis*) in West Africa" (PDF). *African Zoology*. **39** (1): 63–70. Geargiveer vanaf die oorspronklike (PDF) op 25 Mei 2013. Besoek op 31 Desember 2015. 3. ↑ Somerville, Keith (3 Maart 2020). "Rhino poaching down in South Africa and Namibia but on the rise in Botswana". *talkinghumanities.blogs.sas.ac.uk*. talking humanities. Besoek op 6 Maart 2020. 4. ↑ Emslie, R. (2012). ""Diceros bicornis"". *IUBN-rooilys van Bedreigde Spesies. Weergawe 2014.2*. Internasionale Unie vir die Bewaring van die Natuur. Besoek op 2014-09-09.AS1-onderhoud: ref=harv (link) 5. ↑ "West African black rhino 'is extinct'". *The Times* (in Engels). 7 Julie 2006. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 5 September 2008. Besoek op 9 Oktober 2007.
\n
\n
\n
\n
\n
\n
Koninkryk:
\n
\n
\n
Filum:
\n
\n
\n
Klas:
\n
\n
\n
Orde:
\n
\n
\n
Familie:
\n
\n
\n
Genus:
\n
\n
\n
Spesie:
\n
\n
\n
\n
\n
Diceros bicornis michaeli
\nDiceros bicornis longipes†
\nDiceros bicornis minor
\nDiceros bicornis bicornis
\n
\n
\n
\n
\n
\n
" ], "td_tables": [], "text_length": 5491 }
**3 Henog**, of die **Derde Boek van Henog** (Hebreeus: ספר חנוך לר׳ ישמעאל כ׳׳ג), is ’n apokriewe boek. Dit gee voor dat dit in die 2de eeu geskryf is, maar die oorsprong daarvan kan eers na die 5de eeu teruggespoor word. Ander name vir 3 Henog sluit in **Die Boek van die Paleise** en **Die Openbaring van Metatron**. Die naam "Boek van Henog" verwys gewoonlik na 1 Henog, wat net in Ge'ez volledig bewaar gebly het. Daar is ook ’n Tweede Boek van Henog, wat net in Oudslawies bewaar gebly het. Inhoud ------ Die naam "Sefer Hekhalot" (*Hekhalot* beteken "paleise" of "tempels") en die skrywer, ene rabbi Ishmael, dui aan die boek is deel van die vroeë Joodse mistisisme. Die inhoud dui daarop dat 3 Henog se idees nuwer is as ander mistieke geskrifte. Dit bevat nie gesange nie, en het ’n unieke uitleg en smeekbede. Dié feite maak 3 Henoge nie net uniek in mistisisme nie, maar ook wat betref geskrifte oor Henog. Dit lyk of die boek oorspronklik in Hebreeus geskryf is, maar dit bevat ’n paar Griekse en Latynse woorde. Daar is ’n paar aanduidings dat die skrywer van 3 Henog kennis gehad het van 1 Henog of dit waarskynlik gelees het. Die hooftema in die boek is die opvaarding van Henog na die hemel en sy transformasie in die engel Metatron. Skakels ------- * Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik uit die Engelse Wikipedia vertaal. | | | | --- | --- | | Normdata Edit this at Wikidata | * BIBSYS: 90675388 * BNF: cb12178933f (data) * LCCN: n79081491 * NLI: 000398241 * SUDOC: 030357535 * VIAF: 937145857943223020951 * WorldCat Identities (via VIAF): 937145857943223020951 |
{ "title": "3 Henog", "mostly_tablelist": false, "tablelist_ratio": [ 665, 1697, 0.3918680023571008 ], "infobox": [], "td_tables": [], "text_length": 1610 }
Die **Swartrivier** vloei in die suidelike voorstede van Kaapstad en mond uit in Tafelbaai. Die rivier het twee bronne, naamlik die Stellenberg-landgoed in Kenilworth en die Arderne-tuin in Claremont. Daarna loop dit agtereenvolgens deur die Brookside-veld van die Villagers-sportklub in Claremont, Keurboompark in Rondebosch en die terrein van die Rondebosch Hoër Seunskool. By die padwisselaars op die Kromboomsnelweg sluit die Kromboomrivier vanuit Kenilworth en Wynberg by die Swartrivier aan. In die Rondebosch-gholfbaan sluit die Elsieskraalrivier vanuit die noordooste ook by die Swartrivier aan en loop die vergrote rivier verder noord verby die die Valkenberg Hospitaal en die sterrewag. Net daarna sluit ook die Liesbeek vanuit die suidweste aan. Stroomafwaarts staan die rivier van hieraf bekend as die Soutrivier en stroom kort daarna Tafelbaai binne. Teenswoordig is die grootste deel van die rivier gekanaliseer. Die Black River Parkway, die noordelike deel van die M5, ontleen sy naam aan die rivier. In die dae van die VOC was die rivier 'n tyd lank die landsgrens. Bibliografie ------------ * Burman, Jose: Safe to the sea. Kaapstad: Human & Rousseau, 1962.
\n
\n
Stroomgebied
\n
\n
\n
Oorsprong
\n
\n
\n
Monding
\n
Oorsprong-hoogte
\n
\n
\n
Monding-hoogte
\n
\n
\n
\n
\n
" ], "td_tables": [], "text_length": 1180 }
**Neil Armstrong** (5 Augustus 1930 – 25 Augustus 2012) was 'n Amerikaanse ruimtevaarder, wat op 20 Julie 1969 om 22:56 (VS Oostelike Dagligtyd) die eerste mens geword het wat op die maan geloop het. Vier dae vroeër, op 16 Julie 1969, het Armstrong, Edwin Aldrin en Michael Collins in die Apollo 11 van die aarde opgestyg onderweg na die maan. Die beveltuig, geloods deur Collins, het in 'n lae wentelbaan om die maan gebly terwyl Armstrong en Aldrin die moedertuig in die "Eagle"-maanlandingstuig verlaat het. Hulle het op 'n stowwerige vlakte naby die "See van Kalmte" (*Mare Tranquillitates*) geland, en Armstrong was die eerste wat op die maan uitgestap het met die historiese woorde "*That's one small step for man, one giant leap for mankind*" (hy moes natuurlik gesê het "*That's one small step for a man...*", maar in die opgewondenheid van die oomblik het hy hom verspreek – ook maar net mens). Armstrong en Aldrin het 2 uur 36 minute op die oppervlak van die maan deurgebring, foto's geneem, die Amerikaanse vlag geplant, wetenskaplike instrumentasie opgestel, 23 kg monsters van die oppervlakmateriaal versamel en 'n gedenkplaat onthul met die woorde: "*Here Men From Planet Earth First Set Foot Upon the Moon. July 1969 AD. We Came In Peace For All Mankind*" (Hier het mense van planeet Aarde vir die eerste keer hul voete op die maan geplaas. Julie 1969 n.C. Ons kom in vrede vir die ganse mensdom). Op 21 Julie 1969 het hulle 'n rendezvous met die beveltuig gehad en ná 8 dae, 3 uur en 18 minute in die ruimte op 24 Julie in die Stille Oseaan neergeplons, waar hulle opgepik is. Die drie Apollo 11-ruimtevaarders is met hul terugkeer na die aarde as helde ontvang. Armstrong het die Medalje van Vryheid, die hoogste toekenning aan 'n Amerikaanse burgerlike, ontvang. Hy het ook die NASA Medalje vir Voortreflike Diens, die NASA Medalje vir Uitsonderlike Diens, sewentien medaljes van ander lande en die Kongres-ereruimtemedalje ontvang. Lewensgeskiedenis ----------------- Neil Armstrong in 1956 Neil Amstrong in 'n Gemini opleidingspak Neil Armstrong is op 5 Augustus 1930 op sy grootouers se plaas naby Wapakoneta, Ohio, gebore as seun van Stephen en Viola Armstrong. As tweejarige kleuter het hy saam met sy pa die Nasionale Lugwedvlugte bygewoon. Sy geboeidheid met vliegtuie en vlieg het toegeneem en na hy sy eerste vlug in 'n Tin Goose vier jaar later, op die ouderdom van ses jaar, ervaar het, was hy vasbeslote om 'n vlieënier te word. As tiener het hy 'n verskeidenheid werke verrig om geld te verdien vir vlieglesse en op sy sestiende verjaardag het hy sy leerlingvlieglisensie verwerf. Armstrong het in 1947 van Blume Hoërskool in Wapakoneta gegradueer en kon danksy 'n vlootbeurs by Purdue Universiteit inskryf om vliegtuigboukunde te studeer. In 1949 is hy deur die Vloot opgeroep en word hy 'n vlieënier. In 1950 is hy na Korea gestuur waar hy agt-en-sewentig vegmissies gevlieg het. Armstrong het na sy studies teruggekeer en in 1955 'n Baccalaureus scientiae in vliegtuigboukunde aan Purdue Universiteit behaal. In 1962 het hy 'n Magister Scientiae in ruimtevaartkunde van die Universiteit van Suid-Kalifornië ontvang en in jaar 1970 is 'n eredoktorsgraad in ingenieurswese (honoris causa) deur Purdue Universiteit aan hom toegeken – een van verskeie eredoktorate wat hy ontvang het. Na voltooiing van sy studies by Purdue het Armstrong in 1955 by die National Advisory Committee for Aeronautics (NACA) se Lewis Vlugaandryflaboratorium aangesluit. Later die jaar het hy verskuif na die NACA Hoëspoed-vlugstasie by Edwards Lugmagbasis in Kalifornië as 'n ruimtevaartnavorsingswetenskaplike en daarna as loods, 'n pos wat hy beklee het tot 1962 toe hy 'n ruimtevaarder geword het. By NACA, die voorganger van NASA, was hy betrokke by die X-15-projek en het hy in verskeie vuurpyle, helikopters en sweeftuie toetsvlugte onderneem. Hy is gekies om die Dyna-Soar, 'n eksperimentele tuig wat die atmosfeer kon verlaat, om die aarde wentel, weer die atmosfeer binnekom en soos 'n konvensionele vliegtuig kon land, te loods. Toe hy egter besef dat die projek nooit tot uitvoer sou kom nie, het hy aansoek gedoen om 'n ruimtevaarder te word en is hy in 1962 as een van NASA se eerste twee burgerlike ruimtevaarders gekies. By El Lago, Texas, naby Houston se Bemanderuimtetuigsentrum, het hy vir vier jaar ruimtevaartopleiding ontvang. Op 16 Maart 1966 het Armstrong in sy eerste ruimtesending as bevelvoerende loods van Gemini VIII met David Scott gevlieg. In 1969 maak hy sy historiese maanlanding. Armstrong het in 1971 by NASA bedank om 'n professor in vliegtuigboukunde aan die Universiteit van Cincinnati te word. Sedert 1979 het hy as voorsitter van die direksie van Cardwell International Corporation, Computing Technologies for Aviation Inc. (CTA) en AIL Systems gedien. Hy was ook 'n direkteur van verskeie belangrike maatskappye. Armstrong is in 1956 met Janet Shearon getroud. Hulle het twee oorlewende kinders. Op 25 Augustus 2012 sterf hy ná 'n operasie vroeër in Augustus, op die ouderdom van 82 in Cincinnati, Ohio, aan komplikasies weens verstopping van sy hartvate. Sien ook -------- * Mense wat op die maan geloop het * Ruimtevaardergroep 2
Neil Armstrong in Julie 1969
25 Augustus 2012 (op 82)
Janet Shearon
2
Stephen Koenig Armstrong
Viola Louise Engel
" ], "td_tables": [], "text_length": 5199 }
| | | | | --- | --- | --- | | **Groep** → | **1** | **2** | | ↓ **Periode** | | **1** | 1H | 2(He) | | **2** | 3Li | 4Be | | **3** | 11Na | 12Mg | | **4** | 19K | 20Ca | | **5** | 37Rb | 38Sr | | **6** | 55Cs | 56Ba | | **7** | 87 Fr  | 88Ra | Die **s-blok** is 'n deel van die periodieke tabel van die elemente. Saam met die p-blok vorm dit die hoofgroepelemente. Hierdie blok bevat die eerste twee groepe van die tabel: die alkali- en die aardalkalimetale. In hierdie blok raak die s-subskil van die elektronkonfigurasie gevul. Omrede hierdie s-elektrone deur die edelgasskil wat eerder gevul is, goed afgeskerm word, is hierdie elemente metale wat baie reaktief is. Dit geld veral vir die alkalimetale. Hulle vorm veral oplosbare soute met M+-ione. Die elemente van die tweede kolom vorm soute met M2+-ione wat nie altyd oplosbaar is nie. Bariumsulfaat BaSO4 is byvoorbeeld onoplosbaar. 'n Uitsondering is die element helium. Sy konfigurasie is 1s2, maar omdat 1p-orbitale nie bestaan nie, het dit 'n volle skil en is dit 'n edelgas wat hoegenaamd nie reaktief is nie.
{ "title": "S-blok", "mostly_tablelist": false, "tablelist_ratio": [ 79, 771, 0.10246433203631647 ], "infobox": [], "td_tables": [], "text_length": 1081 }
| **Talk** | | --- | |   | | Formule | Mg3Si4O10(OH)2  | | Onsuiwerhede | Ni, Fe, Al, Ca, Na, water   | | Kleur | kleurloos, wit, ook groenerig, groen, bruin  | | Streep | wit  | | Hardheid | 1 (Mohs)  | | Digtheid | 2,58 -2,83 g/cm3  | | Kristalsisteem | triklien  | | Ruimtegroep | P1  | | Eenheidsel | a = 5.29 Å, b = 9.173 Å, c = 9.46 Å, α = 90.46°, β = 98.68°, γ = 90.09°  | | | | \* Lys van minerale | **Talk** is mineraal wat tot die pirofilliet-talk-groep van die smektiete (klei) behoort. Dit is 'n magnesiumsilikaat wat baie sag is. As gesteente word dit **seepsteen** genoem. Dit kan maklik gesny word en word dikwels aangewend vir beeldjies soos van die Zimbabwe-voël by die ruïnes van Groot-Zimbabwe. Dit kan egter ook maklik gepoeier word en talkpoeier word vir talle doele gebruik. Struktuur --------- Die talk-struktuur Talk se kristalstruktuur is gelaagd en bestaan uit twee tetraëdriese silikaatlae wat soos 'n toebroodjie 'n laag met magnesiumione bevat. Tussen die toebroodjielae bestaan net swak vanderwaalskragte, wat dit moontlik maak dat die lae maklik oor mekaar skuif. Dit gee ook aan die materiaal sy vetterige gevoel op die vel.
{ "title": "Talk", "mostly_tablelist": false, "tablelist_ratio": [ 412, 1040, 0.39615384615384613 ], "infobox": [], "td_tables": [], "text_length": 1172 }
40 Wall Street Wolkekrabber| Datum van stigting of ontstaan | 1930Wysig | | Vernoem na | Donald Trump, Bank of the Manhattan CompanyWysig | | Land | Verenigde State van AmerikaWysig | | Geleë in administratiewe eenheid | ManhattanWysig | | Geografiese ligging | 40°42′25″N 74°0′35″WWysig | | Eienaar | The Trump Organization, Bank of the Manhattan Company, Webb and Knapp, MetLifeWysig | | Belangrike gebeurtenis | konstruksieprosesWysig | | Opdraggewer | Bank of the Manhattan CompanyWysig | | Materiale gebruik | staal, Glas, GranietWysig | | Argitek | H. Craig Severance, Yasuo Matsui, Shreve, Lamb & HarmonWysig | | Boustyl | Art Deco architectureWysig | | Gebruik | officeWysig | | Bewoner | American ExpressWysig | | Erfenisbenaming | New York City Landmark, National Register of Historic Places listed placeWysig | | Located on street | Wall StreetWysig | | Amptelike webwerf | Wysig | **40 Wall Street**, ook bekend as **The Trump-gebou**, is 'n 283 meter hoë Neogotiese wolkekrabber aan Wallstraat tussen Nassau- en Williamstrate in die Finansiële Distrik van Manhattan in New York Stad. Die gebou, wat in 1929–1930 as die hoofkwartier van die Manhattan Company opgerig is, was oorspronklik bekend as die **Bank of Manhattan Trust-gebou**, en ook as die **Manhattan Company-gebou**, totdat sy stigterhuurder saamgesmelt het om die Chase Manhattan Bank te vorm. Dit is ontwerp deur H. Craig Severance in samewerking met Yasuo Matsui en Shreve & Lamb. Die gebou is op 'n L-vormige perseel geleê. Terwyl die onderste gedeelte 'n fasade van kalksteen het, bevat die boonste verdiepings 'n dofgeel-baksteenfasade en bevat talle inspringings. Ander kenmerke van die fasade sluit in spandraad tussen die vensters op elke verdieping, wat agter die vertikale pilare op die fasade ingebou is. Aan die bokant van die gebou is 'n piramide met 'n spits op sy top. Die Manhattan Company se hoofbanksaal en raadsaal was op die onderste verdiepings, terwyl die oorblywende vloere aan ander huurders verhuur is. Die voormalige bankvertrek is in 'n Duane Reade-winkel omskep. Perseel ------- 40 Wall Street is in die finansiële distrik van Manhattan, in die middel van die blok begrens deur Pinestraat in die noorde, Williamstraat in die ooste, Wallstraat in die suide, en Nassaustraat in die weste. Die terrein is L-vormig, met 'n langer fasade op Pinestraat as op Wallstraat. Die perseel beslaan 3 120 m2 en meet 64 m op Pinestraat en 46 m op Wallstraat. 40 Wall Street word omring deur talle geboue, insluitend Federal Hall National Memorial en 30 Wall Street in die weste; 44 Wall Street en 48 Wall Street na die ooste; Liberty Street 28 na die noorde; en 23 Wall Street en 15 Broad Street in die suide. Die terrein loop skuins suidwaarts af, sodat die Pinestraat-ingang op die tweede verdieping is, terwyl die Wallstraat-ingang op die eerste verdieping is. Foto van die Manhattan Company-gebou in 1929 Sien ook -------- * Chronologiese lys van die wêreld se hoogste wolkekrabbers
{ "title": "40 Wall Street", "mostly_tablelist": false, "tablelist_ratio": [ 1030, 2720, 0.3786764705882353 ], "infobox": [], "td_tables": [], "text_length": 2999 }
| ***Negrologie – Waarom Afrika vergaan*** | | --- | | **Outeur** | Stephen Smith | | **Land** | Vlag van Frankryk Frankryk | | **Taal** | Frans | | **Uitgewer** | Parys | | **Uitgegee** | 2003 | | **Bladsye** | 248 | | **ISBN** | 2702133347 | | Letterkunde-portaal | ***Negrologie – Waarom Afrika vergaan*** is 'n omstrede boek, wat deur die Amerikaans-Duitse joernalis en gewese Afrika-redakteur van die gesaghebbende Franse koerant *Le Monde*, Stephen Smith, geskryf en in 2003 in Frankryk vrygestel is. Stephen Smith het meer as twintig jaar se ervaring as Afrika-verslaggewer en word as een van die voorste Afrikakenners in Europa beskou. *Negrologie* is in 2004 met die *Prix Essai France Télévision 2* vir die beste nie-fiksieboek van die jaar bekroon. 'n Afrikaanse vertaling is in 2005 deur PRAAG, die Pro-Afrikaanse Aksiegroep, vrygestel. Kritiek op die Swartbewussynsbeweging ------------------------------------- Dekades lank is Frankryk se voormalige kolonies as modellande beskou, wat gunstig vergelyk het met die res van Afrika. Die krisis in Côte d'Ivoire (die voormalige Ivoorkus) het dus as 'n groot skok vir baie Franse gekom. Die oorsake van Ivoorkus se agteruitgang is egter té ingewikkeld vir Smith se behandeling van sowat 250 bladsye. Stephen Smith beweer in sy boek, wat in 'n polemiese styl geskryf is, dat veral die kultus van Negrologie oftewel Swartbewussyn, Afrikane verhoed om die oorsake van Afrika se agteruitgang te soek. Hy blameer nie kolonialisme en apartheid nie, maar verwyt Europese regerings vir hulle geneigdheid om hulp aan die administrasies en elites van Afrikalande te verskaf, alhoewel daar geen politieke, sosiale en ekonomiese vooruitgang plaasvind nie. Afrikane het volgens hom net verslaaf geraak op Europese hulp. Smith konsentreer op die probleme van Franstalige Afrikalande, maar lewer ook kommentaar op toestande in Suid-Afrika. Die slotsom, waartoe Smith kom, is dat Afrika langsamerhand dood gaan, aangesien sy elites en sy bevolkings nie in staat is om die uitdagings van modernisering te aanvaar nie. Empirie ------- Smith stel ondersoek in na die ontwikkeling van lande soos Ghana en Suid-Korea, wat volgens hulle geskiedenis (albei was kolonies en is genadeloos uitgebuit en onderdruk) en natuurlike hulpbronne baie gunstig met mekaar vergelyk. Ghana het 'n ontwikkelende land gebly, terwyl Suid-Korea nou een van die mees ontwikkelde nywerheidslande ter wêreld is. Smith blameer die mentaliteit van die Afrika-elites, en haal voorbeelde van Frankofone Afrikane aan, wat oor Franse paspoorte beskik en 'n luukse lewe in Parys lei, maar ook die tribalisme van Afrikane. Bibliografie ------------ * Stephen Smith: *Negrologie: Pourquoi l'Afrique Meurt.* Parys 2003 : Calmann-Levy * Stephen Smith: *Negrologie: Waarom Afrika vergaan.* PRAAG (Pro-Afrikaanse Aksiegroep) 2005
{ "title": "Negrologie", "mostly_tablelist": false, "tablelist_ratio": [ 400, 2383, 0.1678556441460344 ], "infobox": [], "td_tables": [], "text_length": 2849 }
Switserse Rösti Leberli met Rösti **Rösti** (wat dikwels ook **Röschti** geskryf word; Frans: *pommes de terre rôties*) is geroosterde aartappelkoekies en een van die bekendste geregte van die Switserse kookkuns. Die resep dateer vermoedelik uit die 19de eeu en het oorspronklik veral in die omgewing van Zürich die tradisionele ontbyt van melk- en papgeregte vervang. Rösti het vinnig ook in die omgewing van Bern en in die Franssprekende gebiede van Wes-Switserland gewild geraak, waar hulle *pommes de terres rôties* ("geroosterde aartappels") genoem is. Die Duitse naam van die gereg is uit Frans ontleen (die kappie oor die *o* in *rôties* verwys na 'n *s*, wat vandag nie meer uitgespreek word nie). Rösti was aanvanklik veral 'n gewilde ontbyt vir boere, wat hard op hulle plase moes werk. Mettertyd het Rösti egter orals in Switserland tot 'n goedkoop maaltyd en uiteindelik 'n bygereg by die middag- of aandete ontwikkel wat in verskillende variasies berei is. Vandag word dit nog nouliks as 'n ontbyt bedien. Die hoofbestanddeel van Rösti is steeds gerasperde aartappels wat gerooster word. Hulle word dikwels met 'n verskeidenheid byvoegsels soos uie, spek, kaas, groente, appels of vars kruie verfyn. Fynproewers verskil nog steeds oor die "juiste" metode van rösti-maak, byvoorbeeld of vars of liewer gekookte aartappels gebruik moet word en ook watter soort aartappels die mees geskikte sou wees vir die gereg. In die algemeen gee die fynproewers van Bern die voorkeur aan gekookte aartappels, terwyl in Zürich en die oostelike Switserland meesal vars aartappels gerasper word. As 'n bygereg vir 'n souserige vleisdis blyk gekookte aartappels die beste keuse te wees. Word die rösti egter as 'n hoofgereg bedien (byvoorbeeld met 'n kaaskors), word die beste resultate met vars aartappels behaal. Die Duitse term *Röstigraben* verwys na die verskil ten opsigte van mentaliteit en politieke oortuigings tussen Duits- en Franstalige Switsers en word dikwels gebruik, wanneer 'n verkiesing of referendum verskillende uitslae in die Duits- en Franstalige gebiede oplewer.
{ "title": "Rösti", "mostly_tablelist": false, "tablelist_ratio": [ 0, 1741, 0 ], "infobox": [], "td_tables": [], "text_length": 2088 }
| **Louisville** | | --- | | **Kaart** | **Wapen** | | | | | | | | **Vlag** | | | | | |  **Land** | Verenigde State | |  **Deelstaat** | Kentucky | |  **Koördinate** | 38°15′N 85°45′W / 38.250°N 85.750°W / 38.250; -85.750 | |  **Gestig in** | 1778 (Corn Island) | |  **Geïnkorporeer in** | 1780 | |  **Oppervlakte:** |   | |  - Totaal | 1 032 vk km | |  - waarvan land | 997,38 vk km | |  **Hoogte bo seevlak** | 142 m | | | |  **Bevolking:** |   | |  - Totaal (sensus 2010) | 741 096 | |  - Bevolkingsdigtheid | 720,6/vk km | |  - Metropolitaanse gebied | 1 307 647 | |  **Tydsone** | EST (UTC -5) Somertyd: EDT (UTC -4) | | |  **Klimaat** |   | |  - Tipe | Subtropiese klimaat | |  - Gemiddelde jaarlikse temperatuur | 13,8 °C | |  - Gem. temp. Januarie/Julie | 0,6 / 25,8 °C | |  - Gemiddelde jaarlikse neerslae | 1130 mm | |  **Burgemeester** | Craig Greenberg (D) | |  **Amptelike Webwerf** | *louisvilleky.gov* | | Die Ohiorivier was vanaf die stad se stigting die lewensaar van Louisville - behalwe vir sy natuurskoon het dit steeds 'n beslissende rol gespeel vir Louisville se vervoer, handel, kultuur en ontspanning. Die eerste stoomboot het in 1815 in Louisville aangedoen **Louisville** (ˈluːiːvɪl, ˈluːəvəl of ˈlʊvəl) is die grootste stad in die Amerikaanse deelstaat Kentucky en die administratiewe setel van Jefferson County. Die stadsgrens stem sedert 2003 met dié van die *county* ooreen nadat die twee administratiewe eenhede tot 'n sogenaamde gekonsolideerde stad-county (*consolidated city-county*) saamgesmelt het. Louisville is net suid van die grens met die deelstaat Indiana oorkant die Ohiorivier geleë. Die bevolking was 741 096 volgens die sensus van 2010. Die stad, wat ter ere van koning Lodewyk XVI van Frankryk Louisville genoem is, is in 1778 deur George Rogers Clark (1752–1818), 'n grenspionier en militaris in die Amerikaanse Rewolusionêre Oorlog, gestig as een van die vroegste nedersettings wes van die Appalache-bergreeks. Louisville het in die 19de eeu tot 'n belangrike binnelandse hawestad gegroei en is vandag 'n kosmopolitiese nywerheidstad. Die stad word veral verbind met bourbon whiskey (sowat 'n derde van die totale Amerikaanse produksie word hier gedistilleer) en die *Kentucky Derby*-perdewedren wat jaarliks in Mei plaasvind en 'n halfmiljoen geesdriftige besoekers lok. Die Presbiteriaanse Kerk van die Verenigde State het sy hoofkwartier in Louisville.
{ "title": "Louisville, Kentucky", "mostly_tablelist": false, "tablelist_ratio": [ 851, 2147, 0.39636702375407545 ], "infobox": [], "td_tables": [], "text_length": 2435 }
Die **Lourensrivier** vloei deur Somerset-Wes en die Strand. Die rivier ontspring in die klowe van Sneeukop, Helderberg, die Hottentots-Hollandberge, Stellenboschberg en die Jonkershoekberge. Daar is die jaarlikse reënval 2 500mm en meer per jaar. Die rivier is 16 km lank en loop deur Lourensford, Vergelegen, Morningside, Bridgewater, kruis die N2-nasionale pad en net daarna sluit die Melksloot van wes by die rivier aan. In die Strand vloei dit onder Broadway verby, suid van die Strand-gholfbaan, onder deur Strandweg en mond by die piekniekterrein in Valsbaai uit. Die rivier tree in die wintermaande dikwels buite sy oewers en het so al baie skade veroorsaak. Paardevlei word deur die Melksloot met die Lourensrivier verbind. Alhoewel die bolope van die rivier nog in 'n redelike natuurlike toestand is, ly die laer dele wat deur stadsgebied loop onder besoedeling en indringerplante. Langs 'n deel van die oewer is die Lourens River Protected Natural Environment. Naby die mond is 10 ha hiervan opsygsit as die Dick Bent Voëlreservaat. Aanvanklik het die rivier as die Tweederivier bekendgestaan. Na wie die rivier later vernoem is, kan nie met sekerheid agterhaal word nie. Reeds in 1845 is 'n brug oor die Lourensrivier gebou. Hierdie brug in Somerset-Wes is op een na die oudste brug in Suid-Afrika en is in 1938 tot gedenkwaardigheid verklaar. Trivia ------ Die oudste brug in Suid-Afrika is in die Franschhoekpas. Bibliografie ------------ * Burman, Jose: Waters of the Western Cape. Kaapstad: Human & Rousseau, 1970.
\n
Lourensrivier op die Vergelegen-landgoed.
Lourensrivier op die Vergelegen-landgoed.
\n
\n
Stroomgebied
\n
\n
\n
Oorsprong
\n
\n
\n
Monding
\n
\n
\n
\n
\n
" ], "td_tables": [], "text_length": 1538 }
**Albert Likeke Mongita**, ook bekend as **Mongita Likeke** (1916 - 1985) was 'n akteur, dramaturg, skilder, filmmaker en teaterregisseur van die Demokratiese Republiek die Kongo, die oud-Belgiese Kongo. Mongita was "een van die leiers van die nasionale teaterbeweging in die dekades ná die Tweede Wêreldoorlog". Lewe ---- Albert Mongita is op 8 Maart 1916 in Irebu in die Belgiese Kongo gebore. Toe hy een jaar oud was, het hy na Léopoldville (nou Kinshasa) gekom. Na ses jaar in die laerskool en twee jaar in 'n professionele skool, het hy vir vyf jaar die middelskool St. Joseph's Institute bygewoon. Hy het vir nog vyf jaar aangehou om onderwys te gee en het vir die posadministrasie gaan werk. In 1949 het hy by *Radio Congo Belge* aangesluit as 'n redakteur en omroeper. Nadat hy verskeie sketse geskryf het, het hy in teater begin belangstel. Mongita het in die vroeë 1950's by die Alumni Association of the Fathers of Scheuts (ADAPES) in Léopoldville aangesluit, wat later die teatrale dryfveer daarvan geword het. Met André Scohy het Mongita verskeie nasionale gewilde teaterfeeste gereël, en toere na Léopoldville deur buitelandse teatergroepe. Mongito skryf verskeie toneelstukke in Frans vir sy toneelgroep, *La ligue folklorique congolaise*. *Soko Stanley te* is in 1954 in Léopoldville opgevoer, op die vyftigste herdenking van Henry Morton Stanley se dood. *Lifoco* is in 1955 voor die goewerneur-generaal, Léo Pétillon, opgevoer. Aan die begin van die 1950's is 'n Kongolese filmklub in Léopoldville gestig, en onder Belgiese opdrag het Mongita gehelp om *La Leçon de Cinéma* (Die filmles) in 1951 te skiet. Die meeste van die klub se Kongolese lede het nie films gemaak ná onafhanklikheid nie, wat suggereer dat hul opleiding nie deeglik was nie, hoewel Mongito wel een dokumentêr in 1963 gemaak het. Werke ----- ### Toneelstukke * *Mangengenge*, 1956 * *Soki Stanley*, La Quinzaine, 1957 * *Ngombe*, gepubliseer in *Présence Congolaise*, 1964 ### Films * (met ander studente) *La Leçon de Cinéma* (Die Film Les), 1951 * *Les tams-tams du Congo*, 1963
{ "title": "Albert Mongita", "mostly_tablelist": false, "tablelist_ratio": [ 509, 2058, 0.24732750242954324 ], "infobox": [], "td_tables": [], "text_length": 2092 }
**Albert Blake** is ’n Suid-Afrikaanse skrywer, geskiedkundige en prokureur van Roodepoort. Hy is ook 'n navorsingsgenoot verbonde aan die Department Geskiedenis van die Universiteit van die Vrystaat. Lewe en werk ------------ Hy is in Johannesburg gebore, matrikuleer aan Grey-kollege, Bloemfontein waarna hy sy militêre diens in die Valskermbataljon verrig. Na voltooiing van sy studies in die regte behaal hy twee meestersgrade in geskiedenis met lof aan die Randse Afrikaanse Universiteit. Skryfwerk --------- ***Boereverraaier*** is 'n  boek oor teregstellings tydens die Anglo-Boereoorlog en is so gewild dat hoofstukke 7 en 8 aanleiding gee tot die rolprent *Verraaiers*. In hierdie boek val die kollig op hensoppers en joiners en die skrywer bespreek die ware verhale van etlike persone wat in hierdie kategorieë geval het. Baie van hulle is tereggestel. ***Boereverraaier*** is sewe keer herdruk. ***Boerekryger*** is die teenpool hiervan en bespreek dié Boere wat tot met die vredesluiting in die veld gebly het, die sogenaamde bittereinders. Hiervoor gebruik die skrywer die lotgevalle van Henning Viljoen as basis, na aanleiding van Viljoen se Oorlogsdagboek, aangevul deur sy broer en ander se dagboeke en briewe. Op 6 Maart 1902, slegs twee maande voor die einde van die oorlog, is Viljoen deur 'n  bom onthoof. ***Boerekryger*** is in 2013 op die kortlys vir die toekenning van die South African Literary Awards (SALA) se nie-fiksie-afdeling en verower in 2014 die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns se Louis Hiemstra-prys vir nie-fiksie. ***Moord en roof*** is die ware verhaal van speurder Charles Miller se lewe as lid van die Wes-Randse moord-en-roof eenheid en beskryf hoe hy tydens die apartheidsjare verskeie opspraakwekkende misdade danksy deeglike speurwerk en 'n  uitstekende netwerk opgelos het. In die uitvoering van sy pligte is hy genoodsaak om soveel misdadigers dood te skiet dat hy later telling verloor het. Hierdie werk eis dan 'n  hoë tol van sy psige. Die feite is deeglik nagevors en word on emosioneel aangebied. Dit beskryf suksesse sowel as mislukkings en die bydraes van alle rasse. ***Ontsnap! Boerekrygsgevangenes se strewe na vryheid*** vertel die verhaal van suksesvolle en onsuksesvolle ontsnappings van Boere tydens die Anglo-Boereoorlog. Verhale sluit in krygsgevangenes wat van treine en skepe afgespring het, diegene wat tonnels probeer grawe het en selfs die wat na die vredesluiting uit aanhouding probeer wegkom het. Bekende verhale soos die vyf swemmers wat van 'n  skip in Colombo ontsnap het en deur Rusland en Europa hul weg terug na die Boeremagte gevind het, word vertel, maar vele van die verhale is onbekend. Die boek fokus egter nie uitsluitend op die ontsnap pogings nie, maar gee ook diepte-agtergrond soos die gemoedstoestand van die krygsgevangenes en hulle onsekerheid oor wat met hulle sou gebeur, die omstandighede waarin hulle aangehou is en hulle kommer oor hulle familielede. In ***Broedertwis Bittereinder en Joiner: Christiaan en Piet de Wet*** klim die skrywer as't ware in die twee Boeregeneraals (wat broers was) se koppe en probeer verklaar waarom die een 'n bittereinder en die ander 'n joiner was. ***Broedertwis*** was op die kortlys van die Rapport/Kyknet Boekprys asook die ATKV Woordveertjie Boekprys vir nie-fiksie. In ***Wit Terroriste Afrikaner-saboteurs in die Ossewabrandwagjare*** vertel die skrywer die dramatiese ware verhale van Afrikaners wat hulle tot terreur tydens die Tweede Wêreldoorlog gewend het. ***Robey Leibbrandt 'n lewe in fanatisme*** is 'n biografie oor die enigmatiese Afrikaner-Nazi. Die boek was ook 'n finalis vir die Rapport/Kyknet Boekprys. In 2021 verskyn **Afrikaner Sondebok? Die lewe van Hans van Rensburg, Ossewabrandwagleier.** Die boek was ook 'n finalis vir die ATKV Woordveertjie Boekprys vir nie-fiksie.. Publikasies ----------- * **2010** - Boereverraaier: Teregstellings tydens die Anglo-Boereoorlog * **2012** - Boerekryger: 'n Seun se hoogste offer * **2013** – Moord en roof: In die kop van 'n baasspeurder * **2015** - Ontsnap! Boerekrygsgevangenes se strewe na vryheid * **2016** – Broedertwis Bittereinder en Joiner: Christiaan en Piet de Wet * **2018** – Wit terroriste: Afrikaner-saboteurs in die Ossewabrandwag * **2019** – Robey Leibbrandt: 'n Lewe van fanatisme * **2021** – Afrikaner Sondebok? Die lewe van Hans van Rensburg, Ossewabrandwagleier Bronne ------ * NB-Uitgewers: Geargiveer 3 April 2016 op Wayback Machine * Lina Spies: "Akademies-resensie-essay: Broedertwis deur Albert Blake" – Litnet 2017-01-25 * "Willie Burger kyk na Albert Blake se nuwe boek" – Vrouekeur 2 Sept 2016, p.47 * Willie Burger: ""Kies 'n boek" – Vrouekeur 7 Sept. 2012 * Bill Nasson: "'n Ander kant van politieke stryd..." – Rapport Weekliks 13 Jan. 2019 * Jean Oosthuizen: "Terroris of vryheidsvegter?: 'n resensie" – Litnet 2019-02-13 * Barend van der Merwe: "Wit Terroriste deur Albert Blake – 'n lesersindruk" – Litnet 2018-11-20 * Bill Nasson "Spiere, vuiste en bomme" – Rapport Weekliks 13 Okt 2019 * Gert van der Westhuizen "Afrikaners en Nazi's" – Beeld 3 Des. 2019 * Handré Brand: "Lesersindruk: Robey Leibbrandt" – Litnet 2019-11-12 * Kirby van der Merwe: "Ik heb jou gezegd moet nie ..." – Beeld in By 6 Nov 2010 * Wilhelm Snyman: "A first-hand account of war brought to life" – Historia Nov. 2013 | | | | --- | --- | | Normdata Edit this at Wikidata | * VIAF: 169557029 * WorldCat Identities (via VIAF): 169557029 |
{ "title": "Albert Blake", "mostly_tablelist": false, "tablelist_ratio": [ 1819, 5006, 0.3633639632441071 ], "infobox": [], "td_tables": [], "text_length": 5487 }
FedEx se logo vertoon 'n pyl tussen die letters **E** en **x**. Nie in volle silhoeët, die effek is subtiel en kan nie opgemerk word nie. **Negatiewe ruimte**, in kuns, is die ruimte rondom en tussen die onderwerp(e) van 'n beeld. Negatiewe ruimte kan die duidelikste wees wanneer die ruimte rondom 'n onderwerp, nie die onderwerp self nie, 'n interessante of kunstige vorm aanneem. Hierdie ruimte word dikwels dan as die werklike onderwerp van die beeld gesien. Oorsig ------ Die gebruik van negatiewe ruimte is 'n sleutel element van artistieke komposisie. Die Japannese woord ma word soms gebruik vir hierdie konsep, byvoorbeeld in tuinbou. In 'n swart-en-wit beeld is die onderwerp gewoonlik uitgebeeld in die swart en die ruimte rondom dit is leeg gelaat (wit), en sodoende ontstaan die vorming van 'n silhoeët van die onderwerp. Die omkeer van die kleure sodat die ruimte rondom die onderwerp in swart gedruk is en die onderwerp self leeg gelaat is, veroorsaak dat die negatiewe ruimte duidelik word omdat dit vorms vorms rondom die onderwerp. In grafiese ontwerp van gedrukte of vertoonde materiaal, waar effektiewe kommunikasie die doel is, kan die gebruik van negatiewe ruimte deurslaggewend wees. Nie net binne die tipografie nie, maar in sy plasing in verhouding tot die geheel. Negatiewe spasie wissel rondom kleinletter en die oog is meer geneig om ruimtes rondom kleinletters te sien as hoofletters. Daarom moet negatiewe spasie oordeelkundig benut word om die maksimum effek daaruit te kry. Elemente van 'n beeld wat die aandag van die fokuspunt wegneem, soos in die geval met fotografie, word nie gesien as deel van die negatiewe ruimte nie. Negatiewe ruimte kan 'n beeld van 'n onderwerp in 'n gekose medium gebruik, deur alles rondom die onderwerp uit te lig, maar die onderwerp self nie. Die gebruik van negatiewe spasie, skep 'n silhoeët van die onderwerp. In meeste gevalle word negatiewe spasie gebruik as 'n neutrale of kontrasterende agtergrond om aandag na die hoof onderwerp te trek, wat na verwys word as die positiewe spasie. Gebruik ------- Die verstelling van die balans tussen die positiewe en negatiewe ruimte, is om die ontwerp as 'n geheel te verbeter. Hierdie basiese beginsel word dikwels misgekyk in ontwerp en is tog belangrik, want dit gee die oog 'n plek "om te rus" en dit verhoog die komposisie deur subtiele betekenis. Die gebruik van negatiewe ruimte in kuns kan soortgelyk wees aan stilte in musiek, maar slegs wanneer die musiek aktiewe stilte aandui kan dit vergelyk word met negatiewe ruimte van ontwerp.
{ "title": "Negatiewe spasie", "mostly_tablelist": false, "tablelist_ratio": [ 736, 2878, 0.25573314801945796 ], "infobox": [], "td_tables": [], "text_length": 2571 }
Die dubbele paraaf van prins Albert en prinses Charlene. **Albert II, Prins van Monaco** (Albert Alexandre Louis Pierre Grimaldi; gebore 14 Maart 1958) is die hoof van die Huis van Grimaldi en die huidige heerser van die prinsdom Monaco. Hy is die seun van prins Rainier III en Grace Kelly en is getroud met Charlene Wittstock, ’n voormalige Suid-Afrikaanse swemmer. Sy susters is Caroline, Prinses van Hannover en Prinses Stéphanie van Monaco. Vroeë lewe ---------- Albert is in die koninklike paleis van Monte Carlo gebore en het skoolgegaan aan die Albert I-hoërskool. Hy het in 1976 met onderskeiding geslaag en in 1977 aan die Amherst-kollege in Massachusetts, Amerika, staatsleer, ekonomie, musiek en Engelse letterkunde begin studeer onder die naam Albert Grimaldi. Hy het in 1981 ’n B.A.-graad in staatsleer behaal. Hy is ’n kranige sportman en het aan verskeie sportsoorte deelgeneem, onder andere veldloop, judo, swem, tennis, roei, seiljagvaart, ski en muurbal. Hy het in die Monegaskiese bobslee-span aan die Olimpiese Winterspeles van 1988, 1992, 1994, 1998 en 2002 deelgeneem. Hy is sedert 1985 'n lid van die Internasionale Olimpiese Komitee. Hy is een van die eienaars van Yoctocosmos (sy sosiale netwerk) en lid van die Wêreld Ekonomiese Forum. Heerser ------- Op 7 Maart 2005 is Albert se pa, Rainier III, in die hospitaal opgeneem waar hy vir long- en hartprobleme behandel is. Op 31 Maart 2005 het die paleis aangekondig dat prins Albert sy pa se amptelike pligte oorneem aangesien Rainier dit nie meer kon nakom nie en op 6 April is aangekondig dat prins Rainier op 81-jarige ouderdom oorlede is. Prins Albert het die troon op dié dag bestyg as Albert II. Hy is op 19 November 2005 in die St. Nicholas-katedraal gekroon. Sy regmatige opvolger is sy seun, Prins Jacques, gebore op 10 Desember 2014. Liefdeslewe en huwelik ---------------------- Prins Albert en prinses Charlene saam met die mode-ontwerper Karl Lagerfeld (regs), 2011. Ná talle berigte oor sy romantiese verbintenisse met bekende skoonhede en gerugte dat hy gay is, word Albert sedert 2006 dikwels saam met die Suid-Afrikaanse swemmer Charlene Wittstock gesien. Hy het ook erken dat hy twee buite-egtelike kinders het: Jazmin Grace Grimaldi by Tamara Rotolo van Kalifornië en Alexandre Coste by Nicole Coste, ’n voormalige lugwaardin van Togo. ’n Vroeëre eis deur Bea Fiedler, 'n Duitse kaalborsmodel, dat hy die pa van haar seun Daniel is, is deur 'n hof verwerp Op 1 Julie 2011 is Albert in ’n burgerlike troue met Charlene Wittstock getroud en die volgende dag in ’n kerklike seremonie. Hulle het hulle verlowing op 23 Junie 2010 aangekondig nadat hulle sedert 2006 dikwels saam gesien is. Opvolging --------- Terwyl Rainier III se gesondheid agteruitgegaan het, het die openbare kommer toegeneem oor die feit dat Albert nie wettige kinders het nie. Voor 2002 het Monaco se grondwet bepaal dat net die "direkte en wettige manlike" kinders van die "laaste" regerende prins die troon mag bestyg. Op 2 April 2002 het Monaco ’n wet afgekondig waarin voorsiening gemaak word dat die troon na ’n regerende prins se broers en susters en hul kinders van albei geslagte mag gaan as hy sonder wettige kinders sterf. In Oktober 2005, toe Albert die troon bestyg, het die wet van krag geword toe dit deur Frankryk bekragtig is in ooreenstemming met die 2002-verdrag oor betrekkinge tussen dié twee lande. Sy susters en hul wettige kinders het op daardie stadium die reg gehad om hom op te volg as geen kinders uit sy huwelik gebore sou word nie. Prins Albert and Prinses Charlene het intussen 'n tweeling, Prinses Gabriella en Prins Jacques, op 10 Desember 2014 ryker geword. Die troonopvolging is nie meer 'n kwessie nie aangesien Prins Jacques nou daarvoor bestem is. Bron ---- * *Hierdie artikel is merendeels vertaal vanaf die Engelse Wikipedia-artikel en:Albert II, Prince of Monaco*
\n
\n
\n
\n
Naam
\n
Albert II
\n
\n
Volle naam
\n
Rainier Albert Alexandre Louis Pierre
\n
\n
Bewind
\n
6 April 2005 – hede
\n
\n
Gebore
\n
\n
\n
Voorganger
\n
\n
\n
Regmatige opvolger
\n
Erfgenaam Prins Jacques
\n
\n
Eggenote
\n
\n
\n
Kinders
\n
Prinses Gabriella en Prins Jacques
asook Jazmin Grace Grimaldi en Alexandre Coste (albei buite-egtelik)
\n
\n
Huis
\n
\n
\n
Vader
\n
\n
\n
Moeder
\n
\n
" ], "td_tables": [], "text_length": 3895 }
**Robert Falcon Scott** (6 Junie 1868 – 29 Maart 1912) was ’n Britse see-offisier en Suidpoolreisiger. Hy het bekendheid verwerf deur sy dagboek van die laaste tog, sy afskeidsbriewe en sy sogenaamde boodskap aan die publiek. In Roggebaai, Kaapstad, staan ’n klein, maar aangrypende gedenkteken ter ere van Robert Falcon Scott om ons aan sy tragiese ekspedisie na die Suidpool te herinner. Kaptein Scott en sy manne het almal op die terugreis van die Suidpool af deur koue en ontbering oorweldig, maar tot baie kort voor hul dood het Scott nog met die inskrywings in sy dagboek voortgegaan. Die manuskrip is agt maande na sy dood gevind. Die vaart van die Discovery --------------------------- Scott het Antarktika die eerste keer besoek as leier van die Britse Nasionale Antarktiese Ekspedisie van 1901-04. Hy was 33 en het die rang van kommandeur in die Britse Vloot beklee toe hy hierdie aanstelling aanvaar het. Na ’n reis oor die Ross-see het die *Discovery,* die ekspedisie se skip, Antarktika vroeg in 1902 bereik. Scott het McMurdo Sound as ’n basis vir oorwintering gekies. Op hierdie tydstip was die binneland van Antarktika nog totaal onbekend. Scott het die skip as sy winterverblyfplek verkies bo ’n hut op land. Twee jaar lank het die *Discovery* in die see-ys vasgevries gebly. Gedurende die eerste somer het Scott en twee metgeselle, dr. Edward Wilson en Ernest Shackleton, suidwaarts oor die Ross-ysbank gereis en ontdek dat dit ’n groot plaat drywende ys was wat honderde kilometer in die rigting van die Pool strek. Hulle het honde gebruik om die slee te trek, maar is gedwing om terug te keer nadat hulle stadig gevorder het tot net anderkant 82° suiderbreedte. Die honde het op die terugtog ingegee en hulle moes die sleë self trek. Boonop het Shackleton skeurbuik opgedoen, en teen die einde van die reis moes Wilson hom dra. Gedurende die somer van 1903 was Scott die leier van die eerste groep wat die hoë ysplato van Victoria-land bereik het. Hierdie keer het hulle wes van McMurdo Sound gereis, anderkant die hoë berge wat hierdie deel van die plato omring. Die *Discovery* het in Februarie 1904 van die ys weggebreek en later in dieselfde jaar na Brittanje teruggekeer. Die ekspedisie was ’n groot sukses; Scott was ’n held en hy is tot die rang van kaptein bevorder. Die volgende ses jaar het hy hom egter aan sy loopbaan in die vloot gewy. Intussen het Shackleton in 1907 na McMurdo Sound teruggekeer. In Januarie 1909 is Shackleton gedwing om slegs 180 km van die Pool af terug te draai. Hy het getoon dat hierdie reis wel van McMurdo Sound af onderneem kon word, en alles was gereed vir Scott se tweede ontdekkingstog. Die ekspedisie het Brittanje in 1910 aan boord van die robbeskip *Terra Nova* verlaat. Dit was ’n groot en ambisieuse ekspedisie, wat uit twee afsonderlike groepe bestaan het. Hoewel ’n aansienlike hoeveelheid wetenskaplike werk gedoen moes word, was Scott se hoofdoel om die Suidpool te bereik. Dit het ook ’n wedren teen die Noorse ontdekkingsgeselskap geword, wat in die Baai van Walvisse, op die Ross-ysbank, oorwinter het – ’n paar honderd kilometer oos van Scott se basis in McMurdo Sound. Die Suidpoolekspedisie ---------------------- ### Die pylvak Scott se groep het hul basis in November 1911 verlaat. Hierdie keer het hy ponies en honde gebruik om die sleë tot aan die voet van die Beardmore-gletser te trek, wat hy moes bestyg om op die Poolplato te kom. Steungroepe het in verskillende stadiums van die reis omgedraai nadat hulle voorrade voedsel en paraffien agtergelaat het wat die hoofgroep op hut terugreis kon gebruik. Van die voet van die Beardmore-gletser af het hulle hul sleë self getrek. Die laaste hulpgroep het op di Poolplato omgedraai, slegs 240 km van die Suidpool af, en ’n groep van vyf het die laaste skof aangepak. Die groep het bestaan uit Scott, Wilson, luit. H.R. Bowers, kapt. L.E.G. Oates en onderoffisier E. Evans. Maar toe hulle die Pool uiteindelik op 17 Januarie 1912 bereik, het hulle een van Amundsen se tente daar aangetref: Hulle het besef dat hulle die wedren verloor het. (Amundsen het die Pool reeds op 14 Desember 1911 bereik.) ### Die terugtog Scott se laaste ekspedisie Die terugtog na McMurdo Sound het ’n wanhopige stryd geword. Dit was reeds laat in die somer, en die vyf manne was ontmoedig deur die feit dat hulle die Pool nie eerste bereik het nie. Dit is ook byna seker dat hulle aan skeurbuik gely het. Terwyl hulle teen die Beardmore-gletser afgedaal het, is Evans dood. Toe hulle die Ross-ysbank bereik, was die weer buitengewoon sleg. Oates se voete was bevrore en hy kon die pas nie volhou nie. Hy het geweet dat die ander dit makliker sou vind om die volgende voorraadopslagplek sonder hom te bereik. Daarom het hy in ’n sneeustorm sy dood tegemoet gestap. Scott het dit in sy dagboek beskryf as "die daad van ’n dapper man en ’n Engelse heer". Die ander het nog ’n paar kilometer aangesukkel. Hul laaste kampplek was slegs 17 km van One Ton Depot, waar voedsel en brandstof op hulle gewag het. Die weer het hulle egter verhinder om hierdie kampplek ooit weer te verlaat. Hulle was teen hierdie tyd reeds so swak en uitgeput dat hulle heel waarskynlik nie sou oorleef nie, selfs al het hulle die voorraadopslagplek bereik. Hulle laaste kamp is later dieselfde jaar deur ander lede van die geselskap gevind. ’n Laaste inskrywing -------------------- Scott het op 29 Maart 1912 vir die laaste keer in sy dagboek geskryf: > "Ek dink nie ons kan nog enige hoop op uitkoms koester nie. Ons sal uithou tot die einde, maar ons word swakker en die dood kan nie meer ver wees nie. Dit is jammer, maar ek dink nie ek kan verder skryf nie..." > > Bronnelys --------- * *Kennis*, Volume 1, 1980, bl. 120, ISBN 0-7981-0823-1 * Albertyn, C.F. Van Rooyen, J.J. De Beer, A.S. & Spies, J.J. (reds.) 1976. Ensiklopedie van die wêreld: Scott, Robert Falcon. Deel 8 ONBE–SELK, bl. 667-668. Stellenbosch: C.F. Albertyn.
\n
\n
Portretfoto van Robert Scott in 1900
\n
\n
6 Junie 1868
\n
\n
\n
\n
29 Maart 1912 (43 jaar oud)
\n
\n
\n
\n
\n
\n
\n
\n
1881–1912
\n
\n
Discovery-ekspedisie
Terra Nova-ekspedisie
\n
\n
Patron se medalje (1904)
Vega-medalje (1905)
Cullum-medalje (1906)
\n
\n
Kathleen Bruce (huweliksmaat)
Peter Scott (seun)
\n
" ], "td_tables": [], "text_length": 5956 }
| | | --- | | **Lucy** | | | | --- | | Algemene naam | Lucy | | Katalogusnommer | AL 288-1 | | Spesie | *Australopithecus afarensis* | | Ouderdom | 3,2 miljoen jaar | | Plek ontdek | Afar-driehoek, Ethiopië | | Datum ontdek | 24 November 1974 | | Ontdek deur | Donald JohansonMaurice TaiebYves CoppensTom Gray | **Lucy** is die gewilde naam van **AL 288-1**, ’n paar honderd stukke been wat omtrent 40% van die geraamte van ’n vroulike *Australopithecus afarensis* uitmaak. Dit is in 1974 in die Afar-driehoek in Ethiopië ontdek. In paleoantropologie word gewoonlik net fossielfragmente ontdek, en selde skedels of ribbes; dus was dit ’n groot ontdekking wat ’n enorme hoeveelheid wetenskaplike inligting verskaf het. Lucy is na raming sowat 3,2 miljoen jaar oud en word geklassifiseer as ’n hominied. ’n Replika van die oorblyfsels van Lucy, in die Museo Nacional de Antropología, Meksikostad. Die geraamte toon Lucy het ’n klein breinkapasiteit gehad, soos ape, en regop geloop, soos mense, en dit steun die teorie van sommige geleerdes dat die mens se voorouers al regop geloop het voor hul breingrootte begin toeneem het. Kritiek ------- Die historikus Londa Schiebinger bevraagteken die feit dat die ontdekkers besluit het Lucy is vroulik na aanleiding van die grootte van die geraamte. Hulle het ook gemeen "die bekkenopening in hominiede moet proporsioneel groter in wyfies as in mannetjies wees vir die geboorte van kinders met groter breine." Die ontdekking dat breine eers later groter geword het, weerspreek dié feit. Daar is ook besware teen die klassifikasie van Lucy as ’n menslike voorouer. Sy het gekrulde vingers en tone gehad, wat geskik is vir boom klim, sy was korter as 1,2 meter (so groot soos moderne aapspesies) en die grootte van haar kop, kakebeen en tande stem meer ooreen met dié van ape as van uitgestorwe mensverwante spesies. ’n Ondersoek van die heupbeen deur Charles E. Oxnard het verder onthul Lucy kon waarskynlik net vir kort rukkies op twee bene loop, soos moderne aapspesies. Sommige wetenskaplikes meen Lucy is eerder die een of ander uitgestorwe soort aap. Sien ook -------- * *Australopithecus afarensis*
{ "title": "Lucy", "mostly_tablelist": false, "tablelist_ratio": [ 1356, 2882, 0.47050659264399725 ], "infobox": [], "td_tables": [], "text_length": 2172 }
Administrateur Frank Joubert. Kapt. **François (Frank) Allan Joubert** (Jansenville, Kaapkolonie, 17 Junie 1889 - Kaapstad, 22 September 1942) was administrateur van Kaapland, parlementslid en boer. Hy is feitlik sy hele ampstyd as administrateur ernstig gestrem deur siekte wat sy veeleisende taak nog moeiliker gemaak het. Toe hy die amp aanvaar, het die Tweede Wêreldoorlog pas uitgebreek en is die hoogste eise aan hom gestel. Hy het hom egter vanweë sy strenge onpartydigheid en opregte menslikheid spoedig bemind gemaak en sy heengaan is allerweë betreur. Herkoms ------- Ds. J.A. Joubert, Frank Joubert se vader, was van 1885 tot 1897 leraar van die NG gemeente Ladybrand en daarna tot sy aftrede in 1920 van Vredefort. Joubert was die seun van ds. Johannes Abraham Joubert en Martha Jacoba Louw, 'n dogter van Charl Marais van Mostersdrift, Stellenbosch. Die egpaar het vyf kinders gehad. Ds. Joubert is gebore op 15 Junie 1859 en is op 14 Maart 1885 in sy eerste gemeente, Ladybrand bevestig. Ds. Hermanus van Broekhuizen, van 1882 tot sy dood op 23 Oktober 1894 leraar van Ficksburg, het die bevestigingspreek gelewer, waarna ds. Joubert sy intreepreek lewer op 15 Maart. Ds. Joubert het hier gearbei tot hy demissie verkry op 27 November 1897 en daarna op 18 Desember 1897 in die gemeente Vredefort in die Noord-Vrystaat bevestig is. (Dis nie bekend waarom Frank Joubert op Jansenville in die Oos-Kaap gebore is en nie op Ladybrand nie.) Ds. Joubert het sy emeritaat weens verswakte gesondheid (hoewel hy reeds 60 jaar oud was) aanvaar op 1 Junie 1920 op Vredefort, en sterf drie jaar, vier maande en nege dae later op 10 Oktober 1923 aan die Strand. Sy begrafnis het plaasgevind op Vrydag 12 Oktober 1923 op Stellenbosch by welke geleentheid prof. P.J.G. de Vos voor 'n groot skare belangstellendes die lyksrede gehou het. Frank Joubert se vader was in 1874 een van die allereerste studente wat die B.A.-graad aan die Universiteit van die Kaap die Goeie Hoop verwerf het en so ook met sy M.A. in 1877. Hy was een van 12 studente wat hul studie einde 1884 aan die Kweekskool op Stellenbosch voltooi het. Dis onbekend wat hy intussen gedoen het. Onder die studente het hy aandag getrek vanweë sy regop, rysige gestalte, waardige en ferme stap, breë voorkop, oop gesig, fiere hoof en sy oë waaruit ongekunstelde opregtheid straal, aldus die *Kerkbode* van 17 Oktober 1923. Die kerkblad het hom ook indertyd beskryf as "nederig, vriendelik, innig vroom, toegewyd en getrou in sy werk, en daarby baie beslis in sy oortuiging, standvastig by sy ingenome standpunt, en moedig onverskrokke om sy sienswyse uit te spreek. Hy het die moed van sy oortuiging gehad en sy kennisse het sy blanke opregtheid en sy standpunt sonder bybedoelings of huigelary waardeer". Op die Vrystaatse Sinodes van 1897 en 1919 is hy tot assessor verkies en het in talle belangrike sinodale kommissies gedien. Opleiding en vroeë lewe ----------------------- Frank Joubert ontvang sy onderwys op Stellenbosch en behaal in 1908 die graad B.A. Later het hy landboukunde aan die Trinity College in Dublin studeer. Tydens sy verblyf in Europa het hy talle lande besoek waar hy hom in die studie van koöperatiewe landbou verdiep het. Nasdat Joubert na Suid-Afrika teruggekeer het, het hy met welslae op Paardeberg, distrik Malmesbury, geboer. Met unifikasie in 1910 het hy hom aangetrokke gevoel tot die burgerlike verdedigingsmag onder genl. C.F. Beyers en in 1910 is hy tot kaptein bevorder. Met die uitbreek van die Eerste Wêreldoorlog het hy hom vir aktiewe diens aangemeld, terwyl hy in die oorlog ook as lid van die Irish Guards 'n offisiersrang ontvang het. Politieke loopbaan ------------------ Op politieke gebied het Joubert hom in so 'n mate onderskei dat hy reeds teen die vroeë 1920's as 'n bekwame spreker bekend was. In 1924 is hy aangestel as organiserende sekretaris van die Suid-Afrikaanse Party. In 1929 het hy die setel Paarl betwis, maar met 60 stemme verloor teen die Nasionale Party se P.P. du Toit. Die stempersentasie was 'n volle 91,4%. A.L. de Jager het die Paarl vir die SAP verteenwoordig vanaf die eerste verkiesing in 1910, hoewel in 1924 met 'n meerderheid van net 173. In 1933 se verkiesing, wat gevolg het op die samewerkingsooreenkoms tussen die SAP en die NP, kry Joubert dit reg om die Volksraad te haal toe hy onbestrede verkies word in die veilige Kaapse SAP-setel Mowbray. Ná die samesmelting van die grootste deel van die SAP en NP in Desember 1934 was Joubert hoofsweep van die Verenigde Party in die Volksraad. In 1938 wen Joubert sy eerste kiesstryd toe hy in Mowbray te staan kom teen J.W. van Zyl van die Gesuiwerde Nasionale Party. Joubert kry 3 909 stemme vergeleke met Van Zyl se 1 461 vir 'n meerderheid van 2 448. Administrateur van Kaapland --------------------------- Die herehuis Vredenhof waarin die Hoërskool Groote Schuur aanvanklik gehuisves is. Dit is van 1971 af die tuiste van die Frank Joubert-kunssentrum, genoem na kapt. Frank Joubert. Die skool se nuwe gebou is in gebruik geneem op 17 Junie 1964, toevallig Joubert se geboortedag. Joubert en sy vrou, Enid, het die administrateurswoning Leeuwenhof net van 1939 tot 1942 bewoon tydens sy kort maar moeilike ampstyd as administrateur van Kaapland. Die datum van die transportakte ten gunste van die Kaaplandse administrasie is 21 Desember 1936. In 1939 het Joubert vir J.A. Conradie as administrateur van Kaapland opgevolg. In dié amp het sy organisasievermoë hom weer nuttig te pas gekom. Hoewel sy ampstermyn met die Tweede Wêreldoorlog (1939-1945) saamgeval het, het hy gepoog om die provinsie se geldsake op 'n stewige grondslag te plaas. Hy het hom veral ook vir die onderwys beywer en om hom op die hoogte te stel van probleme, veral in die afgeleë distrikte van Kaapland, wat destyds amper so groot was soos Kenia of Botswana, het hy die provinsie van hoek tot kant deurreis. Dit was deur sy toedoen dat 'n kunssentrum destyds in Kaapstad gestig is wat eindelik die Frank Joubert-kunssentrum sou word wat sedert 1971 in die herehuis Vredenhof in Nuweland gehuisves word. Joubert het waardering gehad vir die helende krag van kuns en geld belê in die sentrum sodat oudstryders en kinders daar skeppend kon wees. Die sentrum is aanvanklik gehuisves in Rustenburg House. Die Kaaplandse onderwysdepartement het die sentrum oorgeneem wat Joubert met persoonlike geldelike bydraes op die been gebring het. Afsterwe -------- 'n Ernstige operasie wat Joubert in Junie 1941 moes ondergaan, was die begin van sy uiterste stryd teen kwynende liggaamskragte. Ten spyte van hierdie moeilike omstandighede het sy fyn humorsin en ewewigtigheid hom nie verlaat nie. *Die Burger*, destyds die mondstuk van Joubert se opposisie, het van hom die dag ná sy dood geskryf: "Kapt. Joubert se strenge onpartydigheid en billikheid teenoor albei seksies in die provinsiale raad het hom verhef tot die adelstand van die administrateursry." Met "albei seksies" word bedoel die VP sowel as die NP. In die tydperk toe Joubert administrateur was, was die VP nog stewig in die saal in Kaapland nadat die party 175 911 van die stemme in 1938 se verkiesing op hom verenig het, vergeleke met die NP se 121 591; eers in 1958 kon die NP dit regkry om die meeste stemme in Kaapland op hom te verenig. Die staatsbegrafnis het plaasgevind in die Groote Kerk, Kaapstad, waar die Anglikaanse aartsbiskop van Kaapstad die Engelssprekendes verteenwoordig het. Gesinslewe ---------- Frank Joubert was getroud met Enid Goldman wie se moeder 'n niggie van die diplomaat Charles te Winter was; hul grootouers was dr. Frank Karel te Winter (1824-1913) en Carolina Theodora Muller van Graaff-Reinet. Geen kinders is uit die huwelik gebore nie. Joubert se voorgangers en onmiddellike opvolgers ------------------------------------------------ * Sir Frederic de Waal, 1910 - 1925 * Adriaan Fourie, 1925 - 1929 * J.H. Conradie, 1929 - 1939 * G.B. van Zyl, 1942 - 1945 (word eerste Suid-Afrikaans gebore goewerneur-generaal) * P.A. Myburgh, Januarie 1946 - 1 Junie 1946 (oorlede in die amp) * Johan Carinus, 23 Julie 1946 - 1951 Bronne ------ * (af) Beyers, C.J. 1987. *Suid-Afrikaanse Biografiese Woordeboek*, deel V. Pretoria: Raad vir Geesteswetenskaplike Navorsing. * (af) Flemming, ds. H.C.J. 1970. *'n Eeu van genade. 1870-1970. Eeufeesgedenkboek van die Nederduitse Gereformeerde Kerk Ladybrand*. Ladybrand: NG Kerkraad. * (en) Die Frank Joubert-kunssentrum se webtuiste. URL besoek op 18 April 2015. * (af) (en) Kaaplandse Provinsiale Administrasie (opsteller). 1960. *Die administrasie van Kaapland 1910-1960*. Kaapstad: Kaaplandse Provinsiale Administrasie. * (af) Schoeman, B.M. 1977. *Parlementêre verkiesings in Suid-Afrika 1910-1976*. Pretoria: Aktuele Publikasies.
{ "title": "Frank Joubert", "mostly_tablelist": false, "tablelist_ratio": [ 770, 7153, 0.10764714105969524 ], "infobox": [], "td_tables": [], "text_length": 8756 }
**David Rees** is 'n Suid-Afrikaanse akteur en vervaardiger. Hy is veral bekend vir die rolle in die rolprente soos *American Ninja 4: The Annihilation*, *Egoli: Afrikaners is Plesierig* en *Agter elke man*. Opleiding --------- Rees het sy spraak-en-drama-opleiding aan die Akademie vir Dramakuns in die Kaap ontvang. Loopbaan -------- In 1990 het hy in die spogrolprent *American Ninja 4: The Annihilation* opgetree. Hierna het hy in 1992 by die M-Net-sepie *Egoli: Plek van Goud* aangesluit en die rol "Nick Naudé" vertolk. Die sepie het groot gewildheid behaal, waar hy die rol vir 18 agtereenvolgende jare bly speel het. Daarna het hy by 'n ander televisiereeks *Hartland* aangesluit en die rol "Boetman" vertolk. Afgesien daarvan het hy ook in baie gewilde televisiereekse verskyn soos; *Binnelanders*, en *Roer Jou Voete*. In 2016 het hy by die rolverdeling van die SABC2-sepie *7de Laan* aangesluit en die rol "Chris Welman", die vader van die Welman-familie, vertolk. Hy het aangehou om die rol te vertolk tot Julie 2018. In 2020 het hy egter teruggekeer na die sepie en sy rol herbeskryf.
{ "title": "David Rees", "mostly_tablelist": false, "tablelist_ratio": [ 779, 1673, 0.4656306037059175 ], "infobox": [], "td_tables": [], "text_length": 1103 }
**James David Graham Niven** (1 Maart 1910 – 29 Julie 1983) was ’n Britse akteur en romanskrywer. Hy het die Oscar vir beste akteur gewen vir sy spel in *Separate Tables* (1958). Loopbaan -------- Niven in die 1948-prent *Enchantment*. Niven was in die militêre kollege in Sandhurst, Brittanje, voordat hy by die Britse leër aangesluit en ’n tweede luitenant geword het. Hy het in toneelspel begin belangstel, die leër verlaat en Hollywood toe verhuis. Hy het tussen 1933 en 1935 verskeie klein rolle gehad. In *Mutiny on the Bounty*, waarin hy nie ’n praatrol gehad het nie, het hy die aandag getrek van Samuel Goldwyn. Met die uitbreek van die Tweede Wêreldoorlog het Niven na Brittanje teruggekeer en weer by die leër aangesluit. Hierna het hy weer begin toneelspeel en hy is in 1945 in ’n opname gekies as die tweede gewildste Britse akteur. Hy was te sien in *A Matter of Life and Death* (1946), *The Bishop's Wife* (1947) en *Enchantment* (1948), wat almal goed ontvang is. In die 1950's was hy in *The Elusive Pimpernel* (1950), *The Toast of New Orleans* (1950), *Happy Go Lovely* (1951), *Happy Ever After* (1954) en *Carrington V.C.* (1955) voordat hy groot sukses behaal het in *Around the World in 80 Days* (1956). Niven was in amper 100 prente, onder meer *The Pink Panther* (1963), en talle televisieprogramme. Hy het ook begin skryf en het taamlike sukses as skrywer behaal. In 1982 was hy in Blake Edwards se laaste Pink Panther-flieks, *Trail of the Pink Panther* en *Curse of the Pink Panther*.
\n
\n
\n
\n
\n
James David Graham Niven
\n
\n
\n
\n
29 Julie 1983 (op 73)
\n
\n
\n
\n
Akteur, skrywer
\n
\n
1932–1983
\n
\n
" ], "td_tables": [], "text_length": 1527 }
***The Promise*** is 'n Engelse roman van 2021 deur die Suid-Afrikaanse skrywer Damon Galgut. Dit is in Mei 2021 deur Umuzi uitgegee. Die roman het in 2021 die Booker-prys gewen en Galgud was net die derde Suid-Afrikaner wat dit wen, naas Nadine Gordimer en J.M. Coetzee. Storielyn --------- *The Promise* is 'n gesinsage wat oor vier dekades strek. In elke dekade kom die begrafnis van 'n gesinslid voor. Dit gaan oor die Afrikaanse Swart-gesin en hulle plaas buite Pretoria. Die gesin bestaan uit Manie; sy vrou, Rachel; en hulle kinders, Anton, Astrid en Amor. In 1986 is Rachel ná 'n lang siekte dood. Voordat sy sterf, dra sy haar laaste wens aan Manie oor: dat hulle swart huiswerker, Salome, eienaarskap kry van die huis waarin sy op die gesin se eiendom bly. Manie belowe, en die jong Amor hoor dit, maar later kan hy dit nie onthou nie en hy toon geen aanduiding dat hy haar wens gaan vervul nie. In 1995 kom die sibbes weer op die plaas byeen nadat 'n slang Manie doodgebyt het. Anton het die weermag verlaat, Astrid is getroud, met 'n tweeling, en Amor woon al 'n paar jaar in Engeland. Geen voorsiening word in die testament vir Salome gemaak nie en die drie kinders word mede-eienaars van die plaas. Anton trek terug in die plaashuis in en belowe Amor hy sal hulle ma se wens vervul. In 2004 is Anton in 'n liefelose huwelik met sy skoolkys, Desirée, en het hy groot skuld, terwyl Astrid met haar tweede man getroud is en Amor as verpleegster in 'n MIV-saal in Durban werk, waar sy saam met haar vriendin van 'n lang tyd woon. Ondanks Amor se versoeke is die wens steeds nie vervul nie, en Astrid en Anton bly haar teenstaan. Astrid het in die geheim 'n verhouding met haar man se sakevennoot en nadat die priester haar boetedoening geweier het toe sy belydenis doen, word sy in 'n motorkaping vermoor. Voor haar begrafnis doen Amor 'n laaste beroep op Anton om hulle pa se belofte na te kom. Toe sy egter weier om hom te steun in die verkoop van 'n deel van die plaas, word die saak onopgelos gelaat en keer Amor terug na Durban. Sy sien Anton nooit weer nie. In 2018 word Anton geknel deur alkoholisme en 'n diepe depressie weens sy mislukte huwelik, impotensie en die gevoel dat hy sy lewe vermors het. Een nag, ná 'n dronkrusie met Desirée, pleeg Anton selfmoord. Salome lig Amor, wat nou in Kaapstad woon nadat sy haar vriendin en werk in Durban verlaat het, eindelik in oor sy dood. Sy is nou die enigste oorlewende eienaar van die nou vervalle plaas en skenk dit aan Desirée, maar dra Salome se huis eindelik in haar naam oor en vervul so haar ma se wens. Sy gee ook aan Salome haar (Amor se) deel van haar pa se erfenis, wat sy tot in daardie stadium geweier het om aan te raak. Styl en temas ------------- Galgut se modernistiese styl en vertelling is al vergelyk met die tradisie van William Faulkner, Virginia Woolf en James Joyce. Volgens Jon Day van *The Guardian* beslaan die roman se verteller 'n "onbepaalde spasie, halfpad tussen eerste en derde persoon, en dit wissel van 'n skerp fokus op 'n enkele karakter tot 'n afgetrokke deurdringender blik, soms binne een paragraaf." Die morele tekortkominge van die Swartgesin is al vertolk as 'n allegorie van Suid-Afrika ná apartheid en die belofte van wit Suid-Afrikaners aan swart Suid-Afrikaners. Ontvangs -------- *The Promise* het in 2021 die Booker-prys gewen. Galgut is die derde skrywer van Suid-Afrika wat die prys wen, naas Nadine Gordimer en J.M. Coetzee, wat dit twee keer gewen het. Galgut het vantevore twee keer die kortlys vir die prys gehaal: die eerste keer in 2003 vir *The Good Doctor* en weer in 2010 vir *In a Strange Room*. *The Promise* het gunstige resensies ontvang. In 'n baie positiewe resensie in *Harper's Magazine*, skryf Claire Messud Galgut is 'n "buitengewone" romanskrywer. "Nes ander merkwaardige romans is dit uniek, en groter as die som van sy dele." Skakels ------- * Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik uit die Engelse Wikipedia vertaal.
\n
Outeur
Land
Taal
Genre
Gesinsage
Uitgewer
Umuzi
Uitgegee
Mei 2021
Medium
Druk (sagteband)
Bladsye
242
ISBN
(eerste uitgawe, sagteband)
ISSN
1261301351
\n
\n
" ], "td_tables": [], "text_length": 3986 }