text
stringlengths
571
541k
meta
dict
**Eienskappe**| **Algemeen** | | --- | | Naam | Hipochloriet   | | | | Bleikmiddel, 'n oplossing van natriumhipochloriet 'n **Hipochloriet** is 'n sout wat die anioon ClO- bevat, wat die suurres van onderchlorigsuur HOCl is. Die chlooratoom het 'n oksidasietoestand van +1. Hipochloriete is sterk oksidante. Produksie --------- Die elektrolise van pekel lewer chloorgas Cl2 en natronloog (bytsoda), 'n oplossing van natriumhidroksied NaOH. By lae temperature kan hulle 'n autoredoksreaksie ondergaan wat chloried- en hipochlorietione vorm: {\displaystyle Cl\_{2}\to Cl^{+}+Cl^{-}} {\displaystyle Cl^{+}+OH^{-}\to HOCl} {\displaystyle Cl\_{2}+2OH^{-}\to HOCl+OH^{-}+Cl^{-}\to H\_{2}O+ClO^{-}+Cl^{-}} In basiese oplossings is die hipochloriet-ioon stabiel maar by toevoeging van soutsuur HCl word onderchlorigsuur HOCl en uiteindelik Cl2 teruggevorm. Toepassings ----------- Bleikmiddel is 'n oplossing van natriumhipochloriet en word baie in die huishouding gebruik. Kalsiumhipochloriet is die aktiewe bestandeel van watersuiweringstablette vir drinkwater en opgaartenks. Sien ook -------- * Lys van anione
{ "title": "Hipochloriet", "mostly_tablelist": false, "tablelist_ratio": [ 103, 1035, 0.09951690821256039 ], "infobox": [], "td_tables": [], "text_length": 1118 }
*Quem terra, pontus*, 'n Pre-Tridentien Mis **Hans Buchner** (ook bekend as **Joannes Buchner**, **Hans von Constanz**; gebore 26 Oktober 1483 in Ravensburg; sterf in Maart 1538, waarskynlik in Konstanz) was 'n belangrike Duitse orrelis en komponis. Buchner was 'n student van Paul Hofhaimer, en het moontlik vir keiser Maximilian I, keiser van die Heilige Romeinse Ryk, gewerk in Hofhaimer se afwesigheid. Vanaf 1506 werk hy in Constance as die orrelis vir die katedraal. Sy verhouding met Heinrich Isaac is onduidelik, maar drie van die verse wat hy getoonset het kan gevind word in dieselfde transposisies as die *Choralis Constantinus* (hy het ook die *Victimae paschali laudes* getoonset, terwyl Isaac 'n ander Paas-sekwensie gebruik het, die *Laudes salvatori*). Toe die biskop in die loop van die Reformasie gedwing is om sy setel na Meersburg te verskuif het Buchner hom gevolg ten einde in sy pos voort te gaan, terwyl hy 'n woning in Konstanz behou het. In 1529 doen hy aansoek om 'n pos by Speyer, maar eis blykbaar 'n te hoë salaris. Hy is dikwels gevra om nuwe orrels te ondersoek, soos dié van Zurich en Heidelberg. Sy belangrikste nalatenskap is die *Fundamentbuch*, 'n versameling bestaande uit orrelmusiek wat ook 'n inleiding bevat tot speeltegnieke en improvisasie. Buchner se *Versamelde Orrelwerke (Sämtliche Orgelwerke)* is deur Jost Harro Schmidt geredigeer as volumes 54 & 55 van *Das Erbe deutscher Musik* (Litolff/Frankfurt, 1974). Onder sy leerlinge was die Switserse orrelis en komponis Fridolin Sicher.
{ "title": "Hans Buchner", "mostly_tablelist": false, "tablelist_ratio": [ 420, 1700, 0.24705882352941178 ], "infobox": [], "td_tables": [], "text_length": 1534 }
Hans Christian Knudsen, na 'n skildery van Görlitz, 1849. **Hans Christian Knudsen** (Bergen, Noorweë, 18 Maart 1816 – Hatfjelddalen, Noorweë, 4 Mei 1863) was ’n Rynse baanbrekersendeling, navorser van die Namataal en kunsskilder. Herkoms en opleiding -------------------- Knudsen was die seun van Frederik Thomas Knudsen en Annelis Johanne Marie Lie. Ná voltooiing van sy opleiding as kunsskilder en litograaf aan die kunsskool in Bergen voel hy hom op 'n sendingfees wat hy tydens 'n wandeltog deur die Rynland (Duitsland) bywoon, geroepe om sendeling te word. Hy sluit in 1836 aan by die Rynse Sendinggenootskap in Elberfeld-Barmen en word ná voltooiing van die sendingkursus in 1841 na Suidwes-Afrika gestuur om op die stasie Bethanien die vroeëre werk van J.H. Schmelen voort te sit. In Suid-Afrika -------------- Die kerkie wat die Londense Sendinggenootskap op Komaggas gebou het. Knudsen het dit waarskynlik geskets toe hy in 1841 hier vertoef het. Ná 'n kort verblyf by Schmelen op Komaggas in Namakwaland (destyds Klein-Namakwaland genoem) aanvaar hy sy werk in November 1842 en kry aanvanklik 'n groot toeloop van heidene omdat sy emosionele verkondiging van die evangelie 'n sterk indruk maak op die Khoikhoi (Nama) wat maklik bewoë word. Sonder stelselmatige onderwysing doop hy hulle ná enkele maande en in 1847 tel sy gemeente al 760 lede. Ondanks die feit dat hy die Namataal nog nie magtig was nie en net deur 'n tolk met hulle kon praat, wek hy deur sy innemende geaardheid hul vertroue in so 'n mate dat hy versoek word om 'n wetboek vir die stam op te stel omdat die mondelinge oorlewering van reg en sedes onvoldoende was vir 'n doeltreffende organisasie van die stam en hulle die regspraak nie langer aan die willekeur van die hoofman wou oorlaat nie. Knudsen voldoen aan die versoek en sy wetboek word in Oktober 1848 as stamwet aanvaar. Ook die Namastamme op Berseba en Rehoboth aanvaar dié wetboek, met wysigings wat hulle nodig geag het. Hoewel dit mettertyd geblyk het dat sommige bepalings onuitvoerbaar was, het die hoofbepalings tot vandag toe geldig gebly en bygedra tot die samewerking van die drie stamme en 'n grondslag vir hul verdere kulturele ontwikkeling geword. In Suidwes-Afrika ----------------- Talle nedersettings in die sentrale en suidelike deel van Namibië het ontstaan danksy die werk van Rynse sendelinge. Selfportret van Knudsen in sy matjieshuis op Bethanie. Elke lidmaat het 'n matjie en 'n paal van hul eie matjieshuis geskenk waarmee hy sy matjieshuis kon bou. Intussen bereis Knudsen saam met eerw. C. Hugo Hahn die gebied van die stamme van Bethanien en Berseba en berig daaroor in dagboeke en verslae. Omdat fotografie destyds nog in Suid-Afrika haas onbekend was, teken en skilder Knudsen bekende hoofmanne, tipiese tonele en ook 'n aantal Herero in Windhoek. Daardeur word hy die eerste Europese kunstenaar wat in Suidwes-Afrika gevestig was. Sy werke is, behoudens enkele voorbeelde, na die Sendinginstituut in Barmen gestuur, waar dit in sendingtydskrifte verskyn het en tans in die sendingargief bewaar word. Die enigste voorbeelde van K. se kuns wat daar in Suid-Afrika aanwesig is, is twee portrette van Khoikhoi in besit van die Universiteit Stellenbosch. Knudsen se dagboeke toon dat hy dadelik met 'n deeglike studie van die Namataal, van die leefwyse, sedes en gebruike van Nama, Damara (Herero) en San begin het. Sy belangwekkende bevindings verskil in sommige opsigte van dié van die ontdekkingsreisiger sir James Alexander en is veral in sy dagboeke van die jare 1844–'45 opgeteken. Hy spreek onder meer die sienswyse uit dat die Nama afstammelinge van Israeliete was. Die onbetroubaarheid en die trekgewoontes van sy gemeentelede besorg Knudsen baie teleurstellings en bekommernis; daarenteen aanvaar die stam Oorlamse Khoikhoi van Paul Goliath sy geestelike leiding so gretig dat hy in sy gebied in 1843 die stasie Gulbrandsdalen vir hulle stig, 'n naam wat hy kies omdat hierdie gebied hom laat dink het aan die landstreek in sy eie vaderland. Op Bethanien het Knudsen die kliphuisie in 1842 herbou wat Johann Schmelen in 1814 gebou en bewoon het tot sy vertrek in 1834 bewoon het, maar wat tussen Schmelen se vertrek en Knudsen se koms afgebrand het. Ná die huisie word steeds as Schmelen-huis verwys, die oudste bestaande klipgebou in Namibië en die tweede wat Europeërs in die land opgerig het. Die eerste, wat die Wesleyaanse sendelinge in 1806 op Warmbad gebou het, het Jager Afrikaner, die vader van Jonker Afrikaner, vernietig. Reis na Europa en huwelik ------------------------- Knudsen gaan in Junie 1847 met verlof na Europa om in Duitsland op sendingfeeste van sy werk te vertel en die relaas van die bekeringswerk wat hy verrig het, word daarna gepubliseer (*Gross-Namaqualand*, Barmen, 1848). In Bergen tree hy tydens sy besoek in die huwelik met Elise Christiansen. Terugkeer na Noorweë -------------------- By sy terugkeer in 1849 na Bethanien stel hy vas dat sy gemeentelede weer in heidense gewoontes verval het en onder die invloed van Jonker Afrikaner aan die rooftogte teen die Herero deelgeneem het. Hy toon sy afkeuring van die plundertogte deur as tugmaatreël geen dienste te hou nie, en word deur die hoof uit Bethanien verban. Bitter teleurgesteld vertoef Knudsen vervolgens op stasies in Noord-Kaapland tot hy in 1852 op Tulbagh geplaas word. Hy kon hom daar moeilik aanpas; sy vrou het geestelik versteurd geraak en Knudsen lê in 1854 in wanhoop sy bediening neer om na Noorweë terug te keer. Daar is sy vrou in 'n gestig oorlede terwyl hy as rondreisende evangelieprediker 'n armsalige bestaan gevind het, tot hy op 'n voetreis oor die berge in die winter omgekom het. Sy twee seuns is deur familie aangeneem en opgevoed. Skryfwerk --------- Knudsen het hierdie skets van Wupperthal moontlik om streeks 1852 gemaak toe hy op Tulbagh werksaam was. Knudsen se eerste publikasie was *Nama A.B.Z. kannis* (Kaapstad, 1845), 'n klein spel-en-leesboek met woordelyste, 'n Engelse vertaling, 'n gedeelte van die kategismus, die Tien Gebooie en ander Skrifgedeeltes. Ongeveer dieselfde tyd verskyn van hom ook in Kaapstad 'n "spellingbladsy" in die Namataal. Van albei is eksemplare in die Grey-versameling in die Suid-Afrikaanse Openbare Biblioteek in Kaapstad te sien, met handskrif-aantekeninge oor die uitspraak. In dieselfde versameling word bewaar Knudsen se handskrifte *Südafrica: Das Hottentot-Volk: Notizzen*, *Stoff zu einer Grammatik in der Namaquasprache* en *Namaquasprache*. Hierdie stukke bevat gegewens oor die aardrykskunde en etnografie van Groot-Namaland, en ook aansienlike materiaal vir 'n grammatika van die Namataal. Saam met Knudsen se vertaling van die Lukas-evangelie is van sy twee Kaapstadse publikasies grootliks gebruik gemaak deur die sendingingspekteur J.C. Wallman van Barmen vir sy *Vocabular der Namaqua Sprache nebst einem Abrise der Formenlehre derselben* (Barmen, 1854). So deeglik het hy binne enkele jare die Namataal beheers dat hy die Lukas-evangelie daarin met die hulp van twee Namatolke kon vertaal en in Kaapstad in 1846 laat publiseer in 'n uitgawe wat ook gesange bevat. Hoewel hy ortografies effens afgewyk het van sy eerste publikasies, was hierdie vertaling van so 'n hoë gehalte en so noukeurig vir die pers versorg dat daar byna geen drukfoute in voorkom nie, en W.H.I. Bleek dit in 1858 kon beskryf as "tot nou toe die betroubaarste en beste bron van kennis van die Hottentottaal". Hoewel ietwat onsoepel, was dit akkuraat en idiomaties. Dis ironies dat Knudsen se gemeentelede en die opperhoof David Christiaan die onderwys van hul kinders in hul moedertaal verbied het en besluit het om net Nederlands in die skool van Knudsen toe te laat omdat die wit mense en Oorlamse Khoikhoi dit gepraat het. Waardering ---------- Hy was 'n verfynde en sensitiewe kunstenaar en gebore navorser. Daarby was hy besiel met 'n voorbeeldige geloofsywer en het dikwels onder die grootste ontberings onvermoeid sy rondtrekkende gemeentelede opgesoek. Hy was egter ook so temperamenteel, impulsief en gevoelig dat hy op die duur die aanslag van teleur-stellings nie kon weerstaan nie. Dit het hom waarskynlik aan die praktiese aanleg en nugterheid ontbreek wat vir 'n pioniersendeling onontbeerlik is. Bronne ------ * (en) Evangelical Lutheran Church Complex, Bethanie. URL besoek op 17 April 2016]. * (af) De Kock, W.J. 1968. *Suid-Afrikaanse Biografiese Woordeboek*, deel I. Pretoria: Nasionale Raad vir Sosiale Navorsing, Departement van Hoër Onderwys. * (en) Potgieter, D.J. 1972. *Standard Encyclopaedia of Southern Africa*, deel VI. Cape Town: Nasionale Opvoedkundige Uitgewery Ltd.
{ "title": "Hans Christian Knudsen", "mostly_tablelist": false, "tablelist_ratio": [ 369, 7197, 0.051271363067944976 ], "infobox": [], "td_tables": [], "text_length": 8655 }
**Ossip Kurt Flechtheim** (5 Maart 1909 – 4 Maart 1998) was 'n Duitse juris, politieke wetenskaplike, skrywer, futuris en humanis. Hy het die term "Futurologie" geskep. Vroeë lewe ---------- Flechtheim is in Nikolaef (toe die Russiese Ryk, nou Mykolaif, Oekraïne) gebore, in 'n Joodse familie, die seun van boekhandelaar Herrmann Flechtheim (1880–1960) en sy vrou Olga, née Farber (1884–1964). In 1910 het die gesin teruggetrek na die vader se tuisdorp Wesfale Münster, waar sy familie 'n graanhandelbesigheid gehad het, en later na Düsseldorf. Die kunshandelaar Alfred Flechtheim was sy oom. Sy familie was sekulêr, Flechtheim het nie godsdienstige opvoeding ontvang nie. In die latere lewe (na die Tweede Wêreldoorlog in Wes-Berlyn) het hy 'n lid geword (as 'n nie-denominasionele humanis) van die German Freethinkers Association (later Humanist Association of Germany). Nadat hy in 1927 aan die Hindenburg-skool (nou Humboldt-Gimnasium Düsseldorf) gegradueer het, het hy in 1931 'n lid geword van Kommunistiese Party van Duitsland (KPD), wat hy ná vyf jaar verlaat het. Dit het gebeur na 'n besoek aan Moskou waartydens hy 'n wrewel ontwikkel het in die ideologiese rigiditeit van die Kommunisme. Flechtheim studeer regte en politieke wetenskap aan die universiteite in Freiburg, Parys, Heidelberg, Berlyn, en uiteindelik Keulen. Van 1931 tot 1933 het hy sy regsklerkskap voltooi by die hoër streekhof van Düsseldorf. Hy het sy doktorsgraad in 1934 ontvang vir sy werk oor Hegel se kriminele teorie, terwyl hy in Keulen onder Carl Schmitt gestudeer het. Emigrasie en akademiese loopbaan in die Verenigde State ------------------------------------------------------- Na die Nazi-oorname in 1933 is Flechtheim afgedank uit die staatsdiens weens sy Joodse afkoms en sy lidmaatskap van die Neu Beginnen. In 1935 is hy altesaam 22 dae aangehou. Hy het na België en daarna na Switserland geëmigreer, waar hy 'n beurs ontvang het om sy studies aan die Nagraadse Instituut vir Internasionale Studies (HEI) geaffilieer by die Universiteit van Genève, voort te sit. Hy het daar in 1939 gegradueer (Die Universiteit van Keulen het hom van sy graad ontneem in 1938). In 1939 het hy kontakte met die Instituut vir Sosiale Navorsing in Genève gevestig en daarna na die Verenigde State geëmigreer nadat hy die aanstelling van Max Horkheimer, die direkteur van die Instituut, aanvaar het toe dit na die Universiteit van Columbia in New York City verskuif is. Daar ontmoet hy Erich Fromm, Herbert Marcuse, en het ook kennis gemaak met Isaac Asimov. In Desember 1942 is hy getroud met Lili Therese Factor, die dogter van Emil Faktor, die voormalige hoofredakteur van die Berliner Börsen-Courier. Hulle dogter Marion Rut is op 26 September 1946 gebore. Tot 1943 het Flechtheim aan die Universiteit van Atlanta gedoseer. Nadat baie van sy studente vir militêre diens opgeroep is, het hy 'n Assistent Professor by die Bates Kollege geword. Tydens die Tweede Wêreldoorlog het Flechtheim by die Amerikaanse leër aangesluit. In 1946 het hy teruggekeer na diens met 'n rang van luitenant-kolonel. Hy het vir verskeie maande by die kantoor van die Amerikaanse hoof van die Raad vir Oorlogsmisdade in Duitsland aangesluit. Van 1947 tot 1951 het hy sy akademiese loopbaan in die Verenigde State as universiteitsdosent voortgesit. Terugkeer na Duitsland en deelname aan die politiek --------------------------------------------------- In 1947 het die Universiteit van Heidelberg 'n doktorsgraad vir sy werk (gepubliseer in 1948) oor die KPD in Weimar Republiek toegeken. Hy het aansoek gedoen vir die herstel van sy regsgraad van Keulen Universiteit, wat ook in 1947 toegeken is. Van 1952 tot 1959 was Flechtheim 'n volle professor aan die Duitse Universiteit van Politiek. Na die integrasie van daardie instelling in die Vrye Universiteit van Berlyn in 1959, het hy 'n professor in die politieke wetenskap aan die plaaslike Otto-Suhr-Institut geword, 'n posisie wat hy tot sy aftrede in 1974 gehou het. In die politieke lewe het Flechtheim mede-stigter geword van die liberale-links-Republikeinse Klub in Wes-Berlyn. Hy het tien jaar tot 1962 'n lid van die Sosiaal-Demokratiese Party (SPD) van Duitsland geword. Hy het in 1981 'n lid van die Groen Party geword. Hy het 'n verskeidenheid van boeke, essays en artikels in koerante (insluitende *Frankfurter Rundschau* en *Die Zeit*) geskryf. Flechtheim was 'n stigterslid en vise-president van die Duitse tak van die International Federation for Human Rights, 'n lid van die PEN-klub, die Vredesraad en die Raad van Trustees van die Duitse Vereniging vir Vrede en Konflikstudies. Flechtheim was 'n aktiewe ondersteuner van die International War Resisters. Op 9 Augustus 1985, in 'n onderhoud vir *Frankfurter Allgemeine Zeitung*, het hy kommentaar gelewer op waaroor hy die meeste besorg is; naamlik "onmenslikheid" en die oorlog van die mense teen mekaar. Na die Duitse hereniging was Flechtheim een van die min wat geargumenteer het ten gunste van die "derde manier" van sintese van beide Wes-en Oos-posisies op grond van "demokratiese sosialisme". Flechtheim sterf op die vooraand van sy 89ste verjaarsdag in sy aangenome tuisdorp van Berlyn, en is begrawe in Dahlem begrafplaas deel 2, langs sommige van sy politieke vriende wat daar begrawe was. Futurologie ----------- ``` "Die stigter van moderne futurisme, as daar een is, kan dalk 'n sagte-ordentlike Duitse professor wees wat reeds in die middel van die 1940's begin praat en skryf oor die behoefte aan wat hy "futurologie" noem. … Flechtheim het aangevoer dat universiteite oor die toekoms moet doseer. In sy essay verwys hy na "futurologie" as 'n nuwe "wetenskap". Selfs as die stelselmatige vooruitskatting nie veel meer verrig as om die onvermydelike onthul het nie, beweer hy dat dit steeds van kardinale waarde sal wees." —Alvin Toffler in sy boek The Futurists" (1972) ``` In 1943 het Flechtheim die term "Futurologie" as 'n sistematiese en kritiese hantering van problematies verwant aan Toekomsstudies geskep. In sy 1945-publikasie *Teaching the Future* het hy gevra vir die ontwikkeling van kursusse wat oor die toekoms handel. In sy essay van 1969 *Discussion on Future Research* het hy verduidelik dat dit "... was 'n poging om die evolusie van die mens en sy samelewing te bespreek in die tot dusver verbode toekoms tyd. Ek het vasgestel dat deur die toenemende groeiende hulpbronne van wetenskap en studie te monster, dat ons meer kan doen as terugwerkende analise en hipotetiese voorspellings, ons kan probeer om die graad van geloofwaardigheid en waarskynlikheid van voorspellings vas te stel." In 1970 het hy sy werk gepubliseer; *Futurology: The battle for the future*. Daarin bekritiseer hy beide die toekomstige studies in die Weste en die tegnokratiese benadering wat in die sosialistiese lande bevorder word, in plaas daarvan om 'n model van die "bevryding van die toekoms" te bevorder. Flechtheim se konsep van futurologie was destyds gebaseer op die proses van sosiale evolusie wat in Oos- en Wes-Europa ontstaan het, wat 'n "Derde Pad" as kapitalistiese en kommunistiese stelsels gelei het en 'n nuwe demokratiese alternatief vir bestaande samelewings sou beteken. Geselekteerde werke ------------------- * *Bolshevist and national socialist doctrines of international law,* New York: Social Research, 1940 * *Teaching the Future*, Journal for Higher Education, 16 (1945), 460-65, and in: Forum, 104 (1945), 307-11 * *Fundamentals of Political Science*, New York: Ronald Press, 1952 * *History and Futurology,* Meisenheim am Glan: Anton Hain, 1966 [1] * *Discussion on Future Research*, in: Robert Jungk and Johan Galtung (Eds.), Mankind 2000, Oslo: Universitetsforlaget, and London: Allen & Unwin, 1969 * *The German Left Since 1945* (with William D. Graf), Oleander Press, 1976, ISBN 978-0-902675-54-4 * *Futurologie. Der Kampf um die Zukunft,* Köln: Wiss. u. Pol. 1982, ISBN 978-3-8046-8415-7 Bron ---- * Hierdie artikel is vertaal vanuit die Engelse Wikipedia
{ "title": "Ossip K. Flechtheim", "mostly_tablelist": false, "tablelist_ratio": [ 1794, 7763, 0.23109622568594615 ], "infobox": [ "<table about=\"#mwt1\" class=\"infobox biography vcard\" data-mw=\"{&quot;parts&quot;:[{&quot;template&quot;:{&quot;target&quot;:{&quot;wt&quot;:&quot;Inligtingskas Persoon\\n&quot;,&quot;href&quot;:&quot;./Sjabloon:Inligtingskas_Persoon&quot;},&quot;params&quot;:{&quot;naam&quot;:{&quot;wt&quot;:&quot;Ossip Kurt Flechtheim&quot;},&quot;bynaam&quot;:{&quot;wt&quot;:&quot;&quot;},&quot;beeld&quot;:{&quot;wt&quot;:&quot;&quot;},&quot;beeldbeskrywing&quot;:{&quot;wt&quot;:&quot;&quot;},&quot;onderskrif&quot;:{&quot;wt&quot;:&quot;&quot;},&quot;geboortenaam&quot;:{&quot;wt&quot;:&quot;&quot;},&quot;geboortedatum&quot;:{&quot;wt&quot;:&quot;{{Geboortedatum|1909|3|5}}&quot;},&quot;geboorteplek&quot;:{&quot;wt&quot;:&quot;Nikolaef, [[Russiese Ryk]] &lt;small&gt;(nou Mykolaif, [[Oekraïne]])&lt;/small&gt;&quot;},&quot;dood_datum&quot;:{&quot;wt&quot;:&quot;{{Sterfdatum en ouderdom|1909|3|5|1998|3|4}}&quot;},&quot;sterfteplek&quot;:{&quot;wt&quot;:&quot;[[Berlyn]], [[Duitsland]]&quot;},&quot;ouers&quot;:{&quot;wt&quot;:&quot;Herrmann Flechtheim en Olga (née Farber)&quot;},&quot;titel&quot;:{&quot;wt&quot;:&quot;&quot;},&quot;nasionaliteit&quot;:{&quot;wt&quot;:&quot;{{vlagland|Duitsland}}&quot;},&quot;beroep&quot;:{&quot;wt&quot;:&quot;Juris, politieke wetenskaplike, skrywer, futuris en humanis&quot;},&quot;ander&quot;:{&quot;wt&quot;:&quot;&quot;},&quot;bekend&quot;:{&quot;wt&quot;:&quot;''Futurologie''&quot;},&quot;salaris&quot;:{&quot;wt&quot;:&quot;&quot;},&quot;termyn&quot;:{&quot;wt&quot;:&quot;&quot;},&quot;voorganger&quot;:{&quot;wt&quot;:&quot;&quot;},&quot;opvolger&quot;:{&quot;wt&quot;:&quot;&quot;},&quot;eerbewyse&quot;:{&quot;wt&quot;:&quot;&quot;},&quot;party&quot;:{&quot;wt&quot;:&quot;&quot;},&quot;godsdiens&quot;:{&quot;wt&quot;:&quot;&quot;},&quot;huweliksmaat&quot;:{&quot;wt&quot;:&quot;&quot;},&quot;kinders&quot;:{&quot;wt&quot;:&quot;&quot;},&quot;webblad&quot;:{&quot;wt&quot;:&quot;&quot;},&quot;handtekening&quot;:{&quot;wt&quot;:&quot;&quot;}},&quot;i&quot;:0}}]}\" id=\"mwAg\" style=\"width:22em\" typeof=\"mw:Transclusion\"><tbody><tr><th colspan=\"2\" style=\"text-align:center;font-size:125%;font-weight:bold\"><div class=\"fn\" style=\"display:inline\">Ossip Kurt Flechtheim</div></th></tr><tr><th scope=\"row\">Gebore</th><td><span style=\"display:none\">(<span class=\"bday\">1909-03-05</span>)</span>5 Maart 1909<br/><div class=\"birthplace\" style=\"display:inline\">Nikolaef, <a href=\"./Russiese_Ryk\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Russiese Ryk\">Russiese Ryk</a> <small>(nou Mykolaif, <a href=\"./Oekraïne\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Oekraïne\">Oekraïne</a>)</small></div></td></tr><tr><th scope=\"row\">Sterf</th><td>4 Maart 1998 (op 88)<br/><div class=\"deathplace\" style=\"display:inline\"><a href=\"./Berlyn\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Berlyn\">Berlyn</a>, <a href=\"./Duitsland\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Duitsland\">Duitsland</a></div></td></tr><tr><th scope=\"row\">Nasionaliteit</th><td class=\"category\"><span class=\"mw-image-border\" data-mw='{\"caption\":\"Vlag van Duitsland\"}' typeof=\"mw:File\"><a class=\"mw-file-description\" href=\"./Lêer:Flag_of_Germany.svg\" title=\"Vlag van Duitsland\"><img alt=\"Vlag van Duitsland\" data-file-height=\"600\" data-file-type=\"drawing\" data-file-width=\"1000\" decoding=\"async\" height=\"13\" resource=\"./Lêer:Flag_of_Germany.svg\" src=\"//upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/b/ba/Flag_of_Germany.svg/22px-Flag_of_Germany.svg.png\" srcset=\"//upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/b/ba/Flag_of_Germany.svg/33px-Flag_of_Germany.svg.png 1.5x, //upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/b/ba/Flag_of_Germany.svg/44px-Flag_of_Germany.svg.png 2x\" width=\"22\"/></a></span><span typeof=\"mw:Entity\"> </span><a href=\"./Duitsland\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Duitsland\">Duitsland</a></td></tr><tr><th scope=\"row\">Beroep</th><td class=\"role\">Juris, politieke wetenskaplike, skrywer, futuris en humanis</td></tr><tr><th scope=\"row\">Bekend<span typeof=\"mw:Entity\"> </span>vir</th><td><i>Futurologie</i></td></tr><tr><th scope=\"row\">Ouer(s)</th><td>Herrmann Flechtheim en Olga (née Farber)</td></tr></tbody></table>" ], "td_tables": [], "text_length": 8097 }
**Hipotermie (verkluiming)** is 'n toestand waarin die sentrale liggaamstemperatuur (die hoogste temperatuur in die middel van die lyf) van 'n persoon so ver gedaal het dat die normale metabolisme in gevaar kom. Liggaamstemperatuur wissel by normale gesonde mense tussen ongeveer 37,5 ºC (soms hoër by inspanning) en 35,5 ºC, of soms laer, soos vroeg in die môre tydens slaap. Liggaamstemperature onder 32 ºC veroorsaak dat funksies afneem, en enigiets onder 30 ºC is uiters skadelik. Hipotermie begin as die liggaamstemperatuur daal tot onder 35 °C. As die liggaamstemperatuur onder 32 °C daal, word die situasie kritiek. Liggaamstemperature onder 27 °C is sonder mediese ingryping byna altyd dodelik, hoewel daar gevalle bekend is waar 'n persoon met 'n liggaamstemperatuur van 14 °C oorleef het. Hartstilstand en breinfunksie ----------------------------- Hipotermie kan ook lewensreddend wees. Die brein sterf naamlik reeds af wanneer die sirkulasie slegs enkele minute stop, maar by laer temperatuur kan dat veel langer duur (ander organe is minder in gevaar, aangesien hulle 'n sirkulasiestilstand langer kan oorleef). Hierdeur is dit soms moontlik om verdrinking in baie koue water te oorleef. Die slagoffer verloor bewussyn en die hartklop (bloedsomloop) stop. Die slagoffer lyk klinies dood. Deur die koue van die water raak die brein egter nog nie so vinnig onherroeplik beskadig nie. In sommige gevalle is dit nog moontlik om sulke slagoffers te laat herleef. Soorte ------ Daar is twee soorte hipotermie te onderskei, akute en chroniese. Akute hipotermie is die gevaarlikste; die liggaamstemperatuur daal vinnig, dikwels binne sekondes of minute as 'n slagoffer bv. deur die ys van 'n bevrore meer sak. Chroniese hipotermie vind plaas as die liggaam oor 'n lang tyd verkoel word. Iemand wat in yskoue water beland, sal oor die algemeen binne enkele minute te koud wees om self aktief te kan swem. Die gevaar van 'n fatale einde word ook vergroot deur hewige uitputting van die sparteling. | | | | --- | --- | | Normdata Edit this at Wikidata | * BNF: cb12125218v (data) * GND: 4140401-4 * LCCN: sh85063825 * NDL: 00576898 * NKC: ph398377 |
{ "title": "Hipotermie", "mostly_tablelist": false, "tablelist_ratio": [ 295, 1961, 0.15043345232024477 ], "infobox": [ "<table about=\"#mwt1\" cellpadding=\"0\" cellspacing=\"0\" class=\"toccolours vatop infobox\" style=\"float:right; clear:right; width:270px; padding:3px; margin:1px 1px 1em 1em; font-size:85%;\">\n<tbody><tr><td colspan=\"3\" style=\"background-color:#d3d3d3; color:#000000; text-align: center;\"><b><span style=\"font-size: 120%;\">Hipotermie</span></b></td></tr>\n<tr>\n<td colspan=\"3\" style=\"text-align: center;\">Klassifikasie en eksterne bronne</td></tr>\n<tr>\n<td colspan=\"3\" style=\"text-align:center;\"><span data-mw=\"{&quot;caption&quot;:&quot;Toe &lt;a rel=\\&quot;mw:WikiLink\\&quot; href=\\&quot;./Napoleon\\&quot; title=\\&quot;Napoleon\\&quot; data-parsoid='{\\&quot;stx\\&quot;:\\&quot;simple\\&quot;,\\&quot;a\\&quot;:{\\&quot;href\\&quot;:\\&quot;./Napoleon\\&quot;},\\&quot;sa\\&quot;:{\\&quot;href\\&quot;:\\&quot;Napoleon\\&quot;}}'&gt;Napoleon&lt;/a&gt; in die winter van 1812 uit &lt;a rel=\\&quot;mw:WikiLink\\&quot; href=\\&quot;./Rusland\\&quot; title=\\&quot;Rusland\\&quot; data-parsoid='{\\&quot;stx\\&quot;:\\&quot;simple\\&quot;,\\&quot;a\\&quot;:{\\&quot;href\\&quot;:\\&quot;./Rusland\\&quot;},\\&quot;sa\\&quot;:{\\&quot;href\\&quot;:\\&quot;Rusland\\&quot;}}'&gt;Rusland&lt;/a&gt; wyk, het talle soldate hipotermie opgedoen.&quot;}\" typeof=\"mw:Image\"><a class=\"mw-file-description\" href=\"./Lêer:Napoleons_retreat_from_moscow.jpg\"><img data-file-height=\"762\" data-file-type=\"bitmap\" data-file-width=\"1000\" decoding=\"async\" height=\"198\" resource=\"./Lêer:Napoleons_retreat_from_moscow.jpg\" src=\"//upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/c/cc/Napoleons_retreat_from_moscow.jpg/260px-Napoleons_retreat_from_moscow.jpg\" srcset=\"//upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/c/cc/Napoleons_retreat_from_moscow.jpg/390px-Napoleons_retreat_from_moscow.jpg 1.5x, //upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/c/cc/Napoleons_retreat_from_moscow.jpg/520px-Napoleons_retreat_from_moscow.jpg 2x\" width=\"260\"/></a></span></td></tr>\n<tr>\n<td colspan=\"3\" style=\"text-align: center;\"><i>Toe <a class=\"mw-redirect\" href=\"./Napoleon\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Napoleon\">Napoleon</a> in die winter van 1812 uit <a href=\"./Rusland\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Rusland\">Rusland</a> wyk, het talle soldate hipotermie opgedoen.</i></td></tr>\n<tr>\n<td style=\"font-weight:bold;\"><a href=\"./ICD-10\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"ICD-10\">ICD-10</a></td><td colspan=\"2\"><a class=\"mw-redirect\" href=\"./ICD-10_Hoofstuk_T\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"ICD-10 Hoofstuk T\">T</a><a class=\"external text\" href=\"http://apps.who.int/classifications/icd10/browse/2010/en#/T68\" rel=\"mw:ExtLink\">68</a></td></tr>\n<tr>\n<td style=\"font-weight:bold;\"><a class=\"mw-redirect\" href=\"./ICD-9\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"ICD-9\">ICD-9</a></td><td colspan=\"2\"><a class=\"external text\" href=\"http://www.icd9data.com/getICD9Code.ashx?icd9=991.6\" rel=\"mw:ExtLink\">991.6</a></td></tr>\n<tr>\n<td style=\"font-weight:bold;\"><a class=\"mw-redirect\" href=\"./Diseases_Database\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Diseases Database\">DiseasesDB</a></td><td colspan=\"2\"><a class=\"external text\" href=\"http://www.diseasesdatabase.com/ddb6542.htm\" rel=\"mw:ExtLink\">6542</a></td></tr>\n<tr>\n<td style=\"font-weight:bold;\"><a href=\"./MedlinePlus\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"MedlinePlus\">MedlinePlus</a><span typeof=\"mw:Entity\"> </span><span typeof=\"mw:Entity\"> </span></td><td colspan=\"2\"><a class=\"external text\" href=\"http://www.nlm.nih.gov/medlineplus/ency/article/000038.htm\" rel=\"mw:ExtLink\">000038</a></td></tr>\n<tr>\n<td style=\"font-weight:bold;\"><a href=\"./EMedicine\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"EMedicine\">eMedicine</a></td><td colspan=\"2\"><a class=\"external text\" href=\"http://www.emedicine.com/med/topic1144.htm\" rel=\"mw:ExtLink\">med/1144</a></td></tr>\n<tr>\n<td style=\"font-weight:bold;\"><a href=\"./Medical_Subject_Headings\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Medical Subject Headings\">MeSH</a></td><td colspan=\"2\"><a class=\"external text\" href=\"http://www.nlm.nih.gov/cgi/mesh/2006/MB_cgi?field=uid&amp;term=D007035\" rel=\"mw:ExtLink\">D007035</a></td></tr>\n<tr>\n<td colspan=\"3\" style=\"background-color:#d3d3d3; color:#000000; text-align: center;\"><b><span typeof=\"mw:Image\"><a class=\"mw-file-description\" href=\"./Lêer:Star_of_life_caution.svg\"><img data-file-height=\"190\" data-file-type=\"drawing\" data-file-width=\"210\" decoding=\"async\" height=\"22\" resource=\"./Lêer:Star_of_life_caution.svg\" src=\"//upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/d/d5/Star_of_life_caution.svg/24px-Star_of_life_caution.svg.png\" srcset=\"//upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/d/d5/Star_of_life_caution.svg/36px-Star_of_life_caution.svg.png 1.5x, //upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/d/d5/Star_of_life_caution.svg/48px-Star_of_life_caution.svg.png 2x\" width=\"24\"/></a></span> <a href=\"./Wikipedia:Mediese_vrywaringsnota\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Wikipedia:Mediese vrywaringsnota\">Mediese waarskuwing</a></b></td></tr>\n</tbody></table>" ], "td_tables": [], "text_length": 2174 }
Die **Geelveer** (*Aulax cancellata*) is 'n struik wat endemies is aan die Wes-Kaap en die Oos-Kaap en wat tot die genus *Aulax* behoort. Dit plant is wydverspreid, dit kom op die Kaapse Skiereiland, Hottentots-Hollandberge tot by die Langeberg, Kougaberge, Swartberg en Kammanassieberge voor. Die struik groei regop met 'n enkelstam en word tot 2,5 meter hoog. Die plant vrek in 'n brand maar die sade oorleef. Die plant is tweeslagtig, manlike en vroulike blomme groei aan verskillende plante. Die plante blom van November tot Februarie. 'n Verskeidenheid insekspesies help met die bestuiwing van die plante. Vroulike blomme verdroog en vorm 'n houtagtige doppie waarin die sade vorm en bewaar word. Die plant groei in sandsteengrond op hoogtes van 0 tot 1 200 m. In Engels staan die plant bekend as die *Channel-leaf Featherbush*. Bronne ------ * REDLIST Sanbi * Protea Atlas * Biodiversityexplorer * Plants of the World Online | | | | --- | --- | | Taksondatabasisse | * Wd: Q15063235 * GBIF: 5636472 * iNaturalist: 580852 * IPNI: 703055-1 * IUCN: 112519616 * NCBI: 379204 * Plant List: kew-2666291 * Tropicos: 26500809 |
{ "title": "Geelveer", "mostly_tablelist": false, "tablelist_ratio": [ 575, 1273, 0.4516889238020424 ], "infobox": [ "<table about=\"#mwt1\" class=\"infobox biota\" style=\"text-align: left; width: 200px; font-size: 100%\">\n<tbody><tr>\n<th colspan=\"2\" style=\"text-align: center; background-color: rgb(180,250,180)\">Geelveer</th></tr>\n<tr style=\"text-align: center; background-color: rgb(180,250,180)\">\n<th colspan=\"2\"><div style=\"text-align: center\"><a href=\"./Bewaringstatus\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Bewaringstatus\">Bewaringstatus</a></div></th></tr>\n<tr>\n<td colspan=\"2\"><div style=\"text-align: center\"><span class=\"mw-default-size\" typeof=\"mw:File/Frameless\"><span><img alt=\"\" class=\"mw-file-element\" data-file-height=\"64\" data-file-type=\"drawing\" data-file-width=\"240\" decoding=\"async\" height=\"59\" resource=\"./Lêer:Status_iucn3.1_LC_af.svg\" src=\"//upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/7/7e/Status_iucn3.1_LC_af.svg/220px-Status_iucn3.1_LC_af.svg.png\" srcset=\"//upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/7/7e/Status_iucn3.1_LC_af.svg/330px-Status_iucn3.1_LC_af.svg.png 1.5x, //upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/7/7e/Status_iucn3.1_LC_af.svg/440px-Status_iucn3.1_LC_af.svg.png 2x\" width=\"220\"/></span></span><br/><a href=\"./Veilige_spesie\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Veilige spesie\">Veilig</a> <link href=\"./Kategorie:IUBN_Rooilys_veilige_spesies\" rel=\"mw:PageProp/Category\"/><small><span typeof=\"mw:Entity\"> </span>(<a href=\"./IUBN-rooilys\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"IUBN-rooilys\">IUCN 3.1</a>)</small></div></td></tr>\n<tr>\n<th colspan=\"2\" style=\"min-width:15em; text-align: center; background-color: rgb(180,250,180)\"><a href=\"./Wetenskaplike_klassifikasie\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Wetenskaplike klassifikasie\">Wetenskaplike klassifikasie</a> <span class=\"plainlinks\" style=\"font-size:smaller; float:right; padding-right:0.4em; margin-left:-3em;\"><span class=\"mw-default-size\" data-mw='{\"caption\":\" edit \"}' typeof=\"mw:File\"><a href=\"./Sjabloon:Taksonomie/Aulax\" title=\"edit\"><img alt=\"edit\" class=\"mw-file-element\" data-file-height=\"16\" data-file-type=\"bitmap\" data-file-width=\"16\" decoding=\"async\" height=\"16\" resource=\"./Lêer:Red_Pencil_Icon.png\" src=\"//upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/7/74/Red_Pencil_Icon.png\" width=\"16\"/></a></span></span></th></tr>\n<tr>\n<td>Domein:</td>\n<td><a href=\"./Eukarioot\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Eukarioot\">Eukaryota</a></td></tr>\n<tr>\n<td>Koninkryk:</td>\n<td><a href=\"./Plant\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Plant\">Plantae</a></td></tr>\n<tr>\n<td><i>Klade</i>:</td>\n<td><a href=\"./Vaatplant\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Vaatplant\">Tracheofiete</a></td></tr>\n<tr>\n<td><i>Klade</i>:</td>\n<td><a href=\"./Bedeksadiges\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Bedeksadiges\">Angiospermae</a></td></tr>\n<tr>\n<td><i>Klade</i>:</td>\n<td><a href=\"./Eudicots\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Eudicots\">Eudicots</a></td></tr>\n<tr>\n<td>Orde:</td>\n<td><a href=\"./Proteales\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Proteales\">Proteales</a></td></tr>\n<tr>\n<td>Familie:</td>\n<td><a href=\"./Proteaceae\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Proteaceae\">Proteaceae</a></td></tr>\n<tr>\n<td>Genus:</td>\n<td><a href=\"./Aulax\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Aulax\"><i>Aulax</i></a></td></tr>\n<tr>\n<td>Spesie:</td>\n<td><div class=\"spesie\" style=\"display:inline\"><i><b>A.<span typeof=\"mw:Entity\"> </span>cancellata</b></i></div></td></tr>\n<tr>\n<th colspan=\"2\" style=\"text-align: center; background-color: rgb(180,250,180)\"><a href=\"./Binomiale_naam\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Binomiale naam\">Binomiale naam</a></th></tr>\n<tr>\n<td colspan=\"2\" style=\"text-align: center\"><b><span class=\"binomial\"><span style=\"font-weight:normal;\"></span><i>Aulax cancellata</i></span></b><br/><div style=\"font-size: 85%;\">(<a href=\"./Carolus_Linnaeus\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Carolus Linnaeus\">L.</a>) Druce, (1914)</div></td></tr>\n<tr style=\"text-align: center; background-color: rgb(180,250,180)\"></tr>\n<tr>\n<th colspan=\"2\" style=\"text-align: center; background-color: rgb(180,250,180)\"><a href=\"./Sinoniem_(taksonomie)\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Sinoniem (taksonomie)\">Sinonieme</a></th></tr>\n<tr>\n<td colspan=\"2\" style=\"text-align: left\">\n<ul><li><i>Aulax pinifolia</i> <small><a href=\"./Peter_Jonas_Bergius\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Peter Jonas Bergius\">P.J.Bergius</a></small></li>\n<li><i>Leucadendron cancellatum</i> <small>L.</small></li>\n<li><i>Leucadendron pinifolium</i> <small>L.</small></li>\n<li><i>Protea bracteata</i> <small><a href=\"./Carl_Peter_Thunberg\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Carl Peter Thunberg\">Thunb.</a></small></li>\n<li><i>Protea pinifolia</i> <small>L.</small></li></ul></td></tr>\n</tbody></table>" ], "td_tables": [], "text_length": 1139 }
| **Osorno** | | --- | | **Kaart** | **Vlag** | | | | | | | | **Wapen** | | | | | |  **Land** |  Chili | |  **Streek** | Los Lagos | |  **Koördinate** | 40°35′00″S 72°10′00″W / 40.58333°S 72.16667°W / -40.58333; -72.16667 | |  **Gestig op** | 1558 | |  **Oppervlakte:** |   | |  - Totaal | 951 vk km | |  **Hoogte bo seevlak** | 35 m | | | |  **Bevolking:** |   | |  - Totaal (2009) | 160.475 | |  - Bevolkingsdigtheid | 152,97/vk km | |  - Metropolitaanse gebied | | |  **Tydsone** | UTC -3 | | |  **Burgemeester** | Jaime Bertín | |   **Amptelike Webwerf** | www.municipalidadosorno.cl | | Osorno gesien vanaf 'n hoogte. Osorno, is die stad en munisipaliteit in die suide van Chili, wat is die hoofstad van dieselfde naam en die Provinsie van Osorno. Osorno is 'n belangrike stad in Región de Los Lagos en die suide van die land. In 2009 was daar sowat 160.475 inwoners, maak dit die sestiende volk rijkste stad in Chili, en die tweede in die Región de Los Lagos. 8,7% van die bevolking identifiseer homself as inheems nie. Osorno is 'n belangrike punt van die aankoms van die duitse immigrante wat aangekom het in die gebied in die 19de eeu.
{ "title": "Osorno", "mostly_tablelist": false, "tablelist_ratio": [ 378, 848, 0.44575471698113206 ], "infobox": [], "td_tables": [], "text_length": 1172 }
**Wladimir Semjonowitsj Wisotski** (Russies: Влади́мир Семёнович Высо́цкий; 25 Januarie 1938 – 25 Julie 1980) was ’n Sowjet-sanger, liedjieskrywer, digter en akteur wie se loopbaan ’n groot en langdurige invloed op die Russiese kultuur gehad het. Hy het wyd bekend geword vanweë sy unieke sangstyl en sy lirieke, wat maatskaplike en politieke kommentaar gelewer het in ’n dikwels humoristiese straatsleng. Hy was ook ’n vooraanstaande verhoog- en rolprentakteur. Hoewel sy werk grootliks deur die amptelike Sowjet-establishment geïgnoreer is, het hy merkwaardige roem in sy leeftyd behaal en oefen hy steeds ’n belangrike invloed op baie van Rusland se gewilde musikante en akteurs uit wat sy ikoniese status begeer. Vroeë lewe ---------- Wladimir Wisotski is in Moskou gebore. Sy pa, Semjon Wolfowitsj (Wladimirowitsj) (1915–1997), was ’n Joodse kolonel in die Sowjet-weermag en oorspronklik van Kiëf. Sy ma, Nina Maksimowna (gebore Serjogina, 1912–2003), was Russies en ’n vertaler uit Duits. Wisotski se gesin het in ’n kommunewoonstel in strawwe toestande gewoon en het ernstige finansiële probleme gehad. Toe hy 10 maande oud was, moes sy ma terugkeer werk toe om haar man te help sorg vir die gesin. Wisotski se buitengewone teateraanleg het op ’n vroeë ouderdom duidelik geword. Hy het van kleins af ’n besonderse humorsin gehad. Hy onthou daardie eerste jare in die outobiografiese *Ballad of Childhood* (1975), een van sy bekendste liedere. Toe die Tweede Wêreldoorlog uitbreek, het sy pa by die Sowjet-weermag aangesluit en teen die Nazi's gaan veg. Nina en Wladimir is na die dorpie Worontsofka in die Orenburg-oblast gestuur waar die seun ses dae van die week in ’n kindertuin deurgebring het terwyl sy ma 12 uur per dag in ’n chemiese fabriek gewerk het. In 1943 het hulle teruggekeer na hul Moskouse woonstel. In Desember 1946 is Wisotski se ouers geskei en hy het by sy pa en dié se tweede vrou, Jewgenija Stepanowna Liholatowa, gaan woon. Hulle het baie in gemeen gehad, sou sy pa later vertel. Wisotski en sy pa-hulle het van 1947–1949 in ’n militêre basis in Eberswalde in die Sowjet-besette seksie van die naoorlogse Duitsland (later Oos-Duitsland) gewoon. Die lewensomstandighede was hier beter as in Moskou. In 1949 het Wisotski en sy stiefma na Moskou teruggekeer. In 1953 het hy dramalesse begin neem en in dieselfde jaar het hy sy eerste kitaar present gekry. In 1955 het hy sy skoolloopbaan voltooi. Loopbaan -------- In dieselfde jaar het Wisotski ingeskryf by die Moskouse Instituut vir Siviele Ingenieurswese, maar het ná net een semester opgeskop om ’n akteur te word. In Junie 1956 het hy by die Moskouse Kunsteater aangesluit, waar hy sy toekomstige vrou, Iza Zjukowa, ontmoet het. Hier het hy ook kennis gemaak met Boelat Okoedzjawa, ’n reeds gewilde ondergrondse bard. In 1958 het Wisotski sy eerste teaterrol gekry, dié van Porfiri Petrowitsj in Dostojefski se *Crime and Punishment*. In 1959 het hy sy eerste rol in ’n rolprent gekry – dié van Petja in Wasili Ordinski se *The Yearlings*. Op 20 Junie 1960 het hy sy graad behaal en aangesluit by die Moskouse Dramateater A.S. Poesjkin. Hier het hy kattekwaad aangevang weens artistieke frustrasie en in 1962 is hy afgedank. Ná nog twee rolle in rolprente het hy sy eerste behoorlike liedjie in 1961 geskryf: *Tattoo*. In Junie 1963, terwyl hy in die rolprent *Penalty Kick* gespeel het, het hy ’n uurlange kasset van sy eie liedjies opgeneem. Eksemplare daarvan is versprei en hy het gou bekend geraak in Moskou. In Oktober 1964 het Wisotski 48 van sy liedjies opgeneem en dit het hom gewild gemaak as ’n nuwe Moskouse ster van folk underground. ### 1964–1970 Wisotski se gesig op ’n Russiese seël van 1999. In 1964 is hy genooi om by die nuwe Moskouse Teater van Drama en Komedie aan die Taganka aan te sluit. Op 19 September 1964 het Wisotski sy debuut gemaak in Bertholt Brecht se *The Good Person of Szechwan*. Dit was in Taganka dat Wisotski op die verhoog begin sing het, met ’n nuwe oorlogstema in sy musikale repertoire. Eindelik is hy gevra om liedjies eksklusief vir Taganka se nuwe toneelstuk oor WOII te skryf. In Oktober 1965 het *The Dead and the Living* sy première gehad en dit het Wisotski se *Stars*, *The Soldiers of Heeresgruppe Mitte* en *Penal Battalions* ingesluit – treffende voorbeelde van ’n heel nuwe soort oorlogslied wat nog nooit in Rusland gehoor is nie. Op twee konserte in die destydse Leningrad het hy eintlik sy debuut as solosanger gemaak het. Teen dié tyd het hy erg gedrink en in 1967 het Taganka hom na ’n rehabilitasiekliniek gestuur. Brecht se *Life of Galileo* (wat sy première op 17 Mei 1966 gehad het) het Wisotski sy eerste hoofrol besorg. Die reaksie was gemeng; nie al die resensente het gehou van sy openlike emosionaliteit nie, maar dit was die eerste keer dat Wisotski se naam in Sowjet-koerante genoem is. Regisseurs het hom nou ernstig opgeneem en hy het sy eerste "ernstige" rol gekry in Wiktor Toerof se oorlogsprent *Come from the Childhood*, met twee van sy liedjies. Stanislaf Goworoechin se *The Vertical* (1967), ’n bergklimdrama, het Wisotski erkenning en roem in die sak gebring. Hy het hard gewerk by Taganka en het al hoe meer dikwels die kans gekry om konserte te hou, waar hy as ’n kultusheld ontvang is. Ná nog ’n belangrike rol in *Pugachov* het Taganka moeg geraak vir die akteur se onbetroubaarheid wat hoofsaaklik veroorsaak is deur sy drinkgewoonte en hy is afgedank, en ’n paar maande later weer aangestel. Dit sou ’n patroon word van afdanking en vergifnis wat jare lank voortgeduur het. In Junie 1968 het ’n veldtog in die Sowjet-pers teen Wisotski begin waarin hy aangeval is oor die verspreiding van "immorele, vieslike" liedjies wat die misdaadwêreld, alkoholisme en immoraliteit" sou aanwakker. Daarna het die koerant Komsomolskaja Prawda hom verbind met swartmarkhandelaars wat van sy kassette in Siberië verkoop het. Hy is selfs deur ’n amptenaar van die departement van kultuur ’n "anti-Sowjet-vuilgoed" genoem. Twee van Wisotski se 1968-rolprente is erg gesensor en een vir 20 jaar onttrek. In dié jaar was sy liedere swaar en depressief. Baie van hulle – soos *Save Our Souls,* *The Wolfhunt,* *Gypsy Variations* en *The Steam-bath in White* – is dadelik geprys as sy meesterstukke. Een van die liedjies was egter minder swaarmoedig – een oor die begin van sy passievolle liefdesverhouding met die Franse aktrise Marina Vlady. In 1969 het Wisotski in twee films gespeel: *The Master of Taiga* en *Dangerous Tour*. Die laaste een is in die pers gekritiseer weens ’n klugtige benadering tot die onderwerp van die Bolsjewiste se ondergrondse bedrywighede, maar vir die algemene Sowjet-fliekvlooie was dit ’n kans om die charismatiese akteur se spel op die silwerdoek te sien. In 1970 het Wisotski die afgesette Sowjet-leier Nikita Chroesjtsjof by sy datsja besoek en ’n lang gesprek met hom gevoer en daarna het hy op ’n groot Sentraal-Asiatiese konserttoer vertrek. Hy en Marina Vlady is eindelik op 1 Desember 1970 getroud (tot groot ergernis van die Moskouse kulturele en politieke elite). Hy was baie kreatief in dié tyd en het tientalle nuwe liedjies geskryf soos die koorsangagtige *I Hate,* romantiese *The Abandoned Ship,* sentimentele *Lyricale,* satiriese *I Have Left Russia,* humoristiese *The Giraffe,* *A Merry Funeral Song* en *The High Jumper,* asook die oorlogsliedere *He Didn't Return from the Battle,* *The Earth Song,* en talle ander. ### 1971–1973 Staatsmuseum vir Wisotski in Moskou. 1971 het goed begin. Wisotski het die gesogte naamrol gekry in Joeri Ljoebimof se toneelstuk *Hamlet*. Ná ’n senu-ineenstorting wat met drank verband gehou het, het Wisotski egter in ’n psigiatriese kliniek beland. Teen dié tyd was hy ’n alkoholis. Baie van sy liedere het oor alkoholisme en kranksinnigheid gehandel. Nadat hy gedeeltelik herstel het, grootliks te danke aan Marina se teenwoordigheid, het hy op ’n konserttoer na die Oekraïne vertrek en ’n klomp uitstekende liedjies geskryf. Maar dit was die rol in *Hamlet* (wat sy première op 29 November 1971 gehad het) wat eindelik sy groot sukses was – die rol van ’n eensame intellektuele rebel wat veg teen die wrede staatsmasjien. Dit was dadelik ’n treffer. Toe volg nog ’n terugslag: die rolprent *The Sannikov Land*, waarin Wisotski ’n rol gehad het en waarvoor hy ’n paar liedjies geskryf het, word onttrek – omdat sy gesig te "skandalig herkenbaar" was, soos ’n staatsamptenaar dit gestel het. Een van dié liedjies het egter ’n lewe van sy eie gekry en een van die sanger se bekendstes geword. In 1972 het Wisotski die prys vir die beste manlike rol op die Taormina-rolprentfees gewen vir sy rol in *The Bad Good Man* (geskoei op Anton Tsjechof se *Duel*). Sy gewildste liedere in dié tyd was humoristies van aard: *Mishka Shifman*, *Victim of Television* en die snaakse *The Honor of the Chess Crown*. In April 1973 het Wisotski Pole en Frankryk besoek, vir die eerste keer sedert se kinderjare. Sy grootste treffers van 1973 was *I Walked out on a Deal*, *The Others' Track*, *The Flight Interrupted* en *The Monument*. ### 1974–1977 Wisotski se musikale voortreflikheid kon nie meer geïgnoreer word nie en in 1974 is vier van sy liedjies op ’n plaat uitgereik. In September 1974 is hy vir die eerste keer beloon – met ’n erediploma van die regering van die Oezbekistanse Sosialistiese Sowjetrepubliek. Saam met die lidmaatskap van die USSR se Unie van Kinematograwe wat die jaar tevore aan hom toegeken is, het dit baie vir hom beteken. Hy was nou nie meer ’n "anti-Sowjet-vuilgoed" nie, maar eerder ’n onwaarskynlike skakel tussen die amptelike Sowjet-rolprentwese en "progressief-denkende kunstenaars van die Weste". Nog rolprentrolle het gevolg, onder meer in *The Only Road*, ’n gesamentlike prent van die Sowjetunie en Joego-Slawië wat sy première op 10 Januarie 1975 in Belgrado) gehad het. Wisotski was op die hoogtepunt van sy gewildheid. Ná nog ’n besoek aan Frankryk in 1975 was daar veranderinge by Taganka en ’n ontevrede direkteur het verklaar dat hy nie meer saam met Wisotski kan werk nie. In dié tyd het Wisotski vermoedelik amfetamiene begin gebruik. Wisotski en Marina is weer Frankryk toe en daarna, sonder dat hulle toestemming gevra of gekry het, na Noord-Amerika en Kanada. In New York het hy onder andere Mikhail Baryshnikov ontmoet en in ’n uurlange TV-onderhoud verklaar hy is "nie ’n andersdenkende nie, net ’n kunstenaar wat geen planne het om sy land te verlaat waar mense lief is vir hom en sy musiek nie". Tuis het geen teregwysing gewag nie: Leonid Brezjnef was dol oor die kunstenaar en het selfs in die hospitaal oor die telefoon na liedjies geluister wat Wisotksi in sy dogter se huis gesing het. In 1975 het Wisotski van sy treffendste filosofiese skeppings geskryf: *The Domes*, *The Rope*, en die hele "Middeleeuse" siklus, insluitende *The Ballad of Love*, *Free Archers* en *Children of Books*. In September het Wisotski na Joego-Slawië gereis (*Hamlet* het daar die eerste prys op ’n rolprentfees gewen) en daarna na Hongarye vir ’n konserttoer van twee weke. Van sy beste werke in dié tyd was ’n halfbiografiese *A Grand Mistake* (’n uitstekende halfparanoïese kykie op sy mediese terugslae) en *History of Illness* (’n sobere weergawe van dieselfde onderwerp). In 1977 het sy gesondheid so agteruitgegaan weens verskeie mediese probleme (hart, niere, lewer, kakebeeninfeksie en ’n senu-ineenstorting) dat hy in April in Moskou opgeneem is. Sy skryfwerk het egter nie agteruitgegaan nie – *A Rush to Escape* (oor die Sowjet-gevangenekampe), *My Destiny to the Finish Line,* *The Life Was Flying by* en die satiriese *A Letter to a TV Program from the Mental Asylum* is van sy beste werke. ### 1977–1980 In 1977 het Wisotski ’n onwaarskynlike verskyning op Amerikaanse TV gemaak, in die program *60 Minutes*. Daarin is valslik beweer dat hy tyd in die Goelag deurgebring het. In Augustus het hy in Hollywood voor lede van die New York, New York-rolprentspan opgetree. Nog konserte het gevolg in Los Angeles en in Desember het *Hamlet* na Frankryk getoer, waar dit goeie resensies gekry het. 1978 het begin met ’n reeks konserte in Moskou en die Oekraïne. In Mei het Wisotski ’n nuwe rolprentprojek aangepak: *The Meeting Place Cannot Be Changed* oor twee speurders in die laat 1940's. Hy was ook betrokke by ’n Taganka-program waar hy sy eie liedjies opgevoer het en het Aleksander Blok gespeel in Anatoly Efros se radiostuk *The Lady Stranger*. In November 1978 het Wisotski deelgeneem aan ’n ondergrondse letterkundeprojek teen sensuur. In Januarie het hy weer ’n reeks baie suksesvolle konserte in Amerika gehou. Hierna het hy teruggekeer na die vermoeiende teater- en konsertprogram met sy persoonlike dokter, Anatoli Fedotof, nie net as metgesel nie, maar deel van die Taganka-personeel. In Julie 1979, ná ’n reeks konserte in Sentraal-Asië, het Wisotski ineengestort, is hy klinies dood verklaar en deur Fedotof teruggebring nadat hy kafeïen direk in sy hart gespuit het. In Januarie 1980 het Wisotski ’n jaar verlof geneem. Sy liedjieskrywery het begin afneem en hy het meer konvensionele gedigte begin skryf, hoewel hy nog ’n paar treffers soos *White Waltz,* *The Hunt with Helicopters* en *Aeroflot 10 Years Later* geskryf het. In die laaste ses maande van sy lewe het Wisotski sporadies op die verhoog verskyn, aangehelp deur groot dosisse dwelms en alkohol. Sy optredes was wisselvallig. Hy het egter bly skryf, meestal gedigte en selfs prosa. Die laaste lied wat hy uitgevoer het, was die folterende *My Sorrow, My Anguish* en sy laaste gedig, ’n week voor sy dood, was *A Letter to Marina*. Dood ---- Obskure omstandighede omring Wisotski se dood. Hoewel verskeie teorieë bestaan, is dit waarskynlik uit wat die mens nou van kardiovaskulêre siektes weet, dat hy ’n harttoestand gehad het wat vererger is deur jare van rook, drink en dwelms sowel as die stres van vervolging en ’n moordende werkprogram. Op 16 Julie 1980 het Wisotski sy laaste optrede gehou in Kaliningrad. Op 18 Julie het hy Hamlet die laaste keer vertolk. Van omstreeks 21 Julie het van sy vriende heeldag en –nag by hom gewaak en sy alkoholinname beheer. Hy het onttrekkingsimtome van die dwelms gekry en soms niemand herken nie. Hy het al hoe rusteloser geraak en soms geskree van die pyn. In ’n stadium het Fedotof hom ’n kalmeermiddel ingegee en veroorsaak dat hy verstik het. Sy lewe is net-net gered. Op 24 Julie het hy aan sy ma en ’n paar vriende gesê hy is seker hy gaan dié dag sterf. Fedotof het gesê hy sou Wisotski se toestand deur die nag monitor. Nadat Wisotski relatief klein hoeveelhede alkohol ingeneem het, het Fedotof hom weer ’n kalmeermiddel ingegee en langs sy bed gaan sit, maar hy het aan die slaap geraak. Toe hy vroeg die oggend van 25 Julie wakker word, was Wisotski dood. Wisotski se ouers, wat sy alkoholisme geheim wou hou, het geweier dat ’n lykskouing gedoen word en die ware redes vir sy dood is tot vandag toe onbekend. Wisotski is op 28 Julie in Moskou begrawe. Die bywoning van die Moskouse Olimpiese Spele, wat in die tyd van sy dood plaasgevind het, het dié dag merkbaar gedaal. Duisende mense het in die strate gewag om sy kis te sien. Ná sy dood het die Sowjet-polisie ’n ondersoek van manslag begin, maar dit gestaak weens ’n gebrek aan getuienis.
{ "title": "Wladimir Wisotski", "mostly_tablelist": false, "tablelist_ratio": [ 3469, 16208, 0.21403010858835142 ], "infobox": [ "<table about=\"#mwt1\" class=\"infobox vcard plainlist\" data-mw='{\"parts\":[{\"template\":{\"target\":{\"wt\":\"Inligtingskas Musikale kunstenaar\\n\",\"href\":\"./Sjabloon:Inligtingskas_Musikale_kunstenaar\"},\"params\":{\"naam\":{\"wt\":\"Wladimir Wisotski\"},\"beeld\":{\"wt\":\"Vladimir Vysotsky.jpg\"},\"beeldgrootte\":{\"wt\":\"200px\"},\"dwarsformaat\":{\"wt\":\"\"},\"beeldbeskrywing\":{\"wt\":\"\"},\"beeldonderskrif\":{\"wt\":\"\"},\"agtergrondkleur\":{\"wt\":\"solo\"},\"geboortenaam\":{\"wt\":\"Wladimir Semjonowitsj Wisotski\"},\"alias\":{\"wt\":\"\"},\"geboortedatum\":{\"wt\":\"{{Geboortedatum|1938|01|25}}\"},\"geboorteplek\":{\"wt\":\"[[Moskou]], [[Sowjetunie]]\"},\"oorsprong\":{\"wt\":\"&lt;!-- Gebruik slegs as geen geboorteplek beskikbaar of indien oorsprong van geboorteplek verskil --&gt;\"},\"sterfdatum\":{\"wt\":\"{{Sterftedatum en ouderdom|1938|01|25|1980|07|25}}\"},\"sterfplek\":{\"wt\":\"Moskou\"},\"genre\":{\"wt\":\"[[Bard]]\"},\"beroep\":{\"wt\":\"Sanger, bard, liedjieskrywer, akteur\"},\"instrument\":{\"wt\":\"Sewesnarige kitaar, stem\"},\"jare_aktief\":{\"wt\":\"1959–1980\"},\"etiket\":{\"wt\":\"\"},\"assosiasies\":{\"wt\":\"\"},\"webwerf\":{\"wt\":\"\"},\"huidige_lede\":{\"wt\":\"\"},\"gewese_lede\":{\"wt\":\"\"}},\"i\":0}}]}' id=\"mwAg\" style=\"width:22em\" typeof=\"mw:Transclusion\"><tbody><tr><th colspan=\"2\" style=\"text-align:center;font-size:125%;font-weight:bold;background-color: #f0e68c\"><div class=\"solo\" style=\"display:inline;\">Wladimir Wisotski</div></th></tr><tr><td colspan=\"2\" style=\"text-align:center\"><span typeof=\"mw:File\"><a class=\"mw-file-description\" href=\"./Lêer:Vladimir_Vysotsky.jpg\"><img data-file-height=\"1024\" data-file-type=\"bitmap\" data-file-width=\"683\" decoding=\"async\" height=\"300\" resource=\"./Lêer:Vladimir_Vysotsky.jpg\" src=\"//upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/a/ad/Vladimir_Vysotsky.jpg/200px-Vladimir_Vysotsky.jpg\" srcset=\"//upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/a/ad/Vladimir_Vysotsky.jpg/300px-Vladimir_Vysotsky.jpg 1.5x, //upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/a/ad/Vladimir_Vysotsky.jpg/400px-Vladimir_Vysotsky.jpg 2x\" width=\"200\"/></a></span></td></tr><tr><th colspan=\"2\" style=\"text-align:center;background-color: #f0e68c\">Agtergrondinligting</th></tr><tr><th scope=\"row\"><span style=\"white-space:nowrap\">Geboortenaam</span></th><td class=\"nickname\">Wladimir Semjonowitsj Wisotski</td></tr><tr><th scope=\"row\">Gebore</th><td><span style=\"display:none\">(<span class=\"bday\">1938-01-25</span>)</span>25 Januarie 1938<br/><a href=\"./Moskou\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Moskou\">Moskou</a>, <a href=\"./Sowjetunie\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Sowjetunie\">Sowjetunie</a></td></tr><tr><th scope=\"row\">Sterf</th><td>25 Julie 1980 (op 42)<br/>Moskou</td></tr><tr><th scope=\"row\">Genres</th><td><a class=\"new\" data-mw-i18n='{\"title\":{\"lang\":\"x-page\",\"key\":\"red-link-title\",\"params\":[\"Bard\"]}}' href=\"./Bard?action=edit&amp;redlink=1\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Bard\" typeof=\"mw:LocalizedAttrs\">Bard</a></td></tr><tr><th scope=\"row\"><span style=\"white-space:nowrap\">Beroep(e)</span></th><td class=\"role\">Sanger, bard, liedjieskrywer, akteur</td></tr><tr><th scope=\"row\">Instrumente</th><td class=\"note\">Sewesnarige kitaar, stem</td></tr><tr><th scope=\"row\"><span style=\"white-space:nowrap\">Jare aktief</span></th><td>1959–1980</td></tr></tbody></table>" ], "td_tables": [], "text_length": 15444 }
**Osman III** of **Ottoman III** (Ottomaanse Turks: عثمان ثالث, moderne Turks: III.Osman; 2/3 Januarie 1699 – 30 Januarie/30 Oktober 1757) was van 1754 tot 1757 sultan van die Ottomaanse Ryk. Hy was die jonger broer van Mahmoed I en die seun van Mustafa II. Hy was nie ’n belangrike prins nie en sy kort bewind is gekenmerk deur ’n groeiende onverdraagsaamheid teenoor nie-Moslems (Christene en Jode is gelas om klere of lapelwapens te dra om hul godsdiens aan te dui) en vir ’n brand in Istanboel. Osman het die grootste deel van sy lewe in afsondering in die kafes gewoon en toe hy sultan word, het hy vreemde gewoontes gehad. Hy het musiek en vroue gehaat – hy het musiek in die paleis verbied en ysterskoene gedra sodat vroue hom kon hoor aankom en padgee. Hy is in 1757 sonder kinders dood. Hierdie artikel is vertaal vanuit die Engelse Wikipedia | * l * b * w Ottomaanse sultans volgens tydperk | | --- | | Opgang (1299-1453) | * Osman I * Orhan * Murat I * Bajezid I * (Tussenregering) * Mehmet I * Murat II * Mehmet II | | | Groei (1453–1683) | * Bajezid II * Selim I * Süleyman die Manjifieke * Selim II * Murat III * Mehmet III * Ahmet I * Mustafa I * Osman II * Murat IV * Ibrahim * Mehmet IV | | Stagnasie (1683–1827) | * Süleyman II * Ahmet II * Mustafa II * Ahmet III * Mahmoed I * Osman III * Mustafa III * Abdülhamid I * Selim III * Mustafa IV * Mahmoed II | | Verval (1828–1908) | * Abdülmecid I * Abdülaziz * Murat V * Abdülhamid II | | Ondergang (1908–1923) | * Mehmet V * Mehmet VI * Abdülmecid II |
{ "title": "Osman III", "mostly_tablelist": false, "tablelist_ratio": [ 659, 1358, 0.4852724594992636 ], "infobox": [ "<table about=\"#mwt1\" class=\"infobox\" style=\"font-size:90%; width:25em; text-align:left;\">\n<tbody><tr><th colspan=\"2\" style=\"color:#000; background-color:#C3B091; font-size:120%; text-align:center;\">Osman III</th></tr>\n<tr>\n<td colspan=\"2\" style=\"text-align:center;\"><i>Sultan van die Ottomaanse Ryk <br/>Kalief van Islam</i></td></tr>\n<tr>\n<td colspan=\"2\" style=\"text-align:center;\"><figure-inline data-mw='{\"caption\":\"\"}' typeof=\"mw:Image\"><a href=\"./Lêer:Osman_III.jpg\"><img data-file-height=\"1586\" data-file-type=\"bitmap\" data-file-width=\"1398\" height=\"170\" resource=\"./Lêer:Osman_III.jpg\" src=\"//upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/c/cf/Osman_III.jpg/150px-Osman_III.jpg\" srcset=\"//upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/c/cf/Osman_III.jpg/225px-Osman_III.jpg 1.5x, //upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/c/cf/Osman_III.jpg/300px-Osman_III.jpg 2x\" width=\"150\"/></a></figure-inline><br/><small><div style=\"text-align:center\"></div></small></td></tr>\n<tr>\n<th>Volle naam</th>\n<td>Sultan Osman III</td></tr>\n<tr>\n<th>Ottomaanse naam</th>\n<td>عثمان ثالث</td></tr>\n<tr>\n<th>Tydperk</th>\n<td>1754–1757</td></tr>\n<tr>\n<th>Stadium</th>\n<td>Stagnasie van die Ottomaanse Ryk</td></tr>\n<tr>\n<th>Huis</th>\n<td><a href=\"./Huis_van_Osman\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Huis van Osman\">Osman</a></td></tr>\n<tr>\n<th>Voorganger</th>\n<td><a href=\"./Mahmoed_I\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Mahmoed I\">Mahmoed I</a></td></tr>\n<tr>\n<th>Opvolger</th>\n<td><a href=\"./Mustafa_III\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Mustafa III\">Mustafa III</a></td></tr>\n<tr>\n<th><a href=\"./Toegra\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Toegra\">Toegra</a></th>\n<td><figure-inline typeof=\"mw:Image\"><a href=\"./Lêer:Tughra_of_Osman_III.JPG\"><img data-file-height=\"266\" data-file-type=\"bitmap\" data-file-width=\"552\" height=\"72\" resource=\"./Lêer:Tughra_of_Osman_III.JPG\" src=\"//upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/c/c1/Tughra_of_Osman_III.JPG/150px-Tughra_of_Osman_III.JPG\" srcset=\"//upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/c/c1/Tughra_of_Osman_III.JPG/225px-Tughra_of_Osman_III.JPG 1.5x, //upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/c/c1/Tughra_of_Osman_III.JPG/300px-Tughra_of_Osman_III.JPG 2x\" width=\"150\"/></a></figure-inline></td></tr>\n</tbody></table>" ], "td_tables": [], "text_length": 1558 }
**Geelsug** (Engels *Jaundice*, van *jaune*, Frans vir geel) is 'n aandoening waartydens die vel en slymvliese 'n gelerige kleur kry. Die oorsaak hiervan is 'n oormaat galpigment (*bilirubien*) in die bloed. Daar word algemeen tussen drie tipes geelsug onderskei: * *Hemolitiese geelsug* word veroorsaak deur abnormale bloedafbreking as gevolg van onder andere vergiftiging, bloedsiektes of die toedoening van die verkeerde tipe bloed gedurende 'n bloedoortapping. * *Obstruktiewe geelsug* ontstaan weens die afsluiting van die galbuise. Dit kan deur galstene of deur 'n ander obstruksie soos 'n gewas veroorsaak word. Die opgedamde bilirubien en gal kan dan nie op die normale manier uit die bloed geskei word nie. * Gedurende *hepatiese geelsug* is die lewer nie in staat om bilirubien uit die bloed te verwyder nie, as gevolg van een of ander aandoening van die lewer. Die algemeenste aandoening is die virusinfeksie hepatitis A en B. Soos vermeld, veroorsaak geelsug dat die vel en die slymvliese van 'n geelsuglyer 'n geel kleur kry as gevolg van 'n abnormaal hoë gehalte van bilirubien (galkleurstof of galpigment). Geelsug tree te voorskyn as die bilirubiengehalte van die bloed vier keer hoër is as normaal. Die eerste simptoom daarvan kan in die sklerae of wit van die oë waargeneem word. Bilirubien is 'n afbrekingsproduk van hemoglobien of rooi bloedkleurstof. Hemoglobien maak die opneem van suurstof in die longe en die vervoer daarvan deur die liggaam moontlik. Wanneer die hemoglobien vrygelaat word uit afgebreekte rooibloedliggaampies, word dit omgesit in biliverdien, wat yster bevat. Hierná word yster en globien afgesplit en word biliverdien gereduseer tot bilirubien. Hierdie chemiese reaksies vind plaas in die selle van die retikuloëntoteliale stelsel (RES), 'n netwerk van selle met 'n ingewikkelde funksie. Die grootste konsentrasie daarvan kom in die beenmurg en milt voor, maar word ook elders in die liggaam gevind. Bilirubien word deur die bloed na die lewer gevoer. Die Nederlandse internis Albert Abraham Hijmans van den Bergh (1869-1943) het in 1917 ontdek dat bilirubien, wat deur die lewer saam met die gal uitgeskei word, 'n ander chemiese samestelling het as dié bilirubien wat nog nie deur die lewer uitgeskei is nie. Dit het geblyk dat bilirubien in die lewer gekoppel word aan glukuronsuur. Hierdie bilirubien word gekonjugeerde of saamgestelde bilirubien genoem, in teenstelling met gewone bilirubien. Dit is onder andere van belang by die onderskeiding van meganiese en dinamiese geelsug. Eersgenoemde word veroorsaak deur stuwings in die galgange of as die lewerweefsel beskadig word, en die tweede deur verhoogde bloedafbreking of deur lewerweefsel wat swak funksioneer. Dinamiese geelsug word gekenmerk deur te veel gewone bilirubien in die bloed, terwyl daar by meganiese geelsug te veel saamgestelde bilirubien in die bloed is. Die galkleurstof word saam met die gal in die derm uitgestort as 'n reaksie op die teenwoordigheid van voedsel. Deur bakterieë, wat altyd in groot getaIIe in die derm voorkom, word die saamgestelde bilirubien gereduseer tot urobiliogeen. Daaruit ontstaan weer mesobilirubinogeen en sterkobilinogeen. 'n Deel van die sterkobilinogeen word weer deur die dermwand in die poortaarstelsel opgeneem, waar dit of direk met die gal uitgeskei word of tot bilirubien geoksideer word. 'n Derde moontlikheid is dat sterkobilinogeen afgeskei word in die bloedvate wat uitmond in die onderste holaar en dan deur die niere uitgeskei word. Hierdie prosesse geskied gelyktydig in die liggaam. Die voedselreste en dooie bakterieë word laer af in die derm volledig met sterkobilinogeen gemeng, waaraan die kleur van die ontlasting toe te skryf is. Die kleurlose uro- en sterkobilinogeen word gereduseer tot 'n oranjebruin gekleurde urobilien en sterkobilien. Die siklus van die galkleurstof (derm-poortaar-Iewer-derm) word die interohepatiese kringloop *(enteron="derm" , hepar="lewer")* genoem. In hierdie siklus kan 'n aantal afwykings voorkom wat verantwoordelik is vir verskillende soorte geelsug. Oorsake in die bloed -------------------- Pasgebore baba wat fototerapie ondergaan om neonatale geelsug te behandel Die normale lewensduur van 'n rooi bloedliggaampie (eritrosiet) is ongeveer 100 dae. Wanneer hierdie lewensduur verkort word deurdat 'n groot aantal rooibloedliggaampies afgebreek word, word die bilirubien verhoog, sodat dit soms nie deur die lewer verwerk kan word nie, Hierdie verhoogde konsentrasie in die bloed bring mee dat die weefsels deurdrenk word met bilirubien, 'n toestand wat tot gevolg het dat die vel en slymvliese van die geelsuglyer geel vertoon. Bloedarmoede of anemie, veroorsaak deur die afbraak van bloed, word hemolitiese anemie (bloedgeelsug) genoem en 'n aangebore en verwerfde vorm word onderskei. Die belangrikste siekte wat uit die aangebore vorm voortspruit, is die erflike sferositose, waar die rooibloedliggaampies klein en bolvormig (sferies) vertoon en swak bestand is teen veranderinge in die osmotiese druk en teen meganiese invloede. Sekelselanemie, 'n erflike afwyking wat veral by swartmense voorkom, kan gepaard gaan met geelsug. Die kenmerkendste verskynsel is dat die ronde rooi bloedliggaampies sekelvormig word wanneer die suurstofkonsentrasie in die rooibloedliggaampies daal. Hemolitiese anemie kan 'n komplikasie wees van 'n siekte in die bloed of in die organe wat bloed vervaardig, maar word ook deur allerlei ander siektes en siektetoestande soos vergiftiging, favisme (favaboonanemie) en infeksies (byvoorbeeld malaria), deur 'n bloedoortappingsreaksie en deur resusantagonisme veroorsaak. Soms kan geen oorsaak vir die siekte gevind word nie. Konstitusionele hiperbilirubinemie is 'n afwyking waarby 'n aangebore, abnormaal hoë konsentrasie van bilirubien in die bloed voorkom, 'n toestand wat met geelsug gepaard kan gaan. Hierdie afwyking kom veral by jong mans voor, maar het die neiging om met verloop van tyd te verbeter. Oorsake in die lewer en die galkanale ------------------------------------- Verskeie lewersiektes kan die oorsaak wees van geelsug of die sogenaamde intrahepatiese geelsug. Die leek assosieer geelsug in die eerste plek met lewerontsteking soos hepatitis infectiosa en serumhepatitis. Hierdie siektes in inderdaad dikwels die oorsaak van geelsug. Intrahepatiese geelsug kan ook ontstaan as gevolg van lewersklerose, wat byvoorbeeld deur chroniese alkoholisme veroorsaak word. Ander oorsake is lewerbeskadiging deur geneesmiddels, infeksiesiektes (byvoorbeeld die siekte van Pfeiffer), geelkoors, die siekte van Weil en sifilis. Afwykings in die galafvoerstelsel veroorsaak posthepatiese geelsug. Hierdie stelsel bestaan hoofsaaklik uit 'n afvoerkanaal (ductus choledochus), wat van die lewer na die twaalfvingerderm (duodenum) loop en voorsien is van 'n sykanaal. Aan die einde van hierdie derm is daar 'n sakvormige orgaan, naamlik die galblaas. As die afvoer gestrem word, kan die lewer steeds gal produseer totdat die druk te hoog word: hierna tree geelsug in en word die ontlasting kleurloos omdat geen sterkobilien gevorm word nie. Soms word die galafvoer al in die lewer self belemmer, deurdat die galkanaaltjies diggedruk word as gevolg van 'n ontsteking wat 'n swelling veroorsaak. Verder kan die infeksieproses tot 'n afsluiting lei. Dikwels word hierdie afsluiting veroorsaak deur 'n galsteen (cholelitiase of galsteensiekte). Hoe hierdie stene gevorm word, is nie presies bekend nie. Daar is verskillende soorte galstene: suiwer cholesterolstene, suiwer pigmentstene, cholesterol-pigmentkalkstene en kombinasiestene, wat 'n samestelling van genoemde stene is. Galstene kom veral voor by vet, middeljarige vrouens. Indien die stene in die galblaas voorkom, is die galkanale van die lewer na die derm steeds oop. As die hoofkanaal egter afgesluit word, is gal afvoer nie meer moontlik nie. Die afsluiting kan ook slegs gedeeltelik wees. Stene in die hoofkanaal is meestal afkomstig van die galblaas. Van daar word dit deur die beweging van die wand van die galblaas en die sykanaal na die ductus choledachus gevoer. Dit veroorsaak tipies 'n hewige pyn. Een van die belangrikste funksies van gal is die splitsing of afskeiding van die vet in voedsel. Pasiënte wat aan hul gal ly, kan in die algemeen nie vetterige soort kos eet nie. Hulle is gewoonlik op 'n dieet en as die pasiënt wel galstene het, moet dit gewoonlik operatief verwyder word. Bronne ------ * Dr. Jan van Elfen (1993), *Dokter in die Huis*, Tafelberg Uitgewers, ISBN 0624032345, bl. 200 * Wêreldspektrum, Volume 7, bl.179-181, ISBN 090840941 9 | | | | --- | --- | | Normdata Edit this at Wikidata | * GND: 4156412-1 * NDL: 00568783 * NKC: ph198727 |
{ "title": "Geelsug", "mostly_tablelist": false, "tablelist_ratio": [ 894, 7420, 0.12048517520215633 ], "infobox": [ "<table about=\"#mwt1\" cellpadding=\"0\" cellspacing=\"0\" class=\"toccolours vatop infobox\" data-mw=\"{&quot;parts&quot;:[{&quot;template&quot;:{&quot;target&quot;:{&quot;wt&quot;:&quot;Inligtingskas siekte\\n&quot;,&quot;href&quot;:&quot;./Sjabloon:Inligtingskas_siekte&quot;},&quot;params&quot;:{&quot;naam&quot;:{&quot;wt&quot;:&quot;Geelsug&quot;},&quot;beeld&quot;:{&quot;wt&quot;:&quot;Jaundice eye.jpg&quot;},&quot;beeldgrootte&quot;:{&quot;wt&quot;:&quot;260px&quot;},&quot;onderskrif&quot;:{&quot;wt&quot;:&quot;’n Gelerige kleur veroorsaak deur ''hepatiese geelsug''.&quot;},&quot;ICD10&quot;:{&quot;wt&quot;:&quot;{{ICD10|R|17||r|10}}&quot;},&quot;ICD9&quot;:{&quot;wt&quot;:&quot;{{ICD9|782.4}}&quot;},&quot;OMIM&quot;:{&quot;wt&quot;:&quot;&quot;},&quot;MedlinePlus&quot;:{&quot;wt&quot;:&quot;003243&quot;},&quot;eMedicineSubj&quot;:{&quot;wt&quot;:&quot;&quot;},&quot;eMedicineTopic&quot;:{&quot;wt&quot;:&quot;&quot;},&quot;DiseasesDB&quot;:{&quot;wt&quot;:&quot;7038&quot;},&quot;MeshID&quot;:{&quot;wt&quot;:&quot;D007565&quot;}},&quot;i&quot;:0}}]}\" id=\"mwAg\" style=\"float:right; clear:right; width:270px; padding:3px; margin:1px 1px 1em 1em; font-size:85%;\" typeof=\"mw:Transclusion\">\n<tbody><tr><td colspan=\"3\" style=\"background-color:#d3d3d3; color:#000000; text-align: center;\"><b><span style=\"font-size: 120%;\">Geelsug</span></b></td></tr>\n<tr>\n<td colspan=\"3\" style=\"text-align: center;\">Klassifikasie en eksterne bronne</td></tr>\n<tr>\n<td colspan=\"3\" style=\"text-align:center;\"><span data-mw='{\"caption\":\"’n Gelerige kleur veroorsaak deur &lt;i data-parsoid=\\\"{}\\\"&gt;hepatiese geelsug&lt;/i&gt;.\"}' typeof=\"mw:File\"><a class=\"mw-file-description\" href=\"./Lêer:Jaundice_eye.jpg\" title=\"’n Gelerige kleur veroorsaak deur hepatiese geelsug.\"><img alt=\"’n Gelerige kleur veroorsaak deur hepatiese geelsug.\" class=\"mw-file-element\" data-file-height=\"501\" data-file-type=\"bitmap\" data-file-width=\"700\" decoding=\"async\" height=\"186\" resource=\"./Lêer:Jaundice_eye.jpg\" src=\"//upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/d/de/Jaundice_eye.jpg/260px-Jaundice_eye.jpg\" srcset=\"//upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/d/de/Jaundice_eye.jpg/390px-Jaundice_eye.jpg 1.5x, //upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/d/de/Jaundice_eye.jpg/520px-Jaundice_eye.jpg 2x\" width=\"260\"/></a></span></td></tr>\n<tr>\n<td colspan=\"3\" style=\"text-align: center;\"><i>’n Gelerige kleur veroorsaak deur </i>hepatiese geelsug<i>.</i></td></tr>\n<tr>\n<td style=\"font-weight:bold;\"><a href=\"./ICD-10\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"ICD-10\">ICD-10</a></td><td colspan=\"2\"><a class=\"mw-redirect\" href=\"./ICD-10_Hoofstuk_R\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"ICD-10 Hoofstuk R\">R</a><a class=\"external text\" href=\"http://apps.who.int/classifications/icd10/browse/2010/en#/R17\" rel=\"mw:ExtLink nofollow\">17</a></td></tr>\n<tr>\n<td style=\"font-weight:bold;\"><a class=\"mw-redirect\" href=\"./ICD-9\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"ICD-9\">ICD-9</a></td><td colspan=\"2\"><a class=\"external text\" href=\"http://www.icd9data.com/getICD9Code.ashx?icd9=782.4\" rel=\"mw:ExtLink nofollow\">782.4</a></td></tr>\n<tr>\n<td style=\"font-weight:bold;\"><a class=\"mw-redirect\" href=\"./Diseases_Database\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Diseases Database\">DiseasesDB</a></td><td colspan=\"2\"><a class=\"external text\" href=\"http://www.diseasesdatabase.com/ddb7038.htm\" rel=\"mw:ExtLink nofollow\">7038</a></td></tr>\n<tr>\n<td style=\"font-weight:bold;\"><a href=\"./MedlinePlus\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"MedlinePlus\">MedlinePlus</a><span typeof=\"mw:Entity\"> </span><span typeof=\"mw:Entity\"> </span></td><td colspan=\"2\"><a class=\"external text\" href=\"http://www.nlm.nih.gov/medlineplus/ency/article/003243.htm\" rel=\"mw:ExtLink nofollow\">003243</a></td></tr>\n<tr>\n<td style=\"font-weight:bold;\"><a href=\"./Medical_Subject_Headings\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Medical Subject Headings\">MeSH</a></td><td colspan=\"2\"><a class=\"external text\" href=\"http://www.nlm.nih.gov/cgi/mesh/2006/MB_cgi?field=uid&amp;term=D007565\" rel=\"mw:ExtLink nofollow\">D007565</a></td></tr>\n<tr>\n<td colspan=\"3\" style=\"background-color:#d3d3d3; color:#000000; text-align: center;\"><b><span typeof=\"mw:File\"><a class=\"mw-file-description\" href=\"./Lêer:Star_of_life_caution.svg\"><img class=\"mw-file-element\" data-file-height=\"190\" data-file-type=\"drawing\" data-file-width=\"210\" decoding=\"async\" height=\"22\" resource=\"./Lêer:Star_of_life_caution.svg\" src=\"//upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/d/d5/Star_of_life_caution.svg/24px-Star_of_life_caution.svg.png\" srcset=\"//upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/d/d5/Star_of_life_caution.svg/36px-Star_of_life_caution.svg.png 1.5x, //upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/d/d5/Star_of_life_caution.svg/48px-Star_of_life_caution.svg.png 2x\" width=\"24\"/></a></span> <a href=\"./Wikipedia:Mediese_vrywaringsnota\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Wikipedia:Mediese vrywaringsnota\">Mediese waarskuwing</a></b></td></tr>\n</tbody></table>" ], "td_tables": [], "text_length": 8706 }
Kunstenaarsvoorstelling van 'n spekulatiewe maan om HD188753Ab. Animasie van die opbou van HD188753. **HD188753** is 'n stelsel van drie sterre in die sterrebeeld Swaan op 149 ligjaar afstand. Die sterre in die stelsel is van mekaar geskei deur 'n afstand van ongeveer die afstand tussen Saturnus en die son. Een van die sterre is 'n geeldwerg, die ander 'n oranjedwerg en die laaste 'n rooidwerg. Die helderheid van die stelsel bedra +7,43. Dit is te swak om waarneembaar te wees met die blote oog, maar met 'n klein teleskoop is dit goed sigbaar. George Washington Hough het in 1895 ontdek dat dit 'n meervoudige ster is. Hierdie sonnestelsel is relatief dig opmekaar gepak; die begeleidende sterre, HD188753B en HD188753C, draai albei op 'n afstand van sowat 12 astronomiese eenhede (AE, ongeveer die afstand Aarde-Saturnus) rondom 'n swaarder, sentrale ster, HD188753A. Dit gebeur met 'n omlooptyd van 25,7 jaar. Die planeet draai ook op 'n taamlik kort afstand van 0,05 AE om hierdie sentrale ster. Die twee begeleidende sterre draai in 'n soort piroeëtte om mekaar met 'n omlooptyd van 156 dae. Moontlike planeet ----------------- In die stelsel is met die Keckteleskoop in Julie 2005 deur die Poolse astronoom Maciej Konacki ondersoek, toe 'n planeet, HD188753Ab, van 1,14 Jupitermassas blykbaar ontdek is. Dit het wetenskaplikes laat dink aan die planeet Tatooine uit Star Wars sodat daar tans gepraat word van 'n Tatooineagtige planeet. Die bestaan van die planeet is egter nog nie deur ander wetenskaplikes bevestig nie. Volgens die huidige (2005) gedagtes oor die ontstaan van 'n sonnestelsel sou mens in meervoudige sterre egter geen planete verwag nie. Die feit dat planete in hierdie soort sterretrio's kan voorkom, kan dalk beteken dat skattings vir die aantal planete in ons melkwegstelsel hoër geraam moet word, immers, sowat 60% van sterre behoort tot 'n meervoudige ster. HD188753Ab sal egter nie die eerste planeet wees om by 'n dubbelster gevind te word nie; in 2003 reeds is 'n eksoplaneet ontdek wat rondom Gamma Cephei wentel. In hierdie dubbelster draai die sterre egter op sodanige afstand om mekaar, dat hulle min onderlinge invloed het. Hierdie planeet sou behoort tot die klasse van warm Jupiters, 'n algemene soort eksoplaneet wat relatief swaar is en binne enkele dae rondom hulle ster draai. Die vonds bevraagteken heersende opvattings dat hierdie soort planete op relatief groot afstand van hulle ster gevorm word en later na binne wentel. Mense probeer met hierdie vermoedens die vonds van warm Jupiters te laat rym met bestaande teorieë oor die ontstaan van sonnestelsels, maar dit lyk asof hierdie mening definitief opgeskop moet word. Die ontdekkers trek 'n versigtige gevolgtrekking dat dit voorkom asof die protoplanetêre skywe, waaruit planete ontstaan, heeltemal verskillend in samestelling kan wees, sodat ons eie sonnestelsel nie noodwendig 'n voorbeeld vir alle sterre is nie. Bronne ------ * Giant planet seeks nursery place - Nature - volume 436, nommer 7082, bls. 182. (rekening vereis) * Persberig JPL Geargiveer 17 Julie 2005 op Wayback Machine
{ "title": "HD 188753", "mostly_tablelist": false, "tablelist_ratio": [ 130, 2573, 0.050524679362611735 ], "infobox": [], "td_tables": [], "text_length": 3105 }
Die proses van osmose oor 'n semi-deurlaatbare membraan. Die blou kolletjies verteenwoordig deeltjies wat die osmotiese gradiënt bestuur. Wanneer suiker en water gemeng en die oplossing met 'n laag suiwer water in aanraking gebring word, sal die suikermolekules vanaf die oplossing na die suiwer water diffundeer totdat daar ewe veel suikermolekules in albei oplossings is. Die molekules word aangedryf deur veral Brown se beweging, wat die beweging heeltemal ewekansig en ook van temperatuursveranderinge afhanklik maak. Indien die temperatuur styg, sal die molekules vinniger beweeg, en ʼn temperatuursdaling sal hulle beweging vertraag. 'n Temperatuursverhoging sal dus waarskynlik die suikermolekules na die suiwer waterlaag laat beweeg, terwyl daar net 'n klein moontlikheid bestaan dat dit na die suikeroplossing sal terugbeweeg. Dit laat die indruk ontstaan dat die suikermolekules in 'n stroom vanaf die gebied van hoë konsentrasie na die gebied van lae konsentrasie beweeg. Indien daar egter tussen die twee oplossings 'n skeidingswand geplaas word waardeur die suikermolekules nie kan dring nie, kan diffusie nie meer plaasvind nie. As die skeidingswand wel vir watermolekules deurdringbaar is, kan osmose plaasvind. **Osmose** is dan die watermolekules se beweging van die suiwer water (hoë konsentrasie water) deur die skeidingsmembraan na die suikeroplossing (lae konsentrasie water). Omdat die suikeroplossing water bykry, sal dit 'n volumevermeerdering in die houer veroorsaak, wat 'n druktoename tot gevolg het. Die gebeure kan vergelyk word met ʼn toestand wat in 'n ballon ontstaan as die ballon uit gedeeltelik deurlaatbare materiaal vervaardig is en met 'n suikeroplossing gevul is. Die ballon word nou onder druk geplaas en hoe harder die ballon gedruk word, hoe meer watermolekules sal deur die wand dring. As die druk verminder word, sal die watermolekules as gevolg van osmose weer uit die omringende medium na die ballon terugkeer. Osmotiese vervoer is in die praktyk afhanklik van die teenstellende werking van 2 kragte, naamlik die osmotiese suigkrag, en die hidrostatiese krag van ʼn oplossing. Indien 'n suikeroplossing wat deur 'n semi-deurlaatbare membraan ingehou word, in ʼn beker suiwer water geplaas word, sal die oplossing se osmotiese suigkrag water van die hoë konsentrasie (suiwer water) na die lae konsentrasie (suikeroplossing) laat beweeg. Hoe meer water in die oplossing is, hoe groter sal die volume word, wat 'n druktoename tot gevolg sal hê. Die druk is hidrostaties en begin sodra die oplossing se volume toeneem en die osmotiese suigkrag teengewerk word, sodat die waterinvloei verminder. ʼn Ewewigsituasie ontstaan wanneer die osmotiese suigkrag en die hidrostatiese druk presies gelyk is, sodat die water weggedruk word met dieselfde krag as waarmee dit opgesuig word. Water kan dus nie meer vloei nie. Die druk wat ontstaan wanneer die twee teenoorgestelde kragte verhinder dat enige water deur die semi-deurlaatbare membraan vloei, word osmotiese druk genoem. Osmotiese druk word deur faktore soos die temperatuur van die oplossing en die konsentrasie opgeloste stowwe bepaal. Dit kan in 'n formule soos volg uitgedruk word:  {\displaystyle \pi } = cRT, waar {\displaystyle \pi } osmotiese druk, *R* die gaskonstante (met die waarde 0,082 liter atm mol -1 K -1), *C* die konsentrasie opgeloste deeltjies (uitgedruk as mol per liter) en T die temperatuur is. Uit die formule kan afgelei word dat osmotiese druk eweredig is aan die aantal opgeloste deeltjies indien die temperatuur konstant is. 'n Gevolg hiervan is dat indien meer deeltjies aanwesig is, die osmotiese druk hoër sal wees. In water word 'n tafelsout mol geïoniseer tot die ione Na+ en CI- en lewer dit altesaam 2 mol deeltjies (1 mol is ongeveer 6 X 1023 deeltjies). Suikermolekules sal nie ioniseer nie en sal in oplossing net 1 mol deeltjies lewer. Die osmotiese druk van 1 mol tafelsout is dus 2 keer soveel as die van 1 mol suiker. Die osmotiese druk van ʼn oplossing gee 'n aanduiding van die opgeloste stowwe se mate van ionisasie. Die formule is egter net op verdunde oplossings van toepassing omdat daar by gekonsentreerde oplossings ander faktore inwerk wat ingewikkelder formulering vere is. Die teenoorgestelde effek word opgemerk wanneer molekules assosieer. (Assosiasie is die kombinasie van klein molekules tot 'n enkele grote.) 'n Gevolg van assosiasie is dat dit tot 'n verlaging van osmotiese druk lei. Lewende organismes maak van die verskynsels gebruik om polisakkariedverbindings, soos stysel of glikogeen, te berg, in plaas van glukose wat osmoties aktief is en daarom 'n sel onder hoë druk gaan plaas. Die stysel- en glikogeenmolekules is baie groter en kan in selle opgeberg word sonder am selle nadelig te beïnvloed. Indien die stysel binne 'n sel weer tot die samestellende glukose afgebreek word, sal die sel soveel water deur osmose bykry dat dit uitmekaarspat. Halfdeurlaatbare membrane ------------------------- ʼn Skeidingswand wat vir sommige molekules deurlaatbaar en vir ander ondeurlaatbaar is, word 'n semi- of halfdeurlaatbare membraan genoem. Die membrane is volop in die natuur: alle dier- en plantselmembrane is semi-deurlaatbaar. In vroeë eksperimente na die aard van semi-deurlaatbare membrane is meestal varkblase as membrane gebruik. Later is gebruik gemaak van 'n baie poreuse stuk erdewerk waarvan die porieë met kolloïede voorberei is om dit semi-deurlaatbaar te maak. Dit is na die uitvinder vernoem en staan bekend as Traube se membraan. Hedendaags word sekere kunsstoffoelies ook as semi-deurlaatbare membrane gebruik. Die membrane se toepassing in die chemie is om mengsels te suiwer. Semi-deurlaatbare membrane kan beskou word as 'n geslote vlak met klein porieë wat so as 'n sit werk om sekere groottes molekules deur te laat en ander agter te hou. ʼn Ander moontlike siening van membraanwerking is dat stowwe moontlik in die membrane kan oplos, deur die membraan kan diffundeer en dit aan die ander kant weer verlaat. 'n Vetagtige membraan sal vir ione 'n hindernis veroorsaak omdat dit nie-polêr is, maar sal vetagtige stowwe deurlaat. In eksperimente het 'n membraan wat van die metaal palladium gemaak is, semi-deurlaatbaar opgetree. Dit het waterstofgas deurgelê af, maar gasse soos suurstof en stikstof kan nie daardeur dring nie. Waterstof los in die palladium op en diffundeer deur die metaal in die vorm van protone en neutrone nadat die H2-molekules eers op die metaal se oppervlak tot H-atome ontbind het. Osmose en die lewende organisme ------------------------------- Lewende selle en hulle omgewing vorm osmotiese sisteme. By plantselle vorm die selmembraan en die sitoplasma semi-deurlaatbare skeidingswande, terwyl die vakuole se selsap 'n aantal opgeloste soute bevat. Dierselle het 'n semi-deurlaatbare membraan en 'n osmoties aktiewe sitoplasma, maar geen selwand soos plantselle nie. Dit gebeur dikwels in biologiese sisteme dat die konsentrasie opgeloste stowwe binne die sel nie gelyk is aan die soutkonsentrasie buite die sel nie. Die waterstroom sal dus na die hoogste soutkonsentrasie (lae waterkonsentrasie) beweeg totdat die konsentrasieverskil nie meer bestaan nie. Die sel se omgewing, wat in invloed op die osmotiese aktiwiteite het, bestaan uit naburige selle, liggaamsvloeistof, die sap van vaatbundels by plante en varswater of soutwater by waterorganismes. In plant- en dierselle is osmose op verskillende maniere by die lewensprosesse betrokke. Osmose by plante ---------------- Plantselle het ʼn vaste vorm omdat hulle selwande besit wat uit sellulose en pektien saamgestel is. Onder die selwand word 'n selektief-deurlaatbare (semi-deurlaatbare) membraan aangetref wat die sitoplasma omsluit. Die sitoplasma word deur 'n membraan, die tonoplast, van die vakuool geskei. Die vakuool is ʼn ruimte gevul met selsap (vakuoolsap) wat 'n relatief hoë konsentrasie ione, suikers, proteïene, vette en 'n verskeidenheid kleurstowwe bevat. Die konsentrasie van hierdie stowwe bepaal die sel se osmotiese potensiaal. As die sel deur water omring word, sal die intrasellulêre waterkonsentrasie vanweë die aanwesigheld van hierdie stowwe laer wees as die buite die sel. Water sal deur die selmembraan en sitoplasma na die vakuool beweeg en dit laat uitsit, wat die tonoplast teen die sitoplasma sal laat druk. Laasgenoemde sal teen die selwand druk, wat onrekbaar is en ʼn teendruk sal skep. Die spanning word turgor genoem en is 'n krag wat aan kruidagtige plante, blare en blomme stewigheid gee. Indien te veel water deur transpirasie verlore gaan, sal die turgor afneem en sal die plant stewigheid verloor. In Mens kan nou sê die plant het verlep of verwelk. Osmose beheer ook die inwendige vervoer van voedingstowwe in die plant. Dit word bewerkstellig deurdat die soutkonsentrasie in die wortels hoër is as die van die omliggende grond, wat 'n waterinvloei na die wortelselle veroorsaak. Die waterkonsentrasie in die naburige selle sal dan laer wees en water sal daarheen beweeg totdat dit in die xileem beland. Osmotiese druk veroorsaak dat water in die xileem na die blare opbeweeg. Die blaarselle verloor water deur transpirasie, waardeur hul waterkonsentrasie verlaag word en wat veroorsaak dat water deur middel van osmose uit die xileem gesuig word (die suigkrag van transpirasie). Water word dus deur twee kragte, osmotiese drukkrag en die suigkrag van transpirasie, van die wortels na die blare vervoer. Indien plante in grond met 'n hoë soutinhoud groei, kan osmose in die omgekeerde rigting plaasvind en verloor die plante water. In ernstige gevalle kan dit die plant so affekteer dat die vakuole van individuele selle inkrimp en veroorsaak dat die sitoplasma van die selwand losgaan. Die toestand word plasmolise (osmotiese skok) genoem en die plantselle sal doodgaan as die toestand te lank duur. Plante wat te veel kunsmis toegedien is, ondervind 'n soortgelyke toestand omdat die grond se soutekonsentrasie kunsmatig verhoog is; daar word dan gesê dat die plante doodgebrand het. Die beginsel van plasmolise word in die praktyk benut om voedsel te bewaar, veral wanneer groente en vrugte ingemaak en vleis gepekel of gedroog word; dit geld ook vir konfyt en versuikerde vrugte. In die prosesse word die voedsel in versadigde konsentrasies suiker of sout geplaas. of die meeste water word deur uitdroging verwyder. Daar word dus 'n baie hoë konsentrasie opgeloste stowwe in die voedsel geskep en 'n swam of bakteriële sel wat hierop beland, verloor water in 'n baie hoë tempo en sterf voordat dit kans kry om die voedsel te bederf. Osmotiese verskynsels by diere en die mens ------------------------------------------ Dierlike en menslike selmembrane is semi-deurlaatbaar, terwyl die huidbedekkings van baie waterlewende diere ook water deurlaat. By diere en die mens is daar nie 'n selwand wat 'n teendruk veroorsaak wanneer te veel soute in die sel ophoop nie. 'n Beheermaatreël is om die konsentrasies van die liggaamsvloeistof wat om die selle spoel, konstant te hou, en hiervoor bestaan 'n ingewikkelde water- en southuishouding wat deur die uitskeidingsorgane gereguleer word. Indien die selle omring word deur 'n oplossing met 'n laer konsentrasie as die sitoplasma (hipotoniese oplossing), neem hulle water op, sit uit en kan selfs bars. As hulle deur 'n baie gekonsentreerde oplossing (hipertoniese oplossing) omring word, verloor hulle water totdat hulle ingekrimp en verfrommel is. Vanweë dier- en mensselle se kwesbaarheid vir osmotiese wanbalanse word slegs water met ʼn soutkonsentrasie gelyk aan die van bloed (fisiologiese soutoplossing of 'n isotoniese oplossing) gebruik vir die binneaarse toediening van water (aan persone wat baie water verloor het weens cholera of groot brandwonde). Baie seediere se bloedsoutkonsentrasie is dieselfde as die van die see. Die beenvisse (klas *Osteichthyes*) is 'n uitsondering, want hul bloedsoutkonsentrasie is laer as die van die see en hulle verloor gevolglik voortdurend water. Om algehele uitdroging te voorkom, moet die visse baie seewater drink; spesiale soutkliere aan die basis van die kieue verwyder die sout uit die drinkwater en skei die sout weer in die see af. Diere wat in varswater leef, sal voortdurend water opneem omdat hulle bloed meer sout as die omringende water bevat. Eensellige diere soos die amoebas (genus Amoeba), die pantoffeldiertjies (genus *Paramecium*) en die genus Vorticella oorkom die probleem deur kloppende vakuole te gebruik om die oortollige water uit die selle te pomp. By hoër diere word dit deur uitskeidingsorgane gedoen. Organismes wat hulle inwendige soutkonsentrasie konstant kan hou, is homoiosmoties, terwyl die met soutkonsentrasies wat saam met die omgewing wissel, poikilosmoties is. 'n Verdere onderskeid kan gemaak word wat soutwaterlewende diere betref, aangesien seelewende diere (stenohaliene diere) nie baie aanpasbaar hoef te wees vir soutkonsentrasiewisselings nie omdat die see in hierdie opsig taamlik stabiel is. Die soutkonsentrasie in riviermonde en by kusgebiede kan baie veranderlik wees, sodat hierdie diere (eurihaliene diere) 'n groot aanpassingsvermoë moet hê. Diere soos salms, wat in varswater kuit skiet maar hulle voedsel in die see verkry (anadrome diere), en ander soos die paling met 'n teenoorgestelde lewenswyse (katadrome diere), moet 'n nog groter aanpassingsvermoë hê. Veral soogdiere en die mens het 'n aantal osmoseptors (selle wat gevoelig is vir bloed se osmotiese waarde) in die hipotalamus. As die bloed se osmotiese waarde styg, neem die selle dit waar en die hipotalamus stimuleer die produksie van antidiuretiese hormoon. Die hormoon veroorsaak dat die niere minder vog uitskei en dorsgewaarwording ontstaan, wat 'n prikkel is vir groter wateropname en 'n gevolglike verlaging van die bloed se soutkonsentrasie. Bronnelys --------- * Wêreldspektrum, 1982, ISBN 090840963X, volume 22, bl. 27 | | | | --- | --- | | Normdata Edit this at Wikidata | * BNF: cb119782463 (data) * GND: 4043973-2 * LCCN: sh85095934 * NDL: 00571168 * NKC: ph556172 |
{ "title": "Osmose", "mostly_tablelist": false, "tablelist_ratio": [ 131, 11690, 0.011206159110350727 ], "infobox": [], "td_tables": [], "text_length": 14067 }
**Hans Anton Aschenborn** (1 Februarie 1888 – 10 April 1931) was 'n kunstenaar en skrywer bekend vir sy skilderye en illustrasies van diere in Suid-Afrika en Duitsland. Ook sy seun Dieter Aschenborn (15 November 1915 – 11 September 2002) en sy kleinseun Uli Aschenborn (6 September 1947) is al twee bekende diereskilders in Suider-Afrika. Die kuns van die Aschenborns is in galerye, museums en openbare geboue in Namibië te vind. Al drie Aschenborns behoort tot die grootste kunstenaars ter wêreld en hul kuns tot die wêrelderfenis volgens United Artists Rating. In die ouer Duitse Thieme-Becker of Saur kunsensiklopedies is oor Hans Anton Aschenborn geskryf en daar is ook ’n verhandeling vir 'n meestersgraad gedoen oor Hans Anton Aschenborns se grafiese werk in die kultuurtydskrif *Lantern* van 1965 (sien |1| en |2| onder) en 'n doktorale proefskrif. Hans Anton Aschenborn, Sangiro en Pierneef was vriende. Aschenborn het illustrasies gemaak vir Sangiro se 'Uit Oerwoud en Vlakte' en sy 'Sketse uit die Oos-Afrikaanse Dierewêreld'. Aschenborn se eie boeke soos 'Onduno und andere Tiergeschichten' en 'Satan und andere afrikanische Erzählungen' is in Afrikaans vertaal. In 1916 het hy die teks vir die lied "Heia Safari" geskryf. Lewe en werk ------------ Hans Aschenborn. Kiel (Duitsland), waterverf, Leeu. Kiel (Duitsland), waterverf, Gemsbok. Hans Anton Heinrich Aschenborn is op 1 Februarie 1888 in Kiel in Duitsland gebore as die vierde van ses kinders van vise-admiraal Richard Aschenborn. Daar is vier susters, Grete, Elizabeth, Käthe en Ellen, en twee broers, Hans en Fritz. Hy gaan skool aan die Reform-Realgymnasium in Kiel en ontvang daar ook tekenonderrig. Reeds as seun het hy ’n begeerte om na die destydse Duits-Suidwes-Afrika (later Suidwes-Afrika en tans Namibië) te kom en met die oog hierop word hy na ’n groot landgoed in Mecklenburg gestuur, waar hy prakties leer boer. Sy begeerte om die Afrika-kolonies van Duitsland beter te leer ken is waarskynlik geskep deur sy oom, Eduard Mohr, wat in 1868–1870 saam met Thomas Baines ekspedisies na Midde- en Oos-Afrika onderneem het. Vanaf 1905 tot 1907 besoek hy die landbouskool Kolonialschule Witzenhausen te Witzenhausen, die tyd waaruit sy eerste groot olieverfwerke dateer. Vir ’n jaar ontvang hy dan militêre opleiding by die Pioniere in Harburg en hy neem ook ’n tyd lank skilderklasse by die bekende professor Burmester te Kassel. In 1909 immigreer hy na Suidwes-Afrika en stap in Lüderitzbucht aan wal. In sy boek "*Afrikanische Buschreiter*" beskryf hy op humoristiese wyse die eerste jare in hierdie land met al die avonture wat hy beleef. In 1912 koop hy die plaas Quickborn suid van die Waterberg naby Okahandja, waar hy boer. Die jare op hierdie plaas, tot na die oorlog in 1918, beskryf hy in sy boek "*Die Farm im Steppenlande*". Hy trou in 1913 met Emma Bredow en uit hierdie huwelik word drie seuns (Wulf, Dieter en Hansjörg) gebore. Vir ses weke in 1912 neem hy deel aan militêre oefeninge by die Duitse Kameelruitergroep met die doel om luitenant van hierdie reserwemag te word. Met die uitbreek van die Eerste Wêreldoorlog word hy Kommandant van die 7de kompanie van die Schutztruppe op Gochas, die verste pos in die rigting van die Kalahari. Later word hy verplaas na die Kameelruitergroep (Kameltruppe) en hy onderneem verkenningstogte tot diep in Brits-Kalahari. Hier ontdek hy ’n nuwe gemsboksoort, wat hy Oryx Aschenbornii noem. Na die kapitulasie van Suidwes tydens die Eerste Wêreldoorlog word hy, soos al die ander Duitse soldate, gevange geneem en na die interneringskamp in Pietermaritzburg (Fort Napier) gestuur. Toe hy teen 1917 na sy plaas terugkeer, is sy huis verwoes en geplunder, sy vee buitgemaak en die boerdery word weens die oorlogtoestande onmoontlik. Hy neem nou sy toevlug na kuns om sy gesin te onderhou. Deur van sy vee te verkoop slaag hy daarin om ’n tyd in Swakopmund deur te bring, waar hy skilder, reklameplakkate ontwerp, illustrasies doen en kunskritieke skryf. Die Swakopmund Boekhandel gee in hierdie tyd van sy kunslêers uit, wat insluit "*Afrikanische Tierköpfe*" (tien linosneë waarin hy die koppe van die grootste wilde diere uitbeeld), "*Aschenborns Afrikamappe*" (12 litografieë van tipiese Afrika-tonele) en "*Aschenborns Märchenmappe*" (linoleumsneë, wat illustrasies vir sprokies is). Wanneer sy jongste seun in 1920 gebore word, verkoop hy die plaas en vestig hom in Stellenbosch. Hier maak hy ’n bestaan deur te skryf en vir Nasionale Pers tydskrifte en boeke te illustreer en sluit hy vriendskappe met onder andere Pierneef, J.F.W. Grosskopf en Sangiro. Hy illustreer verskeie boeke, insluitende "*Ou Leeumelker en ander vertellings*" van J.F.W. Grosskopf en "*Op safari*" van Sangiro. Wanneer werkopdragte al minder raak, keer hy in 1921 terug na Kiel in Duitsland, waar hy die etskuns begin beoefen en sy beste skilderwerke voortbring, wat veral die Afrika wildlewe as tema het. Sy verlange na Afrika blyk duidelik uit hierdie werke. In sy kuns maak hy van verskeie metodes gebruik en hy bring olieverfskilderye, waterverfsketse, etse, kopergravures, litografieë en linosneë voort. As veelsydige kunstenaar moet sy beeldende kuns egter in samehang met sy literêre werk beoordeel word. Die verband tussen die twee is intiem en begrip van die een versterk insig in die ander. Sommige van sy kunswerke, veral die ets van ’n kameeldoringboom wat gebruik is vir die omslag van die jaarlikse *Afrikanische Heimatkalender* vanaf 1931–1962, word ’n ikoniese baken vir Duitssprekende Namibiërs. In 1925 reis hy saam met ’n filmekspedisie in die voormalige Brits-Oos-Afrika en Duits-Oos-Afrika (tans Kenia en Tanzanië), waaruit ’n hele aantal olieverfwerke ontstaan. Hy bly in Oos-Afrika tot 1928 en onderneem in hierdie tyd verskeie reise saam met Sangiro. Sy boeke "*Onduno*" en "*Satan*" word nou ook deur Sangiro in Afrikaans vertaal as "*Die adelaar en ander Afrikaanse verhale*". In 1928 keer hy terug na Kiel in Duitsland, met die vaste voorneme om hom so gou moontlik weer voltyds in Afrika te vestig. Dit was sy plan om saam met ’n vriend van Berlyn na Kaapstad te ry,  maar hy is oorlede voor dit werklikheid kon word. Op 10 April 1931 is hy na ’n galsteenoperasie in Kiel oorlede en sy as word op sy voormalige plaas Quickborn in Namibië gestrooi. Skryfwerk --------- Na sy terugkeer na Duitsland skryf hy verskeie gedigte, kortverhale en outobiografiese werke gebaseer op sy Afrika ervarings. In 1921 verskyn *Uit die lewe van 'n gensbok*, waar hy in soms gebrekkige taal ’n paar insidente uit die lewe van ’n gemsbok skets en die boek ook ryklik illustreer. Hierdie verhaal verskyn aanvanklik in *Die Huisgenoot* van Maart 1921. ’n Fragment uit hierdie boek word deur G.S. en P.J. Nienaber opgeneem in die versamelbundel *Die Afrikaanse dierverhaal*. Sangiro vertaal sy Duitse verhale in *Onduno und andere Tiergeschichten* en *Satan und andere afrikanische Erzählungen* in Afrikaans, wat in 1925 onder die titel *Die Adelaar en ander Afrikaanse verhale* verskyn. J.F.W. Grosskopf vertaal sy verhaal *Mardádi, koning van die kwaggas* en neem dit op in sy kortverhaalbundel *Ou Leeumelker en ander verhale*. Aschenborn skryf ook die woorde vir die baie bekende lied *Heia Safari*. Kuns ---- Aschenborn word tereg beskou as die belangrikste pionierskunstenaar van Suidwes-Afrika en professor Karin Skawran skryf haar meestersgraadtesis oor hom wat in 1963 gepubliseer word onder die titel *Hans Anton Aschenborn: Mens en kunstenaar*. Ook die Pretoria Kunsmuseum publiseer in 1970 ’n boek oor sy werk. In sy studie oor gemsbokke ontdek hy ’n voorheen onbekende spesie wat na hom genoem word (Oryx Aschenborni). In Windhoek word die Aschenbornstraat na hom vernoem en daar is 'n *Hans Aschenbornweg* in Kaapstad. Publikasies ----------- | Jaar | Titel van publikasie | | --- | --- | | 1917 | Afrikanische Tierköpfe Aschenborns Afrikamappe Aschenborns Märchenmappe | | 1921 | Uit die lewe van ’n gensbok The life story of a gemsbuck | | 1922 | Onduno und andere afrikanische Tiergeschichten | | 1923 | Satan, und andere afrikanische Geschichten | | 1925 | Die Adelaar en ander Afrikaanse verhale Die Farm im Steppenlande; elf Jahre Farmerleben und Jagd in Afrika | | 1926 | Afrikanische Buschreiter | Uitstallings (keuse) -------------------- * 1965 "3 Generasies Aschenborn" Windhoek (Namibië) * 1981 "Hans Anton Aschenborn Gedenktentoonstelling" - Kunsvereniging SWA/Namibië (nou Nasionale Kunsgalery van Namibië), Windhoek Bronne ------ ### Boeke * Antonissen, Rob "Die Afrikaanse letterkunde van aanvang tot hede" Nasou Beperk Derde hersiene uitgawe Tweede druk 1964 * Beukes, Gerhard J. en Lategan, F.V. "Skrywers en rigtings" J.L. van Schaik Bpk. Pretoria Eerste uitgawe 1952 * Grové, A.P. "Letterkundige sakwoordeboek vir Afrikaans" Nasou Beperk Vyfde uitgawe Eerste druk 1988 * Kannemeyer, J.C. "Geskiedenis van die Afrikaanse literatuur 1" Academica, Pretoria en Kaapstad Tweede druk 1984 * Kannemeyer, J.C. "Die Afrikaanse literatuur 1652-2004" Human & Rousseau Kaapstad en Pretoria Eerste uitgawe 2005 * Nienaber, P.J. "Hier is ons skrywers!" Afrikaanse Pers-Boekhandel Johannesburg Eerste uitgawe 1949 * Nienaber, P.J,; Senekal, J.H en Bothma, T.C. "Mylpale in die geskiedenis van die Afrikaanse letterkunde" * Afrikaanse Pers-Boekhandel Tweede hersiene uitgawe 1963 * Nienaber, P.J. et al "Perspektief en Profiel" Afrikaanse Pers-Boekhandel Johannesburg Derde hersiene uitgawe 1969 * Van Coller, H.P. (red.) "Perspektief en Profiel Deel I" J.L. van Schaik-Uitgewers Pretoria Eerste uitgawe 1998 ### Tydskrifte en koerante * Aucamp, Hennie "Kuns teen die klippe" "Die Burger" 17 Julie 2004 * Skawran, Karin "Die grafiese kuns van H.A. Aschenborn" "Lantern" Jaargang XV no. 2 Desember 1965 ### Web-skakels * |1| *Allgemeines Künstlerlexikon* (1992), *Die Bildenden Künstler aller Zeiten und Völker*, deel 5, Saur, Munich 1992, pp. 383 * |2| Lantern (sien tweede ry) * Duitse Biografie * Engelse Biografie * Kloppers, Sas (2012) *Directory of Namibian Artists*, Dream Africa Productions and Publishing, ISBN 978-0-620-51746-1 * Roos, Nico (1978), *Kuns in Suidwes-Afrika*, ISBN 0-7993-0344-5 * Vollmer, Hans (1953), *Allgemeines Lexikon der bildenden Künstler des XX. Jahrhunderts*, deel 1, E. A. Seemann, Leipzig, p. 71 * *Die prosa van die twede Afrikaanse beweging* – Afrikaanse Verwysing (sien heel onder) * Duitse verwysing * Berig oor 100 jare kuns van Hans Aton, Dieter en Uli Aschenborn (Duitse Tydskrif "Allgemeine Zeitung", Oktober 2017)
{ "title": "Hans Anton Aschenborn", "mostly_tablelist": false, "tablelist_ratio": [ 3486, 10068, 0.3462455303933254 ], "infobox": [ "<table about=\"#mwt1\" class=\"infobox biography vcard\" data-mw='{\"parts\":[{\"template\":{\"target\":{\"wt\":\"Inligtingskas Persoon\\n\",\"href\":\"./Sjabloon:Inligtingskas_Persoon\"},\"params\":{\"naam\":{\"wt\":\"Hans Anton Aschenborn\"},\"bynaam\":{\"wt\":\"\"},\"beeld\":{\"wt\":\"[[Beeld:Hans Anton Aschenborn.jpg|duimnael|links|260px|Hans Aschenborn, datum onbekend.]]\"},\"beeldbeskrywing\":{\"wt\":\"\"},\"onderskrif\":{\"wt\":\"\"},\"geboortenaam\":{\"wt\":\"\"},\"geboortedatum\":{\"wt\":\"[[1 Februarie]] [[1888]]\"},\"geboorteplek\":{\"wt\":\"[[Kiel, Duitsland]]\"},\"sterfdatum\":{\"wt\":\"{{SDEO|1931|4|10|1888|2|1}}\"},\"sterfteplek\":{\"wt\":\"Kiel, Duitsland\"},\"ouers\":{\"wt\":\"\"},\"titel\":{\"wt\":\"\"},\"nasionaliteit\":{\"wt\":\"\"},\"beroep\":{\"wt\":\"Skilder en skrywer\"},\"ander\":{\"wt\":\"\"},\"bekend\":{\"wt\":\"\"},\"salaris\":{\"wt\":\"\"},\"termyn\":{\"wt\":\"\"},\"voorganger\":{\"wt\":\"\"},\"opvolger\":{\"wt\":\"\"},\"eerbewyse\":{\"wt\":\"\"},\"party\":{\"wt\":\"\"},\"religie\":{\"wt\":\"\"},\"huweliksmaat\":{\"wt\":\"\"},\"kinders\":{\"wt\":\"\"},\"webblad\":{\"wt\":\"\"},\"handtekening\":{\"wt\":\"\"}},\"i\":0}}]}' id=\"mwAg\" style=\"width:22em\" typeof=\"mw:Transclusion\"><tbody><tr><th colspan=\"2\" style=\"text-align:center;font-size:125%;font-weight:bold\"><div class=\"fn\" style=\"display:inline\">Hans Anton Aschenborn</div></th></tr><tr><td colspan=\"2\" style=\"text-align:center\"><figure class=\"mw-halign-left\" typeof=\"mw:Image/Thumb\"><a class=\"mw-file-description\" href=\"./Lêer:Hans_Anton_Aschenborn.jpg\"><img data-file-height=\"743\" data-file-type=\"bitmap\" data-file-width=\"499\" decoding=\"async\" height=\"387\" resource=\"./Lêer:Hans_Anton_Aschenborn.jpg\" src=\"//upload.wikimedia.org/wikipedia/af/thumb/d/d1/Hans_Anton_Aschenborn.jpg/260px-Hans_Anton_Aschenborn.jpg\" srcset=\"//upload.wikimedia.org/wikipedia/af/thumb/d/d1/Hans_Anton_Aschenborn.jpg/390px-Hans_Anton_Aschenborn.jpg 1.5x, //upload.wikimedia.org/wikipedia/af/d/d1/Hans_Anton_Aschenborn.jpg 2x\" width=\"260\"/></a><figcaption>Hans Aschenborn, datum onbekend.</figcaption></figure></td></tr><tr><th scope=\"row\">Gebore</th><td><a href=\"./1_Februarie\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"1 Februarie\">1 Februarie</a> <a href=\"./1888\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"1888\">1888</a><br/><div class=\"birthplace\" style=\"display:inline\"><a href=\"./Kiel,_Duitsland\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Kiel, Duitsland\">Kiel, Duitsland</a></div></td></tr><tr><th scope=\"row\">Sterf</th><td>10 April 1931 (op 43)<br/><div class=\"deathplace\" style=\"display:inline\">Kiel, Duitsland</div></td></tr><tr><th scope=\"row\">Beroep</th><td class=\"role\">Skilder en skrywer</td></tr></tbody></table>" ], "td_tables": [], "text_length": 10555 }
**Eienskappe**| **Algemeen** | | --- | | Naam | Osoon  | | IUSTC-naam | trisuurstof | | Struktuurformule van | | | Chemiese formule | O3 | | Molêre massa | 48.0 [g/mol] | | CAS-nommer | 10028-15-6   | | Voorkoms | ligteblou gas   | | Reuk | skerp | | **Fasegedrag** | | Smeltpunt | -193 °C | | Kookpunt | -112 °C | | Digtheid | 1,6\*lug | | Oplosbaarheid | 570 mg/L water 20 °C suiwere osoon  | | **Termodinamies**  | | ΔfH~~o~~ | 142.7 [kJ/mol]  | | Henry se konstante | 1.17 x 10-2[mol/L.atm] - 2400[K] | | **Suur-basis eienskappe** | | pKa | | | **Veiligheid** | | Flitspunt | N/A  | | LD50 | 12,6 dpm, 3 uur (muis) | | Tensy anders vermeld is alle data vir standaardtemperatuur en -druk toestande. | |   | | **Osoon** (**O3**) is 'n reaktiewe allotroop van suurstof. 'n Osoonmolekuul is 'n polêre molekuul wat uit drie kovalentgebonde suurstofatome bestaan. Dit is 'n irriterende, giftige gas met 'n ligteblou kleur teen standaardtemperatuur en -druk. Dit word 'n donkerblou vloeistof onder -112 °C en 'n donkerblou vastestof onder -193 °C. Atmosfeer --------- Osoon kom in die osoonlaag in die boonste gedeelte van die stratosfeer van die aarde voor, wat laasgenoemde se natuurlike beskerming teen die son se ultravioletstraling (hoë energiestraling) is. Osoon in die stratosfeer is dus "goeie osoon" wat die son se ultravioletstraling absorbeer en sodoende die mense, diere en plante teen die hoë energiestraling beskerm. Die vorming van ozone in die stratosfeer is 'n fotochemiese proses. Suurstof neem energie op deur absorpsie van 'n foton en dissosieer: {\displaystyle O\_{2}+h\nu \to O+O} 'n Suurstofatoom reageer met 'n suurstof molekuul, maar hierdie reaksie vereis dat 'n derde molekuul M die oorskot aan energie kan wegdra {\displaystyle O\_{2}+O+M\to O\_{3}+M^{\*}} Die ultraviolette straling van die son en suurstofatome kan osoon ook weer vernietig: {\displaystyle O\_{3}+h\nu \to O+O\_{2}} {\displaystyle O\_{3}+O\to 2O\_{2}} Die osoongat bo Antarktika 'n Ewewigskonsentrasie van osoon sal so vorm, veral omdat die vernietiging nie baie vinnig verloop nie. Tydens die winter sal egter aan die pole die osoonkonsentrasie terugloop omdat daar lang tyd geen sonlig meer is nie, maar die terugloop is nie baie vinnig nie Die aanwesigheid van freon uit spuitbusse en koelkaste in die atmosfeer het dit egter verander omdat chlooratome wat ontstaan deur fotodissosiasie van freon as 'n katalisator vir die afbraakproses optree. Dit veroorsaak die osoongat bo die pole. Een stap is byvoorbeeld: {\displaystyle CFCl\_{3}+h\nu \to CFCl\_{2}+Cl} {\displaystyle Cl+O\_{3}\to ClO+O\_{2}} Bo die pole is die temperatuur soms baie laag (190K) en die yskristalle in die atmosfeer versterk die katalitiese effekte. Daar word ook osoon in die troposfeer aangetref. Maar anders is die osoon in die osoonlaag, is hierdie "slegte osoon" wat skadelik is vir asemhalende wesens. Die het 'n irriterende effek op die mens se neus, keel en oë, en beskadig longweefsel en plante.
{ "title": "Osoon", "mostly_tablelist": false, "tablelist_ratio": [ 788, 2775, 0.28396396396396395 ], "infobox": [], "td_tables": [], "text_length": 2997 }
Die amptelike kenteken van die HD-DVD () **HD-DVD** (**High Definition Digital Versatile Disc**) was naas die Blu-ray Disc een van die twee nuwe DVD-standaarde vir *High Definition*-televisie en -rolprente wat deur die DVD Forum as die opvolger van die DVD-standaard voorgestel is. Die HD-DVD het die voordele van die DVD, wat tot dusver die mees suksesvolle oudio-video-produk is, met verbeterde funksionaliteit, 'n groter stoorkapasiteit en realistiese weergawe van beeld en klank verbind. Stoorkapasiteit en resolusie ---------------------------- 'n Groter kapasiteit van sowat 15 GB (eenlaag-HD-DVD) en 30 GB (dubbellaag-HD-DVD) het verseker dat die miljoene kleure, skerpe details en ruimtelike indruk van die HDTV-standaard met HD-DVD-spelers weergegee kon word. Danksy die nuwe blou-laser-tegnologie kon tot by 8 ure se HD-rolprente met 1 125 beeldlyne of 48 ure se gewone standaard-DVD-resolusie met 525 (NTSC) of 625 beeldlyne (PAL) gestoor word. Die HD-DVD-formaat het 'n groot verskeidenheid resolusies behels, wat van lae-resolusie standaard-televisie (soos in die geval van die oorspronklike DVD-formaat) tot by HDTV-formate met 720p, 1080i en 1080p gestrek het. Vir die enkodering van video-data is net soos in die geval van DVD-rolprente MPEG-2 asook nuut ontwikkelde formate soos VC-1 en AVC gebruik. Die meeste vrygestelde rolprente is in 1080p-enkodering aangebied, terwyl die bonusmateriaal in 480i of 480p gestoor is. Die oorgrote meerderheid van titels het oor VC-1-enkodering beskik. Klankformate ------------ 'n HD-DVD-R-dubbellaagskyf HD-DVD-klankbane kon in verskillende oudioformate geproduseer word en maksimaal 7.1 kanale bevat. Vir enkodering-doeleindes is die oorspronklike DVD-oudioformate soos lineêre PCM, Dolby Digital, Dolby Digital EX, DTS en DTS-ES of nuut ontwikkelde gekomprimeerde formate soos Dolby Digital Plus en DTS-HD High Resolution Audio of ongekomprimeerde formate soos Dolby TrueHD en DTS-HD Master Audio gebruik. Lineêre PCM, DTS en alle Dolby-formate (Dolby Digital, Dolby Digital Plus en Dolby TrueHD) was verpligte klankformate vir HD-DVD-titels en kon ook die as enigste standaard op 'n HD-DVD-skyf gebruik word, aangesien alle HD-DVD-spelers oor dekodeerders beskik het wat hierdie bisstrome kon verwerk. Vir ongekomprimeerde klank in lineêre PCM-, Dolby TrueHD- of DTS-HD Master Audio-kwaliteit is 24-bis/192-kHz-enkodering vir tweekanaal- of 24-bis/96-kHz-enkodering vir maksimaal agt omringklank-kanale gebruik. Opnames en verenigbaarheid -------------------------- Die **HD-DVD-RW**-standaard, wat deur die DVD Forum goedgekeur is, kon op 'n skyf van 20 GB 5.5 ure se HDTV-programme stoor. Hierdie skywe was destyds bestem vir HD-DVD-opnemers. Met hul HD-DVD-aandrywers, -spelers en -opnemers kon verbruikers ook CD's en DVD's speel. Hardeware --------- Toshiba se HD-DVD-speler HBS A 001 is tydens die IFA 2005 in Berlyn vertoon 'n Multiformaat-aandrywer Toshiba het sy prototipes van HD-DVD-spelers al vroeg in 2004 bekend gestel. Die spelers gebruik HD-DVD-skywe met 'n stoorkapasiteit van respektiewelik 30 en 45 GB, waarby die laasgenoemde sy gegewens in drie lae stoor. Sanyo en NEC kondig in Desember 2004 aan dat hulle 'n DVD-aandrywer ontwikkel het wat die formate HD-DVD, DVD en CD sal kan lees. Hiervoor word die laseropnemer se liggolflengte aan die verskillende formate aangepas. Die nywerheid bedoel om sodoende vir die verbruiker 'n maklike oorgang van CD en DVD tot HD-DVD moontlik te maak. Toshiba het sy HD-DVD-spelers in laat 2006 naas Noord-Amerika en Japan ook op Europese markte ingevoer. Skootrekenaars met HD-DVD-aandrywers en Full HD-beeldresolusies is eweneens beskikbaar. Microsoft se *Xbox 360* kan met 'n opsionele HD-DVD-aandrywer toegerus word, alhoewel dit nie oor 'n digitale HDMI-koppelvlak beskik nie. Sagteware --------- Die HD-DVD-formaat was aanvanklik in 'n wedstryd met Blu-Ray betrokke, 'n tweede hoë-resolusie-formaat. Die twee formate was nie versoenbaar nie, alhoewel universele spelers albei formate sou kon hanteer het. Die Suid-Koreaanse vervaardiger LG Electronics was die eerste maatskappy wat 'n dergelike speler in 2007 aangebied het. Die Amerikaanse porno-rolprentbedryf was net soos in die geval van die videoband-formaatwedstryd van die sewentigerjare 'n beslissende faktor in die wedstryd. 'n Aantal aanbieders het tydens die CES 2007, die jaarlikse Amerikaanse handelskou van elektroniese verbruikersware, aangekondig dat hulle rolprente vanweë sy laer produksiekoste by voorkeur in die HD-DVD-formaat sou vrystel. In Augustus 2007 het die rolprent-ateljee Paramount Pictures saam met sy dogtermaatskappy Dreamworks, Inc. aangekondig dat hulle HD-rolprente in die toekoms uitsluitlik as HD-DVD-skywe vrygestel sal word. Maar vroeg in 2008 het met Warner reeds die vierde rolprent-ateljee Blu-ray as sy eksklusiewe formaat vir die vrystelling van hoë-resolusie-rolprente gekies. Hierdie besluit het die HD-DVD-voorstanders Toshiba en Microsoft 'n ernstige nekslag toegedien. In Februarie 2008 het die president van die Japannese Toshiba Corporation, Atsutoshi Nishida, aangekondig dat die maatskappy die vervaardiging en bemarking van HD-DVD-spelers sal staak aangesien die meeste rolprent-ateljees besluit het om eerder die mededingende formaat Blu-ray te steun. Die HD-DVD-formaat se belangrikste bemarkingsliggaam, die HD DVD Promotion Group, is op 28 Maart 2008 amptelik ontbind. Ander formate met hoë resolusie ------------------------------- **WMV-HD** is 'n spesiale formaat wat gebruik maak van die Windows Media-speler en nuwe codecs met 'n verbeterde kwaliteit wat die van DVD-Video duidelik oortref. In 2004 het 'n reeks rolprente in die WMV-HD-formaat verskyn wat op gewone DVD-aandrywers 'n resolusie van 1280 x 544 pixels bied (slegs die aktiewe gedeelte van die beeld word geënkodeer). Die klankbaan word in die Windows Media Audio pro-formaat gestoor; die kwaliteit is vergelykbaar met MP3 of Dolby Digital en is geskik vir alle soorte oudiomeng van stereo- tot 7.1-kanaal-weergawe. Die eerste twee DVD-spelers wat ook WMV-HD kan lees word vanaf April/Mei 2005 deur die Deense vervaardiger Kiss aangebied. Sien ook: Blu-ray Disc, Ultra HD Blu-ray, DVD-formate, HDTV
{ "title": "HD-DVD", "mostly_tablelist": false, "tablelist_ratio": [ 420, 5637, 0.0745077168706759 ], "infobox": [], "td_tables": [], "text_length": 6220 }
**Johannes de Lange**, meer bekend as **Hans Dons de Lange** (1799–1861) was 'n Voortrekkerverkenner wat vir Gerrit Maritz op die Groot Trek vergesel het. Hy het ook as verkenner vir Piet Retief en Andries Pretorius opgetree. Hy was aangestel as die amptelike Resident van die Boere by die Zoeloekoning, Panda, na die oorwinning oor Dingaan. Hy vestig hom later by Ladysmith waar hy groot aansien geniet. In 1860 word hy aangekla van moord op 'n swartman en al het die Kroon se hoofgetuie sy eie weergawe, wat hy tydens die ondersoek voor die verhoor verskaf het ook ontken, word Hans Dons nogtans ter dood veroordeel. Hy word in 1861 in treurige omstandighede gehang. Biografiese inligting --------------------- Johannes (ook bekend as Hans, of beter bekend as Hans Dons) is gebore op 8 Desember 1799 op die plaas Noutoe (tans: *Table Farm* – daar is nou 'n gastehuis op die plaas) in die Zuurveld van die Grahamstad-distrik. Hy was die oudste seun van Adriaan de Lange en Gezina Nel. Hy bring sy jeug deur aan die oosgrens van die Kaapkolonie waar sy vader diens doen as veldkornet van 1809 tot 1813. Ongeveer 1815 word die leningsplaas Wilgerfontein aan die oewer van die Groot-Visrivier aan sy vader toegeken, wat in 1821 sy reg op die plaas aan sy skoonseun (die latere Voortrekkerleier Lucas Johannes Meyer) verkoop. De Lange tree op 26 Januarie 1817 in die huwelik met Catharina Cornelia Lombard (geb. 16 September 1798; oorl. 19 Oktober 1874). Hulle het drie seuns en drie dogters. Die KwaZulu-Natal Argief bewaar 'n portret van die egpaar. Hoewel De Lange hom tydens die stigting van die Somerset-distrik in 1825 by sy vader aangesluit het in die veldkornetskap op die plase Klein Leeuwfontein en Brakfontein in die Oos-Rietriviergebied, word hierdie twee plase eers ná hul vertrek op hul naam geregistreer, onderskeidelik op 31 Januarie 1836 en 1 Augustus 1837. De Lange was groot en stewig gebou met 'n rooierige gelaat en 'n woeste, donsagtige baard -- vandaar sy bynaam. Hoewel sy houding in die algemeen respek afgedwing het, is dit ook bekend dat hy in sy latere leeftyd taamlik bars was. Naasbestaandes en bure ---------------------- De Lange se vele jagtogte en sy gevolglike verkenning van die binneland is sterk beïnvloed deur sy naasbestaandes en bure aan die Oos-Rietrivier, net soos sy uiteindelike besluit om hom by die Groot Trek aan te sluit. Onder diegene was die invloedryke bevelvoerder van Albanie (Cornelis Meyer, getroud met De Lange se niggie), asook sy broers Lucas Johannes en Willem Petrus. Daar was ook Cornelis Meyer se skoonseun (Abraham Greyling) wat 'n stiefseun van Piet Retief was, asook Cornelis Meyer se eie seun (Lucas Petrus) wat getroud was met Deborah Jacoba Retief (Piet Retief se dogter). Nog 'n stiefseun van Piet Retief was Piet Greyling. Piet Retief was deeglik bekend met die binneland, en het danksy familie- en vriendskapsbande groot aansien by De Lange geniet en sy invloed het direk bygedra tot De Lange se latere besluit om die Kolonie vir die binneland te verruil. Hy was ook vergesel deur sy twee swaers, die broers Willem Abraham en Paul Dirk Bester. Verder was die latere Voortrekkerleiers Louis Tregardt (Trichardt) en Louis Jacobus Nel sy bure gedurende sy tyd aan die Oos-Rietrivier. Jag- en verkenningstogte na die binneland ----------------------------------------- Dit is nie duidelik of De Lange se reise na die binneland primêr gemik was op verkenning nie, maar die vermoede is dat hy as ywerige jagter toevallig 'n meesterkenner van die geografie en reisroetes geword het. Hierdie kennis het De Lange in sy later lewe deeglike voordeel gegee in sy rol as Voortrekkerleier en verkenner in die boerekommando's. Verder sou sy skakeling met die plaaslike stamhoofde in die binneland hom goed te staan kom, sowel omdat hy reeds bekend was aan sommiges gedurende die trekkers se omswerwinge, asook deurdat De Lange waardevolle kennis van die kulture opgedoen het en dus meer geredelik met die plaaslike bevolking kon skakeling vind. Reeds voor die Groot Trek het De Lange minstens drie jagtogte na die binneland onderneem. Die eerste wat aangeteken is, was ongeveer Maart 1830 terwyl 'n tweede groep ook uitgegaan het om handel te dryf met die plaaslike gemeenskap en olifante te jag. Die onderlinge familiebetrekkinge binne die twee groepe suggereer dat die twee groepe óf saamgereis het, óf minstens van mekaar bewus was: Albei groepe het die gebied enkele dae van mekaar noord van die huidige Mafikeng binnegegaan. Die een groep het gemik na Thlaping (Maruping naby Kuruman) maar het ietwat noordoos daarvan aangekom. Uit JC Steyn se navorsing blyk dit dat De Lange en sy geselskap verder noordoos van Mafikeng gereis het en besoek afgelê het by die Ndebele-koning Mzilikazi (Silkaats) in die Magaliesberg. Daarvandaan het De Lange se geselskap wes-noordwes gereis na die Hurutshe-gebied ('n kort afstand noord van die huidige Groot Marico) en selfs so ver as die gebied van die Ngakwetse (sowat 40 km noord van die huidige Gaborone in Botswana) om verder te jag. Hoewel nie almal saamstem met JC Steyn se weergawe oor De Lange se vermeende besoeke by die plaaslike stamhoofde nie, is dit 'n uitgemaakte saak dat De Lange se geselskap die eerste setlaars was wat teen 1830 die gebied noord van die huidige Mafikeng verken en daar gejag het. Of die twee groepe aanvanklik van mekaar bewus was of nie, is dit bekend dat hulle ten noorde van Setlagole by mekaar aangesluit en hul terugreis saam aangepak het en só teen Oktober 1830 weer by Oos-Rietrivier tuisgekom het. Waarskynlik in 1832 het De Lange saam met WP Meyer 'n verdere tog onderneem na Natal (tans: kwaZulu-Natal Provinsie), hierdie keer skynbaar eerder gemik op verkenning as op jag. Hoe dit ookal sy, hulle het tydens hierdie ekspedisie ook ten doel gehad om uit daardie gebied monsters van die boksoorte, voëlsoorte en insekte te versamel vir die Duitse naturoloog Ludwig Krebs wat naby De Lange gewoon het in die Baviaanskloof-grensgebied. De Lange se vertellings van sy 1830 jag- en verkenningstogte na die binneland het bygedra tot die vorming van die idee van 'n trek na die binneland en het dus 'n belangrike bydrae gemaak tot die gedagte van die Groot Trek. Trouens, inligting wat deur die lede van hierdie ekspedisies versprei is onder die gemeenskap van Somerset, Albanie en Uitenhage, het direk bygedra (gelei) tot 'n lys handtekeninge van persone wat sou belangstel in 'n nuwe lewe in die "onbewoonde" noordelike gebied. Redes vir de Lange se trek na die binneland ------------------------------------------- Die boere aan die oosgrens was sat vir die gevaarlike lewenswyse weens die gereelde aanvalle en veediefstalle deur die Xhosas van oorkant die rivier. Verder was die behoefte aan goedkoop boerderygrond ook 'n oorweging (onthou dat die konsep van "onbewoonde" gebied beteken het dat 'n eerste setlaar die grond so te sê gratis kon verkry). Die Xhosa-werkers het ook reeds 'n beter begrip van die waarde van kontantgeld gehad en wou nie meer vir die plaaslike boere werk vir blote bestaansmiddele nie. Die deurslaggewende faktor vir die koloniste was egter die verpligte vrystelling van alle slawe, en dit was die laaste strooi wat hulle oortuig het om die Brits-beheerde Kaapkolonie te verlaat en 'n Boererepubliek te stig waar hulle self kon regeer en hul eie wette uitvaardig. De Lange, sy vader, en drie van sy broers het in die eerste helfte van 1834 uitgewyk na Gcalekaland (tans Kentani- en Willowvalegebiede in die Oos-Kaap Provinsie). Die feit dat hul vorige twee plase eers later in hul name geregistreer is laat die vermoede ontstaan dat die De Langes die moontlikheid voorsien het om na hul ou plase terug te keer indien dinge nie sou uitwerk nie, maar dit is nie baie duidelik nie. Die vooruitsig van 'n enorme stuk grond wat Hintsa aan hulle sou verhuur, die beskikbaarheid van water, huurarbeid, en (natuurlik) wild vir jagdoeleindes was egter 'n groot trekpleister. Verdere oorwegings was die relatief geïsoleerde ligging, die vooruitsig om sonder stoornis te jag, en (soos De Lange se belangstelling teen dié tyd was) die geleentheid om die binneland verder te verken. De Lange en sy seun Adriaan sluit in Gcalekaland aan by Piet Uys se verkenningskommissie na Natal in September 1834. Die Uys-Kommissie het groot voordeel geput uit De Lange en WP Meyer se reeds gevestigde kennis van binnelandse reisroetes. Die Sesde Grensoorlog (1834–1835) breek uit tydens die Kommissie se besoek aan Natal en De Lange se gesin moes in sy afwesigheid uit Gcalekaland spore maak na die veiligheid van die gebied onder die Tarka-kornetskap. Ná sy terugkeer in Maart 1835 het De Lange na alle waarskynlikheid soos sy broers deelgeneem aan die Tarka-kommandopatrollies aan die noordoostelike grensgebied. Na afloop van die oorlog vestig De Lange hom op die plaas Hans Donsieskraal (tans Hazelmere in die Sterkstroom-distrik) op die oewer van die Klaas Smitsrivier aan die voet van die Salpeterberg, digby die Stormberge en die Penhoekpas. Die plaas was geleë in die omgewing van die Tarka vanwaar die latere Voortrekkerleiers JC Potgieter (ook bekend as Koos Grootvoet) en Jan du Plessis afkomstig was. Louis Tregardt en Andries Hendrik Potgieter se trekgeselskappe het ook in hierdie omgewing by die Bamboesberg en Tarkarivier oorgestaan ter voorbereiding van hul trek noordwaarts. Een van die gewilde roetes na die Transoranje het regdeur hierdie plaas geloop. De Lange sluit aan by die Voortrekkers -------------------------------------- Ongeveer middel 1837 verlaat De Lange met sy gesin hul plaas aan die Klaas Smitsrivier en sluit aan by die trekkers wat reeds noord daarvandaan was. Dit is hoogs waarskynlik dat hy noordwaarts deur die Penhoekpas getrek het, verby die plek waar Jamestown vandag staan en deur die Somersetdrif by Buffelsvlei (tans Aliwal-Noord). Die vroegste bevestigde vermelding van De Lange se naam noord van die Oranjerivier is in Erasmus Smit se dagboekinskrywing op 4 Oktober 1837, toe hy geskryf het dat De Lange se trek by Retief se laer vertoef het. Skynbaar was dit naby die Oliviershoekpas in die Drakensberge. De Lange het in Natal dikwels 'n belangrike rol gespeel. Hy was lid van Retief se span tydens sy eerste besoek aan Dingaan en het vermoedelik ook in 1838 in die kommando geveg by Italeni - hierdie groep het later die skelnaam "Vlugkommando" verwerf weens die nederlaag wat hulle gely het met die verlies van tien waardevolle manskappe, insluitend Piet Uys en Uys seun, Dirkie. De Lange was ook een van die ses afgevaardigdes wat namens die Voortrekkers oor die moontlike inlywing van Natal moes onderhandel. Hy het 'n leiersrol vervul tydens die drie dae lange Zoeloe-aanval op Veglaer van 13 tot 15 Augustus 1838. Hy was as meesterverkenner hoogs waarskynlik lid van die beplanners van die wenkommando, en dit was hy wat op 15 Desember 1838 aan hoofbevelvoerder AWJ Pretorius verslag gebring het dat die Zoeloe-hoofmag in aankoms en reeds sowat 12 myl (20 km) van die laer was. Die volgende dag het De Lange aan die oorwinning in die Slag van Bloedrivier deelgeneem. Hy is ook beskou as een van die helde van die geveg by die Wit Umfolozirivier waarin sowat 1000 Zoeloes en 11 Voortrekkers op 27 Desember 1838 gesneuwel het. Op Nuwejaarsdag 1839 en die dag daarna was De Lange in bevel van sowat 140 manskappe waartydens hulle sowat 4000 beeste en 1000 skape van die Zoeloes weggevoer het. In Oktober van dieselfde jaar dien hy onder regter Frans Roos as lid van die kommissie om Mpande se gesag en die opregtheid van sy vriendskap teenoor die Trekkers te ondersoek, waartydens Mpande aangewys is as die regerende prins van die emigrerende Zoeloes. De Lange word kort daarna van sy bevel onthef weens 'n klag dat hy onwettig beeste van die Zoeloes geneem het. Die Trekkers se vertroue in hom as leier blyk egter uit die vertoë van drie veldkornette (en ander) dat De Lange in bevel geplaas word van die beeskommando. Hoewel die Volksraad die versoek toegestaan het, het De Lange gekies om nie aan hierdie kommando mee te doen nie. Rebellie teen Britse gesag -------------------------- in 1847 speel De Lange 'n leidende rol in die Kliprivier-boere se rebellie teen die Britse bewind in Natal. Hierin word hy veral onthou vir sy onderhandelings met Mpande en die sogenaamde koopkontrak wat hy en Andries Spies met Mpande gesluit het op 7 Januarie 1847, waardeur die Klipriviergebied vir 1000 Rijksdaalders aan die Boere "verkoop" is. Verhoor, vonnis en teregstelling -------------------------------- Gedenksteen ter herinnering aan Hans Dons de Lange op die plek waar sy oorskot begrawe is Op 1 Desember 1860, nie ver nie van De Lange se plaas Valsfontein (naby die huidige Newcastle), sterf 'n Zoeloe-man weens 'n skietwond. De Lange word aangekla vir moord, hoewel geen motief tydens die verhoor vasgestel kon word nie. Die Kroon se hoofgetuie ontken ook tydens die verhoor sy eie weergawe wat hy tydens die ondersoek voor die verhoor verskaf het. Ten spyte van die swak gehalte van die getuienis teen hom vind die jurie De Lange nogtans skuldig aan moord. Die verdediging voer ter versagting aan dat dit nie moord met voorbedagte rade was nie en dat De Lange dus vrygelaat behoort te word, maar die doodsvonnis word hom nogtans opgelê. Omdat niemand van die omgewing 'n tou aan die laksman wou verkoop nie, het hy (die laksman) 'n tou laat vleg van gras. Met die eerste ophangslag het die tou gebreek. Die laksman het hom egter nie daaraan gesteur nie en net weer vir Hans Dons gehang. Daar is vandag nog diegene wat glo dat De Lange óf te swaar gestraf is, óf heeltemal onskuldig was. Daar is ook allerhande apokriewe en totaal onware stories wat vandag nog die rondte doen: Een hiervan is dat die owerhede 'n swart konstabel gestuur het om De Lange in hegtenis te neem en dat De Lange dit as 'n belediging beskou het, waarná hy op die konstabel geskiet en hom dodelik verwond het. Hierdie weergawe is duidelik van alle waarheid ontbloot en is waarskynlik 'n verbeeldingsvlug gebore. Vele ander stertjies waarvoor daar geen historiese gronde bestaan nie word ook dikwels by die weergawes bygelas. Hans Dons De Lange sterf op 26 Maart 1861 op Ladysmith aan die galg en sy oorskot is begrawe op Watersmeet in die Ladysmith-distrik waar daar 'n gedenksteen vir hom opgerig staan. Hoe Hans Dons onthou word ------------------------- De Lange is in lewe en daarná deur sy tydgenote uit die Groot Trek en in Natal beskou as 'n ywerige verkenner, vurige jagter, dapper soldaat, en 'n militêre strateeg van formaat: dit blyk uit hul memoirs asook die wyse waarop hy erkenning van leiers soos Retief en Pretorius ontvang het. Hulle het hom gesien as een van die beste Voortrekkerleiers wat die grootste vertroue kon inboesem in tyd van nood, iemand wat geensins teruggestaan het om self die wapen te gryp ter verdediging van 'n laer nie. Bronne ------ * *Ensiklopedie van Suidelike Afrika*, Eric Rosenthal, 1967 * Die Wit Kraai, Anna de Villiers, 1938. () Verdere naleeswerk ------------------ * *Hans Dons de Lange – Bobaasverkenner van die Voortrekkers*. Du Plessis, Buks. Bienedell Uitgewers. 2007. ISBN 0-9584118-5-9 en ISBN 978-0-9584118-5-1 * Die Wit Kraai, Anna de Villiers, 1938, Nasionale Pers Bpk.ISBN HTF9789000058952. | | | | --- | --- | | Normdata Edit this at Wikidata | * VIAF: 308237556 * WorldCat Identities (via VIAF): 308237556 |
{ "title": "Hans Dons de Lange", "mostly_tablelist": false, "tablelist_ratio": [ 724, 12894, 0.05615014735535908 ], "infobox": [ "<table about=\"#mwt2\" class=\"infobox biography vcard\" data-mw='{\"parts\":[{\"template\":{\"target\":{\"wt\":\"Inligtingskas Persoon\\n\",\"href\":\"./Sjabloon:Inligtingskas_Persoon\"},\"params\":{\"naam\":{\"wt\":\"Hans Dons de Lange\"},\"bynaam\":{\"wt\":\"\"},\"beeld\":{\"wt\":\"De Lange Hans Dons.jpg\"},\"beeldbeskrywing\":{\"wt\":\"\"},\"onderskrif\":{\"wt\":\"Kommandant Johannes Hendrik de Lange (Hans Dons)\"},\"geboortenaam\":{\"wt\":\"Johan Hendrik de Lange\"},\"geboortedatum\":{\"wt\":\"[[8 Desember]] [[1799]]\"},\"geboorteplek\":{\"wt\":\"[[Grahamstad]]-distrik\"},\"sterfdatum\":{\"wt\":\"[[26 Maart]] [[1861]]\"},\"sterfteplek\":{\"wt\":\"[[Ladysmith]]\"},\"ouers\":{\"wt\":\"Pieter de Lange en Alida de Lange\"},\"titel\":{\"wt\":\"\"},\"nasionaliteit\":{\"wt\":\"Suid-Afrika\"},\"beroep\":{\"wt\":\"Verkenner, kommandant\"},\"ander\":{\"wt\":\"\"},\"bekend\":{\"wt\":\"Voortrekkerleier, dapper vegter by Bloedrivier&lt;ref&gt;{{Cite web |url=https://ontheroadbooks.co.za/products/die-wit-kraai-anna-de-villiers-1st-edition-2nd-impression-1938?variant=28722577408052 |title=argiefkopie |access-date=15 Januarie 2020 |archive-date=26 April 2020 |archive-url=https://web.archive.org/web/20200426152950/https://ontheroadbooks.co.za/products/die-wit-kraai-anna-de-villiers-1st-edition-2nd-impression-1938?variant=28722577408052 |url-status=dead }}&lt;/ref&gt;\"},\"salaris\":{\"wt\":\"\"},\"termyn\":{\"wt\":\"\"},\"voorganger\":{\"wt\":\"\"},\"opvolger\":{\"wt\":\"\"},\"eerbewyse\":{\"wt\":\"\"},\"party\":{\"wt\":\"\"},\"religie\":{\"wt\":\"\"},\"huweliksmaat\":{\"wt\":\"Katriena\"},\"kinders\":{\"wt\":\"7\"},\"webblad\":{\"wt\":\"\"},\"handtekening\":{\"wt\":\"\"}},\"i\":0}}]}' id=\"mwAg\" style=\"width:22em\" typeof=\"mw:Transclusion\"><tbody><tr><th colspan=\"2\" style=\"text-align:center;font-size:125%;font-weight:bold\"><div class=\"fn\" style=\"display:inline\">Hans Dons de Lange</div></th></tr><tr><td colspan=\"2\" style=\"text-align:center\"><span class=\"mw-default-size\" typeof=\"mw:File/Frameless\"><a class=\"mw-file-description\" href=\"./Lêer:De_Lange_Hans_Dons.jpg\"><img data-file-height=\"1474\" data-file-type=\"bitmap\" data-file-width=\"1000\" decoding=\"async\" height=\"324\" resource=\"./Lêer:De_Lange_Hans_Dons.jpg\" src=\"//upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/8/87/De_Lange_Hans_Dons.jpg/220px-De_Lange_Hans_Dons.jpg\" srcset=\"//upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/8/87/De_Lange_Hans_Dons.jpg/330px-De_Lange_Hans_Dons.jpg 1.5x, //upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/8/87/De_Lange_Hans_Dons.jpg/440px-De_Lange_Hans_Dons.jpg 2x\" width=\"220\"/></a></span><div>Kommandant Johannes Hendrik de Lange (Hans Dons)</div></td></tr><tr><th scope=\"row\">Gebore</th><td><div class=\"nickname\" style=\"display:inline\">Johan Hendrik de Lange</div><br/><a href=\"./8_Desember\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"8 Desember\">8 Desember</a> <a href=\"./1799\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"1799\">1799</a><br/><div class=\"birthplace\" style=\"display:inline\"><a href=\"./Grahamstad\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Grahamstad\">Grahamstad</a>-distrik</div></td></tr><tr><th scope=\"row\">Sterf</th><td><a href=\"./26_Maart\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"26 Maart\">26 Maart</a> <a href=\"./1861\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"1861\">1861</a><br/><div class=\"deathplace\" style=\"display:inline\"><a href=\"./Ladysmith\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Ladysmith\">Ladysmith</a></div></td></tr><tr><th scope=\"row\">Nasionaliteit</th><td class=\"category\">Suid-Afrika</td></tr><tr><th scope=\"row\">Beroep</th><td class=\"role\">Verkenner, kommandant</td></tr><tr><th scope=\"row\">Bekend<span typeof=\"mw:Entity\"> </span>vir</th><td>Voortrekkerleier, dapper vegter by Bloedrivier</td></tr><tr><th scope=\"row\"><span class=\"nowrap\">Eggenoot</span></th><td>Katriena</td></tr><tr><th scope=\"row\">Kinders</th><td>7</td></tr><tr><th scope=\"row\">Ouer(s)</th><td>Pieter de Lange en Alida de Lange</td></tr></tbody></table>" ], "td_tables": [], "text_length": 15397 }
**Richard Neutra** **Oostenryks-Amerikaanse argitek** --- **Gebore** 8 April 1892 in Wene, Oostenryk-Hongarye --- **Oorlede** 16 April 1970 (op 78) in Wuppertal, Duitsland --- **Skool** Modernistiese argitektuur --- **Beduidende projekte** Neutra House, Silverlake, Los Angeles --- Miller House in Palm Springs, Kalifornië, VSA ("Woestyn-modernisme") --- **Toekennings en pryse** Wilhelm Exner-medalje (1959) --- AIA se Goue Medalje (19777) **Richard Joseph Neutra** (Duitse uitspraak: [ˌʁiçaʁt ˈnɔʏ̯tʁaː], Engels: [ˈnɔɪtrə]; \* 8 April 1892, † 16 April 1970) was 'n Oostenryks-Amerikaanse argitek wat die grootste deel van sy loopbaan in Suid-Kalifornië werksaam was en bekendheid verwerf het as een van die leidende verteenwoordigers van modernistiese boukuns. | | | | --- | --- | | Normdata Edit this at Wikidata | * BIBSYS: 90127917 * BNE: XX1220680 * BNF: cb12197717t (data) * CANTIC: a11403664 * CiNii: DA01759645 * GND: 118734679 * HDS: 027394 * ISNI: 0000 0001 2137 2987 * LCCN: n50004597 * LNB: 000186362 * NDL: 00451178 * NKC: jn20030923035 * NLA: 36537261 * NLG: 237357 * NLI: 000099170 * NLK: KAC2018G0743 * NLP: A12213913 * NSK: 000086655 * NTA: 069929807 * RERO: 02-A027597027 * RKD: 235524 * The SBN id CUBV119236 is not valid. * SELIBR: 218298 * SNAC: w63x8846 * SUDOC: 027703274 * Trove: 1279418 * ULAN: 500017837 * VIAF: 66513638 * WorldCat Identities: lccn-n50004597 |
{ "title": "Richard Neutra", "mostly_tablelist": false, "tablelist_ratio": [ 450, 1061, 0.42412818096135724 ], "infobox": [], "td_tables": [], "text_length": 1445 }
*Sandwich clock* (1971), *Ritz-Italora*, Milaan, Italië IBM 5140 Draagbare rekenaar (1986-1987) *Museo Nazionale della Scienza e della Tecnologia Leonardo da Vinci*, Milaan Klapbare radiotoestel *Brionvega TS 522* (2004) **Richard Sapper** (\* 30 Mei 1932 in München; † 31 Desember 2015 in Milaan) was 'n Duitse industriële ontwerper en dosent wat hom in Milaan gevestig het en daar ook werksaam was. Hy word as een van die voorste ontwerpers van sy generasie beskou - met 'n suiwer estetiese vormtaal wat tegelykertyd vernuwend was en altyd verrasings opgelewer het, maar dikwels ook vol humor was. Die groot verskeidenheid Produkte, wat Richard Sapper ontwuikkel en ontwerp het, strek van skepe en motors tot rekenaars en ander elektroniese toestelle, meubels en kombuistoestelle wat in opdrag van bekende ondernemings soos Alessi, Artemide, B&B Italia, Brionvega, Heuer, IBM, Kartell, Knoll, Lenovo, Lorenz Milano, Magis, Molteni en baie ander ontstaan het. Richard Sapper was vanaf 1980 as hoof industriële ontwerpkonsultant vir IBM en later Lenovo werksaam. Vir sy werk is Sapper met 'n verskeidenheid uitstallings en internasionale pryse vereer soos die befaamde *Compasso d’Oro* (elf keer) en die *Lucky Strike Designer Award* (wat deur die *Raymond Loewy Foundation* toegeken word). Die produkte en voorwerpe, wat hy ontwerp het (onder meer vir die befaamde Italiaanse vervaardiger van verbruikerselektronika, *Brionvega*), maak deel uit van die permanente versamelings van bekende musea soos die *Museum of Modern Art (MoMA)* in New York en die Londense *Victoria and Albert Museum*.
{ "title": "Richard Sapper", "mostly_tablelist": false, "tablelist_ratio": [ 334, 1718, 0.19441210710128057 ], "infobox": [], "td_tables": [], "text_length": 1599 }
Die **Geelstert-tamarin** (*Anampses meleagrides*) is 'n vis wat voorkom in die Stille Oseaan, die Indiese Oseaan, die Rooisee, Oman en aan die ooskus van Afrika suidwaarts tot by sentraal KwaZulu-Natal. In Engels staan die vis bekend as die *Yellowtail tamarin*. Identifikasie ------------- Die vis word tot 22 cm lank. Alle onvolwasse visse en volwasse wyfies het dieselfde kleur patroon. Hul lyf is donkerbruin tot swart en daar is 'n klein wit kolletjie op elke skub terwyl die stert geel is. Die kop, anale- en dorsalevinne het ook kolletjies op. Die agterste dorsale- en analevinne het oogkolle op. Die volwasse mannetjies is rooibruin tot groenerig met kort vertikale strepies op elke skub. Daar is onreëlmatige blou strepe op die kop en keel. Die stertvin het klein, blou kolletjies met donker rante op. Die vis leef in aflandige koraal- en rotsriwwe in water wat 5 tot 60m diep is. Hulle verkies areas waar daar 'n mengsel van sand, koraal en rotse is. Die vis begraaf homself ook snags in die sand of as gevaar dreig. Die wyfies vorm klein, los groepies gewoonlik naby 'n mannetjie. Die vis is altyd aan die beweeg en stop net om klein vissies of bodem ongewerweldes te eet. Sien ook -------- * Alfabetiese lys van visse * Lys van Suider-Afrikaanse visse volgens wetenskaplike name * Lys van varswater visfamilies * Lys van visfamilies Bron ---- * *The Reef Guide: Fishes, corals, nudibranchs & other invertebrates: East & South Coasts of Southern Africa.* Dennis King & Valda Fraser. Struik Nature. 2014 ISBN 978-1-77584-018-3
{ "title": "Geelstert-tamarin", "mostly_tablelist": false, "tablelist_ratio": [ 874, 1873, 0.46663107314468766 ], "infobox": [ "<table about=\"#mwt1\" class=\"infobox biota\" style=\"text-align: left; width: 200px; font-size: 100%\">\n<tbody><tr>\n<th colspan=\"2\" style=\"text-align: center; background-color: rgb(235,235,210)\">Geelstert-tamarin</th></tr>\n<tr>\n<td colspan=\"2\" style=\"text-align: center\"><span typeof=\"mw:File\"><a class=\"mw-file-description\" href=\"./Lêer:Anampses_meleagrides.jpg\"><img data-file-height=\"1600\" data-file-type=\"bitmap\" data-file-width=\"2000\" decoding=\"async\" height=\"192\" resource=\"./Lêer:Anampses_meleagrides.jpg\" src=\"//upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/1/15/Anampses_meleagrides.jpg/240px-Anampses_meleagrides.jpg\" srcset=\"//upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/1/15/Anampses_meleagrides.jpg/360px-Anampses_meleagrides.jpg 1.5x, //upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/1/15/Anampses_meleagrides.jpg/480px-Anampses_meleagrides.jpg 2x\" width=\"240\"/></a></span></td></tr>\n<tr style=\"text-align: center; background-color: rgb(235,235,210)\">\n<th colspan=\"2\"><div style=\"text-align: center\"><a href=\"./Bewaringstatus\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Bewaringstatus\">Bewaringstatus</a></div></th></tr>\n<tr>\n<td colspan=\"2\"><div style=\"text-align: center\"><span class=\"mw-default-size\" typeof=\"mw:File/Frameless\"><span><img alt=\"\" data-file-height=\"64\" data-file-type=\"drawing\" data-file-width=\"240\" decoding=\"async\" height=\"59\" resource=\"./Lêer:Status_iucn3.1_LC_af.svg\" src=\"//upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/7/7e/Status_iucn3.1_LC_af.svg/220px-Status_iucn3.1_LC_af.svg.png\" srcset=\"//upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/7/7e/Status_iucn3.1_LC_af.svg/330px-Status_iucn3.1_LC_af.svg.png 1.5x, //upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/7/7e/Status_iucn3.1_LC_af.svg/440px-Status_iucn3.1_LC_af.svg.png 2x\" width=\"220\"/></span></span><br/><a href=\"./Veilige_spesie\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Veilige spesie\">Veilig</a> <link href=\"./Kategorie:IUBN_Rooilys_veilige_spesies\" rel=\"mw:PageProp/Category\"/><small><span typeof=\"mw:Entity\"> </span>(<a href=\"./IUBN-rooilys\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"IUBN-rooilys\">IUCN 3.1</a>)</small></div></td></tr>\n<tr>\n<th colspan=\"2\" style=\"min-width:15em; text-align: center; background-color: rgb(235,235,210)\"><a href=\"./Wetenskaplike_klassifikasie\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Wetenskaplike klassifikasie\">Wetenskaplike klassifikasie</a></th></tr>\n<tr>\n<td>Domein:</td>\n<td><div class=\"domein\" style=\"display:inline\"><a class=\"mw-redirect\" href=\"./Eukaryota\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Eukaryota\">Eukaryota</a></div></td></tr>\n<tr>\n<td>Koninkryk:</td>\n<td><div class=\"koninkryk\" style=\"display:inline\"><a class=\"mw-redirect\" href=\"./Animalia\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Animalia\">Animalia</a></div></td></tr>\n<tr>\n<td>Filum:</td>\n<td><div class=\"filum\" style=\"display:inline\"><a class=\"mw-redirect\" href=\"./Chordata\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Chordata\">Chordata</a></div></td></tr>\n<tr>\n<td>Subfilum:</td>\n<td><div class=\"subfilum\" style=\"display:inline\"><a class=\"mw-redirect\" href=\"./Vertebrata\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Vertebrata\">Vertebrata</a></div><br/><div style=\"font-size: 85%;\">(<a class=\"mw-redirect\" href=\"./Cuvier\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Cuvier\">Cuvier</a>, <a href=\"./1812\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"1812\">1812</a>)</div></td></tr>\n<tr>\n<td>Infrafilum:</td>\n<td><div class=\"infrafilum\" style=\"display:inline\"><a class=\"mw-redirect\" href=\"./Gnathostomata\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Gnathostomata\">Gnathostomata</a></div></td></tr>\n<tr>\n<td>Superklas:</td>\n<td><div class=\"superklas\" style=\"display:inline\"><a class=\"mw-redirect\" href=\"./Osteichthyes\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Osteichthyes\">Osteichthyes</a></div><br/><div style=\"font-size: 85%;\">(<a href=\"./Thomas_Henry_Huxley\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Thomas Henry Huxley\">Huxley</a>, <a href=\"./1880\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"1880\">1880</a>)</div></td></tr>\n<tr>\n<td>Klas:</td>\n<td><div class=\"klas\" style=\"display:inline\"><a href=\"./Actinopterygii\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Actinopterygii\">Actinopterygii</a></div></td></tr>\n<tr>\n<td>Subklas:</td>\n<td><div class=\"subklas\" style=\"display:inline\"><a href=\"./Neopterygii\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Neopterygii\">Neopterygii</a></div></td></tr>\n<tr>\n<td>Infraklas:</td>\n<td><div class=\"infraklas\" style=\"display:inline\"><a href=\"./Teleostei\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Teleostei\">Teleostei</a></div></td></tr>\n<tr>\n<td>Superorde:</td>\n<td><div class=\"superorde\" style=\"display:inline\"><a href=\"./Acanthopterygii\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Acanthopterygii\">Acanthopterygii</a></div></td></tr>\n<tr>\n<td>Orde:</td>\n<td><div class=\"orde\" style=\"display:inline\"><a class=\"mw-redirect\" href=\"./Perciformes\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Perciformes\">Perciformes</a></div></td></tr>\n<tr>\n<td>Familie:</td>\n<td><div class=\"familie\" style=\"display:inline\"><a href=\"./Labridae\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Labridae\">Labridae</a></div><br/><div style=\"font-size: 85%;\">Cuvier, 1816</div></td></tr>\n<tr>\n<td>Genus:</td>\n<td><div class=\"genus\" style=\"display:inline\"><i><a class=\"new\" href=\"./Anampses\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Anampses\">Anampses</a></i></div></td></tr>\n<tr>\n<td>Spesie:</td>\n<td><div class=\"spesie\" style=\"display:inline\"><i><b>A.<span typeof=\"mw:Entity\"> </span>meleagrides</b></i></div></td></tr>\n<tr>\n<th colspan=\"2\" style=\"text-align: center; background-color: rgb(235,235,210)\"><a href=\"./Binomiale_naam\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Binomiale naam\">Binomiale naam</a></th></tr>\n<tr>\n<td colspan=\"2\" style=\"text-align: center\"><b><span class=\"binomial\"><i>Anampses meleagrides</i></span></b><br/><div style=\"font-size: 85%;\"><a href=\"./Achille_Valenciennes\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Achille Valenciennes\">Valenciennes</a>, 1840</div></td></tr>\n<tr style=\"text-align: center; background-color: rgb(235,235,210)\"></tr>\n<tr>\n<th colspan=\"2\" style=\"text-align: center; background-color: rgb(235,235,210)\"><a href=\"./Sinoniem_(taksonomie)\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Sinoniem (taksonomie)\">Sinonieme</a></th></tr>\n<tr>\n<td colspan=\"2\" style=\"text-align: left\">\n<ul><li><i>Anampses amboinensis</i></li>\n<li><i>Anampses meleagris</i></li></ul></td></tr>\n</tbody></table>" ], "td_tables": [], "text_length": 1547 }
Suikerbeetplant Suikerbeetwortels 'n Hoop pasgeoeste suikerbeet Die **suikerbeet** of **beetwortel** (*Beta vulgaris subsp. Vulgaris var. Altissima*) is 'n wortelgewas wat gekweek word vir die ontginning van suiker. Die plant is 'n kweekproduk binne die beetspesie (*Beta vulgaris subsp. Vulgaris*). Daar bestaan 'n hele aantal rasse, wat verenig word onder die kultivargroep *altissima*. Die plant word tot 80 cm hoog; sy klein blomme is op 'n steel geplaas en het geen opvallende kleure nie. Van die suikerbeet word beweer dat die plant meer CO2 sou absorbeer as ander gewasse, maar hierdie bewering kon nog nie gestaaf word nie. Suikerpryse het aan die begin van die 19de eeu begin styg en vanweë 'n slaweopstand in Santo Domingo het invoere ook gekrimp. Gevolglik is alternatiewe bronne vir die vervaardiging van suiker gesoek. Suikerbeet is reeds in 1747 deur 'n Berlynse apteker, Andreas Sigismund Marggraf (1709-1782), as 'n suikerryke gewas uitgewys. 'n Leerling van Marggraf, Franz Karl Achard (1753-1821), het in 1786 oor die verkryging van suiker uit suikerbeet begin navorsing doen. In 1799 het hy die eerste beetsuikerbrood aan die Pruisiese koning, Frederik Wilhelm III, oorhandig, en die eerste beetsuikerfabriek is in 1801 in Silesië onder toesig van Achard begin. Hoewel dit tegnies moeiliker en duurder is om suiker uit beet as uit riet te verkry, het suikerbeet nietemin die vernaamste suikergewas in Europa geword. Napoleon III (1803-1873) het die invoer van suiker uit Engeland om politieke redes verbied en dit het die suikerbeetbedryf in Frankryk, Duitsland, België en Nederland gestimuleer. Na die val van Napoleon III kon rietsuiker weer vryelik ingevoer word, maar die suikerbeetbedryf was toe reeds stewig gevestig. Rietsuiker is vandag een van die belangrikste uitvoerprodukte van Derde Wêreldlande en sowat 59% van die wêreld se suiker word uit suikerriet vervaardig. Die beetsuikerproduksie van die lidlande van die Europese Ekonomiese Gemeenskap (EEG) word egter beskerm deur invoerheffings en kwotaperke op suiker van elders. Die grootste produsent van suikerbeet en van suiker in die algemeen buiten die EEG is die Sowjetunie, wat sy hele suikeroes self verbruik en ook nog van Kuba af invoer. Die ander groot suikerlande is Kuba, die VSA (riet- en suikerbeet), Indië en Brasilië (rietsuiker) en China (suikerbeet). Suikerproduksie --------------- 'n Suikerfabriek in Groningen (Nederland) Die suikerbeet is in Europa, veral in Frankryk en Nederland, 'n belangrike bron van suiker. Die suikerbeet is nie eetbaar nie, daarvoor is die beet heeltemal te hard voor. Om die suiker uit die suikerbete te win, vind 'n komplekse vervaardigingsproses plaas. Die ontwikkeling van die Europese suikernywerheid was 'n buitengewone prestasie, aangesien die vervaardigingsproses hoogs ingewikkeld is. Terwyl in die geval van suikerriet net die stele uitgepers moet word, vereis suikerbeet 'n meerfasige verwerking. Dit word eers skoongemaak en daarna in klein stukkies opgesny, gekook en die sap gesentrifugeer. Die suiker word deur middel van industriële ekstraksie vervaardig en bestaan aanvanklik – net soos sy eweknie wat van suikerriet gemaak word – uit 'n swartblou stroop. 'n Aantal prosesse soos karbonasie en filtrasie is noodsaaklik voordat die suiker, wat nog steeds uit 'n stroperige massa bestaan, reg is om van sekere kieme voorsien te word wat 'n kristallisasieproses aan die gang sit. Tydens die proses kom verskillende produkte vry wat nie weggegooi word nie, maar wel in ander produkte verwerk word. Sedert die 19de eeu is die verwerkingsproses steeds verbeter. Bronnelys --------- * Wêreldspektrum, 1982, ISBN 0908409680, volume 27, bl. 24 | | | | --- | --- | | Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Nederlandse Wikipedia vertaal. | | | | | | --- | --- | | Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia vertaal. | | | | | | --- | --- | | Normdata Edit this at Wikidata | * BNF: cb119310430 (data) * GND: 4124906-9 * LCCN: sh85129679 * NARA: 10641541 * NDL: 00572860 |
{ "title": "Suikerbeet", "mostly_tablelist": false, "tablelist_ratio": [ 286, 3321, 0.08611863896416742 ], "infobox": [], "td_tables": [], "text_length": 4097 }
Voorbeelde van suiwelprodukte. **Suiwelprodukte** is voedsel wat van die melk van soogdiere vervaardig word. Voorbeelde van suiwel sluit in, kaas, botter, roomys, jogurt, karringmelk, kondensmelk, poeiermelk, ens. Suiwelprodukte is gewoonlik hoë energie-verskaffende voedselprodukte. Dit word meestal van bees- en bokmelk gemaak, maar kan ook van die melk van ander soogdiere afkomstig wees. Suiwelprodukte word algemeen in Europese, Midde-Oosterse en Indiese geregte aangetref, terwyl dit amper onbekend in geregte van Oos-Asië is. Onder suiwelprodukte word verstaan alle produkte wat uit melk vervaardig word, met inbegrip van varsmelk, room, kaas en botter. Die produksie van melk word in Suid-Afrika gewoonlik in 3 kategorieë verdeel: die produksie vir die verbruikersmark van varsmelk wat in die vorm van melk en room verkoop word; die produksie van bottervet of room, waarvan bolter en 'n aantal neweprodukte gemaak word; en die lewering van sogenaamde nywerheidsmelk, wat vir die vervaardiging van verskillende produkte gebruik kan word, byvoorbeeld bottervet, kaas, gekondenseerde melk, melkpoeier, ensovoorts. Uit 'n boerderyoogpunt gesien, verg varsmelkproduksie die grootste noukeurigheid, maar is dit ook die winsgewendste. Die vier gewildste melkbeesrasse in Suid-Afrika is die Holstein Fries, die Jersey, die Guernsey en die Ayrshire. Algemeen -------- Melk het deur die eeue 'n belangrike rol in die voeding van die mens gespeel en word amper as onmisbaar beskou; trouens, die Bybel noem Kanaän "die land van melk en heuning" en wil daarmee te kenne gee dat dit 'n vrugbare land met volop voedsel is. Suiwelprodukte is die versamelnaam vir melk en alle produkte wat van melk vervaardig word, waarvan kaas, botter, melkpoeier en gekondenseerde melk die belangrikste is. Kaas word van stremsel gemaak wat verkry word deur die stolling van die melkproteïen kaseïen. Aanvanklik is slegs volmelk (onafgeroomde melk) gebruik, maar vandag word ook afgeroomde melk gebruik. Botter word gemaak deur die melk van die room te skei en laasgenoemde te karring. Melk het soveel voortreflike eienskappe dat dit eintlik as 'n volledige voedsel beskou kan word. Wat dit so uniek maak, is die feit dat die melkkoei plantaardige voeding wat vir die mens waardeloos is, benut en omsit in voedsel vir die mens. Hoewel die proses baie eenvoudig klink, moet 'n melkboer talle dinge in ag neem: die verbetering van die produksievermoë van koeie deur teling, 'n gebalanseerde dieet vir die diere, die gesondheid van die koeie (siektes van koeie kan aan die mens oorgedra word) en die handhawing van die uiterste higiëne en sorgsaamheid by die melkproses. Die proses van pasteurisasie, wat in 1868 deur die Franse wetenskaplike Louis Pasteur ontwikkel is, was 'n belangrike mylpaal. Die proses behels die verhitting van die melk tot 'n hoe temperatuur en dan die vinnige afkoeling daarvan; so word bakterieë gedood en bly die melk langer vars. Na die ontdekking is fabrieke vir pasteurisasie oral ter wêreld opgerig. 'n Besondere ontwikkeling van die jongste tyd was die bekendstelling van 'n produk wat vir minstens 3 maande sonder verkoeling gehou kan word. Die raklewe was nie soseer uniek nie, maar wel die proses, bekend as ultrahoëtemperatuurpasteurisasie (UHT), wat doeltreffende pasteurisasie met behoud van die smaak verseker. Hoewel melk aanvanklik net gebruik is om botter en kaas op betreklik klein skaal van te maak, is daar in die 19de eeu met die industriële verwerking van melk begin. In byvoorbeeld Nederland is die eerste suiwelfabriek in 1871 opgerig. Vandag word daar benewens kaas en botter ook joghurt, via, room, melkpoeier, gekondenseerde melk en roomys op groot skaal gemaak en die mark brei steeds uit. In talle lande word bolter en kaas nog deur die boer self gemaak, hoewel die gebruik geleidelik aan die uitsterf is. In 1975 is in Nederland byvoorbeeld 75 000 ton kaas deur boere gemaak teenoor die 368 000 ton deur fabrieke. Melkproduksie is hoofsaaklik in die Westerse lande gekonsentreer (Wes-Europa, Noord-Amerika, Australië en Nieu-Seeland, en in Oos-Europa). Lande soos Japan, Indië, China en Sentraal-Amerika is vanweë die klimaat nie baie geskik vir melkboerdery nie en moet suiwelprodukte invoer. In alle lande is die koöperatiewe nywerheid sterk en in Nieu-Seeland word alle melk koöperatief verwerk. In die VSA word die mark deur enkele groot ondernemings beheer, byvoorbeeld Kraft, Carnation en Foremost, wat ook dogtersmaatskappye in Europa, Afrika, Asië en Suid-Amerika het. Die internasionale maatskappy met die grootste suiwelbelange is waarskynlik die Switserse onderneming Nestlé. Wat Suid-Afrika betref, was daar waarskynlik al teen 1656 melkboere aan die Kaap. Dit is bekend dat Jan van Riebeeck koeie uit Holland laat kom het, en teen 1754 is bolter na Indië uitgevoer. Soos in die buiteland is die bereiding van suiwelprodukte slegs deur boere beoefen, en die eerste botterfabriek is eers in omstreeks 1891 by Daggaboersnek opgerig. Melk word deesdae feitlik uitsluitend deur groot ondernemings, waarvan NCD (National Co-operative Dairies) die oudste geregistreerde koöperatiewe maatskappy is, versprei. Melkprodusente word in 3 kategorieë verdeel, naamlik die wat varsmelk vir die verbruikersmark in die vorm van melk of vars room lewer, produsente wat bottervet of room produseer, en die verskaffers van nywerheidsmelk vir die vervaardiging van veral kaas, gekondenseerde en poeiermelk. Van die melk wat jaarliks in Suid-Afrika geproduseer word, word ongeveer 9 % vir volroommelkpoeier, 22 % vir algemene kaas, 3 % vir eksotiese kaas en 19 % vir fabrieksbotter gebruik. Wet 35 van 1930 het voorsiening gemaak vir die instelling van die Raad van Beheer op die Suiwelnywerheid. Die Raad is in 1939 opnuut saamgestel en het onder meer die bevoegdheid ontvang om pryse van suiwelprodukte onder sy beheer vas te stel en die bemarking van alle fabrieksbotter, cheddar- en goudakaas te beheer. In Suid-Afrika bestee die verbruikersmark jaarliks meer as R300 miljoen aan suiwelprodukte, en die suiwelbedryf kan tereg as een van die belangrikste landboubedrywe beskou word. Melk en melkprodukte -------------------- Koeie word gewoonlik 2 keer per dag gemelk, vroeg soggens en in die laat namiddag. Na die Tweede Wêreldoorlog het die melkproses geweldig verander. Hoewel koeie teenswoordig nog met die hand gemelk word, is daar 'n toenemende tendens om oor te skakel na melkmasjiene, wat natuurlik baie voordele inhou. Ook die stal soos dit deur die jare bekend was, het ʼn groot gedaantewisseling ondergaan; daar word deesdae trouens dikwels van 'n melkportaal gepraat. Voordat daar gemelk word, word die uiers van die koeie gewas en getoets vir mastitis ('n ontsteking van 'n koei se uier). 'n Melkmasjien bestaan hoofsaaklik uit 'n vakuumpomp, 'n klopper en 'n reeks speenkelkies wat met rubber uitgevoer is. Hierdie kelkies word oor die spene vasgeklamp en deur die werking van die vakuumpomp word die melk uit die spene gesuig. Reëlmatige bewegings wat die drukking op die speen verlig en terselfdertyd die bloedsirkulasie stimuleer, word met behulp van die klopper uitgevoer. Die melk word dan na 'n groot tenk gevoer en later deur koeltenkvragmotors na die fabriek gebring. By die fabriek word die melk getoets. Die vetgehalte wissel gewoonlik tussen 3,7 en 4,3%. Afgeroomde melk bevat presies dieselfde voedingstowwe en minerale as volmelk, maar nie die vet nie. Die melk word vervolgens in 'n koeltenk gepomp, waarin die temperatuur tot 4 °C verlaag word. Alle pompe en tenks word ter wille van higiëne van geïsoleerde vlekvry staal gemaak. Die melk word voortdurend geroer om te voorkom dat die room bo versamel, en na ongeveer 18 uur word dit getoets vir die hoeveelheid bottervet. Dan word dit na die pasteuriseerder gepomp. Melk hoef egter nie eers verkoel te word nie, maar kan dadelik gepasteuriseer word. By pasteurisering word die melk vir ongeveer 20 sekondes tot 72 °C verhit en daarna vinnig afgekoel tot 4 °C. Hierna word die melk in groot tenks gepomp, waar dit vir ongeveer 5 uur bly. Van hierdie ten ks af is daar pype na die verskillende uitlaatplekke, byvoorbeeld vir glasbottels, kanne, kartonne of plastiekhouers. Bottels word vooraf noukeurig nagegaan en deeglik gewas in 'n masjien, wat daagliks tussen 55 000 en 65 000 bottels kan was. Die bottels word dan elektronies gekeur en ten slotte met melk gevul, verseel en in kratte gepak. Min of meer dieselfde prosedure word by die vul van kanne vir hospitale, karton- en plastiekhouers gevolg. In sommige fabrieke word melk berei deur die melk aansienlik hoër te verhit sodat dit langer kan hou. Selfs dan is die melk nog nie vry van bakterieë wat bederf veroorsaak nie; gesteriliseerde melk, daarenteen, word tot tussen 130 en 140 °C verhit, waarna dit verpak en verseel word. Die houers word dan nogmaals verhit. Gesteriliseerde melk kan vir bykans 'n onbepaalde tyd hou mits die houer nie oopgemaak word nie; die nadeel is egter dat die smaak verander en die melk verkleur. Sterilisasie vernietig ook 'n deel van die vitamiene wat nie teen die hoe temperatuur bestand is nie. By die nuwe UHT-metode word die melk nie vir 'n tweede keer verhit nie maar direk in kartonne wat met aluminiumfoelie uitgevoer is, verpak. Melkpoeier is vir die eerste maal in ongeveer 1855 in Engeland gemaak, maar is eers so jaar later op groot skaal vervaardig. Vandag word poeiermelk gemaak deur dit eers te konsentreer en dan deur fyn gaatjies op 'n warm silinder te spuit, waar dit feitlik onmiddellik droog word. Poeiermelk is as gewone of afgeroomde melk beskikbaar. Net soos in die geval van melk bevat afgeroomde poeiermelk al die proteïene en minerale van gewone volmelkpoeier, maar het net die helfte van die kaloriewaarde omdat die vette verwyder is. Dit bevat ook nie vitamiene A, D, E en Knie. Afgeroomde melkpoeier word vir onder meer veevoer gebruik en ook na die tropiese gebiede uitgevoer in die stryd teen wan- of ondervoeding. Melkpoeier word in papiersakke, plastiek, aluminiumfoelie of blikke verpak en kan lank bewaar word. Die proses om melk te kondenseer is in 1850 deur die Fransman De Leinac uitgevind, maar die metode wat vandag die meeste gebruik word, is in 1856 deur Gail Borden in die VSA gepatenteer. Wanneer melk, met of sonder die toevoeging van suiker, ingedamp word, ontstaan gekondenseerde melk. Onversoete gekondenseerde melk word gesteriliseer nadat dit geblik is en kan vir 'n haas onbepaalde tyd bewaar word. Versoete gekondenseerde melk word nie gesteriliseer nie omdat die hoë suikerkonsentraat bederf voorkom. Die grootste produseerders van gekondenseerde melk is Nederland, Denemarke en die VSA. Wat room betref, word tussen slag room met 'n vetgehalte van minstens 35 %, koffieroom met ʼn vetgehalte van 20 % en halfroom met 'n vetgehalte van 10 % onderskei. As gevolg van die hoe vetgehalte kan slag room maklik styfgeklits word. Wanneer melksuurbakterieë by room gevoeg word, ontstaan suurroom, wat 'n vetgehalte van 20 % het. By die vervaardiging van bolter bly die karringmelk oor, maar dit kan ook berei word deur melksuurbakterieë by afgeroomde melk te voeg. Hierdie tipe karringmelk is egter minder smaaklik as die oorspronklike (natuurlike) produk. Jogurt is oorspronklik 'n Bulgaarse produk wat uit bokmelk wat versuur is, vervaardig is. Tans word jogurt gemaak deur spesiale bakterieë by melk te voeg en dit dan te verhit tot 40 °C. Jogurt, wat 'n maklik verteerbare en gesonde voedsel is, is deesdae baie gewild. Daar word soms vrugte of geursel, soos sjokolade, bygevoeg. Melkjogurt word van gepasteuriseerde volmelk gemaak, maar 'n ander joghurt kan van afgeroomde melk gemaak word. Bulgaarse joghurt word deesdae van volmelk gemaak waarvan twee derdes ingedamp is of waarby melkpoeier gevoeg word. Hierdie tipe joghurt word ryp in die verpakking. Roomys is 'n gewilde suiwelproduk en is 'n mengsel van botter, room, weipoeier, suiker, geursel en kleurstof. Soos ander suiwelprodukte is roomys voedsaam en ryk. Suiker word nie alleen vir die smaak bygevoeg nie. maar ook om die vriespunt te verlaag. Ander melkprodukte is sjokolademelk. Dit word vervaardig van melk of melkpoeier, kakao, suiker en 'n klein hoeveelheid bindmiddel. Ook hier verskil die vetgehalte, want of volmelk, of afgeroomde melk kan gebruik word. Onder ander bekende melkprodukte tel vla (wat soms in verskillende geure beskikbaar is), babakos en dieetprodukte. Kaas ---- Die kuns om kaas te maak het waarskynlik in Asië ontstaan en van daar na Europa versprei. Reeds gedurende die Middeleeue is spesiale soorte kaas, soos Gorgonzola in die Po-vallei in Italië en Roquefort in Frankryk, gemaak. In Nederland en België word uitsluitend koeimelk vir kaas gebruik, terwyl in Oos- en Suid-Europa ook skaap- en bokmelk, en in Asië selfs buffelmelk, gebruik word. Aanvanklik is kaas slegs op plase gemaak en deur die boer mark toe geneem. In die 19de eeu het klein fabrieke egter ontstaan wat melk van plase in die omgewing verkry en kaas op groter skaal gemaak het. As gevolg van meganisering, beter vervoermiddele en 'n groter aanbod van melk het hierdie klein bedrywe tot die groot fabrieke van vandag gegroei. Afhangende van die kaassoort word die gehalte van die melk by die fabriek getoets en gepasteuriseer (dit word tot 'n hitte van 72 °C verhit en na ongeveer 16 sekondes baie vinnig afgekoel). Die afgekoelde melk word dan in groot kuipe van vlekvry staal gepomp. Suurselle, bekend as melksuurbakterieë, word by die melk gevoeg en goed ingeroer. Die suursel help om die melk vinnig ryp te maak. Stremsel, 'n ekstrak van die ensiem rennien wat in die mae van jong soogdiere voorkom. word bygevoeg sodat die skil kan vorm. Na ongeveer 30 minute is die skil hard en dik genoeg om gesny te word. Die skil word vervolgens in klein blokkies gesny, verwarm en aanhoudend geroer, sodat die wei ('n waterige vloeistof) afgeskei en die regte tekstuur verkry word. Die wei word dan afgetap. In die geval van cheddarkaas word die afgeskeide skifgedeeltes op 'n mat uitgesprei en in blokke gesny wat op mekaar gepak en gereeld omgedraai word, 'n proses wat as cheddarisering bekend staan. Die stukkies word omgedraai totdat dit groot blokke vorm, sout word dan bygevoeg en die skif word gemaal sodat die sout deeglik gemeng kan word. Daarna word die kaas in 'n kaasdoek toegedraai en weer gepars. Soms word die kaas eers op dié stadium vir 'n dag of langer in 'n pekelbad gelaat. Die kaas is dan gereed om na 'n droogkamer geneem te word, waar dit verouder en ryp word. Op grond van die duur van die rypmaking word onderskei tussen jong kaas (ongeveer 3 weke oud), jong beleë kaas (ongeveer 2 maande oud), beleë kaas (ongeveer 4 maande oud) en ou kaas, wat 10 maande of langer rypgemaak word. Beleë cheddar word vir ongeveer 6 maande in die droogkamer gehou, terwyl Stilton en Parmesaan vir tot 2 jaar en langer rypgemaak word. Sekere soorte sagte kaas, soos roomkaas, word glad nie rypgemaak nie. In die geval van goudakaas word water in die vate gegooi nadat die skil gesny is, sodat die suiker uitgewas kan word. Na die aftappingsproses word die skif in vorms gepak wat met lap uitgevoer is, en dan 'n paar uur lank gepars. Nadat die kaas in 'n pekelbad gesout is. word dit in warm rooi waks gedoop, wat dit die bekende omhulsel gee en voorkom dat die kaas droog word. Kaas word in 3 hoofgroepe ingedeel: hard, half-hard en sag. Harde kaas, soos cheddar of Parmesaan, het 'n betreklik lae voginhoud, terwyl halfharde kaas, soos Roquefort, 'n effens hoër voginhoud het maar ook makliker bederfbaar is. Brie en Camembert is voorbeelde van sagte kaassoorte. Geprosesseerde kaas (proseskaas) word vervaardig deur 2 of meer soorte kaas, of hoeveelhede van dieselfde soort kaas wat in verskillende stadia van rypheid verkeer, te meng. Die gemengde kaas word saam met 'n emulsifiseermiddel verhit en die eindproduk is 'n ligte kaas met 'n aangename smaak en verbeterde eienskappe, veral ten opsigte van houbaarheid (rakleeftyd). Daar is letterlik honderde verskillende soorte kaas in die wêreld - in Frankryk alleen is daar ongeveer 400 verskillende soorte. Baie kaasname is oorgeneem van die plek waar die kaas vir die eerste keer gemaak is, byvoorbeeld Edam in Holland, Emmenthal in Switserland en Parma in Italië (Parmesaan). Roquefort, 'n Franse kaas, word nog steeds in grotte naby die dorpie rypgemaak soos wat aanvanklik die geval was. Ander bekende soorte is Gruyére, Stilton, Camembert en Gorgonzola. Cheddar is reeds in die 16de eeu in Engeland gemaak en 70 % van alle kaas wat vandag in die VSA gemaak word, is cheddarkaas. Spesiale soorte kaas is onder meer dieetkaas wat min vette bevat, smeerkaas en kaaspoeier, wat verkry word deur kaas te droog en te maal. Die eerste kaasfabrieke was hoofsaaklik in die Oos-Vrystaat, Natal en Griekwaland-Wes geleë. Vandag is daar groot fabrieke in Bonnievale, Cookhouse (Kookhuis), Wesselsbron, Oudtshoorn, Reivilo, Bosrand, Cedarville, Slabberts, Veertienstrome en Klerksdorp. Soorte kaas wat in Suid-Afrika gemaak word, is onder meer cheddar, gouda, Drakensberg, Camembert, roomkaas en geprosesseerde kaas. Een van die grootste en interessantste kase wat nog in Suid-Afrika gemaak is, is deur die fabriek op Cedarville vervaardig. Die kaas het byna 'n ton geweeg en is in 1949 vir die Rykstentoonstelling in Brittanje gemaak. Kaas is 'n gekonsentreerde en relatief goedkoop bron van proteïene en vette, dit is ryk aan vitamiene en kalsium, en is besonder voedsaam. Botter ------ Botter is waarskynlik reeds 2 000 jaar v.C. gemaak. In die VSA is die eerste groot botterfabriek in 1871 opgerig, maar selfs toe is die melk nog 24 uur gelaat en die room dan afgeskep. Eers in 1877 is die eerste sentrifugale roomafskeier ontwerp en daarna het 'n Sweedse ingenieur, dr. Laval, die eerste roomafskeier wat deurlopend werk, ontwerp. Melk met 'n vetgehalte van 3,5 tot 4.5 % word vir die vervaardiging van botter gebruik. In die fabriek word die melk van die room geskei, en die room word dan geweeg en gegradeer: eerstegraadroom word vir keurbotter gebruik, tweedegraadroom vir tafelbotter en derdegraadroom vir huishoudelike botter. Die room word dan gepasteuriseer en oornag in groot vlekvrystaalhouers gehou, waar die vetbolletjies kristalliseer. Melksuurbakterieë word bygevoeg, wat die groei van ongewenste bakterieë belemmer en 'n goeie geur en smaak aan die botter verleen. Na ongeveer 20 uur word die room in 'n masjien gepomp waar dit gekarring word totdat die botter van die karringmelk geskei word. Die karringmelk word berei om suur te word en word dan verkoop. Die bottermassa wat agterbly, word 2 of 3 keer gewas, waardeur die laaste bietjie karringmelk verwyder word. Sout word dan bygevoeg, wat terselfdertyd as preserveermiddel dien. Hierna word die botter meganies verpak en onder vriespunt geberg; so kan dit tot 'n jaar lank bewaar word. In die buiteland word sogenaamde boere- of plaasbotter veral in België nog van ongepasteuriseerde melk gemaak. Plaasbotter word gewoonlik gesout, wat nie altyd die geval met fabrieksbotter is nie. In Suid-Afrika en ander warm lande is gesoute botter egter baie gewild. In Nederland word verskillende soorte botter gemaak na gelang van die voer wat die koeie eet: grasbotter in die somermaande en hooibotter, wat witter en harder as eersgenoemde is, in die winter. Van 1971 af was daar 'n daling in botterverbruik in verskeie lande, soos Suid-Afrika en Nederland, as gevolg van talle faktore, onder meer die opvatting dat botter ongesond sou wees en die prysverskil tussen botter en geelmargarien. Die belangrikste botterproduserende lande is die VSA, Duitsland, Frankryk, Nieu-Seeland, Australië, Denemarke en Kanada. Die eerste botterfabriek hier te lande is in 1890 naby Cradock opgerig en vandag is daar fabrieke in Vryburg, Bethlehem, Bloemfontein, Queenstown, Mahikeng, Senekal, Bloemhof, Frankfort, Kimberley, Kaapstad en Johannesburg. Botter is ryk aan vitamiene, onder meer vitamien D, wat belangrik vir die ontwikkeling van sterk bene en tande is. Die produksie van botter word hier egter deur oorskotte gekenmerk, en dit is nie altyd maklik om afsetgebiede vir oorskotte te kry nie. 'n Deel van die oortollige produkte word vir voedselhulp gebruik, maar selfs dit word belemmer deur byvoorbeeld verspreidingsprobleme. Die behoefte aan en verbruik van suiwelprodukte sal onvermydelik in die toekoms styg as gevolg van die bevolkingsgroei. Streke wat vir melkproduksie geskik is, is reeds ontgin en dit is nie wenslik om die getal melkkoeie ten koste van ander vee te vermeerder nie. Al moontlike oplossing om die probleme die hoof te bied, blyk 'n verhoging van die gemiddelde opbrengs per koei te wees. Die suiwelbedryf het ook in die jongste tyd te doen gekry met 'n ander probleem, wat 'n tendens van ons tyd geword het, naamlik plaasvervangers in die vorm van kunsroom, koffieverromers en ook (geel) margarien, wat in gewildheid toegeneem het. Hierdie tipe produkte bied dus inderdaad 'n uitdaging aan die suiwelbeheerliggame, nie net in Suid-Afrika nie, maar ook in die res van die wêreld. Bronnelys --------- * Wêreldspektrum, 1982, ISBN 0908409680, volume 26, bl. 31 - 35 | | | | --- | --- | | Normdata Edit this at Wikidata | * BNF: cb119364450 (data) * LCCN: sh85035453 * NARA: 10637773 * NDL: 00568763 * NKC: ph122920 |
{ "title": "Suiwelproduk", "mostly_tablelist": false, "tablelist_ratio": [ 134, 17783, 0.007535286509587809 ], "infobox": [], "td_tables": [], "text_length": 21357 }
**Love is in the Bin** (**Liefde is in die asblik**) is 'n 2018 kunsingryping deur Banksy by Sotheby's Londen, met 'n onverwagte selfvernietiging van sy 2006-skildery *Girl with Balloon*, onmiddellik nadat dit op 'n veiling verkoop is vir 'n rekord bedrag van £ 1 042 000. Volgens Sotheby's is dit "die eerste kunswerk in die geskiedenis wat lewend geskep is tydens 'n veiling." Oospronklike werk ----------------- Die skildery is 'n aanpassing van Banksy se 2002 muurskildery *Girl with Balloon*, wat skaars was as 'n unieke werk eerder as 'n drukstuk. Dit is deur hom aan 'n vriend gegee kort na die "Barely Legal"-uitstalling in 2006. Banksy het gesê hy het die selfvernietigingsmeganisme op hierdie tydstip voorberei indien die werk ooit vir veiling aangebied sou word. Veiling en selfvernietiging --------------------------- Sotheby's Londen het die skildery op 5 Oktober 2018 op 'n veiling verkoop teen 'n kunstenaarrekordprys van £ 1 042 000. Binne sekondes na die hamer neergekom het het die doek begin skuif uit die onderkant van die raam, versnipperd tot die hoorbare geluid van 'n sirene en die verrassende uitroepe van die deelnemers. Die werk is in 'n diep raam geplaas en was ingeprop om ingeboude elektriese ligte te laat werk, wat ook die verborge papiersnippermasjien aangedryf het. Sotheby's het gesê hulle het geen voorkennis van die meganisme of die beplande snipperaksie gehad nie. Na die versnippering was daar 'n onderhandeling met die koper om die koop te bevestig. Op 11 Oktober 2018 is ooreengekom dat die transaksie teen die oorspronklike prys sou voortgaan. Die werk is hernoem deur Banksy se verteenwoordigers van *Girl with Balloon* na *Love is in the Bin*. Kunsmarkkenners het gespekuleer dat die "selfvernietiging" die waarde van die kunswerk verhoog het. Sotheby's het 'n verklaring uitgereik wat dit genoem het as "...die eerste kunswerk in die geskiedenis wat lewend geskep is tydens 'n veiling". Daar is berig dat die kunstenaar 'n video van die gebeurtenis op Instagram opgelaai het, wat die konstruksie van die versnippingsmeganisme in die raam getoon het, maar die plasing is later verwyder. Banksy het nog 'n video vrygestel wat daarop dui dat die plan was om die skildery heeltemal te versnipper. Die skildery word gewys met die woorde: "In repetisies het dit elke keer gewerk". Spekulasies ----------- Daar is bespiegel dat 'n man wat by die versnippering was, Banksy of iemand aan hom gekoppel was. Kort na die veiling het Josh Gilbert, 'n kunstenaar en smid, gestel dat daar 'n aantal teenstrydighede was met hoe die werk ditself gesnipper het.
{ "title": "Love is in the Bin", "mostly_tablelist": false, "tablelist_ratio": [ 1999, 4125, 0.4846060606060606 ], "infobox": [], "td_tables": [], "text_length": 2599 }
Die **bepaling** van die **suiwerheid** van 'n chemiese stof is 'n belangrike probleem in die Analitiese chemie. Veral tydens die produksie van geneesmiddels is dit noodsaaklik dat hul suiwerheid dop gehou word. Daar bestaan talle metodes om die suiwerheid te bepaal. Smeltpuntbepaling ----------------- Suiwer stowwe het 'n skerp smeltpunt, onsuiwer stowwe smelt geleidelik. In die organiese sintese word daarom 'n stof gesmelt en gewoonlik onder 'n mikroskoop dopgehou as 'n eenvoudige proef van 'n sinteseproduk se suiwerheid. Differensiële skanderingkalorimetrie (DSC) ------------------------------------------ Skematiese weergawe van die effek van onsuiwerhede op 'n termiese skandering 'n Beter en meer kwantitatiewe weergawe van die smeltpuntbepaling behels DSC. In 1966 het Gray aangetoon dat die smeltpunt se kolligatiewe eienskappe gebruik kan word om die suiwerheid van 'n stof wat 'n kristallyne smeltpunt besit te bepaal in die bereik van 95-100% suiwerheid per mol. In sy metode word 'n klein hoeveelheid (2-5 mg) fyn poeier onderwerp aan 'n skandering met 'n Differensiële skanderingkalorimeter. Tydens die skandering word die warmtestroom {\displaystyle \Phi ={\frac {dq}{dt}}}, wat in die poeier ingevoer word dopgehou. 'n Suiwere stof sal 'n skerp hoogtepunt in warmtestroom vertoon by die smelttemperatuur (Tmo). Onsuiwerhede sal hierdie hoogtepunt nie net na 'n laer temperatuur (Tm) verskuif nie, maar dit ook verbreed na kant van die laer temperature. Die vorm van die piek kan dikwels goed beskryf word met die van 't Hoff- vergelyking. 1. {\displaystyle T\_{m}^{o}-T\_{m}={\frac {R{T\_{m}^{o}}^{2}x\_{onsuiwer}}{\Delta H\_{f}}}} Die fraksie materiaal F wat by 'n temperatuur Ts tydens die skandering gesmelt het kan uit die eksperimentele gegewens bepaal word deur te integreer tot aan Ts en dit te deel deur die totale integraal oor die piek: 2. {\displaystyle F={\frac {\int \_{0}^{T\_{s}}\Phi (T)\,dT}{\int \_{0}^{T\_{m}^{o}}\Phi (T)\,dT}}} Veral by 'n lae suiwerheidsgraad sal die eksperiment nie alle bydraes tot die warmtestroom waarneem nie en dis nodig om dit te korrigeer met 'n *lineariseringskonstante* C. 3. {\displaystyle F({T\_{s}})={\frac {\int \_{0}^{T\_{s}}\Phi (T)\,dT+C}{\int \_{0}^{T\_{m}^{o}}\Phi (T)\,dT+C}}} Die fraksie F kan ook uitgedruk word in die temperature Tom, Tm en Ts: 4. {\displaystyle F={\frac {T\_{m}^{o}-T\_{m}}{T\_{m}^{o}-T\_{s}}}} Deur 1) en 4) saam te neem vind mens 5. {\displaystyle T\_{s}=T\_{m}-{\frac {R{T\_{m}^{o}}^{2}x\_{onsuiwer}}{\Delta H\_{f}}}{\frac {1}{F}}} Dat wil sê dat 'n grafiek van Ts teen 1/F lineêr sal wees, indien C goed gekies word. Indien die smeltentalpie en die smeltpunt van die suiwere stof bekend is, kan uit die helling die onsuiwerhede se molfraksie bepaal word en uit die afsnyding die onsuiwere materiaal se smeltpunt. | | | | --- | --- | | {\displaystyle \Delta H\_{f}^{}} | Die smeltentalpie van die stof | | {\displaystyle R\_{}^{}} | Die gaskonstante (8.314 J/K.mol) | | {\displaystyle T\_{m}^{o}} | Die smeltpunt van die suiwere stof | | {\displaystyle T\_{m}^{}{}} | Die smeltpunt van die onsuiwere stof | | {\displaystyle T\_{s}^{}{}} | Die skanderingstemperatuur | | {\displaystyle x\_{onsuiwer}} | Die molfraksie aan onsuiwerhede |
{ "title": "Suiwerheidsbepaling", "mostly_tablelist": false, "tablelist_ratio": [ 1447, 2966, 0.4878624409979771 ], "infobox": [], "td_tables": [], "text_length": 3250 }
**Donkergat** was 'n bekende walvisstasie aan die Weskus van Suid-Afrika. Hierdie walvisabattoir was geleë by 33° 4′ 55″ suid, 18° 0′ 5.99″ oos, in 'n klein baai op die noordelike punt van die smal skiereiland wat Langebaan se strandmeer van die Atlantiese Oseaan skei. Aanvanklik was Donkergat 'n kwarantynpos vir mense wat aansteeklike siektes onderlede gehad het. Grafstene dui ook daarop dat daar verskeie drenkelinge begrawe lê. Baie vroeg in die 20ste eeu ontwikkel Johann Bryde hier die eerste moderne walvisstasie op grond wat hy huur van John de Villiers, 1ste Baron de Villiers. Bryde bring die skepe Val en Matilda tot sink om 'n kaai te vorm. Walvisjagters van oor die hele wêreld, en veral van Noorweë, het die fabriek gebruik. In 40 jaar is hier 20 000 walvisse geslag en binne die eerste 4 jaar het die maatskappy traan ter waarde van £100 000 verkoop. Tussen die Eerste en Tweede Wêreldoorlog is die fabriek gesluit weens 'n te lae prys vir die walvisolie. Tydens die Tweede Wêreldoorlog het die fabriek weer goeie sake gedoen en na die oorlog is in een seisoen selfs 2000 walviskarkasse hier aan wal gebring. Na die 1960’s het die walvisvangs baie afgeneem en is die fabriek in 1967 gesluit. Dit het ook 'n einde gebring aan die onaangename reuk wat oor die gebied gehang het afkomstig van die ketels waarin die walvisspek verwerk is. Nog jare lank na die sluiting van die fabriek het die see daar rondom gewemel van die haaie wat gelok is deur die slagafval. Haaiaanvalle het toe nog gereeld voorgekom, maar tans is dit 'n gewilde gebied by branderplankryers en hengelaars. Trivia ------ In 1962 is hier in die pens van 'n walvis een van die wêreld se grootste pylinkvisse aangetref. Bronne ------ * Green, Lawrence G.: A giant in hiding. Kaapstad: Howard Timmins, 1970 * Green, Lawrence G.: South African Beachcomber. Kaapstad: Howard B. Timmins, 1958 * Snyman, Dana: Jagters van die diepsee. In: Onder die radar. Stories uit ons land. Kaapstad: Tafelberg, 2013. ISBN-13:978-0-624-06227-1
{ "title": "Donkergat", "mostly_tablelist": false, "tablelist_ratio": [ 252, 1695, 0.1486725663716814 ], "infobox": [], "td_tables": [], "text_length": 2029 }
’n Sadhu bespeel ’n fluit in Varanasi. ’n **Sadhu** (Sanskrit: साधु *sādhu*) is in Hindoeïsme ’n godsdienstige askeet of heilige persoon, iemand wat ’n pad van spirituele dissipline volg. Hoewel die meeste sadhu's jogi's is, is nie alle jogi's sadhu's nie. Die sadhu is slegs daaraan toegewy om moksja (bevryding) te behaal; dit is die vierde en finale lewenstadium wat verkry word deur meditasie en oorpeinsing van brahman. Sadhu's dra dikwels saffraankleurige klere, wat hul afswering van wêreldse dinge simboliseer. Vroue kan ook dié lewe lei; die vroulike vorm is *sādhvī*. Etimologie ---------- Die Sanskrit terme *sādhu* ("goeie man") en *sādhvī* ("goeie vrou") verwys na mense wat gekies het om hul lewe buite of aan die rand van die gemeenskap te lei en op hul eie spirituele praktyke te fokus. Die woorde kom van die stam \*sādh, wat beteken "jou doel bereik" of "mag bereik oor". Dieselfde stam word gebruik in die woord sādhanā, wat "spirituele beoefening" beteken. Sadhu beteken dus letterlik iemand wat ’n sadhana volg of ’n pad van spirituele disspline beoefen. Sadhu-rituele ------------- Daar is vandag 4 tot 5 miljoen sadhu's in Indië en hulle word wyd gerespekteer vir hul heiligheid. Daar word ook geglo hul asketiese praktyke is voordelig vir hul karma en dié van die gemeenskap in sy geheel. Hulle kry dus skenkings van baie mense. Die gevoel teenoor hulle is egter nie oral positief nie. Hulle word dikwels met ’n sekere mate van wantroue bejeën, veral in die stede. Daar is kaal (*digambara*) sadhu's wat hul hare in dik rastalokke (*jata*) dra. Die aghori beweer soms hulle kan met spoke praat en woon in begraafplase as deel van hul heilige pad. Volgens die Indiese kultuur is daar ’n oneindige hoeveelheid paaie na God; die sadhu's, en die verskeidenheid tradisies wat hulle voortsit, het dus ’n plek in die geheel. ’n Gewilde kenmerk van die sadhu's se rituele sluit die gebruik van dagga (*charas*) in as ’n soort sakrament in lyn met hul aanbidding van Sjiwa, wat glo ’n affiniteit vir die plant se blare gehad het. Die plant word algemeen gebruik tydens die viering van Maha Shivaratri, ’n jaarlikse fees ter ere van Sjiwa. Sadhu-sektes ------------ ’n Aghori met ’n menslike kopbeen, c. 1875. Sadhu's trek saam by Assam se Kamakhya-tempel vir die jaarlikse Ambubachi Mela. Sadhu's het ’n groot verskeidenheid godsdienspraktyke. Sommige is streng askete, terwyl ander fokus op bid, sing of mediteer. Daar is twee hoofgroepe: Shaiviste, askete wat Sjiwa aanbid, en Vaishnaviste, wat Wisjnoe en/of sy inkarnasies (onder andere Rama en Krisjna) aanbid. Dan is daar ook Shaktiste, wat Sjakti aanbid. Binne hierdie groepe is daar talle sektes en subsektes, wat verskillende filosofiese skole en tradisies (dikwels *sampradaya* genoem) verteenwoordig. Die Dashanami Sampradaya ("Tradisie van 10 Name") is Smartiste; sadhu's in dié sekte neem met hul inlywing een van die 10 name aan. Die sekte is na bewering gestig deur die filosoof en askeet Adi Shankara, wat vermoedelik in die 8ste eeu gelewe het, hoewel die volle geskiedenis van die sekte nie bekend is nie. Onder hulle is die *naga*, naakte sadhu's wat bekend is daarvoor dat hulle wapens soos drietandvurke, swaarde, kieries en spiese dra. Hulle was betrokke by ’n paar militêre verdedigingsveldtogte. Tans is hulle niegewelddadig en sekere seksies neem aan stoei en gevegskuns deel. Hul blyplekke word steeds *chhaavni* ("gewapende kampe") genoem en hulle hou steeds soms kamma-tweegevegte. Hoewel sadhu's hul tradisionele kastes agterlaat wanneer hulle ingelyf word, speel die kaste-agtergrond steeds ’n rol in die sektes waarin hulle opgeneem word. Sekere asketiese groepe, soos die Dandi's binne die Dashnami Sampradaya, bestaan byvoorbeeld slegs uit mans van brahmaanse geboorte. In baie sektes is daar ook vroulike sadhvi's, van wie baie weduwees is en in afgesonderde asketiese kampongs woon. Sadhvi's word soms beskou as ’n manifestasie of vorm van ’n godin, of devi, en word soms as sulks geëer. ’n Paar charismatiese sadhvi's het bekend geword as godsdiensonderwysers in die hedendaagse Indië, soos Anandamayi Ma, Sarada Devi, Mata Amritanandamayi en Karunamayi. Om ’n sadhu te word ------------------- ’n Sadhu by die ghats aan die Ganges in Varanasi. Die proses en rituele om ’n sadhu te word, verskil van sekte tot sekte; in feitlik almal word hy deur ’n ghoeroe ingelyf wat aan hom ’n nuwe naam gee, sowel as ’n mantra (’n heilige frase of klank). Dit is gewoonlik net aan die sadhu en die ghoeroe bekend en kan deur die ingelyfde herhaal word terwyl hy mediteer. Miljoene volg die pad om ’n sadhu te word. Dit is die vierde fase in ’n Hindoe se lewe, ná studie en om ’n pa en pelgrim te word, maar vir die meeste is dit nie ’n praktiese opsie om dié laaste lewenstadium te bereik nie. Om ’n sadhu te word vereis *vairagya*, ’n begeerte om iets te bereik deur die wêreld (jou familie, gemeenskap en aardse bande) agter te laat. Iemand wat ’n sadhu wil word, moet eers ’n ghoeroe besoek. Daar moet hy dienste lewer. Die ghoeroe besluit of iemand geskik is deur hom waar te neem. As ’n persoon geskik is, volg sadhu-lesse en eers daarna kan hy ’n sadhu word. Daar is verskillende tradisies, maar alle sadhu's het ’n gemeenskaplike doel: om moksja te behaal. Die lewe van ’n sadhu is moeilik. Hulle word beskou as dood vir hulself en vir die land. Daar kan van hulle verwag word om hul eie begrafnis by te woon en jare lank klein takies vir ’n ghoeroe te verrig voordat hulle die nodige ondervinding het om die ghoeroe se leierskap te verlaat. Die agterlaat van wêreldse dinge word gewoonlik beskryf as die vierde stadium van die lewenspad en die lede van sekere sektes – veral dié met ’n brahmaanse agtergrond – het gewoonlik in ’n gewone huishouding gewoon en kinders grootgemaak voordat hulle ’n sadhu geword het. Baie sektes vereis agter dat mans vroeg al die stap van wêreldversaking neem, dikwels in hul laat tienerjare of vroeë twintigs. Leefstyl -------- Die ruwe lewe wat sadhu's lei, sit baie mense af van dié pad. Praktyke soos die verpligte bad elke oggend in die koue berge is ver verwyder van die luukses van die gewone lewe. Ná die bad kom sadhu's om die *dhuni*, of heilige vuur, byeen vir gebede en meditasie. Van hulle deel ook kure aan die plaaslike gemeenskap uit, verwyder bose oë of spreek ’n seën oor ’n huwelik uit. ’n Sadhu in Madurai, Indië. Kumbh Mela, ’n massabyeenkoms van onder andere sadhu's uit alle dele van Indië, vind omtrent elke drie jaar plaas op een van vier plekke aan die land se heilige riviere, insluitende die Ganges. In 2007 is dit in Nashik gehou, in 2010 in Haridwar en in 2013 in Allahabad. Laasgenoemde was die grootste vreedsame samekoms nog in die geskiedenis van die mensdom. Op dié feeste is die sadhu's met hul asbesmeerde lywe die "grootste trekpleisters"; baie spring douvoordag kaal in die ysige waters vir ’n reinigingsbad. Die lewens van sadhu's in die moderne Indië wissel geweldig. Van hulle woon in kluistenaarshutte en tempels in die middel van stedelike gebiede, ander aan die rand van dorpies of in grotte in verafgeleë berge. Van hulle trek rond van dorp tot dorp of van heilige plek tot heilige plek. Sommige ghoeroes woon saam met een of twee dissipels; sommige askete woon alleen, ander in groot kommunes. Die strengheid van hedendaagse sadhu's se spirituele praktyke wissel ook grootliks. Benewens die min wat tot die mees dramatiese uiterstes gaan – soos om jare lank op een been te staan of ’n dekade lank nie ’n woord te sê nie – beoefen die meeste sadhu's die een of ander vorm van godsdienspraktyk: aanbidding, joga, vas, ens. Vir baie het die verbruik van sekere vorme van dagga ’n godsdienstige betekenis. Sadhu's speel ’n unieke en belangrike rol in die Hindoe-gemeenskap, veral op klein dorpies wat nog aan tradisies vasklou. Benewens godsdienstige instruksies en seëninge vir die publiek, word sadhu's dikwels ingeroep om geskille tussen individue of konflik in families op te los. Hulle is lewende verpersoonlikings van die goddelike, van dit waaroor die menslike lewe in die Hindoe-siening waarlik gaan: godsdienstige illuminasie en die bevryding van die siklus van geboorte en die dood. Hoewel sommige asketiese sektes eiendom besit wat ’n inkomste verseker, maak die meeste staat op skenkings van die publiek. Armoede en honger is ’n alledaagse werklikheid vir talle sadhu's. Galery ------ * Sadhu's * ’n Sadhu in Katmandoe, Nepal * ’n Sadhu in Orchha, Madhya Pradesh * Sadhu's op Durbarplein, Katmandoe * ’n Sadhu van Varanasi * Sadhu's op Katmandoe se Durbarplein * ’n Naga sadhu-groep hardloop na hul rituele bad, 2007 by Allahabad. * ’n Sadhu in Indië * ’n Sadhvi, of vroulike sadhu, in Kalkutta * ’n Sadhu op ’n rivieroewer * ’n Sadhu in Nepal * ’n Sadhu in Katmandoe
{ "title": "Sadhu", "mostly_tablelist": false, "tablelist_ratio": [ 3221, 10224, 0.31504303599374023 ], "infobox": [], "td_tables": [], "text_length": 8873 }
| Boeddhisme | | --- | | | | Stigter | | Siddhartha Gautama | | Volgelinge | | 488–535 miljoen | | Geskiedenis | | Geskiedenis van Boeddhisme • Kloosterlewe | | Belangrike begrippe | | Afhanklike ontstaan • Dharma • Drie Juwele • Drie kenmerke van die bestaan • Dukkha • Edel Agtvoudige Pad • Karma • Nirwana • Samsara • Verligting • Vier Edel Waarhede | | Strominge | | Mahayana • Suiwer Land • Theravada • Tibettaanse Boeddhisme • Vajrayana • Zen | | Geskrifte | | Boeddhavamsa • Pali-kanon • Lotussoetra | | s • b • w | **Suiwer Land-Boeddhisme**, in die Weste ook bekend as **Amidisme**, is ’n groot tak van Mahayana-Boeddhisme en een van die mees algemene tradisies van Boeddhisme in Oos-Asië. Suiwer Land se leringe sentreer om Amitabha Boeddha. Die praktyke en begrippe wat in Suiwer Land voorkom, word aangetref in die basiese Mahayana-kosmologie en is ’n belangrike deel van dié tradisie in China, Japan, Korea, Viëtnam en Tibet. Die term "Suiwer Land-Boeddhisme" kan verwys na die Suiwer Land-tradisie of Suiwer Land-leerstellings van Mahayana, sowel as die aparte Suiwer Land-sekte wat in Japan ontwikkel het. In die Japannese Boeddhisme het Suiwer Land-leringe ontwikkel in ’n onafhanklike institusionele sekte, soos gesien kan word in die Jōdo-shū- en die Jōdo Shinshū-skool. Die Suiwer Land --------------- Volgens hedendaagse Suiwer Land-tradisies sit Amitabha die dharma uiteen in sy boeddha-veld (Sanskrit: *buddhakṣetra*), of "suiwer land" (Chinees: *jìngtǔ*), ’n streek wat verposing bied van karma-oorgang. Amitabha se land van Sukhavati is ’n pragtige land wat alle ander ryke oortref. Daar is baie gode, mense, blomme en vrugte, asook bome wat wense vervul en waar seldsame voëls skuiling soek. Om die Suiwer Land binne te gaan is gelykstaande aan die behaling van verligting. Hierna word die persoon deur Amitabha Boeddha en verskeie bodhisattvas onderrig totdat hy volle en algehele verligting behaal. Hy kan dan kies of hy as ’n bodhisattva na enige van die ses vlakke van die bestaan wil terugkeer om ander mense te help en of hy in die Suiwer Land wil bly en boeddhaskap behaal. In die Mahayana-tradisie is daar baie boeddhas, en elke boeddha het sy eie suiwer land. Amitabha se land van Sukhavati lê in ’n westelike rigting, terwyl Akshobhya se suiwer land van Abhirati in ’n oostelike rigting lê. Terwyl Japannese Boeddhiste albei erken, is Oostelike Suiwer Land-Boeddhisme minder gewild as die Westelike Suiwer Land-weergawe. Hoewel daar ook ander suiwer lande, is, is Amitabha s’n verreweg die gewildste.
{ "title": "Suiwer Land-Boeddhisme", "mostly_tablelist": false, "tablelist_ratio": [ 1110, 2827, 0.39264237707817473 ], "infobox": [ "<table about=\"#mwt1\" cellpadding=\"0\" cellspacing=\"0\" class=\"toccolours vatop infobox\" style=\"float:right; clear:right; width:270px; padding:3px; margin:1px 1px 1em 1em; font-size:85%;\">\n<tbody><tr><td colspan=\"3\" style=\"background-color:moccasin; color:#000000; text-align: center;\"><b><span style=\"font-size: 120%;\">Suiwer Land-Boeddhisme</span></b></td></tr>\n<tr>\n<td colspan=\"3\" style=\"text-align:center;\"><span data-mw='{\"caption\":\"Amitabha Boeddha en sy begeleidende bodhisattvas Mahasthamaprapta (links) en Avalokitesvara.\"}' typeof=\"mw:Image\"><a class=\"mw-file-description\" href=\"./Lêer:Amitabha_Buddha_and_Bodhisattvas.jpeg\"><img data-file-height=\"2336\" data-file-type=\"bitmap\" data-file-width=\"3176\" decoding=\"async\" height=\"194\" resource=\"./Lêer:Amitabha_Buddha_and_Bodhisattvas.jpeg\" src=\"//upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/a/ae/Amitabha_Buddha_and_Bodhisattvas.jpeg/264px-Amitabha_Buddha_and_Bodhisattvas.jpeg\" srcset=\"//upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/a/ae/Amitabha_Buddha_and_Bodhisattvas.jpeg/396px-Amitabha_Buddha_and_Bodhisattvas.jpeg 1.5x, //upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/a/ae/Amitabha_Buddha_and_Bodhisattvas.jpeg/528px-Amitabha_Buddha_and_Bodhisattvas.jpeg 2x\" width=\"264\"/></a></span></td></tr>\n<tr>\n<td colspan=\"3\" style=\"text-align: center;\"><i>Amitabha Boeddha en sy begeleidende bodhisattvas Mahasthamaprapta (links) en Avalokitesvara.</i></td></tr>\n<tr>\n<td colspan=\"3\" style=\"background-color:moccasin; color:#000000; text-align: center;\"><b>Vertalings</b></td></tr>\n<tr>\n<td style=\"font-weight:bold;\"><a href=\"./Viëtnamees\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Viëtnamees\">Viëtnamees</a></td><td colspan=\"2\"><i>Tịnh Độ Tông</i></td></tr>\n<tr>\n<td style=\"font-weight:bold;\"><a class=\"mw-redirect\" href=\"./Tradisionele_Sjinese_karakters\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Tradisionele Sjinese karakters\">Tradisionele Sjinees</a></td><td colspan=\"2\">净土宗</td></tr>\n<tr>\n<td style=\"font-weight:bold;\"><a class=\"mw-redirect\" href=\"./Vereenvoudigde_Sjinese_karakters\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Vereenvoudigde Sjinese karakters\">Vereenvoudigde Sjinees</a></td><td colspan=\"2\">淨土宗</td></tr>\n<tr>\n<td style=\"font-weight:bold;\"><a href=\"./Pinyin\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Pinyin\">Pinyin</a></td><td colspan=\"2\"><i>Jìngtǔzōng</i></td></tr>\n<tr>\n<td style=\"font-weight:bold;\"><a href=\"./Japannees\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Japannees\">Japannees</a></td><td colspan=\"2\">浄土仏教 (<i>Jōdo bukkyō</i>)</td></tr>\n<tr>\n<td style=\"font-weight:bold;\"><a href=\"./Koreaans\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Koreaans\">Koreaans</a></td><td colspan=\"2\">정토종 (<i>jeongtojong</i>)</td></tr>\n</tbody></table>" ], "td_tables": [], "text_length": 2583 }
**Richard Liversidge**, natuurkundige, ornitoloog en museumdirekteur, is gebore op 17 September 1926 in Blantyre, Njassaland (later bekend as Malawië), en is oorlede op 15 September 2003 in Kimberley, Suid-Afrika. Vroeë loopbaan -------------- As kind het Liversidge vir verskeie tydperke in Indië, Tanzanië, Zambië en Zimbabwe gewoon, en dit was as skoolseun dat sy belangstelling in voëls ontstaan het. Sy aanvanklike opleiding was egter in ingenieurswese, wat begin het tydens 'n passer-en-draaier-vakleerlingskap. Hy het sy studies in ingenieurswese aan die Universiteit van Kaapstad, in 1946, begin. Terwyl hy voltyds in diens van die universiteit as tegnikus was, het hy dierkunde en plantkunde begin bestudeer, een vak per jaar, en uiteindelik in 1955 gegradueer. Hy het 'n aanstelling as ornitoloog by die Port Elizabeth-Museum aanvaar, waar hy sy navorsing oor die ekologie van die Kaapse tiptol begin het. Dié studie het gekulmineer in 'n PhD. Daarna het Liversidge by die Natalse Parkeraad as 'n natuurbewaarder gewerk. Liversidge was die eerste kurator by, en leidende gees agter, die Tsitsikamma Nasionale Park langs die Suid-Kaapse kus. McGregor Museum, Kimberley -------------------------- In Junie 1966 is Liversidge aangestel as die direkteur van die McGregor-Museum in Kimberley. Dié posisie het hy beklee tot met sy aftrede in 1986, waarna hy aangebly het as navorsingsgenoot. Hy het ook as lid van die Raad van Trustees gedien. Tydens Liversidge se direkteurskap het die McGregor-Museum ongekende groei beleef. Dit was in hierdie tyd dat die museum twee belangrike historiese huise in Kimberley bekom het, nl. Die Bungalow (Rudd-Huis) en Dunluce, terwyl hy ook instrumenteel was in die ontwikkeling van die Magersfonteinslagveld-Museum en die Pioniers van Lugvaart-Museum aan die buitewyke van Kimberley. Die mees beduidende projek van hierdie tydperk was ongetwyfeld die verskuiwing van die museum se hoofkwartier van Chapelstraat in Kimberley se stadskom (waar die oorspronklike 1907-gebou en 'n anneks, wat in die 1950's bygevoeg is, omring was deur geboue wat geleenthede vir uitbreiding beperk het) na die Sanatorium, 'n ou gebou in Belgravia, aangrensend aan die Duggan-Cronin-Galery, waar daar baie ruimte vir toekomstige uitbreidings was. Die museum het toenemend kantore en laboratoriums benodig, soos wat personeel vermeerder en bergplek vir groeiende versamelings nodig geword het. Die skuif vanaf Chapelstraat het van 1973 tot 1974 geduur. Op 22 November 1976 is die Sanatorium amptelik geopen as die McGregor-Museum se hoofkwartier. Liversidge se belangstelling in die geskiedenis het ook verseker dat, dit wat aanvanklik hoofsaaklik as 'n natuurhistoriese museum beskou is, later ook erken is vir sy talle belangrike historiese dokumente, foto's en tekstiele. Publikasies ----------- Liversidge het meer as 80 wetenskaplike artikels en 40 artikels publiseer in 'n verskeidenheid van joernale oor plantkunde, ekologie, ornitologie, soogdiere en geskiedenis. As mede-skrywer, saam met Geoff McLachlan, het hy 'n reuse-bydrae gelewer tot die eerste (1957) en die daaropvolgende drie weergawes van *Birds of South Africa*, wat oorspronklik in 1940 deur Austin Roberts gepubliseer is. Later het hy *A Rapid Bird Guide* (1978) en *The Birds Around Us*(1990) geskryf, en gebruik gemaak van die Kimberleyse kunstenaar, Jill Adams, se delikate waterverfskilderye. *The Birds Around Us* bestaan uit byna 'n duisend akkuraat gedetailleerde en realisties gekleurde skilderye van voëls wat sit, staan, swem en vlieg. Die boek is onverdeel in 15 habitatte. Hy was ook mede-outeur van verskeie ander boeke oor die geskiedenis en die bestuur van wildspesies. Liversidge se Koester- en Springboknavorsing -------------------------------------------- 'n Groot prestasie in Liversidge se loopbaan as ornitoloog, was die identifisering en beskrywing van twee nuwe Koester-spesies, die Langstert-Koester (*Anthus longicaudatus*) en, saam met Gary Voelker, die Kimberley-Koester (*Anthus pseudosimilis*). Hy het ook oor 'n lang tydperk die ekologie van die springbok bestudeer, en het die merkwaardige vermoë gehad om reën te voorspel, byna tot op die dag, gegrond op sy waarnemings van die springbok se gedrag. Ander belangstellings en betrokkenheid -------------------------------------- Sy veld van belangstellings was wyd. Hy was 'n lid van verskeie historiese- en wildboerverenigings. Liversidge was 'n stigterslid en groot gees in die totstandkoming van die Historiese Vereniging van Kimberley en die Noord-Kaap (hy sou later dikwels hierna verwys as die Histeriese Vereniging), en het vir baie jare as voorsitter gedien. Verskeie van die vereniging se publikasies het onder sy aansporing die lig gesien. Liversidge was passievol oor ou geboue. Hy het dan ook vir 14 jaar, vanaf 1977, op die Raad vir Nasionale Gedenkwaardighede gedien. In 1990 was hy die ontvanger van die Cape Times Eeufees-Medalje vir uitstaande prestasie in die bewaring van historiese geboue. Hy het ook op die rade van die Dierkunde-Vereniging van Suid-Afrika en die Vereniging vir die Bestuur van Natuurlewe gedien. Hy was ook die laaste oorlewende stigterslid van die Kaapse Voëlklub, asook die Wes-Kaapse tak van BirdLife South Africa. As erkenning van sy bydrae tot die natuurgeskiedenis is hy in 1994 'n genoot van die Linnean Society of Londen gemaak. Hy het in 1974 'n korrespondentgenoot van die American Ornithologists' Union geword en in 1991, 'n ere-lid. In 1996 is hy as genoot van die Suid-Afrikaanse Museums-Vereniging aangewys. Hy het ook 'n toekenning vir Wildbewaring in die Kaapprovinsie (1976) ontvang, 'n meriete-toekenning van die Noord-Kaap-Wildboere-Vereniging (1990), 'n Lewenslange Prestasie-toekenning van die Kimberley Publisiteit-Vereniging (2002) en 'n Jaarlikse Oorkonde en (postuum) 'n goue medalje van die Natuurlewe-en-Omgewingsvereniging van Suid-Afrika (2002). Liversidge was vir 'n lang tydperk 'n gewaardeerde lid van Kimberley se Rotariërklub (deel van die wêreldwye diens-organisasie Rotary International), en het in 1967/77 as president gedien. Deur middel van die Rotariërs het hy beduidende bydraes gelewer aan die Kimberley, Suid-Afrikaanse en Internasionale gemeenskappe en bekend gestaan as 'n uitstekende impromptu spreker. In 1991 het hy 'n Paul Harris-genoot geword, as erkenning van sy diens aan die Rotariërs en die gemeenskap. Gedenktekens en herdenkings --------------------------- 'n Spesiale gedenkuitgawe van *Ostrich: the Journal of African Ornithology (*Volume 75 No 4*)*het in Desember 2004 tot eer en ter nagedagtenis van Liversidge verskyn. Dit is geredigeer deur Mark Anderson en het ook 'n huldeblyk van De Beers se Nicky Oppenheimer bevat. 'n Klip met 'n inskrywing vorm die middelpunt van die Richard Liversidge-gedenktuin by die McGregor Museum. Die Kimberley Historiese Vereniging het ook 'n jaarlikse Richard Liversidge-Gedenklesing tot stand gebring. Dit word gelewer op die vereniging se Algemene Jaarvergadering.
{ "title": "Richard Liversidge", "mostly_tablelist": false, "tablelist_ratio": [ 265, 6094, 0.043485395470955035 ], "infobox": [], "td_tables": [], "text_length": 7003 }
Donna Leon in 2010 **Donna Leon** [ˈdɒnə ˈliːɒn] (\* 28 September 1942, in Montclair, New Jersey) is 'n Amerikaanse skryweres wat bekendheid verwerf het met 'n reeks misdaadromans wat in Venesië afspeel, met die fiktiewe polisiespeurder en fynproewer Commissario Guido Brunetti as hoofkarakter. Die Engelse dagblad *The Times* het Leon as een van die vyftig voorste skrywers in die genre gelys. Sedert 1992 het jaarliks een Brunetti-roman uit Donna Leon se pen gekom - die mees onlangse 28ste werk, *Unto Us a Son Is Given*, het in 2019 verskyn. Interessant genoeg mag Brunetti-romans in enige taal vertaal word (haar werke het in 35 tale verskyn) - maar nie in Italiaans nie. Anders sou haar Venesiaanse vriende en kennisse hulself moontlik herken. Die hoofkarakter Commissario Brunetti word as intelligent en melancholies beskryf. Sy missie is om die wêreld van die bose te bevry, en dikwels los hy 'n moord op 'n ongewone manier op. Tot sy groot verdriet kom talle misdadigers, wat hy vasgetrek het, uiteindelik ongestraf weg. Dikwels behandel Donna Leon sosiale en ekologiese kwelvrae in haar werke - met 'n wye spektrum wat van korrupsie, restourasiewerk en oorstromings in Venesië of die negatiewe gevolge van massatoerisme tot die skrikwekkende afname van byebevolkings strek. Soms is dit vir hom moeilik om te bepaal of iemand werklik as misdadiger beskou moet word - soos 'n moeder wat aan haar geestelik gestremde seun bystand tot selfmoord verleen het - 'n doodsonde volgens kerklike leerstellings, en 'n oortreding van die wet, maar nogtans 'n daad wat onder die moeilikste denkbare omstandighede gepleeg is en waar geregtigheid nog nouliks gedefinieer kan word. Brunetti vind steeds weer 'n balans in sy familie (sy vrou Paola en sy kinders Raffi en Chiara) en in kulinêre genot. Maaltye, wat deur Paola (of Brunetti se moeder) berei word, word uitvoerig beskryf. So het een van Donna Leon se Italiaanse vriendinne, Roberta Pianaro, ook reeds 'n kookboek met resepte uit die boekreeks saamgestel wat in verskeie tale vertaal is. Terwyl Venesiaanse misdaadromans in 'n dubbele sin as fiktief beskryf mag word (die stad het 'n redelik lae misdaadsyfer, en moord-insidente kom nouliks voor), speel Leon se Brunetti-romans op werklike plekke in Venesië af. Vir Duitssprekende markte (die Brunetti-romans word deur die Switserse uitgewery *Diogenes* in Zürich gepubliseer, terwyl die openbare Duitse televisienetwerk ARD Donna Leon se werke vir 'n televisiereeks verfilm het) is 'n aantal toergidse gepubliseer wat belangrike Venesiaanse tonele uit die reeks - soos koffiehuise, kroeë, markte, *palazzi* en kerke - beskryf. Hulle is onder meer in Engels vertaal. Donna Leon het haar akademiese opleiding in New Jersey begin en haar in 1965 in Italië gevestig om haar studies in Perugia en Siena voort te sit. Sy het haar loopbaan as reisgids in Rome en teksskrywer in 'n Londense advertensie-agentskap begin. As onderwyseres het sy aan Amerikaanse skole in Switserland, Iran, China en Saoedi-Arabië onderrig. Leon het vanaf 1981 meer as 30 jaar lank in Venesië gewoon en bly tans in 'n klein dorpie in die Switserse kanton Graubünden (Grischun) of in haar stadswoning in Zürich. Sy bring dikwels besoeke aan die Strandmeerstad.
{ "title": "Donna Leon", "mostly_tablelist": false, "tablelist_ratio": [ 1199, 3947, 0.3037750190017735 ], "infobox": [], "td_tables": [], "text_length": 3248 }
Verskillende soorte Franse kaas **Kaas** is 'n voedsel met 'n hoë inhoud van proteïen en vet, wat uit die gestolde melk van koeie, soms ook bokke, skape, rendiere en waterbuffels vervaardig word. In wese is dit 'n konsentraat van die melk se mees voedsame bestanddele, wat naas proteïen ook kalsium en die vitamine A, B2, B12 en pantoteensuur (B5) insluit. Daar is meer as 2 000 verskillende soorte kaas wêreldwyd, en meestal word stremsel gebruik om melk te laat stol, maar daar is ook soorte waar sure soos asyn en suurlemoensap of plantekstrakte verkies word. Stremsel is 'n ensiem wat in die mae van kalwers voorkom of as mikrobiologiese produk kunsmatig vervaardig word. Bakterieë word by die kaas gevoeg om onder meer die pH-waarde te verlaag en 'n spesifieke smaak te verkry. Die Afrikaanse en Nederlandse woord *kaas* is afgelei van die Latynse *caseus*. Geskiedenis ----------- Kaas is een van die oudste bekende voedselsoorte en ook die oudste manier om melk te bewaar. Die nomadiese volke van Anatolië (Sentraal-Turkye) was omtrent 8000 v.C. die eerste bekende kaasvervaardigers. Die eerste afbeeldings van die kaasvervaardiging het sowat 5000 v.C. in Mesopotamië ontstaan, in die gebied van die huidige Irak, in die tempel van die Godin van die Lewe, Ningoersag. Die weivelde van die destydse landbou het groot hoeveelhede melk opgelewer wat nie so gou verbruik kon word nie. Die mense het toevallig ontdek dat melk onder bepaalde omstandighede begin stol en tot 'n houbare voedsel verwerk kan word. Selfs die Bybel verwys na die bloeiende melkboerdery van Mesopotamië, 'n land wat volgens destydse beskrywings oorgeloop het van melk en heuning. 'n Skets van kaasverbruik in 'n 14de eeuse geneeskundige handboek Aan die begin van sy geskiedenis is kaas nog as 'n delikatesse beskou, wat vir die gode geoffer is om hulle guns te wen, en is ook as waardevolle handelsware verkoop. In Griekeland is kaas selfs as 'n afrodisiak beskou. Met verloop van tyd is die vervaardigingsproses verfyn om verskillende soorte kaas te maak, en kaas het wêreldwyd gewild geraak. Daar was egter ook steeds volke wat kaas nie in hulle kookkuns wou gebruik nie, soos China, waar kaas nog steeds as 'n soort bedorwe melk beskou word. Die Grieke en Romeine het talle soorte kaas geniet. Die Griekse digter Homeros het geskryf dat die Sikloop, die reus uit die fabelleer, sy sterkte aan 'n soort kwark of kaas te danke gehad het wat hy suur gemaak, uitgepers en in mandjies bewaar het. Die Griekse woord *formos* ("mandjie") is moontlik ook die etimologiese oorsprong van die huidige Franse woord vir kaas, *fromage*. In een van sy boeke beskryf Aristoteles (384-322 v.C.) die antieke kaasproduksie, waarby die stolling van melk besondere aandag geniet het. Die Grieke en Romeine het ook reeds die werking van ensieme by die kaasvervaardiging besef. Gestolde melk uit die maag van 'n lam, die saad van wilde saffraan, die sap van die vyeboom en wynasyn is vir die fermentasie van melk gebruik. Die Romeine het kwark, gesoute en ongesoute kaas met wyn en heuning geken, tuisgemaakte varse kaas (*caseus recens*, *caseus mollis*) wat onmiddellik geëet is en harde, gedroogde kaas, wat gestoor kon word en ook as voedsel vir boere, reisigers, soldate en seevaarders gedien het. Soos die Kelte het ook die Romeine kaas gewoonlik in pekel gestoor. Veral die bokmelkkaas is, soos 'n aantal Romeinse wyne en worsies, gerook. Hierdie *caseus fumosus* is soms verfyn deur die gebruik van spesifieke soorte hout, byvoorbeld dié van appelbome, of selfs strooi. Die Romeine het dikwels 'n middagete van brood en kaas geniet; ou kaas is gereeld in asyn en tiemie of vrugtewyn geweek om dit weer eetbaar te maak. Vir tradisionele Romeinse geregte was vars en gedroogde kaas 'n gewilde bestanddeel; gedroogde kaas is dikwels verpoeier om die koekmeel in 'n koekresep te vervang. Kaas was in die Griekse en Romeinse kookkuns ook 'n gewilde nagereg. Die Grieke het van kwark met heuning gehou, terwyl die Romeine dikwels koekmeel deur kaaspoeier vervang het. *Libum* was 'n vroeë soort kaastert, wat volgens die Romeinse fynproewer Marcus Gavius Apicius (42 v.C. - 37 n.C.) van kaas, koekmeel en eiers gemaak is. Dit was veral Griekse slawe wat die kuns van kaasmaak in die Romeinse Ryk verfyn het, en dit het geleidelik oor groot dele van Europa versprei. Kaas was naas onder meer rosyne en olywe een van die hoofbestanddele van Romeinse soldate se proviand. Kaasverkopers op 'n Franse mark Toe die Kelte teen die 4de eeu v.C. die Alpe in 'n noordwaartse rigting oorgesteek het, het hulle reeds oor tipiese hulpmiddels van die kaasmakery beskik, soos byvoorbeld die siwwe wat nodig is om die room van die melk af te skep. Die Germaanse volke het die Keltiese tradisies oorgeneem en van die kaasmakery 'n tradisionele ambag gemaak. In die Middeleeue was veral die kloosters sentrums vir kaasmakery. Aangesien die monnike pynlik rekord gehou het van hulle kaasproduksie, beskik ons oor waardevolle bronne ten opsigte van die geskiedenis van sekere kaassoorte. Die Anglo-Normandiese *Domesday Book*, 'n register van alle vaste bates in Engeland wat in 1086 in opdrag van Willem die Veroweraar saamgestel is, noem die Engelse Cheshire-kaas. Die oudste verwysings na byvoorbeeld die Gruyère dateer uit die jaar 1115. Middeleeuse kloostermanuskripte verwys ook na die Gouda en Edammer (1184), die Emmentaler en Beierse handkaas (1200) en die Appenzeller kaas (1282). Die eerste kaasfabriek is op 3 Februarie 1815 in Switserland geopen. Die moderne kaasvervaardiging het ontdek dat mikroörganismes die drywende krag by die fermentasie van melk is. Die Franse skeikundige en bakterioloog Louis Pasteur (1822-1895) het die belangrikste navorsing in hierdie verband gedoen. Wêreldproduksie --------------- Industriële kaasproduksie Parmesaankaasfabriek in Modena, Italië Tans is daar wêreldwyd sowat 2 000 soorte kaas, waarvan die Hollandse Gouda, die Franse Camembert, die Switserse Emmentaler en botterkaas die gewildste is. Switserland en Frankryk het met respektiewelik 450 en 350 soorte die grootste verskeidenheid kaasspesialiteite. Die VSA is vandag die grootste kaasprodusent en vervaardig sowat 'n vyfde van die jaarlikse wêreldproduksie van 16 miljoen ton. Dit is egter die Franse, Grieke en Duitsers wat tans die grootste per-capita-verbruik van kaas het. In die Europese Unie is Duitsland met 1,85 miljoen ton, Frankryk met 1,84 miljoen ton en Italië met 1,32 miljoen ton in 2004 die grootste kaasprodusente. Suid-Afrika ----------- Die Wes-Kaap is die hartland van die Suid-Afrikaanse suiwelbedryf. Plaaslike kaasmakerye vertoon hulle eie produkte by die jaarlikse Suid-Afrikaanse Kaasfees op Bien Donné. **Die grootste kaasprodusente ter wêreld (2004)** Bron: *Handelsblatt* (Duitsland): *Die Welt in Zahlen (2005)* |  Rang  | Land |  Produksie (1 000 ton) |  Rang  | Land |  Produksie (1 000 ton) | | --- | --- | --- | --- | --- | --- | |    1 | VSA    | 4 357 |    10 | Australië    | 364 | |    2 | Duitsland    | 1 852 |    11 | Argentinië    | 360 | |    3 | Frankryk    | 1 840 |    12 | Kanada    | 360 | |    4 | Italië    | 1 320 |    13 | Denemarke    | 335 | |    5 | Nederland    | 670 |    14 | Nieu-Seeland    | 285 | |    6 | Egipte    | 661 |    15 | Griekeland    | 247 | |    7 | Pole    | 520 |    16 | Volksrepubliek China    | 232 | |    8 | Russiese Federasie    | 483 |    17 | Iran    | 227 | |    9 | Verenigde Koninkryk    | 370 |    18 | | | | Hoofgroepe ---------- Die verskillende soorte kaas kan volgens die melksoort, vetgehalte, watergehalte, maar veral ook volgens vastigheid onderverdeel word: * Sagtekaas sluit soorte soos die Camembert, Cambridge-kaas en Pont-l'Évêque in. * Blouskimmel- en ander kaassoorte, wat halfhard is, sluit die Roquefort, Tête de Moine, Stilton en Gorgonzola in. * Harde kaassoorte is onder meer Cantal, Cheddar, Cheshire, Gouda, Gruyère en Parmesaan. Skaap- en bokkaas raak al hoe gewilder. Bokkaas word dikwels in buitengewone vorms soos kurke, piramides en bolletjies aangebied. Die proteïen van bokmelk het 'n besonder fyn struktuur, wat die bokkaas 'n opvallende romerige voorkoms gee. Kookkuns -------- Die bekende kaasmark van Gouda (Nederland) Kaas, wat in supermarkte aangebied word, is slegs van hoë gehalte indien dit nie lugdig verseël is nie. Kaas wat nie kan "asemhaal" nie verloor sy smaak. Dikwels is dit ook nie werklik "ryp" nie - die Camembert benodig byvoorbeeld soms 'n effens langer tyd om sy tipiese smaak te verkry. Spesiale kaaswinkels en goeie restaurante is die beste keuse vir kaas van gehalte. As 'n mens tog reste in die koelkas moet bewaar, word dit in waspapier toegedraai en in 'n plastieksak geplaas. Voor dit bedien word, moet dit betyds uit die koelkas geneem word, so dat dit weer kamertemperatuur van ten minste 16° C bereik. Alhoewel dit tans 'n tradisie is om rooiwyn by kaas te drink, word die meeste soorte kaas ook met witwyn of selfs bier bedien.
{ "title": "Kaas", "mostly_tablelist": false, "tablelist_ratio": [ 1101, 7668, 0.14358372456964005 ], "infobox": [], "td_tables": [], "text_length": 8976 }
Motorola se Surfboard-kabelmodem 'n **Kabelmodem** is 'n modem wat toegang bied tot 'n datasein wat deur middel van die kabeltelevisie-infrastruktuur gestuur word. Kabelmodems word veral gebruik vir breëband-internetdienste en trek voordeel uit die kabeltelevisie-netwerk se ongebruikte bandwydte. Kabelmodems is tans nog die mees gebruiklike hardeware vir breëbanddienste in die Verenigde State en Kanada, maar word ook in Australië en Europa gebruik en dikwels as deel van *triple play*-pakkette bemark wat 'n gekombineerde toegang tot kabeltelevisie-, telefoon- en internetdienste verskaf. Kabeltelevisie pronk met baie hoë af- en oplaaispoede, waarby die aflaaispoed vir kommersiële klante 50 megagrepe of meer per sekonde en vir residensiële internet-toegange tussen 2 en 10 megagrepe per sekonde kan beloop. Weens die hoë koste wat aan hierdie soort breëbanddienste verbonde is, raak ADSL-toegange per telefoonlyn, die mees gebruiklike breëband-tegnologie in Europese lande, nou ook in die VSA toenemend gewild. Streng gesproke moet kabelmodems eerder as 'n netwerkbrug gedefinieer word. Internet-diensverskaffers bied soms kabelmodem-hardeware te koop of te huur aan wat 'n brug met 'n netwerkspil of roeteerder kombineer. In die 30 lidstate van die OECD is daar teen die einde van 2006 reeds sowat 57 miljoen kabelmodems vir breëband-internettoegang ingespan, waarvan sowat die helfte in die Verenigde State. Kabelmodems se markaandeel het byna 30 persent beloop en was die tweede mees gebruiklike tegnologie na ADSL.
{ "title": "Kabelmodem", "mostly_tablelist": false, "tablelist_ratio": [ 27, 1340, 0.020149253731343283 ], "infobox": [], "td_tables": [], "text_length": 1530 }
**3200 Phaethon** is 'n hemelliggaam wat gewoonlik as asteroïde geklassifiseer word, hoewel sy herkoms onseker is. Dit is in 1983 ontdek. Phaethon het 'n seldsame blou kleur, 'n lae albedo (0,07) en 'n sterk elliptiese wentelbaan wat van digby die son tot buite Mars se wentelbaan strek. Hierdie baan lyk soos 'n komeet s'n, maar in teenstelling met komete vorm Phaethon geen koma, 'n wolk van stof en gas, nie. Phaethon kan ook tot naby die Aarde kom. Dit het in 1974 gebeur en weer op 16 Desember 2017, toe dit 10,3 miljoen kilometer van ons planeet af verbygeskeer het. Die blou kleur is waarskynlik die gevolg van die hoë temperatuur (800 oC) waaraan Phaethon in die nabyheid van die son blootgestel word. Phaethon se wentelbaan kom ooreen met die bane van die Geminides, wat in Desember altyd vir 'n meteoorreën sorg. Daar word vermoed dat Phaethon dit veroorsaak. Japannese sending ----------------- Die Japannese ruimtevaartorganisasie JAXA het planne vir 'n sending in 2022 om die DESTINY+-ruimtetuig by Phaethon te laat verbyvlieg.
{ "title": "3200 Phaethon", "mostly_tablelist": false, "tablelist_ratio": [ 653, 1513, 0.43159286186384666 ], "infobox": [ "<table about=\"#mwt5\" cellspacing=\"2\" class=\"infobox\" data-mw=\"{&quot;parts&quot;:[{&quot;template&quot;:{&quot;target&quot;:{&quot;wt&quot;:&quot;Inligtingskas Planeet\\n&quot;,&quot;href&quot;:&quot;./Sjabloon:Inligtingskas_Planeet&quot;},&quot;params&quot;:{&quot;discovery&quot;:{&quot;wt&quot;:&quot;yes&quot;},&quot;physical_characteristics&quot;:{&quot;wt&quot;:&quot;yes&quot;},&quot;bgcolour&quot;:{&quot;wt&quot;:&quot;#FFFFC0&quot;},&quot;name&quot;:{&quot;wt&quot;:&quot;3200 Phaethon&quot;},&quot;image&quot;:{&quot;wt&quot;:&quot;[[Lêer:PIA22185.gif|duimnael|Phaethon|250px]]&quot;},&quot;discoverer&quot;:{&quot;wt&quot;:&quot;IRAS&quot;},&quot;discovered&quot;:{&quot;wt&quot;:&quot;11 Oktober 1983&quot;},&quot;alt_names&quot;:{&quot;wt&quot;:&quot;1983 TB&quot;},&quot;named_after&quot;:{&quot;wt&quot;:&quot;Griekse mitologie&quot;},&quot;mp_category&quot;:{&quot;wt&quot;:&quot;[[Asteroïde|Apollo-asteroïde]]&lt;ref name=jpldata/&gt;&quot;},&quot;orbit_ref&quot;:{&quot;wt&quot;:&quot;&lt;ref name=jpldata&gt;[https://ssd.jpl.nasa.gov/sbdb.cgi#top JPL]&lt;/ref&gt;&quot;},&quot;epoch&quot;:{&quot;wt&quot;:&quot;455960.5 (3-Feb-'12)&quot;},&quot;aphelion&quot;:{&quot;wt&quot;:&quot;2,4025673046(8) [[AE]]&quot;},&quot;perihelion&quot;:{&quot;wt&quot;:&quot;0,13965370(2) AE&quot;},&quot;semimajor&quot;:{&quot;wt&quot;:&quot;1,2711105013(4)\\t AE&quot;},&quot;eccentricity&quot;:{&quot;wt&quot;:&quot;0,8901325276(12)&quot;},&quot;period&quot;:{&quot;wt&quot;:&quot;1,43 jr.&quot;},&quot;inclination&quot;:{&quot;wt&quot;:&quot;22,230695(5) °&quot;},&quot;asc_node&quot;:{&quot;wt&quot;:&quot;265,288532(4) °&quot;},&quot;arg_peri&quot;:{&quot;wt&quot;:&quot;322,116906(4)\\t°&quot;},&quot;mean_anomaly&quot;:{&quot;wt&quot;:&quot;298.5697911(12) °&quot;},&quot;avg_speed&quot;:{&quot;wt&quot;:&quot;km/s&quot;},&quot;dimensions&quot;:{&quot;wt&quot;:&quot;5,8 km&quot;},&quot;mass&quot;:{&quot;wt&quot;:&quot;&quot;},&quot;density&quot;:{&quot;wt&quot;:&quot;&lt;!--[g/cm&lt;sup&gt;3&lt;/sup&gt;]--&gt;&quot;},&quot;surface_grav&quot;:{&quot;wt&quot;:&quot;&quot;},&quot;escape_velocity&quot;:{&quot;wt&quot;:&quot;&quot;},&quot;rotation&quot;:{&quot;wt&quot;:&quot;3,604 uur&lt;ref name=jpldata/&gt;&quot;},&quot;spectral_type&quot;:{&quot;wt&quot;:&quot;F (Tholen)&lt;br /&gt; B (SMASSII)&quot;},&quot;abs_magnitude&quot;:{&quot;wt&quot;:&quot;14,6&lt;ref name=jpldata/&gt;&quot;},&quot;single_temperature&quot;:{&quot;wt&quot;:&quot;&quot;}},&quot;i&quot;:0}}]}\" id=\"mwAg\" style=\"width: 20em; text-align: left; font-size: 90%\" typeof=\"mw:Transclusion\">\n<caption>3200 Phaethon <span typeof=\"mw:Entity\"> </span><span typeof=\"mw:Entity\"> </span></caption>\n<tbody><tr> <td colspan=\"2\" style=\"text-align:center;\"><figure typeof=\"mw:File/Thumb\"><a class=\"mw-file-description\" href=\"./Lêer:PIA22185.gif\"><img data-file-height=\"240\" data-file-type=\"bitmap\" data-file-width=\"240\" decoding=\"async\" height=\"240\" resource=\"./Lêer:PIA22185.gif\" src=\"//upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/2/2e/PIA22185.gif\" width=\"240\"/></a><figcaption>Phaethon</figcaption></figure> </td> </tr><tr><th colspan=\"2\" style=\"background-color: #FFFFC0; text-align:center;\">Ontdekking </th></tr><tr> <th>Ontdek deur</th> <td>IRAS</td> </tr><tr> <th>Datum</th> <td>11 Oktober 1983</td> </tr><tr> <th>Alternatiewe name</th><td>1983 TB</td></tr><tr> <th>Kleinplaneet-kategorie</th> <td><a href=\"./Asteroïde\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Asteroïde\">Apollo-asteroïde</a></td> </tr><tr> <th>Etimologie</th> <td>Griekse mitologie</td> </tr>\n<tr><th colspan=\"2\" style=\"background-color: #FFFFC0; text-align:center;\">Wentelbaaneienskappe</th></tr>\n<tr> <td colspan=\"2\" style=\"text-align:center;\"> <small>Epog 455960.5 (3-Feb-'12)</small></td> </tr><tr> <th><a href=\"./Apside\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Apside\">Afelium</a></th> <td>2,4025673046(8) <a class=\"mw-redirect\" href=\"./AE\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"AE\">AE</a></td> </tr><tr> <th><a href=\"./Apside\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Apside\">Perihelium</a></th> <td>0,13965370(2) AE</td> </tr><tr> <th><a href=\"./Ellips\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Ellips\">Semihoofas</a></th> <td>1,2711105013(4)\t AE</td> </tr><tr> <th>Wentelperiode</th> <td>1,43 jr.</td> </tr><tr> <th>Gem. omwentelingspoed</th> <td>km/s</td> </tr><tr> <th>Gem. anomalie</th> <td>298.5697911(12) °</td> </tr><tr> <th><a href=\"./Baanhelling\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Baanhelling\">Hellingshoek</a></th> <td>22,230695(5) °</td> </tr><tr> <th>Lengteligging van stygende nodus</th> <td>265,288532(4) °</td> </tr><tr> <th>Periheliumhoek</th> <td>322,116906(4)\t°</td> </tr><tr><th colspan=\"2\" style=\"text-align:center; padding-top:0.75em;\"><div style=\"background:#FFFFC0\">Fisiese eienskappe</div></th>\n</tr><tr> <th>Afmetings</th> <td>5,8 km</td> </tr><tr> <th>Rotasieperiode</th> <td>3,604 uur</td> </tr><tr> <th><a href=\"./Asteroïde#Tipes_asteroïdes\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Asteroïde\">Spektraaltipe</a>:</th> <td>F (Tholen)<br/> B (SMASSII)</td> </tr><tr> <th><a href=\"./Absolute_magnitude\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Absolute magnitude\">Absolute magnitude</a></th> <td>14,6</td> </tr>\n</tbody></table>" ], "td_tables": [], "text_length": 1044 }
**Sharm El Sheikh Internasionale Lughawe** (Arabies: مطار شرم الشيخ الدولي‎ *Maṭār Sharm El Sheikh El Dawli* ) is 'n internasionale lughawe geleë in Sharm El Sheikh, Egipte. Dit is die derde besigste lughawe in Egipte ná Kaïro Internasionale Lughawe en Hurghada Internasionale Lughawe. Die lughawe was voorheen bekend as Ophira Internasionale Lughawe. Beheertoring by Sharm El Sheikh Internasionale Lughawe Die lughawe is op 14 Mei 1968 as 'n Israeliese lugmagbasis geopen. Na die ondertekening van die Egipte-Israel-vredesverdrag in 1979 en die daaropvolgende Israeliese onttrekking aan die Sinai-skiereiland, is dit as 'n burgerlike lughawe heropen. Die grootste gereelde vliegtuig wat die lughawe benut het, was 'n Boeing 747-400 wat deur Transaero Airlines bedryf word. Hierdie vlugte wat vanaf Moskou vertrek het, het geëindig toe Transaero se bedrywighede in Oktober 2015 gestaak is. British Airways het die enigste gereelde geskeduleerde Boeing 777-200ER -diens (vanaf Gatwick-lughawe) bedryf. Hierdie diens is egter gestaak weens kommer oor die neerstort van Metrojet-vlug 9268 op 31 Oktober 2015. In 2008 het die Egiptiese Lughawehouermaatskappy planne aangekondig om 'n derde nuwe terminaal by die lughawe te bou. In Julie 2009 het die Egiptiese Beheermaatskappy vir Lughawens en Lugnavigasie (EHCAAN) 'n kontrak met die Spaanse konstruksie-ontwerpers Pointec vir die derde terminaal onderteken. Die terminaal is beplan om die lughawe se kapasiteit van 7,5 tot 15 miljoen passasiers per jaar te verdubbel. Die projek se primêre koste is op $420 miljoen geraam. Die ontwerpfase sou vroeg in 2010 voltooi wees. Internasionale kontrakteurs is toe genooi vir 'n oop tender om die terminaal te bou, wat geskeduleer was om heeltemal gebou te wees teen 2015. Teen September 2016 het konstruksie nog nie begin nie.  Teen November 2015 het passasiersgetalle aansienlik afgeneem weens die val van Metrojet-vlug 9268 op 31 Oktober 2015. Dit het daartoe gelei dat lugdienste vlugte vanaf die lughawe gekanselleer het en reddingsvlugte vir gestrande passasiers onderneem het. Regerings van Rusland en Europese lande soos die Verenigde Koninkryk het lugrederye verbied om na die lughawe te vlieg, met verwysing na veiligheidskwessies wat na die ongeluk uitgelig is. Die regering van die Verenigde Koninkryk, het alle reise na en van Sharm El Sheikh afgeraai. In Januarie 2018 is aangekondig dat EgyptAir Express 'n basis by die lughawe sal open vir sy inkomende vloot Airbus A220's. Dit sal die hoeveelheid bestemmings wat deur die lugredery by die lughawe bedien word, verhoog met die moontlikheid om ononderbroke na stede in Italië, Duitsland, Marokko en Indië te vlieg. Op 22 Oktober 2019 het die VK die vlugverbod op vlugte tussen Britse lughawens en Sharm El Sheikh opgehef. Op 1 November 2019 het TUI AG, moedermaatskappy van TUI Airways en TUI UK 'n hervatting van vlugte na die lughawe aangekondig, wat in Februarie 2020 sou begin. Op 9 Augustus 2021 het Rossiya Airlines die eerste vlug in 5 jaar tussen Rusland en Sharm El Sheikh onderneem, sedert die verbod op vlugte tussen die oord en Rusland, weens die val van Metrojet-vlug 9268.
{ "title": "Sharm El Sheikh Internasionale Lughawe", "mostly_tablelist": false, "tablelist_ratio": [ 721, 3381, 0.21325051759834368 ], "infobox": [], "td_tables": [], "text_length": 3153 }
Zerzura was ‘n langvergete en raaiselagtige oase in ‘n afgeleë deel van die Sahara in Egipte. Ligging ------- Zerzura bestaan uit drie omarambas genaamd Talh, Abd el Melik en Hamra op 24° noorderbreedte en tussen 25° en 25° 30ˈ oosterlengte. Dit is net noordwes van die Gilf Kebir-plato en amper waar Egipte aan Libië en die Soedan grens. Ligging ------- Vroeg in 20ste eeu was daar nog groot dele van die Sahara grotendeels onbekend weens moeilike bereikbaarheid, die aanhoudende verskuiwende sandduine en die gebrek aan water. In die oasisdorpies soos Dakhla, Farafra en Baharia het die inwoners aan mekaar verhale vertel van verlore oases en dorpe met fabelagtige rykdomme. Die bekendste storie het gegaan oor die legendariese oase Zerzura. Waarskynlik was dit gebaseer op ‘n manuskrip in Arabies getiteld "Zerzura – oase van die klein voëltjies" uit die 13de eeu waarin beweer is dat daar in Zerzura groot skatte te vind is. "Die boek van die verborge pêrels" uit die 15de eeu beskryf Zerzura weer as ‘n dorp met witgekalkte huise en ook groot weelde. Soektogte --------- Die Egipte-kenner John Wilkinson het in 1835 verslag gelewer van sy gesprek met ‘n Arabier wat die oase teengekom het op soek na ‘n verlore kameel. Volgens hom was daar palmbome, fonteine en murasies. In 1909 het Harding King en in 1915 John Bell tevergeefs na die verlore oase gesoek. Sedertdien was daar groot vordering in die tegnologie en kon ligte motorvoertuie in die woestynsand gebruik word en vliegtuie om die terrein uit die lug te bestudeer. Lazlo Almasy, ‘n Hongaarse ontdekker en avonturier, raak betrokke en luister na alle gerugte en legendes en bestudeer alle kaarte en historiese geskrifte en kom tot die slotsom dat die verlore oase in die omgewing van die Gilf Kebir-plato moet wees. In 1932 vlieg Almasy en ‘n geselskap oor die gebied en volg dit later op met ‘n tog oor die duine na die drie omarambas. Geen teken van bouvalle van ‘n moontlik verlore stad is gevind nie. Dit en die verhale van rykdommme blyk blook fantasie te wees. Akasiebome toon dat daar nou slegs ondergrondse water is. Rotsgravures wat meer as 5500 jaar oud is, is die enigste bewyse van vroeëre menslike bewoning. Organisasies ------------ Deelnemers aan die soektog oor die jare heen het gereeld byeengekom en het bekend geword as die Zerzura-klub. Ook die Royal Georgraphical Society het hom beywer vir die soektogte. Bibliografie ------------ * Gilliam, Ron: The quest for Zerzura. historynet.com/the-quest-for-zerzura.htm * Green, Lawrence G.: These wonders to behold. Kaapstad: Howard Timmins, 1959. * Scot, Harold: Zerzura – the lost oasis of the Libyan desert. www.harold-scot.com
{ "title": "Zerzura-oase", "mostly_tablelist": false, "tablelist_ratio": [ 345, 2332, 0.14794168096054888 ], "infobox": [], "td_tables": [], "text_length": 2684 }
**Leon Wessels** (gebore 19 April 1946) is 'n Suid-Afrikaanse prokureur, politikus, en aktivis wat in die blanke minderheidsregering van die Nasionale Party tydens apartheid gedien het. Hy was een van die min Afrikanerpolitici om openbare berou vir die dade van daardie regering te toon. Onderwys -------- Soos F.W. de Klerk het hy aan die Hoërskool Monument in Krugersdorp, Suid-Afrika, skoolgegaan. Nadat hy in 1963 gematrikuleer het, behaal Wessels die Baccalaureus in regte (LLB)-graad aan die Potchefstroomse Universiteit in 1972 en in 2001 die Doktor in die regte (LLD)-graad aan die Randse Afrikaanse Universiteit. As voorgraadse student was hy voorsitter van die Universiteit se Studenteraad (SR), en van 1971 tot 1973 president van die Afrikaner Studentebond (ASB), 'n studente-organisasie waarin vele Afrikanerleiers hul politieke kwekelingskap ondergaan het. Apartheid-era politikus ----------------------- Wessels tree toe tot die nasionale politiek in 1977 toe hy verkies is as parlementslid (LP) vir die kiesafdeling Krugersdorp, 'n Afrikanervesting. Alhoewel hy gedurende die volgende twee dekades toenemend geïdentifiseer is as 'n *verligte* ('n lid van die party se meer liberale vleuel), het hy deur partygeledere gevorder om 'n kabinetslid te word in die laaste apartheidsadministrasie as minister van plaaslike regering, nasionale behuising en mannekrag. By die verhore van die Suid-Afrikaanse Waarheid-en-versoeningskommissie oor onwettige dade van die land se veiligheidsmagte, het Wessels – 'n voormalige adjunkminister van wet en orde – erken: "Ek glo nie die politieke verdediging van 'ek het nie geweet nie' is beskikbaar vir my nie omdat ek in baie opsigte nie wou weet nie". In 1999 hy aangestel in die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie waar hy verantwoordelik was vir die monitering van die Wet op die Bevordering van Toegang tot Inligting, 'n wet wat sentraal staan in die versekering van deursigtigheid in die regering, die sakewêreld en die burgerlike samelewing. Persoonlik ---------- Sy vrou, Tersia Wessels, het in 2009 'n lid van die Gauteng provinsiale wetgewer geword vir die Congress of the People
{ "title": "Leon Wessels", "mostly_tablelist": false, "tablelist_ratio": [ 1114, 2904, 0.38360881542699726 ], "infobox": [ "<table about=\"#mwt1\" class=\"infobox\" style=\"width:23em; font-size:85%; text-align:left; padding-left:0.5em; padding-right:0.5em;\">\n<tbody><tr>\n<td colspan=\"2\" style=\"text-align: center; font-size:140%;\"><b>Leon Wessels</b></td></tr>\n<tr>\n<td colspan=\"2\" style=\"text-align:center; font-size:110%;\"><hr/><div style=\"background:lavender; font-weight:bold\">Minister van Plaaslike Regering</div></td></tr>\n<tr>\n<td colspan=\"2\" style=\"border-bottom:none; text-align:center;\"><b>Ampstermyn</b><br/>1992<span typeof=\"mw:Entity\"> </span><span typeof=\"mw:Entity\">–</span><span typeof=\"mw:Entity\"> </span>1993</td></tr>\n<tr>\n<th>President</th>\n<td><a class=\"mw-redirect\" href=\"./F.W._de_Klerk\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"F.W. de Klerk\">F.W. de Klerk</a></td></tr>\n<tr>\n<th>Voorafgegaan<span typeof=\"mw:Entity\"> </span>deur</th>\n<td><a href=\"./Amie_Venter\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Amie Venter\">Amie Venter</a></td></tr>\n<tr>\n<th>Opgevolg<span typeof=\"mw:Entity\"> </span>deur</th>\n<td><a href=\"./Tertius_Delport\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Tertius Delport\">Tertius Delport</a></td></tr>\n<tr>\n<th colspan=\"2\" style=\"text-align:center; font-size:110%;\"><hr/><div style=\"background:lavender;\">Minister van Beplanning en Provinsiale Sake</div></th></tr>\n<tr>\n<th>Voorafgegaan<span typeof=\"mw:Entity\"> </span>deur</th>\n<td><a href=\"./Hernus_Kriel\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Hernus Kriel\">Hernus Kriel</a></td></tr>\n<tr>\n<th colspan=\"2\" style=\"color: #000000; font-size: 110%; text-align: center;\"><hr/><div style=\"background:lavender;\">Persoonlike besonderhede</div></th></tr>\n<tr>\n<th>Gebore</th>\n<td>19 April 1946<span style=\"display:none\"> (<span class=\"bday\">1946-04-19</span>)</span><span class=\"noprint\"> (76<span typeof=\"mw:Entity\"> </span>jaar<span typeof=\"mw:Entity\"> </span>oud) </span> <br/><a href=\"./Kroonstad\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Kroonstad\">Kroonstad</a>, Suid-Afrika</td></tr>\n<tr>\n<th>Nasionaliteit</th>\n<td><a href=\"./Suid-Afrika\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Suid-Afrika\">Suid-Afrikaner</a></td></tr>\n<tr>\n<th>Politieke<span typeof=\"mw:Entity\"> </span>party</th>\n<td><a href=\"./Nasionale_Party\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Nasionale Party\">Nasionale Party</a></td></tr>\n<tr>\n<th>Eggenoot/-note</th>\n<td>Tersia</td></tr>\n<tr>\n<th>Alma mater</th>\n<td><a class=\"mw-redirect\" href=\"./Potchefstroomse_Universiteit_vir_Christelike_Hoër_Onderwys\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Potchefstroomse Universiteit vir Christelike Hoër Onderwys\">Potchefstroomse Universiteit vir C.H.O.</a><br/><a href=\"./Randse_Afrikaanse_Universiteit\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Randse Afrikaanse Universiteit\">Randse Afrikaanse Universiteit</a></td></tr>\n</tbody></table>" ], "td_tables": [], "text_length": 2154 }
**Zeno** (Latyn: Flavius Zeno Augustus, Grieks: Ζήνων; omstreeks 425 – 9 April 491) was die Bisantynse keiser van 474 tot 475 en weer van 476 tot 491. Sy oorspronklike naam was **Tarasis**. Opstande en godsdienstige andersdenkendes het sy bewind gekenmerk, maar hy het tog in ’n mate in buitelandse sake sukses behaal. Tydens sy bewind het die Wes-Romeinse Ryk tot ’n einde gekom, maar hy het baie gedoen om die Oostelike Ryk te stabiliseer. Vroeë lewe ---------- Tarasis is in Isaurië gebore as die seun van Kodisa en Lallis. Hy het ’n vrou, Arcadia, gehad wie se naam dui op ’n verwantskap met die aristokrasie van Konstantinopel. Tydens die stryd tussen keiser Leo I en Aspar, die aanvoerder van die leër wat hom keiser gemaak het, het Zeno se posisie versterk en het hy met Leo I bevriend geraak. Om hom meer aanvaarbaar vir die Romeinse hiërargie en inwoners van Konstantinopel te maak, het hy die Griekse naam Zeno aangeneem en dit vir die res van sy lewe gebruik. In 466 is Zeno met Ariadne, die oudste dogter van Leo I, getroud nadat Arcadia vermoedelik dood is. Zeno en Ariadne se seun is die volgende jaar gebore en Zeno was nou die pa van die troonopvolger. Om die seun se aanspraak op die troon te versterk, is hy Leo genoem. Bewind ------ ### Eerste bewind en Basiliscus se opstand (475–476) Reliëf van Zeno se vrou, Ariadne. Op 25 Oktober 473 het Leo I sy kleinseun as medekeiser aangestel. Op 18 Januarie 474 is Leo I dood en Leo II, toe maar sewe jaar oud, is deur sy ma en ouma Verina aangeraai om sy pa, Zeno, medekeiser te maak, en hy het dit op 9 Februarie 474 gedoen. Toe Leo II siek word en op 17 November sterf, het Zeno alleenheerser geword. Zeno moes eerstens die probleem met die Vandale oplos – hulle het die kusgebiede van die ryk aangeval. Zeno het ’n ambassadeur na die Vandale gestuur wat "ewige" vrede gesluit het. Daarvolgens moes die Oos-Romeinse Ryk ’n losprys betaal vir gevangenes in die Vandale se hande en is ’n einde gebring aan die Vandale se vervolging van Ortodokse Christene in hul gebied. Ondanks sy sukses was Zeno ongewild by die volk en senaat vanweë sy "barbaarse" oorsprong. Hy was net op die troon vanweë sy huwelik met Ariadne en sy verhouding met sy skoonma, Verina. Hy het dus die steun van die Isauriese deel van die leër gesoek, veral van die Isauriese generaals en broers Illus en Trocundes. Verina het egter besluit om sy bewind omver te werp en hom te vervang met haar minnaar, Patricius, met die hulp van haar broer, Basiliscus. Die samesweerders het opstande gereël in die hoofstad teen die Isauriese keiser; Basiliscus het daarin geslaag om Illus, Trocundes en nog ’n generaal, Strabo, sover te kry om die sameswering te steun. In Januarie 475 was Zeno verplig om uit Konstantinopel na Isaurië te vlug. Illus en Trocundes is agter hom aangestuur en Zeno het homself in ’n fort toegesluit. Hier het Illus hom omsingel, sy broer Longinus gevange geneem en dié as gyselaar aangehou. Onmin het egter tussen die samesweerders uitgebreek. Basiliscus het self die troon bestyg en sy suster se minnaar laat vermoor. Hy het ook al die Isauriërs in die hoofstad laat doodmaak – ’n stap wat hom vervreem het van die Isauriese generaals Illus en Trocundes. Zeno het die staatskis saam met hom geneem toe hy vlug en daarom moes Basiliscus hoë belastings hef. Hy het ook die skuld gekry vir ’n groot brand wat verskeie dele van die stad vernietig het. Met die geheime steun van die senaat en omkoopgeld deur Zeno, het Illus weer van kant verander en sy leër met Zeno s’n verenig. Saam het hulle na Konstantinopel opgeruk. Basiliscus het nog ’n leër gestuur om Zeno te stuit, dié keer onder aanvoering van sy nefie Armatus. Hy is egter ook omgekoop en het Zeno se troepe nie gekeer nie. Eindelik moes Basiliscus vlug en in die Aya Sophia skuil. In Augustus 476 het Zeno Konstantinopel binnegeval nadat die senaat die stad se poorte vir hom oopgemaak het en hy het weer die troon bestyg. Basiliscus het hom oorgegee en hy en sy familie is na ’n fort in Kappadosië gestuur, waar hy in ’n droë waterbak toegesluit is om te sterf. ### Opstand van Marcianus (479) Marcianus was die seun van die Wes-Romeinse keiser Anthemius (467–472) en ’n kleinseun van die Oos-Romeinse keiser Marcianus (450–457). Hy was getroud met Ariadne se suster, Leontia, en was dus Zeno se swaer. Hy was twee keer konsul, in 467 en 472. In 479 het Marcianus probeer om Zeno se bewind omver te werp en die troon vir homself op te eis. Met die hulp van sy broers Procopius en Romulus het hy troepe in Konstantinopel bymekaargemaak wat uit burgers en buitelanders bestaan het. Hulle het die keiser amper gevange geneem, maar hy het gevlug en Marcianus en sy broers is gevange geneem. Marcianus is gedwing om ’n monnik te word. Ná ’n tweede probeerslag het hy ontsnap, maar nadat hy nog ’n leër op die been gebring het, is hy verslaan. ### Opstand van Illus (484–488) Zeno was agterdogtig teenoor generaal Illus vanweë sy gewildheid en hoë posisie, en hy het op verskeie manier probeer om van hom ontslae te raak. Verina was ook vyandig teenoor hom en het saamgesweer om hom dood te maak. Verina se plan het misluk en Zeno, wat net so jaloers op haar was as op Illus, het haar verban en in ’n fort gevange gehou. Uit haar tronk het sy haar dogter Ariadne aan haar kant gekry en dié het probeer om haar vryheid te bewerkstellig, eers by haar man Zeno en toe by Illus. Illus het geweier en Ariadne het hom ook probeer doodmaak. Dié plan het egter ook misluk. Illus, sy vriend Pamprepius, die leëraanvoerder Leontius en Illus se broer Trocundus het hierna na Nicea vertrek. In Klein-Asië het hulle steun gewerf en in 484 het Illus Leontius tot keiser verklaar. Zeno het ’n leër gestuur om teen hulle te veg, maar Illus het gewen, Verina bevry en haar oorreed om Leontius as keiser te kroon. In 485 het Zeno weer ’n leër teen hulle gestuur. Dié keer is die rebelle verslaan en in ’n fort vasgekeer. Ná ’n paar maande is Trocundus dood, maar die fort is eers ná vier jaar verower. Illus en Leontius is doodgemaak en hul koppe na die keiser gestuur. Dood ---- Zeno is op 9 April 491 dood aan disenterie of epilepsie nadat hy 17 jaar lank regeer het. Sy seuns was albei al dood en Ariadne het ’n lid van die hof, Anastasius, gekies om Zeno op te volg. Dié se broer Longinus het in opstand gekom en so het die Isauriese Oorlog (492-497) begin. Bibliografie ------------ Die gebeure van Zeno se bewind is taamlik swak aangeteken. Net een bron gee ’n deurlopende weergawe daarvan: deur Evagrius Scholasticus in sy *Historia Ecclesiastica* (hoofstuk 3). Ander bronne is: * *Life of Daniel the Stylite* * *Suda* * Cedrenus, *’n beknopte geskiedenis van die wêreld* * Malchus, *Bizantiaka* * John Malalas, *Chronographia* * Procopius van Caesarea, *De Aedificiis* * Theophanes die Belyer, *Chronicle* * Joannes Zonaras, *Epitome Historiarum* Nog leesstof ------------ * Brian Croke, "Dynasty and Ethnicity: Emperor Leo and the Eclipse of Aspar", *Chiron* 35 (2005), 147–203. * Stephen Williams, J.G.P. Friell, *The Rome that did not fall: the survival of the East in the fifth century*, CRC Press, 1999, ISBN 0-203-98231-2. * Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia | * l * b * w Keisers van die Bisantynse (Oos-Romeinse) Ryk | | --- | | Romeinse Ryk | * Konstantyn die Grote * Constantius II * Julianus * Jovianus * Valentinianus I * Valens * Gratianus * Theodosius I | | | Oos-Romeinse Ryk | * Arcadius * Theodosius II * Marcianus * Leo I * Leo II * Zeno * Basiliscus * Anatasius I * Justinus I * Justinianus I * Justinus II * Tiberius II * Mauricius * Phokas * Herakleios * Konstantyn III * Heraklonas * Constans II * Konstantyn IV * Justinianus II * Leontios * Tiberius III * Justinianus II * Philippikos * Anastasius II * Theodosius III * Leo III * Konstantyn V * Leo IV * Konstantyn VI * Irene * Nikephoros I * Staurakios * Michael I * Leo V * Michael II * Theophilus * Michael III * Basilius I * Leo VI * Alexander * Konstantyn VII * Romanos I * Romanos II * Nikephoros II * Johannes I * Basilius II * Konstantyn VIII * Zoë *en* Romanos III * Zoë *en* Michael IV * Michael V * Zoë *en* Theodora * Zoë *en* Konstantyn IX * Konstantyn IX * Theodora * Michael VI * Isak I * Konstantyn X * Romanos IV * Michael VII * Nikephoros III * Alexios I * Johannes II * Manuel I * Alexios II * Andronikos I * Isak II * Alexios III * Isak II * Alexios IV * Alexios V * (Konstantyn Laskaris) | | Niceense Ryk | * Theodorus I * Johannes III * Theodorus II * Johannes IV | | Oos-Romeinse Ryk | * Michael VIII * Andronikos II * Andronikos III * Johannes V * Johannes VI * Andronikos IV * Johannes V * Johannes VII * Johannes V * Manuel II * Johannes VIII * Konstantyn XI | | | | | --- | --- | | Normdata Edit this at Wikidata | * BNF: cb16003358v (data) * GND: 100445349 * ISNI: 0000 0000 7820 6827 * LCCN: n92096309 * NLI: 000392120 * NLP: A25532959 * SUDOC: 06865815X * VIAF: 122312050 * WorldCat Identities: lccn-nb2010016641 |
{ "title": "Zeno van Bisantium", "mostly_tablelist": false, "tablelist_ratio": [ 2937, 8355, 0.35152603231597845 ], "infobox": [ "<table about=\"#mwt1\" class=\"infobox\" style=\"font-size:90%; width:25em; text-align:left;\">\n<tbody><tr><th colspan=\"2\" style=\"color:#000; background-color:#FFCC33; font-size:120%; text-align:center;\">Zeno</th></tr>\n<tr>\n<td colspan=\"2\" style=\"text-align:center;\"><i>Keiser van die Bisantynse Ryk</i></td></tr>\n<tr>\n<td colspan=\"2\" style=\"text-align:center;\"><span data-mw='{\"caption\":\"’n Muntstuk wat Zeno uitbeeld.\"}' typeof=\"mw:Image\"><a class=\"mw-file-description\" href=\"./Lêer:Tremissis-Zeno-RIC_0914.jpg\"><img data-file-height=\"301\" data-file-type=\"bitmap\" data-file-width=\"595\" decoding=\"async\" height=\"91\" resource=\"./Lêer:Tremissis-Zeno-RIC_0914.jpg\" src=\"//upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/5/56/Tremissis-Zeno-RIC_0914.jpg/180px-Tremissis-Zeno-RIC_0914.jpg\" srcset=\"//upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/5/56/Tremissis-Zeno-RIC_0914.jpg/270px-Tremissis-Zeno-RIC_0914.jpg 1.5x, //upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/5/56/Tremissis-Zeno-RIC_0914.jpg/360px-Tremissis-Zeno-RIC_0914.jpg 2x\" width=\"180\"/></a></span><br/><small><div style=\"text-align:center\">’n Muntstuk wat Zeno uitbeeld.</div></small></td></tr>\n<tr>\n<th>Bewind</th>\n<td>9 Februarie 474 – 9 Januarie 475 <br/>Augustus 476 – 9 April 491</td></tr>\n<tr>\n<th>Volle naam</th>\n<td>Tarasis (tot middel 460's)<br/>Flavius Zeno Augustus (as keiser)</td></tr>\n<tr>\n<th>Dinastie</th>\n<td><a href=\"./Thraciese_Dinastie\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Thraciese Dinastie\">Thraciese</a></td></tr>\n<tr>\n<th>Gebore</th>\n<td>Omstreeks <a href=\"./425\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"425\">425</a></td></tr>\n<tr>\n<th>Oorlede</th>\n<td><a href=\"./9_April\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"9 April\">9 April</a> <a href=\"./491\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"491\">491</a></td></tr>\n<tr>\n<th>Voorganger</th>\n<td><a href=\"./Leo_II_van_Bisantium\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Leo II van Bisantium\">Leo II</a> <br/><a href=\"./Basiliscus_van_Bisantium\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Basiliscus van Bisantium\">Basiliscus</a></td></tr>\n<tr>\n<th>Opvolger</th>\n<td><a href=\"./Basiliscus_van_Bisantium\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Basiliscus van Bisantium\">Basiliscus</a> <br/><a href=\"./Anastasius_I_van_Bisantium\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Anastasius I van Bisantium\">Anastasius I</a></td></tr>\n<tr>\n<th>Eggenote</th>\n<td>Ariadne</td></tr>\n<tr>\n<th>Kinders</th>\n<td>Zenon <br/><a href=\"./Leo_II_van_Bisantium\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Leo II van Bisantium\">Leo II</a></td></tr>\n<tr>\n<th>Vader</th>\n<td>Kodisa</td></tr>\n<tr>\n<th>Moeder</th>\n<td>Lallis</td></tr>\n</tbody></table>" ], "td_tables": [], "text_length": 9032 }
**David Poole** (17 September 1925 – 27 Augustus 1991) was 'n Suid-Afrikaanse balletdanser, choreograaf en balletonderwyser wat aan Suid-Afrikaanse ballet internasionale status besorg het. Hy is in Kaapstad gebore. Hy het sy balletopleiding aanvanklik van Dulcie Howes aan die Balletskool van die Universiteit van Kaapstad ontvang, en is in 1947 na Engeland, waar hy lid geword het van die Sadler's Wells-balletgeselskap in Londen. Hy was tot in 1955 aan die groep verbonde, waar hy 'n ruk lank die hoofdanser was. Daarna was hy lid van die Ballet Rambert en die Bolsjoi-balletgeselskap. Aan die einde van 1957 het Poole na Suid-Afrika teruggekeer en in 1959 lektor en choreograaf aan die Balletskool van die Universiteit van Kaapstad geword. In 1970 het hy Dulcie Howes as artistieke direkteur van Kruik-ballet opgevolg. In 1972 het hy hoof van die Balletskool geword, maar steeds ook as artistieke leier van Kruik se balletgeselskap opgetree. Poole het 'n groot aandeel gehad in die bevordering van ballet in Suid-Afrika. Hy glo aan die skepping van 'n eie ballettradisie vir Suid-Afrika, binne die grense van die klassieke ballet. Hy het al verskeie choreografieë geskep. In 1957 het hy *The square* (op musiek van Glaser) gechoreografeer, die eerste vollengte Suid-Afrikaanse ballet, wat deur die Eoan-groep opgevoer is. Ander choreografiese skeppinge van Poole sluit in *Die neutkraker* (musiek deur *Tsjaikofski*) in 1960, *Die sneeukoningin* (musiek deur Tsjaikofski) in 1966, *A midsummer night's dream* (musiek deur Händel) in 1970, *Sylvia* (musiek deur Delibes) in 1971, *Claire de lune* (musiek deur Debussy) in 1971. *Die vuurvoël* (musiek deur Strawinski) in 1974 en *Tristan und Isolde* (musiek deur Wagner) in 1974. *Die Reënkoningin* (1973) is gebaseer op 'n legende wat onder die Vendas in Noord-Transvaal vertel word, en is dus eg Suid-Afrikaans. Bronnelys --------- * Botha, Amanda: David Poole - hy bou aan 'n Suid-Afrikaanse ballettradisie. In: Lantern. Tydskrif vir Kennis en Kultuur. Jaargang 33, nr. 4, Junie 1974. * Wêreldspektrum, 1982, ISBN 0-908409-64-8, volume 23, bl. 48 | | | | --- | --- | | Normdata Edit this at Wikidata | * LCCN: nr2002038450 * SNAC: w67d31xs * VIAF: 17161523 * WorldCat Identities: lccn-nr2002038450 |
{ "title": "David Poole", "mostly_tablelist": false, "tablelist_ratio": [ 484, 2048, 0.236328125 ], "infobox": [ "<table about=\"#mwt1\" class=\"infobox biography vcard\" data-mw='{\"parts\":[{\"template\":{\"target\":{\"wt\":\"Inligtingskas Persoon\\n\",\"href\":\"./Sjabloon:Inligtingskas_Persoon\"},\"params\":{\"naam\":{\"wt\":\"David Poole\"},\"bynaam\":{\"wt\":\"\"},\"beeld\":{\"wt\":\"\"},\"breedte\":{\"wt\":\"\"},\"beeldbeskrywing\":{\"wt\":\"\"},\"onderskrif\":{\"wt\":\"\"},\"geboortenaam\":{\"wt\":\"\"},\"geboortedatum\":{\"wt\":\"{{Geboortedatum|1925|9|17}}\"},\"geboorteplek\":{\"wt\":\"[[Kaapstad]], [[Kaapprovinsie]], [[Unie van Suid-Afrika]]\"},\"sterfdatum\":{\"wt\":\"{{Sterfdatum en ouderdom|1925|9|17|1991|8|27}}\"},\"sterfteplek\":{\"wt\":\"Kaapstad, Kaapprovinsie, [[Suid-Afrika]]\"},\"ouers\":{\"wt\":\"\"},\"familie\":{\"wt\":\"\"},\"titel\":{\"wt\":\"\"},\"nasionaliteit\":{\"wt\":\"{{vlagland|Suid-Afrika|1928}}\"},\"alma_mater\":{\"wt\":\"\"},\"beroep\":{\"wt\":\"Balletdanser, choreograaf en balletonderwyser\"},\"ander\":{\"wt\":\"\"},\"bekend\":{\"wt\":\"\"},\"salaris\":{\"wt\":\"\"},\"termyn\":{\"wt\":\"\"},\"voorganger\":{\"wt\":\"\"},\"opvolger\":{\"wt\":\"\"},\"eerbewyse\":{\"wt\":\"\"},\"party\":{\"wt\":\"\"},\"religie\":{\"wt\":\"\"},\"huweliksmaat\":{\"wt\":\"\"},\"kinders\":{\"wt\":\"\"},\"kleinkinders\":{\"wt\":\"\"},\"webblad\":{\"wt\":\"\"},\"handtekening\":{\"wt\":\"\"}},\"i\":0}}]}' id=\"mwAg\" style=\"width:22em\" typeof=\"mw:Transclusion\"><tbody><tr><th colspan=\"2\" style=\"text-align:center;font-size:125%;font-weight:bold\"><div class=\"fn\" style=\"display:inline\">David Poole</div></th></tr><tr><th scope=\"row\">Gebore</th><td><span style=\"display:none\">(<span class=\"bday\">1925-09-17</span>)</span>17 September 1925<br/><div class=\"birthplace\" style=\"display:inline\"><a href=\"./Kaapstad\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Kaapstad\">Kaapstad</a>, <a href=\"./Kaapprovinsie\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Kaapprovinsie\">Kaapprovinsie</a>, <a href=\"./Unie_van_Suid-Afrika\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Unie van Suid-Afrika\">Unie van Suid-Afrika</a></div></td></tr><tr><th scope=\"row\">Sterf</th><td>27 Augustus 1991 (op 65)<br/><div class=\"deathplace\" style=\"display:inline\">Kaapstad, Kaapprovinsie, <a href=\"./Suid-Afrika\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Suid-Afrika\">Suid-Afrika</a></div></td></tr><tr><th scope=\"row\">Nasionaliteit</th><td class=\"category\"><span class=\"mw-image-border\" data-mw='{\"caption\":\"Vlag van Suid-Afrika\"}' typeof=\"mw:Image\"><a class=\"mw-file-description\" href=\"./Lêer:Flag_of_South_Africa_(1928-1994).svg\"><img data-file-height=\"600\" data-file-type=\"drawing\" data-file-width=\"900\" decoding=\"async\" height=\"15\" resource=\"./Lêer:Flag_of_South_Africa_(1928-1994).svg\" src=\"//upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/7/77/Flag_of_South_Africa_%281928%E2%80%931994%29.svg/22px-Flag_of_South_Africa_%281928%E2%80%931994%29.svg.png\" srcset=\"//upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/7/77/Flag_of_South_Africa_%281928%E2%80%931994%29.svg/33px-Flag_of_South_Africa_%281928%E2%80%931994%29.svg.png 1.5x, //upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/7/77/Flag_of_South_Africa_%281928%E2%80%931994%29.svg/44px-Flag_of_South_Africa_%281928%E2%80%931994%29.svg.png 2x\" width=\"22\"/></a></span><span typeof=\"mw:Entity\"> </span><a href=\"./Suid-Afrika\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Suid-Afrika\">Suid-Afrika</a></td></tr><tr><th scope=\"row\">Beroep</th><td class=\"role\">Balletdanser, choreograaf en balletonderwyser</td></tr></tbody></table>" ], "td_tables": [], "text_length": 2268 }
Mecklenburg-Vorpommern Mäkelborg-Vörpommern Mecklenburg-Voorpommere| Landsvlag | Landswapen | | --- | --- | | | | | (Besonderhede) | (Besonderhede) | | Leuse: *MV tut gut.* | | Basiese gegewens | | Ampstaal: | Duits en Nederduits | | Hoofstad: | Schwerin | | Stigting: | 3 Oktober 1990 | | Oppervlakte: | 23 211,25 km² (6de) | | Bevolking: | 1 610 774 (14de) *(31 Desember 2020)* | | Bevolkingsdigtheid: | 69 inwoners/km² (16de) | | Volkslied (*Landeshymne*): | *geen* | | Skuldlas per inwoner: | 5 190 € *(30 Junie 2020)* | | Totale skuldlas: | 8,361 miljard € *(30 Junie 2020)* | | Werkloosheidsyfer: | 6,7% *(Oktober 2021)* | | ISO 3166-2: | DE-MV | | Amptelike webwerf: | www.mecklenburg-vorpommern.de | | Politiek | | Eerste Minister: | Manuela Schwesig (SPD)*(sedert 4 Julie 2017)* | | Regerende partye: | SPD en Die Linke | | Setels in die parlement (*Landtag*)(79 setels) (2016: 71 setels): | SPD 34 (2016: 26)AfD 14 (18)CDU 12 (16)Die Linke 9 (11)Grüne 5 (-)FDP 5 (-) | | Laaste verkiesing: | 26 September 2021 | | Volgende verkiesing: | Herfs 2026 | | Parlementêre verteenwoordiging | | Stemme in die Federale Raad (*Bundesrat*): | 3 (van 69) | | Kaart | | | **Mecklenburg-Voorpommere** ([ˈmeːklənbʊrk], Duits: *Mecklenburg-Vorpommern*; Nederduits: *Mäkelborg-Vörpommern*, ['mɛːkl̩bɔɾx fœæ̯'pɔmmæn]) is 'n deelstaat in die noordooste van Duitsland. Die hoofstad is Schwerin en die grootste stad is Rostock. Die deelstaat is gevorm deur die samesmelting van die historiese land Mecklenburg met Voorpommere, die Duitse deel van die historiese land Pommere wat in 1945 gedeeltelik aan Pole afgestaan is. Mecklenburg-Voorpommere word in die noorde deur die Oossee begrens, in die weste deur die deelstate Sleeswyk-Holstein en Nedersakse, in die suide deur die deelstaat Brandenburg en in die ooste deur die Poolse woiwodskap Wes-Pommere. Naam ---- ### Uitspraak Dikwels word die afkorting MV, soms ook MPV, gebruik om na die deelstaat te verwys. In die Duitse omgangstaal – en hier veral in ander deelstate – word soms die akroniem Meck-Pomm [ˌmɛkˈpɔm] vir Mecklenburg-Voorpommere gebruik. Die woord *Mecklenburg* word soos [meːklənbuɐç] uitgespreek. Die „e" word vanweë die sogenaamde Noord-Duitse verlengingsteken "c" lang uitgespreek, die "g" word sag uitgespreek. Die moderne Hoogduitse taal gebruik dikwels 'n variant waarin die "e" kort en die "g" soos die Afrikaanse "gh" uitgespreek word. Die Nederduitse taal gebruik eerder "Mäkelborg". ### Etimologie Die oudste historiese dokument, waarin die naam Mecklenburg (destyds *Mikelenburg*) gebruik is, dateer uit die jaar 995. In die Oud-Saksiese taal het *mikil* "groot" beteken, en in die 10de en 11de eeu is na die vesting van Mecklenburg as die Mikilinborg of "groot burg" verwys. Gedurende die Middeleeue het die naam verander na die Nederduitse *Mekelenborch* en later uiteindelik na *Meklenburg* en *Mecklenburg*. Müritz: Sononder naby Waren Die naam Voorpommere is eers in die 16de en 17de eeu ingeburger en het na die gebiede van die Hertogdom Pommere verwys wat wes van die Oderrivier geleë was. Die naam Pommere het sy oorsprong in die Slawiese *po morje* ("by die see"). Hierdie polities-geografiese term is net so oud soos die naam Mecklenburg en is aanvanklik onder meer deur die Pole gebruik. Gedurende die Middeleeue het die term na die gebiede verwys wat deur die Poolse Griffioene-dinastie oorheers is. Die naam Mecklenburg-Voorpommere het met die vereniging van die Vrystaat Mecklenburg met die gebiede van die Pruisiese provinsie Pommere wes van die Oder-Neiße-grenslyn gebruiklik geword. Hierdie vereniging is in Julie 1945 op bevel van die Militêre Sowjet-Administrasie in Duitsland deurgevoer. Aanvanklik het mense na die nuwe administratiewe gebied ook verwys as "Mecklenburg-Pommere" en soms net "Mecklenburg". Die laasgenoemde naam is deur die Sowjet-administrasie vanaf 1947 verpligtend gemaak. As gevolg van die Duitse hereniging en die herskepping van deelstate op die gebied van die voormalige Duitse Demokratiese Republiek (DDR) is die Oos-Duitse noordelike distrikte Rostock, Schwerin en Neubrandenburg op 3 Oktober 1990 onder die naam "Mecklenburg-Voorpommere" verenig. Geografie --------- In geografiese opsig maak Mecklenburg-Voorpommere deel uit van Noord-Duitsland. Die deelstaat is in Julie 1945 gevorm en het die voormalige Vrystaat Mecklenburg en die westelike deel van Pommere beslaan. Ná die Duitse hereniging in 1990 is die deelstaat opnuut gevorm uit drie voormalige administratiewe distrikte van die Duitse Demokratiese Republiek – Rostock, Schwerin en Neubrandenburg. Mecklenburg beslaan sowat twee derdes van die huidige deelstaat. Ander gebiede, wat by die deelstaat ingesluit is, is die weste van die vroeëre Pruisiese provinsie Pommere (Voorpommere), wat ná die Tweede Wêreldoorlog Duits gebly het, en klein dele van die geweste Prignitz en Uckermark, wat voorheen by Brandenburg behoort het. Die buitenste kuslyn loop oor 'n lengte van sowat 350 kilometer. Die grootste eilande is Rügen, Usedom, Poel en Hiddensee. Die belangrikste skiereiland is Fischland-Darß-Zingst. ### Landskap Krytrotse op die eiland Rügen Mecklenburg-Voorpommeren se kuslyn is met 'n totale lengte van sowat 1 700 kilometer die langste van alle Duitse deelstate. Die grootste gedeelte hiervan beslaan die kuslyn van Voorpommeren met sy talle strandmere (Duits: *Bodden* en *Haff*). Die landskap van Mecklenburg-Voorpommere maak deel uit van die Noord-Duitse Vlakte en is veral gedurende die Weichseliaanse Ystydperk (Pleistoseen) gevorm. Die belangrikste landskapsvorme vanuit die noordooste in suidwestelike rigting is die Noordoostelike Vlakte (wat min of meer gelykstaan aan die vasteland van Voorpommere), die gebied wat aan die Mecklenburgse Mereplato aangrens (met dele van Voorpommere en die noordweste van Mecklenburg), die Baltiese Landrug (Duits: *Baltischer Landrücken*) met die Mereplato (wat van die noordweste van Mecklenburg tot by die suidooste strek), die Suidwestelike Voorland van die Mereplato ('n gebied suidwes van die hoofstad Schwerin) en 'n klein gedeelte van die Elbe-vallei. Die huis "Alter Schwede" in Wismar pronk met Laat-Gotiese baksteenargitektuur Die Mecklenburgse Mereplato (Duits: *Mecklenburgische Seenplatte*) behels die grootste mere van die deelstaat soos die Müritz, die Schwerinse Meer (Duits: *Schweriner See*) en die Plause Meer (Duits: *Plauer See*). Daar is altesaam 2 028 mere met 'n totale oppervlakte van 738 vierkante kilometer. Mecklenburg-Voorpommere word deur vlaktes en heuwelland oorheers. Die hoogste bergspitse is die Helpter Berge (179 meter), die Ruhner Berge (176,6 meter), die Piekberg op Rügen (161 meter) en die Brohmer Berge (153 meter). ### Natuurbewaring Danksy die deelstaat se drie nasionale parke, sewe natuurparke, een globale Unesco-geopark, twee biosfeerreservate en talle natuur-, voël- en landskapreservate word byna 35 persent van Mecklenburg-Voorpommere se oppervlakte beskerm. Dat groot dele van die deelstaat se natuurlike landskappe bewaar gebly het, is juis aan die voormalige Duitse Demokratiese Republiek se beleid te danke om staatsjaggebiede en grenssones tot spergebiede te verklaar, maar ook aan die bestaan van Sowjet-Russiese militêre oefenterreine wat almal ontoeganklik vir die gewone bevolking was. Die Oos-Duitse owerheid het egter ook begin om natuurlike landskappe vroegtydig te beskerm. ### Krimpende kuslyn Mecklenburg-Voorpommere se kuslyn word deur die progressiewe verlaging van die kuslyn en die styging van die seespieël bedreig. Die laasgenoemde proses sal volgens die voorspelling van geowetenskaplikes in die volgende dekades nog versnel. Die Oossee se spieël het sedert 1850 met 'n gemiddeld van een millimeter per jaar gestyg. In die volgende eeu word volgens sommige klimaatmodelle 'n verdere styging van tussen 25 en 30 sentimeter voorspel. Mecklenburg-Voorpommere se steil kuste en laagliggende kusgebiede krimp tans met 'n gemiddeld van 35 sentimeter per jaar, en dié proses sal moontlik nog versnel mits die kus nie deur geskikte maatreëls beskerm word nie. Veral die laagliggende kusgebiede in die noorde van die eiland Usedom, Fischland-Darß-Zingst, Hiddensee asook rivierlope naby die kuslyn word tans bedreig. Die suidelike Oosseekuslyne word egter nie net deur die proses van aardverwarming bedreig nie – sogenaamde isostatiese kompensasiebewegings speel eweneens 'n beslissende rol by hierdie ontwikkeling. Toe dik lae van gletserys in Skandinawië ná die einde van die laaste kouetydperk begin smelt het, het die landmassa daar begin styg. Hierdie styging is in die aardkors deur die daling van omliggende gebiede gekompenseer – en dié natuurlike proses duur langs die Duitse Oossee-kuslyn steeds voort. Bevolking --------- Vuurtoring op die eiland Hiddensee Die bevolking van Mecklenburg-Voorpommere bestaan uit inheemse Mecklenburgers en Pommerane, asook 'n kleiner aantal Brandenburgers. Ná die Tweede Wêreldoorlog het baie mense, wat uit die oostelike gebiede van Duitsland verdryf is, hulle in die deelstaat gevestig. Daar is net 'n klein minderheid buitelanders (38 900 in Desember 2009), veral Viëtnamese en immigrante uit die Russiese Federasie, Kasakstan en Oekraïne. Mecklenburg-Voorpommere is die mees yl bevolkte deelstaat van Duitsland. Daar is net een stad met meer as 100 000 inwoners, die Hansestad Rostock met 'n bevolking van 206 011. Die belangrikste ander stede is die Hansestede Stralsund (58 041 inwoners) en Greifswald (57 286 inwoners), die hoofstad Schwerin (96 800 inwoners) en Neubrandenburg (63 602 inwoners). Alle ander stede, waaronder die Hansestad Wismar en Güstrow, het minder as 50 000 inwoners. 18,4 persent van die bevolking is Lutherane en 3,4 persent Rooms-Katolieke. Die oorgrote meerderheid van die bevolking (sowat 78,2 persent) is ongebonde. Twee Evangelies-Lutherse landskerke het hulle setels in Mecklenburg-Voorpommere – die *Pommersche Evangelische Kirche* (met sy biskopsetel in Greifswald) en die *Evangelisch-Lutherische Landeskirche* van Mecklenburg (met sy biskopsetel in Schwerin). In die Rooms-Katolieke Kerk maak Voorpommere deel uit van die bisdom Berlyn, terwyl Mecklenburg by die aartsbisdom Hamburg behoort. Geskiedenis ----------- Die moderne deelstaat het sy wortels in Voorpommere en die Hertogdom Mecklenburg. Die muurgrafte en standbeelde van Ulrich, hertog van Mecklenburg, en sy twee eggenote, Elisabeth van Denemarke en Anna van Pommere, in die domkerk te Güstrow Kaart van die streke Mecklenburg en Voorpommere Die deelstaat Mecklenburg-Voorpommere is in 1945 ná die Tweede Wêreldoorlog in die Sowjet-besettingsgebied van Duitsland uit die voormalige land Mecklenburg en Voorpommere, die westelike dele van die voormalige Pruisiese administratiewe distrik Stettyn van die provinsie Pommeren en die Amt Neuhaus, wat vroeër deel uitgemaak het van Hannover, gevorm. Vanaf 1947 is die deelstaat met 'n oppervlakte van 22 893 vierkante kilometer net Mecklenburg genoem. Met die administratiewe hervorming in die Duitse Demokratiese Republiek is die deelstaat in 1952 ontbind en in drie administratiewe distrikte verdeel: Neubrandenburg in die suidooste, Rostock langs die kus en Schwerin in die suidweste. Die suidwestelike hoek van Voorpommere is by die distrik Frankfurt (Oder) ingesluit, die twee ekslawes Rossow en Schönberg by die distrik Potsdam. Die deelstaat Mecklenburg-Voorpommere is in 1990 ter geleentheid van die Duitse hereniging herstig en beslaan die voormalige DDR-distrikte Neubrandenburg, Rostock en Schwerin. Ekonomie -------- Krytrotse in die Nasionale Jasmund-park Tans is die toerisme die belangrikste bron van inkomste. Ander belangrike sektore is nywerhede (veral die maritieme nywerhede en voedselverwerking), mediese dienste en landbou. ### Maritieme nywerhede Die belangrikste maritieme nywerhede en ondernemings is die rederye *Deutsche Seereederei* in Rostock, *Scandlines* en *Weiße Flotte* in Stralsund. Daar is ook 'n aantal skeepswerwe langs die kus soos byvoorbeeld die *Volkswerft* in Stralsund, *Aker MTW* in Wismar, *Aker-Werft* in Rostock, *Peene-Werft* in Wolgast en die *Hanse Yachts AG* in Greifswald. In 2004 het die maritieme sektor 28 000 werksgeleenthede gebied. ### Toerisme Die toerisme in Mecklenburg-Voorpommere het danksy die strande van die Oossee en die natuurskoon van die Mecklenburgse Mereplato tot die belangrikste sektor van die plaaslike ekonomie ontwikkel. Die gewildste bestemmings is die skiereilande en eilande soos Rügen, Usedom, Fischland-Darß-Zingst en Hiddensee, en strandoorde soos Heiligendamm, Graal-Müritz en Kühlungsborn, die Mereplato met sy 2 000 mere, Mecklenburg-Voorpommere se vier nasionale parke en honderde van natuurbewaringsgebiede. Daarnaas lok ook die tradisionele Hansestede soos Rostock, Stralsund, Wismar en Greifswald talle besoekers. Die toerisme in die deelstaat lewer 8,5 persent van die plaaslike bruto geografiese produk op – die hoogste persentasie in Duitsland (die gemiddelde van alle Duitse deelstate is 3,8 persent). Die toerismesektor behels sowat 130 000 werksgeleenthede en die totale omset beloop €5,1 miljard per jaar. Mecklenburg-Voorpommere beskik onder meer oor 250 kastele en herehuise, tien vyfster- en 150 viersterhotelle, talle kampeerplekke en 'n aantal gewilde kulturele en musiekfeeste. In 2011 het 6,8 miljoen toeriste 'n besoek aan die deelstaat gebring. Mecklenburg-Voorpommere is tans die gewildste reisbestemming in Duitsland vir sowel somer- asook gesinsvakansies. ### Ander sektore Die stede Rostock en Greifswald met hulle geskiedkundige universiteite, wat reeds in die 15de eeu gestig is, het tot die sentrum van die plaaslike biotegnolgie- en mediese tegnologie-sektor ontwikkel. Tans word die deelstaat nog deur die tweede hoogste werkloosheidsyfer in Duitsland gepla, en die land se koopkragindeks was in net 73,5 teenoor Duitsland se 108,4 en 'n gemiddelde van 100 in die 25 destydse lidstate van die Europese Unie. Kookkuns -------- Raapvelde naby Wismar Die plaaslike kookkuns weerspieël die wisselvallige geskiedenis van die streek. Tot in die 20ste eeu was die oorgrote meerderheid van die bevolking arm boere, en die lyfeienskap (of gedwonge landarbeid) is eers in die loop van die 19de eeu afgeskaf. Mecklenburg is derhalwe soms 'n land van "kastele en beskeie plaashuise" genoem. Die tradisionele kookkuns word dus veral deur eenvoudige geregte gekenmerk waarvan die meeste bestanddele plaaslik geoes of gevis is soos Mecklenburg se *Klütersupp*, 'n melksop met meelballetjies en kaneel; *Fliederbeersuppe* ('n soet vlierbessesop met griesballetjies); *Birnen, Bohnen und Speck* ('n bredie van pere, bone en spek); *Tüften un Plum* (aartappelsop met pruime en spek); karringmelkaartappels en Pommerse karringmelksop met spek en uie. *Rote Grütze* en swartbroodpoeding is gewilde nageregte. Aangesien groot dele van die gebied oor 'n lang tydperk onder Sweedse heerskappy gestaan het – die eiland Rügen was byvoorbeeld in die periode tussen 1648 en 1815 'n Sweedse besitting – toon die Mecklenburgse kookkuns ook Skandinawiese invloede. Seemanne het eksostiese kos en speserye saamgebring wat in Hansestede soos Stralsund, Wismar en Rostock 'n vaste bestanddeel van die dieet van welgestelde reders en ander burgers geword het. Duindoringbessies Vis het steeds 'n belangrike rolgespeel, en ou historiese dokumente verwys na die ryk visgronde van die see en mere langs die kus. Intussen het vis ook hier skaars geword, alhoewel kabeljou, haring, makriel, skol en snoek nog steeds volop is en orals in die visserhawens vars verkoop word. Gerookte paling (Nederduits: *Rökeraal*) is 'n plaaslike spesialiteit wat veral in die lente en somer bedien word. Horingvisse met hul kenmerkende grasgroen grate word vanaf laat Mei tot in Junie aangebied. Aartappels, wat in die Nederduitse streektaal as *Tüften* bekend staan, word in 'n groot verskeidenheid geregte gebruik en was vroeër, nadat hulle vanaf die 18de eeu op bevel van die Pruisiese koning verbou is, 'n belangrike stapelvoedsel. Groen- of boerekool word in Mecklenburg-Voorpommere, net soos elders in Noord-Duitsland, tradisioneel in die herfs- en wintermaande geniet en dikwels met rosyntjies verfyn. Soetsuur disse is eweneens gewild. Droëvrugte soos rosyntjies en pruime word gebruik om vark- en gansvleis te verfyn. Die uitgestrekte bosgebiede lewer wildvleis en verskeie soorte sampioene op. Die geel raapvelde van die lente verwys na die gewildste soort plaaslike plantolie, raapolie. Duindoring (*Hippophae rhamnoides*), 'n belangrike bron van vitamine C, word in die Mecklenburgse sandduine geoes en tot konfyt, lekkergoed, mosterd, sap, likeur, vrugtewyn of tee verwerk. 'n Groot aantal byeboerderye vervaardig heuning in Mecklenburg-Voorpommere, waaronder plaaslike spesialiteite soos phacelia-, robinia-, linde-, koringblom- en vrugtebloeiselheuning. *Bärenfang* is 'n gewilde heuninglikeur wat net soos heuningwyn hier vervaardig word. Wyn is sowat agt eeue lank tot in die middel van die 19de eeu in Mecklenburg verbou, en sedert 1999 word pogings onderneem om van die gebied weer 'n wynboustreek te maak.
{ "title": "Mecklenburg-Voorpommere", "mostly_tablelist": false, "tablelist_ratio": [ 2540, 16097, 0.15779337764800894 ], "infobox": [], "td_tables": [], "text_length": 17187 }
Rockefeller in 1953 **David Rockefeller** (12 Junie 1915 – 20 Maart 2017) was 'n Amerikaanse beleggingsbankier wat lank die voorsitter en uitvoerende hoof van die Chase Manhattan Corporation was. Hy was die oudste lewende lid van die derde geslag van die Rockefeller-familie, en familie-patriarg vanaf Julie 2004 tot sy dood in Maart 2017.. Rockefeller was die vyfde seun en jongste kind van John D. Rockefeller Jr. en Abby Aldrich Rockefeller, en 'n kleinseun van John D. Rockefeller en Laura Spelman Rockefeller. Hy was bekend vir sy wye politieke verbintenisse en sy buitelandse reise, waartydens hy baie buitelandse leiers ontmoet het. Sy fortuin is geskat op VS$3,3 miljard ten tyde van sy dood in Maart 2017. Rockefeller is in New York gebore. Hy het grootgeword in 'n huis met agt verdiepings in 10 West 54th Street, die hoogste privaatwoning wat ooit in die stad gebou is. Rockefeller was die jongste van ses kinders wat gebore is vir die finansier John Davison Rockefeller Jr. en die sosiale dame Abigail Greene "Abby" Aldrich. John Jr. was die enigste seun van Standard Oil-medestigter John Davison Rockefeller Sr. en onderwyseres Laura Celestia "Cettie" Spelman. Abby was 'n dogter van Rhode Island Amerikaanse senator Nelson Wilmarth Aldrich en Abigail Pearce Truman "Abby" Chapman. David se vyf ouer broers en susters was Abby, John III, Nelson, Laurance en Winthrop. Rockefeller het skoolgegaan aan die eksperimentele Lincoln School by 123ste Straat in Harlem. Onderrig -------- In 1936 het Rockefeller *cum laude* aan die Harvard-universiteit gegradueer, waar hy as redakteur van *The Harvard Crimson* gewerk het. Hy het ook ekonomie vir 'n jaar aan Harvard gestudeer en daarna 'n jaar aan die London School of Economics (LSE). By LSE het hy die eerste keer die toekomstige president John F. Kennedy ontmoet (hoewel hy vroeër sy tydgenoot by Harvard was) en het eens keer met Kennedy se suster Kathleen uitgegaan. Gedurende sy tyd in die buiteland het Rockefeller vir 'n kort rukkie in die Londense tak gewerk van wat die Chase Manhattan Bank sou word. Nadat sy teruggekeer na die Verenigde State om sy nagraadse studies te voltooi, het hy 'n Ph.D. van die Universiteit van Chicago ontvang in 1940. Loopbaan -------- ### Staatsdiens Nadat hy sy studies in Chicago voltooi het, het hy sekretaris van New York se burgemeester Fiorello La Guardia geword vir agtien maande in 'n "dollar per jaar" staatsdienspos. Alhoewel die burgemeester die pers daarop gewys het dat Rockefeller slegs een van 60 interns in die stadsregering was, was sy werkruimte in werklikheid die vakante kantoor van die onderburgemeester. Van 1941 tot 1942 was Rockefeller assistent-streekdirekteur van die Verenigde State se Kantoor van Verdediging, Gesondheid en Welsyn. ### Militêre diens Rockefeller het by die Amerikaanse weermag aangesluit en in 1943 die Offisierskandidaatskool betree; hy is uiteindelik in 1945 tot kaptein bevorder. Tydens die Tweede Wêreldoorlog het hy in Noord-Afrika en Frankryk gedien (hy kon vlot Frans praat) vir militêre intelligensie en het politieke en ekonomiese intelligensie-eenhede opgerig. Hy het ook sewe maande lank as assistent militêre attaché by die Amerikaanse ambassade in Parys gedien. Gedurende hierdie tydperk het hy 'n beroep op familiekontakte en Standard Oil-bestuurders om bystand gedoen. ### Bankwese David Rockefeller het die Irakse finansiers Jawad Hashim en Nemir Kirdar in 1979 ontmoet. In 1946 het Rockefeller by die personeel van die jarelange familie-verwante Chase National Bank aangesluit. Die voorsitter op daardie stadium was Rockefeller se oom, Winthrop W. Aldrich. Die Chase Bank was hoofsaaklik 'n groothandelbank wat met ander prominente finansiële instellings en groot korporatiewe kliënte, soos General Electric, sake gedoen het. Die bank is ook nou geassosieer met en het die oliebedryf gefinansier en het jarelange verbintenisse met die opvolgermaatskappye van Standard Oil, veral Exxon Mobil. Chase National het in 1955 die Chase Manhattan Bank geword en het aansienlik na verbruikersbankwese verskuif. Dit staan nou as JPMorgan Chase bekend. Rockefeller het as 'n assistentbestuurder in die buitelandse departement begin werk. Daar het hy internasionale handel in 'n aantal kommoditeite, soos koffie, suiker en metale, gefinansier. Hierdie posisie het ook verhoudings met meer as 1 000 korrespondentbanke regoor die wêreld gehandhaaf. Hy het in ander poste gedien en in 1960 president geword. Hy was beide voorsitter en uitvoerende hoof van Chase Manhattan van 1969 tot 1980 en het tot 1981 voorsitter gebly. Hy was ook, so onlangs as 1980, die enkele grootste individuele aandeelhouer van die bank, wat 1,7% van sy aandele gehou het. Gedurende sy termyn as HUB het Chase internasionaal versprei en ’n sentrale komponent van die wêreld se finansiële stelsel geword vanweë sy wêreldwye netwerk van korrespondentbanke, die grootste ter wêreld. In 1973 het Chase die eerste tak van 'n Amerikaanse bank in Moskou, in die destydse Sowjetunie, gestig. Daardie jaar het Rockefeller na China gereis, wat daartoe gelei het dat sy bank die Nasionale Bank van China se eerste korrespondentbank in die VSA geword het. Van 1974 tot 1976 het Chase se verdienste met 36 persent gedaal terwyl dié van sy grootste mededingers met 12 tot 31 persent gestyg het. Die bank se verdienste het tussen 1976 en 1980 meer as verdubbel, wat sy mededinger Citibank ver oortref het. Teen 1981 is die bank se finansies tot volle gesondheid herstel. Rockefeller het in 1981 uit die aktiewe bestuur van die bank getree, en is opgevolg deur sy protégé Willard C. Butcher. John J. McCloy, voormalige Chase-voorsitter, het destyds gesê hy glo Rockefeller sal nie in die geskiedenis staan as 'n groot bankier nie, maar eerder as 'n "ware persoonlikheid, as 'n vooraanstaande en lojale lid van die gemeenskap".
{ "title": "David Rockefeller", "mostly_tablelist": false, "tablelist_ratio": [ 2521, 7426, 0.33948289792620523 ], "infobox": [], "td_tables": [], "text_length": 5866 }
Die Engelse Devonshire-redoute op die Bermuda-eilande (1614) 'n Model van 'n redoute-fort 'n Reliëfplan van die versterkings van Neuf-Brisach, Elsas, Frankryk, vanaf 1698 ontwerp en gebou deur Sébastien Le Prestre de Vauban, militêre ingenieur in diens van koning Lodewyk XIV, as sy laaste groot projek. By die toegangspoorte is redoutes opgerig 'n **Redoute** (ook **redout** ontleen uit Frans; Italiaans: *ridotto*; uit die Latynse *reductus* "teruggetrokke"), is 'n klein geslote veldskans, gewoonlik as vierkante versterking opgerig, dikwels as poligoon (veelhoek) uitsluitlik uitspringende hoeke, maar in sy mees volmaakte vorm as ronde vesting verwesenlik. As permanente of tydelike fortifikasie het dit vanaf die 16de tot die 19de eeu deel uitgemaak van militêre vestingbou. Redoutes is normaalweg buite 'n fort gevestig om die buitenste lyn van verdediging te vorm, of te beskerm. Dit word ook gebruik op kuste, om die afwerping en deurtog van soldate te belemmer, of tot stilstand te bring. Die ontwikkeling van moderne bewegingsoorlog-taktieke het die gebruik van redoutes uitgedien geraak.
{ "title": "Redoute", "mostly_tablelist": false, "tablelist_ratio": [ 166, 1107, 0.14995483288166214 ], "infobox": [], "td_tables": [], "text_length": 1103 }
Die Hippodroom van Konstantinopel, met die Konstantyn-obelisk op die voorgrond en die Toetmoses-obelisk regs. Die ligging van die Hippodroom in Konstantinopel. Optog van die gildes voor die sultan in die Hippodroom, Ottomaanse miniatuur-skildery (1582). Die **Hippodroom van Konstantinopel** (Turks: Sultanahmet Meydanı, At Meydanı) was ’n arena wat die sport- en sosiale middelpunt was van Konstantinopel, die hoofstad van die Bisantynse Ryk. Vandag is dit ’n plein met die naam Sultanahmet Meydanı (**Sultan Ahmet-plein**) in die Turkse stad Istanboel, met net ’n paar dele van die oorspronklike struktuur oor. Dit word soms **Atmeydanı** ("Perdeplein") in Turks genoem. Die woord "hippodroom" kom van die Griekse *hippos* ('ιππος, "perd") en *dromos* (δρομος, pad). Perde- en strydwarenne was gewilde tydverdrywe in die antieke tyd en hippodrome was algemeen in die Griekse stede van die Hellenistiese, die Romeinse en die Bisantynse tydperk. Geskiedenis en gebruik ---------------------- Hoewel die Hippodroom gewoonlik verbind word met Konstantinopel se dae van glorie, is dit al gebou toe die stad nog Bisantium genoem is en dit minder belangrik was. In 203 het keiser Septimus Severus die stad herbou en die Hippodroom, ’n arena vir strydwarenne en ander vermaakplekke laat bou. Konstantyn die Grote het die stad later, nadat dit tot Konstantinopel herdoop is, vergoot en die Hippodroom laat restoureer. Dit was toe sowat 450 m lank en 130 m breed. Dit kon 100 000 toeskouers hou. Die renbaan was in ’n U-vorm en die keiserslosie was aan die oostelike punt. Die losie kon regstreeks van die Groot Paleis bereik word deur ’n gang wat net die keiser en sy familie kon gebruik. Die ander losies, wat vier standbeelde bo-op gehad het van perde wat met koper oorgeblaas was, was aan die noordelike punt geleë. Die draai van die U-vormige struktuur was in die suide. ’n Deel daarvan bestaan vandag steeds. Die vier perde, wat nou die Perde van Sint Markus genoem word, is tydens die Vierde Kruistog in 1204 gesteel en op die fasade van die Sint Markus-basilika in Venesië aangebring. Om die baan was nog standbeelde van beroemde perde en strydwadrywers, maar niks daarvan is oor nie. Die Hippodroom was vol standbeelde van gode, keisers en helde soos ’n Herakles deur Lysippos, Romulus en Remus met hul wolf en die Slangesuil van die Driepoot van Plataia. In sy boek *De Ceremoniis* (boek II,15, 589) beskryf keiser Konstantyn VII die versierings van die Hippodroom tydens ’n besoek van ’n groep Arabiere – hy noem die pers behangsels en seldsame muurtapyte. Tydens die hele Bisantynse tydperk was die Hippodroom die middelpunt van die stad se sosiale lewe. Die strydwarenne was nie net sportbyeenkomste nie, maar ook van die seldsame geleenthede waar die keisers en sy onderdane in een plek kon byeenkom. Politieke besprekings is ook dikwels daar gehou. Konstantinopel het nooit regtig herstel ná die verwoesting tydens die Vierde Kruistog nie en al het die Bisantynse Ryk tot in 1453 bly voortbestaan, het die Hippodroom begin verval. Die Ottomaanse Turke wat die stad in 1453 verower het, was nie geïnteresseerd in renne nie en die Hippodroom is geleidelik vergeet, hoewel daar nooit op die terrein gebou is nie. Hoewel die geboue nie meer bestaan nie, vul die Sultanahmet-plein vandag grootliks die grondplan en dimensies van die Hippodroom. Monumente --------- ### Slangesuil Die Slangesuil met die Toetmoses-obelisk op die agtergrond. Om die beeld van sy nuwe hoofstad te verbeter het Konstantyn, en later sy opvolgers, veral Theodosius die Grote, kunswerke van oor die hele ryk daarheen gebring. Van die monumente is in die middel van die Hippodroom, die *Spina*, aangebring soos die Driepoot van Plataia, nou bekend as die Slangesuil, wat gemaak is om die oorwinning van die Grieke oor die Perse tydens die Persiese Oorloë van die 5de eeu v.C. te vier. Bo-op was ’n goue bak wat deur drie slangkoppe opgehou is. Die bak is tydens die Vierde Kruistog gesteel of vernietig en die slangkoppe is so laat as die einde van die 17de eeu vernietig, aangesien Ottomaanse miniatuur-skilderye wys dat dit nog in die vroeë eeue van die Ottomaanse Ryk ongeskonde was. Die Slangesuil is al wat van die Driepoot (’n altaar) oor is. ### Obelisk van Toetmoses III Nog ’n keiser wat die Hippodroom versier het, was Theodosius die Grote, wat in 390 ’n obelisk van Egipte gebring en dit binne-in die renbaan opgerig het. Dit was van pienk graniet en is oorspronklik omstreeks 1490 v.C. by die Temel van Karnak in Luxor opgerig tydens die bewind van Toetmoses III. Theodosius het die obelisk in drie dele laat verdeel en na Konstantinopel gebring. Net die boonste deel is oor en dit staan vandag op ’n marmervoetstuk op die plek waar Theodosius dit geplaas het. Dit is byna 3 500 jaar oud en steeds in ’n verstommend goeie kondisie. ### Konstantyn-obelisk In die 10de eeu het keiser Konstantyn VII nog ’n obelisk aan die ander punt van die Hippodroom laat bou. Dit is tydens die Vierde Kruistog vernietig. Die klipkern daarvan is vandag nog oor en is bekend as die Konstantyn-obelisk. ### Standbeelde van Porphyrios Sewe standbeelde is in die *Spina* van die Hippodroom opgerig ter ere van Porphyrios, ’n legendariese strydwadrywer van sy tyd. Niks daarvan is oor nie, behalwe die basis van twee van hulle, wat in die Istanboelse Argeologiese Museum bewaar word. Die Hippodroom vandag --------------------- Die gebied is vandag bekend as Sultan Ahmet-plein en word goed bewaar deur die Turkse owerhede. Die baan word aangedui met plaveisel, maar die werklike baan lê sowat 2 m onder die huidige oppervlak. Die oorblywende monumente van die *Spina*, die twee obeliske en die Slangesuil, staan steeds daar. Die Duitse Fontein, ’n agthoekige fontein in ’n neo-Bisantynse styl wat in 1900 deur die Duitse regering laat bou is om die besoek van die Duitse keiser Wilhelm II aan Istanboel in 1898 te herdenk, staan by die noordelike ingang van die Hippodroom-gebied, reg voor die Blou Moskee. Die Hippodroom is in 1950 en 1951 opgegrawe. ’n Deel van die substrukture van die draai het in die 1980's meer sigbaar geword nadat huise in die gebied gesloop is. In 1993 is ’n gebied voor die Blou Moskee platgestoot sodat ’n gebou opgerig kon word en toe is verskeie rye sitplekke en ’n paar suile van die Hippodroom ontdek. Dit is verwyder en kan nou in museums gesien word. Dit is moontlik dat nog ’n deel van die Hippodroom onder Sultanahmet lê. Panoramiese uitsig oor die moderne Sultan Ahmet-plein, met die Aya Sophia links en die Hippodroom in die middel. Galery ------ * Die basis van die standbeelde van Porphyrios, wat in ’n museum bewaar word.Die basis van die standbeelde van Porphyrios, wat in ’n museum bewaar word. * Die vier bronsperde wat in die Hippodroom was en vandag in Venesië is.Die vier bronsperde wat in die Hippodroom was en vandag in Venesië is. * Die oorblyfsels van die draai van die Hippodroom.Die oorblyfsels van die draai van die Hippodroom. * Die neo-Bisantynse Duitse Fontein.Die neo-Bisantynse Duitse Fontein.
{ "title": "Hippodroom van Konstantinopel", "mostly_tablelist": false, "tablelist_ratio": [ 1389, 6921, 0.20069354139575205 ], "infobox": [], "td_tables": [], "text_length": 7088 }
Die **Queensland Reds** is ’n Australiese rugbyspan wat as ’n konsessie aan die Superrugbykompetisie deelneem sedert 1996. Voor 1996 was hulle ’n verteenwoordigende span was op meriete gekies is uit klubs wat in Queensland in kompetisies meegeding het. Met die bekendstelling van die professionele Super 12-kompetisie is beweeg na ’n model waar spelers gekontrakteer is deur die Queensland Rugbyunie, eerder as wat hulle gekies is van klubs af. Van 1996 tot 2005 was die Reds een van drie Australiese spanne wat in die Super 12 meegeding het saam met die Waratahs en die Brumbies. Queensland het nooit die eindronde van die Super 12 gehaal nie. Sedert 2006 het hulle in die uitgebreide Super 14 meegeding as een van vier Australiese spanne. Geskiedenis ----------- ### Vroeë Queensland jare Voor die era van Superrugby was Queensland ’n verteenwoordigende span wat gekies is uit rugbyunies binne die staat. Rugby in Queensland dateer sover terug as 1876 (dit is vermoedelik wanneer die eerste wedstryd gespeel is). In 1882 is die eerste inderstaatwedstryde gespeel tussen Queensland en Nieu-Suid-Wallis en die daaropvolgende jaar is die Queensland Rugbyunie gestig. In daardie seisoen het die eerste interstaatwedstryd in Brisbane plaasgevind by die Eagle Farm-renbaan, met Queensland wat met 12 - 11 gewen het. In 1896 het ’n span van Queensland na Nieu-Seeland vertrek. Hulle het op 15 Augustus van daardie jaar met 9 - 0 teen die span van Nieu Seeland verloor op Athleticpark. In 1899 het Queensland hul eerste sege oor ’n internasionale span gevier toe hulle Groot Brittanje met 11 - 3 geklop het by die Exhibitionterrein. ### Pre-Superkompetisies Met die aanvang van rugby league asook die Eerste Wêreldoorlog was Queensland rugby rustend vir ’n aantal jare en die unie is in 1919 ontbind om eers weer in die laat 1920’s aan die gang te kom. In 1928 is die unie herstig en die GPD-kompetisie en groot klubs het spoedig teruggekeer. Die spel het gesukkel gedurende Tweede Wêreldoorlog maar ’n mens kon nietemin die groei opmerk met die koms van die Queensland Junior Rugbyunie en die Landelike Rugbyunie. In 1950 het die Queensland Rugbyunie die Normanby Ovaal van die Brisbane Grammar School teen nominale rente verkry voordat hulle in 1966 na die Ballymorestadion verskuif het. Dit sou die spirituele tuiste van Queensland rugby word. In 1980 het Queensland die All Blacks geklop, wat hulle hul eerste sege teen Nieu-Seeland besorg het. Die wedstryd is op 6 Julie by Ballymore gespeel en Queensland het met 9 - 3 gewen. Twee seisoene later het die eeufeesviering van die unie plaasgevind met Queensland wat met hierdie geleentheid weer die All Blacks geklop het (41 - 7) in ’n feeswedstryd. ### Vroeë Superrugby Die eerste Super 10-kompetisie is in 1993 gehou. Queensland was in Poel A saam met Auckland, Natal,Wes-Samoa en Otago. Queensland het vierde geëindig met vyfpunte. In die daaropvolgende Super 10-kompetisie in 1994 het Queensland bo-aan Poel A geëindig met 13 punte deur ’n beter punteverskil as North Harbour, wat ook 12 punte gehad het, te hê. Die Queensland Reds het toe teen die Suid-Afrikaanse span van Natal (wenner van Poel B) gespeel. Die Reds het as wenners uit die stryd getree nadat hulle met 21 - 10 gewen het op Kings Park in Durban. In die volgende seisoen was hulle nog meer suksesvol toe hullein Poel B gespeel het. Hulle het die seisoen afgesluit met 16 punte op die punteleër, vier punte meer as die Vrystaat, wat tweede was. Die Transvaal het bo-aan Poel A geëindig en die eindstryd is op Ellispark in Johannesburg beslis. Queensland het hier met 30 - 16 gewen. ### Super 12 Met rugby wat die professionele era betree het, is die kompetisies ook aangepas. Die SANZAR-vennootskap is gevorm tussen die Nieu-Seelandse Rugby Voetbal Unie (NZRVU), die Suid-Afrikaanse Rugby Voetbal Unie (SARVU) en die Australiese Rugbyunie (ARU) en die Super 12 is gebore. In die 1996-seisoen het Queensland bo-aan die punteleër geëindig. Queensland se haldeindstryd is op 18 Mei 1996 op die Ballymorestadion gespeel teen die span van Natal. Natal het die wedstryd met 43 - 25 gewen. In die 1997-seisoen het die Reds negende geëindig op die punteleër. In 1998 het die Reds ’n baie beter seisoen gehad en het hulle vyfde geëindig. In 1999 het die Reds slegs drie wedstryde in die rondomtalie verloor en het hulle bo-aan die punteleër geëindig (die Stormers het ook 36 punte gehad maar die Reds het ’n beter punteverskil gehad). Die Reds het teen die Crusaders gespeel in die halfeindronde en die Crusaders het met 22 - 28 gewen. In 2000 het die Reds sewende geëindig. In 2001 het die Reds weer beter gevaar en vierde op die punteleër geëindig. Hulle het in die halfeindronde teen die Brumbies gespeel en met 30 -6 verloor. 2002 was ’n effens slegter jaar en die Reds het vyfde geëindig. In 2003 was hulle agtste, in 2004 tiende en so ook in 2005. ### Super 14 In 2006 het die Super 12 die Super 14 geword met die toevoeging van die Western Force en die Cheetahs tot die kompetisie. In (2006) het die Reds 12de geëindig. Die nuwe afrigter het met ’n oorwinning afgeskop teen ’n Japannese klub, NEC, en met 63 - 22 gewen. Die Reds het ook deelgeneem aan die Australiese Provinsiale Kampioenskap en het in hul openingswedstryd met 32 - 6 teen die Force verloor. Hulle het in die tweede week egter teen die Waratahs gewen met 39 - 17 in Gosford en in die week daarna het hulle die voorlopers in die reeks, die Brumbies, met 20 - 19 gewen. Dit het hulle laat kwalifiseer vir die eindronde teen die Brumbies in Canberra maar die Reds het hier verloor met 42 - 17. Later in die jaar het die Reds teen die Kersiebloeisels met 29 - 22 in Japan gewen. Die voormalige Wallaby-afrigter, Eddie Jones, het die leisels by Jeff Miller oorgeneem as afrigter. In die 2007 Super 14-seisoen het die Reds die spreekwoordelike houtlepel gewen nadat hulle laaste geëindig het. Hulle het goed begin deur die finalste van 2006, die Hurricanes, in die eerste ronde te wen. Hulle kon egter eers weer in die 12de ronde ’n wedstryd wen. Die Reds se seisoen is opgesom in hul wedstryd teen die Bulls toe hulle met 92 - 3 verloor het. Dit was die grootste verloor wat enige span in Superrugby nog beleef het. Die grootste telling in Superrugby is egter 96 wat die Crusaders teen die Waratahs in 2002 behaal het. Die 2008 Super 14-seisoen het ’n klein oplewing in Reds-rugby beleef met ’n jeugdige span wat opwindende en ondernemende rugby gespeel het onder die nuwe afrigter, Phil Mooney. Hulle het in daardie seisoen wraak geneem op die Bulls deur hulle met 40 - 8 te verslaan. Dit was die hoogtepunt van die 2008-seisoen vir die Reds. Spannende wedstryde teen die Crusaders, Blues, Chiefs en die Waratahs, wat die Reds net-net verloor het, het veroorsaak dat hulle weer 12de geëindig het. Kleure en logo’s ---------------- 2007 gedenklogo. Die span se drag bestaan uit ’n rooi trui met ’n wit kraag, rooi broek en rooi kouse met wit ringe. Tot 2009 het die span nog uitgedraf met blou broeke. Die span se klere word gemaak deur KooGa en die korporatiewe logo van Queensland Rail, saam met die logo’s van die Reds en die Queensland Rugbyunie, vertoon op die voorkant van die trui. Voor 1895 het Queensland ’n verskeidenheid van truie gedra totdat die rooi/maroen die kleur van die Queensland-trui geword het. In 2007 het die Reds ’n gedenktrui gedra om die 125-jarige bestaan van Queensland Rugby te vier. Dit het gepaardgegaan met ’n herdenkteken met die vier wapens wat Queensland Rugby al oor die jare gehad het. Die 125-jarige herdenkteken het uit vier kwarte bestaan met die logo van die Noordelike Rugbyunie van 1882 (bo links), die embleem van 1910 (bo regs), die logo van 1935 (onder regs) en die huidige logo (onder regs). Stadion ------- Suncorpstadion Die tradisionele tuiste van Queensland Rugby is Ballymore wat in die laat 1960s in Brisbane gebou is. Regdeur die Super 12 het die Reds hul tuiswedstryde daar gespeel. Die stadion het ook ’n paar wedstryde aangebied tydens die heel eerste Rugbywêreldbeker in 1987 waaronder ’n kwarteindronde. Ballymore sou tydens die Rugbywêreldbeker 2003 ook wedstryde aanbied, maar weens baie goeie kaartjieverkope is die wedstryde verskuif na die Suncorpstadion. Met die uitbreiding van die Super 12 na 14 vir die 2006-seisoen, het die Reds ook verskuif na die groter Suncorpstadion met sitplek vir 52 000. Die stadion word beskou as ’n belegging in die toekoms van Queensland Rugby omdat dit makliker toegang bied en fasiliteite van wêreldgehalte bied. Teen die einde van die 2006-seisoen het die Reds hul laaste tuiswedstryd op die Dairy Farmers-stadion in Noord-Queensland gespeel. Buite seisoen speel die Reds heelwat wedstryde op Ballymore en die Reds het in die voorseisoen ook al wedstryde gespeel aan die Goudkus op Carrarastadion. Borgskap -------- In 2005 het die Bank van Queensland hul langdurige borgskap laat vaar en baie ondersteuners was bang dat die Reds nie weer ’n borg sou kry wat vergelykbaar met BVQ s'n is nie. Net voor die aanvang van die 2006-seisoen het Queensland Rail hul borgskap aangekondig wat sprake van finansiële ondergang vir die Reds beëindig het. Na die eerste wedstryd van die 2007-seisoen is aangekondig dat Virgin Blue ook ’n hoofborg van die Reds sou word. Tweestryde ---------- Queensland se berugste tweestryde is uiteraard met die ander Australiese spanne in die Super 14 (Brumbies, Western Force en die Waratahs). Die bekendste hiervan is die interstaatwedstryd tussen Queensland en Nieu-Suid-Wallis. Die wedstryd tussen hierdie twee spanne lok gewoonlik die grootste getalle vir die Reds. Die wedstryde word ook gespeel om te bepaal wie met die Bob Templeton-trofee gaan wegstap. Van die meer as 270 wedstryde wat al gespeel is tussen Nieu-Suid-Wallis en Queensland het Nieu-Suid-Wallis 170 gewen, Queensland 80 en 12 wedstryde was gelykop. In elf Superwedstryde het Queensland oorheers met 8 seges, twee verliese en een gelykop uitslag. Seisoenbepalings ---------------- ### Super 10 | Seisoen | Pos | Gespeel | Gewen | Gelyk | Verloor | Pte | Notas | | --- | --- | --- | --- | --- | --- | --- | --- | | 1993 | **4de** | 5 | 1 | 0 | 4 | **5** | | | 1994 | **1ste** | 5 | 4 | 0 | 1 | **13** | Wen eindstryd teen Natal | | 1995 | **1ste** | 5 | 4 | 0 | 1 | **16** | Wen eindstryd teen Transvaal | | ### Super 12 Die volgende tabel som die Reds se Super 12-uitslae op: | Seisoen | Pos | Gespeel | Gewen | Gelyk | Verloor | Punte vir | Punte teen | +/- | BP | Pte | Notas | | --- | --- | --- | --- | --- | --- | --- | --- | --- | --- | --- | --- | | 1996 | **1ste** | 11 | 9 | 0 | 2 | 320 | 247 | +73 | 5 | **41** | verloor in halfeindronde teen Natal | | 1997 | **10de** | 11 | 4 | 0 | 7 | 263 | 318 | -55 | 4 | **20** | | | 1998 | **5de** | 11 | 6 | 1 | 4 | 273 | 229 | +44 | 5 | **31** | | | 1999 | **1ste** | 11 | 8 | 1 | 2 | 233 | 170 | +63 | 2 | **36** | verloor in halfeindronde teen Canterbury Crusaders | | 2000 | **7de** | 11 | 6 | 0 | 5 | 317 | 305 | +12 | 6 | **30** | | | 2001 | **4de** | 11 | 6 | 0 | 5 | 300 | 277 | +33 | 8 | **32** | verloor in halfeindronde teen ACT Brumbies | | 2002 | **5de** | 11 | 7 | 0 | 4 | 336 | 287 | +49 | 6 | **34** | | | 2003 | **8ste** | 11 | 5 | 0 | 6 | 281 | 318 | -37 | 6 | **26** | | | 2004 | **10de** | 11 | 5 | 0 | 6 | 217 | 246 | -29 | 5 | **25** | | | 2005 | **10de** | 11 | 3 | 0 | 8 | 185 | 282 | -97 | 5 | **17** | | ### Super 14 Die volgende tabel som die Reds se Super 14-uitslae op: | Seisoen | Pos | Gespeel | Gewen | Gelyk | Verloor | Punte vir | Punte teen | +/- | BP | Pte | Notas | | --- | --- | --- | --- | --- | --- | --- | --- | --- | --- | --- | --- | | 2006 | **12de** | 13 | 4 | 0 | 9 | 240 | 320 | -80 | 6 | **22** | | | 2007 | **14de** | 13 | 2 | 0 | 11 | 201 | 438 | -237 | 3 | **11** | | | 2008 | **12de** | 13 | 3 | 1 | 9 | 258 | 323 | -65 | 4 | **18** | | | 2009 | **13de** | 13 | 3 | 0 | 10 | 258 | 380 | -122 | 4 | **19** | | | 2010 | **5de** | 13 | 9 | 0 | 4 | 385 | 288 | 97 | 7 | **43** | | ### Superrugby Die volgende tabel som die Reds se Superrugby-uitslae op: | Seisoen | Pos | Gespeel | Gewen | Gelyk | Verloor | Punte vir | Punte teen | +/- | BP1 | Pte | Notas | | --- | --- | --- | --- | --- | --- | --- | --- | --- | --- | --- | --- | | 2011 | **1ste** | 16 | 13 | 0 | 3 | 429 | 309 | +120 | 6 | **66** | Wen teen Crusaders in eindronde | | 2012 | **3de** | 16 | 11 | 0 | 5 | 359 | 347 | +12 | 6 | **58** | Verloor teen Sharks in kwalifiserende ronde | | 2013 | **5de** | 16 | 10 | 2 | 4 | 321 | 296 | +25 | 6 | **58** | Verloor teen Crusaders in kwalifiserende ronde | | 2014 | **13de** | 16 | 5 | 0 | 11 | 374 | 493 | −119 | 8 | **28** | | | 2015 | **13de** | 16 | 4 | 0 | 12 | 247 | 434 | −187 | 6 | **22** | | 1 Punte toegeken vir ’n loslootjie is nie hierby ingereken nie. Die volgende tabel som die Reds se Superrugby-uitslae vir die uitgebreide toernooi van agtien spanne op: | Seisoen | Pos Alg | Pos Groep | Gespeel | Gewen | Gelyk | Verloor | Punte vir | Punte teen | +/− | BP1 | Pte | Notas | | --- | --- | --- | --- | --- | --- | --- | --- | --- | --- | --- | --- | --- | | 2016 | **15de** | **9de** | 15 | 3 | 1 | 11 | 290 | 458 | –168 | 3 | **17** | | | 2017 | **14de** | **8ste** | 15 | 4 | 0 | 11 | 321 | 479 | –158 | 5 | **21** | | Huidige span ------------ Reds 2017 Superrugbyspan | | | | | | | --- | --- | --- | --- | --- | | **Stutte*** Vlag van Nieu-Seeland Sef Fa’agase * Pettowa Paraka * James Slipper Kaptein * Sam Talakai * Vlag van Tonga Taniela Tupou * Vlag van Swede Markus Vanzati **Hakers*** Alex Mafi * Stephen Moore * Andrew Ready **Slotte*** Kane Douglas * Cadeyrn Neville * Izack Rodda * Rob Simmons * Lukhan Tui |   | **Losvoorspelers*** Michael Gunn * Reece Hewat * Scott Higginbotham * Leroy Houston * Adam Korczyk * George Smith * Vlag van Japan Hendrik Tui **Skrumskakels*** Nick Frisby * Moses Sorovi * James Tuttle **Losskakels*** Quade Cooper * Jake McIntyre |   | **Senters*** Samu Kerevi * Campbell Magnay * Vlag van Nieu-Seeland Duncan Paia’aua * Henry Taefu **Vleuels*** Chris Feauai-Sautia * Chris Kuridrani * Lachlan Maranta * Vlag van Fidji Eto Nabuli * Jayden Ngamanu * Izaia Perese **Heelagters*** Karmichael Hunt | Afrigters --------- * John Connolly – 1989 tot 2000 * Mark McBain – 2001 tot 2002 * Andrew Slack – 2003 * Jeff Miller – 2004 tot 2006 * Eddie Jones – 2007 * Phil Mooney – 2008 tot 2009 * Ewen McKenzie – 2010 tot 2013 * Richard Graham – 2014 tot huidig Kapteins -------- * Tim Horan (1996 - 1997) * David Wilson (1998- 1999) * John Eales (2000 - 2001) * Daniel Herbert (2002 - 2003) * Toutai Kefu (2003) * Elton Flatley (2004 - 2005) * John Roe (2006 - 2008) * Sam Cordingley (2008) * James Horwill (2008 - 2014) * Berrick Barnes (2009) Vervang beseerde James Howrill * Will Genia (2010 - 2013) Vervang beseerde James Horwill * Quade Cooper (2013) Wedstryd teen die Britse en Ierse Leeus * James Slipper (2015 tot huidig) * Rob Simmons (2016 tot huidig) Vervang beseerde James Slipper Titels ------ * **Super 6:** + Kampioene: 1992 * **Super 10:** + Kampioene: 1994, 1995 * **Australiese Provinsiale Kampioenskap:** + Tweede plek: 2006 * **Superrugby:** + Bo-aan punteleër: 1996, 1999, 2011 + Kampioene: 2011 Rekords en statistieke ---------------------- * **Meeste punte in ’n loopbaan** - Quade Cooper (638 punte, 2006-2014) * **Meeste punte in ’n seisoen** - John Eales (155 punte, 1996) * **Meeste drieë in ’n loopbaan** - Chris Latham (38 drieë, 1998 tot 2008) * **Meeste drieë in ’n seisoen** - Chris Latham (10 drieë, 2002)
{ "title": "Reds (Superrugbyspan)", "mostly_tablelist": false, "tablelist_ratio": [ 4521, 13178, 0.34307178631051755 ], "infobox": [ "<table about=\"#mwt1\" cellspacing=\"0\" class=\"infobox\" data-mw=\"{&quot;parts&quot;:[{&quot;template&quot;:{&quot;target&quot;:{&quot;wt&quot;:&quot;Inligtingskas Rugbyspan\\n&quot;,&quot;href&quot;:&quot;./Sjabloon:Inligtingskas_Rugbyspan&quot;},&quot;params&quot;:{&quot;spannaam&quot;:{&quot;wt&quot;:&quot;Queensland Reds&quot;},&quot;beeld&quot;:{&quot;wt&quot;:&quot;QLD reds logo.svg&quot;},&quot;unie&quot;:{&quot;wt&quot;:&quot;[[Queensland Rugbyunie]]&quot;},&quot;bynaam&quot;:{&quot;wt&quot;:&quot;&quot;},&quot;embleem&quot;:{&quot;wt&quot;:&quot;Koala&quot;},&quot;kaptein&quot;:{&quot;wt&quot;:&quot;[[James Slipper]]&quot;},&quot;afrigter&quot;:{&quot;wt&quot;:&quot;[[Richard Graham]]&quot;},&quot;gestig&quot;:{&quot;wt&quot;:&quot;1996&quot;},&quot;ligging&quot;:{&quot;wt&quot;:&quot;[[Brisbane]]&quot;},&quot;streek&quot;:{&quot;wt&quot;:&quot;[[Queensland]]&quot;},&quot;stadion&quot;:{&quot;wt&quot;:&quot;[[Suncorpstadion]]&quot;},&quot;kapasiteit&quot;:{&quot;wt&quot;:&quot;52&amp;nbsp;500&quot;},&quot;liga&quot;:{&quot;wt&quot;:&quot;[[Superrugby]]&quot;},&quot;seisoen&quot;:{&quot;wt&quot;:&quot;[[2018 Superrugbyseisoen|2018]]&quot;},&quot;posisie&quot;:{&quot;wt&quot;:&quot;13de&quot;},&quot;president&quot;:{&quot;wt&quot;:&quot;&quot;},&quot;ceo&quot;:{&quot;wt&quot;:&quot;&quot;},&quot;patroon_la1&quot;:{&quot;wt&quot;:&quot;_redsleft15&quot;},&quot;patroon_b1&quot;:{&quot;wt&quot;:&quot;_redskit15&quot;},&quot;patroon_ra1&quot;:{&quot;wt&quot;:&quot;_redsright15&quot;},&quot;linkerarm1&quot;:{&quot;wt&quot;:&quot;c2002e&quot;},&quot;liggaam1&quot;:{&quot;wt&quot;:&quot;c2002e&quot;},&quot;regterarm1&quot;:{&quot;wt&quot;:&quot;c2002e&quot;},&quot;broek1&quot;:{&quot;wt&quot;:&quot;c2002e&quot;},&quot;kouse1&quot;:{&quot;wt&quot;:&quot;c2002e&quot;},&quot;patroon_la2&quot;:{&quot;wt&quot;:&quot;_redsleftb15&quot;},&quot;patroon_b2&quot;:{&quot;wt&quot;:&quot;_redskitb15&quot;},&quot;patroon_ra2&quot;:{&quot;wt&quot;:&quot;_redsrightb15&quot;},&quot;linkerarm2&quot;:{&quot;wt&quot;:&quot;FFFFFF&quot;},&quot;liggaam2&quot;:{&quot;wt&quot;:&quot;FFFFFF&quot;},&quot;regterarm2&quot;:{&quot;wt&quot;:&quot;FFFFFF&quot;},&quot;broek2&quot;:{&quot;wt&quot;:&quot;22223E&quot;},&quot;kouse2&quot;:{&quot;wt&quot;:&quot;22223E&quot;},&quot;statistiek&quot;:{&quot;wt&quot;:&quot;Statistiek&quot;},&quot;wedstryde&quot;:{&quot;wt&quot;:&quot;'''148''' [[Sean Hardman]]&quot;},&quot;toppuntebehaler&quot;:{&quot;wt&quot;:&quot;'''638''' [[Quade Cooper]] &lt;!-- soos op 7 Maart 2014 --&gt;&quot;},&quot;meestedrieë&quot;:{&quot;wt&quot;:&quot;&quot;},&quot;jongstespeler&quot;:{&quot;wt&quot;:&quot;&quot;},&quot;eerste&quot;:{&quot;wt&quot;:&quot;[[Highlanders (Superrugbyspan)|Otago Highlanders]] 57 – 17 '''Queensland Reds'''&lt;BR/&gt;(3 Maart 1996)&quot;},&quot;grootwen&quot;:{&quot;wt&quot;:&quot;'''Reds''' 53 – 3 [[Melbourne Rebels (Superrugbyspan)|Rebels]]&lt;BR/&gt;(18 Maart 2011) 50&quot;},&quot;grootverloor&quot;:{&quot;wt&quot;:&quot;[[Bulls (Superrugbyspan)|Bulls]] 92 – 3 '''Queensland Reds'''&lt;BR/&gt;(5 Mei 2007) 89&quot;},&quot;url&quot;:{&quot;wt&quot;:&quot;&quot;},&quot;unieurl&quot;:{&quot;wt&quot;:&quot;www.redsrugby.com.au&quot;}},&quot;i&quot;:0}}]}\" id=\"mwAg\" style=\"font-size: 85%; text-align: left;\" typeof=\"mw:Transclusion\" width=\"250\">\n<tbody><tr>\n<td align=\"center\" colspan=\"4\" style=\"font-size:1.3em; text-align: center;  \"><b>Queensland Reds</b></td></tr>\n<tr>\n<td align=\"center\" colspan=\"5\" style=\"background-color:#ffffff; border-top:solid 1px #ccd2d9; border-bottom:solid 1px #ccd2d9;\"><span typeof=\"mw:File\"><a class=\"mw-file-description\" href=\"./Lêer:QLD_reds_logo.svg\"><img class=\"mw-file-element\" data-file-height=\"255\" data-file-type=\"drawing\" data-file-width=\"269\" decoding=\"async\" height=\"199\" resource=\"./Lêer:QLD_reds_logo.svg\" src=\"//upload.wikimedia.org/wikipedia/af/thumb/e/e1/QLD_reds_logo.svg/210px-QLD_reds_logo.svg.png\" srcset=\"//upload.wikimedia.org/wikipedia/af/thumb/e/e1/QLD_reds_logo.svg/315px-QLD_reds_logo.svg.png 1.5x, //upload.wikimedia.org/wikipedia/af/thumb/e/e1/QLD_reds_logo.svg/420px-QLD_reds_logo.svg.png 2x\" width=\"210\"/></a></span></td></tr>\n<tr>\n<td colspan=\"2\" width=\"33%\"><b>Embleem</b></td>\n<td colspan=\"3\">Koala</td></tr>\n<tr>\n<td colspan=\"2\" width=\"33%\"><b>Stigting</b></td>\n<td colspan=\"3\" width=\"67%\">1996</td></tr>\n<tr>\n<td colspan=\"2\"><b>Unie</b></td>\n<td colspan=\"3\"><a class=\"new\" data-mw-i18n='{\"title\":{\"lang\":\"x-page\",\"key\":\"red-link-title\",\"params\":[\"Queensland Rugbyunie\"]}}' href=\"./Queensland_Rugbyunie?action=edit&amp;redlink=1\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Queensland Rugbyunie\" typeof=\"mw:LocalizedAttrs\">Queensland Rugbyunie</a></td></tr>\n<tr>\n<td colspan=\"2\"><b>Ligging</b></td>\n<td colspan=\"3\"><a href=\"./Brisbane\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Brisbane\">Brisbane</a></td></tr>\n<tr>\n<td colspan=\"2\"><b>Streek</b></td>\n<td colspan=\"3\"><a href=\"./Queensland\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Queensland\">Queensland</a></td></tr>\n<tr>\n<td colspan=\"2\"><b>Stadion</b></td>\n<td colspan=\"3\"><a href=\"./Suncorpstadion\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Suncorpstadion\">Suncorpstadion</a></td></tr>\n<tr>\n<td colspan=\"2\"><b>Kapasiteit</b></td>\n<td colspan=\"3\">52<span typeof=\"mw:Entity\"> </span>500</td></tr>\n<tr>\n<td colspan=\"2\"><b>Afrigter(s)</b></td>\n<td colspan=\"3\"><a class=\"new\" data-mw-i18n='{\"title\":{\"lang\":\"x-page\",\"key\":\"red-link-title\",\"params\":[\"Richard Graham\"]}}' href=\"./Richard_Graham?action=edit&amp;redlink=1\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Richard Graham\" typeof=\"mw:LocalizedAttrs\">Richard Graham</a></td></tr>\n<tr>\n<td colspan=\"2\"><b>Kaptein(s)</b></td>\n<td colspan=\"3\"><a class=\"new\" data-mw-i18n='{\"title\":{\"lang\":\"x-page\",\"key\":\"red-link-title\",\"params\":[\"James Slipper\"]}}' href=\"./James_Slipper?action=edit&amp;redlink=1\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"James Slipper\" typeof=\"mw:LocalizedAttrs\">James Slipper</a></td></tr>\n<tr>\n<td colspan=\"2\"><b>Liga(s)</b></td>\n<td colspan=\"3\"><a href=\"./Superrugby\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Superrugby\">Superrugby</a></td></tr>\n<tr>\n<td colspan=\"2\"><b><a href=\"./2018_Superrugbyseisoen\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"2018 Superrugbyseisoen\">2018</a></b></td>\n<td colspan=\"3\">13de</td></tr>\n<tr>\n<td align=\"center\" colspan=\"2\" style=\"border-top:solid 1px #ccd2d9; vertical-align:middle;background-color:#ffffff;\"><div style=\"width: 100px; margin: 0 auto; padding: 0; text-align: center;\">\n<div style=\"position: relative; left: 0px; top: 0px; width: 100px; height: 135px; margin: 0 auto; padding: 0;\">\n<div style=\"position: absolute; left: 0px; top: 0px; width: 31px; height: 59px; background-color: #c2002e;\"><span class=\"mw-default-size mw-valign-top\" data-mw='{\"caption\":\"Spankleure\"}' typeof=\"mw:File\"><a class=\"mw-file-description\" href=\"./Lêer:Kit_left_arm_redsleft15.png\" title=\"Spankleure\"><img alt=\"\" class=\"mw-file-element\" data-file-height=\"59\" data-file-type=\"bitmap\" data-file-width=\"31\" decoding=\"async\" height=\"59\" resource=\"./Lêer:Kit_left_arm_redsleft15.png\" src=\"//upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/4/4d/Kit_left_arm_redsleft15.png\" width=\"31\"/></a></span></div>\n<div style=\"position: absolute; left: 0px; top: 0px; width: 31px; height: 59px;\"><span class=\"mw-default-size mw-valign-top\" typeof=\"mw:File\"><span><img alt=\"\" class=\"mw-file-element\" data-file-height=\"59\" data-file-type=\"drawing\" data-file-width=\"31\" decoding=\"async\" height=\"59\" resource=\"./Lêer:Kit_left_arm.svg\" src=\"//upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/7/7f/Kit_left_arm.svg/31px-Kit_left_arm.svg.png\" srcset=\"//upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/7/7f/Kit_left_arm.svg/47px-Kit_left_arm.svg.png 1.5x, //upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/7/7f/Kit_left_arm.svg/62px-Kit_left_arm.svg.png 2x\" width=\"31\"/></span></span></div>\n<div style=\"position: absolute; left: 31px; top: 0px; width: 38px; height: 59px; background-color: #c2002e;\"><span class=\"mw-default-size mw-valign-top\" typeof=\"mw:File\"><span><img alt=\"\" class=\"mw-file-element\" data-file-height=\"59\" data-file-type=\"bitmap\" data-file-width=\"38\" decoding=\"async\" height=\"59\" resource=\"./Lêer:Kit_body_redskit15.png\" src=\"//upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/c/cd/Kit_body_redskit15.png\" width=\"38\"/></span></span></div>\n<div style=\"position: absolute; left: 31px; top: 0px; width: 38px; height: 59px;\"><span class=\"mw-default-size mw-valign-top\" typeof=\"mw:File\"><span><img alt=\"\" class=\"mw-file-element\" data-file-height=\"59\" data-file-type=\"drawing\" data-file-width=\"38\" decoding=\"async\" height=\"59\" resource=\"./Lêer:Kit_body.svg\" src=\"//upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/8/83/Kit_body.svg/38px-Kit_body.svg.png\" srcset=\"//upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/8/83/Kit_body.svg/57px-Kit_body.svg.png 1.5x, //upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/8/83/Kit_body.svg/76px-Kit_body.svg.png 2x\" width=\"38\"/></span></span></div>\n<div style=\"position: absolute; left: 69px; top: 0px; width: 31px; height: 59px; background-color: #c2002e;\"><span class=\"mw-default-size mw-valign-top\" typeof=\"mw:File\"><span><img alt=\"\" class=\"mw-file-element\" data-file-height=\"59\" data-file-type=\"bitmap\" data-file-width=\"31\" decoding=\"async\" height=\"59\" resource=\"./Lêer:Kit_right_arm_redsright15.png\" src=\"//upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/3/33/Kit_right_arm_redsright15.png\" width=\"31\"/></span></span></div>\n<div style=\"position: absolute; left: 69px; top: 0px; width: 31px; height: 59px;\"><span class=\"mw-default-size mw-valign-top\" typeof=\"mw:File\"><span><img alt=\"\" class=\"mw-file-element\" data-file-height=\"59\" data-file-type=\"drawing\" data-file-width=\"31\" decoding=\"async\" height=\"59\" resource=\"./Lêer:Kit_right_arm.svg\" src=\"//upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/c/cd/Kit_right_arm.svg/31px-Kit_right_arm.svg.png\" srcset=\"//upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/c/cd/Kit_right_arm.svg/47px-Kit_right_arm.svg.png 1.5x, //upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/c/cd/Kit_right_arm.svg/62px-Kit_right_arm.svg.png 2x\" width=\"31\"/></span></span></div>\n<div style=\"position: absolute; left: 0px; top: 59px; width: 100px; height: 36px; background-color: #c2002e\"></div>\n<div style=\"position: absolute; left: 0px; top: 59px; width: 100px; height: 36px;\"><span class=\"mw-default-size mw-valign-top\" typeof=\"mw:File\"><span><img alt=\"\" class=\"mw-file-element\" data-file-height=\"36\" data-file-type=\"drawing\" data-file-width=\"100\" decoding=\"async\" height=\"36\" resource=\"./Lêer:Kit_shorts.svg\" src=\"//upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/a/af/Kit_shorts.svg/100px-Kit_shorts.svg.png\" srcset=\"//upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/a/af/Kit_shorts.svg/150px-Kit_shorts.svg.png 1.5x, //upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/a/af/Kit_shorts.svg/200px-Kit_shorts.svg.png 2x\" width=\"100\"/></span></span></div>\n<div style=\"position: absolute; left: 0px; top: 95px; width: 100px; height: 40px; background-color: #c2002e\"></div>\n<div style=\"position: absolute; left: 0px; top: 95px; width: 100px; height: 40px;\"><span class=\"mw-default-size mw-valign-top\" typeof=\"mw:File\"><span><img alt=\"\" class=\"mw-file-element\" data-file-height=\"40\" data-file-type=\"drawing\" data-file-width=\"100\" decoding=\"async\" height=\"40\" resource=\"./Lêer:Kit_socks_long.svg\" src=\"//upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/9/9b/Kit_socks_long.svg/100px-Kit_socks_long.svg.png\" srcset=\"//upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/9/9b/Kit_socks_long.svg/150px-Kit_socks_long.svg.png 1.5x, //upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/9/9b/Kit_socks_long.svg/200px-Kit_socks_long.svg.png 2x\" width=\"100\"/></span></span></div>\n</div>\n<div style=\"padding-top: 0.6em; text-align: center;\"><b>Tuiskleure</b></div>\n</div>\n<p>\n<br/></p></td>\n<td align=\"center\" colspan=\"2\" style=\"border-top:solid 1px #ccd2d9; vertical-align:middle; background-color:#ffffff;\" width=\"50%\"><div style=\"width: 100px; margin: 0 auto; padding: 0; text-align: center;\">\n<div style=\"position: relative; left: 0px; top: 0px; width: 100px; height: 135px; margin: 0 auto; padding: 0;\">\n<div style=\"position: absolute; left: 0px; top: 0px; width: 31px; height: 59px; background-color: #FFFFFF;\"><span class=\"mw-default-size mw-valign-top\" data-mw='{\"caption\":\"Spankleure\"}' typeof=\"mw:File\"><a class=\"mw-file-description\" href=\"./Lêer:Kit_left_arm_redsleftb15.png\" title=\"Spankleure\"><img alt=\"\" class=\"mw-file-element\" data-file-height=\"59\" data-file-type=\"bitmap\" data-file-width=\"31\" decoding=\"async\" height=\"59\" resource=\"./Lêer:Kit_left_arm_redsleftb15.png\" src=\"//upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/1/15/Kit_left_arm_redsleftb15.png\" width=\"31\"/></a></span></div>\n<div style=\"position: absolute; left: 0px; top: 0px; width: 31px; height: 59px;\"><span class=\"mw-default-size mw-valign-top\" typeof=\"mw:File\"><span><img alt=\"\" class=\"mw-file-element\" data-file-height=\"59\" data-file-type=\"drawing\" data-file-width=\"31\" decoding=\"async\" height=\"59\" resource=\"./Lêer:Kit_left_arm.svg\" src=\"//upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/7/7f/Kit_left_arm.svg/31px-Kit_left_arm.svg.png\" srcset=\"//upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/7/7f/Kit_left_arm.svg/47px-Kit_left_arm.svg.png 1.5x, //upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/7/7f/Kit_left_arm.svg/62px-Kit_left_arm.svg.png 2x\" width=\"31\"/></span></span></div>\n<div style=\"position: absolute; left: 31px; top: 0px; width: 38px; height: 59px; background-color: #FFFFFF;\"><span class=\"mw-default-size mw-valign-top\" typeof=\"mw:File\"><span><img alt=\"\" class=\"mw-file-element\" data-file-height=\"59\" data-file-type=\"bitmap\" data-file-width=\"38\" decoding=\"async\" height=\"59\" resource=\"./Lêer:Kit_body_redskitb15.png\" src=\"//upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/8/81/Kit_body_redskitb15.png\" width=\"38\"/></span></span></div>\n<div style=\"position: absolute; left: 31px; top: 0px; width: 38px; height: 59px;\"><span class=\"mw-default-size mw-valign-top\" typeof=\"mw:File\"><span><img alt=\"\" class=\"mw-file-element\" data-file-height=\"59\" data-file-type=\"drawing\" data-file-width=\"38\" decoding=\"async\" height=\"59\" resource=\"./Lêer:Kit_body.svg\" src=\"//upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/8/83/Kit_body.svg/38px-Kit_body.svg.png\" srcset=\"//upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/8/83/Kit_body.svg/57px-Kit_body.svg.png 1.5x, //upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/8/83/Kit_body.svg/76px-Kit_body.svg.png 2x\" width=\"38\"/></span></span></div>\n<div style=\"position: absolute; left: 69px; top: 0px; width: 31px; height: 59px; background-color: #FFFFFF;\"><span class=\"mw-default-size mw-valign-top\" typeof=\"mw:File\"><span><img alt=\"\" class=\"mw-file-element\" data-file-height=\"59\" data-file-type=\"bitmap\" data-file-width=\"31\" decoding=\"async\" height=\"59\" resource=\"./Lêer:Kit_right_arm_redsrightb15.png\" src=\"//upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/2/22/Kit_right_arm_redsrightb15.png\" width=\"31\"/></span></span></div>\n<div style=\"position: absolute; left: 69px; top: 0px; width: 31px; height: 59px;\"><span class=\"mw-default-size mw-valign-top\" typeof=\"mw:File\"><span><img alt=\"\" class=\"mw-file-element\" data-file-height=\"59\" data-file-type=\"drawing\" data-file-width=\"31\" decoding=\"async\" height=\"59\" resource=\"./Lêer:Kit_right_arm.svg\" src=\"//upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/c/cd/Kit_right_arm.svg/31px-Kit_right_arm.svg.png\" srcset=\"//upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/c/cd/Kit_right_arm.svg/47px-Kit_right_arm.svg.png 1.5x, //upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/c/cd/Kit_right_arm.svg/62px-Kit_right_arm.svg.png 2x\" width=\"31\"/></span></span></div>\n<div style=\"position: absolute; left: 0px; top: 59px; width: 100px; height: 36px; background-color: #22223E\"></div>\n<div style=\"position: absolute; left: 0px; top: 59px; width: 100px; height: 36px;\"><span class=\"mw-default-size mw-valign-top\" typeof=\"mw:File\"><span><img alt=\"\" class=\"mw-file-element\" data-file-height=\"36\" data-file-type=\"drawing\" data-file-width=\"100\" decoding=\"async\" height=\"36\" resource=\"./Lêer:Kit_shorts.svg\" src=\"//upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/a/af/Kit_shorts.svg/100px-Kit_shorts.svg.png\" srcset=\"//upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/a/af/Kit_shorts.svg/150px-Kit_shorts.svg.png 1.5x, //upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/a/af/Kit_shorts.svg/200px-Kit_shorts.svg.png 2x\" width=\"100\"/></span></span></div>\n<div style=\"position: absolute; left: 0px; top: 95px; width: 100px; height: 40px; background-color: #22223E\"></div>\n<div style=\"position: absolute; left: 0px; top: 95px; width: 100px; height: 40px;\"><span class=\"mw-default-size mw-valign-top\" typeof=\"mw:File\"><span><img alt=\"\" class=\"mw-file-element\" data-file-height=\"40\" data-file-type=\"drawing\" data-file-width=\"100\" decoding=\"async\" height=\"40\" resource=\"./Lêer:Kit_socks_long.svg\" src=\"//upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/9/9b/Kit_socks_long.svg/100px-Kit_socks_long.svg.png\" srcset=\"//upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/9/9b/Kit_socks_long.svg/150px-Kit_socks_long.svg.png 1.5x, //upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/9/9b/Kit_socks_long.svg/200px-Kit_socks_long.svg.png 2x\" width=\"100\"/></span></span></div>\n</div>\n<div style=\"padding-top: 0.6em; text-align: center;\"><b>Weg<span typeof=\"mw:Entity\"> </span>kleure</b></div>\n</div></td></tr>\n<tr>\n<th colspan=\"5\" style=\"text-align:center; font-size:100%;\"><hr/><div style=\"background:silver;\">Statistiek</div></th></tr>\n<tr>\n<td colspan=\"2\"><b>Meeste wedstryde</b></td>\n<td colspan=\"3\" width=\"67%\"><b>148</b> <a class=\"new\" data-mw-i18n='{\"title\":{\"lang\":\"x-page\",\"key\":\"red-link-title\",\"params\":[\"Sean Hardman\"]}}' href=\"./Sean_Hardman?action=edit&amp;redlink=1\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Sean Hardman\" typeof=\"mw:LocalizedAttrs\">Sean Hardman</a></td></tr>\n<tr>\n<td colspan=\"2\"><b>Meeste punte</b></td>\n<td colspan=\"3\"><b>638</b> <a href=\"./Quade_Cooper\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Quade Cooper\">Quade Cooper</a></td></tr>\n<tr>\n<td align=\"center\" bgcolor=\"efefef\" colspan=\"5\" style=\"border-top:solid 1px #D3D3D3; text-align: center;\"><b>Eerste wedstryd</b></td></tr>\n<tr>\n<td align=\"center\" colspan=\"5\" style=\"text-align: center;\"><a href=\"./Highlanders_(Superrugbyspan)\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Highlanders (Superrugbyspan)\">Otago Highlanders</a> 57 – 17 <b>Queensland Reds</b><br/>(3 Maart 1996)</td></tr>\n<tr>\n<td align=\"center\" bgcolor=\"efefef\" colspan=\"5\" style=\"text-align: center;\"><b>Grootste oorwinning</b></td></tr>\n<tr>\n<td align=\"center\" colspan=\"5\" style=\"text-align: center;\"><b>Reds</b> 53 – 3 <a href=\"./Melbourne_Rebels_(Superrugbyspan)\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Melbourne Rebels (Superrugbyspan)\">Rebels</a><br/>(18 Maart 2011) 50</td></tr>\n<tr>\n<td align=\"center\" bgcolor=\"efefef\" colspan=\"5\" style=\"text-align: center;\"><b>Grootste nederlaag</b></td></tr>\n<tr>\n<td align=\"center\" colspan=\"5\" style=\"text-align: center;\"><a class=\"mw-redirect\" href=\"./Bulls_(Superrugbyspan)\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Bulls (Superrugbyspan)\">Bulls</a> 92 – 3 <b>Queensland Reds</b><br/>(5 Mei 2007) 89</td></tr>\n<tr>\n<td align=\"center\" bgcolor=\"#C0C0C0\" colspan=\"5\" style=\"text-align: center;\"><b>Unie webwerf</b></td></tr>\n<tr>\n<td align=\"center\" colspan=\"5\" style=\"text-align: center;\"><a class=\"external text\" href=\"http://www.redsrugby.com.au\" rel=\"mw:ExtLink nofollow\">www.redsrugby.com.au</a></td></tr>\n</tbody></table>" ], "td_tables": [], "text_length": 15614 }
**Marjorie Wallace** OIS (1925, Edinburgh – 26 Junie 2005, Onrus) was 'n Suid-Afrikaanse skilder wat in Skotland gebore is en daar groot geword en studeer het. Nadat sy die Afrikaanse skrywer Jan Rabie in Parys ontmoet het en met hom getroud is, het sy haar in 1955 saam met hom in Suid-Afrika gevestig. Wallace het van 1942 tot 1947 kuns studeer by die Edinburgh *College of Art*. Sy het reeds vroeg beïndruk as kunstenaar en het die jongste persoon ooit geword om verkies te word tot die Koninklike Skotse Kunsakademie. In 1947 word die Andrew Grant-reisbeurs aan haar toegeken wat dit vir haar moontlik maak om na Europa te reis. Sy woon 'n aantal jare in Parys waar sy aan 'n aantal groepuitstallings deelneem. Sy hou haar eerste solo-uitstalling in Edinburgh in *The Scottish Gallery*. Wallace en Rabie is op 4 Januarie 1955 in die Britse Ambassade in Parys getroud. In Oktober 1955 verhuis die egpaar na Kaapstad waar hulle ’n huis in Groenpunt met Eric Laubscher en sy vrou Claude Boucharain gedeel het.
{ "title": "Marjorie Wallace", "mostly_tablelist": false, "tablelist_ratio": [ 749, 1590, 0.4710691823899371 ], "infobox": [], "td_tables": [], "text_length": 1014 }
Die **Chesapeake Bay-impakkrater** is gevorm deur 'n bolied wat die ooskus van Noord-Amerika omtrent 35,5 ± 0,3 miljoen jaar gelede getref het, in die laat Eoseen. Dit is een van die bes bewaarde "natteiken"-impakkraters in die wêreld. Voortdurende wegsakking van sediment oor die rommel van die krater het Chesapeake Bay help vorm. Vorming en daarna ----------------- Tydens die warm laat Eoseen was die seevlakke hoog en die laagliggende kusgebied van Virginië het in die waters gelê. Die bolied het die Aarde getref teen 'n spoed van sowat 17,8 km per sekonde en 'n diep gat deur die sedimente en in die granietrotslaag uitgekalwe. Die bolied self het heeltemal verdamp, en die rotse is opgebreek tot 'n diepte van 8 km. 'n Kraterring het om die gebied ontstaan. Die hele ronde krater het 'n deursnee van sowat 85 km en is 1,3 km diep, met 'n oppervlakte van twee keer dié van Rhode Island, en amper so diep soos die Grand Canyon. Dit lyk egter of die deursnee ná die impak sowat 40 km kon gewees het, eerder as die waargenome 85 km. Die omringende streek het groot verwoesting ondergaan. Die wetenskaplike David Powars, een van die krater se ontdekkers, het die nasleep beskryf: "Binne minute is miljoene tonne water, sediment en versplinterde rots honderde meters hoog die atmosfeer ingeskiet aan die ooskus." 'n Enorme megatsoenami het die land oorspoel en dalk selfs die Blue Ridge Mountains bereik. Die sedimentmure van die krater het ineengestort; dit het die kater verbreed en 'n laag groot blokke op die vloer van die ringvormige trog gevorm. Die blokke is toe deur rommel bedek. Dit alles het 'n paar uur of dae geduur. Intussen is die krater begrawe deur bykomende sedimentbeddings wat in die 35 miljoen jaar ná die impak versamel het. Skakels ------- * Wikimedia Commons logo Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Chesapeake Bay-slagkrater. * Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik uit die Engelse Wikipedia vertaal. Koördinate: 37°17′N 76°1′W / 37.283°N 76.017°W / 37.283; -76.017 | | | | --- | --- | | Normdata Edit this at Wikidata | * GND: 4577107-8 * VIAF: 242291666 * WorldCat Identities (via VIAF): 242291666 |
{ "title": "Chesapeake Bay-slagkrater", "mostly_tablelist": false, "tablelist_ratio": [ 1293, 2820, 0.45851063829787236 ], "infobox": [ "<table about=\"#mwt2\" cellpadding=\"0\" cellspacing=\"0\" class=\"toccolours vatop infobox\" data-mw='{\"parts\":[{\"template\":{\"target\":{\"wt\":\"Inligtingskas impakkrater\\n\",\"href\":\"./Sjabloon:Inligtingskas_impakkrater\"},\"params\":{\"naam\":{\"wt\":\"Chesapeake Bay-impakkrater\"},\"beeld\":{\"wt\":\"Chesapeake Crater boundaries map.png\"},\"breedte\":{\"wt\":\"260\"},\"onderskrif\":{\"wt\":\"Die grense van die krater.\"},\"andernaam\":{\"wt\":\"\"},\"sekerheid\":{\"wt\":\"Bevestig\"},\"deursnee\":{\"wt\":\"85 km\"},\"diepte\":{\"wt\":\"1,3 km\"},\"hoogte\":{\"wt\":\"\"},\"voorwerpdeursnee\":{\"wt\":\"3 km\"},\"ouderdom\":{\"wt\":\"35,5 ± 0,3 miljoen jaar\"},\"boliedtipe\":{\"wt\":\"L-chondriet&lt;ref name=\\\"SchmitzBoschi2015\\\"&gt;{{cite journal|last1=Schmitz|first1=Birger|last2=Boschi|first2=Samuele|last3=Cronholm|first3=Anders|last4=Heck|first4=Philipp R.|last5=Monechi|first5=Simonetta|last6=Montanari|first6=Alessandro|last7=Terfelt|first7=Fredrik|title=Fragments of Late Eocene Earth-impacting asteroids linked to disturbance of asteroid belt|journal=Earth and Planetary Science Letters|volume=425|year=2015|pages=77–83|issn=0012-821X|doi=10.1016/j.epsl.2015.05.041|bibcode=2015E&amp;PSL.425...77S|doi-access=free}}&lt;/ref&gt;\"},\"ontbloot\":{\"wt\":\"Nee\"},\"land\":{\"wt\":\"{{vlagland|VSA}}\"},\"streek\":{\"wt\":\"[[Chesapeake Bay]]\"},\"staat\":{\"wt\":\"[[Virginië]]\"},\"provinsie\":{\"wt\":\"\"},\"distrik\":{\"wt\":\"\"},\"toegang\":{\"wt\":\"U.S. Route 13 na S.R. 184\"},\"ligging\":{\"wt\":\"[[Beeld:Chesapeake Crater location.png|260px]]\"}},\"i\":0}}]}' id=\"mwAg\" style=\"float:right; clear:right; width:260px; padding:3px; margin:1px 1px 1em 1em; font-size:85%;\" typeof=\"mw:Transclusion\">\n<tbody><tr><td colspan=\"3\" style=\"background-color:#FADFAD; color:#000000; text-align: center;\"><b><span style=\"font-size: 120%;\">Chesapeake Bay-impakkrater</span></b></td></tr>\n<tr>\n<td colspan=\"3\" style=\"text-align:center;\"><span data-mw='{\"caption\":\"Die grense van die krater.\"}' typeof=\"mw:File\"><a class=\"mw-file-description\" href=\"./Lêer:Chesapeake_Crater_boundaries_map.png\" title=\"Die grense van die krater.\"><img alt=\"Die grense van die krater.\" data-file-height=\"401\" data-file-type=\"bitmap\" data-file-width=\"440\" decoding=\"async\" height=\"231\" resource=\"./Lêer:Chesapeake_Crater_boundaries_map.png\" src=\"//upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/c/ca/Chesapeake_Crater_boundaries_map.png/254px-Chesapeake_Crater_boundaries_map.png\" srcset=\"//upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/c/ca/Chesapeake_Crater_boundaries_map.png/381px-Chesapeake_Crater_boundaries_map.png 1.5x, //upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/c/ca/Chesapeake_Crater_boundaries_map.png 2x\" width=\"254\"/></a></span></td></tr>\n<tr>\n<td colspan=\"3\" style=\"text-align: center;\"><i>Die grense van die krater.</i></td></tr>\n<tr>\n<td colspan=\"3\" style=\"background-color:#FADFAD; color:#000000; text-align: center;\"><b>Slagstruktuur</b></td></tr>\n<tr>\n<td style=\"font-weight:bold;\">Sekerheid</td><td colspan=\"2\">Bevestig</td></tr>\n<tr>\n<td style=\"font-weight:bold;\">Deursnee</td><td colspan=\"2\">85 km</td></tr>\n<tr>\n<td style=\"font-weight:bold;\">Diepte</td><td colspan=\"2\">1,3 km</td></tr>\n<tr>\n<td style=\"font-weight:bold;\">Voorwerp se deursnee</td><td colspan=\"2\">3 km</td></tr>\n<tr>\n<td style=\"font-weight:bold;\">Ouderdom</td><td colspan=\"2\">35,5 ± 0,3 miljoen jaar</td></tr>\n<tr>\n<td style=\"font-weight:bold;\">Boliedtipe</td><td colspan=\"2\">L-chondriet</td></tr>\n<tr>\n<td style=\"font-weight:bold;\">Ontbloot</td><td colspan=\"2\">Nee</td></tr>\n<tr>\n<td colspan=\"3\" style=\"background-color:#FADFAD; color:#000000; text-align: center;\"><b>Gebied</b></td></tr>\n<tr>\n<td style=\"font-weight:bold;\">Land</td><td colspan=\"2\"><span class=\"mw-image-border\" data-mw='{\"caption\":\"Vlag van Verenigde State van Amerika\"}' typeof=\"mw:File\"><a class=\"mw-file-description\" href=\"./Lêer:Flag_of_the_United_States.svg\" title=\"Vlag van Verenigde State van Amerika\"><img alt=\"Vlag van Verenigde State van Amerika\" data-file-height=\"650\" data-file-type=\"drawing\" data-file-width=\"1235\" decoding=\"async\" height=\"12\" resource=\"./Lêer:Flag_of_the_United_States.svg\" src=\"//upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/a/a4/Flag_of_the_United_States.svg/22px-Flag_of_the_United_States.svg.png\" srcset=\"//upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/a/a4/Flag_of_the_United_States.svg/33px-Flag_of_the_United_States.svg.png 1.5x, //upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/a/a4/Flag_of_the_United_States.svg/44px-Flag_of_the_United_States.svg.png 2x\" width=\"22\"/></a></span><span typeof=\"mw:Entity\"> </span><a href=\"./Verenigde_State_van_Amerika\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Verenigde State van Amerika\">Verenigde State</a></td></tr>\n<tr>\n<td style=\"font-weight:bold;\">Streek</td><td colspan=\"2\"><a href=\"./Chesapeake_Bay\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Chesapeake Bay\">Chesapeake Bay</a></td></tr>\n<tr>\n<td style=\"font-weight:bold;\">Staat</td><td colspan=\"2\"><a href=\"./Virginië\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Virginië\">Virginië</a></td></tr>\n<tr>\n<td style=\"font-weight:bold;\">Toegang</td><td colspan=\"2\">U.S. Route 13 na S.R. 184</td></tr>\n<tr>\n<td colspan=\"3\" style=\"background-color:#FADFAD; color:#000000; text-align: center;\"><b>Ligging</b></td></tr>\n<tr>\n<td colspan=\"3\" style=\"text-align: center;\"><span typeof=\"mw:File\"><a class=\"mw-file-description\" href=\"./Lêer:Chesapeake_Crater_location.png\"><img data-file-height=\"498\" data-file-type=\"bitmap\" data-file-width=\"664\" decoding=\"async\" height=\"195\" resource=\"./Lêer:Chesapeake_Crater_location.png\" src=\"//upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/e/ee/Chesapeake_Crater_location.png/260px-Chesapeake_Crater_location.png\" srcset=\"//upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/e/ee/Chesapeake_Crater_location.png/390px-Chesapeake_Crater_location.png 1.5x, //upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/e/ee/Chesapeake_Crater_location.png/520px-Chesapeake_Crater_location.png 2x\" width=\"260\"/></a></span></td></tr>\n</tbody></table>" ], "td_tables": [], "text_length": 2181 }
Ds. W. Rautenbach het die huidige kerkgebou se hoeksteen op 14 April 1962 gelê. Ds. W.L. Steenkamp, Klawer se eerste NG predikant, en sy vrou Hester, gebore Maree. Die **NG gemeente Klawer** is 'n betreklike jong gemeente van die Nederduitse Gereformeerde Kerk in die noordwestelike uithoek van die Wes-Kaap wat deel uitmaak van die Sinode van Wes-en-Suid-Kaapland. Stigting -------- Die gemeente Klawer is op 14 Desember 1949 deur die Ringskommissie, bestaande uit di. S.G. Basson, G.J.N. Maass en J.L. van Rooyen, gestig. Die hele gemeente van 560 lidmate was, met uitsondering van 10 huisgesinne, voorheen 'n deel van die gemeente Vanrhynsdorp en het bestaan uit drie wyke, naamlik Klawer (300 lidmate), Trawal (170 lidmate), Karookop (55 lidmate) en die tiental van Vredendal. Die besittings met die stigting was slegs twee sale, een op Klawer en een op Trawal, waarvan eersgenoemde 'n koue sementvloer gehad het. Verder het die gemeente 'n bruidskat van £300 en 'n morg (0,85 ha) grond bokant die kanaal gekry. Die gemeente het begin met baie min en geen pastorie nie, geen orreltjie en geen nagmaalservies of stoele nie. Alles was nog in 'n pasgebore toestand en herderloos. Eerste leraar ------------- Die eerste beroep, wat uitgebring is op 'n vorige leraar van Vanrhynsdorp, is van die hand gewys en die tweede is uitgebring op ds. W.L. Steenkamp wat toe op Springbok in die NG gemeente Namakwaland gestaan het en besig was met die organisasie van die eeufees van daardie gemeente. Hy was ook op die punt om 'n reis na Europa te onderneem. Hy het wel die beroep aangeneem, maar hy wou eers die reis onderneem en met die fees behulpsaam wees; gevolglik kon hy eers op 21 Oktober 1950 bevestig word. Sy seun, ds. L. M. Steenkamp, het die bevestigingsrede gehou na aanleiding van Hebr. 12:2: "Die oog op Jesus." Die volgende dag is die intreerede voor 'n groot gehoor gelewer oor die woorde in 2 Korintiërs 2:15: "Ons is 'n aangename geur van Christus." Spontaan het die gemeente met volle moed vir kerksake begin gee. Nagmaalservies, silwer-kollekteborde, horlosie ens. was spoedig deel van die besittings. Drie morge grond is aangekoop en planne vir pastoriebou is opgestel. *Ons gemeentelike feesalbum* het in 1952 berig: "Dis min dat 'n jong gemeente met soveel ywer werk en sulke groot sake meteens wil aanpak. Daar lê 'n groot toekoms vir hierdie gemeente voor. Jaarliks word die stigtingsdag van die gemeente gevier." Ds. Steenkamp het tot in 1957 hier gearbei toe hy sy emeritaat op 1 Desember aanvaar. Ds. W.V.d.W. Rautenbach het die kergebou se hoeksteen op 14 April 1962 gelê. Enkele leraars -------------- * Dirk Albert Burger, 16 September 1977 - 1987 * John Holtzhausen, 2021 – hede Bronne ------ * (af) Olivier, ds. P.L. (samesteller), 1952. *Ons gemeentelike feesalbum*. Kaapstad en Pretoria: N.G. Kerk-uitgewers. * (af) Smit, ds. A.P. Smit. 1979. *Genade genoeg vir Goudini. Geskiedenis van die Nederduitse Gereformeerde Gemeente Goudini 1879 - 1979*. Rawsonville: NG Kerkraad.
{ "title": "NG gemeente Klawer", "mostly_tablelist": false, "tablelist_ratio": [ 302, 2461, 0.12271434376269809 ], "infobox": [], "td_tables": [], "text_length": 3017 }
'n Hipotetiese stroombedding teen 'n skuins vallei. Die maksimum gradiënt volg die vallei-afwaartse as wat deur 'n hipotetiese reguit kanaal voorgestel word. Die meanders ontwikkel en verleng die loop van die stroom en verminder die gradiënt. Meanders van die *Rio Cauto* by Guamo Embarcadero, Kuba. 'n **Meander** (of rivierkronkel) is 'n kromming in 'n kronkelende waterloop of rivier. 'n Meander vorm wanneer bewegende water die buitenste rivieroewers erodeer en die vallei verbreed. Die binneste deel van die rivier het gevolglik minder energie en daar vind afsetting plaas. Enige grootte stroom kan begin kronkel wanneer sedimente van die buite-oewer geërodeer word en aan die binnekant afgeset word. Die gevolg is 'n slingerpatroon waar 'n rivier heen en weer oor sy vallei-afwaartse as vloei. Wanneer 'n kromming van die hoofstroom afgesny word, word 'n hoefystermeer gevorm. Met verloop van tyd migreer meanders stroomaf, soms binne so 'n kort tydjie dat plaaslike munisipaliteite probleme met die instandhouding van stabiele paaie en brûe ondervind. Tensy anders aangedui, is "meanders" en "kronkelings" sinoniem en verwys dit na herhalende krommingspatrone of golfvorms. In sommige skemas is "meanders" slegs van toepassing op riviere met oordrewe sirkelvormige lusse of sekondêre meanders, menende meanders op meanders. Alle strome is op een of ander stadium in hulle geologiese geskiedenis en vir 'n sekere gedeelte van hulle lengte kronkelend. Oorsprong van die term ---------------------- Die term is van die Meanderrivier in die hedendaagse Turkye afgelei. Dit was aan die Antieke Grieke as Μαίανδρος *Maiandros* (Latyns: *Maeander*) bekend. Die rivier word deur 'n baie ingewikkelde vloei in die benedeloop gekenmerk. As sodanig het die naam van die rivier in Klassieke Griekeland (en later Griekse denke) 'n algemene naamwoord geword wat na enige ingewikkelde en "kronkelende" konsep verwys, soos dekoratiewe spraakpatrone of spraak en idees, sowel as die geomorfologiese kenmerk. Strabo het gesê: "... die rivierloop is so intens kronkelend dat alles wat kronkel, met 'meander' geassosieer word." Meandermeetkunde ---------------- Uvak-canyon meander, Serwië Die tegniese beskrywing van 'n kronkelende waterloop word meandergeometrie genoem. Rivierkronkels word as 'n onreëlmatige golfvorm gekarakteriseer. As golfvorm volg die kronkelende stroom die vallei-afwaartse as, 'n reguit lyn wat op só 'n manier by die kurwe aangepas is dat die som van al die amplitudes (slingerbreedtes) wat daar gemeet is, nul is. Hierdie as verteenwoordig die algemene rigting van die stroom. By enige dwarssnit (van die kronkel- en vallei-afwaartse as) volg die water die kronkelas, met ander woorde die as van die rivierbedding. Twee opeenvolgende kruispunte van die kronkel- en vallei-afwaartse asse, vorm 'n meanderlus. Die meander is twee opeenvolgende lusse wat in teenoorgestelde transversale rigtings wys. Die afstand van een meander langs die vallei-afwaartse as is die meanderlengte of golflengte. Die maksimum afstand vanaf die vallei-afwaartse as na die kronkel-as van 'n lus is die meanderbreedte of amplitude. Die rivierloop by daardie punt is die apeks. In teenstelling met sinusgolwe, is die lusse van 'n rivierkronkel meer sirkelvormig. Die kromming wissel van 'n maksimum by die apeks tot zero by 'n kruispunt (reguit lyn), ook genoem 'n infleksie (buiging), aangesien die kromming in daardie omgewing van rigting verander. Die radius van die lus is die reguit lyn loodreg op die vallei-afwaartse as wat die kronkelas by die apeks sny. Aangesien die lus nie ideaal is nie, word bykomende inligting benodig om dit te karakteriseer. Die oriënteringshoek is die hoek tussen die kronkel-as en die vallei-afwaartse as op enige punt op die kronkel-as. Holoewer en konvekse oewer, Great Ouse relief Channel, Engeland By die apeks het die lus 'n buite- of konvekse oewer en 'n binne- of konkawe oewer. Die meandergordel word deur 'n gemiddelde meanderbreedte gedefinieer, wat vanaf buite-oewer tot buite-oewer, in plaas van vanaf kronkel-as tot kronkels-as gemeet word. As daar 'n vloedvlakte is, oorskry dit die meandergordel. Die meander is dan vry – dit kan enige plek op die vloedvlakte aangetref word. As daar nie 'n vloedvlakte is nie, is die meander vas. Meander van die Cuckmere-rivier in Suid-Engeland 'n Meander het ook 'n dieptepatroon. Die kruisings word deur stroomversnellings of vlak beddings gekenmerk, terwyl daar poele by die apekse is. In 'n poel is vloeirigting afwaarts en word die beddingmateriaal geërodeer. Die grootste volume vloei egter stadig aan die binnekant van die kromme waar sediment as gevolg van verminderde stroomsnelheid afgeset word. Die maksimum dieptelyn, of kanaal, is die thalweg of thalweglyn. Dit word dikwels as die grenslyn aangedui wanneer 'n rivier as politieke grens gebruik word. Die thalweg loop teenaan die buite-oewer en keer terug na die middel wanneer 'n stroomversnelling bereik word. Die meanderbooglengte is die afstand van die thalweg deur die loop van een meander. Die rivierlengte is die lengte van die kronkelas. Vorming ------- Lewensloop van 'n meander Meanderletsels, hoefystermere en verlate meanders in die breë vloedvlakte van die Rio Negro, Argentinië. Meandervorming is die gevolg van natuurlike faktore en prosesse. Die golfvormstruktuur van 'n stroom is voortdurend besig om te verander. Water vloei in 'n kolkbeweging wanneer dit 'n kromming in 'n stroom bereik. Wanneer 'n kanaal 'n sinusoidale (kronkelende) pad begin volg, is daar 'n dramatiese toename in die amplitude en konkawiteit van die lusse. Dit is as gevolg van die effek van 'n spiraalvormige vloei wat digte, geërodeerde materiaal na die binnekant van die kromming vee, en die buitekant van die kromming onbeskermd laat, vatbaar vir versnelde erosie wat tot die vorming van 'n positiewe terugvoerlus lei. In Elizabeth A. Wood se woorde: > "... die proses van meandervorming blyk 'n selfversterkende proses te wees... waarin 'n groter kromming tot meer oewererosie lei, wat weer tot 'n groter kromming lei..." > > Die dwarsstroom oor die vloer van die kanaal is deel van die sekondêre vloei en vee dig geërodeerde materiaal na die binnekant van die kromming. Die dwarsstroom styg naby die binnekant en vloei uitwaarts na die buitekant om sodoende die spiraalvormige vloei te vorm. Hoe groter die kromming van die draai, en hoe vinniger die vloei, hoe sterker is die dwarsstroom. Die behoud van die hoekmomentum veroorsaak dat die snelheid aan die binnekant van die kromming vinniger as aan die buitekant is. Verwante landvorms ------------------ Die gly-oewer is aan die linkerkant terwyl daar 'n klein rivierkrans aan die regterkant is. River Ashes Hollow, die Verenigde Koninkryk. ### Gly-oewer Die geleidelike helling aan die binnekant van 'n meander word 'n gly-oewer genoem. Dit word dikwels deur 'n stiloewerwal in die rivier aangedui. ### Rivierkrans Aan die buitekant van die meander sny die rivier in die oewer in. Dit lei dikwels tot die ontstaan van 'n rivierkrans, ook bekend as 'n hangoewer of 'n hang. ### Erosiemeganika Die meeste meanders word in die omgewing van 'n rivierkanaal met vlak 'n gradiënt, 'n goed ontwikkelde vloedvlakte en vloedvlaktemateriaal aangetref. Die afsetting van sediment vind aan die binne-oewer plaas aangesien die rivier se sekondêre vloei sand, klippe en ander materiaal oor die bedding na die binneste radius van die rivierkromming vee om sodoende 'n stiloewerwal onder die glyoewer te skep. Erosie is groter aan die buitekant van die draai waar die grond nie deur die afsetting van sand en klippe beskerm word nie. Hierdie erosie veroorsaak dat die meander geneig is om in die rigting van die buitenste kromming te ontwikkel en 'n rivierkrans gevorm word. Dit kan in areas gesien word waar wilgerbome op rivieroewers groei; aan die binnekant van die meander is wilgers dikwels ver van die oewer af terwyl die boomwortels aan die buitekant van die kromming dikwels in die rivierwal sigbaar is. ### Afsettings #### Stiloewerwal Stiloewerwalle is eenvoudig 'n opeenhoping van afgesette alluvium wat aan die binne-oewer van 'n meanderkromming versamel. Die opeenhoping is die gevolg van die stroom se laer snelheid aan die binnekant van die kromming. Sediment is meer geneig om teen laer snelhede afgeset te word. #### Ingekerfde meanders Glen Canyon, VSA Indien die helling van 'n gevestigde kronkelende stroom skielik toeneem, sal afwaartse erosie hervat word. Namate die stroom afwaarts erodeer, sal die gevestigde kronkelpatroon 'n diep vallei vorm wat as 'n *ingekerfde* of *ingesinkte meander* bekend staan. #### Hoefystermere Hoefystermeer vorm wanneer groeiende meanders mekaar sny en 'n meanderlus afgesny en gevolglik sonder 'n aktiewe snystroom gelaat word. Die proses hou gewoonlik met oorstromings verband waar die rivier geneig is om die pad van die minste weerstand te volg. Die hoefyster, wat baie minder energie as die meer direkte rivierloop het, versamel met elke oorstroming meer afgesette sediment totdat dit onafhanklik van die rivier is. Die grootste hoefystermere is in gebiede met groter vloedvlaktes waar die riviere meer plek het om te kronkel. Met verloop van tyd is hierdie hoefystermere geneig om op te droog of met sediment gevul te word. #### Verlate meander Net soos 'n hoefystermeer word 'n ingekerfde meander soms afgesny. Die landvorm word 'n **verlate meander** genoem. In die suidweste van die Verenigde State staan dit ook as 'n rincon bekend. Een dramatiese voorbeeld in Lake Powell word "Die Rincon" genoem. Afgeleide hoeveelhede --------------------- Die meanderverhouding of kronkelindeks is 'n metode vir die kwantifisering van die mate waarin 'n rivier of stroom kronkel (in watter mate die rivierloop van die kortste moontlike pad afwyk). Dit word bereken as die lengte van die stroom gedeel deur die lengte van die vallei. 'n Reguit rivier se meanderverhouding sal 1 wees (dit sal dieselfde lengte as die vallei wees). Hoe hoër hierdie verhouding bo 1 is, hoe meer kronkel die rivier. Bronne ------ * Hickin, Edward J. (2003). "Meandering Channels". In Middleton, Gerard V. *Encyclopedia of Sediments and Sedimentary Rocks*. Kluwer Academic Encyclopedia of Earth Sciences. Dordrecht; Boston: Kluwer Academic Publishers. pp. 430–434. ISBN 1-4020-0872-4. * Leopold, Luna B.; Langbein, W.B. (Junie 1966). "River Meanders". *Scientific American*: 60. Virtual Luna Leopold * Thonemann, P. *The Maeander Valley: A historical geography from Antiquity to Byzantium* (Cambridge, 2011) (Greek Culture in the Roman World Series). * Movshovitz-Hadar, Nitsa; Alla Shmuklar (2006-01-01). "River Meandering and a Mathematical Model of this Phenomenon". *Physicalplus*. Israel Physical Society (IPS) (7).
{ "title": "Meander", "mostly_tablelist": false, "tablelist_ratio": [ 2180, 10559, 0.20645894497585 ], "infobox": [], "td_tables": [], "text_length": 10776 }
Die HMS *Belfast*. Die **HMS *Belfast*** is 'n ligte kruiser wat op 17 Maart 1938 te water gelaat is deur die Britse Vloot. Geskiedenis ----------- Die skip is in Belfast, Noord-Ierland deur *Harland and Wolff* gebou. Die kiel is gelê op 10 Desember 1936 en hy is in diens gestel op 5 Augustus 1939. 'n Paar maande nadat dit in diens geneem is, het die skip 'n seemyn getref in die *Firth of Forth*, Skotland. Dit is ernstig beskadig deur die magnetiese myn en herstelwerk het tot November 1942 geduur voor dit weer aan operasies kon deelneem. Hy is ook toegerus met die nuutste radartegnologie. Daarna het hy gehelp om die konvooie na Rusland te beskerm en het 'n sleutelrol gespeel in die Slag van Noord-Kaap waar die *Scharnhorst* gekelder is. Die *Belfast* het ook deelgeneem aan die D-dag landings in Junie 1944 te Normandië. Hy het ook deelgeneem aan die Koreaanse Oorlog. Tussen 1956 en 1959 het die skip modernisering ondergaan en was hierna die vlagskip in die Verre Ooste. In 1963 is hy uit diens onttrek en in reserwe geplaas. Museum ------ Sedert 1967 het die Britse *Imperial War Museum* met pogings begin om die skip te red nadat daar beoog is om hom op te breek vir skrootmetaal. Vroeg in 1971 is die *HMS Belfast Trust* gevorm en in September van daardie jaar is hy na sy ankerplek in die Teemsrivier gesleep as 'n drywende museum onder beheer van die *Imperial War Museum*. Spesifikasies ------------- Hy het 10 553 ton water verplaas en was toegerus met: * Twaalf 6-duim (15.24 cm) kanonne * Twaalf 4-duim (10.16 cm) kanonne * Sestien lugafweer kanonne * Agt lugafweer masjiengewere * Twee 21-duim (53.34 cm) torpedobuise Hy is aangedryf deur twee Parsons-turbines (80 000 dryfasperdekrag) wat hom teen 32 knope kon voortstu. Sy bemanning was 750 man groot. Hy is 187 meter (613 voet, 6 duim) lank, 20 meter (66 voet) breed en het 'n diepgang van 5,22 meter (17 voet, 3 duim). Bron ---- * HMS Belfast Guide. Imperial War Museum. 1984. ISBN 0-901627-21-6
{ "title": "HMS Belfast", "mostly_tablelist": false, "tablelist_ratio": [ 192, 1569, 0.12237093690248566 ], "infobox": [], "td_tables": [], "text_length": 1986 }
Jeppestown se NG kerkgebou. Jeppestown se kerkgebou is in Mei 1946 heringewy nadat dit vernuwe en opgeknap is. Die **NG gemeente Jeppestown** was 'n gemeente van die Nederduitse Gereformeerde Kerk in die ooste van Johannesburg wat op Donderdag 8 Julie 1897, dieselfde dag as NG gemeente Johannesburg-Oos, van die moedergemeente afgestig het. Dit was deels (saam met Johannesburg-Oos) die moedergemeente van die Turffontein (1906), waaruit al die gemeentes in die suide van die stad mettertyd regstreeks of onregstreeks ontstaan het en die moedergemeente van al drie die gemeentes in die ooste van Johannesburg, naamlik Malvern, Bezuidenhoutsvallei en Belgravia. Jeppestown het op 1 November 1992 met Malvern saamgesmelt om die gemeente Kensington te vorm. Ontstaan -------- Ds. Paul Nel, eerste leraar van 1898 tot 1907. Vanweë die uitgestrektheid van die NG gemeente Johannesburg en verdeeldheid in die moedergemeente, moes die ringskommissie van Heidelberg daartoe oorgaan om op dieselfde dag in 1897 twee dogtergemeentes in die oostelike deel van die bestaande gemeente af te stig. In die weste van die ontluikende stad, waar meer Afrikaanssprekendes hulle gaan vestig het, is reeds in 1892 (Langlaagte) en 1896 (Fordsburg) gemeentes afgestig. Met die stigting van Jeppestown in die moedergemeente se ou kerkgebou op Von Brandisplein, is ds. Abraham Kriel, leraar van Langlaagte en later vader van die weeshuis wat uiteindelik sy naam sou dra, as konsulent aangewys. Die grense van die gemeente het ooswaarts van die middestad af gestrek, van Endstraat (sewe straatblokke wes van die huidige Ellispark) tot aan die destydse grense van die gemeentes Heidelberg en Boksburg. Die heel eerste gemeentebiduur is gehou op Maandag 12 Julie 1897 in die skoolgebou van mnr. Fourie in Jeppestown onder leiding van ds. Abraham Kriel van NG gemeente Langlaagte. Hy deel die gemeente mee dat die gemeente behoorlik gestig is op 8 Julie 1897 en dat op 'n gemeentevergadering op 9 Julie 1897 in die kerkgebou op Von Brandisplein gehou die volgende broers tot die kerkraad van die nuwe gemeente verkies is, naamlik tot ouderlinge die broers J. Adendorff, dr. Weich, A. van Heerden en F. Wolhuter, en tot diakens die broers P.R. Retief, J.N. Theron, Wm. Fourie, P.J. Zoutendyk, P. Mentz, J.S. Bam, P.W.J. de Klerk en G.J. Malherbe. Die kerkraadslede is op Sondag 11 Julie 1897 in die kerkgebou op Von Brandisplein deur ds. Kriel in hulle onderskeie ampte bevestig, behalwe broer Adendorff wat weens swak gesondheid eers by geleentheid van die geskiedkundige biduur bevestig kon word as ouderling. Fourie, die onderwyser in wie se skoolgeboutjie die eerste dienste en kerkraadsvergaderings plaasgevind het, het teen die tyd dat die gemeente sy vyftigjarige bestaan gevier het, nog gelewe, hoewel hy toe reeds hoogbejaard was. Een van die eerste sake waaraan die kerkraad sy aandag moes gee, was om 'n geskikte lokaal vir die hou van dienste en bidure te vind. Die skoolgeboutjie van broer Fourie, waarin reeds sedert 1895 buitedienste gehou is, het intussen veels te beknop vir dié doel geword. Op sy eerste vergadering benoem die kerkraad dan ook 'n kommissie om na 'n geskikte kerkplaas om te sien en die terme en voorwaardes uit te vind waarteen dit gehuur kan word. Gedurende die eerste maande het die kerkraad maar meesal in die huis van ouderling Adendorff vergader, maar soms ook in die skoolgeboutjie. By afwesigheid van die konsulent is die voorsitterstoel meestal ingeneem deur broer Adendorff omdat hy die oudste kerkraadslid was. Jeppestown Hall as tydelike kerk -------------------------------- 'n Uitsig uit die brandweertoring in Fairview op onder meer die Jeppestownse kerk omstreeks 1912. Heel gou kon die kommissie verslag doen dat hulle die Jeppestown Hall vir ses maande vanaf 1 Augustus 1897 teen £8 per maand gehuur het, met toesegging van nog ses maande teen £7 per maand. Die kerkraad keur dit goed en vra die "Hall Commissie" voorts om vir "harmonium en bespeling" te sorg. Die gemeente was verlig dat hulle voortaan die veel ruimer saal in McIntyre-straat kon gebruik. Die saal was egter ook nie in alle opsigte geskik nie, want daar is dikwels selfs tot in die vroeë oggendure van die Sondag gedans en dan moes dit inderhaas die oggend voor die diens gereed gemaak word vir die diens. Daarom is spoedig pogings in die werk gestel om 'n doelmatige saal daar te stel. Sonder predikant ---------------- Die gemeente se eerste paar beroepe vir 'n leraar het misluk en so moes die gemeente 'n hele paar maande sonder 'n eie predikant klaarkom. Die kerkraad moes lelik bontstaan om 'n "voorganger" vir die dienste te bekom. Na heelwat rondval kon hulle uiteindelik die volgende reëlings tref: Ds. Kriel sou sy hulpprediker, prop. Daniël Theron (later die predikant van NG gemeente Fordsburg en algemene sendingsekretaris van die Transvaalse Kerk) vir die duur van die vakature afstaan vir die eerste en die derde Sondag van die maand. Vir dienste te Caseys, die gemeente se tweede bedieningspunt, sou eerw. Maclean genader word, terwyl die broers ouderlinge origens self sou instaan. Toe die sending-kandidaat F.N. van Niekerk met vakansie in Jeppestown uitslaan, het die kerkraad hom oorreed om vir die duur van die vakature die gemeente te bearbei. Hulle sou steeds van prop. Theron se diens gebruik maak op die eerste en derde Sondag van die maand, sodat eerw. Van Niekerk op daardie Sondae die dienste te Caseys kon waarneem. Maar toe Van Niekerk na drie maande van troue diens die jong gemeente teen die middel van November 1897 verlaat en ook die tweede beroep (op ds. J.D. Kestell van NG gemeente Harrismith) misluk, was die kerkraad weereens in die verleentheid. Hulle klop eers by prof. Marais van die Kweekskool op Stellenbosch aan vir 'n proponent, maar toe die hoogleraar niemand kon vind nie, is weer die toevlug tot ds. Martins van Johannesburg geneem. Ds. Martins en sy kerkraad was bereid om hul hulpprediker, prop. G.J. Rudolph, aan Jeppestown af te staan om gereeld die dienste in die "Hall" waar te neem asook die gewone herderlike werk in die gemeente te doen op voorwaarde dat die kerkraad 'n deel (£10) van sy maandelikse salaris sou betaal. Jeppestown aanvaar die aanbod en so het dit gekom dat prop. Rudolph die gemeente bedien het tot met die aankoms van sy eerste predikant, ds. Paul Nel, wat later moderator van die Transvaalse Kerk sou word, teen die einde van Februarie 1898. Eerste leraar verwelkom ----------------------- Die derde beroep wat op 22 Desember 1897 uitgebring is op ds. Paul Nel van Makwassie het geslaag en so kon Jeppestown uiteindelik sy eie herder en leraar verwelkom. Vir die gemeente wat toe reeds sewe maande sonder predikant moes aansukkel, was die laaste week van Februarie 1898 'n tyd van jubelende vreugde. Hoewel ds. Nel en sy gesin reeds op 17 Februarie aangekom het, het sy plegtige bevestiging eers 'n week later op Donderdag 24 Februarie 1898 plaasgevind. Op daardie aand was die Presbiteriaanse kerkgebou van eerw. Douglas stampvol. Agt predikante was onder die skare van gemeentelede en belangstellendes. Ds. Abraham Kriel het die diens gelei en ook die bevestiging waargeneem. Die bevestigingsrede is deur die bekende ds. H.S. Bosman van Pretoria uitgespreek na aanleiding van Rom. 12:6-8. Onmiddellik ná hierdie plegtigheid het ds. Nel die kansel bestyg en sy intreerede gelewer. Sy teks was die antwoord van Petrus aan die kreupel gebore man by die tempelpoort: "Silwer en goud het ek nie; maar wat ek het, dit gee ek vir jou: In die Naam van Jesus Christus, die Nasaréner, staan op en wandel (Hand. 3:6). Ds. Nel doen 'n beroep op die kerkraad en gemeente om hom deur die daad sowel as voorbidding te steun. Hy sluit af met die woorde: "Te veroordelen is duivelisch, te criticeeren is menschelijk; te onderteunen goddelijk." ('n Beskrywing van die plegtigheid het verskyn in *De Vereeniging*, orgaan van die Transvaalse Kerk.) 'n Week later is ds. en mev. Nel op 'n groot ontvangsgesellingheid deur die gemeente onthaal en by hierdie geleentheid is daar ook van die konsulent, ds. Abraham Kriel, afskeid geneem. Ds. Nel was nog betreklik jonk, want hy het so pas sy dertigste verjaardag herdenk. Bou van kerksaal en pastorie ---------------------------- Die gemeente het omstreeks 1947 die ou pastorie, anneks die kerkgebou, ontruim, nadat dit oor 'n tydperk van 40 jaar agt predikantspare gehuisves het. Mev. ds. J.F. Botha, gebore Johanna Susanna Loubser op Stellenbosch, is in Junie 1912 ná 'n lang lyding oorlede, kort nadat ds. Botha die beroep na die NG gemeente Tarkastad aangeneem het en so verlaat hy Jeppestown onder uiters treurige omstandighede. Haar man is eers op 9 Augustus 1945 oorlede nadat hy in 1935 as leraar van die NG gemeente Molteno afgetree het. Hy het op Tarkastad hertrou, met Rachel Rabie, 'n predikantsdogter. 'n Kerk of selfs net 'n eie saal het dringend noodsaaklik geword, want al hoe meer gemeentelede het hul gemoedsbesware gelug teen verdere aanbidding in 'n openbare saal waarin van tyd tot tyd gedans is. Enkeles het selfs botweg geweier om dienste in die Jeppestown Hall by te woon. Ds. Nel was skaars twee maande in die gemeente of hy en die kerkraad pak die bou van 'n saal met alle mag aan. Reeds in April 1898 besluit die kerkraad ten gunste van die beginsel om 'n saal vir kerklike doeleindes en 'n pastorie te bou. 'n Kommissie kry die taak om 'n geskikte perseel te vind en die nodige geld te probeer bymekaar maak. Reeds teen die middel van Mei kan die kerkraad weer oor die saak vergader toe die kommissie aanbeveel om vier standplase van ene mnr. Noble aan te koop en stappe te doen ten einde die twee aangrensende standplase ook in die hande te kry. Die kerkraad aanvaar die aanbeveling en besluit om tenders vir die saal en pastorie te vra. Hulle stel mnr. G. Flemming as argitek aan. Die boukommissie, wat op dieselfde vergadering benoem word, kry opdrag om 'n kerksaal met sitplek vir 400 tot 500 mense te laat bou en begroot £3 000 vir die saal sowel as die pastorie. Kort daarna koop die kerkraad die vier standplase van mnr. Noble aan vir £850, waarvan die koopsom kontant betaal is. Die "Troyeville Sindikaat" het in hierdie tyd twee standplase aan die kerkraad geskenk, met die gevolg dat die kerkraad afsien van die aankoop van die twee standplase aangrensende dié van Noble en besluit om die kerksaal op daardie grond te bou. Die pastorie en die toekomstige nuwe kerk sou wel op die standplase van Noble gebou word. Later is ook hiervan afgesien en besluit om die pastorie op die stanplase aangrensende Commissionerstraat te plaas. Heel gou spring die gemeente aan die werk met die bou van sy eerste kerkgebou waarvan staatsekretaris F.W. Reitz (voormalige president van die Oranje-Vrystaat, die hoeksteen op 8 Oktober 1898 lê. Dié gebou sou later dien as kerk vir die Gereformeerde kerk Johannesburg-Oos. Tweede kerkgebou ---------------- Die kerkgebou, Julie 2017. Op 5 Mei 1906 lê genl. Koos de la Rey die hoeksteen van die karaktervolle, nuwe kerkgebou op die hoek van Corrie en Op-de-Bergenstraat, Fairview, wat die amptelike webwerf van Johannesburg se stadsraad beskryf as "een van die stad se mooiste kerke". Die gemeente die het gebou amptelik op 26 Januarie 1907 ingewy. Die kerkgebou is op 9 Maart 1973 tot Nasionale Gedenkwaardigheid verklaar en die ou kerk waarskynlik op 5 November 1976. Die argitek en bouaannemer was Hermann Kallenbach en sy vennoot, A.M. Reynolds. Kallenbach het NG kerke oral in Suid-Afrika ontwerp, onder meer op Laingsburg, Barkly-Oos, Hanover en Riversdal. Ander geboue wat hy ontwerp het, sluit die Joodse sinagoge in Benoni en die Lewis & Marks-gebou (1937) in Johannesburg se middestad in. Kallenbach het Jeppestown se kerkgebou in die vorm van 'n Griekse kruis (waarvan al vier arms ewe lank is) ontwerp, deels om op die vierkantige erf te pas en deels in reaksie op die heersende mode destyds om Rooms-Katolieke kerke in die vorm van 'n Romeinse kruis (twee lang arms en twee kortes) te ontwerp. Die gebou het 'n hoë toring waarin die oorspronklike klok steeds hang. Die gemeente het drie klokke uit Skotland bestel, maar toe hulle destyds in Jeppestown aankom, was daar net plek vir een in die toring omdat dit te smal was. Die gebou spog met versonke vensters met witgepleisterde rame en randversierings, maar eenvoudige ongepleisterde baksteenmure. Die ingang bestaan uit twee swaar houtdeure in 'n boograam waarop die Hollandse inskripsie "Gaat in tot Zijn poorten met lof" (Ps. 100:4) aangebring is. Binne-in die kerk staan die oorspronklike orrel, wat eweneens uit Skotland bestel is, vandag nog agter die preekstoel onder 'n groot, ronde venster bestaande uit vier vyf-kantige klawers. Die dakbalke vestig die aandag op die staalplafonne. Die kerk het twee galerye en die houtvloere is onbedek. Die oorspronklike houtplaat met die wykindelings daarop en die oorspronklike doopvont van rooikoper en silwer is vandag nog in die kerk te sien. Die gebou bied sitplek aan net sowat 300 kerkgangers. Die kerkgebou is op 5 Mei 1946 heringewy nadat dit deeglik opgeknap is. In 1997 het huidige en oudlidmate van Kensington, oudleraars belangstellende die honderdjarige ontstaan van die gemeente in die Fairview-kerkgebou gedenk met 'n spesiale erediens en ete in die kerksaal. Ná die samesmelting van Jeppestown en Malvern het die kerkgebou in laasgenoemde se besit gebly, maar nadat dit ’n tyd lank aan Faith and Victory in Jesus Christ Ministries verhuur is, het dié kerkgenootskap dit in 2016 gekoop. Die orrel is voor die verkoop na die Anlikaanse kerk All Saints in Homevale, Kimberley, verskuif. Ds. Louis Fourie en die onderwyssaak ------------------------------------ Die ou kerksaal, later die eiendom van die Gereformeerde kerk Johannesburg-Oos. Die Ou Kerk (links, van 1923 tot 1951 die Gereformeerde kerk Johannesburg-Oos) en Ou Skool van die NG gemeente Jeppestown, Prinsesstraat, Troyeville, skuins oorkant die Jeppestownse kerk. Dit is moontlik in die geboutjie regs dat die Laerskool Malvern die eerste jaar van sy bestaan gehuisves is. Die Laerskool Malvern, wat op 3 Desember 1991 gesluit het, het sy ontstaan te danke aan die ywer van ds. Louis Johannes Fourie (12 Oktober 1882 – 23 Januarie 1941), predikant van die Jeppestown van 1913 tot 1921. Die onderwys van die Afrikaanssprekende kind deur medium van sy eie moedertaal was ’n saak waaroor die jong predikant sterk gevoel het. Saam met die predikant van die NG gemeente Johannesburg-Oos, ds. William Nicol, het hy hom aan die voorpunt gestel van die stryd vir die verkryging van Afrikaansmediumskole aan die Rand in die vroeë 1920's. Ds. Fourie se dienstyd in Jeppestown saamgeval saam met die bloeityd van die Tweede Afrikaanse Taalbeweging. Sedert die verskyning van *Die Brandwag* in Mei 1910 is doelbewuste pogings aangewend om meer belangstelling vir die volkstaal, Afrikaans, op te wek en veral om vir hierdie sogenoemde "kombuistaal" die status van amptelike taal te verkry. Dit was 'n opdraande stryd om deur die harde kors van verset, veral in kerklike kringe, te breek. Maar vandat die Kaaplandse Provinsiale Raad in April 1914 Afrikaans as een van die voertale op skool erken het, het die een oorwinning ná die ander gevolg: in 1916 die erkenning van Afrikaans deur die NG Kerk, in 1918 dié deur die staat, en in 1925 kon die finale en volledige erkenning van Afrikaans deur die staat. Ds. Fourie het hom reeds kort na sy aankoms in Jeppestown met die doelstellings van hierdie Afrikaanse Taalbeweging vereenselwig. Hy het veral baie sterk vir die invoer van Afrikaans in die skool gevoel, en toe Afrikaans as sodanig in 1916 erken word, het hy hom doelbewus vir die stigting van 'n Afrikaansmediumskool in sy gemeente begin beywer. Dit het nie te lank geduur nie of hy het etlike kerkraadslede (onder wie G.J. Malherbe, B.C. Bezuidenhoud en W. Jooste) tot die saak van Afrikaans "bekeer". (Om taktiese redes is wel nog in die kerkraadsnotule van "Hollands" gepraat, maar vanaf 1920 baie duidelik van "Afrikaans".) Veral nadat die Kerk in 1916 Afrikaans naas Hollands erken het, het die broeders die saak met vrymoedigheid in die kerkraadsvergaderings begin bespreek. In die notule van Januarie 1917 is byvoorbeeld opgeteken: "Na die lees van die (godsdiens-) verslag, word breedvoerig gepraat oor ons taal, en wel oor die hooghartige wyse waarop neergesien word op alles wat Hollands of Afrikaans is. Broeder Jooste spreek oor die Hollands in die Troyeville-skool. Op ander Engelsmediumskole is dit nie veel beter gesteld nie, waarskynlik nog slegter." By hierdie geleentheid het ds. Fourie die wenslikheid van die stigting van 'n Afrikaansmediumskool geopper: "Die Voorsitter spreek oor die wenslikheid van hier 'n hoërskool te hê, met Hollands as voertaal; hy het reeds aan die hoofde van skole op die Oos-, Wes- en Sentraal-Rand geskrywe." Op voorstel van br. G J. Malherbe het die kerkraad besluit om 'n kommissie uit sy midde aan te stel om hierdie saak te propageer. Benewens br. Malherbe, sou broeders B. C. Bezuidenhoud en Jooste saam met ds. Fourie in hierdie kommissie dien. Uit die verslag wat ds. Fourie 'n paar maande later namens hierdie kommissie in die kerkraadsvergadering voorgelê het, het dit geblyk hy en br. Malherbe het reeds 'n onderhoud oor hierdie saak met die direkteur van onderwys gehad. Die kommissie het toe aan die hand gegee om deur middel van petisies te werk en die ouers van skoolgaande kinders wakker te skud. Te "Jeppe Extension" was byvoorbeeld baie Hollandssprekende ouers wat 'n „laere Hollandsmedium-skool" wou hê. Voorts het die kommissie gerapporteer stappe word teen 'n sekere skoolhoof in die vooruitsig gestel, indien hy sou voortgaan met sy beleid om "die Hollandse punte nie by die Engelse te voeg vir die klasposisie nie". Die kerkraad het blykbaar ingestem met die wenk van die kommissie om vir hierdie saak onder die ouers te petisioneer, want hierna het ds. Fourie persoonlik met 'n petisie rondgegaan. "Hy het self al die moontlike huisgesinne besoek om kinders vir die skool te werf," het sy weduwee omstreeks 1947 onthou. Teen November 1917 kon hy aan sy kerkraad bekendmaak dat hy reeds die "name van honderd kinders op die lyste vir die Hollandsmediumskool het en dat hy die lyste so spoedig moontlik by die skoolraad sal indien". Toe die getal name op die petisies in Maart van die volgende jaar op 150 staan, het die kerkraad aan bogenoemde kommissie opdrag gegee "om dadelik in hierdie saak handelend op te tree". Ná 'n harde stryd het ds. Fourie en sy kommissie eindelik daarin geslaag om hierdie Afrikaansmediumskool te verkry. Vir ds. Fourie persoonlik, hy wat hom vroeg en laat vir hierdie saak beywer het, moes dit 'n blye dag gewees het toe die Malvern-Afrikaansmedium-skool omstreeks Julie 1920 in die plaaslike kerksaal geopen kon word. Reeds op 8 Maart 1921 het Jeppestown se kerkraad aan ds. Fourie demissie verleen nadat hy ’n beroep na Middelburg, Kaap, aangeneem het. Latere leraars -------------- Dr. F.J. Minnaar, hier afgeneem saam met sy vrou, 'n nooi Triegaardt, en seuntjie, Philmar, was leraar van Jeppestown van 1946 tot 1948. Dié herinnering aan sy aanneming as lidmaat van die NG gemeente Jeppestown is op 11 April 1943 uitgereik aan die Afrikaanse skrywer W.E.G. Louw. Ná ds. Nel se vertrek in 1907 word ds. J.F. Botha, later van Tarkastad, Wellington en Molteno, in 1908 in die gemeente bevestig. Hy bly sowat vier jaar hier, tot hy die gemeente onder uiters tragiese omstandighede verlaat om na die NG gemeente Tarkastad in die Oos-Kaapse Middelland te vertrek. Hy het naamlik in 1912 'n beroep na Tarkastad ontvang en dit in Junie daardie jaar aangeneem. Pas het hy die beroep aanvaar, of die doodsengel besoek die pastorie hier in Jeppestown en neem die pastoriemoeder teen die einde van Junie 1912 weg. Kort daarna, op 4 Julie, het dié kort beriggie in die amptelike kerkblad, die *Kerkbode*, verskyn: "Van hier (Jeppestown) is Saterdag per telegram berig ontvang dat die eggenote van ds. J.F. Botha, wat reeds jare lank lydende was, in die hospitaal oorlede is." Al verwysing na haar begrafnis in die kerkraadsnotule is dié kort aantekening op 1 Julie 1912: "Die kerkraad besluit om die 'cabs' by die begrafnis van die oorlede eggenote van ons leraar uit die kerkkas te betaal." Onder dié omstandighede was ds. Botha se vertrek uit die Goudstad dubbel swaar en treurig, vir die gemeente sowel as vir hom. Met die dood en begrafnis van die pastoriemoeder nog so vars in die geheue van die gemeente en die wond nog so rou in die leraar se hart, is daar geen afskeidsgesellighede of -geleenthede gereël nie. Die hele afskeid het in stilte geskied. Reeds op 1 Julie, 'n paar dae ná mev. Botha se begrafnis, het die konsulent, ds. H.A. Lamprecht van die Johannesburg-Oos, oorgekom en op 'n spesiale kerkraadsvergadering eervolle ontslag aan ds. Botha gegee. Onder dié hartseer omstandighede het ds. Botha, vergesel van sy kinders, van wie die meeste nog heel klein was, die ou pastorie en gemeente van Jeppestown gegroet en na Tarkastad vertrek, waar hulle vier sou woon. Ds. Louis Fourie, wat bly tot 1921, was ds. Botha se opvolger, wat opgevolg is deur ds. P.A. Roux in dieselfde jaar wat ds. Fourie vertrek. Daar was dus net vier predikante in die eerste 40 jaar. In die volgende 40 jaar van sy bestaan is die gemeente deur meer as 12 leraars bedien, waarvan die meeste slegs enkele jare lank vertoef het. Van 1937 tot omstreeks 1960 het die gemeente 'n dubbele predikantspos gehad. Maatskaplike omstandighede -------------------------- Die ou pastorie, afgeneem einde 2017. In 1952 berig *Ons gemeentelike feesalbum* oor die gemeente se sosiaal-ekonomiese omstandighede: "Dwarsdeur sy geskiedenis het dit op finansiële gebied met die gemeente maar nie maklik gegaan nie. Die stadswaartse trek, veral van die minder gegoedes van die platteland, het steeds die getalsterkte aangevul en vandag die vroegste jare is van die sg. 'sendingdames' van die Kaaplandse Vrouesendingbond gebruik gemaak om geestelike en opheffingswerk onder minder bevoorregtes te doen. In die latere jare bied Jeppestown die arbeidsveld vir twee gereelde maatskaplike werksters, asook een of twee geestelike werksters in die vele fabrieke." Die gemeente self beaam dit. So lui die godsdiensverslag vir 1953-'54 byvoorbeeld: "Ons meen dat ons proporsioneel meer hulpbehoewendes en veragterdes het as enige ander gemeente. .. By die Morris Freeman behuising-skema word van die aller-swakste gesinne deur die stadsraad in ons gemeente ingevoer. Sodra hulle toestand verbeter, word hulle na Suid-Heuwels of elders oorgeplaas." Morele agteruitgang bly ook nie uit nie. In 1961 spreek twee predikante, eers ds. G.A. Cruywagen van die buurgemeente Malvern en toe ds. S.P. du Plessis van Jeppestown, hulle skerp uit oor die toename in sedelike verval onder Johannesburgse Afrikaners. In 'n opspraakwekkende preek beweer Cruywagen dat sowat 3 000 blankes en veel meer gekleurdes prostitute was. Du Plessis bevestig sy gevolgtrekkings in 'n onderhoud met *Die Vaderland* en noem 'n hele aantal gevalle van Afrikaanse dogters en vroue wat in ontug verval het. Die berig in die uitgawe van 21 November 1961 onder die opskrif "Nog 'n predikant onthul stadseuwels" lui onder meer: "In die jare dat hy leraar aan die Rand was, het hy 'n volk gevind wat besig is om sedelik te verval, wat ontrou is in die huwelik, wat hom skuldig maak aan dronkenskap en kinderverwaarlosing en wat kerkloos geword het. Sondagskool, koor, verenigings ------------------------------ Die gemeente se Jubileum-Kerksaal, langs die kerk. Die eerste vergadering van die Ring van Johannesburg, Februarie 1917. Dié foto is teen die muur van Jeppestown se kerkgebou geneem. Agter links is ds. William Nicol van Johannesburg-Oos en vierde van links ds. C.F. van der Merwe van Fordsburg. In die middel tweede van links sit ds. J.N. Martins van Johannesburg, derde van links ds. A.P. Kriel van Langlaagte en vyfde van links Jeppestown se ds. Louis Fourie. Die gemeente bereik 'n hoogtepunt wat die lidmaattal betref in die jare veertig. Volgens *Beeld* was daar toe meer as 2 000 lidmate en meer as 2 000 kinders in die Sondagskool. Marius Basson, destyds diaken in Kensington, wat 'n gemeentemuseum in die kerkgebou ingerig het en elkeen van die portale aan een van die samestellende dele van Kensington-gemeente afgestaan het, het aan die dagblad gesê: "Vir die jaarlikse Sondagskoolfoto moes die kinders en onderwysers na Ellispark stap om genoeg plek te hê." Die gemeente het ook destyds 'n goeie koor, verskeie jeugverenigings en die Jeppestownse Strewersvereniging gehad, wat reeds in 1898 gestig is. Agteruitgang ------------ Met die geleidelike verval van die gemeente se onmiddellike omgewing en die gedurige verhuising van Afrikaanssprekendes na woonbuurte verder weg van die sentrale gedeeltes van die Rand, het Jeppestown en al drie haar dogtergemeentes begin kwyn. In 1973 het die moedergemeente nog 536 belydende lidmate gehad, maar teen 1979 het dit gedaal tot 365. In 1980 is Bezuidenhoutsvallei (wat 442 lidmate in 1973 gehad het en 317 in 1979) by Jeppestown ingelyf, maar in 1985 was laasgenoemde se lidmaattal net 383 en in 1990 'n skamele 251. In daardie jaar was daar 346 belydende lidmate in Malvern, waarby Belgravia in 1980 ingelyf is. Teen die einde kon Jeppestown nie meer 'n voltydse leraar bekostig nie, maar het prop. Terblanche Jordaan, wat getroud was met die aktrise Brümilda van Rensburg, as tentmaker aangestel. In 1992 smelt Jeppestown en Malvern saam as Kensington, wat in 1994 303 belydende gehad het, net sowat die helfte van die gesamentlike lidmaattal vier jaar vantevore. Jordaan is as leraar van die nuwe gemeente beroep, maar die sinode keur die beroep af omdat hy nog nie sy diensplig voltooi het nie. Kensington gebruik die ou Malvern-kerkterrein in Kingstraat en verhuur die ou Jeppestown-kerkgebou uit aan 'n ander kerkverband. Ligging ------- Die kerkgebou is geleë by Corriestraat 76 in Fairview. Enkele leraars -------------- * Paul Nel, 1898–1907 (later moderator van die Transvaalse Kerk) * Johannes Francois Botha, 1908–1912 * Louis Johannes Fourie, 1913–1921, (waarna NG gemeente Middelburg, Kaap) * Petrus Albertus Roux, 1921–1937 (emeriteer; oorlede op 4 Oktober 1939) * Gerrit Conradie le Roux, 1937–1938 (hulpleraar van 1933) * Jacobus Johannes Odendaal, 1938–1943 (waarna eerste leraar van Johannesburg-Noord) * Hercules Alexander Sandenbergh, 1939–1940 * Dr. Hendrik Ludolph Neethling Joubert, 1941–1944 (daarna eerste leraar van dogtergemeente Bezuidenhoutsvallei) * Gerrit Etienne Bruwer, 1943–1946 * Carl Petrus van der Merwe, 1944–1958 * Dr. Frederik Johannes Minnaar, 1946–1948 * Marthinus Stephanus Joubert, 1948–1950 * Louis Lawrence Nel Botha, 1958–1960 * Sarel Petrus du Plessis, 1961–1963 * Dr Badenhorst 1964–1967 * Andries Johannes Jacobus van Tonder, 1968–1973 * Dietrich Berner, 1973–1978 (oorgekom van Triomf waar hy die eerste leraar was) * Hendrik Jacobus Steyn, 17 Januarie 1981 – 31 Julie 1988 (toe hy aftree) Predikante ---------- * Ds. J.F. Botha, leraar van 1908 tot 1912, toe hy na die NG gemeente Tarkastad vertrek. * Ds. Louis Johannes Fourie, leraar van 1913 tot 1921. * Ds. Petrus Albertus Roux, leraar van 1921 tot sy aftrede in 1937. Hy is oorlede op 4 Oktober 1937. * G.C. le Roux, hulpprediker van 1933 en leraar van 1937 tot 1938. * Ds. Jacobus Johannes Odendaal, leraar van 1938 tot 1943, toe Johannesburg-Noord se eerste leraar geword het. * Santie Sandenbergh, leraar van 1939 tot 1940. * Ds. H.L.N. Joubert, leraar van 1941 tot 1941, toe hy die eerste leraar van die dogtergemeente Bezuidenhoutsvallei word. * Ds. G.E. Bruwer, leraar van 1943–1946. * Ds. C.P. van der Merwe, 1944–1958. * Ds. Marthinus Stephanus Joubert, leraar van 1948 tot 1950. * Ds. L.L.N. Botha, leraar van 1958–1960. * Ds. Hendrik Johannes Steyn was leraar hier van 1981 tot sy aftrede op 31 Julie 1988. * Ds. S.P. du Plessis, leraar van 1961 tot 1963. Die kerkgebou ------------- * * * * * * * * * Bronne ------ * Smit, ds. A.P. 1947. *Ons Kerk in die Goudstad*. Johannesburg: Kerkrade van Johannesburg, Fordsburg, Johannesburg-Oos en Jeppestown. * Amptelike webtuiste van die Johannesburgse stadsraad Geargiveer 16 Mei 2012 op Wayback Machine * Olivier, ds. P.L. (samesteller), *Ons gemeentelike feesalbum*. Kaapstad en Pretoria: N.G. Kerk-uitgewers, 1952.
{ "title": "NG gemeente Jeppestown", "mostly_tablelist": false, "tablelist_ratio": [ 2916, 24445, 0.1192881979955001 ], "infobox": [], "td_tables": [], "text_length": 28420 }
HMS Dreadnought (S101) na tewaterlating in 1960 Die **HMS** ***Dreadnought*** is die Verenigde Koninkryk se eerste kernaangedrewe duikboot en die sewende vaartuig wat die naam *Dreadnought* gehad het. Die duikboot is te water gelaat op 21 Oktober 1960 by Barrow-in-Furness en was aangedryf deur 'n S5W-reaktor wat by die Verenigde State gekoop is. Die *Dreadnought* was 78 m lank en 10 m breed; sy kiel is in Junie 1959 gelê. Hy het op die oppervlakte 3 500 ton en onder water 4 000 ton water verplaas. Sy spoed was 30 knope onder die oppervlakte en het 'n bemanning van 113 gehad. Die duikboot was toegerus met ses torpedobuise in die boeg. Die duikboot is amptelik in diens gestel in April 1963. Die *Dreadnought* is as 'n prototipe gebruik wat later tot die *Valiant-klas* duikbote gelei het. In 1971 was dit die eerste duikboot van die Britse Vloot wat by die noordpool na die oppervlakte gekom het. Die skeepsbemanning was ingenome met die puik standaard van geriewe aan boord: storte, wasgeriewe, droogskoonmaker, groot kombuis, 'n teater, biblioteek en afsonderlike eetplekke vir die senior- en junioroffisiere. Sy is in 1980 uit diens onttrek. Tegniese besonderhede --------------------- Besonderhede van die *HMS Dreadnought*:| Item | Statistiek | | --- | --- | | Verplasing (oppervlak) | 3 448 metrieke ton | | Verplasing (onderwater) | 3 937 metrieke ton | | Lengte | 81 m | | Breedte | 9,8 m | | Aandrywing (oppervlak en onderwater) | Rolls-Royce Westinghouse S5W kernreaktor wat 2 stoomturbines van 11 185 kW aandryf | | Spoed (oppervlak) | 25,0 knope | | Spoed (onderwater) | 30,0 knope | | Bemanning | 113 | | Wapens | 6 x 533 mm-torpedobuise 24 torpedo's. Geen kanon op die dek. | Bron ---- * *The Illustrated Encyclopedia Of Destroyers Frigates & Submarines*, Bernard Ireland en John Parker, 2015, ISBN 978-0-85723-601-2
{ "title": "HMS Dreadnought (S101)", "mostly_tablelist": false, "tablelist_ratio": [ 474, 1444, 0.32825484764542934 ], "infobox": [], "td_tables": [], "text_length": 1848 }
Die kerkgebou, 2016. Ds. en mev. J.D. Kilian was die pastoriepaar van Hertzogville van 1918 tot 1929, toe hulle na Memel vertrek waar dié foto geneem is. Daar het hy sy emeritaat aanvaar in 1957. Die NG kerk op Hertzogville in die 1920's. Die argitek was Gerard Moerdijk. Ds. J.H. van Loggerenberg, leraar van 1930 tot 1934. Ds. J.J.P. Stofberg, leraar van 1947 tot 1952. Ds. M.C. Fourie, leraar van 1953 tot 1960. Ds. P.H.J. Swart, leraar van 1960 tot 18 Januarie 1975 toe hy sy emeritaat moes aanvaar weens verswakte gesondheid. Die **NG gemeente Hertzogville** is 'n Vrystaatse gemeente van die Nederduitse Gereformeerde Kerk in die Ring van Boshof. Met sy stigting was dit reeds die 57ste gemeente in die Vrystaatse Sinode. Dorpstigting ------------ Voor die stigting van die NG gemeente Boshof in 1856 moes die inwoners van die omgewing wat baie later Hertzogville sou word, Bloemfontein toe gaan vir inkopies en om hul kerklike voorregte uit te oefen. Boshof was steeds baie ver; daarom het die boere net die naweek lange Nagmaal bygewoon, wanneer hulle ook voorraad aangekoop het. So het die gedagte aan ’n nuwe dorp ontstaan omdat die mense afvallig begin raak het weens die groot afstand na die naaste kerk. Toe reeds was daar heelwat plaasskole in die omgewing, enkele Jodewinkels op plase en selfs ’n herberg op Kareespruit. Die Tweede Vryheidsoorlog het die droom van ’n dorp onderbreek. In Junie 1902 het die boere na hul verwoeste plase teruggekeer. Die gemeenskap moes uit die as opstaan en van vooraf begin. Eers in 1911 was daar weer ’n algemene gevoel vir dorpstigting. Talle vergaderings is gehou om ’n geskikte ligging te kies. Omdat eenstemmigheid nie bereik kon word nie, is die provinsiale administrasie gevra om ’n kommissie aan te stel, wat al drie die voorgestelde plase afgekeur het. Hulle stel wel ene De Waal se plaas Donkerfontein voor. Die 1914-rebellie het die gemeenskap verdeel, maar nogtans is ’n nege-man-kommissie aangestel wat die Donderfontein vir £6 000 by die weduwee De Waal koop. In 1915 kom belanghebbendes byeen in die waenhuis van die plaaswoning, later die pastorie, om oor die te stigte dorp se naam te besluit. Die een voorstel was Gladstone, ter ere van die eerste goewerneur-generaal van die Unie en die ander Hertzog, na leier van die Nasionale Party. Al dadelik het landmeters erwe begin opmeet en op 15 Desember 1915 verskyn die proklamasie van die nuwe dorp in die *Staatskoerant*. Stigting -------- Die gemeente is op Woensdag, 20 Junie 1917 deur die kommissies van die destydse Westelike en Noordelike Ringe van die NG. Kerk in die OVS gestig. Die gemeente, wat by die afstigting uit 600 lidmate bestaan het, is van Boshof, Bultfontein en Hoopstad afgestig. Die eerste kerkraadsvergadering is op 7 Julie 1917 op Rietvlei gehou waar 'n kerksaal gestaan het. Op 7 Oktober van dieselfde jaar het die gemeente die voorreg gehad om vir die eerste keer in die nuut gestigte gemeente by die Nagmaal die dood van die Here Jesus Christus te herdenk. Eerste dekades -------------- Op 9 Maart 1918 kon die gemeente hulle eerste leraar, ds. J.D. Kilian, verwelkom. Vereers moes 'n kerksaal op Hertzogville voorsien in die behoefte vir aanbidding. Maar op 24 Oktober 1924 het genl. J.B.M. Hertzog die hoeksteen van die kerkgebou deur gelê. Agttien maande later, op 24 April 1926, is die sierlike en stewige Godsgebou van blou ysterklip ingewy. In Mei 1929 neem ds. Kilian afskeid van die gemeente en word hy op 7 Desember 1929 opgevolg deur ds. J.H. van Loggerenberg. Op 28 Februarie 1931 is 'n sendinggemeente amptelik gestig, terwyl daar reeds van 1919 van 'n swart evangelis gebruik gemaak is, en in 1923 reeds 'n sendingkerkie gebou is. In Augustus 1934 vertrek ds. Van Loggerenberg uit die gemeente en word die vakante plek in November van dieselfde jaar deur ds. M.L.J. van Rensburg gevul. Op 26 Januarie 1935 is die hoeksteen van 'n nuwe kerksaal gelê, en in November is dit ingewy. In Augustus 1946 het ds. Van Rensburg vertrek en op 15 Maart 1947 is ds. J.J.P. Stofberg verwelkom. In Februarie 1949 is 'n nuwe kerkkoshuis ingewy. Op 17 Junie 1950 kon die sendinggemeente die intrek in 'n nuwe en ruimer sendingkerk neem, aangesien die eerste bouvallig en te klein geword het. In 1952 berig *Ons gemeentelike feesalbum*: "Die gemeente tel nou reeds 1 100 lidmate, wat byna twee keer soveel is as waarmee hy begin het. Die gemeente kan terugkyk op 34 jare van seën van die Here, in dankbaarheid teenoor die Opperherder wat gewaak het oor sy kudde. Die gemeente kan vorentoe kyk met die oog gevestig op Jesus, die Leidsman en Voleinder van die geloof." Enkele leraars -------------- * Justus Daniel Kilian, 1918–1929 * Johannes Hendrik van Loggerenberg, 1930–1934 * Martin Luther Jansen van Rensburg, 1934–1946 * Jacobus Johannes Pienaar Stofberg, 15 Maart 1947–1952 * Marthinus Christoffel Fourie, 1953–1960 * Petrus Hermanus Jacobus Swart, 1960 – 18 Januarie 1975 * Johan Christiaan Lamprecht, 20 Januarie 1979 – 1992 (emeriteer; oorgegaan na die AP Kerk) * Dr. Johannes Dawid van der Westhuizen, 1992–2008 * Christiaan Jacobus (Chris) Odendaal, 2008 – hede (pastorale hulp) Bronne ------ * (nl) Maeder, ds. G.A. en Zinn, Christian. 1917. *Ons Kerk Album*. Kaapstad: Ons Kerk Album Maatschappij Bpkt. * (af) Nienaber, P.J. 1963. *Suid-Afrikaanse pleknaamwoordeboek, deel 1*. Kaapstad, Johannesburg: Suid-Afrikaanse Boeksentrum. * (af) Olivier, ds. P.L. 1952. *Ons gemeentelike feesalbum*. Kaapstad en Pretoria: N.G. Kerk-uitgewers.
{ "title": "NG gemeente Hertzogville", "mostly_tablelist": false, "tablelist_ratio": [ 772, 4611, 0.1674257211017133 ], "infobox": [], "td_tables": [], "text_length": 5520 }
Die **Inn** (Latyn: *Aenus*; Romansch: *En*) is 'n groot noordoos-vloeiende rivier in Switserland, Oostenryk en Duitsland. Die rivier, met 'n lengte van 518,5 km, is die enigste rivier wat in Switserland ontspring en wie se water in die Swartsee – deur die Donau – opeindig. Monding van die Inn (links) en die Ilz (regs) in die Donau (middel), Passau, Duitsland Die Inn ontspring in die Alpe naby Lunghinmeer, in die kanton Groubunderland van Switserland, net noord van die grens tot Italië. Die Alpe vorm hier die waterskeiding tussen die Middellandse See en die Swartsee en ook die grens tussen Italië en Switserland. Net suid vloei sytakke van die Po. Aansluitend vloei die Inn in 'n noordoostelike rigting deur St. Moritz en bereik Oostenryk. Hier vloei die Inn meer in 'n oostelike rigting deur die Innvallei tussen Duitsland in die noorde en Italië in die suide. Amper in die middel van die Oostenrykse gedeelte van die langgestrekte Innvallei is die stad Innsbruck geleë, die grootste stad aan die rivierloop. Verder noordoos bereik die Inn die grens tussen Duitsland en Oostenryk en vloei verder deur die Duitse deelstaat Beiere in 'n noordoostelike boog tussen München in die weste en Salzburg in die ooste. Net wes van Braunau am Inn begin die Inn vir 'n tweede keer die grens tussen Duitsland en Oostenryk vorm en mond verder noordoos in Passau in die Donau uit.
{ "title": "Inn", "mostly_tablelist": false, "tablelist_ratio": [ 904, 2068, 0.437137330754352 ], "infobox": [ "<table about=\"#mwt3\" class=\"infobox\" style=\"width: 300px; font-size: 90%;\">\n<tbody><tr>\n<th colspan=\"2\" style=\"font-size: larger; background-color: #CEDEFF; text-align: center;\">Inn</th></tr>\n<tr>\n<td colspan=\"2\" style=\"line-height: 1.2; border-bottom: 1px solid #CEDEFF; text-align:center;\"><div style=\"border: 1px solid #CEDEFF;\"><figure class=\"mw-halign-center\" typeof=\"mw:Image\"><a class=\"mw-file-description\" href=\"./Lêer:Innsbruck,_der_Inn_vanaf_de_Universitätsbrücke_met_der_Dom_Sankt_Jakob_Dm64166_en_der_Stadtturm_Dm64167_foto9_2017-07-30_16.22.jpg\"><img data-file-height=\"2907\" data-file-type=\"bitmap\" data-file-width=\"4324\" decoding=\"async\" height=\"194\" resource=\"./Lêer:Innsbruck,_der_Inn_vanaf_de_Universitätsbrücke_met_der_Dom_Sankt_Jakob_Dm64166_en_der_Stadtturm_Dm64167_foto9_2017-07-30_16.22.jpg\" src=\"//upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/7/70/Innsbruck%2C_der_Inn_vanaf_de_Universit%C3%A4tsbr%C3%BCcke_met_der_Dom_Sankt_Jakob_Dm64166_en_der_Stadtturm_Dm64167_foto9_2017-07-30_16.22.jpg/288px-Innsbruck%2C_der_Inn_vanaf_de_Universit%C3%A4tsbr%C3%BCcke_met_der_Dom_Sankt_Jakob_Dm64166_en_der_Stadtturm_Dm64167_foto9_2017-07-30_16.22.jpg\" srcset=\"//upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/7/70/Innsbruck%2C_der_Inn_vanaf_de_Universit%C3%A4tsbr%C3%BCcke_met_der_Dom_Sankt_Jakob_Dm64166_en_der_Stadtturm_Dm64167_foto9_2017-07-30_16.22.jpg/432px-Innsbruck%2C_der_Inn_vanaf_de_Universit%C3%A4tsbr%C3%BCcke_met_der_Dom_Sankt_Jakob_Dm64166_en_der_Stadtturm_Dm64167_foto9_2017-07-30_16.22.jpg 1.5x, //upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/7/70/Innsbruck%2C_der_Inn_vanaf_de_Universit%C3%A4tsbr%C3%BCcke_met_der_Dom_Sankt_Jakob_Dm64166_en_der_Stadtturm_Dm64167_foto9_2017-07-30_16.22.jpg/576px-Innsbruck%2C_der_Inn_vanaf_de_Universit%C3%A4tsbr%C3%BCcke_met_der_Dom_Sankt_Jakob_Dm64166_en_der_Stadtturm_Dm64167_foto9_2017-07-30_16.22.jpg 2x\" width=\"288\"/></a><figcaption>Die Inn in <a href=\"./Innsbruck\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Innsbruck\">Innsbruck</a>, <a href=\"./Oostenryk\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Oostenryk\">Oostenryk</a>.</figcaption></figure></div> Die Inn in <a href=\"./Innsbruck\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Innsbruck\">Innsbruck</a>, <a href=\"./Oostenryk\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Oostenryk\">Oostenryk</a>.</td></tr>\n<tr>\n<td colspan=\"2\" style=\"line-height: 1.2; border-bottom: 1px solid #CEDEFF; text-align:center;\"><div style=\"border: 1px solid #CEDEFF;\"><figure class=\"mw-halign-center\" typeof=\"mw:Image\"><a class=\"mw-file-description\" href=\"./Lêer:Verlaufskarte_Inn_DE.png\"><img data-file-height=\"1882\" data-file-type=\"bitmap\" data-file-width=\"2117\" decoding=\"async\" height=\"256\" resource=\"./Lêer:Verlaufskarte_Inn_DE.png\" src=\"//upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/2/2f/Verlaufskarte_Inn_DE.png/288px-Verlaufskarte_Inn_DE.png\" srcset=\"//upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/2/2f/Verlaufskarte_Inn_DE.png/432px-Verlaufskarte_Inn_DE.png 1.5x, //upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/2/2f/Verlaufskarte_Inn_DE.png/576px-Verlaufskarte_Inn_DE.png 2x\" width=\"288\"/></a><figcaption></figcaption></figure></div>\n<p>Die stroomgebied van die Inn.</p></td></tr>\n<tr>\n<td><b>Oorsprong</b></td>\n<td>Lunghinmeer, Groubunderland, <a href=\"./Switserland\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Switserland\">Switserland</a><br/><a href=\"./Alpe\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Alpe\">Alpe</a></td></tr>\n<tr>\n<td><b>Monding</b></td>\n<td>in <a href=\"./Passau\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Passau\">Passau</a>, <a href=\"./Beiere\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Beiere\">Beiere</a>, <a href=\"./Duitsland\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Duitsland\">Duitsland</a><br/><a href=\"./Donau\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Donau\">Donau</a></td></tr>\n<tr>\n<td><b>Stroomgebied</b></td>\n<td><a href=\"./Switserland\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Switserland\">Switserland</a>, <a href=\"./Oostenryk\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Oostenryk\">Oostenryk</a>, <a href=\"./Duitsland\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Duitsland\">Duitsland</a></td></tr>\n<tr>\n<td><b>Lengte</b></td>\n<td>518,5<span typeof=\"mw:Entity\"> </span>km (322,2<span typeof=\"mw:Entity\"> </span>myl)</td></tr>\n<tr style=\"white-space: nowrap;\">\n<td><b>Oorspronghoogte</b></td>\n<td>2<span typeof=\"mw:Entity\"> </span>484<span typeof=\"mw:Entity\"> </span>m (8<span typeof=\"mw:Entity\"> </span>150<span typeof=\"mw:Entity\"> </span>voet)</td></tr>\n<tr>\n<td><b>Mondinghoogte</b></td>\n<td>291<span typeof=\"mw:Entity\"> </span>m (955<span typeof=\"mw:Entity\"> </span>voet)</td></tr>\n<tr>\n<td><b>Gemiddelde afloop</b></td>\n<td>740<span typeof=\"mw:Entity\"> </span>m³/s (26<span typeof=\"mw:Entity\"> </span>000<span typeof=\"mw:Entity\"> </span>vt/s³)</td></tr>\n<tr>\n<td><b>Stroomgebiedopp.</b></td>\n<td>26<span typeof=\"mw:Entity\"> </span>053<span typeof=\"mw:Entity\"> </span>km² (10<span typeof=\"mw:Entity\"> </span>059<span typeof=\"mw:Entity\"> </span>myl²)</td></tr>\n<tr>\n<td colspan=\"2\" style=\"line-height: 1.2; border-bottom: 1px solid #CEDEFF;\"><div style=\"border: 1px solid #CEDEFF;\"><span data-mw='{\"caption\":\"Kaart van die Inn-bekken in die Alpe.\"}' typeof=\"mw:Image\"><a class=\"mw-file-description\" href=\"./Lêer:Lage_fluss_inn.png\"><img data-file-height=\"1759\" data-file-type=\"bitmap\" data-file-width=\"2046\" decoding=\"async\" height=\"248\" resource=\"./Lêer:Lage_fluss_inn.png\" src=\"//upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/1/10/Lage_fluss_inn.png/288px-Lage_fluss_inn.png\" srcset=\"//upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/1/10/Lage_fluss_inn.png/432px-Lage_fluss_inn.png 1.5x, //upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/1/10/Lage_fluss_inn.png/576px-Lage_fluss_inn.png 2x\" width=\"288\"/></a></span></div> <div style=\"text-align:center;\">Kaart van die Inn-bekken in die Alpe.</div></td></tr>\n</tbody></table>" ], "td_tables": [], "text_length": 1379 }
Hopetown se vierde NG kerk, ingewy in 1968. Die argitek was Hendrik Vermooten. Ds. Gerrit van Niekerk en sy eggenote was die eerste leraarspaar van Hopetown sowel as van 1878 van die nabygeleë Britstown. Sy dienstyd op Hopetown het gestrek van 1861 tot 1877. Van 1884 tot sy aftrede in 1903 was hy leraar van die NG gemeente Middelburg, Kaap. Hy is oorlede op 20 Augustus 1920. Hopetown se vorige NG kerk, die derde van vier. Dié skets is omstreeks 1917 gemaak. Ds. Pieter Jan Albertus de Villiers, die leraar van 1898 tot 1922, toe hy na die NG gemeente Philipstown vertrek en aldaar arbei tot sy aftrede in 1928. Hy was van 1884 tot 1897 die eerste predikant van die NG gemeente Petrusville, ook in dié deel van die Noord-Kaap. Ds. W.P. Rousseau, een van die eerste vier studente aan die Kweekskool. Hy kom in 1877 hierheen van Simonstad af, maar wek soveel onenigheid met sy ondersteuning vir die Goeie Tempeliere dat hy in 1880 bedank. Ds. Matthys Michielse du Toit was leraar van Hopetown van 1922 tot 1926. Hy het sy bediening in 1905 in die NG gemeente Barrydale begin en in 1941 as die leraar van NG gemeente Joubertina afgetree. Die **NG gemeente Hopetown** is 'n gemeente van die Nederduitse Gereformeerde Kerk in die Ring van Hopetown en Sinode van Noord-Kaapland. Die gemeente se middelpunt is die Noord-Kaapse dorpie Hopetown. Dit was ten tyde van sy stigting in 1854 die 58ste gemeente van die Kerk in Suid-Afrika en is tans die oudste gemeente in die Sinode van Noord-Kaapland, hoewel nie in die provinsie Noord-Kaap nie: die NG gemeente Colesberg is reeds in 1826 gestig, maar val binne die Oos-Kaapse Sinode, en die gemeentes Richmond (1843), Victoria-Wes (1844), Calvinia (1847) en Namakwaland (1850, Springbok) en Fraserburg (1851) is almal ook ouer, maar ressorteer onder die Sinode van Wes-en-Suid-Kaapland. Agtergrond ---------- Hopetown was voor 1854 deel van die gemeente Colesberg en het onder die Ring van Graaff-Reinet geressorteer. In 1853 ontvang die Sinodale Kommissie 'n brief van mnr. J.C. Wiid, eienaar van Duvenaarsfontein, waarin hy sy plaas vir die stigting van 'n aparte gemeente aanbied. Ook word deur sewentig ondertekenaars van 'n tweede brief so 'n aparte gemeente gevra. Stigting -------- Op 18 Februarie 1854 word 'n gemeente op die plaas Duvenaarsfontein gestig en verdoop tot Hopetown, of Hoopstad soos dit in die begin bekend was, maar later verander is om verwarring te voorkom met die Vrystaatse dorp Hoopstad. Op 6 Mei 1854 is die eerste kerkraad bevestig en die eerste Nagmaalsviering op 18 September 1854, gehou. Dienste is in 'n tentkerk gehou tot die eerste kerk in Februarie 1857 voltooi en ingewy is. Eers op 21 September 1861 is ds. G. van Niekerk as die eerste leraar bevestig. Hy maak in sy eerste Ringsverslag melding van die vyf onderwysers in die gemeente, van wie een op die dorp in die goewermentskool was en die meeste onopgeleid. Weens gesondheidsredes bedank hy op 3 April 1877. Tweede leraar ------------- Ds. W.P. Rousseau, een van die eerste vier studente wat afgestudeer het aan die Kweekskool op Stellenbosch en voorheen van Simonstad in die Kaapse Skiereiland, word op 24 November 1877 deur die konsulent, ds. J.P. Jordaan van die NG gemeente Philipstown bevestig. Weens sy ywer vir die afskaffingsbeweging (Goeie Tempeliere) heers daar 'n bittere stryd in die gemeente en bedank hy in Oktober 1880 op aanbeveling van sy medepredikante. Latere leraars -------------- Ds. G.A. Scholtz word in 1882 bevestig, nadat die gemeente byna drie jaar herderloos was. Op 25 Februarie 1883, tydens die middagdiens onder ds. Scholtz se leiding, het weerlig die kerk getref terwyl die gemeentes Psalm 119:17 gesing het. Jan Muller, 'n smid, is gedood en meer as 20 mense getref. Sommiges se klere het aan die brand geslaan. Ene Barend Badenhorst het ernstige wonde opgedoen. Die gemeentelede was baie lief vir ds. Scholtz en, voor sy vertrek in 1889 na die moedergemeente, NG gemeente Colesberg, het hy plankvloere, banke en 'n galery in die kerk laat aanbring. Ds. J.D. Louw word op 29 Junie 1889 bevestig en werk tot 1898 met baie vrug. 'n Groot geestelike herlewing het in dié tyd plaasgevind en op 22 Maart 1893 is Stydenburg afgestig. Tydens ds. P.J.A. de Villiers se byna kwarteeu lange bediening (1898 tot 1922) is 'n nuwe kerk gebou, aangesien die oue gebars het en baie ongerieflik was. Dié gebou is ingewy in Januarie 1914. Die £8 600-boukoste is met sy vertrek afbetaal, op £3 200 na. Ds. M.M. du Toit (1922-'25): Hy samel £4 000 in en betaal die res van die boukoste; met die orige geld word 'n motorkar vir die leraar gekoop. Tydens sy dienstyd was daar in die gemeente drie diamantdelwerye, met Brakfontein as die belangrikste. Op die dorp word die sekondêre skool in 1923 'n hoërskool. Gedurende ds. W.J. Theron se bediening (1926—'37) is die Goeie Hoop-losieshuis gebou en ingewy in 1929. Ds. C. C. Kritzinger staan in die gemeente van 1937 tot 1946. Deur sy inisiatief is 'n nuwe koshuis deur die kerkraad gebou en in September 1940 ingewy; verder geskied die verkoop van die meent aan die plaaslike munisipaliteit. Ds. Z. B. Badenhorst volg ds. Theron op in 1947. 'n Nuwe pastorie word aangekoop ten einde beter huisvesting vir die sendeling in die ou moederpastorie te verskaf. Deur sy inisiatief is 'n boufonds vir die gemeentelike saal in 1950 gestig. Die sending ----------- Van 1890 tot 1898 het mnr. J.H. Louw onder die bruin mense gewerk, en weer van 1904 tot 1917. In 1920 het eerw. J. de Villiers, 'n seun van die predikant van die gemeente, hier begin werk en hy is in 1925 deur eerw. G.C. Oosthuizen opgevolg, aan wie 'n kerk, pastorie en motorkar deur die moedergemeente verskaf is. Eerw. J.B. Combrinck word in 1946 bevestig; hy samel onder die moedergemeente se lidmate geld in en bou 'n pragtige nuwe sendingkerk wat in Desember 1948 ingewy word. Ná 'n vrugbare arbeid verlaat hy die gemeente op 17 Junie 1951. Vier kerkgeboue binne 114 jaar ------------------------------ ### Eerste twee kerkgeboue, 1854 en 1857 Hopetown se eerste NG kerkgebou het net uit vier steenmure met 'n grondvloer bestaan en 'n brakdak (riete en klei) opgehad. Die preekstoel is vervaardig uit negosiekis-planke. Die gemeente het gebruik gemaak van los stoeltjies, veldstoele, kiste en banke om op te sit. Die swerwende inwoners en verbygangers het die dienste bygewoon met emmers, tessies, ketels en beeshorings op die rug. Weens die geologiese samestelling van Hopetown se grond, het die eerste kerk se dik mure en swaar gewels gou probleme gee. In 1858 is die gewels afgebreek en die brakdak deur sink vervang. Tydens ds. Scholtz se bediening (1882 tot 1889) is die kerkgebou verbeter. Banke en 'n beter preekstoel, deur Isak Marais vervaardig van plaaslike hout, is ingesit en banke en 'n galery aangebring. Die preekstoel was kelkvormig en het trappe aan die kant gehad. In 1892 is 'n orrel op die galery regoor die preekstoel geplaas. Van tyd tot tyd moes ankers deur die gebarste, dik mure gesit word. ### Derde kerkgebou, 1914 Hopetown se tweede kerkgebou was blykbaar net 'n verbouing in 1857 van die eerste, eenvoudige bousel van 1854. 'n Aardbewing het die gebou in 1911 so beskadig dat dit gesloop is. In 1911 was daar 'n hewige aardbewing en het die gemeente op 'n vergadering besluit om 'n nuwe kerk te bou. Ene mnr. Hesse jr. (waarskynlik Folkert Wilko Hesse se seun) het 'n plan en die koste aan die gemeente voorgelê. Die ou kerk is toe gesloop en die nuwe op dieselfde plek opgerig. Intussen is dienste in die kerksaal gehou, wat ook intussen afgebreek is. Die gemeente het swaargekry weens die droogte, maar broer P.J. du Toit, 'n gewese parlementslid, het £3 600 ingesamel. Die nuwe kerkgebou, met die orrel ingereken, het £8 600 gekos. Gedurende ds. P.J.A. de Villiets se tyd is nog £1 700 ingesamel, waarna £3 000 se skuld oorgebly het. Die hoeksteen van die derde kerk is op 1 Februarie 1913 gelê en dis op 10 Januarie 1914 deur ds. G. van Niekerk ingewy. Die preekstoel is toe geskuif sodat die gemeente nie meer nodig gehad het om op te kyk na die prediker nie. Die vloer is skuins gelê, van agter na voor, sodat die gemeente die prediker beter kon sien. Die nuwe gebou was meer inspirerend as die oue vir die prediker sowel as die gemeente. In 1923 het ds. M.M. du Toit besluit om die gemeente se skape te verkoop en tesame met nog 'n spesiale invordering kon hulle die gemeentelike skuld delg en vir ds. Du Toit 'n motor koop. In 1948 moes die nuwe kerkgebou se mure weer geanker word, nes die vorige gebou s'n omdat dit op dieselfde plek opgerig is en die geologiese samestelling van die grond vanselfsprekend nog dieselfde was. In ds. Zachie Badenhorst se tyd het die kerkraad, ná 'n emosionele en moeilike vergadering, besluit om 'n nuwe kerksaal op te rig en die kerkgebou voorlopig op te gradeer. Einde 1965 het van die gemeentelede gerapporteer daar val sand terwyl die orrel speel. Ondersoek het getoon, nadat 'n skietlood opgeneem is, dat die wesgewel sowat 1,5 m na die eenkant toe oorhel. Die mure is toe reeds met kabels verbind, waarvan party al deurgetrek het. Daarom is die kerkgebou as onveilig beskou. Op 25 September 1966 het ds. I.L. Vos die afskeidsdiens van die kerk waargeneem. Die oudste ouderling, Piet van der Walt, het die Kanselbybel by die kerk uitgedra. Die orrel was toe reeds verwyder omdat die orrelbouers nie 'n kans wou waag dat die orrel dalk saam met die galery kon val nie. Heelwat van die onderdele is in die nuwe kerkorrel ingebou. Die materiaal van die ou kerkgebou sou die aftakelaars, B. Pieters en C. Badenhorst, se betaling wees. Op dié perseel het net 'n monument met die onderskeie kerke se hoekstene agtergebly. Ten tyde van die sloping het die boufonds reeds R53 000 beloop. ### Vierde kerkgebou Terwyl die bouwerk aan die nuwe kerk aan die gang was, is dienste in die kerksaal gehou. Ds. Vos en kerkraadslede het in dié tyd ander kerke besoek om binne en buite te kyk wat die beste vir Hopetown se nuwe kerk sou werk. Hendrik Vermooten is as argitek aangestel en K. Deist as bouheer. Die kerkboukommissie het intussen besluit om die nuwe kerk langs die kerksaal op te rig. 'n Tender vir R92 400 is op 12 Augustus 1966 aanvaar en op 26 November 1966 is die eerste sooi vir die fondament gespit. Die stootskrapers het die bouterrein op 30 Junie 1967 begin gelykmaak waarna ds. Vos die hoeksteen op 29 Julie gelê het. Hy het ook die pyl op 19 Februarie 1968 in die teenwoordigheid van die gemeente op die toringspits geplaas. Die gemeente se vierde kerkgebou is op 27 Julie 1968 ingewy. Die eerste sooi vir hierdie kerk was gespit deur Mnr Hendrik Coertse (oom Boet). Die eerste paartjie wat in die kerk getroud is : Mechiel van Niekerk( A.J.C.-seun) en Hester Antoinette van Niekerk (geb Du Plessis) Die huwelik was voltrek deur Ds I.L Vos op 7 de Desember 1968 Enkele leraars -------------- * Gerrit van Niekerk, 1861 - 1877 * Willem Petrus Rousseau, 1877 - 1880 (demissie ná onenigheid in die gemeente, maar van 1882 leraar van die NG gemeente Albanie) * Gustav Adolph Scholtz, 1882 - 1889 * Jan Daniel Louw, 1889 - 1898 * Pieter Jan Albertus de Villiers, 1898 - 1922 * Matthys Michielse du Toit, 1922 - 1925 * Willem Jacobus Theron, 1926 - 1937 (emeriteer) * Jacobus Francois Conradie, 1937 - 1939 (hulpprediker) * Cornelius Christiaan Kritzinger, 1937 - 1946 * Zacharias Blomerus Badenhorst, 1947 - 1951 * Jacobus Johannes Badenhorst, 1952 - 1964 * Jacobus Francois Myburgh, 9 November 1974 - 6 November 1977 (emeriteer ná 38 in die bediening) Fotogalery ---------- * Ds. W.J. Theron was die leraar van 1926 tot 1937.Ds. W.J. Theron was die leraar van 1926 tot 1937. * Ds. Cornelis Christiaan Kritzinger was leraar van 1937 tot 1946.Ds. Cornelis Christiaan Kritzinger was leraar van 1937 tot 1946. * Ds. Zacharias Blomerus Badenhorst was Hopetown se leraar van 1947 tot 1951 toe hy na die NG gemeente Darling vertrek. Van 1969 tot 1972 was hy die eerste leraar van die nuutgestigte NG gemeente Constantia in die Suid-Skiereiland. By hom is sy vrou, Susanna de Villiers Wessels, en hul dogtertjies, Chrislén en Sorita. Dié foto omstreeks 1952 geneem toe hulle die pastoriegesin van die NG gemeente Darling was.Ds. Zacharias Blomerus Badenhorst was Hopetown se leraar van 1947 tot 1951 toe hy na die NG gemeente Darling vertrek. Van 1969 tot 1972 was hy die eerste leraar van die nuutgestigte NG gemeente Constantia in die Suid-Skiereiland. By hom is sy vrou, Susanna de Villiers Wessels, en hul dogtertjies, Chrislén en Sorita. Dié foto omstreeks 1952 geneem toe hulle die pastoriegesin van die NG gemeente Darling was. * Ds. J.F. Myburgh, leraar van 9 November 1974 tot 6 November 1977. Hopetown was die laaste van die 11 gemeentes in sy 38-jarige bediening.Ds. J.F. Myburgh, leraar van 9 November 1974 tot 6 November 1977. Hopetown was die laaste van die 11 gemeentes in sy 38-jarige bediening. Bronne ------ * Maeder, ds. G.A. en Zinn, Christian. 1917. *Ons Kerk Album*. Kaapstad: Ons Kerk Album Maatschappij Bpkt. * Olivier, ds. P.L. 1952. *Ons gemeentelike feesalbum*. Kaapstad en Pretoria: N.G. Kerk-uitgewers.
{ "title": "NG gemeente Hopetown", "mostly_tablelist": false, "tablelist_ratio": [ 1418, 10335, 0.13720367682631834 ], "infobox": [], "td_tables": [], "text_length": 13118 }
'n Skematiese voorstelling van 'n instaanbediener waar die rekenaar in die middel dien as die tussenganger tussen die ander twee. In rekenaarnetwerke is 'n **instaanbediener** 'n bediener ('n rekenaarstelsel of 'n program) wat die versoeke van sy kliënte verwerk deur die versoeke na ander bedieners aan te stuur. 'n Kliënt bewerkstellig 'n verbinding met 'n instaanbediener en versoek 'n diens soos 'n lêer, verbinding, webblad of ander hulpbron wat op 'n ander rekenaar beskikbaar is. Die instaanbediener verskaf dan die hulpbron deur met die verlangde bediener te verbind en stuur dan 'n versoek namens sy kliënt. 'n Instaanbediener kan ook die kliënt se versoek of die bediener se reaksie wysig en kan selfs die diens lewer sonder om aan die spesifieke bediener te verbind. In hierdie geval sal dit die eerste versoek aan die ander bediener in 'n kasgeheue stoor en dit dan met daaropvolgende versoeke vinnig beskikbaar stel. 'n Instaanbediener wat alle versoeke en reaksies onveranderd aanstuur word gewoonlik 'n deurgangspoort (gateway) of tonnelbediener genoem. 'n Instaanbediener kan op die gebruiker se rekenaar of op 'n spesifieke sleutelpunt tussen die gebruiker en die bestemde bedieners op die Internet geplaas word. Soorte en funksies ------------------ Instaanbedieners kan een of meer van die volgende funksies vervul: ### Kasbediener 'n Instaanbediener kan reageer op diensversoeke sonder om die gespesifiseerde bediener te kontak deur die inhoud van 'n vorige versoek deur die kliënt of selfs 'n ander kliënt wat gestoor is te herwin. Dit word kasberging genoem. Kasbedieners hou plaaslike kopieë van gereelde versoeke en stel groot organisasies in staat om die gebruik en koste van bandwydte beduidend te verminder en terselfdertyd die werkverrigting van die stelsels te verhoog. Daar bestaan gewoonlik goed gedefinieerde reëls vir kasberging. In die verlede het sommige instaankasbedieners verskeie probleme gehad (soos onder andere die onvermoë om gebruikersidentifikasie te doen). Sommige van hierdie probleme word in RFC 3143 beskryf. ### Webinstaanbediener 'n Instaanbediener wat hoofsaaklik op WWW verkeer gefokus is word 'n webinstaanbediener genoem. Die algemeenste gebruik van webinstaanbedieners is om webkasberging te doen. Die meeste instaanbedieners (bv. Squid) verskaf die vermoë om toegang tot sekere URL'e te weier deur van 'n swartlys gebruik te maak en stel die administrateur in staat om inhoud te filter. Dit word gewoonlik gedoen in 'n korporatiewe omgewing maar word ook toenemend in huise en kleiner ondernemings gebruik. Sommige webinstaanbedieners pas die formaat van die webblaaie aan vir 'n spesifieke doel of gehoor (byvoorbeeld selfone en handrekenaars). 'n Webinstaanbediener kan ook inhoud filter en sodoende administratiewe beheer oor die inhoud bewerkstellig wat deur die instaanbediener aangestuur word. Hierdie soort sagteware word dikwels in kommersiële en nie-kommersiële organisasies (veral skole) om te verseker dat die gebruik van die Internet voldoen aan die organisasie se aanvaarbare gebruiksbeleid. Algemene metodes wat gebruik word om inhoud te filter sluit in: URL Swartlyste of DNS Swartlyste, MIME-filters of sleutelwoord filters op die inhoud. 'n Inhoudsfilter sal ook dikwels gebruikeridentifikasie ondersteun om web toegang te beheer. So 'n instaanbediener skep ook dikwels 'n log wat besonderhede kan verskaf oor URL'e wat deur spesifieke gebruikers besoek word of om die gebruik van bandwydte te monitor. Somtyds kommunikeer sulke instaanbedieners ook met daemon programme en/of ICAP gebaseerde antivirus sagteware om beskerming te verleen teen virusse en ander kwaadwillige sagteware deur die inkomende inhoud na te gaan alvorens dit die netwerk ingestuur word. Webinstaanbedieners kan ook gebruik word om die identiteit van die internetgebruiker vir privaatheidsdoeleindes te beskerm. ### Onderskeppende instaanbedieners Instaanbedieners kan ook gebruik word om internet verkeer te onderskep. Dit kan gebruik word deur mense om die datavloei tussen die kliënt en die web af te luister. Alle bladsye wat besoek word asook vorms wat ingevul word kan so onderskep en ondersoek word. Hierdie instaanbedieners staan ook bekend as deursigtige instaanbedieners. Verbindings wat deur die kliënt webblaaiers gemaak word, word in die geval aangestuur sonder dat enige verstellings op die kliënt se kant gedoen word en ook dikwels sonder die gebruiker se medewete. Dit is dikwels moontlik om die teenwoordigheid van 'n onderskeppende instaanbediener te bespeur deur die eksterne IP-adres te vergelyk met die adres wat deur 'n eksterne webbediener waargeneem word of deur die HTTP-hoofde aan die bediener kant te vergelyk. Sagteware vir instaanbedieners ------------------------------ * AlchemyPoint is 'n gebruikersprogrameerbare bediener wat gebruik kan word om webblaaie, e-posse, kitsboodskappe en ander soorte netwerkboodskappe te herskryf. * Die Apache HTTP Bediener kan opgestel word om as 'n instaanbediener te funksioneer. * EZproxy is 'n instaanbediener wat URL'e herskryf en is hoofsaaklik daarop gemik om toegang van buite tot werwe te verleen deur gebruikers se IP-adresse na te gaan. * Microsoft ISA Server – Is 'n Microsoft produk wat deur gebruikers verstel kan word en kan dien as 'n instaanbediener en brandmuur. * Privoxy is 'n vrye oopbron webinstaanbediener met kenmerke wat dit in staat stel om advertensies te filter. * SafeSquid is 'n Linux gebaseerde inhoudsfilterende instaanbediener wat dit moontlik maak om internet toegang volgens gebruikersprofiele toe te laat. * SSH Secure Shell kan opgestel word om as 'n instaanbediener op te tree deur 'n SOCKS instaanbediener op die kliënt op te stel en dan die verkeer deur 'n SSH-verbinding te tonnel. * Sun Java System Web Proxy Server is 'n kasbediner wat op Solaris, Linux en Windows bedieners kan loop. * Squid is 'n gewilde HTTP instaanbediener in die UNIX/Linux wêreld.
{ "title": "Instaanbediener", "mostly_tablelist": false, "tablelist_ratio": [ 1001, 5006, 0.19996004794246905 ], "infobox": [], "td_tables": [], "text_length": 5926 }
Die NG kerk Hobhouse. Ds. J.H. van Wyk het die hoeksteen op 1 Desember 1956 gelê. Die argitekte was Geers, Koelewyn en Moord, en die bouaannemer P.R. de Jager. Dié argiteksfirma het ook die NG kerk Pinetown ontwerp en Jan Koelewyn (op sy eie terwyl hy vennoot was) die Gereformeerde kerk Johannesburg-Sentraal. Die **NG gemeente Hobhouse** is ’n gemeente in die Ring van Ficksburg van die Nederduitse Gereformeerde Kerk se Vrystaatse Sinode. Einde 2015 was hier 130 belydende en 26 dooplidmate, vergeleke met 230 en 55 sowat 30 jaar vantevore. Met sy stigting in 1913 was dit die 55ste gemeente in die Oranje-Vrystaat en die tweede van 16 wat in die dekade ná 1910 gestig is. Aaanloop -------- Hobhouse se eerste of noodkerkie. Die gemeente dra die naam van die Florence Nightingale van Suid-Afrika, Emily Hobhouse (1860–1926), wat veral onthou word vir die noodleniging wat sy tydens die Tweede Vryheidsoorlog onder die lydende en sterwende Boerevroue en -kinders in die konsentrasiekampe verrig het. Die dorpie Hobhouse is in 1912 aangelê op die plaas Poortjie en in die volgende jaar het dit munisipale status verkry. Om praktiese, opvoedkundige en ekonomiese redes is die aanleg van hierdie gemeenskap noodwendig gevind, maar pogings reeds van so vroeg as 1887 om ’n NG gemeente en dorp hier te stig, het telkens misluk. Hobhouse vorm ’n middelpunt tussen die gemeentes Wepener, Dewetsdorp, Thaba 'Nchu-Tweespruit en Ladybrand. In 1905 is vergaderings gehou vir die oprigting van 'n kerkgeboutjie. Van die plase Fairhead, Groenkloof, Rozendale en Poortjie, is laasgenoemde die verkose standplaas vir dorp en kerkgebou. Ná die stigting van die dorp Hobhouse, is op 12 April 1913 ’n vergadering gehou waarop 'n komitee opdrag gekry het om reëlings vir stigting van die gemeente te tref. Dit is dan ook gedoen toe ooreenstemming tussen die Sentrale Ring (ds. P.S. van Heerden van Ladybrand, scriba) en die Suidelike Ring (ds. P.A.M. de Vos van Zastron, scriba) op 29 Augustus 1913 bereik is. Stigting -------- Ds. P.P. van der Merwe, van 1915 tot 1923 Hobhouse se eerste predikant. Volgens *Ons Kerk Album*, wat vier jaar later gepubliseer is, is die gemeente amptelik gestig op 25 September 1913. Tot konsulent is benoem ds. J.F. Marais (Wepener se leraar van 1910 tot '14 en weer van 1920 tot '30. Vir eers moes die "palenkerk" of tabernakel vir die eredienste diens doen. Hoewel die kerkraad saam met die gemeente heel gou die eerste stappe tot die bou van ’n kerkgebou en pastorie gedoen, ’n boukommissie aangestel en ’n tender van £3 000 aangeneem het, kon weens die uitbreek van die oorlog in Europa en die onluste in die Unie (soos *Ons Kerk Album* die 1914-rebellie beskryf), aan dié planne geen uitvoer gegee word nie en is besluit om ’n noodkerkie van sowat £900 te bou en ’n pastorie van sowat £1 000. Ds. P.J. Pienaar van Dewetsdorp het die hoeksteen van die eerste kerkie is op 24 Julie 1915 gelê. Eerste jare ----------- Ds. J.D. Gertenbach, die leraar van 1925 tot 1946. Ds. J.H. van Wyk, leraar van 1957, toe hy sy emeritaat aanvaar, maar in 1958 het hy hertoegetree tot die bediening. As eerste herder en leraar is prop. P.P. van der Merwe op 19 Junie 1915 plegtig georden en bevestig. Onder sy leiding is die noodkerkie op 13 November 1915 ingewy in die teenwoordigheid van ook di. N.J. van der Merwe (Wepener), P.J. Pienaar (Dewetsdorp) en eerw. C.J. Van R. Smit (Wepener). Die inwyding van die pastorie het gevolg op 27 April 1916. Ná agt jaar van vrugbare arbeid het ds. Van der Merwe van die gemeente afskeid geneem. Vervolgens is eerw. prop. J.D. Gertenbach in 1925 hier bevestig om ná 22 jaar van vrugbare diens na die gemeente Malopo te vertrek. Die gemeente se derde leraar, ds. J.H. van Wyk, is in 1948 deur sy vader, ds. T.I. van Wyk (Rietbron), en neef ds. J.H. van Wyk (Kraaifontein), georden en bevestig. Suid-Afrika se derde staatspresident, dr. N.J. Diederichs, sen. J.N. le Roux, eerw. B. van W. Zietsman en prof. dr. C. Badenhorst is seuns van die gemeente. Jan Diederichs (vader van dr. Diederichs) was 30 jaar lank scriba van die gemeente. Sending ------- Sedert die stigting van die gemeente is hier sendingwerk gedoen en is baie vrug afgewerp onder die bekwame leiding van eerww. W.H. Scott, J.A.J. Steenkamp, V. du Plessis en J.L. du Rand. As vrug het reeds teen omstreeks 1950 onder meer 'n pragtige kerk en sewe skole hier gestaan. 'n Tak van die OVSB is in 1916 en van die OVV (Oranje-Vrouevereniging) in 1931 gestig. Enkele leraars -------------- * Philip Petrus van der Merwe, 1915 – 1923 * Jan Diedeliff Gertenbach, 1925 – 1946 * Johannes Hendrik van Wyk, 1948 – 1957 Bronne ------ * (nl) Maeder, ds. G.A. en Zinn, Christian. 1917. *Ons Kerk Album*. Kaapstad: Ons Kerk Album Maatschappij Bpkt. * (af) Olivier, ds. P.L. (samesteller), *Ons gemeentelike feesalbum*. Kaapstad en Pretoria: N.G. Kerk-uitgewers, 1952. * (en) Raper, Peter Edmund. 2004. *New Dictionary of South African Place Names*. Johannesburg & Cape Town: Jonathan Ball Publishers.
{ "title": "NG gemeente Hobhouse", "mostly_tablelist": false, "tablelist_ratio": [ 481, 4195, 0.11466030989272943 ], "infobox": [], "td_tables": [], "text_length": 5034 }
Die **pituïtêre klier** of **hipofise** is 'n endokriene klier, wat so groot soos 'n ertjie is en geleë is in die skedelbasis reg onder die brein. Dit lê in 'n klein, benige holte (pituïtêre fossa). Die hipofise skei vele hormone af. Die hormone wat afgeskei word reguleer homeostase, insluitend trofiese hormone wat ander endokriene kliere stimuleer. Dit word funksioneel verbind aan die hipotalamus. Die hipofise word in twee dele verdeel, die adenohipofise of voorkwab en die neurohipofise of agterkwab. In die adenohipofise word 'n hele aantal hormone geproduseer wat insluit: groeihormoon (GH), tiroïed-stimulerende hormoon (TSH), kortikotropien (ACTH), gonadotrope hormone, follikel-stimulerende hormoon (FSH), luteïniserende hormoon (LH) en prolaktien. Die agterkwab is betrokke by vogregulering in die liggaam. Twee homone wat in die hipotalamus geproduseer word, word hier geberg nl. anti-diuretiese hormoon (ADH) en oksitosien. Funksies van die hormone ------------------------ GH is betrokke by die beheer van groei in die mens en beïnvloed slegs sekere tipes selle. Daar is byvoorbeeld 'n direkte uitwerking op weefselselle i.p.v. op endokriene kliere. TSH stimuleer die tiroïed (skildklier) dat skildklierhormone (tiroksien en trijodotironien) daarin vervaardig word. ACTH stimuleer die bynierskors om bynierhormone te vervaardig. Gonadotrope hormone het 'n invloed op die ovaria en die testes. FSH bevorder die groei en rypword van follikels (blasies waarin die eiersel lê) in die ovaria by die vrou en dit bevorder spermatogenese by die man in die testes. Lg. geskied deur stimulasie van die Sertoliselle (betrokke by rypword van sperm). LH is ook 'n geslagshormoon soos FSH. By die vrou stimuleer dit eiersel-rypwording en ovulasie. By die man speel dit 'n rol in die vorming van die manlike hormoon testosteroon. Prolaktien word vrygestel tydens swangerskap en laktasie. | | | | --- | --- | | Normdata Edit this at Wikidata | * BNF: cb119413718 (data) * GND: 4026389-7 * LCCN: sh85102519 * NDL: 00565139 * TA98: A11.1.00.001 |
{ "title": "Hipofise", "mostly_tablelist": false, "tablelist_ratio": [ 86, 1669, 0.05152786099460755 ], "infobox": [], "td_tables": [], "text_length": 2064 }
Die gemeente se kerkgebou, nou die tuiste van die gemeente Deo Gloria, h.v. Alamein- en Fauncestraat, Robertsham. Dr. Johan Loedollf, die eerste leraar, 1951–1954. Ds. J.L. Coetzee, van 1955 tot 1994 die gemeente se tweede en laaste predikant. Die **NG gemeente Johannesburg-Suid** was, soos die naam aandui, 'n gemeente van die Nederduitse Gereformeerde Kerk in die suidelike voorstede van Johannesburg. Agtergrond ---------- Die hele suide van Johannesburg het op 28 Februarie 1906 as die La Rochelle (vanaf 1938 Turffontein) van die gemeentes Johannesburg-Oos en Jeppestown afgestig wat op hul beurt gelyktydig op 8 Julie 1897 van die Johannesburgse moedergemeente afgestig het. La Rochelle se westelike dele het eers tot die gemeente Johannesburg-Oos behoort en bestaan uit die voorstede Ophirton (nou ’n nywerheidsgebied) en Booysens. Die oostelike dele, Caseys Town (Turffontein) en La Rochelle, het van Jeppestown afgestig. Reeds in Maart 1902 het die kerkraad van Johannesburg-Oos sy ernstige aandag aan die geestelike bearbeiding van Booysens en Ophirton begin gee. Op hierdie datum het die kerkraad broeders W.A. Joubert en S.J. Oberholster gemagtig "om 'n koop aan te gaan van 'n standplaas in Ophirton, vir die som van £175 nie te bowe gaande nie, geskik vir die bou van 'n kerk". Die volgende stap was om die lidmate van die wyk vir 'n gemeentevergadering byeen te roep om hulle te pols oor die bou van 'n wykskerk. So 'n vergadering is dan ook vir 31 Maart 1902 belê, maar toe die Britse militêre owerheid die vereiste verlof daartoe weier (die Tweede Vryheidsoorlog was toe nog aan die gang), moes daarvan afgesien word. Die wyksmense was ewenwel so sterk ten gunste van hierdie onderneming dat die kerkraad besluit het om 'n boukommissie aan te stel en onverwyld te begin bou. Die volgende broeders is daarop tot lede van die boukommissie benoem: W.A. Joubert, S. Oberholster, E. du Plessis, S. Terreblanche, J. Wagner en J.M. van Wyk. Hierdie kommissie moes dadelik planne laat teken vir 'n "steenen Kerk" van 50 x 30 voet. 'n Tender vir £1 007 van ene Van der Riet is 'n maand later aangeneem. Op 4 Junie 1902 kon ds. H.S. Bosman van Pretoria in teenwoordigheid van 'n groot aantal belangstellendes die hoeksteen lê. Binne drie maande was die hulpkerk voltooi en gereed om ingewy te word. Hierdie plegtigheid het op Sondag 17 Augustus 1902 om halfdrie die middag plaasgevind, met 'n indrukwekkende wydingsrede deur ds. J.M. Louw van Boksburg. Nog voor die einde van daardie jaar is 'n harmonium-orreltjie aangeskaf en ene mev. Howell as orreliste vir Ophirton aangestel. Toe ds. C.P. Pauw begin 1904 as hulpprediker van Johannesburg-Oos gemeente aangestel word, was dit veral met die oog op die behoeftes van Ophirton, waar hy hom dan ook moes vestig. Ná die vertrek van ds. Pauw het die kerkraad van Johannesburg-Oos, in samewerking met dié van Jeppestown, prop. D.J. de Villiers weer as hulpprediker aangestel. Hy moes die wyke Ophirton en Booysens (in die gemeente Johannesburg-Oos) en die wyke Turffontein en La Rochelle (in die gemeente Jeppestown) as ’n afsonderlike werkkring onder die gesamentlike toesig van genoemde twee kerkrade bearbei. Hierdie reëling was die eerste stap in die rigting van die afstigting van hierdie wyke tot een gemeente. Nog ’n stap wat die gevoel vir selfstandigheid by Ophirton versterk het, was die verkiesing van twee kerkraadslede (een ouderling en een diaken) vir hierdie wyk van Johannesburg-Oos. En so het sake ontwikkel tot, ná heelwat onderhandelings tussen die kerkrade van Johannesburg-Oos en Jeppestown enersyds en die Ringskommissie andersyds, eindelik op 28 Februarie 1906 'n nuwe gemeente met die naam La Rochelle in die hulpkerkgebou van Turffontein gestig kon word, waartoe voortaan ook die wyke Ophirton en Booysens van Johannesburg-Oos sou behoort. Ontstaan -------- Die afstigting van die gemeente Johannesburg-Suid op 15 November 1950 van die moedergemeente van die hele suidelike deel van Johannesburg, Turffontein, was dus in ’n sekere opsig die skeiding van die twee dele wat in 1906 in die gemeente La Rochelle saamgevoeg is, want by afstigting het Johannesburg-Suid bestaan uit die volgende stedelike gebiede: Booysens, Turffontein Wes, Robertsham (waar die kerk gebou is), Crown Gardens en Mondeor, wat op 6 September 1961, dieselfde dag as Kroonrand, van Johannesburg-Suid sou afstig as die NG gemeente Mondeor. So het Turffontein in werklikheid ’n dogter van Jeppestown geword en Johannesburg-Suid van Johannesburg oos, 44 jaar nadat hulle saam uit twee moeders afgestig is. Nog 44 jaar later is hulle noodgedwonge weer saamgevoeg met hul eenwording as die NG gemeente Deo Gloria. In die buitestedelike gebiede binne die gemeentegrense het ook twee gemeentes afgestig: Danie Theron vir die kleinhoewes van Eikenhof in 1957 en die kleinhoewes in die omgewing van Walkerville in 1959 as NG gemeente Grasmere, waarvan die naam later verander is na Spioenkop en wat tans val binne die Sinode van Wes-Transvaal. Die eerste leraar, prop. (later dr.) Johan Loedolff, is op op 17 Februarie 1951 in die gemeente bevestig. Hy verlaat die gemeente in 1954 om verder te studeer en word later dosent in sosiologie aan die Universiteit van Pretoria, waar hy oorspronklik in 1950 ook sy teologiese studies voltooi het. Tweede en laaste leraar ----------------------- Loedolff se opvolger, ds. Johannes Lodewicus Coetzee, word in 1955 bevestig en dien die gemeente tot die samesmelting met Turffontein as NG gemeente Deo Gloria op 24 April 1994. Dit was enersyds vanweë die verhuising van groot getalle Afrikaanssprekendes uit sekere dele van Johannesburg se suidelike voorstede, maar andersyds omdat Turffontein se onderversekerde kerkgebou in 1992 afgebrand en die gemeente nie kon bekostig om dit te herbou nie en Johannesburg-Suid se leraar afgetree het. Dié samesmelting het 'n einde gebring aan die 88-jarige bestaan van die oudste gemeente suid van die middestad, van wie al die gemeentes in die suide dogters of kleindogters is of was. Die gemeente het in 1994 (die laaste inskrywing in 'n NG Kerk-jaarboek) 62 dooplidmate en 252 belydende lidmate gehad en Turffontein 90 dooplidmate en 346 belydende lidmate. Johannesburg-Suid se gebouekompleks op die hoek van Alamein- en Fancestraat in Robertsham is die tuiste van die saamgestelde gemeente, wat in 2010 net 58 dooplimate en 367 belydende lidmate oorgehad het en waarvan ds. A.D.P. de Villiers sedert 1999 die leraar was. In 2015 het die getalle afgeneem tot onderskeidelik 5 en 236 en die jaar daarna 10 en 174. Ds. Marius Oosthuizen was die "vaste termyn-posbediener". Ligging ------- Die kerkgebou is geleë in Alameinweg in Robertsham. Twee leraars ------------ * Johan Frederick Loedolff, 1951–1954 (verdere studie, maar tree in 1957 uit NG Kerk met verlies van status) * Johannes Lodewicus Coetzee, 1955 – 24 April 1994 (sy eerste en enigste gemeente en die gemeente se tweede en laaste leraar in sy 44-jarige bestaan) Sien ook -------- * Gereformeerde kerk Johannesburg-Suid
{ "title": "NG gemeente Johannesburg-Suid", "mostly_tablelist": false, "tablelist_ratio": [ 332, 5945, 0.05584524810765349 ], "infobox": [], "td_tables": [], "text_length": 7046 }
*Hierdie artikel gaan oor die satelliet en katalogus. Sien Hipparchos vir meer oor die Griekse sterrekundige.* **Hipparcos**, ’n satelliet met die **Hipparcos-katalogus** en ander dataversamelings oor sterre, was ’n wetenskaplike sending van die Europese Ruimteagentskap (ESA) wat in 1989 gelanseer is en tot in 1993 inligting versamel het. Dit was die eerste ruimte-eksperiment wat gewy is aan presisie-astrometrie, die akkurate meting van die posisie van hemelliggame. Dit stel sterrekundiges in staat om die eiebeweging en parallaks van sterre te meet en daardeur ook hul afstand en raaklynige snelheid. Dit, tesame met metings van ’n liggaam se radiale snelheid deur spektroskopie, is al die eienskappe wat nodig is om die beweging van sterre te bepaal. Die Hipparcos-katalogus, met inligting oor meer as 118 200 sterre, is in 1997 gepubliseer. Die minder noukeurige Tycho-katalogus met meer as ’n miljoen sterre is terselfdertyd gepubliseer en die verbeterde Tycho-2-katalogus met 2,5 miljoen sterre in 2000. Die woord "Hipparcos" staan vir "**Hi**gh **p**recision **par**allax **co**llecting **s**atellite" en is ook ’n verwysing na die Antieke Griekse sterrekundige Hipparchos van Nicea, die grondlegger van driehoeksmeting en samesteller van die eerste omvattende sterkatalogus van die Westerse wêreld.
{ "title": "Hipparcos", "mostly_tablelist": false, "tablelist_ratio": [ 559, 1684, 0.3319477434679335 ], "infobox": [ "<table about=\"#mwt1\" class=\"infobox\" style=\"font-size:90%; width:25em; text-align:left;\">\n<tbody><tr><th colspan=\"2\" style=\"color:#000; background-color:; font-size:120%; text-align:center;\">Hipparcos</th></tr>\n<tr>\n<td colspan=\"2\" style=\"text-align:center;\"><span data-mw='{\"caption\":\"Die Hipparcos-satelliet in die Groot Sonnabootser, ESTEC (Februarie 1988).\"}' typeof=\"mw:Image\"><a href=\"./Lêer:Hipparcos-testing-estec.jpg\"><img data-file-height=\"1390\" data-file-type=\"bitmap\" data-file-width=\"1176\" decoding=\"async\" height=\"260\" resource=\"./Lêer:Hipparcos-testing-estec.jpg\" src=\"//upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/7/78/Hipparcos-testing-estec.jpg/220px-Hipparcos-testing-estec.jpg\" srcset=\"//upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/7/78/Hipparcos-testing-estec.jpg/330px-Hipparcos-testing-estec.jpg 1.5x, //upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/7/78/Hipparcos-testing-estec.jpg/440px-Hipparcos-testing-estec.jpg 2x\" width=\"220\"/></a></span><br/><small><div style=\"text-align:center\">Die Hipparcos-satelliet in die Groot Sonnabootser, ESTEC (Februarie 1988).</div></small></td></tr>\n<tr>\n<th>Organisasie</th>\n<td><a class=\"mw-redirect\" href=\"./Europese_Ruimteagentskap\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Europese Ruimteagentskap\">Europese Ruimteagentskap</a></td></tr>\n<tr>\n<th>Lanseerdatum</th>\n<td><a href=\"./8_Augustus\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"8 Augustus\">8 Augustus</a> <a href=\"./1989\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"1989\">1989</a></td></tr>\n<tr>\n<th>Lanseerplek</th>\n<td><a class=\"mw-redirect\" href=\"./Frans-Guiana\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Frans-Guiana\">Frans-Guiana</a></td></tr>\n<tr>\n<th>Vuurpyl</th>\n<td>Ariane 4 (V33)</td></tr>\n<tr>\n<th>Duur van sending</th>\n<td>3,5 jaar</td></tr>\n<tr>\n<th>Massa</th>\n<td>1<span typeof=\"mw:Entity\"> </span>140<span typeof=\"mw:Entity\"> </span>kg met lansering</td></tr>\n<tr>\n<th>Webtuiste</th>\n<td><a class=\"external text\" href=\"http://www.rssd.esa.int/hipparcos\" rel=\"mw:ExtLink\">www.rssd.esa.int/hipparcos</a></td></tr>\n</tbody></table>" ], "td_tables": [], "text_length": 1319 }
Die rooi lyn is 'n hiposikloïed wat getrek word as die kleiner swart sirkel rol binne in die groter swart sirkel (parameters met R=4.0, r=1.0, en so k=4, gee 'n Astroïed). In meetkunde, is 'n **hiposikloïed** 'n spesiale vlakkromme, 'n roulette, afgetrek deur 'n punt op 'n sirkel wat binne 'n groter sirkel rol. Dit is vergelykbaar met 'n sikloïed maar in plaas daarvan dat dit langs 'n lyn rol, rol dit binne 'n sirkel. Die verhouding van die radius van die groter sirkel tot die radius van die kleiner sirkel bepaal die aantal punte van die kurwe. Byvoorbeeld as die verhouding 3:1 is, sal die kurwe drie punte hê en sal dit 'n deltoïed wees. Sulke kurwes kan met die *Spirograph* speelgoed geteken word. 'n Hiposikloïed met *n + 1* punte kan gedefineer word deur die volgende paar parametriese vergelykings: {\displaystyle x(\theta )=\cos \theta +{1 \over n}\cos n\theta ,} {\displaystyle y(\theta )=\sin \theta -{1 \over n}\sin n\theta .} Die hiposikloïed is 'n spesiale soort Hipotrogoïed. 'n Hiposikloïed en sy evoluut is soortgelyk. 'n Hiposikloïedkurwe met vier punte staan bekend as 'n astroïed. Die Pittsburgh Steelers se kenteken sluit drie astroïedes (hiposikloïedes met vier punte) in. In sy weeklikse NFL.com rubriek *Tuesday Morning Quarterback,* verwys Gregg Easterbrook gereeld na die Steelers as die Hiposikloïedes. Sien ook -------- * Sikloïed * Episikloïed
{ "title": "Hiposikloïed", "mostly_tablelist": false, "tablelist_ratio": [ 19, 1184, 0.016047297297297296 ], "infobox": [], "td_tables": [], "text_length": 1387 }
| **Bernau im Schwarzwald** | | --- | | **Ligging in Baden-Württemberg** | **Wapen** | | | | | | | | | | | | | |  **Land** | Duitsland | |  **Deelstaat** | Baden-Württemberg | |  **Distrik** | Waldshut (WT) | |  **Koördinate** | 47°48′N 8°2′O / 47.800°N 8.033°O / 47.800; 8.033 | |  **Stigting (eerste verwysing)** | 1173 | |  **Oppervlakte:** |   | |  - Totaal | 38,04 vk km | |  **Hoogte bo seevlak** | 855-1 415 m | | | |  **Bevolking:** |   | |  - Totaal (31 Desember 2010) | 1 898 | |  - Bevolkingsdigtheid | 50/vk km | |  **Tydsone** | UTC +1 (MET) | |  - Somertyd | UTC +2 | |  **Klimaat** |   | |  - Tipe | Gematigde bergklimaat | |  - Gemiddelde jaarlikse temperatuur | 5,5°C | |  - Gem. temp. Januarie/Julie | -2,5 / 13,9°C | |  - Gemiddelde jaarlikse neerslag | 1 918 mm | |  **Burgemeester** | Rolf Schmidt | |  **Amptelike Webwerf** | *Bernau* | | **Bernau im Schwarzwald** is 'n nedersetting en ski- en ontspanningsoord in die administratiewe distrik Waldshut van die Duitse deelstaat Baden-Württemberg. Geografie --------- Bernau is in 'n hooggeleë vallei van die Suidelike Swartwoud, suid van die bergpiek Feldberg en wes van die meer Schluchsee, geleë. Die dorpsgebied behels die vallei van die Bernauer Alb, 'n klein bronrivier van die Alb, en strek van 'n hoogte van 855 m in sy laagste deel tot 1 415 m bo seevlak by die bergpiek Herzogenhorn. Geskiedenis ----------- *Resenhof*, 'n plaas in die tradisionele Swartwoud-styl Die eerste menslike nedersettings - monniksplase - in die huidige dorpsgebied is in die laat 11de eeu deur lekebroeders van die klooster St. Blasien aangelê. Die eerste verwysing na Bernau dateer uit die jaar 1173 toe 'n kapel in die dorpsbuurt Hof ingewy is. Met die sekularisasie van St. Blasien in 1806 het die heerskappy van dié klooster tot 'n einde gekom. Bernau, wat oorspronklik 'n besitting van Voor-Oostenryk was, is in dieselfde jaar by die nuutgestigte Groothertogdom Baden ingelyf. In 1934 is vier voorheen selfstandige nedersettings in die Bernau-vallei saamgesmelt om die nuwe munisipaliteit Bernau te vorm. Die amptelike naam is ter onderskeiding van ander gelyknamige nedersettings op 1 Januarie 1999 gewysig tot Bernau im Schwarzwald. Kuns en tradisies ----------------- Hans Thoma: *Selfportret met Liefde en Dood*, olieverf op doek (1875), *Staatliche Kunsthalle Karlsruhe* Bernau het veral bekendheid verwerf as die geboortedorp van die bekende Duitse skilder Hans Thoma (1839-1924) verwerf. Plaaslike tradisies sluit onder meer houtkuns in, en hout het naas landbou ook tradisioneel die basis van die plaaslike ekonomie gevorm. Bernau se *Hinterwälder Vieh* is die kleinste beesras in Europa. | | | | --- | --- | | Normdata Edit this at Wikidata | * GND: 4240684-5 * LCCN: n79033365 * MusicBrainz: 1dea0292-ba3d-414d-a6a7-671749a06197 * VIAF: 128990139 * WorldCat Identities: lccn-n79033365 |
{ "title": "Bernau im Schwarzwald", "mostly_tablelist": false, "tablelist_ratio": [ 685, 2165, 0.3163972286374134 ], "infobox": [], "td_tables": [], "text_length": 2901 }
**Hippokrates van Kos** (Oudgrieks: Ἱπποκράτης ὁ Κῷος) (Kos, omstreeks 460 v.C. – Larissa, omstreeks 370 v.C.) was ’n Griekse geneesheer. Sy naam beteken "perdetemmer". Hy word beskou as die vader van die moderne geneeskunde omdat hy die eerste persoon was wat natuurlike oorsake as die rede vir siektes gesien het in plaas van bonatuurlike oorsake. Hy is die eerste arts in die Westerse wêreld wat ’n diagnose kon doen na gelang van simptome en daarvolgens ’n bepaalde terapie kon voorskryf. Dié beginsel is egter toe reeds millenniums lank in Indië en China toegepas. Hy het dus die geneeskunde in die Westerse wêreld uit die taboe-sfeer van towenary en godsdiens gehaal. Nalatenskap ----------- Een van Hippokrates se beste nalatenskappe is dat hy die mediese wetenskap van die heersende natuurfilosofiese benadering geskei het. Hy het sterk nadruk gelê op higiëne, vir artse sowel as pasiënte, op gesonde eet- en drinkgewoontes, die belangrikheid van vars lug en ’n natuurlike verloop van die prosesse in die liggaam. Hy was oortuig daarvan dat die mens se gesondheid afhang van ’n balans tussen liggaamsvloeistowwe, en dat ’n wanbalans siekte sou veroorsaak. Die menslike liggaam het volgens hom vier vloeistowwe bevat: slym, bloed, geel gal en swart gal. Die fisieke en fisiese toestand (temperament) en siekteverskynsels is verklaar aan die hand van die bestaande gehalte van die verskillende vloeistowwe. Te veel slym (flegma) sou ’n flegmatiese of te kalm temperament tot gevolg hê; te veel bloed ’n optimistiese, passievolle temperament; te veel geel gal ’n prikkelbare, opvlieënde temperament en te veel swart gal ’n swartgallige of depressiewe temperament. ’n Wanbalans sou met ’n dieet behandel moes word. Mense het eers gedink epilepsie (van die stam van die Oud-Griekse woord λαμβάνειν "slaan", "gryp") word veroorsaak deur die gode wat iemand straf omdat hulle hom op ’n goddelose daad betrap het en hom dus gryp of slaan. Hippokrates het ontdek dat dit ’n fisieke oorsaak het en dus nie ’n straf was nie. Hy het ’n praktyk en mediese skool op sy geboorte-eiland, Kos, begin waar hy ’n hoë beroepsmoraal by sy studente aangewakker het. Hy het ’n plegtige eed opgestel wat sy studente moes aflê wanneer hulle afstudeer. Hoewel verskillende vorme van die eed bestaan, word dit algemeen die Hippokratiese eed genoem. Voor Hippokrates was die geneeskunde in Griekeland hoofsaaklik gebaseer op die towerkuns, bygeloof en godsdienstige rituele. Die Grieke het geglo dat party siektes deur wraaksugtige gode veroorsaak word as straf vir die mense. Hippokrates het hierdie opvatting geheel en al verwerp, en sy hele lewe lank het hy volgehou dat alle siektes natuurlike oorsake het, en nie bonatuurlike nie. Hierdie siening, sowel as baie ander van die groot geleerde, is egter eers deur die moderne mediese wetenskap as korrek bewys. Een van die dinge wat hy benadruk het, en wat vandag eintlik as vanselfsprekend beskou word, was dat 'n dokter altyd sy pasiënte noukeurig moet ondersoek en so die voorkoms en ontwikkeling van elke siekte bestudeer. Op hierdie manier kan die dokter leer hoe 'n sekere siekte ontwikkel, en sal hy in staat wees om die verdere ontwikkeling en uiteinde van soortgelyke gevalle reg te voorspel. Hippokrates het slegs 'n paar eenvoudige geneesmiddels gebruik, aangesien hy geglo het in die vermoë van die liggaam om self te herstel. Dit het hy die *geneeskrag van die natuur* genoem. Hoewel hy in die eerste plek 'n geneeskundige was, het Hippokrates ook in die snykunde belang gestel - altans sover ons kan aflei van die geskrifte wat aan hom toegeskryf word. Hy het breuke en ontwrigtings behandel, verswerings verwyder en, hoewel hy in beginsel geen voorstander daarvan was nie, ook soms ingewikkelde operasies uitgevoer. Van sy advies aan chirurge is selfs vandag nog toepasbaar: *Die naels moet nie langer of korter as* *die punte van die vingers wees nie. 'n Mens moet* *oefen om alle soorte werk met albei hande te kan* *doen, en jy moet daarna strewe om dit goed,* *elegant, vinnig en netjies te doen*. Hy het ook voorskrifte neergelê in verband met die instrumente, die beligting van die operasiekamer en die beste posisies vir pasiënt en chirurg. Hippokrates-versameling ----------------------- Griekeland was natuurlik nie die enigste deel van die antieke wêreld waar die mediese wetenskap gebloei het nie. Ook in Alexandrië in Egipte het ʼn mediese skool mettertyd tot stand gekom, en die biblioteek van Alexandrië het 'n baie groot versameling mediese werke gehad. 'n Deel van hierdie werke het mettertyd as die Hippokrates-versameling bekend geword. Daar was tussen 70 en 100 werke in die versameling, en die idee was dat hulle gehandel het oor die werk van die geneesheer van Kos. Maar selfs die vroegste geleerdes wat hierdie boeke bestudeer het, het besef dat hulle uit 'n groot aantal verskillende bronne gekom het. Dit is trouens twyfelagtig of selfs een van hulle deur Hippokrates self geskryf is. Die beroemdste boek in die Hippokrates-versameling is waarskynlik *Die heilige siekte*. Hierdie boek is vermoedelik reeds in 400 v.C. geskryf, en dit gee vir ons 'n duidelike beeld van die siekte wat ons vandag as epilepsie ken. In Hippokrates se tyd het die mense geglo dat epilepsie deur die gode veroorsaak word. Daarom is dit dan ook *heilig* genoem. Hoewel die skrywer van die boek nie die werklike oorsaak van epilepsie geken het nie, het hy geen twyfel gehad dat dit die gevolg was van natuurlike oorsake nie. Verskeie van die boeke in die versameling is in 'n baie besondere styl geskryf, die *aforistiese* styl. ʼn Aforisme of kernspreuk is 'n kort en maklik onthoubare sin wat 'n belangrike waarneming, oordeel of instruksie bevat. Bronne ------ * *Kennis*, 1980, ISBN 0798108266, volume 4, bl. 802, 803 * Hierdie artikel is vertaal uit die Nederlandse Wikipedia | | | | --- | --- | | Normdata Edit this at Wikidata | * BIBSYS: 90154711 * BNE: XX932328 * BNF: cb119075525 (data) * CANTIC: a10475424 * CiNii: DA00204339 * GND: 11855140X * ISNI: 0000 0004 3523 8545 * LCCN: n79005643 * LNB: 000006751 * NDL: 00443405 * NKC: jn19981001461 * NLA: 35196951 * NLG: 19256 * NLI: 000063493 * NLK: KAC199634403 * NLP: A11831364 * NSK: 000051770 * NTA: 069740089 * RERO: 02-A000080439 * RSL: 000035188 * SELIBR: 190903 * SNAC: w6vc2ws6 * SUDOC: 027324885 * TDVİA: hipokrat * Trove: 860853 * ULAN: 500103049 * VIAF: 287984736 * WorldCat Identities: lccn-n79005643 |
{ "title": "Hippokrates", "mostly_tablelist": false, "tablelist_ratio": [ 673, 5441, 0.12369049807020768 ], "infobox": [ "<table about=\"#mwt1\" class=\"infobox\" style=\"font-size:90%; width:25em; text-align:left;\">\n<tbody><tr><th colspan=\"2\" style=\"color:#000; background-color:; font-size:120%; text-align:center;\">Hippokrates</th></tr>\n<tr>\n<td colspan=\"2\" style=\"text-align:center;\"><span data-mw='{\"caption\":\"Hippokrates van Kos (illustrasie 1925).\"}' typeof=\"mw:Image\"><a class=\"mw-file-description\" href=\"./Lêer:Hippocrates_Light.JPG\"><img data-file-height=\"1101\" data-file-type=\"bitmap\" data-file-width=\"813\" decoding=\"async\" height=\"271\" resource=\"./Lêer:Hippocrates_Light.JPG\" src=\"//upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/d/d2/Hippocrates_Light.JPG/200px-Hippocrates_Light.JPG\" srcset=\"//upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/d/d2/Hippocrates_Light.JPG/300px-Hippocrates_Light.JPG 1.5x, //upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/d/d2/Hippocrates_Light.JPG/400px-Hippocrates_Light.JPG 2x\" width=\"200\"/></a></span><br/><small><div style=\"text-align:center\">Hippokrates van Kos (illustrasie 1925).</div></small></td></tr>\n<tr>\n<th>Gebore</th>\n<td>Kos, <a href=\"./Antieke_Griekeland\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Antieke Griekeland\">Antieke Griekeland</a> <br/>omstreeks 460 v.C.</td></tr>\n<tr>\n<th>Oorlede</th>\n<td>Larissa, Antieke Griekeland <br/>omstreeks 370 v.C.</td></tr>\n<tr>\n<th>Beroep</th>\n<td>Geneesheer</td></tr>\n</tbody></table>" ], "td_tables": [], "text_length": 6491 }
**Bernd Franz Glemser** (gebore 30 Mei 1962 in Dürbheim, Baden-Württemberg) is 'n Duitse pianis en pedagoog. Artistieke ontwikkeling ----------------------- Glemser het sy eerste klavierlesse op 7-jarige ouderdom ontvang. As student van die Russiese pianis en musiekonderwyser Vitaly Margulis is sy talente reeds opmerklik as student. Hy wen vanaf 1981 pryse tydens 17 internasionale musiekkompetisies. Dit sluit die Cortot-, Rubinstein-, Internasionale Ferruccio Busoni- (1984: 3de prys) en die ARD Musiekkompetisie in (1987: 2de prys). Hy was in 1989 nog 'n geregistreerde student aan die *Hochschule für Musik Freiburg* toe hy aangestel is as klavierprofessor aan die *Hochschule für Musik Saar* te Saarbrücken, wat hom destyds die jongste klavierprofessor in Duitsland gemaak het. Bernd Glemser is sedert 1996 professor in klavier aan die Universiteit vir Musiek in Würzburg. In dieselfde jaar was hy die eerste kunstenaar uit die Weste wat 'n lewendige uitvoering op Chinese televisie gelewer het, met 'n uitvoering van die eerste klavierkonsert deur Tsjaikofski. Repertorium ----------- Glemser se konsertrepertorium wissel van barokmusiek tot kontemporêre klavierwerke. Hy spesialiseer veral in die virtuose werke van Liszt, Skriabin, Ferruccio Busoni en Rachmaninoff. Hy het sedertdien verskeie CD's vrygestel, byvoorbeeld die volledige uitgawe van die sonates deur Schumann en Prokofiëf. Hy het konsertuitnodigings vanoor Europa, die VSA, Kanada, Suid-Amerika, Japan, China, Australië en Nieu-Seeland ontvang, en word wêreldwyd hoog aangeslaan. Glemser het reeds saam met gerekende dirigente soos Herbert Blomstedt, Riccardo Chailly, Welser-Möst, Myung-whun Chung, Dmitri Kitajenko, Osmo Vänskä en Wolfgang Sawallisch opgetree. Benewens sy vele toekennings, ontvang Bernd Glemser die Europese Andor Földes-toekenning in 1992 en die Europese Pianiste-toekenning in Zürich in 1993. In 2003 ontvang hy 'n toekenning vanaf die destydse Federale President Johannes Rau. Hy het ook die Würzburg Stadskultuur-prys in 2006 ontvang. Hy het reeds verskeie opnames vir Naxos gemaak. **Rekord van klavierpryse, onvolledig**| Jaar | Kompetisie | Prys | 1ste pryswenner / Ex-aequo met... | | --- | --- | --- | --- | | 1983 | María Canals, Barcelona | 2de prys | *1ste prys-geen toekenning* / Kyoko Koyama. | | 1984 | Ferruccio Busoni Internasionale Klavierkompetisie, Bolzano | 3de prys | Louis Lortie. | | 1984 | Premio Mario Zanfi, Parma | **1ste prys** | | | 1985 | Sydney Internasionale Klavierkompetisie | 2de prys | Du Ning-Wu | | 1986 | Rina Sala Gallo, Monza | **1ste prys** | | | 1987 | ARD, München | 2de prys | *1ste prys-geen toekenning* / Ricardo Castro. | | 1987 | Paloma O'Shea Santander Internasionale Klavierkompetisie, Santander | 3de prys | | | 1988 | Concours de Montreal | 2de prys | Angela Chang | | 1992 | Andor Földes-prys | **1ste prys** | | | 1993 | Europese Pianiste-prys | **1ste prys** | |
{ "title": "Bernd Glemser", "mostly_tablelist": false, "tablelist_ratio": [ 1257, 3040, 0.41348684210526315 ], "infobox": [ "<table about=\"#mwt1\" class=\"infobox vcard plainlist\" data-mw='{\"parts\":[{\"template\":{\"target\":{\"wt\":\"Inligtingskas Musikale kunstenaar\\n\",\"href\":\"./Sjabloon:Inligtingskas_Musikale_kunstenaar\"},\"params\":{\"Naam\":{\"wt\":\"Bernd Glemser\"},\"Instrument\":{\"wt\":\"[[Klavier|Pianis]]\"},\"Geboortedatum\":{\"wt\":\"30 Mei 1962\"},\"Geboorteplek\":{\"wt\":\"Dürbheim, [[Baden-Württemberg]]\"},\"Sterfdatum\":{\"wt\":\"\"},\"Sterfplek\":{\"wt\":\"\"}},\"i\":0}}]}' id=\"mwAg\" style=\"width:22em\" typeof=\"mw:Transclusion\"><tbody><tr><th colspan=\"2\" style=\"text-align:center;font-size:125%;font-weight:bold;background-color: #b0c4de\"><div class=\"\" style=\"display:inline;\">Bernd Glemser</div></th></tr><tr><th scope=\"row\">Gebore</th><td>30 Mei 1962<br/>Dürbheim, <a href=\"./Baden-Württemberg\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Baden-Württemberg\">Baden-Württemberg</a></td></tr><tr><th scope=\"row\">Instrumente</th><td class=\"note\"><a href=\"./Klavier\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Klavier\">Pianis</a></td></tr></tbody></table>" ], "td_tables": [], "text_length": 2938 }
| | | | --- | --- | | | *Vrywaring: Die mediese inligting verskaf op Wikipedia dien slegs as 'n riglyn en dra geen waarborg van feitelike korrektheid nie. Enige vrae of klagtes oor u persoonlike gesondheid behoort na 'n dokter verwys te word.* | **Diabetes mellitus** is 'n metaboliese afwyking wat gekenmerk word deur hiperglukemie (hoë bloedsuiker / -glukose). Dit word **suikersiekte** in die volksmond genoem, maar daar kan deur die gebruik hiervan verkeerde afleidings gemaak word. Twee sulke afleidings sluit in dat mens die siekte opdoen deur te veel suiker in te neem, en tweedens dat mens geen suiker mag inneem as mens die siekte onder lede het nie. Diabetes mellitus moet nie verwar word met ander skaars toestande wat ook diabetes genoem word nie. Die mees algemeen hiervan is diabetes insipidus. Hierdie aandoening veroorsaak dat mense baie meer moet urineer as wat normaal is. Dit kan deur skade aan die nier (nefrogene DI) of hipofise/pituitêre klier (sentrale DI) veroorsaak word. Dit het dus niks te doen met suikersiekte nie. Hiperglukemie wat voortduur en hoog genoeg is kan glukosurie (glukoseverlies in die urine) veroorsaak, en met verergering lei dit tot poliurie (vermeerderde urinering) asook polidipsie (drink meer as normaal). Die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) erken drie hooftipes diabetes mellitus: tipe 1, tipe 2, en gestasionele (swangerskaps-) diabetes (soms tipe 3 genoem). Hierdie tipes het soortgelyke tekens en simptome, maar het verskillende oorsake en kom voor in verskillende groepe. Hulle verteenwoordig nie 'n enkele siekte/toestand nie. Tipe 1 is gewoonlik weens die outo-immuun vernietiging van die insulien-produserende selle – pankreatiese beta-selle – terwyl tipe 2 gekenmerk word deur 'n wisselende mate van insulienweerstandigheid in die weefsel. Gestasionele diabetes se oorsaak kan teruggevoer word na die fetale behoefte en moederlike metaboliese beheer. Die onderliggende meganismes hiervan is onduidelik. Tipe 2 kan soms voortgaan om te lei na verlies van die beta-selfunksie. Tipes 1 en 2 is sedert die eerste gebruik van insulien (1921) nog steeds nie geneesbaar nie, maar behandelbare chroniese toestande; gestasionele diabetes klaar tipies op na verlossing van die baba. Die hoofrisiko's sluit, behalwe die akute abnormaliteite van bloedglukose, ook kenmerkende langtermyn-komplikasies in. Hieronder tel kardiovaskulêre siekte (dubbele risiko), chroniese nierversaking (die hoofoorsaak van dialise in die ontwikkelde wêreld), retinale skade ( wat tot blindheid kan lei), senuweeskade, mikrovaskulêre skade (insluitend erektiele disfunksie en vertraagde wondgenesing wat kan lei tot gangreen en selfs amputasie). Volgens die huidige internasionale konvensie lê die ideale bloedglukose tussen 4 en 6 mmol/l (millimol per liter). 'n Vastende waarde by 'n onbehandelde persoon bo 6.9 mmol/l en 'n nie-vastende waarde van bo 11 mmol/l word beskou as diagnosties van diabetes mellitus. Hierdie waardes word van tyd tot tyd gewysig soos verdere navorsing gedoen word. Geskiedenis ----------- Geneeskundiges het diabetes eers van ongeveer 1900 af beter begin verstaan, alhoewel daar reeds sedert die middeleeue 'n bewustheid van die siekte was. Die rol van die pankreas in die siekte is eers deur Joseph von Mering en Oskar Minkowski bepaal. Hulle het in 1889 bevind dat wanneer die pankreasse van honde verwyder is, die diere dan al die simptome en tekens van diabetes ontwikkel het en dan gevrek het kort daarna. In 1910 het Sir Edward Albert Sharpey-Schafer voorgestel dat mense met diabetes 'n tekort het aan 'n enkele chemiese stof wat in die pankreas vervaardig word. Hy het voorgestel dat die stof ‘insulien’ genoem word. Eers in 1921 is daar verder bevind dat honde se toestand verbeter het wanneer 'n ekstrak van die pankreatiese eilande van Langerhans van gesonde honde aan hul toegedien is. Banting, Best en kollegas asook die apteker Collip het die hormoon insulien van bees-pankreasse gesuiwer in Toronto, Kanada. Dit het daartoe gelei dat 'n effektiewe behandeling – insulien-inspuitings- beskikbaar geword het. Die eerste pasiënt is in 1922 behandel. Banting e.a. se besluit om nie kommersiële produksie van insulien te beheer nie het gehelp dat produksie en behandeling spoedig wêreldwyd versprei het. Ten spyte van die beskikbaarheid van behandeling is diabetes nog steeds 'n groot oorsaak van sterftes. Die onderskeid tussen wat vandag beskou word as diabetes tipes 1 en 2 is vir die eerste maal getref deur Sir Harold Percival (Harry) Himsworth in 1935. Oorsaak van die siekte (Patogenese) ----------------------------------- Diabetes is 'n ongeneeslike siekte waar die liggaam onvoldoende energie uit glukose (suikers) kan verkry. Glukose kan in die meeste selle (insulien-afhanklike selle) slegs opgeneem word as daar voldoende insulien teenwoordig is en mits daar funksionerende insulien-reseptore op die selle aanwesig is. By diabetes is daar 'n onderliggende tekort aan insulien of die reseptore is nie sensitief vir insulien nie. Wanneer die glukose nie/onvoldoende in die selle opgeneem word, styg die bloedglukosewaarde – hiperglukemie tree in. Insulien is die hoof hormoon wat die opname van glukose in die meeste selle vanaf die bloed reguleer (meestal spier- en vetselle, maar nie die selle van die sentrale senuweestelsel nie). 'n Tekort aan insulien of die onsensitiwiteit van sy reseptore speel 'n sentrale rol in alle vorme van diabetes mellitus. Die meeste van die koolhidrate in voedsel word binne 'n paar uur na die monosakkaried glukose omgeskakel. Glukose is die hoof-koolhidraat in die bloed. Ander koolhidrate sluit in: vrugtesuiker (fruktose), wat as 'n sellulêre brandstof gebruik word maar nie na glukose afgebreek word nie en dus nie deelneem aan die beheermeganisme van insulien en glukose nie ; sellulose wat lang kettings glukose is maar nie deur die verteringstelsel verwerk kan word nie. Insulien word in die bloed vrygestel deur die beta-selle (β-selle) in die pankreas wanneer daar stygende vlakke van bloedglukose voorkom (bv. na 'n ete). Insulien maak dit vir meeste liggaamselle (ongeveer 2/3 volgens skattings) moontlik om glukose uit die bloed op te neem as brandstof. Dit word dan omgeskakel na ander molekule of word gestoor. Insulien is ook die hoof beheersein vir die omskakeling van glukose (die basiese suiker) na glikogeen vir storing in die lewer en spierselle. Verlaagde insulienvlakke veroorsaak verminderde vrystelling van insulien uit die beta-selle asook omskakeling van glikogeen na glukose wanneer glukosevlakke afneem. Hoër insulienvlakke vermeerder vele anaboliese ("opbouende") prosesse soos selgroei, proteïensintese en die stoor van vette. Insulien is die hoofsein om vele tweerigting-metaboliese prosesse van 'n kataboliese("afbrekende") na 'n anaboliese rigting te stuur, en omgekeerd. Wanneer die hoeveelheid beskikbare insulien onvoldoende is, wanneer selle swak op die uitwerking van insulien reageer (insulien-onsensitiwiteit of insulienweerstandigheid, of as die insulien self defektief is, word die glukose nie na behore deur die liggaamselle hanteer of behoorlik in die lewer of spierweefsel gestoor nie. Dit lei na voortdurende hoë glukosevlakke, swak proteïensintese en ander metaboliese afwykings soos asidose. Verskeie organe word deur 'n te hoë konsentrasie glukose beïnvloed: In die nier sal die konsentrasie van die glukose so hoog wees dat nie alle suikers geabsorbeer kan word nie. Daar gaan dus glukose verlore in die urine. Hiermee saam vind groter waterverlies plaas – groter volumes urine word geproduseer: poliurie. Weens die groter urinevolume word die persoon meer dors en drink dan meer: polidipsie. Aterosklerose versnel in die groter slagare/arteries. Ook die kleiner slagare gaan minder goed funksioneer (mikroangiopatie) wat weer visie nadelig kan raak deur die uitwerking op die retina. In só 'n geval is dit nodig dat die kliënt na 'n hospitaal (sekondêre vlak) waar laserterapie gegee sal word, verwys word. Senuwees wat betrokke is by sensasie/gevoel in die ledemate se funksie word ook ingekort. Die gevolg hiervan is 'n verlies van sensasie in die voete en hande. Ontsteking/infeksie van wonde kom ook meer voor en genesing word in die wiele gery deur die versteurde bloedtoevoer. Al hierdie faktore kan bydra dat voete en soms bene geamputeer moet word. Simptome -------- Diabetes is simptoomloos by 'n groot persentasie van mense met vroeë aantasting. Die genoemde meer drink en meer urineer kom voor by hoë bloedglukosewaardes. Daar is soms 'n vermeerderde voorkoms van blaasontsteking, vaginale kandidiase of lokale velinfeksies. 'n Kenmerk wat by sommige pasiënte waarneembaar is, is die reuk van asetoon op die asem van diabetes-lyers. Dit is weens vetverbranding van die liggaam, met ketone as newe-produkte (een van hulle is asetoon), omdat glukose nie voldoende vir energie aangewend kan word nie. Met ernstige dehidrasie wat soms voorkom saam met hoë bloedglukosewaardes, kan 'n metaboliese asidose ontwikkel. Dit kan ly tot 'n lewensbedreigende koma (diabetiese keto-asidose). Behandeling ----------- Tipe 1 diabetes kan slegs met insulien behandel word. Insulien kom voor as kort-en langwerkende preparate. Insulienpompe word ook gebruik en insulien wat ingeasem kan word is ook in ontwikkeling. Tipe 2 word eerstens behandel deur dieet-aanpassings en tweedens met 'n aantal orale geneesmiddels wat die sulfonielureums bv. gliklasied en glimepiried, biguaniede bv. metformien en die tiasolidinedione bv. pioglitasoon insluit. Diabetes is 'n chroniese siekte en die klem val op die hantering van korttermyn sowel as langtermyn diabetes-verwante probleme. Pasiënt-opvoeding, voedingsondersteuning, die toets van bloedglukose by die huis asook langtermyn glukosebeheer is alles aspekte wat aandag moet geniet. Noukeurige beheer voorkom langtermyn-komplikasies Die hoofdoel van behandeling is om die bloedglukosevlak op 'n ideale vlak en stabiel te hou. Die korrekte dieet, medikasie en oefening speel hier 'n rol. Die totale koolhidraatinname word bereken, wat beteken dat klein hoeveelhede suiker soms ingesluit mag word by die dieet. Insidente van hipoglukemie (bloedsuiker te laag) en hiperglukemie (bloedsuiker te hoog) kan voorkom, wat vinnige behandeling verg weens die lewensbedreigende aard daarvan. Mense met diabetes het ’n groter risiko wanneer hulle rook, aan hoë bloeddruk (hipertensie) ly of wanneer hul cholesterol-vlakke verhoog is. Dié pasiënte moet ook let op hul gewig en voldoende oefening. By mediese evaluasie word daar gelet op die volgende: * Die bloedglukosewaarde word gemeet, en die behandeling word geoptimaliseer. Bo en behalwe die konsentrasie van glukose, wat van uur tot uur baie kan wissel, is daar 'n stof wat 'n weerspieëling is van die gemiddelde bloedglukoskonsentrasie in die afgelope drie maande, naamlik die geglikosileerde hemoglobien (HbA1C). Met behulp hiervan kan die gemiddelde bloedglukosewaarde beoordeel word. * Die voete word ondersoek, * Die voorkoms van neuropatie (senuwee-aantasting) word bepaal, * Rokers word gemotiveer om die gewoonte te staak, * Hoë bloeddruk word aktief opgespoor en behandel, * Cholesterolvlakke word getoets en behandel indien verhoog, * Die pasiënt word aangemoedig om te oefen en sy/haar liggaamsgewig optimaal te hou, en * Die pasiënt word gereeld deur 'n oogarts ondersoek vir diabetiese retinopatie (aantasting van die retina). Daar is dus ’n multi-dissiplinêre benadering by die hantering van diabetiese pasiënte. Die Algemene Praktisyn sien om na die monitering van die bloedglukose en die algemene ondersoek. Voetkundiges speel ’n rol by algemene voetversorging, oogartse / oftalmoloë ondersoek die oë jaarliks, met optometriste wat die oë toets. Dieetkundiges, fisioterapeute asook verpleegsters wat diabetes-opleiding verskaf speel elkeen ook ’n groot rol by die hantering van pasiënte met diabetes. Interniste en endokrinoloë hanteer gevalle waar bloedglukose moeilik beheer of waar komplikasies voorkom. | | | | --- | --- | | Normdata Edit this at Wikidata | * GND: 4070446-4 * LCCN: sh85037456 * NDL: 00573283 * NKC: ph114310 * NSK: 000226166 |
{ "title": "Suikersiekte", "mostly_tablelist": false, "tablelist_ratio": [ 1144, 10363, 0.11039274341406928 ], "infobox": [ "<table about=\"#mwt2\" cellpadding=\"0\" cellspacing=\"0\" class=\"toccolours vatop infobox\" data-mw='{\"parts\":[{\"template\":{\"target\":{\"wt\":\"Inligtingskas siekte\\n\",\"href\":\"./Sjabloon:Inligtingskas_siekte\"},\"params\":{\"naam\":{\"wt\":\"Suikersiekte\"},\"beeld\":{\"wt\":\"Blue circle for diabetes.svg\"},\"beeldgrootte\":{\"wt\":\"260px\"},\"onderskrif\":{\"wt\":\"Die blou sirkelsimbool vir diabetes.\"},\"ICD10\":{\"wt\":\"{{ICD10|E|10||e|10}}–{{ICD10|E|14||e|10}}\"},\"ICD9\":{\"wt\":\"{{ICD9|250}}\"},\"MedlinePlus\":{\"wt\":\"001214\"},\"eMedicineSubj\":{\"wt\":\"med\"},\"eMedicineTopic\":{\"wt\":\"546\"},\"eMedicine_mult\":{\"wt\":\"{{eMedicine2|emerg|134}}\"},\"MeshName\":{\"wt\":\"Diabetes\"},\"MeshNumber\":{\"wt\":\"C18.452.394.750\"},\"1\":{\"wt\":\"\\n\"}},\"i\":0}}]}' id=\"mwAw\" style=\"float:right; clear:right; width:270px; padding:3px; margin:1px 1px 1em 1em; font-size:85%;\" typeof=\"mw:Transclusion\">\n<tbody><tr><td colspan=\"3\" style=\"background-color:#d3d3d3; color:#000000; text-align: center;\"><b><span style=\"font-size: 120%;\">Suikersiekte</span></b></td></tr>\n<tr>\n<td colspan=\"3\" style=\"text-align: center;\">Klassifikasie en eksterne bronne</td></tr>\n<tr>\n<td colspan=\"3\" style=\"text-align:center;\"><span data-mw='{\"caption\":\"Die blou sirkelsimbool vir diabetes.\"}' typeof=\"mw:File\"><a class=\"mw-file-description\" href=\"./Lêer:Blue_circle_for_diabetes.svg\" title=\"Die blou sirkelsimbool vir diabetes.\"><img alt=\"Die blou sirkelsimbool vir diabetes.\" data-file-height=\"240\" data-file-type=\"drawing\" data-file-width=\"240\" decoding=\"async\" height=\"260\" resource=\"./Lêer:Blue_circle_for_diabetes.svg\" src=\"//upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/4/43/Blue_circle_for_diabetes.svg/260px-Blue_circle_for_diabetes.svg.png\" srcset=\"//upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/4/43/Blue_circle_for_diabetes.svg/390px-Blue_circle_for_diabetes.svg.png 1.5x, //upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/4/43/Blue_circle_for_diabetes.svg/520px-Blue_circle_for_diabetes.svg.png 2x\" width=\"260\"/></a></span></td></tr>\n<tr>\n<td colspan=\"3\" style=\"text-align: center;\"><i>Die blou sirkelsimbool vir diabetes.</i></td></tr>\n<tr>\n<td style=\"font-weight:bold;\"><a href=\"./ICD-10\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"ICD-10\">ICD-10</a></td><td colspan=\"2\"><a class=\"mw-redirect\" href=\"./ICD-10_Hoofstuk_E\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"ICD-10 Hoofstuk E\">E</a><a class=\"external text\" href=\"http://apps.who.int/classifications/icd10/browse/2010/en#/E10\" rel=\"mw:ExtLink nofollow\">10</a>–<a class=\"mw-redirect\" href=\"./ICD-10_Hoofstuk_E\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"ICD-10 Hoofstuk E\">E</a><a class=\"external text\" href=\"http://apps.who.int/classifications/icd10/browse/2010/en#/E14\" rel=\"mw:ExtLink nofollow\">14</a></td></tr>\n<tr>\n<td style=\"font-weight:bold;\"><a class=\"mw-redirect\" href=\"./ICD-9\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"ICD-9\">ICD-9</a></td><td colspan=\"2\"><a class=\"external text\" href=\"http://www.icd9data.com/getICD9Code.ashx?icd9=250\" rel=\"mw:ExtLink nofollow\">250</a></td></tr>\n<tr>\n<td style=\"font-weight:bold;\"><a href=\"./MedlinePlus\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"MedlinePlus\">MedlinePlus</a><span typeof=\"mw:Entity\"> </span><span typeof=\"mw:Entity\"> </span></td><td colspan=\"2\"><a class=\"external text\" href=\"http://www.nlm.nih.gov/medlineplus/ency/article/001214.htm\" rel=\"mw:ExtLink nofollow\">001214</a></td></tr>\n<tr>\n<td style=\"font-weight:bold;\"><a href=\"./EMedicine\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"EMedicine\">eMedicine</a></td><td colspan=\"2\"><a class=\"external text\" href=\"http://www.emedicine.com/med/topic546.htm\" rel=\"mw:ExtLink nofollow\">med/546</a><a class=\"external text\" href=\"http://www.emedicine.com/emerg/topic134.htm#\" rel=\"mw:ExtLink nofollow\">emerg/134</a></td></tr>\n<tr>\n<td style=\"font-weight:bold;\"><a href=\"./Medical_Subject_Headings\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Medical Subject Headings\">MeSH</a></td><td colspan=\"2\"><i><a class=\"external text\" href=\"http://www.nlm.nih.gov/cgi/mesh/2006/MB_cgi?mode=&amp;term=Diabetes&amp;field=entry#TreeC18.452.394.750\" rel=\"mw:ExtLink nofollow\">C18.452.394.750</a></i></td></tr>\n<tr>\n<td colspan=\"3\" style=\"background-color:#d3d3d3; color:#000000; text-align: center;\"><b><span typeof=\"mw:File\"><a class=\"mw-file-description\" href=\"./Lêer:Star_of_life_caution.svg\"><img data-file-height=\"190\" data-file-type=\"drawing\" data-file-width=\"210\" decoding=\"async\" height=\"22\" resource=\"./Lêer:Star_of_life_caution.svg\" src=\"//upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/d/d5/Star_of_life_caution.svg/24px-Star_of_life_caution.svg.png\" srcset=\"//upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/d/d5/Star_of_life_caution.svg/36px-Star_of_life_caution.svg.png 1.5x, //upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/d/d5/Star_of_life_caution.svg/48px-Star_of_life_caution.svg.png 2x\" width=\"24\"/></a></span> <a href=\"./Wikipedia:Mediese_vrywaringsnota\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Wikipedia:Mediese vrywaringsnota\">Mediese waarskuwing</a></b></td></tr>\n</tbody></table>" ], "td_tables": [], "text_length": 12176 }
Die **Auschwitz-konsentrasiekamp** was 'n netwerk van konsentrasie- en uitwissingskampe wat tydens die Tweede Wêreldoorlog deur Nazi-Duitsland opgerig en bedryf is. Hierdie kampe is naby die Poolse stad Auschwitz (Pools: *Oświęcim*) geleë. Dit het bestaan uit *Auschwitz I* (die basiskamp), *Auschwitz II-Birkenau* ('n uitwissingskamp), *Auschwitz III-Monowitz* ('n werkskamp) asook 'n aantal subkampe. Meer as 'n miljoen mense, hoofsaaklik Jode, het in die kampe gesterf. Kinders wat in Januarie 1945 deur die Rooi Leër vanuit Auschwitz bevry is. Ongeveer 1,3 miljoen mense is vanaf Mei 1940 na hierdie kampe gedeporteer. In September 1941 is die eerste prisoniers geëkstermineer. *Auschwitz II-Birkenau* het een van die belangrikste kampe vir die Nazi's se "Finale Oplossing vir die Joodse Vraagstuk" geword. Van vroeg 1942 tot die einde van 1944 het treine Jode van dwarsoor die Duits-besette Europa na die kamp se gaskamers aangery, waar hulle die plaagdoder *Zyklon B* toegedien is. Ten minste 1,1 miljoen gevangenes het in Auschwitz omgekom, ongeveer 90 persent van hulle was Jode. Ongeveer 1 uit 6 Jode wat tydens die Sjoa ("*Holocaust"*) omgekom het het hier gesterf. Van die ander groepe wat na Auschwitz gedeporteer is sluit in: 150 000 Pole, 23 000 Roma en Sinti, 15 000 Sowjet-krygsgevangenes, 400 Jehovah se Getuies, en duisende van ander nasionaliteite. Lewensomstandighede was wreed en baie van die wat nie in die gaskamers gesterf het nie is weens honger, dwangarbeid, aansteeklike siektes, individuele teregstellings en mediese eksperimente oorlede. Omtrent 700 prisoniers het van die verskillende Auschwitz-kampe probeer ontsnap, waarvan ongeveer 300 suksesvol was. Die wagte het die families van die ontsnaptes gevange geneem. Hulle is aan prisoniers vertoon om te keer dat hulle ook ontsnap. Hierdie kampe is deur die Schutzstaffel onder die direkte bevel van Heinrich Himmler bedryf. Rudolf Höss was tot die somer van 1943 die bevelvoerder. Na hom het Arthur Liebehenschel en later Richard Baer bevel oor die kampe oorgeneem. Johanna Langefeld, Maria Mandel en Elisabeth Volkenrath was in bevel van die vroulike prisoniers. Na afloop van die Tweede Wêreldoorlog beskryf Höss hierdie kampe in sy outobiografie. Hy ontvang die doodstraf en word voor *Auschwitz* I se krematorium gehang. Die naam *Auschwitz* het later simbolies geword vir al die doodskampe wat die Nazi's voor en tydens die Tweede Wêreldoorlog reg oor Europa bedryf het. Miljoene mense, merendeels Jode, maar ook politieke gevangenis en persone van ander etniese minderheidsgroepe het in hierdie kampe omgekom.
{ "title": "Auschwitz-konsentrasiekamp", "mostly_tablelist": false, "tablelist_ratio": [ 1148, 3441, 0.3336239465271723 ], "infobox": [ "<table about=\"#mwt1\" class=\"infobox vcard\" data-mw='{\"parts\":[{\"template\":{\"target\":{\"wt\":\"Inligtingskas Wêrelderfenisgebied\\n\",\"href\":\"./Sjabloon:Inligtingskas_Wêrelderfenisgebied\"},\"params\":{\"naam\":{\"wt\":\"Auschwitz-Birkenau&lt;br /&gt;Nazi-Duitse konsentrasie- en uitwissingskamp (1940–1945)\"},\"beeld\":{\"wt\":\"[[Lêer:Birkenau gate.JPG|290px]]\"},\"beeldbyskrif\":{\"wt\":\"Ingang na Auschwitz-Birkenau.\"},\"lande\":{\"wt\":\"{{vlagland|Pole}}\"},\"onderafdelings\":{\"wt\":\"\"},\"tipe\":{\"wt\":\"Kultureel\"},\"kriteria\":{\"wt\":\"vi\"},\"ID\":{\"wt\":\"31\"},\"skakel\":{\"wt\":\"\"},\"streek\":{\"wt\":\"[[Europa]]\"},\"duimdrukkerkaart\":{\"wt\":\"Pole\"},\"duimdrukkerkaartbyskrif\":{\"wt\":\"Posisie van Auschwitz-Birkenau in Pole\"},\"duimdrukkeretiketposisie\":{\"wt\":\"\"},\"duimdrukkerkaartgrootte\":{\"wt\":\"\"},\"breedtegraad\":{\"wt\":\"50\"},\"breedtegraad_m\":{\"wt\":\"02\"},\"breedtegraad_s\":{\"wt\":\"20\"},\"breedtegraad_NS\":{\"wt\":\"N\"},\"lengtegraad\":{\"wt\":\"19\"},\"lengtegraad_m\":{\"wt\":\"10\"},\"lengtegraad_s\":{\"wt\":\"30\"},\"lengtegraad_OW\":{\"wt\":\"O\"},\"köordinate\":{\"wt\":\"\"},\"jaar\":{\"wt\":\"1979\"},\"sessie\":{\"wt\":\"3de\"},\"uitbreding\":{\"wt\":\"\"},\"bedreigd\":{\"wt\":\"\"}},\"i\":0}}]}' id=\"mwAg\" style=\"width:20em;max-width:285px; font-size:90%;\" typeof=\"mw:Transclusion\">\n<tbody><tr><th colspan=\"2\" style=\"background:#eee; padding:0.2em; line-height:110%; text-align:center; font-size:135%;\"><span class=\"fn org\">Auschwitz-Birkenau<br/>Nazi-Duitse konsentrasie- en uitwissingskamp (1940–1945)</span><sup>*</sup></th></tr>\n<tr>\n<th colspan=\"2\" style=\"padding-bottom:0.4em; text-align:center; font-size:110%;\"><a href=\"./Wêrelderfenisgebied\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Wêrelderfenisgebied\">Unesco-wêrelderfenisterrein\n</a></th></tr>\n<tr>\n<td align=\"center\" colspan=\"2\" style=\"padding-bottom:0.3em;\"><hr/><span typeof=\"mw:File\"><a class=\"mw-file-description\" href=\"./Lêer:Birkenau_gate.JPG\"><img data-file-height=\"2448\" data-file-type=\"bitmap\" data-file-width=\"3264\" decoding=\"async\" height=\"218\" resource=\"./Lêer:Birkenau_gate.JPG\" src=\"//upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/e/e8/Birkenau_gate.JPG/290px-Birkenau_gate.JPG\" srcset=\"//upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/e/e8/Birkenau_gate.JPG/435px-Birkenau_gate.JPG 1.5x, //upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/e/e8/Birkenau_gate.JPG/580px-Birkenau_gate.JPG 2x\" width=\"290\"/></a></span></td></tr>\n<tr>\n<td align=\"center\" colspan=\"2\" style=\"padding-bottom:0.3em;\">Ingang na Auschwitz-Birkenau.<hr/></td></tr>\n<tr class=\"mergedrow\">\n<td align=\"center\" colspan=\"2\">\n<div style=\"width: 252px; float:none; clear:none; \"><div style=\"position: relative;border: 1px solid geen; padding: 0px; width: 250px\"><span data-mw=\"{&quot;caption&quot;:&quot;Ligging van Auschwitz-konsentrasiekamp op 'n kaart (Pole)&quot;}\" typeof=\"mw:File\"><a class=\"mw-file-description\" href=\"./Lêer:Poland_adm_location_map.svg\" title=\"Ligging van Auschwitz-konsentrasiekamp op 'n kaart (Pole)\"><img alt=\"Ligging van Auschwitz-konsentrasiekamp op 'n kaart (Pole)\" data-file-height=\"837\" data-file-type=\"drawing\" data-file-width=\"861\" decoding=\"async\" height=\"243\" resource=\"./Lêer:Poland_adm_location_map.svg\" src=\"//upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/a/aa/Poland_adm_location_map.svg/250px-Poland_adm_location_map.svg.png\" srcset=\"//upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/a/aa/Poland_adm_location_map.svg/375px-Poland_adm_location_map.svg.png 1.5x, //upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/a/aa/Poland_adm_location_map.svg/500px-Poland_adm_location_map.svg.png 2x\" width=\"250\"/></a></span><br/><div style=\"position: absolute; z-index: 2; top: 79.4%; left: 50.2%; height: 0; width: 0; margin: 0; padding: 0;\"><div style=\"position: relative; text-align: center; left: -4px; top: -4px; width: 8px; font-size: 8px;\"><span data-mw='{\"caption\":\"Auschwitz-konsentrasiekamp\"}' typeof=\"mw:File\"><a class=\"mw-file-description\" href=\"./Lêer:Red_pog.svg\" title=\"Auschwitz-konsentrasiekamp\"><img alt=\"Auschwitz-konsentrasiekamp\" data-file-height=\"64\" data-file-type=\"drawing\" data-file-width=\"64\" decoding=\"async\" height=\"8\" resource=\"./Lêer:Red_pog.svg\" src=\"//upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/0/0c/Red_pog.svg/8px-Red_pog.svg.png\" srcset=\"//upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/0/0c/Red_pog.svg/12px-Red_pog.svg.png 1.5x, //upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/0/0c/Red_pog.svg/16px-Red_pog.svg.png 2x\" width=\"8\"/></a></span></div><div style=\"font-size: 90%; line-height: 110%; position: relative; top: -1.5em; width: 6em; links: 0.5em; text-align: left;\"><span style=\"padding: 1px; \">Auschwitz-konsentrasiekamp</span></div></div></div><div style=\"font-size: 90%\"></div></div><small>Posisie van Auschwitz-Birkenau in Pole</small>\n</td>\n</tr>\n<tr class=\"mergedbottomrow\">\n<td colspan=\"2\" style=\"text-align: center; font-size: smaller; padding-bottom: 0.7em;\">Koördinate: <span class=\"plainlinks nourlexpansion\"><a class=\"external text\" href=\"//tools.wmflabs.org/geohack/geohack.php?pagename=Auschwitz-konsentrasiekamp&amp;params=50_02_20_N_19_10_30_O_\" rel=\"mw:ExtLink\"><span class=\"geo-default\"><span class=\"geo-dms\" title=\"Kaarte, lugfotos en ander data vir die ligging\"><span class=\"latitude\">50°02′20″N</span> <span class=\"longitude\">19°10′30″O</span></span></span><span class=\"geo-multi-punct\"><span typeof=\"mw:Entity\"></span> / <span typeof=\"mw:Entity\"></span></span><span class=\"geo-nondefault\"><span class=\"geo-dec\" title=\"Kaarte, lugfotos en ander data vir die ligging\">50.03889°N 19.17500°O</span><span style=\"display:none\"><span typeof=\"mw:Entity\"></span> / <span class=\"geo\">50.03889; 19.17500</span></span></span></a></span><span style=\"font-size: small;\"><span id=\"coordinates\"><a href=\"./Geografiese_koördinatestelsel\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Geografiese koördinatestelsel\">Koördinate</a>: <span class=\"plainlinks nourlexpansion\"><a class=\"external text\" href=\"//tools.wmflabs.org/geohack/geohack.php?pagename=Auschwitz-konsentrasiekamp&amp;params=50_02_20_N_19_10_30_O_\" rel=\"mw:ExtLink\"><span class=\"geo-default\"><span class=\"geo-dms\" title=\"Kaarte, lugfotos en ander data vir die ligging\"><span class=\"latitude\">50°02′20″N</span> <span class=\"longitude\">19°10′30″O</span></span></span><span class=\"geo-multi-punct\"><span typeof=\"mw:Entity\"></span> / <span typeof=\"mw:Entity\"></span></span><span class=\"geo-nondefault\"><span class=\"geo-dec\" title=\"Kaarte, lugfotos en ander data vir die ligging\">50.03889°N 19.17500°O</span><span style=\"display:none\"><span typeof=\"mw:Entity\"></span> / <span class=\"geo\">50.03889; 19.17500</span></span></span></a></span></span></span><link href=\"./Kategorie:Koördinate_op_Wikidata\" rel=\"mw:PageProp/Category\"/></td>\n</tr>\n<tr><td><b>Lande</b></td>\n<td><span class=\"mw-image-border\" data-mw='{\"caption\":\"Vlag van Pole\"}' typeof=\"mw:File\"><a class=\"mw-file-description\" href=\"./Lêer:Flag_of_Poland.svg\" title=\"Vlag van Pole\"><img alt=\"Vlag van Pole\" data-file-height=\"400\" data-file-type=\"drawing\" data-file-width=\"640\" decoding=\"async\" height=\"14\" resource=\"./Lêer:Flag_of_Poland.svg\" src=\"//upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/1/12/Flag_of_Poland.svg/22px-Flag_of_Poland.svg.png\" srcset=\"//upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/1/12/Flag_of_Poland.svg/33px-Flag_of_Poland.svg.png 1.5x, //upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/1/12/Flag_of_Poland.svg/44px-Flag_of_Poland.svg.png 2x\" width=\"22\"/></a></span><span typeof=\"mw:Entity\"> </span><a href=\"./Pole\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Pole\">Pole</a></td></tr>\n<tr>\n<td><b>Tipe</b></td>\n<td>Kultureel</td></tr>\n<tr>\n<td><b>Kriteria</b></td>\n<td>vi</td></tr>\n<tr>\n<td><b>Verwysings</b></td>\n<td><a class=\"external text\" href=\"http://whc.unesco.org/en/list/31\" rel=\"mw:ExtLink nofollow\">31</a></td></tr>\n<tr class=\"adr\">\n<td><b>Streek</b>†</td>\n<td style=\"line-height:150%; white-space:nowrap;\"><span class=\"region\"><a href=\"./Europa\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Europa\">Europa</a></span></td></tr>\n<tr>\n<td align=\"center\" colspan=\"2\" style=\"background:#eee; font-size:110%;\"><b>Inskripsiegeskiedenis</b></td></tr>\n<tr>\n<td><b>Inskripsie</b></td>\n<td style=\"line-height:150%;\">1979<span typeof=\"mw:Entity\"> </span> <small>(3de <a href=\"./Wêrelderfenisgebied\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Wêrelderfenisgebied\">Sessie</a>)</small></td></tr>\n<tr>\n<td colspan=\"2\" style=\"line-height:150%; padding-top:0.8em; border-top: 1px #aaa solid; text-align:left; font-size:80%; font-weight:lighter;\"><span style=\"margin:0.5em; color:#555;\">* <a class=\"external text\" href=\"http://whc.unesco.org/en/list\" rel=\"mw:ExtLink nofollow\">Naam soos dit in die Wêrelderfenislys verskyn.</a><br/><span style=\"margin:0.5em; color:#555;\">† <a class=\"external text\" href=\"http://whc.unesco.org/en/list/?search=&amp;search_by_country=&amp;type=&amp;media=&amp;region=&amp;order=region\" rel=\"mw:ExtLink nofollow\">Streek soos deur Unesco geklassifiseer.</a></span></span></td></tr>\n</tbody></table>" ], "td_tables": [], "text_length": 2605 }
'n Illustrasie deur Erik Werenskiold, uit die eerste uitgawe van Gustav Storm se Noorweegse vertaling van *Heimskringla* (1899). **Aun die Oue** (Oudnoors: *Aunn inn gamli*) was in die Noorse sagas 'n legendariese koning van Swede se Huis van Yngling. Hy was die seun van Jorund, wat hy opgevolg het. Aun het 10 seuns gehad, van wie hy nege geoffer het om sy eie lewe te verleng. Volgens die chronologie van die Ynglinge sou Aun laat in die 5de eeu gesterf het. Hy is opgevolg deur sy seun Egil (of *Egill Vendilkráka*), wat met Ongentheow in *Beowulf* geïdentifiseer word en in die 6de eeu sou gelewe het. *Ynglingatal* ------------- Volgens *Ynglingatal* het Aun uit Uppsala regeer en was hy na bewering 'n wyse koning wat offers aan die gode gebring het. Hy het egter nie van oorlog gehou nie en het verkies om in vrede te lewe. Hy is aangeval en verslaan deur die Deense prins Halfdan. Aun het gevlug en 25 jaar weggebly, totdat Halfdan in sy bed gesterf het. Aun het daarna na Uppsala teruggekeer. Hy was nou 60 jaar oud en in 'n poging om langer te lewe het hy sy seun aan die god Odin geoffer, wat hom belowe het hy sal nog 60 jaar lewe. Ná 25 jaar is Aun deur Halfdan se neef Ale die Sterke verslaan. Aun het verskeie gevegte verloor en het weer gevlug. Ale het 25 jaar in Uppsala regeer totdat hy vermoor is. Aun het daarna weer teruggekeer en weer 'n seun aan Odin geoffer. Dié keer het Odin die koning vertel hy sou aanhou lewe solank hy elke 10 jaar 'n seun offer, en dat hy een van die Sweedse provinsies moes noem na die getal seuns wat hy geoffer het. Toe Aun sy sewende seun offer, was hy so oud dat hy nie meer kon loop nie. Met die agtste offerande kon hy nie meer uit sy bed kom nie en met die negende offerande kon hy nie meer eet nie, maar moes kos uit 'n horing drink. Toe hy sy 10de en laaste seun wou offer en die provinsie Uppsala hernoem tot "Die Tien Lande", het die Swede geweier dat hy dit doen, en Aun het gesterf. Skakels ------- * Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik uit die Engelse Wikipedia vertaal. | | | | | --- | --- | --- | | Voorganger**← Jorund Halfdan Ale die Sterke** | **Sweedse koning** *Eerste bewindTweede bewindDerde bewind* | Opvolger**Halfdan Ale die Sterke Egil →** |
{ "title": "Aun", "mostly_tablelist": false, "tablelist_ratio": [ 703, 2270, 0.3096916299559471 ], "infobox": [], "td_tables": [], "text_length": 2245 }
*Hypnotic Séance* (1887) deur Richard Bergh **Hipnose** is 'n psigo-fisiologiese toestand wat 'n hipnotiseur met behulp van 'n bepaalde tegniek in 'n gewillige pasiënt of proefpersoon kan teweegbring. Dit is 'n toestand wat soortgelyk aan slaap of 'n beswyming skyn te wees, maar waartydens die gehipnotiseerde persoon tekens van uiters verhoogde konsentrasie en vatbaarheid vir die hipnotiseur se suggesties toon. Die gehipnotiseerde persoon is, in opdrag van die hipnotiseur, in staat tot optrede en reaksies wat hy normaalweg nie kan vermag nie. Die woord hipnose is in 1843 deur 'n Engelse geneesheer, James Braid, geskep. Hy het dit van die Griekse woord hypnos, wat "slaap" beteken, afgelei. Vandag word besef dat hierdie afleiding misleidend is, aangesien daar op wetenskaplike wyse bepaal is dat slaap en hipnose twee heeltemal verskillende toestande is. Hipnose word 'n geruime tyd al as hulpmiddel by die mediese en sosiale wetenskappe aangewend en word oral as 'n nuttige tegniek aanvaar. Daar is geen magiese of ander buitengewone vermoëns nodig om hipnose te beoefen nie. Enige persoon met die nodige kennis van die tegniek kan iemand hipnotiseer, maar dit behoort slegs deur opgeleide professionele persone beoefen te word. Verwarring ---------- Die populêre opvatting dat hipnose 'n vorm van slaap is, het heel waarskynlik ontstaan omdat hipnose dikwels deur suggesties van slaap aangebring word en dat die gehipnotiseerde persoon gewoonlik sy oë toehou. Hipnose is egter nie dieselfde as slaap nie; dit is trouens onmoontlik om gedurende normale slaap die buitengewone handelinge uit te voer wat wel in 'n hipnotiese toestand moontlik is. Onder hipnose kan 'n persoon die uiterste mate van pyn verduur sonder om enige teken te toon dat hy dit voel, of die hipnotiseur kan hom na willekeur versoek om insidente uit sy verlede te herroep. Dit is natuurlik onmoontlik tydens normale slaap. Tydens normale slaap neem die waarnemingsvermoë en konsentrasie af. By hipnose, daarenteen, word sowel waarnemingsvermoë as konsentrasie buitengewoon verskerp, hoewel dit dan beperk is tot sekere stimuli, gewoonlik die hipnotiseur se stem en sy suggesties. Ten spyte van die positiewe eienskappe verbonde aan hipnose, kan hierdie tegniek ook misbruik word. So het verhoogkunstenaars wat van hierdie tegniek gebruik maak, by die publiek wanindrukke omtrent hipnose laat ontstaan. Hierdie verkeerde indrukke is verder versterk deur sensasionele berigte en artikels wat op onwaarhede gegrond is. Enkele voorbeelde van hierdie onwaarhede is die volgende: * Onwaarheid: Die hipnotiseur beskik oor buitengewone magte of vermoëns. Die *waarheid* is dat enige intelligente persoon wat oor 'n deeglike kennis van die mens sowel as effektiewe kommunikasiemetodes beskik, die tegniek kan bemeester. Geen buitengewone gawes of vermoëns is nodig nie. * Onwaarheid: 'n Persoon onder hipnose sal dalk nie weer wakker word nie, of sal vir 'n lang tyd in dié toestand bly. Die *waarheid* is dat die toestand van hipnose vergelyk kan word met die kere wanneer iemand totaal verdiep raak in 'n boek of 'n rolprent en niks anders om hom raaksien of hoor nie. Dit is 'n toestand van hoogs gekonsentreerde aandag. Sodra die aandag verbreek word, sal die persoon "wakker word". Niemand het nog permanent in 'n hipnotiese toestand gebly nie. Alle vrees hiervoor is dus ongegrond. * Onwaarheid: Hipnose kan altyd in slegs een of twee sessies 'n verkeerde gedragspatroon by 'n mens verander. Die *waarheid* is dat dit wel dikwels gebeur dat sulke verkeerde gedragspatrone, soos psigomatiese asook fisieke siektesimptome of slegte gewoontes (rook, bed natmaak, ensovoorts) , ná die eerste of tweede behandeling reggestel is. In die meeste gevalle word hipnose egter as hulpmiddel by terapie deur opgeleide sielkundiges, psigiaters of mediese dokters gebruik en vereis dit deeglike ontleding en tyd om probleme reg te stel. * Onwaarheid: 'n Persoon moet swak wees of oor 'n swak wil beskik om gehipnotiseer te kan word. Die *waarheid* is dat hoe intelligenter en verbeeldingryker 'n persoon is, hoe makliker kan hy gehipnotiseer word. Dit is nie moontlik om mense van 'n subnormale intelligensievlak te hipnotiseer nie. * Onwaarheid: Baie mense kan nie gehipnotiseer word nie. Die *waarheid* is dat 90% van alle normale mense gehipnotiseer kan word. Dit vereis intelligensie, verbeelding, vertroue en gewilligheid om saam te werk van die pasiënt en bekwaamheid van die hipnotiseur. * Onwaarheid: Onder hipnose sal 'n persoon alles wat 'n hipnotiseur hom beveel, slaafs uitvoer ongeag of hierdie optrede goed of sleg is. Die *waarheid* is dat die gehipnotiseerde niks wat teen sy eie waardes of norme indruis, sal doen nie. Hy sal waarskynlik uit die hipnotiese toestand kom sodra so 'n suggestie gemaak word. * Onwaarheid: 'n Hipnotiseur kan 'n gehipnotiseerde persoon 'n misdaad laat pleeg. Die *waarheid* is dat geen hipnotiseur 'n persoon 'n onwettige daad teen sy (die persoon se) sin kan laat pleeg nie. * Onwaarheid: Die gehipnotiseerde moet in 'n diep beswyming wees voordat hy met sy probleme gehelp kan word of op die hipnotiseur se suggesties sal reageer. Die *waarheid* is dat 'n gehipnotiseerde persoon in die meeste gevalIe die hipnotiseur se stem hoor en daarvan bewus is. Die hipnotiese toestand kom in verskeie graadvlakke voor: van skaars waarneembaar tot 'n baie diep beswyming. Die graad van die hipnotiese toestand hang hoofsaaklik af van die pasiënt en van die rapport wat daar tussen die gehipnotiseerde en die hipnotiseur bestaan. Geskiedenis ----------- Die Oostenrykse arts Franz Anton Mesmer (1734–1815), wat in Frankryk gewerk het, was die eerste persoon wat hipnose as wetenskap toegepas het. (Die verskynsel van hipnose was reeds aan die Egiptenare en Perse bekend, wat dit met hul onderskeie godsdienste in verband gebring het.) Mesmer het gemeen hipnose word deur magnetiese krag veroorsaak en het onder meer sy pasiënte behandel deur hulle met ysterkettings vas te bind. Volgens hom was die kettings 'n regstreekse bron van genesende krag. Die Skotse chirurg James Braid (1795–1860) het geprobeer om hipnose (mesmerisme, soos dit destyds bekend was) op 'n fisieke en sielkundige grondslag te verklaar, met die klem op die beïnvloedbaarheid van die pasiënt. Een van die belangrikste bydraes op die gebied van die hipnose was dié van Sigmund Freud (1856–1939), veral ná sy kennismaking met die neuroloog Josef Breuer (1842–1925). Breuer het 'n histeriese pasiënt, Bertha Pappenheimer (later bekend as Anna O), gehipnotiseer en daarin geslaag om haar probleme met haar onder hipnose te bespreek. Na aanleiding hiervan het Freud en Breuer 'n tegniek genaamd hipnoterapie ontwikkel. Dit het behels dat die pasiënt onder hipnose 'n insident van persoonlike belang beleef. Die ontlading van emosies wat daarmee gepaard gaan, het dikwels 'n heilsame uitwerking op die pasiënt. Dit het Freud op die idee gebring dat menslike gedrag grootliks deur gevoelens wat nie bewustelik ervaar word nie, beïnvloed kan word. Hierdie gevoelens kan so pynlik en ondraaglik wees dat dit onderdruk word en dus op 'n onbewustelike vlak bly. Volgens Freud sou hipnose, net soos drome, hierdie onderdrukking van gevoelens tydelik ophef en insig daarin verskaf. Kort ná die formulering van hierdie teorie het Freud weggebreek van die hipnoterapie omdat daar volgens hom te veel terapeutiese besware was. Ook ander artse het hul ondersoeke na hipnotiese verskynsels gestaak en die belangstelling in hipnose as wetenskap het eers weer ná die Tweede Wêreldoorlog opgevlam. Ná die Tweede Wêreldoorlog -------------------------- opvattings Die eerste periode van intensiewe studie oor hipnose is dus afgesluit sonder 'n wetenskaplik aanvaarbare verklaring van hipnotiese verskynsels. Latere pogings om vas te stel wat hipnose eintlik is, was gegrond op nuwe sielkundige teorieë, byvoorbeeld die gekondisioneerde responsteorie, wat aan die Behaviourisme ontleen is. Volgens hierdie teorie is die woorde waarmee die hipnotiseur hipnose opwek, gekoppel aan bepaalde gevoelens en gepaardgaande gedragspatrone in die daaglikse lewe, Die uitdrukking "ek is slaperig" word byvoorbeeld altyd met 'n gevoel van vaak wees geassosieer. Hieruit het kondisionering ontstaan, dit wil sê die gevoel en die uitspraak word altyd aan mekaar gekoppel. Die opdragte van die hipnotiseur sou dus vanweë vergelykbare kondisionering uitgevoer kon word. Volgens 'n ander teorie uit die sestigerjare weet die pasiënt of proefpersoon gewoonlik dat hy gehipnotiseer gaan word en verwag dus dat ongewone dinge sal gebeur. Die hipnotiseur is self ook oortuig dat sy pasiënt uitsonderlike gedrag sal openbaar sodra hy deeglik onder hipnose is. Dié wedersydse hoë verwagtinge en die wil om daaraan te voldoen sou dan hipersuggestie bewerkstellig, en dit, volgens hierdie teorie, is in werklikheid die hipnose. Hierdie opvattings is deur talle navorsers aanvaar, maar ander meen steeds dat dit geen volledige verklaring vir die hipnoseverskynsels bied nie. Toepassing ---------- Hipnoterapie word vandag op twee gebiede gebruik. Eerstens word dit aangewend om psigosomatiese siektesimptome deur regstreekse suggestie te verwyder. As 'n pasiënt byvoorbeeld oor pyne kla waarvoor geen fisieke oorsake gevind kan word nie, kan daar onder hipnose aan hom gesuggereer word dat hy gesond is of die sielkundige oorsaak van die probleem kan nagevors en reggestel word. Benewens psigosomatiese toestande, kan hipnoses ook gebruik word om fisieke siektetoestande te verlig. Een van die jongste gebruike van hipnose is om die vrou se pyn tydens 'n bevalling te verlig.Ander gebruike van hipnose in dié verband sluit onder meer in die hulp wat by verslanking gegee word asook on op te hou rook. Tweedens word hipnose, net soos deur Freud en Breuer, as sielkunde instrument aangewend om die pasiënt traumatiese gebeure wat hy nie kan verwerk nie, te laat herleef. Deur die hipnotiese herlewing van hierdie gebeure in 'n veilige en gekontroleerde omgewing kan die pasiënt vryelik uiting gee aan sy emosies. Op dié manier leer hy hoe om hierdie emosies te hanteer. 'n Gespesialiseerde toepassing hiervan is die sogenaamde leeftydsregressie, waar die gehipnotiseerde opdrag kry om in die verlede terug te gaan. Die hipnotiseur beskryf dan 'n situasie uit die verlede wat aan hom bekend is, en laat die pasiënt daarop reageer. Die pasiënt word dus in staat gestel om sekere gebeure en die emosies wat daarmee gepaard gegaan het, te herleef. Hier gebeur dit dikwels dat die emosies baie sterker onthou word as die meegaande gebeure. Hipnose-induksie ---------------- Die skepping van 'n toestand van hipnose word hipnose-induksie genoem en die opheffing daarvan hipnosededuksie. Daar is verskeie maniere van hipnose-induksie. Die twee metodes wat die meeste gebruik word, is handswewing en oogfiksasie. By handswewing word gesuggereer dat die persoon se een hand al hoe ligter word en na sy gesig toe "sweef" (beweeg). As die hand die gesig raak, word gesuggereer dat die persoon slaap. By oogfiksasie moet die pasiënt byvoorbeeld stip op die punt van 'n pen konsentreer wat kan beweeg of stillê. Intussen suggereer die hipnotiseur dat die pasiënt aan die slaap raak. Die metodes wat gebruik word, hang af van die ingesteldheid van die pasiënt en die hipnotiseur se persoonlike voorkeur, Die verskillende induksiemetodes toon egter feitlik almal dieselfde kenmerke: * Die hipnotiseur vra die pasiënt om hom sekere dinge te verbeel. Dié versoek kan wissel van gebiedend tot vriendelik-vraend. * Die hipnotiseur herhaal sy versoek totdat die persoon daaraan voldoen. * Die hipnotiseur voorspel 'n bepaalde gedragspatroon by die proefpersoon, waaraan spontaan voldoen word. Die hipnotiseur kan byvoorbeeld sê: "U kyk stip na u hande en u oë sal traan". Dit gebeur dan ook, hoewel die trane die gevolg van die staar is en nie 'n reaksie op die suggestie van die hipnotiseur nie. Indien dié proefneming slaag, het 'n volgende opdrag 'n groter kans op welslae aangesien die pasiënt vertroue opbou in die hipnotiseur se vermoë om sy optredes te voorspel. * Die hipnotiseur beklemtoon sy woorde deur beeldspraak. 'n Stelling soos "Daar is gom aan u handpalms en u kan u hande nie van mekaar af los kry nie", moet gepaard gaan met die korrekte stemtoonhoogte, volume en praatspoed. * Die suggesties van die hipnotiseur moet op net een manier vertolk kan word, Hy sal dus nie sê "U lig u hand op" nie, maar wel "U lig u linkerhand op ". So word enige verwarring uitgeskakel. * Daar word met maklike opdragte begin wat dan algaande moeiliker gemaak word. Bronnelys --------- * Wêreldspektrum, Vol. 11, 20-22, ISBN 0 908409 52 4
{ "title": "Hipnose", "mostly_tablelist": false, "tablelist_ratio": [ 3265, 10567, 0.30898078924955047 ], "infobox": [], "td_tables": [], "text_length": 12713 }
Die **Sultan Ahmet-moskee** (Turks: *Sultan Ahmet Camii*) is ’n historiese moskee in Istanboel, die grootste stad in Turkye en van 1453 tot 1923 die hoofstad van die Ottomaanse Ryk. Dit is algemeen bekend as die **Blou Moskee** vanweë die blou teëls waarmee dit binne versier is. Dit is tussen 1609 en 1616 tydens die bewind van sultan Ahmet I gebou. Soos baie ander moskees bevat dit ook ’n graftombe vir die stigter, ’n skool en ’n hospies. Terwyl dit steeds as ’n moskee gebruik word, het die Blou Moskee ’n groot toeriste-attraksie geword. Geskiedenis ----------- Die ou Hippodroom van Konstantinopel met die Blou Moskee links (Jean-Baptiste van Mour, 18de eeu). Ná die Vrede van Zsitvatorok en die ongunstige afloop van die oorloë met Persië, het sultan Ahmet besluit om ’n groot moskee te bou om Allah se guns te wen. Dit was die eerste nuwe keiserlike moskee in 40 jaar. Waar sy voorgangers vir hulle moskees betaal het met oorlogsbuit, moes Ahmet geld uit sy skatkis gebruik omdat hy geen noemenswaardige oorwinnings behaal het nie. Dit het groot onmin veroorsaak onder die *ulema*, die Moslemse regsgeleerdes. Die binnekant word verlig deur ’n enorme kandelaar. Die moskee is gebou op die terrein van die Groot Paleis van Konstantinopel, die paleis van die Bisantynse keisers. Dit was regoor die Aya Sophia, in dié tyd die belangrikste moskee in Istanboel, en die Hippodroom (renbaan), ’n terrein van groot simboliese belang. Groot dele van die moskee se suidekant staan op die fondament van die Groot Paleis. Verskeie paleise wat later op die terrein gebou is asook dele van die Hippodroom moes afgebreek word om die moskee te bou. Bouwerk het in Augustus 1609 begin. Hy wou gehad het dit moet die belangrikste moskee in sy ryk word en het sy koninklike argitek, Sedefhar Mehmet Ağa, aangestel om ’n ogie oor die bouwerk te hou. Die organisasie van die werk is in die fynste besonderhede in agt volumes beskryf wat nou in die biblioteek van die Topkapi-paleis gehou word. Die openingseremonies in in 1617 gehou (hoewel ’n inskripsie op die hek 1616 lui). Die gebou was nog nie heeltemal klaar in hierdie laaste jaar van Ahmet se bewind nie, want die laaste rekeninge is deur sy opvolger betaal. Argitektuur ----------- Van die blou teëls wat die moskee sy naam besorg het. Die ontwerp van die Blou Moskee is ’n vermenging van Bisantynse elemente van die Aya Sophia en tradisionele Islamitiese argitektuur. Die binnehof is omtrent net so groot soos die moskee self en word omring deur ’n arkade met ’n gewelfde dak. Die moskee het ses minarette. Die binnekant is uitgelê met meer as 20 000 handgemaakte keramiekteëls van Iznik in meer as 50 verskillende tulp-ontwerpe. Die prys wat vir elke teël betaal kon word, is deur die sultan op ’n spesifieke bedrag vasgestel, terwyl die prys van teëls in die algemeen algaande gestyg het. Gevolglik het die gehalte van die teëls mettertyd afgeneem. Hulle kleure het verdof en verander (van rooi in bruin en van groen in blou). Ander versierings sluit in verse van die Koran – baie daarvan geskryf deur Seyyid Kasim Gubari, wat beskou is as die grootste kalligraaf van sy tyd. Die vloer is met matte bedek wat deur gelowiges geskenk word en voortdurend vervang word namate hulle uitgetrap word. Die talle groot vensters wek ’n indruk van ruimte. Die lig wat daardeur val, word aangevul deur groot kandelare. Galery ------ * Vanaf Sultanahmet-plein naby die Aya Sophia.Vanaf Sultanahmet-plein naby die Aya Sophia. * Sonsondergang oor die Bosporus met die Blou Moskee links en die Aya Sophia regs.Sonsondergang oor die Bosporus met die Blou Moskee links en die Aya Sophia regs. * Die voorhof met een van die ingange.Die voorhof met een van die ingange. * Aanbidders in die moskee.Aanbidders in die moskee. * Die binnekant.Die binnekant. * Gesien vanaf die binnehof.Gesien vanaf die binnehof. * Ingang na die binnehof.Ingang na die binnehof. * Die binnehof.Die binnehof. * Sultan Ahmet-moskee
{ "title": "Sultan Ahmet-moskee", "mostly_tablelist": false, "tablelist_ratio": [ 1338, 4310, 0.31044083526682137 ], "infobox": [ "<table about=\"#mwt1\" cellpadding=\"0\" cellspacing=\"0\" class=\"toccolours vatop infobox\" data-mw='{\"parts\":[{\"template\":{\"target\":{\"wt\":\"Inligtingskas moskee\\n\",\"href\":\"./Sjabloon:Inligtingskas_moskee\"},\"params\":{\"naam\":{\"wt\":\"Sultan Ahmet-moskee\"},\"beeld\":{\"wt\":\"Exterior of Sultan Ahmed I Mosque in Istanbul, Turkey 002.jpg\"},\"beeldgrootte\":{\"wt\":\"250px\"},\"onderskrif\":{\"wt\":\"Die Blou Moskee in Istanboel.\"},\"ligging\":{\"wt\":\"[[Istanboel]], [[Turkye]]\"},\"voltooi\":{\"wt\":\"1616\"},\"status\":{\"wt\":\"\"},\"argitekte\":{\"wt\":\"Sedefkâr Mehmed Ağa\"},\"minarette\":{\"wt\":\"6\"},\"hoogte\":{\"wt\":\"64&amp;nbsp;m\"},\"koepels\":{\"wt\":\"\"},\"deursnee\":{\"wt\":\"23,5&amp;nbsp;\"},\"kapasiteit\":{\"wt\":\"10&amp;nbsp;000\"},\"materiale\":{\"wt\":\"\"},\"styl\":{\"wt\":\"Islamities, Laat Ottomaanse Klassiek\"},\"webtuiste\":{\"wt\":\"\"}},\"i\":0}}]}' id=\"mwAg\" style=\"float:right; clear:right; width:270px; padding:3px; margin:1px 1px 1em 1em; font-size:85%;\" typeof=\"mw:Transclusion\">\n<tbody><tr><td colspan=\"3\" style=\"background-color:#ACE1AF; color:#000000; text-align: center;\"><b><span style=\"font-size: 120%;\">Sultan Ahmet-moskee</span></b></td></tr>\n<tr>\n<td colspan=\"3\" style=\"text-align:center;\"><span data-mw='{\"caption\":\"Die Blou Moskee in Istanboel.\"}' typeof=\"mw:File\"><a class=\"mw-file-description\" href=\"./Lêer:Exterior_of_Sultan_Ahmed_I_Mosque_in_Istanbul,_Turkey_002.jpg\" title=\"Die Blou Moskee in Istanboel.\"><img alt=\"Die Blou Moskee in Istanboel.\" data-file-height=\"2766\" data-file-type=\"bitmap\" data-file-width=\"4238\" decoding=\"async\" height=\"163\" resource=\"./Lêer:Exterior_of_Sultan_Ahmed_I_Mosque_in_Istanbul,_Turkey_002.jpg\" src=\"//upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/1/12/Exterior_of_Sultan_Ahmed_I_Mosque_in_Istanbul%2C_Turkey_002.jpg/250px-Exterior_of_Sultan_Ahmed_I_Mosque_in_Istanbul%2C_Turkey_002.jpg\" srcset=\"//upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/1/12/Exterior_of_Sultan_Ahmed_I_Mosque_in_Istanbul%2C_Turkey_002.jpg/375px-Exterior_of_Sultan_Ahmed_I_Mosque_in_Istanbul%2C_Turkey_002.jpg 1.5x, //upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/1/12/Exterior_of_Sultan_Ahmed_I_Mosque_in_Istanbul%2C_Turkey_002.jpg/500px-Exterior_of_Sultan_Ahmed_I_Mosque_in_Istanbul%2C_Turkey_002.jpg 2x\" width=\"250\"/></a></span></td></tr>\n<tr>\n<td colspan=\"3\" style=\"text-align: center;\"><i>Die Blou Moskee in Istanboel.</i></td></tr>\n<tr>\n<td style=\"font-weight:bold;\">Ligging<span typeof=\"mw:Entity\"> </span></td><td colspan=\"2\"><a href=\"./Istanboel\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Istanboel\">Istanboel</a>, <a href=\"./Turkye\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Turkye\">Turkye</a></td></tr>\n<tr>\n<td style=\"font-weight:bold;\">Voltooi<span typeof=\"mw:Entity\"> </span></td><td colspan=\"2\">1616</td></tr>\n<tr>\n<td style=\"font-weight:bold;\">Argitek(te<span typeof=\"mw:Entity\"> </span>)<span typeof=\"mw:Entity\"> </span></td><td colspan=\"2\">Sedefkâr Mehmed Ağa</td></tr>\n<tr>\n<td colspan=\"3\" style=\"background-color:#ACE1AF; color:#000000; text-align: center;\"><b>Spesifikasies<span typeof=\"mw:Entity\"> </span></b></td></tr>\n<tr>\n<td style=\"font-weight:bold;\">Minaret(te)<span typeof=\"mw:Entity\"> </span></td><td colspan=\"2\">6</td></tr>\n<tr>\n<td style=\"font-weight:bold;\">Minarethoogte<span typeof=\"mw:Entity\"> </span></td><td colspan=\"2\">64<span typeof=\"mw:Entity\"> </span>m</td></tr>\n<tr>\n<td style=\"font-weight:bold;\">Koepeldeursnee<span typeof=\"mw:Entity\"> </span></td><td colspan=\"2\">23,5<span typeof=\"mw:Entity\"> </span></td></tr>\n<tr>\n<td style=\"font-weight:bold;\">Kapasiteit<span typeof=\"mw:Entity\"> </span></td><td colspan=\"2\">10<span typeof=\"mw:Entity\"> </span>000</td></tr>\n<tr>\n<td style=\"font-weight:bold;\">Styl<span typeof=\"mw:Entity\"> </span></td><td colspan=\"2\">Islamities, Laat Ottomaanse Klassiek</td></tr>\n</tbody></table>" ], "td_tables": [], "text_length": 3971 }
Die NG gemeente Tamboerskloof val binne die grense van wat die kiesafdeling Kaapstad-Tuine was. **Kaapstad-Tuine** was 'n kiesafdeling van die Suid-Afrikaanse Volksraad van die eerste algemene verkiesing op 15 September 1910 ná Uniewording op 31 Mei daardie jaar tot in 1994. 1910-1915 --------- In die heel eerste algemene verkiesing was daar vier kiesafdelings in Kaapstad se sentrale deel, want naas Kaapstad-Tuine, was daar ook Kaapstad-Hawe, Kaapstad-Kasteel en Kaapstad-Sentraal. Kasteel was die laaste, wat verdwyn het met die verkiesing van 1958. Mettertyd het die ander drie verdwyn, maar Tuine het voortbestaan tot in 1994. Dat Kaapstad destyds oorwegend en selfs vurig Engels en Britsgesind was, word daardeur bewys dat in die eerste verkiesing al vier Volksraadslede van dié setels, aan die Unionisteparty behoort het. In Tuine wen die Unionis William Duncan Baxter met 'n meerderheid van 438 teen die onafhanklike H. Liberman. In 1915 herhaal hy dié prestasie, maar nou klop hy R. Forsyth van die Arbeidersparty met 927 stemme. 1920-1929 --------- Forsyth verhang egter die bordjies in 1920 toe hy Baxter met 278 stemme klop. In die volgende jaar se verkiesing, nadat die Unionisteparty en die Suid-Afrikaanse Party saamgesmelt het om genl. Jan Smuts se posisie in die Volksraad te verseker, wen die S.A.P.-kandidaat George William Hawley met 1 039 stemme teen Forsyth. Hawley bly skaars vyf maande lank LV en in die tussenverkiesing op 8 September 1921 wen Forsyth met 'n meerderheid van 54 stemme teen die S.A.P. se E.B. Fuller. In 1924 moet Forsyth egter die setel afstaan en verloor met slegs 123 stemme teen die S.A.P. se C.W.A. Coulter. Forsyth staan nie weer in 1929, maar dis steeds 'n bra gelykop stryd tussen die Sappe en Arbeiders, want nou wen Coulter met slegs 144 stemme meer as die Arbeider-Cresswelliet Morris Alexander. 1933-1948 --------- In 1933 word Coulter egter onbestrede verkies as S.A.P.-Koalisie-kandidaat. Met die stigting van die Verenigde Party in Desember 1934 verlaat Coulter sy politieke tuiste en sluit hom aan by die Britsgesinde Dominiumparty van kol. Charles Stallard. Dit bring mee dat hy in 1938 ver verloor teen die Verenigde Party se Basil Kellett Long, regsgeleerde, oudredakteur van die *Cape Times* en voormalige LV van die Unionisteparty vir Liesbeek. Coulter kry 1 352 stemme vergeleke met Long se 4 398. In 1943 wen die Verenigde Party weer in Kaapstad-Tuine toe L.P. Bosman gemaklik 4 439 stemme meer as die Herenigde Nasionale Party se H.H. Broodryk kry. Bosman is blykbaar voor die 1948-verkiesing oorlede, want in die tussenverkiesing op 18 Februarie 1948 word Abraham Jonker, Afrikaanse skrywer, joernalis en vader van die digter Ingrid Jonker, onbestrede in Tuine verkies. Abraham Jonker, Volksraadslid vir Kaapstad-Tuine van 1948 tot 1958. 1948-1958 --------- In die verkiesing drie maande later op 26 Mei 1948 wen hy met 3 749 stemme meer as die onafhanklike H.G. Borcherds en in 1953 met 5 270 stemme meer as die Nasionale Party se F.W. Gericke. Jonker word in later daardie jaar uit die Verenigde Party gesit en stig saam met Bailey Bekker, Arthur Barlow, Blaar Coetzee en dr. Vernon Shearer die Nasionale Konserwatiewe Party. Skaars drie jaar later is hy terug in sy oorspronklike politieke tuiste toe hy hom weer by die Nasionale Party aansluit. In 1958 neem J.M. Connan Tuine terug vir die Verenigde Party met 'n meerderheid van 4 945 teen Frank Waring, later een van die eerste twee Engelssprekende kabinetslede van die Nasionale Party. 1960-1989 --------- Tuine se kiesers stem oorweldigend teen die voorstel dat die Unie 'n republiek moet word tydens die volkstemming in 1960: 3 706 vir republiek, 8 217 daarteen. Dié uitslag maak 'n verkiesing die volgende jaar in Tuine onnodig en Connan word onbestrede verkies. Hy kry egter in 1966 sterk teenstand van die Nasionalis J.L. Pienaar en wen met net 990 stemme. Dit was Connan se laaste termyn as lid vir Kaapstad-Tuine, want in 1970 word H.A. van Hoogstraten met 'n meerderheid van 1 803 stemme teen die Nasionalis A.P. Burger verkies. Hy behou die setel in 1974 teen die N.P. se A.J. Koch, wat 1 719 stemme minder as Van Hoogstraten kry. Die Progressiewe Federale Party se Ken Andrew wen in Tuine in 1977, 1981, 1987 en vir die Demokratiese Party in 1989. Oor grense heen --------------- Op 1 Januarie 1982 was Tuine die grootste kiesafdeling wat die getal geregistreerde kiesers betref (hoewel sy oppervlak van die kleinste was) met 14 856. Vandat die regstreekse verteenwoordiging van kiesers in die destydse Suidwes-Afrika in 1977 afgeskaf is, totdat Walvisbaai op 1 Maart 1994 aan Namibië oorgedra is, was die dorp se kiesers deel van Tuine. Sien ook -------- Bellville, Claremont, Constantia, De Kuilen, Durbanville, Groenpunt, Groote Schuur, Kaapse Vlakte, Kaapstad-Hawe, Kaapstad-Kasteel, Kaapstad-Sentraal, Liesbeek, Maitland,Mowbray, Nuweland, Parow, Pinelands, Rondebosch, Seepunt, Simonstad, Soutrivier, Suid-Skiereiland, Tygervallei, Vasco, Woodstock, Wynberg Bronne ------ * Schoeman, B.M. 1977. *Parlementêre verkiesings in Suid-Afrika 1910-1976*. Pretoria: Aktuele Publikasies.
{ "title": "Kaapstad-Tuine (kiesafdeling)", "mostly_tablelist": false, "tablelist_ratio": [ 93, 4250, 0.02188235294117647 ], "infobox": [], "td_tables": [], "text_length": 5141 }
Die markgebou vlakby Camden-sluis (*Camden Lock Market Hall*) Teetyd vir Beertjie in Camden High Street waar hy 'n gietende reënbui moet trotseer **Camden Town**, dikwels kort **Camden** genoem, is 'n buurt in Sentraal-Londen en die naamgewende stadsdeel vir die *London Borough of Camden*, een van die administratiewe distrikte van Groter Londen. Die buurt, wat sowat vier kilometer noord van Charing Cross in die Londense middestad geleë is en in die suide aan een van die Britse hoofstad se uitgestrekte groen ruimtes, Regent's Park, grens, het oorspronklik deel uitgemaak van die Kentish Town-landgoed en die Londense St Pancras-parogie. Tot in die laat 18de eeu was die gebied nog oorwegend landelik, met verspreide plase, velde en oop land noord van Tottenham Court. Twee kroeë, *Mother Red Cap* (tans *World's End*) en *Southampton* (tans *Edwards*), het as oornagplekke vir koetspassasiers gedien in 'n gebied wat destyds deur padrowers, die sogenaamde *highwaymen*, geteister is. In 1791 was Charles Pratt, graaf van Camden, die eerste van 'n groep welvarende Londenaars wat by die ontwikkeling van dié gebied betrokke was en Camden Town in 1791 as 'n residensiële buurt aangelê het. Die eerste beboude erwe was oos van *Camden High Street* geleë. Teen die middel van die 19de eeu is Camden Town deur die snelgroeiende Londense stadsgebied verswelg. Die nabyheid van die Regent's Canal, een van die belangrikste waterweë binne Londen se netwerk van kanale, en die bou van 'n spoorlyn (Camden Town-stasie is in 1850 geopen), het die industriële ontwikkeling van Camden bevorder. Die bou van kanale en spoorweë het ook die eerste Ierse migrante na die gebied gelok, veral gedurende die hongersnood wat Ierland in die 1840's geteister het. Weens sy belangrikheid as spoorwegsentrum was Camden een van die teikens van Duitse lugaanvalle op Londen tydens die Tweede Wêreldoorlog, die sogenaamde *Blitz*. Met sy heropbou ná 1945 het Camden Town 'n meer kosmopolitiese karakter gekry, aanvanklik deur die vestiging van groter getalle Griekse en Sipriotiese immigrante, later Bangladesjis. Nywerhede as aanvanklike ekonomiese basis is lankal vervang deur handel, toerisme en die vermaaklikheidsbedryf. Die buurt word vandag verbind met sy kleurryke straatmarkte, musiekplekke en alternatiewe leefstyle en is 'n gewilde trekpleister vir jong Londenaars en toeriste.
{ "title": "Camden Town", "mostly_tablelist": false, "tablelist_ratio": [ 326, 2309, 0.14118666089216111 ], "infobox": [ "<table about=\"#mwt1\" class=\"infobox geography vcard\" data-mw='{\"parts\":[{\"template\":{\"target\":{\"wt\":\"Inligtingskas Nedersetting\\n\",\"href\":\"./Sjabloon:Inligtingskas_Nedersetting\"},\"params\":{\"amptelike_naam\":{\"wt\":\"Camden Town\"},\"ander_naam\":{\"wt\":\"\"},\"inheemse_naam\":{\"wt\":\"\"},\"nedersetting_tipe\":{\"wt\":\"Buurt\"},\"bynaam\":{\"wt\":\"\"},\"slagspreuk\":{\"wt\":\"\"},\"translit_taal1\":{\"wt\":\"\"},\"translit_taal1_tipe\":{\"wt\":\"\"},\"translit_taal1_inligting\":{\"wt\":\"\"},\"translit_taal2\":{\"wt\":\"\"},\"translit_taal2_tipe\":{\"wt\":\"\"},\"translit_taal2_inligting\":{\"wt\":\"\"},\"beeld_stadsilhoeët\":{\"wt\":\"Camden_3_(6910457562).jpg\"},\"beeldgrootte\":{\"wt\":\"250px\"},\"beeldbyskrif\":{\"wt\":\"Kleurryke reklamekuns versier fasades in Camden High Street\"},\"beeld_vlag\":{\"wt\":\"\"},\"vlaggrootte\":{\"wt\":\"\"},\"vlagskakel\":{\"wt\":\"\"},\"beeld_seël\":{\"wt\":\"\"},\"seëlskakel\":{\"wt\":\"\"},\"seëlgrootte\":{\"wt\":\"\"},\"beeld_skild\":{\"wt\":\"\"},\"skildskakel\":{\"wt\":\"\"},\"skildgrootte\":{\"wt\":\"\"},\"beeld_leë_embleem\":{\"wt\":\"\"},\"leë_embleemtipe\":{\"wt\":\"\"},\"leë_embleemgrootte\":{\"wt\":\"\"},\"leë_embleemskakel\":{\"wt\":\"\"},\"beeld_kaart\":{\"wt\":\"\"},\"kaartgrootte\":{\"wt\":\"250px\"},\"kaartbyskrif\":{\"wt\":\"\"},\"beeld_kaart1\":{\"wt\":\"\"},\"kaartgrootte1\":{\"wt\":\"\"},\"kaartbyskrif1\":{\"wt\":\"\"},\"beeld_punt_kaart\":{\"wt\":\"\"},\"puntkaartgrootte\":{\"wt\":\"\"},\"puntkaartbyskrif\":{\"wt\":\"\"},\"punt-x\":{\"wt\":\"\"},\"punt-y\":{\"wt\":\"\"},\"duimdrukkerkaart\":{\"wt\":\"Groter Londen\"},\"duimdrukkeretiketposisie\":{\"wt\":\"bokant\"},\"duimdrukkerkaartgrootte\":{\"wt\":\"\"},\"duimdrukkerkaartbyskrif\":{\"wt\":\"\"},\"onderafdelingtipe\":{\"wt\":\"[[Land]]\"},\"onderafdelingnaam\":{\"wt\":\"{{vlag|Verenigde Koninkryk}}\"},\"onderafdelingtipe1\":{\"wt\":\"[[Lande van die Verenigde Koninkryk|Land]]\"},\"onderafdelingtipe2\":{\"wt\":\"[[Graafskap]]\"},\"onderafdelingtipe3\":{\"wt\":\"[[Boroughs in Londen|Borough]]\"},\"onderafdelingtipe4\":{\"wt\":\"\"},\"onderafdelingnaam1\":{\"wt\":\"[[Lêer:Flag of England.svg|22px|border]] [[Engeland]]\"},\"onderafdelingnaam2\":{\"wt\":\"[[Groter Londen]]\"},\"onderafdelingnaam3\":{\"wt\":\"[[London Borough of Camden|Camden]]\"},\"onderafdelingnaam4\":{\"wt\":\"\"},\"regeringvoetnotas\":{\"wt\":\"\"},\"regeringstipe\":{\"wt\":\"\"},\"leiertitel\":{\"wt\":\"\"},\"leiernaam\":{\"wt\":\"\"},\"leiertitel1\":{\"wt\":\"\"},\"leiertitel2\":{\"wt\":\"\"},\"leiertitel3\":{\"wt\":\"\"},\"leiertitel4\":{\"wt\":\"\"},\"leiernaam1\":{\"wt\":\"\"},\"leiernaam2\":{\"wt\":\"\"},\"leiernaam3\":{\"wt\":\"\"},\"leiernaam4\":{\"wt\":\"\"},\"stigtingstitel\":{\"wt\":\"\"},\"stigtingsdatum\":{\"wt\":\"\"},\"stigtingstitel2\":{\"wt\":\"\"},\"stigtingsdatum2\":{\"wt\":\"\"},\"stigtingstitel3\":{\"wt\":\"\"},\"stigtingsdatum3\":{\"wt\":\"\"},\"eenheidvoorkeur\":{\"wt\":\"\"},\"oppervlakvoetnotas\":{\"wt\":\"\"},\"oppervlakgroottes\":{\"wt\":\"\"},\"oppervlak_totaal_km2\":{\"wt\":\"\"},\"oppervlak_land_km2\":{\"wt\":\"\"},\"oppervlak_water_km2\":{\"wt\":\"\"},\"oppervlak_totaal_myl2\":{\"wt\":\"\"},\"oppervlak_land_myl2\":{\"wt\":\"\"},\"oppervlak_water_myl2\":{\"wt\":\"\"},\"oppervlak_water_persent\":{\"wt\":\"\"},\"oppervlak_stedelik_km2\":{\"wt\":\"\"},\"oppervlak_stedelik_myl2\":{\"wt\":\"\"},\"oppervlak_metro_km2\":{\"wt\":\"\"},\"oppervlak_metro_myl2\":{\"wt\":\"\"},\"oppervlak_leeg1_titel\":{\"wt\":\"\"},\"oppervlak_leeg1_km2l\":{\"wt\":\"\"},\"oppervlak_leeg1_myl2\":{\"wt\":\"\"},\"oppervlak_leeg2_titel\":{\"wt\":\"\"},\"oppervlak_leeg2_km2l\":{\"wt\":\"\"},\"oppervlak_leeg2_myl2\":{\"wt\":\"\"},\"hoogtevoetnotas\":{\"wt\":\"\"},\"hoogte_m\":{\"wt\":\"\"},\"hoogte_voet\":{\"wt\":\"\"},\"koördinaattipes\":{\"wt\":\"\"},\"koördinate\":{\"wt\":\"{{Koördinate|51|32|28|N|0|08|36|W|display=}}\"},\"bevolking_soos_op\":{\"wt\":\"\"},\"bevolkingnotas\":{\"wt\":\"\"},\"bevolking_totaal\":{\"wt\":\"24538\"},\"bevolkingsdigtheid_km2\":{\"wt\":\"\"},\"bevolkingsdigtheid_myl2\":{\"wt\":\"\"},\"bevolking_metro\":{\"wt\":\"\"},\"bevolkingsdigtheid_metro_km2\":{\"wt\":\"\"},\"bevolkingsdigtheid_metro_myl2\":{\"wt\":\"\"},\"bevolking_stedelik\":{\"wt\":\"\"},\"bevolkingsdigtheid_stedelik_km2\":{\"wt\":\"\"},\"bevolkingsdigtheid_stedelik_myl2\":{\"wt\":\"\"},\"bevolking_leeg1_titel\":{\"wt\":\"\"},\"bevolking_leeg1\":{\"wt\":\"\"},\"bevolkingsdigtheid_leeg1_km2\":{\"wt\":\"\"},\"bevolkingsdigtheid_leeg1_myl2\":{\"wt\":\"\"},\"bevolking_leeg2_titel\":{\"wt\":\"\"},\"bevolking_leeg2\":{\"wt\":\"\"},\"bevolkingsdigtheid_leeg2_km2\":{\"wt\":\"\"},\"bevolkingsdigtheid_leeg2_myl2\":{\"wt\":\"\"},\"bevolkingnota\":{\"wt\":\"\"},\"tydsone\":{\"wt\":\"MGT\"},\"utcafset\":{\"wt\":\"±00:00\"},\"tydsone_DST\":{\"wt\":\"BST\"},\"uctafset_DST\":{\"wt\":\"+01:00\"},\"poskodetipe\":{\"wt\":\"Poskode\"},\"poskode\":{\"wt\":\"NW1, NW5\"},\"skakelkode\":{\"wt\":\"020\"},\"leë_naam\":{\"wt\":\"\"},\"leë_inligting\":{\"wt\":\"\"},\"leë1_naam\":{\"wt\":\"\"},\"leë1_inligting\":{\"wt\":\"\"},\"leë2_naam\":{\"wt\":\"\"},\"leë2_inligting\":{\"wt\":\"\"},\"leë3_naam\":{\"wt\":\"\"},\"leë3_inligting\":{\"wt\":\"\"},\"voetnotas\":{\"wt\":\"\"},\"webwerf\":{\"wt\":\"\"}},\"i\":0}}]}' id=\"mwAg\" style=\"width:22em;width:23em\" typeof=\"mw:Transclusion\"><tbody><tr><th colspan=\"2\" style=\"text-align:center;font-size:125%;font-weight:bold;font-size:1.25em; white-space:nowrap\"><div class=\"fn org\" style=\"display:inline\">Camden Town</div></th></tr><tr><td colspan=\"2\" style=\"text-align:center;background-color:#cddeff; font-weight:bold;\"><div class=\"category\">Buurt</div></td></tr><tr class=\"mergedtoprow\"><td colspan=\"2\" style=\"text-align:center\"><span data-mw='{\"caption\":\"Kleurryke reklamekuns versier fasades in Camden High Street\"}' typeof=\"mw:File\"><a class=\"mw-file-description\" href=\"./Lêer:Camden_3_(6910457562).jpg\" title=\"Kleurryke reklamekuns versier fasades in Camden High Street\"><img alt=\"Kleurryke reklamekuns versier fasades in Camden High Street\" data-file-height=\"2456\" data-file-type=\"bitmap\" data-file-width=\"3684\" decoding=\"async\" height=\"167\" resource=\"./Lêer:Camden_3_(6910457562).jpg\" src=\"//upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/d/dc/Camden_3_%286910457562%29.jpg/250px-Camden_3_%286910457562%29.jpg\" srcset=\"//upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/d/dc/Camden_3_%286910457562%29.jpg/375px-Camden_3_%286910457562%29.jpg 1.5x, //upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/d/dc/Camden_3_%286910457562%29.jpg/500px-Camden_3_%286910457562%29.jpg 2x\" width=\"250\"/></a></span><div style=\"padding:0.4em 0 0 0;\">Kleurryke reklamekuns versier fasades in Camden High Street</div></td></tr><tr class=\"mergedtoprow\"><td colspan=\"2\" style=\"text-align:center\"><div class=\"center\" data-mw='{\"name\":\"templatestyles\",\"attrs\":{\"src\":\"Sjabloon:Location map/styles.css\"},\"body\":{\"extsrc\":\"\"}}'><div class=\"locmap\" style=\"width:250px;float:none;clear:both;margin-left:auto;margin-right:auto\"><div style=\"width:250px;padding:0\"><div style=\"position:relative;width:250px\"><span data-mw='{\"caption\":\"Camden Town is in Groter Londen\"}' typeof=\"mw:File\"><a class=\"mw-file-description\" href=\"./Lêer:Greater_London_UK_location_map_2.svg\" title=\"Camden Town is in Groter Londen\"><img alt=\"Camden Town is in Groter Londen\" data-file-height=\"1140\" data-file-type=\"drawing\" data-file-width=\"1425\" decoding=\"async\" height=\"200\" resource=\"./Lêer:Greater_London_UK_location_map_2.svg\" src=\"//upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/7/7d/Greater_London_UK_location_map_2.svg/250px-Greater_London_UK_location_map_2.svg.png\" srcset=\"//upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/7/7d/Greater_London_UK_location_map_2.svg/375px-Greater_London_UK_location_map_2.svg.png 1.5x, //upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/7/7d/Greater_London_UK_location_map_2.svg/500px-Greater_London_UK_location_map_2.svg.png 2x\" width=\"250\"/></a></span><div class=\"od\" style=\"top:38.062%;left:45.39%\"><div class=\"id\" style=\"left:-3px;top:-3px\"><span data-mw='{\"caption\":\"Camden Town\"}' typeof=\"mw:File\"><span title=\"Camden Town\"><img alt=\"Camden Town\" data-file-height=\"64\" data-file-type=\"drawing\" data-file-width=\"64\" decoding=\"async\" height=\"6\" resource=\"./Lêer:Red_pog.svg\" src=\"//upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/0/0c/Red_pog.svg/6px-Red_pog.svg.png\" srcset=\"//upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/0/0c/Red_pog.svg/9px-Red_pog.svg.png 1.5x, //upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/0/0c/Red_pog.svg/12px-Red_pog.svg.png 2x\" width=\"6\"/></span></span></div><div class=\"pr\" style=\"font-size:91%;width:6em;left:4px\"><div>Camden Town</div></div></div></div><div style=\"padding-top:0.2em\"></div></div></div></div></td></tr><tr class=\"mergedbottomrow\"><td colspan=\"2\" style=\"text-align:center\">Koördinate: <span class=\"plainlinks nourlexpansion\"><a class=\"external text\" href=\"//tools.wmflabs.org/geohack/geohack.php?pagename=Camden_Town&amp;params=51_32_28_N_0_08_36_W_type:city(24538)\" rel=\"mw:ExtLink\"><span class=\"geo-default\"><span class=\"geo-dms\" title=\"Kaarte, lugfotos en ander data vir die ligging\"><span class=\"latitude\">51°32′28″N</span> <span class=\"longitude\">0°08′36″W</span></span></span><span class=\"geo-multi-punct\"><span typeof=\"mw:Entity\"></span> / <span typeof=\"mw:Entity\"></span></span><span class=\"geo-nondefault\"><span class=\"geo-dec\" title=\"Kaarte, lugfotos en ander data vir die ligging\">51.54111°N 0.14333°W</span><span style=\"display:none\"><span typeof=\"mw:Entity\"></span> / <span class=\"geo\">51.54111; -0.14333</span></span></span></a></span></td></tr><tr class=\"mergedtoprow\"><th scope=\"row\"><a href=\"./Land\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Land\">Land</a></th><td><span class=\"mw-image-border\" data-mw='{\"caption\":\"Vlag van Verenigde Koninkryk\"}' typeof=\"mw:File\"><a class=\"mw-file-description\" href=\"./Lêer:Flag_of_the_United_Kingdom_(3-5).svg\" title=\"Vlag van Verenigde Koninkryk\"><img alt=\"Vlag van Verenigde Koninkryk\" data-file-height=\"600\" data-file-type=\"drawing\" data-file-width=\"1000\" decoding=\"async\" height=\"13\" resource=\"./Lêer:Flag_of_the_United_Kingdom_(3-5).svg\" src=\"//upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/8/83/Flag_of_the_United_Kingdom_%283-5%29.svg/22px-Flag_of_the_United_Kingdom_%283-5%29.svg.png\" srcset=\"//upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/8/83/Flag_of_the_United_Kingdom_%283-5%29.svg/33px-Flag_of_the_United_Kingdom_%283-5%29.svg.png 1.5x, //upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/8/83/Flag_of_the_United_Kingdom_%283-5%29.svg/44px-Flag_of_the_United_Kingdom_%283-5%29.svg.png 2x\" width=\"22\"/></a></span><span typeof=\"mw:Entity\"> </span><a href=\"./Verenigde_Koninkryk\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Verenigde Koninkryk\">Verenigde Koninkryk</a></td></tr><tr class=\"mergedrow\"><th scope=\"row\"><a href=\"./Lande_van_die_Verenigde_Koninkryk\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Lande van die Verenigde Koninkryk\">Land</a></th><td><span class=\"mw-image-border\" typeof=\"mw:File\"><a class=\"mw-file-description\" href=\"./Lêer:Flag_of_England.svg\"><img data-file-height=\"480\" data-file-type=\"drawing\" data-file-width=\"800\" decoding=\"async\" height=\"13\" resource=\"./Lêer:Flag_of_England.svg\" src=\"//upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/b/be/Flag_of_England.svg/22px-Flag_of_England.svg.png\" srcset=\"//upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/b/be/Flag_of_England.svg/33px-Flag_of_England.svg.png 1.5x, //upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/b/be/Flag_of_England.svg/44px-Flag_of_England.svg.png 2x\" width=\"22\"/></a></span> <a href=\"./Engeland\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Engeland\">Engeland</a></td></tr><tr class=\"mergedrow\"><th scope=\"row\"><a href=\"./Graafskap\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Graafskap\">Graafskap</a></th><td><a href=\"./Groter_Londen\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Groter Londen\">Groter Londen</a></td></tr><tr class=\"mergedrow\"><th scope=\"row\"><a href=\"./Boroughs_in_Londen\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Boroughs in Londen\">Borough</a></th><td><a class=\"new\" href=\"./London_Borough_of_Camden\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"London Borough of Camden\">Camden</a></td></tr><tr class=\"mergedtoprow\"><th colspan=\"2\" style=\"text-align:center;text-align:left\">Bevolking<div style=\"font-weight:normal;display:inline;\"></div></th></tr><tr class=\"mergedrow\"><th scope=\"row\"><span typeof=\"mw:Entity\"> </span>•<span typeof=\"mw:Entity\"> </span>Totaal</th><td>24 538</td></tr><tr class=\"mergedtoprow\"><th scope=\"row\"><a href=\"./Tydsone\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Tydsone\">Tydsone</a></th><td><a href=\"./UTC±00:00\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"UTC±00:00\">UTC±00:00</a> (MGT)</td></tr><tr class=\"mergedrow\"><th scope=\"row\"><span style=\"white-space:nowrap\"><span typeof=\"mw:Entity\"> </span>•<span typeof=\"mw:Entity\"> </span><a href=\"./Somertyd\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Somertyd\">Somertyd</a></span></th><td><a href=\"./UTC+01:00\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"UTC+01:00\">UTC+01:00</a> (BST)</td></tr><tr class=\"mergedtoprow\"><th scope=\"row\">Poskode</th><td class=\"adr\"><div class=\"postal-code\">NW1, NW5</div></td></tr><tr class=\"mergedrow\"><th scope=\"row\">Skakelkodes</th><td>020</td></tr></tbody></table>" ], "td_tables": [], "text_length": 2375 }
Die HMS King George V. Die **HMS *King George V*** was destyds die nuutste geslag slagskip van die Britse Vloot tydens die Tweede Wêreldoorlog. Sy was 'n bietjie kleiner en stadiger as die *Bismarck* maar was dikker gepantser op die regte plekke gebaseer op ondervinding uit die Eerste Wêreldoorlog. Die konsep het sy waarde bewys deurdat haar susterskip, die *HMS Prince of Wales* relatief min skade opgedoen het nadat sy getref is deur die *Bismarck* se 15-duim kanonne en die *Prinz Eugen* toe eersgenoemde gekelder is. Tegniese besonderhede --------------------- Sy het 36,830 ton water verplaas en was aangedryf deur vier turbines wat gesamentlik 122,000 dryfasperdekrag gelewer en haar aangedryf het teen 29,25 knope. Sy was toegerus met tien 14-duim kanonne en sestien 5.25-duim meervoudige kanonne. Die 14-duim kanonne was gegroepeer in drie skiettorings, een met vier kanonne op die agterste dek en twee skiettorings met vier en twee kanonne elk op die voordek. Sy was ook die eerste slagskip wat toegerus is met twee vliegtuie. Bron ---- * The Encyclopedia of Sea Warfare. Spring Books. 1975. ISBN 0-600-33111-3
{ "title": "HMS <i>King George V</i>", "mostly_tablelist": false, "tablelist_ratio": [ 200, 1044, 0.19157088122605365 ], "infobox": [], "td_tables": [], "text_length": 1129 }
Ds. **Lodewicus Johannes (Louis) du Plessis** (Colesberg, 23 Desember 1844 – Reddersburg, 25 Desember 1918) was ’n predikant in drie gemeentes van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika. Lewensoorsig ------------ Ds. Louw as seun by sy moeder, Hester Venter-du Plessis. Dié portret is geneem toe sy hom skool toe in die Kaap geneem het. Al drie die Gereformeerde kerk Rustenburg se eerste predikante verskyn op dié foto van die eerste studente aan die Teologiese Skool op Burgersdorp. Voor: proff. Dirk Postma (1859-'66) en Jan Lion Cachet (1868-'69). Agter M. Pelser, S. Venter, L.J. du Plessis (1872-'80), M.P.A. Coetsee jr. en W.J. Snyman. Ds. L.J. du Plessis en sy vrou, Maria Gerbrechta Sophia (gebore Smit) en hul gesin. Prof. Jacobus du Plessis staan in die middel agter en ds. Willem Postma sit links. Links agter staan Dirk, ook later 'n predikant. Die latere ds. Du Plessis was een van die eerste vyf studente wat onder proff. Dirk Postma en Jan Lion Cachet aan die Teologiese Skool Burgersdorp studeer het. Sy opleiding aan die skool was van korte duur, want dit is einde 1869 gestig en skaars twee jaar later het hy sy eerste beroep ontvang, hoewel ds. Postma vooraf privaat onderrig aan teologiese studente gebied het, van wie Du Plessis waarskynlik een was. In sy eerste gemeente en ook die oudste in die Gereformeerde Kerkverband, Rustenburg, is ds. Du Plessis in 1872 bevestig as opvolger van prof. Jan Lion Cachet, wat die gemeente van 1868 tot 1869 bedien het, toe hy 'n beroep aanvaar na die Gereformeerde kerk Burgersdorp om terselfdertyd hoogleraar aan die Teologiese Skool te word. Die eerste leraar van die gemeente se stigting in 1859 tot 1866 was ook die stigter van die Gereformeerde Kerk, ds. Dirk Postma, prof. Lion Cachet se medeleraar op Burgersdorp en saam met hom een van die eerste tweede hoogleraars daar. In ds. Du Plessis se tyd in Rustenburg het die gemeente 'n terugslag beleef toe hy op 15 April 1875 van 'n groot groep Doppers afskeid moes neem wat deur die Kalahari na Portugees-Wes-Afrika sou trek in wat bekend sou word as die Dorslandtrek. In 1880 aanvaar hy 'n beroep na Colesberg. In 1883 het die Gereformeerde kerk Philippolis uit Colesberg afgestig, en daarna volg die uittog vanweë die ontdekking van diamante na Griekwaland-Wes waardeur die gemeente se ledetal met amper die helfte afgeneem en die gemeente finansieel so swak geword het dat, ten einde in die lopende uitgawes te voorsien, jaarliks 'n sommetjie bygeleen moes word sodat, toe ds. Du Plessis in 1896 vertrek, die gemeente nie in staat daartoe was om dadelik weer 'n leraar te beroep nie. So het die gemeente vakant gebly tot 1910. In 1896 het ds. Du Plessis ’n beroep na sy laaste gemeente, Petrusburg, aanvaar. Die oorlogsjare van 1899 tot 1902 was 'n bittere tyd vir die gemeente weens die vernieling van die kerkeiendomme. Hoewel die kerkgebou van die vlamme gespaar gebly het (dit het wel in 2004 afgebrand), is die pastorie heeltemal afgebrand. Die stoflike skade vir die gemeente was groot. Maar ná die oorlog is alles herstel en is die bediening van ds. Du Plessis voortgesit tot hy in 1912 weens liggaamswakte eervol emeritaat toegeken word. Ds. Du Plessis, 'n seun van Isaac (of Izak) David du Plessis (1808–1884, op wie se plaas Hamelfontein die Gereformeerde kerk Colesberg op 8 Desember 1860 gestig is deur sy toedoen) en Hester Venter (1811–1868, 'n prominente leidster in die vroeë Gereformeerde Kerk) van Colesberg, is op Burgersdorp getroud met Maria Gerbrechta Sophia (gebore Smit of Smith). Een van hul seuns, Jacobus Albertus, was ’n hoogleraar aan die Teologiese Skool op Potchefstroom. Nog een, Dirk Postma, was predikant in drie Gereformeerde kerke tot sy dood in 1941. Prof. Wicus du Plessis (1897–1968), 'n seun van prof. J.A. du Plessis, het sy oupa se name gekry. Hy was 'n akademikus, regsgeleerde, ekonoom en politieke denker. Prof. Hugo du Plessis, nog een van prof. J.A. du Plessis se seuns, was ook 'n Gereformeerde predikant en hoogleraar aan die Teologiese Skool. 'n Dogter uit prof. Du Plessis se eerste huwelik, Willemina, was getroud met die ekonoom François du Toit. Sy bediening op Colesberg, 1880–1896 ------------------------------------ ### Sy koms Ds. Du Plessis, waarskynlik in sy eerste jare op Colesberg. Onder leiding van die konsulent, ds. Jan Lion Cachet, het die kerkraad so gou moontlik aandag geskenk aan die moontlikheid om weer te beroep. Op sy vergadering van 11 Julie 1879 het die kerkraad besluit om dadelik oor te gaan tot beroep en ook besluit om die volgende dag met die gemeente daaroor te spreek. Aandag is ook geskenk aan die traktement waarvoor beroep sou word. Die gemeente het die gedagte van die kerkraad eenparig gesteun sodat die diakens hulle opdrag kon uitvoer om die gemeente deur te gaan en te laat teken vir die bedrag wat as traktement aangebied sou word. Op die volgende vergadering van die kerkraad het dit geblyk dat die uitslag van die werk van die diakens ietwat teleurstellend was, want waar die gedagte was om vir £350 te beroep, was die bedrag wat geteken was maar £253 sodat daar dus amper £100 kort was. Die konsulentvoorsitter het aan die diakens gevra of al die wyke na vermoë geteken het, waarop verskeie diakens geantwoord het dat dit beter kon gewees het. Met hierdie toedrag van sake het die kerkraad besluit om die gemeente te raadpleeg oor die vraag of met die beroep voortgegaan moet word. Met 'n groot meerderheid is deur die gemeente ja geantwoord met die gevolg dat die beroep dadelik uitgebring is en wel op ds. L.J. du Plessis van Rustenburg. Tot 'n mate was hierdie antwoord van die gemeente misleidend, want van die begin van die bediening van ds. Du Plessis is gesukkel met die insameling van die. Vir hierdie beroep het ds. Du Plessis bedank en toe op 8 November 1879 weer beroep is, is ds. Du Plessis andermaal beroep. Op die vergadering van 13 Desember 1879 moes die kerkraad aandag skenk aan 'n versoek van hom om sy antwoord op die beroep later bekend te maak. Hierdie uitstel is gegee en eers op die kerkraadsvergadering van 9 Februarie 1880 het die antwoord voorgekom dat hy die beroep aanvaar, en tegelykertyd die versoek dat hy op 24 April 1880 op Colesberg in die amp bevestig word. Hierdie gunstige antwoord het die kerkraad aangespoor om dadelik te begin met sy reëlings vir die afhaal en ontvangs van die nuwe leraar. Nog op dieselfde vergadering is besluit om waens na Rustenburg te stuur om die predikant met sy gesin en sy hele trek na Colesberg te bring. Twee waens moes gevind word, naamlik ’n tentwa met trekdiere ens. kompleet en een bokwa met teerseil en trekdiere kompleet. Een ouderling en een diaken is aangewys om die waens te vergesel en die predikant by Rustenburg te gaan haal. Op 17 Februarie sou die kerkraad weer vergader om te sien of alles in die haak was sodat die waens kon vertrek. Op hierdie vergadering is besluit dat die bevestiging sou waargeneem word deur die konsulent en ingeval hy verhinder sou word, sou prof. Dirk Postma gevra word. Ook is besluit op die vergadering van 26 Februarie dat die hele kerkraad ds. Du Plessis op die plaas Brandwacht sou gaan ontmoet. In verband met die reëlings vir die ontvangs is ook besluit om die predikant van die plaaslike Nederduitse Gereformeerde kerk, ds. W.A. Alheit (1875–1888), saam met die kerkraadslede wat teenwoordig sou wees op die dorp, ook na die bevestiging uit te nooi. Dit is iets opvallends, want tydens die ontvangs van d. Viljoen is sodanige besluit nie geneem nie en blykbaar het die besluit gedui op 'n kentering in die verhouding tussen die twee gemeentes. Op die vasgestelde tyd het die predikant aangekom en al die reëlings het vlot verloop behalwe dat ds. Cachet verhinder was om te kom sodat prof. Postma dus die bevestiging moes waarneem. Op die vergadering van 23 April 1880 het dit geblyk dat al die stukke wat volgens Sinodale bepalings nagegaan moes word, in orde was sodat daar geen hindernis voorgekom het nie. Op hierdie vergadering het dit ook geblyk dat die vorige predikant, ds. Viljoen, verhinder was om teenwoordig te wees. Dit was die begin van 'n sestienjarige verbinding tussen ds. Du Plessis en die gemeente Colesberg. ### Ds. Du Plessis afgevaardig na Humpata Die Algemene Vergadering gehou te Burgersdorp, 1897. Eerste ry: (vyfde van links) prof. Stephanus Postma, (sewende van links) ds. J.A. van Rooy, ds. Taetse Hamersma, ds. P.S. Snyman, ds. L.J. Vorster. Tweede ry: Di. Martinus Postma, J.L. Maury, Dirk Postma, (moontlik Petrus Viljoen), prof. Jan Lion Cachet, ds. A.J.J. de Klerk Coetsee, Maarten Pelser, M.P.A. Coetsee sr. Petrus Postma, **L.J. du Plessis**, W.J. Snyman. Ds. Du Plessis (regs) sou die trekboere in Humpata in 1881 saam met ds. M.P.A. Coetsee jr. (middel) van Steynsburg besoek, waarna hulle na Europa sou gaan, maar die besoek aan Angola het toe nie gebeur nie. Hier is hulle in Rotterdam saam met prof. H. de Cock afgeneem. Hy was die geskiedskywer dr. Anna Böeseken se oupa. Vroeg die volgende jaar (1881) moes die kerkraad aandag skenk aan 'n brief van die kommissie wat die geestelike belange van die Trekboere na Humpata moes behartig, waarin bekendgestel was dat gemelde kommissie besluit het om di. Du Plessis en M.P.A. Coetzee jr. van Steynsburg af te vaardig na Angola om die trekkers te gaan besoek. Waarom juis hierdie twee broeders afgevaardig was, is nie bekend nie, maar die keuse van ds. Du Plessis kon moontlik voortgespruit het daaruit dat hy vroeër as predikant van Rustenburg die trekkers geken het en hulle ook besoek het voor hulle die wildernis ingetrek het. Die kerkraad sou hierdie benoeming moes bekragtig want die kommissie het verder gevra dat ds. Du Plessis tydens sy afwesigheid sy traktement moes behou. Voor die kerkraad hieroor besluit het, het ds. Du Plessis die vergadering meegedeel dat hy nog nie besluit het of hy daarheen sal gaan nie; daarom het die kerkraad besluit om eers sy beslissing af te wag. Op die volgende vergadering, 14 Mei 1881 het hy toe bekendgestel dat hy besluit het om te gaan as dit met die kerkraad gereël kon word. Die kerkraad het die nodige verlof geskenk en ook bewillig om die traktement te bly betaal. Hierdie bespreking het in afwesigheid van die predikant geskied onder leiding van ds. H.B. Venter van Barkly-Oos. Die goedkeuring van die kerkraad was nog onderhewig aan die van die gemeente, maar ook dit is gegee. Nadat die besluit van die kerkraad aan ds. Du Plessis bekendgemaak is, het hy met 'n ander versoek vorendag gekom. Hy het reeds lankal die plan gehad om besoek aan Europa te bring en aangesien daar blykbaar nou 'n gunstige geleentheid daarvoor aangebreek het, wou hy die kerkraad vra om hom verlof te gee om ná voltooiing van sy werk by die trekmense, na Europa te gaan. Ook hierdie versoek is gunstig oorweeg en toegestaan deur sowel die kerkraad as die gemeente. Die hele afwesigheid sou min of meer sewe of agt maande duur, maar dit het die kerkraad en gemeente nie afgeskrik nie. Op die vergadering van 4 Junie 1881 moes die kerkraad weer aandag skenk aan die aangeleentheid, maar nou in gewysigde vorm. Op hierdie vergadering het die voorsitter meegedeel dat die plan was om op 13 Junie van Steynsburg af te vertrek, maar het hy daarby gevoeg die gewenste informasie om met sekerheid die trekmense te kan bereik, het nog nie gekom nie. Hierop het hy toe gevra dat ingeval die hele sending na Humpata op 'n teleurstelling sou uitloop, of hy nogtans verlof sou hê om na Europa te gaan? Ook hierdie gewysigde versoek is deur sowel kerkraad as gemeente toegestaan. Sake is verder gereël dat tydens die afwesigheid van die predikant die dienste van tyd tot tyd deur ander predikante waargeneem sou word. Die deputate het op die bepaalde tyd vertrek wat daarop dui dat die nodige inligting toe wel gekom het, maar hulle kon Angola nie aandoen nie en het dus regdeur gegaan na Europa. Op sy vergadering van 19 Augustus 1881 het die kerkraad 'n brief aangehoor wat ds. Du Plessis vanuit Londen geskryf het en toe die kerkraad weer vergader het op 17 September was die predikant reeds terug en kon as voorsitter ageer. Die besoek aan die buiteland was dus baie korter as wat die gedagte aanvanklik was. In die notule staan net: "Ds. du Plessis zegt veel eerder teruggekomen te zijn dan hij gedacht had. Bij de trekmenschen waren zij niet omdat de reisgelegenheid van Madeira voor hen niet aannemelijk was boven die van Kaapstad, vooral wegens den langen tijd dat men op zee moet doorbrengen. Dan hebben zij nooit bericht gekregen of de menschen zich wel gevestigd hadden waar zij dachten heen te gaan. Bij de Kaap aangekomen zijnde is hun dit bericht eerst geworden." Dit was nie die laaste keer dat die kerkraad aandag sou moes skenk aan die belange van die Angola-trekkers nie, want van tyd tot tyd moes die kerkraad korrespondensiestukke afkomstig van die kommissie belas met die geestelike belange van die trekmense behandel en trag om geld te vind om die verskillende planne deur te voer. Nooit het die kerkraad geweier om die gevraagde steun te verleen nie. Die bedrae wat wel aangestuur was, het nooit juis beïndruk nie, maar die gewilligheid het nie ontbreek nie en dit kon moontlik die invloed van ds. Du Plessis gewees het, want baie van daardie mense was vroeër sy lidmate gewees. ### Die vervoervraagstuk Ds. Du Plessis en die Colesbergse kerkraad. Die Algemene Sinode in sitting te Middelburg, Kaap, 1904, waartydens besluit is om die Teologiese Skool Burgersdorp na Potchefstroom te verplaas. Voor: (vyfde van links) G.H.J. Kruger. Eerste ry op stoele: (vyfde van links) ds. A.J.J. de Klerk Coetsee, oudl. G. Henning, J.G.H. van der Walt, L.J. du Plessis, prof. Jan Lion Cachet, Petrus Postma, J.D. du Toit, P.C. Snyman, Taetse Hamersma. Eerste ry staande: (sesde van links) Willem Postma, Martinus Postma, J.A. van Rooy, onbekend, prof. Jan Kamp, W.J. de Klerk, J.C. Kruger, J.A. du Plessis, W.J. Snyman, Dirk Postma. Die vraagstuk van vervoer tydens die bediening het jare lank menige grys haar veroorsaak. In ds. Du Plessis se tyd het dit wel nie gegaan oor hoeveel per myl betaal moes word nie, maar wel oor perdevoer en osse en perde wat langs die pad siek geword het of weggeraak het en wat uitbetaal moes word, ens. Op die vergadering van 17 Augustus 1883 is genotuleer dat die kerkraadslede deur die noodsaaklikheid gedring, laas ooreengekom het om 'n wa met ses tuie as kerkwa, gekoop het vir die som van £50 en die bedrag moet nou betaal word. Deur hierdie stap is die hele vraagstuk nog nie opgelos nie, want elke keer dat die wa gebruik moes word, moes perde gevind word en dit het ook probleme meegebring. Hierdie wa was ook onderhewig aan reparasie. In die notule van 18 Februarie 1887 staan opgeteken dat die kerkwa se as gebreek het en dat dit £4 gekos het om 'n ander as in te sit. En in 1894 het die kerkraad besluit om die kerkwa maar van die hand te sit en ons lees nie verder dat besluit is om 'n nuwe te koop nie sodat ’n mens daaruit kan aflei dat dit nie al die moeilikhede opgelos het nie. Destyds was daar reeds treinverbinding in die buurt van Colesberg. Die meeste moeilikhede het die kerkraad ondervind om die afgevaardigdes na die sinodes weg te kry, veral wanneer die sinode in Transvaal of in die noordelike deel van die Vrystaat vergader het. In die notule van 27 Maart 1885 word gemeld van 'n tipiese voorbeeld van die probleem. Die diakens, want dit was blykbaar hulle werk om al hierdie soort insamelingswerk te doen, het gerapporteer dat hulle slegs vyf perde gekry het om die afgevaardigdes te vervoer na die sinode op Ventersburg, Vrystaat. Daarop is toe besluit dat ouderlinge en diakens moes saamspan om hierdie saak in die reine te bring. Maar toe het daar 'n ander vraagstuk opgeduik. Een van die afgevaardigdes, br. N.T. van der Walt, het aan die vergadering meegedeel "dat hij wegens zwakke gestalte des ligchaams met een privaat rijtuig moet gaan, nu wenscht hij te weten of ook zijne reiskosten hem zullen uitbetaald worden". Dit was 'n probleem en veral 'n vraag waarop die kerkraad geen antwoord geweet het nie. Daarom het hy die vraag toe later gewysig om te verneem of die kerkraad sy reis-koste in "een gelijke graad" kan stel as dié van die ander twee afgevaardigdes. Eindelik het die kerkraad besluit dat aangesien die plan reeds gemaak is dat al die afgevaardigdes met een rytuig moes gaan, aan die broeder geen reisgeld afsonderlik betaal kan word nie. Die Algemene Sinode sou in 1891 op Rustenburg vergader en in verband met die vervoer daarheen het die volgende voor die kerkraad en selfs voor die gemeente gedien. Op die vergadering van 2 Januarie 1891 is die afgevaardigdes gekies en toe is gespreek oor 'n reisplan en die reiskoste en besluit om die gemeente hierin te raadpleeg. Blykbaar moes beslis word om die reis per trein en "coach" of per perdewa sou geskied. Uit die notule blyk dat die gemeente die reisgeleentheid per trein en "coach" die verkieslikste geag het en in verband met die reiskoste is toe besluit om 'n vrye kollekte in die gemeente te hou vir die reiskoste na die sinode. Op die volgende vergadering, 21 Februarie 1891, is gerapporteer dat die vrye kollekte die bedrag van £38.5.6 opgelewer het. Dit was kennelik nie genoeg nie; daarom is besluit om die werk oor te doen en toe hiervan rapport gekom het op die vergadering van 10 April het dit geblyk dat daar vir die reiskoste nog iets bygekom het; daarom is besluit dat as die hele som nie gevind word nie, die praeses en skriba 'n verslag moes opstel om voor die gemeente te lê van die volle bedrag wat reeds gegee en belowe is. En toe die verslag voor die gemeente dien, het dit geblyk dat £49.11.5 belowe is en £41.16.6 reeds inbetaal is. Ná afloop van die sinode kon natuurlik verslag van die reiskoste gegee word en in hierdie verband staan in die notule van 14 Augustus: Ontvangste £72.6.6; uitgawe £64.12.8; batige saldo £7.13.10. Die afloop van die hele aangeleentheid was dus nie ongunstig nie, maar die reissom van £64 bied ’n mens 'n kykie in die reistariewe van destyds wat dan met trein en "coach" moes geskied. ### Philippolis word 'n selfstandige gemeente Ds. Du Plessis as middeljarige predikant. Tydens die bediening van ds. Viljoen het dit van tyd tot tyd voorgekom op die kerkraadsvergaderings om 'n ouderling te kies vir die lidmate wat in die Vrystaat woonagtig was, en later is ook inderdaad aldaar 'n ouderlingswyk gestig. Op sy vergadering van 18 November 1882 het die kerkraad te staan gekom voor die vraag of die lidmate op Philippolis nie as 'n selfstandige gemeente gestig kan word nie. Die kerkraad het nie dadelik hierop geantwoord nie, maar aan ds. Du Plessis opgedra om tydens sy besoek aan daardie geweste die volgende week, ondersoek ter plaatse in te stel en met die mense daaroor te praat en dan te rapporteer aan die kerkraad wat sy bevinding was. Op die vergadering van 5 Januarie 1883 is hierdie rapport aangehoor: Dat die lidmate daar reeds begin het om 'n kerkgebou op te rig vir £850, buite die preekstoel en banke en dat die gebou oor 10 maande afgelewer moes word. Gelyktydig met hierdie rapport het ook 'n versoekskrif onderteken deur 23 manslidmate gedien waarin hulle gevra het om afgestig te word as 'n selfstandige gemeente. Ná bespreking het die kerkraad besluit om die versoek van die broeders vir kennisgewing aan te neem en verder daarmee volgens die kerklike bepalings te handel. Die nodige stappe is blykbaar deur die kerkraad gedoen, hoewel ’n mens niks daarvan in die kerkraadsnotule lees nie. Maar op die vergadering van 2 Junie 1883 het die saak weer ter tafel gekom. Berig is ontvang dat die kerkgebou van Philippolis voltooi is en 'n versoek aan die kerkraad gerig om dit tydens die stigting van die gemeente in gebruik te neem. Dit is deur die kerkraad bewillig, maar op sy volgende vergadering, 30 Junie, is eers besluit dat die gemeente aldaar gestig sou word DV die eerste Sondag in Augustus. By die geleentheid is ook besluit om aan oudl. P.J. Pretorius, die ouderling van daardie wyk, eervol ontslag te gee sodat daarmee die weg oopgemaak was vir die instelling van 'n kerkraad in die nuwe gemeente. ### Die onderwyssaak in sy tyd op Colesberg Mev. Maria du Plessis, gebore Smit op 27 Februarie 1854, getroud op 12 Junie 1871 en oorlede op 10 Julie 1910. 1904: Die Algemene Sinode van die Gereformeerde Kerk in sitting op Rustenburg. Eerste ry: Di. Willem de Klerk, Flippie Snyman, J.G.H. van der Walt, Totius, G.H.J. Kruger. Tweede ry: Di. Martinus Postma, Petrus Postma, prof. Jan Lion Cachet, di. **L.J. du Plessis**, W.J. Snijman. Derde ry: Di. T. Hamersma, Willem Postma, Louis Vorster, Dirk Postma, J.A. van Rooy en prof. J.A. du Plessis. Tydens die bediening van ds. Viljoen het die kerkraad meermale aandag geskenk aan die oprigting van skole, maar veel het nie juis daarvan tereggekom nie. In die notule is daar nie noemenswaardige gegewens oor die presiese toestand van die onderwyssaak nie. Op die kerkraadsvergaderings onder leiding van ds. Du Plessis is die kerkraad byna nooit gevra om aandag te skenk aan die oprigting van skole nie. Maar vanweë die besluit van die Algemene Sinode van 1873 dat die kerkrade jaarliks 'n verslag moes opstel en aan die verskillende Algemene Vergaderings moes voorlê in verband met die toestande in die gemeentes, is dié verslae van die kerkraad vanaf 1882 wel genotuleer. In hierdie verslae moes elke gemeente sekere vrae beantwoord, byvoorbeeld vraag 9: Wat word daar in u gemeente gedoen vir die opvoeding en onderwys van die jeug? Meestal is die vrae met 'n enkele woord "ja" beantwoord, maar hierdie vraag is jaarliks breedvoerig beantwoord. Uit al die antwoorde blyk dat die kerkraad nie tevrede was met die onderwystoestand van die jeug van die gemeente nie. En die gees wat daaruit spreek word duidelik aangedui deur die woord van die antwoord wat op hierdie vraag in 1882 gegee is. Uit gebrek aan bekwame onderwysers is aan die onderwys en die opvoeding van die jeug nie soveel gedoen as die kerkraad graag sou sien nie. Dit is min of meer die refrein in al die antwoorde op hierdie vraag. Elke jaar is getrou 'n opsomming gemaak van die aantal privaat skooltjies in die gemeente asook hoeveel kinders daar aan ander soort skole onderwys ontvang. Die aantal kinders van die gemeente wat gereeld skoolonderwys ontvang het, het van jaar tot jaar gewissel tussen die getalle 30 en 61. Laasgenoemde was die getal wat in 1895 op skool was. Dit was die gunstigste rapport wat die kerkraad tydens die bediening van ds. Du Plessis kon stuur aan die Algemene Vergadering en lui onder meer: Huislik en kerklik word gedoen soveel as kan; maar wat skole betref, gaan dit nie na wens nie. Die volgende skole is in die gemeente: Een derdeklas ondersteunde skool met 'n goewernante met 10 kinders wat elementêre onderwys ontvang in Hollands en Engels; ses familieskole waarin 33 kinders onderwys ontvang in spel, lees, skrywe en katkisasielesse, sang en ook in rekenkunde; daar is 12 kinders in die publieke skool op die dorp terwyl nog 6 kinders van gemeentelede in die distrik van en op die dorp Middelburg skoolgaan. Die totaal skoolgaande kinders is dus 61. Net in 1890 het die kerkraad aandag geskenk aan die oprigting van ’n skool. Op die kerkraadsvergadering van 14 Februarie het die leraar bekendgemaak dat dit blyk asof daar 'n kans is om 'n skool in die wyk van oudl. Kruger op te rig. ’n Kommissie is toe benoem om te sien wat verder in die saak gedoen kon word. Hierdie kommissie het nie juis 'n rapport van sy werksaamhede aan die eerwaarde kerkraad voorgelê nie, maar uit twee rapporte aan die Algemene Vergadering kan ons wel die gang van sake aflei. Op die vergadering van 28 Maart 1890 het die kerkraad aan die Algemene Vergadering gerapporteer: Die kerk het begin om 'n buurtskool tot stand te bring, tot nog toe egter sonder gevolg. Dit is net min of meer 'n maand na daardie vorige besluit vasgestel. Maar op 15 November van daardie jaar het oudl. B.J. Kruger die volgende mededeling gedoen: Dat daar al gewerk is insake die oprigting van 'n skool in sy wyk; die plaas Ruigtepoort het hy as skoolplaas gegee; aandele is reeds ter waarde van £110 geneem en ongeveer £30 is beloof tot ondersteuning van die skool en 20 kinders is gevind. Op 2 Januarie 1891 het die kerkraad geantwoord aan die Algemene Vergadering dat daar 'n plan is om 'n distrik-kosskool in die gemeente op te rig. Dus 'n jaar nadat die leraar die saak aangeroer het, was daar nog nie 'n skool nie. Maar die poging is tog met sukses bekroon want in die rapport van 1892 word vermeld dat in die gemeente 'n skoolplaas is waarin 25 kinders onderwys ontvang. Die kerkraad het in sy antwoorde aan die Algemene Vergadering van tyd tot tyd gekla oor die gebrek aan bekwame onderwysers; daarom het hy die pogings wat die Meerdere Vergaderings aangewend het om onderwysers op te lei, getrou gesteun deur geld aan te stuur. Dat die kerkraad in hierdie tyd nie skole opgerig het nie, kan dus nie beskou word as 'n onverskilligheid ten opsigte van die onderwyssaak as sodanig nie. ### 'n Gedenksteen vir prof. Postma Ds. Du Plessis soos hy verskyn in *Ons Kerk Album* van 1917. Afgesien daarvan dat die gemeente Colesberg ook een van die gemeentes in die Kaapkolonie was wat ds. Dirk Postma in 1860 gestig het, het hy vandat hy in 1866 predikant van Burgersdorp geword het, baie tyd en aandag aan die gemeente bestee. Tot die eerste predikant op Colesberg kom woon het, het ds. Postma gereeld as konsulent daar opgetree met die bediening van Woord en Sakramente. Toe prof. Postma dus in 1890 oorlede is, het ook hierdie gemeente saam met die hele Gereformeerde Kerk die verlies betreur. Daarom is dit heel natuurlik dat toe in 1891 'n aksie aan die gang gesit is om 'n gedenksteen of iets ter nagedagtenis van hom op te rig, die kerkraad grondige aandag daaraan sou skenk. So is daar op die vergadering van 21 Februarie 1891 'n omsendbrief van vier predikante van die Kerk op die tafel geneem waarin die gedagte van 'n gedenksteen of 'n beurs genoem is. Die Postma-beurs sou dan bedoel wees as 'n fonds waaruit onder sekere voorwaardes aan verdienstelike studente nou en dan 'n prys gegee kon word; verder is die medewerking van die kerkraad in hierdie saak gevra. Hierop is besluit dat die kerkraad met genoeë kennis geneem het van die inhoud van die omsendbrief en die saak in oorweging sou neem op sy eerskomende vergadering. Die kerkraad het op 10 April die saak weer bespreek en toe is met algemene stemme besluit: Dat die kerkraad van oordeel is dat 'n steen meer 'n aandenking is en dat die aangewese plek daarvoor is binne die ringmuur van die kerk te Burgersdorp en dat vir hierdie saak 'n kollekte gehou sou word met die nagmaal aan die end van Desember in hierdie jaar. Nie lank nadat hierdie besluit geneem was het daar 'n brief van ds. L.P. Vorster, die sekretaris van die Komitee insake die Gedenksteen, voor die kerkraad gedien, waarin hy gevra het hoeveel hierdie gemeente vir die saak sou bydra. Hierop het die kerkraad geantwoord dat kerkraad en gemeente vir hierdie saak na vermoë sal bydra, maar dat dit moeilik is om te sê wat die gemeente sal gee daar dit van die hoeveelheid van die vereiste bedrag vir 'n gedenksteen afhang. Die kerkraad wou eers weet hoeveel nodig is. In November van daardie jaar het die voorsitter aan die kerkraad meegedeel dat hy berig van ds. Vorster ontvang het dat die vereiste bedrag vir 'n gedenksteen ongeveer £200 sou wees. Wat presies die bedrag was wat die gemeente vir hierdie doel ingesamel het, word nie vermeld nie, maar dit was 'n deurkollekte. Later moes nog gekollekteer word omdat op die sinode van 1894 geblyk het dat daar nog 'n hele bedrag tekort was op die gedenksteen. Daarna is nog 'n gering bedraggie ingesamel en weggestuur. ### Die sending Afgevaardigdes na die Gereformeerde Kerk se Algemene Sinode te Reddersburg, 1910. Voor: J.A. van Rooy, Martinus Postma, Petrus Postma, W.J. Snyman, Jan Lion Cachet, **Louw du Plessis**, Louis Vorster, Pieter Biewenga. Middel: J.G.H. van der Walt, Jacobus du Plessis, Willem de Klerk, G.H.J. Kruger, Dirk Postma, H.J.R. du Plessis, Willem Postma, Hendrikus Pasch. Agter: J.P. van der Walt, N.H. van der Walt, T.N. Venter, P.C. Snyman, J.H. Kruger, J.D. du Toit, Sietse Los, T. Hamersma, Derk Rumpff. In die verslag wat jaarliks aan die Algemene Vergadering gestuur moes word, was daar ook 'n vraag wat in die gemeente gedoen word vir die uitbreiding van Gods koninkryk. Op hierdie vraag het hierdie kerkraad elke jaar geantwoord met 'n paar woorde wat min of meer hierop neergekom het: kerklik niks. Vroeër het dit reeds geblyk dat die kerkraad en gemeente nie vyandig was teen sendingwerk nie, maar dat die kerk, volgens hulle, nog te swak was om daarmee te begin. Blykbaar was dit al die jare tog maar die gedagte wat in die harte gelewe het vandaar die gebrek aan optrede in hierdie saak. Hierdie gesindheid insake die gekleurdes blyk baie duidelik uit wat op die kerkraadsvergadering van 30 Junie 1883 plaasgevind het: Die leraar het onder die aandag van die kerkraad gebring dat die magistraat 'n versoek gerig het om vir sekere ou en sieklike kleurlinge, wat vanweë die Goewerment ontoereikende rantsoene ontvang, iets te doen. Hierop het die vergadering besluit om aan oudl. I.J. van der Walt op te dra om nader ondersoek te doen na die toestand, ens. van die ongelukkiges en verder dat hy en die leraar daaroor moes oordeel of die saak in die gemeentevergadering behandel moes word. Uit hierdie besluit spreek beslis geen vyandigheid teenoor en onverskilligheid jeens hierdie mense nie. Wat verder gebeur het meld die notule nie. In die jaar 1890 het daar op die sendingfront tog 'n geringe verandering ingetree. Die vorige jaar het die Algemene Vergadering van die Kaapkolonie dit moontlik gemaak vir die kerkraad van Humpata om 'n predikant daarheen te beroep en in die persoon van ds. Dirk Postma jr. het hulle wel een gekry. Vroeg die volgende jaar het die kerkraad 'n brief van gemelde ds. Postma behandel waarin hy meegedeel het dat hy begin het om die evangelie te verkondig aan die gekleurdes in die onmiddellike nabyheid en dat hy graag hulp wou hê ter bestryding van die koste daaraan verbonde. Hy het vermeld dat dit met verlof van sy kerkraad was dat die aksie begin is en dat hy die hulp gevra het. Die kerkraad het hierop besluit dat die brief aan die gemeente voorgelees moes word en dat enige persoon wat daarvoor iets wou bydra, dit aan die predikant kon afdra. Die notule vermeld wel enkele bedraggies wat daarvoor ingekom het maar die finale som is nie aangeteken nie. In 1893 het daar weer 'n versoek om steun vir die sendingwerk in Basoetoland by die kerkraad ingekom en toe die kerkraad dit bespreek het, s besluit om by geleentheid van 'n lesing wat ds. L.P. Vorster op 18 Februarie voor die gemeente sou hou oor sy besoek aan Humpata, 'n kollekte te laat hou vir hierdie werk in Basoetoland. Ds. Vorster is toe verhinder om te kom met die gevolg dat die kerkraad besluit het om die kollekte tydens die nabetragtingsdiens daarvoor af te sonder. Dit was nou maar sporadies voorkomende gevalle, maar later sou dit wel verander deurdat jaarliks sekere kollektes afgesonder moes word vir die sending en hierin was die kerkraad getrou sodat jaarliks vanaf 1894 die antwoord op hierdie vraag aan die Algemene Vergadering min of meer soos volg gelui het: Aan eintlike sendingwerk word niks gedoen nie, maar vir die saak word jaarliks gekollekteer ooreenkomstig die besluit van die Sinode. Nadat die sendingwerk te Venterstad begin is, het die kerkraad ook so nu en dan hulp daaraan verleen. ### Hulp van die susters Algemene vergadering van die Gereformeerde Kerk in die OVS, 1908, in sitting te Reddersburg. Tweede ry: (van derde links) Willem Postma, **L.J. du Plessis**, J.A. du Plessis, J.A. van Rooy. Van die susters van die gemeente as 'n groep lidmate is nie veel in die notule opgeteken nie, maar daar kom tog 'n paar gevalle voor. Die eerste was op 12 Oktober 1883 toe die voorsitter, ds. Du Plessis, aan die hand doen dat die susters van die gemeente gevra moes word om aandag te skenk aan nuwe venstergordyne vir die kerkgebou. Die kerkraad het dit gunstig oorweeg en aan ds. Du Plessis opgedra om met 'n paar susters daaroor te praat en die saak aan hulle op te dra. Die susters het blykbaar nie op hulle laat wag nie, want op die vergadering van 15 Augustus 1884 is gerapporteer dat die nuwe gordyne opgehang is en dat die susters vra wat hulle met die oues en die stuk van die nuwe materiaal wat oorgeskiet het, moes doen. Hierop het die kerkraad besluit om die susters wat met die gordyne gewerk het, te vra om die nuwe stuk tesame met die oues te probeer verkoop ten voordele van die kerk. Die ander geval het in 1887 voorgekom toe die kommissie gerapporteer het dat dit wenslik was om 'n plankvloer in die susterskonsistorie te sit en toe het die kerkraad besluit om die susters te vra om vir hierdie saak te kollekteer en verder besluit om uit elke wyk twee susters as kollektante aan te wys. In hierdie geval het die susters nog vinniger opgetree, want reeds op die vergadering van 19 November is gerapporteer dat die saak klaar was en dat die ingesamelde gelde aan die kommissie oorhandig kon word. ### Die geestelike bearbeiding van die gemeente Ds. Du Plessis op 18 Mei 1909 toe hy 64 jaar en vyf maande oud was. In verband met die gereelde huisbesoek wat die predikant in sy gemeente moes verrig, staan niks in die notule nie. Dat dit egter gereeld plaasgevind het, kan maklik afgelei word uit die gereelde wyksverslae wat voor elke nagmaalsviering gelewer is. En as die predikant sy werk versuim het, sou daar wel deeglik van gespreek gewees het. Die geestelike belange van die gemeentelede is deeglik behartig, want van tyd tot tyd word melding gemaak van hulp wat verleen moes word van kerkraadsweë om spanninge tussen lidmate uit die weg te ruim; ander weer moes bearbei word vanweë swak kerkbesoek. In verband met die bearbeiding van die jeug van die gemeente staan daar ook nie veel in die notule nie, maar daar is wel bewyse dat aandag daaraan geskenk is. Een van die aangeleenthede in verband met die verbondsonderwys wat gereeld die aandag van die kerkraad moes geniet, is die belydenis van die geloof of die "aanneming", soos dit konsekwent in die notules genoem word. Een van die eerste besluite wat onder leiding van ds. Du Plessis in hierdie verband geneem is, het hieroor gehandel, naamlik dat in die vervolg nie meer alle drie maande nie maar alle ses maande geleentheid sal wees vir die aflegging van belydenis van die geloof. Dit is op 13 Augustus 1880 geneem. Die gebruik was dat die kerkraad elke keer twee ouderlinge moes aanwys om hierdie katkisasieklasse by te woon en saam met die predikant te oordeel of die kennis genoegsaam was om toegelaat te word. Die predikant het gepoog om dit verander te kry sodat al die ouderlinge of soveel moontlik van hulle by kom, maar die kerkraad wou hierin nie bewillig nie en toe dit vir 'n tyd wel so gereël is, is daarvan later weer afgesien en teruggeval op die kommissie van twee lede saam met die predikant. Ds. Du Plessis het ook aandag geskenk aan die verbetering van die gewone kategetiese onderrig wat in die skole en by die huise moes plaasvind, want die lidmate het nie op die dorp gewoon nie. Op die kerkraadsvergadering van 25 September 1885 het die leraar 'n nuwe plan voorgelê vir beoordeling van die kerkraad. Dié plan het katkisasielesse vir elke Sondag die hele jaar deur behels en die lesse sou dan op kaartjies gedruk en aan die kinders besorg word. Hy het selfs die drukkoste daarvan ook aan die kerkraad voorgelê, te wete 25/- vir die eerste 100 en daarna 12/6 vir elke verdere 100. Die kerkraad het dit as 'n baie nuttige saak beskou en besluit om dadelik 300 daarvan te laat druk en vir die volgende jaar aan die kinders uit te deel. Dit moes 'n soort lesrooster gewees het en daarom 'n groot verbetering gebring het in die gereelde behandeling van die werk met die kinders. Al die jare wat ds. Du Plessis daar gearbei het, moes hy daarmee volgehou het, want nadat hy vertrek het, meld die notule dat ds. T. Hamersma as konsulent sodanige leskaarte moes opstel. Ds. Du Plessis het ook aandag geskenk aan die jong mense van sy gemeente en hulle ook gehelp met die daarstelling van 'n Jongeliedevereniging. Op die vergadering van 15 November 1884 het hy aan die kerkraad die reëls deur hom opgestel vir 'n Sang- en Jongeliedevereniging voorgelees. Die kerkraad het sy instemming daarmee betuig. In 1887 het ds. Du Plessis die kerkraad toegespreek oor die Bybelverspreiding deur die Britse en Buitelandse Bybelgenootskap en die wenslikheid om die saak te help bevorder. Hieraan het die kerkraad sy steun toegesê en gevolglik het die predikant ook die saak aan die gemeente voorgehou en hier het hy ook die steun gehad van mnr. I.J. van der Walt, lid van die destydse Volksraad vir hierdie afdeling. Daarna is besluit dat die saak weer met nagmaal onder die aandag van die gemeente gebring sou word en dat dan 'n deurkollekte daarvoor afgestaan word. Die belangrikste deel van die geestelike bearbeiding van die gemeente was natuurlik die gereelde bediening van Woord en Sakramente en dit het baie gereeld plaasgevind. Maar die kerkraad moes van tyd tot tyd verlof verleen aan ds. Du Plessis om as konsulent op te tree van een of ander gemeente wat vakant was sodat hy in breër verband ook kon arbei in die Kerk. ### Die geldelike worsteling van die gemeente Met ds. Du Plessis se beroep was die bedrag wat deur die lidmate belowe is vir die traktement van die leraar, £100 minder as die bedrag waarvoor hy beroep sou word en nieteenstaande hierdie tekort het die gemeente tog besluit om oor te gaan tot beroep. Hierdie toedrag van sake het nie verbeter nie, maar gaandeweg versleg met die gevolg dat dit ál meer 'n finansiële worsteling geword het. Toe die nuwe predikant diens hier aanvaar, was die totale skuld van die gemeente £404 sodat hy dus baie gou aandag moes skenk aan die finansiële sake van die gemeente. Toe Philippolis boonop in 1883 selfstandig word, moes Colesberg ook die bydraes van daardie lidmate mis, want die predikant van Colesberg was toe nie meer verantwoordelik vir die bediening van daardie nuwe gemeente nie. Die kerkraad en gemeente het dapper gestry om die finansiële moeilikhede die hoof te bied, maar gaandeweg het die onmoontlikheid van die situasie geblyk en moes aandag geskenk word aan onaangename middels. So moes die kerkraad op sy vergadering van 15 Mei 1885 begin dink aan traktementsvermindering. Volgens die notule is die kerkraad weens die afstigting van Philippolis, swaar tye en die wegtrek van lidmate genoodsaak om 'n kommissie te benoem om die predikant te vra om £100 van sy traktement te laat val. Die bespreking het blykbaar in sy afwesigheid geskied; vandaar die kommissie. Later het die kommissie gerapporteer op die vergadering van 9 Julie 1886 dat die predikant gewillig was om £25 van die £350 af te slaan tesame met die 40 slaghamels en 10 mud koring wat as deel van sy onderhoud gegeld het. Sake het deurgaans slegter geword tot die kerkraad in 1895 sy toevlug moes neem tot die Algemene Vergadering. Onder vraag 11 van die gemeentverslag is die opening gebied dat 'n kerkraad die raad en advies van die Vergadering kan vra oor die een of ander netelige saak. In daardie jaar het die kerkraad die volgende onder die aandag van die Vergadering gebring: Die vraag lui of daar iets is waarin die kerkraad die hulp of advies van die vergadering verlang en daarop is toe geantwoord: Ja, wat betref die leraarsalaris daar die gemeente so verminder het dat dit onmoontlik is om die salaris byeen te bring. Hierin het die kerkraad hulp en raad nodig; daarom wend hy hom eerbiediglik tot die Algemene Vergadering en versoek vriendelik om raad en hulp hierin, indien moontlik. Op sy vergadering van 25 Mei 1895 het die kerkraad kennis geneem van die besluit van die Algemene Vergadering by monde van sy afgevaardigdes, naamlik dat die kerkraad hom eers moet wend tot die ander kerkrade van die Kaapkolonie vir hulp in hierdie saak. Of die kerkraad dit gedoen het, blyk nie duidelik nie, maar op sy vergadering van 12 Oktober is gerapporteer dat daar van twee naburige kerkrade, te wete Steynsburg en Middelburg, steun gekom het tot 'n bedrag van £14.5.6 en later het daar weer bedrae gekom van ander kerkrade. Onder hierdie moeilike situasie moes die predikant in 1896 die beroep na Petrusburg oorweeg. ### Die organisasie van die gemeente in die algemeen Op dié foto wat in 1910 tydens die halfeeufeesvieringe van die Gereformeerde kerk Burgersdorp geneem is, sit van links in die middelste ry: ds. W.J. de Klerk, dr. S.O. Los, prof. J.D. du Toit (Totius), di. W.J. Snyman en Louw du Plessis. Ander sake wat van belang is om 'n duidelike begrip te kry van die bedieningsjare van ds. Du Plessis in die gemeente, is: Die wyse van verkiesing van kerkraadslede Die vaste gebruik van die kerkraad was om die verkiesing van kerkraadslede te laat geskied op 'n gemeentebyeenkoms saam met die kerkraad en om dan 'n vrye verkiesing te laat plaasvind en die persoon wat die hoogste aantal stemme op hom getrek het, is eenvoudig verkose verklaar. So het dit dikwels gebeur dat die getal stemme wat op die ander persone uitgebring was, saam baie meer was as die op die verkoseverklaarde. 'n Paar keer het daar stemme opgegaan in die kerkraad om hierdie stelsel van verkiesing te verander, maar sonder sukses. Eers in 1887 is besluit om te laat stem totdat 'n volstrekte meerderheid verkry is. Die afskaffing van sitplekgelde Nog ’n saak wat baie hoofbrekens besorg het aan die kerkraad was die betaling van sitplekgelde deur die lidmate. By die behandeling van die installering van banke in die kerkgebou is daarop gewys dat die banke betaal moes word met die geld wat geïn is met die verhuur van die sitplekke. Gedurig moes die kerkraad aandag skenk aan agterstallige sitplekgelde en daaruit het allerlei probleme voortgespruit. Hierdie gesukkel het voortgeduur tot 19 Mei 1894 toe die kerkraad eenvoudig besluit het om geen sitplekgelde meer te hef nie. Die lidmate kon nog vaste sitplekke in die kerkgebou kry, maar hulle hoef nie meer daarvoor te betaal nie. Kerklike gewaad Op die vergadering van 14 November 1885 is gevra wat die bepaling was in verband met die gewaad van die kerkraadslede by kerklike dienste. Hierop het die praeses (voorsitter) geantwoord dat daar geen besluit deur die Kerk dienaangaande was nie. Die kerkraad verlang egter dat ouderlinge en diakens ter wille van die goeie orde en betaamlike deftigheid, by die openbare dienste en kerklike vergaderinge "in het zwart" geklee sal wees volgens die gebruiklike wyse in die Gereformeerde Kerk. Konsulentskappe Dit was destyds nog gebruiklik in die kerk dat vakante gemeentes konsulente beroep. So het ds. Du Plessis verskillende beroepe tot konsulent ontvang en soms na gemeentes wat nie naby Colesberg was nie. So is hy byvoorbeeld in 1892 beroep tot konsulent van Ladybrand en die kerkraad het geen beswaar gehad dat hy die beroep kon aanvaar nie. Gedurende sy bedieningsjare te Colesberg het ds. Du Plessis verskillende gemeentes as konsulent bedien. Die 25-jarige bestaan van Colesberg se gemeente Op die kerkraadsvergadering van 14 November 1885 het ds. Du Plessis verlof gevra om na Middelburg, Kaap, te gaan vir die 25-jarige bestaan van daardie gemeente wat feestelik herdenk is en waar hy die feesrede moes hou. Die verlof is toegestaan en in aansluiting daarby is toe ook gespreek oor die moontlike herdenking van die 25-jarige bestaan van hierdie gemeente. Op advies van die voorsitter is toe besluit dat hier nie 'n spesiale feesgeleentheid sou wees nie, maar dat met die eerskomende nagmaalsgeleentheid aandag geskenk sou word aan die saak. So het die geleentheid stilweg verbygegaan en is slegs gehandel ooreenkomstig die besluit van die kerkraad. ### Die vertrek van ds. Du Plessis Ds. Du Plessis in sy later jare. Op die vergadering van 10 Januarie 1896 het die predikant aan die kerkraad gesê dat hy beroep is na die gemeente Petrusburg, maar dat hy nog nie besluit het wat om te antwoord nie. Op die laaste dag van Januarie was die kerkraad weer bymekaar en toe het die voorsitter bekendgemaak dat hy die beroep aangeneem het onder afwagting van sy losmaking van hierdie gemeente. By monde van oudl. Van der Linde die spyt van die kerkraad uitgespreek, maar ook die berusting daarin. Op sy versoek is die eersvolgende nagmaal bepaal op die vierde Sondag in Maart en by daardie geleentheid sou sy afskeid ook kon plaasvind. Op dieselfde vergadering is onder voorsitterskap van ds. Hamersma wat as naaste predikant volgens besluit van die sinode teenwoordig was, die stukke nagegaan en in orde bevind en het die kerkraad die losmaking van hulle predikant bewillig. Sestien jaar het ds. Du Plessis die gemeente bedien en toe hy reeds predikant van Petrusburg was, het hy nog aan hulle geskrywe en die gemeente bemoedig en die kerkraad het ook hulle ou predikant nie vergeet nie. By die kerkgeleentheid van 20 Maart 1896 het die kerkraad en gemeente 'n konsulent beroep en toe is met meerderheid van stemme ds. D. Postma jr. aangewys. En in die notule van hierdie vergadering is opgeteken dat die totale skuld van die gemeente toe £400 was en met die oog op die uitdelging van hierdie skuldbedrag, is besluit dat die gemeente die bedrae wat hulle belowe het vir die traktement van die predikant, nog moes bly stort om so die bedrag te vind. Bronne ------ * (nl) Maeder, ds. G.A. en Zinn, Christian. 1917. *Ons Kerk Album*. Kaapstad: Ons Kerk Album Maatschappij Bpkt. * (af) Coetsee. A.J. (voorsitter: redaksiekommissie). 1961. *Eeufees Gedenkboek Gereformeerde kerk Colesberg K.P. 8 Desember 1980–1960*. Colesberg: Eerwaarde kerkraad van die Gereformeerde kerk Colesberg. Sien ook -------- * Daniël du Plessis, sy kleinseun * Dirk du Plessis, sy kleinseun * Ida Bosman, sy kleindogter * Prof. Hugo du Plessis, sy kleinseun * Prof. Wicus du Plessis, sy kleinseun * Laurika du Plessis, sy skoondogter * Aletta du Plessis, sy skoondogter * Ds. Dirk Postma, twee van sy skoondogters se vader
{ "title": "Louw du Plessis", "mostly_tablelist": false, "tablelist_ratio": [ 797, 38339, 0.02078823130493753 ], "infobox": [ "<table about=\"#mwt1\" class=\"infobox\" style=\"width:25.5em; font-size: 85%; text-align: left;\">\n<tbody><tr>\n<td colspan=\"2\" style=\"font-size: larger; text-align: center;\"><b>Ds. Louis du Plesis</b></td></tr>\n<tr>\n<td colspan=\"2\" style=\"text-align:center;\"><span data-mw='{\"caption\":\"Ds. Louis du Plessis\"}' typeof=\"mw:Image\"><a href=\"./Lêer:Ds_LJ_du_Plessis,_1844-1918.jpg\"><img data-file-height=\"2152\" data-file-type=\"bitmap\" data-file-width=\"1614\" height=\"333\" resource=\"./Lêer:Ds_LJ_du_Plessis,_1844-1918.jpg\" src=\"//upload.wikimedia.org/wikipedia/af/thumb/6/65/Ds_LJ_du_Plessis%2C_1844-1918.jpg/250px-Ds_LJ_du_Plessis%2C_1844-1918.jpg\" srcset=\"//upload.wikimedia.org/wikipedia/af/thumb/6/65/Ds_LJ_du_Plessis%2C_1844-1918.jpg/375px-Ds_LJ_du_Plessis%2C_1844-1918.jpg 1.5x, //upload.wikimedia.org/wikipedia/af/thumb/6/65/Ds_LJ_du_Plessis%2C_1844-1918.jpg/500px-Ds_LJ_du_Plessis%2C_1844-1918.jpg 2x\" width=\"250\"/></a></span></td></tr>\n<tr>\n<td colspan=\"2\" style=\"text-align:center;\"><div style=\"line-height:12px;font-size: 85%;\">Ds. L.J. du Plessis</div></td></tr>\n<tr>\n<td colspan=\"2\"><hr/></td></tr>\n<tr>\n<th scope=\"row\" style=\"text-align:left; vertical-align:top;\">Naam</th>\n<td>Lodewicus Johannes du Plessis</td></tr>\n<tr>\n<th scope=\"row\" style=\"text-align:left; vertical-align:top;\">Geboorte</th>\n<td><a href=\"./23_Desember\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"23 Desember\">23 Desember</a> <a href=\"./1844\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"1844\">1844</a><br/><a href=\"./Paarl\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Paarl\">Paarl</a>, <a href=\"./Kaapkolonie\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Kaapkolonie\">Kaapkolonie</a>,</td></tr>\n<tr>\n<th scope=\"row\" style=\"text-align:left; vertical-align:top;\">Sterfte</th>\n<td>25 Desember 1918 (op 74)<br/><a href=\"./Reddersburg\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Reddersburg\">Reddersburg</a>, <a href=\"./Oranje-Vrystaat\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Oranje-Vrystaat\">Oranje-Vrystaat</a></td></tr>\n<tr>\n<th scope=\"row\" style=\"text-align:left; vertical-align:top;\">Kerkverband</th>\n<td><a class=\"mw-redirect\" href=\"./Gereformeerde_Kerke_van_Suid-Afrika\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Gereformeerde Kerke van Suid-Afrika\">Gereformeerd</a></td></tr>\n<tr>\n<th scope=\"row\" style=\"text-align:left; vertical-align:top;\">Gemeente(s)</th>\n<td><a href=\"./Gereformeerde_kerk_Rustenburg\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Gereformeerde kerk Rustenburg\">Rustenburg</a> 1872–1880<br/> <a href=\"./Gereformeerde_kerk_Colesberg\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Gereformeerde kerk Colesberg\">Colesberg</a> 1880–1896<br/> <a href=\"./Gereformeerde_kerk_Petrusburg\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Gereformeerde kerk Petrusburg\">Petrusburg</a> 1896–1912</td></tr>\n<tr>\n<th scope=\"row\" style=\"text-align:left; vertical-align:top;\">Jare aktief</th>\n<td>1872–1912</td></tr>\n<tr>\n<th scope=\"row\" style=\"text-align:left; vertical-align:top;\">Kweekskool</th>\n<td><a href=\"./Teologiese_Skool_Burgersdorp\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Teologiese Skool Burgersdorp\">Burgersdorp</a></td></tr>\n</tbody></table>" ], "td_tables": [], "text_length": 46150 }
Dorslandtrekkers se roete. **Louwrens Marthinus du Plessis** (noemnaam **Louw**, distrik Colesberg, Kaapkolonie, 1837 – Chee, Angola, ná 1888) was leier van ’n groep Dorslandtrekkers. Herkoms en jeug --------------- Du Plessis was die enigste seun van Jan Harm du Plessis van die plaas Klipvoor aan die Apiesrivier en sy vrou, Heilje Leviense Etresia van Wyk. Hy trek op driejarige ouderdom saam met sy ouers noordwaarts van Colesberg af. Blykbaar is niks anders oor sy jeugjare bekend nie. Trekleier na Angola ------------------- Du Plessis het as trekleier van 'n groep van sewe families uit die distrikte Pretoria en Rustenburg opgetree wat die Zuid-Afrikaansche Republiek (ZAR) op 28 Mei 1875 verlaat en hul by 'n ander groep aangesluit het wat met agt waens by die Krokodilrivier gestaan het. Du Plessis is as kommandant gekies en het van die opperhoof Kgama verlof gekry om deur sy gebied in die teenswoordige Botswana te trek. Die groep het in Desember 1875 noordwaarts getrek, maar moes weens ’n watertekort na die Krokodilrivier terugkeer. Gedurende die somer het 'n groep onder D.J. Erasmus en nog een onder Jan C. Greyling hulle by hom aangesluit. Hier het die trekkers besluit om verder te trek met Greyling as kommandant en Plessis as veldkornet. Toe Greyling nie verlof van Kgama kon kry vir 'n trek deur sy gebied nie en deur sy bruuske optrede in onguns raak, het Du Plessis hom as kommandant vervang. Hy het eweneens daarin misluk om toestemming van Kgama en die opperhoof Seghele vir 'n tog deur hul gebiede te verkry, maar deur die tussenkoms van die goedgesinde Skotse sendeling J.D. Hepburn wat die trekkers ontmoet het, het Kgama hulle in April 1877 toegelaat om met 'n ompad langs die noordelike grens van sy gebied verder te reis. Tevergeefs het Du Plessis probeer om samewerking van Greyling te verkry toe hy beplan om die trekkers in klein groepe deur die Dorsland te stuur. Greyling en sy mense het verder getrek, en Du Plessis en syne het hom ’n dag gevolg. Weergalose rampspoed het die trekkers agtervolg op hul tog wat langs die Malapsierivier oor Klouki, Inkuane, Hakdoornvlei, Tlakane, langs die Ngamimeer tot by Sibbetonsdrif gegaan het. Daar is hulp van kommandant G.A.J. Alberts en sy groep by Rietfontein ingeroep. Net Du Plessis en sy aanhangers het die uitnodiging aanvaar om na Rietfontein te trek. Daar het hulle tot verhaal gekom, en daarna het hulle verder noordwaarts getrek om hul aan te sluit by die ander trekkers. Die hele trek is reorganiseer en J.F. Botha as hoofkommandant gekies. Du Plessis was sy leier in elke opsig behulpsaam, het in die komitee gedien wat nuwe trekregulasies opgestel het, en was lid van die afvaardiging wat met die Portugese owerheid in Angola onderhandel het. Terugtrek na Suidwes-Afrika --------------------------- Toe die nuwe land nie aan die verwagtings van die trekkers beantwoord nie en sommige oorweeg het om dit te verlaat, het Plessis in 1884 besluit om na die ZAR terug te keer. Aan die einde van die jaar het almal wat wou terugtrek aan die oorkant van die Kunenerivier bymekaargekom, waar Du Plessis as voorman aangewys het. Hulle het op 8 Desember 1884 in die pad geval. Weens die oorvloedige reëns het die trek maar stadig gevorder in 'n suidoostelike rigting op die stat van Nombati af. Die Kaptein was die trek goedgesind en wou ook graag met die trekkers kennis maak, wat dan ook gebeur het. Einde Desember 1884 het die trek verder gegaan in 'n suidoostelike rigting deur die gebied van die Ovambo-nasie. Op Ondongua, die stat van Kambonde, waar ook 'n Finse sendingstasie was, het die trek ’n nag oorgestaan en die volgende dag het Du Plessis as voorman die mense byeengeroep om die aanbod van W.W. Jordan te oorweeg. Jordan het by Nombati se stat by die trek gekom en later vooruitgegaan. Sy aanbod was dat die trek deur Damaraland moes gaan na Rehoboth op die suidelike grens tussen Namaland en Damaraland, waar hy ’n stuk grond van die Khoi gekoop het. Daar sou die trek 12 maande kon staan, maar as hulle sou verkies, kon hulle daar bly woon. Nadat Du Plessis die saak gestel het, is die vraag aan hom gestel of hulle dan in 1885 sou verder trek na Rietfontein of gebruik maak van die aanbod. Die resultaat van die bespreking was dat die saak later weer in oorweging geneem sou word om dan tot 'n beslissing te kom. Hier het wel 'n voorval voorgekom met die inboorlinge, maar nie met nadelige gevolge vir die trek nie. Toe Jordan se aanbod weer bespreek moes word, was hy self teenwoordig, maar die trekmense was verdeeld: Sommige wou die aanbod aanvaar, maar ander wou deurgaan Transvaal toe. Pieter Botha, wat vooruitgestuur is om by die Damara-kaptein verlof te kry om deur te trek, het intussen teruggekeer met die boodskap dat hulle deur sy land kon trek, maar dan moes Jordan nie een van hulle wees nie, want as dit die geval was, sou hy hulle as vyande beskou. Daar sou egter 'n ingrypende verandering intree in die plan, want weens die optrede van hoofman Swartbooi en sy makkers is die koop van die Rehoboth-grond deur die Khoi tot niet gemaak. Daarop is Jordan terug na Ondangua, waar hy van Kambonde 'n stuk grond in die Grootfontein-gebied gekoop het; die grond sou later aangedui word as die Republiek van Upingtonia. Die kooptransaksie is in teenwoordigheid van die Finse sendelinge deurgevoert. Toe Jordan terugkeer van Ondangua af, het hy sy aanbod gewysig vir sover hy nou die grond by Grootfontein as woongebied vir die trekkers aangebied het in die plek van die Rehoboth-gebied. Hy het die koopbriewe getoon. Ook oor hierdie aanbod was daar ernstige verskil en veral Pieter Botha het sterk aangedring op die terugkeer na Transvaal, maar die meeste was ten gunste daarvan. Daarom het die trek voortgegaan na Namutoni, en daar het die groep op 20 Mei 1885 geskei. 'n Gedeelte, onder wie Du Plessis, R. Holsthuizen, B. Bouwer, G.D. Prinsloo en andere het na Grootfontein vertrek, en die ander het by Namutoni gebly. Die deel wat na Grootfontein getrek het, het daar begin met die organisasie van 'n staat. Die naam sou wees die Republiek van Upingtonia. Toe aan Jordan gevra is waarom dit die naam moes wees, het hy gesê dat dit ter ere van sir Thomas Upington, die eerste minister van die Kaapkolonie was, wat die Boere goedgesind was. 'n Ooreenkoms is tussen Jordan en die trekkers opgestel en diegene wat dit onderteken het, sou dan geregtig wees op grond in die gebied. Intussen is die staat Upingtonia georganiseer, die nodige ampsdraers is aangewys en die gronde is toegeken aan die verskillende persone. Maar 'n rustige vestiging sou dit nie wees nie aangesien Kamaherero, kaptein van die Herero-nasie, die reg van Kambonde om die grond te verkoop, betwis het. Tog het Jordan hom nie laat afskrik deur die moontlike teenstand nie. 'n Openbare vergadering is byeengeroep in die laer te Otjovandi Tongue, waar die republiek formeel gestig sou word. By dié geleentheid het Jordan aan die woord gekom •n gesê: "Die geleentheid is geskiedkundig, want ná al die baie jare van swerf, staan die versameldes vandag hier by die formele konstituering van 'n eie staat. Dit was tog altyd die ideaal, al die jare. Om hierdie rede het die trek byna 10 jaar gelede daar by die Krokodilrivier begin. Daar is eers gehoop dat daar noord van die Kunene op 'n Angoolse hoogland die ideale staat gevind sou word. Miskien moet ek my eie aandeel aan daardie dwaling vandag erken. Wat sal dit baat om daarop in te gaan? Die Kaoko was nie die einde nie. Ook nie Humpata, ook nie Bihê wat dié wat agtergebly het, al gaan verken het nie! Miskien is dit goed dat ek gebruik maak van die geleentheid, sê ek, om almal hier vanoggend (die "almal" is beklemtoon) te herinner aan die bepalings van die grondwet van die Republiek Upingtonia, soos voorlopig deur almal in die laer op Otjovandi Tongue aanvaar. . ." In dié trant het hy gepraat en eindelik ook nog in herinnering geroep wat Exel Eriksson gedoen het om die hulpaksie vir die trekkers in Suid-Afrika tot stand te laat kom. Die formele stigting van die staat het ook meegebring dat 'n aantal artikels as Grondwet opgestel en later goedgekeur sou word. Intussen is die nodige ampte ingestel en soos volg: D. Prinsloo, voorsitter, Du Plessis as landdros en D. Black as landdrosklerk. Dit alles het gebeur sodat die Republiek van Upingtonia inderdaad 'n werklikheid geword het. Maar die spanning in die geledere van die trekkers het nie verminder nie, want die optrede van Jordan is baie ernstig afgekeur deur sy eertydse vriend Pieter Botha en dit sou ook aan Kamaherero die geleentheid bied om sy protes teen die besetting van die gebied baie sterker na vore te bring. Hy het naamlik 'n sekere R. Lewis as sy sogenaamde regsadviseur aangewys en vanuit Omaruru sy verteenwoordigers gestuur om Jordan se optrede openlik te bekamp en wel op grond van die bewering dat die grond wat Kambonde, die Ovambo-kaptein, verkoop het, aan Damaraland behoort. Die jaar 1885 sou dus 'n jaar van ernstige stryd word. Jordan het 'n afskrif van 'n brief ontvang waarin Kambonde aan Kamaherero geskryf het dat hy ontken dat hy die grond aan Jordan verkoop het. As gevolg hiervan is Jordan na Kambonde te Ondangua om oor die inhoud van die brief te praat. Nog voordat hy by Kambonde se stat aangekom het, is hy op verraderlike wyse deur Nehale, die broer van Kambonde, doodgeskiet. Dit sou die genadeslag vir die Republiek van Upingtonia word, want nog voor hierdie tragiese verwikkelinge het die plan reeds by sommige van die mense begin posvat om maar terug te keer na Humpata. Pieter Botha en sy gevolg wou in elk geval nie daar bly nie en hulle het teruggetrek na Transvaal. Op 10 Januarie 1887 het Du Plessis en Ignatius Labuscagne met hulle mense vanaf Grootfontein na Damaraland vertrek. Te Okojova het hulle vanaf Februarie tot 28 Mei 1888 vertoef. Hier is ook met algemene instemming besluit om na Humpata terug te keer omdat berig ontvang is dat Humpata se gemeente sy eie leraar sou ontvang en omdat die gedurige twiste tussen die Damaras en die Hottentotte die land te onveilig gemaak het. Die terugtog sou begin, wel nie 'n groot trek nie: daar was maar 10 weerbare manne. Einde Augustus 1888 was die trek by die ou drif in die Kunene waar die groot trek in 1880 deurgegaan het. Hulle kon by die drif nie deurkom nie, maar 'n Vambo het hulle 'n ander en beter drif gewys, waar hulle die Kunene kon deurkom. Die drif was ongeveer 200 tree breed en daar kon hulle die waens een-een deurkry. Einde September 1888, nadat hulle op hul pad gedurig deur vyandiggesinde swarte mense agtervolg en uitgetart is, was hulle terug op Humpata, waar hulle met vreugde en hartlikheid verwelkom is. Van die plan van die Pretoria-kommissie onder leiding van ds. Maarten Pelser om al die mense vanaf Humpata terug te bring na Transvaal, het dus nie veel tereggekom nie, want afgesien van 'n paar groepies wat tog die terugtog aanvaar het, het die groter groep maar eenvoudig nog in Angola gebly. In Humpata het Du Plessis as jagter en transportryer 'n heenkome gevind. Waardering ---------- Volgens G.P.J. Trümpelmann in die *Suid-Afrikaanse Biografiese Woordeboek*, kan Du Plessis beskou word as prototipe van die rondswerwende trekboere wat met die grootste ontberinge op onbegane weë woeste streke verken het terwyl hulle op soek was na 'n land waar hulle gelukkiger sou wees as voorheen. Terwyl hulle met volharding ’n hersenskim nagejaag het, het hulle nietemin as verkenners 'n roeping vervul en dikwels voorlopers geword van latere kolonisasie van die gebiede waardeur hulle getrek het. Trümpelmann skryf kenmerkende eienskappe van Du Plessis was die onbedagsaamheid waarmee hy sy mense die Dorsland ingelei het en sy gebrek aan doelgerigtheid, hoewel hy ook taaie volharding en uithouvermoë getoon het. "Hy was onselfstandig wanneer hy gewigtige besluite moes neem en het eers na ander geluister, maar het daarteenoor kragdadig opgetree teen vyandige inboorlinge, en was onbaatsugtig en hulpvaardig in 'n noodtoestand. Sy gehegtheid aan sy taal, voorvaderlike godsdiens en tradisie was opvallend. Fisiek was hy 'n man van rysige gestalte met blou oë, 'n byna kaal kop en 'n digte bos baard. Hy het gewoonlik op 'n stadige toon gepraat." Du Plessis was getroud met Gertruida Steenkamp uit die distrik Bethal (nou in Mpumalanga). Bronne ------ * (af) Jooste, prof. dr. J.P. 1974. *Gedenkboek van die Dorslandtrek*. Potchefstroom: Potchefstroom Herald. * (af) Trümpelmann, dr. G.P.J. in Beyers, C.J. (hoofred.). 1981. *Suid-Afrikaanse Biografiese Woordeboek*, deel IV. Durban: Butterworth & Kie (Edms) Bpk.
{ "title": "Louwrens du Plessis", "mostly_tablelist": false, "tablelist_ratio": [ 222, 10339, 0.021472095947383692 ], "infobox": [], "td_tables": [], "text_length": 12592 }
Voorstelling van dieselfde soort skip met dieselfde grootte. Die stranding van die troepeskip **Arniston** op 30 Mei 1815 by Waenhuiskrans was een van die grootste en aakligste skeepsrampe aan die Suid-Afrikaanse kus. Slegs 6 van die 379 opvarendes het oorleef. Hierdie seilskip van 1500 ton is in 1794 aan die Teems gebou en was die eiendom van Borradailes van Londen, maar is tydens die Napoleontiese Oorloë deur die Britse Vloot oorgeneem. Op 4 April 1815 het die skip onder kapt. George Simpson met 379 mense (bemanning, siek, gewonde en invalide soldate, enkele hoë lui, vroue en kinders) die hawe van Point de Galle, aan die suidweskus van Sri Lanka (Ceylon) en 119 km suid van Colombo, verlaat. Dit het deel van 'n konvooi van 8 skepe gevorm weens die oorlogsgevaar. Weens swak weer word die Arniston se seile beskadig en verloor sy plek in die konvooi. Op 30 Mei is daar 'n sterk suidewind en 'n kwaai misbank. Die navigator sien Kaap Agulhas en Markusbaai (tussen Waenhuiskrans en Skipskop) vir die Kaap die Goeie Hoop en Tafelbaai aan. 'n Fout wat ook al deur verskeie ander loodse gemaak is te wyte aan onakkurate kaarte, swak waarnemings en dikwels 'n mate van agterlosigheid. Verkeerdelik is daar 'n koers noordwes na St. Helena ingeslaan. Sterk wind en 'n sterk seestroom laat die ankertoue breek en die skip dryf 2½ km van die strand op die rotse. Pogings om die skip ligter te maak deur die kanonne oor boord te gooi was vrugteloos. Die maste breek in die stormwind en die skip word heeltemal verpletter. Op die strand het die lyke erg vermink deur die wrakstukke en skerp rotse uitgespoel. Die ses oorlewendes stap 4½ dae ooswaarts omdat hulle vermoed dat hulle wes van Kaapstad is. By die mond van die Breederivier en Kaap Infanta draai hulle terug na die wrak waar hulle na twee weke toevallig deur twee boere gevind is. Die raad van ondersoek na die ramp het die kaptein geblameer vir nalatigheid en onkunde. 'n Gedenksteen is deur die ouers van die kinders wat omgekom het op Waenhuiskrans opgerig. In 1982 het marine-argeoloë die oorblysels van die wrak 4 km wes van Waenshuiskrans opgespoor. Restante kan besigtig word in die skeepswrakmuseum op Bredasdorp. Bibliografie ------------ * Burman, Jose: Great shipwrecks off the coast of southern Africa. Kaapstad: Struik, 1967. * Burrows, Edmund H.: Overberg Odyssey – people, roads and early days. Swellendam: Swellendam Trust, 1994. ISBN 0-620-18780-8. * Potgieter, Coenraad: Skipbreuke aan ons kus. Kaapstad: Tafelberg, 1969. * esto-es-africa. Blogspot.com/2010/10/4-oct-2010-mon-little-known-arniston.html
{ "title": "HMS Arniston", "mostly_tablelist": false, "tablelist_ratio": [ 325, 2143, 0.15165655622958468 ], "infobox": [], "td_tables": [], "text_length": 2593 }
Die HMS *Beagle* in die Straat van Magellaan. Die **HMS** ***Beagle*** was 'n Cherokee-klas skip van die Britse Vloot. Dit is bekend as die skip waarmee Charles Darwin na Suid-Amerika gevaar het om natuurhistoriese studie te doen en plant- en dierspesies te versamel. Die skip is op 11 Mei 1820 van die Woolwich-skeepswerf op die Teemsrivier te water gelaat. Nadat dit vir vyf jaar vir militêre gebruik in reserwe gehou is, is dit op 27 September 1825 as 'n navorsingskip omgebou. Eerste reis (1826–1830) ----------------------- Lengtesnee van die HMS *Beagle*. Op 22 Mei 1826 vertrek die *Beagle* (vir hidrografiese opmetings) om die waters van Patagonië en Vuurland te verken. Een van die plekke wat hulle gevind het, die Beagle-kanaal, is na die skip vernoem. Tydens die reis raak kapt. Pringle Stokes depressief en skiet homself. Hy sterf tien dae later. Robert FitzRoy het die kapteinskap by hom oorgeneem. Vier Vuurlanders is aan boord gebring met die doel om hulle tot die Christendom te bekeer, as sendelinge op te lei, en later weer na Vuurland terug te neem. Met sy terugkeer het die *Beagle* op 14 Oktober 1830 in Engeland vasgemeer. Tweede reis (1831–1836) ----------------------- Inboorlinge waai vir die *Beagle*, geskilder deur Conrad Martens. Ná die eerste kaptein se selfmoord, wou kapt. FitzRoy nie die tweede reis alleen onderneem nie. Hy het iemand gesoek om hom te vergesel en het uiteindelik op Charles Darwin besluit. Die *Beagle* vertrek op 27 Desember 1831 om opnames in Suid-Amerika te doen. Die vier Vuurlanders wat tydens die eerste reis opgelaai is, is ook na hul eiland van geboorte teruggeneem. Op pad terug besoek hulle die Galápagos-eilande, Australië en Suid-Afrika, waarna hulle op 2 Oktober 1836 weer in Falmouth in Engeland dok. Darwin het 'n dagboek van die dinge wat hy tydens die reis gesien het gehou. Hy skryf dit later oor in 'n boek met die titel *Journal and Remarks* (Joernaal en kommentaar). Die boek is in 1839 as die derde volume van die amptelike verslag van die ekspedisie gepubliseer. Die boek was baie gewild en is 'n paar keer onder verskillende titels herdruk. Dit het uiteindelik as *The Voyage of the Beagle* (Die vaart van die *Beagle*) bekend geword. Derde reis (1837–1843) ---------------------- Die HMS *Beagle* in 1837 voor sy reis na Australië, geskilder deur Owen Stanley. In 1837 vertrek die *Beagle* op sy derde reis om die kus van Australië te verken. Kommandeur John Clements Wickham was in bevel gewees. Oorblyfsels van die gestrande VOC-skip *Zeewijk* is onder ander op die reis gevind. Hulle begin met hulle werk aan die westelike kus tussen die Swanrivier (moderne Perth, Australië) en die Fitzroy-rivier. Daarna doen hulle opmetings langs beide kante van die Bass-straat. In Mei 1839 vaar hulle noord na die kus van die Arafurasee (teenoor Timor) vir opnames. Hierdie reis het in 1843 ten einde geloop. Talle plekke rondom die kus het hulle name aan hierdie reis te danke. Wickham het Port Darwin ter ere van Charles Darwin genoem. 'n Nedersetting daar word in 1869 die dorp Palmerston, wat in 1911 na Darwin herdoop is. Die Golf van Beagle is na die skip genoem. Swanesang --------- Teen die einde van sy lewe is die *Beagle* as 'n doeaneskip langs die kus van Essex vir teensmokkelpatrollies ontplooi. In 1870 is die skip as skrootmetaal verkoop.
{ "title": "HMS <i>Beagle</i>", "mostly_tablelist": false, "tablelist_ratio": [ 769, 3458, 0.22238288027761713 ], "infobox": [], "td_tables": [], "text_length": 3340 }
***Louisiane* (fr) *Louisiana* (en)** | | | | | | --- | --- | --- | | | **1682–17621800–1803** | | | | | | Ligging of Frans-Louisiana | | **Hoofstad** | La Nouvelle-Orléans (New Orleans) | | **Taal/Tale** | Frans | | **Godsdiens** | Rooms-Katolieke Kerk | | **Regering** | Monargie | | **Geskiedenis** | | |  - Gevestig | 16821800 | **Louisiana** (Frans: *La Louisiane*; vanaf omstreeks 1879: *La Louisiane française*) of **Frans-Louisiana** was 'n administratiewe distrik van Nieu-Frankryk. Die gebied, wat tussen 1682 en 1762 en nog eens tussen 1802 en 1803 onder Franse bewind gestaan het, is deur die Franse verkenner René-Robert Cavelier, Sieur de la Salle ter ere van koning Lodewyk XIV Louisiana genoem, terwyl die magtige Mississippi die Colbertrivier gedoop is - 'n naam wat ter ere van Lodewyk XIV se minister van finansies, Jean-Baptiste Colbert, gekies is, maar uiteindelik weer in vergetelheid geraak het. Die inheemse Ojibwa-naam *Mississippi* sou later algemeen gebruiklik wees. Die distrik het oorspronklik oor 'n wye geografiese gebied gestrek wat die grootste deel van die Mississippirivier se dreineringsgebied ingesluit en vanaf die Groot Mere in die noorde suidwaarts tot die kusgebied van die Golf van Mexiko, en vanaf die Appalache-bergreeks in die ooste weswaarts tot die Rotsgebergte gestrek het. Die kolonie is verder onderverdeel in Bo-Louisiana (Frans: *Haute-Louisiane*), 'n streek wat noord van die Arkansasrivier gestrek het (soms ook *Pays des Illinois* genoem), en Laer Louisiana (*Basse-Louisiane*). Alhoewel die Franse verkenning van die gebied reeds gedurende die regentskap van Lodewyk XIV begin het, is vanweë die gebrek aan menslike en finansiële hulpbronne min aandag aan die ekonomiese ontwikkeling van die kolonie geskenk. Ná sy nederlaag in die Sewejarige Oorlog is Frankryk in 1763 genoodsaak om die oostelike gedeelte van die gebied aan die seëvierende Britte af te staan, terwyl die westelike gedeelte as skadevergoeding vir dié land se verlies van Florida onder Spaanse bewind gekom het. Met die geheime Verdrag van San Ildefonso is die Franse bewind oor die westelike gedeelte in 1800 herstel, tog was Frankryk se verpligtinge in Europa so omvangryk dat Napoléon Bonaparte besluit het om die gebied in die sogenaamde *Louisiana Purchase* van 1803 aan die Verenigde State te verkoop. Frankryk het hom vervolgens heeltemal aan Louisiana onttrek. Die Verenigde State het op hulle beurt met die Verdrag van 1818, wat op die Brits-Amerikaanse Oorlog van 1812 gevolg het, 'n deel van die *Louisiana Purchase* aan die Verenigde Koninkryk afgestaan. Dié gebied noord van die 49ste breedtegraad maak tans deel uit van die Kanadese provinsies Alberta en Saskatchewan. Die huidige Amerikaanse deelstaat Louisiana is na die historiese Franse kolonie vernoem, alhoewel dit net 'n klein gedeelte van die gebied beslaan waarop Frankryk oorspronklik aanspraak gemaak het.
{ "title": "Louisiana (Nieu-Frankryk)", "mostly_tablelist": false, "tablelist_ratio": [ 315, 2489, 0.1265568501406187 ], "infobox": [], "td_tables": [], "text_length": 2933 }
**HMS *Ark Royal* (R07)** was 'n ligte vliegdekskip en voormalige vlagskip van die Britse Vloot. Hy was die derde en laaste skip van die *Invincible*-klas. Hy is deur Swan Hunters gebou op die Tynerivier en in 1981 daar te water gelaat. *Ark Royal* tydens 'n amfibiese oefening in Amerika *Ark Royal* is vernoem deur Koningin Elizabeth (Die Koninginmoeder). Hy volg sy susterskepe HMS Invincible (R05) en HMS Illustrious op in diens in 1985. Ook bekend as *The Mighty Ark*, was hy die vyfde Britse vlootskip wat die naam gedra het van die 1587-vlagskip wat die Spaanse Armada verslaan het in 1588. Oorspronklik sou hy ***Indomitable*** gedoop gewees het om by die res van die klas aan te pas, maar dit is verander as gevolg van die openbare reaksie oor die verlies van die Ark Royal-naam ná die afskaffing van die vorige *Ark Royal* in 1980, ná 30 jaar se diens. *Ark Royal* was bietjie groter as sy susterskepe, met 'n steiler ski-oprit, en het die STOVL (kort opstyg en vertikale landing) Harrier Jump Jet vliegtuie, asook verskeie helikopters, gedra. Met 'n bemanning van meer as 1 000 matrose en lugmanne, was hy in operasionele diens in die Bosniese oorlog in 1990 en die inval van Irak in 2003. Oorspronklik sou hy tot 2016 dien, maar *Ark Royal* is uit diens gestel op Vrydag 11 Maart 2011, as deel van die vloot se herstruktureringsgedeelte van die 2010 Strategiese Verdediging en Sekuriteitsoorsig. Na *Ark Royal* (R07) se aflegging het *HMS Albion* hom vervang as die Britse Vloot se vlagskip. Die voormalige kaptein van HMS *Ark Royal* en HMS *Illustrious*, kommandeur Jerry Kyd, het die bevelvoerder van die nuwe Britse Vlootvliegdekskip, die HMS *Queen Elizabeth* op 27 Februarie 2014 geword.
{ "title": "HMS Ark Royal (R07)", "mostly_tablelist": false, "tablelist_ratio": [ 822, 2218, 0.37060414788097384 ], "infobox": [ "<table about=\"#mwt4\" cellspacing=\"5\" class=\"infobox\" data-mw=\"{&quot;parts&quot;:[{&quot;template&quot;:{&quot;target&quot;:{&quot;wt&quot;:&quot;Inligtingskas Skip\\n&quot;,&quot;href&quot;:&quot;./Sjabloon:Inligtingskas_Skip&quot;},&quot;params&quot;:{&quot;beeld&quot;:{&quot;wt&quot;:&quot;[[Lêer:HMS Ark Royal (R07).jpg|300px]]&quot;},&quot;beeldstyl&quot;:{&quot;wt&quot;:&quot;&quot;},&quot;onderskrif&quot;:{&quot;wt&quot;:&quot;HMS ''Ark Royal'' geanker in [[Portsmouth]] in 2007&quot;},&quot;naam&quot;:{&quot;wt&quot;:&quot;HMS ''Ark Royal''&quot;},&quot;klas_en_tipe&quot;:{&quot;wt&quot;:&quot;Invincible-klas [[vliegdekskip]]&quot;},&quot;bouers&quot;:{&quot;wt&quot;:&quot;Swan Hunter, Tyne and Wear, [[Verenigde Koninkryk]]&quot;},&quot;gebruik_deur&quot;:{&quot;wt&quot;:&quot;[[Britse Vloot]]&quot;},&quot;voorganger&quot;:{&quot;wt&quot;:&quot;&quot;},&quot;opvolger&quot;:{&quot;wt&quot;:&quot;&quot;},&quot;besteldatum&quot;:{&quot;wt&quot;:&quot;Desember 1978&quot;},&quot;boudatum&quot;:{&quot;wt&quot;:&quot;&quot;},&quot;koste&quot;:{&quot;wt&quot;:&quot;&quot;},&quot;aantal_beplan&quot;:{&quot;wt&quot;:&quot;&quot;},&quot;aantal_neergelê&quot;:{&quot;wt&quot;:&quot;&quot;},&quot;datum_neergelê&quot;:{&quot;wt&quot;:&quot;14 Desember 1978&quot;},&quot;voltooi&quot;:{&quot;wt&quot;:&quot;&quot;},&quot;tewaterlating&quot;:{&quot;wt&quot;:&quot;2 Junie 1981&quot;},&quot;in_gebruik&quot;:{&quot;wt&quot;:&quot;&quot;},&quot;in_diens_gestel&quot;:{&quot;wt&quot;:&quot;1 November 1985&quot;},&quot;onttrek&quot;:{&quot;wt&quot;:&quot;11 Maart 2011&lt;ref&gt;{{cite web |url=http://www.royalnavy.mod.uk/operations-and-support/surface-fleet/aircraft-carriers/hms-ark-royal/news/hms_ark_royal_makes_.htm |title=HMS Ark Royal makes her final return to Portsmouth |publisher=Royal Navy |access-date=22 Januarie 2011 |archive-url=http://webarchive.nationalarchives.gov.uk/20101208181751/http://www.royalnavy.mod.uk/operations-and-support/surface-fleet/aircraft-carriers/hms-ark-royal/news/hms_ark_royal_makes_.htm |archive-date=8 Desember 2010}}&lt;/ref&gt;&quot;},&quot;lot&quot;:{&quot;wt&quot;:&quot;Gesloop in Turkye, Junie 2013&quot;},&quot;tuishawe&quot;:{&quot;wt&quot;:&quot;[[Portsmouth|Vlootbasis Portsmouth]]&quot;},&quot;bynaam&quot;:{&quot;wt&quot;:&quot;Noah's Ark&quot;},&quot;verplasing&quot;:{&quot;wt&quot;:&quot;22&amp;nbsp;000 ton&quot;},&quot;lengte&quot;:{&quot;wt&quot;:&quot;210 m&quot;},&quot;wydte&quot;:{&quot;wt&quot;:&quot;36 m&quot;},&quot;hoogte&quot;:{&quot;wt&quot;:&quot;&quot;},&quot;diepgang&quot;:{&quot;wt&quot;:&quot;7,5 m&quot;},&quot;spoed&quot;:{&quot;wt&quot;:&quot;28 kn (52 km/h)&quot;},&quot;bemanning&quot;:{&quot;wt&quot;:&quot;685 (skip) 366 (lugvleuel)&quot;},&quot;passasiers&quot;:{&quot;wt&quot;:&quot;&quot;}},&quot;i&quot;:0}}]}\" id=\"mwAw\" style=\"width:22em; text-align:left; font-size:88%; line-height:1.5em; \" typeof=\"mw:Transclusion\"><caption class=\"\" style=\"font-size:125%; font-weight:bold; background:#ccf;\">HMS Ark Royal (R07)</caption><tbody><tr><td class=\"\" colspan=\"2\" style=\"text-align:center; \"><span typeof=\"mw:Image\"><a href=\"./Lêer:HMS_Ark_Royal_(R07).jpg\"><img data-file-height=\"1664\" data-file-type=\"bitmap\" data-file-width=\"3300\" decoding=\"async\" height=\"151\" resource=\"./Lêer:HMS_Ark_Royal_(R07).jpg\" src=\"//upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/9/9c/HMS_Ark_Royal_%28R07%29.jpg/300px-HMS_Ark_Royal_%28R07%29.jpg\" srcset=\"//upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/9/9c/HMS_Ark_Royal_%28R07%29.jpg/450px-HMS_Ark_Royal_%28R07%29.jpg 1.5x, //upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/9/9c/HMS_Ark_Royal_%28R07%29.jpg/600px-HMS_Ark_Royal_%28R07%29.jpg 2x\" width=\"300\"/></a></span><br/><span style=\"\">HMS <i>Ark Royal</i> geanker in <a href=\"./Portsmouth\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Portsmouth\">Portsmouth</a> in 2007</span></td></tr><tr class=\"\"><th style=\"text-align:left; \">Naam</th>\n<td class=\"\" style=\"\">HMS <i>Ark Royal</i></td></tr><tr class=\"\"><th style=\"text-align:left; \">Klas en tipe</th>\n<td class=\"\" style=\"\">Invincible-klas <a href=\"./Vliegdekskip\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Vliegdekskip\">vliegdekskip</a></td></tr><tr class=\"\"><th style=\"text-align:left; \">Besteldatum</th>\n<td class=\"\" style=\"\">Desember 1978</td></tr><tr class=\"\"><th style=\"text-align:left; \">Bouers</th>\n<td class=\"\" style=\"\">Swan Hunter, Tyne and Wear, <a href=\"./Verenigde_Koninkryk\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Verenigde Koninkryk\">Verenigde Koninkryk</a></td></tr><tr class=\"\"><th style=\"text-align:left; \">Gebruik<span typeof=\"mw:Entity\"> </span>deur</th>\n<td class=\"\" style=\"\"><a href=\"./Britse_Vloot\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Britse Vloot\">Britse Vloot</a></td></tr><tr class=\"\"><th style=\"text-align:left; \">Datum<span typeof=\"mw:Entity\"> </span>neergelê</th>\n<td class=\"\" style=\"\">14 Desember 1978</td></tr><tr class=\"\"><th style=\"text-align:left; \">Te water lating</th>\n<td class=\"\" style=\"\">2 Junie 1981</td></tr><tr class=\"\"><th style=\"text-align:left; \">In diens gestel</th>\n<td class=\"\" style=\"\">1 November 1985</td></tr><tr class=\"\"><th style=\"text-align:left; \">Onttrek</th>\n<td class=\"\" style=\"\">11 Maart 2011</td></tr><tr class=\"\"><th style=\"text-align:left; \">Lot</th>\n<td class=\"\" style=\"\">Gesloop in Turkye, Junie 2013</td></tr><tr class=\"\"><th style=\"text-align:left; \">Tuishawe</th>\n<td class=\"\" style=\"\"><a href=\"./Portsmouth\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Portsmouth\">Vlootbasis Portsmouth</a></td></tr><tr class=\"\"><th style=\"text-align:left; \">Bynaam</th>\n<td class=\"\" style=\"\">Noah's Ark</td></tr><tr class=\"\"><th style=\"text-align:left; \">Verplasing</th>\n<td class=\"\" style=\"\">22<span typeof=\"mw:Entity\"> </span>000 ton</td></tr><tr class=\"\"><th style=\"text-align:left; \">Lengte</th>\n<td class=\"\" style=\"\">210 m</td></tr><tr class=\"\"><th style=\"text-align:left; \">Wydte</th>\n<td class=\"\" style=\"\">36 m</td></tr><tr class=\"\"><th style=\"text-align:left; \">Diepgang</th>\n<td class=\"\" style=\"\">7,5 m</td></tr><tr class=\"\"><th style=\"text-align:left; \">Spoed</th>\n<td class=\"\" style=\"\">28 kn (52 km/h)</td></tr><tr class=\"\"><th style=\"text-align:left; \">Bemanning</th>\n<td class=\"\" style=\"\">685 (skip) 366 (lugvleuel)</td></tr>\n</tbody></table>" ], "td_tables": [], "text_length": 1713 }
**Peter Blum** (4 Mei 1925 – 5 Desember 1990) was 'n omstrede Afrikaanse digter. Hy is weens sy teenkanting teen die destydse beleid van apartheid twee keer Suid-Afrikaanse burgerskap geweier. Blum arriveer op die ouderdom van twaalf in Suid-Afrika, en was toe reeds verskeie tale magtig, insluitende Duits en Italiaans. Hy gaan skool in Durban en Johannesburg en studeer daarna by die Universiteit Stellenbosch en die Universiteit van Kaapstad. Vanaf 1949 werk hy as bibliotekaris in Kaapstad en later in Kroonstad. In 1955 trou hy met Henrietta Cecilia Smit, 'n kunsonderwyseres van Stellenbosch. Hy publiseer verskeie artikels en ontvang erkenning vir sy gedigte. In 1956 word hy met die Reina Prinsen Geerligs-prys vir *Steenbok tot poolsee* bekroon. Hy skryf ook resensies vir Die Burger en vertaal verskeie werke in Afrikaans, onder andere vanuit Frans (werke van Apollinaire, Anouilh en Baudelaire). Een van sy bekendste essays, *Hoe ek dekadent geword het*, verskyn in die Oktober 1956 uitgawe van Standpunte. Ten spyte van sy baanbrekerswerk ontvang hy nie Suid-Afrikaanse burgerskap nie. Hy is diep teleurgesteld en draai sy rug op Afrikaans en die Afrikaanse kultuur, en trek saam met sy vrou na Londen, waar hy in eensaamheid en armoede sterf. Lewe en Werk ------------ ### Vroeë lewe en werk Peter Emil Julius Blum is op 4 Mei 1925 in Wene, Oostenryk gebore uit Duits-Joodse ouers (Joseph Blum en Paula Levi). As kind in Duitsland en Switserland maak hy reeds kennis met verskillende tale (Duits, Engels, Frans en Italiaans) wat hy met mindere of meerdere mate van gemak beheer. Waarskynlik as gevolg van verswakkende toestande in Duitsland in die lig van die opkoms van Nasionaal-Sosialisme en die anti-Semitiese beleid van die Duitse regering, kom hy in 1937 op twaalfjarige leeftyd saam met sy gesin na Suid-Afrika. Hulle vestig hulle eers in Johannesburg, maar later in Durban, waar Peter skoolgaan en in 1942 aan ’n Engelstalige hoërskool matrikuleer. In sy matriekjaar is hy die enigste Durbanse skolier wat die Hoër Taalbondeksamen in Afrikaans met onderskeiding aflê. Omdat Blum ’n afkeer het van die Engelse koloniale mentaliteit wat hy in Durban ervaar, verkies hy vir sy verdere opleiding ’n Afrikaanstalige inrigting en skryf hom in 1943 by die Universiteit van Stellenbosch vir ’n B.A.-graad in, waar hy onder andere skrywers soos Jan Rabie en H.W. Truter leer ken. Hy raak ook bevriend met Jac A. Louw, later professor in Afrikatale aan die Universiteit van Suid-Afrika, met wie hy vir ’n lang tyd briewe wissel. Hoewel sy punte uitstekend is, ontvang hy weens onvoldoende klasbywoning nie ’n predikaat van die professor vir Afrika-tale nie en word sy graad dus nie toegeken nie. Einde 1945 staak hy derhalwe sy studies en gaan hy na Johannesburg waar sy moeder intussen weer in die voorstad Melrose gevestig is. Blum se vader, ’n psigiater, doen waarskynlik as gevolg van die probleme wat met die ontworteling uit sy land van herkoms en die moeilike aanpassing in ’n vreemde land gepaardgaan, ’n geestesongesteldheid op en word opgeneem in ’n Johannesburgse sielsieke-inrigting, waar hy vroeg in die vyftigerjare oorlede is. Blum het waarskynlik die toestand van sy vader as sosiaal problematies beskou en versin die leuen dat sy vader in 1938 in ’n motorongeluk oorlede is. Sy moeder knoop na Blum se terugkeer ’n verhouding aan met Willi Rosenstein, ’n boer van Rustenburg, waarheen sy verhuis. Hierdie verhouding dra nie Blum se goedkeuring nie en hy beweer selfs dat sy moeder vroeër in hom belanggestel het. Hoewel die waarheid van die bewering onmoontlik vasgestel kan word, is dit aanduidend van die komplekse verhouding wat daar tussen hom en sy moeder bestaan het. ### Loopbaan en studies Teen middel 1947 woon Blum alleen in Kensington, waar hy sekretaris is van ’n jeugklub, ’n bymekaarkomplek vir jongmense waar goedkoop etes verskaf en sosiale byeenkomste gehou word. In Augustus 1947 word hy verkies tot voorsitter van die klubkomitee. Hier leer hy vir Bartho Smit ken en maak weer kennis met Jan Rabie. Met Jan Rabie korrespondeer hy hierna gereeld en hierdie kontak duur voort tot in die laat vyftigerjare. Later verhuis Blum na ’n goedkoper kamer in Rosettenville in Johannesburg. In 1948 trek hy Kaapstad toe en studeer tot 1950 aan die Universiteit van Kaapstad, waar hy die Diploma in Biblioteekwese verwerf met ’n verhandeling oor *The Union native policy in government legislation and publications 1910–1948*. In 1949 aanvaar hy ’n betrekking by die Suid-Afrikaanse Biblioteek in Kaapstad, waar hy in beheer is van die biblioteekdienste vir bruin mense. In hierdie tyd bly hy in ’n woonstel in die Tuine. Vroeg in 1950 maak hy in Kaapstad kennis met Ina Rousseau, met wie hy tussen Februarie en September 1950 ’n kortstondige verhouding het. Sy virtuose taalbeheer is duidelik uit die briewe wat hy vir haar skryf en in die adres-op-rym wat hy op die koeverte skryf. Ina besef egter dat die verhouding weens Blum se komplekse persoonlikheid nie kans het op langdurige oorlewing nie en sy beëindig dit. Blum hervat sy onderbroke B.A.-studies in 1954 aan die Universiteit van Stellenbosch en voltooi in 1955 die B.A.-graad met lof, met Engels en Duits as hoofvakke en Afrikaans-Nederlands op tweedejaarsvlak. Hy trou op 29 Maart 1956 in die landdroskantoor in die Strand met Henriëtta Cecilia (Hetta) Smit, ’n kunsonderwyseres van Stellenbosch, wat op 3 November 1914 in die distrik Hopefield gebore is en dus amper twaalf jaar ouer is as hy. Aan die einde van 1956 lê hy by die Universiteit van Kaapstad die eksamen af vir sy B.A. Honneurs-graad in Engels. Vanaf Januarie 1957 tot Junie 1959 is hy bibliotekaris op Kroonstad, waarna hy terugkeer na Kaapstad en hy en sy vrou ’n woonstel in Wynberg betrek. Hier het hy geen vaste werk nie, maar skryf gereeld vir *Die Burger* se kunsbladsye artikels en hy resenseer ook enkele boeke. Van meet af is hy ’n omstrede figuur in die Afrikaanse letterkunde. Sy eerste bundel, *Steenbok tot poolsee*, kry hoë lof van N.P. van Wyk Louw en beïndruk die keurder, D.J. Opperman, terwyl Ernst Lindenberg ook ’n positiewe resensie skryf. T.T. Cloete is egter baie negatief gestem teenoor die bundel in sy resensie, terwyl in Johannesburg die Afrikaanse Skrywerskring van C.M. van den Heever en S. Ignatius Mocke hulle daarvoor beywer dat die Nasionale Boekhandel die hele oplaag aan verspreiding moet onttrek. Die skrywer J. Nel van der Merwe, indertyd onderwyser en bibliotekaris aan Helpmekaar Hoërskool, lei die aanslag. Dit is veral Blum se oneerbiedige siening van die Voortrekkermonument in die gedig "*Oor monnemente gepraat*" wat vir hulle aanstoot gee. Blum se tweede bundel, *Enklaves van die lig*, stuur hy in 1957 aan Koos Human by Nasionale Boekhandel vir publikasie, wat dit aan J. du P. Scholtz voorlê vir keuring, aangesien D.J. Opperman indertyd oorsee was. Scholtz het egter besware teen veral die groot aantal neologismes in die bundel en daar word gewag vir Opperman se terugkeer vir ’n finale mening. Opperman en Scholtz is eindelik nie ten gunste van publikasie van die bundel in sy oorspronklike formaat nie en hulle raai Blum aan om verskeie veranderinge te maak. Blum interpreteer hierdie versoek as afkeuring, weier om sy werk te verander en daar ontstaan ’n bitterheid by hom teen die Afrikaanse letterkundige elite, hoewel A.A. Balkema tog na ’n paar veranderings die digbundel aanvaar vir publikasie. Die Letterkundige Kommissie van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns beveel *Enklaves van die lig* in 1959 aan vir bekroning met die Hertzogprys, maar die Fakulteitsraad besluit om hierdie jaar geen bekroning te maak nie. Dat Blum heimlik gehoop en gereken het op bekroning en dus afgehaal voel dat dit nie gebeur het nie, blyk uit uitlatings wat hy onder andere in ’n brief aan Ernst Lindenberg maak. ### S.A. Burgerskap Blum doen reeds in 1948 aansoek om naturalisasie as Suid-Afrikaanse burger, maar dit word sonder opgaaf van redes geweier. Latere navraag by die Departement van Binnelandse Sake onthul dat hy nie op daardie stadium gekwalifiseer het vir burgerskap nie, aangesien hy tydens die uitbreek van die Tweede Wêreldoorlog steeds ’n Duitse burger was en volgens die destyds geldende wette kon vyandsonderdane nie Suid-Afrikaanse burgers word nie. Hierdie beswaar is egter nie geldig nie, want die Tweede Wêreldoorlog het reeds in 1945 geëindig en het daarna verval. Blum voldoen egter nie aan ’n ander bepaling nie, wat vereis dat naturalisasie van vreemdelinge onder vyftig jaar slegs oorweeg sal word as hulle militêre diens verrig het of medies ongeskik verklaar is vir militêre diens. Hy het verder ’n misdaadrekord gehad omdat hy skuldig bevind is daaraan dat hy Swaziland onder ’n vals naam en sonder die nodige permitte binnegegaan het. Hy het selfs ’n rukkie in die tronk deurgebring en is in ’n Swazilandse hof skuldig bevind, maar het ontkennend geantwoord op sy aansoekvorm of hy voorheen aan enige oortreding skuldig bevind is. Toe ’n verdere aansoek wat hy in 1959 indien, lank sloer, verlaat hy en sy vrou Suid-Afrika op 18 Mei 1960 en vestig hulle in Engeland. Die Departement van Binnelandse sake ontken egter dat hy ooit ’n tweede aansoek ingedien het. Die prokureursfirma J.S. de Villiers en Seun wat namens Blum optree, het wel navraag gedoen of hy weer om naturalisasie kon aansoek doen en die nodige aansoekvorm is aan hom gestuur. ’n Voltooide aansoekvorm is nie terug ontvang nie. Daar was egter verdere briefwisseling en navrae, wat Blum waarskynlik laat vermoed het dat sy tweede aansoek dieselfde pad as die eerste een sal loop. Waarskynlik om homself die vernedering van nog ’n summiere weiering sonder opgaaf van redes te bespaar, besluit hy dus om die land te verlaat. Hy besit in hierdie stadium geen Oostenrykse paspoort nie en die owerhede staan aan hom Suid-Afrikaanse reisdokumente toe. Ander faktore wat moontlik ’n rol kon speel in sy besluit om die land te verlaat, is die politieke onrus na die Sharpeville-onluste op 21 Maart 1960 en die aanslag op die Eerste Minister, H.F. Verwoerd, se lewe op 9 April 1960. Blum en Hetta stel doelbewus niemand in kennis van hulle besluit om te emigreer nie en het slegs die dag voor hulle vertrek Hetta se ouers in die Paarl gaan groet. ### Europese verblyf Aanvanklik reis hy en sy vrou gereeld deur die Engelse platteland en besoek ook die vasteland van Europa (onder andere Nederland, Duitsland en Portugal) maar hierdie aktiwiteite word gefinansier deur ’n erfporsie van Blum se tante wat mettertyd opraak en hulle reis dus al minder. Vir ’n ruk gee sy vrou onderwys by een van die East End-skole in Londen, waar sy die kinders baie ongedissiplineerd vind en as resultaat begin ly aan senuweeprobleme. In die laat jare sestig moet sy weer begin werk om hulle karige inkomste aan te vul, maar die enigste betrekking wat sy kan kry, is skoonmaakwerk. Aanvanklik bly die Blums in die gegoede Londense buurt Hampstead, maar moet later verhuis na ’n goedkoper tuiste in die suidooste van die stad. Eindelik kom hulle tereg in ’n gemeenskaplike huis in Brentford in die London Borough of Hounslow. Blum beklee verskeie betrekkinge, meestal slegs vir ’n kort rukkie, onder andere vanaf 1961 tot 1967 by die Commonwealth Mycological Institute (die Statebond se navorsingseenheid vir swamme, veral in landbou). Hier is hy verantwoordelik vir die verkenning van wêreldliteratuur oor swamme en swamsiektes en die vertaling en opsomming daarvan vir die Instituut se eie joernale. Die CMI was geleë te Kew, in die London Borough of Richmond upon Thames, direk aangrensend aan die wêreldbekende Kew koninklike botaniese tuin. Waarskynlik vroeg in 1967 verloor Blum sy werk by die CMI, moontlik as gevolg van personeelvermindering, maar waarskynlik as gevolg van sy gewoonte om beledigende kaartjies aan ander werknemers te stuur, wat onmin tussen die personeel veroorsaak. Aangesien sy personeelrekord nie behoue gebly het nie, is dit egter onmoontlik om die ware feite aangaande sy diensbeëindiging te agterhaal. In die sewentigerjare vind Blum meer stabiliteit in ’n betrekking as klerk by die Munisipaliteit van Hounslow. Britse burgerskap word vroeg in die sewentigerjare aan hom toegestaan en na aftrede is hy en sy vrou van ’n karige ouderdomspensioen afhanklik. Deur besoeke aan die British Museum en die Colindale Newspaper Library in Hampstead, waar hy Suid-Afrikaanse koerante kan lees, bly hy op die hoogte van wat in Suid-Afrika en op die gebied van die literatuur gebeur. Hy maak ook druk gebruik van die Brentford Library naby sy woonplek. Met die gesondheid van die egpaar gaan dit egter al hoe slegter. Hetta ly weens die stres aan angina en word later verstandelik aangetas. Sy ly waarskynlik reeds in die vroeë negentigerjare aan demensie en word in Februarie 1994 onder die staat se voogdyskap geplaas. Peter is in 1976 hospitaal toe vir ’n galblaasoperasie. ### Laaste jare Sy verbittering teenoor Suid-Afrika en sy inwoners skyn duidelik uit vele beledigende briewe aan skrywerskennisse in Suid-Afrika gedurende die sestiger- en vroeë sewentigerjare, waarna hy alle kontak met Suid-Afrika verbreek, tot so ’n mate dat hy nie eens sy tantième vir die opbrengs op verkope op sy digbundels opeis nie. Sy vele verhuisings veroorsaak inderdaad dat niemand weet waar hy hom bevind nie en wanneer sy moeder in die laat sewentigerjare oorlede is, poog die eksekuteur van haar boedel tevergeefs om hom op te spoor om sy erfporsie te ontvang. Saam met sy vrou lei hy tot sy dood ’n feitlik kluisenaarsbestaan in die gemeenskaplike woning in Brentford, Hounslow. By die bure was die Blums bekend as asosiale mense wat nooit vriende ontvang het nie en slegs uitgegaan het om die winkels te besoek of om die duiwe in die park te voer. Die elektriese draad van hulle deurklokkie buite is afgesny, hulle naambordjie is verwyder, die deur is nooit vir enige besoeker oopgemaak nie en hulle het nie ’n telefoon gehad nie. Peter Blum kry ’n beroerte-aanval vroeg in Desember 1990 en is op 5 Desember 1990 in die West Middlesex Hospitaal in Londen in eensaamheid en armoede oorlede. Hy was 65 jaar oud. Skryfwerk --------- Aanvanklik is Blum se kreatiewe werk in Engels. Hy skryf aan *Hero and Leander* (wat oor die tweegeveg tussen man en vrou handel) en voltooi ’n verhaal getiteld *The sixth oboe*. Verder voltooi hy ’n drama met die titel *Dioclesian*, werk aan ’n stuk oor *Don Juan in Cape Town* en skryf ’n *Satiric ode*. Later wissel hy sy kreatiewe werk af tussen Engels en Afrikaans. Tydens sy universiteitsjare op Stellenbosch het hy meningsverskille met die skrywer P.J. Schoeman, sy dosent in Volkekunde, en wy ’n aantal ongepubliseerde hekelverse in Afrikaans aan hom wat hy in sy briewe aan Jac Louw insluit. Ná sy verhouding met Ina Rousseau beëindig is, skryf hy ’n verse-siklus wat hy *Magdalena van Huigeldorp* noem en aan verskeie mense stuur. In die vroeë vyftigerjare skryf hy nog ’n werk met ’n musikale struktuur in Engels oor die Jona-figuur, bestaande uit ’n prelude, drie bewegings en ’n "postlude". Van 1951 af skryf hy egter in Afrikaans, hoewel die Engelse gedig *Skolly song* nog in Julie 1952 in *Standpunte* opgeneem word. Hy stuur vanaf 1951 enkele Afrikaanse gedigte aan D.J. Opperman, indertyd redakteur van *Standpunte*, insluitende *Natural selection*, *Ancien regime*, *Graaf Arnoldus* en *Agterdog*, almal afgedruk in J.C. Kannemeyer se *Wat het geword van Peter Blum?*, maar geeneen hiervan word aanvaar vir publikasie nie. Ook sy satiriese prosastuk "*Gaffelwerk*", na aanleiding van N.P. van Wyk Louw se *Nuwe verse*, word afgekeur, maar waarskynlik meer op grond van Opperman se gestremde verhouding met Louw as oor die gehalte van Blum se prosa, wat Opperman ongeneë laat om ’n stuk vir publikasie te aanvaar waarin Louw se werk gehekel word. Vanaf 1954 verskyn verskeie Afrikaanse gedigte van Blum in *Standpunte*, waaronder ook vertalings van hoofsaaklik Franse digters soos Baudelaire en Guillaume Apollinaire. Sy werk is die besliste hoogtepunt in die Afrikaanse poësie van die vyftigerjare. As immigrant staan hy buite die Afrikaanse literêre tradisie en betrek hy ook die Europese dampkring en denke, terwyl sy gedigte ook buite die religieuse tradisie val en hy baie meer openhartig is oor die erotiek as wat destyds gangbaar was in Afrikaans. ### Poësie Die gedigte wat vanaf 1954 in *Standpunte* verskyn, vorm die kern van sy eerste digbundel, *Steenbok tot poolsee* Hierin is dit opvallend dat hy die moontlikhede van die taal in versvorm beproef soos niemand voor hom nie en vir hierdie bundel ontvang hy in 1956 die Reina Prinsen Geerligs-prys. Die titel bevat ’n verwysing na die Steenbokskeerkring en die suidelike Antarktiese Oseaan, wat die geografiese ligging van Suid- en Suider-Afrika beskryf. Die titel suggereer ook teenpole, die lewende en warme teenoor die dooie en koue, maar ook Afrika teen Europa. Blum ontgin dan ook die teenoorgesteldes in ’n bundel wat van tegniese vaardigheid getuig, uitmunt in beeldspraak en ’n wye register van temas bestryk. Op verskeie maniere is hierdie bundel ’n nuwigheid in Afrikaans en slaan hy ’n eie, unieke rigting in die Afrikaanse poësie in. In ’n praatjie oor Radio Nederland beskryf N.P. van Wyk Louw die bundel as ’n "bundel met tegniese vaardighede, met ’n vát aan Afrikaans wat verbaas, met ’n register van motiewe en met ’n onafhanklikheid van Afrikaanse voorlopers, soos selde in die Afrikaanse letterkunde". Hierdie eerste bundel het onmiddellik die kritici in twee kampe. Waar D.J. Opperman, N.P. van Wyk Louw en Ernst Lindenberg positief en opgewonde is oor hierdie ryk digterspotensiaal, skryf T.T. Cloete ’n vernietigende resensie wat later deur J.C. Kannemeyer beskryf word as een van die ernstigste mistastings nog deur ’n vooraanstaande letterkundige oor ’n nuwe publikasie. Die Afrikaanse Skrywerskring van Johannesburg beywer hulle op grond van morele besware dat die hele oplaag van die bundel aan verspreiding onttrek moet word, veral weens die gedig *Oor monnemente gepraat*, wat hulle beskou as ’n belediging vir die Voortrekkermonument, die geestesbesit van die Afrikaner. Verskeie nuwe woordskeppings (neologismes) verskyn ook in hierdie bundel, ’n uitstaande kenmerk van Blum se digkuns. Dit is veral teen hierdie gebruik van "vreemde woorde" waaroor die afwysende kritiek voor publikasie van *Enklaves van die lig* gaan, hoewel hierdie eksperimentering met die wysheid van nabetragting van groot waarde vir Afrikaans is. As keurder by Nasionale Boekhandel het J. du P. Scholtz sy bedenkinge gehad oor die neologismes en verwys die bundel na D.J. Opperman, wat sy voorbehoude deel. Blum lê dan die bundel aan A.A. Balkema voor, wat dit aanvaar vir publikasie. In 1959 beveel die keurkommissie van die Akademie *Enklaves van die lig* aan vir bekroning met die Hertzogprys, maar daar word eindelik in hierdie jaar geen toekenning gemaak nie. Blum se gedigte word in verskeie versamelbundels opgeneem, insluitende *Groot verseboek*, *Die Afrikaanse poësie in ’n duisend en enkele gedigte*, *Digters en digkuns*, *Uit ons digkuns*, *Afrikaanse verse*, *Junior verseboek*, *Die dye trek die dye aan*, *Liggaamlose taal*, *Kraaines*, *Uit ons letterkunde*, *Woordpaljas*, *Majesteit, die kat*, *Voorspraak* en *Die mooiste Afrikaanse liefdesgedigte*. Helmut Erbe vertaal van sy gedigte in Duits en neem dit in *Afrikaanse Lyrik* op, wat in 1959 by Max Hueber Verlag in München verskyn. ### Ander skryfwerk Blum meld in briewe van ’n roman en ’n aantal kortverhale wat hy in 1959 voltooi, maar hierdie werke bly ongepubliseer en geen manuskripte word nagelaat nie. J.C. Kannemeyer versamel die briewe wat Blum aan vriende en die pers geskryf het in *Briewe van Peter Blum*. Uit hierdie briewe blyk sy besondere insig, maar ook sy geniepsigheid en kreatiwiteit en sy besondere beheer van Afrikaans. In *Standpunte* van Oktober 1956 verskyn Blum se bekendste satiriese essay, *Hoe ek dekadent geword het*, waarin hy reageer op die moraliserende kritiek op sy eerste digbundel en parodieë lewer op sommige van die betrokke skrywers. Ander belangwekkende artikels is *Fantasie in ligte luim* waarin hy die "drang na rang" by doktore en professore hekel, terwyl hy in ’n ander artikel op ’n vir hom onaanvaarbare tipe eksegetiese literatuurkritiek en die naspeur van die denkstruktuur in die werk van ’n digter reageer. Veral in die jare 1959 en 1960 verskyn sy beskouinge oor figure en werke uit die Franse, Duitse, Russiese en Engelse literatuur (onder wie Tsjechof, Radiguet, Ionesco, Huysmans, Greene, Golding, Cocteau, Brecht en Burns) in *Die Burger*, wat van sy groot belesenheid in verskeie tale en kreatiewe reaksie op die literatuur getuig. Hy resenseer ook hoofsaaklik in hierdie koerant enkele nuwe werke. In die periode 1964–1966 verskyn daar van hom ’n reeks sketse in die Vlaamse tydskrif *Ons Erfdeel*, waarin hy sy indrukke van België en Nederland uiteensit. Hierdie reissketse is sy laaste publikasies in Afrikaans en in Maart 1966 verskyn in *Ons Erfdeel* sy laaste gedig in Engels, ’n vertaling of eerder kreatiewe verwerking van J.J. Slauerhoff se *Ziekentroost*. Friedrich Dürrenmatt se boeiende roman *Die belofte* vertaal hy in Afrikaans en dit word deur Human & Rousseau gepubliseer, terwyl sy vertaling van Jean Anouilh se drama *Romeo + Jeannette* deur Dalro gepubliseer word. Hy vertaal ook gedigte van Baudelaire (opgeneem in *Steenbok tot poolsee*, met sy aantekeninge hieroor wat in 1955 in *Standpunte* verskyn) en Guillaume Apollinaire (opgeneem met aantekeninge in *Standpunte* van Augustus-September 1956) uit Frans na Afrikaans. In die vyftigerjare werk hy ook aan ’n roman in Engels wat nie gepubliseer is nie. Eerbewyse --------- Francois Venter skryf in 1993 die drama *Woknakwyf!* wat in die Witsteater in Johannesburg opgevoer word. Hierin ondersoek hy Blum se siening van die wêreld soos dit in sy gedigte na vore kom en stel hy Blum teen die Afrikaner akademiese en literêre bestel. Die titel van die drama is na aanleiding van die slotreël van sy bekende gedig, *Man wat mal word*. J.C. Kannemeyer skryf ’n uitgebreide oorsig van Blum se lewe en werk getiteld *Wat het geword van Peter Blum?* waarin hy ook ’n aantal verspreide stukke van Blum opneem. Publikasies ----------- | Jaar | Titel van publikasie | | --- | --- | | 1955 | *Steenbok tot poolsee* | | 1958 | *Enklaves van die lig* | | 2009 | *Briewe van Peter Blum* (saamgestel deur J.C. Kannemeyer) | ### Vertalings | Jaar | Titel van publikasie | | --- | --- | | 1960 | *Die belofte – Friedrich Dürrenmatt* | | 1969 | *Romeo + Jeannette – Jean Anouilh* | Bronne ------ ### Boeke * Antonissen, Rob. *Die Afrikaanse letterkunde van aanvang tot hede*. Nasou Beperk Elsiesrivier Derde hersiene uitgawe Tweede druk 1964 * Antonissen, Rob. *Kern en tooi.* Nasou Beperk Eerste uitgawe Eerste druk Elsiesrivier 1963 * Antonissen, Rob. *Verkenning en kritiek*. H.A.U.M. Pretoria Eerste uitgawe Eerste druk 1979 * Askes, H. en Landman, J.N. (samestellers) *Voorspraak.* Tafelberg-Uitgewers Beperk Kaapstad Eerste uitgawe Tiende druk 1994 * Beukes, W.D. (red.) *Boekewêreld: Die Nasionale Pers in die uitgewersbedryf tot 1990.* Nasionale Boekhandel Bpk. Kaapstad Eerste uitgawe eerste druk 1992 * Buning, Tj. *Uit ons digkuns.* J.L. van Schaik Bpk. Pretoria Nuwe omgewerkte druk 1960 * Cloete, T.T. (red.) *Die Afrikaanse literatuur sedert sestig.* Nasou Beperk Eerste uitgawe 1980 * Dekker, G. *Afrikaanse Literatuurgeskiedenis*. Nasou Beperk Kaapstad Elfde druk 1970 * Grové, A.P. *Dagsoom*. Tafelberg-Uitgewers Bpk. Kaapstad Eerste uitgawe 1978 * Grové, A.P. *Letterkundige sakwoordeboek vir Afrikaans*. Nasou Beperk Vyfde uitgawe Eerste druk1988 * Kannemeyer, J.C. *Geskiedenis van die Afrikaanse literatuur 1*. Academica, Pretoria en KaapstadTweede druk 1984 * Kannemeyer, J.C. *Geskiedenis van die Afrikaanse literatuur 2.* Academica, Pretoria, Kaapstad en Johannesburg Eerste uitgawe Eerste druk 1983 * Kannemeyer, J.C. (red.) *Kraaines*. Human & Rousseau Kaapstad en Johannesburg Eerste uitgawe 1988 * Kannemeyer, J.C. *Wat het geword van Peter Blum?* Tafelberg-Uitgewers Beperk Kaapstad Eerste uitgawe 1993 * Kannemeyer, J.C. *Ontsyferde stene*. Inset-Uitgewers Stellenbosch Eerste uitgawe Eerste druk 1996 * Kannemeyer, J.C. *Verse vir die vraestel.* Tafelberg-Uitgewers Beperk Eerste uitgawe 1998 * Kannemeyer, J.C. *Die Afrikaanse literatuur 1652–2004*. Human & Rousseau Kaapstad en Pretoria Eerste uitgawe 2005 * Lindenberg, E. *Onsydige toets*. Academica Kaapstad en Pretoria Eerste uitgawe 1965 * Lindenberg, E. (red.) *Inleiding tot die Afrikaanse letterkunde.* Academica Pretoria en Kaapstad Vierde uitgawe Eerste druk 1973 * Lindenberg, E. Peter Blum" in Nienaber, P.J. et al. *Perspektief en Profiel.* Afrikaanse Pers-BoekhandelJohannesburg Derde hersiene uitgawe 1969 * Nienaber, P.J. Roodt, P.H. en Snyman, N.J. (samestellers) *Digters en digkuns*. Perskor-Uitgewers Kaapstad Vyfde uitgawe Sewende druk 2007 * Nienaber, P.J. *Die Hertzogprys Vyftig Jaar.* Nasionale Boekhandel Kaapstad Eerste uitgawe 1965 * Nienaber, P.J,; Senekal, J.H en Bothma, T.C. *Mylpale in die geskiedenis van die Afrikaanse letterkunde.* Afrikaanse Pers-Boekhandel Tweede hersiene uitgawe 1963 * Nienaber, P.J. et al. *Perspektief en Profiel.* Afrikaanse Pers-Boekhandel Johannesburg Derde hersiene uitgawe 1969 * Nienaber, P.J.; Erasmus, M.C.; Du Plessis, W.K. en Du Plooy, J.L. *Uit ons letterkunde.* Afrikaanse Pers-Boekhandel Sewende druk 1968 * Odendaal, B.J. *Peter Blum (1925–1990)* in Van Coller, H.P. (red.) *Perspektief en Profiel Deel I.* J.L. van Schaik-Uitgewers Pretoria Eerste uitgawe 1998 * Opperman, D.J. *Junior verseboek*. Nasionale Boekhandel Beperk Kaapstad Agste druk 1960 * Opperman, D.J. *Verspreide opstelle.* Human & Rousseau Kaapstad en Pretoria Eerste uitgawe 1977 * Pheiffer, R.H. *Woordpaljas*. Human & Rousseau Kaapstad en Johannesburg Derde uitgawe Derde druk 1993 * Pretorius, Réna. *Ryk domeine.* Human & Rousseau Kaapstad en Pretoria Tweede uitgawe Derde druk 1990 * Rabie, Jan. *Hutspot*. Protea Boekhuis Pretoria Eerste uitgawe Eerste druk 2004 * Van Coller, H.P. (red.) *Perspektief en Profiel Deel* *2*. J.L. van Schaik-Uitgewers Pretoria Eerste uitgawe 1999 ### Tydskrifte en koerante * Brink, André P. *Die terugkeer van Peter Blum.* Insig, Oktober 1995 * Huigen, Siegfried. *Wachten op de barbaren. Metageschiedenis in het werk van Peter Blum.* Tydskrif vir Letterkunde. Nuwe reeks 50 no. 1 Herfs 2013 * Kannemeyer, J.C. *Die onhebbelike Peter Blum*. Tydskrif vir Letterkunde. Jaargang 32 no. 1, Februarie 1994 * Kannemeyer, J.C. *Briewe oor Peter Blum.* Tydskrif vir Letterkunde. Jaargang 33, no.1, Februarie 1995 * Kannemeyer, J.C. *Hoe ek Hetta Blum uiteindelik ontmoet het*. Die Burger, 19 April 1995 * Kannemeyer, J.C. *Blum se laaste gedig?* By, 28 Februarie 2009 * Pretorius, Réna. *’Man wat blind word’, ‘Drosterhonde bo Oranjesig’, Oor monnemente gepraat’ van Peter Blum*. Tydskrif vir Letterkunde. Nuwe reeks 18 no. 4, November 1980 * Pretorius, Willem. *Binnelandse Sake praat oor Blum.* Die Burger, 24 April 1992 * Robinson, Rensia. *Die siklus ‘Wat die hart van vol is’ uit ‘Steenbok tot Poolsee’ van Peter Blum*. Tydskrif vir Geesteswetenskappe" Jaargang 28 no. 1, Maart 1988 * Scholtz, J. du P. *Voorgeskiedenis van die publikasie van ‘Enklaves van die lig’*. Standpunte. Nuwe reeks 153, Junie 1981 * Schutte, H.J. *Woordafleiding’ – Die satirikus as retor*. Tydskrif vir Letterkunde, Jaargang 34 nos. 1 en 2, Februarie/Mei 1996 * Slabber, Coenie. *Einde van die soektog: Blum is dood.* Rapport, 12 Januarie 1992 * Toerien, Barend J. *Briewe van Peter Blum*. Tydskrif vir Letterkunde. Jaargang 31 no. 1, Februarie 1993 * Van Niekerk, Danie. *Hoe ek Hetta Blum toe glad nie ontmoet het nie*. Die Burger, 19 April 1995 * Van Rensburg, Cas. *Blum en die smoor van die leeskultuur.* By, 25 April 2009 * Voss, Tony. *Peter Blum and Italy: ‘Italië het ons aangegryp’*. Tydskrif vir Letterkunde. Jaargang 52 no. 1 Vierde reeks Herfs 2015 ### Internet * Beeld: * Beeld: Geargiveer 3 Februarie 2014 op Wayback Machine * Die Burger: * Die Burger: Geargiveer 3 Februarie 2014 op Wayback Machine * Die Burger: * Die Burger: * Die Burger: * Die Burger: Geargiveer 1 Februarie 2014 op Wayback Machine
{ "title": "Peter Blum", "mostly_tablelist": false, "tablelist_ratio": [ 5917, 24564, 0.24088096401237583 ], "infobox": [ "<table about=\"#mwt1\" class=\"infobox biography vcard\" data-mw='{\"parts\":[{\"template\":{\"target\":{\"wt\":\"Inligtingskas Persoon\\n\",\"href\":\"./Sjabloon:Inligtingskas_Persoon\"},\"params\":{\"naam\":{\"wt\":\"Peter Blum\"},\"bynaam\":{\"wt\":\"\"},\"beeld\":{\"wt\":\"PeterBlum.jpg\"},\"beeldbeskrywing\":{\"wt\":\"\"},\"onderskrif\":{\"wt\":\"\"},\"geboortenaam\":{\"wt\":\"Peter Emil Julius Blum\"},\"geboortedatum\":{\"wt\":\"[[4 Mei]] [[1925]]\"},\"geboorteplek\":{\"wt\":\"[[Wene]], [[Oostenryk]]\"},\"sterfdatum\":{\"wt\":\"[[5 Desember]] [[1990]]\"},\"sterfteplek\":{\"wt\":\"[[Londen]]\"},\"ouers\":{\"wt\":\"\"},\"titel\":{\"wt\":\"\"},\"nasionaliteit\":{\"wt\":\"\"},\"alma_mater\":{\"wt\":\"\"},\"beroep\":{\"wt\":\"Digter\"},\"ander\":{\"wt\":\"\"},\"bekend\":{\"wt\":\"Afrikaanse gedigte\"},\"salaris\":{\"wt\":\"\"},\"termyn\":{\"wt\":\"\"},\"voorganger\":{\"wt\":\"\"},\"opvolger\":{\"wt\":\"\"},\"eerbewyse\":{\"wt\":\"[[Reina Prinsen Geerligs-prys]]\"},\"party\":{\"wt\":\"\"},\"religie\":{\"wt\":\"\"},\"huweliksmaat\":{\"wt\":\"Henrietta Cecilia Smit\"},\"kinders\":{\"wt\":\"\"},\"webblad\":{\"wt\":\"\"},\"handtekening\":{\"wt\":\"\"}},\"i\":0}}]}' id=\"mwAg\" style=\"width:22em\" typeof=\"mw:Transclusion\"><tbody><tr><th colspan=\"2\" style=\"text-align:center;font-size:125%;font-weight:bold\"><div class=\"fn\" style=\"display:inline\">Peter Blum</div></th></tr><tr><td colspan=\"2\" style=\"text-align:center\"><span class=\"mw-default-size\" typeof=\"mw:File/Frameless\"><a class=\"mw-file-description\" href=\"./Lêer:PeterBlum.jpg\"><img data-file-height=\"732\" data-file-type=\"bitmap\" data-file-width=\"477\" decoding=\"async\" height=\"338\" resource=\"./Lêer:PeterBlum.jpg\" src=\"//upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/7/7f/PeterBlum.jpg/220px-PeterBlum.jpg\" srcset=\"//upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/7/7f/PeterBlum.jpg/330px-PeterBlum.jpg 1.5x, //upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/7/7f/PeterBlum.jpg/440px-PeterBlum.jpg 2x\" width=\"220\"/></a></span></td></tr><tr><th scope=\"row\">Gebore</th><td><div class=\"nickname\" style=\"display:inline\">Peter Emil Julius Blum</div><br/><a href=\"./4_Mei\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"4 Mei\">4 Mei</a> <a href=\"./1925\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"1925\">1925</a><br/><div class=\"birthplace\" style=\"display:inline\"><a href=\"./Wene\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Wene\">Wene</a>, <a href=\"./Oostenryk\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Oostenryk\">Oostenryk</a></div></td></tr><tr><th scope=\"row\">Sterf</th><td><a href=\"./5_Desember\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"5 Desember\">5 Desember</a> <a href=\"./1990\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"1990\">1990</a><br/><div class=\"deathplace\" style=\"display:inline\"><a href=\"./Londen\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Londen\">Londen</a></div></td></tr><tr><th scope=\"row\">Beroep</th><td class=\"role\">Digter</td></tr><tr><th scope=\"row\">Bekend<span typeof=\"mw:Entity\"> </span>vir</th><td>Afrikaanse gedigte</td></tr><tr><th scope=\"row\"><span class=\"nowrap\">Eggenoot</span></th><td>Henrietta Cecilia Smit</td></tr></tbody></table>" ], "td_tables": [], "text_length": 28442 }
HMS *Endeavour* voor die kus van Nieu-Holland. Skildery deur Samuel Atkins, omstreeks 1794 'n Moderne namaaksel van die *Endeavour* seil in Cooktown-hawe, naby die plek waar die oorspronklike skip in 1770 vasgeloop het **HMS *Endeavour***, ook bekend as **HM Bark *Endeavour***, was 'n navorsingskip van die Britse Koninklike Vloot onder bevel van luitenant James Cook waarop dié ontdekker tussen 1769 en 1771 sy eerste verkenningsreis na Australië en Nieu-Seeland onderneem het. Die skip, wat in 1764 onder die naam *Earl of Pembroke* as vragskip vir steenkoolvervoer van stapel geloop het, was nie die eerste keuse toe die Britse Admiraliteit in 1768 'n skip vir Cook se ontdekkingsreis in die Stille Oseaan probeer vind het nie. Hulle was oorspronklik van plan om 'n fregat met 24 kanonne aan te koop, maar is deur seevaartkundiges gewaarsku dat daardie soort seevaarttuig nie in staat sou wees om die benodigde proviand te vervoer nie. In plaas daarvan het hulle die koop van 'n vragskip met 'n laer middeldek en nouer agterskip aanbeveel. Binne 'n week het die keuse op die 330 ton-vragskip *Earl of Pembroke* geval - 'n vaartuig met 'n wye boeg, baie sterk sywande en relatief klein seiloppervlakte wat eerder op 'n skoendoos as 'n seilskip gelyk het. Alhoewel dit nie gebou is om 'n rekordspoed te haal nie en teen maksimaal agt knoop per uur kon vaar, was dit klein genoeg om dit maklik in seewaters met baie riwwe te kan maneuvreer en minder geneig om om te slaan indien dit sou vasloop. As *His Majesty's Bark the Endeavour* het die skip in Augustus 1768 die hawe van Plymouth, Engeland verlaat om die onbekende suidelike vasteland of *Terra Australis Incognita*, soos dit in Latyn genoem is, te verken. Die bemanning het om Kaap Hoorn geseil en die Pasifiese eiland Tahiti betyds bereik om in 1769 die oorgang van die planeet Venus oor die skyf van die Son waar te neem. Hulle het verder geseil na die destyds nog grotendeels onbekende waters van die suidelike oseaan en die eilandgroepe Huahine, Borabora en Raiatea aangedoen sodat Cook namens die Britse Kroon aanspraak op dié gebiede kon maak. In September 1769 het hulle anker voor Nieu-Seeland gelê as die eerste Europese ontdekkingsreisigers sedert die Nederlander Abel Tasman se seereis aan boord van die *Heemskerck* 127 jaar gelede. In April 1770 was die *Endeavour* die eerste seevaartuig wat die ooskus van Australië bereik het. Hier het Cook in 'n baai, wat tans as Botanybaai bekend staan, voet aan wal gesit. Die *Endeavour* het vervolgens noordwaarts langs die Australiese kus geseil. Op hierdie roete het die verkenningstog byna rampspoedig geëindig nadat die skip op die Groot Barriere-rif vasgeloop het. Die skip was sewe weke lank op die strand vasgekeer terwyl basiese herstelwerk aan die romp gedoen is. Die bemanning het daarin geslaag om ondanks die skade na Nederlands-Oos-Indië te seil waar hulle op 10 Oktober 1770 in die hawe van Batavia aangedoen het. Die bemanning het 'n eed afgelê dat hulle niks oor die eilande, wat hulle vooraf verken het, sou berig nie terwyl hul skip omvattend herstel is. Die *Endeavour* kon sy weswaartse reis op 26 Desember hervat, het op 13 Maart 1771 om die Kaap die Goeie Hoop geseil en op 12 Julie in die Engelse hawestad Dover aangedoen, ná 'n seereis van byna drie jaar. Terwyl sy baanbrekende ontdekkingsreis in die Stille Oseaan kort daarna al weer in vergetelheid geraak het, het die *Endeavour* in die volgende drie jaar voorrade vir die Britse Vloot na die Falkland-eilande vervoer. In 1775 is dit aan 'n privaat eienaar verkoop en herdoop, maar het daarna tydens die Amerikaanse Rewolusionêre Oorlog 'n tyd lank in diens van die Vloot troepe vervoer. Die skip is in 1778 tydens 'n seeblokkade in Narragansett-baai in die huidige VSA-deelstaat Rhode Island deur sy bemanning gesink. Die skipswrak se presiese ligging is tans nog onbekend, maar oorblyfsels daarvan, waaronder ses van sy kanonne en 'n anker, word in seevaartmuseums dwarsoor die wêreld vertoon. 'n Namaaksel van die *Endeavour* het in 1994 van stapel geloop en lê tans langs die Australiese Nasionale Seevaartmuseum in Port Jackson in Sydney-hawe voor anker. 'n Amerikaanse ruimtependeltuig is ter ere van die verkenningskip *Endeavour* genoem. In erkenning van die betekenisvolle rol wat dit in die nasionale geskiedenis van Nieu-Seeland gespeel het, pronk die skip op dié Pasifiese eilandnasie se 50c-muntstuk.
{ "title": "HMS Endeavour", "mostly_tablelist": false, "tablelist_ratio": [ 65, 3733, 0.01741226895258505 ], "infobox": [], "td_tables": [], "text_length": 4422 }
**Cameron Mackenzie** (12 Augustus 1960 – 7 Julie 2021) was 'n Suid-Afrikaanse politikus en parlementslid in die Nasionale Vergadering vir die Demokratiese Alliansie. Mackenzie was die adjunk-skaduminister van kommunikasie en digitale tegnologieë. Vroeë lewe en opvoeding ----------------------- Hy was die seun van Donald en Jeanne Mackenzie van Inverness, Skotland, en was 'n graadverteenwoordiger in die leerlingraad van sy hoërskool. Hy het geweier om by die Suid-Afrikaanse Weermag vir verpligte diensplig aan te sluit en het daarom die land verlaat. By sy teruggekeer in 1990 het hy by die politiek betrokke geraak en in 1992 na die Boipatong-slagting by die ANC aangesluit. Mackenzie verlaat die politiek later uit protes oor die wapenaankoopskandaal in 1996. Hy het 'n baccalaureusgraad in Kommunikasiewetenskappe aan die Universiteit van Suid-Afrika behaal, asook verskeie sertifikate. Politieke loopbaan ------------------ Voor die munisipale verkiesing in 2006 het Mackenzie besluit om as onafhanklike wyksraadkandidaat in die Stad Johannesburg te staan. Hy het die persepsie gehad dat die Demokratiese Alliansie 'n party vir 'slegs ryk wit mense' was. Nadat hy met die plaaslike DA-raadslid, John Mendelsohn, gesels het en na 'n toer deur een van Johannesburg se meer as 180 informele sinkplaat-nedersettings, het Mackenzie besluit om by die party aan te sluit. Hy het vanaf 2006 op sy wykskomitee gedien totdat hy in 2009 as DA-PR-raadslid ingesweer is. Mackenzie het in die algemene verkiesing in 2014 'n parlementêre kandidaat vir die party geword. Hy het 42ste op die DA se nasionale lys verskyn en dus vir 'n setel in die parlement gekwalifiseer, aangesien die DA sy status as amptelike opposisie behou het. Kort hierna word hy deur DA-leier Mmusi Maimane aangestel as adjunkskaduminister van telekommunikasie en poswese. Mackenzie is herkies tot die parlement tydens die algemene verkiesing in 2019 en word deur Maimane aangestel as adjunkskaduminister van kommunikasie en digitale tegnologie. Hy is in Desember 2020 weer deur die nuutverkose DA-leier, John Steenhuisen, in sy skadukabinet aangestel. Persoonlike lewe ---------------- MacKenzie was getroud met Lisa, en hulle het twee dogters, Emma en Andrea, en 'n seun, Thorne. Op 7 Januarie 2020 is Mackenzie tydens 'n roofpoging in Dainfern, Johannesburg geskiet. Na 'n operasie het MacKenzie byna ten volle herstel. Hy sterf egter op 7 Julie 2021 weens simptome van die Covid-19-pandemie.
{ "title": "Cameron Mackenzie", "mostly_tablelist": false, "tablelist_ratio": [ 1131, 3175, 0.3562204724409449 ], "infobox": [ "<table about=\"#mwt1\" class=\"infobox\" style=\"width:23em; font-size:85%; text-align:left; padding-left:0.5em; padding-right:0.5em;\">\n<tbody><tr>\n<td colspan=\"2\" style=\"text-align: center; font-size:140%;\"><b>Cameron Mackenzie</b></td></tr>\n<tr>\n<td colspan=\"2\" style=\"text-align:center;\"><span data-mw='{\"caption\":\"Cameron Mackenzie\"}' typeof=\"mw:Image\"><a class=\"mw-file-description\" href=\"./Lêer:Picture_of_me_kilted_at_emma_wedding_march_2020.jpg\" title=\"Cameron Mackenzie\"><img data-file-height=\"3515\" data-file-type=\"bitmap\" data-file-width=\"2714\" decoding=\"async\" height=\"285\" resource=\"./Lêer:Picture_of_me_kilted_at_emma_wedding_march_2020.jpg\" src=\"//upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/4/47/Picture_of_me_kilted_at_emma_wedding_march_2020.jpg/220px-Picture_of_me_kilted_at_emma_wedding_march_2020.jpg\" srcset=\"//upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/4/47/Picture_of_me_kilted_at_emma_wedding_march_2020.jpg/330px-Picture_of_me_kilted_at_emma_wedding_march_2020.jpg 1.5x, //upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/4/47/Picture_of_me_kilted_at_emma_wedding_march_2020.jpg/440px-Picture_of_me_kilted_at_emma_wedding_march_2020.jpg 2x\" width=\"220\"/></a></span><br/>Mackenzie vertoon sy Skotse uitrusting op sy dogter Emma se troue in 2020.</td></tr>\n<tr>\n<td colspan=\"2\" style=\"text-align:center; font-size:110%;\"><hr/><div style=\"background:lavender; font-weight:bold\">Adjunk-skaduminister van kommunikasie en digitale tegnologieë</div></td></tr>\n<tr>\n<td colspan=\"2\" style=\"border-bottom:none; text-align:center;\"><b>Ampstermyn</b><br/>5 Junie 2019<span typeof=\"mw:Entity\"> </span><span typeof=\"mw:Entity\">–</span><span typeof=\"mw:Entity\"> </span>7 Julie 2021 (†)</td></tr>\n<tr>\n<th>Leier</th>\n<td><a href=\"./John_Steenhuisen\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"John Steenhuisen\">John Steenhuisen</a><br/><a href=\"./Mmusi_Maimane\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Mmusi Maimane\">Mmusi Maimane</a></td></tr>\n<tr>\n<th colspan=\"2\" style=\"text-align:center; font-size:110%;\"><hr/><div style=\"background:lavender;\">Adjunk-skaduminister van telekommunikasie en poswese</div></th></tr>\n<tr>\n<td colspan=\"2\" style=\"border-bottom:none; text-align:center;\"><b>Ampstermyn</b><br/>5 Junie 2014<span typeof=\"mw:Entity\"> </span><span typeof=\"mw:Entity\">–</span><span typeof=\"mw:Entity\"> </span>5 Junie 2019</td></tr>\n<tr>\n<th>Leier</th>\n<td><a href=\"./Mmusi_Maimane\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Mmusi Maimane\">Mmusi Maimane</a></td></tr>\n<tr>\n<th colspan=\"2\" style=\"text-align:center; font-size:110%;\"><hr/><div style=\"background:lavender;\">Lid van die <a href=\"./Nasionale_Vergadering_van_Suid-Afrika\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Nasionale Vergadering van Suid-Afrika\">Nasionale Vergadering van Suid-Afrika</a></div></th></tr>\n<tr>\n<td colspan=\"2\" style=\"border-bottom:none; text-align:center;\"><b>Ampstermyn</b><br/>21 Mei 2014<span typeof=\"mw:Entity\"> </span><span typeof=\"mw:Entity\">–</span><span typeof=\"mw:Entity\"> </span>7 Julie 2021 (†)</td></tr>\n<tr>\n<th colspan=\"2\" style=\"color: #000000; font-size: 110%; text-align: center;\"><hr/><div style=\"background:lavender;\">Persoonlike besonderhede</div></th></tr>\n<tr>\n<th>Gebore</th>\n<td><span style=\"display:none\">(<span class=\"bday\">1960-08-12</span>)</span>12 Augustus 1960</td></tr>\n<tr>\n<th>Sterf</th>\n<td>7 Julie 2021 (op 60)<br/><a href=\"./Fourways\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Fourways\">Fourways</a>, Johannesburg</td></tr>\n<tr>\n<th>Politieke<span typeof=\"mw:Entity\"> </span>party</th>\n<td><a href=\"./Demokratiese_Alliansie\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Demokratiese Alliansie\">Demokratiese Alliansie</a></td></tr>\n<tr>\n<th>Eggenoot/-note</th>\n<td>Lisa</td></tr>\n<tr>\n<th>Kind(ers)</th>\n<td>3</td></tr>\n</tbody></table>" ], "td_tables": [], "text_length": 2473 }
**Peter Braaf** is 'n Suid-Afrikaanse akteur, regisseur en toneelskrywer. Hy is die broer van Vivian Braaf. Lewe en werk ------------ Hy studeer aan die Universiteit van die Wes-Kaap, waar hy in 1973 as lid van die Dramavereniging betrokke raak by amateurteater. Later is hy een van die stigterslede van die Cape Flats Players, wat gemeenskapsdramas in die townships opvoer, en hy is vanaf 1978 vir 'n ruk leier van hierdie geselskap. Hy tree ook in verskeie van hulle dramas op, waar hy gereeld die hoofrol vertolk, terwyl hy ook regisseur is van baie van hulle opvoerings. Van die dramas wat onder sy regie opgevoer word, sluit in Adam Small se "*Kanna hy kô hystoe*" en "*Joanie Galant-hulle*". Op televisie tree hy onder andere op in "*Halfmansput*". In 2001 word hy 'n lektor in Drama en Uitvoerende Kunste aan die Noord-Kaap Tegniese Kollege in Kimberley. Skryfwerk --------- Hy skryf die drama "*Asseblief Miesies*", wat in 1982 deur die Cape Flats Players by die Kellerprinz Dramafees opgevoer is. Hierdie drama is geïnspireer deur die skermoordsaak, waar Marlene Lehnberg ene Choekoe gehuur het om haar minnaar se vrou te vermoor. Hiervoor kry hy 'n skenking van die Departement van Kleurlingsake. Saam met die Cape Flats Players skep hy die opvoering "*Senzinina*", terwyl hy in samewerking met sy vrou "*What about de lô?*" saamstel, 'n opvoering van sange en poësie gebaseer op die werk van Adam Small. Eerbewyse --------- In 2003 ontvang hy die Patrick Petersen-toekenning van die Afrikaanse Skrywersvereniging vir sy bevordering van protes- en gemeenskapsteater.
{ "title": "Peter Braaf", "mostly_tablelist": false, "tablelist_ratio": [ 171, 1472, 0.11616847826086957 ], "infobox": [], "td_tables": [], "text_length": 1582 }
Skoolhoof Van der Westhuizen saam met die Hoërskool Nassau se matriekklas van 1960. Links van hom sit me. Geneviève (Jenny) Meyer wat aan Nassau verbonde was tot 1977 en ná amalgamering met Hoërskool Groote Schuur nog tot vroeg in die 21ste eeu by Groote Schuur Engels onderrig het. Sy is oorlede in 2015. **Lourens Marthinus van der Westhuizen** (1907 tot 1984) was die tweede van die vyf hoofde van die Hoërskool Nassau in Mowbray, Kaapstad. Opvoeding --------- Van der Westhuizen is op 9 September 1907 in die distrik Loxton, Noord-Kaap, gebore. Op agtjarige ouderdom slaag hy St. 6 (graad 8) aan die Laerskool Loxton en matriek (graad 12) op slegs twaalfjarige ouderdom aan die Hoërskool Carnarvon. In 1922 behaal hy sy B.Sc.-graad met wiskunde en wetenskap aan die Universiteit Stellenbosch en verdere grade volg met reëlmaat: B.Ed. in 1924 en M.Sc. in 1926 met wiskunde en toegepaste wiskunde (cum laude). Onderwysloopbaan ---------------- In 1927 aanvaar hy sy eerste onderwysbetrekking aan die Hoërskool Tulbagh en daarna volg hoërskole op Wellington en Marquard. In 1933, op vyf-en-twintig-jarige ouderdom aanvaar hy die hoofskap aan die Hoërskool Jamestown. In 1941 begin hy met sy doktorale studies aan die Universiteit Stellenbosch en aanvaar terselfdertyd 'n deeltydse betrekking aan die Hoërskool Nassau as wiskunde-onderwyser. 'n Jaar later is sy promotor prof. Gawie Cillié skielik oorlede en gevolglik moes hy sy doktorale studies staak. Nog in dieselfde jaar word hy aangestel as hoof van die Hoërskool Rawsonville. Op 1 Julie 1943 word hy hoof van die Hoërskool Vanrhynsdorp en in 1955 word hy hoof van sy laaste skool, die Hoërskool Nassau. Hier beywer hy hom uit die staanspoor vir die oprigting van 'n nuwe skoolgebou asook die voortbestaan van Nassau as 'n onafhanklike skool sonder om met ander skole te amalgameer. Sy droom word in 1962 bewaarheid toe die nuwe skoolgebou in Montrealweg, Mowbray, betrek word en die gelyknamige laerskool die hoërskool se ou gebou in Hoofweg betrek. In 1964 verlaat hy die onderwys en aanvaar 'n betrekking as direkteur (logistiek), Raad vir Geesteswetenskaplike Navorsing, Pretoria. In 1972 tree hy op die ouderdom van 65 uit en vestig hom in die Strand. Persoonlike lewe ---------------- Van der Westhuizen is op 31 Maart 1942 met Isabel B. de Klerk getroud. Twee kinders is uit die huwelik gebore, Charl Francois op 15 Julie 1943 en Annamarí op 2 Julie 1945. Hy is op 26 Julie 1984 op bykans 77-jarige leeftyd oorlede en sy eggenote op 14 April 2005 op 94.
{ "title": "Lourens Marthinus van der Westhuizen", "mostly_tablelist": false, "tablelist_ratio": [ 0, 2066, 0 ], "infobox": [], "td_tables": [], "text_length": 2533 }
Die **Swartruggens vexator** (*Vexatorella amoena*) is 'n blomdraende struik wat tot die genus *Vexatorella* behoort en deel van die fynbos vorm. Die plant is endemies aan die Wes-Kaap en kom in die Koue Bokkeveld- en Swartruggensberge voor. Die struik is regop, uitgestrek en word 1.5 m hoog. Die struik blom van September tot November. Vuur vernietig die plant maar die sade oorleef. Twee maande nadat dit geblom het, val die vrugte af en miere versprei die sade. Hulle stoor die sade in hul neste. Die plant is eenslagtig. Bestuiwing vind plaas deur die werking van insekte. Die plant groei op rotsagtige, sandsteengrond op hoogtes van 1 000 - 1 500 m. In Engels staan dit as die *Swartruggens Vexator* bekend. Galery ------ * * * * Bronne ------ * REDLIST Sanbi * Protea Atlas * Biodiversityexplorer * Plants of the World Online | | | | --- | --- | | Taksondatabasisse | * Wd: Q18080000 * GBIF: 3999020 * iNaturalist: 596001 * IPNI: 914744-1 * IUCN: 157984881 * Plant List: kew-2451636 |
{ "title": "Swartruggens vexator", "mostly_tablelist": false, "tablelist_ratio": [ 468, 1066, 0.43902439024390244 ], "infobox": [ "<table about=\"#mwt1\" class=\"infobox biota\" style=\"text-align: left; width: 200px; font-size: 100%\">\n<tbody><tr>\n<th colspan=\"2\" style=\"text-align: center; background-color: rgb(180,250,180)\">Swartruggens vexator</th></tr>\n<tr>\n<td colspan=\"2\" style=\"text-align: center\"><span class=\"mw-default-size\" typeof=\"mw:File/Frameless\"><a class=\"mw-file-description\" href=\"./Lêer:Vexatorella_amoena_Helme_1.jpg\"><img data-file-height=\"1226\" data-file-type=\"bitmap\" data-file-width=\"2048\" decoding=\"async\" height=\"132\" resource=\"./Lêer:Vexatorella_amoena_Helme_1.jpg\" src=\"//upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/6/67/Vexatorella_amoena_Helme_1.jpg/220px-Vexatorella_amoena_Helme_1.jpg\" srcset=\"//upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/6/67/Vexatorella_amoena_Helme_1.jpg/330px-Vexatorella_amoena_Helme_1.jpg 1.5x, //upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/6/67/Vexatorella_amoena_Helme_1.jpg/440px-Vexatorella_amoena_Helme_1.jpg 2x\" width=\"220\"/></a></span></td></tr>\n<tr>\n<td colspan=\"2\" style=\"text-align: center\"><span class=\"mw-default-size\" typeof=\"mw:File/Frameless\"><a class=\"mw-file-description\" href=\"./Lêer:Vexatorella_amoena_Helme_2.jpg\"><img data-file-height=\"1829\" data-file-type=\"bitmap\" data-file-width=\"2048\" decoding=\"async\" height=\"196\" resource=\"./Lêer:Vexatorella_amoena_Helme_2.jpg\" src=\"//upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/2/27/Vexatorella_amoena_Helme_2.jpg/220px-Vexatorella_amoena_Helme_2.jpg\" srcset=\"//upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/2/27/Vexatorella_amoena_Helme_2.jpg/330px-Vexatorella_amoena_Helme_2.jpg 1.5x, //upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/2/27/Vexatorella_amoena_Helme_2.jpg/440px-Vexatorella_amoena_Helme_2.jpg 2x\" width=\"220\"/></a></span></td></tr>\n<tr style=\"text-align: center; background-color: rgb(180,250,180)\">\n<th colspan=\"2\"><div style=\"text-align: center\"><a href=\"./Bewaringstatus\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Bewaringstatus\">Bewaringstatus</a></div></th></tr>\n<tr>\n<td colspan=\"2\"><div style=\"text-align: center\"><span class=\"mw-default-size\" typeof=\"mw:File/Frameless\"><span><img alt=\"\" data-file-height=\"64\" data-file-type=\"drawing\" data-file-width=\"240\" decoding=\"async\" height=\"59\" resource=\"./Lêer:Status_iucn3.1_LC_af.svg\" src=\"//upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/7/7e/Status_iucn3.1_LC_af.svg/220px-Status_iucn3.1_LC_af.svg.png\" srcset=\"//upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/7/7e/Status_iucn3.1_LC_af.svg/330px-Status_iucn3.1_LC_af.svg.png 1.5x, //upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/7/7e/Status_iucn3.1_LC_af.svg/440px-Status_iucn3.1_LC_af.svg.png 2x\" width=\"220\"/></span></span><br/><a href=\"./Veilige_spesie\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Veilige spesie\">Veilig</a> <link href=\"./Kategorie:IUBN_Rooilys_veilige_spesies\" rel=\"mw:PageProp/Category\"/><small><span typeof=\"mw:Entity\"> </span>(<a href=\"./IUBN-rooilys\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"IUBN-rooilys\">IUCN 3.1</a>)</small></div></td></tr>\n<tr>\n<th colspan=\"2\" style=\"min-width:15em; text-align: center; background-color: rgb(180,250,180)\"><a href=\"./Wetenskaplike_klassifikasie\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Wetenskaplike klassifikasie\">Wetenskaplike klassifikasie</a></th></tr>\n<tr>\n<td>Koninkryk:</td>\n<td><div class=\"koninkryk\" style=\"display:inline\"><a class=\"mw-redirect\" href=\"./Plantae\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Plantae\">Plantae</a></div></td></tr>\n<tr>\n<td>(geen rang):</td>\n<td><div class=\"(geen rang)\" style=\"display:inline\"><a class=\"mw-redirect\" href=\"./Angiosperms\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Angiosperms\">Angiosperms</a></div></td></tr>\n<tr>\n<td>(geen rang):</td>\n<td><div class=\"(geen rang)\" style=\"display:inline\"><a href=\"./Eudicots\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Eudicots\">Eudicots</a></div></td></tr>\n<tr>\n<td>Orde:</td>\n<td><div class=\"orde\" style=\"display:inline\"><a href=\"./Proteales\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Proteales\">Proteales</a></div></td></tr>\n<tr>\n<td>Familie:</td>\n<td><div class=\"familie\" style=\"display:inline\"><a href=\"./Proteaceae\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Proteaceae\">Proteaceae</a></div></td></tr>\n<tr>\n<td>Genus:</td>\n<td><div class=\"genus\" style=\"display:inline\"><i><a href=\"./Vexatorella\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Vexatorella\">Vexatorella</a></i></div></td></tr>\n<tr>\n<td>Spesie:</td>\n<td><div class=\"spesie\" style=\"display:inline\"><i><b>V.<span typeof=\"mw:Entity\"> </span>amoena</b></i></div></td></tr>\n<tr>\n<th colspan=\"2\" style=\"text-align: center; background-color: rgb(180,250,180)\"><a href=\"./Binomiale_naam\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Binomiale naam\">Binomiale naam</a></th></tr>\n<tr>\n<td colspan=\"2\" style=\"text-align: center\"><b><span class=\"binomial\"><i>Vexatorella amoena</i></span></b><br/><div style=\"font-size: 85%;\">(Rourke) Rourke, (1984)</div></td></tr>\n<tr style=\"text-align: center; background-color: rgb(180,250,180)\"></tr>\n<tr>\n<th colspan=\"2\" style=\"text-align: center; background-color: rgb(180,250,180)\"><a href=\"./Sinoniem_(taksonomie)\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Sinoniem (taksonomie)\">Sinonieme</a></th></tr>\n<tr>\n<td colspan=\"2\" style=\"text-align: left\">\n<ul><li><i>Leucospermum alpinum subsp. amoenum</i> <small>Rourke</small></li></ul></td></tr>\n</tbody></table>" ], "td_tables": [], "text_length": 1008 }
**Zenon van Elea** (Grieks: **Ζήνων ὁ Ἐλεάτης**) (ca. 490 v.C. – ca. 430 v.C.) was 'n Voorsokratiese Griekse filosoof van suid-Italië en 'n lid van die Eleatiese skool wat deur Parmenides gestig is. Aristoteles het hom die uitvinder van die dialektiek genoem. Hy is besbekend om sy paradokse, wat deur Bertrand Russell beskryf is as "onmeetlik subtiel en diepsinnig". Lewe ---- Min is bo enige twyfel omtrent Zenon se lewe bekend. Alhoewel dit byna 'n eeu na Zenon se dood opgestel is, is die hoofbron vir biografiese inligting aangaande Zenon die dialoog van Plato genaamd die *Parmenides*. In die dialoog, beskryf Plato 'n besoek aan Athene deur Zenon en Parmenides, op 'n tyd toe Parmenides "omtrent 65" was, Zenon "bykans 40" was (*Parmenides* 127b) en Sokrates "’n baie jong man" was (*Parmenides* 127c). Deur Sokrates se ouderdom op sowat 20 jaar te skat, en deur Sokrates se geboortedatum as 469 v.C. te neem, kan 490 v.C. voorgestel word as 'n benaderde geboortejaar vir Zenon. Plato meld dat Zenon "lank en aanvallig" was, en dat hy "in die dae van sy jeug … na bewering Parmenides se beminde was" (*Parmenides* 127b). Ander, miskien minder betroubare detail van Zenon se lewe word deur Diogenes Laërtios verskaf in sy *Lewens en Menings van Vooraanstaande Filosowe*, waar dit gemeld word dat hy die seun van Teleutagoras was, maar die aangenome seun van Parmenides, wat "bedrewe was in beredenering van albei kante van enige vraagstuk, die universele kritikus," en dat hy gearresteer is en moontlik om die lewe gebring is deur die toedoen van 'n tiran van Elea. Volgens Plutarchus, het Zenon gepoog om die tiran Demylos om die lewe te bring, en toe hy misluk, "sy eie tong deurgebyt, en dit in die tiran se gesig gespoeg." Werke ----- Alhoewel etlike antieke skrywers na Zenon se lektuur verwys, het geen van sy geskrifte intakt behoue gebly nie. Plato sê dat Zenon se geskrifte "vir die eerste keer na Athene gebring is, by geleentheid van" die besoek van Zenon en Parmenides (*Parmenides* 127c). Zenon, soos deur Plato aangehaal, sê dat hierdie werk "bedoel is om die argumente van Parmenides te bestendig" (*Parmenides* 128c). Dit is in Zenon se jeug opgestel, van hom gesteel, en sonder sy toestemming gepubliseer (*Parmenides* 128e). In Plato word die "eerste stelling van die eerste argument" van Zenon se werk as volg deur Sokrates weergegee: "as bestaan veelvuldig is, moet dit sowel eenders as verskillend wees, en dit is onmoontlik, want nóg kan die eenderse verskil, óf die verskillende eenders wees" (*Parmenides* 127d,e). Proklos meld in sy *Kommentaar op Plato se Parmenides*, dat Zenon "nie minder as veertig argumente wat teenstrydighede onthul" voortgebring het nie (p. 29). Tans is egter slegs nege bekend. Zenon se argumente is moontlik die eerste voorbeelde van 'n bewysmetode bekend as *reductio ad absurdum*, wat letterlik beteken *om tot die absurde te reduseer*. Hierdie argumentvorm het gou bekend geword as die *epicheirema* (ἐπιχείρημα). In Boek VII van sy Topika, sê Aristoteles dat 'n epicheirema *’n dialektiese sillogisme* (beredeneerde sluitrede) is. Dit is 'n aaneenlopende redenasiestuk wat deur 'n teenparty as waar voorgehou word. Die betwister se oogmerk is om die beredeneerde sluitrede tot 'n val te bring. Hierdie *aftakelende redenasiemetode* is dermate deur hom gehandhaaf dat Seneca die jongere 'n paar eeue later sou opmerk, *As ek toegee aan Parmenides bly daar niks oor as die Een nie; as ek toegee aan Zenon, bly selfs die Een nie oor nie.* Zenon van Elea toon aan Jeugdiges die Deure na Waarheid en Valsheid (Veritas et Falsitas)Fresco in die El Escorial-biblioteek, MadridZenon van Elea toon aan Jeugdiges die Deure na Waarheid en Valsheid (*Veritas et Falsitas*) Fresco in die El Escorial-biblioteek, Madrid Zenon se paradokse ------------------ *Die hoofartikel vir hierdie afdeling is: Zenon se paradokse.* Zenon se paradokse het filosowe, wiskundiges, en fisici vir meer as twee millennia verwar, uitgedaag, beïnvloed, geïnspireer, gekoggel en vermaak. Die mees beroemde is die sogenaamde "argument teen beweging" wat deur Aristoteles in sy *Fisika* beskryf word. Notas ----- 1. ↑ Gesiteer in Diogenes Laërtios 8.57 en 9.25. 2. ↑ Russell, bl. 347: *In hierdie eiesinnige wêreld is niks meer wispelturig as postume roem nie. Een van die mees merkwaardige slagoffers van die nageslag se gebrek aan oordeel is die Eleatiese Zenon. As uitvinder van vier argumente, elkeen onmeetlik subtiel en diepsinnig, is hy weens die baarheid van daaropvolgende filosowe verklaar as 'n blote vindingryke woordspeler, en sy argumente as synde een en almal sofismes. Na twee duisend jaar van volgehoue weerlegging, is hierdie sofismes in ere herstel om die uitgangspunt van 'n wiskundige herlewing te word...* 3. ↑ Plato (370 v.C.). *Parmenides*, in Engels vertaal deur Benjamin Jowett. Internet Classics Archive. 4. ↑ Diogenes Laërtios. *The Lives and Opinions of Eminent Philosophers*, letterlik vertaal deur C.D. Yonge. Londen: Henry G. Bohn, 1853. Geskandeer met redaksie vir Peithô se Web. Geargiveer 12 Desember 2010 op Wayback Machine 5. ↑ Plutarchus, *Teen Kolotes* 6. ↑ *Zeno* in *The Presocratics*, Philip Wheelwright red. The Odyssey Press, 1966, bladsye 106-107. 7. ↑ Aristoteles (350 v.C.). *Physics*, in Engels vertaal deur R.P. Hardie en R.K. Gaye. Internet Classics Archive.
{ "title": "Zenon van Elea", "mostly_tablelist": false, "tablelist_ratio": [ 2631, 5978, 0.44011375041820006 ], "infobox": [ "<table about=\"#mwt1\" class=\"infobox\" data-mw='{\"parts\":[{\"template\":{\"target\":{\"wt\":\"Inligtingskas Wetenskaplike\\n\",\"href\":\"./Sjabloon:Inligtingskas_Wetenskaplike\"},\"params\":{\"naam\":{\"wt\":\"Zenon van Elea\"},\"beeld\":{\"wt\":\"Diogenis Laertii De Vitis (1627) - Zenon of Elea or Zenon of Citium.jpg\"},\"beeldbeskrywing\":{\"wt\":\"&lt;!-- Vir oormuis-info/ vir siggestremdes; sonder wiki-sintaks --&gt;\"},\"beeldonderskrif\":{\"wt\":\"Standbeeld van Zenon van Elea of [[Zeno van Citium]]\"},\"geboortenaam\":{\"wt\":\"\"},\"geboortedatum\":{\"wt\":\"ca. 490 v.C.\"},\"geboorteplek\":{\"wt\":\"Elea\"},\"sterftedatum\":{\"wt\":\"ca. 430 v.C. (op ca. 60)\"},\"sterfteplek\":{\"wt\":\"Elea of [[Sirakuse]]\"},\"plek van graf\":{\"wt\":\"\"},\"blyplek\":{\"wt\":\"\"},\"burgerskap\":{\"wt\":\"\"},\"nasionaliteit\":{\"wt\":\"[[Antieke Griekeland]]\"},\"vakgebied\":{\"wt\":\"[[Metafisika]], [[ontologie]]\"},\"werkplek\":{\"wt\":\"\"},\"alma mater\":{\"wt\":\"\"},\"doktorale promotor\":{\"wt\":\"\"},\"akademiese adviseurs\":{\"wt\":\"\"},\"doktorale studente\":{\"wt\":\"\"},\"ander studente\":{\"wt\":\"\"},\"bekend vir\":{\"wt\":\"[[Zenon se paradokse]]\"},\"beïnvloed deur\":{\"wt\":\"Parmenides\"},\"invloed op\":{\"wt\":\"[[Plato]], [[Aristoteles]], [[Protagoras]], Gorgias\"},\"toekennings\":{\"wt\":\"\"},\"handtekening\":{\"wt\":\"\"},\"webblad\":{\"wt\":\"\"},\"voetnotas\":{\"wt\":\"\"}},\"i\":0}}]}' id=\"mwAg\" style=\"width:25.5em; font-size: 85%; text-align: left;\" typeof=\"mw:Transclusion\">\n<tbody><tr>\n<td colspan=\"2\" style=\"font-size: larger; text-align: center;\"><b>Zenon van Elea</b></td></tr>\n<tr>\n<td colspan=\"2\" style=\"text-align:center;\"><span typeof=\"mw:File\"><a class=\"mw-file-description\" href=\"./Lêer:Diogenis_Laertii_De_Vitis_(1627)_-_Zenon_of_Elea_or_Zenon_of_Citium.jpg\"><img data-file-height=\"600\" data-file-type=\"bitmap\" data-file-width=\"487\" decoding=\"async\" height=\"325\" resource=\"./Lêer:Diogenis_Laertii_De_Vitis_(1627)_-_Zenon_of_Elea_or_Zenon_of_Citium.jpg\" src=\"//upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/d/d9/Diogenis_Laertii_De_Vitis_%281627%29_-_Zenon_of_Elea_or_Zenon_of_Citium.jpg/264px-Diogenis_Laertii_De_Vitis_%281627%29_-_Zenon_of_Elea_or_Zenon_of_Citium.jpg\" srcset=\"//upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/d/d9/Diogenis_Laertii_De_Vitis_%281627%29_-_Zenon_of_Elea_or_Zenon_of_Citium.jpg/396px-Diogenis_Laertii_De_Vitis_%281627%29_-_Zenon_of_Elea_or_Zenon_of_Citium.jpg 1.5x, //upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/d/d9/Diogenis_Laertii_De_Vitis_%281627%29_-_Zenon_of_Elea_or_Zenon_of_Citium.jpg 2x\" width=\"264\"/></a></span></td></tr>\n<tr>\n<td colspan=\"2\" style=\"text-align:center;\"><div style=\"line-height:12px;font-size: 85%;\">Standbeeld van Zenon van Elea of <a href=\"./Zeno_van_Citium\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Zeno van Citium\">Zeno van Citium</a></div></td></tr>\n<tr>\n<td colspan=\"2\"><hr/></td></tr>\n<tr>\n<th scope=\"row\" style=\"text-align:left; vertical-align:top;\">Gebore</th>\n<td>ca. 490 v.C.<br/>Elea</td></tr>\n<tr>\n<th scope=\"row\" style=\"text-align:left; vertical-align:top;\">Oorlede</th>\n<td>ca. 430 v.C. (op ca. 60)<br/>Elea of <a href=\"./Sirakuse\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Sirakuse\">Sirakuse</a></td></tr>\n<tr>\n<th scope=\"row\" style=\"text-align:left; vertical-align:top;\">Nasionaliteit</th>\n<td><a href=\"./Antieke_Griekeland\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Antieke Griekeland\">Antieke Griekeland</a></td></tr>\n<tr>\n<th scope=\"row\" style=\"text-align:left; vertical-align:top;\">Vakgebied</th>\n<td><a href=\"./Metafisika\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Metafisika\">Metafisika</a>, <a href=\"./Ontologie\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Ontologie\">ontologie</a></td></tr>\n<tr>\n<th scope=\"row\" style=\"text-align:left; vertical-align:top;\">Bekend vir</th>\n<td><a href=\"./Zenon_se_paradokse\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Zenon se paradokse\">Zenon se paradokse</a></td></tr>\n<tr>\n<th scope=\"row\" style=\"text-align:left; vertical-align:top;\">Beïnvloed deur</th>\n<td>Parmenides</td></tr>\n<tr>\n<th scope=\"row\" style=\"text-align:left; vertical-align:top;\">Invloed op</th>\n<td><a href=\"./Plato\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Plato\">Plato</a>, <a href=\"./Aristoteles\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Aristoteles\">Aristoteles</a>, <a href=\"./Protagoras\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Protagoras\">Protagoras</a>, Gorgias</td></tr>\n</tbody></table>" ], "td_tables": [], "text_length": 5393 }
Die **Pentacodontidae** is 'n uitgestorwe familie soogdiere wat tradisioneel in die onderorde Pantolesta van die (polifiletiese) orde Cimolesta geplaas word. Fossiele word in die Paleoseen van Noord-Amerika van Alberta tot Nieu-Meksiko aangetref. Die onlangse kladistiese ontleding van Halliday (2015) plaas die genusse *Bisonalveus, Aphronorus*, en *Pentacodon* nogtans in 'n tak van die Ferae (die kroongroep van die Laurasiatheria) wat ook die Pantodonta en die Periptychidae bevat. Die bekendste lid is *Aphronorus* wat 'n paar spesies bevat soos *A. fraudator*, *A. ratatoski*, *A. simpsoni*, *A. bearspawensis* en *A. oreili*. Hulle is almal taamlik klein diere van 0,5 tot 1 kg swaar. Hulle was faunivoor, maar watter diere hulle presies gevreet het is omstrede. Van *Pentacodon* is twee spesies aangetref: *P. inversus* en *P. occultus*, altwee in die San Juan-Bekken van Nieu-Meksiko is dié deel van die Paleoseen wat daar Torrejoian genome word. Daar is veral tande en kaakfragmente gevind. Die genus *Bisonalveus* het 'n opvallende kenmerk. Die bohoektande het 'n gleuf en die paleontoloë wat dit gevind het (Fox en Scott, 2005) glo dat dit beteken dat hierde soogdier giftig gewees het. Dit het baie diskussie opgelewer omdat giftigheid onder soogdiere seldsaam is. Daar is nog 'n vierde genus in hierdie familie: *Coriphagus*. *Coriphagus* het stewiger tande as *Pentacodon* en van hierdie genus is ook twee spesies aangetref: *C. montanus* en *C. encinensis*.
{ "title": "Pentacodontidae", "mostly_tablelist": false, "tablelist_ratio": [ 443, 1668, 0.2655875299760192 ], "infobox": [ "<table about=\"#mwt1\" class=\"infobox biota\" style=\"text-align: left; width: 200px; font-size: 100%\">\n<tbody><tr>\n<th colspan=\"2\" style=\"text-align: center; background-color: rgb(235,235,210)\">Pentacodontidae<br/><div style=\"font-size: 85%;\">Tydperk: <span style=\"display:inline-block;\"></span><span style=\"display:inline-block;\">64.3–55.8<span typeof=\"mw:Entity\"> </span>m. jaar gelede</span> <span style=\"display:inline-block;\"></span><div id=\"Timeline-row\" style=\"margin: 4px auto 0; clear:both; width:220px; padding:0px; height:18px; overflow:visible; border:1px #666; border-style:solid none; position:relative; z-index:0;\">\n<div style=\"position:absolute; height:100%; text-align:center; background-color:rgb(254,173,110); left:1.6666666666667px; width:32.333333333333px;\"><a class=\"mw-redirect\" href=\"./Paleocene\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Paleocene\">Ps</a></div>\n<div style=\"position:absolute; height:100%; text-align:center; background-color:rgb(254,185,121); left:34px; width:73px;\"><a href=\"./Eoseen\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Eoseen\">Es</a></div>\n<div style=\"position:absolute; height:100%; text-align:center; background-color:rgb(254,195,134); left:107px; width:36.233333333333px;\"><a href=\"./Oligoseen\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Oligoseen\">Os</a></div>\n<div style=\"position:absolute; height:100%; text-align:center; background-color:rgb(254,239,0); left:143.23333333333px; width:58.993333333333px;\"><a href=\"./Mioseen\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Mioseen\">Ms</a></div>\n<div style=\"position:absolute; height:100%; text-align:center; background-color:rgb(254,248,166); left:202.22666666667px; width:11.753333333333px;\"><a href=\"./Plioseen\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Plioseen\"><small>Pl</small></a></div>\n<div style=\"position:absolute; height:100%; text-align:center; background-color:rgb(254,239,184); left:213.98px; width:0px;\"><a href=\"./Pleistoseen\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Pleistoseen\"><small>Ps</small></a></div>\n<div id=\"end-border\" style=\"position:absolute; height:100%; background-color:#666; width:1px; left:219px\"></div><div style=\"margin:0 auto; line-height:0; clear:both; width:220px; padding:0px; height:8px; overflow:visible; background-color:transparent; position:relative; top:-4px; z-index:100;\"><div style=\"position:absolute; height:8px; left:2.3692307692308px; width:28.769230769231px; background-color:#360; opacity:0.42; \"></div>\n<div style=\"position:absolute; height:8px; left:2.3692307692308px; width:28.769230769231px; background-color:#360; opacity:1; \"></div>\n<div style=\"position:absolute; height:6px; top:1px; left:3.3692307692308px; width:26.769230769231px; background-color:#6c3;\"></div>\n</div>\n</div></div></th></tr>\n<tr style=\"text-align: center; background-color: rgb(235,235,210)\"></tr>\n<tr>\n<th colspan=\"2\" style=\"min-width:15em; text-align: center; background-color: rgb(235,235,210)\"><a href=\"./Wetenskaplike_klassifikasie\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Wetenskaplike klassifikasie\">Wetenskaplike klassifikasie</a></th></tr>\n<tr>\n<td>Koninkryk:</td>\n<td><div class=\"koninkryk\" style=\"display:inline\"><a class=\"mw-redirect\" href=\"./Animalia\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Animalia\">Animalia</a></div></td></tr>\n<tr>\n<td>Filum:</td>\n<td><div class=\"filum\" style=\"display:inline\"><a class=\"mw-redirect\" href=\"./Chordata\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Chordata\">Chordata</a></div></td></tr>\n<tr>\n<td>Klas:</td>\n<td><div class=\"klas\" style=\"display:inline\"><a class=\"mw-redirect\" href=\"./Mammalia\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Mammalia\">Mammalia</a></div></td></tr>\n<tr>\n<td>Infraklas:</td>\n<td><div class=\"infraklas\" style=\"display:inline\"><a href=\"./Eutheria\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Eutheria\">Eutheria</a></div></td></tr>\n<tr>\n<td>(geen rang):</td>\n<td><div class=\"(geen rang)\" style=\"display:inline\"><a class=\"new\" data-mw-i18n='{\"title\":{\"lang\":\"x-page\",\"key\":\"red-link-title\",\"params\":[\"Ferae\"]}}' href=\"./Ferae?action=edit&amp;redlink=1\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Ferae\" typeof=\"mw:LocalizedAttrs\">Ferae</a></div></td></tr>\n<tr>\n<td>Superorde:</td>\n<td><div class=\"superorde\" style=\"display:inline\"><a href=\"./Laurasiatheria\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Laurasiatheria\">Laurasiatheria</a></div></td></tr>\n<tr>\n<td>Familie:</td>\n<td><div class=\"familie\" style=\"display:inline\"><b>Pentacodontidae</b></div><br/><div style=\"font-size: 85%;\">Cope 1884</div></td></tr>\n<tr style=\"text-align: center; background-color: rgb(235,235,210)\"></tr>\n</tbody></table>" ], "td_tables": [], "text_length": 1485 }
| **Zermatt** | | --- | | **Kaart** | **Wapen** | | | | | | | | **Vlag** | | | | | |  **Land** | Switserland | |  **Kanton** | Valais (Wallis) | |  **Koördinate** | 46°01′N 07°44′O / 46.017°N 7.733°O / 46.017; 7.733 | |  **Stigting** | 1280 (eerste verwysing) | |  **Oppervlakte:** |   | |  - Totaal | 242,67 vk km | |  **Hoogte bo seevlak** | 1608 m | | | |  **Bevolking:** |   | |  - Totaal (31 Desember 2011) | 5 746 | |  - Bevolkingsdigtheid | 23,7/vk km | |  **Tydsone** | UTC +1 (MET) | | |  **Stadspresident** | Christoph Bürgin (CVP) | |  **Amptelike Webwerf** | *Zermatt* | | **Zermatt** is 'n munisipaliteit (Switserse Duits amptelik: *politische Gemeinde*) in die distrik Visp van die tweetalige Switserse kanton Valais (Duits: *Wallis*). Die Franse naam van Zermatt, Praborgne, is regstreeks afgelei van die oorspronklike Latynse dorpsnaam Pratobornum. Zermatt is teen 'n hoogte van 1608 meter bo seevlak aan die noord-oostelike voet van die Matterhorn-bergpiek in die boonste gedeelte van die Matter-vallei (dikwels ook Nikolai-vallei genoem) geleë. Die Matterhorn maak van Zermatt net soos sy uitstekende skigeriewe en voetslaanpaaie 'n eersterangse toeristebestemming in Switserland. | | | | --- | --- | | Normdata Edit this at Wikidata | * BNF: cb121842076 (data) * GND: 4108981-9 * HDS: 002822 * LCCN: n83215353 * MusicBrainz: a2a2571a-f79f-4f74-b22d-658b4c2edebe * VIAF: 157148337 * WorldCat Identities: lccn-n83215353 |
{ "title": "Zermatt", "mostly_tablelist": false, "tablelist_ratio": [ 513, 1037, 0.49469623915139826 ], "infobox": [], "td_tables": [], "text_length": 1466 }
*Cinnamomum tamala*. *Syzygium polyanthum*. **Lourierblare** verwys na die geurige blare van verskeie plante soos die *Cinnamomum tamala* en *Syzygium polyanthum* wat in die kookkuns gebruik word. Hulle bevat sowat 1,3% essensiële olies. As dit heel geëet word, het lourierblare ’n skerp, bitter smaak. Soos met baie speserye en geurmiddels, is die reuk van die blare skerper as die smaak. Wanneer dit gedroog is, is die reuk kruidagtig, effens blomagtig, en taamlik soortgelyk aan origanum en tiemie. Gebruike -------- Lourierblare word dikwels in Indiese en Pakistanse kos gebruik, veral in rysgeregte soos biryani, en as ’n bestanddeel in garam masala. In Suid-Afrika word dit ook in bobotie gebruik. Lourierblare is deur die antieke Grieke as geurmiddel gebruik. Dit word vandag steeds in baie Europese geregte gebruik (veral in die Middellandse Seegebied). Dit kom voor in bredies, seekos, groentegeregte en souse en in klassieke Franse geregte. Dit word dikwels heel gebruik en ná die kookproses verwyder. In die Thaise kookkuns word lourierblare ook gebruik in ’n paar Arabies geïnspireerde geregte. Lourierblare kan ook voor die kookproses fyngemaal word. Dit het meer smaak as heel blare, maar is moeiliker om te verwyder; daarom word hulle dikwels is ’n sakkie in die kos geplaas. Lourierblare kan ook in ’n spens gestrooi word om meelmotte, vlieë, kakkerlakke, muise en silwermotte weg te hou.
{ "title": "Lourierblaar", "mostly_tablelist": false, "tablelist_ratio": [ 707, 1905, 0.3711286089238845 ], "infobox": [], "td_tables": [], "text_length": 1417 }
Ds. **Lourens Stephanus van der Vyver** (noemnaam **Louwtjie**, Steynsburg, 19 Februarie 1931 – Pretoria, 12 Februarie 1983) was van 1956 tot sy dood predikant vyf Gereformeerde kerk, naamlik Theunissen (1956–1960), Daspoort (1960–1965), Groblersdal (1965–1969), Voortrekkerhoogte (1969–1974) en Wierdapark (1974–1983). Herkoms en opleiding -------------------- Lourens van der Vyver het sy opleiding op sy geboortedorp ontvang en hom begin 1949 aan die PU vir CHO as student ingeskryf om vir predikant te leer. Volgens ds. A.S.L. Minnaar, wat sy lewensberig in die GKSA se *Almanak* van 1984 geskryf het, het dit "spoedig geblyk dat hy oor mooi gawes van hart en hoof beskik" het. Hy het aktief deelgeneem aan studenteverenigings en was onder andere redakteur van die studenteblad *Die Wapad*. Onder sy medestudente was hy geliefd – altyd beginselvas en iemand wat nie geskroom het om sy standpunt te stel nie, maar altyd bereid om na ander te luister. Aan die PUK het hy die grade B.A. (1951) en Th.B. (1955) verwerf Gemeentebediening ----------------- Begin 1956 het prop. Van der Vyver 'n beroep aanvaar na die Gereformeerde kerk Theunissen, in kombinasie met Bultfontein. Na 'n bedieningstyd van bykans vyf jaar, het hy ’n beroep aangeneem na Daspoort, waar hy gearbei het van 1960 af as reeds die vyfde predikant van die 20 jaar oue gemeente. Hierna het hy in 1965 ’n beroep aanvaar na Groblersdal, maar ook daar het hy nie lank gebly nie, want in 1969 word hy kapelaan in die weermaggemeente Voortrekkerhoogte. Toe die burgerlike deel van die gemeente in 1974 afstig as GK Wierdapark, het ds. Van der Vyver die beroep na die nuwe gemeente aanvaar, waar hy sowat nege jaar lank met besonderse seën gearbei het tot met sy plotseling afsterwe op 12 Februarie 1983, 'n week voor hy 52 sou word. Ds. Minnaar skryf: "In sy werk was hy pligsgetrou en nougeset. Alles moes sekuur korrek wees tot in die kleinste besonderhede. Die Saterdagoggend met sy afsterwe was sy preke vir Sondag gereed, sowel as die gemeenteblad wat hy versorg het. Onder sy leiding is 'n sierlike kerkgebou in Theunissen opgerig – so ook in Wierdapark, waar hy die hele organisasie in verband met die oprigting van die kerkgebou behartig het volgens die stelsel van eienaarbouer, waardeur hy die gemeente baie geld bespaar het. Waardering ---------- Ds. A.S.L. Minnaar beskryf ds. van der Vyver in sy lewensberig in die *Almanak* van 1984 as "'n blymoedige gelowige, 'n waardige bedienaar van die Woord, 'n liefdevolle, sorgsame eggenoot en vader, 'n gewaardeerde vriend. Sy veelsydige gawes het sy gemeentes sowel as die gemeenskap waar hy gewoon het, ten goede gekom. "Op meerdere vergaderings het hy sy deel gedoen deur in verskeie deputategroepe te dien. In die gemeenskap het hy diens gelewer in skoolkomitees, beheerrade en skoolraad, en ten tye van sy afsterwe was hy lid van die stadsraad van Verwoerdburg. Gesinslewe ---------- In Maart 1957 het hy in die huwelik getree met Rita Smit, sy nooientjie uit sy studentetyd. Uit dié huwelik is drie kinders gebore. Bron ---- * (af) Minnaar, ds. A.S.L. in De Bruyn, ds. F.R.P. 1984. *Almanak van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika vir die jaar 1984.* Potchefstroom: Administratiewe Buro.
{ "title": "Lourens van der Vyver", "mostly_tablelist": false, "tablelist_ratio": [ 456, 2945, 0.15483870967741936 ], "infobox": [ "<table about=\"#mwt1\" class=\"infobox\" data-mw='{\"parts\":[{\"template\":{\"target\":{\"wt\":\"Inligtingskas Predikant\\n\",\"href\":\"./Sjabloon:Inligtingskas_Predikant\"},\"params\":{\"Naam\":{\"wt\":\"Ds. L.S. van der Vyver\"},\"Beeld\":{\"wt\":\"LS van der Vyver.jpg\"},\"Beeldbeskrywing\":{\"wt\":\"Ds. L.S. van der Vyver\"},\"Beeldonderskrif\":{\"wt\":\"Ds. Lourens Stephanus van der Vyver\"},\"Geboortenaam\":{\"wt\":\"Lourens Stephanus van der Vyver\"},\"Geboorteplek\":{\"wt\":\"[[Steynsburg]], [[Kaapland]]]\"},\"Sterftedatum\":{\"wt\":\"{{SDEO|1931|2|19|1983|2|12}}\"},\"Sterfteplek\":{\"wt\":\"[[Pretoria]], Transvaal\"},\"Kerkverband\":{\"wt\":\"[[Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika|Gereformeerd]]\"},\"Gemeente\":{\"wt\":\"[[Gereformeerde kerk Theunissen|Theunissen]] (1956–1960)&lt;br /&gt; [[Gereformeerde kerk Daspoort|Daspoort]] (1960–1965)&lt;br /&gt; [[Gereformeerde kerk Groblersdal|Groblersdal]] (1965–1969)&lt;br /&gt; [[Gereformeerde kerk Voortrekkerhoogte|Voortrekkerhoogte]] (1969–1974)&lt;br /&gt; [[Gereformeerde kerk Wierdapark|Wierdapark]] (1974–1983)\"},\"Jare aktief\":{\"wt\":\"1956–1983\"},\"Kweekskool\":{\"wt\":\"[[Teologiese Skool Potchefstroom|Potchefstroom]]\"},\"Sendingwerk\":{\"wt\":\"\"}},\"i\":0}}]}' id=\"mwAg\" style=\"width:25.5em; font-size: 85%; text-align: left;\" typeof=\"mw:Transclusion\">\n<tbody><tr>\n<td colspan=\"2\" style=\"font-size: larger; text-align: center;\"><b>Ds. L.S. van der Vyver</b></td></tr>\n<tr>\n<td colspan=\"2\" style=\"text-align:center;\"><span data-mw='{\"caption\":\"Ds. L.S. van der Vyver\"}' typeof=\"mw:File\"><a class=\"mw-file-description\" href=\"./Lêer:LS_van_der_Vyver.jpg\" title=\"Ds. L.S. van der Vyver\"><img alt=\"Ds. L.S. van der Vyver\" class=\"mw-file-element\" data-file-height=\"525\" data-file-type=\"bitmap\" data-file-width=\"421\" decoding=\"async\" height=\"312\" resource=\"./Lêer:LS_van_der_Vyver.jpg\" src=\"//upload.wikimedia.org/wikipedia/af/thumb/1/1e/LS_van_der_Vyver.jpg/250px-LS_van_der_Vyver.jpg\" srcset=\"//upload.wikimedia.org/wikipedia/af/thumb/1/1e/LS_van_der_Vyver.jpg/375px-LS_van_der_Vyver.jpg 1.5x, //upload.wikimedia.org/wikipedia/af/1/1e/LS_van_der_Vyver.jpg 2x\" width=\"250\"/></a></span></td></tr>\n<tr>\n<td colspan=\"2\" style=\"text-align:center;\"><div style=\"line-height:12px;font-size: 85%;\">Ds. Lourens Stephanus van der Vyver</div></td></tr>\n<tr>\n<td colspan=\"2\"><hr/></td></tr>\n<tr>\n<th scope=\"row\" style=\"text-align:left; vertical-align:top;\">Naam</th>\n<td>Lourens Stephanus van der Vyver</td></tr>\n<tr>\n<th scope=\"row\" style=\"text-align:left; vertical-align:top;\">Sterfte</th>\n<td>12 Februarie 1983 (op 51)<br/><a href=\"./Pretoria\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Pretoria\">Pretoria</a>, Transvaal</td></tr>\n<tr>\n<th scope=\"row\" style=\"text-align:left; vertical-align:top;\">Kerkverband</th>\n<td><a href=\"./Gereformeerde_Kerke_in_Suid-Afrika\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika\">Gereformeerd</a></td></tr>\n<tr>\n<th scope=\"row\" style=\"text-align:left; vertical-align:top;\">Gemeente(s)</th>\n<td><a href=\"./Gereformeerde_kerk_Theunissen\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Gereformeerde kerk Theunissen\">Theunissen</a> (1956–1960)<br/> <a href=\"./Gereformeerde_kerk_Daspoort\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Gereformeerde kerk Daspoort\">Daspoort</a> (1960–1965)<br/> <a href=\"./Gereformeerde_kerk_Groblersdal\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Gereformeerde kerk Groblersdal\">Groblersdal</a> (1965–1969)<br/> <a href=\"./Gereformeerde_kerk_Voortrekkerhoogte\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Gereformeerde kerk Voortrekkerhoogte\">Voortrekkerhoogte</a> (1969–1974)<br/> <a href=\"./Gereformeerde_kerk_Wierdapark\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Gereformeerde kerk Wierdapark\">Wierdapark</a> (1974–1983)</td></tr>\n<tr>\n<th scope=\"row\" style=\"text-align:left; vertical-align:top;\">Jare aktief</th>\n<td>1956–1983</td></tr>\n<tr>\n<th scope=\"row\" style=\"text-align:left; vertical-align:top;\">Kweekskool</th>\n<td><a href=\"./Teologiese_Skool_Potchefstroom\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Teologiese Skool Potchefstroom\">Potchefstroom</a></td></tr>\n</tbody></table>" ], "td_tables": [], "text_length": 3245 }
**Loyiso Nongxa** (gebore op 22 Oktober 1953) is die voormalige visekanselier en rektor van die Universiteit van die Witwatersrand (Wits) in Johannesburg, Suid-Afrika. Nongxa is op 19 Mei 2003 deur die Raad van die Universiteit as die eerste swart visekanselier van Wits aangestel, sy voorganger was Norma Ried Birley. Hy is 'n gekwalifiseerde wiskundige, en was voorheen die Dekaan van die Fakulteit Natuurwetenskappe by die Universiteit van Wes-Kaapland (UWK). Hy is op 1 Junie 2013 deur Adam Habib as visekanselier opgevolg. Vroeë lewe ---------- Nongxa is op 22 Oktober 1953 op Indwe digby die destydse Transkei gebore. Sy ouers was gekwalifiseerde onderwysers, en sy vader was 'n skoolhoof. Nongxa het aan Healdtown Kollege met onderskeiding as die top-matriek student in Suid-Afrika in 1972 gematrikuleer. Nongxa het in 1976 'n BSc-graad aan die Universiteit van Fort Hare (UFH) verwerf. Nadat hy in 1978 sy MSc aan UFH verwerf het, het hy Suid-Afrika se eerste swart Rhodes-beurshouer geword. Hy het daarna in 1982 'n D. Phil aan Oxford Universiteit verwerf. Akademiese loopbaan ------------------- Nongxa het lesings in die wiskunde by UFH, die Nasionale Universiteit van Lesotho, die Universiteit van Natal en UWK aangebied. By die UWK het hy die posisie van Dekaan van die Fakulteit Natuurwetenskappe beklee. Hy was ook 'n besoekende navorser by die universiteite van Colorado, Harvard, Connecticut, Hawaii, en Baylor.
{ "title": "Loyiso Nongxa", "mostly_tablelist": false, "tablelist_ratio": [ 704, 1890, 0.3724867724867725 ], "infobox": [ "<table about=\"#mwt2\" class=\"infobox\" style=\"width:23em; font-size:85%; text-align:left; padding-left:0.5em; padding-right:0.5em;\">\n<tbody><tr>\n<td colspan=\"2\" style=\"text-align: center; font-size:140%;\"><b>Loyiso Nongxa</b></td></tr>\n<tr>\n<td colspan=\"2\" style=\"text-align:center; font-size:110%;\"><hr/><div style=\"background:lavender; font-weight:bold\">Visekanselier en Rektor van die <a href=\"./Universiteit_van_die_Witwatersrand\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Universiteit van die Witwatersrand\">Universiteit van die Witwatersrand</a></div></td></tr>\n<tr>\n<td colspan=\"2\" style=\"border-bottom:none; text-align:center;\"><b>Ampstermyn</b><br/>19 Mei 2003<span typeof=\"mw:Entity\"> </span><span typeof=\"mw:Entity\">–</span><span typeof=\"mw:Entity\"> </span>1 Junie 2013</td></tr>\n<tr>\n<th>Voorafgegaan<span typeof=\"mw:Entity\"> </span>deur</th>\n<td>Norma Ried Birley</td></tr>\n<tr>\n<th>Opgevolg<span typeof=\"mw:Entity\"> </span>deur</th>\n<td><a href=\"./Adam_Habib\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Adam Habib\">Adam Habib</a></td></tr>\n<tr>\n<th colspan=\"2\" style=\"color: #000000; font-size: 110%; text-align: center;\"><hr/><div style=\"background:lavender;\">Persoonlike besonderhede</div></th></tr>\n<tr>\n<th>Gebore</th>\n<td>22 Oktober 1953<span style=\"display:none\"> (<span class=\"bday\">1953-10-22</span>)</span><span class=\"noprint\"> (68<span typeof=\"mw:Entity\"> </span>jaar<span typeof=\"mw:Entity\"> </span>oud) </span> <br/><a href=\"./Indwe\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Indwe\">Indwe</a>, <a href=\"./Oos-Kaap\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Oos-Kaap\">Oos-Kaap</a>, <a href=\"./Suid-Afrika\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Suid-Afrika\">Suid-Afrika</a></td></tr>\n<tr>\n<th>Kind(ers)</th>\n<td>Buhle Nongxa<br/>\n<p>Mvikeli Nongxa</p></td></tr>\n<tr>\n<th>Alma mater</th>\n<td><a href=\"./Universiteit_van_Fort_Hare\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Universiteit van Fort Hare\">Universiteit van Fort Hare</a>, <a class=\"mw-redirect\" href=\"./Oxford_Universiteit\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Oxford Universiteit\">Oxford Universiteit</a></td></tr>\n</tbody></table>" ], "td_tables": [], "text_length": 1436 }
**Lsjbot** is 'n outomatiese wikipedia-artikelskeppende program, of Internetbot, ontwikkel deur Sverker Johansson vir die Sweedse Wikipedia. Die bot fokus hoofsaaklik op artikels oor lewende organismes en meer onlangs geografiese entiteite (soos riviere, damme en berge). Volgens die beskrywingsbladsy op die Sweedse Wikipedia was Lsjbot aktief op die Sweedse Wikipedia en op die Cebuano en Waray Wikipedia, en het die meeste Wikipedia-artikels in hierdie tale bygedra (tussen 80% en 99% van die totaal). Geskiedenis ----------- Sverker Johansson, die ontwikkelaar van Lsjbot. Die program was teen Julie 2014 verantwoordelik vir 2,7 miljoen nuwe artikels, waarvan twee derdes op die Cebuano Wikipedia (die moedertaal van Johansson se vrou) verskyn; die ander derde verskyn op die Sweedse Wikipedia. Die bot kan tot 10 000 artikels per dag produseer. Op 15 Junie 2013 bereik die Sweedse Wikipedia een miljoen artikels, die agtste taal op Wikipedia om hierdie doelwit te bereik. Die miljoenste artikel is deur Lsjbot geskep - wat op daardie stadium reeds 454 000 artikels geskep het, byna die helfte van die totale artikeltelling van die Sweedse Wikipedia. Lsjbot was ook verantwoordelik om die Sweedse Wikipedia te help om die tweede uitgawe van Wikipedia te word om 2 miljoen artikels te bereik, wat gevolglik die tweede grootste uitgawe van Wikipedia was, slegs oortref deur sy Engelse eweknie. In die pers ----------- Die werking daarvan het kritiek opgelewer van diegene wat daarop dui dat die saadjie-artikels nie 'n betekenisvolle inhoud en 'n menslike aanvoeling het nie. Die *Sydney Morning Herald* het die bot vergelyk met Phil Parker, na bewering die mees gepubliseerde skrywer in menslike geskiedenis, wat meer as 85 000 boeke gepubliseer het, wat elk binne minder as 'n uur met rekenaars voltooi is. *Popular Science* het die bot vergelyk met die aankondiging in Associated Press in Julie 2014 dat hy beplan om bots te gebruik om artikels te skryf. Johansson het aanvalle op sy metodes teengewerk deur daarop te let dat as die bot nie artikels skryf nie, "sal dit hoofsaaklik deur jong, wit, manlike nerds geskryf word en manlike belangstellings weerspieël."
{ "title": "Lsjbot", "mostly_tablelist": false, "tablelist_ratio": [ 1101, 2929, 0.37589621031068626 ], "infobox": [], "td_tables": [], "text_length": 2177 }
Die **Neurenberg-beginsels** is 'n stel riglyne om te bepaal wat 'n oorlogsmisdaad uitmaak. Die dokument is geskep deur die Internasionale Regskommissie van die Verenigde Nasies om die regsbeginsels onderliggend aan die Neurenberg-verhore van Nazi-partylede na die Tweede Wêreldoorlog te kodifiseer. Die beginsels ------------- ### Beginsel I Enige persoon wat 'n daad pleeg wat 'n misdaad ingevolge internasionale reg uitmaak, is daarvoor verantwoordelik en strafbaar. ### Beginsel II Die feit dat interne reg nie 'n straf oplê vir 'n daad wat 'n misdaad ingevolge internasionale reg uitmaak nie, onthef nie die persoon wat die daad gepleeg het van verantwoordelikheid kragtens internasionale reg nie. ### Beginsel III Die feit dat 'n persoon wat 'n daad gepleeg het wat 'n misdaad ingevolge internasionale reg uitmaak, as Staatshoof of verantwoordelike regeringsamptenaar opgetree het, onthef hom nie van verantwoordelikheid kragtens internasionale reg nie. ### Beginsel IV Die feit dat 'n persoon ingevolge bevel van sy regering of van 'n meerdere opgetree het, onthef hom nie van verantwoordelikheid ingevolge internasionale reg nie, mits 'n morele keuse in werklikheid vir hom moontlik was. Hierdie beginsel kan soos volg geparafraseer word: "Dit is nie 'n aanvaarbare verskoning om te sê 'Ek het net my meerdere se bevele gevolg' nie". Voor die tyd van die Neurenberg-verhore was hierdie verskoning in die algemene spreektaal bekend as "hoë ordes".[Verwysing benodig] Na die prominente, hoëprofiel-geleentheid van die Neurenberg-verhore, word daar nou deur baie na daardie verskoning verwys as die "Neurenberg-verdediging". In onlangse tye het 'n derde term, "wettige bevele" 'n algemene spreektaal vir sommige mense geword. Al drie terme word vandag gebruik, en hulle het almal effens verskillende nuanses van betekenis, afhangende van die konteks waarin hulle is gebruik word. Neurenberg Beginsel IV word wetlik ondersteun deur die regspraak wat gevind word in sekere artikels in die Universele Verklaring van Menseregte wat indirek handel oor gewetensbesware. Bepaling van vlugtelingstatus wat uitgereik is deur die Kantoor van die Verenigde Nasies se Hoë Kommissaris vir Vlugtelinge (UNHCR). Daardie beginsels handel oor die voorwaardes waaronder gewetensbeswaardes om vlugtelingstatus in 'n ander land kan aansoek doen indien hulle in hul eie land vervolging in die gesig staar omdat hulle geweier het om aan 'n onwettige oorlog deel te neem. ### Beginsel V Enige persoon wat ingevolge internasionale reg van 'n misdaad aangekla word, het die reg op 'n regverdige verhoor in terme van die feite en reg. ### Beginsel VI Die misdade wat hierna uiteengesit word, is strafbaar as misdade kragtens internasionale reg: (a) Misdade teen vrede: (i) Beplanning, voorbereiding, aanvang of voer van 'n oorlog van aggressie of 'n oorlog in stryd met internasionale verdrae, ooreenkomste of versekerings; (ii) Deelname aan 'n gemeenskaplike plan of sameswering vir die uitvoering van enige van die handelinge genoem onder (i). (b) Oorlogsmisdade: Oortredings van die wette of gebruike van oorlog wat insluit, maar is nie beperk nie tot, moord, mishandeling of deportasie na slawearbeid of vir enige ander doel van burgerbevolking van of in besette gebied; moord of mishandeling van krygsgevangenes of persone op die see, doodmaak van gyselaars, plundering van openbare of private eiendom, moedswillige vernietiging van stede, dorpe of dorpe, of verwoesting wat nie deur militêre noodsaaklikheid geregverdig is nie. (c) Misdade teen die mensdom: Moord, uitwissing, verslawing, deportasie en ander onmenslike dade wat teen enige burgerbevolking gedoen word, of vervolging op politieke, rasse- of godsdienstige gronde, wanneer sulke dade gedoen word of sodanige vervolging uitgevoer word in die uitvoering van of in verband met enige misdaad teen vrede of enige oorlogsmisdaad. Leiers, organiseerders, aanhitsers en medepligtiges wat deelneem aan die formulering of uitvoering van 'n gemeenskaplike plan of sameswering om enige van die voorgaande misdade te pleeg, is verantwoordelik vir alle handelinge wat deur enige persone uitgevoer word in die uitvoering van so 'n plan. ### Beginsel VII Medepligtigheid aan die pleeg van 'n misdaad teen vrede, 'n oorlogsmisdaad of 'n misdaad teen die mensdom soos uiteengesit in Beginsel VI is 'n misdaad onder internasionale reg. Die beginsels se mag of gebrek aan mag -------------------------------------- In die tydperk net voor die ondertekening van die Handves van die Verenigde Nasies op 26 Junie 1945, was die regerings wat aan die opstel daarvan deelgeneem het, gekant daarteen om aan die Verenigde Nasies wetgewende bevoegdheid toe te ken om bindende reëls van internasionale reg uit te voer. As gevolg hiervan het hulle ook voorstelle verwerp om aan die Algemene Vergadering die bevoegdheid toe te ken om sekere algemene konvensies op state af te dwing deur een of ander vorm van meerderheidstem. Daar was egter sterk steun daarvoor om die meer beperkte magte van studie en aanbeveling aan die Algemene Vergadering toe te ken, wat gelei het tot die aanvaarding van Artikel 13 in Hoofstuk IV van die Handves. Dit verplig die Algemene Vergadering van die Verenigde Nasies om studies te begin en aanbevelings te maak wat die progressiewe ontwikkeling van internasionale reg en die kodifikasie daarvan aanmoedig. Die Neurenberg-beginsels is ontwikkel deur VN-organe onder daardie beperkte mandaat. Anders as verdragsreg word internasionale gewoontereg nie geskryf nie. Om te bewys dat 'n sekere reël gebruiklik is, moet 'n mens aantoon dat dit in staatspraktyke weerspieël word en dat daar 'n oortuiging in die internasionale gemeenskap bestaan dat sodanige praktyk volgens wet vereis word. (Die Neurenberg-verhore was byvoorbeeld 'n "praktyk" van die "internasionale reg" van die Neurenberg-beginsels; en daardie "praktyk" is deur die internasionale gemeenskap ondersteun.) In hierdie konteks het "praktyk" betrekking op amptelike staatspraktyk en dus sluit formele verklarings deur state in. 'n Teenstrydige praktyk deur sommige state is moontlik. As hierdie teenstrydige praktyk deur ander state veroordeel word, word die reël bevestig.[ In 1947, onder die VN se Algemene Vergadering Resolusie 177 (II), paragraaf (a), is die Internasionale Regskommissie opdrag gegee om "die beginsels van internasionale reg te formuleer wat erken word in die Handves van die Neurenberg-tribunaal en in die uitspraak van die Tribunaal." In die loop van die oorweging van hierdie onderwerp het die vraag ontstaan of die Kommissie moet vasstel in watter mate die beginsels vervat in die Handves en uitspraak beginsels van volkereg daarstel. Die gevolgtrekking was dat aangesien die Neurenberg-beginsels deur die Algemene Vergadering bekragtig is, die taak wat aan die Kommissie opgedra is, nie was om enige waardering van hierdie beginsels as beginsels van internasionale reg uit te druk nie, maar bloot om dit te formuleer. Die teks hierbo is tydens sy tweede sitting deur die Kommissie aanvaar. Die Verslag van die Kommissie bevat ook kommentaar op die beginsels (sien *Yearbook of the International Law Commission*, 1950, Vol. II, bl. 374–378).
{ "title": "Neurenberg-beginsels", "mostly_tablelist": false, "tablelist_ratio": [ 650, 6698, 0.09704389369961182 ], "infobox": [], "td_tables": [], "text_length": 7207 }
| Boeddhisme | | --- | | | | Stigter | | Siddhartha Gautama | | Volgelinge | | 488–535 miljoen | | Geskiedenis | | Geskiedenis van Boeddhisme • Kloosterlewe | | Belangrike begrippe | | Afhanklike ontstaan • Dharma • Drie Juwele • Drie kenmerke van die bestaan • Dukkha • Edel Agtvoudige Pad • Karma • Nirwana • Samsara • Verligting • Vier Edel Waarhede | | Strominge | | Mahayana • Suiwer Land • Theravada • Tibettaanse Boeddhisme • Vajrayana • Zen | | Geskrifte | | Boeddhavamsa • Pali-kanon • Lotussoetra | | s • b • w | Kringbeeld (Japannees: *Ensō*, 円相) deur Kanjuro Shibata as simbool van *Shunyata* (leegheid) en volmaaktheid Zen-tuin in die Ginkaku-ji-tempel in Kyoto, Japan *Zazen* (sittende meditasie) **Zen** is 'n skool of stroming van Mahayana-Boeddhisme wat in die 6de eeu in China as *Chán* ontwikkel het. Dit het suidwaarts na Vietnam, na Korea en ooswaarts na Japan versprei. Die term *Zen* is afgelei van die Japannese uitspraak van die Middel-Chinese woord 禪 [dʑjen], in moderne Mandaryn: *Chán*, wat op sy beurt van die Sanskriet-term *dhyāna* afgelei is en rofweg as "absorpsie" of "meditatiewe toestand" vertaal kan word.. Zen beklemtoon die fundamentele doel van geestelike verligting en regstreekse insig in die Boeddhistiese leerstellings. Sodoende word blote kennis van soetras en doktrines as minder belangrik geag en die voorkeur aan regstreekse kennis deur *zazen* (gedissiplineerde sittende meditasie) en interaksie met 'n bekwame meester en leraar gegee. In die 9de eeu het Chinese meesters 'n nuwe leerstyl ontwikkel waarin paradoksale stories sentraal gestaan het wat in Japan *koan* genoem word. Leerders se aandag is op 'n moeilike intellektuele raaisel of 'n enkele woord gevestig waardeur hulle 'n soort geestelike verwekking sou beleef. Japannese monnike het hierdie Chinese leerstellings omstreeks 1000 in hul eie land ingevoer, veral Dōgen Zenji (1200-1253), die stigter van die Soto-Zen-skool wat die belangrikheid van *zazen* vir geleidelike verligting beklemtoon het. 'n Ander skool, Rinzai-Zen, het die verligting of *satori* as 'n skielike ervaring beskou wat bewerkstellig kon word nadat 'n *koan* die gees van 'n leerder daarvoor toeganklik gemaak het. Verligting word in Zen-Boeddhisme as 'n bron van diep innerlike vrede beskou wat eers bereik kan word nadat 'n mens slegte gewoontes en gevoelens te bowe gekom het. Sodra die gees wakker gemaak is, is dit volgens Zen 'n leë spieël wat alles op 'n volkome manier reflekteer sodat 'n verligte mens binne alle situasies in sy lewe gepas kan reageer. Zen het gaandeweg 'n vaste bestanddeel van die Japannese kultuur en leefstyl geword wat onder meer na die kunslewe uitgestraal het. Boogskiet, blommerangskikking, tuinkuns, digkuns, kalligrafie en die teeseremonie gee uitdrukking aan die gees van Zen.
{ "title": "Zen", "mostly_tablelist": false, "tablelist_ratio": [ 517, 2437, 0.21214608124743536 ], "infobox": [], "td_tables": [], "text_length": 2837 }
| | | | --- | --- | | | Hierdie artikel bevat nie ’n bronnelys nie, wat beteken dat die inhoud nie geverifieer kan word nie. Enige bevraagtekende inligting mag dus ook mettertyd verwyder word. Help Wikipedia deur betroubare bronne tot die artikel by te voeg. | **Negerhollands** is 'n Zeeuwse kreooltaal wat op die Deense Wes-Indië, wat nou as die Amerikaanse Maagde-eilande bekendstaan, gepraat is. Nederlands was die basis daarvan met invloede uit Deens, Engels, Frans, Spaans en Afrika-tale. Morawiese en Deense sendelinge het 'n formele weergawe van die taal gevestig, wat as Hoog-Kreol bekend staan. In 1770 het hulle die eerste leerboek en 'n klein Lutherse kategismus gepubliseer, wat met 'n vertaling van die Nuwe Testament in 1781 gevolg is. Die taal het aan die begin van 19de eeu begin verval toe Engels die oorheersende taal op die eilande geword het. Die Lutherse Kerk het diens in die taal vir die inboorlinggemeente tot die 1830's gehou. Die nuwe generasies het Engels as eerste taal begin leer en het stadig opgehou om Negerhollands te praat en dit het beperk tot kerkdienste geword. In alle waarskynlikheid was Mrs Alice Stevenson die laaste spreker, wat in 1987 gesterf het. Mense het Negerhollands tot die 20ste eeu op die Morawiese Weeshuis by Nyherrehut naby Tutu aangehou praat. Die ou weeskinders was destyds vrywilligers en dus het hulle die ou kreool gepraat.
{ "title": "Negerhollands", "mostly_tablelist": false, "tablelist_ratio": [ 559, 1497, 0.37341349365397464 ], "infobox": [ "<table about=\"#mwt2\" cellpadding=\"2\" class=\"infobox\" data-mw=\"{&quot;parts&quot;:[{&quot;template&quot;:{&quot;target&quot;:{&quot;wt&quot;:&quot;Inligtingskas Taal\\n&quot;,&quot;href&quot;:&quot;./Sjabloon:Inligtingskas_Taal&quot;},&quot;params&quot;:{&quot;naam&quot;:{&quot;wt&quot;:&quot;Negerhollands&quot;},&quot;inheemsenaam&quot;:{&quot;wt&quot;:&quot;&quot;},&quot;familiekleur&quot;:{&quot;wt&quot;:&quot;Creole&quot;},&quot;state&quot;:{&quot;wt&quot;:&quot;{{Vlagland|Amerikaanse Maagde-eilande}}&quot;},&quot;streek&quot;:{&quot;wt&quot;:&quot;[[Karibiese See]]&quot;},&quot;sprekers&quot;:{&quot;wt&quot;:&quot;''uitgesterf''&quot;},&quot;rang&quot;:{&quot;wt&quot;:&quot;&quot;},&quot;skrif&quot;:{&quot;wt&quot;:&quot;[[Latynse alfabet]]&quot;},&quot;fam2&quot;:{&quot;wt&quot;:&quot;[[Germaanse tale|Germaans]]&quot;},&quot;fam3&quot;:{&quot;wt&quot;:&quot;[[Wes-Germaanse tale|Wes-Germaans]]&quot;},&quot;fam4&quot;:{&quot;wt&quot;:&quot;[[Nederfrankies]]&quot;},&quot;fam5&quot;:{&quot;wt&quot;:&quot;[[Nederlands]]&quot;},&quot;nasie&quot;:{&quot;wt&quot;:&quot;''geen''&quot;},&quot;agentskap&quot;:{&quot;wt&quot;:&quot;''geen''&quot;},&quot;iso1&quot;:{&quot;wt&quot;:&quot;&quot;},&quot;iso2&quot;:{&quot;wt&quot;:&quot;&quot;},&quot;iso3&quot;:{&quot;wt&quot;:&quot;dcr&quot;},&quot;kaart&quot;:{&quot;wt&quot;:&quot;&quot;}},&quot;i&quot;:0}}]}\" id=\"mwAw\" style=\"width:22em; margin-top:0.75em; background:#f4f4f4; text-align:left; font-size:90%;\" typeof=\"mw:Transclusion\">\n<tbody><tr><th colspan=\"3\" style=\"text-align: center; font-size:120%; color: black; background-color: ;\">Negerhollands</th></tr>\n<tr>\n<td style=\"padding-left: 0.5em;\">Gepraat<span typeof=\"mw:Entity\"> </span>in:</td>\n<td colspan=\"2\" style=\"padding-left: 0.5em;\"><span class=\"mw-image-border\" data-mw='{\"caption\":\"Vlag van Amerikaanse Maagde-eilande\"}' typeof=\"mw:File\"><a class=\"mw-file-description\" href=\"./Lêer:Flag_of_the_United_States_Virgin_Islands.svg\" title=\"Vlag van Amerikaanse Maagde-eilande\"><img alt=\"Vlag van Amerikaanse Maagde-eilande\" data-file-height=\"850\" data-file-type=\"drawing\" data-file-width=\"1275\" decoding=\"async\" height=\"15\" resource=\"./Lêer:Flag_of_the_United_States_Virgin_Islands.svg\" src=\"//upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/f/f8/Flag_of_the_United_States_Virgin_Islands.svg/22px-Flag_of_the_United_States_Virgin_Islands.svg.png\" srcset=\"//upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/f/f8/Flag_of_the_United_States_Virgin_Islands.svg/33px-Flag_of_the_United_States_Virgin_Islands.svg.png 1.5x, //upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/f/f8/Flag_of_the_United_States_Virgin_Islands.svg/44px-Flag_of_the_United_States_Virgin_Islands.svg.png 2x\" width=\"22\"/></a></span><span typeof=\"mw:Entity\"> </span><a href=\"./Amerikaanse_Maagde-eilande\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Amerikaanse Maagde-eilande\">Amerikaanse Maagde-eilande</a><span typeof=\"mw:Entity\"> </span></td></tr>\n<tr>\n<td style=\"top; padding-left: 0.5em;\">Gebied:</td>\n<td colspan=\"2\" style=\"padding-left: 0.5em;\"><a href=\"./Karibiese_See\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Karibiese See\">Karibiese See</a></td></tr>\n<tr>\n<td style=\"padding-left: 0.5em;\">Totale<span typeof=\"mw:Entity\"> </span>sprekers:</td>\n<td colspan=\"2\" style=\"padding-left: 0.5em;\"><i>uitgesterf</i></td></tr>\n<tr>\n<td style=\"padding-left: 0.5em;\"><a href=\"./Taalfamilie\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Taalfamilie\">Taalfamilie</a>:</td>\n<td colspan=\"2\" style=\"padding-left: 0.5em; text-align: left;\"><br/><span style=\"font-size:66%;\"><span typeof=\"mw:Entity\"> </span></span><a href=\"./Germaanse_tale\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Germaanse tale\">Germaans</a><br/><span style=\"font-size:66%;\"><span typeof=\"mw:Entity\"> </span><span typeof=\"mw:Entity\"> </span></span><a href=\"./Wes-Germaanse_tale\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Wes-Germaanse tale\">Wes-Germaans</a><br/><span style=\"font-size:66%;\"><span typeof=\"mw:Entity\"> </span><span typeof=\"mw:Entity\"> </span><span typeof=\"mw:Entity\"> </span></span><a href=\"./Nederfrankies\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Nederfrankies\">Nederfrankies</a><br/><span style=\"font-size:66%;\"><span typeof=\"mw:Entity\"> </span><span typeof=\"mw:Entity\"> </span><span typeof=\"mw:Entity\"> </span><span typeof=\"mw:Entity\"> </span></span><a href=\"./Nederlands\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Nederlands\">Nederlands</a><br/><span style=\"font-size:66%;\"><span typeof=\"mw:Entity\"> </span><span typeof=\"mw:Entity\"> </span><span typeof=\"mw:Entity\"> </span><span typeof=\"mw:Entity\"> </span><span typeof=\"mw:Entity\"> </span></span><b>Negerhollands</b><span typeof=\"mw:Entity\"> </span></td></tr>\n<tr>\n<td style=\"padding-left: 0.5em;\">Skrifstelsel:</td>\n<td colspan=\"2\" style=\"padding-left: 0.5em;\"><a href=\"./Latynse_alfabet\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Latynse alfabet\">Latynse alfabet</a><span typeof=\"mw:Entity\"> </span></td></tr>\n<tr>\n<th colspan=\"3\" style=\"text-align: center; color: black; background-color: ;\">Amptelike status</th></tr>\n<tr>\n<td style=\"padding-left: 0.5em;\">Amptelike taal in:</td>\n<td colspan=\"2\" style=\"padding-left: 0.5em;\"><i>geen</i></td></tr>\n<tr>\n<td style=\"padding-left: 0.5em;\">Gereguleer deur:</td>\n<td colspan=\"2\" style=\"padding-left: 0.5em;\"><i>geen</i></td></tr>\n<tr>\n<th colspan=\"3\" style=\"text-align: center; color: black; background-color: ;\">Taalkodes</th></tr>\n<tr>\n<td style=\"padding-left: 0.5em;\"><a class=\"mw-redirect\" href=\"./ISO_639-1\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"ISO 639-1\">ISO 639-1</a>:</td>\n<td colspan=\"2\" style=\"padding-left: 0.5em;\"><i>geen</i></td></tr>\n<tr>\n<td style=\"padding-left: 0.5em;\"><a class=\"mw-redirect\" href=\"./ISO_639-2\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"ISO 639-2\">ISO 639-2</a>:</td>\n<td colspan=\"2\" style=\"padding-left: 0.5em;\"><tt></tt></td></tr>\n<tr>\n<td style=\"padding-left: 0.5em;\"><a class=\"mw-redirect\" href=\"./ISO_639-3\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"ISO 639-3\">ISO 639-3</a>:</td>\n<td colspan=\"2\" style=\"padding-left: 0.5em;\"><tt><a class=\"external text\" href=\"http://www.sil.org/iso639-3/documentation.asp?id=dcr\" rel=\"mw:ExtLink nofollow\">dcr</a></tt></td></tr>\n<tr>\n<td class=\"boilerplate metadata\" colspan=\"3\" style=\"line-height:10pt; padding:0.5em;\"><small><b>Nota</b>: Hierdie bladsy kan IFA fonetiese simbole in Unicode bevat. </small></td></tr>\n</tbody></table>" ], "td_tables": [], "text_length": 1395 }
**Zenobia** is die naam wat oor die algemeen gebruik word vir die dogter van (= "*bat*") Zabaai ben Selim, 'n Arabiese vors. Sy was die weduwee van Septimius Odenatus en het van 267 tot 272 as koningin van Palmyra regeer as regent vir haar jong seun, Vaballatus. Lewe en bewind -------------- Zenobia was ietwat militant en het 'n veldtog aangepak wat haar uiteindelik die heerser van 'n groot deel van Sirië en Klein-Asië gemaak het. Haar verklaarde doel was om die oostelike deel van die ryk teen die Sassanidiese Ryk te beskerm, oënskynlik om Rome se onthalwe, maar eintlik om aan haarself die mag te besorg. Deur Persië in die ooste teen Rome in die weste teen mekaar af te speel, het sy gehoop om hulle albei te oorheers. In 269 het sy 'n Egiptenaar oorwin wat teen Romeinse heerskappy in opstand gekom het en haarself tot koningin van Egipte verklaar. Sy het beweer dat sy van Kleopatra VII van Egipte en Marcus Antonius afstam (en baie hedendaagse geskiedskrywers glo dit), asook van Dido (volgens die *Aeneïde* die eerste koningin van Kartago) en het gesê dat sy hulle politieke erfgenaam is. Die Romeinse keiser Aurelianus, met sy beleid van hereniging van die Romeinse Ryk en omdat hy besonder bewus was van die gevaar wat Zenobia ingehou het, het 'n militêre veldtog gelei wat uitgeloop het op die verowering van haar koninkryk in 272. Zenobia en haar seun is gevange geneem terwyl hulle gevlug het om by Persië hulp te soek. Aurelianus het haar na Rome gebring en haar, vasgebind met goue kettings, in 274 in sy triomftog ten toon gestel. Aurelianus was beïndruk deur haar skoonheid en waardigheid en het haar later bevry en 'n villa in Tibur (nou Tivoli, Italië) gegee, waar sy die res van haar lewe as 'n filosoof en sosiale figuur deurgebring het. Party geskiedkundiges (eertyds en modern) glo dat sy met 'n Romeinse senator getrou het en dat hulle kinders gehad het, sodat die geslagslyn tot in die 4de eeu voortgeduur het. Bronne ------ ### Antieke bronne Die "Tyranni Triginta", 'n boek van die *Augustynse Geskiedenis* (wat in die 4de eeu geskryf is) bevat 'n halfspottende verslag van Zenobia se lewe en oorwinnings. ### Hedendaagse fiksie * *Beloved*, deur Bertrice Small, is 'n denkbeeldige vertelling van Zenobia se lewensverhaal. Sien ook -------- * Lys van Romeinse keisers Skakels ------- * Inskrywing oor Vaballatus en Zenobia * Zenobia-munte * Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Zenobia. * Vertaal uit die ooreenstemmende artikel in die Engelse Wikipedia. | | | | --- | --- | | Normdata Edit this at Wikidata | * BIBSYS: 90766131 * GND: 11896030X * ISNI: 0000 0001 2279 7805 * LCCN: n82163157 * NKC: ola2002110064 * NLG: 141973 * NLI: 000249594 * VIAF: 50583284 * WorldCat Identities: lccn-n82163157 |
{ "title": "Zenobia", "mostly_tablelist": false, "tablelist_ratio": [ 697, 2466, 0.2826439578264396 ], "infobox": [ "<table about=\"#mwt1\" class=\"infobox\" style=\"font-size:90%; width:25em; text-align:left;\">\n<tbody><tr><th colspan=\"2\" style=\"color:#000; background-color:#ccf; font-size:120%; text-align:center;\">Zenobia</th></tr>\n<tr>\n<td colspan=\"2\" style=\"text-align:center;\"><i>Koningin van Palmyra</i></td></tr>\n<tr>\n<td colspan=\"2\" style=\"text-align:center;\"><span data-mw=\"{&quot;caption&quot;:&quot;Zenobia-munt met haar titel, &lt;i data-parsoid=\\&quot;{}\\&quot;&gt;&lt;a rel=\\&quot;mw:WikiLink\\&quot; href=\\&quot;./Augusta\\&quot; title=\\&quot;Augusta\\&quot; data-parsoid='{\\&quot;stx\\&quot;:\\&quot;simple\\&quot;,\\&quot;a\\&quot;:{\\&quot;href\\&quot;:\\&quot;./Augusta\\&quot;},\\&quot;sa\\&quot;:{\\&quot;href\\&quot;:\\&quot;Augusta\\&quot;}}'&gt;Augusta&lt;/a&gt;&lt;/i&gt;.&quot;}\" typeof=\"mw:Image\"><a class=\"mw-file-description\" href=\"./Lêer:Denarius-Zenobia-s3290.jpg\"><img data-file-height=\"171\" data-file-type=\"bitmap\" data-file-width=\"325\" decoding=\"async\" height=\"122\" resource=\"./Lêer:Denarius-Zenobia-s3290.jpg\" src=\"//upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/4/4b/Denarius-Zenobia-s3290.jpg/232px-Denarius-Zenobia-s3290.jpg\" srcset=\"//upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/4/4b/Denarius-Zenobia-s3290.jpg 1.5x, //upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/4/4b/Denarius-Zenobia-s3290.jpg 2x\" width=\"232\"/></a></span><br/><small><div style=\"text-align:center\">Zenobia-munt met haar titel, <i><a class=\"mw-redirect\" href=\"./Augusta\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Augusta\">Augusta</a></i>.</div></small></td></tr>\n<tr>\n<th>Titels</th>\n<td>Koningin van Palmyra</td></tr>\n<tr>\n<th>Regeer</th>\n<td><a href=\"./267\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"267\">267</a> – <a href=\"./272\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"272\">272</a></td></tr>\n<tr>\n<th>Volle naam</th>\n<td>Septimia Bathzabbai Zainib</td></tr>\n<tr>\n<th>Voorganger</th>\n<td><a class=\"new\" href=\"./Odenatus\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Odenatus\">Odenatus</a></td></tr>\n<tr>\n<th>Opvolger</th>\n<td><a class=\"new\" href=\"./Vaballath\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Vaballath\">Vaballath</a></td></tr>\n<tr>\n<th>Gebore</th>\n<td><a href=\"./23_Desember\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"23 Desember\">23 Desember</a> <a href=\"./245\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"245\">245</a>; <a href=\"./Palmyra\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Palmyra\">Palmyra</a>, <a href=\"./Sirië\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Sirië\">Sirië</a></td></tr>\n<tr>\n<th>Oorlede</th>\n<td><a href=\"./272\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"272\">272</a>; <a href=\"./Rome\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Rome\">Rome</a></td></tr>\n<tr>\n<th>Eggenoot</th>\n<td>Septimio Odenato</td></tr>\n<tr>\n<th>Vader</th>\n<td>Zabaii ben Selim of Julio Aurelio Zenobio</td></tr>\n<tr>\n<th>Moeder</th>\n<td><i>onbekend</i></td></tr>\n</tbody></table>" ], "td_tables": [], "text_length": 2768 }
Die **Negende Grensoorlog** (ook bekend as die Fingo-Galeka-oorlog, die Gaika-Galeka-oorlog en die Oorlog van Ngcayechibi) was die laaste van die Kaapse grensoorloë tussen 1779 tot 1877. Agtergrond ---------- In 1858 is die Galeka-stam onder Kreli (Sarili), opperhoof van alle Xhosas, hoof van die Galekas, deur die Kaapkolonie se goewerneur, sir George Grey, oor die M'basherivier na Bomvanaland verdryf weens Kreli se rol in die Nasionale Selfmoord van Xhosas. In die verlate gebied tussen die Groot-Keirivier en die M'bashe is die Fingo's by Butterworth en die Ndlambe by Idutywa gevestig. Ses jaar later is die Galeka weer in die gebied toegelaat, maar het so sleg met die Fingo's klaargekom dat die Negende Grensoorlog ontvlam. Hierdie oorlog het uitgebreek na 'n periode van vrede van amper 25 jaar. In 1872 het die Kaapkolonie verantwoordelike bestuur van die koloniale heerser, Groot-Brittanje, ontvang. Blank en swart het aan verkiesings deelgeneem en beide groepe se grondregte is gewaarborg. Grenspatrollies om die oosgrens te beveilig was die taak van alle bevolkingsgroepe in die kolonie, naamlik die blanke grensboere, Fingo, Khoikhoi en die Britse en Duitse setlaars. Verantwoordelike regering het ongelukkig skerp verskille tussen Londen en Kaapstad laat ontstaan. Die Britse regering wou in Suider-Afrika 'n konfederasie onder sy eie leiding stig. En om dit te bewerkstelling, moes die onafhanklike swart volkere noord van die Kaapkolonie onder Britse gesag gebring word. Daarteenoor was die regering in die Kaap juis sterk gekant teen enige verdere gebiedsuitbreiding. Oorsake van die oorlog ---------------------- Rond 1875 is die oosgrens deur 'n knellende droogte geteister. Ekstensiewe veeboerdery deur die Xhosa lei tot 'n gebrek aan weiveld en grondhonger. 'n Bevolkingstoename plaas boonop druk op die voedselbronne. Die Galekas was jaloers op die Fingo's, want hulle was sedert vorige oorloë bondgenote van die koloniste en daar is met begerige oë na die Fingo's se grond gekyk. Na meer as twee dekades van redelike vrede was daar baie jong krygers wat na oorlogservaring gesmag het en boonop beeste nodig gehad het om hul lobola te betaal. Uitbraak -------- 'n Relletjie in 'n kroeg tydens 'n bruilof ontaard in 'n stamgeveg tussen die Galekas en die Fingo's. Vee word oor en weer gesteel. Nog dieselfde dag val Galeka-krygers die polisiepos in die Gwadana-berge aan. Dit was beman deur Fingo-konstables onder Von Hohenau. Fingo-krygers snel hul stamgenote te hulp, maar kon nie voorkom dat Von Hohenau en ses konstabels sneuwel nie. Die Kaapse goewerneur, sir Bartle Frere, gryp die voorval aan, verklaar oorlog teen Galekaland en ontslaan opperhoof Kreli. Eerste fase ----------- Onder druk van sy oorlogsugtige volgelinge laat Kreli sy krygers na die grens opruk. Die Kaapse premier, John Molteno, beskou die konflik as 'n plaasllike probleem en het daarom met Frere ooreengekom dat Britse troepe nie sal inmeng nie. Op 29 September val 'n 8 000 Galekas die polisiekantoor by Ibeka aan. Die Frontier Armed and Mounted Police (FAMP) slaan die aanval af, brand Kreli se kraal af, en die Galeka-mag spat uiteen. Maar hulle val verdere polisieposte aan. Molteno slaag nog daarin om die Britse troepe buite die gevegte te hou en plaas grensboere, Temboes en Fingo's in die gevegsgebied. Die Galekas is oor die M'bashe- en die Mthatharivier verdryf. Kreli verloor 700 man en nagenoeg 13 000 beeste. Na drie weke was die oorlog verby en is die kommando's teruggeroep, want verowering van Galekaland was nie die Kaapkolonie se oogmerk nie. Toe die troepe na Galekaland opruk, het Frere 'n krygsraad in King William's Town byeengeroep met die doel om die beheer oor die krygsgebeure te verkry. Twee van Molteno se ministers was deel van die krygsraad en het die Britse troepe as onbekwaam en ondoeltreffend in die heersende situasie afgemaak. Hierdie uitlating het die verhouding tussen Frere en Molteno versuur. Tweede fase ----------- Frere se volgende stap was om alle swartmense (selfs die swart soldate) te ontwapen. Dit lei tot hewige protes en baie soldate dros. Die Britse troepe-bevelvoerder Cunynghame raak in paniek en laat die hele Brits-Kaffraria deur sy troepe omsingel. Molteno en sy regering eis dat die Britse regering vir Cunynghame terugroep en die diskriminerende ontwapening ophef. Frere weier, stuur nog Britse troepe na Galekaland en stel dit oop vir blanke bewoning. Die Britse troepe was geheel en al verlore in die vir hul vreemde gebied en kon die Galekas nie vasvat nie. Kreli se mense herstel gou van die terugslag, glip oor die M'bashe suidwaarts na die Gaikas van Sandile. Op Kersdag 1877 val hulle die Draabosch Hotel, 48 km noord van Oos-Londen, aan. Dit skep 'n ernstige situasie, want daar was geen vrywilligers beskikbaar en die FAMP was uitgeput. Op 12 Januarie 1878 ly die Galekas 'n neerlaag by N'Amaxa en verloor 150 man. Frere ontketen 'n konstitusionele krisis deur die Kaapse regering te ontslaan sodat Groot-Brittanje die leiding kan oorneem. Maar die Britse troepe slaag nie daarin om doeltreffende beskerming aan die grensbewoners te bied nie. Gevolglik vlug baie van die bewoners na die forte. Frere het wel die Fingo-troepe van die afgesette regering tot sy beskikking. Onder Veldtman Bikitsha, die nie-amptelike leier van alle Fingo's, beleër hulle op 13 Januarie die Galekas naby Nyumaxa. Die Britse mag toon weer sy onbekwaamheid in die situasie. 'n Aanval van 5 000 krygers onder die persoonlike leiding van Kreli en Sandile vind op 7 Februarie plaas. Die Slag van Kentani kon slegs met die hulp van die Fingo's en ander plaaslike krygers afgeweer word. Uiteindelik het die oorlogsmoë Galekas hulle teruggetrek en in Junie het Kreli oorgegee, maar die Gaikas het die stryd voortgesit. Guerrilla-oorlog ---------------- 'n Mag van 2 000 Gaikas onder Sandile en ondersteun deur Tamboekies het hulle in die Perie-bos in die Amatolaberge verskuil en 'n guerrilla-oorlog begin. Ondertussen is Arthur Cunynghame as Britse militêre opperbevelhebber in die Kaapkolonie met luitenant-generaal lord Chelmsford vervang. In Maart 1878 het die Britse troepe die Amatolaberge binnegedring in 'n poging om die Gaikas te ontset. Dit was onsuksesvol. Toe die Britte die strategie gebruik wat plaaslik aanbeveel is, naamlik om die krygsgebied in kleiner dele met elk sy eie troepemag te verdeel, was hulle meer suksesvol. Vlugtende Gaika-krygers kon so makliker agtervolg word. Die uitgange van die klowe is goed bewaak en deur aanhoudende druk het Sandile se krygers vinnig oorgegee. Sandile het self langs die vallei van die Groot-Visrivier weggekom. Ongeveer 'n maand later op 29 Mei is hy deur 'n Fingo-mag onder kapt. J. Lonsdale by die isiDenge-woud doodgeskiet. Kort daarna is sy seun Siyolo langs dieselfde rivier doodgeskiet deur 'n patrollie van Duitse vrywilligers onder die oorlogsveteraan Von Linsingen. Aan die oorlewende rebelle is amnestie verleen. Gevolge ------- Fingoland, Griekwaland-Oos en die Idutywa-distrik is by die Kaapkolonie ingelyf. Galekaland is nie geannekseer nie, maar is namens die Kaapkolonie geadministreer deur 'n hooflanddros in die Transkei. Tot in 1894 is die grens van die Kaapkolonie stuksgewys ooswaart geskuif tot by die Umtamvunarivier. Trivia ------ Maj. Hans Garrett Moore van die 88ste Regiment, gesekondeer na die Cape Mounted Riflemen, wen die eerste Victoriakruis in Suid-Afrika toe hy by Draaibos 'n konvooi deur 'n Gaika-hinderlaag lei. Bibliografie ------------ * Gie, S.F.N.: Geskiedenis vir Suid-Afrika of Ons Verlede. Deel II (1795-1918). Kaapstad: UUB, 1955. * Standard Encyclopaedia of Southern Africa, deel 5. Kaapstad: Nasou,1972. ISBN 0-625-00321-7 Sien ook -------- * Lys van forte in die Oos-Kaap
{ "title": "Negende Grensoorlog", "mostly_tablelist": false, "tablelist_ratio": [ 190, 6393, 0.02972000625684342 ], "infobox": [], "td_tables": [], "text_length": 7737 }
Ds. J.D. Kestell, stigter in 1939 van die Reddingsdaad. Dié foto is in 1917 geneem. Die **Reddingsdaadbond**, met die leuse: "’n Volk red homself!" was ’n beweging wat ds. J.D. Kestell op 8 Desember 1939 begin het vir die ekonomiese rehabilitasie van verarmde Afrikaners. Die Bond het in 1957 ontbind. Die stigting het sowat ’n jaar na die reuse-saamtrek van Afrikaners tydens die hoeksteenlegging van die Voortrekkermonument in Pretoria op 16 Desember 1938 gevolg op ’n tydstip toe daar besondere samehorigheid onder Afrikaners geheers het. Leiers van die volk het hulle destyds daaroor bekommer dat sowat 300 000 Afrikaners (byna ’n derde) verarm was. Baie Afrikaners wat pas hul voete begin vind het ná die verwoesting wat die Anglo-Boereoorlog gesaai het, het tydens die Groot Depressie van die vroeë jare dertig weer alles verloor. Terselfdertyd is Afrikaners se volksbesef aangewakker deur die Simboliese Ossewatrek na Pretoria in 1938. Daarom belê die Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge (FAK) onder aansporing van ds. Kestell ’n volkskongres in Bloemfontein vir Oktober 1939. Op dié kongres besluit afgevaardigdes om ’n volksorganisasie op te rig met ’n Christelik-Nasionale grondslag om die spaarkrag, koopkrag en mensevermoëns van Afrikaners te mobiliseer tot voordeel van die volk, en so ontstaan die Reddingsdaadbond. Die Bond het binne vyf jaar 400 takke en 70 000 lede gehad wat elkeen maandeliks ’n lidmaatskapfooi van ses pennies bygedra het. ’n Derde van die fondse is vir administrasie gebruik, ’n derde vir die afbetaling van ’n lewenspolis of spaarplan vir elke lid en die orige derde as kommissie vir die persoon wat die fondse ingesamel het. Die bond het honderde Afrikaanse ondernemings op die been help bring, wat werksgeleenthede vir Afrikaners in veral die stede geskep het, onder meer Federale Volksbeleggings en die AHI. Die Reddingsdaadbond het in 1957 ontbind. * Reddingsdaadbond stel voor Die Hanekoms en Geselskap in *Hans die Skipper*. Aanskou en Luister na die Storm op die See! Bliksemstrale. Donderslae. 'n Bruisende See en Huilende Wind! * Reddingsdaadbond stel voor Die Hanekoms en Geselskap in *Hans die Skipper*. Dramatiese Meesterwerk. Sublieme toneelstuk met sy wisselende stemminge. Lag en Huil soos die stuwende en dalende branders van die woelige see. * Die Hanekoms en Geselskap stel voor *Oom Paul*, vir die reddingsdaad. Bronne ------ * (en) Rosenthal, Eric (1978). *Encyclopaedia of Southern Africa*. Kaapstad en Johannesburg: Juta. * "'n Volk help homself". Bravoland. Geargiveer vanaf die oorspronklike (html) op 13 Augustus 2009. Besoek op 14 Mei 2010.
{ "title": "Reddingsdaadbond", "mostly_tablelist": false, "tablelist_ratio": [ 580, 2205, 0.26303854875283444 ], "infobox": [], "td_tables": [], "text_length": 2642 }
**Luckhoff** is 'n klein landboudorp in die suidweste van die Vrystaat, in Suid-Afrika, tussen Fauresmith en Orania. Die dorpie is in 1892 op die plaas Koffiekuil gestig en is na ds. H.J. Lückhoff, predikant van die NG gemeente Fauresmith ten tye van die stigting van die dorpie, genoem. Die gebied is veral bekend vir sy skaapboerdery. Stigting -------- Die gemeente Luckhoff is 'n dogter van Fauresmith, hoewel klein gedeeltes van die gemeentes Jacobsdal en Philippolis ook tot die nuwe gemeente toegevoeg is. Die dorpie, 'n kerkdorp, is in 1892 aangelê. Die plaas is deur die kerkraad van Izak Rabie gekoop, en die kerkraad het dit toe weer aan die munisipaliteit verkoop; die eerste erwe is in 1893 uitgegee. Destyds was wyle ds. H.J. Lückhoff die leraar van Fauresmith en die dorpie is toe na hom genoem "uit erkentlikheid vir dit wat hy vir die gemeente gedoen het by haar stigting, sowel as met betrekking tot die plek waar sy gestig is", volgens *Ons Kerk Album*. Die dorpie en gemeente het goed gegroei, maar is in die Tweede Vryheidsoorlog, saam met die kerk en pastorie, totaal afgebrand en vernietig, en moes ná die oorlog weer opgebou word terwyl daar nog 'n skuld van £600 op die kerk gerus het. Kort ná die Tweede Vryheidsoorlog was die ledetal van die gemeente 550 en die sieletal 1 000, maar met die trek van die jongmense na die groot stede, waar volop werk is, het die ledetal in 1952 reeds op net 410 gestaan en die sieletal op 610. Jare lank moes die gemeente in 'n noodkerk aanbid. In 1917 berig ds. Van Wyk in *Ons Kerk Album*: "Er was reeds de som van £1 700 bijeengebracht, en men leefde in de hoop spoedig een aanvang te maken met het oprichten van een behoorlijk Godsgebouw, toen de Europeesche Oorlog uitbrak en een einde maakte aan alle verwachtingen daaromtrent." Die nuwe kerk is eers in 1924 gebou en 'n nuwe, moderne pastorie in 1930. In 1908 was die jaarlikse dankoffers plus-minus £400 tot £500, en in 1952 was dit £2 940. Die herkoms van die naam Luckhoff --------------------------------- Ds. H.J. Lückhoff, leraar van Fauresmith van 1868 tot hy sy demissie aanvaar het in 1894. Luckhoff is na hom genoem. Daar bestaan teenstrydige verklarings oor die herkoms van die naam Luckhoff. Charles Pettman in sy *Place Names of the O.F.S.* (1922) en Joubert in *De oorsprong van tweehonderd S.A. plaatsnamen* (1917) sê dat die plek genoem is na ds. A.D. Luckhoff, predikant van Colesberg, later Kaapstad en toe Durbanville. Hy was jare lank aktuaris van die Kaapse Kerk. Eerw. J. Kachelhoffer, van Observatory, het hierdie verklaring in *Die Burger* van 7 Januarie 1939 betwis na aanleiding van 'n artikel deur prof. P.J. Nienaber oor Luckhoff in dieselfde koerant. Kachelhoffer skryf: "Ek is van Fauresmith, daar gebore en grootgeword. U skryf in *Die Burger* dat die dorp Luckhoff na ds. A.D. Luckhoff sr. genoem is. Dit is nie so nie. Koffiekuil was die plaas van mnr. Izak Rabie, en toe dit 'n gemeente word, is dit na ds. Luckhoff van Fauresmith genoem. Ek herinner my goed hoe hy meer as eens afgekondig het: 'Ik zal D.V. a.s. week te Luckhoff (de plaats naar mij vernoemd) een dienst houden.' Ds. (Z.J.) van Wyk, assistent-redakteur van *Die Kerkbode*, was 32 jaar predikant op Luckhoff. Hy sal my bewering bevestig. So ook ds. E.G. Malherbe, van Somerset-Wes." Ds. Heinrich Jacob Luckhoff is gebore op 30 November 1842. Hy is georden as predikant van Fauresmith op 16 Mei 1868; predikant van Maclear in 1900. In 1909 het hy sy emeritaat aanvaar, en is oorlede op 22 April 1923. Bronne ------ * (nl) Maeder, ds. G.A. en Zinn, Christian. 1917. *Ons Kerk Album*. Kaapstad: Ons Kerk Album Maatschappij Bpkt. * (af) Nienaber, P.J. 1963. *Suid-Afrikaanse pleknaamwoordeboek, deel 1*. Kaapstad, Johannesburg: Suid-Afrikaanse Boeksentrum. * (af) Olivier, ds. P.L. 1952. *Ons gemeentelike feesalbum*. Kaapstad en Pretoria: N.G. Kerk-uitgewers. Sien ook -------- * NG gemeente Luckhoff * Teisesville, oorspronklik Luckhoff se kleurlingdorp. * Relebohile, oorspronklik Luckhoff se township. * Lys van dorpe in Suid-Afrika
{ "title": "Luckhoff", "mostly_tablelist": false, "tablelist_ratio": [ 1714, 4594, 0.37309534175010883 ], "infobox": [ "<table about=\"#mwt1\" class=\"infobox geography vcard\" data-mw='{\"parts\":[{\"template\":{\"target\":{\"wt\":\"Inligtingskas Suid-Afrikaanse dorp\\n\",\"href\":\"./Sjabloon:Inligtingskas_Suid-Afrikaanse_dorp\"},\"params\":{\"naam\":{\"wt\":\"Luckhoff\"},\"inheemse_naam\":{\"wt\":\"\"},\"ander_naam\":{\"wt\":\"\"},\"beeld_stadsilhoeët\":{\"wt\":\"Luckhoffkerk.jpg\"},\"beeldbyskrif\":{\"wt\":\"[[Gerard Moerdyk]] het Luckhoff se NG kerkgebou ontwerp\"},\"nedersetting_tipe\":{\"wt\":\"Dorp\"},\"latd\":{\"wt\":\"29\"},\"latm\":{\"wt\":\"45\"},\"lats\":{\"wt\":\"\"},\"longd\":{\"wt\":\"24\"},\"longm\":{\"wt\":\"47\"},\"longs\":{\"wt\":\"\"},\"provinsie\":{\"wt\":\"Vrystaat\"},\"distrik\":{\"wt\":\"Xhariep\"},\"munisipaliteit\":{\"wt\":\"Letsemeng\"},\"stigtingsdatum\":{\"wt\":\"\"},\"regeringstipe\":{\"wt\":\"&lt;!-- Wyknommer --&gt;\"},\"leier_party\":{\"wt\":\"\"},\"leiertitel\":{\"wt\":\"&lt;!-- Raadslid --&gt;\"},\"leiernaam\":{\"wt\":\"\"},\"oppervlakvoetnotas\":{\"wt\":\"\"},\"oppervlak_totaal_km2\":{\"wt\":\"\"},\"hoogte_m\":{\"wt\":\"\"},\"bevolking_totaal\":{\"wt\":\"\"},\"bevolking_soos_op\":{\"wt\":\"2011\"},\"bevolkingvoetnotas\":{\"wt\":\"\"},\"demografie1_voetnotas\":{\"wt\":\"\"},\"persent_swart\":{\"wt\":\"46.1%\"},\"persent_kleurling\":{\"wt\":\"49.1%\"},\"persent_asiër\":{\"wt\":\"0.7%\"},\"persent_wit\":{\"wt\":\"3.9%\"},\"persent_ander\":{\"wt\":\"0.2%\\n&lt;!-- demografie (deel 2) --&gt;\"},\"demografie2_voetnotas\":{\"wt\":\"\"},\"demographics2_title1\":{\"wt\":\"[[Afrikaans]]\"},\"demographics2_info1\":{\"wt\":\"77.2%\"},\"demographics2_title2\":{\"wt\":\"[[Sotho]]\"},\"demographics2_info2\":{\"wt\":\"11.3%\"},\"demographics2_title3\":{\"wt\":\"[[Xhosa]]\"},\"demographics2_info3\":{\"wt\":\"7.6%\"},\"demographics2_title4\":{\"wt\":\"[[Engels]]\"},\"demographics2_info4\":{\"wt\":\"1.2%\"},\"demographics2_title5\":{\"wt\":\"Ander\"},\"demographics2_info5\":{\"wt\":\"2.7%\"},\"poskode\":{\"wt\":\"9982\"},\"poskode2\":{\"wt\":\"9982\"},\"skakelkode\":{\"wt\":\"053\"},\"sensuskode\":{\"wt\":\"460008\"},\"webwerf\":{\"wt\":\"\"}},\"i\":0}}]}' id=\"mwAg\" style=\"width:22em;width:23em\" typeof=\"mw:Transclusion\"><tbody><tr><th colspan=\"2\" style=\"text-align:center;font-size:125%;font-weight:bold;font-size:1.25em; white-space:nowrap\"><div class=\"fn org\" style=\"display:inline\">Luckhoff</div></th></tr><tr><td colspan=\"2\" style=\"text-align:center;background-color:#cddeff; font-weight:bold;\"><div class=\"category\">Dorp</div></td></tr><tr class=\"mergedtoprow\"><td colspan=\"2\" style=\"text-align:center\"><span data-mw=\"{&quot;caption&quot;:&quot;&lt;a rel=\\&quot;mw:WikiLink\\&quot; href=\\&quot;./Gerard_Moerdyk\\&quot; title=\\&quot;Gerard Moerdyk\\&quot; data-parsoid='{\\&quot;stx\\&quot;:\\&quot;simple\\&quot;,\\&quot;a\\&quot;:{\\&quot;href\\&quot;:\\&quot;./Gerard_Moerdyk\\&quot;},\\&quot;sa\\&quot;:{\\&quot;href\\&quot;:\\&quot;Gerard Moerdyk\\&quot;}}'&gt;Gerard Moerdyk&lt;/a&gt; het Luckhoff se NG kerkgebou ontwerp&quot;}\" typeof=\"mw:File\"><a class=\"mw-file-description\" href=\"./Lêer:Luckhoffkerk.jpg\" title=\"Gerard Moerdyk het Luckhoff se NG kerkgebou ontwerp\"><img alt=\"Gerard Moerdyk het Luckhoff se NG kerkgebou ontwerp\" class=\"mw-file-element\" data-file-height=\"1768\" data-file-type=\"bitmap\" data-file-width=\"1443\" decoding=\"async\" height=\"306\" resource=\"./Lêer:Luckhoffkerk.jpg\" src=\"//upload.wikimedia.org/wikipedia/af/thumb/9/92/Luckhoffkerk.jpg/250px-Luckhoffkerk.jpg\" srcset=\"//upload.wikimedia.org/wikipedia/af/thumb/9/92/Luckhoffkerk.jpg/375px-Luckhoffkerk.jpg 1.5x, //upload.wikimedia.org/wikipedia/af/thumb/9/92/Luckhoffkerk.jpg/500px-Luckhoffkerk.jpg 2x\" width=\"250\"/></a></span><div style=\"padding:0.4em 0 0 0;\"><a href=\"./Gerard_Moerdyk\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Gerard Moerdyk\">Gerard Moerdyk</a> het Luckhoff se NG kerkgebou ontwerp</div></td></tr><tr class=\"mergedtoprow\"><td colspan=\"2\" style=\"text-align:center\"><div class=\"center\" data-mw='{\"name\":\"templatestyles\",\"attrs\":{\"src\":\"Sjabloon:Location map/styles.css\"},\"body\":{\"extsrc\":\"\"}}'><div class=\"locmap\" style=\"width:250px;float:none;clear:both;margin-left:auto;margin-right:auto\"><div style=\"width:250px;padding:0\"><div style=\"position:relative;width:250px\"><span data-mw='{\"caption\":\"Luckhoff is in Vrystaat\"}' typeof=\"mw:File\"><a class=\"mw-file-description\" href=\"./Lêer:South_Africa_Free_State_location_map.svg\" title=\"Luckhoff is in Vrystaat\"><img alt=\"Luckhoff is in Vrystaat\" class=\"mw-file-element\" data-file-height=\"1008\" data-file-type=\"drawing\" data-file-width=\"1130\" decoding=\"async\" height=\"223\" resource=\"./Lêer:South_Africa_Free_State_location_map.svg\" src=\"//upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/a/a6/South_Africa_Free_State_location_map.svg/250px-South_Africa_Free_State_location_map.svg.png\" srcset=\"//upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/a/a6/South_Africa_Free_State_location_map.svg/375px-South_Africa_Free_State_location_map.svg.png 1.5x, //upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/a/a6/South_Africa_Free_State_location_map.svg/500px-South_Africa_Free_State_location_map.svg.png 2x\" width=\"250\"/></a></span><div class=\"od\" style=\"top:72.222%;left:9.27%\"><div class=\"id\" style=\"left:-3px;top:-3px\"><span data-mw='{\"caption\":\"Luckhoff\"}' typeof=\"mw:File\"><span title=\"Luckhoff\"><img alt=\"Luckhoff\" class=\"mw-file-element\" data-file-height=\"64\" data-file-type=\"drawing\" data-file-width=\"64\" decoding=\"async\" height=\"6\" resource=\"./Lêer:Red_pog.svg\" src=\"//upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/0/0c/Red_pog.svg/6px-Red_pog.svg.png\" srcset=\"//upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/0/0c/Red_pog.svg/9px-Red_pog.svg.png 1.5x, //upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/0/0c/Red_pog.svg/12px-Red_pog.svg.png 2x\" width=\"6\"/></span></span></div><div class=\"pr\" style=\"font-size:91%;width:6em;left:4px\"><div>Luckhoff</div></div></div></div><div style=\"padding-top:0.2em\"><span typeof=\"mw:File\"><span><img alt=\"\" class=\"mw-file-element\" data-file-height=\"64\" data-file-type=\"drawing\" data-file-width=\"64\" decoding=\"async\" height=\"6\" resource=\"./Lêer:Red_pog.svg\" src=\"//upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/0/0c/Red_pog.svg/6px-Red_pog.svg.png\" srcset=\"//upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/0/0c/Red_pog.svg/9px-Red_pog.svg.png 1.5x, //upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/0/0c/Red_pog.svg/12px-Red_pog.svg.png 2x\" width=\"6\"/></span></span><span typeof=\"mw:Entity\"> </span>Luckhoff se ligging in Vrystaat</div></div></div></div></td></tr><tr class=\"mergedbottomrow\"><td colspan=\"2\" style=\"text-align:center\">Koördinate: <span class=\"plainlinks nourlexpansion\"><a class=\"external text\" href=\"//tools.wmflabs.org/geohack/geohack.php?language=af&amp;pagename=Luckhoff&amp;params=29_45__S_24_47__O_type:city_region:ZA\" rel=\"mw:ExtLink\"><span class=\"geo-default\"><span class=\"geo-dms\" title=\"Kaarte, lugfoto's, en ander data vir hierdie plek\"><span class=\"latitude\">29°45′S</span> <span class=\"longitude\">24°47′O</span></span></span><span class=\"geo-multi-punct\"><span typeof=\"mw:Entity\"></span> / <span typeof=\"mw:Entity\"></span></span><span class=\"geo-nondefault\"><span class=\"geo-dec\" title=\"Kaarte, lugfoto's, en ander data vir hierdie plek\">29.750°S 24.783°O</span><span style=\"display:none\"><span typeof=\"mw:Entity\"></span> / <span class=\"geo\">-29.750; 24.783</span></span></span></a></span><span style=\"font-size: small;\"><span id=\"coordinates\"><a href=\"./Geografiese_koördinatestelsel\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Geografiese koördinatestelsel\">Koördinate</a>: <span class=\"plainlinks nourlexpansion\"><a class=\"external text\" href=\"//tools.wmflabs.org/geohack/geohack.php?language=af&amp;pagename=Luckhoff&amp;params=29_45__S_24_47__O_type:city_region:ZA\" rel=\"mw:ExtLink\"><span class=\"geo-default\"><span class=\"geo-dms\" title=\"Kaarte, lugfoto's, en ander data vir hierdie plek\"><span class=\"latitude\">29°45′S</span> <span class=\"longitude\">24°47′O</span></span></span><span class=\"geo-multi-punct\"><span typeof=\"mw:Entity\"></span> / <span typeof=\"mw:Entity\"></span></span><span class=\"geo-nondefault\"><span class=\"geo-dec\" title=\"Kaarte, lugfoto's, en ander data vir hierdie plek\">29.750°S 24.783°O</span><span style=\"display:none\"><span typeof=\"mw:Entity\"></span> / <span class=\"geo\">-29.750; 24.783</span></span></span></a></span></span></span><link href=\"./Kategorie:Koördinate_op_Wikidata\" rel=\"mw:PageProp/Category\"/></td></tr><tr class=\"mergedtoprow\"><th scope=\"row\">Land</th><td><span class=\"mw-image-border\" data-mw='{\"caption\":\"Vlag van Suid-Afrika\"}' typeof=\"mw:File\"><a class=\"mw-file-description\" href=\"./Lêer:Flag_of_South_Africa.svg\" title=\"Vlag van Suid-Afrika\"><img alt=\"Vlag van Suid-Afrika\" class=\"mw-file-element\" data-file-height=\"600\" data-file-type=\"drawing\" data-file-width=\"900\" decoding=\"async\" height=\"15\" resource=\"./Lêer:Flag_of_South_Africa.svg\" src=\"//upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/a/af/Flag_of_South_Africa.svg/22px-Flag_of_South_Africa.svg.png\" srcset=\"//upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/a/af/Flag_of_South_Africa.svg/33px-Flag_of_South_Africa.svg.png 1.5x, //upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/a/af/Flag_of_South_Africa.svg/44px-Flag_of_South_Africa.svg.png 2x\" width=\"22\"/></a></span><span typeof=\"mw:Entity\"> </span><a href=\"./Suid-Afrika\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Suid-Afrika\">Suid-Afrika</a></td></tr><tr class=\"mergedrow\"><th scope=\"row\"><a href=\"./Provinsies_van_Suid-Afrika\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Provinsies van Suid-Afrika\">Provinsie</a></th><td><a href=\"./Vrystaat\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Vrystaat\">Vrystaat</a></td></tr><tr class=\"mergedrow\"><th scope=\"row\"><a href=\"./Distrikte_van_Suid-Afrika\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Distrikte van Suid-Afrika\">Distrik</a></th><td><a href=\"./Xhariep-distriksmunisipaliteit\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Xhariep-distriksmunisipaliteit\">Xhariep </a></td></tr><tr class=\"mergedrow\"><th scope=\"row\"><a href=\"./Munisipaliteit\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Munisipaliteit\">Munisipaliteit</a></th><td><a href=\"./Letsemeng_Plaaslike_Munisipaliteit\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Letsemeng Plaaslike Munisipaliteit\">Letsemeng</a></td></tr><tr class=\"mergedtoprow\"><th scope=\"row\">Stigting</th><td>1892</td></tr><tr class=\"mergedtoprow\"><th colspan=\"2\" style=\"text-align:center;text-align:left\">Oppervlak<div style=\"font-weight:normal;display:inline;\"></div></th></tr><tr class=\"mergedrow\"><th scope=\"row\"><span typeof=\"mw:Entity\"> </span>•<span typeof=\"mw:Entity\"> </span>Totaal</th><td>30,92<span typeof=\"mw:Entity\"> </span>km<sup>2</sup> (11,94<span typeof=\"mw:Entity\"> </span>vk.<span typeof=\"mw:Entity\"> </span>myl)</td></tr><tr class=\"mergedtoprow\"><th colspan=\"2\" style=\"text-align:center;text-align:left\">Bevolking<div style=\"font-weight:normal;display:inline;\"><span class=\"nowrap\"><span typeof=\"mw:Entity\"> </span></span>(2011)</div></th></tr><tr class=\"mergedrow\"><th scope=\"row\"><span typeof=\"mw:Entity\"> </span>•<span typeof=\"mw:Entity\"> </span>Totaal</th><td>3 699</td></tr><tr class=\"mergedrow\"><th scope=\"row\"><span typeof=\"mw:Entity\"> </span>•<span typeof=\"mw:Entity\"> </span>Digtheid</th><td>120/km<sup>2</sup> (300/vk.<span typeof=\"mw:Entity\"> </span>myl)</td></tr><tr class=\"mergedtoprow\"><th colspan=\"2\" style=\"text-align:center;text-align:left\">Rasverdeling <span style=\"font-weight:normal;\">(2011)</span><div style=\"font-weight:normal;display:inline;\"></div></th></tr><tr class=\"mergedrow\"><th scope=\"row\"><span typeof=\"mw:Entity\"> </span>•<span typeof=\"mw:Entity\"> </span><span style=\"font-weight:normal;\"><a href=\"./Wit_Suid-Afrikaners\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Wit Suid-Afrikaners\">Wit mense</a></span></th><td>3.9%</td></tr><tr class=\"mergedrow\"><th scope=\"row\"><span typeof=\"mw:Entity\"> </span>•<span typeof=\"mw:Entity\"> </span><span style=\"font-weight:normal;\"><a href=\"./Asiatiese_Suid-Afrikaners\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Asiatiese Suid-Afrikaners\">Indiërs/Asiërs</a></span></th><td>0.7%</td></tr><tr class=\"mergedrow\"><th scope=\"row\"><span typeof=\"mw:Entity\"> </span>•<span typeof=\"mw:Entity\"> </span><span style=\"font-weight:normal;\"><a href=\"./Bruin_mense\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Bruin mense\">Bruin mense</a></span></th><td>49.1%</td></tr><tr class=\"mergedrow\"><th scope=\"row\"><span typeof=\"mw:Entity\"> </span>•<span typeof=\"mw:Entity\"> </span><span style=\"font-weight:normal;\"><a href=\"./Swart_mense\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Swart mense\">Swart mense</a></span></th><td>46.1%</td></tr><tr class=\"mergedrow\"><th scope=\"row\"><span typeof=\"mw:Entity\"> </span>•<span typeof=\"mw:Entity\"> </span><span style=\"font-weight:normal;\">Ander</span></th><td>0.2%</td></tr><tr class=\"mergedtoprow\"><th colspan=\"2\" style=\"text-align:center;text-align:left\">Taal <span style=\"font-weight:normal;\">(2011)</span><div style=\"font-weight:normal;display:inline;\"></div></th></tr><tr class=\"mergedrow\"><th scope=\"row\"><span typeof=\"mw:Entity\"> </span>•<span typeof=\"mw:Entity\"> </span><span style=\"font-weight:normal;\"><a href=\"./Afrikaans\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Afrikaans\">Afrikaans</a></span></th><td>77.2%</td></tr><tr class=\"mergedrow\"><th scope=\"row\"><span typeof=\"mw:Entity\"> </span>•<span typeof=\"mw:Entity\"> </span><span style=\"font-weight:normal;\"><a class=\"mw-redirect\" href=\"./Sotho\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Sotho\">Sotho</a></span></th><td>11.3%</td></tr><tr class=\"mergedrow\"><th scope=\"row\"><span typeof=\"mw:Entity\"> </span>•<span typeof=\"mw:Entity\"> </span><span style=\"font-weight:normal;\"><a href=\"./Xhosa\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Xhosa\">Xhosa</a></span></th><td>7.6%</td></tr><tr class=\"mergedrow\"><th scope=\"row\"><span typeof=\"mw:Entity\"> </span>•<span typeof=\"mw:Entity\"> </span><span style=\"font-weight:normal;\"><a href=\"./Engels\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Engels\">Engels</a></span></th><td>1.2%</td></tr><tr class=\"mergedrow\"><th scope=\"row\"><span typeof=\"mw:Entity\"> </span>•<span typeof=\"mw:Entity\"> </span><span style=\"font-weight:normal;\">Ander</span></th><td>2.7%</td></tr><tr class=\"mergedtoprow\"><th scope=\"row\"><a href=\"./Poskode\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Poskode\">Poskode</a> <span style=\"font-weight:normal;\">(strate)</span></th><td class=\"adr\"><div class=\"postal-code\">9982</div></td></tr><tr class=\"mergedbottomrow\"><th scope=\"row\"><a href=\"./Poskode\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Poskode\">Poskode</a> <span style=\"font-weight:normal;\">(posbusse)</span></th><td class=\"adr\"><div class=\"postal-code\">9982</div></td></tr><tr class=\"mergedrow\"><th scope=\"row\">Skakelkode</th><td>053</td></tr></tbody></table>" ], "td_tables": [], "text_length": 4070 }
NSRI Die internasionale **reddingswese** is hoofsaaklik op seeredding toegespits, naamlik op skeepsrampe en vliegtuigrampe ter see. In Suid-Afrika word seereddingsoperasies deur die Nasionale Seereddingsinstituut van Suid-Afrika (NSRI), in samewerking met verskeie ander instansies soos die Suid-Afrikaanse Lugmag, uitgevoer. In 1960 is daar op 'n internasionale konvensie oor die veiligheid van mense ter see standaarde gestel ten opsigte van die seewaardigheid van reddingsbote en die aantal reddingsbote op skepe. Op die gebied van ondergrondse redding na mynrampe beskik die Kamer van Mynwese oor 'n reddingsdiens wat dikwels ook hulp verleen in buurlande. Nasionale Seereddingsinstituut ------------------------------ Die Nasionale Seereddingsinstituut van Suid-Afrika, wat op 29 Mei 1967 gestig is, is 'n lid van die internasionale reddingsbootorganisasie wat elke 4 jaar vergader en raad en inligting oor redding ter see uitruil. Net soos verskeie Europese en Suid-Amerikaanse lande, is die Suid-Afrikaanse reddingsorganisasie 'n private instelling - in die VSA, Japan, Australië, Nederland, België, Denemarke en die Oosbloklande word dit deur die staat beheer. Die NSRI is op aandrang van die Suid-Afrikaanse tak van die Internasionale Vereniging van Skeepskapteins gestig en stel hom dit ten doel om veiligheidstandaarde ten opsigte van bote te bevorder en ʼn veiligheidsbewussyn by booteienaars aan te moedig. Dit oefen beheer uit oor reddingsbote en -toerusting by verskeie plekke aan die kus van Suid-Afrika en Namibië en lei bemanningslede op om opgewasse te wees in enige noodgeval. NSRI - Stasie, Port St. Francis, Oos-Kaap Die reddingsdiens, het aanvanklik met een opblaasboot in Kaapstad (waar die hoofkwartier is) begin. Daar is ook noue samewerking tussen die NSRI en die Suid-Afrikaanse Polisie, die Suid-Afrikaanse Vloot, die Suid Afrikaanse Lugmag, handelsvlieg en helikopterdienste en eienaars van private en handelsbote. Die Lugmag voorsien byvoorbeeld tweerigtingradio's waarmee die reddingsbote met die helikopters en soekvliegtuie ten tye van reddingsoperasies in verbinding kan bly. Hoewel alle bemanningslede goeie swemmers moet wees, gebruik hulle dikwels 'n lewenslyn wanneer ʼn drenkeling gered word. Baie reddingstasies het duiklong- of scubaduikgeriewe (scuba = **s**elf**c**ontained **u**nderwater **b**reathing **a**pparatus) en hoewel die reddingsbote oor die algemeen nie so gesofistikeer is soos die van die Duitsers, die Franse en die Britte nie, lewer die NSRI 'n doeltreffende diens wat wyd bewondering afdwing. Die NSRI is 'n organisasie sonder winsbejag met die president as beskermheer. Dit ontvang 'n staatsbydrae, maar word ook finansieel gesteun deur die handel en nywerheid, terwyl Suid-Afrikaanse oliemaatskappye dit van gratis olie en brandstof voorsien. Dit maak verder op donasies van lede en op ondersteuningsfondse staat. Helikopters ----------- Benewens reddingsbote vervul helikopters 'n toenemend belangrike rol in die redding van mense wat ter see en elders in gevaar verkeer. Die Suid-Afrikaanse. Lugmag bedryf 'n seereddingsdiens uit Durban en verleen dikwels hulp aan buurlande. Tydens die oorstromings in Transkei in 1978 is verskeie reddingsvlugte onderneem om noodvoorrade na inwoners van die land te bring en gestrande mense te red. Soortgelyke werk is tydens die Laingsburg-ramp in Januarie 1981 gedoen. Op versoek van die Deense regering is bystand ook indirek aan die land verleen toe 'n vragskip van die land, die *Pepice*, in die Mosambiekkanaal gestrand het. Die matrose is later met 'n helikopter van die Lugmag gered. Aangesien die helikopter 'n beperkte vlugbereik het, moes dit eers uitmekaar gehaal word en per vliegtuig na Europa-eiland naby Maputo gebring word, waar dit weer aanmekaar gesit is. 'n Kommersiële helikoptermaatskappy, *Court,* het in 1978 143 matrose gered nadat hul skepe by die Kaap van Storms in gevaar verkeer het. Helikopters word ook gebruik om pasiënte wat dringend gespesialiseerde mediese hulp nodig het, na die bepaalde geriewe te vervoer. Suid-Afrikaanse Lewensreddersvereniging --------------------------------------- Die Suid-Afrikaanse Lewensreddersvereniging (SALSA), wat in 1961 gestig is, lewer oor die hele land 'n belangrike diens deur talle drenkelinge van verdrinking te red. Die vereniging bied ook onderrig oor lewensreddingsmetodes en die bybring van drenkelinge aan. Skole en swemklubs in verskeie sentra is by die vereniging geaffilieer. Ondergrondse redding -------------------- AI die groot Suid-Afrikaanse myne het reddingsdienste wat in tye van noodtoestande, sowel plaaslik as in buurlande, hulp verleen. Reddingsopleiding word reeds vir meer as 'n halfeeu deur die Kamer van Mynwese aangebied en daar is teenswoordig opleidingsentra in Johannesburg, Dundee, Witbank en Welkom. Kandidate ondergaan streng fisieke en mediese keuring en word tydens hul opleiding aan temperature van tot 100 °C blootgestel om die toestande in 'n myn tydens 'n ondergrondse brand na te boots. Die reddingswerk word vrywillig en teen geringe vergoeding gedoen en die spanne moet 24 uur per dag op 'n gereedheidsgrondslag wees. 'n Reddingspan bestaan gewoonlik uit vyf mense, naamlik 'n groep van vier manne met 'n kaptein in beheer wat die kritieke besluite moet neem. Die uiters moeilike werkomstandighede en die veeleisendheid van die taak word geïllustreer deur die feit dat vier reddingswerkers gewoonlik nodig is om een vasgekeerde mynwerker te red. Daarbenewens is daar ook vrywilligers wat hulpdienste verleen, byvoorbeeld om reddingsuitrusting te vervoer en brande te blus. Hoewel dit in die verlede soms dae geneem het om 'n mynbrand te blus (in 1968 was 318 reddingspanskofte nodig om 'n brand by die Harmonymyn te blus), word die soort noodtoestand teenswoordig makliker onder beheer gebring, onder meer vanweë die gebruik van beton en glasvesel in die mynstutte en deur doeltreffender waarskuwing- en opsporingstelsels. Die reddingsuitrusting is ook moderner en doeltreffender. Die konvensionele saamgeperste-suurstofpak, waarin yspakke dikwels gebruik word om die lug te verkoel en so keel- en longbeserings te probeer voorkom, is 'n aantal jare gelede deur 'n nuwe pak uit Duitsland vervang. Die pak bevat vloeibare suurstof wat die reddingswerkers in staat stel om koeler lug in te asem en makliker asem te haal, wat hulle ondergrondse werkvermoë verdubbel. Die voorbereiding van laasgenoemde duur langer as in die geval van die ou pak - met die ou toerusting duur dit ongeveer 20 minute vir die spanne om ondergronds te gaan. Vroeër was daar ook geen verbinding tussen die reddingspanne en hul varslugbasisse nie, maar 'n tweerigtingradio wat deur die Kamer van Mynwese ontwerp is en waarvan die werking nie deur soliede ondergrondse rots belemmer word nie, is 'n aantal jare gelede in gebruik geneem en vergemaklik teenswoordig die reddingstaak baie. Die varslugbasis word altyd aan die geventileerde kant van die brand ingerig. Onder meer word kanaries daar gehou sodat hulle as waarskuwing teen gasvergiftiging kan dien (hulle haal vinniger asem as mense en toon dus vinniger vergiftigingsimptome). Voordat die brand geblus kan word, moet die reddingswerkers eers die vasgekeerde mynwerkers bevry, nood-asemhalingsapparaat aan hulle koppel en hulle in veiligheid bring. Daarna word die brand met water of skuim geblus. Bronnelys --------- * Wêreldspektrum, 1982, ISBN 0908409648, volume 23, bl. 173 | | | | --- | --- | | Normdata Edit this at Wikidata | * NARA: 10643566 |
{ "title": "Reddingswese", "mostly_tablelist": false, "tablelist_ratio": [ 72, 6223, 0.011569982323638118 ], "infobox": [], "td_tables": [], "text_length": 7528 }
*Branta leucopsis* Die **witwanggans** (*Branta leucopsis*) is 'n opvallende gans met 'n pikswart nek en witgevlekte gesig. Ook die wetenskaplike naam "leucopsis" beteken "wit gesig". Hulle word op eilande en kusgebiede in die Noord-Atlantiese Oseaan aangetref, soos Groenland, Skotland, Ierland, Islay, die Binne-Hebride, Nederland en noord van Siberië tussen die Barents- en Kara-see. Mannetjies en wyfies het 'n identiese veredos, met 'n wit-grys onderlyf, 'n donkergrys en swart gestreepte rug en stert, 'n swart nek en agterkop en wit gesig. Hierdie ganse is oor die algemeen nie aggressief nie en kan in groepe met ander watervoëls aangehou word. Witwangganse se dieet bestaan uit gras en saad. Hulle sal ook die lêkorrels van hoenders en eende vreet. Broeityd is tussen November en Maart (winter in die Noordelike halfrond). Die ganse bou 'n nes op die grond, tussen plante en gras, wat met dons uitgevoer word. Die wyfie lê tussen drie en vyf gryswit eiers wat na 24 tot 26 dae uitbroei. Die kuikens is self na twee tot drie jaar broeigereed. Bronnelys --------- * BirdLife International (2004). *Branta leucopsis*. *2006 IUBN-rooilys van bedreigde spesies*. Internasionale Unie vir die Bewaring van die Natuur 2006. Verkry op 11 Mei 2006. * Hilko Insel, (2005): *Eksotiese Watervoëls*. LAPA Uitgewers, Pretoria. ISBN 0-7993-3428-6 | | | | --- | --- | | Normdata Edit this at Wikidata | * LCCN: sh85011892 | | | | | --- | --- | | Taksondatabasisse | * Wd: Q26680 * ADW: Branta\_leucopsis * Avibase: 3163ED86A508BB83 * BioLib: 8442 * eBird: bargoo * Fauna Europaea: 96483 * Fossilworks: 368611 * GBIF: 5232464 * IBC: barnacle-goose-branta-leucopsis * iNaturalist: 7101 * ITIS: 175014 * IUCN: 22679943 * NCBI: 184711 * WoRMS: 159177 * Xeno-canto: Branta-leucopsis |
{ "title": "Witwanggans", "mostly_tablelist": false, "tablelist_ratio": [ 747, 1631, 0.4580012262415696 ], "infobox": [ "<table about=\"#mwt1\" class=\"infobox biota\" style=\"text-align: left; width: 200px; font-size: 100%\">\n<tbody><tr>\n<th colspan=\"2\" style=\"text-align: center; background-color: rgb(235,235,210)\">Witwanggans</th></tr>\n<tr>\n<td colspan=\"2\" style=\"text-align: center\"><span typeof=\"mw:File\"><a class=\"mw-file-description\" href=\"./Lêer:Branta_leucopsis_-standing_in_a_field-8.jpg\"><img data-file-height=\"3012\" data-file-type=\"bitmap\" data-file-width=\"2150\" decoding=\"async\" height=\"350\" resource=\"./Lêer:Branta_leucopsis_-standing_in_a_field-8.jpg\" src=\"//upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/c/c3/Branta_leucopsis_-standing_in_a_field-8.jpg/250px-Branta_leucopsis_-standing_in_a_field-8.jpg\" srcset=\"//upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/c/c3/Branta_leucopsis_-standing_in_a_field-8.jpg/375px-Branta_leucopsis_-standing_in_a_field-8.jpg 1.5x, //upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/c/c3/Branta_leucopsis_-standing_in_a_field-8.jpg/500px-Branta_leucopsis_-standing_in_a_field-8.jpg 2x\" width=\"250\"/></a></span></td></tr>\n<tr style=\"text-align: center; background-color: rgb(235,235,210)\">\n<th colspan=\"2\"><div style=\"text-align: center\"><a href=\"./Bewaringstatus\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Bewaringstatus\">Bewaringstatus</a></div></th></tr>\n<tr>\n<td colspan=\"2\"><div style=\"text-align: center\"><span class=\"mw-default-size\" typeof=\"mw:File/Frameless\"><span><img alt=\"\" data-file-height=\"64\" data-file-type=\"drawing\" data-file-width=\"240\" decoding=\"async\" height=\"59\" resource=\"./Lêer:Status_iucn3.1_LC_af.svg\" src=\"//upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/7/7e/Status_iucn3.1_LC_af.svg/220px-Status_iucn3.1_LC_af.svg.png\" srcset=\"//upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/7/7e/Status_iucn3.1_LC_af.svg/330px-Status_iucn3.1_LC_af.svg.png 1.5x, //upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/7/7e/Status_iucn3.1_LC_af.svg/440px-Status_iucn3.1_LC_af.svg.png 2x\" width=\"220\"/></span></span><br/><a href=\"./Veilige_spesie\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Veilige spesie\">Veilig</a> <link href=\"./Kategorie:IUBN_Rooilys_veilige_spesies\" rel=\"mw:PageProp/Category\"/><small><span typeof=\"mw:Entity\"> </span>(<a href=\"./IUBN-rooilys\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"IUBN-rooilys\">IUCN 3.1</a>)</small></div></td></tr>\n<tr>\n<th colspan=\"2\" style=\"min-width:15em; text-align: center; background-color: rgb(235,235,210)\"><a href=\"./Wetenskaplike_klassifikasie\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Wetenskaplike klassifikasie\">Wetenskaplike klassifikasie</a></th></tr>\n<tr>\n<td>Domein:</td>\n<td><div class=\"domein\" style=\"display:inline\"><a class=\"mw-redirect\" href=\"./Eukaryota\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Eukaryota\">Eukaryota</a></div></td></tr>\n<tr>\n<td>Koninkryk:</td>\n<td><div class=\"koninkryk\" style=\"display:inline\"><a class=\"mw-redirect\" href=\"./Animalia\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Animalia\">Animalia</a></div></td></tr>\n<tr>\n<td>Filum:</td>\n<td><div class=\"filum\" style=\"display:inline\"><a class=\"mw-redirect\" href=\"./Chordata\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Chordata\">Chordata</a></div></td></tr>\n<tr>\n<td>Klas:</td>\n<td><div class=\"klas\" style=\"display:inline\"><a class=\"mw-redirect\" href=\"./Aves\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Aves\">Aves</a></div></td></tr>\n<tr>\n<td>Orde:</td>\n<td><div class=\"orde\" style=\"display:inline\"><a href=\"./Anseriformes\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Anseriformes\">Anseriformes</a></div></td></tr>\n<tr>\n<td>Familie:</td>\n<td><div class=\"familie\" style=\"display:inline\"><a class=\"mw-redirect\" href=\"./Anatidae\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Anatidae\">Anatidae</a></div></td></tr>\n<tr>\n<td>Genus:</td>\n<td><div class=\"genus\" style=\"display:inline\"><i><a class=\"new\" href=\"./Branta\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Branta\">Branta</a></i></div></td></tr>\n<tr>\n<td>Spesie:</td>\n<td><div class=\"spesie\" style=\"display:inline\"><i><b>B.<span typeof=\"mw:Entity\"> </span>leucopsis</b></i></div></td></tr>\n<tr>\n<th colspan=\"2\" style=\"text-align: center; background-color: rgb(235,235,210)\"><a href=\"./Binomiale_naam\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Binomiale naam\">Binomiale naam</a></th></tr>\n<tr>\n<td colspan=\"2\" style=\"text-align: center\"><b><span class=\"binomial\"><i>Branta leucopsis</i></span></b><br/><div style=\"font-size: 85%;\">(<a class=\"extiw\" href=\"https://en.wikipedia.org/wiki/Johann%20Matthäus%20Bechstein\" rel=\"mw:WikiLink/Interwiki\" title=\"w:Johann Matthäus Bechstein\">Bechstein</a>, 1803)</div></td></tr>\n<tr style=\"text-align: center; background-color: rgb(235,235,210)\"></tr>\n</tbody></table>" ], "td_tables": [], "text_length": 1794 }
**Wladimir II** of **Wladimir Monomach** (Russies: Владимир Мономах; 1053 – 19 Mei 1125) het van 1113 tot met sy dood as grootprins oor Kiëf-Roes regeer. Hy was die seun van Wsewolod I en ’n dogter van keiser Konstantyn Monomachus van Bisantium van wie hy die bynaam *Monomach* oorgeneem het (uit Grieks: "μονόμαχος" = "eensame stryder"). Sy bewind word beskou as Kiëf-Roes se Goue Era. Deur sy ma se ouma stam Wladimir af van keiser Romanus Argyrus en van die Skleroi (’n belangrike adellike familie in Konstantinopel). Hy kon sy stamboom terugspoor tot by belangrike keisers soos Romanus Lecapenus en Leo die Armeniër. Dié familiebande sou ’n belangrike rol speel in sy buitelandse politiek. In sy beroemde *Riglyne* vir sy eie kinders, noem hy dat hy 83 militêre veldtogte gelei het. Van 1094 af het hy in besit gekom van die suidelike stad Perejaslaf, maar hy het ook Rostof, Soezdal en ander noordelike provinsies van Kiëf-Roes beheer. In dié gebiede het hy verskeie nuwe stede gestig, soos Wladimir, die toekomstige hoofstad van Rusland wat na hom genoem is. Hy het ook probeer om met diplomasie vrede te bewerkstellig tussen die ou Russiese vorstedomme wat teen mekaar meegeding het. Toe Swjatopolk II in 1113 sterf, het die bevolking van Kiëf in opstand gekom en Wladimir genooi om oor die hoofstad te regeer. Hy is geesdriftig ontvang en het die stad tot met sy dood in 1125 regeer. Hy het ook hier hervormings ingevoer met die doel om sosiale spanning in die hoofstad te kanaliseer. Onder sy bewind het Kiëf-Roes ’n laaste bloeityd beleef voor dit 10 jaar ná sy dood sou verbrokkel. Wladimir was drie maal getroud en het verskeie kinders gehad: * Uit sy eerste huwelik: sy erfgenaam Mstislaf I * Uit sy tweede huwelik: Joeri Dolgoroeki, die stigter van Moskou, en twee dogters.
{ "title": "Wladimir Monomach", "mostly_tablelist": false, "tablelist_ratio": [ 1043, 2535, 0.411439842209073 ], "infobox": [ "<table about=\"#mwt1\" class=\"infobox\" style=\"font-size:90%; width:25em; text-align:left;\">\n<tbody><tr><th colspan=\"2\" style=\"color:#000; background-color:#ccf; font-size:120%; text-align:center;\">Wladimir Monomach</th></tr>\n<tr>\n<td colspan=\"2\" style=\"text-align:center;\"><i>Grootprins van Kiëf </i></td></tr>\n<tr>\n<td colspan=\"2\" style=\"text-align:center;\"><span data-mw='{\"caption\":\"Wladimir Monomach besig om te jag.\"}' typeof=\"mw:Image\"><a class=\"mw-file-description\" href=\"./Lêer:Monomakh's_hunting.jpg\"><img data-file-height=\"1008\" data-file-type=\"bitmap\" data-file-width=\"1288\" decoding=\"async\" height=\"157\" resource=\"./Lêer:Monomakh's_hunting.jpg\" src=\"//upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/0/0c/Monomakh%27s_hunting.jpg/200px-Monomakh%27s_hunting.jpg\" srcset=\"//upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/0/0c/Monomakh%27s_hunting.jpg/300px-Monomakh%27s_hunting.jpg 1.5x, //upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/0/0c/Monomakh%27s_hunting.jpg/400px-Monomakh%27s_hunting.jpg 2x\" width=\"200\"/></a></span><br/><small><div style=\"text-align:center\">Wladimir Monomach besig om te jag.</div></small></td></tr>\n<tr>\n<th>Periode</th>\n<td>1113–1125</td></tr>\n<tr>\n<th>Voorganger</th>\n<td><a href=\"./Swjatopolk_II_van_Kiëf\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Swjatopolk II van Kiëf\">Swjatopolk II</a></td></tr>\n<tr>\n<th>Opvolger</th>\n<td><a href=\"./Mstislaf_I_van_Kiëf\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Mstislaf I van Kiëf\">Mstislaf I</a></td></tr>\n<tr>\n<th>Huis</th>\n<td><a href=\"./Rjoerik-dinastie\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Rjoerik-dinastie\">Rjoerik</a></td></tr>\n<tr>\n<th>Kinders</th>\n<td><a href=\"./Mstislaf_I_van_Kiëf\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Mstislaf I van Kiëf\">Mstislaf I</a> <br/><a href=\"./Joeri_Dolgoroeki\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Joeri Dolgoroeki\">Joeri Dolgoroeki</a></td></tr>\n<tr>\n<th>Vader</th>\n<td><a href=\"./Wsewolod_I_van_Kiëf\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Wsewolod I van Kiëf\">Wsewolod I</a></td></tr>\n<tr>\n<th>Gebore</th>\n<td><a href=\"./1053\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"1053\">1053</a></td></tr>\n<tr>\n<th>Oorlede</th>\n<td><a href=\"./1125\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"1125\">1125</a></td></tr>\n</tbody></table>" ], "td_tables": [], "text_length": 1825 }
Wladimir Pasjkof in 2020. **Wladimir Igorewitsj Pasjkof** (Russies: Владимир Игоревич Пашков) is die eerste minister van die Volksrepubliek Donetsk, 'n wegbreekrepubliek in die ooste van Oekraïne. Pasjkof is sedert 6 Februarie 2020 die "waarnemende leier van die regering" in Donetsk. Agtergrond ---------- Pasjkof is in die Siberiese stad Brask gebore en is 'n Russiese burger. Voor sy aanstelling as waarnemende eerste minister van Donetsk was hy tot 2014 die adjunkgoewerneur van Rusland se Irkoetsk-oblast. Pasjkof was ook tot 2005 die burgemeester van sy tuisdorp, Bratsk. Omstredenheid ------------- Die aanstelling van 'n voormalige senior Russiese amptenaar as waarnemende leier binne 'n wegbreekrepubliek in Oekraïne het tot fel kritiek teen Rusland gelei. In reaksie het Dimitri Peskof, woordvoerder van die Kremlin, gereageer dat "Rusland absoluut niks met daardie konflik te doen het nie. Dis nie 'n amptelike persoon wat amptelik soontoe afgevaardig is nie. In hierdie geval gaan dit moontlik oor die aktiwiteite van 'n private persoon wat as 'n gewone burger van die Russiese Federasie optree."
{ "title": "Wladimir Pasjkof", "mostly_tablelist": false, "tablelist_ratio": [ 11, 960, 0.011458333333333333 ], "infobox": [], "td_tables": [], "text_length": 1134 }
Indwe se huidige kerkgebou waarvan ds. A.H. Naudé, eerste leraar, die hoeksteen op 7 Augustus 1920 gelê het. Indwe is in die noordoostelike deel van die provinsie Oos-Kaap geleë. Indwe se vorige NG kerkgebou, hier afgeneem in 1917. Die kerkraad van die NG gemeente Dordrecht het dit hier laat oprig om die steenkoolmyners te bearbei. Ds. J.F. Marais van Dordrecht het voor die stigting van die gemeente Indwe een maal per maand 'n erediens hier waargeneem. Indwe se NG kerkgebou staan weg van die middedorp aan die westekant van die hoofstraat. Die kerk verder af in die straat was dié van die Gereformeerde kerk wat in 1926 gestig en in 1990 ontbind is. Indwe se inskrywing in *Ons Kerk Album* van 1917. Onder regs is ds. A.H. Naudé, die derde leraar. Ds. Jacobus Joubert Krige, van 1906 tot 1910 Indwe se eerste NG predikant. Ds. Pieter Albertyn Alheit, leraar van 1911 tot 1914. Ds. A.H. Naudé, leraar van 1915 tot 1922. Ds. N.F.P. Burger, leraar van 1928 tot 1950. Ds. M.M. Smit, leraar van 1950 tot 1954. Die **NG gemeente Indwe** is 'n meer as honderd jaar oue gemeente van die Nederduitse Gereformeerde Kerk op die Oos-Kaapse dorpie Indwe wat in 2012 slegs 69 belydende lidmate oorgehad het, maar nietemin sy werksaamhede voortgesit het danksy die ywer van die kerkraad. Buiten die hoofkerk op Indwe hou die gemeente ook die kerkgebou op die landelike nedersetting Ida in stand wat tot omstreeks 1970 die swaartepunt van die NG gemeente Du Plessis was. Stigting -------- Die woord Indwe beteken kraanvoël. Lidmate van die NG kerk het hulle in die omgewing begin vestig toe steenkoolmyne hier opgerig is. Die kerkraad van die NG gemeente Dordrecht het die leiding geneem en ’n klein kerkie opgerig, waarin ds. J.F. Marais een maal per maand ’n diens vir die plaaslike lidmate gelei het. Op 10 Maart 1906 het die Ring van Burgersdorp volgens 'n besluit wat die Ringskommissie op Lady Grey geneem het, daartoe oorgegaan om die nuwe gemeente met die naam Indwe te stig. Die eerste kerkraadsvergadering is gehou op 24 Maart 1906 onder voorsitterskap van ds. J.F. Marais, predikant van die NG gemeente Dordrecht. (Hy was in 1952, met die verskyning van *Ons gemeentelike feesalbum*, die oudste leraar in die NG Kerk.) Die kerkraad het aan die begin bestaan uit twee ouderlinge en vier diakens. Die gemeente was nog hulpbehoewend en moes deur die Algemene Armesorgkommissie ondersteun word. Die eerste beroep is uitgebring op ds. Harold Botha van die NG gemeente Ugie. Hy het egter bedank en daarna is ds. J.J. Krige, hulpprediker van Kroonstad, beroep. Hy het die beroep aangeneem en so die eerste leraar van die gemeente geword. Kerkgeboue ---------- Die eerste dienste van die nuwe gemeente is gehou in die 'n baie klein kerkie en 'n huurhuis moes dien as pastorie vir ds. Krige. Eers in 1909, drie jaar na die gemeente se stigting, is 'n pastorie gebou. In 1920 is die huidige, doeltreffende kerkgebou van gekapte klip gebou na die ontwerp van die eerste Afrikaanse argitek, Wynand Louw. In 1923 is Lady Frere, wat toe onder Queenstown geressorteer het, tot Indwe toegevoeg. Selfs daar is later 'n sierlike toringkerkie opgerig. Indwe was dan ook een van die eerste plattelandse gemeentes wat twee volwaardige kerke gehad het en as in aanmerking geneem word dat daar ten tyde van die tweede kerk se oprigting skaars 600 lidmate was, is dit voorwaar 'n sonderlinge prestasie. Die gemeente word aan alle kante, behalwe vir die deurgang na Dordrecht en Ida, omring deur wat destyds "naturellegebiede" was. Die gemeente het dan ook 'n doeltreffende sendingkerk gehad wat ook destyds as skool diens gedoen het. Aanvanklik is die dienste van 'n Xhosa evangelis ingespan. Daar was in die vroeë jare 50 van die vorige eeu twee buiteskole onder die toesig van die kerkraad met sowat 90 leerlinge. Opbloei ------- Mettertyd het die gemeente, wat eens hulpbehoewend was, heeltemal selfstandig geword en teen die vroeë 1950's het die dankoffer bykans £3 000 beloop. Die steenkoolmyne wat aanvanklik verantwoordelik was vir die ontstaan van die dorpie, was enkele dekades later nie meer in werking nie nadat steenkool van 'n beter gehalte in die destydse Transvaal ontdek is en ná Uniewording aan die destydse Kaapprovinsie beskikbaar geraak het. Die wit gemeenskap op Indwe het vroeër jare uit sowat 80 persent Afrikaanssprekendes bestaan waarvan sowat 80 persent aan die NG Kerk behoort het. Sowat 60 jaar gelede was daar slegs een sekte bedrywig, en dit op Lady Frere. Van die eertydse florerende skoollewe het teen 2012 niks oorgebly nie weens die ontvolking van die platteland wat veral in dié deel van die Noordoos-Kaap tot 'n kommerwekkende daling in die getal Afrikaanssprekendes gelei het. Sestig jaar gelede het 'n hoërskool, 'n voorbereidende skool en twee laerskole binne die gemeentegrense gestaan. Nietemin berig ds. Danie Mouton, die NG Kerk in Oos-Kaapland se direkteur vir predikante en gemeentebegeleiding, in 2011 op Facebook: "Dis 'n klein gemeente, maar hulle is vol lewe. Die afgelope twee jaar se basare was besonder geseënd. Hulle het projekte om die gemeenskap te dien, rondom voedsel en klere. Hulle het vir jare nie meer 'n predikant nie, maar die kerkraadslede hou die gemeente aan die gang." Leraars ------- Tydens die eerste eeu van die gemeente se bestaan, was die leraars agtereenvolgens: * Jacobus Joubert Krige, 1906–1910 * Pieter Albertyn Alheit, 1911–1914 ('n seun van die onvergeetlike ds. W.A. Alheit) * Andries Hendrik Naudé, 1915–1922 * Jacobus Christiaan Oosthuyzen, 1923–1928 * Nicolaas Franciscus Petrus Burger, 1928–1950 * M.M. Smit, 1950–1954 * J.J. Krige, 1906–1910 * Pieter Albertyn Alheit, 1911–1914 * A.H. Naudé, 1915–1922 * J.C. Oosthuyzen, 1923–1928 * Nicolaas Franciscus Petrus Burger, 1928–1950 * M.M. Smit, 1950–1954 * Willem Johannes Smit, 1955–1960 * Johannes Gerhardus Venter, 1961–1965 * Wouter Hugo de Vos, 1965–1969 * Norman Henry Stark, 9 Augustus 1969–1973 * Alexander Floris Gerber, 1974–1975 * Jacob Daniël Thom, 1975–1977 (demissie) * Pieter Jacobus Strauss, 17 Januarie 1976–1979 * André Johan de Villiers, 6 Augustus 1983–1989 * Gerhardus Petrus Delport, 2 Junie 1989–1996 (demissie, beroepbaar) * Dirk Cornelius Klynsmith, 1997–2002 (waarna die buurgemeente Dordrecht; Indwe se laaste eie leraar) Lidmaattal ---------- | Jaartal | Dooplidmate | Belydende lidmate | | --- | --- | --- | | 1931 | 548 | 749 | | 1933 | 537 | 661 | | 1947 | 283 | 608 | | 1952 | 376 | 680 | | 1973 | 198 | 485 | | 1979 | 130 | 371 | | 1985 | 86 | 276 | | 1990 | 57 | 220 | | 1995 | 40 | 153 | | 2000 | 17 | 91 | | 2005 | 14 | 84 | | 2010 | 14 | 84 | | 2014 | 24 | 69 | Galery ------ * Vooraansig van die kerk. * Die kerk van die kant gesien. * Die kerkgebou se hoeksteen. * Dié steen is met die halfeeufees gelê. * Ook die gemeente se eeufees is met die lê van 'n gedenksteen gevier. * 'n Ou foto van die agterkant van die kerkgebou geneem. Bronne ------ * (nl) Maeder, ds. G.A. en Zinn, Christian. 1917. *Ons Kerk Album*. Kaapstad: Ons Kerk Album Maatschappij Bpkt. * (af) Olivier, ds. P.L. (samesteller). 1952. *Ons gemeentelike feesalbum*. Kaapstad en Pretoria: N.G. Kerk-Uitgewers.
{ "title": "NG gemeente Indwe", "mostly_tablelist": false, "tablelist_ratio": [ 1459, 5906, 0.24703691161530647 ], "infobox": [], "td_tables": [], "text_length": 7180 }
Ds. F.J.B. Naudé, van 1942 tot 1948 Kerkenberg se eerste leraar. Die argitekte van die NG kerk Kerkenberg was Leendert en Geurt Geers. Ds. Petrus Arnoldus de Wet was Kerkenberg se tweede leraar. Ds. Daniël Johannes Malan, leraar van 1954 tot 1960. Die NG gemeente Kerkenberg is die tweede gemeente van die Nederduitse Gereformeerde Kerk op die Vrystaatse dorp Harrismith. Dit is deel van die Vrystaatse Sinode se Ring van Harrismith, waarin dit die tweede jongste gemeente is. Stigting -------- Op 21 Maart 1942 is die gemeente Kerkenberg offisieel deur die Ringskommissie afgestig van die moedergemeente Harrismith, wat in min of meer twee gelyke dele deur die afstigting verdeel is. Op dieselfde dag is 'n gemeentevergadering gehou om oor 'n gepaste naam vir die nuwe gemeente te besluit. Ná breedvoerige bespreking is besluit op die mooi historiese naam Kerkenberg, 'n plek op die Drakensberge wat in die gemeente val en waar Piet Retief in Oktober 1837 aangekom het. Hier het die Voortrekkers vertoef terwyl Retief na Dingaan is om te onderhandel oor 'n verblyfplek in Natal. Eerste leraar ------------- Op 30 Mei 1942 is onder voorsitterskap van ds. H.J.C. Reyneke as konsulent die eerste leraar van die gemeente beroep. Die keuse het op ds. F.J.B. Naudé van Heilbron-Suid geval, wat die beroep aangeneem het, en op 12 September hier bevestig is. Kerkbou ------- Onder die bekwame leiding van ds. Naudé is dadelik aan die werk gespring. Geld is ingesamel, 'n perseel is vir die bedrag van £5 000 aangekoop en op 'n gemeentevergadering gehou op 28 Julie 1943 is besluit om 'n kerk te bou. 'n Boukommissie is aangestel, argitekte is geraadpleeg, en op 4 September is die grondplan deur die argitekte Leendert en Geurt Geers goedgekeur. Op 4 Mei 1944 is die eerste sooi gespit, en op 11 November die hoeksteen sowel as 'n gedenksteen deur ds. Naudé en mev. Cielie Badenhorst respektiewelik gelê. Op 23 Maart 1946 het die plegtige inwyding van die sierlike Godsgebou plaasgevind. Die boukoste het £23 000 beloop, en die kerk is sonder skuld ingewy. Tweede leraar ------------- Op 31 Januarie 1948 het ds. Naudé 'n beroep na Boksburg aangeneem, en nadat die gemeente geruime tyd vakant was, het ds. P.A. de Wet van Queenstown 'n beroep hierheen aangeneem, en is hy op 25 Junie 1949 hier bevestig as leraar van die gemeente. Om alles af te rond moes 'n orrel nog geïnstalleer word. Ds. De Wet het hom daarvoor beywer, geld is ingesamel, en 'n elektriese driemanuaal-pyporrel is aangekoop teen 'n bedrag van £4 850. Op 2 Junie is hierdie prag-instrument ingewy, en kon leraar, kerkraad en gemeente 'n Ebenhaeser oprig en sê: "Vanaf die afstigting in 1942 tot hiertoe het die Here ons gehelp," aldus *Ons gemeentelike feesalbum* (1952). Enkele leraars -------------- * F.J.B. Naudé, 1942–1948 * Petrus Arnoldus de Wet, 25 Junie 1949 - ? * Daniël Johannes Malan, 1954 – 1960 * Willem Brits, (vermoor in die pastorie) Bronne ------ * (af) Olivier, ds. P.L. (samesteller). 1952. *Ons gemeentelike feesalbum*. Kaapstad en Pretoria: N.G. Kerk-uitgewers.
{ "title": "NG gemeente Kerkenberg", "mostly_tablelist": false, "tablelist_ratio": [ 611, 2890, 0.21141868512110726 ], "infobox": [], "td_tables": [], "text_length": 3071 }