text
stringlengths
15
242k
As Julius se uitbarsting teenoor die BBC-joernalis dus die land soveel skade kan berokken, kan die impak van die ANC se nasionalseringspraatjies skaars ingedink word. Dat die DA nou ook die Freedom Charter omarm, die dokument waaruit die nasionalisering van myne en banke, en drakoniese landboumaatreëls geput word, is ook nie gerusstellend nie.
Happy Happy André Havenga, Ane du Preez, Ceci Macneill, Denidia Kilbourn,Izelle Marais. Jp Nel by Socialite Potchefstroom 4 days ago
Die res van die middag het ons rondgeloop, die vlooimark bekyk, geroosterde neute gekoop en die twee seuns toegelaat om na hartelus met hulle fietsies by die bult af te jaag terwyl ons kywie hou vir karre. Die jongste het weliswaar op 'n stadium beheer oor sy voertuig verloor, soos 'n vrot vel diekant toe getrek terwyl sy fiets daaikant toe vlieg en hard in die rooigrond in gesloeg. Dankie tog vir dikkerige denim jeans en twee lae klere as gevolg van die koue. Hy't opgestaan, dit vir 'n oomblik oorweeg om te huil, gesien daar is niks te stukkend of gebreek nie en dadelik weer gaan opklim om verder te jaag.
WholeShit.pl [Cod MOD] √ Server IP: 83.1.164.150:27025 √ Server Type: Stoom + Nie Stoom √ Tipe √ Server: COD 4 Fun √ FrendlyFire: Off √ Aantal Slots: 21 √ Tyd kaart: 30min √ Ure uptime: 24 / 7 √ Forum: www.WholeShit.pl √ Ons nooi u hartlik uit: √ H @ Szoczysty 7938123 √ H @ Verticas 11122956 √ Ons gee administrateurs vir Vrye √ Monitoring √ CS Server [COD MOD] http://cache.www.gametracker.com/ser...1B5_2E3226.png √ Ventriloo Server 2.1.4 http://cache.www.gametracker.com/ser...1B5_2E3226.png
Maar dit verander nie die feit dat Jesus klaarblyklik onbewus was v.d. krisis terwyl die storm gewoed het nie.
Koos is anderdag dood. Hy was in sy tagtigs. Miskien het hy so lank geleef omdat hy nooit weer gerook het nie.
Ps. Ek het `n baie sterk tendens om empatie met die mensdom te he, veral waar aftakeling van menswaardigheid gemeet aan vandag se norm te bespeur is. Dit hou my soms wakker, soms dink ek maande lank aan een aspek en hoekom-hoekom ek oor siektes of agteruitgang van intellegensie of inkering of wat dit ookal mag wees was mense soms deurgaan in sekre toestande van "siekte".
Ek sal my ma altyd nodig hê, maak nie saak hoe oud ek is nie. Sy het my al laat lag... my trane afgevee... styf gedruk... my sien sukses behaal... my sien val... opgebeur.. . my sterk gehou... en al mal gedryf met tye! Maar my ma is 'n belofte van God dat ek altyd 'n vriendin sal hê! Sit hierdie op jou status as jy 'n wonderlike ma het by Wilhelmiena Brits 3 hours ago
Die VF Plus het nie met die beslissing van die agbare adjunk-speaker saamgestem dat die opmerkings van mnr. Muleleki George van Cope onparlementêr is en derhalwe deur hom teruggetrek moet word nie. Vryheid van spraak en lede van die Parlement se reg om hulle standpunte onbevange in die Parlement te stel, is 'n basiese fundamentele reg wat aan die hart van ons demokrasie lê. Die gevestigde praktyk vir baie jare in Parlemente is dat indien 'n spreker onparlementêre uitsprake maak wat reflekteer op die integriteit van enige ander lid, hy verplig word om dit terug te trek. Daarenteen staan dit enige lid vry om die beleid of besluite van 'n politieke party skerp te kritiseer en is dit sy of haar goeie reg. Die VF Plus is van mening dat mnr. George nie na enige spesifieke agbare lid verwys het nie, maar wel na die algemene politieke rigting waarheen in Suid-Afrika beweeg word. Die VF Plus was egter verder van mening dat hierdie saak op die gepaste wyse reggestel behoort te word. Dit moet gedoen word deur die saak op te neem by die Parlement se Reëlskomitee wat hiermee werk. 'n Emosionele uitstappery soos wat deur Cope en die DA vanmiddag gedoen is, bevorder nie hierdie saak nie. So 'n uitstappery versterk die ANC se siening dat hy as 'n enkele party oor die funksionering van die demokrasie in Suid-Afrika kan besluit. Dit durf nie toegelaat word nie.
Deur die skuld vir die moorde dan op die boere te pak, word die geweld gekondoneer en word die regering aandadig aan die gruweldade.
Roelof en Jean-Pierre de Bruyn het die afgelope Saterdag (6 September) aan die Suid-Afrikaanse JKA (WKF) karatekampioenskappe in Johannesburg deelgeneem. Hulle het in hulle afdeling, ouderdom 11 jaar en in hulle verskeie gewigsafdelings die volgende prestasies behaal in Kumite: Jean-Pierre : silwer medalje Roelof: silwer medalje Baie geluk!!
Kouevuur het ek op die radio gehoor, beslis mooi. Op die pad na Nooitgedacht saam met Robbie Wessels het ek ook gehoor. Altwee baie goed so die volgende logiese stap was om Theuns Jordaan se Kouevuur te koop.
Ons hier in Kaapstad het so 18 maande gelede met Kruiskerk begin, hoofsaaklik omrede mense moeg en siek en sat is vir die manier waarop daar steeds met mense gewerk word deur die kerk ... en om te gaan soek na 'n ander manier van dink oor God, mens en die self.
Toetse het getoon diabetes meer endemies is as wat voorheen gedink is, volgens die New England Journal of Medicine.
Teen die middel van die 4de eeu het betrekkinge tussen die Romeinse Ryk en die Franke gespanne geraak soos al hoe meer Franke hulle op Romeinse grondgebied gevestig het. In 357 het die Saliese Franke daarin geslaag om 'n permanente Frankiese teenwoordigheid binne die Romeinse Ryk te bekom deur 'n verdrag met Julianus Apostata aan te gaan. 'n Frankiese stam het hiermee die eerste Barbare geword om as 'n groep in die Romeinse Ryk toegelaat te word. [4] Volgens die verdrag kon die Saliese Franke hulle as dediticii (belasting betalende landbouers) in die Skeldevallei en tussen die groot riviere, veral in Toxandrië, vestig.[5]
« Pukawka.pl multiplayer game servers | Host4Game.pl »
"Dit onderstreep die kampioenskap se status as die grootste in Suid-Afrika," sê mnr Dirk van der Westhuizen, voorsitter van die Oudtshoorn Motorklub.
Binêre getalle word op dieselfde manier as desimale getalle voorgestel in dat kombinasies van die twee binêre simbole gebruik word om groter getalle voor te stel. Met desimale getalle gebruik ons basis tien, dus:
Om baie wol te kan dra, het die Australiese Merino meer plooie of velvoue, wat 'n groter veloppervlak en dus meer wol tot gevolg het. Die skape het ook gewoonlik 'n hoër digtheid van vesels per vierkante sentimeter en is dus in meer "gepak". Die plooie en die digter wol het weer tot gevolg dat wanneer die wol nat word, dit stadiger droog word. Hierdie nat wol is 'n groot aantrekkingskrag vir 'n spesifieke primêre brommer wat dan hul eiers in die nat wol le. Die larwes wat uitbroei en op die veloppervlakte voed, skei 'n slegte reuk af wat ander sekondêre brommers lok. Hierdie brommers se larwes dring die vel binne en begin die skaap letterlik "opeet" indien dit nie vinnig gedood word nie. (In die algemene spreektaal word die toestand "onsuiwer" genoem).
Pous Adrianus VI[2] sien as sy vernaamste take die bestryding van die Reformasie, die hervorming van die Kerk en die vereniging van die Christelike magte teen die aanvalle van die Turke in Hongarye en die Griekse eiland Rhodos. Hy het uiters sober gelewe, wat hom gehaat gemaak het in Rome. Deur sy weifelende houding in komplekse probleme het hy die bynaam "videbimus" (Ons sal sien...) gekry. Aanvanklik het hy neutraal gestaan in die stryd tussen die politieke magte van sy tyd, hoewel hy goed bevriend was met keiser Karel V. Op 15 April 1523 dring hy aan koning Frans I van Frankryk 'n wapenstilstand met keiser Karel op, met die dreiging van ekskommunikasie en interdik. Dit het 'n totale breuk met Frankryk veroorsaak en op 3 Augustus 1523 sluit die pous hom totaal aan by keiser Karel. Op 5 Augustus 1523 word hy ernstig siek en sterf op 14 September.
"Dierbare kind, Ek het jou op die vleuels van My Gees gebring na die glansryke kruin van My Berg. Kom in My Bokamer in en kom sien My Dierbare Dienskneg wat gereed is om jou te groet."
Investec ondervind blykbaar probleme as gevolg van sy Londense kantoor se blootstelling aan die kredietafgeleides. Ons banke is nie sulke groot spelers in die internasionale afgeleides dat hulle groot geld verloor het in die huidige Amerikaanse krisis nie, maar ons huismark kan binnekort dieselfde paadjie as die Amerikaanse bewandel. Eerste Nasionaal het reeds begin om hier in Johannesburg huise terug te neem. As dié eiendomme op die mark kom, gaan die pryse in duie stort en al ons banke het geweldige blootstellings aan die huismark. Volgens die Reserwebank se reëls hoef banke nie enige kapitaal te hou teen hul blootstelling aan residensiële eiendom nie! Slegs die 8%-reël van die BIS geld op hul totale bates. Indien die huismark net met twintig of dertig persent daal, gaan die banke se kapitaal waarskynlik uitgewis word, gegewe die reusebedrae wat die afgelope tyd aan ontwikkelaars en huiseienaars uitgeleen is, ook aan die swart middelklas wat in poste om politieke redes verkeer en nie omdat hulle 'n wesentlike produktiewe bydrae tot die ekonomie lewer nie. Dan is daar SEB. Wat weet ons van die omvang daarvan? Dis nou die tientalle (waarskynlik honderde) SEB-transaksies wat deur die banke aanmekaar gesit is en waar begunstigde swartes aandele teen 'n afslag van maatskappye bekom het, met geld wat van die banke geleen is. Die sekuriteit hiervoor is die aandele. Wat gebeur as die onderliggende aandeelwaardes onderkant die uitstaande skuld daal? Word die lenings dan betaalbaar? Gaan al die ryk swartes met hul groot karre en huise en Hollywood-lewenstyl die skielike gate tussen lenings en batewaardes kan terugbetaal? Wie weet watter ooreenkomste daar by die honderde of duisende aangegaan is en waar die banke hulself met strafklousules en dergelike probeer beskerm het? 'n Groot aantal aandele mag dalk so op die mark kom en die pryse nog verder na benede druk. Kortom, ek dink mens se geld is meer so veilig in 'n bank nie. Trevor Manuel het Saambou toegelaat om bankrot te speel. Moontlik sal hy Standard red, maar is hy in staat om die Groot Vier almal gelyk te red as dinge begin lelik lyk? Ek het persoonlik geen vertroue in die banke se bestuur nie. Hulle is mense wat reëls volg en verder gholf speel. Skielik is daar nie meer reëls nie. Ek weet dit klink alles baie lelik, maar toe ek 'n handelaar in 'n bank was, is ek altyd vertel ek moet kyk na die sogenaamde "worst case scenario". Die VSA het so pas $900 miljard uitgegee om sekere van sy finansiële instellings te red of net "ordelik te laat ontbind", waaronder $85 miljard net vir AIG. Dít alles is nog nie die "worst case scenario" nie, want soos die voormalige Amerikaanse sentrale bankier Alan Greenspan (allermins iemand wat onder dié omstandighede paniek wil saai) gesê het: "Dis nog lank nie verby nie." In SA sit ons met 'n huisborrel en 'n SEB-borrel. Dink daaraan as al twee tegelyk moet bars, wat nie net moontlik nie, maar waarskynlik is, want die twee is aan mekaar gekoppel.
Ek het dadelik die opvallendste vraag gevra; hoekom het die godheid sulke verskriklike onregte gepleeg? As ek reg verstaan was die antwoord dat die kerk uit mense bestaan en dat mense nare goed aan mekaar doen; mag korrupteer . Op die stadium het ek my ateïsme onthul.
« POTW # 173 17 Julie 2011 - 31 Julie 2011 | - »
Wihan was reg. Toe Kuswag die volgende middag 17:00 op die veld draf vir die wedstryd teen Bergkruin, is daar haat in hulle oë. Van die afskop af is dit duidelik dat hulle nie omgee of hulle die wedstryd wen of nie, solank Bergkruin in die proses ernstig beseer word. Maar hulle speel skelm en vuil: sodra die skeidsregter nie kyk nie, word daar met mening getrap en gebyt. Rufus kry in een losgemaal 'n harde elmboog in die oog sodat hy net sterretjies sien.
Soms is werktoe ry die enigste retreat in weke en moet mens maar selfs die plattelandse paaie met skape - grotes en nuwes - gebruik om balans terug te kry van hoe nuwe lewe regtig moontlik is.
Wiaan Viljoen Ruan Pienaar Roelof Dednam Rechane vd Westhuizen SA Pluimbal SA Rugby SA Pluimbal SA Fietsry Paul de Wet Franco Smit Chris Dednam Charné du Preez SA Basketbal SA Rugby SA Pluimbal SA Pluimbal Annari Viljoen Neil Powell Morné Steyn MJ Smith SA Pluimbal SA Rugby SA Rugby SA Rugby Marsha Joubert Liezl Colditz LG Myburgh Karen Venter Nasionale Jeugorkes Nasionale Jeugorkes SA Pluimbal SA Netbal Jolindi Smit Jimmy Powell Hennie Steyn SA Netbal SA Rugby SA Judo
Dit is oor die samestelling en kennis van hierdie komitee, veral oor jag en jagwapens, dat daar ernstige bedenkinge in Suid-Afrika bestaan. Wanneer beamptes beweer dat 'n mens nie meer as 'n 243 nodig het om 'n buffel te skiet nie, en wanneer 'n boer in die Oos-Vrystaat se aansoek geweier word omdat sy ou voorlaaier "voldoende is om jakkalse mee uit te roei", wek regtig 'n swak indruk oor die kennis van diegene wat oor wapenkeuses in Suid-Afrika moet besluit. Die motivering oor waarom 'n mens 'n bepaalde wapen wil koop, gaan in die toekoms 'n nóg belangriker rol speel in die toekenning van 'n vuurwapenlisensie. Hier moet baie jagters skuldig pleit.
Dit is ironies en paradoksaal dat in die afsondering van die Agterhuis Anne moes veg vir dié afsondering - dié private ruimte - wat 'n vereiste is om te kan skryf. Toe die Franks en Van Pelse besluit het om ter wille van die redding van nog 'n Jood, Fritz Pfeffer as agste onderduiker in te neem, het Margot na haar ouers se kamer verhuis en Pfeffer by Anne ingetrek. Dit was 'n vreemde reëling, maar elke reëling in die abnormale onderduiksituasie was vreemd. Dit was onvermydelik dat Anne binne die kortste tyd 'n grondige hekel in haar kamergenoot gekry het en hom die naam Dussel in haar dagboek gegee het, wat 'n dom mens beteken. Haar onbetwisbare literêre talent blyk uit haar beskrywing van die stryd tussen haar en Dussel om die gebruik van die gesamentlike tafeltjie in hulle kamer.
EK HET N 2010 2.0 XE R71 X-TRAIL MET 19000KM TE KOOP VIR R 240000 BEL MY BY 0765682112
Ek is 25 jaar oud en 'n kleuterskool juffrou in Sasolburg. Dis 5 maande voor ons troue en ek is so opgewonde aangesien alles nou besig is om in plek te val. Ek en my verloofde gaan kuier die naweek by ons vriende in Centurion. Oppad huis toe is ons in 'n ongeluk. 'n Dronk man ry van agteraf in ons vas. Niemand anders kry seer nie, maar ek is vasgekeer tussen die twee voorste sitplekke en ek voel nie my bene en voete nie. Na omtrent 'n uur en 'n half word ek uit die motor bevry. Deur die Genade van die Here hou ek nooit op asemhaal nie - 'n wonderwerk volgens mediese personeel.
As ons God alles weet,hoekom het Hy na die mens geroep of gesoek nadat hulle gesondig het.Hy kon reguit na hulle gegaan het of wat dink julle?
Slaaisous 45 ml soet rissiesous 60 ml appelasyn 80 ml sonneblomolie 30 ml olyfolie Knippie mosterdpoeier Sout, suiker en swartpeper na smaak 1 blik (410 g) wit bone (botterbone, suikerbone of cannelini-bone) 1 komkommer, in grof gesny 4 ferm ryp tamaties, in blokkies gesny 1 ui, dun gesny 2-3 wiele fetakaas, grof gekrummel 100 g baba-spinasieblare
Sou Ingrid nog gelewe het as sy nie haar poppe vermoor het nie?
Tog is daar hoop: "Ou" en dooie grond, wat weens chemiese praktyke oor jare tot niet gegaan het, kan doelmatig binne sowat drie tot vyf jaar herstel word deur goeie organiese kompos en kompostee wat ryk is aan mikro-organismes, toe te dien.
Dit is duidelik dat die Zimbabwiese regering hom glad nie steur aan 'n hofbevel dat boere kans kry tot einde Augustus om hul plase te verlaat nie. Die polisie het eenvoudig begin om reg oor die land boere in hegtenis te neem omdat hulle die regering se bevel verontagsaam het om teen 9 Augustus van hul plase af wees nie.
Dankie vir die info. Ek is nuuskierig om te bepaal of hierdie "organisasie" besef daar is 'n paar disinfos op hul lys. tisk tisk ... as jy werk vir die Jood regime doen jou huiswerk!
Terwyl hy regent was, was daar 'n verandering in die mode wat grootliks deur George geskep is. Nadat politieke teenstanders 'n belasting geplaas het op pruikpoeier, het hy ophou pruike dra ten gunste van natuurlike hare.[33] Hy het donkerder kleure gedra as wat voorheen mode was om sy grootte te help verbloem, het los broeke bo kniebroeke verkies en het 'n hoë kraag met 'n nekdoek gedra om sy dubbele ken weg te steek.[34] Sy besoek aan Skotland in 1822 het gelei tot die herlewing, indien nie die ontstaan nie, van die Skotse tartan soos dit vandag lyk.[35]
"Ons is nogal teleurgesteld dat die saak nie vandag al afgehandel kon word nie, maar die hof het beveel dat my kliënt eers 'n onafhanklike sielkundige evaluering by Sterkfontein ('n psigiatriese hospitaal) moet ondergaan."
I'm a friendly but yet confident gent that is looking to make new friends and maybe a special lady will arise out of the whole process. I'm a big nature lover and you will find me quite a lot in…
HI Sonja. Ek het jou die eerste keer gesien op Bapsfontein in 1974. EK het toe gedink jy is pragtig en al wat verander het, is dat jy net mooier geword het. Ek is ook enkellopende kind van Jesus. Hoop ek kan jou eendag ontmoet; dalk oor 'n koppie koffie iewers in jou besige program. Groete en Blessings. Nico
"Ek het gesê die twee rasse kom in meeste dinge ooreen. Die taal vorm die grootste uitsondering. Hier moet daar absolute gelykstelling kom - in die Parlement, in die geregshowe. skole en publieke diens -- oral. Met ander woorde, Hollands moet saam met Engels die offsiële taal van Suid Afrika wees.
Beth is 'n sestienjarige meisie wat op agtjarige ouderdom rumatiekkoors opgedoen het. Die siekte het haar, volgens haar familie, eienaardig gelaat. Sy tree soos 'n agtjarige op, maar dalk is dit net toneelspel? Selfs die sielkundige, mev. Dix, het meer as hare op haar tande nodig om met Beth huis te hou. Die spelers is Ronel Geldenhuys, Frieda van den Heever, Pieter van Zyl, Neels Coetzee, Eugenie Wiggins, Eben Genis, André Samuels en Joanie Combrink. Die regisseur is Eben Cruywagen.
Laurie het saam met my in die brandpunt van die gay gelowige debat beland. Dit was onder moeilike omstandighede dat sy Geloof en die respek wat hy vir mense en hulle standpunte het, duidelik geblyk het, en steeds 'n gegewe is in hoe hy daagliks met mense omgaan.
Wat gehalte betref, hoe dink jy vergelyk ons plaaslike kinderboeke met die oorsese mark?
Aanvanklik het die owerheid, om die nodige koring te kom verbou, oorweging gegee aan die invoer van Chinese boere. Met hul ervaring in Batavia is die wysheid van so 'n stap egter gou betwyfel. Al wat in werklikheid elders matige sukses meegebring het, was om van die VOC-amptenary wat daarvoor te vinde was van hul kontrakte te onthef en só 'vry' te maak om uit eie krag en opleiding hul brood en botter te verdien. In 1657 is die eerste nege amptenare hul vrybriewe en grond gegee.
Ek en seunskind was besig om deur wiskunde te swoeg en te sweet en die volgende oomblik sê hy: "Ek was so 'n d**s. Plaas het ek van die begin af geluister na die juffrou, dan het ek nie nou so gesukkel nie. Ek gaan vir daai juffrou sê dat ek jammer is dat ek nie geluister het nie en dat ek een van die kinders was, wat haar lewe vir haar moeilik gemaak het."
Is FA J lense toegelaat? Ek kan leen FA J 75-300 van iemand en miskien 'n ordentlike skoot of twee kry.
oooo,jy maak my kniee lam! by Lizana Loubser 6 days ago
Dell Morrison: What more can we say - find and punish the perpetrators and make our country safer! How sad to see the people of our beautiful South Africa being so vandalised, violated and abused!
Gesels in julle groep: As jy die woord Christen hoor, wat kom in jou gedagtes op? Hoe kan ons van die stigma van kulturele, professionele Christene ontslae raak?
sjoe sjoe!! Loop daar 6 leeus voor ons in die pad! Die wildtuin is ongelooflik! Ek LOVE dit hier! by Lané le Grange 14 hours ago
deur D. Clowe - Maryland maak Wind Power Met Wind Generatoren ???????????????? Die meeste mense in Amerika deesdae probleme omgaan met die voortdurend stygende energie koste, omdat hulle nie oor wind kragopwekkers . Olie prys is steeds meer op 'n … Continue reading →
By die onderhoudshof moet ek baie duisende rande in agterstallige onderhoud "afskryf" omdat my kind se panie genoeg kan bydra nie. Hy't 'n prokureur wat hom verteenwoordig.
Now I lay me down to sleep, I pray the Lord my soul to keep; And if I die before I wake, I pray the Lord my soul to take
Groete en sommer baie liefde vanuit die Kaap.
Dit tref my hoe die geskiedenis hom herhaal. Dawid het moeite gehad om 'n goeie pa vir sy kinders te wees, met tragiese gevolge vir Absalom en Adonia. Salomo vaar nog slegter. Waar dit darem nog lyk asof Dawid 'n verhouding met Salomo het en aan hom sekere opdragte gee, wat Salomo uitvoer, lyk dit asof Salomo geen verhouding met Rehabeam het nie. Hy het wel 'n oneffektiewe poging om Jerobeam te opponeer (11:40), maar min impak op die verdere prosesse.
Dit moet die dag wees wat ek 'n slang om my lyf laat draai het - ek was dertien en vreesloos... Do you have any hidden talents?
Die eerste blywende nedersetting word in 1823 deur Britse *kolonisten gestig.
f3. MARGARETHA MARTHINA, * Johannesburg 1 Junie 1941. X THEODORUS ERNEST MOSTERT. Een kind. XX CORNELIUS JOHANNES JACOBUS MATTHEE. Sy + Johannesburg 28 April 1986. / V.: OLWAGEN. [F]
Wanneer is 'n oorwinning nie' n wen? Wanneer jy speel op China se skaak bord.
Hier is die bewys nou uiteindelik!!!! Ek wou nog nooit die mans glo dat hulle REGTIG die arme kind dwing om die rou lewer in die keelgat af te kry nie!! (Ek het my skoonpa en man die dood voor die oë gesweer as hulle dit sou durf waag om my seuns dit te laat doen). Maar mens sal nooit die waarheid hoor oor wat WERKLIK gebeur het nie!!
my meisietjeend 4jaar oud. daddy can i marry you? jong eks klaar met jou ma vas. now an i have a boyfriend? mense help hier kom 'n kwaad. daai boyfriend kry op sy .... by Alfred Thomas 5 hours ago
Green het as kind 'n plakkaat van Bruce Lee teen sy muur gehad, en Hondsdol kan selfs as "Bruce Lee in PE" beskryf word:
Deur ons Turbo-kleingroep proses, stig ons totaal nuwe groepe na 'n 3 weke proses. Die proses, wat by Mosaiek plaasvind, ontdek ons saam hoe 'n lewe in community met ander lyk, en stel ons die belangstellendes aan mekaar voor. Groepe kom organies tot stand - waar jy die geleentheid kry om self te kies saam wie jy in 'n groep wil wees. Dit is dus baie belangrik om elke Donderdagaand by te woon, sodat groepkohesie kan plaasvind. Baie persone verkies hierdie proses, omdat jy van die begin saam skep hoe julle byeenkomste gaan lyk en funksioneer.
Ek sal nie stry nie. Die enigste probleem is die gemors wat dit agter laat.
Lyk my nie daar het toe veel van jou nuwe broadband gekom nie.
Posted in Uncategorized on 26/10/2010 | 7 Comments »
Die "Tyd" kom al hoe nader? Jy is seker al erg opgewonde!!
Gatiep leen sy skoonpa se ALFA om op vakansie te gaan. Oppad na Bloenfontein, stop hy seker elke 5 minute. Dan is die bonnet oop, kyk onder die kar in en skud sy kop en ry verder. Na die soveelste stoppery vra Maraai hom: Wat stop en kyk jy so kort-kort onder die kar - is daar fout? Nee maar 'n ding wat só lekker ry moét 'n d..s hê --- Maar waar sit hy? by Jaco Crouse 1 day ago
Andrew hardloop uit om die draai na die drankwinkel in Tweede Laan. Gelukkig is hulle oop tot sewe uur. Hy koop n liter champagne en gaan terug huis toe. Hulle sit en koffie drink toe hy instap met die bottel.
hierdie wedstryd konsep is speler doel van die bal in die paal gat. speler het slegs 6 golf kanse doel van die bal in gholf stok, as speler doel van die bal in die gat, dit gee boodskap cool. indien nie doel om die bal &#39;bad luck&#39; boodskap vertoon word. <br /> die bal gebruik space bar of enige een van die pyle te tref. <br /> spel eindig wanneer 6-kanse is verby.
Dankie. Ek stuur die link vir jou sodra alles op die webwerf klaar gelaai is. Ek is op die hond se stert met die einde daarvan - behoort teen Donderdag op die laatste Vrydag te werk. Mag ek ook ietsie uit jou bio vat om daarby te skryf? Daar is nie so baie plek vir 'n lang stuk nie, so as ek mag, sal ek net ietsie daaruit trek.
Bespreek [Onttrek] Asahi M42 Uitbreiding Tubes PentaxForums.com Marketplace Listing punt for Sale Asahi M42 Uitbreiding Tubes Vraagprijs 20 verskeping Bestemmings Noord-Amerika beskrywing van die item Drie stuk uitbreiding buise, M42 draad. Is jy die oorspronklike eienaar van die item wat verkoop word? Is u hierdie item te verkoop of te verhandel? Verkoop punt ..., geleë binne Marketplace Argief: Verouderd items. Onderwerpe: aanvaar, Asahi, aanklag, toestand, besonderhede.
Die appellant se eis was kontraktueel van aard en die bewyslas was op die appellant om die terme van die kontrak en die verbreking daarvan te bewys (D & H Piping Systems (Pty Ltd v Trans Hex Group Ltd and Another 2006 (3) SA 593 (HHA) op 599G, Intramed (Pty) Ltd v Standard Bank of South Africa Ltd 2004 (6) SA 252(W) op 260C-D, Mobil Oil Southern Africa (Pty) Ltd v Mechin 1965 (2) SA 706 (A) op 711 en Alfred McAlpine & Son (Pty) Ltd v Transvaal Provincial Administration 1977 (4) SA 310 (T) op 348).
Ek self is nie aldag mal oor kerkpolitiek nie, inteendeel dit frustreer die hel (pun intended!) uit my uit. Maar ek is wel lief vir die kerk en die Christendom. Om op my vroeëre argument voort te borduur: wanneer laas het jy 'n satanistiese kerkbasaar gesien waar die opbrengs ten bate van die werk van die gemeente gaan? Of 'n liefdadigheidsprojek wat deur TUKS-studente aangepak word met satanisme as die hoof dryfveer? Of wie het al gehoor van die Satanistiese Maatskaplike Raad/Diens, wat na armes en weeskinders omsien en mense se sosiale probleme hanteer? Nie ek nie…
Natuurlik, vir 'n persoon om jou te vertou moet jy betroubaar wees. Daarmee saam gaan die feit, dat indien ek 'n belofte aan my kind maak, ek daarby moet hou, "come hell or high water". Ek moet by hom staan, langs hom staan, vir hom staan en bowenal moet ek voor hom staan en hom beskerm - bygesê as hy my toelaat - teen die aanslae van groepsdruk.
BiB ek stem saam dat die VSA se "ryk" waarskynlik besig is om sy einde te bereik. Maar dit vat baie lank. Op hierdie stadium het die VSA nog baie mag, veral wat millitere mag aan betref. Dit sal ook so bly vir die grootste deel van my en jou leeftyd. Voor hulle finaal groet kan hulle nog baie stade aanrig.
Ek lei vanoggend se gesprek in met die kollig op 'n diskursiewe benadering tot die Sielkunde van Godsdiens en sal poog om dit ook van toepassing te maak op die Afrikaanse wêreld. In my diskursiewe ontleding wyk ek ietwat af van die tradisionele Godsdiens-sielkundige benaderings wat meer psigodinamies ingestel is op godsdiensbelewenisse en -praktyke. Om my aanbieding te volg, het ek vier diagramme aan u uitgedeel. Ek sal u aandag, waar nodig, daarop vestig.
Ek voel nou so bietjie beter maar ek sê julle een ding as ek daai vet slob ini hande kry sal hy sy ma vir 'n eendvoël aansien en wens hy was nooit gebore nie!! Maak nie saak watter kleur jou vel is nie........... jy verdien om regverdig betaal te word vir die werk wat jy gedoen het!!!!
So nou het ons hulle gekies, maar wat nou? Well, nou hou ons 'n foto shoot met hulle. Die meisies word gebruik vir die website, vir die magazine cover, vir posters, vir point of sale voor die show en dan die book ons ook sommer advertensie spasie in die mans badkamers by die venue.
Die instituut het 'n koelkamerkompleks met verskeie gewone koelkamers en beheerde-atmosfeerkoelkamers asook rypmaakkamers waarin proefvrugte opgeberg word.
Was iemand dalk onlangs by Hardekraaltjie in die Kaap Provinsie gewees?
Enigiets met Will Ferrell in. Ek kan die kotsgesig nie hanteer nie. Ek weet baie mense het gedink hy is skreeusnaaks in Wedding Crashers en al daai ander crap wat hy opdis, maar hy suck balls. Punt. Die Chainsaw of Sawchain. Die flieks oor die Hostels (in elk geval nie WEER nie…) Enigiets met Paris Hilton in. Of Robin Williams se onlangse goed (ek bedoel, hy het selfs August Rush vir my gespoil). Of die toppunt sal wees 'n fliek waarin die laasgenoemde tweetjies saamspeel en dan is hy 'n ryk ou Omie met 'n eiland en Paris is 'n weeskind wat hom dan date net vir sy geld en sy eiland en dan Britney Spears liedjies sing soos in Mamma Mia en dan vind hulle op die ou end uit Robin is haar pa… Yeach!!
In 'n studie deur die WNNR en die Universiteit van Pretoria wat deur die kommissie befonds is, word ook gewys op die ongewenste uitwerking van DDT op die ontwikkeling van hormone by mense en veranderings wat dit in ontwikkeling tot gevolg het.
Ek lê en wonder vroeg vanmore wat sal ek doen as Krista nie meer daar is nie. Ek meen ek kan kook en stryk en al daai domestic goete, maar ek kan nie wag dat sy by die huis kom sodat ek met haar kan gesels nie. Alles wat ek sien en ervaar wil ek met haar deel. Ek dink as sy iets moet oorkom sal ek dalk net totaal die spore byster raak.
En met vanoggend se tema kan ek jou sonder twyfel sê dat ek weet wat God vir jou sou sê indien jy nog net 30 dae oor gehad het om te leef.
Welkom in die blogruim. Ek hou van die tong-innie-kies verse.
Water, vuur, wind die 3 gevaarlikste goed. Brand het weer iemand se lewe van hulle af weggeneem. Ai tannie Sybel nou is daar net herinnering wat oorbly ek is so jammer oor die brand. Heer dankie dat U vir tannie Sybel gespaar het en dat niemand beseer is nie. Heer wees met haar dat sy staande sal bly en weet U hou haar vas en wees U in beheer van alles. by Yolande Labuschange 1 week ago
Die Son, net nog 'n ster in die Melkweg, is 'n onontbeerlike deel van die sonnestelsel ondersteun al die vorms van lewe op aarde vanuit' n afstand van ongeveer 150 miljoen kilometer. Weens die grootmoedigheid van die lig en hitte, die son dien as 'n wonderlike bron van energie. Om te kan benut sy energie vry van koste, is dalk een van die grootste dinge wat ons Earthlings met geseënd is.
Ek is geen antropoloog nie, so dalk kan iemand my met die volgende help: Deur die loop van die mensdom se geskiedenis, blyk dit, is rook 'n algemene tendens. Afrikastamme, Indiane, Aboriginees, Die hunne en ander Eurasiërs, Majas, Asteke en allerlei Suid-Amerikaanse stamme, Japannese, Sjinese en 'n swetterjoel ander Asiërs - almal het iewers in [...]
Onder die militêre bewind het die land 'n eenpartystelsel ontwikkel, met die "Party van die Birmese Pad tot Sosialisme" as oorheersende politieke organisasie. Volgens die grondwet van 1974 was Mianmar 'n Sosialistiese republiek. Die inheemse Sosialisme, wat reeds in die vyftigerjare van die 20ste eeu ontwikkel is, het 'n aantal Marxistiese elemente met Boeddhistiese beginsels en nasionalistiese leuses vermeng. Die eerste stap op pad na 'n Sosialistiese stelsel was dan ook die onteiening van die Indiese minderheid. Daarnaas het die Birmese bewind steeds bekend gestaan vir sy kritiese houding teenoor buitelandse beleggings en ontwikkelingshulp, asook sy onvermoë om die etniese minderhede van Mianmar se berggebiede te integreer, alhoewel hulle 'n beperkte selfregerende status het.
"Beginners kry die geleentheid om deel te neem in 'n beginnersklas en word só beoordeel. Meer ervare vertoners skou in sy of haar klas teen vertoners van ander skole en kry dus die geleentheid om afrondingswerk te doen. Die beoordelaars word só gekies dat hulle altyd sal bou aan die selfvertroue van 'n kind."
Nog een week dan kan my voet uit die aaklige "moonboot" kom. Ek kan nie wag nie. Ek het al vandag sonder die "boot" geloop en dit gaan goed. More wil ek 'n klein entjie ry en kyk hoe dit gaan. Geleidelik gaan ek weer my normale lewe hervat en dit bestaan uit huiswerk, nie te veel, koffie gaan drink en shopping gaan doen. Willem gaan minder daarvan hou maar ek gaan lekker voel hahahahah by Rina van der Waal 2 days ago
Tags: wyn te drink, rooi wyn, rooi wyne, wit wyn, wit wyn, Wyn en Gesondheid, Wyn Lovers, wyn party, wynproeë
Laat afkoel. Voorverhit oond tot 200 °C en voer twee bakplate met bakpapier uit. Rol elke rol deeg effens dunner uit op 'n meelbestrooide oppervlak en sny elke vel deeg in die breedte in drie gelyke dele. Deel vleis in ses gelyke dele en skep op een helfte van elke reep deeg.
Ek is bly die baba het haar bloed gekry. Dis een ding vir ouers om bloed vir hulself te weier, maar 'n ander ding om so besluit namens jou kind te neem. Maar dis net my gevoel. Soos jy se, dis 'n grys area. Niemand weet verseker wat reg is nie. (Alhoewel, ek het al gewonder of Jehova-getuises nie soms verlig is as die besluit uit hul hande geneem word nie?)
Meningsverskil het ook tussen Retief en Maritz ontstaan oor die trekroete -- ooswaarts oor die Drakensberge of noordwaarts om "die punt van die berg" om dié hindernis te vermy. Potgieter en Maritz het boonop tevore al met die steun van Piet Uys besluit om eers met Mzilikazi af te reken, omdat die land wes van die Drakensberge anders onveilig sou bly. Op 16 September 1837 het Potgieter en sy mense, en op 18 September Maritz se mense, van die Retief-trek afskeid geneem. Potgieter, Maritz en Uys het daarna noordwaarts getrek en Retief oos.
As julle nie die epos aan ten minste 144 000 mense binne die volgende 70 minute aanstuur nie, sal 'n groot duif met diarree op jou kop beland teen 5 uur vanmiddag en die vlooie van 12 brandsiekbrakke sal jou besmet en veroorsaak dat jy 'n harige boggel op jou rug kry.
Vodacom het uiteindelik laat weet ek kry nuwe foon, onglukkig selfde model maar kan nie wag om my Black Berry terug te he nie ,ek voel so verlore sonder die ding. by Minet De Roos 1 day ago