text
stringlengths
15
242k
Ai, Bella, baie jammer om te hoor! Bly hulle is gevang. Baie sterkte .
Yolandi Kruger: Van my vroegste herinneringe is waar ek vroeg in die oggend op my oupa, Johann Kruger, se skoot gesit en nuus kyk het. Hy was amper sy hele lewe lank 'n joernalis, destyds Hoof van Radio- en TV-Nuus in Natal vir die SAUK en in sy beginjare 'n parlementêre verslaggewer. Ek het reeds op negejarige ouderdom politieke outobiografieë verslind en dít - tesame met my oupa se interessante gesprekke - het my belangstelling in politiek aangevuur.
Johan ek dink nie ons het in persoon ontmoet nie, dalk op Prometheus se blog? Ek chat graag meet met jou oor wat jou siening is oor IO dan.
Egter, soos dit Slovo en ander lojaliste van die Sowjet Unie betaam, het hulle tot op die laaste doodsnik nog geprobeer om die gruwel van kommunistise geweld te verberg of te versag. Slovo, Kasrils, Suzman en ander Baltiese Joodse gesinne het juis weggevlug vir die golf van antisemitisme en pogroms in hul vaderland wat afwisselend gepleeg was deur die Nazi's en Bolsjewieke. Jode in die Baltiese state was oor die algemeen nie goed geïntegreerd gewees nie en het liewer Jiddisj, Pools of Russies gepraat in plaas van Litous, Ests of Lets. Dit bevestig dat die Joodse gemeenskap in die Baltiese lande 'n swaar trauma ondergaan het, wat deels verklaar waarom hulle Zionisme of sosialisme as ideaal begin koester het.
Mnr Van der Merwe was op 'n kursus by mnr. Gar Muller toe hy dié bul tussen 'n groep jong bulle opgemerk het. Hy het belangstelling in die kursus verloor, die eienaar van die bul gaan opsoek en hom vir R500 op sy pa se naam gekoop.
Denise Herhault, jonk en beeldskoon het saam met 'n klein groepie trekkers die lang en gevaarlike pad na die goudvelde by Barberton aangedurf. Denise het haar eie lewenskode gehad; haar eie lewensreëls waarvan sy nie afgewyk het nie. Alles wat 'n man kan doen en vermag, sou sy ook doen. Sy het alleen en eiehandig haar perdewa op die reis na Eurekastad bebartig - Eurekastad, waar Denise geglo het dat sy al haar ideale vir die toekoms sou verwesenlik. Want Denise Herhault het geglo dat alles wat mens begeer, op die grootpad van die lewe na jou sou kom; ook haar jong kavalier sou langs hierdie pad na haar op sy perd aangery kom.
Die groot sterk nefie van die wildebeeste is die buffel. Buffel bulle weeg tussen 750 en 800 kg! Hulle het ‘n bree bors en is baie groot en gespierd met baie sterk horings. Dit is veral die bulle wat reuse sterk horings het waarmee hulle baklei vir toegang tot die wyfies. Hulle verkies savanna waar daar hoe gras en ruigtes is vir wegkruipplek.
Kapteintjie kapteintjie jou leker ding jy laat my tong in my bek rond spring.... C.M.RUM. by Kobus Nel 6 days ago
Benewens die feit dat regstellende aksie in wese swart-op-wit apartheid en rassisme verteenwoordig, verteenwoordig dit ook 'n onreg aan die intelligente en bekwame swartes. Gister se hofuitspraak is 'n uitstekende voorbeeld daarvan. Een van die twee hofbeamptes is klaarblyklik nie op grond van bekwaamheid aangestel nie, maar die ander wel, te oordeel aan die striemende uitspraak.
* Hierdie rubriek is die eerste keer in Rapport gepubliseer op 27 Julie 2008.
In die jaar 1657 was die fiskaal Abraham Gabbema op soek na nuwe vleisbronne vir die nedersetting aan die Kaap die Goeie Hoop, toe hy 'n reusagtige granietrots ontdek het wat ná 'n reënstorm in die sonskyn geblink het. Hy het dit Diamandt ende Peerlebergh vernoem.
Die grootste vraagstukke bly die ongelykmatige verspreiding van die ekonomiese welvaart, wat veral in die metropolitaanse gebied van Parys en in die grensgebiede met die Beneluxlande en Duitsland gekonsentreer is, en die verskaffing van behuising vir die groot aantal minderbevoorregtes (veral immigrante uit Afrika en Arabiese lande) in die stedelike gebiede.
In die 1990's was daar bekommernis oor "sektes", en daarom het daar 'n reel in 2000 ingetree wat die aktiwiteite van sektes bietjie limiteer.
Marlene staan van die bed op soos een wat 'n groot las van haar skouers gegooi het. Sonika swaai om na haar. "Jy't geweet! Julle was kop in een mus!" Sy weet sowaar nie of sy moet lag of huil nie.
die elektriese oog pragtige jong meisie in die studie kolom produseer die derde departement sy gaas! die seun student gefassineer deur haar hierdie tyd, kan niemand weg te hardloop! sien dat die trap kan geneem word, is daar verskillende seuntjie studente, meisie studente en onderwyser. sien dat seuntjie student lewens hy is nie vry, aan hom 'discharge ", totdat hart was vol, na hierdie van gehoorsaamheid deur jou aanvaar word, sal hy net luister na jou! As hierdie seun student het haar minnaar al, jy moet te beroof met ander girl studente, die seun student kies om hom 'discharge ", die regte sleutel van die geniale muis is verwoed tref, tot en met klop weer die meisie student van die vyand. wanneer jy haal nege hart netjies, kan jy onbeperk glans het, maak die seuntjie student mal in die 'n oogwink! die punt is anders, sal finale uitslae word anders!
Besef mens as jy jonk, verlief voor die kansel staan wat daai woorde behels? Ek het nie in 1986 toe ek daai belofte afgele het die enorme volheid ingedrink nie....maar nou na die afgelope tyd het daai woorde 'n hele nuwe eiesoortse wereld onderstreep....ene wat leegheid, ondraagbare pyn, moed, durf,angs en ek kan nog duisende woorde hier neerle wat 5 woorde se erns in hoofletters omsit.....maar ook die voorreg om te kan terugkyk en te kyk op die pad wat ons gelei het tot die waarheid van dit. Dit is my gegun om volronde huwelik te he waar lag, liefde, vreugde, sakke sout ge-eindig het toe die Here geneem het wat Hy gegee het. I was devinely blessed.
My aanbeveling is om altyd lamhokke te gebruik, ongeag die grootte van die kudde. Die lamhokstelsel is die enigste werklike lamstelsel wat lamvrektes tot 'n minimum kan beperk. Daar is skaapprodusente wat lamhokke gebruik en hul lamvrektes is minder as 2 %. Poog om 'n ooi en haar lam(mers) vir minstens 5 dae in 'n aparte lamhok te hou. Skaapprodusente wat ooie met hulle lammers afsonderlik vir 10 dae na lam in lamhokke hou, het bitter min lamvrektes. Die kampgrootte is afhanklik van die oppervlakte beskikbaar; die infrastruktuur; of die weiding besproei word en of dit droëlandweidings is; klimaat; tyd van die jaar; kuddegrootte; ensovoorts. Kleiner troppe tydens lamtyd en vir die eerste paar weke na lam, is altyd beter en gee beter resultate as groot troppe.
Verons Ek sal dit op die Sport Blog gaan noem!
Die volgehoue propaganda om ons volk se fundamentele waardes, ons sin vir afsonderlikheid en ons Christelik-nasionale lewensbeskouing af te kraak; die verraad en bedrog waardeur die politieke mag oor ons land aan 'n swart terroristebende oorhandig is en die volgehoue aanslag van moord en wandade teen ons mense, waarin selfs nie kleuters en hulpelose bejaardes ontsien word nie, het die Afrikanervolk se vlak van frustrasie verby die grense van verdraagsaamheid opgejaag. 'n Voorval soos dié moes noodwendig een of ander tyd plaasvind.
Op 8 Desember 1880, na die verlies van vryheid, roep Paul Kruger die volk byeen te Paardekraal. Tydens hierdie vergadering, besluit die sowat 6000 burgers, dat die tyd aangebreek het om iets daadwerkliks te doe nom hulle vryheid te herstel. Op 'n voorstel van Paul Kruger het die burgers 'n klip stapel gepak op die plek waar die monument vandag staan. Op hierdie stadium is die Paardekraal Gelofte ook afgele.Hierdie vergadering het die slag van Majuba tot gevolg gehad en die herstel van vryheid van die ZAR op 27 Februarie 1881. Van 13 tot 16 Desember 1881, hou 'n dankbare volk 'n reuse fees op die terrein en ook die eerste staatsfees in 1886 is daar gevier.In 1889 is die heer JC Human, wat landros in Krugersdorp was, na President Paul Kruger om toestemming te vra om 'n monument op die terrein te bou. In 1890 besluit die regering om die monument op Paardekraal te bou oor die klipstapel. Die Heer Wierda, was die argitek en die boumeester WY Veitsch het in April 1890 met die bou van die Monument begin en is voltooi in November van 1890.In Desember 1891 is 'n huldigingsfees op Paardekraal gehou, waartydens President Paul Kruger die monument onthul het. Dit was ook die eerste volksfees waar die Gelofte van 1838 weer herdenk is.
Uiteindelik! Na soveel jare en maande en weke se droom daaroor het dit toe gebeur --- Ek het ADSL (of soos 'n slim pel my vertel, net DSL, want ADSL is net vir besighede.).
Sedert die term bioberoking in die middel 1990'n s die eerste keer deur die Australiese wetenskaplike dr. John Kirkegaard gebruik is, is heelwat navorsing al wêreldwyd oor dié konsep gedoen. Dit is waarskynlik omdat dit so goed inpas by die wêreldwye swaai weg van die gebruik van chemiese siektebestrydingmiddels in die landbou, en veral in die aartappelbedryf.
Nog 'n ding wat my pla, is die onwilligheid van talle mense om 'n Suid-Afrikaanse vlaggie op hul motor aan te bring. Is dit werklik soveel gevra?
Etniese Toetsierebelle span saam met Rwanda - die teater van 'n afgryslike volksmoord waarmee die vorige eeu afgesluit is - om Goma te verower. Goma is die hoofbasis van die VN-mag in die DRK. Kongolese troepe het klaarblyklik reeds die hasepad gekies en Kinshasa het 'n dringende beroep op Angola gedoen om toe te tree tot die stryd teen die naderende rebelle.
Geluk mamma en pappa,25jaar is n groot mylpaal..julle is voorwaar n great voorbeeld en ons is geseen om julle nog albei hier te he!! by Cristelle Swart 2 days ago
Terokkar Forest boerdery Knothide Leer items + + + rep + herbergier gohst
Van 1795-1822 is die stad opdrag 'n paar keer. Is afgestaan aan Frankryk in 1795, verbind deur die Haities rebelleer slawe in 1801, verhaal word deur Frankryk in 1802, en weer verhaal word deur Spanje in 1809. In 1821 Santo Domingo het die hoofstad van Onafhanklike Staat van die Spaanse Haiti. Twee maande later het die nuwe staat was beset deur Haiti. Die stad en die kolonie verlore baie van die Spaanse bevolking as gevolg van hierdie gebeure.
Omarm die woord Suid-Afrikaner weer vir 'n slag. Dit werk vir my. Ek word elke dag met 'n ander lied in my hart wakker, en soms is daai lied Nkosi Sikilele.
Morrison het nóg 'n ram vir R15 000 aan mnr. Deon Vlok van Calvinia verkoop. Die hoogste prys vir 'n ooi was R15 000. Sy is 'n Xhosa Lob Ear van mnr. Arno Kruger van Kimberley en is aan mnr. Schalk van der Walt van Venterstad verkoop. Nog 'n Xhosa Lob Ear ooi is vir R11 600 verkoop aan mnr. Karl Shulz van Dalton. Die teler is mnr. Deon Vlok van Calvinia.
Die VF Plus sal hom beywer vir 'n nasionale vennootskap tussen privaat- en openbare mediese dienste waarin ruimte gelaat word vir albei om vry van onnodige beperkings te funksioneer, in belang van 'n gesonder bevolking.
« Blou op KX manier te helder LED | Bugs gevind in KX (en ook oor PdCu 4,31) »
Môre almal. Ek hoop julle is almal lekker uitgerus. Sterkte aan ons maaikie en ons lief jou baie.
of sal jy stilbly en kyk, stil, aanhou kyk
Dankie Tersia. Mens moet maar net eenvoudig tyd maak om hierdie dinge te sien.
Ek kyk nou al baie lank na evolusie en vind die onderwerp baie stimulerend, maar daar is werklik geen sin vir my om dit los te maak van abiogenese nie. Hoekom sal enige denkende mens abiogenese aanvaar as 'n aksioom, en dan 'n meganisme voorstel vir die ontwikkeling van lewe tot waar ons dit vandag sien?
'n Ander vrou roep my ivm iets wat sy nie verstaan op Pastel nie, terwyl ek so beduie, stamp ek 'n glas van die tafel af, dit breek, ek wil dit optel, sny my vinger. My fokken tone is nou al amper vasgevang in die onderste gedeelte van die escalator to hell, want ek kan nie afspring nie. JA YSTERVARK dink ek, die EEN FOKKEN dag wat jy NIE wil crash nie, het nou totally and utterly gefokken rol.
Die Volksraad moes ten minste een keer per jaar vergader en die President kon die Volksraad byeen roep soos nodig. Die Volksraad het 'n voorsitter verkies en die Uitvoerende raad moes 'n sekretaris aanstel. Tot 1890 moes alle besluite met 75% meerderheid goedgekeur word. Daarna was 'n gewone meerderheid genoeg. Voorgestelde wette moes drie maande voor bespreking in die Volksraad aan die publiek voorgelê word. Dié kon dan deur versoekskrifte (memories) of deur hulle Volksraadslede die voorgestelde wetgewing beïnvloed. Andere besluite van die Volksraad sou eers na drie maande wetskrag verkry. Onder sekere omstandighede kon dringende wette onmiddelik behandel word. [1]
Thanks aims vir n awesome aandtjie was regtig insane* Lekker caramel ek se* by Yolande Marneweck 5 days ago
Die maklikste manier om 'n gebalanseerde dieet te verseker, is deur 'n kommersiële dieet aan te skaf wat spesiaal geformuleer en getoets is om die hond se voedingsbehoeftes te bevredig. Honde benodig tussen 18% en 22% proteïen. Vrugte is baie laag in proteïene.
Ons gebed is dat hierdie bedieningsmodel daartoe sal bydra dat die bediening van die kerk meer effektief sal wees en dat die kerk sy opdrag om die evangelie aan die hele wêreld te bring beter sal uitvoer.
Die min vog in die baard veroorsaak ook dat die groei van die stuifmeelbuis vertraag word sodat bevrugting eers ná 48 uur of langer kan plaasvind, teenoor die normale ongeveer 24 uur. Vog- of hittestremming kan veroorsaak dat die pit slegs vir 'n paar dae ontwikkel en dan aborteer.
Die tipe skip was ook verkeerd, getalle en gebeure is verkeerd weergegee, en duidelik is gepoog om 'n sekere groep - die Nederlanders - te demoniseer, terwyl daar van konteks geen sprake is nie. Van een persoon is 'n "vryheidsvegter" gemaak, terwyl hy seker verbaas sou wees om dit te verneem (soos ook al beweer is dat Autshumatu alias Herrie die eerste persoon was wat Afrikaans gepraat het, eeue voor daar so iets was) en so aan. Om wat te bereik? Weereens: sulke stommiteite verlaag die waardigheid, die ware tragiek van die slawe se sukkelbestaan. Daar is geen rede om te torring aan die Geskiedenis nie - of dink diesulkes destyds se verontregting was nie erg genoeg nie? Verander jy een feit, soos die demografiese blerts hierbo genoem, word álles wat volg bevraagteken. Die boosheid van slawerny, wat soos prostitusie, een van die mensdom se oudste sondes is, en stééds gepleeg word, word tot fiksie gereduseer. Uiteindelik is daar dan 'n teenreaksie: môre-oormôre beweer ons nasate dit kon darem regtig nie só dramaties gewees het nie: en dít sal tragies wees! Nee, Geskiedenis is 'n pendulum en hoe harder jy hom swaai, hoe heftiger swaai hy terug - vinniger as wat jy verwag, sodat hy jou baie seer kan maak. Maak jy foute, word dit gekorrigeer. Pleeg jy sondes, kom dit ook uit. Mens kan minstens eerlik wees daaroor.
Ek is van mening dat ons Afrikaners geen inspraak by die huidige regering het nie. Ons gaan ook vorentoe geen inspraak hê nie. Om as Afrikaners of wat ook al met hulle te gesels, is 'n mors van tyd.
Dagse hier uit Zambia, bly weg uit Kongo, noord of suid van die rivier, was daar gebore en was daar ionlangs .die mense daar en omstandighede is nie NORMAAL ,en as jy my nie glo gaan vra vir OOM PIET RETIEF.kontak my as julle die waare kant wil weet hoorse is nie genoeg , ons weet,was daar en het nog kontak daar.
Wenke vir die vermyding van fooie en vergoeding te kry
Pierre en Sharon Roux en hulle kinders Wayne en Nicole. Hulle is betrokke as sendelinge van ATAIM (Africa to Asia Innovative Ministries) waarvan Pierre ook direkteur is. Hulle is hoofsaaklik betrokke by die innisiële kontak maak met en korttermyn uitreike na plattelandse dorpies in die Karoo en Noord-Kaap. Hulle is egter ook betrokke by ander uitreike deur SA waarby hulle buitelandse spanne betrek waarvan Beaufort-Wes die grootste projek is.
Hamilton was die 2008-kampioen. Vanjaar behoort aan Button. Hy het die eerste ses wedrenne van die seisoen gewen en was eintlik onstuitbaar.
Baie belangrik, ons openbaar altyd goeie sportmanskap. Wat is dit nou weer? Dit is wanneer ons goeie gedrag op die baan wys, nie lelike taal gebruik of betrokke raak by gevegte nie en ander spanne altyd groet en gelukwens na wedstryde. Ons respekteer ook ons eie skool en ander skole se sportgronde. Onthou, JY verteenwoordig Hoërskool Franschhoek. Ouers en leerders van ander skole gaan die skool beoordeel op grond van JOU gedrag.
Twala het in 1994 'n ANC-lied gekomponeer waarin Jesus mense aanmoedig om vir die ANC te stem.
Só verdien almal 'n inkomste uit die "vinnige" vlotte, terwyl hulle bloot 'n maand of wat later begin om die "stadige" vlot se mossels te oes.
Sedert 2001 het daar 858 brande en ontploffings in die Golf, volgens die federale Minerals Management Service.
Sy herhinner my aan my kamermaat by Kovsies so paar jaar terug. Kon hardloop soos die wind en was glad nie skaam nie… mmmm goeie tye ;)
In meer intensiewe stelsels, soos deur "Cornell" of in 'n sterstelsel, kan die ooi vyf maal in drie jaar lam (wat neerkom op 'n TLP van 219 dae en elf lamkanse). In die "ses weke ná lamtyd-" of in die melkerystelsel beteken dit twaalf lamkanse met 'n TLP van 188 dae.
Klein jannie kom tuis van di skool af en se vir sy pa hy het 'F' vi wiskunde gekry. "Hoekom?" wil sy pa weet. " Nee, pa sien di mnr het gevra huveel is 2 x 3 en tu se ek 6." Verbaas se sy pa: " Dis mos reg." "en tu vra di mnr huveel is 3 x 2." " Nou wat de *** is di verskil!?". " Dis presies wat ek ook gevra het!" by Bentum van der Westhuizen 2 days ago
"Ons is oortuig daarvan dat dit onnodig is om enigsins 'n onderskeid te tref. GM produkte is net so veilig as tradisionele produkte en daar is geen verskil nie. Meer as 42 miljard porsies GM produkte is al geëet sonder enige probleem en in Suid-Afrika is dit al op die winkelrakke vanaf 1999."
Maar dit is futiel om voortdurend net (sic) oor die "smet van die verlede" te wroeg terwyl die huidige en geprojekteerde bedreigings alle Suid-Afrikaners toenemend wurg.
1. Hoe effektief is dit om graan in 'n kweekhuis omgewing te ontkiem en dan vir skape te voer as groenvoer? 2. Kweekhuise in die mark vir hierdie doel gebruik skoon water om die graan te ontkiem, so geen voedingstowwe word aan die graan toegevoeg nie. Is dit dan nie beter om die graan netso vir die skape te gee nie? 3. Indien daar 'n komposmengsel toegevoeg word by die water gaan daar nie skadelike voedingstowwe in die eindproduk wees nie? 4. Is dit nie kostegewys beter en voer die skape skoon graan nie? Baie dankie vir hierdie diens wat aan ons kosbare inligting bring. Byvoorbaat dank, Louwrens
Wat opvallend is, is dat Durand ook die puik artikel van Maretha Jacobs in die boek Die Nuwe Hervorming ignoreer. Sy toon aan hoedat die Pastorale briewe van die Nuwe Testament manlike teoloë deur die eeue verlei het om vroue se rolle binne die Christendom te defineer en te omskryf. Vir 'n tweede keer ignoreer hy dus 'n belangrike vroulike stem en toon sodoende sy onbegrip vir die feit dat die Nuwe Hervorming vroulike belewenisse en spiritualiteite beter akkomodeer as die gereformeerde kerke. Sommige van hierdie kerke laat wel vroue deesdae tot kerklike ampte toe. 'n Byna tweeduisend jaaroue tradisie is omvergewerp sonder dat daardie kerke die radikaliteit van hulle handelinge vierkantig in die oë gekyk het. Hulle gee voor dat hulle byderwets en modern geword het, maar verwag van vroue om die tradisionele Christelike dogmas klakkeloos te aanvaar en hulle rolle binne die kerke daarvolgens te definieer. Vroue word steeds met argaïese formuliere in die amp van ouderling bevestig. Daar is aan die bewoordings van hierdie tekste nie 'n woord verander nie. Dalk is Daphne Hapson reg wanneer sy in haar boek After Christianity betoog dat die ortodokse Christendom van huis uit nie vroulike spiritualiteit kan akkomodeer nie.
Frances Engelbrecht, hoof van die skool, sê kinders hier kry elke dag om 10:00 'n bord kos danksy die regering se voedingskema wat R1,95 per kind per dag gee.
Puppy Prozac is 4 maal duurder as "mens" Prozac - en dan weeg die brakkie ma net 35kg - wie sou dit nou dink by Debbie Schoeler Hendriks 3 days ago
Lapā jau: 564 dienas Manīts pirms: 18 stundām Mājaslapa: http://www.spoki.lv/ Karma: 216 Komentēja 832 reizes (vidēji 1.48 dienā) Izveidotās tēmas: 3 Ieraksti miniblogos: 1113 Vērtējis citu komentārus: 780x (-4)
Alhoewel die presiese terreurdaders en hul ondersteuners onduidelik bly, is daar blykbaar 'n Palestynse faksie of faksies wat doelbewus die krisis wil eskaleer en sodoende die potensiaal vir militêre ingryping deur Israel in die Palestynse gebiede wil bewerkstellig.
Alhoewel ek g'n filosoof is nie, is dit tog nodig om snert soos dr Vice se kwasi-filosofiese argumente en ongegronde aannames te dekonstrueer en in die proses aan flarde te ruk. Die eerste opmerking wat ek dus gaan maak, is hoe vreemd dit is dat ras tog bestaan wanneer dit die ekstreem-linkses soos dr Vice pas. Soms word ons vertel ras is 'n blote sosiale konstruk, maar wanneer dit die linkse pas, bestaan daar wel goed gedefinieerde rassegroepe en word veral blankes uitgesonder as die sondebokke op grond van ons velkleur. Die opportunistiese ontkenning en dan somtydse erkenning van die bestaan van ras is egter 'n eenrigtingstraat. Dit word nooit erken as daar verklarings gesoek word vir die verskil in akademiese prestasie nie, maar altyd erken wanneer die vingers na sogenaamde blanke onderdrukking gewys word.
Ek haat dit as mense skinder en hulle neuse oral wil indruk. Hulle het niks beter om te doen nie,pleks hulle hulle bepaal met hulle eie sake en ander s'n uitlos. Vir julle wat so skinder gaan lees: 2 Timoteus 2 vers 16, 17 by Linda van Heerden 8 hours ago
Dankie, funjuice! Bly jy het Kaalvoetbruid geniet. Dit het verlede jaar die Topverkoper lys by Lapa gehaal.
'N missiel aanval uitgevoer word deur Amerikaanse vliegtuie dood drone tien militante in Noord-Waziristan, en' n Pakistani amptelike uitslag van die aanval sal waarskynlik styg.
Die meeste patente is nut patente vir tegnologie-gebaseerde maatskappye. Utility patente uitvinders van patentereg, wat in die 35 Verenigde State van Amerika Kode (USC) en die volgende toekennings:
Ander inisiatiewe van die DWT en Nasionale Navorsingstigting (NNS) wat direk kapasiteit by hoëronderwysinstellings bevoordeel het, sluit in die sewe Sentra van Uitnemendheid (waarvan drie by die US gevestig is) en die Suid-Afrikaanse Navorsingsleerstoel-inisiatief. Hierdie sentra het met groot sukses die ontwikkeling van menslike kapitaal bewerkstellig en die kwaliteit en kwantiteit van navorsingsuitsette in 'n verskeidenheid sleutelgebiede verbeter.
Proloog: Nou goed, my hand het ek nog nooit aan intertekstuele blog gewaag nie en ek vermoed ek steek my kop hier in 'n byenes. 'n Inskrywing deur 'n ou bekende, Roer het my nogal aan die dink gesit. En ek kan nie anders as om dit hier te kom afmeet nie…daarom, eerlik maar met apologie aan haar:
Daar is heelparty maniere om ons koolstofvoetspoor te verminder, en ek wil hier van hulle noem.
Die besturende redakteur van die Bulletin, mnr Francois Aucamp, het die stigting van LiN beskryf as die aanbreek van 'n nuwe era vir die mediabedryf in Limpopo. "Ons onafhanklikes het vir jare feitlik in afsondering en op eie stoom ons paadjies tot erkenning suksesvol oopgekap. Nou kan ons momentum gee aan die opmars van die onafhanklikes om uiteindelik die landskap van die mediabe-dryf finaal tot voordeel van adverteerders en lesers in die provinsie te verander.
Met koue fronte wat steeds die land beïnvloed is dit 'n teken dat normale somerstelsels nog nie in plek is nie. Die koue fronte wat nog redelik ver noord voorkom is 'n aanduiding dat die Atlantiese Hoogdruk vanuit die weste nog te sterk gevestig is en 'n dempende effek het op reën oor veral die sentrale tot westelike gedeeltes van die Somerreënvalgebied.
5. dieťa: Knížočku mám jej dať, či voňavé kvety. Koľko len starostí majú dnes detí.
Onlangs het Stix geskryf oor hoe Singstar nou super kommin geword het met die toetrede van Afrikaanse vermaaklikheidsterre tot die Singstar-stal. Wel, hier by gevaaalik.com hou ons jou op die voorpunt van alle verwikkelinge in terme van kommin Afrikaanse musiek. Waarom? Want dit is lekker op vinger te wys en te lag. Sommige van julle [...]
As ek kan nie 'n handels-of iemand regtig wil die lens nie, maar het nie die 500/4.5, Die laagste wat ek kon gaan vir die verkoop van die 600 / 4 is $ 6500 + gestuur om my die geleentheid om om die koste van die 500 / te dek 4.5 (in Kanada) egter 'n slim persoon kan optel van die 500/4.5 goedkoper in die VSA en handel die enigste negatiewe in daardie verband vir my is net' n 1 jaar internasionale waarborg ... hmmm ... tensy ek stuur dit terug na die Verenigde State vir die diens, maar dan is dit dalk meer kos vir die stuur dan die standaard diens plaaslik op die lens.
Verskeie antieke Russiese stede se hoofplein word ook "Krasnaja Posjtsjad" genoem na aanleiding van Moskou s'n.
Hierdie is die Ferrari waarmee die span die kampioenskap in 2002 ingepalm het. Eers nadat ek die foto geneem het het ek verstaan die dame agter die toonbank bedoel ek dat ek nie mag foto's neem nie.
Dis seker hoekom die man teenwoordig nie dadelik geval het vir die uitnodiging nie!!! LOL
Ek wil graag weet wat die VERSKIL tussen geloof en kennis is, byvoorbeeld in die lig daarvan dat die imperatief in die Skrif as 'n reël is: "Glo!" en nie "Ken!" nie?
Ons het byvoorbeeld drie ander voorbeelde in die Bybel waar God bekend gemaak het dat hy oordeel gaan bring…
Tog het die Amerikaanse pers 'n groot belangstelling in wat in die verarmde Yemen aan die gebeur is. Die derde poging om 'n ooreenkoms met die hardkoppige president te sluit, is dramaties nek omgedraai toe van sy lojaliste tot die tande gewapen die ambassadekompleks van die Verenigde Arabiese Emirate beset het. Verskeie lande se ambassadeurs en ander diplomate, ook van die VSA en die Europese Unie was in die kompleks om getuies te wees van die ondertekening van die vredesakkoord.
Renette van Rooy, bekende RSG-aanbieder het ook vanjaar die WOW-Leerders verras met haar besoek aan al die WOW-bedrywighede. Sy het 'n onderhoud met 'n paar leerders gevoer wat betrokke was by die Skoolkoerant-projek asook die graad 12-leerders wat die US besoek het. Hierdie onderhoude was ook op RSG uitgesaai en vir hierdie leerders was dit die eerste kaar dat hulle na hulself op 'n radio kon luister.
Het die Here dan nie man en vrou een gemaak nie,een in liggaam en gees?Hoekom het Hy hulle een gemaak?Omdat God wou hê daar moetkinders vir Hom voortspruit.Wees op julle hoede.Moenie ontrou weesaan die vrou van jou jeug nie.Die Here, die God van Israel, sê: "Ek haat egskeiding!Om te skei is net so gewelddadigsoos om 'n slagofferse bebloede baadjie aan te trek."Die Here, die Almagtige, sê:"Wees verantwoordelik by Gebed Gee Krag 1 day ago
Ons begin 3-d skiet, en Roelf vaar van die begin af sommer goed en kry provinsiale kleure al in die eerste jaar. Ek daarenteen sukkel maar, kry so af en toe 'n medalje, maar kom nooit op provinsiale vlak nie. Toe ons plaas toe trek besluit ek dis nou sommer tjol om altyd so tweede-beste te voel. As deel van my plan om my vorm te verbeter begin ek FITA teikenskiet.
Sover was dit 'n befokte jaar met befokte gebeurtenisse, but alas my old friend, daar's nog baie om te kom. Tussen Julius "ek's 'n dom poes" Malema se kak comments en die Proteas se swak vertoning by die Wêreldbeker, skyn die son kak helder hier in die R van SA!
Die gees wat in die wereld heers, is die gees van satan! Verderflik , vol kwaad en leuens! Moenie toelaat dat dit jou angstig maak nie! Watter kwaad jy ook mag teekom van die gees wat in die wereld is: Hy wat in jou is, is sterker, magtiger as hy wat in die wereld heers! Satan is lank terug aan die kruis van Golgota reeds oorwin! Amen! (Maretha) by Anita Mclean 8 hours ago
Orlen sal teen volgende jaar brandstof verskaffer vir die Munisipale Urban Transport Company. Korporatiewe bestuur goeie pryse te beding, veral vir skoon diesel, so genoem. Bioester.
NFC Thiar: Oldie ach goodie (45 nóiméad ó shin)
Koproliet en ander. Dankie gfs vir jou bydrae. Net opklaring: gfs is prof...(verwyder) WC is Wedergestorwe Christen, of te wel, dr...(verwyder). Koproliet: Ek kan sien dit gaan nie help om met jou hieroor te probeer redeneer nie. Want soos ek jou lees kan ek enige iets sê, en jy reageer met "jy lieg." Dit is jou reg om jou eie siening te handhaaf. Kom ek fokus net op twee voorveronderstellings waarmee jy werk: Jy gaan uit van die voorveronderstelling dat daar net een teorie van evolusie is en dit dit "die teorie van biologiese evolusie." Ek kan jou verseker dat bioloë nie die enigstes is wat aanspraak maak op die woorde "teorie" en "evolusie" nie. Kom ek haal net een voorbeeld aan: Dit kom van Western Washington University se blad. Sê jy dus daardie Universiteit lieg en hulle weet nie waarvan hulle praat nie. Op grond waarvan moet ek jou siening vertrou eerder as hulle s'n? Soos wat prof. Gerrie Snyman (gfs) vir jou op 'n mooi, sagte manier probeer uitwys, is wetenskap wat projeksies maak in die verlede en verbonde aan . Dit leer ons vandag in basiese wetenskapsfilosofie. Kom ek noem jou kortliks 'n voorbeeld: As iemand bv. 'n keuse moet maak of hy glo die aarde is biljoene jare oud op grond van 'n artikel oor die ouderdom van gesteentes in 'n geologiese tydskrif wat hy lees. Kom ons kyk na die hele proses van alles wat op die spel is: Dit begin by die geoloog wat 'n verslag opstel van die ouderdom van die gesteentes wat hy ondersoek. Eerstens is die vraag of die geoloog al die data wat nodig is om afleidings te maak, versamel het. Op hierdie punt weet ons reeds dat die wetenskap wat die ouderdom van gesteentes bepaal sekere projeksies in die verlede maak deur middel van terugwaartse ekstrapolasie. Die probleem is dat die navorser oor geen data van die verlede beskik nie, maar net van die hede. Die navorser moet dus dat die omstandighede en prosesse wat hy nou waarneem dieselfde was in die verlede. Hy moet dat dit wat hy nou waarneem 'n geslote sisteem gebly het, en dat daar nie eksterne faktore is wat die data en prosesse wat hy nou waarneem noemenswaardig beïnvloed het nie. Die navorser kategoriseer dikwels die gesteentes wat hy waarneem in 'n sekere periode op grond van huidige teorieë oor die ouderdom van gesteentes. Bv. as die gesteente so en so lyk, dan behoort dit aan hierdie of daardie geologiese periode. Die teorieë waarmee die navorser werk is van huis uit geskoei op bepaalde en bepaalde , wat weer geskoei is op ander (bv. die teorie van geologiese evolusie). Die verskil is net dat die teorieë so algemeen aanvaar geword het in die wetenskaplike wêreld dat die navorser in meeste gevalle nie eers oorweeg om dit in twyfel te trek of kritiese vrae daaroor te vra nie. Sulke teorieë vorm die hoofstroom aan die hand waarvan akademiese integriteit gemeet word. Hy kan in baie gevalle ook nie bekostig om dit in twyfel te trek nie want in meeste gevalle sal die navorser dan sy eie akademiese integriteit (in terme van die res van die akademiese wêreld) op die spel plaas. Sosiale druk speel dus ook 'n rol. So, wat is die maklikste uitweg vir die navorser? Hy die huidige teorieë oor die ouderdom van gesteentes. Die navorser wat die gesteenstes se ouderdom bepaal, maak soms gebruik van sekere wetenskaplike metodes (bv. radiometriese datering) om sy navorsing te ondersteun. Baie van hierdie metodes, soos juis radiometriese meting, rus ook op sekere aannames (bv. dat die sisteem waarin die gesteente voorkom geslote was, dat die tempo van verval van die radiometriese stof konstant gebly het, dat daar nie wyd-verspreide vermenging van gesteentes was deur bv. die vloei van water nie, ens.). So wat doen die navorser? Hy dat die metode van radiometriese datering in alle opsigte 'n betroubare metode is. Maar dit is ook bekend dat baie geoloë ook selektief is in watter daterings-toetse hulle gebruik. Dikwels kry hulle "foutiewe" lesings deurdat die ouderdom op die "verkeerde" periode dui (wat hulle verwag) en beskou hulle dit as "foutiewe toetse" en gebruik net die toetse wat hulle antisipasies bevestig. Die volgende stap wat die navorser doen is om die data wat hy waarneem aan die hand van huidige teorieë (wat hy glo) te en op grond van sy interpretasie tot konklusies oor die ouderdom van die gesteentes te kom. Hy moet dus sy eie interpretasie dat dit geldig is. Die laaste stap is dat die persoon wat die artikel in die tydskrif lees om die artikel wat hy lees, te glo - soos wat baie ander wetenskaplike artikels ook doen as hulle eweknie-ge-evalueerde artikels bestudeer. Baie mense wat die aarde is biljoene jare oud, lees in elk geval nie geologiese artikels daaroor nie, maar hulle die hoofstroom-mening daaroor sonder om krities daaroor te dink. So, as jy wil aanhou sê "ek lieg", is jy welkom, dit maak geen indruk op my solank jy dat "origin sciences" 'n element bevat (die element van voorveronderstellings), en die feit dat wetenskaplikes se definisies (dit sluit die konnotasies in wat hulle heg aan vakterme), teorieë, en interpretasies . En ek is seker dit maak ook geen indruk op die mense wat hier deelneem wat baie slimmer is as ek nie. Groete Philip
Vanuit die oogpunt van die revisioniste, maar ook die huidige Afrikaner-establishment en veral die laaste bastion daarvan in die vorm van Naspers wat ingelyks tot Marxistiese revisionisme "bekeer" is, beteken die invaart van die Drommedaris, Rijger en De Goede Hoop in Tafelbaai 'n ramp. Male sonder tal het Naspers se horde politiek korrekte en selfs ekstreemlinkse meningsvormers soos Max du Preez, Leopold Scholtz, Christi van der Westhuizen, Jan-Jan Joubert, ens., ons al verseker dat die totstandkoming van die Afrikanervolk eintlik 'n "fout van die geskiedenis" was. Trouens, 1652 was, indien nie die aanvang van apartheid nie, ten minste die aanvang van kolonialisme. In die kommunistiese literatuur van Suid-Afika, word ons land se politieke en ekonomiese stelsel reeds dekades lank getipeer as "kolonialisme van 'n spesiale tipe". Dis ook waarom die voormalige president, Thabo Mbeki, Afrikaners beskryf het as: "koloniale heersers wat in gebreke gebly het om te vertrek".
Demokrasie, die uitvinding van Westerse elites, is daarom soos 'n orgaan wat in 'n ander liggaam oorgeplant is en deur sy nuwe gasheer verwerp word. Trouens, demokrasie word deur die WaBenzi gesien, nie as 'n metode om sosiale afstand en ongelykheid tussen die elite en die gepeupel te verklein nie, maar juis om sodanige afstand te vergroot. Deur hul toeëiening van rykdom en mag, aspireer individuele WaBenzi om onaantasbare "hoofmanne" of kapteins in die tradisionele sin te word.
Myns insiens word hierdie kwessie te maklik afgemaak as 'n hardkoppigheid onder ons mense, iets wat ons net kan "oorkom". Enige iemand wat betrokke is by aksies wat staatmaak op die betrokkenheid van die Afrikaner sal vinnig vir jou kan vertel dat die mense eenvoudig net moedswillig is. Kan dit wees dat 'n volk duisende moorde, verkragtings en rooftogte op sy eie mense sal duld bloot oor iets so kinderagtig as moedswilligheid? Is dit moontlik dat ons sal bystaan en toekyk hoe ons taal, ons Godsdiens, ons finansies, ons jeug en alles wat ons besit tot niet gaan bloot omdat ons "hardkoppig" is?
Amore blog Sy skryf van Robbie se dood tot die kos van ons tyd.
Saters word op kruike uitgebeeld as sterk gebou met plat neuse, groot gepunte ore, lang krulhare en volbaarde. Hulle het hul bok-agtige voorkoms gekry van 'n latere Romeinse samesmelting met Faunus, 'n sorgelose natuurgees met dieselfde eienskappe wat met die Griekse god Pan verbind is. Saters word dus in Latynse letterkunde dikwels beskryf as wesens met die bolyf van 'n man en die onderlyf en stert van 'n bok, in teenstelling met Griekse beskrywings van saters met die stert van 'n perd. Saters word dikwels in Romeinse kunswerke uitgebeeld met bokhorings.
Dit is die misverstand wat bestaan Emil. Die prentjie wat jy in jou inskrywing het Retha, wys Jesus in 'n krip teenoor 'n Pa en kind in beproewing. Dis seker bedoel om kontrasterend te wees, maar dit dui juis die ooreenkoms aan. Dui die feit dat Jesus in 'n krip gebore is, nie juis dat Hy binne die gebrokenheid van die wereld gebore is nie? En is die feit dat Hy 'n kruisdood gesterf het, nie juis 'n aanduiding dat Hy hierdie gebrokenheid in sy ergste vorm ervaar het nie? Die feit dat Hy dit ervaar het beteken dat Hy dit verstaan. Daarom het ons hoop te midde van die gebrokenheid. Dis wat Stille nag vir ons beteken.
Grimlock, verlede week het ek gekontak / gesels met Pentax VSA met die presiese vraag. Ten minste van hierdie diens rep se reaksie, dit lyk soos dit is goed om die verlengde waarborg van enige plek te koop, so lank as wat jy 'n kwitansie te hou en koop dit binne 90 dae van aankoop: Pentax Imaging Chat van 2 Februarie 2011 Wag asseblief terwyl ons vind 'n agent om jou te help ... Jy is verbonde aan Matteus P. Matthew P: Dankie vir die kontak Pentax Chat Support. Hoe kan ek u help? Dan: Hi. Ek het 'n K5 onlangs en was geïnteresseerd in die 2-jaar Pentax verlengde waarborg. Ek het dit gekoop deur Camera Land in New York, en nou het hulle nie enige waarborge te gee. Kan ek dit koop deur middel van 'n ander handelaar in plaas? Byvoorbeeld, B & H? Matteus P: Jy sal hê om hul webwerf te soek vir K5 2 jaar verlengde waarborg Matthew P: Ons kan altyd help jou as jy binne die eerste 90 dae van die kamera. Dan: Ek het net 'n paar weke gelede. My vraag is of ek die waarborg kan koop van 'n ander handelaar as waar ek die kamera gekoop. Dan: Jy het dit vir $ 100, reg, of is die prys verskillende? Dankie. Matthew P: Ja. Jy kan. Matthew P: 99,95. Matthew P: Dit is binne die eerste 90 dae al is. Die agent stuur om jou te Digitale kameras en Toebehore - Amptelike Pentax Imaging Webwerf. Matthew P: Ek stel voor uitcheck 'Warranty Informationa. " Matthew P: Inligting * Dan: So is dit waar dat ek nie kan aankoop van die verlengde waarborg van 'n ander handelaar as waar ek die kamera gekoop het? Dankie. Matthew P: Jy kan 'n extneded waarborg aankoop van' n ander reatiler van jou oorspronklike aankoop. Dan: Goed, dankie. Daar is dus nie nodig om die waarborg te registreer, net om die ontvangs van die aankoop te hou. Waar? Matthew P: Jy hoef nie jou kamera te registreer om die waarborg te hou. Matthew P: hou net die kwitansie. Dan: Goed, dankie vir jou hulp, Matthew. Het jy 'n goeie dag. Matteus P: Jy ook! Dankie vir die gebruik van Pentax.
Daar is mense op ons komitee wat beskryf sou kon word as Israel-visie, hoewel hulle nie hulself so beskryf nie. Die beskuldiging word aan hulle gerig dat hulle sou glo afstamming van Israel verseker jou saligheid. Ons het die vraag in die vergadering gestel om duidelikheid hieroor te kry. Almal het saamgestem dat daar net redding is deur Jesus Christus (hulle verkies om Hom JaHshua Mashiag te noem). Ons dink dit is 'n wesenlike punt waaroor ons moet saamstem as vertrekpunt. Ek kan nie verstaan wat is jou problem daarmee nie?
atiep het 'n affair met sy buurvrou. Hy lieg en sê hy moet die naweek Durban toe gaan en gaan trek by sy buurvrou in vir die naweek. Saterdag oggend kyk hy by die buurvrou se venster uit en sien 'n ander man in sy tuin staan met sy gown aan. "Wat maak jy in my gown?" skree hy. "Jy lieg, die ou wie se gown dit is, is in Durban" Skree die ou terug. Gatiep skree: "Julle gaan as ek terugkom van Durban af!" by Bella Beetge 1 week ago
Politiek is vuilspel. Nog meer so Afrika-politiek. Kyk maar net so bietjie noord van die grens. Robber Mugabe het die verkiesing verloor, maar met behulp van die ANC bly hy steeds aan bewind. Dit is dieselfde ANC wat soos 'n maer vark demokrasie gil as hy nie sy sin kry nie. Suid-Afrika is op die vooraand van 'n verkiesing en uit die hangkas spring toe 'n nuwe party. Cope. As dit teen vanmiddag nog hulle naam gaan wees, want die partytjie se naam verander vinniger en meer gereeld as Jan Smuts lughawe. Die media in Suid-Afrika word beheer deur die ANC. Nie die regering nie, die ANC. Tog laat hulle toe dat Cope daagliks in die nuus is. Willie vind dit vreemd, dat die ANC se grootste teenstaanders soveel dekking van die ANC beheerde media ontvang. Ook is Lekota nie besig om stemme te werf in die ANC se steunbasis nie. Daarvoor maak hulle die verkeerde geluide. Dit is duidelik dat Cope poog om stemme te steel by die opposisie van die ANC. Vir die broeders in Stellenboch vertel Lekota dat die party gestig sal word op 16 Desember sodat die krag van 1838 saamgesnoer kan word. Ook reken Lekota dat affirmative action, swart ekonomiese bevoordeling en kwotasport verkeerd is. Dit klink nie vir Willie soos iets wat die lui swartman in SA wil hoor nie en dus sal hulle nie vir hom stem nie. Dit is eerder iets wat die witman wil hoor. Gevolglik weet Willie dat Cope 'n front is van die ANC om die opposisie te verdeel. Want verdeel en heers is die oudste tegniek van terroriste. Na die verkiesing gaan die twee saamsmelt en so versker die ANC steeds 'n tweederde meerderheid. Willie weet en nou weet jy ook. Groetnis, Willie Weetals
Met hulle soft rock en electro vibes klink hulle meer soos Nine Inch Nails wat in 'n kop aan kop botsing was met Coldplay. Hulle lirieke is van 'n ander dimensie af, waar nie veel hoef gese te word om die hartsnare met min sin te tokkel nie. Ek fokken like Die Heuwels Fantasties, ek like van hulle songs meer as ander en van die collaborations wat hulle al gedoen het like ek nie veel nie.